8
13 Loffienuus 6 Augustus 2014 L L O O F F F F I I E E N N U U U U S S Nuusbrief 13/2014 Webblad: www.gelofte.co.za Moenie wanhoop aan jou mislukkings nie. Net middelmatige mense is altyd op hulle beste. (W Somerset Maugham) Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 5741 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak. 2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die derde kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2014. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator. 5 AUGUSTUS OUERAAND (SEKONDÊR) 6 AUGUSTUS INTERSKOLE ATLETIEK (SEKONDÊR) 7 AUGUSTUS INTERHUIS ATLETIEK (GRAAD 4-7) 8 AUGUSTUS MEJ GELOFTE 8 AUGUSTUS ENTREPRENEURSDAG (GASVRYHEIDSTUDIE) 9 AUGUSTUS WILDSFEES 12 AUGUSTUS FOTODAG (PRIMÊR) 15 AUGUSTUS AAND ATLETIEKBYEENKOMS (SEKONDÊR) 16 AUGUSTUS INTERNE YSTERMANKOMPETISIE 18 AUGUSTUS GRAAD 9 OUERAAND (VAKKEUSES VIR GRAAD 10) 20 AUGUSTUS KOEKVERKOPING (GRAAD 7) 22 AUGUSTUS BLOEDSKENK 22 AUGUSTUS SEKONDÊRE LEERDERRAAD VIR 2015 WORD AANGEKONDIG 27-28 AUGUSTUS KONSERT 29 AUGUSTUS SEKONDÊRE LEERDERRAADKAMP 2-3 SEPTEMBER STELWERKEKSAMEN (GRAAD 12) 4 SEPTEMBER BLOKDAG (GRAAD 12) 5-23 SEPTEMBER PROEFEKSAMEN (GRAAD 12) 13 SEPTEMBER INTERSKOLE ATLETIEKBYEENKOMS (PRIMÊR) 24 SEPTEMBER OPENBARE VAKANSIEDAG (ERFENISDAG) 26 SEPTEMBER ENTREPRENEURSDAG (GRAAD 7) 1 OKTOBER INTERNE ORATORS 2 OKTOBER STERKLAS AFDAG 3 OKTOBER FLIEK (GRAAD 1-7) 3 OKTOBER RAPPORTE (GRAAD 1-12_ 3 OKTOBER SKOOL SLUIT VIR HERFSVAKANSIE 13 OKTOBER SKOOL HEROPEN VIR VIERDE KWARTAAL

LOFFIENUUS 13 6 AUGUSTUS 2014 - gelofte.co.za

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: LOFFIENUUS 13 6 AUGUSTUS 2014 - gelofte.co.za

13 Loffienuus 6 Augustus 2014

LLOOFFFFIIEENNUUUUSS Nuusbrief 13/2014

Webblad: www.gelofte.co.za

Moenie wanhoop aan jou mislukkings nie. Net middelmatige mense is altyd op hulle beste.

(W Somerset Maugham)

Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG

Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 5741 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak.

2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die derde kwartaal. Let asseblief ook

daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2014. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator.

5 AUGUSTUS OUERAAND (SEKONDÊR) 6 AUGUSTUS INTERSKOLE ATLETIEK (SEKONDÊR)

7 AUGUSTUS INTERHUIS ATLETIEK (GRAAD 4-7) 8 AUGUSTUS MEJ GELOFTE 8 AUGUSTUS ENTREPRENEURSDAG (GASVRYHEIDSTUDIE) 9 AUGUSTUS WILDSFEES 12 AUGUSTUS FOTODAG (PRIMÊR) 15 AUGUSTUS AAND ATLETIEKBYEENKOMS (SEKONDÊR) 16 AUGUSTUS INTERNE YSTERMANKOMPETISIE 18 AUGUSTUS GRAAD 9 OUERAAND (VAKKEUSES VIR GRAAD 10) 20 AUGUSTUS KOEKVERKOPING (GRAAD 7) 22 AUGUSTUS BLOEDSKENK 22 AUGUSTUS SEKONDÊRE LEERDERRAAD VIR 2015 WORD AANGEKONDIG 27-28 AUGUSTUS KONSERT 29 AUGUSTUS SEKONDÊRE LEERDERRAADKAMP 2-3 SEPTEMBER STELWERKEKSAMEN (GRAAD 12) 4 SEPTEMBER BLOKDAG (GRAAD 12) 5-23 SEPTEMBER PROEFEKSAMEN (GRAAD 12) 13 SEPTEMBER INTERSKOLE ATLETIEKBYEENKOMS (PRIMÊR) 24 SEPTEMBER OPENBARE VAKANSIEDAG (ERFENISDAG) 26 SEPTEMBER ENTREPRENEURSDAG (GRAAD 7) 1 OKTOBER INTERNE ORATORS 2 OKTOBER STERKLAS AFDAG 3 OKTOBER FLIEK (GRAAD 1-7) 3 OKTOBER RAPPORTE (GRAAD 1-12_ 3 OKTOBER SKOOL SLUIT VIR HERFSVAKANSIE 13 OKTOBER SKOOL HEROPEN VIR VIERDE KWARTAAL

Page 2: LOFFIENUUS 13 6 AUGUSTUS 2014 - gelofte.co.za

13 Loffienuus 6 Augustus 2014

3. VERSKUIWING VAN AKTIWITEITE

Weens omstandighede buite ons beheer verskuif die volgende aktiwiteite van die derde kwartaal na nuwe datums: WILDSFEES VAN 2 NA 9 AUGUSTUS INTERSKOLE ATLETIEK (SEKONDÊR) VAN 19 AUGUSTUS NA 6 AUGUSTUS INTERSKOLE ATLETIEK(PRIMÊR) VAN 6 SEPTEMBER NA 13 SEPTEMBER

4. AKADEMIESE PRESTEERDERS Die name van die tweede kwartaal se akademiese presteerders in grade 4-12 word aan hierdie Loffienuus geheg. Ons wil graag al hierdie presteerders gelukwens met die vrug op hul harde werk. Dit is welverdiend en ons is trots op julle!

5. PITKOS: REËLS VIR DIE LEWE As jy dit oopmaak, maak dit weer toe. As jy dit aanskakel, skakel dit weer af. As jy dit oopsluit, sluit dit weer toe. As jy dit gebreek het, erken dat jy het. As jy dit nie kan regmaak nie, kry iemand wat dit wel kan regmaak. As jy iets leen, gee dit terug. As jy iets na waarde skat, pas dit op. As jy ‘n gemors gemaak het, maak dit skoon. As jy iets geskuif het, sit dit terug waar dit was. As dit aan iemand anders behoort en jy wil dit gebruik, kry toestemming. As jy nie weet hoe om iets te gebruik nie, laat dit met rus. As dit niks met jou te doen het nie, moenie vrae vra nie. As dit nie gebreek is nie, moet dit nie probeer herstel nie. As dit iemand se dag sal ophelder, sê dit. As dit iemand se reputasie sal benadeel, hou dit vir jouself. (Geneem uit: Lists to live by – Gray, Stephens, Van Diest)

6. DISKONTO BOEKE Diskonto boeke stal weer heerlike leesstof uit in die primêre mediasentrum op 7 en 8 Augustus. Hulle sal op hierdie twee dae elke dag van vroegoggend tot net na skool beskikbaar wees. Kom maak gerus ‘n draai en koop goeie boeke aan vir u kind of uself. Een van die heel grootste geskenke wat u aan u kind kan gee, is om by hom/haar ‘n liefde vir lees te ontwikkel.

7. AANKONDIGING VAN SEKONDÊRE LEERDERRAAD

Let asseblief daarop dat die sekondêre leerderraad vir 2015 op Vrydag, 22 Augustus aangekondig sal word en nie op Maandag, 25 Augustus nie.

8. AANGELEENTHEDE RAKENDE PRIMÊRE LEERDERS

Soos u reeds bewus is het mnr. Pretorius ons diens verlaat en is hy tans skoolhoof van Saambou Laerskool in die Noord-Kaap. Ons versoek dat alle navrae oor die primêre afdeling (grade 4-7) voortaan aan me. Stadler gerig sal word. ([email protected])

9. RESPEK VIR ONS TERREIN EN FASILITEITE

Ons wil weer eens ‘n beroep doen op u as ouers om ‘n bewustheid by u kinders te kweek met betrekking tot respek vir ander mense asook vir die skoolterrein en –fasiliteite. Die aantyging word dikwels gemaak dat die badkamers in ‘n skokkende toestand is en vuil is, ten spyte daarvan dat daar ‘n voltydse arbeider is wat uitsluitlik omsien na die netheid van die badkamers. Die feit dat die badkamers vuil is en slordig vertoon is niemand anders se skuld as die Loffies wat dit daagliks gebruik nie. As almal van die standpunt uitgaan dat hulle die badkamers graag in die dieselfde toestand wil laat as waarin hulle dit gevind het behoort dit mos ‘n groot verskil te maak.

‘n Ander aangeleentheid wat ons onlangs verstom het, is die feit dat enkele Loffies deur die beddings beweeg het en al die aalwyne en ander blomplante se blomknoppe afgebreek het. Dit getuig van totale

Page 3: LOFFIENUUS 13 6 AUGUSTUS 2014 - gelofte.co.za

13 Loffienuus 6 Augustus 2014

disrespek teenoor die omgewing maar ook teenoor die Loffie gemeenskap in die breë wat die voorreg ontneem word om die pragtige blomme te waardeer wat binnekort hul verskyning sou maak.

In ‘n poging om die tuine, wat met groot moeite en teen hoë koste onderhou word, te beskerm, gaan daar voortaan streng opgetree word teen Loffies wat op die walle en in die blombeddings speel. Dit geld veral vir leerders wat in die middae na skool vir lang periodes wag vir hul ouers om hul op te laai.

10. VERSKUIWING VAN PROEFEKSAMENDATUMS

Alhoewel die matriekleerders reeds ‘n skrywe ontvang het wat daarop dui dat ons genoodsaak was om wysigings aan te bring aan die proefeksamenrooster, bevestig ons hiermee bloot dat u uself asseblief moet vergewis daarvan dat u kind ‘n nuwe rooster ontvang het met die wysigings daarop aangebring. Dit veroorsaak groot spanning en hartseer wanneer ‘n leerder laat, of nog erger, gladnie opdaag vir ‘n eksamenvraestel nie.

11. VERJAARDAE

Baie geluk aan die Loffies wat in die volgende twee weke verjaar. Ons vertrou dat julle heerlik bederf sal word en bid julle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar. Zeniël Brink, Angelique de Kock, Reinette Fritz,Lizelle Jordaan, Matthew Mahlumba, Jeff Muller, Jason Botha, Heidi Crouse, Mariska Henning, Jaundré van Aswegen, Ansonel Marais, Garrick Otto, Anike van Rijswijk, Lizalda van Wyk, Leane Fourie, Vanessa Kotze, Stephanus Kruger, Marshall Lawrence, Carla van Aswegen, Jemma du Plessis, Alexia de Klerk, Sonja Strydom, Matthys Groesbeek, Marco Goncalves, J.C. Harmse, Mara-Lize Malan, Cassie Ludik.

12. SAAMRYGELEENTHEDE

Ons is op soek na die volgende saamrygeleenthede: • Vir ‘n graad 2 leerder in die middae na skool na Westville. Kontak vir Me Hatting by 073 352 8689. • Vir ‘n graad 3 leerder skool toe en terug. Die leerder is woonagtig in Rodger Sishi Straat, New

Germany. Kontak vir Bertus Coetzee by 079 072 1500 of vir Estelle Coetzee by 076 101 4100. • Vir twee graad 1 leerders vanaf Seaview, skool toe en terug. Kontak vir Anilene Rose by 071 135

2626 of 074 627 6767. • Vir ‘n graad 4 seun in die middae na skool na Sarnia. Kontak vir Sonya by 084 846 2984 of vir

Stanley by 083 404 3462.

13. WELVAARTBEPLANNING – KEN JOU PLAN Ons het verlede keer gepraat van jy moet ‘n plan in plek hê om jou maandelikse inkomste en uitgawes te

beheer.

Deel van jou plan moet jou “EXIT”-plan behels. Wat as jy “Exit”? Wie gaan finansieël swaar kry?

Soos wat ons ouer word verander ons behoeftes en het ons verskeie redes om lewensdekking te bekom. 1. Die eerste rede is om enige skuld te betaal. 2. Die tweede is om te verseker dat jou familie versorg is. As ‘n ouer van Gelofte Skool, het jy

defnitief kind/ers wie se behoeftes voor voorsien moet word vir ‘n paar jaar as die broodwinner nie meer daar is nie.

Niemand word uitgesonder en “dit gaan nie met my gebeur” bestaan nie.

Volgens doodseise 2013 by Old Mutual is: - 20% van alle sterftes a.g.v. Kanker, - 19% Kardio verwante siektes - 19% a.g.v. ongelukke - 11% Asemhaling/long verwant - 31% Ander

Page 4: LOFFIENUUS 13 6 AUGUSTUS 2014 - gelofte.co.za

13 Loffienuus 6 Augustus 2014

67% manlik en 33% vroulik En geen spesifieke ouderdom

Lewensdekking kan deur verskeie instansies bekom word en die premies begin by R100 per maand.

Kontak my vir verdere inligting en ‘n kostevrye afspraak om u persoonlike plan in plek te sit.

TERTIA DU PLESSIS Finansiële Beplanner 0829377264 / [email protected]

14. KOMMUNIKASIE Ons versoek dat alle ouers wat nog nie gebruik maak van Communicator nie die sagteware sal aflaai op

hul rekenaars en selfone. Gaan bloot na www.school-communicator.com en volg die stappe. Hierdie sagteware verseker dat u op hoogte bly van gebeure by die skool. DIT IS VERAL BELANGRIK DAT U DIE SAGTEWARE AFLAAI OP U SELFOON.

15. E-POS KOMMUNIKASIE Die skoolhoof kan ongelukkig nie aandag gee aan alle kommunikasie met die skool nie bloot omdat ander personeel u navrae oor sekere aangeleenthede vinniger en meer effektief sal kan beantwoord. Ons versoek dus dat die volgende riglyn sal volg indien u navrae per e-pos aan die skool rig:

Inskrywing of vertrek van leerders [email protected] Reinette Janse van Rensburg Inskrywing of vertrek van leerders [email protected] Edith van Dyk Enige finansiële navrae of bewyse [email protected] Amanda Stoltz Enige finansiële navrae of bewyse [email protected] Daleen Coetzee Administratiewe navrae [email protected] Reinette Janse van Rensburg Administratiewe navrae [email protected] Edith van Dyk Afwesigheid van leerders [email protected] Reinette Janse van Rensburg Afwesigheid van leerders [email protected] Edith van Dyk Graad 4-7 aangeleenthede [email protected] E Stadler Graad 1-3 aangeleenthede [email protected] Riette Havemann Akademiese navrae/probleme Vakonderwysers se e-pos adresse is op Communicator Dissiplinêre probleme Vakonderwysers se e-pos adresse is op Communicator 16. E-POS

Ons het reeds ‘n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang. Hierdie is uiteraard ‘n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die nuusbrief ontvang, aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul tasse lê. Indien u nog nie ‘n elektroniese weergawe van die Loffienuus ontvang nie, is u welkom om ‘n e-pos te stuur na [email protected]. Ons sal u dan op ons adreslys plaas. Die Loffienuus is ook op die webblad (www.gelofte.co.za) en op Communicator beskikbaar. Indien u nie toegang tot die internet het nie en graag ‘n harde kopie wil ontvang, voltooi die meegaande skeurstrokie en stuur terug skool toe.

17. KONTANTVRYE SONE

Ons beklemtoon graag weer die volgende. Ons streef daarna om die skool ‘n kontantvrye sone te maak en sodoende die versoeking by kriminele elemente te verwyder om die skool as ‘n sagte teiken te beskou. Dit sal dus waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks gebruik sal maak. Die skool se bankbesonderhede is soos volg: Bank: ABSA Rekeningnaam: Gelofte Skool Takkode: 632005 Rekeningnommer: 1137530569

Page 5: LOFFIENUUS 13 6 AUGUSTUS 2014 - gelofte.co.za

13 Loffienuus 6 Augustus 2014

Vriendelike groete ______________ D J STRYDOM SKOOLHOOF ------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- TERUGSTUURSTROKIE: KOMMENTAAR – VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM NAAM VAN OUER: ______________________________________________________________ NAAM VAN LEERDER: ________________________________________ GR. ______________ KOMMENTAAR: ________________________________________________________________ ________________________________________________________________________________ ______________________ _________________________ HANDTEKENING KONTAKNOMMER

ADVERTENSIES

Page 6: LOFFIENUUS 13 6 AUGUSTUS 2014 - gelofte.co.za

13 Loffienuus 6 Augustus 2014

MEENTHUIS TE KOOP IN VEILIGE KOMPLEKS IN PADFIELD PARK: Pragtige 3 slaapkamer, 2 volle badkamer , tv kamer, volledige toegeruste kombuis,oopplan leefareas en stoep/kuier area met "American Shutters". Dubbele motorhuis met aangeboude afdak. Swembad en Lapa. Pragtige uitheemse tuin met elektroniese besproeing. Volledig omhein. Toegeriste alarm sisteem met beams. Koopprys R1,780 mil onderhandelbaar. Kontak gerus die eienaars om n afspraak te maak. Ray Groenewald :082 495 3349. Bonnita Groenewald :082 834 5580

Page 7: LOFFIENUUS 13 6 AUGUSTUS 2014 - gelofte.co.za

13 Loffienuus 6 Augustus 2014

SITKAMERTAFEL PORTAAL SITSTEL

3 STUK-R800-00 3 STUK-R700-00

VERTOONTAFEL KINDER TUINTAFEL EENSTUK

1 STUK/R750-00 1 STUK/R500-00

TAFEL EN 4 BANKIES KAPTAFEL MET BYBEHORE

5 STUK/R800-00 1 STUK/R700-00

SHARK DARTBORD- R300-00

SPEELGOEDTROLLIE MET BOUBLOKKE- R150-00

KROEG TOONBANK- R800-00

TAFEL MET 6 BANKIES- R1000-00

POPKOT MET KOMBERSSTEL- R200-00

DOGTER ENKEL 3 STUK KAMERSTEL- R1200-00

B&E WOODWORKING

BERTUS 079 072 1500

ESTELLE 076 101 4100

DIE MAAK VAN ALLE HOUTWERK MEUBELS

SKAKEL GERUS VIR ENIGE KWOTASIE

AFLEWERINGSKOSTE – R100-00 PER VRAG

PINETOWN AREA

PRIVAAT KRIEKET LESSE Grade 3 – 7 Een tot een afrigting R100 (30 min) R150 (60 min) R500 vir 8 sessies van 1 uur Groepe van 5 R50 per persoon (30 min) R100 per persoon (60 min) CSA Level 2 gekwalifiseer Konsentreer op alle aspekte van die spel. (Veldwerk, boulwerk en kolfwerk) SMS of WhatsApp vir Jacques Stoltz by 074 588 9500 vir bespreking.

Page 8: LOFFIENUUS 13 6 AUGUSTUS 2014 - gelofte.co.za

13 Loffienuus 6 Augustus 2014

For m

ore inform

ation ple

ase

contact

Lizette

: 031 7

02 5

228 / 0

741348791