412
LitNet Akademies ’n Akademiese joernaal vir die Geesteswetenskappe, Godsdienswetenskappe, Opvoedkunde Natuurwetenskappe en Regte www.litnet.co.za ISSN 1995-5928 Jaargang 14, Nommer 1, 2017

Jaargang 13, Nommer 3, 2016 · Dit open nuwe perspektiewe op die rol van plante in die mens se lewe. ... Being thus liberated from its previous conceptualizations as a blank, silent

  • Upload
    others

  • View
    19

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

LitNet

Akademies

’n Akademiese joernaal vir die

Geesteswetenskappe,

Godsdienswetenskappe, Opvoedkunde

Natuurwetenskappe en Regte

www.litnet.co.za

ISSN 1995-5928

Jaargang 14, Nommer 1, 2017

Redaksie: LitNet Akademies

Hoofredakteur

Etienne van Heerden (PhD, LLB, DLitt h.c.), Universiteit van Kaapstad Hoofbestuurder en -redakteur: LitNet Akademies

Uitvoerende redakteur: LitNet

Geesteswetenskappe-redakteur Francis Galloway (DLitt)

Godsdienswetenskappe-redakteur

Pieter G.R. de Villiers (DTh, ThDrs)

Regte-redakteur Johann Neethling (LLM LLD), Universiteit van die Vrystaat

Natuurwetenskappe-redakteur

Dirk Laurie (MSc in Wiskunde, PhD), Universiteit Stellenbosch

Natuurwetenskappe-ereredakteur Hendrik Geyer (MSc in Teoretiese Fisika, PhD in Teoretiese Kernfisika, FRSSAf),

Universiteit Stellenbosch

Natuurwetenskappe-ereredakteur Jannie Hofmeyr (BSc Hons in Biochemie, MSc in Biochemie, PhD, FRSSAf),

Universiteit Stellenbosch

Opvoedkunde-redakteur Estelle Kruger (DLitt)

Personeel

Redaksionele bestuurder Naomi Bruwer (MA in Afrikaans-Nederlands), Senior inhoudsbestuurder by LitNet

Redaksionele assistent

Liné Enslin (BA, Nagraadse diploma in Vertaling)

Taaladviseur Nicky Grieshaber (MA)

Adviesraadslede van LitNet Akademies

Ruth Baitsewe, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Andries Bezuidenhout, Universiteit van die Pretoria – Suid-Afrika Frikkie Botha, Bestuurder: QCanes, BSES Limited – Australië Gerrit Brand, Universiteit van Stellenbosch – Suid-Afrika Guillaume Brümmer, Universiteit van Kaapstad – Suid-Afrika Naomi Bruwer, Inhoudsbestuurder by www.litnet.co.za – Suid-Afrika Joel Claassen, Universiteit van Kaapstad – Suid-Afrika Eugene Cloete, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Neil Cochrane, Universiteit van Suid-Afrika – Suid-Afrika Ronald Cools, Katholieke Universiteit Leuven – België Scarlett Cornelissen, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Darryl David, Universiteit van KwaZulu-Natal – Suid-Afrika Leon Dicks, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Ian Dubery, Universiteit van Johannesburg – Suid-Afrika Heilna du Plooy, Noordwes-Universiteit – Suid-Afrika Jat du Toit, Noordwes-Universiteit – Suid-Afrika Kobus Eloff, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika Hans Ester, Radboud Universiteit Nijmegen – Nederland Eep Francken, Universiteit Leiden – Nederland Francis Galloway, LitNet Akademies: Geesteswetenskappe-redakteur – Suid-Afrika Ena Jansen, Vrije Universiteit van Amsterdam – Nederland Thys Human, Universiteit van Johannesburg – Suid-Afrika Jerzy Koch, Adam Mickiewicz Universiteit, Poznań – Pole Chris Koen, Universiteit van die Wes-Kaap – Suid-Afrika Derek Litthauer, Universiteit van die Vrystaat – Suid-Afrika Catharina Loader, Universiteit van Wenen – Oostenryk Amanda Lochner, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Braam Louw, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika Johann Lutjeharms, Universiteit van Kaapstad – Suid-Afrika Johan Malherbe, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika Jean Meiring, Universiteit van Cambridge – Engeland Johan Meyer, Universiteit van die Vrystaat – Suid-Afrika Albert Neitz, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika Desmond Painter, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Marius Potgieter, Noordwes-Universiteit – Suid-Afrika Sakkie Pretorius, The Australian Wine Research Institute – Australië Heinrich Raubenheimer, Universiteit van Johannesburg – Suid-Afrika Helgard Raubenheimer, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Koot Reinecke, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Egmont Rohwer, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika Vasti Roodt, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Alfred Schaffer, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Arnold Schoonwinkel, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Hendrik Swart, Universiteit van die Vrystaat – Suid-Afrika Christo van der Rheede, Afrikaanse Handelsinstituut – Suid-Afrika Etienne van Heerden, Universiteit van Kaapstad – Suid-Afrika

Ian van Rooyen, Universiteit van Kaapstad – Suid-Afrika Hannes van Staden, Universiteit van KwaZulu-Natal – Suid-Afrika Helize van Vuuren, Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit – Suid-Afrika Steward van Wyk, Universiteit van die Wes-Kaap – Suid-Afrika Emile van Zyl, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Rudi Venter, Oxford University Press – Suid-Afrika Louise Viljoen, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Andries Visagie, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika Gideon Wolfaardt, Ryerson University – Kanada André Weideman, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Hein Willemse, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika

Uitgewer: LitNet LitNet Akademies is ʼn geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal. Besoek: http://www.litnet.co.za/Category/akademies/litnet-akademies E-pos: [email protected] Telefoonnommer: 021 886 5169 ISSN 1995-5928

Ondersteun deur:

Inhoudsopgawe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Mens-plant-verbintenisse in Die sideboard (2014) van Simon Bruinders

Susan Meyer, Fakulteit Opvoedingswetenskappe, Noordwes-Universiteit

(Potchefstroomkampus)

1

Die statistiese eienskappe van geskrewe Afrikaans as ’n komplekse netwerk

Burgert Senekal, Eenheid vir Taalfasilitering en Bemagtiging, Universiteit van die

Vrystaat

Eduan Kotzé, Departement Rekenaarwetenskap en Informatika, Universiteit van die

Vrystaat

27

Persoonlike klankversterking vir ’n onderwyser met stemprobleme

Salomé Geertsema, Departement Spraak-Taalpatologie en Oudiologie, Universiteit van

Pretoria

Mia le Roux, Departement Spraak-Taalpatologie en Oudiologie, Universiteit van

Pretoria

60

’n Verkenning van taalvariasie in die Afrikaanse poniekoerante Son en Sondag

Elvis Saal, Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, Universiteit van

Suid-Afrika

87

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Die rol van voedsel en eetgewoontes in die asketiese spiritualiteit van Basilius van

Sesarea, Evagrius van Pontus en Johannes Chrysostomus

Artemisa C. Rodrigues. Departement Bybelse en Antieke Studie, Universiteit van Suid-

Afrika

133

Uitverkiesing en evangelikaalse spiritualiteit: die neocalvinisme in Suid-Afrika

Vincent Brümmer, buitengewone professor in sistematiese teologie, Universiteit

Stellenbosch

157

Die aard van kerklike gesag in die kerkregtelike besinning van W.D. Jonker

Gert J. Duursema, onafhanklike navorser

169

Afdeling: Opvoedkunde

Die leerpraktykvorming van plattelandse werkersklasleerders gegrond op hulle

fondse van kennis

Henry Fillies, post-doktorale student by Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit

Stellenbosch

Aslam Fataar, Visedekaan: Navorsing van die Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit

Stellenbosch

186

Die rol van ’n veeltalige selfoonvakwoordeboek in die ontwikkeling van

konsepgeletterdheid vir onderwysstudente in die ekonomiese en

bestuurswetenskappe

Carina America, Departement Kurrikulumstudie, Universiteit Stellenbosch

Michele van der Merwe, Departement Kurrikulumstudie, Universiteit Stellenbosch

213

Praktyke met betrekking tot visuele voorstellings in ’n Afrikaans Huistaal-

handboekreeks na apartheid

Alta Engelbrecht, Departement Geesteswetenskaplike Opvoeding, Universiteit van

Pretoria

235

Voldoen Onderwêreld deur Fanie Viljoen aan die norme vir ’n geslaagde

voorgeskrewe werk vir graad 12 Afrikaans Huistaal-leerders?

Elize Vos, Fakulteit Opvoedingswetenskappe, Noordwes-Universiteit

(Potchefstroomkampus)

259

Afdeling: Regte

Vergoedingsboetes in strafregtelike verrigtinge – ’n vars perspektief Abraham Hamman, Fakulteit Regte, Universiteit van Wes-Kaapland

Windell Nortje, Fakulteit Regte, Universiteit van Wes-Kaapland

281

Vonnisbespreking: Die (ongegronde) grondslag vir die klassifisering en werking

van retensieregte in die Suid-Afrikaanse reg

United Building Society v Smookler’s Trustees and Golombick’s Trustee 1906 TS

623 Mitzi Wiese, Departement Privaatreg, Universiteit van Suid-Afrika

304

Die Suid-Afrikaanse regering se agteruitgang in sy benadering tot die beskerming

teen internasionale mense- en humanitêre regsvergrype met verwysing na Suid-

Afrika se onttrekking uit die Internasionale Strafhof, die moratorium op die

tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) en die

realistiese kans op die vestiging van ’n houdbare permanente Afrika-strafhof C.F. (Neels) Swanepoel, Departement Publiekreg, Universiteit van die Vrystaat

322

Herstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings en die uitsprake van

die hoogste hof van appèl in DPP v Thabethe en Seedat v S Danie (D.F.) Kloppers, konsultant, EduKat Educational Consulting

Henk (H.J.) Kloppers, Fakulteit Regte, Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

345

Vonnisbespreking: Bemoeiing met ’n uitsluitende kontraktuele verhouding

getroef deur vrye mededinging Johann Neethling, Departement Privaatreg, Universiteit van die Vrystaat

Johan Potgieter, Departement Privaatreg, Universiteit van Suid-Afrika

374

Vonnisbespreking: Swembaddens, visdamme, ander waterpoele en

kinderslagoffers – deliktuele aanspreeklikheid

CA v GS [2016] 4 All SA 386 (WKK)

BS v MS 2015 6 SA 356 (GP) Johann Neethling, Departement Privaatreg, Universiteit van die Vrystaat

Johan Potgieter, Departement Privaatreg, Universiteit van Suid-Afrika

389

Afdeling: Geesteswetenskappe

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

1

Mens-plant-verbintenisse in Die sideboard (2014)

van Simon Bruinders Susan Meyer

Susan Meyer, Fakulteit Opvoedingswetenskappe, Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

Opsomming

As teoretiese raamwerk vir die bestudering van die mens-plant-verbintenisse in Die sideboard word vertrek vanaf die teoretiese beginsels van die nuwe materialisme. Die konsep materie verwys na sowel menslike as niemenslike liggaamlikheid, na sowel organiese as anorganiese substansies en kragte. Natuurelemente word beskou as in besit van aktiewe krag en nie as passiewe sosiale konstruksies en objekte vir menslike uitbuiting nie. Die afgelope tyd het ’n fokusverskuiwing in die omskrywing en gebruik van die konsep materialiteit plaasgevind – die klem val nou op verhoudings as konteks vir die interaksie tussen magte van beïnvloeding en die substansies wat beïnvloed word, op vorme van vervlegting of netwerke eerder as op individuele kragte van lewende of nielewende aard. Hierdie onlangse neiging in die nuwe-materialisme-benadering is rigtinggewend vir die huidige ondersoek. Die doel daarvan is die ontleding en beskrywing van relasionele aspekte in die uitbeelding van die mens-plant-verbintenisse in die roman Die sideboard (2014) van Simon Bruinders. Só word gepoog om literêre bevestiging te vind van die teoretiese standpunt dat plante as vorme van aktiewe of beïnvloedende krag kan optree binne die konteks van interafhanklike verbintenisse met die mens. Die ontrafeling en beskrywing van die mens-plant-interaksie in die roman lei tot interessante insigte. Die hooffiguur en groenteboer, Abraham, blyk op ’n veel ingrypender wyse beïnvloed te word deur die gewasse wat hy kweek as ten opsigte van sy finansiële welstand. ’n Ooglopende aanhanklikheid van hierdie plante en ’n subtiele beïnvloeding van sy psige, lewe én lewensingesteldheid daardeur word uitgebeeld. Die roman belig op genuanseerde wyse verskeie vorme en aspekte van die vervlegting wat ontstaan wanneer mense en plante in kontak tree. Dit open nuwe perspektiewe op die rol van plante in die mens se lewe. In Die sideboard word verhoudingsdimensies geïllustreer wat antroposentriese beheer as aanvaarde uitgangspunt in die hantering van plante uitdaag.

Trefwoorde: Die sideboard; ekokritiek; mens-plant-verbintenisse; nuwe materialisme; plante as aktiewe of beïnvloedende krag; Simon Bruinders

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

2

Abstract

Plant-people relationships in Die sideboard by Simon Bruinders

Die sideboard (2014), Simon Bruinders’s first novel, is about Abraham de Bruin who grows vegetables on his mother’s rented plot near George in 1939. His dream of owning land is crushed by the political system of the time. An interesting aspect of the novel is the role that Abraham’s farming with vegetables, even on a small scale, plays in his life. It becomes clear that the crops Abraham grows have a much more profound influence on his psyche than on his income. The portrayal of nuanced or meaningful relations with plants is rare in Afrikaans narratives. The influence of plants as portrayed in Die sideboard involves a form of positive contribution to Abraham’s (and later his whole family’s) life and well-being, on a psychological level as much as regarding their physical needs. Relational aspects emerge that highlight the importance of plants to people in a way that’s different from the anthropocentric perspective of nature’s being a passive servant of man. This novel offers fertile ground to explore the real roles given to man and plant.

As a theoretical framework for studying the plant-people relationships in Die sideboard the principles of ecocriticism are used. Ecocriticism can be described as “a cross-disciplinary initiative that aims to explore the environmental dimensions of literature and other creative media in a spirit of environmental concern not limited to any one method or commitment” (Buell, Heise and Thornber 2011:418). Marijke van der Veen’s article “The materiality of plants: plant-people entanglements”, published in World Archaeology in 2014, emphasises the central place of plants in man’s life and forms the theoretical basis for studying Die sideboard. Van der Veen uses the concept of materiality and the idea of “plant agency” to investigate man-plant relationships. The focus of her research falls on intricate forms of entanglement or meshworks that are created, often unintentionally, when plants and people interact.

Van der Veen’s research is supported by the new materialism as a theoretical field within which the concept of materiality is rethought. Matter is viewed as including “human and nonhuman bodies, organic and inorganic substances and forces” (Oppermann 2013:71), so that the strict dualisms of living/non-living, human/non-human are discarded, and also the idea that elements of nature are passive social constructions. Oppermann (2013:72) states: “The new materialists perceive nature as an active, signifying force; an agent in its own terms [...]. Being thus liberated from its previous conceptualizations as a blank, silent source for the exploits of culture [...] nature is discussed as a significant participatory force field in the entanglement of meaning and matter.”

Van der Veen (2014:799) stresses the fact that the concept of materiality has changed over recent years in terms of its precise definition and use: “(It) has changed from an initial focus on the agency of objects, that is the recognition of material and non-human agency, to a greater emphasis on relationships, networks and meshworks, rather than on the individual agency of either person or object.” This observation is endorsed by several other researchers. Robb (2016:505) describes the property of agency as always relational and contextual: “(I)t is always defined in the context of a relationship between an agent and a recipient. Hence material things can be agents as long as humans interact meaningfully with them. [...] The idea of material [...] makes perfect sense within a relational view of agency; people act within relationships with things as much as with other individuals and groups.” Coole and Frost

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

3

(2010:9) also pertinently include the aspect of relationality in their description of matter as “a force, vitality, relationality”. Ingold (2016:14) sees the environment as a world that is continually unfolding in relation to the beings who make a living in it. He is convinced that “its reality is not of material objects but for its inhabitants”. Ingold (2016:14) concludes: “Thus the properties of materials, regarded as constituents of an environment, cannot be identified as fixed, essential attributes of things, but are rather processual and relational.”

This study follows the most recent trend in the new materialism approach to the understanding of the agency of plants. The purpose of this investigation is the tracing, analysis and description of relational characteristics in the depiction of the plant-people interactions in Die sideboard. It is guided by a sharp focus on the phenomenon of interdependent relationships in this novel, on the ways in which man becomes entangled with plants in body and mind, and how people are influenced by plants at the levels of the psyche and identity. This is an attempt to find confirmation for the theoretical view that plants act as agents, as forms of an active force, within the context of dynamic relationships with man.

If approached from the latest premise that matter should be viewed within the context of networks and relationships, Die sideboard becomes a fascinating text for the purpose of literary investigation. It is clear that Abraham’s dream of a patch of land becomes much more than the mere desire to manage a piece of land profitably. Several dimensions of the relationship between farmer and plant are revealed in this novel. These relationships are portrayed in a way that challenges anthropocentric control as the accepted point of departure in the handling of plants and offers a new perspective on the role of plants. Van der Veen (2014:806) refers to “webs of relationality” between man and plant, and explains: “Both plants and humans become caught up or trapped in the relationships: humans get caught up in a double-bind, depending on things (plants) that depend on humans.”

The results of the unravelling and description of the plant-people relationships in Die sideboard are instructive. This novel illuminates in a nuanced way the phenomenon that is the focal point of the investigation: the literary embodiment of the idea that man and plant influence each other and function in a strong relational context. Aspects of plant-people interdependence and of the interwovenness of human and non-human existence are powerfully illustrated in this novel. These are central concepts in the contemporary way of thinking about and emphasising the relational dimensions that have recently begun to emerge in the field of the new materialism.

It becomes evident that Abraham grows vegetables not only for his family’s use, or to earn something. There are relational elements that come into play. A form of devotion to the processes of planting and witnessing growth is portrayed. In addition to that, an obvious dependency on plants as well as signs of the subtle influencing by plants of the character’s mind, life and attitude towards life are depicted. Being busy with planting and harvesting also has an impact on Abraham’s realisation and confirmation of his identity. He finds it possible to express himself through pampering his plants. The novel also clearly illustrates how this self-interpretation manifests in the demonstration of his self-esteem, beliefs, pride and behaviour. Abraham’s interaction with plants and an awareness of his life’s intertwinement with the rhythm and routine that plants and caring for them require, inspire the will to rise above personal misfortune and disruption. This is of vital importance in the process of adaptation after each episode of uprooting in his life.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

4

The novel opens new perspectives on opinions about the place and role of plants in man’s life. This is particularly significant in an era in which anthropocentric views are influencing us to see plants in their subservient role with regard to people: as passive objects within the context of farming, trade and nutritional needs. The findings from this study support Van der Veen’s (2014:799) argument that “concepts such as materiality and entanglement help us not only to foreground the vital importance of plants in human life, but to appreciate that these plants are best studied within the complex webs of relationships that exist between plants, environments and people”. Between the pages of Die sideboard man and plant indeed live as if interwoven in a web of relationality.

Keywords: Die sideboard; ecocriticism; new materialism; plant-people relationships; Simon Bruinders; the agency of plants

1. Inleiding

Die sideboard (2014) is Simon Bruinders se debuutroman. Dit is die verhaal van Abraham de Bruin, ongeletterde kleinboer en meubelmaker, wat in 1939 op sy ma se gehuurde plot in Saasveld in die George-omgewing met groente boer. Abraham is op die punt om die plot te koop wanneer die boodskap kom dat die grond wat die De Bruins 20 jaar tevore te huur gekry en sedertdien “vrugbaar gemaak en bewerk het” (31),1 ontruim moet word. Abraham en ma Mieta word, saam met hulle bure van dieselfde sosiale agtergrond, na Die Eiland verskuif. Tien jaar later, en nadat hulle goed op Die Eiland ingeburger geraak het, word Abraham en sy mense weer gedwing om te trek, hierdie keer onder die bepalings van die Groepsgebiedewet. Hulle word in Rosemoor, ’n uitsiglose subekonomiese dorpsbuurt in George, gevestig. Die verhaal neem die leser op ’n reis deur Suid-Afrika se geskiedenis, via die gebeure van die Tweede Wêreldoorlog, waartydens bruin mense die wapen vir die land opgeneem het omdat hulle grond as beloning beloof is. Abraham beleef Sentraal-Afrika en Egipte as soldaat en keer terug na George, ontnugter deur leë beloftes en as die besitter van slegs “’n oorlogsjas en ’n baaisiekel” (131).

Tematies is Die sideboard ’n belangrike werk; die perspektief wat Abraham se belewings open ten opsigte van die impak wat apartheid en gedwonge verskuiwings op gesinne in die George-omgewing gehad het, funksioneer soos ’n spieël waarin die leser Suid-Afrika se geskiedenis opnuut in oënskou kan neem. Op die skutblad van die roman word dit voorgestel as “Abraham se stryd vir grond” – en hierdie stryd, herinner Willemse (2015:252) ons, is ’n literêre tema wat as onderstroming in menige roman in die postkoloniale Suid-Afrika voorkom. In die Afrikaanse letterkunde het die plaasroman met sy tema van mens-grond-verbintenisse selfs tot ’n subgenre ontwikkel wat telkens beskryf en sedertdien herbeskryf is.2 Bruinders se roman bring ’n belangrike verruiming ten opsigte van die perspektief op grondkwessies: die lewensomstandighede van bruin mense word as’t ware teruggeskryf in die Afrikaanse literêre diskoers.

Ter wille van literêre kontekstualisering kan gewys word op romans waarby Die sideboard tematies aansluit. Winnie Rust se Trek (2013) handel ook oor die gedwonge verskuiwing van bruin mense, maar in Rust se roman behels dit die verwydering van mense uit die middedorp van Wellington gedurende die laat 1950’s en vroeë 1960’s. Die behoefte aan ’n lappie grond is ook teenwoordig by Miss Girlie se mense in Trek, maar is minder prominent as in

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

5

Bruinders se roman. Die sideboard herinner aan Hans du Plessis se Skuiwelinge (1990), waarvan die titel dui op verskuiwing en op mense wat verskuif word, of dan “skuiwelinge” word. Ben Afrika is een van drie karakters uit verskillende agtergronde wat in ’n kamertjie in ’n parkeergarage vasgekeer word wanneer politieke geweld die stad se strate in ’n slagveld omskep. Die karakters is in verskillende opsigte skuiwelinge; Ben is ’n Griekwa wat in ’n beskermde Afrikaanssprekende gemeenskap grootword en dan met die angs en ontwrigting van die verskuiwing van gemeenskappe kennis maak. Hy en sy mense word deur die regering van hulle woonplek, Erfdeel, na die “tuisland”, Bitterfontein, verskuif.

’n Verrassende aspek op tematiese vlak in Die sideboard is die rol wat Abraham se klein groenteboerdery, weliswaar ter wille van ’n aanvullende inkomste, maar duidelik ook van waarde op ’n ander vlak, in sy lewe speel en ook later in dié van sy hele gesin. Die gewasse wat Abraham kweek, blyk op ’n veel ingrypender manier inspraak te hê op die mens binne-in die groenteboer as op sy finansiële welvaart. Hierdie inspraak, soos uitgebeeld in die roman, behels ’n vorm van medeseggenskap en aktiewe deelname van plante ten opsigte van die lewe en welsyn van Abraham en later ook sy hele gesin, op psigiese vlak in geen mindere mate nie as wat hulle liggaamlike behoeftes betref. Verhoudingsaspekte kom na vore wat die belangrikheid van plante vir die mens op ’n ander manier belig as vanuit die antroposentriese perspektief dat die natuur in passiewe diens van die mens staan. Hierdie roman vra nuwe aandag vir die werklike rolle wat aan mens en plant toegeken word.

Die mens-plant-verhoudings in Die sideboard is ’n verrassende gegewe, aangesien die veelkantige uitbeelding daarvan uniek is in die Afrikaanse letterkunde. Van betekenisvolle mens-plant-verhoudings, waar dit spesifiek gaan oor ’n soort psigiese verbintenis tussen die boer en sy plante, kan weinig opgespoor word in ons verhaalkuns. ’n Soektog na verwante tematiese kwessies lei ’n mens wel na enkele tekste waarin besonderse verhoudings tussen mens en boom uitgebeeld word. Die mees onlangse daarvan is Boomkastele: ’n sprokie vir ’n stadsmens (2015) uit die pen van Schalk Schoombie. In hierdie roman word ’n unieke band uitgebeeld tussen ’n afgetrede navorser en die bome in sy voorstedelike agterplaas. Dié bome, op die grens tussen hom en die bure, word onverwags afgesaag omdat die buurman woonstelle wil bou. Die navorser is woedend oor die uitwissing van bome van minstens ’n halfeeu oud as gevolg van kortsigtige ekonomiese ideale. ’n Vete met die bure ontstaan, die navorser besluit om die dood van die bome te wreek en hierdie obsessie lei tot sy eie vernietiging.

Boomkastele herinner aan twee ander Afrikaanse romans waarin besonderse uitbeeldings van mens-boom-verbintenisse voorkom en wat tematies by mekaar aansluiting vind, naamlik Wilma Stockenström se Die kremetartekspedisie (1981) en Lien Botha se Wonderboom (2015). In eersgenoemde is die verteller ’n slavin wat ná ’n mislukte reis haar laaste lewensdae in ’n kremetartboomholte êrens in Afrika deurbring. In Wonderboom pak Magriet ’n reis aan – in ’n ongespesifiseerde toekoms, nadat wet en orde in die land in duie gestort het – na haar familie en plek van herkoms, en sy ontdek ontnugterd dat die reis geen werklike einde het nie. Net soos vir die slavin in Die kremetartekspedisie is hierdie ekspedisie vir Lien ’n poging om die verlede onder woorde te bring; dis ’n reis na buite én na binne.

Nog ’n noemenswaardige uitbeelding van die belewing van en betrokkenheid by bome word aangetref in Toorbos (2003) van Dalene Matthee. Hierin is Karoliena Kapp ’n boskind wat deur haar huwelik met ’n dorpenaar die geleentheid gegun word om uit die greep van armoede te kom, maar terugkeer na die bos om te leer hoe dit is om ’n boom te wees. Sy

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

6

word getuie van die vernietiging van die Knysnabos en die ontworteling van die bosmense in daardie omgewing in die 1930’s. Net soos die navorser in Schoombie se Boomkastele is Karoliena verslae oor die grootskaalse verwoesting van natuurlike hulpbronne en skoonheid op haar drumpel.

As ’n teoretiese raamwerk vir die bestudering van die mens-plant-verbintenisse in Die sideboard word die beginsels van die ekokritiek gebruik. Hierdie teoretiese basis word in Marijke van der Veen se artikel “The materiality of plants: plant-people entanglements” (2014) verskaf. Haar navorsingsresultate word gerugsteun deur die nuwe materialisme, ’n teoretiese veld met besondere tersaaklikheid vir die ekokritiek. Van der Veen benut die konsep materialiteit en die idee van plante in ’n handelende rol (“plant agency”) om die plek van plante in die mens se lewe te ondersoek. Sy vestig die aandag op ’n verandering ten opsigte van die omskrywing en die gebruik van materialiteit wat besig is om plaas te vind: ’n klemverskuiwing vanaf die handelende en beïnvloedende krag van materie op individuele basis in die rigting van verhoudingsaspekte, en met aandag aan netwerke en vervlegtings wat te voorskyn kom in die interaksie tussen vorme van materie (Van der Veen 2014:799).

In my ondersoek word hierdie onlangse neiging in die nuwe-materialisme-benadering gevolg om die doel met die bestudering van Die sideboard te bereik, naamlik om die relasionele eienskappe in die uitbeelding van mens-plant-interaksies op te spoor, te ontleed en te beskryf.

In die volgende afdeling word ’n teoretiese begronding vir die uitgangspunte waarvandaan vertrek word, verskaf.

2. Teoretiese uitgangspunte

2.1 Ekokritiek en aansluiting by postkoloniale studies

Aangesien mens-plant-verhoudings die fokuspunt van my ondersoek is, is die teoretiese beginsels van die ekokritiek ter sake en – teen die groter tematiese agtergrond van Die sideboard – ook die konteks van die postkoloniale ekokritiek.

Die definisie wat Glotfelty (1996:xviii) twee dekades gelede aan die konsep ekokritiek gegee het, naamlik ’n ondersoek na die verhouding tussen letterkunde en die fisiese (natuur)omgewing, word steeds as gesaghebbend beskou (Huggan en Tiffin 2010:12). Buell (1995:11) beklemtoon die etiese dimensie as ’n belangrike komponent van ekokritiek: in sy uitbreiding op Glotfelty se definisie beskryf hy ekokritiek as die bestudering van die verhouding tussen letterkunde en omgewing wat onderneem word in ’n gesindheid van toewyding aan omgewingskundige praktyke of gebruike.

Buell, Heise en Thornber (2011:418) belig die kernaspekte van die ekokritiek in vollediger terme wanneer hulle dit só omskryf:

Ecocriticism is a cross-disciplinary initiative that aims to explore the environmental dimensions of literature and other creative media in a spirit of environmental concern not limited to any one method or commitment. Ecocriticism begins from the conviction that the arts of imagination and the study thereof – by virtue of their grasp

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

7

of the power of word, story, and image to reinforce, enliven, and direct environmental concern – can contribute significantly to the understanding of environmental problems [...]. In this, ecocriticism concurs with other branches of the environmental humanities – ethics, history, religious studies, anthropology, humanistic geography – in holding that environmental phenomena must be comprehended, and that today’s burgeoning array of environmental concerns must be addressed qualitatively as well as quantitatively.

Soos wat die ekokritiek oor die jare gegroei en ontwikkel het, het verskeie aspekte daarvan onder kritiek deurgeloop en het sekere probleme omtrent dié dissipline aan die lig gekom. Enkele probleemaspekte kan hier genoem word. Gifford (2008:15) wys op ’n beswaar wat in die ontstaansjare van die ekokritiek dikwels geopper is, naamlik die gebrek aan ’n behoorlike metodologie en gesofistikeerde teoretiese raamwerk. Terwyl hierdie kwessie toenemend bevraagteken is, het ekokritici gekies om die interdissiplinêre aard van die dissipline te beklemtoon: dat die lettere en omvattender geesteswetenskappe met die wetenskappe in gesprek behoort te wees en dat dié interdissiplinêre gesprek in gelyke mate vanuit die kritiese en kreatiewe dissiplines gevoed behoort te word. In ’n onderhoud met Lawrence Buell, een van die baanbrekers vir ekokritiek, reageer hy op hierdie kritiek, wat hy “a common but increasingly outdated charge” noem, deur te verwys na verskillende navorsers wat sedert die middel-1990’s studies met ’n sterk teoretiese basis publiseer as bewys dat ekokritici wel toenemend gesofistikeerd te werk gaan (Fiedorczuk 2011:11).

Phillips (2013:463–5) kom egter redelik onlangs weer met kritiek op dieselfde kwessie, maar uit ’n ander invalshoek. Wat hy beskou as die taaiste kwessie vir die ekokritiek, is die probleem van die uitbeelding of die voorstelling van natuuromgewings en -verskynsels, wat hulle nie leen tot die soort uitbeeldings waartoe literêre werke (volgens Phillips se oordeel) in staat is nie. Hy argumenteer dat natuurlike omgewings ’n onbegryplike hoeveelheid inligting oplewer, groter in omvang as wat enige menslike brein of rekenaar kan verwerk (Phillips 2013:464). Sulke omgewings kan nie soos ’n studie-objek benader word nie – die kompleksiteit daarvan is te groot en die menslike waarnemingsvermoë, selfs die totaliteit van sy sintuiglike vermoëns, is te ontoereikend. Dit lei, volgens Phillips (2013:465) tot ’n praktyk wat blootgestel is aan kritiek:

A wide range of sciences organized under the loose heading of ecology has arisen to try to affect the comprehension of the natural environment collectively and cumulatively. [...] Given the different methodologies and theories the various natural sciences employ, the ensemble rarely plays from the same score or on the same scale. Competing methods, theories, and the claims they generate create a cacophony. This cacophony is music to the ears of environmental skeptics [...] The unsure nature of our knowledge of the environment also makes it difficult to see how environmentalism and ecological science might serve as foundations or sanctions for literary and cultural criticism.

In plaaslike gesprekke oor ekokritiek word, net soos internasionaal, die standpunt geopper dat die studie van omgewingsgerigte letterkunde nie ’n daadwerklike oplossing blyk te bied vir die ekologiese krisisse wat wêreldwyd vanweë die kortsigtigheid van die mens uitspeel nie (Steenkamp 2013).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

8

Reaksies hierop is uiteenlopend. Hoewel daar waarskuwings opklink teen die gevaar om die effek van natuurgerigte literêre werke op die mens se optrede of beskouings te oordryf (Macfarlane 2013:167), is Macfarlane self en Moran (2014:61) oortuig dat hierdie genre van groot hulp kan wees in die vestiging van ’n benadering van deel te wees van ’n groter, niemenslike geheel op ’n wyse waar medebewonerskap, nie eienaarskap nie, die norm is. (Moran 2014:61) en Macfarlane (2013:167) verwys na die onbedoelde gevolge wat literatuur dikwels het – “It stirs the sediments of thought and morals” – en na die wyse waarop hierdie tekste van wetenskaplike skryfwerk verskil. Hiermee word bedoel dat letterkunde ons deel kan maak van die bewussyn van ander, ook van ander spesies, en ons kan help om ander uitkomste vir die toekoms te visualiseer. Letterkunde kan, in die woorde van Iovino (2010:57), “potentially impact the imagination of an entire society”.

Die probleem ten opsigte van ekokritiek wat ook as aansporing dien vir ’n ondersoek soos hierdie, wat literêre ontleding en kritiek behels, is dat ondanks ’n toenemende belangstelling in omgewingskwessies op beide plaaslike en internasionale vlakke, die gegewe van die druk waaronder die aarde se lewensonderhoudende sisteme verkeer, steeds ’n geringe impak op die literatuursisteme het. Glotfelty (1996:xv) voer aan dat ekokritiese vakkundigheid grootliks akademies en teoreties ingestel bly, “in the sense of scholarly to the point of being unaware of the outside world”. Smith (2015a) beaam dat selfs internasionale ekokritici hulle veel meer geredelik met teorie besig hou as wat daar aandag geskenk word aan die toepassingsmoontlikhede binne die literatuur.

Op die plaaslike toneel is die toepassing van ekokritiese teorie op Afrikaanse tekste ’n uitdaging waarvoor nog baie ruimte bestaan. Slegs ’n klein groepie akademici spits hulle op die ekokritiese bestudering van die Afrikaanse letterkunde toe. Marisa Keuris (2007) lees en beoordeel Pieter Fourie se Die koggelaar deur ’n ekokritiese lens. Reinhardt Fourie se MA-verhandeling (2011) is toegespits op ’n postkoloniale en ekokritiese lesing van Marlene van Niekerk se Agaat. Susan Smith se artikels lewer sedert 2012 ’n baie belangrike bydrae tot die konkretisering van ekokritiese teorie binne die kader van Afrikaanse literatuurondersoek (Smith 2012a, 2012b, 2014 en 2015b). Sedert 2006 publiseer ek ook gereeld navorsings-resultate van my verkenning van die ontledende en hermeneutiese moontlikhede wat opgesluit lê in Afrikaanse prosawerke wanneer dit vanuit ’n ekokritiese perspektief ontsluit word (byvoorbeeld Meyer 2014a, 2014b, 2015a en 2015b). Corné Coetzee (2015) se artikel handel oor stedelike ekokritiek as lens vir die lees van sewe gedigte met ’n stadsagtergrond.

Aangesien hierdie ondersoek die toepassing van ekokritiese beginsels op die terrein van die Afrikaanse teksontleding behels, kan dit waardevolle vordering bring op die gebied van die plaaslike ekokritiese literatuurkritiek. Die bestudering van tekste vanuit ’n ekokritiese oogpunt is uiteraard ook een van die wyses waarop sekere konsepte en idees binne die veld van die ekokritiek verfyn kan word. Hierdie ondersoek bied dus die geleentheid ter benutting van sekere teoretiese idees, nie slegs om Die sideboard beter te verstaan nie, maar ook om tot ’n beter begrip van daardie spesifieke teoretiese konsepte te kom.

In Die sideboard verloor Abraham die grond wat sy mense in vrugbare landbougebied omskep en oordeelkundig benut het. Sy “voormense” het groot dele van die land besit en bewerk “voor die verneukspul gekom het” (17). Die verhaal speel af in die 1940’s en 1950’s; Abraham loop hom vas teen die politieke magsisteem van daardie tyd. Hy is die seun van ma Miena – “afstammeling van een van die Hottentotstamme wat tussen Knysna en die Langekloof rondgeswerf het” – en pa Gabriël, “wit van vel, met blougrys oge”, wie se ma ’n

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

9

nooi Le Roux was, “’n wit vrou uit Uniondale se deel van die Langekloof” (14). Die interpretasie van strukture van politieke, ekonomiese en sosiale oorheersing, in Die sideboard uitgebeeld vanuit ’n kulturele perspektief wat minder bekend in die Afrikaanse letterkunde is, maak die roman tematies betekenisvol.

Dit moet egter duidelik gestel word dat die postkoloniale konteks slegs die agtergrond vorm waarteen mens-plant-verbintenisse ondersoek sal word en teorie uit die veld van die ekokritiek geïmplementeer sal word. Die fokus sal deurentyd daarop gevestig bly om vas te stel hoe daar in die roman van die mens se dominerende beskouing ten opsigte van natuuraspekte ontslae geraak word, soos wat ook op politieke en sosiale vlakke daarteen geprotesteer word. Teen die agtergrond van die magsbeheer oor mense, soos Abraham en sy gesin dit beleef, kry die verbreking van die patroon van oorheersing oor die plantewêreld waarop die soeklig tydens die ondersoek val, besondere betekenis.

Die sorgsame benutting van die stukkie aarde waar Abraham en Miena groente kweek, lewer steeds goeie resultate. Abraham beleef met genoegdoening die oordadige drakrag daarvan: hulle oes wortels, boontjies, ertjies, pampoen, aartappels en patat. Aan Stella, die onderwyseres saam met wie hy droom oor “’n stuk swart aarde waar jy oeste kan afhaal en kinders kan grootmaak”, verduidelik hy die kerngesonde verhouding met dié aarde, die beginsel van neem én gee: “Ons kén die grond. Ons weet wat die grond kan gee. Wat hy vra” (33).

Die eienaar by wie die grond gehuur word, verkoop dit egter aan die regering vir die doeleindes van bosbou; enkele jare later is Abraham sy huis en aangrensende groentetuin finaal kwyt wanneer die regering besluit om ’n landboukollege daar te bou. Die planne van ontwikkeling en vooruitgang wat die regering se besluite motiveer, lei direk tot die ontneming van boerderygeleenthede vir die bruin gesin.

Die postkoloniale nuanses in die roman wat tot dusver uitgespel is, plaas dit binne die kader van die postkoloniale ekokritiek.

Guha en Martinez-Alier (1997:196) stippel die postkoloniale situasie uit:

[T]he ways in which state-planned industrialisation in postcolonial environments, even while it claims to practise one version or other of sustainable development, has succeeded in pauperizing millions of people in the agrarian sector and diminishing the stock of plant, water and soil resources as a terrifying rate.

Ekologiese imperialisme kry duidelik in die verhaalgegewe van Die sideboard beslag, en spesifiek die vorm daarvan wat Huggan en Tiffin (2010:4) environmental racism noem, oftewel omgewingsrassisme, wat beskryf word as die verbinding van ras met omgewing op so ’n wyse dat onderdrukking van die een gekoppel is aan, en ondersteun word deur, die onderdrukking van die ander. Omgewingsrassisme is, volgens Huggan en Tiffin (2010:4), ’n sosiologiese verskynsel wat beslag kry en geïllustreer word deur diskriminerende praktyke met betrekking tot omgewingskwessies en teen sosiaal gemarginaliseerde of ekonomies benadeelde mense gemik is.

Groot Koos Venter in Die sideboard, wat ook in Abraham se omgewing boer, meen “sy witgeit stel hom bo ander mense”. Hy verduidelik aan sy seun dat die lewe bestaan uit

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

10

wenners en verloorders en verklaar: “Ons, die Afrikaner, die Boerevolk, ons is nou die wenners” (36). Wanneer die bevel van die magistraat kom dat Abraham die plot “vandag nog leegmaak”, daag Venter op om “te help trek”, maar Abraham verset hom en kry ’n vuishou in die gesig (42–4).

Ekologiese imperialisme en konsepte wat daarmee saamhang, soos omgewingsrassisme en biokolonisasie (biocolonisation),3 waarin terme uit die studieterreine van die postkoloniale studies en ekologiese studies saamgetrek word, is aanduidend van die pogings om hierdie terreine byeen te bring. Die doel hiervan is om teen voortgaande imperialistiese en oorheersende gebruike op sosiale en omgewingsvlakke te protesteer en om tot dieper insig en begrip ten opsigte van sekere kwessies en verskynsels te kom.

Huggan en Tiffin (2007) verwys na die bondgenootskap tussen postkoloniale studies en omgewingstudies as groen postkolonialisme (green postcolonialism). Cilano en DeLoughrey (2007) noem dit postkoloniale ekokritiek (postcolonial ecocriticism).

Dié ineenstroming van ondersoekterreine word deur Mukherjee (2006:144) as voor die hand liggend beskou:

Surely, any field purporting to theorise the global conditions of colonialism and imperialism (let us call it postcolonial studies) cannot but consider the complex interplay of environmental categories such as water, land, energy, habitat, migration with political or cultural categories such as state, society, conflict, literature, theatre, visual arts. Equally, any field purporting to attach interpretative importance to environment (let us call it eco/environmental studies) must be able to trace the social, historical and material co-ordinates of categories such as forests, rivers, bio-regions and species.

Buell (2005:97) verwys na die onderskeie ideologiese uitgangspunte van postkoloniale studies en die ekokritiek; ook hy vind ’n saamvloei na ’n ontmoetingspunt moontlik:

Postcolonial critiques of European imperialism and colonialism have from the outset been informed by ethical and political concerns, while the burgeoning area of environmental analysis and critique, particularly though by no means exclusively in the humanities, has in large part emerged out of genuine alarm at the future of the planetary environment and its inhabitants. Such concerns come in the wake of taken-for-granted human domination where anthropocentrism and western imperialism are intrinsically interwoven. Consequently, both postcolonial critique and eco/environmental studies have been, and remain, deeply polemical.

Wat deur die bondgenootskap tussen die postkoloniale en ekokritiese studieterreine aan die lig gebring word, meen Huggan en Tiffin (2010:12), is die behoefte aan ’n breë begrip vir die veranderende verhouding tussen mense, diere en omgewing – een wat op sy beurt aandag vra vir die kulturele prosesse van representasie en vir “those processes of mediation [...] that can be recuperated for anti-colonial critique”. Hierdeur word die rol van literêre verbeeldingsprodukte in die taak van die postkoloniale ekokritiek beklemtoon, saam met

a set of aesthetic preferences for ecocriticism which is [...] attentive to those forms of fictional and non-fictional writing that highlight nature and natural elements

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

11

(landscape, flora and fauna, etc.) as self-standing agents, rather than support structures for human action, in the world. (Huggin en Tiffin 2010:13)

Binne die groter Suid-Afrikaanse literatuurstudieveld is enkele waardevolle ondersoeke reeds vanuit die gekombineerde vertrekpunte van die ekokritiek en die postkoloniale studies onderneem. Die mees onlangse hiervan is Reinhardt Fourie se MA-verhandeling (2011), waarin hy Agaat (Marlene van Niekerk) ontleed en interpreteer uit so ’n kombinasie van oogpunte. Fourie ondersoek die verhouding tussen sekere romankarakters en plek, spesifiek Grootmoedersdrift en die aspekte van grond, plantegroei en dierelewe op die plaas, om vas te stel hoe hierdie natuurelemente benut word in die uitbeelding van postkoloniale magsverhoudings tussen die karakters.4

Vroeër het ook Vital (2008), Wylie (2007) en Woodward (2003) hulle op die gebied van die postkoloniale ekokritiek begeef. In Vital se artikel word J.M. Coetzee se roman Life and times of Michael K ondersoek as voorbeeld van die verweefdheid van postkoloniale en ekologiese denke. Vir hom is die idee van ’n Afrika-ekokritiek te koppel aan vrae omtrent die spesifieke betekenisse wat plaaslik aan die natuur toegeken word, en omtrent wat dit oor die hede en verlede van mense hier verraai (Vital 2008:88).

Wylie (2007) ondersoek die moontlikheid of die verwoording van die San-wêreldbeskouing, spesifiek die “ander” waardes, ekologiese strategieë en inheemse kennissisteme soos opgeteken in tekste van Alan James en Antjie Krog, ’n gelokaliseerde basis vir ’n Suid-Afrikaanse ekokritiek kan verskaf. Hy beredeneer die betekenisimplikasies daarvan om ’n ekologies-georiënteerde literêre kritikus in Suid-Afrika te wees en pas Fernando Oritz se idee van transkulturaliteit toe in ’n poging om ons land se diverse kultuurgeskiedenisse byeen te bring (Wylie 2007:266–7).

Woodward se artikel (2003) val binne die veld van dierestudies en plaas literêre voorstellings van diere binne ’n gehistoriseerde kultuur, terwyl sy dit duidelik stel dat ekologieë onlosmaaklik van politiek en kultuur is (Woodward 2003:290). Drie skrywers van suidelike Afrika, Zakes Mda, Yvonne Vera en Mia Couto, se werk word bespreek om aan te dui op watter wyses hulle koloniale diskursiwiteit omtrent die natuur in hulle postkoloniale tekste weerspreek.

2.2 Die nuwe materialisme

Die kern van Van der Veen se artikel “The materiality of plants: plant-people entanglements” (2014) is dat plantlewe ’n natuuraspek is wat buite die antroposentriese denkraamwerk beskou en ondersoek behoort te word. In ondersoeke na plante, voer Van der Veen (2014:800) aan, moet die beskouing van plante as passiewe objekte laat vaar word en behoort die aspek van die materialiteit daarvan aandag te verdien. Hierdie artikel van Van Veen dien as die teoretiese basis vir die ontleding van mens-plant-verbintenisse in Die sideboard in die volgende afdeling.

Van der Veen (2014) beklemtoon die sentrale plek van plante in die mens se lewe en ook hoe belangrik die onderwerp van mens-plant-verhoudings in navorsingsondersoeke in die argeologie en omgewingsargeologie geword het. Tot dusver was die benadering tot plante hoofsaaklik antroposentries – met aandag aan die mens se beheer oor en beskadiging van plantlewe. In onlangse ondersoeke na mens-objek-verhoudings in die argeologie word egter

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

12

nie meer gefokus op wat spesifieke voorwerpe vir die mens beteken nie, maar op wat deur hierdie voorwerpe, en op grond van hulle eie aard, verrig kan word en op wat hulle in werklikheid is (Van der Veen 2014:799). Sy self benut die materialiteit van plante en die idee van plante in ’n handelende rol (plant agency) om mens-plant-verhoudings te ondersoek. Sy fokus op ingewikkelde vorme van vervlegting (entanglement) of netwerke (networks/ meshworks) wat, dikwels onbedoeld, geskep word wanneer plante en mense in interaksie tree.

Die nuwe materialisme is ’n teoretiese terrein wat verskeie dissiplines dien, onder andere dié van die natuurwetenskappe, filosofie en literatuurteorie en -kritiek,5 en waarbinne herbesinning plaasvind oor materialiteit – dit waaruit ons liggame en die natuurlike wêreld gemaak is. Binne die teoretiese raamwerk van die nuwe materialisme word natuurelemente nie as passiewe sosiale konstruksies beskou nie, maar eerder as vorme van bemiddelende krag wat interaksie met en verandering of beïnvloeding van ander elemente teweegbring, ook van die mens (Alaimo en Hekman 2008:7, Smith 2012b:892).

Oppermann (2013:72) stel dit só:

The new materialists perceive nature as an active, signifying force; an agent in its own terms [...]. Being thus liberated from its previous conceptualizations as a blank, silent resource for the exploits of culture [...] nature is discussed as a significant participatory force field in the entanglement of meaning and matter.

Die idee dat materie ’n mag van beïnvloeding (“agentic power”) uitoefen, ook oor die mens, lei tot Bennett (2010:xvi) se gevolgtrekking dat menslike magte en beïnvloedingsvermoë weerklank vind in dié van niemenslike bestaansvorme, met die gevolg dat daar ’n teenvoeter bestaan vir die narsistiese idee dat die mens in beheer van die wêreld is. By die konsepte materie en materialiteit word menslike en niemenslike liggaamlikheid ingesluit, en sowel lewende as nielewende stowwe, substansies of kragte (Oppermann 2013:71). Smith (2014:755) beskryf ook – in navolging van Alaimo en Hekman (2008:1) – materie as ’n meervlakkige konsep wat die materialiteit van sowel die menslike liggaam as die natuurlike en nienatuurlike wêreld insluit en nie beperk is tot die eng dualisme van lewend/nielewend, menslik/niemenslik nie.

Coole en Frost (2010) vat die sleutelinsigte van die nuwe materialisme soos volg saam:

Conceiving matter as possessing its own modes of self-transformation and self-organization, and thus no longer as simply passive or inert, disturbs the conventional sense that agents are exclusively human and possess the cognitive abilities, intentionality, and freedom to make autonomous decisions and the corollary presumption that humans have the right or ability to master nature. Instead, the human species is being relocated within a natural environment whose material forces themselves manifest certain agentic capacities [...] Matter is no longer imagined here as a massive, opaque plenitude but is recognized instead as indeterminate, constantly forming and reforming in unexpected ways.

Van der Veen (2014:799) benadruk die feit dat die konsep materialiteit, ten opsigte van die presiese omskrywing en die gebruik daarvan, die afgelope tyd aan die verander is:

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

13

[It] has changed from an initial focus on the agency of objects, that is the recognition of material and non-human agency, to a greater emphasis on relationships, networks and meshworks, rather than on the individual agency of either person or object. (Van der Veen 2014:799)

Hiermee stem Robb (2016:505) saam. Hy beskou die eienskap van dinamiese aktiwiteit en beïnvloeding (“agency”) waaroor materie beskik, as altyd relasioneel en konteksgebonde:

[I]t is always defined in the context of a relationship between an agent and a recipient. Hence material things can be agents as long as humans interact meaningfully with them. [...] The idea of material agency loses its shock value if we stop treating agency as a zero-sum quantity associated with individual, volitional mastery. It makes perfect sense within a relational view of agency; people act within relationships with things as much as with other individuals and groups.

Coole en Frost (2010:9) sluit die aspek van relasionaliteit ook pertinent in by hulle beskrywing van materie as ’n verhoudingsgefundeerde krag of vitaliteit (“a force, vitality, relationality”), met die verdere eienskappe dat dit ook selfskeppend, produktief en onvoorspelbaar is. Ook Ingold (2016:14) argumenteer dat die omgewing ’n wêreld is wat voortdurend ontvou in verhouding tot die wesens wat ’n bestaan daarin maak. Hy beskryf sy oortuiging só: “(I)ts reality is not of material objects but for its inhabitants.” Sy slotsom is dat die eienskappe van materie, wanneer dit as die samestellende dele van ’n omgewing beskou word, nie geïnterpreteer kan word as vasgestelde kenmerke van voorwerpe nie, maar bestudeer moet word in verhoudingsverband (“they are rather relational”).

In hierdie ondersoek word die onlangse neiging in die nuwe-materialisme-benadering ten opsigte van die beskouing van die beïnvloedingsmag van plante gevolg. Die doel van die ondersoek is die opspoor, ontleding en beskrywing van relasionele eienskappe in die uitbeelding van mens-plant-interaksies in Die sideboard. Die ondersoek word gerig deur ’n skerp fokus op die verskynsel van interafhanklike verbintenisse, op die wyses waarop die mens in liggaam en gees met plante verknoop raak en hoe mense deur plante beïnvloed word op die vlakke van die psige en identiteit in hierdie roman. Só word gepoog om bevestiging te vind van die teoretiese standpunt dat plante as vorme van werkende krag optree binne die konteks van dinamiese verhoudings met die mens.

Abraham se droom oor ’n lappie aarde behels, vanuit die staanspoor in die roman, veel meer as die blote begeerte om ’n stuk grond winsgewend te bestuur. Verhoudingsdimensies en vervlegtings kom ter sprake in die uitbeelding van boer en plant; hierdie verbintenisse word uitgebeeld op ’n wyse wat antroposentriese beheer as aanvaarde uitgangspunt in die hantering van plante uitdaag en ’n nuwe perspektief op die rol van plante bied. Van der Veen (2014:806) praat van die verhoudingsweb of -weefsel (webs of relationality) tussen mens en plant, en verduidelik dat plante en mense verstrik raak in wederkerige verhoudings. Mense word in ’n dubbele verbintenis vasgevang, aangesien hulle afhanklik raak van iets (plante) wat van hulle versorging afhanklik is.

Die bestudering van hierdie interafhanklike verbintenisse in Die sideboard vind in die volgende afdeling plaas, met die doel om op literêre vlak bevestiging te vind van die teoretiese standpunt dat plante oor die beïnvloedingsmag beskik om mense in vervlegtings of onontkombare verhoudings vas te vang.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

14

Die klemverskuiwing ten opsigte van die betekenisinhoud van materialiteit, wat Van der Veen (2014:799) en Robb (2016:505) beklemtoon en wat beslag kry in die aandag aan verhoudings en die vervlegtings of verweefdheid van menslike en niemenslike bestaan, is volgens Iovino (2016) die beste te begryp in die lig van wat die posthumanistiese benadering bied. Iovino (2016) verwys na eietydse teoretici soos Karen Barad, Stacy Alaimo en Serpil Oppermann wat vanuit ’n posthumanistiese denkraamwerk funksioneer in hulle verwerping van die dogma van menslike uitsonderlikheid en aandring op wyer perspektiewe op die heelal. Hierdie aandrang is gebaseer op ’n afwysende standpunt ten opsigte van die idee van skeiding tussen menslike en niemenslike bestaansvorme. Daarmee saam word ’n standpunt van verwerping ingeneem ten opsigte van idees oor die mens se bevoorregte posisie en regte ten opsigte van geluk en die ontwikkeling van individuele potensiaal, wat die grondslag van humanistiese denke gevorm het en deur Thoreau beskryf is as die eiewaan van die menslike ras (Iovino en Oppermann 2016).

Posthumanistiese denke moedig ons aan om ’n wyer beeld van die heelal te vorm en die eiewaan van die mens te troef deur die bestudering van byvoorbeeld die vreemde simbiose in die mikrobioom van ons liggaam. Braidotti (2009:526) praat van

a composite landscape residing inside our bodies, where “human” cells are outnumbered by thousands of species of fungi, archaea, and anaerobic bacteria, that – by digesting our food, cleaning our blood, counteracting toxins, and hydrating our skin – are simply indispensable to our being alive.

Dit is vir Braidotti ’n onweerlegbare bewys dat menslike bestaan, letterlik gesproke, die oorsteek van grense van “menslike natuur” impliseer.

Sullivan (2014:92) bring die posisie van die mens, in onskeibare vervlegting met die natuur, só onder woorde:

The human and nature are confluent, co-emergent, and defining each other in mutual relations. [...] Such vision pictures a wildly dynamic world: a world characterized by the steady negotiation of our bodily boundaries in relationship to other bodies and the surrounding matter in the environment.

Wanneer daar vertrek word vanaf die jongste uitgangspunt dat materie binne konteks van netwerke, vervlegtings en verhoudings beskou behoort te word (Van der Veen 2014:799, Rob 2016:505), vestig die nuwe materialisme die aandag op die byna spontane ontmoeting tussen die posthumanisme en die letterkunde, spesifiek dan die literêre subdissipline van die ekokritiek. Iovino (2016) voer aan, met unieke formulering, dat “material phenomena are knots in a broad web of agencies, which can be interpreted as producing narratives.” En ook: “All matter [...] is ‘storied matter’. It is a material ‘mesh’ of meanings, properties, and processes, in which human and nonhuman players are interlocked in networks that produce undeniable signifying forces” (Iovino en Oppermann 2014:1–2).

Uit die materiële ekokritiek kom dus ’n posthumanistiese uitbreiding te voorskyn met ’n fokus op die mens se vervlegte bestaan met natuurelemente soos plante, water en klip. Iovino (2016) se mening is:

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

15

The project of posthuman ecocriticism is to attend to animal, water, stone, forest, and world – and not to deny force, agency, emergence or thriving to any of these entities, all of which act, all of which are story-producing [...] in that they expressively challenge the idea of mute distinctions and inflexible boundaries between human and nonhuman matters.

Die navorser se eie kritiese ingesteldheid teenoor die uitgangspunte van die nuwe materialisme is uiteraard belangrik. Dis is nie voldoende om ’n stuk ontwikkeling wat op die voorpunt van hierdie teoretiese veld aan die gebeur is, slegs teoreties te verken nie. Die identifisering van ’n belangrike nuwe tendens, naamlik dat die kernkonsep materialiteit in die onlangse tyd beskryf en gebruik word met aandag aan verhoudings as konteks vir die interaksie tussen magte van beïnvloeding en die substansies wat beïnvloed word, moet verder gevoer word. In die navorsingswêreld van die literatuurkritiek geld dat een van die belangrike wyses waarop nuwe teorie getoets en krities beoordeel kan word, in die toepassing daarvan lê. In die volgende afdeling van die artikel word die spesifieke, geïdentifiseerde aspek van die nuwe-materialisme-benadering dus toegepas in ’n kritiese teksontleding. Die teks word as ‘t ware gebruik om die teorie te verskerp. In die proses word nuwe grond betree. In die reeds genoemde navorsing wat deur myself en Susan Smith onderneem is om aspekte van die nuwe materialisme in Afrikaanse tekste te verken, is nie aan die aspek van relasionaliteit in die hantering van die konsep materialiteit aandag geskenk nie.

Die idee van plante as beïnvloeders van die mens, selfs op psigiese vlak, lei in die volgende afdeling van die artikel tot die ontdekking van aspekte van beïnvloeding ook ten opsigte van die karakters se identiteitsbevestiging en -belewing. Die aspekte van identiteit wat ter sprake sal kom, is eerstens dié van persoonlike identiteit, wat in James Fearon se waardevolle artikel “What is identity (as we now use the word)?” geskei word van sosiale identiteit – met laasgenoemde vorm van identiteit beskryfbaar as ’n sosiaal-gekonstrueerde kategorie, ’n groepering van mense geëtiketteer deur menslike denke en diskoers (Fearon 1999:2, 15). Persoonlike identiteit, daarenteen word deur Fearon (1999:20–2) beskryf met verwysing na ’n stel eienskappe, oortuigings of gedragsbeginsels wat die grondslag vorm van wie en wat ’n mens self dink jy werklik is; wat jou as individu, volgens eie oordeel, van ander onderskei. Dit is hierdie persoonlike onderskeidende karaktertrekke wat ’n individu se selfrespek, trots en eiewaarde bepaal en sy/haar gedrag oriënteer en bepaal.6

Die tweede aspek van identiteit wat ter sprake sal kom, spesifiek in die ontleding van die mens-plant-verbintenisse in hierdie roman, is ekologiese identiteit. Hierdie term is deur Mitchell Thomashow geskep om te verwys na die verskeidenheid van wyses waarop mense hulleself “verklaar” of interpreteer in verhouding tot natuuraspekte, en hoe hierdie interpretasies manifesteer in hulle selfbewussyn, waardes en optrede (Thomashow 1996:19). Zavetoski (2003:301) se siening van ekologiese identiteit sluit direk hierby aan: “Ecological identities seem to emerge from direct experiences in nature that reframe individuals’ experiences of themselves in light of a connection to a natural world that is exogenous to culture or society.” Ook Verhagen (2010) verwys in sy beredenering van hoe ekologiese identiteit ontdek en uitgebou kan word, na Thomashow se definisie van hierdie konsep.7

In die volgende afdeling word Die sideboard bespreek aan die hand van die ontrafeling en beskrywing van die plant-mens-verbintenisse waar mense vorme van beïnvloedingsmag met plante deel en hulle bevind in verhoudings van aanhanklikheid ten opsigte van die plante waarna hulle omsien. Wat ondersoek word, is die komplekse weefsel van verbintenisse

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

16

waaruit vele bewyse ontstaan van die belangrikheid van plante vir die mens, op ’n heeltemal ander vlak as binne die verbruikerskonteks.

3. Mens-plant-verbintenisse in Die sideboard

Tekens van die bewuste skakeling tussen mens en plant is reeds met die aanvang van die roman opvallend. Waar Abraham hoog teen die Outeniekwaberge teeblare pluk, is hy sintuiglik vasgevang deur die plantlewe rondom hom: “Abraham eien die kruie soos hy klim: wildeals en oondbossie en gansbossie” (9); hy proe die plantwortels wanneer hy uit die stroom drink (12). Sy fyn ingesteldheid op plantreuke en -teenwoordigheid bevestig reeds iets van ’n sensoriese betrokkenheid by plante uit eie keuse en plesier, van Abraham se erkentlikheid ten opsigte van die subtiele rol wat plante speel in die behae wat hy in die dag vind: “Die seisoen het geil geruik daar op die berg. Die heide en die groen fynbos [...] En nou, soos hy die dorp inry, ruik hy dit in die asters en die rose in die tuine. In die dennebome met die klein groen knoppe” (16).

Van der Veen (2014:809) argumenteer dat mens-plant-verbintenisse vorm kry vanuit die subtiele, alledaagse impak van plante op die vlak van sowel liggaam as gees. Reeds in sy versorging van blomme verraai Abraham ’n verknogtheid van gees; sy seun wat hom in die blomtuin dophou, merk op: “Kyk hoe praat hy met hulle [die blomme]” (139). Dis egter veral wanneer Abraham met sy groente werk dat helder beelde voor die lesersoog ontstaan van wat Van der Veen (2014:806) die “interwoven lines” oftewel die vervlegtings tussen mens en plant noem, die fyn web van verhoudingsdrade, die onderlinge afhanklikheid waarby ook die dimensies van die gees betrek word. Terwyl Abraham ná die lang winterreëns van 1944 die nuus probeer verwerk dat Die Eiland “wit verklaar is”, spandeer hy opnuut en nougeset aandag aan sy tuin, op soek na tekens van slakke wat deur die reën gebring kon gewees het en wat sy groente kan aanval. Hy hanteer die plante met ooglopende toegeneentheid, met ’n ingesteldheid van beskerming en vertroeteling wat weinig te make blyk te hê met kommer oor die finansiële voordele van die oes wat hulle kwyt mag wees wanneer hulle die grond moet verlaat.

Abraham vroetel sagkens met sy vingers rondom die stingel van ’n jong aartappelstoel. […] Dan haal hy dit uit: twee onderontwikkelde aartappeltjies. Klein, maar die ene belofte. Hulle klou nog aan die naelstring, loer nuuskierig na die helder son. Abraham voel tegelyk beskermend jeens die vruggies, dankbaar én onrustig. Woordeloos bid hy. “Here, moenie dat ons hierdie ongebore groentetjies té vroeg moet uithaal nie.” (195)

Deur die personifiëring van die plantlewe vind hier ’n gelykstelling van mens en plant plaas, en word verdere versterking gevind vir die idee dat Abraham die rol van plante in sy lewe besonder kosbaar ag.

Die groente is afhanklik van sy sorg, maar wat hier uitgebeeld word, is die “mutual dependence” waarvan Van der Veen (2014:804) praat en wat sy só beskryf:

A fully domesticated plant cannot survive without the aid of man. But through day-to-day engagement with plants, in the sense of tending and cultivating growing crops

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

17

[...], farmers’ daily and monthly rhythms are tied to the life cycle of these crops. People have become so “dependent” on these crop plants that, in some way, the plants have “domesticated” people. (Van der Veen 2014:806)

Tydens hulle verblyf op Die Eiland is die groenteboerdery uitgebrei deur die aanplant van ’n vrugteboord, “geil en goed bewerk” (139), waarvan die doel klaarblyklik nie die verhandeling van die oes is nie, maar om vir die gesin tot nut te wees – as gesonde voedingsbron, en veral om die vreugde van die groei en die bloei te beleef en dié ervarings met die kinders te deel. Terwyl Abraham met verskillende vrugtebome eksperimenteer, ontdek hy met kwalik bedekte opwinding geheimenisse omtrent daardie presiese tye in die jaar wanneer “krismispruime” en “vleispruime” ryp word, die subtiele verskille in die smaak van “soetpeertjies” en “waterpere” (139). Hy beleef met groot genoegdoening die wonder van die ritmiese ineenskakeling van bome se groeipatroon met die gang van seisoene en van die ontwikkeling van vruggies wat hierdie harmonie bevestig: “Elke jaar in Oktober kom die klein groen pruimpies uit. Onverwags, almal tegelyk, so asof hulle dit skelmpies beplan het” (139). Hy laat die kinders toe om tussen die blomme te speel; hy gaan voort met “’n verspotte dans met oorlogsbewegings en iets soos ballet” (139). Ook die boord is vir die kinders ’n plek van ontdekking en eksperimentering onder hulle pa se aanmoedigende oog. Die onsuksesvolle appeloes lei tot kreatiewe kinderspel, omdat Abraham die waarde daarvan insien om die kleingoed tussen die takke en die blare te laat rinkink terwyl hulle die onbruikbare klein vruggies op ’n verbeeldingryke manier benut in die ontwikkeling van “vérgooi”-vaardighede (39). Hier word interessante bevestiging gevind van die wyse waarop Van der Veen (2014:804) meen dat tuinboerderye, omdat hulle dikwels nader aan huise is, meer gereelde en direkte hantering van plante tot gevolg het, ’n groter vertroudheid met die plante in die hand werk en dikwels ook ’n invloed op die boer se lewensuitkyk het.

Die lewe én lewensbeskouing van die boer word deur die plante wat hy kweek, geraak, voer Van der Veen (2014:805) aan. Sy voer aan dat boere se verbintenis tot die prosesse van plant, bewerk en oes ’n sterk bydraende faktor is ten opsigte van hulle ontwikkeling tot wie hulle uiteindelik is, aangesien hulle lewens gerig en gereguleer word deur plante – deur hulle lewensiklusse, behoeftes en die unieke aard en eise van verskillende plante. Verder word gesê, ten opsigte van die lewensingesteldheid wat uit die noue kontak met plante groei, dat die roetine van plantversorging die wyse help bepaal waarop die boer die wêreld beskou en daarop reageer (Van der Veen 2014:804). Wanneer Abraham se gesin en gemeenskap vanaf Saasveld na Die Eiland verskuif word, word sy hoopvolle ingesteldheid uitgebeeld as direkte uitvloeisel van sy plan om weer plante aan die groei te kry rondom hom. Die proses van ontworteling is op sigself aanvanklik pynlik; Abraham sê: “Nes ons op ’n plek wortel geskiet het, dan moet ons daar uit” (46). In die metafoor van die mens as plant is weer blyke van die gelykstelling van mens en plant. Hierdeur word die waarde wat aan plante geheg word, opnuut beklemtoon. Aanvanklik stoei Abraham se gees met die idee van verplanting – “Ek weet nie of ek hier gaan akkideer nie” (46) – maar dan stap hy die nuwe erf deur, bekyk die grond, en die moontlikheid om weer die prosesse van groei te beleef, gee hom moed:

Hy trek ’n pol gras uit. Dit lig maklik uit die donker grond. Hy skep ’n hand vol grond en vryf dit tussen sy vingers. Dit wriemel van die pienk erdwurms.

Hierdie is dalk tog, ondanks die omstandighede, ’n nuwe begin vir hom en Stella. (46)

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

18

Dat die grond verwaarloos en oortrek van die onkruid is, skep uitdagings, maar Abraham se fokus is dié van ’n boer wat hunker daarna om weer plante te sien ontkiem en groei: “Abraham adem diep aan die effense muf reuk van die vars omgedolde aarde. […] Hy sal jok as hy sê die werk en die vooruitsigte van wat hulle met hierdie aarde kan doen, maak hom nie opgewonde nie” (47). Ook Mieta se fyntuin word dadelik geplant (48). By beide ma en seun is ’n soort aanhanklikheid op te merk, ’n mate van emosionele steun op die vastigheid wat uit bestendige groeipatrone te put is en wat hulle laat glo die vestiging van plante kan die eerste stap in die rigting van oorlewing wees. Die mens se afhanklikheid word hier selfs sterker beklemtoon as dié van die plant – ’n besonder duidelike demonstrasie van die gedagte dat plant en mens verstrik raak in wederkerige verhoudings en van die dubbele verbintenis waarin mense vasgevang word, aangesien hulle afhanklik raak van iets (plante) wat van hulle versorging afhanklik is (Van der Veen 2014:806).

Die uitbeelding van mens-plant-verbintenisse in Die sideboard belig ook die idee dat die mens se verhouding met plante ’n rol kan speel in sy identiteitsbevestiging en -belewing. Vir Abraham behels die opvoedingstaak die vorming van sy kinders se oortuigings en gedrag asook hulle idees omtrent wie en wat hulle ten diepste is. Met hierdie taak konsentreer hy spesifiek daarop om vaardighede ten opsigte van die hantering van plante by sy seuns te kweek. Sodra hulle oud genoeg is om te leer tuinmaak, word hulle planmatig hierby betrek: “Die groter kinders kon skoffel en selfs ploeg, terwyl die kleineres die plantwerk moes doen” (158). Die rede hiervoor is klaarblyklik nie om ledigheid teen te werk nie, maar om ’n waarderende ingesteldheid by sy kinders te skep; “[J]ulle moet ’n liefde vir die grond hê,” prent Abraham by hulle in (158). Dus word daar van jongs af ’n boodskap by die De Bruin-kinders gevestig omtrent die uniekheid wat hulle van vele ander kinders onderskei: om met plante besig te wees en die grond vaardig te kan bewerk, word deel van die positiewe selfbelewing waaruit ’n groot deel van die De Bruins se gesinstrots groei. Abraham reageer met onverbloemde trots op sy seuns juis wanneer hulle hul as bedrewe planters bewys: “Mmm … die mannetjies het mooi geplant. Mooi in netjiese rye en die bone ewe ver uitmekaar” (159).

Ook lewensvaardighede soos deeglikheid en ’n metodiese aanpak van take word by Abraham se kinders ingeprent terwyl hulle in die geheimenisse van ’n groentetuin ingewy word.

Een aartappel per gat, mooi in die middel. Bone en erte is so agt duim uitmekaar geplant. Patats is in Oktober geplant met stengels in die grond, wat dan met die kant van die voet vasgetrap word. Daarna is alles mooi gehark, die aartappels opgeërd […] sodat die aartappels mooi kan stoel onder die grond. (158)

Eerstens word Abraham se seuns hier ingelyf by die wêreld van waardering en fyn kennis omtrent plante en die hantering daarvan en leer hulle reeds iets wat Van der Veen (2014:805) as tipies beskou van die impak van plante op menselewens, naamlik dat hulle lewens gerig en gereguleer word deur die lewensiklusse, behoeftes en die unieke aard en eise van plante. Dit is op grond hiervan, onder andere, dat Van der Veen (2014:808) verklaar dat plante sonder twyfel oor beïnvloedingsmag beskik en ’n uitwerking op die mens se lewe het wat nie gering geskat moet word teenoor die invloed wat die mens op plante het nie. Tweedens word elemente van eiewaarde en selfrespek op ’n subtiele wyse deel gemaak van die persoonlike identiteit van jong kinders wat reeds ’n besondere vaardigheid op ’n sekere lewensterrein aanleer.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

19

Die lewenslesse wat Abraham met die plant van aartappels oordra, na alle waarskynlikheid ’n doelbewuste poging om tot die selftrots van die kinders by te dra, mag spruit uit die feit dat sy eie selfbelewing intiem vervleg is met sy besondere knaphandigheid met plante. As duidelike demonstrasie hiervan dien die gebeure rondom die skoolhoof se besoek: die hoof probeer Abraham oorreed om vir Albert en Johnny verder te laat studeer, maar Abraham sien dit aanvanklik as onnodig, aangesien sy eie belewing van sukses as mens baie sterk gekoppel is aan die sukses wat hy ervaar met “plant en snoei”. “En dit leer ek hulle ook,” redeneer hy met die skoolhoof (165). Stella versterk Abraham se belewing van eiewaarde wat deur sy slag met plante oor die algemeen – en spesifiek ook met sy groenteboerdery – ontstaan; sy wys hom selfs op die onvervreembare aard van hierdie besonderse deel van sy identiteit: “Jy is goed [...] in die tuin. Niemand, so lank jy leef, kan dit van jou wegneem nie. En jy gee dit aan, na jou kinders toe” (166).

Hoewel Abraham as ’n jong man sy primêre inkomste uit meubelmakery verdien, beskou hy homself as bestem vir ’n ander pad – hy wil groente kweek, ter wille van die inkomste, maar ook as lewenstaak wat gegrond is op die diep waardering wat hy vir plante koester en op die bewustheid van die onbetwisbare skakels tussen die mens en dit wat die grond voortbring. Met die beloftes omtrent grond wat Smuts tydens die Tweede Wêreldoorlog maak aan mans wat op vrywillige basis by die weermag aansluit en in Noord-Afrika gaan veg, is Abraham opnuut begeester deur die vooruitsig van eie grond, maar nie bloot om besitreg te kan uitoefen nie. “Die grond is soos … mens, Ma,” verklaar hy. Dan voltooi hy sy oortuiging: “Alles begin daar en eindig daar. Adam het uit die grond gekom” (33). Die moontlikheid van lewenslange betrokkenheid by dit wat uit hierdie grond kom, die plant- en groeiprosesse, is vir Abraham ’n belangrike bron van inspirasie en motiveer die besluit om onverwyld by die weermag aan te sluit.

Abraham keer “gekrok” uit die oorlog terug, maar werp hom met hart en siel terug in die groenteboerdery. Op “Harvest Sunday” op Die Eiland, ’n dag deur die Anglikaanse kerk ingestel om die eerste opbrengs van die oes aan behoeftige gesinne uit te deel, stap Abraham “trots en regop” die kerk binne.

Sy offer is ’n mooi boerpampoen, ’n kooksel groenboontjies, ’n koolkop en ’n bossie spinasie. Die koolkop is pragtig groen. Van bo na onder ’n volle nege duim in deursnee en in die dwarste net onder die elf duim. ’n Bossie wortels en ’n bossie beet rond die offer af. (129)

Die trots waarmee hierdie produkte uit die grond vir Abraham vul, die selfrespek wat hy hierin vind nadat hy met leë hande en verydelde drome uit die oorlog teruggekeer het, kan met reg gesien word as een van die sterkste bydraers tot Abraham se beskouing van wie en wat hy meen hy werklik is – dus van sy persoonlike identiteit. Sy toewyding aan die plante wat hierdie oes voortbring, is deel van die persoonlik onderskeidende karaktertrekke wat by Abraham ’n groot rol speel om sy eiewaarde te meet en sy gedrag te rig – die sake wat Fearon (1990:22) direk met identiteit verbind.

Dan moet die De Bruin-gesin wéér oppak, volgens die bepalings van die Groepsgebiedewet, en na Rosemoor trek. Abraham is nie meer ’n jong man nie; verdwaas en aanvanklik nie by magte om dié nuus te verwerk nie, stap hy ure lank “al prewelende in die tuin” (223). Asof hy troos en raad soek by sy plante, “onttrek (hy) hom van alles, doen niks om te help nie, [...] loop op af deur die tuin” (219). Wanneer die gesin in die “metsboksie”-huis in Rosemoor

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

20

intrek, is die eerste stap om van die troostelose omgewing iets beters te probeer maak: die oorplant van blomme uit Abraham se tuin in die tuine van Rosemoor se kerk en skool (223). Hoe ontwrig en ontuis die gesin ook al voel, gryp hulle terug na dit wat hulle goed oor hulleself laat voel en waarin hulle trots lê: hulle vermoë om iets te laat groei. “Ons wil môre die tuin tackle,” besluit hulle. “Oor tien dae is dit Kersfees. Die plek moet darem na iets lyk” (235).

In die ontredderde toestand waarin die gedwonge verskuiwing hierdie gesin laat, is hulle wil om blomme en groente in die piepklein erfie te hervestig baie duidelik die belangrikste prioriteit in die proses om weer lewenskoers te vind. Dit is ’n unieke voorbeeld van die literêre bevestiging van Van der Veen (2014:809) se standpunt dat die vervlegting van plant- en menslike bestaan waarneembaar is op die vlakke van die liggaam en die gees. Van der Veen (2014:809) se standpunt behels dat ons, in die proses van plantversorging, tot ’n sekere mate en op ’n emosionele vlak deur plante en die versorgingsprosesse tot hulp gekom kan word, selfs ook daardeur gedefinieer kan word. Haar slotsom is: “Farmers are partly the plants they grow” (2014:809) Aan die einde van die roman is daar groot uitdagings vir Abraham en sy seuns; die grond is “kliphard en arm” (237). Die voorneme om hierdie grond so gou as moontlik vir plante gereed te kry, bring egter ’n gees van vasberadenheid na die oppervlak. “Ons moet kompos onder by die rivier […] loop haal en hier inwerk,” stel Albert voor. “En mis,” doen Johnny aan die hand (237). Van der Veen (2014:804) meen tereg dat die toewyding teenoor plante en hulle versorging ’n rol speel in hoe hierdie versorgers die wêreld sien en daarop reageer.

Die mens-plant-verbintenisse wat in Die sideboard uitgebeeld word, verleen oortuigingskrag aan die uitgangspunt wat Van der Veen (2014:809) huldig in haar treffend bewoorde siening van plante as “agents with which we have dynamic relationships”.

4. Ten slotte

Die sideboard belig op genuanseerde wyse die verskynsel wat die fokuspunt van die ondersoek was: die literêre vergestalting van die idee dat mens en plant wedersydse beïnvloedingsmag kan uitoefen en in sterk verhoudingsverband figureer. Mens-plant-verbintenisse en -interafhanklikheid, die vervlegting van menslike en niemenslike bestaan – kernkonsepte in die eietydse aksentuering van die verhoudingsdimensies wat die afgelope tyd op die voorgrond tree op die terrein van die nuwe materialisme – word kragtig in hierdie roman geïllustreer.

Dit is duidelik dat Abraham nie slegs groente kweek vir benutting deur sy gesin of om tot sy finansiële welvaart by te dra nie – ’n verhoudingselement kom ter sprake, ’n ooglopende aanhanklikheid van plante en ’n subtiele beïnvloeding van sy gees en gemoed, lewe én lewensingesteldheid deur hierdie plantgewasse. Die besigwees met plant en oes het ook ’n impak op Abraham se identiteit. Hy vind dit by uitstek moontlik om aan homself uitdrukking te gee deur die vertroeteling van plante, en die roman illustreer baie duidelik hoe hierdie selfinterpretasie manifesteer in die demonstrasie van sy eiewaarde, oortuigings, trots en gedrag. Abraham se interaksie met plante en sy belewing van ’n vervlegting met die ritme en roetine wat plante en hulle versorging bring, inspireer die wil om persoonlike teenspoed en

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

21

ontwrigting te oorkom. Dit is onmisbaar belangrik in sy aanpassingsproses ná elke episode van ontworteling.

Die roman open nuwe perspektiewe ten opsigte van beskouings oor die plek en rol van plante in die mens se lewe, in ’n era waarin antroposentriese sienings ons steeds beïnvloed om plante te beleef in hulle ondergeskikte rol aan mense – as passiewe objekte binne die konteks van boerdery, handel en voedingsbehoeftes. Die bevindings van hierdie ondersoek ondersteun Van der Veen (2014: 799) se argument dat

[C]oncepts such as materiality and entanglement help us not only to foreground the vital importance of plants in human life, but to appreciate that these plants are best studied within the complex webs of relationships that exist between plants, environments and people.

Tussen die bladsye van Die sideboard leef mens en plant, inderdaad, vervleg in verhoudings van webagtige fyn kwaliteit.

Bibliografie

Abdelal, R. 2009. Identity: a guide for social scientists. Cambridge: Cambridge University Press.

Alaimo, S. en S. Hekman. 2008. Introduction: emerging models of materiality in feminist theory. In Alaimo en Hekman (reds.) 2008.

Alaimo, S. en S. Hekman (reds.). 2008. Material feminisms. Bloomington en Indianapolis: Indiana University Press.

Bennett, J. 2010. Vibrant matter: a political ecology of things. Durham: Duke University Press.

Braidotti, R. 2009. Animals, anomalies, and inorganic others. PMLA, 124(2):525–32.

Buell, L. 1995. The environmental imagination: Thoreau, nature writing, and the formation of American culture. Cambridge en Londen: Harvard University Press.

—. 2005. The future of environmental criticism: Environmental crisis and literary imagination. Oxford: Blackwell.

Buell, L., U.K. Heiseen en K. Thornber. 2011. Literature and environment. Annual Review of Environment and Resources, 36:417–40.

Bruinders, S. 2014. Die sideboard. Tygervallei: Naledi.

Cilano, C. en E. DeLoughrey. 2007. Against authenticity: global knowledge and postcolonial ecocriticism. Interdisciplinary Studies in Literature and Environment, 14(1):71–86.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

22

Clayton. S. en S. Opotow (reds.). 2003. Identity and the natural environment: the psychological significance of nature. Cambridge, MA: MIT Press.

Coetzee, A. 2000. ’n Hele os vir ’n ou broodmes: grond en die plaasnarratief sedert 1595. Pretoria: J.L. van Schaik Uitgewers

Coetzee, C. 2015. Huisies aan die Rand: ekokritiek en in die besonder stedelike ekokritiek as lens vir die lees van sewe gedigte met Johannesburg as agtergrond. LitNet Akademies, 12(3):1–50. http://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2015/12/LitNet_Akademies_12-3_CorneCoetzee_1-50.pdf (4 Oktober 2016 geraadpleeg).

Coole, D. en S. Frost. 2010. Introducing the new materialisms. In Cool en Frost (reds.) 2010.

Coole, D. en S. Frost (reds.). 2010. New materialisms: ontology, agency, and politics. Durham en Londen: Duke University Press.

Fearon, J.D. 1999. What is identity (as we now use the word)? https://www.researchgate.net/publication/229052754_What_Is_Identity_As_We_Now_Use_the_Word (4 Februarie 2015 geraadpleeg).

Fiedorczuk, J. 2011. The problems of environmental criticism: An interview with Lawrence Buell. Polish Journal for American Studies, 5:7–13.

Fourie, R. 2011. A postcolonial and ecocritical reading of Marlene van Niekerk’s modern plaasroman Agaat. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit Gent. http://lib.ugent.be/fulltxt/RUG01/001/786/761/RUG01-001786761_2012_0001_AC.pdf (20 September 2016 geraadpleeg).

—. 2016. Identity, gender, and land in Marlene van Niekerk’s Agaat. English Academy Review, 33(1):38–56.

Gifford, T. 2008. Recent critiques of ecocriticism. New Formations, 64:15–24.

Glotfelty, C. 1996. Introduction: Literary studies in an age of environmental crisis. In Glotfelty en Fromm (reds.) 1996.

Glotfelty, C. en H. Fromm (reds.). 1996. The ecocriticism reader: landmarks in literary ecology. Athene: University of Georgia.

Guha, R. en J. Martinez-Alier. 1997. Varieties of environmentalism: essays North and South. Londen: Earthscan.

Huggan, G. en H. Tiffin. 2007. Green postcolonialism. Interventions, 9(1):1–11.

—. 2010. Postcolonial ecocriticism: literature, animals, environment. New York: Routledge.

Ingold, T. 2016. Materials against materiality. Archaeological Dialogues, 14(1):1–16.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

23

Iovino, S. 2010. The human alien. Otherness, humanism, and the future of ecocriticism. Ecozon@, 1(1):53–61.

Iovino, S. en S. Oppermann. 2014. Introduction: stories come to matter. In Iovino en Oppermann (reds.) 2014.

—. 2016. Posthumanism in literature and ecocriticism. Relations: Beyond Anthropocentrism, 4(1), spesiale uitgawe. https://www.academia.edu/21497021/Posthumanism_in_Literature_and_Ecocriticism (14 Maart 2016 geraadpleeg).

Iovino, S. en S. Oppermann (reds.). 2014. Material ecocriticism. Bloomington: Indiana University Press.

Jesse, N.G. en K.P. Williams. 2006. Identity and institutions: conflict reduction in divided societies. https://books.google.co.za/books?id=5nEY9h-55ecC&pg=PA17&lpg=PA17&dq =Fearon+Identity&source=bl&ots=QnJEPCVXLF&sig=EAUUjhp52HYBQ7iwljMaLK2lxXE&hl=af&sa=X&ved=0ahUKEwj_t8fNk8XMAhWrAsAKHckPDik4ChDoAQgcMAE#v=onepage&q=Fearon%20Identity&f=false (14 Mei 2016 geraadpleeg).

Keuris, M. 2007. An ecocritical reading of Pieter Fourie’s Die koggelaar. Tydskrif vir Literatuurwetenskap, 23(4):417–31.

Lubbe, H. en R. Wiehahn. 2000. Die Afrikaanse plaasroman in die twintigste eeu. Stilet, 12(1):153–67.

Macfarlane, R. 2013. New words on the wild: Robert Macfarlane reflects on the recent resurgence in nature writing. Nature, 498(7453):166–7.

Meyer, S. 2014a. “Ons ís mense. My kinders hét gesigte.” Die natuurlike omgewing en die konseptualisering van die self in Karretjiemense (Carol Campbell). Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 54(3):675–92.

—. 2014b. Ingeplaaste skryf as vergestalting van ekokritiese ingesteldheid in die verhaalkuns van Petra Muller. Literator, 35(2):1–12.

—. 2015a. Die allesomvattende materiële dimensie van ons bestaan: aspekte van die nuwe materialisme in Vuurklip (2013) van Marié Heese. LitNet Akademies, 12(2):69–89. http://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2015/11/LitNet_Akademies_12-2_Meyer_69-89.pdf (8 Mei 2016 geraadpleeg).

—. 2015b. ’n Alternatiewe beskouing van die natuur se andersheid in Halfkrone vir die Nagmaal (E. Kotze). Tydskrif vir Letterkunde, 52(2):102–16.

Moran, J. 2014. A cultural history of the new nature writing. Literature & History, 23(1):49–63.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

24

Mukherjee, P. 2006. Surfing the second waves: Amitav Ghosh’s Tide country. New Formations, 59:144–57.

Oppermann, S. 2013. Feminist ecocriticism: the new ecofeminist settlement. Feminismo/s, 22:65–88.

Phillips, D. 2013. Ecocriticism’s hard problems (its ironies, too). American Literary History, 25(2):455–67.

Robb, J. 2016. Beyond agency. World Archaeology, 42(4):493–520.

Smith, S. 2012a. Die aard van ekopoësie teen die agtergrond van die ekokritiese teorie met verwysing na enkele gedigte van Martjie Bosman. LitNet Akademies, 9(2):500–23. http://litnet.co.za/assets/pdf/8GWSmith.pdf (4 Oktober 2016 geraadpleeg).

—. 2012b. Plek en ingeplaaste skryf. ’n Teoretiese ondersoek na ingeplaaste skryf as ekopoëtiese skryfpraktyk. LitNet Akademies, 9(3):887–928. http://litnet.co.za/assets/pdf/Smith_9_3_GW17.pdf (4 Oktober 2016 geraadpleeg).

—. 2014. Ekokritiek en die nuwe materialisme. ’n Ondersoek na die nuwe materialisme in enkele gedigte van Johann Lodewyk Marais uit die bundel In die bloute (2012). LitNet Akademies, 11(2):749–74. http://litnet.co.za/assets//pdf/joernaaluitgawe_11_2/11_2_ Smith.pdf (4 Oktober 2016 geraadpleeg).

—. 2015a. Ekokritiek. By die sien: kennisname en kennisskepping. Versindaba. http://versindaba.co.za/tag/ekokritiek (15 September 2016 geraadpleeg).

—. 2015b. Plek as liggaam en liggaam as plek. Tendense van die nuwe materialisme en interaksie tussen mens en plek in enkele tekste uit Verweerskrif (2006) van Antjie Krog. LitNet Akademies, 12(2):1–14. http://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2015/11/ LitNet_Akademies_12-2_Smith_1-24.pdf (4 Oktober 2016 geraadpleeg).

Steenkamp, E. 2013. Ekokritiek: In gesprek met Susan Smith. LitNet. http://www.litnet.co.za/ekokritiek-in-gesprek-met-susan-smith (4 Oktober 2016 geraadpleeg).

Sullivan, H.I. 2014. The ecology of colors: Goethe’s materialist optics and post-humanism. In Iovino en Oppermann (reds.) 2014.

Thomashow, M. 1996. Ecological identity: becoming a reflective environmentalist. Cambridge, MA: MIT Press.

Van Coller, H.P. 2006. Die representasie van die plaas, dorp en stad in die Afrikaanse prosa. Stilet, 18(1):90–121.

Van der Veen, M. 2014. The materiality of plants: plant-people entanglements. World Archaeology, 46(5):799–812.

Verhagen, R. 2010. Ecological identity. http://www.globalepe.org/article_print.php?aid=23 (21 April 2016 geraadpleeg).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

25

Vital, A. 2008. Toward an African ecocriticism: postcolonialism, ecology and Life & Times of Michael K. Research in African Literatures, 39(1):87–106.

Wasserman, H. 2000. Terug na die plaas – postkoloniale herskrywing in Etienne van Heerden se Die stoetmeester. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans, 7(1):29–55.

Willemse, H. 2015. Resensie: Die sideboard. Tydskrif vir Letterkunde, 52(1):252–3.

Woodward, W. 2003. Postcolonial ecologies and the gaze of animals: reading some contemporary Southern African narratives. Journal of Literary Studies, 19(3/4):290–315.

Wylie, D. 2007. //Kabbo’s challenge: transculturation and the question of a South African ecocriticism. Journal of Literary Studies, 23(3):252–70.

Zavetoski, S. 2003. Constructing and maintaining ecological identities: the strategies of deep ecologists. In Clayton en Opotow (reds.) 2003.

Eindnotas

1 ’n Bladsyverwysing sonder bron is ’n verwysing na Die sideboard (Bruinders 2014).

2 Terwyl Coetzee (2000) heelwat aandag skenk aan die generiese aspekte van die plaasroman, wys Wasserman (2000), Van Coller (2006) en Fourie (2016) op hoe die plaasroman onlangs ook herskryf is. Wasserman lees en interpreteer Die stoetmeester van Etienne van Heerden binne die raamwerk van die postkoloniale teorie as ’n terugskryf téén die diskoers van Afrikanernasionalisme in die vroeë plaasromans – hoewel nie as streng opposisionering ten opsigte van die verlede nie, maar as ’n vorm van postkolonialisme wat nie van die tradisionele diskoers geskei kan word nie. Die postkoloniale terugskrywing in die Die stoetmeester is dus ’n paradoksale handeling van getrouheid aan die verlede, wat nie totaal verwerp word nie, selfs al word dit herskryf (Wasserman 2000:52).

Van Coller (2006:99) beklemtoon die tersaaklikheid wat die plaasroman binne die Afrikaanse literêre sisteem behou het, terwyl die moderne variant ideologies radikaal afwyk van die tradisionele weergawe daarvan. Hy doen dit met verwysing na die behoud van belangrike aspekte van die vroeë plaasroman (byvoorbeeld erfopvolging, die idilliese ruimte, die patriargie) wat ondermynend en parodiërend herskryf word deur, onder andere, Etienne Leroux, André P. Brink, Etienne van Heerden en Marlene van Niekerk. In laasgenoemde se Agaat word veral die rol van die (swart) vrou binne die plaas-opset sentraal gestel. Fourie (2016) doen ’n kritiese ontleding van die wyse waarop geslags- en magsrelasies in Agaat omvergewerp word en die magsdiskoers herskryf word. Die sentrale posisie wat hierdie prosasoort in die Afrikaanse literêre veld behou, word raak beskryf deur Lubbe en Wiehahn (2000:165) se verwysing na “’n literêre tradisie ryk aan ideologiese betekenis (wat) gevestig, uitgebou, ontluister en afgebreek” is.

3 Biocolonisation is ’n term wat deur vakkundiges in die ondersoekterreine van omgewingstudies en die biowetenskappe gebruik word om ’n breë spektrum van biopolitieke implikasies, voortspruitend uit huidige Westerse tegnologiese eksperimente en tendense, te

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

26

omvat – byvoorbeeld Westers-gepatenteerde genetiese modifikasies en ander vorme van biotegnologiese magsbeoefening en ingryping (Huggan en Tiffin 2010:4.)

4 Fourie (2011) ontleed Milla (die volksmoeder in die roman) en Jak (die boer) se individuele beskouings van boerdery en die natuur en daar word bevind dat sommige aspekte van die magsverhouding tussen daardie karakters uitgebeeld word as ondermyning van die geslagshiërargie soos dit in die tradisionele plaasromans aangetref is. Verder word bevind dat die verhouding tussen Milla en Agaat, die werker in haar huis, ook ’n postkoloniale verskuiwing in die tradisionele magsverhouding tussen koloniseerder en gekoloniseerde beliggaam.

5 Wat die terrein van die Afrikaanse literatuurteorie en -kritiek betref, word die invloed van die nuwe materialisme op die ekokritiese lees van tekste deur die navorsing van onder andere Susan Smith en myself erken. Smith se artikels bevat onder meer bevindings oor haar ondersoek na die nuwe materialisme in gedigte van Johann Lodewyk Marais uit die bundel In die bloute (2014) en oor tendense van die nuwe materialisme in die interaksie tussen mens en plek in gedigte in Antjie Krog se Verweerskrif (2015b). Ekself (2015) ondersoek aspekte van die nuwe materialisme in Vuurklip (2013) van Marié Heese.

6 In onlangse navorsing oor identiteit, soos dié van Jesse en Williams (2006) en Abdelal (2009:264–5), word die gesag van Fearon se bondige, heldergeformuleerde konsepbeskrywing steeds aanvaar.

7 Verhagen (2010) benadruk die belangrikheid van ekologiese identiteit en van die vraag hoe ons aansluiting by ons natuuromgewing vind:

It is this ecological identity that is to be recognized and nurtured if we are to become fully human. It is essential to our selfhood. Besides being a father, mother, professor, artist, tennis player, activist …, we are also Earthlings.

[…]

Why is it important to discover and nurture one’s ecological identity? In last instance, the future of humanity and the Earth depends on whether humans understand how to commune with the natural world rather than exploit it; on whether they develop their capacity for intimacy in human-Earth relations.

Verder verwys Verhagen (2010) na talle boeke en kongresse waar die kwessie van ekologiese identiteit in die afgelope jare betrek is. “Most of the publications have emerged during the last four decades from the deep ecology movement […]. Others came from concentrations such as bioregionalism, eco-psychology, Earth spirituality, education, sustainability sociology.”

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

27

Die statistiese eienskappe van geskrewe Afrikaans

as ’n komplekse netwerk Burgert Senekal en Eduan Kotzé

Burgert Senekal, Eenheid vir Taalfasilitering en Bemagtiging, Universiteit van die Vrystaat Eduan Kotzé, Departement Rekenaarwetenskap en Informatika, Universiteit van die Vrystaat

Opsomming

Taal is reeds sedert De Saussure (1966) as ’n sisteem beskryf en bestudeer, en onlangs ook as ’n komplekse sisteem. Komplekse sisteme kan as komplekse netwerke benader word, en sedert i Cancho en Solé (2001) is ’n verskeidenheid studies oorsee onderneem wat ondersoek instel na die statistiese eienskappe van tale as komplekse netwerke. In so ’n benadering word byvoorbeeld ondersoek ingestel na of ’n taal ’n kleinwêreldnetwerk na aanleiding van Watts en Strogatz (1998) se model is, soos gemeet deur middel van die gemiddelde pad (L) tussen woorde en die mate waarin groepsvorming (C) voorkom, of na die skakel-verspreidingspatroon in die netwerk na aanleiding van Barabási en Albert (1999) se netwerkmodel. In die huidige studie word hierdie statistiese eienskappe van Afrikaans as ’n komplekse netwerk ondersoek met verwysing na tekste wat deur 576 skrywers geskryf is en uit ’n totaal van meer as 5 miljoen woorde bestaan. Daar word aangetoon dat Afrikaans, soos Engels, ’n kleinwêreldnetwerk is soos deur Watts en Strogatz (1998) gemodelleer en deur Humphries en Gurney (2008) gekwantifiseer, en dat die skakelverspreidingspatroon tussen woorde in Afrikaans deur die Barabási en Albert-model (1999) beskryf word. Afrikaans deel dus hierdie statistiese eienskappe met ander tale, maar verskille tussen Afrikaans en Engels word ook uitgelig deur gebruik te maak van ’n Engelse datastel wat uit bykans 7 miljoen woorde bestaan. Voorstelle word ook vir verdere navorsing gemaak.

Trefwoorde: Afrikaans; R. Albert; A.-L. Barabási; kleinwêreldsheid; komplekse netwerke; skaalvryenetwerke; S.H. Strogatz; D.J. Watts; woordkovoorkomsnetwerke

Abstract

The statistical properties of written Afrikaans as a complex network

One of the most influential linguists of the 20th century, Ferdinand de Saussure (1966), proposed that language could be studied as a system, and Dorogovtsev and Mendes (2001), Weideman (2009b), Lee, Mikesell, Joaquin, Mates and Schumann (2009), Kwapień and

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

28

Drożdż (2012), Cong and Liu (2014) and others recently proposed that language could be studied as a complex system. After the seminal publications of Watts and Strogatz (1998) and Barabási and Albert (1999), language has also been approached as a complex network (i Cancho and Sole 2001), and in this approach the study of language entails a precise, quantitative analysis. When language is studied as a complex network, statistical methods developed mainly from physics since the late 1990s are used to measure the similarities and differences between languages and between languages and other complex networks, such as protein-protein interaction networks, social networks, neural networks and power grids. A large number of studies of language as a complex network have also been published in physics journals, in particular in Physica A: Statistical Mechanics and its Applications (Holanda, Pisa, Kinouchi, Martinez and Ruiz 2004; Kosmidis, Kalampokis and Argyrakis 2006; Markošová 2008; Zhou, Hu, Zhang and Guan 2008; Liang, Shi, Tse, Liu, Wang and Cui 2009; Sheng and Li 2009; Ke, Zeng, Ma and Zhu 2014; Amancio, Nunes, Oliveira, Pardo, Antiqueira and Costa 2011). Unlike studies in linguistics, such studies focus on the statistical properties of a language, and especially on the structure of the language as a complex network.

In the study of language as a complex network, Markošová (2008) distinguishes between two approaches: conceptual and positional studies. Conceptual studies examine the relationship between words on a semantic level, and include studies of synonyms, antonyms and hyponyms (Borge-Holthoefer and Arenas 2010; Kenett, Kenett, Ben-Jacob and Faust 2011). Positional studies investigate the surface structure of a language by analysing word co-occurrence networks. The latter approach is taken in the current study, following several overseas studies (e.g. Cancho and Sole in 2001; Masucci and Rodgers 2006, Antiqueira, Nunes, Oliveira and Costa 2007; Markošová 2008; Minett and Wang 2008; Zhou et al. 2008; Liang et al. 2009; Sheng and Li 2009; Grabska-Gradzińska, Kulig, Kwapień and Drożdż 2012; Ke et al. 2014) and a South African study (Senekal and Geldenhuys 2016).

The aim of the present study is to determine the statistical properties of written Afrikaans as a complex network, including in comparison with English. The focus falls on macro-level structural characteristics relating to two network models from mathematical graph theory, namely those of Watts and Strogatz (1998) and Barabási and Albert (1999). More specifically, the comparison of Afrikaans texts and network models relates to:

1. Whether the structure of Afrikaans is similar to, and if so, to what extent, the structure of English and other languages in terms of Watts and Strogatz's small-world network model. For this analysis, the average path length (L) and clustering (C) of Afrikaans texts are compared with the Erdös and Rényi random network model (1959) using the method proposed by Humphries and Gurney (2008) that provides a value on the small world index (S).

2. Whether the structure of Afrikaans is similar to, and if so, to what extent, the structure of English and other languages regarding degree distribution patterns as found in Barabási and Albert's scale-free network model. For this comparison, the degree distribution of words is compared with the degree distribution in an equivalent Barabási and Albert-network.

In order to conduct the comparison between written Afrikaans as a complex network and the above network models, as well as with English texts, a large data set was analysed. The Afrikaans component of the data set consists of a total of 257 863 sentences and 5 009 819

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

29

words, while the English component consists of 374 706 sentences and 6 928 894 words. In total, 11 938 713 words are included in this data set. From this data set, 63 word co-occurrence networks were constructed and analysed.

As found in studies of other languages, a short average path length also characterises Afrikaans, and L was found to be in the range 2,7743 ≤ L ≤ 3,2385 with an average of L = 2,975. For the English texts studied here, L was calculated in the range 2,5752 ≤ L ≤ 3,0448, with an average of L = 2,747. Afrikaans is characterised by a lesser degree of clustering than English, and for the Afrikaans networks studied here C lies in the range 0,2645 ≤ C ≤ 0,4928, with an average of C = 0,386, while C for English networks lies in the range 0,3445 ≤ C ≤ 0,6319 with an average of C = 0,478. Afrikaans can also be shown to be a small-world network using Humphries and Gurney's method, and for all the networks investigated, S was calculated in the range 105 ≤ S ≤ 2544 for Afrikaans networks (with an average of S = 837) and in the range 124 ≤ S ≤ 1907 for English networks (with an average of S = 541). In addition, the distribution of degrees in Afrikaans word co-occurrence networks follows the pattern of the BA rather than the ER network model, with correlations between word co-occurrence networks and the BA model in the range 0,6384 ≤ r ≤ 0,9215 (with an average of r = 0,8358) for Afrikaans texts and 0,6997 ≤ r ≤ 0,9138 (with an average of r = 0,8334) for English texts. On the other hand, a comparison between the word co-occurrence networks studied here and their equivalent ER-models has correlations in the range –0,2393 ≤ r ≤ 0,2067 (with an average of r = –0,1421) for Afrikaans texts and –0,2525 ≤ r ≤ –0,1044 (with an average of r = –0,1916) for English texts, which means that the ER model is not a suitable model for degree distribution patterns in these networks, while the BA model is well suited to representing the degree distributions of words in Afrikaans.

Overall, Afrikaans is found to be statistically similar to English and other languages as studied in previous complex network studies, but differences are also discussed. Suggestions are made for further research.

Keywords: Afrikaans; R. Albert; A.-L. Barabási; complex networks; scale free networks; small-world networks; S.H. Strogatz; D.J. Watts; word co-occurrence networks

1. Inleiding

Taal is ’n belangrike verskynsel om te bestudeer, omdat menslike subjekte dit kenmerkend as objek (ook: medium, instrument) voortbring ter wille van interaksie met ander menslike subjekte. Soos Yu en Xu (2014:626) aanvoer: "Language is generally considered a defining feature of human beings, a key medium for interpersonal communication, a fundamental tool for human thinking and an important vehicle for culture transmission." Wetenskaplike konsepte word in taal geënkodeer, dit vorm die hoeksteen van kulture en taalgemeenskappe, bemiddel die interaksie tussen mense, en taal het ook gereeld – soos onlangse bewegings soos #AfrikaansMustFall getoon het – ’n belangrike politieke dimensie.

Een van die invloedrykste taalkundiges van die 20ste eeu, Ferdinand de Saussure (1966) het voorgestel dat taal as ’n sisteem benader kan word, en Dorogovtsev en Mendes (2001), Weideman (2009b), Lee, Mikesell, Joaquin, Mates en Schumann (2009), Kwapień en Drożdż (2012), Cong en Liu (2014) en ander let daarop dat taal onlangs ook as ’n komplekse sisteem

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

30

benader is.1 (2014:599) se stelling dat die benadering van taal as ’n sisteem selde verder as ’n metaforiese beskrywing gaan, is, gegewe die hoogbloei en oorheersing (vir bykans vyf dekades) van die strukturalistiese taalkunde sedert De Saussure se pionierswerk in die vroeg-20ste eeu, miskien effe oordrewe. (Vir ’n oorsig oor die strukturalistiese taalkunde, kyk hoofstuk 6 in Weideman 2009a.) Ná die seminale publikasies van Watts en Strogatz (1998) en Barabási en Albert (1999) binne die wiskundige grafiekteorie is taal ook as ’n komplekse netwerk benader (i Cancho en Solé 2001) en in hierdie benaderingswyse is die bestudering van taal beslis nie bloot ’n metaforiese beskrywing nie, maar eerder ’n presiese, kwantitatiewe ontleding.

In só ’n benadering word maatstawwe wat sedert die laat 1990’s hoofsaaklik vanuit die fisika ontwikkel is, aangewend om ondersoek in te stel na die ooreenkomste en verskille tussen verskillende tale en tussen tale en ander komplekse netwerke, byvoorbeeld proteïeninteraksienetwerke, sosiale netwerke, neurale netwerke en kragvoorsieningsnetwerke (kyk byvoorbeeld Newman 2010 vir transdissiplinêre toepassings van die netwerkteorie). ’n Groot aantal studies van tale as netwerke is dan juis in vaktydskrifte binne die fisika gepubliseer, onder andere in Physica A: Statistical Mechanics and its Applications (Holanda, Pisa, Kinouchi, Martinez en Ruiz 2004; Kosmidis, Kalampokis, en Argyrakis 2006; Markošová 2008; Zhou, Hu, Zhang en Guan 2008; Liang, Shi, Tse, Liu, Wang en Cui 2009; Sheng en Li 2009; Ke, Zeng, Ma en Zhu 2014; Amancio, Nunes, Oliveira, Pardo, Antiqueira en Costa 2011). Anders as in studies binne die Taalkunde fokus so ’n benadering op die statistiese eienskappe van ’n taal en dan veral op die struktuur van die taal as ’n komplekse netwerk.

In die bestudering van taal as ’n komplekse netwerk onderskei Markošová (2008) tussen twee benaderingswyses: konseptuele en posisionele studies (kyk ook Peng, Minett en Wang 2008; Yu en Xu 2014). Konseptuele studies ondersoek die samehang tussen woorde op ’n semantiese vlak, en sluit studies van sinonieme, hiponieme en antonieme in (Borge-Holthoefer en Arenas 2010; Kenett, Kenett, Ben-Jacob en Faust 2011). Posisionele studies stel ondersoek in na die oppervlakstruktuur van ’n taal deur woordkovoorkomsnetwerke te ondersoek, oftewel langs watter ander woorde ’n woord binne ’n sin aangetref word. Laasgenoemde benadering word in die huidige studie in navolging van verskeie buitelandse studies (byvoorbeeld i Cancho en Solé 2001; Masucci en Rodgers 2006; Antiqueira, Nunes, Oliveira en Costa 2007; Markošová 2008; Penge e.a., Minett en Wang 2008; Zhou e.a. 2008; Liang e.a. 2009; Sheng en Li 2009; Grabska-Gradzińska, Kulig, Kwapień en Drożdż 2012; Ke e.a. 2014) en een Suid-Afrikaanse studie (Senekal en Geldenhuys 2016) onderneem.

Die meerderheid buitelandse studies van woordkovoorkomsnetwerke ondersoek gedrukte tekste, en ’n verskeidenheid tale is reeds sodanig as woordkovoorkomsnetwerke bestudeer, byvoorbeeld Engels (Dorogovtsev en Mendes 2001; i Cancho en Solé 2001; Masucci en Rodgers 2006), Kroaties (Margan, Martinčić-Ipšićen Meštrovíć 2014), Chinees (Zhou e.a. 2008; Liang e.a. 2009; Sheng en Li 2009), Portugees (Antiqueira e.a. 2007) en Pools (Grabska-Gradzińska e.a. 2012). In Afrikaans is daar slegs Senekal en Geldenhuys (2016), wat die woordkovoorkomsnetwerke in André P. Brink se roman Donkermaan, in Afrikaans, Engels en Nederlands bestudeer het. In navolging van hierdie studies word 25 gepubliseerde Afrikaanse boeke (literêr en vakkundig) van 19 Afrikaanse skrywers in die huidige studie ontleed, asook die totale inhoud van die webblad www.litnet.co.za. Anders as in Senekal en Geldenhuys (2016), wat ’n verkenning van Afrikaans as woordkovoorkomsnetwerk verteenwoordig wat slegs ’n enkele teks bestudeer het, is die oogmerk van die huidige studie

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

31

om die statistiese eienskappe van Afrikaans in die geheel as geskrewe taal te ondersoek. Daar word ook vergelykings met Engels getref deur gebruik te maak van ’n verdere 38 Engelse literêre werke wat oor die afgelope 500 jaar gepubliseer is.

Netwerkstudies van ander tale as woordkovoorkomsnetwerke ondersoek gereeld slegs enkele tekste. Masucci en Rodgers (2006) ondersoek byvoorbeeld slegs George Orwell se 1984, maar voel selfversekerd genoeg om hul studie Network properties of written human language te noem (asof een teks verteenwoordigend is van alle taalgebruikers en alle tale), terwyl Liu en Cong (2013) 12 vertalings van ’n enkele literêre werk, Nikolai Ostrovsky se roman Kak Zakaljalas’ Stal’ (How the steel was tempered), bestudeer. Sheng en Li (2009) bestudeer slegs twee tekste (een Engels en een Chinees), maar noem hul studie English and Chinese languages as weighted complex networks (asof bevindinge vir die hele taal geld), en Margan e.a., Martinčić-Ipšić en Meštrovíć (2014) bestudeer slegs 10 Kroatiese boeke, maar noem hul studie Preliminary report on the structure of Croatian linguistic co-occurrence networks. In Senekal en Geldenhuys (2016) is die vraag gestel hoe veralgemeenbaar resultate is wanneer slegs een werk van ’n enkele skrywer bestudeer is, maar soos die voorgaande aandui, word dié vraag min in oorsese publikasies gevra. Die huidige studie ondersoek juis ’n massiewe datastel en die werke van verskeie skrywers – wat boonop oor meer as ’n eeu in Afrikaans gepubliseer is – ten einde ook hierdie vraag te kan beantwoord. Omdat hierdie datastel so omvangryk is, sluit die huidige studie ook aan by sogenaamde grootdatastudies, wat ’n rekenaarmatige en statistiese ontleding van groot datastelle behels wat ’n beduidende uitdaging aan bestaande IT-infrastruktuur bied (kyk byvoorbeeld Senekal en Brokensha 2014).

Die oogmerk van die huidige studie is om te bepaal wat die statistiese eienskappe van geskrewe Afrikaans as ’n komplekse netwerk is, onder andere in vergelyking met Engels. Daar word gefokus op makrovlak strukturele eienskappe wat betrekking het op twee netwerkmodelle vanuit die wiskundige grafiekteorie, naamlik dié van Watts en Strogatz en Barabási en Albert. Meer spesifiek word ondersoek ingestel na:

1. of die struktuur van Afrikaans ooreenstem met die struktuur van Engels en ander tale ten opsigte van Watts en Strogatz se kleinwêreldnetwerkmodel, en indien wel, tot watter mate

2. of die struktuur van Afrikaans ooreenstem met die struktuur van Engels en ander tale ten opsigte van Barabási en Albert se skaalvryenetwerkmodel, en indien wel, tot watter mate.

2. Die datastel

Ten einde Afrikaans as ’n woordkovoorkomsnetwerk te bestudeer, is netwerke van verskeie Afrikaanse tekste saamgestel. Die volgende tekste, soos verkry vanaf die Digitale Bibliotheek voor de Nederlandse Letteren (www.dbnl.org), asook André P. Brink se Donkermaan, wat vir Senekal en Geldenhuys (2016) gedigitaliseer is, Totius se Trekkerswee, wat vanaf Project Gutenberg (www.gutenberg.org) verkry is, Basson (2015) se In die lig. Openbaringe van die Here, wat vanaf http://myafrikaans.com/indielig verkry is, en Marlene van Niekerk se Kaar (2014), wat vir die huidige studie gedigitaliseer is, maak deel uit van die Afrikaanse datastel:

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

32

1. Basson (2015) 2. Brink (2000a) 3. Celliers (1908) 4. Celliers (1920) 5. Coetzee (1988) 6. Coetzee (2000) 7. Effendi (1979) 8. Fagan (1972) 9. Kannemeyer (1983) 10. Kannemeyer (1984) 11. Kannemeyer (1999) 12. Leipoldt (1963) 13. Leipoldt (1980) 14. Malherbe (1924) 15. Marais (1984) 16. Nienaber en Nienaber (1941) 17. Schoonees (1939) 18. Totius (1915) 19. Van Bruggen (1924) 20. Van Bruggen (1933) 21. Van den Heever (1935) 22. Van den Heever (1939) 23. Van Niekerk (2014) 24. Visser (1981) 25. Von Wielligh (1921).

Verder is die inhoud van www.litnet.co.za wat in 2015 geplaas is, ook onttrek en in sy geheel ontleed. Daar is 557 skrywers wat bydraes tot 1 289 artikels gelewer het in hierdie datastel. Let daarop dat skrywers nie aangedui is vir die komponent wat vanaf www.litnet.co.za saamgestel is nie: hierdie komponent sluit alle inhoud in wat in 2015 op dié webblad geplaas is, ongeag wie die skrywer is wat die inhoud bygedra het. Die totale datastel strek oor meer as ’n eeu, met die oudste tekste (Celliers 1908 en Totius 1915) wat gepubliseer is vóór Afrikaans amptelike status in 1925 verkry het, terwyl die jongste tekste (Basson 2015 en die inhoud van www.litnet.co.za) dateer uit ’n tydperk waarin Afrikaans toenemend onder druk van Engels funksioneer.

Die 37 Engelse tekste wat vir vergelykingsdoeleindes ondersoek is en vanaf Project Gutenberg verkry is, is die volgende (insluitend André P. Brink se The rights of desire, wat vir Senekal en Geldenhuys 2016 gedigitaliseer is):

1. Alcott (Little women) 2. Andersen (Andersen's fairy tales) 3. Austen (Persuasion)

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

33

4. Austen (Pride and prejudice) 5. Austen (Sense and sensibility) 6. Brink (The rights of desire) 7. Brontë (Jane Eyre) 8. Brontë (Wuthering Heights) 9. Caroll (Alice's adventures in Wonderland) 10. Conrad (Heart of darkness) 11. Darwin (The origin of the species) 12. Defoe (The life and adventures of Robinson Crusoe) 13. Dickens (A tale of two cities) 14. Dickens (David Copperfield) 15. Dickens (Great expectations) 16. Doyle (The adventures of Sherlock Holmes) 17. Eliot (Middlemarch) 18. Frazer (The golden bough) 19. Gaskell (North and South) 20. Grimm (Grimm's fairy tales) 21. Hardy (Far from the madding crowd) 22. Hardy (Tess of the d'Urbervilles) 23. Hawthorne (The scarlet letter) 24. Joyce (Ulysses) 25. Malory (Le Morte D'Arthur) 26. Melville (Moby Dick) 27. Milton (Paradise lost) 28. Schreiner (The story of an African farm) 29. Shakespeare (Complete works) 30. Shelley (Frankenstein) 31. Stevenson (The strange case of Dr. Jekyll and Mr. Hyde) 32. Stoker (Dracula) 33. Swift (Gulliver's travels into several remote nations of the world) 34. Tolstoi (Anne Karenina) 35. Tolstoi (War and peace) 36. Twain (Adventures of Huckleberry Finn) 37. Twain (The adventures of Tom Sawyer).

Daar is dus 30 skrywers in die Engelse datastel, teenoor 576 skrywers in die Afrikaanse datastel. Figuur 1 verskaf ’n opsomming van die getal tekste, sinne en woorde in hierdie datastel.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

34

Figuur 1. ’n Opsomming van die datastel

Die Afrikaanse komponent van die datastel bestaan uit altesaam 257 863 sinne en 5 009 819 woorde, terwyl die Engelse komponent uit 374 706 sinne en 6 928 894 woorde bestaan. Altesaam maak 11 938 713 woorde deel uit van hierdie datastel. Hieruit is 63 woordkovoorkomsnetwerke saamgestel.2 Die oogmerk van die samestelling en ontleding van só ’n groot datastel was om seker te maak dat bevindinge veralgemeenbaar is (binne die perke van geskrewe Afrikaans) en nie beperk is tot ’n individu se taalgebruik nie.

3. Navorsingsinstrumente

’n Objekgeoriënteerde C#-toepassing is in Visual Studio 2013 ontwikkel om die Afrikaanse en Engelse tekste eers om te skakel na individuele sinne en daarna na woordpare. Reëlmatige uitdrukkings ("regular expressions") is in die omskakelingsalgoritmes aangewend om die data te suiwer en te ontleed. Die afvoerdata is in ’n tekslêerformaat gelewer wat aan die vereistes van ’n invoerlêer vir GraphCrunch2 voldoen het.

GraphCrunch2 (Kuchaiev e.a. 2011), wat die verbeterde weergawe van die oorspronklike GraphCrunch (Milenković, Lai en Pržulj 2008) is, is gebruik om woordkovoorkomsnetwerke saam te stel en met netwerkmodelle te vergelyk. GraphCrunch is binne ’n C#-raamwerk ontwikkel, outomatiseer die proses van generering van netwerkmodelle soos dié van Erdös en Rényi (1959) en Barabási en Albert (1999), en evalueer die passing van hierdie netwerkmodelle met ’n werklike netwerk met betrekking tot globale en plaaslike netwerkeienskappe (Milenković e.a., Lai en Pržulj 2008), soos byvoorbeeld die gemiddelde pad, groepsvorming en skakelverspreidingspatrone (wat later verduidelik word). Alhoewel GraphCrunch oorspronklik ontwikkel is om biologiese netwerke te ontleed en met netwerkmodelle te vergelyk, kan dit ook gebruik word in die ontleding van ander netwerke

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

35

(Milenković, Lai en Pržulj 2008), soos ook die geval is met programmatuur soos Gephi en Cytoscape.

Tableau is aangewend vir basiese berekeninge soos totale en gemiddelde, sowel as vir datavisualisering.

4. Die topologiese kenmerke van Afrikaans as ’n komplekse netwerk

Netwerke bestaan eenvoudig uit nodusse (n) ("nodes" of "vertices") en hul skakels (m) ("links" of "edges"). Die netwerkteorie is ’n transdissiplinêre teorie en het sedert die seminale publikasies van Watts en Strogatz (1998) en Barabási en Albert (1999) toepassings in byna elke dissipline van die wetenskap gevind, van die geografie tot mikrobiologie, van epidemiologie tot sosiologie, en natuurlik ook binne die taalkunde.

Newman (2010) onderskei tussen vier soorte netwerke wat reeds as komplekse netwerke bestudeer is:

1. biologiese netwerke, byvoorbeeld proteïeninteraksienetwerke, neurale netwerke, voedselwebbe en metaboliese netwerke

2. tegnologiese netwerke, byvoorbeeld krag- en watervoorsieningsnetwerke, die internet en vervoernetwerke

3. sosiale netwerke, byvoorbeeld vriendskapsnetwerke, samewerkingsnetwerke soos die internasionale filmakteurnetwerk of medeskrywerskappe van wetenskaplike publikasies

4. inligtingsnetwerke, byvoorbeeld die wêreldwye web, verwysingsnetwerke tussen wetenskaplike publikasies en taal.

Die huidige studie is dus gemoeid met ’n inligtingsnetwerk: Afrikaans as taal. Wanneer woordkovoorkomsnetwerke van bogenoemde tekste met behulp van GraphCrunch2 saamgestel word, kan die getal nodusse (n) en die getal skakels (m) van die Afrikaanse netwerke wat deel uitmaak van die huidige ondersoek, soos in figuur 2 aangedui word. Let daarop dat die getal nodusse die getal unieke woorde in ’n teks aandui, nie die totale getal woorde soos in figuur 1 nie. ’n Woordtelling soos in figuur 1 tel hoeveel afsonderlike woorde in ’n teks voorkom, maar wanneer ’n woordkovoorkomsnetwerk saamgestel word, dui die getal nodusse op die getal unieke woorde. Die sin "Ek skop die bal oor die pale" bestaan byvoorbeeld uit 7 woorde, maar die kom twee keer voor, en daarom is daar slegs 6 unieke woorde in hierdie sin, wat beteken dat daar 6 nodusse in ’n woordkovoorkomsnetwerk van hierdie sin sal wees.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

36

Figuur 2. Getal nodusse en skakels in die kovoorkomsnetwerke wat hier bestudeer word

Naas LitNet het die versamelde werke van Eugène Marais (1984) dus die grootste aantal unieke woorde, gevolg deur Kannemeyer (1999) en Schoonees (1939). Die grootste aantal skakels kom ook vir hierdie tekste voor.

Ten einde die konsepte te verduidelik wat in die volgende onderafdelings ter sprake kom, is ’n woordkovoorkomsnetwerk van Jan F.E. Celliers se gedig "Dis al" saamgestel:

Dis die blond, dis die blou: dis die veld, dis die lug; en ’n voël draai bowe in eensame vlug - dis al

Dis ’n balling gekom oor die oseaan, dis ’n graf in die gras, dis ’n vallende traan – dis al.

Wanneer hierdie teks as ’n woordkovoorkomsnetwerk voorgestel word, lyk dit soos in figuur 3.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

37

Figuur 3. Jan F.E. Celliers se "Dis al" as woordkovoorkomsnetwerk

Daar sal telkens in die komende bespreking van netwerkkonsepte na hierdie voorbeeldnetwerk terugverwys word.

4.1 Gemiddelde pad (L)

Stanley Milgram is een van die wetenskaplikes van die 20ste eeu wat ook bekendheid buite die wetenskap verwerf het. Sy kleinwêreldstudie (1967) het gelei tot die popularisering van die "ses grade van verwydering"- ("six degrees of separation") konsep, waarvolgens mense slegs ses stappe van mekaar verwyderd is. Een populêre toepassing van hierdie beginsel is The Oracle of Bacon (https://oracleofbacon.org), waar ’n persoon ’n akteur se naam kan intik, en dan word aangedui in hoeveel stappe ’n akteur van Kevin Bacon verwyderd is. Jamie Uys

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

38

is byvoorbeeld twee stappe verwyderd van Kevin Bacon: hy was in die film All the way to Paris saam met Ken Gampu, wat saam met Kevin Bacon in The air up there gespeel het.

’n Pad is ’n belangrike konsep in ’n netwerk en dui op die kleinste getal stappe wat nodig is om een nodus vanaf ’n ander te bereik (Markošová 2008:662; Borge-Holthoefer en Arenas 2010:1267). Kyk byvoorbeeld na die voorbeeldnetwerk in figuur 3. Om van dis na gekom te beweeg, behels 3 stappe: dis → ’n → balling → gekom . Om van eensame na al te beweeg, neem ook 3 stappe: eensame → vlug → dis → al.

Die gemiddelde pad in ’n netwerk (L) is dan die gemiddelde kortste pad tussen al die nodusse in die hele netwerk, soos vervat in vergelyking (1) (Liang e.a. 2009:4902):3

( )

2

1

iji j

dL

N N>=−

(1)

In vergelyking (1) dui dij op die kortste pad (d) wat nodusse i en j verbind, en N stel die totale getal nodusse in die netwerk voor.

Die gemiddelde pad in netwerke het gewoonlik betrekking op diffusie, byvoorbeeld van idees, siektes, gerugte en dies meer. In taalnetwerke beteken ’n kort pad dat die konstruksie van sinne vergemaklik word: woorde kan volgens i Cancho en Solé (2001:2263) makliker deur ’n taalgebruiker gevind word. Figuur 5 dui die gemiddelde pad aan vir die woordkovoorkomsnetwerke wat hier bestudeer is.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

39

Figuur 4. Die gemiddelde pad in die netwerke wat hier ondersoek is

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

40

In figuur 5 kan gesien word dat ’n kort gemiddelde pad ook Afrikaans kenmerk, en L lê in die spektrum 2,7743 ≤ L ≤ 3,2385 met ’n gemiddeld van L = 2,975. Vir die Engelse tekste wat hier bestudeer is, is L in die spektrum 2,5752 ≤ L ≤ 3,0448 gevind, met ’n gemiddeld van L = 2,747. Dié bevinding is in ooreenstemming met vorige studies van ander tale: i Cancho en Solé (2001) het byvoorbeeld L in die spektrum 2,63 ≤ L ≤ 2,67 vir ’n Engelse korpus gevind; Grabska-Gradzińska e.a. (2012) het L in die spektrum 2,7 ≤ L ≤ 3,8 vir Engelse en Poolse tekste gevind; Zhou e.a. (2008) het L = 3,04 en L = 2,4 vir twee Chinese tekste gevind; en Liang e.a. (2009) het 2,88 ≤ L ≤ 6,31 vir Chinese en 3,04 ≤ L ≤ 4,56 vir Engelse tekste gevind (kyk ook Liu en Cong 2013:1142 vir hierdie syfers vir 14 tale). Afrikaans is dus in hierdie opsig nie ’n unieke taal nie en word ook deur ’n relatief kort gemiddelde pad gekenmerk.

Cong en Liu (2014:602) noem dat L groter is vir Russies en Tsjeggies as vir Sweeds en Deens, wat daarop dui dat daar soms ’n onderskeid tussen tale getref kan word op grond van L. Die gemiddelde pad in Afrikaanse tekste is ietwat hoër as vir Engelse tekste in die onderhawige studie, wat beteken dat daar tog tot ’n geringe mate ’n statistiese verskil tussen hierdie twee tale bestaan, alhoewel Senekal en Geldenhuys (2016) – wat slegs ’n enkele teks bestudeer het – geen verskil in hierdie opsig tussen Afrikaans en Engels gevind het nie. In figuur 5 kan ook gesien word dat die meerderheid Afrikaanse tekste ’n hoër gemiddelde pad as Engelse tekste het. Daar is egter uitsonderings: Joyce se Ulysses se gemiddelde pad is 10,84% langer as dié van die ander Engelse tekste, terwyl Kannemeyer se twee literatuurgeskiedenisse ’n korter gemiddelde pad as ander Afrikaanse tekste het (6,682% korter). Hier is egter geen patroon te bespeur ten opsigte van die moeilikheidsgraad van tekste, hul publikasiedatums of dergelike nie, wat suggereer dat individuele skrywers se taalgebruik vir die uitsonderings verantwoordelik is.

Kyk byvoorbeeld na Shakespeare se Complete works: alhoewel hierdie werke hoofsaaklik tussen 1589 en 1613 verskyn het, is die twee tekste met die naaste gemiddelde pad Austen se Sense and sensibility en Shelley se Frankenstein, wat onderskeidelik in 1811 en 1818 gepubliseer is. Milton se Paradise lost is op sy beurt in 1667 gepubliseer, maar sy gemiddelde pad is die naaste aan Carrol se Alice's adventures in Wonderland (1865) en Stevenson se The strange case of Dr. Jekyll and Mr. Hyde (1886).Die datum van publikasie oefen duidelik nie die deurslaggewende invloed uit op die gemiddelde pad nie, maar eerder die skrywer se individuele taalgebruik. Let ook daarop dat Brink se twee tekste (2000a; 2000b) bykans dieselfde gemiddelde pad het (onderskeidelik L=2,944 en L=2,937): hy was self verantwoordelik vir die Engelse vertaling van Donkermaan en die feit dat sy Engelse en Afrikaanse tekste bykans dieselfde gemiddelde pad het, ondersteun die afleiding dat individuele taalgebruik in hierdie opsig ook ’n invloed uitoefen (kyk ook na die baie soortgelyke L-waardes van Tolstoi, Dickens en Austen se werke). Gemiddeld het Engelse tekste egter ’n laer L-waarde as Afrikaanse tekste, soos ook duidelik in figuur 5 gesien kan word, wat beteken dat daar, benewens die verskille tussen individuele taalgebruikers, ook ’n verskil tussen Afrikaans en Engels in hierdie opsig waargeneem kan word.

Daar word later teruggekeer na die gemiddelde pad wanneer Watts en Strogatz (1998) se kleinwêreldnetwerkmodel bespreek word.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

41

4.2 Groepsvorming (C)

Groepsvorming ("clustering") meet die waarskynlikheid dat die bure van ’n nodus, met ander woorde die nodusse wat ’n direkte skakel met ’n nodus het, self ook ’n skakel sal hê, of meer presies, die getal skakels wat tussen die bure van ’n nodus aangetref word teenoor die getal moontlike skakels wat aangetref sou kon word (Zhou e.a. 2008:3043).4Groepsvorming kan met behulp van vergelyking (2) bereken word (Peng, Minett en Wang 2008:250; Zhou e.a. 2008:3043; Liang e.a. 2009:4902):

( )2

1i

ii i

ECk k

=−

(2)

In vergelyking (2) verwys Ei na die getal skakels tussen die bure van nodus i, en ki na die getal skakels (k) van nodus i. Die gemiddelde groepsvorming in die netwerk (C) is dan die gemiddeld van Ci vir al die nodusse in die betrokke netwerk (Markošová 2008:662).

Figuur 6 dui C aan vir die netwerke wat hier ondersoek is.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

42

Figuur 5. Gemiddelde groepsvorming in die netwerke wat hier bestudeer is

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

43

Afrikaans word dus gekenmerk deur ’n mindere mate van groepsvorming as Engels: vir die Afrikaanse netwerke wat hier bestudeer is, lê C in die spektrum 0,2645 ≤ C ≤ 0,4928, met ’n gemiddeld van C = 0,386, terwyl C vir Engelse netwerke in die spektrum 0,3445 ≤ C ≤ 0,6319 lê met ’n gemiddeld van C = 0,478. Dié bevinding is, soos in die geval met L,ook in ooreenstemming met vorige studies van woordkovoorkomsnetwerke: i Cancho en Solé (2001) het byvoorbeeld C in die spektrum 0,437 ≤ C ≤ 0,687 vir ’n Engelse korpus gevind; Grabska-Gradzińska e.a. (2012) het C in die spektrum 0,09 ≤ C ≤ 0,34 gevind, met 0,1 ≤ C ≤ 0,2 vir Poolse en 0,22 ≤ C ≤ 0,34 vir Engelse tekste; Zhou e.a. (2008) het C = 0,5091 en C = 0,7530 vir Chinese tekste gevind, maar Liang e.a. (2009) het 0,0013 ≤ C ≤ 0,242 vir Chinese en 0,029 ≤ C ≤ 0,264 vir Engelse tekste bereken (kyk ook Liu en Cong 2013:1142 vir hierdie syfers vir 14 tale). Afrikaans het dus ook nie in hierdie opsig ’n unieke struktuur nie: C-waardes van Afrikaanse tekste is nie baie hoog nie (C ≥ 0,8, soos gereeld in sosiale netwerke gevind word (Senekal 2015)), maar ook nie baie laag nie.

Soos in die geval van L is daar egter ’n verskil te bespeur tussen Afrikaanse en Engelse tekste ten opsigte van groepsvorming: Afrikaanse tekste het gemiddeld laer C-waardes as Engelse tekste, soos ook gesien kan word in figuur 6. L en C verskil met ander woorde gemiddeld tussen Afrikaans en Engels, maar uitsonderings bestaan steeds: Marais (1984) en LitNet het C-waardes wat meer ooreenstemming met Engelse tekste toon, terwyl Conrad se Heart of darkness en Brink se Rights of desire C-waardes het wat eerder ooreenstemming met die Afrikaanse tekste toon. Alhoewel Brink se twee tekste nie baie soortgelyke C-waardes het nie, kan ’n mens egter daarop let dat ’n hele aantal skrywers, byvoorbeeld Leipoldt, Austen, Tolstoi en Celliers, se tekste baie soortgelyke C-waardes het. Soos in die geval van die gemiddelde pad speel individuele taalgebruik ook ’n rol in groepsvorming, alhoewel Engelse tekste gemiddeld hoër C-waardes as Afrikaanse tekste het. Weer eens is die datum van publikasie nie die primêre faktor wat tot soortgelyke C-waardes lei nie: die laagste C-waardes is byvoorbeeld dié vir Van Niekerk (2014) en Totius (1915), wat net duskant ’n eeu uitmekaar gepubliseer is.

Kortom beteken dit dat individuele taalgebruik die veralgemeenbaarheid van resultate beperk: Afrikaans het wel gemiddeld ’n laer mate van groepsvorming as Engels, maar die presiese waarde word deur die taalgebruiker beïnvloed. Hierdie bevinding illustreer die waarde daarvan om ’n groot verskeidenheid tekste en skrywers se werke te vergelyk: in Senekal en Geldenhuys (2016) is juis die teenoorgestelde gevind, naamlik dat Afrikaans ’n hoër groepsvorming het, en dit is omdat slegs een teks daarin bestudeer is. Wanneer die werke van ander skrywers ook op dieselfde wyse bestudeer word, is die bevinding dus die teenoorgestelde as wat in Senekal en Geldenhuys (2016) gevind is.

Die belangrikheid van die identifisering van hierdie topologiese eienskappe van Afrikaans kom eers werklik ter sprake wanneer Afrikaans met netwerkmodelle vergelyk word wat binne die grafiekteorie ontwikkel is, wat die onderwerp van die volgende afdeling is.

5. Afrikaans en wiskundige netwerkmodelle

Die drie belangrikste netwerkmodelle in die wiskundige grafiek- of netwerkteorie is die lukrakenetwerkmodel van Erdös en Rényi (1959; 1960) (voortaan die ER-model), Watts en Strogatz se kleinwêreldnetwerkmodel (1998) (voortaan die WS-model) en Barabási en Albert

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

44

se skaalvryenetwerkmodel (1999) (voortaan na verwys as die BA-model) (Borge-Holthoefer en Arenas 2010:1266). Hierdie drie modelle word in hierdie afdeling in kronologiese volgorde bespreek en hul moontlike tersaaklikheid vir die ontleding en karakterisering van woordkovoorkomsnetwerke in Afrikaans uitgespel.

5.1 Die ER-model

Erdös en Rényi (1959; 1960) se lukrakenetwerkmodel is een van die invloedrykste modelle in die wiskundige grafiekteorie en die nulmodel waarteen ander netwerkmodelle en werklike netwerke gemeet word (Humphries en Gurney 2008; Senekal 2015). In die ER-model vind skakelvorming op ’n lukrake wyse plaas, wat beteken dat die waarskynlikheid ewe groot is dat ’n skakel tussen enige twee nodusse aangetref sal word (Erdös en Rényi 1960:17).

Strogatz (2001:272) verduidelik hoe hierdie model gegenereer word:

Imagine n » 1 buttons strewn across the floor. Pick two buttons at random and tie them together with thread. Repeat this process m times, always choosing pairs of buttons at random. (If m is large, you might eventually select buttons that already have threads attached. That is certainly allowed; it merely creates clusters of connected buttons.) The result is a physical example of a random graph with n nodes and m links.

Die skakelverspreidingspatroon van nodusse in die ER-model volg ’n Poissonverspreiding (Peng e.a.2008:243; Liang e.a. 2009:4902; Borge-Holthoefer en Arenas 2010:1272), soos vervat in vergelyking (3) (Boccaletti e.a. 2006:191).

( )!

kk k

P k ek

−=

(3)

In vergelyking (3) dui P (k) die waarskynlikheid aan dat wanneer ’n nodus lukraak gekies word, dit k skakels sal hê, met die grootste waarskynlikheid by P (‹k›) (met ander woorde by die gemiddeld). Prakties beteken die skakelverspreidingspatroon in ’n ER-model dieselfde as vir ander vorme van statistiek waar ’n Poissonverspreiding aangetref word: die gemiddeld is ’n goeie voorspelling van die waarde van ’n gegewe datapunt, met ander woorde k ≈ ‹k›. Die onderliggende beginsel is dat gebeurtenisse op ’n lukrake wyse plaasvind, en hierdie verspreidings van datapunte is bekend deur die formulering van Poisson (1837). Voorbeelde van Poissonverspreidings wat gereeld in statistiek genoem word, is die getal Pruisiese offisiere wat oor ’n 20-jaar-periode deur hul perde doodgeskop is (Von Bortkiewicz 1898), die aantal oproepe wat per minuut by ’n oproepsentrum ontvang word (Erlang 1920), of waar in Londen Duitse V-1-bomme gedurende die Tweede Wêreldoorlog geval het (Clarke 1946). Ander voorbeelde van ’n Poissonverspreiding in statistiek wat deur Clauset, Shalizi en Newman (2009) genoem word, sluit in die gemiddelde snelhede van motors op ’n snelweg, die gemiddelde seevlak, die gemiddelde lugdruk, die gemiddelde gewig van appels, en die gemiddelde temperatuur.

In die ER-model beteken ’n Poissonverspreiding ook dat die gemiddelde getal skakels (‹k›) in ’n netwerk ’n goeie voorspelling is van die getal skakels k wat ’n individuele nodus sal hê: vir die meerderheid nodusse is k ≈ ‹k›, en dan neem die waarskynlikheid af dat ’n waarde

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

45

aangetref sal word hoe verder wegbeweeg word van die gemiddeld, totdat dit hoogs onwaarskynlik word dat ’n nodus aangetref sal word met byvoorbeeld k = ‹k›± 1 000. Figuur 7 toon ’n voorbeeldnetwerk wat volgens die ER-model gegenereer is, met n = 5 000 en m = 4 999. Regs is aangedui hoeveel nodusse skakels k in die netwerk het, en links is die persentasie nodusse aangedui wat skakels k het.

Figuur 6. Die skakelverspreidingspatroon in ’n ER-model

Die gemiddelde getal skakels (‹k›) in hierdie voorbeeldnetwerk is 2. In die grafiek regs kan gesien word dat ’n groot aantal nodusse (1 359 nodusse of 27,18% van nodusse in hierdie netwerk) k = 2 het, terwyl die tweede en derde grootste getal nodusse onderskeidelik skakels van k = ‹k›-1 en k = ‹k›+1 het (onderskeidelik 1 372 nodusse of 27,44% en 929 nodusse of 18,58% van nodusse). Die vierde en vyfde grootste groepe nodusse het onderskeidelik skakels van k = ‹k›–2 en k = ‹k›+2. Slegs 4,7% van nodusse het skakels van ‹k› ≥ 3. Die gemiddelde getal skakels (‹k›) is dus ’n goeie voorspelling van die aantal skakels k wat ’n nodus sal hê indien dit op ’n lukrake wyse gekies word.

Erdös en Rényi (1960:19) erken egter dat hul model ’n teoretiese konstruk is, en voer aan: "Of course, if one aims at describing such a real situation, one should replace the hypothesis of equiprobability of all connection by some more realistic hypothesis." Daar word later na hierdie stelling teruggekeer wanneer die BA-model bespreek word.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

46

Netwerke wat volgens die ER-model gegenereer is, word verder gekenmerk deur ’n kort gemiddelde pad (genoteer as LER wanneer hierdie meting betrekking het op L vir die ER-model)5 en ’n lae groepsvorming of oorganklikheid (genoteer as CER wanneer hierdie meting verwys na C vir die ER-model) (Borge-Holthoefer en Arenas 2010). LER kan volgens Peng e.a. (2008:250–1) en Liang e.a. (2009:4902) met behulp van vergelyking (4) geskat word, en CER met behulp van vergelyking (5) (hier genoteer as Lskatting en Cskatting – kyk verderaan).

lnlnER

NLk

(4)

( )1ER

kC

N≈

− (5)

In ons berekenings het die verskil tussen L vir netwerke wat volgens die ER-model gegenereer is (LER) en die skatting van L soos in Peng e.a. (2008:250–1) en Liang e.a. (2009:4902) (Lskatting), en C vir ’n ER-model (CER) teenoor Cskatting, beduidend verskillende resultate opgelewer, met byvoorbeeld CER » Cskatting. Ter wille van akkuraatheid is LER en CER gevolglik nie in ons studie geskat nie, maar eerder bereken vir netwerke wat volgens die ER-model gegenereer is.

Erdös en Rényi (1959; 1960) het twee verwante netwerkmodelle voorgestel: die G (n, p)-en G (n, m)-modelle. In die G (n, p)-model word begin met ’n vasgestelde getal nodusse (n) en skakels word dan op ’n lukrake wyse met waarskynlikheid p tussen nodusse aangebring. In die <G (n, m)-model word ’n vasgestelde getal skakels (m) op ’n lukrake wyse tussen ’n vasgestelde getal nodusse (n) aangedui, met die gevolg dat beide die getal nodusse as skakels vooraf bepaal kan word. Omdat dit noodsaaklik is om ’n werklike netwerk te vergelyk met ’n netwerk van dieselfde grootte (beide ten opsigte van n en m) (Peng, e.a. 2008:250; Senekal 2015:674), word die G (n, m)-model in die volgende onderafdelings gebruik.

5.2 Die WS-model

Watts en Strogatz (1998) het teruggekeer na Milgram (1967) en die kleinwêreldfenomeen gemodelleer. Kleinwêreldsheid is op twee metings gebaseer: gemiddelde pad (L) en groepsvorming of oorganklikheid (C). Watts en Strogatz (1998) het die ER-model as wegspringplek gebruik en op ’n lukrake wyse kort paaie in die netwerk ingebou, met die gevolg dat ’n netwerk ontstaan wat gekenmerk word deur ’n kort gemiddelde pad en ’n hoë mate van groepsvorming.

Ten einde ’n netwerk as ’n kleinwêreldnetwerk te klassifiseer, word die gemiddelde pad in ’n netwerk (L) met die gemiddelde pad in ’n netwerk van dieselfde grootte (beide ten opsigte van n en m) wat volgens die ER-model saamgestel is (LER), vergelyk, terwyl die groepsvorming van die netwerk (C) ook met die groepsvorming in die ekwivalente ER-model (CER) vergelyk word (Peng e.a. 2008:250; Senekal 2015:674). In netwerke wat nader aan die WS-model as die ER-model is, is L≈LER, maar C » CER (i Cancho en Solé 2001; Peng e.a. 2008; Liang e.a. 2009; Solé e.a. 2010). Figuur 8 verskaf die gemiddelde waardes van L teenoor LER, asook C teenoor CER vir die Afrikaanse en Engelse woordkovoorkomsnetwerke wat hier bestudeer is.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

47

Figuur 7. L teenoor LER en C teenoor CER vir die netwerke wat hier bestudeer is

Figuur 8 toon duidelik dat L≈LER en C » CER ook vir Afrikaanse woordkovoorkomsnetwerke geld, wat suggereer dat Afrikaans ook ’n kleinwêreldnetwerk is, soos die geval met Engels is. Humphries en Gurney (2008) kritiseer egter hierdie "semikwantitatiewe" formulering as vaag, en stel die kleinwêreldsindeks (S) voor waarmee kleinwêreldsheid gekwantifiseer kan word. Kleinwêreldsheid (S) word met behulp van vergelykings (6), (7) en (8) bereken.

ER

CC

γ =

(6)

ER

LL

λ =

(7)

S γλ

=

(8)

Indien S ≥ 1, kan ’n netwerk as ’n kleinwêreldnetwerk beskryf word, maar gevalle waar 1 ≤S≤ 3 is grensgevalle, en dus is S > 3 ’n duidelike aanduiding daarvan dat ’n netwerk ’n kleinwêreldnetwerk is (Humphries en Gurney 2008). Figuur 9 verskaf S vir die Afrikaanse en Engelse netwerke wat hier ondersoek is.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

48

Figuur 8. Kleinwêreldsheid in woordkovoorkomsnetwerke

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

49

Figuur 8 toon dus onomwonde dat Afrikaans en Engels as kleinwêreldnetwerke geklassifiseer kan word: vir al die netwerke wat hier ondersoek is, val S in die spektrum 105 ≤ S ≤2 544 vir Afrikaanse netwerke (met ’n gemiddeld van S = 837) en in die spektrum 124 ≤ S ≤1 907 vir Engelse netwerke (met ’n gemiddeld van S = 541). Let daarop dat Afrikaanse netwerke gemiddeld hoër S-waardes as Engelse netwerke het, wat die gevolg is van die verskil in L- en C-waardes van dié twee tale. Ten opsigte van S is daar met ander woorde ook gemiddeld ’n verskil tussen Afrikaans en Engels, alhoewel figuur 9 toon dat daar vele uitsonderings bestaan: die hoogste en laagste S-waardes hier is byvoorbeeld Afrikaanse tekste.

Die waarde wat kleinwêreldsheid in hierdie geval het, is dat kleinwêreldsheid die taalgebruiker in staat stel om maklik sinne saam te stel rondom woorde wat kort paaie in die netwerk vorm (i Cancho en Solé 2001; Liang e.a. 2009; Cong en Liu 2014). Andersins kan aangetoon word dat Afrikaans in hierdie opsig nie veel anders is as Engels of ander tale wat ook al sodanig ondersoek is nie: taal is ’n kleinwêreldnetwerk (Zhou e.a. 2008; Liang e.a. 2009; Solé e.a. 2010), en Afrikaans se unieke wortels en ontwikkeling – asook die feit dat dit een van die jongste tale in die wêreld is – maak dit in hierdie opsig geensins anders as meer gevestigde tale soos Engels nie.

Die skakelverspreidingspatroon van ’n WS-model volg egter ook, soos die ER-model, ’n Poissonverspreiding, anders as in die geval van die BA-model, wat in die volgende onderafdeling bespreek word.

5.3 Die BA-model

Soos voorheen vermeld, het Erdös en Rényi (1960:19) erken dat indien werklike netwerke ondersoek word, ’n gelyke waarskynlikheid dat ’n skakel tussen twee nodusse in ’n netwerk sal voorkom, met ’n ander meganisme vervang sal moet word. In Barabási en Albert (1999) se sogenaamde skaalvryenetwerkmodel is daar juis afgesien van ’n gelyke waarskynlikheid. In hierdie model is ’n vooroordeel ingebou teenoor nodusse wat reeds oor ’n groot aantal skakels beskik (Barabási en Albert 1999:510) – ’n verskynsel waarna verwys word as die Matteus-effek (na Merton 1968) of selektiewe skakelvorming. Kortom beteken dit dat in die BA-model die waarskynlikheid groter is dat nodusse met ’n groot aantal skakels nuwe skakels sal bykry as wat die geval is met nodusse met ’n klein aantal skakels (Barabási en Albert 1999:511).

Die uiteinde van selektiewe skakelvorming is volgens Barabási en Albert (1999) dat die skakelverspreidingspatroon van ’n netwerk wat volgens die BA-model gegenereer is, nie ’n Poissonverspreiding volg soos in die geval van die ER- en WS-modelle nie, maar eerder die kragwet volg. Die kragwet beteken in eenvoudige terme dat daar ’n klein aantal gevalle met hoë waardes, maar ook ’n groot aantal gevalle met lae waardes in ’n datastel voorkom (Liang e.a. 2009:4905). Die kragwet word in vergelyking (9) vervat (i Cancho en Solé 2001:2263; Markošová 2008:662; Solé e.a. 2010:22; Zhou e.a. 2008:3042; Liang e.a. 2009:4902):

( )P k k γ− (9)

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

50

Om streng aan die kragwet te voldoen, moet die eksponent in die spektrum 2 ≤ γ≤ 3 val (Solé e.a. 2010:22). Kyk na die voorbeeldnetwerk in figuur 10, wat uit dieselfde getal nodusse (n = 5000) en skakels (m = 4999) as die ER-model in figuur 7 bestaan, maar volgens die BA-model gegenereer is. Regs is die getal nodusse aangedui wat skakels k het en links is die persentasie nodusse aangedui wat skakels k het.

Figuur 9. Die skakelverspreidingspatroon in ’n BA-model

In figuur 9 kan gesien word dat die meerderheid nodusse (3 343 of 66,86%) slegs een skakel het. Aangesien die getal skakels en nodusse dieselfde is as vir die voorbeeld-ER-netwerk in figuur 7, is ‹k›=2, beteken dit dat slegs 16,5% van nodusse (825) se getal skakels deur die gemiddeld beskryf word. Die gemiddelde getal skakels is dus hoër as wat die waarde vir die meerderheid nodusse is, wat die gevolg is daarvan dat nodusse aangetref word met tot k = 87. Die klein aantal nodusse met ’n groot aantal skakels veroorsaak dat die gemiddelde getal skakels in die netwerk nie meer ’n goeie voorstelling is van die getal skakels wat die meerderheid nodusse het nie. Die uiteinde is ’n netwerk waar byvoorbeeld k=‹k›±1 000 nie meer onwaarskynlik is soos in die ER-model nie, maar gereeld aangetref word wanneer daar genoeg nodusse bestaan.

Die kragwet is reeds vantevore in ’n verskeidenheid kontekste ondersoek. Pareto (1897) het die verspreiding van inkomstes in verskeie bevolkings ondersoek, en ’n verskynsel geïdentifiseer wat rofweg met die 80/20-reël beskryf word: 80% van die inkomste in ’n

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

51

gemeenskap is in die hande van 20% van die bevolking. Hy het verskillende gemeenskappe ondersoek, onder andere antieke Peru, Cherokee-Indiane en Pruise, en tot die gevolgtrekking gekom dat só ’n oneweredige inkomsteverspreidingspatroon kenmerkend is van enige gemeenskap. Ander ontdekkings van soortgelyke oneweredige verspreidingspatrone is Lotka (1926) se wet van wetenskaplike produktiwiteit (’n klein aantal navorsers lewer ’n groot aantal navorsingsuitsette, terwyl die meerderheid min publiseer); Zipf (1935) se wet van die frekwensies waarmee woorde gebruik word (’n klein aantal woorde het ’n baie hoë gebruiksfrekwensie, terwyl die meerderheid woorde ’n lae gebruiksfrekwensie het); Richardson (1960) se bestudering van ongevalle in oorloë (’n klein aantal oorloë lei tot ’n baie hoë lewensverlies, terwyl die meerderheid oorloë tot ’n lae lewensverlies lei); en Price (1965) se identifisering van verwysingsverspreidings van wetenskaplike publikasies (’n klein aantal publikasies ontvang ’n baie hoë getal verwysings, terwyl die meerderheid geensins na verwys word nie, of baie min).

Barabási en Albert (1999) se bydrae was dat hulle dié oneweredige verspreiding in komplekse netwerke geïdentifiseer en gemodelleer het, en verskeie publikasies daarna het ook ondersoek ingestel na die voorkoms van die kragwet in ander komplekse netwerke, byvoorbeeld metaboliese netwerke (Jeong e.a. 2000), die wêreldwye web (Broder e.a. 2000), telefoonoproepe (Aiello, Chung en Lu 2000), seksuelekontaknetwerke (Liljeros e.a. 2001), lugvaartnetwerke (Gautreau, Barrat en Barthélemy 2008), padnetwerke (Jiang 2009), proteïeninteraksies (Jeong e.a. 2001) en filmakteurnetwerke (Guillaume en Latapy 2006).

Daar is egter heelwat kritiek uitgespreek oor die identifisering van die kragwet in komplekse netwerke, soos bespreek in Clauset e.a. (2009). Kortom kom kritiek daarop neer dat onvolledige datastelle soms gebruik word, en andersins is daar probleme met die metode om die kragwet op ’n datastel te pas deur van ’n log-log-plot gebruik te maak. Stumpf en Porter (2012:666) maak egter ’n belangrike stelling: "[K]nowledge of whether or not a distribution is heavy-tailed is far more important than whether it can be fit using a power law." In die huidige studie word daar eerder gefokus op die identifisering van ’n oneweredige skakelverspreidingspatroon (teenoor ’n Poissonverspreiding) as op die kwantifisering van die kragwet, aangesien Stumpf en Porter (2012:666) se stelling sinvol is: dit is belangriker om aan te toon dat ’n oneweredige skakelverspreidingspatroon in ’n datastel voorkom as wat dit is dat die eksponent binne die spektrum 2 ≤ γ≤ 3 val. Ten einde die skakelverspreidingspatrone van Afrikaanse woordkovoorkomsnetwerke met die BA-model te vergelyk, word eerder gebruik gemaak van Pearson se korrelasiekoëffisiënt, wat aandui tot watter mate hierdie netwerke met die BA-model gemodelleer kan word ten opsigte van skakelverspreidingspatrone. Pearson se korrelasiekoëffisiënt is hier gebruik omdat dié maatstaf deur Kuchaiev e.a. (2011) se netwerkvergelykingsprogrammatuur aanbeveel word om komplekse netwerke ten opsigte van skakelverspreidingspatrone mee te vergelyk.

Die korrelasie met die skakelverspreidingspatroon van ekwivalente ER-modelle (met ander woorde waar n en m gelyk is aan die werklike netwerk) is ook vir vergelykingsdoeleindes bereken, soos gesien kan word in figuur 10. Sterk korrelasies (r ≥ │0,6│) is met die ligpienk strook aangedui, en swak korrelasies ( r ≤ │0,25│) is met die grys strook aangedui.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

52

Figuur 10. Korrelasies tussen die skakelverspreidingspatrone van netwerke en ER- en BA-modelle

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

53

Dit is dus duidelik dat die skakelverspreidingspatrone van Afrikaanse woordkovoor-komsnetwerke – soos die Engelse netwerke wat hier ondersoek is – eerder die patroon van die BA- as die ER-model volg, met korrelasies in die spektrum 0,6384≤ r ≤0,9215 (met ’n gemiddeld van r = 0,8358) vir Afrikaanse tekste teenoor 0,6997≤ r ≤ 0,9138 (met ’n gemiddeld van r = 0,8334) vir Engelse tekste. Hierteenoor vertoon ’n vergelyking tussen Afrikaanse tekste en die ER-model korrelasies in die spektrum –0,2393≤ r ≤ 0,2067 (met ’n gemiddeld van r = –0,1421) vir Afrikaanse tekste en –0,2525≤ r ≤ –0,1044 (met ’n gemiddeld van r = –0,1916) vir Engelse tekste, wat beteken dat die ER-model nie ’n gepaste model vir skakelverspreidingspatrone in hierdie netwerke is nie.

Voorheen is ’n oneweredige skakelverspreidingspatroon ook in studies van onder andere Engelse (i Cancho en Solé 2001; Sheng en Li 2009) en Chinese (Liang e.a. 2009; Sheng en Li 2009) tekste gevind. Dít beteken weer eens dat Afrikaans ook in hierdie opsig nie ’n unieke taal is nie, maar dat dit hier ook gevind word dat ’n klein aantal woorde ’n baie hoë kovoorkoms het, terwyl die meerderheid woorde ’n lae kovoorkoms het. Anders as in die geval met L- en C-waardes is daar egter nie ’n beduidende verskil tussen Afrikaans en Engels ten opsigte van skakelverspreidingspatrone nie.

Volgens i Cancho en Sole (2001) en Dorogovtsev en Mendes (2001) is hierdie voorkoms van woorde met baie skakels die gevolg van hoe sinne geskep word: nuwe woorde word bygevoeg met ’n groter waarskynlikheid dat hulle skakels sal vorm met woorde wat reeds baie skakels het. Die woorde wat sulke hoë getalle skakels het, is gewoonlik lidwoorde en voorsetsels, wat die boustene van sinne vorm.

6. Ten slotte

Hierdie artikel het die eerste veralgemeenbare kwantitatiewe ontleding van geskrewe Afrikaans as komplekse netwerk onderneem, en aspekte soos die gemiddelde pad (L) en groepsvorming (C) ondersoek, asook vergelykings met die belangrikste netwerkmodelle in die wiskundige grafiekteorie, naamlik die ER-, WS- en BA-modelle. Daar is aangetoon dat Afrikaans, soos Engels, óók ’n kleinwêreldnetwerk is deur dié verskynsel met behulp van Humphries en Gurney (2008) se kleinwêreldindeks (S) te kwantifiseer, en daar is ook aangedui dat die skakelverspreidingspatrone van woorde in Afrikaans beter gemodelleer word deur die BA- as die ER-model: die skakelverspreidingspatrone van Afrikaanse tekste volg ’n oneweredige verspreidingspatroon eerder as ’n Poissonverspreiding.

’n Belangrike beperking van die huidige studie is egter dat slegs geskrewe Afrikaans, soos meestal aangetref in gepubliseerde boeke (met die uitsondering van LitNet), ondersoek is. Liang e.a. (2009) dui aan dat daar statistiese verskille tussen verskillende soorte tekste bestaan, wat iets is wat nie in die huidige studie ondersoek is nie. Dit is moontlik dat ander vorme van Afrikaanse taalgebruik, byvoorbeeld gesproke Afrikaans of elektroniese kommunikasie soos Twitter-boodskappe, of selfs Wikipedia, waar enigeen bydraes kan lewer sonder dat die teks geredigeer word, ander statistiese eienskappe kan vertoon, en toekomstige studies kan dus ondersoek instel na of dit wel die geval is. Liu en Cong (2013) dui ook aan dat woordkovoorkomsnetwerke gebruik kan word om tale te klassifiseer, wat uiteraard toepassings in Suid-Afrika met sy 11 amptelike landstale het. ’n Belangrike verdere vraag is egter of die gehalte van taalgebruik deur hierdie statistiese eienskappe weerspieël word:

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

54

Antiqueira e.a. (2007) voer byvoorbeeld aan dat studente se taalvaardigheid en skryfvermoë verband hou met die mate waarin groepsvorming (C) in hul skryfwerk voorkom (kyk ook Ke e.a. 2014), terwyl daar sterk aanduidings is dat daar statisties beduidende verskille tussen kinder- en volwassene-taalgebruik in hierdie opsig bestaan (Solé e.a. 2010; Cong en Liu 2014; Ke e.a. 2014). Amancio e.a. (2011) voer op hul beurt aan dat sulke statistieke aangewend kan word om die gehalte van vertalings te beoordeel. Indien ’n statisties beduidende verskil gevind kan word tussen die gebruik van Afrikaans soos hier ondersoek, wat meestal ’n meer formele taalgebruik verteenwoordig, en studente se taalgebruik, skep dit die geleentheid om taalvaardigheid op ’n objektiewe en rekenaarmatige wyse te beoordeel.

Bibliografie

Aiello, W., F. Chung en L. Lu. 2000. A random graph model for massive graphs. Proceedings of the 32nd ACM Symposium on Theory of Computing.

Amancio, D.R., M.G.V. Nunes, O.N. Oliveira, T.A.S. Pardo, L. Antiqueira en L. da F. Costa. 2011. Using metrics from complex networks to evaluate machine translation. Physica A: Statistical Mechanics and its Applications, 390:131–42.

Antiqueira, L., M.G.V. Nunes, O.N. Oliveira en L. da F. Costa. 2007. Strong correlations between text quality and complex networks features. Physica A: Statistical Mechanics and its Applications, 373:811–20.

Barabási, A.-L. en R. Albert. 1999. Emergence of scaling in random networks. Science, 286:509–11.

Basson, A. 2015. In die lig. Openbaringe van die Here. Krugersdorp: Anet Basson.

Boccaletti, S., V. Latora, Y. Moreno, M. Chavez en D.-U. Hwanga. 2006. Complex networks: structure and dynamics. Physics Reports, 424:175–308.

Borge-Holthoefer, J. en A. Arenas. 2010. Semantic networks: structure and dynamics. Entropy, 12(5):1264–302.

Brink, A.P. 2000a. Donkermaan. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 2000b. The rights of desire. Londen: Vintage.

Broder, A., R. Kumar, F. Maghoul, P. Raghavan, S. Rajagopalan, R. Stata, A. Tomkins en J. Wiener. 2000. Graph structure in the web. Computer Networks, 33:309.

Celliers, J.F.E. 1920. Martjie. Pretoria: J.H. de Bussy.

—. 1908. Die vlakte en andere gedigte. Pretoria: Volkstem-drukkerij.

Clarke, R.D. 1946. An application of the Poisson Distribution. Journal of the Institute of Actuaries, 72:481.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

55

Clauset, A., C.R. Shalizi en M.E.J. Newman. 2009. Power-law distributions in empirical data. SIAM Review, 51(4):661–703.

Coetzee, A. 1988. Marxisme en die Afrikaanse letterkunde. Bellville: Universiteit van Wes-Kaapland.

—. 2000. ’n Hele os vir ’n ou broodmes. Grond en die plaasnarratief sedert 1595. Pretoria: Van Schaik Uitgewers.

Cong, J. en H. Liu. 2014. Approaching human language with complex networks. Physics of Life Reviews, 11:598–618.

De Saussure, F. 1966. Course of general linguistics. New York: McGraw-Hill.

Dorogovtsev, S.N. en J.F.F. Mendes. 2001. Language as an evolving word web. Proceedings of the Royal Society of London. Series B: Biological Sciences, 268(1485):2603–6.

Du Toit, J.D. 1915. Trekkerswee. Potchefstroom: Het Westen Drukkerij.

Effendi, A.B. 1979. Uiteensetting van die godsdiens. Amsterdam: North-Holland.

Erdös, P. en A. Rényi. 1959. On random graphs. Publicationes Mathematicae, 6:290–7.

—. 1960. On the evolution of random graphs. Publications of the Mathematical Institute of the Hungarian Academy of Sciences, 5:17–61.

Erlang, A.K. 1920. Telefon-Ventetider. Et Stykke Sandsynlighedsregning. Matematisk Tidsskrift, 31:25–42.

Fagan, H.A. 1972. Ousus. Kaapstad: Tafelberg.

Gautreau, A., A. Barrat en M. Barthélemy. 2008. Global disease spread: statistics and estimation of arrival times. Journal of Theoretical Biology, 251(3):509–22.

Grabska-Gradzińska, I., A. Kulig, J. Kwapień en S. Drożdż. 2012. Complex network analysis of literary and scientific texts. International Journal of Modern Physics C, 23(7):1250051.

Guillaume, J.-L. en M. Latapy. 2006. Bipartite graphs as models of complex networks. Physica A: Statistical Mechanics and its Applications, 371:795–813.

Holanda, A. de J., I.T. Pisa, O. Kinouchi, A.S. Martinez en E.E.S. Ruiz. 2004. Thesaurus as a complex network. Physica A: Statistical Mechanics and its Applications, 344:530–6.

Humphries, M.D. en K. Gurney. 2008. Network “small-world-ness”: a quantitative method for determining canonical network equivalence. PloS one, 3(4):e0002051.

i Cancho, R.F. en R.V. Solé. 2001. The small world of human language. Proceedings of the Royal Society B, London, 268:2261–5.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

56

Jeong, H., S.P. Mason, A.-L. Barabási en Z.N. Oltvai. 2001. Lethality and centrality in protein networks. Nature, 411:41–2.

Jeong, H., B. Tombor, R. Albert, Z.N. Oltvai en A.-L. Barabási. 2000. The large-scale organization of metabolic networks. Nature, 407:651.

Jiang, B. 2009. Street hierarchies: a minority of streets account for a majority of traffic flow. International Journal of Geographical Information Science, 23(8):1033–48.

Kannemeyer, J.C. 1983. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1. Pretoria: Academica.

—. 1984. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2. Pretoria: Academica.

—. 1999. Leipoldt. ’n Lewensverhaal. Kaapstad: Tafelberg.

Ke, X., Y. Zeng, Q. Ma en L. Zhu. 2014. Complex dynamics of text analysis. Physica A: Statistical Mechanics and its Applications, 415:307–14.

Kenett, Y.N., D.Y. Kenett, E. Ben-Jacob en M. Faust. 2011. Global and local features of semantic networks: evidence from the Hebrew mental lexicon. PLoS ONE, 6(8):e23912.

Kosmidis, K., A. Kalampokis en P. Argyrakis. 2006. Statistical mechanical approach to human language. Physica A: Statistical Mechanics and its Applications, 366:495–502.

Kuchaiev, O., A. Stevanović, W. Hayes en N. Pržulj. 2011. GraphCrunch 2: Software tool for network modeling, alignment and clustering. BMC Bioinformatics, 12(24):1–13.

Kwapień, J. en S. Drożdż. 2012. Physical approach to complex systems. Physics Reports, 515(3):115–226.

Lee, N., L. Mikesell, A.D.L. Joaquin, E.W. Mates en J.H. Schumann. 2009. The interactional instinct: The evolution and acquisition of language. Oxford: Oxford University Press.

Leipoldt, C.L. 1980. Versamelde gedigte. Kaapstad: Tafelberg.

—. 1963. Polfyntjies vir die proe. Kaapstad: Tafelberg.

Liang, W., Y. Shi, C.K. Tse, J. Liu, Y. Wang en X. Cui. 2009. Comparison of co-occurrence networks of the Chinese and English languages. Physica A: Statistical Mechanics and its Applications, 388:4901–9.

Liljeros, F., C.R. Edling, L.A.N. Amaral, H. E. Stanley en Y. Åberg. 2001. The web of human sexual contacts. Nature, 411:907–8.

Liu, H. en J. Cong. 2013. Language clustering with word co-occurrence networks based on parallel texts. Chinese Scientific Bulletin, 58:1139–44.

Lotka, A. 1926. The frequency distribution of scientific productivity. Journal of the Washington Academy of Sciences, 16(12):317–24.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

57

Malherbe, F.E.J. 1924. Humor in die algemeen en sy uiting in die Afrikaanse letterkunde. Amsterdam: Swets & Zeitlinger.

Marais, E. 1984. Versamelde werke. Pretoria: J.L. van Schaik.

Margan, D., S. Martinčić-Ipšić en A. Meštrovíć. 2014. Preliminary report on the structure of Croatian linguistic co-occurrence networks. arXiv preprint, 1–8.

Markošová, M. 2008. Network model of human language. Physica A: Statistical Mechanics and its Applications, 387:661–6.

Masucci, A.P. en G.J. Rodgers. 2006. Network properties of written human language. Physical Review E, 74(2):026102.

Merton, R.K. 1968. The Matthew Effect in science. Science, 159(3810):56–63.

Milenković, T., J. Lai en N. Pržulj. 2008. GraphCrunch: A tool for large network analyses. BMC Bioinformatics, 9 (70).

Milgram, S. 1967. The small world problem. Psychology Today, 2:60–7.

Newman, M.E.J. 2010. Networks. Oxford: Oxford University Press.

Nienaber, P.J. en G.S. Nienaber. 1941. Geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde. Pretoria: J.L. van Schaik.

Pareto, V. 1897. Le cours d’economie politique. Londen: Macmillan.

Peng, G., J.W. Minett en W.S.-Y. Wang. 2008. The networks of syllables and characters in Chinese. Journal of Quantitative Linguistics, 15(3):243–55.

Poisson, S.D. 1837. Recherches sur la probabilité des jugements en matière criminelle et en matière civile; précédées des règles générales du calcul des probabilités. Parys: Bachelier.

Price, D.J.d.S. 1965. Networks of scientific papers. Science, 149:510–5.

Richardson, L.F. 1960. Statistics of deadly quarrels. Pittsburgh: The Boxwood Press.

Schoonees, P.C. 1939. Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging. Pretoria: J.H. de Bussy.

Senekal, B.A. 2015. ’n Kwantifisering van kleinwêreldheid in Afrikaanse kulturele netwerke in vergelyking met ander komplekse netwerke. LitNet Akademies, 12(3):665–88. http://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2015/12/LitNet_Akademies_12-3_BurgertSenekal_665-688.pdf.

Senekal, B.A. en S. Brokensha. 2014. Surfers van die tsunami. Navorsing en inligtingstegnologie binne die Geesteswetenskappe. Bloemfontein: SunPress.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

58

Senekal, B.A. en C. Geldenhuys. 2016. Afrikaans as ’n komplekse netwerk: Die woordko-voorkomsnetwerke van woorde in André P. Brink se Donkermaan in Afrikaans, Nederlands en Engels, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 35(1):a1368.

Sheng, L. en C. Li. 2009. English and Chinese languages as weighted complex networks. Physica A: Statistical Mechanics and its Applications, 388:2561–70.

Solé, R.V., B. Corominas-Murtra, S. Valverde en L. Steels. 2010. Language networks: their structure, function, and evolution. Complexity, 15(6):20–6.

Strogatz, S.H. 2001. Exploring complex networks. Nature, 410:268–76.

Stumpf, M.P.H. en M.A. Porter. 2012. Critical truths about power laws. Science, 335:665–6.

Van Bruggen, J. 1924. Ampie. Amsterdam: Swets & Zeitlinger.

—. 1933. Die sprinkaanbeampte van Sluis. Pretoria: J.L. van Schaik.

Van den Heever, C.M. 1935. Somer. Pretoria: J.L. van Schaik.

—. 1939. Laat vrugte. Bloemfontein: Nasionale Pers.

Van Niekerk, M. 2014. Kaar. Kaapstad: Human & Rousseau.

Visser, A.G. 1981. Versamelde gedigte. Kaapstad: Tafelberg.

Von Bortkiewicz, L. 1898. Das Gesetz der kleinen Zahlen. Leipzig: B.G. Teubner.

Von Wielligh, G.R. 1921. Jakob Platjie. Pretoria: J.H. De Bussy.

Watts, D.J. en S.H. Strogatz. 1998. Collective dynamics of “small-world” networks. Nature, 393(6684):409–10.

Weideman, A. 2009a. Beyond expression: A systematic study of the foundations of linguistics. Grand Rapids, MI: Paideia Press.

—. 2009b. Uncharted territory: a complex systems approach as an emerging paradigm in applied linguistics. Per Linguam, 25(1):61–75.

Yu, S. en C. Xu. 2014. Properties of language networks and language systems. Physics of Life Reviews, 11:626–7.

Zhou, S., G. Hu, Z. Zhang en J. Guan. 2008. An empirical study of Chinese language networks. Physica A: Statistical Mechanics and its Applications, 387:3039–47.

Zipf, G.K. 1935. The psychobiology of language. Boston: Houghton-Mifflin.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

59

Eindnotas

1 Vir ’n bespreking van taal as ’n komplekse sisteem, kyk byvoorbeeld Kwapień en Drożdż (2012) en Senekal en Geldenhuys (2016).

2 In navolging van i Cancho en Sole (2001), Grabska-Gradzińska e.a. (2012) en Senekal en Geldenhuys (2016) is leestekens uit die tekste verwyder, alhoewel ander navorsers (Masucci en Rodgers 2006; Sheng en Li 2009) leestekens ook as betekenisvol ag. Die onderhawige studie fokus egter op leksikale items en laat gevolglik leestekens uit.

3 Verskillende vergelykings word gebruik om die gemiddelde pad mee te bereken, maar die resultaat is dieselfde. Kyk byvoorbeeld na Senekal (2015) en Senekal en Geldenhuys (2016) vir ander vergelykings.

4 ’n Verwante konsep, oorganklikheid (transitivity), meet die getal driehoeke wat in ’n netwerk voorkom teenoor die moontlike getal driehoeke wat sou kon voorkom en word ook soms in plaas van groepsvorming gebruik.

5 In Senekal (2015) en Senekal en Geldenhuys (2016) is Humphries en Gurney (2008) se notasie van Lrand en Crand gebruik. In die huidige artikel verkies ons LER en CER ter wille van akkuraatheid (dit verwys na die presiese netwerkmodel), asook ’n keuse weg van die Engelse term random network.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

60

Persoonlike klankversterking vir ’n onderwyser met stemprobleme

Salomé Geertsema en Mia le Roux

Salomé Geertsema, Departement Spraak-Taalpatologie en Oudiologie, Universiteit van Pretoria Mia le Roux, Departement Spraak-Taalpatologie en Oudiologie, Universiteit van Pretoria

Opsomming

Onderwysers ervaar gereeld stemprobleme as gevolg van funksionele stemhiperfunksionering (die oormatige en verkeerde gebruik van stemgewing) en dit blyk dat beroepsverantwoordelikhede dikwels die suksesvolle implementering van gebruiklike instandhoudingstrategieë bemoeilik. Die oogmerk van hierdie enkelgevalstudie was om die gebruikswaarde van persoonlike stemversterking as ’n aanvullende opsie vir onderwysers met beroepsverwante stemprobleme te ondersoek. Spesifieke perseptuele en akoestiese stemeienskappe van ’n onderwyseres is voor en na ’n periode van gebruiklike instandhouding, en ook voor en na ’n periode waartydens ’n stemversterkingsapparaat as aanvullende strategie tot gebruiklike instandhouding aangewend is, geëvalueer. Tydens die studie is ’n volhardende stembandnodule in die belang van die proefpersoon chirurgies verwyder. Hierdie ad hoc-verandering aan die ontwerp was noodsaaklik, alhoewel nie aanvanklik beplan nie. Die navorsingsontwerp is daarvolgens aangepas en die ondersoek het gevolglik ’n voor- en ’n nachirurgiefase ingesluit, en etiese goedkeuring is vir beide fases verkry. Die perseptuele en akoestiese ontleding van stemkwaliteit het die positiewe effek van die chirurgiese ingreep bevestig. Alhoewel ’n paneel luisteraars nie ’n verbetering in die proefpersoon se stemkwaliteit opgemerk het nie, het verskeie van die akoestiese stemparameters verbeter of genormaliseer na die gebruik van die persoonlike stemversterking as ’n aanvullende instandhoudingstrategie. Die gevolgtrekking is dat persoonlike stemversterking, as ’n strategie aanvullend tot gebruiklike instandhouding, van waarde kan wees vir onderwysers wat beroepsverwante stemprobleme ervaar.

Trefwoorde: akoestiese stemeienskappe; funksionele stemhiperfunksionering; funksionele stemprobleme; onderwysers; perseptuele stemeienskappe; professionele stemgebruikers; steminstandhouding; stemprobleme; stemversterking

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

61

Abstract

Personal amplification for a teacher with voice problems

Successful communication depends partly on the optimal use of voice. A large portion of the South African population depends on this optimal use of voice for their occupations. Voice problems for the professional voice user in particular therefore impact negatively on their livelihood. It is, however, especially professional voice users who are at risk of developing functional voice problems. One such a population is teachers. Teachers frequently experience voice problems due to functional voice hyperfunction (the excessive and incorrect use of voice). The South African school milieu with its high learner to teacher ratio, as well as the multilingual and multicultural nature of the learners, contribute to this vocal hyperfunction because of a higher level of background noise and the need to repeat instructions. Furthermore, it appears that these occupational responsibilities often complicate the successful implementation of the usual vocal exercise maintenance strategies.

The main objective of this single-case study was to investigate the application value of personal amplification as an augmentative option for teachers with occupationally related voice problems. Subsidiary aims were to determine specific aspects before and after the usual vocal exercise maintenance strategies. In addition to these, aspects pertaining to the effect of the usual maintenance in combination with personal sound amplification were investigated. The subsidiary aims were therefore to compare and analyse these strategies perceptually and acoustically.

Specific perceptual and acoustic voice characteristics of a teacher were evaluated. These evaluations took place before and after a period during which a voice amplification device was used as a supportive strategy to the usual maintenance strategies. Qualitative and quantitative comparison of the data took place by comparing the results of the various evaluations in phases 1 and 2.

During this study, the participant displayed a persistent nodule of the vocal cord, which had to be surgically removed in the best interest of the participant. This ad hoc adaptation to the research design was necessary although not initially planned. The research design was accordingly adapted, and the investigation therefore included a pre- and post-surgical phase. Ethical clearance had been obtained for both phases.

Perceptual evaluations: Average scale evaluations of the individual participants of the listeners’ panel (there were six listeners) were calculated to determine the final listener panel score. These evaluations were done using a rater’s scale form on which the listener panel evaluated the spontaneous answers to questions and a paragraph of reading according to eight combined speech stimuli. Listeners had to rate the extent to which voice quality deviated or not. During evaluations 1–3 the six listeners concurred in general that the participant’s use of voice, sounded moderately impaired. The surgical intervention improved the participant’s use of voice, according to the perceptual evaluation. The evaluation that was completed after the two maintenance strategies were implemented indicated a further normalisation of the voice quality of the participant. During the second phase no obvious difference between the effects of the various maintenance strategies was noted. The most obvious difference was the improvement in auditory perceptual voice quality after surgical intervention.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

62

Acoustic analyses: Various parameters related to voice quality were measured with the Multi Dimensional Voice Programme (MDVP) and compared. The average of the three measurements during each evaluation was calculated for each of the parameters. The results of the first and second reversed phase were compared to serve as a control. During evaluation 1–5 the fundamental frequency (F0) was within the norm for female speakers of the age group of the participant. However, this parameter increased slightly during evaluation 6–8. The F0 is related to the mass of the vocal cords. A lower mass results in an increase in the F0. The removal of vocal cord nodules (such as before evaluation 6) and the resultant reduction of mass will lead to a higher F0. This increased F0 was evidenced by the results of the second phase.

The perceptual and acoustic analysis of voice quality corroborated the positive effect of the surgical intervention. Although the listeners’ panel did not notice the improvement in the participant’s voice quality, various acoustic voice parameters improved after the use of the personal voice amplification as an additional maintenance strategy. The conclusion was made that personal voice amplification as an augmentative strategy to usual vocal exercise maintenance strategies could be of value to teachers who experience occupation-related voice problems. The combined strategy had a positive influence on most of the acoustic parameters, although the listeners did not note the same level of difference.

This study has added value to evidence-based practice in the field of voice therapy. Similar studies in which participants with organic voice pathologies (such as vocal cord nodules) are compared with studies of participants with healthy vocal cords may also shed more light on the mechanism of functional voice hyperfunction (Boone, McFarlane, Von Berg and Zraick 2009). The use of physiological methods of analyses could, for example, be used to trace the subtle changes in voice. The results of the present study confirmed that there is a definite need for further research to highlight the role of a single listener or a panel of listeners in detecting voice pathologies. Acoustic parameters and terminology describing the perceptually/auditorily detectable correlates also have to be studied in depth. Furthermore, the value of voice amplification for patients with Parkinson’s disease, for example, could be explored as well. Results of the present study may serve as a starting point to motivate funding of such amplification apparatus by the medical aid companies. The availability of these apparatuses in South Africa specifically must be considered due to high importing costs. Linking with local electronic engineers for the design of similar, but more cost-effective amplification apparatus than the model used in the present research may also provide work and study opportunities within the South African context.

Keywords: acoustic voice properties; functional voice hyperfunction; functional voice problems; perceptual voice properties; professional voice users; teachers; voice amplification; voice maintenance; voice problems

1. Inleiding

Gesonde stemgewing speel ’n belangrike rol by enige spreker se vermoë om te kommunikeer. Mondelinge kommunikasie kan ’n sosiale of beroepsfunksie hê. ’n Groot deel van die bevolking in Suid-Afrika is afhanklik van normale stemgewing in hul beroep, en die implikasies van stemprobleme by veral die professionele stemgebruiker is ingrypend. Dit is

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

63

egter juis professionele stemgebruikers wat ’n groter risiko loop om funksionele stemprobleme te ontwikkel vanweë die hoë eise wat hul beroep aan hul stemgewing stel (Cielo, Ribeiro en Hoffmann 2015). Instandhouding is ’n belangrike doelwit van stemterapie by sprekers wat oormatige eise stel ten opsigte van stemgebruik, maar gebruiklike terapieriglyne is dikwels nie volledig uitvoerbaar binne die beroepsmilieu van die professionele stemgebruiker nie (John en Das Poduval 2015). Hierdie studie het gekyk na funksionele stemprobleme as beroepsrisiko en ondersoek alternatiewe in die benadering tot instandhouding vir die onderwyser as professionele stemgebruiker.

Stemgewing vereis die koördinering van uitvloeiende pulmoniese lug en stembandsluiting (Raphael, Borden en Harris 2011). Die intrinsieke larinksspiere is verantwoordelik vir sluiting en opening van die stembande. Geslote stembande blokkeer die lugweg en verhoed dat lug in en uit die longe beweeg. Geopende stembande lei tot ’n oop glottis wat in- en uitaseming toelaat (Behrman 2013). Stemlose klanke, soos /p/, /t/, en /k/, word met ’n oop glottis geartikuleer. Hierdie oop glottis laat ’n ongehinderde vloei van lug vanaf die longe toe, sonder enige vibrasie van die stembande (Raphael e.a. 2011). Stemhebbende klanke word geartikuleer met die stembande wat vibreer. Vibrasie vind plaas wanneer die hoër subglottale lugdruk teen die geslote stembande druk en die weerstand van die geslote stembande oorkom (Behrman 2013).

Stemkwaliteit word as afwykend waargeneem wanneer normale stembandvibrasie belemmer word deur faktore wat die massa, veerkragtigheid en/of spanning van een of albei stembande beïnvloed. Die faktore kan funksioneel, organies en/of psigies van aard wees. Hiperfunksionering tydens stemgewing vind gewoonlik plaas op die vlak van die stembande. Hierdie hiperfunksionering kan die volgende insluit: oormatig harde spraak, langdurige spraak sonder rusperiodes, spraak met ’n harde glottale aanslag, spraak met ’n te lae of te hoë toonhoogte, skree, hoes, en oormatige skoonmaak van die keel (Stemple, Glaze en Klaben 2010). Primêr organiese oorsake kan insluit verlammings, neurologiese toestande soos Parkinsonisme en serebrale gestremdheid, kwaadaardige patologieë soos stembandkarsinome, goedaardige patologieë soos granulomas of poliepe, direkte of indirekte trauma aan die stembande, vaskulêre toestande soos bloeding, sistemiese siektes soos hormonale en immunologiese probleme (byvoorbeeld HIV) en bakteriese, virale en fungale infeksies (Verdolini, Rosen en Branski 2006; Vilkman 2004). Primêr psigogene oorsake kan lei tot afonie (afwesigheid van stemgewing) en disfonie (afwykende stemgewing) as gedragsreaksies op emosionele probleme en stres.

Heel dikwels is daar ’n wisselwerking tussen die oorsaaklike faktore en word ’n probleem verder vererger deur sekondêre organiese gevolge. ’n Stemprobleem wat primêr funksioneel van aard is, kan vererger word deurdat ’n sekondêre organiese probleem soos stembandnodules ontwikkel, wat die stemkwaliteit verder beïnvloed. Colton, Casper en Leonard (2006), Aronson en Bless (2009) asook Timmermans, De Bodt en Wuyts (2002), beskou oorsake van stemprobleme as voorkombaar of nievoorkombaar. Hulle gee ’n klassifikasie van vatbaarheidsfaktore (soos die individuele histologiese verskille, basiese sellulêre samestelling en indringende patogene toestande wat verskil van persoon tot persoon, en dus sekere persone meer vatbaar maak vir stemprobleme as andere); en ander oorsaaklike faktore soos angs, stres, spannings- en emosionele faktore; omgewingsfaktore; fisiologiese en gesondheidsfaktore en fonatoriese faktore (waaronder stemhiperfunksionering). Met uitsondering van die vatbaarheidsfaktore is die meeste van hierdie faktore tot ’n groot mate voorkombaar.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

64

Van die totale werkerspopulasie in die VSA is ongeveer 25% professionele stemgebruikers (Roy, Merrill, Gray en Smith 2005). Om hierdie populasie se samestelling te omskryf, het Kaufmann en Isaacson (1991) ’n viervlakskaal van stemgebruik saamgestel, wat die volgende behels: ’n sanger/akteur (vlak I) word geklassifiseer as ’n topklas uitvoerende stemgebruiker; ’n dosent/predikant (vlak II) as ’n professionele stemgebruiker; ’n onderwyser/prokureur (vlak III) as ’n professionele stemgebruiker met ’n verminderde mate van stemgebruik; en ’n klerk of arbeider (vlak IV) as ’n nieprofessionele stemgebruiker wat nie in ’n groot mate van sy of haar stem gebruik maak in die beroepsopset nie. Alhoewel hierdie omskrywing ’n dosent in ’n werksopset stel wat meer van die stem vereis as dié van ’n onderwyser, is dit nie noodwendig die geval in Suid-Afrika nie. Om ’n onderwyser ook op vlak II te stel, sou moontlik ’n beter voorstelling wees. Dit is ook onrealisties om aan te neem dat die funksionele en psigogene impak van stemprobleme op byvoorbeeld ’n onderwyser minder is as op ’n sanger of akteur.

Volgens die International Classification of Functionality, Disability and Health (World Health Organization 2001), word ’n mate van onvermoë om ’n beroep te beoefen weens siekte, beter beskryf in terme van die beperking van die aktiwiteite wat daardie beroep vereis. Die mate waartoe die beoefening van die beroep self beperk word, word beter beskryf in terme van die beperking van deelname aan die beroep. Die omskrywing impliseer dat die professionele stemgebruiker met ’n beperkte mate van stemgebruik (vlak IV) met die ontstaan van stemprobleme eerstens minder aktief sal wees (beperking van aktiwiteite) terwyl vlak I se stemgebruikers by die aanvang van stemprobleme byvoorbeeld alreeds ’n verlies aan inkomste begin toon. Namate die probleem toeneem, begin die laervlak-stemgebruiker aktiwiteite totaal vermy (beperking in deelname), wat dan by hierdie groep stemgebruikers ook toenemend finansiële implikasies by opvolgende vlakke inhou. ’n Suid-Afrikaanse ondersoek van Smith, Verdolini, Gray, Nichols, Lemke, Barkmeier, Dove en Hoffman (1996) het getoon dat 47% van die professionele stemgebruikers wat as proefpersone opgetree het, se stemprobleme hulle werksituasies ten tye van die ondersoek ernstig benadeel het. Vorige werksituasies van 53% van die persone is benadeel, terwyl 76% van die persone se toekomstige werksituasies benadeel sal word. ’n Geldige argument kan gestel word dat stem- of spraakverlies tans een van die grootste werksbeperkings vir stemgebruikers met ’n groot mate van professionele stemgebruik inhou. Verlies van stem is vergelykbaar met die verlies van ’n ledemaat in vroeëre industriële dekades (Dietrich, Verdolini, Gartner-Schmidt en Rosen 2008; Vilkman 2004). Stemverlies en stemprobleme kan vir die individu ernstige finansiële implikasies, asook implikasies vir sy beroepsloopbaan, inhou.

Die Suid-Afrikaanse skoolmilieu van groot klasse en die verskillende taal- en kultuurgroepe aan wie in dieselfde klas onderrig gegee moet word, stel unieke eise, aangesien agtergrondsgeraas toeneem en stellings herhaal moet word. Swak begrip van die klaskamervoertaal by tweedetaalleerders kan ook eise in dié verband stel. Smith e.a. (1996) se studie sonder spesifiek verhoogde agtergrondsgeraas (65%) en die nodigheid van herhaling (58%) uit as van die mees algemene kommunikasieprobleme wat tot stemprobleme kan lei, omdat dit aanleiding kan gee tot misbruik en wangebruik van die stem. Hierdie probleem word nie uitsluitlik net in die klas ondervind nie. Speelgronde en velde waar buitemuurse aktiwiteite plaasvind, maak deel uit van die werksomgewing waar onderwysers daagliks hulle tyd te midde van agtergrondsgeraas spandeer. Verder word onderwysers ook deurentyd blootgestel aan leerders wat gereeld aansteeklike boonstelugweginfeksies het. Wanneer die onderwyser self so ’n infeksie ontwikkel, kan dit daartoe lei dat organiese stemprobleme die

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

65

reeds bestaande funksionele stemprobleme vererger (Cantor Cutiva, Vogel en Burdorf 2013; Welham en Maglagan 2003).

Al hierdie wisselwerkende faktore kan verreikende implikasies hê vir die onderwyser se vermoë om sy beroep te beoefen en kan ook sy/haar gesondheid beïnvloed. Stemprobleme wat lei tot swak skoolbywoning, en in sommige gevalle tot die totale staking van werksaamhede, kan bydra tot die spanning en stres waaraan onderwysers onderwerp word. Suid-Afrika se hoë werkloosheidsyfers, beheerliggaamposte wat nie altyd dieselfde verlofvoordele as ’n staatsaanstelling bied nie, asook ’n beperking op bydraes tot ’n mediese fonds, maak inperking of staking van aktiwiteite baie moeilik en is in die meeste gevalle nie moontlik nie. ’n Gevolglike verwaarlosing van stemprobleme word vererger deur Suid-Afrikaanse onderwysers se algemene onkunde oor stemprobleme (Van der Merwe, Van Tonder, Pretorius en Crous 1995). Die spanning wat die ervaring van stemprobleme meebring, is deur verskeie studies bevestig met behulp van vraelyste soos byvoorbeeld die Voice Handicap Index (VHI) (Roy, Gray, Simon, Dove, Corbin-Lewis en Stemple 2001) en lei tot eise ten opsigte van stemgewing wat die onderwyser op die lang duur nie kan volhou nie.

Funksionele stemhiperfunksionering is die gevolg van oormatige stemgebruik en verkeerde stemgebruik (wangebruik) wat, indien dit onbehandeld bly, tot sekondêre organiese stemprobleme kan lei. Terapie is gevolglik daarop gerig om stemgebruik te verminder (met behulp van ’n stemrus- of stemverminderingprogram) en om hiperfunksionering uit te skakel (op die vlak van asemhaling, stemgewing en natrilling) en ook stem-liggaam-integrasie te optimaliseer (Roy e.a. 2001; Behlau en Oliveira 2009). Gereelde hidrasie van die stembande is ook noodsaaklik (Van Wyk, Cloete, Hattingh, Van der Linde en Geertsema 2016).

Fasiliteringstegnieke is die grondslag vir ’n benadering waardeur ’n modelstem ontwikkel en vasgelê word, selfmonitering van die stem ontwikkel word, en oordrag na alledaagse situasies bewerkstellig word (Van der Merwe 2002). Hierdie fasiliteringstegnieke kan beskou word as deel van ’n strategie vir instandhouding. ’n Omvattende ingrypingsprogram vir funksionele stemhiperfunksionering, soos oorsigtelik opgesom deur Groenewald (2002), inkorporeer dan ook alle subsisteme betrokke by stemgewing, dit wil sê liggaamshouding of ontspanning, asemhaling, fonasie en natrilling. Stemterapie vir funksionele stemhiperfunksionering is gemik op die uitskakeling van foutiewe en oormatige stemgebruik. Instandhouding word as die mikpunt gestel. Deur eers inligting aan die kliënt te verskaf, identifikasie van hiperfunksionering en ander negatiewe faktore te doen, eliminasie van hiperfunksionering en ander verwante faktore te bewerkstellig, en ’n so goed moontlike model van stemgewing daar te stel en hierdie model vas te lê, word daar gepoog om die las wat op die stembande geplaas word, so klein moontlik te maak. Deurgaans ontwikkel die kliënt dan ’n bewustheid van sy stemgebruik en ’n vermoë om homself te monitor. ’n Stemgebruiker se kennis en insig ten opsigte van gesonde stemgewing speel ’n belangrike rol by gesonde stemgebruik. Dit is dus belangrik dat persone met funksionele stemprobleme voldoende inligting omtrent normale stemfunksionering en steminstandhouding ontvang as deel van stemterapie.

Min studies kon tot op hede die langtermyneffektiwiteit van behandelingsprogramme op onderwysers bepaal (Roy e.a. 2001; Williams 2003). Die VARP (Vocal Abuse Reduction Program) (Roy e.a. 2001) het ’n mate van datagebaseerde sukses behaal wat oor die korttermyn gevalideer is, en is geskik vir selfgebruik, aangesien die program grootliks op selfhanteringstrategieë gebaseer is, dit wil sê die pasiënt monitor sy eie stemgedrag. Stemrus

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

66

of stemreduksie as enkele bydraende hulptegniek vir veral onderwysers met stemhiperfunksionering wat sekondêre en tersiêre stemprobleme ondervind, word dikwels as basis in instandhoudingsprogramme beskou. Stemrus is egter ook kontroversieel en moet tot hoogstens ’n paar dae beperk word. Dit los, as alleenstaande instandhoudingsprogram, nie die onderliggende oorsaak van die probleem op nie. Volledige stemrus kan twee tot ’n maksimum van vier dae duur (Van der Merwe en Groenewald 1997), en word gewoonlik gevolg deur ’n verlengde tydperk van relatiewe stemrus – met ander woorde verminderde stemgebruik.

Die gebruik van algemene of persoonlike klankversterking is nie ’n nuwe gedagte nie. Klankversterking is oorspronklik veral vir pasiënte met nodules, Parkinsonisme, meervoudige sklerose, Guillain-Barré-sindroom en ander neurologiese afwykings aanbeveel (Verdolini, Rosen en Branski 2006). ’n Studie van Smith, Kirchner, Taylor, Hoffman en Lemke (1998) het getoon dat minder as 3% van alle onderwysers in Amerika ’n persoonlike klankversterkingsisteem gebruik, en dat vroue twee keer meer as hul manlike eweknieë gevoel het dat hulle daarby baat sal vind. Persoonlike klankversterking is ’n alternatiewe of aanvullende benadering tot instandhouding. Die term persoonlike klankversterking ontleen hom aan die oudiologie (Stach 1998). ’n Klein draagbare stemversterkingstoestel word aan die liggaam gedra en versterk die stem tot so ’n mate dat spanning op die stem verminder word. Die spreker se stemluidheid en toonhoogte neem af en minder herhaling in agtergrondsgeraas is nodig omdat die spreker se stem tot ’n voldoende luidheid versterk word en spraakverstaanbaarheid verhoog word (Lennox 2001).

Die gebruik van ’n klein, ligte, draagbare, duursame en bekostigbare klankversterker, kan ook ’n praktiese oplossing wees vir die onderwyser in Suid-Afrika wat probleme met funksionele stemhiperfunksionering ondervind. Die vervaardigers en bemarkers voer aan dat die apparaat aanpasbaar is by die verskillende omgewings en toelaat dat die persoon kan rondbeweeg. Die apparaat kan ook moontlik stemspanning verlig vir die spreker in situasies waarin die agtergrondsgeraas hoog is, die stem rus om verdere skade te verhoed, kans gee vir genesing, en luisteraarsbegrip bevorder (Lennox 2001). Die hoofrede vir ’n algehele verbetering in stemgewing is dus volgens die vervaardigers dat die stemhiperfunksionering met betrekking tot verhoogde luidheid en glottale spanning verbeter, wat beteken dat die persoon nie so hard hoef te praat nie, en dat glottale spanning sodoende afneem. Veral die onderwyser wat stemprobleme ervaar as gevolg van die eise wat sy of haar beroep stel, kan gevolglik baat vind by die gebruik van persoonlike klankversterking, aangesien dit die eise wat daagliks aan die stem gestel word, grootliks kan verlig.

Aangesien baie Suid-Afrikaanse onderwysers in ’n posisie is waar mediese-versekeringsfondse nie noodwendig kan vergoed vir verlies aan inkomste as gevolg van ’n stemprobleem nie en klankversterking nie in alle klaskamers voorsien kan word nie, mag ’n persoonlike en bekostigbare klankversterkingsapparaat ’n ideale langtermynoplossing bied, en behoort dit aanklank te vind by onderwysers met stemprobleme wie se werksituasies alreeds in gedrang is. Die gedagte is egter nie om ’n gebruiklike benadering tot instandhouding in hierdie populasie te vervang nie, maar om dit aan te vul deur die gebruik van persoonlike klankversterking in situasies wat hoë stemeise stel. So ’n aanvullende strategie sou dus ook voorkomend eerder as regstellend van aard wees.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

67

Die navorsingsvraag is dus: Kan persoonlike klankversterking as ’n aanvullende instandhoudingstrategie prakties bruikbaar en van waarde wees vir die Suid-Afrikaanse onderwyser met funksionele stemhiperfunksionering?

2. Metode

Die doel van die studie was om die gebruikswaarde van persoonlike klankversterking, as ’n strategie aanvullend tot gebruiklike instandhouding, by ’n onderwyseres met funksionele stemhiperfunksionering te ondersoek. Die subdoelstellings was daarop gemik om bepaalde aspekte, voor en na die implementering van ’n periode van gebruiklike instandhouding (GI) en ’n periode van gebruiklike instandhouding in kombinasie met persoonlike klankversterking (GI + V), te ondersoek. (Die gekombineerde strategie word voortaan na verwys as ’n aanvullende strategie.) Die volgende subdoelstellings is derhalwe gestel: om die proefpersoon se stemkwaliteit voor en na die implementering van ’n gebruiklike en aanvullende instandhoudingstrategie perseptueel en akoesties te ontleed en te vergelyk.

2.1 Navorsingsontwerp

Hierdie studie is ’n verkennende pretoets-posttoets-enkelgevalstudie met ’n kwasi-eksperimentele ontwerp. Die navorsingsontwerp word grafies voorgestel deur die volgende formule, waar evaluasie 1 (Ev1) tot evaluasie 3 (Ev3) herhaalde evaluasies is waarmee ’n basislyn of verwysingspunt bepaal word en Ev4 tot Ev8 deurlopende evaluasies is. A is ’n enkele gebruiklike instandhoudingstrategie (GI)en B die byvoeging van persoonlike klankversterking as ’n aanvullende instandhoudingstrategie (GI + V). C stel ’n onbeplande noodgedwonge chirurgiese ingreep voor.

Ev1–Ev2–Ev3–(A)–Ev4–(A+B)–Ev5 C Ev6–(B+A)–Ev7–(A)–Ev8

Hierdie ontwerp het voorts gebruik gemaak van die ad hoc-aanpasbaarheid van die enkelgevalstudie (Connell en Thompson 1986). Die proefpersoon het na afloop van die eerste fase van die studie steeds ’n unilaterale stembandnodule gehad, wat op aandrang van die oor-, neus- en keelarts in die proefpersoon se belang, na afhandeling van die eerste fase van die ontwerp, verwyder moes word. Alhoewel dit ’n onbeplande verwikkeling was, het dit die geleentheid geskep om die eksperiment in ’n tweede fase te herhaal met “fisiologies gesonde”/“herstelde” stembande. Die navorsingsprotokol is dus volgens die veranderde ontwerp aangepas en die ondersoek het gevolglik ’n voor- en ’n nachirurgiefase ingesluit. Etiese goedkeuring is vir beide fases verkry.

Die navorsingsontwerp sluit dus twee fases in: een voor en een na die verwydering van die stembandnodule. Skoolvakansies, waartydens stemgebruik nie vir beroepsbeoefening gebruik is nie, moes noodwendig binne die ontwerp geakkommodeer word. Die eerste fase van die ontwerp is voorafgegaan deur evaluasies 1–3wat as ’n aanvangsevaluasie of as verwysingsinligting gedien het. Tydens evaluasies 1–3 is die stembande eenmalig en die stemkwaliteit by drie geleenthede geëvalueer. Die aanvanklike drie evaluasies is voor die implementering van die instandhoudingstrategieë voltooi en dien hier dieselfde doel as ’n basislyn. Die toetsbattery het egter uiteenlopende aspekte ondersoek en dit was as gevolg van die spesifieke aard van byvoorbeeld die fisiese evaluasie nie tersaaklik geag om die volledige

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

68

toetsbattery twee maal te herhaal nie. Daar word vervolgens nie na ’n basislyn verwys nie en die term Ev1–3word in die plek daarvan gestel.

2.2 Proefpersoon

Inligting ten opsigte van die proefpersoon en haar stemprobleem is vanuit persoonlike lêers van die stemkliniek van die Departement Spraak-Taalpatologie en Oudiologie, Universiteit van Pretoria geneem. Die proefpersoon is ’n 29-jarige onderwyseres wat ten tye van die studie aan ’n laerskool in Pretoria klasgegee het. Sy het in ’n asbesklaskamer klasgegee en was tydens die studie deurlopend by buitemuurse aktiwiteite betrokke. Sy het ’n geskiedenis van funksionele stemhiperfunksionering en unilaterale stembandnodules, soos gediagnoseer deur ’n oor-, neus- en keelarts en terapeute, gerapporteer. Sy het vir vyf maande stemterapie ontvang, waartydens gefokus is op steminstandhouding en die uitskakeling van stemhiperfunksionerings op die vlak van fonasie, respirasie en resonansie. Die navorsers het gebruik gemaak van fasiliteringstegnieke soos voorgestel deur Boone e.a. (2009). Die beginsels van stemhigiëne, stemrus en ’n stemgebruikverminderingsprogram (Voice Use Reduction Program – VURP) (Van der Merwe 2004) en omgewingsmanipulasietegnieke is ook met haar behandel.

Vorderingsverslae van hierdie terapie dui daarop dat tydelike sukses met hierdie konvensionele steminstandhoudingstegnieke behaal is, maar dat die proefpersoon nie die nodige steminstandhouding te alle tye in die werksopset kon toepas nie en die stembandtoestand en stemgewing het, veral aan die einde van skoolweke en -termyne, baie verswak. Stemgebruik het wel na naweke en vakansies, waartydens stemrus/-vermindering moontlik was, opvallend verbeter. Geen ander primêr organiese patologie, buiten die teenwoordige stembandnodule, is waargeneem tydens ’n indirekte laringoskopie aan die einde van die periode van stemterapie nie. Minimale edeem van die stembande is wel aangeteken.

2.3 Etiese aspekte

Tydens die verloop van hierdie studie is die belange van die proefpersoon as prioriteit beskou en is, soos reeds genoem, die navorsingsontwerp aangepas om chirurgiese verwydering van ’n stembandnodule te akkommodeer. Om die proefpersoon te beskerm teen moontlike onetiese optrede aan die navorsers se kant, het die projek etiese klaring van die Navorsings- en Etiekkomitee van die Universiteit van Pretoria verkry. Die proefpersoon het ingeligte toestemming tot die studie en gebruik van enige data voortspruitend uit die studie verleen alvorens daar met die navorsing voortgegaan is. Die proefpersoon is deeglik ingelig oor wat die studie en die ondersoeke sou behels en insake haar regte tydens en na afloop van die studie. Alle inligting wat uit vorige rekords en uit die studie self spruit, is as ten volle vertroulik hanteer.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

69

2.4 Materiaal en apparaat

2.4.1 Instandhoudingstrategieë (GI)

Hierdie strategieë bestaan uit:

Gestruktureerde stemrus/-verminderingsprogram gebaseer op die VURP (Van der Merwe 2004). Tersaaklike fasiliteringstegnieke wat op geïdentifiseerde stemhiperfunksionerings gerig is (Boone e.a. 2009). Stemhigiëneriglyne (Boone e.a. 2009). Omgewingsmanipulasie. Selfmonitering.

2.4.2 Persoonlike klankversterking as aanvullende instandhoudingstrategie (GI+V)

Die Luminaud Chattervox Stemversterker (Luminaud Inc.) is ’n ligte, draagbare, battery-aangedrewe toestel met ’n kopstuk- of aanknipmikrofoon. Die uitsetvolume is verstelbaar en dit bring mee dat die proefpersoon se eie stem dus nie onnodig ingespan word teen ’n luidheid wat skadelik is vir die fisiese toestand van die stembande nie. Die mikrofoon is aan ’n ligte kopstuk gekoppel wat gemaklik om die ore haak, en die posisie voor die mond is verstelbaar. Die versterker word in ’n doelgemaakte sakkie aan ’n band om die lyf gedra. Die nominale wins wat voor terugvoer verkry word, is 15dB vir die kopstukmikrofoon. Die ouditiewefrekwensierespons is ± 3dB by 100 Hz – 10 KHz.

2.4.3 Perseptuele en akoestiese evaluasie van stemkwaliteit

Die Multi Dimensional Voice Program-(MDVP-) sagteware-opsie is gebruik vir vaslegging van digitale stemopnames (Kay Elemetrics 1993). ’n Ervare luisteraarspaneel van ses lede, wat vier spraak-taalterapeute en twee stemboukundiges ingesluit het, het na die stemopnames (spontane aaneenlopende spraak en leesstuk) geluister en die proefpersoon se stemkwaliteit aan die hand van ’n evaluasievorm (Bylaag A) beoordeel. ’n Paragraaf foneties gestandaardiseerde Afrikaanse prosa (Pienaar en Hooper 1941) is deur die proefpersoon gelees.

2.5 Data-ontleding en verwerkingsprosedures

Kwalitatiewe en kwantitatiewe vergelyking van data het telkens geskied deur die resultate van die verskillende evaluasies in fase een en twee te vergelyk.

Aanvangsevaluasies word vergelyk met evaluasies na afloop van die onderskeie periodes van gebruiklike en aanvullende instandhouding. Die impak van die instandhoudingstrategieë gedurende die eerste en die omgekeerde fase is ook vergelyk.

2.5.1 Perseptuele beoordeling

Gemiddelde skaalbeoordelings van die individuele luisteraarbeoordelings is in ag geneem om die finale luisterpaneelbeoordelings te bepaal. Dit is gedoen met behulp van ’n beoordelingskaalvorm waarop die paneel van luisteraars die spontane vrae en leesstuk aan die

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

70

hand van agt voorbeelde van gekombineerde spraakstimuli moes beoordeel. Die voorbeelde was gekose opnames van geleeste en gesproke sinsuitinge wat tydens die agt evaluasie-opnames opgeneem is. Die luisteraars moes by elke paar stimuli beoordeel tot watter mate stemkwaliteit afwykend is, al dan nie. Die skaalvorm is ingedeel van 0 tot 6, waar 6 abnormale stemkwaliteit, 4 redelik afwykende stemkwaliteit, 2 tot ’n mate afwykende stemkwaliteit en 0 normale stemkwaliteit verteenwoordig. Die datapunte 1, 3 en 5 is nie beskryf nie, maar gee die luisteraars geleentheid om aan te dui of die stemkwaliteit êrens tussen die genoemde beskrywing val. Die skaalbeoordelings van die onderskeie opnames is kwalitatief vergelyk.

2.5.2 Akoestiese ontledings

Verskeie parameters (22+) wat met stemkwaliteit verband hou, is gemeet met die MDVP (Kay Elemetrics, Lincoln Park) en vergelyk. Die gemiddeld van die drie metings tydens elke evaluasie is vir elk van die parameters bereken. Die resultate van die eerste en die tweede, omgekeerde, fase is ook vergelyk om as kontrole te dien.

3. Resultate en bespreking

Die resultate word, waar nodig, in tabelle saamgevat. Resultate word ook uitgebeeld met lyngrafieke en sektorkaarte waar noodsaaklik vir verdere klarigheid.

3.1 Perseptuele beoordeling

Tydens evaluasies 1–3 het die ses luisteraars grootliks saamgestem dat die proefpersoon se stemgewing matig afwykend klink. Die spreiding van die skaalbeoordelings by hierdie drie geleenthede was slegs 0,34 (tussen 2,83 en 3,17) (figuur 1). Die stemgewing het volgens die luisteraars tydens die eerste fase se GI-periode meer afwykend geklink, en nog effens meer afwykend tydens die eerste fase se opvolgende GI+V-periode. Al die beoordelings tot op hierdie stadium val tussen gering en redelik afwykend. Die chirurgiese ingreep het ’n groot verbetering in die beoordeling van die proefpersoon te weeg gebring, en na die ingreep het die beoordelaars se persepsie van die proefpersoon se stemgewing net verbeter. Die proefpersoon se stemkwaliteit is op dié stadium as tussen gering afwykend en normaal beoordeel. Die beoordeling, wat na die implementering van die twee instandhoudingstrategieë gemaak is, toon albei ’n verdere normalisering van die stemkwaliteit. Tydens die tweede fase kon geen merkbare verskil tussen die effek van die onderskeie instandhoudingstrategieë opgemerk word nie, en die duidelikste verskil is die verbetering in hoorbare stemkwaliteit na die chirurgiese ingreep.

3.2 Akoestiese ontledings

Tabel 1 dui die gemiddelde akoestiese metings per evaluasie aan. Die donkerder-geskakeerde selle van die tabel dui metings aan wat buite die norm geval het.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

71

Tabel 1. Akoestiese metings

Para- meter

Definisie (Kay Elemetrics 1993)

Norm Ev 1–3

Gem voor 1e fase

Ev 4

Na 1e fase GI

Ev 5

Na 1e fase GI +V

Ev 6

Voor 2e fase

Ev 7

Na 2e fase GI + V

Ev 8

Na 2e fase GI

Fo (Hz) Gemiddelde fundamentele frekwensie

±217Hz 202,53 247,14 244,75 256,50 258,13 254,76

vFo (%) Fundamentele frekwensieverandering verteenwoordigend van relatiewe standaard-afwyking van periode tot periode berekende F0

<1,10% 1,42 1,44 1,33 0,93 0,94 0,96

Bew (%) Bewe-persentasie is ’n evaluasie van die toonhoogteperiode in die stemvoorbeeld

<1,04% 1,32 1,55 1,46 1,0 0,91 1,31

RAP (%) Die Relative Average Pitch Perturbation is ’n evaluasie van veranderlikheid van toonhoogte-periode in die stemvoorbeeld (gelykmakingsfaktor van 3 periodes)

<0,68% 0,80 0,96 0,90 0,60 0,55 0,55

Glim (%)

Glim-persentasie is ’n evaluasie van veranderlikheid van piek-tot-piek–amplitude- stemvoorbeeld (gelykmakingsfaktor van 11 periodes)

<0,35% 4,45 4,62 3,75 2,46 2,41 2,59

APQ (%) Amplitude Perturbation Quotient is ’n evaluasie van veranderlikheid van piek-tot–piek- amplitude- stemvoorbeeld

<3,07% 3,12 3,07 2,49 1,67 1,67 1,74

vAm(%) Piek-amplitude-verandering is relatiewe standaard-

<8,20% 10,60 8,20 14,43 10,71 8,48 7,02

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

72

afwyking van periode tot periode berekende piek-tot-piek-amplitude

NHR Noise-to-Harmonic Ratio is die gemiddelde ratio van energie van inharmoniese komponente in omvang 1 500–4 500 Hz. Dis ’n algemene evaluasie van geraasteenwoordigheid in ontlede sein

<0,19 0,14 0,13 0,12 0,11 0,10 0,11

SPI Soft Phonation Index is die gemiddelde ratio van laer frekwensie (70–1 600 Hz) tot die hoër frekwensie (1 600–4500 Hz) harmoniese energie

<14,12 9,85 13,10 11,50 14,39 13,17 12,29

3.2.1 Gemiddelde grondtoon: F0

Die resultate van die F0 is saamgevat in tabel 1. Die F0 verwys na die gemiddelde fundamentele frekwensie van die stemsein en word waargeneem as die gemiddelde toonhoogte van die stem (Kay Elemetrics 1993). Die F0-waarde het tydens Ev1 tot 5 binne die norm vir vroue van die proefpersoon se ouderdomsgroep geval, maar het effens gestyg vir die Ev 6 tot 8. F0 is direk verwant aan die massa van die stembande. ’n Kleiner massa veroorsaak dus ’n toename in F0 (Stemple 2001). Die verwydering van stembandnodules (soos voor Ev6) en die gevolglike vermindering van massa en afwesigheid van edeem sal noodwendig tot verminderde massa en ’n hoër F0 lei. Hierdie verhoogde F0 word weerspieël in die resultate van die tweede fase. Hoewel die F0 in hierdie fase hoër as normaal is, kan dit, gesien in die lig van die oorspronklike patologie, as aanduiding van verbeterde stemkwaliteit gesien word. Verskille tussen ’n individu se fundamentele frekwensie tydens aaneenlopende spraak en tydens volgehoue fonasie soos die /a/-uiting wat in akoestiese metings gebruik word, is ook ’n faktor wat deurentyd in gedagte gehou moet word.

Murry, Brown en Morris (1995) het gevind dat die jong mans in hulle studie die volgehoue fonasie op ’n beduidend laer F0 geproduseer het as die aaneenlopende spraakuitings. Jong en ouer vroue, en ouer mans, het, daarenteen, ’n beduidend hoër F0 tydens volgehoue fonasie geproduseer. Sprekers wat hulle luidheid verhoog (’n onwillekeurige manier van die proefpersoon as haar stem moeg raak en meegee), verhoog ook hulle gemiddelde F0 (Schiwitz 2011), ’n aanduiding dat die proefpersoon ten spyte van die gebruik van die stemversterkingsapparaat, moontlik nog steeds haar stem se luidheid verhoog het as sy laringeale uitputting ervaar het. Verlengde stemgebruik veroorsaak ook ’n beduidende toename in F0 (Stemple, Stanley en Lee 1995), ’n bevinding wat, soos genoem, ook nie positief beïnvloed is deur die onderskeie periodes GI en GI + V nie.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

73

Kop-ekstensie, wat as moontlike kompensasietegniek deur die proefpersoon aangewend word om haar stemgewing so normaal moontlik te hou, kon ook ’n bydraende rol gespeel het. Die navorser het deurgaans gevind dat die proefpersoon tydens die gebruik en inoefening van die gebruiklike stemterapietegnieke die geneigdheid het om haar kop te lig en ken effens na vore te bring om stemgewing te normaliseer as die stem meegee. Hierdie gewoonte was redelik vasgelê en moeilik om te verander. Vorige riglyne wat die proefpersoon in gebruiklike stemterapie ontvang het, het ook hiervan en van die direkte nek- en laringeale spanning wat dit tot gevolg gehad het, melding gemaak. ’n Studie deur Lin, Jiang, Noon en Hanson (2000), het bevind dat kop-ekstensie sonder tongprotrusie ’n toename in F0tot gevolg kan hê. Die deurgaanse verhoging in F0 (soos aangedui in tabel 1) kan dus ook moontlik sy oorsprong by die genoemde gewoonte van die proefpersoon hê.

3.2.2 Metings wat verband hou met korttermyn frekwensiefluktuasies

Die resultate is saamgevat in tabel 1 en word uitgebeeld in figuur 1. Metings wat verband hou met periode-tot-periode-fluktuasies in die klankgolf sluit in vF0, Bew en RAP.

Figuur 1. Akoestiese metings wat verband hou met korttermyn frekwensiefluktuasies

3.2.2.1 vF0

Hierdie meting gee ’n aanduiding van die verandering in fundamentele frekwensie op grond van die relatiewe standaardafwykings van die periode-tot-periode berekende grondtoon (Kay Elemetrics 1993). Dit dui op die reëlmaat in die vibrasiepatroon van die stembande met betrekking tot die vibrasietempo.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

74

Eerste fase

Soos grafies voorgestel in figuur 1 is daar ’n minimale verskil tussen die eerste evaluasies wat die eerste fase van GI voorafgegaan het, en is al drie metings opvallend hoër as die norm van 1.1. Die vF0-metings wat geneem is na die eerste periode van GI, is gering hoër as die gemiddeld van die aanvanklike evaluasies, terwyl die vF0-meting wat na die GI+ V-periode geneem is, merkbaar laer is as die evaluasie na die instandhoudingstrategie sonder klankversterking, alhoewel nog steeds buite die norm. Dit dui op ’n verminderde periode-tot-periode-verandering in die F0 na gebruik van die stemversterking. Die effek van die chirurgiese ingreep is duidelik waarneembaar in die meting wat na die verwydering van die nodules (maar voor die aanvang van die tweede, omgekeerde, fase se beroepsverwante stemgebruik met ’n gebruiklike instandhoudingstrategie GI) gemaak is. Op hierdie stadium is die berekende vF0 93%, wat binne die normale perk van 1,10% val.

Tweede fase

By die meting wat volg op die tweede GI +V-periode is die vF0 steeds binne die norm en feitlik dieselfde as voor die aanvang van hierdie periode van beroepsverwante stemgewing met versterking. Na die tweede periode van GI (sonder versterking) is die vF0 gering hoër, alhoewel nog binne normale perke.

Dit blyk dat die gebruik van stemversterking tydens die onderskeie fases se periodes GI + V ’n positiewe invloed op die vF0 het, en aanleiding gee tot laer vF0-waarde as wat in albei periodes van GI opgemerk word. Die chirurgiese ingreep het egter duidelik die grootste positiewe bydrae gelewer tot die normalisering van hierdie parameter, en die verwydering van die unilaterale nodule het, soos verwag kon word, ’n verbetering in die reëlmaat van die stembandvibrasie te weeg gebring.

3.2.2.2 Bewe (Bew%)

Bewe is die persentasiewaarde van die veranderlikheid van die toonhoogteperiode. Dit is verteenwoordigend van relatiewe periode-tot-periode-korttermynveranderlikheid (Kay Elemetrics 1993). Tabel 1 en figuur 1 dui aan dat die bewepersentasiewaarde soos bepaal tydens die drie beskikbare voorafgaande evaluasies (voor die eerste fase se periode GI) buite die norm val (1,32% teenoor die norm van 1,04%).

Eerste fase

Na die eerste-periode-GI wyk die bewepersentasie meer af van die norm(1,55%), as met die aanvanklike evaluasies 1–3, wat op verhoogde onreëlmatigheid van die stembandvibrasies dui. Na die periode GI + V het hierdie waarde merkbaar verbeter, en is dit effens beter (1,44%) as die aanvanklike evaluasies 1–3 se waardes (1,32%), alhoewel dit nog die normwaarde van 1,10% oorskry.

Tweede fase

Tydens evaluasie 6, wat gevolg het na die verwydering van die stembandnodule, is die bewewaardes binne die norm. ’n Verdere verbetering in hierdie waarde (1,0%) is opgemerk na die periode GI + V, waartydens ’n persentasiewaarde weer eens binne die norm (0,91%)

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

75

gemeet is. Die opvolgende periode GI het egter weer ’n persentasiewaarde afwykend van die norm (1,31%) gelewer.

Die bewemetings bevestig grootliks die F0-metings en dui ook op ’n positiewe invloed wat die gebruik van stemversterking het. Die chirurgiese ingreep lewer hier ook ’n groot positiewe bydrae om die bewewaarde binne die norm te bring. Die tweede fase se periode van GI (sonder versterking) het egter die bewewaarde weer buite die norm laat val (1,31% teenoor die norm van 1,04%), ten spyte van die afwesigheid van die stembandnodules.

Toename in bewepersentasiewaarde word deur verskeie navorsers positief gekoppel met die erns van disfonieë (Yu, Quaknine, Revis en Giovanni 2001). Die teenwoordigheid van ’n stembandnodule impliseer die teenwoordigheid van ’n disfonie, wat duidelik weerspieël word in die verbetering in die bewewaarde nadat die nodule chirurgies verwyder is. Die beweresultate dui op ’n oënskynlik positiewe effek van stemversterking wat tot die normalisering van die reëlmaat in stembandvibrasies gelei het.

3.2.2.3 Relatiewe Amplitude-pertubasie (Relative Amplitude Pertubation) (RAP%)

Die relatiewe gemiddelde-toonhoogte-perturbasie gee ’n aanduiding van die veranderlikheid van die toonhoogteperiode teen ’n gelykmakingsfaktor van drie periodes (Kay Elemetrics 1993). Soos aangedui in tabel 1 en voorgestel in figuur 1 val die aanvangsmeting buite die norm. Soos in figuur 1 aangedui word, val die drie beskikbare voorafgaande metings buite die norm (met ’n gemiddeld van 0,81% teenoor die norm van 0,68%).

Eerste fase

Die RAP-persentasie wat tydens die aanvanklike evaluasies 1–3 gemeet is, het van die norm afgewyk. Na die eerste-periode-GI het hierdie waarde nog verder van die norm -(0,68%) afgewyk. Na die eerste-periode-GI + V het die RAP-waarde weer effens verbeter, alhoewel dit steeds van die norm afgewyk het.

Tweede fase

Die RAP-waardes wat tydens die evaluasie 6, na die verwydering van die nodule, verkry is, is binne die norm (0,68%), en dui dus op normaliteit van die vibrasiepatroon. Na die periode GI, het hierdie waarde verder verbeter en hierdie verbetering is volgehou.

Dit is duidelik dat stemversterking, tydens die eerste fase, ’n positiewe bydrae tot die verbetering van die vibrasiereëlmaat se waarde bygedra het, maar alhoewel die stemversterking ook in die tweede fase ’n positiewe effek gehad het, was dit nie in hierdie fase meer positief as die effek van GI nie. Die chirurgiese ingreep het die RAP binne die norm gebring, en het dus, soos verwag kon word, ’n positiewe effek op die reëlmaat van die stembandvibrasies gehad. ’n Verhoogde RAP-waarde is al positief verbind met verlengde stemgebruik, en dus ook stemuitputting (Behrman, Rutledge, Hembree en Sheridan 2008; Chan 1994).

Die onderskeie metings wat verband hou met korttermyn frekwensiefluktuasies het mekaar grootliks ondersteun, en die patroon wat die fluktuasiewaardes gevolg het, beklemtoon die

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

76

positiewe invloed wat die chirurgiese ingreep en stemversterking op die proefpersoon se stemgewing gehad het.

3.2.3 Metings wat verband hou met korttermyn amplitudefluktuasies

Metings wat verband hou met korttermyn amplitudefluktuasies sluit onder andere in Glim, APQ en vAm. Die resultate is opgesom in tabel 1 en word voorgestel in figuur 2 en word daarvolgens bespreek.

Figuur 2. Akoestiese metings wat verbandhou met korttermyn amplitude fluktuasies

3.2.3.1 Glim (Glim%)

Glim is die persentasiewaarde wat geheg word aan die veranderlikheid van die piek-tot-piek-amplitude (Kay Elemetrics 1993). Dit is verteenwoordigend van die relatiewe korttermyn periode-tot-periode-veranderlikheid van die piek-tot-piek-amplitude. Die glimwaarde tydens die aanvangsevaluasies 1–3 is buite die norm van 0,35%.

Eerste fase

Die persentasiewaardes wat tydens die aanvanklike evaluasies 1–3 gemeet is, is afwykend van die norm van 0,35%. Na die eerste-periode-GI het hierdie waarde verder gestyg (4,62%). Na die eerste-periode-GI + V het hierdie waarde effens gedaal (3,75%), maar was nog steeds afwykend van die norm (0,35%).

Tweede fase

Die persentasiewaardes wat tydens evaluasie 6 gemeet is, na die noduleverwydering, het weer op ’n effense agteruitgang gedui, en is dus nog steeds afwykend van die norm (0,35%). ’n Effense verbetering is opgemerk na die periode GI + V, wat weer effens agteruitgegaan het soos gemeet na die periode GI. Beide metings is egter afwykend van die norm.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

77

Glimwaardes het tydens al die evaluasies van albei fases buite die norm van 0,35% geval, maar daar is ’n duidelike daling van die glimpersentasie opgemerk na beide fases se periodes GI + V, wat op die positiewe effek van die stemversterking dui.

Die positiewe invloed van stemversterking en chirurgiese behandeling blyk uit die verlaagde glimwaarde, wat, soos verwag kon word, na die verwydering van die nodule opgemerk is. ’n Studie van Omori, Kojima, Kakani, Slavit en Blaugrund (1997) het aangedui dat ’n hoër glimpersentasie verband hou met patologiese stemme, veral dié wat strukturele afwykings soos stembandnodules het. ’n Toename in glimpersentasie word verder, alhoewel nie noodwendig altyd nie, geassosieer met ’n stem wat perseptueel as hees geklassifiseer word (Omori e.a. 1997). Die duidelike verbetering na die chirurgiese ingreep ondersteun hierdie bevinding.

3.2.3.2 Amplitude-pertubasie-kwosiënt (Amplitude Pertubation Quotient) (APQ%)

Die amplitude-pertubasie-kwosiënt gee ’n evaluasie van die veranderlikheid van die piek-tot-piek-amplitude binne die ontlede stemvoorbeeld teen ’n gelykmakingsfaktor van 11 periodes (Kay Elemetrics 1993). Die resultate van die APQ-metings is opgesom in tabel 1 en word voorgestel in figuur 2.

Eerste fase

Die aanvanklike evaluasies 1–3 se APQ-waardes het afgewyk van die norm van 3,07%. Die eerste-periode-GI se gemete persentasiewaardes het tot so ’n mate verbeter dat dit binne die norm geval het. Na die periode GI + V het die waarde nog verder gedaal, wat op ’n verbetering in stemkwaliteit dui na die implementering van ’n instandhoudingstrategie en veral na die gebruik van die stemversterker.

Tweede fase

Na die verwydering van die nodule het die APQ-waarde effens gestyg, maar dit het steeds binne die norm (3,07%) geval. Na die periode GI + V is dieselfde waarde na die chirurgiese ingreep verkry. Na die periode GI het daar egter weer ’n effense styging in die persentasiewaarde voorgekom, met ander woorde ’n effense agteruitgang is opgemerk. Al die APQ-waardes wat gedurende die tweede fase bepaal is, was egter nog binne die norm (3,07%).

Die positiewe invloed van beide stemversterking en die chirurgiese verwydering van stembandnodules blyk uit hierdie resultate. Die feit dat die APQ-waarde na die GI-periode in die eerste fase hoër was en dat dit weer toegeneem het tydens die tweede fase se periode van GI, dui daarop dat die gebruiklike instandhouding nie so ’n positiewe effek op die reëlmaat van die stembandvibrasies gehad het nie.

3.2.3.3 vAm

Die piek-amplitude-verandering (vAm) verteenwoordig die relatiewe standaardafwyking van die periode-tot-periode berekende piek-tot-piek-amplitude. Dit weerspieël die langtermyn amplitudeveranderings (Kay Elemetrics 1993).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

78

Eerste fase

Die aanvanklike evaluasies se gemete persentasiewaardes val almal buite die norm van 8,20%. Na die eerste-periode-GI is die vAm-waarde effens nader aan die norm, en hierdie waarde het op die normgrens geval. Die eerste-periode-GI + V se gemete persentasiewaarde val egter weer buite die norm.

Tweede fase

’n Laer vAm-waarde, aanduidend van ’n verbetering, is na die verwydering van die nodule verkry. Hierdie waarde het egter steeds buite die norm van 8,20% geval. Na die periode GI + V is daar ’n verdere daling, en dus verbetering, in die persentasiewaarde genoteer, alhoewel dit steeds net buite die norm was. Na die periode GI het daar weer ’n afname, en dus verbetering, in die waarde ingetree. Hier was die waarde egter binne die norm.

Dit blyk dat die chirurgiese ingreep ’n duidelike invloed op hierdie parameter gehad het, soos verwag kon word. Die gebruiklike instandhouding alleen (GI) het tydens beide fases ’n positiewe invloed op die vAm-metings gehad, en alhoewel die gebruik van stemversterking nie ’n verbetering in die vAm-waarde van die eerste fase te weeg gebring het nie, het dit tog tot ’n verlaging van die vAm-waarde van die tweede fase gelei.

Die verskillende metings wat met amplitudefluktuasies verband hou, het min of meer dieselfde tendens van verbetering/agteruitgang gevolg. Alhoewel sommige van die parameters egter deurgaans buite die norm geval het, is ’n positiewe verbetering ter ondersteuning van die gebruik van stemversterking, asook die chirurgiese ingreep, opgemerk.

3.2.4 Metings wat verband hou met ruisenergie in die klankgolf

Metings wat verband hou met die ruisenergie in die klankgolf, sluit onder andere in NHR (Noise Harmonic Ratio) (sein-tot-geraas-metings) en SPI (Soft Phonation Index) (sagte-fonasie-indeks). Resultate is vanweë die relatiewe normgerigte aard slegs saamgevat in tabel 1.

3.2.4.1 Sein-tot-ruis-ratio (Noise Harmonic Ratio) (NHR)

Die sein-tot-ruis-ratio is die gemiddelde verhouding tussen die energie van die nieharmoniese komponente in die spektrum 1 500–4 500 Hz en die harmoniese komponente in die spektrum 70–4 500 Hz (Kay Elemetrics 1993). Dit evalueer die geraas wat in die akoestiese sein teenwoordig is.

Eerste fase

Tabel 1 wys dat die NHR wat bepaal is tydens die aanvanklike evaluasies 1–3 telkens binne die norm van 0,19 geval het . Met die eerste-periode-GI het die ratio min of meer dieselfde as in die eersgenoemde evaluasies gebly, en effens gedaal (en dus verbeter) na die periode GI + V. Al hierdie ratio’s is egter binne die norm.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

79

Tweede fase

Na verwydering van die stembandnodule het die ratio effens gestyg, alhoewel steeds binne die norm. Na die periode GI + V het die ratio effens gedaal binne die norm, en weer effens gestyg na die periode GI. Al hierdie ratio’s is egter binne die norm van 0.19.

Ten spyte daarvan dat die waardes deurgaans binne die norm val, hou die laer waardes verband met stemversterking en die chirurgiese ingreep. Die aanvullende instand-houdingstrategie beïnvloed die geraaskomponent van stemgewing dus voordelig.

3.2.4.2 Sagte-fonasie-indeks (Soft Phonation Index) (SPI)

Die sagte-fonasie-indeks gee ’n beeld van die harmoniese struktuur van die klankspektrum. Dit is die gemiddelde verhouding tussen die laer-frekwensie harmoniese energie (70–1 600 Hz) en die hoër-frekwensie harmoniese energie (1 600–4 500 Hz) (Kay Elemetrics 1993).

Eerste fase

Tydens die aanvanklike evaluasies 1–3 het die gemete ratio binne die norm van 14,12 geval. Die eerste-periode-GI het ’n hoër ratio, en die eerste-periode-GI + V ’n effens laer ratio. Beide val egter binne die norm.

Tweede fase

Die periode na die nodule verwyder is het ’n hoër ratio, wat buite die norm (14,12) val, gelewer. ’n Verbeterde ratio, binne die norm, is aangeteken na die periode GI + V, en die periode GI se ratio was nog laer binne die norm (14,12) as die eersgenoemde.

Die positiewe invloed wat stemversterking op SPI as akoestiese parameter het, blyk uit hierdie resultate. Dit is egter duidelik dat ’n chirurgiese ingreep ’n versteuring in die harmoniese struktuur van die klankspektrum tot gevolg het.

Die akoestiese metings wat verband hou met sein-tot-ruis-verhoudings, het deurgaans binne die norm geval, met uitsondering van die SPI-waarde wat na die verwydering van die nodule gemeet is. Hierdie parameters is nie besonder beïnvloed deur die onderskeie instandhoudingstrategieë nie, alhoewel effense verbetering (binne die norm) vir beide parameters soms, ooreenstemmend tot mekaar, opgemerk is. Die verwydering van die nodule het egter ’n opmerklike negatiewe invloed op die SPI-waarde gehad. Die rede hiervoor kan moontlik by ’n oorsaak tydens die opname gesoek word, aangesien dit nie ooreenstem met die ander resultate tydens dieselfde opname nie. Dit is moontlik dat die proefpersoon doelbewus sagter foneer het omdat sy steeds bewus was van die chirurgie. ’n Laer luidheid het ’n hoër SPI tot gevolg (Kay Elemetrics 1993).

3.3 Vergelyking van akoestiese en perseptuele data

Gelfer (1988) bespreek die voor- en nadele verbonde aan perseptuele/luisteraarsbeoordeling, en noem dat dit altyd belangrik is om die resultate te vergelyk met akoestiese metings. Die rede hiervoor is, onder andere, die verskil in interpretasie van definisies van stemkwaliteit,

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

80

asook die onderskeie luisteraars se persoonlike gevoelens en persepsies teenoor die spraakvoorbeeld wat beoordeel word.

Die beoordeling van die proefpersoon se stemkwaliteit bevestig die algemene neiging wat deur die akoestiese resultate aangetoon is, naamlik dat die chirurgiese ingreep die proefpersoon se stemgewing positief beïnvloed het. Die luisteraars stem ook saam dat die eerste drie evaluasies die stemkwaliteit as gering tot matig afwykend aangeslaan het, en dat amper al die akoestiese parameters vir die genoemde evaluasies afwykend van die norm is. Daar is egter opgemerk dat die fundamentele frekwensie en sein-tot-geraas-parameters binne normale perke vir die eerste drie evaluasies geval het. Die beoordelaars is aangeraai om te luister na die stemkwaliteit, wat geraaskomponente ingesluit het in die omskrywing, en hierdie resultate stem dus nie ooreen nie.

Die effense verbeterings wat tydens die GI+V-periodes vir die onderskeie fases tydens die akoestiese metings opgemerk is, stem ook nie met die beoordelaars se persepsie van die proefpersoon se klankkwaliteit ooreen nie. Die fisiese toestand van die stembande stem ooreen met die aanvangsevaluasies, aangesien die stembande hier nog effens rooi en geswel was, soos ook tydens die eerste-periode-GI. Die verbetering in stembandtoestand wat tydens die eerste fase se periode van GI+V ingetree het, word dus ondersteun deur die akoestiese resultate, maar nie deur die luisteraarsbeoordeling nie.

4. Gevolgtrekking

Hierdie enkelgevalstudie het ten doel gehad om die waarde van persoonlike klankversterking as ’n aanvullende hulpmiddel vir ’n onderwyseres met funksionele stemprobleme te ondersoek. Die gekombineerde stemversterkingstrategie het oor die algemeen ’n positiewe invloed op die fisiese toestand van die proefpersoon se stembande, die chirurgiese ingreep ten spyt. Die gekombineerde strategie het ’n positiewe invloed op die meerderheid akoestiese parameters, alhoewel die luisteraars nie ’n duidelike invloed opgemerk het wat die aanwending van die onderskeie instandhoudingstrategieë betref nie.

4.1 Kritiese evaluasie van die studie

Enkelgevalstudies het spesifieke voor- en nadele. Die huidige studie kan dien as ’n loodsstudie vir soortgelyke toekomstige studies, waar dit aanbeveel word dat ’n groter steekproef gebruik sal word. Voordele verbonde aan hierdie studie is dat dit ’n omvattende enkelgeval-navorsing behels, wat ’n wye verskeidenheid tipes data met ’n ryk beskrywing insluit. Sekere leemtes van vorige studies wat stemprobleme by onderwysers ondersoek het, het direkte aandag ontvang deur die deurlopende bepaling en monitering van die fisiese toestand van die proefpersoon se stembande (Roy e.a. 2002). Die nadele verbonde aan perseptuele beoordeling is tot ’n mate beperk deur van aaneenlopende spraakvoorbeelde, eerder as enkele vokaaluitings, gebruik te maak (Yu e.a. 2001). In teenstelling is daar van herhaalde uitings van /a/ gebruik gemaak vir akoestiese doeleindes, ’n metode wat ook baie suksesvol blyk te wees (Yang en Mu 1989; Parsa en Jamieson 2001). Triangulering van die data het voorts die geldigheid van die huidige studie verhoog, aangesien akoestiese ontledings en perseptuele evaluasies ter ondersteuning van mekaar uitgevoer is.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

81

Die sukses van enige instandhoudingstrategie is, soos reeds genoem, onder andere toe te skryf aan die kliënt se entoesiasme en toepassing buite die terapiesituasie (Boone e.a. 2009). Die proefpersoon het in alle opsigte haar volle samewerking gegee, en data wat verkry is, kan as betroubaar en geldig aanvaar word. Die gebruik van stemversterkingsapparate in die klaskamer kom selde voor, alhoewel opnames toon dat veral onderwyseresse voel hulle sal definitief daarby baat vind (Smith e.a. 1998; Roy e.a. 2002). Hierdie studie het die voordele verbonde aan die gebruik van stemversterking by ’n onderwyseres uitgewys, en sodoende ’n groot leemte in die literatuur aangesny terwyl daar terselfdertyd ’n basis vir verdere navorsing geskep is.

4.2 Kliniese implikasies en aanbevelings vir verdere navorsing

Hierdie studie dra by tot bewysgebaseerde praktyk op die kliniese gebied van stemterapie. Soortgelyke studies wat proefpersone met organiese stembandpatologieë (soos stembandnodules) vergelyk met proefpersone met “fisies gesonde” stembande, mag ook meer lig werp op die meganisme van funksionele stemhiperfunksionering, wat nie altyd goed verstaan word nie (Boone e.a. 2009). Hier kan die gebruik van fisiologiese ontledingsmetodes ook bydra om die subtiele veranderinge in stemgewing te bepaal en te ontleed. Die huidige studie het egter opnuut weer daarop gedui dat daar ’n groot behoefte bestaan vir verdere navorsing om die rol van perseptuele beoordelaars uit te stip. Akoestiese parameters en terme wat hulle perseptueel/ouditief waarneembare korrelate omskryf, kan en moet ook nog verder grondig nagevors word (Fex 1992). Die gebruikswaarde van stemversterking by byvoorbeeld neurogene stemprobleme soos Parkinsonisme kan moontlik ondersoek word. Die terapeut in die kliniese opset kan met welslae stemversterkingsapparate vir kliënte met unieke stemprobleme aanbeveel, as deel van ’n aanvullende wyse van kommunikasie.

Resultate van die huidige studie, asook voortgesette navorsing op die gebied, kan as motivering dien vir befondsing van stemversterkingsapparate deur die mediese fondse. Die kwessie van beskikbaarheid van stemversterkingsapparate in Suid-Afrika moet ook aangesny word. Die koste van die invoer van stemversterkingsapparate is, as gevolg van die wisselkoers, hoog en bemoeilik die aankoop van die apparaat deur kliënte in Suid-Afrika. Skakeling met plaaslike elektroniese ingenieurs vir die ontwerp of aanpassing van soortgelyke, meer bekostigbare stemversterkingsapparate, skep ook werks- en studiegeleenthede binne die Suid-Afrikaanse konteks.

4.3 Slotopmerking

Die belang van stemrus in terapie vir funksionele stemprobleme word algemeen aanvaar en is die basis van die ingrypingstrategie (Van der Merwe en Groenewald 1997). Praktiese haalbaarheid van effektiewe stemrus en die volgehoue toepassing van fasiliteringstegnieke, veral by ’n beroep wat hoë eise aan die stem stel, is tot ’n mate suksesvol (Hazlett, Duffy en Moorhead 2011). Stemversterkingstegnologie is beskikbaar en kan gebruik word om die funksionele eise op die stemstruktuur, as gevolg van beroepseise, tydelik of permanent te verlig. Die persoonlike stemversterkingsapparaat word reeds algemeen in onder andere die VSA gebruik, maar is minder algemeen in Suid-Afrika. Die rede hiervoor is waarskynlik beperkte toeganklikheid vir alle persone met funksionele disfonie weens die sosio-ekonomiese verskille in die plaaslike konteks. Die apparaat kan egter beslis as ’n opsie aangebied word vir persone wat dit wel kan bekostig. Die apparaat is ook ’n alternatief vir persone met onvoldoende stemvolume as gevolg van die verskeie patologieë, soos genoem.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

82

Die navorsers het dus nie alleen die bruikbaarheid van so ’n instandhoudingstegniek aangedui nie, maar resultate is ook van waarde by inligting en riglyne aan voornemende gebruikers.

Bibliografie

Aronson, A.E. en D. Bless. 2009. Clinical voice disorders. 4de uitgawe. New York: Thieme.

Behlau, M. en G. Oliveira. 2009. Vocal hygiene for the voice professional. Current Opinion Otolaryngology Head and Neck Surgery, 17:149–54.

Behrman, A. 2013. Exercises for voice therapy. 2de uitgawe. New York: Plural Publishing Inc.

Behrman, A., J. Rutledge, A. Hembree en S. Sheridan. 2008. Vocal hygiene education, voice production therapy, and the role of patient adherence: a treatment effectiveness study in women with phonotrauma. Journal of Speech Language and Hearing Research, 51:350–66.

Boone, D.R., S.C. McFarlane, S.L. von Berg en R.I. Zraick. 2009. The voice and voice therapy. 8ste uitgawe. Englewood Cliffs, NJ: Prentice-Hall.

Cantor Cutiva, L.C., I. Vogel en A. Burdorf. 2013. Voice disorders in teachers and their associations with work-related factors: A systematic review. Journal of Communication Disorders, 46:143–55.

Chan, R.W.K. 1994. Does the voice improve with vocal hygiene education? A study of some instrumental voice measures in a group of kindergarten teachers. Journal of Voice, 8(3):279–91.

Cielo, C.A, V.V. Ribeiro en C.F. Hoffmann. 2015. Vocal symptoms of future professional voice users. Revista CEFAC, 17(1):17–29.

Colton, R.H., J.K. Casper en R. Leonard. 2006. Understanding voice problems: A physiological perspective for diagnosis and treatment. 3de uitgawe. New York: Lippincott Williams and Wilkens.

Colton, R.H. en J.K. Casper. 1992. Understanding voice problems: A psychological perspective for diagnosis and treatment. Baltimore: Wilkens and Wilkens.

Connell, P.J. en C.K. Thompson. 1986. Flexibility of single-subject experimental designs. Part III: Using flexibility to design or modify experiments. Journal of Speech and Hearing Disorders, 51:204–14.

Dietrich, M., K. Verdolini, J. Gartner-Schmidt en C.A. Rosen. 2008. The frequency of perceived stress, anxiety, and depression in patients with common pathologies affecting voice. Journal of Voice, 22(4):472–88.

Fex, S. 1992. Perceptual evaluation. Journal of Voice, 6:155–8.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

83

Gelfer, M.P. 1988. Perceptual attributes of voice: development and use of rating scales. Journal of Voice, 2(4):320–6.

Groenewald, E. 2002. Funksionele stemhiperfunksie: gestruktureerde riglyne vir die beplanning en uitvoer van terapie. Klinika: Toepassings in Kliniese Praktyk van Kommunikasiepatologie, Monograaf 2. Universiteit van Pretoria: Departement van Kommunikasiepatologie.

Hazlett, D.E., O.M. Duffy en S.A. Moorhead. 2011. Review of the impact of voice training on the vocal quality of professional voice users: implications for vocal health and recommendations for further research. Journal of Voice, 25:181–91.

John, R. en J. Das Poduval. 2015. Voice training for professional voice users. International Journal of Scientific Reports, 1(1):65–8.

Kaufmann, T.J. en G. Isaacson. 1991. The spectrum of vocal dysfunction. Otolaryngologic Clinics of North America: Voice Disorders, 24:985–8.

Kay Elemetrics Corporation. 1993. Operations manual: Multi-Dimensional Voice Program (MDVP). Model 4305.

Lennox, D. 2001. Personal Voice Amplification. Aanlyn beskikbaar: [email protected] (27 Julie 2016 geraadpleeg).

Lin, E., J. Jiang, S.D. Noon en D.G. Hanson. 2000. Effects of head extension and tongue protrusion on voice perturbation measures. Journal of Voice, 14(1):8–16.

Murry, T., W.S. Brown en R.J. Morris. 1995. Patterns of Fundamental frequency for three types of voice samples. Journal of Voice, 9(3):282-9.

Omori, K., H. Kojima, R. Kakani, D. Slavit en S.M. Blaugrund. 1997. Acoustic characteristics of rough voice: Subharmonics. Journal of Voice, 11(1):40–7.

Parsa, V. en D.G. Jamieson.2001. Acoustic discrimination of pathological voice: sustained vowels versus continuous speech. Journal of Speech, Language and Hearing Research, 44:327–9.

Pienaar, P. de V. en A.G. Hooper. 1941. ’n Engels-Afrikaanse fonetiese leesboek. Johannesburg: Witwatersrandse Universiteitspers.

Raphael, L.J., G.J. Borden en K.S. Harris. 2011. Speech science primer physiology, acoustics and perception of speech. 8ste uitgawe. New York: Lippincott Williams and Wilkens.

Roy, N., R.M. Merrill, S.D. Gray en E.M. Smith 2005. Voice disorders in the general population: prevalence risk factors, and occupational impact. Laryngoscope, 115(11):1988–95.

Roy, N., S.D. Gray, M. Simon, H. Dove, K. Corbin-Lewis en J.C. Stemple. 2001. An evaluation of the effects of two treatment approaches for teachers with voice disorders: A

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

84

prospective randomized clinical trial. Journal of Speech, Language, and Hearing Research, 44:286–96.

Roy, N., B. Weinrich, S.D. Gray, K. Tanner, S.W. Toledo, H. Dove, K. Corbin-Lewis en J.C. Stemple. 2002. Voice amplification versus vocal hygiene instruction for teachers with voice disorders: a treatment outcomes study. Journal of Speech, Language, and Hearing Research, 45:625–38.

Schiwitz, A.C. 2011. The effect of task type on speaking fundamental frequency in women. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Auburn University.

Smith, E., H.L. Kirchner, M. Taylor, H. Hoffman en J.H. Lemke.1998. Voice problems among teachers: differences by gender and teaching characteristics. Journal of Voice, 12(3):328–34.

Smith, E., K. Verdolini, S. Gray, S. Nichols, J. Lemke, J. Barkmeier, H. Dove en H. Hoffman. 1996. Effect of voice disorders on quality of life. Journal of Medical Speech-Language Pathology, 4(4):223–4.

Stach, B.A. 1998. Clinical audiology: an introduction. San Diego: Singular.

Stemple, J.C., L.E. Glaze en B. Klaben. 2010. Clinical voice pathology: Theory and Management. 6de uitgawe. New York: Plural Publication.

Stemple, J.C.2001. Voice research: so what? A clearer view of voice production, 25 years of progress; the speaking voice. Journal of Voice, 7(4):293–300.

Stemple, J.C., J. Stanley en L. Lee. 1995. Objective measures of voice production in normal subjects following prolonged voice use. Journal of Voice, 9(2):127–33.

Timmermans, B., M.S. De Bodt en F.L. Wuyts. 2002. Poor voice quality in future elite vocal performers and professional voice users. Journal of Voice, 16:372–82.

Van der Merwe, A. 2002. Studiehandleiding: Spraak-Taalpatologie 201- Stemafwykings. Ongepubliseerde studiegids. Pretoria: Departement van Kommunikasiepatologie, Universiteit van Pretoria.

Van der Merwe, A. 2004. The voice use reduction program. American Journal of Speech-Language Pathology, 13:208–18.

Van der Merwe, A. en E. Groenewald. 1997. Voice conservation in a case of acute vocal trauma. Klinika: Toepassings in Kliniese Praktyk van Kommunikasiepatologie, Monografie 2. Universiteit van Pretoria: Departement Kommunikasiepatologie.

Van der Merwe, A., M. van Tonder, E. Pretorius en H. Crous. 1995. Stemprobleme by enkele groepe professionele stemgebruikers: Implikasies vir voorkoming. The South African Journal of Communication Disorders, 42:41–51.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

85

Van Wyk, L., M. Cloete, D. Hattingh, J. van der Linde en S. Geertsema. 2016. The effect of hydration on the voice quality of future professional vocal performers. Journal of Voice, 31(1). DOI: http://dx.doi.org/10.1016/j.jvoice.2016.01.002.

Verdolini, K. en L.O. Ramig. 2001. Review: Occupational risks for voice problems. Logopedics and Phonology, Vocology, 26:37–44.

Verdolini, K., C.A. Rosen en R.C. Branski. 2006. Classification manual of voice disorders. Hove UK: Psychology Press.

Vilkman, E. 2004. Occupational safety and health aspects of voice and speech professions. Folia Phoniatrica Logopaedica, 56:220–53.

Welham, N.V. en M.A. Maglagan. 2003. Vocal fatigue: current knowledge and future directions. Journal of Voice, 17:21–30.

Williams, N.R. 2003. Occupational groups at risk of voice disorders: a review of the literature. Occupational Medicine, 53:456–60.

World Health Organization. 2001. International classification of functionality, disability and health. Genève.

Yang, S. en L. Mu. 1989. A study of the mechanism of functional dysphonia. Journal of Voice, 3(4):337–41.

Yu, P., M. Quaknine, J. Revis en A. Giovanni. 2001. Objective voice analysis for dysphonic patients: A multiparametric protocol including acoustic and aerodynamic measurements. Journal of Voice, 15(4):529–54.

Bylaag A

Perseptuele beoordeling

Instruksies

Baie dankie dat u bereid is om aan die luisteraarsessie deel te neem. Ons gaan agt opnames voorspeel. Dit is voorbeelde van dieselfde spreker wat opgeneem is oor ’n verloop van tyd. Luister asseblief noukeurig na elkeen van die opnames en beoordeel dan elke opname aan die hand van die skaal hier onder. Neem aspekte soos asemrigheid, stembreuke, growwe, en krapperige of geforseerde stemkwaliteit in ag wanneer u die normaliteit van die stem, al dan nie, beoordeel.

Indien u onseker is, mag u vra om weer na die voorbeeld te luister.

Luister nou eers na die volgende voorbeelde om ’n idee te kry van die uiterstes in die spreker se stemkwaliteit.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

86

Skaal

OPNAME Erg Afwykend

(6) (5)

Redelik afwykend

(4) (3)

Tot ’n mate afwykend

(2) (1)

Normaal

(0) A

B

C

D

E

F

G

H

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

87

’n Verkenning van taalvariasie in die Afrikaanse poniekoerante Son en Sondag

Elvis Saal

Elvis Saal, Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, Universiteit van Suid-Afrika

Opsomming

In ondersoeke na taalvariasie in Afrikaans is daar nog weinig aandag gegee aan die skriftelike voorstelling van die vernakulêr in die gedrukte media, dit wil sê hoe die vernakulêr in die gedrukte media "opgevoer" word vir die teikengehoor (vgl. Blignaut en Lesch 2014). In hierdie studie is ’n vergelykende ondersoek onderneem na die omgangsvorme wat voorkom in die Afrikaanse poniekoerante Son en Sondag, wat onderskeidelik gerig is op ’n oorwegend bruin en wit werkersklasspreker van Afrikaans. Poniekoeranttaal kan gesien word as ’n tipiese voorbeeld van, wat Bell (2010:32–58) noem, gehoorontwerp ("audience design"), dit wil sê die vernakulêre style in poniekoerante is primêr geskep in reaksie op én vir die teikengehoor. Die twee koerante maak daarop aanspraak dat hulle oorwegend verskillende teikenlesers bedien, en juis daarom het hierdie studie as eerste doelwit om te bepaal of daar beduidende verskille waargeneem kan word in die vernakulêre style van Son en Sondag. Hiervoor is ’n stilistiese ontleding van geselekteerde nuusberigte in Son en Sondag onderneem. In die tweede plek het die studie ook ten doel om, na aanleiding van Labov (1970:21) se beskouing van stylvariasie in terme van die aandag wat die spreker aan sy of haar taalgebruik in verskillende gebruikskontekste gee, te bepaal watter invloed die nuusonderwerp op stylvariasie het. Wat die eerste doelwit betref, het die studie bevind dat daar min te kies is tussen die vernakulêre style soos aangewend in Son en Sondag, juis vanweë die beperkte voorkoms van groepspesifieke merkers. Die vernakulêre style in die twee koerante kan beskryf word as ’n wydverbreide vernakulêre Afrikaans. Wat die tweede doelwit betref, is bevind dat stylvariasie selde die gevolg is van die aard van die nuusonderwerp, maar eerder beïnvloed word deur wie die berig skryf.

Trefwoorde: formeel; gehoorontwerp ("audience design"); informeel; Kaapse Vernakulêre Afrikaans; kodewisseling; poniekoerante; register; Son; Sondag; sosiale dialekte; spreektaal; styl; vernakulêre style

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

88

Abstract

Exploring language variation in the Afrikaans tabloids Son and Sondag

This article examines the vernacular styles used in the Afrikaans tabloids Son and Sondag. Studies focusing on language variation in Afrikaans have not paid much attention to the written representation of the vernacular in the print media (cf. Blignaut and Lesch 2014:20). Furthermore, no comparative corpus linguistic study has been conducted to investigate the colloquial forms employed in these two tabloids, which, according to the editors, are modelled on the vernaculars of the coloured and white working-class speaker of Afrikaans respectively. The colloquial language employed in Son is claimed to be based on Cape Vernacular Afrikaans.

This article has a two-fold purpose. The first is to determine which colloquial features could be identified in the selected news reports of the two tabloids, as well as the occurrence frequency of these features in an attempt to determine whether group-specific markers could be identified for the coloured and white working-class speaker of Afrikaans. The second purpose is to determine whether the nature of the news theme has any influence on the use of the vernacular style.

Central to this study is the concept of style. Style is viewed here as a multidimensional construct. Firstly, the vernacular styles employed in the tabloids could be viewed what "Bell has called […] an exercise in audience design" (Conboy 2006:14). According to Bell’s (2010:32–58) audience-design framework, speakers design their style primarily for and in response to the target audience. As such, style can be regarded as audience accommodation. Writers of tabloids do not attempt to integrate all the features of the relevant social dialect of the target reader, but in their stylisation focus on those distinctive features that the reader could easily recognise and identify with. The vernacular styles in tabloids could thus be seen as performed styles (cf. Coupland 2007:146). These performed informal vernacular styles in the tabloids are modelled on the vernacular of the lower socio-economic classes, which implies that certain linguistic variables could function as markers for both style and social class. This notion of style as audience design provides the necessary framework for the analysis of the stylised vernaculars in the two tabloids. Secondly, it is not only the audience that could influence the choice of a suitable style, but also the degree of formality. Labov (1970:19–22) viewed style variation in terms of attention paid to speech: the more formal the situation, the more attention is paid to speech. The degree of formality could be influenced by, among others, the nature of the topic. This means that news topics that are viewed as formal in nature will tend to employ the standard register more frequently.

The stylistic analysis conducted here focused only on one text type, namely news reports. The news reports that appeared in the Sondag issues from 28 July 2013 to 25 August 2013 and the Tuesday issues of Son from 4 November 2014 to 2 December 2014 were selected for analysis. Two analyses were conducted: firstly, the linguistic features of the stylised vernacular are determined, and secondly, the influence of the news theme on style shifting is examined.

The colloquial features adopted in the news registers of Son and Sondag are limited to lexical variation and include the following:

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

89

(i) Code-switching to English, which includes single-word switches (e.g. "Die cops is gebel"), multiple word switches ("trailer trash sexy looks") and morphologically embedded switches (e.g. "lugdiens-site", "gehijack", "gerape"). Single-word switches are by far the most frequently used in both tabloids. It was evident that the switches typically displayed the tabloid agenda: The switches in Sondag (e.g. "show", "fans", "band", "fake boobs") highlight the lifestyle of the Afrikaans celebrities and prominent persons, while in Son the focus on crime in the news stories is accentuated (e.g. "bail", "gangsters", "rapist"). Code-switching to English is portrayed in the news reports as a typical feature of the speech of both the coloured and white working-class speaker. Individual switches in Son occur twice as frequently as in Sondag, but when compared with everyday vernacular Afrikaans the switches in both tabloids still reflect a very low frequency. This under-representation of code-switched items in both tabloids could be seen as an intentional effort on the part of the writer not to alienate the target reader with a high density of code-switching which may be perceived by the reader as patronising, artificial or excessive (cf. Giles and Smith 1979:54). Code-switching is used in both tabloids selectively to create the perception that the tabloid is speaking the language of the reader.

(ii) Direct (literal) translations from English, which include Afrikaansified English words (e.g. "antie", "paartie", "tjommie", "pel"), existing Afrikaans lexemes with English meanings (e.g. "opgebreek" meaning "to break up a relationship") and grammatical interference (e.g. "Meeste van die dames …" (x Die meeste)). Sondag uses twice as many direct translations from English compared with Son. There is a greater tendency in Sondag to present English lexemes in an Afrikaans guise, which could be seen as an effective strategy by the writers of Sondag to make the English conceptual world their own (cf. Ponelis 1998:40).

(iii) Colloquial expressions, which include direct borrowing from English (e.g. "forbidden fruit"), hybrid expressions (e.g. "hy bat vir die ander span"), directly translated expressions from English (e.g. "leerling het brood in die oond") , "own" colloquial Afrikaans expressions (e.g. "sterk gevriet getrek") and variations on existing Standard Afrikaans expressions (e.g. "nog pienk agter die ore"). Colloquial expressions are used more frequently in Sondag than in Son, and provide a colourful and vivid presentation of the news story. The frequent occurrence of "own" colloquial expressions in both tabloids, amidst the dominance of English, signals the vitality of colloquial Afrikaans.

(iv) Clippings (e.g. "porn", "doom") and (v) taboo words (e.g. "gatgabba", "moerse"), which occur more frequently in Sondag than in Son.

(vi) Nicknames (e.g. "Steve Losgulp Hofmeyr") and (vii) interjections ("watwou!"), which occur only in Sondag.

(viii) Afrikaans-specific colloquial items, which include commonly used colloquial items which are widely diffused in the Afrikaans speech community (e.g. "tjoekie", "hol", "daai", "jol") and less commonly used colloquial items which are limited to certain social groups or regions (e.g. "stukkie", "mang", "jongens"). Sondag uses twice as many commonly used colloquial items and also reflects a greater lexical variety compared with Son. For the less commonly used colloquial items there is, surprisingly, not much difference in terms of frequency between Son and Sondag. A limited number of distinctive group-specific markers were identified in Son (e.g. "mang", "tikkop", "gevriet getrek", "sy kop haak uit", "five bob").

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

90

The stylistic analysis revealed that there is not much difference between the two stylised vernaculars employed in Son and Sondag. The variation in the two tabloids is by far lexical variation, with very limited grammatical variation. The similarity between the vernacular styles in Son and Sondag (which, as mentioned, are said to be targeting different working-class speakers of Afrikaans) could be the result of an under-representation in Son of the typical lexical and grammatical features that characterise Cape Vernacular Afrikaans. The vernacular style adopted in the news register of Son, which the editorial staff claims to be based on Cape Vernacular Afrikaans, does not include any of the grammatical features that are viewed typical of Cape Vernacular Afrikaans, e.g. vowel raising (e.g. in "wietie"), affrication (e.g. in "djy"), post-vocalic r-deletion (e.g. in "wee"), and the redundant use of the adjectival degree morpheme -er (e.g. in "bietere"). The lexical variation in Son also does not sufficiently reflect the rich source of dialectal items and expressions that are characteristic of Cape Vernacular Afrikaans. This seemingly intentional undershoot of the typical dialectal features of Cape Vernacular Afrikaans in Son results in the vernacular styles adopted in Son and Sondag displaying more similar colloquial features. The difference between the vernacular styles is reflected in the frequency rate of the vernacular forms: Sondag uses nearly twice as many vernacular forms (with the exception of code-switched items) as Son. It was evident from the stylistic analysis that Sondag displays a greater variation of colloquial forms than Son in their news reports, while Son focuses in their stylisation mostly on code-switching to English and Afrikaans-specific colloquial items. The vernacular styles performed in Son and Sondag could be described as a widespread colloquial Afrikaans with limited group-specific markers.

In the second analysis the influence of the news theme on style-shifting was examined by way of comparing the following two groups of news reports with each other: news reports with a frequency of less than one colloquial form per 100 words and news reports with a frequency of more than one colloquial form per 100 words. The first group of news reports is regarded as reflecting a more standard register, while the second group is viewed as displaying a more vernacular style. The study found that the news theme seldom influenced style variation. The use of a formal standard register seemed to depend on who the writer of the news report was rather than the nature of the news theme.

A considerable number of the target readers of Son and Sondag viewed the stylised vernaculars favourably, which underscores the value of adopting spoken varieties of Afrikaans as written codes for certain genres. The written representation of spoken varieties could enhance the legitimacy of these varieties in more formal domains. Further comparative studies into the vernacular styles adopted by the different registers in the tabloids could provide valuable insights into how spoken varieties of Afrikaans are stylised in various written domains.

Keywords: audience design; Cape Vernacular Afrikaans; code-switching; formal; informal; register; social dialects; Son; Sondag; spoken varieties; style; tabloids; vernacular styles

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

91

1. Inleiding

Die Afrikaanse medialandskap in Suid-Afrika het in 2003 onherroeplik verander met die verskyning van die Kaapse Son as die eerste weeklikse poniekoerant in Afrikaans. Dié koerant, wat later herdoop is tot Son, word sedert 2005 as ’n dagblad uitgegee in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap. Son word gekenmerk deur ’n sensasionele berigstyl en ’n tipe Omgangsafrikaans (oftewel vernakulêre Afrikaans) wat, volgens die redaksie van Son, gebaseer is op Kaapse Vernakulêre Afrikaans (vgl. Botha 2009:33; Van der Rheede 2012:117–20). Volgens die eerste redakteur van Son, Ingo Capraro, is die taalgebruik in Son "Kaapse Afrikaans soos ons mense hom praat" (Capraro 2005:1). Meer onlangs het Eldridge Jason dit onomwonde gestel tydens ’n Johan Combrink-lesing dat "Son niks anders (is) as ’n weerspieëling van die kleurvolle manier van hoe Afrikaans in veral ons bruin gemeenskappe gepraat word nie" (Jason 2015). Son is hoofsaaklik gerig op die bruin gemeenskappe in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap, en spesifiek die laer- en middelinkomstegroep (LSM 3–7)1 (vgl. Blignaut 2014:7). Die koerant het ongekende sukses behaal in die Wes-Kaap, en het reeds drie jaar ná sy bestaan die sirkulasiesyfers van sy susterkoerant in die Kaap, Die Burger, verbygesteek (Smith, Fourie en Froneman 2012:226). Dit is juis hierdie suksesse van Son wat moontlik die weg gebaan het vir die tweede eksklusief Afrikaanse poniekoerant, die Sondagblad Sondag, wat in 2007 verskyn het, ook vanuit die Media24-stal.2

Sondag was, in teenstelling met Son, die eerste Afrikaanse poniekoerant wat ’n nasionale verspreiding gehad het, deurdat dit in Gauteng, die Vrystaat, KwaZulu-Natal en die noordelike provinsies uitgegee is. In teenstelling met Son, wat ’n plaaslike fokus handhaaf in hul stories en op die bruin gemeenskap fokus, was Sondag ’n tipe supermark-poniekoerant (oftewel "celebrity tabloid") deurdat dit primêr gefokus het op die skandes en skandale van veral Afrikaanse glanspersoonlikhede en prominente persone (vgl. Smith e.a. 2012:238). In Sondag se kort bestaan van ses jaar het dit vier redakteurs gehad. Onder die redakteurskap van Capraro en later Peet Bothma (onderskeidelik die derde en laaste redakteur) het Sondag primêr die wit werkersklas geteiken, die "working-class boertjies, who are gatvol; the mechanic, plumber and mineworker" (Gordon 2009, aangehaal in Smith e.a. 2012:239). Dit is hierdie Sondag-koerant onder die redakteurskap van Peet Bothma wat die fokus van hierdie studie uitmaak. Sondag moes ongelukkig sy deure op 23 Oktober 2013 sluit weens ’n tekort aan advertensie-inkomste, maar die koerant verskaf waardevolle sosiolinguistiese data van ’n veronderstelde omgangsvariëteit wat op ’n oorwegend wit werkersklas afgestem is.

Weinig ondersoek is nog gedoen na die vernakulêre Afrikaans wat in Afrikaanse poniekoerante voorkom. Sover vasgestel kon word, is die vernakulêre styl wat in Afrikaanse poniekoerante ingespan word, nog net in een studie ondersoek, naamlik dié van Blignaut (2014), waar sy die taalgebruik in Son ondersoek het as deel van haar MA-studie (vgl. ook die artikel van Blignaut en Lesch (2014) wat hierop gevolg het). Daar is egter nog geen vergelykende studie onderneem na die omgangstaalvorme in die poniekoerante Son en Sondag, wat, soos die redakteurs aanvoer, gemodelleer is op die vernakulêr van onderskeidelik die bruin en wit werkersklasspreker van Afrikaans, nie. (Die term vernakulêr verwys hier na die ontspanne spreektaal wat geassosieer word met hoogs informele kontekste, en word hier as wisselterm gebruik vir omgangstaal.)

In hierdie ondersoek val die fokus slegs op een tekstipe in die poniekoerante, naamlik die nuusberig – dit wil sê daardie soort berig wat as "nuus" geklassifiseer word. Die ander soorte berigte, onder andere sport-, vermaak- en motorberigte, asook die lesersbriewe, het nie deel

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

92

uitgemaak van die stilistiese ontleding nie. Nuusberigte is geselekteer omdat dit die tipiese poniekoerantagenda reflekteer, naamlik die sensasionele beriggewing oor temas soos seks, geweld, skandes, die voorkeur vir ongewone/vreemde stories en mensbetrokkenheidstories wat tot die teikenlesers spreek (vgl. Conboy 2006:12). Poniekoerante is bekend daarvoor dat hulle oorwegend ’n tipe omgangstyl invoer in hulle berigte, en in hierdie studie word gepoog om te bepaal watter omgangstaalkenmerke in die nuusberigte van die twee Afrikaanse poniekoerante Son en Sondag onderskei kan word, asook wat die voorkomsfrekwensie van die bepaalde omgangsvorme is. Voorts word daar ook gepoog om vas te stel of daar onderskeidende omgangsvorme geïdentifiseer kan word wat as tiperend van die bruin en wit werkersklasspreker beskou kan word. Die vernakulêre styl in poniekoerante word soms afgewissel met ’n standaardregister, en in dié verband word die invloed wat die nuusonderwerp op die vernakulêre styl kan hê, ook ondersoek.

Die bespreking van die (veronderstelde) vernakulêre style in die twee koerante is soos volg gestruktureer: Eers word die verwante konsepte styl, register en sosiale dialekte/variëteite bespreek. Hierna word die omgangstaalkenmerke wat in die twee koerante voorkom, vergelykend ontleed, gevolg deur ’n bespreking van potensiële groepspesifieke merkers. Daarna volg ’n bespreking van die potensiële invloed van die nuusonderwerp op stylaanpassings. Laastens word die hoofbevindinge van die studie saamgevat, en word daar gewys op die potensiële waarde van ’n vergelykende korpuslinguistiese benadering vir sosiolinguistiese studies van hierdie aard.

2. Sosiale dialekte, styl en register

Poniekoerante is bekend daarvoor dat hulle poog om die vernakulêr van die werkersklas in hul beriggewing weer te gee (vgl. Conboy 2006:11, 13). Die redakteurs van Son en Sondag beweer dat die taalgebruik in die twee koerante gebaseer is op die omgangstaal van die werkersklas (vgl. Jason 2015; Gordon 2009, aangehaal in Smith e.a. 2012:239). As sodanig kan die omgangstaal in Son en Sondag gesien word as ’n tipiese voorbeeld van, wat Bell (2010:32–58) noem, gehoorontwerp ("audience design"). Volgens Bell (2010:32–58) se gehoorontwerpraamwerk ("audience design framework") ontwerp sprekers hul styl primêr vir, én in reaksie op, die gehoor. ’n Spreker kan dus sy styl aanpas "to be more like that of the person she is speaking to" (Bell 2010:34). Bell sien dus styl in terme van gehoorakkommodasie (Rickford en McNair-Knox 1994:235). Onder styl word verstaan ’n variëteit wat geassosieer word met bepaalde gebruiksituasies (Webb 1989:429). Volgens Holmes (1992:246–7) bepaal die sosiale verhouding tussen die deelnemers die gepaste styl wat ingespan gaan word: vernakulêre vorme sal meer geredelik gebruik word waar daar ’n meer intieme of ontspanne verhouding tussen die spreker en ontvanger bestaan, terwyl standaardvorme ingespan sal word waar die spreker nie juis met die ontvanger bekend is nie. Die gebruik van ’n vernakulêre styl in poniekoerante wat doelbewus afgestem is op die werkersklasspreker kan, na aanleiding van Howard Giles se kommunikasie-akkommodasieteorie (Communication Accommodation Theory) (vgl. Gallois, Ogay en Giles 2005), beskou word as ’n doelbewuste poging van die koerant om die sosiale afstand tussen die koerant en die leser te verklein, om sodoende groter solidariteit en sosiale aanvaarding te bewerkstellig. Poniekoerante poog om deur hul stilering ("stylisation") ’n taal van intimiteit en bekendheid te skep om die vertrouensverhouding tussen die koerant en die leser te

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

93

aksentueer en te versterk, en om die leser te laat glo dat die koerant aan die kant van die leser is (Conboy 2006:23–4).

Stylaanpassings in die gedrukte media wat afgestem word op die ontvanger, word gerig deur ’n abstrakte lesergehoor, dit wil sê by wyse van ’n niefisieke teenwoordigheid (Coupland 2007:77). Die kern van stylaanpassings in poniekoerante is die konsep stilering ("stylisation"). Bell en Gibson (2011:560) beskryf stilering as "the mannered adoption of another’s voice". Die koerantskrywer poog nie om al die kenmerke van die sosiale dialek weer te gee nie, maar selekteer sekere kenmerke van die sosiale dialek wat, volgens die skrywer, onderskeidend en duidelik herkenbaar sal wees vir die leser, en waarmee die leser redelik maklik sal kan identifiseer (vgl. Coupland 2007:150; Bell en Gibson 2011:568). Koerantskrywers ontwerp hul styl met ’n metalinguistiese bewustheid van die alternatiewe moontlikhede en die waarskynlike gevolge van hierdie linguistiese keuses (Coupland 2007:146). Hierdie style in poniekoerante kan dus gesien word as "opgevoerde style" ("performance") (vgl. Coupland 2007:146). Bell en Gibson (2011:568) wys daarop dat skrywers ook doelbewus ’n oor- of onderaanbod van sekere kenmerke van die sosiale dialek kan "opvoer" wat sosiaal betekenisvol kan wees.

Die invloed van die ontvanger op die keuse van ’n gepaste styl (soos hier bo bespreek) is egter nie die enigste relevante faktor wat stylvariasie kan beïnvloed nie. Labov (1970:19–22) sien stylvariasie in terme van die aandag wat die spreker in verskillende gebruikskontekste aan sy of haar taalgebruik gee. Vir Labov (1970:19–21) word die keuse van ’n gepaste styl beïnvloed deur die graad van formaliteit van die gebruikskonteks: hoe formeler die konteks, hoe meer aandag gee die spreker aan sy of haar taalgebruik, wat neig in die rigting van wat gesien word as die standaard (en omgekeerd). Die graad van formaliteit word onder meer bepaal deur veranderlikes soos die sosiale konteks, sosiale rol of status van die deelnemers, ouderdom, geslag, asook die gespreksonderwerp (vgl. Romaine 2000:75). Volgens Romaine (2000:74) was een van die belangrikste bevindinge van die variasiesosiolinguistiek die onderlinge verband tussen styl- en sosiale variasie: Linguistiese kenmerke wat gereeld voorkom in die taalgebruik van die werkersklasspreker, neig ook om meer gereeld voor te kom in informele taalgebruik. Studies deur Labov en Trudgill het aangetoon dat dieselfde linguistiese veranderlike kan optree as merker vir beide sosiale klas en styl (vgl. Holmes 1992:266–9; Finegan en Biber 1994:317–8). Dit is dus om hierdie rede dat verskeie sosiolinguiste aanvoer dat stylvariasie gebaseer is op die variasie wat aangetref word in sosiale dialekte (laasgenoemde is gebruikersvariëteite wat deur sosiale faktore soos sosiale klas gevoed word) – dit wil sê die informele styl word gemodelleer op die vernakulêr van die laer sosio-ekonomiese klasse, terwyl die formele styl gebaseer is op die taalgebruik van sprekers in ’n hoër sosiale klas (vgl. Bell 2010:35; Finegan en Biber 1994:317; Holmes 1992:266–9; Labov 1970:22–4). In die woorde van Labov (1970:24): "For each group models its formal style on the speech behavior of those groups one or two steps above it in the social scale."

Bell (2010:36) voer aan dat die omvang van stilistiese variasie altyd kleiner of minder sal wees as die graad van sosiale variasie.

In hierdie studie word die konsep styl as ’n multidimensionele verskynsel gesien (vgl. Romaine 2000:78). Die stylaanpassing wat in poniekoerante voorkom, is primêr ontvangergerig, maar die invloed wat die waargenome graad van formaliteit van die onderwerp op stylaanpassings kan hê, kan nie uitgesluit word nie. Kotzé (2014:645) voer aan

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

94

dat selfs "in ’n koerant soos Son, wat poog om in sy beriggewing so na as moontlik aan die omgangstaalregister te kom, word berigte in ’n register geskryf wat ooreenstem met die tema, formeel of informeel, en is dit opmerklik dat die standaardtaalregister ook vir stilisties formele (of selfs neutrale) onderwerpe gebruik word".

Soos reeds genoem, val die fokus in hierdie ondersoek op die vernakulêre style wat aangewend word in ’n bepaalde tekstipe, naamlik nuusberigte. Poniekoerante bevat verskillende tipes tematies verwante berigte, soos nuus-, sport- vermaak- en motorberigte. Elkeen van hierdie tipes berigte word deur ’n bepaalde register gekenmerk. Die term register3 (wat, soos styl, ’n gebruiksvariëteit is) verwys na ’n gebruiksituasie of aktiwiteit wat gekenmerk word deur onderskeidende leksikale merkers en ’n voorspelbare taalstruktuur (vgl. Fahnestock 2011:86; Ferguson 1994:20). Die verskillende tipes berigte wat aangetref word in poniekoerante kan ook verskillende grade van formaliteit weerspieël, met nuusberigte wat heel waarskynlik formeler aandoen as van die ander tipes berigte. Maar by nuusberigte self kan ook stilistiese variasie waargeneem word, deurdat sekere nuusonderwerpe stilisties meer formeel kan aandoen as ander. In hierdie studie val die fokus op die nuusberig as voorbeeld van ’n bepaalde register, en word daar vervolgens eerstens ondersoek ingestel na watter omgangstaalkenmerke deur die nuusregister aangeneem word in die twee poniekoerante, en tweedens of stilisties formele onderwerpe die gebruik van omgangstaalvorme beïnvloed.

3. Linguistiese kenmerke van die vernakulêr in Son en Sondag

’n Stilistiese ontleding van die nuusberigte wat in Sondag en Son verskyn het, is onderneem. Vir Sondag is die vyf Sondag-uitgawes wat verskyn het vanaf 28 Julie 2013 tot 25 Augustus 2013 geselekteer. Vir Son is die aanlyn uitgawes wat elke Dinsdag vanaf 4 November 2014 tot 2 Desember 2014 verskyn het, geselekteer – dit is vyf aanlyn uitgawes altesaam. Slegs die berigte wat as "nuus" geklassifiseer is in die koerant, is geselekteer.

Die Sondag-korpus het bestaan uit 51 860 woorde, terwyl die Son-korpus 25 992 woorde beslaan het. Die "opgevoerde" omgangstaal wat in die twee koerante ingespan is om hierdie "ernstige" nuus oor te dra, word vervolgens vergelykend bespreek.

Die volgende stylkenmerke kan onderskei word na aanleiding van die stilistiese ontleding van die nuusberigte in die twee koerante (aangebied in dalende volgorde van Engelse invloed):

(i) kodewisseling na Engels

(ii) direkte vertalings (insluitend verafrikaanste vorme)

(iii) spreektaaluitdrukkings

(iv) reduksievorme

(v) taboevorme

(vi) naamgewing

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

95

(vii) uitroepe

(viii) Afrikaans-spesifieke spreektaalitems.

Frekwensie-ontledings, wat met die hand gedoen is, is ook uitgevoer om te bepaal hoe frekwent die omgangsvorme in die twee tekskorpusse voorgekom het.

3.1 Kodewisseling na Engels

Een van die onderskeidende kenmerke van die omgangstaal in die twee koerante, is die kodewisseling na Engels. Die taalkontakverskynsel kodewisseling verwys na die gebruik van twee of meer tale in dieselfde gesprek (Myers-Scotton 1992:101). Vir die doeleindes van hierdie studie kan kodewisseling gedefinieer word as die gebruik van twee of meer kodes in skriftelike gebruik (vgl. ook Jonsson 2012:212).

3.1.1 Kodewisseling en leenwoorde

In die vakliteratuur oor kodewisseling word daar onderskei tussen sinsinterne kodewisseling ("intrasentential codeswitching") en sinseksterne kodewisseling4 ("intersentential codeswitching"). Sinsinterne kodewisseling verwys na die wisseling van een taal na ’n ander taal in dieselfde sin (vanaf morfeemvlak tot langer stukke), terwyl sinseksterne kodewisseling verwys na die wisseling wat voorkom tussen sinne (vgl. Myers-Scotton 1992:101; Ponelis 1998:35). Ter illustrasie:

Sinsinterne kodewisseling:

"Hulle kids het nie redenaars gewen nie en nou is hulle dikbek!" sê Ronel. (Sondag, 25 Augustus 2013, bl. 7)

Sinseksterne kodewisseling:

"Die mense kom klop aan my deur tot diep in die nag. People see me as a father figure." (Ponelis 1998:35)

’n Tweede en belangrike onderskeid wat getref word in die vakliteratuur oor kodewisseling is dié tussen sinsinterne kodewisseling en leenwoorde. Wanneer kan ’n leksikale item wat uit ’n ander taal (d.i. die ingebedde taal) oorgeneem word, beskou word as kodewisseling, en wanneer is dit ’n leenwoord? Die term sinsinterne kodewisseling word in hierdie studie gebruik om te verwys na daardie leksikale items wat direk oorgeneem is uit Engels en in die plek van gevestigde of bestaande Afrikaanse leksikale items gebruik word, maar nog nie erken word as gevestigde vorme in Standaardafrikaans nie (vgl. Carstens 2011:313–5). Die term leenwoord verwys na daardie leksikale items wat direk oorgeneem is uit Engels, die brontaal, en algemeen gebruiklik geword het in Standaardafrikaans, die matrikstaal (bv. "cowboy", "township", "straight" (heteroseksueel), "gay", "affair", "flirt"). Om te bepaal watter woorde leenwoordstatus geniet, sal die HAT (2015) as verwysing gebruik word. Twee tipes leenwoorde kan egter onderskei word:

(a) Die eerste groep leenwoorde is daardie leenwoorde wat direk oorgeneem is uit Engels om ’n bepaalde leksikale leemte of behoefte te vul in Standaardafrikaans, en

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

96

waarvoor daar geen gepaste of raakvat ekwivalente vorm in Standaardafrikaans bestaan nie. Voorbeelde uit die data sluit in "cowboy", "country" (musiekgenre), "rock" (musiekgenre), "township", "gentlemen" en "gay"(vgl. ook Carstens 2011:312–3).

(b) Die tweede groep leenwoorde is daardie leenwoorde wat in Standaardafrikaans erken word vanweë die algemene gebruiklikheid daarvan, byvoorbeeld "sexy", "song", "show", "affair". Vir hierdie groep leenwoorde wat nie weens ’n leksikale behoefte ontstaan het nie, bestaan daar wel ’n ekwivalente vorm in Standaardafrikaans, en die leenwoorde word dus naas die ekwivalente vorm gebruik. By hierdie groep leenwoorde kan daar onderskei word tussen leenwoorde wat vir sowel die formele as informele register van Afrikaans gepas is (soos "flirt", "posters", "affair") en leenwoorde wat beperk is tot slegs die informele register van Afrikaans (soos "sexy", "show", "funky", "stupid", "cool", "spam"). (Vgl. in hierdie verband die etikette by ontlenings uit Engels in die HAT, waar sekere ontlenings uit Engels (soos "sexy", "show", "funky") met die etiket "informeel" of "sleng" gemerk word, terwyl dit by die ander ingeburgerde ontlenings uit Engels (bv. "flirt", "posters", "affair") ontbreek.) (Vgl. ook Myers-Scotton 1993:169–75 vir ’n soortgelyke onderskeid tussen leenwoorde.)

Vir die doeleindes van hierdie studie word ontlenings uit Engels wat in die HAT met die etiket "informeel" of "sleng" gemerk is, as kodewisseling beskou en by die ontledings ingesluit. Ontlenings uit Engels (soos "flirt", "posters", "affair", "straight") wat in die HAT nie as "informeel" of "sleng" gemerk is nie, word gesien as gevestigde leenwoorde en maak dus nie deel uit van die frekwensie-ontledings by kodewisseling nie. (Die bespreking wat hierna volg oor die strukturele kenmerke van kodewisseling in die nuusberigte van Son en Sondag sluit nie die kodewisseling wat voorkom by uitdrukkings en taboewoorde in nie. Hierdie kategorieë word later afsonderlik bespreek.)

3.1.2 Aard van kodewisseling in die twee koerante

Die kodewisseling in die nuusberigte van die twee koerante is uitsluitlik sinsinterne kodewisseling. Die volgende tipes sinsinterne kodewisselings kan onderskei word: enkelwoordwisselings, meerwoordige wisselings en morfologies ingebedde wisselings.

Enkelwoordwisselings het meer as twee derdes van die totale tipes kodewisselings uitgemaak en was by uitstek die frekwentste tipe wisseling in die twee koerante (Sondag: 68%; Son: 77%). Die topvyf enkelwoordwisselings word in tabel 1 hier onder weergegee.

Tabel 1. Voorbeelde van die frekwentste enkelwoordwisselings in Sondag en Son

Sondag Son Enkelwoord-wisseling (frekwensie tussen hakies)

Voorbeeld Enkelwoord-wisseling (frekwensie tussen hakies)

Voorbeeld

cops (19) "Die cops is gebel toe die bure die vrou, wat vassit, alie in die lug op die trap

cops (24) "Moyo is deur cops op patrollie gevang terwyl ook hy hom verbeel het hy is

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

97

ontdek het." (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 17)

bedeeld soos ’n donkiehings." (Son, 25 November 2014, "Donkie-rapist op die job betrap")5

show(s) (17) "Jay het besluit om die show teen ’n spesiale tarief te doen." (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 6)

driver(s) (14) "Honger boewe het ’n chips-lorrie beroof en sommer die driver se lunch ook gevat." (Son, 4 November 2014, "Honger boewe teiken chips-lorrie")

fan(s) (13) "Hy (Giovanni Divito) word deur al sy fans op ’n troontjie geplaas, maar wat hy nou doen is verkeerd!" (Sondag, 18 Augustus 2013, bl. 3)

lawyer (8) "Bradley Muller, Liebenberg en Lackay se lawyer, sê die mans is Donderdag in hegtenis geneem, maar eers Saterdag aangekla." (Son, 18 November 2014, "Tatts’ se verdagtes sal bly sit")

sexy (11) "Armand is Sondag na afloop van sy vertoning by die Montana-familiemark in Pretoria afgeneem waar hy die sexy Cecily ’n stywe druk gee." (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 12)

bail(6) "Die cops wat op klagte van korrupsie en diefstal teregstaan, het gister lag-lag bail gekry." (Son, 11 November 2014, "11 Cops het gister lag-lag bail gekry")

band(s)(10) "Sondae staan hy steeds voor die gemeente en tokkel ook die kitaar in die jeug se band." (Sondag, 4 Augustus 2013, bl. 5)

shack (6) "’n Kleuter (2) het die naweek tragies in ’n shack doodgebrand." (Son, 24 November 2014, "Meisie sterf in shack-vlamme")

gangster(s) (5) "Sy gesig is weggeblaas toe gangsters hom 17 skote in die gesig geskiet het." (Son, 4 November 2014, "Ou 17 keer in gesig geskiet")

Die enkelwoordwisselings wat voorgekom het in Son en Sondag was hoofsaaklik inhoudsmorfeme,6 en in die besonder naamwoorde.

Die meerwoordige wisselings het hoofsaaklik bestaan uit samestellings, kollokasies en ander adjektief-naamwoord-kombinasies en het nie meer as een sesde van die totale kodewisselings uitgemaak nie (Sondag: 15%; Son: 12%). Slegs ’n beperkte aantal meerwoordige wisselings

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

98

het meer as een keer voorgekom. Van die meerwoordige wisselings uit die twee korpusse sluit in:

Sondag: bug chasing (die gebruik om doelbewus met MIV-positiewe mense seks te hê om die virus te kry), gift giving (seks te hê met die doel om iemand met die MI-virus te besmet), sweeping statements, sexy stripper, fake boobs, sick freak, top dog, hot stuff, high profile event, trailer trash sexy looks

Son: drug dealer, game shop, load shedding, fake hijacking, hot tub, peak hours, extreme sports fan

Die morfologiese inbedding van Engelse lekseme het – soos in die geval van die meerwoordige wisselings – nie meer as een sesde van die totale kodewisselings uitgemaak nie (Sondag: 17%; Son: 11%). Twee tipes morfologies ingebedde vorme kan geïdentifiseer word: hibriede samestellings (insluitend deeltjiewerkwoorde) en hibriede fleksievorme. In hibriede samestellings word die Engelse lekseem vryelik as eerste of tweede lid van die hibriede samestelling ingespan. Voorbeelde uit die twee korpusse sluit in:

Sondag: lugdiens-site, swingersklub, take away-winkel, dames restrooms, celebrity-skinderjoernalis, rolprentvervaardiger-lover, sproet-boobs, dans clips, borg-band, stripkroeg, opspice

Son: bail-aansoek, mall-diefstal, parking-geld, condolence-kaartjie, donkie-rapist, besemstok-victim

In die hibriede fleksievorme is dit by uitstek die verledetydsfleksiemorfeem ge- wat met die Engelse werkwoordelike stam kombineer. Voorbeelde uit die korpusse sluit in:

Sondag: gehack, gerape, gehijack, ge-canvass, gefire, gephotoshop, gehost, gepost, gerecruit, gejoin, gespike, gesponsor", gerape, gemail, gestar

Son: ge-fire, ge-rape, ge-drop, ge-smile, ge-bust, ge-like, ge-hijack

Die wisselings na Engels in die twee koerante stel die koerante se onderskeie agendas op die voorgrond: in Sondag belig die wisselings hoofsaaklik die leefwyse van die glanspersoonlikhede en prominente persone, terwyl die wisselings in Son die koerant se misdaadfokus aksentueer. Volgens Montes-Alcalá (2012:82) kan kodewisseling in skriftelike gebruik aangewend word om ’n woord of idee te beklemtoon, en daardeur kan die leser se aandag meer geredelik getrek word as wat dit die geval sou wees indien alles in dieselfde taal aangebied sou word.

3.1.3 Frekwensie van kodewisseling in die nuusberigte

Die gebruik in poniekoerante is dat die (gestigmatiseerde?) Engelse wisselings in die nuusberigte nie tipografies aangedui word nie, terwyl dit in die hoofstroomkoerante soos Rapport baie keer tipografies, byvoorbeeld met skuinsdruk, belig word. Volgens Mahootian (2012:205) kan hierdie gebruik gesien word as ’n manier om die visuele grense tussen twee tale te verwyder. Die toenemende benutting van kodevermenging in poniekoerante kan ’n ideologiese skuif teweegbring vir die leser, waar die leser nie meer Afrikaans-Engelse

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

99

kodewisseling beskou as twee aparte taalsisteme nie, maar as ’n geïntegreerde sisteem (vgl. Heugh 2014:375).

Kodewisseling word in die nuusberigte ingevoer en voorgehou as een van die tipiese kenmerke van die vernakulêre style van die wit en bruin teikenleser. Die koerante hou voor dat wanneer sy lesers oor soortgelyke nuusonderwerpe praat, kodewisseling ’n integrale deel van hul nuusregister vorm. Maar hoe frekwent word kodewisseling in die twee koerante aangewend?

In die Sondag-korpus is 414 gevalle van individuele kodewisseling geïdentifiseer, terwyl daar in die Son-korpus 342 gevalle geïdentifiseer is. Die data is met die hand gekodeer. Die frekwensie van individuele wisselings7 is soos volg bereken:

aantal gevalle van individuele wisseling x 1 000 = aantal wisselings per 1 000 woorde totale aantal woorde in korpus

In die Sondag-korpus was daar 8 wisselings per 1 000 woorde, terwyl die frekwensie in die Son-korpus 13,2 wisselings per 1 000 woorde was. In die Son-korpus kom daar bykans twee keer meer individuele wisselings na Engels voor as in die Sondag-korpus. Die frekwensie van die wisselings in die twee koerante blyk egter relatief laag te wees in vergelyking met hoe kodewisseling soms in die spreektaal aangewend word. In opnames wat gedoen is deur die navorser onder studente by die Universiteit van Pretoria was ’n veel hoër frekwensie van kodewisseling waarneembaar. Een van die opnames is willekeurig geselekteer vir vergelykingsdoeleindes. In hierdie opname (bestaande uit 2 056 woorde) en waaraan vyf studente deelgeneem het, het daar 73 individuele wisselings voorgekom, dus 35,5 wisselings per 1 000 woorde. Hierdie wisselings is bykans drie keer meer as die wisselings wat in die Son-korpus aangetref word, en vyf keer meer as in die Sondag-korpus.

Ter illustrasie die volgende voorbeeld van kodewisseling uit die getranskribeerde studenteopname:

Shantelle: Sias het my gemessage. Chris: Hoekom message hy? Shantelle: Ek weet nie want hy is weird soos ... Dinah: Karel se Sias, hy is baie weird. HD: Ja, maar Karel broadcast chats met ’n vraagteken. Met ’n z, chatz. (...) Shantelle: Kyk gou daai cute baba. HD: Jy het my wallpaper geadd. Chizelle: Ag, cute. Shantelle: Kyk hoe chuffed smile hy omdat ek hom ... ja. HD: Shantelle kan mos nie ’n steady hand hou nie.

Die onderaanbod van kodewisselingitems in die twee koerante is heel waarskynlik doelbewus gedoen, en doen sosiaal betekenisvol aan. Die betreklik laer frekwensie van wisselings na Engels in die twee koerante, vergeleke met in die spreektaal, kan beskou word as ’n doelbewuste strategie om die teikenleser nie te vervreem met ’n te hoë digtheid van kodewisseling nie, wat dalk as patroniserend, kunsmatig of oordadig beskou kan word (vgl. Giles en Smith 1979:54). Coupland, Coupland, Giles en Henwood (1988:9–10) het in hul

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

100

ondersoeke bevind dat lesers wat die gekonvergeerde taalstyl ervaar as "oorakkommodasie", die taalgebruik gewoonlik negatief bejeën. ’n Oormatige gebruik van kodewisseling kan die indruk wek dat die koerant te hard probeer om die omgangstaal van die teikenleser na te boots. Kodewisseling word hier selektief aangewend om slegs die illusie te skep dat die joernalis die taal van die leser praat, sonder dat die wisseling as oordadig ervaar word en die informele nuusregister geloofwaardigheid inboet. Die persepsie word dus geskep dat die koerant op dieselfde wyse kodewisseling aanwend as die leser, terwyl dit statisties gesproke heel waarskynlik nie die geval is nie.

3.2 Direkte vertalings uit Engels

Engelse leksikale items word nie net direk oorgeneem nie, maar word ook baie keer direk (letterlik) vertaal in Afrikaans. Hierdie direkte vertalings word voorgehou as ’n tipiese kenmerk van die vernakulêre styl in die twee koerante. Twee tipes direk-vertaalde vorme kan onderskei word in die twee tekskorpusse, naamlik direkte vertalings van leksikale items en navolging van die Engelse grammatiese struktuur. By eersgenoemde kan verder onderskei word tussen verafrikaanste vorme en (bestaande) Afrikaanse woorde "waarin die Engelse gebruik of betekenis oorgedra word" (Ponelis 1998:40). (Die direkte vertaling van Engelse uitdrukkings kom aan bod in die afdeling oor "uitdrukkings".)

3.2.1 Verafrikaanste vorme

Verafrikaanste vorme is daardie groep leksikale items wat in die geskrewe vorm klankmatig verafrikaans word om by die skryftaalnorm van Afrikaans in te pas (Hendricks 2012:103). Voorbeelde van verafrikaanste vorme8 in die twee korpusse sluit die volgende in (aangebied in dalende volgorde van frekwensie):

Sondag: antie, pel(le), oukei, paartie, sorrie, orraait, kommin, tjommies, grênd, koebaai, mêrrem, paai(Engels: "pie")

Son: antie, tjommie, pel, Krismis, brekfis, bregh (Engels: brag”).

Die verafrikaansing van Engelse leksikale items het slegs in ’n beperkte mate voorgekom in die twee korpusse. Die verafrikaansing van Engelse leksikale items gee aan hierdie vorme ’n Afrikaanse "karakter", wat daarop sinspeel dat dit ewe goed by die skryftaalnorm van Afrikaans kan inpas, en dus by implikasie leenwoordstatus behoort te geniet.

3.2.2 Bestaande leksikale items met Engelse betekenis

In die spreektaal word leksikale items gereeld direk uit Engels vertaal, met die vertaalde item wat dan gebruik word in die plek van ’n aanvaarde Standaardafrikaanse ekwivalent. By hierdie tipe direkte leksikale vertalings word bestaande Standaardafrikaanse woorde baie keer ingespan, maar dan met ’n Engelse betekenisonderskeiding, byvoorbeeld:

Direk-vertaalde leksikale item: George Clooney en sy meisie van twee jaar het opgebreek. (Engels: "to break up")

Standaardafrikaanse ekwivalent: George Clooney en sy meisie van twee jaar het die verhouding verbreek.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

101

Die woord "opbreek" is ’n erkende woord in Standaardafrikaans, maar sonder die Engelse betekenisonderskeiding van ’n "verhouding/verlowing verbreek". Dit is nie moeilik om te verstaan hoekom hierdie tipe direkte vertalings (in die vakliteratuur na verwys as anglisismes9) so maklik die bestaande Standaardafrikaanse ekwivalent kan verdring nie, want die direk-vertaalde vorm is in baie gevalle ’n gevestigde Standaardafrikaanse woord (soos "opbreek") wat onder Engelse invloed ’n ander betekenistoepassing kry.

Volgens Carstens (2011:323) is daar nie altyd eenstemmigheid oor wat nou eintlik as "anglisisme" gesien word, en watter "anglisistiese vorme" al aanvaarbaar in die taal is nie. Om te bepaal watter direk-vertaalde leksikale items as Standaardafrikaans beskou word en watter nie, is die HAT en Pharos (2015) ingespan. Direk-vertaalde vorme (oftewel die Engelse betekenisse) wat nie opgeneem is in die HAT of Pharos nie, asook daardie vorme wat met die etikette "uit Engels" en "informeel" gemerk is in die HAT, is in die data-ontleding ingesluit. In tabel 2 hier onder word enkele voorbeelde gegee van direkte vertalings wat in Sondag voorgekom het.

Tabel 2. Voorbeelde van die frekwentste direkte vertalings in Sondag

Direkte vertaling uit Engels (frekwensie tussen hakies)

Voorbeeld

opgebreek (3) "George Clooney en sy meisie van twee jaar het opgebreek." (x verhouding verbreek/beëindig) (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 2)

oopmaak (3) "Die vrou wou nie ’n saak oopmaak nie." (x aanhangig maak) (Sondag, 25 Augustus 2013, bl. 12)

ingedoen (2) "Eers het hy Bernice van Loggerenburg van Benoni met R16 500 ingedoen." (x ingeloop/bedrieg) (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 7)

vasgevang (2) "Die gladdebek-skurke is op kamera vasgevang." (x afgeneem/betrap) (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 10)

In Son het hierdie tipe direkte vertalings beperk voorgekom (vgl. ook Blignaut en Lesch 2014:32). Die volgende voorbeeld is geïdentifiseer:

"Shrien kan dalk loop oor swak getuies." (x vrygespreek word) (Son, 25 November 2014, "Shrien kan dalk loop oor swak getuies").

3.2.3 Navolging van die Engelse grammatiese struktuur

Ook die grammatiese struktuur van Afrikaans staan onder die invloed van Engels in die spreektaal, en dis daarom nie vreemd dat die Engelse grammatiese struktuur soms nagevolg word in die twee "opgevoerde" vernakulêre style nie. In die twee korpusse is egter betreklik min gevalle geïdentifiseer waar die Engelse grammatiese struktuur nagevolg word. Enkele voorbeelde uit die twee korpusse sluit in:

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

102

Sondag:

"Meeste van die dames is verveelde en stoute huisvrouens wat graag mans wil ontmoet vir baie diskrete plesier by hulle huis of joune." (x Die meeste ...) (Sondag, 11 Augustus 2013, bl. 8)

"Hy is glo al voorheen gewaar in Riviersonderend- en Lansdowne-strate." (x straat) (Sondag, 18 Augustus 2013, bl. 7)

Son:

"Jy is nie die een wie ek my voorgestel het nie." (x wat) (Son, 18 November 2014, "Gom dump bruid by altaar toe sy veil oplig")

3.2.4 Frekwensie van direkte vertalings

In die Sondag-korpus is 72 direkte vertalings geïdentifiseer – dit is 1,4 direkte vertalings per 1 000 woorde). In die Son-korpus is 19 gevalle geïdentifiseer – dit is 0,7 direkte vertalings per 1 000 woorde. In Sondag is direkte vertalings twee keer meer aangewend as in Son, en was daar dus ’n groter geneigdheid om Engelse leksikale items in ’n Afrikaanse vorm te giet. Volgens Ponelis (1998:40) het direkte vertalings die potensiaal om te funksioneer as ’n kragtige strategie wat deur Afrikaanssprekendes gebruik kan word "om die 'Engelse' konseptuele wêreld sy eie te maak". In teenstelling met die direkte oorneem van Engelse woorde tree direkte vertalings op soos Afrikaanse woorde, en dit verbaas nie dat direkte vertalings baie keer deur die spreker self of die ontvanger beskou word as Standaardafrikaans nie (vgl. De Wet 1997:389–91). Dit is dus nie duidelik of die direkte vertalings in die twee korpusse ’n doelbewuste poging aan die kant van die skrywer was om die vernakulêr uit te beeld, en of dit gewoon beskou is as erkende Standaardafrikaanse vorme nie. Verskeie van die direk-vertaalde vorme raak soms so algemeen gebruiklik dat dit moeilik uit Standaardafrikaans gehou kan word, en sulke vorme word dan ook mettertyd aanvaar in die standaardtaal (Carstens 2011:324).

3.3 Spreektaaluitdrukkings

Die spreektaaluitdrukkings wat in die poniekoerante voorkom, kan breedweg in twee groepe verdeel word: dié wat merkbaar beïnvloed is deur Engels, en dié wat meer Afrikaans-spesifiek is en waar die invloed van Engels merkbaar afwesig is. Dit is by laasgenoemde groep waar die lewenskragtigheid van Omgangsafrikaans waargeneem kan word. Die term uitdrukking word hier as sambreelterm gebruik om te verwys na spreekwoorde, idiome, gesegdes, segswyses, vaste vergelykings en vaste verbindings met en (soos in gehoer en rumoer) (vgl. HAT 2015:xiii). Om te bepaal watter uitdrukkings as Standaardafrikaans beskou kan word, is die HAT en Prinsloo (2012) se Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom as basis gebruik, en sulke uitdrukkings is nie in die data-ontleding opgeneem nie. Slegs uitdrukkings wat beskou word as spreektaal het deel uitgemaak van die data-ontleding – dit wil sê daardie uitdrukkings wat met die etiket "plat" of "informeel" in die HAT en Prinsloo (2012) gemerk is, asook daardie uitdrukkings wat nog nie opgeneem is in die HAT of Prinsloo (2012) nie.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

103

Engels-gebaseerde uitdrukkings het die volgende drie tipes ingesluit: direkte oornames uit Engels, hibriede uitdrukkings en direk-vertaalde uitdrukkings. Afrikaans-spesifieke uitdrukkings het ingesluit "eie" skeppings en kreatiewe variasies op bestaande uitdrukkings.

3.3.1 Direkte oornames uit Engels

Direk-oorgeneemde uitdrukkings uit Engels het beperk in die twee koerante voorgekom. In tabel 3 hier onder word al die Engelse uitdrukkings wat in die twee korpusse voorgekom het, geïllustreer.

Tabel 3. Voorbeelde van Engelse uitdrukkings in Sondag en Son

Sondag-korpus Son-korpus Engelse uitdrukking

Betekenis Engelse uitdrukking Betekenis

"Get real, Kyknet!" (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 3)

word wakker!/kry jou kop in rat!

"In ’n twiet op 23 Oktober sê Hofmeyr 'jammer vir die aanstoot, maar in my boeke is swartes die argitekte van apartheid'. Go figure." (Son, 11 November 2014, "Steve laat hom nie vir ’n pop vat nie")

verbeel jou!

"'Dis mos forbidden fruit,' sê sy." (Sondag, 11 Augustus 2013, bl. 3)

nie toelaatbaar nie

"You go girl, sê SONDAG!" (Sondag, 11 Augustus 2013, bl. 12)

aanmoediging om alles uit te haal vir iets

3.3.2 Hibriede uitdrukkings

Hibriede spreektaaluitdrukkings bestaan uit Afrikaanse en Engelse komponente. In die Sondag-korpus is 16 hibriede uitdrukkings geïdentifiseer, terwyl daar slegs een hibriede uitdrukking in die Son-korpus voorgekom het (’n show in die kerk opgesit). In tabel 4 hieronder word van die hibriede uitdrukkings in Sondag geïllustreer.

Tabel 4. Voorbeelde van hibriede uitdrukkings in Sondag

Hibriede uitdrukking (frekwensie > 1 aangedui tussen hakies)

Betekenis

"... as die paw-paw die fan strike en die nag van die Lange Messe aanbreek"(2) (Sondag, 18 Augustus, bl. 16)

onaangename gevolge as iets openbaar word/op die lappe kom

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

104

"... op ’n trip gegaan na sy ’n bekende antidepressant gesluk het"(2) (Sondag, 4 Augustus 2013, bl. 3)

hallusineer as gevolg van dwelmgebruik

"Ek is fine. Alles is hunky dory"(2) (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 6)

dit gaan voorspoedig

Ilse het vreesliks ups en downs met haar gewig en haar selfbeeld het ’n groot knock gevat"(2) (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 3)

’n kombinasie van goeie en slegte ervaringe

"... die rede waarom hy nie wil hê mense moet weet hy batvir die ander span, is hy glo sy loopbaan gaan in sy moer wees" (Sondag, 4 Augustus 2013, bl. 6)

iemand wat gay is

"Mandoza is op ’n lekker roll" (Sondag, 25 Augustus 2013, bl. 12)

geniet ’n periode van volgehoue sukses of voorspoed

"En toe strip Jay ook sy moer en laat glip ’n matrooswoord of twee" (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 6)

jou ernstig vervies

"Min het Angola (Badprop) geweet dat hy eintlik vir ’n ride gevat en toe alte lekker uitgevang is" (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 13)

mislei/bedrieg

3.3.3 Direk-vertaalde uitdrukkings uit Engels

Direk-vertaalde uitdrukkings uit Engels kan die gevolg wees van óf ’n leemte wat bestaan in die spreektaal, óf weens die bekendheid en algemene gebruiklikheid van die Engelse uitdrukking. Laasgenoemde is in baie gevalle die rede vir die direk-vertaalde uitdrukkings in die spreektaal, wat dan gebruik word in die plek van gevestigde Standaardafrikaanse uitdrukkings. In die Son-korpus is slegs twee voorbeelde van direk-vertaalde uitdrukkings geïdentifiseer: skelm sien sy gat na aanval en die ander sy ding doen (seksuele omgang). In die Sondag-korpus is 16 gevalle geïdentifiseer wat as direk-vertaalde uitdrukkings beskou kan word. (Naas Prinsloo 2012 is ook aanlyn woordeboeke soos die The Free Dictionary (2016), Urban Dictionary (2016) en Cambridge English Dictionary (2016) ingespan om te bepaal watter uitdrukkings as direkte vertalings beskou kan word.) Gegee die uitdagende aard van poniekoerante, verbaas dit nie dat sommige van hierdie tipe uitdrukkings die sosiale grense uitdaag van wat gesien word as aanvaarbare taalgedrag nie (vergelyk in hierdie geval die taboewoord gat in tabel 5 hier onder, wat veral gereeld opduik in hierdie tipe uitdrukkings).

Tabel 5. Enkele voorbeelde van direk-vertaalde uitdrukkings in Sondag

Direk-vertaalde uitdrukking Betekenis "David Gresham het die eerste keer vanjaar ’n merk in die Afrikaanse musiekbedryf gemaak na hulle Country-groepie ’n Ghoema gewen het" (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 12)

bekendheid verwerf

"Leerling het brood in die oond en kerk kyk weg" (Sondag, 4 Augustus 2013, bl. 5)

om swanger te wees

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

105

"Ons slaan die nuus hard" (Sondag, 25 Augustus 2013, bl. 4)

haal gereeld die nuusopskrifte

"Ons speel hard" (Sondag, 25 Augustus 2013, bl. 4)

kuier/drink kwaai

"Maar voordat Rippel en Tygerberg saam in die kooi gespring het, het ’n paar dinge gebeur" (Sondag, 28 Julie 2013, bl.10)

werk saam as sakevennote/instansies wat saamsmelt

"... al rol hy gewoonlik nie so nie" (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 6)

manier van doen/optree

"Ouma Gertrude Heinse, ’n weduwee, is gedaan gat gelek en sy en Lounette gaan nou aan die hof se onderhoudsdeur begin klop" (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 5)

moeg gesoebat/ gekruip

"Die stoute fantasieë wat Gigi aan mans in haar Lollipop Lounge-stripklub (...) verkoop, het haar waarskynlik aan die gat gebyt" (Sondag, 11 Augustus 2015, bl. 3)

onaangename gevolge meebring

"’n Week na die uitreiking het die fliek ook sy gat gesien" (Sondag, 4 Augustus 2013, bl. 7)

misluk

3.3.4 "Eie" Omgangsafrikaanse uitdrukkings

"Eie" Omgangsafrikaanse uitdrukkings verwys breedweg na daardie tipe uitdrukkings in die twee "opgevoerde" vernakulêre style wat nie uit Engels vertaal is nie, of waarvan die Engelse invloed nie meer so duidelik herkenbaar is nie. Hierdie tipe uitdrukkings word getipeer as "eie" of "oorspronklike" skeppings. (Nie-Engelse invloede kan egter nie heeltemal uitgesluit word nie.) Hierdie groep uitdrukkings gee ’n aanduiding van die lewenskragtigheid van die vernakulêr. In die Sondag-korpus is 15 "eie" uitdrukkings geïdentifiseer en in die Son-korpus drie gevalle.

Tabel 6. Voorbeelde van "eie" skeppings in Sondag en Son

Sondag Son "Eie" uitdrukking Betekenis "Eie" uitdrukking Betekenis "Daai saak is in Julie vanjaar hervat, maar die troepies sit steeds met volle betaling en ballas bak!" (Sondag, 25 Augustus 2013, bl. 10)

sit en niks doen nie

"Volgens hom het Ncube egter sterk gevriet getrek en wou hy met hom baklei" (Son, 25 November 2014, "Donkie-rapist op die job betrap")

baie kwaad word

"Punt innie wind" (Sondag, 18 Augustus 2013, bl. 7) [

gaan baie goed

"Steve laat hom nie vir ’n pop vat nie" (Son, 11 November 2014, "Steve laat hom nie vir ’n pop vat nie")

bespotlik maak

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

106

"Elke jaar is daar ’n paar mense wat ordentlik daarin slaag om tydens die eerste Idols-oudisies hulle name onvoorwaardelik toffie te maak" (Sondag, 18 Augustus 2013, bl. 12)

jou naam bespotlik maak

"Sy kop het uitgehaak en hy het dagga gebruik" (Son, 18 November 2014, "Nóg ’n jong man sterf tragies")

nie by jou volle verstand wees nie

"Nee wat, haar koppie raas" (Sondag, 11 Augustus 2013, bl. 12)

nie by jou volle verstand wees nie

"As ’n onderhoudsbevel nie eers vir Marlon laat hoes en betaal nie, kan hy in die tjoekie gaan kool vreet" (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 5)

swaarkry in die tronk

3.3.5 Variasies op bestaande Standaardafrikaanse uitdrukkings

In die Sondag-korpus het uitdrukkings voorgekom wat soos Standaardafrikaanse uitdrukkings lyk, maar dan ’n onverwagse variasie opgelewer het deur die insluiting van ’n woord wat nie normaalweg met die uitdrukking geassosieer word nie.

In die korpus is die volgende twee gevalle geïdentifiseer:

"Alles word glo geblaas op Deona, wat ook maar pienk agter die ore is"(x nat agter die ore) (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 5)

"Die sanger Arno Jordaan het op Vrouedag sy horings dik gemaak en ’n Noord-Kaapse rammetjie goed gemoer!"(x stem dik gemaak/horing opgesteek) (Sondag, 25 Augustus 2013, bl. 14).

3.3.6 Frekwensie van spreektaaluitdrukkings

In die Sondag-korpus is 52 spreektaaluitdrukkings geïdentifiseer, waarvan 17 as Afrikaans-spesifieke uitdrukkings getipeer kan word, en 35 Engels-gebaseerde uitdrukkings (insluitend direkte vertalings) was. In die Son-korpus is slegs sewe uitdrukkings geïdentifiseer, waarvan drie Afrikaans-spesifiek en vier Engels-gebaseerde uitdrukkings was. Proporsioneel gesien, is spreektaaluitdrukkings in die Sondag-korpus drie keer meer ingespan vergeleke met die Son-korpus. Uitdrukkings word in veral Sondag effektief ingespan vir beeldende effek. Uitdrukkings in poniekoerante dra daartoe by om die nuusstorie beeldend en kleurvol oor te dra. In die woorde van Sondag-lesers:

Ek voel wat julle en ander voel deur net die goed te lees! Dis kleurryk, verstaanbaar en een stelling druk soveel emosie uit dat jy dadelik die uitdrukking vang en kan vereenselwig met die gevoel wat uitgedruk word. (Stephan 2012)10

Ai, ek hou van julle koerant. [...] Ek lees hom van voor tot agter. [...] Doen so voort, ek lag tog te lekker oor die mense se woordkeuses en maniere! (Hilde 2013)

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

107

Ai, SONDAG, ek is ’n ou tante, maar ek geniet die koerant uit ’n bos. Al die verskillende sêgoed van die mense. (Du Plooy 2013)

Dit is opvallend uit die data dat uitdrukkings veral onder die invloed van Engels staan. Dit is tog betekenisvol dat baie van die uitdrukkings vertaal is uit Engels, en nie net gewoon direk oorgeneem is uit Engels nie. Daar is dus ’n doelbewuste poging in veral Sondag om die uitdrukkings in ’n Afrikaanse "idioom" voor te dra. Vir Ponelis (1998:40) is hierdie (leen)vertalings ’n kragtige strategie wat Afrikaans kan gebruik om die Engelse idioom by die semantiese en konseptuele struktuur van Afrikaans te laat aanpas. Die aantal "eie" spreektaaluitdrukkings wat in die koerante voorgekom het, is op sigself betekenisvol, want dit kan dien as aanduiding van die lewenskragtigheid van die omgangstaal. Die omgangstaal het dus nog nie sy skeppingskrag verloor nie (altans so lyk dit), ondanks die oorheersende invloed van Engels.

3.4 Inkortings

Die invloed van Engels is ook duidelik waarneembaar by gereduseerde woordvorme (inkortings) wat in die poniekoerante ingespan word. In die Sondag-korpus is tot 33% van die inkortings direk of indirek oorgeneem uit Engels,11 terwyl die persentasie in die Son-korpus op 38% te staan gekom het. Die term inkortings verwys na die morfologiese proses waar woorde ingekort word "met of sonder inagneming van die grondwoord se morfologiese struktuur", byvoorbeeld "gom" vir "bruidegom" (Van Huyssteen 2014:198). In die Sondag-korpus is 70 inkortings geïdentifiseer (dit is 1,3 inkortings per 1 000 woorde), terwyl daar slegs 16 inkortings geïdentifiseer is in die Son-korpus (dit is 0,6 inkortings per 1 000 woorde) – dit wil sê, inkortings is dubbel soveel ingespan in Sondag as in Son.

Die frekwentste inkortings het die volgende ingesluit:

Engelse inkortings (insluitend verafrikaanste vorme):

Sondag: porn (< pornography), celebs (< celebrities), sickos (< psychopaths), keppies (< captain), lêwwie (< lavatory), bra (< brother)

Son: rehab (< rehabilitation), premie(< premature baby)

Afrikaanse inkortings:

Sondag: onnie (< onderwyser), porno (< pornografie), doom (< dominee), skillie (< skilpad), trannies (< transgender), eks (< eksman/eksvrou), prossies (< prostitute), juffie (< juffrou)

Son: prossies (< prostitute), foon (< telefoon), gom (< bruidegom)

Inkortings word as tipies van die omgangstaal gesien (Van Huyssteen 2014:199) en word hier ingespan om die vernakulêr so geloofwaardig en realisties as moontlik uit te beeld.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

108

3.5 Taboewoorde

Die taboewoorde wat in die twee poniekoerante ingespan word, is oorwegend Afrikaanse taboewoorde, met enkele taboewoorde wat direk oorgeneem is uit Engels. Die term taboewoorde word hier gebruik om te verwys na daardie groep woorde wat maklik aanstoot kan gee, en daarom is die algemene sosiale norm dat hierdie woorde liefs vermy behoort te word in sogenaamde "goeie" of "formele" geselskap (vgl. Otto 2014:332). Om te bepaal watter woorde as taboewoorde geklassifiseer kan word in die twee korpusse, is woorde wat in die HAT met die etikette "plat", "kragwoord", "obseen", "kwetsend", "onfyn" en "vulgêr" gemerk is, as taboewoorde gereken, asook daardie taboewoorde wat nog nie in die HAT gelemmatiseer is nie. Die konsep taboewoorde is ’n gradeerbare konsep, met die een uiterste punt van die kontinuum woorde wat minder aanstootlik is (soos "vreet" vir "eet"), en die ander uiterste punt van die kontinuum hoogs aanstootlike woorde (soos "kak"). Die gebruik in die poniekoerante is om taboewoorde wat as uiters vulgêr of obseen beskou word, nie volledig uit te skryf nie, maar met ’n asterisk in te kleur, byvoorbeeld:

"Die k*k weet hulle egter nie tot hulle in daai terrible posisie is nie, waarsku hy"(Sondag, 25 Augustus 2013, bl.5)

"Toe raak die man baie lelik met my en sê vir my hy is lus om my sommer uit die van te p**s"(Son, 4 November 2014, "Pasiënt kry glo vloek-treatment").

Taboewoorde het frekwenter voorgekom in Sondag as in Son. In vergelyking met die Son-korpus het taboewoorde in die Sondag-korpus vier keer meer voorgekom. Blignaut (2014:117) wys daarop dat die redaksie van Son erken het dat daar ’n bewuste besluit geneem is om weg te beweeg van die gebruik van taboewoorde in hul beriggewing. Dit verklaar die beperkte voorkoms van taboewoorde in die Son-korpus, waarvan slegs 12 geïdentifiseer is. In die Sondag-korpus is 113 taboewoorde geïdentifiseer, waarvan slegs sewe direk oorgeneem is uit Engels. Opvallend was die vulgêre en obsene aard van die Engelse taboewoorde, en dat hierdie taboewoorde veral in die sitaatgedeeltes van die nuusberigte voorgekom het. Verskeie van die Engelse taboewoorde is dan ook met asteriske gemerk:

"So het die advertensie vir Enterprise Car Hire 'free pick up' en 'c*ck sucking' geadverteer" (Sondag, 4 Augustus 2013, bl. 2)

"Ramsay, wat bekend is vir die gereelde f*ckwat hy inglip op sy TV-programme, is reeds ’n celebrity chef oorsee"(Sondag, 4 Augustus 2013, bl. 10)

"Dis egter f*cked up, want vir een aand se lekkerkry betaal jy ’n leeftyd se prys" (Sondag, 25 Augustus 2013, bl. 5).

Enkele verafrikaanste vorme is ook in die Sondag-korpus aangetref:

"Wel, miskien weet die 116 240 lesers wat gestem het, boggherol van flieks af, of dalk is die syfers gekook" (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 11).

Die oorgrote meerderheid van die taboewoorde wat in die koerante voorgekom het, was Afrikaanse taboewoorde: In die Sondag-korpuswas 104 van die 113 taboewoorde Afrikaanse

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

109

taboewoorde, en in die Son-korpus was al 12 taboewoorde Afrikaanse taboewoorde. 51% van die Afrikaanse taboewoorde in Sondag was dié met die morfeem "gat", "moer" en "bek":

Tabel 7. Voorbeelde van frekwente taboewoorde in Sondag

Taboewoorde met gat (frekwensie: 30)

Taboewoorde met moer (frekwensie: 13)

Taboewoorde met bek (frekwensie: 8)

"Justin Theroux loop graag kaalgat by die huis rond" (Sondag, 4 Augustus 2013, bl. 2)

"Dit nadat hulle in Junie oorgestap het na die Wild West (...) en die bar ladies daar des moers gaan bliksem het!" (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 11)

"Hy was verskriklik dikbek" (Sondag, 4 Augustus 2013, bl. 13)

"(...) Charl beweer sy gatgabba is net ’n huurder" (Sondag, 4 Augustus 2013, bl. 6)

"(...) die mense van Meyerton is hoogs bemoerd omdat die kerk glo die gedoente goedkeur" (Sondag, 4 Augustus 2013, bl. 5)

"Van die BKA se volgelinge was nogal grootbek oor Charlize" (Sondag, 11 Augustus 2013, bl. 12)

"Mense is só gatvol vir misdaad en om daarvan te lees (...)" (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 6)

"(...) hy glo sy loopbaan gaan in sy moer wees" (Sondag, 4 Augustus 2013, bl. 6)

"Volgens M-Net se mense is hierdie die groepie wat tot dusver die heel meeste aandag getrek het vir uitsonderlike naamvergatting" (Sondag, 18 Augustus 2013, bl. 12)

"Volgens die tik-gebruiker is dit ’n moerse grap!" (Sondag, 11 Augustus 2013, bl. 5)

"Dirk wat ook ’n medebeskuldigde was, het landuit gevlug en sit tans met sy gat in ’n tronk in Belarus na ’n mislukte bankrooftog" (Sondag, 18 Augustus 2013, bl. 4)

"Die sanger Arno Jordaan het op Vrouedag sy horings dik gemaak en ’n Noord-Kaapse rammetjie goed gemoer!" (Sondag, 25 Augustus 2013, bl. 14)

Die frekwentste taboewoorde in Son was ook samestellings met "gat":

"’n Vuilgat en sy tjommie het sy dronk eks-girlfriend (27) na bewering verkrag" (Son, 4 November 2014, "Rape na suipery")

"Die motoris, Ruan van Tonder, het gister aan Son vertel hoe hy Vuyani laat les opsê het, want hy is gatvol van korrupsie" (Son, 4 November 2014, "Grootkop se boet in skandaal")

"Inwoners op dié dorp doen alles kaalgat" (Son, 2 Desember 2014, "Inwoners op dié dorp doen alles kaalgat").

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

110

In Sondag is ’n wye verskeidenheid taboewoorde met ’n seksuele verwysing aangetref:

rondneuk, gelooi, spyker, knippie (geslagsgemeenskap hê), groepwoepse (groepseks), pompjoggies (manlike sekswerkers), jags (sterk drang tot seks)

In Son is die volgende woorde ingespan om na seksuele omgang te verwys:

pomp-sessie, gelooi, opklim

In ooreenstemming met die Engelse taboewoorde, kom die Afrikaanse taboewoorde wat met die etiket "vulgêr" gemerk is in die HAT, uitsluitlik voor in die sitaatgedeeltes van die nuusberigte – dit wil sê, die bronne wat aangehaal is in die nuusberigte het meer geredelik gebruik gemaak van vulgêre en obsene taboewoorde.

Die gebruik van eufemistiese vorme vir sommige taboewoorde is grootliks afwesig in die twee korpusse. Slegs in een geval is die eufemistiese "moewiese" ingespan in die plek van die taboewoord "moerse":

"En in plaas daarvan dat Will onder kerklike sensuur geplaas is, speel hy steeds ’n moewiese rol in die jeugaksie by die kerk" (Sondag, 4 Augustus 2013, bl. 5).

In die Sondag-korpus het 113 taboewoorde voorgekom, wat dui op ’n frekwensie van 2,2 taboewoorde per 1 000 woorde. Die frekwensie van taboewoorde in die Son-korpus was veel laer (0,5 woorde per 1 000 woorde), wat ’n direkte uitvloeisel van die redaksionele beleid van die koerant is. Die gebruik van taboewoorde in die poniekoerante kan as ’n direkte uitdaging van sosiale norme gesien word, want taboewoorde word grootliks aangewend om te skok en die grense van wat as sosiaal aanvaarbaar beskou word, uit te daag. Die aanwending van taboewoorde in poniekoerante kan gesien word as ’n direkte uitdaging van heersende sosiolinguistiese norme in Afrikaans, waarin tussen gepaste en onvanpaste taalgebruik onderskei word.

3.6 Byname

Die byname wat ingespan word in Sondag is oorwegend Afrikaanse byname, met slegs enkele byname wat direk oorgeneem is uit Engels. Die gebruik van byname in dié koerant skep die indruk dat die joernalis ’n tweegesprek voer met die leser, en verhoog die intimiteitsvlak van die nuusregister. Die gebruik van byname vir bekende glanspersoonlikhede en politici is slegs in Sondag aangetref. In die Sondag-korpus is 17 gevalle geïdentifiseer waar byname gebruik is.

Van die frekwentste voorbeelde is:

Engelse byname:

"Die Italian Stallion-superstar, Giovanni Divito" (Sondag, 18 Augustus 2013, bl. 3)

"Big Daddy, Lance James"(Sondag, 11 Augustus 2013, bl. 13).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

111

Afrikaanse byname:

"Steve Losgulp Hofmeyr" (Sondag, 18 Augustus 2013, bl. 15)

"Armand 'Minigulpie' Hofmeyr" (verwysend na Steve Hofmeyr se seun) (Sondag, 18 Augustus 2013, bl. 15)

"Meneer Groot Beloftes, Stephen Swart" (Sondag, 4 Augustus 2013, bl. 7)

"Louis Taaibos Baartman" (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 12)

"Ou Bob" (verwysend na Robert Mugabe) (Sondag, 25 Augustus 2013, bl. 15)

"Onse Stevie" (Steve Hofmeyr) (Sondag, 25 Augustus 2013, bl. 3)

"Wag net vir ou Zoempie" (verwysend na president Zuma) (Sondag, 4 Augustus 2013, bl. 14).

Die (sarkastiese) aanwending van familietitels soos Pappa en Mamma by sekere persoonsname val ook op in Sondag: "Mamma Amor Vittone", "Pappa Steve Hofmeyr" en "boetie Armand Hofmeyr" (28 Julie 2013, bl. 12).

Dit is opvallend dat die aanwending van Engelse byname ’n meer positiewe houding teenoor die bekendes uitdruk. Daarteenoor is baie van die Afrikaanse byname minder vleiend teenoor die bekendes, en weerspieël dit die koerant se negatiewe verhouding met sekere glanspersoonlikhede en politici. Die verwysing na Steve Hofmeyr as "Losgulp", sy seun as "Minigulpie" en Robert Mugabe as "ou Bob" kan gesien word as minagtend teenoor dié betrokke bekendes. Die gebruik van verkleinvorme by voorname, wat kan dui op ’n vorm van vertedering (vgl. Van Niekerk en Olivier 2014:303), word in Sondag oorwegend aangewend om juis die teenoorgestelde teweeg te bring, naamlik om verkleinerend en minagtend aan te doen. Die verwysing na Jacob Zuma as "Zoempie" en Steve Hofmeyr as "Stevie" dui nie op ’n gevoel van toegeneentheid nie, maar is eerder ’n aanduiding van die koerant se minagting vir hierdie bekendes, dat hierdie bekendes eintlik geen openbare vertroue inboesem nie, en juis nie ernstig opgeneem kan word nie (vgl. Conboy 2006:23). Op dieselfde wyse dui die tradisionele respekmerkers "mamma", "pappa" en "boetie" allesbehalwe op respek, maar doen dit sarkasties aan. Die benoeming "Pappa Steve Hofmeyr" is byvoorbeeld geen respekbetoning nie, maar ’n sarkastiese sinspeling op die aantal buite-egtelike kinders van Steve Hofmeyr.

Die gebruik van byname in die poniekoerant staan in diens van ’n groter intimiteit en bekendheid vir die leser, en dra by tot die demistifisering van die wêreld van die bekendes (vgl. Conboy 2006:23).

3.7 Uitroepswoorde

Uitroepswoorde het slegs in Sondag voorgekom, en was oorwegend Afrikaanse uitroepswoorde. Uitroepswoorde verwys na daardie kategorie woorde wat sterk affek uitdruk, soos verbasing, ongeloof, afkeuring, blydskap, teleurstelling, pyn, ens. (Ponelis 1979:382–3).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

112

In die Sondag-korpus is slegs 12 gevalle geïdentifiseer waar uitroepswoorde voorgekom het, met sies en sjoe die enigstes wat twee keer voorgekom het:

"Sies, jou slapgat!"(Sondag, 28 Julie 2013, bl. 1)

"Die oorspronklikste tweets kort na Kate gekraam het, was: 'Die baba is 8–pond– sjoe, maar dis baie goedkoop!'"(Sondag, 28 Julie 2013, bl. 15)

"En wraggies! Daar was toe ’n skillie in die boksie!" (Sondag, 18 Augustus 2013, bl. 9)

"Bankrot? Watwou! Die swemmer Ryk Neethling is eerder stinkryk!" (Sondag, 4 Augustus 2013, bl. 6)

"Wat de hel?!" (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 13)

"Wat op dees aarde het verkeerd gegaan?" (Sondag, 11 Augustus 2013, bl. 7).

Die uitroepswoorde wat voorgekom het in Sondag sorg vir ’n affektiewe inkleding van die nuusberigte. Dit is opvallend uit die korpus dat affekgelaaide woorde (soos taboewoorde en uitroepswoorde) hoofsaaklik in Afrikaans voorgekom het. Hoe sterker die emosie, hoe groter die kans dat Afrikaanse leksikale items voorkeur sal geniet.

3.8 Afrikaans-spesifieke spreektaalitems

Verskeie spreektaalitems wat nie ingedeel kan word in die kategorieë soos hier bo beskryf nie, het in die twee koerante voorgekom. Hierdie spreektaalitems waar die invloed van Engels merkbaar afwesig is, of nie meer duidelik herkenbaar is nie, word hier gekategoriseer as Afrikaans-spesifieke spreektaalitems. (Nie-Engelse invloede kan natuurlik nie heeltemal uitgesluit word by hierdie kategorie nie.) Hierdie tipe spreektaalitems kan verdeel word in algemeen gebruiklike leksikale items en nie-algemeen gebruiklike leksikale items. Algemeen gebruiklike spreektaalitems is daardie groep leksikale items wat oor die hele Afrikaanse taalgebied versprei is en nie streek- of groepspesifiek is nie. Om te bepaal watter spreektaalitems as algemeen gebruiklik beskou word, is die HAT ingespan, en al die woorde wat met die etiket "informeel" gemerk is, is as algemeen gebruiklik gereken. Nie-algemeen gebruiklike spreektaalitems verwys hier na leksikale items (of hul betekenisse) wat nie oor die hele Afrikaanse taalgebied voorkom nie. Die kategorie nie-algemeen gebruiklike spreektaalitems word as ’n kontinuum beskou, wat wissel van groepspesifieke items tot by items wat uitgebreider voorkom (dit wil sê, in meerdere sosiale groepe of streke kan voorkom), maar wat nog nie ten volle oor die hele taalgebied versprei is nie. Hierdie kategorie sluit in spreektaalitems wat in die HAT opgeneem is met die etiket "sleng", asook daardie spreektaalitems wat nog nie gelemmatiseer is in die HAT nie.

Algemeen gebruiklike spreektaalitems het ’n hoë voorkomsfrekwensie in albei korpusse, soos in tabel 8 hier onder geïllustreer word.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

113

Tabel 8. Voorbeelde van die frekwentste algemeen gebruiklike spreektaalitems in Sondag en Son

Sondag Son Leksikale item (frekwensie tussen hakies)

Voorbeeld Leksikale item(frekwensie tussen hakies)

Voorbeeld

daai (20) (x daardie)

"Dis nog ’n bogkind daai (...)" (Sondag, 4 Augustus 2013, bl. 5)

daai (5) (x daardie)

"Daai kopwond het sy dood veroorsaak" (Son, 2 Desember 2014, "Stiefma hoor binnekort of sy gaan mang")

vat(9) (x gekry)

"Ilse het vreeslik ups en downs met haar gewig en haar selfbeeld het ’n groot knock gevat omdat sy van suksesvolle model tot full figure tot nobody gegaan het" (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 3)

hol (4) (x hardloop)

"Ek het ná dit onmiddellik weggehol, want ek was bang hulle skiet my net daar dood." (Son, 4 November 2014, "Honger boewe teiken chips-lorrie")

tannie (7) (x tante)

"Mandoza is deesdae só famous onder Afrikaanse mense, selfs tannies wat boerewors gaan koop by Checkers weet al hoe hy lyk" (Sondag, 25 Augustus 2013, bl. 12)

vat(4) (x neem)

"Kykers sal ook kan sien hoe inwoners die nuus vat dat eiendomsontwikkelaars ’n behuisingsontwikkeling van miljoene rande in die omgewing wil bou" (Son, 2 Desember 2014, "Inwoners op dié dorp doen alles kaalgat")

tjoekie (6) (x tronk)

"Cezanne meld aan vir haar tyd in die tjoekie" (Sondag, 18 Augustus 2013, bl. 5)

tjoekie (6) (x tronk)

"’n Man wat ’n vrou tussen grafte verkrag het, is vir tien jaar tjoekie toe gestuur" (Son, 4 November 2014, "Rape tussen grafte laat man 10 jaar in tjoekie sit")

waai (5) (x padgee)

"’n Nederlander wat al 17 jaar lank in Suid-Afrika bly, is deur die departement van binnelandse sake gesê om sy goedjies te vat en te waai!" (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 16)

jol(lery) (2) (x luidrugtig partytjie hou of pret hê)

"Hy was net daar om te jol met vriende toe dit gebeur het" (Son, 25 November 2014, "Jollery eindig tragies")

jol(lery) (5) "Ouers en personeellede die jong (2) "Die jong het toe vir Justin

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

114

(x rondkuier) is glo keelvol vir die hoof van Bryanston parallelmedium- laerskool se jollerymet die drama-juffrou (...)" (Sondag, 25 Augustus 2013, bl. 7)

(x die seun) uitgevloek" (Son, 11 November 2014, "Messe, panga, byl eis laaitie")

hol (5) (x hardloop)

"(...) maar toe hol hy vinnig na sy prokureur toe" (Sondag, 28 Julie 2013, bl. 5)

Uit die teksdata word dit duidelik dat daar ’n groot mate van ooreenkoms tussen die twee poniekoerante is wat betref die voorkoms van die algemeen gebruiklike spreektaalitems. Wat verder uit die data blyk, is dat daar ’n groter verskeidenheid algemeen gebruiklike spreektaalitems voorgekom het in die Sondag-korpus as wat die geval was in die Son-korpus, byvoorbeeld: "pop" (mooi meisie), "doedie" (vrou), "dolla" (meisie), "grootkop" (belangrike persoon), "skeef" (gay), "flerrie" (koket) en "dop" (drankie). Die algemeen gebruiklike spreektaalitems het 107 keer voorgekom in die Sondag-korpus – dit is ’n frekwensie van 2,1 spreektaalitems per 1 000 woorde. In die Son-korpus was die frekwensie relatief laer, met slegs 27 van hierdie spreektaalitems wat voorgekom het – dit is ’n frekwensie van 1 spreektaalitem per 1 000 woorde. In Sondag is algemeen gebruiklike spreektaalitems dubbel soveel gebruik as in Son.

Wat die voorkomsfrekwensie van die nie-algemeen gebruiklike spreektaalitems betref, het die volgende spreektaalitems frekwent voorgekom:

Tabel 9. Voorbeelde van die frekwentste nie-algemeen gebruiklike spreektaalitems in Sondag en Son

Sondag Son Leksikale item (frekwensie tussen hakies)

Voorbeeld Leksikale item (frekwensie tussen hakies)

Voorbeeld

laaitie (4) (x seun)

"’n Agtjarige laaitie van Pretoria het getrou met ’n 61-jarige vrou na sy voorvadergeeste vir hom gesê het hy moet!" (Sondag, 11 Augustus 2013, bl. 3)

mang (7) (x tronk toe)

"J. ARTHUR Brown, voormalige baas van Fidentia, gaan mang" (Son, 2 Desember 2014, "Brown van Fidentia gaan mang")

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

115

stukkie (3) (x meisie)

"Giovanni (...) het skaamteloos foto's van hom en sy stukkie op Facebook geplaas" (Sondag, 18 Augustus 2013, bl. 3)

die jongens (6) (x seuns)

"Die jongens wou my toe ook vermoor. ’n Man wat daar naby woon, het die jongens verwilder." (Son, 11 November 2014, "Messe, panga, byl eis laaitie")

dik (2) (x sat/moeg)

Sy het nou genoeg gehad van die tronk en is behoorlik dik vir die kos hier" (Sondag, 18 Augustus 2013, bl. 4)

laaitie (3) (x seun)

"Intussen veg ’n 16-jarige laaitie om sy lewe in die Helderberg-hospitaal nadat hy Sondagaand geskiet is" (Son, 11 November 2014, "Skelm sien sy gat na aanval")

gooi (2) (x speel)

"Dié manne het harde blues vibes gegooi en ’n paar feesgangers gelukkig gemaak (...)" (Sondag, 18 Augustus 2013, bl. 13)

potkop (2) (x dagga-roker)

"’n Potkop van Amerika was dom genoeg om die polisie te bel toe sy aaptwak gesteel is!" (Sondag, 18 Augustus 2013, bl. 9)

jassies (2) (x kondome)

"(...) dis nie hulle (klubeienaars se) plig om vir hulle klante te gaan jassies aantrek nie" (Sondag, 25 Augustus 2013, bl. 5)

Ander nie-algemeen gebruiklike spreektaalitems wat slegs een keer voorgekom het in die twee korpusse sluit in:

Sondag: moemfie (vrou), dik ding (belangrike persoon), blare (geld), aaptwak (dagga), getrek (dronk), papgeld (onderhoudgeld), geroer (finansieel ingeloop)

Son:12 tikkop (iemand wat verslaaf is aan die dwelm tik), hof loop (hof verskyn), dronkies (dronk manne), om in te tik (om die dwelm tik te gebruik)

Die voorkomsfrekwensie van die nie-algemeen gebruiklike spreektaalitems was in beide poniekoerante (vreemd genoeg) presies dieselfde: in die Son-korpus het dié spreektaalitems 22 keer voorgekom – dit is ’n frekwensie van 0,8 spreektaalitems per 1 000 woorde – en in die Sondag-korpus 42 keer, wat ook ’n frekwensie van 0,8 spreektaalitems per 1 000 woorde was. In Sondag het daar egter ’n groter verskeidenheid van die nie-algemeen gebruiklike spreektaalitems voorgekom as wat die geval was in Son. In die Son-korpus was daar nietemin ’n groter konsekwentheid te bespeur by die gebruik van die nie-algemeen gebruiklike spreektaaltaalitems. Die relatief lae voorkomsfrekwensie in Son val veral op as daar in aanmerking geneem word dat daar aangevoer is dat die omgangstaalvorme in Son hoofsaaklik gebaseer is op die streeksgebaseerde variëteit Kaapse Afrikaans, wat bekend is vir sy eiesoortige leksikale variasie.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

116

Die kategorie Afrikaans-spesifieke spreektaalitems was naas kodewisseling die frekwentste kenmerk van die "opgevoerde" style in Sondag en Son. In die Sondag-korpus was die voorkomsfrekwensie van die totale Afrikaans-spesifieke spreektaalitems 2,9 items per 1 000 woorde, terwyl dit in die Son-korpus ietwat laer was op 1,9 items per 1 000 woorde. Die relatief lae frekwensie van die Afrikaans-spesifieke spreektaalitems in verhouding met die hoë voorkomsfrekwensie van kodewisseling na Engels onderstreep die dominante krag van Engels in die vernakulêr.

3.9 Groepspesifieke leksikale merkers?

Sommige linguistiese veranderlikes het die potensiaal om as merkers van beide styl en sosiale klas op te tree (sien bespreking in afdeling 2 hier bo). In hierdie afdeling word daar ingegaan op watter stylmerkers, soos hier bo geïdentifiseer, ook as tiperend van ’n bepaalde sosiale klas geregistreer kan word. Volgens die redakteurs van Sondag en Son is die omgangsvorme in die twee koerante gerig op onderskeidelik die wit en Kaapse bruin werkersklasspreker. Die stilistiese ontleding wat in hierdie studie uitgevoer is, dui daarop dat daar min te kies is tussen die twee "opgevoerde" vernakulêre style wat voorkom in die nuusregisters van Sondag en Son. Dit is opvallend uit die voorgaande stilistiese ontleding dat die omgangsvorme wat in die nuusberigte aangewend word, primêr verband hou met leksikale variasie, met weinig grammatiese variasie wat daarin teruggevind kan word. Dié groter ooreenkomste tussen die twee poniekoerante is heel waarskynlik die gevolg van ’n selektiewe aanwending van die variasie wat in Kaapse Vernakulêre Afrikaans voorkom. Die feit dat kenmerkende fonologiese, morfologiese en sintaktiese verskynsels (soos affrisering, in bv. "djy"; vokaalverhoging, in bv. "wietie"; postvokaliese r-weglating, in bv. "wee" (x weer); die oortollige gebruik van graadtrapmorfeme, in bv. "bietere"; gebruik van die bepaalde lidwoord die voor ’n pleknaam, in bv. "In die Lavender Hill") wat veral in Kaapse Vernakulêre Afrikaans aangetref word (vgl. Hendricks 2012:103–7; Saal en Blignaut 2011:350–1), nie in Son aangewend word nie, dra direk daartoe by dat daar min te kies is tussen die omgangsvorme wat aangewend word in die nuusregisters van die twee poniekoerante. Son het doelbewus besluit om sekere grammatiese verskynsels wat tiperend is van Kaapse Vernakulêre Afrikaans, te ignoreer deur in hul stylaanbod primêr op kodewisseling en sekere Afrikaans-spesifieke spreektaalitems te fokus (vgl. ook Blignaut en Lesch 2014:37). Die onderstaande twee voorbeelde illustreer hierdie verskille in die skriftelike voorstelling van Kaapse Afrikaans doeltreffend: die eerste voorbeeld is geneem uit Son, terwyl die tweede voorbeeld geneem is uit die rubriek "Sypaadjies"deur Nathan Trantraal (2016), waarin, naas kodewisseling, ook sekere fonologiese verskynsels (soos vokaalverhoging en die postvokaliese r-weglating) wat tiperend is van Kaapse Afrikaans, skriftelik voorgestel word:

Son

"Die dogtertjie was op 6 weke gered op Durbanse Waterfront na sy glo verkoop was vir R100 volgens die cops.

Haar pa is in die mang en haar ouma dood en sy is deur Child Welfare in die toesig van die twee aangeklagtes (sic) geplaas.

Die welfare het vier maande gelede besoek afgelê by die dogtertjie se woning en daar was geen sigbare tekens van abuse nie." (Son, 24 November 2014, "3-jarige gemartel en doodgeslaan")

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

117

Nathan Trantraal

"Ôs praat nooit oo geld’ie, sy wiet ek hettie, en sy ken van nie hettie, isse race om te survive innie Kaap en sy het onlangs haa running shoes gekry, soe sy issie gepla met my wat daa kaalvoet sittie." (Trantraal 2016:15)

Die omgangsvorme wat in die nuusregisters van Son en Sondag voorkom, toon ook weinig onderskeidende kenmerke. Groepspesifieke merkers is, relatief gesproke, min ingespan in die twee koerante. Die identifisering van groepspesifieke merkers is ten beste maar ’n subjektiewe oefening, en nie sonder enige probleme nie. Om te bepaal watter leksikale items en uitdrukkings in die Sondag- en Son-korpus as identifiserend van ’n bepaalde sosiale groep beskou kan word, is daar gekyk na (i) die voorkomsfrekwensie van die leksikale item in die twee koerante, (ii) vorige studies oor soortgelyke omgangsvorme, en (iii) die etikettering van sodanige leksikale item as "nie algemeen" in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), asook die plek waar dit opgeteken is (indien aangedui in die WAT).

Wat voorkomsfrekwensie betref, is baie min leksikale items frekwent in die poniekoerante gebruik. Die feit dat Sondag se aanlyn nuusblad ook nie meer beskikbaar was ten tye van die ondersoek nie, het beteken dat veronderstelde tipiese leksikale merkers wat in Son voorgekom het, nie vergelyk kon word (deur middel van ’n aanlyn soekfunksie) met die leksikale items wat in Sondag voorgekom het nie. Slegs die spreektaalmerkers wat in Sondag voorgekom het, kon vergelyk word met die leksikale items in Son deur gebruikmaking van die aanlyn soekfunksie wat beskikbaar is vir Son op die aanlyn nuusplatform Newsbank via die portaal Access South Africa (http://infoweb.newsbank.com).

Tweedens is die gebruik van vorige studies as basis om groepspesifieke merkers te identifiseer, op sigself problematies. Daar is, sover vasgestel kon word, nog geen ondersoeke gedoen na die (veronderstelde) omgangsvariëteit van die wit Afrikaanse werkersklasspreker nie. Hierteenoor is daar heelwat sosiolinguistiese studies oor die streeksgebaseerde Kaapse Vernakulêre Afrikaans, met as dominante spreker die bruin werkersklasspreker in die Kaap (vgl. Klopper 1983; Kotzé 1984; Van Rensburg 1989; Coetzee 2005; Saal en Blignaut 2011; Hendricks 2012; Van der Rheede 2012; Blignaut 2014). In hierdie gemelde studies word leksikale merkers wat as tiperend van ’n bepaalde groep dialeksprekers beskou word, bespreek by wyse van kontrastering met die standaardvariëteit. Dit wil sê, om te bepaal watter omgangsvorme as tipies van ’n bepaalde groep dialeksprekers beskou kan word, word die omgangsvorm vergelyk met gebruiksvorme wat as algemeen gebruiklik beskou word. Hierdie kontrastering van omgangsvorme met algemeen gebruiklike gebruiksvorme gee egter geen aanduiding van die gebruiksfrekwensie van die omgangsvorm onder die betrokke dialeksprekers nie. Deur die voorkomsfrekwensie van omgangsvorme te bepaal aan die hand van frekwensie-ontledings kan die navorser ’n aanduiding verkry van die omvang en beduidendheid van die betrokke omgangsvorm onder dialeksprekers (vgl. Grebe 2010:202). Om groepspesifieke merkers in hierdie ondersoek te bepaal, word daar naas die kontrastering van die omgangsvorm met algemeen gebruiklike gebruiksvorme, ook gebruik gemaak van frekwensie-ontledings om te bepaal hoe beduidend die voorkoms van die betrokke leksikale merker is. Nie net word die omgangsvorm gekontrasteer met algemeen gebruiklike gebruiksvorme nie, maar die omgangsvorme in Sondag word ook gekontrasteer met die omgangsvorme in Son wat, volgens die redakteurs, gerig is op verskillende teikengehore. ’n Frekwente voorkoms van ’n bepaalde omgangsvorm in Son wat afwesig (of beperk) is in

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

118

Sondag, kan, in samehang met die ander gemelde kriteria, ’n beter aanduiding gee van die groepspesifieke aard van die leksikale merker.13

Laastens is die gebruik van die WAT as verwysingsbron om groepspesifieke merkers te probeer identifiseer, ook problematies. Die beperkinge van die WAT hou verband met die feit dat sekere van die spreektaalitems (of hul betekenisse) nog nie opgeneem is in die WAT nie, asook die feit dat sekere uitgawes van die WAT nog nie voltooi is nie.

Die identifisering van groepspesifieke leksikale merkers in die twee koerante word verder gekompliseer deurdat die "opgevoerde" vernakulêre styl in Sondag gerig is op ’n geografies verbreide sosiale groep, wat inhou dat die leksikale items baie maklik in meerdere sosiale groepe gebruiklik kan wees. Gegee hierdie voorbehoude oor die identifisering van groepspesifieke merkers, word hier tog gewaag om leksikale items te identifiseer in die poniekoerante wat as groepspesifieke merkers gemerk kan word.

Die volgende leksikale merkers in Son kan (op basis van kontrastering, voorkomsfrekwensie, vergelyking met vorige studies, asook die WAT) meer geredelik geassosieer word met die bruin werkersklasspreker in die Kaap:

Tabel 10. Potensiële groepspesifieke merkers in Son

Kategorie Groepspesifieke merkers Nie-algemeen gebruiklike spreektaalitems

"mang" (tronk), "jongens" (seuns), "hof loop" (in die hof verskyn), "tikkop" (tikverslaafde), "om te tik" (tik te gebruik)

Uitdrukkings "sy ding doen" (geslagsgemeenskap hê), "vir ’n pop vat nie" (laat nie met jou mors nie), "sy kop haak uit" (raak mal), "gevriet getrek" (kwaad geraak)

Kodewisseling "five bob" (vyftig sent)

Soos reeds genoem, is dit veel moeiliker om groepspesifieke merkers te identifiseer by die sogenaamde wit werkersklasgroep, juis vanweë die geografiese verbreidheid van die betrokke sosiale groep. Op basis van ’n vergelyking met Son14 word die volgende leksikale items in Sondag voorgehou as waarskynlike leksikale merkers van die wit werkersklas:

Tabel 11. Potensiële groepspesifieke merkers in Sondag

Kategorie Groepspesifieke merkers Nie-algemeen gebruiklike spreektaalitems

"geldelik geroer" (ingeloop), "potkop" (daggaroker)

Uitdrukkings "jou naam toffie maak" (naam weggooi), "haar koppie raas" (sy is mal)

Kodewisseling "flooze" (flerrie) Taboewoorde "bosbefok"

Die problematiese en uiters subjektiewe identifisering van veral die beperkte groepspesifieke merkers in Sondag laat vrae ontstaan in watter mate ’n geografies verbreide wit werkersklas inderdaad as afsonderlike "sosiale groep", met onderskeidende leksikale merkers,

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

119

geïdentifiseer kan word. Dit blyk uit die data dat daar weinig linguistiese regverdiging is vir die aanname dat die omgangsvorme in Sondag as onderskeidend of tiperend van die geografies verbreide wit werkersklas gesien kan word.

Uit die stilistiese ontleding word dit duidelik dat daar weinig groepspesifieke merkers ingespan word in die twee korpusse, met die gevolg dat daar groter ooreenkomste waar te neem is tussen die omgangsvorme wat in die twee nuusregisters aangewend word. Die groepspesifieke merkers kom eintlik net in die Son-korpus voor, en dan slegs in ’n beperkte mate. Blignaut en Lesch (2014:37) het ook bevind dat onderskeidende Kaapse leksikale merkers beperk voorkom in Son. Die verskille in die vernakulêre style van die twee poniekoerante is eerder geleë in die frekwensie en aard van die leksikale variasie. In Sondag word die vernakulêr meer gevarieerd uitgebeeld. In Sondag word byvoorbeeld uitroepswoorde, direkte vertalings, taboewoorde en byname ingespan wat óf nie in Son voorkom nie, óf ’n beperkte voorkoms het. In Son word egter ’n meer konserwatiewe spreektaalbenadering gevolg met sy onderaanbod van die wye spektrum leksikale en grammatikale variasie waaruit geput kan word. Hierdie onderaanbod in Son kan moontlik die gevolg wees van ’n poging om ’n groter Afrikaanse teikengehoor te bereik, as daar in ag geneem word dat Son ook in dele van die Oos- en Noord-Kaap versprei word (vgl. Blignaut en Lesch 2014:38). In teenstelling met Son kom omgangsvorme in Sondag deurgaans frekwenter voor (met die uitsondering van kodewisseling). Dit beteken egter nie dat hierdie frekwensieverskille as aanduider gesien kan word van die omgangstaal van die wit werkersklas nie; inteendeel, dit is kenmerkend van Omgangsafrikaans in die algemeen.

Die oorheersende stylkenmerk in die twee poniekoerante is natuurlik die hoë mate van Engelse invloed. In al die stylkenmerke wat hier bo bespreek is (met die uitsondering van die uitroepswoorde en Afrikaans-spesifieke spreektaalitems), kan die invloed van Engels, in ’n mindere of meerdere mate, teruggevind word. Hierdie vermenging van Afrikaans en Engels is nie beperk tot slegs een bepaalde sosiale groep of streek nie, maar is kenmerkend van vernakulêre Afrikaans wat oor die hele Afrikaanse taalgebied versprei is (vgl. Ponelis 1998:5,36; 2009:4). Daar is reeds gemeld dat daar geen wesenlike verskille waargeneem kan word tussen die "opgevoerde" vernakulêre style in die nuusregisters van die twee poniekoerante nie, en daarom kan die vernakulêre style beskryf word as ’n wydverbreide vernakulêre Afrikaans met beperkte onderskeidende leksikale merkers. Ponelis (1988:5) voer aan dat vernakulêre Afrikaans nie beperk is tot die werkersklas nie, maar dat dit ook voorkom onder die middel- en hoë klas, juis vanweë dié groep sprekers (d.i. die middel- en hoë klas) se gebruik van Engels as kultuurtaal en Afrikaans as omgangstaal.

Linguisties gesproke is daar min te kies tussen die omgangsvorme wat in die twee poniekoerante aangewend word, en kan die omgangsvorme in beide as verbreide omgangsvorme getipeer word. ’n Beduidende groep wit en bruin werkersklaslesers van Sondag en Son onderskeidelik ervaar egter die skriftelike voorstelling van die vernakulêr in die poniekoerante as tipies hoe hulle Afrikaans gebruik. Volgens Smith (2012:179) sien Son-lesers die taalgebruik in Son as soortgelyk aan die manier waarop hulle praat. Soos sommige respondente dit gestel het: "Ons praat soos dit daar is, dis nie suiwer nie" en "Die Son skryf soos die man op die straat."

Blignaut (2014:129, 134) het ook bevind dat Kaapssprekende tienerlesers die vernakulêre Afrikaans in Son beskou as ’n getroue weerspieëling van Kaaps, en dat hulle identifiseer met

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

120

die taalgebruik in Son, omdat die taalgebruik ooreenkomste toon met hulle spreektaalvariëteit (in hierdie geval ’n Kaapse Vernakulêre Afrikaans).

Wasserman (2010:128–31) het egter, na aanleiding van fokusgroeponderhoude wat hy gevoer het met die teikenlesers van Son, ook bevind dat sommige respondente die taalgebruik in Son beskou as soortgelyk aan die Afrikaans wat hulle praat. Ander lesers was egter weer meer skepties, en het die taalgebruik beskou as ’n gestigmatiseerde taalvorm, wat verantwoordelik is vir ’n daling in taalstandaarde. Soos een respondent dit gestel het: "This is how the skollies speak" (Wasserman 2010:129).

Uit ’n ontleding van die lesersbriewe in Sondag, asook die aanlyn kommentaar wat gevolg het op die sluiting van Sondag,15 is bevind dat die vernakulêre styl in Sondag ook deur sommige teikenlesers opgeëis word as die omgangsvariëteit van die wit Afrikaner, ’n taal waarmee wit Afrikaners kan identifiseer:

Ek voel wat julle en ander voel deur net die goed te lees! Dis kleurryk, verstaanbaar en een stelling druk soveel emosie uit dat jy dadelik die uitdrukking vang en kan vereenselwig met die gevoel wat uitgedruk word. [...] Julle try nie soos ander koerante die hoë Afrikaanse woorde gebruik, en as jy die berig klaar gelees het verstaan jy eintlik nog boggherol wat aangaan nie. Straightforward, soos alledaagse Afrikaners sal praat, so praat julle. En ek like dit kwaai. [...] Wat ek ook like van Sondag, is dis so op die man af sonder doekies omdraai [...] want dis hoe ek ook praat en is. [...] So, julle is nie agterbaks of platvloers nie. Julle is gewone mense wat nie bang is om die ding te sê, wys of noem soos dit in werklikheid is nie. [...] Eg Afrikaans. (Stephan 2012)

Verskeie Sondag-lesers identifiseer met die vernakulêre styl in Sondag juis vanweë die direktheid van die taalgebruik (wat groter verstaanbaarheid in die hand werk), asook die humoristiese en beeldende aard van die taalgebruik. In die woorde van die lesers:

Sondag skop gat! Platvloers – YES, dis hoe ons dit like! Verstaanbare huistaal. Ek koop twee Sondag’s – lees een en bederf my familie met die ander! (D.P.M. 2012)

Ai, ek hou van julle koerant. [...] Ek lees hom van voor tot agter. [...] Doen so voort, ek lag tog te lekker oor die mense se woordkeuses en maniere! (Hilde 2013)

Ai, SONDAG, ek is ’n ou tante, maar ek geniet die koerant uit ’n bos. Al die verskillende sêgoed van die mense. (Du Plooy 2013)

Dis baie jammer wie gaan nou die nuus so kaalvuis vertel ... (Engelbrecht 2013)

Dankie vir jul bydraes om altyd iets in Afrikaans te sê soos dit is ... (Smith 2013)

Die verbreide omgangsvorme wat die nuusregisters van Son en Sondag kenmerk, blyk redelik byval te vind onder sowel die wit as die Kaapse bruin werkersklasleser. Vir beide hierdie teikenlesers verteenwoordig hierdie omgangsvorme hulle tipe informele spreektaal, en word hierdie omgangsvorme dan ook deur sommige teikenlesers opgeëis as hul "eie".

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

121

Die verbreide omgangsvorme kom egter in die nuusberigte met wisselende frekwensie voor. In sommige nuusberigte is omgangsvorme bykans afwesig. In die volgende afdeling word ingegaan op die rol wat die aard van die onderwerp kan speel in die aanwending van omgangsvorme in nuusberigte.

4. Omgangsvorme en die nuusonderwerp

Soos reeds genoem, is poniekoerante bekend daarvoor dat hulle ’n vernakulêre styl aanwend in hul berigte, wat ten doel het om ’n groter solidariteit tussen die koerant en die leser te bewerkstellig. Die keuse vir ’n vernakulêre styl word primêr bepaal deur die teikengehoor. Dit impliseer egter nie dat omgangsvorme in poniekoerante konsekwent aangewend word nie. Volgens Labov (1970:19–28) se "attention to speech"-model kan stylaanpassings ook die gevolg wees van die aandag wat die spreker aan sy of haar taalgebruik gee: hoe formeler die situasie, hoe meer aandag gee die spreker aan sy of haar taalgebruik. Volgens Labov (1970:19) is die onderwerp een van die dimensies wat stylaanpassings bepaal. Dit sou dan beteken dat nuusonderwerpe wat as stilisties formeel gesien word, minder omgangsvorme sal insluit, en meer aansluit by die standaardtaalregister. Die vraag is natuurlik of daar nuusonderwerpe is wat as meer formeel gesien word, en of hierdie nuusonderwerpe dan die gebruik van ’n standaardtaalregister bepaal. Om te bepaal of die nuusonderwerp ’n invloed uitoefen op die gebruik van omgangsvorme, is die volgende twee groepe nuusberigte met mekaar vergelyk: nuusberigte met ’n frekwensie van hoogstens een omgangsvorm per 100 woorde, teenoor nuusberigte waar die frekwensie meer as een omgangsvorm per 100 woorde is.

In Sondag is 36 berigte (uit ’n totaal van 152 berigte) geïdentifiseer waar die frekwensie van die omgangsvorm minder as een per 100 woorde was – d.w.s. 24% van die totale aantal nuusberigte neig in die rigting van ’n standaardtaalregister. In Son was daar 41 nuusberigte (uit ’n totaal van 100 berigte) met ’n frekwensie van minder as een omgangsvorm per 100 woorde – d.w.s. 41% van die berigte neig in die rigting van ’n standaardtaalregister.

Uit ’n ontleding van die nuusberigte in Sondag blyk dit dat die volgende tipes nuusberigte neig om minder gebruik te maak van omgangsvorme, met die gevolg dat ’n meer formele nuusregister (d.i. ’n standaardtaalregister) waarneembaar is in hierdie tipes berigte:

(i) nuusberigte wat uitsluitlik gebaseer is op ander nuusbronne, soos die nuusagentskappe Associated Press of SAPA, byvoorbeeld die berig oor die Suid-Afrikaanse man in Nieu-Seeland wat nie sy visum kon hernu nie omdat hy as oorgewig beskou is

(ii) nuusberigte wat grootliks die standpunt of sieninge verwoord van organisasies (soos die Child Abuse Action Group of Afriforum), en instansies of mense in hul professionele hoedanigheid (soos die woordvoerder van die polisie) oor ’n bepaalde aktuele saak

(iii) nuusberigte met ’n opvoedkundige strekking, byvoorbeeld hoe korrektiewe toesig werk (na aanleiding van ’n berig oor Cezanne Visser, wat onder huisarres geplaas is), of hoe om ’n onderhoudsbevel te kry (na aanleiding van die berig oor die akteur Marlon Roelfze wat nie onderhoud sou betaal het nie)

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

122

(iv) nuusberigte met religieuse ondertone, byvoorbeeld die voormalige woordvoerder van die Keniaanse regbank wat Israel en Italië dagvaar oor die kruisiging van Jesus

(v) nuusberigte wat handel oor sensitiewe onderwerpe soos dood, moord en lewensbedreigende siektes, byvoorbeeld die storie oor die dood van ’n gestremde 17-jarige kind by die Cullinanse sorg- en rehabilitasiesentrum, die storie oor die sluipmoordaanval op James Krejcir, of die storie oor Jimmy Abbot wat aansterk ná ’n beroerte.

In Son blyk die tendens ook te wees dat nuusberigte wat oorgeneem is uit ander nuusbronne, of wat grootliks gebaseer is op die standpunt van ’n politieke party, organisasie of woordvoerder in sy of haar professionele hoedanigheid, beperkte omgangsvorme gebruik. Nuusberigte met ’n opvoedkundige of adviserende strekking neig ook om die standaardtaalregister aan te wend, byvoorbeeld die storie oor hoe beurtkrag matrieks kan affekteer wat van openbare vervoer gebruik maak om skool toe te gaan. In Son was dit opvallend dat die standaardtaalregister vir ’n wye spektrum van nuusonderwerpe gebruik word. Nuustemas waarin gebruik gemaak word van ’n standaardtaalregister, het die volgende ingesluit:

• stories oor dood, motorongelukke en dronkbestuur • stories oor geweldsmisdade soos moord, roof, aanranding, molestering,

vrouemishandeling, verkragting • stories oor bejaardes se haglike lewensomstandighede • godsdiensverwante stories • stories oor hofsake • stories oor die petrolprys • stories oor ’n nudistedorp • positiewe nuusstories uit die gemeenskap

In Son was dit opvallend dat die omgangsvorm by sommige van die bogenoemde nuusberigte beperk was tot die opskrif, byvoorbeeld: "80-jarige man in hof vir rape van 3-jarige meisie". Die gebruik van omgangsvorme slegs in die opskrif (terwyl die res van die berig in die standaardtaalregister geskryf is) dien nie net om die leser se aandag te trek nie, maar versterk ook die aanname dat die koerant die leser se taal "praat", en verhul in ’n sekere mate die feit dat die res van die berig eintlik in standaardtaal geskryf is.

Dit was opvallend uit ’n vergelyking van nuusberigte in Son wat van beperkte omgangsvorme gebruik maak (frekwensie van een woord en minder per 100 woorde) met nuusberigte waar omgangsvorme frekwenter voorkom (frekwensie van meer as een omgangsvorm per 100 woorde) dat dieselfde nuusonderwerp by tye in ’n standaardtaalregister, en dan weer ander kere in ’n meer vernakulêre styl aangebied word. In Son word stories oor byvoorbeeld dood, motorongelukke, geweldsmisdade en hofsake ook gereeld aangebied in ’n meer vernakulêre styl; d.w.s. omgangsvorme kom frekwenter voor in beide die berig- en sitaatgedeeltes van die stories. Die feit dat dieselfde nuustemas beide van ’n standaardtaalregister en ’n meer vernakulêre styl gebruik maak, maak dit onmoontlik om enige patroonmatigheid af te lei vir die gebruik van die standaardtaalregister by bepaalde nuustemas. In Son blyk dit dat die nuusonderwerp nie ’n bepalende invloed uitoefen op die gebruik van die standaardtaalregister nie. Dit blyk in Son dat wie die berig skryf ’n groter rol speel in die gebruik (al dan nie) van die standaardtaalregister. Sommige joernaliste neig meer na ’n standaardregister in hul beriggewing, terwyl ander weer ’n meer vernakulêre aanslag volg in hul berigte, ongeag die

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

123

nuusonderwerp ter sprake. Hierdie naasmekaarstelling van ’n standaardtaalregister en ’n meer bepaald omgangstaalregister vir soortgelyke nuustemas is vanuit ’n sosiolinguistiese perspektief betekenisvol: dit kan ’n verhoogde legitieme status inhou vir die omgangstaal as skryftaalkode, deurdat hier geïllustreer word dat "ernstige" nuus aangebied kan word in beide die standaardtaal en ’n meer vernakulêre styl, sonder om die waarheidswaarde van die nuus in te boet. In die woorde van ’n leser wat alreeds hier bo aangehaal is:

Julle praat my taal. Ek voel wat julle en ander voel deur net die goed te lees! Dis kleurryk, verstaanbaar en een stelling druk soveel emosie uit dat jy dadelik die uitdrukking vang en kan vereenselwig met die gevoel wat uitgedruk word en nog steeds is die nuus waar en hou mens op hoogte van wat in ons land aangaan soos enige ander koerant doen. (Stephan 2012) (My kursivering)

Uit bostaande ontledings van die nuusberigte in Son en Sondag kan daar afgelei word dat die nuusonderwerp slegs in ’n uiters beperkte mate (en slegs in die geval van Sondag) ’n invloed uitoefen op stylvariasie. Die vernakulêre styl wat in die nuusberigte van Son en Sondag voorkom, is eerder ontvanger-afhanklik as onderwerp-afhanklik. Rickford en McNair-Knox (1994:266) het ook bevind dat stylaanpassings wat die gevolg is van onderwerpwisseling, swakker is as stylvariasies wat gerig word deur die ontvanger.

5. Ten slotte

In hierdie studie is die nuusregisters van Sondag en Son – wat onderskeidelik op ’n oorwegend wit en ’n Kaapse bruin werkersklasgehoor gerig is – vergelykend ondersoek om te bepaal watter omgangstaalkenmerke in die twee nuusregisters teruggevind kan word. Daar is nie net vergelykend te werk gegaan nie, maar ’n korpuslinguistiese benadering is ook gevolg. Uit die vergelykende korpuslinguistiese ondersoek na die omgangsvorme in die twee nuusregisters van Son en Sondag het die volgende geblyk:

• Daar is min te kies tussen die vernakulêre style soos uitgebeeld in die nuusberigte van Son en Sondag. In beide die koerante was die frekwentste stylkenmerke kodewisseling en Afrikaans-spesifieke spreektaalitems. Die vernakulêre style wat uitgebeeld word in die twee poniekoerante kan beskryf word as ’n verbreide omgangsvariëteit met beperkte groepspesifieke merkers. Die voorkoms van beperkte groepspesifieke merkers is hoofsaaklik beperk tot Son, wat selektief put uit die leksikale variasie wat voorkom in die streeksvariëteit Kaapse Vernakulêre Afrikaans.

• Die omgangsvorme in Son en Sondag was hoofsaaklik beperk tot leksikale variasie. Dit is veral betekenisvol dat Son, wat gerig is op die Kaapse bruin werkersklasleser, weinig gebruik maak van fonologiese, morfologiese en sintaktiese variasie wat veral kenmerkend is van Kaapse Vernakulêre Afrikaans. Die selektiewe benutting van veral tipiese leksikale merkers in Son kan moontlik toegeskryf word aan die feit dat die koerant nie meer gerig is op slegs ’n oorwegend bruin teikengehoor in die Wes-Kaap nie, maar ook oorwegend bruin teikengehore in die Oos-Kaap en dele van die Noord-Kaap moet bedien. Die frekwentste stylkenmerk in Son is kodewisseling, wat twee keer meer aangewend word as in Sondag. Hierdie klem op kodewisseling het tot gevolg dat daar weinig direkte vertalings voorkom in Son; voorkeur word eerder gegee aan die direkte oorname van ’n Engelse leksikale item of uitdrukking. In

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

124

teenstelling met Son was daar by Sondag ’n doelbewuste poging om sekere leksikale items en uitdrukkings in ’n Afrikaanse idioom voor te dra by wyse van direkte vertalings. Hierdie direkte vertalings dra daartoe by dat die berig ’n groter Afrikaanse karakter verkry, en sodoende word die teikengehoor nie vervreem met ’n te hoë digtheid van Afrikaans-Engelse kodevermenging nie. Op dieselfde wyse kan geargumenteer word dat die doelbewuste laer frekwensies van kodewisseling in Son en Sondag, vergeleke met die hoër frekwensies van kodewisseling in die spreektaal (sien die bespreking in 3.1.3), juis ten doel het dat die skriftelike voorstelling van die vernakulêr nie as patroniserend, bedreigend of kunsmatig ervaar sal word nie (vgl. Giles en Smith 1979:54).

• Die nuusregisters in Son en Sondag bevat ’n beduidende aantal spreektaalitems en -uitdrukkings wat nie aan Engels ontleen is nie (vgl. afdelings 3.3 en 3.8 hier bo). Dit is op sigself betekenisvol, want dit kan as aanduiding dien van die lewenskragtigheid, soepelheid en skeppingskrag van vernakulêre Afrikaans. Die persepsie is baie keer dat vernakulêre Afrikaans niks anders is as ’n "gebrekkige halftaal" wat homself nie teen Engels sal kan handhaaf nie (vgl. Malan 2003). Die benutting van vernakulêre Afrikaans in die skryftaal ontlok baie keer uitsprake oor die "baie Engels" wat daarin voorkom (vgl. Adendorff 2008:261). Die gemerktheid van Engelse leksikale items in skriftelike gebruik dra daartoe by om die illusie van oordaad te skep. ’n Frekwensie-ontleding het byvoorbeeld getoon dat die frekwensie van die totale Engelse leksikale items en uitdrukkings (insluitend direkte oornames en direkte vertalings) in die Son-korpus slegs 14,2 items per 1 000 woorde was, terwyl dit in die Sondag-korpus ietwat laer was op 10,8 items per 1 000 woorde. Die vernakulêre style soos uitgebeeld in die twee Afrikaanse poniekoerante is nie – soos daar baie keer aangevoer word – slegs ’n verlengstuk van Engels nie, maar het nog die vermoë om met oorspronklike Afrikaanse skeppings vorendag te kom en Afrikaans op dié wyse te voed en te laat groei.

• In Son word die (formele) standaardtaalregister frekwenter aangewend as in Sondag, maar hierdie stylaanpassing blyk nie tema-afhanklik te wees nie. Die nuusonderwerp by Son blyk weinig invloed te hê op stylaanpassings, terwyl dit voorkom dat die gebruik (al dan nie) van die standaardtaalregister grootliks bepaal word deur wie die storie skryf, eerder as deur die aard van die nuusonderwerp.

• Die "opgevoerde" vernakulêre style in Son en Sondag word deur ’n beduidende groep lesers as positief ervaar. As sodanig bevestig dit die waarde en nut van die omgangstaal as skryftaalkode, en kan dit ook ’n verhoogde legitieme status inhou vir die omgangstaal in meer saaklike skryffunksies. Die skriftelike voorstelling van omgangsvorme verleen nie net groter erkenning aan die bestaan van omgangsvariëteite in die Afrikaanse taalgemeenskap nie, maar kan ook, soos Hendricks (2014:740) dit stel, dien "as potensiële voedingsbron vir Standaardafrikaans". Die vernakulêre aanslag in poniekoerante blyk ook ’n invloed te hê op hoofstroomkoerante. Daar is byvoorbeeld alreeds tekens van informalisering waar te neem by hoofstroomkoerante soos Rapport en Beeld, soos byvoorbeeld die sporadiese gebruik van ’n meer verpersoonlikte omgangstaal (vgl. Smith e.a. 2012:228).

In hierdie studie is gepoog om die skriftelike voorstelling van die vernakulêr in poniekoerante, wat nog maar weinig aandag gekry het in ondersoeke, te ondersoek by wyse van ’n vergelykende korpuslinguistiese benadering. Hierdie studie illustreer wat die waarde van ’n vergelykende ondersoek kan wees, asook watter waarde frekwensie-ontledings kan

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

125

toevoeg tot die (her)bestudering van die omgangsvariëteite van Afrikaans. Vergelykende ondersoeke kan beter insae bied in die migrasie van linguistiese verskynsels in die Afrikaanse spreektaalgemeenskap, terwyl ’n korpuslinguistiese aanslag kan help om die omvang en beduidendheid van bepaalde spreektaalmerkers te bepaal. Daar bestaan nog maar weinig sosiolinguistiese ondersoeke met ’n korpuslinguistiese inslag na die omgangsvariëteite van Afrikaans.

Die ondersoek was beperk tot slegs die nuusregisters in Son en Sondag, maar verdere vergelykende studies oor die omgangsvorme wat voorkom in die ander registers in die poniekoerante (soos die sportregisters en vermaakregisters) kan waardevolle insigte bied wat betref die verskrifteliking van die omgangsvariëteite van Afrikaans.

Bibliografie

Adendorff, E. 2008. Tendense in die resepsiedokumente oor Daar’s vis in die punch deur Jackie Nagtegaal. Stilet, 20(2):256–77.

Appel, R. en P. Muysken. 1987. Language contact and bilingualism. Londen: Edward Arnold.

Bell, A. 2010. Back in style: Reworking audience design. In Meyerhoff en Schleef (reds.) 2010.

Bell, A. en A. Gibson. 2011. Staging language: An introduction to the sociolinguistics of performance. Journal of Sociolinguistics, 15(5):555–72.

Biber, D. en E. Finegan (reds.). 1994. Sociolinguistic perspectives on register. Oxford, New York: Oxford University Press.

Blignaut, J. 2014. ’n Ondersoek na die taalgebruik in Son as verteenwoordigend van Kaapse Afrikaans. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

Blignaut, J. en H. Lesch. 2014. ’n Ondersoek na die taalgebruik in Son as verteenwoordigend van Kaaps. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus, 45:19–41.

Bock, Z. en G. Mheta (reds.). 2014. Language, society and communication: An introduction. Pretoria: Van Schaik.

Botha, M. 2009. Die geelpers in Suid-Afrika: ’n Analise van die Kaapse Son, Daily Voice en Daily Sun. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Noordwes-Universiteit.

Botha, T.J.R. (red.). 1989. Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde. Pretoria: Academica.

Bruwer, P. 2013. Sondag maak sy deure toe. Maroela Media, 22 Oktober. http://maroelamedia.co.za/nuus/sondag-maak-sy-deure-toe (20 Maart 2015 geraadpleeg).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

126

Cambridge English Dictionary. 2016. www.dictionary.cambridge.org (14 Maart 2016 geraadpleeg).

Capraro, I. 2005. Liewe Leser. Die Burger, 18 Maart, bl. 1. http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2005/03/18/KS/01/01.html (10 Mei 2015 geraadpleeg).

Carstens, W.A.M. 2011. Norme vir Afrikaans. Enkele riglyne by die gebruik van Afrikaans. Vyfde uitgawe. Pretoria: Van Schaik.

Carstens, W.A.M. en N. Bosman (reds.). 2014. Kontemporêre Afrikaanse taalkunde. Pretoria: Van Schaik.

Claassen, G.N. en M.C.J. van Rensburg (reds.). 1983. Taalverskeidenheid: ’n Blik op die spektrum van taalvariasie in Afrikaans. Pretoria en Kaapstad: Academica.

Coetzee, A. 2005. Dialekmerkers in die Afrikaanse literatuur. Tydskrif vir Taalonderrig, 39(1):35–50.

Conboy, M. 2006. Tabloid Britain: Constructing a community through language. Londen, New York: Routledge.

Coupland, N. 2007. Style: Language variation and identity. Cambridge: Cambridge University Press.

Coupland, N., J. Coupland, H. Giles en K. Henwood. 1988. Accommodating the elderly: Invoking and extending a theory. Language in Society, 17(1):1–41.

De Wet, J.P. 1997. Afrikaans: ’n Ideologiese besinning in ’n multilinguistiese Suid-Afrikaanse bestel. Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Universiteit van Suid-Afrika.

D.P.M. 2012. Sondag en die hond se tert. Sondag, 10 September. http://www.sondag.co.za (30 September 2013 geraadpleeg).

Du Plooy, J. 2013. Lesers oor die Bulle, FPK en ons lekker koerant. Sondag, 9 September. http://www.sondag.co.za (30 September 2013 geraadpleeg).

Engelbrecht, J. 2013. Sondag maak sy deure toe. Aanlyn kommentaar, 22 Oktober. http://maroelamedia.co.za/nuus/sondag-maak-sy-deure-toe (20 Maart 2015 geraadpleeg).

Fahnestock, J. 2011. Rhetorical style: The uses of language in persuasion. Oxford, New York: Oxford University Press.

Ferguson, C.A. 1994. Dialect, register, and genre: Working assumptions about conventionalization. In Biber en Finegan (reds.) 1994.

Finegan, E. en D. Biber. 1994. Register and social dialect variation: An integrated approach. In Biber en Finegan (reds.) 1994.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

127

Gallois, C., T. Ogay en H. Giles. 2005. Communication accommodation theory: A look back and a look ahead. In Gudykunst (red.) 2005.

Giles, H. en P. Smith. 1979. Accommodation theory: Optimal levels of convergence. In Giles en St. Clair (reds.) 1979.

Giles, H. en R.N. St. Clair (reds.). 1979. Language and social psychology. Oxford: Basil Blackwell.

Grebe, H. 2010. Die Oosgrenshipoteses as geografiese en teoretiese konstruk. LitNet Akademies, 7(3):195–211. http://www.oulitnet.co.za/akademies_geestes/pdf/LA_7_3_grebe.pdf (18 Mei 2015 geraadpleeg).

Gudykunst, W.B. (red.). 2005. Theorizing about intercultural communication. Thousand Oaks, CA: Sage.

Halliday, M.A.K. 2007. Language and education. Londen, New York: Continuum.

HAT (Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal). 2015. Sesde uitgawe. Kaapstad: Pearson.

Hendricks, F. 2012. Om die miskende te laat ken: ’n blik op Adam Small se literêre verrekening van Kaaps. Tydskrif vir Letterkunde, 49(1):95–114.

—. 2014. Die verrekening van taalvariasie in die prosawerk van Elias P. Nel. LitNet Akademies, 11(2):715–48. http://www.litnet.co.za/die-verrekening-van-taalvariasie-in-die-prosawerk-van-elias-p-nel (22 November 2016 geraadpleeg).

Heugh, K. 2014. Language contact and languaging. In Bock en Mheta (reds.) 2014.

Hilde. 2013. Lesers oor die Bulle, FPK en ons lekker koerant. Sondag, 9 September. http://www.sondag.co.za (30 September 2013 geraadpleeg).

Holmes, J. 1992. An introduction to sociolinguistics. Londen, New York: Longman.

Jason, E. 2015. Afrikaans se ander baadjie. Johan Combrink-gedenklesing. LitNet. http://www.litnet.co.za/Article/johan-combrink-gedenklesing-eldridge-jason-oor-afrikaans-se-ander-baadjie (10 Junie 2015 geraadpleeg).

Jonsson, C. 2012. Making silenced voices heard. Code-switching in multilingual literary texts in Sweden. In Sebba e.a. (reds.) 2012.

Klopper, R.M. 1983. Die sosiale stratifisering van Kaapse Afrikaans. In Claassen en Van Rensburg (reds.) 1983.

Kotzé, E.F. 1984. Afrikaans in die Maleierbuurt: ’n Diachroniese perspektief. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 24(1):41–73.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

128

—. 2014. Afrikaans as besitting, en die vraagstuk van herstandaardisering. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 54(4):635–55.

Labov, W. 1970. The study of nonstandard English. Champaign, IL: National Council of Teachers of English.

Mahootian, S. 2012. Repertoires and resources. Accounting for code-mixing in the media. In Sebba e.a. (reds.) 2012.

Malan, L. 2003. Is Engfrikaans en Jipfrikaans ’n bedreiging vir Afrikaans as kultuurtaal? LitNet. http://www.oulitnet.co.za/seminaar/lmalan.asp (19 Maart 2014 geraadpleeg).

McCormick, K. 1995. Code-switching, code-mixing and convergence in Cape Town. In Mesthrie (red.) 1995.

McLachlan, T. 2013. Moet ’n mens Engels ken om Afrikaans te verstaan? Blog. http://www.fak.org.za/blog/moet-n-mens-engels-ken-om-afrikaans-te-verstaan (16 Augustus 2013 geraadpleeg).

Mesthrie, R. (red.). 1995. Language and social history. Kaapstad: David Philip Publishers.

Meyerhoff, M. 2011. Introducing sociolinguistics. Tweede uitgawe. Londen, New York: Routledge.

Meyerhoff, M. en E. Schleef (reds.). 2010. The Routledge sociolinguistics reader. Londen, New York: Routledge.

Montes-Alcalá, C. 2012. Code-switching in US-Latino novels. In Sebba e.a. (reds.) 2012.

Myers-Scotton, C. 1992. Constructing the frame in intrasentential codeswitching. Multilingua, 11(1):101–27.

—. 1993. Duelling languages: Grammatical structure in codeswitching. Oxford: Clarendon Press.

Odendaal, G. 2012. Die herstandaardisering van Afrikaans: ’n Praktiese benadering met die AWS as gevallestudie. Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Universiteit Stellenbosch.

Otto, A. 2014. Sosiolinguistiek. In Carstens en Bosman (reds.) 2014.

Pharos. 2015. Afrikaans–Engels/English–Afrikaans Woordeboek/Dictionary. Kaapstad: Pharos.

Ponelis, F.A. 1979. Afrikaanse sintaksis. Pretoria: Van Schaik.

—. 1998. Standaardafrikaans en die Afrikaanse taalfamilie. Universiteit Stellenbosch, Annale 1998(1):1–80.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

129

—. 2009. Die taal wat ons praat. Die Burger, 19 Desember, ble. 4–5. http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2009/12/19/BJ/14/BJNews004-dddd-BY-BY.html (9 April 2014 geraadpleeg).

Prah, K.K. (red.). 2012. Veelkantiger Afrikaans: Streeksvariëteite in die standaardvorming. Boekreeks, nr. 88. Kaapstad: CASAS.

Prinsloo, A.F. 2012. Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom. Kaapstad: Pharos.

Rickford, J.R. en F. McNair-Knox. 1994. Addressee- and topic-influenced style shift: A quantitative sociolinguistic study. In Biber en Finegan (reds.) 1994.

Romaine, S. 2000. Language in society: An introduction to sociolinguistics. Tweede uitgawe. Oxford, New York: Oxford University Press.

Saal, E.O. en J. Blignaut. 2011. "Moetie rai gammattaal gebrykie": Die gebruik en waarde van ’n Tienerkaaps in gedrukte advertensies. LitNet Akademies, 8(3):345–71. http://www.litnet.co.za/assets/pdf/13_Saal%20en%20Blignaut.pdf (5 Mei 2014 geraadpleeg).

Sebba, M., S. Mahootian en C. Jonsson (reds.). 2012. Language mixing and code-switching in writing. Londen, New York: Routledge.

Smith, A., L. Fourie en J.D. Froneman. 2012. Setting the tabloid agenda: What two Afrikaans-language tabloids offer their readers. Communicatio, 38(2):225-43.

Smith, A.E. 2012. Acknowledging the audience: The readers behind the success of the Afrikaans-language tabloid Kaapse Son. Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Noordwes-Universiteit.

Smith, F.J. 2013. Sondag maak sy deure toe. Aanlyn kommentaar, 22 Oktober. http://maroelamedia.co.za/nuus/sondag-maak-sy-deure-toe (20 Maart 2015 geraadpleeg).

Son. 4 November 2014. http://www.son.co.za/nuus (3 Desember 2014 geraadpleeg).

—. 11 November 2014. http://www.son.co.za/nuus (3 Desember 2014 geraadpleeg).

—. 18 November 2014. http://www.son.co.za/nuus (4 Desember 2014 geraadpleeg).

—. 25 November 2014. http://www.son.co.za/nuus (4 Desember 2014 geraadpleeg).

—. 2 Desember 2014. http://www.son.co.za/nuus (9 Desember 2014 geraadpleeg).

Sondag. 28 Julie 2013, ble. 1–17.

—. 4 Augustus 2013, ble. 1–15.

—. 11 Augustus 2013, ble. 1–13.

—. 18 Augustus 2013, ble. 1–17.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

130

—. 25 Augustus 2013, ble. 1–16.

Stephan. 2012. Sondag en die Bokke. Sondag, 24 September. http://www.sondag.co.za (30 September 2013 geraadpleeg).

Stockwell, P. 2007. Sociolinguistics: A resource book for students. Tweede uitgawe. Londen, New York: Routledge.

The Free Dictionary. 2016. www.thefreedictionary.com (14 Maart 2016 geraadpleeg).

Trantraal, N. 2016. Ammel dra expressions van mense wie mekaa haat. Rapport Weekliks, 21 Februarie, bl. 15.

Urban Dictionary. 2016. www.urbandictionary.com (14 Maart 2016 geraadpleeg).

Van der Rheede, C. 2012. Die rol van die Afrikaanse poniekoerant die Son in die belyning van geografiese variëteite van Afrikaans met die hoofstroom. In Prah (red.) 2012.

Van Huyssteen, G.B. 2014. Morfologie. In Carstens en Bosman (reds.) 2014.

Van Niekerk, A. en J. Olivier. 2014. Pragmatiek. In Carstens en Bosman (reds.) 2014.

Van Rensburg, M.C.J. 1989. Soorte Afrikaans. In Botha (red.) 1989.

Wasserman, H. 2010. Tabloid journalism in South Africa. Bloomington: Indiana University Press.

Webb, V.N. 1989. Die Afrikaanse variasietaalkunde. In Botha (red.) 1989.

Eindnotas

1 LSM (Living Standards Measure) verwys hier na ’n kriterium wat gebruik word "om mense se lewenstandaard te meet in terme van verstedeliking, inkomste en besittings" (De Beer 1998:335, aangehaal in Botha 2009:43), met 1 wat die laagste inkomstegroep verteenwoordig, en 10 wat die hoogste inkomstegroep verteenwoordig. 2 In 2005 het die Daily Voice ook die poniekoerantmark betree vanuit die Independent Newspapers-stal. Die Daily Voice, wat in die Wes- en Suid-Kaap versprei word en op die tweetalige bruin leser gemik is, is egter nie ’n eksklusief Afrikaanse poniekoerant nie, maar het ’n tweetalige aanbod, met berigte wat in Engels en Afrikaans aangebied word. Vir die doeleindes van hierdie studie word hier slegs gefokus op die twee eksklusief Afrikaanse poniekoerante Son en Sondag. 3 Volgens Halliday (2007:30; 298–9) kan registervariasie bepaal word deur die volgende drie dimensies: (i) onderwerp ("field"), wat te make het met die onderwerp of aktiwiteit ("subject matter"); (ii) interpersoonlike verhoudings("tenor"), wat dui op die sosiale verhoudings tussen die deelnemers; en (iii) medium ("mode"), wat verwys na die kommunikasiekanaal (onder meer geskrewe en gesproke kommunikasie). Volgens hierdie omskrywing van register

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

131

kan, na gelang van die onderwerp, byvoorbeeld in poniekoerante onderskei word tussen ’n nuusregister, sportregister en vermaakregister. Daar kan verder ook onderskei word tussen ’n geskrewe en gesproke register, by implikasie dus ook tussen ’n omgangstaal- en standaardtaalregister. Daar is nie altyd eenstemmigheid in variasiestudies oor die gebruik van die terme register en styl nie, wat baie keer tot verwarring lei. Sommige sosiolinguiste handhaaf nie meer die onderskeid nie en gebruik die terme as wisselterme (vgl. Holmes 1992:276; Ferguson 1994:16). Vir die doeleindes van hierdie studie word daar onderskei tussen die verwante terme register en styl. Alhoewel styl as onafhanklik van register gesien kan word, kan stilistiese variasie ook binne ’n bepaalde register voorkom, en kan daar dus verwys word na onder andere ’n informele en formele register (vgl. Ponelis 1998:9; Stockwell 2007:10). 4 Sinsinterne kodewisseling word ook na verwys as kodevermenging (vgl. Appel en Muysken 1987:121; McCormick 1995:195). 5 By die aanlyn Son-uitgawes (www.son.co.za) waar bladsynommers nie aangetref word nie, word die opskrif van die berig as verwysingsgegewe verskaf. 6 Myers-Scotton (1992:112) onderskei tussen inhoudsmorfeme en sisteemmorfeme. Inhoudsmorfeme sluit in naamwoorde, werkwoorde, beskrywende adjektiewe, voorsetsels en nieklitiese voornaamwoorde. Sisteemmorfeme sluit onder meer in kwantifiseerders, koppelwerkwoorde, determineerders en gebonde morfeme wat tyd en aspek aandui. 7 Die term individuele wisseling verwys hier na die aantal kere wat daar na Engels gewissel word. By die berekening is meerwoordige wisselings wat bestaan uit twee of meer opeenvolgende leksikale items wat ’n begripseenheid vorm (soos white picket fences), as een individuele wisseling getel. 8 Om te bepaal watter verafrikaanste leksikale items as spreektaal beskou kan word, is die HAT (2015) as basis gebruik: verafrikaanste leksikale items wat met die etiket "uit Engels" en "informeel" of "sleng" gemerk is in die HAT, asook daardie verafrikaanste leksikale items wat nie gelemmatiseer is in die HAT nie, is ingesluit in die data-ontleding. 9 Om te bepaal watter verafrikaanste leksikale items as spreektaal beskou kan word, is die HAT (2015) as basis gebruik: verafrikaanste leksikale items wat met die etiket "uit Engels" en "informeel" of "sleng" gemerk is in die HAT, asook daardie verafrikaanste leksikale items wat nie gelemmatiseer is in die HAT nie, is ingesluit in die data-ontleding.

Die beskouing in hierdie studie is dat direkte vertalings (oftewel anglisismes) nie as negatief bejeën behoort te word nie, maar eerder gesien behoort te word as ’n onvermydelike deel van die ontwikkeling en groei van die vernakulêr, weens die noue wisselwerking tussen Afrikaans en Engels in die informele domein (vgl. Odendaal 2012:195). 10 By lesersbriewe waar die skrywer gebruik maak van ’n skuilnaam (bv. Mooi praat) word die skuilnaam in die bibliografiese gegewens gemeld as skrywersverwysing. By die lesersbriewe in poniekoerante is die gebruik ook om die lesers se bydraes tematies te groepeer onder bepaalde opskrifte; byvoorbeeld: ’n opskrif soos "Sondag en die hond se tert" (Sondag, 10 September 2012) sluit meerdere leserbydraes in. Dis hierdie tematiese opskrifte wat as verwysingsgegewe gebruik word vir die titel van die lesersbydrae. 11 By sommige inkortings (soos info) was dit nie altyd duidelik of die grondwoord Engels of Afrikaans is nie. In sulke gevalle, waar dit nie duidelik was nie, is die ingekorte vorm (in

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

132

sinsverband) aan ’n klein groepie Afrikaanse respondente gegee, wat dan die sinne hardop moes lees. Indien die uitspraak van die inkorting ’n Engelse klankpatroon gevolg het, is die inkorting dienooreenkomstig geklassifiseer. Die inkorting porno is byvoorbeeld op hierdie wyse geklassifiseer as een wat verkort is uit die Afrikaanse grondwoord pornografie. 12 Die woord gelem (gesteek) wat in die HAT (2015) gelemmatiseer is, en nié as "informeel" gemerk is nie, het veral frekwent voorgekom in die Son-korpus; byvoorbeeld: "Mentoor het ook ontken dat hy die meisie gelem het"(Son, 4 November 2014, "Obsessed oupa is skuldig"). Alhoewel die woord (ge)lem in sekere studies oor Kaaps (vgl. Blignaut en Lesch 2014:33; Van der Rheede 2012:119) as ’n tipiese Kaapse Afrikaanse merker geïdentifiseer word, word dit nie in hierdie studie as sodanig beskou nie, omdat die woord in die HAT gelemmatiseer is as ’n Standaardafrikaanse leksikale item. 13 Die gebruik van "voorkomsfrekwensie" as een van die kriteria om groepspesifieke merkers te bepaal, is nie onproblematies nie. Vir die doeleindes van hierdie studie verwys voorkomsfrekwensie slegs na die aantal kere wat ’n bepaalde leksikale item byvoorbeeld voorkom in Son, terwyl dit ’n beperkte voorkoms het in Sondag (of totaal afwesig is). Die verspreiding van die leksikale item is nie in berekening gebring by die frekwensie-ontledings nie. Dit wil sê, die volgende faktore is nie in berekening gebring nie: of die item deur verskillende outeurs gebruik is, of dit slegs beperk is tot die sitaatgedeeltes van die berig, en of dit in beide die berig- en sitaatgedeelte van die berig voorkom. 14 Om te bepaal watter leksikale items in Sondag as groepspesifieke merkers beskou kan word, is die spreektaalitems in Sondag vergelyk met die spreektaalitems in die aanlyn Son-uitgawes wat gedurende die tydperk 2013 tot Februarie 2016 verskyn het. Dit is gedoen by wyse van die aanlyn soekfunksie wat vir Son beskikbaar is op die aanlyn nuusplatform Newsbank via die portaal Access South Africa (http://infoweb.newsbank.com). Hierdie vergelyking het aan die lig gebring dat verskeie leksikale items wat aanvanklik beskou is as potensiële groepspesifieke merkers van die wit werkersklasspreker, ook ’n voorkomsfrekwensie in Son gehad het, byvoorbeeld:

moemfie (vrou of vroulike geslagsdeel);blare (geld); musiek gooi (speel/getrakteer); spyker (geslagsgemeenskap hê); knippie(geslagsgemeenskap hê); moewiese (moerse); jassies (kondome); stukkie (meisie/kêrel)

Leksikale items wat in beide Sondag en Son aangetref is, is nie geïdentifiseer as tipiese merkers van die wit werkersklas nie. (Ongelukkig was Sondag ten tye van hierdie ondersoek nie meer aanlyn beskikbaar om ’n soortgelyke vergelyking te kon doen vir die leksikale items wat as groepspesifieke merkers geïdentifiseer is in Son nie.) 15 Die lesersbriewe wat ontleed is in Sondag, behels die periode 10 September 2012 tot 23 September 2013, waartoe toegang verkry kon word op Sondag se webtuiste (www.sondag.co.za), voordat die webblad ongelukkig verwyder is ná die sluiting van die koerant. Vir Sondag is die aanlyn kommentaar wat gevolg het op die aanlyn berig deur Bruwer (2013) oor die sluiting van Sondag op 20 Oktober 2013, ook in berekening gebring by die ontleding.

Afdeling: Godsdienswetenskappe

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

133

Die rol van voedsel en eetgewoontes in die asketiese

spiritualiteit van Basilius van Sesarea, Evagrius van Pontus en Johannes Chrysostomus

Artemisa C. Rodrigues

Artemisa C. Rodrigues, Departement Bybelse en Antieke Studie, Universiteit van Suid-Afrika

Opsomming

Die oogmerk van hierdie artikel is om ’n vergelyking te tref tussen die sienings oor eetgewoontes, vas en die rol van voedsel van die kerkvaders Basilius van Sesarea (330–79 n.C.), Evagrius van Pontus (345–99 n.C.) en Johannes Chrysostomus (347–407 n.C.) en die rol wat dit in hul spiritualiteit gespeel het. Die studie handel dus oor die verband tussen voedsel, askese en spiritualiteit by hierdie antieke skrywers, en hoe hulle hul sienswyses, veral oor vraatsug, toegepas het in hul eie daaglikse omstandighede en die omstandighede van die mense aan wie hulle skryf. Daar word ook gevra of hedendaagse Christene steeds van hierdie antieke beginsels kan toepas in die uitlewing van hul spiritualiteit. Die studie toon dat al die skrywers vas, en ook vraatsug, aan die verhaal van Adam en Eva gekoppel het: om te vas was God se eerste geestelike bevel, en vraatsug een van die eerste oortredinge van die mens. Vraatsug word dus as ’n oersonde deur hierdie skrywers beskou. Verder word daar gewys dat vas, veral vir Basilius en Chrysostomus, nie verwys het na die algemene en algehele onthouding van voedsel en drank nie, maar meer na die beoefening van gematigdheid – selfs die monnike kon brood en sout eet. Al drie die Christelike skrywers se beginsels oor voedsel en eetgewoontes is gegrond op hul Grieks-Romeinse agtergrond en opvoeding, en hulle gebruik dikwels mediese en morele beginsels van die Grieks-Romeinse filosofie om hulle eie denke aan te vul, veral ten opsigte van die verhouding tussen voedsel en die gevare van seksuele drange en sedeloosheid.

Trefwoorde: asketisme; Basilius van Sesarea; Christelike spiritualiteit; Evagrius van Pontus; Johannes Chrysostomus; Patristiek; vas; voedsel; vraatsug

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

134

Abstract

The role of food and eating habits in the ascetical spirituality of Basil of Caesarea, Evagrius of Pontus and John Chrysostom

The purpose of this article is to compare the views of Basil of Caesarea (330–79 AD), Evagrius of Pontus (345–99 AD) and John Chrysostom (347–407 AD) regarding food and eating habits and how these contributed to their understanding of spirituality. The study is interested in the relationship between food, asceticism and spirituality in the thought of these three authors, and the role of food and fasting (and by implication, gluttony) in the daily lives of their audiences. It also asks whether the views of these ancient authors are still applicable to modern-day Christian spirituality. Because of the breadth of the early Christian literary corpus, these authors are chosen based on the fact that they all wrote in Greek, and thus represent some section of the Eastern church, and, more importantly, because each one of them had to address an audience with a unique background. Basil’s audience found themselves in the middle of a terrible famine that ravaged the region, while Evagrius’s audience consisted mainly of monks. John Chrysostom addresses an audience somewhat similar to that of Basil, but one that is not suffering under famine. The article therefore explores the strategies of these authors to address the specific challenges of their audience and society at large.

This article’s point of departure is that Christian spirituality is concerned with the “lived experience” of the Christian faith and believers. Food and eating (or not eating) are some of the fundamentals of human daily life. We structure our day around meals, and we are constantly concerned about how food impacts our health and social relationships. This means that the study of food and eating habits presents a fruitful opportunity for analysis within the scheme of Christian spirituality.

Norman Wirzba, in his book Food and faith: A theology of eating (2011:2), understands eating as a mystical experience: “Food is a holy and humbling mystery. Every time a creature eats it participates in God’s life-giving yet costly ways, ways that simultaneously affirm creation as a delectable gift, and as a divinely ordered membership of interdependent need and suffering and help. Whenever people come to the table they demonstrate with the unmistakable evidence of their stomachs that they are not self-subsisting gods.” Wirzba’s remark on the link between spiritual experience, food and eating is foundational to the approach followed in this article.

The analysis examines early Christian spirituality more closely, particularly the type of spirituality that exemplified the respective contexts of Basil, Evagrius and Chrysostom. The type of spirituality that characterised Patristic thought is called ascetical spirituality. In other words, the experience of faith and the relationship with God are expressed in acts of self-renunciation and self-mortification – known in Greek as askêsis (“discipline”). The passions of the body must be controlled and brought under subjection of the soul and the will. The care and well-being of the body should not receive priority over the care of the soul, and the body should be in service of the soul and not vice versa. Food and eating habits played an important part in this regard, since the consumption of food – its quantity but also its quality (food types) – directly impacted the humours of the body, which in turn influenced the bodily temperaments and emotions. Self-control started, in essence, on the plate of food set before

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

135

the individual. Gluttony, in ancient medical thought, was consistently associated with excessive and shameful sexual lust and sexual immorality.

When looking at the role of food and eating habits in the ascetical spirituality of Basil, who writes in the context of famine, it becomes evident that the act of fasting was a service to society. By sharing one’s food, one may save another from famine. Gluttony is determined by the relationship between the person eating and the person starving. Simply eating more than what is necessary to survive, in this context, was considered gluttony. According to Basil, if someone eats more than their share, while someone else is starving, it is not only gluttony, but akin to murder. In such severe famine, Basil proposed a very radical ascetical spirituality. Asceticism is not simply a spiritual exercise, but a saving measure for those in need, since food is shared among people of all classes. Fasting is therefore beneficial not only to the individual body, but also to the social body.

Evagrius is writing to monks who required practical advice for success in the monastic lifestyle. The analysis shows that food and eating habits were central to Evagrius’s ascetical spirituality. Eating the right types of foods in the right quantities assisted the monk in ascending to spiritual heights and conquering the passions of the body. Fasting was also considered a form of protection against demons.

The majority of John Chrysostom’s audience were not suffering under famine (despite the high levels of poverty in Antioch and Constantinople), nor were they monks who had renounced all family and social bonds. His audience had many wealthy individuals, and gluttony here was perhaps closer to modern ideas of the concept – some in his audience fit the image of the Roman symposiast who ate and wasted so much that it was shameful. Chrysostom was realistic about his expectations for his audience. He encouraged moderation – he knew that if he prescribed a strict and rigorous monastic diet, his audience would not follow it. But he also wanted to change their habits by introducing fasting as an important spiritual practice that should be performed regularly with moderation.

In conclusion, the article shows that each author constructed his views about food and eating habits (fasting and gluttony) contextually. The value of the views of these ancient authors, however, is seen in one overarching principle: when one eats one must think of the hungry. In a dynamic and practical spirituality, fasting must also have a social dimension. When one does not eat, one should share the food that would have been eaten. Fasting and responsible eating habits are then no longer self-centred spiritual practices, but a form of outreach that is based on empathy with the hungry and the needy.

Keywords: asceticism; Basil of Caesarea; Christian spirituality; Evagrius of Pontus; fasting; food; gluttony; John Chrysostom; Patristics

1. Inleiding

Die ontleding van die antieke Christelike spiritualiteit stel ons in staat om meer sinvol met hedendaagse praktyke van spiritualiteit om te gaan en hulle te verstaan (Waaijman 2002:406–10).1 Die doel van hierdie artikel is om ’n vergelykende blik te werp op hoe eetgewoontes, vas en die rol van voedsel verstaan is deur die kerkvaders Basilius van Sesarea (330–379

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

136

n.C.), Evagrius van Pontus (345–399 n.C.) en Johannes Chrysostomus (347–407 n.C.), en hoe dit tot hul spiritualiteit bygedra het. Ek stel dus belang in die verband tussen voedsel, askese en spiritualiteit by hierdie skrywers, en hoe hulle hul sienswyses toegepas het in hul eie daaglikse omstandighede en die omstandighede van die gehore aan wie hulle skryf of vir wie hulle preek, en of die moderne kerk steeds van hierdie antieke beginsels kan toepas in die uitlewing van Christelike spiritualiteit.

As gevolg van die breedvoerige aard van die korpus oor vroeg-Christelike literatuur en kulturele gebruike, is dit baie belangrik om bronne af te grens ten einde ’n sinvolle bespreking oor die saak te voer. Daarom fokus hierdie artikel slegs op skrywers wat in Grieks geskryf het en aan die Oosterse kerk behoort het. ’n Verdere punt wat beredeneer word, is dat voedsel, vas en die polemiek teen vraatsug onontbeerlik in die skep van vroeg-Christelike spiritualiteit was. Debatte oor deug en ondeug was dikwels toegespits op vraatsug – ’n ondeug wat byvoorbeeld deur Chrysostomus as ’n oersonde beskou is, aangesien Adam en Eva se eerste sonde die eet van die verbode vrug was (Hom. Gen. 2.10; in Hill 1999:128). Dit sal egter uit hierdie artikel blyk dat die dissipline van vas die hart van die vroeg-Christelike spiritualiteit laat klop het.

Die redes waarom hierdie drie skrywers gekies is, spruit voort uit die uniekheid van die kontekste waarbinne hulle kommunikeer. Evagrius van Pontus skryf in die besonder aan monnike wat die asketiese leefwyse aangeneem het (Shaw 1998:139–41), wat hom duidelik onderskei van Basilius en Chrysostomus. Hoewel Basilius en Chrysostomus se denke redelik ooreenstem, sien ons ook belangrike kontekstuele verskille by hulle. Die belangrikste verwysings vir Basilius kom uit sy preke wat hy gedurende tye van erge hongersnood gepreek het (Holman 2013). Chrysostomus preek nie binne hierdie agtergrond nie, maar preek eerder vir ’n gemengde gehoor (Mayer 2000:73–87) wat nie ten volle die monastiese leefwyse volg of in hongersnood verkeer nie. Chrysostomus wou ’n soort populêre vroomheid in Siriese Antiogië skep en dit het riglyne oor voedsel en vas ingesluit (Brown 1988:309). Al die skrywers leef in die 4de eeu, wat dus ook die tydperk van die studie afgrens.

Die artikel is dus vergelykend in die sin dat dit konteks-sensitief is, aangesien konteks ook ’n uiters belangrike aspek is vir die konseptualisering van praktyke van spiritualiteit (Waaijman 2002:41–2, 625–33). Hierdie benadering sal tot ’n beter insig bydra oor hoe voedsel en vaspraktyke die betrokke skrywers se spiritualiteit beïnvloed het. Die metodologie wat hier gevolg word, is ’n gekombineerde geskiedkundige en literêre ontleding – ’n benadering wat Hall (2011:102–7) sterk aanbeveel in die studie van antieke Christelike spiritualiteit. Die enigste studie wat tot ’n mate aansluit by die huidige ondersoek, is dié van Shaw (1998), hoewel laasgenoemde hoofsaaklik op die verband tussen vaspraktyke en seksualiteit fokus, sonder om indringende aandag aan spiritualiteit te skenk. Hoewel Shaw se werk baie tot die huidige ondersoek sal bydra, is daar dus ’n duidelike fokusverskil tussen die twee studies.

In hierdie artikel word die relevante primêre bronne van bogenoemde skrywers in hul literêre en kultuurgeskiedkundige kontekste ontleed en dan in verband gebring met die beskouing van die skrywers oor spiritualiteit en die beoefening daarvan. Eers ondersoek ek die tipe spiritualiteit wat ons by hierdie skrywers vind, met die vraag: “Wat is die aard, kenmerke en voorwaardes van spiritualiteit binne hierdie historiese omstandighede?” Die fokus hier sal in die besonder op asketiese spiritualiteit val. Dit word gevolg deur ’n ondersoek na die antieke sienswyses oor voedsel en vas, en die rol wat dit in die verhouding tussen liggaam en siel

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

137

vervul. Hierdie ondersoeke skep die kultuurhistoriese agtergrond vir die volgende afdeling van die artikel, wat die denke oor voedsel, vas en spiritualiteit by Basilius, Evagrius en Chrysostomus ondersoek. Laastens skep hierdie artikel die ruimte vir ’n gesprek tussen die antieke sienswyses oor die rol van voedsel en vas in Christelike spiritualiteit, en hedendaagse insigte.

2. Voedsel, eetgewoontes en die liggaam in die asketiese spiritualiteit van die vroeë Christendom

Die praktyk en ervaring van eet (of nie eet nie, d.w.s. vas) is een van die algemeenste belewenisse van die menslike wese. My denke is in hierdie opsig hoofsaaklik beïnvloed deur Norman Wirzba, Food and faith: A theology of eating (2011). Wirzba sien die handeling van eet as ’n mistieke ervaring (as een wat oop is vir die studie van spiritualiteit) en ook as ’n ervaring wat ons as mense sosiaal en ekologies in die skepping inbed. Dit maak ons bewus van beide lewe en sterwe. Om te eet, kom altyd met ’n prys, soos Wirzba (2011:2) aandui:

Food is a holy and humbling mystery. Every time a creature eats it participates in God’s life-giving yet costly ways, ways that simultaneously affirm creation as a delectable gift, and as a divinely ordered membership of interdependent need and suffering and help. Whenever people come to the table they demonstrate with the unmistakable evidence of their stomachs that they are not self-subsisting gods. They are finite and mortal creatures dependent on God’s many good gifts: sunlight, photosynthesis, decomposition, soil fertility, water, bees and butterflies, chickens, sheep, cows, gardeners, farmers, cooks, strangers, and friends (the list goes on and on). Eating reminds us that we participate in a grace-saturated world, a blessed creation worthy of attention, care, and celebration. Despite what food marketers may say, there really is no such thing as “cheap” or “convenient” food. Real food, the food that is the source of creaturely health and delight, is precious because it is a fundamental means through which God’s nurture and love for the whole creation are expressed.

Hierdie insiggewende en belangrike waarneming van Wirzba lê as ‘t ware die grondslag vir hierdie studie en vestig voedsel en vas as die kern van spiritualiteit. Dit gee dan ook sin aan die feit dat voedsel en vas ontsaglik belangrik was vir die vroeg-Christelike askete, en waarom die aard van voedsel en die daad van eet soms so belangrik was in die ontwikkeling van vroeg-Christelike teologie en etiek. Gepaard hiermee is die algemene fokus van vroeg-Christelike studies op die liggaam en beliggaming, wat aanleiding gee tot ’n spiritualiteit van “liggaamspraktyke” (sien byvoorbeeld Rousselle 1996; Shaw 1998; Brown 1988; hierdie studies fokus ook op voedsel, eet en vas met betrekking tot die liggaam). Die huidige stand van hierdie twee nouverwante dissiplines van Christelike spiritualiteit en vroeg-Christelike studies skep dus baie ruimte vir die ontleding van voedsel, eet en vaspraktyke, en hierdie studie beoog om die twee dissiplines nog nader aan mekaar te bring.

Noudat die geldigheid van die tema vir beide Christelike spiritualiteit en vroeg-Christelike studies bepaal is, kan ons die vroeg-Christelike spiritualiteit van nader beskou. Hoewel vroeg-Christelike spiritualiteit uiters uiteenlopend was, word dit hoofsaaklik as asketies beskou (Hall 2011:102–7).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

138

Die antieke riglyne oor voedsel en vas kan volledig verstaan word slegs wanneer ons duidelikheid het oor waarna askese en asketiese spiritualiteit verwys. Die term asketisme word van die Griekse term askêsis afgelei, wat as “oefening, opleiding of afrigting” vertaal kan word. In die vroeg-Christelike konteks kan askêsis na die studie van die Skrif of liggaamlike dissipline verwys. Dit is ook as ’n tegniese term vir die kloosterlewe gebruik (Peters 2011:276). Christene wat hul liggame streng gedissiplineer het, het as askete bekend gestaan.

Die verhouding tussen asketisme en die kloosterwese (of monastisisme) is ingewikkeld (Harmless 2008:509–10) en vereis navorsing wat buite die bestek van hierdie artikel val. Dit is duidelik dat asketisme en die kloosterwese direk met mekaar verband hou. Hoewel alle monnike askete was, was alle askete nie noodwendig monnike nie. ’n Askeet kon steeds in die stad gewoon het en selfs getroud gewees het en ’n gesin gehad het. Dit was die geval met baie askete na wie Chrysostomus verwys (Brown 1988:305–22). Die term monnik is meer tegnies en kan na ’n persoon verwys wat aktief die rug op ’n gesinslewe gedraai het en dikwels selfs die samelewing verlaat het, op soek na ’n lewe van innerlike vrede en eenvoud. Die Griekse term vir monnik, naamlik monachos, verwys na iemand wat afgesonderd geleef het of selfs ’n kluisenaar was – in Siries word dit beskryf met die terme ihidaya (“afgesonderde een”) of aksnaya (“wandelaar” of “vreemdeling”) (Vööbus 1958:95–101). Monnike kon alleenlopers wees of saam in ’n klooster gewoon het.

Waaijman (2002:338) verduidelik dat askêsis in die Hellenistiese kultuur na die opleiding van atlete en soldate verwys; vir die filosowe was dit die sistematiese afrigting van die wil en die rede om by te dra tot die praktyk van vroomheid en selfbeheersing. Dieselfde begrippe word dikwels gebruik wanneer Christelike skrywers na die askete verwys – hulle was God se atlete en Christus se soldate (Mayer 2006:11–9). Hierdie Hellenistiese konsep het geredelik neerslag onder die vroeë Christene gevind. By die opleiding van atlete en soldate was dieet baie belangrik – hulle moes weet wat om te eet en wat om te vermy, terwyl veral atlete aangemoedig is om te vas (Shaw 1998:80). Waaijman (2002:338) noem verder dat askêsis die studie van spiritualiteit toelig, aangesien spiritualiteit, volgens hom, doelbewuste menslike inspanning vereis.

Askese het aan baie Christene besondere sin vir die lewe gegee. In die 4de eeu, die tydperk onder beskouing in hierdie studie, was martelaarskap vir vele nie meer ’n opsie nie (hoewel ketters steeds gemartel is). Brown (1988:xxi–xxix) toon dat asketisme en veral die kloosterwese eintlik vanuit martelaarskap ontwikkel het. Toe baie Christene nie meer martelare kon word nie, het hulle steeds ’n behoefte gehad om vir hul geloof te ly. Lyding was ’n grondliggende element van identiteit vir die eerste Christene (Perkins 1995:9–21). Toe die martelaarsarena egter nie meer as ’n opsie aan hulle gebied is nie, het hulle ander weë gesoek om hierdie lydingspiritualiteit uit te leef – dit is waar asketisme en die kloosterwese na vore kom. Toe Christene nie meer fisies in die arena kon sterf nie, het baie van hulle streng praktyke van selfverloëning begin beoefen. Hulle het as ’t ware daagliks hul liggame gekruisig om sodoende meer soos Christus te word. Te midde van baie ander praktyke, soos aanhoudende gebed, nagwake en die afswering van seksuele omgang, was vas een van die algemeenste praktyke van selfverloëning en die kruisiging van die vlees. Die ruimte van martelaarskap het nou geskuif vanaf die arena na die bord waarin voedsel voorgesit word, waar die Christene altyd met die gedagte van imitatio Christi moes eet en drink. Soos Wirzba, hier bo aangehaal, genoem het: voedsel en eet word kwessies van lewe en dood.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

139

Maar waarom was voedsel en eetgewoontes so belangrik in die vroeg-Christelike asketisme? Om dit te verstaan, moet ons die verhouding tussen die liggaam en die siel in die antieke wêreld van naderby beskou. Dit is belangrik om kennis te neem dat die meeste antieke denkers, insluitende die meeste van die vroeë Christene, die siel as stoflik beskou het: hulle het geglo dat die siel van ’n ligter materie as die liggaam saamgestel is (Smith 2008:479–512). Martin (1999:11–2) tref ’n belangrike onderskeid tussen stoflikheid (of materialiteit) en liggaamlikheid: die siel is nie liggaamlik nie, maar stoflik, en slegs God is onstoflik en onliggaamlik. Omdat die siel stoflik is en saam met die liggaam geweef is, het die gesondheid van die siel ’n direkte impak op die gesondheid van die liggaam (Shaw 1998:27–78).

Basilius, Evagrius en Chrysostomus het geglo dat die siel stoflik is en dat die beheersing van die liggaam en sy drange, deur die siel, ’n mens se fisieke gesondheid kan beïnvloed (Mayer 2015:337–40). Die antieke mediese denkers was onder die indruk dat die liggaamlike vloeistowwe (of die humores), die elemente en die temperamente van die siel mekaar direk beïnvloed het. Daarteenoor is die liggaam se vloeistowwe direk beïnvloed deur ’n mens se dieet (Jouanna 2012:335–60). Die wisselwerking tussen dieet, liggaam en siel is opmerklik en verklaar ook waarom voedsel en eetgewoontes direk verband gehou het met asketisme en spiritualiteit.

Dit was nie slegs die geval by die vroeë Christene nie, want Grieks-Romeinse filosowe was oor die algemeen baie besorg oor watter kosse hulle kon eet en wat hulle moes vermy. Om ’n filosoof te wees, het beteken dat ’n mens soos ’n goeie filosoof moes eet (Parry 2005:171–88). Die neo-Pythagoriaanse filosoof Iamblichus vertel die volgende oor Pythagoras, wat blykbaar ’n streng vegetariese dieet gevolg het: “’n Goed-geordende dieet dra grootliks by tot die beste opvoeding, so laat ons sy [Pythagoras se] reëls hieroor ondersoek ... Hy het alle winderige en steurende kosse verban en slegs die gebruik van kosse wat die liggaam laat rus en voed, aanbeveel en voorgeskryf.” Hierdie dieet het, volgens Iamblichus, “baie doelwitte, wat heilig, natuurlik en besorg oor die siel is”. Die doel van Pythagoras se aanwysings oor eetgewoontes was “om mense op die weg van deugsaamheid te lei deur te begin met hul eetgewoontes” (De vit. Pyth. 24.106, 109; in Clark 1989:47–8).2 ’n Filosoof is dus dikwels beoordeel (en veroordeel) op grond van die voedsel in sy bord. Die beheer van mense se dieet en eetgewoontes is geformaliseer deur die amptelike instelling van vasdae deur die kerk (in nabootsing van Joodse en Grieks-Romeinse gebruike; Holmes 2009:198).

Vraatsug is deur beide die Christene en sommige Grieks-Romeinse filosofiese skole veroordeel (sien veral die bespreking in Garnsey 1999:12–21). Die gevare van vraatsug was veelvoudig. Een van die grootste probleme was dat vraatsug, soos Shaw (1998) se navorsing toon, gelei het tot oormatige seksuele begeertes. Die rede hiervoor was, volgens antieke mediese kennis (sien Rousselle 1996:160–78), dat voedsel in die maag verwerk word en na die lewer gestuur word. Die lewer omskep dan die voedsel in bloed, wat in die liggaam ingevoer word. Die element wat gekoppel word aan bloed is hitte, en hoe meer bloed die liggaam het, hoe warmer word die liggaam en hoe meer saad (en dus seksuele lus) word geskep. Hierdie saad moet afgeskei word deur seksuele omgang (of masturbasie). Volgens geneeshere soos Galenus kon die probleem van liggaamlike hitte en lustigheid oorkom word deur koel en droë kosse te eet (elke voedselsoort het eienskappe wat verband hou met die verskillende elemente, soos ook blyk uit die bespreking van Pythagoras; sien ook Grant 2002:23–6). Rousselle (1996) en Shaw (1998) se studies wys op die noue band tussen eetgewoontes en seksualiteit in die antieke tyd, terwyl beide bewys dat Christelike askete net so besorg was oor dieet, voedselsoorte en eetgewoontes as ’n manier om seksuele lus te

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

140

bekamp. Vaspraktyke moet dus ook in hierdie konteks verstaan word. Dit was ’n dissipline wat die gees beïnvloed het deur die bemiddeling van die liggaam.

Die dinamiek tussen asketisme en eetgewoontes word sodoende gekenmerk deur ’n stryd met die liggaamlike begeertes van die mens, wat hierdie vorm van spiritualiteit dus baie dissiplinêr maak. Die struweling met die sondige liggaam het nie noodwendig beteken dat dit in sigself boos is nie. Dit was die sondige begeertes van die liggaam wat die probleem was.

Daar was wel enkele groepe onder die eerste Christene wat geglo het dat die liggaam wesenlik sleg en boos is. Een van dié groepe was die Manicheërs, wat aangevoer het dat die liggaam die skepping van ’n bose demiurg was en so min voeding as moontlik gegee moet word – en dit het in sommige gevalle aanleiding gegee tot uitermatige en selfs dodelike vaspraktyke (BeDuhn 2000:51–2). Vööbus (1958:31–6) lig ook die sogenaamde enkratiete (die selfbeheerstes) uit. Hulle filosofie was dat ’n mens se dieet so eenvoudig moet wees dat dit geen plesier vir die liggaam inhou nie. Hierdie groep was so teen die drink van wyn dat hulle water, en nie wyn nie, saam met die nagmaal gebruik het. Vööbus verwys verder na die werke van Tatianus as ’n voorbeeld van die streng riglyne van die enkratiete. Tatianus was bekend vir sy harmonie van die evangelies, genoem die Diatessaron; hierdie teks was baie invloedryk in die Oosterse kerk. Interessant genoeg: in die Ons Vader-gebed in die Diatessaron, waar die teks in Matt. 6:11 lees: “Gee ons vandag ons daaglikse brood”, lees die Diatessaron: “Gee ons vandag U daaglikse brood” (Vööbus 1958:34–6). Voedsel was dus as so onopbouend beskou dat die enkratiete nie kon glo dat ’n mens God vir fisiese brood moet vra nie – brood verwys, in hierdie konteks, eerder na die Skrif. Dit is ’n uitstekende voorbeeld van hoe ’n mens se ideologie oor voedsel en die liggaam sy of haar verstaan van die Skrif en uiteindelik asketisme kan beïnvloed.

Hierdie uiterste beskouinge was egter nie die norm nie. Soos ons binnekort sal sien, was gematigdheid belangrik wanneer dit gehandel het oor voedsel en eetgewoontes en selfs vaspraktyke. Hoewel die bogenoemde as algemene raamwerk gedien het vir die meeste antieke Christelike dieetriglyne, was die sosiale, kulturele en ekonomiese konteks waarbinne die raamwerk gefunksioneer het, baie belangrik. Hier onder volg nou ’n uiteensetting van hoe drie skrywers wat hierdie basiese raamwerk gedeel het, riglyne oor voedsel en eetgewoontes op ’n unieke manier voorgeskryf het.

3. Basilius van Sesarea se verband tussen voedsel en eetgewoontes, en armoede en hongersnood

Basilius was ’n invloedryke biskop in die stad Sesarea, tans in sentraal-Turkye, en ook (saam met Gregorius van Nyssa en Gregorius van Nazianzus) een van die drie bekende Kappadosiese Vaders. Hy het ervaring in die kloosterlewe gehad en het later as ’n teoloog opgetree en was aktief betrokke in die Drie-eenheidsdebatte van die 4de eeu (Rousseau 1994:1–76). Die meeste van sy homilieë is geskryf binne die konteks van armesorg in ’n tyd van hongersnood, wat beteken dat hierdie homilieë tot ’n beter verstaan van die sosiale rol van voedsel, eetgewoontes en vas as geestelike praktyke kan bydra. Die konteks waarbinne die homilieë figureer, is die moeilike ekonomiese omstandighede van sy tyd. Basilius het natuurlik ook raad aan monnike gegee binne die konteks van die kloosterlewe. Hy was meer krities oor monnike wat alleen gewoon het en het voorgestel dat hulle saam in gemeenskappe

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

141

moet leef en altyd betrokke moet wees in intellektuele ontwikkeling en by die sorg van die armes (Comby 2004:82). Hieruit blyk duidelik dat Basilius se toegespitste monastiese diskoerse verband hou met die sorg van die armes.

Basilius se agste homilie, “Aangaande hongersnood en droogte” is ’n sorgwekkende uitspraak oor die verwoesting en swaarkry van hongersnood. Basilius verduidelik (Fam. Sicc. 8.1; in Comby 2004:109):

Van alle menslike swaarkry is hongersnood die grootste, en van sterwes is dít die pynlikste ... Honger is ’n stadige marteling, ’n uitgerekte pyn, ’n boosheid wat altyd teenwoordig is, ’n dood wat altyd daar is en altyd uitgestel is ... Die liggaam word loodkleurig as gevolg van die bleekheid en swartheid wat met hierdie lyding gepaard gaan ... Die oë trek terug in die kop, los in hul kaste soos droë neute in hul doppe. Die maag is leeg, ingekrimp, vormloos, sonder inhoud. Die derms toon nie meer hul normale spanning nie, en die bene druk uit op die rug.

Dit blyk duidelik dat Basilius hier uit sy eie ervaring van hongersnood praat. Hy het mense daarvan gesien sterf en verwys waarskynlik na die hongersnood van 368 n.C. (Holman 2001:76–9). Hy spreek hom uit teen die opgaar van graan en ander kosse gedurende hierdie tyd – dit lyk asof die rykes dit gedoen het sodat hulle beter pryse vir hul produkte kon kry. Basilius verduidelik dat wanneer sulke mense wat voedsel het, eet terwyl die armes om hulle van die honger vergaan, hulle hulle skuldig maak aan vraatsug, al eet hulle slegs ’n handjievol. Vraatsug word dus hier nie deur die oormatige hoeveelheid voedsel wat ’n mens eet, bepaal nie, maar deur die hoeveelheid voedsel wat die mens eet in verhouding tot ander wat nie voedsel het nie. Basilius moedig sy mense aan (Fam. Sicc. 8.1; in Comby 2004:109): “Is jy arm? Daar is ander wat armer is as jy. Het jy net twee dae se voedsel? Hulle het net genoeg vir een dag. Wees goed en barmhartig, en deel wat jy het met die behoeftiges.”

Om onder sulke moeilike omstandighede te eet sonder om te deel, is nie gelyk net aan vraatsug nie, maar ook aan moord, soos Holman (2001:88) dit beskryf: “The starving body in Basil’s Homily 8 has religious and social value as a body and particularly as one suffering an injustice comparable to homicide.” Basilius bring vraatsug onder hierdie spesifieke omstandighede in direkte verband met moord. Hongersnood het dus nie net die individuele liggaam vernietig nie, maar ook die sosiale – en dieselfde geld vir vraatsug. Vraatsug breek die bande van menslikheid wat die samelewing bymekaar behoort te hou, af. Wanneer Basilius sy mense aanspoor om voedsel uit te deel en te vas, gaan dit oor die gesondheid van die individuele liggaam, asook oor die gesondheid van die sosiale liggaam. Dit blyk dus duidelik dat vraatsug by Basilius nie net die handeling van ooreet bevat nie (dit is dus nie net ’n eetgewoonte nie), maar dat dit in die eerste plek ’n gemoedsingesteldheid is.

Basilius het geglo dat vraatsug die allerverskriklikste ondeug is. Dit is te verstane in die lig daarvan dat hy mense gesien feesvier het terwyl ander besig was om van die honger te sterf. In sy Asketikon (in Garnsey 1999:96) gebruik hy besproeiing as ’n metafoor om die gevolge van vraatsug uit te lig: “Soos die aard van water wat deur baie vore vloei die hele gebied rondom die vore benat, so ook is die sonde van vraatsug. As dit uit die hart vloei, benat dit die hele verstand en laat ’n woud van boosheid in jou groei en maak jou siel ’n hool vir ongediertes.” Vraatsug is die water wat sonde in die siel laat groei. Basilius sê verder dat God se eerste bevel aan Adam en Eva was om te vas en hulself te weerhou van voedsel. Basilius verduidelik: “As Eva van die boom gevas het, was dit nie nou nodig vir ons om te vas nie”

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

142

(Ieiun. hom. 1.3; in Holman 2013:59). Vas is dus reeds in die tuin voorgeskryf en daarom is vas ook nodig vir belydenis: “Ons het uit die paradys geval omrede ons nie gevas het nie, so laat ons nou vas sodat ons daarheen mag terugkeer” (Ieiun. hom. 1.3–4; in Holman 2013:60–1). Hy het verder geglo dat “die begeerte na voedsel ongehoorsaamheid veroorsaak het, en die genot van smaak ons uit die paradys gewerp het” (Oct. spir. mal. 1; in Holman 2013:129).

Om te vas het dus sosiale en ook godsdienstige voordele ingehou. Die doel van die lewe van askese was om na die oorspronklike toestand van menswees, soos in Eden voor die sondeval, terug te keer. Veral vir Basilius het dit beteken dat ’n mens die gepaste gedrag in sy tyd, naamlik om te vas, moes naboots. Volgens hom was dit ironies dat die wêreld juis as gevolg van vraatsug van honger gesterf het. Hy het geglo dat wyn, diereoffers en die eet van vleis nie deel was van die lewe voor die sonde nie – hierdie gebruike is veral eers na die sondvloed ingestel (Shaw 1998:177). Die gebruike was nie in sigself boos nie, aangesien God dit aan die mens geskenk het (anders as wat die Manicheërs, byvoorbeeld, geglo het), maar die gebruike was ook nie ideaal nie. Vas word daarom beskou as utopies, maar vraatsug as distopies. God het vleis na die sondeval by die mens se dieet gevoeg en daarom dwing Basilius nie sy gehoor om vegetariërs te wees nie (soos sommiges wel gedoen het – Shaw 1998:167–71), maar as mense nader aan die ideale lewe wil kom, moet hulle verkieslik slegs vrugte en graankosse te eet (Hom. struct. 2.6–7; in Shaw 1998:178).

Basilius veroordeel nie enige spesifieke tipe voedsel nie, maar hy vergelyk wel die dieet van die paradys met die begeerte om lekkernye te eet: “Aangesien ons nie meer die boom van die lewe sien nie, of ons verheerlik in daardie skoonheid van Eden nie, is daar van toe af slagters en bakkers en ’n verskeidenheid van pasteie en geurige kosse aan ons gegee vir ons genot, en sommige van dié kosse troos ons vir ons val uit daardie plek” (Hom. struct. 2.7; in Shaw 1998:178). Dit is interessant dat Basilius hier, vir alle praktiese doeleindes, verwys na ’n emosionele etery: “Ons eet om te vergeet van die sondeval.” Tog is hy nie positief oor hierdie tipe eetgewoonte nie. Hy sê dat “as jy jou maag beheer, sal jy in die paradys leef, maar indien nie, sal jy ’n slagoffer van die dood wees” (Renun. 7; in Holman 2013:45). Basilius waarsku Christene dat hulle nie “slawe” van vleis en wyn moet word nie en net genoeg moet eet om gesond te bly – maar hy is nie soos die enkratiete wat voedsel by verstek afwys nie, maar het wel, volgens Grimm (1996:188), “a denial of the pleasant things, ordained, out of motive of piety, towards the purification of the tendencies of the flesh” (’n ontsegging van die aangename dinge, wat bevestig is, vanuit die beweegrede van vroomheid, na die loutering van die drange van die sondige liggaam) aangespoor.

In die asketiese spiritualiteit van Basilius was vas dus ’n gemeenskapsdiens – deur te vas en ’n mens se voedsel te deel, kan ’n mens ander van hongersnood red (Holman 2013:10–5). Vraatsug word bepaal deur die verhouding van die persoon wat eet met die persoon wat honger ly. Wirzba (2011:2–3) se “koste” van eet is hier duidelik: Basilius sê dat as ’n mens meer eet as wat nodig is, as iemand eet terwyl ander sterf van die honger, is dit so goed soos moord. Basilius se spiritualiteit van eet is baie radikaal. Vas word ’n geestelike plig wat beoefen word met volle kennisname van ander mense se pyn en swaarkry. Vas mag nooit in diens van die individu wees nie; dit mag nie selfsugtig wees nie. ’n Mens moet nie vas slegs ter wille van die vas self nie, maar vas moet gebruik word as ’n manier om na die armes uit te reik. Vas bring ook gesondheid vir die individu se liggaam en siel en herstel dus die sosiale liggaam. In hierdie verband, en veral in die huidige konteks van armoede in Suid-Afrika, is Basilius se woorde steeds baie relevant: wanneer ons onsself voed, is daar ook die verpligting op ons om ander te voed.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

143

4. Evagrius van Pontus aangaande voedsel en eetgewoontes in die monastiese konteks

Evagrius van Pontus was een van die leerlinge van Basilius van Sesarea. Na ’n aantal persoonlike probleme het Evagrius as ’n monnik in Egipte gaan bly, waar hy as geestelike leier vir ander monnike opgetree het (Drobner 2007:372). Onder die werke van Evagrius, wat Bybelkommentare en monastiese redevoerings insluit, staan die Antirrhetikos (hoe om demoniese aanslagte te hanteer), die Praktikos (praktiese riglyne vir spiritualiteit), Eulogios (aangaande deug en ondeug), en die Logismos (hoe om ’n mense se denke te beheer) uit as meesterwerke. O’Laughlin (1992:528–9) het opgemerk dat een van die uitdagings van die studie van Evagrius is dat “he was both a theologian and a teacher of monasticism; as such, he produced a varied corpus of literature, ranging from simple ascetic observations to esoteric theological speculation.” Die monastiese lewe het vir Evagrius vryheid van drange en ’n groei in kennis beteken. Hierin is hy uniek vir hierdie studie, juis omdat hy spesifiek aan monnike raad gee. Evagrius gee ons dus die geleentheid om raad aangaande voedsel en eetgewoontes tussen monnike en gewone gelowiges, soos in die geval van Basilius en Chrysostomus, te vergelyk. Hy is besorg oor sy monastiese gehoor se daaglikse stryd teen bose gedagtes en demone en die beoefening van suiwer gebed. Evagrius is dus van groot hulp by ’n beter verstaan van die rol wat voedsel en eetgewoontes in die monastiese konteks vervul het.

In sy lering oor deugsaamheid verwys Evagrius na agt gevaarlike ondeugde wat gekoppel is aan die denke, wat tot versoeking lei (hierdie agt was ook die voorgangers vir die latere formuleringe van Johannes Cassianus en Gregorius die Grote se bekende sewe dodelike sondes; Demacopoulos 2015:13–52). Hierdie ondeugde was vraatsug, sedeloosheid, hebsug, ongelukkigheid, woede, rusteloosheid, ydelheid en hoogmoed. Elke ondeug het ook ’n teenoorgestelde deug gehad en deur die beoefening van hierdie deug is die ondeug oorwin. Evagrius se deugde was geloof, eerbied aan God, weerhouding, standvastigheid, hoop, lusteloosheid, liefde, kennis, teologie en geluk (Drobner 2007:367). Evagrius het na hierdie agt beginsels van asketiese etiek verwys as denke of gedagtes (logismoi).

Onder die ondeugde het vraatsug egter weer eens as die allerverskriklikste ondeug uitgestaan. Vraatsug word deur Evagrius beskou as ’n siekte van die siel wat baie gevolge vir die liggaam dra. Hierdie ondeug kan ook deur fisiese metodes en dissiplines oorkom word (Shaw 1998:130). Evagrius (Vit. opp. virt. 2; in Shaw 1998:129) skryf: “Vraatsug is die allerverskriklikste lus, die voedsel vir bose gedagtes, laksheid gedurende vastye, ’n hindernis vir askese, vreeslik vir die morele lewe.” Een van die uitdagings wat Evagrius moet aansny, is seksuele lus, en hier word dit duidelik dat hy, soos by die Grieks-Romeinse mediese raamwerk, vraatsug aan seksuele lus gebind het (Shaw 1998:131). Dit was ’n baie groot probleem vir monnike, aangesien die beheer van seksuele denke, en veral drome, aan die orde van die dag was (Rousselle 1996:141–78). By Evagrius is vraatsug baie anders as wat dit by Basilius is. ’n Paar ekstra stukkies groente by ’n monnik se maaltyd van brood, sout en water kon beskou word as vraatsug. Vir Basilius was vraatsug om te eet terwyl ander honger was, terwyl Chrysostomus (soos dit nog gestel sal word) vraatsug beskryf het met mense wat hulself amper dood geëet het – só dat hulle moes braak om verder te kan eet (Shaw 1998:131–3). Sinkewicz (2003:xxvi) stel: “For monks, who ate only one meal a day, which frequently consisted of no more than dry bread with water and, occasionally, a little olive oil, the thought of gluttony was not a temptation to bulimic excess, but rather a stirring of anxiety over the body’s health and well-being or, more simply, a feeling of boredom with an unvaried diet.” Evagrius skryf (Prakt. 1.7; in Sinkewicz 2003:98): “Die gedagte aan vraatsug toon vir

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

144

die monnik die spoedige verval van sy askese. Dit beskryf vir hom sy maag, sy lewer en milt, watersug en uitgerekte siekte, die skaarsheid van wat benodig word en die afwesigheid van geneeshere. Dit herinner hom gereeld aan ander broers wat onder hierdie lyding gesterf het.”

Evagrius verstaan vraatsug as ’n houding wat behep is met die welstand van die liggaam, en in sy gnostiese denkraamwerk (Konstantinovsky 2009:14–21) was so ’n selfsugtige besorgdheid oor die gesondheid van die liggaam onaanvaarbaar. Daar is raakpunte met Basilius – Basilius het ook gevoel dat die individuele liggaam nie te hoog geag moes word nie. Basilius was egter meer besorg oor die gesondheid van die liggaam, veral die sosiale liggaam. Dit is hier waar die verskil tussen die twee na vore kom. Die monnik moes, volgens Evagrius, alle kommer oor die liggaam opsy sit en fokus op die vernuwing van die denke en die gees. Hier moet ook in gedagte gehou word dat sommige kluisenaars nie altyd toegang tot direkte mediese sorg gehad het nie – veral nie diegene wat buite die kloosters geleef het nie. Gesondheidsprobleme as gevolg van wanvoeding kon die monnik depressief maak, wat dit vir hom broodnodig gemaak het om al agt deugde in harmonie te beoefen – dit vorm die leitmotiv van veral die Praktikos en Eulogios. Verveeldheid was ook ’n gevaar vir die askeet. Om dieselfde voedsel elke dag te eet, het beteken dat die monnik ander tegnieke moes inspan om gelukkig te wees en teen die vervelige monastiese dieet te waak.

Evagrius noem ook dat monnike versigtig moet wees om nie hoogmoedig te raak wanneer hulle daarin slaag om volgens streng askese te leef nie. Die monnik moes hierdie moeilike geestelike balans behou. Evagrius het gedagtes oor voedsel en eet direk ook aan die teenwoordigheid en invloed van demone gekoppel. Terwyl hy oor gebed onderrig gee, skryf hy (Orat. 50; in Sinkewicz 2003:198): “Waarom wil die demone ons tot vraatsug, sedeloosheid, hebsug, woede, verwyt en ander drange dryf? Sodat die verstand daardeur afgestomp (‘dik’) word en ons dus nie kan bid nie. Want wanneer irrasionele drange na vore kom, laat dié nie die verstand toe om deur die rasionele beweeg te word en die Woord van God te soek nie.”

Denke oor vraatsug en voedsel word dus demoniese tegnieke om die monnik se verhouding met God te versteur. Dit “verdik” die rede (net soos vraatsug die liggaam vet maak) en word ’n struikelblok vir effektiewe gebed. Dit stimuleer ook die irrasionele deel van die mens, die dierlike deel – die sondige liggaam en sondige natuur. Voedsel en eetgewoontes is dus hoegenaamd nie randstandig in die spiritualiteit en asketiese dissipline van die monnik nie – eintlik vorm dit die kern van ’n suksesvolle monastiese en asketiese leefwyse. As die monnik die regte kosse eet, sal hy beter bid en sal sy siel hoër styg, na die hoogtes van God. Vir Evagrius het vas en die korrekte eetgewoontes die sukses van ’n mens se spiritualiteit bepaal en terselfdertyd as beskerming teen demone gedien.

Dit is daarom duidelik dat binne die denkraamwerk van Evagrius, voedsel en eetgewoontes in geen sin randstandig tot die spiritualiteit van die monnik was nie. In wese het die kennis om die versoeking van voedsel te weerstaan en om te kies watter voedsel om te eet en wat om te vermy, die grondslag gevorm van monastiese spiritualiteit, waarsonder die siel van die monnik nooit in staat sou wees om geestelik op te styg na die hoogtes van God en met die Logos te verenig nie. Vir Evagrius was dit tot ’n groot mate voedsel wat die groei en sukses van ’n mens se spiritualiteit bepaal het en wat as beskerming teen die demone gedien het.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

145

6. Johannes Chrysostomus se raad aangaande voedsel en eetgewoontes binne die elite stedelike konteks

Chrysostomus was nie net ’n vurige aanhanger van askese nie, maar ook ’n baie gewilde prediker en apologeet in Antiogië en het later die biskop van die groot en belangrike stad Konstantinopel geword. Die Westerse kerk het Chrysostomus, Athanasius, Basilius en Gregorius van Nazianzus aangewys as die vier groot leermeesters (doctores) van die Ooste (Drobner 2007:249). Na sy dood het Johannes die noemnaam Chrysostomus gekry, wat met goue mond vertaal kan word – die rede daarvoor was natuurlik sy merkwaardige vaardighede as ’n spreker. Die meeste van sy werk is preke oor die boeke van die Bybel. Sy gehoor het verskil van dié van Basilius – hulle was nie in die midde van ’n hongersnood nie (alhoewel daar baie armoede in die stad was). Hy preek ook nie, soos Evagrius, aan ’n uitsluitlik monastiese gehoor nie. Sy gehoor is gemeng, maar het meestal bestaan uit welvarende mense wat in elite huise grootgeword en gewoon het (Mayer en Allen 2000:1–9).

Chrysostomus was nie ’n professionele geneesheer nie, maar hy toon wel gevorderde insig in die mediese wetenskap en gebruik, op ’n eklektiese wyse, die sienswyses van verskeie antieke mediese skole. Hy is veral beïnvloed deur Galenus se denke (De Wet 2015:261–2; Mayer 2015:337–41). Die onderwerp van gesondheid is baie algemeen in Chrysostomus se werke en hy spoor dikwels maagde en gewone gelowiges aan om luukshede en vraatsug te vermy deur op die risiko vir ’n mens se gesondheid te wys. Volgens hom het vraatsug hoofpyn, jig, ongebalanseerde liggaamsvloeistowwe, spanning, maagkwale, lighoofdigheid en selfs blindheid (Hom. Gen. 10.5; in Hill 1999:130–31) tot gevolg.

Bowenal het vraatsug geestelike gevare ingehou. Soos Basilius en Evagrius, het ook Chrysostomus vraatsug beskou as die eerste sonde wat Adam en Eva gepleeg het. Die eerste bevel wat God aan Adam gegee het, was om hom te onthou van die vrug van die boom van die kennis van goed en kwaad (Hom. Gen. 1.6; Hill 1999:23): “Onthou dat toe God in die begin die mense geskape het, het hy geweet dat hulle ’n besondere behoefte vir hierdie geneesmiddel van die siel [d.i. vas] vir hul saligheid gehad het en dus het hy reg aan die begin vir die mens die bevel gegee om nie van die boom te eet nie [sien Gen. 2:16–7].” Chrysostomus glo ook verder dat om te vas, nie slegs beteken om te vas van voedsel nie, maar ook om weg te bly van sonde (Hom. Gen. 1.2 en 1.4; in Hill 1999:22–3, 180–1). Vas was dus ’n leefwyse – die begin van die ontsegging van die slegte gewoontes en die drange van die sondige natuur (McKnight 2009:108). Chrysostomus redeneer soos volg (Hom. Stat. 3.11; in Stephens 1889, geen bl.nr.): “Moet nie net jou mond laat vas nie, maar ook die oog en die oor en die voete en die hande en al die dele van ons liggame. Laat die hande vas deur rein van hebsug en diefstal te wees. Laat die voete vas deur op te hou om na onaanvaarbare vertonings te hardloop ... Laat die mond ook van skandelike gesprekke en geskreeu vas.” Chrysostomus stel die praktyk van vas hier as die kern van die deugsame lewe. Wanneer ’n mens leer om te vas, leer ’n mens ook om al die ander deugde te beoefen. Chrysostomus se raad is dus eties en allesomvattend wat betref vas en die vermyding van vraatsug. Die implikasie is dat mense wat nie hul eetgewoontes kan beheer nie en vrate is, hulself ook maklik in ander drange uitermatig sal geniet tot die vernietiging van die individuele en sosiale liggaam.

Soos Basilius sien ook Chrysostomus die praktyk van vas en die ondeug van vraatsug as sosiale probleme. Vas moet nooit beoefen word as ’n hoogmoedige en selfsugtige praktyk nie. Vas beteken om jou te onthou van voedsel sodat ander genoeg sal hê om te eet. Vas is

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

146

dus nie net ’n inwendige geestelike oefening nie, maar ook ’n sosiale plig en ’n manier om uit te reik na dié wat in nood is. Dit is ’n belangrike waarneming, aangesien dit beteken dat hierdie “sosiale vas” nie net ’n noodmaatreël was in tye van hongersnood nie, soos ons by Basilius gesien het, maar dat dit eintlik die algemene beginsel van die deugsame lewe, ten spyte van die beskikbaarheid van voedsel, was. Vas word by Chrysostomus ’n pedagogiese strategie vir die aanleer van deugsaamheid.

Vas het die kern van Chrysostomus se spiritualiteitsleer gevorm. Saam met vas het hy ook sy gehoor aangemoedig om nagwake te hou en nie te veel te slaap nie (Hom. Act. 36.1; in Walker e.a. 1889, geen bl.nr.; sien ook Farré-i-Barril 2012:217–25). Hy het sy gehoor, veral die maagde, aangemoedig om hulle nie te verlustig in seksuele begeertes en onrein denke nie – ’n aansluitingspunt met Evagrius – aangesien hy geglo het dat seksuele omgang nie in die tuin van Eden plaasgevind het nie. Weer eens is die verband tussen eetgewoontes en seksualiteit duidelik. Omrede daar onthouding van voedsel in die tuin was, was daar ook seksuele onthouding (sien byvoorbeeld die gesprek in Virg. 40.1–4; in Shore 1983:59–61; hier praat Chrysostomus spesifiek met die maagde in sy gemeente). Chrysostomus was van mening dat as ’n mens iemand kan leer vas, jy ’n persoon ook kan leer om haar maagdelikheid te behou.

Chrysostomus was egter ook realisties ten opsigte van sy verwagtinge van sy gehoor. Hy het besef dat hulle nie monnike is nie en wou hulle ook nie afskrik van die praktyke van askese nie. In hierdie opsig het Chrysostomus sy gehoor geleer om matigheid voor oë te hou. Hy sê: “Geniet jul baddens, die voedsel op jul tafels, jul vleis en wyn in matigheid – julle kan eintlik alles geniet, maar bly weg van die sonde. En wanneer is iets sonde? Wanneer daar geen matigheid en geen selfbeheersing is nie” (Hom. Eph. 13.3; in Alexander 1889, geen bl.nr.; sien ook Grimm 1996:190). Hy moedig mense aan om te vas sonder om voedsel en drank te vermy, maar om op so ’n wyse te eet dat hulle vraatsug en dronkenskap vermy. Dit is dus uiters belangrik om te verstaan dat vas vir vroeë Christene soos Chrysostomus nie beteken het dat ’n mens geheel en al moes wegbly van voedsel nie. Slegs sekere kosse is vermy en vas het meer gegaan oor die genoegsaamheid en mededeelsaamheid van die maaltyd. Dit was nie ’n wedywering om te kyk hoe lank iemand volledig kon wegbly van voedsel af nie. Chrysostomus was slim deur gematigde askese aan te beveel – dalk het hy hierdie standpunt uit persoonlike ervaring aangeleer. Volgens oorlewering het hy, nadat hy teruggekeer het van die monastiese lewe buite Antiogië, vreeslik met maagkwale gesukkel, juis omdat hy so uitermatig gevas het (Kelly 1998:97).

7. Gevolgtrekking: Die waarde van antieke beginsels oor voedsel en eetgewoontes vir hedendaagse spiritualiteit

In hierdie artikel het ek getoon dat al drie die skrywers – Basilius, Evagrius en Chrysostomus – voedsel, vas en eetgewoontes as sentraal vir ’n deugsame lewe beskou het. Vas was nie net nog ’n geestelike dissipline nie – dit was die geestelike dissipline wat ’n mens geleer het hoe om al die ander deugde te beoefen. Al die skrywers het vas, en ook vraatsug, aan die verhaal van Adam en Eva gekoppel: om te vas, was die eerste geestelike bevel van God, en vraatsug een van die eerste oortredinge van die mens. Vraatsug funksioneer dus as ’n oersonde vir hierdie skrywers. Vas het, veral vir Basilius en Chrysostomus, nie verwys na die algemene en totale onthouding van voedsel en drank nie, maar meer die beoefening van gematigdheid –

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

147

selfs die monnike kon brood en sout eet. Al drie die Christelike skrywers se denke oor voedsel en eetgewoontes is gebaseer op hul Grieks-Romeinse agtergrond, en hulle gebruik dikwels mediese en morele beginsels van die filosofie om hulle eie denke aan te vul, veral in terme van die verhouding tussen voedsel en die gevare van seksuele drange en sedeloosheid.

Ten spyte van die belangrikheid van vas en die vermyding van vraatsug het elke skrywer sy eie unieke sienswyse hieroor getoon. Vir Basilius en Chrysostomus, wat in die stedelike gebiede gepreek het, het vas en vraatsug besonderse sosiale kwaliteite gehad. In ’n tyd van hongersnood was vas ’n manier om iemand se lewe te red, en is vraatsug basies gelykgestel aan moord. Sienswyses oor voedsel en eetgewoontes is dus kontekstueel bepaal, maar matigheid was ’n algemene riglyn. Evagrius se monastiese riglyne was die strengste en het monastiese besorgdheid oor die liggaam geproblematiseer.

Het hierdie antieke Christelike sienswyses steeds waarde vir die Christelike spiritualiteit van vandag? Hoewel ons die tekste wat in behandeling geneem is, altyd in konteks moet lees, moet ons verstaan dat daar ook, soos met die Bybel, hermeneutiese prosesse is waardeur ’n mens hierdie tekste toepaslik kan maak. Tog meen ek, met hierdie waarskuwing in gedagte, dat daar beginsels is wat vandag nog toepaslik kan wees vir die spiritualiteit. Die praktyk van vas moet nie net verstaan word as ’n inwendige geestelike dissipline of ’n wedywering teen drange nie. Vas is ’n vorm van uitreik. Inderwaarheid is dit nie moontlik om te vas, in die antieke sin van die woord, sonder om uit te reik na dié wat honger is nie. Vas kan dus dien as ’n algemene beginsel vir sosiale uitreiking – ’n spiritualiteit waar ons leer om met ander te deel, nie net voedsel nie, maar empatie, want wanneer daar gevas word, beleef die individu dieselfde honger wat die armes beleef. So ’n lewensgerigtheid is uiters belangrik, veral in ’n Suid-Afrikaanse samelewing waar die skeiding tussen ryk en arm so groot is. Eetgewoontes kan ons baie van onsself en ander leer. In ons moderne samelewing word daar tereg sterk klem gelê op die verband tussen eetgewoontes en persoonlike gesondheid (byvoorbeeld die Banting-dieet, die “punte” wat die mediese skemas gee wanneer jy gesonde kosse koop, ens.). Die sosiale plig van elkeen om te eet met ander mense in gedagte en in die hart ontvang egter nie naastenby genoegsame reliëf nie. Dit bring ons weer eens terug na Wirzba se stelling: om te eet kos iets en die praktyk van eet, die smaak van voedsel, is ’n mistieke en goddelike ervaring – een wat van binne na buite moet beweeg. Vas en verantwoordelike eetgewoontes word dan nie ’n esoteriese praktyk vir mense wat hulself wegsluit in kloosters of kerke nie, maar ’n sosiale aksie wat die nood, swaarkry en behoeftes van ander op ’n eg empatiese wyse in ag neem.

Bibliografie

Alexander, G. 1889. St. John Chrysostom: Homilies on Ephesians. In Schaff (red.) 1889.

BeDuhn, J. 2000. The Manichaean body: In discipline and ritual. Baltimore, MD: Johns Hopkins University Press.

Brown, P. 1988. The body and society: Men, women, and sexual renunciation in early Christianity. New York: Columbia University Press.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

148

Cave, D. en R. Sachs Norris (reds.). 2012. Religion and the body: Modern science and the construction of religious meaning. Leiden: Brill

Clark, G. (red.). 1989. Iamblichus: On the Pythagorean life. Liverpool: Liverpool University Press.

Comby, J. 2004. How to read church history: From the beginnings to the fifteenth century. New York: Crossroad.

Demacopoulos, G.E. 2015. Gregory the Great: Ascetic, pastor, and first man of Rome. Notre Dame, IN: University of Notre Dame Press.

De Wet, C.L. 2015. Preaching bondage: John Chrysostom and the discourse of slavery in early Christianity. Oakland: University of California Press.

Drobner, H.R. 2007. The fathers of the church: A comprehensive introduction. Peabody, MA: Hendrickson.

Farré-i-Barril, N.M. 2012. Sleep deprivation: Asceticism, religious experience and neurological quandaries. In Cave en Sachs Norris (reds.) 2012.

Garnsey, P. 1999. Food and society in classical antiquity. Cambridge: Cambridge University Press.

Grimm, V.E. 1996. From feasting to fasting, the evolution of a sin: Attitudes to food in late antiquity. Londen: Routledge.

Hall, C. 2011. Ancient Christian spirituality (AD 100–600). In Scorgie (red.) 2011.

Harmless, J.W. 2008. Monasticism. In Harvey en Hunter (reds.) 2008.

Harvey, S.A. en D. Hunter (reds.). 2008. The Oxford handbook of early Christian studies. Oxford: Oxford University Press.

Hill, R.E. (red.). 1999. St. John Chrysostom: Homilies on Genesis 1–17. Washington, DC: Catholic University of America Press.

Holder, A. (red.). 2011. The Blackwell companion to Christian spirituality. Malden, MA: Blackwell.

Holman, S.R. (red.). 2013. Saint Basil the Great: On fasting and feasts. Yonkers, NY: St. Vladimir’s Seminary Press.

Holmes, P.R. 2009. The fasting journey: Sacrifice, clarity, purpose, joy. Colorado Springs, CO: Authentic Publishing.

Jouanna, J. 2012. Greek medicine from Hippocrates to Galen: Selected papers. Leiden: Brill.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

149

Kelly, J.N.D. 1998. Golden mouth: The story of John Chrysostom – ascetic – preacher – bishop. Ithaca, NY: Cornell University Press.

Konstantinovsky, J. 2009. Evagrius Ponticus: The making of a gnostic. Farnham: Ashgate.

Martin, D.B. 1995. The Corinthian body. New Haven, CT: Yale University Press.

Mayer, W. 2000. Who came to hear John Chrysostom preach? Ephemerides Theologicae Lovanienses, 76(1):73–87.

—. 2006. The cult of the saints. Crestwood, NY: St. Vladimir’s Seminary Press.

—. 2015. The persistence in late antiquity of medico-philosophical psychic therapy. Journal of Late Antiquity, 8(2):337–50.

Mayer, W. en P. Allen. 2000. John Chrysostom. Londen: Routledge.

Mayer, W. en S. Trzcionka (reds.). 2005. Feast, fast or famine: Food and drink in Byzantium. Virginia, QLD: Australian Association for Byzantine Studies.

McKnight, S. 2009. Fasting. Nashville, TN: Thomas Nelson.

O’Laughlin, M. 1992. New questions concerning the Origenism of Evagrius. Origeniana Quinta, 528–34.

Parry, K. 2005. Vegetarianism in late antiquity and Byzantium: The transmission of a regimen. In Mayer en Trzcionka (reds.) 2005.

Perkins, J. 1995. The suffering self: Pain and narrative representation in the early Christian era. New York: Routledge.

Peters, G. 2011. Asceticism. In Scorgie (red.) 2011.

Rousseau, P. 1994. Basil of Caesarea. Berkeley: University of California Press.

Rousselle, A. 1996. Porneia: On desire and the body in antiquity. New York: Barnes & Noble.

Schaff, P. (red.). 1889. Nicene and post-Nicene fathers. Buffalo, NY: Christian Literature Publishing Co.

Scorgie, G.G. (red.). 2011. Dictionary of Christian spirituality. Grand Rapids, MI: Zondervan.

Shaw, T.M. 1998. The burden of the flesh: Fasting and sexuality in early Christianity. Minneapolis, MN: Fortress.

Shore, S. (red.). 1983. John Chrysostom: On virginity; against remarriage. Lewiston, NY: Edwin Mellen.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

150

Sinkewicz, R.E. 2003. Evagrius of Pontus: The Greek ascetic corpus. Oxford: Oxford University Press.

Smith, G.A. 2008. How thin is a demon? Journal of Early Christian Studies, 16(4):479–512.

Stephens, W.R.W. 1889. St. John Chrysostom: Homilies on the statues. In Schaff (red.) 1889.

Vööbus, A. 1958. A history of asceticism in the Syrian orient I: The origin of asceticism, early monasticism in Persia. Louvain: Secrétariat du CorpusSCO.

Waaijman, K. 2002. Spirituality: Forms, foundations, methods. Dudley, MA: Peeters.

Walker, J. e.a. 1889. St. John Chrysostom: Homilies on the Acts of the Apostles. In Schaff (red.) 1889.

Wirzba, N. 2011. Food and faith: A theology of eating. New York: Cambridge University Press.

Eindnotas

1 Hiermee betuig ek graag dank aan Chris de Wet (Unisa) vir sy insette gedurende die skryf van hierdie artikel.

2 Alle vertalings uit antieke bronne is my eie.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

151

Uitverkiesing en evangelikaalse spiritualiteit: die neocalvinisme in Suid-Afrika

Vincent Brümmer

Vincent Brümmer, buitengewone professor in sistematiese teologie, Universiteit Stellenbosch

Opsomming

Hierdie artikel ondersoek die verhouding tussen die calvinistiese uitverkiesingsleer en die evangelikaalse spiritualiteit in die NG Kerk. Die uitverkiesingsleer van Calvyn het implikasies wat in stryd is met die evangelikaalse spiritualiteit wat vanaf die tweede helfte van die 19de eeu kenmerkend was vir die Kaapse Kerk. Die Kaapse teoloë het enersyds geleef vanuit hulle evangelikaalse spiritualiteit en andersyds as goeie gereformeerdes die uitverkiesingsleer onderskryf, sonder om hulle moeg te maak oor die logiese spanning tussen die twee. In die 1930’s was daar in Suid-Afrika ’n sterk oplewing van kuyperiaanse neocalvinisme. Die neocalviniste het die evangelikaalse spiritualiteit in die NG Kerk afgewys as “metodisties”. Ds. A.A. Weich het toe onder die skuilnaam “Bekommerd” die evangelikaalse spiritualiteit teenoor die neocalviniste verdedig. Dit het aanleiding gegee tot ’n lewendige debat in Die Kerkbode (Brümmer 2016a en 2016b). Die neocalviniste het egter nie alleen die evangelikaalse spiritualiteit van die NG Kerk as ongereformeerd bestry nie. Hierdie artikel bespreek hoe neocalviniste beoog het om Kuyper se neocalvinistiese ideologie op alle terreine van die Suid-Afrikaanse samelewing uit te dra. Kuyper se neocalvinisme word bespreek en dan word aangetoon hoe dit in Suid-Afrika daartoe gelei het dat die neocalviniste en die evangelikales verskillende standpunte gehad het oor ekumeniese bewegings en interkonfessionele organisasies soos die CSV (Christen-Studentevereniging). Ook het hulle verskillende opvattings verdedig oor die Suid-Afrikaanse politiek, en veral oor die verhouding tussen Afrikaners en Engelse en tussen blank en swart.

Trefwoorde: Abraham Kuyper; Afrikaner-nasionalisme; “Bekommerd”; J.D. Vorster; J.D. du Toit (Totius); konsiliasiebeleid; liefde van God; metodisme; neocalvinisme; P.J.S. de Klerk; rasseskeiding; soewereiniteit van God; spiritualiteit; uitverkiesing

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

152

Abstract

Predestination and evangelical spirituality: Neo-Calvinism in South Africa

This article reflects the relationship between Calvin’s doctrine of predestination and evangelical spirituality in the Dutch Reformed Church in South Africa. This doctrine could not be reconciled with the evangelical spirituality that had been characteristic of the Dutch Reformed Church in the Cape since the second half of the 19th century (Brümmer 2016a). On the one hand the Cape theologians practised their evangelical spirituality while on the other hand they considered themselves to be orthodox Reformed theologians who subscribed to the doctrine of predestination. They were not bothered by the logical tension between their spirituality and their doctrine. In the 1930s, however, there was growing support in South Africa for the kind of Neo-Calvinism defended by Abraham Kuyper in the Netherlands. The Neo-Calvinists rejected the evangelical spirituality in the Dutch Reformed Church as being “Methodist” and not Reformed. Under the pseudonym “Bekommerd” the Rev. A.A. Weich wrote a series of letters in Die Kerkbode in which he defended the evangelical spirituality in the Church against the critique of the Neo-Calvinists. This gave rise to a lively debate in the correspondence columns of Die Kerbode (Brümmer 2016b). However, the Neo-Calvinists did not only oppose evangelical spirituality as contrary to Reformed doctrine. They also wanted to spread the Neo-Calvinist ideology of Abraham Kuyper to all areas of South African society. Kuyper had developed Calvinism into an ideology that required active application to all areas of life and society. This article focuses on the following: 1. It explains Kuyper’s Neo-Calvinist ideology and determines what was “neo” about Neo-Calvinism; 2. It investigates the evangelical objections to Kuyper’s ideology. 3. It shows how these differences between Neo-Calvinists and evangelicals caused them to differ in their views about the ecumenical movement and inter-confessional organisations like the Student Christian Association (SCA). They also differed in their views on South African politics, and especially regarding the relationship between the Afrikaners and the English and race relations between whites and blacks.

The most important innovation in Kuyper’s interpretation of Calvinism is his distinction between general and special grace. The latter is the saving grace of divine election. This grace applies only to the elect and not to all human beings. General grace applies to all human beings, but does not lead to salvation. It is preserving rather than saving. It preserves all human beings from the worst effects of sin and enables all humans to maintain an orderly society, to develop culture and to spread civilisation in the world. General grace enables all humans, and not only the elect, to maintain high standards of morality and to achieve much in all areas of culture and civilisation. In these respects there is not much difference between the elect and the non-elect. This enables all humans to co-operate in building up society and developing culture and civilisation. However, there is a great difference in the contribution made by the elect and the non-elect in this co-operation. The difference results from the regeneration of the elect by which the principles of Biblical revelation are engraved in their consciousness. These principles are the basis for Calvinism as the purist Christian alternative to non-Christian ideologies such as humanism, liberalism, socialism and so forth.

Since Calvinism is in principle free from domination by the state or the church as institution, it can develop into various denominational forms differing in their degree of purity. The purist form of Calvinism is that expressed in the Reformed confessions based on the principle of the absolute sovereignty of God. This is also the purist expression of the Christian faith.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

153

Pure Reformed Calvinism has therefore continually struggled to maintain its purity against the rise of various confessional deviations. Only by maintaining its purity can it be an effective alternative for non-Christian ideologies in society.

The Neo-Calvinists in South Africa aimed at applying Kuyper’s programme in South Africa. The evangelicals had two main objections to this Neo-Calvinist programme. First of all they accused the Neo-Calvinists of intellectualising the faith. Faith becomes something of the mind rather than of the heart. Regeneration changes our consciousness rather than our lives. Christianity becomes a commitment to a system of principles rather that a commitment to the person of Christ.

Secondly, the evangelicals objected to the exclusivism of the Neo-Calvinists. In their struggle to maintain their confessional purity they refused to co-operate with those who did not share their Reformed confessional basis. For this reason they objected to inter-confessional societies like the SCA and aimed at setting up their own Confessional Christian Students Society which would unite all those students who shared a commitment to the Reformed confessions, and exclude the evangelicals whom they accused of adhering to Arminian confessional principles.

It is clear that two radically different principles of inclusion were involved here. The Neo-Calvinists wanted to include all those students who shared their Calvinistic confessional commitment, whereas the evangelicals wanted to include all those students who “loved the Lord”, irrespective of their confessional commitments. The question was what is more important: bringing people of faith together in spite of their confessional differences, or maintaining confessional purity by keeping them apart? In South Africa this difference in approach was not only applied to the relationship between churches and confessional traditions, but also had a decisive effect on the attitude of evangelicals and Neo-Calvinists to South African politics.

After the Anglo-Boer War, the political divide in South Africa was between the South African Party of Botha and Smuts, who aimed at reconciling the Afrikaners and the English and fusing them into one united South African nation, and the Afrikaner Nationalists, who refused to endanger their separate Afrikaner identity and aimed at maintaining the Afrikaners as a separate nation in South Africa. They argued that Afrikaners and English could live peacefully side by side, but could never become one nation. In general the sympathy of the evangelicals was with the “conciliation” policy of Botha and Smuts, whereas the Neo-Calvinists provided an ideological basis for Afrikaner nationalism. According to them, Calvinists in South Africa were republicans in principle and therefore not at home within the British Empire.

In a similar way the Neo-Calvinists tried to provide an ideological basis for a policy of racial segregation (later called apartheid). However, the Neo-Calvinists did not “invent” apartheid. It was a manifestation of what Edward Said called orientalism: the intuitive tendency of Westerners (not only in South Africa) to maintain their superiority over the “East” by keeping themselves apart. They looked on the East from a Western perspective and intuitively considered their own perspective to be the only “true” one. The Neo-Calvinists tried to provide an ideological basis for this perspective. The evangelicals, who intuitively shared this perspective, were more pragmatic in their approach to race relations. They rejected a Neo-Calvinist political blueprint which purported to have authority. They admitted that the

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

154

problem of race relations in South Africa was very complicated and to be solved only in a piecemeal and experimental way. And finally they tried to overcome their intuitive orientalism by attempting to understand and consider the perspective of their black countrymen. It makes one wonder what course the history of South Africa would have taken if Afrikaners had chosen the path of the evangelicals rather than that of the Neo-Calvinists.

Keywords: Abraham Kuyper; Afrikaner nationalism; “Concerned” (“Bekommerd”) debate; reconciliation policy; divine love; divine sovereignty; J.D. du Toit (Totius); J.D. Vorster; Methodism; neo-Calvinism; P.J.S. de Klerk; predestination; racial segregation; spirituality

1. Inleiding

Hierdie artikel ondersoek die verhouding tussen die calvinistiese uitverkiesingsleer en die evangelikaalse spiritualiteit in die NG Kerk.1 Die uitverkiesingsleer van Calvyn het implikasies wat in stryd is met die evangelikaalse spiritualiteit wat vanaf die tweede helfte van die 19de eeu kenmerkend was vir die Kaapse Kerk. Die Kaapse teoloë het enersyds geleef vanuit hulle evangelikaalse spiritualiteit en andersyds as goeie gereformeerdes die uitverkiesingsleer onderskryf, sonder om hulle moeg te maak oor die logiese spanning tussen die twee (Brümmer 2016a). In die 1930’s was daar in Suid-Afrika ’n sterk oplewing van kuyperiaanse neocalvinisme. Die neocalviniste het die evangelikaalse spiritualiteit in die NG Kerk afgewys as “metodisties.” Ds. A.A. Weich het toe onder die skuilnaam “Bekommerd” die evangelikaalse spiritualiteit teenoor die neocalviniste verdedig. Dit het aanleiding gegee tot ’n lewendige debat in Die Kerkbode (Brümmer 2016b). Die neocalviniste het egter nie alleen die evangelikaalse spiritualiteit van die NG Kerk as ongereformeerd bestry nie. Hierdie artikel bespreek hoe neocalviniste beoog het om Kuyper se neocalvinistiese ideologie op alle terreine van die Suid-Afrikaanse samelewing uit te dra. Ook het hulle verskillende opvattings verdedig oor die Suid-Afrikaanse politiek, en veral oor die verhouding tussen Afrikaners en Engelse en tussen blank en swart. Hierdie artikel ontleed eerstens wat Abraham Kuyper se aktivistiese interpretasie van die calvinisme behels het en wat “neo” aan die neocalvinisme was en ondersoek dan tweedens die besware van die evangelikales teen hierdie kuyperiaanse ideologie in meer besonderhede. Derdens, en ten slotte, word ondersoek hoe hierdie verskil tussen neocalviniste en evangelikales daartoe gelei het dat hulle verskil het in hulle houding teenoor ekumeniese en interkonfessionele organisasies soos die CSV, en ook in hulle opvattings oor die Suid-Afrikaanse politiek, en veral oor die verhouding tussen Afrikaners en Engelse en tussen blank en swart.

2. Neocalvinisme

Die belangrikste aspek van Kuyper se interpretasie van die calvinisme is sy uitwerk van die onderskeid tussen besondere en algemene genade, of “partikuliere en gemene grasie”. Die besondere genade is die saligmakende genade van die uitverkiesing wat alleen vir die uitverkorenes en nie vir alle mense geld nie. Die algemene genade geld wel vir alle mense, maar is nie saligmakend nie. Dit is bewarend in die sin dat dit alle mense bewaar van die ergste gevolge van die sonde en hulle in staat stel om ’n ordelike samelewing te bou, die kultuur te ontwikkel en die beskawing te bevorder.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

155

Totius wys daarop dat hierdie onderskeid reeds by Calvyn voorkom, maar deur Kuyper verder uitgewerk is:

Alreeds Calvyn self het duidelik dié twee van mekaar onderskei. Hy skrywe in sy Genesis kommentaar dit: “Dit is wonderlik dat hierdie mense (die afstammelinge van Kain) wat van alle deug afgewyk het, uitgemunt het in sulke genadegawes2 bo almal wat uit Adam gespruit het … Die kinders van Kain is wel van die Gees van die wedergeboorte verstoke, maar tog het hulle gawes ontvang wat nie verag moet word nie.” Hier word dus onderskeid gemaak tussen “die Gees van die wedergeboorte,” wat ’n vrug is van die verkiesende genade van God, en die algemene “genadegawes” wat selfs die nakomelinge van Kain besit het (Gen. 4: 20, 21) en sedertdien die besit van alle mense gebly het. Sedert Kuyper hierdie onderwerp so grondig behandel het, word algemeen gespreek van gemene grasie as aangedui word die “genadegawes” wat die deel is van gelowiges én nie-gelowiges, terwyl die term partikuliere of besondere genade gebruik word van die Goddelike uitverkiesing wat alléén uitgaan tot die gelowiges. (Stoker en Potgieter 1935:44)

Hoewel die algemene genade nie saligmakend is nie, stel dit ook die nie-uitverkorenes in staat tot groot prestasies en net so ’n deugsame lewe as by die uitverkorenes. Aldus Kuyper:

Wat uit die woorde en die handelinge en uit die algemene optrede van baie nie-gelowiges tot u spreek, is dikwels nie alleen die vonk van genialiteit of die skittering van talent nie, maar ook die karakterskoon, hulle ywer, hulle toewyding, hulle liefde, hulle rondborstigheid, hulle trou en hulle eerlike sin. Ja dit mag nie verswyg word nie dat die wens u dikwels bekruip dat menige gelowiges meer van hierdie aantreklikheid mag hê, en wie van ons voel homself nie dikwels beskaamd deur wat “die deug van die heidene” genoem word nie? (Kuyper 1998:114)3

Die algemene genade lê op hierdie manier die basis vir uitverkorenes en nie-uitverkorenes om met mekaar saam te werk in die opbou van die samelewing, die ontwikkeling van die kultuur en die verbreiding van die beskawing. Tog is daar ’n groot verskil in die bydrae wat die uitverkorenes en die nie-uitverkorenes tot hierdie samewerking lewer. Hierdie verskil hang saam met die wedergeboorte van die uitverkorenes. Die wedergeboorte is die middel waardeur God die uitverkiesing in die mens verwerklik. Die saad van die uitverkiesing word deur God self in die uitverkore mens gelê.

Soos aangetoon is, lê die verskil tussen die wedergebore en die niewedergebore mens volgens Kuyper nie in hulle deugsaamheid nie, maar in hulle bewussyn. “Ons het dan tog met tweërlei menslike bewussyn te doen: en hierdie twee is nie dieselfde nie” (Kuyper 1898: 130). Die wedergeboorte verander die mens se bewussyn op drie maniere: dit gee die uitverkore mens kennis van die sonde, dit bewerk by hom die bekering, dit wil sê, die persoonlike sekerheid van sy status as uitverkorene, en dit wek deur die getuienis van die Heilige Gees by hom die geloof in die Heilige Skrif en die aanvaarding van bybelse beginsels. “Wie nie wedergebore is nie, kan geen wesenlike kennis van die sonde hê nie, en wie nie bekeerd is nie kan geen geloofsekerheid besit nie; wie die getuienis van die Heilige Gees mis, kan nie glo in die Heilige Skrif nie” (Kuyper 1898:130). Hierdie drie “word vir die calvinis met sy bewussyn gegee” (Kuyper 1898:129).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

156

Die bydrae van die wedergebore mens aan die samelewing, kultuur en beskawing verskil dus van dié van die niewedergeborene omdat dit berus op die bybelse beginsels wat in sy bewussyn gegrif is. Op basis van die wedergeboorte bepleit Kuyper dus ’n eie calvinistiese kultuuropbou wat dit “in edele wedywer” sou kon opneem teen die kultuur van die niewedergeborenes (Rasker 1974:194). Op hierdie manier is die calvinisme die suiwerste christelike alternatief vir niechristelike ideologieë soos die humanisme, die modernisme, die liberalisme, die sosialisme, die kommunisme, die kapitalisme, ens.

Omdat die calvinisme in beginsel vry was van oorheersing deur die staat of die kerklike hiërargie, kon dit vry ontwikkel en kon dit verskillende denominasionele vorme aanneem. Hierdie veelvormigheid het egter ook skadelike gevolge gehad:

Die calvinisme … kon nie anders as om in veelvormige skakeringe te ontwikkel nie, maar moes juis deur hierdie skakeringe die gevaar van afwykinge ondergaan en moes daarom altyd teen hierdie gevaar ’n eensydige reaksie in die lewe roep. By ’n vrye lewensontwikkeling soos deur die calvinisme bedoel, moes daarom die onderskeid afteken tussen die sentrum met sy volle suiwere lewenskrag en die breë omtrek met sy bedenklike verflouinge; maar juis in hierdie rustelose stryd tussen suiwere en minder suiwere ontwikkeling was die gestadige deurwerking van sy gees aan die calvinisme gewaarborg. (Kuyper 1898:8)

Die suiwerste vorm van die calvinisme is dié wat tot uitdrukking kom in die gereformeerde belydenisskrifte wat uitgaan van die volstrekte soewereiniteit van God. Dit is dan ook die “suiwerste openbaring” van die christendom (Kuyper 1898:3).

Die neocalviniste in Suid-Afrika het hulle ten doel gestel om die program van Kuyper hier uit te voer. In die woorde van Totius wou hulle “die beginsels wat ons saamvat in die woord ‘calvinisme’ verhef tot ’n mag in die land” (Stoker en Potgieter 1935:37).

“Bekommerd” en sy evangelikaalse geesverwante het hierteen veral twee groot besware gehad. Eerstens het hulle gevoel dat hierdie program die christelike geloof intellektualiseer deur dit tot ’n ideologiese denksisteem te reduseer. Geloof word iets van die bewussyn en nie iets van die hart nie. Tweedens het hulle beswaar gemaak teen die konfessionele eksklusiwisme van die program. Die neocalviniste het hulle calvinistiese ideologie beskou as die suiwerste vorm van die christelike geloof wat (in die woorde van Kuyper) beskerm moet word teen die “bedenklike verflouinge” van ander “minder suiwere ontwikkelinge”. Laat ons hierdie besware nader bekyk.

3. Intellektualisering.

Soos ons gesien het, is wedergeboorte vir Kuyper ’n bewussynsverandering in die uitverkore mens. Hierdie bewussynsverandering bring mee dat die denke van die wedergebore mens berus op die bybelse beginsels wat in sy bewussyn gegrif is. Met hierdie beklemtoning van die bewussyn is die neocalvinisme sterk intellektueel. Ook ds. J.D. (Koot) Vorster gee dit toe: “Calvinisme is ongetwyfeld sterk intellektueel en so ’n buitengewoon logiese sisteem” (Gereformeerde Vaandel 1934:214). Geloof is daarmee sowel kennis van en ook toewyding aan hierdie sisteem van beginsels. In die woorde van Totius gaan dit dus om “die

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

157

grondbeginsels van ’n sisteem wat die liefde van ons hart en die toewyding van al ons kragte werd is” (Stoker en Potgieter 1935:38).

Volgens Koot Vorster is hierdie calvinistiese beginsels ook die beginsels wat Christus geleer het:

Christus het aan sy volgelinge die opdrag gegee om die wêreld te oorwin deur die verspreiding van christelike beginsels. … Oordeel dus nou of die calvinisme nie Christus die trouste volg nie. Immer soos die fundamentele en formatiewe lewensbeginsel van die calvinisme aan ’n eie teologie die lewe geskenk het, het daaruit ook ’n eie beskouing aangaande die staat, maatskappy en wetenskap voortgekom. … Daarom is hy [die calvinis] daar gesteld op om die eer van God op al hierdie terreine te soek deur dit langs positiewe christelike beginsels te laat ontwikkel. … Veral het die calvinis sig geroepe gevoel om die beginsels van Christus in die maatskappy in te dra om dit te hervorm. … Calvinisme moet oorwin omdat dit die diepste, ruimste, mees konsekwente en mees harmonieuse uiting van die christendom is. (Die Gereformeerde Vaandel 1934:276–7)

In sy bydrae tot die “Bekommerd”-debat skryf P.L. Rossouw uit Potchefstroom dat die Calvinistiese Bond juis opgerig is om hierdie opdrag in Suid-Afrika uit te voer:

Die doel van die Calvinistiese Bond is seker nie om mense tot bekering te bring nie, maar wel om wat reeds in beginsel aanvaar word [naamlik die calvinistiese beginsels], verder te ontplooi en te sistematiseer. Gods Woord en die beginsels daarin vervat, word dan gestel as die grondslag van die ganse lewe en daar word getrag om tot ’n koherente lewens- en wêreldbeskouing te geraak deur genoemde beginsels stelselmatig op die verskillende terreine van die lewe toe te pas. … Die doel van die Calvinistiese Bond is dus nie die evangelisering van die wêreld nie, maar die verbreiding van die beginsels van Gods Woord op alle terreine van die lewe. (Die Kerkbode 1936:88)

“Bekommerd” en sy geesverwante het sterk beswaar gemaak teen hierdie opvatting van die geloof. Geloof is nie toewyding aan beginsels nie, maar toewyding aan die persoon van Christus. Soos “Bekommerd” dit stel: “Dit lyk vir my of calvinisme nou die plek van Christus moet inneem. Natuurlik sal hulle dit nie erken nie, sal hulle dit heftig teëspreek, maar hulle woorde en dade toon dat dit hulle werkmetode is” (Bekommerd 1936:29). In die rubriek “Uit die Vrystaat” in Die Kerkbode word hierdie verskil as volg gestel:

Wat ons kinders veral nodig het is om Jesus te ken, as hulle persoonlike Saligmaker en Heer. … Die groot vraag dus vir die studerende jeug is, in watter betrekking staan ons tot Jesus Christus? Die saligheid is ’n lewende verbintenis met die opgewekte Heiland. Iemand word gered nie deur die uiterlike leerstukke van die Kerk te ken en te beaam nie. (Die Kerkbode 1936:943)

“Bekommerd” wys daarop dat hierdie verskil van opvatting aanleiding gee tot twee verskillende soorte prediking. In die evangelikaalse tradisie van die NG Kerk was die prediking daarop gerig om verlore siele na Christus te bring. “Ons het voor ons oë gesien verlore siele, vir wie Christus gesterf het. Dit was ons groot doel om diesulkes tot Christus en deur hom tot die saligheid te bring. En hierdie prediking was geseënd” (Bekommerd 1936:9).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

158

In die neocalvinisme, waar die verbreiding van calvinistiese beginsels nagestreef word, sal die prediking eerder daarop gerig word om by die wedergeborenes grondige kennis van hierdie beginsels by te bring. Die neocalviniste het daarom gepleit vir meer leerstellige prediking. So stel ds. J.J. le Roux dit in sy bydrae tot die “Bekommerd”-debat:

Alte baie het Heilsleëroproepe op die kansel die positiewe leerstellige prediking vervang. Onder die gemeente het kundiges gekla dat die kansel selde of nooit meer vaste spyse bied nie. … Gaandeweg het die prediking dan ook oorweënd bekeringwekkend en stigtelik geword. So het die klag van Hosea 4:6 ook op ons volk van toepassing geword: My volk gaan ten gronde weens gebrek aan kennis. (Die Kerkbode 1935:1086)

Van sy kant het “Bekommerd” weer gekla oor die soort neocalvinistiese prediking in die Gereformeerde Kerk waarin “veelal die helder evangeliese klank gemis word. Bekeringsprediking sal daar selde of nooit gehoor word nie. Die prediking doen meer ’n beroep op die intelligensie, die verstand, as op die hart. Die verstand sal voedsel, vaste voedsel kry, maar die hart sal veelal koud bly (“Bekommerd” 1936:34).

Volgens A.H. Murray skyn die neocalvinisme in werklikheid

uit te loop op ’n aggressiewe intellektualisme waarin daar nie baie plek is vir die diep-mistiese kern van die protestantisme nie, en wat – noodwendig – meer die kenmerk vertoon van Kuyper se lewensbeskouing as van Calvyn. Kuyper was nie in die eerste plek bekend om sy diep-geestelikheid nie; daarvoor was hy te sterk rasionalis en logisis. … Die kuyperiste het die leer van Calvyn geïntellektualiseer; onder hul pen het die calvinisme geword die verkondiging van ’n filosofiese stelsel, meer as die invoeling van ’n geloofsverhouding; dit is ’n intellektualistiese rekonstruksie van die leer van Calvyn, sonder die mistiek. (Bekommerd 1936:65–6).

Murray is miskien reg ten aansien van Kuyper se neocalvinistiese program, maar nie ten aansien van Kuyper se persoon nie. Daar was verskillende kante aan Kuyper se gekompliseerde persoonlikheid. Kuyper het as persoon ook ’n mistieke kant gehad. Dit het veral tot uiting gekom in ’n reeks meditasies (Kuyper 1908) waarin sy mistieke vroomheid nie agterbly by dié van A.H. Murray se oupa, Andrew Murray, nie! Hiervoor beroep Kuyper hom op Calvyn: “Calvyn heet koud te wees, maar geen Godgeleerde dring ons dieper in in die mistieke unie in ons hart met die Godmens, en deur hom met die Ewige Wese nie” (Kuyper 1908, voorwoord). Kuyper was deeglik bewus van die gevaar van intellektualistiese regsinnigheid. “Regsinnigheid en onberispelike wandel en baie goeie werke is ongetwyfeld onmisbaar, maar tog, die murg van alle religie is en bly die salige gemeenskap met die Ewige Wese, en by hierdie gemeenskap is dit alleen die liefde vir God waarin die goudglans skitter” (Kuyper 1908:179–80). Tog bly die verband tussen Kuyper se mistiek en sy neocalvinistiese ideologie onduidelik. Die eerste is die intieme omgang van die wedergeborene met God, terwyl die laaste ’n ideologiese teorie is, gegrond op die beginsels in die bewussyn van die wedergeborene, en as sodanig in wedywering met niechristelike ideologië in die samelewing. By Totius was daar ook so ’n tweespalt tussen die vroomheid van sy psalmberymings en sy ywer vir “die grondbeginsels van ’n sisteem wat die liefde van ons hart en die toewyding van al ons kragte werd is” (Stoker en Potgieter 1935:38).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

159

4. Konfessionele eksklusiwisme

Aan die begin van 1936 skryf B.B. Keet in sy rubriek “Uit die buiteland” in Die Kerkbode:

Opmerklik is hoe in die laaste tyd ’n steeds enger groeiende rigting in die Gereformeerde Kerke [in Nederland] tot openbaring kom. ’n Tipiese voorbeeld het onder my aandag nog onlangs gekom. Kuyper het ons geleer om te spreek van min of meer suiwere Kerke; sedert die Reformasie is die teenstelling nie meer die ware Kerk teenoor die valse nie, want die Reformasie het vir goed ’n einde gemaak aan die gedagte van ’n alleen-ware Kerk. Maar nou kom die pleitbesorger van die “ware” Gereformeerdes met ’n splinternuwe teenstelling, nl. die van wettig en onwettig. Natuurlik is daar dan maar een wettige Kerk en dit spreek vanself watter een dit is. (Die Kerkbode 1936:72)

Kuyper het nie in die eerste plek gepraat van minder of meer suiwere kerke nie, maar van minder of meer suiwere vorme van die Christendom. Dit is moontlik dat daar verskillende vorme binne dieselfde kerk gevind kan word. Volgens Kuyper is die calvinisme die “suiwerste openbaring” van die christendom (Kuyper 1898:3). Bowendien is die calvinisme ook “die eindpunt in die evolusie van die protestantisme wat in die 16de eeu die lewensontwikkeling van ons geslag in ’n nuwe en hoër fase gelei het” (Kuyper 1898:35).4 Soos hier bo aangedui is, meen Kuyper dat die calvinisme altyd “in ’n rustelose stryd” gewikkel is om “sy volle suiwere lewenskrag” te handhaaf teenoor die “bedenklike verflouinge” van die “minder suiwere ontwikkelinge” in die christendom (Kuyper 1898:8).

Die neocalviniste in Suid-Afrika het hierdie oordeel van Kuyper gedeel. So verklaar H.G. Stoker en F.J.M. Potgieter in hulle voorwoord tot die bundel Koers in die krisis dat “calvinisme die mees konsekwente, die mees harmonieuse, die mees universele en die mees suiwere vorm van die christendom is” (Stoker en Potgieter 1935:viii). Koot Vorster gaan nog ’n stap verder en verklaar dat calviniste die “beste christene” is, omdat hulle die uitverkiesingsleer die suiwerste handhaaf:

Die lutheranisme, metodisme en al die ander nie-calvinistiese sisteme … vernietig die leer van die soewereine genade wat Luther so kragtig verkondig het. En daarmee het die calvinisme alleen oorgebly as verdediger en bewaarder van die reformatoriese grondleerstuk. Daarom sê Müller tereg: “It can be said in respect to the doctrine of justification that the Reformed teachers have been the best Lutherans.” En ons kan byvoeg, ook die beste christene, want in harmonie met die beginsels van die soewereiniteit van God, totale verdorwenheid van die mens en die uitverkiesing in Christus, het die calvinisme ook hierdie leerstuk van Christus ontvang. (Die Gereformeerde Vaandel1934:274)

Die neocalviniste het ook met Kuyper saamgestem dat hulle moet stry om die calvinisme “in sy volle suiwere lewenskrag” in stand te hou. Om dit te doen, moet hulle die gereformeerde belydenisse suiwer handhaaf en hulle verset teen interkonfessionele bewegings waarin die gesag van hierdie belydenisse gerelativeer word. So verwerp Vorster dit wat hy “ínterdenominasionalisme” noem:

Hoewel interdenominasionalisme nog nooit definitief georganiseer of leerstellig verduidelik is nie, besit dit tog sekere kenmerke, en kan ons dit karakteriseer as die

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

160

beweging wat soek na “some greatest common denominator which shall unite men of different Christian bodies.” Dit weerstaan denominasionalisme deur die verontagsaming van konfessionele norme en verskille (Die Gereformeerde Vaandel 1934:214).5

Die neocalviniste het daarom interkonfessionele verenigings soos die CSV beskou as ’n ernstige bedreiging vir die suiwere handhawing van die calvinistiese beginsels.6 So kla ds. J.H. Lange:

Die C.S.V. [bestaan] vir die grootste gedeelte uit kinders en studente van ons Kerk. Maar wat verhinder nou b.v. die C.S.V. soos dit vandag saamgestel is, om ’n kampkonferensie van jong onderwysers (esse) by die Victoria-Watervalle te organiseer en dan een of ander los predikant uit te nooi om as spreker daar op te tree? En as daardie onderwysers (esse) terugkom, om in ons sondagskole en C.S.V.-kringe te werk, wie anders as die arme plaaslike predikant sit opgeskeep met die moeilikheid om verkeerde leerstellings uit die gedagtes van die kinders te kry? (Die Kerkbode 1936:476)

In 1935 is daar by ’n byeenkoms in Bloemfontein ’n kommissie van 11 predikante aangestel om iets hieraan te doen. In ’n brief aan Die Kerkbode stel die sekretaris van die kommissie, G.J. Naude, die doel van die kommissie as volg:

Om te onderhandel met die leiers van die bestaande C.S.V. met die vriendelike versoek om stappe te neem ten einde die C.S.V. (1) direk onder die kerkbesture te kry; (2) te grond op ons belydenisskrifte, wat gegrond is op die Woord van God. Die vergadering het ook gevoel dat as die C.S.V. met hierdie diepgevoelde en billike versoek nie kan instem nie, sal hy noodgedwonge en tot sy leedwese moet uitsien na ’n jeugbeweging wat aan hierdie twee vereistes voldoen. (Die Kerkbode1936:518).

Kort hierna skryf Vorster en Potgieter ’n brief in Die Kerkbode waarin hulle meedeel dat ’n aantal studente op Stellenbosch ’n “Konfessionele Christen Studente Vereniging” opgerig het met die doel om “die konfessionele element meer tot sy reg te laat kom as wat in die huidige C.S.V. moontlik is”. Aansluitend hierby sou die CSV omskep moet word tot ’n federasie van konfessionele verenigings waarin

die lede uit die verskillende kerkgenootskappe nie in noue, uniale verband tot mekaar staan nie, maar dat ’n skeiding tussen arminiaans- en calvinisties-gesinde lede aangebring word; verder dat elkeen van die afdelings die Woord van God, soos geïnterpreteer deur hulle respektiewelike belydenisskrifte, tot grondslag sal hê; dat die gereelde vergaderings (wat gekenmerk sal wees deur die beklemtoning van die konfessionele soms direk, soms indirek) plaaslik onder beskerming van die betrokke kerkrade sal plaasvind; dat eenmaal per kwartaal of semester die twee afdelings saam sal vergader om hulle broederliefde teenoor mekaar te betoon en om sake van gemeenskaplike belang te bespreek; dat konferensies vir die afdelings afsonderlik dog ook gesamentlik gereël sal word en dat op eersgenoemde die konfessionele uitsluitlik sal behartig word en op laasgenoemde uitsluitlik die gemeenskaplike (teenoor die ongeloof); dat aparte Bybelstudie-handleidings op die grondslag van die belydenisskrifte vir die twee afdelings deur bevoegde persone sal opgestel word. … Aangesien ons oortuig daarvan is dat die tyd aangebreek het om die konfessionele

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

161

standpunt te handhaaf sal ons ons gedwonge voel om ons te beywer om vir sover in ons vermoë die bestaan van die K.C.S.V. op Stellenbosch te bestendig en om soortgelyke verenigings aan ander inrigtings vir hoër en laer onderwys te stig. (Die Kerkbode 1936:582)

Dit is duidelik dat die neocalviniste op hierdie manier ’n studentevereniging wou stig waarin die “suiwere calvinisme” onder studente bevorder sou word sonder die gevaar van beïnvloeding deur die “minder suiwere metodistiese” of “arminiaanse” spiritualiteit. Die probleem was natuurlik dat hierdie onderskeid nie tussen kerkgenootskappe was nie, maar dwarsdeur die NG Kerk self geloop het. Reaksies vanuit die evangelikaalse rigting in die NG Kerk het dan ook nie uitgebly nie. “Bekommerd” maak veral beswaar teen die konfessionele eksklusivisme van die neocalviniste.

Eksklusivisme het geen plek gehad in die beleid van ons Kerk nie. Ons het nooit … daarop aangedring dat ons kinders in waterdigte kompartemente moet opgesluit word nie. Daar was plek in ons Kerk vir inter- en tussenkerklike inrigtinge: Christelike Strewersvereniging, Christelike Studentevereniging, ens. As groot godsmanne uit ander lande en selfs uit ander protestantse kerkgenootskappe, manne wat deur God geken en gebruik was, tot ons oorgekom het, het ons hulle hartelik welkom geheet en het ons geluister na wat hulle te sê gehad het. Ek noem die name van slegs twee van die godsmanne: Dr. Mott en Dr. Kumm. Hierdeur is ons blik verruim geword. Hoewel ons vas en pal by ons beginsels gestaan het, het ons van die ander geleer en ontvang wat daar te leer en te ontvang was. (Die Kerkbode 1936:522)

Elders skryf “Bekommerd” dat die neocalviniste se beleid

altyd was om hulle met hoë mure te ommuur en die kerklike kring so klein moontlik te trek. Ons beleid daarenteen, was die teenoorgestelde hiervan – ons wou graag soveel moontlik, alle gelowiges, almal wat die Here Jesus in waarheid en opregtheid lief het, in ons kring insluit. … Hulle wil alles net van hulle eie hê. Eie skole, eie universiteit, eie vereniginge, wat die dierbaarste kinders van die Here van ander gesindes uitsluit. (Bekommerd 1936:44–5).

Dit is duidelik dat hier twee radikaal verskillende beginsels van insluiting veronderstel word. Die neocalviniste wou almal saambring wat dieselfde calvinistiese belydenis onderskryf, terwyl die evangelikales “almal wat die Here Jesus in waarheid en opregtheid lief het in ons kring insluit”. Hulle wou dus nie “die dierbaarste kinders van die Here van ander gesindes uitsluit” nie. Dit gaan dus om ’n konfessionele eenheid teenoor ’n eenheid van spiritualiteit oor konfessionele grense heen. Vorster omskryf hierdie verskil as “’n opgang in een uiterlike kerkvorm, waarin bepaalde belydenisverskille ondergeskik sal wees en de waarheid vervang word deur ’n week-gevoelige liefde terwille van die eenvormigheid (Die Gereformeerde Vaandel 1936:273).

B.B. Keet, wat in daardie tyd voorsitter van die CSV in Suid-Afrika was, het ook gereageer op die stigting van die KCSV. In sy reaksie wys hy daarop dat die CSV nooit sy lede verhoed het om hulle eie konfessionele oortuigings te handhaaf nie:

Die C.S.V. het geen kerklike of konfessionele standpunt aan bande gelê nie; dit laat vryheid toe om die eie konfessionele karakter volkome te handhaaf en moedig sy lede

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

162

aan om getrou te wees aan hulle eie kerklike oortuigings. … Moet ons ywer vir ons eie dan altyd daarop uitloop dat ons ander christelike bewegings gaan bestry? (Die Soeklig 1935:172).

Keet verwys na die addendum by artikel 3 van die KCSV se voorlopige grondwet waarvolgens die konfessionele grondslag van die KCSV “die wenslikheid van samewerking met ander christene op algemeen menslike terrein, waar omstandighede dit vereis, nie uitsluit nie”. Hiervan sê Keet dat “samewerking op algemeen menslike terrein ook met ongelowiges gesoek (kan) word. Soos die sin nou staan, lyk dit presies asof ‘ander christene’ gelyk staan met ‘heidene’” (Die Soeklig 1935:172).

Die houding van die neocalviniste teenoor christene wat nie hulle konfessionele grondslag gedeel het nie, was presies dieselfde as Kuyper se houding teenoor die Etiese Rigting in die Nederlands Hervormde Kerk in Nederland. In my eerste artikel het ek daarop gewys dat die Etiese teoloog J.J. Gunning nie vir Kuyper wou volg in sy neocalvinistiese program nie, en dat vir sy gevoel Kuyper hom daarom nie tot die “wedergeborenes” gereken het nie (Brümmer2016:331–2).

Evangelikaalse spiritualiteit was gerig op versoening met God en daarom ook op versoening tussen alle mense deur hulle te verenig in wederliefde tot God. Hierdie versoening tussen mense gaan dus oor konfessionele verskille heen. Die neocalviniste het egter die konfessionele verskille beklemtoon en belangriker geag as die eenheid van alle gelowiges. In die woorde van Voster en Potgieter:

Om nie-konfessionele studiekringe binne die vereniging [C.S.V.] te stig, is om die meer belangrike (die konfessionele) aan die minder belangrike (die interkerklike) ondergeskik te maak; en wat ons beoog, is juis die teenoorgestelde: Eers die behartiging van die kardinale heilswaarhede in eie Belydenisskrifte en daarna die algemeen christelike. (Die Kerkbode 1936:583)

Die vraag is dus wat belangriker is: om mense met mekaar te versoen deur die verskille tussen hulle te oorbrug in ’n gemeenskaplike spiritualiteit of om juis hierdie verskille te koester en in stand te hou? Hierdie verskil in benadering het in Suid-Afrika nie alleen gegeld ten aansien van die verhouding tussen kerke nie, maar het ook ’n bepalende invloed gehad op die houding van neocalviniste en evangelikales ten aansien van die Suid-Afrikaanse politiek.

5. Neocalvinisme en die Suid-Afrikaanse politiek

Met die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910 was die Suid-Afrikaanse Party van Botha en Smuts die grootste politieke party in die land en het hulle die regering gevorm. Botha en Smuts het ’n sogenaamde konsiliasiebeleid voorgestaan waarin hulle die ideaal nagestreef het om (1) Afrikaners en Engelse (die “twee rasse”) saam te smee tot één verenigde Suid-Afrikaanse volk waarin (2) Afrikaners en Engelse gelyke regte besit en Nederlands en Engels gelykwaardige tale sal wees en,(3) Suid-Afrika, soos Kanada en Australië, ’n selfregerende staat binne die Britse Ryk sal wees. Hierdie ideaal het ooreengekom met die opvattings wat reeds vóór die Uniewording deur die Kaapse Afrikanerbond onder leiding van “Onze Jan” Hofmeyr gehuldig was.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

163

Die probleem was egter dat ’n groot deel van die Engelse bevolking nie met hierdie beleid wou saamwerk nie. Hulle het hulself meerderwaardig gevoel teenoor die Afrikaners en het geweier om Nederlands te leer. Net soos Milner was hulle wel voorstanders van één verenigde volk, maar dan moes dit ’n Engelse volk wees waarin die Afrikaners tot Engelse gemaak moes word. Hulle het hulle toe as die Unioniste Party teenoor die Suid-Afrikaanse Party opgestel.

Dit het nie lank geduur nie voor ’n belangrike deel van die Afrikaners in die Suid-Afrikaanse Party ongeduldig geword het met die versoenende manier waarop Botha met hierdie Engelse omgegaan het. Hulle het gevoel dat Botha bereid was om ter wille van die eenheid te veel toegewings aan die Engelse te doen. In 1912 het hulle onder leiding van Hertzog uit die Suid-Afrikaanse Party gestap en die Nasionale Party gevorm. Hierdie party het toe die sogenaamde tweestroombeleid van Hertzog gevolg: Afrikaners en Engelse kan nooit één volk word nie. Om dit te probeer bewerkstellig, sou beteken dat die Afrikaners hulle eie karakter en hulle taal sou moes opoffer. Nee, Afrikaners en Engelse moes twee aparte volke bly, met elkeen sy eie karakter, wat in vrede saam kon woon in Suid-Afrika en kon saamwerk tot opbou van die land. In die eerste helfte van die 20ste eeu was hierdie teenstelling tussen die konsiliasie- en die tweestroombeleid die vernaamste teenstelling in die Suid-Afrikaanse politiek.

Vir die Boere in die Transvaal en die Vrystaat, en veral vir die Bittereinders, was die grootste ramp van die Anglo-Boereoorlog die feit dat hulle hulle republikeinse onafhanklikheid van die Britse Ryk verloor het. In die rebellie van 1914 het ’n aantal van hulle nog ’n vrugtelose poging aangewend om hierdie onafhanklikheid terug te kry. Die leiers van die Kaapse Kerk het in en na die oorlog intens meegeleef met die ellende van die Boere. Daar was geen twyfel waar hulle simpatie gelê het nie. Tog was die verlore onafhanklikheid nie vir hulle die grootste ramp van die oorlog nie. Hulle was self lojale onderdane van hulle geliefde koningin Victoria en nie republikeine nie. Nee, vir hulle was die grootste skade die vervreemding tussen Afrikaners en Engelse as gevolg van die oorlog.7 Hulle houding was direk bepaal deur hulle evangelikaalse spiritualiteit waarin versoening tussen God en mens, en tussen mense onderling, vooropgestaan het. Dit is duidelik dat hulle vanuit hulle evangelikaalse spiritualiteit oorwegend simpatiek gestaan het teenoor die beleid van konsiliasie.

Dieselfde evangelikaalse beklemtoning van versoening het ook in 1933 geblyk uit die Kerk se reaksie op die koalisie en politieke samesmelting tussen Hertzog en Smuts. Ds. P.G.J. Meiring, ’n Du Plessis-ondersteuner en net soos Du Plessis ’n toegewyde aanhanger van die evangelikaalse spiritualiteit, het as redakteur van Die Kerkbode as volg hierop gereageer:

Hierdie gebeurtenis is iets van so grote betekenis en het so onverwags gekom dat ’n mens daarin Gods hand moet ontdek. Vele in ons land sien daarin die verhoring van die gebede, wat hulle gedurende die laaste twintig jaar van broedertwis en bitterheid onophoudelik tot God opgestuur het. Beide leiers van ons twee groot Volkspartye beskou dat beëindiging van broedertwis die uitwerking sal wees van die oprigting van hierdie Koalisie-Regering. (Die Kerkbode1933:623)

Die neocalviniste het baie anders na die Suid-Afrikaanse politiek gekyk. Hulle het probeer om vanuit hulle neocalvinistiese ideologie ’n beginselgrondslag vir Afrikaner-nasionalisme en ook vir die republikeinse ideaal te verskaf. L.J. du Plessis uit Potchefstroom het dit as volg verwoord:

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

164

Ten opsigte van die politiek is daar in die christendom van alle tye eintlik net drie rigtinge, naamlik die Evangeliese, die Ou-Testamentiese en die Skriftuurlike. … Die eerste sou ons ook kon noem sektaries, die tweede kerkisties en die derde calvinisties. Volgens die eerste is daar net een christelike wet, die wet van individuele liefdesgesindheid; vir die tweede is daar ook net een christelike wet, dié van die objektiewe kerkgesag; vir die derde is daar velerlei christelike wette, o.a. naas die wet van christelike sedelikheid en die wet van kerklike tug, ook nog die wet van christelike politiek. Hierdie laaste wet word ontleen aan die Skrif-openbaring in verband met die staatsreg soos dit nader gevorm word deur die ontwikkeling van menslike samelewing en veral ook deur die christelike tradisie. … Dit is dan ook bekend uit die geskiedenis, soos te verwagte was uit die aard van die betrokke beginsels, dat die sektarisme geen eie christelike politiek kon ontwikkel nie, dat die kerkisme die politiek vervals het deur dit te verkerklik, terwyl alleen die calvinisme ’n selfstandige christelike politiek ontwikkel het, ’n politiek van oorheersende betekenis vir die moderne westerse staatsgeskiedenis. Histories het die calvinisme verskillende vorme aangeneem in verskillende tye en lande, en altyd met deurslaggewende invloed op die betrokke historiese ontwikkeling. So was daar … ook die antiliberalistiese Afrikaanse calvinisme van die negentiende eeu onder die invloed van Voortrekkers en Republikeine, waardeur Afrika gered is van verkaffering en verengelsing. (Stoker en Potgieter 1935:263-264)

Die sekretaris van die Federasie van Calvinistiese Studenteverenigings in Suid-Afrika (FCSV), D.C.S. van der Merwe, lê hierdie calvinistiese staatsopvatting as volg uit:

Die calvinis sien die wêreld nooit as ’n monistiese eenheid nie maar as ’n ryke veelheidsverskeidenheid waarin elke kosmiese ding sy eie aard en wese en terrein het waarin hy vry en soewerein is, en in welke vryheid en soewereiniteit hy nooit gekrenk mag word nie. So is ook die aparte volk of nasie ’n eiesoortige kosmiese verskynsel met ’n eie wetmatigheid, ’n eie wese en taak, met ’n eie terrein en op daardie terrein ’n eie vryheid, ’n vryheid wat vir die besondere nasie self nie net ’n voorreg is nie maar ook ’n plig om te verkry en te bewaar, ’n vryheid wat vir die ander nasies heilig is, nie in die sin van goddelik nie maar in die sin van onskendbaar, ’n vryheid wat ’n plig en onskendbaar is omdat dit die noodsaaklike voorwaarde is vir die vervulling van sy eie lewenstaak deur ’n nasie. … As ons nou hierdie algemene beginsels wil toepas op ons Afrikaanse studentelewe dan kom ons tot die volgende gevolgtrekkinge: ons Afrikaanse nasie het die reg om as aparte nasie te bestaan, dit is sy plig om homself te wees, hy moet vry en selfstandig wees om die eie roeping wat God hom opgelê het uit te leef, hy moet homself geestelik verryk en verdiep om so die mensheid as geheel te verryk en te verdiep. (Die Gereformeerde Vaandel1934:241–2)

Hieruit volg, in die woorde van ds. J.V. Coetzee, dat “die republikanisme kragtens afkoms en vorming, die Hollandse Afrikaners in die bloed sit. Dit is ’n stuk van hulle calvinistiese erfenis” (Stoker en Potgieter 1935:63). Daarom moet die Afrikaanse calvinis hom verset teen “vreemde, hoofsaaklik Engels-imperialistiese invloede wat die bestaan van die Hollands-Afrikaanse volkselement staatskundig, nasionaal, kultureel en godsdienstig bedreig het en nog bedreig” (Stoker en Potgieter 1935:56).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

165

Hierdie beginselgrondslag vir Afrikaner-nasionalisme kon ook maklik toegepas word op rasseverhoudings. So het die neocalviniste probeer om die beleid van rassesegregasie vanuit calvinistiese beginsels te verdedig. Ds. J.V. Coetzee het dit as volg gestel:

Die kort begrip van calvinistiese lewenswysheid wat verkry is deur jarelange aanraking met slawe en inboorlinge was: geen gelykstelling nie; erken die ordinansies van God en moet nie probeer om gelyk te stel wat God nie gelyk gemaak het nie. … Dit is hierdie beginsel van die calvinisme wat teen die end van die agtiende eeu feitlik reeds orals aangevoel is vernaamlik onder die grensboere, wat gelei het tot die verset teen die nuwe beskouings van die Europese rasionalisme en naturalisme wat die natuurmens verheerlik en met hom gedweep het. Skerp het die calvinisme homself verweer teen die negasie van stands-, beskawings-, ras-, en geloofsverskille, wat die sedelike onbedorwenheid van die natuurmens gepreek het, en waaruit sy gelykwaardigheid met (of eintlik sy meerderwaardigheid bo) die blanke christen noodsaaklik gevolg het. (Stoker en Potgieter 1935:60)

Hierdie beginsel van rasseskeiding geld ook tussen blanke en swart christene. Christelike sendingwerk moet dan ook gerig wees op die stigting van aparte swart kerke. Die Gereformeerde Kerk se sendingwetenskaplike, P.J.S. de Klerk, stel dit as volg:

Ons moet in ons sendingmetode onderskeid maak tussen ras en ras. God het grenslyne daargestel tussen die rasse, wat ons in ons blinde ywer nie somar mag uitwis nie. Die calvinisme leer dat God aan elke volk sy besondere taak gegee het. … Die sending druk dus nie ’n volk se eie nasionaliteit dood nie. Nee, dit sluit daarby aan en verhef dit tot ’n eie naturelle-christendom. Daarom is die regte metode om eie nasionale naturelle-kerke te stig. Uit hulle eie boesem moet hulle eie belydenis ontstaan, hulle eie lied en hulle eie vorm van gebed. Om prinsipiële redes, gegrond op die calvinisme van ons volk, is dit dus nodig dat daar op sendinggebied segregasie van wit en swart sal wees. (Stoker en Potgieter 1935:126–7)

Die blanke Christene het die roeping om die swart volkere in Afrika te kersten, op te voed en te beskaaf. Dit moet egter nie lei tot die opheffing van die skeiding tussen die rasse nie. L.J. du Plessis uit Potchefstroom stel dit as volg:

Die calvinisme verval … nie tot die eensydigheid van gelykstelling en vermenging nie. Daar is tussen hierdie rassegroepe diepgaande verskille wat ’n grenslyn vereis, maar hierdie grenslyn moet elasties gehou word om reg te doen aan die ontwikkelings-moontlikhede en moet veral opening laat vir opvoedingskontak tussen blankes en gekleurdes en vir geleidelike bestyging van die beskawingsleer deur die gekleurdes, al is dit dan op eie terrein en volgens eie wyse. (Stoker en Potgieter 1935:270)

So het die neocalviniste dus probeer om aan die beleid van rassesegregasie (wat later apartheid genoem is) ’n ideologiese grondslag te verskaf. Dit beteken egter nie dat hulle die uitvinders van apartheid was nie! Ek dink dat apartheid ’n uitvloeisel is van die neiging in daardie tyd (en miskien vandag nog) van alle Europeane (nie net in Suid-Afrika nie) om nie-Europeane te sien vanuit hulle eie Westerse perspektief en moeite het om die perspektief van die nie-Europeane in te neem. Daarby word die Europese perspektief beskou as “die ware” en meerderwaardige perspektief. Edward Said noem hierdie neiging “oriëntalism” (Said 2003).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

166

“Die Ooste” is ’n skepping van die Westerse perspektief. Ons praat van die “Verre Ooste” en die “Nabye Ooste”. Maar dan vra Said: Oos van waar? Ver of naby wat? Die “Ooste” is egter ook bepalend vir die selfverstaan van die Westerling. Dit is naamlik die teenpool in terme waarvan die Westerling ’n Westerling is. Dieselfde geld in Suid-Afrika, waar onderskeid gemaak is tussen “Europeans” en “non-Europeans” of dan “blankes” en “nie-blankes”. Die neocalviniste in Suid-Afrika het nie hierdie “ware” perspektief uitgevind nie. Hulle het dit wel tot ’n ideologie gemaak wat na 1948 tot ’n konsekwente rassebeleid ontwikkel is.

Verreweg die meeste blankes in Suid-Afrika het hierdie perspektief intuïtief gedeel (of deel dit dalk vandag nog). Dit het ook gegeld vir die aanhangers van die evangelikaalse vroomheid in die NG Kerk. In teenstelling tot die neocalviniste het hulle dit egter nie tot ’n ideologie gemaak nie, maar ’n meer pragmatiese standpunt daaroor ingeneem. Johannes du Plessis het hierdie standpunt mooi verwoord in sy hoedanigheid as redakteur van Die Soeklig. Hy het in 1935 in sy blad twee artikels opgeneem van A.B. Xuma, ’n vooraanstaande swart mediese dokter in Johannesburg, oor “Die nadelige gevolge van politieke differensiasie wat op ras en kleur berus”. In sy Maandkroniek as redakteur het hy hierop kommentaar gelewer (Die Soeklig 1935:35–8).8 Nadat hy uitgebreid ingaan op die ingewikkelde aard van die rassevraagstuk in Suid-Afrika, skryf hy:

Mense wat so geredelik aangedraf kom met ’n gemaklike en finale oplossing van ons Rassekwessies het nog nooit oor die saak behoorlik en konsekwent nagedink nie. Daar is geen eenvoudige en voldoende oplossing nie: daar is slegs eksperimentele en gedeeltelike oplossings. Die Kwessies wat voor ons lê moet geleidelik, trapsgewyse, met versigtigheid en simpatie, en onder ’n diep besef van ons onkunde en onmag aangedurf word. … God stel nooit ’n individu, ’n volk, of ’n mense geslag voor onoplosbare probleme nie. Daar is ’n oplossing en moet ’n oplossing wees, ofskoon dit soms jare en geslagte sal neem om dit te bereik. … Moet dit ons nie versigtig, beskeie, simpatiek, onbaatsugtig stem nie? Moet dit ons nie ernstig laat vra wat die wil van God is ten opsigte van ons verhouding teenoor Bruines en Swartes, sowel as teenoor ons eie Arm-blankes nie? Moet dit ons nie aanspoor tot meer geduld in ons oordeel, meer gebed om goddelike hulp en meer vertroue op goddelike leiding nie? … Daar moet ’n nuwe gees waai deur die gemoedere van ons Afrikaanse volk – ’n gees van toenadering, van meegevoel, van innige belangstelling en van belangelose hulpvaardigheid. Ook moet ons leer om die hulp van nie-Europese in te roep by die beoordeling van die besware en griewe wat soos ’n loodgewig op hul gemoed druk. In hierdie verband wys ons op die stukke van dr. Xuma, wat in die vorige en huidige uitgawes van Die Soeklig verskyn. (Die Soeklig 1935:36–7).

Drie punte val op in die stellingname van Du Plessis:

1. Ons moet nie soos die neocalviniste uitgaan van ideologiese bloudrukke waaraan ons Goddelike gesag toeskryf nie.

2. Ons moet ons onkunde en onmag erken, en met geduld en ’n evangeliese gees van gebed en van toenadering, meegevoel, innige belangstelling en belangelose hulpvaardigheid soek na eksperimentele en gedeeltelike oplossings.

3. Ons moet ons “Oriëntalisme” oorwin en eerlik probeer om ook die perspektief van ons swart landgenote te ken en in ag te neem.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

167

Ek vra my af hoe die geskiedenis van Suid-Afrika sou geloop het as die Afrikaners die weg van Du Plessis sou gekies het in plaas van dié van die neocalviniste.

Bibliografie

Bekommerd (Ds. A.A. Weich). 1936. Christus die deur. Twee rigtings in die kalvinisme. Kaapstad: HAUM.

Brümmer, V. 2013. Vroom of regsinnig? Wellington: Bybel-Media.

—. 2015. Die Kaapse Kerk en die Boereoorlog. LitNet Akademies, 12(1):206–25.

—. 2016a. Uitverkiesing en evangeliese spiritualiteit. LitNet Akademies, 13(1):322–44.

—. 2016b. Uitverkiesing en evangeliese spiritualiteit: die “Bekommerd”-debat. LitNet Akademies, 13(3):495–509.

Gereformeerd Maandblad. Verskillende jaargange (aangegee in die verwysings).

Die Gereformeerde Vaandel. Verskillende jaargange (aangegee in die verwysings).

Die Kerkbode. Verskillende jaargange (aangegee in die verwysings).

Die Soeklig, Verskillende jaargange (aangegee in die verwysings).

Kuyper, A. 1898. Het Calvinisme. Amsterdam: Höveker & Wormser.

—. 1908. Nabij God te zijn. Kampen: J.H. Kok.

Rasker, A.J. 1974. De Nederlands Hervormde Kerk vanaf 1795. Kampen: J.H. Kok.

Said, E.W. 2003. Orientalism. Londen: Penguin Books.

Stoker, H.G. en F.J.M. Potgieter. 1935. Koers in die krisis. Stellenbosch: Pro Ecclesia Drukkery.

Eindnotas

1 Hierdie artikel is die laaste in ’n reeks van drie artikels oor die verhouding tussen die calvinistiese uitverkiesingsleer en die evangelikaalse spiritualiteit in die NG Kerk. In die eerste artikel (Brümmer 2016a) is die uitverkiesingsleer van Calvyn bespreek en aangetoon dat dit implikasies het wat in stryd is met die evangelikaalse spiritualiteit wat vanaf die tweede helfte van die 19de eeu kenmerkend was vir die Kaapse Kerk. In die 1930’s was daar in Suid-Afrika ’n sterk oplewing van kuyperiaanse neocalvinisme. Die neocalviniste het die evangelikaalse spiritualiteit in die NG Kerk afgewys as “metodisties”. Ds. A.A. Weich het

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

168

toe onder die skuilnaam “Bekommerd” die evangelikaalse spiritualiteit teenoor die neocalviniste verdedig. Dit het aanleiding gegee tot ’n lewendige debat in Die Kerkbode. In die tweede artikel (Brümmer 2016b) is hierdie debat bespreek.

2 Wanneer ek in ’n aanhaling kursivering aanbring om iets te beklemtoon, sal ek dit aangee. Alle ander kursivering is van die aangehaalde skrywer.

3 Terwille van die leesbaarheid word alle aanhalings uit die Nederlands verafrikaans. Akademiese fynproewers kan my weergawe egter kontroleer omdat ek die verwysings aangee.

4 Meer nog, vir Kuyper is die calvinisme ook die toppunt in die ontwikkeling van ons beskawing. “Dit staan vas dat die breë stroom van ons geslag van Babilon na San Francisco loop deur die vyf stadiums van die Babilonies-Egiptiese, die Grieks-Romeinse, die Islamitiese, die Romanistiese, en die Calvinistiese beskawing” (Kuyper 1898:27).

5 In ’n artikel oor “Interkerkisme” (in Die Gereformeerde Vaandel 1936:273–7) uit Koot Voster felle kritiek op die ekumeniese beweging. Interessant is dat hy die opkoms van die ekumene toeskryf aan die “Engelse gees” (en daarom “volksvreemd” vir die Afrikaner Calvinis): “Ons vra nou in die eerste plek: vanwaar kom hierdie nuwe Beweging? En al dadelik stoot ons op hierdie opmerklike feit dat dit hoofsaaklik afkomstig is en beperk tot die Engelssprekende wêreld, vanwaar dan die verbreiders daarvan hulle kruistogte begin. In Amerika het die beweging as ’n samesmelting van kerke (interdenominasionalisme) gekom en sy rol gespeel. Ook Engeland is en bly daarvoor die weltoebereide teelgrond. Want dit is heel spesifiek ’n uiting van die Engelse gees. … Daarby het die Interkerkisme nog altyd geleef onder die troue sorg van die ideale pleegvader, die Engelse Imperialisme. Dit is veral hierdie Engelse gees, wat soos Gallio hom nooit bekommer oor beginsels nie, steeds met imperialistiese ywer altyd die arms wyer en wyer uitstrek om die bonte veelvuldigheid saam te vat in ’n week-gevoelige uitwendige eenheid en ook die beweging in Suid-Afrika soek te bestendig. … Dit het onoffisieel in die kerke, met die skitterende sukses van die onkruid, die konfessionele bewussyn gaandeweg afgestomp. Die swaartepunt van die godsdiens is na die gevoel verlê. En so is met ’n kunsmatig opgewekte weekgevoelige liefde die drang tot ’n beginsellose eenheid terwille van die Eenheid geskep” (Die Gereformeerde Vaandel 1936:274).

6 In 1905 het Totius reeds op ’n soortgelyke manier kritiek gelewer op die interkonfessionele Christen Strewersvereniging. Volgens Totius was hierdie vereniging nie alleen metodisties en daarom ongereformeerd nie, maar het dit ook geen konfessionele grondslag gehad nie. J.I. Marais het in die Gereformeerd Maandblad stewige repliek gelewer op Totius. (Gereformeerd Maandblad van Februarie 1906:23–5. Kyk ook Brümmer 2013:174–6).

7 Kyk Brümmer (2015) vir ’n bespreking van die houding van die Kaapse Kerk jeens die Anglo-Boereoorlog.

8 Dit was waarskynlik Du Plessis se laaste publikasie. Dit het verskyn die dag voor sy dood op 16 Februarie 1935.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

169

Die aard van kerklike gesag in die kerkregtelike besinning van W.D. Jonker

Gert J. Duursema

Gert J. Duursema, onafhanklike navorser

Opsomming

Die buitengewone Algemene Sinode van die NG Kerk in November 2016 het die vraag na die aard van kerklike gesag na vore laat kom. Dié artikel wil die aandag vestig op W.D. Jonker se beskouing oor kerklike gesag.

Jonker se vakgebied was sistematiese teologie, maar hy het hom toenemend in die kerkreg verdiep en hom vir ’n Skriftuurlik verantwoorde kerkorde, soortgelyk aan die Dordtse Kerkorde, beywer.

Hy was sterk gekant teen sentralisering van mag (gesag) in die hande van meerdere vergaderings en/of enkele persone, sowel as teen die volkskerkdwaling wat in die NG Kerk tot afsonderlike kerke vir afsonderlike bevolkingsgroepe gelei het. Gevolglik het hy skerp kritiek op bestaande kerkordes van die NG Kerke én (veral) op die kerkorde wat in 1962 deur die nuutgevormde Algemene Sinode aanvaar is, uitgespreek. Dit het hom in botsing met kerklike leiersfigure van die tyd gebring.

Jonker se oortuiging dat slégs Christus (en daarom: slégs die Woord van God) in die kerk gesag dra, het in die stryd rondom Beyers Naudé se betrokkenheid by die blad Pro Veritate en by die Christelike Instituut tot uitdrukking gekom. Volgens Jonker is kerklike tug op Naudé toegepas nie vanweë ongehoorsaamheid aan die Woord van God nie, maar op grond van ongehoorsaamheid aan besluite van meerdere vergaderings en ampsdraers.

Besluite van kerklike vergaderings is volgens Jonker bindend slegs as dit ooreenstem met die Woord van God. Indien nie, is dit nie bindend nie en mág gelowiges daarteen appelleer. Hy gaan nog verder: gelowiges het die plig om besluite in die lig van die Woord te weeg en, indien nodig, daarteen te appelleer. Daarom speel die gemeente ’n belangrike rol in Jonker se denke: dít is waar die Woord verkondig en die sakramente bedien word en waar Christus (die Woord) direk en persoonlik regeer.

Trefwoorde: Beyers Naudé; Christelike Instituut; Christusregering; regering deur die Woord; Gereformeerde kerkreg; W.D. Jonker

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

170

Abstract

The nature of ecclesiastical authority in W.D. Jonker’s reflections on church polity

In November 2016 an extraordinary General Synod of the Dutch Reformed Church was convened to consider a variety of objections, gravamina and appeals against the resolutions on same-sex relationships passed by the General Synod of 2015. Opinions differed on the right to lodge appeals against resolutions of a General Synod, which raises questions about ecclesiastical authority and the authority of major assemblies and church officials.

This article focuses on W.D. Jonker’s view of church authority.

Although Jonker’s field of study was systematic theology (dogmatics), new developments within the Dutch Reformed Church compelled him to view critically the system of ecclesiastical government implemented in the church. In 1955 an editorial written by T.N. (Tobie) Hanekom in Die Kerkbode prompted Jonker to caution against the idea of a national church ("Volkskerk"). For the rest of his life Jonker would persistently warn against this fallacy.

He increasingly immersed himself in the study of church polity and canonical law; to such an extent that he eventually became an acknowledged expert in this field. This is attested to by his being invited to present a series of lectures on church discipline in the Faculty of Theology at the University of Pretoria in 1959. In 1960 he was also elected as Actuarius of the then Synod of the Southern Transvaal.

During these years, Jonker also strove and campaigned for a Scripture-based church order in which the kingship and sole dominion of Jesus Christ in His church is adhered to and maintained in an undiminished and unimpaired way. According to Jonker the Church Order of Dordrecht (1619) is a true representation and summary of the scriptural principles necessary for a Reformed system of church polity. Jonker dearly wanted to see those very principles reflected in the concept of a church order presented to the General Synod of 1962 for acceptance and implementation as the Church Order of the Dutch Reformed Church.

Initially Jonker had a relatively positive attitude towards the existing Church Orders of the Dutch Reformed Churches. Nonetheless he was critical about aspects of the concept order that had been prepared for the General Synod. For example, Article 84 of the Church Order of Dordrecht was not fully reflected in Article 3 of the concept order. According to Jonker, this paved the way for a hierarchy that would be a threat to the sole dominion of Jesus Christ in His church. Moreover, the continuation of the moderator’s committee of the General Synod (moderamen) as a permanent committee of the synod until the next synod, vested too much responsibility and authority in a few people, thus subverting the authority and dominion of Christ.

This criticism brought down the wrath of ecclesiastical leaders like J.D. (Koot) Vorster, T.N. (Tobie) Hanekom, A.P. (Andries) Treurnicht and many others on Jonker. He however continued the struggle. On his return from a study tour to Europe, Jonker criticised the concept church order, as well as existing church orders, even more sharply. Again he pointed out the dangers of bestowing centralised power and authority on a small group of people.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

171

Once again he also voiced his aversion to the fallacy of a national church, which had led to the Dutch Reformed Church’s establishing separate churches for separate population groups.

However, his criticism was rejected; his plea for a church order that maintained and reflected the kingship and sole dominion of Jesus Christ was ignored; and he was accused of liberalism.

Jonker’s conviction that authority in the church resides only in Christ (and therefore only in the Word of God) found expression in the controversy surrounding the involvement of Beyers Naudé with the magazine Pro Veritate and with the Christian Institute (C.I.). After his appointment as director of the C.I., Naudé lodged an application to retain his status as a minister with the committee tasked with the final examination of candidates who wished to enter the ministry (Afrikaans: Proponentseksamenkommissie). This committee of the Synod of Southern Transvaal also adjudicated over the retention or loss of status of those who had left the full-time ministry. Naudé’s application was rejected by the committee, based on the resolutions of the Synod on Pro Veritate and the C.I.

Jonker advised Naudé that he had the right to appeal (against the above-mentioned rejection by the committee) to the Synodical Commission of the Southern Transvaal. Naudé duly appealed, but his right to appeal (and therefore his appeal) was rejected, based on advice given by J.D. Vorster (the then Actuarius of the General Synod) to the effect that resolutions of major assemblies were binding and therefore had to be adhered to, with no right of appeal.

Based on the same arguments, Naudé’s election as an elder in the Parkhurst congregation was declared null and void by the presbytery (circuit) of Johannesburg. According to Jonker, Naudé was subjected to ecclesiastical disciplining not because of disobedience to the Word of God, but because of insubordination to the resolutions and decisions of major assemblies and church officials.

Because of these events, serious questions were raised about ecclesiastical power/authority, the binding nature of resolutions by major assemblies, as well as the right of appeal against such resolutions. This again highlighted Jonker’s plea for a more comprehensive inclusion of Article 31 of the Church Order of Dordrecht in the Dutch Reformed Church’s Church Order. His opinion was that resolutions by major assemblies were indeed binding, but only if they were in full accordance with the Word of God. If not, such resolutions were not binding and might be taken on appeal. In the Naudé saga, Jonker’s fear that major assemblies could usurp the authority of the Word of God was realised. The Word of God and obedience to this Word became mere background music to the actions of power-hungry assemblies and church officials.

Jonker insisted that only the Word of God could bind the consciences of believers. If the Word of God convinced them that a resolution deviated from the Word of God, or was in conflict with that Word, they had the right to appeal against such a resolution. Jonker further argued that believers had the obligation to weigh and evaluate all resolutions of ecclesiastical assemblies in the light of the Word and to appeal against such resolutions if they were found to be in conflict with the Word of God. He found confirmation for this opinion in the Revised Church Order of the Reformed Churches (Gereformeerde Kerken) in the Netherlands. This obligation did not vest solely in a select group of learned people, theologians and scientists, but in all believers. For this reason the congregation (the local church) – a communion of

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

172

saints – played an important and critical role in Jonker’s theology: it is in the local church (congregation) that the Word of God is officially proclaimed and that the sacraments are served. Where that happens, Christ reigns supreme.

Because of Jonker's faith and trust in the Word of God he was prepared to follow the Reformers in their insane venture (krankzinnige waagstuk, in the words of C. Veenhof) of putting their trust in Christ only. Christ would reveal truth and make it known through His Word. No man, committee, or major meeting could lay claim to the power and authority of Christ and the Word of God.

Keywords: Beyers Naudé; Christian Institute; Reformed Church polity; rule of Christ; governance though the Word of God; W.D. Jonker

1. Inleiding

Min is vandag oor wyle W.D. Jonker as kerkregtelike bekend, alhoewel hy vir ’n kort tydjie van nege maande hoogleraar in Kerk- en Dogmageskiedenis en Kerkreg aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) was en in sy tyd op ’n besondere manier betrokke was by kerkregtelike debatte en handelinge. Jonker het in 1955 in sistematiese teologie (dogmatiek) oor ’n ekklesiologiese tema met ’n proefskrif getiteld “Mistieke liggaam en kerk in die nuwe Rooms-Katolieke teologie” (Jonker 1955a) by G.C. Berkouwer aan die Vrije Universiteit, Amsterdam gepromoveer. Hy was ook lank ’n dosent in sistematiese teologie aan die Universiteit Stellenbosch. Hierdie artikel belig Jonker se betrokkenheid by en bydrae tot die kerkreg, spesifiek in terme van sy beskouing oor die aard van die gesag van kerklike amptenare en instellings en dan met spesifieke verwysing na moderators, moderature, gesag, bindende besluite en appèlle.

In die NG Kerk is hierdie sake tans baie aktueel. Die NG Kerk het van 7 tot 10 November 2016 ’n buitengewone Algemene Sinodesitting gehou oor die appèlle, beswaarskrifte en gravamina wat ingedien was teen die besluit van die Algemene Sinode van 2015 oor selfde-geslag-verhoudinge. Hierdie buitengewone sinode het die vraag opgeroep of teen besluite van die Algemene Sinode geappelleer kan word. Hieroor is uiteenlopende regsmenings uitgespreek deur afgetrede regters en senior advokate. Hierdie artikel bied nie ’n regsmening hieroor nie, maar besin oor die vraag na aanleiding van Jonker se kerkregtelike siening oor appèlle. Sy siening hieroor hang egter ten nouste saam met sy standpunt oor die gesag van kerkvergaderings se besluite, dit wil sê, of en tot watter mate dié besluite bindend is en wat die aard van gesag in die kerk is. Laasgenoemde plaas die huidige posisie van die kerk se moderatuur en sy moderator óók onder die vergrootglas.

2. Van sistematiese teologie na kerkreg

Na sy openbare verdediging van sy proefskrif in Nederland is die eerste publikasie uit Jonker se pen met sy terugkeer na Suid-Afrika twee artikels met die titel “Genade en Kerk” in Die Kerkbode (Jonker 1955b). Daarin vat hy die hoofsaak van sy proefskrif saam. Slegs drie weke later en ses maande in die bediening skryf dié 26-jarige jong dominee ’n brief (“Ons

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

173

Kerk ’n Volkskerk?”) aan T.N. (Tobie) Hanekom, destydse redakteur van Die Kerkbode. Daarin reageer hy op ’n hoofartikel waarin Hanekom vir A.C. (Attie) Barnard voor stok kry oor ’n artikel waarin Barnard geskryf het: “Ons dierbare Kerk het ’n Volkskerk geword.” Jonker het dit teen die “één Kerk één volk”– verhouding wat tussen die NG Kerk en die Afrikanervolk bestaan het. Hy rig hom teen ’n kerk wat ten koste van sy eie heiligheid na uitbreiding en grootheid soek, en gevolglik ’n kerk is waaraan die massa behoort. Hy meld (Jonker 1956:111) in dié verband Abraham Kuyper se verwysing na ’n “massakerk, die rijp en groen in zich opneemt, die de wereld doopt en die de zichtbare kerk met de wereld vereenzelvigt”.

Dit was die begin van Jonker se herhaalde waarskuwing gedurende die res van sy bediening teen die gevare van ’n volkskerk. Dit was terselfdertyd ook die begin van sy bevordering van ’n Bybels-teologiese kerkorde. Die NG Kerk het inderdaad wel die probleme van “ryp en groen” in die kerk raakgesien, maar die “oplossing” wat daarvoor aangebied is, was dat lidmate geëvangeliseer moes word.

Jonker skryf krities oor die implikasies van hierdie “oplossing”: “Natuurlik moet die Kerk dan die tug verwaarloos, of altans sommige aspekte van die tug. Dan gaan die Kerk met allerlei spesiale middele binne sy eie grense evangeliseer”(Jonker 1956:112).

Jonker het met eg Bybels-teologiese insig verkondig dat ongelowiges geëvangeliseer behoort te word; mense wat belydenis van geloof afgelê het (lidmate), moet deur Bybelse tug tot die gemeenskap van die heiliges teruggeroep word. Hy het dikwels oor die tug gepreek, artikels geskryf, gemeentes en ringe toegespreek en in 1957, ten tye van sy voormalige dogmatiek-professor (A. B. du Preez) se langverlof, vir ses maande lesings oor die kerklike tug aan teologiese studente by die Universiteit Pretoria se Fakulteit Teologie aangebied (Jonker 1998:31). Die resultaat van dié lesings was ’n verwerking in ’n bekroonde1 boek met die titel En as jou broeder sondig ... (Jonker 1959a). Jonker het hom dus al hoe meer oor kerkreg uitgelaat, met die gevolg dat hy allengs in die NG Kerk as kundige op die terrein beskou is. Dit het daartoe gelei dat hy in 1960 verkies is as aktuarius2 van die Sinode van Suid-Transvaal.

Wat Jonker se beskouing van die kerkreg besonders maak (maar nie noodwendig uniek nie), is dat hy die kerkreg nie vanuit die reg nie, maar vanuit sistematiese teologie, spesifiek vanuit sy ekklesiologie, benader. Anders gestel: die klem lê op die kerk in kerkreg. Daarbý moet in gedagte gehou word dat sy ekklesiologie ’n onmiskenbare Christologiese karakter dra.3

3. Moderators en moderature

Voor sy verkiesing as aktuarius laat hy hom reeds in 1959 in drie artikels in Die Kerkbode uit oor die konsep-kerkorde vir die Algemene Sinode wat in 1962 tot stand sou kom. (Daar is deurgaans na die ontwerp vir ’n kerkorde as ’n konsep-kerkorde verwys. Daarom word die term soos in al die brondokumente konsekwent in dié artikel gebruik.) Die eerste artikel handel oor die positiewe tendense wat hy in die ontwerp vind. Die titel verraai waarom dit vir hom gaan: “Die nuwe kerkorde: ’n voorwaartse stap op Dordtse grondslag” (Jonker 1959c). Hy skryf in die artikel: “[D]ie Dordtse Kerkorde (is) nog onaangetas in sy prestige as ’n deur-en-deur Bybels-Gereformeerde kerkorde” (1959c:796) en dat dit “sonder enige twyfel die

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

174

beste en suiwerste historiese formulering en samevatting van die Skriftuurlike beginsels (is) waarop die Gereformeerde kerkregering rus” (1959c:835). Kritiek wat hy wel teen die voorgestelde ontwerp gehad het, was gerig op dié artikels wat van die Dordtse Kerkorde (DKO) afwyk.

Die eerste afwyking van die DKO in die konsep-kerkorde was in artikel 3, wat handel oor die sg. antihiërargiese beginsel. In artikel 3 word wel ooreenkomstig DKO-artikel 84 bepaal dat ampsdraers in die kerk nie oor mekaar mag heers nie, maar die DKO-artikel 84 is nie volledig in die ontwerp opgeneem nie. Die bepaling dat “Gene Kerk zal over andere Kerken … enige heerschappij voeren” word uitgelaat. Daaroor skryf Jonker (1959c:835): “Hierdie grondbeginsel sou ons nou graag in die nuwe kerkorde beter uitgewerk wou sien as wat na ons beskeie mening, wel die geval is – en dit wel in verband met die sg. moderamen of moderatuur.” Dit is die beginsel wat op die spel in sy beswaar teen ’n moderatuur wat ná ’n vergadering as ’n permanente kommissie van die sinode bly voortbestaan. Die “verantwoordelikheid” word in die hande van ’n paar persone gelaat, wat die moontlikheid van ’n hiërargie skep. Die posisie van die moderator is ook problematies omdat dit daartoe kan lei dat ’n persoon ’n bepaalde status verkry wat uiteindelik die hoofskap van Christus ondermyn.

Jonker (1959c:836) skryf:

Sodra die moderator gekies word vir ’n termyn en nie net vir die duur van die vergadering nie, kom daar tog onteenseglik mag in die hande van so ’n persoon, en die feit dat die moderator ’n soort van offisiële posisie in die kerk na geheel verkry, versterk daardie mag. Die gevolg is dat die moderator naderhand, of hy wil of nie, gesien word as ’n soort hoof van die kerk, wat die bevoegdheid besit om namens die kerk in sy geheel te kan praat. Die moderator moet by elke geleentheid toesprake hou en die kerk verteenwoordig. Hy moet teenoor buitelandse besoekers en ander persone die standpunt van die Kerk in sy geheel stel. Onwillekeurig voel die gewone lidmaat aangaande hom dat hy die hoof van die Kerk is ... Al is dit ook nie kerkregtelik so nie, moreel het hierdie broeders dan meer mag in hul hande as wat enige mens in die Kerk van die Here behoort te hê. Daarom is dit so noodsaaklik dat die moderator geen offisiële posisie in die Kerk as geheel moet beklee nie en dat sy funksie slegs die van voorsitter van ’n bepaalde vergadering sal wees.

Dieselfde besware oor ’n hiërargie geld vir die moderatuur, wat nie net vir die vergadering verkies word nie, maar vir ’n termyn. Jonker stel voor dat daar eerder ’n sinodale kommissie met nuwe personeel verkies moet word waarvan die moderator en skriba van die afgelope vergadering nie lede sal wees nie en wat na konstituering sy eie voor- en ondervoorsitter kies.4

Dit sou ’n misverstand wees om te reken dat Jonker bloot bepaalde mense uit gesagsposisies wou weer. Antihiërargie gaan vir hom volledig en uitsluitlik om die regering van Christus in sy kerk. Die latere ontwikkelinge oor hierdie saak toon dat Jonker se vrese nie ongegrond was nie.

J.D. (Koot) Vorster, voorsitter van die kommissie van aktuarii wat die konsep-kerkorde opgestel het, het op Jonker5 se voorbehoude oor die nuwe kerkorde gereageer in ’n artikel in die Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif (NGTT) van September 1960 (Vorster

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

175

1960). Vorster verdedig dié Kerkorde deur te sê dat Jonker se besware teen die posisie van die moderator en die moderatuur “sonder grond” is. Volgens hom (1960:13) kan die Kerkorde “nie anders beskryf word nie as die Dordtse Kerkorde, aangepas aan die eise van ons dag”. Dié sogenaamde “eise van die dag” noodsaak volgens Vorster juis verkiesing van ’n moderator vir ’n termyn en die kontinuering van die moderatuur ná die sinodesitting. Dit is opmerklik dat Vorster hoofsaaklik vanuit die praktyk redeneer en dat sy artikel mank gaan aan prinsipiële besinning.

Vir Jonker, daarenteen, kan die kerk eerder sogenaamde funksionaliteit en effektiwiteit inboet ter wille daarvan om die alleenheerskappy van Christus in sy kerk te verseker. Hy skryf (1965a:27): “[N]ie effektiewe funksionering nie, maar ’n effektiewe beskerming van die Christus-regering in die kerk (moet) vir ons die vernaamste beginsel van kerkorde bly.” Alles moontlik moet gedoen word om enige mens te verhinder om Hom sy Hoofskap in die kerk te ontneem. Reeds in 1959 hoor mens duidelik by hom die tema wat in 1965 die titel van sy intreerede by Unisa was: die hele kerkorde (én die ganse kerkreg as wetenskap) moet alleen gaan om die regering van Christus in sy kerk (Jonker 1965a). In die gesprek oor Jonker en die NG Kerk moet steeds in gedagte gehou word dat dit by hom om liefde vir die kerk gegaan het, daartoe genoop deur die Skrif. Dit was die geval óók wanneer hy afwykings in kerklike konteks uitgewys het.

4. Gesag in die kerk

Bogenoemde kritiek was net die voorspel vir wat sou volg. In 1960–1961 ondersoek Jonker tydens ’n studieverblyf in Europa die geskiedenis van die ontwikkeling van die Gereformeerde kerkreg.6 Na deeglike navorsing van die bronne keer hy met ’n dieper insig in die Gereformeerde kerkreg terug. Tydens dié studiereis het die oortuiging by hom gegroei dat hy nie langer oor die afwykings in die kerkorde kan swyg nie. Waar hy voorheen (bv. teenoor S. du Toit van Potchefstroom) apologeet van die NG Kerk se kerkordes was, het dit nou verander (Jonker 1959b:8; 1960b:41-4; 1960c:74-7; 1960d:107–11, 119; 1960e:375). Voortaan sou hy die stryd aanknoop teen die uitwasse van presies dít waarteen hy in 1959 gewaarsku het: aan die een kant was daar kerkregtelike misstande as gevolg van die optrede van diegene met “meer mag in hul hande as wat enige mens in die Kerk van die Here behoort te hê”. Maar aan die ander kant was daar sistematies-teologiese dwalings – waaronder afsonderlike kerke vir onderskei bevolkingsgroepe – wat kerkregtelik gestalte in die kerkordes van die onderskeie sinodes aangeneem het. In Die Sendingbepalinge van die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Transvaal (Jonker 1962a) sny hy dié dogmatiese dwaling vanuit die kerkreg aan.

T.N. Hanekom (toe nie meer redakteur van Die Kerkbode nie, maar hoogleraar in Kerkreg en Kerkgeskiedenis aan die Kweekskool in Stellenbosch), skryf ’n skerp en negatiewe resensie van Die Sendingbepalinge van die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Transvaal op 3 Oktober 1962 in Die Kerkbode. Dat dit vier maande ná Jonker se skrywe en slegs ’n week voor die stigting van die Algemene Sinode op 12 Oktober 1962 verskyn,[7] dui daarop dat die plasing van Hanekom se resensie ’n strategie van die redakteur (A.P. Treurnicht) was.

Op 11 Oktober is ’n konvensie gehou om die konsep-kerkorde te bespreek en goed te keur vir voorlegging aan die Algemene Sinode. Jonker het meegewerk aan ’n verslag van die aktuarii

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

176

oor voorgestelde wysigings wat aan die konvensie, onder voorsitterskap van J.D. (Koot) Vorster voorgelê was (Raad van Kerke 1962:31). Vorster is ook later tot eerste aktuarius van die Algemene Sinode verkies. Jonker se pleidooi vir ’n kerkorde wat uiting gee aan die Skrifbeginsel dat Christus alleen die kerk regeer, is geïgnoreer toe die konsep-kerkorde met sy afwykinge as kerkorde aanvaar is.

Jonker (1998:58) skryf dat Hanekom se resensie hom groot skade berokken het. Hy is geëtiketteer as ’n liberalis – wat destyds ’n gewilde skeldwoord was. Daardeur is Jonker tegelyk teologies én polities onder verdenking geplaas. Hy vervolg: “Die wyse waarop baie afgevaardigdes my tydens die sinode aangekyk het, het my laat besef dat hy (Hanekom – GJD) doeltreffend daarin geslaag het om my as liberaal te brandmerk” (1998:58).

Dit kan met stelligheid beweer word dat die nuwe kerkorde “die gesag uit Christus se hande gegryp” het. Jonker het hom dikwels uitgelaat teen mense en vergaderings wat hulle meer mag aangematig het as wat in ’n gereformeerde kerk geduld behoort te word (vgl. bv. Jonker 1963a:677–8; 1963b:614–5; Jonker e.a. 1965a). Jonker skryf byvoorbeeld by geleentheid aan Treurnicht as redakteur van Die Kerkbode dat hy in sy redaksionele rubriek “volbloed-pouslike leiding” aan die kerk wil gee (Jonker 1967:135).

5. Bindende besluite en kerklike gesag

In ’n reeks artikels in Die Kerkbode van 1959 het Jonker die vraag na gesag in die kerk ook uit ’n ander hoek benader na aanleiding van die vraag oor die bindende aard van besluite van kerkvergaderings en die moontlikheid van appèl daarteen.

In ’n bepaalde sin het nie alleen die kerkhervorming nie, maar ook die stryd in die Protestantse kerke in Nederland en Duitsland gedurende die 19de en 20ste eeue, te doen met die vraag na die ware aard van kerklike gesag. Die hervorming was ’n verset teen die Rooms-Katolieke leer van die pous se onfeilbare gesag. In Nederland het die genootskaplike (liberale) kerkreg (verkeerdelik kollegialisme genoem) tot die Afscheiding (1834) en die Doleantie (1883) gelei omdat dit kerkordelike reëlings aan die hand van die liberale natuurregteorie gevorm het en verder vanuit ’n hiërargiese verstaan van kerkverband aan ’n meerderheidstem gesag toegeken het. In Duitsland het die Bekennende Kirche (Belydende Kerk) hom verset teen die sogenaamde Führer- (leier-) beginsel waarvolgens die kerk ’n Ryksbiskop as “oppergesagsdraer” en hoof beskou het.

Jonker het na die publikasie van sy Sendingbepalinge, en vervolgens ook in die Ring van Johannesburg (waar hy gereeld óf op die ringskommissie gedien het óf voorsitter van die ring was), meermale met “mense-met-gesag-in-die-kerk” gebots, veral oor Beyers Naudé en die Christelike Instituut (C.I.).8 Nadat Naudé die direkteurskap van die C.I. aanvaar het, het hy van Aasvoëlkop verhuis en lidmaat van die gemeente Parkhurst geword, waar hy tot ouderling verkies is. Beswaar teen sy verkiesing is by die Ring van Johannesburg aangeteken vanweë sy beweerde ongehoorsaamheid aan besluite van die Sinode van Suid-Transvaal en ook aan die besluit van die Breë Moderatuur wat die C.I. tot dwaalrigting verklaar het.9

Voor Naudé se verkiesing tot ouderling het die Sinode van Suid-Transvaal op 8 April 1963 ’n besluit geneem dat ampsdraers en lidmate van die Kerk gebonde is aan, en gehoorsaamheid

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

177

verskuldig is aan, Sinodale besluite. Die aanleiding tot hierdie besluit was ’n vroeëre besluit van dieselfde vergadering dat ampsdraers en lidmate nie met die blad Pro Veritate10mag saamwerk nie. Jonker en 25 ander leraars (onder wie Beyers Naudé11) in die ressort van die Sinode van Suid-Transvaal het in ’n brief aan Die Kerkbode beswaar gemaak teen dié besluite (Jonker e.a. 1963a:677–8).

Op daardie stadium was die C.I. nog nie gestig nie – dit sou eers op 15 Augustus 1963 gebeur. Twee maande ná die stigting van die C.I., het die Breë Moderatuur besluit om “die stigting en voortbestaan van die Christelike Instituut” nie goed te keur nie (Redaksioneel 1963:737).

Op grond van dié besluite van die Sinode van Suid-Transvaal en die Breë Moderatuur het die Ring van Johannesburg die verkiesing van Naudé nietig verklaar. Jonker en vyf van sy ringkollegas het daarteen geappelleer en skryf oor die besluit van die Breë Moderatuur in hulle appèl:

Ons (moet) dit hiermee uitspreek dat die Ring van Johannesburg daarmee die basis van die Skrif en die Kerkorde verlaat het. Iemand word hier uit die amp geweer, nie op grond van enige dwaling in leer of lewe, nie op grond van sonde nie, maar op grond daarvan dat hy die opinie van ’n kommissie van die Algemene Sinode, wat nog nie eers deur die Algemene Sinode bekragtig is nie, links laat lê het. (NG Kerk in SA Argief, Ring 463)

Die Ring van Johannesburg het dus aan ’n besluit van die Breë Moderatuur óók bindende gesag toegeken, al was die Breë Moderatuur nie ’n meerdere vergadering nie.

Hierdie aangeleentheid toon dat die vraag na die aard van kerklike gesag én binding aan besluite van meerdere vergaderings tot in die hart van die probleem sny.

Jonker beklemtoon in ’n reeks artikels in Die Kerkbode in dié verband die volgende:

Nét Christus, maar daarom ook: net die Woord van God, het gesag in die kerk ... Die kerk mag nie maar allerlei besluite neem, en lidmate daaraan bind, as dit nie duidelik is dat die lidmate daardeur aan die Woord van God gebind word nie. (Jonker 1965b en 1965c)

Wanneer – volgens Jonker – gehoorsaamheid dus nie uitsluitlik aan die Woord vereis word nie, maar soos in die Roomse-Katolieke tradisie aan ampsdraers, óf soos in die genootskaplike kerkreg aan ’n meerderheidsbesluit van ’n kerkvergadering, ontstaan “diepe verwording” (Jonker 1965c:1616). In die NG Kerk was hierdie situasie die ongelukkige gevolg van die verwerping van Jonker se pleidooi in 1959 dat artikel 31 van die DKO (kyk hier onder, afdeling 6) volledig in die kerkorde van 1962 opgeneem moet word.

6. Appèlle en artikel 31 van die Dordtse Kerkorde

In die lig van bostaande behoort Jonker se antwoord op die vraag of lidmate die reg op appèl het teen besluite van kerkvergaderings voor die hand liggend te wees. Dit beteken egter

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

178

geensins dat hy meen dat kerkvergaderings nie bindende besluite kan neem nie. Hy grond sy standpunt op DKO-artikel 31, wat lui:

Zou iemand zich beklaagt door de uitspraak der mindere vergadering verongelijkt te zijn, zal deze zich op een meerdere kerkelijke vergadering beroepen[12] mogen; en hetgeen door de meeste stemmen goedgevonden is, zal voor vast en bondig gehouden worden, tenzij dat het bewezen wordt te strijden tegen het Woord Gods of tegen de artikelen in deze generale synode besloten, zo lang als ze door geen andere generale synode veranderd zijn. (Sekondêre kursivering)[13]

Vir Jonker draai alles om die enkele woord tensy. Dié woord skep ruimte om besluite aan die Woord van God te toets.

Hy skryf in 1959 oor artikel 23 van die konsep-kerkorde die volgende:

Dit is seker ook noodsaaklik dat daar in art. 23 bygevoeg sal word dat besluite van meerdere vergaderinge bindend is tensy dat hulle in stryd is met die Woord van God. Ons moet alles in ons vermoë doen om die indruk te verwyder dat die Sinode of die Ring kan heers oor die plaaslike gemeentes en besluite kan neem wat onvoorwaardelik gehoorsaam moet word. (Jonker 1959e:870)

Hierdie aspek van Jonker se teologie is van deurslaggewende belang. Soos die Reformatore wil hy niks van “onfeilbare” uitsprake of besluite weet nie. Volgens hom mag gelowiges nie alleen appelleer nie, maar is hulle verplig om besluite van vergaderings aan die Skrif te toets. Dít, sê hy, staan ronduit in die Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 27.

In sy intreerede by Unisa laat hy hom só hieroor uit:

Dit moet vasstaan dat die grens vir alle kerkregering enkel die Woord van God is, wat moontlik ook deur die indiwidu beter gehoor kan word as deur ’n hele kerklike vergadering. Getalle is geen waarborg van suiwerheid nie ... Die kerkorde moet dit selfs aanmoedig en lidmate onder die verpligting stel om met skriftuurlike besware na vore te kom, want dit gaan in die kerk om die waarheid van die Skrif, wat teen elke prys gesoek moet word. (Jonker 1965a:30)

Sy standpunt dat lidmate verplig moet word om te appelleer, baseer hy op die hersiene kerkorde van die Gereformeerde Kerken in Nederland van 1957.14

Jonker eindig nie met bogenoemde plig wat lidmate opgelê behoort te word nie, maar gaan nog ’n stap verder. Hy sê dat wanneer iemand voor God oortuig is dat ’n sekere besluit in stryd is met die Woord, dit nie van hom verwag kan word om daardie besluit te gehoorsaam nie, ook al sou hy by wyse van beroep in die ongelyk gestel word. Daarvoor beroep hy hom nie alleen op DKO-artikel 31 nie, maar weer eens op die sterk-bewoorde artikel 27 van die Nederlandse Geloofsbelydenis. Vir hom is dit ononderhandelbaar dat besluite van kerkvergaderings nie die gelowiges se gewetes kan bind nie. Dié reg kom alleen die Woord van die Here toe. Hy voeg hieraan toe: “As dit ’n ‘swakheid’ van die gereformeerde stelsel is, dan is dit een van dié soort swakhede wat mense, wat die Skrif alleen as die enige bron van gesag oor ons lewe erken, altyd sal vertoon” (Jonker 1959e:871).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

179

In ’n verdere stap betrek Jonker voorts die kerk self op ’n unieke wyse. Die kerk moet by wyse van spreke ’n pastorale, deernisvolle houding jeens beswaardes inneem. Dit blyk uit advies wat Jonker in amptelike hoedanigheid as aktuarius van die Sinode van Suid-Transvaal aan Beyers Naudé geskryf het15 ter ondersteuning van Naudé in sy stryd om die behoud van sy status as predikant na sy aanstelling as direkteur van die C.I. Die “eksamenkommissie” van die Sinode van Suid-Transvaal wou dit nie toestaan nie. Naudé het Jonker om advies genader oor die vraag of hy daarteen by die sinodale kommissie mag appelleer. In Jonker se advies kom sy ekklesiologie na vore. Die kerk as gemeenskap van die heiliges, mag nie toelaat dat sy lidmate ongelukkig voel oor sy optrede nie. Hy adviseer:

Ek wil ... u daarop wys dat dit na my beste wete nêrens die bedoeling van die Kerk in sy bepalinge is om aan enige persoon die reg te gee om te voel of te beweer dat hy onbillik behandel is nie. Daarom dat die Kerk die weg geopen het dat iemand wat beswaard voel, hom deur verdere beroep weer na die kerk kan wend om wat hy as onreg voel, te verwyder. (NG Kerk in SA Argief, SIN 1376)

Hieroor het ’n hele debat ontstaan. Daar was diegene wat die standpunt gehuldig het dat géén appèl teen die besluit van die eksamenkommissie moontlik is nie. Dit was uiteindelik ook die besluit van die Sinodale Kommissie. Naudé se appèl was van die hand gewys. Vorster het op sy kenmerkend bondige manier advies gegee toe die Sinodale Kommissie van die Sinode van Suid-Transvaal hom genader het:

1. In ’n Gereformeerde Kerk is die besluite van meerdere vergaderinge bindend op mindere vergaderinge en die lidmate van die Kerk ... En die betekenis en bindende waarde daarvan is eenvoudig; Dit moet aanvaar en gehandhaaf word.

2. Natuurlik het die besluite van die Sinode re. Pro-Veritate [sic] en aanspreeklikheid van leraars bindende krag. En dit bind nie net die persoon offisieel maar laat hom persoonlik vry nie. Besluite van Sinodes moet uitgevoer word soos dit daar staan en bedoel is. (NG Kerk in SA Argief, SIN 1376; sekondêre kursivering])

Jonker het voortdurend beklemtoon dat alle kerkregering Christus-regering en dáárom Woord-regering moet wees, byvoorbeeld in sy intreerede by Unisa:

Kerkregering is diens aan en van die Woord ... Daarin verskil dit prinsipieel van die regering in ander samelewingsverbande. Juis daarom egter is dit voortdurend onderworpe aan die kontrole deur Gods Woord. Indien dit waar is dat kerkregering diens aan Gods Woord is, is die vraag voortdurend of die ampsdraers nie in plaas van diens aan die Woord en in onderworpenheid aan die Woord, daartoe oorgaan om oor die Woord van God heerskappy te voer of selfs sonder die Woord van God heerskappy te voer nie. (Jonker 1965a:12)

Omdat die Woord van God die grense vir kerkregering bepaal, moet daar in die kerk volledige ruimte wees vir die kontrole van elke kerklike besluit of optrede deur die Woord van God. Hierdie kontrole moet deur elke lidmaat van die kerk uitgeoefen word.

Jonker se uitgesproke standpunt is dat dié kontrole nie net iets vir “wetenskaplikes” is nie, maar vir die gemeente self. By hom is nie sprake van ’n onmondige gemeente of “leke” wat uitgelewer is aan die leiding en sorg van ’n geestelike stand wat alleen in staat sou wees om

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

180

Gods Woord reg te interpreteer nie. Dit is vir Jonker ondenkbaar dat die kerk nie met indringende aandag sal luister na die appèl van lidmate wat besorg is dat die kerk van die Skrif afgewyk of dit links laat lê het nie.

Jonker was nie naïef óf vervul met ’n valse idealisme oor die “gewone lidmaat” se vermoë om die Skrif te interpreteer nie. Sy standpunt was die resultaat van sy vertroue in die Woord en die lewende, Drie-enige God wat deur die Woord handel. Christus regeer só deur sy Woord dat Hy self die waarheid bekend sal laat word en na vore sal roep (Jonker 1965a:13). Hy skryf elders:

Die gemeente van Christus leef met die Woord in die wêreld en ontvang onder leiding van die Gees die wysheid om die brug te slaan tussen die (historiese) Skrif en die moderne wêreld met sy problematiek. Die lig van die Skrif is nie maar net die resultaat van ’n goeie wetenskaplike hermeneutiek nie. Die waarheid is nog altyd magtiger as onsself. Die waarheid heers oor ons, en nie ons oor die waarheid nie.16

Immers, as Christus self die handelende subjek is, die een wat self sy gemeente vergader, beskerm en regeer (Heidelbergse Kategismus, Sondag 21, vraag 54), het Jonker geen twyfel dat Christus in die gemeente teenwoordig is en daarin handel nie. Hy lê dikwels klem op tekste soos Matt. 18:20, 28:20 en Joh. 14:16–20, 23 waarin Christus belowe dat Hy teenwoordig sal wees waar twee of drie in sy naam vergader en dat Hy by die kerk sal bly tot aan die einde van die wêreld. Dié beloftes, sê Jonker, is “te duidelik dat die kerk sou kon twyfel aan die praesentia realis Christi ipsius hier en nou, op elke punt van die weg” (Jonker 1965a:3). Wie só aan die werklike teenwoordigheid van Christus self in sy gemeente vashou, kan nie anders as om oop te wees vir die toetsing van kerklike besluite en handelinge deur “gewone lidmate” nie.

Jonker verstaan kerkregering van die begin tot die einde as ’n regering deur die Woord en Gees van Christus, tot so ’n mate dat die bediening van die Woord en die sakramente die enigste vorm van regering in die kerk is en mag wees. Dit geld van alle kerklike mag, ook die sleutelmag waarna Christus in Matt. 16:19 verwys. Enige besluit of handeling strydig met Gods Woord het geen gesag hoegenaamd nie (Jonker 1965a:8, 9).

7. Die gemeenskap van die heiliges

As die direkte en persoonlike regering van Christus in die Kerk die eerste en belangrikste beginsel is waarvan Jonker uitgaan, dan is die belang en selfstandigheid van die plaaslike gemeente die tweede. Hierop kan nie volledig ingegaan word nie. Slegs een aspek kan in hierdie konteks uitgelig word. Wanneer ’n mens soveel klem daarop lê dat Christus deur sy Woord en Gees in die kerk werksaam is, met die gevolg dat die kerk met alle erns na elke beswaarde lidmaat moet luister, en daarbý ook klem lê op die selfstandigheid van die plaaslike gemeente, kan die indruk moontlik gewek word dat Jonker – ten minste wat sy kerkreg betref – baie na aan independentisme kom.

Niks kan verder van die waarheid wees nie. Jonker lê groot klem op Ef.3:17–19 waar Paulus leer dat die liefde van Christus geken moet word “saam met al die heiliges”. Sy standpunt is dat in meerdere vergaderings ’n wyer kring van gawes en insigte van die heiliges byeenkom.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

181

In ’n onvoltooide manuskrip wat op die Jonker Digitale Argief gepubliseer sal word, skryf hy oor meerdere vergaderings:

Daar kom in die onderlinge en gemeenskaplike diens aan mekaar en die wedersydse versterking van mekaar ’n telkens heerliker openbaring van die eenheid van die kerk na vore, en word dit moontlik om mekaar te kontroleer en op te skerp om ten volle te wandel in die lig van die Woord. Op die meerdere vergadering is daar dus nie soseer meer gesag teenwoordig as in die mindere nie, maar daar is meer ampsgawes teenwoordig, meer wysheid, meer wedersydse kontrole, meer van “al die heiliges”, ’n groter sektor uit die gemeente van Christus op aarde ... Dit is geen heerskappy en dwingende seggenskap nie, maar ’n geestelike, amptelike diens wat deur die meerdere vergadering aan die mindere gelewer word, en moet daarom deur die mindere gehoorsaam word, tensy dat dit stry teen die Woord van God. (Jonker 1965d:94)

8. Slot

W.D. Jonker was ’n Skrifteoloog. As kerkregtelike het hy die Woord aan die NG Kerk bedien. Wanneer Jonker hom uitspreek oor die gewaande gesag van moderators en moderature, oor sogenaamde bindende besluite en oor die belangrikheid – selfs die noodsaaklikheid – van appèlle, gaan dit vir hom alleen om die regering van Christus deur sy Woord.

Jonker se kerkreg kan die beste opgesom word in die woorde van C. Veenhof, wat Jonker meer as een maal aanhaal:

De Reformatoren ondernamen het naar den mensch gesproken ontzaglijke en, werelds geoordeeld, krankzinnige waagstuk om het in de regeering en heel het leven der kerk alleen met Gods Woord en de vrijwillige onderwerping daaraan te doen ... Zij ondernamen het naar wereldsche maatstaven gemeten dwaze pogen om geen andere onderwerping te willen, dan die welke gehoorzaamheid aan Gods Woord was. Zij wilden niet zélf, zij wilden niet, dat de kerkelijke instanties als zoodanig, gehoorzaamd zouden worden. Zij weigerden eenige gehoorzaamheid, welk niet gehoorzaamheid aan een duidelijk uitgedrukt Godswoord was (Veenhof 1949:302).

Bibliografie

F.S.M. Boekbespreking, Pro Veritate, 1(4), 15 Augustus 1962, bl. 5.

Hanekom, T.N. 1962. Resensie, Die Kerkbode, 90(14), 3 Oktober 1962, ble. 473-4.

Jonker, W.D. 1955a. Mistieke liggaam en kerk in die nuwe Rooms-Katolieke teologie. Kampen: Kok.

—. 1955b. Genade en Kerk. Die Kerkbode, 77(24), 14 Desember 1955, ble. 933–4 en 77(25), 21 Desember 1955, ble. 980–1.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

182

—. 1956. Ons Kerk ’n Volkskerk? Die Kerkbode,78(3), 18 Januarie 1956, ble. 111.

—. 1959a. "En as jou broeder sondig ...": enkele aspekte van die kerklike tug. Kaapstad: N.G. Kerk-Uitgewers.

—. 1959b. Korrespondensie, Die Kerkblad, 61(1514), 16 September 1959, bl. 8.

—. 1959c. Die nuwe kerkorde: ’n voorwaartse stap op Dordtse Grondslag. Die Kerkbode, 84(20), 18 November 1959, ble. 795–6, 800.

—. 1959d. Die nuwe kerkorde: II. Die Kerkbode, 84(21), 25 November 1959, ble. 835–7.

—. 1959e. Die nuwe kerkorde: III. Die Kerkbode, 84(22), 2 Desember 1959, ble. 870–1, 883.

—. 1960a. Die bevoegdheid van die streeksinodes volgens art 35. Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif, 1(2), Maart 1960, ble. 33–7.

—. 1960b. Die ander kant van die saak. Die Kerkbode, 86(2), 13 Julie 1960, ble. 41–4.

—. 1960c. Die ander kant van die saak. Die Kerkbode, 86(3), 20 Julie 1960, ble. 74–7.

—. 1960d. Die ander kant van die saak. Die Kerkbode, 86(4), 27 Julie 1960, ble. 107–11, 119.

—. 1960e. Die ander kant van die saak. Die Kerkbode, 86(11), 14 September 1960, 375.

—. 1962. Die sendingbepalinge van die Ned. Gereformeerde kerk van Transvaal. Potchefstroom: Kerk en wêreld.

—. 1965a. Om die regering van Christus in sy kerk. Pretoria: Unisa.

—. 1965b. Die aard van kerklike gesag. Die Kerkbode, 95(49), 8 Desember 1965, ble. 1573–5.

—. 1965c. Die aard van kerklike gesag. Die Kerkbode, 95(50), 15 Desember 1965, ble. 1615–6.

—. 1965d. Die regering van Christus, Deel I. Tans ongepubliseer. Sal gepubliseer word by www.williejonker.co.za.

—. 1967. Die kerkraad, Ring en die C.I. Die Kerkbode, 100(4), 26 Julie 1967, ble. 135–6.

—. 1998. Selfs die kerk kan verander. Kaapstad: Tafelberg.

Jonker, W.D. e.a. 1963a. Opmerkinge oor sinodale besluit. Die Kerkbode, 91(20), 15 Mei 1963, ble. 677–8.

—. 1963b. Repliek op korrespondensie. Die Kerkbode, 92(18), 30 Oktober 1963, ble. 614–5.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

183

Jonker, W.D. e.a. 1965. Verwarring: Opheldering noodsaaklik! (Geen uitgewersbesonderhede nie)

Kerkorde opgesteld in de Nationale Synode van de Gereformeerde Kerken gehouden te Dordrecht 1618/1619, vertaling: Deputaatschap Kerkrecht van de Gereformeerde Gemeenten, In goede orde. Handleiding en toelichting bij de kerkelijke rechtsgang. 2008. (Geen uitgewersbesonderhede nie)

Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. 1964. Kaapstad, N G Kerk-Uitgewers.

Kerkorde van de Gereformeerde Kerken in Nederland. 1959. Kampen, J.H. Kok

Kommissie van Leer- en Aktuele Sake (Wes-Kaapland). 1979. Die Reformatoriese Sola Scriptura en die Skrifberoep in etiese vrae. Kaapstad: N G Kerk Uitgewers.

Raad van Kerke. 1957. Handelinge van die vyf-en-twintigste vergadering van die Raad van N.G. Kerke, Pretoria, 27 – 29 Maart 1957. Argiefbewaarplek: NG Kerk in SA Argief.

—. 1962. Agenda vir die Konvensie van Kerke in 1962. Argiefbewaarplek: NG Kerk in SA Argief.

Redaksioneel, 1963. Breë Moderatuur spreek hom uit oor die Christelike Instituut. Die Kerkbode, 92(22), 27 November 1963, bl. 380.

Sinode van Suid-Transvaal. 1964. Notule van ’n buitengewone vergadering van die Sinodale Kommissie gehou op die gewone plek te Johannesburg 11 Februarie 1964, NG Kerk in SA Argief, SIN 1376.

Smit, D.J. 1989. “Om saam met al die heiliges Christus te ken” in Theron en Kinghorn (reds.) 1989.

Smit, D.J. 2008. En ook gehoor? Vrae rondom die Gereformeerde siening van die kerk. Derde Jonker Gedenklesing, ongepubliseerd.

Theron P.F. en J. Kinghorn (reds.). 1989. Koninkryk, kerk en kosmos: huldigingsbundel ter ere van Prof W.D. Jonker. Bloemfontein: Pro-Christo.

Van Niekerk, A.A. 2011. Jonker se Teologiese Etiek. Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif, 52(3 & 4):585–99.

Van Rooyen, J.H.P. 1990. Die NG Kerk, apartheid en die Christelike Instituut van Suidelike Afrika. Ongepubliseerde PhD-verhandeling, Universiteit van die Witwatersrand.

Veenhof, C. 1949. Om de "Unica Catholica": een beschouwing over de positie van de bezwaarden onder en over de synodocratie. Goes: Oosterbaan & Le Cointre.

Vorster, J.D. 1960. “Die Kerkorde vir die NG Kerke: Die besware daarteen en die betekenis daarvan”. Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif, i (4), 12–8.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

184

Eindnotas

1 NG Kerk Uitgewers het ’n prysvraag uitgeskryf om die skryf van nuwe manuskripte te stimuleer. Jonker het sy lesings in boekvorm verwerk en saam met P.A. Verhoef die eerste prys verower. Kyk Jonker (1998:31).

2 ’n Aktuarius se taak is hoofsaaklik om tussen sinodesittings advies oor die uitleg en toepassing van die kerkorde (of, soos dit in Jonker se dae bekend gestaan het, die Wette en Bepalinge) te gee.

3 Laasgenoemde is belangrik genoeg om ’n afsonderlike studie aan te wy, maar val buite die reikwydte van dié artikel.

4 Die ander punte wat Jonker uitlig (die selfstandigheid van die plaaslike gemeente, die waarskuwing dat die predikantsamp nie oorbeklemtoon en die amp van die ouderling geringgeskat moet word nie, die begrensing van die bevoegdhede van kommissies, die gebrek aan ’n bepaling in verband met die ondertekening van die formuliere, ens.), word hier buite rekening gelaat.

5 Vorster noem Jonker nêrens by name nie, maar bespreek wel al die besware van Jonker in genoemde drie artikels in Die Kerkbode sowel as ’n artikel in die Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif. Kyk Jonker (1960a:33–7).

6 Jonker (1998:35) skryf veelseggend dat hy dié studie onderneem het omdat hy, na sy verkiesing as aktuarius van die Sinode van Suid-Transvaal, “op ’n nuwe wyse met die binnekant van die kerklike lewe” in aanraking gekom het en dít hom genoop het “om ’n intensiewer studie van die kerkreg te maak”. Wat presies hy daar “aan die binnekant” belewe het, spel hy nie verder uit nie.

7 Daar het ook ’n resensie in die eerste uitgawe van Pro Veritate verskyn – vgl. Pro Veritate, 1(4), 15 Augustus 1962, bl. 5.

8 Vir ’n volledige beskrywing van dié stryd en die rol wat Jonker daarin gespeel het, kyk Van Rooyen (1990). Van Rooyen was indertyd leraar van die gemeente Parkhurst gewees.

9 N.J. (Nico) van Loggerenberg het in die periode vanaf Naudé se verkiesing tot aan die einde van 1966 nie minder nie as 36 klagtes, appèlle en beswaarskrifte teen die Ring van Johannesburg of sy lede gelê – dit is behalwe ’n hele rits ander waarby hy indirek betrokke was.

10 ’n Groep wat gereeld saam met Jonker Bybelstudie gedoen het, besluit om ’n onafhanklike tydskrif te begin. Lede was A.S. (Albert) Geyser, G.J. (Gert) Swart, B.J. (Ben) Engelbrecht (wat medeskrywers was van die boek Vertraagde aksie wat veel opslae gemaak het), Fred van Wyk (direkteur van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge), W.B. (Bruckner) de Villiers en C.F.B. (Beyers) Naudé. Die oogmerk was om ’n forum te skep vir teologiese debat oor rasse-aangeleenthede, die eenheid van die kerk, die ekumene en dergelike aangeleenthede. Die eerste uitgawe van Pro Veritate het op 15 Mei 1962 verskyn, met Naudé as eerste redakteur.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

185

11 Die ander ondertekenaars was A.C. Barnard, T. Botha, A.P. Burger, W.J.C. Cilliers, J.P. Cronjé, A.B. du Toit, B. Engelbrecht, K.W. Gerritsma, C.J.A. Greyling, J.M. Hofmeyr, C.J. de W. Lombaard, P.C.J. Loots, L.J. Loots, C. du P. le Roux, F.S. Malan, P.W. Marais, R.A. Meyer, M.J.J. Prinsloo, S.O. Skeen, J.D. Smith, D.B. Steyn, J.H.P. van Rooyen, A.J. Venter en C.J. Vermaak.

12 Die huidige debat in die NG Kerk handel oor die vraag of teen ’n besluit van die Algemene Sinode geappelleer kan word. Een van die probleme skyn die woord appèl te wees. In talle kerkordes van verskillende gereformeerde kerke (soos bv. die hersiene kerkorde van die Gereformeerde Kerk en in Nederland van 1957), is beroepen van die DKO vervang met kunnen in appèl gaan. In die gereformeerde kerkreg en taal (soos in Afrikaans) is beroep en appèl sinonieme.

13 Die Kerkorde van die Algemene Sinode, 1962, art. 23 lui: “Die besluite van vergaderinge is bindend, maar is vatbaar vir beroep op ’n meerdere vergadering.”

14 Art. 29 van die Kerkorde van die GKN (1957) lui: “Indien zij zulk een uitspraak of handeling in strijd achten met duidelijke uitspraken van Gods Woord, zijn zij gehouden in appèl te gaan” (sekondêre kursivering). Die kommissie van aktuarii het opdrag gehad het om hierdie hersiening te verreken in die opstel van die kerkorde van 1962 (vgl. Handelinge van die Raad van N.G. Kerke 1957, 73), maar dit het klaarblyklik nie gebeur nie.

15 Dit was nog nie tevore in die openbare domein nie, maar ek het beperkte toestemming van Sinode Hoëveld ontvang om dit wel openbaar te maak.

16 Vgl. Die Reformatoriese Sola Scriptura en die Skrifberoep in etiese vrae, bl. 19. Hierdie teks is nie onder Jonker se naam gepubliseer nie, maar is in 1979 deur die N G Kerk Uitgewers namens die Kommissie van Leer- en Aktuele Sake (Wes-Kaapland) gepubliseer. Dit is egter algemene kennis dat Jonker die outeur daarvan was. Kyk Van Niekerk (2011:589) en D.J. Smit se ongepubliseerde derde Jonker-gedenklesing, “En ook gehoor”, bl. 11.

Afdeling: Opvoedkunde

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

186

Die leerpraktykvorming van plattelandse

werkersklasleerders gegrond op hulle fondse van kennis

Henry Fillies en Aslam Fataar

Henry Fillies, post-doktorale student by Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit Stellenbosch Aslam Fataar, Visedekaan: Navorsing van die Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit Stellenbosch

Opsomming

Hierdie artikel handel oor hoe vyf landelike werkersklasleerders hulle fondse van kennis (FvK) gebruik vir die vestiging van hulle leerpraktyke. Met fondse van kennis verwys ons na die noodsaaklike kulturele praktyke en die vorme van kennis en inligting wat huishoudings en gemeenskappe gebruik om te oorleef of om vooruitstrewend te bly (Moll 1992:21). Die vraag wat ons verken, is: Hoe gebruik die leerders hulle fondse van kennis in en oor hulle geleefde ruimtes vir die bou en vestiging van hulle leerpraktyke? Met antwoorde op hierdie vraag poog ons om insig en ’n verduideliking te bied rakende die multidimensionele aspekte betreffende werkersklaswoonbuurte se sosio-ekonomiese dinamiek en hoe dit leerders se leerprosesse beïnvloed. Ons probeer toon hoe vyf leerders, Cherry, Ruby, Musa, Sally en Tom (skuilname), deur hulle eie ondervindings, netwerke, wisselwerking en agentskap hulle fondse van kennis bekom ter ondersteuning van hulle leerpraktyke in hulle geleefde ruimtes. Die belangrikste argument wat ons aanvoer, is dat die konstruering van werkersklasleerders se leerpraktyke begryp moet word deur op verskeie en onderling verweefde sosioruimtelike samestellings sowel as verskeie diskursiewe praktyke wat dit beïnvloed, te konsentreer. Ons probeer dus illustreer hoe die geselekteerde leerders dit regkry om deur middel van diskursiewe praktyke, wat ook hulle fondse van kennis binne hulle geleefde ruimtes behels, hulle leerpraktyke te vestig.

Trefwoorde: agentskap; etnografie; fondse van kennis; landelike; netwerke; opvoedkundige praktyke; leerpraktykvorming; verarmde omgewings

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

187

Abstract

The learning practice formation of rural working class learners based on their funds of knowledge

This article is a discussion of how five rural working-class learners use their funds of knowledge (FK) to establish their learning practices. With funds of knowledge we refer to the cultural practices and forms of knowledge and information found in households and communities that people utilise to survive and maintain viable lives (Moll 1992:21). The question that this article responds to is: How do learners in impoverished circumstances deploy their FK in and across their lived spaces in order to build and establish their learning practices?

We attempt to provide an insight into the ways in which the socio-economic dynamics in rural working-class neighbourhoods influence learners’ learning processes. The article illustrates how five learners utilise their experiences, networks, and agency towards acquiring their FK and how they use these to establish their learning practices in their lived spaces. The main argument that we posit is that understanding these learners’ learning practice formation requires that we concentrate on the complex and interwoven social-spatial practices and discourses that they use to establish their learning practices. We thus set out to illustrate how selected learners mobilise their FK in their spaces in order to form and establish their learning practices.

The theoretical grounding of the article is the funds of knowledge approach popularised by Moll and his colleagues (see Moll, Amanti, Neff and González 1992; 2005), and the work of Zipin, Sellar and Brennan (2013), who developed the FK concept for analytical application in poor schools in Australia. An FK approach places the analytical focus on the inherent capacities of people to productively exercise their agency in deeply impoverished circumstances. Challenging a deficit perspective, it emphasises the view that humans are creative cultural hybrids who mobilise their skills and knowledge to establish adaptive practices to sustain livelihoods. An FK perspective enables us to focus on the emergent learning practices of the selected school learners as they navigate and negotiate their community and domestic contexts. In the light of this, the article specifically discusses how they build their learning practices along the following dimensions: family-based FK, community-based FK, peer-based FK, and media- and IT-based FK.

The data for this article are drawn from a larger study on the social and educational experiences of rural working-class youth. This is based on ethnographic research in a small town 15 kilometres from Stellenbosch. Participant observation and in-depth semi-structured and unstructured interviews were used among purposively selected learners in order to access and understand aspects of their life experiences, cultural knowledge, and the complex ways in which they go about establishing their learning practices in their domestic and community contexts. We spent considerable time over an 18-month period in the town, which afforded us the opportunity to appreciate and develop an understanding of the complex life paths of these learners.

Our ethnographic approach enabled us to understand these paths in light of the context in which they were established. All the necessary ethical protocols were observed in respect of research on and with children. By utilising the conceptual categories of Moll et al. (2005)

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

188

associated with their FK approach, we organised and analysed the data based on emergent themes related to the manner in which the learners went about developing their learning practices. The data allowed us to draw links between their relational activity in their lived spaces and the impact of these on their learning practices. The research illuminated the formative impact of their everyday practices on their emergent FK which, we argue, played a pivotal role in how they, as active progenitors of their own lived realities, formed their learning practices.

The findings were organised along four dimensions. First, with regard to their family-based FK, we concentrated on how their relationships and practices in their families contributed to their learning practice formation. We discovered that they were immersed in rich domestic literacy practices. For example, they love reading age-appropriate books, magazines and religious material. They learn from their parents’ and family members’ work-related knowledge, their family’s immersion in musical performance, the extant storytelling culture, and periodic road trips to visit family. What was clear was that although these families struggle to survive, they offer their children ample support for their schoolgoing, which contributes to a healthy domestic learning environment. The children, in turn, use this domestic support to establish appropriate literacy and learning practices in support of their educational aspirations.

Second, regarding their community-based FK, we concentrate on the relations and negotiations that the learners undertake in community context in their attempt to access the FK necessary for developing their learning practices. Establishing networks of engagement is central to these practices. These involve informal economic exchanges, interaction with their churches, and participation in sport and cultural activities in the community. The learners have a thorough understanding of their community. They use their own initiative to address the daily challenges that they encounter. They access resources to support their education. They succeed in developing strategic knowledge practices to leverage the community’s networks and social support. These are key for them as a basis for building their learning practices and staying on course in pursuit of their education.

The third aspect concentrates on their peer-based FK in respect of their learning practice formation. Here the focus is on how the selected learners consciously and unconsciously go about establishing their peer-based practices to acquire crucial FK. They utilise their peer-based FK instrumentally to secure academic and other social advantages in their community. Reaching out to friends for social support, the use of linguistic strategies for peer acceptance, and adopting sophisticated cultural codes are knowledge-informed strategies which they use to acquire competence for survival and staying on course educationally in their tough neighbourhood.

The final aspect is the use of media-based FK to develop their learning practices. Here the focus is on their use of the various ICT-based media sources such as Twitter, Facebook, SMS and WhatsApp messaging, satellite television and internet searches. These platforms provide them with a rich material resource base for their educational development, in addition to linking them daily into the global information-based culture. Their media-based FK is pivotal for their learning activities and youth identity becoming in this local township.

In sum, the article throws the spotlight on how learners in a rural working-class town have gone about accessing their FK in order to develop their learning practices. These community-

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

189

based practices, in turn, have established them as young people who are committed to establishing an educational path. Their ability to establish strategic networks in their community and supportive friendships have secured them such a path. It is their ability to mobilise various knowledge and literacy sources in their families and communities that has played a crucial role in their learning practice formation. And their ICT- and media-related knowledge practices have been decisive in establishing them as viable learners. In other words, their media-based FK has been important in their learning practice formation.

Based on the research for this article we suggest that young people from impoverished backgrounds are productive and creative learners who deploy a range of social and knowledge-informed strategies to establish viable learning paths. It is this realisation that should inform the curriculum work of schools and teachers in their quest to engage these learners intellectually. And central to such engagement should be to develop curricular strategies that recognise and work with the learners’ active knowledge-making processes.

Keywords: agency; educational practices; ethnography; funds of knowledge; learning practice formations; networks; poor environments; rural

1. Inleiding

Die jeug is ’n ambisieuse generasie met hoë aspirasies vir hulle lewens, maar dikwels sonder ’n realistiese lewensplan van hoe om dit te bereik (Schneider en Stevenson 1999). Met ons fokus op Suid-Afrikaanse werkersklasjeugdiges wil ons aanvoer dat aandag geskenk moet word aan hoe werkersklasleerders hulle leerpraktyke te midde van moeilike omstandighede ontwikkel. Ons deel Berlant (2011), Bray, Gooskens, Khan, Moses en Seekings (2010), Fataar (2009; 2010) en Fataar en Du Plooy (2012) se standpunt dat optimisme ten opsigte van die verwesenliking van werkersklasleerders se aspirasies onder moeilike omstandighede tans ’n “wrede” ervaring vir baie jeugdiges is. Verder huldig ons die mening dat jeugdiges se leerpraktyke verstaan moet word as ’n komplekse samestelling van verskeie sosiokulturele hulpbronne, waarna ons as die gemeenskap se fondse van kennis verwys.

Huidig bestaan daar ’n perspektief dat “[p]oor students are viewed with a lens of deficiencies, substandard in their socialization practices, language practices, and orientation toward scholastic achievement” (González 2005:34). McCarthey (2000) wys daarop dat hierdie eng siening op sy beurt ’n invloed het op beide klaskamerpraktyke en die huis-skool-omgewing. Die gevolg is dat dit kan lei tot onderrigtegnieke gegrond op papegaaiwerk, wat veroorsaak dat daar lae opvoedkundige verwagtinge by werkersklasleerlinge ontstaan. Dit kan ook geargumenteer word dat sulke vooropgestelde idees ’n negatiewe invloed kan hê op die interaksie tussen ouers en onderwysers. Verder argumenteer Souto-Manning (2009) dat onderwysers wat ’n familie op grond van hul kulturele identiteit of sosio-ekonomiese status vooraf beoordeel, ’n verhouding kan vestig wat onkonstruktief en selfs skadelik kan wees vir potensiële sukses van die leerder.

Die teoretiese begronding waarop hierdie artikel steun, is gebaseer op die werk van Moll, Amanti, Neff en González (1992; 2005) se fondse van kennis1-benadering en bou voort op die werk van Zipin, Sellar en Brennan (2013). Wanneer ’n mens fondse van kennis (voortaan FvK) bestudeer, moet jy dink soos ’n antropoloog. Jy is op soek na die maniere waarop

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

190

mense leef, hoe hulle dinge weet, en hoe hulle verhoudings bou. Deur dit te doen, versamel jy data wat afkomstig is van buite die skool, en dit dek oor die algemeen ’n baie breë spektrum. Moll en ander kundiges postuleer dat ’n mens die inligting vanuit FvK kan gebruik om kurrikulums te ontwikkel wat huise en skole sal verbind. Sommige van die basiese tipes kennis wat dien as fondse, soos vergestalt in die artikels van Moll e.a. (1992), sluit die beroepe van die versorgers, stokperdjies, godsdiens, huiswerkies, en selfs geografiese inligting in. Hierdie tipes van kennis word op ’n daaglikse basis vir oorlewing gebruik en is dikwels oor die algemeen vloeibaar (veranderlik). Die begrip fondse van kennis beklemtoon die gemeenskap of familie-eenheid as houers van historiese en kulturele kennis. Dit FvK verander soos wat die gemeenskap of familie aanpas by nuwe situasies. ’n Integrale deel van die FvK-benadering is nie net toegang tot die familiekennis nie, maar ook die gebruik van daardie kennis in individuele leergeleenthede binne die klaskamer (of huislike omgewing) (González 2005). Die toepassing van FvK-teorie behels ’n fokus op sterk punte en vaardighede van mense. Soos González (2005) verduidelik, is baie mense kulturele basters (hibriede), want binne ’n geglobaliseerde wêreld neem (of weerstaan) ons kulturele aspekte uit verskeie bronne. Alhoewel kenners (akademici en geleerdes) die term op genuanseerde maniere gebruik, verwys FvK oor die algemeen na kennis en vaardighede wat spruit uit lewenservarings, eerder as na kennis uit hulle skoolopleiding (Hogg 2011).

Dit is om hierdie rede dat ons ons wend na ‘n verkenning van hoe hoërskoolleerders in ’n werkersklaswoonbuurt in staat is om hulle opvoedkundige praktyke gebaseer op hulle FvK te verwerklik. Sentraal tot so ’n bespreking is hoe hulle leerpraktyke in moderne tye verstaan moet word. Ons wil aanvoer dat by die teoretisering van die ontluikende aangeleenthede van leerpraktyke daar praktyke is wat oor die algemeen nie ter sprake kom nie. Zipin (2009) noem dat geleefde probleme wat met armoedige streke verband hou, die teelaarde kan wees vir waardevolle kennis en ervarings wat bates vir leer bied.

Ons toon hoe vyf leerders – Cherry, Ruby, Musa, Sally en Tom (skuilname) – deur hulle ondervindings, netwerke, wisselwerking en agentskap hulle FvK bekom ter ondersteuning van hulle leerpraktyke in hulle geleefde ruimtes. Hierdie vyf leerders is almal woonagtig in Arendsehoop (skuilnaam), ’n benadeelde landelike gemeenskap in die Wynland-distrik van die Wes-Kaap. Die woonbuurt word gekenmerk deur grootskaalse armoede en diepgewortelde maatskaplike probleme en daar is min geleenthede vir jeugdiges om tot hulle volle potensiaal te ontwikkel.

In twee vorige artikels het ons gefokus op (1) hoe plattelandse werkersklasleerders se doksa (denkwyses) hulle tot die verwerkliking van hulle leerpraktyke oriënteer (Fillies en Fataar 2015), en (2) hoe hulle hulle leerpraktyke oor hulle geleefde ruimtes heen bemiddel en ontwikkel (Fataar en Fillies 2016). Die bedoeling met hierdie artikel is om ’n ontleding te bied wat bewys dat die leerders hulle doksa en belewenisse in verhouding tot hulle leerpraktykvorming as middel tot betekenisgewing aanwend by die konstruering van hulle leerpraktyke. Ons beredenering in hierdie artikel is dat die leerders se leerpraktykkonstruering in verhouding tot hulle verwerfde FvK in die woonbuurt plaasvind. Soos reeds verduidelik, verwys ons met FvK na die noodsaaklike kulturele praktyke en die vorme van kennis en inligting wat huishoudings gebruik om te oorleef of om vooruitstrewend te bly (Moll 1992:21). Anders gestel is FvK die ontwikkelde liggame van vaardighede en kennis wat opgebou word deur ’n groep om te verseker dat hulle behoorlik in hul sosiale en gemeenskapskontekste kan funksioneer. Daar is ’n magdom FvK in hierdie leerders se lewens, maar ons belig slegs die onderstaande aspekte:

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

191

• familiefondse (kennis/vaardighede/praktyke wat in hulle familielewe gebruik word (met inbegrip van uitgebreide familie)

• gemeenskapsfondse (kennis/vaardighede/praktyke wat in die gemeenskap gebruik word, soos die begrip van die stelsels en sosiale netwerke van die gemeenskap)

• portuurkultuurfondse (kennis/vaardighede/praktyke wat in hulle interaksies met maats gebruik word)

• kennis wat deur hulle interaksie met die media (TV, webwerwe op die internet, sosiale media, ens.) verkry word.

Ons skenk aandag aan die maniere waarop hierdie FvK aangewend word by die ontwikkeling van landelike werkersklasleerders se leerpraktyke.

Ons analitiese taak is om aan te toon hoe hierdie leerders hulle leerpraktyke toelig en begryp ten einde bepaalde soorte onderhandelinge in hulle fisiese ruimte te onderneem wat later sal bydra tot hoe hulle hul leerpraktyke konstrueer. Hierdie bespreking sluit onder andere in die leerders se leerervarings sowel as hulle leerpraktyke en lewenstrajekte in die gemeenskap wat verband hou met en voortspruit uit die aktiwiteite wat in die woonbuurt plaasvind en geleer word. Ons poog om nuwe maniere daar te stel ter verduideliking van hoe die konstruering van arm leerders se leerpraktyke teen die agtergrond van hulle woonbuurt plaasvind en verstaan moet word.

Ons het die studie vanuit die kwalitatiewe interpretatiewe paradigma onderneem. Kwalitatiewe-navorsingsinstrumente, soos veldnotas, deelnemende en niedeelnemende waarnemings, sowel as formele en informele onderhoude is gebruik om die navorsingsvraag te beantwoord en die doelwitte van die studie te bereik. Ons bevindinge dui daarop dat leerders tydens die verwesenliking van leerdoelwitte as deel van verskillende gemeenskapsagtergronde hulle plek met betrekking tot die gebruik van verskillende FvK in hierdie verband bepaal.

Vervolgens bied ons ’n bespreking van die teoretiese benadering wat ons in ons ontleding gevolg het.

2. Teoretiese oorwegings

In hierdie afdeling bied ons ’n breedvoerige beskrywing van hoe ons ons teoretiese begrippe met die “messiness of ordinary life” (soos González, Moll en Amanti 2005:5 dit stel) in die woonbuurt tydens die vorming van hierdie leerders se leerpraktyke in verband bring. Met “messiness” verwys González e.a. (2005) na die daaglikse praktyke wat by tye ontluikend en soms ondeursigtig is. Dit (die praktyke) word gevorm en vervorm te midde van leerders se sosio-ekonomiese en kulturele lewensomstandighede. Die lewens van hierdie leerders en hulle daaglikse aktiwiteite vorm die basis vir ons teoretisering van leerpraktyke. Ons teoretiese vertrekpunt is dat hierdie vyf leerders hulle FvK binne hulle geleefde ruimtes bekom en dit gebruik om hulle leerpraktyke te ontwikkel. Hierdeur poog ons om ’n voorstellingsbegrip te bied van hoe werkersklasjeugdiges die invloed van makrodimensionele invloede plaaslik deur verskeie refleksiewe en beredeneerde praktyke in die ontwikkeling van hulle leerpraktyke bemiddel.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

192

Die ontledende fokus van hierdie artikel val op die ontwikkeling van leerpraktyke, of soos Moll e.a. (1992) dit stel, die FvK waarmee leerders hulle in hulle geleefde wêrelde buite die skool vereenselwig vir die ontwikkeling van hulle leerpraktyke. Die teoretiese uitgangspunt van FvK is dat mense bevoegd is, kennis het en dat hul lewenservarings aan hulle die kennis bied (“people are competent, they have knowledge, and their life experiences have given them that knowledge”, González e.a. 2005:ix–x). Die teorie is gebaseer op die perspektief dat leer nie net gebeur nie, maar ’n sosiale proses is, gewortel in ’n breër sosiale konteks. Gegrond in die sosiokulturele teorie, poog die FvK-benadering om sosiaal-kulturele interaksies wat die hele persoon binne sy of haar wêrelde, soos huishoudelike en sosiale netwerke waar ervarings en leer plaasvind, te ondersoek (Moll 1990; Moll en Greenberg 1990). FvK kan beskou word as kennis ingebed in die praktyke wat fokus op die sosiale dimensie van kennis en die integrasie van idees, belangstellings en aktiwiteite van leerders en hulle families buite die skool. Moll (1990) voer aan dat “fondse van kennis” die noodsaaklike kulturele praktyke is waarvolgens leerders kennis en inligting in huishoudings bekom en dit gebruik om te oorleef of om vooruitstrewend te bly. Dit beskryf ’n gemeenskap se kulturele gedrag en kulturele aangeleenthede. Hierdie fondse behels die wyse waarvolgens leerders redeneer en sin maak van die wêreld om hulle heen. ’n Verdere sleutelaspek is dat FvK ontwikkel word deur gebeure en aktiwiteite. Dit (FvK) behels ’n ondersoek na hoe mense kultureel oor verskeie aktiwiteitsinstellings heen leer en leef. FvK vereis ook ’n begrip van hoe mense kultureel gesosialiseer is om aan roetinepraktyke oor instellings heen deel te neem (Moll e.a. 1992:21).

Moll en González (1997:88) noem verder dat om die skoolkurrikulum om kulturele hulpbronne van lewensgebaseerde agtergronde heen te bou, is om leerders se diversiteite te omskep in pedagogiese bates (“to transform students’ diversities into pedagogical assets”). Dit bied ’n ommekeer van die siening van ’n sistemiese tekort waarvolgens skole minderbevoorregte families en gemeenskappe beskou:

as places from which children must be saved or rescued, rather than places that, in addition to problems (as in all communities) contain valuable knowledge and experiences that can foster … educational development. (Moll en González 1997:98)

Ons het in ons studie dus ’n ontledende lens ontwikkel om ons te help navors en interpreteer hoe leerders dink, optree, wense koester en hulle agentskap met betrekking tot hulle toekomstige lewens uitoefen. Hierdie aspekte kan egter verstaan word net deur dit in verband te bring met dit wat in hulle geleefde agtergronde met hulle gebeur.

Zipin (2009) en Zipin, Sellar en Hattam (2012) vestig verder die aandag daarop dat geleefde probleme wat met armoedige streke verband hou, die teelaarde van waardevolle kennis en ervarings kan wees wat bates vir leer bied. Zipin (2009) meld dat kinders vanuit armoedige sosiale ruimtes dikwels kennis saam met hulle skool toe bring omtrent die “donker” aspekte van hulle lewens in hulle gemeenskappe (sien ook Fataar 2007). Hierdie “donker” aspekte sluit in onaangenaamhede soos gesinsgeweld en dronkenskap waaraan leerders elke dag blootgestel word. Zipin (2009:319) beskryf dit as “dark funds of knowledge”, en oor die algemeen word dit nie as gepaste kurrikulummateriaal in skole erken nie. Zipin gaan van die veronderstelling uit dat: “to take the cultural knowledge of less powerful ‘others’ seriously means to seek learning assets in these cultures” (Zipin 2009:319).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

193

Deur leerders die geleentheid te bied om op die donker aspekte van hulle lewens te fokus, kan ons begrip van hulle leefwêrelde verbeter. Zipin e.a. (2013) noem dat deur leerders by FvK waarmee hulle bekend is te betrek, soos om die huidige plaaslike gemeenskapslewe uit te beeld, die werk van die skoolkurrikulum en leerprogramme in ’n meer toekomsgerigte rigting kan ontwikkel. Dit bemagtig leerders om hulle agentskap in werking te stel. Op so ’n wyse kan hulle wegkom van die gedagte dat hulle ’n toekoms moet aanvaar wat weens sosiaal-strukturele beperkings daargestel is (Zipin e.a. 2013:12).

Ons doen aan die hand dat die hulpbronne vir ontluikende leerpraktyke gebaseer is op FvK in die leefwêreld van die gemeenskappe. Dit is kennis wat afgewentel word vanuit die verlede en aangepas word in die hede. Dit dra die potensiaal om aspekte rakende leerpraktyke van opvattings soos in die verlede aanvaar, te laat wegbeweeg. Daar moet ’n mate van proaktiewe optrede wees wat ’n veelomvattendheid vereis wat verder gaan as die skoolgrense. Die argument kan dus gestel word dat individue nie alleen nuwe dinge oor die tyd heen leer nie, maar dat hulle leer inherent deur hulle lewenservarings beïnvloed word soos wat hulle mense en nuwe gedagtes teëkom, op ’n manier wat hulle nie vooraf kan bepaal of sien nie, en dit is hierdie aspek waaroor die artikel verslag doen.

3. Metodologie

Die data waarop hierdie artikel gebaseer is, kom uit ’n groter studie oor die sosiale en opvoedkundige ervarings van Suid-Afrikaanse landelike werkersklasjeugdiges. Hierdie navorsing is toegelig deur deelnemende waarnemings en onderhoude tydens die 2013–2014-skooljaar in “Arendsehoop”. ’n Etnografiese benadering is vir hierdie studie gekies, wat volgens Neuman (2011:423) verwys na’n beskrywing van mense en/of hulle kultuur. Dit is ’n proses wat gedryf word deur individue se kulturele kennis, wat beide die bepaalde kennis (bv. wat ons weet en waaroor ons praat) en stilswyende kennis (nl. wat ons stilswyend weet, maar wat weinig direk erken) insluit (Neuman 2011:424).

Toe ons aan die begin van ons navorsing toegang tot die navorsingsgebied verkry het, moes ons vertroud raak met die dinamika wat sigself in en om die skool uitgespeel het om ’n geheelbeeld van die woonbuurt te verkry. Ten einde dit te kon doen, het ons ons navorsingsverantwoordelikhede eers beperk tot een primêre aktiwiteit, naamlik waarneming. Hierdie waarneming was deelnemend sowel as niedeelnemend. Spradley (1979:196) noem dat waarneming nuttig is, aangesien dit nie net data-insameling fasiliteer nie, maar ook mense op hul gemaak stel om van die waarnemer as “buitestander” te praat.

Deelnemende waarneminghet ons die geleentheid gebied om deel te neem in gemeenskaps- en niegemeenskapsverwante aktiwiteite en gebeure. Tydens hierdie proses is veldnotas gemaak wat ons van ’n nuttige manier voorsien het om ryk beskrywings vir die leser te skep wat ’n beeld en die verloop van gebeure, prosesse en interaksies in die veld weergegee het. Volgens Spradley (1979:192) is veldnotas die primêre bron van vrae, spekulasies en refleksies in etnografiese navorsing en hulle funksioneer as die basis vir die generering van data. Ons stem saam met hierdie stelling, want ons het ons veldnotas absoluut onmisbaar gevind tydens ons omgewingsgebaseerde veldwerk.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

194

Deur niedeelnemende waarnemings het ons die belangrikheid van waarnemings besef soos wat ons navorsing gevorder het. Waarnemings is gemaak in openbare ruimtes in die woonbuurt en in individue se huise. Hierdie waarnemings het dit moontlik gemaak om te kyk na die patroon van die dinge in die woonbuurt soos dit deur die leerders ervaar is, sowel as om te let op watter groot en klein gebeurtenisse van betekenis daar plaasvind. Dit het ons in staat gestel om ’n kwalitatiewe verklaring van die dinge in die woonbuurt te verkry. Ons het aan gebeurtenisse en prosesse deelgeneem en dit gevolg, wat verskeie vorme van waarneming vereis het. Ons het nie net staatgemaak op wat mense gesê het nie, maar het ook eerstehands waargeneem wat hulle gedoen het. Dit het ons toegelaat om die verhouding tussen hul houdings en gedrag rakende die onderwerp van die studie te ondersoek.

’n Aansienlike hoeveelheid tyd is in die woonbuurt deurgebring om die leefwyses en komplekse aspekte wat op ons studie van toepassing was, waar te neem. Ons doelwitte met hierdie studie was tweeledig: (1) om die sosiale en kulturele lewe van die leerders in verhouding tot hulle leerpraktyke in hulle sosiale en kulturele leefwêrelde te beskryf en te verstaan (die emiese perspektief); en (2) om voort te bou op die besonderhede en begrip van hulle sosiale en kulturele wêrelde om ’n nuwe sosiokulturele perspektief te ontwikkel (die etiese perspektief). Ons etnografiese ondersoek het dit dus vir ons moontlik gemaak om die gebeure vanuit die agtergrond waarteen dit plaasvind, te verstaan. Een van die belangrikste doelwitte van die studie was juis om die agtergrond waarteen leerders persepsies van hulle FvK ontwikkel vas te vang en te verstaan. Vanuit ’n begripsoogpunt was dit vir ons belangrik om, deur middel van etnografiese interaksie, die verskillende dinamieke wat in die leefruimtes van die navorsingsdeelnemers uitspeel, te probeer vasvang en krities te ontleed om te begryp hoe hulle leef en leer. Etnografie stel ons dus in staat om die beskrywing en interpretasie van daardie agtergrond te bied.

Ons is gelei tot ’n begrip en interpretasie van hoe leerders hulle sosiale wêrelde skep en onderhou (Neuman 2011:102). Dit was vir ons belangrik om ’n begrip te ontwikkel van hoe die leerders hulle sosiale lewenstrajekte verstaan, hoe hulle betekenis daaraan toevoeg en hoe hulle dit teen die geleefde agtergrond van hulle woonbuurt (her)ontwikkel. Dit hou direk verband met die begripsklem van hierdie studie, naamlik leerders se onderhandelings in hulle leefverbande om aan hulle leerpraktyke gestalte te gee.

Gefokusde semigestruktureerde persoonlike onderhoude is gebruik om inligting in te samel deur na die leerders se eie stories oor hulle eie leefwêreld te luister, om dit moontlik te maak om elkeen se storie oor hulle sosiale leefwêreld in verhouding tot hulle leerpraktyke te ontwikkel. Op hierdie wyse is plaaslike verhale oor wat dit verg om ’n leerder in ’n werkersklaswoonbuurt te wees, verbind met die kritiese ontleding van die leerders se leerpraktykontwikkeling.

Die deelnemers is gekies deur van ’n doelgerigte steekproef gebruik te maak, gegrond op hulle bereidwilligheid om aan die navorsing deel te neem. Die deelnemers, aan wie ons die skuilname Cherry, Sally, Tom, Ruby en Musa gegee het, is gekies op grond van twee ongestruktureerde onderhoude met leerders wat positief ingestel was teenoor hulle skolingsprosesse en uitmuntende skooluitslae behaal het. Voorts was hulle gewillig om hulle lewenservarings met betrekking tot hulle begeertes en strewes maklik te deel en te beskryf. Hulle het ook kennis gedra van die woonbuurtdinamiek en invloede in die gemeenskap wat moontlik hulle leerpraktyke kon beïnvloed.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

195

Die inligting is ingesamel deur ’n reeks onderhoude met hierdie vyf leerders te voer. Die onderhoude is tot 40 minute per onderhoud beperk, en daar is drie afsonderlike onderhoude met elk van die vyf leerders gevoer. Mense se optrede raak betekenisvol en verstaanbaar wanneer dit (volgens De Vos e.a. 2005:295) in verband geplaas word. Om dié rede is die eerste onderhoud gebruik om die agtergrond waarteen die deelnemers se belewenis plaasvind, vas te lê. Die leerders is ook die geleentheid gebied om inligting oor hulleself en hulle siening van die woonbuurt in verhouding tot hulle leerpraktyke te deel. Tydens die tweede onderhoud is die leerders aangemoedig om hulle belewenisse van hoe hulle verskillende vorme van kapitaal in hulle omgewing verwerf en hoe dit in hulle leerpraktyke verwerklik word, te deel. Tydens die derde onderhoud is die deelnemers aangemoedig om na te dink oor die betekenis wat hulle as leerders gee aan die ervaring van die verwerkliking van hulle verskillende leerpraktyke soos in hulle bepaalde verbande beleef. Ons het, soos González (2005), van ’n kombinasie van sorgvuldige waarnemings, oop vrae en semigestruktureerde onderhoudstrategieë gebruik gemaak. Hierdeur het ons gepoog om die komplekse funksies van huishoudings teen hulle sosiokulturele en sosio-ekonomiese agtergronde akkuraat weer te gee.

Alle etiese oorwegings rakende navorsing met kinders is gevolg. Vertroulikheid en anonimiteit is verseker deurdat alle deelnemers verseker is dat hul identiteite onder geen omstandigheid bekend gemaak sou word nie. Ons was veral bewus van die kwesbaarheid van die minderjarige kinders wat in hierdie studie gebruik is. Dit was vir ons belangrik om vertroue met hulle te bou en hul veiligheid te verseker (Clark 2008:14). Dit was ook waarom skuilname deurgaans gebruik is.

Deur ons te wend tot Moll e.a. (2005) se fondse van kennis-begrip, is die data op tematiese wyse benader en georganiseer. Ons vrae ter verkryging van data het hoofsaaklik gewentel rondom die beskrywing van die omstandighede waarin hulle leef en hoe hulle dit beleef ter konstruering van hul leerpraktyke. Verder het dit ook gegaan oor die praktyke soos binne hul huishoudings, hul portuurgroepe, en die media waaruit hulle leer. Die data het ons in staat gestel om die ruimtelike verband van die betrokke leerders en hulle belewenis van hoe die ruimtelike verband van hulle werkersklaswoonbuurt op hulle leerpraktyke inwerk, te dokumenteer. Die leerders, as ontwikkelaars van hulle eie werklikheid, het hierdeur self aangetoon hoe die ruimtelike verband van hulle woonbuurt ’n invloed op hulle FvK ter verwerwing van leerpraktyke het.

Vervolgens bied ons ’n bespreking van kernaspekte van hierdie leerders se FvK en hoe dit daartoe bydra om hulle leerpraktyke te vorm.

4. Die leerders se gesinsfondse van kennis by die ontwikkeling van hulle leerpraktyke

In hierdie afdeling fokus ons op die leerders se gesinsfondse van kennis met betrekking tot die ontwikkeling van hulle leerpraktyke. Dit was veral belangrik om te sien hoe hierdie sosiale verhoudings in die leerders se gesinsverband die ontwikkeling en verspreiding van hulpbronne, met inbegrip van hulle FvK, tydens die ontwikkeling van hulle leerpraktyke fasiliteer (Moll en Greenberg 1990; Vélez-lbáñez en Greenberg 1992). Dit het ons gelei om die versoek aan hulle te stel: “Beskryf die omstandighede waarin jy leef en hoe jy dit beleef.”

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

196

Met die aanvang van ons onderhoude het ons te staan gekom voor ’n besonder moeilike mengsel van sosiale, emosionele en akademiese behoeftes waardeur hierdie leerders op ’n daaglikse basis oorweldig word. Ten spyte hiervan het ons gou die krities belangrike rol van leerders se gesinne in al ons huisbesoeke ontdek. In twee van die huise het die gesin saam met hulle uitgebreide familie gewoon. Ons is ook meegedeel dat tydsbesteding deur die leerders saam met hulle gesinne belangrik is. Tyd saam met hulle gesinslede was onontbeerlik ten einde die gesin in ’n hegte eenheid saam te bind. Dit is in hierdie gesinsomgewing waar kinders geleer word om hulle fisiese wêreld te verstaan. In die huishoudings van die deelnemers het alles om hulle gesinsaktiwiteite gewentel. Hierdie bedrywighede was noodsaaklik vir die jongmense om beter sosiale aanknopingspunte en netwerke te vorm. In hierdie leerders se huishoudings was daar ryk geletterdheidspraktyke. Hulle was lief vir lees, veral tydskrifte waarin hulle gunstelingkunstenaars uitgebeeld word. Hulle uitlatings het ons goeie insig gegee ten opsigte van die belangrikheid van lees in hulle huise.

Cherry is een voorbeeld van hoe hierdie kinders se geletterdheidspraktyke in die gesinsverband beïnvloed word. Cherry woon op ’n plaas naby die skool. Cherry se ma het aan ons meegedeel dat:

Die omgewing waar ek grootgeword het, het hulle nie lees aangemoedig nie. Ek het grootgeword in ’n arm gesin waar jy nie dikwels ’n boek gesien het nie. Ons het nie baie by die huis gelees nie, want my ouers was ongeletterd. Tog het hulle ons aangemoedig om te leer. Ek geniet dit egter om my kinders te sien lees en vir hulle te lees. Nie ek of my man wil werklik lees nie, maar … Hulle hou daarvan om te lees. Hulle lees weens die noodsaaklikheid daarvan. Hulle lees nie soseer die koerant nie, maar hulle lees. Ons geniet dit ook om die Bybel saam te lees.

Terwyl Cherry se ouers die blootstelling aan leesmateriaal en om te lees in hulle eie kinderjare gemis het, is daar by haar kinders ’n kultuur van lees en die waarde van leesstof ingeskerp. Dikwels lees sy die Bybel saam met haar kinders vir morele opvoeding. Sy het verder gesê dat sy haar kinders morele waardes op dié wyse leer. Sy het voorts ook verkies om die Bybel te lees omdat dit nie kriminele sake soos in die koerant dek nie. Volgens haar [Cherry se ma] “wil ons wel hê hulle moet ons morele waardes volg, dus lees ek die Bybel aan hulle sodat hulle kan weet wat is goed en sleg”. By Cherry se huis is daar ook ’n verskeidenheid boeke, koerante en tydskrifte. Dit laat by haar die begeerte ontstaan om goed te kan lees, want soos sy sê,

geniet ek lees, al is dit net vir die plesier. Ek lees veral boeke wat ek weet my sal interesseer. My ma bring dit van die werk af. Die plaasboer sê sy kan dit [leesstof] maar vat as hulle klaar gelees het. Ek is lief daarvoor om selfmotiveringsboeke en artikels te lees. Soms gebruik ek van die prente uit die tydskrifte vir my skoolwerk.

Cherry word op verskeie maniere aan geletterdheidspraktyke blootgestel. Haar woorde illustreer duidelik dat hierdie kinders groot plesier uit die lees van boeke put.

Cherry se ma is ook die voorvrou by die kwekery op die plaas. Dit is danksy haar ma se betrokkenheid by die kweek van blomme en plante dat Cherry ’n uitgebreide kennis het van hoe dinge op die plaas werk. Sy vertel ons van haar ma se werksaamhede by die kwekery:

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

197

My ma weet alles wat in die [kweek]tonnels aangaan [sy wys my na plek waar daar met plante en blomme gewerk word]. Ons “supply” vir Pick n Pay en Woolworths. Die boere [plaaseienaars] vra vir haar hoe dinge werk.

Haar ma se kennis van blomme en plante is van onskatbare waarde. Dit wissel van besproeiing tot meer diepgaande kennis van plaasmasjinerie en grondgebruik. Dit is kennis wat, as sy (Cherry) dit na die skool sou bring, aspekte van die genetiese aanpassing van plante of ’n studie van die uitwerking van insekdoders op die ekostelsel sou kon toelig. Hierdie kennis word met Cherry en haar ander kinders gedeel. Hulle word ook geleer van die ekonomiese implikasies indien hierdie plante beskadig sou word. Hierdeur word beide die ekonomiese en maatskaplike waarde van hierdie blomme en plante op die plaasgemeenskap beklemtoon. Hulle bekendheid met die waarde wat op die groei van die landbougewasse geplaas word, dui daarop dat hierdie huise se fondse moontlike kulturele, historiese, ekonomiese en wetenskaplike verbindings het.

Cherry het die FvK wat haar ouers se plaaswerk gebied het, gebruik om waardevolle kennis oor landbou op te doen. Hierdie kennis het haar ook bemarkings- en bestuursvaardighede laat ontwikkel. Dit het haar ook in aanraking gebring met prosesse rakende wêreldwye integrering, want weens die privatisering en meganisering van plase om hulle heen het sy bewus geword van wat wêreldtendense met betrekking tot plaaswerk was. Sy beskou egter nie plaaswerk as die ideale beroepskeuse vir haar nie, en in ’n mate het dit haar kennis wat betref beroepstatus gestimuleer. In plaas daarvan dat sy meer selfvertroue by die gebruik van plaaskennis opgebou het, het sy haar al hoe meer onttrek van deelname aan plaaswerk weens die armoedige lewensomstandighede wat plaasarbeiders ervaar.

Nog ’n leerder wat op ’n besondere wyse aan geletterdheidspraktyke blootgestel is, was Ruby. Ruby se huishouding is ryk aan musikale fondse van kennis. Tydens besoeke aan haar huis kon ons dit duidelik waarneem. Wanneer ons saam met haar in die buurt rondgeloop het, het sy dikwels haar selfoon by haar gehad met die oorfone in die ore en dan het sy saam gesing. Ons het vasgestel dat die gesin versot is op karaoke. By hulle huis word lirieke op die TV-skerm dikwels saam gelees en luidrugtig saam gesing. Sy deel ons mee: “Ons bespreek ons musikale voorkeure. Ek hou van beide rhythm en blues of soos hulle sê R&B sowel as klassieke musiek.”

Deur middel van musiek was hierdie leerder nie net betrokke by geletterdheidspraktyke soos lirieke lees en liedjies leer nie, maar het hulle ook verbindings tussen die hedendaagse musikale kultuur in die buurt en in ander gebiede gevorm. Hierdie musikale praktyke in Ruby se huis het die potensiaal gehad om haar in die bereiking van haar akademiese sukses te ondersteun. Ruby noem tydens ons gesprek met haar dat sy dit as haar verantwoordelikheid beskou, as ’n leerder, om sosiale patrone van deelname deur samewerkende leerstrategieë in haar gemeenskap te bou. Dit het haar vertroue in haar vermoë om haar leerpraktyke te beheer, laat groei. Sy het haar eienskappe as ’n goeie leerder gesien as:

Ek doen my huiswerk … leer deur te luister … werk vrae uit om my die werk beter te laat verstaan. Ek gee altyd my beste en raak nie betrokke in negatiewe dinge nie. Ek hou van lees, maar ek is nie regtig ’n goeie leser nie. Soms lees ek in elke vrye oomblik wat ek het. Ek begin ook soms om ’n boek te lees, maar lees dit nie klaar nie. As die kinders nie lees nie, hoe kan hulle die boeke wat hulle in skool ontvang verstaan?

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

198

Ruby se woorde beklemtoon haar toegewydheid en verbintenis tot haar opvoeding. Opvattings van universiteit toe te gaan word dikwels deur hierdie leerders se sosiale en netwerke van gesinskennisfondse gevorm. In hulle gesinne strek opvoedkundige denkwyses verder as die gebruiklike idees van wat almal in die gemeenskap van hulle verwag om te wees. Hierdie leerders word sterk aangemoedig om hulle opvoeding voort te sit. Dit is vir hierdie werkersklasleerders vorme van sosiale en kulturele kapitaal waaruit hulle kan put. Terwyl hierdie gedrag in werklikheid in die werkersklasgesinne uitgebeeld word, het ons ook waargeneem hoe opvoedkundige lewensbeskouings en praktyke alternatiewe vorme aanneem. Soms sukkel hierdie leerders om hulle daaglikse praktyke met hulle opvoedkundige doelwitte te verbind.

Saans het ons ook dikwels gesien hoe mense saam om die vuur sit. Op verskeie geleenthede het ons weens die koue ook by hulle aangesluit, en so het ons ervaar dat dit ’n bymekaarkomplek is waar ’n ryk storievertellingskultuur in die woonbuurt geheers het. Volgens Kerry Mallan (1991: 13) van die Queensland Universiteit van Tegnologie in haar artikel ‘Children as Storytellers’ (in Phillips 1999:3) is storievertelling ’n sosiale aktiwiteit. Hierdie leerders het grappe gemaak, na stories geluister en self stories uitgedink en vertel.

Dit hier waar Sally se geletterdheidspraktyke in haar gesinsverband beïnvloed is. Sally noem aan een van ons:

Ek geniet storievertelling baie. Saans om die ghellie [vuur] vertel my pa vir ons stories. Hy vertel ons stories van sy kinderjare en hoe dit was. Stories van bv. Wolf en Jakkals, spookstories, sportstories, dit wat in die nuus is en stories oor die lewe. Ons maak grappies. Meneer weet, dit wat kinders van hou. Ook persoonlike stories oor sy lewenservarings. Ons kyk na foto’s en praat oor hulle en ons kan baie van die stories koppel aan ons persoonlike lewenservarings. Ek onthou hulle en as ek na my vriende of familie se huise gaan, dan vertel ek die stories aan hulle.

In baie huishoudings is storievertelling ’n dominante aktiwiteit. Dit word beskou as ’n belangrike manier van hoe kinders kan leer. Wie hulle is en was, word deur hierdie storievertellingskultuur aangevul. Hierdie storievertellingskultuur word op ’n genotvolle manier aangebied om mekaar te vermaak en om die wêreld beter te verstaan. Op hierdie wyse word goeie morele waardes, tradisies en baie ander dinge aan kinders geleer. Verder vestig dit ’n gevoel van nabyheid tussen die ouers en hulle kinders, sowel as met die gemeenskap. Tydens hierdie geleenthede kan die ouers ook met die kinders oor sosiale probleme, algemene sake en verwagtinge met betrekking tot morele en kulturele waardes van dit wat in die samelewing van hulle verwag word, gesels. Op dié wyse kan hierdie leerders vir hulle verwagtinge skep.

Sally was baie opgewonde terwyl sy tydens ons onderhoud gepraat het oor hulle gesin se reis na hulle uitgebreide familie op De Aar. Hierdie reis saam met haar gesin het haar die geleentheid gebied om kennis oor ander fisiese ruimtes op te doen: “Dit is so ’n ander wêreld … die mense, die omgewing … die weer is ook anders daar. Die plek lyk so vaal en so droog.”

Deur Sally se reis na De Aar het sy belangrike aardrykskundige kennis opgedoen. Haar ervarings op verskeie geografiese plekke soos hulle na De Aar gereis het, het gedien as fondse van kennis wat sy kon koppel aan leer oor klimaatsomstandighede en verskillende

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

199

grondsamestellings. Benewens dit het die interaksie wat sy met lede van die gesin oor plekke gehad het, die lees van rigtingaanwysers sowel as geselsies en verduidelikings oor die plante langs die pad haar met waardevolle geletterdheids- en ander algemene kennis gevul. Daarbenewens het Sally geleer dat haar idees en haar ouers se betekenistoevoeging verband gehou het met ’n verskeidenheid plekke. Sy sou hierdie kennis wat sy opgedoen het, later tydens ’n aardrykskunde- of wetenskaples in die skool kon gebruik.

In hierdie afdeling is ’n paar van die gesinsfondse van kennis waarop hierdie leerders steun ten einde hulle leerpraktyke betekenisvol te kan konstrueer, bespreek. Die FvK in hulle gesinne is dikwels vrylik met ander kinders gedeel en sodoende is hulle leerpraktyke soms onbewustelik uitgebrei en toegelig. Kennis van hierdie persoonlike ervarings wat in die huise van hierdie leerders verkry is, het getoon dat hulle lewens te midde van ’n dinamiese mengsel van gedrag, vaardighede, interaksies en waardes wat elke gesin op sy eie unieke manier uitleef, plaasvind. Hierdie FvK het ons ’n beter begrip gebied rakende aangeleenthede soos die keuse van leesstof, hulle interaksie met hulle ouers, die strukturering van hulle leeraktiwiteite en die bou van sterk verhoudings met hulle families. Alhoewel al die families finansieel sukkel, doen hulle alles in hulle vermoë om leergeleenthede vir hulle kinders te voorsien. Hierdie kinders leef in ’n ryk huislike omgewing waar hulle altyd ondersteuning kry met huiswerk, waar daar vir hulle gelees word, en waar die ouers alles in hulle vermoë doen om ’n leerkultuur by die kinders te vestig. Dikwels het hierdie fondse ook aangesluit by dit wat in hulle gemeenskap plaasgevind het en met betrekking tot die kennisbasis wat in die gemeenskap geheers het, ’n aspek wat ons vervolgens bespreek.

5. Die leerders se gemeenskapsfondse van kennis by die ontwikkeling van hulle leerpraktyke

In hierdie afdeling konsentreer ons op die verhoudings en onderhandelings wat hierdie leerders in hulle gemeenskap aangaan en aanknoop ten einde kennis te bekom om gestalte aan hulle leerpraktyke te gee. Ons kon duidelik sien dat hierdie leerders se lewenservarings hulle noodsaak om sekere aanpassings te maak ten einde geleenthede vir leer te skep.

Tydens ons onderhoude was ons veral geïnteresseerd in hoe hulle sosiale netwerke ontwikkel by die ontwikkeling van hulle leerpraktyke. Vir ons was die belangrikste hoe hulle sosiale netwerke met ander huishoudings ontwikkel en hoe hierdie huishoudings sosiale verhoudings fasiliteer deur die ontwikkeling en uitruiling van hulpbronne, met inbegrip van hulle FvK. Ons fokus was op hoe die kinders onderling praktyke vestig gegrond op wedersydse vertroue, wat weer lei tot die ontwikkeling van hulle leerpraktyke.

Terwyl ons meer vrae begin vra het omtrent die leerders se gebruike en netwerke in die woonbuurt, het ons besef dat hierdie leerders uitgebreide ondersteuningsnetwerke het. Dit sluit in hulle familie, vriende en verskeie uitreikprogramme. Uit ons gesprekke met hulle het ons vroeg besef dat hulle netwerke vir hulle van deurslaggewende belang is by hulle nastreef van hoër hoogtes. Verder was dit duidelik dat hulle leerpraktykontwikkeling nie net deur hulle individuele pogings plaasvind nie, maar ook in interaksies tussen hulle en die mense in die woonbuurt met behulp van fisiese en simboliese aangeleenthede (Cole 1996; Rogoff 2003). Hulle bedryf dit as ’n dinamiese stelsel, wat beteken dat verskeie faktore en alle

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

200

interaksies op ’n manier wat nie vooraf bepaal is nie, en nog minder chaoties is, bydra tot hoe hulle leer (Fischer en Bidell 1998).

Soos ons in die woonbuurt rondbeweeg het, was ons beïndruk met wat ons in die gebied gesien het. Ons kennis van die omgewing het hoofsaaklik bestaan uit die beelde wat ons deur ons motorvoorruit gesien het toe ons daarheen gery het. Die talle klein informele ondernemings, soos haarsalonne en hoekwinkels, het gedui op ’n mate van ekonomiese geleenthede. Die kerke binne ’n paar blokke van mekaar het getuig van ’n aktiewe geestelike lewe. Die teenwoordigheid van mense wat in die strate rondgestap het, het aan ons ’n gevoel gegee van ’n lewendige gemeenskap. Ons onmiddellike waarnemings was gesinne se oorlewingstrategieë. As ’n huishoudelike strategie kon ons dikwels hulle “coping and survival skills” waarneem soos hulle hul “resources for learning” ontwikkel het (Tenery 2005:129).

Uit ons gesprekke met Ruby het ons agtergekom dat haar onmiddellike ruimte vir haar van besondere praktiese en sosiale waarde was. Te midde van moeilike omstandighede in die woonbuurt moes sy poog om vir haarself geleenthede te skep. Hier het sy – soos ook Cherry, Tom, Sally en Musa – verhoudings wat nie net as bron van motivering en gerief in die strewe na hulle opvoedkundige doelwitte dien nie, probeer bou. Aan die ander kant kon ons uit hulle gesprekke aflei dat die woonbuurt hulle ook die inligting gebied het wat hulle help besef het wat dit van hulle sal verg om ná skool hulle onderskeie doelwitte te verwesenlik. Soos die geval in baie werkersklasbuurte was dit vir hierdie jongmense nodig om ter wille van oorlewing by die samelewing aan te pas. Hierdie aangeleentheid het verskeie soorte probleme tussen hulle en hulle gesinne geskep, soos uitgelig deur Cherry: “Ek het ’n paar probleme met my ouers. Ons het konflik omdat hulle anders dink. Jy moet aanpas by die manier waarvolgens jy leef … jy moet verander.”

Die aangeleentheid hier beklemtoon dat die verskille in gesinne veral tussen ouers en jongmense voorkom. Nespor (1997) beweer dat fisiese nalatenskappe gevorm word deur die vloei van menslike aktiwiteite binne en tussen spesifieke ruimtelike omgewings. Cherry toon duidelik dat sy in ’n moderne samelewing lewe en sy organiseer dus haar lewe in ooreenstemming met die regulasies en lewenstyl van hierdie samelewing. Haar leerpraktyke, soos dié van al die ander leerders, word gevorm deur die dinamiese wisselwerking tussen haar denke, gevoelens en sosiale praktyke in die woonbuurt (Reay, in Fataar 2010).

Net soos Cherry projekteer ook Ruby, Sally, Musa en Tom hulle leerpraktyke aan die hand van die moontlikhede wat daar in hulle gemeenskap beskikbaar is. Hul beskikbare moontlikhede beïnvloed hulle lewens, prestasies en ideale positief. Verder bring dit mee dat hulle sosiale verhoudings buite die huis aanknoop wat in konflik is met hulle gesinne se verwagtinge. Hierdie denkwyses veroorsaak innerlike konflik wat lei tot nuwe maniere waarop hulle hulleself in verhouding tot hulle leerpraktyke sien. Verder word die konflik tussen hulle en hulle ouers veroorsaak deur die verskillende sosiale wêrelde wat hulle ervaar.

Al die leerders het ’n deeglike kennis van hulle gemeenskap. Die leerders het ook aan ons gewys dat hulle ’n duidelike kennis van beide plaaslike geografie (plaaslike landmerke, paaie) en sosiale netwerke het. Uit ons waarnemings in hierdie landelike gebiede kon ons duidelik sien hoe daar dikwels ’n gebrek was wat betref toegang tot die vele en uiteenlopende dienste wat in stedelike gebiede beskikbaar is. Om hierdie probleem die hoof te bied, het Tom ons daarop attent gemaak dat: “[D]ikwels neem ons self die inisiatief om probleme op te

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

201

los … of iemand [pastoor] wat toegang tot ons sosiale netwerk [ouers, vriende, familie] het, help.”

Tom het vertel hoe baie van die mense wat hulle ken, verskeie rolle in hulle lewens speel. Dikwels is hulle deur hierdie mense aangemoedig om hulle potensiaal ten volle te verwesenlik. Verder het hierdie mense ook eerstehandse kennis gehad van die manipulering van stelsels en netwerke sodat ander daaruit voordeel kon trek. Musa het aan ons verduidelik hoe hulle landelike sosiale netwerke werk. Dit sluit in hoe hulle hulp soek by vriende en bure en hoe hulle toegang tot hulpbronne verkry, soos om ’n motor te was in ruil vir ’n rit winkelsentrums toe. Op die vraag om die vorme van sosiale netwerke in sy landelike gemeenskap te beskryf, noem Musa:

So ver het my pa baie vriende oor die jare gemaak, soms gebruik ons hulle vir ’n paar dinge, soos dit. [Hy wys na hul dak wat onlangs reggemaak is.] Ek bedoel, die mense wat ons gehelp het, ken gebouwerk en as ons hulp soek, kom hulle. Ek dink dis ’n goeie ding, want ek kon baie by hulle leer.

Musa se woorde toon duidelik dat hierdie leerders toegang het tot hegte sosiale netwerke, wat die wyses waarop hulle probleme oplos en kennis verkry oor wat hulle in bepaalde situasies kan doen, help ontwikkel. Musa erken egter op ’n geleentheid dat die woonbuurt versuim om hulle met die nodige opvoedkundige kapitaal toe te rus vir toelating tot verdere studie. Volgens hom faal die woonbuurt in twee opsigte: eerstens kan die woonbuurt hulle nie van naskoolse studie verseker nie, en tweedens kan dit hulle nie van die vereiste beredeneerde materiaal voorsien waarmee hulle hulle kan vergewis van wat nodig sou wees vir hulle rigtingbepaling om hulle studie buite die woonbuurt voort te sit nie.

Sally beskryf ook die soorte verbindings wat algemeen in haar gemeenskap voorkom:

Ek koppel dit aan mense. Wel, ja, jy ken nie almal, maar ten minste wie waar woon en werk. Jy hoef nie met hulle te praat nie, want dit is jou keuse. Jy kan nie enigiets oor enige iemand sê nie, want dit is waarskynlik iemand anders se familie. Dit is so ’n klein dorpie. Dit is regtig inmekaargevleg en alles en almal is in almal se besigheid.

Sally se woorde toon hoe landelike gemeenskappe vorme van sosiale netwerke ontwikkel. Ons het ook duidelik bewus geword dat hierdie leerders toegang tot sulke hegte sosiale netwerke gehad het.

In die woonbuurt is daar ook gedurig ’n warboel jongmans met hul fokus op motors en die instandhouding daarvan. Volgens Musa is dit vir hulle “lekker ‘fun’” en laat dit by hom ’n belangstelling in motors ontstaan. Die buurman langsaan is ’n motorwerktuigkundige. Dikwels vra hy Musa om hom te help met die herstel van motors. Hier leer hy Musa oor die verskillende vervaardigers en modelle. Musa kon dikwels aan ons die verskillende voertuie volgens hulle vervaardigers en eienskappe uitwys. In sy geval was motoronderhoud “bodies of knowledge that underlie household activities” (Moll 2000:258) wat beide praktykgeletterdheid en -gesyferdheid behels, soos vergelyking, kategorisering en meetkunde, wat sy sukses in die skool sou kon ondersteun.

In hierde afdeling is getoon watter FvK daar tydens ons navorsing in hierdie gemeenskap was. Deur hulle tot hierdie fondse te wend is waardevolle gemeenskapsinteraksie by die

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

202

leerders verseker. Hulle sou die kennis wat hulle tydens hierdie ontmoetings opgedoen het, later kon gebruik om betaalde werk te verkry. Hulle is blootgestel aan praktyke wat dikwels verwyderd was van die woonbuurt se werkersklasondervindings waaraan hulle gewoond was. Hulle het derhalwe die sterk netwerk se sosiale en materiële verhoudings tot hulle voordeel ingespan om struktuur aan hulle leerpraktyke te gee. Hulle sosiale wisselwerking het dus ‘n rol gespeel by die plasing van hulle leerpraktyke in hulle gemeenskap. Hulle rigtingbepaling in die woonbuurt en die newe-effekte van hulle armoedige woonbuurt wat hulle met hulle saamdra, het ’n duidelike spoor op hulle leerpraktyke gelaat. Dit is hierdie aangeleenthede wat hulle na hulle portuurs laat uitreik om hulle leerpraktyke te vestig, en dit is die aspek wat ons vervolgens ondersoek het.

6. Die leerders se portuurgebaseerde kulturele fondse van kennis by die ontwikkeling van hulle leerpraktyke

Hierdie afdeling fokus op hoe hierdie leerders bewustelik en onbewustelik binne hulle portuurgroepe meewerk om beide dominante en niedominante FvK in hulle portuurruimtes te bekom. Ons gesprekke met hulle het insig gebied in hoe die aangeleenthede wat met hierdie vorme van FvK verband hou, verskillende doeleindes dien. Verder het hulle beskrywings aan die lig gebring dat hulle verskeie vorme van kennis vir uitdrukkings en instrumentele doeleindes gebruik. Instrumenteel gebruik hulle hulle portuurs se FvK om aanvaarding van hulle eweknieë te kry, aangesien dit hulle lidmaatskap van ’n sekere groep kan waarborg. Van hulle gebruik ook oorheersende portuurgebaseerde FvK vir instrumentele doeleindes vir die versekering van ’n akademiese of werksgeleentheid.

Robinson (2000:435) beskryf die jeug se sosiale netwerke as

the divisions young people make between places which they find comfortable and those they find threatening or negative, formed on the basis of, and maintained through, the development of socio-spatial networks. The socio-spatial division and network varies depending on personal background and groups with which they strongly agree.

Alhoewel die leerders die gebrek aan sport- en ontspanningsgeriewe duidelik uitgelig het, was daar ’n lewendige straatlewe en sosiale wisselwerking tussen hulle en hulle vriende in die buurt. Hulle het hulle wêreld ervaar deur kulturele grense te skep tussen “die straat”, die skool en die gemeenskap. Dit was in antwoord op die vraag: “Wat onderskei jou van ander inwoners binne die woonbuurt?” Verder het dit ook aansluiting gevind by die vraag: “Dink jy dat jou toekomsplanne tipies is soos dié van ander jong mense in die gemeenskap?”

Tom noem:

Almal verwag dat jy op ’n sekere manier moet optree, met wie jy moet uithang en hoe jy moet praat. Ek sê, soos wanneer jy op straat is, moet jy op ’n sekere manier praat. Dit hang af van waar jy jou bevind. Wanneer jy by die skool is, praat jy soos die mense by die skool. Dit is hoe jy jouself aanbied. Dit is soos iemand met baie gesigte het.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

203

Bepaalde taalgebruikstrategieë word dus as toepaslik geag in verskillende sosiale instellings, met inbegrip van waar die norme van respek bedryf word, soos op straat. Die lewe op straat as ’n sosiale ruimte word dikwels deur armoede en misdaad gekenmerk; en die straat is ’n plek wat deur ’n kulturele “straatkode” oorheers word (Anderson 1999).

Tweedens bied Tom aan ons verskillende voorstellings van homself. Hy verklaar uitdruklik dat hy anders sou optree met sy eweknieë op die straat as met volwassenes. Dit illustreer hoe kulturele kodes onder jongmense plaasvind.

Tom se uitsprake is net een voorbeeld van baie gevalle waar die leerders ons ingelig het oor die onderskeid tussen verskillende agtergronde en gemeld het hoe met verskillende soorte FvK in verskillende sosiale gebiede gehandel word. Tom se leerpraktyke sowel as dié van die ander is deur die wisselwerking van die dinamiese omgang met die fisiese faktore van hulle omgewing ontwikkel (Fataar 2010:4). Dit het aan hulle die agtergrond gebied waarin hulle hulle leerpraktyke vanuit hulle FvK kon vorm te midde van die faktore wat deur hulle omgewing aan hulle opgelê is.

Hierdie leerders beweeg voortdurend rond en vorm nuwe vriendskappe wat soms onvoorsiene nuwe probleme skep. Soos hulle in die woonbuurt rondbeweeg het, het dit vir ons duidelik geword dat hierdie leerders na hulle vriende in hulle sosiale netwerke uitreik om hulle op die regte opvoedkundige weë te help besluit. Hierdie netwerke bied hulle ook die nodige inligting oor hoe om dié weë te volg, sonder om hulle van die inisiatief en verantwoordelikheid van finale besluitneming te ontneem. Die leerders het hulle vriende as ’n bron van inspirasie en inligting beskou. Hulle raak dikwels by informele prosesse betrokke deur die samevoeging van verskillende soorte sosiale praktyke en ondervindings ten einde aan hulle leerpraktyke gestalte te gee. Hierdie leerders raak ook op verskillende maniere betrokke by die sosiale en kulturele optrede in die woonbuurt.

Laasgenoemde aspek bring verskillende vlakke van sosialisering te weeg en skep kommunikasieprobleme tussen hierdie jongmense en hulle gesinne. Ruby sê:

Ons ouers vind dit moeilik om aan te pas by die nuwe dinge in die samelewing, maar ons, ons is meer aanpasbaar. Ons het nie dieselfde probleem nie. Ons leer ook die woonbuurt se taal [taal onder jeugdiges] met gemak aan en maak maklik vriende.

Soos Tom gee ook Ruby te kenne dat die jeugdiges in die woonbuurt hulle eie unieke wyse van kommunikasie het. Sy leer dus hoe om straatslim te wees. Dit verg aanpasbaarheid van haar en sy moet haar denkwyses verander ten einde die uitdagings van die woonbuurt wat haar negatief beïnvloed, die hoof te bied. Soos Ruby vorm ook die ander leerders hulle leerpraktyke op die wyses deur hulle daaglikse praktyke bepaal, of soos González (2005:40) dit stel, “what people do and what they say about what they do”. Hulle ken verskillende betekenisse daaraan toe en aan ’n paar van die elemente van die woonbuurt se tradisionele waardes, en dit help hulle om hulle ontluikende leerpraktyke te ontwikkel. Om dié ontluikende leerpraktyke te ontwikkel, moet hulle aanpassings ten opsigte van die huidige samelewing se kultuur en waardes maak.

Ten einde sosiale en ekonomiese geleenthede vir hulleself te skep, bedink hulle strategieë binne hulle portuurgroepe waarvoor hulle alle menslike hulpbronne gebruik. Die maniere waarop hierdie leerders hulle sosiale posisie in hulle omgewingsruimtes bepaal, die wyses

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

204

waarop hulle by probleme betrokke raak, asook hoe hulle hulleself as leerders sien, beïnvloed hulle optrede. Die bepaling van hulle sosiale posisie was afhanklik van hulle sosiale wêreld. Hulle sosialiseringspraktyke in hulle woonbuurt, huishoudings en netwerke behels die veelomvattende begrip van om goed opgevoed en opgelei te wees. Hulle omstandighede het hierdie leerders anders laat dink oor opvoeding. Ruby het juis genoem:

Dit hoef nie so baie te doen te hê met skoolkennis of onderwys nie, maar jy moet in staat wees om jouself te laat geld in verskillende situasies. So basies wat ek sou sê is dat jy moet weet hoe om op te tree en jouself te gedra en laat geld in verskillende situasies.

Sally was dit met Ruby eens en het aan een van ons gesê:

Meneer sien opvoeding vir my is … jou maniere, hoe jy ander behandel, jou sienings van die lewe en hoe mense jou sien. Om goed opgevoed te wees, is wanneer jy ook sensitief is vir ander mense se sienings. Jou goedhartigheid teenoor ander. Jy moet omgee vir ander.

Hiermee het beide Ruby en Sally erken dat om opgevoed te wees ’n sigbare en onsigbare kode van gedrag behels. Dit is hierdie gedragskode wat hulle toelaat om op verstaanbare maniere te kommunikeer. Hierdeur was hulle interaksies vir almal in hulle kring aanvaarbaar en tot voordeel van hul gemeenskap.

In haar vriendskapsbande ontwikkel Cherry ook leierskapseienskappe deur haar vermoë om uit haar foute te leer. Sy noem dat “alles kan verbind word met die verlede, hede en toekoms. Ek wil nie hê alles moet gou verander nie, want die verlede kan nie verander, maar ons kan die wêreld huidiglik verander.”

Cherry ontwikkel haar leer uit die veranderde omstandighede. Hierdie aspek beweeg Tom ook om by sy vriende te leer hoe om in die gemeenskap te oorleef. Ten einde in te pas en in die gemeenskap aanvaar te word, besoek hy soms sjebiens waar mense om hom drank gebruik en te midde van harde musiek sosialiseer. Hy doen hierdie dinge om “in te wees” by sy vriende en die gemeenskap. Vir hom is dit ’n manier om respek en vertroue in die gemeenskap op te bou. Die donker aspekte van dít wat hy tydens sy besoeke aan die sjebiens ervaar, help om sy leerpraktyke te vorm. Hier leer hy verskeie vaardighede, soos hoe om homself te onderwerp aan ”gesag”, om nie deur dronk mans mishandel te word nie, en hoe om verskeie versoekings te vermy.

Die leerders het aan ons vertel dat namate die sosiale strukture in die woonbuurt verander het, hulle tradisionele bande, oortuigings en sosiale verhoudings ook verander het. Dikwels word hulle met ’n verskeidenheid vrae en opsies gekonfronteer wat hulle dwing om tussen hulle eie persoonlike lot en die regte manier van hoe om dinge te doen, te kies. Die gevolg is dat hulle in die moderne samelewing voor ’n verskeidenheid keuses oor alle aspekte van die lewe te staan kom en dat hulle nie net keuses maak op grond van dit wat hulle ervaar nie. Hulle moet voortdurend hulle keuses en denkwyses oor wie hulle eintlik is en wat hulle wil word, hersien en verander, want die media en moderne tegnologie speel ’n groot rol daarin.

Hierdie leerders se eweknieë speel ’n belangrike rol by die ontwikkeling van hulle kennis. Dit was in hulle portuurgroep waar hulle dinge geleer het waaroor volwassenes nie noodwendig

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

205

met hulle gepraat het nie. Hul eweknieë het ook aan hulle ’n veilige ruimte gebied om uiting te gee aan hulle unieke jeugkultuur. Verder was daar sommige van hulle vriende met dieselfde ideaal om sukses in die lewe te behaal wat hulle die belangrikheid van leer laat besef het. Ons onderhoude het ook aan die lig gebring hoe ouderdom die sosiale terrein waarop verskillende kulturele hulpbronne gewaardeer en benut word, beïnvloed.

7. Die leerders se mediafondse van kennis met betrekking tot die ontwikkeling van hulle leerpraktyke

In hierdie afdeling fokus ons op hoe allesomvattende tendense, aangevuur deur inligting en aangeleenthede verkry vanuit die media en ander wêreldwye bronne, bydra tot die wyse waarop hierdie leerders hulle leerpraktyke ontwikkel. Ons ondersteun die siening dat dit wat plaaslik gebeur, beïnvloed word deur globale tendense, waarna verwys word as globalisering. Volgens Comaroff (1996:167) is globalisering “the material and cultural compression of the world”. Die koms van die satelliet- en kabeltelevisie het beteken dat ’n nuwe wêreld van verstrengelde kulture nou plaaslik ervaar kan word (Appudurai 1996:6). Uit ons waarnemings en gesprekke met hierdie leerders het dit geblyk dat hulle ook, soos baie jongmense, ’n wêreldbeskouing voorstaan waarvolgens dit wat wêreldwyd gebeur, die belangrikste verteenwoordigende arena vir sosiale optrede en interaksie is (Mayo 2005). Hierdie sosiale optrede en interaksie beïnvloed hulle direk. Hulle ervaar globalisering op ’n daaglikse basis deur die gebruik van die internet en selfone (veral vir sosiale netwerke), sowel as deur die breër kulturele invloede wat ’n invloed op hulle lewenstyle het (Kenway en Bullen 2008). Wat plaaslik ervaar word, is die gevolg van nuwe aanpassings in globale tendense. Net soos alle kinders wêreldwyd is hierdie leerders ook vasgevang in die globale kultuur. Die internet is ’n deel van hulle lewens en die nuwe kommunikasietegnologie laat toe dat multimediatekste oor die hele wêreld versprei word. Paul Willis (2005:461) beskryf jongmense as “the unconscious foot soldiers in the long front of modernity”. Hy noem dat “[while they] respond to global changes in disorganised and chaotic ways, they do so to the best of their abilities and often with relevance to the actual possibilities in their lives as they see, live, and embody them” (Willis 2005:461).

Sosiale netwerke is ’n belangrike gebied waarvolgens leerders hulle identiteit en hulle plekbepaling instel: “[Y]oung people who spend time on the Internet are living and learning and moving in and through places and in ways that were not possible only two decades ago” (Leander, Phillips en Taylor 2010:362).

Uit antwoorde op die vraag: “Hoe gebruik jy die sosiale media in jou leeraktiwiteite en watter rol speel dit?” het ons ontdek dat daar gereeld ge-“chat” word en dat hulle hulle selfone soms gebruik om die eerste fase van ’n romantiese verhouding te inisieer. Cherry antwoord op ’n stadium, toe ons haar vra hoe iemand weet dat sy nie ’n kêrel het nie: “Hy kan my profile check op Facebook of hy kan vra vir my Mxit contact en dan kan ons lyne koppel.”

Cherry se woorde is ’n bewys daarvan dat tieners wat in romantiese verhoudings belangstel, hierdie vorm van media gebruik as die eerste fase van ’n verhouding. Platforms soos Twitter en Facebook word ook gebruik om meer inligting te verkry oor individue en hulle vriende se doen en late, sowel as oor hulle voorkeure en dit waaarvan hulle nie gehou het nie.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

206

Deur hulle deelname aan sosiale netwerke soos Facebook en Twitter, asook SMS’e, word nuwe sosiale norme en vorme van mediageletterdheid ontwikkel. Hierdie aktiwiteite prikkel hulle op so ’n wyse dat hulle hul lewens herbesin. Die netwerk en openbare aard van hierdie praktyke bied aan hulle “‘lesse” oor die sosiale lewe en ’n sosiale identiteit. Dikwels word dié vorm van kommunikasie ook gebruik om romantiese verhoudings te begin en aan die gang te hou. Op dié wyse bring hulle op ’n gereelde basis soveel moontlik tyd by mekaar deur. Hierdie gevoel van besig wees met ’n mens se vriende behels ’n verskeidenheid praktyke. Dit kan wissel van rondblaai deur webtuistes soos Facebook om ’n persoon se profiel na te gaan tot om iets meer intens uit te vind oor hulle vriende of romantiese vriende (“outjies” of “meisies” soos hulle dit stel).

Musa sê: “Dit is maklik om ’n boodskap oor te kry sonder perfekte bewoording.” Hierdie leerders toon hoe hulle hul eie unieke vriendskapsgedrewe sosiale en kulturele wêrelde volgens hulle eie interne denkwyses bedryf. Dit is hoe die jongmense leer om aan verskeie “wêrelde” deel te neem. Verder bied dit die noodsaaklike materiële ondersteuningsbronne in hulle gemeenskap waar hierdie bronne skaars is. Op dié wyse help dit (ondersteuningsbronne) hulle om talle uitdagings ten bate van hulle sinvolle opvoedkundige ontwikkeling te oorbrug.

In Musa se lewe is die nuwe tegnologie ’n samevloei van sy manier van lewe. Hy speel gereeld rekenaarspeletjies en die internet word dikwels verken as ’n manier om tyd saam met vriende deur te bring. Met behulp van die internet word sy vermoë om kontak met die “regte” vriende te maak, verbeter. Volgens Musa is dit weens die verbeterde “chat”-funksies op sy selfoon dat kommunikasie tussen hom en sy vriende ook verbeter. Op hierdie wyse handhaaf hy sy plaaslike sosiale verhoudings tot sy voordeel.

Musa se aktiwiteite vind egter plaas in weerwil van sy ouers se begeertes dat sy globale en opvoedkundige horisonne deur middel van die internet uitgebrei moet word. Terwyl sy ouers gehoop het dat hulle kinders hulle kennis rakende wêreldsake en geletterdheidsaspekte sal ontwikkel, verkies hulle om in interaksie te bly met hulle vriende of om nuwe vriendskappe by te voeg. Leander e.a. (2010:349) noem dat “childhood experience of and in space has changed dramatically between generations”. Waar die buitelewe deur vorige generasies geniet is deur in die strate, parke en in agterplase te speel, bring die huidige generasie meer tyd binnenshuis deur.

Ons moes dikwels hoor hoe hulle Mxit, Facebook en Twitter gebruik om hulle status te “update” (by te werk). Ruby het byvoorbeeld met betrekking tot haar romantiese profiel aan ons genoem dat dit sê “not taken yet”. In hulle gebruik van hierdie praktyke noem hulle ook dikwels hoe hulle in hulle verhoudings, hulle sosiale lewe en ander daaglikse aktiwiteite vaar. Op dié wyse kan die breër publiek en hulle vriendekring sien wat in hulle lewe gebeur. Hulle algemene gevoelens, gedagtes of wat hulle doen en late behels word dikwels uitgeruil as deel van SMS-boodskappe. Verder word hulle vriende ook ingelig gehou omtrent die gebeure in verskillende mense se lewens.

Uit ons waarnemings by hulle huise kon ons duidelik sien dat tydskrifte die gewildste en algemeenste vorm van jeuglektuur is. Daar word byna op ’n daaglikse basis gelees oor musiekgroepe en popsterre, modes en vermaaklikheidsaspekte. Die meisies het dikwels deur die plaaslike koerant geblaai, kommentaar gelewer en oor en weer geklets oor verskillende gebeure in die woonbuurt. Dit het gedien as ’n teks vir die verkryging van inligting en vir die

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

207

beoefening van interaksies oor beide populêre kultuur en gemeenskapsake en -gebeure. Die seuns het ook gereeld in hulle vrye tyd tydskrifte oor motors gelees. Soms was hierdie leerders aktief, meestal via hulle selfone, en partymaal is die internet gebruik. Weer eens het die gebruik van populêre kulturele mediatekste hulle identiteitsontwikkeling as lede van ’n gemeenskap, beide in Arendsehoop en in die groter wêreld, ondersteun.

Die leerders is dit eens dat die gebruik van die internet hulle help met die verkryging van nuwe kennis en ook met hulle individuele leerprosesse. Deur die gebruik van rekenaars (by die plaaslike biblioteek en skool) word vaardighede ontwikkel wat hulle in hulle werksomgewing sou kon gebruik. Hulle navorsingsvaardighede word verbeter deurdat hulle vertroue ontwikkel met die gebruik van die aanlyn biblioteek tydens die opspoor en evaluering van tydskrifartikels wat hulle vir skooltake kan gebruik. Uit ons onderhoude kon ons duidelik hoor wat hulle opvattings was van die rol wat die sosiale media speel in die wyse waarop hulle leer. Dikwels word hulle leer ondersteun deur die gebruik van sosiale media. Oor die algemeen word die gebruik van sosiale media as positief gesien, na gelang van die soort media wat gebruik word. Tom het dit so bewoord:

[D]it is soms moeilik om my leeraktiwiteit afsonderlik van mediabronne wat die aktiwiteit waarmee ek betrokke is, ondersteun te doen. … [E]k leer so baie op my eie. Op Google kry jy so baie vrae, opinies, en materiaal waaroor jy kan besin en wat jy kan gebruik as ’n hulpmiddel om jou te help leer.

Die leerders beskou die aktiewe gebruik van sosiale media as hulle metode vir die ontwikkeling van dieper denke. Deur die gebruik van die sosiale media word hulle ook gedwing om oor hulle persoonlike leervoorkeure te besin.

Vir Ruby het dit (die media) gehelp om haar kommunikasievaardighede te verbeter. Die gebruik daarvan het haar ook gehelp om meer onafhanklik te leer. Sy sê: “Wanneer ek my take op die rekenaar doen geniet ek dit en dit is interessant , want daar is so baie bronne en inligting op die internet. Ek gebruik dit nie net om my take te voltooi nie, maar dit te ‘support’ wat ek leer.

Vir Cherry bied die gebruik van die internet die beste ondersteuning van al die media by die voltooiing van ’n leeraktiwiteit. Deur ook sosialemediabronne tydens leeraktiwiteite te gebruik, het sy ook meer vertroud geraak met die ander vorme van media, wat ook tot voordeel van haar leeraktiwiteite was. Die gebruik van sosiale media het vir Ruby, sowel as vir die ander leerders, die geleentheid gegee om van mekaar te leer.

In hierdie afdeling het ons daarop gewys dat die leerders in hierdie studie ten tye van die navorsing aan ’n globale kultuur deelgeneem het ter konstruering van hulle leerpraktyke. Hierdie praktyke het deel van hul sosiale lewe en van hulle jeugkultuur geword en het op hulle beurt sentraal gestaan tot die leerders se leerpraktykvorming.

8. Samevatting

Die doel van hierdie artikel was om lig te werp op hoe die leerders in hierdie studie hulle georiënteer het deur betrokke te raak by fondse van kennis ten einde aan hulle leerpraktyke

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

208

gestalte te gee. Ons het aangetoon dat hierdie landelike hoërskoolleerders uiteenlopende en nuttige fondse van kennis het. Dit was hierdie fondse van kennis waartoe hulle hulle gewend het ten einde hulle leerpraktyke te ontwikkel, sowel as om hulle leer oor die algemeen te ondersteun. Hierdie fondse van kennis het gewissel, en ’n paar was direk gekoppel aan die leerders se landelike agtergrond. Hulle vermoë om strategiese verhoudings en netwerke te ontwikkel het ’n groot rol by die ontwikkeling van hulle leerpraktyke gespeel. Verskillende soorte strategieë is gebruik om hulle fondse van kennis te bekom. Hierdie leerders was verplig om aanpassings te maak ten einde aan hulle leerpraktyke gestalte te gee. Dit het meegebring dat hulle elkeen ’n unieke stel fondse van kennis moes identifiseer om in hulle leer te gebruik. Hierdeur het hulle ’n wye verskeidenheid belangstellings en aanlegte ontwikkel. Deur betrokke te raak by hulle fondse van kennis was hulle in staat om hulle uitdagings met betrekking tot leer effektief die hoof te bied.

Die vernaamste ontledende aanname wat ons in die studie maak, lê opgesluit in ons betoog dat hierdie leerders in staat is om hulle op beredeneerde wyse tot leerpraktyke (fondse van kennis) te wend by die vorming van hulle leerpraktyke. Hulle het die vermoë getoon om alle bronne wat noodsaaklik is vir die uitbouing van hulle leerpraktyke in hulle sosiale ruimtes te mobiliseer en te gebruik. Hulle moet inpas by die aktiwiteite van hulle gesinne, die gemeenskap en hulle eweknieë – wat dikwels teenstrydig is met hulle leerpraktyke. Ons kon die kernargument aanbied dat werkersklasleerders hulle fondse van kennis gebruik as voertuie met betrekking tot die ontwikkeling van hulle leerpraktyke. In die woonbuurt protesteer hulle nie openlik teen wat aangaan nie, maar skakel eerder in by hulle woonbuurtkultuur. Uit ons onderhoude en waarnemings blyk dit duidelik dat hulle deur middel van verskeie bronne van kennis, netwerke en omgang met mense en prosesse leer en dat hulle op dié wyse hulle eie besondere maniere kry om hulle leerpraktyke te konstrueer. Deur hulle denkwyse en optrede ietwat te wysig, bou hulle hulle ontluikende leerpraktyke. Dit is egter nie ’n totale transformasie van hulle denkwyses en optredes nie – die verskuiwing is minimaal in die sin dat hulle steeds gebind is aan beperkende omstandighede. Hierdie kinders bly steeds vasgevang in hulle armoedige agtergronde, maar is tog vasberade om op koers te bly met betrekking tot hulle skoling. Ons bespreking en ontleding bring ook aan die lig hoe die werkersklasleerders by hulle opvoedkundige praktyke betrokke raak – iets wat nie dikwels in navorsing hieroor verken word nie.

Alhoewel die leerders bepaalde beroepe in die vooruitsig stel, is nie almal van hulle seker oor die stappe wat hulle moet volg om dit te verwesenlik nie. Die deelnemers het die fondse van kennis wat wel in hulle leefruimtes (hul netwerke van vriende en ouers se emosionele ondersteuning) tot hulle beskikking was, tot die maksimum benut as ’n vorm van sosiale kapitaal (Devine 2009:526) ten einde sinvol met hulle skoolwerk om te gaan tydens die ontwikkeling van hulle leerpraktyke. Die studie het getoon dat hierdie leerders se leerstrategieë tekortskiet omdat dit slegs ’n beperkte mate van sukses verseker. Hulle het wel hulle fondse van kennis wat binne hulle geleefde omstandighede aan hulle gebied is, gebruik om bepaalde leeridentiteite te vorm sodat hulle die plek daarvan strategies kon bepaal ter uitbouing van hulle leerpraktyke.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

209

Bibliografie

Anderson, E. 1999. Code of the street: Decency, violence, and the moral life of the inner city. New York: W.W. Norton.

Appadurai, A. 1996. Modernity at large: Cultural dimensions of globalization. Minneapolis: University of Minnesota Press.

Berlant, L. 2011. Cruel optimism. Durham en Londen: Duke University Press.

Bourdieu, P. 2006. The forms of capital. In Lauder, Brown, Dillabough en Halsey (reds.) 2006.

Bray, R., I. Gooskens, L. Khan, S. Moses en J. Seekings. 2010. Growing up in the new South Africa. Kaapstad: RGN-Uitgewer.

Brown, P. 2006. The opportunity trap. In Lauder, Brown, Dillabough en Halsey (reds.) 2006.

Cole, M. 1996. Cultural psychology, a once and future discipline. Cambridge, MA: The Belknap Press of Harvard University Press.

Comaroff, J.L. 1996. Ethnicity, nationalism, and the politics of difference in an age of revolution. In Wilmsen en McAllister (reds.) 1996.

Damon, W. en R.M. Lerner (reds.). 2006. Handbook of child psychology: Theoretical models of human development. 5de uitgawe. Vol. 1. New York: Wiley & Sons.

Devine, D. 2009. Mobilising capital? Migrant children’s negotiation of their everyday lives in school. British Journal of Education, 30(5):521–35.

De Vos, A.S., H. Strydom, C.B. Fouché, M. Poggenpoel, E. Schurink en W. Schurink. 2005. Research at grass roots. A primer for caring professions. Pretoria: Van Schaik.

Dillabough, J., J. Kennelly en E. Wang. 2008. Spatial containment in the inner city: Youth sub-cultures, class conflict, and geographies of exclusion. In Weis (red.) 2008.

Dolby, N. en F. Rizvi (reds.). 2008. Youth Moves – Identities and education in global perspectives. New York: Routledge.

Fataar, A. 2007. Schooling, youth adaptation and translocal citizenship across the post-apartheid city. Journal of Education, 42:14–18.

—. 2009. Youthful becoming and rural-urban mobility: the case of Fuzile Ali at a Muslim community school in Cape Town. Southern African Review of Education, 15(2):105–17.

Fataar, A. en L. du Plooy. 2012. Spatialised assemblages and suppressions: The learning “positioning” of Grade 6 students in a township school. Journal of Education, 55:7–23.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

210

Fataar, A en H. Fillies 2016. Die leerpraktykvorming van hoërskoolleerders op ’n plattelandse werkersklasdorp. LitNet Akademies. http://www.litnet.co.za/die-leerpraktykvorming-van-hoerskoolleerders-op-n-plattelandse-werkersklasdorp/ (16 Mei 2016 geraadpleeg).

Fillies, H. en A. Fataar. 2015. Doksa en verwerkliking van leeridentiteitspraktyk van hoërskoolleerders in ’n landelike werkersklasdorp. LitNet Akademies. https://www.litnet.co.za/doksa-en-verwerkliking-van-leeridentiteitspraktyke-van-hoerskoolleerders-in-n-landelike-werkersklasdorp/ (21 Januarie 2016 geraadpleeg).

Fischer, K.W. en T.R Bidell. 1998. Dynamic development of psychological structures in action and thought. In Damon en Lerner (reds.) 1998.

González, N. 2005. Beyond culture: The hybridity of funds of knowledge in González, Moll en Amanti (reds.) 2005.

González, N., L. Moll en C. Amanti (reds.). 2005. Funds of knowledge: Theorizing practices in households, communities and classrooms. Mahwah, NJ: Lawrence Erlbaum Associates.

Hall, P.M. (red.). 1997. Race, ethnicity and multiculturalism: Missouri symposium on research and educational policy. New York: Garland.

Heath, S.B. 1983. Ways with words: Language, life, and work in communities and classrooms. New York: Cambridge University Press.

Hogg, L. 2011. Funds of knowledge: An investigation of coherence within the literature. Teaching and Teacher Education, 27(3):666–77.

Kenway, J. en E. Bullen. 2008. The global corporate curriculum and the young cyberflaneur as Global Citizen. In Dolby en Rizvi (reds.) 2008.

Lauder, H., P. Brown, J.A. Dillabough en A.H. Halsey (reds.). 2006. Education, globalization and social change. Oxford en New York: Oxford University Press.

Leander, K., N. Phillips en K. Taylor. 2010. The changing social spaces of learning: Mapping new identities. Review of Research in Education, 34:329–94.

Lee, C.D. 2010. Soaring above the clouds, delving the ocean’s depths: Understanding the ecologies of human learning and the challenge for education science. Educational Researcher, 39(9):643–55.

Lee, C. D. en P. Smagorisky (reds.). 2000. Vygotskian perspectives on literacy research. New York: Cambridge University Press.

Mayo, M. 2005. Global citizens: Social movements and the challenge of globalisation. Londen: Zed Books.

McCarthey, S.J. 2000. Home-school connections: A review of the literature. The Journal of Educational Research, 93(3):145–53.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

211

McCarthy, C., W. Crichlow, G. Dimitriadis en N. Dolby (reds.). 2005. Race, identity, and representation in education. 2de uitgawe. New York: Routledge.

Moll, L.C. 1992. Bilingual classrooms and community analysis: Some recent trends. Educational Researcher, 21(2):20–4.

—. 2000. Inspired by Vygotsky: Ethnographic experiments in education. In Lee en Smagorisky (reds.) 2000.

Moll, L.C. (red.). 1990. Vygotsky and education. Cambridge, Engeland: Cambridge University Press.

Moll, L. en N. González. 1997. Teachers as social scientists: Learning about culture from household research. In Hall (red.) 1997.

Moll, L.C. en J. Greenberg. 1990. Creating zones of possibilities: Combining social contexts for instruction. In Moll (red.) 1990.

Moll, L., C. Amanti, D. Neff en N. González. 1992. Funds of knowledge for teaching: Using a qualitative approach to developing strategic connections between homes and classrooms. Theory into Practice, 31(2):132–41.

—. 2005. Funds of Knowledge: Theorizing Practices in Households, Communities, and Classrooms. New Jersey, USA: Lawrence Erlbaum Associates.

Nespor, J. 1997. Tangled up in school: Politics, space, bodies and signs in the educational process. Londen: Laurence Erlbaum.

Neuman, W.L. 2011. Social research methods: Qualitative and quantitative methods. 7de uitgawe. Boston: Allyn & Bacon.

Phillips, L. 1999. Australian storytelling: The role of storytelling in early literacy development. http://www.australianstorytelling.org.au/storytelling-articles/n-s/role-of-storytelling-in-early-literacy-development-louise-phillips (27 Maart 2013 geraadpleeg).

Robinson, C. 2000. Creating space, creating self: Street frequenting youth in the city and suburbs. Journal of Youth Studies, 3(4):429–43

Rogoff, B. 2003. The cultural nature of human development. New York: Oxford University Press.

Schneider, B. en D. Stevenson. 1999. The ambitious generation: America’s teenagers, motivated but directionless. New Haven, CT: Yale University Press.

Smyth, J. en R. Hattam. 2004. “Dropping out”, drifting off, being excluded: Becoming somebody without school. New York: Peter Lang.

Souto-Manning, M. 2009. Acting out and talking back: Negotiating discourses in American early educational settings. Early Child Development and Care, 179(8):1083–94.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

212

Spradley, J. 1979. The ethnographic interview. New York: Holt, Rinehart en Winston.

Tenery, M.F. 2005. La visita. In González, Moll en Amanti (reds.) 2005.

Vélez-Ibáñez, C. en J. Greenberg. 1992. Formation and transformation of funds of knowledge among U.S. Mexican households. Anthropology and Education Quarterly, 23:313–35.

Vinson, T., N. Brown, K. Graham en F. Stanley. 2009. Social inclusion: A compendium of social inclusion indicators. Canberra: Commonwealth of Australia.

Weis, L. (red.). 2008. The way class works: Readings on school, family, and the economy. New York: Routledge.

Willis, P. 2005. Afterword: Foot soldiers of modernity: The dialectics of cultural consumption and the 21st-century school. In McCarthy, Crichlow, Dimitriadis en Dolby (reds.) 2005.

Wilmsen, E.N. en P. McAllister (reds.). 1996. The politics of difference: Ethnic premises in a world of power. Chicago: University of Chicago Press.

Zipin, L. 2009. Dark funds of knowledge, deep funds of pedagogy: Exploring boundaries between life worlds and schools. Discourse: Studies in the Cultural Politics of Education, 30(3):317–31.

Zipin, L., S. Sellar en R. Hattam. 2012. Countering and exceeding “capital”: A “funds of knowledge” approach to re-imagining community. Discourse: Studies in the Cultural Politics of Education, 33(2):179-92.

Zipin, L., S. Sellar, M. Brennan en T. Gale. 2013. Educational philosophy and theory: Educating for futures in marginalized regions: A sociological framework for rethinking and researching aspirations. Educational Philosophy and Theory, 47(3):2–21.

Eindnota

1 Opvoedkundige navorsers aanvaar dat die konsep fondse van kennis verband hou met spesifieke vorme van kapitaal (Bourdieu 2006). Alhoewel hierdie uitgangspunt dikwels deur hulle aanvaar word, het hulle nie ondersoek of en hoe hierdie teoretiese raamwerke mekaar kan aanvul wanneer gepoog word om die opvoedkundige geleentheid vir minder bevoorregte leerders te verstaan nie. In hierdie artikel bou ons op ’n kapitaalperspektief, maar ons meen dat leerders se leerpraktykvorming beter verstaan kan word vanuit ’n fondse van kennis-benadering. Ons argumenteer dat fondse van kennis die intellektualisering van die verskillende vorme van kapitaal is. Ons is ook van mening dat die oorbrugging van ’n kapitaalperspektief na ’n fondse van kennis-benadering die potensiaal het om die teorie te bevorder en om nuwe insigte en begrippe van opvoedkundige geleenthede en ervarings vir leerders daar te stel.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

213

Die rol van ’n veeltalige selfoonvakwoordeboek in die ontwikkeling van konsepgeletterdheid vir

onderwysstudente in die ekonomiese en bestuurswetenskappe

Carina America en Michele van der Merwe

Carina America, Departement Kurrikulumstudie, Universiteit Stellenbosch Michele van der Merwe, Departement Kurrikulumstudie, Universiteit Stellenbosch

Opsomming

Van die vele uitdagings van nuwelingstudente aan universiteite is nie net om ’n meer algemene akademiese woordeskat te ontwikkel nie, maar ook om die vakwoordeskat van hulle studierigting te bemeester. Vir baie studente blyk die ontwikkeling van konsepgeletterdheid ’n besondere uitdaging te wees. Die doel van hierdie studie is om te beskryf hoe die gebruik van ’n veeltalige selfoonwoordeboek, MobiLex,1 kan bydra tot die verbetering van die konsepgeletterdheid van onderwysstudente in die ekonomiese en bestuurswetenskappe. Die geletterdheidsbehoeftes van nuwelingstudente in ’n ekonomiese en bestuurswetenskappe-klas word beskryf deur melding te maak van die studente se verskillende huistale, asook die onderrigtaal van dosente. Daar word aangevoer dat MobiLex in die leksikografiese behoeftes van Afrikaanssprekende en Xhosasprekende ekonomiese en bestuurswetenskappe-onderwysstudente in ’n veeltalige omgewing kan voorsien. Die belangrikheid van die onderrig van ’n gespesialiseerde vakwoordeskat word ondersteun binne die teoretiese raamwerk van die leksikografiese gebruikersperspektief, woordeboekfunksies en konsepgeletterdheid. Die nut van ’n selfoonvakwoordeboek in ’n veeltalige tersiêre-onderwysmilieu word ondersoek en bespreek. Dit is veral studente wat in hulle tweede of derde taal moet studeer wat toenemende steun benodig in die ontwikkeling van ’n vakwoordeskat. Die metodologie in dié beskouingsartikel is ’n dokumentontleding van elektroniese woordeboeke en tersaaklike woordeboekfunksies. Verskeie elektroniese woordeboeke word ondersoek en woordeboekartikels word krities bespreek om te verifieer of hulle aan die bepaalde vereistes van ekonomiese en bestuurswetenskappe-onderwysstudente kan voldoen. Dit blyk uit die bespreking dat nie een van dié woordeboeke aan die uiteenlopende leksikografiese vereistes van ’n klas veeltalige studente kan voldoen nie. As oplossing vir dié probleem word ’n pasgemaakte, veeltalige selfoonvakwoordeboek, naamlik MobiLex, voorgestel. Dié vakwoordeboek is drietalig, naamlik Afrikaans, Xhosa en Engels.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

214

Trefwoorde: akademiese geletterdheid; digitale wêreld; ekonomiese en bestuurswetenskappe; geletterdheidspraktyke; konsepgeletterdheid; selfoonwoordeboek; vakwoordeboek; veeltalige onderrig; woordeskat.

Abstract

The role of a multilingual cell phone LSP (language for specific purposes) dictionary in the development of concept literacy for economic and management sciences education students

Novice students at universities do not only need to develop a more general academic vocabulary, they also need to master the subject vocabulary of their chosen course of study. This entails having access to tools and methods to decode subject vocabulary, and thereby developing a deeper understanding of its concepts. For many students, the development of concept literacy remains a huge challenge. Concept literacy can be described as the ability to read and understand subject-specific vocabulary and language forms as part of how knowledge is constructed in the discipline (Young 2005:8). The purpose of this study is to illustrate how the use of a multilingual mobile dictionary, MobiLex, can be beneficial for the improvement of concept literacy for economic and management sciences (EMS) education students. The article elaborates on EMS students’ literacy needs within a multilingual context where the language of teaching and learning is not necessarily the home language of the students. The students’ lexicographical needs are further deliberated on and it is argued that dictionaries, and especially LSP dictionaries, have an important role to play in the clarification of subject vocabulary. Students that receive university education in a language other than their mother tongue need considerably more support with the development of concept literacy. The importance of concept literacy with reference to MobiLex is advocated, underpinned by the theoretical framework of lexicographical user perspective, dictionary functionality and concept literacy.

Disciplinary texts vary in their choice of words, in the background knowledge that is assumed, in specialised vocabulary, as well in particular forms of writing (Seligmann 2013:61). For students to become familiar with the topics and specialised vocabulary in EMS, they need to be taught how to use this “language” a very specific way. The integration of literacy practices in EMS will allow students to become confident in expanding their competency in the “lexicon” of the discourse. EMS disciplinary development is therefore dependent on academic literacy practices which will equip students to use subject-related vocabulary in a meaningful way in their writing and talking about the content of the subject, for example drawing up a business plan which requires specific texts, structure and writing style. In order to do this, students have to understand the subject knowledge, know the specific vocabulary of the discourse and be able to communicate the plan effectively. Also, while some words are used in everyday communication, when applied to EMS their meaning will differ from their usual meaning; for example, demand in everyday language can mean “forceful statement in which you say that something must be done or given to you” and can relate to the word demanding, which could mean “asking, especially with authority” (Merriam Webster 2015). In EMS, however the word demand has a specific meaning, namely the need and ability to purchase a commodity or service.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

215

The importance of academic vocabulary for comprehension is well documented (Antonacci en O’Callaghan 2011:10). Multilingual glossaries in an economics course illustrate that the effective use of students’ primary languages deepens the students’ understanding of economics concepts (Paxton 2007; 2009 and Madiba 2014:78). In Madiba’s study, students were asked to define and to distinguish between concepts, for example to define the words deficit and loss and then to distinguish between them. In this instance, the findings showed that students not only understood the respective words, but that being able to distinguish between the words also “show[ed] development or progression in their conceptualisation of the concepts” (Madiba 2014:84). There is a growing body of literature on the difficulties experienced by students studying in their second language at higher education institutions (Mashiyi 2014:145). There is an increasing reliance on English as academic convention and medium of instruction at multilingual campuses (Van der Walt 2013), for example in Afrikaans and English, academic texts and terminology are established while African languages are regarded as underdeveloped for supporting tertiary education. This places an even heavier burden on EMS students whose mother tongue is not English or Afrikaans and who have to study in their second or third language. The development of multilingual academic materials and the accessibility of terminology could be a useful place to start to aid the learning process. Continued use of these resources may expand the students’ vocabulary and eminent confidence in “using one language to make meaning in another” (Williams 2002:2), for example, the use of electronic translations and comparing terminology in English with Afrikaans and/or Xhosa with the aim of facilitating understanding and improving students’ performance.

Given the emphasis placed on subject matter content knowledge in the first year, students should be encouraged to expand their repertoire of the subject vocabulary in order to develop a deeper understanding of and fluency in their interaction with the EMS discourse. Much of the students’ difficulty in comprehension starts with the unfamiliarity of EMS texts. Seligmann (2013:98) warns that if students’ academic vocabulary is not developed sufficiently, it will slow down their reading and comprehension ability. Technology provides the opportunity to develop academic vocabulary for students because of its accessibility and the wide range of applications, which can assist learners in their studies. For example, the use of a digital dictionary in a variety of languages can assist students with the learning of (new) concepts, which could enhance their conceptual understanding of the content and context of the information. If EMS students have access to an easily accessible, user-friendly tool that translates words and explains difficult terms, it will strengthen their confidence in the learning and understanding of concepts.

The methodology in this reflective article is a document analysis of electronic dictionaries and their applicable dictionary functions. Various dictionaries were analysed critically and it was found that none of them could fulfil the lexicographical requirements of a multilingual class of EMS education students. This study investigates the user perspective by referring to user situations regarding concept literacy and user needs and as a solution to the problem a custom-made, multilingual cell phone LSP dictionary is proposed. The LSP dictionary is trilingual, namely Afrikaans, Xhosa and English, and its conceptualisation as well as data collection are described.

Keywords: academic literacy; cell phone dictionary; concept literacy; digital world; economic and management sciences (EMS); literacy practices; LSP dictionary; multilingual education; vocabulary

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

216

1. Inleiding

Van die belangrike uitdagings vir Suid-Afrikaanse universiteite is hoë innames van potensieel onvoorbereide nuwelingstudente (Van Staden en Nel 2016; Weideman 2006). Weideman (2006:82) beskryf ’n ingryping in die aanbied van akademiesegeletterdheidskursusse om aan studente bystand te verleen in die ontwikkeling van taalvaardighede en -vermoëns. Akademiesegeletterdheidsaktiwiteite sluit dikwels aktiwiteite soos lees, skryf, praat binne ’n bepaalde akademiese dissipline in, en wat kritiese denke stimuleer. ’n Belangrike onderbou tot kritiese denke is die vermoë om nie net algemene akademiese woordeskat te ontwikkel en onderskei nie, maar ook om die vakwoordeskat van hulle studierigting te bemeester en korrek toe te pas. Daar word van voor- en nagraadse studente in die vakgebied ekonomiese en bestuurswetenskappe (voortaan EBW) verwag om ’n verskeidenheid leeruitkomste te bemeester wat die ontwikkeling van besigheidgevallestudies, kritiese-ontleding-aktiwiteite, skryf en interpretering van navorsingsverslae, groepprojekte en mondelingse aanbiedinge insluit (Akhras 2013). Dit word ook van EBW-studente verwag om komplekse tekste te kan begryp en hul opinies daaromtrent te kan formuleer en te kommunikeer (Van Staden en Nel 2016:1233). Sulke aktiwiteite benodig vakdissiplinêregeletterdheidsvaardighede wat die aanleer van ’n groot aantal vakterme insluit. Die ontwikkeling van studente se begrip van vakterme en die omvang van hulle vakterminologiese register is veral deurslaggewend wanneer studente nie in hul moedertaal studeer nie (Maistry 2001:166).

Die akademiese vaardighede en intellektuele vereistes wat van EBW-onderwysstudente verwag word, berus nie net op ’n stewige grondslag van vakdissiplinêre kennis nie, maar studente moet ook oor die vermoë beskik om ’n wye spektrum tekste te kan lees, vertolk en krities te ontleed. Studente wat nie vlot kan lees nie en nie verstaan wat hulle lees nie, kan uiteraard nie uit die tekste leer nie. Lees gee blootstelling aan en vertroudheid met die tegniese terme van die inhoudskennis en die konteks waarbinne die terme gebruik word. Om toegang te verkry tot ’n tekstuele repertoire van “besigheidstaal” moet EBW-onderwysstudente eers die woordeskat waarin die kennis aangebied word, verstaan. Soos ander dissiplines, byvoorbeeld in Islamitiese studies waar “maktab”-geletterdheid in Moslemskole aangebied word (Pahl en Rowsell 2013:10), asook wiskundige en wetenskaplike geletterdheid, het EBW ’n eie teksaanbieding, kenniskonstruksie en metodes om daardie kennis te ondersoek.

Brooman-Jones, Cunningham, Hanna en Wilson (2011) is van mening dat akademiese geletterdheid en veral taalbevoegdheid verhoog kan word deur middel van vakspesifieke akademiese aktiwiteite en assesseringstake. Akademiese woordeskat, en spesifiek vakwoordeskat, vorm die onderbou van diepleer; m.a.w. diepleer kan nie plaasvind indien die student nie weet wat sekere terme beteken en hoe dit in bepaalde kontekste gebruik word nie. Van Staden en Nel (2016:1233) is van mening dat “studente wat ’n diepleer-benadering volg kan basiese asook gevorderde begrippe en inligting oor enige onderwerp in hul langermyn-geheue stoor.” Verder voer hulle aan dat studente wat nuwe konsepte of inligting met bekende konsepte en vorige kennis integreer, gewoonlik meer selfstandig leer en nuwe betekenis en idees ontwikkel. Konsepgeletterdheid wat diepleer fasiliteer, stel studente in staat om hul eie stem te ontwikkel en om krities met akademiese konsepte om te gaan.

Konsepgeletterdheid verwys na studente se vermoë om leerareaspesifieke woorde, terminologie en verwante taalvorme wat deel van die kennisgenerering in die inhoudsareas vorm, te lees, te verstaan en te gebruik (Young, Van der Vlugt en Qanya 2005:8).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

217

Konsepgeletterdheid kan ontwikkel word deur sinvolle en waardevolle aktiwiteite wat die vakwoordeskat van studente verryk, byvoorbeeld deur die gebruik van ’n vakwoordeboek (Nkomo en Madiba 2011:145). Madiba (2010:233) beskryf die korpusgebaseerde Multilingual Concept Glossary Project by die Universiteit van Kaapstad en argumenteer dat ’n veeltalige glossarium konsepgeletterdheid van veral addisioneletaalsprekers (d.w.s. wat nie in hulle eerste taal onderrig ontvang nie) kan verbeter. Hy wys daarop dat die opvoedkundige waarde van vakwoordeboeke wyd deur navorsers van akademiese geletterdheid erken word. Madiba (2010:226) baseer sy navorsing op die teoretiese raamwerk van konseptuele problematiek, asook Vygotsky se sosiokulturele konstruktivisme.

Taljard (2015:388) verantwoord die totstandkoming van ’n opvoedkundige termbank (Open Education Resource Term Bank, oftewel OERTB) vir universiteite met vrye toegang as volg: “Die doel van OERTB is om ’n terminologiese instrument wat as opvoedkundige ondersteuningsmiddel vir alle Suid-Afrikaanse studente kan dien, te skep.” Volgens Taljard (2015:338) studeer die meerderheid studente nie deur middel van hulle sterkste taal, naamlik hulle moedertaal, nie en word hulle ook nie daarin onderrig nie. Taljard (2015:338) gaan vanaf die standpunt uit dat die OERTB ondersteuning met konseptualisering van vakinhoud sal bied met behulp van verduideliking en verklaring van vakterminologie en konseptuele inligting oor die betekenis van terme. Die OERTB word beplan as ’n organiese instrument waar terminologie binne werklike opvoedkundige situasies ontwikkel word.

Woordeboeke, en veral vakwoordeboeke, het ’n belangrike rol te speel in die verklaring van vakwoordeskat. Fuertes-Olivera en Tarp (2014:7) definieer vakleksikografie as volg:

the branch of lexicography concerned with the theory and practice of information tools covering areas outside general cultural knowledge and the corresponding Language for General Purposes (LGP); this is mainly, but not exclusively, disciplines related to technology, industry, trade, economic life, law, natural and social sciences, and humanities. (Skrywers van hierdie artikel se kursivering)

Uit die definisie blyk dit onder andere dat woordeboeke vir ekonomiese en bestuurswetenskappe by uitstek as vakwoordeboeke gereken kan word. Maistry (2001:166) illustreer hoe uitdagend dit is vir niemoedertaal-Engelssprekende studente om ekonomiese konsepte te verduidelik, juis omdat hulle dit moeilik vind om ekwivalente terme in byvoorbeeld Xhosa of Zoeloe op te spoor. Vakwoordeboeke kan dus ’n groot bydrae lewer tot die uitbreiding van ’n student se vakkennis en sodoende akademiese prestasie bevorder. Die vraag ontstaan egter hoe EBW-onderwysstudente se konsepgeletterdheid verbeter kan word en wat die leksikografiese behoeftes van Afrikaanssprekende en Xhosasprekende EBW-onderwysstudente in ’n veeltalige omgewing is.

In dié artikel word die ontwikkeling van konsepgeletterdheid en die waarde van die uitbreiding van vakwoordeskat asook die geletterdheidskomponent in die EBW-kurrikulum van die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch verduidelik. Leksikografiese behoeftes van EBW-onderwysstudente binne ’n veeltalige omgewing word in ’n teoretiese raamwerk volgens die beginsels van die leksikografiese gebruikersperspektief en woordeboekfunksies beskryf en ten slotte word na MobiLex as ’n pasgemaakte vaktaalwoordeboek vir EBW-terme verwys. MobiLex is die vakwoordeboekprojek van die Fakulteit Opvoedkunde aan Stellenbosch-universiteit. Die woordeboek is drietalig en is toeganklik op enige draagbare toestel, byvoorbeeld ’n slimfoon of ’n tablet. Met verwysing

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

218

na tersaaklike woordeboekfunksies word gepoog om die rol van ’n vakwoordeboek in die ontwikkeling van konsepgeletterdheid te definieer en sodoende die wisselwerking tussen vakleksikografie en pedagogie te versterk.

2. Ontwikkeling van konsepgeletterdheid en die waarde van die uitbreiding van vakwoordeskat

Vakdissiplines se tekste verskil wat betref woordkeuse, veronderstelde agtergrondkennis, gespesialiseerde woordeskat sowel as spesifieke skryfvorme (Seligmann 2013:61). Alhoewel daar verskeie studies oor entrepreneurskap en finansiële geletterdheid bestaan (Pérez-Bustamante 2014; Tustin 2010), is daar beperkte literatuur oor konsepgeletterdheid in EBW-onderrig. Om studente vertroud te maak met die onderwerpe en gespesialiseerde woordeskat van EBW, moet hulle onderrig word om die vaktaal op ’n baie spesifieke wyse te gebruik. Die integrasie van geletterdheidspraktyke in EBW-klasse sal studente selfvertroue gee om hul vaardigheid betreffende die vakwoordeskat van die diskoers uit te brei. Dissiplinêre ontwikkeling by EBW is dus afhanklik van akademiesegeletterdheidspraktyke wat studente sal toerus om vakgerigte woordeskat op ’n betekenisvolle wyse te gebruik wanneer hulle skryf of praat oor die inhoud van hul vak (Pérez-Bustamante 2014; Akhras 2013). ’n Voorbeeld hiervan is die opstel van ’n besigheidsplan wat ’n spesifieke teksstruktuur en skryfstyl vereis. Vir studente om dit suksesvol te kan doen, moet hulle die vakinhoud verstaan en die spesifieke woordeskat van die diskoers ken.

Dit gebeur ook dat sommige woorde in taal vir algemene gebruik (TAG) aangewend word, maar dat dieselfde woord ’n ander betekenis het as dit vir taal vir spesifieke gebruik (TSG) aangewend word. Die woord vraag beteken byvoorbeeld in TAG om iets te wil weet of om iets te vra, terwyl dit in TSG ’n meer gespesialiseerde betekenis in ’n ekonomiese konteks het, naamlik die “hoeveelheid van ’n produk of diens wat voornemende kopers kan bekostig en bereid is om aan te koop” (Mohr en Fourie 2008:116).

Die belangrikheid van akademiese woordeskat om begrip te bevorder, is goed gedokumenteer (Hibbert en van der Walt 2014; Antonacci en O’Callaghan 2011; Nkomo en Madiba 2011). Met die gebruik van veeltalige vakwoordelyste in ’n ekonomiekursus het Madiba (2014:78) getoon dat die effektiewe gebruik van studente se huistale hulle begrip van ekonomiese konsepte bevorder. Niemoedertaal-Engelssprekende studente wat aan Engelsmedium-universiteite studeer, ervaar byvoorbeeld dikwels konsepte konseptueel en linguisties moeiliker as moedertaal-Engelssprekende studente. Veeltalige vakwoordelyste vervul dus hierdie behoefte van niemoedertaalsprekende studente en word al hoe meer as ’n wonderkuur gesien (Madiba 2014:68).

Aansluitend hierby is Madiba (2014) se studie waarin studente wat veeltalige vakwoordelyste gebruik het, gevra is om konsepte te definieer en te onderskei, byvoorbeeld om die woorde tekort en verlies te definieer en dan tussen hulle te onderskei. In hierdie geval was die bevindinge dat studente nie net die onderskeie woorde verstaan het nie, maar dat hul vermoë om tussen die woorde te onderskei, toon dat ontwikkeling of progressie plaasgevind het in hul konseptualisering van die konsepte (Madiba 2014:84).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

219

Mashiyi (2014:145) is van mening dat studente aan hoëronderwysinstellings toenemend probleme ondervind juis omdat hulle in hul tweede taal studeer. Afrikaans en Engels word as gevestigde akademiese tale beskou en daar word voortdurend akademiese tekste en terminologie in beide tale geskep. Daar is by veeltalige kampusse ’n toenemende afhanklikheid van Engels as akademiese konvensie en onderrigmedium (Van der Walt 2013). In teenstelling word Afrikatale beskou as nie voldoende ontwikkeld om vir tersiêre onderrig aangewend te word nie (Hibbert en Van der Walt 2014). Dit plaas ’n nog groter las op EBW-onderwysstudente met ’n ander moedertaal en wat in hul tweede of derde taal moet studeer. Die ontwikkeling van veeltalige akademiese materiaal en die toeganklikheid van terminologie kan ’n nuttige vertrekpunt wees om die leerproses te bevorder. Binne so ’n veeltalige konteks is die multimodale benadering tot konsepgeletterdheid veral gepas om die studente se woordeskat te verbeter (Madiba 2014). ’n Voorbeeld hiervan is die gebruik van elektroniese vertalings en die vergelyking van terminologie in Engels en Afrikaans en/of Xhosa met die doel om begrip te bevorder en studente se prestasie te verbeter.

3. Meer oor die EBW-kurrikulum

Hierdie navorsing geskied binne die konteks van die Universiteit Stellenbosch se opleiding van EBW-onderwysstudente. Die EBW-kurrikulum vir die B.Ed.-kursus word bespreek binne dié spesifieke konteks, asook die spesifieke leeruitkomste met die klem op die minimumvereiste vir onderwysopleiding (DHOO 2011:8). Een van die minimumvereistes is fundamentele leer, wat die integrasie van akademiese geletterdheid en die vermoë om informasiekommunikasietegnologie aan te leer, insluit. Die integrasie van tegnologie in hoër onderwys is noodsaaklik om tred te hou met die snelle ontwikkeling van kennis en terselfdertyd word nuwe pedagogiese benaderings ontwikkel om studente te help presteer. Hierdie generasie studente se multidissiplinêre vaardighede word ontwikkel en benodig ’n sterk geletterdheid en “tegnologie-slim” ondersteuning (Akhra 2013:333). MobiLex het dus ’n bepaalde ondersteuningsrol te vervul ten opsigte van tegnologie.

As gevolg van ’n mededingende globale ekonomie en ’n snelgroeiende tegnologiese omgewing word daar toenemend van studente verwag om gevorderde inligting te lees en te verstaan (Akhra 2013). As deel van die uittreevereistes soos deur DHOO (2011) hier bo gestipuleer is dit vir EBW-onderwysstudente nie net goeie vakinhoudskennis wat belangrik is nie, maar ook hoe hulle die pedagogiese beginsels van onderrig en leer daarmee kan integreer. EBW-vakinhoud word parallel met duidelike opvoedkundige doelwitte bekendgestel en geïntegreer met pedagogiek, byvoorbeeld praktyke van onderrig en leer, kurrikulumaspekte, klaskamerbestuur, ens. EBW is verpligtend vir alle B.Ed.-eerstejaarstudente en handel hoofsaaklik oor vakinhoudskennis om te verseker dat studente ’n stewige onderbou het voordat hulle na die tweede jaar vorder.

Die vakinhoud vir die EBW-kursus in die eerste jaar is gestruktureer om drie inleidende fokusareas te dek: besigheidsbestuur, ekonomie en rekeningkunde. Studente word bekendgestel aan die begrip van die ekonomiese siklus binne die konteks van die ekonomiese probleem, algemene bestuursbeginsels, blootstelling aan rekeningkunde en entrepreneurskap. Daarbenewens word die eerstejaaronderwysstudente bekendgestel aan die ontwikkeling van ’n postapartheid skoolkurrikulum, herstrukturering en die konteks van EBW in die Suid-Afrikaanse skoolkurrikulum. Studente word aangemoedig om krities te evalueer hoe

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

220

ekonomiese aktiwiteite en die proses om rykdom te skep, verband hou met die verantwoordelike gebruik van hulpbronne.

Ten einde aan die vereistes van die assesserings in die tweede tot vierde jaar te voldoen, moet studente ’n sekere vlak van akademiese skryfvaardigheid aan die einde van hulle eerste jaar bereik. Dosente word grootliks gelei deur die verwerwing van akademiese woordeskat soos blyk uit die evaluering van hul studente se vordering (Antonacci en O’Callaghan 2011:13), en assessering van die begrip van akademiese konsepte is fundamenteel in die eerstejaarkursus.

Die onderrigmedium in die EBW-klas is tans Engels en Afrikaans deur middel van kodewisseling. Kodewisseling verwys na die gebruik van sowel Engels as Afrikaans binne dieselfde lesing. Die studente wat ingeskryf is vir die eerstejaarkursus is merendeels moedertaal-Afrikaanssprekende studente. Sommige van die Engels-ingeskrewe eerstetaalstudente se moedertaal is ’n Afrikataal, soos Xhosa of Zoeloe, wat beteken dat hulle moontlik probleme met die onderrigmedium van die kursus kan ondervind. Die voorgeskrewe handboek is beskikbaar in Afrikaans en Engels. Bykomende notas word in Afrikaans en Engels deur die dosent voorsien vir die onderwerpe wat nie in die handboek vervat is nie. Die handboek het aan die einde van elke hoofstuk ’n woordelys, wat hulp verleen met konsepgeletterdheid aan veral die studente wat beperkte vaardigheid in Engels en Afrikaans het.

4. Die geletterdheidskomponent in die EBW-kurrikulum

In ’n EBW-lees-praat-skryf-projek is bewys dat die insluiting van ’n doelbewuste, konsekwente geletterdheidskomponent tot EBW-vakinhoud, kritiese en reflektiewe denke by die studente kan teweegbring (America 2014). In dié projek was studente betrokke by vier aktiwiteite vir agt agtereenvolgende weke: eerstens, die daaglikse lees van die sakedeel van ’n koerant; tweedens, ’n weeklikse bespreking binne tutoriaalgroepe; derdens, samevatting deur middel van ’n skriftelike opsomming; en laastens ’n kort vasvra elke tweede week oor die afgelope weke se sakenuus. Die belangrike uitkoms van die lees-praat-skryf-projek was dat die kritiese lees studente in staat gestel het om die relevansie van die teks beter te verstaan. Met die bespreking (praataktiwiteit) het studente aangevoer dat hulle al hoe meer selfvertroue opgebou het om oor sakenuus te gesels. Met opsommings (skryf) kon hulle krities reflekteer oor wat hulle gelees en bespreek het. Met ander woorde, die teks wat uit besigheidskonsepte bestaan, is ontdek, ondervra en bevraagteken. America (2014) is van mening dat daar doelbewuste pogings aangewend moet word om leesverwante aktiwiteite in EBW aan te moedig om vakterminologie te verstaan en onder andere kritiese denke te stimuleer.

As die klem wat geplaas word op kennis van vakinhoud in die eerste jaar in ag geneem word, moet studente aangemoedig word om hul repertoire van die vakwoordeskat uit te brei ten einde ’n dieper begrip en vlotheid in hul interaksie met die EBW-diskoers te ontwikkel. Om omvattend te lees en om dit te doen as ’n doelbewuste en volgehoue aktiwiteit, soos die voortdurende lees van (sake)nuusblaaie, kan studente help om nie net EBW-inhoud te verstaan nie, maar ook krities te begin dink oor besigheid in die samelewing (America 2014). Baie van die probleme wat studente met begrip ondervind, is die gevolg van die vreemdheid

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

221

van EBW-tekste. Seligmann (2013:98) waarsku dat indien studente se akademiese woordeskat nie voldoende ontwikkel word nie, dit hul lees- en begripsvermoë sal vertraag.

Akademiese woordeskat is konseptueel meer kompleks as alledaagse taal en dissiplinêre inhoud, soos byvoorbeeld in EBW, waar ’n spesifieke stel konsepte en prosesse sistematies onderrig moet word. Inhoudsgeletterdheid stel studente in staat om hul eie stem te ontwikkel en om krities om te gaan met akademiese konsepte eerder as om definisies uit die kop te leer (Madiba 2014:74). Ten einde die konsepte krities te evalueer en te interpreteer, moet studente ingelig wees oor die EBW-leerarea om die verband met die inhoud te kan insien.

’n Tipiese akademiese teks (Peters, Jones, Smith, Winchester-Seeto, Middledorp en Petocz 2008:222) bestaan uit vier woordeskatkategorieë, naamlik hoogs frekwente alledaagse woorde, akademiese woordeskat van tersiêre opleiding, vakwoordeskat beperk tot spesifieke vakdissiplines en laefrekwensiewoorde wat nie (direk) verband hou met die vakgebied nie. ’n Vakwoordeboek kan ’n groot ondersteunende rol speel in die verheldering, verduideliking, resepsie en vertaling van vakkonsepte tydens die lees van ’n akademiese teks.

Die vier woordeskatkategorieë (Peters e.a. 2008:222) kan aan die hand van die onderstaande teks oor die begroting geïllustreer word:

Die land benodig vinniger inklusiewe ekonomiese groei om sy ontwikkelings-doelwitte te bereik en sy openbare finansies te verbeter. Hierdie soort groei is afhanklik van verhoogde vlakke van vertroue en belegging deur die privaatsektor. Dit sal bereik word deur verbeterde samewerking tussen die regering en die sakesektor. Die regering sal in vennootskap met die privaatsektor in infrastruktuurprojekte, ondernemerskap, vaardigheidsontwikkelingsprojekte en die onafhanklike krag-produsentprogram, wat kragvoorsiening sal laat toeneem, belê. Hierdie vennootskap met die privaatsektor, ’n groeiende toerismesektor, minder arbeidsonrus en beter wêreldwye groeitoestande behoort ’n oplewing in ekonomiese groei oor die medium termyn te ondersteun. (Republiek van Suid-Afrika 2016)

Wanneer dié teks ontleed word, kan die volgende voorbeelde van woordeskatkategorieë onderskei word:

• hoogs frekwente alledaagse woorde: die, land, groei, om, sy, te, en, verbeter, is, van, deur, sal, word, tussen, regering, met, wat, laat, met, ’n, minder, beter, oor

• akademiese woordeskat van tersiêre opleiding: inklusiewe, ontwikkelingsdoelwitte, vertroue, oplewing, medium termyn

• vakwoordeskat beperk tot spesifieke vakdissiplines: ekonomiese groei, openbare finansies, sakesektor, vennootskap, privaatsektor, infrastruktuurprojekte, ondernemerskap, vaardigheidsontwikkelingsprojekte, kragprodusentprogram, toerismesektor, arbeidsonrus

• laefrekwensiewoorde wat nie (direk) verband hou met die vakgebied nie: verbeterde, samewerking, afhanklik, bereik, wêreldwye, ondersteun.

EBW-studente word gereeld met bogenoemde soort tekste gekonfronteer en dan moet hulle oor die nodige vakwoordeskat, asook akademiese woordeskat beskik om dit suksesvol te verstaan, ontleed en interpreteer. Vakwoordeskat word in MobiLex opgeneem en indien die

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

222

student nie vakspesifieke konsepte in bogenoemde teks verstaan nie, of die vertaling van sekere terme wil naslaan, kan dit deur middel van MobiLex geskied.

Bostaande voorbeeld hou ook verband met konsep- en taalgeïntegreerde onderrig of sogenaamde CLIL (Content and Language Integrated Learning), met ander woorde die toepassing van konsepgeletterdheid op ’n spesifieke vakdissipline deur die medium van taal (The British Council 2013). Binne CLIL word daar onderskeid getref tussen vakspesifieke taal, akademiese taal en algemene taal.

In EBW kan sommige woorde moontlik te abstrak vir die studente wees en daarom sal ’n hulpmiddel wat byderhand is om die kleinste eenheid of kern van die woord en sy variante in ’n besigheidskonteks in hul moedertaal te vertaal, baie nuttig wees, byvoorbeeld om te onderskei tussen begrippe soos franchise, franchisering, franchisegewer en franchisenemer. ’n Verdere stap kan wees om dit byvoorbeeld te koppel aan sinonieme of verwante woorde. Hierdie proses sal van studente vereis om hul voorkennis te gebruik en om op verskillende wyses aan konsepte te dink (Antonacci en O’Callaghan 2011:45). Daarbenewens kan studente begin om ’n spesifieke woord met ’n spesifieke onderwerp in EBW te assosieer en op dié wyse die woorde op grond van hul konteks en/of ooreenkomste te kategoriseer of te groepeer.

5. Leksikografiese behoeftes van Afrikaanssprekende en Xhosasprekende EBW-onderwysstudente in ’n veeltalige omgewing

Die MobiLex-projek2 word deur die Fakulteit Opvoedkunde ontwikkel as deel van die fakulteit se taalplan en sluit aan by strategiese doelwitte om veeltaligheid van studente te bevorder en te ontwikkel. Die hersiene Taalbeleid van Stellenbosch-universiteit maak voorsiening vir die ontwikkeling van meertalige woordelyste met Afrikaans as een van die tale (Universiteit Stellenbosch 2016:9). Die doelwit van MobiLex is onder meer om studente te ondersteun in die ontwikkeling van konsepgeletterdheid in verskillende eerstejaarmodules (met verdere uitbreiding na alle voorgraadse modules) van die Departement Kurrikulumstudie. Studente moet in ’n veeltalige omgewing kan funksioneer en benodig ondersteuning, veral waar die taal van onderrig en leer nie hulle moedertaal is nie. In hierdie afdeling word daar op Afrikaanssprekende en Xhosasprekende studente gekonsentreer, aangesien daar minder leksikografiese vakbronne in dié tale bestaan as in Engels.

Met die ontwikkeling van die MobiLex-projek is navorsing onderneem om die persepsies van eerstejaaronderwysstudente in die Fakulteit Opvoedkunde oor die gebruik van vakwoordeboeke op slimfone te toets. Die taalprofiel, woordeboekgewoontes, voorkeur vir woordeboekgebruik op slimfone, en naslaangedrag van eerstejaarstudente is met behulp van vraelyste getoets. Die groot meerderheid van studente (96%) het aangedui dat hulle gebruik sal maak van ’n selfoonwoordeboek waarin vakterme verduidelik word indien dit beskikbaar is. Hulle het dit ook as ’n wesenlike behoefte geïdentifiseer.

In die voorgenoemde navorsing word ook verwys na woordeboekfunksies van woordeboeke wat studente benodig. Volgens die teoretiese raamwerk van die funksieteorie vir leksikografie onderskei Tarp (2008:84) tussen kognitiewe en kommunikatiewe funksies van woordeboeke. Eerstens word kognitiewe funksies bespreek na aanleiding van sekere

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

223

woordeboekvoorbeelde. Kognitiewe funksies help gebruikers met algemene, kulturele en ensiklopediese data, asook spesifieke data oor die vakgebied en data oor taal. Kognitiewe funksies van vakwoordeboeke is ter sake om gebruikers (studente) byvoorbeeld te help met woordeskatleer en om van die wêreld te leer. Hierdie woordeboekfunksietipes skakel dus met konsepgeletterdheid waar daar van studente verwag word om oor die nodige vakwoordeskat te beskik om die vakgebied te kan verstaan. O’Hara en Pritchard (2009:11) wys daarop dat studente definisies van terme, asook kontekstuele inligting oor terme moet bekom, asook herhaalde blootstelling en geleenthede om dit te leer en weer te leer. Dié stelling ondersteun die resepsie, produksie en kognitiewe funksies van vakwoordeboeke.

Indien daar na ’n vakwoordeboek oor EBW op die Suid-Afrikaanse leksikografiese toneel gesoek word om vakwoordeskat aan ’n Afrikaanssprekende student te verduidelik en dit te ontwikkel, kan die gebruiker van die Entrepreneurskapwoordeboek op VivA-app,3 beskikbaar op selfone, gebruik maak. Ter illustrasie word die term entrepreneur en ’n afleiding daarvan, entrepreneurskap, soos dit op VivA-app gedefinieer word, bespreek. Die term is algemeen bekend, maar dit is ook te verwagte dat studente die korrekte vakinhoud van die konsep moet ken. Met die deurlees van die betekenisverklaring is dit duidelik dat daar met die ontwikkelaar van Termfinder, Pam Peters, saamgestem kan word dat (elektroniese) vakwoordeboeke en glossaria feitlik nooit op nuwelingstudente as gebruikers gerig is nie en nie voldoende deur hulle verstaan word nie (Peters e.a. 2008:220). Die betekenisverklaring kan moontlike verwarring onder eerstejaarstudente skep, veral dié met gebrekkige vakkennis, wat juis die gebruikers behoort te wees wat die verklaring van die term sal naslaan wanneer die dosent dit in die klas gebruik of tydens die skryf van ’n taak. Die verdere nadeel van die te lang definisie is dat dit nie in die skerm van ’n selfoon pas nie.

Indien die term nageslaan word (op ’n selfoon), word die volgende inskrywing gevind:

Voorbeeld 1: entrepreneur op VivA-app:

entrepreneur

Vertaling(s): entrepreneur

Ondernemer

Definisie(s): Die entrepreneur is ’n persoon of groep persone wat deur middel van sy/hul eiesoortige talente en vermoëns die inisiatief neem om ’n aanvanklike idee of innovasie deur te voer tot ’n nuwe onderneming in gang deur die kapitaalbehoefte en natuurbronne te bekom en te kombineer en ook in die verlangde bestuursbehoeftes te voorsien. Dit lei gewoonlik tot die stigting van ’n klein tot mediumgrootte onderneming. Die ondernemer is die persoon wat die inisiatief neem om ’n nuwe onderneming te begin of te stig. Hy is die bewegende krag in die vryemarkstelsel en hy het groot invloed op produksie, verbruik en die verdeling van geproduseerde goedere en dienste. Hy verskaf kapitaal en lei die produksie deur ’n keuse te maak tussen verskillende moontlike kombinasies van produksiefaktore om daarmee die behoeftebevrediging van die gemeenskap te dien. Hy dra die uiteindelike risiko en geniet as beloning die wins.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

224

Tydens die ontwikkeling van EBW-terme vir MobiLex is op meer gepaste betekenisbeskrywings van entrepreneur en entrepreneurskap deur die woordeboek-redaksiebesluit, naamlik:

entrepreneur verwys na iemand wat die risiko loop om die produksiefaktore naamlik kapitaal, arbeid en natuurlike hulpbronne op so ’n manier te organiseer dat dit ’n produk en/of diens lewer en om sodoende ’n wins te maak.

entrepreneurskap is waar die produksiefaktore, naamlik arbeid, natuurlike hulpbronne en kapitaal aangewend en georganiseer word deur persone wat die moontlikhede raaksien en bereid is om ’n risiko te loop om goedere te produseer of dienste te lewer met die verwagting dat dit ’n opbrengs sal lewer.

Bostaande betekenisverklarings is meer gepas vir eerstejaarsvlak en sal moontlik beter in studente se leksikografiese behoeftes kan voorsien.

Betekenisverklarings van terme word wel in MobiLex ook in Xhosa verskaf en sodoende word leksikografiese ondersteuning aan studente verleen met die verstaan van konsepte wat in ’n vakgebied soos EBW aangebied word. Dit kan as ’n groot verbetering op die huidige leksikografiese gebruiksituasie van Xhosasprekende eerstejaarstudente beskou word.

Indien daar na ’n vakwoordeboek oor EBW op die Suid-Afrikaanse leksikografiese toneel gesoek word om vakwoordeskat aan ’n Xhosasprekende student te verduidelik of dié student se vakwoordeskat te ontwikkel, kom die gebruiker bedroë daarvan af, want daar kan nie so ’n woordeboek gevind word nie. Aangesien die term entrepreneurskap ook in algemene taal gebruik word, kan die gebruiker verwag dat elektroniese woordeboeke soos FREELANG Xhosa-English and English-Xhosa online dictionary, Dicts.info English to Xhosa dictionary, asook Glosbe English-Xhosa dictionary moontlik die term kan bevat. Dit blyk egter nie die geval te wees wanneer die terme nageslaan word nie. Dié terme is nie in die woordeboeke opgeneem nie en kan dus nie in die kognitiewe leksikografiese behoeftes van Xhosasprekers voorsien nie.

Tweedens word kommunikatiewe funksies van woordeboeke bespreek en word ’n ontleding van tersaaklike woordeboeke gedoen. Kommunikatiewe funksies (Tarp 2008:84) van woordeboeke help gebruikers met probleme rakende teksproduksie in die moedertaal of addisionele taal, teksresepsie in die moedertaal of addisionele taal, sowel as die vertaling van tekste vanuit die moedertaal na die addisionele taal en omgekeerd. Die kommunikatiewe funksie van ’n vakwoordeboek verwys na voorbeelde waar studente voldoende moet kan lees en skryf in terme van ekonomiese en bestuurswetenskappe. As die klem wat geplaas word op kennis van vakinhoud in die eerste jaar in ag geneem word, moet studente aangemoedig word om hul repertoire van die vakwoordeskat uit te brei ten einde ’n dieper begrip en vlotheid in hul interaksie met die EBW-diskoers te ontwikkel. Om omvattend te lees en om dit te doen as ’n doelbewuste en volgehoue aktiwiteit, soos die voortdurende lees van (sake)nuusblaaie, kan studente help om nie net EBW-inhoud te verstaan nie, maar om ook krities te begin dink oor ekonomie in die samelewing (America 2014). Tydens ’n leesprojek waar daar van studente verwag word om op ’n deurlopende basis die sakegedeelte van koerante te lees, te verstaan en weer te gee, is die teksresepsiegedeelte in die moedertaal of addisionele taal van groot belang. Met die skryf van ’n sakeplan word sekere terminologie benodig en dit verwys weer na die teksproduksiefunksie waar die vakwoordeboek ’n belangrike rol te speel het. Wanneer ’n

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

225

student na ’n lesing in ’n addisionele taal moet luister en vakkonsepte moet verstaan, is vertaling van konsepte noodsaaklik en sluit dit aan by die kommunikatiewe woordeboekfunksie.

Vir die vertaling van vakkonsepte in EBW kan ’n Afrikaanssprekende student dit oorweeg om die Ekonomiese en bedryfswoordeboek as naslaanbron te gebruik. Die term entrepreneurskap word weer as voorbeeld gebruik). In die voorwoord word die volgende duidelik gestel:

Die Ekonomiese en bedryfswoordeboek beskryf die terrein van sowel die makro- en mikro-ekonomie as die bedryfslewe. Dit bevat die belangrikste en mees gebruiklike terme van die bedryfsekonomie in al sy onderdele, soos bemarking, produksie, finansiering en kosteberekening, asook die belangrikste en mees gebruiklike tegniese en vakterme uit die landboubedryf, mynbou, die bou- en staalbedryf, tekstielbedryf en ander bedryfstakke uit die nywerheid. Die versekeringswese en groot- en kleinhandel uit die dienstesektor word gedek. Daarby is ’n verskeidenheid terme uit verwante vakgebiede ingesluit, soos vakwoorde uit die wiskunde, statistiek, handelsreg en rekenaarkunde. (Steenkamp en Reynders 2004)

Die beskrywing van die onderwerpsvelde klink baie gepas en dit wil voorkom asof die Afrikaanssprekende student se vertalingsbehoeftes in terme van ’n vakwoordeboek vervul kan word. In die voorwoord word hierdie woordeboek as ’n “noodsaaklike naslaanwerk gerig op die behoeftes van dosente en studente, onderwysers en skoliere, die skrywers van handboeke, vertalers, joernaliste en ander mediawerkers, staatsamptenare en sakelui” (ons kursivering) beskryf. Dit word egter duidelik in die voorwoord genoem dat die woordeboek ’n eenrigtingwoordeboek, Engels–Afrikaans, is. Die tweetalige titel op die voorblad kan dus as misleidend geïnterpreteer word, naamlik dat dit ’n tweerigtingwoordeboek is, soos die meeste vertalende, tweetalige woordeboeke in Suid-Afrika. Dit is eers by nadere ondersoek en ’n deurblaai van die woordeboek dat die gebruiker sal besef dat dit ’n eenrigtingwoordeboek is met slegs vertalings vanaf Engels na Afrikaans.

Die Afrikaanssprekende student sal dus bedroë daarvan afkom in sy/haar soektog.

Eerstens sal die student moet weet dat entrepreneurskap met entrepreneurship vertaal kan word. Wanneer entrepreneurship nageslaan word, word dit egter vertaal met ondernemerskap. Die vertaling ondernemerskap kan verwarrend vir die student wees.

Tans is die mees gebruikte term in die EBW-klas (deur die dosent) entrepreneur en nie ondernemer nie, aangesien entrepreneur as ’n meer omvattende term beskou word wat vernuwing en kreatiewe denke beklemtoon. Verdere verwarring kan veroorsaak word deur die aanduiding dat entrepreneur ’n nie-aanbevole term is, veral gesien in die lig dat dit die voorkeurterm van die dosent in die klas is. Die gebruiker word dus onbevredig gelaat ná ’n onsuksesvolle soektog.

Vergelyk die volgende artikels uit Ekonomiese en bedryfswoordeboek:

Voorbeeld 2: entrepreneurship

entrepreneurship: ondernemerskap.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

226

Voorbeeld 3: entrepreneur

entrepreneur (business undertaker, enterpriser, undertaker): ondernemer, ook (nie aanbeveel nie) entrepreneur

Vir die vertaling van ’n meer gebruiklike term soos entrepreneur kan ’n Xhosasprekende student in elektroniese woordeboeke soos FREELANG Xhosa-English and English-Xhosa online dictionary, Dicts.info English to Xhosa dictionary, asook Glosbe English-Xhosa dictionary gaan soek. Die soektog word in Engels gedoen, aangesien Engels een van die tale van onderrig in die klas is. Dit lewer egter geen sukses op nie. Indien die gebruiker vasberade is en bereid is om meer as een soektog te doen, kan die term in die Xhosa live dictionary gevind word, soos hier onder geïllustreer.

Voorbeeld 4: Artikel van entrepreneur in Xhosa live dictionary

entrepreneur: usomashishini (oo-)

In MobiLex word vertalings in Afrikaans, Engels en Xhosa verskaf en die gebruiker kan dus suksesvolle soektogte na vertalings uitvoer soos die behoefte aan vertalings ontstaan. Met die gebruik van MobiLex in ’n verskeidenheid tale kan dit studente help met die leer van (nuwe) konsepte wat hul konseptuele begrip van die inhoud en konteks van die inligting kan verbeter, asook kennis van die addisionele taal bevorder.

Uit bostaande voorbeelde van woordeboekdefinisies uit ’n verskeidenheid woordeboeke, kan dit afgelei word dat daar nie ’n vakwoordeboek bestaan wat konsepte op ’n eenduidige en doeltreffende wyse aan eerstejaarstudente in die vak ekonomiese en bestuurswetenskappe kan oordra nie. Dit blyk problematies vir dosente en studente te wees, aangesien daar nie toepaslike, gebruikersvriendelike en akademies-gefundeerde instrumente vir leerondersteuning in die veeltalige lesinglokaal is nie. Dit word selfs meer uitdagend as studente in hulle tweede of derde taal moet studeer.

6. ’n Pasgemaakte vakwoordeboek vir opvoedkunde-studente

Vervolgens ’n beskrywing van die ontwerp en funksionering van die MobiLex-projek.

Volgens Gouws (2006:73) word daar in ’n gebruikersgedrewe leksikografie van die standpunt uitgegaan dat die gebruiker, die gebruiker se behoeftes, die gebruikersituasie en die gebruiksituasie bepalend is vir die leksikografiese aanbod. Hierdie benadering gaan daarvan uit dat die vasstelling van die gebruiker gevolg word deur ’n vasstelling van die leksikografiese funksies van die betrokke woordeboek en daarna volg die vasstelling van die relevante leksikografiese strukture en uiteindelik die keuse van die data wat op makro- en mikrostrukturele vlak aangebied moet word. In die beskrywing word na die teikengebruiker, toegangstruktuur en mikrostruktuur van die woordeboek, asook funksies en doel van die woordeboek verwys.

MobiLex kom van die Engels mobile lexicon, wat verwys na ’n woordeboek wat toeganklik is op enige draagbare toestel soos ’n selfoon of ’n tablet. Dit is ’n webgebaseerde

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

227

vakwoordeboek vir universiteitstudente wat binne die Fakulteit Opvoedkunde studeer, met tans ’n spesifieke fokus op eerstejaarstudente. Studente en personeel het toegang tot die vakwoordeboek by http://www0.sun.ac.za/mobilex.

Die woordeboek word deur ’n leksikografiese span bestaande uit ’n leksikograaf, vakkundiges in die Fakulteit Opvoedkunde en vertalers van die Taalsentrum saamgestel. Soos Gouws (2006:78) tereg argumenteer, bepaal die aard van die woordeboek, die gebruiker en die tipe stof wat in die woordeboek aan bod kom, wie almal lede van die span moet wees. Dit word vandag gevolglik in die vakleksikografie aanvaar dat dit spanwerk is waar leksikograaf en vakkundige en dikwels ook die terminoloog moet saamwerk om die beste moontlike woordeboekproduk tot gevolg te hê.

Figuur 1 toon ’n skermskoot van die tuisblad van MobiLex waar die gebruiker gaan uitkom met die naslaan van die MobiLex-skakel. Slegs US-studente en -personeel het toegang tot opvoedkunde-terminologie, wat EBW-vakterminologie insluit.

Figuur 1: Tuisblad van MobiLex

Met die skryf van dié artikel is die terminologiedatabasis van EBW-terme in sy ontwikkelingstadium en voorbeelde waarna hier verwys word, is nog nie in MobiLex opgeneem nie.

Die woordeboek is pasgemaak om in vakspesifieke behoeftes van opvoedkundestudente te voorsien. Dit is ontwerp om vakinhoudelike behoeftes, sowel as taalkundige (vertalings-) behoeftes te vervul. Met die teikengebruiker bekend aan die leksikograaf, is dit belangrik dat die struktuur van die woordeboek, die relevante datadistribusie en die voorsiene leksikografiese funksies met mekaar ooreenstem.

Figuur 2 toon ’n skermskoot van MobiLex om die toegangstruktuur van die woordeboek te illustreer. Die toegangstruktuur van MobiLex is ontwerp om vinnige, doeltreffende toegang tot terminologie te verseker. Woordeboekdata word tematies georden volgens vakrigtings (modules) en die gebruiker verkry toegang tot die data deur op een van die vakrigtings te klik en dan met ’n verdere soektog voort te gaan.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

228

Figuur 2: Toegangstruktuur van MobiLex

Toegang tot die makrostruktuur van die woordeboek word verkry deur die bepaalde soekterm in die soekbalk te tik. Daar is ook ’n alfabetdeeltrajek wat verskyn tydens ’n soektog as deel van die inkrementele soekfunksie. Ekstrapolering van alfabetletters vind tydens ’n soektog plaas en met dié gebruikersgerigte tegniek kan gebruikers terme makliker vind. Wanneer ’n gebruiker byvoorbeeld twee alfabetletters intik om ’n term op te soek, verskyn al die terme in die databasis wat met dié twee alfabetletters begin op die skerm en die gebruiker kan makliker die term vind wat gesoek word. Met die intik van “en”, sal die terme entrepreneur en entrepreneurskap byvoorbeeld verskyn. Dit verleen ook hulp indien die gebruiker ’n term verkeerd spel of nie seker is van die spelling nie, byvoorbeeld van entrepreneur. Eerstejaarstudente is dikwels onseker van die spelling van sulke woorde, soos hier bo genoem. Die naslaan van korrekte spelling kan ondersteuning verleen tydens die produksie van tekste deur die student.

Tydens ’n soektog op MobiLex kan gebruikers na ’n spesifieke vakterm soek en dan die vertaalekwivalent in Afrikaans, Xhosa en Engels vind. Twee vertaalekwivalente word dus per lemma verskaf. Indien die niemoedertaalsprekende student EBW-terme in die addisionele taal of tweede addisionele taal in die lesing hoor, of in die notas of naslaanwerk lees, kan die vertaling dus in die moedertaal gevind word. Die toegangstruktuur van MobiLex verskaf aan die gebruiker ’n keuse van die doeltaal, naamlik Afrikaans, Xhosa of Engels.

In Figuur 3 word die artikelstruktuur van MobiLex vertoon en Afrikaans is as doeltaal gekies.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

229

Figuur 3: Artikelstruktuur van MobiLex

Die mikrostruktuur van MobiLex is eenvoudig en neem die gebruiker in ag deur maklik-verstaanbare betekenisverklarings te gebruik. Betekenisverklarings van vakterme word in die nageslaande brontaal verskaf, wat Afrikaans of Xhosa of Engels kan wees. In die verskafte voorbeeld van deskriptief word die betekenisverklaring dus in Afrikaans verskaf, aangesien dit die nageslaande brontaalwoord is. Slegs een datatipe word in die mikrostruktuur verskaf, naamlik semantiese inligting.

Definisies of betekenisverklarings is aangepas vir die akademiese vlak van nuwelingstudente met die doel om die verwerwing van kernbegrippe en kernkonsepte in die onderskeie vakgebiede te ondersteun. Maklik verstaanbare taal word in die verklaring van begrippe gebruik, soos vroeër in die artikel deur Mohr en Fourie (2008:116) verduidelik in die verklaring van die term vraag in ’n ekonomiese konteks. Die vraag na ’n produk is wanneer die persoon die produk wil hê, maar ook oor die middele moet beskik om die produk te kan koop.

Vergelyk ook die betekenisverklaring van ekonomiese stelsel: “die stelsel wat gekies word om ’n land se behoeftes te bevredig met die beskikbare bronne”. Met maklik-verstaanbare taal en eenduidige kommunikasie poog die woordeboek om gebruikers se behoeftes in ag te neem.

4. Slot

Vir studente om vakwoordeskat en dus konsepgeletterdheid op universiteitsvlak te bemeester, het vakwoordeboeke ’n beduidende rol te speel. Vakwoordeboeke word dikwels opgestel met vakkundiges as teikengebruikers en voldoen nie noodwendig in die behoeftes van voorgraadse studente nie. Voorgraadse en veral nuwelingstudente moet konsepwoordeskat bemeester om voldoende te kan luister, praat, lees en skryf in die relevante vakgebied. In ’n

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

230

veeltalige tersiêre-onderwysmilieu waar studente in hulle tweede of derde taal onderrig ontvang, kan vakwoordeboeke belangrike ondersteuning lewer in die ontwikkeling van vakwoordeskat.

Wanneer vakwoordeboeke in die Suid-Afrikaanse omgewing en ook in die aanlyn omgewing ondersoek word, word dit duidelik dat daar nie voldoende leksikografiese bronne vir die naslaan van EBW-terminologie bestaan nie. Daar kan nie in gebruikersbehoeftes in terme van kognitiewe en kommunikatiewe funksies van woordeboeke voorsien word nie, veral nie ten opsigte van Afrikaanssprekende en Xhosasprekende studente nie. Met die ontwikkeling van MobiLex word die geleentheid geskep om akademiese ondersteuning binne ’n veeltalige konteks te verskaf.

Volgens Alberts (2010:600) speel terminologie ’n bepalende rol in taalontwikkeling en die bevordering van veeltaligheid. Inligtingsoordrag, assimilasie en herroeping moet volgens Alberts (2010:600) in die huistaal geskied, aangesien dit bewys is dat inligting die beste ingewin (dekoderingsproses) en oorgedra (enkoderingsproses) word met behulp van die eerste taal. Vakwoordeskat bewerkstellig eenduidige kommunikasie, en misverstande en kommunikasiegapings word sodoende verhoed. Alberts (2010:600) beskou terminologie, en by implikasie vakwoordeboeke, dus as ’n strategiese bron wat ’n belangrike rol te speel het in die funksionele ontwikkeling van tale en hulle gebruikers. Sy wys daarop dat effektiewe ekonomiese, wetenskaplike en tegnologiese oordrag en assimilasie van kennis en vaardighede tussen vakspesialiste en leke plaasvind, asook die ontwikkeling van kommunikasievaardighede deur middel van die gebruik van korrekte terminologie. MobiLex bied ’n naslaanbron van vakinligting aan EBW-onderwysstudente wat te eniger tyd beskikbaar en toeganklik is.

Bibliografie

Woordeboeke

Arangies en Havenga, 2015. Entrepreneurskapwoordeboek: VivA-app. Selfoontoepassing (26 Augustus 2016 geraadpleeg).

Dicts.info English to Xhosa dictionary. http://www.dicts.info/dictionary.php?l1=English&l2=Xhosa (24 Augustus 2016 geraadpleeg).

FREELANG Xhosa-English and English-Xhosa online dictionary. http://www.freelang.net/online/xhosa.php (24 Augustus 2016 geraadpleeg).

Glosbe English-Xhosa Dictionary. http://glosbe.com/en/xh (24 Augustus 2016 geraadpleeg).

Merriam Webster Dictionary. http://www.merriam-webster.com/dictionary/demand (11 September 2015 geraadpleeg).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

231

Steenkamp, W.F.J. en H.J.J. Reynders. 2004. Ekonomiese en bedryfswoordeboek Engels-Afrikaans. Dictionary of economics and business English-Afrikaans. Pharos Dictionaries. Kaapstad: NB Uitgewers.

Xhosa for travelers. http://www.travlang.com/languages/cgi-bin/langchoice.cgi?page=main&lang1=english&lang2=xhosa (26 Augustus 2016 geraadpleeg).

Xhosa Live Dictionary. http://www.gononda.com/xhosa (24 Augustus 2016 geraadpleeg).

Ander

Akhras, C. 2013. Interactive Technology: Enhancing Business Students’ Content. Procedia – Social and Behavioral Sciences, 83:332–6.

Alberts, M. 2010. National Language and Terminology Policies – A South African Perspective. Lexikos, 20:599–620.

America, C.2014. Integrating literacy practices in business education: Pedagogic intentions for teacher training. Per Linguam, 30(3):16–25.

Antonacci, P.A. en C.M. O’Callaghan.2011. Developing content area literacy: 40 strategies for middle and secondary classrooms. Los Angeles: SAGE Publications, Inc.

Brooman-Jones, S., C. Cunningham, L. Hanna en D.N. Wilson. 2011. Embedding academic literacy – A case study in Business at UTS: Insearch. Journal of Academic Language & Learning, 5(2):1–13.

DHOO (Departement van Hoër Onderwys en Opleiding). 2011. National Qualifications Framework Act 67 of 2008. Policy on the minimum requirements for teacher education qualifications. Staatskoerant Nr. 34467, 583:1–64. Pretoria.

Fuertes-Olivera, P.A. en S. Tarp. 2014. Theory and practice of specialised online dictionaries. Lexicography versus terminography. Berlyn: De Gruyter.

Gouws, R.H. 2006. Leerdergedrewe leksikografie. Tydskrif vir Taalonderrig, 40(1):72–84.

Hibbert, L. en C. van der Walt (reds.). 2014. Multilingual universities in South Africa: Reflecting society in higher education. Bristol, Buffalo, Toronto: Multilingual Matters / Channel View Publications.

Ivanič, R., R. Edwards, D. Barton, M. Martin-Jones, Z. Fowler, B. Hughes, G. Mannion, K. Miller, C. Satchwell en J. Smith. 2009. Improving learning in college. Rethinking literacies across the curriculum. Londen: Routledge.

Jackson, F. 2009. EAP Course design within a context of institutional change and cross-disciplinary collaboration: Factors shaping the creating of “writing for commerce”. Per Linguam, 25(2):61–81.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

232

Madiba, M. 2010. Fast-tracking concept learning to English as an additional language (EAL) students through corpus-based multilingual glossaries. Alternation – Interdisciplinary Journal for the Study of the Arts and Humanities in Southern Africa, 17(1):225–48

—. 2014. Promoting concept literacy through multilingual glossaries: A translanguaging approach. In Hibbert en Van der Walt (reds.) 2014.

Maistry, M. 2001. The challenges of teaching economics in an under-resourced black South African school. Perspectives in Education, 19(1):159–71.

Mashiyi, N. 2014. Tertiary educators’ reflections on language practices that enhance student learning and promote multilingualism. In Hibbert en Van der Walt (reds.) 2014.

Mohr, P. en L. Fourie. 2008. Ekonomie vir Suid-Afrikaanse studente. Pretoria: Van Schaik Uitgewers.

Nkomo, D. en M. Madiba, 2011. The compilation of multilingual concept literacy glossaries at the University of Cape Town: A lexicographical function theoretical approach. Lexikos, 21:144–68.

O’Brien, D.G., R.A. Steward en E.B. Moje. 1995. Why content literacy is difficult to infuse into secondary school: Complexities of curriculum, pedagogy, and social culture. Reading Research Quarterly, 30(3):442–63.

O’Hara, S. en R. Pritchard. 2009. Teaching vocabulary with hypermedia. Boston: Pearson.

Pahl, K. en J. Rowsell. 2013. Literacy and Education. Londen: Sage Publications Ltd.

Paxton, M.I.J. 2007. “You would be a master of a subject if taught in Xhosa ...”: An Investigation into the complexities of bilingual concept development in an English medium university in South Africa. The International Journal of Learning, 14(6):61–7.

—. 2009. “It’s easy to learn when you are using your home language but with English you need to start learning language before you get the concept”. Bilingual concept development in an English medium university in South Africa. Journal of Multilingual and Multicultural Development, 30(1):1–15.

Pérez-Bustamante. G. 2014. Developing entrepreneurial literacy at university: A hands-on approach. International Journal of Multidisciplinary Comparative Studies, 1(2):57–75.

Peters, P., A. Jones, A. Smith, T. Winchester-Seeto, J. Middledorp en P. Petocz. 2008. Termfinder: Creating online termbanks of technical terms for early university study. Journal of Applied Linguistics, 3(2):219–48.

Republiek van Suid-Afrika. 2016. Budget 2016 – Die publiek se gids. A joint publication between National Treasury and the South African Revenue Services. Pretoria: Staatsdrukkery.

Seligmann, J. 2013. Academic literacy for education students. Kaapstad: Oxford University Press.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

233

—. 2015. Academic literacy for education students. Kaapstad: Oxford University Press.

Taljard, E. 2015. Collocations and grammatical patterns in a multilingual online term bank. Lexikos, (25):387–402.

Tarp, S. 2008. Lexicography in the borderland between knowledge and non-knowledge; general lexicographical theory with particular focus on learner’s lexicography. Berlyn, New York: De Gruyter.

The British Council. 2013. Content and language integrated learning. http://www.teachingenglish.org.uk/article/content-language-integrated-learning (29 Julie 2016 geraadpleeg).

Tustin, D.H. 2010. An impact assessment of a prototype financial literacy flagship programme in a rural South African setting. African Journal of Business Management, 4(9):1894–902.

Universiteit Stellenbosch. 2016. Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch. Stellenbosch: Universiteit Stellenbosch.

Van der Walt, C. 2013. Multilingual higher education: Beyond English medium orientations (Vol. 91). Londen: Multilingual Matters. Multilingual Matters / Channel View Publications.

Van Staden, L. en C. Nel. 2016. Leerbenaderings en akademiese prestasie van EBW-onderwysstudente. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 50(4–2):1227–44.

Vockell, E.L. en K. Cusick. 1995. Teachers’ attitudes toward using newspapers in the classroom. The Clearing House, 68(6):359–62.

Weideman, A. 2006. Assessing academic literacy in a task-based approach. Language matters, 37(1):81–101.

Williams, C.2002. Extending bilingualism in the education system. Education and lifelong learning committee ELL-06-0-2 (20 September 2015 geraadpleeg).

Young, D., J. van der Vlugt en S. Qanya. 2005. Understanding concepts in mathematics and science. A multilingual learning and teaching resource book in English, Xhosa, Afrikaans and Zulu. Kaapstad: Maskew Miller.

Eindnotas

1 MobiLex is toeganklik vir Universiteit Stellenbosch-dosente en -studente by http://www0.sun.ac.za/mobilex.

2 Die vakwoordeboek word deur ’n leksikografiese span bestaande uit ’n leksikograaf, vakkundiges in die Fakulteit Opvoedkunde en vertalers van die Taalsentrum saamgestel. Soos Gouws (2006:78) tereg argumenteer, bepaal die aard van die woordeboek, die gebruiker en

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

234

die tipe stof wat in die woordeboek aan die orde kom, wie almal lede van die span moet wees. Dit word vandag gevolglik in die vakleksikografie aanvaar dat dit spanwerk is waar leksikograaf en vakkundige en dikwels ook die terminoloog moet saamwerk om die beste moontlike woordeboekproduk tot gevolg te hê.

3 Sentrum vir Tekstegnologie. 2015. Woordeboekportaal-app van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) [Version 1.0.0].

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

235

Praktyke met betrekking tot visuele voorstellings in ’n Afrikaans Huistaal-handboekreeks na apartheid

Alta Engelbrecht

Alta Engelbrecht, Departement Geesteswetenskaplike Opvoeding, Universiteit van Pretoria

Opsomming

Op 14 Februarie 2016 kondig die minister van onderwys, Angie Motshekga, ’n taakspan aan om stereotipering en ongelykheid ten opsigte van voorstellingspraktyke in skoolhandboeke te ondersoek. Enkele soortgelyke ondersoeke oor handboeke is wel sedert 2003 gedoen. Hierdie artikel lewer verslag oor so ’n studie wat in 2009 gedoen is. As ’n oorgangspublikasie vanaf apartheid na demokratisering het die reeks, wat lank die topverkoper in die land was, doelbewus die flagrante veralgemenings, uitsluitings en wanvoorstellings van die verlede probeer regstel. Dit is belangrik dat daar kennis geneem word van hierdie navorsing en die bevindinge daarvan, aangesien dit lig mag werp op die verantwoordelikheid van skoolhandboekskrywers ten opsigte van positiewe kulturelevoorstellingspraktyke in Suid-Afrika, soos deur die Minister se aankondiging weerspieël word.

Die kontekstualisering en die literatuurstudie ondersoek die verantwoordelikheid van handboekskrywers in die konstruksie van sosiopolitiese paradigmas binne die dieper magswerking van die verskuilde kurrikulum, terwyl die teoretiese lens meestersimbole vanuit die apartheidsera voorhou waaraan die voorstellings in die handboekreeks gemeet kan word. ’n Tematiese ontleding van die visuele materiaal is as navorsingsmetode gebruik. Die ontledingseenhede het uit alle visuele materiaal waarin mense van kleur voorkom, bestaan. Dit sluit die tekstuele toeligting van die visuele materiaal in, soos byvoorbeeld onderskrifte of vrae en opdragte wat met die visuele materiaal verband hou. Die ontleding probeer bepaal in welke mate die visuele materiaal stereotiperingbevestigend of stereotiperingdeurbrekend is. Die bevindinge dui aan dat Afrikaans as sogenaamde witmanstaal sodanig gedemitologiseer is dat geen tekens van taalstereotipering gevind kon word nie. Visuele tekste in die datastel, sowel as die opdragte en inligting wat die visuele materiaal kontekstualiseer, kan sonder uitsondering as teensimbole geklassifiseer word, wat die eise van die ontwikkeling van ’n sigbare "nuwe Suid-Afrika" fasiliteer. Verder word daar weens die morele en politieke druk deur handboekvoorskryfkomitees in Suid-Afrika doelbewuste (hoewel soms kosmetiese) pogings aangewend om enige vorm van ongelykevoorstellingspraktyke uit Afrikaanse handboeke te weer. Negatiewe houdings en persepsies, sowel as enige vorm van ongelykevoorstellingspraktyke, is in hierdie oorgangsreeks reggestel.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

236

Trefwoorde: apartheidmeestersimbole; huistaalhandboeke; stereotiperingdeurbreking; tematiese ontleding; Uitkomsgebaseerde Onderrig-kurrikulum; visuele materiaal; voorstellingspraktyke

Abstract

Practices pertaining to visual representation in an Afrikaans home language textbook series after apartheid

On 14 February 2016, the Minister of Basic Education, Angie Motshekga, announced that a task team should investigate stereotyping and inequality pertaining to representational practices in school textbooks. The researched field of textbooks in Afrikaans was prominent during the heyday of apartheid, when authors such as Esterhuyse (1986), Webb (1992) and Du Plessis and Du Plessis (1987) showcased the ludicrousness of overt stereotypical representations in (specifically) Afrikaans textbooks. Because of this research, publishers on the eve of a new dispensation were alerted to the impetus of change and intervention in representational practices in textbooks. The importance of identifying stereotyping and inequality in school textbooks has again been brought to the foreground by the minister’s recent call for investigating prejudice and inequality in South African textbooks. However, since democracy dawned on South Africa, not many studies have been conducted that explore the extent to which transitional publications have addressed these myths of the past. This article reports on such a study that was carried out in 2009 on an OBE textbook series published between 1997 and 2005. As a transitional publication between apartheid and democratisation, this series intentionally addressed the misrepresentations, generalisations and exclusions from the past. Cognisance of the findings of this research is imperative for future research, as it presents a basis for comparison in similar studies.

The contextualisation and the literature study probe the responsibility of textbook writers in the construction of socio-political paradigms within the deeper power balance of the hidden curriculum. Issues in the literature on textbook representation, such as overt attempts to help create a new cultural reality, new mutations and manifestations of ethnocentrism and prejudice as well as confronting sensitive issues to counter stereotypical representations, are described in the literature study. Through the theoretical lens master symbols from the apartheid era as criteria by which to measure the representations in the textbook series. These master symbols were derived from an influential study when 53 South African textbooks were analysed by Du Preez (1986) to establish 12 master symbols in textbooks of different subjects. Two master symbols were chosen to inform the conceptual framework, namely (i) white people are superior and black people are inferior; and (ii) white Afrikaners have a special relationship with God. These two symbols were chosen because of their relation to white dominance and the Christian national education system during the apartheid era.

A thematic analysis of the visual material was employed as the research method. The units of analysis consisted of all visual examples where people of colour were represented in an Afrikaans Home Language textbook series. Textual elucidation of the visual material, such as captions and questions, or assignments relating to the visual material, was also considered. The analysis tries to identify ways in which the visual material confirms or contradicts set stereotypical beliefs from the past. Are there still power relations underpinning these visual

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

237

representations and are different cultural perspectives presented? Do shared values and similarities rather than differences inform representations? Do the apartheid fallacies about Afrikaans still serve as a lens and filter to make meaning of a new dispensation? Is ethnocentric material still evident? Can all learners identify with the visual representations in the textbook series?

Based on the assumption that textbooks serve as a mirror of the social and political order, the purpose of this qualitative study is to determine the extent to which an Afrikaans language textbook series fosters cultural stereotyping. The findings are presented as indicators derived from the thematic analysis of the visual representation in the textbooks. Traces of the myth that Afrikaans is a white man’s language and signs of apartheid master symbols could not be found in the textbooks. Standard Afrikaans was no longer the undisputed norm and demythologisation of the history of Afrikaans freed the language of its previous apartheid enclaves.

Visual texts, as well as the assignments and information contextualising the visual material, can without a doubt be classified as counter-symbols that facilitate the claims of the development of a tangible “new South Africa”. However, because of their highly politicised past, the Afrikaans textbooks intentionally over-emphasise a utopian “new South Africa" where race and difference are non-issues.

The three main themes that emerged from the data set were: (i) attempts to offer all learners the chance to identify with the visual material in the textbooks; (ii) attempts to include rather than exclude all speakers of Afrikaans; and (iii) to present the vision of constantly working towards nation building. Inculcation of positive, new and binding values were found throughout the data set. Identifiable language variation representations were artistically applied to enable all learners to participate with empathy towards a future inclusive South African vision. The extensive use of role models from the whole race spectrum, non-exclusive names, addresses, and places in South Africa, identifiable illustrations and authentic examples of regional languages such as Griqua and Northern Cape Afrikaans all added to the claim of counter-stereotypical representations in this transitional publication. No exclusivity pertaining to Afrikaans was detected; instead, nation-building was facilitated by the intentional construction of “we” as referring to all South Africans. Exercises and assignments linked to the visual material tend to focus on similarities between people from different origins, rather than differences. In this regard, emotion as a human characteristic was powerfully portrayed to encompass differences between people from different origins. In the data set diversity is also presented as a normal, everyday phenomenon, rather than a problem that has to be dealt with.

Furthermore, the article asks the question whether moral and political pressure on textbook prescribing committees in South Africa has perhaps led to intentional (although perhaps cosmetic) attempts to disregard any form of unequal representational practices in Afrikaans textbooks. It can be concluded that this transitional series untangled and dispersed attitudes and perceptions that had been fossilised for many years and can serve as a barometer for further research now being called for after a decade of democracy.

Keywords: apartheid master symbols; counter-stereotyping; demythologisation; diversity; equality; hidden curriculum; home language textbooks; Outcomes-based Education

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

238

curriculum; representational practices; thematic analysis; visual material; visual representation

1. Inleiding

Met die bekendstelling van die gewysigde Suid-Afrikaanse kurrikulum op 6 Julie 2010 (Motshekga 2010) word die terugkeer na handboekgebaseerde onderrig allerweë verwelkom (Breed 2010; Pretorius 2012; Cloete en Engelbrecht 2014). Op 14 Februarie 2016 kondig die minister van onderwys, Angie Motshekga, ’n taakspan aan om stereotipering en ongelykheid in die voorstellingspraktyke van skoolhandboeke te ondersoek (Govender 2016). Omdat leerders van verskillende kulture dieselfde handboeke gebruik, behoort handboeke van vooroordele gestroop te wees. Dit is die ononderhandelbare, sosiale verantwoordelikheid van alle handboekskrywers, in die besonder in ’n postapartheid Suid-Afrika (Höpken 2006; McCall 2005; McKinney 2005). Hierdie artikel doen verslag oor ’n 2009-studie oor ’n handboekreeks wat geskryf is vir die postapartheid Uitkomsgebaseerde Onderrig-kurrikulum (UGO-kurrikulum) wat in 2005 in werking getree het. Dit speur na hoe ’n topverkoper-huistaalreeks die vooroordele en ignorering ten opsigte van niewit Afrikaners en Suid-Afrikaners van die verlede hanteer. Die artikel poog om as ’n vergelykingsbasis te dien, of ten minste by te dra tot die kennisveld van voorstellingspraktyke in handboeke in Suid-Afrika, wat nou op aandrang van die Minister ondersoek gaan word (Govender 2016).

2. Kontekstualisering

Apple en Christian-Smith (1991:97) verwys na die oorbruggingsrol van die handboek wanneer ’n nuwe realiteit ’n uitgediende realiteit vervang:

The politics of the text takes on special importance, because textbooks often represent an overt attempt to help create a new cultural reality … they create entirely new kinds of governments, new possibilities for democratic political, economic, and cultural arrangements. In these situations, the role of education takes on even more importance, since knowledge, new ethics and a new reality seek to replace the old.

[Die politiese inslag van tekste is besonder belangrik, omdat handboeke dikwels ’n poging is om ’n nuwe kulturele realiteit te skep … hulle kan nuwe soort regerings skep, asook nuwe moontlikhede vir demokratiese politiese, ekonomiese en kulturele gebruike. In sodanige situasies is die rol van opvoeding selfs meer belangrik, omdat kennis, nuwe etiese perspektiewe en ’n nuwe werklikheid poog om die uitgediende te vervang.] (Skrywer se vertaling).

Die nuwe demokratiese Suid-Afrika bestaan reeds sedert 1994. Dit is noodsaaklik en tydig om terugskouend te kyk na hoe suksesvol Afrikaanse taalhandboeke in die omkering van die vorige bedeling se oningeligte en met vooroordeel gevulde voorstellingspraktyke was (Esterhuyse 1986; Webb 1992).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

239

Twee vertrekpunte in hierdie ondersoek is belangrik. Die eerste is dat ’n Huistaal-taalhandboek die wêreld van alle moedertaalsprekers van die taal behoort te weerspieël. Die helfte van die Afrikaanse gemeenskap is bruin mense (Esterhuyse 1986), tog is Afrikaans gedurende apartheid as die alleenbesit van die blanke Afrikaner geprojekteer (Engelbrecht 2003; 2010). Word die ignorering en stilswye ten opsigte van die religieuse en die sosiolinguistiese werklikhede van die Afrikaanssprekende taalgemeenskap in die steekproef reggestel?

Die tweede vertrekpunt is dat tradisionele rassisme, diskriminasie, etikettering en growwe veralgemenings moontlik minder voorkom as in die verlede, maar dat daar terselfdertyd voortdurend nuwe mutasies en manifestasies van etnosentrisme is, wat die ondersoek na stereotipiese voorstellings kompliseer (Rudman 2004; Montgomery 2005). In hierdie artikel word daar beoog om nie bloot na voor die hand liggende, negatiewe voorstellingspraktyke te soek nie, maar eerder om verskuilde stereotiperingstegnieke (of dan wel die teenoorgestelde, naamlik stereotiperingdeurbrekende tegnieke) binne die dieper magswerking van die nie-amptelike kurrikulum te ondersoek. Die artikel fokus op die visuele materiaal in ’n Huistaal-taalhandboekreeks, Afrikaans ons taal graad 10-12, om die volgende navorsingsvraag te beantwoord: Hoe word visuelevoorstellingspraktyke in ’n Huistaal-taalhandboekreeks gebruik om die vestiging van ’n demokratiese Suid-Afrika te fasiliteer?

3. Literatuurstudie

In die tagtiger- en negentigerjare van die vorige eeu het heelwat outeurs rassisme in Suid-Afrikaanse handboeke ondersoek (Dean, Hartmann en Katzen 1983; Chernis 1990; Esterhuizen 1986). Ondersoeke van verteenwoordigingspraktyke in Afrikaans Huistaal-handboeke was ook redelik algemeen (Du Plessis en Du Plessis 1987; Esterhuizen 1986; Webb 1992). In hierdie tyd het ’n sosiolinguistiese ondersoek, Taalapartheid en Skoolafrikaans (Esterhuyse 1986), ontstellende taalstereotipering in twee veelgebruikte handboekreekse, Afrikaans my taal en Ons moedertaal, ten opsigte van bruin Afrikaanssprekendes uitgewys. Taalstereotipering begin, volgens daardie studie, by die implementering van Algemeen-Beskaafde Afrikaans(’n term wat setel in die koloniale geloof dat die blanke die beskawing na Suid-Afrika gebring het). Voorts word die bestaan van die Kaaps-Afrikaanse variant en gemeenskap in hierdie handboeke geïgnoreer. Nie net word die unieke woordeskatkarakter van Kaaps verswyg nie, maar ook kom die idiome en afkortings in hierdie handboeke uitsluitlik uit die milieu van die blanke Afrikaanssprekende (die treklewe, boerdery en die Christelike godsdiens). Waar daar wel na die Moslemgeloof verwys word (die geloof van die meerderheid bruin Afrikaanssprekendes), is dit dikwels neerhalend, byvoorbeeld waar die woord "kramat" verduidelik word as die "heilige" graf van ’n “Mohammedaan”. (Die implikasie van die aanhalingstekens is dat die graf nie werklik heilig is nie.) Die woord "Mohammedaan" word ook deur die Moslems as ’n skeldwoord beskou en dra by tot die stereotipering in die handboek (Esterhuyse 1986).

Esterhuyse (1986) en Webb (1992) verwys ook na die pogings van hierdie ondersoekte handboeke om die taal van bruin mense uit te beeld as (slegs) humoristies met die gevolg dat die sogenaamde "jollie-hotnot"- of hanswors-stereotipe versterk word. Ook die ontkenning van die Maleier- en Khoikhoi-bydrae tot die ontstaan van die taal en die feit dat name, vanne, plekname en adresse van slegs wit mense in die handboeke voorkom, toon die eksklusiewe en

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

240

elitistiese benadering van Afrikaanse handboeke tydens apartheid. Hierdeur is die stem van die bruin Afrikaanssprekendes stilgemaak, wat daartoe gelei het dat hierdie tipe Afrikaans gestigmatiseer is. Sprekers wat van Standaardafrikaans afgewyk het, is as minderwaardig of barbaars geëtiketteer (Van der Merwe 2000).

Dit is belangrik om hier te noem dat handboeke op hierdie stadium nog weinig illustratiewe materiaal bevat het nie. Eers in die laat negentigjare, saam met die kommunikatiewe benadering in taalonderrig, het visuele materiaal inhoud in handboeke daadwerklik begin ondersteun. Kommunikatiewe handboeke was verder daarop gerig om alle gebruikers van ’n taal gemaklik te laat voel. Hierdie benadering was glad nie in die destydse gesegregeerde apartheidsgemeenskap vol vooroordele en stereotiperings welkom nie (Pienaar 1995).

Pheiffer (1992:85) beweer die volgende in ’n oorsig oor die standaard van Afrikaanse ondersteuningsmateriaal aan die Universiteit van die Witwatersrand:

The standard Afrikaans textbook was referred to as “drab and bore” (sic). Unfortunately, through the use of particular texts, examples and terminology, there has also often been an entrenchment of racial stereotypes in particular and Nationalist ideology in general.

[Die standaard Afrikaanstaalhandboek is as vaal en vervelig beskou. Ongelukkig het die gebruik van bepaalde tekste, voorbeelde en terminologieë dikwels rasstereo-tipering in die besonder en Nasionalistiese ideologie in die algemeen verskans.]

In hierdie verband kan die normdeurbrekende rol van die handboekreeks Ruimland (Esterhuyse, Pienaar, Gouws, Botha en Links 1989) in die vorming van ’n nuwe, formele en verskuilde kurrikulum tydens die laaste jare van apartheid, nie onderskat word nie (Pieterse 1994; Engelbrecht 2003). Met verwysing na die vernuwende, kommunikatiewe onderrigmetodes wat daarin voorkom, asook die bevryding van die vroeëre onderliggende nasionalistiese ideologie, verwys Pheiffer (1992:85) na hierdie handboek as “the new face of Afrikaans”. Om as ’n veranderingsagent op te tree, het hierdie handboek ’n nuwe stabiele wêreld probeer skep waar mense as individue uitgebeeld is en ooreenkomste eerder as verskille die fokus was – ten spyte van (en te midde van) ’n politieke era wat deur rassespanning en politieke onsekerheid gekenmerk is. Hierdie handboeke het duidelik getoon dat handboeke nie altyd bloot spieëlbeelde behoort te wees van die sosiale wêreld waarin hulle voorkom nie, maar dat hulle eerder die beoogde of ideale werklikheid behoort te antisipeer en te verteenwoordig, sodat dit die pas kan aandui van die sosiale werklikheid wat bereik behoort te word (Engelbrecht 2003).

Afgesien van hierdie studie oor Ruimland is slegs een ander studie oor ’n postapartheid Afrikaans Huistaal-handboek gedoen, en wel deur Kusendila (2003), wat Afrikaanse en Vlaamse huistaal-taalhandboeke ten opsigte van die vergestalting van identiteit vergelyk. Sy bevind dat die handboekreeks Raamwerk (Traut, Gouws, Peacock en Snyman 2001) ’n nuwe humanistiese ideaal nastreef deur ’n inklusiewe multikulturele aanslag waarin “eenheid deur verskeidenheid” die leuse is.

Binne hierdie kennisveld is daar slegs hierdie twee studies ten opsigte van voorstellingspraktyke in Afrikaans Huistaal-handboeke na apartheid gedoen. Die beoogde bydrae van hierdie artikel is om deur ’n tematiese ontleding te probeer vasstel in watter mate

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

241

die taalhandboek Afrikaans ons taal die (destydse) nuwe demokratiese Suid-Afrikaanse ideaal verteenwoordig. Kennisname van die bevindinge van hierdie navorsing mag, in antwoord op die onlangse wekroep deur die Minister (Govender 2016), lig werp op hoe positiewe kulturelevoorstellingspraktyke in Suid-Afrika bereik kan word.

Die navorsingsvraag (Hoe word visuelevoorstellingspraktyke in ’n Huistaal-taalhandboekreeks gebruik om die vestiging van ’n demokratiese Suid-Afrika te fasiliteer?) rig hierdie studie tot ’n genuanseerde ondersoek. Is daar byvoorbeeld steeds Eurosentriese reste in die boeke teenwoordig? In watter mate word sensitiewe kwessies (veral rondom politiek en godsdiens) hanteer? Is daar effektiewe destereotiperingstrategieë om die diepgewortelde persepsies van die verlede reg te stel? Hoe eerlik en outentiek is hierdie tegnieke? In ’n studie oor geskiedenishandboeke in Suid-Afrika na 1994 word byvoorbeeld bevind dat swart-wit-rolomkering aangewend word om die flagrante voorstellings van die verlede reg te stel (Engelbrecht 2008). Montgomery (2005) weer redeneer dat handboeke in Kanada, in teenstelling met die Kanadese werklikheid, die beeld van ’n natuurlike, antirassistiese en onproblematiese staat konstrueer. Is dit moontlik dat Afrikaans-handboeke ter wille van konformering aan politieke korrektheid en goedkeuring deur departementele komitees dieselfde doen? Kusendila (2003) beweer byvoorbeeld in haar ondersoek dat ’n ideale prentjie van hoe ’n gemeenskap behoort te funksioneer in die handboekreeks Raamwerk gekonstrueer word, maar ook dat ander tale en hul sprekers nie werklik in die reeks ’n stem kry nie, aangesien almal (swart of wit) voorgestel word asof hulle van huis uit Afrikaanssprekend is.

4. Teoretiese raamwerk

Die teoretiese basis vir hierdie artikel is die (destydse) kontensieuse ondersoek na meestersimbole in Suid-Afrikaanse handboeke (Du Preez 1983). Du Preez het tydens apartheid 53 handboeke in verskillende dissiplines ondersoek ten einde uiteindelik 12 meestersimbole te identifiseer wat die kern van die Afrikaner se identiteit vorm.

Wanneer simbole herhaaldelik bevestig word, ontwikkel dit binne ’n gemeenskap as meestersimbole met uitsonderlike manipuleringsmag, omdat dit onvoorwaardelik aanvaar word en dus nooit bevraagteken word nie. Hierdie meestersimbole berus op veralgemening en laat nie uitsonderings van enige aard toe nie. Wanneer mense hulle met hierdie meestersimbole identifiseer, verbeter hulle sosiale aansien ook daardeur, aangesien meestersimbole die bestaande sosiale orde regverdig en ’n persoon veilig laat voel omdat hy/sy deel van die meerderheid is wat op ’n bepaalde manier dink. Hoe meer hierdie meestersimbole dus geïnternaliseer word, hoe meer word dit die maatstaf waarmee alle ervarings en aktiwiteite (ook ten opsigte van ander kulture en gelowe) gemeet word. Hoe sterker iemand met hierdie meestersimbole identifiseer, hoe moeiliker raak dit om met enige ander sisteem te identifiseer en hoe minder kan hy of sy waardering of begrip vir enige ander sisteem toon. Selfregverdiging en vooroordeel teen alles wat anders is, is die noodlottige gevolg (Du Preez 1983).

Die 12 meestersimbole in Du Preez (1983) se studie is: (i) wetlike gesag word nooit bevraagteken nie; (ii) wit mense is meerderwaardig, terwyl swart mense minderwaardig is; (iii) die Afrikaner het ’n spesiale verhouding met God; (iv) Suid-Afrika behoort regmatig aan

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

242

die Afrikaner; (v) die Afrikaner is ’n “boervolk"; (vi) Suid-Afrika is ’n bedreigde land; (vii) Suid-Afrika en die Afrikaner is geïsoleerd; (viii) die Afrikaner is militêr vernuwend; (ix) die Afrikaner word van verskillende kante af bedreig; (x) die wêreld se opinie oor Suid-Afrika is belangrik; (xi) Suid-Afrika is ’n leier in Afrika; en (xii) die Afrikaner het ’n Godgegewe taak in Afrika.

Die volgende twee meestersimbole is op hierdie ondersoek van toepassing, omdat dit verbind kan word aan voorstellingspraktyke in handboeke: wit mense is meerderwaardig en swart mense is minderwaardig, en die wit Afrikaner het ’n besondere verhouding met God.

Die eerste simbool vorm die basis van wit oorheersing gedurende apartheid en was daarom ’n logiese keuse. Die tweede simbool is toepaslik weens die verbintenis met die Christelik-Nasionale-onderwysstelsel van die apartheidsera.

Die gekose simbole word nou kortliks bespreek.

4.1 Wit mense is meerderwaardig; swart mense is minderwaardig

Die hoogste waarde in die apartheidsimbolesisteem was die voortbestaan van die dominante wit kultuur. Geloof in tegnologiese ontwikkeling en die hoë beskawingstandaarde van die wit Afrikaner is ingemessel in die identiteit van die Afrikaner. Nog ’n fundamentele veralgemening wat hierdie meestersimbool voed, is die geloof dat God vooraf besluit het dat daar altyd ’n onderskeid tussen wit en swart sal wees en dat swart mense altyd teenoor wit mense minderwaardig sou wees (Du Preez 1983).

4.2 Die Afrikaner het ’n besondere verhouding met God

Die Bybelse opdrag van God dat die heidene bekeer moet word tot die Christelike beskawing, vorm die rasionaal vir hierdie meestersimbool. Die Groot Trek na die binneland (1835–8) en die jaarlikse viering van die Slag van Bloedrivier (1838) as die dag waarop God oorwinning aan die Afrikanervolk oor die heidene gegee het, is voorbeelde van die dominante rol wat godsdienstige meestersimbole in die Afrikanermeestersimboolsisteem speel. Die Afrikaners, soos die Israeliete van ouds, het hulleself as God se uitverkore volk beskou. Hul Godgegewe taak was om die heidene te kersten (Du Preez 1983:78).

In Du Preez se navorsing is ook religieuse temas gevind wat God se inspraak op alle vlakke van die Afrikaner se lewe (individueel, familie en die regering) beklemtoon. Calvinisme, die religieuse doktrine van die wit Afrikaner, akkommodeer nie ander gelowe of sienswyses nie. Daarom is daar slegs toevallig na ander gelowe verwys in die handboeke wat Du Preez ondersoek het, maar daar is geen getuienis daarvan dat ’n Opperwese ooit hierdie gelowe erken het nie. Daar is dus ’n element van eksklusiwiteit te bespeur in die feit dat ander gelowe se tradisies en gebruike in die handboeke geïgnoreer is.

4.3 Teensimbole

Teensimbole ontstaan wanneer lede van ’n gemeenskap hul eie meestersimbole bevraagteken. Wanneer mense vinniger verander as wat hulle meestersimbole verander, word hulle vervreem van hulle binnegroep se simbolesisteem en verruil dan hierdie meestersimbole vir presies die teenoorgestelde simbole. Sosiopolitiese paradigmaskuiwe, aanpassing by ’n nuwe

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

243

demokratiese Suid-Afrika en bereidheid om die diskriminerende verlede te konfronteer, is getuienis van nuwe ideologiese perspektiewe. Die teensimbool sensitiwiteit ten opsigte van alle kulture en godsdienste word in die data nagespeur aangesien Du Preez (1983) dit kategories stel dat vreedsame naasbestaan in Suid-Afrika moontlik is net as die tradisionele meestersimboolsisteem verruil kan word vir ’n meer algemeen-Suid-Afrikaanse simboolsisteem. Die ontleding sal enersyds sensitief wees vir die uitsluiting van ander kulture en gelowe en andersyds vir teensimbole wat wel in die betrokke handboekreeks voorkom.

5. Metodologie

Tematiese ontleding is ’n navorsingsmetode waarvolgens die inhoud afgebreek word tot die sentrale temas binne die datastel. Tematiese ontleding ondersoek sosiaal-geproduseerde patrone deur die mate waarin gebeure, realiteite, betekenis, ervaringe en dies meer die effek is van die diskoerse wat binne ’n gemeenskap funksioneer (Joubert, Hartell en Lombard 2016). Die temas weerspieël patroonmatige betekenis wat verband hou met die navorsingsvraag van die ondersoek en word verkry deur ’n prosedure wat uit ses stappe bestaan, naamlik: bekend raak met die data, die skep van aanvanklike kodes, soeke na temas, hersiening van temas, verfyning en benoeming van temas, lewering van die verslag (Braun en Clarke 2006).

Die ontledingseenhede in hierdie ontleding het bestaan uit die visuele materiaal in die steekproef waarin mense van kleur voorkom. Dit sluit alle visuele genres, soos advertensies, illustrasies en foto's, in. Die konteks waarin die visuele materiaal ingebed is, is ook in ag geneem, byvoorbeeld byskrifte by foto's, leesstukke wat die visuele materiaal ondersteun en aktiwiteite en opdragte wat gekoppel word aan die illustratiewe materiaal. Die ontledingseenhede is ondersoek om te bepaal wat die visuele materiaal aangaande verteenwoordiging van kulture (anders as wit) in die steekproef openbaar.

6. Steekproef

Die keuse van ’n reeks is vergemaklik deur die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel waarvolgens boeke aan die onderwysdepartement voorgelê moet word alvorens dit goedgekeur en amptelik voorgeskryf mag word. Ek het gevolglik slegs goedgekeurde boeke oorweeg. Die handboekreeks in die steekproef was ten tye van die ondersoek die topverkoper en dus ’n veelgebruikte boek wat uitstekend in die mark gevaar het. Afrikaans ons taal graad 10–12 het die jong volwassene van 15–18 as teikengroep en die veronderstelling was dat simbole en teensimbole moontlik duideliker binne hierdie ouderdomsgroep identifiseerbaar sou wees.

7. Verslag van die tematiese ontleding van Afrikaans ons taal

Verslag word nou gelewer van die bevindinge van die studie. Voorbeelde uit die visuele materiaal word gebruik om die data en die literatuurstudie met betrekking tot die navorsingsvraag te sintetiseer.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

244

7.1 Inleiding

Die titel van die boek is reeds aanduidend van ’n paradigmaskuif ten opsigte van inklusiwiteit. Die plan van die uitgewer was dat die nuwe reeks die destydse topverkoper, Afrikaans my taal (AMT) sou vervang, aangesien laasgenoemde reeks verouderd begin raak het en nie aan die vereistes van die (destyds nuwe) kommunikatiewe benadering voldoen het nie (Pienaar 1995). Hierdie is dieselfde handboek waarvan Esterhuyse (1986) getuig dat dit met stereotipes belaai is en die taaldemografiese werklikheid van Afrikaans ignoreer (sien die eerste twee paragrawe onder “Literatuurstudie” hier bo). Tydens ’n vergadering van die outeurs met die uitgewer is konsensus bereik dat AMT op die een of ander manier as titel behou moes word. Herkenbaarheid in die mark van die “staatmaker”-taalboek van die afgelope 25 jaar was ’n belangrike oorweging. Die nuwe titel sou egter ook inklusiwiteit moes suggereer. Die naam is gevolglik na Afrikaans ons taal (AOT) verander. AOT se evolusie vanaf AMT moes die boodskap duidelik oordra dat Afrikaans nie (meer) die alleenbesit van die wit Afrikaner is nie, maar ’n tuiste aan alle voorheen gemarginaliseerde taalgebruikers bied (Pienaar 2003).

7.2 Aanvanklike ideelys

Figuur 1 gee ’n aanduiding van die aanvanklike ideelys waaruit die kategorieë ontwikkel het, waarna die temas wat uit die ontleding gekristalliseer het, bespreek word.

Figuur 1: Tematiese kaart: Afrikaans ons taal

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

245

Die ideelys som die inhoudelike terreine (alledaagse lewe, glanswêreld, sosiaal-politieke wêreld en letterkunde) en die gepaardgaande onderafdelings van die boek op. Dit het die eerste twee stappe van die tematiese ontleding, te wete bekend raak met die data en die skep van aanvanklike kodes gefasiliteer. Hierdie ideelys verteenwoordig die eerste stap van die ontleding: ’n beskrywing van wat uitdruklik in die steekproef gevind is. Hierna het die soeke na temas asook die hersiening en verfyning daarvan oor die spektrum van die vier genoemde terreine begin (die interpretasie van die data).

Die produk van al die fases van die tematiese ontleding word vervolgens (saam met die literatuurkontrole as die evalueringsfase) aangebied.

7.3.1 Tema: Diversiteit as ’n normale, alledaagse verskynsel

Diversiteit behoort as ’n normale, alledaagse verskynsel voorgestel te word sodat alle leerders hulle met die materiaal kan identifiseer (McKinney 2005; Sierens 2007). Alledaagse situasies van "wat ons doen, doen hulle ook" kom deurgaans voor, soos die illustrasie van ’n Moslemmeisie wat oor haar selfoon praat (figuur 2). Die leesstuk waarin die illustrasie ingebed is, is ’n tegniese beskrywing van ’n nuwe selfoon op die mark en die meisie word bloot as een van die verbruikers voorgestel. Deur ’n Moslemmeisie as verbruiker te gebruik, word die ontkenning van die bruin spraakgemeenskap van die verlede reggestel.

Die leerders kry na aanleiding van figuur 3 die opdrag om uit ’n collage van emosies een foto te kies en daaroor te skryf. Dit is duidelik dat die collage poog om emosies van Suid-Afrikaners oor die hele kulturele spektrum te verteenwoordig. Die opdrag om die karakters se emosies empaties te verken, is op sigself ’n stereotiperingdeurbrekende oefening, aangesien dit op die ooreenkomste, eerder as die verskille, tussen mense van diverse afkoms konsentreer (Sierens 2007). Nie alleen bied dit aan alle leerders ten opsigte van diverse leefwêrelde identifisering nie, dit breek ook op twee maniere deur etnies-kulturele grense. Eerstens word die leerder gelei om verskillende emosies by anders-as-wit karakters te herken, en tweedens kies die leerder ’n emosie, ongeag of die karakter wat die emosie uitbeeld, van sy eie kultuurgroep is of nie. Hiermee saam hang die tegniek om tienerfoto’s met ’n spraakborrel daarby, waarin die karakter dan "iets sê", te gebruik. Hierdie tegniek kom sistematies oor die hele datastel voor. Dit is opvallend dat die hersiene uitgawe besonder swaar op hierdie tegniek leun. Die twee karakters in die dialoog is feitlik sonder uitsondering wit en swart (AOT 11/12, bl. 10; AOT 10:92).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

246

Figuur 2: Uitbeelding van alledaagse situasies (Afrikaans ons taal 11/12, bl. 44)

Figuur 3:Emosies oor die kulturele spektrum heen (Afrikaans ons taal 11/12, bl. 186)

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

247

Figuur 4:Ander kulture in die beroepswêreld (Afrikaans ons taal 11/12, bl. 190)

Figuur 4 is ’n advertensie waarin ’n werkster van ’n versekeringsmaatskappy se menslike kant beskryf word om ook die menslike kant van die versekeringsmaatskappy te illustreer. Die swart vrou, Lethabo, word as ’n sterk vrou uitgebeeld wat benewens haar werk en die opvoeding van haar drie kinders ook nog haar passie vir poësie en rap-musiek uitleef. Die mens agter die stem oor die telefoon word geprojekteer as iemand wat vir alle Suid-Afrikaners omgee en vir die lewe in al sy fasette respek toon. Die advertensie slaag daarin om die leser te laat besef dat wanneer iemand met mense werk, daar veel meer is as wat die oog (van die verbruiker) sien, of in hierdie geval wat die oor hoor. Die foto ondersteun die beeld wat deur die woordteks van ’n vriendelike, eerlike, interessante en geloofwaardige vrou geskep word. Die vrae en opdragte na aanleiding van die advertensie dra by tot insig in die werking van die advertensiebedryf, terwyl dit terselfdertyd die vrou as ’n effektiewe werker en ’n goeie Suid-Afrikaanse burger uitbeeld. Afrikanermeestersimbool 1 (swart mense is minderwaardig), word deur deur hierdie uitbeelding aangespreek. Die leerders word in die

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

248

meegaande opdrag (AOT 11/12, bl. 190) geassesseer wanneer hulle Lethabo in ’n rolspeloefening naboots, wat ongetwyfeld die inskerping van haar positiewe waardes en lewensingesteldheid tot gevolg behoort te hê. Ten slotte is die herhaaldelike gebruik van rolmodelle oor die hele rasspektrum heen ook aanduidend van identifiseringsmoontlikhede wat doelbewus geskep word, byvoorbeeld die Kaapse sepie-akteur David Johnson (AOT 11/12, bl. 193) en die sportheld Paul Adams (AOT 11/12, bl. 32).

7.3.2 Tema: Pogings tot taalinsluiting

Van die drie temas is die poging tot taalinsluiting ongetwyfeld die sterkste. Taalvariëteit as deel van die Afrikaanse kurrikulum blyk duidelik uit die visuele ruimte wat in AOT aan taalvariasie afgestaan word.

Hier is nie sprake van terloopse verwysings na variante nie; die datastel poog doelbewus om taalstereotipering te deurbreek en aan variante erkenning te gee. Uittreksels met outentieke en interessante voorbeelde van Griekwa-Afrikaans (figuur 5), Kaaps (figuur 6) en Noord-Kaaps (Namakwalands) (figuur 7) dra die boodskap dat alle Afrikaanssprekende leerders se manier van praat geag word, en nie (soos in die verlede) geïgnoreer word nie (Van der Merwe 2000). Die voorbeelde is geensins stigmatiserend nie. Inteendeel, die sprekers word telkens, in teenstelling met die "jollie-hotnot"-stereotipe tydens die apartheidsjare (Esterhuyse 1986), deur die taalgebruik as gasvry, hartlik en beskaafd voorgestel. Die doelbewuste klem op taalvariasie en die wyse waarop taalpurisme daardeur gerelativeer word, bied op ’n berekende wyse aan die voorheen gemarginaliseerde dele van die Afrikaanse spraakgemeenskap voorstellingsruimte (Pheiffer 1992; Webb 1992).

Figuur 5: Griekwa-Afrikaansspreker (Afrikaans ons taal 10, bl. 79)

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

249

Figuur 6: Kaapsspreker (Afrikaans ons taal 11/12, bl. 79)

Figuur 7: Noord-Kaaps-/Namakwalandssprekers (Afrikaans ons taal 11/12, bl. 80)

Op bl. 3 van AOT 10 word die hoofstuk geopen met ’n groot illustrasie van ’n kind wat gedoop word (figuur 8). Verskillende vrae oor die emosionele waarde van name, byname, doopname, plekname en die herkoms van vanne word saam met die illustrasie bespreek. Die voorbeelde wat gebruik word, is merendeels tipiese "wit" Afrikaans, maar twee oefeninge deurbreek hierdie "wit" norm. Die een is ’n tabel wat die oorspronklike betekenis van name aandui. Veel meer as net "wit" name kom hierin voor, byvoorbeeld die Xhosa-name Nkululeku, Zolile, Nothando, Sipho en Themba, asook tipiese Indiërname soos Aziz, Achmat en Fatima. Tweedens is daar ’n blokkiesraaisel wat voltooi moet word op grond van die

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

250

inligting in die uittreksel, waarin die leerders op stimulerende wyse genoop word om kennis te neem van "ander" name. Ook die adresse en plekname is nie meer net "tipies wit" nie (Van der Merwe 2000). Tradisioneel "bruin" dorpe soos Suurbraak word genoem, en daar is selfs ’n oefening waar die leerders moet soeklees om die Van der Merwes in Mitchellsplein op te spoor.

In die illustrasies by tekste in hoofstuk 1 (AOT 10) is van die sogenaamde butterscotch-tegniek gebruik gemaak wat die karakters sodanig voorstel dat ras nie maklik herkenbaar is nie. In die eerste illustrasie op bl. 3 (figuur 8) is al die karakters byvoorbeeld ingekleur (en kom dus “minder wit” voor), alhoewel ander onderskeidende kenmerke, soos die karakters se hare, afgewissel word. Die vrou wat die baba in die illustrasie vashou, lyk wit, terwyl die man langs haar se hare soos dié van ’n swart man lyk. Die meisie op bl. 7 met die tipiese “wit” naam (Antjie/Anna/Ansie) lyk amper Oosters. Die butterscotch-tegniek is net ná die beëindiging van apartheid algemeen in handboeke aangewend in ’n poging om die hoogs sensitiewe rassekwessie te hanteer en meer mense met die illustrasies te laat identifiseer (Engelbrecht 2008).

Figuur 8: Die butterscotch-tegniek (Afrikaans ons taal 10, bl. 6)

Op bl. 28 (AOT 10) sowel as op bl. 47 (AOT 11/12) word deur visuele illustrasies aan die Bo-Kaapse Maleiertaal (volgens Van Rensburg 1997 die oudste opgetekende Afrikaans), erkenning gegee. In die meegaande leesstuk (AOT10, ble. 28–9), "’n Taalkombers vir almal" (ook visueel uitgebeeld deur verskillende mense wat onder een kombers lê), word voorheen versweë feite oor Afrikaans gegee:

In die Bo-Kaap en Distrik Ses is ’n Maleiertaal (“Malayo”) gepraat. Hollands is met Maleis vermeng en in Afrikaans is gepraat, in Arabies gebid, in Hollands gesing en in Engels gelees. Die vroegste Afrikaanse boeke is deur die Moslemgemeenskap in die Bo-Kaap geskryf. Die eerste geskrewe Afrikaans was die Afrikaanse vertaling van die Koran deur Achmat van Bengale in 1807. So vroeg as 1815 het Arabies-Afrikaanse geskrifte ontstaan, waarvan baie verlore gegaan het.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

251

In dieselfde leesstuk in die 2005-uitgawe word die nuutste taaldemografiese sensussyfers ingesluit, en kry die leerders die opdrag om ’n opsomming van hul nuutverworwe kennis te maak, waardeur inligting geïnternaliseer kan word. Van implisiete stereotipering, waarvolgens die bydrae van sekere groepe omseil of verswyg word (Van der Merwe 2000), is hier nie sprake nie. Dit is duidelik dat daar doelbewus op ooreenkomste eerder as verskille (Sierens 2007; Engelbrecht 2008) gefokus word. Die trefkrag van taalverskeidenheid word beklemtoon en taalpurisme word selfs gekritiseer.

Dit is ook belangrik dat die variëteite nie verabsoluteer word as dat dit altyd net deur bruin mense gebruik sou word nie. In figuur 7 word daar byvoorbeeld wit mense en in figuur 5 en 6 bruin mense gewys wat dialektiese variëteite gebruik. In die meegaande teks word ook pertinent genoem dat sekere geografiese variëteite die gevaar loop om te verdwyn, weens die feit dat die meeste sprekers in die groot stede Standaardafrikaans begin praat. Hierdeur word die stereotipering dat alle bruin mense Kaaps en nie Standaardafrikaans praat nie, deurbreek, en val die klem op ooreenkomste eerder as verskille. Die swart nuusleser se super-Standaardafrikaans op bl. 75 van AOT 10 bevestig hierdie siening. Ook in die letterkundige tekste wat in die handboek gebruik word, blyk die doelbewuste poging tot taalinsluiting en die deurbreking van taalstereotipering uit die verlede. Vyf tekste deur bruin skrywers word visueel voorgestel, waaronder Driekie van die Bo-Kaap (AOT 11/12, bl. 44), drie gedigte deur die bekende digter Adam Small, (AOT 11/12, bl. 21 AOT 11/12, bl. 63; AOT 10, bl. 31) en die Kaapse drama (weer deur Small) Kanna hy kô hys toe (AOT 11/12, bl. 127). Die klem lê wat die letterkunde betref, meer op Kaaps as byvoorbeeld op Griekwa-Afrikaans, alhoewel daar met betrekking tot geskiedenis en volkshelde meer aan die Griekwas erkenning gegee word, soos ek weldra by die derde tema sal aantoon.

7.3.3 Tema: Pogings tot nasiebou

Aan die begin van hierdie artikel is daar gevra tot watter mate die sensitiewe apartheidsverlede in die handboeke geïgnoreer of omseil word. In hierdie datastel is dit beslis nie die geval nie. In vier semantiese episodes word die verlede direk behandel. In AOT 10, bl. 92 en AOT 11/12, bl. 10 spreek verskillende rolspelers (tieners vanuit diverse agtergronde, sowel as die voormalige Minister van Onderwys) hulle via visuele spraakborrels uit oor die belangrikheid daarvan om van die geskiedenis en die pyn wat dit veroorsaak het, kennis te neem. Langs die voorblad van Die swerfjare van Poppie Nongena deur Elsa Joubert (AOT11/12, bl. 11) word uitvoerig berig oor die stryd van die hoofkarakter Poppie teen die destydse pas- en apartheidswette.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

252

Figuur 9:Verteenwoordiging van voorheen benadeelde groepe (Afrikaans ons taal 11/12, bl. 186)

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

253

Figuur 10: Uitsettingsverhale (Afrikaans ons taal 11/12, bl. 62)

Vervolgens is daar ’n uitgebreide gedeelte oor die uitsetting van inwoners uit die woongebied Distrik Ses, en figuur 9 toon hoe die eertydse Suid-Afrikaanse staatspresident, Nelson Mandela, die sleutels aan mense teruggee van huise waaruit hulle jare tevore verban is. Op die volgende bladsy vertel twee van die mense dan ook in die Kaapse variant hulle verhaal van uitsetting (figuur 10). Hierdie twee persone se waardigheid en emosies word met groot piëteit geïllustreer. Daar word ook in die opdrag na aanleiding van die illustrasies van die leerders verwag om as een van die karakters ’n dagboekinskrywing te skryf – ’n opdrag wat empatie met die omstandighede en karakters veronderstel en stereotiperingdeurbrekend is. Net hierna is daar ’n volgende persoon op dieselfde treffende wyse geïllustreer, hierdie keer ’n Griekwaleier, Le Fleur, wat destyds met die apartheidsregering grondgebied en die Griekwa-identiteit onderhandel het (AOT 11/12, bl. 65). Hy word as ’n held uitgebeeld en vereer. Griekwa-Afrikaanssprekende leerders sal ongetwyfeld hiermee kan identifiseer.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

254

Figuur 11: Werklikhede van Afrika (Afrikaans ons taal 10, bl. 159)

Nie net die verlede nie, maar ook die hede en toekoms, word in belang van nasiebou ingespan. Die hede word realisties uitgebeeld, byvoorbeeld in figuur 11, wat die werklikhede van Afrika hanteer sonder dat dit ’n neerbuigende ondertoon het. Die illustrasie verbeeld ’n plattelandse gebied, ver van die stad en tegnologiese vooruitgang. Hierdie illustrasie bevorder begrip vir die spesiale omstandighede in Afrika sonder dat dit die vasteland as problematies (arm, honger en primitief) voorstel. Die oorspronklike uitgawe het geen verklarende dialoog gehad nie. Die dialoog in die 2005-uitgawe (AOT 10, bl. 159) relativeer die situasie deur waarneming van binne eerder as evaluering van buite (Montgomery 2005). Die Handves van Menseregte (AOT 11/12, bl. 52), sowel as die visuele uitbeelding van die Suid-Afrikaanse Grondwet (AOT11/12, bl. 53), verteenwoordig die huidige nuwe waardes in die "nuwe" Suid-Afrika (sien ook die uitvoerige verwysings na menseregte in die inhoudsopgawe van AOT 11/12; figuur 9). Dit is ook nie toevallig dat swart en wit karakters in die voorgestelde "visuele oplossing" vir konflikhantering gebruik word nie. Foto’s van rolmodelle en skoolkoerantredaksies is doelbewus ná die eerste uitgawe aangepas. Die (uitsluitlik wit) redaksie van Hoërskool Brackenfell is in die 2005-uitgawe weggelaat, sodat die redaksie meer verteenwoordigend kan lyk, byvoorbeeld AOT 10, ble. 141 en 143. Daar is in die eerste

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

255

uitgawe ook geen swart rolmodelle uit die glans-, sport- of vermaaklikheidswêreld nie. Wat die toekoms betref, beeld twee foto’s die voormalige President se visie vir Suid-Afrika visueel uit. In AOT 11/12, bl. 187 word versinnebeeld hoe mense met verskillende identiteite kan saamleef, en dat probleme soos MIV en Vigs hanteer moet word. Leerders kry die opdrag om, na aanleiding hiervan, vir die President ’n toespraak te skryf. Die leerders word genoop om empaties deel te neem aan ’n toekomsvisie vir Suid-Afrika, soos wat die swart tienerseun in die foto in AOT 11/12, bl. 27 doen. Die bevindinge ten opsigte van die datastel dui duidelike en doelbewuste deurbreking van vroeëre meestersimbole aan.

7.4 Bespreking van die bevindinge

Van Du Preez (1983) se bevindinge dat Suid-Afrikaanse handboeke op wit meerderwaardigheid en Calvinistiese veroordeling van ander gelowe berus, is in hierdie datastel geen sprake nie. Die kru stereotiperings tydens apartheid het heeltemal verdwyn. Die nuwe naam van die reeks (Afrikaans ons taal) suggereer reeds inklusiwiteit. Kennis wat deur illustratiewe materiaal aan die leerder oorgedra word, is doelbewus gekonstrueer om ongelyke sosiale magsverhoudinge te neutraliseer. Die datastel stel diversiteit as ’n normale, alledaagse verskynsel voor en bied op ’n berekende wyse voorstellingsruimte aan die voorheen gemarginaliseerde Afrikaanse gemeenskap. Taalstereotipering (Esterhuyse 1986) word heeltemal deurbreek. In die letterkundige tekste en die illustrasies word herkennings- en vereenselwigingsmoontlikheid deur outentieke voorbeelde van byvoorbeeld Griekwataal, Kaaps en Noord-Kaaps/Namakwalands gebied. Die verlede, hede en toekoms word deurgaans aan nasiebou verbind. ’n Nuwe "ons" as "alle Suid-Afrikaners" word gekonstrueer deur op ooreenkomste eerder as verskille tussen diverse Suid-Afrikaners te fokus (Sierens 2007). Die visuele materiaal, sowel as die gepaardgaande leesstukke of opdragte, gaan empaties met mense van verskillende rasse se emosies om. Daar is geen ignorering of omseiling van sensitiewe kwessies nie. In vier semantiese episodes word die impak van die apartheidsverlede direk bespreek. Die huidige probleme wat die land in die gesig staar, soos die impak van MIV en Vigs, infrastruktuurprobleme soos die verskaffing van elektrisiteit, en harmoniese saambestaan tussen mense van verskillende identiteite word sonder kulturele stereotiperingmites genoem. Inskerping van positiewe, nuwe en bindende waardes (Webb 1992; Rice 2005) is ’n belangrike motief in die datastel.

Montgomery (2005) se betoog dat ’n staat onproblematies en nierassig voorgestel kan word terwyl dit nie in die werklikheid weerspieël word nie, mag moontlik hier van toepassing wees. Tog moet in gedagte gehou word dat hierdie reeks as ’n oorbruggingsreeks geskryf is en dat die verbeelde werklikheid van hoe die ideale samelewing behoort te funksioneer, ook die sosiopolitiese verantwoordelikheid van die handboek is. In hierdie geval het die handboek doelbewus die pas aangegee vir die beoogde sosiale werklikheid wat deur transformasie in Suid-Afrika bereik kan word (Höpken 2006; McCall 2005; McKinney 2005).

8. Slot

Uit die literatuurstudie, die teoretiese raamwerk en die Minister van Onderwys se wekroep tot ondersoeke van hierdie aard, blyk die tersaaklikheid van hierdie artikel duidelik. Afrikaanse handboeke tydens die oorgangsjare na demokrasie toon ’n duidelike en doelbewuste deurbreking van ou apartheidsimbole. Inskerping van positiewe, nuwe, saambindende

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

256

waardes is deurgaans in die datastel gevind. Die trefkrag van taalverskeidenheid is kunstig aangewend sodat leerders genoop word om empaties aan ’n toekomsvisie vir Suid-Afrika te bou. Die herhaaldelike gebruik van rolmodelle oor die hele rasspektrum heen, asook die adresse, name en plekname wat nie meer eksklusief wit is nie, die illustrasies waarmee meer mense hulle kan vereenselwig en outentieke voorbeelde van streektale soos Griekwataal en Noord-Kaaps, versterk hierdie aanspraak. Daar is geen eksklusiwiteit meer ten opsigte van Afrikaans nie en nasiebou word gefasiliteer deur ’n nuwe "ons as alle Suid-Afrikaners" te konstrueer. Oefeninge en opdragte fokus op ooreenkomste eerder as verskille tussen mense van diverse afkoms en verteenwoordig emosies van Suid-Afrikaners oor die hele kulturele spektrum heen. Diversiteit is as ’n normale, alledaagse verskynsel in die datastel voorgestel. Hierdie bevindinge dien as ’n vergelykingsbasis vir verdere ondersoek na handboeke wat vir die Kurrikulum en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) geskryf is, soos deur die Minister van Onderwys versoek.

Bibliografie

Apple, M.W. en L.K. Christian-Smith (reds.). 1991. The politics of the textbook. New York: Routledge Roland.

Breed, J. 2010. Persverklaring deur Jopie Breed, president van die SAOU, op 6 Januarie.

Braun, V. en V. Clarke. 2006. Using thematic analysis in psychology. Qualitative Research in Psychology, 3:77–101.

Chernis, Richard E. 1990. The past in the service of the present: A study of South African history syllabuses and textbooks 1839–1990. Ongepubliseerde PhD-proefskrif. Universiteit van Pretoria.

Cloete, D.J. en A. Engelbrecht (reds.). 2014. Afrikaansmetodiek deur ’n nuwe bril. Kaapstad: Oxford.

Dean, E., P. Hartmann en M. Katzen. 1983. History in black and white: An analysis of South African school history textbooks. Parys: Unesco.

Du Plessis, H. en T. Du Plessis (reds.). 1987. Afrikaans en taalpolitiek, 15 opstelle. Pretoria: HAUM.

Du Preez, J.M. 1983. Africana Afrikaner: Meestersimbole in Suid-Afrikaanse skoolhandboeke. Alberton: Librarius Felicitas.

Engelbrecht, A. 2003. Who moved the textbook? A case study describing how ideological change in South Africa manifested itself in terms of racial representation in a transitional Afrikaans language textbook series. Ongepubliseerde MEd-verhandeling. Universiteit van Pretoria.

—. 2008. The impact of role reversal in representational practice in history textbooks after apartheid. South African Journal of Education, 28(4):519–41.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

257

—. 2010. Vinkel en koljander? ’n Diversiteitsperspektief op Afrikaanse en Nederlandse moedertaal-taalhandboeke. Tydskrif vir Taalonderrig, 44(2):88–104.

—. 2012.“Ons” en “hulle”: ’n Ondersoek na kultuurstereotipering in ’n Vlaamse moedertaal-taalhandboekreeks, Markant. Acta Academica, 44(2):21–40.

Esterhuyse, J. 1986. Taalapartheid en Skoolafrikaans. Emmarentia: Taurus.

Esterhuyse, J., J.P. Pienaar, S. Gouws, K. Botha en T. Links. 1989. Ruimland 8. Kaapstad: Maskew Miller Longman.

Govender, P. 2016. Racist textbooks brought to book. Sunday Times, 14 Februarie.

Hamman, H.J.R., B.J. Esterhuizen, A. Van Niekerk en M. Le Cordeur, 1998. Afrikaans ons taal 10 (1ste uitgawe). Kaapstad: Maskew Miller Longman.

—. 2005. Afrikaans ons taal 10 (2de uitgawe). Kaapstad: Maskew Miller Longman.

Höpken, W. 2006. Textbooks and conflicts: Experiences from the work of the George Eckert Institute for International Textbook Research. Referaat gelewer by die Wêreldbank, Maart 24–26, Washington, DC.

Joubert, I., C. Hartell en K. Lombard, (reds.). 2016. Navorsing. ’n Gids vir die beginnernavorser. Pretoria: Van Schaik.

Kusendila, B. 2003. Language education and national identity – A comparative study of Flemish and Afrikaans L1 instruction materials since 2000. Ongepubliseerde MEd- verhandeling. Universiteit van Kaapstad.

Le Cordeur, M., H.J.R. Hamman, B.J. Esterhuizen en A. Van Niekerk. 1999. Afrikaans ons taal 11/12.Kaapstad: Maskew Miller Longman.

—. 2007. Afrikaans ons taal 11/12 (2de uitgawe).Kaapstad: Maskew Miller Longman.

Marsden, William E. 2001. The school textbook: Geography, history and social studies. Londen: Woburn.

McCall, J. 2005. Books and the nation: Aspects of publishing and national identity. Referaat gelewer by die Universiteit van Pretoria, 6 September.

McKinney, C. 2005. Textbooks for diverse learners. A critical analysis of learning material used in South African schools. Pretoria: RGN.

Montgomery, K. 2005. Imagining the anti-racist state: Representations of racism in Canadian history textbooks. Discourse: Studies in the Cultural Politics of Education, 26(4):427–42.

Motshekga, A. 2010. Statement by the Minister of Basic Education, Mrs. Angie Motshekga, MP on the progress of the review of the National Curriculum Statement, Tuesday 06 July.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

258

http://www.education.gov.za/Newsroom/PressReleases/tabid/347/ctl/Details/mid/1017/ItemID/2946/Default.aspx (22 November 2011 geraadpleeg).

Pheiffer, F. 1992. A new Afrikaans school textbook suitable for teaching university students of Afrikaans. Southern African Journal of Applied Language Studies, 1(1):83–8.

Pienaar, J. 1995. Vernuwing in Afrikaanse taalhandboeke. Cape Librarian, 39(5):32.

—. 2003. E-poskorrespondensie op 3 September met skrywer.

Pieterse, H.J. 1994. Taalpolitiek en “Alternatiewe Afrikaans”. Ongepubliseerde PhD-proefskrif. Universiteit van Suid-Afrika.

Pretorius, M.H. 2012. Drama-opleiding: ’n Ondersoek na die aard, implementering en uitkomste van kurrikula in Suid-Afrikaanse skole. Ongepubliseerde PhD-proefskrif. Universiteit Stellenbosch.

Rice, N. 2005. Guardians of tradition: Presentations of inclusion in three introductory special education textbooks. International Journal of Inclusive Education, 9(4):405–29.

Rudman, A.L. 2004. Sources of implicit attitudes. American Psychological Society, 13(2):79–82.

Sierens, S. 2007. Diversiteit in leren, leren in diversiteit: Burgerschapvorming en gelijke leerkansen in een pluforme samenleving. Gent: Steunpunt Diversiteit en Leren.

Traut, J., S. Gouws, S. Peacock en H. Snyman. 2001. Raamwerk 10. Kaapstad: Maskew Miller Longman.

Van der Merwe, C.D. 2000. Multi-cultural education: Panacea to racism in the 21st century. Education Practice, 4:28–34.

Webb, V.N. 1992. Afrikaans na apartheid. Pretoria: Van Schaik.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

259

Voldoen Onderwêreld deur Fanie Viljoen aan die norme vir ’n geslaagde voorgeskrewe werk vir

graad 12 Afrikaans Huistaal-leerders? Elize Vos

Elize Vos, Fakulteit Opvoedingswetenskappe, Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

Opsomming

Tans is die keuse van ’n geskikte skoolvoorgeskrewe roman vir graad 12 Afrikaans Huistaal-leerders in die spervuur. Die interpretatiewe benadering is as teoretiese vertrekpunt gebruik om die vraag, naamlik of die jeugroman Onderwêreld1 deur Fanie Viljoen aan die norme vir ’n geslaagde voorgeskrewe werk vir graad 12 Afrikaans Huistaal-leerders voldoen, te beantwoord. Om ’n mening te kon gee oor die geslaagdheid van sodanige werk was dit noodsaaklik om hierdie jeugverhaal aan bepaalde norme te meet.

Eerstens is ’n literatuurondersoek onderneem om die outeursidentiteit2 van Viljoen, die aard en waarde van jeugliteratuur vir die adolessente leser, asook die leesvoorkeure en -behoeftes van sodanige leser te ondersoek. Tweedens is ’n dokumentontleding van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir die Verdere Onderwys- en Opleidingsfase (VOO, Afrikaans Huistaal) gedoen met die doel om vas te stel wat die vereistes vir die lees- en kykvaardighede, asook vir letterkundeonderrig in hierdie fase, behels. Vervolgens is norme vir ’n geslaagde voorgeskrewe werk vir adolessente lesers uit die literatuurbevindinge en die KABV-dokumentontleding saamgestel.

Laastens is die teks van Onderwêreld ontleed om vas te stel in welke mate die inhoud daarvan aan die nuutsaamgestelde norme vir ’n geslaagde voorgeskrewe werk vir adolessente lesers voldoen. Gemeet aan sodanige norme voldoen Onderwêreld aan die voorgestelde vereistes en slaag hierdie jeugverhaal as voorgeskrewe werk vir graad 12 Afrikaans Huistaal-leerders.

Trefwoorde: adolessente leser; Fanie Viljoen; jeugliteratuur; leesbehoeftes en -voorkeure; leesmotivering; Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV); Onderwêreld; voorgeskrewe werk/boek/roman

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

260

Abstract

Does Onderwêreld by Fanie Viljoen meet the norms of a successful prescribed work for Grade 12 Afrikaans Home Language learners?

The causes and consequences of the decline in learners’ reading are investigated worldwide. Swanepoel (2002:9) states that Afrikaans teachers believe that it is particularly Grade 11 and 12 learners who do not read anymore. In a study by Snyman (2006:145–79) on the reading preferences and behaviour of Afrikaans children, as well as adolescents (9 to 15 years old), she finds reading to be very low on the agenda of most respondents. She claims that her respondents’ negative attitude towards reading can be traced to parents, teachers and the lack of availability of books at home, in schools and in libraries. Vos’s (2014:42–7, 232–7) finding that the decline in the reading motivation of South African learners can be traced largely to schools and, more specifically, to the teacher, corresponds with this.

In research done by Du Toit and Bouwer (2009:91–100), the seemingly privileged respondents, who had been identified as good readers, pointed out several external factors that had an impact on their reading motivation; the actions of teachers are especially crucial in forming their reading habits. Some negative perceptions of these respondents are that school-prescribed books do not always fall in their field of interest, that some teachers often present reading activities in a boring way and that the prescribed books are not always being discussed in detail. Some respondents feel that reading activities are often followed by a worksheet and the aspect of enjoyment of reading is rarely addressed.

In line with this, Kleyn, Snyman and Geldenhuys (2013:74–96) could, in a study of first-year students, trace back the negative perceptions on certain school-prescribed material to dull, outdated and sometimes irrelevant works, that they deemed incomprehensible, boring, negative and limited. In addition to that, the respondents were of the opinion that certain prescribed texts were not compelling enough. None of the narratives could be classified as youth literature.

From the findings of Kleyn et al. (2013:81–2), it is clear that the adolescents had experienced some problems with existing, as well as previously prescribed works. It can be concluded that the choice of a prescribed book poses several challenges and the successful selection of such a book holds benefits for both the learner and the promotion of reading.

Burger (2015:49) emphasises the crucial influence of high-quality school-prescribed books on learners. According to him, such school-prescribed books are sometimes the only and the last exposure to valuable and classical literature in learners’ lives. He stresses that the content information in contemporary youth literature, such as swearing and certain themes that are not in agreement with parents’ ideas about the world, politics or religion, can be problematic for adolescent readers.

Currently, the selection of a suitable school-prescribed novel for Grade 12 Afrikaans Home Language learners is in the crossfire. The choice of Onderwêreld by Fanie Viljoen, which is on the list of prescribed works for Grade 12 Afrikaans Home Language learners from 2017, unleashed controversy. The debate dealing with this youth novel that has prevailed in the media, stresses again that school-prescribed works are a dilemma and that there is still a lot of misconceptions about youth literature.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

261

In this article, the interpretive approach was used as a theoretical framework for answering the question, namely whether the youth novel Onderwêreld by Fanie Viljoen meets the norms for a successful prescribed work for Grade 12 Afrikaans Home Language learners. To be able to give an opinion on the success of this work, it was necessary to measure this youth narrative against certain norms.

Firstly, an extensive literature review was undertaken to investigate the author identity of Viljoen, the nature and value of youth literature for the adolescent reader, as well as the reading preferences and needs of such a reader. Secondly, a document analysis of the Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS) for the Further Education and Training Phase (FET Afrikaans Home Language) was conducted, with the view to determine what the requirements for reading and viewing skills, as well as the teaching of literature in this phase entail. Subsequently norms were compiled for a successful prescribed work for adolescent readers (see paragraph 5) from the literature findings (see paragraph 4.1) and the CAPS document analysis (see paragraph 4.2).

Finally, the text of Onderwêreld was analysed to determine the extent to which the content meets the newly-appointed norms for a successful prescribed work for adolescent readers.

The youth novel, Onderwêreld by Fanie Viljoen, does meet the norms for prescribed works for adolescent readers, as compiled from the literature review and the analysis of the CAPS document. When this youth novel is measured against the norms for a prescribed work for adolescent readers (in this case Grade 12 Afrikaans Home Language learners), it is especially the fact that the protagonist is of the same age as the average Grade 12 learner, that makes this story succeed. Although the protagonist is a boy, current issues (including cybercrime, the suicide of a loved one, and complex relationships), which girls too will be able to identify with, are addressed.

In this study the aim was to provide valuable information to all social role-players (learners, parents, teachers, school management teams, the Department of Education, and selection panels) on norms for a successful prescribed work for adolescent readers.

The decline in reading motivation of adolescent readers can be ascribed to, among others, the choice of school-prescribed works. When a prescribed work for adolescent readers, more specifically for Grade 12 Afrikaans Home Language learners, has to be selected, a critical approach is essential. The responsibility of teachers and selection panels can therefore not be overemphasised. These role-players need to follow the general CAPS guidelines that have been set, but trends in the nature and value of youth literature, as well as the reading needs and preferences of adolescent readers, should continually be studied in order to supplement the set CAPS guidelines regarding reading and viewing skills, and the approach to literature teaching. Selection panels may consult the relevant stakeholders (adolescent readers, teachers, authors of youth literature, and experts of this field of study) regarding the reading needs and preferences of adolescent readers, and the proposed norms for a prescribed work for adolescent readers (see paragraph 5) may probably be used as a guideline when a book is prescribed for this particular age group.

Ultimately a system is needed where a variety of high-quality reading texts are prescribed for learners.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

262

Keywords: adolescent reader; Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS); Fanie Viljoen; Onderwêreld; prescribed work/book/novel; reading motivation; reading needs and preferences; youth literature

1. Inleiding

Die oorsake en gevolge van leerders se afname in lees word wêreldwyd ondersoek en nagevors. Swanepoel (2002:9) stel dat Afrikaansonderwysers van mening is dat dit juis graad 11- en 12-leerders is wat nie meer lees nie. In ’n studie deur Snyman (2006:145–79) na die leesvoorkeure en -gedrag van Afrikaanse kinders én adolessente (9 tot 15 jaar oud) bevind sy dat lees besonder laag op die meeste respondente se agenda is. Sy beweer dat haar respondente se negatiewe leeshouding teruggevoer kan word na ouers, onderwysers en die gebrekkige beskikbaarheid van boeke tuis, in skole en in biblioteke. Vos (2014:42–7, 232–7) se bevinding dat die afname in Suid-Afrikaanse leerders se leesmotivering grootliks na skole, en meer spesifiek na die onderwyser herlei kan word, sluit hierby aan.

In die navorsing van Du Toit en Bouwer (2009:91–100) het die skynbaar bevoorregte respondente, wat as goeie lesers geïdentifiseer is, verskeie eksterne faktore uitgewys wat ’n invloed op hulle leesmotivering het, maar veral dat die optredes van die onderwysers deurslaggewend in die vorming van hulle leesgewoontes is. Enkele negatiewe persepsies van hierdie respondente was dat skoolvoorgeskrewe boeke nie altyd in hulle belangstellingsveld val nie, dat sommige onderwysers leesaktiwiteite soms vervelig aanbied en dat die voorgeskrewe boeke nie altyd deeglik bespreek word nie. Van hierdie respondente was van mening dat leesaktiwiteite dikwels met ’n werkkaart opgevolg word en dat die genotsaspek van lees selde aandag geniet.

Ter aansluiting hierby kon Kleyn, Snyman en Geldenhuys (2013:74–96) in ’n studie met eerstejaarstudente die negatiewe persepsies oor bepaalde skoolvoorgeskrewe werke terugvoer na oninteressante, verouderde en soms irrelevante werke wat vir hulle onverstaanbaar, vervelig, negatief en uitsigloos was. Vervolgens meen hierdie respondente dat bepaalde voorgeskrewe tekste nie boeiend genoeg was nie. Nie een van die verhale kon as jeugverhale geklassifiseer word nie.

Uit die bevindinge van Kleyn e.a. (2013:81–2) is dit duidelik dat die adolessente enkele probleme ondervind het met bestaande sowel as vorige voorgeskrewe werke. Alhoewel hierdie groep respondente egter meer positief as negatief oor hulle skoolvoorgeskrewe werke gevoel het en daar nie sonder meer beweer kan word dat die keuse van voorgeskrewe materiaal op skool hulle negatief teenoor lees instel nie, kan die afleiding gemaak word dat die geslaagde keuse van ’n voorgeskrewe boek verskeie uitdagings inhou.

Burger (2015:49) benadruk die deurslaggewende invloed van skoolvoorgeskrewe boeke van hoëstaande gehalte op leerders. Volgens hom is sodanige skoolvoorgeskrewe werke soms die enigste en die laaste blootstelling aan waardevolle en klassieke letterkunde in leerders se lewens. Hy beklemtoon dat die inhoudelike gegewens in hedendaagse jeugliteratuur, soos vloekwoorde en bepaalde temas wat nie met oueropvattings oor die wêreld, oor politiek of oor godsdiens strook nie, problematies vir die adolessente leser kan wees.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

263

Uit bogenoemde navorsing blyk dit dat skole, onderwysers en meer spesifiek die keuse van die skoolvoorgeskrewe boek, ’n moontlike oorsaak van die afname in leesmotivering onder adolessente lesers kan wees.

2. Probleemstelling

Thomson (1987) het reeds dertig jaar gelede in Australië bevind dat daar ’n gaping is tussen die leesmateriaal wat adolessente lesers verkies om te lees en die leesmateriaal wat onderwysers en onderwysinstellings vir hulle in die klas voorskryf om te lees. Hy het toe reeds die probleem toegeskryf aan onderwysers en onderwysinstellings se onvermoë om die leesbehoeftes en -voorkeure van sodanige lesers in ag te neem.

In die Office For Standards in Education-verslag (OFSTED 2003) word aangedui dat die kennis van onderwysstudente in Engeland ten opsigte van jeugliteratuur ontoereikend was om werklik in die praktyk voorstelle te kon maak oor geskikte leesmateriaal vir hulle leerders. Volgens Hopper (2005:113–20) is die taalkurrikulum van Engeland duidelik oor watter leesvaardighede ’n leerder oor moet beskik (byvoorbeeld die kritiese oordeel oor ’n teks), maar dat die kurrikulum nie werklik vir die genotsaspek van lees voorsiening maak nie.

In verskeie studies is die weerstand en besware van onderwysers, administrateurs en akademici téén jeugliteratuur vir gebruik in hoërskole gedokumenteer. Sodanige belanghebbendes was van mening dat jeugliteratuur net vir sukkelende en ongemotiveerde lesers of vir naskoolse ontspanningsaktiwiteite ’n doel dien en dat jeugverhale nie, soos klassieke werke, oor die nodige literêre meriete beskik nie. Hierdie belanghebbendes is van mening dat jeugliteratuur te kontroversieel is vir gebruik in die klaskamer (Gibbons, Dail en Stallworth 2006:53–61, Santoli en Wagner 2004:65–75 en Short, Tomlinson, Lynch-Brown en Johnson 2015:9–10). Santoli en Wagner (2004) se bevinding was dat onderwysers wat wel jeugliteratuur in die klaskamer gebruik, dieselfde literêre elemente kan onderrig as dié wat in klassieke werke gebruik word, maar met die verskil dat leerders deur middel van jeugliteratuur ’n begeerte om te lees ontwikkel.

Die keuse van Onderwêreld deur Fanie Viljoen, wat vanaf 2017 op die lys van voorgeskrewe werke vir graad 12 Afrikaans Huistaal-leerders is, het polemiek ontketen. Die debatvoering wat oor hierdie jeugroman in die media geheers het, beklemtoon net weer dat skoolvoorgeskrewe werke ’n dilemma is en dat daar steeds heelwat wanpersepsies oor jeugliteratuur bestaan.

Raath, ’n oudonderwyseres, het tydens ’n onderhoud in die program Prontuit (2015), gestel dat daar tydens die besluitneming van die geskikte voorgeskrewe boek nie net aan ’n bepaalde groep leerders, hetsy sterk of swak akademiese presteerders, gedink moet word nie. Raath is van mening dat die besluitneming rondom Onderwêreld as voorgeskrewe werk grootliks beïnvloed is deur die inagneming van leerders wat nie ’n hoëvlakletterkunde kan hanteer nie.

Besware wat Burger (2015:49) onder andere teen Onderwêreld aanvoer, is dat die roman nie met die klassieke voorgeskrewe werke vir Engels Huistaal-leerders kan vergelyk nie en dat die keuse van slegs één voorgeskrewe werk vir ’n diverse Suid-Afrika se graad 12 Afrikaans

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

264

Huistaal-leerders beperkend is. Laasgenoemde beswaar is die gevolg van die beleid van die Departement van Basiese Onderwys (DBO) dat net een titel per graad per taal voorgeskryf word. Die planne, soos vervat in minister Angie Motshekga se beleidsvoorstel, het in die Staatskoerant van 4 September 2016, verskyn. Die DBO het wel agterna vir verdere voorleggings vir voorgeskrewe werke vir 2017 gevra met die doel om die lys uit te brei. As gevolg van weinige reaksie is die bestaande voorgeskrewe werke vir graad 12 Afrikaans Huistaal-leerders onveranderd, met slegs die byvoeging van Onderwêreld deur Fanie Viljoen. Burger is van mening dat hierdie beperkte keuse van voorgeskrewe werke sal veroorsaak dat Afrikaanse leerders Afrikaanse letterkunde minderwaardig sal ag. Volgens Burger sal Afrikaanse leerders deur hierdie minderwaardigheidsgevoel aangemoedig word om eerder in Engels verder te studeer.

In teenstelling hiermee kan daar egter gevra word hoeveel leerders wérklik na matriek vir tersiêre opleiding inskryf. In die Country Progress Report (DBE 2014:18) word duidelik gestel dat sekondêre onderwys in vele lande (ook in Suid-Afrika) vir ’n klein persentasie bevoorregtes bestem is en dat slegs ’n klein persentasie leerders uiteindelik inskryf vir en die voltooiing van tersiêre opleiding. Die doel van taalonderwysers moet waarskynlik wees om die grootste persentasie ongemotiveerde lesers weer aan die lees te kry. Sodoende sal die grootste persentasie skoolverlaters toegerus word met die nodige lees- en lewensvaardighede – een van die kernprioriteite van die Departement van Basiese Onderwys. Die leesafname onder adolessente lesers kan waarskynlik juis met die keuse van ’n geskikte voorgeskrewe boek teengewerk word.

Argumente dat daar weinig geskikte leesmateriaal vir Afrikaanssprekende adolessente lesers is, dra geen water nie. Tydens ’n onderhoud met Opperman (2014:54–6) noem Fanie Viljoen dat leerders wel sal lees as hulle van geskikte leesmateriaal voorsien word. Attwell (2014) beklemtoon in ’n LitNet-onderhoud die diverse aard van leerders: verskillende leerders benodig verskillende leesmateriaal wat deur belanghebbendes by die skool vir hulle leerders se spesifieke behoeftes gekies moet word. Tydens die Skrywersdag op 20 Mei 2016, aangebied deur die Vakgroep vir Afrikaans, Fakulteit Opvoedingswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus), het Viljoen in sy hoofsprekerstoespraak benadruk dat hy juis skryf vir ongemotiveerde adolessente lesers. Hy is daarvan oortuig dat die geskikte voorgeskrewe werk die leesmotivering van adolessente lesers sal aanwakker.

Die vraag wat dus hier ter sake is, is of Onderwêreld deur Fanie Viljoen aan die norme vir ’n geslaagde voorgeskrewe werk vir adolessente lesers, meer spesifiek vir graad 12 Afrikaans Huistaal-leerders, voldoen?

Die doel van hierdie artikel is om, op grond van ondersoeke wat uitgevoer is, antwoorde op hierdie vraag op die tafel te plaas. Ten einde in hierdie doel te slaag, is die res van die artikel soos volg gestruktureer: Die konseptuele en teoretiese raamwerk waarin die ondersoek ingebed was, word eerstens uiteengesit. Tweedens word met ’n literatuurondersoek op die outeursidentiteit van Fanie Viljoen, die aard en waarde van jeugliteratuur, asook op die leesvoorkeure en -behoeftes van die adolessente leser gefokus. Daarna volg ’n ontleding van die lees-, kyk- en die letterkundeonderrigvereistes volgens die KABV (Suid-Afrika 2011) vir die VOO-fase (Afrikaans Huistaal). Uit die literatuurondersoek en die dokumentontleding van die KABV (Suid-Afrika 2011) word norme vir skoolvoorgeskrewe werke vir adolessente lesers saamgestel. Laastens word die jeugroman Onderwêreld deur Fanie Viljoen ontleed en aan die saamgestelde norme gemeet. Die bevindinge, naamlik of die roman aan die norme vir

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

265

’n voorgeskrewe werk vir adolessente lesers (graad 12 Afrikaans Huistaal-leerders) voldoen, word met enkele aanbevelings opgevolg.

3. Konseptuele en teoretiese raamwerk

Die strategieë wat in hierdie artikel gebruik is om vas te stel of Onderwêreld deur Fanie Viljoen aan die norme vir ’n geslaagde skoolvoorgeskrewe werk vir adolessente lesers voldoen, is ’n literatuurondersoek asook ’n dokumentontleding van die KABV (Suid-Afrika 2011). Die interpretatiewe benadering is gevolg om die Onderwêreld-teksontleding te meet aan die norme vir geslaagde skoolvoorgeskrewe werke, soos uit die literatuurondersoek en die dokumentontleding saamgestel. Die onderwerpe wat in die artikel behandel word – outeursidentiteit, leserseienskappe, kurrikuluminhoude, norme vir menslike handeling, ’n letterkundige werk, betekenisskepping – is sosiale konstrukte waarvoor daar nou reeds ’n tradisie van ’n duidelike epistemologie en eiesoortige navorsingsbenaderings en -metodes ontwikkel is. Hierdie epistemologie loop uit in kwalitatiewe benaderings, wat hermeneutiek en interpretatiewe invalshoeke insluit.

Rossman en Rallis (2003:31–60) verduidelik dat die interpretatiewe benadering, wat met kwalitatiewe navorsing geassosieer word, gebruik word om deur middel van ’n individuele perspektief ’n idee rondom ’n sekere konsep te genereer. Volgens Nieuwenhuis (2016:72–102) is die interpretatiewe benadering in die hermeneutiek gewortel, wat die studie van die teorie en die praktyk van vertolking behels. Die hermeneutiek as aspek van vertolking fokus op die verstaan van tekstuele data, wat die vertolking van verskillende dele van ’n teks, asook die verstaan van ’n teks as geheel, insluit. Elke konsep moet afsonderlik verstaan word om die geheel te kan verstaan, en ook andersom. Volgens Nieuwenhuis (2016:72–102) is die doel van die interpretatiewe benadering om ’n situasie te vertolk en dusdoende insig daarin te verkry. Volgens Creswell (2014:304) is ’n kwalitatiewe navorsingsbenadering daarop gemik om data te verstaan en te verduidelik. Die data word in die navorser se onmiddellike omgewing ingesamel, waarna hy of sy die data vertolk en verduidelik. Kwalitatiewe navorsing fokus op individuele menings om ’n spesifieke situasie te verstaan.

Phillips en Brown (1993:1547–76) onderskei drie stadia in die hermeneutiese benadering, naamlik die sosiaal-historiese, die formele en die interpretatiewe-herinterpretatiewe momente. In hierdie artikel is die ondersoek na die outeursidentiteit die sosiaal-historiese moment, die KABV-dokument- en die Onderwêreld-teksontleding die formele moment en die gevolgtrekkings van die artikel die interpretatiewe-herinterpretatiewe moment.

4. Data-insamelingsproses

4.1 Literatuurondersoek

Vervolgens fokus die literatuurondersoek op die outeursidentiteit van Fanie Viljoen, die aard en waarde van jeugliteratuur, asook die leesvoorkeure en -behoeftes van die adolessente leser om bepaalde konsepte rakende voorgeskrewe werke vir adolessente lesers te verstaan en te vertolk.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

266

4.1.1 Outeursidentiteit van Fanie Viljoen

Fanie Viljoen, ’n gebore Vrystater en tans woonagtig in Bloemfontein, is ’n outeur van kinder- en jeugverhale, radiodramas, kortverhale en het onlangs sy eerste volwasseneroman, Prooi, gepubliseer (Viljoen 2015). Verder is hy ’n digter van kinder- en jeugpoësie, maar ook ’n vaardige illustreerder en skilder. Viljoen het reeds verskeie toekennings vir sy werk verwerf, onder andere die Goue Sanlam-, Silwer Sanlam- en MER-pryse vir jeuglektuur, asook ATKV-kinder- en jeugboektoekennings (teks en illustrasies) en sy naam is onderskeidelik in 2014 en 2015 op die IBBY-ererol vir Leeus met letsels (2012) en Uit (2014) geplaas. IBBY (International Board on Books for Young People) is ’n internasionele erelyskatalogus waarin titels van bepaalde outeurs opgeneem word.

BreinBliksem (Viljoen 2005) was sy debuutjeugroman, maar sedertdien verskyn verskeie bekroonde jeugverhale uit sy pen waaronder Onderwêreld (2008), Betower (2012), Leeus met letsels (2012), Spring (2013), Pleisters vir die dooies (2014), Uit (2014) en Afkop (2016).

Hy besoek gereeld skole; nie net vir die bemarking van sy boeke nie, maar ook om die kind en die adolessent vir wie hy skryf werklik te leer ken. Hy lees koerante om die bepaalde tydsgees van die samelewing in sy jeugverhale te kan verwoord. Wanneer hy sy jeugverhale skryf, luister hy musiek met donker ondertone. Sy werk dra ’n aktuele kleed, want hy huiwer nie om onderwerpe soos skoolskietery, homoseksualiteit, kubermisdaad, seksuele misbruik, dwelm- en alkoholmisbruik, selfdood, woedebeheer en getraumatiseerde gesinne as agtergrond te gebruik nie. Deur die hantering van hierdie omstrede onderwerpe in sy jeugverhale wil hy jongmense nie vermaan nie. Hy voel jongmense weet wat reg en verkeerd is. Hy wil sy leser veral op visuele vlak betrek, sodat die belangstelling van die leser voortdurend behou kan word (Opperman 2014:54–6).

4.1.2 Aard en waarde van jeugliteratuur vir die adolessente leser

Jeugliteratuur is ’n term met geen duidelike definisie nie, maar wat reeds in die laat 1960’s gebruik is om te verwys na verhale vir jong lesers; meer spesifiek realistiese fiksie, met ander woorde ’n verhaal wat in die werklike, kontemporêre wêreld, en nie net in die verbeeldingswêreld nie, kan afspeel. Stephens (2007:34–42) verwys na jeugliteratuur as ’n verhaal wat moeilike situasies, en heel dikwels volwassenekwessies in die adolessent se reis op soek na identiteit, onder die loep neem. In die Verenigde State van Amerika en verskeie Westerse lande behandel hierdie verhale omstrede kwessies en lewensomstandighede van jong lesers tussen die ouderdomme van 12 en 18 jaar oud. Die hoofkarakter, asook die fokalisator, is ’n adolessent in die middelpunt van die intrige en die gebeure sentreer rondom die adolessent se aksies, besluite en stryd om konflik op te los. Die dialoog reflekteer die spraak van die adolessent. Jeugliteratuur is dinamies van aard en verander soos wat die kultuur en die sosiale konteks – wat die konteks van die verhaal bepaal – verander (Cart 2008:1–4, Richards 2008:15 en Short e.a. 2015:3).

Die studie van Youssef, Allen, Simmons, Whittle, Lubman en Yűcel (2016:395–404) benadruk dat adolessensie (ongeveer 12 tot 18 jaar oud) ’n tydperk is waarin die adolessent dikwels temperamenteel en rookafhanklik is, dwelms, dagga en alkohol toenemend gebruik en met seks eksperimenteer. Hierdie gedragspatrone lei tot ’n toename in waagmoedige gedrag. Van die emosies wat hulle dikwels ervaar, is hartseer, angs en frustrasie. Hierdie gedragspatrone en emosies word dusdanig in eietydse jeugverhale weerspieël.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

267

Jeugliteratuur het transformasie ondergaan wat betref bepaalde onderwerpe en temas (Kaplan 2005:11). Van der Walt (2005:26–30) verduidelik dat die Afrikaanse avontuur-, skool- en historiese verhale met ’n idilliese, landelike agtergrond vanaf 1980 plek gemaak het vir verhale waarin rassisme en die politieke situasie subtiel aangeraak is, terwyl outeurs vanaf die 1990’s eens verbode onderwerpe begin aanraak het. Hierdie onderwerpe was onder andere tienerseks en ’n verskuiwing vanaf die tradisionele hiërargiese familiestruktuur waar al hoe meer op die enkelouergesin en die afwesige vaderfiguur gefokus is.

Sturm en Michel (2009:39–47) noem, met verwysing na Sheila Egoff se 1981-verduideliking van die probleemroman as subgenre binne die jeugroman, dat die protagonis in die eietydse jeugroman in verset is teen die grootmenswêreld en dat die volwassene die grootste probleem in die verhaal is. Volgens hierdie navorsers word die eietydse jeugroman gekenmerk deur kort sinne en paragrawe, eksplisiete taalgebruik en omgangstaal van adolessente (sonder die oordadige gebruik van vloekwoorde), eerstepersoonsvertelling, die aanraak van omstrede onderwerpe en ’n mate van fatalisme, sinisme en sarkastiese, swart humor.

Cart (2008:1–4) meen omdat die metamorfose vanaf die jeug na volwassenheid met spanning gepaard gaan, is jeugliteratuur waardevol wanneer die leser met die inhoud daarvan kan identifiseer. Die adolessent het ’n groot behoefte daaraan om te behoort, maar wil terselfdertyd as uniek beskou word. Hierdie uniekheid word egter as negatief deur adolessente ervaar, omdat uniekheid hulle dikwels as buitestanders klassifiseer. In die jeugverhaal kry die adolessent die geleentheid om te besef dat hy deel is van ’n groter gemeenskap wat dieselfde menslikheid deel. Deur die lees van die jeugverhaal besef die adolessente leser dat hy as buitestander menslik bly en so aanvaar word. Nog ’n waarde van jeugliteratuur is dat die adolessente leser met die waarheid gekonfronteer word en hom vir die uitdagings wat die volwassenewêreld sal stel, bemagtig: dit help hom om die regte rolmodelle te vind, om sin te maak van die wêreld waarin hy hom bevind, om ’n persoonlike filosofie van bestaan te ontwikkel, om te onderskei tussen reg en verkeerd en om ’n persoonlike verantwoordelikheidsin te ontwikkel.

Short e.a. (2015:8–9) verduidelik dat jeugliteratuur veral ’n sosiale en emosionele voordeel vir adolessente lesers inhou. Die lees daarvan is nie net ’n manier van ontvlugting van druk by die skool en van persoonlike probleme met familie en vriende nie, maar wanneer die karakter geplaas word in situasies waar hy lewensbelangrike besluite moet neem, kan die adolessente leser die karakter se besluit krities oorweeg en so sy eie morele waardes ontwikkel. Verder sal temas rondom ras, etnisiteit, nasionaliteit, geslag, geloof, taal, gestremdhede, familiestrukture en sosiale klas bydra tot die adolessente leser se persoonlike en kulturele identiteit.

Coats (2011:315) bevestig die kragtige invloed wat jeugliteratuur het op sodanige vorming van hierdie unieke identiteit by die adolessent. Coats (2011:315) kom tot die gevolgtrekking dat die adolessent se denkpatrone, spraak sowel as die manier van uitdrukking en waardes beïnvloed word deur die woorde en ideologieë wat in jeugliteratuur voorkom. Hierdie navorser beklemtoon daarom die gehalte van leesstof wat op skoolvlak voorgeskryf behoort te word.

Met inagneming van bogenoemde perspektiewe op die aard van jeugliteratuur, maar veral die waarde daarvan vir jeugdige lesers, kan die keuse van geskikte leesmateriaal vir die adolessente leser, maar ook die geskikte keuse van skoolvoorgeskrewe werke, nie genoeg

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

268

beklemtoon word nie. In die keuse van hierdie leesmateriaal behoort die leesvoorkeure en -behoeftes van die adolessente leser in ag geneem te word.

4.1.3 Leesvoorkeure en -behoeftes van die adolessente leser

Wanneer voorgeskrewe werke op skoolvlak beplan word, behoort daar voorkeur verleen te word aan die adolessente se leesvoorkeure en -behoeftes. Volgens die witskrif van die Young Adult Library Services Association (YALSA) soos saamgestel deur Cart (2008:1–4) is jeugliteratuur gerig op die behoeftes van die adolessente leser. Hierdie behoeftes verwys dikwels na die ontwikkelingsbehoeftes van die adolessente leser en beklemtoon dat die adolessent in ’n fisiese, intellektuele, emosionele en sosiale metamorfose vanaf jeugdigheid na volwassenheid is; alles in ’n poging op soek na identiteit.

In ’n studie wat deur Vos (2006) onderneem is, was ’n groep adolessente lesers van mening dat eietydse probleme en lewensvraagstukke wel in jeugverhale aangeraak kan word, want dit is kwessies waarmee hulle in die werklikheid gekonfronteer word. Hierdie lesers wil egter nie op ’n vermanende trant oor hierdie omstrede kwessies in jeugverhale belas word nie. Die leesvoorkeure van adolessente kan waarskynlik met hulle gunstelingtydverdrywe, soos sport en musiek, gekombineer word. Jeugverhale met die volgende onderwerpe kan moontlik voorkeur geniet: liefdesverhoudings, avontuur, sport, verhoudings met maats, die bonatuurlike, diere en jag. Adolessente verkies opbouende onderwerpe wanneer hulle lees, en dit hou positiewe waarde vir hulle identiteitsontwikkeling in. Hierdie groep respondente het aangedui dat hulle meer belangstel in die goeie en die positiewe, omdat dit moontlik hulle bewuste of onbewuste strewe is om self optimisties in die lewe te wees of te ontwikkel. Gebeure en karakters is dié twee verhaalaspekte waarop hierdie respondente die sterkste ingestel was. Verhaalaspekte soos tyd, ruimte, verteller en fokalisasie kan deegliker met die adolessente leser op skoolvlak behandel word; sodoende sal die adolessente leser se begrip van die teks waarskynlik bevorder word (vergelyk paragraaf 4.2.2).

Die respondente in die studie deur Vos (2006) het aangedui dat hulle genrevoorkeure liefdes-, vriendskaps-, avontuur-, koshuis-, asook speurverhale (waaraan hulle in Afrikaans te min blootgestel word) is. Reeksboeke is ook besonder gewild onder hierdie groep respondente. Vos (2006) beveel aan dat daar deurentyd gepoog moet word om boeke aan adolessente beskikbaar te stel waarin ’n adolessent die hoofkarakter is, want adolessente is van mening dat hulle makliker met so ’n karakter kan identifiseer. Snyman se studie (2006:145–79) het dieselfde resultaat opgelewer, maar sy het bygevoeg dat die hoofkarakter verkieslik een van ’n groep maats moet wees.

Humor is belangrik vir die ontwikkeling van die individu en vir die geestesgesondheid van ’n samelewing (Van Niekerk en Van der Westhuizen 2004:151). Adolessente verkies verhale van ’n humoristiese aard (Short 2015:8–9). Die respondente in die studie deur Vos (2006) het ook aangedui dat humor vir hulle belangrik is, maar boonop moet die gebeure in verhale avontuurlik en spannend wees. Hierdie drie aspekte kan sover moontlik met die ander leesvoorkeure van die adolessente lesers gekombineer word, byvoorbeeld ’n jagverhaal waarin iets humoristies én spannend gebeur of ’n liefdesverhaal met komiese momente wat uiteindelik tot ’n groot avontuur aanleiding sal gee. Die slot bepaal die sukses van ’n verhaal. Die meeste adolessente verkies ’n gelukkige slot wat aansluit by die feit dat adolessente uiteindelik ’n oplossing vir hulle probleme verlang; daarom moet verhale hulle nie in die duister laat of uitsigloos eindig nie (Vos 2006).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

269

Die titel en die buitebladontwerp van ’n jeugverhaal is vir adolessente deurslaggewend in die keuse van ’n boek. Die buitebladontwerp van jeugverhale moet nie net kleurvol en aantreklik wees nie, maar die adolessentekarakter moet verkieslik deel van die illustrasies vorm om sodoende die bepaalde konteks vir die inhoud van die boek te skep. Voorts moet die buitebladontwerp die tema van die jeugverhaal ondersteun (Joubert 2001, Short e.a. 2015 en Vos 2006). Heelwat hedendaagse jeugverhale bevat illustrasies wat bepaalde verhaalaspekte ondersteun (vergelyk Suurlemoen! deur Jaco Jacobs 2007, Onderwêreld deur Fanie Viljoen 2008 en Ek was hier deur Nanette van Rooyen 2012).

’n Groot persentasie adolessente lesers verkies dat jeugverhaalouteurs liefs volwassenes moet wees, aangesien adolessente volwassenes as rolmodelle en as ingeligtes beskou (Vos 2006).

In verskeie studies is bevind dat die taalgebruik in jeugverhale verkieslik met die algemene omgangstaal van adolessente moet ooreenstem, want dit is die soort taalgebruik wat adolessente gebruik en waarmee hulle kan identifiseer (Beers 2003, Vos 2006 en Worthy, Patterson, Salas, Prater en Turner 2002:177–202). Snyman (2006:145–79) het dieselfde bevind, maar ook dat seuns oor die algemeen meer verdraagsaam jeens vloekwoorde is.

Verdere kriteria vir die keuse van geskikte leesmateriaal vir die adolessente leser is boeke met ’n vinnige verhaaltempo, korter hoofstukke, groter wit spasies in die teks, minder woorde per bladsy, maklik-om-te-lees lettertipe en -grootte, bekende ruimtes sonder onnodige lang beskrywings en verkieslik boeke wat op televisie- en filmreekse gebaseer is (Beers 2003, Short e.a. 2015:11–3 en Worthy e.a. 2002:177–202).

4.2 Dokumentontleding van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV)

Vervolgens word die KABV (Suid-Afrika 2011:10–2) ontleed met die doel om te bepaal wat die vereistes vir die VOO-fase is tydens die onderrig en bespreking van ’n voorgeskrewe werk in die klaskamer.

4.2.1 Lees- en kykvaardighede

Volgens die KABV (Suid-Afrika 2011:10–2, 27–8) is die lees- en kykvaardighede belangrik vir suksesvolle leer oor die kurrikulum heen, asook vir volledige deelname aan die samelewing en in die werkplek. Leerders moet die vaardigheid ontwikkel om inligting in te win deur die kyk na, en lees van, ’n wye verskeidenheid literêre en nieliterêre tekste, insluitend visuele tekste. Die leerders moet herken hoe genre en register die doel, die teikengroep en konteks van tekste weerspieël. Die begrip en vertolking van geskrewe en visuele materiaal moet bepaal word deur die leerders se kennis van taalstrukture en -konvensies en hulle eie lewenservaring. Kennis van taalstrukture en -konvensies moet leerders help om die wyse waarop tekste saamgestel word, te verstaan. Leerders moet prelees-, tydens lees- en postleesstrategieë kan toepas om hulle te help om ’n wye verskeidenheid tekste te begryp en te vertolk soos afwagting, voorspelling, verduideliking, asook evaluering en waardering. Leerders moet preleesstrategieë soos vluglees en soeklees kan toepas om tekskenmerke, die samestelling van ’n boek, paragraaf- en teksstrukture te verstaan en om te bepaal hoe dit die betekenis van die teks ondersteun. Die woordeskat van leerders moet uitgebrei word deur hulle aan te moedig om ’n wye verskeidenheid tekste te lees. Teen die einde van ’n leerder se skoolloopbaan moet hierdie aktiwiteite minder

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

270

individuele aandag geniet: dit was deel van die leerder se ontwikkeling deur al die voorafgaande fases. Hierdeur word geïmpliseer dat graad 12-leerders reeds die gevorderde leesstrategieë en -tegnieke moes bemeester het en dat hulle hierdie leesstrategieë en -tegnieke nou in graad 12 op ’n selfgerigte wyse kan gebruik ter ontsluiting van ’n teks.

4.2.2 Benaderings tot die onderrig van letterkunde

Volgens die KABV-riglyne (Suid-Afrika 2011:12) is die belangrikste rede vir die lees van letterkunde in die klaskamer om by leerders ’n gevoeligheid vir taal te wek. Terwyl die meeste literêre tekste geskryf is vir genot, vermaak en uitbeelding, skryf baie ander skrywers prosawerke, dramas en gedigte oor hulle eie idees, gedagtes, beginsels, ideologieë, geloofsoortuigings en kwessies wat hulle wil uitbeeld en verwoord, en wat hulle met voornemende lesers wil deel. Hulle verbeeldingryke taalgebruik dien as waardetoevoeging tot hulle skeppende werk. Alhoewel die onderrig van letterkunde nie altyd maklik is nie, is dit onmoontlik sonder die persoonlike en eerlike vertolking en kommentaar van leerders. Indien leerders nie ’n literêre teks self verstaan nie, het hulle nie veel geleer nie. Onderwysers moet daarteen waak om hulle eie vertolkings en opvattinge oor literêre tekste aan leerders oor te dra. Onderwysers moet soveel as moontlik leerderdeelname in die klas toelaat. Vertolking gaan nie oor wat reg of verkeerd is nie, maar oor wat binne konteks van die literêre teks vir die leerders betekenisvol is.

Die bes moontlike benaderings tot die onderrig van letterkunde, veral ook die KABV-riglyne ten opsigte van die onderrig van die roman (Suid-Afrika 2011:27–8), sluit onder andere in dat soveel as moontlik van die teks, sonder enige onderbreking van ander aktiwiteite, hardop in die klas gelees, bespreek en geniet moet word. Die hardoplees van die teks sal juis die ongemotiveerde lesers se belangstelling in die teks prikkel. Die lees van die teks behoort nie meer as twee weke te neem nie. Die leerders moet die elementêre betekenisvlak van die teks verstaan. Indien daar te veel tyd aan die lees van ’n teks in die klas bestee word, ondermyn dit ’n duidelike begrip van die storielyn en intrige. Selfstandige/selfgerigte lees van die voorgeskrewe teks moet by leerders aangemoedig word.

Graad 10- tot 12-leerders het nie nodig om ’n gevorderde vlak van vertolking te leer nie. Die doel van die onderrig van literêre tekste is om aan die leerders te wys hoe hulle huistaal subtiel, intelligent, verbeeldingryk en vindingryk gebruik kan word. Dit beteken dat die skepping, manipulering en herrangskikking van tekste om te verduidelik en te beklemtoon, van nader ondersoek moet word. Só ’n ondersoek beteken dat die funksie en betekenis van beeldspraak en stylfigure, sin- en paragraafstrukture, woordkeuse, deurlopende motiewe en die gebruik van simboliek geëksamineer kan word. Die meeste van hierdie werk moet teksgebaseerd wees. In die KABV (Suid-Afrika 2011:27–8) word die volgende aspekte, wat die begrip van die teks sal bevorder, vir die onderwyser aangedui: intrige en subintrige (spanningslyn), karakter en karakterontwikkeling, karakterisering, innerlike en uiterlike konflik, rol van die verteller, temas en boodskappe, agtergrond en milieu en die invloed daarvan op die karakters en die tema, stemming, ironiese wending/afloop en tydsverloop (chronologies, terugflitse en tydspronge).

Voorts moet kreatiewe skryfwerk aansluit by die studie van enige literêre teks. Skryfaktiwiteite wat ’n deeglike begrip van die voorgeskrewe literêre tekste vereis, help leerders om voorgeskrewe letterkunde beter te waardeer. Klasbesprekings is vrugbaar indien

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

271

elke leerder daaraan deelneem, maar klasbesprekings wat tot skryfaktiwiteite lei, is waardevoller en dit bevorder die onderrig van die vaardighede lees, skryf en taalgebruik.

Laastens moet die onderrig van letterkunde nie fokus op die onderrig van die regte antwoord nie. ’n Teks moet in sy geheel bestudeer word en nie net dele daarvan nie. Deeglike lees van ’n teks behels vertolking, kreatiewe en persoonlike belewing en die ondersoek daarvan.

5. Norme vir ’n geslaagde skoolvoorgeskrewe werk vir adolessente lesers

Volgens die literatuurondersoek wat onderneem is na die outeursidentiteit van Fanie Viljoen, die aard en waarde van jeugliteratuur, die leesvoorkeure en -behoeftes van die adolessente leser (vergelyk paragraaf 4.1), asook die ontleding van die KABV vir VOO-fase (Afrikaans Huistaal) ten einde die voorskrifte van die lees- en kykvaardighede en die vereistes van letterkundeonderrig na te gaan (vergelyk paragraaf 4.2), is die onderstaande norme vir skoolvoorgeskrewe werke vir adolessente lesers geformuleer. Die saamgestelde norme kan nou gebruik word om te bepaal of Onderwêreld as voorgeskrewe werk vir graad 12 Afrikaans Huistaal-leerders slaag:

• Die skoolvoorgeskrewe werk vir adolessente lesers behoort te fokus op die ouderdomsgroep vanaf 12 tot 18 jaar oud, natuurlik met inagneming van die betrokke skoolfase. ’n Adolessent behoort die hoofkarakter te wees en verkieslik een van ’n groep maats. Aangesien die adolessente leser op soek is na identiteit, wil hy of sy graag met die karakter en gebeure in die boek kan identifiseer. Indien die hoofkarakter ’n buitestandersfiguur is, behoort hy steeds te besef dat hy deel van die groter gemeenskap vorm en so menslikheid deel.

• Die ontwikkelingsbehoeftes (liggaamlik, sosiaal, kognitief, persoonlik en moreel) van die adolessentehoofkarakter, asook -leser, behoort in die skoolvoorgeskrewe werk behandel te word. ’n Positiewe rolmodel, waarmee die karakter en die adolessente leser kan identifiseer, sal ’n aanwins wees vir ’n skoolvoorgeskrewe werk.

• Die genrevoorkeure van die adolessente leser sluit vriendskaps-, avontuur- en speurverhale in, asook reeksboeke. adolessente lesers verkies verhale met ’n humoristiese, spannende en avontuurlike aard. Gevolglik behoort skoolvoorgeskrewe werke hierdie elemente in te sluit.

• Aangesien die hedendaagse adolessente leser visueel ingestel is, is die titel en die buitebladontwerp belangrike aspekte waaraan aandag geskenk moet word in die keuse van ’n skoolvoorgeskrewe werk.

• Die skoolvoorgeskrewe boek behoort vinnig in die klas gelees te kan word, sodat die adolessente leser die teks in sy geheel en in sy elementêre betekenisvlak, en nie net dele daarvan nie, kan verstaan. Dit is wenslik dat adolessente lesers ’n skoolvoorgeskrewe werk vir die genot daarvan op selfgerigte wyse sal lees, met ander woorde dat die adolessente lesers die voorgeskrewe werk sal lees omdat hulle dit graag wil lees. Voorkeuronderwerpe vir voorgeskrewe werke blyk steeds liefde, avontuur, sport, verhoudings met maats en diere te wees, maar dit is wenslik dat die tydsgees van die samelewing daarin verbeeld word, met ander woorde die inhoud moet aktueel wees en hoef verkieslik nie van omstrede en realistiese onderwerpe af te wyk nie. Onderwerpe soos skoolskietery, homoseksualiteit, sosiale media, seksuele

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

272

misbruik, dwelm- en alkoholmisbruik, selfdood, woedebeheer en getraumatiseerde gesinne kan sonder skroom in skoolvoorgeskrewe werke aangeraak word.

• Die taalgebruik in die boek behoort die algemene omgangstaal van adolessente te weerspieël, aangesien dit geloofwaardig is en identifisering met die karakters moontlik maak. Ten spyte van die algemene omgangstaal van die adolessentekarakters, moet sekere gedeeltes in die teks voorsiening maak vir die onderwyser om steeds ’n taalgevoeligheid (simboliek, denotasie en konnotasie, ensovoorts) by leerders in te skerp.

• Die gebeure en karakters is vir adolessente lesers die prominentste verhaalaspekte en ’n skoolvoorgeskrewe werk behoort daarom grootliks op hierdie twee verhaalaspekte te fokus. In die KABV (Suid-Afrika 2011:27–8) verskyn egter ’n lys van geïntegreerde aspekte van die roman wat leerders moet kan hanteer, naamlik karakterisering, rol van die verteller of perspektief, tema en boodskap, agtergrond en milieu en die invloed daarvan op die karakter en tema, dramatiese struktuur: intrige en subintrige, stemming en toon, verband tussen dialoog/monoloog en handeling, dramatiese ironie, tydsverloop, asook innerlike en uiterlike konflik.

• Aangesien die morele waardes van die hoofkarakter (verkieslik ’n adolessent) en die adolessente leser nog nie ten volle vasgelê is nie, behoort die slot van ’n skoolvoorgeskrewe werk nie uitsigloos te eindig nie. Die adolessente leser behoort die slot met behulp van sy eie morele waardesisteem en leiding deur die onderwyser krities te kan evalueer binne die groter konteks van die verhaal.

• Volgens die KABV-riglyne (Suid-Afrika 2011:12) behoort die adolessente leser in ’n skoolvoorgeskrewe werk bepaalde leesstrategieë te kan toepas om die betekenis van die teks te verhelder, onder andere voorspelling, verduideliking en evaluering. Die tekskenmerke, die samestelling van die boek, asook paragraaf- en teksstrukture behoort duidelik uit die voorgeskrewe werk te spreek. Die woordeskat in die boek behoort te lei tot woordeskatuitbreiding van die adolessente leser.

• Die literêre vertolking van die teks is nie nodig nie, maar wel die persoonlike en eerlike vertolking en kommentaar van die adolessente leser. Die adolessente leser behoort sodanig deur die skoolvoorgeskrewe werk geprikkel te word dat dit uiteindelik lei tot kreatiewe skryfwerk.

6.Teksontleding van Onderwêreld deur Fanie Viljoen

Alhoewel dit algemene praktyk is om ’n verhaal volgens die verskillende verhaalaspekte (karakterisering, vertelinstansie, fokalisasie, tyd, ruimte en gebeure) te ontleed, word die volgende teksontleding op ’n geïntegreerde wyse gedoen, aangesien die verhaalaspekte vervleg is en onnodige herhaling op dié wyse uitgeskakel word.

Uit die literatuurondersoek (vergelyk paragraaf 4.1) is dit duidelik dat die adolessente lesers se genrevoorkeure onder andere liefdes-, avontuur-, koshuis- en speurverhale is. Onderwêreld (2008) deur Fanie Viljoen, bestaande uit slegs 193 bladsye, is ’n jeugroman wat eienskappe van al hierdie genres toon: die liefdesverhouding tussen Greg en Nicole sluit aan by sekere kenmerke van die liefdesverhaal. Die kenmerke van die speurverhaal tree op die voorgrond met die verdwyning van Eckardt, aangesien die polisieondersoek en die korrekte prosedures tydens kinderverdwynings by ’n skool betrek word. Voorts sluit die kubermisdaad, misdaad, korrupsie en sosiale manipulasie in hierdie verhaal aan by die avontuur- en speurverhaal en

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

273

aangesien die verhaal grootliks by die skool en koshuis van Lawson Kollege afspeel, toon dit ook eienskappe van die koshuisverhaal. Boonop kan hierdie jeugroman ook as ’n ontwikkelingsroman (Entwicklungroman) geklassifiseer word (Trites 2000:10), aangesien die protagonis, Greg, aan die einde van die verhaal nog op pad na volwassenheid is.

Die relatiewe kort teks, die vinnige handelingsverloop en die spanningsvolle aard van hierdie verhaal, sal waarskynlik bydra tot selfgerigte lees en leesgenot by die adolessente leser.

Onderwêreld is gestruktureer in duidelike dele, naamlik die epigraaf, die proloog, die sentrale verhaalinhoud en die epiloog of slotrede. Die epigraaf bestaan uit ’n aanhaling van Dustin Dykes en ’n uittreksel uit The Hacker’s Manifesto. Die epigraafgedeelte kon moontlik as inspirasie vir die outeur gedien het, of dit dui die tema van die boek aan. Die proloog is waar aangeteken word op ’n rekenaar en ’n terugflits waar Eckardt Wilken op elfjarige ouderdom sy onskuld verloor wanneer hy op sy pa afkom tydens ’n selfdoodpoging. Hierdie gebeurtenis bepaal die handelingsverloop van die res van die verhaal. Die sentrale verhaalinhoud wissel tussen hede en verlede. Laastens fokus die epiloog of komplekse slotrede op Greg wat afsluiting van bepaalde gebeure kry en waar geregtigheid seëvier. Hierdie komplekse slot hou verband met die werklikheid en kan tot ’n interessante klasgesprek bydra. Viljoen voeg aan die einde van die verhaal bedankings by, onderskei vir die leser tussen feite en fiksie, verskaf die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies van 2002 ter waarskuwing teen kubermisdaad en hy verskaf die bronne as bewyse van die deeglike navorsing wat hy vir hierdie jeugroman gedoen het.

Die titel, Onderwêreld, is meerduidig, aangesien dit nie net op die bose wêreld van mag, geld, korrupsie en die wêreld van kuberkrakers dui nie, maar ook op die benederyk of hel asook die donker gemoed en gedagtewêreld van bepaalde karakters. Hierdie meerduidige titel behoort die adolessente leser se belangstelling te prikkel en te lei tot ’n sinvolle klasgesprek. Die buitebladontwerp met die uitbeelding van ’n adolessenteseun en ’n grafiekmatrys is visueel bevredigend. Aangesien die buitebladontwerp die adolessente leser se eerste kennismaking met die roman sal wees, sal dit waarskynlik daartoe bydra dat die adolessente leser ’n voorspelling kan maak van ’n adolessent se betrokkenheid in die kuberruimte.

Die hoofseun van ’n spogseunskool, Greg Owen (hoofkarakter en protagonis), word voortdurend dieper in die onderwêreld van kubermisdaad, spioenasie, misdaad, sosiale manipulasie en geheime ingetrek wanneer die teruggetrokke nuwe leerder, Eckardt Wilken (antagonis) geheimsinnig verdwyn. Greg se betrokkenheid by die onderwêreld laat die leser voortdurend in die duister en spanning bou op wanneer antwoorde op sekere vrae uitgestel word. Alhoewel die tyd oor ses of meer jaar verloop, strek die vertelde tyd oor ongeveer agt dae (Donderdagoggend tot daaropvolgende Vrydagaand), wat tot ’n verhoogde spanningslyn bydra. ’n Verdere bydraende faktor tot die verhoogde spanningslyn is die vernuftige afwisseling tussen hede en verlede.

Aangesien die hoofkarakter 18 jaar oud is en deel van ’n groter leerdergemeenskap vorm, behoort hierdie jeugroman geskik vir die deursnee graad 12-leerder te wees. Wanneer die hoofkarakter en die adolessente leser dieselfde ouderdom kan wees en in algemene tienertaal met mekaar kan kommunikeer, is identifisering vir die adolessente leser waarskynlik soveel makliker. Die algemene omgangstaal van adolessente, neologismes en die invoeging van Engels, veral ten opsigte van rekenaarterme, word in Onderwêreld deur die karakters gebruik wat sodoende aan hierdie verhaal geloofwaardigheid verleen. Uitgebreide rekenaarterme

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

274

word wel in die verhaal duidelik wanneer een karakter vir die ander verduidelik wat die terme beteken; sodoende kan die woordeskat van die adolessente leser op subtiele wyse uitgebrei word.

In hierdie geval speel die gebeure boonop af in ruimtes wat deur baie jongmense verromantiseer word (eksklusiewe seunkosskool, rykmansbuurte in ’n stad en ’n vakansieplek met ’n besondere allure). ’n Fiktiewe ruimte, Lawson Kollege, word in ’n bestaande, bekende en realistiese ruimte, die Drakensberge, geskep. Ander werklike ruimtes waarna in die verhaal verwys word, is Johannesburg (Sandhurst), Sterkfonteindam, Vrystaat-grens na KwaZulu-Natal, Jeffreysbaai (vakansieplek), Oliviershoekpas, Little Switzerland, Bergville, Winterton, Harrismith en Clarens. Hierdie realistiese ruimtebeelding verhoog die identifiseringsmoontlikhede vir die adolessente leser.

Die temas van verlies, plaasvervangerskap en protes word algaande in Onderwêreld uitgebeeld. Verlies word uitgebeeld wanneer dit wat vir die mens belangrik is, verloor word. Eerstens verloor Eckardt sy onskuld wanneer hy sien hoe sy pa wil selfdood pleeg, tweedens verloor die Owen-gesin ’n broer en ’n seun, Greg verloor die vriend wat hy in Eckardt gevind het, terwyl hy ook sy respek en aansien verloor wanneer hy nie as ’n leier geag word nie. Greg word uitgedaag om sy waardes te behou of nuut te vind wanneer hy betrokke raak by die onderwêreld van kubermisdaad. Verlies van vryheid kom na vore wanneer die leerders die skoolterrein as ’n tronk beskou en ook die verlies van sekuriteit wanneer persoonlike inligting deur middel van kubermisdaad bekom word. Daarbenewens kom gedeeltelike verlies aan identiteit ter sprake wanneer Eckardt en Greg ander personae as kuberkrakers (Ekk-0 en G-4ce onderskeidelik) aanneem. Verlies van lewens kom na vore wanneer Doktor Alec Pienaar, die skoolhoof, en Greg se pa ’n verskuilde virus ontwerp wat in ’n griepteenmiddel voorkom. Plaasvervangerskap as tema is duidelik wanneer Greg en Eckardt personaeverandering ondergaan sodra hulle die kuberruimte betree. Verder is daar druk op Greg om ’n plaasvervanger vir sy oorlede broer te wees en voorts kan kuberkrakers ook ’n white hat met ’n black hat vervang. Die tema van protes word duidelik wanneer teen bepaalde sosiale kwessies soos geld en prestasiedruk geprotesteer word.

Die omstrede en aktuele onderwerpe wat in hierdie jeugroman aangeraak word (onder andere tienerseks, tienerswangerskap, selfdood, kubermisdaad, misdaad, sosiale manipulasie, depressie, prestasiedruk en volgens Anker (2011:1–20) ook die gesag- en magstryd) skep besliste gespreksmoontlikhede tussen die onderwyser en die leerders. Wanneer die adolessente leser op dié wyse tussen reg en verkeerd kan onderskei, skep dit heling vir die adolessente leser wat met hierdie probleme worstel.

In die proloog en die epiloog van Onderwêreld word van ’n derdepersoonsverteller gebruik gemaak met die doel om die gebeure van ’n afstand te belig. In die sentrale verhaalinhoud (die middelste gedeelte van hierdie jeugroman) tree Greg Owen, die hoofkarakter, as die eerstepersoonsverteller op. Terselfdertyd is hy dan ook die interne fokalisator wat die ruimte, tyd en gebeure intens en persoonlik beleef. Op hierdie wyse word die verhaalgebeure werklikheidsgetrou aan die adolessente leser oorgedra, die adolessente leser kan met die hoofkarakter identifiseer en empatie jeens hom toon en die universele werklikhede soos onder andere kubermisdaad, korrupsie, prestasiedruk en die selfdood van ’n broer word makliker verwoord. Die nadele van hierdie eerstepersoonsvertelling is dat Greg beperk is ten opsigte van ruimte en plek en ’n eensydige lewensvisie en -wêreldbeskouing word aan die leser oorgedra. Die werklike lewensvisie en -wêreldbeskouing van Eckardt is ook nie duidelik aan

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

275

die leser nie. Die newekarakters is ’n diverse groep medeleerlinge van Greg en Eckardt waarmee die adolessente leser sal kan identifiseer. Een van die newekarakters wat wel hier uitgesonder kan word, is Nicole, Greg se meisie, juis omdat hulle verhouding omstrede kwessies soos tienerseks, tienerswangerskap, depressie, asook die suggestie van selfdood en ontrouheid aanraak. As gevolg van uiteenlopende omstandighede reageer die volwasse newekarakters verskillend op reg en verkeerd. Die karakters se reaksie op reg en verkeerd kan die adolessente leser waarskynlik kritiese vrae laat begin vra oor die motivering van ’n bepaalde karakter vir sy dade. Alhoewel die afloop van die gebeure vir die adolessente leser nie na ’n gelukkige slot mag lyk nie, aangesien Greg sy pa, ’n mediamagnaat, onbewustelik aan die polisie oorlewer, word ’n sterk morele beginsel nogtans beklemtoon, naamlik dat iemand wat hom aan misdaad skuldig maak, aan die pen sal ry. Greg kom tot die uiteindelike besef dat wanneer jy besig is met een of ander misdaad, jy steeds deel van ’n samelewing is en ’n verantwoordelikheid jeens hierdie samelewing het.

Volgens die KABV-riglyne vir die lees- en kykvaardighede, sowel as die benadering wat tydens letterkundeonderrig gevolg moet word, sal die Afrikaansonderwyser bepaalde leesstrategieë, soos voorspelling, verduideliking en evaluering met behulp van die Onderwêreld-teks met die leerders kan hanteer met die doel om die betekenis van die teks te verhelder. Die onderwyser kan die teks hardop in die klas voorlees en dan vra dat die leerders die gelese gedeelte in ’n beperkte getal woorde vir sy/haar vriend/in moet opsom. Die tekskenmerke van die jeugroman, maar ook dié van die speur- en koshuisverhaal sal duidelik in hierdie teks aangespreek kan word. Die onderwyser kan die interessante teksstruktuur (epigraaf, proloog, sentrale inhoud en epiloog) en die doel daarvan (die motief vir Eckardt se vriendskapsverbintenis met Greg en die twee karakters se latere optrede, asook om die spanning te verhoog) duidelik aan die leerders uitwys. Die leerders kan dossiere open vir Eckardt en Greg onderskeidelik om sodoende te fokus op karakterisering en karakterontwikkeling. Die uitgebreide rekenaarterme wat in die teks voorkom, sal positief bydra tot die gemiddelde adolessente leser se woordeskat. Die adolessente leser se persoonlike en eerlike vertolking van bepaalde omstrede onderwerpe in Onderwêreld kan lei tot interessante en leersame gespreksmoontlikhede en tot kreatiewe skryfaktiwiteite, byvoorbeeld:

• Die wêreld van geld • Die koop van gesagsposisies • Weerhouding van inligting van die polisie • Etiese kwessies rakende sosiale media • Die dood van ’n geliefde • Verhoudings met ouers, vriende en die teenoorgestelde geslag • Witboordjiemisdaad • Die invloed van gesagsfigure • Rolmodelle in die samelewing • Leierskap • Elite seunskole • Eckardt as buitestander • Eckardt as gids • Inisiasie • Greg se innerlike reis as held

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

276

7. Bevindinge

Volgens gangbare navorsingsetiek mag daar nie enige skade aan partye berokken word nie en die navorsing moet ’n waardevolle bydrae lewer tot verskeie belanghebbendes (Bless, Higson-Smith en Sithole 2013:29). In hierdie ondersoek is gepoog om waardevolle inligting aan alle sosiale rolspelers (leerders, ouers, onderwysers, skoolbestuurspanne, die onderwysdepartement en keurpanele) oor norme vir ’n geslaagde voorgeskrewe werk vir adolessente lesers te verskaf.

Die teksontleding van Onderwêreld (vergelyk paragraaf 6) is aan die norme wat vir ’n geslaagde skoolvoorgeskrewe werk vir adolessente lesers saamgestel is (vergelyk paragraaf 5), gemeet. Die norme is volgens die bevindinge uit die literatuurondersoek (vergelyk paragraaf 4.1) en die ontleding van die KABV (vergelyk paragraaf 4.2) saamgestel.

Die jeugroman, Onderwêreld deur Fanie Viljoen, voldoen aan die norme vir voorgeskrewe werke vir adolessente lesers, soos saamgestel uit die literatuurondersoek en die ontleding van die KABV. Wanneer hierdie jeugroman aan die norme vir ’n voorgeskrewe werk vir adolessente lesers (in hierdie geval graad 12 Afrikaans Huistaal-leerders) gemeet word, is dit veral die feit dat die protagonis net so oud soos die deursnee graad 12-leerder is wat hierdie verhaal laat slaag. Alhoewel die protagonis ’n seun is, word aktuele onderwerpe (onder andere kubermisdaad, die selfdood van ’n geliefde en gekompliseerde verhoudings) aangeraak waarmee meisies ook sal kan identifiseer.

8. Aanbevelings

Wanneer ’n keuse vir ’n voorgeskrewe werk vir adolessente lesers, meer spesifiek vir graad 12 Afrikaans Huistaal-leerders, uitgeoefen moet word, is ’n kritiese ingesteldheid ’n vereiste. Die Afrikaansonderwyser of die betrokke keurpaneel moet die breë vasgestelde KABV-riglyne volg, maar moet ook tendense ten opsigte van die leesbehoeftes en -voorkeure van adolessente lesers voortdurend bestudeer ter aanvulling van gestelde KABV-riglyne ten opsigte van die lees- en kykvaardighede en die letterkundeonderrigbenadering. Keurpanele kan moontlik die betrokke belanghebbendes (adolessente lesers, onderwysers, jeugverhaalouteurs en kenners van hierdie studieterrein) konsulteer oor die leesbehoeftes en -voorkeure van adolessente lesers, en die voorgestelde norme vir ’n voorgeskrewe werk vir adolessente lesers (vergelyk paragraaf 5) kan waarskynlik as riglyn gebruik word wanneer ’n boek vir hierdie bepaalde ouderdomsgroep voorgeskryf word.

Die KABV stel wel duidelike riglyne oor die leesproses en -strategieë wat gevolg moet word om die teksstruktuur en -kenmerke van ’n verhaal te kan identifiseer en begryp. Verder plaas die KABV (Suid-Afrika 2011:28) klem op verhaalaspekte wat onderrig moet word, maar die onderrig hiervan moet nie lei tot ’n literêre ontleding van ’n teks nie. Die KABV waarsku juis teen sodanige literêre interpretasie, want sodoende kan die verstaan van die teks in die geheel en die genotsaspek tydens lees, wat wel vereistes is, heeltemal verlore raak. Onderwysers moet voortdurend in gedagte hou dat literêre interpretasie ’n universiteitsvlakvaardigheid is. Die ontleding van ’n literêre teks hoef nie altyd volgens die tradisionele wyse (met ander woorde volgens die verskillende verhaalaspekte) gedoen te word nie. Die verhaalaspekte is vervleg en die adolessente leser moet juis die vaardighede bemeester om hierdie

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

277

verhaalaspekte geïntegreerd te kan bespreek ter betekenisverheldering van die teks (byvoorbeeld die ruimte wat bydra tot karakterontwikkeling), maar ook om die funksionaliteit van die verhaalaspekte uit te wys.

Uitlatings oor en kritiek teen Afrikaanse jeugliteratuur moet gemotiveerd wees en van kundigheid getuig. Jeugliteratuur is ’n selfstandige genre wat nie minderwaardig in vergelyking met ander genres geag kan word nie. Die verhale deur Afrikaanse jeugverhaalouteurs, veral ’n bekroonde outeur soos Fanie Viljoen wat die leesbehoeftes en -voorkeure van adolessente lesers verstaan, behoort as tekste vir adolessente lesers op skoolvlak voorgeskryf te word. Sodoende behoort die leesmotivering van adolessente lesers toe te neem.

Die onderwerp van hierdie artikel vereis ná 2017 ’n opvolgstudie waar kwantitatiewe metodes soos vraelyste en gestruktureerde onderhoude gebruik kan word om leerders en onderwysers se resepsie van Onderwêreld deur Fanie Viljoen tot hierdie artikel se resultate by te voeg.

9. Slotsom

Die afname in die leesmotivering van adolessente lesers kan onder andere aan die keuse van skoolvoorgeskrewe werke toegeskryf word. Die verantwoordelikheid van onderwysers en keurpanele kan derhalwe nie genoeg beklemtoon word nie. Hierdie rolspelers behoort die KABV-riglyne te volg, maar behoort ook die nuutste navorsing oor die aard en waarde van jeugliteratuur, asook oor die leesvoorkeure en -behoeftes van die adolessente leser te raadpleeg. Uiteindelik is ’n sisteem nodig waar ’n verskeidenheid hoë kwaliteit leestekste vir leerders voorgeskryf word.

Bibliografie

Anker, J. 2011. Fanie Viljoen se Onderwêreld as voorbeeld van die gesag- en magstryd in die jeugroman. LitNet Akademies, 8(3):1–20.

Attwell, A. 2014. Interview: Arthur Attwell explains the impact of the South African Department of Basic Education’s proposed new policy. LitNet University Seminar:

2014-10-07.

Beers, G.K. 2003. When kids can’t read: What teachers can do. Portsmouth, NH: Heinemann.

Bless, C., C. Higson-Smith en S.L. Sithole. 2013. Fundamentals of social research methods: An African perspective. Kaapstad: Juta and Co.

Burger, W. 2015. Kies ’n boek: Voorgeskrewe boeke. Vrouekeur, 14 Augustus, bl. 49.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

278

Cart, M. 2008. The value of young adult literature. Adopted by YALSA’s (Young Adult Library Services Association) Board of Directors. http://www.ala.org/yalsa/guidelines/whitepapers/yalit (3 Oktober 2016 geraadpleeg).

Coats, K. 2011. Young adult literature. In Wolf, Coats, Enciso en Jenkins (reds.) 2011.

Creswell, J.W. 2014. Research design qualitative, quantitative, and mixed methods approaches. 4de uitgawe. Thousand Oaks, Calif.: SAGE Publikasies.

Creswell, J.W., L. Ebersöhn, I. Eloff, R. Ferreira, N.V. Ivankova, J.D. Jansen, J. Nieuwenhuis, J. Pietersen en V.L. Plano Clark (reds.). 2016. First steps in research. Pretoria: Van Schaik Uitgewers.

Department of Basic Education (DBE). 2014. Country progress report: Education for all. Pretoria: Department of Basic Education.

Departement van Basiese Onderwys (DBO) (kyk Suid-Afrika). 2011. Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring. Pretoria: Departement van Basiese Onderwys.

Du Toit, C. en C. Bouwer. 2009. Transitional influences on early adolescents’ reading development. Perspectives in education, 27(1):91–100.

Gibbons, L., J. Dail en J. Stallworth. 2006. Young adult literature in the English curriculum today: Classroom teachers speak out. The ALAN Review, 33(3):53–61.

Hopper, R. 2005. What are teenagers reading? Adolescent fiction reading habits and reading choices. Literacy, 39(3):113–20.

Jacobs, J. 2007. Suurlemoen! Pretoria: Lapa Uitgewers.

Joubert, M.M. 2001. Die leesbelangstelling en leesgewoontes van Afrikaanssprekende tienderjariges in Pretoria. Ongepubliseerde MInf-verhandeling. Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria.

Kaplan, J.S. 2005. Young adult literature in the 21st century: Moving beyond traditional constraints and conventions. ALAN Review, 32(2):11–8.

Kleyn, L., M. Snyman en J. Geldenhuys. 2013. “Ek is lief vir lees, maar vind nie ’n passie daarin nie” – leesgewoontes van ’n proefgroep Afrikaanssprekende eerstejaarstudente. Mousaion, 31(3):74–96.

Nieuwenhuis, J. 2016. Qualitative research design and data-gathering techniques. In Creswell, Ebersöhn, Eloff, Ferreira, Ivankova, Jansen, Nieuwenhuis, Pietersen en Plano Clark (reds.) 2016.

OFSTED (Office for Standards in Education). 2003. English dissemination conference: SSI 1999–2002. (Ongepubliseerde konferensievoordragte.)

Opperman, A. 2014. Wanneer die donker roep. Taalgenoot, Lente, ble. 55–6.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

279

Phillips, N. en J.L. Brown. 1993. Analyzing communications in and around organizations: a critical hermeneutic approach. Academy of Management Journal, 36:1547–76.

Prontuit. 2015. Gesprek oor die boek ‘Onderwêreld’ met prof. Willie Burger en Irene Raath. https://www.youtube.com/watch?v=h-VJx9OofnM (1 September 2016 geraadpleeg).

Richards, C. 2008. Forever young: Essays on young adult fictions. New York: Peter Lang.

Rossman, G.B. en S.F. Rallis. 2003. Learning in the field: an introduction to qualitative research. 2de uitgawe. Thousand Oaks, Calif.: SAGE Publikasies.

Santoli, S. en M. Wagner. 2004. Promoting young adult literature: the other “real” literature. American Secondary Education, 33(1):65–75.

Short, K.G., C.M. Tomlinson, C. Lynch-Brown en H. Johnson. 2015. Essentials of young adult literature. 3de uitgawe. Boston: Pearson.

Snyman, M. 2006. Die leesvoorkeure en leesgedrag van Afrikaanse kinders. Mousaion, 24(1):145–79.

Stephens, J. 2007. Young adult: A book by any other name ...: Defining the genre. ALAN Review, 35(1):34–42.

Sturm, B.W. en K. Michel. 2009. The structure of power in young adult problem novels. Young Adult Library Services, 7(2):39–47.

Suid-Afrika. Departement van Basiese Onderwys. 2011. Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring. Pretoria: Departement van Basiese Onderwys.

Suid-Afrika. 2016. Staatskoerant van 4 September 2016. http://www.gov.za/documents/notices (3 Oktober 2016 geraadpleeg).

Swanepoel, C. 2002. Afrikaanse literatuur en die jong volwassene. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Stellenbosch Universiteit.

Thomson, J. 1987. Understanding teenagers’ reading: Reading processes and the teaching of literature. Melbourne: Methuen Australië.

Trites, R.S. 2000. Disturbing the universe. Power and repression in adolescent literature. Iowa City, Ia: University of Iowa Press.

Van der Walt, T. 2005. Afrikaanse kinder- en jeugprosa. In Wybenga en Snyman. (reds.) 2005.

Van Niekerk, J. en Van der Westhuizen, B. 2004. Humor in kinderverhale in die tersiêre en intermediêre fases van taalonderwys. Literator, 25(3):151–79.

Van Rooyen, N. 2012. Ek was hier. Pretoria: Lapa Uitgewers.

Viljoen, F. 2005. BreinBliksem. Kaapstad: Tafelberg Uitgewers.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

280

–. 2008. Onderwêreld. Kaapstad: Tafelberg Uitgewers.

–. 2012a. Betower. Pretoria: Lapa Uitgewers.

–. 2012b. Leeus met letsels. Kaapstad: Human en Rousseau Uitgewers.

–. 2013. Spring. Pretoria: Lapa Uitgewers.

–. 2014a. Pleisters vir die dooies. Pretoria: Lapa Uitgewers.

–. 2014b. Uit. Pretoria: Lapa Uitgewers.

–. 2015. Prooi. Kaapstad: Tafelberg Uitgewers.

–. 2016a. Afkop. Pretoria: Lapa Uitgewers.

–. 2016b. Skrywersdag, 20 Mei 2016. Potchefstroom: Noordwes-Universiteit, Fakulteit Opvoedingswetenskappe. Hoofspreker.

Vos, J.E. 2006. Identiteitsontwikkeling in geselekteerde jeugverhale van Barrie Hough. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus.

–. 2014. ’n Leesmotiveringsprofiel van en ’n -raamwerk vir Afrikaanssprekende adolessente lesers. Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus.

Wolf, S.A., K. Coats, P. Enciso en C.A. Jenkins (reds.). 2011. Handbook of research on children and young adult literature. New York: Routledge.

Worthy, J., E. Patterson, R. Salas, S. Prater en M. Turner. 2002. “More than just reading”: The human factor in reaching resistant readers. Reading Research and Instruction, 41(2):177–202.

Wybenga, G. en M. Snyman. (reds.). 2005. Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom: ’n gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek. Pretoria: Lapa Uitgewers.

Youssef, G., N.B. Allen, J.G. Simmons, S. Whittle, D.I. Lubman en M. Yűcel. 2016. Cognitive control as a moderator of temperamental motivations toward adolescent risk-taking behavior. Child development, 87(2):395–404.

Eindnotas

1 Die geykte literêre term outeur is in die plek van skrywer gebruik.

2 Die ouderdomsgroep binne die VOO-fase strek van ongeveer 15 tot 20 jaar oud (middel- tot laatadolessensie). Alhoewel die fokus van hierdie artikel graad 12 Afrikaans Huistaal-leerders (laatadolessente) is, word in die betoog van die artikel ook na die adolessentetydperk verwys. Die norme wat in paragraaf 5 saamgestel is, kan daarom vir leerders in die hele VOO-fase gebruik word.

Afdeling: Regte

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

281

Vergoedingsboetes in strafregtelike verrigtinge

– ’n vars perspektief Abraham Hamman en Windell Nortje

Abraham Hamman, Fakulteit Regte, Universiteit van Wes-Kaapland Windell Nortje, Fakulteit Regte, Universiteit van Wes-Kaapland

Opsomming

Vergoedingsbevele in Suid-Afrikaanse howe blyk eerder die uitsondering as die reël te wees. Alhoewel artikels 297 en 300 van die Strafproseswet 51 van 1977 vir sulke vonnisse voorsiening maak, word dit nie in die algemeen deur ons howe toegepas nie. Dit kan wees dat die howe nie altyd bewus is van hierdie vonnisse nie, of dat die fokus meer gerig is op beskuldigdes en oor wat die belange van die breë gemeenskap is en verlang, as wat die slagoffers vereis. Dit het tot gevolg dat in die meeste gevalle die slagoffer en benadeeldes se posisie of versoeke nie in ag geneem word nie en hul opinies gevolglik afgeskeep word.

Hierdie bydrae bespreek die spesifieke bepalings van die Strafproseswet wat handel oor vergoedingsboetes, asook sekere hofbeslissings waar vergoedingsboetes onder die soeklig geplaas is. Die howe is in die algemeen meer strafgerig en fokus meer daarop om die beskuldigde te straf as om na die posisie van die slagoffer te kyk. Die teorieë van strafoplegging, soos vergelding, afskrikking en rehabilitasie, moet in ag geneem word, maar die tyd het straks aangebreek om ook na die posisie van die slagoffer uit ’n herstellendegeregtigheidsoogpunt te kyk. Daar behoort ’n sterker fokus te wees op wat in die beste belang van die benadeeldes is en hoe die howe hul posisies kan bevorder. Een van die moontlike oplossings is ’n vergoedingsbevel waar ’n bedrag geld aan die benadeelde partye betaal word. Dit is ’n boetestraf wat die hof oplê, maar in plaas daarvan dat die geld na die staatskas gaan, gaan dit na die slagoffers of hul familie.

Daar behoort nie in alle ernstige tipe misdade, soos wrede verkragtings en moordsake, sulke soort boetes opgelê te word nie. Die fokus moet eerder wees – en daaraan moet aandag geskenk word – gevalle waar spesifieke versoeke deur die klaagster, slagoffer of benadeelde aan die hof gerig word. Daar moet op sodanige pleidooie ag geslaan word, veral as ’n soort vergoedingsbevel versoek word.

Trefwoorde: benadeelde; beskuldigde, boete; gevangenisstraf; herstellende geregtigheid; oortreder; slagoffer; straf; Strafproseswet; vergoedingsboete; vonnis

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

282

Abstract

Compensation orders in criminal proceedings – a fresh perspective

South African courts have to deal with the sentencing of convicted accused on a daily basis. While presiding officers are well-trained and experienced in sentencing matters, it seems that compensation orders are not generally invoked as a form of punishment. This article discusses the compensation penalty as a possible means of punishment that could be used in our courts. It could be one of the factors that may help to reduce an accused’s prison sentence and also to compensate the victim who has suffered damage resulting from the criminal activity.

The accused’s constitutional right to a fair trial provides that the lightest possible punishment should be imposed upon him. If a compensation fine is indeed a more lenient sentence, it should then be imposed. The actual sentence rests solely on the discretion of the presiding officer. There are various sentencing options available to the presiding officer, of which life imprisonment is the heaviest, and a fine the most lenient. A fine is a form of punishment which requires the accused to pay an amount of money to the state. A compensation order, on the other hand, is a sentencing option that requires the accused to pay a monetary amount, as determined by the court, to the victim. Notably, the court will not grant such an order if the accused does not have the financial means to pay the compensation. Compensation orders may take various forms and are not limited to monetary amounts. Compensation orders are regulated in terms of sections 297 and 300 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977.

Compensation orders in criminal proceedings in South African courts are the exception rather than the rule. Although included as an option in sections 297 and 300, it not regularly exercised by our courts. It may be that some courts are unaware of these types of sentences or that the focus is more geared towards the accused and the interest of the broader community rather than the victims. Consequently, victims in criminal proceedings are more often than not placed in a disadvantaged position as their requests for compensation are frequently disregarded by the courts.

Apart from the specific provisions of the Criminal Procedure Act dealing with such compensation orders, this discussion also deals with some court decisions where these were placed under the spotlight. The Criminal Procedure Act makes provision for compensation orders where damage was caused to the property of victims and where compensation orders can be part of a suspended sentence. Courts have not been consistent in the application of compensation orders. Notably, the recent approach of the Supreme Court of Appeal in DPP v Thabethe [2011] ZASCA 186 and Seedat v S [2016] ZASCA 153 raises further questions about the application of compensation orders in South Africa.

In general, while criminal courts have focused on punishing the accused, the position of the victim has been largely neglected. The theories of punishment, such as retribution, deterrence and rehabilitation, should certainly be considered, but it is time to take cognisance of the position of the victim, especially from a restorative justice perspective. Restorative justice is a prominent concept in South Africa, particularly after the successful completion of the Truth and Reconciliation Commission’s activities. It plays an important role in balancing various sentencing options while at the same time providing an alternative for an accused who has

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

283

lost all hope. At the same time the community also becomes involved in the restorative justice process, thus creating an inclusive sentencing option.

However, the concept of restorative justice within the criminal justice system has been criticised. Research has shown that older offenders are less susceptible to rehabilitation, while there are some offenders who are very difficult to rehabilitate or never become rehabilitated. Nonetheless, restorative justice sentences could still be utilised to address the imbalances in certain cases, especially where the victim has been severely affected by the offence.

It is submitted that there should be a stronger focus on what is in the best interests of the victims, interests which the courts should promote in furtherance of the development of restorative justice mechanisms in the criminal justice system. One of the possible solutions is compensation orders where an amount of money is paid to the victim of crime as a form of damage. It is true that in punishment, especially for crimes associated with violence, very severe penalties may be imposed on offenders, and in these cases consideration should not be given to imposing a penalty or a compensation order on such persons. That being said, the imposition of a compensation order in a serious case is not inconceivable, especially when all parties are in agreement.

The call is not to impose compensation orders in all serious types of crimes such as rape and murder, but attention should be given where victims request compensation. In Thabethe and Seedat such requests were made by the victims of serious crimes. The victims even stated in Thabethe that it was not their wish for the accused to be imprisoned, but rather for them to receive compensation from the accused. The victim in Seedat made it clear to the court that she would benefit from the imposition of a compensation order as she was in a dire financial situation at the time of the trial. These are serious requests by victims which should not be swept under the rug by our courts. Although the courts in Thabethe and Seedat expressed their concern that compensation orders could send out a wrong message to criminals and the community at large, in Seedat the Supreme Court of Appeal in fact imposed a sentence which was a combination of direct imprisonment and a compensation order. Perhaps it is opportune that the courts listen to the pleas of victims and award this type of compensation where it is requested by the victim. Alternatively, victims should be made aware by the prosecution that these types of sentences are available.

Keywords: accused; compensation orders; Criminal Procedure Act; penalty; punishment; restorative justice; sentencing order; victims

1. Inleiding

Suid-Afrikaanse howe moet op ’n daaglikse basis persone vonnis wat aan misdrywe skuldig bevind is. Alhoewel voorsittende beamptes deeglik opgelei is, en sommige jare lange ondervinding van vonnisoplegging het, blyk dit dat vergoedingsboetes nie algemeen as ’n straf opgelê word nie. Hierdie bydrae bespreek die vergoedingsboete as ’n moontlike strafmiddel wat in ons howe aangewend kan word. Dit kan eerstens help om ’n persoon se periode van gevangenisstraf te verminder, en tweedens kan dit benadeeldes vergoed wat as gevolg van die betrokke misdaad gely het.1

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

284

Dit is so dat in strafoplegging, veral vir misdade wat met geweld gepaard gegaan het, baie swaar strawwe aan oortreders opgelê kan word en dat in daardie gevalle daar glad nie oorweging daaraan geskenk kan word om aan sulke persone ’n boete op te lê nie. Tog is dit nie te verregaande om wel so ’n bevel te maak nie, veral nie as al die betrokke partye daartoe ingestem het nie. Die grondwetlike reg van ’n beskuldigde, naamlik die reg op ’n billike verhoor, bepaal onder meer dat die beskuldigde die voordeel van die ligste moontlike voorgeskrewe straf moet kry.2Indien ’n vergoedingsboete wel so ’n ligter tipe vonnis is, behoort dit dan opgelê te word.

Die soort vonnisbevel wat toegestaan word, is uitsluitlik in die diskresie van die voorsittende beampte. Daar bestaan verskeie vonnisopsies, waarvan lewenslange gevangenisstraf die swaarste vonnisbevel is, en ’n boete die ligste. Een van die moontlike opsies is vergoedingsboetes ingevolge artikels 297 en 300 van die Strafproseswet 51 van 1977.3Hierdie opsies vereis dat die beskuldigde ’n geldbedrag soos deur die hof bepaal, aan die benadeelde of hul naasbestaandes moet betaal.

Verder is vergoedingsboetes ook deel van ’n herstellendegeregtigheidsvonnis en word beskou as ’n deel van die hervormingsteorie. McCold en Wachtel4 definieer herstellende geregtigheid as ’n “process involving the direct stakeholders in determining how best to repair the harm done by offending behaviour”.

Herstellende geregtigheid as ’n regskonsep in Suid-Afrika het veral na die totstandkoming van die Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) meer prominent geword.5 As gevolg van die sensitiewe aard van die oorgang van apartheid na demokrasie het die WVK, wat wêreldwyd geloof is, bewys dat herstellende geregtigheid wel sy plek in die Suid-Afrikaanse regstelsel verdien. Daar is egter diegene wat die beginsel van herstellende geregtigheid kritiseer, veral die interaksie tussen herstellendegeregtigheids- en die vergeldingsteorie.6 Die wanbalans kom veral na vore in ernstiger sake waar howe versigtig is om ’n vonnis soos ’n vergoedingsboete op te lê.7

Hierdie bydrae bespreek eerstens wat vergoedingsboetes behels en fokus derhalwe ook op die wetgewing wat voorsiening maak vir die uitreiking van sodanige bevele. Dit word gevolg deur ’n bespreking van hoe sulke boetes binne die konteks van herstellende geregtigheid aangewend kan word. Daarna verskuif die fokus na verskeie hofbeslissings waar die probleme en uitdagings rakende vergoedingsboetes uitgelig is. Die gevalle waar vergoedingsboetes deur ons howe opgelê is, word ontleed om te bepaal of dit problematies is al dan nie. Ten slotte word voorstelle ten opsigte van vergoedingsboetes en die pad vorentoe vir Suid-Afrika gemaak.

2. Vergoedingsboetes

In ’n strafsaak moet die howe verskeie faktore by vonnisoplegging oorweeg, en die howe het verskeie vonnisopsies tot hul beskikking.8 Die algemeenste vonnis is ’n boetestraf of direkte gevangenisstraf. Boetestrawwe kom in die algemeen in Suid-Afrikaanse howe voor. Gevangenisstraf mag natuurlik ook met ’n boete gepaard gaan, of ’n boete kan as ’n opskortende voorwaarde opgelê word.9

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

285

’n Boetestraf behels dat die oortreder ’n geldbedrag aan die staat as ’n boete moet betaal as straf vir sy misdaad of misdade.10 In so ’n geval het die benadeelde uiteraard gewoonlik geen aanspraak op sulke betalings nie. Alhoewel howe in die algemeen ’n wye diskresie het om ’n boetestraf op te lê, is daar verskeie riglyne wat gevolg moet word.11Eerstens moet die misdade nie so ernstig wees dat gevangenisstraf opgelê moet word nie.12 Die oortreder moet ook oor die finansiële vermoë beskik of toegang tot finansies hê waarmee die boete betaal kan word.13 Gewoonlik word boetes, vir misdade wat gepleeg is vir finansiële gewin, deur die hof opgelê indien die hof wel sou besluit om ’n boete op te lê. Dit is nie raadsaam om ’n beskuldigde ’n boetestraf op te lê indien die boete buite die vermoë van so ’n persoon is nie.14 Boetes moet egter ook nie so klein wees dat dit nie die erns van die misdaad weerspieël nie.15

In die geval van ’n vergoedingsboete, daarenteen, gaan ’n bedrag geld wat deur die oortreder betaal word, na die benadeelde en nie na die staat nie. Die oortreder betaal dan die bedrag óf direk aan die benadeelde óf by die klerk van die hof in, vir die skade wat vanweë die optrede van die beskuldigde gely is.

Die hof sal in onder andere die volgende omstandighede die oplegging van vergoedingsboetes oorweeg: waar fisieke skade toegedien is aan die persoon of aan die eiendom van die benadeelde, asook vir emosionele skade en pyn en lyding.16

2.1 Vergoedingsboetes in die Strafproseswet

2.1.1 Artikel 300

Vergoedingsboetes vir skade aan die eiendom van ’n persoon word deur artikel 300 van die Strafproseswet gereguleer. Volgens hierdie artikel kan ’n vergoedingsbevel gemaak word waar daar skade aan of verlies van enige eiendom van die slagoffer was. Dit bepaal dat enige veroordeelde persoon wat deur sy misdaad skade en verlies aan die eiendom van ’n ander veroorsaak het, in sekere omstandighede beveel kan word om die benadeelde te vergoed. Dit het die effek van ’n siviele vonnis. Die hooggeregshowe het ’n onbeperkte jurisdiksie om sulke bevele te maak, maar die streeks- en landdroshowe se jurisdiksie is onderskeidelik tot R600 000 en R120 000 beperk.17

Daar is egter sekere ander vereistes waaraan voldoen moet word voordat ’n artikel 300- vergoedingsboete uitgereik mag word. Die hof mag so ’n bevel oplê slegs as die benadeelde party daarvoor aansoek gedoen het,18 of waar die aanklaer die aansoek op die instruksie van die benadeelde persoon gebring het.19 Dié soort bevele is beperk tot skadevergoeding vir direkte verlies of skade.20 Artikel 300-skadevergoedingsbevele word nie aanbeveel vir skade wat spruit uit motorongelukke nie, omdat die vasstelling van sulke skade ’n langdurige proses is.21 Dit is ook ’n kwessie wat gewoonlik tydens siviele verrigtinge in dispuut geplaas word.

Omdat artikel 300-bevele die effek van ’n siviele vonnis het, kan alternatiewe gevangenisstraf vir die wanbetaling ingevolge so ’n bevel nie gemaak word om afbetaling af te dwing nie.22 Daar word aanbeveel dat wanbetaling deur middel van eksekusieverrigtinge in die siviele howe deur benadeelde partye as ’n moontlike oplossing gebruik word.

Hierdie soort boete kan gevolglik nie opgelê word as daar nie skade of verlies aan die eiendom veroorsaak was nie. Verskeie gerapporteerde beslissings dui egter daarop dat sommige howe foute begaan het deur bevele uit te reik wat geensins volgens die tersaaklike

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

286

wetgewing gemagtig word nie.23 Dit kan ook wees dat die howe ’n soort vergoedingsbevel in gedagte gehad het, maar foutiewelik die bevel onder artikel 300 gemagtig het.24

2.1.2 Artikel 297

Volgens artikel 297 van die Strafproseswet mag ’n hof ’n vonnis uitstel vir ’n periode van minstens vyf jaar, waartydens ’n opskortende voorwaarde deur die hof opgelê kan word wat die betaling van ’n bedrag geld aan die benadeelde of sy familie insluit.25

Die artikel bepaal soos volg:

(1) Waar ’n hof ’n persoon aan ’n misdryf skuldig bevind, behalwe in die geval waar ’n minimum straf deur ’n wet vir daardie misdryf voorgeskryf word, kan die hof na goeddunke – (A) die oplegging van die vonnis uitstel vir ’n tydperk van hoogstens vyf jaar (en) die persoon vrylaat (I) op een of meer voorwaardes, hetsy met betrekking tot – (Aa) die vergoeding.

Ingevolge hierdie artikel mag die vonnishof die vonnisoplegging uitstel vir hoogstens vyf jaar en die oortreder óf onvoorwaardelik vrylaat óf vrylaat op een of meer voorwaardes, insluitend die betaling van ’n bedrag geld aan die benadeelde.26 Artikel 291(1) sluit misdrywe uit waar ’n minimum straf deur ’n wet voorgeskryf word, maar artikel 297(4) sluit nie misdade waarvoor minimum vonnisse voorgeskryf word, uit nie.

Die spesifieke voorwaarde verskil van die gewone negatiewe opskortende voorwaardes wat gewoonlik met opgeskorte vonnisse gepaard gaan. Die voorwaarde is gewoonlik negatief van aard, naamlik dat ’n persoon nie soortgelyke misdade pleeg gedurende die opskortingstydperk nie.27

Skadevergoedingsbevele kan as ’n positiewe voorwaarde beskryf word. Ander positiewe voorwaardes sluit in gemeenskapsdiens, korrektiewe toesig, die onderwerping aan behandeling of die bywoning van lesings of kursusse. Hierdie tipe voorwaardes het ten doel om die beskuldigde te rehabiliteer en hom terselfdertyd in staat te stel om ’n positiewe bydrae tot die samelewing te lewer.

Die beskuldigde kan ook gevra word om in die toekoms weer voor die hof te verskyn indien hy voor die verstryking van die tydperk daartoe opgeroep word. Indien die persoon nie opgeroep word om voor die hof te verskyn nie, of indien die hof bevind dat die voorwaardes nagekom is, word geen verdere vonnis opgelê nie en die vonnis kom dan neer op ’n waarskuwing van die hof.28

3. ’n Herstellendegeregtigheidsopsie

Vergoedingsboetes is ’n vorm van herstellende geregtigheid wat ’n belangrike deel van die Suid-Afrikaanse regstelsel uitmaak. Tronke wat oorvol is, gepaardgaande met verskeie ander faktore, het die regering destyds genoop om oorweging te skenk aan ’n alternatiewe vonnisbevel: herstellende geregtigheid.29 Herstellende geregtigheid is ’n betreklik nuwe

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

287

konsep in Suid-Afrika wat nog nie behoorlik vlam gevat het nie – dit is slegs in sy derde dekade.30 Dit stamp op ’n gereelde basis kop met die beginsels van algemene strafreg wat op vergelding gebaseer is.

Uiteraard is daar in Suid-Afrika, waar die misdaadsyfers hoog is, ’n verwagting van die howe om oortreders te straf en uit die samelewing te verwyder.31 Herstellende geregtigheid druis in ’n sekere mate teen hierdie ortodokse strafregtelike beginsel van vergelding in. Waar ’n dief byvoorbeeld normaalweg deur die lens van vergelding gesien word, beskou herstellende geregtigheid die persoon as iemand wat rehabiliteerbaar is. Dit is nie die doel van herstellende geregtigheid om die strafregtelike beginsels te vervang nie.32

Boutellier33 stel dit so: “Restorative justice is not so much an alternative as another strategy in security politics. It is not a substitution for criminal justice, but a contribution to the ongoing reshaping of social order.”

Dit kan ’n wesenlike rol vervul in die balansering van die verskeie vonnisopsies, terwyl dit ook ’n uitweg bied vir sommige oortreders wat alle hoop verloor het. Dienooreenkomstig word die gemeenskap ook in sekere gevalle by die proses betrek om sodoende ’n inklusiewe geregtigheidsmodel te verseker.

Die unieke verwesenliking van herstellende geregtigheid lê daarin dat die beskuldigde verantwoordelikheid vir sy optrede moet aanvaar.34 Dit is ook belangrik dat die beskuldigde die benadeelde as ’n individu aanvaar en respekteer.35 Bykomend hiertoe bied herstellende geregtigheid verskeie voordele vir benadeelde persone.36 Die benadeelde is ’n sentrale figuur in die proses van herstellende geregtigheid.

Koen37 voer aan: “In the restorative paradigm, victim empowerment is more than just giving the crime victim a role in the criminal justice system. It is really about reconstructing that system in such a way that it cannot function without the co-operation of the crime victim.”

Weens die verdoemenswaardige effekte van misdaad bevind benadeeldes hul gewoonlik in ’n slegter posisie as voorheen. Ten spyte hiervan reken sommige misdadigers dat hul misdrywe geen persone affekteer nie, soos ’n persoon wat belasting ontduik.38 Dit is natuurlik nie waar nie, want daar is altyd ’n slagoffer wat op een of ander manier deur misdaad geaffekteer word. Anders as die ortodokse strafreg, is herstellende geregtigheid daarop gefokus om die benadeelde ’n stem van sy eie te gee. Deesdae is dit byna onmoontlik om te dink aan ’n regstelsel sonder die invloed van herstellende geregtigheid. Frehsee39 voer aan dat “[c]riminal procedure ... is ill-equipped to deal with the emotional trauma the victim suffers as a result of the crime.”

Herstellende geregtigheid vul dus hierdie leemte.40 Die betaling van reparations, soos dit in Engels bekendstaan, oftewel “reparasies” in Afrikaans, is ’n gewilde vorm van herstellende geregtigheid. Dit het veral plaasgevind nadat Oos-Duitsland en Wes-Duitsland na die Tweede Wêreldoorlog gevonnis was om geldelike reparasies aan die Geallieerdes te betaal.41 Die woord reparations vind sy oorsprong in die woord repair.42 Die “herstel” wat plaasvind met die betaling van ’n geldelike bedrag aan ’n slagoffer, vervul ’n belangrike rol in die herstel van die slagoffer se pyn. Ofskoon die pyn gedeeltelik verlig word, is dit nog steeds ’n belangrike stap in die versoening tussen die slagoffer en die beskuldigde.43

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

288

Sodanige vergoeding vervul ’n belangrike rol in die effektiewe hervorming van die misdadiger. Herstellende geregtigheid word onder die verskillende strafteorieë juis as ’n hervormingsteorie geklassifiseer.44 Die basis van die teorie is dat die betrokke vonnis ten doel het om die oortreder te hervorm en te rehabiliteer.45 Hierdie teorie staan lynreg in stryd met verskeie ander strafteorieë, soos die vergeldingsteorie of die voorkomingsteorie, wat meer daarop gefokus is om die oortreder te straf vir sy wandade. Terwyl die hervormingsteorie ook ’n strafelement bevat, is die rehabilitasie van die oortreder die beslissende aspek.46 Dit het ook die gevolg dat die pyn en lyding van slagoffers ook in ag geneem word.

Desnieteenstaande is die hervormingsteorie beslis vatbaar vir kritiek. Die volgende gronde is noemenswaardig: Eerstens is die beginsels van die teorie nie altyd in verhouding met die graad en erns van die misdryf nie.47 Die oplegging van ’n vergoedingsboete in plaas van tronkstraf in die konteks van ’n ernstige misdaad sal altyd bevraagteken word. Miskien moet ’n mens nie net die hervormingsaspek met die tipe misdryf vergelyk nie, maar ook in ag neem dat die slagoffer van die misdaad ’n belangrike rol kan speel in hierdie balanseringsproses. Hierbenewens word daar minder gewig geplaas op die erns van die misdaad en meer aandag aan hervorming geskenk.

Tweedens is dit moeilik om presies te bepaal wanneer ’n oortreder finaal hervorm is.48 Dit kan ’n paar maande tot jare duur. Hoe ook al, dit is belangrik dat die oortreder ’n kans gegun moet word om te rehabiliteer.

Derdens is die teorie nie altyd oortuigend in die geval van ouer oortreders nie.49 Anders as met jonger oortreders, is dit moeilik om gevestigde gewoontes in ouer oortreders te verander.50

Vierdens bewys statistiek dat die hervorming van ’n misdadiger nie altyd wesenlik is nie.51 Die werklikheid is dat sekere misdadigers wel onrehabiliteerbaar is.52

Benewens die feit dat die hervormingsteorie onder gereelde kritiek deurloop, is dit van kardinale belang vir die effektiewe funksionering van die regstelsel. Soos alreeds genoem, het uiters hoë misdaadvlakke in Suid-Afrika veroorsaak dat die gevangenisdiens eenvoudig net nie meer die hoë volume gevangenes kan hanteer nie. Herstellende geregtigheid bied in hierdie uitdagende omstandighede ’n ideale oplossing. Dit is inderdaad nodig om meer gebruik te maak van die hervormingsteorie om te voorkom dat die teorie sy glans verloor. Terselfdertyd is dit belangrik om meer klem te plaas op die slagoffer se bydrae tot die proses indien ’n mens ernstig is oor die implementering van herstellende geregtigheid as ’n primêre vonnisopsie.

Dit is juis hier waar herstellende geregtigheid in al sy glans en glorie die meeste van sy glans verloor. ’n Primêre vonnisopsie soos vergoedingsboetes word selde deur howe oorweeg in ernstiger sake. Dit plaas ’n groot vraagteken by die vraag of herstellendegeregtigheidsbevele soos vergoedingsboetes wel toegepas kan word in ernstiger sake en of dit meer gepas in minder ernstige sake is.

’n Bespreking van onlangse regspraak plaas hierdie probleem onder die vergrootglas.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

289

4. Die howe se benadering

In S v Huhu53 het die Bloemfonteinse landdroshof ’n vergoedingsboete ingevolge artikel 300 opgelê. Die hof het die beskuldigde skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer en opsetlike saakbeskadiging. Die beskuldigde is gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf wat vir vyf jaar opgeskort is. Een van die voorwaardes was dat die beskuldigde ’n vergoedingsboete van R1 300 ingevolge artikel 300 aan die klaer moet betaal.54 Die boete was in maandelikse paaiemente betaalbaar en moes op die sewende dag van elke maand geskied.55

Die saak is op hersiening geplaas waartydens die hooggeregshof beslis het dat die verhoorhof verkeerdelik artikel 300 in plaas van artikel 297 van die Strafproseswet toegepas het. Die hof a quo het dus gefouteer met sy interpretasie van artikel 300. Die hersieningshof het verklaar dat ’n vergoedingsboete ingevolge artikel 300 van toepassing is slegs waar ’n beskuldigde voldoende eiendom of uitvoerbare bates het om die klaer ten volle of in ’n groot mate te kan vergoed. Dit het die posisie bevestig wat geformuleer is in S v Khoza.56 Soos alreeds genoem, maak artikel 297 voorsiening daarvoor dat ’n beskuldigde, indien hy of sy werksaam is, die vergoedingsboete in maandelikse paaiemente kan betaal en as ’n voorwaarde vir ’n opgeskorte vonnis.57 Die hof beslis vervolgens dat Huhu nooit die klaer ten volle kon vergoed nie, omdat hy nie voldoende of uitvoerbare bates besit het nie.58 Daarbenewens het die hof die vonnis aangepas en verklaar dat die beskuldigde die klaer ingevolge artikel 297(1)(a)(i)(aa) van die Strafproseswet met die bedrag van R1 300 moet vergoed.59

In S v Khoza60 het die beskuldigde tereggestaan in die Johannesburgse landdroshof op ’n aanklag van diefstal. Die beskuldigde is skuldig bevind op die aanklag dat sy R35 000 in kontant van haar werkgewer gesteel het en is gevonnis tot ’n boete van R10 000 of 36 maande gevangenisstraf. Die vonnis is opgeskort vir ’n tydperk van vyf jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan diefstal of poging tot diefstal gedurende die tydperk van opskorting nie. Die hof beslis verder dat sy ’n vergoedingsboete ingevolge artikel 300 moet betaal. Sy is beveel om die bedrag van R20 000 soos volg te betaal: R2 000 op die dag van vonnis, en die balans in paaiemente van R500 aan die einde van elke maand totdat die balans ten volle betaal is.61

Die ooreenkoms tussen die staatsaanklaer en die verdediging was dat die beskuldigde R20 000 aan die klaer moet betaal nieteenstaande die feit dat dit R15 000 minder was as wat die beskuldigde oorspronklik by die klaagster gesteel het.62 Die saak is daarna op spesiale hersiening na die Suid-Gautengse hooggeregshof verwys. Die hersieningshof het bevestig dat daar twee maniere is waarop ’n hof ’n vergoedingsbevel kan maak waar ’n klaer as gevolg van die optrede van ’n beskuldigde skade gely het. Die een is ’n bevel wat deel uitmaak van die opskortende voorwaardes in ’n vonnis ingevolge artikel 297. Die ander is ’n vergoedingsbevel ingevolge artikel 300 wat die uitwerking van ’n siviele vonnis het. Die hof bevestig dat beide metodes diskresionêr is en afhanklik is van die skuldigbevinding van ’n beskuldigde vir ’n oortreding wat skade veroorsaak het.63

Die hof beslis verder dat ’n bevel ingevolge artikel 300 net gepas sal wees waar die beskuldigde oor voldoende bates of geld beskik.64 Indien ’n beskuldigde nie in staat is om die klaer ten volle te vergoed nie, moet ’n bevel ingevolge hierdie artikel nie gemaak word nie. Indien ’n beskuldigde werksaam is en in staat is om ’n bedrag geld in paaiemente te betaal,

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

290

sou dit meer gepas en prakties wees om ’n opgeskorte vonnis op te lê op voorwaarde dat die bedrag in periodieke paaiemente betaal moet word.

Die saak is terugverwys na die landdros wat die skuldigbevinding uitgebring het, om ’n behoorlike ondersoek te doen om te bepaal of artikel 297 of artikel 300 die mees geskikte vonnis vir doeleindes van ’n vergoedingsbevel is.65

In S v Thabethe66 het die klaagster (die dogter), haar moeder en die beskuldigde, wat ook die moeder se minnaar was, in een huis gewoon.67 Die beskuldigde was die broodwinner in die huis asook ’n vaderfiguur vir die dogter.68 Die dogter was ten tye van die voorval 15 jaar en 10 maande oud.69 Op die dag van die voorval het die dogter sonder haar moeder en die beskuldigde se toestemming die huis verlaat en nie teruggekeer nie, waarna hulle onraad vermoed het.70 Die beskuldigde het ’n soektog na die klaagster geloods en haar by die huis van een van haar seunsvriende opgespoor.71 Die klaagster het vermoedelik seksuele omgang met haar vriend gehad.72 Om die ware verloop van gebeure van haar moeder te weerhou, het die klaagster by die beskuldigde gepleit om ’n ander weergawe van die gebeurtenis aan die moeder te vertel.73 Die beskuldigde het toegestem op die radikale voorwaarde dat die 15-jarige klaagster seksueel met hom moet verkeer.74 Die beskuldigde en die klaagster het toe seksuele omgang gehad. Die volgende dag het die beskuldigde homself aan die polisie oorhandig en erken dat hy die klaagster verkrag het. Die hooggeregshof75 het die beskuldigde skuldig bevind aan verkragting. Die hof het egter ’n baie ligte vonnis opgelê wat die betaling van ’n vergoedingsboete ingesluit het, naamlik dat hy 80 persent van sy inkomste aan die klaagster en haar familie moet bestee.76

Een van die belangrikste versagtende omstandighede tydens vonnisoplegging was dat die klaagster en die moeder erken het dat hulle nie sonder die beskuldigde kon oorleef nie, en verklaar het dat dit nie hul wens is dat hy tronk toe moet gaan nie.77 Buitendien het die klaagster verder gesê dat sy die beskuldigde vergewe het en dat hulle die strydbyl begrawe het.78 Dienooreenkomstig het die hof ’n herstellendegeregtigheidsvonnis opgelê, in plaas van die minimum vonnis van 10 jaar tronkstraf wat voorgeskryf word vir die misdaad van verkragting van kinders onder die ouderdom van 16 jaar.79

Die hoogste hof van appèl het egter die vonnis tersyde gestel en die beskuldigde tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die hof verklaar dat die oorspronklike vonnis nie toepaslik was nie, op grond van die erns van die misdaad.80 Die hof verklaar verder dat howe daarteen moet waak om herstellendegeregtigheidsvonnisse op te lê waar ’n beskuldigde aan ’n ernstige misdaad skuldig bevind word.81 Die hof beslis soos volg:

I have no doubt about the advantages of restorative justice as a viable alternative sentencing option provided it is applied in appropriate cases. Without attempting to lay down a general rule I feel obliged to caution seriously against the use of restorative justice as a sentence for serious offences which evoke profound feelings of outrage and revulsion amongst law-abiding and right-thinking members of society. An ill-considered application of restorative justice to an inappropriate case is likely to debase it and make it lose its credibility as a viable sentencing option. Sentencing officers should be careful not to allow some overzealousness to lead them to impose restorative justice even in cases where it is patently unsuitable. It is trite that one of the essential ingredients of a balanced sentence is that it must reflect the seriousness of the offence and the natural indignation and outrage of the public.82

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

291

In Seedat v S83 het die kwessie weer eens voor die hoogste hof van appèl gedien. In hierdie saak was die 63-jarige appellant in die streekshof skuldig bevind aan verkragting en tot sewe jaar gevangenisstraf gevonnis. Tydens appèl na die hooggeregshof teen sy vonnis het die appellant aangevoer dat die verhoorhof gefouteer het deur nie ’n alternatiewe vonnis van herstellende geregtigheid te oorweeg nie. Die appèl is gehandhaaf en die vonnis van sewe jaar gevangenisstraf is tersyde gestel en vervang met ’n bevel wat gelas het dat die appellant die bedrag van R100 000 aan die klaagster moet betaal.84 Die direkteur van openbare vervolging was egter nie tevrede met die vergoedingsboete as ’n vonnis nie en het verder na die hoogste hof van appèl geappelleer om die vonnis tersyde te stel. Hy het aangevoer dat die vonnis van die hooggeregshof onvanpas en ongeldig was.85

Die appellant, ’n sakeman wat twee winkels besit het, het op die betrokke dag die klaagster se woning besoek om ’n bedlamp af te lewer.86 Hy het aangebied om aan haar te toon dat die lamp in ’n werkende toestand is. Die klaagster het ingestem dat hy dit doen en het hom ingenooi na die slaapkamer, waar hy die lamp getoets het. Volgens die klaagster het die appellant daar in die kamer seksuele omgang met haar gehad.

Die klaagster wou hê dat die hof ’n gemeenskapsgebaseerde vonnis moet oplê en ’n bevel vir finansiële vergoeding aan haar moet uitbring vir die verkragting en trauma wat sy gely het. Sy het verder versoek dat die appellant R500 000 aan haar betaal en ’n Toyota-motorvoertuig koop, maar was selfs bereid om ’n bedrag van R100 000 te aanvaar.87

Die hoogste hof van appèl beslis dat ingevolge artikel 297(1)(a)(i)(aa) ’n hof nie die bevoegdheid het om ’n vonnis vir hoogstens vyf jaar uit te stel wanneer die wet ’n minimum straf voorskryf nie.88 Nietemin bevind die hoogste hof van appèl dat artikel 297(4) wel ’n hof magtig om die werking van ’n gedeelte daarvan op te skort onderhewig aan sekere voorwaardes, waar ’n persoon skuldig bevind is aan ’n misdryf waarvan ’n wet ’n minimum straf voorskryf. Die hof aanvaar dat die hooggeregshof korrek was om te bevind dat daar wesenlike en dwingende omstandighede was wat ’n wesenlike afwyking van die voorgeskrewe minimum vonnis regverdig het.89 Die hoogste hof van appèl bevind dat die feit dat die appellant ’n bejaarde man, ’n eerste oortreder en nie in goeie gesondheid was nie, wel so ’n afwyking regverdig het.

Die hof stem egter nie met die sentimente van die hooggeregshof saam dat die opsie van ’n herstellendegeregtigheidsvonnis in die saak korrek is nie.90 Volgens die hof is die klaagster se vermeende oortuiging dat dit gepas sou wees dat die appellant aan haar eerder ’n geldelike vergoeding moet betaal, nie die enigste faktor wat in ag geneem moet word nie.91 Die hof het beklemtoon dat verkragting ’n plaag in ons samelewing is en dat die howe ’n verpligting het om ’n duidelike boodskap uit te stuur, nie net aan die beskuldigde nie, maar ook aan ander potensiële verkragters, en om aan te toon dat die gemeenskap dit nie sal duld nie. Daar word verder beslis dat strafregtelike verrigtinge veronderstel is om by die publiek vertroue in die kriminele regstelsel in te boesem, en dat die publiek inderdaad met reg bekommerd kan wees as howe bereid is om ’n opgeskorte vonnis tesame met ’n geldelike vergoeding in verkragtingsake op te lê.92

Ten spyte van die gevorderde ouderdom van die appellant, asook sy gesondheid, bepaal die hof dat die oplegging van ’n vergoedingsboete alleen onvanpas is.93 Die hof verwys na Hewitt v S94, ’n vorige saak wat in dieselfde hof beslis is. In Hewitt was die appellant, ’n bejaarde man van 75 jaar, direkte gevangenisstraf opgelê ten spyte van die feit dat sy gesondheid

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

292

ernstig verswak het. Dit is van kardinale belang om ’n sekere punt in die Hewitt-saak met betrekking tot ouderdom uit te lig. Hoewel Hewitt ’n sieklike man van 75 jaar oud was en Seedat ’n 63-jarige relatief jonger en gesonder man, is Hewitt ’n swaarder vonnis opgelê as Seedat. Die hoogste hof van appèl vervang gevolglik die vonnis wat die hooggeregshof in Seedat opgelê het deur ’n vonnis van vier jaar direkte tronkstraf.

Vergoedingsboetes word nie gereeld in ons howe opgelê nie.95 Die sake waarna hierdie bydrae verwys, het verskeie probleme en tekortkominge ten opsigte van vergoedingsboetes belig. Dit wil voorkom asof, net soos herstellende geregtigheid, die toepassing van vergoedingsboetes in strafsake meestal onderbenut word weens die groot steun wat die strafregbeginsels plaas op die vergeldingselement, die fokus op die beskuldigde en die belange van die gemeenskap.96

Sommige howe lê wel vergoedingsboetes op, maar fouteer deurdat die verkeerde artikels van die Strafproseswet gebruik word.97 Dit kan ook ’n weerspieëling daarvan wees dat die howe nie baie met hierdie tipe vonnisse gekonfronteer word nie.

In sowel Thabethe as Seedat is dit duidelik dat die hoogste hof van appèl sterk gekant is teen slegs vergoedingboetes in ernstige sake soos verkragting en dus nie ten gunste van die herstellendegeregtigheidsvonnis is nie. Tog blyk dit dat die hooggeregshowe meer geneë is om sulke bevele op te lê. Dit is ’n aanduiding dat die strafregstelsel wel kan afwyk van die vergeldingsteorie in ernstiger sake. Maar meer nog, dit is bewys daarvan dat howe ’n wye verskeidenheid vonnisopsies tot hul beskikking het. Die strafregstelsel kan nie stagneer nie en moet aanpasbaar wees en ontwikkel in ooreenstemming met die veranderings in die gemenereg en die handves van regte.98

Fattah99 maak die volgende kritiese opmerking:

I find it rather puzzling that despite enormous social evolution and vast intellectual progress in the last two centuries, our criminal justice system remains frozen in the era of retaliation. It continues to be fixated on the notion of retribution and the need to inflict pain and suffering on the offender by way of making him pay for the injury and harm that he has done.

5. ’n Nuwe perspektief

Dit is geykte reg dat by die oplegging van vonnis, howe ’n aantal faktore moet oorweeg.100 Dit is die aard en erns van die misdryf, die persoonlike omstandighede van die oortreder en die belange van die gemeenskap.101 Daar moet altyd gepoog word om ’n gebalanseerde vonnis op te lê, wat glad nie die effek behoort te hê dat een of meer van die faktore onderbeklemtoon of oorbeklemtoon word nie.102 Uiteraard moet daar na die oortreder as ’n individu gekyk word. Daar moet ook genade betoon word aan die oortreder. Dit is so dat daar nie vonnisse is wat outomaties beskikbaar is en wat met gereelde toonmaat soos items in ’n winkel deur ’n voorsittende beampte van ’n rak afgehaal kan word en net uitgedeel word nie. Dit verg deurdagte oorweging, bepeinsing en behoort nie lukraak gedoen te word nie. Daarteenoor moet beamptes ook verseker dat die vonnis gepas is en in pas met die verskeie teorieë van straftoemeting, naamlik afskrikking, rehabilitasie, vergelding en voorkoming.103

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

293

Daarom moet ’n vergoedingsboete nie ligtelik as ’n strafmiddel opgelê word nie. As dit egter na oorweging van al die bogenoemde faktore gepas is, behoort howe nie te skroom om dit wel te doen nie.

5.1 Hervorming of vergelding?

In die Thabethe-saak was die beginsels van die hervormingsteorie en die vergeldingsteorie telkemale teen mekaar opgeweeg.104 Ofskoon die klaagster en haar moeder ten gunste was van die hervormingsteorie, het die hof nietemin beslis dat die oortreder nie hervorm kon word nie. Dit blyk dat die hof hom blind gestaar het teen die wet wat uitsluitlik voorsiening maak vir die minimum vonnis van gevangenisstraf vir die spesifieke misdaad.105 Songca en Karels106ondersteun die hof se standpunt, maar voer aan dat daar gekyk moet word na herstellende geregtigheid as ’n “parallelle meganisme” wat die vergeldingsbenadering kan aanvul. Dit is daarom van groot betekenis dat die teorieë in samesyn funksioneer en mekaar komplementeer.

Die beskuldigde is direkte gevangenisstraf opgelê ten spyte van die feit dat hy blykbaar nie ’n toekomstige gevaar vir die klaagster, haar familie of die samelewing sou wees nie.107 Hy was verder ook ingeskryf vir ’n seksuele-oortreding-voorkomingsprogram en was die broodwinner van sy familie.108

Dit blyk dat die hoogste hof van appèl in Seedat109 wil sê dat in alle ernstige tipes sake soos verkragting en moord daar altyd direkte gevangenisstraf moet wees. Tog het die hooggeregshowe in sowel Seedat110 as Thabete111 beslis dat die beskuldigdes nie ’n gevangenisstraf moet kry nie en dat ’n vonnis van herstellende geregtigheid wel in die unieke omstandighede en feite van pas is. In albei gevalle is die klaers verontrief en in albei gevalle was die appellante se grootste ontevredenheid met die opgelegde vonnis die feit dat die howe nie die herstellendegeregtigheidsopsie as ’n alternatiewe meganisme in ag geneem het nie. Die versoeke van beide klaagsters is ook van die hand gewys.

Daar word aan die hand gedoen dat vergoedingsboetes tesame met die ander herstellendegeregtigheidsvoorwaardes wat die verhoorhowe opgelê het, voldoende vonnisse in sekere omstandighede sou wees. Net omdat ’n oortreder aan verkragting skuldig bevind is, beteken dit nie dat hy altyd ’n hewige gevangenisstraf verdien nie.112 Dit behoort veral die geval te wees waar die slagoffers beklemtoon het dat hulle nie sonder die beskuldigde ’n finansiële voortbestaan kan voer nie.113

Vergoedingsboetes word in die algemeen nie in ons howe opgelê nie want die howe is meer gefokus op vergelding en op die regte van die beskuldigde. In hierdie verband word geargumenteer dat die Grondwet meer ten gunste van beskuldigdes as slagoffers is. Artikel 35 van die Grondwet bevat ’n aantal gestipuleerde regte waar die beskuldigde se reg op ’n billike verhoor bevestig en verskans is.114 Daar is egter geen aparte klousules wat oor slagofferregte handel nie. Nietemin word toegegee dat die konstitusionele hof wel in Carmichele v Minister of Safety and Security met verwysing na die handves van regte in die Grondwet die regte van slagoffers verwoord en beskerm het.115 Carmichele was egter die uitsondering op die reёl. Die slagoffer moes ’n siviele aksie instel en het as klaagster geen hulp van die strafhof ontvang nie. Miskien is dit tyd vir ’n paradigmaskuif in ons howe om nie net die beskuldigde se posisie in aanmerking te neem nie, maar ook die posisie van

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

294

slagoffers. Slagoffers behoort in die strafhowe beskerming te kry en behoort nie soos in die Carmichele saak op eie koste siviele eise hoef in te stel nie.

5.2 Belange van die gemeenskap teenoor die belange van die slagoffer

Een van die faktore wat in ag geneem word tydens strafoplegging, is die belange van die gemeenskap. Dit is egter merendeels so dat die belange van die breë gemeenskap voorrang geniet bo dié van die individuele slagoffer. Indien vergoedingsboetes meer gereeld opgelê word, kan dit onwillige getuies aanspoor om na vore te kom en in howe te getuig sodat misdadigers aan die pen kan ry. Sodanige boetes sal ook die effek hê dat meer tevrede slagoffers uit die howe sal stap, omdat ’n blote tydperk van gevangenisstraf nie brood op die tafel van die slagoffers plaas nie, maar ’n vergoedingsboete wel. Die geld gaan aan die slagoffers of hul familie, en nie na die staatskas toe nie.

In sowel Thabethe116 as Seedat117 het die hoogste hof van appèl beklemtoon dat die breë gemeenskap glad nie tevrede sal wees indien in verkragtingsake ’n beskuldigde slegs ’n boete opgelê word nie. Dit blyk uit hierdie uitsprake dat die mening van die wye publiek, asook die absolute afstootlikheid van die misdade, altyd voorrang behoort te geniet bo dié van die klaagsters. Daar sal natuurlik diegene wees wat sal redeneer dat jy nie ’n persoon wat aan verkragting skuldig bevind is, ’n boete kan oplê nie. Die vraag sal wees: Watter boodskap dra dit uit na die breë gemeenskap?

Indien daar na Seedat118 gekyk word, het die slagoffer ’n kontantbedrag en ’n motorvoertuig versoek; in Thabete119 het die klaagster en haar moeder versoek dat die beskuldigde hul moet onderhou. Wat die howe in effek dus gedoen het, was om ’n situasie te skep waarin die klaagsters weer ’n keer die onderspit moes delf. Die eerste keer is hulle verontrief deur die optrede van die beskuldigde en tweedens as gevolg van die uitspraak van die hof. Die howe het die beskuldigdes gevonnis soos wat die gemeenskap wou hê, terwyl die hof ook ’n boodskap wou uitstuur aan toekomstige oortreders om hulle af te skrik.

Die tyd het dalk aangebreek om meer klaagster/slagoffer-bewus in ons howe te raak in plaas van slegs beskuldigde-bewus te wees. Die fokus moet verskuif om te bepaal wat ook in die beste belang van die klaagsters/slagoffers is. Sodoende kan meer tevrede klaagsters/slagoffers uit ons howe stap as om die persepsie te laat toeneem dat die strafregspleging slegs tot voordeel van beskuldigdes is. Ons propageer geensins dat die gevestigde regte van beskuldigdes afgewater moet word nie, maar eerder dat die regte van die klaagsters/slagoffers meer prominensie in strafregspleging en vonnisoplegging moet geniet. Daar word alreeds van klaagsters/slagoffers gebruik gemaak om te bepaal wanneer persone uit die tronke kan kom en op parool vrygelaat moet word.120 Dit is ’n gulde geleentheid om tydens vonnisopleggings meer van hulle gebruik te maak. Daar is geen rede hoekom ’n vergoedingsboete tesame met direkte gevangenisstraf nie ’n paslike vonnis in sekere gevalle kan wees nie.

Alhoewel die hoogste hof van appèl in Seedat beslis het dat ’n vergoedingsboete nie gepas is nie, maar dat direkte gevangenisstraf opgelê moet word, is die effek juis dat die vonnis van die hof ’n kombinasie van ’n vergoedingsbevel en direkte gevangenisstraf is. Die beskuldigde het alreeds R15 000 aan die klaagster oorbetaal.121 Daar is aangedui dat sy dit nie kan terugbetaal nie. ’n Mens sou kon redeneer dat Seedat nie die bedrag sal terugeis nie, want dit is in ag geneem by die oplegging van sy vier jaar gevangenisstraf deur die hof. Seedat se

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

295

vonnis in ’n neutedop is dus: ’n tydperk van vier jaar direkte gevangenisstraf plus ’n vergoedingsboete van R15 000.122

Nietemin is daar nie ag geslaan op die versoeke van die persone wat die meeste verontrief was, wat die vernedering letterlik aan hul liggame ervaar het en van hul menswaardigheid ontneem was nie. ’n Middeweg soos om vir hulle vergoeding te gee en ook die oortreder te straf sou meer aanvaarbaar gewees het. ’n Hof moet immers ’n gebalanseerde vonnis uitbring en al die faktore in ag neem.123 Slegs direkte gevangenisstraf in hierdie tipe gevalle is juis ’n oorbeklemtoning van die aard en erns van die misdryf en negeer die belange van die slagoffer. Die fokus is te sterk op wat ’n gepaste vonnis vir die oortreder is. Die Seedat-geval is onderskeibaar van die Hewitt-saak.124 Die media en die druk van die publiek het ’n groter rol gespeel in die vonnisoplegging van Hewitt as van Seedat. Hewitt was ook aangekla van meer as een misdryf, terwyl Seedat net aangekla was vir die een klag van verkragting. In Seedat het die slagoffer beklemtoon dat sy tevrede was met die oplegging van ’n vergoedingsboete, waar dit geensins die geval in Hewitt was nie.125

Daar word toegegee dat in ernstige misdade soos verkragting en moord, en waar vergoedingsboetes glad nie deur die familie van die slagoffer of oorledene versoek word nie, dit nie in ag geneem behoort te word nie. Maar waar dit verkies word deur die benadeeldes, is daar geen rede hoekom dit nie oorweeg kan word nie. Trouens, dit gebeur reeds dat die benadeeldes wel gepols word oor hul opinie tydens paroolsittings.126 Daar word tydens paroolsittings aan ’n groep persone groot seggenskap gegee, maar dieselfde gebeur nie tydens vonnisoplegging nie.

6. Gevolgtrekking

Die Strafproseswet127 maak spesifiek voorsiening vir vergoedingsboetes. Die toepassing van hierdie vonnisbevele is egter tot nou toe ietwat onbevredigend. Dit word aan die hand gedoen dat die stereotiepe opvatting ten aansien van misdadigers – die algemene siening dat hulle ’n gevaar vir die samelewing is – sal moet verander voordat daar gepraat kan word van ’n groter rol vir herstellendegeregtigheidspraktyke binne die strafregtelike konteks.

Fattah128 stel dit kortweg so: “Another faulty premise underlying the use of penal sanctions is the mistaken belief that criminals are radically different from law-abiding citizens, a belief that leads to the creation of a false dichotomy between criminals and non-criminals.”

Om herstellende geregtigheid ’n regmatige plek binne enige funksionele regstelsel te gee, moet daar gehoor gegee word aan al die partye wat geraak is deur die misdaad, insluitend die oortreder en die slagoffer.

Op sigself bied vergoedingsboetes meerdere uitdagings. Daar word toegegee dat dit nie altyd finansieel moontlik sal wees vir beskuldigdes om vergoedingsboetes te betaal nie.129 Ook beteken die feit dat ’n groot persentasie oortreders waarskynlik onder die broodlyn lewe, nie dat vergoedingsboetes summier uitgesluit moet word nie. Sodra ’n gevonniste oortreder ’n inkomste verdien, is hy in staat om ’n boete te betaal. Die uitstelling van boetes word ook op ’n gereelde basis in howe toegestaan.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

296

In die regspraak wat onder bespreking was, het die hoogste hof van appèl wel beslis dat vergoedingsboetes nie toepaslik is nie; tog is ’n gulde geleentheid deur die vingers laat glip om moontlike leiding aan ander howe te bied oor wanneer hierdie vonnisse wel oorweeg behoort te word. Suid-Afrikaanse howe behoort in gepaste sake alle moontlike opsies van herstellende geregtigheid te oorweeg voordat swaarder vonnisse opgelê word. Dit is nie ’n onbegonne taak nie, maar behoort met omsigtigheid benader te word.

Met Suid-Afrika wat gebuk gaan onder ’n hoё misdaadsyfer en gepaardgaande oorvol tronke, het dit tyd geword om alternatiewe strawwe soos vergoedingsbevele baie meer as strafmiddels te gebruik. Sulke bevele het ’n tweërlei voordeel: minder gevangenes in oorvol tronke en ’n definitiewe positiewe bydrae vir die slagoffers van misdade wat vergoeding ontvang vir die skade wat hulle gely het. Sodoende sal meer tevrede slagoffers in strafsake verkry word en mense wat huiwerig is om getuienis in ’n hof te lewer, aangespoor word om na vore te tree en te help om misdadigers aan die pen te laat ry.

Bibliografie

Aertsen, I., T. Daems en L. Robert (reds.). 2006. Institutionalizing restorative justice. Milton: Willan.

Abel, C.F. en F.H. Marsh. 1984. Punishment and restitution: A restitutionary approach to crime and the criminal. Westport: Greenwood Press.

Achilles, M. en L. Stutzman-Amstutz. 2008. Responding to the needs of victims: What was promised, what has been delivered. In Sullivan en Tifft (reds.) 2008.

Boutellier, H. 2006. The vital context of restorative justice. In Aertsen, Daems en Robert (reds.) 2006.

Buck, K. 2005. State compensation to crime victims and the principle of social solidarity. European Journal of Crime, Criminal Law and Criminal Justice, 13(2):148–78.

Cunneen, C. 2008. Exploring the relationship between reparations, the gross violation of human rights, and restorative justice. In Sullivan en Tifft (reds.) 2008.

Danieli, Y. 2008. Essential elements of healing after massive trauma: Complex needs voiced by victims/survivors. In Sullivan en Tifft (reds.) 2008.

English Oxford Living Dictionaries. 2016. https://en.oxforddictionaries.com/definition/reparation (6 Desember 2016 geraadpleeg).

Fattah, E.A. 2007. Is punishment the appropriate response to gross human rights violations? Is a non-punitive justice system feasible? Acta Juridica, 1:209–27.

Frehsee, D. 1999–2000. Restitution and offender-victim arrangement in German criminal law: Development and theoretical implications. Buffalo Criminal Law Review, 3(1):235–59.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

297

Jordi, P. 2005. Compensation for victims of crime in a civil context. http://www.csvr.org.za/wits/confpaps/jordi.htm (6 Desember 2016 geraadpleeg).

Joubert, J.J. (red.). 2013. Criminal procedure handbook, 11de uitgawe. Kaapstad: Juta.

Hudson, B. 2003. Victims and offenders. In Von Hirsch e.a. (reds.) 2003.

Koen, R. 2007. The antinomies of restorative justice. Acta Juridica, 1:247–71.

Logan, C. 2013. Restorative justice: Encouraging more meaningful engagement with the criminal justice system. University College Dublin Law Review, 13:39–70.

Makiwane, P. 2015. Restorative justice: Bringing justice for crime victims? Obiter, 36(1):79–94.

McCold, P. en T. Wachtel. 2002. Restorative justice theory validation. In Weitekamp en Kerner (reds.) 2002.

Neethling, J. 2015. Owerspel as gedingsvatbare aksiegrond. LitNet Akademies, 12(2):397–415.

Neser, J. 2001. Reformation of sentencing in South Africa. Acta Criminologica, 14(2):84–9.

Snyman, C.R. 2014. Criminal Law, 6de uitgawe. Durban: LexisNexis.

Songca, R. en M. Karels. 2016. Geregtelike en wetgewende reaksies op seksuele misdade deur en teen kinders in Suid-Afrika en die potensiële gebruik van herstellendegeregtigheidspraktyke. LitNet Akademies, 13(1):444–78.

Steytler, N.C. 1996. Constitutional criminal procedure – A commentary on the Constitution of the Republic of South Africa. Durban: Butterworths.

Sullivan, D. en L. Tifft (reds.). 2008. Handbook of restorative justice: A global perspective. Abingdon: Routledge.

Villa-Vicencio, C. 2008. Transitional justice, restoration, and prosecution. In Sullivan en Tifft (reds.) 2008.

Von Hirsch, A., Julian V. Roberts e.a. (reds.). 2003. Restorative justice and criminal justice: Competing or reconcilable paradigms. Portland, Oregon: Hart Publishing.

Watney, M. 2015. The role of restorative justice in the sentencing of adult offenders convicted of rape. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 4:844–55.

Weitekamp, E.G.M en H.G. Kerner (reds.). 2002. Restorative justice: Theoretical foundations. Milton: Willan.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

298

Eindnotas

1 In hierdie bydrae sluit die term benadeeldes klaagsters, klaers en slagoffers in.

2 Sien art. 35(3)(n) van die Grondwet van die Republiek van Suid Afrika, 1996.

3 Hierna die Strafproseswet.

4 McCold en Wachtel (2002:111).

5 Die Waarheid-en-Versoeningskommissie is daargestel ingevolge art. 2 van die Promotion of National Unity and Reconciliation Act 34 van 1995.

6 Sien bv. Boutellier (2006:26).

7 Sien DPP v Thabethe [2011] ZASCA 186; Seedat v S (731/2015) [2016] ZASCA 153.

8 Sien Joubert (2013:326).

9 Sien art. 297(1) van die Strafproseswet; Steytler (1996:426).

10 Joubert (2013:342).

11 Joubert (2013:343).

12 Ibid.

13 S v Frans 1924 TPD 419. Sien ook Joubert (2013:343).

14 S v Ncobo 1988 3 SA 954 (N). Sien ook Joubert (2013:343).

15 S v Bhembe 1993 1 SASV 164 (T).

16 Sien art. 297 van die Strafproseswet. Sien ook Jordi (2005).

17 Art. 92(1)(b) van die Wet op Landdroshowe 32 van 1944.

18 S v Dhlamini 1967 4 SA 679 (N).

19 S v Vanmali 1975 1 SA 17 (N).

20 S v Mokwana 1969 2 SA 484 (0); S v Du Plessis 1969 1 SA 72 (N).

21 Joubert (2013:356).

22 S v Msiza 1979 4 SA 473 (T).

23 Sien S v Huhu [2013] ZAFSHC 74; S v Khoza 2011 1 SACR 482 (GSJ).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

299

24 S v Huhu parr. 3, 5.

25 Sien ook Joubert (2013:355).

26 Sien bv. S v Charlie 1976 2 SA 596 (A); S v Edward 1978 1 SA 317 (NK). Sien ook Joubert (2013:355).

27 S v Tshali 1985 3 SA 373 (O).

28 Joubert (2013:352).

29 Sien Snyman (2014:18).

30 Vgl. Koen (2007:247).

31 Boutellier (2006:27) verklaar: “The protection of citizens has become the dominant crime policy theme.”

32 Sien Boutellier (2006:26).

33 Ibid.

34 Sien Hudson (2003:180); Koen (2007:256).

35 Hudson (2003:180).

36 Sien Achilles en Stutzman-Amstutz (2008:211); Koen (2007:254); Makiwane (2015:84); Neser (2001:85). Abel en Marsh voer aan dat “[r]estitutionary systems provide victim-focused law and therefore address the issue of securing liberty for those whose ability to pursue their social options has been damaged by a criminal act.” Sien Abel en Marsh (1984:160).

37 Koen (2007:255).

38 Hudson (2003:180).

39 Frehsee (1999–2000:236).

40 Villa-Vicencio (2008:387) verduidelik dat “[r]estorative justice seeks to recover dimensions of justice often lost within the institutional retributive justice process.”

41 Sien bv. Danieli (2008:343–54). Sien ook Cunneen (2008:355–68).

42 Sien English Oxford Living Dictionaries (2016).

43 Sien Logan (2013:39–41).

44 Snyman (2014:17–8).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

300

45 Sien Snyman (2014:17).

46 Sien bv. Snyman (2014:17–8).

47 Sien Snyman (2014:18).Sien ook DPP v Thabethe, waar ’n soortgelyke proporsionele gebrek t.o.v. die herstellendegeregtigheidstraf aan die lig gebring is.

48 Snyman (2014:18).

49 Ibid.

50 Ibid.

51 Ibid.

52 Ibid.

53 S v Huhu [2013] ZAFSHC 74.

54 S v Huhu par. 2. Die verhoorhof het die vonnis m.b.t. die vergoedingsboete soos volg uiteengesit (par. 2): “That the accused compensate the complainant in terms of section 300 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 in the amount of R1 300 (One Thousand Three Hundred Rand). Such amount is payable in monthly instalments of R200 (two hundred) and one instalment of R100 (one hundred rand) at Clerk of the Court, Magistrates Court Bloemfontein. The first instalment is payable on or before 7 March 2013 with the remaining instalments on or before the 7th day of each succeeding month until such amount is paid in full.”

55 S v Huhu par. 2.

56 S v Khoza 2011 1 SACR 482 (GSJ).

57 S v Huhu par. 4; sien ook S v Khoza parr. 9–10.

58 S v Huhu par. 5.

59 S v Huhu par. 7.

60 S v Khoza par. 1.

61 S v Khoza par. 4.

62 S v Khoza par. 5.

63 S v Khoza par. 8.

64 Sien ook S v Baloyi 1981 2 SA 227 (T).

65 S v Khoza par. 13.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

301

66 DPP v Thabethe (619/10) [2011] ZASCA 186. Sien ook Songca en Karels (2016:456–62) vir ’n veelseggende bespreking van die saak.

67 DPP v Thabethe par. 5.

68 DPP v Thabethe parr. 5,12.

69 DPP v Thabethe par. 5.

70 Ibid.

71 Ibid.

72 Ibid.

73 Ibid.

74 Ibid.

75 S v Thabethe 2009 2 SACR 62 (T).

76 Vir die res van die vonnisvoorwaardes sien DPP v Thabethe par. 2.

77 DPP v Thabethe par. 6.

78 Ibid.

79 Dit was ingevolge artikel 51(2) van die Strafregwysigingswet 105 van 1997, saamgelees met deel 3 van Skedule II van die wet.

80 DPP v Thabethe par. 19.

81 DPP v Thabethe par. 20. Sien ook Songca en Karels (2016:456).

82 DPP v Thabethe par. 20.

83 Seedat v S (731/2015) [2016] ZASCA 153.

84 Seedat v S [2015] 3 All SA 93 (GP).

85 Seedat v S 731/2015) [2016] ZASCA 153) par. 19.

86 Seedat v S par. 2.

87 Seedat v S par. 12.

88 Seedat v S par. 33.

89 Seedat v S parr. 34, 37.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

302

90 Seedat v S par. 38. Die HHA verwys na sy eie vorige beslissing: DPP v Thabethe [2011] ZASCA 186; 2011 2 SACR 569 (HHA).

91 Seedat v S par. 39.

92 Seedat v S par. 40.

93 Seedat v S par. 41.

94 Hewitt v S [2016] ZASCA 100.

95 S v Khoza par. 10.

96 Sien DPP v Thabethe par. 19; Seedat v S par. 38.

97 Sien S v Huhu par.3; DPP v Thabethe par. 29.

98 Sien bv. Neethling (2015:408).

99 Fattah (2007:211).

100 Joubert (2013:325–7).

101 Sien S v Rabie 1975 4 SA 855 (A). Sien verder Joubert (2013:326).

102 Joubert (2013:325).

103 Joubert (2013:327).

104 DPP v Thabethe parr. 10, 12, 14–5, 19–20, 22.

105 DPP v Thabethe par. 29.

106 Songca en Karels (2016:466).

107 DPP v Thabethe par. 11.

108 DPP v Thabethe par. 2.

109 Seedat v S [2016] ZASCA 153 par. 38.

110 Seedat v S [2015] 3 All SA 93 (GP) parr. 49–50.

111 S v Thabethe parr. 40–1.

112 Sien oor die algemeen Watney (2015).

113 S v Thabethe par. 20.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

303

114 Art. 35 van die Grondwet.

115 Sien Carmichele v Minister of Safety and Security [2001] ZACC 22; 2001 4 SA 938 (KH).

116 S v Thabethe par. 17.

117 Seedat v S [2015] 3 All SA 93 (GP)par. 39.

118 Seedat v S [2015] 3 All SA 93 (GP)parr. 31, 38.

119 S v Thabethe par. 20.

120 Art. 75(4) van die Wet op Korrektiewe Dienste 11 van 1998; art. 299A van die Strafproseswet.

121 Seedat v S par. 42.

122 Seedat v S parr. 42–3.

123 S v Zinn 1969 2 SA 537 (A).

124 Seedat v S [2015] 3 All SA 93 (GP) par. 50; Hewitt v S par. 10.

125 Seedat v S [2015] 3 All SA 93 (GP) par. 31;Hewitt v S parr. 11–3.

126 Art. 75(4) van die Wet op Korrektiewe Dienste; art. 299A van die Strafproseswet.

127 Artt. 297, 300 van die Strafproseswet.

128 Fattah (2007:214).

129 Sien Buck (2005:149).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

304

Vonnisbespreking: Die (ongegronde) grondslag vir

die klassifisering en werking van retensieregte in die Suid-Afrikaanse reg

United Building Society v Smookler’s Trustees and Golombick’s Trustee 1906 TS 623

Mitzi Wiese

Mitzi Wiese, Departement Privaatreg, Universiteit van Suid-Afrika

Abstract

The (unfounded) basis of the classification and operation of liens in South African law

In principle, South African law distinguishes between enrichment liens and debtor and creditor liens. Enrichment liens are classified as real security rights, but debtor-creditor liens are not. It seems illogical that the same concept in law, a lien, is classified as a real security right in some instances only. This case discussion analyses the origin of this illogical classification of liens, namely United Building Society v Smookler’s Trustees and Golombick’s Trustee 1906 TS 623. In this case, Bristowe J classified liens on the basis of their enforceability against third parties. He concluded that a lien for useful and necessary expenses is always an enrichment lien and thus a real security right.

This case discussion evaluates the facts, legal arguments and finding in United Building Society v Smookler’s Trustees and then provides a critical analysis of the judgment. Each relevant statement of the judge is discussed, followed by an interpretation of the statement. The interpretations are supported by references to relevant case law, legislation and academic writings. The judge’s references to Voet are analysed and evaluated by examining them in their proper context in the works of Voet. The definition of a lien and the distinction between a lien and a tacit hypothec, as well as their legal nature, are discussed. Next, attention is given to the type of expenses that may be incurred in respect of a thing and the different liens that serve as security for such expenses. Lastly, the judge’s understanding of third-party operation (real operation) is dealt with.

The conclusion is that the court erred when it held that the builder concerned had an enrichment lien, which gave him preference over the bank’s claim. It is clear from the writings of Voet and the applicable provisions of the Insolvency Act 24 of 1936 that no distinction should be made between an enrichment lien and a debtor-creditor lien with regard

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

305

to its third-party operation and preference. Accordingly, all liens have third-party operation and enjoy preference over other creditors’ claims.

Keywords: Bona fide possessor; builder’s lien; contractual claim; debtor-creditor lien; enrichment claim; enrichment lien; ex lege; improvement lien; ius retentionis; lien; necessariae impensae; personal right; physical control; preference; real operation; real right; real security right; rei vindicatio; right of retention; salvage lien; tacit hypothec; utiles impensae; voluptuariae impensae

Trefwoorde: bewaringsretensiereg; bona fide-besitter; bouersretensiereg; derdewerking; ex lege; fisiese beheer; ius retentionis; kontraktuele eis; necessariae impensae; persoonlike reg; rei vindicatio; retensiereg; saaklike reg; saaklike sekerheidsreg; saaklike werking; skuldeiser-skuldenaar-retensiereg; stilswyende hipoteek; utiles impensae; verbeteringsretensiereg; verrykingseis; verrykingsretensiereg; voluptuariae impensae; voorkeurorde

1. Inleiding

United Building Society v Smookler’s Trustees and Golombick’s Trustee 1906 TS 623 is ’n belangrike saak wat ’n fundamentele rol speel ten aansien van retensieregte. Hierdie beslissing het betrekking op ’n verskeidenheid aspekte van retensieregte, insluitende die onderskeid tussen ’n retensiereg en ’n stilswyende hipoteek, die klassifisering van verskillende tipes retensieregte, die aard van die uitgawes aangegaan, die derdewerking van ’n retensiereg en die voorkeurposisie van ’n retensiereghouer.

’n Retensiereg is ’n magtige wapen in die hand van die retensiereghouer om die rei vindicatio van ’n eienaar af te weer. ’n Uitstaande en opeisbare vorderingsreg, tesame met fisiese beheer, word vereis ten einde op ’n retensiereg te steun (Scott en Scott 1987:85; Van der Merwe 1989:711; Sonnekus en Neels 1994:769; Scott 2008a, parr. 49–50; Badenhorst e.a. 2006:412; Du Bois e.a. 2007:661; Van der Walt en Pienaar 2009:301; Mostert e.a. 2010:365). Die voordeel van hierdie magtige wapen is dat dit sonder enige tussenkoms van die howe uitgeoefen kan word en gevolglik geen regskoste en langsame regsprosedures vereis nie. Ten einde retensieregte doeltreffend uit te oefen, is dit van belang om die werklike regsaard en werking daarvan te ontleed. ’n Retensiereg is wel tot voordeel van die skuldeiser, maar mag nie die skuldenaar of derdes op ’n onbillike wyse benadeel nie.

United Building Society v Smookler word beskou as die bron van die onderskeid tussen die verskillende soorte retensieregte en die aard en werking daarvan in ons reg. In daaropvolgende regspraak word dikwels na United Building Society v Smookler as gesag verwys (sien o.m. Brooklyn House Furnishers (Pty) Ltd v Knoetze 1970 3 SA 264 (A) 271; D Glaser and Sons (Pty) Ltd v The Master 1979 4 SA 780 (K) 787; Syfrets Participation Bond Managers Ltd v Estate and Co-op Wine Distributors (Pty) Ltd 1989 1 SA 106 (W) 110C; Goudini Chrome (Pty) Ltd v MCC Contracts (Pty) Ltd 1993 SA 77 (A)). Daar kan met sekerheid aangevoer word dat dit uiters onlogies is dat dieselfde regsfiguur (retensiereg) in een geval (verrykingsretensiereg) ’n saaklike reg vestig en in ’n ander geval (skuldenaar-skuldeiser-retensiereg) bloot ’n persoonlike reg (oftewel geen saaklike reg nie) (Sonnekus 1983:102–6; 1991:462; Sonnekus en Neels 1994:771–2). Hierdie vonnisbespreking bevraagteken die juistheid van die onderskeid tussen die verskillende retensieregte en die

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

306

aard en werking daarvan. (Sien Sonnekus 1983:102–6; 1991:462; Sonnekus en Neels 1994:771-2; Wiese 2014:2526–53 en ABSA Bank Ltd t/a Bankfin v Stander t/a CAW Paneelkloppers 1998 1 SA 939 (K) 944E-F, waarin die juistheid van die klassifikasie van ’n retensiereg as ’n subjektiewe reg bevraagteken word.) Daarna word die feite en regsargumente waarop die regter se bevinding berus, bespreek. ’n Kritiese ontleding van die uitspraak volg daarop, asook sekere slotopmerkings.

2. Feite

Smookler het in die winter van 1904 met ’n verkoper ooreengekom om sy erf te koop. Voordat Smookler oordrag van die erf geneem het, het hy ’n leningsooreenkoms met die destydse United Building Society (UBS) aangegaan (5 Oktober 1904) ten einde die koopprys te betaal en geboue op die erf op te rig. Hy het daarna (17 Oktober 1904) ’n ooreenkoms met Golombick aangegaan ingevolge waarvan Golombick ’n gebou teen £2 400 moes oprig. Golombick het dadelik begin werk. Die UBS het daarna £1 200 aan Smookler oorhandig, waarvan £460 vir die koopprys van die erf was. Die erf is daarna (12 Desember 1904) aan Smookler oorgedra en terselfdertyd is ’n verband ten gunste van die UBS as sekuriteit vir die lening oor die erf geregistreer. Golombick het die gebou voltooi en in beheer daarvan gebly as sekuriteit vir betaling van die uitstaande bedrag waarop die partye ooreengekom het. Smookler is kort daarna gesekwestreer en die erf met die geboue daarop is vir £1 900 verkoop, waarvan £300 vir die erf was en die restant vir die geboue op die grond. Golombick het in Augustus 1905 afstand gedoen van sy beheer van die grond nadat die trustees van Smookler se insolvente boedel sy eis erken het. Die trustees van Smookler se insolvente boedel het voorkeur aan Golombick se eis verleen bo dié van die UBS. Die UBS het by die hof aansoek gedoen om die distribusierekening te wysig en aan sy eis voorkeur te verleen bo dié van Golombick (623–4).

3. Regsargumente

Die applikant, die UBS, beweer dat sy eis voorkeur moet geniet, aangesien die verband ter versekering van die uitstaande koopsom geregistreer was en dit dus in wese ’n kustingbrief was (626). Met verwysing na Re Estate of Buissinne 1 Menz. 318 as gesag, voer hy aan dat ’n kustingbrief altyd voorkeur geniet bo vroeëre stilswyende hipoteke. Daarbenewens betoog hy dat ’n bouer ’n retensiereg teen ’n eienaar vestig, maar nie teen ’n persoon wat in ’n sterker posisie as die eienaar is nie. Volgens hom is ’n retensiereg ’n persoonlike reg wat slegs teen die ander kontraksparty afdwingbaar is (624).

Die applikant was van mening dat ’n bouer geen retensiereg teen die houer van ’n spesiale verband het nie. Hy verwys na Voet (Commentarius ad Pandectas 20.1.4; 20.2.28) en voer aan dat ons reg ’n onderskeid maak tussen ’n ius retentionis en ’n stilswyende hipoteek, en dat die skuldeisers na wie Voet verwys, slegs konkurrente skuldeisers is. Laastens verklaar die applikant dat die erkenning van ’n voorkeurreg ten gunste van ’n bouer bo die reg van ’n spesiale verbandhouer strydig met regsbeleid sal wees. Alle beperkings op die grondstuk (erf) moet teen die titel van die grond verskyn, met uitsondering van universele vennootskappe ingevolge ’n huwelik en regte ingevolge ’n testament (624).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

307

Die respondente, Smookler se trustees en Golombick se trustee, het egter aangevoer dat die verband van UBS nie as ’n kustingbrief kwalifiseer nie, aangesien Smookler die lening aangegaan het om vir die verbeteringe te betaal. Oor die aard van ’n retensiereg argumenteer hulle, met verwysing na Maasdorp’s Institutes of South African Law (vol. 2, 251, 281), dat die reg nóg ’n persoonlike reg nóg ’n saaklike reg is, maar dat dit ’n eiesoortige regsaard het (624–5).

Volgens die respondente is Voet (Commentarius ad Pandectas 20.2.28) gesag vir die stelling dat ’n retensiereg absoluut is en dus teen alle skuldeisers afgedwing kan word: “As to the question of privity, privity can only be against the dominus; if the right exists against him, it must exist against the whole world or else it would be valueless.”

In repliek hierop voer die applikant aan dat Voet onderskei tussen ’n ius retentionis, wat roerende goed raak, en ’n ius retentionis, wat onroerende goed raak, en dat ’n bona fide-besitter ’n spesiale regsposisie beklee en sy retensiereg van ’n ander aard is. Hy wei egter nie uit oor die ander aard daarvan nie. Daar word aangevoer dat die hof slegs op grond van voldoende gesag kan bevind dat ’n retensiereg sterker as ’n saaklike reg (spesiale verband) is. Voorts betoog hy dat die besondere regsposisie van ’n bona fide-besitter ten opsigte van grond nie na ander gevalle uitgebrei kan word nie (625).

4. Bevinding

Ter aanvang verduidelik regter Bristowe dat die applikant, die UBS, ’n wysiging eis van die distribusierekening wat deur die trustees van Smookler se insolvente boedel opgestel is. Die huis en erf wat aan Smookler behoort het, is in eksekusie vir £1 900 verkoop. Die eerste respondent, die trustees van Smookler se insolvente boedel, het egter ’n som van £96.17s.3d. aan die tweede respondent, die kurator van Golombick se insolvente boedel, toegeken. Hierdie bedrag verteenwoordig die eerste paaiement van die opbrengs van die verkoop van die huis en erf wat deel van Smookler se insolvente boedel uitgemaak het. Die UBS voer aan dat die kurator van Golombick se insolvente boedel nie op daardie bedrag geregtig is nie (625–6). Ten einde te bepaal wie op die bedrag geregtig is, moet die hof bepaal of Golombick (die bouer) ’n retensiereg het op die verbeteringe wat aangebring is, en, indien wel, of hierdie retensiereg teen die UBS afdwingbaar is.

Regter Bristowe bevind dat Golombick geregtig is op ’n retensiereg vir die verbetering van die grond, en dat hierdie retensiereg afdwingbaar teen derdes is. Hy beslis (634) dat £1 600, die bedrag waarmee die waarde van die grond verhoog is, aan Golombick toegeken moet word. Die hof beslis ook dat die retensiereg van Golombick ten opsigte van dié bedrag voorkeur geniet bo die verband van UBS. Die hof beslis wel dat die UBS, as houer van ’n kustingbrief ’n voorkeureis het ten opsigte van die £300 wat die waarde van die grond verteenwoordig. Die bedrag van £96.17s.3d. waarop die applikant aanspraak gemaak het, moet volgens die hof proporsioneel verdeel word. Hierdie bedrag verteenwoordig die balans, ná die betaling van uitgawes, van die eerste paaiement van die opbrengs van die huis en erf wat deel van Smookler se boedel uitgemaak het en vir £1 900 in eksekusie verkoop is. Die regter beperk sy uitspraak tot watter party op die restant van die uitstaande paaiemente geregtig is (625–6).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

308

Vervolgens word die onderskeie aspekte wat die hof oorweeg het om tot hierdie bevinding te kom, bespreek.

5. Kritiese ontleding van die uitspraak

Ek bespreek die uitspraak met verwysing na die omskrywing van retensieregte en die onderskeid tussen ’n retensiereg en ’n stilswyende hipoteek, die regsaard van ’n retensiereg, verskillende soorte uitgawes aangegaan, verskillende soorte retensieregte, die derdewerking van retensieregte en die voorkeurposisie van ’n retensiereghouer.

5.1 Omskrywing van retensiereg en die onderskeid tussen ’n retensiereg en ’n stilswyende hipoteek

Die regter verwys na ’n bouersretensiereg as die toepaslike retensiereg. Hoewel hierdie spesifieke verwysing die indruk kan wek dat ’n bouersretensiereg ’n besondere soort retensiereg is, is dit nie die geval nie. Die verskillende kategorieë van retensieregte word hier onder (par. 5.4) bespreek. Die regter omskryf ’n retensiereg soos volg (626–7):

The right of retention enjoyed by the builder of a new house is one of a number of liens, if we may be allowed the expression (assuming the form occasionally of a tacit hypothec, but usually of a ius retentionis), which arises from the fact that one man has put money or money’s worth into the property of another.

Die hof maak hier ’n onderskeid tussen ’n stilswyende hipoteek (tacit hypothec) en ’n retensiereg (ius retentionis), as sou dit twee verskillende regsverskynsels wees. Twee aspekte rakende die bostaande aanhaling word bespreek: eerstens, lien as sambreelbegrip vir ’n retensiereg en ’n stilswyende hipoteek en tweedens, die onderskeid tussen ’n retensiereg en ’n stilswyende hipoteek.

Dit is vreemd dat die hof die term lien in hierdie gedeelte as ’n sambreelterm vir ’n retensiereg en ’n stilswyende hipoteek gebruik. ’n Lien kan, volgens hierdie aanhaling, dus ’n retensiereg of ’n stilswyende hipoteek wees. In vroeëre beslissings (Trustee of Walker v Jones, Cosnett and Ball 1883 2 SC 354, 355; Hudson’s Trustee v Wiley 1884 4 EDC 299, 300) omskryf die howe ’n retensiereg as ’n tacit hypothec. In The Colonial Government v Smith, Lawrence and Mould 1886 4 SC 194, 199 verwys hoofregter Van Heerden na “the question of tacit hypothecation, and about the question of retention”. Die regter onderskei dus tussen ’n stilswyende hipoteek en ’n retensiereg. Scott (2008a, par. 49 vn. 1) verduidelik dat die begrip lien soos dit in die Engelse reg gebruik word, nie dieselfde as die Suid-Afrikaanse retensiereg is nie. Laasgenoemde is nie so ingewikkeld en ver ontwikkel as lien in die Engelse reg nie. Regter Bristowe se gebruik van die woord lien as sambreelbegrip vir ’n retensiereg en ’n stilswyende hipoteek berus waarskynlik op die Engelsregtelike lien en word nie as sodanig in die Suid-Afrikaanse reg erken nie. Die meer aanvaarbare siening is dat die sambreelterm stilswyende verbande of stilswyende sekerheidsregte (nie lien nie) sowel stilswyende hipoteke as retensieregte insluit. Dit dui daarop dat hierdie regte stilswyend deur regswerking (nie deur ooreenkoms nie) ontstaan.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

309

Wat die onderskeid tussen ’n retensiereg en ’n stilswyende hipoteek betref, is dit belangrik om daarop te let dat ’n groot verskeidenheid persone ingevolge die gemene reg in gegewe omstandighede ’n stilswyende hipoteek kon vestig (Scott 2008b, parr. 435–6). Hierdie stilswyende hipoteke het egter dikwels onregverdige regsgevolge gehad, want aangesien die regte nie geregistreer is nie, kon derdes en kredietverleners nie bepaal of die bates wat as sekuriteit aangebied is, reeds met ’n stilswyende hipoteek beswaar is nie (Van der Merwe 1989:493). Gevolglik is die meeste van die gemeenregtelike stilswyende hipoteke deur wetgewing tot niet gemaak. Die stilswyende hipoteek van ’n verhuurder en die stilswyende hipoteek van ’n kredietgewer is die enigste gemeenregtelike stilswyende hipoteke wat in die hedendaagse Suid-Afrikaanse reg erken word. Stilswyende hipoteke word as saaklike sekerheidsregte beskou (Scott 2008b, parr. 435–6; Badenhorst e.a. 2006:403-6; Du Bois e.a. 2007:655-9; Van der Walt en Pienaar 2009:274; Mostert e.a. 2010:360-5).

Regter Bristowe delf dieper in die onderskeid tussen ’n stilswyende hipoteek en ’n retensiereg (627): “Whether in any particular case the lien shapes itself as a hypothec or a ius retentionis would appear to depend on the circumstance of possession.” Hy dui aan dat besit (possession) ’n vereiste vir die bestaan van ’n retensiereg is. In die afwesigheid van besit deur die persoon wat die eiendom verbeter het of geld en/of arbeid daaraan bestee het, kan slegs ’n hipoteek gevestig word – geen retensiereg word gevestig nie. ’n Persoon wat bloot herstelwerk aan ’n bestaande huis doen, word as voorbeeld genoem. As gesag vir hierdie stelling verwys die hof na Israelson Trustees v Harris and Black 22 S.C. 135, wat handel oor die beheervereiste as element van die besitsvereiste by retensieregte. Hoofregter De Villiers moes die vraag beantwoord of ’n stel sleutels van ’n kamer in ’n gebou ’n retensiereg oor die hele gebou vestig (138). Die regter beslis dat ’n bepaling in die Polisiewet 5 van 1861 wat handel oor onregmatige en wederregtelike betreding van grond, nie die reg ten aansien van retensieregte beïnvloed nie, maar wel benadruk dat fisiese beheer ’n vereiste vir die vestiging van ’n retensiereg is. In die spesifieke geval het die verweerders nie fisiese beheer oor die gebou in sy geheel gehad nie en gevolglik beslis hoofregter De Villiers (139–40) dat geen retensiereg gevestig is nie. Die verwysing na Israelson Trustees in United Building Society v Smookler dien dus slegs as gesag vir die standpunt dat ’n retensiereg beheer oor die saak vereis.

Die regter se standpunt is soos volg: Indien die skuldeiser in beheer van die saak is, vestig hy ’n retensiereg; in die afwesigheid van beheer vestig die skuldeiser ’n stilswyende hipoteek, of geen saaklike reg nie.

Van der Merwe (1989:492) verduidelik:

[S]tilswyende hipoteke [verskil] van retensieregte deurdat volgehoue besit van die sekerheidsvoorwerp ’n vereiste vir die uitoefening van ’n retensiereg is, terwyl ’n stilswyende hipoteek kan bestaan sonder dat die skuldeiser in besit van die saak hoef te wees.

’n Verhuurder kan egter in beheer (besit) van die saak wees en sy hipoteek uitoefen. ’n Skuldeiser wat in beheer van die saak is, kan gevolglik ’n retensiereg of ’n stilswyende hipoteek oor die saak uitoefen.

’n Stilswyende hipoteek vereis nie beheer oor die sekerheidsobjek deur die skuldeiser nie en kan saam met die vorderingsreg waaraan dit gekoppel is, gesedeer word. ’n Retensiereg

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

310

vereis ononderbroke beheer oor die sekerheidsobjek en is onoordraagbaar. Die stilswyende hipoteek van sowel ’n verhuurder as ’n kredietgewer word in die hedendaagse Suid-Afrikaanse reg as ’n saaklike sekerheidsreg erken. ’n Retensiereg word deur sommige skrywers as ’n saaklike sekerheidsreg beskou en deur ander as ’n blote verweer teen die rei vindicatio. Ongeag die ware aard van ’n retensiereg word dit ook in artikels 2 en 47 van die Insolvensiewet bekragtig. (Sien die bespreking van die voorkeurposisie in par. 5.6 hier onder. Sien ook Van der Merwe 1989:502; Sonnekus en Neels 1994:764–8; Badenhorst e.a. 2006:403; Van der Walt en Pienaar 2009:295; Mostert en Pope (reds.) 2010:360.)

Die hof verwys ook na die volgende voorbeelde van stilswyende hipoteke en retensieregte (627): ’n stilswyende hipoteek vir die herstel van ’n bestaande huis; ’n retensiereg ten gunste van ambagsmanne vir die vervaardiging of herstel van bepaalde roerende sake; ’n bona fide-besitter se retensiereg op grond waarop hy ’n gebou of geboue opgerig het. Regter Bristowe doen, met verwysing na die Digesta (50.17.206), aan die hand dat hierdie stilswyende hipoteke op die stelreël iure naturae aequum est neminem cum alterius detrimento et iniuria fieri locupletiorem (dit is ooreenkomstig die billikheid van natuurlike reg dat niemand ten koste van iemand anders moet wins maak nie) berus. Dit wil voorkom of die regter meen dat die basis van al hierdie retensieregte die beginsel is dat geen persoon onregmatig ten koste van ’n ander verryk mag word nie. Dit is egter onverklaarbaar waarom die skuldeiser se eise in al hierdie gevalle op verryking moet steun. Al die genoemde retensieregte kan en sal dikwels eerder ’n eis verseker wat uit ’n kontrak voortspruit: ’n bouer sal waarskynlik ’n ooreenkoms met die eienaar van die grond hê om ’n huis daarop te bou. Dit lyk of die regter self nie heeltemal seker is nie, want hy verklaar: “We think it may be said ...”

5.2 Regsaard van retensiereg

Daarna laat regter Bristowe hom soos volg oor bewarings- en verbeteringsretensieregte uit (632):

Now a ius retentionis for necessariae or utiles impensae may well be, and we think is, a real right. No doubt it is not possession in the legal sense, but it is a right to exclude every one else from possession during continuance of a certain state of things. It is therefore a right to exclude the world from the enjoyment of one of the most important of the privileges which accompany dominium.

Die woorde “may well be” en “we think” dui daarop dat die regter onseker is oor sy stelling dat ’n retensiereg vir noodsaaklike of nuttige uitgawes ’n saaklike reg is. Hy vermeld ook geen gesag of verduideliking vir hierdie standpunt nie. Dit is ook nie duidelik wat hy met “possession in the legal sense” bedoel nie. Dit wil voorkom of hy meen dat besit ’n saaklike reg is, aangesien hy “possession in a legal sense” noem en dan ook nog aandui dat die reg die bevoegheid aan die retensiereghouer verleen om derdes uit te sluit van een van die “privileges” van eiendomsreg, te wete besit. Teen die standpunt in ons reg dat besit ’n reg is, beweer Sonnekus en Neels dat besit nie ’n subjektiewe reg kan wees nie (sien die bespreking van besit as ’n subjektiewe reg in 1994:125–6). Die regter regverdig sy afleiding deur die res van die aanhaling, waarin hy besit met eiendomsreg in verband bring. Moontlik het hierdie uitlating hoofregter Steyn in Kommissaris van Binnelandse Inkomste v Anglo American (OFS) Housing Co Ltd 1960 3 SA 642 (A) 657C–G laat tas na die subtraction from the dominium-toets om die aard van ’n retensiereg te bepaal (sien Wiese 2013:733–42).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

311

Die hof verwerp die argument dat ’n retensiereg vanweë die registrasievereiste nie ’n saaklike reg kan wees nie op grond daarvan dat registrasie slegs van toepassing is op regte wat deur die regshandelinge van partye geskep word (632). Hy dui aan dat daar geen regsreël is wat bepaal dat saaklike regte wat ex lege geskep word, nie afdwingbaar is tensy dit geregistreer word nie. Sonnekus en Neels (1994:769–70) voer juis aan dat ’n retensiereg nie ’n saaklike reg kan wees nie, onder andere omdat dit nie geregistreer kan word nie.

Die regter se onsekerheid oor die aard van retensieregte kom na vore waar hy hom uitlaat oor die moontlikheid dat ’n retensiereg net ’n blote verweer is (632):

Furthermore we doubt whether it is correct to say [...] that the ius retentionis is a mere weapon of defence, for we think that if a person exercising that right were forcibly dispossessed he might make use of it as a weapon of offence in an action for spoliation.

Volgens die regter, wat weer eens nie seker van sy standpunt is nie (vgl. “we doubt” en “we think”), is ’n retensiereg nie bloot ’n verweer nie. Ek vind dit vreemd en onjuis dat die hof hier na ’n retensiereg as ’n “weapon of offence” verwys. Dit is belangrik om daarop te let dat die mandament van spolie nie die retensiereg beskerm nie, maar wel die beheer van die retensiereghouer oor die saak. Dit is onmoontlik om ’n retensiereg as ’n “weapon of offence in an action for spoliation” te gebruik. Die hof poog waarskynlik hier bloot om te verduidelik dat ’n retensiereghouer wat beheer oor ’n saak uitoefen, ingevolge sy retensiereg daardie beheer met die mandament van spolie kan beskerm.

Die hof verduidelik dan waarom skuldeiser-skuldenaar-retensieregte nie saaklike regte is nie. Regter Bristowe meld dat alhoewel hy ’n retensiereg vir noodsaaklike en nuttige uitgawes as ’n saaklike reg beskou (632), dit nie beteken dat ’n skuldeiser-skuldenaar-retensiereg ook ’n saaklike reg is nie. Dit kom voor dat die regter onseker is oor die wyse waarop skuldeiser-skuldenaar-retensieregte gevestig word. Hy meld dat indien hierdie soort retensieregte deur regswerking tot stand kom, dit steeds nie saaklike regte tot gevolg het nie, aangesien die retensieregte nie teen derdes afdwingbaar is nie. Voorts vermeld hy dat ’n reg wat uit ’n kontrak ontstaan, nie ’n saaklike reg is nie, aangesien sodanige saaklike regte net deur registrasie geskep kan word. Dit kom voor of die regter die vestiging van retensieregte en die regsgrond van die vorderingsreg waarvoor die retensiereg as sekuriteit dien, verwar. Alle retensieregte ontstaan ex lege. Die ontstaansbron van die vorderingsreg waarvoor die retensiereg as sekerheid dien, kan ongeregverdigde verryking of ’n kontrak wees.

Ná hierdie bespreking van die aard van ’n skuldeiser-skuldenaar-retensiereg beslis regter Bristowe dat ’n skuldeiser-skuldenaar-retensiereg afdwingbaar is teen die skuldeisers van die skuldenaar indien hulle kennis gehad het van die ooreenkoms tussen die retensiereghouer en die skuldenaar (633). Indien bouersretensieregte altyd as skuldeiser-skuldenaar-retensieregte geklassifiseer kan word, sal die retensiereg van Golombick nie voorkeur bo die verband van UBS geniet nie, tensy UBS kennis gehad het van die retensiereg. Die regter bevind dat dit onnodig is om oor hierdie aangeleentheid te beslis (633).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

312

5.3 Uitgawes aangegaan

Die hof dui aan dat die uitgawes wat een persoon ten opsigte van die grondstuk van ’n ander persoon kan aangaan, op die volgende wyse ingedeel kan word (627):

(1) necessariae impensae, that is, expenses which are necessary for the preservation of the property; (2) utiles impensae, that is, expenses which, although they are not necessary to preserve the property, nevertheless improve its market value; and (3) voluptuariae impensae, that is, expenses which neither preserve the property nor increase its market value, but merely gratify the caprice or fancy of a particular individual.

Die hof verwys na die “authorities”, maar gee geen aanduiding van wie die “authorities” is nie.

De Vos (1987:228) kritiseer hierdie omskrywing van impensae voluptuariae en impensae utiles. Hy dui aan dat regter Bristowe se opvatting omtrent die betekenis van impensae utiles en impensae voluptuariae ook in die volgende uitsprake aangetref word: Ford v Reed Bros 1922 TPD 266, 272; Phillips and Gordon v Adams 1923 EDL 104, 110; Land Bank v Mans 1933 CPD 16, 25 en Brooklyn House Furnishers (Pty) Ltd v Knoetze and Sons 1970 3 SA 264 (A) 270. Volgens De Vos is hierdie uitsprake ook “klaarblyklik onjuis”. Die regter beskryf impensae voluptuariae as uitgawes wat bloot die giere of smake van ’n individu bevredig en nie die saak bewaar of die markwaarde daarvan verhoog nie. De Vos voer aan dat impensae voluptuariae alle gelde is wat op “weelderige verbeterings bestee is, al het dit die grond se waarde verhoog”. As voorbeeld gebruik hy ’n swembad: dit verhoog die markwaarde van die eiendom, maar is wel weelderig van aard en dus is die uitgawes aangegaan om ’n swembad te bou impensae voluptuariae. Uitgawes wat aangegaan word op verbeterings wat “volgens die gangbare ekonomiese en maatskaplike opvattings as nuttig beskou word”, is impensae utiles. Die skrywer noem ’n dam op ’n plaas en ’n bad in ’n woonhuis as voorbeelde van nuttige uitgawes. De Vos voer aan dat hierdie opvatting deur die gemene reg gesteun word. Voorts dui hy aan dat ’n eienaar van grond in sommige gevalle verplig kan word om weelde-uitgawes te vergoed in die mate waarin hy daardeur verryk is. Met verwysing na die omskrywings van impensae voluptuariae en impensae utiles steun Eiselen en Pienaar (2002:268) en Sonnekus (2007:203–7) De Vos se kritiek op die omskrywing van weelderige en nuttige verbeteringe in United Building Society v Smookler.

5.4 Verskillende soorte retensieregte

Ná bostaande uiteensetting van die verskillende soorte uitgawes gee die hof vir die eerste keer ’n indeling van die verskillende soorte retensieregte (627–8), wat vandag steeds deur die regspraak en die meeste sakeregskrywers gevolg word.

Liens for necessariae impensae and liens for utiles impensae are clearly recognised in the books. The former would be called in modern phraseology salvage liens or liens for repairs properly so called. The latter are liens for improvements as distinguished from repairs.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

313

Dit is interessant dat die regter hier bloot verwys na die erkenning van hierdie soorte retensieregte “in the books”, maar geen presiese aanduiding gee van die gesag waarop hy steun nie. Ek is ook nie seker wat die hof bedoel met modern phraseology nie.

Die indeling van retensieregte in bewarings- en verbeteringsretensieregte word gevolg deur ’n ondersoek na retensieregte vir weelde-uitgawes (628):

Liens for voluptuariae impensae are not (so far as we have been able to discover) mentioned in terms; but frequent references occur to liens which creditors are said to possess who have incurred expenses on the property of their debtors, that is, liens for expenses incurred under contract with the owner of the property. So far as the expenses covered by these liens are necessariae or utiles it was not necessary to invent a new species of lien to denote them, for salvage and improvement liens would have been sufficient. But so far as they include voluptuariae impensae, or at all events expenses which are not shown to be either necessariae or utiles, it was necessary to refer them to some other principle than the maintenance or increase of market value. And the only other ground on which they can possibly be based is contract. It is easy, therefore, to see how the liens arising in cases of contract may have come to be treated as a class by themselves, although it was only really necessary to rely on contract for the proportion of the expenses (if any) which were not necessariae or utiles.

Bostaande is ’n belangrike aanhaling en moontlik die oorsprong van latere verwarring. Ongelukkig haal die regter geen gesag vir sy stellings aan nie. Hy probeer eintlik bepaal of daar ’n besondere soort retensiereg bestaan ten opsigte van weelde-uitgawes. Verder fokus hy op die vraag of ’n skuldeiser wat sodanige uitgawes ingevolge ’n ooreenkoms met die eienaar van die saak aangaan, ’n retensiereg het. Hy verklaar dat dit nie nodig is om ’n nuwe soort retensiereg te ontwikkel vir noodsaaklike en nuttige uitgawes nie, aangesien sodanige uitgawes deur die bestaande bewarings- en verbeteringsretensieregte gedek word. Wat weelde-uitgawes betref, verklaar hy dat sodanige uitgawes slegs op grond van ’n kontrak verhaal kan word. Hy kom dan tot die gevolgtrekking dat dit eintlik nie nodig is om retensieregte wat op ’n kontrak gegrond is, as ’n afsonderlike klas te beskou nie, alhoewel dit nodig is om op ’n kontrak staat te maak vir daardie deel van die uitgawes wat nie noodsaaklik of nuttig is nie.

Hierdie houding is onverklaarbaar. Dit veronderstel dat selfs as daar ’n kontrak bestaan tussen die eienaar van die saak en die persoon wat die uitgawes aangaan (die skuldeiser), die skuldeiser slegs op grond van verrykingsbeginsels vir die noodsaaklike en nuttige uitgawes kan eis en vir die weelde-uitgawes die ooreengekome kontrakprys. Daar moet egter in gedagte gehou word dat wanneer die skuldeiser ’n ooreenkoms met die eienaar het ingevolge waarvan hy sekere verbeteringe aan ’n saak moet aanbring, die basis vir die skuldeiser se eis nie verryking is nie, maar op die kontrak tussen die partye berus. Daar is dus geen sprake van ongeregverdigde verryking nie. Indien die skuldeiser egter verbeteringe aanbring waaroor nie met die eienaar ooreengekom is nie en die eienaar vorder sy saak, sal die skuldeiser slegs op ’n retensiereg aanspraak kan maak indien hy ’n vorderingsreg teen die eienaar het. Sonder ’n hoofskuld is daar geen retensiereg nie. Aangesien daar dan nie ’n kontrak tussen die skuldeiser en die eienaar is nie, is verryking die enigste moontlike bron vir die vorderingsreg tussen hulle.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

314

As X dus ingevolge ’n ooreenkoms met die eienaar van ’n motor herstelwerk aan die motor doen, kan X hom op ’n skuldeiser-skuldenaar-retensiereg teen die eienaar beroep vir alle uitgawes waaroor ooreengekom is. Indien X egter herstelwerk aan ’n motor doen wat deur ’n derde, Y, na hom gebring is, kan hy hom slegs op ’n verrykingsretensiereg teen die eienaar van die motor beroep vir die nuttige en noodsaaklike uitgawes wat hy ten opsigte van die motor aangegaan het. In eersgenoemde geval is daar ’n regsgrond (die kontrak) vir die vermoënsverskuiwing na die eienaar (skuldenaar). In laasgenoemde geval is daar geen regsgrond waarop die eienaar die vermoënsverskuiwing mag behou nie en daarom moet die skuldeiser sy vorderingsreg op ongeregverdigde verryking baseer. (Oor moontlike aspekte van die sine causa-vereiste by verryking, sien Eiselen en Pienaar 2002:71; Sonnekus 2007:333–79; 1996:586–7; Du Bois 2007:1054–5.)

Regter Bristowe verwys dan vir die eerste keer na ’n retensiereg wat ’n kontraktuele eis teen die eienaar verseker as ’n skuldeiser-skuldenaar-retensiereg (628). Die regter erken, met verwysing na gesag (Matthaeus, de Auctionibus, 1, 20, 18; Zupthen, Nederlandsch Practijk, sub voce Retentie, p. 547; Wassenaar, Practijk Judicieel, 1.22.76; Van Leeuwen, Commentaries, 4.40.2), dat ’n skuldeiser-skuldenaar-retensiereg geld vir alle uitgawes waaroor daar in die ooreenkoms (uitdruklik of stilswyend) met die eienaar ooreengekom is, hetsy noodsaaklik of nuttig of vir weelde. Dan beperk hy egter, sonder verwysing na gesag, sodanige retensieregte tot uitgawes wat nie noodsaaklik of nuttig is nie. Daarna verklaar hy dat weelde-uitgawes (alhoewel hy dit nie weelde-uitgawes noem nie, maar uitgawes wat nie onder noodsaaklike of nuttige uitgawes val nie) alleen binne kontraktuele verband geëis kan word (“spring from the soil of the contract, so they are confined within the limits of contractual privity”) (628). Skuldeiser-skuldenaar-retensieregte vir weelde-uitgawes word dus beperk tot die partye tot die ooreenkoms, maar die omvang van die eis is nie beperk tot die oorweging van die markwaarde van die saak nie (630). Hierdie oënskynlike teenstelling is in werklikheid geensins ’n teenstelling nie, maar ’n bevestiging dat weelde-uitgawes alleen op grond van ’n kontrak met die eienaar van die saak geëis kan word.

Die regter dui aan dat bewarings- en verbeteringsretensieregte beskou word as afdwingbaar teen alle derdes, maar dat dit beperk is tot uitgawes wat die markwaarde van die saak gehandhaaf of verhoog het (630). Hy voer aan dat die markwaarde van die saak as maatstaf vir die verrykingsbedrag dien indien daar geen kontrak tussen die partye is nie. Indien daar egter ’n kontrak tussen die partye is, is die maatstaf vir die verrykingsbedrag die uitgawe wat deur die kontrak gemagtig word.

Ek vind dit vreemd dat die regter van verryking praat in die geval van ’n kontrak. Die kontrak is tog die regsgrond vir die vermoënsverskuiwing en verryking kom dus nie ter sprake nie.

Die regter vervolg met die stelling dat ’n verrykingsretensiereg dus gevestig kan word ter versekering van die bedrag waarmee die markwaarde van die saak verhoog is, terwyl ’n skuldeiser-skuldenaar-retensiereg dien ter versekering van die volle bedrag van die uitgawes.

Regter Bristowe ondersoek voorts die vraag vir welke uitgawes die retensiereg van ’n bouer gevestig kan word (631):

Now a builder clearly has a debtor creditor lien against his employer, and where (as in most cases) the contest is between the builder and the employer or his concurrent creditors there is no doubt that the lien goes to the full amount of the expenses.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

315

Ek is van mening dat dit nie korrek is om na ’n “employer” te verwys nie. Die bouer is nie noodwendig ’n werknemer van die persoon wat die opdrag aan hom gegee het nie. Dit is waarskynliker dat ’n werkaannemingsooreenkoms tussen die partye bestaan en dat dit dus gaan oor die ooreenkoms tussen die opdraggewer en die werkaannemer (bouer). Die regter noem “the full amount of the expenses” en “all the expenses”. Hy spesifiseer nie dat dit alle uitgawes is waarop ooreengekom is nie, hoewel hy in sy vroeëre opmerking oor die voorkeurposisie van ’n retensiereghouer (630) wel “the expense authorised by the contract” noem. Ek neem dus aan dat die uitgawes waarvoor ’n skuldeiser-skuldenaar-retensiereg gevestig kan word, alle uitgawes is waarop daar ooreengekom is.

Die grondslag van Golombick se eis is nie verryking nie, soos die regter skynbaar aanvaar het. Golombick en Smookler het ’n ooreenkoms gehad ingevolge waarvan Golombick die geboue moes oprig. Die ooreenkoms is die causa vir Smookler se verryking en gevolglik is daar geen ongeregverdigde verryking nie. Daar kan dus nie sprake van ’n verrykingsretensiereg wees nie. Gevolglik moes die hof bevind het dat daar ’n skuldeiser-skuldenaar-retensiereg ten gunste van Golombick bestaan het.

5.5 Derdewerking van retensieregte

Vervolgens vertaal die regter Voet (20.2.28) soos volg (628–9):

[T]he right of retention for repairs and improvements is available not only against creditors of the owners of the thing improved, but also against the owners themselves; so that they are neither liable to restore them to the owner nor to the curator bonis of a bankrupt debtor unless they have been fully satisfied in what is due to them for the labour or melioration.

Regter Bristowe voer aan dat die vertaalde gedeelte van Voet (20.2.28) (t.o.v. die derdewerking van retensieregte) onduidelik is. Hy kom (soos die UBS, die eiser, se regsverteenwoordiger) tot die gevolgtrekking dat hierdie passasie van Voet hier slegs op konkurrente skuldeisers betrekking het (629). Indien die volle teks van Voet (Gane 1956:542–4) en ander gedeeltes oor die aangeleentheid (bv. Voet 16.2.20 en 20.4.19) egter gelees word, blyk dit dat daar geen onderskeid tussen konkurrente skuldeisers en eienaars gemaak word nie. Die bepaalde passasie van Voet is die laaste paragraaf in sy bespreking van stilswyende hipoteke ten gunste van persone wat geld vir die herstel van geboue voorskiet. Ter afsluiting van hierdie gedeelte meld Voet uitdruklik dat, volgens die Romeinse reg en die Hollandse gebruike, besitters en arbeiders se retensieregte teen die eienaar, sy skuldeisers (wat byvoorbeeld beslag op die saak wil laat lê) en sy kurator in die geval van insolvensie geld.

In ’n latere beslissing, Spurrier v Coxwell 1914 CPD 83, bevind regter Kotzé in die Kaapse afdeling tereg dat Voet ’n retensiereg beskou as afdwingbaar teen die eienaar van die saak en die curator bonis van ’n insolvente eienaar. (Dit is ook die posisie in die huidige Nederlandse reg. Sien Nieuwenhuis e.a. 1994:1503 se bespreking van art. 3:291 BW.) Voet verwys in die gedeelte na retensieregte in die algemeen en nie net na skuldeiser-skuldenaar-retensieregte nie. Sonder enige grond vir so ’n aanname aanvaar regter Bristowe dat Voet net skuldeiser-skuldenaar-retensieregte in gedagte het. Die regter gebruik die woorde “we think Voet has in his mind debtor and creditor liens” (629). Die hof vertolk Voet (20.2.28) verkeerd deur aan te neem dat die spesifieke gedeelte net op ’n skuldeiser-skuldenaar-retensiereg betrekking het.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

316

Voet het dit oor retensieregte in die algemeen en maak geen onderskeid tussen verrykingsretensieregte en skuldeiser-skuldenaar-retensieregte nie. Die opvatting van Voet in hierdie gedeelte is dus van toepassing op sowel verrykingsretensieregte as skuldeiser-skuldenaar-retensieregte.

Verder kom dit voor of regter Bristowe onseker is oor sy standpunt (629):

On the other hand, there is authority as old as the Digest for holding that a lien for necessariae impensae (even where the work is done by agreement with the owner) is available outside the limits of the privity of contract (Digest, 20, 4, 5, and 42, 5, 24); and this position was affirmed in February, 1582, by a well-known decision of the Supreme Court of Holland (van Nieustad en Kooren, Vonnis, 35).

Digesta 20.4.5 (Spruit e.a. 1997:599) bepaal egter dat ’n latere skuldeiser soms voorkeur bo ’n vroeëre skuldeiser kan geniet, soos wanneer ’n lening aangegaan is om die saak in stand te hou. (Hierdie stelling is van toepassing op die UBS.) Digesta 20.4.5 handel oor ’n stilswyende hipoteek van ’n persoon wat geld leen vir die instandhouding van ’n skip wat met ’n pandreg beswaar is. Uit Ulpianus se voorbeeld blyk dit dat hierdie lening nie slegs met die oog op die instandhouding van die skip aangegaan is nie, maar ook om die skip van die nodige toerusting te voorsien. Volgens hierdie gedeelte in die Digesta kan die latere skuldeiser voorkeur bo die vroeëre skuldeiser geniet. Digesta 42.5.24 (Spruit e.a. 1997:965) bepaal onder andere dat ’n skuldeiser wat ’n voorskot vir die herstel van ’n gebou gee, ’n voorkeurskuldeiser ten opsigte van sodanige voorskot is. Hierdie bepaling geld ook ten opsigte van persone wat in opdrag van die eienaar geld vir verbeteringe aan die grond en geboue voorgeskiet het. Dit was ’n besondere reëling van Marcus Aurelius om die uiterlike voorkoms van openbare geboue te verbeter (sien Roby 2000:437).

Die gedeeltes in die Digesta waarna regter Bristowe as gesag verwys, handel dus nie oor die afdwingbaarheid van ’n retensiereg buite die verbondenheid van die ooreenkoms (derdewerking) nie, maar oor die voorkeurorde van skuldeisers indien daar meerdere skuldeisers is. Die skuldeiser is dan ook in geen van hierdie gevalle in beheer van die skip of gebou nie. Dit is ook belangrik om daarop te let dat Golombick sy retensiereg nie teen die bank wou afdwing nie, maar teen die insolvente boedel van Smookler.

Die regter betrek Voet (20.1.4) en De Beers Consolidated Mines v London and South African Exploration Co 1893 10 SC 359 as gesag vir die stelling dat ’n bona fide-besitter ’n retensiereg vir nuttige uitgawes teen die eienaar van die saak kan afdwing, selfs indien die eienaar nie tot die aanbring van die verbeteringe toegestem het nie (630). Weer eens is dit nie duidelik wat die toepaslikheid van hierdie gedeelte is nie: in die geval onder bespreking het die bouer ingevolge ’n ooreenkoms verbeteringe op die eienaar se grond aangebring. Die betrokke gedeelte van Voet toon egter aan dat ’n bona fide-besitter wat ’n afgebrande huis opgebou het, ’n retensiereg teen skuldeisers (ook verbandhouers) het vir sover die waarde van die saak verhoog is. Regter Bristowe voer aan dat “the books” bewarings- en verbeteringsretensieregte erken. Die enigste vereistes is dat die uitgawes die markwaarde van die saak moet verhoog het en dat die uitgawes bona fide aangegaan moet gewees het. ’n Bouer wat bewus is daarvan dat hy op iemand anders as sy “employer” se grond bou, is ’n mala fide-besitter en sal geen retensiereg vestig nie. In die onderhawige geval het Golombick geen kennis gehad van die lening wat die UBS aan Smookler toegestaan het nie. Volgens regter Bristowe is Golombick dus ’n bona fide-besitter. Gevolglik is daar geen rede waarom

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

317

Golombick nie dieselfde regte teen derdes het as alle bona fide-besitters wat geld aan ’n ander persoon se saak bestee het om die saak te bewaar of te verbeter nie.

Die hof se onsekerheid oor sy standpunt blyk voorts uit sy verwysing na die beslissing in The Colonial Government v Smith, Lawrence and Mould 1886 4 SC 359. Volgens regter Bristowe is die uitspraak nie in stryd met sy standpunt nie. Dit is egter vreemd dat die hof hoegenaamd na die saak verwys: in United Building Society v Smookler het Golombick (die bouer) sy bouersretensiereg teen die insolvente boedel van Smookler uitgeoefen, dus die persoon met wie hy gekontrakteer het. Die vraag was of hierdie retensiereg voorkeur moet kry bo UBS se verband wat vroeër gevestig is. In Colonial Government is die subkontrakteurs (bouers) sonder die regering se medewete aangestel deur die party met wie die regering ’n ooreenkoms aangegaan het. Die subkontrakteurs wou afsonderlike bouersretensieregte teen die regering afdwing. Die hof dui dan ook aan dat die subkontrakteurs in Colonial Government bewus was van die feit dat die kontrakteur ’n ooreenkoms met die regering gehad het. In United Building Society v Smookler lê die hof nie genoeg klem op die feit dat Golombick nie sy retensiereg teen die bank uitgeoefen het nie, maar wel teen Smookler se insolvente boedel. Die feitelike situasie in Colonial Government was anders en die regter se verwysing daarna as gesag kan gevolglik bevraagteken word.

5.6 Voorkeurposisie van retensiereghouer

Die voorkeurposisie van ’n retensiereghouer kom vervolgens uitdruklik ter sprake. Die regter dui aan dat ’n retensiereg ten aansien van spesifieke sake voorkeur geniet bo ander hipoteke of verbande, selfs indien hierdie sekerheidsregte voor die retensiereg gevestig is (630). Nadat hy hierdie aanname gemaak het, verduidelik hy waarom dieselfde gevolgtrekking nie ten opsigte van skuldeiser-skuldenaar-retensieregte geld nie:

The reason for the difference between the scope of these liens and that of the debtor and creditor liens is indicated by an observation made by Voet with reference to the tacit hypothec of the repairer of a house, which is confined to repairs which have increased the market value of the property. He says (20, 2, 28): “The privilege of preference seems not to be given in respect of these (i.e. expenses of repairs) except so far as the house has thereby been actually made more valuable.” To which may be added that Schorer (Note 244) puts salvage as the ground of this hypothec.

Voet 20.2.28 handel egter spesifiek oor ’n retensiereg vir iemand wat geld voorgeskiet het vir die herstel van ’n gebou en nie oor ’n bouer se retensiereg nie. Die betrokke gedeelte van hierdie bespreking handel uitsluitlik oor die persoon wat geld voorgeskiet het. Uit bostaande aanhaling wil dit voorkom of die regter van mening is dat ’n retensiereg voorkeur bo ’n verband kan geniet mits die uitgawes die markwaarde van die saak verhoog het en/of dit vir die behoud van die saak was. In die feite van die onderhawige beslissing was daar egter ’n ooreenkoms tussen die partye en was die uitgawes nie vir die behoud van die saak nie. Die toepaslikheid van die spesifieke gedeeltes van Voet wat as gesag aangehaal word, kan dus ook bevraagteken word. Voorts word hierdie gedeeltes buite verband aangehaal.

Die regter baseer sy bevinding ten opsigte van die voorkeurorde van retensieregte op die veronderstelling dat ’n verrykingsretensiereg ’n saaklike reg is, terwyl ’n skuldeiser-skuldenaar-retensiereg nie ’n saaklike reg is nie (631–2). Hy dui aan dat indien ’n skuldeiser-skuldenaar-retensiereg inderwaarheid wesenlik van ’n verbeteringsretensiereg verskil, die

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

318

saak nie in Golombick (die bouer) se guns beslis kan word nie tensy aanvaar word dat alle retensieregte vir uitgawes aangegaan saaklike regte is. Indien aanvaar word dat alle retensieregte saaklike regte is, sal die rangorde van die skuldeiser-skuldenaar-retensiereg en die verband volgens die natuurlike chronologiese verloop bepaal word. Die skuldeiser-skuldenaar-retensiereg sal dus voorkeur geniet bo die verband wat eers later geregistreer is. Indien die skuldeiser-skuldenaar-retensiereg egter nie ’n saaklike reg is nie, sal die geregistreerde verband, wat ’n saaklike reg is, voorkeur bo die skuldeiser-skuldenaar-retensiereg geniet.

Die regter se aanname dat die retensiereg, indien dit as ’n saaklike reg kwalifiseer, volgens die chronologiese verloop in rangorde voor die verband sal inpas omdat die verband ná die retensiereg gevestig is, is egter verkeerd: die verband is op 12 Desember 1904 geregistreer en die bouer het die geboue eers in Februarie 1905 voltooi, waarna die eienaar versuim het om aan sy (die bouer se) vorderingsreg te voldoen. Die retensiereg is dus ná die verband gevestig.

Die hof verwys na en bespreek die stelreël qui prior est tempore potior est jure (wie eerste in tyd is, geniet voorkeur in reg) nie direk nie, maar deur middel van verwysings na gedeeltes wat daaroor handel (629, 631–2). Die hof se bevinding dat Golombick se retensiereg bo UBS se verband voorkeur geniet, het aanleiding daartoe gegee dat ’n retensiereg vir bewaring en verbetering van die saak as ’n uitsondering op die prior in tempore-reël beskou is. (Sien Sonnekus 2015:1–15 vir ’n volledige bespreking van die voorkeur, al dan nie, van ’n retensiereg teen ’n verbandhouer voor en ná insolvensie.) Die erkenning van ’n verbeteringsretensiereg as ’n uitsondering op die prior in tempore-reël is obiter in Lubbe v Volkskas Bpk 1992 3 SA 868 (A) ontken. Indien ’n verrykingsretensiereg nie ’n uitsondering op die prior in tempore-reël is nie, behoort die bank se verband wat voor die retensiereg gevestig is, voorkeur bo die bouer se retensiereg te geniet.

Die uitdruklike bepalings van die Insolvensiewet 24 van 1936 moet egter in gedagte gehou word. Aangesien dié wet eers in 1936 in werking getree het, is die bepalings daarvan nie in die 1906-beslissing van United Building Society v Smookler of die 1914-beslissing van Spurrier v Coxwell toegepas nie.

Artikel 2 van die Insolvensiewet omskryf ’n retensiereg as ’n voorkeurreg. Let daarop dat hierdie artikel 2 geen onderskeid tref tussen verskillende soorte retensieregte nie, maar bloot verwys na “’n retensiereg”. Artikel 47 bepaal uitdruklik dat ’n retensiereg voorkeur bo die regte van ander skuldeisers geniet. Ingevolge die Insolvensiewet geld ’n retensiereg dus teen die insolvente boedel van ’n eienaar (skuldenaar) en verleen dit aan die retensiereghouer voorkeur ten opsigte van die betrokke saak bo die regte van ander skuldeisers van die insolvent.

6. Gevolgtrekking

Die regsvraag in United Building Society v Smookler was of UBS se verbandversekerde vorderingsreg teen Smookler se insolvente boedel voorkeur behoort te geniet bo Golombick (die bouer) se retensiereg teen die insolvente boedel (626). Ten einde hierdie vraag te beantwoord, ondersoek die regter die soort uitgawes (627–8, 633) waarvoor ’n retensiereg as

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

319

sekuriteit kan dien, asook die ontstaansbron (628–30) van die onderliggende vorderingsreg. Die regter ondersoek ook die aard (631–2) van die retensiereg ten einde die afdwingbaarheid (629) van die retensiereg teen derdes te bepaal. Sy gevolgtrekking is dat ’n retensiereg vir nuttige en noodsaaklike uitgawes altyd ’n verrykingsretensiereg, en dus ’n saaklike reg is. Die regter beslis dan dat hierdie retensiereg voorkeur bo die bank se verband geniet.

Die regter se beskrywing van ’n lien as ’n sambreelbegrip vir ius retentionis en hypothec blyk ontleen te wees aan die Engelse reg en nie van toepassing in die Suid-Afrikaanse reg is nie. Die Engelsregtelike lien kan nie aan ’n retensiereg in die Suid-Afrikaanse reg gelykgestel word nie. Die onderskeid tussen ’n retensiereg en ’n stilswyende hipoteek berus nie, soos deur regter Bristowe gestel, bloot op beheer nie. Dit is so dat ’n retensiereg altyd beheer vereis, maar daar moet in gedagte gehou word dat ’n skuldeiser wat sy stilswyende hipoteek uitoefen, ook in beheer van die saak kan wees, alhoewel dit nie ’n vereiste vir die vestiging van die hipoteek is nie. My uitgangspunt is dat die verskil berus op die feit dat ’n retensiereg ’n verweer teen die rei vindicatio is, terwyl ’n stilswyende hipoteek ’n saaklike sekerheidsreg is. Voorts is ’n retensiereg onoordraagbaar, terwyl ’n stilswyende hipoteek saam met die vorderingsreg wat dit verseker, gesedeer kan word en gevolglik oordraagbaar is.

Kritiek kan ook uitgespreek word teen die regter se omskrywing van impensae voluptuariae as verbeteringe wat bloot die gier en smaak van ’n individu bevredig maar nie die markwaarde van die saak verhoog nie. Ek steun De Vos se siening dat weelde-uitgawes op ’n saak wel die markwaarde daarvan kan verhoog. Ek stem wel saam met die regter dat ’n verrykingsretensiereg slegs ter versekering van die verrykingsbedrag (noodsaaklike of nuttige uitgawes) uitgeoefen kan word, terwyl ’n skuldeiser-skuldenaars-retensiereg ter versekering van alle uitgawes waarop ooreengekom is, uitgeoefen kan word.

Ten aansien van die derdewerking van retensieregte wil dit voorkom of die regter die aangehaalde passasie van Voet verkeerd vertolk: volgens Voet is retensieregte teen die skuldenaar en/of die kurator van die skuldenaar se insolvente boedel afdwingbaar. Voet tref geen onderskeid tussen verskillende soorte retensieregte nie en gevolglik is die regter se siening dat slegs skuldeiser-skuldenaar-retensieregte teen die kurator van die skuldenaar se insolvente boedel afdwingbaar is, nie korrek nie.

Dit is belangrik om daarop te let dat alhoewel die regter na die verskillende soorte retensieregte verwys, al sy opmerkings hieroor obiter is. Hy fouteer deur die betrokke retensiereg as ’n verrykingsretensiereg te klassifiseer: daar was immers ’n ooreenkoms tussen die bouer en Smookler (die eienaar van die grond) ingevolge waarvan die bouer die geboue opgerig het. Nietemin bevind die regter (633) dat Golombick (die bouer) ’n verrykingsretensiereg gehad het en dat dit aan hom voorkeur bo UBS (die bougenootskap) verleen (t.o.v. die bedrag waarmee die markwaarde van die saak verhoog is). ’n Noukeurige ontleding van die feite dui daarop dat UBS se verband voor die retensiereg gevestig is. In teenstelling met die regter se bevinding dat die betrokke retensiereg as ’n verrykingsretensiereg klassifiseer, is dit duidelik dat Golombick se retensiereg ’n skuldeiser-skuldenaar-retensiereg was. Volgens die regter is skuldeiser-skuldenaar-retensieregte nie saaklike regte nie en geniet dit nie voorkeur bo die eise van ander skuldeisers nie. Die Insolvensiewet van 1936 het ná United Building Society v Smookler in werking getree. Artikel 47 bepaal uitdruklik dat retensieregte (ongeag verrykings- of skuldeiser-skuldenaar-retensieregte) voorkeur bo ander skuldeisers se regte geniet. Die feit dat die wetgewer geen onderskeid tref tussen verskillende tipes retensieregte nie, kan daarop dui dat die klassifikasie

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

320

daarvan as saaklike regte (verrykingsretensieregte) en persoonlike regte (skuldenaar-skuldeiser-retensieregte) onlogies en onjuis is.

Afgesien van hierdie kritiek op dié beslissing kan die uitspraak geensins as gesag vir die klassifikasie en werking van retensieregte dien nie. Dit is duidelik uit die gebruik van die woorde “we think”, “may well be” en “we doubt” dat die regter onseker oor sy standpunt is. Ten spyte van hierdie onsekerheid bevind hy (sonder verwysing na gesag) dat ’n verrykingsretensiereg ’n saaklike reg is, maar ’n skuldeiser-skuldenaar-retensiereg nie ’n saaklike reg is nie. Dit is ook duidelik dat die regter Voet plek-plek verkeerd vertolk het.

Alhoewel die Insolvensiewet sekerheid gebring het oor die voorkeurposisie van ’n retensiereg bo eise van ander skuldeisers, behoort die onderskeid tussen verrykingsretensieregte en skuldeiser-skuldenaar-retensieregte op grond van die klassifisering daarvan as saaklike regte en persoonlike regte heroorweeg te word.

Bibliografie

Badenhorst, P.J., J.M. Pienaar en H. Mostert.2006. Silberberg Schoeman’s The law of Property. 5de uitgawe. Durban: LexisNexis Butterworths.

De Vos, W. 1987. Verrykingsaanspreeklikheid in die Suid-Afrikaanse reg. 3de uitgawe. Kaapstad: Juta.

Du Bois, F. (red.). 2007. Wille’s principles of the South African law. 9de uitgawe. Kaapstad: Juta.

Eiselen, S. en G. Pienaar. 2002. Unjustified enrichment: a casebook. 3de uitgawe. Kaapstad: Butterworths.

Gane, P. (vertaler). 1956. The selective Voet: being the commentary on the Pandects by Johannes Voet and the supplement to that work of Johannes Van der Linden. Volume 3. Durban: Butterworths.

Mostert, H. en A. Pope (reds.). 2010. Die beginsels van die sakereg in Suid-Afrika. Kaapstad: Oxford University Press.

Nieuwenhuis, J.H., C.J.J.M. Stolker en W.L. Valk. 1994. Tekst & commentaar Burgerlijk Wetboek. Deventer: Kluwer.

Roby, H.J.2000. Roman private law in the times of Cicero and of the Antonines. New Jersey: The Lawbook Exchange Ltd.

Scott, T.J. 2008a. Lien. 15 The law of South Africa. 2de uitgawe. Durban: LexisNexis.

—. 2008b. Tacit hypothecs. 17 The law of South Africa. 2de uitgawe. Durban: LexisNexis.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

321

Sonnekus, J.C. 1983. Sekerheidsregte – ’n nuwe rigting? Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 1:97–117.

—. 1991. Retensieregte – nuwe rigting of misverstand par excellence? Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 3:462–82.

—. 1996. Ook verrykingsretensieregte behoef bewese ongeregverdigde vermoënsverskuiwing. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 2:583–7.

—. 2008. Ongegronde verryking in die Suid-Afrikaanse reg. Durban: LexisNexis.

—. 2015. Terughoudingsbevoegdhede en oënskynlike spanning met sekerheidsregte en pandingsregte. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 1:1-25.

Sonnekus, J.C. en J.L. Neels. 1994. Sakereg vonnisbundel. 2de uitgawe. Durban: Butterworths.

Spruit, J.E., R. Feenstra en K.E.M. Bongenaar. 1997. Corpus juris civilis: tekst en vertaling. Zuthpen-’s-Gravenhage: Sdu Juridische & Fiscale Uitgeverij.

Van der Merwe, C.G. 1989. Sakereg. 2de uitgawe. Durban: Butterworths.

Van der Walt, A.J. en G.J. Pienaar. 2009. Inleiding tot die sakereg. 6de uitgawe. Kaapstad: Juta.

Wiese, M. 2013. Aard van ’n verrykingsretensiereg in die lig van Kommissaris van Binnelandse Inkomste v Anglo American (OFS) Housing Co Ltd 1960 3 SA 642 A. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 2:733–42.

—. 2014. The legal nature of a lien in South African law. Potchefstroom Electronic Law Journal, 17(6):2526–53.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

322

Die Suid-Afrikaanse regering se agteruitgang in sy benadering tot die beskerming teen internasionale

mense- en humanitêre regsvergrype met verwysing na Suid-Afrika se onttrekking uit die Internasionale

Strafhof, die moratorium op die tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap

(SAOG) en die realistiese kans op die vestiging van ’n houdbare permanente Afrika-strafhof

Neels Swanepoel

C.F. (Neels) Swanepoel, Departement Publiekreg, Universiteit van die Vrystaat

Opsomming

Die Suid-Afrikaanse regering se voorneme om aan die Internasionale Strafhof (ISH) te onttrek, is ’n verdere kommerwekkende teken van ’n oënskynlik kwynende politieke wil van die regering en sekere Afrika-state om Suid-Afrikaners en ook Afrikane teen menseregtevergrype te beskerm en van toegang tot howe te verseker. Hierdie bydrae lewer kommentaar op die Suid-Afrikaanse regering se reaksie op ernstige menseregteskendings aan die hand van die Soedannese geval (wat moontlik die deurslag gegee het tot die regering se besluit om aan die ISH te onttrek), asook die moratorium op die werksaamhede van die tribunaal van die SAOG. Wat Soedan betref, is ’n sentrale uitgangspunt van die Statuut van Rome én die Suid-Afrikaanse wet wat ter implementering daarvan uitgevaardig is, dat daar nooit enige verweer van individuele immuniteit kan bestaan teen die misdrywe waaroor die ISH jurisdiksie het nie. Dit is onwaarskynlik dat die land ’n verdrag sou sluit én wetgewing sou uitvaardig sonder om van sy gepaardgaande nasionale en internasionale verpligtinge bewus te wees. Daarom toon Suid-Afrika se ignorering van die ISH se lasbrief vir die Soedannese president Al-Bashir, se inhegtenisname dat die politieke wil van die Suid-Afrikaanse regering sedert sy toetrede tot die ISH drasties getaan het. Met betrekking tot die SAOG en sy tribunaal dui die hele proses om die tribunaal se werksaamhede op te skort, ten gunste waarvan Suid-Afrika gestem het, daarop dat individue van toegang tot die reg ontneem is, ondanks die lofwaardige uitsprake en ooreenkomste oor die beskerming van menseregte in die SAOG-verdrag. Die Prokureursorde van Suid-Afrika (LSSA – Law Society of South Africa) se hofaansoek in hierdie verband word bespreek en die uiteindelike uitspraak word met belangstelling afgewag. Teen hierdie betreklik sombere agtergrond word

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

323

daar ten slotte besin oor die realistiese kans op die daarstelling van ’n geloofwaardige en volhoubare straf-en-geregtigheidshof vir Afrika binne die afsienbare toekoms.

Trefwoorde: Internasionale Strafhof (ISH); menseregteskendings; moratorium op SAOG-tribunaal; politieke wil; Soedan; Suid-Afrika

Abstract

The South African government’s regression in its approach to the protection of international human and humanitarian rights with reference to South Africa’s withdrawal from the International Criminal Court, the moratorium on the tribunal of the Southern African Development Community (SADC) and the realistic chance of the establishment of a sustainable permanent African criminal court

This article uses the South African government’s notice to withdraw from the International Criminal Court (ICC) and its conduct in support of a moratorium on the SADC tribunal to illustrate the regression of its political will to protect individuals against international human and humanitarian rights atrocities. Besides the preceeding general statement, the article concludes that the most worrying aspect of the South African government’s conduct is that its conduct fails constitutional muster and is therefore unlawful. In respect of South Africa’s obligations in terms of both the Statute of Rome (in the case of the ICC) and its conduct in support of the moratorium that has been placed on the SADC tribunal, it is further a cause for concern that in both instances these obligations have been explained to the government by, in particular, the Constitutional Court. As one scholar has put it, in the case of the ICC debacle the government has stooped to levels lower than any previous South African government, including the apartheid government, This is when the government not only flagrantly ignored a court order, but took active steps to support Al-Bashir’s exit from South African soil. This illustrates the flagrant disrespect for one of the founding values of the South Africa’s constitutional dispensation, namely the rule of law. There can be no doubt that as far as South Africa’s notice of intention to withdraw from the ICC is concerned, it was caused by the Al-Bashir matter. Yet when the United Nations Security Council’s referral of the Sudan matter to the ICC is considered, it appears to have been a rational, well-informed decision by that body in terms of its Chapter VII powers to restore international peace and security. What is perhaps the most astonishing aspect of this referral is the fact that the original resolution to refer the matter to the ICC was supported by South Africa and the African Union. Because the United Nations is a political body and not a court, the support of its original referral of the Sudan matter to the ICC must have logically implied that the ICC would deal with the matter in the manner for which the court had been established. This included the possibility of the indictment of individuals responsible for gross, planned and atrocious human and humanitarian rights violations. The impossibility of raising immunity as a defence on charges before the ICC, including immunity for serving heads and high officials of state, is without any doubt one of the central tenets on which current international criminal law and justice and the ICC itself are premised. The fact that South Africa has recognised this is borne out by the fact that it implemented it in its national legislation. As far as the moratorium which has been placed on the SADC tribunal is concerned, the Law Society of South Africa (LSSA) has challenged the government’s conduct in supporting the moratorium. This article relies substantially on the papers filed in this application. The investigation illustrates the South

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

324

African government’s failure to recognise that in conducting international affairs on behalf of the country, its conduct must pass South African constitutional muster. The constitutional imperative for the required government’s conduct was clearly spelled out in the Constitutional Court (in context of the SADC tribunal): the right to access to courts is an element of the rule of law. Any limitation on individual access to the tribunal, which the amended SADC protocol has effected, and which was supported by the South African government, again illustrates its disrespect for the rule of law. Against the preceding pessimistic background the final part of this article investigates the realistic chances of establishing a credible and sustainable African court. This line of investigation is followed because reason dictates that the ICC withdrawal and the jurisdictional limitation of the SADC tribunal, imply that the South African government and the African Union must contemplate an alternative justice mechanism better suited to its needs. Logically it follows that if such an investigation reveals any conclusion that a credible and sustainable African court is unlikely in the foreseeable future, it demonstrates that the current South African government and many African states are not serious about gross human rights violations – in particular, that heads and high officials of state should be brought to justice. This part of the investigation starts with a brief illustration of the ideological agenda that underlies the African human rights regime. This regime is still informed by strong anti-colonialist and imperialist sentiments. Understandable as this may be in the light of South Africa’s and the continent’s past, protecting rogue heads and high officials of state attests to a regressive human rights approach. The regression is characterised by an insistence by many African states of their absolute state sovereignty. Such an insistence discounts the fact, as is pointed out in this article, that a UN Security Council referral to the ICC suspends a state’s sovereignty if that country is unable or unwilling to cooperate with the court. The South African government’s conduct in choosing AU instead of UN subservience is unlawful in international law. The South African courts in pronouncing on international treaty obligations provide clear guidance to the South African government and are a ray of hope in the country’s democratic constitutional dispensation.

Keywords: human rights violations; International Criminal Court (ICC); moratorium on SADC tribunal; political will; South Africa; Sudan

1. Inleiding

Die nuus dat die Suid-Afrikaanse regering die land aan die Internasionale Strafhof (ISH) wil onttrek,1 was skielik maar nie geheel en al onverwags nie. Die veelbesproke debakel oor die Soedannese president, Al-Bashir, was beslis die finale aanleiding vir die regering se besluit om lidmaatskap van die ISH te beëindig.2 Nadat die hoogste hof van appèl in The Minister of Justice and Constitutional Development v The Southern African Litigation Centre3 die staat se appèl van die hand gewys het as strydig met artikel 10 van die Wet op die Implementering van die Statuut van Rome,4 het die regering hom tot die konstitusionele hof gewend. Volgens nuusberigte is dié appèl nou teruggetrek in die lig van Suid-Afrika se moontlike onttrekking aan die ISH.5

Die geluk by dié ongeluk is dat dit die Suid-Afrikaanse belastingbetaler ten minste die verdere regskoste spaar, en die konstitusionele hof die verleentheid om die regering nogmaals op Suid-Afrika se verpligtinge as lidstaat van die verdrag van Rome te moet wys. Dít is

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

325

immers reeds voorheen breedvoerig gedoen nadat die sogenaamde Zim-martelsaak die volle roete van hoë hof tot hoogste hof van appèl en, uiteindelik, die konstitusionele hof gevolg het – alles ook natuurlik met vergunning van die Suid-Afrikaanse belastingbetaler. Uiteindelik het die konstitusionele hof die aanvanklike uitspraak van die hoë hof bevestig.6 Bykomend hiertoe het die konstitusionele hof Suid-Afrika se lidlandverpligtinge ingevolge die SAOG-verdrag breedvoerig in Government of the Republic of Zimbabwe v Fick uitgelê.7

In die volgende paragrawe bespreek ek die Suid-Afrikaanse regering se optrede en reaksie op internasionale menseregtevergrype op die vasteland aan die hand van die Soedannese geval, en die moratorium op die werksaamhede van die tribunaal van die SAOG. Daarna volg ’n bespreking van die realistiese kanse op die vestiging van ’n volhoubare permanente Afrika-straf-en-geregtigheidshof. Oorhoofs sal dan bepaal word of daar vordering of agteruitgang by die regering is wanneer dit kom by die beskerming van slagoffers van internasionale vergrype.

2. Die geval van Soedan

Voordat die Soedannese geval bespreek word, is dit ter inleiding nodig om ’n paar algemene opmerkings te maak.

Internasionale strafregtelike geregtigheid kan nie in ’n vakuum, sonder die nodige politieke wil, geskied nie. Verder is die Verenigde Nasies (VN), as wêreldliggaam belas met die handhawing van internasionale vrede en veiligheid, ’n politieke instelling en nié ’n hof nie. Die VN behoort daarom, in gepaste gevalle, op ’n hof soos die ISH te kan staatmaak vir die ondersoek na en vervolging van individue wat hulle aan internasionale misdade skuldig maak. Juis daarom is artikel 13(b) van die Statuut van Rome ingevoeg wat regsbevoegdheid verleen aan die ISH oor ’n saak wat die VN ingevolge die bepalings van hoofstuk VII van die VN-handves na dié hof verwys. Alhoewel hoofstuk VII nie uitdruklik verwys na die ISH as ’n bepaalde stap wat dié liggaam mag doen om wêreldvrede en -veiligheid te bewerkstellig nie, kan aangeneem word dat sodanige verwysing na die hof nou gevestigde internasionale reg is.8Artikel 13 is dus een van die middele waardeur die ISH se bevoegdheid oor ’n saak gevestig kan word, en dit is dan ook waarkragtens die lasbriewe vir die inhegtenisname van Al-Bashir uitgereik is.

Ten nouste verwant aan artikel 13(b) van die Statuut van Rome, is artikel 16. Hierdie artikel bepaal dat die ISH nie met ’n ondersoek of vervolging mag voortgaan indien die Veiligheidsraad van die VN deur middel van ’n resolusie ingevolge hoofstuk VII van die VN-handves die ISH versoek om die ondersoek of vervolging vir ’n tydperk van 12 maande te staak nie (welke tydperk ná verstryking hernu kan word).

Vir Suid-Afrika en die Afrika-Unie (AU) skyn dit nie soseer die bestaan van hierdie artikels te wees wat hul misnoeë met die ISH veroorsaak nie, maar eerder die Veiligheidsraad se oënskynlike weiering om gehoor te gee aan AU-versoeke dat ondersoeke en vervolging teen Afrika-hoofde en -hoëlui uitgestel moet word.9 Enige ondersoek na Afrika se betreklik onlangse reaksie op internasionale strafregtelike geregtigheid behoort dus die AU se verhouding met die VN en die redes daarvoor in gedagte te hou.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

326

Daar is ’n verdere punt ter inleiding wat die Suid-Afrikaanse regering en sommige Afrika-lande, en bepaald die AU, oënskynlik dikwels uit die oog verloor. Met die uitsondering van drie gevalle behoort alle state tot die VN; en daardie lidmaatskap bring sekere verpligtinge mee wat voorrang geniet bo die verpligtinge voortspruitend uit lidmaatskap van kontinentale liggame soos die AU of die Europese Unie (EU). Wanneer die Suid-Afrikaanse regering en sommige lede van die AU al aangevoer het dat hulle botsende verpligtinge teenoor die ISH en die AU het, is dit aan die Suid-Afrikaanse regering verduidelik dat die Veiligheidsraad se verwysing van die Soedan-geval na die ISH by implikasie die soewereine immuniteit van Soedan, en bepaald Al-Bashir, opgeskort het.10 Ten spyte van hierdie verduideliking van die ISH aan die Suid-Afrikaanse regering vóór Al-Bashir se Suid-Afrikaanse besoek, het die regering hom in die land toegelaat en hom verder, in minagting van ’n Suid-Afrikaanse hofbevel, gehelp om die land te verlaat. Van der Vyver is verder heeltemal korrek in sy opsomming van die huidige internasionale regsposisie wanneer hy verklaar dat ten spyte van die soewereine immuniteitsbeginsel wat vervolging van dienende staatshoofde verbied, dié voorskrif betrekking het op vervolging in nasionale howe, en nie van toepassing is op vervolging van ’n staatshoof of hoë amptenaar in ’n internasionale hof nie.11

Soos ek hier bo genoem het, was die gebeure met betrekking tot die Al-Bashir-geval waarskynlik die finale aanleiding tot Suid-Afrika se huidige dreigende onttrekking aan die ISH.

Daar was reeds aansienlike akademiese bespreking oor die Suid-Afrikaanse regering se hantering van die Al-Bashir-geval, en daarom gee ek hier onder ’n oorsigtelike blik op daardie gebeure.12

a. Reeds op 26 Augustus 2003 het ’n eerste Veiligheidsraadsresolusie kommer oor die menseslagting in Soedan uitgespreek. Hierna volg ’n verdere drie resolusies voordat resolusie 1593 die situasie ingevolge die Veiligheidsraad se magte kragtens hoofstuk VII van die VN-handves na die ISH verwys.

b. Resolusie 1593 is voorts geneem met inagneming van ’n 176 bladsy lange verslag van ’n internasionale kommissie van ondersoek wat kragtens Veiligheidsraadsresolusie 1564 ingestel is.13 Dié kommissie het onder meer die volgende bevind:

Based on a thorough analysis of the information gathered in the course of its investigations, the Commission established that the Government of the Sudan and the Janjaweed are responsible for serious violations of international human rights and humanitarian law amounting to crimes under international law. In particular, the Commission found that Government forces and militias conducted indiscriminate attacks, including killing of civilians, torture, enforced disappearances, destruction of villages, rape and other forms of sexual violence, pillaging and forced displacement, throughout Darfur. These acts were conducted on a widespread and systematic basis, and therefore may amount to crimes against humanity. The extensive destruction and displacement have resulted in a loss of livelihood and means of survival for countless women, men and children. In addition to the large scale attacks, many people have been arrested and detained, and many have been held incommunicado for prolonged periods and tortured. The vast majority of the victims of all of these violations have been from Fur, Zaghawa, Massalit, Jebel, Aranga and other so-called “African” tribes.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

327

c. Daarbenewens het die kommissie bevind dat die Soedannese howe nie die nodige stappe kon óf wou doen om die plegers van die misdade voor die gereg te bring nie. Duidelik het die Veiligheidsraad en die internasionale gemeenskap ook nie hier met sporadiese uitbarstings van geweld te doen gehad nie, maar met die ernstigste menseregteskendings en humanitêre vergrype denkbaar, wat die Soedannese regering en sy amptenare op beplande en stelselmatige wyse uitgevoer het. Om aan te toon wie die persoon Al-Bashir is wat die Suid-Afrikaanse regering besluit het om te beskerm, is Van der Vyver,14 se beligting van die situasie in Soedan hier gepas:

The charges against Al-Bashir before the ICC included acts of genocide of which the selected victims were members of (black) African tribes in the province of Darfur. Al Bashir allegedly was the Adolf Hitler of Africa who wanted to establish ein Herrenvolk in Sudan and, in the process of doing this, he sought the extinction and expulsion from the country of all peoples in Darfur who were not of Arab extraction. According to the Sudanese government, the violence in Darfur resulted in the deaths of about 10 000 people, but other estimates set the death toll at between 200 000 and 400 000. It caused the displacement of approximately 2.5 million of the total population of Darfur of 6.2 million people.

d. Die verstommendste feit (gegewe die onttrekkingstappe uit die ISH deur Suid-Afrika en ander Afrika-lande) in die hele verloop en reaksie van dié lande op die Veiligheidsraad se verwysing van Soedan na die ISH, is dat resolusie 1593 nie net eenparig, sonder uitoefening van die vetoreg, aanvaar is nie, maar ook deur Afrika-state gesteun is.15

e. Aangesien die VN-handves nie vir enige meganisme vir die ondersoek of vervolging van internasionale misdade voorsiening maak nie, was dit daarom net logies om die situasie na die ISH te verwys. Die Veiligheidsraad kon seker nog ’n ad hoc-straftribunaal soos met die internasionale straftribunaal vir Rwanda (oftewel die ICTR) op die been gebring het. Tog is die ISH tot stand gebring juis om te voorkom dat daar telkens so ’n ad hoc-tribunaal saamgestel word, omdat dit tydrowend, polities van aard en koste-ondoeltreffend is.16Daarteenoor was die ideaal met die vestiging van die ISH juis om ’n permanente hof met kundige personeel, onder meer presoneel met kundige ondersoekvaardighede, daar te stel. As in ag geneem word hoe lank dit geneem het om die ISH op te rig, kan daar nie tot ’n ander slotsom gekom word as dat Suid-Afrika se ontrekking uit dié hof ondeurdag en ’n terugwaartse stap teen die beskerming van internasionale mensregteskendings is nie.

Gedagtig aan bostaande, asook Suid-Afrika (en die meeste Afrika-lande) se aanvanklike sterk steun vir die vestiging van die ISH, is die Suid-Afrikaanse regering se voorgenome onttrekking aan dié hof dus nie net ironies nie, maar ’n besliste teken dat die beskerming van menseregte op die vasteland tans ly onder ’n oordrewe soewereiniteitswaan by sommige Afrika-leiers, wat hul ampte misbruik om vervolging vry te spring. Ek sal hierdie sentiment hier onder belig. Hierdie waarneming blyk ook duidelik uit die optrede van die SAOG-tribunaal, wat hier onder bespreek word, waar die meerderheid van politieke hoofde van die SAOG versuim het om Zimbabwe se onwettige optrede te veroordeel. En terwyl die Suid-Afrikaanse Rand Daily Mail op 22 Januarie 201617 berig dat die Suid-Afrikaanse president, Jacob Zuma, ’n direkte SAL-vlugroete van OR Tambo Internasionale Lughawe na Kartoem wou instel om solidariteit met Al-Bashir te toon, duur die menseregteskendings in Soedan

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

328

voort.18 Onder meer het Human Rights Watch op 31 Maart 2016 verslag gedoen dat vier afgevaardigdes van ’n Soedannese burgerlike organisasie deur Soedannese veiligheids-beamptes verhinder is om hoëvlaksamesprekings oor menseregte in Genève by te woon.19 Om hierdie paragraaf af te sluit, is die afleiding in die volgende aanhaling gepas:

Many successive administrations of the South African government have upheld a policy which has now come to be denounced internationally as a crime against humanity. However, insofar as undermining the rule of law are [sic] concerned, no government has throughout the history of South Africa stooped as low as the one currently in control.20

In hierdie aanhaling verwys die skrywer na die Suid-Afrikaanse regering se minagting van die oppergesag van die reg.

Die bespreking wat nou volg, bied ’n goeie blik op die oënskynlike benadering, nie net teenoor internasionale strafgeregtigheid nie, maar juis ook teenoor die Grondwet wanneer internasionale betrekkinge en besluite namens Suid-Afrika deur die huidige regering geneem word.

3. Die SAOG-tribunaal21

Nog ’n voorbeeld van Suid-Afrika en sommige ander Afrika-lande se kwynende politieke wil om internasionale geregtigheid te verseker, blyk uit die LSSA se aansoek teen die Suid-Afrikaanse president en andere, waarin die LSSA die Gautengse afdeling van die hoë hof in Pretoria versoek om die gewysigde protokol in verband met die SAOG-tribunaal, wat by ’n leiersberaad in 2014 aanvaar is, ongrondwetlik te verklaar. In die volgende gedeeltes maak ek op die funderende en opponerende eedsverklarings in dié aansoek staat.22

Volgens die applikant se funderende eedsverklaring is die doel van die aansoek om die hof te versoek om ’n verklarende bevel dat die hele proses om die SAOG-tribunaal op te skort,23 die SAOG se versuim om regters in die tribunaal aan te stel, en alle stappe met die oog op Suid-Afrika se bekragtiging van die protokol van 2014 (wanneer en indien dit sou gebeur), ongrondwetlik is.24 Wat dit volgens die applikant ongrondwetlik maak, is dat die ooglopende oogmerk van die proses is om burgers van hul gevestigde reg op toegang tot die tribunaal te ontneem en/of daarop inbreuk te maak. Soos met die Statuut van Rome, is Suid-Afrika ’n lid van en dus gebonde aan die SAOG-verdrag; en, soos met die Statuut van Rome, het die regering sekere verpligtinge wat daaruit spruit wat hy oënskynlik versuim om na te kom.

In teenstelling met die protokol van die SAOG-tribunaal van 2000, ontneem die protokol van 2014 burgers van hulle reg om in sekere omstandighede, en wanneer sodanige burger in ’n geskil met sy eie regering gewikkel is, toegang tot die tribunaal te verkry. In wese beperk die jongste protokol dus toegang tot die tribunaal tot interstaatlike geskille. Die rede vir dié besluit deur die politieke hoofde van die SAOG is algemeen bekend kennis: In Mike Campbell (Pty) Ltd v Republic of Zimbabwe25 het die tribunaal met ’n meerderheid bevind dat hy wél regsbevoegdheid oor die saak het, dat die 79 applikante geen verdere toegang tot Zimbabwiese howe gehad het nie, dat daar op grond van velkleur teen die applikante gediskrimineer is, en dat Zimbabwe die applikante redelike vergoeding moet betaal vir die

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

329

verlies van eiendom wat die respondent op gedwonge wyse bekom het. Die Zimbabwiese regering se reaksie op die tribunaal se uitspraak was betreklik voorspelbaar:

Justice Minister Patrick Chinamasa has slammed a SADC Tribunal ruling, meant to put a stop to the ongoing wave of farm invasions, saying orders by the human rights court have no legal force in Zimbabwe. In an interview with the Zimbabwe Times, Chinamasa warned the regional bloc’s human rights court against trying to “lecture” Robert Mugabe on restoring the rule of law to the continuing land attacks. He also condoned the attacks that have left thousands of farm workers without jobs, saying they are a “justified protest against unfair land ownership by the white descendants of colonial-era settlers”.26

Die Suid-Afrikaanse regering het nooit op hierdie politiese retoriek gereageer nie. Gelukkig het die Konstitusionele Hof in Government of the Republic of Zimbabwe v Fick27 op die applikante se pogings om die tribunaal se gunstige kostebevel suksesvol af te dwing, naamlik deur beslaglegging op Zimbabwiese eiendom in Suid-Afrika, vertroue in die beskerming van menseregte maar veral die oppergesag van die reg deur die howe, gehandhaaf.

’n Paar baie belangrike beslissings van die konstitusionele hof in dié uitspraak was soos volg:

a. Die reg op toegang tot howe is ’n element van die oppergesag van die reg.28 Soos reeds genoem, voer die LSSA aan dat die gewysigde protokol van 2014 die reg op toegang tot howe, met inbegrip van die SAOG-tribunaal, in gevaar stel.

b. Die tribunaalprotokol moet as deel van die oorspronklike SAOG-verdrag beskou word.29 Die implikasies hiervan is duidelik: indien ’n gewysigde protokol soos dié van 2014 afwyk van die grondbeginsels van die verdrag self, soos respek vir die oppergesag van die reg (wat toegang tot howe insluit), kan die SAOG-leiersberaad dit nie wettig verander nie, tensy die verdrag self gewysig word, wat haas ondenkbaar is met betrekking tot ’n kernwaarde soos toegang tot die tribunaal, en dus tot geregtigheid. Boonop sal so ’n wysiging lynreg in stryd wees met die Suid-Afrikaanse Grondwet. Vir ’n regering soos Zimbabwe in die geval van Campbell, of Suid-Afrika in die geval van die Statuut van Rome, is al moontlikheid dan om aan die bepaalde verdrag te onttrek. Vir Suid-Afrika sal daardie onttrekking wettig wees slegs indien die Suid-Afrikaanse parlement ingevolge artikel 231(2) van die Grondwet so ’n mosie aanvaar, wat natuurlik die herroeping van die Wet op die Implementering van die Statuut van Rome sal moet insluit. Natuurlik het die Suid-Afrikaanse regering nóg die ISH-onttrekking nóg die herroeping van die Wet op die Implementering van die Statuut van Rome aan die parlement voorgelê. Die pers berig reeds dat die Demokratiese Alliansie die regering se onttrekking aan die ISH in die howe sal aanveg, en dus het die howe waarskynlik nog nie die laaste woord oor Suid-Afrika se onttrekking aan verdrae gespreek nie.30

c. Zimbabwe se beroep op sy soewereine status ingevolge die Suid-Afrikaanse Wet op Diplomatieke Immuniteit31om hom nie aan die tribunaalprotokol, en dus aan die tribunaal, te onderwerp nie, dra ook geen gewig nie.32Die rede hiervoor is voor die hand liggend: daardie wet bepaal33 dat ’n ander land immuun is teen die regsbevoegdheid van Suid-Afrikaanse howe tensy hy van sodanige immuniteit afstand doen. Dít het Zimbabwe met die aanvaarding en bekragtiging van die SAOG-verdrag gedoen.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

330

d. In sy bevinding dat die Suid-Afrikaanse gemenereg nie vir die afdwinging van ’n hofbevel deur ’n tribunaal soos die SAOG s’n voorsiening maak nie, het die konstitusionele hof die gemenereg verder in die gees en volgens die strekking van die Suid-Afrikaanse Grondwet ontwikkel.34 In sy beslissing oor of sodanige ontwikkeling noodsaaklik is, spreek die hoofregter hom baie duidelik soos volg uit:

What would help us to solve this issue [d.w.s. die ontwikkeling van die gemenereg om uitvoering van bevele van tribunale soos die SAOG s’n in Suid-Afrika moontlik te maak] is the answer to the question, “what was the mischief sought to be addressed by developing the common law to empower our domestic courts to enforce or facilitate the execution of orders made outside the borders of our country?” It appears to me that that development was driven by the need to ensure that lawful judgments are not to be evaded with impunity by any State or person in the global village.

Ek bespreek vervolgens kortliks die LSSA-aansoek en die respondente se teenargumente.35

4.1 Die applikant se saak

Die applikant bevestig reeds in sy sitasie van die eerste respondent dat die President ingevolge artikel 83 van die Grondwet verplig is om in sy optrede namens Suid-Afrika die Grondwet as oppergesag van die land te handhaaf, te verdedig en te eerbiedig.36 By implikasie beteken dít dat hy die onderhandeling en ondertekening van internasionale verdrae namens die land met inagneming van die regte in die Handves van Regte sal uitvoer. Ook die tweede respondent, naamlik die Minister van Justisie, en die derde respondent, naamlik die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, se plig om die President te adviseer, moet deur dieselfde gehoorsaamheid aan die Grondwet gerig word. Tog, voer die applikant aan, was alle stappe deur die respondent, waaronder stemming ten gunste van die gewysigde protokol, die ondertekening daarvan, asook enige pogings om die protokol in Suid-Afrika te bekragtig, ongrondwetlik,37 omdat die respondent se duidelike bedoeling daarmee was om hom daartoe te verbind om burgers van hul gevestigde reg op toegang tot die tribunaal te ontneem indien en wanneer dit sou nodig wees.38 Die reg op toegang tot die tribunaal is boonop in die SAOG-verdrag self vervat. By implikasie is hierdie aksies van die respondent dus in stryd met die bepalings van artikel 34 van die Grondwet, wat toegang tot howe waarborg. Toe die President die gewysigde protokol van 2014 namens Suid-Afrika onderteken het, het hy daarom in wese op Suid-Afrikaanse burgers se toegang tot geregtigheid inbreuk gemaak, betoog die applikant.39

Die aanhef van die SAOG-verdrag verbind lidstate tot onder meer die waarborg van demokratiese regte, die handhawing van menseregte en die oppergesag van die reg.40 Artikel 4 van die verdrag vereis ook van lidstate om hulle tot die handhawing van menseregte, demokrasie, die oppergesag van die reg en billike optrede te verbind.41Artikel 23 bevat die beginsel wat in die demokratiese grondwetlike bestel van Suid-Afrika as “deelnemende regering” beskryf kan word, naamlik dat lidstate hulle daartoe verbind om alle rolspelers, waaronder die privaatsektor, die burgerlike samelewing, nieregeringsorganisasies asook werker- en werkgewersorganisasies, by hul werksaamhede te betrek.42 Om dan kragtens die gewysigde tribunaalprotokol van 2014 sodanige rolspelers van regstoegang te ontneem, en dít boonop sonder enige oorlegpleging, is tog duidelik strydig met hierdie SAOG-verdragsbepaling.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

331

Die applikant beweer ook dat die SAOG-sekretariaat nog lank voordat hulle in 2014 die gewraakte besluit oor die inperking van die bevoegdheid van die tribunaal geneem het, WTI Advisors, ’n filiaal van die Wêreldhandelsinstituut, om advies genader het. Dié liggaam het in 2011 in sy verslag onder meer soos volg aanbeveel: “a. The Tribunal shall have jurisdiction over disputes between Member States and between natural or legal persons and Member States, provided that any such natural or legal persons have an interest of a legal nature in the subject matter of the dispute; ...”43 Nieteenstaande hierdie aanbeveling het die SAOG-beraad op 18 Augustus 2012 besluit dat die toekomstige bevoegdheid van die tribunaal beperk moet word tot die uitleg van die verdrag, en ook slegs ten opsigte van interstaatlike geskille.44

Met ooglopende verwysing na die konstitusionele hof se uitspraak in Mike Campbell (Pty) Ltd v Republic of Zimbabwe45 voer die applikant aan dat onder meer die volgende riglyne met betrekking tot internasionale ooreenkomste neergelê is:46

a. Die beroep op die staat in artikel 7(2) van die Grondwet om in sy handelinge die regte in die Handves van Regte te eerbiedig. Ek het reeds vroeër daarop gewys dat hierdie handelinge die onderhandeling van, samesprekings en stemming oor, en ondertekening van protokolle deur die president insluit.

b. Die parlementêre plig om by die uitoefening van openbare gesag binne die grondwetlike raamwerk op te tree, naamlik om toe te sien dat daar ’n rasionele verwantskap tussen die bedeling wat beding word en die uitkomste daarvan is. Sodanige uitkomste moet regmatig wees kragtens die Suid-Afrikaanse grondwetlike raamwerk, en besluite mag nie kwaadwillig en arbitrêr geneem word nie. Die betekenis hiervan is duidelik: die President en sy raadgewers moes tog geweet het dat die strekking van die gewysigde SAOG-protokol van 2014 die regte in die Suid-Afrikaanse Grondwet irrasioneel sou beperk. Daarbenewens is dit ondenkbaar dat die partye nié daarvan bewus was dat die wysiging as ’n regstreekse gevolg van die Zimbabwiese regering se kwaadwillige en onwettige optrede teen wit boere ter tafel gelê is nie.

c. Ingevolge die Suid-Afrikaanse grondwetlike bestel moet die ontwikkeling van beleid en die implementering en uitvoering van wetgewing ook ooreenkomstig dié bestel geskied.

d. Die uitvoerende gesag, veral in die persoon van die president, is verplig om die Suid-Afrikaanse grondwetlike waardes buite die landsgrense te bevorder en uit te brei.

e. Die konstitusionele hof het die SAOG-tribunaal bestempel as ’n “internasionale hof” (of, soos die applikant dit stel, “foreign court”) enig in sy soort in die SAOG-gebied, en het klem gelê op die reg op onbelemmerde toegang daartoe.47

Die res van die applikant se funderende verklaring handel oor die regering se ergerlike versuim om op korrespondensie te reageer voordat die aansoek by die hof ingedien is.48

4.2 Respondent se saak

Die respondent se antwoord op die aansoek lê onder meer klem op die applikant se “onredelike” gesloer met die indiening van die aansoek, die voortydigheid van die aansoek, asook die konsensuele grondslag waarop die SAOG besluite neem (besluite word ingevolge die SAOG-verdrag volgens konsensus en nie ’n meerderheidstem nie, geneem).49

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

332

Die respondent lê sterk klem op die onderskeid tussen die applikant se feitelike bewering dat die tribunaal en sy werksaamhede “opgeskort” is, terwyl die respondent aanvoer dat daar slegs ’n “moratorium” op die tribunaal se werksaamhede geplaas is, welke moratorium die aanvaarding van nuwe sake en die (her)aanstelling van regters opskort totdat die beraad anders besluit. Dié argument dra nie juis tot die beslegting van die geskil by nie. Dit is immers algemeen bekend dat die tribunaal nou reeds geruime tyd nie meer werksaam is nie en waarskynlik nog lank so sal bly.

Voorts voer die respondent aan dat aangesien die “moratorium” kragtens ’n spitsberaadbesluit op 20 Mei 2011 op die tribunaal geplaas is, maar die aansoek eers in Maart 2015 ingedien is, daar ’n onredelike hoeveelheid tyd verloop het.50 Wat die respondent natuurlik hier verswyg, is dat die gewysigde tribunaalprotokol eers op 18 Augustus 2014 aanvaar is,51 in welke stadium ook slegs nege van die 15 lidlande, waaronder Zimbabwe en Suid-Afrika, dit onderteken het.52 As die uitgerekte korrespondensie tussen die applikant en respondent boonop in ag geneem word – wat hoofsaaklik deur die applikant gevoer is sonder veel reaksie van die respondent – is dit duidelik dat daar nie van ’n onredelike tydsverloop sprake kan wees nie.

’n Aansienlike gedeelte van die respondent se teenargument word gewy aan die bewering dat die applikant die aansoek voortydig ingedien het.53 Die respondent wys tereg daarop dat artikel 52 van die SAOG-verdrag vereis dat die protokol bekragtig moet word deur lidlande wat dit onderteken het. “Bekragtiging” kan ingevolge artikel 53 slegs ooreenkomstig ’n lidland se “grondwetlike prosedure” geskied. Wat Suid-Afrika betref, word daardie prosedure in artikel 231 van die Grondwet uiteengesit waarna reeds vroeër verwys is.54 Dus, redeneer die respondent, omdat die artikel 231(2)-prosedure van die Grondwet nog nie gevolg is nie en die vereiste twee derdes van die SAOG-lidlande nog nie die gewysigde protokol onderteken het nie, het die nuwe protokol nog geen regskrag nie en is daar by implikasie nog geen inbreukmaking op burgers se toegang tot die reg nie.55 Aangesien die applikant dit egter duidelik teen die proses van onderhandeling, stemming vir en ondertekening van die gewysigde protokol het,56 is die onhoudbaarheid van hierdie argument tog duidelik. Hierdie aksies op sigself kan beskou word as ’n aanduiding dat die President die wysiging steun en, as ’n logiese uitvloeisel daarvan, daardeur onderneem om die aangeleentheid verder te voer en bekragtiging daarvan te bewerkstellig. Natuurlik moet daar ook redes wees waarom Angola, Botswana, Madagaskar, Mauritius, die Seychelle en Swaziland nié die voorstel vir die gewysigde protokol onderteken het nie.57

’n Verdere groot deel van die respondent se teenargument is dat die President se deelname aan die “opskorting” van die SAOG-tribunaal, asook die ondertekening van die voorstel vir die gewysigde protokol, nie artikel 34 van die Grondwet geskend het nie.58 Hierin steun die respondent op die “konsensusvorm” van besluitneming wat die SAOG beoefen, en die getal vergaderings waar die opskorting/moratorium bespreek is. Die WTI Advisors-verslag, sê die respondent, het uitgeloop op die aanstelling van ’n komitee van justisieministers wat die SAOG-beraad by ’n vergadering in Augustus 2012 oor die saak moes adviseer.59 Sonder om te noem wat die uitkoms van dié komitee was, is dit tog nou algemene kennis dat Suid-Afrika, in die persoon van die President, in 2014 ten gunste van die gewysigde voorstel gestem het. Dat die tribunaal in daardie stadium reeds vier jaar nie meer werksaam was nie, redeneer die respondent, beteken nie dat Suid-Afrikaanse burgers en ander inwoners van Suid-Afrika van hul reg op geregtigheid ontneem is nie.60

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

333

Meckler61 merk in sy bespreking van die waarskynlike te niet gaan van die SAOG-tribunaal tereg op dat geen hof, ook internasionale of regionale hof, ontneem behoort te word van jurisdiksie-aanvaarding oor sake van politieke aard nie. Hy meen egter dat die SAOG-tribunaal moontlik fouteer het deur die aanvaarding van ’n saak teen die voormalige AU-voorsitter, Robert Mugabe, en sy Zimbabwiese regering, wat sekerlik nie gehoor sou gee aan tribunaalbevele nie. Volgens hom sou die SAOG-tribunaal waarskynlik steeds bestaan het as dit nie vir die tribunaal se Campbell-uitspraak was nie. Hoewel ek nie saamstem met dié mening nie, is hy tog korrek in sy opsomming: “With the progress Southern Africa has made in human rights over the past several decades, the dismantling of the SADC Tribunal that once had a human rights mandate and individual access to the court is a serious step in die wrong direction.”

Teen hierdie betreklik somber agtergrond – met ’n uiters skraal kans op die herlewing van ’n geloofwaardige streekshof vir die SAOG, en die Soedannese/Al-Bashir-debakel wat Suid-Afrika nou ook uit die ISH wil laat onttrek – besin ek hier onder oor die moontlikheid van die vestiging van ’n geloofwaardige straf-en-geregtigheidshof vir Afrika as ’n alternatief vir die ISH. Ek doen die ondersoek na ’n volhoubare Afrika-hof omdat die optrede van die Suid-Afrikaanse regering en sommige Afrika-lande wat in die voorafgaande paragrawe bespreek is, daarop dui dat die verdere vestiging van ’n Afrika-kultuur van menseregtebeskerming bedreig word. Die implikasies daarvan is wyd en negatief vir Suid-Afrika en die vasteland en noop alle moontlike pogings om dié agteruitgang te stuit. Ek doen hierdie ondersoek ook omrede enige lidmaatskapsbeëindiging van ’n internasionale hof (in die geval van die ISH), of opskorting van ’n regionale hof (in die geval van die SAOG-tribunaal) tog impliseer dat ’n alternatief in die vooruitsig gestel word. Wat is dan daardie vooruitsig vir Suid-Afrika en die vasteland?

5. Die vestiging van ’n geloofwaardige permanente straf-en-geregtigheidshof vir Afrika, gedagtig aan die nakoloniale menseregtekultuur op die vasteland

5.1 Agtergrond

Om die bestaan en ontwikkeling van ’n Afrika-stelsel vir die beskerming van menseregte, asook die vasteland se onlangse reaksie op internasionale strafregtelike geregtigheid te verstaan, is die handves van die AU ’n goeie beginpunt. Alhoewel dié handves bedoel was om in samehang met die VN-handves, en veral die VN se universele verklaring van menseregte van 1948, gelees te word, was die hoofdryfveer daaragter nog nooit die beskerming van individuele regte waar regerings dit sou skend nie.62 Dit was veel eerder geskoei op en geïnspireer deur die teenkoloniale struwelinge van die 1950’s, en dus die veroordeling en misbruik van die regte van Afrikane deur nie-Afrikane, soos met apartheid.63

Dít het nie altyd net positiewe uitkomste gehad nie, soos Udombana tereg opmerk:

Indeed, the concept of defending sovereignty and independence implied non-interference in the internal affairs of member States. This non-intervention principle, enshrined in Article III(2) of the OAU Charter, has been a foundation stone of the Organization, a rule regarded as sacrosanct, to which States have rigidly adhered. In fact, the body was born “in a context of nearly untrammeled state sovereignty, in

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

334

which heads of state sought sedulously to safeguard the independence so recently won”.64

Afrika het dus die konsep van staatsoewereiniteit as onaantasbaar beskou, welke siening steeds in politieke besluitneming tot uiting kom en oor die algemeen ’n stremmende invloed op die ontwikkeling van internasionale geregtigheid het. Tog is staatsoewereiniteit nie ’n sterk genoeg verweer om onbepaald as regverdiging vir growwe skendings van menseregte en onverantwoordbaarheid deur individue te dien nie. In hierdie verband noem Van der Vyver dat die regerings wat in New York byeengekom het om voor te berei vir die Roomse beraad wat op die vestiging van die ISH uitgeloop het, dit eens was oor die wesenlike verwatering van staatsoewereiniteit in internasionale reg.65In die konteks van die ius cogens teen marteling betoog De Wet ook dat dit onlogies is om soewereine immuniteit as verweer voor te hou.66 Die oorspronklike konsep van absolute staatsoewereiniteit is daarom al as verouderd beskryf, en het reeds gelei tot menige oproep om aanpassing by die moderne internasionale gemeenskap.67

Toe die destydse Organisasie van Afrika-Eenheid (OAE) die AU geword het, het dié organisasie se doelstellings ten gunste van staatsoewereiniteit en die bevordering van eenheid en solidariteit van Afrika-state grotendeels bly staan, buiten die genuanseerde verandering in die AU se vestigingswet wat bepaal het dat state in buitengewone omstandighede tog in staat sou wees om in lidstate se binnelandse sake in te meng.68 Dit is haas onmoontlik om nie die situasie in Soedan as “buitengewoon” te beskryf nie.

5.2 Die Afrika-handves vir menseregte69

In 1981 het die OAE die Afrika- (of Banjul-) handves ter bevordering van menseregte aanvaar.70 Dié handves is as die eerste Afrika-bydrae tot die internasionale diskoers oor menseregte beskou.71 Dit is van meet af aan vir sy onrealistiese en radikale benadering gekritiseer, maar terselfdertyd vir sy progressiewe insluiting van burgerlike, politieke, ekonomiese, sosiale en kulturele regte en verpligtinge van die individu geloof.72

Die Afrika-kommissie vir Mense- en Volkeregte (ACHPR – African Commission on Human and Peoples' Rights) is ingevolge artikel 30 van die handves op die been gebring met die doel om die regte van mense en volkere te bevorder en die beskerming van sodanige regte in Afrika te verseker.

Daar is uiteenlopende menings oor die sukses en doeltreffendheid van dié kommissie.73 Murray vind dit lofwaardig dat die kommissie sy mandaat nie net deur middel van die verslagdoeningstelsel uitvoer nie, maar ook om die bepalings van die AU-handves uit te lê.74 Hy meld egter ook dat die kommissie by geleentheid huiwerig was om die meer aanvegbare bepalings van die handves te vertolk.75 Du Plessis76 maak ook melding van swak verslagdoening aan die kommissie oor lidstate se implementering van die AU-handves by wyse van, onder andere, nasionale wetgewing. Die meeste lidstate is agterstallig met hul verslagdoeningspligte. Du Plessis kom tot die volgende slotsom:

There is accordingly an urgent need for the African Union to consider how the Commission’s position may be strengthened within the new structure of the AU, and for the Commission to urge the political organs of the Union to take its supervisory role under the African Charter seriously.77

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

335

Bevestiging van Du Plessis se gevolgtrekking hier bo word aangetref in die kommissie se Kommunikasie 409/12.78Hierdie kommunikasie bevat die uitslag van ’n kommissie-ondersoek nadat een van die applikante in die SAOG-Campbell-saak79 ’n klagte teen die 14 lidstate van die SAOG by die kommissie ingedien het waarin aangevoer is dat die opskorting van die tribunaal in stryd is met artikels 7 en 26 van die Afrika-handves.80 In hierdie kommunikasie merk die kommissie op:81

On the Merits of the Communication, the Commission notes with regret the fact that only one of the fourteen Respondent States (Mauritius) has submitted its arguments. In line with its Rules of Procedure, the Commission proceeds to make its determination on the basis of the Complainant’s submission and the single Respondent State submission available.

5.3 Die Afrika-hof vir Mense- en Volkeregte, en die Afrika-hof vir Geregtigheid en Menseregte

Die protokol wat die Afrika-hof vir Mense- en Volkeregte (African Court on Human and People’s Rights) in die vooruitsig gestel het, is in 1998 deur die OAE aanvaar. Die protokol het op 25 Januarie 2004 in werking getree, en die hof het in 2008 met sy werksaamhede begin.82 In die aanhef van die protokol, wat dus as vestigingsdokument van die hof dien, word die doelstellinge van die Banjul-handves herbevestig. Artikel 3 bepaal dat die hof bevoegdheid sal hê oor alle sake en geskille in verband met die uitleg en toepassing van die handves, die vestigingsprotokol van die hof, en enige ander bekragtigde menseregte-instrumente van lidlande wat aan die hof voorgelê word. Artikel 5 bepaal dat die volgende partye geskille aan die hof mag voorlê: die Afrika-menseregtekommissie, ’n lidland wat ’n klagte by die kommissie ingedien het, die lidland teen wie die klagte by die kommissie ingedien is, die lidland wie se burger ’n slagoffer van die vergryp is, en Afrika-interstaatlike organisasies.

Die Vereniging vir die Voorkoming van Marteling (Association for the Prevention of Torture – ATP) het vroeg reeds aangedui dat dit jammer is dat die protokol nie vir geredelike individuele toegang tot die hof voorsiening maak nie, en dat sodanige voorsiening die Afrika-stelsel van menseregte baie meer progressief sou maak.83 Artikel 5(3), gelees in samehang met artikel 34(6), bepaal dat die hof wel individue kan toelaat, mits die staat van waar die individu kom, eers toestem dat die hof bevoegdheid kan uitoefen, benewens die voorwaarde dat die hof self moet toestem. In die praktyk beteken dit dus dat die hof se bevoegdheid beperk is tot die aanhoor van interstaatlike geskille,84 ten spyte daarvan dat daar ook ’n Afrika-hof vir Geregtigheid en Menseregte (African Court of Justice and Human Rights) bestaan wat interstaatlike geskille mag besleg. Hierdie hof is op sy beurt ’n maaksel van die AU en is in 2003 gestig, maar het nooit in werking getree nie.85

5.4 ’n Protokol vir die samesmelting van die twee Afrika-howe met uitgebreide regsbevoegdheid

Die AU het op 1 Julie 2008 die protokol oor die statuut van die Afrika-hof vir Geregtigheid en Menseregte aanvaar, wat bogenoemde howe laat saamsmelt. Die protokol en die bygaande statuut sal in werking tree 30 dae na die indiening van instrumente ter bekragtiging daarvan deur 15 van die AU se 54 lidlande. Nog voor inwerkingtreding het ’n gewysigde protokol – die protokol oor wysigings aan die protokol oor die statuut van die Afrika-hof vir Geregtigheid en Menseregte – egter die lig gesien in opdrag van ’n AU-besluit wat in 2009

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

336

geneem is.86 Teen 1 April 2016 het nege lidlande die gewysigde protokol onderteken en het nog geen lidland dit bekragtig óf instrumente ter bekragtiging daarvan ingedien nie.87

Sowel Du Plessis88 as Lubbe89 lewer uitvoerige kommentaar op die konsepprotokol wat die voorgenome hof met onder meer uitgebreide strafregtelike bevoegdheid, met inbegrip van internasionale misdade, sal beklee. Albei dié skrywers wys op die onwaarskynlikheid daarvan dat so ’n hof finansieel volhoubaar sal wees. Lubbe90 noem dat die ISH se begroting vir die boekjaar 2014 net onder $20 miljoen beloop het, en dié van die Afrika-hof vir Mense- en Volkeregte net meer as $8,5 miljoen. Gedagtig daaraan dat die ISH ’n veel meer beperkte bevoegdheid oor sake het as wat vir die nuwe Afrika-hof in die vooruitsig gestel word, ontstaan die vraag oor die mate van finansiële realisme wat hier aan die dag gelê is om ’n doeltreffende en volhoubare Afrika-hof te skep. Du Plessis91 bied die volgende beskouing van die finansiële onwaarskynlikhede verbonde aan so ’n Afrika-hof:

Indeed, the fiscal implications of vesting the court with criminal jurisdiction raise serious questions about the effectiveness, independence and impartiality of such a court. To put it in blunt financial terms, the unit cost of a single trial for an international crime in 2009 was estimated to be US$20 million. This is nearly double the approved 2009 budgets for the African Court and the African Commission standing at US$7 642 269 and US$3 671 766, respectively; and represents 14% of the AU’s total budget of US$140 037 880 for 2008.

Boonop word daar beoog om aan die hof bevoegdheid oor ’n hele aantal misdade te gee, aansienlik meer as dié wat tans onder die ISH se bevoegdheid val. Dié misdade word in artikel 28(a) van die protokol gelys as volksmoord, misdade teen die mensdom, die misdaad van ongrondwetlike regeringsomverwerping, seerowery, huursoldatery (“mercenarism”), korrupsie, geldwassery, mensehandel, dwelmhandel, onwettige ontginning van natuurlike hulpbronne, en aggressie. Soos Lubbe tereg opmerk, is daar oor baie van hierdie beoogde misdade nog nie eens enige internasionale eenstemmigheid nie, wat nog te sê ’n universele definisie daarvoor.92

Artikel 46A van die protokol is ook nie juis verrassend nie, en bepaal dat geen klagte teen ’n dienende AU-staatshoof of -regering, of teen enigiemand wat daarop geregtig of daartoe gemagtig is om op ’n bepaalde wyse op te tree, of teen enige senior staatsamptenaar as gevolg van sy/haar amptelike pligte en gedurende sy/haar ampstermyn, voor die hof ’n aanvang sal neem of voortgesit sal word nie.

6. Gevolgtrekking

In die verwysing van die Soedannese situasie na die ISH het die Veiligheidsraad van die VN kragtens hoofstuk VII van die VN-handves opgetree, en ook nadat ’n aantal resolusies geneem en ’n verdoemende verslag oor die menseslagting in Soedan verkry is. Hierdie verslag het aangetoon dat die geweld teen burgerlikes in Soedan nie afsonderlike uitbarstings van geweld was nie, maar deel uitgemaak het van beplande en stelselmatige geweldsuitoefening deur die Al-Bashir-regime. Omdat die VN ’n politieke en nie ’n regsliggaam is nie, was dit dus niks minder as reg nie dat die Veiligheidsraad die situasie na die ISH verwys het toe dit na sy oordeel ’n bedreiging vir wêreldvrede en -veiligheid word.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

337

Ook die AU het nie daarteen beswaar gehad nie. Al is dit met die voordeel van nakennis, kan ’n mens tog aanneem dat die AU moes besef het dat die ISH die situasie sou ondersoek, en dat lasbriewe teen verantwoordelike individue sou kon volg indien inligting aan die lig sou kom wat dit regverdig.

Suid-Afrika in die besonder het die Statuut van Rome geïmplementeer deur wetgewing met daardie strekking uit te vaardig. ’n Sentrale uitgangspunt van die Statuut van Rome én die Suid-Afrikaanse implementeringswet is dat daar nooit enige verweer van individuele immuniteit kan bestaan teen die misdrywe waaroor die ISH bevoegdheid het nie. Dit is onwaarskynlik dat die land ’n verdrag sou sluit en wetgewing sou uitvaardig sonder dat die regering van sy gepaardgaande nasionale en internasionale verpligtinge kennis gedra het. Suid-Afrika se voorneme om uit die ISH te tree dui dus daarop dat die politieke wil van die Suid-Afrikaanse regering sedert sy toetrede tot die ISH drasties getaan het, en is ’n groot terugslag vir die verdere algemene ontwikkeling van strafregtelike geregtigheid op internasionale vlak.

Wat die SAOG en sy tribunaal betref, dui die moratorium op die tribunaal se werksaamhede daarop dat individue se toegang tot die reg geskend is, ondanks die lofwaardige uitsprake en ooreenkomste oor die beskerming van menseregte in die SAOG-verdrag. Die hof se uitspraak in die LSSA-aansoek teen die regering word met groot belangstelling afgewag. As daar op die respondente se beswaar teen dié aansoek gelet word, sal dit ’n duidelike teken wees dat die regering hom in die hantering van internasionale sake namens Suid-Afrika weinig aan die land se Grondwet steur. Intussen word die konstitusionele hof se uitspraak in Government of the Republic of Zimbabwe v Fick93 – met die afdwinging van die kostebevel teen Zimbabwe, en die gepaardgaande ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse gemenereg om vir hofbevele deur internasionale tribunale voorsiening te maak – verwelkom as ’n sprankie hoop, veral aangesien alles daarop dui dat die beoogde nuwe Afrika-hof moontlik te haastig oorweeg is en waarskynlik nie binnekort in werking sal tree nie.

Bibliografie

ACHPR. 2013. Communication 409/12 – Luke Munyandu Tembani and Benjamin Freeth (represented by Norman Tjombe) v Angola and Thirteen Others. http://www.achpr.org/files/ sessions/54th/comunications/409.12_/achpr54_409_12_eng.pdf (4 November 2016 geraadpleeg).

—. 2016. http://www.achpr.org/files/instruments/achpr/banjul_charter.pdf (4 November 2016 geraadpleeg).

African Union. 2016. https://www.au.int/web/sites/default/files/treaties/7804-treaty-0045_-_protocol_on_amendments_to_the_protocol_on_the_statute_of_the_african_court_of_justice_and_human_rights_e.pdf (1 November 2016 geraadpleeg).

APT. 2000. The African Court on Human and People’s Rights – Presentation, analysis and commentary: The Protocol to the African Charter on Human and People’s Rights, Establishing the Court. Geleentheidsreferaat. Januarie. Genève.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

338

Bell, A. 2009. Chinamasa slams SADC land ruling and condones farm attacks. Zimbabwe Times, 15 Junie. http://www.sabar.co.za/law-journals/2009/august/2009-august-vol022-no2-p11.pdf (26 Oktober 2016 geraadpleeg).

Carroll, C.M. 2000. An assessment of the role and effectiveness of the international tribunal for Rwanda and the Rwandan justice system in dealing with the mass atrocities of 1994. Boston University International Law Journal, 18:163–200.

Cassese, A. 2005. International Law. Oxford: Oxford University Press.

De Wet, E. 2004. The prohibition of torture as an international norm of jus cogens and its implications for national and customary law. European Journal of International Law, 15(1):97–121.

Dougherty, B.K. 2004. Right-sizing international criminal justice: the hybrid experiment at the Special Court for Sierra Leone. International Affairs, 80(2):311–28.

Dugard, J. (red.). 2011. International Law: A South African perspective. 4de uitgawe. Kaapstad: Juta.

Du Plessis, M. 2010. The International Criminal Court that Africa wants. Monograph 172. Institute for Security Studies: Pretoria.

—. 2011. International criminal courts, the International Criminal Court, and South Africa’s Implementation of the Rome Statute. In Dugard (red.) 2011.

—. 2012. Implications of the AU decision to give the African Court jurisdiction over international crimes. https://issafrica.s3.amazonaws.com/site/uploads/Paper235-AfricaCourt.pdf (1 November 2016 geraadpleeg).

Freedom House. 2015. Sudan arrests pro-democracy figures. https://freedomhouse.org/article/sudan-arrests-pro-democracy-figures (17 Januarie 2017 geraadpleeg).

Human Rights Watch. 2016. Sudan blocks civil society participation in UN-led human rights review. https://www.hrw.org/news/2016/03/31/sudan-blocks-civil-society-participation-un-led-human-rights-review (26 Oktober 2016 geraadpleeg).

Jackson, J.H. 2003. Sovereignty-modern: a new approach to an outdated concept. American Journal of International Law, 97:782–802.

Kayitana, E. 2015. The universal jurisdiction of South African criminal court and immunities of foreign state officials. Potchefstoom Electronic Review, 18(7):2561–603.

Legalbrief. 2016. ICC withdrawal taken to top court. www.legalbrief.co.za (26 Oktober 2016 geraadpleeg).

LSSA. 2016. http://www.lssa.org.za/our-initiatives/advocacy/sadc-tribunal-matter (26 Oktober 2016 geraadpleeg).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

339

—. 2016a. http://www.lssa.org.za/upload/documents/Respondents%20Answering%20 Affidavit%2016%20July%202015.pdf (26 Oktober 2016 geraadpleeg).

Lubbe, H.J. 2014. Aantekening: Internasionale strafregtelike jurisdiksie vir die Afrika-hof: problematiese aspekte en die implikasie daarvan. LitNet Akademies, 11(3):223–38.

Maklanron, M.J. 2016. South Africa’s disappointment with the International Criminal Court: the unfair treatment of African people caused and end to cooperation. Africology: The Journal of Pan African Studies, 9(7):82–105.

Maromo, J. 2016. Al-Bashir: Government will no longer go to ConCourt. http://www.iol.co.za/news/crime-courts/al-bashir-government-will-no-longer-go-to-concourt-2082424 (25 Oktober 2016 geraadpleeg).

McKenna, M. 2013. African Union requests Security Council to defer cases of Kenyatta and Ruto. http://www.hscentre.org/sub-saharan-africa/african-union-requests-security-council-to-defer-cases-of-kenyatta-and-ruto (26 Oktober 2016 geraadpleeg).

Meckler S. 2016. A human rights “monster” that devoured no one: the far-reaching impact of dismantling the SADC Tribunal. New York University of International Law and Politics, 48(3):1007–38.

Mike Campbell Foundation. 2014. New Protocol on SADC Tribunal. http://www.mikecampbellfoundation.com/page/the-new-protocol-on-the-sadc-tribunal (28 Oktober 2016 geraadpleeg).

Murray, R. 2001. The African Charter on Human and Peoples’ Rights 1987–2000: an overview of its progress and problems. African Human Rights Law Journal, 1(1):1–17.

Mutua, M. 2016. The African Human Rights System: a critical evaluation. http://hdr.undp.org/sites/default/files/mutua.pdf (1 November 2016 geraadpleeg).

News24. 2016. Was Nene fired for saying no to Bashir? http://www.news24.com/ (17 Januarie 2017 geraadpleeg).

Seguin, J. 2000. Denouncing the International Criminal Court: an examination of the U.S. objections to the Rome Statute. Boston University International Law Journal, 18:85–109.

Swanepoel, C.F. 2015. South Africa’s obligations as member state of the International Criminal Court: the Al-Bashir controversy. Journal for Juridical Science, 40(1):50–68.

—. 2016. Is a permanent African criminal court likely soon considering the continent’s post-colonial response to international criminal justice? Speculum Juris, 30(1):15-31.

Tekle, A.-M. 2014. AU appalled over UNSC failure to defer ICC cases of Sudan, Kenya. Sudan Tribune, 4 Februarie. http://www.sudantribune.com/spip.php?iframe$page (26 Oktober 2016 geraadpleeg).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

340

Udombana, N.J. 2000. Toward the African Court on Human and Peoples’ Rights: better late than never. Yale Human Rights and Development Journal, 3(1):45–66.

Van der Vyver, J.D. 1999. Universal jurisdiction in international criminal law. South African Yearbook of International Law, 24:107–32.

—. 2015. Recent developments: the Al Bashir debacle. African Human Rights Journal, 15:559–79.

Verenigde Nasies. 2005. Report of the International Commission of Inquiry on Darfur to the United Nations Secretary-General. http://www.un.org/news/dh/sudan/com_inq_ darfur.pdf (26 Oktober 2016 geraadpleeg).

Eindnotas

1 Legalbrief (2016).

2 Vir ’n algemene bespreking van Suid-Afrika se verpligtinge as lidstaat van die ISH, sien Swanepoel (2015:50 e.v.). Vir die AU-beskouing, sien Du Plessis (2012:1 e.v.).

3 (867/15) [2016] ZASCA 17 (15 Mrt 2016), beskikbaar by www.saflii.org/za/ZASCA/2016/17.html.

4 27 van 2002.

5 Maromo (2016).

6 South African Litigation Centre v National Commissioner of the South African Police Service 2012-5-8 saaknr. 77150/09 (GNP); Minister of Justice and Constitutional Development v Southern African Litigation Centre 2016-3-15 saaknr. 867/15 (HHA); National Commissioner of the South African Police Service v Southern African Litigation Centre 2014-10-30 saaknr. CCT 02/14 (KH). Vir ’n vonnisbespreking van die hoogste hof van appèl se uitspraak, sien ook Swanepoel (2014:245–61).

7 2013-6-27 saaknr. CCT 101/12 (KH).

8 Swanepoel (2016).

9 Tekle (2014); McKenna (2013).

10 Van der Vyver (2015:563).

11 Van der Vyver (2015:572).

12 Sien bv. Van der Vyver (2015:559 e.v.); Maklanron (2016: 82 e.v.); Kayitana (2015:2561 e.v.).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

341

13 Verenigde Nasies (2005).

14 (2015:561).

15 Du Plessis (2010:53).

16 Sien Dougherty (2004:313); Carroll (2000:181); Seguin (2000:86).

17 Sien News24 (2016).

18 Sien Freedom House (2015).

19 Human Rights Watch (2016).

20 Van der Vyver (2015:578).

21 Vir ’n historiese oorsig van die totstandkoming van die SAOG en die tribunaal sien Meckler (2015–2016:1009 e.v.).

22 Hierdie eedsverklarings is beskikbaar op die LSSA (2016) se webtuiste. Verwysing na enige van hierdie bronne is in die vorm van die betrokke bladsynommer en paragraaf daarna.

23 Vir ’n bondige uiteensetting van die oprigting van die SAOG, die tribunaal, die aanvanklike en gewysigde SAOG-verdrag, die tribunaalprotokolle ingevolge waarvan die tribunaal funksioneer, en die verloop van die saakgeskiedenis, sien Government of the Republic of Zimbabwe v Fick 2013-6-27 saaknr. CCT 101/12 (KH) parr. 2-21.

24 Applikant se verklaring 4 parr. 11, 13.

25 2008-11-28 saaknr. 2/2007 (SADCT).

26 Bell (2009).

27 2013-6-27 saaknr. CCT 101/12 (KH).

28 Par. 21.

29 Par. 34.

30 Legalbrief (2016). Volgens dié berig berus die DA se gronde vir die onttrekking op (a) ’n verontagsaming van art. 231(2) van die Grondwet, nl. die gebrek aan ’n magtigende resolusie en goedkeuring deur die parlement; (b) die ongrondwetlikheid asook onwettigheid daarvan om ’n kennisgewing van onttrekking by die VN in te dien voordat die parlement se goedkeuring vir die skrapping van die Wet op die Implementering van die Statuut van Rome verkry is; (c) die prosedurele irrasionaliteit van die onttrekkingskennisgewing omdat daar geen oorlegplegingsverrigtinge met die parlement of publiek was nie; en (d) die onttrekkingskennisgewing se strydigheid met art. 7(2) van die Grondwet, wat bepaal dat die staat verplig is om die regte in die Handves van Regte te respekteer, te beskerm en te bevorder.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

342

31 37 van 2001.

32 Par. 32.

33 Art. 2(1).

34 Par. 54.

35 LSSA (2016a).

36 Par. 7.

37 Par. 11.

38 Hierdie aspek neem dan ook ’n belangrike plek in die respondent se opponering van die aansoek in, soos uit afdeling 4.2 sal blyk.

39 Par. 17.

40 Par. 30.

41 Par. 31.

42 Par. 32.

43 Par. 36.

44 Par. 40.

45 2008-11-28 saaknr. 2/2007 (SADCT).

46 Par. 60.

47 Par. 61.

48 Parr. 77–87.

49 Par. 4.1.

50 Par. 29.

51 Mike Campbell Foundation (2014).

52 Ibid.

53 Parr. 30-45.

54 Sien par. 4(b) van hierdie bydrae.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

343

55 Par [34].

56 Sien par. 4.1 van hierdie bydrae en par. 11 van die applikant se funderende verklaring.

57 Mike Campbell Foundation (2014).

58 Parr. 57–82.

59 Par. 66.

60 Par. 70.

61 (2016:1037).

62 Udombana (2000:55).

63 Ibid.

64 Udombana (2000:56).

65 Van der Vyver (1999:109).

66 De Wet (2004:106).

67 Jackson (2003:782 e.v.). Sien ook Cassese (2005:21) oor die tradisionele patroon in die internasionale reg in navolging van Grotius, in teenstelling met die moderner Kantiaanse paradigma.

68 Du Plessis (2011:550).

69 ACHPR (2016).

70 Afrika- (Banjul-) handves ter Bevordering van Menseregte (African (Banjul) Charter on Human and People’s Rights), wat op 27 Junie 1981 aanvaar is en op 21 Oktober 1986 in werking getree het.

71 Udombana (2000:58); Mutua (2016).

72 (Murray 2001:2); Mutua (2016).

73 Murray (2001:2 e.v.).

74 Murray (2001:2).

75 Ibid.

76 Du Plessis (2011:558).

77 Du Plessis (2011:560).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

344

78 ACHPR (2013).

79 In par. 4 van hierdie bydrae bespreek.

80 Art. 7 handel oor elkeen se reg op hoftoegang, en art. 26 oor elke lidstaat se plig om toe te sien en te waarborg dat sy howe onafhanklik is en om gepaste nasionale instellings te voorsien vir die beskerming van die regte en vryhede in die handves.

81 Par. 129.

82 APT (2000).

83 Ibid.

84 Ibid.

85 Lubbe (2014:223).

86 Lubbe (2014:224).

87 African Union (2016).

88 (2012:4 e.v.).

89 (2014:223).

90 (2014:225).

91 (2012:9).

92 (2014:227 e.v.).

93 2013-6-27 saaknr. CCT 101/12 (KH).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

345

Herstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings en die uitsprake van die hoogste hof van

appèl in DPP v Thabethe en Seedat v S Danie Kloppers en Henk Kloppers

Danie (D.F.) Kloppers, konsultant, EduKat Educational Consulting Henk (H.J.) Kloppers, Fakulteit Regte, Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

Opsomming

Herstellende geregtigheid is ’n betreklik nuwe benadering waardeur geregtigheid kan realiseer, maar die aanwending daarvan in gevalle van seksuele oortredings is steeds in omstredenheid gehul. Alhoewel herstellende geregtigheid deur die hoogste howe in Suid-Afrika gesanksioneer is, het dit nog net in twee gevalle in die hoogste hof van appèl by seksuele oortredings ter sprake gekom. Hierdie artikel fokus op die twee uitsprake in DPP v Thabethe en Seedat v S. Dié uitsprake word aanvanklik in die lig van die verhoorhowe se beslissings bespreek en die fokus val op die wyse waarop die verskillende howe herstellende geregtigheid hanteer het. In die lig daarvan dat die hoogste hof van appèl op herstellende geregtigheid as ’n vonnisopsie fokus, word na internasionale teorieë en praktyk oor herstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings verwys om te bepaal of die hof nie tot ’n ander beslissing kon kom nie. In die bespreking van internasionale praktyk word verwys na jurisdiksies waar herstellende geregtigheid wel in gevalle van seksuele oortredings aangewend word, asook na dokumente en menings wat hierdie gebruik ondersteun. Die bespreking sluit af met ’n evaluering van die twee hofbeslissings in die lig van die internasionale gebruik en dui aan dat die hof in beide gevalle nie die beginsels van herstellende geregtigheid toegepas het nie en moontlik ’n ander gevolgtrekking sou bereik het indien dit wel gedoen sou gewees het. Die gevolgtrekking is dat dit prakties moontlik is om herstellende geregtigheid met die nodige omsigtigheid in gevalle van seksuele oortredings aan te wend.

Trefwoorde: gemeenskapsbelang; herstellende geregtigheid; seksuele oortredings; slagoffer-oortreder-bemiddeling; vergeldende geregtigheid; vonnisopsies

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

346

Abstract

Restorative justice in cases of sexual offences and the judgments of the Supreme Court of Appeal in DPP v Thabethe and Seedat v S

Restorative justice is a fairly new approach to realising justice and although it is seen by some as a radical change in the way that offences should be handled, other authors indicate that the roots of this approach are found in many traditional and indigenous legal systems. Restorative justice differs from the accusatory penal systems that are used especially in Western societies. It focuses not on retribution, but rather on the healing of the damage suffered by the victims through holding the offender accountable and by restoring the humanity of all parties involved. Restorative justice is applied in many international jurisdictions and fields, ranging from less serious and juvenile offences to serious offences such as rape, murder and genocide. In South Africa the courts have applied restorative justice principles a number of times, although the reception of the approach has been described as “somewhat lukewarm” and initially “at a slow pace” by the Supreme Court of Appeal.

One area where the application of restorative justice is, however, still shrouded in controversy, both internationally and in South Africa, is that of sexual offences. South African courts have in at least two reported cases dealt with the application of restorative justice in cases of sexual offences. In S v Thabethe the Gauteng high court applied the principles of restorative justice in a case concerning the rape of a minor girl. In S v Seedat it was seemingly applied to the sentence where the victim was in her fifties. However, in both instances the Supreme Court of Appeal did not support the rulings of the trial courts.

The purpose of this article is to consider whether it is possible and justified to apply restorative justice in cases of sexual offences. The article begins with a discussion of the rulings in Thabethe and Seedat, both in the trial courts and in the Supreme Court of Appeal. After that the focus shifts to international practice, referring to jurisdictions and specific instances where restorative justice has already been applied to sexual offences, and opinions supporting its application.

In Thabethe the court a quo ruled that in the particular circumstances of the case, a non-custodial sentence based on the principles of restorative justice would be fair and just. The court made this ruling taking into account a number of facts, among others that the parties underwent victim-offender mediation. On appeal the Supreme Court of Appeal did not, however, share the trial court’s views. The court felt “obliged to caution seriously against the use of restorative justice as a sentence for serious offences which evoke profound feelings of outrage and revulsion amongst law-abiding and right-thinking members of society”. It ruled that it should not have been applied to the facts even though it quoted with approval parts of the judgment in the Mkhize case where the Supreme Court of Appeal ruled, inter alia, that victims should be empowered. The non-custodial sentence was replaced by a sentence of ten years’ imprisonment, effectively negating the wishes of the victim and leaving the family without a breadwinner.

Unlike Thabethe, where there were clear signs of the application of restorative justice principles, the only application in Seedat was in the compensation order that formed part of the sentence in the High Court. The accused pleaded not guilty in the lower court but was found guilty and sentenced to seven years’ imprisonment. On appeal to the High Court the

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

347

ruling was confirmed but the sentence was changed. The court found that the lower court should have taken restorative justice into consideration, seeing that the victim had, during the sentencing phase, requested that the accused should rather compensate her. The court therefore suspended sentencing for a period of five years subject to the payment of an amount of R100 000 to the victim. On appeal to the Supreme Court of Appeal the competency and validity of the sentence was attacked in view of the provisions of the Criminal Procedure Act. Of importance for this discussion, however, is the court’s view on restorative justice. The court found that the wishes of the victim are not the only factor to be taken into account and that it must send a clear message that rape will not be tolerated. The court further ruled that although the object of sentencing “is not to satisfy public opinion, it needs to serve the public interest”. The accused was sentenced to four years’ imprisonment.

It is argued that the effect of both judgments is that the victim is reduced to just one of the factors to be taken into account during sentencing, seeing that in both cases the court found that other considerations were more important than the victim’s views.

The focus then shifts to the question whether the Supreme Court of Appeal could have come to another ruling with respect to restorative justice and sexual offences. To answer this question, reference is made to international practice and views. Restorative justice is applied widely and in different jurisdictions. Studies indicate that restorative justice holds meaningful advantages for victims with regard to justice, accountability, satisfaction, remorse, forgiveness and emotional well-being. It is also utilised in cases of sexual offences. In New Zealand restorative justice has been applied successfully in both youth courts and courts for adult offenders. The Restore project endeavours to facilitate the healing of victims through restorative practices. An Australian study which covered nearly 400 cases of sexual offences indicated that restorative processes were less victimising, the role players were more satisfied with the outcomes and the recidivism rate was lower. With regard to the problem of the victim’s wishes versus public opinion the Centre for Innovative Justice suggests that a binary test should be used. First it should be objectively decided whether a matter is eligible and thereafter more subjectively whether the matter is suitable for restorative processes.

Turning to academic opinions, the research of Keenan and Zinsstag and the practice guide on restorative justice by Mercer and others are discussed. Keenan and Zinsstag refer to numerous international articles and research on restorative justice in cases of sexual offences. They come to the conclusion that due to the nature of sexual offences, restorative justice is a better alternative for obtaining justice. They indicate that restorative justice does not necessarily entail a court process and that different restorative processes can be utilised, depending on the nature of the case. They conclude that the time is ripe for restorative processes to be developed in all jurisdictions for sexual offences.

In their practice guide Mercer and others discuss the application of restorative justice in sexual offence cases in detail, referring to the reasons why it should be applied and warning that restorative justice is not a “quick fix” and that practitioners dealing with sexual offences should possess specialised knowledge.

The discussion also refers to a sense of discomfort with the current legal system and the experiences of child victims to support the view that restorative justice should be applied to sexual offences. Reference is also made to the South African Child Justice Act, which sanctions the use of restorative justice processes in cases of child offenders.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

348

Returning to the two Supreme Court of Appeal judgments in Thabethe and Seedat it is argued that in both instances the court was correct in indicating that sexual offences are serious offences. It was also correct in holding the view that restorative justice processes should not be applied in all matters. It is, however, submitted that the court was not correct in reducing restorative justice to a mere sentencing option. Restorative justice is a particular way in which to obtain justice and can be utilised on its own or in support of existing penal systems. In both cases the court also did not attach the necessary importance to the views of the victim, thereby negating the principle that the victim should be empowered. Had the court applied restorative principles to the Thabethe case it should have held that there were enough grounds to rule on the matter through a restorative justice lens. In Seedat, on the other hand, the court should have found that, as the offender did not accept responsibility for his actions, restorative justice could never have been applied.

The discussion concludes that restorative justice processes should be used, albeit with the necessary caution in cases of sexual offences, conceding that training and a change of perspective are still necessary.

Keywords: public interest; restorative justice; retributive justice; sentence options; sexual offences; victim-offender mediation

1. Inleiding

Herstellende geregtigheid is ’n betreklik nuwe benadering waardeur geregtigheid teweeggebring kan word. Dit word deur sommige kommentators beskou as ’n radikale verandering van die tradisionele wyse waarop oortredings hanteer behoort te word.1 Ander weer voer aan dat dit nie werklik ’n nuwe idee is nie en dat die wortels daarvan in verskeie inheemse en tradisionele regstelsels in Afrika, Noord-Amerika, Australasië en moontlik so ver terug as die Sumeriese en Babiloniese reg gevind kan word.2 Herstellende geregtigheid is, anders as die akkusatoriese strafregstelsels van veral Westerse samelewings, nie op straf en vergelding gemik nie. Dit fokus val eerder op heling van die skade wat slagoffers gely het, enersyds deur die oortreders verantwoordbaar te hou vir hul dade en andersyds deur toe te sien dat al die partye wat by die oortreding betrek word, se menswaardigheid herstel word en hulle weer volwaardige lede van die gemeenskap kan word.3

Die internasionale ontwikkeling van herstellende geregtigheid word in ’n groot mate ondersteun deur die siening dat slagoffers, oortreders en die gemeenskap nie voldoende tekens van geregtigheid in die bestaande regsprosesse sien nie. Dit verg ’n alternatiewe wyse om geregtigheid te bewerkstellig.4 Hierdie ontwikkeling het daartoe gelei dat die beginsels van herstellende reg internasionaal reeds op verskeie gebiede toegepas word. Dit wissel van minder ernstige oortredings waarby veral jeugdige oortreders betrokke is tot ernstige oortredings soos seksuele oortredings, moord en selfs volksmoord.5

Die beginsels van herstellende geregtigheid is reeds by verskeie geleenthede deur Suid-Afrikaanse howe toegepas of na verwys, alhoewel die hoogste hof van appèl by geleentheid toegegee het dat die aanvaarding daarvan “somewhat lukewarm” en aanvanklik “at a slow pace” was.6 Om na slegs twee voorbeelde te verwys: In S v Maluleke7beslis die hof dat ’n opgeskorte vonnis gekoppel aan sekere voorwaardes, soos dat die oortreder die moeder van

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

349

die oorledene kragtens tradisionele gebruike om verskoning moet vra, gepas is.8 In Dikoko9 het beide regters Mokgoro10 en Sachs11in die konstitusionele hof aangedui dat die beginsels van herstellende geregtigheid na die lasterreg uitgebrei behoort te word.12

Een van die gebiede waar omstredenheid, beide internasionaal en plaaslik, egter steeds met betrekking tot die toepassing van herstellende geregtigheid bestaan, is seksuele oortredings. In ’n onlangse artikel bespreek Songca en Karels13 die moontlikheid om herstellende geregtigheid aan te wend as ’n alternatief tot die bestaande, en volgens hulle soms onvanpaste, vonnispraktyke en vergeldende benaderings wat deur die howe in gevalle van seksuele oortredings toegepas word.14 In hul artikel wys hulle ook op die verskillende herstellende regsprosesse wat moontlik in gevalle van seksuele oortredings beskikbaar kan wees, soos oortreder-slagoffer-dialoog en gesinsgroepkonferensies.15

Suid-Afrikaanse howe het reeds in minstens twee gerapporteerde gevalle oor die toepassing van herstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings beslis.16 In S v Thabethe17 het die Gautengse hooggeregshof die beginsels van herstellende geregtigheid in die geval van die verkragting van ’n minderjarige toegepas en in S v Seedat18is dit klaarblyklik gebruik by die vonnis vir die verkragting van ’n slagoffer in haar vyftigerjare. In beide gevalle het die hoogste hof van appèl egter nie die uitsprake van die verhoorhowe gevolg nie.

Die doel van hierdie artikel is om te besin of dit prakties moontlik en geregverdig is om herstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings toe te pas. Ten einde hierdie doel te bereik, sal die Suid-Afrikaanse uitsprake eers bespreek word. Daarna sal die fokus op internasionale praktyk val. Die artikel sluit af met ’n herbesinning oor die uitsprake van die hoogste hof van appèl in die lig van internasionale praktyk.

2. Die hoogste hof van appèl se uitsprake oor herstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings

Oor die afgelope dekade het die hoogste hof van appèl in vier gevalle na herstellende geregtigheid verwys waar daar van ernstige misdade sprake was. In Matyityi19het die hof in die konteks van vonnisopsies na herstellende geregtigheid verwys, maar die beginsels daarvan is nie op die gewysigde vonnis toegepas nie. Die klem het geval op die erkenning van die slagoffer tydens vonnisoplegging deur die beskikbaarheid van slagofferimpakverklarings. In Mkhize20het die eggenote van ’n slagoffer van strafbare manslag die hof versoek om ’n vergoedingsbevel gegrond op die beginsels van herstellende geregtigheid te maak. Die hof verwerp die versoek op grond daarvan dat dit in ’n land waar die vlakke van geweld so hoog is, ’n verkeerde boodskap sal uitstuur en dit in elk geval ’n onsinnige bevel sal wees omdat die beskuldigde werkloos is.21

In twee gevalle van seksuele oortredings het die hof beslissings oor herstellende geregtigheid gemaak. Hierdie uitsprake in die Thabethe- en Seedat-sake word vervolgens bespreek.22

2.1 DPP v Thabethe

Die feite en agtergrond van die aangeleentheid word deur Songca en Karels23 en Van der Merwe en Skelton24bespreek. Dit het oor die verkragting van ’n minderjarige deur haar

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

350

moeder se lewensmaat gehandel. In die Gautengse hooggeregshof het regter Bertelsman ’n vonnis gevel waarvolgens die beskuldigde se direkte gevangenisstraf onderhewig aan sekere voorwaardes opgeskort is. Die voorwaardes het ingesluit dat hy die grootste gedeelte van sy inkomste aan die onderhoud van die slagoffer en haar gesin moet bestee, 800 uur gemeenskapsdiens moet doen en ’n program vir seksuele oortreders moet voltooi.25 Die bevel is gemaak nadat die hof verskillende faktore in ag geneem het, onder meer dat die partye ’n slagoffer-oortreder-bemiddelingsproses deurloop het wat deur die maatskaplike beampte wat by die aangeleentheid betrokke was, geïnisieer is.26

In appèl in DPP v Thabethe was die hoogste hof van appèl nie bereid om die vonnis wat deur regter Bertelsman self beskryf is as een wat “die hare van sommige mense sal laat regop staan”,27 te bekragtig nie. In sy uitspraak gee appèlregter Bosielo toe dat herstellende geregtigheid in gepaste gevalle as ’n vonnisopsie oorweeg kan word, maar hy waarsku:

I feel obliged to caution seriously against the use of restorative justice as a sentence for serious offences which evoke profound feelings of outrage and revulsion amongst law-abiding and right-thinking members of society. An ill-considered application of restorative justice to an inappropriate case is likely to debase it and make it lose its credibility as a viable sentencing option.28

Die hof meld verder dat dit geykte reg is dat een van die bestanddele van ’n gebalanseerde vonnis daarin geleë is dat dit die erns van die oortreding en die natuurlike verontwaardiging van die gemeenskap weerspieël.29

Wat die posisie van die slagoffer betref, verklaar die hof: “[That] the victim’s voice deserves to be heard admits of no doubt. After all it is the victim who bears the real brunt of the offence committed against him or her.”30

Appèlregter Bosielo gaan dan voort en haal aan uit S v Matyityi31waar appèlregter Ponnan hom oor die gebruik van herstellende geregtigheid uitgespreek het. In sy uitspraak32 het regter Ponnan onder meer die volgende bevind:

• ’n Verligte en regverdige strafbeleid benodig ’n wye verskeidenheid vonnisopsies sodat die beste opsie vir die betrokke omstandighede gekies kan word.

• Die strafbeleid moet slagoffergesentreerd en slagofferbemagtigend wees. • In Suid-Afrika is slagofferbemagtiging op herstellende geregtigheid gebaseer. • Die Dienshandves vir misdaadslagoffers in Suid-Afrika33 poog om slagoffers beter in

die strafproses te akkommodeer en om in die geval van slagoffers van seksuele oortredings, hul waardigheid te bevestig.

• Die slagoffer verkry ’n meer prominente rol en word die geleentheid gebied om die hof van volledige besonderhede van die oortreding en die invloed daarvan te voorsien.

• Deur aan die slagoffer ’n stem te verleen, kry die hof die geleentheid om die nadeel wat die slagoffer gely het, te erken.

Ten spyte van die uitgebreide aanhaling uit Matyityi dui die hof in die Thabethe-uitspraak nie aan op welke wyse hy die aanhaling op hierdie feite toepas nie. Appèlregter Bosielo verklaar bloot dat hy nie oortuig is dat die saak een is waar herstellende geregtigheid by vonnisverrigtinge toepassing behoort te vind nie en hy lê weer eens klem op die afskrikwaarde van ’n vonnis.34 Ondanks die versoeke van die slagoffer en aanduidings dat die

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

351

oortreder daarvan werk gemaak het om die verhouding tussen hom en die slagoffer te herstel, beveel die hof dat die voorwaardelik-opgeskorte vonnis van die hof a quo tot tien jaar direkte gevangenisstraf verander word.35

In hul bespreking maak Songca en Karels die afleiding dat dit uit die hoogste hof van appèl se uitspraak duidelik is dat herstellende geregtigheid nie op ernstige misdade soos verkragting toegepas behoort te word nie. Hulle is verder tereg van mening dat die hof steeds in ’n misdryfgedrewe perspektief vasgevang was en nie voldoende aandag aan die slagoffer se stem verleen het nie.36 Dit het gebeur ten spyte daarvan dat die hof gedurende die verhoor die voordeel van die Matyityi-uitspraak en die bystand van ’n kundige37 in herstellende geregtigheid gehad het.

2.2 S v Seedat

Waar die hof in Thabethe te doen gehad het met ’n geval waar duidelike stappe gedoen is om herstellende geregtigheid te verwerklik, herinner die Seedat-saak veel meer aan Mkhize, waar die enigste werklike tekens van herstellende geregtigheid in die vergoedingsbevel geleë is. Die feite van die saak is kortliks die volgende: Die beskuldigde, wat ten tye van die aanvanklike verhoor 63 jaar oud was, is in Februarie 2011 in die landdroshof aan verkragting skuldig bevind en tot sewe jaar gevangenisstraf gevonnis nadat die verhoorhof bevind het dat daar wel wesenlike en dwingende omstandighede was om van die voorgeskrewe minimumvonnis van 10 jaar gevangenisstraf af te wyk.38 Hy het na die Gautengse hooggeregshof teen beide die skuldigbevinding en die vonnis geappelleer en ook versoek dat die saak heropen word en hy toegelaat word om verdere getuienis te lei.39

In appèl handhaaf die hof die skuldigbevinding nadat Seedat se versoek om verdere getuienis aan te bied van die hand gewys is. Die hof verander egter die vonnis op grond daarvan dat die landdros gefouteer het deur nie ’n vonnis kragtens die beginsels van herstellende geregtigheid op te lê nie.40 Daar is tot hierdie beslissing gekom in die lig daarvan dat die slagoffer versoek het dat die appellant nie gevangenisstraf opgelê moet word nie, maar eerder ’n bedrag aan haar moet betaal waartoe die appellant ook toegestem het.41 Alhoewel die hof na herstellende geregtigheid verwys, het die slagoffer se versoek, anders as in Thabethe, nie uit slagoffer-oortreder-bemiddeling gespruit nie, maar uit die getuienis van die slagoffer tydens die vonnisfase. Die volgende gedeelte uit die hofrekord is deur die hoogste hof van appèl aangehaal:

Prosecutor: Sê vir my die, die idee van geldelike vergoeding vir die saak, van wanneer af het u die idee gehad ten opsigte van die aangeleentheid se afhandeling?

Complainant: Ag weet jy my, die tyd het, ek kan nie glo dis al so lank wat ek sukkel met hierdie saak om afgehandel te kry nie en dit het nou plus-minus ’n jaar en ’n half, miskien gouer, miskien ag reg van die begin af wou ek geld eis dalk, ek weet nie regtig wanneer het dit tot by my, my deurgedring, hoekom moet ek swaar kry? Hy gaan sit in die tronk, more of oormore word hy vrygelaat en loop en lag en ek sit nog steeds waar ek sit.

... Ek word ouer by die dag. My vervoer is pateties. Hoekom moet ek nog bly sukkel as [ek] ’n voordeel kan trek vir die skade wat ek gely het.42

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

352

Die slagoffer het hierdie getuienis gelewer nadat sy aangedui het dat sy die oortreding as baie ernstig beskou en dat “niks minder as die doodstraf” werklik regverdig sou wees nie.43 Die hof verwys na vorige gewysdes wat oor herstellende geregtigheid handel en haal die gedeelte uit die Thabethe-saak aan wat herstellende geregtigheid ondersteun. Die hof verwys na die verskillende vonnisopsies wat beskikbaar is in die lig daarvan dat die verhoorhof bevind het dat ’n minimumvonnis nie van toepassing is nie. Die hof het verder daarop gewys dat afskrikking ook een van die doelwitte van herstellende geregtigheid is.44 Die hof vervolg:

Regard being had to the desire of the complainant and the mature age of the appellant, I am of the view that the circumstances of this case call for resorting to restorative justice and making a compensatory reward, within the framework of the existing sentencing mechanism.45

Ten opsigte van die bedrag wat die slagoffer versoek het (R245 000), wys die hof daarop dat daar geen getuienis is oor die wyse waarop die bedrag bepaal is nie en dui aan dat vergoedingsbedrae oor die algemeen moeilik is om vas te stel. In die lig van die omstandighede bevind die hof dat vonnisoplegging vir ’n tydperk uitgestel word op voorwaarde dat die appellant ’n bedrag van R100 000 in paaiemente aan die slagoffer betaal.46

Die staat het die beslissing in appèl geneem op grond daarvan dat die vonnis onvanpas en ongeldig (“incompetent and invalid”)was. Die appellant het daarna ook geappelleer teen die skuldigbevinding, die weiering van die hof om verdere getuienis toe te laat en op grond daarvan dat sy regspan onbekwaam was.47 Die hoogste hof van appèl bevind by monde van appèlregter Tshiqi dat die appèl ten opsigte van die verdere getuienis en regsverteenwoordiging nie behoorlik voor die hof is nie en in elk geval sonder meriete is. Die appellant se betoog oor die skuldigbevinding word ook van die hand gewys.48

Wat die vonnis betref, bevind die hoogste hof van appèl49 eerstens dat die hof wel oor die jurisdiksie beskik om die appèl aan te hoor en dan dat die hooggeregshof in sy interpretasie van artikel 297 van die Strafproseswet gefouteer het.50 Hierdie artikel handel oor die opskorting of uitstel van vonnis. Subartikel 1 handel oor oortredings waarvoor daar nie ’n minimumvonnis voorgeskryf is nie. In so ’n geval kan die hof vonnis vir ’n tydperk wat nie vyf jaar te bowe gaan nie, uitstel. Indien die oortreding egter een is waar ’n minimumvonnis wel van toepassing is, het die hof nie die diskresie om vonnisverrigtinge uit te stel nie. Die hof mag dan slegs die werking van ’n deel van die vonnis voorwaardelik opskort. Die appèlhof dui aan dat die hof a quo nie by magte was om die vonnis voorwaardelik uit te stel nie omdat verkragting ’n oortreding is waarvoor ’n minimumvonnis voorgeskryf word. Die hof a quo was ook nie by magte om die hele vonnis ingevolge die bepalings van artikel 297(4) in sy geheel op te skort nie. Daarom kom die hof tot die gevolgtrekking dat die hof a quo nie ’n bevoegde vonnis opgelê het nie.51

Die hof se uitspraak dat dit nie die sentimente van die hooggeregshof deel dat herstellende geregtigheid ’n gepaste vonnisopsie in hierdie geval is nie, is belangriker vir hierdie bespreking.52 Die hof haal die dele uit Thabethe aan wat met herstellende geregtigheid handel en beslis dan met verwysing na vroeëre uitsprake dat hoewel die klaagster van mening was dat geldelike vergoeding in hierdie omstandighede gepas sou wees, haar siening nie die enigste faktor is wat in aanmerking geneem moet word wanneer die hof oor ’n vonnis moet beslis nie.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

353

Volgens appèlregter Tshiqi moet die hof ’n streng boodskap uitstuur dat verkragting nie geduld sal word nie. Die hof moet, hoewel dit nie die openbare mening hoef te bevredig nie, tog wel die openbare belang dien. Die hof is ook van mening dat die gemeenskap geregverdig besorg sal wees as ’n opgeskorte vonnis gekoppel aan ’n vergoedingsbevel ten opsigte van verkragting beveel word.53 Verder is die hof van oordeel dat ’n vonnis waarin ’n sakeman beveel word om sy verkragtingslagoffer te betaal in stede daarvan om gevangenisstraf te ondergaan, stellig verontwaardiging by minstens ’n groot gedeelte van die gemeenskap sal veroorsaak.54 In die lig van onder meer die ouderdom van die appellant – wat ten tye van die hoogste hof van appèl se uitspraak al bykans 70 jaar oud moet wees – en die feit dat hy reeds begin het om betalings kragtens die bevel van die hooggeregshof te maak, word hy tot vier jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.55

Soos in Mkhize het die hof hier nie werklik met herstellende geregtigheid gewerk nie. Die herstellende geregtigheid het in wese net om twee aspekte gedraai, naamlik die wens of behoeftes van die slagoffer en ’n versoek om ’n vergoedingsbevel. Dit is egter te betwyfel of die hof, indien ’n meer volledige proses soos in Thabethe gevolg is, hom deur die beginsels van herstellende reg sou laat lei het. Appèlregter Tshiqi het in elk geval aangedui het dat hy nie die “sentimente” van die hooggeregshof deel dat herstellende geregtigheid ’n “gepaste vonnisopsie” in hierdie aangeleentheid is nie.56

2.3 Die benadering van die hoogste hof van appèl

Alhoewel daar sekere verskille voorkom in die wyse waarop die verhoorhowe herstellende geregtigheid hanteer het, wil dit lyk of die hof in beide gevalle dieselfde benadering gevolg het. Hierdie benadering kan soos volg opgesom word:

• Herstellende geregtigheid is deel van die Suid-Afrikaanse reg.57 • Herstellende geregtigheid is nie toepaslik in gevalle van verkragting nie.58 • Herstellende geregtigheid is ’n “vonnisopsie”.59 • Herstellende geregtigheid moet in die lig van die erns van die oortredings en die

openbare belang met omsigtigheid toegepas word.60 • Die afskrikwaarde van die vonnis is belangrik en dit moet ’n boodskap aan oortreders

en voornemende oortreders uitstuur.61 • Ander oorwegings weeg swaarder as die slagoffer se wense en gevolglik is hierdie

wense nie in appèl gehandhaaf nie.62

Die gevolg van beide uitsprake is dat die slagoffer se wense bloot tot een van die faktore wat by vonnisoplegging in aanmerking geneem moet word, gereduseer is. In nie een van die gevalle is aan die slagoffers se wense voldoen nie. In Thabethe het die slagoffer ’n bron van inkomste en die bron van haar studiegeld verloor. In Seedat het die slagoffer niks gekry nie behalwe dat haar woorde waarskynlik bewaarheid gaan word dat hy “more of oormore” vrygelaat gaan word omdat enige oortreder gewoonlik teen die helfte van sy vonnis vir parool in aanmerking kan kom.

Die vraag is of die hoogste hof van appèl moontlik die gevalle anders kon hanteer het. Dit kon wel, as herstellende geregtigheid nie tot net ’n vonnisopsie verskraal is nie maar as ’n volwaardige wyse beskou is waarop geregtigheid kan geskied. In die volgende paragraaf val die fokus op die wyse waarop herstellende geregtigheid internasionaal in gevalle van seksuele

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

354

oortredings gebruik word om sodoende aan te dui wat die hoogste hof van appèl in hierdie twee sake kon beslis het.

3. Internasionale navorsing en toepassing van herstellende geregtigheid vir seksuele oortredings

3.1 Inleiding

Herstellende geregtigheid word reeds wyd en in verskeie jurisdiksies gebruik en word oor die algemeen positief geëvalueer. Volgens Gal63 dui studies oorweldigend en konsekwent aan dat herstellende geregtigheid betekenisvolle voordele vir slagoffers inhou ten opsigte van billikheid, verantwoordbaarheid, tevredenheid, berou, vergifnis, emosionele welsyn en gevoelens van veiligheid. Dit word nie meer net vir minder ernstige oortredings nie,64 maar ook al hoe meer vir ernstige misdrywe soos seksuele oortredings aangewend. In hierdie paragraaf word aanvanklik na twee jurisdiksies verwys waar herstellende geregtigheid vir seksuele oortredings gebruik word. Daarna word ’n aantal artikels, dokumente en situasies wat oor verskillende jurisdiksies heen strek, bespreek.

3.2 Nieu-Seeland

Die Nieu-Seelandse regstelsel was een van die voorlopers wat die implementering van herstellende geregtigheid betref. Trouens, een van die prosesse wat dikwels in herstellende geregtigheid gebruik word, gesinsgroepkonferensies, het daar ontstaan.65 Ten opsigte van seksuele oortredings wys regter McElrea daarop dat dit ’n drogargument is om te beweer dat slagoffers op ’n gelyke voet as oortreders in howe behandel word. Hy wys onder meer daarop dat die slagoffers nie op regsverteenwoordigers geregtig is nie, dat hulle nie ’n swygreg soos die oortreder het nie en dat slagoffers gedurende die verhoor gedwing word om intieme en traumatiese getuienis te gee en dikwels in kruisondervraging moet herhaal.66 Hy wys op die positiewe gevolge van herstellende geregtigheid in ’n geval van seksuele oortredings in die Jeughof. Hy verwys onder meer na ’n saak waar hy as voorsittende regter ’n opgeskorte vonnis vir seksuele aanranding op twee medeskoliere beveel het nadat die partye ’n gesinsgroepkonferensie bygewoon het.67 Ook wat volwasse oortreders betref, verwys hy na ’n uitspraak in die hooggeregshof waar ’n verkragter se vonnis verminder is nadat hy ’n herstellendegeregtigheidsproses voltooi het.68

Met betrekking tot statistiek wat toon dat slegs ’n klein aantal voorvalle waar seksuele geweld betrokke is uiteindelik voor die howe dien, wys McElrea daarop dat daar in Nieu-Seeland geen verpligting bestaan om seksuele oortredings deur die strafregstelsel te bereg nie en dat herstellende geregtigheid ’n alternatief bied vir slagoffers wat nie vir die trauma van ’n hofproses kans sien nie.69

Die Restore-projek in Nieu-Seeland is ’n projek om slagoffers van seksuele oortredings te help om deur herstellende konferensies heling vir beide die slagoffer en oortreder te bring.70 Die leier van die program som dit soos volg op: Restore demonstreer dat “carefully reasoned, safe, and respectful alternatives can be offered for sexual assault if we collaborate, consult and listen to the needs of our constituencies.”71

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

355

McGlynn e.a.72 wys egter daarop dat die aantal seksuele oortredings wat vir herstellende geregtigheid verwys word, betreklik laag is, selfs in ’n land soos Nieu-Seeland waar die regstelsel goed bekend is met herstellende geregtigheid.

3.3 Australië

Ten opsigte van Australië het ’n studie wat byna 400 gevalle van seksuele oortredings ingesluit het, waar óf van herstellende geregtigheid óf van die gewone regsproses gebruik gemaak is, getoon dat herstellende prosesse minder viktimiserend, die rolspelers meer tevrede met die uitkomste en die heroortredingskoers laer was.73

Die Centre for Innovative Justice (CIJ) in Australië het in 2014 ’n verslag oor alternatiewe benaderings tot seksuele oortredings gepubliseer omdat die bestaande wyse waarop hierdie aangeleenthede hanteer word, nie bevredigend is nie.74 In hierdie verslag word na verskillende metodes vir herstellende geregtigheid verwys, soos die gebruik van konferensies in Australië en Nieu-Seeland. Die CIJ is van mening dat dit tyd geword het dat ’n loodsprojek met konferensies oor herstellende geregtigheid vir volwasse seksuele oortredings in Australië op die proef gestel word omdat die bestaande stelsel oneffektief is en dit moontlik is om veiligheidsmeganismes in die proses in te bou.75

Die verslag hanteer ook die vraagstuk van die slagoffer se wense teenoor die openbare mening, ’n aspek wat in beide uitsprake van die hoogste hof van appèl waarna hier bo verwys is, ter sprake gekom het. Die vraag is veral belangrik wanneer daar besin moet word of ’n geval eers na ’n herstellendegeregtigheidsproses of direk na die hof vir beregting verwys moet word. Die CIJ stel ’n tweeledige toets voor. In die eerste been word bepaal of die aangeleentheid geskik (eligible) vir herstellende geregtigheid is. Die verslag stel voor dat objektiewe parameters hiervoor opgestel word. Dit behels onder meer dat die slagoffer gewillig en in staat is om ’n besluit oor herstellende geregtigheid te neem en dat die oortreder aanspreeklikheid erken het en in staat is om toe te stem tot die proses toe te stem.76 Die verslag stel ook voor dat herstellende geregtigheid as ’n alternatief beskikbaar moet wees vir alle slagoffers ouer as 16 en in gepaste gevalle ook vir jonger slagoffers.77 Die tweede been van die toets bepaal of die aangeleentheid gepas (suitable) vir herstellende geregtigheid is. Die toets is meer subjektief en moet volgens die voorstel deur ’n paneel bepaal word. Aspekte soos die mate van geweld wat gebruik is, die oortreder se kriminele geskiedenis, potensiële magswanbalanse en die breër gemeenskapskonteks moet hier in aanmerking geneem word.78 Die breër gemeenskapsbelang is daarom slegs een van die talle faktore wat in aanmerking geneem behoort te word.

Die verslag stel verder voor dat aangeleenthede voor verhoor of skuldigbevinding vir herstellende geregtigheid verwys behoort te word net indien dit blyk dat die saak om een of ander rede, byvoorbeeld onwilligheid van die klaer om te getuig, nie suksesvol in die hof afgehandel sal kan word nie. Die voorstel poog om aan die gemeenskap se verwagting re voldoen dat oortreders vervolg moet word. Terselfdertyd erken die CIJ dat slagoffers om verskeie redes dikwels verkies om nie met vervolging voort te gaan nie en dat herstellende geregtigheid aan hierdie slagoffers as alternatief gebied kan word. Daar word aanbeveel dat regsprekende beamptes as “hekwagters” optree om te beslis watter aangeleenthede na die aanvang van die hofproses vir herstellende geregtigheid verwys moet word.79

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

356

Die verslag stel verder voor dat spesialis- en probleemoplossende howe in gevalle van seksuele oortredings gebruik moet word. Die verslag verwys na die howe vir seksuele geweld wat rondom die eeuwending in Suid-Afrika geskep is en veronderstel was om meer slagoffergesentreerd te wees. Hierdie howe het volgens navorsing nie werklik in hul doel geslaag nie en het in onbruik verval, hoewel die verslag ook wys op pogings om dit weer in te stel.80Probleemoplossende howe volg ’n holistiese, terapeutiese benadering waar ’n multidissiplinêre span saamwerk om die oortreder te rehabiliteer en in die gemeenskap te integreer.81 Die verslag beveel aan dat sulke howe ook ten opsigte van seksuele oortredings in werking gestel moet word.82

3.4 Akademiese menings

3.4.1 Keenan en Zinsstag

Keenan en Zinsstag bespreek herstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings en verwys na talle internasionale artikels en navorsing oor hierdie onderwerp. Wat vir hierdie bespreking van belang is, is dat die skrywers die siening deel dat herstellende geregtigheid, weens die besondere aard van seksuele oortredings, moontlik ’n meer gepaste alternatief vir beregting is, nie net omdat slagoffers inspraak in die proses kry nie, maar ook omdat hulle op ’n mensliker wyse hanteer word.83 Seksuele oortredings word gekenmerk deur ’n lae aanmeldingskoers en ’n nog laer koers van skuldigbevinding, wat dikwels daartoe lei dat slagoffers die proses as onbevredigend beskou. Hierteenoor is herstellende geregtigheid nie noodwendig ’n hofproses nie en kan dit op enige stadium na die oortreding toegepas word.84

Verskillende prosesse van herstellende geregtigheid kan in seksuele oortredings gevolg word en die proses hang van die konteks van elke geval af. Soms is bemiddeling en ’n ontmoeting van aangesig tot aangesig gepas en in ander gevalle kan ’n groter familiekonferensie beter resultate oplewer.85

Die skrywers wys tereg daarop dat herstellende geregtigheid nie noodwendig vir alle seksuele oortredings gepas is nie. Dit is dus belangrik dat praktisyns elke geval deeglik oorweeg. Hulle verwys in hierdie verband na die Suid-Afrikaanse kundige Hema Hargovan wat voorstel dat, in gevalle van seksuele oortredings, ’n geval-tot-geval-benadering gevolg behoort te word. Die fokus behoort in hierdie proses op die geskiktheid van die oortreder en slagoffer eerder as op die oortreding te val.86 Verder behoort seksuele oortredings steeds met omsigtigheid hanteer te word en behoort behoorlike voorsiening gemaak te word vir die fisieke en emosionele veiligheid van die slagoffer en oortreder. Daar moet ook aandag geskenk word aan die voorbereiding van die proses en ’n behoorlike en volledige risiko-assessering van sowel die oortreder as die slagoffer moet gedoen word. Die rigtinggewende beginsel behoort egter te wees dat die wense en belange van veral die slagoffer voorkeur bo dié van “professionele persone” moet geniet.87

Keenan en Zinsstag dui aan dat slagoffers en oortreders in gevalle van seksuele oortredings oor die algemeen tevrede is met herstellende geregtigheid en dat navorsing daarop dui dat slagoffers voel dat geregtigheid geskied het. Slagoffers voel verder dat hulle deur die proses bemagtig is, dat die proses hul herstel bevorder het en aan hulle die geleentheid gebied het om die ondervinding af te sluit. Navorsing dui ook aan dat herstellende geregtigheid terapeutiese voordele vir slagoffers inhou.88

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

357

Na aanleiding van die bronne waarna hulle verwys het, kom die navorsers tot die gevolgtrekking dat die tyd ryp is dat herstellendegeregtigheidsprosesse vir seksuele oortredings in alle jurisdiksies ontwikkel behoort te word. Hierdie prosesse moet deur die slagoffer gelei word na die oortreder se skulderkenning. Dit verg vrywillige deelname en daar moet veiligheidsmeganismes wees. Die doel daarvan moet wees om die skade wat al die betrokkenes deur die oortreding gely het, te heel.89

3.4.2 Mercer en ander se praktyksgids

Mercer, Madsen, Keenan en Zinsstag het ’n praktyksgids vir herstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings opgestel waarin hulle verskeie aspekte van hierdie konstrukte hanteer. Hulle wys daarop dat alhoewel daar besware teen en voorbehoude ten opsigte van herstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings bestaan, die rede waarom dit toegepas behoort te word, juis geleë is in die bemagtiging van die slagoffer.90 Deur die proses verkry die slagoffers nie net antwoorde nie, maar word hulle in so ’n mate bemagtig dat hulle hul eie lewensnarratief kan verander van een van “slagoffer” wees na een van iemand wat oorleef het en wie se lewe nie deur die oortreding geruïneer is nie.91

Hoewel die persepsie bestaan dat die toepassing van herstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings inherent meer riskant is, kan hierdie moontlike risiko’s ondervang word deur ’n deeglik-beplande proses waar risiko’s ten opsigte van die gebruik van herstellende geregtigheid, asook faktore van ’n kriminogeniese aard, in ag geneem word.92 Dit is belangrik dat ’n praktisyn die aard van seksuele oortredings en die mites wat daaroor bestaan, in ag neem, byvoorbeeld die opvatting dat vroue en kinders hulle aan mans behoort te onderwerp. Dit moet in ag geneem word in die voorbereiding, veral omdat hierdie mites diep in die rolspelers se sosiokulturele milieus gewortel is.93

Die opstellers bespreek die redes waarom vooroordeel teenoor herstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings bestaan, soos dat die slagoffer nie veilig is nie, die oortreder die proses kan manipuleer, die openbare belang nie gedien word nie, dit druk op die slagoffer plaas en die ongelyke magsewewig tussen slagoffer en oortreder.94 Hulle gee toe dat dit moeilik is om te bepaal watter aangeleenthede vir herstellende geregtigheid verwys behoort te word omdat hierdie keuse dikwels die proses uit die hande van die slagoffer neem en in die hande van professionele persone plaas. Aan die ander kant is die veiligheid van die slagoffer steeds belangrik en moet daar in ag geneem word dat die slagoffer weens die traumatiese gebeure moontlik nie in staat is om rasioneel te dink nie.95Die gids hanteer ook aangeleenthede soos wie die verwysing vir herstellende geregtigheid behoort te doen, of terapie voor en na die proses nodig is en of die ouderdom van die slagoffer en die tydstip waarop herstellende geregtigheid plaasvind belangrike faktore is al dan nie.96

Met betrekking tot die praktiese proses waarsku die opstellers dat herstellende geregtigheid baie tyd in beslag neem, maar stel dit dat dit geen doel dien om kortpaaie te gebruik nie.97 Die gids verwys na voorbeelde waar die proses meer as ’n jaar geduur het en bykans 40 uur (dit wil sê ’n volle gewone werksweek) geneem het om af te handel. Tyd en koste, veral gesien in die lig van die kompleksiteit van seksuele oortredings, word daarom as een van die belangrikste beperkings op herstellende geregtigheid beskou.98

Ander praktiese oorwegings sluit in dat herstellendegeregtigheidspraktisyns oor gespesialiseerde kennis ten opsigte van seksuele oortredings behoort te beskik. Dit is so

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

358

omdat die oortreder dikwels aan die slagoffer bekend en selfs ’n familielid is en die oortreding as meer traumaties en emosioneel as ander oortredings beleef word. Daar moet ook rekening gehou word met mediabelangstelling in die aangeleentheid.99

3.5 Ongemak met die bestaande strafregstelsel

Konvensionele strafregstelsels is gebaseer op ’n opponerende of akkusatoriese stelsel waar geregtigheid in wese ’n stryd tussen die staat en die beskuldigde is en waar die slagoffer gereduseer word tot ’n getuie en iemand namens wie opgetree word.100 In ’n strafsaak probeer elke party om sy saak te bewys en die ander party se saak te vernietig. Die staat hou die “monopoly in criminal law enforcement”.101 Die staat word daarom in wese as die slagoffer beskou.102Die klem is verder op vergeldende geregtigheid, wat in sy eenvoudigste vorm van die standpunt uitgaan dat die toediening van pyn, stigma en vernedering deur swaar strawwe die slagoffers sal vergoed. Daar is geen verpligting of druk op die oortreder om die impak van sy optrede in oënskou te neem of om om verskoning te vra nie.103

Daar bestaan egter vrae oor die sukses van gevangenisstraf as afskrikmiddel: die steeds stygende aantal oortreders in korrektiewe sentrums, veral ten opsigte van geweldsmisdade, is ’n aanduiding dat die doelwit van afskrikking nie bereik word nie. Trouens, ’n voormalige gevangene het hom soos volg daaroor uitgespreek:

We must stop imposing sanctions on criminals simply because we think a particular form of punishment would deter us. We, that is you and those who represent you, are not the offender, so it is time you stopped believing the punishment that would deter you would also deter the average criminal. If anything, the opposite is true.104

’n Verdere doelwit van die bestaande strafregstelsel is dat die oortreder gerehabiliteer en in die gemeenskap geïntegreer moet word. Dit wil voorkom of ook hierdie doelwitte nie bereik word nie. Plaatjies105 verklaar dat “while prison authorities are theoretically instilling social virtues into an inmate, his cell-mates are busy teaching him what he would regard as the more valuable skill – how to avoid the penalty”. Trouens, volgens Armour106 dui navorsing in die VSA daarop dat gevangenisstraf, in stede daarvan om misdaad te bekamp, niegewelddadige oortreders in gewelddadige kriminele verander.

Verder voel slagoffers in verskeie jurisdiksies dat hulle nêrens in die strafproses direk in ag geneem word nie. Hulle voel al hoe meer vervreemd van en gefrustreerd met ’n regstelsel wat nie na hul belange omsien nie.107 Slagoffers voel ook dat hulle nie net slagoffers van die oortreders nie maar ook van die regstelsel is. Small108 verwoord hierdie gevoel, met verwysing na slagoffers van seksuele misdade, soos volg:

First, the investigation and pre-trial phases are demeaning, invasive, and confusing to victims, which compel them to acquiesce to less-aggressive prosecution strategies … Second, cultural stereotypes about women and people of color permeate prosecutors’ decision-making process … Third, the criminal justice process silences and subordinates sex crime victims.

Kinderslagoffers ervaar die strafregstelsel en howe dikwels as traumaties omdat daar onsensitief teenoor die slagoffers opgetree word.109 Binne ’n Suid-Afrikaanse konteks skryf Chetty110 oor kinderverkragtingslagoffers se ervaring as getuies. Hulle voel dat hulle nie

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

359

vereer word vir hul dapperheid om te getuig nie, maar dat hulle oor die hoof gesien, geïgnoreer en uitgesluit word deur die persone wat veronderstel is om hulle te ondersteun.

’n Verdere probleem is dat ’n strafsaak soms ernstiger gevolge vir die slagoffer inhou as wanneer daar geen vervolging ingestel is nie. Banks en Nøhr111 verwys na ’n geval in Palestina waar ’n veertienjarige dogter seksueel deur haar vader aangerand is. Hoewel die skoolhoof en maatskaplike beampte statutêr verplig was om hierdie aangeleentheid aan te meld, sou dit beteken dat hulle gesien sou word as mense wat met die vyand – die Israeliese owerheid – saamwerk. Dit sou ook beteken dat die dogter uit die uitgebreide gesin weggeneem sou word. Dit kon moontlik haar lewe in ’n gemeenskap waar moord om eer te beskerm nog voorkom, in gevaar stel.112 Die aangeleentheid is sonder ’n regsproses na dialoogvoering met die vader bygelê, hoewel hierdie optrede streng gesproke onwettig was.113

In Suid-Afrika dui navorsing daarop dat 50% van meisies en 60% van seuns nie seksuele aanranding aangemeld het nie weens vrees vir die gevolge van ’n hofsaak. In Nederland het laerskoolonderwyseresse aangedui dat hulle eerder nie moontlike gevalle van kindermishandeling aanmeld nie omdat slagoffers na die aanmelding slegter daaraan toe kan wees.114

In die lig van bogenoemde is dit duidelik dat ’n alternatiewe benadering tot seksuele oortredings wat veral die slagoffers sal bemagtig, noodsaaklik geword het. Soos uit die bespreking in die volgende paragraaf sal blyk, voldoen herstellende geregtigheid aan hierdie vereistes.

3.6 Kinderslagoffers en kinderoortreders

Ander voorbeelde waar herstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings gebruik word, is in gevalle van kinderslagoffers, slagoffers van kerklike geweld en kinderoortreders.

Gal (2011) spits haar navorsing toe op kinderslagoffers van seksuele oortredings. Sy bespreek herstellende geregtigheid en slagoffer-oortreder-bemiddelingsprojekte in Nieu-Seeland, Australië en Kanada wat spesifiek met kinderslagoffers verband hou. Een van die wyses waarop kinderslagoffers in Kanada gehelp word, is om hulle toe te laat om vooraf ’n persoonlike verklaring voor te berei wat dan deur die kind self of iemand uit die ondersteuningspan gelees word.115 Soos in die geval met ander herstellendegeregtigheidsprojekte was die herviktimisering van slagoffers ’n moontlike probleem. Sy wys op navorsing wat daarop dui dat dit nie ’n wesenlike probleem is nie, hoewel tekens van manipulasie wel gevind is.116 Volgens die navorsing was van die belangrikste voordele van herstellende geregtigheid dat gevalle van seksuele geweld teen kinders in die ope gebring is, gesinsbande verbeter het en gevalle van kindermolestering en -verwaarlosing gedaal het.117

Kinders was ook meermale die slagoffers van seksuele molestering in kerke. In die afgelope vier dekades is veral die Rooms-Katolieke Kerk deur berigte hieroor geruk. In Kanada het slagoffers op ’n proses van herstellende geregtigheid en bemiddeling eerder as op regstappe besluit om sodoende die bisdom tot verantwoording te roep en vergoeding te beding. Vir die partye was die voordele van so ’n proses onder meer dat ’n wye verskeidenheid uitkomste, soos verskonings vir die fisieke en seksuele mishandeling, billike finansiële vergoeding vir pyn en lyding asook dekking van mediese uitgawes en die beskikbaarstelling van

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

360

beradingsdienste beding kon word. Die regskoste is ook in ’n groot mate beperk en die slagoffers kon bemagtig word.118

In die VSA is herstellendegeregtigheidsirkels gebruik om die geskil tussen slagoffers en die Milwaukee-aartsbisdom te bemiddel. Die inligting uit die verrigtinge dui daarop dat die sirkels gehelp het om die slagoffers se vertroue in die instelling te verbeter. Die sirkels is verfilm en word as voorbeeld in verskeie projekte nagevolg.119

’n Verdere ontwikkeling in die VSA is die Restorative Justice Council on Sexual Misconduct in Faith Communities wat in 2003 in Minnesota tot stand gebring is. Die doel daarvan was om verantwoordbaarheid vir oortreders, heling en herstel vir slagoffers en geloofwaardigheid vir geloofsgemeenskappe in geskille tussen kerklike instellings en slagoffers deur mediasie te weeg te bring. Die proses is aantreklik vir slagoffers omdat hulle ware geregtigheid daarin beleef en die oortredende instelling tot erkenning van aanspreeklikheid en berou gebring word.120

In sy bespreking van die herstellendegeregtigheidsprosesse in gevalle van kerklike oortredings, wys Gavrielides121daarop dat hoewel daar nie voldoende empiriese data bestaan om die prosesse volledig te evalueer nie, navorsingsresultate tog daarop dui dat dialoogvoering ’n belangrike onderdeel van hierdie prosesse is. Hy beklemtoon dat gewaak moet word teen herviktimisering, dat die proses vrywillig moet wees en dat dit beslis nie as ’n maklike uitweg of maklike uitweg (“soft option”) beskou kan word nie. Soos hy dit stel: “[I]t is tough and it entails pain.”122 Dit is in teenstelling met die regsproses wat baie slagoffers laat met “a lingering feeling of state neglect and pain”.123 Hy beskou ook die feit dat die oortreder iets ingevolge die ooreenkoms moet doen as ’n straf, wat hy “herstellende straf” noem. Dat herstellende geregtigheid beslis nie ’n maklike uitweg124 is nie, word ook deur ’n deelnemer aan Clark125 se navorsing bevestig.

Herstellende geregtigheid word reeds in verskeie jurisdiksies gebruik waar kinders die oortreders is.126 Dit word ook in Suid-Afrika statutêr gesanksioneer in die Wet op Kindergeregtigheid.127 Die wet het ten doel om herstellende geregtigheid te gebruik in strafsake waarby kinders betrokke is met die oog daarop om die kinderoortreder, die slagoffer, hul families en die gemeenskap byeen te bring om die nadeel, behoeftes en aanspreeklikheid te identifiseer en te hanteer deur die erkenning van aanspreeklikheid, vergoeding van skade, maatreëls om herhaling te voorkom en om versoening tussen die partye te bevorder.128 Die wet het slagoffers se posisie, ten minste ten opsigte van jong oortreders, wesenlik verander. Waar ’n slagoffer se rol ingevolge die Strafproseswet[129] beperk is tot dié van getuie, om by pleitooreenkomsverrigtinge betrokke te wees en om voorleggings by ’n oortreder se paroolverrigtinge te maak,130 is die slagoffer kragtens eersgenoemde wet, ten minste in teorie, ’n sentrale deel van die proses.131

3.7 Opsomming

Uit die bespreking van internasionale teorie en praktyk kan tot die volgende gevolgtrekkings gekom word:

• Baie slagoffers, insluitende kinderslagoffers, is nie gemaklik met die wyse waarop hulle in die bestaande regsprosesse hanteer word nie. Dit blyk onder meer uit die lae aanmeldingskoers en ontevredenheid wat deur slagoffers en uitgespreek is.132

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

361

• ’n Benadering van herstellende geregtigheid kan in gepaste gevalle van seksuele oortredings suksesvol gebruik word as alternatief vir die bestaande strafregstelsel of om die bestaande stelsel te ondersteun.

• Wanneer ’n proses van herstellende geregtigheid gevolg word, moet die grondbeginsels van herstellende geregtigheid steeds gevolg word, soos dat die oortreder bereid moet wees om aanspreeklikheid te aanvaar, die proses vrywillig is en alle partye wat by die saak betrokke is, toegelaat behoort te word om ’n bydrae te lewer.133

• Prosesse van herstellende geregtigheid bemagtig slagoffers en stel hulle in staat om weer beheer oor hul lewens en omstandighede te neem.

• Die herstellendegeregtigheidsproses is nie beperk tot ’n “vonnisopsie” nie, maar kan op verskillende tye geïnisieer en deurgevoer word. Indien die slagoffer nie bereid is om ’n hofproses deur te gaan nie, kan prosesse van herstellende geregtigheid voor die hofsaak gebruik word. As dit wel deel van die strafproses is, kan die aangeleentheid voor die verhoor ’n aanvang neem, tydens die verhoor maar voor uitspraak, na skuldigbevinding maar voor vonnis, of na vonnis ingestel word.

• Prosesse van herstellende geregtigheid is nie ’n “maklike uitweg” nie en die gemeenskap se strewe om toe te sien dat ernstige misdade gepas hanteer word, word beskerm deur persone wat die gemeenskap verteenwoordig deel van die proses te maak.

• Dit is belangrik dat verwysings vir herstellende geregtigheid met omsigtigheid bejeën word en dat daar nie ’n ongedefinieerde benadering gevolg word nie.

• Om te bepaal of ’n geval ryp vir herstellende geregtigheid is, kan ’n tweeledige toets aangelê word: eerstens moet objektief bepaal word of die partye geskik is vir die proses en tweedens, subjektief, of die besondere omstandighede van die saak ’n herstellendegeregtigheidsbenadering ondersteun.

• Aan die negatiewe kant neem herstellendegeregtigheidsprosesse lank en sluit dit verskillende professionele, opgeleide rolspelers in.

4. Die twee uitsprake in die hoogste hof van appèl in die lig van internasionale praktyk

Wanneer die twee uitsprake in die lig van internasionale praktyk beoordeel word, val die volgende op: eerstens was die hof in beide gevalle korrek om aan te dui dat seksuele oortredings ernstige oortredings is wat traumaties is vir die slagoffers en ander persone wat daarby betrokke is.134 Hierdie trauma word onder andere weerspieël in die groot aantal gevalle van seksuele oortredings wat nie aangemeld of suksesvol in die hof afgehandel word nie.135 Die hof was ook in beide gevalle korrek om aan te toon dat prosesse van herstellende geregtigheid nie sonder meer in alle gevalle toegepas kan word nie. Dit is inderdaad korrek dat die ondeurdagte toepassing daarvan herstellende geregtigheid sy geloofwaardigheid sal ontneem.136

Die hof was nie korrek om herstellende geregtigheid bloot tot ’n “vonnisopsie” te reduseer nie. Soos uit die bespreking en opsomming hier bo blyk, is herstellende geregtigheid ’n eiesoortige wyse om geregtigheid te bewerkstellig wat afsonderlik of ter ondersteuning van die bestaande regstelsel aangewend kan word. Die siening van die hof dat herstellende geregtigheid net ’n vonnisopsie is, is een van die belangrikste gevaarpunte in die uitsprake,

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

362

omdat dit die persepsie kan skep dat die hoogste hof van appèl herstellende geregtigheid as niks meer as ’n vonnisopsie beskou nie.

Die hof het in beide aangeleenthede ook nie die nodige gewig aan die rol van die slagoffer verleen nie. Alhoewel dit in beginsel korrek is dat die slagoffer se wense nie allersoorheersend is nie,137 is herstellende geregtigheid gegrond op die bemagtiging van al die rolspelers. Die doel daarvan is om as’t ware eienaarskap van die oortreding aan die partye wat daarby betrokke is, terug te gee,138 ’n beginsel wat ook in die Dienshandves139 verwoord word: “Die uiteindelike doelwit is slagofferbemagtiging deur in slagoffers se behoeftes te voorsien, hetsy materieel of emosioneel.” Alhoewel die hof na die betrokke handves verwys het, is die riglyne daarin nie toegepas nie.

Dit sou die hof gebaat het om vollediger ondersoek in te stel na die beginsels van sowel herstellende geregtigheid as na die verskillende prosesse wat daarby betrokke is. Trouens, dit is moeilik om die hof se uitspraak in Thabethe te verstaan in die lig daarvan dat ’n kenner as amicus curiae opgetree het en die hof die voordeel van vorige uitsprake wat na herstellende geregtigheid verwys het, tot sy beskikking gehad het. Indien die hof wel in beide gevalle meer op die beginsels van herstellende geregtigheid gefokus het, sou dinge anders verloop het.

• Die hof in Thabethe sou beslis het dat voldoende gronde bestaan om die aangeleentheid te bereg ooreenkomstig die beginsels van herstellende geregtigheid. In hierdie geval het die oortreder skuldig gepleit,140 sy samewerking gedurende die proses gegee, slagoffer-oortreder-bemiddeling reeds voor vonnis voltooi, aangebied om vergoeding te betaal en gepoog om hom met die slagoffer te versoen.141 Die slagoffer het ook aangedui dat dit nie in die familie se belang is dat die oortreder gevangenisstraf opgelê word nie.

• Die hof het in Seedat korte mette met die verwysing na herstellende geregtigheid gemaak deur daarop te wys dat die oortreder steeds daarop aangedring het dat hy onskuldig is. Daar kon dus nie sprake van herstellende geregtigheid wees nie.

In stede daarvan om op herstellende geregtigheid te fokus het die hof in beide gevalle swaar op die belange van die gemeenskap en die afskrikwaarde van vonnis gesteun. Alhoewel dit belangrik is dat hierdie faktore in ag geneem word, kon die hof in beide gevalle daarvan kennis geneem het dat herstellende geregtigheid die gemeenskap se belange kan beskerm deur byvoorbeeld, soos wat McElrea142 voorstel, ’n polisiebeampte as gemeenskapsverteenwoordiger in elke proses in te sluit. Die hof kon ook self die gemeenskap se belange voorgehou het (soos wat hy inderdaad gedoen het),143 maar dan teenoor die beginsels van herstellende geregtigheid waar die belange van die rolspelers ten opsigte van herstellende geregtigheid voorrang behoort te geniet. Aan die ander kant is dit ook belangrik om in gedagte te hou dat herstellende geregtigheid nie ’n “maklike uitweg” is nie en dat die proses self afskrikwaarde inhou. Hierdie afskrikwaarde blyk onder meer daaruit dat die oortreder eers skuld moet erken, dat hy sy slagoffer moet ontmoet en vrae oor die gebeure moet beantwoord.144

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

363

5. Ten besluite

Die doel van die artikel was om vas te stel of dit prakties en geregverdig is om die beginsels van herstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings te gebruik. Die bespreking het aangedui dat sodanige beginsels in verskillende jurisdiksies in gevalle van seksuele oortredings met omsigtigheid toegepas word. Dit moet gesien word teen die agtergrond van die ongemak wat onder veral slagoffers met die bestaande regstelsel voorkom. Die bespreking van internasionale praktyk het ook aangedui dat die hoogste hof van appèl klaarblyklik verkeerd was in sy benadering om herstellende geregtigheid slegs as ’n vonnisopsie te beskou en dit nie in die Thabethe-saak toe te pas nie.

Suid-Afrikaanse howe, en die hoogste hof van appèl in die besonder, behoort deur ’n ander lens na geregtigheid te kyk wanneer seksuele oortredings bereg word. ’n Benadering wat primêr op die slagoffer en nie op straf en die gemeenskap se belange fokus nie, word deur die Dienshandves145 waarna die hoogste hof van appèl in Matyityi146verwys, geïmpliseer. Dit kan deur die toepassing van die beginsels van herstellende geregtigheid ’n werklikheid gemaak word. Dit is nodig dat ons hoogste howe hierdie benadering ondersteun om rigting aan laer howe te verleen. Ons gee toe dat heelwat opleiding en lensverstellings nog nodig is voordat herstellende geregtigheid in ’n bruikbare “derde lens”, soos Gal147 dit stel, sal ontwikkel waardeur geregtigheid veral ten opsigte van seksuele oortredings gesien sal word. Ons sien in afwagting uit na die eerste geleentheid waar die hoogste hof van appèl wegbeweeg van sy straf- en gemeenskapsbenadering na ’n ware slagofferbemagtiging en na heling.

Die ironie is natuurlik dat as herstellende geregtigheid doeltreffend in gepaste gevalle van seksuele oortredings toegepas word, dit moontlik nie weer vir die hoogste hof van appèl nodig sal wees om daaroor te beslis nie, omdat prosesse van herstellende geregtigheid in gepaste gevalle voldoende behoort wees om die aangeleentheid tot bevrediging van al die partye af te handel.

Bibliografie

Armour, M. 2012. Restorative justice: some facts and history. Tikkum (Winter), ble. 25–6, 64–5.

Banks, S. en K. Nøhr. 2011. Case study: working with sexual abuse in east Jerusalem. Ethics and Social Welfare, 5(3):298–305.

Borton, I.M. 2008. Victim offender communication in felony cases: an archival analysis of Ohio's office of victim services dialogue program. Ongepubliseerde PhD–proefskrif, Bowling Green State Universiteit.

Centre for Innovative Justice (CIJ). 2014. Innovative justice responses to sexual offending – pathways to better outcomes for victims, offenders and the community. Melbourne: RMIT University.

Chetty, N. 2006. Testimonies of child-rape victims in South African courts. Codicillus, 47(2):24–45.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

364

Choi, J.J. en M.J. Gilbert. 2010. “Joe everyday, people off the street”: a qualitative study on mediators’ roles and skills in victim–offender mediation. Contemporary Justice Review, 13(2):207–27. http://dx.doi.org/10.1080/10282581003748305 (16 Februarie 2016 geraadpleeg).

Choi, J.J., M.J. Gilbert en D.L. Green. 2013. Patterns of victim marginalization in victim-offender mediation: some lessons learned. Crime, Law & Social Change, 59:113–32. http://dx.doi.org/10.1007/s10611-012-9382-1 (16 Februarie 2016 geraadpleeg).

Clark, J.N. 2012. Youth violence in South Africa: the case for a restorative justice response. Contemporary Justice Reviews, 15(1):77–95.

De Klerk, K.L. 2012. The role of the victim in the criminal justice system: a specific focus on victim offender mediation and victim impact statements. Ongepubliseerde LLM-verhandeling, Universiteit van Pretoria.

Departement van Korrektiewe Dienste (DKD). 2008. Orientation manual on restorative justice: manual for facilitators. Pretoria: Direktoraat Korrektiewe Programme.

Du Toit, D.D. 2015. Die siening van proefbeamptes met betrekking tot die bydrae van afwentelingsprogramme vir manlike jeugoortreders om hermisdaadpleging te voorkom. Ongepubliseerde MMW-verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

Eriksson, F. 2008. Victim-offender mediation in Sweden and South Africa. Ongepubliseerde LLM-verhandeling, Universiteit van Gothenburg.

Gal, T. 2011. Child victims and restorative justice. New York: Oxford University.

Gavrielides, T. 2012. Clergy child sexual abuse and the restorative justice dialogue. Journal of Church and State, 55(4):617–39. http://dx.doi. org /10.1093/jcs/css041 (10 Februarie 2016 geraadpleeg).

Gehm, J.R. 1998. Victim-offender mediation programs: an exploration of practice and theoretical frameworks. Western Criminology Review, 1(1). http://wcr.sonoma.edu/v1n1/gehm.html (16 Februarie 2016 geraadpleeg).

Hamman, A. en N. Windell. 2017. Vergoedingsboetes in strafregtelike verrigtinge – ’n vars perspektief, LitNet Akademies, 14(1).

Hargovan, H. 2007. Restorative approaches to justice: “compulsory compassion” or victim empowerment? Acta Criminologica, 20(3):113–23.

—. 2015. Reconciling restorative justice and victim participation. SA Crime Quarterly, 54:55–64. http://dx.doi.org/10.4314/sacq.v54i1.5 (17 Augustus 2016 geraadpleeg).

Howard, P. 2009. Restorative practice in schools. Londen: CfBT Education Trust.

Joubert, J.J. (red.). 2011. Strafprosesreghandboek. 10de uitgawe. Kaapstad: Juta & Kie.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

365

Kasinga, F., J. Mbwambo, N. Hogan, L. Nystrom, M. Emmelin en G. Lindmark. 2013. Parents’ experiences of reporting child sexual abuse in urban Tanzania. Journal of Child Sexual Abuse, 22:481–98.

Keenan, M. en E. Zinsstag. 2014. Restorative justice and sexual offenses: can “changing lenses” be appropriate in this case too? Monatsschrift für Kriminologie und Strafrechtsreform, 97:93–106.

Liebenberg, E., J. Hay en R. Reyneke. 2016. Die ontwikkeling van ’n herstellendegeregtigheidsprogram as vernuwende benadering tot die hantering van uitdagende leerdergedrag in Suid-Afrikaanse skole. LitNet Akademies, 13(2):435–68.

McAlinden, A.M. 2008. Restorative justice as a response to sexual offending: addressing the failings of current punitive approaches. Sexual Offender Treatment, 3(1):1–12.

McElrea, F.W.M. 2004. Restorative justice and sexual abuse – a New Zealand perspective. Lesing gelewer by die simposium van die Australian & New Zealand Association for the Treatment of Sexual Abusers. 17 April 2001.

McGlynn, C., N. Westmarland en N. Godden. 2012. “I just wanted him to hear me”: sexual violence and the possibilities of restorative justice. Journal of Law and Society, 39(2):213–40.

Mercer, V., K.S. Madsen, N. Keenan en E. Zinsstag. 2015. Doing restorative justice in cases of sexual violence – a practice guide. Leuven: Leuven Institute of Criminology.

Muller, K. 2000. The effect of the accusatorial system on the child witness. Child Abuse Research: A South African Journal 1(2):13–23.

Nabudere, D.W., M. Garvey en A. Velthuizen. 2011. Restorative justice and knowledge management in Africa: a multidimensional approach. Indilinga – African Journal of Indigenous Knowledge Systems, 10(2):153–70.

Owens, M., D. Lambrechts en J. Prinsloo. 2001. Child witnesses in the criminal justice system. Acta Criminologica, 14(2):25–41.

Plaatjies, M.F. 2008. A model for implementation of restorative justice in the South African correctional system. Ongepubliseerde DLitt et Phil-proefskrif, Universiteit van Suid-Afrika.

Reyneke, M. 2011. The right to dignity and restorative justice in schools. Potchefstroom Electronic Review, 14(6):129–71. http://dx.doi.org/10.4314/pelj.v14i6.5 (17 Augustus 2016 geraadpleeg).

Sana, E.A., A.A. Melencio-Herrera, A.A. Avellano, K. Legarda, N. Vilches en B.J. Madrid. 2014. Competency enhancement training for Philippine family court judges and personnel handling child abuse cases. Child Abuse Review, 23:324–33.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

366

Schols, M.W.A., C. de Ruiter en F.G. Ory. 2013. How do public child healthcare professionals and primary school teachers identify and handle child abuse cases? A qualitative study. Biomedical Public Health, 13:807–23.

Small, J.L. 2015. Classing sex offenders: How prosecutors and defense attorneys differentiate men accused of sexual assault. Law & Society Review, 49(1):109–41.

Songca, R. en M. Karels. 2016. Geregtelike en wetgewende reaksies op seksuele misdade deur en teen kinders in Suid-Afrika en die potensiële gebruik van herstellendegeregtigheidspraktyke. LitNet Akademies, 13(1):444–78.

Steyn, F. en A. Lombard. 2013. Victims’ experiences of restorative mediation: a developmental social work perspective. Social Work / Maatskaplike Werk, 49(3):332–53.

Suid-Afrika (Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling). 2007. Dienshandves vir misdaadslagoffers in Suid-Afrika. Pretoria: Staatsdrukker. http://www.justice.gov.za/vc/docs/vc/2007%20Service%20charter%20afr.pdf (15 November 2016 geraadpleeg).

Toews, B. 2013. Toward a restorative justice pedagogy: reflections on teaching restorative justice in correctional facilities. Contemporary Justice Review, 16(1):6–27. http://dx.doi.org/10.1080/10282580.2013.769308 (31 Julie 2016 geraadpleeg).

Vaandering, D. 2011. A faithful compass: rethinking the term restorative justice to find clarity. Contemporary Justice Review, 14(3):307–28.

Van der Merwe, A. 2013. A new role for crime victims? An evaluation of restorative justice procedures in the Child Justice Act 2008. De Jure, 46(4):1022–38.

Van der Merwe, A. en A. Skelton. 2015. Victims’ mitigating views in sentencing decisions: A comparative analysis. Oxford Journal of Legal Studies, 35(2):355–72.

Venter, A. 2005.Guidelines for victim-offender mediation for probation officers in South Africa. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Noordwes-Universiteit.

Verenigde Nasies (Kantoor vir dwelms en misdaad). 2006. Handbook on restorative justice programmes. New York: Verenigde Nasies.

Eindnotas

1 Borton (2008:1).

2 DKD (2008:19); Gehm (1998:7); Howard (2009:5); Nabudere e.a. (2011:165); Steyn en Lombard (2013:333).

3 Vaandering (2011:311); Verenigde Nasies (2006:6).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

367

4 Choi e.a. (2013:114); Hargovan (2015:55); Owens e.a. (2001:38); Reyneke (2011:139); Small (2015:111).

5 McAlinden (2008:3); Plaatjies (2008:123).

6 DPP v Thabethe [2011] ZASCA 186 par. 20; Mkhize v S [2014] ZASCA 52 par. 20.

7 S v Maluleke 2008 1 SACR 49 (T).

8 Sien Eriksson (2008:44) se bespreking van die saak.

9 Dikoko v Mokhatla 2006 6 SA 235 (KH).

10 Dikoko par. 69: “The goal should be to knit together shattered relationships in the community and encourage across-the-board respect for the basic norms of human and social inter-dependence.”

11 Dikoko par. 114. Die meerderheidsuitspraak van Moseneke WnHR het nie daarmee gehandel nie omdat dit ’n aangeleentheid was wat nooit voor die hof a quo gedien het en dus nie voor die hof was nie (par. 86).

12 Ander sake in die konstitusionele hof waar na herstellende geregtigheid verwys word, sluit in S v M (Centre for Child Law as amicus curiae) 2008 3 SA 232 (KH) en The Citizen 1978 (Pty) Ltd v McBride (Johannesburg and others, amici curiae) 2011 4 SA 191 (KH).

13 Songca en Karels (2016).

14 Songca en Karels (2016:466).

15 Songca en Karels (2016:453–5).

16 In S v Matyityi 2011 1 SACR 40 (HHA) het die hof slegs daarna verwys. Sien par. 2.1 hier onder.

17 S v Thabethe [2009] JOL 23082 (T); 2009 2 SACR 62 (T).

18 S v Seedat 2015 2 SACR 612 (GP).

19 In S v Matyityi.

20 Mkhize v S [2014] ZASCA 52.

21 Mkhize v S par. 21. Die hof bevind egter in die volgende paragraaf dat ’n opgeskorte vonnis wel gepas is, wat moeilik te rym is met die bekommernis oor ’n “verkeerde boodskap” in par. 21.

22 Vgl. ook Hamman en Windell (2017).

23 Songca en Karels (2016:456–7).

24 Van der Merwe en Skelton (2015:361).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

368

25 DPP v Thabethe par. 2. Die volledige vonnis word ter wille van die vernuwende aard daarvan aangehaal: “Ten years imprisonment, suspended for five years on condition that:

(a) The accused is not convicted, during the period of suspension, of a crime involving violence or a sexual element or both; (b) That he remain in the employment of Mr Roussow unless he is laid off [through no fault of his own]; (c) In such event, he must immediately do everything necessary to find alternative employment; (d) From his income, at least 80% must be devoted to the support of the victim and her family. In particular the accused must accept responsibility for the victim’s schooling and, if applicable, for her tertiary education; (e) Such support for the family is to continue even if his relationship with the victim’s mother is terminated for whatever reason; (f) The accused must report on one day each weekend (subject to his work program, [sic] which normally entails working one day each weekend) to the probation officer at Delmas and participate in any program [sic] that such officer might prescribe; (g) Such programs [sic] must include a Sexual Offender’s Program [sic] to be attended at the accused’s cost; (h) The accused is to perform 800 hours of community service of a nature to be determined by the probation officer during the period of suspension. (This represents the maximum number of hours the accused can serve as he is only available on one day of every weekend.)”

26 DPP v Thabethe parr. 8, 11(q); Songca en Karels (2016:457).

27 Songca en Karels (2016:456 vn. 94).

28 DPP v Thabethe par. 20.

29 Ibid.

30 DPP v Thabethe par. 21.

31 S v Matyityi.

32 S v Matyityi parr. 16, 17. Sien Van der Merwe en Skelton (2015) wat die verskil tussen Matyityi en Thabethe uitwys. In teenstelling met Thabethe, wat volle slagofferdeelname gehad het, het Matyityi geen slagofferimpakverklaring of ander inligting t.o.v. die slagoffers gehad nie.

33 Suid-Afrika (2007).

34 DPP v Thabethe par. 22.

35 DPP v Thabethe parr. 7, 30.

36 Songca en Karels (2016:459). Hul mening word ondersteun deur feite wat uit die saak blyk, soos dat die oortreder berou getoon het, aanspreeklikheid erken het, gepoog het om hom met die slagoffers te versoen en bereid was om ’n ooreenkoms te sluit om die nadeel wat die slagoffers gely het, te heel.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

369

37 In die persoon van me. Skelton, as amicus curiae, wat reeds verskeie artikels oor herstellende geregtigheid gepubliseer het – DPP v Thabethe par. 15.

38 S v Seedat parr. 1, 31.

39 S v Seedat par. 2.

40 S v Seedat par. 39.

41 S v Seedat par. 31.

42 Seedat v S [2016] ZASCA 153 (3 Oktober 2016) par. 14.

43 Seedat v S par. 27.

44 S v Seedat par. 48.

45 Ibid.

46 S v Seedat par. 50: “[S]entencing of the accused is suspended for a period of five years on the following conditions”.

47 Seedat v S par. 19.

48 Seedat v S parr. 21, 28.

49 Seedat v S par. 30.

50 51 van 1977.

51 Seedat v S parr. 36, 38.

52 Seedat v S par. 38.

53 Seedat v S par. 39.

54 Seedat v S par. 40.

55 Seedat v S par. 43.

56 Seedat v S par. 36.

57 DPP v Thabethe par. 20; Seedat v S par. 38.

58 Ibid.

59 DPP v Thabethe parr. 19, 20; Seedat v S par. 38.

60 DPP v Thabethe par. 20; Seedat v S par. 39.

61 DPP v Thabethe par. 22; Seedat v S par. 38.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

370

62 DPP v Thabethe par. 21: “This does not mean his/her views are decisive.”; Seedat v S par. 39: “[H]er views are not the only factor to be taken into account.”

63 Gal (2011:123).

64 Choi e.a. (2013:1); McAlinden (2008:319).

65 Armour (2012:26); Songca en Karels (2016:454); Verenigde Nasies (2006:15, 20). Herstellende geregtigheid het in 1989 statutêre sanksionering verkry met die Children, Young Persons and their Families Act. Sien ook die bespreking van Van der Merwe en Skelton (2015:365–6).

66 McElrea (2004:7–8).

67 McElrea (2004:9). T.o.v. die gesinsgroepkonferensie sê hy: “Judges do not attend such conferences, but I heard later from that officer that it had been a wonderful experience for them, enabling them to say how the offending had affected them, to put their questions about the incidents, to receive a face to face apology, and to have a say in the outcome plan that went forward to the Youth Court as a sentencing recommendation.”

68 McElrea (2004:10).

69 McElrea (2004:12).

70 McGlynn e.a. (2012:220).

71 McGlynn e.a. (2012:221).

72 Ibid.

73 McAlinden (2008:4); McGlynn e.a. (2012:10).

74 CIJ (2014:6).

75 CIJ (2014:36).

76 CIJ (2014:47).

77 CIJ (2014:48).

78 CIJ (2014:50).

79 CIJ (2014:55).

80 CIJ (2014:76).

81 CIJ (2014:79).

82 CIJ (2014:82).

83 Keenan en Zinsstag (2014:93–4).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

371

84 Keenan en Zinsstag (2014:95).

85 Keenan en Zinsstag (2014:96).

86 Keenan en Zinsstag (2014:97).

87 Keenan en Zinsstag (2014:98–9).

88 Keenan en Zinsstag (2014:100–1).

89 Keenan en Zinsstag (2014:103).

90 Mercer e.a. (2015:11).

91 Ibid.

92 Mercer e.a. (2015:13).

93 Mercer e.a. (2015:15).

94 Mercer e.a. (2015:17–9).

95 Mercer e.a. (2015:20).

96 Mercer e.a. (2015:30–2).

97 Mercer e.a. (2015:33, 37).

98 Mercer e.a. (2015:33).

99 Mercer e.a. (2015:44, 46).

100 Steyn en Lombard (2013:333).

101 De Klerk (2012:5); Muller (2000:13).

102 Toews (2013:7).

103 Steyn en Lombard (2013:333–4).

104 Plaatjies (2008:67).

105 Plaatjies (2008:69).

106 Armour (2012:25).

107 Choi en Gilbert (2010:207); De Klerk (2012:3); Hargovan (2007:114);Venter (2005:19).

108 Small (2015:111).

109 Sana e.a. (2014:325, 329).

110 Chetty (2006:27).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

372

111 Banks en Nøhr (2011).

112 Banks en Nøhr (2011:300).

113 Banks en Nøhr (2011:301).

114 Kasinga e.a. (2013:482); Schols e.a. (2013:813).

115 Gal (2011:146).

116 Gal (2011:147).

117 Gal (2011:147–8).

118 Gavrielides (2012:634).

119 Ibid.

120 Gavrielides (2012:635).

121 Gavrielides (2012:636, 639).

122 Gavrielides (2012:637).

123 Gavrielides (2012:638).

124 Gavrielides (2012:637).

125 Clark (2012:86).

126 McElrea (2004:9); McGlynn e.a. (2012:10); Verenigde Nasies (2006:27).

127 75 van 2008. Alhoewel die betrokke wet in Engels gepubliseer is as die Child Justice Act word hierdie Afrikaanse titel reeds wyd gebruik. Sien bv. Du Toit (2015) se talle verwysings daarna; Joubert (2011:334) en die gebruik daarvan in die populêre media en op die internet.

128 Voorrede tot die Wet op Kindergeregtigheid.

129 Strafproseswet 51 van 1977.

130 Artt. 105A(b)(iii) en 299A van die Strafproseswet.

131 Van der Merwe (2013:1022). Sy wys egter in haar slotsom (2038) daarop dat, ten spyte van die bedoeling van die Wet op Kindergeregtigheid, slagoffers steeds in die praktyk nie sentraal staan in die prosesse wat in die wet vervat word nie.

132 Choi en Gilbert (2010:207); De Klerk (2012:3); Hargovan (2007:114);Venter (2005:19).

133 ’n Goeie opsomming van die inhoud en doel van herstellende geregtigheid is te vinde in die uitspraak van Sacks R in Dikoko par. 114: “The key elements of restorative justice have been identified as encounter, reparation, reintegration and participation. Encounter (dialogue) enables the victims and offenders to talk about the hurt caused and how the parties are to get

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

373

on in future. Reparation focuses on repairing the harm that has been done rather than on doling out punishment. Reintegration into the community depends upon the achievement of mutual respect for and mutual commitment to one another. And participation presupposes a less formal encounter between the parties that allows other people close to them to participate.”

134 DPP v Thabethe parr. 16, 18; Seedat v S par. 40.

135 Kasinga e.a. (2013:482); Schols e.a. (2013:813).

136 DPP v Thabethe par. 21.

137 DPP v Thabethe par. 15.

138 Plaatjies (2008:24).

139 Suid-Afrika (2007:4) (ons kursivering).

140 Skulderkenning is ’n voorvereiste vir herstellende geregtigheid. Sien Keenan en Zinsstag (2014:103).

141 DPP v Thabethe par. 11.

142 McElrea (2004:12).

143 DPP v Thabethe par. 20; Seedat v S par. 40.

144 Gavrielides (2012:637); McGlynn e.a (2012:218).

145 Suid-Afrika (2007).

146 S v Matyityi par. 16.

147 Gal (2011:9).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

374

Vonnisbespreking: Bemoeiing met ’n uitsluitende kontraktuele verhouding getroef deur vrye

mededinging Johann Neethling en Johan Potgieter

Johann Neethling, Departement Privaatreg, Universiteit van die Vrystaat Johan Potgieter, Departement Privaatreg, Universiteit van Suid-Afrika1

Abstract

Interference with an exclusive contractual relationship trumped by free competition

In this contribution four recently reported Masstores decisions are discussed: Pick n Pay Retailers (Pty) Ltd v Liberty Group Ltd 2015 4 SA 241 (GP); Masstores (Pty) Ltd v Pick n Pay Retailers (Pty) Ltd 2016 2 SA 586 (SCA); Shoprite Checkers (Pty) Ltd v Masstores (Pty) Ltd [2016] 3 All SA 926 (ECG); and Masstores (Pty) Ltd v Pick n Pay Retailers (Pty) Ltd 2017 1 SA 613 (CC). In all these cases it was alleged that Masstores committed a delict by interfering with the exclusive contractual relationship between a supermarket (Pick n Pay or Shoprite Checkers) and the owner or lessor of a shopping centre in terms of which the supermarket had the exclusive right to sell groceries in the shopping centre. In the first three cases an interdict was granted against Masstores to prohibit it from trading as a general food store in its Game store in the centre. In the last case the Constitutional Court came to the opposite conclusion. The aim of this discussion is to examine these four decisions in order to obtain clarity about the relevant legal principles and their application. The outcome is as follows:

In the first instance, in the courts below it was held that interference with said contractual relationship by a third party which resulted in a contracting party not obtaining the performance to which it was entitled, was wrongful. However, the Constitutional Court decided that such exclusive agreements are not protected against third-party interference in our law because it restricts free competition. But this does not mean that in other cases where such exclusive clauses do not exist, the interference by a third party preventing a contracting party from realising its performance may not be regarded as actionable, especially where the interference took place in an unreasonable manner, for example where malice or abuse of rights are present.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

375

Secondly, the courts below accepted mistakenly that intent is a requirement for an actionable interference with a contractual relationship with regard to both an interdict and the Aquilian action. The Constitutional Court correctly held (by implication) that fault (including intent) is not a requirement for an interdict. As regards intent as a form of fault for the Aquilian action in these cases, there are fortunately already indications that the Supreme Court of Appeal is willing to accept negligence as a sufficient form of fault.

Thirdly, the traditional test for wrongfulness, namely the boni mores or reasonableness criterion, was consistently applied in the cases under discussion. This also applies to the Constitutional Court, where Froneman J was nevertheless prepared to use a special concretisation of the boni mores test, namely the competition principle. This first recognition of the competition principle in our law by our highest court is a milestone in the development of unlawful competition as an independent delictual cause of action.

Both Shoprite (ECG) and the Constitutional Court referred to the new test for wrongfulness – the reasonableness of holding the actor liable – alongside the traditional boni mores test. Such references may indicate an attempt to reconcile the two tests. However, the Constitutional Court remarked that the fact that the wrongfulness enquiry ultimately involves questions as to the reasonableness of imposing liability does not necessarily assist in determining when it is reasonable to do so. As a matter of fact, for Froneman J the reasonableness of holding a person liable is determined with reference to the boni mores criterion, as concretised in the competition principle. In light of this, it could be asked whether it has any value at all to involve the new test in the wrongfulness enquiry. It happens all too often that courts simply apply the boni mores test whilst paying mere lip-service to the new test.

Fourthly, the Constitutional Court emphasised that although wrongfulness and fault are two independent delictual requirements, the degree or intensity of fault or fault-related factors such as malice or the knowledge that damage may be caused, can play a part in the wrongfulness inquiry. Intent in its technical sense can, however, not be involved here.

The outcome of the series of Masstores decisions is that the Constitutional Court carefully investigated aspects of the interference with a contractual relationship as delictual cause of action and made it clear that exclusive agreements between a supermarket and the owner or lessor of a shopping centre will not be protected against competitors. These exclusive agreements are thus trumped by free competition, which is regarded as the “lifeblood of commerce” (Taylor & Horne (Pty) Ltd v Dentall (Pty) Ltd 1991 1 SA 412 (A) 421–2) and is thus desirable in both a social and economic sense. Accordingly free competition is rightly emphasised by the courts as an important public policy consideration in order to ascertain the lawfulness or otherwise of competition (Neethling 2008:1–2).

Keywords: abuse of right; Aquilian action; boni mores; competition; competition principle; delict; deprivation of interest; dolus eventualis; exclusive contractual clauses; fault; fault-related elements; free competition; goodwill; inducement; intent; interdict; interference with contractual relationship; knowledge; legal convictions of the community; legal duty; malice; motive; negligence; performance competition; policy considerations; reasonableness criterion; reasonableness of liability; subjective right; unlawful competition; usurpation of rights; wrongfulness

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

376

Trefwoorde: aanstigting; Aquiliese aksie; beleidsoorwegings; bemoeiing met kontraktuele verhouding; boni mores; delik; dolus eventualis; interdik; mededinging; mededingingsprinsiep; misbruik van reg; motief; nalatigheid; onregmatigheid; onregmatige mededinging; ontneming van belang; opset; prestasiemededinging; redelikheid van aanspreeklikheid; redelikheidsmaatstaf; regsoortuigings van die gemeenskap; regsplig; skuld; skuldverwante elemente; subjektiewe reg; toe-eiening van regte; uitsluitende kontraksbedinge; vrye mededinging; werfkrag; wete

1. Inleiding

Gedurende die afgelope drie jaar was daar minstens vier gerapporteerde sake waarin beweer is dat Masstores ’n delik gepleeg het deur bemoeiing met die uitsluitende ooreenkoms tussen ’n voedselkleinhandelaar (Pick n Pay of Shoprite Checkers) en die eienaar of verhuurder van ’n winkelsentrum ingevolge waarvan die voedselhandelaar die eksklusiewe reg gehad het om voedsel in die sentrum te verkoop (Pick n Pay Retailers (Pty) Ltd v Liberty Group Ltd 2015 4 SA 241 (GP); Masstores (Pty) Ltd v Pick n Pay Retailers (Pty) Ltd 2016 2 SA 586 (HHA); Shoprite Checkers (Pty) Ltd v Masstores (Pty) Ltd [2016] 3 All SA 926 (OKG); en Masstores (Pty) Ltd v Pick n Pay Retailers (Pty) Ltd 2017 1 SA 613 (KH)). In die eerste drie sake is ’n interdik teen Masstores toegestaan om hom te verbied om as ’n algemene voedselsupermark in sy Game-winkel in die sentrum handel te dryf. In die laaste saak het die Konstitusionele Hof egter tot die teenoorgestelde slotsom gekom. Die oogmerk met hierdie bespreking is om vermelde vier beslissings onder die loep te neem ten einde duidelikheid oor die tersaaklike regsbeginsels en die toepassing daarvan te kry. Ons bespreek die sake seriatim.

2. Pick n Pay v Liberty Group (GP)

In hierdie saak het Liberty (die eerste respondent) en die tweede respondent ’n gedeelte van sy Liberty Midlands Mall (Pietermaritzburg) winkelsentrum aan Pick n Pay, ’n supermarkkettinggroep (die applikant) verhuur. Kragtens die huurkontrak sou Liberty nie ’n ander supermark of voedselwinkel toelaat om in die sentrum handel te dryf nie (’n uitsluitingsooreenkoms). Pick n Pay voer aan dat Masstores (die vierde respondent), deur Game FoodCo, wat beoog het om voedsel in die bestaande Game-winkel te verkoop, in die sentrum toe te laat, van Game ’n supermark sou maak. Dit sou in stryd wees met die uitsluitende ooreenkoms en onregmatige bemoeiing deur Masstores met Pick n Pay se kontraktuele verhouding met Liberty daarstel. Dienooreenkomstig doen Pick n Pay aansoek om ’n tydelike interdik teen Masstores wat sodanige bemoeiing met die uitsluitende ooreenkoms verbied – ’n deliktuele skuldoorsaak – en die ander respondente (wat verbreking van die huurkontrak daarstel – ’n kontraktuele remedie). Vir ons doeleindes is slegs die deliktuele skuldoorsaak relevant.

Die applikant moet volgens regter Fourie die volgende vereistes vir ’n tussentydse interdik aantoon: ’n prima facie reg (alhoewel vatbaar vir ’n mate van twyfel); ’n deeglik gegronde verwagting van onherstelbare skade indien die interimregshulp nie toegestaan word nie en die uiteindelike regshulp tog verleen word; dat die oorwig van gerief ten gunste van die verlening van ’n interim-interdik is; en dat die applikant geen ander bevredigende remedie het nie (par.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

377

6; sien ook LF Boshoff Investments (Pty) Ltd v Cape Town Municipality 1969 2 SA 256 (K) 267; Neethling en Potgieter 2015:276 vn. 333). Hierna sit die hof die betrokke skuldoorsaak soos volg uiteen (par. 12):

Interference with a contractual relationship is present where a third party's conduct is such that a contracting party does not obtain the performance to which he is entitled ex contractu, or where a contracting party's contractual obligations are increased (Neethling, Potgieter & Visser The Law of Delict 6 ed (LexisNexis 2010) at 306 [sien nou Neethling en Potgieter 2015:330). The learned authors also point out (at 307 fn 263 [sien nou Neethling en Potgieter 2015:330 vn. 270]) that an inducement and a breach of contract are not prerequisites for a successful action for the unlawful and intentional interference by a third party in another party's contractual relationship. I shall therefore accept, for purposes of this application, that unlawfulness, intentional interference and harm are requisites for this delict (par. 12).

Regter Fourie beslis dat deur ’n FoodCo in hierdie omstandighede in te bring, ten minste ’n poging uitmaak om onregmatig en opsetlik met die kontraktuele verhouding tussen Pick n Pay en die tweede respondent in te meng. Bemoeiing van hierdie aard, indien dit toegelaat word om voort te duur, sal waarskynlik die uitwerking hê dat Pick n Pay nie die prestasie sal verkry waarop hy ex contractu geregtig is nie, naamlik om die voordeel van die reg op uitsluiting van mededingers te geniet. Volgens die regter sal dit voldoende wees om nadeel vir doeleindes van hierdie besondere delik daar te stel. Hy kom dus tot die gevolgtrekking dat Pick n Pay ’n prima facie reg vir doeleindes van ’n interim-interdik aangetoon het (par. 16). Die hof bevind ook, wat die ander vereistes vir ’n tussentydse interdik betref, dat Pick n Pay onherstelbare skade sou ly en dat daar geen ander geskikte remedie in die omstandighede beskikbaar is nie (par. 17). In die lig van hierdie bevindinge word die tydelike interdik toegestaan (parr. 21 ̶ 2).

3. Masstores v Pick n Pay (HHA)

Hierdie saak is ’n appèl na die Hoogste Hof van Appèl teen die Noord-Gautengse Hooggeregshofbeslissing in Pick n Pay Retailers (Pty) Ltd v Masstores (Pty) Ltd 2014-09-26 saaknr. 46501/14 (GP) waarin ’n finale interdik teen Masstores verleen is om hom te verbied om ’n algemene voedselsupermark in sy Game-winkel in ’n winkelsentrum te bedryf. Appèlregter Majiedt verklaar dat dit gevestigde reg is dat ’n deliktuele aksie beskikbaar is in gevalle waar ’n buitestander ’n persoon bewustelik van sy regte ingevolge sy kontrak met ’n ander ontneem. Die buitestander se gedrag het tot gevolg dat die kontraksparty nie die prestasie waarop hy geregtig is ingevolge die kontrak verkry nie of dat die kontraksparty se verpligtinge ingevolge die kontrak verswaar word. In eersgenoemde geval het ’n mens te doen met die inbreukmaking op ’n persoonlike reg (par. 8); sien ook Minister for Safety and Security v Scott [2014] 3 All SA (HHA) par. 28; Neethling en Potgieter 2015:323; Neethling 2008:245; Loubser en Midgley (reds.) 2012:234–7). Die hof bevind dat, op die getuienis, Game inderdaad as ’n supermark bedryf is en derhalwe in mededinging met Pick n Pay in stryd met sy huurverpligtinge met die verhuurder, Hyprop, opgetree het (par. 18).

In antwoord op die vraag of Masstores deur sy optrede onregmatig met (die uitsluitingsklousule in) Pick n Pay se kontrak met Hyprop opgetree het, verklaar regter

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

378

Majiedt (par. 19) dat daar drie vereistes is waaraan ’n suksesvolle eis gegrond op die onregmatige inbreukmaking op ’n kontraktuele verhouding moet voldoen: ’n onregmatige handeling; wat inbreukmaking op die kontraktuele verhouding daarstel; en wat met een of ander vorm van opset (dolus) uitgevoer word. Wat die onregmatige handeling betref, bevind die hof dat Masstores se handeldrywing in mededinging met Pick n Pay strydig met sy kontraktuele uitsluiting, nadat hy bewus gemaak is van Pick n Pay se reg op uitsluiting, onregmatig was (par. 20).

Die regter bespreek voorts die onregmatigheidselement in meer besonderhede en verklaar (par. 21):

In the context of delictual liability wrongfulness is determined by legal and public policy considerations. Wrongfulness is determined by ascertaining whether there has been a breach of a legal duty. Conversely, it involves a determination of whether a subjective right has been infringed. This entails a determination of the objective reasonableness of the conduct of the person who acted in light of the prejudice he caused to another. Objective reasonableness is determined by the general legal convictions of society, which is a value judgment.

Volgens appèlregter Majiedt het die onderhawige saak te make met die vraag of die opsetlike ontneming van ’n voordeel wat ’n kontraksparty andersins uit ’n prestasie ingevolge ’n kontrak sou gekry het, ’n aksiegrond uitmaak – ’n vraag wat volgens die regter onlangs in Country Cloud Trading CC v MEC, Department of Infrastructure Development 2014 2 SA 214 (HHA) bevestigend beantwoord is. Die regter verklaar dat Masstores se bewering dat dit ’n vereiste vir onregmatigheid is dat Pick n Pay moet bewys dat Masstores die bemoeiing aangestig (induced) het, nie opgaan nie (sien ook Lanco Engineering CC v Aris Box Manufacturers (Pty) Ltd 1993 4 SA 378 (D) 381–2). Alhoewel die hof in Country Cloud Trading CC v MEC, Department of Infrastructure Development 2015 1 SA 1 (KH) parr. 31–2 te kenne gee dat die aanstigtingsgevalle argumentshalwe prima facie onregmatig is, beperk die hof geensins die onderhawige skuldoorsaak tot hierdie gevalle nie, maar verklaar uitdruklik dat gevalle waar ’n “right is usurped“ of daar “deprivation of a benefit” was, (prima facie) onregmatig is.

Teen hierdie agtergrond wys regter Majiedt daarop dat daar twee soorte deliktuele aksies in bemoeiingsake is, naamlik dié waar aanstigting voorkom en ander waar daar ’n verbreking van ’n regsplig of die inbreukmaking op ’n subjektiewe reg is. Die onderhawige saak hoort tot laasgenoemde kategorie. Hier is dit duidelik dat Masstores bewus was van Pick n Pay se reg op eksklusiwiteit, maar desnieteenstaande voortgegaan het om as supermark handel te dryf, strydig met die uitsluitingsbeding wat in sy huurkontrak vervat was en met verontagsaming van die eis om sy handeldryf as supermark te staak. Sodoende het Masstores onregmatig opgetree deur Pick n Pay te verhinder om die prestasie te verkry waarop hy ingevolge sy uitsluitingsbeding geregtig was. Die hof stem saam met die verhoorhof dat “the community’s legal convictions would not countenance such conduct” en dat onregmatigheid derhalwe vasstaan (par. 22).

Vervolgens oorweeg die hof opset en verklaar met verwysing na Country Cloud (KH) par. 36 dat dolus eventualis voldoende sal wees, wat beteken dat die subjektiewe voorsien dat bemoeiing skade sou veroorsaak, gekoppel met versoening met die voorsiene gevolge, voldoende is om so ’n eis te rugsteun. Aangesien Masstores ongetwyfeld ingelig is en daarom

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

379

geweet het dat sy bemoeiing met die kontraktuele verhouding onregmatig was, het hy duidelik met direkte opset, of ten minste met dolus eventualis, opgetree. Die vereistes vir die deliktuele remedie is derhalwe deur Pick n Pay bewys en die Hoogste Hof van Appèl bekragtig die beslissing van die verhoorhof dat ’n finale interdik toegestaan moet word. Masstores se appèl word dus van die hand gewys (parr. 23, 25).

4. Shoprite v Masstores (OKG)

Hierdie saak volg in die voetspoor van die beslissing van die Hoogste Hof van Appèl in die Masstores-saak (sien par. 3 hier bo) asook dié van die Konstitusionele Hof in Country Cloud (sien Neethling en Potgieter 2017 vir ’n bespreking). Regter Lowe pas die volgende beginsels wat in appèlregter Majiedt se uitspraak uiteengesit is, noukeurig toe: Die Aquiliese aksie is beskikbaar vir die opsetlike bemoeiing met ’n kontraktuele verhouding deur ’n derde party (parr. 1, 21). Aanstigting tot kontrakbreuk is nie ’n vereiste vir hierdie aksie nie; onregmatigheid kan ook bepaal word deur die vasstelling of daar ’n verbreking van ’n regsplig of inbreukmaking op ’n subjektiewe reg was. Dit behels volgens regter Lowe (par. 26) “a determination of the objective reasonableness of the conduct of the person who acted in light of the prejudice he caused to another. Objective reasonableness is determined by the central legal convictions of society, which is a value judgment.” Dolus eventualis is voldoende wat opset betref (par. 27). Die drie vereistes wat vir die huidige aksie gestel word, naamlik ’n onregmatige handeling; wat bemoeiing met ’n kontraktuele verhouding daarstel; en wat opsetlik gepleeg word, word ook bevestig (parr. 33, 46).

Wat onregmatigheid in groter besonderheid betref, verwys regter Lowe (parr. 30 e.v.) na die Konstitusionele Hof se uitspraak in Country Cloud waar hierdie hof die volgende stelling in Loureiro v Imvula Quality Protection (Pty) Ltd 2014 3 SA 394 (KH) par. 21 met goedkeuring aanhaal en waarin verklaar word dat die onregmatigheidsondersoek fokus op

the [harm-causing] conduct and goes to whether the policy and legal convictions of the community, constitutionally understood, regard it as acceptable. It is based on the duty not to cause harm – indeed to respect rights – and questions the reasonableness of imposing liability.

In Country Cloud (KH) parr. 22, 23 verklaar die hof voorts dat, anders as by positiewe handelinge wat nadeel aan ’n persoon of eiendom veroorsaak, die veroorsaking van suiwer ekonomiese verlies nie prima facie onregmatig is nie maar prima facie regmatig. Ten einde onregmatigheid te bevind, moet dit positief bevestig word. Dit het nog net in beperkte gevalle, soos die opsetlike bemoeiing met ’n kontraktuele verhouding, voorgekom. Maar ook hier is die gevalle waar die handeling prima facie onregmatig sal wees, beperk. Dit het eerstens betrekking op ’n situasie waar ’n derde party ’n kontraksparty sonder regverdiging aanstig om sy kontrak met die ander kontraktant te verbreek (sien bv. Atlas Organic Fertilizers (Pty) Ltd v Pikkewyn Ghwano (Pty) Ltd 1981 2 SA 173 (T) 202; sien ook Neethling en Potgieter 2015:330; par. 30). Tweedens het dit ook voorgekom in sake waar die huurder van grond wat nog nie in besit daarvan gestel is nie, die Aquiliese aksie vir skadevergoeding kan instel teen ’n derde party wat die grond onregmatig beset (sien bv. Dantex Investment Holdings (Pty) Ltd v Brenner 1989 1 SA 390 (A); vgl. ook Lanco Engineering CC v Aris Box Manufacturers 1993 4 SA 378 (D)) (par. 31; sien ook Neethling

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

380

en Potgieter 2015:330 vn. 270; Loubser en Midgley (reds.) 2012:235–6). Hierdie tweede geval het volgens regter Lowe in die Shoprite-saak voorgekom aangesien Shoprite ontneem is van ’n voordeel wat hy andersins sou gehad het omdat Masstores eersgenoemde se subjektiewe reg ingepalm het deur die uitsluitende reg van Shoprite vir homself toe te eien (parr. 50, 52, 53; vgl. Country Cloud (KH) par. 31). Volgens die hof sal die regsoortuigings van die gemeenskap nie sodanige gedrag duld nie en Masstores se gedrag word dus as prima facie onregmatig gebrandmerk (par. 54). Aangesien Shoprite al die vereistes vir ’n interim-interdik bewys het, word die aansoek toegestaan met ’n sterk vooruitsig op sukses in ’n aansoek om finale regshulp.

5. Kommentaar

Alvorens die beslissing van die Konstitusionele Hof in Masstores v Pick n Pay bespreek word, lewer ons die volgende kommentaar op die voorafgaande drie sake.

Eerstens is dit duidelik dat die volgende gevalle van opsetlike bemoeiing met ’n kontraktuele verhouding deur die howe as gedingsvatbaar beskou word (sien Neethling en Potgieter 2015:330–1): die opsetlike aanstigting deur ’n derde wat tot gevolg het dat een van die kontrakspartye kontrakbreuk pleeg (sien bv. Country Cloud (CC) en Shoprite); waar die derde party so optree dat ’n kontraksparty nie die prestasie verkry waarop hy ex contractu geregtig is nie, maar sonder dat kontrakbreuk plaasvind of dat die gewraakte optrede op aanstigting neerkom (sien bv. Country Cloud (HHA) en Masstores (HHA)). In hierdie verband is die oënskynlik kasuïstiese (Engelsregtelike) benadering van die Konstitusionele Hof in Country Cloud se poging om die eiser se eis binne hierdie twee erkende kategorieë in te pas, kommerwekkend. Die gevestigde generaliserende benadering van ons deliktereg waar algemene beginsels van deliktuele aanspreeklikheid toepassing vind, moes verkieslik ook in hierdie saak gevolg gewees het (sien Neethling en Potgieter 2015:4–5, 332–4). Dit blyk duidelik uit ander gevalle van bemoeiing met ’n kontraktuele verhouding wat ook al in ons reg erkenning geniet, naamlik waar daar wel van ’n aanstigtingshandeling sprake is, maar die aanstigting tot die regmatige beëindiging van die kontrak lei en nie tot kontrakbreuk nie (bv. Atlas en Lanco); en waar ’n derde party so optree dat ’n kontraksparty se kontraktuele verpligtinge verswaar word (bv. waar iemand se regtens-erkende kontraktuele onderhoudsplig verswaar word: vgl. Loubser en Midgley (reds.) 2012:234; Neethling en Potgieter 2015:302–3; in AB Ventures Ltd v Siemens Ltd 2011 4 SA 614 (HHA) 618–9 het die hof ook te make gehad met die nalatige bemoeiing deur die verweerder met ’n kontraktuele verhouding tussen die eiser en ’n derde party as gevolg waarvan die eiser se kontraktuele verpligtinge teenoor die derde party verswaar is (sien Neethling en Potgieter 2012:114–5).

Tweedens is dit gevestigde reg dat skuld, hetsy in die vorm van opset of nalatigheid, nie ’n vereiste vir die interdik is nie; onregmatigheid is voldoende. Aangesien die interdik daarop gerig is om te verhinder dat onregmatig gehandel word en nie om gedane onregmatigheid te vergeld nie, het dit slegs ’n voorkomingsfunksie (en geen vergoedingsfunksie nie) en is daar dus geen rede waarom skuld aan die kant van die dader ’n vereiste vir die verlening van ’n interdik sou wees nie. Skuld word dan ook tereg nie in die gemenereg of veelal in die regspraak in hierdie verband as vereiste gestel nie (sien bv. Hawker v Life Offices Association of South Africa 1987 3 SA 777 (K) 780; Aruba Construction (Pty) Ltd v Aruba Holdings

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

381

(Pty) Ltd 2003 2 SA 135 (K) 175; Van der Walt en Midgley 2005:213; Neethling 2008:85; Neethling en Potgieter 2015:275). Dit was dus verkeerd om in die beslissings onder bespreking dolus, selfs in die vorm van dolus eventualis, as ’n voorwaarde vir die toestaan van ’n interdik te stel.

Derdens, alhoewel opset feitlik altyd as ’n vereiste vir ’n ageerbare bemoeiing met ’n kontraktuele verhouding as ’n deliksaksie gestel word (Union Government v Ocean Accident and Guarantee Corporation Ltd 1956 1 SA 577 (A); sien Neethling en Potgieter 2015:331–3; Loubser en Midgley (reds.) 2012:235–7), is daar aanduidings dat nalatigheid nou as voldoende skuldvorm aanvaar word (Minister for Safety and Security v Scott [2014] 3 All SA 306 (HHA) parr. 31–2, 36; Neethling en Potgieter 2014:762–71; in Dantex 395 was die hof nog huiwerig om hom hieroor uit te spreek). In Scott was appèlregter Theron (par. 31), in navolging van die voorstel van Neethling en Potgieter (sien Law of Delict,6de uitgawe, 2010:308–9; vgl. Neethling en Potgieter 2015:333), gewillig om ondersoek in te stel na die gedingsvatbaarheid van beweerde nalatige bemoeiing met ’n kontraktuele verhouding. Die outeurs verklaar naamlik dat die benadering in Union Government te beperkend is en tot nalatige bemoeiing uitgebrei behoort te word:

In our opinion, however, any negligent conduct by a third party which causes the infringement of a contractual personal right or the increase of a contractual obligation ought, in principle, to found the Aquilian action. The fear of unlimited liability may be allayed by the correct application of all the elements of a delict.

Nieteenstaande appèlregter Theron se positiewe ingesteldheid teenoor die aangeleentheid, vind appèlregter Majiedt dit in Masstores (HHA) (par. 19 vn. 17) onnodig om tot die debat toe te tree. Miskien was hy onbewus van die Scott-saak, aangesien hy nie daarna verwys nie – dalk omdat hy die verouderde 5de 2006-uitgawe van Neethling, Potgieter en Visser The Law of Delict gebruik het en nie die huidige 7de 2015-uitgawe van die boek waarin Scott bespreek word nie ((Neethling en Potgieter 2015:323–7). Dit is jammer dat dit voorkom of die Hoogste van Appèl nie altyd oor die jongste uitgawe van ’n beskikbare handboek beskik of dit gebruik nie.

Vierdens bevestig die Hoogste Hof van Appèl in Masstores (asook die Hooggeregshof in Pick n Pay (GP)) die tradisionele benadering tot onregmatigheid sonder enige verwysing na die nuwe toets soos dit in Le Roux v Dey 2011 3 SA 274 (KH) geformuleer is (sien Neethling en Potgieter 2013:808–10) en primêr te make het met die vraag of dit redelik is om die verweerder aanspreeklik te stel. Volgens Masstores (HHA) word onregmatigheid naamlik bepaal deur ondersoek in te stel of daar ’n verbreking van ’n regsplig of ’n skending van ’n subjektiewe reg was (sien vir ’n bespreking van hierdie twee benaderings tot onregmatigheid Neethling en Potgieter 2015:49, 53 e.v., 57 e.v.). Deur onregmatigheid op hierdie wyse te beskryf, verwerp die hof by implikasie ook waarnemende regter Brand se onhoudbare stelling in Le Roux dat redelikheid in die konteks van onregmatigheid niks te doen het met die redelikheid van die verweerder se gedrag nie (sien hieroor Neethling en Potgieter 2015:84, 88–9). Hierbenewens maak die nuwe toets volgens woordlui in elk geval hoegenaamd nie voorsiening vir die bepaling van onregmatigheid by die interdik nie. Die nuwe toets gaan naamlik om die redelikheid daarvan om die dader aanspreeklik te stel vir vergoeding waar skuld, gewoonlik nalatigheid, veronderstel word. Hiervoor is net remedies soos die Aquiliese aksie, die actio iniuriarum en die aksie weens pyn en lyding geskik. Soos reeds gestel, het die interdik net ’n voorkomingsfunksie en nie ’n vergoedingsfunksie nie en daarom word skuld

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

382

nie as vereiste daarvoor gestel nie. Hieruit blyk dat die onregmatigheidsbeoordeling deur middel van die nuwe onregmatigheidstoets glad nie die onregmatigheidsvraag by die interdik kan hanteer nie. Om hierdie rede pas die howe konsekwent die boni mores of redelikheidskriterium toe ten einde onregmatigheid vir doeleindes van die interdik te bepaal (sien o.a. die sake wat hier bo bespreek word; Neethling en Potgieter 2015:86–7).

In Shoprite (OKG) versoen regter Lowe oënskynlik die nuwe toets vir onregmatigheid en die tradisionele toets van die regsoortuigings van die gemeenskap. Hierdie versoenende benadering tot die twee toetse het sterk na vore getree in South African Hang and Paragliding Association v Bewick 2015 3 SA 449 (HHA) parr. 5–6 (sien Neethling 2015:810 e.v.) en is ook meermale in die Konstitusionele Hof vermeld (sien bv. Loureiro 410; Country Cloud (KH) par. 21; H v Fetal Assessment Centre 2015 2 SA 193 (KH) 216; Oppelt v Department of Health, Western Cape 2016 1 SA 325 (KH) 343–4). Die versoening word vergemaklik omdat albei toetse die klem primêr op dieselfde beleidsoorwegings plaas (sien Bewick parr.5–6) en daarom waarskynlik dieselfde resultaat sal lewer. Dit beteken egter nie dat die besware teen die nuwe toets ook verdwyn nie. Daarom word aan die hand gedoen dat die howe, ten einde onregmatigheid te bepaal – en aangenome dat al die ander elemente vir deliktuele aanspreeklikheid teenwoordig is – in eerste instansie met verwysing na die boni mores, deur ’n afweging van die botsende belange van die partye, ’n waardeoordeel moet vel wat alle relevante beleidsoorwegings of faktore omvat. Sodoende kan vasgestel word of daar by suiwer ekonomiese verlies wat by bemoeiing met ’n kontraktuele verhouding ter sprake kom (sien Neethling en Potgieter 2015:333), ’n regsplig was om nadeel te voorkom. Indien hierdie oorwegings dit regverdig, moet die hof bevind dat daar wel ’n regsplig aanwesig was en dat die skadeveroorsakende verbreking daarvan onregmatig is. Mits alle ander delikselemente voorts ook bewys word, sal dit redelik wees om die verweerder aanspreeklik te stel.

Hierdie benadering stem ooreen met die volgende verklaring in Country Cloud (HHA) 222:

Decisions … demonstrate the clear recognition by different members of this court that wrongfulness in the context of delictual liability for pure economic loss is ultimately dependent on an evaluation based on considerations of legal and public policy. The inquiry is thus: do these policy considerations require that harm causing conduct should be declared wrongful and consequently render the defendant liable for the loss, or do they require that harm should remain where it fell, ie with the plaintiff? (Ons kursivering; sien ook Minister van Polisie v Ewels 1975 3 SA 590 (A) 597; Local Transitional Council of Delmas v Boshoff 2005 5 SA 514 (HHA) 522.)

So gesien, is die gevolgtrekking dat dit redelik is om die verweerder aanspreeklik te hou, die gevolg van die besluit dat ’n delik gepleeg is en nie die gevolg van die toepassing van die toets vir onregmatigheid nie (Neethling en Potgieter 2015:85).

Hoe ook al, in Shoprite (OKG) kom dit voor of regter Lowe uiteindelik slegs die tradisionele onregmatigheidstoets toepas deur te bevind dat die regsoortuigings van die gemeenskap nie die gedrag van Masstores sal duld nie (par. 55). Hierdie benadering, waardeur in effek hoogstens lippediens aan die nuwe toets bewys word, kom dikwels in die uitsprake van ons howe voor (Neethling en Potgieter 2015:87–9).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

383

In die vyfde plek neem die Hoogste van Appèl in Masstores tereg in ag dat Masstores bewus gemaak is en dus geweet het dat hy strydig met Pick n Pay se uitsluitende ooreenkoms handel. Die dader se wete dat sy gedrag skade vir die slagoffer kan veroorsaak, is ’n baie belangrike en soms deurslaggewende beleidsoorweging of faktor ten einde te bepaal of die dader ’n regsplig gehad het om suiwer ekonomiese verlies te voorkom (sien bv. BOE Bank Ltd v Ries 2002 2 SA 39 (HHA) 49; sien verder Neethling en Potgieter 2015:309, 326–7; vgl. ook ibid. 68 m.b.t. die regsplig by ’n late).

Laastens moet daarop gewys word dat bemoeiing met ’n kontraktuele verhouding in die huidige konteks ook ’n vorm van onregmatige, indirekte inbreukmaking op die werfkrag van ’n mededinger uitmaak en daarom onregmatige mededinging daarstel (sien bv. Atlas Organic Fertilizers (Pty) Ltd v Pikkewyn Guano (Pty) Ltd 1981 2 SA 173 (T) 202; Genwest Batteries (Pty) Ltd v Van der Heyden 1991 1 SA 727 (T); Aetiology Today CC t/a Somerset Schools v VanAswegen 1992 1 SA 807 (W) 820; Woodlands Dairy (Pty) Ltd v Parmalat SA (Pty) Ltd 2002 2 SA 268 (OK) 279; Aruba Construction (Pty) Ltd v Aruba Holdings (Pty) Ltd 2003 2 SA 155 (K) 175; sien verder Neethling 2008:245–9; Neethling en Potgieter 2015:340).

Dit bring ’n mens juis by die beslissing van die Konstitusionele Hof in Masstores.

6. Masstores v Pick n Pay (KH)

“I am not the first nor will I be the last to lament upon the difficulty of determining the dividing line between lawful and unlawful interference with the trade of another …” (Altas-saak 186). So begin regter Froneman sy uitspraak in die Konstitusionele Hof. Volgens hom (par. 3) kom aanstigting tot kontrakbreuk, wat ’n erkende vorm van delik is, nie in casu ter sprake nie waar die kern van die dispuut – in die aansoek om ’n finale interdik – is of die bemoeiing deur Masstores met Pick n Pay se uitsluitende huurooreenkoms met Hyprop (eienaar van die winkelkompleks) deliktueel gedingsvatbaar is. Die vereistes vir die finale interdik is volgens die hof (par. 8) ’n duidelike reg (a clear right); werklike of redelikerwys te verwagte skade; en die afwesigheid van ’n toereikende alternatiewe remedie.

Masstores beweer dat die Hoogste Hof van Appèl die beslissing in Country Cloud (KH) verkeerd geïnterpreteer het. Hierteenoor voer Pick n Pay aan dat sy eis vierkant binne die tweede kategorie van bemoeiing val wat in Country Cloud (KH) erken word, en dat onregmatigheid daarom nie positief bewys hoef te word nie, maar dat dit vermoed kan word (anders gestel, dat die bemoeiing prima facie onregmatig is). Nietemin word voorts geargumenteer dat selfs sonder sodanige vermoede Masstores se optrede onregmatig is (sien par. 11).

Hierop verklaar regter Froneman (par. 12):

The issues that arise from this are:

(a) Whether Pick n Pay’s claim falls within the alleged recognition in Country Cloud of a second category of delictual interference with contractual relations (narrow delictual enquiry).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

384

(b) If it does not, a further issue may arise, namely whether Masstores’s conduct, whilst not falling into the established categories of the delict of unlawful interference with contractual relations, nevertheless was actionable on an extended or analogous application of the principles of the delict of unlawful competition (extended unlawful competition enquiry).

Wat eersgenoemde betref, is die hof krities oor drie stellings wat in Masstores (HHA) met betrekking tot die beslissing in Country Cloud (KH) gemaak is. Die eerste (parr. 16–8) is dat die Konstitusionele Hof se verwysing na usurpation of rights wat in Lanco voorgekom het, aan die voorbeelde van deprivation of interests gelykgestel kan word. Dit het volgens regter Froneman nie gebeur nie, aangesien Country Cloud (KH) glad nie die frase deprivation of interest gebruik nie. Hy vervolg: “Whatever the merits of a pure ‘deprivation’ case may be, this Court’s decision in Country Cloud cannot serve as authority that it is a case where wrongfulness does not need to be established positively but can be presumed.”

Die tweede stelling (parr. 20–1) is dat Country Cloud (KH) beslis het dat daar twee soorte deliktuele aksies in bemoeiingsake is, naamlik dié waar aanstigting voorkom en ander waar daar ’n verbreking van ’n regsplig of die inbreukmaking op ’n subjektiewe reg is. Hieruit kan volgens regter Froneman moontlik afgelei word dat by aanstigtingsgevalle sodanige pligsverbreking of regskending nie deel van die onregmatigheidsvraag is nie, en dit sou ongelukkig en verkeerd wees. Bedoelde stelling is nie in Country Cloud (KH) gemaak nie. Dié hof verwys na aanstigtingsgevalle wat argumentshalwe prima facie onregmatig kan wees, maar verwys vroeër na die stelling in Loureiro (par. 21) dat die onregmatigheidsvraag “(is) based on the duty not to cause harm – indeed to respect rights – and questions the reasonableness of imposing liability”. Regter Froneman (par. 21) beklemtoon dat ons deliktereg op algemene beginsels van aanspreeklikheid geskoei is en nie op afsonderlike, selfstandige delikte (torts) nie. Dit geld ook die verskillende vorme van onregmatige mededinging waar die reg op die werfkrag te pas kom en aanstigtingsgevalle geen uitsondering is nie. Aanstigting sonder nadeel of die aantasting van die reg op werfkrag sal gewoonlik nie onregmatig wees nie.

Die derde stelling (parr. 22–3) is dat omdat Country Cloud (KH) dolus eventualis as ’n geskikte vorm van skuld in bemoeiingsake erken, die aanwesigheid daarvan voldoende sal wees om ’n gedingsvatbare delik aan die kant van Masstores daar te stel. Nietemin gaan die hof volgens regter Froneman in Country Cloud (KH) (parr. 39-40) verder en is, in die voetspoor van Roux v Hattingh 2012 6 SA 428 (HHA), van mening dat die intensiteit van skuld, soos waar die optrede opsetlik geskied of waar ander skuldverwante elemente (soos die motief om skade te veroorsaak, of die wete dat dit ernstige gevolge kan inhou) aanwesig is – maar nie nalatigheid nie (sien ook Cape Empowerment Trust Limited v Fisher Hoffman Sithole 2013 5 SA 183 (HHA) 191–3) – by die onregmatigheidsvraag relevant kan wees. Soos by herhaling reeds aangedui, kan dit ten ene male egter nie opset in regstegniese sin, wat onregmatigheidsbewussyn insluit, wees wat hier ter sprake kom nie (sien Neethling en Potgieter 2015:46–7; Neethling en Potgieter 2014:252–3). Weliswaar kan die feit dat ’n persoon sy wil gerig het op die veroorsaking van ’n nadelige gevolg (die ander been van opset naas onregmatigheidsbewussyn), net soos ’n kwaadwillige motief relevant wees by die bevinding dat hy onregmatig opgetree het, maar dan het ’n mens nie met opset in regstegniese sin te make nie (Neethling en Potgieter 2014:252). Dus, vir sover dit duidelik is dat opset as bepalende faktor vir onregmatigheid nie in sy regstegniese sin gebruik word nie, is sodanige gebruik aanvaarbaar.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

385

Regter Froneman (par. 24) vat die voorgaande bespreking soos volg saam:

So, in summary, this Court’s judgment in Country Cloud is no authority for the proposition that the deprivation of contractual rights in delictual claims for interference with contractual relations is prima facie unlawful. Nor did it lay down that in inducement cases the wrongfulness enquiry need not be concerned with the duty not to cause harm or the infringement of rights. And it confirmed that the degree or intensity of fault may indeed play an important role in the wrongfulness enquiry in these kinds of claims.

In die lig van die feit dat hy die drie stellings wat Masstores (HHA) ten aansien van die beslissing in Country Cloud (KH) gemaak het, weerlê het, bevind regter Froneman (par. 25) dat Masstores se handeldryf as ’n algemene supermark Pick n Pay nie ontneem het van sy reg om voort te gaan om as ’n supermark in die winkelsentrum handel te dryf nie; dit kon Pick n Pay wel van ’n gedeelte van sy handelsbelang ontneem het, naamlik sy reg op eksklusiwiteit, maar Masstores het nie daardie eksklusiwiteit vir homself toegeëien (usurped) nie – “[i]t claims no entitlement to exclusivity”. Gevolglik het Pick n Pay nie onregmatigheid op grond van bemoeiing met ’n kontraktuele verhouding deur Masstores bewys nie.

Die vraag is egter of Masstores hom nie aan ’n uitgebreide vorm van die delik van onregmatige mededinging skuldig gemaak het nie (par. 27–9)); en hier (par. 30) moet die algemene beginsels van Aquiliese aanspreeklikheid toegepas word, te wete of daar ’n onregmatige, skuldige handeling was wat skade (hier suiwer ekonomiese verlies) aan ’n ander veroorsaak het. Onregmatigheid word bepaal met verwysing na die skadelike gevolg en nie die handeling nie (vgl. Neethling en Potgieter 2015:36–7), en in gevalle van onregmatige mededinging word erken dat die verlies in die aantasting van die reg op die werfkrag of die regsplig om hierdie reg te respekteer, geleë is (par. 30). Alhoewel die algemene reg op die werfkrag in ons reg beskerming geniet, is dit nie hierdie reg wat Pick n Pay wil beskerm nie, maar sy uitsluitende reg om handel te dryf ingevolge sy huurooreenkoms met Hyprop. Regter Froneman vervolg (parr. 33, 36):

Our law does not usually recognise this kind of exclusive right as worthy of general protection. The reason lies in the fact that the underlying purpose of the law of unlawful competition is to protect free competition, not to undermine it by making it less free. Our courts have often acknowledged the need for protection of free competition as an important policy consideration when assessing the unlawfulness of competitive conduct by confirming the need for free and active competition or by taking into account that by prohibiting competition an unlimited monopoly will be bestowed upon the complainant … As a general proposition then, there is no legal duty on third parties not to infringe contractually derived exclusive rights to trade. (Sien veral ook Taylor & Horne (Pty) Ltd v Dentall (Pty) Ltd 1991 1 SA 412 (A) 421–2, aangehaal in par. 34.)

Die vraag ontstaan nou of die omstandighede in casu ’n ander bevinding regverdig. Na ’n deeglike ondersoek kom regter Froneman (parr. 37–46) tot die slotsom dat analoë beredenering op grond van bestaande gesag nie ’n oortuigende saak vir die uitbreiding van die beskerming van Pick n Pay se uitsluitende reg uitmaak nie. Dit kan aanduidend daarvan wees dat die uitbreiding dan nie moet plaasvind nie, of miskien dat dit eerder in die algemene beginsels gesoek moet word (par. 47). Ten einde onregmatigheid vas te stel in gevalle wat nie

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

386

deur bestaande presedente gedek word nie, moet die boni mores- of redelikheidskriterium ingespan word. Hierdie toets is volgens hom (par. 48) onlangs verfyn deur die Hoogste Hof van Appèl met betrekking tot aangeleenthede waarby onregmatige mededinging nie betrokke was nie. Die verfyning lê uiteindelik waarskynlik in die erkenning dat die onregmatigheidsondersoek “questions the reasonableness of imposing liability”. Hierop laat regter Froneman – en dit is baie belangrik – volg: “Recognising that reality, however, does not necessarily assist in determining when it is reasonable to do so.”

Regter Froneman (par. 49) vervolg dat, omdat die boni mores of redelikheidskriterium op sigself egter dikwels te vaag is om ’n rasionele maatstaf vir die afbakening van die reg op die werfkrag by die onregmatigheidsondersoek te verskaf, Van Heerden en Neethling (2008:128–33) aanbeveel dat die mededingingsprinsiep vir hierdie doel ingespan moet word (129, en vn. 83):

The competition principle is therefore that the competitor who delivers the best or fairest (most reasonable) performance, must achieve victory, while the one rendering the weakest (worst) performance, must suffer defeat.

Victory over a rival may be obtained in two ways: either by offering the same performance at a lower price, or by bettering performance at the same price.

Regter Froneman (par. 50) wys ook daarop dat Van Heerden en Neethling (2008:132–3) erken dat hierde beginsel behoorlik toegepas kan word net waar die aktiwiteite van die mededingers vergelykbaar is, of anders gestel, waar hulle op gelyke voet meeding (“the playing fields are even”). Waar dit die geval is, of in die skrywers se woorde, waar daar prestasie- (meriete-) mededinging is, sal mededingende optrede deur ’n mededinger in beginsel regmatig wees. Word die mededingingsprinsiep op die feite in casu toegepas, word dieselfde gevolgtrekking volgens die regter (par. 51) gemaak, naamlik dat daar as algemene stelling geen regsplig op derde partye rus om nie ’n kontraktueel uitsluitende reg om handel te dryf aan te tas nie. Die onderliggende rasionaal is dieselfde: ’n uitsluitende reg om handel te dryf, maak die mededingingsterrein ongelyk.

Die vraag ontstaan (par. 52) of daar nie desnieteenstaande elders ruimte vir ’n deliktuele eis bestaan nie. Volgens die regter is dit inderdaad moontlik. Die regverdiging vir so ’n eis sal dan nie lê in die direkte inwerking op Pick n Pay se kontraktueel uitsluitende reg om handel te dryf, of in die verbreking van ’n plig om dit te respekteer nie, maar moontlik in die onredelike wyse waarop Masstores sy eie regte gebruik of uitgeoefen het. Aanspreeklikheid in hierdie tipe omstandighede is al beskryf as gegrond in kwaadwillige motief (malice) of as misbruik van reg (abuse of rights) of waar die graad van opset en ander skuldverwante elemente soos motief hoogs relevant kan wees om onregmatigheid daar te stel. Dit is egter ’n aangeleentheid wat later aandag sal moet ontvang. (Vgl. oor misbruik van reg die onlangse beslissing van die Hoogste Hof van Appèl in Koukoudis v Abrina 1772 (Pty) Ltd 2016 5 SA 352 (HHA).)

Gevolglik slaag die appèl (par. 53). (Vir doeleindes van hierdie bespreking word nie ingegaan op regter Jafta (parr. 55 e.v.) se minderheidsuitspraak, waarin hy van mening is dat Pick n Pay se eis om ’n interdik op kontrak gebaseer is en waarmee regter Froneman tereg korte mette maak nie (parr. 9–10).)

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

387

7. Samevatting en gevolgtrekking

Die belangrikste gevolgtrekkings uit die sake wat hier bo bespreek is, is die volgende:

In eerste instansie erken die howe minstens vier gevalle van bemoeiing met ’n kontraktuele verhouding wat gedingsvatbaar kan wees. In die sake onder bespreking het veral die aanstigtingsgevalle en die gevalle waar ’n kontraksparty nie die prestasie verkry waarop hy ex contractu geregtig is nie, ter sprake gekom. In die hooggeregshowe en die Hoogste Hof van Appèl is aanvaar dat in laasgenoemde geval die bemoeiing deur ’n niekontraksparty met die uitsluitende ooreenkoms tussen ’n handelaar en die eienaar of verhuurder van ’n winkelsentrum onregmatig is. Die Konstitusionele Hof stem egter nie saam nie. Regter Froneman toon oortuigend aan dat sodanige uitsluitende ooreenkomste nie in ons reg as beskermenswaardig teen derdes beskou word nie, omdat dit vrye mededinging aan bande lê. Dit beteken egter nie dat in gevalle waar ’n uitsluitingsklousule nie bestaan nie, die bemoeiing deur ’n derde party wat ’n kontraksparty van sy prestasie ontneem, nie steeds as gedingsvatbaar beskou kan word nie. Dit kan veral gebeur waar die bemoeiing op ’n onredelike wyse geskied, soos waar kwaadwillige motief (malice) of misbruik van reg ter sprake is.

Tweedens aanvaar die howe benede ten onregte dat opset ’n vereiste vir ’n gedingsvatbare bemoeiing met ’n kontraktuele verhouding is, sowel wat die interdik as die Aquiliese aksie betref. Die Konstitusionele Hof neem tereg (by implikasie) aan dat skuld (inbegrepe opset) nie ’n vereiste vir die interdik is nie. Wat opset as skuldvorm vir die Aquiliese aksie in hierdie gevalle betref, is daar gelukkig reeds aanduidings dat die Hoogte Hof van Appèl gewillig is om nalatigheid as voldoende skuldvorm te aanvaar.

Derdens word die tradisionele toets vir onregmatigheid, naamlik die boni mores- of redelikheidskriterium, deurgaans in die sake onder bespreking toegepas. Dit geld ook die Konstitusionele Hof, waar regter Froneman nietemin bereid is om ’n besondere konkretisering van die boni mores-toets, naamlik die mededingingsprinsiep, aan te wend. Hierdie eerste erkenning van die mededingingsprinsiep deur ons hoogste hof stel ’n mylpaal daar in die ontwikkeling van onregmatige mededinging as selfstandige deliktuele skuldoorsaak.

In sowel Shoprite (OKG) as die Konstitusionele Hof word naas die tradisionele boni mores-toets, ook na die nuwe toets vir onregmatigheid – die redelikheid om die dader aanspreeklik te stel – verwys. Sodanige verwysings kan op ’n poging dui om die twee toetse te versoen. Die feit dat die onregmatigheidsondersoek uiteindelik ook te make het met die vraag na die redelikheid om die verweerder aanspreeklik te stel, help egter nie noodwendig om te bepaal wanneer dit redelik sal wees nie. Trouens, vir regter Froneman word die redelikheid om ’n persoon aanspreeklik te stel, bepaal met verwysing na die boni mores-maatstaf, soos gekonkretiseer in die mededingingsprinsiep. In die lig hiervan kan gevra word of dit dan enige nut het om die nuwe toets by die onregmatigheidsvraag te betrek. Dit gebeur maar alte dikwels dat die howe eenvoudig die boni mores-toets toepas en bloot lippediens aan die nuwe toets bewys.

Vierdens beklemtoon die Konstitusionele Hof dat alhoewel onregmatigheid en skuld twee selfstandige deliksvereistes is, die graad of intensiteit van skuld of skuldverwante faktore

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

388

soos kwaadwillige motief of die wete dat nadeel veroorsaak kan word, ’n rol kan speel by die onregmatigheidsvraag. Opset in regstegniese sin kan egter nie hier ter sprake wees nie.

Die uiteinde van die reeks Masstores-beslissings is dat die Konstitusionele Hof aspekte van die bemoeiing met ’n kontraktuele verhouding as deliktuele eisoorsaak grondig onder die loep geneem het en dit duidelik gemaak het dat uitsluitende (exclusive) ooreenkomste tussen ’n supermark en die eienaar of verhuurder van ’n winkelkompleks nie teen mededingers beskerm word nie. Hierdie uitsluitende ooreenkomste word dus getroef deur vrye mededinging, wat beskou word as die lifeblood of commerce (Taylor 421–2) en in sowel sosiale as ekonomiese sin wenslik is. Vrye mededinging word daarom tereg deur die howe beklemtoon as ’n belangrike openbarebeleidsoorweging ten einde die regmatigheid al dan nie van mededinging te bepaal (Neethling 2008:1–2).

Bibliografie Loubser, M. en R. Midgley (reds.). 2012. The law of delict in South Africa. 2de uitgawe. Kaapstad: Oxford University Press. Neethling, J. 2008. Van Heerden-Neethling Unlawful competition. 2de uitgawe. Durban: LexisNexis. —. 2015. Aanspreeklikheid weens ’n late: Versoening tussen die tradisionele en nuwe toets vir deliktuele onregmatigheid, of nie? LitNet Akademies, 12(3):810–22. Neethling, J. en J.M. Potgieter. 2012. Borderline between the law of contract and the law of delict. Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, 75(1):107–16. —. 2013. The law of delict. 2011 Annual Survey of South African Law, ble. 747–847. Claremont: Juta. —. 2014. Wrongfulness and delictual liability for rugby injuries: Roux v Hattingh (SCA). South African Law Journal, 131(2):244–53. —. 2015. Neethling-Potgieter-Visser Deliktereg. 7de uitgawe. Durban: LexisNexis. —. 2016. The law of delict. 2014 Annual Survey of South African Law, ble. 762–71. Claremont: Juta. —. 2017. The law of delict. 2015 Annual Survey of South African Law. Claremont: Juta. Van der Walt, J.C. en J.R. Midgley. 2005. Principles of delict. 3de uitgawe. Durban: LexisNexis.

Eindnota 1 Prof JM Potgieter erken met dank die finansiële bystand van die College Research and Innovation Committee (CRIC) van die Regskollege van die Universiteit van Suid-Afrika om navorsing in Cambridge, Engeland te doen en stel die CRIC vry van enige verantwoordelikheid vir die menings en gevolgtrekkings in hierdie bydrae vervat.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

389

Vonnisbespreking: Swembaddens, visdamme, ander waterpoele en kinderslagoffers

– deliktuele aanspreeklikheid CA v GS [2016] 4 All SA 386 (WKK)

BS v MS 2015 6 SA 356 (GP)

Johann Neethling en Johan Potgieter

Johann Neethling, Departement Privaatreg, Universiteit van die Vrystaat Johan Potgieter, Departement Privaatreg, Universiteit van Suid-Afrika1

Abstract

Swimming pools, fishponds, other water pools and child victims – delictual liability

In this discussion the decisions in CA and BS, pertaining to the injury to children as a result of near-drowning, are analysed. It is clear that it is expected of the owner or occupier of premises on which a dangerous situation such as the presence of a swimming pool or fishpond exists, to inform visiting parents of small children of the danger, unless the parents acquire such knowledge by other means. If the danger is conspicuous, obvious and easy to avoid, it will be sufficient to release the occupier of his duty. Where the owner or occupier fails to bring the danger to the attention of the parents and a child is injured as a result of the dangerous situation, the owner or occupier may in principle be sued delictually.

Nevertheless, the primary responsibility for the safety of children rests with their parents. It is their duty to ensure that their children do not wander around on premises where dangers lurk, even if for a very short period, as happened in both CA and BS. It would be socially unacceptable if a parent could shift the responsibility of looking after her child on to the occupier of the property, especially where the parent knows about the danger. However, where the occupier or owner (or anyone else) (expressly or tacitly) accepted the responsibility to supervise the child, the parents may be released from their duty of care.

In our law it is clear that where parents, as a result of carelessness or even indifference (gross negligence), fail to supervise their children as a result of which the children are exposed to near-drowning (and serious injury such as permanent brain damage), the injured children, because of the close relationship between parents and children, will probably have no action against their parents. Actions between parents and children should, on ethical grounds, be

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

390

viewed with circumspection. As far as is known, a child has never succeeded in our law with a delictual claim against his or her parent. Be that as it may, where the child’s damage was caused by the negligence of the parents as well as that of the owner or occupier, they should be regarded as joint wrongdoers against the child and the normal rules regarding joint wrongdoers should apply to them.

Conversely, the parents or the child, assisted by the parents, can succeed with a delictual claim against the owner or occupier of a dangerous premises who, through negligence, caused harm to the child – naturally if all the delictual requirements have been met. As to the claim of the parents for the damage they suffered, the child and the occupier will be regarded as joint wrongdoers if the child was culpae capax at the relevant time, and contributed to the damage through his or her own negligence. Furthermore, the contributory negligence of the parents, as well as that of a child who is culpae capax, may play a role in reducing the damages that the owner or occupier has to pay.

Keywords: apportionment of damages; boni mores; children; contributory negligence; dangerous property; delict; drowning; factual causation; fishpond; joint wrongdoers; legal duty; near-drowning; negligence; occupier; parents; property owner; police; reasonable person; supervision; swimming pool; wrongfulness

Trefwoorde: amper-verdrinking; bewoner; boni mores; bydraende nalatigheid; delik; eienaar; feitelike kousaliteit; gevaarlike eiendom; kinders; mededaders; nalatigheid; onregmatigheid; ouers; polisie; redelike persoon; regsplig; toesig; swembad; verdeling van skadevergoeding; verdrinking; visdam

1. Inleiding

Daar het die afgelope jaar of twee minstens twee gerapporteerde beslissings verskyn oor jong kinders wat die slagoffers was van die reële gevaar wat swembaddens en visdamme inhou. Dit is egter nie naastenby ’n aanduiding van die amper endemiese voorkoms van gevalle van ernstige beserings (en selfs sterfgevalle) van kinderslagoffers in swembaddens en ander waterpoele nie. Trouens, volgens mediaberigte is verdrinking naas motorongelukke die grootste oorsaak van kindersterftes in Suid-Afrika. In hierdie bespreking fokus ons op die deliktuele aanspreeklikheid wat uit hierdie tragiese gevalle kan voortspruit, en hier val die soeklig veral op die beslissings in CA en BS (sien ook oor lg. Neethling 2016a:798 e.v.; Neethling en Potgieter 2017).

As vertrekpunt is die volgende dictum van regter Kollapen in BS (parr. 1–2) op beide beslissings van toepassing:

In Wilford v Little [144 Cal App 2d 477 (1956)] ... the simple but profound observation was made that “an infant is afraid of nothing and in danger of everything when left to his own devices” ... This accurate characterisation of children has continued to provide challenges to legal systems across the world in how children are to be best protected against their own curiosity and vulnerability when they simply act as children.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

391

Dit is die oogmerk van hierdie bydrae om die vermelde twee uitsprake te ontleed en die betrokke regsbeginsels duidelik uiteen te sit.

2. Feite en pleitstukke

In CA is ’n twee-en-’n-halfjarige dogtertjie (CA1) ontdek waar sy in die swembad op die perseel van die verweerders (GS en LS) gedryf het. Haar ouers, CA en MA, in sowel hul persoonlike as verteenwoordigende hoedanighede, stel ’n deliktuele eis vir skadevergoeding van amper R63 miljoen teen die verweerders in vir die beserings wat CA1 na bewering as gevolg van die ongeluk opgedoen het. Die eisers beweer dat die verweerders nalatig was omdat hulle versuim het om redelike stappe te doen ten einde te verseker dat die swembad behoorlik omhein of andersins beveilig was, of om te verseker dat die swembad se hek toe of voldoende beveilig was, of om voorsienbare skade aan persone op hulle eiendom, veral klein kinders, te voorkom terwyl hulle sodanige benadeling deur die uitoefening van behoorlike sorg kon voorkom het (parr. 1–4). Die verweerders ontken dat hulle nalatig was en voer aan dat CA1 se beserings deur die uitsluitlike nalatigheid van MA, die kind se moeder (die tweede eiser) veroorsaak is omdat sy CA1 na die verweerders se perseel gebring het wel wetende dat daar ’n swembad en onbeskermde visdam is waarin CA1 kon val; dat sy versuim het om CA1 onder haar sorg en beheer te hou en toegelaat het dat sy sonder toesig op haar eie op die eiendom ronddwaal sonder om seker te maak dat dit veilig was (parr. 5–6). As alternatief pleit die verweerders dat indien bevind word dat hulle nalatig was, MA, in haar hoedanigheid as moeder en natuurlike voog van CA1, nalatig was op die gronde soos aangevoer, en dat die nalatigheid kousaal tot CA1 se beserings bygedra het (par. 8). Indien wel, moet die eisers se eise verminder word in ooreenstemming met die bepalings van artikel 1(1)(a) van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding 34 van 1956 in die mate waarin dit regverdig en billik is met verwysing na MA se skuld met betrekking tot die skade (parr. 7–8). Om op te som: waarnemende regter Donan word versoek om te bepaal of GS, of LS, of beide, teenoor die eisers aanspreeklik is vir hul nalatigheid, en of die verhaalbare skadevergoeding verminder moet word in ooreenstemming met die persentasie van MA se bydraende nalatigheid (par. 14).

In BS het die eiser, sy vrou en hul twee dogters, die een (B) ’n minderjarige wat pas begin loop het, ’n sosiale besoek by hul familie (die verweerders) by hul huis afgelê. Die doel van die besoek was om biltong en droëwors op te hang en om die wild te pak en te verdeel wat die eiser en eerste verweerder die vorige dag geskiet het. Terwyl die vier volwassenes vir doeleindes hiervan in die motorhuis was, het B af en toe by die motorhuis in- en uitgegaan. ’n Rukkie later het die eiser se gade en die tweede verweerder die motorhuis verlaat en ooreengekom om toesig oor B te hou. Nadat die biltong en droëwors opgehang is, het die eiser en die eerste verweerder die motorhuis verlaat en hul gades aangetref waar hulle vlakby die visdam gesit het. Die eiser het die huis binnegegaan om sy hande te was en weer uitgegaan. Terwyl hy buite was, het hy iemand hoor skree en toe hy die huis binnestorm, was sy vrou besig om B uit die visdam te lig. B het nie ’n pols gehad of asemgehaal nie, met die gevolg dat die eiser onmiddellik begin het om kardiopulmonêre resussitasie (KPR) toe te pas en daarmee voort te gaan totdat hulle die hospitaal bereik en mediese personeel oorgeneem het. Hulle het daarin geslaag om B by te bring, maar sy het massiewe, permanente breinskade opgedoen. As gevolg daarvan kan B nie loop, praat of na haarself omsien nie en vereis sy volgehoue toesig en sorg.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

392

Die eiser stel in sy hoedanigheid as vader en voog van B ’n eis om skadevergoeding teen die verweerders in. Hy steun op nalatigheid aan die kant van die verweerders, individueel en gesamentlik, in een of meer van die volgende opsigte: hul versuim om die visdam voldoende te beveilig; hul versuim om met die nodige sorg op te tree; hul versuim om die ongeluk te voorkom toe dit voorkom kon of moes gewees het; daar was geen of onvoldoende waarskuwing aan gaste oor die visdam; ’n gevaarlike situasie is op hul eiendom geskep of daar is toegelaat dat dit voortduur; daar was nie behoorlike toesig oor die minderjarige nie; gaste is nie behoorlik vergesel in die omgewing van die visdam nie; en die visdam was onwettig (parr. 13–4). Aan die ander kant beweer die verweerders dat B se ma kort voor die insident uitdruklik onderneem het om B te versorg en toesig oor haar te hou. Hulle pleit voorts dat B se ouers albei ten tye van die ongeluk teenwoordig was en dat hulle versuim om behoorlike toesig oor B uit te oefen die alleenoorsaak van die ongeluk was (parr. 15–6). Volgens regter Kollapen (par. 25) was die regsaspekte wat aandag moes geniet, of die verweerders ’n regsplig teenoor B gehad het om in die algemeen toesig oor haar te hou en spesifiek met betrekking tot die moontlike gevaar wat die visdam ingehou het; en tweedens, indien die antwoord hierop bevestigend is, of die waarskuwing aan die eiser en sy vrou oor die gevaar van die visdam redelik (voldoende) was, dan wel of meer as ’n waarskuwing van die verweerders vereis is.

3. Beslissings

3.1 Onregmatigheid

Onregmatigheid by aanspreeklikheid weens ’n late, wat in beide die onderhawige sake ter sprake kom, word tradisioneel vasgestel met verwysing na die vraag of daar volgens die boni mores- of redelikheidsmaatstaf ’n regsplig op die verweerder gerus het om benadeling te voorkom, met ander woorde of daar redelikerwys (of volgens die boni mores) van die verweerder verwag kon gewees het om positief op te tree (sien bv. Van Eeden v Minister of Safety and Security 2003 1 SA 389 (HHA) 395; Lee v Minister of Correctional Services 2013 2 SA 144 (KH) 167; Neethling en Potgieter 2015:58–9, 60 e.v.; Loubser en Midgley (reds.) 2012:219–20; Van der Walt en Midgley 2005:84).

Anders as in BS, het die vraag of die verweerders onregmatig opgetree het, in CA nie in soveel woorde aandag geniet nie. Waarnemende regter Donan verwys amper in die verbygaan daarna dat die verweerders in beheer van die eiendom, en dus van die (gevaarlike) swembadarea was, dat die oop swembadhek uitdruklik onder LS se aandag gebring is (wete of kennis van die gevaar gehad het), en dat sy ’n regsplig gehad het om iets omtrent die gevaar te doen, maar versuim het om dit te doen. Daar is bevind dat GS ook GS ’n plig gehad het om die hek te beveilig: hy was die eienaar en persoon in beheer van die swembad, hy was betrokke by die gereelde onderhoud en herstel van die huis, insluitend die beveiliging van die swembadhek, en ook hy was bewus van die risiko wat die swembad ingehou het (par. 69).

In BS gee regter Kollapen spesifiek aandag aan die onregmatigheidsvraag en verskaf in hierdie verband ’n uiteensetting van die boni mores-maatstaf (parr. 26–7). Hy verwys na Minister van Polisie v Ewels 1975 3 590 (A) 596–7, die locus classicus in ons reg vir aanspreeklikheid weens ’n late waar die hof bevind het dat onregmatigheid aanwesig is in omstandighede waar die regsoortuigings van die gemeenskap ’n regsplig vereis om ander

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

393

teen nadeel te beskerm. Hy verklaar in die algemeen ook dat “[t]hese legal convictions of the community are firmly established as the criterion for wrongfulness in all cases of delict”. Indien die boni mores-toets op die feite in die onderhawige omstandighede toegepas word, is dit volgens regter Kollapen (par. 33) duidelik dat die gemeenskap redelikerwys van die verweerder sou verwag het om B teen moontlike skade by die visdam te beskerm. Hy verduidelik dit soos volg (par. 34):

Community and family members invite people to their homes for social functions on a regular basis and, even though a legal duty exists created by society’s reasonable expectancy that neither they nor their children will be exposed to harm or injury upon visiting the property of another upon invitation, it cannot be said that society would reasonably expect a property owner to go beyond reasonable means in order to make his or her property safe, as this would place an unfair duty on property owners and would also serve to discourage social interaction.

Gevolglik besluit die hof (par. 35) dat daar ’n regsplig op die verweerders was om stappe te doen om B teen benadeling by die visdam te beskerm. Hierdie plig is ook in ooreenstemming met artikel 28(2) van die Grondwet wat vereis dat ’n kind se beste belang deurslaggewend belangrik is by elke aangeleentheid wat die kind raak.

Terwyl regter Kollapen die aard van die regsplig van huisbewoners uiteensit in gevalle van normale sosiale omgang, is dit insiggewend om kortliks te let op Minister of Safety and Security v Rudman 2005 2 SA 16 (HHA) waarin appèlregter Van Heerden in ’n minderheidsuitspraak beslis het dat daar geen regsplig op die polisie rus om mense van verdrinking te red of om KPR toe te pas op amper-verdrinkte slagoffers nie (par. 63). Hier het ’n seuntjie in ’n swembad geval nadat sy stiefbroer, sonder om die kind se oppasser daarvan te verwittig, die veiligheidsnet van die swembad afgehaal en die skuifdeur wat die woonkamer met die swembad verbind, asook die konsertinaveiligheidshek voor die skuifdeur, oopgemaak het. Die polisie se hulp is ingeroep en toe ’n polisiebeampte (B) by die huis aankom, was ’n jong man (K), wat op die kind in die swembad afgekom het, besig om hom deur middel van KPR te probeer bybring. B het K versoek om eenkant toe te staan, die kind self ondersoek en hom dood verklaar. Kort daarna het ’n paramedikus op die toneel aangekom, onmiddellik met KPR voortgegaan en daarin geslaag om hom by te bring. Later is vasgestel dat die kind onomkeerbare, ernstige breinskade opgedoen het. Appèlregter Van Heerden ondersoek die vraag of daar ’n regsplig op ’n polisiebeampte in die posisie van B rus om mense van verdrinking te red of KPR op amper-verdrinkte slagoffers toe te pas. Die regter ontken dat sodanige plig bestaan, omdat daar oortuigende openbare oorwegings is wat daarteen spreek. Die primêre funksies en doeleindes van die polisiediens is om misdaad te voorkom, op te spoor en te ondersoek en die erkenning van bedoelde regsplig kan die potensiaal hê om die doeltreffende funksionering van die polisie te ontwrig en die voorsiening van substansiële bykomende opleiding en hulpbronne verg. Alhoewel die morele oortuigings van die gemeenskap kan verlang dat daar so ’n regsplig behoort te bestaan, sal die regsoortuigings van die gemeenskap nie vereis dat B se versuim om noodbehandeling toe te pas, as onregmatig beoordeel moet word nie (par. 63). Hierdie bevinding is vatbaar vir kritiek (sien Neethling 2006:369 e.v.). Daar bestaan geen twyfel nie dat in die huidige menseregtebedeling, waar dit oor die beskerming van die fisies-psigiese integriteit gaan, die verwagtinge van die gemeenskap oor dienslewering deur die polisie sterker is as voor die era van die nuwe Grondwet. Hierdie beskouing word ook onderstreep deur die feit dat daar waarskynlik geen akademiese kommentator is wat in beginsel teen die oplegging van

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

394

bedoelde regsplig gekant sou wees nie (vgl. Neethling en Potgieter 1996:333 e.v.; Scott 1995:158; Burchell 1995:211 e.v.; Neethling en Potgieter 2015:77 vn. 262).

3.2 Nalatigheid

In CA beslis waarnemende regter Donan, na versigtige oorweging van die getuienis (parr. 15–64) en toepassing van die klassieke redelike voorsien-en-voorkombaarheidstoets vir nalatigheid soos geformuleer in Kruger v Coetzee 1966 2 SA 428 (AD) 430 (parr. 65–6), dat ’n redelike persoon in die posisie van die verweerders sou voorsien het dat die versuim om die swembad se hek te beveilig, redelik moontlik ernstige besering aan ’n twee-en-’n-halfjarige kind kon veroorsaak. Hy verwys (par. 67) in hierdie verband onder meer na die vier faktore vermeld in Ngubane v South African Transport Services 1991 1 SA 756 (A) 776 (sien ook Van der Walt en Midgley 2005:179; Loubser en Midgley (reds.) 2012:125–6; Neethling en Potgieter 2015:157–60) en laat hom soos volg uit:

The four basic considerations which influence the reaction of the reasonable person in a situation posing a reasonable risk of harm to others are: (a) the degree or extent of the risk posed by the actor’s conduct; (b) the gravity of the possible consequences if the risk of harm materialises; (c) the utility of the actor’s conduct; (d) the burden of eliminating the risk of harm ... Consideration of the risk and gravity of consequences, and the ease with which the risk could have been eliminated, would prompt a reasonable person in the position of GS and LS to take steps to prevent such occurrence by securing the pool gate in a closed position (as GS did after the accident) with an effective mechanism.

Regter Donan bevind dan dat die verweerders beduidend nalatig was (par. 71). Hulle het as gesamentlike mededaders opgetree en is gesamentlik en afsonderlik vir dieselfde skade aanspreeklik (par. 72; sien ook Neethling en Potgieter 2015:285–6).

In die BS-saak is ook aandag gegee aan die kwessie of die verweerders in die uitvoering van hul regsplig nalatig opgetree het. In hierdie verband was die vraag of die waarskuwing wat aan die eiser en sy vrou gegee is oor die gevare verbonde aan die visdam, tesame met die feit dat die ouers geweet het van die gevaar (wat hulle erken het), voldoende was dat die verweerders kon verwag het die kind se ouers oor haar toesig sou hou, en indien wel, of daar dan ten volle aan die regsplig voldoen is wat die verweerders teenoor B gehad het (parr. 35, 46). In hierdie verband haal regter Kollapen (par. 47) die volgende dictum uit Cakata v Provincial Insurance Company Ltd 1963 2 SA 607 (D) 611–2 aan:

The fact that an adult is in charge of a child may, however, in certain cases exempt the defendant from a duty of care which would otherwise exist towards the child – the defendant being entitled to assume that the child will be duly protected by his adult, his adult guardian, and therefore is not in danger. In other words, the guardianship of an adult can never excuse the negligence of the defendant towards the child, but it may disprove the existence of any such negligence.

Regter Kollapen (parr. 38, 40, 50–2) aanvaar dat in die konteks van die besondere feite van hierdie saak daar nie van die verweerders verwag kon word om meer te doen as wat hulle reeds gedoen het nie. Die teenoorgestelde standpunt sou ’n groter sorgsaamheidsplig teenoor B op hulle geplaas het as wat van ouers verwag kon word. Gevolglik was die regter tevrede

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

395

dat die waarskuwing wat die verweerders aan die eiser en sy vrou gerig het met betrekking tot die gevaar wat die visdam vir B ingehou het, ’n redelike stap was in die uitvoering van die regsplig van die verweerders teenoor B. Die eis word derhalwe van die hand gewys.

3.3 Bydraende nalatigheid en mededaders

Die moontlike bydraende nalatigheid van MA het in die CA-saak ter sprake gekom. Die hof bevind dat ’n redelike persoon in haar posisie die moontlikheid sou voorsien het dat CA1, indien sy lank genoeg sonder toesig gelaat is om toegang tot die potensiële gevare, insluitend die swembad, op die eiendom te verkry, die swembad sou bereik en beserings sou opgedoen het. Gevolglik sou die redelike persoon ook teen dié moontlikheid gewaak het en daarom was MA bydraend nalatig (parr. 73–6).

Met betrekking tot die toepassing van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding 34 van 1956, bevestig regter Donan dat die funksie van die hof is om die graad van MA se nalatigheid te bepaal met betrekking tot die skade wat veroorsaak is deur haar nalatigheid en dié van die verweerders. Hy vervolg (par. 81):

This must be done on the basis of comparison between the respective negligence of the several parties where there is more than one plaintiff or defendant. (See Jones v Santam Bpk 1965 (2) SA 542 (A) at 555C–D.) Where two or more defendants are liable, the proper approach to apportionment is first to reduce the extent of the recoverable damages in proportion with the plaintiff’s negligence and then to apportion remaining damages between the defendants in accordance with their negligence. The entire process remains subject to considerations of justice and equity. (See Harrington NO and another v Transnet Ltd t/a Metrorail and others 2007 (2) SA 228 (C) at paragraphs 90 and 91 and the cases quoted and referred to there.)

Die hof bevind dat, aangesien geen skuld aan die kind toegeskryf kon word nie, CA en MA se eis in hul verteenwoordigende hoedanighede nie verminder staan te word nie. Hierdie standpunt is korrek, aangesien daar ’n onweerlegbare vermoede is dat kinders onder die ouderdom van sewe jaar ontoerekeningsvatbaar is (sien bv. Weberv Santam Versekeringsmaatskappy Bpk 1983 1 SA 381 (A) 389; Eskom Holdings Ltd v Hendricks 2005 5 SA 503 (HHA) 511). Dit sluit nie alleen die aanspreeklikheid van ’n kind gebaseer op nalatigheid uit nie, maar ook dat die verweer van bydraende nalatigheid teen hom geopper mag word (sien De Bruyn v Minister van Vervoer 1960 3 SA 820 (O) 856–7; Van Oudtshoorn v Northern Assurance Co Ltd 1963 2 SA 642 (A) 647–9). Hierdie standpunt geld natuurlik nie ten aansien van kinders tussen die ouderdomme van sewe en 14 jaar nie. Hierdie kinders word weerlegbaar vermoed ontoerekeningsvatbaar te wees. Die teendeel kan derhalwe bewys word (sien bv. Weber 399; Jones 552–3; Eskom Holdings 511). In hierdie gevalle word met betrekking tot sowel nalatigheid as bydraende nalatigheid eers getoets of die kind ryp genoeg is om ten aansien van die betrokke situasie tussen reg en verkeerd te kan onderskei en sy optrede dienooreenkomstig te kan inrig. Sodoende kan beoordeel word of die kind as toerekeningsvatbaar geag kan word sodat “an old head [is not] placed on young shoulders”. Indien bevind word dat die kind wel culpae capax is, word die gewone redelike-persoontoets vir nalatigheid op die kind toegepas (sien Weber 399–400; Eskom Holdings 511–2; Loubser en Midgley (reds.) 2012:135; Neethling en Potgieter 2015:146–8).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

396

Die volgende voorbeeld kan ter toeligting dien: ’n Tienjarige is herhaaldelik deur sy ouers verbied om alleen, sonder toesig, in ’n gevaarlike gronddam op bure se plot te gaan swem. Desnieteenstaande doen hy dit tog, verdrink amper en doen ernstige breinskade op. Indien die ouers namens die kind ’n eis vir skadevergoeding teen die nalatige buureienaar van die dam instel, behoort die kind se bydraende nalatigheid, waar bevind word dat hy wel ten opsigte van die situasie toerekeningsvatbaar was, tot ’n vermindering van sy eis te lei. Hierbenewens kan die kind en die buureienaar ingevolge artikel 2(1B) van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding as mededaders teenoor die ouers geag word indien hulle ’n eis om skadevergoeding instel. Die ouers kan in beginsel enige van die mededaders aanspreek en die een wat betaal het, het dan ’n regresreg teen die ander. In die praktyk sal die ouers waarskynlik eerder die buureienaar as hul kind aanspreek (Neethling en Potgieter 2015:291).

Om nou terug te keer na die CA-saak. In die mate waarin CA in sy persoonlike hoedanigheid skade kon gely het weens die verweerders en MA se nalatigheid, kan nie gesê word dat hy op enige wyse vir sy eie skade verantwoordelik was en dat sy vrou se nalatigheid teen hom gehou kan word nie. Die regter (par. 83) beroep hom in hierdie verband op Union Government (Minister of Railways) v Lee 1927 AD 202, waar die laastegeleentheidsreël nog gegeld het. Hierdie reël is deur artikel 2(1B) van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding afgeskaf (sien Neethling en Potgieter 2015:180, 290). Desnietemin huldig die meeste beslissings lank reeds die standpunt dat verweerders (hier GS en LS) nie op vermindering van skadevergoeding ingevolge artikel 1(1)(a) van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding aanspraak kan maak nie, eenvoudig omdat die eiser (CA)geen “skuld met betrekking tot die skade” (soos die artikel vereis) het nie en die ander gade (MA) se medewerkende skuld hom nie toegereken kan word nie (sien bv. Van Schalkwyk v Fölscher 1974 4 SA 967 (NK) 968–9; Grové v Ellis 1977 3 SA 388 (K) 389–90; Labuschagne v Cloete 1987 3 SA 638 (T) 645–7; sien ook Neethling en Potgieter 2015:288). Hoe ook al, wat gades wat binne gemeenskap van goed getroud is, betref, het die 1971-wysiging van die wet, vervat in artikel 2(1A), ’n verandering meegebring in die sin dat die verweerders en ’n gade ook nou as mededaders teenoor die ander gade beskou word (soos in die geval van gades wat buite gemeenskap van goed getroud is) (Neethling en Potgieter 2015:288–9). In casu kan GS, LS en MA dus as mededaders teenoor CA beskou word.

Sover dit MA se bydraende nalatigheid aangaan, beslis regter Donan dat haar nalatigheid minder weeg as die gemiddeld van die twee verweerders se blaamwaardigheid. Die hof beslis dat MA se optrede om CA1 vir twee tot drie minute alleen te laat, 30% afgewyk het van die norm van die bonus paterfamilias, terwyl die verweerders se versuim 60% daarvan afgewyk het. Gevolglik behoort MA en die verweerders se verantwoordelikheid vir die skade onderskeidelik op die grondslag van 1 tot 2, of een derde tot twee derdes, bereken te word (sien Jones 555; Neethling en Potgieter 2015:176–7). Die hof ag dit regverdig en billik om die skadevergoeding waarop MA geregtig is, met een derde te verminder in die lig van haar graad van skuld met betrekking tot die skade wat aan CA1 veroorsaak is (par. 83).

3.4 Feitelike kousaliteit

Regter Donan pas in CA die sogenaamde “common sense”-benadering tot feitelike kousaliteit toe soos geformuleer in Lee v Minister of Correctional Services 2013 2 SA 144 (KH) (sien ook Neethling en Potgieter 2015:193–4) en bevind dat sowel die verweerders as MA die gewraakte gevolg veroorsaak het (parr. 79–80).

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

397

4. Kommentaar

Ons stem saam met die uitkoms van beide beslissings, maar het die volgende kommentaar. In CA kon waarnemende regter Donan onregmatigheid as ’n selfstandige delikselement geïdentifiseer en dit duideliker van nalatigheid onderskei het. Wat onregmatigheid betref, is dit geykte reg dat beheer oor ’n gevaarlike (of potensieel gevaarlike) voorwerp ’n faktor kan wees by die bepaling of daar, ooreenkomstig die boni mores, ’n regsplig op die persoon in beheer gerus het om te voorkom dat iemand in die betrokke situasie beseer word (sien bv. Holm v Sonland Ontwikkeling (Mpumalanga) (Edms.) Bpk 2010 6 SA 342 (GNP) 347–8; Butise v City of Johannesburg 2011 6 SA 196 (GSJ) 202; Neethling en Potgieter 2015:65–8). ’n Ander faktor wat op so ’n plig dui, is dat die verweerders bewus was van die moontlikheid van skade, of dit voorsien het, omdat hulle van die gevaarlike situasie geweet het (vgl. ook Za v Smith 2015 4 SA 574 (HHA) 586; Neethling en Potgieter 2015:68). Beide hierdie faktore het ’n belangrike rol in sowel die CA- as die BS-saak gespeel by die bevinding dat daar ’n regsplig op die verweerders gerus het om skade aan die kind te voorkom. In albei sake was hul optrede gevolglik onregmatig.

Deur na te laat om onregmatigheid uitdruklik as ’n delikselement uit te lig, het regter Donan in CA, anders as regter Kollapen in BS, versuim om duidelik genoeg tussen onregmatigheid en nalatigheid te onderskei (par. 69). Hierdie onderskeid kan met verwysing na aanspreeklikheid vir ’n late geïllustreer word. By ’n late het onregmatigheid net te make met die regsplig om skade te voorkom (soos bepaal deur die boni mores) en nie met die stappe wat ’n redelike persoon sou gedoen het om die regsplig uit te oefen (soos regter Donan dit gesien het) nie. Laasgenoemde kwessie het duidelik met nalatigheid te make en kom net na vore wanneer die regsplig om positief op te tree, vasgestel is (sien Neethling en Potgieter 2015:172; Neethling 2016a:805). Wanneer ’n mens hierdie benadering op die CA-saak toepas, is dit duidelik dat daar ’n regsplig op die verweerders gerus het om die kind te beskerm en dat hulle hul regsplig verbreek het en dus onregmatig opgetree het toe die kind in die swembad beland het en beseer is. Bowendien, omdat hulle nagelaat het om behoorlike stappe te doen om die swembad se hek te beveilig, het hulle nie opgetree soos wat ’n redelike persoon in die omstandighede sou gedoen het nie en was hulle daarom ook nalatig. Toegepas op die BS-saak, is dit eweneens duidelik dat daar ’n regsplig op die verweerders gerus het om B te beskerm en dat hulle hul regsplig verbreek en dus onregmatig opgetree het toe B in die visdam beland het en ernstig beseer is. Omdat hulle egter die redelike stap gedoen het om B se ouers te waarsku en aangeneem het dat hulle (die ouers) toesig oor B sou hou, het hulle soos ’n redelike persoon in die omstandighede opgetree en daarom nie nalatig gehandel nie.

Betreffende bydraende nalatigheid en mededaders, is die kernprobleem hoe skadevergoeding tussen ’n bydraend nalatige eiser en mededaders verdeel moet word. Twee benaderings kan in ons reg bespeur word. Regter Donan verwys in CA net na die benadering in Harrington (251 e.v., 256) waarin die sogenaamde eenheidsbenadering (unity approach) gevolg is. Dit behels dat die eiser se bydraende nalatigheid gemeet moet word teen die gesamentlike blaamwaardigheid van die mededaders, beskou as ’n eenheid (“the totality of the tortious conduct of the wrongdoers”). Dit beteken egter nie dat hierdie beginsel altyd in ons reg toegepas word nie. In Santam Insurance Co Ltd v Vorster 1973 4 SA 764 (A) is beslis dat elke mededader se nalatigheid (blaamwaardigheid) vir doeleindes van verdeling afsonderlik bepaal moet word. Hierdie benadering blyk ook uit die Jones-saak 555 waar appèlregter Williams verklaar:

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

398

It is on the basis of comparison between the respective degrees of negligence of the two parties (or several parties if there be more than one claimant or defendant) that the Court can determine in how far the fault or negligence of each combined with the other to bring about the damage in issue. (Ons kursivering)

Met die toepassing van die eenheidsbenadering in Harrington kan nie fout gevind word nie, aangesien die twee mededaders as ‘t ware ineengevleg was omdat die verweerders sowel middellik as direk vir dieselfde skade aanspreeklik was en daarom vir doeleindes van verdeling as ’n eenheid geag kon word. Eweneens was dit in die CA-saak waarskynlik nie nodig om die nalatigheidsgraad van elkeen van die verweerders afsonderlik te bepaal nie en kon die eenheidsbenadering goedskiks toegepas word. Nietemin wonder ’n mens of die benadering in Vorster, waar elke mededader se nalatigheid afsonderlik bepaal is, nie in die algemeen tog ’n billiker resultaat sal oplewer as die ietwat meganiese eenheidsbenadering nie (sien Neethling en Potgieter 2015:180–1; Neethling en Potgieter 2008:354 e.v.). In Harrington 256 word dan ook verklaar dat “the entire process remains subject to considerations of justice and equity” en dat hierdie oorwegings toepaslik raak veral “when the number of the wrongdoers involved or the nature of the conduct in question, would, on a mechanistic application of the formula, give rise to inequitable results”.

5. Slotsom

Uit die twee tragiese sake onder bespreking is dit duidelik dat daar van die eienaar of bewoner van ’n perseel waarop daar ’n gevaarlike toestand soos ’n swembad of visdam is, verwag word om die besoekende ouers van klein kinders van die gevaar in te lig, tensy die ouers op ’n ander wyse reeds daarvan kennis dra. Indien ’n gevaar ooglopend, voor die hand liggend en maklik is om te vermy, sal dit voldoende wees om die bewoner van sy plig vry te stel. Waar die eienaar of bewoner nalaat om die gevaar voldoende onder die aandag van die ouers te bring en ’n kind as gevolg van die gevaartoestand beseer word, kan die eienaar of bewoner in beginsel deliktueel aangespreek word.

Desnietemin rus die primêre verantwoordelikheid vir die veiligheid van kinders op hul ouers. Dit is hul plig om toe te sien dat hul kinders nie alleen ronddwaal op persele waar gevare skuil nie, al is dit net vir ’n baie kort tydjie, soos in sowel BS as CA gebeur het. Dit sou sosiaal onaanvaarbaar wees as ouers die verantwoordelikheid om na hul kinders om te sien, op die bewoner van die eiendom kon afskuif, veral waar die ouers van die gevaar geweet het. Waar die bewoner of eienaar (of enigiemand anders) egter die verantwoordelikheid om na die kind om te sien (uitdruklik of stilswyend) aanvaar het, kan die ouers van hul sorgsaamheidsplig vrygestel word.

In ons reg is dit duidelik dat indien ouers weens onsorgvuldigheid of selfs onverskilligheid (growwe nalatigheid) nie behoorlik na hul kinders omsien nie, waardeur die kinders aan amper-verdrinking (en ernstige beserings soos permanente breinskade) blootgestel word, die beseerde kinders, as gevolg van die noue verwantskap tussen ouers en kinders, waarskynlik geen deliksaksie teen hul ouers het nie. Aksies tussen ouers en kinders word om etiese redes met omsigtigheid bejeën. Sover bekend, het ’n kind nog nooit in ons reg met ’n deliktuele eis teen sy of haar ouer geslaag nie (sien Neethling en Potgieter 1992:483; Neethling 2016b:546–7). Hoe ook al, waar die kind se skade deur sowel die ouers as die eienaar of bewoner se

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

399

nalatigheid veroorsaak word, behoort hulle as mededaders teenoor die kind beskou te word en behoort die normale reëls met betrekking tot mededaders van toepassing te wees (vgl. Neethling en Potgieter 2015:291).

Hierteenoor kan die ouers of die kind, bygestaan deur sy of haar ouers, slaag met ’n delikseis teen die eienaar of bewoner van die gevaarlike perseel wat deur sy nalatigheid skade aan die kind veroorsaak het – vanselfsprekend mits aan alle deliksvereistes voldoen is. Wat die ouers se eis betref vir skade wat hulle gely het, sal die kind en die eienaar as mededaders beskou word indien die kind toerekeningsvatbaar was en deur sy eie nalatigheid die skade saam met die nalatige eienaar of bewoner veroorsaak het. Hierbenewens kan die bydraende nalatigheid van die ouers, asook dié van ’n toerekeningsvatbare kind, ’n rol speel om die omvang van die skadevergoeding wat die eienaar of bewoner moet betaal, te verminder.

(Die voorgaande uiteensetting is ook in ooreenstemming met die benadering in verskeie Westerse regstelsels: sien Neethling 2016a:805–6.)

Bibliografie

Burchell, J.M. 1995. The role of the police: public protector or criminal investigator? South African Law Journal, 112(2):211–6.

Loubser, M. en R. Midgley (reds.). 2012. The law of delict in South Africa. 2de uitgawe. Kaapstad: Oxford University Press.

Neethling, J. 2006. Afwysing van ’n regsplig op polisiebeamptes om die reg op die fisies-psigiese integriteit en sekerheid van die persoon buiteom misdaadsituasies te beskerm: die hoop beskaam. Obiter, 27(2):369–78.

—. 2016a. Delictual liability for an omission: the tragic fishpond incident. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 4:798–806.

—. 2016b. The Constitutional Court affirms the potential existence of an action for wrongful suffering as a result of disability (wrongful life) in South African law. Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, 79(4):533–50.

Neethling, J. en J.M. Potgieter. 1992. Aquiliese aksie van ’n kind vir mediese koste weens persoonlike beserings. Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, 55(3):480–4.

—. 1996. Regsplig van polisie om suiwer ekonomiese verlies te voorkom. Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, 59(2):333–9.

—. 2008. Mededaders en bydraende nalatigheid aan die kant van die eiser. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 2:354–8.

—. 2015. Neethling-Potgieter-Visser Deliktereg. 7de uitgawe. Durban: LexisNexis.

—. 2017. The law of delict. 2015 Annual Survey of South African Law. Claremont: Juta.

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 1, 2017, ISSN 1995-5928

400

Scott, T.J. 1995. Die regsplig by ’n late en die veroorsaking van suiwer ekonomiese verlies, De Jure, 27(1):158–64.

Van der Walt, J.C. en J.R. Midgley. 2005. Principles of delict. 3de uitgawe. Durban: LexisNexis.

Eindnota

1 Prof JM Potgieter erken met dank die finansiële bystand van die College Research and Innovation Committee (CRIC) van die Regskollege van die Universiteit van Suid-Afrika om navorsing in Cambridge, Engeland te doen en stel die CRIC vry van enige verantwoordelikheid vir die menings en gevolgtrekkings in hierdie bydrae vervat.

LitNet Akademies Jaargang 13, Nommer 3, 2016, ISSN 1995-5928

Inligting oor LitNet Akademies LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing. Die akademiese artikels word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Menings-afdeling en resensie-essays in ons Boeke en skrywers-node. LitNet Akademies betaal R9 000 navorsingsgeld vir portuurbeoordeelde gepubliseerde artikels direk aan die navorser. LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie, en die skrywers van artikels behou kopiereg. Besoek http://litnet.co.za/Category/akademies/litnet-akademies vir nog inligting, asook styl- en voorleggingsriglyne.

Uitgewer: LitNet LitNet Akademies is ʼn geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal. Besoek: http://www.litnet.co.za/Category/akademies/litnet-akademies E-pos: [email protected] Telefoonnommer: 021 886 5169 ISSN 1995-5928

Ondersteun deur:

LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en

vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikels is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en

kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.