12
VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER (Jakobus 3:13-18) 'N GEBED OM WYSHEID Die gonswoorde in vandag se rugby is "spelpatroon en die regte ingesteldheid". Dit word sigbaar in hoe spanne speel en maak dikwels die verskil tussen wen of verloor. Jakobus pas die beginsels toe op die spel van die lewe. Hy het sekerlik nie rugby geken nie, maar skets met insig hoe 'n klipharde kragmeting tussen twee spanne verloop. Aan die een kant het ons jaloesie en selfsug wat die opponente gedurig wil hap en seermaak. Aan die ander kant is die spelpatroon om ander se gevoelens in ag te neem en deursigtig te wees. Laasgenoemde is nie gewild nie, want die ander span lees jou soos 'n boek! Die styl van die eerste span is jaloesie en selfsug, terwyl vrede die ander soos 'n skaduwee volg. Ons nader die week 'n verkiesing in ons land. Die kompetisie is straf en die spanning loop hoog. Die afrigters besluit oor hulle spelpatroon. Sommige pleit vir 'n "killer instinct", terwyl ander vra vir deursigtigheid en bedagsaamheid. Jou instink sal jou aanpor om die opponent uit te wis, maar die Gees van die spel vra dat vrede jou soos 'n skaduwee moet volg. Hierin speel die Afrigter en Kaptein 'n deurslaggewende rol... Wen is per slot van sake nie alles nie. Lees gerus Jakobus 3:13-18 ter voorbereiding vir die stryd. Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles DEURKOLLEKTE VANDAG Spes. Kol. Zimbabawe (CAVA) Baie dankie vir u gebede en volgehoue ondersteuning. Wees Lig! HARTLIK WELKOM Woensdag gaan ons stem. Psalm 72 is juis „n psalm vir die konings en regeerders. “Leer tog die koning, o God om te regeer volgens U wil ...” Barend Vos het hierdie psalm verwerk tot „n paslike gebed. Ons mag sekerlik Barend Vos se palm verwerk en verkort, en dan saam met hom bid “Ek bid vir ons land se regeerders, Here. Ek bid dat U geregtigheid sal seëvier. Ek bid dat U deernis vir die armes en magteloses in die regeerders se optrede weerspieël sal word. Here, hoe begeer ek tog leiers wat vir hierdie land net goed sal wees! Regeerders wat ons almal net tot seën is, wat deur die wêreld gerespekteer word. Dit is „n mooi land dié, Here, wat U uitgekies het vir my en my mense om in te woon. Wat ons leiers betref, Here: Wil U hulle seën met die wysheid om ons land nog mooier te maak om die oes se oorvloed wyd te versprei om die voordeel van ons geil opbrengs aan elke inwoner te laat toekom. Tot ons heil. En ter wille van U Naam” Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 31 JULIE 2016 TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 7 AUGUSTUS DS MICHIEL DE KOCK JOH 3:16 21 Ek wil u uitdaag om met hierdie teks stil te word en dit oor en oor te lees totdat die teks as‟t ware in u binneste kom lë. Hierdie oorbekende teks. Dalk sal u ver- ras staan oor wat die Heilige Gees in u hart wakker maak oor die hartklop van God se hart. Kom ons laat ons hartklop IN Rit- me kom met Vader se hartklop. BESPREEK: Wat is die kernrede vir die kerk se bestaan? Wat is u persoonlike reaksie op Vader se aanbod in hierdie teks? Nadat U ontdek het hoe lief God u het wat maak u met Sy liefde? Wat maak u met die INHOUD van Sy LIEFDE: Jesus Christus ons enigste Verlosser en Hoop? Mag die Here ons in so „n mate seën dat Vader se hart deur ons begin klop en dat Sy hartklop in ons gemeente en gemeenskap en in SA gehoor en gevoel sal word. Michiel. AANDDIENS @ 18:00 DS ANTON DUVENHAGE Ons verwelkom graag alle tieners terug na die aanddienste en Teentrix groepe. En onthou u is almal baie welkom om saam te kom sing en luister na die Woord. Welkom!

Hartklop - NG Gemeente Onrusrivier · ons gemeente ‘n biddende gemeente te maak. Ons het jou in-sette, jou voorstelle, jou hande, voete en gebede bitter nodig. Kom word deel van

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Hartklop - NG Gemeente Onrusrivier · ons gemeente ‘n biddende gemeente te maak. Ons het jou in-sette, jou voorstelle, jou hande, voete en gebede bitter nodig. Kom word deel van

VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER (Jakobus 3:13-18) 'N GEBED OM WYSHEID

Die gonswoorde in vandag se rugby is "spelpatroon en die regte ingesteldheid".

Dit word sigbaar in hoe spanne speel en maak dikwels die verskil tussen wen of verloor.

Jakobus pas die beginsels toe op die spel van die lewe. Hy het sekerlik nie rugby geken nie,

maar skets met insig hoe 'n klipharde kragmeting tussen twee spanne verloop. Aan die een kant

het ons jaloesie en selfsug wat die opponente gedurig wil hap en seermaak. Aan die ander kant is

die spelpatroon om ander se gevoelens in ag te neem en deursigtig te wees. Laasgenoemde is nie

gewild nie, want die ander span lees jou soos 'n boek!

Die styl van die eerste span is jaloesie en selfsug, terwyl vrede die ander soos 'n skaduwee volg.

Ons nader die week 'n verkiesing in ons land. Die kompetisie is straf en die spanning loop hoog.

Die afrigters besluit oor hulle spelpatroon. Sommige pleit vir 'n "killer instinct", terwyl ander

vra vir deursigtigheid en bedagsaamheid. Jou instink sal jou aanpor om die opponent uit te wis,

maar die Gees van die spel vra dat vrede jou soos 'n skaduwee moet volg. Hierin speel die

Afrigter en Kaptein 'n deurslaggewende rol...

Wen is per slot van sake nie alles nie. Lees gerus Jakobus 3:13-18 ter voorbereiding vir die

stryd.

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

DEURKOLLEKTE VANDAG Spes. Kol. Zimbabawe (CAVA)

Baie dankie vir u gebede en

volgehoue ondersteuning.

Wees Lig!

HARTLIK WELKOM

Woensdag gaan ons stem.

Psalm 72 is juis „n psalm vir die konings en regeerders.

“Leer tog die koning, o God om te regeer volgens U wil ...”

Barend Vos het hierdie psalm verwerk tot „n paslike gebed. Ons mag sekerlik

Barend Vos se palm verwerk en verkort, en dan saam met hom bid –

“Ek bid vir ons land se regeerders, Here.

Ek bid dat U geregtigheid sal seëvier.

Ek bid dat U deernis vir die armes en magteloses

in die regeerders se optrede weerspieël sal word.

Here, hoe begeer ek tog leiers

wat vir hierdie land net goed sal wees!

Regeerders wat ons almal net tot seën is,

wat deur die wêreld gerespekteer word.

Dit is „n mooi land dié, Here, wat U uitgekies het

vir my en my mense om in te woon.

Wat ons leiers betref, Here:

Wil U hulle seën met die wysheid

om ons land nog mooier te maak –

om die oes se oorvloed wyd te versprei

om die voordeel van ons geil opbrengs

aan elke inwoner te laat toekom.

Tot ons heil.

En ter wille van U Naam”

Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier

31 JULIE 2016

TEKS VIR DIE WEEK

SONDAG 7 AUGUSTUS

DS MICHIEL DE KOCK

JOH 3:16 – 21

Ek wil u uitdaag om met hierdie

teks stil te word en dit oor en oor

te lees totdat die teks as‟t ware

in u binneste kom lë. Hierdie

oorbekende teks. Dalk sal u ver-

ras staan oor wat die Heilige

Gees in u hart wakker maak oor

die hartklop van God se hart.

Kom ons laat ons hartklop IN Rit-

me kom met Vader se hartklop.

BESPREEK: Wat is die kernrede

vir die kerk se bestaan? Wat is u

persoonlike reaksie op Vader se

aanbod in hierdie teks? Nadat U

ontdek het hoe lief God u het wat

maak u met Sy liefde?

Wat maak u met die INHOUD van

Sy LIEFDE: Jesus Christus ons

enigste Verlosser en Hoop?

Mag die Here ons in so „n mate

seën dat Vader se hart deur ons

begin klop en dat Sy hartklop in

ons gemeente en gemeenskap en

in SA gehoor en gevoel sal word.

Michiel.

AANDDIENS @ 18:00

DS ANTON DUVENHAGE

Ons verwelkom graag alle

tieners terug na die

aanddienste en Teentrix

groepe. En onthou u is almal

baie welkom om saam te kom

sing en luister na die Woord.

Welkom!

Page 2: Hartklop - NG Gemeente Onrusrivier · ons gemeente ‘n biddende gemeente te maak. Ons het jou in-sette, jou voorstelle, jou hande, voete en gebede bitter nodig. Kom word deel van

MA. 1 AUGUSTUS DI. 2 AUGUSTUS WO. 3 AUGUSTUS

11:00 ONDERSTEUNINGSGROEP

( Dienssentrum - sien by LIGboek).

GEBED VIR ONS LAND (Sentrum)

06:00 - 07:00 Leraar gaan voor

18:30 - 19:30 Leraar gaan voor

Sentrum oop vir gebed 06:00 - 19:30

SOPKOMBUIS

GEBED VIR ONS LAND (Sentrum)

06:00 - 07:00 Leraar gaan voor

18:30 - 19:30 Leraar gaan voor

Sentrum oop vir gebed 06:00 - 19:30

24een GEBEDSWAG

VERKIESINGSDAG

10:00 KIDBROOKE byeenkoms

11:00 NEGESTER byeenkoms

18:00 BYBELSKOOL (NG Hermanus)

DO. 4 AUGUSTUS VR. 5 AUGUSTUS SA. 6 AUGUSTUS

09:00 BYBELSKOOL by die NG Onrus.

09:30 - 11:30 Die KOLWYNTJIE

TEETUIN is oop. U is baie welkom!

WAT GEBEUR ALLES SONDAG 7 AUGUSTUS ?

08:30 GEBEDSKAMER:

Ons bid saam vir die erediens, die

Leraar aan diens en die gemeente.

09:00 EREDIENS:

Ds Michiel de Kock gaan voor.

Welkom!

GEEN AANDDIENS

AGV

KALFIEFEES OPVOERING

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 5)

KLEUTERKERK 3 - 6 jr tydens Erediens (Ark)

BYBELGROEPE Gr 1 - 5 tydens die Erediens

TEENTRIX GROEPE Gr 6 - 11 @ 18:00 na die aanddiens.

ONDERSTEUNINGSGROEP: Ons nooi almal wat aan MNS, MS, spierdistrofie, Parkinsons, Alzheimer en alle vorme van Dimensie ly en hulle familielede na 'n ondersteuningsgroep wat op MAANDAG, 1 AUGUSTUS, om elf uur tot twaalf uur in die sit-kamer van die Dienssentrum gehou sal word. Dit is nie maklik om hierdie siektes en hulle simptome te hanteer nie. 'n Mens het nodig om daaroor te praat! Kom na die dienssentrum en kom gesels saam of sit net agteroor en luister na die res van die groep en kry weer motivering! Navrae: Erika Oosthuysen. DIE GEBEDSBEDIENING VERGADER op DV 11 Aug om 18:00 in die Gebedskamer. Elkeen, klein of groot se bydrae kan help om ons gemeente ‘n biddende gemeente te maak. Ons het jou in-sette, jou voorstelle, jou hande, voete en gebede bitter nodig. Kom word deel van die hartklop, die suurstof van Christenskap. Vir enige navrae, kontak Marietjie op KOMMUNIKASIEBEDIENING VERGADER Ons nooi graag alle persone wat deel wil word van die Kommu-nikasiebediening na ‘n vergadering op Dinsdag 16 Aug @ 18:00 in die Dienssentrum. Ons wil nuut kyk na die bediening, na die kommunikasie kanale in die gemeente en het beslis u hulp nodig. Vir navrae, kontak Piet van Zyl op 082 339 9871. Welkom!

BYBELSKOOL Die Bybelskool: DV Woensdag die 3de Aug (om 18:00 by Herma-nus Moedergemeente) en Donderdag die 4de Aug. (om 9:00 by Onrusrivier). Ons is besig om Jesus te herontdek. Tema: Jesus ... Sondebok? Ons kyk na Jesus ( onskuldig) se lyding ter wille van ons (skuildig). 20/21 Julie – Jesus bó Moses en Mohammed? 27/28 Julie – Jesus ... God? 3/4 Aug – Jesus ... Sondebok? 10/18 Aug – Jesus ...Koning? 17/18 Aug – Jesus ... die Enigste? 24/25 Aug – Jesus ... Jou Uitdaging! Navrae: Clifford by Tel. 028 316 4895. Lesings beskikbaar by Mervian, by die kerkkantoor by Vonkpos: [email protected] KERKKANTOOR SAL GESLUIT WEES op Maandag 8 Augustus. Weer oop Woensdag 10 Augustus.

boek

Schulphoekweg, Hermanus Besigheidspark Nuwe voertuie, Dienste, Onderdele

Kantoor: 028 312 1177/8 Nood/Na-ure: 082 889 3196 [email protected]

Groot dank en waardering vir ons Kalenderborg vir die maand wat die druk van die gemeentekalender moont-

lik gemaak het.

Page 3: Hartklop - NG Gemeente Onrusrivier · ons gemeente ‘n biddende gemeente te maak. Ons het jou in-sette, jou voorstelle, jou hande, voete en gebede bitter nodig. Kom word deel van

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE

GEBEDSVERSOEKE Marietjie 076 713 4513

Ee-pos: [email protected]

NOODKETTING Sheila 084 800 0947

Jesus, Heer van liefde en genade, ons bid vandag vir almal in hierdie land wat nie ‘n

huis het of lid van ‘n gesin is nie. Hulle wat alleen woon in woonstelle, aftreeoord, en wat bang is om saans na buite te waag. Here, ons bid vir al die eensaames in ons land.

GEBEDSBLAD

WEEK 1 - 7 Aug 2016

MAANDAG 1 AUG

Vader, ons bid vir die regering wat mens-likheidswette en hulpskemas bedink. Vry-

willigers wat geld insamel vir behoorlike behuising en voeding. Ons bid vir dokters, geestelikes, maatskaplike werkers en bure wat bereid is om te luister en op klein skaal te help.

DINSDAG 2 AUG

Here, ons het ook u hulp so dringend nodig, vandag. Wees saam met elke peroon wat by

‘n stembus werk, en by die wat in rye staan om te stem. Vader, mag U Naam geheilig word dwarsdeur ons hele land.

WOENSDAG 3 AUG

Dierbare Vader wat in die Hemel is, en ook hier op die aarde, vul ons met soveel liefde

vir U, dat die vlam van haat en bitterheid in ons sal blus. Vul ons hart met genoeg hoop om ons te bevry van vrees. Seën ons met geloof en liefde.

DONDERDAG 4 AUG

ONS BID SAAM

Adriaan van Niekerk Chemo

Lize vd Walt Brandwonde

Hester Bekker Verswak

Cissy Coetzee G/H Versorging

Wilkie du Toit Wag vir hartoor-

planting

Hannatjie Oosthuizen Verswak

Rina vd Westhuizen Depressie

Corlise Steyn Chemo

Jan Eksteen ICU - Longe

Carien Viljoen Brein operasie

Dawie Malherbe Siekeboeg

Piet Hoffman Chemo

Magda Marais Operasie gehad

Sunsunet Gombert Operasie gehad

Ilze van Antwerp Swangerskap

Hein Steinberg Chemo

Martha Swart Rug

Lemmi de Swart In hospital

Mev Hermanson snr ICU

Betsie Liebenberg Sorgeenheid

Ester Bester ICU

Marius van der Watt Kanker behandel

MEEGEVOEL: Met Bianca en Anton met die

heengaan van Bianca se pa. Ons bid vir julle.

KOM BID SAAM MAANDAG 1 AUG EN

DINSDAG 2 AUG BY ONRUSGEMEENTE

06:00 - 20:00 IN DIE SENTRUM

Geliefde broer en suster ons moet volhard in ons

gebede vir ons land, en „n vreedsame verkiesing,

Kom ons bid op 1 en 2 Augustus verder saam in ons sentrum wat

oop sal wees vanaf 06:00 tot 20:00. ** Vanaf 06:00 - 07:00 en

18:30 - 19:30 beide dae sal „n leraar voorgaan. U is welkom.

Kom as man en vrou, of as familie, en bring jou huishulp en

tuinhulp, jou buurman, jou kollega, jou skool vriende,

oupa en ouma, en kom bid, in

smeking tot ons Vader Jesus.

Ons vra ook dat elkeen daar

by die stemlokaal waar jy op

3 Augustus jou kruisie gaan

trek, „n gebed sal doen vir

versoening en vrede.

Ons almal saam . . .

Dierbare Vader, help ons om U in die donker te vertrou. Maak ons geloof ‘n lig wat oor die

pad skyn, al weet ons nie waarheen dit sal lei nie. Maar die lig is genoeg om U reeds daar aan die einde van die pad te sien staan.

VRYDAG 4 AUG

MENSE GESOEK VIR DIENS 1 & 2 AUG Dit sal waardeer word as daar enige een is wat wil

help om die sentrum te beman vir ons twee gebedsdae

vanaf 06:00 – 20:00 op 1 en 2 Augustus. Kontak asb

vir Marietjie op 076 713 4516 met die tyd wat jou sal

pas. Ons sê reeds baie dankie!

Page 4: Hartklop - NG Gemeente Onrusrivier · ons gemeente ‘n biddende gemeente te maak. Ons het jou in-sette, jou voorstelle, jou hande, voete en gebede bitter nodig. Kom word deel van

ONS BID VIR ...

DIE 2016 MUNISIPALE VERKIESING

Ons Vader, inspireer die mense van Suid-Afrika, sodat hulle vrede in plaas

van konflik sal soek. Gebruik die verkiesing as „n geleentheid om die leiers tot

kompromieë te bring wat alle partye tevrede sal stel, en genees die bittere

verskille, agterdog en haat, wat groepe uitmekaar dryf.

Jesus, U het U kosbare bloed gestort om mense met God en met mekaar te

versoen en in harmonie te laat leef. Verander die gedagtes van hulle wat hul

eie en ander se bloed vergiet in die fanatiese najaag van eie belange en ou

wrokke.

Jesus, daardie nag met die storm op die see het U dissipels bewend

uitgeroep: “Here, red ons! Ons vergaan!” Here dit is nou meer as ooit waar,

daardie nag het U, u kinders nie in die steek gelaat nie, U het die tierende gol-

we tot bedaring gebring met een bevel. “Hou op! Bedaar!”

Vader, doen dit ook vir ons in ons stormagtige land. As dit beteken dat

U eers die tierende selfsug in ons harte en die politieke gierigheid in ons

as nasie moet bestraf, doen dit Heer, en herstel asseblief weer die orde

en vrede in ons dorp en ons land.

Here, ons bid dat U ons verkiesing sal seën.

Amen!

BID VIR SUID-AFRIKA

HERE RED ONS!

ONS VERGAAN

Matt 8:23-27 Mark4:35-41

---

Ons bid met ons oë op

God gerig, en nie op

ons probleme nie.

---

God shapes the world

by prayer. The more

prayer there is in the

world the better the

world will be, the

mightier the forces

against evil.

Prayer is the secret

of power.

---

Vrede laat Ek vir julle

na; my vrede gee Ek

vir julle. Die vrede wat

Ek vir julle gee, is nie

die soort wat die

wêreld gee nie. Julle

moet nie ontsteld

wees nie, en julle moet

nie bang wees nie Joh

14:27

---

VERANDER DIE

WÊRELD, HERE

BEGIN BY MY!

Page 5: Hartklop - NG Gemeente Onrusrivier · ons gemeente ‘n biddende gemeente te maak. Ons het jou in-sette, jou voorstelle, jou hande, voete en gebede bitter nodig. Kom word deel van

10h00 - 12h00 HAARKAPPER: Ester du Toit nooi u - maak gerus ‘n afspraak by haar - Tel: 081 453 8130.

KOM WEES KREATIEF: Sitkamer om 10h00 – 12h00: Die groepie wat op 'n Dinsdagoggend bymekaar kom het

besluit om die gemeenskap te bedien met hul kreatiwiteit. Hulle gaan vir die volgende winter fokus op 'n winkel/kafee/motorhawe in die dorp en serpe, musse en handskoene brei

vir die personeel. Indien u saam wil kom brei op 'n Dinsdagoggend is u meer as welkom. Hierdie groepie brei

nie net nie - hulle kuier, lag en gesels baie lekker saam - daar is ook altyd iets lekkers om te eet.

NAALDWERK: Rita Ferreira is terug van vakansie. U is welkom om herstelwerk te bring. Baie dankie!

10h00: SKAAK Johan Oosthuizen is baie lief vir skaak en wil sy belangstelling/liefde graag met u deel. Kom speel saam met hom by die Dienssentrum. Indien jy nie kan speel nie is Johan bereid om vir jou te leer. Kontak asb vir Johan op ‘n Maandag om te bevestig op 082 804 6715 of 028 316 4961 indien u wil kom saam skaak speel op ‘n Dinsdag. U is baie welkom! Dit is die regte tydverdryf vir die winter aande.

KLINIEK 10h00 – 12h00: Kontak sr. Ronel Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak. Sy kan gekontak word Maandag tot Vrydae: 08h00 – 13h00. Kontak sr. Calitz direk indien u versorger benodig.

10h15: KOM SPEEL SAAM in die sitkamer. Kom speel Rummykub en ander speletjies. Kom kuier lekker saam met Joan en Kosie! Almal is baie welkom!

Ons almal saam in diens van

Jesus Christus

Oral, Altyd en in Alles

PROGRAM 1 - 7 Augustus

Onrusrivier Dienssentrum

“Deur die genade

van God”

MAANDAG 1 AUGUSTUS (DIENSSENTRUM GESLUIT)

DINSDAG 2 AUGUSTUS

WOENSDAG 3 AUGUSTUS (DIENSSENTRUM GESLUIT AGV VAKANSIEDAG)

DONDERDAG 4 AUGUSTUS

Sny van hare: Mans R50 (nie lede R70)

Sny van hare: Dames R60 (nie lede R80)

Haarsny en droogblaas (“blow dry”) R75 (nie lede R95)

Haarsny en krullers indraai (“set”) R80 (nie lede R100)

Was hare en droogblaas (“blow dry”) R40 (nie lede R60)

Page 6: Hartklop - NG Gemeente Onrusrivier · ons gemeente ‘n biddende gemeente te maak. Ons het jou in-sette, jou voorstelle, jou hande, voete en gebede bitter nodig. Kom word deel van

KONTAK NOMMERS DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745 KONTAK VIR JOAN OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

VIR ENIGE INLIGTING.

ERIKA OOSTHUYSEN

Maatskaplike Werker

O28 316 3115 / 079 322 0998

[email protected]

ALGEMEEN

MUSSE: Van ons gemeentelede het kom vra of ons nie

dalk musse en serpe wil verkoop nie. Gebreide artikels

is skaars en dit is koud. Ons het nou musse gekry - ver-

al kinder musse. Ons verkoop dit teen R20 per

mus. Baie dankie vir Ananda se skenk van die

musse. Ons sal sorg dat ons DV teen volgende winter

wel musse en serpe beskikbaar het by die dienssentrum.

VRYDAG MARKIE: Die Dienssentrum het weer op

Vrydag, 9 September, 'n mark hier by die kerk vanaf

9h00 - 12h00. Die koste is R20 vir 'n tafel. Kontak asb

vir tannie Joan by die dienssentrum.

Ons vra dat u

asb eers

betaal en dan

word die tafel

bespreek.

Baie welkom!

VRYDAG, 5 AUGUSTUS

KOLWYNTJIE TEETUIN

09H30 – 11H30

BAIE DANKIE AAN:

1. Al die dames wat betrokke is in

die kombuis en eetgoed verskaf.

2. Verjaardaggroepe wat die KOLWYNTJIE kies waar

hulle verjaardag wil vier.

3. Bybelstudiegroepe wat rondom 'n koppie koffie/tee

kom kuier.

4. Predikante wat net kom bladskud en vinnig 'n ge-

selsie inkry.

5. Persone wat nuwe intrekkers in hulle buurt saamnooi

om in te skakel by ons gemeente.

Vir net R30 word koffie/tee saam met verversings van

jou keuse bedien. Vir groepbesprekings kontak Marie 'n

week of twee vooraf by 028 316 4018 of 083 457 1896.

Jan, Rudolf, Billy en Gert van Fynbospark het vanoggend

hulle voete laat versorg by die dienssentrum. Gert se vrou

verjaar vandag en Jan het gister verjaar. Ons bid hulle

Gods rykste seen toe. Hier drink hulle saam met Joan by

die dienssentrum 'n glasie druiwesap om die verjaarsdae te

vier.

SPOELKLIPPE-UITNODIGING NA

'n HEERLIKE "BRUNCH!"

WANNEER? Donderdag 18 Augustus DV

WAAR? Sandbaai Country House (Angelique

Brink)

KOSTE? R75 (fooi ingesluit)

Koue buffet plus warm ontbyt met brode,

koffie/tee ens. NB! Gee name op en betaal

voor of op MAANDAG 15 AUGUSTUS by

kerkkantoor. Ons vertrek na 10:00 vanaf

ons kerk of kom so 10:15 by gastehuis

bymekaar.

Vir meer inligting kontak

JOEP 028 316 4018 of 083 297 9230.

Page 7: Hartklop - NG Gemeente Onrusrivier · ons gemeente ‘n biddende gemeente te maak. Ons het jou in-sette, jou voorstelle, jou hande, voete en gebede bitter nodig. Kom word deel van

POND-VIR-POND

Te same met GetLogged Lifestyle Gym gaan Teentrix inisiatief neem om „n sportbediening in Zwehlilhe (onder die leiding van Brine - `n

leier waarmee ons die afgelope tyd „n pad stap) te ondersteun.

Aangesien die bediening met sport te doen het, speel persoonlike fiksheid ook „n groot rol in die inisiatief. Hierdie tyd van die jaar kort

almal motivering om die ongewenste “winter kilos” af te skud en die inisiatief gaan ons daarmee help! Vir elke pond in gewig wat oor die

tydperk van twee maande (1 Aug. - 30 Sept.) verloor word,

gaan ons „n pond kos/sportsklere aan die sportbediening skenk.

HOE KAN MENS BETROKKE RAAK?

Ons wil die gemeente graag vra om saammet die Jeug nie-

bederfbare kos, sowel as sportsklere (wat julle nie meer

gebruik nie, maar wat steeds in bruikbare kondisie is) na

die kerkkantoor toe te bring.

Neem self deel aan die uitdaging: Stem in om deel te raak

van die beweging deur jou naam vir Ds. Anton Duvenhage

te gee, jouself 1 Aug. en 30 Sept. te weeg en sodoende

te help ondersteun. GetLogged Lifestyle Gym in die Eastcliff Sentrum het ook

ingestem om vir hierdie tydperk „n spesiale tarief te vra

vir die mense wat aan die insiatief deelneem.

Ek hoop dat almal saam met ons Jeug opgewonde

is en dat hierdie ‘n reuse sukses sal wees!

SENDINGMAAND

SENDELING VAN DIE WEEK

CAVA (Gerhard Breytenbach)

THANK GOD WITH US FOR: 1. Supporters/Donors of finances and other resources 2. More sponsors for NBI in prisons and for new prisons that have opened their doors 3. More external printing and that the revised NBI course will be fully covered financially 4. The Lord’s sustained provision of the right tenants to help cover our operating costs 5. Book sales improving in spite of economic climate

UNEXPECTED ALLEVIATION Amazingly our electricity woes have subsided! Since the beginning of the year we have hardly had any power cuts. As much as we are grateful, it feels surreal and we expect the honeymoon to be over any time soon. We know that tough times are coming – it has been widely predicted. Already things are more expensive in the shops, cash is scarce, everyone is making plans to pay their staff in a cashstrapped economy, imports are affected, people are demonstrating against the make-shift plan of promised bond notes as substitute cash, with cash still leaving the country daily because of panic, crippling the economy even more. Yes, tough times are coming… Until then, let there be light!

UNEXPECTED PHONE CALL Pieter van der Merwe, nephew of former staff member Rev Du Toit van der Merwe, called from Ladismith, South Africa, where he is farming fruit. They are planning another outreach to Dzoro, a small place in the Zimbabwean countryside, 120 km south-east of Masvingo. They want CAVA to supply the literature – music to my ears! Then I heard the wonderful story. This outreach started as a combined initiative of the DRC Ladismith congregation and the late Rev Henry Murray from Morgenster, more than 7 years ago. Today they are feeding 300 children 1 meal a day. Needless to say, it presents its own problems that need to be managed since free food in an arid area, attracts more children than can be managed. However, what a mammoth and admirable undertaking! There have never been high school facilities. Over time two classrooms were built for Forms 1 & 2 and now the next two for Forms 3 & 4 are in its final phase of completion. No more outdoor schooling under trees any-more! This year, youth from the wider Ladismith community will accompany the group and provide much needed muscle power as well as good peer interaction. CAVA is so grateful to be a part of this project this year.

A CAVA school outreach Christian Audio-Visual Action (CAVA) P.O Box 649; 11 Boston Ave;

Eastlea, Harare; Zimbabwe

Tel: 495596 / 495600 E-mail: [email protected]

Website: www.cava.co.zw

DIE DEURKOLLEKTE

VANOGGEND GAAN

VIR ONS SENDELINGE

IN ZIMBABWE (CAVA)

BAIE DANKIE!

Page 8: Hartklop - NG Gemeente Onrusrivier · ons gemeente ‘n biddende gemeente te maak. Ons het jou in-sette, jou voorstelle, jou hande, voete en gebede bitter nodig. Kom word deel van

MUSSE MET LIEFDE

As sameroeper van sopgroep 5 het ek die volgende uitdaging aan die dames in my groep gegee: Kom ons brei 67 musse om te gaan uitdeel op Mandeladag!! Verlede jaar het ons nie net 67 musse gebrei nie maar 112 en vanjaar het ons 223 musse gebrei!!!!

Met ons musse en skenkings van stokkielekkers, “cup cakes” en “chippies” het ons vir kindertjies gaan kuier by: Cheryl in Mount Pleasant, een van die sopafleweringspunte. Hier was groot ogewondenheid en van die kindertjies kon nie glo dat hulle kan kies van watter mus hulle hou nie. My kleinseuns van 3 en 5 jaar oud vertel nou nog vir almal van die maatjies wat koud kry en honger is. Die kindertjies groet ons met ‘n liedjie: Dankie liewe Heer!!!

Ons volgende kuier plek was saam met Marlene en Maret by Rebecca se kleuterskooltjie in Zwelihle. Die kleintjies het al ons aandag en saamspeel BAIE geniet en natuurlik ook die bederfies van chippies en musse.

Verlede Vrydag het ons met Marlene, weer as ons gids, by Duifies en Kuifies in Mount Pleasant gaan kuier. Hier ontmoet ons Dorothy en Charlene wat met liefde die kinders versorg. Die kinders het al die oumas se aandag baie geniet en was meer as gewillig om op ons skoot te sit of rond gedra te word. Die bederfies van pakkies chips en musse is ook met groot opgewondenheid ontvang.

Ons het nog een besoekpunt, die dagkliniek in

Swartdamweg se ma-en-baba-afdeling, waar ons die laaste van ons baba musse gaan uitdeel.

Hierdie ervaring het ons almal gelos met harte

vol dankbaarheid vir al die seëninge waarmee

ons geseën word!!!

Page 9: Hartklop - NG Gemeente Onrusrivier · ons gemeente ‘n biddende gemeente te maak. Ons het jou in-sette, jou voorstelle, jou hande, voete en gebede bitter nodig. Kom word deel van

AUGUSTUS IS SENDINGMAAND

GROOT PROJEK

GROOT GELEENTHEID

GROOT OPGEWONDENHEID

GROOT OPDRAG: “GEE JULLE VIR HULLE IETS OM TE EET”

(Matt 14 : 16)

SONDAG 28 AUGUSTUS 2016

JY WIL DIT NIE MISLOOP NIE!!

WAT? UITDEEL VAN (LIEFDES-)MUFFINS AAN ONS GEMEENSKAP

VIR WIE? PERSONE WAT WERKSAAM IS OP „N SONDAG EN BY

NOODDIENSTE – Polisie, Brandweer, Hospitale,Vulstasies,

Veiligheidsmaatskappye, Versorgingsoorde en Ouetehuise.

WAAROM? “Die liefde van Christus dwing ons….” 2 Kor 5 : 14;

“Ons is medewerkers in diens van God.” 1 Kor 3 : 9;

“In Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan

goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.” Ef 2 : 10

HOE MAAK ONS? BAK OF KOOP SOVEEL MUFFINS AS WAT

JOU BEURSIE JOU TOELAAT, EN BRING DIT SAAM KERK TOE OP

SONDAG 28 AUGUSTUS. ONS VERTREK NA DIE DIENS DAARDIE

SONDAG SAAM MET „N SPANLEIER NA DIE PLEK VAN JOU KEUSE

(meer inligting binnekort!)

LIEFDESWERK TOT EER VAN DIE HERE

VIR NAVRAE: KARIN DE BRUIN BY DIE KERKKANTOOR OF

UYS EN MATTIE SWART - 076 522 5669

Vlnr: Deon van der Kooi, Paulda

van Wyk met Janieke en Mieke.

Vlnr: Piet & Amanda Meyer en Roelfie & Piet Marais.

HARTLIK WELKOM NUWE INTREKKERS

Ons bid dat julle tyd hier in Onrusgemeente tot groot seën sal

wees vir julle en dat julle die liefde hier ontvang sal uitdeel sover

julle gaan. Onthou: WEES LIG! Baie welkom.

Page 10: Hartklop - NG Gemeente Onrusrivier · ons gemeente ‘n biddende gemeente te maak. Ons het jou in-sette, jou voorstelle, jou hande, voete en gebede bitter nodig. Kom word deel van

222444 eeneeneen

NGK & VGK GEMEENTES 24 UUR GEBEDSWAG EERSTE WOENSDAG VAN DIE MAAND

Vir enige navrae, kontak asb vir Marietjie van Wyk by 076 713 4513.

3 AUGUSTUS 2016

1. LOFPRYSING

My boat of life sails on the troubled sea,

Whenever there's a wind in my sails

But I have a friend, who watches over me,

When the breeze turns into a gale

I know the Master of the wind, I know the Maker of the rain He can calm the storm, make the sun shine again, I know the Master of the wind

Sometimes I soar like and eagle to the sky,

Among the peaks my soul can be found.

An unexpected storm may drive me from the heights,

Bring me low, but never brings me down

Gooi jou brood op die water want na

„n lang tyd kry jy dit terug.

Sit jou besittings op sewe of agt plekke

jy weet immers nie watter rampe die land

kan tref nie.

As wolke vol water is, val daar reën op

die aarde. Of „n boom nou suid val of

Noord, dit bly lê waar dit geval het.

As jy heeldag na die wind kyk sal jy nooit saai nie, en as jy na die wolke

kyk sal jy nooit oes nie.

Net so min as wat jy die pad van die wind ken, of weet hoe die liggaam lyk in die skoot van „n

swanger vrou, net so min verstaan jy die werk van God wat vir alles verantwoordelik is.

Saai jou saad vroegoggend, maar moenie ophou as dit aand word nie. Jy weet nie watter land

vanjaar suksesvol sal wees, en of al twee saam „n goeie oes sal lewer nie.

2. KOM ONS LEES UIT

PREDIKER 11:1-6

Page 11: Hartklop - NG Gemeente Onrusrivier · ons gemeente ‘n biddende gemeente te maak. Ons het jou in-sette, jou voorstelle, jou hande, voete en gebede bitter nodig. Kom word deel van

4. ONS BELY ONS SONDE Here ons hou ook soms die wind dop omdat

ons vrees wat met ons in ons land kan gebeur.

Ons gee partykeer te gou moed op en raak

passief en gaan maar saam met die stroom al

besef ons dit is verkeerd. Ons kla en raak

bitter teenoor ander mense en ons harte word

hard oor woorde van geweld wat ontplof in

dade van geweld. Ons hele samelewing het

met selfsug „n geskonde land en wêreld gebou.

5. ONS BID ... vir eenheid in SA, dat God die land se mense se oë sal oopmak sodat hulle die verskeidenheid van

hulle geestelike gawes, geleenthede, agtergronde, oortuigings, taal en kultuur sal sien as

geleenthede tot diens en verryking van mekaar en tot ere van God.

dat God ons weer sal lei tot verootmoediging sodat ons

sal vergewe en vergewe sal word.

vir genesing vir almal wat verward en

verwildered is, sodat elkeen weer hulle

ore sal open om God se stem te hoor.

Prediker 11:1-6 praat van geloof en van neem

van besluite, en om berekenend te werk. Dit

waarsku ook dat wie die wind bly dophou, nie sal

saai nie, en wie na die wolke kyk nie sal oes nie.

Hierdie is vandag so relevant in ons politiek,

werkloosheid, ekonomiese krisisse en slegte

verhoudings. „n Moedelose gebroke mens sal

maklik sê, “hier is „n storm aan die kom, alles

gaan verwoes word!”. Jesus se kinders sê, daar

is „n storm aan die kom, maar dit gaan weer

verby, óf, kyk die wind waai, …kom ons span die

seile want ons weet Jesus is aan die stuur.

Dit is Munisipale Verkiesing en ons is besig met keuses en besluite. Party doen dit aktief en veg vir

standpunte, terwyl ander dit passief doen. Ander neem nie deel nie, want hulle glo dit help niks nie –

hulle kyk na die tekens en besluit om terug te staan. Wat doen jy…. Kyk jy geduring na die wind of

vertrou jy God dat Hy jou sal lei om berekende besluite te neem. Het jy die waagmoed om op te

staan vir wat reg is of gee jy gou moed op.

Glo jy dat God met ons land sal doen wat Hy móét doen? Al wat Hy van jou vra is volgehoue vertroue.

Ons dien „n God van uitkomste!! Ons moet aanhou vertrou en aanhou om waagmoedige besluite te neem

sodat ons akief en met oorgawe kan bly leef, omdat ons weet God is in Beheer. Hy is die Meester

van die wind.

3. OORDENKING

Dankie Vader dat U in beheer is

van die winde van ons lewens.

6. ONS DANK GOD

Page 12: Hartklop - NG Gemeente Onrusrivier · ons gemeente ‘n biddende gemeente te maak. Ons het jou in-sette, jou voorstelle, jou hande, voete en gebede bitter nodig. Kom word deel van

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl

082 339 9871 [email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER Hennie Davies 061 300 4577

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

Chris Schutte Sel: 083 258 4990 Tel: (028) 212 1159

E-pos: [email protected]

KOSPAKKIES 15 AUGUSTUS DV Sopmengsels en suiker sal ook waardeer word. Baie dankie vir al die ander bestanddele wat ons so gereeld ontvang. TE KOOP: Tweedehandse elektriese rolstoel. Nog in baie goeie toestand. Kontak Nikki by 082 432 8790. “CRAFTERS” SE GOEDERE GESOEK vir ‘n win-kel in Hermanus. Brei of hekel jy? Hulle soek enige mooigoed om te verkoop. Die winkel no is 028 312 2088 of 081 426 5205. DRINGEND GESOEK: 1 x Dubbelbed matras vir ‘n ma met twee kinders. Kontak die kerk-kantoor. Baie dankie!

DIE KLEREKAS soek asb hangers waaraan hulle die klere kan hang. Indien u ekstra hangers het, bring dit asb na die kerkkan-toor. Dit sal baie waardeer word! Enige klere is ook baie welkom. Ons het groot hoeveel-hede klere uitgedeel en die kaste is maar leeg!Gaan loer gerus deur u kaste en bring na die kerkkantoor. BAIE DANKIE! Ons wil net baie dankie sê vir Elsabe Heyns en haar span wat elke Woensdagoggend, in die koue en nat weer besig is om onder in die moederskamer klere te verkoop. Baie dankie vir julle motivering, gewilligheid en liefde vir die gemeenskap. Dit word opreg waardeer.

SENDINGBEDIENING VOERTUIG: BAIE DANKIE EN ‘N VERSOEK Ons prys God vir die Land Rover Discovery wat aan ons sendelinge in Indië beskikbaar gestel is tydens hul besoek aan die WesKaap. Die voertuig is swaar op brandstof. Wil jy 'n fi-nansiële bydrae maak asb? Navrae: Uys Swart 076 522 5669 ** Baie dankie vir die wat reeds hulp gee. BEDIENINGSLEIER VIR SENDING Lê Sending na aan jou hart? My 2de termyn as Sendingbedienings-leier verstryk Mei 2017. Indien jy geroepe voel om die "aflos-stokkie" oor te neem, kontak my asb. Uys Swart 076 522 5669 / 028 316 1856 E-pos: [email protected] CAMPHILL FARM: Dit gaan finansieel nie goed met die plaas nie. Gevolglik is huishulpe en kokke laat gaan. Die huismoeders en va-ders van elke huis kry nou bitterlik swaar. Is daar dalk vrywilligers wat betrokke sal raak om van tyd tot tyd 'n maaltyd te kom kook, inwoners tandarts toe te neem, inkopies te gaan doen, tyd met die inwoners te spandeer en dan is daar ook 'n goeie skoonmaak van die huise van tyd tot tyd nodig. Indien iemand wil help skakel asseblief vir Narina Howard by 028 316 1767. Kom ons probeer om hierdie men-se te help - dit is 'n tehuis sommer hier in ons omgewing. Daar is Afrikaans sprekende inwoners wat graag 'n erediens wil bywoon. Is daar dalk mense wat hulle op 'n Sondagoggend kan gaan haal? Kontak Narina. Baie dankie!

WINTERPROJEK: Die winterprojek se artikels is Vrydag besorg aan die Swop Shop, Sofca en Huis Lettie Theron. Hulle het dit met groot waardering en dankbaarheid ontvang.

Baie dankie vir elkeen wat iets gekoop en ge-skenk het. Dit word opreg waardeer. Bo is 'n foto wat geneem is met die artikels reeds in sakke en reg om geneem te word.

wees