8
13 Oktober 2013 Jaargang 2 #32 09:30 Oggenddiens Prof Chris van der Walt Tema: Jesus stel elke dissipel voor ’n keuse wat ons tot in ewigheid beïnvloed Dr Raymond Potgieter Theme: Teachers and False Teachers Scripture reading: 1 Timothy 1 Focus verses: 1 Timothy 1:15b 11:30 International Service Lofpr�ing Ds Willem Steyn Tema: Volg die roepstem van ons Goeie Herder 18:00 Gesamen�ike Aanddiens Geloofsvertroue Sb 14-2:1 Sb 17-1: 1, 5, 6 Ps 121-2:1, 3 Sing: Lied 525: 1, 2, 3 Sing: Ps 23-1:1,2 Skriflesing: Johannes 10:1-21 Teks: Johannes 10:2-5 Sing: Ps 23-2:3 Sing: Lied 428:1, 3, 4 Amen: Sb 13-3 • Jesus het baie dissipels - wat nie in Hom glo nie. • Die preek wat die meeste mense laat weggaan het, dwing jou om die belangrikste keuse in jou lewe te maak! • Die boodskap moet jou verander! • Is jy bloot ’n dissipel of is jy ’n gelowige wat ewig aan God verbonde sal bly? Sing: Ps 89-2:1,5 Sing: Sb 9-3:1 Sing: Ps 86-2:3 (Kleuterbegeleiding) Lees: Johannes 6:22-36 Teks: Johannes 6:67-69 Sing: Ps 119-1:53 (p.597) Geloofsbelydenis Sing: Ps 2-1:6 Amen: Sb 13-2

Jaargang 2 #32 09:30 Oggenddiens 13 Oktober 20132013/10/13  · Jaargang 2 #32 09:30 Oggenddiens 13 Oktober 2013 Prof Chris van der Walt Tema: Jesus stel elke dissipel voor ’n keuse

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • 13 Oktober 2013Jaargang 2 #32 09:30 OggenddiensProf Chris van der Walt

    Tema: Jesus stel elke dissipel voor ’n keuse wat ons tot in ewigheid beïnvloed

    Dr Raymond PotgieterTheme: Teachers and False Teachers

    Scripture reading: 1 Timothy 1 Focus verses: 1 Timothy 1:15b

    11:30 International Service

    Lofpr�ing

    Ds Willem SteynTema: Volg die roepstem van ons Goeie Herder

    18:00 Gesamen�ike Aanddiens

    GeloofsvertroueSb 14-2:1

    Sb 17-1: 1, 5, 6Ps 121-2:1, 3

    Sing: Lied 525: 1, 2, 3Sing: Ps 23-1:1,2Skriflesing: Johannes 10:1-21Teks: Johannes 10:2-5Sing: Ps 23-2:3Sing: Lied 428:1, 3, 4Amen: Sb 13-3

    • Jesus het baie dissipels - wat nie in Hom glo nie.• Die preek wat die meeste mense laat weggaan het, dwing jou om die belangrikste keuse in jou lewe te maak!• Die boodskap moet jou verander!• Is jy bloot ’n dissipel of is jy ’n gelowige wat ewig aan God verbonde sal bly?

    Sing: Ps 89-2:1,5Sing: Sb 9-3:1Sing: Ps 86-2:3 (Kleuterbegeleiding)Lees: Johannes 6:22-36 Teks: Johannes 6:67-69Sing: Ps 119-1:53 (p.597)GeloofsbelydenisSing: Ps 2-1:6Amen: Sb 13-2

  • 2

    Wil jy graag ‘n Almanak 2014 bestel? Hierdie boek het al die inligting oor die GKSA in, asook dagstukkies en baie meer. Dit kos R58. Skryf jou naam op die lyste in die portaal om jou bestelling te plaas.

    GESAMENTLIKE JEUGAKSIE VANAANDOns gesamentlike jeugaksie vind weer vanaand by ons gemeente plaas en ons jeug kan uitsien na die volgende:

    Laerskooljeug:15:30 - Uitreikaksie na Groen Wilgers Ouetehuis.Ons gaan weer ‘n paar bejaardes se harte bly maak met lekker “cup cakes” wat die kinders self gaan versier en vir die bejaardes gaan uitdeel. Almal moet asb om 15:30 by Die Bult se kerksaal wees vir die lekker aksie.17:45 - Na die besoek aan die ouete-huis gaan ons voort met ons tema:” Soldaat vir Christus” en hierdie keer kom die “Swaard van die Gees” aan die beurt. Kom leer hoe julle die Bybel moet gebruik.

    Hoërskooljeug (gr 7 - 12) 17:45 - Hoe leef ek my Christenskap uit deur die sosiale media? Hieroor gaan julle lekker gesels! Wat post ek op my profiel en wat tweet ek vir ander mense? Jacques Tredoux gaan vir julle hierin leiding gee. Bring julle selfone saam! Soos altyd is daar lekker kuier en verversings.

    Erediens 18:00 - Die gesamentlike diens vind onder Potchefstroom-Oos se toesig plaas, maar ds Willem Steyn gaan die diens lei. Oos is ook verantwoordelik vir die verversings.

    Die Internasionale konferensie wat die Fakulteit Teologie die komende week van Woensdagmiddag tot Saterdag middag aanbied het nog enkele plekke beskikbaar vir mense wat dit graag wil bywoon. Ter wille van ruim en veilige parkeerplek word dit in die kerkgebou van die NG kerk Mie-derpark aangebied. Enigiemand kan by die volgende webtuis-te die hele program te siene kry en ook sommer daar registreer om dit by te woon: www.missiontoworship.co.zaDie sessies in die aande is oop vir enigie-mand (al het jy nie geregistreer nie) om te kom bywoon:• Woensdagaand word ‘n baie hoë kwaliteit film vertoon wat die uitdagings van straat-kinders en kinderhandel wêreldwyd op ‘n aangrypende manier uitbeeld.• Donderdagaand is daar ‘n erediens waar ds Peterson Sozi van ‘n Christelike radio-stasie in Uganda sal preek gepaardgaande met koorsang en musiek van baie goeie kunstenaars.• Vrydagaand is daar weer ‘n erediens met koorsang en dan preek Prof J.A. (Koos) van Rooy wat baie jare lank ervaring het in die uitdra van die Evangelie en die leiding ge-neem het met die vertaling van die Bybel in verskillende tale.Woensdagaand se sessie begin 18:00 en Donderdag en Vrydagaand om 19:00.

    Internasionale konferensie

    Ouderlinge en Diaken vandag aan diens

    Ouderlinge: Paul Els & Jan GeertsemaDiaken: Hanlie Steyn

  • 3

    Lê jou hoed al reg?Eerskomende Donderdagoggend, 17 Oktober, om 10:00 word ‘n heerlike saamkuier gereël by die kerksaal. Almal wat reeds 70 jaar oud is, of vanjaar nog word, is

    Op die 27e Oktober is daar ‘n Hervormingsdiens om 19:00 by Cachet (Ouditorium by NWU). Die diens sal DV deur ds Willem Vogel gelei word.

    welkom! Maar laat weet asseblief vandag nog vir Ans Geertsema (018-294-4132 / 073-192-8976) of jy kan kom. Anders op die laat-ste moreoggend voor 10:00 by Fransa by die kerkkantoor (018-297-4843).

    Onthou om jou hoed / kappie / kopdoek / pet / helmet / mus of enige ander kopbedekking op te sit!Die Onthaalkomitee gaan sorg vir heerlike eetgoed!

    Tydens die Bedieningskommissie se ver-gadering is daar spesifieke hulp aangewys vir pastorale hulp en versorging tydens ds Fanie se verlof.Skakel gerus met u ouderling, kerkkantoor of anders direk met:

    Prof Herrie van Rooy (083-700-3933) - vir Groen WilgersProf Ben de Klerk (082-442-0018) - vir Huis EikelaanProf Koos Vorster (082-922-7509) - vir ander lidmate bo 50

    Ds Fanie met verlofDs Fanie moet teen die einde van die maand die sinode in Nederland van die Christelik Gereformeerde Kerk in Neder-land namens die Deputate Ekumeniese Sake gaan bywoon en daar in ʼn erediens die Woord te bedien. Dit is die kerkver-band waaruit Ds Dirk Postma gestuur is en wat ʼn bepalende rol in die onstaan van die GKSA in 1859 gespeel het. Gekoppel hieraan onderneem hy en Ju-die ʼn toer na Europa. Hulle vertrek DV Vrydag en sal tot en met 5 November met verlof wees.

    Pastorale sake tydens ds Fanie se verlof

    Nadat die Kerkraad aanbiedinge ontvang het vir die Noordbrug-gebouekom-pleks gaan ons in ʼn proses in om te besin en te besluit oor die toekoms van die gebouekompleks. Die Kerkraad sal die besluit neem na konsultasie met die gemeente en u word daarom uitgenooi om met enige bydrae in die ver-band met ons in verbinding te tree. Die saak sal tydens die vergadering van DV 20 Oktober verder hanteer word.

    Noordbrug-gebouekompleks

  • 4

    Teeskinkbeurte

    Baie dankie!

    13 OktoberWyk 31 (Elsa Reinecke) & Wyk 33 (Wilma Herbst)

    20 OktoberKG 1 (Anna Fick) &

    Wyk 1 (Petro van der Vyver)

    27 OktoberKG 2 (Adelle Lotter) & Wyk 3 (Bettie Snyman)

    Verjaarsdae

    BORG ’N BYBEL PROJEKOns Bybelskenkings staan (by druktyd van die Lantern) op 484. Baie dankie aan elkeen wat reeds R50 gegee het om ‘n Bybel te borg.Ons wil 500 Bybels borg, en die fondse dan aan die Bybelgenootskap gee vir Bybelver-spreiding, vertaling, ens.Plaas asb jou bydrae in ‘n duidelik gemerkte koevertjie, en gooi dit in die Bydrae-blikke (naby deure). Jy kan ook ‘n elektroniese inbe-taling maak, maar maak asseblief die verwy-sing “Borg ‘n Bybel”.Geref Kerk Potchefstroom Die BultABSA Tomstraattak670-264-661 (Tjekrekening)Ons wil graag die projek vandag afhandel. Die kinders gaan tydens van-oggend se diens hul Borg-’n-Bybel-spaarblikkies ingee.

    Die Internasionale diens bedien sap in die Somermaande. Dit is dus nie nodig om meer die teekoppies na afloop van die

    Oggenddiens vir hulle te los nie. Die katkisasie is vir die res van die jaar steeds na die oggenddiens (10:30).

    Vandag, 13 OktoberFanie Coetzee 082-520-5168Rudi de Lange 084-986-0973Rina van Wyk 082-415-9805

    Maandag, 14 OktoberEunice Strydom 072-342-3372Anita Swart 083-302-1514Anelle van der Merwe 018-297-3313

    Dinsdag, 15 OktoberMelinda du Toit 082-518-1147

    Woensdag, 16 OktoberPetro van der Vyver 076-191-7867

    Donderdag, 17 OktoberChrista Smith 073-458-9555

    Vrydag, 18 OktoberWilta Erasmus 018-293-0430 Lourens Harmse 082-093-7334Theo Jooste 072-978-2860

    Saterdag, 19 OktoberCora de Beer 082-392-8060Irene Wolhuter 083-744-2800

    7

    83

    Sustersafsluiting Die Susters van Potchefstroom-gemeente nooi ons hartlik uit na die gesamentlike af-sluiting van al die susters in Potchefstroom op Dinsdagaand 5 November om 19:00 in hul kerkgebou. Daar is lyste in die portale waarop julle asb. jul name moet skryf as jy wil gaan. Kom ons ondersteun die mooi tradisie van ons dorp en gaan kuier met al die dopper-vroue in die omgewing. Dit is altyd ‘n baie mooi aand.

    Wil jy ook by ons gemeente inskakel? Kontak die kerkkantoor vir meer inligting.

    Welkom hier!Bertie, Roelien, Chloé & Marko

    Werkman083-233-4941

    Estiaan Klem083-453-1872

  • 5

    Liefdegawesby die deure13 OktoberOggend: Teologiese StudentekasAand: Meelewingsfonds20 OktoberOggend: Sending in PembaAand: Meelewingsfonds 27 OktoberOggend: Christelike OnderwysAand: Meelewingsfonds

    Bundel met nuwe goedekeurde skrifberymings en

    skrifgetroue liedere

    Die tussentydse bundel met die nuwe goed-gekeurde Skrifberymings en Skrifgetroue lie-dere is voltooi, en is by die Administratiewe Buro beskikbaar is teen R20-00 per eksemplaar. Die bundel bevat al die nuwe Skrifberymings wat tydens Sinode 2009 goedgekeur is asook al die nuwe Skrifberymings en Skrifgetroue liedere wat tydens Sinode 2012 goedgekeur is. Dit bevat ook die nuwe Messiaanse bery-ming van Psalm 110 wat tydens Sinode 2012 goedgekeur is.

    Teologiese Studentekas – Ter ondersteuning van studente wat geroepe is om predikante in die GKSA te word. ‘n Student se registrasiegelde en klasgelde word betaal en indien fondse beskikbaar is word ‘n klein bedraggie vir boeke afgestaan.

    Waarvoor word Liefdegawes gebruik?

    Verjaarsdae op Kalender 2014Gebruik jy die verjaarsdae wat op die kalender aangedui is? Omdat dit ‘n groot werk is om al die verjaarsdae in te sit wil ons graag vooraf weet of dit werklik gebruik word.As jy dit gebruik, en graag wil hê dit moet deel wees van die Kalender vir 2014, laat weet gerus vir Fransa by die kerkkantoor (018-297-4843).

    MeelewingOns dink steeds aan oom Doep Venter wat nou al vir ʼn paar weke gehospitaliseer word. Mag die Here vir hom en Petro (083-253-3558) geloofskrag en genesing gee. Lucas Venter (082-684-9087) sukkel steeds met nagevolge van sy operasie ʼn maand gelede. Ons bid dat die Here genesing sal gee.Piet van Wyk (073-476-5566) ondergaan DV Dinsdag ʼn operasie. Mag dit goed ver-loop.Oom Hennie Fick is weer in die hospi-taal opgeneem nadat sy toestand versleg het. Ons bid vir hom en vir Rikus-hulle (083-600-1149) en die res van die familie wat hom in die moeilike tyd van sy lewe bystaan.Ons is bly dat Bennie van der Walt (018-294-7691) tuis is na sy operasie en ons bid vir verdere herstel en lewenskwaliteit.Kobus en Ina van der Walt (071-897-0290) se dogter Lize is gister in die huwelik bevestig met Herman Redelinghuis. Baie geluk!

    Die Kalender vir 2014 is besig om gemaak te word, en ons soek graag weer ‘n treffende foto vir die voorblad. Ons wil graag ‘n foto hê met ‘n mooi natuurtoneel van Potchef-stroom of omgewing. Dié foto sal ook op die volgende OnderOnsie gebruik word. Stuur gerus jou foto’s vir die kerkkantoor ([email protected]) teen Vrydag, 25 Okto-ber. Stuur asb die foto’s in verkleinde for-maat (nie groter as 500KB nie).

    As daar enige belangrike datums is (bv. ver-gaderings, aksies, ens.) wat jy voel op die ka-lender ge plaas moet word, het jy nog kans tot Vrydag, 25 Oktober om die kerkkantoor te laat weet.

    Kalender 2014

  • 6

    katkisasie-afsluiting

    Wanneer: Saterdag, 19 Oktober van 10:00 afWaar: KerksaalWat: Sokker/Volleyball/ Touchies baanWaarom: Ons wil graag die grasperk by die kerksaal omskep in ‘n gemeenskapsruimte waar almal welkom is om op vasgestelde tye te kom chill saam mense wat die Here ken in alledaagse dinge.Wie: Elkeen wat asemhaalBring saam: Vleis en drinkgoed (want ons gaan na dietyd braai)Info @ Eugene: 072-281-8152

    Kom kuier Woensdag 19:00 saam in die

    Koffiekamer. Ons gaan saam praat oor ons

    G5 planne en drome vir volgende jaar, en som-

    mer net bietjie uit chill voor die eksamen begin.

    G5 P izza en wyn

    Bid saam @G5Ons gebedsgroep kom elke

    Vrydag oggend 07:00 bymekaar by die koffie kamer. Kom bid

    saam met ons vir ons gemeente en ons gemeente se bediening

    binne die konin kryk van die Here. Almal is welkom!

    G5 Sokkerbraai

    Wie is G5? Almal wat jonk van gees is en graag betrokke wil wees by die bediening op die Bult.

    Op Saterdag, 16 November word die katkisasie vir die jaar afgesluit met ‘n uitstappie na Wawielpark. Alle kinders (voorskool tot hoërsk-ool) en hul ouers word saamgenooi na hierdie geleentheid.Ons gaan lekker kuier, braai, supertube en vir ds Willem in die water gooi (want ons kan).

    Kostes beloop as volg:R50 per persoon en R30 per voertuig.Dit is gratis vir alle kinders in ons ge-meente. Enigiemand (jonk en oud) is welkom om ook die dag saam met ons te ge-niet. Verdere reëlings sal later deurgegee word, maar hou solank die datum oop.

    Moenie skaam wees nie, stuur jou foto vir die kerkkantoor! Of as jy nie ‘n foto het nie, sal Fransa een van jou kom neem. Die foto’s word op die dataprojek-siebord gewys as jy verjaar. Dit is ‘n lekker manier om mekaar te leer ken!

  • 7

    Benewens die heerlike saamwerk van die gemeente, is die Kuierkombuis vir ons, as ouers van Simon, altyd ook ʼn emosionele saak. Met hierdie hoed op ons koppe sê ons vir die gemeente hartlik dankie vir die bydrae wat uit die Kuierkombuis na die Simon Coetzee Versorgingstrust toe ge-kom het. Die bestaan van die trust maak dit vir ons moontlik om ʼn groot stuk be-kommernis oor die toekoms van die spe-siale kind van die Here. Ons bede is dat die seëninge wat ons deur die trust ontvang al hoe meer sal oorvloei na ander wat in die-selfde posisie is. Hoeveel te meer sorg ons hemelse Vader nie vir die wat hom daarom vra en bid nie!Fanie en Judie Coetzee

    Die afgelope week het die Kuierkombuis-diensgroep met groot dankbaarheid te-rugskou oor die afgelope Kuierkombuis gehou. Nogmaals dankie aan elkeen wat op een of ander manier deel was van die projek. Hier volg so bietjie interessante statistieke:

    DRINKGOEDFilter koffie Glas koeldrank Tee Vrugtesap Totaal

    ETESGerookte varkboud Halwe ete Lasagne ete Wildspastei ete Totaal

    ONTBYTGesondheidsontbyt Ontbyt groot Ontbyt klein Ontbyt medium Totaal

    KOEKGebakte kaaskoek Peerkoek Pekanneuttert Sjokoladekoek Wortelkoek Totaal

    7384412647572200

    1285271573981210

    74164275258771

    17725515893113796

    KuierkombuisLiewe Kerkraad en GemeenteBaie dankie vir u ondersteuning en by-drae tot die Viljoen Hulpfonds Trust tydens Aardklop.Dit was ‘n groot voorreg om deel te wees van die Kuierkombuis en die gesellige at-mosfeer te kan beleef.Die wete dat ons deel kan wees van hierdie gemeente en familie in Christus, is ‘n Groot Seën.Julle meelewing en voortgesette ondersteu-ning beteken vir ons baie.Ons opregte dank en waardering.Dawie en Mariette Viljoen

    Baie dankie!

    Biltongprodukte GK Mooirivier verkoop van die biltongprodukte wat na Aardklop oorgebly het. Skakel vir Christa Bloem by sel nr 082-376-9412, om van die produkte te koop. Alles kos R160/kg. Daar is kleiner verpakkings opgemaak in R50 pakkies.Biltong• Springbok • Eland• Koedoe • Gerookte Bees• Nat Bees • Droë Bees• Swart Wilde Bees • Blesbok

    Droëwors• Springbok • Rietbok• Koedoe • Bees• Rooibok • Swart Wilde Bees• Rooihardbees • Blesbok

    Ander• Chutney Wiele• Gewone Wiele• Cabanossi • Skille/ velle• Chilly Bites

  • 8

    opgedateerdHou jou OnderOnsie

    Onthou om nuwe lid mate se inligting (soos op bl 4) ook aan te teken in jou OnderOnsie.

    Anina van der Walt se e-pos is: [email protected] van der Walt se huistelefoonnommer bestaan nie meer nie.Gareth van Dyk se adres is nou Oppirif 40, Weskampus.Die nuwe adres van Kannetjie en Albertjé Fouché, en Elmari Fouché, Martiens en FC Venter is Pezcodstraat 26. Landlyn: 018-290-8128

    Skribas: Ig Vorster: 082-788-5902 Jaap Verhoef: 018-294-6502Orrelistes: Jetty van Rensburg: 083-439-7379 Annatjie Verhoef: 072-391-2552Kosters (Molenstraat): Piet van Maarleveld: 084-776-6113 Koster (Gerrit Dekker): Wilma Herbst: 082-965-7525Kassier: Paul Delicado: 082-574-2204Internasionale diens: Ray Everson: 018-290-6782Diakonie: Elsa Els: 082-460-0939Katkisasie: Braam Pieterse: 082-923-4881Kleuterbediening: Marida Coetzee: 084-678-3863Dataprojeksie: Adelle Lotter: 083-286-3811Tolkdienste: Kerkkantoor: 018-297-4843

    Skakel gerus met Fransa by die kerkkantoor (Weeksdae van 08:00 - 13:00) vir:

    Algemene navrae, Lantern (saktyd Donderdae om 10:00), Preekopnames, Webbladnavrae, ens.

    Kerkkantoor 018-297-4843 (tel) 086-750-5339 (faks) e-pos: [email protected]: www.gkpotchbult.co.za

    Kontak

    onsDs Fanie Coetzee: [email protected] Willem Steyn: [email protected]

    Sopkombuis: Elsa Els: 082-460-0939Susters: Judie Coetzee: 082-619-4620Onthaalkomitee: Retha van Wyk: 083-967-1511G5 Bediening: Ds Willem Steyn: 082-854-3587Musiekbediening: Hanlie Steyn: 083 654 8652 Bedieningskommissie: Jan Geertsema: 083-271-6570Finansiële kommissie: Carools Reinecke: 082-568-5652Eiendomskommissie: Johan van Dijk: 076-383-9150Liturgiese Werkgroep: Lou van Wyk: 084-520-1086Saalverhurings: Molenstraat: Kerkkantoor: 018-297-4843Gerrit Dekkerstraat: Wilma Herbst: 082-965-7525Breekware: Molenstraat: Elma de Kock: 083-302-5282Gerrit Dekkerstraat: Wilma Herbst: 082-965-7525

    Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die BultABSA Tomstraattak 670-264-661 (Tjekrekening)

    Verwysing: Van, voorletters, Wyk / KG

    Bankbesonderhede

    http://www.facebook.com../gkpotchbult../gkpotchbultG5../VenterskroonBediening../GKBultProjekte../gkbultEnglishMinistry

    @gkpotchBult #gkbult #potchG5

    http://www.facebook.com

    www.gkpotchbult.co.za

    Woonstelle te huur. Eenslaapkamer- asook enkelwoonstel beskikbaar. Sentraal naby Girl’s High. Lekker veilige en stil buurt. Beskikbaar vanaf 1 Desember. Verkieslik senior student of jong werkende. Kon-tak Manna Stander by 072 574 5356 of [email protected]

    Woonstel by Groen Wilgers Ouetehuis te huur. Skakel met mnr PG Volschenk 018-290-5800 vir enige navrae.

    Godwin Mushayabasa is looking for a 1 or 2 bedroom flat to rent (for a small family). Preferably close to the Theological School. Price range not more than R4500. Please contact him if you can help. Cell: 072 844 6754 E-mail: [email protected]

    Gesoek: Loopraam om te leenOns ouma van Nederland kom in Oktober na Suid-Afri ka om ‘n familietroue by te woon. Al is sy alreeds 86 jaar oud, laat sy haar nie afskrik deur hierdie geweldige reis nie. As gevolg van bagasiebeperkings, kan sy ongelukkig nie haar loopraam met wieletjies (sien prentjie) saam-bring wat sy gewoonlik gebruik nie. Ons wil dus hoor of iemand dalk so ‘n loopraam het wat tans ongebruik staan en wat ons moontlik kan leen vanaf 18-31 Oktober of, indien ie-mand weet waar mens so ‘n loopraam kan huur, sal die inligting waardeer word.Baie dankie, Izak en Willemijn de Kock (076-653-8297)