8
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 4 9 - 16 Februarie 2018 OUERVERGADERING EN KLASBESOEK: Ons nooi al ons ouers uit na ons Ouervergadering wat op Maandag, 12 Februarie om 7:30 in die skoolsaal plaasvind. ‘n Baie belangrike punt nl. “Ons skool se wintersklere” word op die vergadering bespreek en belangrike besluite moet rondom hierdie saak geneem word. Ons doen dus ‘n beroep op ouers om die vergadering by te woon. Besluite wat daar geneem word, gaan deurgevoer word en moet deur al die ander ouers aanvaar word. Ouers kan met die vergadering nog punte op die agenda plaas. Ouerklasbesoek vind op die volgende tye plaas: Graad 2: 13:00 – 14:00 in die graad 2-klas Graad 3: 13:15 – 14:15 in die graad 3-klasse Graad 4 – 7: 15:00 tot 17:00 in die skoolsaal. Elke onderwyser sit by ‘n tafeltjie en spreek 1 ouerpaar op ‘n slag. Ouers wat ‘n spesifieke onderwyser wil spreek, kan wag tot die plek voor ‘n onderwyser se tafel vakant raak. U kan hierdie geleentheid gebruik om met onderwysers oor u kind se welstand, aanpassing en akademiese vordering te gesels. Ouers wat nie hier kan wees nie, is welkom om enige tyd ‘n afspraak met individuele onderwysers self te maak. BUITEMUURS: Geen buitemuurs wat deur leerkragte aangebied word, sal op Maandag, 12 Februarie plaasvind as gevolg van die ouerklasbesoeke nie. Die swemklub en ander afrigters se sport gaan normaal voort. Alle atlete moet om 14:30 by tannie Adéle aanmeld vir ‘n oefensessie. GR 7 LEIERSKAMP: Leiers vertrek op Dinsdag, 13 Februarie om 8:30 vanaf die skool en keer DV op Donderdag, 15 Februarie terug. GESONDHEIDSVRAELYSTE / GEDRAGSKODE: Alle leerders het gesondheidsvraelyste ontvang wat deur hulle ouers ingevul moet word. Verskeie dienste word deur die Departement van Gesondheid geloods en ons benodig u toestemming voordat u kind hierdie diens mag ontvang. Vul asseblief die vorm volledig in en stuur op Maandag, 12 Februarie terug na die klasonderwysers. Daar is enkele afskeurstrokies van leerders en ouers se gedragskode ook uitstaande. (Sien nuusbrief 1) DAGSKOLIERE IN DIE KOSHUIS: Ouers moet onthou dat leerders moet registreer om in die koshuis te mag eet en studeer. ‘n Dagskolierbeleid en – registrasievorm is by die kantoor beskikbaar. Dit is ‘n eenmalige registrasie en ouers wat dit reeds gedoen het in vorige jare, hoef dit nie weer te doen nie. SMS-STELSEL: Daar is ouers wat nog nie by die SMS-stelsel van die skool aangesluit het nie. Vul asb. die sms-briefie by nuusbrief 1 in en stuur dit so gou moontlik saam met R60 na die klasonderwysers. Hierdie fooi sluit die hele jaar se sms’e in. Aansluiting by die stelsel is verpligtend vir alle ouers. SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER 2018: [AFSKEURSTROKIE] Die rugby- en netbaltoerspanne word by die nuusbrief ingesluit. Ons moet dringend weet watter spelers gaan toer om toerhempies te laat maak. Ouers moet asseblief

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewBesluite wat daar geneem word, ... Kuns, origami (papiervou), wetenskap, bak en brou en rangskikking. Volledige inligting word by die nuusbrief ingesluit

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewBesluite wat daar geneem word, ... Kuns, origami (papiervou), wetenskap, bak en brou en rangskikking. Volledige inligting word by die nuusbrief ingesluit

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 4 9 - 16 Februarie 2018OUERVERGADERING EN KLASBESOEK: Ons nooi al ons ouers uit na ons Ouervergadering wat op Maandag, 12 Februarie om 7:30 in die skoolsaal plaasvind.

‘n Baie belangrike punt nl. “Ons skool se wintersklere” word op die vergadering bespreek en belangrike besluite moet rondom hierdie saak geneem word.

Ons doen dus ‘n beroep op ouers om die vergadering by te woon. Besluite wat daar geneem word, gaan deurgevoer word en moet deur al die ander ouers aanvaar word.Ouers kan met die vergadering nog punte op die agenda plaas.Ouerklasbesoek vind op die volgende tye plaas:Graad 2: 13:00 – 14:00 in die graad 2-klasGraad 3: 13:15 – 14:15 in die graad 3-klasseGraad 4 – 7: 15:00 tot 17:00 in die skoolsaal. Elke onderwyser sit by ‘n tafeltjie en spreek 1 ouerpaar op ‘n slag. Ouers wat ‘n spesifieke onderwyser wil spreek, kan wag tot die plek voor ‘n onderwyser se tafel vakant raak. U kan hierdie geleentheid gebruik om met onderwysers oor u kind se welstand, aanpassing en akademiese vordering te gesels. Ouers wat nie hier kan wees nie, is welkom om enige tyd ‘n afspraak met individuele onderwysers self te maak.

BUITEMUURS:Geen buitemuurs wat deur leerkragte aangebied word, sal op Maandag, 12 Februarie plaasvind as gevolg van die ouerklasbesoeke nie. Die swemklub en ander afrigters se sport gaan normaal voort. Alle atlete moet om 14:30 by tannie Adéle aanmeld vir ‘n oefensessie.

GR 7 LEIERSKAMP:Leiers vertrek op Dinsdag, 13 Februarie om 8:30 vanaf die skool en keer DV op Donderdag, 15 Februarie terug.

GESONDHEIDSVRAELYSTE / GEDRAGSKODE:Alle leerders het gesondheidsvraelyste ontvang wat deur hulle ouers ingevul moet word. Verskeie dienste word deur die Departement van Gesondheid geloods en ons benodig u toestemming voordat u kind hierdie diens mag ontvang. Vul asseblief die vorm volledig in en stuur op Maandag, 12 Februarie terug na die klasonderwysers.

Daar is enkele afskeurstrokies van leerders en ouers se gedragskode ook uitstaande. (Sien nuusbrief 1)

DAGSKOLIERE IN DIE KOSHUIS:Ouers moet onthou dat leerders moet registreer om in die koshuis te mag eet en studeer. ‘n Dagskolierbeleid en –registrasievorm is by die kantoor beskikbaar. Dit is ‘n eenmalige registrasie en ouers wat dit reeds gedoen het in vorige jare, hoef dit nie weer te doen nie.

SMS-STELSEL:Daar is ouers wat nog nie by die SMS-stelsel van die skool aangesluit het nie. Vul asb. die sms-briefie by nuusbrief 1 in en stuur dit so gou moontlik saam met R60 na die klasonderwysers. Hierdie fooi sluit die hele jaar se sms’e in. Aansluiting by die stelsel is verpligtend vir alle ouers.

SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER 2018: [AFSKEURSTROKIE]Die rugby- en netbaltoerspanne word by die nuusbrief ingesluit. Ons moet dringend weet watter spelers gaan toer om toerhempies te laat maak. Ouers moet asseblief per afskeurstrokie bevestig of u kind kan gaan toer. Enige graad 7-leerder mag ook gaan toer. Beperkte plekke is vir graad 7-leerders beskikbaar. Kostes vir toer: R2000 – R2500‘n Borgvorm is beskikbaar by tannie Adéle om geld vir julle toer mee in te samel. Leerders moet borgvorms by haar uitteken. Geen besigheid in Jacobsdal mag genader word vir borge nie. ‘n Toervergadering sal aan die einde van Februarie met toerouers gereël word.

JEUGSKOU:Ons Jeugskou vind vanjaar vanaf 26 Februarie tot 2 Maart plaas.Leerders van gr R – 7 neem deel en die volgende afdelings gaan plaasvind:Kuns, origami (papiervou), wetenskap, bak en brou en rangskikking.Volledige inligting word by die nuusbrief ingesluit.

KOSHUIS:Baie dankie aan die volgende persone wat ons te hulp gesnel het met die waterkrisis by die koshuis:Marius en Johnny CloeteLappies LabuschagneBennie NiemannLindi OosthuizenOns waardeer dit ongelooflik baie!

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewBesluite wat daar geneem word, ... Kuns, origami (papiervou), wetenskap, bak en brou en rangskikking. Volledige inligting word by die nuusbrief ingesluit

BYBELVASVRA:Enige leerder van graad 4 – 7 wat belangstel om in die Bybelvasvraspan te kom, kan Jesaja 1 en 2 bestudeer. Julle gaan om Maandag, 12 Februarie ‘n toets oor hierdie twee gedeeltes skryf. Die toets word gedurende eerste pouse in juffrou Naomi se klas geskryf. Ons skool neem later vanjaar in twee rondtes van die Nasionale Bybelvasvrakompetisie deel.

LEERDERDEELNAME:EUREKA ATLETIEK:Baie geluk aan die volgende atlete wat onder die eerste 6 plekke was op die atletiekbyeenkoms by Eureka:JJ Engelbrecht: 1ste plek GSJC Lübbe: 1ste plek SGJùhan Swanepoel: 2de plek SG, 4de plekke VS en 100mJustine Rampaleng: 2de plekke 100m, 150m en 1200mMarlien Smith: 2de plek HS, 3de plek SGNico Smith: 3de plek HSZander Carbutt: 4de plekke DG en HSJW Roelofse: 4de plek 100m en 5de plek 80m

INTERSKOLE GALA: Baie baie dankie aan ouers wat as beamptes by die Interskole gala opgetree het. Ons waardeer julle moeite en opoffering om aan ons swemmers hierdie geleentheid te gee. Dankie ook aan die Ouerleierkomitee wat so hard gewerk het by die verversings en die graad 2-ouers wat ook gehelp of produkte geskenk het. Ons waardeer dit baie! Julle is ware steunpilare vir ons skool!

KRIEKET:Baie geluk aan die volgende seuns wat vir die Xhariep 0/13 krieketspan verkies is:Rian Steenkamp, Wessel van Niekerk, Marius Etzebeth en Jùhan Swanepoel.

FICHARDPARK ATLETIEKBYEENKOMS:Sterkte aan ons atlete wat op Saterdag, 10 Februarie aan die Fichardpark atletiekbyeenkoms deelneem.Baie dankie aan ons ouers wat hulle kinders na die byeenkoms vervoer.Dit word waardeer.

TWEEKAMP:Sterkte aan ons atlete wat op Dinsdag, 13 Februarie aan die Suid-Vrystaat Tweekampkampioenskappe in Bloemfontein deelneem. Atlete moet om 13:20 by Pelliespark (UV) aanmeld vir die hardloopitems wat om 14:00 begin. Net daarna vind die swem by die Kovsieswembad plaas.

MOTHEO / XHARIEP ATLETIEKKAMPIOENSKAPPE:Sterkte aan ons atlete wat op Vrydag, 16 Februarie om 8:00 aan die Motheo/Xhariep Atletiekkampioenskappe in Bloemfontein deelneem.

Daar is ouers wat nog nie hulle kinders se vervoer met die afskeurstrokie (nuusbrief 3) bevestig het nie. Inskrywingsgelde (R20) moet ook Maandag inbetaal word. Ouers wat hulle gazebo’s weer kan saamneem kan met Adéle bevestig asseblief. Almal sit weer op dieselfde plek as met die Sone byeenkoms.

Daar is steeds ouers wat nog nie hulle Sone inskrywingsgeld betaal het nie. Betaal dit asseblief op Maandag, 12 Februarie by die klasonderwysers.

TENNIS:Sterkte aan die tennisspelers wat môre as deel van die Xhariep tennisspan wedstryde teen Mangaung in Bloemfontein speel.

VRYSTAAT SWEMKAMPIOENSKAPPE - 20 EN 21 FEBRUARIE:Swemmers wat gekwalifiseer het om aan die Vrystaat Swemkampioenskappe deel te neem het inligtingsbriewe ontvang. Swemmers moet asseblief hulle R30 inskrywingsgeld kom inbetaal en die afskeurstrokie vir beamptes by tannie Adéle inhandig.

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Baie dankie aan graad 1-mammas wat heerlike eetgoed gestuur het met die klas se verkoping. ‘n Ongelooflike bedrag van R2 758.50 is ingesamel!

NUUSBRIEWE: Nuusbriewe is elke Vrydagmiddag by: www.jakkies.com beskikbaar. [Ook vorige nuusbriewe!] Bewaar asseblief al u nuusbriewe in ‘n lêer, aangesien sommige strokies en inligting slegs een maal geplaas word. Daar word terugverwys na reëlings wat op vorige nuusbriewe verskyn.

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewBesluite wat daar geneem word, ... Kuns, origami (papiervou), wetenskap, bak en brou en rangskikking. Volledige inligting word by die nuusbrief ingesluit

VALENTYNSGESKENKIES: Die Jakkies Opwaarts Sentrum hou op Maandag, 12 Februarie ‘n Valentynsdagverkoping. Daar is ‘n groot verskeidenheid eetgoed en mooigoed te koop teen sakpaspryse met liefde gemaak deur die Sentrum se kinders. Bring ‘n geldjie en koop ietsie vir die spesiale persoon in jou lewe.

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Mariska Marais en gesin (broer oorlede)

Marnus van Straaten (hospitaal)

BESIGHEIDSURE:

Maandag tot Donderdae 7:00 tot 10:30Vrydae en Saterdae enige tyd

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewBesluite wat daar geneem word, ... Kuns, origami (papiervou), wetenskap, bak en brou en rangskikking. Volledige inligting word by die nuusbrief ingesluit

Gratis!!!!Pragtige Border Collie hondjies

4 reuntjies(sonder inentings)

Ma en pa is opreg maar geen papiere.

Pa is bruin en wit en ma is swart en

wit.

Ons soek net goeie huise, verkieslik

met groot erf.

Kontak:Linette Carbutt084 5500 606

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewBesluite wat daar geneem word, ... Kuns, origami (papiervou), wetenskap, bak en brou en rangskikking. Volledige inligting word by die nuusbrief ingesluit
Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewBesluite wat daar geneem word, ... Kuns, origami (papiervou), wetenskap, bak en brou en rangskikking. Volledige inligting word by die nuusbrief ingesluit