16
health EERSTE UITGAWE 2019 IN HIERDIE UITGAWE: BLADSY 16 WEN GROOT PRYSE Welkom by die jongste TransHealth- nuusbrief. • Hoofbeampte se nota • Parkinson se siekte • Tuberkulose • Wees goed vir uself • Immunisering van kinders vorm deel van Transmed se voorkomende voordele • Rook – het u geweet? • Appels: Vat ‘n hap vir ‘n gesonde hart • Voorgeskrewe minimum voordele • Bedrog, vermorsing en misbruik • Hello Doctor • Proses om klagtes en geskille te besleg • Transmed se webtuiste het 'n nuwe voorkoms • Hersien u eisestate • Transmed se mobiele app is die antwoord! • Nuusflits! • Erratum – Afrikaanse voordelegids • Papierwerk • Het ons u en u afhanklikes se ID- nommers? • Belangrike kontakbesonderhede Trans

EERSTE UITGAWE 2019 - Transmed20190228014749 PM...Hoof-beampte se nota 2 Parkinson se siekte is ‘n neurodegeneratiewe toestand – ‘n siekte wat die senuweeselle in die brein raak

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: EERSTE UITGAWE 2019 - Transmed20190228014749 PM...Hoof-beampte se nota 2 Parkinson se siekte is ‘n neurodegeneratiewe toestand – ‘n siekte wat die senuweeselle in die brein raak

healthEERSTE UITGAWE 2019

IN HIERDIE UITGAWE:

BLAD

SY16WEN GROOT PRYSE

Welkom by die jongste TransHealth-nuusbrief.

• Hoofbeampte se nota

• Parkinson se siekte

• Tuberkulose

• Wees goed vir uself

• Immunisering van kinders vorm deel van Transmed se voorkomende voordele

• Rook – het u geweet?

• Appels: Vat ‘n hap vir ‘n gesonde hart

• Voorgeskrewe minimum voordele

• Bedrog, vermorsing en misbruik

• Hello Doctor

• Proses om klagtes en geskille te besleg

• Transmed se webtuiste het 'n nuwe voorkoms

• Hersien u eisestate

• Transmed se mobiele app is die antwoord!

•Nuusflits!

• Erratum – Afrikaanse voordelegids

• Papierwerk

• Het ons u en u afhanklikes se ID-nommers?

• Belangrike kontakbesonderhede

Trans

Page 2: EERSTE UITGAWE 2019 - Transmed20190228014749 PM...Hoof-beampte se nota 2 Parkinson se siekte is ‘n neurodegeneratiewe toestand – ‘n siekte wat die senuweeselle in die brein raak

Hoof-beampte se nota

2

Parkinson se siekte is ‘n neurodegeneratiewe toestand – ‘n siekte wat die senuweeselle in die brein raak wat beweging beheer. Parkinson se siekte is progressief,

wat beteken dat simptome geleidelik verskyn en stadig vererger.

Petrus WassermannHoofbeampte

Welkom by die jongste TransHealth-nuusbrief. Soos gewoonlik het ons probeer om artikels in te sluit en inligting te voorsien om u by te staan om ‘n optimale vlak van gesondheid en welstand te bereik. Maak gesond bly ‘n deel van u daaglikse leefstyl en u sal die vrugte daarvan pluk.

Ek hoop u geniet dit om hierdie uitgawe te lees en dat u inligting en raad vind wat u welstand verbeter.

Ons verwelkom enige voorstelle wat u dalk het oor artikels of inligting oor lidvoordele wat u wil hê ons moet in toekomstige nuusbriewe publiseer.

Stuur asseblief u terugvoering en voorstelle na [email protected] of na Voorstelle, Posbus 32931, Braamfontein 2017.

Joune in goeie gesondheid

Petrus WassermannHoofbeampte

Page 3: EERSTE UITGAWE 2019 - Transmed20190228014749 PM...Hoof-beampte se nota 2 Parkinson se siekte is ‘n neurodegeneratiewe toestand – ‘n siekte wat die senuweeselle in die brein raak

32

WAT IS PARKINSON SE SIEKTE?Parkinson se siekte raak mense van alle rasse en kulture. Ongeveer 10 miljoen mense wêreldwyd het die toestand, wat minder as een persent van die algehele bevolking is. Die meeste mense wat Parkinson se siekte kry is oor 60, maar een in tien is onder 50. Effens meer mans as vroue word geraak.

Almal met Parkinson se siekte het verskillende simptome, maar die algemeenste simptome is bewerigheid, spierstyfheid en traagheid van beweging. Al hierdie simptome is verwant aan beweging en word motoriese simptome genoem. Baie mense met Parkinson se siekte ervaar ook ander probleme wat nie aan beweging verwant is nie, soos pyn, angstigheid en depressie. Dit staan as nie-motoriese simptome bekend.

Ons bewegings word deur senuweeselle (neurone) in die brein beheer wat boodskappe aan mekaar en aan die res van die liggaam stuur deur chemikalieë wat as neuro-oordragstowwe bekend staan. ‘n Gedeelte van die brein wat as die substantia nigra bekend staan vervaardig

dopamien, een van die neuro-oordragstowwe wat beweging beheer. In mense met Parkinson se siekte gaan 70% tot 80% van die selle wat dopamien vervaardig geleidelik agteruit of raak verlore. Dit staan as neurodegenerasie bekend.

Die verlies aan neurone wat dopamien vervaardig veroorsaak lae vlakke van dopamien in die gedeelte van die brein wat beweging en balans beheer. Wanneer senuweeselle nie boodskappe behoorlik aan die brein oordra nie, word beweging nie meer vlot beheer nie en kom die simptome van Parkinson se siekte voor.

Alhoewel dopamien die hoof neuro-oordragstof is, word ander neuro-oordragstowwe ook geraak. Dit kan verduidelik hoekom om dopamien eenvoudig te vervang nie noodwendig verbetering veroorsaak nie. Dit kan ook verduidelik hoekom so baie mense met Parkinson se siekte ook nie-motoriese simptome ervaar.

Parkinson se siekte kan nog nie genees word nie, maar daar is baie dinge wat u kan doen om die verloop van die siekte positief te beïnvloed en die gehalte van u lewe te verbeter.

PARKINSON SE SIEKTE

VERVOLG 0P BLADSY 4

Page 4: EERSTE UITGAWE 2019 - Transmed20190228014749 PM...Hoof-beampte se nota 2 Parkinson se siekte is ‘n neurodegeneratiewe toestand – ‘n siekte wat die senuweeselle in die brein raak

4

Dit wil voorkom asof ‘n positiewe benadering die progressie van simptome vertraag en u help om in beheer te bly.

Parkinson se siekte is lewensveranderend, maar nie lewensgevaarlik nie. Sommige van die meer gevorderde simptome kan u meer vatbaar vir infeksie maak, maar vir die meeste mense sal Parkinson se siekte nie hul lewensverwagting aansienlik verkort nie.

DIAGNOSERING VAN PARKINSON SE SIEKTEParkinson se siekte is moeilik om te diagnoseer omdatdaarnienspesifieketoetsvirdietoestand is nie. Simptome verskil van persoon tot persoon en ‘n aantal ander siektes het soortgelyke simptome, wat kan lei tot ‘n verkeerde diagnose.

Indien u vermoed dat u of iemand wat u ken Parkinson se siekte het is dit belangrik om ‘n dokter of neuroloog (‘n dokter wat spesialiseer in siektes van die senuweestelsel) so gou moontlik te besoek. Soms kan ‘n diagnose gou bevestig word, maar dit kan ook maande of selfs jare neem om te bevestig. Dit is algemeen om verskeie ondersoeke te ondergaan voor ‘n diagnose bevestig kan word.

‘n Moontlike diagnose vir Parkinson se siekte kan bevestig word wanneer ander toestande met soortgelyke simptome uitgeskakel is of as die persoon positief reageer op medikasie vir Parkinson se siekte.

Vroeë behandeling hang af van vroeë diagnose, so dit is belangrik om kennis te neem van die vroeë simptome van Parkinson se siekte en om so spoedig moontlik mediese raad te verkry.

VROEË TEKENS VAN PARKINSON SE SIEKTEVroeëfisiesetekenssluitdiealgemenemotoriese tekens in: bewerigheid, spierstyfheid en traagheid. Dit kan ook die volgende insluit:

• simptome wat aan een sy van die liggaam begin

• veranderinge in gesigsuitdrukking (starend en onvermoë om oë te knip)

• versuim om een arm te swaai wanneer die persoon stap

• gebukkendeliggaamshouding(fleksie)• gevriesde, pynlike skouer• mankheid of sleep van een been• gevoelloosheid, tinteling, pyn of ongemak in

die nek of ledemate• sagte stem• klein handskrif• gevoel van inwendige bewerigheid• verlies aan sin vir reuk• depressie of angstigheid.

Sommige van hierdie simptome is taamlik algemeen en is geensins enig aan Parkinson se siekte nie, so as u sommige van hulle het, beteken dit nie u het Parkinson se siekte nie.

RAADPLEGING VAN ‘N SPESIALISOm uit te vind dat u Parkinson se siekte het kan baie moeilik wees. Baie mense stel ‘n besoek aan hul dokter uit vrees uit. As u egter op ‘n vroeë stadium aksie neem staan u die beste kans daarop om die simptome te beheer en die progressie van die siekte te vertraag. Indien u besluit om ‘n spesialis te raadpleeg, is dit miskien ‘n goeie idee om iemand saam met u te neem. U kan ook notas maak en enige vrae wat u het neerskryf voor u gaan.

U dokter of spesialis sal u mediese geskiedenis bespreek en u deeglik ondersoek op soek na die hoofsimptome van Parkinson se siekte: traagheid van beweging, bewerigheid, styfheid en moeite met balans, tesame met ander simptome. Hy of sy kan u vra om te skryf of te teken, stap en praat.

Die dokter kan bloedtoetse versoek om ander toestande uit te skakel. Na ‘n deeglike ondersoek kan u dokter vir u medisyne vir Parkinson se siekte voorskryf. Indien u goed op hierdie behandeling reageer, kan dit ‘n diagnose van Parkinson se siekte bevestig, waar toestande met eenderse simptome miskien nie so goed daarop sal reageer nie.

Bron: https://www.parkinsonssa.org/parkinsons

PARKINSON SE SIEKTE

Page 5: EERSTE UITGAWE 2019 - Transmed20190228014749 PM...Hoof-beampte se nota 2 Parkinson se siekte is ‘n neurodegeneratiewe toestand – ‘n siekte wat die senuweeselle in die brein raak

54

Tuberkulose

Tuberkulose (TB) is ‘n gesondheidstoestand wat

veroorsaak word deur bakterieë wat as Mycobacterium

tuberculosis bekend staan en raak meestal die longe, maar dit

kan ook amper enige ander orgaan in die liggaam betrek.

Volgens die Wêreldgesondheids-organisasie is TB een van die top

10 oorsake van sterftes in die wêreld. ‘n Totaal van 1.6 miljoen

het in 2017 van TB gesterf.

DAAR IS TWEE SOORTE TB:• Latente TB Indien u ‘n TB-infeksie het, maar die bakterieë is

onaktief in u liggaam en veroorsaak geen simptome nie, is die TB latent.

• Aktiewe TB Hierdie toestand maak u siek en kan na ander

versprei. U kan siek word in die eerste week na u aangesteek is of dit kan eers jare later gebeur.

TB versprei van persoon tot persoon deur die lug. Wanneer ‘n persoon met TB hoes, nies of spoeg versprei hy of sy die TB-kieme in die lug.

WIE LOOP DIE GROOTSTE RISIKO?Mense met swak immuunstelsels, soos jong kinders, adolessente, bejaardes en mense wie ly aan siektes soos kanker, MIV/VIGS, diabetes en silikose loop ‘n risiko om met TB aangesteek te word. Mense wie oormatig rook en alkohol drink loop ook ‘n risiko.

SIMPTOME VAN TBDie hoofsimptome van TB is hoes, nagsweet, koors en kouekoors, gewigsverlies, borspyn, die hoes van bloed en aptytsverlies.

HOE WORD TB GEDIAGNOSEER?Indien die tekens en simptome aandui dat u dalk TB het, sal u gesondheidsorgverskaffer die volgende toetse uitvoer om die diagnose te bevestig:

• Mediese geskiedenis: ‘n Volle geskiedenis van simptome en blootstelling aan TB

• Fisiese ondersoek: ‘n Ondersoek van die liggaam om te soek vir algemene tekens en simptome

• Sputum (speeksel)-ondersoek: ‘n Ondersoek van die sputum en die kweking TB-kieme onder ‘n mikro- skoop en toetsing om te bevestig watter medisyne die effektiefste sal wees om die kieme te beveg

• X-straal van bors: Gewoonlik met pasiënte gebruik wie nie sputum kan produseer nie en waar daar vermoed word dat ekstrapulmonêre TB (TB wat ander organe as die longe raak) teenwoordig is

• Xpert MTB/RIF: ‘n Geoutomatiseerde toets wat beide TB en middelweerstandige TB binne twee ure kan opspoor

VERVOLG 0P BLADSY 6

Page 6: EERSTE UITGAWE 2019 - Transmed20190228014749 PM...Hoof-beampte se nota 2 Parkinson se siekte is ‘n neurodegeneratiewe toestand – ‘n siekte wat die senuweeselle in die brein raak

6

• Biopsies: Waar TB buite die longe voorkom, moet biopsies moontlik gedoen word en liggaamsvloeistowwe, soos die vloeistof rondom die longe of ruggraat, in ‘n laboratorium ondersoek word.

HOE WORD TB BEHANDEL?Die goeie nuus is dat TB behandel en genees kan word, maar dit vereis streng, ononderbroke behandeling wat vir ten minste ses maande duur. Die doel van die behandeling is om van die bakterieë wat TB veroorsaak ontslae te raak. Hierdie bakterieë bly in u liggaam, selfs as u begin beter voel.

Om die ontwikkeling van multi-middelweerstandige TB te voorkom, moet u die medisyne neem soos voorgeskryf en die kursus behandeling voltooi. Die ontwikkeling van multi-middelweerstandige TB word amper altyd veroorsaak deur die onreëlmatige of andersins onbehoorlike gebruik van TB-middels. Middelweerstandige TB is baie moeiliker om te genees en vereis ‘n reeks bykomende middels, insluitend gereelde inspuitings.

Daarbenewens vereis die behandeling van middelweerstandige TB dikwels langdurige hospitalisasie. Behandeling van TB kan ‘n kombinasie van medikasie insluit vir ‘n tydperk van ses tot 18 maande, afhangende daarvan of u ly aan nie-weerstandige TB, multi-middelweerstandige TB of uiters middelweerstandige TB. Die mees algemene medikasie om TB te behandel sluit in:• isoniasied• rifampisien• etambutol• pirasinamied.

Bykomende medikasie soos piridoksien (vitamien-B6) en steroïede kan gebruik word om die newe-effekte wat deur TB veroorsaak word te voorkom. Algemene newe-effekte wat deur TB veroorsaak word sluit in:• branderigheid, gevoelloosheid en tinteling in

die voete

• gewrigspyn• anoreksie• naarheid• maagpyn• uitslag met of sonder jeukerigheid• veranderinge in die kleur van urine• belemmerde sig• vergeling van oë• verwarring.

Kinders wie ses jaar oud en jonger is wat in nou kontak met ‘n persoon met TB bly kan behandel word om infeksie te voorkom.

KOMPLIKASIESSonder behandeling kan TB dodelik wees. Onbehandelde, aktiewe TB raak gewoonlik u longe, maar dit kan deur die bloedstrooom na ander dele van u liggaam versprei.

Voorbeelde van komplikasies van TB sluit in:• Ruggraatpyn: TB kan ‘n uitwerking op die

ruggraat hê, wat rugpyn en styfheid veroorsaak.

• TB-artritis: Hierdie komplikasie veroorsaak pyn in die gewrigte van die heupe en knieë.

• Breinvliesontsteking: Komplikasies van TB kan lei tot blywende of onreëlmatige kopsere wat vir weke lank kan voorkom as gevolg van die swelling van die membrane wat die brein en ruggraat bedek. Veranderinge in geestestoestand is ook moontlik.

• Lewer- of nierprobleme: Die lewer en niere kan geraak word. Die lewer en niere help om afval en onsuiwerhede uit u bloedstroom te verwyder. Hierdie funksies word belemmer as die lewer of niere deur TB geraak word.

• Hartsiektes: In seldsame gevalle kan TB die weefselomuhartbesmet,watinflammasieen die terughou van vog veroorsaak wat kan inmeng met u hart se vermoë om bloed doeltreffend te pomp.

Bron: Raad op Mediese Skemas

uselfTuberkulose

CHILD IMMUNISATION

Page 7: EERSTE UITGAWE 2019 - Transmed20190228014749 PM...Hoof-beampte se nota 2 Parkinson se siekte is ‘n neurodegeneratiewe toestand – ‘n siekte wat die senuweeselle in die brein raak

76

Baie ouer volwassenes kan alleen en hartseer voel na die verlies van ‘n geliefde of bekommerd wees oor gesondheids-probleme, die betaling van rekeninge of om ander redes. U voel dalk depressief, u eet miskien nie genoeg nie of dalk eet u te veel. Om goed te wees vir uself kan u help om u energievlakke, eetgewoontes en algehele gesondheid te verbeter.

Maak dinge beter deur genoeg slaap te kry. Bly in verbinding met familie en vriende vir ‘n positiewe gemoed. Sluit by ‘n stap- of ander sosiale groep aan. Omring u met mense wat u geniet.

Inentings is vinnig, veilig en uiters doeltreffend. As u kind teen ‘n siekte ingeënt is, kan sy of haar liggaam daardie siekte meer doeltreffend beveg. Indien ‘n kind nie ingeënt is nie, sal hy of sy ‘n groter risiko loop om die siekte op te doen.

As gevolg van vooruitgang in die mediese wetenskap kan u kind beskerm word teen meer siektes as ooit tevore. Inentings sal ongemaklik wees en kan pyn, rooiheid of gevoeligheid veroorsaak waar die inspuiting gemaak is, maar dit is minimaal in vergelyking met die pyn, ongemak en trauma van die siektes wat hierdie inentings voorkom.

As ‘n ouer wil u miskien nie sien hoe u baba of kind ‘n

inspuiting kry nie. Inenting is egter ‘n belangrike stap om u kind teen ‘n reeks ernstige en potensieel dodelike siektes te

beskerm.

uself

Immuniseringvan kinders vorm deel van Transmed se voorkomende voordele

Wees goed vir

Onthou: Dit is nooit te laat om u eetplan te verbeter, meer aktief te wees en goed vir uself te wees vir ‘n gesonder lewe nie.

Page 8: EERSTE UITGAWE 2019 - Transmed20190228014749 PM...Hoof-beampte se nota 2 Parkinson se siekte is ‘n neurodegeneratiewe toestand – ‘n siekte wat die senuweeselle in die brein raak

Tabak verhoog die risiko van kanker van die longe, slukderm, mond, blaas, pankreas, niere, maag, prostaat, serviks en bors. Tabakverwante siektes veroorsaak elke jaar die dood van meer as 44 000 Suid-Afrikaners en amper 6 miljoen mense wêreldwyd, d.i. een persoon elke ses sekondes, wat uitwerk op 1:10 persone in die wêreld.

Rook veroorsaak meer as 18 soorte kanker: kanker van die longe, blaas, nierbekken, mondholte, orofarinks, hipofarinks, oesofagus, strottehoof, pankreas, neuskeelholte, neusholte en sinusse, maag, niere, ureter, uterien serviks,

kolorektum en ovarium, sowel as myeloïde leukemie.

Staking van die gebruik van tabak kan die volgende positiewe gevolge vir u gesondheid en lewenstyl inhou:• verminder die risiko van kanker• verlaag hartklop en bloeddruk• verbeter asemhaling• stap sonder om uitasem te raak• ‘n langer en gesonder lewe te lei• meerfisieseenergietehê• ‘n goeie rolmodel vir kinders en jongmense

te wees.

8

600 000 nie-rokers sterf elke jaar wêreldwyd as gevolg van blootstelling aan tweedehandse rook.

Rookhet u geweet?

Om op te hou rook is een van die moeilikste uitdagings om te oorkom. As u ‘n

roker is wat wil ophou rook het u alreeds die eerste mylpaal bereik deur hulp en

raad te soek oor wat om te doen om rookvry te word.

Page 9: EERSTE UITGAWE 2019 - Transmed20190228014749 PM...Hoof-beampte se nota 2 Parkinson se siekte is ‘n neurodegeneratiewe toestand – ‘n siekte wat die senuweeselle in die brein raak

Het u geweet dat ‘n enkele, heerlike appel ten minste 10% van die vitamiene C en vesel bevat wat u elke dag nodig het? Dit is ook goed vir u hart: die vitamiene C help hartsiekte voorkom deur by te dra tot ‘n verlaging in cholesterol.

En as u probeer gewig verloor kan u u bederf sonder enige skuldgevoelens. ‘n Klein appel bevat slegs 75 kalorieë en die vesel kan u help om versadig te voel, wat dit ‘n uitstekende peuselhappie of sygereg vir enige maaltyd maak.

So, bederf u smaakkliere en u gesonde hart. Eet appels rou en met hul skille, waar die meeste vesel gevind word. U kan ook die volgende probeer:

• voeg gekapte appels by vrugte- en groenteslaai vir ekstra krakerigheid en soetheid

• bak of stowe appels saam met wortels, soetpatat, skorsie en ander groente

• verwyder appelstronke en vul die appels met roesyntjies en kaneel vir ‘n vinnige nagereg – gooi ‘n eetlepel appelbier bo-oor, bedek dit met waspapier en sit elke appel vir twee minute in die mikrogolfoond.

Rookhet u geweet?

Appels: Vat ‘n hap vir ‘n gesonde hart

Waar kan ek hulp kry om op te hou rook?

Smokenders: Tel: 011 487 0231 | Epos: [email protected]

Nasionale Quit-Lyn: Tel: 011 720 3145 | Webtuiste: www.againstsmoking.co.za

Stap 1 Maak gereed om op te hou – Stel ‘nspesifiekeeinddatumenhoudaarby.

Stap 2 Oorleef die eerste paar dae van nie rook nie – Gooi u sigarette in die asblik, koop kougom en neem een dag op ‘n slag. Maak elke oggend die besluit om nie vandag te rook nie en hou daarby.

Stap 3 Kry nuwe gewoontes – Vervang u ou rookgewoonte met nuwe, gesonde gewoontes. Doen diep asemhalingsoefeninge, gaan stap of drink ‘n glas water elke keer as u wil rook.

Stap 4 Weet wat om te verwag – Dit gaan moeilik wees en u sal miskien die newe-effekte van nikotien-onttrekking ervaar, soos kopsere, geïrriteerdheid, moegheid, hardlywigheid of sukkel om te konsentreer. U verstand sal u vertel dat u nie sonder ‘n sigaret kan oorleef nie en dat die onttrekking te sterk is. Die goeie nuus is dat die meeste simptome binne ‘n paar weke eindig en dat die drange oor tyd minder word.

Stap 5 Vra vir hulp – Sluit by ‘n groep vir mense wat wil ophou rook aan of gebruik nikotien-vervangings as u dink dit sal help. Praat met ander voormalige rokers of lees soveel op om u op te voed oor u verslawing.

9

Hier is voorstelle om u te help om op te hou rook:

Page 10: EERSTE UITGAWE 2019 - Transmed20190228014749 PM...Hoof-beampte se nota 2 Parkinson se siekte is ‘n neurodegeneratiewe toestand – ‘n siekte wat die senuweeselle in die brein raak

10

Voorgeskrewe minimum voordele

Die term ‘VMV-vlak van sorg’ (die vlak van sorg vir VMV-toestande) verwys na die vlak van sorg wat in die Staatsektor gebied word. Dit is die minimum vlak van sorg wat alle mediese fondse moet dek.

Alle VMV-toestande moet ten volle gedek word deur alle mediese skemas. Die Raad op Mediese Skemas het egter riglyne en voorskrifte gepubliseer as ‘n riglyn vir skemas oor die vlak van voordele wat vir hierdie toestande voorsien behoort te word. Hulle moedig skemas ook aan om van bestuurde sorg-hulpmiddels gebruik te maak, soos terugbetalingsprotokolle (reëls vir betaling), voorafmagtigingsprosesse, aangewese diensverskaffernetwerke,voorskriflyste(lystevan voorgeskrewe medisyne) en ander meganismes ten einde lede se fondse die beste te bestuur. Mediese skemas kan bybetalings toepas indien lede nie van hierdie bestuurde sorg-hulpmiddels gebruik maak nie.

DIE 270 DTP-TOESTANDEDitistoestandewat‘nspesifiekediagnosekoppelaan behandeling of ‘n prosedure en dus breedweg aandui hoe elk van die 270 DTP-toestande behandel moet word.

Voorbeelde van behandeling vir DTP-toestande sluit katarakchirurgie, histerektomieë en behandeling van die simptome van menopouse in.

Indien u onlangs gediagnoseer is met ‘n toestand wataan‘nspesifiekediagnosegekoppelis wat behandeling of ‘n prosedure vereis soos katarakchirurgie, sal die Fonds, om katarakchirurgie as ‘n voorbeeld te gebruik, tipies vir die volgende betaal, benewens die chirurgie:

• die konsultasie waartydens die diagnose gemaak en bevestig is

• die toetse wat gedoen is om die diagnose te maak

• medikasie na die operasie, soos oogdruppels• ander toepaslike dienste, in oorstemming met

toepaslike algoritmes.

DIE 26 CDL-TOESTANDEDaar is ‘n stel dienste wat van toepassing is op die diagnose, behandeling en bestuur van die 26 toestande.

Voorbeelde van CDL-toestande sluit hoë bloeddruk, diabetes en epilepsie in.

Indien u onlangs met ‘n chroniese toestand soos hoë bloeddruk gediagnoseer is, sal die Fonds tipies vir die volgende vanuit die grootskaalse mediese voordeel betaal:

• die konsultasie waartydens die diagnose gemaak en bevestig is

• die toetse wat gedoen is om die diagnose te maak• kardiale ondersoek• elektrokardiogram (EKG)• die chroniese medikasie wat voorgeskryf is, onderhewigaanvoorskriflys-geldigheidsbepaling

• ander toepaslike dienste.

Hierdie dienste sal bestuur word met behulp van ‘n sorgplan vir behandeling wat volgens die lid se behoeftes verpersoonlik sal word en wat klinies toepaslik sal wees.

Ten einde te verseker dat lede in aanmerking kom vir hierdie voordele, word hulle aangemoedig om met Transmed se kliëntedienskonsultante en gevallebestuurders te skakel, wie lede leiding sal gee met die voordele, die toepaslike protokolle en ander relevante prosesse.

Indien u behandeling vir ‘n VMV-toestand ontvang, is dit van die uiterste belang dat u gesondheidsorg-verskaffer die korrekte ICD-10-diagnosekode op sy of haar eise gebruik sodat die Fonds die dienste opdieeiseasVMV-verwantkanidentifiseer.

Ingevolge die Wet op Mediese Skemas 131 van 1998, moet alle mediese skemas voordele vir sekere toestande binne voorgeskrewe riglyne voorsien. Hierdie voordele staan as voorgeskrewe minimum voordele (VMV’e) bekend en dek 26 chroniese siekte-lys (CDL)-toestande, sowel as 270 bykomende toestande, wat bekend staan as die diagnose- en behandelingspare (DTP’e), waarvoor spesifieke behandeling gedek moet word. Benewens dit word alle noodgevalle onder VMV’e ingesluit op voorwaarde dat die noodgeval binne die Raad op Mediese Skemas se definisie van ‘n noodgeval val.

Page 11: EERSTE UITGAWE 2019 - Transmed20190228014749 PM...Hoof-beampte se nota 2 Parkinson se siekte is ‘n neurodegeneratiewe toestand – ‘n siekte wat die senuweeselle in die brein raak

11

Voorgeskrewe minimum voordele Bedrog, vermorsing en misbruikGesondheidsorgbedrog is een van die misdade wat vandag die vinnigste in Suid-Afrika groei. Biljoene rand in die mediese skema-bedryf word elke jaar verloor as gevolg van bedrog. Dit beïnvloed gesondheidsorgkostes negatief omdat kostes moet styg om die kostes wat deur bedrog verlore gaan op te maak. Dit veroorsaak hoër bydraes en verminderde bekostigbaarheid vir lede van mediese skemas.

WAT IS BEDROG?Bedrog is die doelbewuste misleiding, wanvoorstelling of vals verklaring of voorstelling van wesenlike feite met die kennis dat die misleiding kan lei tot ongemagtigde voordeel of betaling waartoe die persoon of entiteit nie andersins aanspraak sou kon maak nie. Hierdie dade kan òf tot die persoon se eie voordeel òf tot die voordeel van ‘n ander party gepleeg word.

WAT IS MISBRUIK?Misbruik verwys na praktyke wat teenstrydig ismetgesondefinansiële,sakeofmediesepraktyke en lei tot onnodige kostes vir ‘n mediese skema of tot die betaling van dienste wat nie medies noodsaaklik is nie.

WAT IS VERMORSING?Vermorsing verwys na die ekstra kostes wat aangegaan word wanneer gesondheidsorgdienste oor-gebruik word of wanneer rekeninge vir dienste verkeerd uitgemaak word. Anders as bedrog word vermorsing gewoonlik per ongeluk veroorsaak eerder as deur onwet-tige of doelbewus-verkeerde dade.

TIPES BEDROG• U gesondheidsorgverskaffer toe te laat om

kostes te hef vir dienste wat hulle nie voorsien het nie

• U mediese fonds-lidmaatskapkaart aan afgehanklikes te leen wie nie geregistreer is nie, d.i. aan vriende en familielede

• U mediese fonds-besonderhede aan ‘n gesondheidsorgverskaffer te gee om vals eise in

te dien sodat die gesondheidsorgverskaffer ‘n persentasie van die eise in kontant ontvang wanneer die mediese fonds die vals eise betaal

• U lidmaatskapkaart te gebruik om goedere by dokters en aptekers te koop wat nie verband hou met mediese sorg nie

• Oor-dienslewering, bv. ‘n verskaffer kan pasiënte vra om onnodig terug te kom vir ‘n opvolgbesoek

• Die vervalsing of wysiging van rekeninge of kwitansies

• Die gebruik van ongeldige tariefkodes op eise• Manipulasie van tariefkodes• Misbruik van voordele, bv. diensverskaffers wat

eise indien vir medisyne wat onder konsultasiekodes toeberei is

• Inskrywing van mense wie nie vir dekking kwalifiseernie

• Dubbel lidmaatskap, bv. as ‘n lid terselfdertyd aan twee mediese skemas behoort.

Ons glo dat voorkoming beter is as genesing en wil u aanmoedig om bedrog te bestry deur:

• u persoonlike mediese fonds-besonderhede soos u lidmaatskapnommer privaat te hou

• u eisestate na te gaan om seker te maak dat al u eise korrek en vir dienste is wat u ontvang het

• seker te maak die dienste wat aan u gelewer is dieselfde is as die eise wat op u staat verskyn

• u lidmaatskapkaart veilig te hou• enige aktiwiteite te vermy waar u kontant

ontvang om u lidmaatskapbesonderhede te voorsien of ander voordele ontvang wat nie in lyn is met die voordele op u voordeelplan nie.

Kom ons werk saam om bedrog, vermorsing en misbruik te stop. Meld bedrog aan deur die bedrogblitslyn by 0800 000 436 te skakel.

Page 12: EERSTE UITGAWE 2019 - Transmed20190228014749 PM...Hoof-beampte se nota 2 Parkinson se siekte is ‘n neurodegeneratiewe toestand – ‘n siekte wat die senuweeselle in die brein raak

Klagte- en dispuut-oplossingsprosesTransmed is trots op die lewering van uitstekende diens en strewe daarna om oop kommunikasiekanale met ons lede te hê.

Let asseblief daarop dat daar ’n formele proses is wat gevolg kan word in geval u ontevrede is met die diens by die Transmed Mediese Fonds. Enige navraag moet eers aan die Kliëntediensdepartement gerig word:

LINK-PLAN• Kontaknommer: 0861 686 278• Epos: [email protected]

SELECT- EN PRIME-PLANNE• Kontaknommer: 0800 450 010• Epos: [email protected]

Indien u nie ’n bevredigende antwoord op u navraag kry nie, kan u ’n epos stuur na [email protected].

Indien u steeds nie ’n bevredigende antwoord op u navraag ontvang nie, kan u u klagte na die Fonds stuur by [email protected].

As die saak daarna steeds nie opgelos is nie, kan u in verbinding met die reguleerder van mediese skemas tree, wat u klagte as ’n onafhanklike entiteit sal beoordeel. Tree met die Klagtesdepartement by die Raad van Mediese Skemas in verbinding by:

• Kliëntesorg: 0861 123 267• Epos: [email protected]

Hello DoctorTransmed bring u 24 uur ‘n dag, sewe dae ‘n week gesondheidsorgraad van mediese vakkundiges.

Wat sluit Hello Doctor in?• Praat met ‘n dokter:

Versoek ‘n oproep en een van die dokters sal u binne ‘n uur terugskakel om vir u mediese raad oor die foon te gee.

• Stuur ‘n teksboodskap aan ‘n dokter: Vra u vraag per teksboodskap en een van die dokters sal u binne ‘n uur antwoord.

• Gesondheidswenke: Kry daaglikse raad met Hello Doctor se gesondheidswenke.

• Gaan u simptome na: Nie seker wat fout is nie? Voer u simptome by Hello Doctor in en u sal ‘n lys moontlike toestande ontvang. U kan dan u resultate met ‘n dokter bespreek.

Indien u mediese raad benodig, versoek 'n oproep of aanlyngesprek deur by ons app of webtuiste aan te teken. Andersins kan u *120*1019# skakel en die aanwysings volg. Vir tegniese ondersteuning, stuur 'n WhatsApp-boodskap na +27 73 778 4632.

Alle gesprekke met die dokters is volkome privaat en vertroulik.

Transmed se webtuiste het ‘n nuwe voorkomsOns is baie opgewonde om aan te kondig dat ons nuut-ontwerpte webtuiste in Februarie 2019 bekendgestel is. ‘n Kenmerk van ons nuwe webtuiste is ‘n skoon en eenvoudige ontwerp. ‘n Paar van ons doelwitte met die vernuwing van ons webtuiste is om dit vinniger, makliker om te navigeer en meer gebruikersvriendelik te maak. Ons is trots op die webtuiste en ons hoop dit is ‘n handige, insiggewende hulpmiddel vir ons lede. Besoek ons webtuiste by www.transmed.co.za.

1312

Page 13: EERSTE UITGAWE 2019 - Transmed20190228014749 PM...Hoof-beampte se nota 2 Parkinson se siekte is ‘n neurodegeneratiewe toestand – ‘n siekte wat die senuweeselle in die brein raak

Transmed voorsien lede van maandelikse eisestate wat elke besoek aan ‘n hospitaal of u gesondheidsorgverskaffer uiteensit, sowel as wat dit gekos het en wat u oorblywende voordele is. Om hierdie state te verstaan sal u help om u beskikbare voordele en gesondheidsorg proaktief te bestuur.

U MAANDELIKSE STAAT SLUIT IN:

• die datum van u maandelikse staat• u persoonlike adres• Transmed se kontakbesonderhede• u lidmaatskapnommer• ‘n opsomming van u voordele, die limiete op u gekose

plan, hoeveel u tot dusver gebruik het en hoeveel oorbly vir die jaar

• die besonderhede van eise wat ontvang en verwerk is, of ontvang is en nie verwerk is nie en die rede hoekom dit afgekeur is

• ‘n tariefkode van die produkte of dienste waarvoor geëis is en ‘n aanduiding van waar die produkte of dienste ontvang is.

Transmed se mobiele app is die antwoord!Wil u weet wat u gesond-heidsorg-inligting is? Transmed se mobiele app is die antwoord! U kan 24 uur ‘n dag, sewe dae ‘n week, 365 dae ‘n jaar toegang verkry tot die Transmed mobiele app. Die app bevat ‘n magdom inligting vir u gerief.

Die mobiele app bied toegang tot die volgende:

• elektroniese lidmaatskapkaart

• opsporingsdiens om maklik ‘n gesondheidsorg-verskaffer in u area op te spoor

• voordeelinligting• state• eise• magtigings• navrae, en soveel meer.

Neem beheer oor u gesondheidsorg en besonderhede wanneer dit vir u gerieflik is!

!Gaan u eisestaat na

1312

Page 14: EERSTE UITGAWE 2019 - Transmed20190228014749 PM...Hoof-beampte se nota 2 Parkinson se siekte is ‘n neurodegeneratiewe toestand – ‘n siekte wat die senuweeselle in die brein raak

1514

Nuus- flitsOnthou asseblief om

te verseker dat u

lidmaatskapnommer

verskyn op alle

kommunikasie wat u

na die Fonds stuur,

soos rekeninge,

navraagbriewe en

eposse.

VRYWARING: Die inligting en

artikels in hierdie nuusbrief

dien nie as mediese raad of as

gronde vir ‘n mediese eis vir

enige produk van hoegenaamd

enige aard namens die

uitgewer, Fonds, Administrateur

of die verspreider nie. Raadpleeg

‘n gekwalifiseerde gesondheidsorg-

verskaffer vir die diagnose of

behandeling van enige siektes

of mediese toestande.

Erratum – Afrikaanse voordelegidsOp bladsy 13 in die 2019 Afrikaanse voordelegids, onder toelatings tot privaat hospitale vir prosedures wat verwant is aan nie-voorgeskrewe minimum voordele (VMV)-toestande op die Link- en Select-planne, let asseblief daarop dat ‘funksionele endoskopiese chirurgie’, ‘funksionele endoskopiese sinuschirurgie’ moet wees. Die Fonds vra om verskoning vir enige ongerief.

PapierwerkHet ons u heel jongste kontakbesonderhede?Verseker asseblief dat ons u jongste kontakbesonderhede op rekord het – ons wil nie hê u moet enigiets mis nie!

Werk u kontakbesonderhede by deur met Transmed in verbinding te tree deur een van die volgende kanale:

• Kliëntediensdepartement: 0800 450 010• Epos: [email protected]• Faks: 011 381 2041/42• Pos: Premiebestuur, Posbus 32931, Braamfontein 2017

Het ons u en u afhanklikes se ID-nommers?Die Wet op Mediese Skemas vereis van Transmed Mediese Fonds om die ID-nommers van alle geregistreerde begunstigdes te verkry.

Indien u en u afhanklikes se ID-nommers nie op u lidmaatskapkaart verskyn nie, tree asseblief met Transmed se Kliëntediensdepartement in verbinding by 0800 450 010 om ons van die besonderhede te voorsien. U kan andersins ‘n afskrif van u en u afhanklikes se identiteits-dokumente na Posbus 32931, Braamfontein 2017 stuur.

!

Page 15: EERSTE UITGAWE 2019 - Transmed20190228014749 PM...Hoof-beampte se nota 2 Parkinson se siekte is ‘n neurodegeneratiewe toestand – ‘n siekte wat die senuweeselle in die brein raak

Navrae [email protected]

Bankbesonderhede en lidmaatskap [email protected]

Komplimente [email protected]

Klagtes [email protected]

Appélle [email protected]

Eise [email protected]

Ex gratia [email protected]

Voorstelle [email protected]

Eksterne diensverskaffer vir die Link-planUniversal Healthcare [email protected]

Belangrike eposadresse

Belangrike kontakbesonderhede

DIENSTE LINK-PLAN SELECT- EN PRIME-PLANNE

Kliëntediens-departement

Universal Healthcare0861 686 [email protected]

0800 450 [email protected]

Lidmaatskap en bydraes 0800 450 010 0800 450 010

Hospitalisasie en grootskaalse mediese voorafmagtiging

Universal Healthcare0861 686 278 0800 225 151

Siektebestuursprogramme Universal Healthcare0861 686 278 0800 225 151

Ambulansmagtiging 0800 115 750 0800 115 750

Tandheelkunde dienste Universal Healthcare0861 686 278

Select-plan0860 104 941Prime-plan0800 450 010

MIV/VIGS Universal Healthcare0861 686 278 0861 888 300

Optiese diensteUniversal Healthcare0861 686 278

Select-planPPN 0860 304 060/ 0861 103 529Prime-plan0800 450 010

Bedrogblitslyn 0800 000 436 0800 000 436

1514

Bly verb

ind

Page 16: EERSTE UITGAWE 2019 - Transmed20190228014749 PM...Hoof-beampte se nota 2 Parkinson se siekte is ‘n neurodegeneratiewe toestand – ‘n siekte wat die senuweeselle in die brein raak

TOETS U KENNIS VAN DIE INHOUD VAN HIERDIE UITGAWE VAN TRANSHEALTH

VOLLE NAAM:

FISIESE ADRES:

POSADRES:

EPOSADRES:

LIDMAATSKAPNOMMER:

SELFOONNOMMER:

TEL (H): TEL (W):

EERSTE PRYSMNR JJ DEYSEL

TWEEDE PRYSMEV HMJ VAN DER WESTHUIZEN

DERDE PRYSMNR N MALGAS

Ons gee groot pryse weg aan die wenners van ons kompetisie, wat ontwerp is om u kennis van TransHealth te toets. Vul eenvoudig die blokkiesraaisel hieronder in om ‘n kans te staan om een van die groot pryse te wen.

Die eerste korrekte inskrywing sal R2 000 wen. Die volgende twee korrekte inskrywings sal R1 000 elk wen.

Onthou om die jongste uitgawe van TransHealth te lees om die antwoorde te vind.

Let asseblief daarop dat bepalings en voorwaardes geld.

U kan van die volgende kanale gebruik maak om u antwoorde aan te stuur:

Pos: Toets u kennis-kompetisie, Posbus 32759, Braamfontein 2017Epos: [email protected]: 011 381 2041/42

U inskrywingsvorm moet Transmed Mediese Fonds teen nie later nie as 6 Mei 2019 bereik.

a. Ander velkanker as melanoomb. UVA-strale (lang golwe)c. Biologiese terapied. 0800 200 564e. Melanoom

Veels geluk aan die wenners van die Toets u kennis-kompetisie van die vierde uitgawe van TransHealth vir 2018.

Wenners van die toets u kennis-kompetisie:

VORIGE WENNERS

Bepalings en voorwaardes:• Slegs lede van Transmed Mediese Fonds en hul geregistreerde afhanklikes mag aan die kompetisie deelneem. • Laat inskrywings sal nie vir die trekking oorweeg word nie. • Let asseblief daarop dat inskrywings gepos, gefaks of per epos aan Transmed gestuur mag word. • Wenners sal telefonies in kennis gestel word en hul name sal in die TransHealth-tydskrif gepubliseer word. • Transmed mag die publikasie van die foto’s van die wenners vereis. • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie. • Inskrywing vir die kompetisie dui op aanvaarding van alle reëls.

OPLOSSING VAN VORIGE KOMPETISIE:

3 2

5

1

2 3

6

4

4

AF:

1. Ophou ____ gebruik kan positiewe gevolge vir u gesondheid en lewenstyl inhou.

2. Werk u ____ by deur met Transmed in verbinding te tree.

3. Lewer- of ____ : Die lewer en niere kan geraak word.

4. TB is een van die top 10 ____ van sterftes in die wêreld.

5. Parkinson se siekte is ____ , maar nie lewensgevaarlik nie.

6. Indien 'n ____ nie ingeënt is nie, sal hy of sy 'n groter risiko loop om die siekte op te doen.

DWARS:

1. U kan 24 uur 'n dag, sewe dae 'n week, 365 dae 'n jaar toegang verkry tot die ____ mobiele app!

2. Vat 'n ____ vir 'n gesonde hart

3. Kry daaglikse raad met Hello Doctor se ____ .

4. Tabakverwante siektes veroorsaak elke jaar die ____ van meer as 44 000 Suid-Afrikaners.