8
iederark 29 November 2015 Uitgawe 43/2015 Ds Willem Louw Ds Okkie Cill iers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za E-pos [email protected] Sendingkantoor [email protected] 018-2946900 Hierdie is die laaste uitgawe van die Iederark vir 2015. Mag elkeen van julle ‘n baie geseënde Christusfees vier. Dié van julle wat met verlof gaan, geniet dit en veilig ry. Vir die res van ons wat saam met Jan Tuisbly kuier, geniet dit meer en wees steeds veilig. Onthou om jou Bybel in te pak en Jesus saam te neem waar jy gaan wees!

iederark 29 November 2015Uitgawe 43/2015 › pdf2015 › iederark › 29 Nov.pdf · 2015-11-27 · nes 3:16-17 lui: “God het die wêreld so lief ge-had dat Hy Sy enigste Seun gegee

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: iederark 29 November 2015Uitgawe 43/2015 › pdf2015 › iederark › 29 Nov.pdf · 2015-11-27 · nes 3:16-17 lui: “God het die wêreld so lief ge-had dat Hy Sy enigste Seun gegee

iederark 29 November 2015

Uitgawe 43/2015

Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers

(018) 294 8197 (018) 297 7926

082 340 7549 083 262 6783

Kerkkantoor

Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900

Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za

E-pos [email protected]

Sendingkantoor [email protected] 018-2946900

Hierdie is die laaste uitgawe

van die Iederark vir 2015.

Mag elkeen van julle ‘n baie

geseënde Christusfees vier.

Dié van julle wat met verlof

gaan, geniet dit en veilig ry.

Vir die res van ons wat

saam met Jan Tuisbly kuier,

geniet dit meer en wees

steeds veilig.

Onthou om jou Bybel in te

pak en Jesus saam te neem

waar jy gaan wees!

Page 2: iederark 29 November 2015Uitgawe 43/2015 › pdf2015 › iederark › 29 Nov.pdf · 2015-11-27 · nes 3:16-17 lui: “God het die wêreld so lief ge-had dat Hy Sy enigste Seun gegee

Wa

t ge

be

ur D

V in

DESEM

BER

20

15

SON

DA

G

MA

AN

DA

G

DIN

SDA

G

WO

ENSD

AG

D

ON

DER

DA

G

VR

YD

AG

SA

TERD

AG

3

0 N

ov

Gem

eenteb

e-

stuu

r 18

:00

Afslu

iting

Week van

gebed 1

Week van

gebed

2

Week van

gebed

3

Week van

gebed 4

Week van

gebed

5

Man

ne b

id-u

ur

07

:00

6

Eredien

s 09

:15

Geen

Ko

ffiedien

s 7

8

9 SKO

LE SLUIT

10

1

1

Kerk-en

Send

ing

-

kan

tore slu

it

12

Man

ne b

id-u

ur

07

:00

13

Eredien

s 09

:15

Geen

Ko

ffiedien

s 14

1

5

16

GELO

FTEDA

G

Gelo

fte eredien

s

08

:00

17

1

8

19

Man

ne b

id-u

ur

07

:00

20

Eredien

s 09

:15

Geen

Ko

ffiedien

s 21

2

2

23

2

4

25

KER

SDA

G

Kersd

iens 0

8:0

0

26

Man

ne b

id-u

ur

07

:00

27

Eredien

s 09

:15

Geen

Ko

ffiedien

s 28

29

30

D

s Do

rette verjaar

31

O

ujaarsd

iens

1 Jan

N

UW

EJAA

RSD

AG

2 Jan

Page 3: iederark 29 November 2015Uitgawe 43/2015 › pdf2015 › iederark › 29 Nov.pdf · 2015-11-27 · nes 3:16-17 lui: “God het die wêreld so lief ge-had dat Hy Sy enigste Seun gegee

SENDING GEBEDSVERSOEKE

HOSPITAAL SENDING (Petro Zaayman) Bid asb vir: Riaan en Sanet wat die boodskap by die

hospitaal bring. Die personeel wat onder moeilike om-

standighede werk. Wanneer die hysbakke nie werk nie, moet hulle die swaar kos-bakke opdra na die verskillende verdiepings en sale toe.

Petro vir die nodige wysheid en krag vir elke dag.

Iemand wat op uitslae van ‘n bloedsiekte wag.

Iemand met emfiseem wat al swakker word. Die person bly alleen en is bekom-merd oor versorging in die toekoms.

BOTSWANA SENDING (Jerry en Magda) Ons eer die Here vir ’n geseënde tyd in SA saam met ons kinders, familie en vriende en vir ons veilige terugreis Botswana toe. Bid asb vir: Petro, die meisie in die gevangenis vir

vrede en geloof in God. Al die kinders wat eksamen skryf. Vir ons kerkie in Botswana, dankie vir hulle

mooi voorbeeld van Christen wees en hulle volhoudende kerkbywoning tot eer van die Here.

Eer God vir genade aan almal. Elke volk, taal en

nasie, wie tot bekering kom en Hom alleen as

God gehoorsaam en aanbid. “Vader, Seun en

Heilige Gees.“

VERITAS SENDING

(Ds Dawie en Naomi) Soos verlede week genoem is ek hierdie week besig met die opleiding van Veritas personeellede. Dit is baie geseënd. Ons het ook die voorreg om vir Siphiwo Kity, wat vir die die Xhosa opleiding van Veritas College

3

(hoofsaaklik in Port Elizbeth omgewing) verantwoordelik is hierdie week te huisves. Hy het groot waardering vir die opleiding, maar ons leer eintlik meer by hom omdat hy ‘n diep denker is en sy kultuur ook krities vanuit die Bybel beoordeel. Hy was Maandagaand saam met my na die groepie pastore in Khayelitsha en hy kon begrippe waarmee hulle gesukkel het, in Xhosa aan hulle verduidelik. Hy is ‘n uitstekende fasiliteerder en dit was ‘n belewenis vir ons almal – veral hoe hy elkeen by die gesprekke betrokke gekry het. Bid asb vir: die res van die opleiding wat nog tot

Vrydagmiddag sal aanhou; die geleenthede die volgende twee Sondae

waar die diplomas vir die een groep deelnemers in Khayelitsha en die twee groepe in die Kaap oorhandig gaan word, soos ons verlede week genoem het.

MALAWI SENDING

(Pieter Loots) Pieter skryf: Was vanoggend vroeg lande toe om kalk te gee

vir die wat in die lande werk. Dis baie droog, so die kompos word nou te droog.

Dank die Here vir die mense wat aangaan met Farming God’s way. Hulle lande lyk baie mooi en hulle het nie die uitgawe van baie duur kunsmis gehad nie.

Baie dankie Here. Die Bybelstudie by Makoem-ba, Mpumbe en die 2 groepe wat ek hier doen is geseënd.

Bid asb vir die ou hoofman wat in die hospitaal is. Dit gaan nie goed met hom nie. Sy bloeddruk is baie hoog.

Dank die Here dat ons water nog hou in die village. Dit is baie droog en warm.

Page 4: iederark 29 November 2015Uitgawe 43/2015 › pdf2015 › iederark › 29 Nov.pdf · 2015-11-27 · nes 3:16-17 lui: “God het die wêreld so lief ge-had dat Hy Sy enigste Seun gegee

4

KERSFEES:

Christelike reaksie

1 Vier Kersfees! Laat die vreugde van die seisoen

in jou lewe sigbaar wees. Leer jou gesin wat die

betekenis van Jesus se geboorte behels en maak

die Kerstradisies betekenisvol in jou huis.

2 Wens ander ’n geseënde Kersfees toe. Wan-

neer jy te kampe het met ’n “gelukkige

feesseisoen’, wens die persoon ’n geseënde Kers-

fees toe! Jy sal verbaas wees hoeveel mense

soortgelyk antwoord. Selfs as jy weerstand

teëkom, moenie toelaat dat dit jou vreugde

demp nie.

3 Spreek die waarheid in liefde (Ef 4:15). Die

Kersseisoen is ’n wonderlike geleent-heid om

Christus se liefde en die Evangelieboodskap te

verkondig.

4 Bid vir diegene in outoritêre posisies

(1 Tim 2:1-3). Bid vir wysheid. Bid vir herlewing

sodat Kersfees deur almal geëer sal word in

plaas daarvan om aanstoot te gee.

Ontneem die gee van geskenke Kersfees

van ware betekenis?

Baie mense neem die idee om geskenke tydens

Kersfees te gee, terug na die vers in Matteus

2:10-11 wat handel oor die wyse manne wat

geskenke aan Jesus gee: “Toe hulle die ster sien,

was hulle baie bly. Hulle het in die huis ingegaan

en die Kindjie saam met Maria, Sy moeder, ge-

sien en hulle het gekniel en aan Hom hulde

bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopge-

maak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud,

wierook en mirre.”

Geleentheid vir die Evangelie

Die Bybel vertel ’n wonderlike verhaal oor die

Gawe wat God ons gegee het, Jesus Christus, en

ons kan dit as ’n geleentheid gebruik om die

Evangelie te verkondig en liefde te bewys. Die

gee en ontvang van geskenke kan deel daarvan

wees om te vervul wat Paulus oor die gee van

gawes te sê gehad het in 2 Korintiërs 8:7-

8: “Aangesien julle alles in oorvloed het: geloof,

die gawe om julle woord te doen, kennis van

God, onbeperkte ywer en ons liefde vir julle,

wees dan ook in hierdie liefdeswerk oorvloedig.

Ek gee nie ’n opdrag nie, maar ek wys julle op

die ywer van ander om daardeur die opregtheid

van julle liefde te toets.”

Gee aan ander

Paulus het met die kerke gepraat wat finansiële

gawes aan hom gegee het sodat hy met die be-

diening kon voortgaan. Ons kan dit op ons eie

lewens toepas deur aan ander te gee, nie net ty-

dens Kersfees nie, maar deur die hele jaar!

Waarop fokus jy?

Kan die gee van geskenke die fokus van Kersfees

word, in plaas van dankbaarheid teenoor die

Here vir die gawe van sy Seun (Joh 3:16)?

Natuurlik! Beteken dit dat die gee van geskenke

noodwendig die ware betekenis van Kersfees sal

wegneem? Nee. Nie as ons op die wonderlike

gawe van verlossing wat die Here aan ons ges-

kenk het, fokus nie (Jes 9:6). Om aan ander te

gee, is ’n natuurlike uitdrukking van daardie

dankbaarheid. Die sleutel lê by ons fokus. Is jou

fokus op die geskenk, of op die skenker van

gawes, ons genadige Hemelse Vader? “Elke goeie

gawe en elke volmaakte geskenk kom van

Bo.” Jak 1:17.

Is Kersbome en -versierings heidense ri-

tuele?

Die moderne gebruik om ’n Kersboom te versier,

kom nie van enige heidense gewoonte nie. Daar

is geen bewyse van enige heidense godsdiens

wat ’n spesiale denneboom vir hulle mid-

winterfeeste versier het nie, hoewel die Romeine

die wintersonnestilstand met ’n fees, Saturnalia,

ter ere van Saturnus, die god van landbou gevier

het.

Hulle het hulle huise met groenigheid en ligte

versier en geskenke uitgeruil. In die laat Mid-

deleeue het Duitsers en Skandinawiërs immer-

groen bome in hulle huise of net buite hulle voor-

deur geplaas om hulle hoop in die komende lente

te toon.

Eerste Kersboom

Die eerste Kersboom is in die 16de eeuse Duit-

sland deur Protestante Christene versier. Ons

moderne Kersboom het uit hierdie vroeë Duitse

tradisies ontwikkel.

Wat sê die Bybel?

Daar is niks in die Bybel wat Kersbome gebied of

verbied nie. Daar word verkeerdelik deur som-

mige verklaar dat Jeremia 10:1-16 die afkap en

versier van bome op dieselfde manier as wat ons

dit gedurende Kersfees doen, verbied. Selfs met

’n vlugtige deurlees van die teks is dit egter

Page 5: iederark 29 November 2015Uitgawe 43/2015 › pdf2015 › iederark › 29 Nov.pdf · 2015-11-27 · nes 3:16-17 lui: “God het die wêreld so lief ge-had dat Hy Sy enigste Seun gegee

5

duidelik dat Jeremia in dié gedeelte die verbod

op die maak van vergulde of versilwerde houtaf-

gode uitlê.

’n Soortgelyke teks verskyn in Jesaja 44 waar

Jesaja praat oor die dwaasheid van die afgodedi-

enaars wat ’n boom afkap, ’n gedeelte daarvan

verbrand om hulleself warm te hou en die ander

deel gebruik om ’n afgod te maak waarvoor hulle

dan neerbuig en dit aanbid.

Behaag die Here

Tensy ons dus voor ons Kersboom neerbuig, ’n

afgod daaruit kerf en dit aanbid, is hierdie teks-

gedeeltes nie van toepassing op Kersbome nie.

Daar is geen geestelike betekenis daarin om ’n

Kersboom te hê of nie. Watter keuse ons ook al

maak, die motivering, soos in alle gewetensake,

moet wees om die Here te behaag. Romeine

14:5-6 spel die beginsel uit in ’n teksgedeelte oor

vryheid: “Vir die een is een dag belangriker as

ander dae; vir ’n ander is alle dae ewe belangrik.

Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees

van sy opvatting. Die een wat ’n bepaalde dag op

’n besondere wyse hou, doen dit tot eer van die

Here.”

Geestelike hoogmoed

Die Here is bedroef wanneer Christene op

mekaar neersien oor die viering of nie van Kers-

fees. Dit is geestelike hoogmoed. Wanneer ons

voel dat ons ’n hoër geestelikheid bereik het deur

iets te doen of nie te doen waaroor die Bybel niks

sê nie, misbruik ons ons vryheid in Christus,

skep verdeeldheid in Sy Liggaam en doen Hom

oneer aan. “Of julle eet en of julle drink of wat

julle ook al doen, doen alles tot eer van God.” 1

Kor 10:31.

Legende van Sint Nikolaas

Nikolaas het op 6 Desember ongeveer 340 of 350

n. C. gesterf en die dag van sy dood het ’n jaar-

likse fees geword waar kinders kos vir Nikolaas

en strooi vir sy donkie kon uitsit. Daar word gesê

dat die heilige gedurende die nag uit die Hemel

sou neerdaal en die geskenkies met speelgoed

en geskenke sal vervang – maar net vir die soet

seuntjies en dogtertjies. Daar is verskillende

variasies van die legende van Sint Nikolaas,

maar almal is geïnspireer deur die jolige gewer

van geskenke in ’n rooi uitrusting wat ons nou as

Vader Kersfees ken.

Leef liefde van Christus uit

Daar kan egter nie ontken word dat daar ’n

neiging is om Christus op ’n manier tog uit Kers-

fees te verwyder nie. In die nastrewing van ver-

draagsaamheid, insluiting en politieke korrek-

theid, poog sommige mense om die Christelike

oorsprong van Kersfees te verdoesel – asof ons

samelewing se materialisme nie alreeds die be-

tekenis van Kersfees vertroebel nie. Of hulle nou

na ‘Xmas’ of die ‘feesseisoen’ verwys, sal som-

mige nie tevrede wees voordat die feesviering

geheel en al sekulêr is nie. In reaksie hierop

moet ons die liefde van Christus in woord en

daad uitleef eerder as om kwaad te word of oor

die gebruik van ‘Xmas’ te kla.

Die ware betekenis van Kersfees

Die ware betekenis van Kersfees is liefde. Johan-

nes 3:16-17 lui: “God het die wêreld so lief ge-

had dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat dié

wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar

die ewige lewe sal hê. God het nie Sy Seun na

die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel

nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan

word. “ Die ware betekenis van Kersfees is die

viering van hierdie ongelooflike daad van liefde.

Die ware Kersverhaal

Die ware Kersverhaal is die verhaal van God wat

’n mens geword het in die gestalte van Jesus

Christus. Hoekom het God dit gedoen? Omdat Hy

ons liefhet! Hoekom was Kersfees nodig? Omdat

ons ’n Verlosser nodig gehad het! Hoekom het

God ons so lief? Omdat Hy liefde is (1 Joh 4:8).

Hoekom vier ons elke jaar Kersfees? Uit dank-

baarheid vir wat God vir ons gedoen het, ons

herdenk Sy geboorte deur geskenke vir mekaar

te gee, Hom te aanbid en veral bewus te wees

van die armes en behoeftiges.

Vrye Gawe van Liefde

Die ware betekenis van Kersfees is liefde. God

het wat Sy eie is, liefgehad en het ’n Weg

voorsien – die enigste Weg – sodat ons die

ewigheid saam met Hom kan wees. Hy het Sy

enigste Seun gegee om ons straf vir ons sondes

te dra. Hy het die prys ten volle betaal, en ons is

vry van oordeel wanneer ons die vrye Gawe van

liefde aanvaar. “Maar God bewys Sy liefde vir ons

juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons

nog sondaars was.” Rom 5:8.

Page 6: iederark 29 November 2015Uitgawe 43/2015 › pdf2015 › iederark › 29 Nov.pdf · 2015-11-27 · nes 3:16-17 lui: “God het die wêreld so lief ge-had dat Hy Sy enigste Seun gegee

6

Page 7: iederark 29 November 2015Uitgawe 43/2015 › pdf2015 › iederark › 29 Nov.pdf · 2015-11-27 · nes 3:16-17 lui: “God het die wêreld so lief ge-had dat Hy Sy enigste Seun gegee

7

Des

ember verja

ars

da

e

Page 8: iederark 29 November 2015Uitgawe 43/2015 › pdf2015 › iederark › 29 Nov.pdf · 2015-11-27 · nes 3:16-17 lui: “God het die wêreld so lief ge-had dat Hy Sy enigste Seun gegee

Beperkte spasie is beskikbaar gestel vir klein advertensies @ R100 pm (vir vier plasings)

vir ‘n spasie van 75mm x 70mm. Dit sluit ‘n outomatiese verskyning op die webblad in.

Die koste van ‘n A5 bladsy beloop dan R600 pm. Inbetalings word by die kerkkantoor ge-

doen. Advertensies word vooraf opgestel en elektronies tesame met die inbetalings-

bewys na Naomi gestuur. (Naomi en die Mediabestuur hou die reg voor om adverten-

sies wat indruis teen die etos van die gemeente, nie te plaas nie. Die voorreg om in die

Iederark te adverteer is slegs vir ingeskrewe lidmate van die gemeente beskikbaar.)

Die grootte van die oplaag word nie gewaarborg nie en word steeds gedruk na die be-

hoefte van gemeente getalle.

Redakteur:

Naomi Scheepers

E-pos gerus enige voorstelle, idees of

bydraes na:

[email protected]

(Kritiek Welkom!)

STAFFIES

9 weke oud, R800-00 elk. 2 inenting en ontwurmings gehad 1 x reun = wit en swart bors 1 x reun = wit en swart kolle Kontak: 073 182 9917