Upload
others
View
20
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
1
INHOUDSOPGAWE BLADSY
1. BELANGRIKE DATUMS.......................................................................................….. 2
2. INSKRYWINGSGELD EN SLUITINGSDATUMS.................................................…... 2
2.1 Sluitingsdatum vir inskrywingsvorm A ................................................................ 2
2.2 Sluitingsdatum vir inskrywingsvorm B................................................................. 2.3
Bankbesonderhede......................................................................................................... 2
3. KANSELLASIEBELEID................................................................................…………. 3
3.1 Verloop van die kompetisie.................................................................................. 3
4. TEMAS........................................................................................................................ 3
5. PLEKKE EN DATUMS VIR EERSTE UITDUNRONDES............................................ 4
6. PLEKKE EN DATUMS VIR SEMIFINALE RONDES.................................................. 5/6
7. AFRIKAANS HUISTAAL............................................................................................. 6
7.1 Inskrywingsgetalle............................................................................................... 6
7.2 Tyd en punteverhoudings van toesprake............................................................ 7
7.3 Strafpunte............................................................................................................ 8
7.4 Onvoorbereide toesprake.................................................................................... 8
7.5 Pryse................................................................................................................... 8
8. AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL............................................................................ 9
8.1 Kriteria................................................................................................................. 9
8.2 Inskrywingsgetalle............................................................................................... 9
8.3 Tyd en punteverhoudings van toesprake............................................................ 10
8.4 Strafpunte............................................................................................................ 10
8.5 Onvoorbereide toesprake.................................................................................... 10
8.6 Pryse................................................................................................................... 11
9. REËLS.......................................................................................................................
11/12
10. KONTAKBESONDERHEDE.................................................................................... 12
2
ATKV-Redenaars gee vir leerders die platform om hul sê met selfvertroue in Afrikaans te sê. ’n
Vaardigheid wat hulle in die toekoms aan die voorpunt van hul veld sal plaas.
1. BELANGRIKE DATUMS
Eerste uitdunrondes: 11 Maart tot 17 Mei 2019.
Semifinale rondes: 10 Mei tot 08 Junie 2019.
Die finaal vind plaas by ATKV-Goudini Spa - Graad 1 tot 7: 01 Augustus 2019 - Graad 8 tot 12: 02 Augustus 2019 2. INSKRYWINGSGELD EN SLUITINGSDATUMS Inskrywingsgeld: R185 per leerder.
2.1 Sluitingsdatum vir inskrywingsvorm A (slegs Suid-Afrika)
Net die getal leerders wat gaan deelneem.
Voor die sluitingsdatum van 15 Februarie 2019 beloop die koste R185 per leerder.
Ná die sluitingsdatum beloop die laat inskrywingsgeld R280 per leerder.
GEEN inskrywings word ná 28 Februarie 2019 aanvaar nie. 2.2 Sluitingsdatum vir inskrywingsvorm B: Drie weke vóór die uitdunronde begin
Die name van die deelnemers en hulle onderwerpe moet drie weke vóór die uitdunronde van die streek begin, aan die betrokke streeksorganiseerder ge-e-pos of gefaks word. Sien die kontakinligting vir die streeksorganiseerders op bladsy 4, 5 en 6.
Skole wat inskryf, moet by die betrokke streeksorganiseerder opvolg of die inligting wel ontvang is.
Sluitingsdatums (slegs Namibië) Die sluitingsdatum vir inskrywingsvorm A is 22 Maart 2019. Die sluitingsdatum vir inskrywingsvorm B is 17 Mei 2019. Faks of e-pos asseblief die inskrywingsvorm A (slegs getalle) en ’n afskrif van die bewys van betaling aan Jacqueline Göttert by 011 919 0227 of [email protected]. Die korrekte verwysing moet gebruik word, naamlik: Redenaars en die skool se naam. 2.3 Bankbesonderhede
Bank: Absa, Randburg
Rekeningnaam: ATKV
Rekeningnommer: 0170166728
Tipe rekening: Tjekrekening
Takkode: 632005
Verwysing: Redenaars en die skool se naam
Byvoorbeeld: Redenaars HS Water
3
3. KANSELLASIEBELEID
Skriftelike kennisgewing van onttrekking/kansellasie moet minstens 30 dae vóór die aanvang van die
eerste uitdunronde in jou streek deur die ATKV ontvang word. Indien die geleentheid deur die ATKV
gekanselleer word, sal die inskrywingsgeld terugbetaal word.
3.1 Verloop van die kompetisie
Die kompetisie verloop soos volg: Eerste uitdunronde, semifinale ronde en nasionale finaal. Die ATKV
bepaal die getal deelnemers wat aan die semifinale ronde deelneem. Die skole sal in kennis gestel word en
die name van die deelnemers vir die semifinale ronde sal tien dae ná afhandeling van die uitdunronde op
die ATKV-webwerf, www.atkv.org.za,verskyn. Die getal deelnemers wat deurdring na die finaal word deur
die ATKV bepaal en na gelang van die aantal inskrywings per streek.
4. TEMAS
Huistaal
GRAAD 1 - 3
maniere
droom
jok
Huistaal en Addisionele Taal
GRAAD 4 - 5 GRAAD 6 - 7 GRAAD 8 - 9 GRAAD 10 - 12
spaar vrees waarheid navigeer
kuns dink beelde toue
frons dans deure magnete
Uit die tema moet ’n onderwerp geformuleer word wat ’n standpunt bevat, en die standpunt moet aan die
hand van argumente en bronne beredeneer word. Dit is met ander woorde ’n beredeneerde toespraak en
nie ’n praatjie nie.
Deelnemers sal gepenaliseer word indien toesprake van vorige jare en/of gedupliseerde toesprake
gelewer word.
BAIE BELANGRIK: Ons doen weer ’n beroep op jou om asseblief deelnemers en ouers te ontmoedig om toesprake te koop. Moedig hulle eerder aan om die ATKV-handleiding vir die skryf van toesprake te bestel en aan te koop. Die bestelvorm is beskikbaar op die ATKV-webwerf, www.atkv.org.za. Dit het onder die ATKV se aandag gekom dat al hoe meer mense en organisasies op die ATKV se rug ry en sonder die ATKV se toestemming en medewete “vir die ATKV” toesprake skryf en kursusse, selfs afrondingskursusse, aanbied. Hierdie mense doen dit net vir hulle eie finansiële gewin en die ATKV is nie betrokke by enige van hierdie mense of organisasies nie.
4
5. PLEKKE EN DATUMS VIR DIE EERSTE UITDUNRONDES
GAUTENG Streek/Skool Datum Streeksorganiseerder
Selfoonnommer
Faksnommer E-posadres
Gauteng-Wes en Vaaldriehoek Hoërskool Linden Linden
Hoërskole: 5 en 6 April
Laerskole: 12 en 13 April
Da Nielle Jordaan
082 559 0353
Gauteng-Oos en Suidelike Gauteng Laerskole Laerskool Baanbreker Boksburg
3 tot 6 April
Sanet Meiring
084 580 6715
[email protected] [email protected]
Gauteng-Oos en Suidelike Gauteng Hoërskole Hoërskool Marais Viljoen Alberton
24 en 25 April
Dorette Prinsloo
082 785 3391
011 907 1038
Gauteng-Noord Hoërskool Menlopark Pretoria
12 en 13 April
Elbeth Vermaak
084 602 5177
012 348 6827
VRYSTAAT Streek/Skool
Datum
Streeksorganiseerder
Selfoonnommer
Faksnommer
E-posadres
Vrystaat 1 Willem Postma Primêre Skool Bloemfontein
10 en 11 Mei
Sonja Minnaar 082 560 3216 [email protected]
Vrystaat 2 Kroonheuwel Primêre Skool Kroonstad
Hoërskole: 16 Mei
Laerskole: 17 Mei
Amanda de Wet 084 479 7812 [email protected]
KWAZULU-NATAL Streek/Skool
Datum
Streeksorganiseerder
Selfoonnommer
Faksnommer
E-posadres
Binneland Laerskool Huttenpark Newcastle
5 April Jana Grobler 076 976 5028 [email protected]
Kus Hoërskool Port Natal Durban
26 April Hester Strydom 073 166 5757 031 206 0370
KAAP Streek/Skool
Datum
Streeksorganiseerder
Selfoonnommer
Faksnommer
E-posadres
Noord-Kaap Laerskool Fanie Malan Upington
12 April
Karlien van Schalkwyk 082 851 1542 [email protected]
Noord-Kaap Laerskool Newton Kimberley
6 April
Tersia Oosthuizen 084 951 0954 053 833 1951 [email protected]
Oos-Kaap Hoërskool DF Malherbe Port Elizabeth
9, 10 en 11 April
Nicola Gardiner 076 773 1235 [email protected]
Suid-Kaap Hoërskool Oudtshoorn Oudtshoorn
13 April René Young 072 477 1346 044 272 5365 [email protected]
Wes-Kaap Hoërskool Bellville Hoërskole: Huistaal en Addisionele Taal
11, 12 en 13 Maart
Elizabeth van der Merwe 071 688 4541 [email protected] [email protected]
Wes-Kaap Laerskool Brackenfell Laerskole: Huistaal en Addisionele Taal
15, 16 en 17
April
Sias Jansen van Vuuren 079 617 8583 [email protected]
LIMPOPO Streek/Skool
Datum
Streeksorganiseerder
Selfoonnommer
Faksnommer
E-posadres
Noord Hoërskool Pietersburg Pietersburg
24 en 25 April
Retha Lerm
082 455 4186
Suid Hoërskool Hans Strijdom Mookgophong (Naboomspruit)
11 en 12 April
Johanette Pretorius
076 730 9486
014 743 1048
5
NOORDWES Streek/Skool
Datum
Streeksorganiseerder
Selfoonnommer
Faksnommer
E-posadres
Noordwes 1 Hoërskool Wolmaransstad Wolmaransstad
Laerskole: 1 Mei
Hoërskole: 2 Mei
Carina Wassermann
084 500 4444
Noordwes 2 Hoërskool Rustenburg Rustenburg
Laerskole: 24 April
Hoërskole: 25 April
Leseya Matthee
072 139 2368
MPUMALANGA Streek/Skool
Datum
Streeksorganiseerder
Selfoonnommer
Faksnommer
E-posadres
Hoërskool Generaal Hertzog eMalahleni (Witbank)
9, 10 en 11 April Bennie Botha 082 879 6651 013 656 2200 [email protected]
Hoërskool Ermelo Ermelo
15, 16 en 17 April
Gerda van Zyl 078 306 3490 017 811 3648
6. PLEKKE EN DATUMS VIR DIE SEMIFINALE RONDES
GAUTENG Streek/Skool
Datum
Streeksorganiseerder
Selfoonnommer
Faksnommer
E-posadres
Gauteng-Wes Hoërskool Linden Linden
1 Junie
Da Nielle Jordaan
082 559 0353
Gauteng-Oos Hoërskool Marais Viljoen Alberton
8 Junie
Dorette Prinsloo
082 785 3391
011 907 1038
Gauteng-Noord Hoërskool Menlopark Pretoria
10 Mei
Elbeth Vermaak
084 602 5177
012 348 6827
VRYSTAAT Streek/Skool
Datum
Streeksorganiseerder
Selfoonnommer
Faksnommer
E-posadres
Vrystaat Kroonheuwel Primêre Skool Kroonstad
31 Mei en 1 Junie Amanda de Wet 084 479 7812 [email protected]
KWAZULU-NATAL Streek/Skool
Datum
Streeksorganiseerder
Selfoonnommer
Faksnommer
E-posadres
Laerskool Huttenpark Newcastle
18 Mei
Jana Grobler
071 475 3462
KAAP Streek/Skool
Datum
Streeksorganiseerder
Selfoonnommer
Faksnommer
E-posadres
Noord-Kaap Laerskool Oranje-Noord Upington
10 Mei Karlien van Schalkwyk 082 851 1542 [email protected]
Suidoos-Kaap Hoërskool Outeniqua George
24 Mei
Annaretha Louw
082 774 9923
044 874 4188
[email protected] [email protected]
Wes-Kaap Hoërskool Bellville Belville
17 Mei
Elizabeth van der Merwe
071 688 4541 [email protected] [email protected]
LIMPOPO Streek/Skool
Datum
Streeksorganiseerder
Selfoonnommer
Faksnommer
E-posadres
Hoërskool Hans Strijdom Mookgophong (Naboomspruit)
25 Mei
Johanette Pretorius
076 730 9486
014 743 1048
NOORDWES
Streek/Skool
Datum
Streeksorganiseerder
Selfoonnommer
Faksnommer
E-posadres
Hoërskool Wolmaransstad Wolmaransstad
24 Mei Carina Wassermann 084 500 4444
6
MPUMALANGA
Streek/Skool Datum
Streeksorganiseerder
Selfoonnommer
Faksnommer
E-posadres
HTS Middelburg Middelburg
31 Mei Friena Scholtz 082 780 8439 013 243 5427 [email protected]
NAMIBIË Streek/Skool
Datum
Streeksorganiseerder
Selfoonnommer
Faksnommer
E-posadres
Walvisbaai Privaat Skool 14 Junie Charmaine Nagel +26481 222 9232 +264 64 07610 [email protected] [email protected]
7. AFRIKAANS HUISTAAL
7.1 Inskrywingsgetalle
Die getalle is van toepassing op elke afsonderlike kategorie.
GRAAD 1 TOT 3 AFRIKAANS HUISTAAL
Getal leerders in skool Slegs voorbereid
0 - 800 4
801 en meer 6
GRAAD 4 EN 5 AFRIKAANS HUISTAAL
Getal leerders in skool Slegs voorbereid met een vraag ná lewering van toespraak
0 - 800 4
801 en meer 6
GRAAD 6 EN 7 AFRIKAANS HUISTAAL
Getal leerders in skool Voorbereid en onvoorbereid
0 - 800 4
801 en meer 6
GRAAD 8 EN 9 AFRIKAANS HUISTAAL
Getal leerders in skool Slegs onvoorbereid (verpligtend)
Slegs voorbereid (Vir elke EEN onvoorbereid mag EEN voorbereid
inskryf)
0 - 800 4 4
801 en meer 6 6
GRAAD 10 TOT 12 AFRIKAANS HUISTAAL
Getal leerders in skool Slegs onvoorbereid (verpligtend)
Slegs voorbereid (Vir elke EEN onvoorbereid mag EEN voorbereid
inskryf)
0 - 800 4 4
801 en meer 6 6
NEEM KENNIS: Dieselfde leerder mag nie vir albei kategorieë (voorbereid en onvoorbereid) van die kompetisie inskryf nie. Dit beteken dat leerders MOET kies vir watter kategorie van die kompetisie hulle wil inskryf. Skole mag ook nie net vir die voorbereide kategorie inskryf nie, maar moet leerders vir albei kategorieë van die kompetisie inskryf.
Gekombineerde laer- en hoërskole moet die werklike getal leerders in die laerskoolafdeling, sowel as in die
hoërskoolafdeling, vir die formule gebruik.
7
7.2 Tyd en punteverhoudings van toesprake
LAERSKOLE: AFRIKAANS HUISTAAL
GRAAD 1 tot 3 SLEGS VOORBEREID
2 - 4 minute Om die spreker te help sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker twee (2) minute gepraat het. Ná drie (3) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná vier (4) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.
GRAAD 4 en 5
3 - 5 minute
SLEGS VOORBEREID
Die hoofbeoordelaar sal tydens elke ronde ’n vraag aan elke deelnemer stel direk ná lewering van die voorbereide toespraak. Die vraag tel 5 punte. Die vraag hou verband met die inhoud van die toespraak.
Om die spreker te help sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker drie (3) minute gepraat het. Ná vier (4) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná vyf (5) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.
GRAAD 6 tot 7 ALMAL lewer voorbereide en onvoorbereide toesprake in elke ronde.
Voorbereid 4 - 6 minute
Om die spreker te help sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker vier (4) minute gepraat het. Ná vyf minute (5) sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná ses (6) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.
Onvoorbereid Eerste ronde Semifinale ronde Finale ronde
1 uur voorbereidingstyd
1 uur voorbereidingstyd
90 minute voorbereidingstyd
1 - 4 minute 2 - 4 minute 2 - 4 minute
70% 30% 75% 25% 80% 20%
Die puntewaarde vir die onvoorbereide toespraak is altyd die HOOGSTE persentasie soos aangedui.
HOËRSKOLE: AFRIKAANS HUISTAAL
GRAAD 8 en 9 en GRAAD 10 tot 12
Dieselfde leerder mag nie vir albei kategorieë van die kompetisie (voorbereid en onvoorbereid) inskryf nie. Dit beteken dat die leerders MOET kies vir watter kategorie van die kompetisie hulle wil inskryf. Skole mag ook nie net vir die voorbereide kategorie inskryf nie, maar moet leerders vir albei kategorieë van die kompetisie inskryf. Die glyskaal is een tot een, vir elke EEN deelnemer wat vir voorbereid inskryf, moet daar EEN deelnemer vir onvoorbereid inskryf.
Voorbereid 5 - 7 minute
Om die spreker te help sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker vyf (5) minute gepraat het. Ná ses (6) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná sewe (7) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.
Onvoorbereid GRAAD 8 en 9
Eerste ronde Semifinale ronde Finale ronde
90 minute voorbereidingstyd
90 minute voorbereidingstyd
120 minute voorbereidingstyd
4 - 6 minute 5 - 7 minute 5 - 7 minute
Onvoorbereid 4 - 6 minute
Vir die eerste ronde (4 - 6 minute): Om die spreker te help sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker vier (4) minute gepraat het. Ná vyf (5) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná ses (6) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.
Onvoorbereid GRAAD 10 tot 12
90 minute voorbereidingstyd
120 minute voorbereidingstyd
180 minute voorbereidingstyd
5 - 7 minute 5 - 7 minute 5 - 7 minute
Onvoorbereid 5 - 7 minute
Om die spreker te help sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker vyf (5) minute gepraat het. Ná ses (6) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná sewe (7) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.
8
7.3 Strafpunte Vir elke tien (10) sekondes of gedeelte van tien (10) sekondes wat die deelnemer langer of korter as die voorgeskrewe tyd praat, sal een (1) strafpunt deur die hoofbeoordelaar van die deelnemer se totale punt afgetrek word.
7.4 Onvoorbereide toesprake
Let asseblief op na die volgende:
Geen tema word vooraf gegee nie.
’n Duidelike en beredeneerbare onderwerp oor ’n aktuele saak sal aan elke deelnemer gegee word.
Bronne oor die onderwerp sal aan elke deelnemer beskikbaar gestel word. Die deelnemer kan die bronne wat verskaf word tydens die voorbereidingstyd gebruik.
Enige ander inligting wat die spreker uit eie kennis oor die onderwerp het, moet ook gebruik word.
Die belangrikheid van integriteit by die gebruik van eie bronne moet beklemtoon word.
7.5 Pryse Die ATKV bied die volgende sertifikate en geldpryse aan wat tydens die onderskeie rondes toegeken word:
Semifinale ronde Sertifikaat vir deelname
Finaal Sertifikaat vir deelname Geldpryse en gepaardgaande sertifikate Laerskool: Graad 1 tot 3 Wenner: R1 000 Naaswenner: R750 Derde prys: R500 Beste taalgebruiker: R650 Laerskool: Graad 4 en 5 Wenner: R1 000 Naaswenner: R750 Derde prys R500 Beste taalgebruiker R650 Laerskool Graad: 6 en 7 Wenner: R2 000 Naaswenner: R1 500 Derde prys: R1 250 Beste taalgebruiker R650 Hoërskool: Graad 8 en 9 Voorbereid Onvoorbereid Wenner: R2 000 Wenner: R2 500 Naaswenner: R1 500 Naaswenner: R1 500 Derde prys: R1 250 Derde prys: R1 250 Beste taalgebruiker: R650 Beste taalgebruiker: R650 Hoërskool: Graad 10 tot 12 Voorbereid Onvoorbereid Wenner: R2 000 Wenner: R3 000 Naaswenner: R1 500 Naaswenner: R1 500 Derde prys: R1 250 Derde prys: R1 250 Beste taalgebruiker: R650 Beste taalgebruiker: R650
9
8. AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL
8.1 Kriteria
Die kriteria wat geld vir deelname aan die afdeling Afrikaans Addisionele Taal van die ATKV-
Redenaarskompetisie is dat die spreker, en ouers of voogde, se huistaal nie Afrikaans mag wees nie. Die
onderrigtaal vorm dus nie deel van die kriteria nie.
Die inskrywingsvorm moet deur die hoof onderteken word as bevestiging dat die deelnemer aan die kriteria
voldoen. Indien dit aan die lig kom dat die leerder nie aan die kriteria voldoen nie, sal dit tot diskwalifikasie
van die leerder lei.
Graad 4 en 5 Afrikaans Addisionele Taal praat slegs voorbereid in elke ronde.
Graad 6 en 7 Afrikaans Addisionele Taal praat slegs voorbereid in elke ronde.
Graad 8 en 9 Afrikaans Addisionele Taal mag kies tussen: Slegs voorbereid of slegs onvoorbereid.
Graad 10 tot 12 Afrikaans Addisionele Taal mag kies tussen: Slegs voorbereid of slegs onvoorbereid.
8.2 Inskrywingsgetalle
Die getalle is van toepassing op elke afsonderlike kategorie.
GRAAD 4 EN 5 AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL
Getal leerders in skool Slegs voorbereid
0 - 800 4
801 en meer 6
GRAAD 6 EN 7 AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL
Getal leerders in skool Slegs voorbereid met een vraag ná lewering van toespraak
0 - 800 4
801 en meer 6
GRAAD 8 EN 9 AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL
Getal leerders in skool Slegs onvoorbereid Slegs voorbereid
0 - 800 4 4
801 en meer 6 6
GRAAD 10 TOT 12 AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL
Getal leerders in skool Slegs onvoorbereid Slegs voorbereid
0 - 800 4 4
801 en meer 6 6
Gekombineerde laer- en hoërskole moet die werklike getal leerders in die laerskoolafdeling, sowel as in die
hoërskoolafdeling, vir die formule gebruik. Die kompetisie verloop soos volg: Eerste uitdunronde, semifinale
ronde en nasionale finaal. Die ATKV bepaal die getal deelnemers wat aan die semifinale ronde deelneem.
Die skole sal in kennis gestel word en die name van die deelnemers vir die semifinale ronde sal tien dae ná
afhandeling van die uitdunronde op die ATKV-webwerf, www.atkv.org.za,verskyn. Die getal deelnemers
wat deurdring na die finaal word deur die ATKV bepaal en na gelang van die aantal inskrywings per streek.
10
8.3 Tyd en punteverhoudings van toesprake
LAERSKOLE: AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL
GRAAD 4 en 5 SLEGS VOORBEREID (geen vraag)
Voorbereid 2 - 4 minute
Om die spreker te help sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker twee (2) minute gepraat het. Ná drie (3) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná vier (4) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.
GRAAD 6 en 7 ALMAL lewer slegs voorbereide toesprake. Tydens elke ronde sal die hoofbeoordelaar ook aan elke deelnemer ’n vraag stel, direk ná lewering van die voorbereide toespraak. Die vraag tel vyf (5) punte en hou verband met die inhoud van die toespraak.
Voorbereid 4 - 5 minute
Om die spreker te help sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker vier (4) minute gepraat het. Ná vier en ’n halwe minute (4½) sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná vyf (5) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.
HOËRSKOLE: AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL
GRAAD 8 en 9 en GRAAD 10 tot 12
Leerders mag kies tussen twee opsies: die lewering van slegs ’n voorbereide toespraak OF die lewering van slegs ’n onvoorbereide toespraak.
Voorbereid 3 - 6 minute
Om die spreker te help sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker vier (4) minute gepraat het. Ná vyf (5) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná ses (6) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.
Onvoorbereid GRAAD 8 en 9 en GRAAD 10 tot 12
Eerste ronde Semifinale ronde Finale ronde
1 uur voorbereidingstyd
1 uur voorbereidingstyd
90 minute voorbereidingstyd
3 – 6 minute 3 – 6 minute 3 – 6 minute
Onvoorbereid 3 - 6 minute
Om die spreker te help sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker vier (4) minute gepraat het. Ná vyf (5) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná ses (6) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.
8.4 Strafpunte Vir elke tien (10) sekondes of gedeelte van tien (10) sekondes wat die deelnemer langer of korter as die voorgeskrewe tyd praat, sal een (1) strafpunt deur die hoofbeoordelaar van die deelnemer se totale punt afgetrek word. 8.5 Onvoorbereide toesprake Let asseblief op na die volgende:
Geen tema word vooraf gegee nie.
’n Duidelike en beredeneerbare onderwerp oor ’n aktuele saak sal aan elke deelnemer gegee word.
Bronne oor die onderwerp sal aan elke deelnemer beskikbaar gestel word. Die deelnemer kan die bronne wat verskaf word tydens die voorbereidingstyd gebruik.
Enige ander inligting wat die spreker uit eie kennis oor die onderwerp het, kan ook gebruik word.
Die belangrikheid van integriteit by die gebruik van eie bronne moet beklemtoon word.
11
8.6 Pryse Die ATKV bied die volgende sertifikate en geldpryse aan wat tydens die onderskeie rondes toegeken word:
Semifinale ronde Sertifikaat vir deelname
Finaal Sertifikaat vir deelname Geldpryse en gepaardgaande sertifikate
Laerskool: Graad 4 en 5 Laerskool: Graad 6 en 7 Wenner: R1 000 Wenner: R2 000 Naaswenner: R750 Naaswenner: R1 500 Derde prys: R500 Derde prys: R1 250 Beste taalgebruiker: R650 Beste taalgebruiker: R650
Hoërskool: Graad 8 en 9 Voorbereid Onvoorbereid Wenner: R2 000 Wenner: R2 000 Naaswenner: R1 500 Naaswenner: R1 500 Derde prys: R1 250 Derde prys: R1 250 Beste taalgebruiker: R650 Beste taalgebruiker: R650
Hoërskool: Graad 10 tot 12 Voorbereid Onvoorbereid Wenner: R2 000 Wenner: R2 000 Naaswenner: R1 500 Naaswenner: R1 500 Derde prys: R1 250 Derde prys: R1 250 Beste taalgebruiker: R650 Beste taalgebruiker: R650
9. REËLS
1. Toesprake moet in Afrikaans gelewer word. 2. Die inskrywingsvorm moet volledig ingevul en onderteken word. Onvolledige inligting kan daartoe lei
dat die inskrywing nie aanvaar word nie. 3. Die ondertekening van die inskrywing bring ’n basiese ooreenkoms tot stand tussen die ATKV en die
persoon/persone/instansie wat inskryf. Die ooreenkoms impliseer dat die persoon/persone/instansie wat inskryf streng volgens die reëls van die kompetisie sal optree en dat die ATKV die kompetisie streng volgens die reëls sal aanbied.
4. Skole moet binne die streke se grense inskryf. Skole moet seker maak in watter streek die skool moet deelneem. Indien daar onsekerheid is, kontak die betrokke streeksorganiseerder.
5. Slegs skole mag leerders volgens die inskrywingsgetalle inskryf. Alle kommunikasie moet ook deur die skool se organiseerder geskied. Geen kommunikasie van ouers of buite-afrigters sal aanvaar word nie.
6. Geen privaat inskrywings word aanvaar nie. 7. Slegs tuisonderrigleerders wat direk met die ATKV-projekorganiseerder geskakel het, mag inskryf vir
die kompetisie. 8. Oortreding van die reëls van die kompetisie kan tot diskwalifikasie lei. 9. Die skool of persoon/persone/instansie wat inskryf, vrywaar die ATKV teen enige eise wat mag
ontstaan as gevolg van skade of verlies van enige aard wat so ’n persoon/persone/instansie mag ly gedurende die hele verloop van die kompetisie.
10. Die ATKV behou hom die reg voor om die kompetisie te eniger tyd op te skort of te beëindig indien buitengewone omstandighede dit sou noodsaak.
11. Die ATKV behou hom die reg voor om, indien ’n finalis nie die finaal van die kompetisie kan bywoon nie, die betrokke finalis te vervang met ’n reserwe.
12. Indien ’n finalis weens ander verpligtinge en/of aktiwiteite nie die semifinale ronde of finaal kan bywoon nie, moet die finalis of skool die ATKV in kennis stel binne sewe (7) dae ná die bekendmaking van die uitslae. Hoe gouer die ATKV kennis neem van die onttrekking hoe gouer kan die finalis met ’n reserwe vervang word.
12
13. Dit is elke leerder wat deurgedring het na die finaal se plig om self die ATKV te kontak as hulle nie die inligting reeds ’n maand voor die finaal se datum van die ATKV-projekorganiseerder ontvang het nie.
14. Die beslissing van die beoordelaars is finaal. Geen persoonlike of direkte gesprekke mag met enige beoordelaar gevoer word nie. Alle gesprekke moet deur middel van die ATKV-streeksorganiseerder of -projekorganiseerder gevoer word.
15. Enige dispuut moet binne drie (3) dae ná afloop van die kompetisie skriftelik aan die ATKV-projekorganiseerder gestuur word. Die dispuut moet skriftelik op ’n amptelike briefhoof van die betrokke skool wees wat deur die skoolhoof onderteken is.
16. Onreëlmatighede wat tot diskwalifikasie kan lei:
Indien ’n deelnemer tydens enige ronde beoordeel word deur ’n afrigter, onderwyser, familielid, goeie vriend of enige sodanige persoon.
Indien enige deelnemer op enige wyse hulp ontvang met die voorbereiding van die onvoorbereide toesprake.
Onwelvoeglike taalgebruik en inhoud.
Die lewering van gedupliseerde toesprake. Deelnemers sal gepenaliseer word indien een of meer van dieselfde toesprake gelewer word.
Indien ’n deelnemer tydens die lewering van sy/haar toespraak geheel en al vashaak; dus nie dadelik kan aangaan nie, word hy/sy gediskwalifiseer. Die leerder kry later weer ’n geleentheid om die toespraak te lewer, maar sonder enige beoordeling.
17. Die punte van die deelnemers word nie bekend gemaak nie. Die name van die top-10-deelnemers verskyn wel ná afloop van die semi- en finale rondes op die ATKV-webwerf (www.atkv.org.za).
18. Deelnemers tree in hulle skooldrag op. 19. Die ATKV-Redenaarskompetisie vereis ’n oorredende en beredeneerde toespraak. Dit is nie ’n
praatjie, preek, lesing of gedramatiseerde monoloog nie. Die hoofdoel is om die gehoor te beïnvloed en te oorreed tot die standpunt wat die spreker stel.
20. Temas word voorgeskryf en ’n beredeneerbare onderwerp op die vlak van die deelnemer moet uit een van die temas geformuleer word. As die tema byvoorbeeld opvoeding is, kan die onderwerp moontlik soos volg geformuleer word: Kinders moet in hulle moedertaal onderrig word. Of: Kinders van vandag het nie goeie maniere nie.
21. Die tydsduur van toesprake wissel na gelang van die kategorie waarin deelgeneem word. Vir elke tien (10) sekondes of gedeelte van tien (10) sekondes wat die deelnemer langer of korter as die voorgeskrewe tyd praat, sal een (1) strafpunt deur die hoofbeoordelaar van die deelnemer se totale punt afgetrek word.
22. Die onvoorbereide toespraak is ’n belangrike aspek van die kompetisie en die hoofdoel is om die gehoor te beïnvloed en te oortuig/oorreed. Daar sal dus by alle vorme van die onvoorbereide toespraak van die deelnemer verwag word om standpunte met behulp van argumente (redes) en toepaslike bewyse te staaf.
23. Geen woordeboeke of boeke met aanhalings mag ingeneem word in die voorbereidingslokaal vir die onvoorbereide toesprake nie. Die nodige boeke sal in die lokale verskaf word.
24. Die bronne waaruit feite en inligting verkry is, moet vermeld word. 25. Hulpmiddels mag gebruik word met die voorbehoud dat dit net ondersteunend tot die gesproke
woord mag wees en geen spesiale toerusting daarvoor nodig is nie. Geen toerusting word deur die organiseerder verskaf nie. Tablette mag slegs by die voorbereide toesprake in die plek van notas gebruik word. Dieselfde reëls wat vir notahantering geld, is ook van toepassing op tablette.
26. Alle inligting, asook die beoordelaarstate, sal op die ATKV-webwerf by www.atkv.org.za beskikbaar gestel word.
27. Die skakelonderwysers van die leerders wat deurdring na die volgende rondes sal so gou as moontlik verwittig word van die nodige reëlings.
28. Geen foto’s mag geneem word nie en geen video- en/of klankopname of enige ander beeldmateriaal mag tydens die ATKV-Redenaarskompetisie sonder die toestemming van die hoofbeoordelaar gemaak word nie. Dié reël geld vir al die rondes.
29. Die ATKV behou die reg voor om die beeldmateriaal en foto’s wat gedurende die ATKV-Redenaarskompetisie geneem word vir bemarkingsmateriaal te gebruik.
13
10. KONTAKBESONDERHEDE Melanie Marais Projekorganiseerder Telefoonnommer: 011 919 9015 Faksnommer: 086 263 2356 E-posadres: [email protected] Jacqueline Göttert Hulporganiseerder Telefoonnommer: 011 919 9038 Faksnommer: 011 919 0227 E-posadres: [email protected]