24
1 Maand-Krant OKTOBER 2016 Hierdie Maand-Krant asook vorige Maand-Krante is beskikbaar op die webblad by http://www.wapadrant.co.za/maand-krant 5 MANIERE HOE JESUS GEESTELIKE GROEI KOM HERDEFINIEER HET Uit: E-Kerk - Wysheid en Groei Nuusbrief 8. (16Aug2016) Deur: Mynhardt van Pletsen Geestelike groei lyk nie soos groei in die wêreld se oë nie. Inteendeel, baie keer lyk geestelike groei vir ons na agteruitgang. As ons mooi deur die stories van Jesus lees, sien ons dat hy wel geïnteresseerd was in ons geestelike groei, maar dat dit gans anders lyk as wat ons oor die algemeen vandag oor groei dink. Laas keer het ons saamgesels oor al die mites wat ons glo oor ons eie groei. Vandag hoop ek om met jou tyd te spandeer rondom hoe Jesus ons wil leer oor wat dit beteken om te groei in die Koninkryk. Net soos vandag, was baie van Jesus se lesse oor groei uiters stroom-op. Die kerkleiers en gods-dienstiges van sy dag het groei verstaan as iets wat hulle net help om meer belangrik, ryk, slim en in beheer te wees. Rachel Graf skryf in haar artikel, "God Doesn’t Promise You’ll Be Successful”: To many people of his day, Jesus was a poor, homeless, blaspheming rabbi. He was hated and rejected by many. He spoke of a kingdom not of this world, spent most of his time with sinners, broke the rules and washed dirty feet. And he claimed to be the Messiah— the king. Jesus did not fit the description of a successful, conquering king. If we really think about it, Jesus, from the perspective of his culture, was a failure. Soos ons hieronder sal sien, Jesus het geestelike groei as iets anders verstaan. Ons lees in die Bybel dat alle vorme van geestelike groei net een doel voor oë het: om meer soos Jesus te word. Ons moet leef soos wat Hy geleef het [1 Johannes 2]. Paulus nooi ons selfs uit om sy voorbeeld te volg soos wat hy die voorbeeld van Jesus volg [1 Korintiërs 11]. Hier is vyf vinnige maniere van hoe Jesus radikaal anders dink oor ons geestelike groei.

Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

1

Maand-Krant

OKTOBER 2016

Hierdie Maand-Krant asook vorige Maand-Krante is beskikbaar op die webblad by http://www.wapadrant.co.za/maand-krant

5 MANIERE HOE JESUS GEESTELIKE GROEI KOM HERDEFINIEER HET Uit: E-Kerk - Wysheid en Groei Nuusbrief 8. (16Aug2016) Deur: Mynhardt van Pletsen Geestelike groei lyk nie soos groei in die wêreld se oë nie.

Inteendeel, baie keer lyk geestelike groei vir ons na agteruitgang. As ons mooi deur die stories van Jesus lees, sien ons dat hy wel geïnteresseerd was in ons geestelike groei, maar dat dit gans anders lyk as wat ons oor die algemeen vandag oor groei dink.

Laas keer het ons saamgesels oor al die mites wat ons glo oor ons eie groei.

Vandag hoop ek om met jou tyd te spandeer rondom hoe Jesus ons wil leer oor wat dit beteken om te groei in die Koninkryk. Net soos vandag, was baie van Jesus se lesse oor groei uiters stroom-op. Die kerkleiers en gods-dienstiges van sy dag het groei verstaan as iets wat hulle net help om meer belangrik, ryk, slim en in beheer te wees.

Rachel Graf skryf in haar artikel, "God Doesn’t Promise You’ll Be Successful”:

To many people of his day, Jesus was a poor, homeless, blaspheming rabbi. He was hated and rejected by many. He spoke of a kingdom not of this world, spent most of his time with sinners,

broke the rules and washed dirty feet. And he claimed to be the Messiah—the king. Jesus did not fit the

description of a successful, conquering king. If we really think about it, Jesus, from the perspective of his culture, was a failure.

Soos ons hieronder sal sien, Jesus het geestelike groei as iets anders verstaan. Ons lees in die Bybel dat alle vorme van geestelike groei net een doel voor oë het: om meer soos Jesus te word. Ons moet leef soos wat Hy geleef het [1 Johannes 2]. Paulus nooi ons selfs uit om sy voorbeeld te volg soos wat hy die voorbeeld van Jesus volg [1 Korintiërs 11].

Hier is vyf vinnige maniere van hoe Jesus radikaal anders dink oor ons geestelike groei.

Page 2: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

2

1. Dit gaan allereers oor verhoudings, nie kennis nie. Jesus se hele lewe het gegaan oor verhoudings. Self het Hy gesê dat die onderhouding van al God se wette net op twee dinge neerkom: liefde vir God en liefde vir ander mense. Paulus skryf aan die gemeente in Korinte die volgende: Ons het almal kennis oor hoe ons moet optree. Kennis laat ’n mens belangrik voel; die liefde, daarenteen, bou ’n gemeente op. As jy dink jy weet alles, het jy nog nie die ware kennis nie. Maar as jy God liefhet, dan ken God jou en jy is vir Hom belangrik. [1 Kor 8 v 2]. Meet jou geestelike groei allereers aan die kwaliteit van jou verhoudings, nie die kwantiteit van jou kennis nie. 2. Dit gaan oor minder word, nie meer nie Soos ons voorheen gesels het, is ons mense darem maar lief om te dink dat alles wat groei, groter, beter en blinker moet wees. Volgens Jesus is niks daarvan belangrik nie. Hy leer ons dat ware geestelike groei nie noodwendig gekenmerk word deur materiële vooruitgang nie. Inteendeel, Johannes die Doper sê in sy eie woorde: Jesus moet meer word, en ek minder [Johannes 3 v 30]. 3. Dit gaan oor om te dien, nie om gedien te word nie Wanneer ons groei volgens Jesus se definisie, dan raak ons meer geneig om ander te dien, nie om deur hulle gedien te word nie. Julle weet in hierdie wêreld tiranniseer die maghebbers die nasies, en die magtiges domineer hulle. Maar onder julle moet dit heeltemal anders wees. Wie onder julle ’n leier wil wees, behoort julle dienskneg te wees. En wie die eerste onder julle wil wees, moet julle slaaf wees. [Matteus 20 v 25-26] Die ware geestelike volwassenes onder ons sal jy altyd agter die kospotte, besig met die skottelgoed, of met die spreekwoordelike handdoek oor die arm aantref.

4. Dit gaan oor nederigheid, nie belangrikheid nie.

Van Jesus se tyd tot vandag heers daar die algemene miskonsepsie dat as jy volwasse is, dat jy darem ’n mate van belangrikheid ook sal hê. Dis asof ons instinktief verwag dat ander mense ons groei moet raaksien en respek en agting daarvoor moet hê. Jesus waarsku ons hierteen as Hy sê: Wees versigtig! Moenie julle praktiese godsdiens in die openbaar beoefen sodat almal julle bewonder nie. Moenie soos die skynheiliges wees wat daarvan hou om in die sinagoges en op die straathoeke te bid sodat die mense hulle kan sien nie. [Matteus 6 v 5-7]

5. Dit gaan oor wat ons doen, nie slegs wat ons glo nie

Op die ou einde van die dag behoort ons gees-telike groei inslag te vind in ons gedrag. Wat help dit ons groei in wat ons weet, maar ons tree nie met meer liefde, meer vrygewigheid en meer verdraagsaamheid op nie? In ons optrede lê die ware toets van geestelike groei. Jakobus eggo hierdie sentiment wanneer hy skryf: Dis duidelik: Om net te sê jy glo, is nie genoeg nie. Geloof wat nie dade word nie, is eintlik glad nie geloof nie – sulke geloof is dood en help niks. Maar iemand sou kon redeneer: “Party mense het geloof, en ander het dade.” Ek sê: “Wys my jou geloof wat sonder dade is. Maar juis uit my dade sal ek jou my geloof wys. [Jakobus 2 v 17-18]

Dit is my hoop dat hierdie jou sal help om self ook nuut te dink oor jou eie groei. Soos wat ons toenemend inkoop op Jesus se verstaan van wat dit beteken om geestelik volwasse te leef, so sal ons lewens meer en meer lyk soos Jesus s’n.

Page 3: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

3

*

RRRRAPPORT AAN DIE APPORT AAN DIE APPORT AAN DIE APPORT AAN DIE KKKKERKEERKEERKEERKE

Die Kuratorium van die GKSA het op 20 en 21 Junie 2016 in Potchefstroom vergader. Dit is ‘n vergadering van

verkose en gevolgmagtigde regeerders of versorgers van die Kerke ten opsigte van predikantsopleiding en wat

regstreeks daarmee verband hou.

Die Kuratorium behartig die belange van die Teologiese Skool, en wel op so ‘n wyse dat al sy handelinge ooreenstem

met Gods Woord, die Drie Formuliere van Eenheid, die Kerkorde en die besluite van die Algemene Sinode van die

GKSA wat op die Teologiese Skool van toepassing is.

1. INLIGTING OOR VERWIKKELINGE BY DIE NWU:

Prof. Rantoa Letšosa (Vise-rektor Onderrig-leer van die NWU PK) het die Kuratore toegespreek. Die volgende

mededelings is van belang:

1.1 Die Kerke (gemeentes) kan daarvan verseker wees dat dit goed gaan op die NWU PK- kampus.

1.2 Die herstruktureringsproses op kampus verloop ordelik en volgens plan ooreenkomstig ‘n nuwe

strategie tot 2025 wat op die NWU Raad se vergadering op 19/20 November 2015 goedgekeur is.

Ooreenkomstig genoemde strategie is die doel van die NWU:

“Om uitnemend te presteer in innoverende onderrig-leer en baanbrekers-navorsing, en

sodoende die samelewing deur kennis te bevoordeel.”

1.3 Met hoë akademiese standaard word onderrig-leer aan die studente gebied. Die Universiteit het

onlangs 572 Meestersgrade en 150 PhD’s toegeken.

1.4 Prof. Letšosa maak melding van die ooreenkoms tussen die GKSA en die NWU en spreek hom positief

uit oor die uitnemende dienswerk van sowel prof. Fika van Rensburg (waarnemende Kampusrektor) as

prof. Rikus Fick (Studentedekaan).

1.5 Die NWU se Fakulteit Teologie bly op reformatoriese grondslag voortbestaan.

1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat

in meer as een roostergroep aangebied word. Afrikaans as onderrigtaal word nie deur hierdie besluit

bedreig nie.

2. SENAATSRAPPORT:

Prof. Gert Breed (Rektor TSP) het die Senaatsrapport aan die vergadering voorgehou.

2.1 Studentesake

Een en sestig studente studeer aan die TSP asook twaalf wat by Docenda ingeskryf is.

Page 4: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

4

2.2 Rektoraat

Prof. Gert Breed dien as Rektor. Prof. Francois Viljoen (Vise-rektor Akademiese Sake) is tot einde 2016

van sy pligte in die verband onthef vanweë sy werkslas as waarnemende Dekaan van die Fakulteit

Teologie.

Die Rektor sowel as prof. Henk Stoker (Vise-rektor Studentesake) neem verantwoordelikheid vir die

Rektoraat.

2.3 Personeel TSP

Die Kuratore spreek hulle dank en waardering teenoor die professore uit vir die moeite wat hulle met

elke student t.o.v. akademiese vorming doen én verder ook vir die persoonlike kontak wat die dosente

met die studente het.

2.4 Kennisgewing van emeritering

Sowel prof. G.J.C. Jordaan as prof. P.P. Krüger het reeds die ouderdom van 65 jaar bereik en emeriteer

DV aan die einde van 2016.

3. GKSA se ondersteuningsdiens vir bedieningstoerusting en -begeleiding (OBTB)

Die oprigting van ‘n ondersteuningsdiens vir bedieningstoerusting en –begeleiding word onder leiding van die

Kerkgroeideputate onder toesig van die Kuratore en in samewerking met die TSP en die Bestuur van die Admin

Buro in vooruitsig gestel.

4. Klag van GK Die Kandelaar, Pretoria, teen Prof. Fika Janse van Rensburg

Die klag teen Prof. Fika van Rensburg in die lig van KO art. 79/80 weens uitsprake deur hom in die openbaar

gemaak, is deur die Kuratore in behandeling geneem. Die besluit van die vergadering is dat die klag in sy

geheel nie slaag nie.

DR. P.H. HEYSTEK (in opdrag van die Kuratorium)

@@@@@@

Tydelike Kleingroeporganiseerder Skielik is ek op die personeel van ons gemeente. My naam is Jan Tollig en ek is sedert 2004 in Wapadrant Gemeente. Agtergrond: Ek is gebore in Pretoria. Was in Silverton Laerskool, daarna Hoërskool Affies en toe op Tukkies. Ek het die beste ouers gehad. Hulle het as jongmense in 1937 van Nederland in SA aangekom en is hier getroud. My pa het ‘n baie kinderlike geloof uitgeleef terwyl my ma ‘n meer beredeneerde geloof (soos ek) gehad het, met ‘n sterk kinderlike ondertoon. Die HERE het hulle geseën met 9 kinders – 5 sussies en 4 boeties. Ek is no 5. Hulle het ook nog 3 kinders in pleegsorg geneem (12 in totaal). Ons koster (Irene Hugo) is my kleinsus en Bernard natuurlik my kleinboet. Ja, my kinderjare was baie goed en sorgvry. Baie vroeg in my lewe al het die HERE Hom aan my geopenbaar en met sulke goeie voorbeelde rondom my was dit nog altyd maklik om saam met die HERE te wandel.

Page 5: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

5

Ek en Helene is nog net 44 jaar gelukkig getroud. Die HERE gebruik haar baie om my op die “straight and narrow” pad te hou. Hy het 3 kinders aan ons geleen. Tonie, ‘n ingenieur, is ‘n geloofsreus en getroud met Adriana. Hulle het 4 kinders. Willem, ‘n ortopediese chirurg, is getroud met Annaleen en het 3 kinders. Willem het ook ‘n meer kinderlike geloof soos sy oupa en het ‘n baie vrolike geaardheid. Louise, haar pa se hart se punt, is ‘n arbeidsterapeut, meer beredeneerd soos haar pa, getroud met Andries Groothoof en boer op die Springbokvlakte. Hulle het 3 seuns (10 kleinkinders). Ek is ‘n bourekenaar in ‘n privaat-praktyk en het tans geen opdragte nie. My passie

1. Voorbidding veral in groepsverband – ons Doppers bid te min. 2. Hospitaalbesoeke – jy kry altyd baie meer uit as wat jy insit. 3. Huisbesoek – God het dit baie in my lewe gebruik om my versterk. 4. Gesprekke met kerklos, kerklose en Godlose mense – hoe anders dan. Hierdie groot SKAT mag ek mos nie net vir myself hou nie.

My visie as tydelike kleingroeporganiseerder

Om ‘n nog beter georganiseerde en effektiewe kleingroepbediening daar te stel. Ek het baie gedagtes hier rondom, maar hou van spanwerk. Daarom gaan ek dikwels, veral met die kleingroep-leiers, kommunikeer – so asseblief, hê maar geduld met my. Vanaf 10 Oktober 2016 kan julle my kontak by 012 991 6596 of by [email protected]. My selfoonnommer moet nog geskep word. Omdat ek flexi-tyd werk, gaan ek dikwels nie op kantoor wees nie, maar ek sal 7 dae van die week beskikbaar wees vanaf 8:00–21:00. Ja, ek help graag.

&&&&&&&&

Saaier van die Woord-fonds Die Saaier van die Woord-fonds het ten doel om teologiese studente met hul lang en duur studies by te staan. Tot dusver is meer as R5,8 milj ingesamel en uit die beleggingsgroei kon tot dusver R290 000 vir die doel van die fonds aangewend word. Baie dankie aan al die anononieme bydraers. Ons wil die fonds verder uitbou sodat die Gereformeerde leer in ons land en ook buite ons land se grense uitgedra kan word. Lidmate wat hul geroepe voel om tot die fonds by te dra, kan ‘n direkte inbetaling maak by: Rekeningnaam: Admin Buro van die Geref Kerk Bank: Absa, rekeningnommer: 6-7014-0040. Takkode: 632-005 Depositoverwysing: 0591/002 Saaiers van die Woord. U is welkom om meer inligting by die voorsitter van die fondsdeputate, Koos Smit (082 466 9884), te kry.

Page 6: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

6

Dankie uit Australië Via die webblad laat weet ʼn Afrikaanssprekende persoon die volgende: Nie 'n navraag, net baie dankie, woon al vir 20 jaar in Australië en kan net sê dankie vir jul preke. Mag die Here julle bly seën.

Het jul al die kerk se webblad besoek?

Die preke is bv. in verskeie formate beskikbaar. Die adres is www.wapadrant.co.za

%%%%%%%%

Rapport van Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys (TOIBO) ( Rapport saamgestel deur mev Arina Jooste, Uitvoerende Beampte) 1. Samestelling van die Dagbestuur van TOIBO. Hartlike samewerking tussen verteenwoordigers van

die stigterslede van TOIBO, nl. Dr Pieter Heystek :GKSA - Voorsitter Ds Gerrie van Dyk :NGK Ds Gerhard Stoltz :NHKA

2. Fokus van die Instituut. Om leerders met spesiale onderwysbehoeftes in die vyf Instituutskole deur

middel van fisiese hulpbronne en diens in staat te stel om hul potensiaal te *verwesenlik binne ‘n Christelike etos.

3. Finansies . Bydraes tot 31 Desember 2015. Die Stigterslede, nl. die drie Afrikaanse Susterkerke en

hul gemeentes, bly steeds die grootste bydraer tot die fondse van die Instituut. Gedurende 2015 is ‘n bedrag van R756 017 ontvang wat saamgestel is uit sinodale bydraes en donasies/spesiale kollektes vanaf gemeentes.

2011 2012 2013 2014 2015 NG Kerk 337 891 301 172 270 746 256

175 265 885

NH Kerk 73 650 213 436 208,585 163 578

127 666

GKSA 292 632 325 984 332,888 352 221

362 466

Daar word ook gemeld dat die Nederduitsch Hervormde Kerk TOIBO gratis huisves as deel van hul bydrae. Die Trustees van die Klein Hannes Fanus Trustfonds het vir die 2016-boekjaar ‘n bedrag van R38 500 bewillig aan Transvalia-skool vir Epilepsie en Leergestremdheid vir die ontwikkeling van die Grondslagfase se speelgrond. Die toekenning aan die skole vind plaas op ‘n rotasie- basis.

Page 7: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

7

Inkomste

0 200000 400000 600000 800000 100000

0

120000

0

140000

0

160000

0

180000

0

Kerke

Donateurs

Ander

Totaal

2015

2014

2015 756017 612807 190594 1559418

2014 771973 574604 174071 1520648

Kerke Donateurs Ander Totaal

4. Jaarverslag: 2015/16 . Die verslag is by die deputate van die onderskeie streeksinodes op aanvraag

beskikbaar of kan van die internet afgelaai word by www.toibo.org.za of kan in elektroniese vorm vanaf die Instituut verkry word.

5. Projekte

5.1 Projek Sonskyn – Begroting R650 000 . Gedurende 2015 is minderbevoorregte leerders op alle

terreine finansieel ondersteun. 5.2 Projek Opknap – Begroting R300 000 . Word jaarliks aan ‘n skole beskikbaar gestel vir ‘n

kapitaalprojek op ‘n rotasiebasis. 5.3 Projek Onweer . Die trustfonds word jaarliks met R50 000 aangevul plus die balans van die vorige

jaar. Die fondse word aangewend vir onvoorsiene uitgawes by skole. 5.4 Projek Volmagie – Begroting geen. Afhanklik van sk enkings . Die projek het ten doel om die

skole by te staan met hul voedingskemas. ‘n Groot aantal gesinne ontvang kospakkies op ‘n gereelde basis en iets voedsaams word aan kinders by die skool voorsien.

As enige kleingroep van ons gemeente graag by een van bogenoemde projekte betrokke wil raak, is meer inligting beskikbaar by www.toibo.org.za.

6. Fondsinsamelingsprojekte

6.1 Projek Hartklop . Hierdie projek is spesifiek gemik op die jeug. Met dié projek wil ons kinders aangryp

en aanspoor om op ‘n klein, maar beduidende manier, met SENTE, kinders met gestremdhede te help. Hierdie is nie ‘n eenmalige projek nie, maar kan jaarliks ondersteun word. Kinders plak die plakker op ‘n houer van hul keuse. Wanneer hulle die houer ingee ontvang hulle ‘n lapelwapentjie. Plakkers en lapelwapentjies kan vanaf die Instituutkantoor bestel word.

6.2 Loslit-dag . Die Instituut neem jaarliks deel aan Loslit-dag as deel van hul fonds-insamelingsprojekte.

Vir elke plakker van R10 wat verkoop word kan ‘n bedrag van R4 gehou word. Die balans van R6 word oorbetaal aan die Nasionale Raad vir Persone met Fisiese Gestremdhede.

Page 8: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

8

7. Skolenuus . Dis skole presteer goed op akademiese, sport- en kultuurgebied. Vir meer inligting lees gerus die skole se verslae in die Jaarverslag. Die Instituut spog graag met die 2015 Matriekuitslae:

Totaal matikulante : 111 Toelating tot verdere studie : 93

Leerders lê die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen af. Leerders met Doofheid kan slegs ‘n geëndosseerde Graad 12-sertifikaat behaal (5 vakke) agv hul taalagterstand. Groot moeite word gedoen om hulle ‘n vaardigheid soos duikkloppery, haarkappery, ensovoorts. aan te leer om hulle voor te berei vir die arbeidsmark.

Altesaam 32 onderskeidings is behaal en 3 beurse is toegeken. Prinshofskool het vir die 20ste agtereenvolgende jaar ‘n 100%-slaagsyfer behaal.

Mev Beverley du Toit Dr Wynand de Wet Nuutaangestelde hoof Nuutaangestelde hoof Transvalia-skool Transoranje-skool

^^^^^^^^^^ GKSA Almanak 2017 Bestellings kan nou geplaas word deur jou naam, van , aantal en kontaknommer op koevert te skryf en in bydraekassie te plaas. Koste R75 per eksemplaar. Bestellings sluit Sondag 23 Oktober.

Pro Ecclesia-studieleningsfonds

Hierdie beursfonds is tydens Sinode 2000 deur die Deputate Christelike Onderwys gestig om voorgraadse studente te help om veral aan die Potchefstroom-kampus van die NWU te studeer. Studente van Aros en ander opvoedkundig-geakkrediteerde instansies kom ook vir toekennings uit die fonds in aanmerking. Verpligte kollektes hiervoor is deur Sinode 2000 en die daaropvolgende Sinodes goedgekeur. Enkele lenings van R10 000 elk sal gedurende 2017 aan voorgraadse studente toegeken kan word. Enige studierigting, maar veral onderwys, sal oorweeg word.

Page 9: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

9

Aansoekvorms en ‘n uittreksel uit die Reglement van die Pro Ecclesia-studieleningsfonds is beskikbaar by Wapadrant-kerkkantoor. Volgens hierdie Reglement word aansoeke vir die studielening deur Kerkrade van Gereformeerde Kerke vir verdienstelike gevalle in hulle gemeentes geloods. Die aansoeker moet ‘n lidmaat van u gemeente wees . ‘n Gemagtigde ampsdraer van die Kerkraad moet die aansoek onderteken. Voltooide vorms moet asseblief voor 25 November 2016 aan die Administratiewe Bestuurder, Administratiewe Buro, gestuur word.

^^^^^^^^^^

Wapadrant Praat Saam op 16 Oktober Kom praat saam om 17:30-18:30 oor die onderwerp groot doop en klein doop (geloofsdoop en kinderdoop). Die doel met Wapadrant Praat Saam is om saam te groei oor elke byeenkoms se onderwerp, nie noodwendig om mekaar te oortuig, of by ‘n gemeenskaplike antwoord uit te kom nie. ‘n Inleiding word gegee wat die onderwerp bekendstel, en daarna is daar geleentheid vir vrae en bespreking. Dit is die plan vir al die Wapadrant Praat Saam-gesprekke in die toekoms: nie noodwendig amptelike standpunte, of groepsdruk om saam te stem nie. Indien nodig, sal tersaaklike standpunte as deel van die inleiding as agtergrond gegee word. Maar daarna groei ons saam deur vrae te vra en met mekaar te gesels. Elke keer word ‘n nuwe tema bespreek, so jy hoef nie die voriges by te gewoon het nie! Dankie aan almal wat voorstelle vir temas gestuur het. Ons gaan almal probeer inwerk, en ook sorg dat daar genoeg afwisseling is. Soms toerusting, soms ‘n kontroversiële vraag, soms ‘n oorsig oor ‘n Bybelboek, soms ‘n saak van die dag… Kom praat saam! Jaco Kruger

%%%%%

Vrydag 14 Oktober vetkoek en maalvleis @ R15 elk vanaf 17:30 -

18:30 vir Danville-fondsinsameling. Alet Stroebel van Rainbow Kids in

Danville deel elke jaar aan ongeveer 100 gesinne kospakkies uit met

bestanddele vir 'n Kersete. Ons kleingroep benodig fondse vir die

aankoop van die inhoud van die Kerspakkies. Bestel vetkoek en

maalvleis om ons kleingroep se inisiatief te ondersteun. Sms jou

bestelling na Winnie 082 468 4076 teen Woensdag, 12 Oktober 12:00.

Page 10: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

10

Fiksheidswenke uit die Bybel Strekoefeninge Fil. 3:14: Ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Asemhalingoefeninge Ps. 150:6: Laat alles wat asemhaal, die Here prys! Breinoefeninge Fil. 4:8: Verder broers (susters!), alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is - watter lofwaardige saak daar ook mag wees - daarop moet julle julle gedagtes rig. Oogoefeninge Heb. 12:2: Hou die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Gesigoefeninge Fil. 4:4: Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Ooroefeninge Jak.1:19: My liewe broers (susters), dit moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie. Tongoefeninge Kol. 3:16: Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. Beenoefeninge Heb. 12:12: Versterk daarom die slap hande en die lam knieë en loop die reguit pad. Hartoefeninge Ps. 51:12: Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Handoefeninge Ps. 143:6 Ek strek my hande uit in gebed na U toe, ek is voor U soos n uitgedorde land. Ontspanningsoefeninge 1 Pet. 5:7: Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.

*********

Kyk die baie blokke!! Baie dankie aan almal wat so fluks hekel en brei! Daar is reeds 1 665 blokkies ontvang.

Ons mikpunt is 2500 blokke teen April 2017. Hou asseblief aan met brei en hekel aan

die 20 X 20 cm blokke in enige kleur met double knit-wol. Kontantdonasies is baie

welkom. Plaas asseblief blokke en wol in die kartonhouer wat in die saal is naby die

Neem-en-Deel rak. Kontak Hetta by 082 594 5885 vir navrae.

Page 11: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

11

Finansiële sake van gemeente tot en met einde Augustus 2016

Na die eerste 8 maande beloop die bydraes R 7 219 7 12. Ons is dankbaar hiervoor, want ons weet dit is God geïnspireer om lidmate te motiveer hiertoe. Uitgawes beloop R 6 980 713 teenoor ‘n begrote bedrag van R 7 500 703. Die uit gawes word nou bestuur in lyn met bydraes ontvang en die resultaat hiervan is ‘n nett o inperking van uitgawes van R239 000.

Ons kan egter die druk van die land se ekonomie beg in raaksien, deurdat die statistieke toon dat, in vergelyking met dieselfde periode verl ede jaar, die totale inkomste met R 260 794 gedaal het.

Dankofferinligting

Maand 2016

Aantal potensiële *bydrae-

punte

Aantal punte wat geen

beloofde bydrae gemaak het nie

Aantal punte wat beloof het, maar

geen bydrae maak nie

Aantal punte wat

agterstallig is

Getroue bydraers

April 1 142 ** (1 771)

384 33.63%

130 11,38%

109 9,55%

519 45,44%

Mei 1 141 **(1 775)

390 34,18%

122 10,69%

99 8,68%

530 46,45%

Junie 1 141 **(1 776)

389 34,09%

118 10,34%

116 10,17%

518 45,40%

Julie 1 146 **(1 780)

389 33,94%

116 10,12%

123 10,74%

518 45,20%

Aug 1 150 **(1 783)

392 34,09%

111 9,65%

122 10,61%

525 45,65

Page 12: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

12

*Bydraepunt = Getroude man en vrou = 1 bydraepunt Belydende lidmaat in dieselfde gesin = bydraepunt Enkellopende belydende lidmaat = bydraepunt

** Ramings betaalbaar aan Administratiewe Buro te Po tchefstroom (Gaan kyk na http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html vir volledige inligting oor Ramings) Hou asseblief in gedagte dat die gemeente, bo en behalwe die daaglikse bedryfkostes, ook verantwoordelik is vir die betaling van verpligte ramings aan ons breër kerkverband wat tans ongeveer R70 per belydende lidmaat (ongeag die ouderdom) per maand beloop en wat maandeliks oorbetaal moet word. Dus kan u aflei dat, as elke belydende lidmaat ʼn minumum van R70 per maand betaal, die kerkraad nie u daarvoor te “subsidieer” nie.

Gee jou tiende, ‘n opdrag van God af Ware Christene deins nie weg van die lang gevestigde beginsel dat ons tiendes vir die Here moet afsonder nie. (In hierdie en opvolgende Maand-krante sal ons die beginsel ook herbevestig uit die Bybel deur aanhalings vir julle te publiseer.) Spreuke 3:9-10 Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn. Maniere van afdra van dankoffer • Direkte inbetaling op kerk se bankrekening / per internetbank of / per aftrekorder by jou eie

bank. Bankbesonderhede: Gereformeerde Kerk Wapadrant, ABSA rek nr 349 0151 957, takkode 632 005. BAIE BELANGRIK: Naam, van en doel as verwysing. (Behalwe in die geval van ‘n anonieme inbetaling.)

• Indien jy anonieme bydraes wil maak, plaas kontant/tjek in `n koevert in die bydraekassie in die voorportaal of doen ‘n elektroniese oorbetaling in kerk se bankrekening.

• Debietorder: Reël met kerkkantoor by [email protected] of volg hierdie skakel vir vorm http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html

Nog ʼn manier om jou dankoffer/liefdegawe oor te betaal Snapscan – Vir gerieflike en vinnige betaling Gaan na http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html vir instruksies.

%%%%%%%

Page 13: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

13

Totius-standbeeld Die bestuur van die Administratiewe Buro maak graag die volgende rakende die

standbeeld aan u bekend:

• Die standbeeld van Totius is deur die Noord-Wes Universiteit (PUK-kampus)

aan die GKSA geskenk. Ons is dankbaar teenoor die NWU vir die skenking.

• Die beeld is in die ingangsportaal van die Sinodesaal geplaas. Totius het

besonderse voetspore in die geskiedenis van die GKSA getrap en daarom is dit

‘n gepaste en veilige plek om die beeld te plaas.

• U word uitgenooi om die beeld te besigtig wanneer u Potchefstroom besoek.

Om toegang tot die ingangsportaal te kry, moet u asseblief by ontvangs van

die Administratiewe Buro se kantore aanmeld.

ChrisanteChrisanteChrisanteChrisante PRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 2300 3-9 OKTOBER 2016 Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422; Izabel Pretorius: (Wo) 991 2727; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498 10-16 OKTOBER 2016 Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678; 17-23 OKTOBER 2016 Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422; Izabel Pretorius: (Wo) 991 2727; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498

Page 14: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

14

24-30 OKTOBER 2016 Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678; 31 OKTOBER 2016 Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422; Izabel Pretorius: (Wo) 991 2727; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498 LIFE FAERIE GLEN HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600 Jan Tollig: 807-0891 / 082 331 2756 (S); KLOOF HOSPITAAL: TEL: 012 367 400 Isabel Lensink: 012 998 3377 / 083 231 2869; Clara de Jonge: 083 609 9259 / 012 662 3822 WILGERS HOSPITAAL: TEL: 012 807 8100 3-9 OKTOBER 2016 Marina v Wyk: 072 202 8250 / 803 0629 (Ma); Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Hannetjie v Aswegen: 082 062 8264; Irma Kruger: 084 514 4842 10-16 OKTOBER 2016 Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (Woens/Vry) 17-23 OKTOBER 2016 Braam Gous: 361 7632 / 082 468 3808 (Woens); Heinrich Neuhoff: 086 697 3288 / 083 251 8415 24-30 OKTOBER 2016 Marina v Wyk: 072 202 8250 / 803 0629 (Ma); Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Hannetjie v Aswegen: 082 062 8264; Irma Kruger: 084 514 4842 31 OKTOBER – 6 NOVEMBER 2016 Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (Woens/Vry) ADDISIONELE LEDE VIR WILGERS: André Sandilands: 076 848 4267 / 071 302 4593 ANDER HOSPITALE: Peet en Lacia Vermeulen: 991-2122 / 082 336 8465 EUGENE MARAIS, JAKARANDA, MEULMED, LOUIS PASTEUR, M ED FORUM, SUID AFRIKAANSE Ben Nel: 335-2411 (W) / 083 466 1264 & Miemie Mennen MEULMED, HART & SUID-AFRIKAANSE-HOSPITAAL, JAKARAND A, UROLOGIES André Sandilands: 081 205 8669 KINDERBEDIENING: Rita Schoen: 012 809-1459 / 082 2662 3964 ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL): Voster Combrink: 082 872 9725 SENIORS - TUISBESOEK: Daleen v Wyk: 991-3312 / 082 926 3498; Petro Bouwer: 991-7229 / 082 450 5091; MOOIGELEë: Carla Boer: 012 998 6575 / 083 739 2588

Page 15: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

15

KANKERPASIëNTE / ONDERSTEUNING / BESOEKE Matty Coetzee: 072 330 1545; Anet Hofmeyr: 072 5312 378

&&&&&&& Almal se mandjie

Meenthuis te huur: ‘n Drie-slaapkamer meenthuis, 2 motorafdakke en twee badkamers te huur in Faerie Glen vanaf

Oktober 2016 teen R7 500 pr maand. Kontak Peet by 082 336 8465.

Voorsiening van gaar groente in houers: Gems, wortels, groenbone, blomkool, broccoli, spinasie, botterskorsies en

patats. Alles gereed om in die mikrogolf te druk, warm te maak en te eet. R17.50 per houer. Kontak Sarel Venter vir

bestellings en navrae by 083 710 8237.

45-jarige man soek ‘n geskikte werk. Hy het op 40-jarige ouderdom beroerte gehad, maar het deur musiekterapie

sodanig herstel dat sy spraak verbeter het en hy die volle gebruik van sy linkerhand het en sodoende sy outomatiese

motor kan bestuur (hy is linkshandig). Hy is baie positief en gefokus. Hy was vir etlike jare die bestuurder van ‘n groot

drukkery in Pretoria asook van ‘n restaurant in George. Indien iemand moontlik ‘n geskikte werk vir hom het, kontak

asb vir Annemarie Bekker by 083 527 4350.

Heinrich Neuhoff is nou deur die herstelproses na ‘n nieroorplanting in Februarie en gereed om te begin werk. Hy

het ondervinding in konstruksie en as verkoopsverteenwoordiger of enige iets waarmee hy kan help. Kontak hom op

sy selfoon by 083 251 8415.

Ek bak heerlike gevulde spekulaas. Koste: R120 vir ‘n groot oondpan. Dan bak ek ook 2kg vrugtekoeke. Koste: R225.

Aflewering einde November. 2016. Bestel asb voor einde Okt by Helene Tollig (012) 807 0891 of 083 947 7835.

Baie dringend op soek na ‘n enkelwoonstel (bachelor flat of kamer naby Garsfontein Laerskool). Net stort, nie bad,

motorafdak of garage. Kan R3 000 per maand betaal, onderhandelbaar. Ek is ook bereid om te deel. Kontak Riana

Viljoen by 012 301 4077 voor 9:30 of na 17:30.

Te koop: Ford Fiesta 1.6L, Titanium, 5-deur, 87 200 km. Volle diensrekord. Ongelukvry. Prys R115 000. Kontak Esmari

by 082 565 2067.

########

Beroepe Beroepe ontvang

• Ds TF Dreyer (Thomas) van Randburg na Rustenburg. • Proponent J Cronje (Jaco) na Aliwal-Noord. • Dr J A Erasmus (Jannie) van Odendaalsrus na Rustenburg.

Beroepe aanvaar:

• Dr A P Kruger (Abraham) van Welkom/Virginia na Wolmaranstad

Page 16: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

16

Beroepe bedank • Ds TF Dreyer (Thomas) van Randburg na Rustenburg. • Ds W van der Waal (Willem) van Linden na Sasolburg. • Ds PC van Rooy (Nelius) van Elandskraal na Meyerton.

ATTESTATE

Attestate /Bewys van Lidmaatskap ontvang van: Doxa Deo: Deon & Rita Konig; 21ste Laan 341 Ned Herv gemeente Wapadrand: Francois Alwyn & Sheree Snyman en twee dooplidmate Meagan en Cayden; Marlinstraat 1007, Garsfontein NG Waterberg: George & Maryke Hélen Gericke en dooplidmaat George; Boardwalk Meander

Bewys/attestaat aangevra: Jacomina Elizabeth Griesel (Kruger) na Geref Meyerspark Anton, Wanda en Tristan Taljaard emigreer na Dubai Marelize Radley Wernher Frederik & Louise Mulder en twee dooplidmate Luan en Ané Louise Mulder

Page 17: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

17

%%%%%%%%

GEMEENTEKAMPGEMEENTEKAMPGEMEENTEKAMPGEMEENTEKAMP

Die Gemeentekamp het plaasgevind die naweek van 16-18 September by Klein Paradys naby Brits. Daar aangekom het dit gevoel of ons aankom by ‘n oase in die woestyn. Die kampterrein is geleë langs ‘n dam wat omring is deur pragtige hoë bome en groen grasperke. Die geselligheid het sommer met die aankoms al begin en daar is kuier-kuier kamp opgeslaan. Laatmiddag is die braaivleisvure aangesteek en is daar heerlik saamgekuier.

Saterdagoggend was daar nie kans vir laat slaap nie. Die voëls het ons vroeg-vroeg al wakker gesing en die gemeentekinders, baie opgewonde oor die dag wat voorlê, se stemme het saam met die voëlsang opgeklink. Die dag is rustig deurgebring met vroegoggend visvang, roei, swem – sommige grootmense het die waterglybane net soveel geniet soos die kinders. Laatmiddag is die braaivleisvure weer aangesteek en het al die kampeerders saam gebraai en gekuier. Dit was ‘n gulde geleentheid om gemeentelede, wat tot op daardie stadium net bekende gesigte was, beter te leer ken.

Sondagoggend het ‘n kouefront dreigende reën gebring en moes daar vinnig ‘n plan gemaak word om die kerkdiens, wat sommer onder die bome sou plaasvind, te skuif. Jan en Renate Tromp se karavaantent, saam met ‘n gazebo, het genoeg skuiling gebied teen die reën en ons kon in die

Page 18: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

18

natuur na Jaco se boodskap luister.

Na die kerkdiens, was dit tyd vir oppak en groet na ‘n naweek wat vreemdelinge bekendes geword het en bekendes geloofsgenote.

%%%%%%%

GOD SE VERVANGINGSTRATEGIE Genesis 3 : 19 “net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem” Baie word gesê oor kompos – hoe goed dit is en wat dit alles kan doen. Die kern van die saak kom selde of ooit na vore. Die lewe van die verlede omskep deur ʼn bomenslike ondersteuningsisteem vir toekomstige lewe. Sien met nuwe oë God se wonderlike werk. Gratis aanbieding oor kompostering vind plaas by Wa padrant Gemeente in lokaal 1:

• Maandag 10 Oktober 19:00: • Deel 1 – Ons deelname aan God se wonderlike werk • Maandag 17 Oktober 19:00: • Deel 2 – Tuiskompostering

Page 19: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

19

Page 20: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

20

ell: +27 81 465 7074

Cell: +27 82 448 3591

www.theboys.co.za

email: [email protected]

Tel: (012) 248-0888

Afri-duetfees 2016 - Saterdag 21 Oktober by ZK Matthew Ouditorium Gereformeede gemeentes Bergsig en Andeon bied op 21 Oktober die derde Afri-Duetfees in die ZK

Matthews teater by UNISA aan. Dit is weer eens ‘n uitsoekprogram deur ons beste duetpare in die land.

Hierdie jaar se duetpare is:

• Willie en Natsasha Joubert, wat die harte gesteel het met hul unieke romantiese anslag en

verrykende gewyde sang.

• Louis Loock en Anna Davel. Louis is byvoorbeeld van Romanz en anna het gehore twee dekades lank

behoor en nege albus agter haar naam.

• Nico Strydom en Charlotte Killian, ons debuutpaar van verlede jaar wat die “show gesteel” het met

hul Barcelona!

• Nicholis Louw en Liezel Pieters. ‘n Klasieke Nicholis, met ‘n uitnemende baritonstem, en saam met

die talentvolle Liezel dalk die groot verrassing van die aand.

Dan is daar ‘n spesiale bederf met ‘n groot verrassing met ‘n goue oue!

Kaartjies beskikbaar @ R250, R200 en R170. Dit sluit ‘n aarbei-en-roomys onthaal na die tyd in, met likeur

en sjokolade. Bespreek by [email protected] of skakel Cassie by 082 377 1112.

Page 21: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

21

WOONSTEL UMHLANGA

Luukse drieslaapkamerwoonstel in ʼn sekuriteitskompleks met see-uitsig teen die strand. Plek vir ses

volwassenes en twee kinders. Volledig toegerus met lugreëling,

yskas/vrieskas, skottelgoedwasser,

wasmasjien/droëer, mikrogolf, DSTV.

Pragtige swembad en braaigeriewe op die perseel

Skakel 083 625 2286 vir verdere inligting

Page 22: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

22

Page 23: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

23

Page 24: Maandkrant Okt 2016 geproeflees - Wapadrant · 1.6 Parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse word van die begin van 2016 uitgebrei na modules wat in meer as een roostergroep

24