7
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 29 6 - 13 September 2013 (Ook beskikbaar by: www.jakkies.com)77*0171 OUERS: JAGKOMPETISIE: PRYSWENNERS: (Pryswaarde: R30 000) . 1ste Harry le Roux Jagnaweek, 6 springbokke, 1 gemsbok en 1 persiese skaap 2de Bryan Da Camara Jagnaweek (selfsorg), 2 blesbokke en 1 hartebees 3de WJ Steenkamp Jagnaweek vir ‘n gesin 4de Richard van Zyl 2 Ribbokke en 1 vlakvark 5de Charmain Hayes Blesbok 6de Marius Etzebeth Skaap ‘n Bedrag van R37 700,00 is met die projek ingesamel. Baie dankie aan almal wat ons ondersteun het! SOMERSDRAG: Leerders mag vanaf Maandag, 9 September somersdrag skool toe aantrek, mits die weer dit toelaat. Koshuiskinders moet nog steeds warm klere saambring, asseblief. BUITEMUURS: Alle buitemuurs het gestaak. JNA TOETSE: Leerders skryf vanaf 10 tot 13 September die Departementele Jaarlikse Nasionale toetse en ons doen ‘n beroep op ouers om (sover moontlik) te sorg dat hulle kinders almal by die skool is in hierdie tydperk. IDOLS: Leerders word herinner aan die IDOLS wat op 9 September om 18:00 plaasvind. Toegangskaartjies by die kantoor beskikbaar @ R20 en sluit ‘n boereworsrolletjie in. HERREGISTRASIE: [AANSOEKVORM] Departementele voorskrifte verplig elke leerder van ons skool om te herregistreer vir 2014. Ouers word versoek om die registrasievorm, wat by die nuusbrief ingesluit word, in te vul en voor 20 September aan die klasonderwysers terug te stuur. Sluitingsdatum vir heraansoeke: 30 September 2013 KARNAVAL: Ons Karnaval vind op Donderdag, 19 September plaas en ons vra ons ouers en kinders se ondersteuning om ‘n groot sukses hiervan te maak. Daar is ook ‘n trofee te wen vir die besgeklede “ouer en kind”-paartjie. Trek so aan sodat jy by die Karnaval-atmosfeer pas! Kom geniet die dag saam met ons. Ouervereniging KOORFEES: Baie dankie aan al ons ouers en belangstellendes wat hierdie geleentheid bygewoon het. Ons is baie trots op ons Junior en Senior kore wat so netjies gelyk het en pragtig gesing het. Julle is waardevolle uitvoerprodukte van ons skool! BEKENDSTELLINGSDAG: Ons jaarlikse Bekendstellingsdag vind op Vrydag, 13 September om 9:00 plaas en ons vra almal om voornemende of potensiële ouers daarvan in kennis te stel. OUERVERENIGING: Die Ouerverenigingkomitee vergader op Maandag, 9 September om 7:20 in die konferensiekamer. Al die

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/Nuusbrief no 29.docx  · Web viewLeerders word herinner aan die . IDOLS. wat op 9 September om 18:00 plaasvind. Toegangskaartjies by die kantoor

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/Nuusbrief no 29.docx  · Web viewLeerders word herinner aan die . IDOLS. wat op 9 September om 18:00 plaasvind. Toegangskaartjies by die kantoor

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 29 6 - 13 September 2013(Ook beskikbaar by: www.jakkies.com)77*0171 OUERS:JAGKOMPETISIE:PRYSWENNERS: (Pryswaarde: R30 000).

1ste Harry le Roux Jagnaweek, 6 springbokke, 1 gemsbok en 1 persiese skaap2de Bryan Da Camara Jagnaweek (selfsorg), 2 blesbokke en 1 hartebees3de WJ Steenkamp Jagnaweek vir ‘n gesin4de Richard van Zyl 2 Ribbokke en 1 vlakvark5de Charmain Hayes Blesbok6de Marius Etzebeth Skaap

‘n Bedrag van R37 700,00 is met die projek ingesamel. Baie dankie aan almal wat ons ondersteun het!

SOMERSDRAG:Leerders mag vanaf Maandag, 9 September somersdrag skool toe aantrek, mits die weer dit toelaat. Koshuiskinders moet nog steeds warm klere saambring, asseblief.

BUITEMUURS:Alle buitemuurs het gestaak.

JNA TOETSE:Leerders skryf vanaf 10 tot 13 September die Departementele Jaarlikse Nasionale toetse en ons doen ‘n beroep op ouers om (sover moontlik) te sorg dat hulle kinders almal by die skool is in hierdie tydperk.

IDOLS:Leerders word herinner aan die IDOLS wat op 9 September om 18:00 plaasvind. Toegangskaartjies by die kantoor beskikbaar @ R20 en sluit ‘n boereworsrolletjie in.

HERREGISTRASIE: [AANSOEKVORM]Departementele voorskrifte verplig elke leerder van ons skool om te herregistreer vir 2014. Ouers word versoek om die registrasievorm, wat by die nuusbrief ingesluit word, in te vul en voor 20 September aan die klasonderwysers terug te stuur. Sluitingsdatum vir heraansoeke: 30 September 2013

KARNAVAL:Ons Karnaval vind op Donderdag, 19 September plaas en ons vra ons ouers

en kinders se ondersteuning om ‘n groot sukses hiervan te maak. Daar is ook ‘n trofee te wen vir die besgeklede “ouer en kind”-paartjie. Trek so aan sodat jy by die Karnaval-atmosfeer pas! Kom geniet die dag saam met ons.Ouervereniging

KOORFEES:Baie dankie aan al ons ouers en belangstellendes wat hierdie geleentheid bygewoon het. Ons is baie trots op ons Junior en Senior kore wat so netjies gelyk het en pragtig gesing het. Julle is waardevolle uitvoerprodukte van ons skool!

BEKENDSTELLINGSDAG:Ons jaarlikse Bekendstellingsdag vind op Vrydag, 13 September om 9:00 plaas en ons vra almal om voornemende of potensiële ouers daarvan in kennis te stel.

OUERVERENIGING:Die Ouerverenigingkomitee vergader op Maandag, 9 September om 7:20 in die konferensiekamer. Al die mammas wat met die Karnavalreëlings betrokke is moet asseblief ook die vergadering bywoon.

KOSHUIS: [AFSKEURSTROKIE]Die koshuis het ‘n pannekoekstalletjie by die Karnaval, 19 September. Ouers wat daardie dag in die stalletjie kan werk moet asseblief die afskeurstrokie invul en na die kantoor terugstuur.Ouers moet asseblief kennis neem dat die koshuis slegs aan die begin van die kwartaal op die Sondagmiddag om 16:00 oopmaak, vir die res van die kwartaal maak die koshuis eers om 17:00 oop.

LEERDERDEELNAME:TWEEKAMP:Veels geluk aan die volgende atlete wat vir die SV Tweekampspanne verkies is en op 28 September aan ‘n Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms in Bloemfontein gaan deelneem:

A-span: B-span: C-span: Miandi Steenkamp Anri Meades Jomari LübbeJC Lübbe Michela Steenkamp Bryan Da CamaraCharlise Wilke Wynand BothaIané Lavarack

Bostaande atlete moet asseblief hulle briewe op Maandag, 9 September by tannie Lanie inhandig. Inskrywingsgeld moet by tannie Marietjie betaal word.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/Nuusbrief no 29.docx  · Web viewLeerders word herinner aan die . IDOLS. wat op 9 September om 18:00 plaasvind. Toegangskaartjies by die kantoor

KRIEKET: Die 0/13-span het met 45 lopies teen Laerskool Staats verloor. Onthou asseblief om julle R30 busgeld en R20 worsbroodjiegeld op Maandag, 9 September te kom inbetaal.

MINI-KRIEKET:Sterkte aan ons mini-krieket spanne wat op Saterdag, 7 September wedstryde op Hopetown gaan speel. Die bus vertrek om 6:40 vanaf die skool en R50 busgeld is op Maandag, 9 September betaalbaar. Almal moet asseblief om 8:00 by die Hopetown se skoolbane wees. Die program word by die nuusbrief aangeheg.

GIMNASTIEK:Baie geluk aan al ons medaljewenners tydens die Sone-byeenkoms in Brits. Vlak 1: Monique van Zyl – silwer

Elza van Graan – brons Kayla van der Linden – brons

Vlak 2: Ninke Jacobs – silwer Chrisna Roelofse – silwer Miandi Steenkamp – silwer Marisca Groenewald – silwer

Vlak 3: Tharina Roelofse – brons Bonolo Julies – brons

Ons is trots op julle!

JIM FOUCHE ATLETIEKBYEENKOMS:Ouers wat belangstel om hulle kinders op Saterdag, 12 Oktober aan die Jim Fouché uitnodigingsbyeenkoms te laat deelneem moet asseblief vir Lanie in kennis stel aangesien ons dan nog nie ‘n amptelike atletiekspan gekies het nie. Die skool sal die atlete inskryf maar ouers sal hulle kinders self na Bloemfontein moet neem.

BYBELVASVRA:Baie geluk aan ons Bybelvasvraspan, Beanke Somers, Iain Salisbury, Corné Vermeulen en Stephan Fourie wat ‘n derde plek in die Vrystaat behaal het met die Nasionale Bybelvasvrakompetisie.

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Baie dankie aan die mammas van die graad 2-leerders wat heerlike eetgoed gestuur het. Die klas het ‘n fantastiese bedrag van R2 300,00 ingesamel!

“CONVEYER”-BELT:Ons benodig dringend ‘n “conveyer”-belt” om by ons krieketnette en by mini-krieket te gebruik. Indien iemand weet waar om so iets in die hande te kry, kan mnr Tait geskakel word.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

Baie dankie aan ouers en belangstellendes vir al die sms’e, kaartjies, oproepe, handdrukke en woorde van bemoediging wat ons in hierdie hartseer tyd ontvang het. Dit het vir my/ons baie beteken.

GEBEDSLYS:

Malcolm Wolmarans (operasie)Die Blom familie

Lappies LabuschagneDaan Wilke

Hans Krause (hartomleiding)

OUERS MET GROEN VINGERS:

Ons vra asseblief dat indien u in u tuin skrop vir die aankomende lente, of u nie vir ons die ekstra plantjies en blommewat u by die huis uithaal skool toe kan

bring om in ons skool se tuin te plant nie.Baie dankie by voorbaat!

LAPEZAGELD VIR SEPTEMBER: R120 PER SPELER

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/Nuusbrief no 29.docx  · Web viewLeerders word herinner aan die . IDOLS. wat op 9 September om 18:00 plaasvind. Toegangskaartjies by die kantoor
Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/Nuusbrief no 29.docx  · Web viewLeerders word herinner aan die . IDOLS. wat op 9 September om 18:00 plaasvind. Toegangskaartjies by die kantoor

REGISTRASIE EN TOELATING VAN LEERDERSBY PUBLIEKE SKOLE IN 2014

OMSENDBRIEF: BYLAAG E

BEVESTIGING VAN INFORMASIE VAN ‘N LEERDER WAT REEDS BY HIERDIE SKOOL GEREGISTREER IS

Geagte Ouer/Voog

Maak asseblief seker van die korrektheid van die informasie wat by die skool van u kind beskikbaar is. Indien informasie soos u adres of telefoonnommer verander, moet u die skool daarvan verwittig sodat ons dit op die toelatingsregister (SA SAMS) kan verander.

Vul die onderstaande afskeurstrokie in en handig dit terug voor die volgende datum:

Dag: 20 Maand: September Jaar: 2013

Indien u kind hierdie skool gaan verlaat, moet u ‘n oorplasingsvorm aanvra om toelating tot ‘n volgende skool te verkry.

Die uwe

_____________SKOOLHOOFJacobsdal Primêre Skool

____________________________________________________________________________

AFSKEURSTROKIE:

Voltooi asseblief en stuur voor bostaande datum terug.

My kind/ers:

___________________ / ___________________ / ___________________/ __________________

sal in 2014 terugkeer na hierdie skool, (Onderstreep die korrekte opsie)

sal nie in 2014 terugkeer na hierdie skool toe nie.

Hiermee doen ek aansoek vir ‘n oorplasingsertifikaat:

OUER SE HANDTEKENING: ______________________

DATUM: _______________

(VOORSKRIFTELIKE DEPARTEMENTELE VORM)

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/Nuusbrief no 29.docx  · Web viewLeerders word herinner aan die . IDOLS. wat op 9 September om 18:00 plaasvind. Toegangskaartjies by die kantoor

AFSKEURSTROKIE: KOSHUISOUERS (PANNEKOEK) (Karnaval: 19 September)

(OUER SE NAAM EN VAN) ___________________________________

SAL HELP BY DIE PANNEKOEKSTALLETJIE VAN DIE KOSHUIS.

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/Nuusbrief no 29.docx  · Web viewLeerders word herinner aan die . IDOLS. wat op 9 September om 18:00 plaasvind. Toegangskaartjies by die kantoor