Upload
others
View
2
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
EKSPERTGETUIENIS VAN CHRIS PAUL DE KOCK OOR DIE AGTERGROND EN DINAMIKA VAN SEWE
INSIDENTE VAN OPENBARE GEWELD IN TOKOZA TUSSEN SEPTEMBER 1991 EN APRIL 1992. VOOR
DIE KOMMISSIE VAN ONDERSOEK INSAKE DIE VOORKOMING VAN OPENBARE GEWELD EN
INTIMIDASIE SE TOKOZA-KOMITEE ONDER VOORSITTERSKAP VAN A D V O K A A T M .N.S. SITHOLE
1. INLEIDENDE OPMERKINGS
Chris Paul de Kock (Curriculum Vitae as bylae A aangeheg) staan hier voor u in sy
privaathoedanigheid, in verlo ftyd en alle voorbereiding gedoen vir die getuienis is gedoen in
privaattyd. Die standpunte hier gestel en die vertolking van die gebeure in Tokoza is sy
persoonlike mening en d it kan nie aan sy werkgewer, die Raad v ir Geesteswetenskaplike
Navorsing, gekoppel word nie.
Hierdie getuienis weerspieel nie noodwendig die standpunt en mening van die SAP en/of die
Minister van W et en Orde nie.
Gegee:
die lewensnoodsaaklikheid en drinqendheid van 'n spoedige en standhoudende verlaging van die
vlak van openbare geweld, intim idasie en politieke onstab ilite it om sodoende investering en
sosio-ekonomiese ontw ikkeling te verseker w at die onontbeerlike basis van 'n demokratiese
nuwe Suid-Afrika sal vorm;
die kardinale rol en posisie van u kommissie binne die vredestruktuur w a t op 14 September
1991 ingevolge die Nasionale Vredesakkoord to t stand gekom het. {U mandaat is om die geweld
en intimidasie te ondersoek en na te vors en met hanteringstrategiee vorendag te kom -
daarsonder sal die res van die vredestruktuur nie doeltreffend kan funksioneer nie.)
die kompleksiteit van die huidige geweld in Suid-Afrika en
die omstandigheidsgetuienis w a t to t dusver gelei is en hoofsaaklik gefokus was op wie die
sondebok(ke) in die Tokoza-situasie was, w il ek my getuienis - gebaseer op vyftien jaar se
belangstelling en navorsing op die terrein van konflik en openbare geweld - hoofsaaklik rig op die
onmiddellike onderliggende dinamika van die openbare qeweldsproses en die hantering daarvan.
Ek w il poog om die sondebok-opsporing in hierdie getuienis ie tw a t op die agtergrond te skuif (dit
sou uit die aard van die saak nie heeltemal vermy kon word nie) aangesien die ak tiw ite it to t nou
toe slegs gelei het to t 'n "passing the buck"-situasie w at net bygedra het to t verdere geweld,
terwyl my eie persoonlike mening vir my s§: "The buck m ust stop here!" (Vgl. ook Schlemmer
1 991 (a): 23).
Ek sal dus my getuienis soos volg aanbied:
1. 'n Baie bondiae oorsig van die oorsprong en ontw ikkeling van konflik in Suid-Afrika voor
Februarie 1990 verskaf.
2. Die dinamika van geweld en onstabiiite it sedert Februarie 1990 so volledig m oontiik aanstip*
(d.w.s. poog om so volledig m oontiik 'n "inventaris" van onderskeibare geweldsfaktore w a t die
huidige geweld onderlS en stimuleer te lys).
3. Moontlike onderlinge verbande tussen geweldsfaktore probeer aantoon.
4. Die Tokoza-gebeure (September 1991 to t April 1992) - soos weerspieel in die getuienis to t
dusver - ontleed in terme van die geweldsfaktore - soos by 2 hierbo. Dit w il s£ om te probeer
vasstel o f die faktore ook die geweld in Tokoza onderifi het en die mees waarskynlike verklaring
(geweldsfaktor o f stel van faktore) vir die Tokoza-gebeure te identifiseer.
5. Geweldhanteringsriglyne vir punt 2 en 3 aan te bied en aan te toon o f di6 riglyne reeds verreken
is in die Vredesakkoord.
Gun my nog tw ee kwalifiserende opmerkings:
d it sou bykans onm oontlik wees om in die bestek van hierdie verklaring volledige
bronverwysings te gee (boeke en artikels oor die verskillende faktore is legio).
ek sal nie hierdie kommissie probeer mislei deur belangrike, moontlike verklarings v ir die
Tokoza-gebeure doelbewus te ignoreer nie, tog moet d it in ag geneem word dat enige mens
feilbaar is in sy kennis - ook 'n ekspert.
2. 'N BAIE BONDIGE OORSIG VAN DIE OORSPRONG EN ONTWIKKELING VAN KONFLIK IN
SUID-AFRIKA VOOR FEBRUARIE 1990
Daar sou geargumenteer kon word dat d it geensins nodig is om sover in die geskiedenis terug te delf om
die gebeure in Tokoza te verklaar nie. My standpunt is dat d it wel nodig is - al is d it dan net uiters
oorsigtelik - om die volgende redes:
Daar moet daarop gelet w ord dat "volledig m oontiik aanstip" nie beteken dat die getuie alle faktore kan indentifiseer nie en ook nie beteken dat elke fak to r volledig binne die bestek van hierdie dokum ent behandel sal w ord nie.
2
a) Om aan hierdie Kommissie en aimal wat Suid-Afrika se belange op die hart dra te toon dat die
huidige geweidsmanifestasies (waarvan Tokoza 'n voorbeeld is) b loot n simptoom van
struktureel-gegenereerde probleem is en dat die enigste werklike standhoudende "oplossing" van
die struktuurprobleem die skepping van ’ n welvarende demokratiese Suid-A frika is - d it waarmee
KODESA en 'n Interimregering hulself besig sal hou. Ongelukkig verkeer Suid-Afrika in ’ n
"Catch-22 situasie". 'n W elvarende demokratiese Suid-Afrika kan slegs geskep word as die vlak
van geweld en onstabilite it (d .w .s. die simptoom) drasties verlaag w ord sodat beleggers- en
entrepreneursvertroue in Suid-Afrika herstel word. In kort, te rw y l Suid-Afrika strukturele
snykunde ontvang moet hierdie Kommissie sowel as die vredesstrukture die pasient se toestand
stabiel hou deur die simptome te behandel - indien nie, sal die operasie nie suksesvol wees nie.
(b) Plek-plek in die oorkonde w ord die futiele oefening van passing the buck vervang met n andei
ewe futiele oefening van: "Die enigste sondebok vir die sinnelose geweld is apartheid of die
erfenis van apartheid." As apartheid eers totaal vernietig is sal daar geen verdere probleme wees
nie.* Dit is nodig om kortliks terug te keer na die geskiedenis voor Februarie 1990 om hierdie
simplistiese siening deeolik te kwalifiseer w an t as die siening net so aanvaar word, l§ daar nog
vir Suid-Afrika tragiese gebeure voor.
(c) Baie van die direk-onderliggende geweldsfaktore van vandag en van die gebeure in Tokoza het
hulle oorsprong in die periode voor Februarie 1990.
Die periode voor Februarie 1990 is al deeglik u it verskeie perspektiewe nagevors, geanaliseer en
geboekstaaf. Ekself het 'n bydrae to t 'n boek van Van Vuuren ei_aL (1988) "South A frica: The
challenge of reform " geskryf met die tite l "Revolutionary violence in South A frica: 1000 days after 3
September 1984 ." Di6 analise van die situasie voor Februarie 1990, w aarby ek nog steeds woord vir
woord bly staan w ord hierby aangeheg as bylae B. Dit sou die leser loon om die analise deur te werk,
aangesien ek hier haie kortliks sekere gedagtes gaan herhaal.
Die oorsprong van die huidige kon flik in Suid-Afrika kan teruggevoer w ord to t sy koloniale vestigmg
meer as driehonderd jaar gelede. Kolonialisme in Afrika (in Latyns Amerika en ander wfirelddele het dit
effens anders verloop) en dus ook in Suid-Afrika se geval, het basies neergekom op *n m ilit§re besetting
van grondgebied met 'n ekonomiese m otief. Waar koloniste weerstand en verset van die inheemse
bevolking ondervind het, is d it m iliter onderdruk. Die ekonomiese m otie f het voortdurende
gebiedsuitbreiding to t gevolg gehad (vanaf die verversingspos to t by die Liesbeeckriv.er, to t die
vryburgers, to t die trekboere na die
Hierdie opmerkings moet nie geinterpreteer word as dat die outeur (getuie) 'n voorstander van apartheid is of was nie. Apartheid kan noo it goedgepraat w ord nie.
binneland, to t die uitbreiding to t by die Visrivier, dan die Groot Trek en die ontdekking van diamante en
goud). Hierdie hele dinamika van kolonisasie was baie meer kompleks maar tw ee drade w a t regdeur
geweef was, is:
(a) die gebruik van m ilitfire mag (w at dwangmag in sy suiwerste vorm is) om enige teenstand uit te
skake! en grond te beset.
(b) die ekonomiese m otief - d it is ook belangrik om daarop te let dat soos oie inheemse bevolking
verslaan is, hulle gedwonge was om hulie arbeid aan die kolonis te verkoop.
Terw yl die dwangmagsbasis (veral militgre mag) en manipulatiewe magsbasis (ekonomiese mag) sterk
gevestig is en orde in Suid-Afrika oor eeue op di6 wyse gehandhaaf is, het daar nooit veel van die
vestiging van 'n intensionele magsbasis (ook genoem sosio-kulturele magsbasis of ideeeltipiese gesag)
van kolonis (blanke) oor inheemse bevolking (hoofsaaklik sw art) gekom nie. Hierdie skewe
m agstruktuurontw ikke ling en die resulterende akkumulasie van rykdom en mag aan die bianke kant en
armoede en magloosheid aan die sw art kant het die strukturele oorsprong van konflik in Suid-Afrika
gevorm. Suid-Afrika was al meer in twee teenoorgestelde, vyandige belangegroepe ingedeel, naamlik:
blank teenoor nie-blank. Di6 m agstruktuurfout is in 1948 geTnstitusionaliseer in die apartheidsbeleid.
Die latente kon flik vasgevang in die struktuurfout het ook oor die eeue en dekades meer en meer
manifes geraak (d .w .s . diegene in die twee verskillende kampe het meer en meer bewus geraak van die
fe it dat hulle in verskillende kampe verkeer het). Faktore w at onder andere to t die bewuswording gelei
het was: verstedeliking, kerstening, ervaring van relatiewe deprivasie, en die ontw ikkeling van
status-inkongruensie (d.w .s. die ontstaan van 'n intellektuele proletariaat w a t die onderwyskwalifikasies
verw erf het, maar nie parallelle kanse vir opwaartse ekonomiese, sosiale en politieke m obilite it verkry
het nie).
Met die skepping van 'n intellektuele proletariaat was die belangrikste element van drie basiese elemente
vir konflikgroepvorm ing o f uitdaaggroepvorming reeds aanwesig, naam lik leierskap. Leierskap moes sorg
vir ideologie (plan van aksie) en organisasie. Aan die begin van hierdie eeu het uitdaaggroepe, waarvan
die ANC die belangrikste is, to t stand gekom. Die ANC het aanvanklik vreedsaam beding vir die
onderdrukte nie-blanke se regte, maar soos w at so dikwels in sulke situasies gebeur is hulle vreedsame
protes met dwang onderdruk en moes hulle elke keer to t meer en meer radikale (dwangmatige) stappe
oorgaan. Na die Sharpeville voorval van 21 Maart 1960 is die ANC, PAC en ander organisasies verban
en was hulle verplig om ondergronds te gaan en as bannelinge vanaf die buiteland te opereer. Die ANC
en PAC stig onderskeidelik Um khonto we Sizwe en Poqo as hulle m ilitfire vleuels. Hierna volg 'n periode
van veral sabotasie, maar ook terreur. Die Soweto-opstand (onluste) w a t in Junie 1976 uitgebreek het,
het die meeste organisasies - d it s lu it die ANC ook in - onverhoeds betrap. Dit het egter aan hulle
getoon dat massa-aksie 'n magtige wapen in die stryd kan wees. Die ANC/SAKP alliansie het ook
4
tydens 'n besoek aan Vietnam diep onder die indruk gekom van massa-mobilisasie (vgl. Je ffe ry 1931)
en was moontlik ook bekommerd dat die eerste hervormingstreetjies van die Suid-Afrikaanse Regering
(bv. die Erika Theron-kommissie en die W iehahn-kommissie en dit w at daaruit voortgespru it het) die
onderdrukte massas sou "sagmaak" en/of m inder ontvanklik sou maak vir die rewolusionfire offers wat
huile sou moes bring. Gedurende die laat 70tigs en vroee 80tigs het hulle ook hulle stedelike terreur - of
gueriila-aksies geintensiviseer. Op die vooraand van die driekamer-parlement is die UDF teen die einde
van 1983 te M itchellsplain in Kaapstad geloods. By di6 geleentheid het mev. A lbertina Sisulu na die UDF
en massamobilisasie verw ys as "the fourth and final pillar of our revo lu tion ."* Die ander drie pilare was:
gewapende aksie (MK), internasionale isolasie en die ondergrondse strukture. Die jare 83 to t en met
Februarie 1990 is gekenmerk deur massa-mobilisasie, massa-aksie en politisering. Nooit vantevore is 'n
"rewolusie-in-w ord ing" (vgl. bylae B en Rhoodie 1986) in Suid-Afrika so duidelik waargeneem nie. In
kort (vgl. bylae B vir meer inligting) het die ANC-SAKP-alliansie (vgl. Die Vrye Weekblad 2 4 -30 Januarie
1992 vir 'n bespreking van 'n boek getiteld "Comrades against Apartheid - The ANC and the SACP"
deur Ellis & Sechaba vir meer in ligting oor di6 alliansie) die volgende strategie gevolg.
Die doel w as: om die politieke mag oor te neem en dan die sam elew ingstruktuur te verander.
By politisering van die massas - deur massa-mobilisasie - was veral die volgende drie persepsies van
kardinale belang:
(i) Apartheid-Suid-A frika is totaal nie-legitiem (trouens d it is volgens die Kairosdokument 'n
skepping van die Antichris)
(ii) Teen so 'n totaal nie-legitieme (selfs sondige) struktuur is enige middel, ook geweld, legitiem.
Hervorming sal niks anders as "Neo-apartheid” oplewer nie.
(iii) A lhoewel die veiligheidsisteem (as dwangarm van die Apartheidsisteem) brutaal is, kan hy deur
getalle aangedurf en verslaan word.
Om di£ persepsies te bevorder en terselfdertvd die maostruktuur te verlam. het die ANC-SAKP-alliansie
die volgende strategie qevola:
(i) Die vernietig ing en/of destabilisering van die bietjie intensionele mag w a t die Regering oor
swartes gehad het. Twee voorbeelde van di6 intensionele mag was sw art onderwys
(sogenaamde "Bantu Education") en gekoopteerde swart leierskap (die gemeenskapsrade en
tuislandleiers). 'n Totaal alternatiewe samelewing (bv. "C iv ics", straatkom itees, "People's
Education , a lternatiewe kunste, "People's Courts" ens.) is in die intensionele magsvakuum wat
Dit is interessant dat in die vele hofsake sedert 1983 die UDF nie met die ANC verbind kon word nie. Na die ontbanning kon daar geen tw y fe l oor die verbintenis bestaan nie: (i) Die UDF het ontbind en (ii) die ANC het by sy 48ste Nasionale Kongres in Julie 1991 verklaar "Commits itself to strengthen and direct all four pillars of our struggle ..." (New Nation 12 Julie - 18 Julie 1991).
5
ontstaan het, gevestig. Die alternatiewe strukture bestaan natuurlik nog en w ord selfs versterk
en uitgebou (vgl. konferensie-resolusies in New Nation 12-18 Julie 1991).
(ii) 'n Maksimum destabilisasie van die manipulatiewe magsbasis (veral die ekonomie) deur
internasionaie isolasie, die politisering van die vakbondwese, "s tayaw ays". verbruikersboikotte
ens.
(iii) Die u itlokking van dwang. Aangesien die intensionele magsbasis (wat noo it sterk was nie) nou
"gekaap’ was en die manipulatiewe magsbasis ernstig gedestabiliseer was het die Regering geen
ander keuse gehad as om teen die einde van 1985 en aan die begin van 1986 (met die
afkondiging van die Nasionale Noodtoestand in Junie 1986) sterk terug te val op dwang nie en
dit nadat hy met 'n geleidelike hervormingsproses begin het - 'n volm aakte resep vir verdere
konflik (vgl. Gurr 1968(a), 1968(b) en 1971). Dwang is ook op so 'n wyse uitgelok dat dit die
rewolusionSre alliansie se posisie versterk het. Massaprotes (optogte, byeenkomste en
begrafnisse) was aan die orde van die dag en onder die noodregulasies was die SAP en SAW
verplig om op te tree. Gegee die skaredinamika van die protesaksies (w a t nie vooraf gereel en
gestruktureer was nie) en die onderbemande beheermagte het die protesbyeenkom ste dikwels
gelei to t geweld (vgl. afdeling 3 .2 .3 ). "Voorbeelde van bru ta lite it” (bejaardes en kinders gedood
of ernstig beseer deur die optrede van veiligheidsmagte) was volop, maar noo it het die
beheermagte so opgetree dat d it die massa to t "verlamming geskok het n ie” (bv. soos die
Tianamenpleingeval in Beijing nie). Laasgenoemde omstandighede het die derde persepsie wat
by die politisering van die massas belangrik was bevorder, naamlik: "A lhoew el die
veiligheidsisteem (as dwangarm van die Apartheidsisteem) brutaal is, kan hy deur getalle
aangedurf en verslaan word.
Sedert veral 1984 het die ANC-SAKP-alliansie met die steun van die UDF (die binnelandse
massa-organisasie) en COSATU hulle voile energie en aandag aan die u itvoering van die strategie
geskenk. Alles is in die stryd gewerp om die totale onderdrukte massa ("the people" - w a t eintlik as
byna die totale bevolking gesien is) te mobiliseer en te organiseer vir uiteindelike magsoorname (via 6f 'n
peoples war d f n uiteindelike verkiesing) deur die ANC. Die alliansie het volgens alle aanduidings baie
sukses met die strategie gehad. Tog was daar sekere struikelblokke in die pad van die totale
samesnoering van die "people". So byvoorbeeld was daar:
diegene w a t deur die jare deur die sisteem gekoopteer was en w a t geglo het dat hulle baie meer
sou bereik met samewerking as met konfrontasie (die Regering het hulle beskou as gematigdes,
te rw yl die ANC hulle beskou het as "sell outs"). Hier kan daar gedink w ord aan die
tuislandregerings, die gemeenskapsraadlede, staatsamptenare, polisie ens.
6
r . • . ... ........ — r - - — -
(b) diegene w a t alhoewel hulle net so sterk teen die Apartheidsisteem gekant was en saam met die
ANC 'n nie-rassige demokratiese samelewing in sy plek sou w ou sien, w a t hulle nie in aUe
opsigte m et die ANC se rewolusiongre strategie of beleid kon versoen nie. Byvoorbeeld diegene:
wat teen die gebruik van geweld was; w at geglo het dat internasionale sanksies die swartmense
die swaarste gaan tref; w a t in die verlede vanwee beleidsverskille weggesplinter het van die
ANC; w a t ontevrede was met die Marxistiese invloed in die ANC ens.
(c) die erg apatiese deel van die bevolking wat net elke dag hulle brood w ou verdien en nie gepla
wou wees nie.
(d) sekere tradisionaliste , by wie stamverband en etn isite it sterk aanwesig was, w a t die ANC-SAKP
as volksvreem d en Xhosa-oorheersd gesien het.
Die ANC-SAKP-alliansie kon in sy mobilisasie van die "people" dus nie net staatmaak op die sterk
intensionele magsbasis (alternatiewe samelewing) w at hy to t stand gebring het om mense te oortuig
nie. Hy moes ook van "strong arm ", dwangmatige taktieke gebruik maak soos sagte en harde en direkte
en indirekte intim idasie, etiketering en isolasie van indiwidue, asook terreur (waarvan die "necklace" die
bekendste voorbeeld was). Dit is in belang van ob jektiw ite it en balans ook nodig om daarop te wys dat
die besluite om in spesifieke gevalle van die dwangmatige taktieke gebruik te maak nie a ltyd op die
hoogste vlak geneem is nie. Die "com rade" op die heel laagste vlak kon (onder ideologiese invloed) ook
van di6 metodes gebru ik maak in die naam van die stryd - ook b loot om sy teenstaanders binne eie
organisasie u it te skakel.
Hierdie horisontale kon flik tussen lede van die onderdrukte massas het gou die naam van
swart-op-swart geweld gekry, maar inderdaad was d it 'n integrale deel van die ANC-SAKP alliansie se
stryd teen die Apartheidsisteem en sy strewe om al w at 'n onderdrukte is, in 'n blok te verenig. Vanaf
1987 het hierdie sogenaamde sw art-op-sw art geweld veral op groot skaal in Natal-KwaZulu
gemanifesteer. D it is nadat die ANC sy rewolusionfere strategie in di6 streek begin toepas het en hy daar
die grootste konsentrasie van georganiseerde teenstand - sedert 1983 - ondervind het. Di6 konflik is so
kompleks dat daar nie hier verder daarop gekonsentreer sal word nie (vir meer in lig ting oor die
Natal-KwaZulu kon flik lees Minnaar 1991).
Die 2 Februarie 1990 parlementfire toespraak van Staatspresident De Klerk was om verskeie redes 'n
waterskeiding in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Veral van belang was die fe it dat alle politieke partye
en/of groeperings w a t voor die toespraak verban was ontban is en dat die leiers en ander politieke
gevangenes vryge laat is. Die geleenthede vir die normalisering van politiek - v ir 'n verandering vanaf
onkonvensionele rewolusion§re politiek na konvensionele politiek - is geskep. Die spreekwoordelike
skoon blaadjie is le tte rlik oopgeslaan om te begin skryf aan 'n nuwe hoofstuk in die Suid-Afrikaanse
geskiedenis. Daar was geweldige verwagtinge by alle dele van die bevolking dat daar nou vrede en
voorspoed sal wees. Tog het die insidensie van geweld en veral die ongevalle van geweld in die maande
n3 2 Februarie 1990 dramaties toegeneem. (Sien grafieke 4 en 8, bylae C).
Dit bring 'n mens uit by die huidige geweld waarvan die Tokoza-gebeure 'n tipiese voorbeeid is. Voordat
daar egter oorgegaan word to t 'n aanstip van die geweldsfaktore onm iddellik onderliggend aan die
geweld sedert 2 Februarie 1990 is d it nodig om weer aan te toon dat die gebeure voor Februarie 1990
nie irrelevant is vir die huidige ondersoek nie.
Die voorafgaande bondige analise van die geskiedenis van konflik in Suid-Afrika (bylae B is baie meer
volledig) lei logies to t die volgende gevolgtrekkings:
(a) Die konflik w at die basis (die teelaarde) van die huidige geweld vorm , w ord struktureel
gegenereer en sal 'n vrugbare teelaarde vir geweld bly totdat:
■ 'n regverdige, demokratiese m agstruktuur in posisie is en toon dat d it w erk lik demokraties is
■ daar voorsiening gemaak w ord vir die beskerming van m inderheidsregte in die demokratiese
m agstruktuur (anders sal m inderheidsvrese die nuwe teelaarde van geweld raak).
■ daar ’ n regverdige en gelyke toegang to t kanse vir opwaartse sosio-ekonomiese mobiliteit
gevestig is. Trouens sonder ’ n meer gelyke en regverdige verdeling van rykdomme sal selfs 'n
demokratiese magstruktuur nie staande bly nie. Die akkumulasie van rykdom aan die een kant en
armoede aan die ander kant is reeds u itgew ys as 'n integrale deel van die s truktuurfou t.
■ daar 'n sterk stel gemeenskaplike waardes deur rekonsiliasie en nasiebou gevestig is.
(b) Dat d it totaal te simplisties, na'ief en selfs kontraproduktief is om die huidige geweld slegs aan
apartheid of die erfenis van apartheid te koppel. Die huidige geweld is geworte l in die koloniale
geskiedenis, apartheid sowel as die rewolusionSre aksie teen apartheid. Om net die een of die
ander te beskuldig is "to pass the buck" en d it sal Suid-Afrika se probleme nooit oplos nie.
(c) Die geweldsfaktore w at nou aangestip sal word (veral intim idasie, protes, w raak en weerwraak,
privaatleers en wapentuig) het hulle oorsprong in die voor Februarie 1990 fase.
(d) Om te verwys na die hantering van die huidige openbare geweld is om te ve rw ys na die
normalisering van konvensionele partypolitiek.
3. DIE D INAMIKA VAN GEWELD EN ONSTABILITEIT SEDERT FEBRUARIE 1990
In hierdie afdeling gaan 'n aantal faktore w a t die huidige geweld onderlfi - hier genoem geweldsfaktore -
baie kortliks (soms selfs net aangestip) behandel word. Die leser moet daarop let dat daar in di6 analise
gepoog sal w ord om soveel m oontlike faktore te onderskei en te orden sodat die baie komplekse
dinamika van geweld beter begryp kan w ord . In die werklikheid is die faktore inmekaar verw eef en vorm
8
hulle nie waterdigte kompartemente nie en 'n faktor w at hier aangetoon word as *n snellerkondisie (bv.
gerugte) kan dan ook ’ n eskaleringskondisie wees of 'n kondisie w at direk bevorderlik is vir geweld. In
afdeling 4 sal daar 'n poging aangewend word om van die interaksies tussen faktore skematies voor te
stel.
3.1 Die faktore w at direk bevorderlik is vir geweld
Hier gaan 'n paar faktore behandel word wat die direkte teelaarde vir geweld skep. Dit w il s6 d it is di6
faktore w at hoogs bevorderlik is vir die oorgang vanaf nie-gewelddadige konflik na gewelddadige
konflik. As di<§ faktore in 'n situasie aanwesig is, is die waarskynlikheid vir geweld baie hoog.
3.1.1 'n Intensivering van horisontale konflik en geweld
Alvorens daar op di6 spesifieke faktor uitgebrei kan w ord is d it eers nodig om meer duidelikheid oor
begrippe soos konflik, direkte en indirekte aksie en geweld te verkry.
Konflik is die proses waar twee o f meer sosiale eenhede (persone, groepe, partye ens.), onafhanklik van
mekaar, in konkurrensie, na dieselfde doel strewe. Di<§ kon flik kan latent o f mamfes wees, d it w il sg as
die sosiale eenhede onbewustelik na dieselfde doel strewe is d it latent, maar sodra hulle bewus raak van
die fe it dat hulle na dieselfde doel strewe raak d it manifeste konflik. As hulle bewus raak van die fe it dat
hulle na dieselfde doel street en begin saamwerk om die doel te bereik raak d it samewerking.
Manifeste konflik om vat kompetisie, onderhandeling, nie-gewelddadige protes, passiewe weerstand en
geweld. Binne manifeste konflik sou daar direkte en indirekte aksie onderskei kon w ord. Manifeste
konflik, waar die verskillende sosiale eenhede tog bewus is van die doel en die konkurrente se strewe na
dieselfde doel, impliseer tog aksie na die doel en aksie teenoor die konkurrente (kyk sketse l-lll).
As die aksie na die doel baie direk is (d.w.s. die betrokke sosiale eenheid m ik hoofsaaklik sy aandag en
energie na die doel) en die aksie na die konkurrent is baie indirek (amper toevallig omdat hy ook bewus
is dat die konkurrent na dieselfde doel strewe) word daar na indirekte aksie verw ys (kyk skets II). As die
sosiale eenheid egter hoofsaaklik sy aandag en energie begin fokus op die konkurrent(e) en die doel
skuif vir eers op die agtergrond (hy is bloot bewus van sy einddoel) dan w ord daar gepraat van direkte
aksie (kyk skets III). Die onmiddellike doel is dan om deur direkte aksie teen die konkurrent (eintlik nou
'n opponent) indirek die doel te bereik. Dit w il s§ deur te poog om die konkurrent te oortuig, te
neutraliseer of te elimineer w il die sosiale eenheid nou sy doel bereik. D it kan natuurlik ook wees dat hy
die konkurrent direk nader met die oog op onderhandeling - maar in so 'n geval sal ons me daarna
verwys as direkte aksie nie.
9
SKETS I
Kondisie van latente konflik
SKETS II
Kondisie van manifeste konflik - indirekte aksie (bv. kompetisie)
Direk — . » In d ire k ____>
Kondisie van manifeste konflik - direkte aksie (bv. protes o f geweld)
Direk—Indirek
G W \C hris\Q etuie.Feb 10
Onder indirekte aksie sou kompetisie (ook genoem kompeterende konflik) en onderhandeling ingepas kon
word. In die geval van kompetisie bestaan daar spelreels, skeidsregters en kwasi-parlementfere
insteliings w at poog om al die kompeterende sosiale eenhede se aksie op die doel gerig te hou en te
keer dat dit direk teenoor mekaar gerig word. Onderhandeling is van tyd to t tyd riodig om die nuwe
spelreels en insteliings te skep of te hersien, en geskied insigself ook volgens sekere reels.
Onder direkte aksie sou vreedsame protes (protesvergaderings, protesoptogte, ander protes-
byeenkomste), passiewe weerstand (bv. "s it- in s ", skuolboikotte, huurboikotte , verbruikersboikotte,
oortredingsveldtogte), dreigemente van geweld (sagte to t harde intim idasie) en werklike fisiese geweld
ingepas kon word. Behalwe dat al die aksies direk to t die opponent gerig is, kan daar opgemerk word
dat soos daar van vreedsame protes na fisiese geweld beweeg w ord daar meer en meer gepoog word
om die opponent te neutraliseer of u it te skakel. In die geval van vreedsame kommunikatiewe protes
(protesvergaderings, protesoptogte, protesbyeenkomste en petisies) is die idee nog nie om die opponent
te neutraliseer of u it te skakel nie, maar om 'n waarskuwende sein (boodskap) aan hom oor te dra - die
aandaq moet eqter daarop oevestia w ord dat vreedsame protesaksies ook dwanqm atiq aangewend kan
w ord as deel van 'n oroter strateqie van neutralisering (vgl. De Kock, 1988 :363 -376 ).
By passiewe weerstand (bv. "s it- in s ", skoolboikotte, huurboiko tte , verbruikersboikotte,
oortredingsveldtogte en onregeerbaarheid) is die idee om die opponent sonder gebruikmaking van fisiese
geweld to t ander insigte te dwing - d it is dus reeds gemik op die neutralisering van die opponent se
mag. Fisiese geweld (fisiese aanvalle op die opponent) is logies daarop gemik om die opponent soveel
skade te berokken dat hy nie meer in die pad van die verwesenliking van die doel staan nie 6 f om hom
w erk lik te elimineer. Terreur word deur baie kenners van geweld as die toppun t (die mees ekstreme
vorm) van geweld gesien (vgl. bv. Zignam, 1978 :2 44 , W alters, 1969 :1 3 , W ilkinson, 1975:137 en
Bassiouni, 1975) Zignam (1978:244-245) beskryf terreur soos volg: "Terrorism is the apex o f violence
... In this study, terrorism is broadly defined as the use or th reat o f violence by individuals or by
organized groups to evoke fear and submission to attain some econom ic, political, sociopsychological,
ideological, or other objective." W at eintlik van terreur die mees ekstreme vorm van geweld maak is die
fe it dat terreur meestal via die publiek as medium (bv. die volgelinge van 'n party of regering) teen die
opponent gerig word. Die aksie is dus indirek to t die opponent gerig, maar die gevolge (effek) van die
daad is direk to t die opponent gerig.
Vertikale geweld (konflik) is wanneer ’n uitdaaggroep (party) direkte aksie teen die gesagsgroep of
regering gebruik. Die uitdaaggroep probeer dus om mag van die gesagsgroep weg te neem - let wel: die
gesagsgroep het die mag en die uitdaaggroep probeer d it kry. In di6 proses kan horisontale geweld
ontstaan waar verskillende uitdaaggroepe mekaar probeer neutraliseer om sodoende alleen die regering
se mag oor te neem - d .w .s . hy w il eers sy mededingers op dieselfde vlak sodanig verswak of uitskakel
sodat hy die enigste opposisie van die gesagsgroep is.
11
In die voorafgaande om skryw ing van begrippe soos konflik en geweld is daar voortdurend na 'n doel
verwys. Die doel kan enigiets wees, bv. geld, werk, kliente, grond of politieke mag. Party doelstellings
kan minder skaars o f makliker deelbaar wees as ander, w at weer meer skaars en moeiliker deelbaar is.
Hoe skaarser en moeiliker deelbaar die doel, hoe groter is die potensiaal dat kompeterende konflik sal
oorgaan in direkte aksie en meer spesifiek geweld. Dit kan ook gebeur dat die doelstelling waarvoor
gekompeteer word:
(i) uit meer as een doelstelling bestaan (bv. grond + werk + mag)
(ii) aanvanklik een doelstelling is, maar later meer doelstellings inslu it (bv. -n kompetisie om werk
kan later ook 'n kompetisie om politieke mag word, aangesien daar besef word dat 'n verkryging
van politieke mag ook werk kan beteken).
Gewoonlik gaan ’ n kompetisie om politieke mag ook oor ander doelstellings (geld, grond, w erk ens.)
omdat die verw erw ing van politieke mag gew oonlik beteken dat die ander doelstellings makliker verkry
kan word.
Waar ons nou 'n grondw etlike onderhandelingsfase betree moet d it onthou w ord dat die prim§re doel in
di6 betrokke geval politieke mag is, w a t nie altyd in al sy vorme maklik deelbaar is nie. Die verskillende
vroeere uitdaaggroepe van die Regering - bv. die ANC, PAC, AZAPO, IFP - gaan almal strewe om by die
onderhandelingstafel as die "enigste (sterkste) verteenwoordiger van die mense" te gaan aansit. Dit lei
to t horisontale kom petisie (kyk grafieke 1 to t 3 - bylae C) tussen di6 uitdaaggroepe w a t maklik kan
oorgaan to t horisontale direkte aksie en by name geweld omdat:
(a) politieke mag - veral die dwangvorm daarvan - moeilik deelbaar is
(b) politieke mag ook ander skaars hulpbronne (eintlik lewensnoodsaaklike hulpbronne) soos werk
en grond impliseer
(c) daar nog steeds die persepsie by sommige van die uitdaaggroepe bestaan dat daar - ten spyte
van die Nasionale Vredesakkoord - nie goed uitgewerkte reels o f "legitiem e skeidsregters" is wat
sorg dat kom petisie, kompetisie bly nie (vgl. De Kock 1991(b), 1992(a), 1992(b)).
Die inisiatiewe w a t die Staatspresident op 2 Januarie 1990 geneem het was veronderstel om die politiek
in Suid-Afrika te normaliseer vanaf 'n rewolusion§re stryd (vertikale direkte aksie) van die
ANC-SAKP-UDF alliansie teen die Regering en die Apartheidsbeleid na 'n horisontale kompetisie
(indirekte aksie) tussen al die partye. Di6 normaliseringspoging was to t dusver nie baie suksesvol nie
vanwee veral vy f redes:
12
) Daar het nie goed geformuleerde en aanvaarbare spelreels (d .w .s. n gedragskode vir politieke
partye) bestaan nie en alhoewel di<5 gedragskode vir politieke partye nou deel van die Nastonaie
Vredesakkoord is, is d it nog by verre ontoereikend (vgl. bylae D vir 'n baie bondige kritiek op die
akkoord).
ii) Die ANC het to t nou toe nie genoee geneem met die fe it dat die NP-regering tegelyk speler en
"skeidsregter" by die onderhandeling is nie. Vandaar die aandrang op n interimregering.
iii) Die skeidsregters w a t moet toesien dat die gedragskode (of die ontoereikende gedragskode)
toegepas w ord, w ord weens verskeie redes nie deur al die spelers aanvaar nie of hulle kan/wil
nie met die skeidsregters assosieer nie.
(iv) Daar nog altyd di6 spelers is w at selfs nie die huidige ontoereikende gedragskode geteken het
nie en dus glad nie gebind is om volgens di6 reels te speel nie.
(v) Daar nou ook 'n persepsie by die bree bevolking ontw ikkel het dat die vredespoging w a t met die
Nasionale Vredesakkoord geinisieer is 'n m islukking was (vgl. Figure 1, 2 en 3 bylae E en New
Nation, 31/1 /92 , sowel as The Weekly Mail, 13-1 9 /3 /92).
Daar bestaan dus in die sw art gemeenskappe 'n intense kompetisie na politieke mag (w at nie so maklik
deelbaar is nie) sowel as ander baie skaars (en lewensnoodsaaklike) hulpbronne soos werksgeleenthede,
behuising en inform ele-sektor kliente (bv. pendelaars w a t van taxis gebruik maak) sonder dat daar reels
vir die kompetisie of 'n skeidsregter w a t vir almal aanvaarbaar of assosieerbaar is, bestaan. Trouens
daar bestaan 'n sterk vermoede dat beide die "hoste l-tow nsh ip "-kon flik en die taxi-oorlog aanvanklik as
'n kompetisie om baie skaars nie-politieke hulpbronne begin het, onderskeidelik werksgeleenthede en
pendelaars, en dat in die eskalasie van die kompetisie politieke mobilisasie plaasgevind het (6f omdat die
onderskeie belangegroepe om hulp by die politieke partye of groeperings gaan aanklop het en/of omdat
die partye en groeperings in die ekonomiese kompetisie 'n geleentheid vir politieke mobilisasie gesien
het)(vgl. Schlemmer 1991 (a):8 en Schlemmer 1991 (c):5-6).
W at hierdie ekonomiese kompetisie tussen Zoeloe-hostelbewoners en die gemeenskap (beide
"tow nsh ip" inwoners en plakkers) nog meer kompleks, makliker polities mobiliseerbaar en vlambaar
(d.w .s. funksioneel vir geweld) maak, is die fe it dat daar 'n opstapeling van intergenerasie, landelik -
stedelike en klasse spanning hierby gevoeg is. D it kan nie beter beskryf w ord as w a t Schlemmer
(1 991 (a):6) d it met verwysing na Vilakazi (1 990) doen nie (vandaar die lang aanhaling):
13
"One of the major questions to answer is what the reasons may be for the very intense,
massive and violent responses of m igrant hostel dwellers in the very recent unrest. The
argument presented here is tha t there has been a build-up of tensions over a long period which
are now having the ir effects.
The social alienation between rural m igrant workers and tow nsh ip residents is w ell-known. The
sociologist Herbert Vilakazi has more recently discussed this in relation to violence. It is d ifficu lt
to do justice to Vilakazi's eloquent article. Interpreting his analysis broadly draws attention to a
quite fundamental clash o f social orientations.
On the one side one has the partly-urbanised, partly rurally-orientated, less-educated and
less-skilled marginal working class of m igrant workers. They value the rural tem po o f life, they
are still subject to clan discipline, w ith its respect fo r age, seniority and ancestors. A strong
identification w ith clan and local d is tric t exists. Many are target-w orkers w ith a specific
economic interest in the cities. The concern w ith job-security and financia l responsibilities to
their families at home is overwhelm ing.
Vilakazi goes further: 'yes, they are slow, steady and cautious ... but once their pride is pricked,
provoked or treated contem ptuously, peasants and semi-peasant people can easily turn as wild
and violent as a ... mad ox ... (flinging their) whole being into the fig h t w ith o u t the slightest fear i
In shrill contrast are the tow nsh ip youth and young adults; sons and daughters of the
urban-insider industrial class. Since the early seventies, activism and social codes have
developed, rooted in urban youth subculture. The banning of major organisations removed the
guidance o f senior political leaders. The marginal class of m igrants, as Vilakazi sees it, are
'turned o ff, puzzled and infuriated by the im patient, impetuous tactics o f the youth. ...
instructing adults in a manner to ta lly outside the traditional code governing relations between
young and o ld '.
The tensions arising in th is contrast o f orientations are not new. We m ust recall conflict
between youth and m igrant workers in the 'S o w e to ' conflic ts o f the late seventies, in
confrontation between so-called 'v ig ilantes' (also w ith m igrant origins) and urban political
form ations in the Western and Eastern Cape as well as early conflic ts in Natal shack areas in the
early eighties.
This basic social tension w ill not be alleviated very easily. Even if the hostel system could be
done away w ith quickly (see later) the m igrant groups would cluster together in shack areas,
would be less-exposed to offic ia l surveillance, and all the social tensions would pe rs is t.”
3.1.2 Herhalende stygende verwagtings en die nie-realisering daarvan
Elke mens koester verwagtings en ideale. Gewoonlik bereik ons in die werklike lewe nie altyd d it wat
ons verwag het nie, 6 f ons bereik d it nie so gou as w at ons d it verwag het nie. Tog is die gaping tussen
dit w a t ons verwag het en dit w at ons bereik normaalweg aanvaarbaar - d .w .s . ons kan daarmee
saamleef. In skets IV word die normale gaping tussen verwagtings en die realisering daarvan
weergegee. Die stippellyn stel verwagtings voor en die vaste lyn stel die realisering daarvan voor.
SKETS IV
— --Verwagtings ^ ^ Draaglike gaping
-------Realisering van verwagtings
Onder sekere omstandighede raak die gaping tussen dit w a t ons verwag en d it w a t realiseer egter so
groot dat d it frustrasie veroorsaak w a t kan lei to t aggressie. Twee voorbeelde van sulke omstandighede
is ekonomiese depressie (insinking) en vinnige, diepgaande verandering in n samelewing.
In die geval van ekonomiese depressie bly die verwagtings op dieselfde vlak - d it neem n tyd voordat
mense hulle verwagtings verlaag om aan te pas by die nuwe verslegtende omstandighede - te rw yl die
reele omstandighede natuurlik vinnig verswak (kyk skets V).
SKETS V
Verwagtings
-Realisering van verwagtings
Draaglike gaping
^
Ondraaglike gaping
------ -------- — ----------- ^
15
Baie polities-onstabiele periodes in die mensdom se geskiedenis is voorafgegaan deur ekonomiese
insinking (dink maar aan die Russiese Rewolusie en die opkoms van NaziTsme).
In die geval van vinnige diepgaande verandering in 'n samelewing, veral verandering na 'n
demokratiese orde, na 'n lang periode van onderdrukking, is die verw agtings van veral die
onderdruktes geneig om te styg sonder dat di6 verwagtings genoegsaam of vinnig genoeg bevredig
word (kyk Skets VI).
SKETS VI
Verwagtings Draaglike gaping Ondraaglike gaping
-------Realisering van verwagtings <— > * *
Dit is interessant dat 6f die realisering van verwagtings [die vaste lyn - kyk skets V] 6 f die verwagtings
self [die stippellyn - kyk skets VI] 'n J-vorm aanneem teenoor die ander lyn. Vandaar dat di6 teorie van
stygende verwagtings en die nie-realisering daarvan bekend staan as Davies se J-kurwe teorie (vgl.
Davies 1 962, 1 979 vir meer inligting oor di6 teorie).
Sedert 2 Februarie 1990 het daar reeds verskeie siklusse van onrealistiese stygende verwagtings en
die nie-realisering daarvan plaasgevind. 'n Goeie voorbeeld is die vry la ting van belangrike politieke
figure soos mnre. Nelson Mandela en Walter Sisulu en die ontbanning van organisasies soos die ANC,
die PAC en die SAKP. Dit is net logies dat 'n baie groot deel van die sw art massas verwag het dat
hulle posisie byna oornag sal verander. Toe dit nie gebeur het nie, het d it gelei to t frustrasie en onrus.
Ander voorbeelde van gebeure w at moontlik gepaard gegaan het m et stygende verwagtings is die
ondertekening van die Nasionale Vredesakkoord en KODESA I. D it m oet beklemtoon word dat
alhoewel verhoogde frustrasievlakke as sulks to t geweld kan lei, d it gew oonlik die mobilisasie van
frustrasie is w a t to t grootskaalse geweld kan lei.
16
Waar ons nou op die vooraand van grondw etlike verandering staan, kan daar verwag word dat soos die
onderhandelingsproses vorder die leiers van verskillende partye en groepermge van tyd to t tyd
aankondigings sal maak of dat daar in isiatiewe soos die Vredesakkoord en KODESA geneem sal word
w at die verwagtings gaande sal maak. As di<§ verwagtings nie realiseer nie, of nie vinmg genoeg
realiseer nie, kan d it lei to t frustrasie, die mobilisasie daarvan en politieke geweld. 'n A lte rna tie f sou
wees om die onderhandelinge agter geslote deure te hou en eers na 'n finale skikking met aankondigings
vorendag te kom. Dit is egter net so gevaarlik aangesien daar dan by die volgelinge van die verskillende
partye die idee sou kon ontstaan oat hulle leiers besig is om hulle uit te verkoop.
Daar moet ook daarop gelet word dat stygende verwagtings en ekonomiese insinking ge lyktydig kan
plaasvind. Dit sal so 'n ondraaglike gaping veroorsaak dat daar na ’ n ontp lo ffing van verwagtings
verwys kan word. So byvoorbeeld kan die huidige droogte en h ittegolf 'n ekonomiese insinking
veroorsaak wat reeds 'n ondraaglike gaping tussen mense se verwagtings en hulle reele omstandighede
to t gevolg het. As daar nou 'n interim regering to t stand kom voordat mense aangepas het by die
verslegtende toestande kan dit so 'n on tp lo ffing veroorsaak.
Schlemmer (1991 (a):8) is van mening dat daar ’n groet van werksgeleenthede in Suid-A frika was
gedurende 1986-1989. Dit is gevolg deur 'n skerp daling in die vroee 90s juis toe die aanvraag vir en
verwagtings ten opsigte van werkgeteenthede op sy hoogste was. Hy skryf (Schlemmer 1991 (a):8)
"Options are lim ited since informal ac tiv ity is frequently ’ over-traded'. A lthough not perhaps fully
conscious of it, urban youth and unemployed adults, Zulu m igrants, other m igrants and Xhosa-speaking
shack dwellers are in heightened com petition fo r very fixed opportun ities."
3 .1 .3 'n Gebrek aan demokratiese waardes (bv. verdraagsaamheid)
Vanwee die aanwending van dwang en manipulasie deur die maghebbers, oor meer as drie eeue, en die
rewolusionfire reaksie van die maglose massas (vgl. weer afdeling 2) waar dwang en geweld weer van
onder teen die Regering gebruik is, het mense in Suid-Afrika nie veel van 'n demokratiese tradisie
ontw ikkel nie. Daar is baie min verdraagsaamheid en 'n bereidw illigheid om na mekaar se standpunte te
luister.
Dit sou ook naTef wees om te verwag dat so 'n kultuur van demokrasie eensklaps tussen 1 en 3
Februarie 1990 moes ontw ikkel om dat ons almal die ondemokratiese waardes geinternaliseer het (dit is
nou amper basies deel van ons persoonlikheid). 'n Demokratiese kultuur sal eers oor jare en selfs
dekades ontw ikkel en daar sal selfs van politieke geletterdheids- en nasiebouprogramme gebruik gemaak
moet word om so 'n kultuur te ontw ikke l. Binne so ’n waardesisteem - met 'n gebrek aan demokratiese
waardes - kan daar maklik dwangmatig en selfs gewelddadig opgetree word aangesien daar geen interne
sanksies (bv. skuldgevoelens) deur sodanige optrede opgewek word nie.
17
3.1.4 'n Kultuur van geweld
In die eerste week van hierdie jaar het daar 'n halsnoervoorval in Soweto plaasgevind. Daar naby het 'n
groepie kleuters (2-3 jariges) gespeel. Hulle het die voorval gemodelleer (nageaap) en een van hulle
maatjies aan die brand gesteek. Di6 voorval dien as iliustrasie van die geweldskultuur w at oor veral die
afgelope ± 15 jaar in ons samelewing ontw ikkel het. Dit is bykans onm oontlik dat kinders w a t midde in
'n situasie van geweld en brute dwang opgroei en gesosialiseer raak nie later moet begin aanvaar dat
geweld so normaal is, as om te eet nie. Dit is ook nie net die sw art gemeenskap (en spesifiek die jeug)
w at blootgestel is aan die brutaliseringseffek van geweld nie, maar ook die blanke gemeenskap (en meer
spesifiek die jeug) w a t oor die afgelope twee dekades diens gedoen het in Angola, Owambo en die
woonbuurtes. Verder word ons elke aand op TV blootgestel aan die geweld van die dag (die
geweldsnuusgebeure het byna so normaal soos die weerberig geraak). As resultaat van die blootstelling
aan geweld in ons sw art gemeenskap het daar by die blanke 'n belegm entalite it ontw ikkel w a t ook weer
geweld kan stim uleer. Verder het d it ook vrees vir en negatiewe stereotipes van die swartman
gestimuleer w a t die akkommodasie-proses gaan bemoeilik.
Dit moet ook nie u it die oog verloor word dat die rewolusionSre-alliansie van voor Februarie 1990
(d.w.s. ANC-SAKP-UDF-alliansie) geweld teen die sisteem aangemoedig en gelegitimeer het nie - en dat
hulle d it huidig nie met dieselfde yw er en oorgawe afkeur nie. Trouens, geweld is selfs van die kansel en
u it die Bybel geregverdig (vgl. Kairosdokument en begrafnistoesprake van di6 tyd). Navorsing
(opnamedata) u it di6 tydperk, voor Februarie 1990 (vgl. De Kock 1988 en De Kock 1991), bevestig dat
daar toe 'n groei in die volgende persepsies was:
die persepsie dat geweld betaal ("gooi 'n klip en die Regering lu is te r” )
die persepsie dat die meerderheid van die eie gemeenskap geweld goedkeur (d.w .s. daar is druk
to t konform isme)
die persepsie dat geweld die enigste m iddel/instrum ent is om die probleme mee op te los (dat
onderhandeling net met geweld en dwang begroet word)
die persepsie dat die "vyand so verswak het dat nog net 'n bietjie geweld benodig w ord om hom
finaal te verslaan."
Opnames w a t na Februarie 1990 gedoen is, toon nie aan dat daar n6u 'n sterk afname in di6 proporsies
van die gemeenskap w a t bogenoemde persepsies onderskryf, plaasgevind het nie. So byvoorbeeld:
was 68 % van 'n swart elite steekproef in die PWV (N = 785) aan die begin van M aart 1990 van
mening dat swartes to t dan gewen het deur geweld (sien figuur 4, bylae E en vgl. De Kock
1991:64). Geweld is dus 'n nuttige politieke instrum ent.
18
het 16 % van 'n swart steekproef in 'n telefoonopname (d.w .s. ook nie heeltemal deursn it nie)
aan die begin van November 1991 aangedui dat geweld en geweld en onderhandeling meer vir
hulle gemeenskap sal bereik as net onderhandeling (sien figuur 5, bylae E). Dit m oet onthou word
dat di6 vraag sosiaal-aanvaarbare gedrag meet.
het onderskeidelik 27,7 %, 24,2 % en 23,1 % van 'n steekproef van 1019 sw a rt jeugdiges
(15-24 jaar) in Groter Soweto - Mei 1991 - aangedui dat: dit 'n fou t was van die ANC om die
gewapende stryd op te hef; dat swartes to t dan gewen het deur geweld; en dat geweld en
geweld en onderhandeling op die lang duur meer sal bereik as net onderhandeling (sien figure 6, 7
en 8, bylae E).
Uit di6 data blyk d it duidelik dat alhoewel die aller orootste deel van die sw art gemeenskap
onderhandeling en vrede verlang, daar 'n deeltjie is ( ± 20 %) w at persepsies van geweld as politieke
instrument koester w at funksioneel vir hulle deelname aan geweld kan wees.
3 .1 .5 Vrees
As gevolg van die politieke onstabilite it, stygende misdaad en veral politieke geweld in 'n periode wat
mense onderhandeling, versoening, vrede en voorspoed verwag het, groei vrese en 'n gevoel van
onveiligheid baie dramaties by alle groepe. So byvoorbeeld het die proporsie blankes in die PWV wat
veilig gevoel het kort na die 2 Februarie 1990 in isiatiewe van die Regering vanaf 62 % in Februarie
1990, na 30 % in Januarie 1992 gekrimp, (sien figuur 9 - bylae E) te rw y l die proporsie sw a rt elites in
die PWV wat veilig gevoel het kort na die 2 Februarie 1990 inisiatiewe vanaf 67 % na 13 % in
November 1991 (sien figuur 10 - bylae E) gekrimp het. Veiligheid is net soos voedsel, fisiese
beskerming teen die elemente (d .w .s. 'n skuiling van die een of ander aard) en voortp lanting 'n baie
basiese behoefte van die mens. As hy onveilig begin voel (veral in 'n tyd dat hy presies die
teenoorgestelde verwag het) begin hy ook tw y fe l aan die vermoe van diegene w a t m oet sorg vir sy
veiligheid deur die handhawing van w e t en orde, d .w .s . die Staat en sy agente van w e t en orde (veral
die polisieHsien figure 11 en 12). Die volgende stap is om homself te bewapen o f beter te bewapen.
Hierna gaan soek hy beskerming in getalle d .w .s . hy soek aansluiting by groepe waarbinne hy veiliger
begin voel. Plaaslike voorbeelde is: die AW B-kom m ando's, die selfbeskermingseenhede, die Inkatha
vigilantes, ens. (kyk afdeling 3 .3 .3 v ir volledige bespreking hiervan). Politieke partye en groeperings laat
ook nie op hulle wag om die "w e t en orde vakuum "* te vul nie, w an t enige privaatleer of
privaatpolisiemag beteken 'n uitbreiding van die party of groep se magsbasis. As privaatleers en -polisie
deur die regering toegelaat word kan d it net 'n klein stappie wees voordat 'n "Libanon-situasie"
Hiermee w ord nie bedoel dat daar 'n reele "w e t en orde vakuum" is nie, maar in die opvattings en denke van mense kan d it natuurlik bestaan.
19
ontstaan waar elke party of groep met sy eie privaatleer 'n gebied beheer en verdedig teenoor ’ n ander
party of groep. Die aanspraak dat hierdie selfverdedigingsmeganismes net soos die huidige buurtwagte
geskep word om misdaad en geweld te voorkom, kan nie aanvaar word nie aangesien di6 megamsmes
anders as buurtw agte gewapen sal wees en opgelei sal wees om di6 wapens te gebruik. In 'n situasie
van kompetisie en spanning tussen die verskillende partye kan 'n enkele gerug as sneller dien om
verdedigingsmeganismes te verander in aanvalsmeganismes - "om sodoende diegene w a t dink hulle
gaan ons aanval, eerste met 'n aanval te verras". Verder kan dit gebruik word vir intim idasie.
Die groei in die gevoel van onveiligheid het ook m oontlik 'n effek op latente etniese nasionalismes. As
mense fisies bedreig voel, glo dat hulle belange bedreig word en begin glo dat hulle vir oorlew ing moet
veg, dan gaan soek hulle logies veiligheid by diegene wie hulle ken en met w ie hulle w erklik kan
kommunikeer (kommunikeer het hier 'n dieper betekenis as b loot taal). D it w il sfi hulle gaan soek
veiligheid by hulle vriende, kennisse en familie w a t gew oon lik mense van dieselfde etniese groep is.
A lhoewel daar op hierdie tydstip van die huidige geweldsituasie in veral die PWV en Natal daarteen
gewaak moet w ord om nie etniese gevoelens aan te blaas deur die huidige konflik oorhaastig as n
etniese konflik te beskryf nie, moet daar aan die ander hand ook gewaak w ord daarteen om nie die
tekens van 'n etniese konflik te ontken nie (vgl. byvoorbeeld Schlemmer 1991(b): 13; H orow itz 1991 en
Rhoodie 1992).
Schlemmer (1991 (b ):13) waarsku ook teen die "onder die mat invee van e tn is ite it": "Previous
adm inistrations and constitutions in our society have brought South A frica to the brink o f chaos by
attem pting to deny the implications of an integrated, interdependent econom y and by suppressing the
feld justice of our kind of solidarity - that of the struggle against m inority dom ination. The monumental
w ork by Horow itz, however, is a crucial reminder o f the EQUAL dangers o f another kind o f politics of
denial - the negation o f ethnic and regional claims. Domination by contrived "pa trio tic majorities" in a
diverse society may do as much damage as apartheid."
Hierdie afdeling kan afgesluit word met die volgende verhelderende aanhaling oor die aktivering van
etn isite it uit Schlemmer (1991 (a): 16) Ethnic id e n tity is w hat one m ay term a "floa ting " phenomenon. It
is usually an elem ent o f personal re-assurance, pride in iden tity and a socia l locating factor. When
interests are threatened, or survival is at stake, i t can readily floa t to the fo re fron t o f self-assertion and
become a p o w e rfu l basis o f mobilisation. Once com m unal iden tity is m obilised in th is way, precisely
because, like relig ion, it has psychological significance (for self-esteem), i t is more pow erfu l in its
effects than the m ateria l or social interests which stim ulate it. Therefore i t is incorrect to see
antagonistic e thn ic ity as an inevitable prior factor. It is perhaps m ore o ften a consequence. Once
activated, however, i t focuses hostility on out groups very sharply, can be deadly in its effects and does
no t abate fo r a long time. It would be naive no t to expect e thn ic ity to become activa ted in the current
violence. It is go ing to make the violence immeasurably more d ifficu lt to deal w ith . "
20
3 .1 .6 Gewone misdadigers w at in die naam van die politiek misdaad pleeg en bydra to t poiitieke
onstabiiite it
Gedurende tye van poiitieke onstabiiite it is daar ook gewoonlik 'n styging in gewone gemenereg
misdaad. Suid-Afrika is oor die afgelope jaar 'n goeie voorbeeid hiervan. Van die verklarings hiervoor is:
■ Onrustoestande bied die ideale kamoeflering vir die misdadiger om te roof, te plunder en te moor.
■ Die w et en orde agentskappe van die staat se aandag en energie is gerig op die poiitieke
onstabiiite it met die gevolg dat hulle nie soveel aandag kan gee, as w a t hulle behoort te gee, aan
die voorkom ing van misdaad nie.
■ As gevolg van intim idasie en vrees is 'n deel van die gemeenskap te bang om inligting aan die
polisie deur te gee w a t kan lei to t die opsporing en arrestasie van misdadigers.
■ As gevolg van die w e t en orde agentskappe se betrokkenheid by onluste- en protesbeheer kwyn
hulle aanvaarbaarheid m oontlik by 'n deel van die bevolking in so 'n mate dat hulle die bevolking
se samewerking to t misdaadbekamping verloor.
Binne hierdie toestande kan die m isdadiger nou sy misdaad pleeg met die verdere voordeel dat hy sy
misdaad kan rasionaliseer en legitimeer. So kan hy/sy redeneer dat daar van die rykes (onderdrukkers)
geneem mag word om vir die armes (onderdruktes) te gee (die sogenaamde Robin-Hood rol) o f dat die
besondere daad heeltemal inpas by die poiitieke stryd (bv. dat die bankroof gedoen word om wapens vir
die stryd aan te koop). Die PAC se strydkreet van "One setler one bullet" kan v ir 'n gewone inbreker
w a t onverhoeds deur die eienaar van die huis betrap is, genoegsame m otivering verskaf om die eienaar
te elimineer. Bendes opereer nou onder die vaandels van poiitieke partye o f groepe (bv. die Zim-Zim en
G-squad in Khutsong)(vgl. The W eekly Mail, 12 April 1991).
'n Hoer vlak van misdaad - w a t ook nie duidelik van poiitieke geweld te onderskei is nie (in 'n opname in
Januarie vanjaar by 'n landwye steekproef van 1043 volwasse blanke Suid-Afrikaners het 70 % van die
ondersoekgroep aangedui dat misdaad in 'n groot mate die resultaat van die poiitieke situasie in
Suid-Afrika is.) - stimuleer weer sekere groepe se vrees met dieselfde gevolge as in afdeling 3.1.5
geskets.
21
3 . 1 . 7 'n Gebrek aan sentrale sosiale beheer
Dit is logies dat as daar ’ n gebrek aan sentrale sosiale beheer (d.w .s. die handhawing van w e t en orde
en die toepassing van die gedragskodes vir konvensionele politiek) in 'n sam elewing heers, politieke
onstabilite it en geweld asook gemenereg misdaad makliker kan plaasvind. Die gebrek aan sentrale
beheer kan reeel en/of perseptueel wees. Dit w il s§ d it kan wees dat die polisie en weermag van 'n staat
Of werklik te swak is om beheer u it te oefen in die besondere omstandighede en/6 f dat die bevolking
vanwee die besondere omstandighede w at heers in die staatsamelewing, q Io dat die polisie en weermag
nie in staat is om w et en orde te handhaaf nie. Die konsekwensies bly dieselfde, naamlik:
bevorderiikheid vir geweld, onstab ilite it en misdaad. Baie kortliks (dus uiters oorsigtelik) kan die vraag
oor of sentrale sosiale beheer in Suid-Afrika reeel en/of perseptueel so verswak het dat d it funksioneel is
vir die huidige geweld, soos volg beantwoord word:
3.1.7.1 Die reele situasie
■ Daar bestaan konsensus onder 'n groot aantal kenners, politieke kom m entators en po litic i dat die
SAP onderbeman, onderbetaal en oorwerk is (vgl. Jeffery 1991(a); De Kock 1991(a); Baynham
1990; Hough 1991 ens.). Je ffe ry (1991 (a):89) stel d it so: is still about 'ha lf the ratio of
police to population - o f seven to eight per thousand - prevailing on average in W estern Europe!
Put d ifferently, South A frica has not many more policemen in the entire coun try than New York
City alone finds necessary to maintain law and order."
■ Hierdie reele tekort w ord verder vererger deur:
'n hoe omset van personeel (as gevolg van gevare en besoldiging) w a t 'n gebrek aan
ondervinding en kontinuTteit meebring
d it uitgestrektheid van Suid-Afrika
die moeilike terrein (vanaf digbeboste valleie van Natal to t die plakkerskampe in
Johannesburg)
te min toerusting (bv. voertuie)
hoe vlakke van intergroepspanning, politieke onstabilite it en misdaad
moee en gespanne personeel met moontlike gevolglike m otiverings-; verhoudings en
produktiw ite itsproblem e.
■ As gevolg van apartheid en die stryd teen apartheid en die SAP se posisie binne die Staat (hy
moes die w ette toepas) het die e ffek tiw ite it van die SAP o.a. op die volgende wyses seergekry:
22
Sy beeld by, verhoudinge met en integrasie in groot dele van die samelewing is geknou deur:
* 'n beeld van 'n rasistiese mag w at rasistiese w ette teen mense afdw ingC d ie w it rasis met
sy sw a rt meeloper-beeld"). Dit word by 'n deel van die bevolking as amper vanselfsprekend
aanvaar dat die polisie nie dieselfde optree teenoor sw art en w it nie.
* 'n voortdurende verdagmakery ten opsigte van sy neutra lite it in die huidige situasie en sy
betrckkenheid by staatsterreur.
* die voortdurende fisiese aanvalle op polisiebeamptes, hulle fam ilie en eiendom het
veroorsaak dat hulle: (i) dikwels uit sekere gebiede moes onttrek; (ii) hoogs
"gepantser-en-verskans" binne die polisiestasies en voertuie moes werk, met 'n gevolglike
m indere menslike sigbaarheid aan en kontak met die publiek; (iii) dat mense (vriende,
kennisse en die publiek) uit vrees vir hulle eie lewens m inder sosiaal met polisiebeamptes
omgegaan het en selfs gedisassosieer het; en dat individuele polisiebeamptes onder die
omstandighede soms sou oorreageer
* sy opdrag om w et en orde te handhaaf binne toestande van onregeerbaarheid. So moes hy
keer op keer (veral voor September 1989) optree teen half-georganiseerde, onwettige
skares en byeenkomste (vgl. ook afdeling 3 .2 .3 ). By di§ optrede is daar van die
m inimumgeweldbeginsel gebruik gemaak. A lhoewel d it die korrekte beginsel is, is daar baie
groo t nadele vir polisie-gemeenskapverhoudinge as die beginsel oor en oor vir byna 'n
dekade toegepas word. In kort behels die m inim um geweldbeginsel die toepassing van die
areawapen en gemeenskapstraf in teenstelling met die puntwapen by maksimumgeweld. Dit
w il sS daar word van traanrook, donshael, rubberkoeels, noodmaatreels (padblokkades,
hu is-to t-hu is deursoeking, aandklokreelings ens. ens.) gebruik gemaak. Dit alles tre f die bree
("onskuld ige") gemeenskap ten seerste, te rw y l die rewolusiongr na die optrede vir die
gemeenskap kan s€: "K yk hoe brutaal is die SAP - daar is 'n kind o f bejaarde gedood of
beseer maar tog is hulle swak teen die massas (hulle kan ons nie almal doodskiet nie)!" Dit
skep dus die beeld van 'n brutale maar tog maglose SAP.
Sy bereikbaarheid, toeganklikheid en dus bruikbaarheid v ir die verbruiker van polisiedienste
is geknou deur die helse vrees w a t veral voor Februarie 1990 deur veral die rewolusionSre
alliansie (of in die naam van die rewolusionfire alliansie) in die sw art gemeenskap aange-
w akker is met die konsepte van "im pim pi "people 's court" en die "necklace". D it w il s6 al
sou iemand hoe graag ookal van die SAP wou gebruik maak, daar is 'n m uur van vrees
tussen hom en die SAP opgebou. Die enigste veilige a lternatie f v ir die verbruiker was die
"com rades" en die "people 's court". Dit moet ook dadelik bygevoeg w ord dat vir die meer
ongesofistikeerde verbruiker van polisieringsdienste d it sekerlik ook 'n beter alternatief as
die SAP was, aangesien hy ten minste die indruk sou kry (d .w .s. persepsie sou vorm) dat
die alternatiewe polisie en gesagsisteem vinnig die sondebok (oortreder) sou opspoor, vinnig
sou verhoor en behoorlik sou straf - die westerse regsisteem is nou eenmaal te langdradig
en te sag teenoor die oortreder.
23
Alhoewel uiters oorsigtelik behandel moet die voorafgaande gedeelte van hierdie afdeling ten minste vir
die leser onder die indruk gebring het dat reeele sosiale beheer in Suid-Afrika nie so sterk is as w at dit
kon wees as die bespreekte probleme nie bestaan het nie. Politieke geweld en misdaad kan dus makliker
plaasvind.
3 .1 .7 .2 Die perseptuele situasie
Opnames onder alle bevolkingsgroepe sedert Februarie 1990 toon duidelik dat daar ernstige tw y fe l by
groot dele van die publiek bestaan oor o f die staat en dus by implikasie die SAP en SAW nog beheer het
oor die huidige geweld. So is daar met behulp van 'n telefoonopname in November 1991 onder 'n
steekproef van 762 volwasse swartes in die PWV vasgestel dat 53,1 % van hulle geglo het dat die
Regering geen beheer oor die geweld het nie en 'n verdere 25,1 % geglo het dat die Regering slegs
geringe beheer daaroor het (vgl. Figuur 12, bylae E). Die ooreenstemmende persentasies by 'n
steekproef volwasse blanke Suid-Afrikaners in die PWV, in dieselfde maand, was: "Geen beheer oor
geweld" = 22,7 % en "geringe beheer" = 50 ,0 % (vgl. figuur 11, bylae E). Dit is dan ook geen
verrassing dat opname-op-opname onder swartes bevind dat daar volgens hulle meer polisie in swart
woonbuurtes moet wees nie (vgl. figuur 13 bylae E).
3 .1 .8 Intimidasie en reaksie op intim idasie
Intimidasie is om 'n persoon of groep van persone teen hulle w il te beweeg om iets te doen o f te
weerhou van 'n handeling. Intim idasie kan dus gelykgestel word aan dwang. Tog moet daarop gewys
word dat intimidasie in baie vorme kan voorkom. Vanaf die baie subtiele, toevallige s§ van iets ("ek gaan
nie m6re werk nie, w ant ek hoor as ons gaan w erk gaan ons moeilikheid kry") to t direkte dreigemente
van geweld (as jy gaan w erk gaan ons jou huis afbrand) to t direkte geweld waar die persoon nie gehoor
gee nie. Dit kan dus baie direk of indirek wees. D it is selfs m oontlik dat self-intim idasie kan plaasvind.
Dit w il s§ waar iemand in 'n toestand van vrees leef hy sekere handelinge w a t hy sou wou uitvoer nie
uitvoer nie omdat hy te bang is vir die moontlike konsekwensies van sy handelinge. D it moet in gedagte
gehou word dat mense nie in 'n vakuum leef nie en veral ook nie in die sw art gemeenskap in 'n vakuum
leef nie. Een daad van intim idasie teen een persoon bly nie net intim idasie teen daardie spesifieke
persoon nie, maar versprei deur interpersoonlike kommunikasie en gerugte en die proses van
self-intim idasie deur die hele gemeenskap.
Net soos w at dwang van die heersersgroep uiteindelik teenstand, opstand en rewolusie u itlok (vgl.
afdeling 2) is d it logies dat dwang van die een ondergeskikte teenoor 'n ander ondergeskikte ook
teenstand en geweld sal uitlok. Intim idasie (dwang) lok dwang en geweld uit. Daar is ook in afdeling 2
daarop gewys dat die rewolusionere alliansie in sy stryd teen die Apartheidsisteem gedwonge was om
intimidasie op sekere dele van die massas toe te pas - die beste voorbeeld hiervan was die "necklace",
w a t inderdaad 'n tegniek van terreur was en totale gemeenskappe in 'n toestand van vrees gedompel
het. Die vraag w ord nou deur kenners gevra o f die intimidasie van die voor Februarie 1990 situasie nie
24
nou geweld in die n3 Februarie 1990 situasie uitlok nie. Dat mense nou totaal "siek en sat" vir
intim idasie is en dat intimidasie, intim idasie uitlok. Kane-Berman (1991 :8 ) skryf: "A large part of the
explanation fo r the violence in many areas is that it is a backlash against coercion used for
destabilisation and in, boycotts and stayaways. Indeed, the so-called 'th ird fo rce ' w ide ly blamed for
tow nship violence may be this very backlash by ordinary people against the use o f coercion to enforce
consumer and rent boycotts or stayaways. The conclusion is s tra igh tfo rw ard : no end to the coercion,
no end to the backlash, no end to the violence."
Vanwee die baie hoe vreesvlakke (vlak van selfintimidasie) in die sw art gemeenskap is d it baie moeilik
vir navorsers om vas te stel hoeveel mense direk geintim ideer w ord - mense is te bang om te erken dat
hulle geintim ideer is (vgl. Ndabandaba 1987). Tog w il ek hier na drie stelle bevindinge verwys:
(a) In 'n verslag, getiteld: " Mau - mauinq the Media: New Censorship fo r the New South A frica",
gepubliseer deur die SAIRR, blyk d it duidelik dat die swart joernaliste in die "tow nsh ips" ernstig
geintim ideer word.
(b) In figure 14 to t 16 word die resultate van 'n opname van die SAIRR weergegee. Uit die
bevindings blyk dat to t 'n derde van die sw art gemeenskap erken dat hulle direk geintim ideer is
om aan sekere protesaksies deel te neem. Dit is logies dat as 'n derde direk geintim ideer is dat
d it 'n indirekte effek op die hele gemeenskap kan h§. Dit is verder opvallend dat baie kleiner
proporsies van die ou rewolusion§re alliansie (ANC, UDF en SAKP) se ondersteuners geneig was
om direkte intim idasie te erken as ondersteuners van ander partye.
(c) In 'n telefoonopname uitgevoer deur die A fdeling: Politieke en G rondwetlike Aangeleenthede van
die RGN (8-9 November 1991) onder 762 volwasse swartes in die w oonbuurtes van die PWV en
Kaapse Skiereiland is daar bevind dat ongeveer 20 % van die werkendes w a t by die huis gebly
het gedurende die "V A T-stayaw ay", weggebly het vanwee direkte o f indirekte intim idasie.
(d) In 'n opname - in Mei 1991 - van die A fdeling: Politieke en G rondw etlike Aangeleenthede van
die RGN, onder 1019 sw art jeugdiges in die Groter Soweto gebied het 9 ,4 % erken dat hulle in
die voorafgaande jaar gedw ing is om aan massa-aksies deel te neem, te rw y l 4 ,5 % erken het dat
hulle mense geintim ideer het.
Intimidasie (direk en indirek) bestaan dus in die sw art woonbuurtes van Suid-Afrika en daar is 'n sterk
m oontlikheid dat d it baie van die huidige geweld onderie. Ten slotte is d it ook nodig om te meld dat
intim idasie 'n baie groter invloed op die minder beskermde, m inder gesofistikeerde en meer bygelowige
mens sal hfi as op die meer beskermde, meer gesofistikeerde en m inder bygelowige mens. (Vgl.
byvoorbeeld die invloed van toorkuns op politiek in Minnaar, O ffringa en Payze, 1991).
25
3.2 Die faktore w at as snellers vir oeweld dien (die__vonke— w at— die— direk-onderliggende
oeweldsfaktore aktiveer)
Alhoewel bykans enige insident die faktore w at in afdeling 3.1 bespreek is kan aktiveer en sodoende
kan lei to t geweld is daar veral drie snellerkondisies w at hier aandag behoort te geniet, naamlik: gerugte
die komplot en skaredinamika en -beheer. Dit w il voorkom of dit veral di6 drie is w 3 t in die huidige
situasie 'n rol kan speel. Verder kan di6 drie ook makliker beheer w ord as enige ander moontlike
snellerkondisies.
3.2.1 Gerugte
Gerugte is so ’n om vattende studieterrein dat dit hier slegs aangestip kan w ord. Die ontstaan en
verspreiding van gerugte in periodes van sosiale krisis; gerugte as polariseringsagent; gerugte as vonk
vir onrus; die sirkulasie van gerugte binne skares en gerugte as stim ulant vir w raak en weerw raak is al
baie volledig bestudeer (vgl. bv. Shibutani, 1966; Smelser, 1970; Turner & Killian, 1972; Nkpa, 1975,
Perry & Pugh, 1978; en Momboisse, 1977).
Die toestande (veral van vrees, onsekerheid en onveiligheid) w at vandag in Suid-A frika, en meer
spesifiek in die sw art w oonbuurtes heers, is die ideale teelaarde vir gerugte. In toestande van
onveiligheid, onrus en onsekerheid soek mense inligting (nuus) wat:
(i) hulle situasie vir hulle verklaar (bv. hulle vrese bevestig)
(ii) as basis kan dien vir onm iddellike beplanning en optrede en
(iii) vir hulle die "sondebok" u itw ys (die sogenaamde haatgerugte of "w edge driver" gerugte).
In sodanige toestande glo mense gerugte bloot omdat d it hulle brandende behoefte aan inligting
bevredig. Dit moet verder nie u it die oog verloor word nie dat in lig ting in die sw art gemeenskap veral
deur interpersoonlike kommunikasie bekom w ord, aangesien almal nie toegang to t die nuusmedia het nie
en swart mense nie al die nuusmedia vertrou nie.
Gerugte kan in die huidige omstandighede veral op vier wyses ontstaan:
(i) die doelbewuste (kwaadwillige) plant van ’n gerug om verhoudinge te versteur o f onrus u it te lok.
(ii) As eie persoonlike verklaring vir 'n onsekere situasie w at dan aan ander oorgedra w ord .
26
(iii) Objektiewe (ware) nuus oorgedra deur die nuusmedia of by ’n vergadering w at dan hervertolk
en versprei w ord (ook bevestig word soos dit versprei).
(iv) As dreigement teen, intim idasie van, ’n spesifieke persoon w at d it dan oorverte! (later raak d it ’ n
dreigement teen of intim idasie van die hele groep.)
Gerugte versprei maklik en vinnig: (i) aangesien dit die oorverteller se eie stress en opgekropte
gevoelens verlig (ii) d it die oorverteller belangrik laat voel en (iii) d it in die mens se aard is om te deel
met andere (veral by sekere kulture).
Binne onrustoestande kan gerugte funksioneel wees vir geweld op die volgende wyses:
(i) Dit kan voor insidente van geweld, vyandigheid tussen groepe stimuleer. Navorsing het getoon
dat daar voor gewelddadige uitbarstings 'n toename in die frekwensie van "w edge driver"
gerugte en 'n verandering in die inhoud daarvan is (vgl. bv. Momboisse 1977: 59 en Smelser
1970 :101 -109 ).
(ii) Dit kan die mobilisasie van skares bewerkstellig.
(iii) D it kan die "vonk" vir die uitbarsting van geweld wees. Smelser (1970:248) skryf: "O ften,
though not invariably, the spark that ignites the powder keg is itse lf an inflam m atory rumour.
The serious Harlem riot in August, 1 943, fo llowed immediately upon rumoured versions of an
incident between a Negro soldier and a white policeman in a Harlem hotel lobby ... (The
immediate occasion o f the Detriot outbreak] ... lay in w ild ly d istorted versions of an incident on
the Belie Isle beach ...".
(iv) Die sirkulasie van gerugte binne 'n skare kan skare-kohesie bevorder (vgl. afdeling 3 .2 .3 .2 ).
(v) Wanneer onluste goed op dreef is bereik die frekwensie van gerugte 'n absolute hoogtepunt en
dien hulle as regverdiging vir die geweld en wraak-en-weerwraak.
Sosiaal-wetenskaplikes is d it basies eens dat daar 'n w e t van gerugte en onrus bestaan. Momboisse
(1977:59) skryf: "W e may state as a dependable law that no riot or lynching ever occurs w ith o u t the
aid o f rum or." Daar kan ook min tw y fe l bestaan dat hierdie w et ook huidig in die onrussituasie in
Suid-Afrika geld (vgl. ook Weekly Mail 13 Maart 1992).
Ten slotte - maar baie belangrik - is d it ook nodig om daarop te w ys dat die nuusmedia dikwels,
bewustelik of onbewustelik, 'n rol speel in die ontstaan en verspreiding van gerugte. Perry & Pugh stel
d it soos volg (1978 :49 ): "There is little doubt tha t the mass media often play an im portant part in the
development o f rumours. W ritten accounts o f 'The Seattle W indshield Pitting Epidemic' (Medalia and
27
Larsen 1958), 'The Phantom Anesthetist of M attoon’ (Johnson 1945) and C antril's description of 'The
Invasion From M ars' (1940) indicate that most people firs t heard about these events from mass media
sources." Die nuusmedia in Suid-Afrika moet in die huidige omstandighede besonder versigtig wees om
nie onbevestigde en ongekontroleerde inligting en verklarings oor geweld aan die publiek oor te dra nie.
Dit w il voorkom o f die media huidiglik enige sogenaamde ooggetuie se weergawe net so aanvaar, die
gei'dentifiseerde aggressor op die toneei skuldig bevind en daarmee die situasie vir w eerw raak skep
(moontlik weerwraak teen 'n onskuldige party) (vgl. ook Goldstone 1992 se interim Mooirivierverslag).
3 .2 .2 Klompiot (conspiracy)
Daar word d ikwels u it verskeie oorde aangevoer dat daar 'n "derde m ag" moet wees w at die
"geweldskookpot" in Suid-Afrika aan die kook hou - w at elke keer die "droe gras" (gerugte,
wraak-weerwraak, intim idasie, ens.) aan die brand steek (d.w.s. 'n vonk verskaf v ir die geweld). Daar
bestaan verder 'n geneigdheid om di6 derde mag aan die Staat en meer spesifiek sy veiligheidsisteem te
koppel. Onlangse media berigte (vgl. W eekly Mail van die afgelope aantal weke) oor 'n groep, bekend as
die "Black Cats" w a t na bewering aktief was in die woonbuurt W esselton (by Ermelo) w a t gewerf is
deur die IFP en opgelei is deur frontorganisasies van Ml, het natuurlik die beweringe versterk.
Dit is nie my w erk as sosiaal-wetenskaplike om sodanige komplotte op te spoor en te on tb loo t nie. Maar
as sosiaal-wetenskaplike is d it beslis my plig om aan te toon dat d it ten m inste teoreties heel moontlik is
dat daar verskeie kom plotte teen die huidige veranderingsproses kan bestaan. Daar kan aanvaar word
dat daar horisontaal binne alle politieke partye o f groeperings of organisasies o f insteliings en vertikaal
binne alle lae van die samelewing persone of groepe persone is w a t baie onseker oor die huidige
veranderinge en die m oontlike resultaat daarvan is. Dat van hierdie persone o f groepe van persone
eerder die huidige proses verongeluk sou wou sien, omdat hulle glo dat hulle u it die chaos iets beter sou
kon skep. 'n Kom plot of kom plotte is dus ten minste teoreties heel m oontlik en behoort voortdurend en
onverpoosd ondersoek te word en indien d it ontb loot word behoort daar baie streng opgetree te word.
Maar net soos w a t die Hoeveldboer nie kan s it en wag to t die een o f ander boosdoener sy droe veld aan
die brand steek nie, so kan ons ook nie s it en wag to t die een of ander kom plo t die onderhandelings- en
rekonsiliasieproses van die spoor af probeer dw ing nie. Daar sal gesorg moet w ord dat daar o f nie "droe
gras" is nie 6f da t die "droe gras" beskerm w ord. Dit w il s£ faktore soos vrees en wraak-en-weerwraak
moet sover m oontlik uitgeskakel w ord sodat die kom plotte nie die vonk v ir geweld verskaf nie.
Met elke kom plot w a t ontb loo t w ord , kan talle nuwe kom plotte ontstaan/reeds bestaan.
Mediarapportering oor m oontlike: "m oordbendes", "derde-m agte", "kom p lo tte " ens. skep persepsies oor
sondebokke by die publiek w a t dan weer hulle houding jeens en gedrag teenoor die sondebokke kan
beTnvloed (kyk figuu r 17).
28
3.2.3 Protesgedrag (bv. betogings, optogte en massa-begrafnisse) is skare-gedrag en skaredinamika en
-beheer lei ook maklik to t geweld
W fireldwvd is d it al dikwels ondervind dat skares, en veral waar betogende skares deur die agente van
wet-en-orde beheer word, maklik oorgaan to t geweld en oproerigheid. Teen di6 agtergrond is d it nie n
verrassing dat Olivier (1990, 1991(a); 1991(b)) die volgende bevinding maak nie: "A senior researcher
at the Human Sciences Research Council (HSRC) claims, on the basis of sophisticated statistical
analysis, that the mere presence of the police at gatherings increases the subsequent rate of collective
action by 68 % and that any use o f fire-power by the police increases it by 107 % " (soos gerapporteer
deur Jeffery (1991 (a):2)). Media-rapportering en politiekery rondom die tipe van onvertolkte bevinding
het to t 'n baie simplistiese formule gelei naamlik:
Groepbetoging (skare) + SAP (en/of SAW) = geweld.
Groepbetoging (skare) - SAP (en/of SAW) = nie-geweld.
Die afleiding w a t u it die simplistiese formules gemaak kan word is dat:
(i) skares inherent vreedsaam is en
(ii) vreedsaam sal bly as hulle met rus gelaat word.
In enige samelewing egter, en veral in demokratiese samelewings, kan skares nie maar net gelaat word
om hulle gang te gaan nie, aangesien:
(i) ongeorganiseerde, spontane skares o f halfgeorganiseerde skares die normale gang van sake kan
laml§ en lewensverlies en ander skade kan meebring;
(ii) selfs in die geval van 'n ten voile, vooraf georganiseerde skare kan 'n enkele vonk (bv. 'n geveg
binne 'n skare; die ontm oeting met 'n ander skare of 'n groepie van die opponent w a t 'n skare
keer) die skaredinamika van 'n skare aktiveer met dieselfde negatiewe resultate as by (i) hierbo.
Waar skares dus altyd die potensiaal inhou van lewensverlies, skade en 'n skending van die publiek se
regte is d it die Staat se verantwoordelikheid om toe te sien dat sodanig lewensverlies, skade en
skending 6f voorkom word 6 f to t die minimum beperk w ord. Die hantering (polisiering) van
groepbetogings o f skareprotes is 'n komplekse aangeleentheid w a t nie volledig binne die bestek van
hierdie voorlegging behandel kan word nie. Dit is egter tog nodig om baie kortliks na die volgende drie
aspekte te kyk om sodoende die formule; Groepbetoging (skare) + SAP (en/of SAW) = geweld, te
verfyn en aan te toon dat die huidige geweld in Suid-Afrika ook onderlg w ord deur skaredinamika en
-beheer. Die drie aspekte w at kortliks hier behandel sal word is:
29
(i) Soorte skares (die male van interne georganiseerdheid van skares);
(ii) skaredinamika faktore; en
(iii) skarebeheer.
3.2.3.1 Soorte skares
In handboeke en artikels word daar baie soorte skares onderskei. 'n Onderskeiding w a t egter veral
belangrik is (volgens die graad van georganiseerdheid), is; die spontane skare; die half-georganiseerde
skare en die ten voile georganiseerde skare.
(a) Die spontane skare
Die spontane skare vorm sonder enige vooraforganisasie rondom 'n gebeurtenis (die snellergebeurtenis)
- bv. die arrestasie van 'n persoon; 'n geveg of woordewisseling tussen tw ee persone, op 'n straathoek
rondom 'n persoon w a t vertel "w a t hy nou net gehoor het", ens. Daar w ord beweer dat oor die 80 %
van alle skare-gebeurtenisse in die VSA, gedurende die sestiger en sewentiger jare, spontane skares
was w at rondom so 'n gebeurtenis ontstaan het. Gedurende die warm Augustusaande (die hoogtepunt
van die Noord-Amerikaanse somer) verkeer daar letterlik duisende sw art en anderkleurige Amerikaners
op die sypaadjies van die vervalle ghe tto 's . Di6 mense is arm en daar is ook nie genoegsame voorsiening
vir vryetydbesteding nie. Verder sien hulle hulself as die uitgeworpenes (die "underdogs") van die
Amerikaanse samelewing. As daar nou 'n arrestasie van 'n persoon o f 'n paar persone plaasvind fokus
d it onmiddellik duisende mense w a t almal dieselfde teenoor die polisie voel (hulle is die beskermers van
'n onaanvaarbare sisteem) se aandag op di6 gebeurtenis en drom hulle almal daar rondom saam. Soos
die skare groei trek d it meer nuuskieriges aan. A! w a t nou nodig is vir die skare om oor te gaan to t
oproerige en/of gewelddadige gedrag is:
(i) oorreaksie van die polisie (bv. die tevoorskyn bring van vuurwapens) of
(ii) enige persoon binne die skare w a t die voorbeeld stel vir oproerige gedrag. Die persoon of
persone w at die leiding neem, is gewoonlik nie leiersfigure met leierseienskappe nie, maar die
meer "voor-op-d ie-w a"-tipe o f die besopene. Dit w il s6 die minder verantw oordelike, impulsiewe
tipe mens.
(b) Die half-georganiseerde skare
In die half-georganiseerde skare se geval word daar wel vooraf georganiseer. Die organiseerders
organiseer egter swak of doelbewus die skare op so 'n wyse dat daar geen interne beheer binne die
skare is w a t sorg dat skare-gedrag vreedsaam en georden bly nie. Die organiseerders (w at meestal
30
Collection Number: AK2672 Goldstone Commission BOIPATONG ENQUIRY Records 1990-1999 PUBLISHER: Publisher:- Historical Papers, University of the Witwatersrand Location:- Johannesburg ©2012
LEGAL NOTICES:
Copyright Notice: All materials on the Historical Papers website are protected by South African copyright law and may not be reproduced, distributed, transmitted, displayed, or otherwise published in any format, without the prior written permission of the copyright owner.
Disclaimer and Terms of Use: Provided that you maintain all copyright and other notices contained therein, you may download material (one machine readable copy and one print copy per page) for your personal and/or educational non-commercial use only.
People using these records relating to the archives of Historical Papers, The Library, University of the Witwatersrand, Johannesburg, are reminded that such records sometimes contain material which is uncorroborated, inaccurate, distorted or untrue. While these digital records are true facsimiles of the collection records and the information contained herein is obtained from sources believed to be accurate and reliable, Historical Papers, University of the Witwatersrand has not independently verified their content. Consequently, the University is not responsible for any errors or omissions and excludes any and all liability for any errors in or omissions from the information on the website or any related information on third party websites accessible from this website.
This document is part of a private collection deposited with Historical Papers at The University of the Witwatersrand.