Upload
others
View
255
Download
4
Embed Size (px)
Citation preview
Graad 4: PSW
Kultuurgroepe en
verskillende spyskaarte
in Suid-Afrika
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Suid-Afrika – ‘n Reënboognasie
Daar is nie net een kultuur in Suid-Afrika nie. Daar is so baie
verskillende mense wat in ons land woon dat dit ‘n baie
opwindende en kultureel diverse land is.
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Suid-Afrika is ‘n
reënboognasie!Dit beteken ons is almal verskillend,
maar ons kan steeds almal saamwerk
om iets wonderlik te maak.
Ons voorgeslagte
Ons land se mense stam uit Suidelike Afrika en ander dele van
Afrika, Europa, Asië en elders.
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Khoisan
Britte
Franse
Indiërs
Nederlanders
Verskillende kulture
Al hierdie groepe het hulle eie mites, legendes, tradisies en
geskiedenis. Suid-Afrika is ‘n spesiale plek waar die verskillende
kulture ons lewe beter kan maak deur mekaar te beïnvloed in hoe
ons aantrek, eet, feesvier en speel.
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Danse Kos Kuns
Kultuurgroepe in Suid-Afrika
Elke kultuur in Suid-Afrika verskil. Elke kultuur het hul unieke
tradisionele kos, musiek, danse, sport en geloof.
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Kos: Braaivleis, boerewors, melktert en koeksisters
Musiek:Boeremusiek en Afrikaanse langarm dansmusiek
Dans: Sokkie en langarm
Sport: Rugby, krieket, sokker en hokkie
Geloof: Christen
Kom ons kyk
na wat is eie
aan Suid-Afrika.
Verskillende spyskaarte
Daar is baie uiterlike tekens van kultuur. Een van die algemeenste
tekens is die kos wat ons eet. Omdat daar so baie verskillende
kultuurgroepe in Suid-Afrika bly, het ons baie verskillende
tradisionele etes.
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Amerikaners eet graag
hamburgers. Italianers eet graag pizzas.
Wat eet Suid-
Afrikaners graag?
Vleisgeregte
Bobotie
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Speserymaalvleis en vrugtekerrie bedien met geelrys
Kultuurgroep: Kaap Maleis
Potjiekos
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Kultuurgroep: Afrikaner
Tradisionele Afrikanerbredie voorberei in’n driebeenpotjie oor kole
Laerskool Mikro Kopiereg ©
GeroosterdeVarkboudKultuurgroep: Brits
Tradisionele Britse resep bedien met geroosterde aartappels
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Bunny ChowKultuurgroep: Indies
‘n Halwe uitgeholde brood gevul met Indiese kerrie
Poetoepap en wors
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Kultuurgroep: Zoeloe
‘n Stywe Zoeloepap bedien saam met ‘n spesiale Afrikanerwors
Masonja of DhoviKultuurgroep: Venda
Mopaniewurms en grondboontjies
Vegetariese DisseUmngqusho
Kultuurgroep: Xhosa
Tradisionele Xhosagereg van stampmielies en bone
MorogoKultuurgroep: Sotho
Sothomaaltyd van spinasie gekook met mieliemeel
Kultuurgroep: Zoeloe
Poetoepap en Chakalaka
’n Stywe Zoeloepap bedien met ’n gekruide tamatiesous
Kultuurgroep: Chinees
Roerbraai
‘n Kombinasie van kraakvars groente liggebraai in die Chinese tradisie
Drankies en Nagereg
Koeksisters Kultuurgroep: Afrikaner
Deeg word gevleg, gebak in olie en geweek in stroop
DithotseKultuurgroep: Tswana
‘n Tswana pampoensaad as peuselhappie
UmqombothiKultuurgroep: Zoeloe
‘n Tradisionele tuisgebroude Zoeloebier
Kultuurgroepe in Suid-Afrika
Laerskool Mikro Kopiereg ©
Dit is lekker om
’n Suid-Afrikaner
te wees.
My mond water
nou van al die
lekker kos
waarvan ons
geleer het!