9

Lesse wat Leef - FXit · 1 Die Bybel maak jou bly Skattejag [ervaringsleer] Ps 119:162 2 Die Bybel maak jou bly Tweeling [met/sonder Bybel] Ps 119:162 3 Die Bybel maak jou bly Koning

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Lesse wat Leef - FXit · 1 Die Bybel maak jou bly Skattejag [ervaringsleer] Ps 119:162 2 Die Bybel maak jou bly Tweeling [met/sonder Bybel] Ps 119:162 3 Die Bybel maak jou bly Koning

1

Page 2: Lesse wat Leef - FXit · 1 Die Bybel maak jou bly Skattejag [ervaringsleer] Ps 119:162 2 Die Bybel maak jou bly Tweeling [met/sonder Bybel] Ps 119:162 3 Die Bybel maak jou bly Koning

Lesse wat Leef 9 handboeke vir die aanbieder

Elke boek bestaan uit drie komponente:

Wenke en beginsels vir lewendige leer-ervarings

Les-programme (kort, eenvoudig, maklik om voor te berei)

Visuele hulpmiddels (werkblaaie, uitdeelstukke, sketse)

Hierdie inligtingstuk bevat die volgende:

Inhoudsopgawe

Behoeftes en tendense van graad 1

Effektiewe vorms van leer

Een voorbeeldles, met visuele hulpmiddels

Page 3: Lesse wat Leef - FXit · 1 Die Bybel maak jou bly Skattejag [ervaringsleer] Ps 119:162 2 Die Bybel maak jou bly Tweeling [met/sonder Bybel] Ps 119:162 3 Die Bybel maak jou bly Koning

SLEUTELS TOT LESSE WAT LEEF Positiewe kinderkontak ... 3

Ken jy ons ... 4

Hoe leer ons ... 5

Help ons om te glo ... 6

Hoe leer ons God ken ... 7

Die Woord moet beleef word ... 8

Die Woord moet reg uitgelê word ... 9

Vet pret met versies ... 10

Die lesse sal nie werk nie ... 11

Lesse wat Leef ... 12

Stories wat leef ... 13

Leer ons bid ... 14

Kom ons sing … 15

Evaluering ... 16

INDEKS VAN LESREEKSE

DIE WOORD (7 lesse) ... 17

GELOOF (8 lesse) ... 27

GEHOORSAAMHEID (5 lesse) ... 40

VISUELE HULPMIDDELS

INDEKS ... 49

DIE WOORD ... 50 vv

GELOOF ... 61 vv

GEHOORSAAMHEID ... 72 vv

Page 4: Lesse wat Leef - FXit · 1 Die Bybel maak jou bly Skattejag [ervaringsleer] Ps 119:162 2 Die Bybel maak jou bly Tweeling [met/sonder Bybel] Ps 119:162 3 Die Bybel maak jou bly Koning

0

(Implikasies vir die bediening volg in kursief.)

Wissel aktiwiteite en leertegnieke; gee eenvoudige take.

Skep geleenthede vir ritmiese bewegings en speletjies om van die

oortollige energie ontslae te raak. Aksiestories is baie gewild en

dis veral sinvol as hulle self deel daarvan kan wees.

Gee takies en verantwoordelikhede om soveel moontlik betrokke te kry. Die ideaal is dat elkeen een

of ander verantwoordelikheid sal hê. Gee positiewe versterking vir goeie gedrag.

Neem basiese behoeftes in ag en gee erkenning, aanvaarding en drukkies.

Antwoord vrae kort en direk, sonder omslagtige verduidelikings.

Moet niks sê wat hulle nie self kan ontdek nie. Gee geleentheid om te ondersoek en self te ervaar.

Om saam as 'n groep na oplossings te soek, is baie effektief.

Help hulle om op 'n gereelde basis kort, eenvoudige Bybelverse te memoriseer. Hulle kan dit op

verskillende kreatiewe maniere herhaal [sien Vet Pret met Versies op bl. 10].

Vermy beeldspraak en simboliek, byvoorbeeld "laat jou liggie skyn" en "dra goeie vrugte".

Gebruik eenvoudige visuele hulpmiddels sonder simboliek om die boodskap te verhelder.

Groepsaktiwiteite beteken baie vir hierdie outjies. Speletjies, probleem-

oplossing, skattejag en groepskompetisies is effektiewe maniere om

hierdie behoefte tydens die leerproses aan te spreek en te ontwikkel.

Page 5: Lesse wat Leef - FXit · 1 Die Bybel maak jou bly Skattejag [ervaringsleer] Ps 119:162 2 Die Bybel maak jou bly Tweeling [met/sonder Bybel] Ps 119:162 3 Die Bybel maak jou bly Koning

1

LEER is kinderspeletjies!

If a child can't learn the way we teach, maybe we should teach the way they learn [David Zats].

Watter taal?

Spel is 'n kind se taal, en die mees effektiewe "tool" om

hom te bereik.

Al is elemente van spel en pret is in al die lesse ingebou, is dit ook goed om op 'n

gereelde basis speelprogramme aan te bied – sommer net vir die lekker en om

verhoudings te bou, byvoorbeeld aan die begin van 'n jaar en/of kwartaal.

Saamspeel bring emosionele kontak en skep 'n aangename atmosfeer. Dit kan lei tot

openheid en ontvanklikheid op 'n later stadium.

Energie-ontlading

'n Mens onthou ongeveer 10% van dit wat jy net hoor, maar sowat 90% van dit wat jy

hoor, sien èn doen. Kinders het 'n oormaat liggaamsenergie wat positief benut kan

word deur soveel moontlik sintuie in leeraktiwiteite te kanaliseer.

Luister- en speelstories

'n Kind identifiseer maklik met storiekarakters en –gebeurtenisse. 'n Storie wat effektief

oorgedra word, laat die kind in die verhaal inklim en dit emosioneel ervaar. Wanneer hy

self in 'n storie speel [rollespel], vergeet hy dit nie maklik nie.

Ontdekking

Nuuskierigheid was al die oorsaak van groot ontdekkings. Dis

ook die oorsaak van kinders se ontdekkersdrang. Moet dus niks

vertel, wys of doen wat hulle self kan uitvind nie. In plaas

van te sê "die lug is blou," vra eerder: "Wat sien jy as jy na die

lug kyk?"

Ontdekkings-aktiwiteite is in die meeste lesse ingebou, maar

gebruik gerus ook eie inisiatief.

Page 6: Lesse wat Leef - FXit · 1 Die Bybel maak jou bly Skattejag [ervaringsleer] Ps 119:162 2 Die Bybel maak jou bly Tweeling [met/sonder Bybel] Ps 119:162 3 Die Bybel maak jou bly Koning

2

DIE WOORD [7 lesse]

"BORING"?

Vir die kind in ʼn kerklike omgewing of -gesin is die Bybel 'n bekende voorwerp.

Hy kan egter daaraan gewoond raak en as vanselfsprekend beskou. Ja, hy

kan selfs verveeld raak met Bybelaanbiedings en dit as “boring” beleef.

Dalk omdat dit op 'n “boring” manier oorgedra word?

DIE GROOT SKAT

Die kind gaan in hierdie reeks ervaar – deur Bybelverhale en stories uit sy leefwêreld – dat die Bybel

God se manier is om ook met kinders te kommunikeer.

In les 1 ontdek hulle ʼn groot skat [die Bybel] in ʼn skatkis. Dis die hoeksteen van die reeks en elke les

bou ʼn stukkie verder daarop.

Die skatkis met die skat bly die res van die jaar in die klas en met elke les maak hulle beurte om

die skat te gaan uithaal.

MEMOVERSE

Teksmemorisering moet vrolik en opwindend wees [sien “Vet Pret met Versies” op bl. 10].

Die twee memoverse in die reeks is aanvullend tot mekaar: Ps 119:162 ["Oor u woord is ek so bly

soos iemand wat ʼn groot skat in die hande gekry het"] en Jak 1:22 ["Julle moet doen wat die woord

sê en dit nie net aanhoor nie"]. Hulle kan dit maar tot vervelens toe herhaal. Kinders van graad 1

is mal oor herhaling. Hoe jonger 'n mens iets memoriseer, hoe langer onthou jy dit.

KERNBOODSKAPPE [afkorting: KB]

Die Bybel maak jou bly. Dis die kernboodskap van die eerste drie lesse, en dit word so dikwels

moontlik herhaal. Dit word deur ʼn raampie geaksentueer.

Die laaste twee lesse se KB [Julle moet doen wat die Woord sê] is die eerste deel van die

memovers, Jak 1:22.

OORSIGTABEL Les Kernboodskap [kb] Hoofmomente Memovers

1 Die Bybel maak jou bly Skattejag [ervaringsleer] Ps 119:162

2 Die Bybel maak jou bly Tweeling [met/sonder Bybel] Ps 119:162

3 Die Bybel maak jou bly Koning Josia ontdek die boekrol Ps 119:162

4 God praat met jou deur die Bybel Evalueringspel: Legkaart Jak 1:22

5 GESAMENTLIKE AKTIWITEIT Jak 1:22

6 Julle moet doen wat die Woord sê Samuel wat die Here dien Jak 1:22

7 Julle moet doen wat die Woord sê Vingerspel: Jesus / Bybel Jak 1:22

Page 7: Lesse wat Leef - FXit · 1 Die Bybel maak jou bly Skattejag [ervaringsleer] Ps 119:162 2 Die Bybel maak jou bly Tweeling [met/sonder Bybel] Ps 119:162 3 Die Bybel maak jou bly Koning

3

DIE WOORD – 1: Die Bybel maak jou bly

KB Die Bybel maak jou bly.

DOEL Ervaringsleer en kenmekaar om die beginsel van die kernboodskap te beleef.

SKRIF Ps 119:162 [memovers]

APPARAAT Bywoningskaart. Skatkaart. Skatkis [sien Voorbereiding]. Naamkaartjies en potlode.

VOORBEREIDING

Trek ʼn Bybel met geskenkpapier oor en plak ʼn afskrif van die skatkaart buite-op. Sit dit in ʼn mooi

“skatkis”: ʼn doos met ʼn deksel waarop Groot Skat geskryf word.

Werk ʼn skattejag-roete uit vanaf die lokaal tot by die plek waar die Groot Skat weggesteek word.

By elke leidraad is lekkers of koekies of koeldrank, om daarvan ʼn skattejag-piekniek te maak.

Die leidrade word geteken of met pyltjies aangedui, aangesien hulle op hierdie stadium nog moeilik

lees, bv. ʼn boom, as die volgende leidraad onder ʼn boom is of aan ʼn tak hang.

KENMEKAAR AKTIWITEIT [Bywoningskaart. Naamkaartjies en potlode]

Vandag is die eerste dag wat ons klompie saam is en ek kan sien julle is sommer baie opgewonde

oor wat alles die jaar gaan gebeur! Of dalk het julle gehoor van die groot skat wat ons gaan soek!

Eendag, lank gelede, was daar net so 'n vrolike klompie kinders – net so vrolik soos julle. Hulle het

elke week Sondagskool toe gekom [of KiX, Tekkies, Bybelkring – pas die detail aan by die huidige

situasie].

Eendag sê Sonja: "Haai julle, dis so lekker om hier te wees. Wat kan ons doen om seker te maak dat

nie een van ons ooit sal wegbly nie." Hulle het gedink en gedink.

Toe, skielik, sê Fanie [steek jou hand op en klink entoesiasties]: "Ek het 'n plan, ek het 'n plan! Kom

ons gee onsself elke week punte, en as ons genoeg punte het, dan hou ons partytjie!"

"Joehoe, dis baie slim, kom ons doen dit!" skree almal. Dadelik begin hulle toe om 'n puntekaart te

maak. [Fluister geheimsinnig]: Raai wat? Ek het gaan loer wat hulle doen en die kaart saamgebring.

En dis nie sommer 'n gewone kaart nie – dis 'n kaart met Bybelweke!

[Wys die bywoningskaart en verduidelik hoe dit werk. Deel die naamkaartjies uit, waarop elkeen sy

naam en verjaarsdag skryf. Skommel die kaartjies en laat elkeen een trek. Die naam word gelees en

die betrokke maatjie gaan plak sy naam op die kaart. So leer hulle mekaar ken en die aanbieder kan

nou maklik 'n naamlys met verjaarsdag-datums opstel.]

SKATTEJAG [Skatkaart. Skatkis met Bybel]

Marsrympie: Leer eers die “marsrympie”: Ra-ta-ta-tat, ons soek die groot skat! Op ra en tat klap

hulle met die hande teen die bobene en op soek en skat klap hulle hande teen mekaar. Hulle sê dit

aan die begin en dan elke keer nadat hulle ʼn leidraad gekry het.

Page 8: Lesse wat Leef - FXit · 1 Die Bybel maak jou bly Skattejag [ervaringsleer] Ps 119:162 2 Die Bybel maak jou bly Tweeling [met/sonder Bybel] Ps 119:162 3 Die Bybel maak jou bly Koning

4

Les 1: Skatkaart

Les 2: Babas

DIE WOORD, les 1 en 2: Skatkaart en babas.

Hulle neem die eetgoed vanaf elke leidraad saam na die eindpunt waar die Groot Skat ontdek

word. Dan word daar lekker fees gevier.

Wanneer die skatkis oopgemaak is, word die skatkaart saam gelees. Verduidelik dat hierdie Bybel

[die Groot Skat] die hele jaar nèt aan hulle behoort. Met elke les maak hulle beurte om die Bybel uit

die skatkis te haal en die skatkaart te lees. So word die memovers stewig vasgelê.

Page 9: Lesse wat Leef - FXit · 1 Die Bybel maak jou bly Skattejag [ervaringsleer] Ps 119:162 2 Die Bybel maak jou bly Tweeling [met/sonder Bybel] Ps 119:162 3 Die Bybel maak jou bly Koning

5

Este

r1

Ap

ril

Fan

ie1

4 S

ep

t

So

nja

19

Mei

Pie

ter

5 J

unie

An

ja9

Julie

Jaco

11

Mei

Efesiërs

Galasiërs

2 Korintiërs

1 Korintiërs

Romeine

Handelinge

Johannes

50Lukas

40Markus

60Matteus

500

150

100

60

Totaal

BYWONINGSKAART:

Hoe groter die kaart, hoe beter. Wenk: gebruik „n A3-grootte karton.

Elke Bybelboek stel „n week voor [drie weke as voorbeeld]. Elke kind tel 10 punte. Die kaart

kan ook in twee afdelings wees, waar bv. net die weke van een kwartaal op een kaart kom.

Die Bybelgesiggie links bo dui aan dat al die “weke” elke keer eers hardop gelees word

voordat die kaart voltooi word. So word die name van die boeke gememoriseer.

Maak eerder meer kolomme as die aantal kinders wat die eerste dag daar is, om aan die

groep die uitdaging te bied om meer maats te nooi.

In plaas van gesiggie-plakkers kan daar net kruisies in die betrokke kolomme gemaak word.

Stel „n realistiese mikpunt [R500 in die geval] op grond van ± 70% bywoning.

Voorbeeld van bywoningskaart wat vir die eerste drie weke ingevul is: