11
25 KLASGIDS LAERSKOOL | OKTOBER 2016 Graad 7 Vraestel: Leesbegrip en Taal Graad 7 Huistaal Deur: Marida Myburgh, C & N Primêre meisieskool Oranje Lees en kyk Vraag 1 Lees die leesstuk noukeurig deur en beantwoord die vrae wat volg. VOORWOORD Baie mense vra my: “Suzelle, waar kom jy aan al jou idees?” Wel, ek het oor die jare heen baie wenke en truuks uit boeke en tydskrifte versamel en daar’s natuurlik altyd Google en my eie kreatiwiteit! Ek het al hierdie idees in my lêer gehou met die hoop dat ek hulle eendag met my vriende sal kan deel. Dit is hoe SuzelleDIY begin het! Nou is ek ongelooflik opgewonde daaroor dat ek nog meer truuks met julle kan deel in hierdie wonderlike boek. Ek het baie idees ingesluit wat jou met allerhande dinge kan help. Miskien het jy hulp in jou huis nodig of soek jy ’n paar selfdoen-skoonheidswenke. In hierdie boek is wonderlike resepte vir partytjies, baie braai-truuks, en vele meer! My beste vriendin, Marianne, het selfs ’n hoofstuk in die boek. Sjym! So, sit jou beskermde stofbrille op, stof jou boor af en begin jou kreatiwiteit gebruik! Doen dit self! Want ja, álmal kan. Met baie liefde S u ze l l e D I Y

Graad 7 Vraestel: Leesbegrip en Taal Graad 7 Huistaal

  • Upload
    others

  • View
    58

  • Download
    3

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Graad 7 Vraestel: Leesbegrip en Taal Graad 7 Huistaal

25KLASGIDS LAERSKOOL | OKTOBER 2016

Graad 7

Vraestel: Leesbegrip en Taal Graad 7 Huistaal

Deur: Marida Myburgh, C & N Primêre meisieskool Oranje

Lees en kykVraag 1Lees die leesstuk noukeurig deur en beantwoord die vrae wat volg.

VOORWOORDBaie mense vra my: “Suzelle, waar kom jy aan al jou idees?”

Wel, ek het oor die jare heen baie wenke en truuks uit boeke en tydskrifte versamel en daar’s natuurlik altyd Google en my eie kreatiwiteit! Ek het al hierdie idees in my lêer gehou met die hoop dat ek hulle eendag met my vriende sal kan deel.

Dit is hoe SuzelleDIY begin het! Nou is ek ongelooflik opgewonde daaroor dat ek nog meer truuks met julle kan deel in hierdie wonderlike boek.

Ek het baie idees ingesluit wat jou met allerhande dinge kan help. Miskien het jy hulp in jou huis nodig of soek jy ’n paar selfdoen-skoonheidswenke. In hierdie boek is wonderlike resepte vir partytjies, baie braai-truuks, en vele meer! My beste vriendin, Marianne, het selfs ’n hoofstuk in die boek. Sjym!

So, sit jou beskermde stofbrille op, stof jou boor af en begin jou kreatiwiteit gebruik!

Doen dit self! Want ja, álmal kan.

Met baie liefde

SuzelleDIY

Page 2: Graad 7 Vraestel: Leesbegrip en Taal Graad 7 Huistaal

26 KLASGIDS LAERSKOOL | OKTOBER 2016

Graad 7

SamevattingAs jy weet wat YouTube is, het die 21ste-eeuse nutsnooientjie, SuzelleDIY, sekerlik geen bekendstelling nodig nie.

Dié vrolike videoblogger wat sedert 2014 die kuberruimte met haar raad en daad op horings neem, is ’n sprekende bewys dat moderne boeremeisies se hande vir niks verkeerd staan nie: Hulle kan bak en braai, toor en boor, motorbande en muurproppe omruil, hul eie muskietweerder of mayonnaise of hondesjampoe meng en in ’n japtrap ’n halsstarrige duvet of vetkol of vlek se tjank aftrap. Suzelle en Kie. bodder ook lankal nie meer met diamante nie – koeksoda, wasgoedpennetjies en kraggereedskap is veel nuttiger vriende.

In dié lawwe, dog uiters praktiese handleiding, deel Suzelle en haar vriendin, Marianne, 70+ van hul slimste planne, boererate, resepte en geskenkidees plus ’n magdom nuttige wenke om te herwin, groener te leef en die algemeenste krisisse in en om die huis met lekkerkry klaar te kry.

Doen dit self. Want ja, álmal kan.

Aangepas en verwerk uit: SuzelleDIY (Die boek)

1.1 Wat is die titel van hierdie leesstuk? (1)

_________________________________________________________________________________

1.2 In die titel is daar ’n letternaam. Waarvoor staan hierdie letternaam? (1)

_________________________________________________________________________________

1.3 Indien jy hierdie letternaam in Afrikaans sou vertaal, wat sou die letternaam wees en waarvoor staan dit? (2)

Letternaam:

_________________________________________________________________________________

Dié Afrikaanse letternaam staan vir …

_________________________________________________________________________________

1.4 Wat is SuzelleDIY se slagspreuk? Wenk: Dié slagspreuk staan in die voorwoord, sowel as die samevatting. (1)

_________________________________________________________________________________

1.5 Haal sinonieme, uit die leesstuk, aan vir die volgende woorde: (4)

1.5.1 kunsgreep: _________________________________________________________________

1.5.2 bruikbare: __________________________________________________________________

Page 3: Graad 7 Vraestel: Leesbegrip en Taal Graad 7 Huistaal

27KLASGIDS LAERSKOOL | OKTOBER 2016

Graad 7

1.5.3 Siestog: ____________________________________________________________________

1.5.4 pla: ________________________________________________________________________

1.6 Wat is die afkorting vir Kompanjie? (1)

_________________________________________________________________________________

1.7 Watter drie dinge, volgens die leesstuk, is baie nuttiger vriende as diamante? (3)

• ___________________________________________________________________________

• ___________________________________________________________________________

• ___________________________________________________________________________

1.8 Watter twee woorde in sin 1 van paragraaf 2 van die SAMEVATTING, dui daarop dat ons met moderne tegnologie te doen het? (2)

• ___________________________________________________________________________

• ___________________________________________________________________________

1.9 Suzelle het ’n klomp nuttige wenke in haar nuwe handleiding. Oor watter twee dinge gee sy ook raad, waaruit ons aflei dat sy omgee vir die “aarde se gesondheid” ? (2)

• ___________________________________________________________________________

• ___________________________________________________________________________

1.10 Indien jy vir haar boek ’n ander titel sou moes gee, wat sou dit wees? (1)

_________________________________________________________________________________

1.11 Sal jy hierdie boek vir jouself koop? Gee ’n rede vir jou antwoord. (2)

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

TOTAAL: 20

Page 4: Graad 7 Vraestel: Leesbegrip en Taal Graad 7 Huistaal

28 KLASGIDS LAERSKOOL | OKTOBER 2016

Graad 7

Taalstrukture en –konvensiesVraag 1Kies ’n sinoniem/die beste beskrywing in KOLOM B wat die beste pas by die persoonsnaam in KOLOM A. Skryf die regte letter in KOLOM C. (6)

KOLOM A KOLOM B KOLOM C

1.1 nutsnooi A ’n Man wat self allerlei (klein) dienste in en om die huis verrig.

1.1

1.2 selfdoenkoning B ’n Vrou wat gehuur kan word om allerlei (klein) dienste in en om die huis te verrig.

1.2

1.3 redaktrise C ’n Manlike afrigter van toneelspelers. 1.3

1.4 joernalis D ’n Vroulike toesighouer en rigtinggewer van bv. ’n tydskrif. Sy skryf gewoonlik self ook ’n rubriek voorin die tydskrif.

1.4

1.5 outeur E ’n Skrywer van ’n boek. 1.5

1.6 regisseuse F ’n Vroulike afrigter van toneelspelers. 1.6

G ’n Manlike toesighouer en rigtinggewer van bv. ’n tydskrif. Hy skryf gewoonlik self ook ’n rubriek voorin die tydskrif.

H ’n Verslaggewer

[6]

Vraag 2Bestudeer die wenke van Edblo en beantwoord die vrae.

LEKKER SLAAP! Probeer dié volgende vyf wenke van Edblo:

1. Skep ’n roetine. Om ’n goeie slaapritme te ontwikkel moet jy probeer om elke dag min of meer dieselfde tyd te

gaan slaap en op te staan, ook oor naweke.

2. Drink slim. Adrenalien-opkikkerende kafeïen kan ure neem om jou gestel te verlaat. As jy dus ’n tee- of

koffieliefhebber is, drink jou laaste koppie in die namiddag.

Page 5: Graad 7 Vraestel: Leesbegrip en Taal Graad 7 Huistaal

29KLASGIDS LAERSKOOL | OKTOBER 2016

Graad 7

3. Kies die regte matras. Binneveermatrasse bied fermer ondersteuning, terwyl vere wat individueel in sakkies omhul is

net so gerieflik is, maar ook keer dat jou bedmaat se bewegings jou nagrus versteur.

4. Maak jou kop skoon. Raak asseblief ontslae van bekommernisse en stres deur ’n boek te lees of in die bad te ontspan.

5. Skakel die ligte af. Hoe donkerder die kamer is, hoe gouer sal jy insluimer en hoe beter sal jy slaap.

Uit: GOEIE HUISHOUDING, Desember 2015

2.1 Kyk na die titel van hierdie wenke en benoem die woordsoorte van die twee woorde in die titel. (2)

LEKKER: _________________________________________________________________________

SLAAP: __________________________________________________________________________

2.2 Watter soort sin is hierdie titel? (1)

_________________________________________________________________________________

2.3 Wat is die funksie van die beklemtoonde leestekens in die volgende sinne/woorde: (5) 2.3.1 Probeer dié volgende vyf wenke van Edblo.

_________________________________________________________________________________ 2.3.2 Adrenalien-opkikkerende …

_________________________________________________________________________________ 2.3.3 kafeïen

_________________________________________________________________________________ 2.3.4 ’n tee- of koffieliefhebber is

_________________________________________________________________________________ 2.3.5 As jy ’n tee- of koffieliefhebber is, drink jou laaste koppie in die namiddag.

_________________________________________________________________________________

2.4 Gee die afkortings van die volgende woorde: (2)

2.4.1 asseblief: __________________________________________________________________

2.4.2 voormiddag: _______________________________________________________________

2.5 Onderstreep die bywoord in elke sin hieronder en sê dan watter soort bywoord elkeen is. (8) 2.5.1 Drink vinnig jou laaste koppie koffie.

___________________________________________________________________________ 2.5.2 Slaap elke aand genoeg.

___________________________________________________________________________ 2.5.3 Ontspan saans.

___________________________________________________________________________ 2.5.4 Hier ontspan ’n mens.

___________________________________________________________________________

Page 6: Graad 7 Vraestel: Leesbegrip en Taal Graad 7 Huistaal
Page 7: Graad 7 Vraestel: Leesbegrip en Taal Graad 7 Huistaal

31KLASGIDS LAERSKOOL | OKTOBER 2016

Graad 7

Vraag 3Bestudeer die oulike skeppings van SuzelleDIY en beantwoord die vrae.

Jy’s ’n ster!

Raak kreatief met kiekies!

Jou vriende en familie sal in die wolke wees oor hierdie eetbare sterre.

Jy benodig:Room en Goeie huishouding se gratis ster-ysbakkie

Maak dit:Giet die room in die ysbakkie en vries tot solied. Druk die sterre uit die vorm en voeg by koffie net voor opdiening!

Verras jou familie en vriende deur van hul Facebook-foto’s te gebruik om jou eie geskenkpapier te maak.

Jy benodig:Verskeie foto’s en ’n drukker.

Maak dit:Laai foto’s op ’n gratis fotoredigeer-webwerf soos www.picmonkey.com af en maak ’n collage. Druk dit uit en draai hulle geskenkpakkies toe!

Page 8: Graad 7 Vraestel: Leesbegrip en Taal Graad 7 Huistaal

32 KLASGIDS LAERSKOOL | OKTOBER 2016

Graad 7

Sy het nog hope ander idees en speelgoed wat jou kan besig hou!

3.1 Wat is die enkelvoud van speelgoed? (1)

_________________________________________________________________________________

3.2 Gee ’n sinoniem vir foto’s. (1)

_________________________________________________________________________________

3.3 Gee die verkleining van foto’s. (1)

_________________________________________________________________________________

3.4 Gee die verkleining van sterre. (1)

_________________________________________________________________________________

3.5 Wat is die vergrotende trap van kreatiefste? (1)

_________________________________________________________________________________

[5] TOTAAL: 45

Onthou: Doen dit self! Want ja, álmal kan.

Page 9: Graad 7 Vraestel: Leesbegrip en Taal Graad 7 Huistaal

33KLASGIDS LAERSKOOL | OKTOBER 2016

Graad 7

MEMORANDUMLees en kykVraag 1

1.1 SuzelleDIY

1.2 “Do it yourself”

1.3 DDS Doen dit self

1.4 Doen dit self! Want ja, álmal kan.

1.5.1 “truuk”1.5.2 “nuttige”1.5.3 “Sjym”1.5.4 “bodder”

1.6 Kie.

1.7 – koeksoda – wasgoedpennetjies – kraggereedskap

1.8 – videoblogger – kuberruimte

1.9 – herwin – groener te leef

1.10 Eie, aanvaarbare antwoord.

1.11 Ja/Nee, gepaste motivering.

Taalstrukture en konvensiesVraag 1

1.1 B1.2 A1.3 D

Page 10: Graad 7 Vraestel: Leesbegrip en Taal Graad 7 Huistaal

34 KLASGIDS LAERSKOOL | OKTOBER 2016

Graad 7

1.4 H1.5 E1.6 F

Vraag 2

2.1 LEKKER: Bywoord van wyse SLAAP: Hoofwerkwoord

2.2 ’n Uitroepsin

2.3.1 Beklemtoon die woord2.3.2 Vergemaklik uitspraak (van ’n langer woord)2.3.3 Vergemaklik uitspraak / Dui ’n nuwe lettergreep aan2.3.4 Tussen twee werkwoorde2.3.5 Word as ’n weglatingsteken gebruik

2.4.1 asb.2.4.2 vm.

2.5.1 vinnig – bywoord van wyse2.5.2 elke aand – bywoord van tyd OF genoeg – bywoord van graad2.5.3 saans – bywoord van tyd2.5.4 Hier – bywoord van plek

2.6.1 basis2.6.2 afleiding2.6.3 samestelling

2.7 Bv. Die meisie is baie maer.

2.8 Bv. Die meisie sit langs die meer en staar na die water.

2.9.1 Die regte matras is deur Anne gekies.2.9.2 Die ligte sal deur Tlago afgeskakel word.2.9.3 ’n Roetine word deur hom/haar/enige naam geskep word. (NB: maak ’n onderwerp as daar nie een is nie)

2.10.1 het afgeskakel – enkelvoudige sin2.10.2 kies ; slaap – veelvoudige sin2.10.3 is; slaap – saamgestelde sin

Page 11: Graad 7 Vraestel: Leesbegrip en Taal Graad 7 Huistaal

35KLASGIDS LAERSKOOL | OKTOBER 2016

Graad 7

Vraag 3

3.1 speelding3.2 kiekies3.3 foto’tjies3.4 sterretjies3.5 kreatiewer

Ervaar self die wonder van Vuma! Kontak u plaaslike Pearson-verteenwoordiger om ’n produkdemonstrasie te bespreek.

A5 -

_

PSA_

6048

_2

Vuma is ook beskikbaar vir Afrikaans Huistaal.

Pearson kliëntediensTel: 021 532 6008E-pos: [email protected]

’n Eg Suid-AfrikaanseLeesonderrigprogramDie Vuma Leesonderrigprogram bied onderwysers stap-vir-stap-ondersteuningvir Engels Eerste Addisionele Taal,wat Vuma lekker maak vir jongleerders én onderwysers.