Upload
charl
View
251
Download
44
Embed Size (px)
DESCRIPTION
Die ware verhaal van iemand wat vir agt maande in die “hel” was.(in Afrikaans)The true story of someone that was living in the pitt of "darkness" for eight months(in Afrikaans)Major Depression: A survivors testimony
Citation preview
1
Major Depression
Die verhaal van iemand wat vir agt maande in die hel was.
Waar is daar en hoe was dit daar? Daar is waar hoop se laaste spore in die buitenste duisternis voor jou verdwyn.
Dit was baie sleg.
Flip van Niekerk
9 Augustus 2011
2
Die verhaal van iemand wat vir agt maande in die hel was.
Uit dieptes gans verlore
Van Redding ver vandaan
Waar hoop se laaste spore
In wanhoop my vergaan
Roep ek o Here hoor-----
Ek was daar
Ek het geroep.
Die Here het gehoor.
Dit is hoekom ek vandag hier is en nie meer
daar is nie. Waar is daar en hoe was dit daar? Daar is waar hoop se laaste spore in die buitenste duisternis voor jou o verdwyn. Dit was baie sleg.
Ons het gehoor van die Kings en dat n mens goeie rente op beleggings kan kry en
ek en Marie het toe in 2008 vir Alida Nel van Kings gekontak. Sy het ons geadviseer
om geld op ons verbandlening te trek en dit by hulle te bel. Ons het toe n groot
bedrag by hulle bel en vir twee jaar het dit baie goed gegaan en het ons elke
maand ons rente ontvang en kon on so ons verpligtinge by die bank nakom. Alida
het toe teen die einde van 2009 vir ons geadviseer om die belegging om te skakel na
aandele en dat ons geld sal verdriedubbel sodra die aandele vroeg in 2010 op die
aandelemark genoteer word. Ons het toe die geld in aandele bel en ek het in my
geestesoog gesien hoe koop ek n splinternuwe Toyota Land Cruiser en dat ons
vorentoe genoeg geld sal h om gemaklik te lewe.
3
Ons eerste gewaarwording dat daar probleem is was toe die aandele nie op die
aandelemark geregistreer word nie en dit was sommer gou toe het die koerante die
storie en was dit duidelik dat ons n probleem gaan h. Ons maandelikse inkomste
van die belegging het summier gestop met die gevolg dat ons nie meer ons volle
paaiement by die bank kon terugbetaal nie.
Ek was baie fiks en het elke jaar aan ten minste drie lang fietswedrenne deelgeneem.
My broer Johan het besluit om die Argus op 14 Maart 2010 saam met my te ry en
was op 12 Maart 2010 by ons toe ek net voor middagete n oproep van die bank kry
dat daar probleme is. Ek het vir die vrou verduidelik dat ek ek op pad is om die
Argus te gaan ry, maar dat ek haar die Maandag sal bel. Met hierdie telefoonoproep
het dit vir my n werklikheid geword dat ons al drie ons huise kon verloor-met ander
woorde ook die huis waarin ons woon.
Ek het die Argus gery, maar was glad nie op my gemak nie. As daar fietsryers met
Nedbank fietsryhemde by my verbyry het ek omtrent ineengekrimp van vrees. Op
hierdie vroe stadium was dit vir my glashelder dat ons die volle belegging sou
verloor, ten spyte van wat die Kings ges het dat dit nie sal gebeur nie.
Die Sondag na die Argus het ek met n swaar hart teruggekeer na Piketberg. Op
daardie stadium het ek nognie my vrese met my vrou Marie bespreek nie en het ek
die las alleen gedra. Ek het toe Maandagoggend vir Marie ges dat ons probleme
het. Ek het toe die bank gebel en probeer om n reeling te tref dat ek minder sal
afbetaal en ek moes voor 2 uur die middag n finansile verslag aan die bank voorl.
Ek was onder geweldige druk maar het darem die verslag net voor twee uur vir hulle
ge e-pos.
Die bank het my toe in kennis gestel dat ek n ooreenkoms moet teken dat ek die
skuld binne vier maande sal afbetaal anders sal hulle n hofbevel kry en die huise op
n veiling verkoop.Die twee huise wat ek moes verkoop was n huis in Piketberg en
een in Gordonsbaai. Indien ek dit nie sou regkry om die huise te verkoop en my
skuld sodoende kon verminder nie sou die bank dus al drie huise op n veiling
verkoop en dan sou ek en Marie op straat sit en ons kinders sal hulle ouerhuis kwyt
wees. Die eiendomsmark was op daardie stadium baie swak en ek het gesukkel om
die huise verkoop te kry.
Ek was op daardie stadium sestig jaar oud en het nog nooit in my lewe aan
depressie gely nie. Ek was my lewe lank n baie positiewe mens en depressie was
vir my n onbekende begrip wat net ander mense oorgekom het en waarmee ek maar
min simpatie gehad het. Ek het nooit eers die woord stres gebruik nie, want ek het
geglo dat n mens die spanninge van die lewe verwerk soos n mens aangaan en dat
dit nie iets is wat n groot invloed op jou lewe moet uitoefen nie.
Vandat ek die Argus op 14 Maart 2010 gery het het ek in die nagte al minder
geslaap en die depressie het my gedurende hierdie tyd beetgekry. Ek het dit ook vir
Marie prober stilhou , want ek wou haar nie ontstel het nie. Ek en Marie het op
4
hierdie stadium ook daaroor gepraat dat ek sal moet uitkyk vir n werk sodat ek n
ekstra inkomste kon kry, wat natuurlik sou help om my vepligtinge na te kom. Op
daardie stadium was ek n Raadslid by Bergrivier Munisipaliteit. Ons besit ook n
besigheidsgebou in Piketberg en kry n inkomste uit die verhuring van drie
besigheidspersele.
Aan die begin van April 2010 het ek vir Marie ges van my slaaploosheid en het ek
toe vir Sam Scheepers, ons huisdokter gaan sien. Hy het toe bevestig dat ek
depressie het en het vir my n antideprisant voorgeskryf asook n kalmeermiddel om
te help dat ek in die nagte kon slaap. Vir my was dit heeltemal onaanvaarbaar dat
ek pille moes drink vir depressie en het Marie n baie moeilike tyd gehad, want sy
moes toesien dat ek die pille drink. Baie aande het sy my gesmeek om die pille te
drink en was sy in trane, en dan het ek dit tog maar op die ou end gedrink.
Antidepresante neem gewoonlik baie lank om n verbetering in jou toestand te
bewerkstellig met die gevolg dat ek maar net so aangegaan het met die
slaaploosheid, want die kalmeerpille het ook nie eintlik gehelp met die
slaaploosheid nie. Intussen het dit vir my al meer gevoel of ek by tye benoud begin
raak en het ek die eerste tekens van n angsaanval begin ervaar.
Ek het toe ook n angsaanval gekry en Sam Scheepers is ingeroep. Hy het vir my n
inspuiting gegee om my te kalmeer. My groot vriend Willie Lambrechts was by en
Sam het vir my ges dat ek bekommerd kan wees, maar ek moet net nie wanhoop
nie. Ongelukkig het ek toe reeds gewanhoop. Om te wanhoop beteken dat daar vir n
mens geen vooruitsig in die lewe oor is nie en ek was vir 8 maande so wanhopig.
Sam het vir my Psalm 50 vers 15 voorgelees:en roep my aan in die dag van
benoudheid:ek sal jou uithelp en jy sal my eer. Ek het nadat hy weg was die Psalm
verder gelees en wat ek daar gelees het was vir my verdoemend:Maar aan die
goddelose s God:Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou
mond-terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp? As jy n dief sien, dan
geval dit jou by hom, en jou deel is met egbrekers. Jou mond laat jy los in boosheid,
en jou tong vleg bedrog. Jy sit en praat teen jou broer, die seun van jou moeder
beskimp jy . Hierdie dinge het jy gedoen, en sou ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy!
Ek gaan jou straf en jou dit ordelik voor o stel. Verstaan dit tog o Godvergeters,
sodat ek nie verskeur sonder dat iemand red nie.
Hierdie woorde was vir my die antwoord hoekom die Here my so straf. Ek was
doodseker dat die Here my straf vir my sondes, waarvoor ek wel om vergifnis gevra
het, maar ek het toe geglo dat ek nie spyt genoeg was oor my sondes nie en dat die
Here my nou daarvoor straf. Ek het so aangegaan en teen ongeveer half sewe in
die oggend op 16 April 2010 het ek toe n reuse angsaanval gekry. Marie het vir
Willie en Wilna gebel en hulle het dadelik gekom. Op daardie stadium het ek op die
vloer gel en was ek in n swak toestand. Almal het besef dat ek nie so kon aangaan
nie. Wat my betref is n angsaanval een van die ergste dinge wat n mens kan oorkom.
Die angs neem van jou hele wese besit en jy weet nie wat om daaraan te doen nie.
Dit is eintlik n toestand wat ek nie kan beskryf nie en slegs mense wat dit al ervaar
5
het sal kan begryp waarvan ek hier praat. Ons bure, Kobus en Stella van Niekerk het
ook kom kyk wat aangaan en Kobus het ges dat ek moet regop sit en n koppie
koffie drink sodat ons kan gesels. Ek was nie daartoe in staat nie en het maar net
daar op die vloer gel. Op daardie stadium het ek my bekommer oor alles waaraan
ek kon dink, en dit was natuurlik die oorsaak van die angsaanval. Ek was vanaf 2000
die Tesourier van die Demokratiese Alliansie vir die kiesafdeling Bergrivier en ek het
geglo dat ek die werk so swak gedoen het dat, indien iemand die boeke sou nagaan
ek aangekla sou kon word van diefstal. Hierdie intense bekommernis was vir agt
maande deel van my lewe, saam met baie ander bekommernisse.
Sam het vir my plek bespreek by die Sereno kliniek in die Paarl en Kobus en Stella
het aangebied om my soontoe te neem. Hulle het met ons voertuig gery en ek en
Marie het agter gesit. Ons het ongeveer half een by die kliniek aangekom en ek was
steeds in n swak toestand. Die Psigiater wat my vir die volgende agt maande sou
behandel het my gesien en ges dat ek eers na die Paarl medi kliniek moes gaan
om vas te stel of ek fisies sterk genoeg is om tot die kliniek toegelaat te word. By die
Medi Kliniek het hulle my dadelik aan n drip gekoppel, want ek het sleg gelyk. Ek
het n maand vantevore die Argus gery en hier moet ek ondersoek word of ek fisies
sterk genoeg is om tot die kliniek toegelaat te word. Hulle het bloedmonsters
geneem en daar moes gewag word vir die uitslae. Intussen het hulle my in n rolstoel
gesit en my vir x-strale geneem. By die x-strale kon ek nie regop staan nie en het
hulle dit reggekry om een x-straal te neem voordat hulle die handdoek ingegooi het.
Ek was in so n toestand dat n verpleegster by die x-strale hardop gebid het dat die
Here my nie verder moet laat ly nie en gou moes wegneem.
Daarna het ek weer gaan l met die drip aan en het onder andere vir n verpleegster
gevra om my n inspuiting te gee dat ek net kan doodgaan. Sy was nie baie vriendelik
nie en het my net n vuil kyk gegee. Intussen het Marie en Stella beurte gemaak om
my by die bed by te staan. Intussen het ek n groot nood gekry as gevolg van die baie
vloeistof wat ek deur die drip ingekry het. Ek het maar uitgehou en nadat die
bloedmonsters se uitslae half ses gekom het is ek fiks verklaar om tot die kliniek
toegelaat te word. Die drip is afgehaal en ek moes dadelik toilet toe gaan, want die
nood was amper onuithoudbaar. Toe ek uit die toilet kom het ek weer op die grond
neergeval en Kobus het my kom ophelp. Dit was ongeveer 5 uur die middag en
Kobus en Stella het hulle hele Vrydag opgeoffer . Daarna het hulle my weer kliniek
toe geneem waar ek toegelaat is.
My dogter Mareze en haar vriend Niel het my daardie aand besoek, maar ek was
steeds in n swak toestand. Hulle en Marie het vir my gebid en almal het later huistoe
vertrek. Ek het in die lokaal beland waar medikasie gegee word, en ek het geweier
om die medikasie te drink. Die suster aan diens het vir my ges dat ek in die kliniek
is om gehelp te word en dat ek nie beter sal word as ek nie die medikasie drink nie.
Op daardie stadium het ek net geweet dat ek nooit sal regkom nie en daarom het ek
ook nie die nodigheid gesien om medisyne te drink nie. Daardie nag het ek niks
geslaap nie en het ek gewroeg oor alles waaraan ek gedink het. Ek het die
6
Donderdagaand laas geet en Vrydagnag en Saterdagnag niks geslaap nie. Ek was
oortuig dat ons ons huis sou verloor en dat ons meubels op n veiling verkoop sal
word. Ek het in my geestesoog gesien hoe Willie ook depressie kry as gevolg van
my toestand en dat Wilna en hulle kinders dit ook kry. Die volgende wat dit sou kry
was Kobus en Stella en hulle kinders en vandaar sou dit so uitbrei dat die hele land
se mense later depressie sou h. Ek het ook gedink dat die Sokker Wereldbeker
gekanselleer sou word as gevolg daarvan. Om die waarheid te s het ek vir die
volgende agt maande gewroeg vandat ek my o oopgemaak het in die oggend totdat
die slaappil my genadiglik aan die slaap gemaak het in die aand. Die Saterdag het
ek steeds geweier om enige medikasie te neem en van eet was daar nie sprake nie.
My eetlus was heeltemal weg en ek het die Donderdagaand laas iets geet. Die een
verpleegster het vir my gevra of ek selfmoord wil pleeg deur my uit te honger. Sy het
vir my ges dat dit baie lank sal neem. Op daardie stadium en vir baie maande
daarna wou ek nie lewe nie en was selfmoordgedagtes deel van my daaglikse
bestaan.
Die Sondag kon ek opstaan , stort en aantrek, want my familie sou kom kuier. Marie,
Charl en Mareze het toe kom kuier en Willie en Wilna was ook daar. Op daardie
stadium het ek niks geniet nie aangesien ek geen emosies gehad het nie. Hierdie
toestand het voortgeduur totdat ek in November 2010 genees is. Om geen emosies
te h nie is baie erg. Dit het beteken dat ek geen vreugde kon ervaar nie, want my
lewensvreugde was weg. Ek kon ook geen hartseer ervaar nie en ek kon nie lag of
huil nie. n Mens voel werklik soos n zombie.
Die Maandag het ek die Psigiater gesien en sy het vir my ges dat ek sal herstel,
maar dat ek die medikasie sal moet gebruik. Ek het vir haar ges dat ek nie sal
herstel nie, maar het toe darem begin om die medikasie te gebruik. Ek het nou
amptelik aan Major Depression gely en my drie weke van hel in die kliniek het
begin. Ek was saam met nog drie mense in die kamer en my eerste straf van die dag
was om te stort. Ek het gewoonlik gehou van stort, maar ek het dit nou gehaat.
Daarna moes ek ontbyt eet en die ergste was dat die kos in die kliniek van
hoogstaande gehalte was, maar dat etenstye vir my n groot straf was omdat ek geen
eetlus gehad het nie. In die oggend het ek net pap geet, want dit het maklik
afgegaan. Die res van die heerlike kos het ek gelos en ek was altyd eerste klaar
geet en het dan in die kamer gaan l. Die ander etes was net so erg aangesien ek
nie die kos kon afsluk nie-dit het behoorlik in my keel vasgesteek. Ek het altyd net n
paar happe kos geet en dan opgestaan en gaan l.
Ek het gladnie aangepas in die kliniek nie, want ek het met niemand gepraat nie. Vir
die volgende agt maande het ek nie gepraat nie. Nadat ek uit die kliniek ontslaan is
het ek en Marie maar in die aande in stilte televisie gekyk en ek het vir agt maande
slegs gepraat as sy vir my n vraag gevra het. Ek het na maande een aand terwyl
ons televisie gekyk het iets ges en Marie het gehop soos sy geskrik het. Ek het
slegs op vrae wat aan my gevra is geantwoord. Ek het ook niks uit my eie gedoen
nie, maar slegs opdragte uitgevoer. As Marie vir my iets gee om te doen het ek dit so
7
vinnig as moontlik gedoen en dan weer gaan sit en my bekommer. Ek wou ook nie
h dat iets my aandag van die bekommernis aflei nie. Daar was van my verwag om
aan aktiwiteite deel te neem soos groep besprekingssessies en handwerk, maar ek
het probeer om dit te mis en het so veel as moontlik op my bed gel. Die ander
pasinte was nie naastenby so siek soos ek nie en het n normale sosiale lewe in die
kliniek gely. Ek was die een wat soos n seer duim uitgestaan het en het nerens
ingepas nie.
Ek het intussen n sielkundige gesien. Hy het vir my ges dat daar in die bybel staan
dat n mens jou brood in die sweet van jou aanskyn moet verdien. Hy was natuurlik
heeltemal reg. Die sessies met die sielkundige het vir my niks beteken nie-
inteendeel was dit vir my n groot straf om daagliks ondervra te word en antwoorde te
gee wat ek nie gehad het nie. Die fout was natuurlik nie aan die sielkundige se kant
nie.
Die psigiater het my ook gereeld gesien en altyd vir my ges dat ek sal herstel. Ek
het haar nie geglo nie en dit ook te kenne gegee. Sy het op n keer vir my ges dat sy
n baie ongeduldige persoon is en dat sy nie die werk sou doen as sy nie mense kon
help nie. My depressie was egter so erg dat ek niemand geglo het nie. Ek was in so
n toestand van wanhoop en daar was vir die volgende maande vir my net twee
vooruitsigte-of ek sal in die tronk beland wat sou veroorsaak dat ek lewenslank in n
sielsieke inrigting sou moes deurbring of ek sou vir die res van my lewe direk in n
sielsieke inrigting opgeneem word.
Die sielkundige het vir my verduidelik dat die meeste van die pasinte binne 3 weke
herstel. Hy het ges dat daar tussen dag 14 en dag 21 n wonderwerk gebeur
deurdat die pasint as gevolg van die medikasie uit hulle depressie uitgelig word. Ek
het geweet dat dit nie met my sou gebeur nie.
Op n vakansiedag in die kliniek het ek skielik geweier om my medikasie te neem. Ek
het net eenvoudig ten spyte van die susters se vriendelike aandrang geweier om
enige pil te drink. My Psigiater was nie aan diens nie en ten einde raad het hulle toe
die Psigiater wat aan diens was ingeroep. Sy het my net een kyk gegee en vir my
ges dat ek die siekste pasint in die kliniek was. Sy het n handvol pille aan my
oorhandig en ges as ek nie die pille onmiddellik drink nie hulle vir my sal oorplaas
na Stikland. Ek het die pille onmiddellik gedrink en vir die res van my tyd daar nie
weer geweier om my pille te drink nie. Hierdie onwilligheid van my om my medikasie
te neem het my mediese fonds ongeveer R600 gekos, want die Psigiater het dubbel
die fooi gevra omdat dit n vakansiedag was.
My Psigiater het intussen my medikasie geleidelik verhoog omdat daar nie n
verbetering in my toestand was nie. Op die ou end het ek hande vol pille per dag
gedrink, wat vir my geen beterskap gebring het nie. Nadat ek na drie weke uit die
kliniek ontslaan is moes ek natuurlik aangaan met die medikasie en dit uit my eie sak
betaal. Dit het my ongeveer R2400.00 per maand gekos en ek was doodseker dat dit
8
my finansiel sou uitroei omdat ek geglo het dat ek die medikasie vir die res van my
lewe sou moes neem.
Marie en die kinders het my gereeld besoek terwyl ek in die kliniek was, maar ek
het so skuldig gevoel oor alles en my depressie was so intens dat ek net verskriklik
skuldig gevoel het as ek hulle sien.
Die mediese fonds betaal net vir drie weke in so n kliniek, want n mens is
veronderstel om binne drie weke genees te wees. Die drie weke het genadiglik
omgegaan en dit het tyd geword dat ek moes huistoe gaan. My psigiater het dit
oorweeg dat ek sommer van daar af moes oorgaan na Stikland, maar uit die
goedheid van haar hart het sy daarteen besluit en my huistoe gestuur. Ek moes haar
gereeld besoek.
Marie het my met ons bakkie kom haal en dit was vir my vreemd aangesien sy nou
nie juis n voorliefde vir my ou 4x4 bakkie gehad het nie. Willie het my eers die
volgende dag vertel dat Marie in n ongeluk was nadat sy my een aand in die kliniek
besoek het. Dit was n renerige aand en sy het in die Paarlse hoofstraat in n motor
vasgery. Die skade aan ons motor was R30 000 en gelukkig het die versekering dit
betaal en was daar vir my geen bybetaling nie. Die rede hoekom Marie die ongeluk
gemaak het was omdat sy so bekommerd oor my was dat sy nie behoorlik kon
konsentreer nie. Sy het in April ook n ligte ongeluk in Piketberg gemaak en dit is net
genade van bo wat verhoed het dat daar nog ongelukke was. Ek moet beklemtoon
dat Marie n goeie bestuurder is wat vir baie jare geen ongeluk gemaak het nie, maar
dat haar bekommernis oor my gemaak het dat sy nie kon konsentreer nie. Ek kon
ook nie behoorlik bestuur nie as gevolg van die toestand waarin ek was en Marie het
vir die volgende paar maande meestal bestuur. Op n stadium was dit vir my
angswekkend as ek bestuur en ek moet vinniger as 80 Km per uur ry, en op die N7
kan n mens nie minder as 120 Km per uur ry nie anders is jy in almal se pad. Marie
het later so swak bestuur dat ek maar besluit het om weer te begin bestuur. Soos ek
ges het het ek net so vrot bestuur en was dit net die Here se genade wat ons van
ernstige ongelukke weerhou het.
Alhoewel dit vir my baie sleg was in die kliniek het ek ook nie daarna uitgesien om
huis toe te gaan nie, want as gevolg van my Major Depression was dit nrens vir
my lekker nie. Ek het ook ekseem opgedoen en het baie gejeuk op my rug. Ek het
niks daaraan gedoen nie en al plesier wat ek vir die agt maande van my depressie
ervaar het was om my te krap as ek jeuk.Nou moes ek ook weer die lewe in die o
kyk en sekere verantwoordelikhede aanvaar, waarvoor ek nie kans gesien het nie.
Die Psigiater het elke keer vir my gevra of ek selfmoord neigings het en ek het
eenkeer in die begin vir haar ges dat ek wel sulke neigings gehad het. Ek was egter
nie eerlik met haar nie, want ek het n geweldige selfmoorgneiging gehad. Nadat ek
uit die kliniek ontslaan is het hierdie neiging baie toegeneem en het dit my
gedagtegang oorheers.Ek het later in n boek gelees dat selfmoordneigings by
depressiepasiente n algemene ding is en dat baie van hulle ook wel selfmoord pleeg.
9
Ek het nog altyd gewroeg oor alles maar die selfmoordneiging was deel van my
daaglikse bestaan. Ek het dit ernstig oorweeg om selfmoord te pleeg en het aan elke
denkbare manier gedink om die daad te pleeg. Ek het n 410 haelgeweer en n
langloop .22 rewolwer gehad, maar het besef dat hierdie wapens te lig was om
selfmoord mee te pleeg. Ek het daaraan gedink om my polse te sny, maar om tot so
n daad oor te gaan is ook nie maklik nie al wil n mens jouself vernietig. Ek het ook
daaraan gedink om in die swembad te klim en my met die .22 rewolwer te skiet en
dan te verdrink as ek nie dood is van die skoot nie. Ek het dood eenvoudig nie
genoeg moed gehad om dit te doen nie, alhoewel ek by meer as een geleentheid die
rewolwer uitgehaal het. Marie het die geweerkluis se sleutel weggesteek, maar sy
het vergeet dat ek vir my n duplikaat sleutel laat maak het en in die huis versteek het.
Ek het ook oorweeg om voor n trein te gaan sit sodat ek platgetrap kon word, maar
hier loop net een trein per dag deur Piketberg stasie en dit is baie vroeg in die
oggend, so hierdie plan het ook nie geslaag nie. Alhoewel ek dit nie op daardie
tydstip besef het nie was die Here al die tyd met my en was dit nie sy wil dat ek
moes doodgaan nie. Die selfmoordneiging het vir maande aangehou en dit het
gedurig in my gedagtes gemaal oor hoe ek dit sou kon regkry. Op n stadium kon ek
dit net nie langer uithou nie en het ek tot die daad oorgegaan. Marie was dorp toe en
ek het die 410 haelgeweer uitgehaal. Alhoewel ek besef het dat die wapen te lig was
vir die daad het ek tog besluit om die daad te pleeg. Ek het die patrone uitgehaal en
is met die geweer vanaf die studeerkamer na die TV kamer. Daar het ek n patroon
uitgehaal en in die geweer gesit. Ek het die geweer oorgehaal en in n gebukkende
posisie gaan staan met die geweer se kolf op die grond en die loop teen my
regterslaap. Ek het die geweer oorgehaal en die skoot afgetrek. Daar het niks
gebeur nie en ek het die patroon uitgehaal en n ander een in die loop gesit. Weer
het ek die geweer oorgehaal en die skoot afgetrek en weer het daar niks gebeur nie.
Ek het n derde patroon ingesit, oorgehaal en weer die skoot afgetrek en weer het
niks gebeur nie. Ek glo vas dat dit nie die Here se wil was dat ek moes doodgaan
nie omdat hy my nog wou gebruik om siele vir sy koningkryk te wen.
Stella en Kobus het aangebied dat ek en Marie vir n paar dae in hulle strandhuis op
Langebaan kon gaan bly. Ek en Marie het toe so n week nadat ek uit die kliniek
ontslaan is gegaan en ek het besluit dat ek nie kan terugkom nie en het planne
beraam om selfmoord te pleeg. Ek het aan twee maniere gedink. Ek kon langs die
pad stop as daar n swaar vragmotor agter ons ry en dan voor die vragmotor inspring.
Daar was nie by my sekerheid dat ek heeltemal suksesvol sou wees nie en ek het dit
maar gelos. Daar is nie baie maniere om selfmoord te pleeg as jy nie die regte
wapens het nie en al plan wat vir my oorgebly het was om in die nag tot binne in die
Langebaan meer te swem en dan sou ek so moeg wees dat ek nie sou kon
terugswem nie en sou ek verdrink. Ek het aanmekaar hieraan gedink maar het dit
nooit probeer nie. Die een manier waaraan ek nooit gedink het om n einde aan my
lewe te maak nie was om my op te hang. Hierdie is n redelike maklike metode wat
seker baie suksesvol sou wees, maar ek het nooit daaraan gedink nie. Net weer n
bewys dat die Here met my was al het ek dit nie geweet nie.
10
Ons het toe die paar dae op Langebaan gekuier, maar dit het nie my
gemoedstoestand verbeter nie. Nadat ons teruggekom het het die selfmoordneiging
voortgeduur. Vandat ek my o in die oggend oopgemaak het totdat ek in die aand
deur n slappil aan die slaap geraak het het ek gewroeg. Ek was seker dat ons ons
huis sou verloor. Mareze was op daardie stadium in haar derde jaar fisioterapie
kursus en ek was seker dat sy nie sou kon teruggaan vir haar vierde jaar nie. Ek
was steeds vas oortuig dat ek sal tronk toe gaan omdat dit kan lyk of ek die DA se
geld gesteel het omdat ek nie die boeke behoorlik bygehou het nie. Ek het gesien
hoe ek in die hof in Piketberg in die beskuldigingsbank staan en dat al die bekendes
vir my kyk. Ek was vas oortuig dat ek sal tronk toe sou gaan. Ek was ook doodseker
dat Charl sy werk sou verloor as ek tronk toe sou gaan. Charl het nog studieskuld
en ek het borg geteken vir die skuld, wat dan ons finansile posisie nog verder sou
verswak. My lewe was hel op aarde en ek het geglo dat ek na my dood hel toe sou
gaan. Omdat my lewe hel was was ek bereid om dood te gaan, want ek het geglo
dat die hel nie slegter sou wees as die hel wat ek op aarde ervaar het nie.
Ek is baie lief vir my vrou en kinders, maar die depressie maak dit vir n mens wys
dat dit vir almal beter sal wees as jy dood is. Marie en die kinders het my so goed
bygestaan en het so hard probeer om my uit die depressie te kry, maar steeds het
dit aangehou. Elke keer as ek die Psigiater gaan sien het sy so uitgesien daarna dat
ek moes reg wees, maar elke keer moes ek haar teleurstel en verwittig dat daar
geen verandering in my toestand is nie. Sy het steeds my medikasie aangepas,
maar binne in my was daar geen verandering nie.
Marie was baie geduldig met my alhoewel dit vir haar bitter moeilik was om saam
met my te leef. Ek wou gladnie lees nie en Marie het twee boeke van Joel Osteen vir
my deurgelees. Die boeke is so positief en opbouend, maar het op daardie stadium
vir my niks gedoen nie. Charl het, as hy kom kuier het vir my in die berg in geneem
en daar vir my gelees en gebid. Hy het my per geleentheid gesalf, maar al hierdie
dinge het my nie gehelp nie. Mareze het my vir 60 dae agtermekaar gebel en
seeninge oor my uitgespreek. Elke keer wat sy gebel het het ek so ontsettend
skuldig gevoel, want sy het n opregte poging aangewend om my te help en ek het
geweet dat dit vir my niks sou beteken nie. As mens in so n toestand van depressie
is voel dit of niks vir n mens help nie. Willie en Wilna met wie ons al 25 jaar mee
bevriend was het ons ongelooflik bygestaan. Beter vriende as hulle sal mens nie op
hierdie aarde kry nie. Willie en Charl het my finansies oorgeneem, want ek was nie
in staat om dit self te behartig nie. Ek het eers na my herstel in November 2010 my
finansies oorgeneem en self my sake behartig. Ons bure Kobus en Stella en Le
Roux en Sandra het gedurende hierdie tyd so baie vir ons gedoen en vir ons
bygestaan. Die hele gemeenskap van Piketberg het ons bygestaan en baie mense
het selfs finansile bydraes gemaak en ons gehelp om kop bo water te hou. My
vriend Wolf Liebenberg se bystand was ook van onskatbare waarde.
Teen ongeveer Augustus 2010 het die selfmoordneigings verdwyn en plek gemaak
vir n gevoel hier binne in my dat ek wil leef. Dit het egter niks aan my depressie
11
verander nie en my gemoedstoestand was ook nie beter nie. In n mate was dit toe
vir my nog erger, want ek het die gevoel gehad dat ek wil leef, maar ek kon nie
deurbreek na die lewe toe nie. Die angsaanvalle het toe nog meer geraak.
Ek het in hierdie tyd 23 Kg gewig verloor en dit was vir my die koudste winter ooit. Ek
het regdeur die winter nie opgehou om koud te kry nie, want op hierdie stadium was
ek net vel en been. Marie het so hard probeer om vir my te sorg en vir my kos in te
gee, maar dit was n geweldige stryd, want ek het geen eetlus gehad nie. Ek het
geen oefening gedoen nie en het heeldag of gel of gesit en niks doen. As gevolg
hiervan het ek n geweldige probleem met hardlywigheid opgedoen. Ek het
verskillende middels gebruik, maar dit is eintlik onmoontlik om hierdie saak
kunsmatig te beheer. As n mens te min medisyne drink dan gebeur daar niks en as
jy te veel drink dan weet n mens wat gebeur dan. Ek was baie keer in erge pyn ,
want die gevoel is daar dat daar opelyf is, maar dit is te hard om uit te kom.
Intussen moes ek volhou met my medikasie en ek het elke pil wat ek moes drink
gehaat. Dit was heeltemal teen my grein om die pille te drink. Ek kon gladnie slaap
sonder n slaappil nie en vir agt maande het ek nooit in die dag aan die slaap geraak
nie alhoewel ek baie gel het. Om angsaanvalle te voorkom moes ek n sekere pil
drink, maar dit het later ook nie meer baie gehelp nie. Op n stadium was ek n
lopende angsaanvasl wat net n plek gesoek het om te gebeur. Sam moes by n paar
geleenthede weer uitkom om my n inspuiting te gee as ek n angsaanval kry.
Elke keer as ek by die Psigiater kom was dit dieselfde storie. Ek is niks beter nie,
maar sy verseker my dat en sal regkom, wat ek nie glo nie.My mediese fonds was
uitgeput en die Psigiater het my vir die hele tyd gratis behandel. Hierdie is nog n
bewys van mense se goedheid. Mense was so goed vir ons dat dit n mens se
verstand te bowe gaan. n Mens sal dink dat jy in so n situasie alleen sal staan, maar
ons het ondervind dat die teendeel waar is.
My drie broers was ook besorg oor my, maar vanwee die afstand kon hulle my nie
besoek nie. My broers Piet van Pretoria en Johan van Potchefstroom het besluit om
ons te besoek en Stella het ges dat hulle daar by haar en Kobus moes bly om dit vir
Marie makliker te maak.Die aand in Augustus 2010 toe hulle hier aankom is hulle toe
na Kobus en Stella toe en ons is saam. Willie en Wilna het hulle ook kom groet en ek
en Marie is daar weg. Dit was vir my bitter swaar om te weet dat my broers vir my
kom kuier en ek kan nie eers lekker met hulle gesels en saamkuier nie.
Ek is baie lief vir Rugby en Kobus en Stella het ons dikwels genooi om rugby te kyk.
Aangesien ek geen emosies gehad het nie kon ek nie opgewonde raak oor die rugby
nie en het dit ook nie vir my saak gemaak watter span wen nie. Ek onthou dat daar n
baie spannende toets tussen die All Blacks en die Springbokke was en dat Stella en
Marie baie opgewonde was en die Springbokke aangemoedig het. Toe ek by die
huis kom het ek vir myself ges dat ek ook graag weer so opgewonde sal wil wees
oor alles in die lewe, maar vir n baie lang tyd was dit nog dood en leeg binne in my.
12
Marie het op n dag vir my gevra of ek sal herstel as ek n miljoen rand verniet sou kry.
Ek wou haar nie ontstel nie, en het toe maar ges dat ek dan sal regkom . Wat egter
waar was dat geld nie meer die faktor was wat my in die depressie gehou het nie. Al
sou ek tien miljoen rand kry sou dit my nie uit die depressie kry nie.Die feit is dat net
die Here my daaruit kon kry. Ek moet dit beklemtoon dat n mens self niks kan doen
om uit die mag van die depressie te ontsnap nie en niemand anders kan ook iets
doen nie. Ek het geweet dat net die Here my uit daardie diep put sou kon uithaal.
Vandat die depressie op my toegeslaan het het ek geen verhouding met die Here
gehad nie. Ek het nie in die bybel gelees nie en ek het ook nie gebid nie. Marie het
elke oggend vir my gelees en gebid, maar self het ek niks gedoen nie. Ek was op
geen stadium kwaad vir die Here nie, maar ek kon ,in my toestand, nie n verhouding
met Hom h nie.
Piet, my oudste broer het n onverwagse meevaller gekry by n pensioenfonds waar
hy voorheen gewerk het en het aangebied om n groot bedrag vir my te leen omdat
hy dit nie nodig gehad het nie. Die bedrag wat hy gekry het was genoeg om aan sy
behoeftes te voldoen en die orige geld was nou tot my beskikking. Ek het hom
bedank en ges dat ek dankbaar is, maar aangesien ek steeds geen emosies
gehad het nie kon ek hier binne in my nie dankbaar wees nie. Die geld het my uit die
finansile moeilikheid gehelp, maar nie uit my depressie uit nie. My broers Piet en
Johan het met my rondgery vanaf Velddrif tot in die Cederberge, maar aan my
depressie het dit niks verbeter nie.
Ek het intussen daarin geslaag om altwee huise te verkoop, maar omdat ek in die
moeilikheid was moes ek hulle vir ver onder die markwaarde verkoop. Dit saam met
die lening van Piet het my uit die finansile probleme gehelp, maar my stryd teen die
depressie was nog ver van verby.
Piet en Johan het bedags by ons gekuier en by Kobus en Stella geslaap. Ek was
steeds baie stil en het net geantwoord wanneer iemand vir my n vraag vra. Johan
het sonder my medewete gereel dat my vuurwapens na Willie toe moes gaan, want
hy was bekommerd oor my. Op daardie stadium was ek al verby die selfmoord
neigings, maar dit was goed dat my broer besorg was oor my.
Intussen het Willie en Wilna n reuse rol in ons lewe gespeel met die bystand wat
hulle op alle terreine aan ons verleen het. Willie het n baie veeleisende werk en hulle
moes omsien na hulle bejaarde ouers, maar hulle het steeds baie aandag aan ons
gegee en ons ongelooflik goed bygestaan.
Ek het die vermoede gehad dat die Psigiater my Stikland toe sou stuur, want sy kon
nie my medikasie verder verhoog nie en wat moes sy nou verder met my maak, want
ek kom nie reg nie. Sy het egter steeds volgehou dat ek sal herstel, alhoewel ek
haar nognie geglo het nie.
13
Mareze het intussen haar Toyota Corolla as gevolg van ons finansile posisie
verloor en Charl se vriendin Antoinette het haar Toyota Corolla vir Mareze
aangebied om mee te ry, want Mareze kon nie verder studeer sonder n kar tot haar
beskikking nie. Sy het ver van die kampus af gebly en moes n voertuig h om by die
klasse te kom. Hierdie is net nog n voorbeeld van mense se goedheid en die rol wat
die Here gespeel het. Mareze het intussen ook n groot liefdesteleurstelling gehad
waarmee ek in my toestand haar gladnie kon troos of bystaan nie. Ek is baie trots op
my dogter, want ten spyte van die feit dat sy haar Pa en haar motor verloor het en
nog boonop n liefdesteleurstelling moes oorkom, het sy haar derde jaar fisioterapie
deurgekom met twee onderskeidings, en hierdie is n moeilike kursus.
Charl het ons op n Vrydagaand gebel en die slegte nuus meegedeel dat sy Mazda
helder oordag by sy werkplek in Tegnopark, Stellenbosch, gesteel is. Ek het geen
emosies gehad nie, maar ek het probeer om my kinders uit my hart uit jammer te
kry. Op hierdie stadium het dit regtig nie goed gegaan met die Van Niekerks nie,
maar my vrou en kinders het nie moed verloor nie, want hulle het geglo dat die Here
in beheer is en dat niks toevallig gebeur nie. Op geestelike gebied het ek al baie van
my kinders geleer. Ek het verskriklik sleg gevoel, want my kinders het my nog nooit
in die steek gelaat nie en hier is ek besig om hulle totaal in die steek te laat met my
depressie wat nie wil end kry nie
Gedurende my agt maande van depressie het ek so sleg na my liggaam omgesien
en is dit net genade van bo dat ek nie permanente skade opgedoen het nie. Ek het
geweet dat ek te min water drink, maar ek het niks daaraan gedoen nie. Ek het
geweet dat ek nie pille op my lee maag moes drink nie, maar tog het ek dit gereeld
gedoen as Marie nie kyk nie. Ek het baie min geet ten spyte van Marie se pogings
om my meer te laat eet. Terwyl my broers by ons gekuier het het ek begin ervaar dat
ek dit al moeiliker gevind het om te piepie. Ek het dit ook eers vir Marie weggesteek.
Ek het in die nagte opgestaan om te piepie, maar dan kon ek nie my blaas leegmaak
nie, met die gevolg dat as ek in die bed klim het ek al weer n nood.
Gedurende die agt maande van my depressie het ons twee predikante my gereeld
besoek en bemoedig, maar dit het ook geen verbetering in my toestand gebring nie.
Depressie is n nare siekte en glo my, n mens het geen beheer daaroor nie. Daar is
nie n manier hoe n mens met wilskrag n besluit kan neem om die siekte te beveg nie.
Ek moes nou weer die Psigiater besoek en my ergste vrese was bewaarheid en het
sy aanbeveel dat dit nou in my belang is om na Stikland te gaan, want eintlik kon sy
niks meer vir my doen nie. Die ide was dat ek onder behandeling van die
staatsdokters moontlik elektriese skokterapie kan ontvang. Hierdie terapie strek oor
ses weke en elke keer moes die skokterapie onder narkose toegedien word. Die
gedagte aan skokterapie het my met vrees vervul- ek was doodeenvoudig doodbang
vir die narkose en elektriese skokbehandeling. Ek kon natuurlik weier om te gaan,
maar in belang van my gesin moes ek gaan alhoewel ek geweet het dat dit niks sal
help nie. My Psigiater het volgehou dat ek sal herstel.
14
My moed was baie laag toe Marie my by Stikland inboek. Hulle plaas my toe in n
afdeling met ou mense wat meestal net voor hulle uitstaar of op en af in die gange
loop. Die ergste was dat ek heel tuis gevoel het, want niemand het my gehinder as
ek net heeldag sit en staar het nie. Die kos was aaklig, maar dit het my nie veel
gepla nie omdat ek bitter min geet het. Ons is in die oggende 5 uur geroep om te
stort. Dit was Augustusmaand en bitter koud en om daardie tyd van die oggend te
stort was aaklig. Nadat ons gestort het kon ons weer in die bed klim tot so kwart
voor sewe en dan moes ons opstaan om in die yskoue stoepgang met sy teelvloer te
gaan sit. Ek het geen behoefte gehad om met enigiemand te praat nie en niemand
het met my gepraat nie. Dit het my gepas, want ek het niks gehad om te s nie. Ek
het van die oggend tot die aand gesit en wroeg en was intens bekommerd oor alles.
Ek het baie aan my vrou en kinders gedink en het n geweldige skuldgevoel gehad
omdat ek hulle in die steek gelaat het. Nou het ons in die koue gang gesit tot 9 uur
en dan het die klok gelui vir ontbyt wat bestaan het uit twee snye witbrood en pap.
Ek het nie een keer brood geet terwyl ek daar was nie en dit terwyl ons by elke ete
twee snye brood gekry het.. Ek het baie van my kos aan die mense aan my tafel
gegee en hulle was maar te gretig om dit te neem, want die hoeveelheid kos is nie
genoeg vir n mens met n normale eetlus nie. Na ontbyt is almal se medisyne in die
eetkamer uitgedeel. Jou naam is uitgeroep en dan moes jy jou medisyne in
ontvangs neem en dit daar voor hulle sluk. Daarna het ons weer in die gang gaan sit
tot teetyd wat om elfuur was. Daar was niks saam met die tee bedien nie en na
teetyd het ons weer in die gang gesit tot etenstyd om eenuur. Deur die dag was ons
nie toegelaat om in die slaapkamer te wees nie, want die deure was gesluit. Die
deure is eers na aandete oopgesluit. Na middagete het ons weer in die gang gesit
tot teetyd om drieuur. Daarna het ons weer in die gang gesit tot aandete om vyfuur.
Daarna kon mens in die kamer sit of l of in die gang sit tot ongeveer half nege
wanneer ek my slaappil ontvang het. Ek was verplig om die slaappil daar te drink en
daarna moes ek maar gaan slaap. Ek was n week lank in Stikland en elke dag het
soos die eerste dag verloop. Ons het twee oggende wel liggaamsoefeninge gedoen.
Die oefeninge het niks meer as een minuut aangehou nie, en ek het met heimwee
daaraan gedink dat ek net n paar maande vantevore die Argus gery het en nou
saam met die ou mense vir een minuut moes sit en oefeninge doen. Ek was
voordat ek siek geword het so fiks dat ek enige dag van die jaar met gemak n Argus
sou kon ry.
Daar was twee moslems by my in die kamer. Die hoofmoslem het vir bykans vier
en twintig uur per dag na n radiostasie geluister wat moslem musiek uitsaai. Dit is
daardie musiek wat klink soor n dronk mens wat kla. Die radio het bedags op die
stoep gestaan waar ons moes sit en in die aande en deur die nag was dit in die
kamer. In die aande half agt het die twee moslems vir ten minste n uur hardop begin
bid in die kastekamer wat eintlik maar deel van ons kamer was. Geen Christenmens
kon dit hou nie en vir daardie uur het ek maar weer in die koue gang met sy
marleyteels gaan sit en koudkry. As ek teen kwart voor nege gaan slaap was die
radio weer aan met die moslemmusiek. As ek in die nagte wakker word het ek maar
15
weer die musiek gehoor. Om te kla sou nie help nie, want die hoofmoslem het al
die pasiente en verpleegsters van lekkers en chips voorsien. Ek het niks gekry nie,
maar ek wou ook nie sy lekkers h nie.
Ek het geen behandeling by Stikland gekry nie en was toe maar eintlik net daar vir
waarneming. Hulle het besluit om nie die skokterapie toe te pas nie omdat my
depressie nie daarvoor geskik was nie. EK dink nie n mens kan jou meer sit en
bekommer soos wat ek daardie week in Stikland my sit en bekommer het nie.
Intussen het ek nog gesukkel om te piepie en was dit vir my n al groter wordende
problem. As Marie en die kinders kom kuier het was ek baie skaam dat hulle moes
sien saam met watter ou mense ek in die eenheid was. Die een verpleegster het vir
my ges dat ek darem baie jonk was om in daardie afdeling te beland. Marie het vir
die Staatspsigiater gevra of daar n kans was dat ek sal herstel en haar antwoord
was: Ek hoop so. Vir Marie was dit n geweldige skok, want my Psigiater het altyd
ges dat ek sal herstel.
Die naweek wat ek in Stikland was was aaklig. Ek wou so graag n normale lewe lei
en die Vrydagaand het ek so gedink aan die tyd toe ek lus was vir vuurmaak en
vleisbraai, maar dit was nie vir my beskore nie. Ek het vir die agt maande tydens my
depressie geen drank gedrink nie, terwyl ek voorheen baie lief was vir n glasie rooi
wyn. Ek het ook net vuur gemaak as ek n opdrag gekry het om vuur te maak.
Ek het toestemming gekry om die volgende naweek huis toe te gaan en Marie het
my die Vrydagoggend kom haal. Wat ek nie geweet het nie was dat sy vir my n
bestelling by n neuroloog gemaak het by Panorama Hospitaal. Ons het dus reguit
soontoe gery. Toe ek my klere moes uittrek en ek my naakte liggaam in die spiel
sien het ek baie groot geskrik. Ek het geweet dat ek maer was, maar ek het nie
geweet dat ek so sleg lyk nie. Ek het vir die dokter ges dat ek aan depressie ly en
hy het vir my ges dat hy dadelik agtergekom het dat daar fout is met my. Terwyl ek
so op die bed l voor sy ondersoek begin het het hy my so n kyk gegee en vir my
gesDit gaan darem kakkerig met jou. Ek moes saamstem, want toe ly ek al vyf
maande aan depressie, ek is uitgeteer, ek was n week in Stikland wat n nare
ondervinding was en ek kon nie piepie nie, en elkeen in my gesin wat ek so lief voor
is het verskeie terugslae gehad. Hy het my ondersoek en sy bevinding was dat my
prostaatklier vergroot het en die vloei van die urine uit die blaas belemmer het. Hy
het ges dat hy die problem deur middel van n operasie kon regstel en dat ek die
Maandag geopereer moes word. Ek het die Maandag aangemeld en is geopereer.
Die dokter het vir my die operasieprosedure en voorskrifte op skrif gegee, maar ek
het so min belanggestel dat ek dit eers maande na die operasie deurgelees het. Na
die operasie het mens n kateder aan en daardie aand het ek ervaar dat ek die
gevoel het om te piepie maar dat ek nie kon nie. Dit was uiters onaangenaam en
pynlik, maar dit het teen laataand verbeter en die kateder is na 24 uur afgehaal. Die
operasie was n groot sukses en ek is na drie dae ontslaan en Marie het my kom haal.
Die dokter het my een oggend die goeie nuus kom meedeel dat die prostaat nie
16
kwaadaardig was nie. Dit het egter nie n blydskap by my veroorsaak nie, want ek
het nooit eers daaraan gedink dat dit kwaadaardig kon wees nie.
Daar was nou sprake dat ek weer moes terugkeer na n ander afdeling van Stikland
waar n mens meer kreatief moet wees, maar dit het genadiglik nie n werklikheid
geword nie en sou n vermorsing van geld wees. My verblyf in Stikland het ons meer
as R6000 uit die sak gejaag en ek het geen nut daaruit gekry nie. Die personeel by
Stikland was baie bekommerd oor my aangesien hulle waargeneem het dat ek net
elke dag my sit en bekommer het en met niemand gepraat het nie.
Nou was ek weer by die huis en elke dag was maar soos voorheen waar ek elke
oomblik van die dag gewroeg het en my bekommer het. Die selfmoordneigings het
egter nooit teruggekom nie, en ek het steeds die begeerte gehad om te leef, maar ek
kon steeds nie deurbreek na die lewe toe nie. Angsaanvalle was aan die orde van
die dag en vir Marie moes dit baie swaar gewees het, maar met die hulp van die
Here het sy steeds sterk gestaan en kop bo water gehou.
Op hierdie stadium het ek begin bid en vir die Here gevra om my net n klein bietjie
hoop te gee, want ek het steeds gewanhoop. Ek het vir twee maande lank elke dag
gesmeek en vir die Here gevra om my asseblief te help want ek kon dit nie langer
uithou nie.
OP 8 November 2010 het die Here vir my ges dat ek met my mederaadslid Riaan
de Vries moet praat. Ek het vir 8 maande nie met enigiemand by die Munisipaliteit
gepraat nie, maar toe toe Here vir my s dat ek met Riaan moet praat het ek vir die
eerste keer in agt maande hoop gekry en het my gemoed vir die eerste keer verbeter.
Daardie aand het ek vir die eerste keer in agt maande sonder slaapille gaan slaap
en die hele nag deur geslaap. Die Dinsdag het ek ook beter gevoel en die aand het
Willie en Wilna kom kuier en het ek n glasie rooi wyn saam met hulle gedrink. Hulle
het agtergekom dat daar by my n groot verbetering was en was baie bly en
opgewonde. Die woensdag het dit ook goed gegaan en die Donderdag was ek vir
die eerste keer lus om in die tuin te werk en het ek bome se take afgesaag en netjies
gemaak. Ek het heeldag so goed gevoel en die dag baie geniet. Ek het die
Donderdagmiddag vir Riaan gebel en n afspraak met hom gemaak vir die
Vrydagmiddag 2 uur. Die aand was ek weer in dieselfde toestand van depressie en
het ek op die bed gel. Marie het vir my gevra of daar fout is en ek het ges dat ek
maar net moeg is. Ek het daardie aand vir die Here gevra om my asseblief te help,
want ek het gladnie kans gesien om verder met die depressie saam te leef nie. Ek
het toe ook nie meer gedink dat dit n goeie ding is om vir Riaan te sien nie en ek het
ook nie meer geweet wat om met Riaan te bespreek nie.
Op Vrydag 12 November 2010 het ek wakker geword en dit het vir my gevoel of ek
reg is. Hoe verder die dag gevorder het was ek al sekerder dat ek reg is en het daar
n groot kalmte op my neergedaal. Ek was toe nie in die minste bekommerd oor my
afspraak met Riaan nie, want ek het geweet en vertrou dat die Here in beheer was.
17
Riaan het gekom en ons het lekker gesels. Ek het vir hom ges dat ek baie sleg
voel dat ek vir soveel maande afgeboek was en dat ek nog tot einde Desember 2010
met siekverlof sal wees. Ek het vir hom ges dat ek maar eerder uit die Raad sal
bedank, want ek wil nie verder vir hulle n verleentheid wees nie. Daarvan wou hy
niks weet nie. Ek het ook die finansile boeke van die DA met hom bespreek en ook
die boeke aan hom oorhandig- iets wat ek vir agt maande gevrees het. Die boeke
het my nie meer gepla nie en ek het goed gevoel. Marie was nie by die huis nie en
nadat Riaan ongeveer teen 4 uur weg is het ek vir Mareze gebel om vir haar te s
dat ek reg is. Mareze het hartseer geraak toe ek vir haar s dat ek reg is en ek het
toe begin huil. Toe ek klaar met haar gepraat het ek besef dat ek genees is, want
ek kon huil- ek het dus weer vir die eerste keer in agt maande emosies gehad. Ek
het toe vir Charl gebel en hy was verheug om weer n Pa te h en het die Here
geprys. Toe Marie by die huis kom en ek vir haar s dat ek nou reg is het ek weer
gehuil en dit was regtig lekker om te huil. Ek het ongeveer n week later met Charl
oor die telefoon gepraat en skielik het die emosies my oorval en het ek begin huil.
Ek het vir minstens n kwartier gehuil, en dit was trane van vreugde en dankbaarheid.
My broer Piet van Pretoria het op die Vrydagmiddag ongeveer sesuur by ons
aangekom om te kom kuier en hy was salig onbewus daarvan dat ek genees is- vir
hom was dit n aangename en n onverwagse verassing. Die Here het my op 8
November 2010 volkome genees en tot vandag is ek genees. Ek glo vas dat my
depressie n eenmalige gebeurtenis was wat homself nie weer sal herhaal nie. Ek
het ook my Psigiater gebel en die goeie nuus meegedeel en ook sy was verheug.
Vir haar het ek net die grootste respek en agting aangesien sy my gesondheid op so
n besondere wyse op haar hart gedra het en omdat sy nooit moed opgegee het nie.
Op n later stadium toe ek haar weer besoek het het sy ges dat as sy eendag op die
ouetehuis se stoep sit sal sy my steeds onthou. Die feit dat sy dit ges het het my
laat besef dat my geval baie moeilik was, daarom gee ek al die eer aan die Here wat
my genees het, want vir Hom is niks onmoontlik nie omdat Hy almagtig is.
Terwyl ek depressie gehad het het ek geen energie gehad nie, maar nou was dit n
ander storie en net die teenoorgestelde. Ek het te veel energie gehad en vir Marie
was dit nognie die einde van die ellende nie. Die energie het seker gekom van die
maande se pille wat ek gedrink het, maar dit was n bonatuurlike energie. Ek was vir
agt maande buite aksie en my lewe het stilgestaan, en dit het vir my gevoel of ek die
agt maande agterstand dadelik moes inhaal en ek het die energie gehad om dit te
doen.
Ek wou nie slaap nie, want dit het vir my soos tydmors gevoel. Ek het een nag
dwarsdeur die nag op die rekenaar gewerk en toe ek die volgende oggend sesuur,
nog met my klere aan my skoene in die kombuis gaan haal toe het my broer al
opgestaan. Toe ek uit die kombuis kom met my skoene in my hand het hy vir my
gevra of ek kom en of ek gaan. Vir my het dit nie saak gemaak of ek kom en of ek
gaan nie, solank ek netnie hoef te slaap nie, My plan was om by Marie in die bed te
gaan inkruip, sodat sy moes dink dat ek geslaap het. Ek het toe eers vir my en Piet
18
koffie gemaak en ons het op die stoep gaan sit om dit te drink. Intussen het Marie
wakker geword en gesien dat ek nie geslaap het nie en dat ek ook nie in die
studeerkamer was nie. Aangesien ek haar vantevore vertel het van my
selfmoordneigings het sy baie groot geskrik, want sy was bevrees dat ek dit nou
gedoen het. Ek het toe n belofte gemaak dat ek nie later as elf uur in die aande sou
gaan slaap nie. Hierdie belofte het ek nie een keer nagekom nie. Ek het net
eenvoudig te veel energie gehad. Ten spyte van baie min slaap vir ongeveer twee
maande het ek nooit moeg geword nie- ek het n onuitputlike energie gehad. Ek het
geglo dat die Here my sen met hierdie bonatuurlike energie sodat ek die agt
maande van my lewe wat ek verloor het kon inhaal. Ek is baie lief vir kosmaak en ek
kook graag afval. Ek het in die agt maande van my depressie nooit kos gemaak nie
was nou weer baie lus daarvoor. Die kookproses van afval is tydsaam en kan nie
aangejaag word nie en dit neem ongeveer 7 uur om die afval behoorlik voor te berei.
Ek het toe een middag laat begin om afval gaar te maak en toe die son die volgende
dag opkom was die afval net mooi gaar. Marie het maar later opgehou om my aan te
praat oor die min slaap, want sy het gesien dat dit niks help nie, maar sy was steeds
baie bekommerd oor my omdat ek so min geslaap het en omdat sy bang was dat ek
as gevolg daarvan weer in depressie kon verval. Marie s vandag dat die twee
maande na my depressie vir haar baie erger was as die agt maande van depressie,
en die agt maande was baie erg.
Die Psigiater het intussen my medikasie drasties verminder, want ek was nou op n
high en dit is waar die energie vandaan kom. Ek het egter geglo dat ek nie op n
high is nie en dat ek heeltemal normal optree. Ek het geglo dat die Here my een
honderd persent genees het en dat enigiemand wat beweer dat ek op n high is nie
in God glo nie, want Hy het my dan genees. Hieroor het ek en Marie nagte deur
gestry, wat natuurlik haar lewe baie onaangenaam gemaak het. Ek het in hierdie
twee maande nooit in die middae geslaap nie en bitter min in die nagte en steeds het
ek nie een keer moeg geword nie. Die Psigiater het ges dat slaap baie belangrik vir
my herstelproses was en dat ek nie later as tienuur in die aande moes gaan slaap
nie. Ek het onderneem om dit te doen, maar ook hierdie onderneming het ek nie
een keer nagekom nie. My woord is my eer en ek dink ek is n baie eerbare mens,
maar as n mens vir agt maande depressie gehad het moet n man doen wat hy moet
doen.
Ek het geleidelik meer begin slaap en op hierdie stadium het ek weer die
slaappatroon van n normale mens. Ek neem selfs n middagslapie wanneer die
geleentheid hom voordoen en ek raak nou ook moeg soos n gewone mens. Ek het
ook intussen op die oefenfiets begin oefen en beoog om Die Burger Fietstoer van 97
kilometer op 4 Desember 2011 te ry. Ek beoog ook om volgende jaar my vyfde
Argus op 62 jarige ouderdom te ry.
Mareze het beoog om vanaf 3 tot 5 Desember 2010 n retreate kamp vir vroue by te
woon by Volmoed in die Hemel en Aarde Vallei naby Hermanus en dit was vir my n
groot verrassing toe ek ook vir die kamp genooi word. Hulle het n uitsondering
19
gemaak en my genooi alhoewel die kamp net vir vrouens was. Hierdie is weereens
n bewys dat die Here die hele pad met my was, want hierdie kamp het vir my baie
beteken. Niemand behalwe Wilma, wat die kamp aangebied het mag vir die hele
naweek gepraat het nie. Elkeen het dus baie tyd gehad om alleen met die Here te
wees en die sessies wat deur Wilma aangebied was het n mens ook nog nader aan
die Here laat kom. Ek en Mareze is die Saterdagaand met die heilige gees gedoop
en Sondagoggend is ons in n pragtige poel water onder n watetrval gedoop. Ek kan
net vir die Here dankie s dat ek die kamp op daardie stadium van my lewe kon
bywoon en ook vir die wonderlike voorreg om saam met my dogter gedoop te kon
word. n Aantekening wat ek by die kamp gemaak het is dat God te min ure in die
dag gesit het. Dit het weklik vir my op daardie stadium so gevoel.
My oudste broer, Piet het op 7 Mei 2010 vir my die volgende geskyf:Flip baie
jammer om te hoor van jou terugslag. Wat kan n man nou s? Cut your losses and
call it a day en staan weer op en begin weer, soos die ou Jood vir die jong jood ges
het, Die Here het jou tot hier gebring en hy sal jou van hier af verder vat. Agterna
gesien besef ek nou dat dit waar is wat in Hebrers 13:5 staan: Ek sal jou nooit
begewe en jou nooit verlaat nie.
Nadat ek herstel het het ek n behoefte in my hart gevoel om by een of ander kerklike
groep in te skakel. Ek het nie nodig gehad om te soek nie , want die Here het dit oor
my pad gestuur. Mari Steenkamp het met die hulp van die Gracelife Kerk in
Stellenbosch begin om n dissipelskap kursus aan te bied en dit is wonderlik om dit
sedert Aprilmaand elke Dinsdagaand by te woon. Ek vertrou dat ek vorentoe die
kennis wat ek nou opdoen sal kan gebruik om siele vir die koningkryk van die Here
te wen.
Ek is vas oortuig dat my depressie n eenmalige gebeurtenis was wat homself nooit
weer sal herhaal nie,en daarom lewe ek nie in vrees en bewing dat dit weer sal
gebeur nie.
n Hele paar mense het ges dat ek n boek moet skryf oor my ondervinding en ek het
ook gedink dat dit baie goed sal wees, want dit kan ander mense in dieselfde
omstandighede bemoedig. Ek glo nie ek het genoeg stof om n boek te skryf nie,
maar ek glo dat die Here my sal lei in wat ek moet doen.
Hier volg n kort opsomming van wat met die Van Niekerks verkeerd geloop het in
2010. Ek het baiekeer vir myself ges dat dit nie goed gaan met die Van Niekerks
nie, want behalwe onderstaande wat werklik gebeur het het ek nog verwag dat baie
erger dinge met ons sou gebeur.
1. Ek het vir agt maande in n toestand van Major Depression verval.
2. Ek het ekseem opgedoen en die gejeuk was by tye ondraaglik.
3. n Vergrote prostaatklier het veroorsaak dat ek nie behoorlik kon piepie nie en ek
moes n operasie ondergaan.
20
4. Marie moes my vir agt maande oppas tydens my depressie en toe ek regkom
breek die slegste tyd eers vir haar aan. Vir haar was dit gewis n baie moeilike tyd.
5. Marie het eers in Piketberg n ligte ongeluk gehad met die Camry en toe later n
erger ongeluk in die Paarl.Die skade aan die Camry was dertig duisend
rand,waarvoor die versekering ten volle betaal het.
6. Marie het haar man vir agt maande verloor.
7. Charl en Mareze het hulle Pa vir agt maande verloor.
8. Charl se motor is gesteel en nooit gevind nie.
9. Charl het n verhouding verbreek met iemand wat hy meer as n jaar mee
uitgegaan het wat vir hom baie moeilik was.
10. Mareze het haar Toyota Corolla as gevolg van ons finansile posisie verloor.
11. Mareze het n baie groot liefdesteleurstelling gehad.
Ek het regtig gevoel soos Job in die bybel, en ek kan vandag getuig dat 2010 die
beste jaar van my lewe was, want my verhouding met die Here is nou op n baie
hor vlak en ek sal nooit weer kan twyfel aan die Here se teenwoordigheid en sy
genade nie.
Hoe gaan dit nou met die Van Niekerks:
1. Met my en Marie gaan dit baie goed en ons is net so gesond en gelukkig soos
voor my siekte.
2. Charl het sodanig verhoging by sy werk gekry dat hy vir hom n netjiese laat model
voertuig kon koop.
3. Charl het sy lewensmaat gekry en is nou verloof. Trou datum is 11 Februarie 2012.
4. Mareze ry nou met ons Camry, want ons het vir ons n ander vroe model Camry
gekoop.
5. Mareze is weer verlief en die twee is mal oor mekaar en sy is baie gelukkig.
6. Mareze is in haar finale jaar en sal volgende jaar haar Zuma jaar as fisioterapeut
doen.
Die Here is getrou en hy het ons lewens soos handomkeer verander. Hy het ons
gebede verhoor soos daar in Psalm 50 staan. Ek wil Hom eer soos hy in Psalm 50
beveel en daarom is my gebed as volg: Vader ek bid dat alles wat vandag
oor my pad mag kom ek sal aanvaar as indiensopleiding en nie as
straf nie. Trek my aan en beklee my met die wapenrusting van
Effesirs 6. Ek sal vertel aan aan die hele wereld wat God gedoen
21
het aan my gees. Ek het geroep en God het geluister toe alles nag
was om my heen.
My broer Piet het die volgende getuienis gelewer by n geleentheid in Pretoria waar
alle persone wat getuienis wou lewer dit kon doen:
Aan: Francois Fourie, Silverton Selgroep.
Van: Petrus van Niekerk
Flip van Niekerk van Piketberg was tot die begin van 2010 n Besigheidsman en Raadslid van Bergrivier Munisipaliteit, toe hy algehele finansile ruinering in die gesig staar, en n totale senu-ineenstorting gehad het wat hom tot op die rand van die dood gebring het.
Hy was baie fiks. Hy het gereeld aan fietswedrenne deelgeneem, onder andere die Argus en onder die eerste 25% ge-eindig, wat vir sy ouderdom van 60 jaar n goeie prestasie was.
As hy nie so fiks was nie was hy dood. Hierdie is n profesionele mediese opinie. Hy is 1,9 meter lank en het 90 Kg geweeg. Hy het 23 Kg gewig binne 6 weke verloor. Hy is gehospitaliseer en behandel vir skok en akute, onomkeerbare major depression.Sy toestand is medies gestabiliseer. Die medici het daarin geslaag om hom agt maande lank op die rand van die graf te hou-hulle het gekeer dat hy nie inval nie.-dit is die beste wat hulle kon doen.
In die agt maande was sy toestand so dat hy nie met n telefoon kon praat nie-sy keel trek toe as hy probeer, of as sy vrou , Marie, hom dwing om te probeer. Hy kon nie aan normale gesprekke deelneem nie. Hy kon nie n motor bestuur nie. Behalwe vir tydperk van hospitalisering was hy nie bedlend nie, hoewel hy die grootste deel van die dag vir die plafon l en kyk het. Hy was slegs in staat tot die minimum noodsaaklike fisiese beweging-kortom, hy was fisies, geestelik en emosioneel plat teen die grond-die los grond op die rand van die graf waar hy gel en wens het die medici en andere hom asseblief net moet los dat hy inval.
Sy finansile ineenstorting sou algeheel gewees het as sy vriend, Willie Lambrechts, nie ingespring en gekeer het nie. Hy het organisatories en administratief hierdie finansies op die rand van die finansile graf vasgedruk en gekeer dat dit nie inval nie. Hy moes geld uit sy eie sak ook hierby ingooi. Ander mense het ook finansiel gehelp.
Midde in hierdie krises het daar by wyse van n wonderwerk n groot som geld uit n total onverwagse bron total onvoorsiens van die kant van die voorsienigheid sy broer Petrus toegeval-uit die bloute uit, belastingvry, geen dobbelary, geen misdaad vermoed nie.
Uit hierdie geld is toe n groot som aangewend om te help met Flip se finansile rehabilitasie, met n baie geringe kans dat hy dit ooit sal terugkry- maar niks het uitgewerk soos bereken, voorsien, of beplan nie.
Flip se dramatise fisies, geestelik en emosionele rehabilitasie, sy opstanding uit hierdie halfdood, was ook die begin van sy finansile rehabilitasie. Hy het aangebied om die geld terug te betaal, en hy het reeds daarmee begin.
22
Vanaf September 2010 het hy die Here gesmeek vir n klein bietjie hoop, aangesien hy steeds wanhopig was-laat my uitbreek uit hierdie pikdonker gevangenisskap en laat dit asseblief spoedig gebeur.
En op 8 November 2010 is dit hom toe vergun om die dop van hierdie vrot eier, waarin hy agt maande lank bebroei was, te breek en weg te stap-die een dag was hy nog daar en die volgende dag was hy daaruit.
En sy herstel was net so dramaties as wat die ineenstorting drasties was. Hy het weer normal begin eet en binne drie maande 30Kg herwin: m.a.w. hy is nou tien kilogram oor sy normale gewig.
Dit is die agtergrond waarteen my broer, Petrus, n kort getuienis gee by wyse van n
bedankingsbrief aan ander betrokkenes wat gehelp het.
Beste Kobus en Stella,
Baie dankie vir julle bystand, hulp en ondersteuning tydens Flip se siekte en selfs
ingryping toe julle vir my en Johan ontbied het om te kom help en ons gehusves het.
Willie wat die grootste bydrae gehad het in die stabilisering van Flip se finansile
sake, en ekself, het beplan vir die slegste moontlike scenario.
Dit was dat die man nooit weer sodanig sal herstel dat hy ooit weer n werk sal kan
doen wat aan hom n leefbare inkomste sou besorg nie, en hiervoor was daar
voldoende mediese getuienis. Om in finansile sake die slegste moontlike scenario
in verrekening te bring, is in sulke omstandighede die regte en verantwoordelike
manier van doen.
En toe kom God en Hy keer hierdie hele appelkar om, met donkie en al.
Flip is fisies en geestelik 100% herstel en volkome finansile rehabilitasie lyk na n
werkbare moontlikheid.
En dit is dan my getuienis en dank aan God vir sy dramatise ingryping in hierdie
situasie en vir sy genade, tydens die verloop daarvan en voorkanttoe, waarsonder
ons nie kan bestaan nie.
Petrus van Niekerk
7 Julie 2011