16
Streng gesproke nie vir toets/eksamen doeleindes nie. Provinsie van die OOS-KAAP ONDERWYS Steve Vukile Tshwete Onderwys Kompleks • Sone 6 Zwelitsha 5608 • Privaatsak X0032 • Bhisho 5605 REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA HOOFDIREKTORAAT – KURRIKULUM BESTUUR GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM HERSIENING EN REMEDIËRENDE ONDERRIG INSTRUMENT: VRAE EN ANTWOORDE VAK: LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL Junie 2009 Hierdie dokument bestaan uit 16 bladsye.

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM - … · 2011-02-05 · 1.3.3 Die punt waar oorkruising van chromosome gedurende meiose plaasvind ... 3.5 Onderstaande diagram toon ʼn stadium

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM - … · 2011-02-05 · 1.3.3 Die punt waar oorkruising van chromosome gedurende meiose plaasvind ... 3.5 Onderstaande diagram toon ʼn stadium

Streng gesproke nie vir toets/eksamen doeleindes nie.

Provinsie van die OOS-KAAP ONDERWYS

Steve Vukile Tshwete Onderwys Kompleks • Sone 6 Zwelitsha 5608 • Privaatsak X0032 • Bhisho 5605 REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

HOOFDIREKTORAAT – KURRIKULUM BESTUUR

GRAAD 12 LEERDER

ONDERSTEUNINGSPROGRAM

HERSIENING EN REMEDIËRENDE ONDERRIG INSTRUMENT:

VRAE EN ANTWOORDE

VAK: LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL

Junie 2009

Hierdie dokument bestaan uit 16 bladsye.

Page 2: GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM - … · 2011-02-05 · 1.3.3 Die punt waar oorkruising van chromosome gedurende meiose plaasvind ... 3.5 Onderstaande diagram toon ʼn stadium

2 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09) INSRTUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word. 1 Beantwoord AL die vrae. 2 Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK. 3 Begin die antwoord op ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy. 4 Nommer die antwoorde volgens die nommerstelsel wat in hierdie vraestel

gebruik is. 5 Indien die antwoorde NIE voorgelê word volgens instruksies op elke vraag sal

kandidate punte verloor. 6 ALLE tekeninge moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of

swart ink. 7 Teken diagramme en vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word. 8 NIE al die diagramme in hierdie vraestel is volgens skaal geteken NIE. 9 Grafiekpapier mag NIE gebruik word NIE. 10 Nieprogrameerbare sakrekenaars, gradeboë en passers mag gebruik word. 11 Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM - … · 2011-02-05 · 1.3.3 Die punt waar oorkruising van chromosome gedurende meiose plaasvind ... 3.5 Onderstaande diagram toon ʼn stadium

(KOPIEREG 06/09) LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie moontlike opsies word as antwoorde op die volgende vrae gegee.

Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter ( A – D ) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

1.1.1 Die periode waartydens die embrio in die uterus van die moeder

ontwikkel totdat geboorte plaasvind staan bekend as … A inplanting. B swangerskap. C kontrasepsie. D konsepsie. 1.1.2 Die posisie van ʼn geen op ʼn chromosoom staan bekend as … A ʼn lokus. B ʼn alleel. C genetika. D homoloog. 1.1.3 Nie-identiese tweelinge word gevorm wanneer … A een eiersel deur twee spermselle bevrug word. B twee eierselle op dieselfde tyd bevrug word. C ʼn sigoot in twee individue verdeel. D ʼn onbevrugte eiersel in twee verdeel. 1.1.4 Watter genetiese siekte word deur die selle in diagram B

gedemonstreer?

A B

A Siekelsel anemie B Hemofilie C Progeria D Albinisme

Page 4: GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM - … · 2011-02-05 · 1.3.3 Die punt waar oorkruising van chromosome gedurende meiose plaasvind ... 3.5 Onderstaande diagram toon ʼn stadium

4 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09) 1.1.5 Die nakomelinge van ʼn homosigotiese wit marmotjie wat met ʼn

homosigotiese swart marmotjie gekruis is, was almal grys. Watter persentasie van die F2-generasie sal grys wees as die twee grys marmotjies paar?

A 75% B 50% C 34% D 25% (5 x 2) (10)

1.2 Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende beskrywings.

Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in jou ANTWOORDEBOEK neer.

1.2.1 Die periode wanneer ʼn vrou se menstruelesiklus staak. 1.2.2 ʼn Skielike lukrake verandering in die genetiese kode van ʼn

organisme wat oorerf kan word. 1.2.3 ʼn Genetiese kruising waarby twee kenmerke op ʼn tydstip betrokke is. 1.2.4 ʼn Bloedstollingsteurnis wat gewoonlik in mans voorkom en aan ʼn

resessiewe geen op die X-chromosoom gekoppel is. 1.2.5 ʼn Volle stel chromosome met al die gene van ʼn organisme. 1.2.6 Die geboorte van ʼn baba deur die abdomen deur middel van

chirurgiese prosedures. 1.2.7 ʼn Deel of segment van DNA, wat die genetiese kode vir die vorming

van ʼn spesifieke proteïen dra, deur die aminosuur volgorde te spesifiseer.

1.2.8 ʼn Toestand wat ontstaan wanneer ʼn normale gameet ʼn gameet met ʼn

ekstra chromosoom nommer 21 bevrug, wat die vorming van ʼn sigoot met 47 chromosome in plaas van 46 chromosome tot gevolg het.

(8 x 1) (8)

Page 5: GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM - … · 2011-02-05 · 1.3.3 Die punt waar oorkruising van chromosome gedurende meiose plaasvind ... 3.5 Onderstaande diagram toon ʼn stadium

(KOPIEREG 06/09) LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) 5 1.3 Kies ʼn item in KOLOM B wat by ʼn beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs

die letter ( A – F) langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 M.

KOLOM A KOLOM B

1.3.1 Vashegting van die embrio aan die

endometrium

1.3.2 DNA wat gevorm word deur een segment van DNA van een bron aan die DNA van ʼn vektor te verbind

1.3.3 Die punt waar oorkruising van chromosome gedurende meiose plaasvind

1.3.4 Die hormoon wat swangerskap onderhou en deur die corpus luteum afgeskei word.

1.3.5 Die ensiem wat vir die transkripsie van bRNA uit DNA verantwoordelik is. 1.3.6 Die wet wat lui dat allele hulself onafhanklik rangskik en dat elke gameet een lid van elke paar ontvang

A Rekombinante DNA

B Estrogeen

C Transkriptase

D Inplanting

E Chiasmata

F Laktase

G Progesteroon

H Wet van onafhanklike sortering I Konsepsie

J Wet van segregasie

K Mitochondriale DNA

L Sentromeer

(6 x 2 ) (12)

Page 6: GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM - … · 2011-02-05 · 1.3.3 Die punt waar oorkruising van chromosome gedurende meiose plaasvind ... 3.5 Onderstaande diagram toon ʼn stadium

6 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09) 1.4 Die volgende diagram verteenwoordig meiotiese deling in die sel van ʼn

vroulike organisme. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg:

1.4.1 Identifiseer die dele gemerk A, B en C. (3) 1.4.2 Verskaf EEN woord vir die gepaarde chromosome aangedui deur D. (1) 1.4.3 Watter fase van meiose word deur bostaande diagram

verteenwoordig? (1) 1.4.4 Gee EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 1.4.3. (2) 1.4.5 Hoeveel chromosome sal daar aan die einde van hierdie seldeling in

elke dogtersel wees? (2) 1.4.6 In watter vroulike orgaan vind hierdie proses plaas? (1)

Page 7: GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM - … · 2011-02-05 · 1.3.3 Die punt waar oorkruising van chromosome gedurende meiose plaasvind ... 3.5 Onderstaande diagram toon ʼn stadium

(KOPIEREG 06/09) LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) 7 1.5 Bestudeer die diagram van die menslike manlike voortplantingsorgaan en

beantwoord die vrae wat volg: 1.5.1 Verskaf die LETTER van die deel wat chirurgies tydens besnyding

verwyder word. (1) 1.5.2 Gee die NAME van die dele wat onderskeidelik I en M genommer is. (2) 1.5.3 Noem die hormoon wat deur die deel M geproduseer word. (1) 1.5.4 Skryf die LETTER neer van die struktuur wat: (a) voedsel aan spermselle verskaf. (b) spermselle stoor. (c) ʼn alkaliese medium vir spermselle verskaf. (d) uit erektiele-weefsel bestaan. (e) chirurgie gedurende ʼn vasektomie ondergaan. (f) ʼn weg vir semen en urine is. (6) TOTAAL AFDELING A: 50

Page 8: GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM - … · 2011-02-05 · 1.3.3 Die punt waar oorkruising van chromosome gedurende meiose plaasvind ... 3.5 Onderstaande diagram toon ʼn stadium

8 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09) AFDELING B

VRAAG 2

2.1 Die onderstaande tabel toon ʼn deel van die daaglikse voedingsbehoeftes

van ʼn vrou, voor en gedurende swangerskap, aan. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg:

Voedingstof Voor

swangerskap Gedurende

swangerskap Yster Energie Kalsium Vitamiene C Vitamiene A Vitamiene D Proteïene

15 mg 9 000 kJ

0,5 g 25 mg 650 µg 1,5 µg 27 g

25 mg 10 000 kJ

1 g 25 mg 650 µg 9 µg 36 g

2.1.1 Watter voedingstof word in dieselfde hoeveelhede deur die liggaam

voor en gedurende swangerskap benodig? (1) 2.1.2 Bereken die persentasie toename in die hoeveelheid proteïene vanaf

voor tot gedurende swangerskap. TOON AL JOU BEWERKINGS. (3) 2.1.3 Watter voedingstof se inname moet gedurende swangerskap meer

as verdubbel word? (1) 2.1.4 Verskaf EEN rede waarom swanger vroue ʼn gesonde,

gebalanseerde dieet moet volg. (1)

Page 9: GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM - … · 2011-02-05 · 1.3.3 Die punt waar oorkruising van chromosome gedurende meiose plaasvind ... 3.5 Onderstaande diagram toon ʼn stadium

(KOPIEREG 06/09) LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) 9 2.2 Die vermoë om die tong te rol word vanaf ouers na kinders oorgedra. Die

onderstaande diagram toon die oorerwing van die vermoë om die tong te rol in ʼn spesifieke familie aan. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

LET WEL: Hoofletter T is om die tong te kan rol en kleinletter t is vir die

onvermoë om die tong te rol.

2.2.1 Gee die onderskeidelike genotipes vir I en P. (4) 2.2.2 Wat is die moontlikheid dat Q en R se eerste kind die vermoë sal hê

om sy of haar tong te kan rol? (2) 2.2.3 Waarom word die eienskap om die tong te kan rol met ʼn hoofletter

aangedui en nie die onvermoë om die tong te kan rol nie? (2) 2.2.4 T en U het vyf kinders. Hoeveel dogters kan hul tonge rol? (1) 2.2.5 Is Q homosigoties of heterosigoties? (2)

Page 10: GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM - … · 2011-02-05 · 1.3.3 Die punt waar oorkruising van chromosome gedurende meiose plaasvind ... 3.5 Onderstaande diagram toon ʼn stadium

10 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09) 2.3 Die volgende figuur toon die resultate van ʼn DNA vingerafdruk-analise vanaf

ʼn misdaadtoneel aan. X verteenwoordig getuienis wat by die misdaad toneel gevind is. Die nommers 1 tot 5 verteenwoordig DNA vingerafdrukke van vyf individue. Individu 3 is die verdagte.

2.3.1 Bepaal watter individu se patroon pas by die patroon van die DNA

wat van die getuienis verkry is. (2) 2.3.2 Sal jy individu 3 vir die misdaad skuldig bevind? (2) 2.3.3 Verduidelik jou antwoord in VRAAG 2.3.2 hierbo. (2) 2.3.4 Watter van die DNA vingerafdrukke in die figuur dien as kontrole? (1)

2.4 Noem VIER gebruike van DNA vingerafdrukke. (4)

2.5 Noem TWEE monsters wat as getuienis vanaf die misdaad toneel vir DNA

ontleding geneem kan word. (2) [30]

Page 11: GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM - … · 2011-02-05 · 1.3.3 Die punt waar oorkruising van chromosome gedurende meiose plaasvind ... 3.5 Onderstaande diagram toon ʼn stadium

(KOPIEREG 06/09) LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) 11 VRAAG 3

3.1 Bestudeer die volgende diagram van plantreproduksie en beantwoord die

vrae wat volg: 3.1.1 Identifiseer die dele genommer A en C. (2) 3.1.2 Wat gebeur onderskeidelik met dele genommer D en E na

bevrugting? (2) 3.1.3 Die struktuur genommer B ontwikkel tot ʼn belangrike orgaan in ʼn

plant. Noem die orgaan. (1)

Page 12: GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM - … · 2011-02-05 · 1.3.3 Die punt waar oorkruising van chromosome gedurende meiose plaasvind ... 3.5 Onderstaande diagram toon ʼn stadium

12 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09) 3.2 Bestudeer onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg:

3.2.1 Watter bevolkingsgroep het die hoogste gevalle van prostaatkanker? (1) 3.2.2 Watter bevolkingsgroep het ʼn geringe toename gedurende dieselfde

periode gehad? (1) 3.2.3 Wat is die neiging vir die voorkoms van gevalle van prostaatkanker

wat in die swart gemeenskap waargeneem word? (1) 3.2.4 Wat is die hoofbron van data wat vir die Kankervereniging van Suid-

Afrika beskikbaar is? (1) 3.3 Die moontlikheid van menslike kloning is ʼn baie kontroversiële

aangeleentheid. 3.3.1 Stem jy met menslike kloning saam, of nie? (1) 3.3.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.3.1 deur DRIE redes te verskaf. (6)

Page 13: GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM - … · 2011-02-05 · 1.3.3 Die punt waar oorkruising van chromosome gedurende meiose plaasvind ... 3.5 Onderstaande diagram toon ʼn stadium

(KOPIEREG 06/09) LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) 13 3.4 Bestudeer onderstaande diagram van die vroulike voortplantingstelsel en

beantwoord die vrae wat volg:

3.4.1 Skryf die LETTER van die orgaan waarin eierselle geproduseer word neer. (1)

3.4.2 Skryf die NAAM van die orgaan waarin bevrugting plaasvind neer. (1) 3.4.3 Noem die deel van die orgaan, gemerk C, wat een keer ʼn maand

disintegreer. (1) 3.4.4 Noem die chirurgiese prosedures waartydens die deel gemerk A

afgesny of afgebind word. (1)

Page 14: GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM - … · 2011-02-05 · 1.3.3 Die punt waar oorkruising van chromosome gedurende meiose plaasvind ... 3.5 Onderstaande diagram toon ʼn stadium

14 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09) 3.5 Onderstaande diagram toon ʼn stadium in die proses van proteïen-sintese.

Bestudeer die diagram versigtig en beantwoord die vrae wat volg: 3.5.1 Watter stadium van proteïen-sintese word in die diagram getoon? (1) 3.5.2 Gee die korrekte volgorde van die drie basisse by punt R. (3) 3.5.3 Verskaf die byskrifte vir dele gemerk X, Q, Z, R en S. (5) 3.5.4 Waar in die sel vind hierdie proses presies plaas? (1) [30]

Diagram wat ʼn stadium in die proses van proteïen-sintese toon.

Page 15: GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM - … · 2011-02-05 · 1.3.3 Die punt waar oorkruising van chromosome gedurende meiose plaasvind ... 3.5 Onderstaande diagram toon ʼn stadium

(KOPIEREG 06/09) LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) 15 VRAAG 4

4.1 Die onderstaande tabel toon die resultate van ʼn ondersoek wat onder ʼn

aantal paartjies oor die betroubaarheid van verskillende metodes van geboortebeperkings uitgevoer is, aan. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg:

4.1.1 Teken ʼn staafgrafiek om die betroubaarheid van die verskillende metodes van geboortebeperking aan te toon. (11)

4.1.2 Waarom word ʼn diafragma met ʼn spermdoder gebruik? (2) 4.1.3 Watter metode is die betroubaarste? (1) 4.1.4 Wat word met “GEEN” in die tabel bedoel? (1) 4.1.5 In watter opsig is die IUA verskillend van die ander metodes van

geboortebeperkings? (2) 4.1.6 Bespreek volgens jou mening die morele en etiese aspekte

betreffende geboortebeperkingmetodes. (3) 4.2 Sommige van die armoede geteisterde lande in Afrika het die afgelope jare

geweier om voedselhulp te aanvaar. Sommige van hulle weier selfs, of verban die invoer van genetiese gemodifiseerde voedsel uit Suid-Afrika. Skryf ʼn kort opstel onder die volgende hoofde:

4.2.1 Die moontlike nadele van genetiese gemodifiseerde voedsel. (6) 4.2.2 Etiese aangeleenthede ten opsigte van die verkoop van voedsel

materiaal sonder die GM merk. (5) 4.2.3 Redes om die buiteland te oortuig om Suid-Afrikaanse genetiese

gemodifiseerde voedselprodukte te koop of in te voer. (6) Sintese: (3) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150

METODE VAN GEBOORTEBEPERKING

PERSENTASIE SWANGERSKAPPE

Geen 53 Ritme-metode 18

Diafragma met spermdoder 11 Kondoom 8

IUA (Intra-uteriene apparaat) lus 2 Die pil 0

Page 16: GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM - … · 2011-02-05 · 1.3.3 Die punt waar oorkruising van chromosome gedurende meiose plaasvind ... 3.5 Onderstaande diagram toon ʼn stadium

16 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09) RUBRIEK

2 4 6 Leerder se vermoë om die redes te begryp

waarom sommige van die arm nasies

verkies om honger te ly eerder as om GM

voedsel as voedselhulp te aanvaar.

1–2 redes

verskaf

3–4 redes

verskaf

5 of meer

redes

verskaf

2 5

Etiese kwessies in verband met die verkoop

en verspreiding van GM voedsel sonder die

GM merk op die voedselpakke.

1–2 kwessies

bespreek

3 of meer

kwessies

bespreek

2 4 6 Leerders se vermoë om oortuigende en

logiese redes voor te stel aan daardie

nasies om genetiese gemodifiseerde

landbouprodukte uit Suid-Afrika in te voer.

1–2 redes

verskaf

2–4 redes

verskaf

5 of meer

redes

verskaf

Sintese 3