29
die goeie en mooi GEMEENSKAP

die goeie en mooi - Durbanville Gemeente · 2. Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. In hierdie reeks gaan dit oor die tweede deel: Om jou naaste lief te hê soos jouself. Liefde

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

die goeie en mooiGEMEENSKAP

Inhoudsopgawe

Hoe lyk die reis? 4

Die goeie en mooi gemeenskap (Deel 1): 10 Februarie – 16 Maart

1. Die goeie en mooi gemeenskap 8 2. Die vreemde gemeenskap 13

3. Die hoopvolle gemeenskap 18

4. Die bemoedigende gemeenskap 23

5. Die aanbiddende gemeenskap 28

Preektekste vir Lydenstyd 33

Die goeie en mooi gemeenskap (Deel 2): 5 Mei – 8 Junie

1. Die Christus-gesentreerde gemeenskap 34

2. Die versoenende gemeenskap 39

3. Die vrygewige gemeenskap 44

4. Die dienende gemeenskap 49

5. Pinksterprogram 55

4 5

1. VANjAAr SE rEiS lyK ANdErS Vanjaar se reis lyk effens anders as ander jare s’n. Daar is hierdie jaar twee skoolvakansies en twee langnaweke gedurende die 14 weke tyd. Omdat hierdie reis nie ’n individuele reis is nie, maar ’n reis wat ons as gemeente saam deurmaak, gaan ons gefokusde tye hê, wanneer soveel as moontlik lidmate hier in Durbanville is en kan deelneem aan die reis.

Ons reis loop dus nie vanjaar oor 14 weke nie, maar word verdeel in twee dele: 10 Februarie – 16 Maart en 5 Mei – 8 Junie.

Vanjaar se reis handel oor die goeie en mooi gemeenskap. Alhoewel elke gelowige op reis is met God, wil hierdie reeks ons juis help om te verstaan dat ons reis saam met God ook ’n reis is saam met medegelowiges. Jou reis saam met God, is ook ’n reis saam met Durbanville Gemeente.

En verder, die reis saam met God is ook ’n reis binne-in ’n spesifieke sosiale omgewing. Ons word geroep om die goeie en mooi God te aanbid, om ’n goeie en mooi lewe te leef, hier in ons gemeenskap, hier in Durbanville.

Daarom gaan ons ook in die tweede helfte van die reis hande vat met ander kerke in Durbanville, en gaan ons saam Pinkster vier, om te ontdek hoe die een liggaam van Jesus Christus ’n goeie en mooi gemeenskap vorm.

2. PAASfEES EN PiNKStErTussen die eerste en die tweede helfte van die reis, is Lydenstyd wat oploop na Paasfees. Ons gee in hierdie gids die tekste wat gelees gaan word en waaroor daar gepreek gaan word in hierdie tyd. Individue en kleingroepe kan hierdie tekste gebruik om saam met die gemeente te reis op die lydensweg van Jesus, op pad na Paasfees.

Die tweede helfte van die reis loop uit op Pinksterweek, wat ons saam met ander kerke in Durbanville gaan vier. Pinksterweek is 1 – 8 Junie, en dit gaan definitief ’n besondere geleentheid wees. Maak seker dat jy dit nie misloop nie, en nooi asseblief vriende en kollegas uit ander kerklike denominasies na hierdie spesiale Pinksterweek.

Hoe lyk die reisDaar sal ook tydens die Pinksterweek ’n Kinderpinkster aangebied word, vir kinders van Graad 1- 6.

So lyk die Pinksterprogram:

Pinkster 2014: Die goeie en mooi gemeenskap

Sondagaand – Donderdagaand, 1 – 5 Junie:

Pinksterdienste om 18:30 in Durbanville Gemeente se kerkgebou (elke aand preek ’n dominee, pastoor of vader van ’n ander gemeente)

Kinderpinkster om 18:30 in Durbanville Gemeente se gemeentesentrum

Sop na afloop van die eredienste in die gemeentesentrum

Vrydagaand, 6 Junie:

Potjiekos-kuier saam met ander kerke om 18:30 by Durbanville Gemeente se gemeente-sentrum

3. OuErS EN KiNdErSTerwyl ons besig is met hierdie reis, is ons kinders in junior en senior kategese besig met dieselfde reis, maar op ’n eenvoudiger vlak. Die kinders kry ook ’n gids. Hulle lees elke week dieselfe teksgedeeltes en oefen dieselfde geloofsgewoontes in.

Ouers met jonger kinders word aangemoedig om elke week saam met hulle kinders hul boekie te bestudeer en hulle te help met die aktiwiteite.

Gesinne kan elke week tydens ete of huisgodsdiens die teks van die week lees (gebruik gerus die volgende Bybelvertalings: Die Bybel@kinders / Bybel vir almal). Deel met mekaar hoe julle vaar met die geloofsgewoonte vir die week. Gesinne kan ook aan die einde van die dag die daaglikse nadenke saam doen, en vir mekaar vra:

• WiehetGodvandagoorjoupadgestuur?• Waarhetjyvandagliefdegegeeofontvang?• Waarhetjyvandaggesukkelomliefdetegeeofteontvang?

Die kinders moenie alleen die vragies beantwoord nie. Elkeen moet ’n beurt kry. Dit is baie belangrik vir kinders se geloofsvorming dat hulle sal hoor hoe hulle ouers hul geloof probeer uitleef in die alledaagse lewe. As ouers eerlik kan praat oor hul pogings (en mislukkings!) om die geloofsgewoonte vir die week uit te leef, gaan hulle kinders se geloof ontsettend baie daarby baat.

6 7

4. GElOOfSGEwOONtESOns gaan deur die reis ’n paar geloofsgewoontes inoefen. Hierdie geestelike dissiplines is eeue-oue wyshede. Dit is verhoudingsgewoontes wat van groot belang is vir ons lewe saam met God.

Jan Johnson het ’n mooi manier om die belang van geloofsgewoontes in ons lewe te beskrywe: “We do the connecting, God does the perfecting.” Deur die geloofsgewoontes stel ons ons oop vir God. Ons skep spasie vir God om in en deur ons te werk. Dit is nie die geloofsgewoontes wat ons verander nie, slegs God kan ons verander. Daarom moet alle wettiese beklemtoning van geloofsgewoontes as selfhelp-projekte afgewys word. Ons as gemeente gaan mekaar hiermee help. Dit is die doel waarvoor ons hier is, naamlik om mekaar te ondersteun in ons reis saam met God. Ons leer en groei saam in ons verhouding met God en in ons daaglikse lewe saam met God. Daarom gaan ons in ons kleingroepe en families vir mekaar terugvoering gee oor hoe ons die oefeninge beleef.

5. AGtErGrONdDie hart van die Christelike geloof is om die drie-enige God eerstehands te leer ken en om te leer om eerstehands saam met die drie-enige God te leef.

In die proses word ons innerlik getransformeer. Hierdie innerlike transformasie lei na emosionele gesondheid en geestelike volwassenheid.

En dit loop alles uit op diens aan ons naaste en die skepping, dit wil sê om medewerkers te wees van God se nuwe wêreld.

In Durbanville Gemeente is ons voortdurend met hierdie proses besig:2009 40 dae met Jesus2010 40 dae: Jesus maak ons heel2011 40 dae: Jesus stuur ons

2012 Die goeie en mooi God2013 Die goeie en mooi lewe2014 Die goeie en mooi gemeenskap

Hierdie herhalende proses behels ’n inoefening van ons gemeente se visie: a) dissipels van Jesus (eerstehandse leef met God)b) groei saam (heelmaking en vernuwing)c) in diens van God se nuwe wêreld (diens en getuienis)

Ons lewe saam met God is nie ’n lineêre reis, van punt A na B nie, maar meer van ’n spiraalbeweging. Ons lewe saam met God raak dieper en voller en vryer, tot diens aan ons naaste en die skepping. Daarom is ons oor en oor besig om dieselfde visie in te oefen.

6. BrONHierdie gemeentegids is gebaseer op ’n reeks boeke van James Bryan Smith, wat ook in Afrikaans vertaal is:

The good and beautiful God Die goeie en mooi GodThe good and beautiful life Die goeie en mooi leweThe good and beautiful community Die goeie en mooi gemeenskap

Hierdie gids is net ’n inleiding tot hierdie materiaal. Individue of kleingroepe wat dieper wil delf in die materiaal, word aangemoedig om die boek: The good and beautiful community of Die goeie en mooi gemeenskap aan te koop.

Kleingroepe word aangemoedig om in die tweede helfte van die jaar die boek te gebruik vir kleingroepmateriaal. Die boek is baie meer omvattend as hierdie inleidende gids.

Aangesien hierdie onderwerp nie net gaan oor informasie nie, maar oor die transformasie van ons gemeenskap, sal dit baie sinvol en verrykend wees vir kleingroepe en individue om in die tweede semester deur die boek te lees, dit te bespreek en die inhoud nog dieper te integreer in hul geloofsgemeenskap.

Kontak gerus Lux Verbi.BM by 021 406 3033 / www.luxverbi-bm.com, of vind die boek in ’n boekwinkel of aanlyn-winkel.

7. lEctiO diViNADie Bybel wil gelees en gehoor word as die lewende stem van God. Daarom moet ons luisterend, wagtend lees. Lectio Divina is ’n ou luistermetode vanuit die vroeë kerk, wat ons hiermee kan help. Vloei van Lectio Divina:1. Lees die teks rustig deur. Probeer verstaan wat jy lees. Moet egter nie vashaak by

dinge wat jy nie verstaan nie.2. Lees die teks ’n tweede keer deur: •Leesluisterend,wagtend,omJesussestemvirjoutehoor. •Isdaar'nwoord,beeldofsinwatvirjouuitstaan? •Gaan"sit"indaardiewoord,beeldofsin,enhoorwatdieGeesvirjouwilsê.

(Bestee 75% van jou tyd aan punt 2)3. Doen ’n kort gebed waarin jy antwoord op wat jy gehoor het.4. Maak notas. (Jy sal nie elke dag iets hoor nie – dit is normaal.)

8 9

Jesus het gesê die hele wet kan opgesom word in twee dele: 1. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand. 2. Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. In hierdie reeks gaan dit oor die tweede deel: Om jou naaste lief te hê soos jouself.

Liefde vir God is nie moontlik sonder liefde vir jou naaste nie. Die twee gaan hand aan hand. Daarom sê 1 Johannes 4:20-21 die volgende: “As iemand sê: ‘Ek het God lief,’ en hy haat sy broer, is hy ’n leuenaar; want wie sy broer wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. En hierdie gebod het ons van Hom gekry:WievirGodliefhet,moetooksybroerliefhê.”

Ons bewys nie ons liefde vir God deur uiterlike, oppervlakkige goeie dade teenoor ons naaste nie. In die vorige reeks, Die goeie en mooi lewe, het ons gesien dat Jesus in die Bergrede telkens sê dat die motivering waarmee ons dinge doen, nog belangriker is as die daad self, want God ken ons hart. Paulus sê immers in 1 Korintiërs 13:3: “Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maarekhetgeenliefdenie,baatditmyniks.”

Maar daar is ook ’n ander gevaar. As ons dink dat ons harte rein en vol liefde is, maar dit loop nie oor in goeie dade teenoor ons naaste nie, dan maak ons ’n groot fout. Jakobus 2:14-17stelditduidelik:“Wathelpdit,mybroers,asiemandbeweerdathyglo,maarsydade bevestig dit nie? Kan so ’n geloof ’n mens red? Sê nou daar is ’n broer of ’n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, en sê nou een van julle sou vir hulle sê: ‘Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,’ maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan? So gaan dit ook met die geloof:asditnietotdadeoorgaannie,isditsondermeerdood.”

Ons weet ons word volkome uit genade gered, nie deur ons goeie dade nie. Efesiërs 2:8-9 sê: “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom hetniemandenigeredeomophomselftrotsteweesnie.”Maaronsreddingisnie’ndoelin sigself nie. Ons word gered met die doel om ons naaste te dien in liefde. Daarom sê Efesiërs 2:10: “Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskepomonslewetewyaandiegoeiedadewaarvoorHyonsbestemhet.”

In ons samelewing word liefde vir God en liefde vir ons naaste dikwels van mekaar geskei en selfs teenoor mekaar gestel. Sosiale aktiviste wat veg vir geregtigheid, kan soms te veel fokus op die goeie daad self, en die hart waarmee die goeie daad gedoen word, nie in ag neem nie. Maar toegewyde gelowiges kan weer te veel fokus op die hart, en nie genoeg aandag gee aan liefde vir ons naaste nie.

Liefde vir ons naaste behels nie ’n goeie daad hier en daar nie. Dit is ’n allesomvattende manier van leef, wat spruit vanuit ons liefde vir God. Dit raak elke verhouding waarin ons staan. Dit raak elke interaksie met elke persoon wat ons pad kruis deur die dag. Dit help nie ons gee geld vir liefdadigheid, maar ons skree op ons kinders by die huis nie. Dit help nie ons werk vir ’n maatskappy wat duisende mense help, maar ons tree liefdeloos teenoor ons kollegas op nie.

Om deel te wees van ’n goeie en mooi gemeenskap, beteken om mekaar lief te hê, om mekaar te vergewe, om mekaar te dien, om mekaar te seën, om vrygewig teenoor mekaar te wees, om mekaar te bemoedig, om geduldig te wees met mekaar en te strewe na eenheid onder mekaar.

Dit is slegs moontlik as ons leef in die geloof dat God alreeds al hierdie dinge vir ons doen in Jesus Christus, en ook dat God ons in staat stel om dit vir mekaar te doen deur die werking van die Heilige Gees. Ons het mekaar lief, omdat God ons liefhet en ons in staat stel om lief te hê. Ons vergewe mekaar, omdat God ons vergewe en ons in staat stel om mekaar te vergewe.

Die goeie en mooi gemeenskap word nie gevorm deur ons goeie dade nie, maar deur God, wat die Vader van almal is, deur Jesus Christus, wat die Here oor almal en die Hoof van die geloofsgemeenskap is, en deur die Heilige Gees wat die geloofsgemeenskap bymekaarbring, in eenheid saambind en met krag uitstuur as getuies in die breër gemeenskap. Om aktief deel te wees van die goeie en mooi gemeenskap, beteken om aktief deel te neem aan dit wat God Drie-enig doen.

Om ons naaste lief te hê, om vir ons naaste om te gee, om ons naaste te help, is nie iets wat ons doen omdat ons hulle jammerkry, omdat ons op hulle neersien as hulpeloos of minderwaardig nie. Ons doen dit omdat ons almal kinders van dieselfde Vader is, omdat ons dienaars van dieselfde Here en Hoof is, omdat dieselfde Gees in ons werksaam is.

’n Lewe in die goeie en mooi gemeenskap begin dus deur met nuwe oë na ons naaste te kyk. Elke dag kruis daar tientalle mense ons pad, wat ons naaste is, mense vir wie God lief is. In ons huis, terwyl ons ry in ’n motor, in ons werk, in die gimnasium, in die winkels, langs die sportveld, by die kerk, oral waar ons leef en beweeg, stuur God mense oor ons pad vir wie ons kan liefhê en dien. Sien ons hulle raak?

In hierdie reis gaan ons ’n geloofsgewoonte inoefen wat ons gaan help om ons naaste raak te sien, naamlik Daaglikse Nadenke. Dit behels om aan die einde van elke dag na

die goeie en mooiGEMEENSKAP

Week 1 • 10-16 Februarie

10 11

tedinkoordiemensewatGodooronspadgestuurhet,envirGodtevra:Waarhetekvandagliefdeontvangofgegee?Waarhetekvandaggesukkelomliefdeteontvangoftegee?

1 Johannes 4:7-21

Daaglikse Nadenke

Ons gaan deur die loop van die reeks Daaglikse Nadenke inoefen. Om ’n bietjie in oefening te kom hiermee, kan jy hierdie week al die mense se name neerskryf wat oor jou pad gekom het, of as jy nie hulle name ken nie, waar jy hulle teëgekom het. Probeer op elke punt van hierdie ster, iemand neerpen.

VrA Vir GOd:• WiehetUvandagoormypadgestuur?• Waarhetekvandagliefdegegeeofontvang?• Waarhetekvandaggesukkelomliefdetegeeofteontvang?

Geloofsgewoonte Vir diE wEEK

Lectio Divina teks Vir diE wEEK

Week 1 • 10-16 FebruarieWeek 1 • 10-16 Februarie

Notas...

12 13

Gesprek in kleingroep en/of familie

Notas...

James Bryan Smith vertel in sy boek The good and beautiful community / Die goeie en mooi gemeenskap van twee verskillende ervarings van ’n geloofsgemeenskap.

Die eerste was sy kerk waarin hy grootgeword het. Daar moes hy altyd tjoepstil sit op die harde kerkbank, vir baie langer as wat ’n kind wil stilsit. Alhoewel al die mense in die kerk uit dieselfde agtergrond gekom het (wit, middelklas, Metodiste), het niemand met mekaar gepraat nie, maar met somber gesigte voor hulle gekyk. Die enigste hoogtepunt vir James was die vier Sondae in ’n jaar wat hulle nagmaal gekry het, want dan kon hy ’n stukkie brood en ’n slukkie druiwesap kry. Elke Sondag het James (ironies genoeg) gebid dat hulle nie kerk toe hoef te gaan nie, want hy het niks verstaan nie en geen deel daarvan was vir hom ’n vreugde nie.

Die tweede ervaring was as ’n student. James is genooi na ’n Bybelstudie op ’n Woensdagaandin’nkoshuiskamer.Ditwas’nbaievreemdegroepmense.Daarwasvanalle kleure en geure. Party was mal oor sport en ander was sterk in akademie. Sommige was aantreklik en ander was minder aantreklik. Daar was mans en vrouens, swart en wit. Daar was ook heel party gestremde mense in rolstoele en ’n paar verstandelik gestremdes. En die vreemdste van alles: hierdie mense het gelyk asof hulle opgewonde is om hier te wees. Hierdie vreemde groep mense was nie ’n gewone vriendekring nie. En hulle is nie bymekaargebringdeur ’ndinamiesesprekerofprofessionelemusikantenie.Wathulledaar gekry het, was ’n ervaring van ’n goeie en mooi gemeenskap.

Dieselfde, maar anders

Die kerk is dieselfde as die wêreld, maar ook anders. Christene neem nie ’n nuwe kultuur aan nie. Sedert die vroeë kerk in Handelinge, het Christene hul geloof binne hul eie kultuur uitgeleef. Die Grieke hoef nie Jode te geword het om Christus te volg nie, maar kon binne hul eie kultuur Christus dien. Vandag hoef ons nie soos in Jesus se tyd te leef, met lang rokke en sandale, om dissipels van Jesus te wees nie. Ons kan, en ons móét in ons eie tyd en kultuur Christus gehoorsaam.

En tog is die kerk anders as die wêreld. As volgelinge van Jesus kan ons nie sommer net inval by die gebruike en gewoontes van ons wêreld nie, maar leef ons as lede van ’n vreemde gemeenskap. Al leef ons in hierdie wêreld, is ons burgers van God se nuwe wêreld.

die vreemdeGEMEENSKAP

Week 2 • 17-23 Februarie

1. Gebed

2. Lees die teks vir die week: 1 Johannes 4:7-21

Stilte (Elkeen kan in stilte weer die teks lees of net in stilte nadink). Oop gesprek: Hoe het die Here jou lewe deur die teks geraak?

3. Elkeen kry ’n beurt om te vertel hoe dit gaan met die geloofsgewoonte vir die week: Daaglikse Nadenke

(Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

4. Weekliksenadenke

•WiehetGodhierdieweekoorjoupadgestuur? •Waarhetjyliefdegegeeofontvang? •Waarhetjygesukkelomliefdetegeeofteontvang? (Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

5. Is daar iets waarvoor die groep vir jou kan bid?

Week 1 • 10-16 Februarie

14 15

’n Brief aan Diognetos in 150 nC beskryf baie mooi hoe die vroeë kerk met albei voete in die wêreld geleef het, maar tog vreemd was vir die wêreld:

“Die verskil tussen Christene en ander mense is nie nasionaliteit, taal of kultuur nie. Christene leef nie in aparte stede nie, praat nie ’n spesiale dialek nie, en beoefen nie ’n eksentrieke lewenswyse nie ... Hulle pas aan by die gewone plaaslike gebruik in kleredrag, dieet, en ander gewoontes. Tog is hulle gemeenskap in sekere opsigte merkwaardig, selfs verrassend. Hulle woon in hulle eie land, maar as vreemdelinge ... Elke vreemde land is hul vaderland en elke land is vreemd aan hulle ... Hulle deel hulle tafels, maar nie hulle beddens nie. Hulle lewe in die vlees, maar nie na die vlees nie. Hulle vertoef op aarde, maar is tuis in die hemel. Hulle gehoorsaam die vasgestelde wette, maar in hulle eie lewens oortref hulle die wette. Hulle het almal lief, maar word deur almal vervolg ... Hulle is arm, maar maak ander ryk. Hulle kom alles kort, maar het tog in alles oorvloed. Hulle word onteer, maar dié ontering strek hulle tot roem ... Hulle word gesmaad, en hulle seën. Hulle word beledig, en hulle bewys eer. As hulle goed doen, word hulle bestraf as kwaaddoeners. As hulle gestraf word, verheug hulle hul asof hulle tot lewe kom. Deur die Jode word hulle bestry as vreemdelinge, deur die Grieke word hulle vervolg. En tog kan diegenewathullehaat,geenredevirhullevyandskapgeenie.” ’n Vreemde God

Die rede hoekom ons as Christene so leef, is omdat Christus vir ons kom wys het dat dit is hoe God is. Terwyl ons God haat, het God ons lief. Terwyl ons God se vyande is, is God ons Vriend. Terwyl ons die rug op God draai, draai God na ons. Terwyl ons vir God weghardloop, nader God tot ons. Terwyl ons God vervloek, spreek God ons vry. Terwyl ons sondaars is, vergewe God ons. God se karakter word openbaar deur Jesus se gebed aan die kruis, vir die mense wat Hom kruisig: “Vader vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulledoennie.”DitishoeGodis.

En daarom is dit ook hoe ons nuwe lewe in Christus lyk. Dít is wat Christene so vreemd maak in hierdie wêreld. Ons is vreemde mense, want ons lewe vir ’n vreemde God, wat mense nie behandel op grond van meriete en verdienste nie, maar op grond van onvoorwaardelike liefde en onuitputlike genade.

Deur die eeue tot vandag toe is daar eindelose verhale van Christene wat vreemde dinge doen uit liefde vir hul naaste. Soos Nigel en Trish Branken, wat uit vrye keuse besluit het om hul ses-slaapkamer huis in Midrand te verlaat, en om met hul ses kinders in ’n woonstel in Hillbrow te gaan bly – vreemd.

Wanaangepas

Christene is soms so vreemd, dat mense dink hulle is wanaangepas. En in ’n sekere sin is hulle reg: Christene is wanaangepas by die weë van hierdie wêreld, want ons pas aan by die weë van God se nuwe wêreld. Christene behoort nie aan te pas by onreg, oneerlikheid, gierigheid, materialisme, individualisme en selfsug nie. Christene behoort

Week 2 • 17-23 Februarie Week 2 • 17-23 Februarie

Geloofsgewoonte Vir diE wEEK

Lectio Divina teks Vir diE wEEK

altyd haaks te staan teen rassisme, seksisme, klassisme, homofobie en xenofobie. Net as ons weet dat ons burgers van ’n ander wêreld is, kan ons ’n goeie en mooi gemeenskap wees in hierdie wêreld.

1 Petrus 2:11-25

Twee-by-vier

Ons aanbid ’n vreemde God en lewe daarom vreemde lewens. Die geloofsgewoonte van die week fokus op die vreemde God en op ’n vreemde lewe.

Twee:Probeer om hierdie week twee ure saam met God te spandeer. Dit kan opgedeel word in verskillende tydgleuwe (waarvan ’n uur se erediens tel as een uur). Terwyl jy Bybel lees, bid, of liedere sing, dink na oor hoe vreemd en onverdiend God se liefde en genade vir jou is.

Vier:Probeer om hierdie week vier onselfsugtige en onverwagse dade van deernis en vrygewigheid te doen. Byvoorbeeld:• Biedaanomiemandseinkopiesvirhulletedoen• Helpiemandomtetrek• Help’nkollegametietswatniejouverantwoordelikheidisnie• Snyjoubuurmansegras• Sit’nekstrabroodjieinjoukosblikviriemandanders

Jy kan ook dinge doen, wat nie noodwendig iemand help nie, maar waardeur jy inoefen om nie aan te pas by die wêreld nie. Byvoorbeeld:• Omniejouselfoonoptegradeernie,alkanjy• Omnieietstekoopnie,watjynieregtignodighetnie• Stapofryfiets,eerderasommotortery• Groetiemandvreemd,watjygewoonliksouignoreer• Ondersteundiekinderswatteenjouskoolsportspeel• Rystadigenvriendelik

16 17

Gesprek in kleingroep en/of familie

Notas...

1. Gebed

2. Lees die teks vir die week: 1 Petrus 2:11-25

Stilte (Elkeen kan in stilte weer die teks lees of net in stilte nadink). Oop gesprek: Hoe het die Here jou lewe deur die teks geraak?

3. Elkeen kry ’n beurt om te vertel hoe dit gaan met die geloofsgewoonte vir die week: Twee-by-vier

(Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

4. Weekliksenadenke

•WiehetGodhierdieweekoorjoupadgestuur? •Waarhetjyliefdegegeeofontvang? •Waarhetjygesukkelomliefdetegeeofteontvang? (Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

5. Is daar iets waarvoor die groep vir jou kan bid?

VrA Vir GOd:• WiehetUvandagoormypadgestuur?• Waarhetekvandagliefdegegeeof

ontvang?• Waarhetekvandaggesukkelomliefdete

gee of te ontvang?

Daaglikse NAdENKE

Notas...

Week 2 • 17-23 Februarie Week 2 • 17-23 Februarie

18 19

1Petrus3:15sê:“Weesaltydgereedom’nantwoordtegeeaanelkeenwatvanjulle’nverduidelikingeisoordiehoopwatinjullelewe.”

Elkeen van ons getuig elke dag oor die hoop wat in ons lewe (of nie in ons lewe nie). Met ons dade en woorde getuig ons of ons leef vanuit die hoop dat God se nuwe wêreld op pad is.

Dit kan maklik gebeur dat ons onsself weerspreek. Ons kan miskien Sondag in die kerk sing dat ons hoop het dat God se nuwe aarde oppad is, maar Saterdag om die braaivleisvuur, as die gesprek by politiek gaan draai, kan ons wanhopig raak. Of ons kan miskien Sondag in die kerk bely dat Christus ons enigste hoop is, maar Maandagoggend plaas ons ons hoop op ons besigheidsplanne.

Dit kan ook maklik gebeur dat ons dade ons woorde weerspreek. Ons kan dalk ’n hoopvolle boodskap verkondig met ons mond, terwyl ons dade spreek van wantroue, vrees, bekommernis en die soeke na ons eie belang.

Die fondament van ons geloof en liefde

Kolossense1:3-5sê(klembygevoeg):“WanneeronstotGod,dieVadervanonsHereJesus Christus, bid, dank ons Hom altyd vir julle omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges. Hierdie geloof en liefde is gegrond op die hoop watvirjulleindiehemelbewaarword...”

Ons geloof in God en ons liefde vir mekaar, spruit vanuit ons hoop dat God se nuwe wêreld op pad is. Omdat ons hoop het dat God se nuwe aarde aan die kom is, hoef ons nie meer naarstigtelik vas te klou aan ons lewens nie, maar kan ons ons lewens prysgee vir God en vir mekaar.

Ons hoop

Let op dat Paulus in die meervoud praat. Dit is nie my hoop nie. Dit is ons hoop. Dit is hoop vir die wêreld. Die goeie en mooi gemeenskap is ’n gemeenskap wat saamgebind word deur die gemeenskaplike hoop op God se nuwe wêreld. Die kerk, die geloofsgemeenskap,

bestaan omdat Jesus se opstanding uit die dood vir die wêreld ’n nuwe hoop, ’n nuwe toekoms gegee het.

Die kerk is nie ’n klub van soortgelyke mense nie, maar mense wat een toekomsvisie deel: God se nuwe wêreld, waarin alles nuut- en heelgemaak sal word, waarin geregtigheid sal seëvier, waarin alle mense met God en met mekaar versoen sal word en waarin vrede sal heers. Soos wat ons lewens belyn word met hierdie toekoms, word ons as gelwoiges al hoe nader aan mekaar getrek. Ons is sáám in diens van God se nuwe wêreld.

’n Nuwe storie

Die geloofsgemeenskap leef met ’n nuwe storie, en nie meer met die stories wat die wêreld vir ons vertel nie. Hierdie storie begin by God se skepping van die wêreld as ’n goeie en ’n mooi wêreld, en die mens as God se verteenwoordiger op aarde. Daarna kom die sonde, wat mense se verhouding met God, met mekaar, met die wêreld en met hulself beskadig. God kies dan ’n klein groepie mense, Israel, waardeur God al die volke van die aarde wil seën. God bevry hulle van onderdrukkende magte, en maak van hulle ’n volk van God, ’n lig vir die nasies, ten spyte van al hulle foute. Jesus is Israel se Messias, die Koning. Jesus volbring God se belofte dat al die volke van die wêreld deur Israel geseën sal word. Jesus kom vestig God se Koningsheerskappy op aarde, nie deur mag en krag en geweld nie, maar deur selfopofferende liefde en genade, wat eindig op ’n kruis. Na Jesus se hemelvaart en uitstorting van die Heilige Gees, leef sy volgelinge, die kerk, as getuies dat Jesus die Koning, die Here, oor die hele aarde is en dat God se nuwe aarde op pad is. Ons leef as deel van ’n goeie en mooi gemeenskap, wat elke dag bid en werk vir die koms van God se nuwe wêreld.

’n Mens sou nog baie oor ons storie kon sê, maar dit is reeds duidelik dat dit in skrille kontras staan met stories wat ons daagliks hoor, wat vir ons sê:• Besittings,goeiehuisvestingenfinsansiëlevoorsieninggeesekuriteit.• Aanvaarding,erkenningenroembetekendatmensevirjouomgee.• Sukses,voorspoedenprestasiebepaaljouwaardeindiewêreld.• Dielewegaanoorjougelukenselfvervulling–volgnetjouhart!

Gelowiges se lewens is nie veilig in hierdie wêreld nie, maar veilig in God se nuwe wêreld. Ons hoop is nie in die dinge van hierdie lewe nie, maar in die belofte van die lewe op God se nuwe aarde. Ons vertrou nie op die magte van hierdie wêreld nie, ons jaag nie die skatte van hierdie aarde nie, en ons begeer nie immorele plesier nie, want ons het ’n hoop wat verder strek as die lewe hier.

’n Nuwe identiteit

Die verbasende ding is dat ons nie burgers van God se nuwe wêreld moet word nie. Ons isditreeds.Deurmydoophetdieou“ek”gesterfenhet’nnuwemensopgestaan,watreeds ’n inwoner is van die nuwe wêreld. Die nagmaal is die voedsel van God se nuwe aarde, wat ons voed en versterk en ons herinner waarheen ons oppad is, waar ons huis

die hoopvolleGEMEENSKAP

Week 3 • 24 Februarie - 2 MaarT

Week 3 • 24 Februarie - 2 MaarT

20 21

is. Ons leef in hierdie wêreld as bywoners, as burgers en ambassadeurs van ’n ander wêreld wat op pad is.

Die kerk laat nie God se verhaal voortleef nie. God se verhaal laat ons voortleef, met hoop. Dit is nie ons dade wat God se storie waar maak nie. Dit is die waarheid van God se storie wat ons lewens verander. Soos wat God se storie al hoe meer deel raak van ons lewe, en ons al hoe meer deel raak van ’n goeie en mooi gemeenskap, word ons lewens omvorm tot ’n teken van hoop.

Romeine 15:1-13

Deel met iemand die hoop wat in jou leef

Baie mense vind dit bedreigend en uitdagend om te getuig, maar dit kan ’n besonderse belewenisvanomgeewees.Diegedagteisnieom’n“toespraak”voortebereienditopdie eerste, beste slagoffer af te forseer nie. Volg hierdie proses:

1. Bid. Vra dat God iemand oor jou pad sal stuur. Miskien kom daar reeds in jou gebed iemand se naam by jou op.

2. Kyk. WeessensitiefvirmensewatGodoorjoupadstuur.3. Reik uit. Gaan drink koffie of eet middagete saam met iemand.4. Luister. Vergeet wat jy wil sê en luister met opregte belangstelling en deernis na

hoe dit in hierdie persoon se lewe gaan. Plaas jouself in die persoon se skoene en verwoord jou opregte empatie.

5. Verbind. Probeer om die persoon se lewe te sien binne God se verhaal, en help hom/haaromdaardieverbindingtemaak.Miskienkanjy’nvraagvra,soos:Watgeejouhoop?WaardinkjyisGodinditalles?

6. Deel. As die persoon vir jou vra om jou perspektief te gee, kan jy iets deel vanuit jou lewe, oor die hoop wat in jou lewe. Dit gaan nie daaroor om raad te gee of om die persoon te oortuig nie, maar om te getuig van dit wat God in jou lewe gedoen het.

Onthoudiewoordevan1Petrus3:15-16:“Weesaltydgereedom’nantwoordtegee aan elkeen wat van julle ’n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. MaardoenditmetbeskeidenheidenmeteerbiedvirGod.”Jyhoefditdusnietedoen as dit nie gevra word nie, maar jy moet gereed wees. En as dit gevra word, dan moet jy dit doen in nederigheid.

7. Nooi. Nooi die persoon na ’n erediens, kleingroep-byeenkoms of uitreik-aksie – ’n geleentheid waar die persoon iets kan ervaar van ’n goeie en mooi gemeenskap.

Geloofsgewoonte Vir diE wEEK

Lectio Divina teks Vir diE wEEK

VrA Vir GOd:• WiehetUvandagoormypadgestuur?• Waarhetekvandagliefdegegeeof

ontvang?• Waarhetekvandaggesukkelomliefdete

gee of te ontvang?

Daaglikse NAdENKE

Notas...

Week 3 • 24 Februarie - 2 MaarTWeek 3 • 24 Februarie - 2 MaarT

22 23

Gesprek in kleingroep en/of familie

Notas...

1. Gebed

2. Lees die teks vir die week: Romeine 15:1-13

Stilte (Elkeen kan in stilte weer die teks lees of net in stilte nadink). Oop gesprek: Hoe het die Here jou lewe deur die teks geraak?

3. Elkeen kry ’n beurt om te vertel hoe dit gaan met die geloofsgewoonte vir die week: Deel met iemand die hoop wat in jou leef

(Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

4. Weekliksenadenke

•WiehetGodhierdieweekoorjoupadgestuur? •Waarhetjyliefdegegeeofontvang? •Waarhetjygesukkelomliefdetegeeofteontvang? (Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

5. Is daar iets waarvoor die groep vir jou kan bid?

die bemoedigendeGEMEENSKAP

Week 4 • 3-9 MaarT

Week 3 • 24 Februarie - 2 MaarT

Wat is ’n kerk?

Daar is deesdae ’n verkeerde verstaan van die kerk. Mense is geneig om te dink dat die kerk ’n instansie is wat mense geestelik bedien. Maar in der waarheid is gelowiges self die kerk, en staan hulle in diens van God se nuwe wêreld.

Selfs die manier waarop ons praat, verklap ons foutiewe denke: “Waar is jou kerk?Hoekomgaan jy soontoe?Watdoen joukerk?”Sulke vrae laatdit klinkasofdiekerk’n plek is waarnatoe jy gaan en wat sekere dienste vir jou bied. Maar die kerk is nie ’n instansie nie, dit is ’n groep mense. Gelowiges gaan nie kerk toe nie, ons is die kerk. Gelowiges word nie bedien deur die kerk nie, maar ons word deur Christus opgeroep tot diens in sy koninkryk.

Die Griekse woord vir kerk, ekklesia, beteken om uitgeroep te wees. God roep ons uit die wêrelduitomindienstestaanvanGodsenuwewêreld.DallasWillardstelditso:“Diekerkisvirdissipelskapendissipelskapisvirdiewêreld.”Binnediegeloofsgemeenskapword ons gevorm as dissipels van Jesus, sodat ons tot diens kan wees in God se koninkryk.

Lewensveranderend

Om deel van die kerk te wees, behels dus nie ’n geestelike aanvulling of verryking van my lewe nie, maar die transformasie van my lewe tot diens van God en my naaste. ’n Goeie en mooi gemeenskap is nie ’n gemeenskap wat so goed preek en so mooi sing dat ek dit aanloklik en inspirerend vind nie. Dit is nie ’n goeie en ’n mooi vertoning waarna mense kom kyk nie. Nee, ’n goeie en mooi gemeenskap is ’n gemeenskap waarbinne gelowiges, die kerk, mekaar skaaf en skuur om goeie en mooi lewens te leef, tot eer van die goeie en mooi God.

Elke gelowige is ’n lid van die kerk, ’n deel van Christus se liggaam. En elke gelowige is ’n sendeling. Nadat ons bymekaargekom het om saam God te aanbid, om te getuig van Godsewerkeinonslewe,omteluisternaGodseWoord,omdeurdiedoopennagmaalherinner te word dat ons burgers is van God se nuwe wêreld, en om te bid vir die koms van God se koninkryk, word ons elkeen uitgestuur as sendelinge, as getuies van God se nuwe wêreld.

24 25

Word wat jy is

Die kerk hoef my nie te aanvaar soos ek is nie. Die kerk mág my nie aanvaar soos ek is nie! Die kerk, bedoelende my medegelowiges, my mede-burgers van God se nuwe wêreld, moet my nie aanvaar vir wie ek nou is nie, maar vir die nuwe skepping wat ek op God se nuwe aarde gaan wees. Die goeie en mooi gemeenskap moet my help om te word wat ek reeds is: ’n nuwe mens in Christus.

Die geloofsgemeenskap moet my telkens herinner: “Jy is die sout vir die aarde. Jy is die lig vir diewêreld.”Die kerkmoetmy help om te onthou dat ek ook kerk is, datek ook ekklesia is, dat ek ook uitgeroep is uit die wêreld om te getuig van Christus se Koningsheerskappy oor die aarde. My mede-reisigers, wat saam met my op weg is na God se nuwe wêreld, moet my aanmoedig om te volhard en reghelp wanneer ek koers verloor. Binne die gemeenskap van gelowiges word ek telkens herinner aan ons gedeelde storie, waar ons vandaan kom en waarheen ons oppad is, sodat ek nie vergeet wie ek is en waarheen my lewe oppad is nie.

Verantwoordbaar

Warebemoediging,behelsdatonsookdiemoedsalhêom,wanneerditnodigis,metdeernis mekaar te vermaan. 1 Tessalonisense 5:14 sê: “Ons druk julle dit op die hart, broers:Wysdie leeglêersonder julle tereg,praatdiekleinmoedigesmoed in,helpdieswakkes,weesmetalmalgeduldig,”enHebreërs10:24sê:“Laatonsooknamekaaromsiendeurmekaaraantespoortotliefdeengoeiedade.”

Dit gaan nie daaroor om mekaar te veroordeel nie, maar om genoeg vir mekaar om te gee dat ons nie anderpad sal kyk as ons medegelowiges struikel nie. Dit gaan daaroor om mekaar in liefde op te help as ons val, en reg te help as ons die pad byster raak. As mede-reisigers moet ons verantwoordelikheid neem vir mekaar en mekaar verantwoordbaar hou aan die roeping op ons lewens.

Mede-reisigers

Elkeen van ons se perspektief op ons eie lewe is beperk. Daarom het ons mekaar nodig om ’n buitestaander se perspektief te kry. Die geloofspad is genadiglik nie ’n alleenloper-pad nie. God gee vir ons medegelowiges wat ons kan bemoedig en vermaan, sodat ons op koers kan bly en nie moeg word en uitsak nie.

Dietrich Bonhoeffer sê in sy boekie Life together, dat ons dit nie as vanselfsprekend moet aanvaar dat ons ’n geloofsgemeenskap het om ons te bemoedig en reg te help nie. Daar is baie gelowiges wêreldwyd wat uit vrees vir hulle lewe vir niemand kan sê dat hulle Christene is nie, en dus niemand het wat hulle ondersteun en help op hulle geloosreis nie.

Die geloofsgemeenskap is ’n reuse groot geskenk aan ’n gelowige. Dit beteken dat ons nie die geloofspad alleen hoef te loop nie. Daarom is daar destyds, en vandag nog, dikwels in die konsistorie gebid vir die mense wat nie daardie Sondagoggend die erediens kan bywoon nie, weens siekte, ouderdom of watter ander rede ookal. Die voorreg om mede-gelowiges te hê wat ons bystaan op ons geloofsreis is iets wat ons nie gering moet skat nie. Die roeping om in diens te staan van God se nuwe wêreld is ’n groot en uitdagende roeping, maar God gee vir ons mede-gelowiges om ons te bemoedig en te help om daardie roeping uit te leef.

2 Korintiërs 1:3-11

Wees verantwoordbaar

Vra iemand om ’n verantwoordbaarheidsvennoot vir jou te wees. Dit is iemand met wie jy op ’n gereelde basis kan gesels oor jou pad van dissipelskap. Dit moet iemand wees wat jy kan vertrou, iemand wat sonder oordeel na jou sal luister, by wie jy veilig voel en wat jou sal kan bemoedig en vermaan waar nodig.

Verduidelik vir die persoon wat jy van hom/haar verwag: naamlik om op ’n gereelde basis ’n paar vrae vir jou te vra, om te luister, en om jou met deernis aan te moedig en reg te help, sodat jy kan groei.

Vrae wat die persoon vir jou kan vra, is:• HoegaanditinjouverhoudingmetGod,jouself,jounaaste,diewêreld?• Inwatterterreinvanjoulewebenodigjybemoediging?Vertelmeer.• WathoujouterugomtegroeiinjouliefdevirGod,jouself,jounaaste,diewêreld?

Geloofsgewoonte Vir diE wEEK

Lectio Divina teks Vir diE wEEK

Week 4 • 3-9 MaarT Week 4 • 3-9 MaarT

26 27

Gesprek in kleingroep en/of familie

Notas...

VrA Vir GOd:• WiehetUvandagoormypadgestuur?• Waarhetekvandagliefdegegeeof

ontvang?• Waarhetekvandaggesukkelomliefdete

gee of te ontvang?

Daaglikse NAdENKE

Notas...

1. Gebed

2. Lees die teks vir die week: 2 Korintiërs 1:3-11

Stilte (Elkeen kan in stilte weer die teks lees of net in stilte nadink). Oop gesprek: Hoe het die Here jou lewe deur die teks geraak?

3. Elkeen kry ’n beurt om te vertel hoe dit gaan met die geloofsgewoonte vir die week: Wees verantwoordbaar

(Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

4. Weekliksenadenke

•WiehetGodhierdieweekoorjoupadgestuur? •Waarhetjyliefdegegeeofontvang? •Waarhetjygesukkelomliefdetegeeofteontvang? (Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

5. Is daar iets waarvoor die groep vir jou kan bid?

Week 4 • 3-9 MaarT Week 4 • 3-9 MaarT

28 29

Huiskerk?

Sou dit nie beter gewees het as elke persoon in hulle eie huis God aanbid het, eerder as in ’n gesamentlike byeenkoms, in ’n erediens nie? Daar is soveel dinge wat jou aandag kan aftrek en jou fokus op God kan versteur in ’n erediens: die persoon langs jou kan vals sing, die begeleier kan ’n noot verkeerd speel, die dominee kan ’n flou boodskap hê, ’n baba kan begin huil op die kritiese punt van die preek, die harde banke of stoele maak dit ongemaklik om so lank te sit, jy kan verleë voel as jy nie na die erediens iemand het om mee te gesels tydens tee nie.

Ja, dit is dalk lekkerder om saam met ander mense te sing as op jou eie, en as die dominee die Bybel lees eerder as dat jy dit self moet lees. Maar met die wonder van pragtige voorafopgeneemde eredienste op radio of TV, kan jy nou in die gemak van jou sitkamer die Here aanbid. Hoekom nie?

Daar is niks fout daarmee as gelowiges in hulle eie huise die Here aanbid nie. Om die waarheid te sê, dit is problematies as gelowiges slegs in ’n erediens die Bybel lees, bid, die Here loof en prys.

Die doel van aanbidding

Ons maak egter ’n groot fout as ons dink dat ’n erediens in die eerste en laaste instansie gaan oor my ontmoeting met God. Die primêre doel van ’n erediens is nie om my te inspireer of geestelik te verryk nie. Dit is slegs ’n newe-effek. ’n Erediens gaan nie oor die inspirasie van die individu nie, maar oor die transformasie van die individu binne, deur en vir die geloofsgemeenskap.

Die primêre doel van aanbidding is die vorming van ’n goeie en mooi gemeenskap. Aanbidding is die ontvangs van en antwoord op God se verbondsbelofte: “Ek sal julle Godweesenjullesalmyvolkwees.”Diehoofdoelhoekomek’nerediensbywoon,isniesodat die dominee en die musiekbegeleier my kan help om God te aanbid nie, maar om my plek vol te staan as ’n lid van die geloofsgemeenskap, wat Sondag in aanbidding voor God verskyn.

die aanbiddendeGEMEENSKAP

Week 5 • 10-16 MaarT

Week 5 • 10-16 MaarT

Ek gaan nie na die erediens om kerkmusiek te hoor nie, maar om my stem toe te voeg tot die geloofsgemeenskap se lof aan God. Ek gaan nie na die erediens om ’n boodskap te ontvang nie, maar om te getuig van dit wat God in my lewe doen. Ek gaan nie sodat die dominee ’n seën oor my kan uitspreek nie, maar om vir my medegelowiges en vir die wêreld te bid. Ek vat nie my kinders saam sodat hulle deur die kerk geestelik opgevoed kan word nie, maar omdat hulle ook deel van die kerk is, wat in aanbidding voor God kom staan, doeke en al.

Gods-diens

Natuurlik ontvang ons ook baie in die erediens. Ons word bedien deur die musiek, deur dieWoordverkondiging, deur die sakramente, deur die gebede, deur die getuienisse,deur die samesyn. Maar ons gaan nie met doel om bedien te word nie, maar om God en sy gemeente te dien.

Die pa wat Sondagskool gee, en dalk nie eers die preek hoor of die seën ontvang nie, dien God en sy gemeente op daardie manier. Die gesin wat die nagmaal mis, omdat hulle tee gereed maak op die stoep, dien so vir God en sy gemeente. Die klein kindertjies wat nog niks verstaan van dit wat in die erediens gebeur nie, en die bejaardes wie se gehoor te swak is om die preek te kan hoor, dien God en sy gemeente deur hulle blote teenwoordigheid.

Nie ’n plig nie

Die erediens is egter nie ’n plig nie. God benodig nie ons aanbidding nie. God bly God, of ons God aanbid of nie. Maar God nooi ons uit om deel te neem aan die goeie en mooi gemeenskap se aanbidding. Aanbidding is om saam met ander gelowiges te reageer op die goedheid en mooiheid van God. Aanbidding is nie iets wat ons doen nie, maar ’n reaksie, ’n antwoord op God se liefde en genade.

Aanbidding is om te reageer op die werk van God, dit wat God gedoen het en wat God besig is om te doen. Ons nader nie tot God deur ons aanbidding nie, maar ons dank God dat Jesus Christus tot ons genader het. Ons kom nie na ’n erediens om ’n weg na God te soek nie, maar om vir Jesus te volg wat op weg is met die kerk. Ons daag nie op by ’n erediens omdat ons dink dat ons die wêreld kan verander nie, maar omdat God die wêreld nuutmaak en omdat God ons medewerkers daarvan maak.

Jou storie

Ons elkeen het ’n storie. Somtyds, veral as ons deur moeilike tye gaan, is dit moeilik om te weet hoe God inpas in daardie storie. En dan, as ons in ons huis sit en Bybel lees, kan dit voel asof die woorde hol en leeg is, of as ons op ons eie probeer bid, mag dit dalk voel asof ons teen die plafon vas bid.

30 31

Maar in ’n erediens word ons herinner dat ons storie deel is van ’n groter storie, van God se storie, van die geloosgemeenskap se storie. Dan ontdek ons dat God nie inpas in die storie van ons lewe nie, maar dat ons lewe inpas in die storie van God en sy gemeente. Ons probeer soms ons eie wêreldjie met ons eie hande bymekaarhou, maar in aanbidding maak ons ons hande oop in afwagting God se nuwe wêreld, en vat ons hande met medegelowiges, wat ons bystaan op die pad.

Kolossense 3:12-17

Aanbidding

Probeer om hierdie week die erediens te benader met die verwagting dat jy iets besonders gaan ervaar van God se ontmoeting met sy gemeente.

Hier is ’n paar wenke wat jou dalk kan help hiermee:• Speling. Probeer om vroeg genoeg te gaan slaap Saterdagaand en vroeg genoeg

op te staan Sondagoggend, dat daar genoeg speling is om rustig na die erediens te gaan, en sodat dit nie ’n malle gejaag is nie.

• Arriveer vroeg. Probeer om ten minste 10 minute voor die erediens begin daar te wees, sodat daar nog tyd is om met medegelowiges te gesels, te bid en jouself voor te berei vir die erediens.

• Kom met ’n verwagting. Vra vir God om jou bewus te maak van sy teenwoordigheid binne die geloofsgemeenskap.

• Kom vir meer as die preek. Let op na die verskillende aspekte van die erediens: die groet, die sang, die gebede, die dankoffer, die skuldbelydenis en vryspraak, die kinderboodskap, die sakramente, die skriflesing, die geloofsbelydenis, die wet, die Ons Vader, die getuienisse, die seënbede, die afkondigings, die tee-drinkery. Sien die beweging van God se Gees in hierdie elemente.

• Sien ander raak. Onthou dat God nie net vir jou ontmoet nie, maar die hele gemeente. Let op hoe medegelowiges op hulle unieke manier God aanbid, van die kleinste kindertjies tot die verswaktes en bejaardes.

• Doen iets. In die erediens word ons opgeroep en uitgestuur deur God. Gaan doen iets waardeur jy jou gehoorsaamheid prakties konkretiseer. Gee die eerste tree op die pad van nuwe lewe.

Geloofsgewoonte Vir diE wEEK

Lectio Divina teks Vir diE wEEK

VrA Vir GOd:• WiehetUvandagoormypadgestuur?• Waarhetekvandagliefdegegeeof

ontvang?• Waarhetekvandaggesukkelomliefdete

gee of te ontvang?

Daaglikse NAdENKE

Notas...

Week 5 • 10-16 MaarTWeek 5 • 10-16 MaarT

32 33

Gesprek in kleingroep en/of familie

Notas...

1. Gebed

2. Lees die teks vir die week: Kolossense 3:12-17

Stilte (Elkeen kan in stilte weer die teks lees of net in stilte nadink). Oop gesprek: Hoe het die Here jou lewe deur die teks geraak?

3. Elkeen kry ’n beurt om te vertel hoe dit gaan met die geloofsgewoonte vir die week: Aanbidding

(Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

4. Weekliksenadenke

•WiehetGodhierdieweekoorjoupadgestuur? •Waarhetjyliefdegegeeofontvang? •Waarhetjygesukkelomliefdetegeeofteontvang? (Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

5. Is daar iets waarvoor die groep vir jou kan bid?

Week 5 • 10-16 MaarT

preektekste virlydENStyd

Derde Sondag in Lydenstyd – 23 Maart 2014 Johannes 4:5-42 Vierde Sondag in Lydenstyd – 30 Maart 2014 Johannes 9:1-41 Vyfde Sondag in Lydenstyd – 6 April 2014 Johannes 11:1-45 Sesde Sondag in Lydenstyd – 13 April 2014 Matteus 26:14-27:46 Goeie Vrydag – 18 April 2014 Johannes 18:1-19:42

Paasfees – 20 April 2014 Handelinge 10:34-43 Tweede Sondag van Paastyd – 27 April 2014 Handelinge 2:14a, 22-32 Derde Sondag van Paastyd – 4 Mei 2014 Handelinge 2:14a, 36-41

34 35

Week 6 • 5-11 Mei

Week 6 • 5-11 Mei

Die mees verdeelde uur van die week

Die Baptiste predikant en sosiale aktivis, dr. Martin Luther King jnr., het in die 1960’s opgemerk hoe hartseer dit is dat 11:00 op ’n Sondagoggend, die tyd wanneer meeste eredienste in die VSA gehou word, die mees verdeelde uur in hulle land is. Terwyl die kerk eintlik die voortou behoort te neem in die versoening tussen mense van verskillende rasse, klasse, tale en kulture, is dit juis die kerk wat dikwels mense verdeel en van mekaar verwyder en vervreem.

In die kerk is dit ironies en uiters tragies dat juis dié dinge wat ons moet saamsnoer en saambind in eenheid: ons één geloof in God drie-enig, ons één doop in die Naam van God drie-enig, die één tafel waarom ons bymekaarkom, die dinge is wat ons verdeel. Dogmatiese verskille oor geloofsbelydenisse, die doop en die nagmaal, is juis die dinge wat kerke laat versplinter, eerder as saambind.

Nie ’n klub nie

Daar is verkeerde denke in die kerk dat dit in orde is as mense van verskillende klasse, rasse of kulturele groepe afsonderlik aanbid. Maar die Bybel is baie duidelik in sy afwysing hiervan. Kolossense 3:11 sê: “Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal.”InGalasiërs2:11-14vermaanPaulusvirPetrusopenlik,omdatPetrus,toedaar’n groep Jode in Antiogië aankom, skielik homself eenkant gehou het en nie saam met die nie-Jode wou eet nie.

Die kerk is nie ’n klub, vrywillige organisasie of vriendekring nie. Die kerk is nie mense uit dieselfde sosiale klas, wat van dieselfde dinge hou, dieselfde oor die lewe dink, en wat gemaklik met mekaar oor die weg kom nie. Die kerk is ’n vreemde mengelmoes van ryk en arm, swart en wit, vrou en man, opgevoed en ongeskool, jonk en oud, begaafd en gestremd, werkgewer en werknemer, kunssinnig en Jan Alleman, wat deur God se Gees bymekaargebring word.

die christus-gesentreerdeGEMEENSKAP

Die soeke na waarheid

Dit is egter nie net sosiale redes wat die kerk verdeel nie, maar ook teologiese redes. Die kerk versplinter weens verskillende sieninge van wat die waarheid is. Dit is tot ’n mate verstaanbaar, want die waarheid is baie belangrik.

AsgelowigesmoetonsegtersaamgebindworddeurdieWaarheidwat’nPersoonis,JesusChristus,ennieverdeelworddeuronswaarhedeoppapiernie.InRomeine14sêPaulusdat die gelowiges in Rome se verskillende godsdienstige opvattinge nie verdeeldheidonder hulle moet bring nie, maar dat die gelowiges, ten spyte van hulle verskillende sieninge, hulle moet beywer vir die dinge wat onderlinge vrede en opbou bevorder.

Vrees

Baie dikwels is die diepste rede waarom die kerk verdeel, nie ons soeke na waarheid nie, maar ’n verskuilde vrees, waarvan ons dalk self nie eers bewus is nie. Agter ons beskerming van die suiwer waarheid, sit daar ’n vrees dat as ons andersdenkendes gaan inlaat, gaan hulle ons waarheid van ons af wegneem.

Maar Jesus nooi ons uit om ons beheer oor die waarheid te laat los, want Jesus is die WaarheidinPersoon.Jesus,dieWaarheid,wordniebedreigdeurmenseseverskillendeteologiese standpunte nie. In plaas daarvan om angstig ons waarheid te probeer beskerm enbeheer,kanonsmetvreugdevandieWaarheid,diePersoonJesusChristus,getuig.

Christus in die sentrum

’n Christus-gesentreerde gemeenskap, ’n gemeenskap waarin Jesus Christus die middelpunt vorm, kan hulle eenheid in Christus vier, en die diverse maniere waarop mense Christus aanbid en dien, as aanvullend en verrykend ervaar, eerder as bedreigend.

’n Besoeker in Australië het vir ’n boer in die omgewing gevra waarom hy geen heinings op die plase sien nie. Die boer het geantwoord: “Hier maak ons nie heinings nie. Hier sinkonsputte.”Diedierewordniebinnegehoudeurheiningsnie,maargetrekdeurdieput se water.

Solank Christus in die sentrum staan van die goeie en mooi gemeenskap, hoef ons nie heinings te maak wat mense binne hou of andersdenkendes uitsluit nie, maar kan ons ieder en elk nooi, ook hulle met snaakse idees en lewenswyses, om te kom drink van die water wat lewe gee.

Verskille, maar nie verdeeldheid nie

Daar is ’n wanpersepsie dat gelowiges oor elke klein saak moet saamstem. Daar is ruimte vir verskille binne die liggaam van Christus, veral in sake wat op die rand van die geloof

36 37

staan. Augustinus het gesê: “In essensiële dinge, eenheid; in twyfelagtige dinge, vryheid; inalledinge,liefde.”

Daar is ruimte in die kerk vir verskille, maar nie vir verdeeldheid nie. Ons hoef nie saam te stem oor elke etiese of teologiese kwessie nie. Maar ons mag nie toelaat dat ons verskille verdeeldheid bring in die kerk nie. In Christus, deur die Gees, is ons één liggaam, al is ons verskillend. Ons eenheid, meer as enige iets anders, is ons getuienis aan die wêreld dat Jesus Christus waarlik die Here is.

Efesiërs 4:1-16

Liefde vir iemand in ’n ander kerkdenominasie

DieMetodistekerkleier,JohnWesley,hetvyfwenkegegeeomeenheidtebevordermetgelowiges van wie ons verskil. Probeer in hierdie week jou band versterk met iemand wat jykenin’nanderkerkdenominasie,envolgJohnWesleysevyfwenke:

1. Behandel hulle as reisgenote. Nooi die persoon vir koffie of ete.2. Moenie sleg van hulle dink of praat nie. Moenie fokus op julle verskille nie, maar

op wat julle in gemeen het.3. Bid vir hulle. Doen moeite om vir die persoon te bid.4. Moedig hulle aan om goed te doen. Vra uit waarmee die persoon of kerk besig is,

en wees bevestigend en bemoedigend van die mooi dinge wat hulle aanpak.5. Werk saam. Soek vir geleenthede om saam te werk.

Indien jy niemand ken in ’n ander kerkdenominasie nie, het jy drie ander opsies:

1. Skakel jou kerkkantoor, en vra hulle om jou met iemand te verbind.

2. Gaan woon ’n erediens van ’n ander kerkdenominasie by, en doen moeite om na afloop van die erediens met iemand te gesels. Miskien kan jy selfs dan iemand oornooi vir tee.

3. Doen ekstra moeite om vir ’n ander kerkdenominasie te bid. Skakel hulle

kerkkantoor en vra wat die leiers se name is, met watter aksies hulle besig is, en watter gebedsversoeke hulle het, sodat jy vir hulle kan bid.

Geloofsgewoonte Vir diE wEEK

Lectio Divina teks Vir diE wEEK

VrA Vir GOd:• WiehetUvandagoormypadgestuur?• Waarhetekvandagliefdegegeeof

ontvang?• Waarhetekvandaggesukkelomliefdete

gee of te ontvang?

Daaglikse NAdENKE

Notas...

Week 6 • 5-11 MeiWeek 6 • 5-11 Mei

38 39

Gesprek in kleingroep en/of familie

Notas...

1. Gebed

2. Lees die teks vir die week: Efesiërs 4:1-16

Stilte (Elkeen kan in stilte weer die teks lees of net in stilte nadink). Oop gesprek: Hoe het die Here jou lewe deur die teks geraak?

3. Elkeen kry ’n beurt om te vertel hoe dit gaan met die geloofsgewoonte vir die week: Liefde vir iemand in ’n ander kerkdenominasie

(Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

4. Weekliksenadenke

•WiehetGodhierdieweekoorjoupadgestuur? •Waarhetjyliefdegegeeofontvang? •Waarhetjygesukkelomliefdetegeeofteontvang? (Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

5. Is daar iets waarvoor die groep vir jou kan bid?

die versoenendeGEMEENSKAP

Week 7 • 12-18 Mei

Vergifnis: die pad na genesing?

’n Mens hoor dikwels die ware insig dat die pad na genesing en heelheid net moontlik is as jy dié mense vergewe wat teen jou oortree het. Maar somtyds dink mense, verkeerdelik, dat ons die wil en die krag om te vergewe in onsself moet vind. Daarom sê so baie mense: “Ekweetekmóétvergewe.Maarekwílnievergewenie!Ekkánnievergewenie!”

Die goeie nuus van die evangelie is nie dat ons genesing sal ontvang as ons die wil en krag in onsself kan vind om te vergewe nie. Die goeie nuus van die evangelie is dat Jesus Christus deur sy kruisdood die wêreld met God versoen het. Die vergifnis wat Jesus vir ons uit genade bewerk het, bring vir ons genesing en heelheid, en dit stel ons instaat om uit genade ook ander te vergewe. Die genade om ander te vergewe kom nie uit onsself nie, maar dit kom van God af, dit spruit vanuit God se genade vir ons.

Dikwels sukkel mense om ander te vergewe, omdat hulle sukkel om hulleself te vergewe (al was dit wat gebeur het nie eers hulle skuld nie). Om van mense te vra om ander te vergewe, as hulle nog nie eers hulleself kan vergewe nie, is om die onmoontlike te verwag. Maar die pad na versoening begin nie by onsself nie, dit begin by God. Ons word in Christus, uit suiwer genade, met God versoen. Hierdie versoening in Christus skenk ons die genade om onsself en ander te vergewe.

Sonder om te probeer

Vergifnis en versoening is nie iets wat ons probeer doen vir God nie, maar dit is iets wat Christus doen vir ons, en wat dan deur ons spoel na ander. Iemand wat deur God se vergifnis in Jesus Christus ’n nuwe mens gemaak word, begin ’n lewe van vergifnis lei, sonder om eers te probeer.

Om vir iemand wat seergemaak is te sê dat hulle die persoon wat dit gedoen het moet vergewe, vererger net hulle verwonding. Ons kan nie uit eie krag vergewe nie. Vergifnis is ’n wonderwerk. Dit is ’n Goddelike transformasie van ’n ou mens na ’n nuwe mens in Christus. Ons mense kan nie genade skep nie. Ons kan dit net van God ontvang en aan ander uitdeel.

Week 6 • 5-11 Mei

40 41

Vergewe ons, soos ons vergewe

In die Ons Vader-gebed bid ons dat God ons oortredings sal vergewe, soos ons dié vergewe wat teen ons oortree. En dan, in Matteus 6:14-15, word hierdie waarskuwing bygevoeg: “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredingsvergewenie.”Ditklinkdusasofonseersmoetvergewe,voordatGodonssalvergewe.

Maar Jesus se gelykenis in Matteus 18:21-35 verduidelik waarteen Jesus waarsku, naamlik genadelose ondankbaarheid. In die gelykenis het ’n amptenaar ’n onbetaalbare hoeveelheid skuld, wat die koning uit genade afskryf. Maar as hy ’n medeamptenaar kry wat hom ’n paar rand skuld, gryp en wurg hy hom, en laat gooi hy hom in die tronk, totdat dielaastesentbetaalis.Wanneerdiekoningdithoor,maakhymetdieamptenaarsooshy met sy medeamptenaar gemaak het. Die waarskuwing van Jesus is duidelik: As God ons onbetaalbare sonde vergewe, is dit mos Godskryend as ons nie ons medemens ook vergewe nie.

Om ander te vergewe is nie ’n voorwaarde om God se vergifnis te ontvang nie. Maar wanneer ons God se vergifnis ontvang, is ’n noodwendige gevolg dat ons ook ander sal vergewe. Indien vergifnis nie volg vanuit die vergifnis wat ons ontvang nie, spreek ons lewe van ondankbaarheid. Iemand wat waarlik God se vergifnis met ’n blye hart ontvang, kan nie anders as om ander ook te vergewe nie.

Grense en wysheid

Om iemand sewe maal sewe keer te vergewe, beteken nie om iemand toe te laat om jou sewe maal sewe keer te mishandel nie. Vergifnis beteken nie om ’n blinde oog te draai vironregnie.Vergifnissênie:“Ditisinorde”nie.Vergifnissê:“Ditwasverkeerd,maarekvergewejou.”Enditkanookbetekendatjystappeneemdatdiepersoonjounieweerso misbruik nie.

Om iemand wat nie bewustelik teen jou oortree het nie, te nader en te sê: “Ek vergewe jou”, kan dalk meer skade as goed doen. En om iemand te vergewe in ander seteenwoordigheid, kan dalk minder vergifnis bring, as wat dit die persoon in die skande steek. Openlike verklarings van vergifnis moet met wysheid gedoen word, sodat dit die gemeenskap opbou en nie afbreek nie.

Gemeenskap van versoening

Paulus sê in Kolossense 3:13 en Efesiërs 4:32 dat medegelowiges mekaar moet vergewe sooswatChristusonsvergewehet.Paulusgeeooknogbaieander“mekaar”-opdragte,soos: wees geduldig met mekaar, verdra mekaar, wees lief vir mekaar, leef in vrede met

mekaar,weesgoedgesindteenoormekaarendramekaarselaste.Weereensisditnieopdragte wat ons in eie krag uitvoer nie, maar vanuit die liefde en genade wat ons van Christus ontvang.

Die geloofsgemeenskap is ’n gemeenskap van versoening, omdat ons in Christus met God en met mekaar versoen is. Vergifnis is ’n geskenk wat ons uit genade ontvang en gee, en in die proses word ons ’n gemeenskap van versoening, ’n goeie en ’n mooi gemeenskap, soos God.

2 Korintiërs 5:17-21

Vriende in versoening

Dikwels kan die pad van versoening en vergifnis baie eensaam wees. Binne die geloofsgemeenskap behoort dit egter nie te wees. Hier is drie maniere om jou medegelowiges se ondersteuning te ervaar:

• Gesels met iemand. Deel met ’n medegelowige wat jy vertrou jou worsteling om te vergewe. Ontdek dat jou medegelowige jou las saam met jou kan dra.

• Vra jou kleingroep om vir jou te bid. Aangesien ons nie in eie krag kan vergewe nie, vra vir medegelowiges om te bid dat God ’n wonderwerk van genesing en heelmaking in jou sal bewerk, sodat Christus se genade deur jou sal begin vloei.

• Gebruik nagmaal in die erediens. RaakbewusvanGodseonverdiendegenadeenvergifnis wat jy in die nagmaal ontvang. Ervaar die versoening wat God in Christus bring wanneer jy nagmaal saam met die geloofsgemeenskap gebruik.

Geloofsgewoonte Vir diE wEEK

Lectio Divina teks Vir diE wEEK

Week 7 • 12-18 Mei Week 7 • 12-18 Mei

42 43

Gesprek in kleingroep en/of familie

Notas...

Notas...

VrA Vir GOd:• WiehetUvandagoormypadgestuur?• Waarhetekvandagliefdegegeeof

ontvang?• Waarhetekvandaggesukkelomliefdete

gee of te ontvang?

Daaglikse NAdENKE

1. Gebed

2. Lees die teks vir die week: 2 Korintiërs 5:17-21

Stilte (Elkeen kan in stilte weer die teks lees of net in stilte nadink). Oop gesprek: Hoe het die Here jou lewe deur die teks geraak?

3. Elkeen kry ’n beurt om te vertel hoe dit gaan met die geloofsgewoonte vir die week: Vriende in versoening

(Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

4. Weekliksenadenke

•WiehetGodhierdieweekoorjoupadgestuur? •Waarhetjyliefdegegeeofontvang? •Waarhetjygesukkelomliefdetegeeofteontvang? (Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

5. Is daar iets waarvoor die groep vir jou kan bid?

Week 7 • 12-18 Mei Week 7 • 12-18 Mei

44 45

Week 8 • 19-25 Mei

Week 8 • 19-25 Mei

In Suid-Afrika word ons daagliks gekonfronteer met armoede. Die probleem van armoede is so groot en kompleks in ons land, dat ’n mens dikwels mismoedig en wanhopig voel, asof niks ’n verskil kan maak nie. Dan, wanneer iemand bakhand voor jou staan, weet jy regtig nie wat om te doen nie. As gelowige wil jy help, maar jy weet nie hoe om die persoon regtig te help nie. Party keer help jy, ander kere nie, maar omtrent altyd stap jy wegmetvraeinjougemoed:“Hetekdieregtedinggedoen?Hetekgenoeggedoen?”

Drie blokkasies van vrygewigheid:

1. OordeelDaar is drie dinge wat ’n vrygewige lewe blokkeer: oordeel, denke van skaarste, en self-toeëiening. Die oordeel wat vrygewigheid blokkeer, is die foutiewe gedagte: “God help mensewathulleselfhelp.”HierdiesinnetjiestaannieindieBybelnie,engaanlynreginteen die boodskap van die Bybel. God help nie mense wat hulleself kan help nie, maar God red sondaars uit genade, sonder dat ons dit enigsins verdien. Dit is juis ons pogings om onsself te probeer help, eerder as om God se hulp te vra en te ontvang, wat skerp deur die Bybel gekritiseer word.

Hierdie verkeerde denke word gebruik om ander te oordeel, en só ons skuldgevoel omdat ons nie help nie, te paai. Ons dink dat mense wat swaarkry dit op ’n manier verdien, dat dit hulle eie luiheid of oortredings se skuld is, en so ontglip ons die verantwoordelikheid om te help. En nog meer, so oortuig ons onsself dat ons die seëninge wat ons ontvang eintlik verdien deur ons harde werk en goeie lewe.

2. Denke van skaarsteDie tweede blokkasie vir vrygewigheid is denke van skaarste. Dit is die verkeerde denke dat as ek iets vir jou gee, dan is daar minder vir my. Dit is natuurlik waar in die sin dat as ek die helfte van my broodjie vir jou gee, het ek net ’n halwe oor. Maar as ons almal deel, het almal genoeg.

Toe die Israeliete van manna geleef het in die woestyn, was daar net genoeg vir elke dag – die volgende dag het die manna gevrot. Daarom het God hulle beveel dat elkeen net genoeg moet optel om van te leef, nie meer nie. As elkeen net genoeg gevat het vir die

die vrygewigeGEMEENSKAP

dag, was daar genoeg vir almal. Maar as mense uit vrees vir skaarste begin opgaar het en meer vir hulleself begin hou het, was daar nie genoeg vir almal nie.

Dit is ’n erkende feit dat daar vandag genoeg kos in die wêreld is om hongersnood wêreldwyd te beëindig. Maar omdat ’n gedeelte van die wêreld uit vrees vir skaarste opgaar, is daar nie genoeg vir almal nie.

3. Self-toeëieningDie derde blokkasie vir vrygewigheid, wat in ons tyd die dominante een is, is dat ek dit wat ek het as myne beskou om te geniet. My geld, besittings, tyd, talente en geleenthede, is myne, om vir myself te hou en tot my voordeel te benut. Dit is hierdie self-toeëiening wat ons verhoed om dit wat ons het aan te wend ter wille van ander.

Alles wat ons is en het, is ’n gawe uit God se hand. God seën ons met vermoëns en voorregte om dit as rentmeesters te bestuur, en om ander daardeur te seën. Maar alles wat ons is en het, bly altyd God s’n. Dit is nooit ons s’n om daarmee te maak wat ons wil nie.

Genoeg is genoeg

Die groot krisis van die wêreld vandag is nie oorbevolking nie. Daar is nie te veel mense vir die aarde se hulpbronne nie. Die groot krisis van die wêreld vandag is oormatige verbruik. Mense verbruik veel, veel meer as wat nodig is. Die siekte van ons tyd lê in onvergenoegdheid,indiegedagte:“Ekhetnogniegenoegnie.”

En hierdie krisis lê nie net by skatryk, uitspattige mense nie. Ook mense in laer ekonomiese klasse, begeer om meer te hê, om meer te kan verbruik. Selfs mense wat baie spaarsamig en sober lewe, kan ly aan hierdie siekte, en voortdurend bekommer dat hulle spaargeld nie genoeg is nie.

Baie maniere om vrygewig te wees

Om vrygewig te wees gaan nie net oor geld nie. Ons kan ook vrygewig mees met ons gawes, vaardighede, talente, tyd, verstand en emosies. Ook met ons liggaam, deur net iemand aan te raak of ’n drukkie te gee, kan ons vrygewig lewe. Maar ons moet nie ons besittings en geld ignoreer nie. Soos al die ander dinge het God ons daarmee geseën, nie om dit vir ons eie gewin uit te buit nie, maar om dit te bestuur en aan te wend vir die koninkryk van God.

In Handelinge 20:35 sê Paulus: “Deur my voorbeeld het ek in elke opsig vir julle gewys dat ons hard moet werk sodat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus.Hyhetselfgesê:Omtegee,maak’nmensgelukkigerasomteontvang.”Eintlikmoetonsnievra:“Hoeveelmóétekgee?”nie,maareerder:“Hoeveelkánekgee?”Onsmoet die vreugde van ’n vrygewige lewe herontdek.

46 47

Om vrygewig te lewe, moet ons egter ook seker maak dat ons geld, gawes, tyd, talente, vaardighede, verstand en emosies nie uitgebrand word deur ’n oorvol, oorlaaide, gejaagde, knie-diep-in-die-skuld-lewe nie. Vrygewigheid is nie om nóg iets af te knyp vir iemand anders nie, maar om deel te word van ’n vrygewige gemeenskap waarin daar genoeg is vir almal.

2 Korintiërs 9:1-15

Soberheid en vrygewigheid

Vrygewigheidbetekennieom“ja”viralles tesênie.Ditkan juisbehelsomvirpartyedinge“nee”tesê,sodatdaarmeerbeweegruimteinjoutyd,vaardighedeenfinansiesis,om vrygewig te lewe.

Oefen hierdie week soberheid en vrygewigheid op drie terreine:

1. tyd Probeer om een uur in die week wat jy aan ’n onnodige aktiwiteit spandeer, eerder

te gebruik om tyd te spandeer saam met iemand wat ondersteuning nodig het.

2. VAArdiGhEdE Baiemensemaakaanspraakoponsvaardighede.Onsvoelgevleiensê“ja”vir

meeraswatonskanaanvat.Probeeromeendingwaarvoorjy“ja”gesêhet,tekanselleer, en wend jou vaardigheid aan vir ’n behoeftige saak.

3. fiNANSiES Haal een item van jou inkopielysie af, wat jy weet jou ’n hele paar rand kos, en

waarsonder jy kan klaarkom vir ’n week. Hou die bedrag wat dit sou gekos het in ’n koevert byderhand, gereed om iemand mee te seën wat dit nodig het.

Geloofsgewoonte Vir diE wEEK

Lectio Divina teks Vir diE wEEK

VrA Vir GOd:• WiehetUvandagoormypadgestuur?• Waarhetekvandagliefdegegeeof

ontvang?• Waarhetekvandaggesukkelomliefdete

gee of te ontvang?

Daaglikse NAdENKE

Notas...

Week 8 • 19-25 MeiWeek 8 • 19-25 Mei

48 49

Gesprek in kleingroep en/of familie

Notas...

1. Gebed

2. Lees die teks vir die week: 2 Korintiërs 9:1-15

Stilte (Elkeen kan in stilte weer die teks lees of net in stilte nadink). Oop gesprek: Hoe het die Here jou lewe deur die teks geraak?

3. Elkeen kry ’n beurt om te vertel hoe dit gaan met die geloofsgewoonte vir die week: Soberheid en vrygewigheid

(Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

4. Weekliksenadenke

•WiehetGodhierdieweekoorjoupadgestuur? •Waarhetjyliefdegegeeofontvang? •Waarhetjygesukkelomliefdetegeeofteontvang? (Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

5. Is daar iets waarvoor die groep vir jou kan bid?

Week 8 • 19-25 Mei

Twee stories

James Bryan Smith vertel twee kontrasterende verhale oor gemeentes in ’n studentedorp. James het geestelike begeleiding vir studente gegee, en is deur een gemeente ’n klomp geld aangebied vir sy bediening. In ruil daarvoor, wou die gemeente hê dat hy ’n Sondagskoolklas vir studente aanbied by hulle gemeente. Vir ’n ruk het alles vlot verloop, totdat die gemeente begin kla het dat die studente net na die Sondagskoolklas toe kom, en nie ook die gemeente se eredienste bywoon nie. Hulle besluit toe uiteindelik om nie meer James se bediening finansieël te ondersteun nie.

’n Ander gemeente op die dorp het ook vir James gekontak. Dit was ’n klein, tradisionele gemeente, met hoofsaaklik senior lidmate. Hulle het nie geld gehad om James se bediening te ondersteun nie, maar hulle het tog gevoel dat hulle baie het om te bied. Hulle het vir James gevra of daar enige iets is wat hulle vir die studente kan doen. Hy het geantwoord: Studente hou van eet, en op Sondae is die kafeteria toe. Baie studente is ook ver van hulle huis af, en sal ’n lekker drukkie waardeer. Die gemeente was opgewonde, want hulle was goed daarmee om kos te maak en drukkies te gee. Alhoewel die gemeente se eredienste uit de oude doos was, het James en ’n groepie studente die dienste begin bywoon. Hulle het almal drukkies by die deur gekry. En na die dienste is daar heerlike kos voorgesit. James is tot vandag toe ’n lidmaat van hierdie gemeente.

Die motief

Net soos individue, kan geloofsgemeenskappe ook selfsugtige motiewe hê. Gemeentes kan dinge aanpak in ’n poging om meer lidmate na hulle toe te lok, of hulle kan dinge doenuitopregteliefdevirmense.Watgemeentesdoenmagdalkminofmeerdieselfdelyk, maar die motivering kan heeltemal verskillend wees.

Dit is natuurlik nie verkeerd dat gemeentes graag wil hê dat hulle kerk lewend en groeiend moet wees nie. Maar die versoeking is baie groot om te verval in ’n kompetisie met buurgemeentes, eerder as om ’n liefdediens aan die gemeenskap te lewer. Die goeie en mooi gemeenskap fokus nie op hulle eie voortbestaan nie, maar fokus daarop om die wêreld rondom hulle te dien.

die dienendeGEMEENSKAP

Week 9 • 26 Mei - 1 junie

50 51

Die middel en die doel

Die geloofsgemeenskap sien nie mense as potensiële lidmate wat hulle kerk kan laat groei in getalle en finansies nie, maar as mense vir wie God lief is en vir wie hulle ook moet liefhê. Die geloofsgemeenskap reik nie uit na jongmense of oumense, omdat hulle hoop dat hierdie mense hulle gemeente kan laat groei nie, maar omdat hulle werklikwaar belangstel in die welsyn van hierdie mense.

Mense is nie ’n middel om die doel van gemeentelike groei en sukses te bereik nie. Die gemeente is die middel om mense lief te hê en te dien, wat die doel van kerkwees is. Die gemeente knoop nie verhoudings met mense aan met die doel om hulle na die gemeente te lok nie, maar om hulle lief te hê en te dien.

Jesus

Jesus het onder mense kom woon, nie om gedien te word nie, maar om hulle te dien. Jesus, die Koning oor hemel en aarde, kom omhels die kindertjies, kom raak aan die melaatses, kom eet by tollenaars en kom was sy dissipels se voete. Jesus het nie net geleef vir ander nie, maar uit liefde vir die wêreld sy lewe opgeoffer.

Die dissipels het gedurig gestry oor wie die belangrikste is, maar Jesus het vir hulle gesê dat die een wat die belangrikste wil wees, die ander se dienaar moet wees. Die geloofsgemeenskap is mense wat hulle lewe gee tot diens aan ander.

Slegte selfbeeld?

Beteken dit dat ons nie na ons eie belange moet omsien nie? As Filippense 2 sê dat ons ander se belange hoër moet ag as ons eie, klink dit amper so. Maar liefde vir ander en liefde vir jouself gaan hand-aan-hand. Mense wat nie lief is vir hulleself nie, is geneig om te fokus op hulle tekortkominge en hulself met ander te vergelyk. Maar mense wat lief is vir hulself, is vry om lief wees vir ander, sonder om bedreig te voel. Omdat God ons almal liefhet, kan ons onsself en ander liefhê.

Die rede hoekom mense nie ander wil dien nie, is omdat hulle wonder: As ek uitkyk vir ander, wie gaan uitkyk vir my? Maar ons moet onthou dat God uitkyk vir ons almal. Omdat Christus ons dien, kan ons ander dien.

’n Dominee vertel dat sy by ’n retraite opdrag gegee is om Johannes 13 te lees, waar Jesus sy dissipels se voete was. Sy het die opdrag geïgnoreer, want sy was baie moeg en wou nie hoor dat sy ander se voete moet was nie. Aan die einde van die dag vra die begeleiervirhaar:“So,hoehetJesusvandagjouvoetegewas?”

Diens aan ander begin daarby om Christus se diens aan ons te ontvang. ’n Ongebalanseerde lewe, waarin ons net ander dien, en nie Christus se diens aan ons en aan ons geliefdes ontvang nie, is ongesond en nie God se bedoeling nie.

Die belangrikste werk

DallasWillardhetvir’ngroepkerkleiersgesêdatdiehéélbelangrikstewerkvankerkleiersis...omtebidvirhullebuurgemeentes!Wantditsalbetekendatgemeentesniefokusophulle eie oorlewing en kompetisie met buurgemeentes nie, maar op die uitbreiding van God se koninkryk.

Filippense 1:27 – 2:11

Lewe onselfsugtig

Probeer om hierdie week op klein maniere ’n onselfsugtige lewe van diensbaarheid in te oefen by die huis, werk, kerk en publiek.

A. huiS: • Vattydomteluisterhoeditgaanmetjouhuweliksmaat/kamermaat.• Laatjoukinderseenaandbesluithoehulledieaandwilinrig.• Maakkoswatiemandanderssegunstelingis.• Kyk’nTVprogram/fliekwatiemandanderssekeuseasjouneis.

B. wErK:• Vravir’nkollegaofdaarenigeietsiswaarmeejyvirhom/haarkanhelp.• Asdaarwerkinkomwaarvoorniemandeintliklusisnie,sêjysalditdoen.• Maakkoffieofteevir’nkollega,ofbringbeskuitjies.

c. KErK:• Parkeerver,indieson,sodatandernaby,indieskaduweekanparkeer.• Gaansitopdieplekkewaarniemandwilsitnie:heelvoor!• Biedaanomkindersindiemoederskamerdoptehou,sodathulleouersindiekerk

kan gaan sit.

d. PuBliEK:• Asjyinjoumotorry,soekkanseomiemandvoorjoutelaatinkomin’nry.• In’nwinkel,geeanderkansomvoorjouindierytewag.

Geloofsgewoonte Vir diE wEEK

Lectio Divina teks Vir diE wEEK

Week 9 • 26 Mei - 1 junie Week 9 • 26 Mei - 1 junie

52 53

Gesprek in kleingroep en/of familie

Notas...

Week 9 • 26 Mei - 1 junie Week 9 • 26 Mei - 1 junie

VrA Vir GOd:• WiehetUvandagoormypadgestuur?• Waarhetekvandagliefdegegeeof

ontvang?• Waarhetekvandaggesukkelomliefdete

gee of te ontvang?

Daaglikse NAdENKE

Notas...

1. Gebed

2. Lees die teks vir die week: Filippense 1:27 – 2:11

Stilte (Elkeen kan in stilte weer die teks lees of net in stilte nadink). Oop gesprek: Hoe het die Here jou lewe deur die teks geraak?

3. Elkeen kry ’n beurt om te vertel hoe dit gaan met die geloofsgewoonte vir die week: Lewe onselfsugtig

(Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

4. Weekliksenadenke

•WiehetGodhierdieweekoorjoupadgestuur? •Waarhetjyliefdegegeeofontvang? •Waarhetjygesukkelomliefdetegeeofteontvang? (Geen raad of kommentaar nie. Ons luister net.)

5. Is daar iets waarvoor die groep vir jou kan bid?

55

PinksTer 2014: Die goeie en Mooi geMeenskaP

Sondagaand – Donderdagaand, 1 – 5 Junie:

Pinksterdienste om 18:30 in Durbanville Gemeente se kerkgebou (elke aand preek ’n dominee, pastoor of vader van ’n ander gemeente)

Kinderpinkster om 18:30 in Durbanville Gemeente se gemeentesentrum

Sop na afloop van die eredienste in die gemeentesentrum

Vrydagaand, 6 Junie:

Potjiekos-kuier saam met ander kerke om 18:30 by Durbanville Gemeente se gemeente-sentrum

pinksterPrOGrAM