Upload
others
View
2
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
SAM-FOR-001 (A)AANSOEKVORMWEERGAWE: 019
BLADSY 1 VAN 7GELDIG VANAF 31 JULIE 2020
ONTWIKKEL DEUR STUDENTE ADMINISTRASIE
AKADEMIESE PERIODE
JAAR SEMESTER 1 SEMESTER 2 TRIMESTER 1 TRIMESTER 2 TRIMESTER 3
IS U VOORHEEN BY BOLAND KOLLEGE AS ‘N STUDENT GEREGISTREER? JA NEE
STUDENT SE VAN VOORLETTERS
CALEDON PAARL STRAND STELLENBOSCH WORCESTER
METODE VAN STUDIE
VOLTYDS DEELTYDS
VIR KANTOOR GEBRUIK
GOEDGEKEUR JA NEE
WAGLYS JA NEE
BEURSSTUDENT JA NEE
STUDENTE-GROEP
PERSONEELLID
DATUM
STUDENTENOMMER(Indien beskikbaar)
ALGEMENE INLIGTING
Lees asseblief die inligting hieronder aandagtig deur, voordat u hierdie aansoekvorm voltooi.
A. ALGEMEEN
1. Hierdie vorm moet volledig deur alle voornemende studente wat by Boland Kollege aansoek doen, voltooi word.
2. Die aansoekvorm moet deur die aansoeker asook die wettige ouer/voog van die aansoeker (indien die aansoeker jonger
as 18 jaar is) onderteken word.
3. Dit is in die belang van die aansoeker dat hierdie aansoekvorm volledig voltooi moet word en dat gewaarmerkte afskrifte
van alle aangevraagde ondersteunende dokumente hierby aangeheg word. Indien daar onbeantwoorde vrae op u
aansoekvorm is of dokumente soos versoek nie aangeheg is nie of die regsgeldige ooreenkoms hierin nie behoorlik deur
die aansoeker en/of die wettige ouer/voog van die aansoeker onderteken is nie, sal dit die registrasieproses vertraag,
aangesien die aansoekvorm aan die aansoeker terugbesorg sal word vir regstelling.
PROGRAM / STUDIERIGTING VAN U KEUSE
NASIONALE SERTIFIKAAT BEROEPSGERIG (NKR VLAK 2-4)
KANTOORADMINISTRASIE BEMARKING GEMEENSKAPSVEILIGHEID
GASVRYHEID TOERISME INLIGTINGTEGNOLOGIE EN REKENAARWETENSKAP
ELEKTRIESE INFRASTRUKTUURKONSTRUKSIE SIVIELE EN BOUKONSTRUKSIE INGENIEURSTUDIE EN VERWANTE ONTWERP
VERVOER EN LOGISTIEK
NASIONALE N-SERTIFIKAAT (VERSLAG 191-PROGRAMME N1-N3)
ELEKTRIES SIVIEL
NASIONALE N-SERTIFIKAAT (VERSLAG 191-PROGRAMME N4-N6)
BOERDERYBESTUUR BESTUURSASSISTENT BEMARKINGSBESTUUR
FINANSIËLE BESTUUR OPENBARE BESTUUR ONDERNEMINGSBESTUUR
MENSLIKE HULPBRONBESTUUR TOERISME EDUCARE
GASVRYHEID EN SPYSENIERINGSDIENSTE
Maak asseblief seker dat die program wat u aandui wel aangebied word op die kampus van voorgenome studie.
4. Gebruik asseblief ‘n swart pen om die vorm te voltooi en skryf die inligting daarop in leesbare blokletters.
5. Die sluitingsdatum vir aansoeke sal deur die Kollege aan die begin van 'n spesifieke akademiese periode of wanneer die
programinskrywing vol is, bepaal word.
AANSOEKVORM
NSB OORBRUGGINGSPROGRAM (PLP)
MEDIESE SEKRETARESSE
MEGANIES
SAM-FOR-001 (A)AANSOEKVORMWEERGAWE: 019
B. GEWAARMERKTE DOKUMENTE
1. ‘n Gewaarmerkte afskrif van die eerste bladsy van die identiteitsdokument van die aansoeker moet hierby aangeheg word.
2. ‘n Kopie van die Senior Sertifikaat (vir N4-N6 programme insluitend CIty & Guilds programme) of ‘n bewys van die aansoeker se
hoogste kwalifikasie (vir NSB en N1-N3 programme) moet hierby aangeheg word.
3. Aansoekers met Graad 12 moet ’n afskrif van hul Graad 11 finale eksamenuitslae, sowel as ‘n kopie van hulle Graad 12
Junie of September eksamenuitslae hierby aanheg. Die uitslag moet in alle gevalle die vakke, asook die simbole behaal,
bevat. Indien die aansoeker by enige ander opvoedkundige instansie ingeskryf was, moet die oorspronklike akademiese
rekord of gewaarmerkte kopieë van die akademiese rekord van daardie instansie hierby aangeheg word.
4. 'n Bewys van die volledige woonadres of ‘n munisipale rekening van die ouers/wettige voog van die aansoeker moet hierbyaangeheg word.
C. INTERNASIONALE STUDENTE (Aansoekers wat nie Suid-Afrikaanse burgers is nie)
1. ‘n Gewaarmerkte afskrif van die paspoort van die aansoeker moet hierby aangeheg word. Verder word daar van so ‘n aansoeker
verwag om ‘n geldige studiepermit te voorsien voordat die aansoeker toegelaat sal word om as student te registreer.
2. Buitelandse opvoedkundige kwalifikasies: Die onus berus by alle internasionale aansoekers om hulle opvoedkundige
kwalifikasies deur die SAKO (Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-Owerheid) te laat evalueer voordat hulle ‘n aansoekvorm voltooi.
SAKO kan by telefoonnommer +27 86 010 3188 geskakel word.
D. TOELATINGSVEREISTES
1. Raadpleeg asseblief die betrokke departement of www.bolandcollege.com vir volledige besonderhede ten opsigte van die
toelatingsvereistes vir die akademiese program waarvoor u aansoek doen.
2. Alle kandidate wat aan die minimum toelatingsvereistes vir ‘n spesifieke akademiese program voldoen, is steeds onderhewig
aan die keuringsproses soos bepaal deur elke afsonderlike departement.
3. Daar mag van die student verwag word om ‘n plasingstoets af te lê.
E. BETAALBELEID
Die onderskeie betaalopsies kan oorweeg word, onderhewig aan ‘n kredietaansoek en –klaring. Die minimum bedrag betaalbaar
kan by ABSA bank gedeponeer word. Dui asseblief duidelik u studentenommer as verwysing op die depositostrokie aan. ‘n
Finansiële ooreenkoms en debietorder moet vir die balans voltooi word. Die finansiële beleid van die kollege maak nie voorsiening
vir afwyking van die voorgeskrewe betalings nie.
F. VERANDERING VAN ADRES
Die Kollege moet onmiddellik in kennis gestel word van enige verandering van adres (pos of fisies) na indiening van die vorm.
G. TAALBELEID
Boland Kollege is ‘n tweetalige instelling waar Afrikaans en Engels gepraat word en waar lesings aangebied word in Afrikaans en/of
Engels, in ooreenstemming met die Taalbeleid wat deur die Kollegeraad goedgekeur is. Al die kampusse van Boland Kollege is NIE
parallelmedium kampusse nie en die taalmedium vir lesings word bepaal deur die lektor in konsultasie met sy/haar klasgroep.
In alle gevalle word kernterminologie en konsepte ook in die alternatiewe taal voorsien en die reg van studente om besprekings te
voer en studiemateriaal, toetse en eksamens in die lesingtaal van hulle voorkeur te ontvang, word erken en ondersteun.
H. KOPIEË VAN DOKUMENTE WAT AANGEHEG MOET WORD: DUI AAN MET ‘N “X”.
IDENTIFIKASIEDOKUMENTE (VERPLIGTEND)
SA IDENTITEITSDOKUMENT BEWYS VAN AANSOEK OM NUWE SA ID
PASPOORT (BUITELANDSE AANSOEKER) VLUGTELING REISDOKUMENT
AKADEMIESE DOKUMENTE (VERPLIGTEND)
SENIOR SERTIFIKAAT ANDER DIPLOMAS
FINALE GRAAD 11 EN/OF MID-GRAAD 12 UITSLAE VORIGE NASIONALE DIPLOMA
OORSPRONKLIKE SAKO EVALUERING (BUITELANDSE AANSOEKER) VORIGE NSB SERTIFIKATE
N3/N4/N5/N6 UITSLAE (WAAR VAN TOEPASSING) AKADEMIESE REKORD VAN HOËRSKOOL
MATRIEKUITSLAGSTAAT SERTIFIKAAT VAN GEDRAG (OORSPRONKLIKE)
MATRIEKVRYSTELLINGSERTIFIKAAT
KONTRAK BEWYS VAN ADRES (VERPLIGTEND)
GETEKEN DEUR AANSOEKER MUNISIPALE REKENING
GETEKEN DEUR OUERS/WETTIGE VOOG ANDER REKENINGSTAAT
BLADSY 2 VAN 7GELDIG VANAF 31 JULIE 2020
ONTWIKKEL DEUR STUDENTE ADMINISTRASIE
AFDELING A: PERSOONLIKE BESONDERHEDESkryf asseblief net een letter per blokkie en begin in die eerste blokkie. Laat een blokkie tussen name oop. Merk u besonderhedemet ’n “x” waar van toepassing.
GEBOORTEDATUM J J J J M M D D
TITEL
MNR MEJ MEV
VOORLETTERSVAN
IDENTITEITSNOMMER
PASPOORTNOMMER / STUDIEPERMITNOMMER (INDIEN NIE RSA)
EERSTE NAAM (1)
TWEEDE NAAM (2)
DERDE NAAM (3)
AFDELING B: FORMELE STATISTIESE INLIGTING
BURGERSKAP
100 - RSA 101 - NAMIBIË ANDER (SPESIFISEER ASB)
Neem asseblief kennis dat daar van internasionale aansoekers vereis sal word om of ’n permanente verblyfpermit of ‘n studiepermit te toon voordat hy/sy kan registreer. Dit is hierdie student se verantwoordelikheid om betyds vir die vereiste permit aansoek te doen.
INDIEN U NIE ‘N SUID-AFRIKAANSE BURGER IS NIE, MERK ASSEBLIEF EEN VAN DIE OPSIES HIERONDER
INTERNASIONALE AANSOEKER MET PERMANENTE VERBLYF
INTERNASIONALE AANSOEKER MET TYDELIKE VERBLYF
AFDELING C: SEKONDÊRE ONDERWYS
HOOGSTE SKOOLGRAAD VOLTOOI GRAAD 9 GRAAD 10 GRAAD 11 GRAAD 12 NIE-VRYGESTEL GRAAD 12 VRYGESTEL
SAM-FOR-001 (A)AANSOEKVORMWEERGAWE: 019
*Neem asseblief kennis dat hierdie vraag gevra word om die instelling en die Staat in staat te stel om die vordering in transformasie in Hoër Onderwys te monitor.
ETNIESE GROEP*
ASIAAT SWART KLEURLING INDIËR BLANK
JAAR EN MAAND GRAAD 9/10/11/12 VOLTOOI J J J J M M
LAASTE OPVOEDKUNDIGE INSTANSIE/SKOOL BYGEWOON
HUISTAAL MOEDERTAAL
ENGELS AFRIKAANS ISI-XHOSA ISI-ZULU AFRIKAANS ENGELS ISI-XHOSA ISI-ZULU ANDER
ANDER (SPESIFISEER): ANDER (SPESIFISEER):
HUWELIKSTATUS ENKELLOPEND GETROUD WEDUWEE/WEWENAAR GESKEI
GESLAG MANLIK VROULIK
AFDELING D: ALGEMENE INLIGTING
WAAR HET U VAN BOLAND KOLLEGE GEHOOR?
VRIENDE ONDERWYSERS FAMILIE PRAATJIE BY JOU SKOOL
ONS WEBBLAD BEMARKINGS ITEMS RADIO GEMEENSKAPSKOERANTE
ANDER KOERANTE SPESIFISEER ASSEBLIEF WATTER KOERANTE
BLADSY 3 VAN 7GELDIG VANAF 31 JULIE 2020
ONTWIKKEL DEUR STUDENTE ADMINISTRASIE
WOONADRES PRIMÊRE KONTAK VAN STUDENT(Geen Posadres)
TELEFOONKODE & NOMMER POSKODE
E-POS
HUISADRES (Posadres) / REKENINGADRES
TELEFOONKODE & NOMMER POSKODE
E-POS
STUDIEADRES (Waar woon jy tydens jou studies?)(Geen Posadres)
TELEFOONKODE & NOMMER POSKODE
E-POS
AFDELING E: KONTAKBESONDERHEDE
PERSOON VERANTWOORDELIK VIR BETALING VAN DIE REKENING
TITEL VAN VOORLETTERS
SAM-FOR-001 (A)AANSOEKVORMWEERGAWE: 019
WAT HET U VERLEDE JAAR GEDOEN?
LEERDER BY HIERDIE “TVET” INSTANSIE HOËRSKOOL-STUDENT
UNIVERSITEIT-STUDENT WERK AS DEEL VAN ARBEIDSMAG
UNIVERSITEIT VAN TEGNOLOGIE-STUDENT WERKLOOS
HOËR ONDERWYS KOLLEGE-STUDENT INGESKRYF IN BUITELANDSE POS
ANDER “TVET” KOLLEGE-STUDENT
ANDER AKTIWITEIT:
TUIS PROVINSIE GP NW LIM MP NK KZN OK WK VS BUITELANDER
TELEFOONKODE & NOMMER (H)
TELEFOONKODE & NOMMER (W)
FAKS NOMMER
SELFOONNOMMER (VERPLIGTEND)
E-POS ADRES (VERPLIGTEND)
ADRES
POSKODE
KONTAKBESONDERHEDE VAN OUER, VOOG OF NAASTE FAMILIE
EERSTE NAAM
VAN
VOORLETTERS TITEL
IDENTITEITSNOMMER
VERWANTSKAP
MOEDER
VADER
OUMA
OUPA
BROER
SUSTER
TANTE
OOM
VOOG
LEWENSMAAT
EGGENOOT
BLADSY 4 VAN 7GELDIG VANAF 31 JULIE 2020
ONTWIKKEL DEUR STUDENTE ADMINISTRASIE
AFDELING F: GESTREMDHEDE / SPESIALE BEHOEFTES JA NEE
SAM-FOR-001 (A)AANSOEKVORMWEERGAWE: 019
AFDELING G
:MEMORANDUM VAN OOREENKOMS
Indien my aansoek suksesvol is, onderneem ek (NAAM EN VAN VAN STUDENT) dat:
1. ek myself sal vergewis van die reëls, beleide (insluitend die dissiplinêre gedragskode) en veiligheidsmaatreëls van BolandKollege en dat ek my daaraan sal onderwerp;
2. ek bewus is daarvan dat ek op eie risiko Boland Kollege perseel betree, sportbyeenkomste en uitstappies bywoon, inwoon in ‘nkoshuis en materiaal en apparaat in praktiese klasse gebruik;
3. ek onderneem om alle eiendom van Boland Kollege te respekteer en veilig te bewaar;4. ek Boland Kollege onmiddellik skriftelik in kennis sal stel indien my adres verander of wanneer ek my program kanselleer of my
programvakke verander in ooreenstemming met die Boland Kollege Finansiële Beleid soos beskikbaar aanlyn;5. ek daarvan bewus is dat indien my finansiële verpligtinge nie betyds teenoor Boland Kollege nagekom word nie, ek verant-
woordelik gehou kan word vir die agterstallige geld, rente op agterstallige geld sowel as regskoste in die proses aangegaan(Die rekening sal aan ‘n skuldinvorderingsagentskap oorhandig word);
6. ek volle verantwoordelikheid aanvaar vir die vereffening van die volle koste ten opsigte van alle klasgelde, praktiese opleid-ingsgeld en koshuisgeld asook ander geld wat Boland Kollege mag hef tydens registrasie. Terugbetaling ten opsigte vanonttrekking na registrasie sal slegs in uitsonderlike gevalle oorweeg word;
7. ek daarvan bewus is dat my registrasie by Boland Kollege slegs geldig is as dit binne die toelatingsvereistes en regulasies vandie Kollege is, ten spyte daarvan dat ek voorwaardelik toegelaat mag wees om by die Kollege te registreer;
8. ek by magte is om ‘n ooreenkoms met Boland Kollege aan te gaan en dat ek wetlik toerekeningsvatbaar is om die ooreen-koms tussen my en Boland Kollege te onderteken; en dat ek hierdie ooreenkoms tussen my en Boland Kollege met die vollewete en goedkeuring van my ouer/voog/huweliksmaat (haal wat nie van toepassing hierop is nie deur asseblief) geskied;
9. ek nie vergoeding sal eis ten opsigte van foto’s geneem, stemme benut of studente deelname tydens funksies, ens nie en ekaanvaar dat enige fotomateriaal wat vir promosionele doeleindes gebruik word, die eiendom van die Kollege is;
10. ek sal voldoen aan die vereistes van Boland Kollege Eksamentoelatingsbeleid d.w.s 50% of 40% (waar van toepassing) plus 80%klasbywoning.
11. Ek bevestig hiermee dat alle besonderhede deur my voorsien in hierdie vorm waar en akkuraat is.12. Ek gee hiermee toestemming aan Boland Kollege dat my persoonlike inligting gebruik mag word vir statistiese en navorsings-
doeleindes. Waar dit vereis word in terme van nasionele beleide, kan die Kollege my persoonlike inligting deel met nasionaledepartemente, insluitende maar nie beperk tot die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) en metvoornemende WIL gasheer werknemers. My besonderhede mag ook gedeel word met eksterne vennote van die Kollege wataddisionele dienste aan studente lewer. Ek is bewus daarvan dat die Kollege dit nie kan vermy nie.
HANDTEKENING VAN AANSOEKER DATUM
Indien die aansoeker minderjarig is, moet die ouer/voog/meerderjarige die onderstaande voltooi:
Ek, (VOLLE NAAM EN ID), DIE ONDERGETEKENDE, OUER/WETTIGE VOOG
VAN (STUDENT SE VOLLE NAAM EN ID)
HANDTEKENING VAN OUER OF WETTIGE VOOG DATUM
is hiermee alleenlik en gesamentlik verantwoordelik vir die koste wat bogenoemde aansoeker ter enige tyd aan Boland Kollege mag skuld, in terme van die ooreenkoms wat hy/sy met die Kollege voltrek.
Om inligting rakende gestremdhede / spesiale behoefdes te bekom, moet die volgende dokument ingevul en afgeteken word deur alle studente. Die afgetekende dokument moet dan by Studente Ondersteuning ingehandig word vir toegang tot spesiale vergunnings wat vereis word.
(SSS-DOC-002) VERKLARING DEUR STUDENT (GESTREMDHEID)
BLADSY 5 VAN 7GELDIG VANAF 31 JULIE 2020
ONTWIKKEL DEUR STUDENTE ADMINISTRASIE
SAM-FOR-001 (A)AANSOEKVORMWEERGAWE: 019
AFDELING H: SELF-VERKLARING AANGAANDE KRIMINELE OORTREDINGS/REKORD(S)
Die voltooiing van hierdie afdeling is verpligend Besonderhede van aansoeker/ Voornemende student
NAAM
VAN
ID NOMMER
Is jy al ooit skuldig bevind aan ‘n kriminele oortreding* in Suid-Afrika of enige ander land? JA NEE
Is jy al ooit aangekla vir ‘n kriminele oortreding* in Suid-Afrika of enige ander land? JA NEE
Is daar al ooit ‘n hof interdik teen jou uitgereik in Suid-Afrika of enige ander land? JA NEE
*Neem asseblief kennis dat dit nie van toepassing is onder die Padverkeerswette nie.
In die geval waar jy ja geantwoord het op enige van die vrae bostaande, verskaf asseblief die besonderhede hieronder:
DATUM HOF OORTREDING HOF UITKOMS
Deur die onderstaande te teken, erken ek dat Boland Kollege navrae mag rig om die akkuraatheid van die inligting verskaf na te gaan en dat die Kollege die reg behou om kriminele agtergrond kontrolering op alle aansoekers uit te voer. Boland Kollege behou die reg om nie met my aansoek voort te gaan as ek inligting in hierdie aansoekvorm verskaf wat, binne die redelike opinie van die Kollege, my ongeskik verklaar om by die Kollege te studeer.As ek enige vals of misleidende inligting verskaf of in die geval waar ek nie die inligting soos versoek verskaf nie, behou Boland Kollege die reg om nie met my aansoek voort te gaan nie, om enige aanbod van studies terug te trek of onmiddellik my studies by die Kollege te termineer.
Geteken: _________________________________ Naam in drukskrif: ______________________________________ Datum:____________________
die ondergetekende verklaar hiermee dat ek geen eis van enige aard sal instel teen Boland Kollege of enige werknemer van Boland Kollege wat binne sy/haar posisie as werknemer van Boland Kollege optree nie, en ook dat ek in geen omstandighede wat ookal Boland Kollege verantwoordelik sal hou vir enige verlies of skade of besering wat ek persoonlik of ten opsigte van my eiendom mag ly ten tye van die reis na en van die plek van die praktiese opleidinguitstappie of met betrekking tot enige aktiwiteit tydens die praktiese opleidingsuitstappie nie, ten spyte van die wyse waarop sodanige verlies of skade opgedoen word en ten spyte wie ookal daarvoor verantwoordelik mag wees. Ek onderneem om op eie verantwoordelikheid deel te neem aan enige aktiwiteit wat van my verwag word en dat ek uit vrye wil enige risiko waaraan ek my tydens sodanige aktiwiteit mag blootstel, vrywillig aanvaar.Hiermee aanvaar ek dat ek my vergewis het van al die inligting en reëls met betrekking tot enige praktiese opleidingsgeleentheiden dat ek, as geregistreerde student van Boland Kollege, gebind word om op te tree binne die algemene reëls en regulasies vanBoland Kollege.Verder verklaar ek dat, indien ek in so ‘n mate beseer word dat ek nie persoonlik verlof kan toestaan vir mediese behandeling ofenige ander noodsaaklike mediese intervensie nie, ek hiermee verlof gee dat die toesighoudende personeellid teenwoordig namens my die nodige verlofvorms vir die behandeling/intervensie mag onderteken.Sover my kennis strek ly ek nie aan enige fisiese gebrek of siekte wat dit vir my onmoontlik maak om enige praktiese aktiwiteiteby te woon nie. Nogtans wens ek die volgende onder u aandag te bring:
AFDELING I: VRYWARINGSVORM
NB. DIT IS VERPLIGTEND VIR ALLE BETROKKE PARTYE OM DIE KONTRAK TE ONDERTEKEN.BOLAND KOLLEGE PRAKTIESE OPLEIDINGSGELEENTHEDE: VRYWARINGSVORM TEN OPSIGTE VAN EISE VIR SKADE/BESERINGAANGEGAAN DEUR STUDENTE EN HUL OUERS EN/OF HULLE VOOGDE.
Ek, (VOLLE NAME VAN STUDENT)
Hiermee bevestig ek dat al die inligting hierbo verskaf, waar en korrek is.
ALDUS GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN 20
STUDENT OUER / VOOG / HUWELIKSMAAT
BLADSY 6 VAN 7GELDIG VANAF 31 JULIE 2020
ONTWIKKEL DEUR STUDENTE ADMINISTRASIE
SAM-FOR-001 (A)AANSOEKVORMWEERGAWE: 019
STU
DEN
T
Is die naam van die studierigting waarvoor u aansoek doen ingeskryf?
Is u akademiese rekord aangeheg indien u voorheen by ‘n ander hoër opvoedkundige inrigting studeer het?
Het u die vorm onderteken?
Het u ouer/voog ook die vorm onderteken indien u jonger as 18 jaar oud is?
Het u bewys van woonadres aangeheg?
Het u die hoogste akademiese rekord hierby aangeheg?
Dra u deeglik kennis van Boland Kollege se taalbeleid?
Het u die vrywaringsvorm/Memorandum van Ooreenkoms onderteken?
Is ‘n gewaarmerkte kopie van u identiteitsdokument/paspoort aangeheg?
KONTROLELYS
LET WEL: GEEN AANLYN AANSOEKVORMS WORD AANVAAR NIE. AANSOEKE WAT NA HOOFKANTOOR GESTUUR WORD, SAL NIE GEPROSESSEER WORD NIE.
Aflewering per hand:
CALEDON KAMPUS PAARL KAMPUS STELLENBOSCH KAMPUS STRAND KAMPUS WORCESTER KAMPUSKoalisie Straat Plein Straat Van Riebeeck Straat Aerodrome Straat Rainier Straat
RETSECROW DNARTS HCSOBNELLETS LRAAP NODELAC 9486 9317 9957 0267 0327
Tel: 028 212 3270 Tel: 021 872 3323 Tel: 021 887 3027 Tel: 021 853 7611 Tel: 023 348 6920
Per pos:
CALEDON KAMPUS PAARL KAMPUS STELLENBOSCH KAMPUS STRAND KAMPUS WORCESTER KAMPUSPOSBUS 640 PRIVAAT SAK X3027 PRIVAAT SAK X5012 PRIVAAT SAK X3010 PRIVAAT SAK X3093
RETSECROW DNARTS HCSOBNELLETS LRAAP NODELAC 9486 9317 9957 0267 0327
Tel: 028 212 3270 Tel: 021 872 3323 Tel: 021 887 3027 Tel: 021 853 7611 Tel: 023 348 6920
Wanneer dit voltooi is, stuur asseblief die aansoekvorm na die kampus waar jy beoog om te studeer per hand of deur die pos. Let asseblief daarop dat Boland Kollege nie die verantwoordelikheid sal aanvaar om aansoekvorms tussen kampusse namens ‘n voornemende student te stuur nie. Dit bly die voornemende student se verantwoordelikheid om te verseker dat die aansoekvorm na die korrekte kampus gestuur word. ‘n Voornemende student moet ook verseker dat die kursus waarvoor hul aansoek doen, wel aangebied word by die kampus waar hulle aansoek doen. Raadpleeg asseblief www.bolandcollege.com vir ‘n lys van programme wat per kampus aangebied word.
BLADSY 7 VAN 7GELDIG VANAF 31 JULIE 2020
ONTWIKKEL DEUR STUDENTE ADMINISTRASIE