18

“God se - ruimsig.com · Elkeen van ons is verskillend en het verskillende belange, talente, gawes, persoonlikhede, sterk punte en verhoudings met verskillende mense. Daarom wil

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: “God se - ruimsig.com · Elkeen van ons is verskillend en het verskillende belange, talente, gawes, persoonlikhede, sterk punte en verhoudings met verskillende mense. Daarom wil
Page 2: “God se - ruimsig.com · Elkeen van ons is verskillend en het verskillende belange, talente, gawes, persoonlikhede, sterk punte en verhoudings met verskillende mense. Daarom wil

Die beginpunt en fondasie van Ruimsig Gemeente is om by “God se

Storie” te begin

God van liefde nooi almal uit om deel te word van Sy koninkryk wat Hy

sigbaar gemaak het op aarde deur Sy seun, Jesus Christus.

Hierdie koninkryk is besig om te ontvou deur die Heilige Gees en die

plaaslike gemeente is die getuie daarvan.

God is orals vir almal, wat beteken dat die uitnodiging om deel te word

van God se koninkryk niemand uitsluit nie, maar dit is belangrik om te

besef dat wanneer persone nie die uitnodiging aanvaar nie, hulle hulself

uitsluit.

Persone wat God se uitnodiging aanvaar, nooi God om deel te word van

alle areas van hulle lewens.

Page 3: “God se - ruimsig.com · Elkeen van ons is verskillend en het verskillende belange, talente, gawes, persoonlikhede, sterk punte en verhoudings met verskillende mense. Daarom wil

Visie: Connect waar jy is

Reeds in Genesis is dit duidelik dat God na ’n verhouding met die mens

smag. Daarom het God Sy Seun gestuur om die gebroke verhouding

tussen God en mens as gevolg van die sondeval te herstel.

Dit is juis om hierdie rede dat Jesus na die aarde gekom het, juis om

sodoende elke mens te roep om in verhouding met Hom te staan (Luk.

19:10; Op. 3:20; Tit. 2:11)

Elkeen van ons is verskillend en het verskillende belange, talente, gawes,

persoonlikhede, sterk punte en verhoudings met verskillende mense.

Daarom wil God elkeen van ons, Sy unieke skepsels, op ’n unieke manier

gebruik, net daar waar ons is. Jesus is die perfekte voorbeeld van

konneksie met God, oral waar Hy was met almal.

Missie

Ruimsig Gemeente wil jou bewus maak van God se uitnodiging om met

jou te “connect” waar jy is. Daarom wil ons jou uitdaag en motiveer om

in ‘n intieme verhouding met God te leef, ’n invloed in mekaar se lewens

te hê en ’n impak in die wêreld te maak.

Besoek gerus www.ruimsig.com en klik op “Connect met Ruimsig” en dan

“Visie en Missie” vir die Bybelse beginsels vir ons visie en missie.

Page 4: “God se - ruimsig.com · Elkeen van ons is verskillend en het verskillende belange, talente, gawes, persoonlikhede, sterk punte en verhoudings met verskillende mense. Daarom wil

Groei-ritmes:

Elke mens lewe volgens ‘n unieke ritme en ons lewens is dikwels in

boksies gedeel: my familielewe, my werkslewe, my finansies, ens.

Daarom is dit ook algemeen dat ons God net deel sien van ons ‘’geestelike

lewe”, maar Jesus se boodskap van lewe in oorvloed is van toepassing in

elke deel van ons lewens. Dikwels glo ek in my kop/hart sekere dinge,

maar my aksies is in kontras of dui op ‘n ander realiteit. Die Groei-ritme is

‘n manier om ons te help om God in elke deel van ons lewe raak te sien

en toe te laat.

Elke ritme stel ‘n groepering van vrae en temas voor. Elkeen van hierdie

ritmes is deel van ‘n uitnodiging wat Jesus aan ons rig om Hom te volg en

dit is ‘n manier om hierdie skeidings af te breek en om God se uitnodiging

na lewe, in elke aspek van my lewe te begin ervaar.

In die Evangelies is daar menige stories en leringe waar ons kan uitvind

wat God se hart is vir elkeen van hierdie ritmes. Ons glo dat die Heilige

Gees ‘n woning maak in ons, en reeds besig is; daarom is die ritmes ‘n

manier om hierdie werking raak te sien.

Die fondasie van Ruimsig se Groei-ritme is dat God van liefde almal

uitnooi om deel te word van Sy koninkryk wat Hy sigbaar gemaak het op

aarde deur Sy seun Jesus Christus. Hierdie koninkryk is besig om te

ontvou deur die Heilige Gees en die plaaslike gemeente is die getuie

daarvan. God is orals vir almal.

Page 5: “God se - ruimsig.com · Elkeen van ons is verskillend en het verskillende belange, talente, gawes, persoonlikhede, sterk punte en verhoudings met verskillende mense. Daarom wil

‘PLUG’

Uitnodiging: God nooi my tot verhouding met Hom

Skrif: Joh. 3:16 (Matt. 11:28; Tit. 2:11; Op. 3:20)

Outcome: Intieme verhouding met God

Vraag: Hoe connect ek met God?

Hoe bou ek ‘n verhouding met God? / Hoe hoor

ek God se stem? / Waar kry ek krag? / Wat

inspireer my? / Hoe verstaan 'n mens die

Skrif? / Hoe lyk my alleentyd saam met God? /

Wat wil God tans aan my kommunikeer? /

Watter dissiplines kan my help om God te leer

ken? / Hoe word ek deur God geken?

Page 6: “God se - ruimsig.com · Elkeen van ons is verskillend en het verskillende belange, talente, gawes, persoonlikhede, sterk punte en verhoudings met verskillende mense. Daarom wil

EETGEREI

Uitnodiging: God nooi my om my naaste lief te hê

Skrif: Matt. 22:37 (Matt. 22:29-37; Luk. 10:29-37)

Outcome: Naaste liefde d.m.v. Invloed

Vraag: Wie sit om my tafel?

Wie deel my lewenswandel met my? / Wie is in

my binnekring? / Wie kan ek vertrou? / Wie

bou my op en spoor my aan? / Hoe gaan dit met

my gesins- en liefdesverhoudings? / Wie ken ek

en deur wie word ek geken? / Met wie deel ek

gemeenskap van gelowiges? / Hoe word God

verheerlik in my vriendskappe en verhoudings?

Page 7: “God se - ruimsig.com · Elkeen van ons is verskillend en het verskillende belange, talente, gawes, persoonlikhede, sterk punte en verhoudings met verskillende mense. Daarom wil

‘PUZZLE’

Uitnodiging: God nooi my om my uniekheid te celebrate

Skrif: 1 Kor. 12&13 (Ps. 139:15-16; Gal. 6:2 MSG)

Outcome: Ontdek jou unieke doel in God se koninkryk

Vraag: Waar pas ek in?

Hoe is ek 'n unieke geskenk vir ander? / Wat is

jou prentjie van jouself? / Wat doen ek hier? /

Wat gee vir my purpose? / Wat is my gawes,

passies en talente? / Hoe kan ek ander dien met

my gawes? / Wat laat my lewendig voel? / Hoe

groei ek my gawes en ook die gawes van ander? /

Hoe kan my diepste vreugde die wêreld se nood

aanspreek?

Page 8: “God se - ruimsig.com · Elkeen van ons is verskillend en het verskillende belange, talente, gawes, persoonlikhede, sterk punte en verhoudings met verskillende mense. Daarom wil

TRAPPE

Uitnodiging: God nooi my om andersom te leef

Skrif: Joh. 3:30 (Matt. 5:38-45; Fil. 2:6-11)

Outcome: Leef “stroomop” in jou besluite in die oë van

ongelowiges

Vraag: Hoe leef ek anders in die wêreld met my

besittings en sukses?

Hoeveel kla ek? / Watter hulpbronne is aan my

toevertrou? / Hoe kan ek God eer met my

besittings? / Glo ek dat alles wat ek het aan

God behoort? / Wat het ewigheidswaarde? /

Hoe kan ek die aarde oppas? / Wat beteken dit

om Jesus as 'n Suid-Afrikaner te volg? / Hoe

kan ek deel wees van my gemeenskap se

transformasie?

Page 9: “God se - ruimsig.com · Elkeen van ons is verskillend en het verskillende belange, talente, gawes, persoonlikhede, sterk punte en verhoudings met verskillende mense. Daarom wil

SKOEN

Uitnodiging: God nooi my om mense deur Sy oë te sien

Skrif: Kol 3:11&13 (Matt. 5:43; Joh. 8:3-11)

Outcome: Plaas jouself in ander se omstandighede en

besluit dan

Vraag: In wie se skoene wil ek nie wees nie?

Hoe kom ek oor die weg met mense wat anders is

as ek, waarvan ek nie hou nie? / Hoe kan ek deel

hê aan God se rekonsiliasie-missie? / Teen wie

word daar tans gediskrimineer? / Wie is jou

vyande? / Hoe tree ek op teenoor my vyande? /

Wie sien ek as minderwaardig? / Wie laat jou

minderwaardig voel? / Watse gebrokenheid is in

my gemeenskap? / Hoe kan ek 'n vredemaker

wees? / Bid ek vir my leiers?

Page 10: “God se - ruimsig.com · Elkeen van ons is verskillend en het verskillende belange, talente, gawes, persoonlikhede, sterk punte en verhoudings met verskillende mense. Daarom wil

NOODHULPTAS

Uitnodiging: God nooi my in my gebrokenheid tot heelheid

Skrif: Joh. 10:10 (Jes. 53:5; Jak. 5:13-16; Ps. 147:3)

Outcome: Gesondheid na liggaam, siel en gees

Vraag: Waar het ek heelheid nodig?

Hoe gaan dit met my gebrokenheid? / Watter

emosies spreek tans die hardste? / Hoe gaan

dit met my lyf en fisiese gesondheid? / Is daar

verslawing wat my terughou? / Is daar iemand

wat ek moet vergewe? / Hoeveel beïnvloed seer

uit jou verlede jou nog? / Het jy vergifnis

nodig? / Hoe hanteer ek my hartseer, kwaad of

rou-proses? / Hoeveel bekommernis heers in my

lewe?

Page 11: “God se - ruimsig.com · Elkeen van ons is verskillend en het verskillende belange, talente, gawes, persoonlikhede, sterk punte en verhoudings met verskillende mense. Daarom wil

HORLOSIE

Uitnodiging: God nooi my om Hom te dien deur my werk

Skrif: Rom. 12:1-2 (Kol. 3:17, Kol. 3:23)

Outcome: Connect waar jy is met wat jy ook al doen

Vraag: Hoe verheerlik ek God deur my tyd en werk?

Hoe kan God Sy koninkryk laat kom deur my werk

en tyd? / Vir wie werk ek? / Hoe kan ek 'n lig

wees by die werk? / Hoe bring ek balans in my

lewe? / Wat is gesonde tydritmes?

Page 12: “God se - ruimsig.com · Elkeen van ons is verskillend en het verskillende belange, talente, gawes, persoonlikhede, sterk punte en verhoudings met verskillende mense. Daarom wil

MY EIE GROEI-RITME:

PLUG: Dit is belangrik om te besef dat ons op verskillende maniere met

God kan connect en ons krag by Hom kan kry.

Daar is ‘n groot verskeidenheid van geestelike dissiplines wat jou hiermee

kan help. Die Goeie en Mooi God deur James Bryan Smith noem bv.

slaap, bewus te word van God se skepping,

Lectio Divina, afsondering, stadiger te lewe, ens.

Hoe gaan ek die Plug in my lewe toepas?

____________________________________________________________

____________________________________________________________

________________________

________________________________________________

EETGEREI: Ons het ‘n invloed op mekaar en ons word deurentyd gevorm

deur ander mense; veral die mense wat om ons tafel sit: naby vriende,

mentors, familie. Die welstand van hierdie verhoudings is baie keer

afhanklik van die tyd wat ons saam spandeer, ons vermoë om konflik te

hanteer, te kommunikeer en liefde te wys.

Wanneer laas het jy bv. jou vriende oorgenooi vir ete, saam as gesin aan

tafel gesit en saam geëet, jou kinders met hulle huiswerk gehelp, ens?

Page 13: “God se - ruimsig.com · Elkeen van ons is verskillend en het verskillende belange, talente, gawes, persoonlikhede, sterk punte en verhoudings met verskillende mense. Daarom wil

Hoe gaan ek die Eetgerei in my lewe toepas?

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________

PUZZLE: Ons almal het die behoefte om iewers in te pas. Almal is met

wonderlike potensiaal geskape en ons almal het die vermoë om ‘n unieke

verskil te maak.

Deur jou eie uniekheid te ontdek deur bv. persoonlikheidstoetse, mense

wat jou ken te vra waarin jy goed is, jou sterk punte te leer, ens. kan jy

bepaal waar jy inpas en daar ‘n verskil gaan maak.

Hoe gaan ek die Puzzle in my lewe toepas?

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________

Page 14: “God se - ruimsig.com · Elkeen van ons is verskillend en het verskillende belange, talente, gawes, persoonlikhede, sterk punte en verhoudings met verskillende mense. Daarom wil

TRAPPE: Hoe en waarop ons ons geld spandeer is ‘n ‘give away’ van wie

ons dien en waarvoor ons leef. Die wêreld kommunikeer die heeltyd dat

sukses en rykdom die sleutel tot geluk is, maar in God se koninkryk-

ekonomie is alles omgekeer en word bevryding en geluk gevind deur

anders in die wêreld te leef met my besittings en sukses.

Maak bv. gebruik van ‘n begroting om te bepaal hoe jy jou geld spandeer

en vra God om jou te help om dit volgens Sy wil te spandeer, gee jou

tiende of selfs meer as jou tiende, gee die besittings weg wat jy nie meer

gebruik nie of meer as een van het, ens.

Hoe gaan ek die Trappe in my lewe toepas?

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________

Page 15: “God se - ruimsig.com · Elkeen van ons is verskillend en het verskillende belange, talente, gawes, persoonlikhede, sterk punte en verhoudings met verskillende mense. Daarom wil

SKOEN: Ons leef in ‘n diverse wêreld met verskillende kulture, tale, rasse,

gelowe, tradisies, geskiedenis, lewensfases en ekonomiese welstand.

Diversiteit is ‘n wonderlike geskenk, maar soos die geskiedenis al

telkemale bewys het, kan dit ook ‘n bron van konflik wees. Ons almal

voer ‘n stryd teen ons eie vooropgestelde idees, geskiedenis en

bevooroordeeldheid. Ons word elke dag gekonfronteer deur mense wat

anders as ons is, dink en doen. Ons wil baie keer nie in hierdie mense se

skoene wees nie.

Dink bv. hoe jy oor die weg kom met mense van ander kulture, rasse,

seksuele oortuigings, inkomstegroepe, ouderdom, ens. Kyk dan na hoe

divers jou vriendekring is. Dink almal soos jy of is daar persone wat jou

heeltyd uitdaag om anders te dink of jou konfronteer oor jou

bevooroordeeldheid.

Hoe gaan ek die Skoen in my lewe toepas?

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________

Page 16: “God se - ruimsig.com · Elkeen van ons is verskillend en het verskillende belange, talente, gawes, persoonlikhede, sterk punte en verhoudings met verskillende mense. Daarom wil

NOODHULPTAS: Dit is maklik om te sien dat ons in ‘n gebroke wêreld leef

en om die gebrokenheid in ander se lewens uit te wys. Wat partykeer

moeiliker is, is om eerlik na ons eie lewens te kyk en ons eie gebrokenheid

te erken. Deur doelbewus te kyk na waar ons heelheid nodig het, is ons

besig om geleentheid vir herstel te skep wat weer ons kapasiteit om lief

te hê, verhoog.

Begin dalk om elke aand om die blok te stap en gesonder resepte uit te

probeer. Praat met iemand oor jou emosies of sien dalk iemand om jou

te help met jou verslawing of om daardie negatiewe gewoonte in jou

lewe af te leer. Gaan vir die Cholesterol toets of jaarlikse “check-up”.

Slaap meer en stress minder.

Hoe gaan ek die Noodhulptas in my lewe toepas?

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________

Page 17: “God se - ruimsig.com · Elkeen van ons is verskillend en het verskillende belange, talente, gawes, persoonlikhede, sterk punte en verhoudings met verskillende mense. Daarom wil

HORLOSIE: Ons werk beïnvloed ons lewens op ‘n drastiese manier: of ons

oorwerk of werkloos is. Aangesien ons ‘n groot deel van ons tyd aan werk

spandeer, het ons nodig om te dink hoe ons God kan verheerlik deur my

tyd en werk.

Dink bv. hoe dit sal lyk as God se koninkryk kan kom deur die werk wat jy

doen. Hoe sal die wêreld anders lyk as jou werk jou bedieningsveld

word? Het jy dalk nodig om weer te begin studeer, of moet jy dalk jou tyd

beter beplan? Hoe sal jou dag lyk as jy jou self gereeld herinner dat God

jou Bestuurder is? Het jy dalk nodig om ‘n Sabbat te neem?

Hoe gaan ek die Horlosie in my lewe toepas?

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________

Page 18: “God se - ruimsig.com · Elkeen van ons is verskillend en het verskillende belange, talente, gawes, persoonlikhede, sterk punte en verhoudings met verskillende mense. Daarom wil