Upload
others
View
7
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
GEBEDSBRIEF Wonderboom Ned. Geref. Gemeente
29 Januarie 2017 Besoek ons WEBTUISTE:
www.ngkwonderboom.co.za Welkom aan elkeen wat vandag saam aanbid!
Mag die Here ons in ons liefde vir Hom en mekaar seën! Kom geniet na die oggenddiens iets te drinke in die binnehof en deel so in mekaar se vreugde en hartseer. Baie geluk aan dié wat die afgelope of komende week verjaar (het).
Ons ontmoet graag nuwe intrekkers na die diens voor die kansel.
Bid asseblief dat ons EREDIENSTE ware ontmoetings met die lewende God en met mekaar sal wees!
LERAAR TEMA TEKS
Dr Nelius Steyn
Kinderdiens
09:00
Identiteit van ‘n
gelowige
1 Petrus 2:9 “Julle... is ‘n uitverkore volk, ‘n
koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die
eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet
verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy
wonderbare lig.”
Dr Heinrich Zwemstra
09:00 Soetdoring
God is nie skaam vir sy kinders nie!
Eksodus 3:6 Verder sê Hy: “Ek is die God
van jou voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die
God van Jakob.” Toe maak Moses sy gesig toe, want hy was bang om na God te kyk.
Dr Nelius Steyn
18:00
Debeon & Belydenisgroep oor Geloof...
18:00 in die Jeuglokaal
Omgeegroepe
Omgee-materiaal is by die
deure beskikbaar. Dit kan ook vir persoonlike stiltetyd
gebruik word.
Woordgroei
Donderdagaand 2 Februarie om 19:00 in die Kameel.
Kerkkantoor
Die Kerkkantoor is Woensdag
1 Februarie slegs tot 12:00 oop.
Kategese en Belydenisklas
Juniors (Gr0 – Gr6) kom 10:15 in die Bo-vertrek en Debeon (Gr7 –
Gr11) vanaand 18:00 in die Jeuglokaal bymekaar.
Ouerbyeenkoms
Dit is vandag die Kategese ouerbyeenkoms. Alle ouers
(Junior kategese en Debeon) kom 10:15 in die kerk bymekaar
vir ‘n kort inligting sessie
SORG VIR MEKAAR!
Siekes
Pieter du Toit (Mitzi 072 241 7115), Schalk Grobbelaar (Maggie 082 702 4005), Magdel van Niekerk (Anette 082 773 2436), Gerrie
Burger (082 379 1126), Jocy Scheepers (084 511 9596)
Beterskap
Piet van der Westhuizen en Elsa Maré
Bedroefdes
Anet Gous (083 458 1721) en haar familie met die afsterwe van dr. Andries Gous (Soetdoring). Sy gedenkdiens vind Woensdag
1 Februarie om 11:00 vanuit Ned. Geref. Gemeente
Wonderboom-Suid (12de Laan 920) plaas.
Nagmaalete 5 Februarie 2017 Met ons eerste Nagmaalgeleentheid vir 2017 word daar ook ‘n Nagmaalete beplan. ‘ ‘n Omgeegroep in die gemeente neem inisiatief om die geleentheid te reël. Dit word
gedoen om 1. Ons gemeenskap van gelowiges te versterk en 2. Fondse te genereer vir algemene instandhouding van die kerkgebou en -terrein. Alle nodige inligting is op die
kennisgewingbord asook ’n lys vir besprekings. Indien jy navrae het, kontak Derick Spies 060 463 0894 of Geoff Holland-Muter 076 637 9355. Kom kuier lekker saam!
Kunstig of Kreatief? Die blommekomitee soek nog
na mense wat graag wil help
met die mooimaak van die kerk-
gebou d.m.v. blomme en kleure
in aansluiting by die kerkjaar. In-
dien jy hierby wil inskakel, kon-
tak asb. Eleanor 082 880 8346 of
Willa
In 1 Timoteus 4:12 sê Paulus vir Timoteus dat niemand op hom mag neersien omdat hy jonk is nie. Hy moet ’n voorbeeld wees vir al die gelowiges in woord en gedrag, liefde, geloof en reinheid. Ons wil graag in 2017 saam met ons jongmense en kinders ‘n positiewe impak maak! Ons is bevoorreg om ‘n bekwame en toegewyde span jeugmentors in die gemeente te hê, wat saam met ouers by die kinders en jeug be-trokke is en hulle aan die Here bind. Die kategete by die juniors is: Santa Nell [Gr 00 en 0], Melanie Bredell [Gr1], Marquerite Wepener [Gr2+3], Elize Marais [Gr4] en Elize Steyn [Gr5+6]. Ons kort nog twee persone - ‘n kategeet en ‘n sekretaresse. Skakel Elize Steyn asb. As jy kan help (061 2345 750). Debeon: Die jeugleiers by die seniors is: Elané Steyn, Ashton van Niekerk, Johann Pfeil, Anzelle Thomas en Louis Naudé. Ninette Barnard is die sekretaresse, Bennie en Erika Myburg is die Debeon-voogde en dr. Nelius Steyn die geestelike leier. Die belydenisgroep funksioneer as deel van Debeon, onder leiding van ds. Ernest Horn. Dit is ook dan vandag tydens die erediens die bekendstelling van die kategete en jeugleiers aan die gemeente, met die onderneming om vir hulle te bid. Ons het ook vandag ons Katkisante-ouerbyeenkoms in die kerkgebou om 10:15. Dit geld die ouers van die junior- én die senior kategese. Ons dank die Here vir elkeen wat so in ons jeug belê en dra julle aan die Here op. Mag elke kind en jongmens die Here ontmoet en nader groei aan sy wil en liefde deur julle toewyding, voorbeeld en gawes! Mag ons lei deur te dien! Ons bid vir elke kind en jongmens - dat elkeen sal antwoord op God se roeping en in ’n lewende verhouding met Hom sal leef!
Wonderboom Veiling van 2de handse goedere
‘n Veiling van tweedehandse goedere word by NG Kerk Wonderboom op Saterdagoggend, 25 Maart 2017, 11 Maart
2017 gehou om die gemeente se fondse aan te vul.
Raak ontslae van al jou onnodige items!!!
Ons benodig goedere om te verkoop op die veiling. Daar gaan ook ‘n “Wit Olifant” stalletjie wees, so letterlik enige items wat jy wil uitgooi, is welkom. Indien jy items het om te verkoop en
‘n gedeelte van die geld terug wil hê, kan jy ‘n reserwe prys opsit -15% kommissie van die verkoopprys gaan dan na die
gemeentefonds. Eet- en drinkgoed sal te koop aangebied word die dag met die veiling. Skakel ons solank met jou belofte vir
items wat jy kan gee sodat ons die veilingslys kan begin voorberei. Vir reëlings oor skenkings of enige navrae, kontak
Pepsi Wepener by 0846027044. of by [email protected].
Oudio-loog
Gehoorapparate, gehoortoetse, diens en herstel asook batterye.
Noord Apteek 012 546 0762
Vakansie-huis
Luukse, ruim vakansiewoonstel (Doonside naby Winkelspruit) teen strand (70m). Pragtige see uitsig. 3 Slaapkamers, 2¼ badkamers, veilige
sekuriteitsbeheerde parkering onder die gebou.
Petro Nel
082 412 0999
Woonstel te huur
Te huur: 2 slaapkamer woonstel onmiddelik beskikbaar. Kombuis, sitkamer, 2 slaapkamers, vol badkamer en parkering. Veilige en rustige
omgewing, geleë in Doornpoort / Wonderboom lughawe area. Ongelukkig geen troeteldiere
en/of klein kindertjies nie.
Louis
082 888 2474
Eleanor
082 880 8346
Sang oggend
Jak de Priester tree op by NG Overkruin op 18 Februarie om 09:45. Kaartjies
beloop R 100 per persoon
Anel
082 459 1474
CLE Finansiële
Dienste FSP 12700
Beskerming, versekering, spaar, beplanning ens. Kontak ons vir enige raad en bystand rakende
sakeversekering, pensioenfondse, voorsorgfondse, lewensversekering, testamente, effektetrusts, aftree
beplanning, beleggings beplanning ens.
Carel Hollenbach
082 901 2441
PKM Transport
Algemene Meubelvervoer en langafstand. Bokse en verpakkings-materiaal te koop. Stuur ‘n e-pos [email protected] of skakel.
Anna-Mari 012 803 0470
086 111 1129
R $ £ € Skakel ons vir enige inligting of bystand
aangaande beleggings wêreldwyd.
SA Batebestuur 012 567 7657
Snoei van bome
TREE CARE / TREE FELLING KONTAK / CONTACT
ERNST 083 656 4992
www.treecarepta.co.za
Meenthuis te koop in Eftyhias
Boulevard
Eftyhias Boulevard, Montana R625 000 ohb. Netjiese 2 slk. meenthuis, vol badk., leefarea, oopplan kombuis, onderdak stoep, private tuintjie, 1 skadunet parkering, volop gasteparkering. Property24 verw – 104667007
Bougainvilla Aftreeoord. R1,19 m. Netjiese 2 slk simpleks, badk. met rolstoel vriendelike stort, sit/eetk.,
mooi kombuis, 1 m/huis, private tuin, uitstekende sekuriteit. Property24 verw - 104658247.
Johann van Niekerk
Eiendomme
012 543 3687 082 788 1421
Musiek-
Maker
Is jy op soek na ‘n DJ wat sal seker maak dat elke funksie se musiek glad verloop?
Ek doen 18e en 21e verjaarsdae, troues, eindjaarfunksies, herdenkings, ens.
Louis
063 689 4606