Upload
others
View
5
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
1. INLEIDEND
Die pasafgelope jaar het vele hoogtepunte opgelewer waaronder die matriekgroep van 2015 wat weer pragtig
presteer het en 'n hele paar sportspanne wat hul seisoene onoorwonne afgesluit het. Die Serriekompetisie en
die Tienertoneelgroep se tweede plek by die provinsiale finaal van die ATKV se tienertoneelkompetisie was
beslis ook van die hoogtepunte op kultuurgebied. Waarskynlik een van die grootste hoogtepunte in die skool
se geskiedenis het in Januarie plaasgevind toe Simoné Heenop aangewys is as die top akademiese kandidaat in
KZN en een van die top vyf in Suid-Afrika in die NSS eksamen. Alhoewel die kwessie van die daling in getalle vir
die meeste Afrikaans medium skole in die groter Durban area 'n uitdaging bly, is ons dankbaar oor die feit dat ons
getalle sedert 2013 met 111 toegeneem het. Ons huidige leerdertal is 728
2. LEERDERTAL
Die skool het tans 728 leerders, terwyl die leerdertal op die tiende skooldag 748 was.
Hiervan is 426 primêre leerders en 298 sekondêre leerders.
Die leerdertal van die onderskeie grade sien tans as volg daaruit:
Seuns Dogters Totaal
1 31 35 66
2 38 30 68
3 33 23 56
4 33 30 63
5 38 27 65
6 30 29 59
7 21 29 50
8 24 30 54
9 26 32 58
10 23 43 66
11 26 32 58
12 34 31 65
Totaal: 357 371 728
Ons is opgewonde oor die feit dat ons hoof voedingskool, Kokkewiet Pre-primêr, ook beduidende groei toon.
Die grootste uitdaging ten opsigte van groei in Afrikaanse skole se getalle, is die feit dat 'n toenemende aantal
ouers besluit om hul kinders reeds op pre-primêre vlak in Engels medium skole te plaas. Hierdie leerders is
dan in die meeste gevalle verlore vir Afrikaans medium skole.
3. PERSONEELAANGELEENTHEDE
Ons is bevoorreg om toegewyde personeel te hê wat bereid is om die spreekwoordelike ekstra myl te loop in
belang van ons kinders. Die feit dat ons tans oor 'n mengsel van ervare sowel as 'n goeie kwota jong personeel
beskik, bring 'n gesonde dinamika na die personeel. Die tekort aan onderwyspersoneel bly 'n uitdaging en dra
daartoe by dat die skool sy onderwyspersoneel ten alle koste moet probeer behou.
Ons is tans geregtig op 23 departementele opvoederposte, 1 sekretaresse en 1 arbeider wat deur die staat
vergoed word. Die voorgestelde aantal personeel wat in 2017 deur die beheerliggaam vergoed word sien
as volg daaruit:
GELOFTE SKOOL
JAARVERSLAG: 2016
LeerdersGraad
Pos 2016 2017
Opvoeder 14 14
Administratief 2 2
Ondersteuningspersoneel 6 7
Invorderaar 1 1
Maatskaplike werkster 1 1
Media personeel 2 2
Sportbestuurder 1 1
Sekuriteitswag 1 1
Terreinbestuurder 1 1
Tien van die 23 departementele poste is primêre aanstellings en 13 sekondêre aanstellings. Ons behoort
ons departementele toewysing ten opsigte van onderwysposte te behou gesien in die lig daarvan dat ons
tiende skooldag getalle gestyg het van 707 in 2015 na 748 in 2016.
Die gedetaileerde inligting oor ons personeelsituasie sien tans as volg daaruit:
Graad/Vak Aantal leerders Aantal personeel
1 66 3
2 68 3
3 56 3
4 63 2
5 65 2
6 59 2
7 50 2
8 54 2
9 58 2
10-12
Afrikaans 189 2½
Engels 189 2½
Wiskunde/WGL 189 2½
Fisiese Wetenskap 38 1
Lewenswetenskap 67 1
Rekeningkunde 49 1
Besigheidstudies 83 1
Gasvryheidstudies 35 1
Lewensoriëntering 189 1½
Ingenieursgrafika 62 1
Geografie 79 1
Toerisme 74 1
Rekenaartoepassing 68 1
Die volgende opvoederpersoneel sal in 2017 in beheerliggaamposte dien:
Personeellid Vakgebied
Beukes C Grondslagfase
Botha C Senior Primêr
Martin N Grondslagfase
Els C Grondslagfase
Human M Senior Primêr
Harris C Lewenswetenskap
Roux A Engels
Jacobs A Geografie
Nagel H Senior Primêr
Nel L Grondslagfase
Theron C Senior Primêr
Smidt W Wiskunde
Steenekamp L Senior Primêr
Glanville L Engels/Afrikaans
3.1 Personeelverlies
Die volgende personeel het ons diens in die loop van 2016 verlaat:
Personeellid Vakgebied/Taak Rede vir vertrek
Van Rooyen C Grondslagfase Oorplasing na Dept. pos
Fourie M Afrikaans Verhuising
Kriel D Toerisme Verhuising
Stoltz A Administratief Beter werksgeleentheid
Stoltz J Sportbestuurder Beter werksgeleentheid
Ons wil bogenoemde personeel graag bedank vir hul bydra en onvermoeide ywer.
3.2 Nuwe personeel
Die volgende personeel het in die loop van die jaar by ons aangesluit.
Personeellid Vakgebied/Taak
Nel L Grondslagfase
Martin M Adjunkhoof
Martin N Grondslagfase
Janse van Rensburg H Departementshoof
Beukes C Grondslagfase
Jacobs A Geografie
Beukes L Sekondêre Mediasentrum
Roux A Engels
Glanville L Afrikaans/Engels
Rheeder W Sportbestuurder
Ons is dankbaar oor die feit dat die vakante adjunkhoofpos en senior primêre departementshoofpos
in die loop van die jaar gevul is.
4. LEERDERAANGELEENTHEDE
4.1 Akademiese uitslae
Die slaagsyfer vir die onderskeie grade aan die einde van 2015 het as volg daar uitgesien:
Graad Aantal leerders Aantal druipelinge % Slaag
1 66 4 94
2 58 4 93
3 62 3 95
4 66 0 100
5 51 2 96
6 52 2 96
7 63 1 98
8 54 2 96
9 69 5 93
10 60 0 100
11 66 2 97
12 52 3 94
Totaal 719 28 96
Die matrieks van 2015 het 'n gemiddelde % van 66,2% behaal met 72.9% van die leerders wat geslaag
het met matrikulasievrystelling. Drie leerders het geslaag met 'n A-gemiddeld en 8 met 'n B-gemiddeld.
Die hoogtepunt van die matrieks se uitslae was ongetwyfeld die feit dat Simoné Heenop aangewys is as die
top akademiese presteerder in KZN en een van die top vyf akademiese presteerders in Suid-Afrika. Sy het
sewe onderskeidings behaal en geslaag met 'n gemiddeld van 96,1%.
Jacqui Labuschagne het ook 7 onderskeidings behaal met Jeane Myburgh, Cheyenne Pienaar en Renche Nel
wat elk vyf onderskeidings behaal het.
Daar was 83 vakonderskeidings. Vyftig persent van die matrieks het geslaag met 'n gemiddeld van
60% of hoër. In vyf vakke was die vakgemiddeld hoër as 70% en in nog sewe hoër as 60%. Baie geluk
aan die matriekgroep van 2015 met pragtige uitslae.
Ten spyte van die praguitslae van die groep is ons teleurgesteld oor die feit dat ons slegs vir die tweede keer
die afgelope 20 jaar nie 'n 100% slaagsyfer behaal het nie.
Die volgende leerders was die top presteerders in die onderskeie grade aan die einde van 2015:
GRAAD ALPHA LEERDER GEMIDDELDE %
4 Leigh Janse van Rensburg 93.8%
5 Linamarie Nothnagel 91.8%
6 Charlize van Staden 93.4%
7 Tian Nothnagel 91.8%
8 Ané de la Rey 90.1%
9 Leamé Hattingh 89.6%
10 Olga Hougaard 90.0%
11 Megan Tolmay 88.9%
12 Simoné Heenop 96.1%
Ons leerders neem ook jaarliks deel aan olimpiades in sommige vakke.
Ons streef daarna om hoë akademiese standaarde te handhaaf. Die gevolg hiervan is soms dat leerders en
ouers onder geweldige druk geplaas word. In 'n poging om die druk te verlig, versprei ons tans 'n volledige
program vir elke kwartaal se assessering op 'n kwartaallikse basis aan ouers en poog ons om die hoeveel-
heid assesseringsaktiwiteite, binne die raamwerk van departementele beleid, te verminder.
4.2 Vakkeuses
Leerders kan die volgende vakkeuses uitoefen:
* Leerders in grade 1-9 volg die voorgeskrewe vakpakkette soos deur die departement vereis. Leerders
in grade 7 - 9 neem Spraak en Drama asook Rekenaargeletterheid as verrykingsvakke. Leerders in
grade 1-6 neem ook Rekenaargeletterdheid.
* Leerders in graad 10 - 12 neem Afrikaans, Engels, Wiskunde/WGL en LO en kies drie ander vakke uit:
Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Geografie, Rekenaartoepassingstegnologie, Rekeningkunde
Toerisme, Besigheidstudies, Gasvryheidstudies, en Ingenieursgrafika.
Die beskikbaarheid van bepaalde vakkeuses hang af van die aantal leerders wat die betrokke vak wil
aanbied.
4.3 Skoolbywoning
Getroue skoolbywoning is 'n belangrike komponent in sover dit 'n leerder se akademiese prestasie betref.
'n Leerder wat daagliks in die klas teenwoordig is raak die kurrikuluminhoude makliker baas en sal ook
vind dat hy/sy makliker voorberei vir toetse en eksamens. Gesien in die lig hiervan is dit hartseer dat enkele
ouers gladnie erns maak met hul kinders se skoolbywoning nie en selfs bereid is om namens die leerders
'n leuen te vertel om die leerders toe te laat om tuis te bly. Sommige leerders word ook op 'n gereelde
basis vroeg uitgeteken sonder enige werklike grondige rede. Daar is leerders wat tot op datum hierdie
jaar reeds meer as 50 dae afwesig was. Laatkommers raak ook 'n toenemende probleem en dit blyk dat
dit vir enkele ouers bloot nie 'n prioriteit is om hul kinders betyds by die skool te besorg nie.
Onderstaande gee 'n aanduiding van die onderskeie grade se % skoolbywoning tot op datum hierdie jaar.
Graad JTD
1 93.5
2 92.8
3 92.3
4 95.0
5 94.0
6 93.1
7 91.7
8 91.3
9 90.7
10 87.6
11 89.5
12 90.6
Skool 92.0
Bogenoemde syfers sluit nie statistiek in van leerders wat gereeld laatkom of vroeg uitteken nie.
5. EKSAMINERING EN TOETSING
Alle leerders vanaf graad 4-12 het aan die einde van 2015 eksamen geskryf. Leerders word deur-
lopend geëvalueer aan die hand van toetse sowel as informele evaluering. Leerders in verskeie grade
was veronderstel om die departementele JNA eksamen in September te skryf. Die eksamen is egter
na 'n dispuut met die onderwysunies eers uitgestel en toe afgestel.
In die huidige stelsel skep ouers se betrokkenheid by hul kinders se informele evaluering soms 'n probleem
aangesien sommige ouers se insette in die finale projek te groot is en dit dus nie 'n ware weerspieëling
is van 'n kind se vermoë nie. Die KABV behoort hierdie probleem in 'n groot mate te ondervang
aangesien die informele komponent 'n kleiner deel van die finale punt sal uitmaak. Daar word ook in 'n
toenemende mate daarna gestreef om projekte in die klas te voltooi waar dit prakties moontlik is.
6. BEHEERLIGGAAM
Die huidige beheerliggaam is in Maart 2015 verkies en dien 'n driejaar termyn. Leerderlede dien slegs vir 'n jaar.
'n Tussenverkiesing is gehou in Augustus 2016.
Die volgende persone dien tans op die beheerliggaam:
Sean Martin Voorsitter
André Britz Onder-Voorsitter
Robert Moffat Finansies
Leonie Botha Tegnologie
Willie Marais Terrein
Tertia du Plessis/Adele Swarts Bemarking en Projekte
Pieter Grundling Sport
Shaun Murray Dissiplinêre komitee (Leerderdissipline)
Charmain Hefer Opvoeder
Riette Havemann Opvoeder
Wentie Gordon Opvoeder
Daleen Coetzee Nie-opvoeder en sekretaresse
Thyze Groesbeek Leerder
Lehan Hefer Leerder
Johan Odendaal Leerder
Danie Strydom Skoolhoof
Die beheerliggaam funksioneer aan die hand van die volgende komitees:
6.1 DAGBESTUUR
Die dagbestuur vergader slegs by hoë uitsondering om besluite te neem oor sake wat dringende aan-
dag verg.
6.2 FINANSIES
Die skool se finansies is kerngesond. Die algemene verarming van die Afrikaanssprekende gemeen-
skap raak egter ook die skool en plaas dit uiteraard 'n beperking op nuwe projekte wat aangepak kan
word en die onderhoud van bestaande fasiliteite en toerusting. Dank word uitgespreek teenoor sovele
ouers wat bereid is om die hand dieper in hul eie sakke te steek in belang van die skool. Detail m.b.t.
die skool se finansies word aangespreek in die begrotingsverslag.
Die beheerliggaam het besluit om die toestaan van beurse aan sport/kultuur- asook akademiese presteerders
met ingang van Januarie 2017 uit te fasseer.
6.3 SPORT EN KULTUUR
Uitstappies en toere het tans so duur geraak dat ons nie 'n ander keuse het as om te herbesin oor ons
ouergemeenskap se vermoë om die koste van hierdie toere/uitstappies te dra nie. Gesien in die lig van
die huidige ekonomiese klimaat raak dit ook toenemend moeiliker om borge/skenkings te bekom. Ons
streef egter steeds daarna om ons leerders wel blootstelling te gee deur hulle op toere en uitstappies te
neem waar moontlik.
Leerders kan betrokke raak by die volgende kultuuraktiwiteite: Landsdiens, koor, VCSV, skaak, debat,
tienertoneel en redenaars. Ons leerders presteer ook pragtig op kultuurgebied.
NAAM AKTIWITEIT PRESTASIE
CHARL ROUX LANDSDIENS NASIONAAL
LEHAN HEFER LANDSDIENS SPRINGBOK
JAYDEN DU PISANIE LANDSDIENS NASIONAAL (JUNIOR)
RUAN POTGIETER LANDSDIENS NASIONAAL (JUNIOR)
ANRI VAN GRAAN LANDSDIENS NASIONAAL (JUNIOR)
JANA WARRINGTON LANDSDIENS NASIONAAL (JUNIOR)
RIKUS ADENDORFF LANDSDIENS NASIONAAL (SENIOR)
HENNIE DEKKER LANDSDIENS NASIONAAL (SENIOR)
LEZAAN MARAIS LANDSDIENS NASIONAAL (SENIOR)
AJ VAN HUIZEN LANDSDIENS NASIONAAL (SENIOR)
LOUISE BRAND LANDSDIENS NASIONAAL (SENIOR)
DEWALD SMIT LANDSDIENS NASIONAAL (SENIOR)
ANKE BRITZ LANDSDIENS NASIONAAL
DANÉ VAN GRAAN REDENAARS KZN SEMI-FINALIS
DU PREEZ BARNARD REDENAARS KZN SEMI-FINALIS
LEIGH J VAN RENSBURG REDENAARS KZN SEMI-FINALIS
JANE LEWIS REDENAARS KZN SEMI-FINALIS
CHARLIZE VAN STADEN REDENAARS KZN SEMI-FINALIS
ANRI VAN GRAAN TIENERTONEEL KZN FINAAL (2DE PLEK)
JAIMEY PARSAD TIENERTONEEL KZN FINAAL (2DE PLEK)
LEHANKE SWARTS TIENERTONEEL KZN FINAAL (2DE PLEK)
WENDY VAN WYK TIENERTONEEL KZN FINAAL (2DE PLEK)
JANCO KRIEK TIENERTONEEL KZN FINAAL (2DE PLEK)
CHANDRA SWART TIENERTONEEL KZN FINAAL (2DE PLEK)
SERAH GOLDMAN TIENERTONEEL KZN FINAAL (2DE PLEK)
BARNARD DU PREEZ TIENERTONEEL KZN FINAAL (2DE PLEK)
SHAUN VAN ZYL TIENERTONEEL KZN FINAAL (2DE PLEK)
VIHANN VAN ROOYEN TIENERTONEEL KZN FINAAL (2DE PLEK)
FRANCO BAARD TIENERTONEEL KZN FINAAL (2DE PLEK)
ELMEREE VAN DYK TIENERTONEEL KZN FINAAL (2DE PLEK)
STEFAN KRUGER JEUGKOOR KZN
Ons het hierdie jaar weer 'n Serrie kompetisie aangebied tussen die onderskeie grade. Ons leerders se
deelname aan eksterne- sowel as 'n interne redenaarskompetisies het weer eens bewys dat die Loffies
hul woord gestand kan doen in beide Afrikaans en Engels. Die Loffies het vir die eerste keer geleentheid
gehad om deel te neem aan die ATKV tienertoneel kompetisie en het uitstekend presteer deur 'n tweede plek
te verwerf.
Die wintersport aandreeks het gegroei in statuur met meer skole en spanne wat deelneem. Die aandreeks het
sodanig gegroei dat meer as 40 spanne en 17 skole aan hierdie jaar se aandreeks deelgeneem het.
Aangesien die sekondêre rugby 'n O/18 kompetisie is ondervind ons toenemend probleme om skole te kry
wat bereid is om deel te neem aan die O/18 rugbytoernooi. Alhoewel ons nie oor 'n swembad beskik nie,
presteer ons swemmers en vaar ons selfs beter as skole wat wel oor swembaddens beskik.
Ons sportspanne het gemengde welslae behaal. Enkele spanne het hul seisoene onoorwonne afgesluit
terwyl ander slegs enkele wedstryde verloor het. Ons wil ons dank uitspreek teenoor elke Loffie wat getrou
oefeninge bygewoon het en elke wedstryd hul beste gegee het. Baie dankie ook aan elke ouer wat uit hul
pad gaan om dit moontlik te maak vir hul kinders om van geleenthede by die skool gebruik te maak. Een
van die klein spreekwoordelike jakkalsies wat 'n uitdaging veroorsaak vir afrigters is die feit dat 'n klein
groepie ouers soms, sonder om die skool in te lig, bloot besluit om nie hul kinders na wedstryde te bring nie.
Hierdie tendens veroorsaak uiteraard geweldige ontwrigting veral in spansporte.
Aangesien ons in die loop van die jaar toenemend gesukkel het om spanne vol te kry is daar besluit om
volgende jaar terug te keer na sportperiodes vir beide afdelings.
'n Hele aantal leerders het pragtig presteer deur verteenwoordigende spanne te haal in skoolsporte
sowel as in sportsoorte wat buite die skool aangebied word.
NAAM AKTIWITEIT PRESTASIE
ANDREA VAN HEERDEN NETBAL ETHEKWINI
ANIKE VAN RIJSWIJK NETBAL ETHEKWINI
ANNERIEN VAN JAARSVELDNETBAL KZN
ANNERIEN VAN JAARSVELDATLETIEK PADSSA
CLARINDA JACOBS NETBAL ETHEKWINI
CLARINDA JACOBS ATLETIEK ETHEKWINI
DANRU BASSON KLUBRUGBY STREEKSPAN
DE WET STIMMIE RUGBY PADSSA
DEDRÉ GRAVETT NETBAL PADSSA
DYLAN KITSON AKSIE-NETBAL KZN MIDLANDS
EDWARD VAN BLERK KLUBRUGBY STREEKSPAN
JACQUES JOUBERT KLUBRUGBY STREEKSPAN
JOSHUA TEESSEN KLUBRUGBY STREEKSPAN
JUSTIN WIGGEL AKSIE-KRIEKET KZN
LAURA VAN HEERDEN NETBAL ETHEKWINI
LEHAN HEFER GHOLF KZN KUSSTREEK
LEHAN HEFER RUGBY HIGHWAY SONESPAN
LEHANKE SWARTS NETBAL ETHEKWINI
LIANDRIE VAN JAARSVELD NETBAL KZN
LIANDRIE VAN JAARSVELD AKSIE-NETBAL KZN MIDLANDS
LUAN VAN ASWEGEN ATLETIEK ETHEKWINI
MARCEL SMIT ATLETIEK PADSSA
MEGAN MURRAY NETBAL KZN
MEGAN MURRAY NETBAL KZN
MEGAN TOLMAY HOKKIE PADSSA
MICHELLE MEECHAN KARATE KZN
MILAN LE ROUX NETBAL ETHEKWINI
NATHAN HEFER ATLETIEK ETHEKWINI
NATHAN HEFER RUGBY HIGHWAY SONESPAN
NEDINE HEFER NETBAL PADSSA
QUENELL BOSMAN ATLETIEK ETHEKWINI
RENÉ J VAN RENSBURG GIMNASTIEK KZN
SEBASTIAAN PIETERSE RUGBY PADSSA
SEBASTIAAN PIETERSE KLUBRUGBY STREEKSPAN
SP VAN TONDER KLUBRUGBY STREEKSPAN
TAMIQUE BRUINTJIES ATLETIEK PADSSA
THYZE GROESBEEK NETBAL ETHEKWINI
TK MOHAPI NETBAL ETHEKWINI
TK MOHAPI ATLETIEK PADSSA
TRACEY DLAMINI HOKKIE PADSSA
WONDERBOY NDWANDWE RUGBY PADSSA
Leerders kon aan die volgende aktiwiteite deelneem:
Atletiek, landloop, rugby, hokkie, mini-hokkie, mini-krieket, netbal, gholf, krieket, swem en tennis. Ons het
oorweging geskenk daaraan om die aantal sportsoorte wat aangebied word uit te brei. Ons getalle skep
egter probleme in hierdie verband aangesien dit kan veroorsaak dat ons nie voldoende spelers het om die
onderskeie spanne vol te kry indien ons te veel sportsoorte in dieselfde seisoen aanbied. Die beskikbaar-
heid van kundige en bekostigbare afrigters bly ook 'n uitdaging en veroorsaak dat sportperiodes nie
werklik to hul reg kom nie aangesien die afrigters graag op hul spanne sou wou fokus maar in 'n posisie
geplaas word waar hulle twee spanne gelyktydig moet afrig binne die beperkte tyd tot hul beskikking.
Verskeie toere het daartoe bygedra om ons leerders se vaardighede op te skerp en hul horisonne te
verbreed. Dank aan al die afrigters en ouers wat bereid was om ons leerders op hierdie toere te vergesel.
Die volgende toere is in die loop van die jaar onderneem: Sekondêre en primêre 1ste netbal en hokkie
spanne asook die primêre 1ste rugbyspan en sekondêre 1ste krieketspan. Leerders het ook Landsdienskampe
en akademiese uitstappies onderneem en verskeie van ons graad 5 en graad 9 leerders het die Reg vir Môre
leierskamp bygewoon. 'n Groep van ons graad 9-11 leerders het die unieke ervaring beleef om 'n leierskamp
gekoppel aan seilvaart in die hawe mee te maak.
Ons wil graag 'n besondere woord van dank rig tot elke personeellid, ouer en kundige wat oor die
afgelope jaar by afrigting of die organisasie van sport by Gelofte betrokke was. U insette, dikwels sonder
enige vergoeding, word opreg waardeer en maak 'n reuse verskil in ons kinders se lewens.
6.4 TERREIN EN FASILITEITE
Die terreinkomitee is verantwoordelik vir die instandhouding van ons terrein en fasiliteite. Ons tuine en
terrein vertoon tans besonder netjies en dra daartoe by dat ons in 'n aangename omgewing kan werk.
Ons is deurlopend besig om aandag te skenk aan die opknapping van die skool se badkamers en ander
fasiliteite. Die volgende fasiliteite is in die afgelope jaar herstel/opgeknap:
* Saal se verhoog is herstel.
* Skadunet by die krieketnette is vervang.
* Vloedligte by rugbyveld se rame is vervang.
* Grondslagfase se klimraam is herstel en uitgebrei
* Beveiliging van die skool deur die opgradering van die sekuriteitskameras.
* Uitbreiding van sitplekruimte vir leerders langs snoepie.
Die volgende sake sal binne die volgende ses maande aandag geniet:
* Beduidende opknapping en verfraaiing van sekondêre snoepie en die area rondom dit.
* Opknapping van die skool se ingangsportaal en aansig.
* Daar sal vroeg in 2017 begin word om die skool in fases te verf.
As gevolg van die ouderdom van die geboue is daar enkele probleme ten opsigte van onderhoud wat 'n
beduidende uitdaging bied gesien in die lig van ons beperkte begroting. Enkele voorbeelde hiervan is die
volgende:
* Die stopverf van baie ruite het so verbrokkel dat die risiko bestaan dat sommige van die ruite gaan uitval.
* Stukke van die geute het afgebreek.
* Die waterpype is geroes en dit gebeur gereeld dat van die waterpype lek of bars.
* Die dak lek op enkele plekke.
Die skool se 35 sitplek bus (Grietjie) moes na dekades se gebruik verkoop word aangesien dit bloot nie
meer veilig was om leerders met die bus te vervoer nie.
6.5 TEGNOLOGIE
Rekenaars en die onderhoud van rekenaarsentrums bly ongelukkig 'n duur en deurlopende uitgawe. Ons
is bevoorreg om te beskik oor twee pragtige rekenaarsentrums. Leerders het ook toegang tot rekenaars
en die internet in die sekondêre mediasentrum. Die rekenaars in die sekondêre rekenaarlokaal is in die
loop van die jaar vervang by wyse van 'n huurooreenkoms. Die aantal rekenaars wat beskikbaar is in die
sekondêre mediasentrum is ook verhoog en vervang met nuwe rekenaars.
Na gesprekke met verskeie instansies met betrekking tot die gebruik van elektroniese handboeke is dit
waarskynlik verantwoordelik om eers baie deeglik te besin oor die mate waarin hierdie stap waarde sal
toevoeg tot die onderrigproses voordat beduidende uitgawes aangegaan word.
6.6 BEMARKING EN PROJEKTE
Bemarking geskied deur die skool se webblad, facebookblad en die ope dae. Ons streef daarna om deur die
maksimum moontlike aantal kommunikasiekanale met ouers en potensiële ouers te kommunikeer.
Ons het egter geleer dat die beste bemarkingsmeganisme van die skool gelukkige en tevrede ouers is wat die
skool bemark onder vriende en nuwe intrekkers. Die koop van advertensieruimte in plaaslike koerante het
in die verlede geen vrug opgelewer nie. Die beskikbaarstelling van beurse aan leerders wat nie tans
ingeskrewe leerders is nie, was ook vrugteloos. Ons doen 'n beroep op ouers en Loffies om die skool
passievol te bemark onder nuwe intrekkers maar ook in hul daaglikse doen en late. Die beste bemarker
van enige produk bly die mondelingse bemarking deur tevrede kliënte.
Die grootste projekte in terme van fondsinsameling is die jaarlikse kaskarwedren, die wintersport aandreeks,
die gholfdag en die verkoop van die groot advertensiebord. Die beheerliggaam poog om projekte daar te
stel wat fokus op eksterne bronne van inkomste bo en behalwe ons eie ouergemeenskap.
6.7 VEILIGHEIDSKOMITEE
Die veiligheidskomitee bestaan uit ouerlede van die beheerliggaam, die terreinbestuurder sowel as
onderwyspersoneel. Die komitee vergader kwartaalliks en hanteer sake wat die veiligheid van leer-
ders, ouers, personeel en ander betrokkenes raak. Kommer heers oor leerders wat dikwels laatmiddag
nog by die skool is nadat alle personeel reeds die terrein verlaat het. Ons het begrip daarvoor dat ouers
lang ure werk maar daar kan ongelukkig nie van personeel verwag om 'n gratis nasorg diens beskikbaar te
stel nie.
Inbrake en motordiefstal op die terrein het afgeneem oor die afgelope jaar. Die beheerliggaam het kundiges
se advies ingewin in 'n poging om van die knelpunte rondom die veiligheid van die leerders sowel as die
skool se eiendom in te win. Daar is 'n hekwag aangestel met ingang van Januarie 2016 om die uitgangshek te
beman en toegang tot die skool tydens skoolure te reguleer. Die feit dat ons 'n gekombineerde skool is
veroorsaak dat ouers oor 'n lang periode toegang moet verkry tot die skoolterrein om leerders op te laai in
die middae, wat daartoe aanleiding gee dat beide die toegangshek en die uitgangshek dan oop moet wees.
Hierdie situasie bied uiteraard bepaalde uitdagings wat die toegangsbeheer tot die terrein betref.
Die CCTV kamera stelsel is beduidend opgegradeer tydens die afgelope jaar wat dit moontlik maak om
verskeie aspekte van die leerders se veiligheid beter te bestuur. Daar is ook opnuut besin oor die beweging
van besoekers binne die skoolgeboue tydens skoolure. Daar word deurlopend aandag geskenk aan die
fasiliteite om te verseker dat dit nie veiligheidsrisiko's inhou vir die leerders nie.
6.8 DISSIPLINêRE KOMITEE EN VERWANTE AANGELEENTHEDE
Die dissiplinêre komitee van die beheerliggaam bestaan uit twee ouerlede van die beheerliggaam. Hier-
die komitee hanteer ernstige oortredings van leerders wat nie deur die bestuurspan en personeelkorps
van die skool hanteer kan word nie, aangesien dit aanbeveling tot skorsing tot gevolg kan hê. Behalwe
vir die daaglikse kleiner dissiplinêre probleme wat deur die bestuurspan en personeel hanteer word,
is daar min ernstige probleme. Gedurende 2016 is enkele sake na die komitee verwys en moes vyf
leerders gemeenskapsdiens verrig tydens die Julie skoolvakansie.
Die handhawing van gesonde dissipline is ononderhandelbaar aangesien effektiewe onderrig daar-
sonder bloot nie moontlik is nie. Ouers se ondersteuning van die skool is hierin van kardinale belang.
Die handhawing van dissipline word toenemend 'n uitdaging by skole landswyd. 'n Groot deel van die
oorsaak hiervan lê daarin dat sommige ouers die skool nie ondersteun in die toepassing van die skool
se dissiplinêre stelsel nie, selfs wanneer die skool onomwonde bewyse het van die kind se skuld. Dit skep
by die kind die valse gevoel dat hy die verontregte is en die skool die skuldige. Hierdie tipe optrede deur
ouers doen, op die langtermyn, onberekenbare skade aan hul kinders. Ons maak sodoende 'n geslag groot
wat nie gesag kan aanvaar nie en hulle lewe deurgaan as die verontregtes in elke ongemaklike situasie waar-
in hulle beland in die toekoms. Ouers het tog sekerlik 'n verantwoordelikheid om in bepaalde omstandighede
vir hul kinders daarop te wys dat hul optrede verkeerd was en dat hulle daarom die gevolge met waardig-
heid moet aanvaar. Skole landswyd ervaar egter toenemend dat ouers nie bereid is om hierdie lewens-
waarde by hul kinders te vestig nie en eerder ten alle koste die skool die spreekwoordelike "vark in die
verhaal" sal maak. Ons doen ons kinders daardeur 'n geweldige onreg aan in hul vorming vir die toekoms.
Dit dra verder daartoe by dat onderwysers toenemend 'n stryd voer om dissipline te handhaaf in die klas
aangesien hulle "gedreig" word met die ouers indien die onderwyser die kind aanspreek oor onaanvaarbare
gedrag.
In samehang met bostaande paragraaf blyk die sogenaamde "Whatsapp" groepies nou 'n verlengstuk te wees
van die skindergroepies in die parkeerarea. Hierdie bly 'n wonderlike kommunikasiemiddel indien dit korrek
en vir die regte redes aangewend word. Wanneer dit egter gebruik word om die skool en personeel swart
te smeer, doen dit baie meer skade as goed.
Die skool is steeds besig met 'n projek waar ons poog om weg te beweeg van 'n hoofsaaklik reëlgedrewe
skool na 'n waardegedrewe skool. Vir hierdie projek om te slaag moet elke rolspeler by die skool, nl.
personeel, ouers en leerders inkoop en die projek ondersteun. Die projek kan slegs slaag indien die ouers
saam met die personeel verantwoordelikheid aanvaar om gesonde waardes by ons kinders te vestig soos
onder andere respek, betroubaarheid, toewyding, ens. Kom ons vat hande in hierdie verband in belang
van ons skool en ons gemeenskap.
Ons spreek graag langs hierdie weg ons dank uit teenoor elke beheerliggaamlid wat sy/haar komitee met
passie bestuur en sodoende bydra tot die uitbouing en verbetering van die skool.
7. MAATSKAPLIKE EN ANDER AANGELEENTHEDE
Die maatskaplike werkster bly 'n groot bate vir die skool en dra beslis daartoe by dat ons leerders ook
maatskaplik en geestelik versorg is. Ons opregte dank aan die onderskeie gemeentes en weldoeners wat
die daarstel van hierdie pos beskikbaar maak. Die feit dat privaat praktisyns in sover dit 'n sielkundige en
fisioterapeut betref, per afspraak op die terrein beskikbaar is, vergemaklik toegang tot hierdie dienste
beduidend vir ons leerders sowel as ouers.
8. MOEDERSKOMITEES
Ons moederskomitees bly 'n geweldige bate vir die skool wat onvermoeid fondse insamel en projekte
loods by die skool. Ons opregte dank aan hierdie groep ouers vir hul onbaatsugtige diens. Daar is verskeie
voorbeelde by die skool van projekte wat deur hierdie klein groepie ouers in plek gesit is.
9. KLUB 100
Ons dra graag weer eens ons opregte dank oor aan hierdie klein groep entoesiastiese en lojale onder-
steuners van die skool wat onvermoeid hul tyd, kundigheid en fondse tot die skool se beskikking stel.
'n Besondere woord van dank aan almal wat betrokke was by die jaarlikse wildsfees. Hierdie funksie het
nie net 'n besondere fondsinsamelingspoging geword nie, maar dra ook daartoe by dat die skool ver buite
ons grense bemark word. 'n Mens hoef maar net op die terrein rond te beweeg om te besef watter geweldige
bydra die lede van Klub 100 oor die afgelope 25 jaar gelewer het tot die verbetering van bestaande fasiliteite
en die daarstelling van nuwe fasiliteite. Ons waardeer hul lojaliteit en ondersteuning.
10. KOMMUNIKASIE
Ons vertrou dat hierdie een aspek is waaroor daar waarskynlik min kritiek gelewer kan word. Inligting
word op 'n verskeidenheid wyses, elektronies en andersins, beskikbaar gestel. Ons maak tans gebruik van
die webblad, Communicator, bulk SMS en van harde kopieë om inligting na ouers te versprei. Ons poog
ook om inligting oor die skool se prestasies in die plaaslike nuusmedia te publiseer. Ons vind egter dat, ten
spyte daarvan dat inligting oor 'n breë spektrum media beskikbaar gestel word, sommige ouers steeds die
skool skakel en kommer uitspreek oor die skool se gebrek aan kommunikasie. Die realiteit is egter dat die
skool slegs soveel kan doen om inligting by die ouers uit te kry en dat ouers ook 'n verantwoordelikheid het
om moeite te doen om die inligting wat versprei word te lees.
11. GELOFTE EN DIE TOEKOMS
Die daling in getalle neem ernstige afmetings aan vir alle Afrikaanse skole in Durban. Ons is bevoorreg dat
ons getalle oor die afgelope aantal jare stadig maar seker gestyg het. Dit hou bepaalde voordele in vir die
skool onder andere wat sportdeelname betref. Skole landswyd spring egter ook nie die uitdagings vry wat
met 'n sukkelende ekonomie gepaard gaan nie en ons vind toenemend dat daar 'n groeiende aantal nuwe
sowel as bestaande ouers is wat nie die skoolgeld ten volle of enigsins kan betaal nie. Dit plaas uiteraard
druk op die ouers wat wel die vermoë het om te betaal maar ook op die skool se finansies in die algemeen.
Die druk wat op Afrikaanse skole in die groter Durban area geplaas word ten opsigte van die daling in getalle
het daartoe gelei dat die meeste Afrikaanse enkelmedium skole gekies het om hul onderrigmedium te wysig
na parallelmedium. Van die aanvanklike ses Afrikaans medium skole in die groter Durban area sal daar in
2017 slegs twee oor wees. Behalwe vir die feit dat Afrikaanssprekende ouers toenemend verkies om hul
kinders in Engelsmedium skole te plaas, vind ons ook toenemend dat ons getalle beïnvloed word deur die
verhuising van ouers na die binneland agter beter werksgeleenthede aan.
12. DANKIE
'n Woord van hartlike dank aan die volgende:
12.1 Ouers vir hul lojaliteit en onvermoeide ywer. Die skool kan doodgewoon nie effektief funksioneer
sonder u insette op sovele terreine nie. Dankie ook aan ouers wat agteroor buig om hul finansiële
verpligtinge teenoor die skool na te kom. Ons is deeglik bewus daarvan dat dit dikwels groot
opoffering vra.
12.2 Personeel wat met entoesiasme, toewyding en deernis hul rol as opvoeders volvoer. Die bydrae van
personeel, dikwels onder moeilike omstandighede, moet nie gering geskat word nie.
12.3 Leerders wat deur harde werk en toewyding, op welke terrein ookal, 'n bydrae gelewer het om
Gelofte se belange te bevorder.
12.4 Lede van die beheerligaam wat met onvermoeide ywer ure spandeer in belang van die skool. Sonder
hierdie insette en opoffering kan die skool nie effektief funksioneer nie.
12.5 Ouers wat by die onderskeie moederskomitees betrokke is en werk van onskatbare waarde doen
by die skool.
12.6 Ouers en ondersteuners wat betrokke is by Klub 100 en van hul kosbare tyd opoffer in belang van
ons leerders.
12.7 Dankie ook aan sovele ouers wat bereid is om eksamentoesig te doen en beskikbaar te wees as
aflospersoneel. U maak ons taak soveel makliker.
12.8 'n Woord van hartlike dank ook aan Jeane Staude wat vir jare diens gedoen het as "tuinier". Weens
gesondheidsredes kan sy nie meer persoonlik betrokke wees op die terrein nie, maar ondersteun sy die
skool steeds met 'n finansiële bydra wat die koste van die tuindienste dra.
12.9 Dankie aan elke ouer wat bereid is om op komitees te dien en sodoende hul tyd en kundigheid tot
die skool se beskikking stel.
12.10Ons Hemelse Vader wat ons weer eens op sovele terreine gedra en geseën het.
KZN en een van die top vyf in Suid-Afrika in die NSS eksamen. Alhoewel die kwessie van die daling in getalle vir
die meeste Afrikaans medium skole in die groter Durban area 'n uitdaging bly, is ons dankbaar oor die feit dat ons
Jacqui Labuschagne het ook 7 onderskeidings behaal met Jeane Myburgh, Cheyenne Pienaar en Renche Nel
Ten spyte van die praguitslae van die groep is ons teleurgesteld oor die feit dat ons slegs vir die tweede keer
vind dat hy/sy makliker voorberei vir toetse en eksamens. Gesien in die lig hiervan is dit hartseer dat enkele
Die beheerliggaam het besluit om die toestaan van beurse aan sport/kultuur- asook akademiese presteerders
gehad om deel te neem aan die ATKV tienertoneel kompetisie en het uitstekend presteer deur 'n tweede plek
Die wintersport aandreeks het gegroei in statuur met meer skole en spanne wat deelneem. Die aandreeks het
groepie ouers soms, sonder om die skool in te lig, bloot besluit om nie hul kinders na wedstryde te bring nie.
Atletiek, landloop, rugby, hokkie, mini-hokkie, mini-krieket, netbal, gholf, krieket, swem en tennis. Ons het
spanne asook die primêre 1ste rugbyspan en sekondêre 1ste krieketspan. Leerders het ook Landsdienskampe
en akademiese uitstappies onderneem en verskeie van ons graad 5 en graad 9 leerders het die Reg vir Môre
leierskamp bygewoon. 'n Groep van ons graad 9-11 leerders het die unieke ervaring beleef om 'n leierskamp
Ons het egter geleer dat die beste bemarkingsmeganisme van die skool gelukkige en tevrede ouers is wat die
Die grootste projekte in terme van fondsinsameling is die jaarlikse kaskarwedren, die wintersport aandreeks,
skool se eiendom in te win. Daar is 'n hekwag aangestel met ingang van Januarie 2016 om die uitgangshek te
wat nie gesag kan aanvaar nie en hulle lewe deurgaan as die verontregtes in elke ongemaklike situasie waar-
in hulle beland in die toekoms. Ouers het tog sekerlik 'n verantwoordelikheid om in bepaalde omstandighede
In samehang met bostaande paragraaf blyk die sogenaamde "Whatsapp" groepies nou 'n verlengstuk te wees
van die skindergroepies in die parkeerarea. Hierdie bly 'n wonderlike kommunikasiemiddel indien dit korrek
ons grense bemark word. 'n Mens hoef maar net op die terrein rond te beweeg om te besef watter geweldige
bydra die lede van Klub 100 oor die afgelope 25 jaar gelewer het tot die verbetering van bestaande fasiliteite
skool slegs soveel kan doen om inligting by die ouers uit te kry en dat ouers ook 'n verantwoordelikheid het
Die druk wat op Afrikaanse skole in die groter Durban area geplaas word ten opsigte van die daling in getalle
het daartoe gelei dat die meeste Afrikaanse enkelmedium skole gekies het om hul onderrigmedium te wysig