Upload
dinhdien
View
225
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 1
AFRIKAANS HUISTAAL
Gemeenskaplike Take vir Assessering (GTA)
Graad 9
2009
LEERDERBOEK: Afdeling A
���� Tyd: 5 uur
���� Punte: 120
���� Bladsye: 21
AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 2
INHOUD
OPSOMMING: AFRIKAANS HUISTAAL
Inhoud LU’s Tyd (min)
Punte Bladsy
TAAK 1: KONTEKSTUALISERING LU 1 2 & 5 70 20 4
Aktiwiteit 1.1 Luisterbegrip 30 10 4
Aktiwiteit 1.2 Groepbesprekings 40 10 5
TAAK 2: RESPONS OP TEKS LU 3, 5 & 6 60 40 7
Aktiwiteit 2.1 2.1 Taal,Begrip en Poësie 7
TAAK 3: GESPROKE TAAL LU 2 60 20 13
Aktiwiteit 3.1 3.1 Voorbereide Toespraak 13
TAAK 4: SKRYFWERK LU 4, 5 & 6 110 40 14
Aktiwiteit 4.1 4.1 Skryf van artikel 14
Addendum Die aanhef van die Grondwet.
Bepalings oor kinders in die Grondwet.
17
Rubriek: Taak 3 18
Rubriek: Taak 4 20
AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 3
Inleiding
Nota aan leerder:
Die GTA vir Afrikaans Huistaal bestaan uit Afdeling A en Afdeling B, wat later
geskryf sal word. Hierdie is Afdeling A.
Afdeling A:
• Afdeling A bestaan uit 'n verskeidenheid mondelinge, luister-, lees- en
skryftake.
• Hierdie afdeling moet binne 5 uur afgehandel word. Dit kan oor ’n aantal
dae gedoen word óf as een eenheid afgehandel word.
• Hierdie Gemeenskaplike Take vir Assessering vir Graad 9 bestaan uit
VIER take. Hierdie aktiwiteite is opgestel met die doel om jou te help om
die leeruitkomste en assesseringstandaarde in die leerarea ‘Afrikaans
Huistaal’ te bereik.
• Beantwoord Afdeling A in jou oefeningboek of soos jou onderwyser(es)
van jou verwag.
• Sommige aktiwiteite sal jy selfstandig doen, terwyl ander in groepe of
saam met ’n maat gedoen sal word. Jy mag hulp vra, maar jy moet jou
antwoorde kan staaf. Vir sommige aktiwiteite mag jy woordeboeke
gebruik.
Afdeling B:
• Jy sal 2 uur hê om hierdie afdeling te voltooi.
• Jy sal Afdeling B onder gekontroleerde omstandighede (sonder enige
hulp) voltooi.
AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 4
DOEL VAN DIE AKTIWITEIT
Gedurende hierdie aktiwiteit sal julle
• vrae beantwoord oor ’n teks wat vir julle voorgelees word.
• skriftelik bewys dat jy verstaan wat jy hoor.
• gesels oor menseregte.
• jul sienswyse oor sekere regte wat in die grondwet vervat is, met jul maats te deel.
• geassesseer word op grond van julle groepdeelname.
• aantekeninge maak tydens groepbesprekings.
Aktiwiteit 1.1: Luisterbegrip
INSTRUKSIES
• Volg die onderwyser(es) se instruksies.
Assessering
Die luisterbegrip sal met behulp van ‘n nasienmemorandum geassesseer word.
KONTEKSTUALISERING TAAK 1
Tyd: 30 min � Punte: 10 ����
Individuele werk
AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 5
Aktiwiteit 1.2: Groepbespreking
Inleiding
In ’n demokratiese omgewing/opset/bestel word sekere vryhede gewaarborg. In ons grondwet word menseregte vooropgestel. Moenie vergeet dat alle regte met verantwoordelikhede gepaard gaan nie.
Menseregte is nie iets wat jy hoef te verdien nie. Dit is die regte waarop jy mag aanspraak maak omdat jy ’n mens is. Niemand mag dit van jou wegneem nie.
INSTRUKSIES:
• Lees die aanhef van die grondwet op bladsy 17 saam met jou onderwyser/es.
• Lees die onderstaande regte saam met jou groep.
Ons Suid-Afrikaanse Grondwet beskerm die volgende:
o Ons reg om te lewe.
o Ons reg op waardigheid.
o Ons reg op gelykheid. (Daar mag nie op grond van ras, kleur, geslag, geloof, taal en
kultuur teen ons gediskrimineer word nie.)
o Ons reg op die bevrediging van ons basiese behoeftes. (Basiese behoeftes is byvoorbeeld
kos, skuiling en mediese sorg.)
o Ons reg op vryheid van spraak.
o Ons reg op onderwys.
o Ons reg om enige geloof te beoefen, om die kultuur van ons keuse te beoefen en om die
taal van ons keuse te praat.
o Ons reg op ’n omgewing wat nie skadelik vir ons gesondheid is nie.
o Ons reg op die beskerming van die omgewing.
• Bespreek die verskillende regte wat hier genoem is. Beantwoord die volgende vrae tydens julle bespreking:
o Wat word met elke reg bedoel?
o Word elke Suid-Afrikaner se menseregte gerespekteer? Bespreek voorbeelde waar dit nié gerespekeer word nie.
o Wat is ons verantwoordelikheid ten opsigte van die verskillende regte?
• Neem deel aan die besprekings aangesien jy op grond daarvan beoordeel sal word. Maak aantekeninge van wat julle in die groep bespreek.
• Onthou dat julle elkeen verskillende standpunte mag hê. Respekteer dit.
Tyd: 40 min � Punte: 10 ����
Groepwerk
AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 6
Assessering:
Die groepbespreking sal met behulp van die volgende skaal geassesseer word:
Assessering: Groepbespreking Naam: Punt:
Kriteria en vlakke 7
Puik
6 Baie goed
5 Goed
4 Bevredi-
gend
3 Redelik
2 Gewoon
1 Saai
Lewer sinvolle bydrae tot groepbespreking. Praat duidelik en gemaklik.
Fokus op die onderwerp. Beantwoord ander se vrae en stel self vrae wanneer inligting benodig word.
Wag beurt af sodat ander ook kon praat. Moedig ander aan om deel te neem.
Respekteer ander se menings/idees.
Luister noukeurig en bedagsaam na ander.
Punte 9-10 8 7 6 5 4 0-3
Puntetoekenning: Totaal ÷ 5 = Punt uit 10
Kode Skaal Punte (%)
7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100
6 Lofwaardige prestasie 70 – 79
5 Beduidende prestasie 60 – 69
4 Redelike prestasie 50 – 59
3 Bevredigende prestasie 40 – 49
2 Elementêre prestasie 30 – 39
1 Nie behaal nie 0 – 29
AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 7
DOEL VAN DIE AKTIWITEIT
Gedurende hierdie aktiwiteit sal jy
• skriftelik bewys dat jy verstaan wat jy lees.
• vrae oor ’n gedig beantwoord.
• wys dat jy taal gepas kan gebruik.
Aktiwiteit 2.1: Begriplees, Taal en Poësie
INSTRUKSIES
• Bestudeer die tekste noukeurig en beantwoord dan die vrae.
VRAAG 1 Teks 1: Koerantberig
Die volgende vrae is gebaseer op die koerantberig op bladsy 9.
1.1 Kies die korrekte moontlikheid.
" ... sonder 'n heenkome ..." beteken die persoon ...
• besit nie sy eie huis nie
• het nie geld of blyplek nie
• het nie werk nie
• het nie geld nie. (1)
1.2 Gee een woord uit par.2 waaruit ons kan aflei dat een van Jannie se ouers dalk ook aan spierdistrofie gely het. (1)
1.3 Lees die tweede sin in paragraaf 4: “As hulle die stoel sien, dink hulle jy is ook verstandelik aangetas," het hy gesê.
Is dit ’n feit of ’n mening? Verduidelik jou antwoord. (2)
Tyd: 60 min � Punte: 40 ����
Individuele werk
TAAK 2 RESPONS OP TEKS
AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 8
1.4 Sê telkens of die volgende stellings waar of onwaar is en motiveer telkens jou antwoord.
1.4.1 Jannie se toestand versleg hoe ouer hy word. (2)
1.4.2 Jannie is gelukkig dat hy ’n baie goeie pa het. (2)
1.5 Watter begeerte het Jannie en die meeste ander gestremdes? (1)
1.6 Noem drie goed wat hy al gedoen het om te probeer werk kry. (3)
1.7 Watter twee lewensvaardighede het Jannie in die kinderhuis geleer? (2)
1.8 Jannie is nie iemand wat maklik vir homself jammer voel nie. Hoe weet ons dit? (1)
1.9 Waarvoor staan die afkorting mnr.? (1)
1.10 Gee ’n antoniem (teenoorgestelde) vir “terugslae” (paragraaf 10). (1)
1.11 Die woord “raak” in paragraaf 12 het minstens twee homonieme. Maak ’n sin waarin jy een van die homonieme gebruik. (1)
1.12 Gee die korrekte intensiewe vorm van die woorde tussen hakies. Skryf net die letters a – c met die woorde langsaan. Jannie is a(baie arm) en kan nie lekkernye b(kos) nie. Al is hy ’n harde
c(werk), kry hy nie werk nie. (3)
1.13 Verander die volgende sin in ’n vraagsin. Hy is sedert 1994 in ’n rolstoel. (1)
1.14 Die terugslae het nie sy lus vir avontuur geknou nie. (paragraaf 10) Skryf nou hierdie sin in die lydende vorm. Begin die sin as volg: Sy lus vir avontuur... .” (1)
1.15 Verbind die volgende twee sinne met gevolglik.
Jannie kon nog nie ’n werk kry nie.
Jannie is van sy vriende afhanklik. (1)
1.16 “Ek raak baie gefrustreerd.” (paragraaf 12) Skryf dié woorde van Jannie oor in die indirekte rede. (1)
[25]
AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 9
TEKS 1: Koerantberig
“Ek is ook mens,” sê dapper goud-wenner in rolstoel.
1. Skaars 'n maand nadat hy 'n goue medalje in die Suid-Afrikaanse Millenium-
kampioenskappe losgeslaan het, sit mnr. Jannie Pieterse (25) van Benoni sonder
heenkome.
2. Sonder werk en met slegs 'n staatstoelae van sowat R500 per maand, lyk die toekoms
nie blink nie. Pieterse het oorerflike spierdistrofie, 'n siekte wat progressief erger
word. Hy is sedert 1994 in 'n rolstoel.
3. Soos baie ander gestremdes wil hy net regverdig behandel word.
4. "Mense kyk na jou, maar hulle kyk vas in die rolstoel. As hulle die stoel sien, dink
hulle jy is ook verstandelik aangetas," het hy gesê.
5. Die gevolg is dat hy ondanks vele pogings nog nie 'n werk het nie. Boonop is sy
onvermoë om 'n werk te kry nie weens 'n tekort aan ondernemingsgees nie. Hy het
reeds twee rekenaardiplomas en 'n N4-kwalifikasie agter die rug.
6. "Ek soek baie hard na werk. Ek het nie genoeg vingers en tone vir al die onderhoude
wat ek al gehad het, al die CV's wat ek uitgestuur het en al die agentskappe waarby ek
aangesluit het nie."
7. Die gevolg is dat Pieterse van vriende afhanklik is sedert hy 'n week gelede sy
blyplek verloor het. Om nie 'n tuiste van sy eie te hê nie, is iets waaraan hy gewoond
is.
8. "My ma is dood aan spierdistrofie en my pa het ons in tehuise gesit. Ek was in die
Abraham Krielkinderhuis. Hy het maar min vir ons gedoen. Hy was nie 'n pa vir ons
nie. Die tehuis was taai, maar dit het my dissipline geleer en geleer om na myself te
kyk," het Pieterse gesê.
9. Pieterse het ’n broer en suster. Sy broer ly ook aan spierdistrofie en is in ’n tehuis in
Pietersburg.
10. Die terugslae wat hy moes verduur het, het egter nie sy lus vir avontuur of sy wil om
'n sukses te wees, geknou nie. Hy het 'n tyd terug met die trein see toe gegaan en die
hele kus platgery in sy rolstoel. Eendag, as daar geld is, wil hy dieselfde in Europa
doen.
11. Hy sou ook graag die Comrades in sy rolstoel wou doen en werk vir 'n maatskappy
waar hy as mens kan groei.
12. "Ek raak baie gefrustreerd. Dan dink ek net aan dié wat slegter af is as ek en ek sê vir
myself: Môre is nog 'n dag."
(Uit: Beeld, 2000)
AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 10
VRAAG 2 Teks 2: Strokiesprent
Bestudeer die onderstaande strokiesprent en beantwoord dan die vrae.
(Uit: Rapport, 12 Augustus 2001)
2.1 Waar vind die gebeure in hierdie strokie plaas? (1)
2.2 Wat wys die strepies rondom die motorbestuurder se hande vir ons? (1)
2.3 Wat gebeur in die laaste raampie? (1)
2.4 Dink jy dat die motorbestuurder dít wat in die laaste raampie gebeur, kon verhoed? Verduidelik jou antwoord. (2)
[5]
AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 11
VRAAG 3 Gedig
Kinderhuis-case – Louis Stander
20 September
is vir julle maar net nog ’n dag
vir julle net 24 uur van lig, van donker
maar weet jy?
Die my verjaarsdag
Ek word 16.
ek mag nou wettig rook
(maar ek rook al jare)
ek mag nou later kom “inklok”
maar ek is alleen
My huisouers het gevra wat soek ek ...
nou vir my birthday ... Ek weet nie
wat ek wil hê is
my eie bed
my eie kamer
my eie adres
my Ma
Ma met die swart hare
blou oë
of is dit Ma, met die blonde hare
groen-blou oë
Wie anners worry anyway
my ma het my afgeskryf
en vandat ek kan onthou is ek nog ’n nommer
nog ’n case
Hoe voel dit om lief te hê?
en hoekom Ma ...
was ek so moeilik
’n baba van ’n week?
en Ma
wie is my pa
of was ek maar net iets
iets wat nie beplan was nie
een aand van lekkerkry
en nou’s dit verby
Ek word vandag 16
Alleen sestien
sonder my bed
sonder my kamer
sonder my adres
sonder my ma
As ek net daaraan dink
gaan ek in ’n hard-driver depro
Ma
AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 12
3.1 3.1.1 Wat beteken ‘20 September’ vir die leser van die gedig? (1)
3.1.2 Wat beteken ’20 September’ vir die spreker in die gedig? (1)
3.2 Kies die korrekte antwoord.
‘Inklok’ (versreël 9) beteken
• inkom
• ’n klok wat lui
• die klok by die kinderhuis
• die etensklok (1)
3.3 Waarom is die volgende reël tussen hakies geplaas?
(maar ek rook al jare) (1)
3.4 Haal ’n frase aan wat vir ons sê dat die spreker voel dat sy ma nie juis omgee nie. (1)
3.5 Watter woord in die tweede laaste strofe sê vir jou dat die spreker glo dat dit net hy is wat weet dat hy 16 word? (1)
3.6 Waarom bestaan strofe 3 uit een enkele versreël? (1)
3.7 Watter effek het die wete dat hy sy 16de verjaarsdag alleen gaan vier, op hom? (1)
3.8 Wie dink jy word in hierdie gedig aangespreek? Motiveer jou antwoord. (1)
3.9 Gee die korrekte Afrikaans woord vir case (strofe 7). (1)
[10]
TOTAAL: 40 punte
AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 13
DOEL VAN DIE AKTIWITEIT
Gedurende hierdie aktiwiteit sal jy
• ’n onvoorbereide toespraak lewer.
• jou vermoë demonstreer om oor ’n onderwerp wat verband hou met die fokus
van dié GTA te gesels.
• jou eie mening gee deur gebruik te maak van toepaslike inligting.
• jou kennis van taalstrukture in gesproke taal demonstreer.
Aktiwiteit 3.1: Mondeling
INSTRUKSIES
• Jy moet ’n voorbereide toespraak van 1-2 minute lewer oor ’n onderwerp wat jou
onderwyser(es) aan jou sal gee.
• Berei die voorbereide toespraak tuis voor.
• Moet nie jou hele toespraak uitskryf nie. Jy moet egter aantekeninge maak van die
volgende:
○ Die hoofpunte wat die fokus van jou toespraak sal wees.
○ Die inleiding en slot.
○ Die volgorde van die hoofpunte van jou toespraak.
• Die assesseringsrubriek vir hierdie taak verskyn op bladsy 18.
GESPROKE TAAL TAAK 3
Tyd: 60 min � Punte: 20 ����
Individuele Werk
AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 14
DOEL VAN DIE AKTIWITEIT
Gedurende hierdie aktiwiteit sal jy
• ’n artikel skryf waarin jy
o gepaste inligting kies en eie idees byvoeg;
o jou kennis van taalstrukture toepas.
• ’n maat se konsepweergawe ontleed.
• jou konsepweergawe redigeer, proeflees en verbeter.
• die finale produk skryf.
Aktiwitweit 4.1: Skyfwerk: Artikel
INSTRUKSIES
Jou onderwyser(es) sal telkens vir julle sê wat om te doen.
Jy is gevra om ’n artikel te skryf oor kinderregte. In jou artikel moet jy tieners
bewus maak van hul regte. Gee ook wenke aan tieners oor hoe om te verseker
dat ander mense se vryhede nie deur húlle regte misken word nie. Dit moet
duidelik wees dat elkeen se reg op menseregte tot ’n beter samelewing kan lei.
• Jou artikel moet vir ’n tienertydskrif wees.
• Jou artikel moet 150 – 200 woorde lank wees.
• Jou artikel moet ’n positiewe boodskap vir tieners hê.
• Gebruik van die idees wat tydens die vorige take na vore gekom het.
Skryfwerk TAAK 4
Tyd: 110 minute � Punte: 40 ����
Individuele Werk
AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 15
Gaan só te werk:
Stap 1: (Klas) (10 minute)
Besluit oor watter regte jy gaan skryf. Stel ’n breinkaart/spinnekopdiagram saam
waarop jy jou gedagtes organiseer.
Stap 2: (Klas) (20 minute)
Begin nou beplan aan jou artikel. Hou die volgende struktuur in gedagte.
� ’n treffende opskrif.
� ’n interessante inleiding.
� verskeie paragrawe. Elke paragraaf het ’n hoofgedagte.
� ’n positiewe boodskap moet duidelik na vore kom.
� ’n slotparagraaf waarin jy jou lesers positief motiveer tot ’n beter
samelewing.
Stap 3: (Klas) (30 minute)
Skryf ’n eerste poging van ongeveer 150 – 200 woorde.
Stap 4: (Klas) (20 minute)
Ruil jou skryfstuk met ’n maat uit. Lees jou maat se artikel en lewer kommentaar
op taal, struktuur en inhoud. Voltooi die onderstaande redigeringstabel. (Vul jou
maat se redigeringstabel in sy/haar leerderboek in.)
Artikel: Redigering van maat se eerste poging
Ja Nee
Die instruksies is gevolg.
Die inhoud is interessant en daar is ’n positiewe boodskap.
Die toon en styl is gepas.
Taal-, spel- en leestekenfoute is aangedui.
Voorstelle vir verbetering is gemaak.
Naam van redigeerder:
AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 16
Stap 5: (Tuis)
Bring die nodige veranderinge aan jou artikel aan. (Dis steeds jou konsep.) Gebruik die onderstaande kontrolelys om seker te maak dat jy gedoen het wat van jou verwag word.
Kontrolelys vir skryf van artikel Nee Amper Ja
1. Ek het al die instruksies uitgevoer.
2. Ek het my idees eers in ’n breinkaart/spinnekopdiagram georganiseer.
3. Ek het die eerste weergawe geskryf.
4. Die inleiding is treffend en trek dadelik aandag.
5. Die slot bevat ’n motivering.
6. My sinne wissel in lengte.
7. Ek het die inhoud in samehangende paragrawe ingedeel.
8. My sinne en paragrawe volg logies op mekaar.
7. Die skryfstyl, register en toon van my artikel pas die onderwerp.
8. Ek het spelling, leestekens en woordkeuse nagegaan in ’n woordeboek.
9. Ek het my skryfstuk deeglik geproeflees en geredigeer voordat ek my finale weergawe ingelewer het vir assessering.
10. Die skryfstuk is my eie werk.
11. My skryfstuk is netjies en leesbaar.
Stap 6: (Klas) (30 minute)
Skryf die finale poging. Maak seker dat jy die kriteria vir die assessering van die
artikel volg. Die assesseringsrubriek verskyn op bladsy 20 en bladsy 21.
Gee die volgende in:
� Jou eerste poging.
� Die voltooide kontrolelys.
� Jou finale poging.
AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 17
ADDENDUM
DIE AANHEF VAN DIE GRONDWET:
ONS, DIE MENSE VAN SUID-AFRIKA, Erken die ongeregtighede van ons verlede;
Huldig diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het;
Respekteer diegene wat hul beywer het om ons land op te bou en te ontwikkel; en
Glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid.
Daarom neem ons, deur ons vryverkose verteenwoordigers, hierdie Grondwet aan as die hoogste reg van die Republiek ten einde—
Die verdeeldheid van die verlede te heel en ’n samelewing gegrond op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte te skep;
Die grondslag te lê vir ’n demokratiese en oop samelewing waarin regering gegrondves is op die wil van die bevolking en elke burger gelyk deur die reg beskerm word;
Die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke mens te ontsluit; en
’n Verenigde en demokratiese Suid-Afrika te bou wat sy regmatige plek as ’n soewereine staat in die gemeenskap van nasies kan inneem.
Mag God ons mense beskerm.
Nkosi Sikelel’ iAfrika. Morena boloka setjhaba sa heso.
God seën Suid-Afrika. God bless South Africa.
Mudzimu fhatutshedza Afurika. Hosi katekisa Afrika.
Bepalings oor kinders in artikel 28 van hoofstuk 2 (Handves van Regte) in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika: (1) Elke kind het die reg -
(a) op ’n naam en nasionaliteit vanaf geboorte; (b) op gesinsorg of ouerlike sorg, of op gepaste alternatiewe sorg wanneer die kind uit die gesinsomgewing weggeneem word; (c) op basiese voeding, skuiling, basiese gesondheidsorgdienste en maatskaplike dienste; (d) om teen mishandeling, verwaarlosing, misbruik of vernedering beskerm te word; (e) om teen uitbuitende arbeidspraktyke beskerm te word; (f) om nie verplig of toegelaat te word om werk te verrig of dienste te lewer nie wat -
• (i) onvanpas is vir ’n persoon van daardie kind se ouderdom; of
• (ii) ’n risiko vir die kind se welsyn, opvoeding, liggaamlike of geestelike gesondheid of geestelike, morele of sosiale ontwikkeling inhou;
(g) om nie aangehou te word nie, behalwe as laaste uitweg, in watter geval, benewens die regte wat ’n kind kragtens artikels 12 en 35 geniet, die kind slegs vir die kortste gepaste tydperk aangehou mag word, en die reg het om -
• (i) afsonderlik van aangehoudenes bo die ouderdom van 18 jaar aangehou te word; en
• (ii) op ’n wyse behandel te word, en in omstandighede aangehou te word, wat met die kind se ouderdom rekening hou;
(h) om, in siviele verrigtinge wat die kind raak, deur die staat op staatskoste van ’n regspraktisyn voorsien te word indien dit andersins tot wesenlike onreg sou lei; en
(i) om nie regstreeks in gewapende stryd gebruik te word nie, en om in tye van gewapende stryd beskerm te word.
(2) ’n Kind se beste belang is van deurslaggewende belang in elke aangeleentheid wat die kind raak. (3) In hierdie artikel beteken "kind" iemand onder die ouderdom van 18 jaar.
AF
RIK
AA
NS
HU
IST
AA
L: L
EE
RD
ER
BO
EK
18
TA
AK
3 RU
BR
IEK
: VO
OR
BER
EID
E T
OESPR
AA
K
LU 2
Kode 7
Kode 6
Kode 5
Kode 4
Kode 3
Kode 2
Kode 1
U
itmunten
d
Baie g
oed
G
oed
B
evredig
end
Mid
delm
atig
Doodgew
oon
Saai
5
4 3½
3
2½
2 0 – 1½
Inleiding en slot
Treffende en
effektiewe
inleiding wat
onmiddellik
belangstelling w
ek. Treffende
slot, deeglik saam
gevat.
Baie goeie en
gepaste inleiding w
at onmiddellik
belangstelling w
ek. Baie goeie slot,
sinvol saamgevat.
Doeltreffende
inleiding wat
belangstelling w
ek.Goeie slot,
bevredigend saam
gevat.
Gepaste inleiding
wat taam
lik belangstelling w
ek. Aanvaarbare
slot, maar hegte
samehang
ontbreek dikwels.
Inleiding voldoende en w
ek ietw
at belangstelling. R
edelike slot, m
aar hegte sam
evatting ontbreek dikw
els.
Inleiding kwalik
geslaag en wek
baie min
belangstelling. In ‘n m
ate word
aanbieding afgesluit, m
aar sam
evatting ontbreek.
Inleiding onvoldoende en dikw
els afwesig;
wek geen
belangstelling nie. G
een slot of sam
evatting nie.
5
4 3½
3
2½
2 0 – 1½
Inhoud Toespraak deeglik
beplan volgens doel, teikengroep, konteks en form
aat van opdrag. D
eeglike en w
eldeurdagte ontw
ikkeling van sam
ehangende idees en standpunte. Aard van inhoud
is oorspronklik, kreatief en toon uitstekende insig in onderw
erp.
Toespraak baie
goed volgens doel, teikengroep, konteks en form
aat van opdrag beplan. Baie goeie en
dikwels
weldeurdagte
ontwikkeling van
samehangende
idees en standpunte. A
ard van inhoud is m
eestal oorspronklik, kreatief en toon goeie insig in
Beplan goed
volgens doel, teikengroep, konteks en form
aat van opdrag. G
oeie ontw
ikkeling van sam
ehangende idees en standpunte. Inhoud is oorspronklik en kreatief en toon aansienlik insig in onderw
erp.
Beplanning is
bevredigend volgens doel: teikengroep, konteks en form
aat van opdrag. Aanvaarbare
ontwikkeling van
idees en standpunte w
at in ‘n m
ate sam
ehang toon. Aard van inhoud
is taamlik
oorspronklik, maar
min kreatiw
iteit en insig ontbreek
Voldoende
volgens doel, teikengroep, konteks en form
aat van opdrag beplan. Voldoende
ontwikkeling van
idees en standpunte, m
aar toon m
in sam
ehang. Aard
van inhoud is som
s oorspronklik, m
aar nie altyd kreatief nie en insig ontbreek.
In ‘n mate volgens
doel, teikengroep, konteks en form
aat van opdrag beplan. Sukkel om
ontw
ikkeling van idees en standpunte te toon en baie selde sam
ehangend. Aard van inhoud
is selde oorspronklik en kreatiw
iteit en insig ontbreek.
Byna nooit
volgens doel, teikengroep, konteks en form
aat beplan nie. W
aninterpretasie van opdrag. G
een ontwikkeling
van idees en standpunte nie. G
een oorspronklike inhoud nie.
AF
RIK
AA
NS
HU
IST
AA
L: L
EE
RD
ER
BO
EK
19
onderwerp.
soms.
5
4 3½
3
2½
2 0 – 1½
Woordeskat
en taalgebruik
Uitstekende
woordeskat en
skeppende taalgebruik. U
itmuntende
beheer van taal om
doel te bereik en gehoorreaksie te ontlok.
Baie goeie
woordeskat en
skeppende taalgebruik. B
aie goeie beheer van taal om
doel te bereik en gehoor reaksie te ontlok.
Goeie w
oordeskat en skeppende taalgebruik. G
oeie beheer van taal om
doel te bereik en gehoor- reaksie te ontlok.
Taam
like w
oordeskat en skeppende taalgebruik. Bevredigende
beheer van taal om
doel te bereik en gehoorreaksie te ontlok.
Redelike
woordeskat en
taalgebruik. In ‘n m
ate taal beheer om
doel te bereik en gehoorreaksie te ontlok.
Beperkte
woordeskat en
taalgebruik. Sukkel baie m
et die m
anipulering van taal om
doel te bereik en gehoorreaksie te ontlok.
Baie beperkte
woordeskat en
taal-gebruik. Kan
nie m
anipulerende taal gebruik nie. O
ntlok geen gehoorreaksie nie.
5
4 3½
3
2½
2 0 – 1½
Toon praat-
en aanbiedings-vaardighede
Duidelike,
hoorbare artikulasie. O
ogkontak, gesigsuitdruk-kings, gebare en liggaam
staal baie funksioneel en oortuigend. U
itmuntende
skakeling met
gehoor. Baie
selfversekerde, effektiew
e gebruik van notas.
Grootliks
duidelike, hoorbare artikulasie. O
ogkontak, gesigsuitdruk-kings, gebare en liggaam
staal m
eestal funksioneel en oortuigend. B
aie goeie skakeling m
et gehoor. Selfverse kerde,
effektiewe gebruik
van notas.
Goeie duidelike,
hoorbare artikulasie. O
ogkontak, gesigsuitdruk-kings, gebare en liggaam
staal is funksioneel en oortuigend. G
oeie skakeling m
et gehoor. Selfversekerde,
goeie gebruik van notas.
Bevredigende
artiku-lasie en hoorbaarheid. O
ogkontak, gesigsuitdruk-kings, gebare en liggaam
staal taam
lik funksioneel en gepas. S
kakel voldoende m
et gehoor. N
otas taam
lik selfversekerd gebruik.
Redelike hoorbare
artikulasie. R
edelik oogkontak, gesigsuitdruk-kings, gebare en liggaam
staal, m
aar dikwels
geforseerd. In ‘n m
ate skakel met
gehoor. N
otagebruik is dikw
els steurend.
Byna geen
ekspressiwiteit.
Onduidelike
artikulasie en feitlik onhoorbaar. Selde oogkontak
of enige gesigsuitdruk-kings/liggaam
s-taal. B
aie min
skakeling met
gehoor. Afhanklik
van notas.
Slordige,
onduidelike artikulasie en baie selde hoorbaar. Byna nooit
oogkontak/gesigs-uitdrukkings/gebare/ liggaam
staal. G
een skakeling m
et gehoor. Totaal afhanklik
van notas.
[Bepaal d
ie to
paslik
ke k
riteria
blo
kkie
s - e
en u
it elk
e g
roep, e
n te
l die
die
noore
enkom
stig
e p
unte
bym
ekaar.]
TO
TA
AL
: 20
pu
nte
AF
RIK
AA
NS
HU
IST
AA
L: L
EE
RD
ER
BO
EK
20
TA
AK
4 RU
BR
IEK
: AR
TIK
EL
Vlak
7 6
5 4
3 2
1
U
itmunten
d
Baie g
oed
G
oed
B
evredig
end
Mid
delm
atig
Doodgew
oon
Saai
Punte
5 4
3½
3 2½
2
0 – 1½
Bep
lannin
g
Sam
ehan
g
Inleid
ing en
slot
Buitengew
oon. G
ryp dadelik leser se aandag. S
terk m
otiverende slot.
Baie goeie
beplanning. Baie
goeie inleiding en slot.
Deurdagte
beplanning. Goeie,
duidelike inleiding en slot.
Beplanning is
gedoen. Duidelike,
hoewel effens
gewone inleiding
en/of slot.
Blyke van
beplanning. Bevredigende
inleiding en slot.
Min blyke van
beplanning. O
noortuigende inleiding en slot.
Geen blyke
van beplanning nie. geen inleiding en/of slot nie.
Punte
9-10 8
7 6
5 4
0 – 3
Inhoud
Oorspronklik.
Buitengew
oon. Verbeeldingryk.
Eerlik en opreg.
Meevoerend.
Diepgaande kennis
van onderwerp.
Baie kreatief.
Duidelike tekens
van oorspronklikheid en verbeelding. Toon goeie begrip
van die onderwerp.
Kreatief. E
erlik en opreg. B
lyke van oorspronklikheid en verbeelding. Toon begrip van
onderwerp.
Hantering van
onderwerp toon
blyke van oorspronklikheid en verbeelding. Vaaghede en
veralgemenings
kom plek-plek
voor.
Gebrek aan
eerlikheid en opregtheid. P
oging tot oorspronklikheid. Slegs ’n basiese
kennis van onderw
erp. Som
s vaag en algem
een. C
lichés.
Gebrek aan eerlikheid
en opregtheid. Feitlik
geen oorspronklikheid nie. B
eskrywings
onoortuigend of vaag en algem
een. Verw
arde aanbieding van inligting.
Geen
oorspronklik-heid of verbeelding nie. M
in kennis van onderw
erp. H
eeltemal van
onderwerp af.
Punte
9-10 8
7 6
5 4
0 – 3
Reg
ister Toon
Bew
usth
eid van
teiken
leser en
doel van
skryfstu
k
Skryw
er praat eerlik en direk m
et leser op ’n individualistiese, onderhoudende m
anier. Gepaste
register. Toon is
natuurlik en oortuigend. Skryfstuk slaag ten
volle in sy doel.
Register is baie
oortuigend. Uiters
gepaste toon verhoog w
aarde van teks. T
oon is m
erendeels natuurlik en oortuigend. Skryfstuk slaag
goed in sy doel.
Register is
oortuigend gebruik. Sinvolle gebruik
van die gepaste toon verhoog die w
aarde van die teks. T
oon is oor die algem
een natuurlik en oor-tuigend. S
kryfstuk slaag in sy doel.
Gepaste register is
gebruik. Sinvolle
gebruik van regte toon. S
oms
mooiskryw
ery in plaas van eerlikheid. Skryfstuk slaag in
sy doel.
Meganiese
skryfstyl sonder sprankel. P
oging is aangew
end om die
regte register en toon te gebruik. Skryfstuk slaag
net-net in sy doel.
Onvanpaste register.
Min of geen
behendigheid in die gebruik van die regte toon nie. S
kryfstuk slaag kw
alik in sy doel.
Min of geen
besef van die gepaste w
oorde en uitdrukkings nie. S
kryfstuk slaag nie in sy doel nie.
AF
RIK
AA
NS
HU
IST
AA
L: L
EE
RD
ER
BO
EK
21
Punte
9-10 8
7 6
5 4
0 – 3
Woord
eskat Sin
struktu
ur
Idio
matiese
taalgeb
ruik
Spellin
g
Leesteken
s
Uitm
untende w
oordeskat. Afw
isseling in sinstruktuur en sinslengte. F
eitlik geen foute nie. Voortreflike
gebruik van idiom
atiese taal.
Baie goeie
woordeskat.
Korrekte
wisselende
sinstruktuur. Taal-,
spel- en leestekenfoute gering. B
aie effektiew
e gebruik van idiom
atiese taal.
Goeie w
oordeskat. Korrekte
sinstruktuur. Taal-,
spel- en leestekenfoute is onbeduidend. Effektiew
e gebruik van idiom
atiese taal.
Redelike goeie
woordeskat.
Korrekte
sinstruktuur, maar
soms styf,
herhalend en onsam
ehangend. Foute is nie
hinderlik nie.
Voldoende
woordeskat. S
inne is oor die algem
een korrek, m
aar is soms
onsamehangend.
Foute is hinderlik.
Herhalings kom
voor.
Gebrekkige
woordeskat.
Afgesaagde
uitdrukkings. Foute
kortwiek begrip.
Onsam
ehangende, lom
p sinne. Teks is
moeilik om
te lees. H
erhalings kom voor.
Gebrekkige
woordeskat.
Taal-, spel- en
leestekenfoute is baie steurend. S
wak
sinstruktuur. Teks is m
oeilik om
te lees.
Punte
5 4
3½
3 2½
2
0 – 1½
Red
igerin
g en
pro
eflees H
erskryf en redigering het ’n fyn, afgeronde skryfstuk tot gevolg. P
roeflees het alle of feitlik alle foute uitgeskakel.
Hersiening en
redigering het ’n afgeronde skryfstuk tot gevolg. P
roeflees het feitlik alle foute uitgeskakel.
Duidelike bew
yse van herskryf en redigering. Proeflees het feitlik
alle foute uitgeskakel.
Bew
yse van herskryf en redigering. Proeflees het w
el foute uitgeskakel.
Daar is bew
ys van redigering van eerste poging. Proeflees is
gedoen, maar die
meeste foute is nie
verbeter nie.
Weinig tekens van
redigering van eerste poging. P
roeflees is skynbaar gedoen, m
aar foute is nie verbeter nie.
Foute en
onderwerp-
hantering skep indruk dat geen redigering of proeflees gedoen is nie. Eerste poging
is bloot oorgeskryf.
TO
TA
AL
: 40
pu
nte