12
Concipio Februarie 2018 Uitgawe/Issue 292 Jaargang XV Besoek gerus die amptelike skoolwebblad vir ander nuus by www.paulroos.co.za Redakteur: Francois du Toit Adjunkredakteur: Janco Bruwer;Tegniese Redakteur: Herman Bester Ontwerp en Uitleg: Corné Volschenk, Karl iel, Dirk de Waal, Okert Olivier JD West Nuus: Christiaan Neethling, David Beyers, Henco Du Pisanie, Janco Bruwer, Willem Gronum, Christiaan van der Walt, Jacques Botma, Janré Potgieter, Franco Swanepoel, Jacques du Toit, Alex Aldrich, Simon Franken [email protected] / Instagram: @paulroos_gym / Twitter: @PaulRoos_Gym / Facebook: .com/PaulRoos_Gymnasium Skakelonderwyser: Hesti van der Mescht David Beyers Paul Roos Gimnasium se De- partement Duits – wat geheel en al onder me. Alet Conradie se bekwame beheer is – sorg elke jaar vir ’n hele paar besonderse hoogtepunte. Die jaar 2017 was geen uitsonder- ing nie.Afgesien van die uiters suksesvolle Duitse Studietoer (laasjaar tydens Maart-April) na Pole, Duitsland en Oost- enryk, het ’n paar manne die skool se naam op buitenge- wone manier hoog gehou. Dux-leerder Wolfgang Wild het 100% vir Duits gekry – die hoogste punt vir Duits in Suid-Afrika. (Vervolg op bl. 2) Duits by Paul Roos gaan van krag tot krag Teutonische Genauigkeit! Vat so, ou Grote! Wolfgang Wild, Paul Roos se Dux-leerder en een van die top twintig matrieks in die Wes-Kaap, word op 5 Januarie (toe die uitslae bekend gemaak is) by die skool geluk gewens deur sy klasmaats Dylan en Keanan Ribiero. Lees op bl.1 en 2 watter prestasies dié Duitser (en nog ’n paar ander) ook behaal het. Photo:Luize Kroukamp

Concipio - | Paul Roos Gimnasium · Fees, Interskole en Dink-of-Sink) en vir diegene wat meer van navorsing hou is daar voorbereide debat (ATKV). Paul Roos het oor die afgelope drie

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Concipio - | Paul Roos Gimnasium · Fees, Interskole en Dink-of-Sink) en vir diegene wat meer van navorsing hou is daar voorbereide debat (ATKV). Paul Roos het oor die afgelope drie

ConcipioFebruarie 2018Uitgawe/Issue 292 Jaargang XV

Besoek gerus die amptelike skoolwebblad vir ander nuus by www.paulroos.co.za

Redakteur: Francois du Toit Adjunkredakteur: Janco Bruwer;Tegniese Redakteur: Herman Bester

Ontwerp en Uitleg: Corné Volschenk, Karl Thiel, Dirk de Waal, Okert Olivier JD West Nuus: Christiaan Neethling, David Beyers, Henco Du Pisanie, Janco Bruwer, Willem Gronum, Christiaan van der Walt, Jacques Botma,

Janré Potgieter, Franco Swanepoel, Jacques du Toit, Alex Aldrich, Simon Franken

[email protected] / Instagram: @paulroos_gym / Twitter: @PaulRoos_Gym / Facebook: fb.com/PaulRoos_GymnasiumSkakelonderwyser: Hesti van der Mescht

David Beyers

Paul Roos Gimnasium se De-partement Duits – wat geheel en al onder me. Alet Conradie se bekwame beheer is – sorg elke jaar vir ’n hele paar

besonderse hoogtepunte. Die jaar 2017 was geen uitsonder-ing nie.Afgesien van die uiters suksesvolle Duitse Studietoer (laasjaar tydens Maart-April) na Pole, Duitsland en Oost-enryk, het ’n paar manne die

skool se naam op buitenge-wone manier hoog gehou.Dux-leerder Wolfgang Wild het 100% vir Duits gekry – die hoogste punt vir Duits in Suid-Afrika. (Vervolg op bl. 2)

Duits by Paul Roos gaan van krag tot kragTeutonische Genauigkeit!

Vat so, ou Grote!Wolfgang Wild, Paul Roos se Dux-leerder en een van die top twintig matrieks in die Wes-Kaap, word op 5 Januarie (toe die uitslae bekend gemaak is) by die skool geluk gewens deur sy klasmaats Dylan en Keanan Ribiero. Lees op bl.1 en 2 watter prestasies dié Duitser (en nog ’n paar ander) ook behaal het.

Photo:Luize Kroukamp

Page 2: Concipio - | Paul Roos Gimnasium · Fees, Interskole en Dink-of-Sink) en vir diegene wat meer van navorsing hou is daar voorbereide debat (ATKV). Paul Roos het oor die afgelope drie

Page 2Uitgawe/Issue 292 Concipio

Twintig oor Twee

Vervolg van bl. 1)Clemens Kieks het ook die

skool trots gemaak deur die nommer 5-plek te behaal. Afgesien daarvan het die Duits-matriekklas van 2017

nege A’s uit die 13 leerders behaal (die ander vier het almal hoë B‘s), met ’n uiteindelike klasgemiddeld van 83%.Wat ook merkwaardig is, is dat

63 Paul Roosers aan die einde van verlede jaar internasionale Duits-sertifikate tydens hul Goethe Instituut-eksamens

verwerf het. Die Graad 9's het Goethe se

internasionale A1-toets geskryf en 'n ongelooflike gemiddeld van 88% behaal. Die Graad 10's het die A2-toets

geskryf en die Graad 11's en 12's het saam die B1 toets geskryf. Omdat Paul Roos een is van slegs 'n handjievol Pasch-skole in Suid-Afrika, is al die toetse gratis verskaf en afgelê – ’n buitengewone voorreg, omdat een internasionale eksamen per kandidaat gewoonlik tussen R1

500-R1 800 kos. Die plan is dat vanajaar se

Graad 12's einde vanjaar die B2-toets skryf, wat vir hulle moontlike gratis toegang kan gee tot sekere universiteite in Duitsland.Wat die Duitse Studietoer

betref – die Pole is tans hier om die Oos-Europese koue vir twee weke vir die versengende Suid-Afrikaans hitte ter verruil. Groet asseblief vriendelik as julle ’n vreemdeling op die skoolwerf raakloop!

’n Nuwe jaar. Die idee van van 2018 skep reeds ‘n opwin-dende atmosfeer.

Die nuwe Matrieks is bewus daarvan dat hulle die beste moet maak van die laaste jaar van hulle Paul Roos-loopbaan. Die Graad 11’s word te veel daaraan herinner dat hulle toekoms grootliks bepaal word deur hierdie jaar se akademiese uitslae. Die Graad 10’s neem nou uiteindelik die vakke van hulle eie keuse. Die Graad 9’s is nie meer die ‘kleintjies’ nie en laastens probeer die nuwe Graad 8’s

nog hulle plek in die skool vind terwyl groot kaalkop-ooms hulle verwelkom.Ons is ongelooflik trots op

ons matrieks van 2017. Hulle het op verskeie gebiede vir die skool ‘n hoë standaard gestel. Dit kan dien as ‘n einddoel of mikpunt vir die klas van 2018. Met hierdie uitgawe wil ons soveel as moontlik gebeurtenisse uitlig wat vanaf die vakansie tot nou toe plaasgevind het. Dit sluit in stories oor taai, uitdagende kampe; die verwelkoming van die Graad 8’s; debat en redenaars by Paul Roos en

die matriekleerders se merk-waardige Duits-uitslae. Die sportnuus sal van nou af, soos dit tradisioneel gedoen word, agterin Concipio verskyn. Blaai gerus na bladsy 6 en 7, waar jy foto’s van die Graad 8’s en die matrieks sal sien. Verder wens die redaksiespan vir elkeen ‘n blink kwartaal toe. Raak betrokke, skep pos-itiewe herinneringe en gryp elke geleentheid aan wat dalk oor jou pad mag kom.

Yours TrulyFrancois du ToitEditor-in-Chief

Trotse Duitsers

Photo: Alet Conradie

Duitse Studietoerlede op die hoogste spits in die Duitse Alpe.

Page 3: Concipio - | Paul Roos Gimnasium · Fees, Interskole en Dink-of-Sink) en vir diegene wat meer van navorsing hou is daar voorbereide debat (ATKV). Paul Roos het oor die afgelope drie

Page 3Uitgawe/Issue 292 Concipio

Kalahari-vasbyt 2018Christiaan van der Walt

Willem Gronum

Die Kalahari-vasbyt gebeur elke jaar net na nuwe jaar en duur tot ongeveer middel Januarie. Dis een van die moeilikste kursusse wat ’n mens kan bywoon, en vind plaas by die Victoria-waterval in Zimba-bwe, in die Okavango-delta en in die Sentraal-Kalahari in Botswana. Hierdie jaar het drie Paul Roosers dit aange-pak: Joubert Swart, Fourie Swart en Daniël Slabbert. Concipio het ’n bietjie met hulle gaan gesels.Joubert Swart vertel: Ons het elke oggend om ongeveer 05:45 opgestaan, waarna ons gou moes regmaak vir inspeksie om 06:00. Almal is in onderskeie spanne verdeel (kosmaak-, skoonmaak- en tegniese span). Ons ontbyt het bestaan uit meusli en joghurt. Daarna het ons elke dag ’n uur Bybelstudie gehad.Om 17:00 was dit tyd vir PT.

Ons het aanvanklik vir so ’n uur PT gehad, maar ons moes elke dag gereed wees vir ’n langer sessie – die langste was twee-en-‘n-half ure lank.Aandete was om 20:00 (gewoonlik iets lekker soos steak of potjie). Om die aand af te sluit was daar ’n lesing oor die natuur, lewenslesse of leierskap.Daniël Slabbert is aan die woord: Die benoudste oomb-lik vir my was toe ek tydens die whitewater-rafting op een van die groot rapids afgeval het en nie weer by die boot kon uitkom nie – terwyl die stroom my onder die water intrek dan later weer uitstoot.Fourie Swart: En die lekker-ste oomblik was definitief toe ons die nuus gekry dat ons klaar was met die roete-mars! Dis ’n 47km-voetslaan deur die bos. Ons het net 100ml drinkwater gekry per kilometer wat ons afgelê het – terwyl ons matrasse, stoele, tentpenne, tafels én dele van ’n waentjie moes dra. Dit was

uitmergelend en twee van die ouens het ná die tyd uitgepaas in die kar op pad terug tent toe.Joubert Swart: Ek het ’n groot gat in my voet gehad wat ’n nagevolg was van ’n bush dive sonder skoene. Daar was ook ’n tipe mot wat sy eiers binne-in jou vel gelê het, wat dan blasies laat uitslaan het. Dit was ’n baie groot probleem en omtrent almal het dit gehad.Spanwerk is ’n baie groot aspek van die Vasbyt, so jy moet gemaklik met ander kan saamwerk en jou kant bring. Fiksheid is ook ’n groot móét. Jy sal te alle tye die positiewe moet kan raaksien en met baie min kan klaarkom...En jy moet obviously kan vasbyt!Concipio: Beskryf die Kala-hari-vasbyt in drie woorde.Fourie: Lewenslank, vryheid, uitputting.Joubert: Tough, life-chang-ing, vryheid.Daniël: Life-changing expe-rience.

Photos:Verskaf

Page 4: Concipio - | Paul Roos Gimnasium · Fees, Interskole en Dink-of-Sink) en vir diegene wat meer van navorsing hou is daar voorbereide debat (ATKV). Paul Roos het oor die afgelope drie

Page 4Uitgawe/Issue 292 Concipio

Alex Aldrich

We all know Cape Town is dry. Very dry. But what will the effect of the drought be? What is going to happen where and when? What about desalination?The term “Day Zero” might

ring a bell as these two words have been making more and more appearances in news-papers, especially in the same headline as the new ANC pres-ident, Mr. Cyril Ramaphosa. What exactly does the dawn of this looming day entail for Cape Town residents?• Day Zero is the day the

dams reach 13.5% of capacity.• Residents will have to collect

a predefined quantity of drink-ing water per person per day from approximately 200 collection sites across the city.• Residents will be able to

collect 25 litres per person per day.• Each site is expected to

service up to 20 000 people per day.• The City's Water and Sani-

tation Department will try to limit the impact on sanitation services to limit the risk of disease.• SAPS and the National De-

fence Force are being consult-ed to help maintain law and order with Law Enforcement at collection points.To some, these six bullet

points may be reminiscent of apocalyptic images so often portrayed in films. It must be

understood that it was none other than the residents of Cape Town that held the brush to paint such a bleak reality. If the rest of South Africa heeds no warning of the Cape of Good Hope’s fate, the rest of the country’s canvas will be tainted as well.However, the solution for the

long term – the desalination of sea water – is not some-thing that we can turn to in the short term. To understand why we cannot rely on this method of water procurement, we must look at the rate of desalination relative to Cape Town’s daily water usage. The City has stated that they

will have three desalination plants operational by March – in Strandfontein, Monwa-bisi and the V&A Waterfront. When all three of these plants are fully operational and working at maximum capacity, it will produce 16 megalitres of fresh water each day. The City of Cape Town alone uses 600 megali-tres each day. This statistic

unfortunately renders the desalina-tion plants instru-ments of very slight mitigation, for the time being at least.At this very moment,

there are only two ways to avert the disaster: the obvious conservation of fresh water, and aquifers*. The latter is being pushed and

implemented more and more by the provincial government – over 400 hundred schools’ boreholes are being recommis-sioned and residential areas are making more frequent use of aquifer water for their homes. However, this solution is not permanent as the distance we can drill is limited, and the underground layer of water-bearing permeable rock runs only so deep.It all boils down to the fact

that we have to make signifi-cantly greater investments in water desalination plants and sparingly use water as the scarce commodity that it is.If we don’t act now, the next

apocalypse movie will be a documentary of South

Africa… * aquifer: an under-

ground layer of wa-ter-bearing permeable

rock, rock fractures or unconsolidated

materials (grav-el, sand, or silt) from which groundwa-ter can be extracted using a water

well.

WARNING: From 12 April, your home will be getting all its water from a municipal tap

Page 5: Concipio - | Paul Roos Gimnasium · Fees, Interskole en Dink-of-Sink) en vir diegene wat meer van navorsing hou is daar voorbereide debat (ATKV). Paul Roos het oor die afgelope drie

Page 5Uitgawe/Issue 292 Concipio

PRG se eie SokratesJacques Botma

Debat is al vir ’n paar jaar een van Paul Roos se vele kultuur aktiwiteite, maar het eers onlangs behoorlik begin vlamvat. Met die onlangse stigting van Paul Roos se eerste debatkommitee word daar gemik om debat by die skool na nuwe hoogtes te neem.Debat word in twee kat-egoriee opgedeel. Vir die manne wat daarvan hou om op hul voete te dink, is daar onvoorbereide debat (Woord-Fees, Interskole en Dink-of-Sink) en vir diegene wat meer van navorsing hou is daar voorbereide debat (ATKV). Paul Roos het oor die afgelope drie jaar uitstekend gevaar in beide formate. In 2015 word ons junior-span as die ATKV se Wes-Kaap-wenners aangewys. In 2016

wen die juniors die Wes-Kaapse Dink-of-Sink kom-petisie en eindig derde nasi-onaal. In dieselfde jaar eindig hulle vierde by die ATKV se landsfinaal. In 2017 behaal die seniors die vierde plek by die ATKV se landsfinaal.Dit is die debatkomitee se missie om op ’n volhoubare basis Paul Roos as een van die beste debatskole in die land te vestig. PRG het ’n trotse tradisie van gelyke geleenthede vir almal. Die bevordering van hierdie kultuuraktiwiteit sal voortbou hierop.Soos in enige sport is nie-mand ’n gebore kampioen nie. Talent help baie, maar soos met alles neem harde werk en gereelde oefening jou verder op die pad na sukses. Daarom maak ons dit duidelik dat debat nie beperk word tot die top twintig akad-emiese leerders nie.

Ons nooi julle dus vriendelik uit om so vinnig as moontlik by ons aan te sluit. Woon gerus ’n oefening by om te sien waaroor debat gaan en besluit dan self of jy daarvan hou. Aansoeklyste sal buite me. Van Staden se klaskamer (19A) in die LPR beskikbaar wees.Debat bied vir jou die geleentheid om jou spre-kersvaardighede, kommuni-kasievermoë, selfvertroue en algemene kennis te verbeter. Hierdie is lewensvaardighede wat jy lank na skool sal gebruik. Dit is belangrik om te onthou dat die mense wat die toekoms van ons land en wêreld gaan bepaal, diegene is wie hul sê kan sê en gewil-lig sal wees om op te staan en te veg vir dit waarin hulle glo – nie met vuiste nie, maar met kwinkslae. Want op die ou-einde is die woord nie tog magtiger as die swaard nie?

Page 6: Concipio - | Paul Roos Gimnasium · Fees, Interskole en Dink-of-Sink) en vir diegene wat meer van navorsing hou is daar voorbereide debat (ATKV). Paul Roos het oor die afgelope drie

Page 6Uitgawe/Issue 292 Concipio

Welkom by Paul Roos!

Photo: StephGeldenhuys

Phot

o: S

teph

Gel

denh

uys

Photo:Ronan Photo:Janré Potgieter

Photo: Neels Rossouw

Page 7: Concipio - | Paul Roos Gimnasium · Fees, Interskole en Dink-of-Sink) en vir diegene wat meer van navorsing hou is daar voorbereide debat (ATKV). Paul Roos het oor die afgelope drie

Page 7Uitgawe/Issue 292 Concipio

Photos:Ben BarnardMATRIC TIES

Page 8: Concipio - | Paul Roos Gimnasium · Fees, Interskole en Dink-of-Sink) en vir diegene wat meer van navorsing hou is daar voorbereide debat (ATKV). Paul Roos het oor die afgelope drie

Page 8Uitgawe/Issue 292 Concipio

Hardus van Staden setting himself a new personal best at the Interhouse athletics. Unfortunately his contribution could not claim his team the victory. In the end, Hofmeyr was crowned victorious , with Murray claiming the Gees-Cup.-Janco Bruwer

Watch out, BReyToN!!

Interhuis 2018PRG se nuwe Cheer-leaders is as volg : Hendré Baard (Hoof- cheerleader, onder); Johnnie Solms; Kobus Tubb; Jan-Corrick

van der Watt; Brynard Smal; Heinke Rix; Josh Calitz; JP van der Berg; Yann du Bois; De Villiers Stofberg; Kyle Rabie.

Photo: Lukas Stander

Photo:Ben Barnard

Page 9: Concipio - | Paul Roos Gimnasium · Fees, Interskole en Dink-of-Sink) en vir diegene wat meer van navorsing hou is daar voorbereide debat (ATKV). Paul Roos het oor die afgelope drie

Page 9Uitgawe/Issue 292 Concipio

Simon Franken

The Drumline is under new management and better than ever.Mr. Mark Augustin from the school’s music depart-ment has taken over. And he has vowed to take the Drumline to the next level.Paul Roos Gymnasium, one of the first schools to start a drumline in South-Africa, has been fol-lowed in suit by countless other schools trying to im-itate the unique experience. This, of course, is not new to our school of innova-tors and out-of-the-box thinkers. We have for years watched

as other schools try to copy us in what they sing and in what they strive to be like. But the original has always seemed to rise above the imitation. The first school to copy us by creating its own drum-line was none other than Paarl Boishaai, sparking immediate competition as to who would rise to the occasion and who would be proclaimed the lesser. For years the Paul Roos Drumline has been filled with brilliant drummers and drumline captains of exceptional talent. At some stage, however, the imitation has seemed to outshine our Drumline

over the last few years. Boishaai has acquired the best possible equipment and professional approach, and it might have sounded as if our enemies were do-ing their best to drum out the sound of our men with their short-sleeved blazers. But: we have not forgotten that Paul Roos does noth-ing without expecting to be the best and with the new drums a weekend away and hours upon hours of practising a brilliant new routine, there can be no doubt that we will once again claim the title as the best school drumline in the country.

Paul Roos Drumline: A brilliant new beat!When the beating of your heart echoes the beating of the drum …

Photo: Alet Conradie

Page 10: Concipio - | Paul Roos Gimnasium · Fees, Interskole en Dink-of-Sink) en vir diegene wat meer van navorsing hou is daar voorbereide debat (ATKV). Paul Roos het oor die afgelope drie

Page 10Uitgawe/Issue 292 Concipio

Henco du Pisanie

Terwyl 2017 se sportweek se einde begin naderwink het, het die meeste Paul Roosers sekoppe in die rigting van see, sand en baljaar op die strand begin dwaal. Maar vir ’n groep leerders van Paul Roos Gimnasium en Hoërskool Stellenbosch was daar eers ’n laaste aantekening op die kalender voordat die vakansie kon begin. Legacy. Dit is die kamp waar ’n mens onseker maar opgewon-de in die bus klim, sonder dat

jy weet van al die ‘verrassings’ wat vir jou wag. Dit het vanjaar plaasgevind in die berge by na die Hermanus, waar die groep en groepleiers in die middel van nêrens afgelaai was. Die kamp het ses dae geduur. Liggaamsoefening (PT) is dikwels en intens gedoen en boonop moes die manne binne die eerste twee dae 56km ver oor verskeie terreine en hin-dernisse stap– en dit met net die broodnodigste om te eet en te drink. Die hooftema van die kamp was om saam met jou vriende karakter te bou. Daar

was verskeie groepleiers wat praatjies gelewer het oor rele-vante onderwerpe. Die seuns het deelgeneem aan verskeie aktiwiteite, soos die aanleer van manlike vaardighede, watervalverkenning enwatersport. Legacy is ’n uitne-mende kamp wat karakter bou, broederlike vertroue kweek en sekere waardes beklemtoon. Dit leer jou ook om uit te kyk vir mense wat sukkel en te help waar jy kan.

Yster slyp yster

Christiaan Neethling en Jacques du Toit

Die afgelope paar weke het Paul Roos Gimnasium se krieket ’n hele klompie hoogtepuntebereik.Eerstens is Erich van Mollen-dorf, Henry Brink en Nicol Loftie-Eaton gekies om Namib-ië by dieO/19 Krieket-wêreldbeker in Nieu-Seeland te verteenwoor-dig.Nog ’n hoogtepunt was Paul

Roos se uitstekende uitslae by die Cape Schools Cricket Festival,aangebied deur die Hoër Jon-genskool Paarl.Van die drie Paul Roosers wat Namibië verteenwoordig kon Henry Brink slegs een wedstrydspeel aangesien hy vroeër ’n besering opgedoen het tydens ’n wedstryd in die Tri-Nationskrieketreeks. Erich van Mollen-dorf en Nicol Loftie-Eaton het beide gesukkel om lopies aan teteken, maar het wel ’n paar 30’s

behaal. Wat Nicol betref, het die bal het ook nie hard enduidelik genoeg die praatwerk gedoen nie.Die toernooi het amptelik op 13 Januarie 2018 begin en daar was van bal een af grootopwinding. Namibië was in ’n groep saam met Engeland, Bangladesh en Kanada en het al driewedstryde verloor. Daarna het hulle in die 9de plek die kwarteindwedstryd verloor teenZimbabwe maar hul het goed

Paul Roos Krieket

Yster slyp yster – vriende vorm

mekaar.

Page 11: Concipio - | Paul Roos Gimnasium · Fees, Interskole en Dink-of-Sink) en vir diegene wat meer van navorsing hou is daar voorbereide debat (ATKV). Paul Roos het oor die afgelope drie

Page 11Uitgawe/Issue 292 Concipio

teruggeveg en het Kenya in die semi-finaal gemaklik met 8paaltjies getroef. Hul laaste wedstryd van die toernooi was teen Ierland, teen wie hulle met 102lopies verloor het.Die manne van Paul Roos het wel nie die beste toernooi beleef nie, maar hulle het Namibiëgoed verteenwoordig en het die span gehelp om in die O/19 krieketwêreldbeker 14de te eindig.Hulle het ’n ervaring beleef waarvan sekere krieketspelers net droom.Paul Roos Gimnasium se eerste krieketspan het tydens die De-sembervakansie deelgeneemaan die Cape Schools Cricket Festival wat 8-12 Januarie plaasgevind het.Die spelers het ’n oefenkamp bygewoon ter voorbereiding vir die toernooi en die Stellen-boschAcademy of Sport (SAS) het die spelers, sowel as die af-rigters, dus vir al agt daegeakkommodeer. Ons krieketspelers was wel nie die enigste span wat tydens dié periode bySAS gebly het nie. Van die ander sportspanne wat daar was, sluit in die Blitzbokke,

Suid-Afrikase Vroue- Sewesrugbyspan, Stellenbosch se Sokkerklub en Brittanje en Suid-Afrika senasionale swemspanne.Paul Roos het die toernooi teen St. Johns College van Johannes-burg afgeskop. Die besoekerskon slegs 148 lopies op die bord sit, wat deur PRG se twee openingskolwers, Ruan Terblanche(90*) en Jacques du Toit (51*), afgejaag is om op die eerste dag van die toernooi ’n tienpaaltjie-oorwinning te verseker.Die eerste span het op dag twee teen Hoërskool Noordheuwel eerste gekolf en 212/5 behaal(Stephan Maree 79*, Ruan Ter-blanche 34) vir hul opponente om af te slaan. Die manne vanKrugersdorp is uitgeboul vir 164 (Aiden Meyer 3-23) wat beteken dat Paul Roos dié wedstrydmet 48 lopies gewen het.Volgende was Pretoria Boys’ High en soos die meeste mense verwag het, was dit ’nuitstekende vertoning. PBHS het eerste gekolf en ’n totaal van 268/8 in hulle 70 boul-beurteaangeteken. (Stephan Maree 4-40).PRG het briljant gekolf om in hulle 50 boulbeurte tot by

263/7 te kom (Francois Joubert 87, RudiClaassen 76, Jacques du Toit 35) en die wedstryd het ongelukkig gelykop geïndig as gevolgvan die tipe formaat wat hulle gespeel het.Dag vier was ’n dag waaraan die spelers nie sommer aan herinner wil word nie. PRG was 66lopies kort teen Noordkaap Hoërskool se totaal van 184. (Daneel Henn 5-29, Stephan Maree 3-22).Garsfontein was ons volgende teenstanders. Die wedstryd was ’n T20 en die skool van Pretoriais bekend vir hulle krieket in die korter formaat. Paul Roos het eerste gekolf en ’n groottotaal

van 177/2 aangeteken, waar Ruan Terblanche 108 lopies van slegs 75 balle gemoker het.Garsfontein kon slegs 110 lopies op die bord sit en ons het as oorwinnaars uit die stryd getree.Die toernooi is op ’n hoë noot afgesluit en die spelers kon die laaste paar dae van die vakansiegeniet. Paul Roos kan gerus trots wees op hierdie hoogtepunte.

Page 12: Concipio - | Paul Roos Gimnasium · Fees, Interskole en Dink-of-Sink) en vir diegene wat meer van navorsing hou is daar voorbereide debat (ATKV). Paul Roos het oor die afgelope drie

Page 12Uitgawe/Issue 292 Concipio