16
Kroonnuus Kroonnuus TEL (056) 212 3171 DINSDAG 21 OKTOBER 2014 WWW.KROONNUUS.CO.ZA GRATIS Tharine Hurter INWONERS van Kroonstad het rede om ag te slaan op die watertekort. Nie net word geluide van ’n droë voorseisoen die somer deur die weerburo gemaak nie, maar indien dit wel reën, is die Moqhaka-muni- sipaliteit nie gereed om voldoende water na die groot opgaardam, wat reeds ’n uiters lae watervlak het, te kan pomp nie. Kroonnuus het verlede week die pomp- stasie by die Groblersdam besoek van waar water veronderstel is om met drie pompe, twee 650 kW-pompe en een groot 900 kW-pomp, na die Bloemhoekdam gepomp te word. Toegang is maklik verkry. Vir die leek lyk die pompstasie verniel en dit wil voorkom asof net een kleiner pomp miskien water sal kan pomp. Die ander kleiner pomp is nie gekoppel nie. Kabels wat oop lê en na bewering ghries met ’n motortjie na die werkende pomp pomp, is wel in ’n werkende toe- stand. Die groot pomp, wat in 2005 onder die bestuur van die eertydse munisipale bestuurder, Moses Moadira, aangebring is, lê in stukke. Gerugte doen die ronde van die pomp se onderdele is gesteel. Voorts verneem Kroonnuus die verseke- raars van Moqhaka wil nie ’n uitbetaling vir die betrokke pomp se skade en/of diefstal doen nie. Al die foto’s wat Kroonnuus geneem het, is per e-pos vir kommentaar aan die Moqhaka-munisipaliteit, asook raadslede van die opposisieparty, die DA, gestuur. Teen druktyd is kommentaar nie ont- vang nie. Kroonnuus verneem kabeldiefstal kelder ook die behoorlike werking van die pompstasie. Inwoners moet daarop let dat waterbe- perkings steeds van toepassing is. Dit is 40 kiloliter per huishouding. ) Lesers word genooi om kommentaar te lewer of kundige advies oor die waterpro- bleme van die dorp by www.kroon- nuus.co.za of op Kroonnuus se Facebook- blad te gee of deur ’n e-pos na thur- [email protected] te stuur. Kommer oor pompe Sal nie genoeg water na opgaardam kan pomp nie DIE pompe met motors wat veronderstel is om water uit die Groblersdam na die opgaardam, die Bloemhoekdam, te moet pomp, is aan die voor- aand van die reënseisoen in ’n haglike toestand. DIE kleiner pomp links blyk in ’n werkende toestand te wees. Regs is die groot 900kW-pomp onvolledig sigbaar. ONBENUTTE toerusting wat lyk asof dit aan ’n groot pomp gekoppel moet wees, staan buite die pompstasie in die wind en weer. Wat dink jy hiervan? Om saam te gesels gaan na Facebook en tik Kroonnuus in.

Kroonnuuskn 20141021

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Kroonnuuskn 20141021

Citation preview

Page 1: Kroonnuuskn 20141021

KroonnuusKroonnuusTEL (056) 212 3171 DINSDAG 21 OKTOBER 2014 WWW.KROONNUUS.CO.ZA GRATIS

Tharine Hurter

INWONERS van Kroonstad het rede om agte slaan op die watertekort. Nie net wordgeluide van ’n droë voorseisoen die somerdeur die weerburo gemaak nie, maarindien dit wel reën, is die Moqhaka-muni-sipaliteit nie gereed om voldoende waterna die groot opgaardam, wat reeds ’nuiters lae watervlak het, te kan pomp nie.Kroonnuus het verlede week die pomp-

stasie by die Groblersdam besoek vanwaar water veronderstel is om met driepompe, twee 650 kW-pompe en een groot900 kW-pomp, na die Bloemhoekdamgepomp te word.

Toegang is maklik verkry.Vir die leek lyk die pompstasie verniel

en dit wil voorkom asof net een kleinerpomp miskien water sal kan pomp.

Die ander kleiner pomp is nie gekoppelnie. Kabels wat oop lê en na beweringghries met ’n motortjie na die werkendepomp pomp, is wel in ’n werkende toe-stand.

Die groot pomp, wat in 2005 onder diebestuur van die eertydse munisipalebestuurder, Moses Moadira, aangebring is,lê in stukke. Gerugte doen die ronde vandie pomp se onderdele is gesteel.

Voorts verneem Kroonnuus die verseke-raars van Moqhaka wil nie ’n uitbetalingvir die betrokke pomp se skade en/ofdiefstal doen nie.

Al die foto’s wat Kroonnuus geneem het,is per e-pos vir kommentaar aan dieMoqhaka-munisipaliteit, asook raadsledevan die opposisieparty, die DA, gestuur.

Teen druktyd is kommentaar nie ont-vang nie.Kroonnuus verneem kabeldiefstal kelder

ook die behoorlike werking van diepompstasie.

Inwoners moet daarop let dat waterbe-perkings steeds van toepassing is. Dit is40 kiloliter per huishouding.) Lesers word genooi om kommentaar telewer of kundige advies oor die waterpro-bleme van die dorp by www.kroon-nuus.co.za of op Kroonnuus se Facebook-blad te gee of deur ’n e-pos na [email protected] te stuur.

Kommer oor pompeSal nie genoeg water na opgaardam kan pomp nie

DIE pompemetmotors wat veronderstel is omwater uit dieGroblersdamna die opgaardam, die Bloemhoekdam, te moet pomp, is aan die voor­aand van die reënseisoen in ’n haglike toestand.

DIE kleiner pomp links blyk in ’n werkende toestand te wees. Regs is die groot 900kW­pomp onvolledig sigbaar.

ONBENUTTE toerusting wat lyk asof dit aan ’n groot pomp gekoppelmoet wees, staan buite die pompstasie in die wind en weer.

Wat dink jy hiervan?Om saam te geselsgaan na Facebook entik Kroonnuus in.

Page 2: Kroonnuuskn 20141021

2 KROONNUUS, DINSDAG 21 OKTOBER 2014

SANGERS word benodig om in Novemberaan ’n Kersspel deel te neem.

Indien jy noot kan hou en jou hart kanuitsing, is jy welkom om deel van dieKersspel te word.

Die repetisies is van Sondag om 11:00 indie NG kerk Kroonstad-Suid.

Bel Hazel Dell by 082-976-8419 om betrok-ke te raak.

Sangers gesoek

Tharine Hurter

EEN van Kroonstad se boorlinge staan diekans om as die Face of Miss Teen SouthAfrica Universal gekroon te word.

Yvonne Strydom, dogter van Leon (Strys)en Rene Strydom van Kroonstad, is as ’nfinalis vir die Miss Teen South AfricaUniversal gekies. Yvonne woon in Randburg,Gauteng, maar het hier grootgeword.Inwoners kan help om haar die titel te laatwen. Deur ’n SMS na 47087 met die kode T6te stuur, stem lede van die publiek ook virhaar om die kroon te kan dra.

Die skoonheid het al talle ander titelsgewen. Dit sluit in Mej. Gauteng (tweedeprinses), Mej. Gauteng-fotogenies, Miss ModelExpo en die tweede prinses in die Miss Faceof Set-skoonheidskompetisie.

Stem virskoonheid

YVONNE STRYDOM is ’n finalis in die Face ofMiss Teen South Africa Universal­skoonheids­kompetisie. Deur ’n SMS na 47087 met die ko­de T6 te stuur kan jy vir haar stem. Foto: Verskaf

DIE ChristelikeMotorfietsvereniging(CMA) van Kroon-stad bied op Sondag 2November ’n herden-kingsoptog ter erevan alle motorfiets-ryers wat in ongeluk-ke gesterf het aan.

Dit sal om 16:30 vandie Kroonstad-selge-meente op ’n vasge-stelde roete op dieWelkom- en Edenvil-lepad geskied.

Na afloop van dieoptog sal ’n erediensdeur past. Alan Ogil-vy van die selkerk ge-hou word.

’n Beperkte aantalborsspelde kan teenR20 elk by Johan Be-zuidenhout, die voor-sitter van die CMA,gekoop word.

Bel hom by 082-822-9930.

Optoggehou

DIE Rotary-marklangs die Rotary-klub-huis in Kroonpark-weg, Kroonstad, vindSaterdag plaas.

Stalletjies kos R60en hoef nie vooraf be-spreek te word nie.Verkoop jou produkteof bederf jouself metiets lekkers om te eet.

Bel Hazel Dell by082-976-8419.

Koop enverkoop

WEES ’N SPRAN­KELVROU EN ­DOG­TER. Dit is die temawaaroor Natasja Jou­bert Saterdag by dieNGMoedergemeenteinKroonstad gaange­sels. Die kaartjies kosR50 per persoon en isby die kerkkantoor by056­212­5782 be­skikbaar. Ligte ver­versings sal bedienword. Kroonnuus hetper abuis in verledeweek se uitgawe be­rig dat die geleentheidin die NG kerk Kroon­stad­Oos aangebiedsal word. Ons vra omverskoning vir diefout. Foto: Verskaf

Tharine Hurter

ANDRIES PIETERSvan Kroonstad isbesorg oor die gratisparkeerplekke wataan kossmouse metwoonwaens op diereeds beperkteaantal parkeerplekkein Kroonstad gegeeword.

Hy het die naweek’n foto geneem van’n nuwe koswoonwa,wat onlangs voorOBC in Reitzstraat,Kroonstad, staange-maak is.

“Nie te lank geledenie is die taxi’s juisop die parkeerplekkeverwilder, omdat dieaantal parkeerplekkenaby Shoprite enOBC baie beperk is. Waarom word ’nkoswoonwa op ’n uitsoek-parkeerplek regvoor OBC in die straat toegelaat,” vraPieters. Hy vra of dit nie nog smouse vryeteuels gaan gee om op enige parkeerplekkosstalletjies of koskarretjies oral in diedorp staan te maak nie.

Die higiëne van die koskarre word ookin twyfel getrek.

Boonop wil hy weet hoeveel van diekosstalletjies die nodige permitte het omkos voor te berei en te verkoop.

Die departement van gesondheid vandie Fezile Dabi-distriksmunisipaliteit is inbeheer van die regulering van kosstalle-tjies en -karre. Jaarliks word ’n kompeti-sie gehou om die netjiesste en higiëniesstesmous te beloon.) Kroonnuus sal graag lesers se kommen-taar hieroor wil verneem.

Plaas gerus jou kommentaar opKroonnuus se Facebook-blad, besoekwww.kroonnuus.co.za of stuur ’n e-pos [email protected].

Koswaentjies kwel

’n KOSWOONWA staan reg voor OBC in Reitzstraat.Foto: Andries Pieters

Wat dink jy hiervan? Om saam te geselsgaan na Facebook en tik Kroonnuus in.

Page 3: Kroonnuuskn 20141021

KROONNUUS, DINSDAG 21 OKTOBER 2014 3

Tharine Hurter

MISDAAD in Kroonstad neemaansienlik toe. Talle inwonersword die slagoffers van ondermeer gewapende rooftogte enhuisbrake wanneer hulle tuis is.

Die polisie in Kroonstad maaninwoners om die sekerheids-maatreëls by hul woonhuiseaansienlik te verbeter.

Konst. Kethabile Mofokeng,polisiewoordvoerder, sê mensemoet hul voorgevoel vertrou.Indien iets by jou huis nie regvoel of lyk nie, moenie huiwerom die polisie by 10111 of086-001-0111 te bel nie.

Die meeste van die voorvallevind tussen 18:00 en 06:00 plaasterwyl mense tuis is.

Mofokeng sê dit is veral duurjuweliersware en vuurwapenswaarna inbrekers soek.

“Meld alle verdagte mense ofvoertuie in jou omgewing by diepolisie aan,” sê Mofokeng.

Sy raai mense aan om foto’svan hul juwele en waardevollebesittings te neem sodat dit diepolisie se taak om die ware uitte ken en op te spoor kanvergemaklik. Die polisie doengereelde besoeke aan pandjies-winkels en indien hulle foto’svan gesteelde ware het, kan diemisdadigers opgespoor word.

Mofokeng sê mense moet dituiters moeilik maak vir andermense om hul perseel te betree.Moenie die deure en venstersooplos nie. Aktiveer die alarmte alle tye – selfs al is jy tuis.

“Moenie iemand in jou huis

toelaat onder die voorwendselhulle wil na die huis kyk omdit te koop nie.

Maak seker jou huiswerkersdra kennis van wie by jou huistoegelaat word en wie nie,”maan Mofokeng.

Telkom Suid-Afrika waarskuin ’n nuusverklaring mensemoet nie sommerso aanvaarmense geklee in Telkom-drag iswel werknemers van dieinstansie nie.

As jy nie seker is daar wordaan jou perseel se telefoonlynegewerk nie, moenie dié mensetoelaat om jou eiendom tebetree nie.

Johan Roux, voorsitter vandie Kroonstad-gemeenskapspoli-siëringsforum (GPF), sê mensemoet misdaadbewus word. Hullekan ’n verskil maak deur hulleby die GPF aan te sluit enpatrolliediens te doen of as lidvan die Kroonstad-buurtwagaan te sluit.

Wees altydwaaksaam

INWONERS van Suidrand, Wilgen-hof, Panorama, Uitsig, Jordania enTuinhof word genooi om ’nvergadering by te woon ommisdaadvoorkoming te bespreek.

Die vergadering word op Donder-dag 30 Oktober om 17:30 in die OuStadsaal gehou.

’n Bykomende komitee vir diesektor sal op die vergadering

gekies word.Vir inligting en om betrokke te

raak bel Louis Muller, voorsittervan die sektorpolisiëringsforum virdie gebied, by 073-695-4123.

Vergadering oormisdaad gehou

RONDLOPERBEESTE is deesdae die grassnyers in Kroonstad.Kroonnuus het dié beeste verlede week in Stewart­straat, Môrewag, afgeneem waar hulle sonder ’n wagter op ’n sypaadjie gewei het. Marlene Vorster meld datin Uitsig selfs ’n kampie vir ’n troppie beeste in die woonbuurt by die Blouskool se ou sportveld gespan is. Kroonstadhet nie meer ’n skut nie. Gee jou mening by www.kroonnuus.co.za of plak jou kommentaar op Kroonnuusse Facebook­blad. Foto: Tharine Hurter

‘Meld alle verdagtemense of voertuiein jou omgewingby die polisie aan.’– Konst. KethabileMofokeng, polisie­woordvoerder

Wat dink jy hiervan? Omsaam te gesels gaan naFacebooken tikKroonnuus in.

Page 4: Kroonnuuskn 20141021

4 KROONNUUS, DINSDAG 21 OKTOBER 2014

Voorsorg kankrisis voorkomIEWERS in die Bybel staan geskryfjy moet genoeg lampolie vir die don-kerte gereed hê. Jy moet ook oeswanneer dit oestyd is sodat jy broodvir môre kan hê.Hoewel voorspellings gemaak

word die voorseisoen van die somergaan droog wees, kan die Skepperons onverwagsmet oorvloedige reënseën.Gaan die Moqhaka-munisipaliteit

met sy broek op die knieë betrapword met stukkende pompe by dieGroblersdam en die Bloemhoekdamin ’n pan laat ontaard, omdat die driepompe wat water uit die Groblers-dam na die opgaardam moet pomp,nie onderhou is nie?Kroonnuus het verlede jaar ook ’n

onverwagte besoek by die pompsta-sie by die Groblersdam afgelê en toefoto’s van duidelik afwesige en/ofstukkende pompe by die stasie in diekoerant geplaas.Thys Vermeulen, VF+-raadslid en

eertydse stadsingenieur, spreek nieverniet sy kommer op raadsvergade-rings oor die wateraangeleenthedevan Kroonstad uit nie.In diewinter kan die noodsaaklike

herstelwerk aan die motors en pom-pe mos betyds in afwagting van diesomerreënseisoen gedoen word.Waarom word dit nie gedoen nie?Die Bloemhoekdam se watervlak

is ooglopend baie laag. Hengelaarstrek groot visse uit juis omdat diedam se watervlak so laag is. Die ar-me visse kan glo sommer met diehand gevang word, word gespot.Dit het tyd geword dat kundigheid

oor die bestuur vanKroonstad sewa-teraangeleenthede ingeroep word.Om net die skouers op te trek en dieskuld op versekeraars en diewe tepak sal nie die waterkruik vul nie.Rol die moue op, maak reg wat

stukkend is en pas die pompstasiemet kundige sekerheidsmense en-stelsels op.

Waardeer hulpmet blus van veldbrande opregHEUNINGSPRUIT-GEMEEN-SKAP, distrik Kroonstad:

VERLEDE naweek se brande byHeuningspruit in die distrik Kroon-stad het bewys dat ’n gemeenskapnog kan saamstaan.Op Sondag 12 Oktober het weerlig

droë gras aan die brand laat slaan.Aangevuur deur sterk winde wasdie brand gou buite beheer.

Net ’n paar telefoonoproepe lateren boere het met hul werkers vannaby en ver gekomom tot diep in dienag die vuur te probeer blus.Toe die brand Maandag weer op-

vlam, was die helpers gou weerdaar.Baie dankie aan elkeen. Ons ken

nie al die mense wat gehelp het nie,maarwees verseker van ons opregtedankbaarheid.

KroonnuusPosbus 309, Kroonstad, 9459

HOOFARTIKEL

’n MAKLIKER yskastert as diégrenadellatert sal moeilik opge-spoor word.

Só maak ’n mens:1 blik ingedampte melk62,5 (¼ koppie) strooisuikerKlits die ingedampte melk en

strooisuiker saam tot styf.1 pakkie Tennisbeskuitjies1 pak suurlemoenjellie, aange-

maak met 125 ml (½ koppie)kookwater. Laat dit afkoel.1 klein blikkie grenadellamoesGelatien (opsioneel, indien jy ’n

stywer tert verlang).Meng alles behalwe die beskuit-

jies saam. Pak nou ’n laagbeskuitjies in ’n gesmeerdetertpan met van die mengseldaarop geskep. Herhaal die lae eneindig met ’n laag van dietertmengsel. Strooi fyn koekiesbo-op. Plaas dit oornag in dieyskas om te stol.

Terete ya krenatela1 kotikoti Ideal milk62,5 ml (¼ koppie) ‘castor’

tswekereKopanya Ideal milke le twekere

di tiye.1 pakete Tennis biscuits

1 pakete lemon jelly dikopanye125 ml (½ kopi) metsi a belang.Ema e fole.1 kotikoti krenatelaEketsa ka gelatien.Dikopanya kaofela.Beha Tennis biscuits ka baka ya

terete.Tshela motswako hodimo.

Phetha. Fafatsa di kuku. Tshelahodima terete. Beha ka fridge.

Maak die tert in ’n kitsKROONSTAD het nie die hewige stofstorm wat die Vrystaat Donderdag uit die weste getref het, vrygespring nie.Die foto is om sowat 16:00 naby die Alexandria­brug (robotbrug) geneem. Foto: Jana Smit

Toegemaak onder stofkombers

FRIK, HELOISE, BEATE ENOUMA RONNIE, Kroonstad:

HIERMEE betuig ons graag onsinnige dank en opregte waarderingaan ’n ieder en ’n elk wat so vinnigopgetree het en ons bygestaan hetná die aanval by en betreding vanons woning.Piet Cordier en sy span, die

polisie, ons bure, Suid- en Her-

vormde gemeentes, Hannes, vriendeen klante van Dekor 2000. Mede-sa-kemense van Kroonstad, diebuurtwagpatrollie en ons staatma-ker-personeel. Elke oproep, besoek,ruiker en die lekker eetgoed(Dawie, Gerda en Elzaan).Ons woon in ’n stukkende dorp

met ’n groot en warm hart. Nouweet ek waarom ons daagliks dieslaggate, verval en rioolstortings

met ’n glimlag kan trotseer.Dit is die wonderlike inwoners

van Kroonstad wat dit die moeitewerd maak.Ons bede is, soos die Vader en

Sy magtige engele ons in dieoomblikke van nood beskerm het,Hy dit ook vir elkeen van u saldoen, sou u ooit in so ’n situasiebeland.Wees paraat. God seën u.

Dankie aan almal vir bystand ná aanval

TO create awareness for breast cancer Child and Family Welfare Kroonstad held an event in the Brent Parkcommunity hall. Several cancer survivors shared their experiences with the visitors. Attending were from theleft, front: Rose Mosia, Lydia Cater, Nashia Moyce and Docars Marumo (all fieldworker student auxiliary work­ers); back: Audrey Chaparadza (site manager and social worker), Grace Fangwana (fieldworker student socialauxiliary worker), Magdalene Pietersen (Fezile Dabi District councillor), Alina Maishoane (fieldworker studentsocial auxiliary worker), Seipati Moroe, Mary Segoati, Paulina Fisher, Virginia Maseko, Bulelwa Segogobaand Montoa Leholo (fieldworker student social auxiliary workers). Photo: Tharine Hurter

KROONSTAD-BESIGHEID-EN-TOERISME (KB&T) het ’n pleidooinamens die Ou Stadsaal, ’nnasionale gedenkwaardigheid inKroonstad, per e-pos aan sy ledegerig. ’n Uittreksel uit die pleidooilui: “Dit gaan baie sleg met my,ek is oud, verweer en gedaan.“Ek is al 108 jaar oud. My dak

is stukkend en wanneer dit reën,word ek tot in my binneste nat.“Ek is moeg en kan nie meer

nie. As jy net kan help om mydak reg te kry sodat ek nie meernatreën en die duiwe my binnestebemors nie, sien ek vir nog ’npaar jaar kans.“Dit kos R21 831 om my dak te

herstel. Gelukkig het iemand mylief en het reeds R18 185 betaal.My bewonderaar is Ina Jagga.“Ek kort nog R3 700. Wil iemand

nie help nie, asseblief tog?“As elkeen ’n klein deeltjie gee,

is dit vir almal makliker.”

Pleidooi oor dak gerig

DIE Ou Stadsaal se dak moet drin­gend herstel word om die nasionalegedenkwaardigheid te bewaar.

Foto: Verskaf

Page 5: Kroonnuuskn 20141021

KROONNUUS, DINSDAG 21 OKTOBER 2014 5

Tharine Hurter

DIE geskiedkundige preekstoel van die NGkerk Môrewag gaan aan die Oorlogsmuseumin Bloemfontein geskenk word.Só sê Drienie Pretorius, vrou van wyle ds.

Peet Pretorius, nadat Kroonnuus verlede weekoor die verkoop van die kerkgebou aan dieChrist Sanctuary en gevolglike samesmelting

van die NG kerk Môrewag met die NG kerkKroonstad-Wes berig het.Drienie sê haar man was nou betrokke by

die onderhandelings oor en verkryging vandie preekstoel wat al voor die Anglo-Boereoor-log (ABO) in die NG kerk Heilbron in gebruikwas. Volgens haar is die kerk in Heilbron indie ABO as hospitaal gebruik.“Juis daarom is die preekstoel van geskied-

kundige belang en moet dit vir die nageslagbewaar word,” sê sy.Pretorius was die eerste leraar van die NG

kerk Môrewag en het ’n groot aandeel in dieontwerp van die kerkgebou gehad.Drienie sê in samewerking met haar

dogters en skoonseuns sal die preekstoel opdie regte wyse afgebreek en na Bloemfonteingebring word.

Preekstoel kry staanplek in Bfn DIE geskied­kundigepreekstoel vandie NG kerkMôrewag salnou ’n tuiste indie Oorlogs­museum inBloemfonteinkry. Só sal ditvir die nage­slag bewaarword. Foto:

Tharine Hurter

Tharine Hurter

DIE konsentrasiekampkerkhof in Kroon-stad was een van 11 kampe in sy soort indie Vrystaat.Die kampe het uit tente bestaan en is in

die tweede Anglo-Boereoorlog deur diemilitêre bevelvoerders opgerig. Dit het dievroue en kinders van die burgers watoorlog gemaak het teen die magtige BritseRyk, asook bejaarde mans wat nie aan dieoorlog kon deelneem nie, gehuisves.Só het wyle Willem Krog in 1984 op

Krugerdag (10 Oktober) in ’n toespraakgesê.Sondag is kranse deur verskeie instan-

sies in die konsentrasiekampkerkhof indie dorp gelê. Dit word jaarliks op dienaaste Sondag aan Krugerdag gedoen.Die Valschrivier-erfenisstigting het hom

oor die onderhoud en herstel van diekonsentrasiekampkerkhof ontferm.Dries Otto van die stigting het Sondag

gesê ’n Australiese toeristegroep hetonlangs die kampkerkhof besoek en gesêdie kerkhof is beslis die netjiesste in dieland. Planne word nou beraam om diekerkhof met ’n heining te omring. Diestigting vra skenkings hiervoor.Krog het gesê die kamp was die vyfde

grootste in die Vrystaat en 2 502 mense ishier aangehou. Talle mense het hierweens siektes en honger omgekom. Dit hettot die totstandkoming van ’n kerkhofgelei, want die sterftesyfer was ontsettendhoog.Volgens Krog is Emily Hobhouse glo nie

in 1901 deur die Britte toegelaat om diekamp te besoek nie. Sy was ’n kampvegterteen konsentrasiekampe in Suid-Afrika.Nagenoeg 26 251 vroue en kinders het in

die Anglo-Boereoorlog, en veral in diekampe, gesterf. Die oorlog het die lewevan 3 990 burgers geëis wat in gevegtegesneuwel het, 924 wat weens siekte opkommando omgekom het, 157 wat inongelukke op kommando dood is en 118wat as krygsgevangenes gesterf het.Hobhouse het geskryf: Ek noem die

kampstelsel grootskeepse wreedheid. Dit salnooit uit die herinnering van die mensegewis kan word nie. Hulle verswak in dieontsettende hitte en met die karige, onge-skikte voedsel is dit alles net ’n miserabelestuk lapwerk om ’n groot onheil te dek.Duisende mense met swak gesondheid wordgedwing in lewensomstandighede wat hullenie die liggaamskrag het om te deurstaan

nie.Wyle eerwaarde J.J. Botes, wat hom

onvermoeid vir Afrikaner-kutuurgoed inKroonstad beywer het, het volgens Kroggesê: “Die konsentrasiekampkerkhof metsy diep treffende historiese gebeurtenissein ons volkslewe maak dit werklik ’nvolksheiligdom wat die Heldedag-komiteeen huidig (in die vorige eeu) die Volks-feestekomitee wat hiervoor sorg gedra het,

tot dank strek.“Kroonstad moet toesien dat die herin-

neringe vir die nageslag bewaar en deurhulle in ere gehou word.”In 1904 is die kerkhof omhein en is ’n

eenvoudige steenmonument opgerig. Dit isdeur die belangstellendes en susters vandie Moedergemeente – in daardie stadiumdie enigste NG kerk in Kroonstad –gedoen.

Met die herstel van die kerkhof in 1964is ’n afbeelding van die ou monument opdie granietmonument aangebring.Sedert 1932 het die Heldedagkomitee

en daarna die Volksfeestekomitee diekerkhof versorg.Eersgenoemde komitee met Botes as

voorsitter en die ywerige en bekwamesekretaris, Roelf Louw, is die eerste briefop 3 Mei 1961 aan die Raad vir Suid-Afri-kaanse Oorlogsgrafte geskryf.Ná lêers vol briewe, talle vergaderings

en telefoonoproepe is ingestem dat dieraad die konsentrasiekampkerkhof magherstel.Talle Voortrekkerhelde is in die kerkhof

begrawe. ’n Granietsteen is opgerig en aldie name van die gestorwenes is op dieblad aangebring.Verlede jaar is nog ’n spesiale monu-

mentgedenksteen deur die Valschrivier-erfenisstigting onthul.

Kranslegging in kerkhof gehou

DRIES OTTO van die Valschrivier­erfenisstigting aan die woord op die kranslegging Sondagin die Kroonstad­konsentrasiekampkerkhof. Die konsentrasiekampkerkhof is in Tiende Laanlangs die treinspoor geleë. Foto’s: Tharine Hurter

DIE erediens is Sondag deur dr. DanieLangner gelei.

’n GESIG wat menige Afrikaner­hart warm sal laat klop. Tientalle Voortrekkers van oor dieVrystaat heen het kranse en blomme by die monument in die Kroonstadse konsentrasiekamp­kerkhof gelê.

GRACEWILLE het namens die DA in Kroon­stad ’n krans gelê.

’n VLAGSEREMONIE deur Die Voortrekkers.

Page 6: Kroonnuuskn 20141021

6 KROONNUUS, DINSDAG 21 OKTOBER 2014

Tharine Hurter

DIE “moederlike instink” vanJockey, ’n vierjarige kortbeen-JackRussell, het “ingeskop” wanneer sydieremamma, Ria Nel, wat leeuwel-pies op ’n plaas sowat 16 km buiteKroonstad op die Welkom-padgrootmaak, die klein leeutjiesvoed.

Om leeuwelpies met die handgroot te maak verg geduld ensoos in die natuur moet dieleeuwyfie die magie en anus vandie welpies lek om stoelgang te

stimuleer.“Dit is asof Jockey presies

geweet het watter welpie klaargevoed is en dan het hy die welpiegelek en vertroetel.

“Ek mis my hond verskriklikbaie,” sê Nel.

Verlede Maandag het Ria op dieplaas besig geraak.

’n Voertuig het by die plaashuisse hek stadiger gery en sy vermoedJockey het, getrou aan sy liefdevir saamry, by die voertuigingeklim.

Ria kon nie sien watter fabri-

kaat voertuig dit was nie.Eers ná 12:00 het sy na Jockey

begin soek.’n Tranedal het gevolg en sy het

toe begin vermoed dat hy opgelaaiis.

Jockey was baie lief daarvoorom saam met haar man, Jannie,in die bakkie op die plaas rondte ry en die wêreld te inspek-teer.

Indien enige leser weet waarJockey hom bevind, kan die Nelsby 084-319-6413 of 083-225-8282 gebelword.

Hondjie vermis watleeutjies ‘versorg’

JOCKEY, die kortbeen­JackRussell, word vermis.Hy speel ’n onmisbarerol in die grootmaak van leeuwelpies. Foto’s: Verskaf

SAAM met sy dierepappa, Jannie Nel, het dieJack Russell die plaas gepatrolleer en oralsaamgery. Wanneer hy by die huis gekom het,het hy eers sy “moederlike” taak verrig om dieleeuwelpies te lek om hulle te stimuleer nadathulle melk gedrink het.

JOCKEY, die kortbeen­Jack Russell, word sedert Maandag vermis. Hyis vermoedelik opgelaai. Hy help met die grootmaak van leeuwelpies.

Page 7: Kroonnuuskn 20141021

KROONNUUS, DINSDAG 21 OKTOBER 2014 7

Tharine Hurter

INDIEN die gedreun van ’n veteraanmotor seenjin jou hartsnare roer, mag jy nie diestigtingsvergadering van die nuwe veteraan-

motorklub in Kroonstad misloop nie.Onder leiding van Willem Els, ’n veteraan-

motorentoesias en -eienaar, kan enigeen wat’n motor, bakkie of kombi ouer as 25 jaarhet, hulle by die veteraanklub aansluit.

Donderdag om 18:30 kan belangstellendesdie vergadering van die klub by Kroon-pa-neelkloppers in Reitzstraat bywoon.’n Ope dag met uitstallings by die NG

Moedergemeente is ook in die vooruitsig.

Op 6 Desember onderneem veteraanmotor-eienaars van Kroonstad ’n toer na diemotorskou wat in die Nasrec-sentrum,Gauteng, aangebied sal word.Rig navrae aan Els by 082-800-3269.

Nuwe veteraanmotorklub hou stigtingsvergadering

Page 8: Kroonnuuskn 20141021

8 KROONNUUS, DINSDAG 21 OKTOBER 2014

SKOLENUUS

DIE Hoërskool Kroonstad(Blouskool) se verteenwoordi­gende raad van leerlinge (VRL)vir 2015 is verlede Donderdagaangewys. Die VRL se hooflei­ers vir die termyn sal Woensdagop die skool se prysuitdelingaangewys word. Van links is,voor: Jeanneli Jordaan, FranceElize van Niekerk, Adri Germis­huizen, Chantelle Hayes, NicolePienaar en Tasneem Engar; ag­ter: Monique Potgieter, WinnileeBreytenbach, Nicole DanisioCapontes en Beala Berries.

Foto: Anne-Lize Jansen van Vuuren

DIE seuns van dieHoërskool Kroonstad(Bloues) wat vir dieverteenwoordigenderaad van leerlinge(VRL) gekies is, is vanlinks, voor: HumanWessels, PieterHeck­roodt, StianWessels, Jan­Louisdu Plessis en PieterLategan; agter: JoeJardim, MarnusOdendaal, Johan laGrange, Lencu Oost­huizen en QuintonVisagie.

Lei skoolin 2015

E

I

E

N

D

O

M

M

E

Gaan ‘like’Kroonnuusse Facebook-blad engesels saammet 1100ander lesers.

Eien

do

mm

eEi

en

do

mm

eEi

en

do

mm

e

Page 9: Kroonnuuskn 20141021

KROONNUUS, DINSDAG 21 OKTOBER 2014 9

Anne-Lize Jansen vanVuuren

ALTESAAM 14 van die Hoër-skool Kroonstad (Bloues) seleerlinge het in die skoolvakan-sie aan die Nasionale Jeugskou-kampioenskappe deelgeneem.

Vanjaar is die kampioenskappein Vryburg beslis. Ondanks datverskeie ander provinsies meerdeelnemers gehad het, het dieVrystaatspan tweede geëindig.

Gideon Swart was sewende indie wolskaap-afdeling vir seniors.

Joline Grobler het ’n vyfdeplek in die pluimvee-afdelingbehaal.

Danél Janse van Rensburg het’n derde plek in die pluimvee-af-deling vir seniors behaal.

Tayla Swanepoel en haarkonyn Buggs het ’n derde plek indie konyn-afdeling vir seniorsverwerf.

Michiel Nigrini het met sytuisgemaakte kaas ’n tweede plekin die suiwelbereiding-afdelingvir seniors behaal.

Hulét van Rensburg het ’ntweede plak in die konyn-afde-ling vir seniors verwerf.

“Ons het die haas uit die hoeduit geruk in die konyn-afdelingen die hoof-beoordelaar was baiebeïndruk,” sê Frikkie van Zyl,onderwyser en afrigter van diespan.

“Volgens hom kan hy dieleerlinge nie veel meer leer vankonyne nie. Buiten Tayla enHulét se prestasies het JossieSteyn die tweede agtereenvolgen-de jaar ’n eerste plek in diéafdeling behaal.”

Dié prestasie maak van Jossie,’n matriekleerling, die nasionalekampioen in die konyn-afdelingvir seniors. Haar suster, Corrie,is die nasionale kampioen in diesierduif-afdeling vir seniors. Sywas verlede jaar die juniorkampioen.

Hanke Swart het haar slag indie kombuis gewys en ’npragtige tafel gedek – sy is as dienasionale kampioen in diekulinêre kuns-afdeling virjuniors aangewys.

Human Wessels is vir dietweede jaar agtereenvolgens asdie nasionale kampioen in diesuiwelbees-afdeling vir seniorsaangewys.

Bloues presteer

DIE Kroonheuwel­Voortrekkers het uitstekend op die jaarlikse nasionalePenkop­en­Drawwertjie­evaluering vir gr. 7’s gevaar. Hulle het ses goueen een silwermedalje verower. Voor, is: MarissaWessels (goud); middel:Cobus Rossouw (offisier), Marnelda Baumgarten (offisier), Suné Gro­bler (goud), Arina Fourie (offisier), Karin van Tonder (offisier) en Anjavan der Merwe (goud); agter: Jaco Pieters (goud), André Scott (silwer),Bertus van Deventer (goud) en Rochelle Fouché (goud). Foto: Verskaf

DIÉ Bloues is nasionale jeugskoukampioene. Van links is HumanWessels, Hanke Swart, Jossie Steyn en Corrie Steyn.

Foto: Anne-Lize Jansen van Vuuren

Wys hul slag in Voortrekkers

Page 10: Kroonnuuskn 20141021

10 KROONNUUS, DINSDAG 21 OKTOBER 2014

Page 11: Kroonnuuskn 20141021

KROONNUUS, DINSDAG 21 OKTOBER 2014 11

Page 12: Kroonnuuskn 20141021

12 KROONNUUS, DINSDAG 21 OKTOBER 2014

T: 056 E: [email protected]: 056 215 1700 •212 3171/2 -www.kroonnuus.co.za

Geklassifiseerdwww.olx.co.za

Waar kopers en verkopers

mekaar ontmoet

eksklusief aanlyn by

OM TE ADVERTEER SKAKEL

SOEK, KOOP, VERKOOP

ALGEMENE

KENNISGEWINGS

GEMEENSKAPS-

KENNISGEWINGS

1210

SKY LIGHTS -Indien u belangstel insky lights vir u huis.Kontak 082 584 7144

PERSOONLIKE

DIENSTE

SPYSENIERING

& LOKALE

1401

FME WEDDING &PARTY PLANNER

Onthaal, spyseniering,dekor, tafels, stoele,stoeloortreksels,

breekware, rooitapyt.Doen Kinderpartytjies

en het ookspringkastele

Skakel 079 515 8814

HOUSE OF DÉCORHillstraat 20 Hill Street

Nuwe adres!Oorkant Paint Shop

Verhuring vandècor vir alle funksiesSkakel 082 554 5852 of

056 212 2517

JOHNNIQUE CaterersJohan Badenhorst -Sel: 082 772 6333

Epos:[email protected]

KINDERVERMAAK

1405

JUMPING JACKSPRINGKASTELEBekostigbaar. Geendeposito. Kontak:

DAVID 083 410 9202

SPRINGKASTELETE HUUR

Nuwe voorraad ingekry.Skakel 076 530 8447

SPRINGKASTELE ENGLYBANE TE HUUR(Nog in baie goeie

toestand) SplinternuutSkakel 082 889 5392

FINANSIEEL

1420

------------------------------SA BUSINESS

DEBT COUNSELORSKroonstad - 083 493 6875------------------------------

TE KOOP

BOUMATERIAAL

1610

KLEIBAKSTENEIS BETER -

BERTS BRICKS(Potchefstroom)Kleipleisterstene,Kleisierstene,

Kleiplaveiselstene,Sement maxi stene,Sementpleisterstene,Sementplaveiselstene,Minimum vragte geld inKroonstad en omgewing

018 292 1615www.bertsbricks.co.za

ALLERLEI

1655

ALLE BLINDERS -VOORSIEN &INSTALLEERTop Carpets056 212 5507

MOOIWERFHOENDERS

Skakel0760 187 322

NUWEVERSKEIDENHEIDMuur & vloer teëlsbeskikbaar, vanafR 69.33 p/vkm.

"Specials" in voorraadTop Carpets 056 212 5507

RV PAND WINKELPand van goedere.Koop & verkoop van

meubels & gereedskap.40 Brandstr. 073 771 0338

TROETELDIERE

1660

MALTESEPOEDELSte koop.

Skakel 082 552 3349

GESOEK OM

TE KOOP

1675

TE KOOP GEVRA:Enige elektriese en

handgereedskap asookhoutwerkgereedskap en-toerusting, meubels,

yskaste, antieke goedereen enige ander artikels.Skakel 056 212 5418of 076 168 1921.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

BOUWERK &

KONSTRUKSIE

1801

BUSMAR BOUERS& LAPA'S

16 Jaar ondervinding.Geen werk te klein.

Verwysings beskikbaar.083 390 2702

TUIN &

BESPROEIING

1825

GESIFTE BEESMISSPESIAAL VOORBEREIvir u beddings en grasperk.Onkruidvry, skoon. Lewergratis af. R 50 vir 80kgJohan 082 294 7542

ALLERLEI

1845

AATJIES MATTE -Vir die lê van volvloer

matte, Viniel enGelamineerdevloerbedekkings.

Kontak Johan Hattingh082 893 3673

BRIDGE ELEKTRIESInstalleer/ Herstelvan krag-punte.

Bedrading-Sertifikateasook waterpype, geysers,plafonne & verfwerk. Onswerk vir alle versekerings-

firmas 056 215 1932083 573 2729

DIENS EN HERSTELVAN OMKAP- ENNAALDWERKMASJIENE -

Neil Coetzee 076 759 6384

GBK CONSTRUCTIONPlaveisel, Bouwerk,

Teëlwerk, Houtvloere, Seëlvan dakke. Gideon Koertze

072 333 9693

LEKKENDE DAK?Skakel die spesialis-waterdigter. Gratis

kwotasie. Meer as 23 jaarondervinding. 10 jaar-

waarborg. Skakel LutherCronje 082 891 4052

Page 13: Kroonnuuskn 20141021

KROONNUUS, DINSDAG 21 OKTOBER 2014 13

MAAK ENRESTOUREERvan houtmeubels.

SLYP VAN ELEKTRIESESKAAFLEMME (HOUT)

Skakel Dave Jordaan082 573 9927

MOJO PLUMBINGVir alle loodgietersdienste

en verstopte rioleis ek daar!

Tertius 073 270 0311

VIR ALLE bouwerke,elektriese herstelwerk,

loodgieterswerk, verfwerk,teëlwerk, staalwerk,

houtwerk.Skakel 083 255 6773

WAS VAN VOLVLOERE-/LOS MATTE banke &motorsitplekke.

Top Carpets056 212 5507

ROMMEL-

VERWYDERING

1860

8 CUBE TIPPER te huurper dag of per uur. Ons paspryse aan om jou sak tepas - gewaarborg. Skakel

074 306 6370

VERVOER &

BERGING

1870

HARNO VERVOER4- en 8-ton-trokbeskikbaar vir dieverwydering vanbourommel en

algemene vervoerwerk -083 570 7356 of073 157 7248

JEF'S ALGEMENEVERVOER & NUTSMAN

Verwydering vanbourommel, takke en enigeiets uit erwe ens. 083 4945877 Faks 056-212 1322

MOVE SAFE (1.3 ton)Netheid en veilig is onsleuse. Kantoor meubels,meubels en Algemenevervoer plaaslik. GeenVullis, Bou materiaal of

Rou materiaal asb.Kontak Gerus: Ford of

Riekie. Sel: 072 853 2702/079 149 1187

BOME

1871

HOUTKAPPERTJIE:083 568 1568

Afsaag, 'trim' en verwydervan bome.

Kaggelhout te koop.

VOERTUIE

MOTORS TE KOOP

3025

A " BLACKLISTED""ITC" "DEPREWIEV"WE CAN HELP. We

finance you. Cars, Bakkies,D/Cubs available. 076 3099909 or 076 752 7446.email: martie.benecke

@gmail.com

VOERTUIE GESOEK

OM TE KOOP

3075

EIENDOMME

SAKEPERSELE

3215

PERSEEL TE HUURBY TAXI RANK

Skakel082 908 9555.

Retail premises to let.50 sq meters.

High pedestrian traffic.On route to taxi rank.Currently operating as

Chilli.net café.No 3 Orange street.Contact by email

[email protected] your contact details,the type of business you

wish to operate,business experience

PERSELE TE HUUR:Skakel

082 908 9555.

WOONSTELLE

TE HUUR

3250

2 SLPK WOONSTELTE HUUR

R 2 500 pm vanaf 1 Nov2014. Skakel 071 3877 734

of 071 078 4691

HILTON COURT FLATSFor rent/ to let -

1 Bedr, kitchen & loungeRent R 2 220 pmRegret no childrenCall 056 212 2465

ROOMS AND FLATSTO LET.Contact

082 908 9555.

TE HUUR

3205

WAREHOUSE700sqm @ R15 per sqmGet 500 sqm mezzaninefloor space free.

Secure situated in Cbd.Contact 083 635 3372

STOORPLEK77v/m

Dadelik beskikbaarSkakel 083 635 3372

TUINWOONSTELLE

TE HUUR

3265

Eenman woonstelaan huis te huur –

R1 500 pm pluselektrisiteit –Skakel Pat by

056 212 4275 of082 898 7527

PRESIDENTIA: NuweBachelor woonstel te huur

@ R 1 600 pm. Wateringesluit. Nie-roker.Deposito R 1 000

Skakel 082 323 1596

MEENTHUISE

TE HUUR

3325

MODERN, NUUT, MOOIskoon en netjiese 2 slkpmet vol badk . Veilig,

Onmiddellik beskikbaar.Skakel 083 775 4131

BETREKKINGS

3600

BETREKKINGS

GESOEK

3670

YOUNG LADY ISLOOKING for Admin orcustomer service workgot experience.

Contact 083 976 3586

ALGEMEEN

3680

Admin Klerk -Outdoor Men

Hoof take- Inlees, prys en uitpak van

voorraad- Voorraad opnames

- Opkas van kasregister- Byhou van verslae

- Daaglikse, weeklikse enmaandelikse onderhoud

van prosedure- Help kliente

Rekenaar kennis 'nvereiste, vorige

ondervinding voordelig.Stuur volledige CV met

kopie van ID [email protected] of

faks na 086 732 0139 voorVrydag 24 Oktober 2014.

DEKOR 2000 het'n vakature vir 'nmanspersoon:

Sober gewoontes, netjies,in sy twintigs, virtoonbank verkope,voorraad hantering,

voorkeur aan verf mengen kleur kennis.Rekenaarvaardig,

pligsgetrou,geldige rybewys.Geen kansvatters!Ons sal u kontak.

CV met foto en ID [email protected]

DRINGEND OP SOEKNA BETROUBAREHUISBEDIENDE

met verwysing. Moet kankook en kinders oppas.Skakel 079 5155 987

Ons is opsoek na ‘n"scrap metal"bestuurder CV kan

persoonlik ingehandigword by HPA TREKKERS of

kan gefaks word na056 212 7585 of epos na :[email protected]

Ons is opsoek na ‘nkode 10 en kode 14 trokdrywer CV kan persoonlik

ingehandig word byHPA TREKKERS of kan

gefaks word na056 212 7585 of epos na :[email protected]

BOEDELKENNIS-

GEWINGS

BOEDELS:

KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

BOEDEL WYLEMJ VAN NIEKERK

BOEDELKENNISGEWING

In die boedel van wyleMATHYS JACOBUSVAN NIEKERK,Identiteitsnommer:721003 5288 081, 'n Makelaarwoonagtig teBorderstraat 38, Kroonstad,

Krediteure en Debiteure inbogemelde boedel wordhiermee versoek om hulrekenings in te dien en hulrekenings te betaal byondergetekende binne (30)dertig dae gereken vanaf24 OKTOBER 2014

WJ BOTHAProkureur vir dieEksekuteurDu Randt & Louw IngelyfPosbus 26KROONSTAD

BOEDEL WYLEMM BRUWER

BOEDELKENNISGEWING

In die boedel van wyleMARIA MAGDALENABRUWER,Identiteitsnommer:230701 0020 0869,'n pensioenaris,woonagtig teDie Palms Versorgingseenheid,Kroonstad,

Krediteure en Debiteure inbogemelde boedel wordhiermee versoek om hulrekenings in te dien en hulrekenings te betaal byondergetekende binne (30)dertig dae gereken vanaf24 OKTOBER 2014

WJ BOTHAProkureur vir dieEksekuteurDu Randt & Louw IngelyfPosbus 26KROONSTAD

BOEDEL WYLENTI THOMAS MOLUTSIBOEDELNOMMER:5948/2013

BOEDELKENNISGEWING

In die boedel van wyleNTI THOMAS MOLUTSI, 'nMeerderjarige man metIdentiteitsnommer:451007 5231 088,woonagtig te7091 Constantia, Maokeng,Kroonstad, 9499 enlangslewende gade MOTSELISIHILDA MOLUTSI metIdentiteitsnommer481120 0647 085

Krediteure en Debiteure inbogemelde boedel wordhiermee versoek om hulrekenings in te dien en hulrekenings te betaal byondergetekende binne (30)dertig dae gereken vanaf24 OKTOBER 2014

I MALHERBE-NORVALProkureur vir dieEksekuteurDu Randt & Louw IngelyfPosbus 26KROONSTAD

SMIT KRUGER

BOEDEL WYLE:E BLOEMBOEDELNOMMER:022203/2014

In die boedel van wyleELMARIE BLOEM(ID No. 560602 0116 082)WeduweeLaaste woonadres:Bojestraat 13, Kroonstad, 9499Boedelnommer: 022203/2014Sterfdatum: 27 Mei 2014

Krediteure en Debiteure inbogenoemde boedel wordhiermee versoek om hullevorderings in te lewer by enhulle skulde te betaal aan dieondergetekende binne 'ntydperk van 30 dae gerekenvanaf datum van verskyningvan hierdie kennisgewing.

Aldus gedoen en geteken teKroonstad op 8 Oktober 2014

Andries Jacobus Kruger(Eksekuteur/Agent)P/a Smit KrugerPresidentstraat 41Posbus 206KROONSTAD, 9500Tel: 056 - 212 3184

BOEDELS:

LIKWIDASIE EN

DISTRIBUSIE4205

BOEDEL WYLECM JANSE VANRENSBURGBOEDELNOMMER:001660/2014

KENNISGEWING

In die boedel van wyle:CAROLINA MARIA JANSEVAN RENSBURGGebore op: 12 September 1928Identiteitsnommer:280912 0029 089In lewe: Huisvrou vanEdelkroon woonstelle 46,KroonstadDatum van dood:26 November 2013Boedelnommer: 001660/2014Huwelikstaat: Weduwee

Kennis geskied hiermee datdie Eerste en FinaleLikwidasie- enDistribusierekening inbogenoemde boedel ter insaesal lê vir 'n tydperk van een entwintig dae gereken vanaf24 Oktober 2014 ten kantorevan die Meester van dieHooggeregshof teBloemfontein en die Landdroste Kroonstad

H.J. LABUSCHAGNEEKSEKUTEURTESTAMENTÊRLABUSCHAGNE DE LANGEVAN SCHALKWYKPOSBUS 272ORANJESTRAAT 40KROONSTAD9500

GEREGTELIKE

VEILING

4501

DAY & SCHILLINGPROKUREURS -

SAMWU t.g.v.N.J MONTSITSI/MOQHAKAMUNISIPALITEITSAAKNR: FSD 120706

KENNISGEWING VANGEREGTELIKE VERKOPINGVAN ROERENDE EIENDOM

In die Arbeidshof vanSuid-Afrika(Gehou te Johannesburg)Saaknommer: FSD 120706In die saak tussen:

SAMWU t.g.v. N.J MONTSITSIEksekusieskuldeiser

en

MOQHAKA MUNISIPALITEITEksekusieskuldenaar

TEN UITVOERLEGGING van'n vonnis van die Arbeidshof,JOHANNESBURG gedateer14 Junie 2010 salondervermelde goedere om10:00 op 6 November 2014 perpublieke veiling te MURRAY-STRAAT 41, KROONSTAD deurdie BALJU vir die Landdroshofvan KROONSTAD aan diehoogste bieër vir kontantverkoop naamlik:

15 x Volledige Rekenaars3 x Kantoor lessenaars2 x Drukkers7 x Kantoor stoele

GETEKEN te KROONSTAD opdie 10de dag van Oktober 2014

BALJU VAN DIE HOF

(get) FC SCHILLINGEISER SE PROKUREURSDAY & SCHILLINGBUITEKANTSTRAAT 36KROONSTAD, 9499Tel: 056 212 7237Verw:FC SCHILLING/ye/F00450

DAY & SCHILLINGPROKUREURS -

JH ELOFF NO &SJ ELOFF NO/FO MARTINSAAKNR: 835/2014

KENNISGEWING VANGEREGTELIKE VERKOPINGVAN ROERENDE EIENDOM

In die Landdroshof vir diedistrik van Kroonstad gehou teKroonstad.Saaknommer: 835/2014In die saak tussen:

JAN HENDRIK ELOFF NO1ste Eksekusieskuldeiser

SUSARA JOHANNA ELOFF NO2de Eksekusieskuldeiser

en

FREDERICK OSBORN MARTINEksekusieskuldenaar

TEN UITVOERLEGGING van'n vonnis van die Landdros,KROONSTAD gedateer15 Mei 2014 salondervermelde goedere om10:00 op 6 November 2014 perpublieke veiling te MURRAY-STRAAT 41, KROONSTAD deurdie BALJU vir die Landdroshofvan KROONSTAD aan diehoogste bieër vir kontantverkoop naamlik:

1 x 1989 City GolfREG NO.: BBW 603 FS

GETEKEN te KROONSTAD opdie 23ste dag van September2014

BALJU VAN DIE HOF

(get) RL DAYEISER SE PROKUREURSDAY & SCHILLINGBUITEKANTSTRAAT 36KROONSTAD, 9499Tel: 056 212 7237Verw: RL DAY/ye/M01617

DJ SERFONTEIN/SELLO PINKOANESaak No. 1382/2014

IN DIE LANDDROSHOF VIRDIE DISTRIK OF KROONSTADGEHOU TE KROONSTADIn die saak tussen :

MNR. D.J. SERFONTEIN

Eksekusieskuldeiseren

MNR. SELLO PINKOANEIdentiteitsnommer onbekend

Eksekusieskuldenaar

KENNISGEWING VANGEREGTELIKE VERKOPING

Ingevolge 'n Vonnis gelewer op28STE dag van JULIE 2014, indie KROONSTAD Landdroshofen 'n Lasbrief van Eksekusiedaarna uitgereik, word diegoedere hieronder beskryf ineksekusie verkoop te BALJUKANTOOR, MURRAY STRAAT41, KROONSTAD, 9499 op06DE dag van NOVEMBER2014 om 09:00, aan diehoogste bieër:

GOEDERE:1 X BAIE OU BEIGEMERCEDEZ TROK AC 96961 X BAIE OU WIT MERCEDEZTROK BHT 291 FS1 X WIT BUSSIE (VOORKANTAFGESKRYF) DSV 018 FS1 X 3 GROEN WATER TENKSJOJO1 X KLOMP HOPE GRUIS1 X 2 BAIE OU KARAVANE

GEDATEER te KROONSTAD op14 OKTOBER 2014.

B.C. VAN ROOYENGRIMBEEK, VAN ROOYEN& VENNOTE INGELYFPresidentstraat 42,Kroonstad, 9499Posbus 42, Kroonstad,9500Telnr : 056-212 5197,Faksnr : 056-213 2548Epos: [email protected] 4, KroonstadVerw : BC VANROOYEN/mt/Z03747

Adres vanEksekusieskuldenaarMNR. SELLO PINKOANEvan 09DE LAAN, INDUSTRIA,KROONSTAD, 9499

GEKLASSIFISEERD

Page 14: Kroonnuuskn 20141021

14 KROONNUUS, DINSDAG 21 OKTOBER 2014

B

E

T

R

E

K

K

I

N

G

S

B

E

T

R

E

K

K

I

N

G

S

Page 15: Kroonnuuskn 20141021

KROONNUUS, DINSDAG 21 OKTOBER 2014 15

T&M/0059/02/ADS24 Copyright © 2014

bandeR645175/65 TR 14

vanaf

R1095205/55 VR 16vanaf

R735185/60 HR 14vanaf

R1365205/55 VR 16vanaf

R865185/65 HR 14vanaf

R745195/50 HR 15vanaf

R1545225/45 WR 17vanafKRYDITOPKREDIET.DOENNAVRAAG

INDIEWINKELOFDOENAANLYNAANSOEK

NCRCP 5664

• terme en voorwaardes geld • band pryse word per eenheid gekwoteer• band pryse sluit btw en montering in maar sluit balansering uit • foute en

weglatings uitgesluit • pryse geldig tot 1 november 2014• pryse geldig vir kontant of kredietkaart aankope tensy anders vermeld

terwyl voorraad hou

GP • alberton: 011 907-9275 • boksburg: 011 917-1620 • bruma: 011 622-4741• edenvale: 011 609-1323 • randpark ridge: 011 011-3880 • silverton: 012 804-6013

• woodmead: 011 802-0304 KZN • ballito: 032 586-3246• himeville: 033 702-1356 • mt edgecombe: 031 502-2003 • pinetown: 031 701 0660

WK • tygervallei: 021 910-1009

OPEN BINNEKORT:GP • bronkhorstspruit • kempton park • lynnwood • strydompark

OK • queenstown

ons aanvaar RCSNCRCP 38. www.tyresandmore.com

50% afslagafslag op voorgestelde gemonteerde

prys op enige skokbrekers

skokbrekers

ons aanvaar RCS

hou ‘n duidelike oogop die padmetnuwe ruitveërs

kry jounenou!

ons het ‘n weie verskeidenheid band handelsname beskikbaar

SSR Run Flat

TYRES & MORE™ winkels:VS • sasolburg: 016 973-2541 • kroonstad: 056 212-8484uitverkoping

Steek jouneus inbesigheid.

2015Registrasies

Nou oop

BlackKhaki083034/AR

’n MBA van NWU Potchefstroom Besigheidskool,waarborg studente besigheidsonderrig in lyn metdie hoogste internasionale standaarde. Ons MBA isdinamies en fokus op strategiese denke.Dit is ontwerp om jou ’n mededingende voorsprongte gee.

[email protected]

http://pbs.nwu.ac.za

018 299 1419

NWU Potchefstroom Business School

‘n Top 5 Besigheidskool MBA

NORTH-WEST UNIVERSITYYUNIBESITI YA BOKONE-BOPHIRIMANOORDWES-UNIVERSITEITPOTCHEFSTROOMKAMPUS

SKOLENUUS

IN die jukskeiliga hetdie Kroonheuwel­ Pri­mêre Skool se B1­span derde in dieB­afdeling geëindigen die bronsmedaljeverower. Voor is Lu­kas Bezuidenhout;van links is, agter:Karla van der West­huizen, Heino Gries­sel en Leandri Bezui­denhout.

OP die Vrystaatbeker­jukskeitoernooi het die Kroonheuwel­ PrimêreSkool se o.13­meisies in die A­afdeling gespeel en algeheel vierdegeëindig. Die span is gekies om van 10 tot 14 Desember aan die Suid­Afrikaanse Skole­toernooi in Pretoria deel te neem, aangesien hulle diemeisiesafdeling gewen het. Van links is, voor: Leandri Bezuidenhout enKarla van der Westhuizen; agter: Suné Grobler, Marlien Smalberger enMegan Cronjé.

Ontvangbrons injukskei

OP die Jukskei Vry­staat­bekertoernooihet die Kroonheuwel­Primêre Skool seseuns o.13­jukskei­spelers in die B­afde­ling gespeel en eerstegeëindig en die gouemedalje verower. Vanlinks is, voor: CallieHancke, Stefan Lom­bard en Lukas Bezui­denhout; agter: JPEloff en Johan vander Walt.

OP die jukskeiliga het die Kroonheuwel­ PrimêreSkool se C1­span eerste in die C­afdeling geëindigen die goue medalje verower. Van links is JuandréNel, Werner Nel en Callie Hancke. Afwesig: SPVorster. Foto’s: Verskaf

TYDENS die jukskeiliga het die Kroonheuwel­ Primêre Skool se B2­span tweede in dieB­afdeling geëindig en die silwermedalje verower.Van links is Stefan Lombard, Lohané Baumgarten, Charné Smalber­ger en JP Eloff.

Page 16: Kroonnuuskn 20141021

16 KROONNUUS, DINSDAG 21 OKTOBER 2014

DIE Hoërskool Kroonstad (Bloues) se eersterugbyspan het die rugbyseisoen op ’nhoogtepunt afgesluit.

Dié span in sy kenmerkende Ford-truiehet ná vier wedstryde wat hy in dieSenekal-liga gespeel het, as die enigsteonoorwonne span uit die stryd getree.

Jan-Louis du Plessis, Marnus Odendaal,Wayne Engelbrecht en Mervin Touzel is inverskeie wedstryde as speler van diewedstryd aangewys.

“Heelwat van die beseerde spelers isterug en sake lyk belowend vir volgendejaar. Die span kan trots voel, hulle hetongelooflik mooi rugby gespeel,” sê Tjaartdu Plessis, die hoofafrigter.

Span sluit seisoen onoorwonne af

DIE Hoërskool Kroonstad (Bloues) se eersterugbyspan het die Senekal­liga gewen. Voor isQuinton Visagie; van links, middel: AntonSteyn, Hendré Bolton, Henro de Vos, Tjaart duPlessis (hoofafrigter), Jan Louis du Plessis, Mi­as Venter, Joe Jardim en Marnus Odendaal;agter:Mervin Touzel, LencoOosthuizen, Riaanvan Niekerk, Johan la Grange, Juandré Swart,Roelf van Schalkwyk (hulpafrigter), DanielleMarais, Thinus van Schalkwyk, Stian Wessels,Marco Cronjé en SJ Kruger. Foto: Finns-ateljee

DIE Heckroodtpark­rolbalkklub in Kroonstad speeltwee keer per jaar ’n rolbalwedstryd teen die Heck­roodtpark­ontspanningsklub. Die doel van die ge­leentheid is om goeie betrekkinge tussen die tweeklubs te handhaaf, mekaar te ondersteun en omlede van die onderskeie klubs die geleentheid tebied om mekaar beter te leer ken. Verlede weekhet die rolbalklub weer die trofee omhoog gehouin ’n wedstryd waarin ses spanne op ’n driespel­grondslag (trips) teenmekaar gespeel het. Die vol­gende kompetisie tussen die twee klubs sal ’n pot­spelwedstryd wees om die manne van die Ont­spanningsklub die stryd aan te sê. Op diegeleentheid is van links, voor: Christo Fourie (pre­sident: rolbal), Dougie Mcleland, Hester van Bre­da, (sekretaresse­tesourier: rolbal) en KoosSchoeman (voorsitter: Ontspanningsklub); agter:Tom van Rooyen, Arthur Skibbe, Hans van Heer­den (bestuurder: Ontspanningsklub), Rodney Bri­cout, Leon Nortje en Marius van Schalkwyk (vise­president: rolbal). Foto: Verskaf