12
1 Ek wil asb inteken op Verskil / Kanselleer asb my intekening op Verskil Webblad: http://www.noordsin.co.za Facebook: https://www.facebook.com/noordsin/ Kampterreine: o Badseloop: Vir besprekings skakel: 062-6561521, of stuur ‘n epos na: [email protected] o Emmarentia Geldenhuys (AcaDeo): nuwe webwerf: www.egst.co.za o Magaliesberg: Besprekings word nou hanteer deur: Anvie Ventures, [email protected], 044 696 6585 o Facebook byhttps://www.facebook.com/magaliesbergjeugkamp/ 15 November 2019 Nr 35/2019 Warm nuus Selfdegeslagverhoudinge Die Goudland Sinode (vroeër Wes-Transvaal) het onlangs ‘n buitengewone sinodesitting gehou, waartydens die Algemene Sinode se besluit oor selfdegeslagverhoudinge bespreek is. Daar is o.a. ook oor die moontlikheid gepraat om uit die Algemene Sinodale verband te tree. Hulle sit die gesprek op 20 November tydens ‘n volgende buitengewone sinodesitting voort. Ter voorbereiding hiervoor het ‘n afvaardiging van Goudland Sinode die afgelope week met die Algemene Sinode se moderamen (ASM) in gesprek getree. Na afloop van die gesprek het die ASM ‘n verklaring uitgereik. Lees dit hier. Legitimasie: Baie geluk Die volgende studente is op Donderdag 14 November gelegitimeer: Marietjie Bergh Frederik Coetzee Jan-Mari du Toit Morné Jacobs Jana Klut Handré Meyer Luné Pauley Dawie Rotteveel Lerisa Strydom Hein Wiegand Hulle kontakbesonderhede is verder aan in die Verskil beskikbaar. Geluk Tydens die onlangse ASM-vergadering is James Kirkpatrick as addisionele lid van die Algemene Sinode se moderatuur verkies. Sinodenuus Gemeentekalenders 2020 Noordelike Sinode 5-9 Oktober Excelsus Jaarprogram 2020 Jaarprogram 2020 aangeheg. Dagboek asseblief die datums van die kursusse/werkswinkels waarin julle belangstel. Vir enige navrae, kontak asseblief vir Rika by [email protected] of by 012 420 6738.

Ek wil asb inteken op Verskil / Kanselleer asb my ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/... · 11/15/2019  · 15/11 Nico van Wyk [Emeritus, 082 460 6585, [email protected]]

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Ek wil asb inteken op Verskil / Kanselleer asb my ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/... · 11/15/2019  · 15/11 Nico van Wyk [Emeritus, 082 460 6585, nico@ee3.co.za]

1

Ek wil asb inteken op Verskil / Kanselleer asb my intekening op Verskil

Webblad: http://www.noordsin.co.za Facebook: https://www.facebook.com/noordsin/ Kampterreine:

o Badseloop: Vir besprekings skakel: 062-6561521, of stuur ‘n epos na: [email protected] o Emmarentia Geldenhuys (AcaDeo): nuwe webwerf: www.egst.co.za o Magaliesberg: Besprekings word nou hanteer deur: Anvie Ventures, [email protected], 044 696 6585 o Facebook byhttps://www.facebook.com/magaliesbergjeugkamp/

15 November 2019

Nr 35/2019

Warm nuus

Selfdegeslagverhoudinge Die Goudland Sinode (vroeër Wes-Transvaal) het onlangs ‘n buitengewone sinodesitting gehou, waartydens die Algemene Sinode se besluit oor selfdegeslagverhoudinge bespreek is. Daar is o.a. ook oor die moontlikheid gepraat om uit die Algemene Sinodale verband te tree. Hulle sit die gesprek op 20 November tydens ‘n volgende buitengewone sinodesitting voort. Ter voorbereiding hiervoor het ‘n afvaardiging van Goudland Sinode die afgelope week met die Algemene Sinode se moderamen (ASM) in gesprek getree. Na afloop van die gesprek het die ASM ‘n verklaring uitgereik. Lees dit hier.

Legitimasie: Baie geluk

Die volgende studente is op Donderdag 14 November gelegitimeer: Marietjie Bergh Frederik Coetzee Jan-Mari du Toit Morné Jacobs Jana Klut Handré Meyer Luné Pauley Dawie Rotteveel Lerisa Strydom Hein Wiegand Hulle kontakbesonderhede is verder aan in die Verskil beskikbaar.

Geluk Tydens die onlangse ASM-vergadering is James Kirkpatrick as addisionele lid van die Algemene Sinode se

moderatuur verkies.

Sinodenuus

Gemeentekalenders 2020 Noordelike Sinode 5-9 Oktober

Excelsus – Jaarprogram 2020 Jaarprogram 2020 aangeheg. Dagboek asseblief die datums van die kursusse/werkswinkels waarin julle belangstel. Vir enige navrae, kontak asseblief vir Rika by [email protected] of by 012 420 6738.

Page 2: Ek wil asb inteken op Verskil / Kanselleer asb my ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/... · 11/15/2019  · 15/11 Nico van Wyk [Emeritus, 082 460 6585, nico@ee3.co.za]

2

Leraarontwikkeling: 24-25 Februarie 2020

AcaDeo (Emmarentia Geldenhuys): in die mark! Die moontlikheid om die kampterrein te verkoop word baie ernstig oorweeg. Die grond is 280 hektaar groot en regoor Klein Kariba te Bela-Bela geleë.

Kontak Paul Grobler (sel 082 653 5734) of Johan Kruger (sel 083 554 4971) by die Sinodehuis vir verdere navrae.

Bybellees met ‘n verskil Die volgende byeenkoms vind om 11:00 by Blue Crane Restaurant plaas:

19 November: Jeremia 23

Navrae: Fanie Cronjé (083 415 1452) / Kobus Myburgh (083 227 7185)

DinkJeugNoord: Tweak 🏡 + ⛪ - Dagboek solank die datum 3 Februarie 2020 !!!

Huis HJ Piek: Groenkloof

Kollega- en ander personeelnuus

Afskeid

Paul du Plessis [Riviera-Jakaranda] emeriteer op 31 Januarie 2020. Die Gemeente neem op 24 November om 09:00 van hom en Délia afskeid.

Emil Haarhoff [Rooihuiskraal] emeriteer op 31 Desember 2019. Die Gemeente neem op 24 November om 08:30 van hom en Christine afskeid.

Verjaarsdagwense: Hartlik geluk aan die volgende persone:

14/11 Adriaan van Niekerk [Emeritus, 083 450 2501] 15/11 Nico van Wyk [Emeritus, 082 460 6585, [email protected]] 18/11 Cois Pretorius [Emeritus, 082 654 9111, [email protected]] 22/11 Hennie Hoepfner [Albertyn, 083 320 1882,[email protected]] **************************************************** 14/11 Liesl Myburgh [Noordoos-Pretoria, 061 988 5948,[email protected]] 18/11 Mari Kirkpatrick [Suidoos-Pretoria, 082 852 7947, [email protected]] 12/11 Hannalie Kriek [Warmbad-Wes, 083 273 9386, [email protected]]

Gemeentenuus

Verjaarsdae: Baie geluk! Rustenburg-Wes [Gestig 16/11/1946]

Lynnwood [Gestig 16/11/1961]

Rustenburg-Bergsig [Gestig 16/11/1967]

Pietersburg-Noord [Gestig 18/11/1950]

Page 3: Ek wil asb inteken op Verskil / Kanselleer asb my ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/... · 11/15/2019  · 15/11 Nico van Wyk [Emeritus, 082 460 6585, nico@ee3.co.za]

3

Wonderpark [Gestig 18/11/1989]

Sesmylspruit [Gestig 18/11/1965]

Môregloed [Gestig 20/11/1958]

Eldoraigne [Gestig 21/11/1971]

Universiteitsoord: Kerssangdiens Petra van Universiteitsoord skryf: ‘n Kerssangdiens? In Oktober? Wat jy kan kyk in Suid-Korea? Wanneer die meeste van jou gemeentelede vroeg November begin eksamen skryf en daarna uitmekaarspat na hulle tuisgemeentes regoor Suid-Afrika, dan hou jy Kerssangdiens in Oktober. Dit is ‘n groot geleentheid op ons kalender met musiek vir almal – van Stille Nag saam met die orrel, tot Lord of the Dance saam met ‘n elektriese kitaar. En wanneer die studente met nostalgie terugdink aan hulle jare by Universiteitsoord, die musiek, die sang en veral die Kerssangdiens, dan reël jy ‘n “live stream” op YouTube sodat oud-gemeentelede regoor die wêreld daarin kan deel. Hierdie was maar die tweede keer wat Universiteitsoord se Kerssangdiens so uitgesaai is. Daar kan verseker nog verbeter word. Gaan kyk gerus by NG Universiteitsoord se YouTube kanaal en laat weet ons wat jy dink.

Riviera-Jakaranda: 1 Desember 2019 om 09:00

Jan de Wet tree op by NG Kerk Riviera Jakaranda,

125 Blakestraaat, Riviera 012 329 3601 Hy hanteer die EREDIENS

Wonderboom-Suid: Gedenktuin ‘n Gedenktuin is opgerig op die kerkterrein – ‘n trots van ons gemeenskap – as ‘n laaste rusplek vir u geliefdes. Die kerkterrein is beveilig met ‘n palissadeomheining en het streng toegangsbeheer. Tans is voorsiening gemaak vir 700 nisse in die muur waarvan heelwat al verkoop is.

Normale prys per Nis, waar twee kissies inpas, is R4010.00.

Ons bied vir tydperk tot 30 November 2019 ‘n spesiale prys van R3000.00 per nis aan. Belangstellendes kan die kerkkantoor skakel by 012 3310494. Kerkkantoorure is Dinsdae en Vrydae 9h00 tot 12h00 en Woensdae en Donderdae 14h00 tot 18h00.

Ander nuus

Jakaranda Kinderhuis: Liggiefees 1 tot 31 Desember 2019

Karin Berriman van Jakaranda Kinderhuis se bemarking en fondsinsamelings afdeling versoek graag gemeentes om die advertensie van die Liggiefees met lidmate te deel. Besoek gerus hul facebook blad by: https://www.facebook.com/Liggiefees/?__tn__=%2Cd%2CP-R&eid=ARA8sn2D7I1QqmzhgeQJ4e7DPm1be8739ra9wxsG-eI5iVCJSjd6VAhLnlx93sqeXnSDvwQEdEdbXb4U

Page 4: Ek wil asb inteken op Verskil / Kanselleer asb my ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/... · 11/15/2019  · 15/11 Nico van Wyk [Emeritus, 082 460 6585, nico@ee3.co.za]

4

Run and walk 4 Bibles: 30 November Ilse Ferreira skryf: Hierdie jaar se Run/Walk4Bibles vind plaas op 30 November vanaf Lewende Woord Centurion in Clubview. Nie alleen is dit die eerste jaar wat die marathon afstand gehardloop sal word nie, dit is ook sommer tegelykertyd ‘n kwalifiserende wedloop vir beide die Comrades en Two Oceans wedlope.

Lees meer …

Nuusbriewe Bybel-Media: Nuusbrief 18/2019 – lees hier meer oor nuus in die jongste Kerkbode. Daar word ook ‘n nuwe

publikasie bekendgestel.

Bestelvorm vir Jaarboek 2020 https://ngkok.co.za/kennisg/201933/Jaarboek%20bestel%202020.pdf

Christelike Lektuurfonds: Nuwe CLF Ekologie pamflette wat tydens NGK Algemene Sinode bekend gestel is.

Water Klimaatsverandering Kos- en omgewingsgeregtigheid Die oorhoofse vraag is “Hoe kan ons ‘n verskil maak aan die ekologiese krisis waarin ons wêreld verkeer?” Hierdie gratis pamflette kan aanlyn bestel word of stuur ’n e-pos na [email protected] of skakel (021) 873 6964.

Akkommodasie vir Selfversorgende Bejaardes: Flower Foundation Die Flower Foundation is ‘n nie-winsgewende organisasie wat goedkoop maar kwaliteit behuising verskaf aan persone ouer as 60, waar woonstelle in Pretoria uitgehuur word aan selfversorgende bejaardes. Daar is tans onbewoonde eenhede beskikbaar in Arcadia en Danville wat die las op die organisasie verhoog om die pryse so laag as moontlik te hou. Alle inwoners moet selfversorgend wees, daar is nie mediese ondersteuning beskikbaar nie. Daar is ‘n bussie wat teen ‘n geringe koste gebruik kan word na hospitale, klinieke en winkels. Sien kostes!! Kontak gerus vir Bessie Noakes by 082 328 1767 of [email protected]

Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom

Maak weer reg vir ons Somer Kersfees. Sien ons Kerspamflet vir 2019.

Abraham Kriel Kinderhuis Potchefstroom: Liggiefees 29 November tot 31 Desember 2019

Liggiefees@Potch is Abraham Kriel Kinderhuis Potchefstroom se jaarlikse groot fondsinsamelingsprojek. Die perseel word omskep in 'n sprokieswêreld wat elke persoon moet sien en ervaar. Van die (kliek hier) grootste name in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf tree op, daar is 'n pragtige kunsmark, Oujaarsdans, 'n pretpark met 'n Big Wheel van amper 40 meter hoog wat oor die hele fees kyk, 'n ongelooflike Liggiemuur wat praat en sing met die aanskouers en kos om van te kies en te keur. Die fees begin 29 November - 31 Desember. Liggiefees@Potch is elke aand oop vanaf 19:00. Kaartjies is aanlyn te koop by Quicket https://qkt.io/JaMZij of R25.00 kaartjies kan by die hek gekoop word. Besoekers wat van ver af kom kan aanlyn spesifieke sitplekke in die tent bespreek en verseker wees dat hulle stoel vir hulle wag. Liggiefees@Potch het in 2018 byna 62 000 feesgangers verwelkom - hierdie jaar gaan elke persoon verstom laat.

PEN Seekamp het jou hart nodig Janthinus Schrage, senior bestuurder: Bemarking en Kommunikasie by PEN skryf: Ek dink gereeld hieraan. Hoe kan ons emosionele vryheid meet? Hoe kan mens ‘n kind se glimlag meet wanneer hulle oë vol seer is? Ons kan nie altyd meet hoe hulle uitdagings in die gesig staar nie, maar ons KAN verseker meet hoe ons hulle geleenthede gee om met hierdie uitdagings vas te vat. PEN Seekamp wil soos die 26 jare vantevore, ‘n geleentheid skep vir ‘n wonderwerk.

Lees meer …

Kreatiewe kategete/jeuggroepleier opleiding: 8 Januarie 2020

Op Saterdag 8 Februarie 2020 is dit weer tyd vir ons jaarlikse Kreatiewe kategete /jeuggroepleier opleiding vir almal wat jeuggroepe moet fasiliteer. Dit word by Kameeldrif aangebied. Aanbieders: Roelf Opperman en Fritz Snyman. Koste: R560.00 per persoon. Leraars wat bywoon kry 6 VBO punte. Kliek HIER vir meer info of om in te skryf.

Die nommerpas kursus vir entrepeneurs en selfwerkskeppers: 1-31 Maart 2020

Dr Jan Botha sê: “Hierdie is ‘n kursus wat vierkantig staan in die idioom van missionale kerkwees! Tydens die pas afgelope Algemene Sinode van die NG Kerk is ons missionale identiteit weereens bevestig.” Kursusleiers: Dr Jan Botha Tel 012 5463545, Sel no: 0764815683 en e-pos adres: [email protected] Dr Retha Kruidenier Tel 012 3291352, Sel no: 0824138462 en e-pos adres: [email protected]

[om in te skryf ...]

Page 5: Ek wil asb inteken op Verskil / Kanselleer asb my ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/... · 11/15/2019  · 15/11 Nico van Wyk [Emeritus, 082 460 6585, nico@ee3.co.za]

5

Struwig Eko-Reservaat: 23-25 Maart 2020

Spesiale aanbieding: Groot 5 leraars blootstelling aan ons eie Kruger ervaring. Besprekings: +27 71 907 7960 of [email protected]

[Verdere inligting...]

Gebedslys

Hiermee ‘n vriendelike uitnodiging aan ons lesers om enige sake vir voorbidding aan ons te stuur by [email protected].

Baie dankie vir die reën wat op baie plekke geval het.

Plekke waar dit steeds krities droog is.

Almal wat op een of ander manier ‘n rol speel om ons veilig te laat slaap (Biddag vir Beskermingsdienste 17

November).

Vakatures

Rynpark Assosiasie vir Bejaardes

RYNPARK is opsoek na ‘n vaardige Operasionele Bestuurder wat verantwoordelikheid sal neem vir beplanning en verbetering van produktiwiteit en effektiewe dienslewering. Die Operasionele Bestuurder is verantwoordelik vir alle aspekte van die dag tot dag take asook die effektiewe bestuur van alle Instandhoudingsaktiwiteite en uitgekontrakteerde dienste. Dit sluit in die sekuriteit-, skoonmaak-, spyseniering- en tuindienste. Kwalifikasies in instandhoudingsbestuur en ervaring op die gebied dra voorkeur. Sterk Leierskap en intensiewe menseverhoudings en bestuursvaardighede. Hantering en beplanning van finansiële begrotings en dissipline in die werkplek. Geldige Rybewys en eie vervoer. Stuur asb volledige CV na [email protected]

Proponente en ander beskikbares

UP Fakulteit Teologie: Gelegitimeerde proponente 2019

Marietjie Bergh [076 235 7837, [email protected]] Frederik Coetzee [072 980 9355, [email protected]] Jan-Mari du Toit [071 687 0357, [email protected]] Morné Jacobs [081 089 6314, [email protected]] Jana Klut [083 658 4746, [email protected]] Handré Meyer [072 714 0582, [email protected]] Luné Pauley [079 963 2391, [email protected]] Dawie Rotteveel [082 333 3843, [email protected]] Lerisa Strydom [082 525 3664, [email protected]] Hein Wiegard [083 289 9224, [email protected]]

Gelegitimeerde proponente 2016 Eddie Brown [082 305 3972, [email protected]] Berenice Esterhuyzen [072 794 5928, [email protected]]

Gelegitimeerde proponente 2018 Freddie de Lange [071 483 8798, [email protected]]

Marthiens Heymans [[email protected]] Nienke Kemm [079 515 4156, [email protected]] Erick Mulder [076 253 5825, [email protected]] Natalie-Ann van Deventer [076 187 7249, [email protected]]

Page 6: Ek wil asb inteken op Verskil / Kanselleer asb my ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/... · 11/15/2019  · 15/11 Nico van Wyk [Emeritus, 082 460 6585, nico@ee3.co.za]

6

Ander gelegitimeerdes wat beskikbaar is om eredienste te lei Gerhard Bothma [082 412 3479, [email protected]] Jan Cloete [063 4000001, [email protected]] Martin Lazenby [079 493 4957, [email protected]] Ernst Muller [082-656-1107, [email protected]] Bertus Olivier [082 224 6242, [email protected]] Ockie Raubenheimer [076 155 0929, [email protected] - Ook beskikbaar vir aflos gemeentebediening] André Smuts [072 148 6718, [email protected]] Lizette Viviers [082 451 4049, [email protected]]

Ten slotte

‘n Duif het ‘n nes gebou met papawers wat hy “gesteel” het by die Australian War Memorial in Canberra, Australië

Page 7: Ek wil asb inteken op Verskil / Kanselleer asb my ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/... · 11/15/2019  · 15/11 Nico van Wyk [Emeritus, 082 460 6585, nico@ee3.co.za]

7

BYLAES

H

Excelsus – Jaarprogram 2020

– My Oom se Motor Fees

Page 8: Ek wil asb inteken op Verskil / Kanselleer asb my ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/... · 11/15/2019  · 15/11 Nico van Wyk [Emeritus, 082 460 6585, nico@ee3.co.za]

8

Terug

Page 9: Ek wil asb inteken op Verskil / Kanselleer asb my ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/... · 11/15/2019  · 15/11 Nico van Wyk [Emeritus, 082 460 6585, nico@ee3.co.za]

9

Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom

Wat is die betekenis van Kersfees en Jesus se geboorte vir jou?

Hier by Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom beleef ons Kersfees as ‘n tyd van omgee en liefde.

Daarom is ons so dankbaar vir dit wat ons van u af ontvang, om daardie leemte van ‘n

Kersfees in elke kinder hart te vul

U KAN ONS HELP DEUR HIERDIE VORM TE VOLTOOI EN TE STUUR AAN:

ABRAHAM KRIEL KINDERHUIS PRIVAATSAK X1033 NYLSTROOM 0510

EPOS: [email protected]

U CAN HELP BY COMPLETE THIS FORM AND POST TO:

ABRAHAM KRIEL CHILDRENS HOME PRIVATE BAG X1033 MODIMOLLE 0510

EMAIL: [email protected]

U ontvang ‘n Artikel 18A-kwitansie

You will receive an Article 18 A receipt

Titel, voorletters en van /Title, initials and surname:

Posadres / Postal address Selfoonnommer / cellphone number:

Telefoon no. / Telephone number:

Eposadres / Email address:

Poskode / Postal code: Donasiebedrag / Amount of donation:

A. DIREKTE BANKINBETALING IN ONS REKENING / DIRECT PAYMENT INTO OUR BANK ACCOUNT

Naam van instansie / Name of

instituton:

Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom

ABSA Bank

Rek no / Account no:

1100 140 000

Takkode Branch code

632005

Verwysing / Reference Christm19 / your

surname

B. DEBIETORDER / DEBIT ORDER

‘n Donasie wat maandeliks deur ons uit u bankrekening onttrek sal word op die eerste van elke maand:

Verwysing Kers 2019

A donation that will be deducted monthly from your bank account by us on the first of every month:

Ref. Chrism 2019

Page 10: Ek wil asb inteken op Verskil / Kanselleer asb my ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/... · 11/15/2019  · 15/11 Nico van Wyk [Emeritus, 082 460 6585, nico@ee3.co.za]

10

Bank Naam/Your Bank

Name:

Takkode/Branch Code: Rek Nommer/Account

Number

Tiperekening/Type

Of Account:

Bedrag per maand/Amount

per month

Bedrag In Woorde /

Amount In Words:

Handtekening/Signature

Datum /Date:

Gesëende Kersfees / Merry Christmas

Baie dankie vir u ondersteuning / Thank you for your support

Terug

Abraham Kriel Kinderhuis Potchefstroom - Liggiefees

29 November tot 31 Desember 2019

Terug

Akkommodasie vir Selfversogende Bejaardes:

Flower Foundation

Veilige akkommodasie vir Selfversorgende Bejaardes – Pretoria 166 Woonstelle in Arcadia, Groenkloof en Danville Geen mediese versorging of etes Vervoer teen minimale koste na hospitale, klinieke, winkels Enkelwoonstel: R2 530,00 per maand 1 Slaapkamer: R3 550,00 per maand 2 Slaapkamer: R3 820,00 per maand Warm en koue water ingesluit

Kontak: Cornel by 012 343 2650 www.flowerfoundationpretoria.co.za Terug

PEN Seekamp het jou hart nodig

Wonderwerke lê nie soseer in die projek nie, maar wel in die hande van die tannies wat koekies en beskuit bak vir ons kinders. Wonderwerke gebeur wanneer ‘n bakkie vrag vol sap, lekkers en toiletware by PEN afgelaai word vir die seekamp. Dit lê in elkeen wat iets gee, saam met PEN droom dat ons kinders die potensiaal het om kosbare rolspelers binne ons gemeenskappe te wees en ook ons land. Dat hulle ook waardig is en God hulle lief het ten spyte van hulle soms uitdagende omstandighede.

Page 11: Ek wil asb inteken op Verskil / Kanselleer asb my ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/... · 11/15/2019  · 15/11 Nico van Wyk [Emeritus, 082 460 6585, nico@ee3.co.za]

11

Om eerlik te wees, om 120 kinders op ‘n kamp te vat kos nie net ‘n paar sent nie. Dink net: akkommodasie, vervoer en dan moet ons nog magies vol maak. Hierdie uitgawes kan ’n aardige bedraggie wees, dan raak ons nie eens die ‘goed’ wat ons kinders nodig het om sin te maak van hulle lewens nie. Klei, kuns, ‘n Bybel, dalk ’n bietjie seep en ’n handoek om ‘n paar te noem. Elke rand wat iemand gee, gaan ewigheidswaarde dra. Alles in ag genome, hoekom doen PEN dit? Hierdie Desember gaan 120 kinders Jesus ervaar deur die drukkies en omgee deur die PEN groepleiers. Hulle gaan uitreik en hulle stories van ‘seer’ met mekaar deel en dit sodoende minder maak en hulle pad na emosionele vryheid ontdek. Hulle gaan hoor van God se droom vir hulle lewens en dat hulle ook sal wakker word met ‘n son van God se beloftes en Sy liefde wat oor hulle skyn. Ons nooi jou uit om hierdie seekamp vir ons kinders ‘n realiteit te maak. Kom skep ‘n droom en borg ‘n kind se seekamp teen R1600,00. Kontak ons by [email protected] of 012 323 6688. PEN, ABSA Rek nr. 020263385, Verw. Seekamp.

Terug

Die nommerpas kursus vir entrepeneurs en selfwerkskeppers :

1-31 Maart 2020

Alfa Pastorale Opleiding, Berading en Gemeenskap Sentrum (Gestig 1987)

Bied vir die sesde jaar ‘n unieke jaar kursus in pastorale opleiding, berading en gemeenskapsdiens aan!

Die nommerpas kursus vir entrepeneurs en selfwerkskeppers!!!

Kom leef jou roeping, word prakties bemagtig as ‘n agent van verandering en doen jou eie of die netwerk ding!!!

Teikengroep: Predikante, maatskaplike werkers, studente, “gap”-jaars en enige belangstellende volwassenes

Vanaf 1 Maart 2020 - 31 Maart 2021

Status van die kursus: Sertifikaat, geakkrediteer deur Excelsus Sentrum vir Bedieningsontwikkeling van die Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria. (120 VBO punte) en geregistreer deur die Council for Pastoral and Spiritual Counsellors- CPSC (20 CPSC/CPD punte)

Kursusleiers: Dr Jan Botha Tel 012 5463545, Sel no: 0764815683 en e-pos adres: [email protected] Dr Retha Kruidenier Tel 012 3291352, Sel no: 0824138462 en e-pos adres: [email protected]

Besoek: alfapastoralepraktyk.com

Die kursus is bekendgestel oor RSG, Pretoria FM, Radio Kansel, in die Kerkbode en LIG,

Huisgenoot, Vrouekeur, Juig, asook deur ‘n artikel in die Kerkbode deur die redakteur, Neels

Jackson

Terug

Page 12: Ek wil asb inteken op Verskil / Kanselleer asb my ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/... · 11/15/2019  · 15/11 Nico van Wyk [Emeritus, 082 460 6585, nico@ee3.co.za]

12

Struwig Eko-Reservaat – Spesiale Aanbieding

23-25 Maart 2020

Terug

Run and walk 4 Bibles

Saterdag 30 November 2019 Hardloop draf en stap om mense se lewens aan te raak Hierdie jaar se Run/Walk4Bibles vind plaas op 30 November vanaf Lewende Woord Centurion in Clubview. Nie alleen is dit die eerste jaar wat die marathon afstand gehardloop sal word nie, dit is ook sommer tegelykertyd ‘n kwalifiserende wedloop vir beide die Comrades en Two Oceans wedlope. Hierdie padwedloop is vanjaar in sy agtste jaar – en vernoem na Riana van Niekerk, ‘n langafstand gouemedaljewenner wie se loopbaan so tragies deur pankreaskanker kortgeknip is. Sy het verskeie goue medaljes in die Comrades en Two Oceans verwerf, en het die Om die Dam vrouewedloop oorheers.

Die wedloop vind plaas onder die vaandel van Atletiek Gauteng Noord en ASA wedloopreëls word toegepas. Die wegspringtye vir die onderskeie afstande is: marathon 5:30 met die halfmarathon om 6:00. Die 10km spring om 6:30 weg gevolg deur die 5km drawwers/stappers vyf minute later. Almal, van ernstige atlete tot by families, kan deelneem. Blinde en rolstoelatlete is ook welkom en kan gratis deelneem as hul die oggend inskryf. 70-plussers ook. Atlete word aangemoedig om vroegtydig in te skryf. Inskrywings kan gedoen word by Run-A-Way Sport in Lynnwood, Sweat Shop in Southdowns of Dunkeld West, by kerksondermure (Hippolaan Centurion) of Midstream of Lewende Woord Centurion se kantore. Aanlyninskrywings kan ook gedoen word by active.com/centurion/running/distance-running-races/run-and-walk-4-bibles-2019. Registrasie en inskrywings kan ook die oggend van die wedloop gedoen word vanaf 4:30, of by Lewende Woord Centurion die Vrydagmiddag tussen 15:00 en 18:00.

Die ouderdomstoelating vir die 10km is 14, vir die halfmarathon moet ‘n atleet 16 jaar oud wees, en marathon deelnemers moet 20 jaar oud wees. Atlete mag nie met enige oudio apparate in hul ore hardloop nie – volgens ASA reëls. Atlete en toeskouers word uitgenooi om deel te neem aan die Bread 4 Brothers projek wat tydens die wedloop by die Social Upliftment Services stalletjie kos gaan insamel. Bring ‘n inkoopsakkie met enige van hierdie items saam om te help om gesinne wat ‘n tekort van kos gaan hê oor die kersseisoen, by te staan: rys, suiker, koffie, suikerbone of mieliemeel (Verkieslik in 5kg verpakkings). Vyftien skole en 60 gemeenskapsprojekte sowel as die droogte geteisterde gebiede gaan deel van hierdie hulpverleningspoging wees. Volledige inligting oor die wedloop is beskikbaar op die webwerf www.runandwalkforbibles.co.za of die Facebook blad://www.facebook.com/Riana-van-Niekerk-RunWalk4Bibles-1781410785424678/. Uitgereik deur Ilse Ferreira Kontakpersoon Francois Schoombee 072 215 3063 of 012 663-2003x257 Wynand Meiring 079 484 3276

Terug