22
1 Bybelskool Hebreërs 11 Die grootste krag in die wêreld – Geloof Dinsdagaand 2 Sept 2014 Wat geloof is! Dinsdagaand 9 Sept 2014 Geloof in aksie! Dinsdagaand 16 Sept 2014 Geloof in aksie! Dinsdagaand 23 Sept 2014 Die volmaakte einddoel van geloof! Aanbieder: ds. Gerrit (GS) Kruger Plek: Gereformeerde Kerk Centurion Datum: Dinsdae-aande 2,9,16,23 September 2014 Tyd: 19:00-20:15 Onkostes: R 100 per persoon of gesin. Kontakpersoon: Nelly Silvis sel. 082 921 4904 [email protected] Bronne Bybel in Praktyk 1993 Hebreërs.. Fika J van Rensburg. p.1926-1929 Kistemaker SJ 1984 Hebrews NTC p.309 Pawson D 2007 Unlocking the Biblep1113-1143 Van der Watt J.(red) 2003 Die Bybel A-Z p 835 ev Wiersbe WW 1989 The Bible Exposition Commentary. NTC vol 2 p.317-331

Bybelskool 2014 hebreers

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: Bybelskool 2014 hebreers

1

Bybelskool

Hebreërs 11

Die grootste krag in die wêreld – Geloof

Dinsdagaand 2 Sept 2014 Wat geloof is!

Dinsdagaand 9 Sept 2014 Geloof in aksie!

Dinsdagaand 16 Sept 2014 Geloof in aksie!

Dinsdagaand 23 Sept 2014 Die volmaakte einddoel van geloof!

Aanbieder: ds. Gerrit (GS) Kruger

Plek: Gereformeerde Kerk Centurion

Datum: Dinsdae-aande 2,9,16,23 September 2014

Tyd: 19:00-20:15

Onkostes: R 100 per persoon of gesin.

Kontakpersoon: Nelly Silvis sel. 082 921 4904

[email protected]

Bronne

Bybel in Praktyk 1993 Hebreërs.. Fika J van Rensburg. p.1926-1929

Kistemaker SJ 1984 Hebrews NTC p.309

Pawson D 2007 Unlocking the Biblep1113-1143

Van der Watt J.(red) 2003 Die Bybel A-Z p 835 ev

Wiersbe WW 1989 The Bible Exposition Commentary. NTC vol 2 p.317-331

Page 2: Bybelskool 2014 hebreers

2

Wat geloof is!

Heb 11:1-3

1 Inleiding

Wat is die grootste aardse krag waaraan ons kan dink?

Wat is die grootste geestelike krag?

Geloof – die grootste krag in die wêreld!

Jak 5:16b-18 Dit was en is geloof in aksie.

Mat 21:21 Daarop antwoord Jesus hulle: “Dit verseker Ek julle: As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle kan doen wat Ek aan die vyeboom gedoen het. Meer nog: Julle sal vir hierdie berg kan sê: ‘Lig jou op en val in die see!’ en dit sal gebeur.”

2 Hebreërs openbaar aan ons, onder andere, dat Geloof die grootste krag in die

wêreld is!

‘n Kort agtergrond van die boek Hebreërs

2.1 Tydlyn (Bybel A-Z 2003:835)

Paulus in Tronk Die Romeine Klemens

Jesus in Sesarea tussen verwoes tempel haal in

Gekruisig 57 – 60 nC gekruisig in Jerusalem 96 nC aan

uit Hebr.

30 nC 45 nC 57 nC 60 nC 70 nC 90nC 96 nC____

Jode uit Rome verban Paulus in tronk Hebreërs waar-

oor ‘n ene “Chrestus” in Rome skynlik geskryf

2.2 Oorsig

“Ons het ’n Afrikaanse spreekwoord wat sê dat ’n nuwe besem skoon vee. Dit is dikwels ook

op ons geloofslewe van toepassing. In die tyd kort nadat mens bewus geword het van die

feite dat God jou sy kind gemaak het, is daar ’n varsheid wat tintel van opgewondenheid en

van liefde vir God en sy wil. So ’n persoon sal ywerig die Bybel bestudeer en bereid wees

om groot opofferings te maak. Naderhand is dit egter nie meer so lekker om die “besem” te

gebruik nie: die verhouding met die Here verloor sy nuutheid en varsheid. Die swaarkry van

die lewe word ’n rede om God se liefde en die waarheid van sy beloftes te betwyfel. Hierdie

verflouing kan veroorsaak word deurdat mens vassteek by die belewing van die feit dat God

jou vrygespreek het, nie ook besef dat die vryspraak inhou dat jy elke dag in alles wat jy

doen, noue kontak met God moet hê nie.” (Bybel in Praktyk.1993:1908))

2.3 Doel van die brief (Bybel A-Z 2003:835; Bybel in Praktyk.1993:1908))

Om die gelowiges wat besig is om in die geloofstryd uit te sak, op te roep om in die geloof te

volhard. (Bybel in Praktyk.1993:1908)

Die gelowiges aan wie die boek Hebreërs geskryf is, se liefde vir God het verflou toe hulle

onder moeilike omstandighede moes leef. Hulle was moeg, moedeloos en vol twyfel. (Bybel A-Z 2003:835)

Page 3: Bybelskool 2014 hebreers

3

Ons noem die brief ook ’n paranetiese geskrif, d.i. ’n vermaningsbrief vgl. Heb 13:22; Heb

3:12; Heb 6:4

2.4 Skrywer

Die skrywer is onbekend, maar dit blyk tog dat dit baie moontlik Paulus kon wees, alhoewel

volgens die tydlyn dit weer duidelik blyk nie Paulus kon wees nie. Maar die Skryfstyl dui

daarop dat dit nie Paulus was nie. In die ou Statenvertaling, is die opskrif van die boek: “De

brief van den Apostel Paulus aan die Hebreën.” Maar dit blyk duidelik dat die opskrifte

latere byvoevings was. Calvyn het beweer dat dit moontlik Paulus was.

Maar in ons belydenis in NGB art 4 bely ons dat Hebreërs een van Paulus se veertien briewe

is.

2.5 Aan wie is die brief of preek geskryf?

Daar is nie duidelikheid aan wie die brief/preek geskryf is nie.

Daar is geen adres aan wie die brief gerig is aan die begin van die brief/preek nie.

Ons lees in Hand 6:1 van die Hebreërs. Paulus noem homself ’n Hebreër. Fil 3:5

2.6 Die vorm of inhoud van die brief.

Ons kan hierdie nouliks ’n brief noem. Die begin is nie die van ’n brief nie, die aanhef

ontbreek. Dr. Grosheide reken dat hierdie feitlik ’n preek, met ’n begeleidende skrywe is.

2.7 Kernsake in Hebreërs.

Hierdie eerste geskrewe preek gaan jou wys hoe jy gelowiges wat geestelik kortasem

geraak het en aan hulle geloof begin twyfel, moet benader. Herinner hulle aan alles

wat Christus vir hulle gedoen het en dat hulle die reg het om intiem naby God te leef.

Jy gaan sien dat Jesus nie net hoër as die belangrikste godsdienstige leiers (soos

Moses of ’n hoëpriester) is nie, maar dat Hy ook verhewe bo die engele is.

Jy gaan sien dat ons nie meer ’n menslike priester as skakel met God nodig het nie.

God praat direk met ons en ons direk met Hom, en dit kan ons regkry omdat Jesus

Christus die groot Hoëpriester is wat die pad na God toe vir ons oopgebreek het en vir

ons by God intree.

Die skrywer verduidelik dat Christus die volmaakte offer gebring het.

Jy gaan sien dat gelowiges nie mag stilstaan by die wete dat Christus al hulle sondes

weggeneem het en dat hulle met God versoen is nie. Hierdie wete is soos melkkos

wat vir babatjies bedoel is. Gelowiges moet groei tot volwasse grootmense deur die

melkkos te verruil vir vaste kos. Dit hou in dat hulle ook hulle leefstyl inrig soos wat

God dit wil hê.

Jy gaan agterkom dat gelowiges hulle sekerheid nie moet laat afhang van hoe hulle

voel nie, maar net van wat God sê. Hulle moet God op sy Woord neem en besef dat

hulle redding nie van hulle gevoel afhang nie, maar van Sy belofte. (Bybel A-Z 2003:836)

2.8 Kort sketsplan of gedagtegang van die inhoud.

A) Oproep om ag te slaan op die woord wat God deur sy Seun praat (1:1-4:13)

B) Oproep om vas te hou aan die belydenis van Jesus as Hoëpriester. (4:14-10:31)

Page 4: Bybelskool 2014 hebreers

4

C) Oproep om te volhard in die geloof en te ontvang wat God beloof het (10:32-12:27)

D) Gevolgtrekkende en samevattende oproep: Dien God dankbaar met eerbied en ontsag.

(12:28-13:19)

E) Preekslot (13:20-21)

F) Briefbylae (13:22-25) (Bybel in Praktyk.1993:1909)

3 Hebreërs gaan oor die ootreffende, superlatiewe trap om Jesus Christus te openbaar.

Jesus Christus is die Volmaakte, ware mens “Mens”. Heb 1-6

Jesus Christus is die Volmaakte-Hoëpriester. Heb 7-10

Geloof, die grootste krag in die wêreld. Heb 11-13

4 Geloof of Ongeloof of Twyfel?

Die Satan se manier om die gelowiges van God af weg te trek is deur van Twyfel gebruik te

maak.

Johannes die Doper Mat_11:6 “En gelukkig is elkeen wat nie aan My begin twyfel nie.”

Petrus het op die see geloop en begin twyfel. Mat_14:31

Die dissipels het getwyfel en Jesus het hulle geantwoord nadat Hy die vyeboom

vervloek het en die vyeboom dadelik verdroog het: Mat_21:21

Jesus het aan sy dissipels gesê nadat Hy opgestaan het en aan sy dissipels verskyn het

dat hulle nie moet twyfel nie. Luk_24:38

Die lesers van die brief van Hebreërs was: getempteer om terug te keer na

Judaïsme en om hulle geloof weer in Moses te stel. Heb 6:1,2 Heb 10:39

5 Volhard in die geloof Heb 10:32-39

Voordat ons Heb 11 begin lees moet ons eers die konteks kry vanuit Hebreërs 10

Dit is die vooraf-verstaan om Heb 11 te verstaan…

6 Die verklaring van geloof. Heb 11:1-3

6.1 Is Heb 11:1-3 ‘n definisie van geloof?

6.2 Geloof in die griekse taal is πιστις - pistis

Hebreërs 1:1 is nie ‘n definisie van geloof nie, MAAR…

Ware Bybelse geloof is nie…

Ware Bybelse geloof is…

Hierdie geloof is eintlik baie eenvoudig.

Die omstandighede mag maak dat ons dink geloof is onmoontlik in ‘n situasie…

Die gevolge mag skrikwekkend en selfs onbekend wees…

6.3 Geloof is ook ‘n belydenis

Apostoliese geloofsbelydenis of die twaalf artikels van ons geloof.

Die apostel Petrus het ook die belydenis van sy geloof gedoen Mat 16:13-18

Page 5: Bybelskool 2014 hebreers

5

6.3 Geloof is ook ‘n genadegawe van God.

Ef 2:8-10

Ateïste sê dikwels: “Geloof is ‘n nie-logiese geloof in gebeure wat onmoontlik is.”

“As ek iets nie verstaan of kan verklaar nie, glo ek dit nie.”

6.4 Die objek van die wêreld is die volgende.

Die wêreld en die ateïste het nie ‘n Godsbegrip nie, hulle glo in hulleself of iets wat tasbaars

of sigbaar of voelbaar of verstaanbaar is.

6.5 Die objek van die christene is as volg:

Die Objek van die Christelike geloof is die Drie-enige Verbondsgod, Vader, Seun en Heilige

Gees.” NGB art 1

7 Drie woorde in Heb 11:1-3 gee ‘n opsomming van wat ‘n ware Bybels-

gefundeerde geloof is.

Hebreërs 11:1-3 (OAV)

Heb 11:1 “Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van

die dinge wat ons nie sien nie. Heb 11:2 Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang. Heb 11:3 Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is,

sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.”

7.1 ‘n Vaste vertroue op die dinge wat ons hoop.

υ ποστασις – hupostasis – ‘n vasstaande vertroue, ‘n versekering, ‘n ondersteuning

ελπι ζω - elpizo - ‘n hoop, nie op iets wat miskien is nie, maar wat vas en seker is.

Toepassing

Ons kan hierdie Vaste vertroue as volg verduidelik:

Geloof is vir ‘n christen wat ‘n fondasie vir ‘n huis is. Mat 7:24-28

Geloof is die vaste vertroue op die dinge wat ons hoop.

Geloof is die versekering dat wat God in sy Woord beloof het sal gebeur.

Geloof is die versekering dat ons in en deur Jesus Christus die ewige lewe reeds

verkry het en eendag sal beërf.

7.2 ‘n Bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

Hier het ons ‘n oortuiging van die dinge wat ons nie sien nie.

Hier het ons ‘n innerlike oortuiging van wat God belowe.

Die geloofshelde het juis geglo, al het hulle nog nie gesien of ervaar wat die toekoms inhou

nie

Page 6: Bybelskool 2014 hebreers

6

8 Getuienis vir die mense van die ou tyd was die vaste vertroue en die bewyse. Heb 11:2

Getuienis is ‘n baie belangrike woord in Hebreërs 11 en kom 5x voor.

μαρτυρεω - martureo - om ‘n getuie te wees, om te getuig,

In Hebreërs 12:1 lees ons van hierdie klomp getuienis as ‘n wolk van getuienis.

8 Deur die geloof verstaan ons die Skepping van die wêreld Heb 11:3

Die skrywer maak dit duidelik bekend dat geloof ‘n baie praktiese saak is. Heb 11:3

“Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is:

die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie.”

God het aan Job gevra in Job 38:4-8 …

God het geskape deur ‘n woord te spreek! Gen 1:3,6,9,14,20,24

Baie ongelowiges verskil met ons en sê dat geloof nie ‘n praktiese saak is nie.

Geloof laat ons God verstaan en in Hom glo soos wat Hy van ons verwag.

Geloof stel ons in staat om te kan sien, wat ander nie kan sien nie. Heb 11:7,13, 27

Geloof stel ons in staat om te kan doen wat ander nie kan doen nie.

9 Praktiese toepassing van geloof

9.1 Valse of verkeerde geloof

Historiese geloof

Tydgeloof

Wondergeloof

9.2 Die ware geloof

In ons belydenis-skrifte het ons ‘n definisie van geloof.

Heidelbergse Kategismus Sondag 7 vrae en antwoorde 21-23

9.2.1 Wat ons bely oor geloof in die Heidelbergse Kategismus Son 7 Vraag en antw 21:

9.2.2 Wat ons bely oor geloof in die Heidelbergse Kategismus Son 7 Vraag en antw 22:

9.2.3 Wat is die inhoud van die geloof, afgesien van die Hele Bybel? Son7 Vr en antw. 23

10 Ten Slotte

Geloof is die grootste krag in die wêreld.

Dit gaan op aarde nie beter word nie, dit gaan al swaarder gaan.

Mat_10:28 “Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan

doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat

vergaan.”

Page 7: Bybelskool 2014 hebreers

7

Geloof in aksie!

Heb 11:4-7

1 Inleiding

Ons kan die volgende indeling doen van Hebreërs 11

A 11:1-3 ’n Definisie van Geloof.

B 11:4-7 Drie voorbeelde van Geloof. Abel, Henog en Noag. Gen 4-11

C 11:8-19 Die geloof van Abraham Gen 12-20

11:8-10 Die beloofde land

11:11-12 Die beloofde seun

11:13-16 Die belofte

11:17-19 Die toets van geloof

D 11:20-22 Die geloof van Isak, Jakob en Josef Gen 21-50

E 11:23-29 Die geloof van Moses Ex 1-40

11:23-26 Moses se kleintyd en opleiding en positionering

11:27-29 Moses se leierskap

F 11:30-31 Die geloof by Jerigo van Israel en Ragab Jos 1-6

G 11:32-38 Bekende en onbekende geloofshelde Rig 6

11:32-35a Die geloofshelde wat oorwin het

11:35b-38 Die geloofshelde wat gely het

H 11:39-12:3 Die volmaakte einddoel van geloof

Hierdie hoofstuk in Hebreërs se eintlike doel is om die geloofshelde as besielende voorbeelde

van ware gelowiges se volharding aan ons te teken.

Rolmodelle was nog altyd belangrik in die mens se geskiedenis.

2 Drie voorbeelde van Geloof 11:4-7 Abel, Henog en Noag. Gen 4-11

Die kontras tussen geloof en ongeloof word duidelik gewys en bewys in die lewens van ons

gelowige voorvaders.

Die teenstelling tussen geloof en ongeloof.

2.1 Abel Gen 4:1-24

2.1.1 Abel impliseer Adam maar Abel word ook deur Jesus genoem.

By implikasie word Adam se naam eerste genoem by die gelowiges, maar nie pertinent as ’n

geloofsheld nie. Adam was die eerste mens op aarde. Adam het geglo, maar hy het

gesondig. Abel word nou onder die geloofshelde dan eerste genoem. Abel het ’n besondere

plek die heilige openbaringsgeskiedenis. Selfs Jesus Christus het hom ’n regverdige man

genoem. Mat 23:35 Luk 11:51

Page 8: Bybelskool 2014 hebreers

8

2.1.2 Kontras tussen Abel en Kain. Gen 4:1-16

Abel het met vee geboer, ‘n skaapherder en sy ouboet Kain met gesaaides, ‘n

landbouer. Gen 4:2

Verkeerde bewyse dat Kain se offer nie aanvaar is nie.

Abel se offer-rook trek boontoe en Kain sin af aarde toe. Rembrandt se skildery.

Vuur uit die hemel verteer Abel se offer, Kain se offer moet self aangesteek word.

Dit is alles net spekulasie. Lees Gen 4:3

Diereoffers is nie meer aanvaarbaar as graan of vrugteoffers nie.

Ons moet kyk na hulle gesindheid.

Wat was God se antwoord aan Kain? Gen 4:6-7

Gesindheid – 2 Kor 9:7 Spreuke 16:2

2.1.3 Abel se geloof?

Ons lees drie maal in die een vers oor Abel die woord deur die geloof.

Heb 11:4 (OAV) “Deur die geloof het Abel ‘n beter offer aan God gebring as Kain, waardeur hy getuienis ontvang het dat hy regverdig was, omdat God oor sy gawes getuienis gegee het; en deur dieselfde geloof spreek hy nog nadat hy dood is.”

2.1.4 Abel was ’n regverdige man.

Hy het in harmonie met God en sy medemens geleef.

Daarom was hy bekend as ’n regverdige man.

2.1.5 Die kwaliteit van Abel se geloof blyk uit die volgende:

Dit het iets aan sy geloof gedoen

Dit het iets aan homself gedoen. Rom 1:5 Jak 2:14-16

Dit het iets aan sy getuienis gedoen. (Du Toit. 2002:186)

2.1.6 Abel spreek nog deur dieselfde geloof tot ons al is hy reeds dood.

Abel is die vader van die gelowiges voor Abraham.

2.1.7 Toepassing van die geloof. Heb 11:6

Wat leer jy van Abel se geloof?

Hoe was Abel se geloof ’n voorbeel vir jou?

Hoe kan jy Abel navolg in sy geloof?

Heb 11:6 “En sonder geloof (OAV)

is dit onmoontlik om God te behaag;

want hy wat tot God gaan,

moet glo dat Hy is en

‘n beloner is van die wat Hom soek.”

Hierdie vers is die toepassing op elke gelowige van alle tye.

Page 9: Bybelskool 2014 hebreers

9

2.7.1 God bestaan! Ex 3:4

2.7.2 Hoe behaag of plesier ons God?

2.7.3 Hoekom bid ons tot God? 1 Tes 5:17

2.7.4 Hoe soek ons God in die gebed?

Ons sien dus dat Abel se geloof vir hom groot beloning ingehou het.

Sy geloof was die grootste krag in die wêreld vir hom.

Hy het die ewige lewe beërf en Kain nie.

2.2 Henog Heb 11:5,6 Gen 5:21-24 OAV

3x lees ons dat Henog weggeneem is.

“Die geheimsinnigheid rondom Henog het aanleiding gegee tot allerlei kleurryke spekulasie.

Drie Henogboeke het rondom hom ontstaan.

Al drie het in die Joodse nie-kanonieke literatuur tuisgekom.” (Du Toit.2003:187-8)

Interessant genoeg bevat Judas 14-15 ’n aanhaling uit die Eerste Henogboek 1:9.

Die Hebreërskrywer werk egter nie met spekulasies nie, maar hy laat die klem op Henog se

geloof val.

Henog het geleef soos God wou lees ons in Hebreërs 11:5

Henog het geleef om te doen wat God wou lees ons van in Hebreërs 11:6

Henog het naby God geleef.

Henog het met God gewandel.

Wat beteken dit as “iemand met God wandel”?

Dit is opmerklik in die genealogie van Henog dat ons lees dat al sy familie gesterf het,

net hy is weggeneem, in Hebreeus: “hy was nie meer daar nie.” Gen 5:5-24

Toepassing

Die rede hoekom Henog nie doodgegaan het nie maar direk na die hemel opgevaar het was...

“Omdat Henog geglo het.”

Wie het nog dirke hemel toe gegaan? 2 Kon 2:1 en 11

As die Hebreërskrywer van Henog praat in vers 6, praat hy eintlik met die gemeente.

Tussenwerpsel

Gen 4:25,26 26) “Ook vir Set is daar 'n seun gebore, en Set het hom Enos genoem.

In daardie tyd het die mense begin om die Naam van die Here aan te roep.”

2.3 Noag Hebreërs 11:7; Gen 5-9

Die verhaal van Noag begin in Gen 5-9

Noag het sy geloof in God geopenbaar en bewys in ’n wêreld van ongeloof. Gen 6:1-7

Noag is deur God begenadig want hy het guns in die oë van God gevind. Gen 6:8-9

Soos sy voorgangers, Abel en Henog, het Noag al sy vertroue in God gestel.

Die Skrif openbaar nie die spot wat Noag moes verduur van die mense nie.

Page 10: Bybelskool 2014 hebreers

10

Dit moes menslikerwys ’n verleentheid gewees het om ’n skip, die ark, te bou op waarskynlik

droë grond. Waarskynlik moes Noag terugslae gehad het en ook moontlik soms kleingelowig

gewees het.

MAAR... Omdat Noag geglo het, het hy gebou!

Noag het alleen gestaan in sy geloof in die wêreld, buiten sy drie seuns en hulle vrouens.

Die Skrif beskryf Noag as ’n regverdige mens. Gen 6:9

Esegiël skryf oor Noag... Eseg 14:12-14

Petrus beskryf Noag as ’n regverdige mens. 2 Petr 2:5

Die Hebreër-skrywer beskryf Noag Geen profeet het ooit so ’n boodskap van totale oordeel oor die hele wêreld gebring soos

Noag nie.

Samevatting

Die geloofshelde voor Abraham was ware geloofs-pioniers, Abel, Henog en Noag.

Hierdie drie manne het omtrent alleen gestaan in hulle geloof.

Rondom al drie die manne was daar ongeloof, ongehoorsaamheid, en ’n gelowige

gemeenskap was daar nie wat hulle ondersteun het nie.

Abel - Sy pa en ma, Adam en Eva het in ongehoorsaamheid verval.

- Hulle is uit die paradys verdryf.

- Kain was ongehoorsaam en het moord gepleeg.

- Abel daarenteen wou God dien en God se wil doen.

- Abel was ’n eensame figuur, ’n ware geloofs-pionier en geloofsheld.

Henog – Ons weet baie min van die wêreld waarin Henog geleef het.

- Wat ons van Henog weet is in ’n genealogie opgeskryf.

- Tog skryf Moses hy het met God gewandel

- Henog was ’n man met geloof.

Noag – was ’n regverdige man wat met God gewandel het.

- Hy was ook ’n pionier van die geloof.

- Die wêreld het hom versaak en tog het hy bly glo.

Geloof is die grootste krag in die wêreld.

Omdat Abel geglo het is hy gered.

Omdat Henog geglo het, is hy opgeneem in die hemel sonder om te sterf.

Omdat Noag geglo het, is hy en sy familie, agt mense, van verdrinking bewaar.

Ten Slotte

Vir sy geloof het Abel met sy lewe betaal.

Vanweë sy geloof, het Henog die lewe lewendig verlaat.

Deur sy geloof het Noag sy eie en sy familie se lewe gered.

MAAR Geloof bly die grootste krag in die wêreld.

Page 11: Bybelskool 2014 hebreers

11

Geloof in aksie!

Heb 11:8-22

Die aardsvaders, Abraham, Isak, Jakob en Josef

1 Inleiding

Abraham is bekend as die vader van die gelowiges.

Deur Abraham het God begin om vir Hom ‘n volk te bou wat Hom sou dien.

Daarom dat die Hebreërskrywer nie anders kan nie as om in die wolk van geloofsgetuienis,

Abraham te noem en die langste gedeelte aan hom af te staan, naamlik Heb 11:8-19, 11 verse.

Die klem in hierdie deel lê op die beloftes van God en sy planne vir die nasie van Israel.

2 Abraham se geskiedenis Gen 11:10-25:11

2.1 Abraham se geslagsregister Gen 11:27-32; 25:1-6

2.2 Abraham se roeping en God se belofte Gen 12:1-3

3 Abraham se onvoorwaardelike geloof in God Heb 11:8-10

Ons lees van Abraham se onvoorwaardelike en sterk geloof in God.

Daar is ten minste drie kere wat Abraham se geloof oorwinning tot gevolg gehad het.

3.1 Abraham se roeping en sy gehoorsaamheid en die eiendom wat hy in Kanaän

besit het. Heb 11:8

Abraham is geroep en hy het sonder twyfel gehoorsaam en weggetrek.

Abraham se besitting, grond. Gen 23:3-20; Hand 7:5

3.2 God se belofte van ‘n groot nageslag, ‘n nasie. Gen 12:1-4; Heb 11:11,12

Abraham sou ‘n groot nasie word.

Hy het vir Isak eers gekry toe hy 100 jaar oud was.

Hy het sy twee kleinseuns, Jakob en Esau, geken en gesien, 15 jaar voor sy dood.

Abraham se geloof is navolgingswaardig.

Hy het gedoen wat God gevra het.

Sy geloof het die toets deurstaan.

Abraham het God getrou geag. Heb 11:11

3.3 Abraham het twee beloftes ontvang wat Hy nooit in vervulling gesien het nie.

Aan Abraham is die land Kanaän belowe.

Abraham het nooit ‘n groot nageslag gesien nie, net ‘n seun Isak en twee kleinkinders,

Jakob en Esau.

Abraham het wel ook vir Hagar en ander byvrouens, Ketura, en ander kinders gehad,

maar dit was byvrouens en nie Abraham en Sarai se kinders nie. lees Gen 25:1-6

Page 12: Bybelskool 2014 hebreers

12

3.3.1 Abraham het geglo hy sal ‘n plek beërf. Heb 11:8

Abraham het onmiddellik weggetrek.

Wat het dit van hom gevra? Gen 12:1

In geloof het Abraham weggetrek.

In geloof het hy sy familie-bande gebreek en weggetrek.

In geloof kon hy nie eers sê waarnatoe hy getrek het nie, want hy het nie geweet nie.

Abraham se naam sou groot wees onder die nasies. Gen 12:2-3 God se naam is grootgemaak

3.3.2 Abraham sou ‘n land erf.

Abraham het ‘n belofte ontvang dat hy as erfenis ‘n land van melk en heuning sou

ontvang.

Dit is eers olv Josua dat die twaalf stamme die land in besit geneem het.

3.3.3 ‘n Stad wat hy sou beërf. Heb 11:9,10

Abraham se verblyf in Kanaän was so tydelik soos die tentpenne wat hy in die grond gedryf

het. Hy het van plek na plek getrek met sy vee.

Abraham se verblyf was tydelik, maar sy geloof was vas en seker en blywend.

3.3.4 Abraham se geloof het verby die belofte van ‘n land en ‘n groot nageslag gestrek.

Abraham het sy oog altyd gehou op die ewige lewe.

Abraham het uitgesien na die “ewige stad” waarvan God die “argitek” en die “bouer” is.

Abraham het geweet die ewige stad se fondasies was vir ewig. Open 21:14,19; Joh 14:1,2

Heb 12:22 “Maar julle het wel gekom by Sionsberg en die stad van die lewende God, dit is die hemelse Jerusalem met sy miljoene engele, by die feestelike samekoms,”

Toepassing

Het jy al ‘n saak moes aanpak wat jy glad nie geweet het wat die uitkoms sal wees

nie?

Moes jy al op God vertrou al was al die tekens en voorspellings daar dat dit ‘n verlore

stryd of saak is?

Besef jy God se beloftes is nie in die eerste plek vir woonplek en rykdom op aarde

nie, maar is gerig op die hemelse?

Is jou geloof ook opreg daarop om God te prys of kyk jy nog vas teen die tydelike?

3.3 Abraham se beloofde nageslag Heb 11:11-12

Die skrywer van Hebreërs gaan, in harmonie met die openbarings-geskiedenis van Abraham

in die boek Genesis vanaf die beloofde land, na die beloofde nageslag of seun.

Die OAV en die NAV verskil in vertalings.

NAV praat van Abraham en die OAV praat van Sara.

Page 13: Bybelskool 2014 hebreers

13

Die verskil in vertalings kom daarop neer dat Abraham die objek is.

Die man is die objek, daarom het die vertalers Abraham se naam bygesit.

In die grieks het hulle dit so verstaan, maar in ander vertalings lyk dit of dit nou oor Sara se

geloof gaan. Ander kommentators gaan van die standpunt uit dat man en vrou een is en

daarom reken hulle moet die man en vrou saam genoem word.

Ons kan dit ook as volg vertaal:

“Deur die geloof het hy (Abraham) ook, saam met Sara, die krag ontvang om ‘n kind te

verwek.” Rom 4:9

3.4 Die belofte Heb 11:13-16

3.4.1 Die voorvaders het uitgesien na ‘n permanente blyplek.

- Moses het die belofte van Kanaän ontvang maar het self nie Kanaän binnegetrek nie,

en het net die land vanaf die top van Moab gesien. Num 27:12; Deut 3:27; 32:49;

34:1-4

- REDE Heb 11:27b “Omdat hy geglo het, het hy Egipte verlaat sonder dat hy vir die woede van die koning bang was. Hy het volhard soos iemand wat die onsienlike God sien.”

- 2 Petr 3:13 “Maar ons leef in die verwagting van 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde wat God belowe het en waar die wil van God sal heers.”

3.4.2 Die voorvaders het aan die beloftes vasgehou en nie terugverlang na hul

geboortelande nie. Heb 3:15,16

Ons voorvaders het nie terugverlang nie.

Hulle het die geloof behou.

Hulle kon maklik teruggedraai het.

Jos 24:2-5 Abraham, Sarai, Isak, Jakob en josef is begrawe in die land van belofte, in Kanaän.

Hulle het verlang na ‘n beter land as ‘n fisiese land Kanaän.

Hulle het verlang na die hemelse.

Hulle het verlang na die ewige lewe by God.

3.4.3 Jesus Christus het die volgende gesê in Mat 22:23-33

Jesus Christus het self hierdie saak aangeraak toe die Sadduseërs Hom uitgevra het.

Ons lees in Mat 22:31-32

God is die God van die lewendes.

Elkeen wat in Hom glo gaan die hemelse vaderland beërf.

Fil 3:20 “Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.”

3.5 Die toets van Abraham se geloof. Heb 11:17-19

Ons lees die gebeure in Genesis 22.

Die Hebreërskrywer sluit Abraham as geloofsheld af met die grootste toets wat ‘n ouer seker

kan kry, hy moet vir Isak gaan offer.

Page 14: Bybelskool 2014 hebreers

14

3.5.1 Gehoorsaamheid Gen 22:11,12

3.5.2 God se belofte Heb 11:17-19; Rom 9:6-8

3.5.3 Die krag van Abraham se geloof. Rom 4:17-25

5 Isak se geloof Heb 11:20 (Schutte H 2003 Ken jy hulle? 50 studies oor Bybelmense. Deel 1 p.26-28)

Lees: Gen 17:15-22; 18:9-15; 21:1-13; 22; 24; 25:19-28:6; Rom 9:7b-16

Die Here het self Isak se naam gekies. Gen 17:9

Isak was die belofte-kind, die kind wat die belofte met Abraham in werking sou stel.

Die verbond is met Isak herhaal in Gen 26:4.

In teologiese terme word hierdie gebeurtenis ook as volg verklaar.

Isak was ‘n tipe van Jesus Christus.

Hy moes in gehoorsaamheid geoffer word.

Jesus Christus moes ook in gehoorsaamheid geoffer word.

Jesus Christus is aan die kruis gespyker.

Isak is vasgemaak op die offeraltaar.

Jesus Christus is wel geoffer.

Isak is losgemaak en ‘n ram is in sy plek gegee.

Vir Jesus Christus was daar nie genade nie, Hy moes die hele kruisiging deurgaan.

Isak trou met Rebekka, sy enigste vrou en by haar vind hy geluk en vrede.

Isak het net soos sy pa Abraham gemaak of Rebekka sy susters was. Gen 26:6,7,8

Isak leef in vrede met die Filistyne en by koning Abimelek. Gen 26

Isak se geloof

Isak het ook sonde en foute gehad.

Kinders voorgetrek.

Hy het gejok oor sy vrou, as sy suster.

Maar Isak was ‘n begenadigde man met ‘n sagmoedige en stille gees wat kosbaar is voor

God.

Ooreenkomste tussen Abraham en Isak

Albei se oudste seuns, Ismael en Esau het nie die seën van die eersgeborenes ontvang

nie.

Albei se tweede seuns, Isak en Jakob ontvang die verbondseën.

Hierdie verskille was in opdrag van God, afgesien van wat in Deut 21:15-17

staan.

Die rede hiervoor is dat ons by naskou kan sien dat die aardsvaders, Abraham, Isak

en Jakob ingesluit is in die lys van geloofshelde

Telkemale is die seën van die verbond van Abraham, aan Isak en Jakob gegee en nie

aan hulle oudste kinders nie.

Alhoewel Isak nog nie ‘n ou man was toe hy sy seuns geseën het nie, het hy tog sy

seuns geseën, Gen 27:2; 35:28,29

Sy seun Jakob het weer die seën oorgedra aan die seuns van Josef toe hy siek was en

verwag het om dood te gaan. Gen 48:1, 21

Page 15: Bybelskool 2014 hebreers

15

6 Jakob Heb 11:21

6.1 Jakob se agtergrond Gen 25:19-34; 27-35; 46:1-7, 28-34; 47-50:21

Isak was 60 jaar oud met die tweeling se geboorte, Jakob en Esau.

Jakob het aan Esau se hakskeen vasgehou.

Die hebreeuse naam vir hakskeen is, “aqeb” (Jakob).

Dit het ongeveer 2000 jaar voor Christus gebeur.

Isak en Rebekka was maar 20 jaar getroud, maar daar het verdeeldheid ipv vreugde

gekom.

Jakob was ‘n bedrieër saam met sy ma.

6.2 Jakob se geloof

Heb 11:21 “Omdat Jakob geglo het, het hy op sy sterfbed albei die seuns van Josef geseën en tot God gebid terwyl hy op die knop van sy kierie leun.”

Die Hebreërskrywer skryf nie oor die seën wat Jakob oor sy twaalf seuns uitgespreek het in Gen 49 nie, nee hy verkies om net te noem van Josef se twee seuns.

Josef se twee seuns was Efraim en Manassa. Manassa was die oudste, maar Jakob

het Efraim geseën met sy regterhand. Lees: Gen 48

Hoekom was dit so belangrik dat die geloofsdaad genoem word?

- Die verbondsbeloftes aan Abraham, Isak en Jakob word herhaal aan die seuns van

Josef. Gen 48:4

- Die belangrikheid lê in die patriargale seën wat God aan Abrham, Isak en Jakob

gegee het, is geplaas op Efraim eerstens en tweedens op Manassa. - Josef het ‘n dubbelle porsie ontvang, sy twee seuns Efraim en Manassa, van die land

Kanaän.

- Jakob het die twee seuns as sy eie aangeneem. Gen 48:5

7 Josef Heb 11:22

7.1 Josef se agtergrond

Lees: Gen 30:22-24; 37; 39-48; 49:22-26; 50;

Deut 33:13-17; Jos 16-17

Josef was die oudste seun van Ragel.

Op 17 jaar is hy deur sy broers verkoop aan die Medianiete om as slaaf in Egipte te

gaan werk.

Jakob spreek die langste seën oor Juda en Josef uit.

Josef kry twee keer soveel as die ander, vanweë sy twee seuns.

lees ook Openbaring 7:6,8

7.2 Josef se geloof

Heb 11:22 “Omdat Josef geglo het, het hy kort voor sy dood melding gemaak van die uittog

van die Israeliete en opdrag gegee in verband met sy liggaam.”

Page 16: Bybelskool 2014 hebreers

16

Van al Josef se ontberings en lyding en ondervinding meld die Hebreërskrywr niks

nie, al wat hy kies om te vermeld, is die uittog of die verlossing van Israel waarin

Josef vas geglo het.

Hy is geïnteresseerd in die belofte van God dat sy volk Kanaän sou beërf.

Josef het vas en seker geglo wat God beloof het sal gebeur.

Al was hy jare lank in Egipte om vir sy volk te sorg, het hy getrou gebly in sy geloof

aan God.

Daarom moet hulle hom gaan begrawe in Kanaän. Gen 50:25

8 Toepassing en afsluiting

Wat ‘n vreugde om die geloof van ons voorvaders te sien wat oor geslagte heen

getrou gebly het aan die troue Verbondsgod.

Wat ‘n vreugde om te sien hoe God sy volk bewaar het deur die eeue heen.

God is getrou en hou Sy verbond in stand.

Maar wanneer ouers sien dat hulle kinders God liefhet en God dien en eer, dan is

hulle harte vol van dankbaarheid teenoor God. Want dan weet hulle God sorg vir

hulel van geslag tot geslag.

Maar wanneer ouers sien dat hulle kinders van God af wegdraai, afgesien van

huisgodsdiens, katkisasie, liefde en aansporing om God te dien, is hulle diep

seergemaak. Want as die kinders die leiding en opvoeding gehad het in Christus

Jesus, is dit hulle eie skuld as hulle wegdraai.

Isak en Rebekka het Esau se lewe gesien, ‘n lewe van ongehoorsaamheid.Gen 26:34-

35.

Verlossing kan nie beërf word nie, dit is ‘n genadegawe van God.

Daarom moet ons nooit ophou bid vir ons kinders nie.

Glo in die grootste krag op aarde en dit is in geloof.

Bid in erns en eenvoud.

Ons vertrou op God se liefde, op sy verbond, op sy genade.

Gen 17:7 “Ek bring 'n verbond tot stand tussen My en jou en jou nageslag en al hulle geslagte. Dit is 'n blywende verbond: Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag.”

Page 17: Bybelskool 2014 hebreers

17

Geloof in aksie!

Heb 11:23-12:3

Die uittog uit Egipte. Heb 11:23-31

Die inbesitneem van Kanaän Heb 11:30-31

Geloof het verskeies gehelp deur die stryd. Heb 11:32-38

Die uiteindelike doel van God se belofte. Heb 11:39-40

Hoe ons staande kan en sal bly in hierdie wêreld. Heb 12:1-3

1 Inleiding

Abraham is die vader van die gelowiges.

Moses is die vader van die volk Israel.

2 Die uittog uit Egipte. Heb 11:23-31

Die uittog uit Egipte was ‘n geweldige geloofsdaad van die hele volk olv Moses.

Vier maal lees (4x) ons word die formule, “omdat Moses/hy geglo het” vir Mose gebruik.

Heb 11:23,24,27,28

2.1 Die geloof van Moses tydens sy kinderdae en sy geloofsposisie Heb 11:23-29

2.1.1 Moses se agtergrond. Ex 2:1-10

Moses se pa was ‘n Lieviet.

Sy ouers was Amram en Jogebed en sy suster Mirjam.

Hy is gebore in die tyd wat die Farao beveel het dat alle Israeliete se baba-seuntjies

doodgemaak moes word.

Ons lees in Ex 2:1-10 van Moses se geboorte in grootwordjare.

Moses was baie mooi en het uitgeblink in woord en daad lees ons in Hand 7:20-23

2.1.2 Vanweë sy geloof het God Moses besonderlik opgelei vir sy reddingsdaad. Hand 7:25

Hy is opgelei en het uitgeblink in woord en daad, alhoewel hy gehakkel het.

God het hom op ‘n beonder manier toegerus om Israel uit Egitpe te lei, deur met die

Farao te onderhandel.

2.1.3 Israel het Moses egter nie sommer so sito-sito aanvaar as hulle leier nie.

Hand 7:25 “Hy het gemeen sy mense sou begryp dat God hom wou gebruik om hulle te red, maar hulle het dit nie verstaan nie.”

Hy moes besonderlik, op sy eie, ook geestelike veg om deur hulle erken te word.

2.1.4 Moses het twv Christus smaad verdra? Heb 11:26

Die vraag is: Het Moses al geweet van die Messias, oftewel van Jesus Christus?

Page 18: Bybelskool 2014 hebreers

18

Die Hebreërskrywer is baie eksplisiet dat Moses twv die smaad van Christus, dit as

belangriker geag as die rykdom van Egipte.

Die toepassing hiervan vind ons in Heb 13:13,14:

Die Hebreërskrywer openbaar ook ‘n besondere saak oor Jesus Christus in Heb 13:8:

Moses het sekerlik nie so duidelik van Jesus Christus geweet en Hom verstaan soos

wat ons vandag vanuit die Nuwe Testamentiese perspektief Hom ken en verstaan nie.

Maar Moses het aan die Verbond vasgehou van God met Abraham, Isak en Jakob.

Moses het ‘n Verlosser verwag.

‘n Pragtige toepassing uit 1 Kor 10:1-4; Mat 5:11-12

Geloof hou vir ons ‘n groot beloning in. Heb 10:35

2.2 Moses se leierskap Heb 11:27-29

Moses het Egipte twee keer verlaat.

Eerstens nadat hy ‘n Egiptenaar doodgeslaan het. Ex 2:14,15

Tweedens met die trek uit Egipte, ongeveer 40 jaar later. Hand 7:30

Moses was ook kleingelowig en bang!

Nadat hy die Egiptenaar doodgeslaan het, het hy gevlug. Ex 3:14

Moses is bang om na Farao te gaan. Ex 3:11

Moses was bang dat die Israeliete nie na hom sou luister nie. Ex 3:13; 4:1

Moses is bang omdat hy hakkel. Ex 4:10

Moses vra die Here om iemand anders te stuur. Ex 4:13

Moses word deur God versterk met twee wonderwerke wat hy sou doen. Ex 4:1-9

2.3 Drie nalatenskappe van Moses se werk Heb 11:28

Die pasga het die volk herinner aan die uittog uit Egipte. Vandag die Nagmaal.

Die bloed aan die deurkosyne. Die bloed van Jesus Christus aan die kruis. Joh 1:29, 36;

Verlossing van die eersgeborenes. Num 14:29-30

3 Israel se geloof, dit is die Israeliete wat uit Egitpe getrek het. Heb 11:29

Die Israeliete het Egipte oorwin deurdat hulle geglo het.

Israel het geluister na God se opdragte aan Moses en hulle het getrek.

Israel het die wolkkolom en die vuurkolom gesien

4 ‘n Veertig jaar gaping in die lys van geloofshelde?

Die Hebreërskrywer laat nou ‘n gaping van 40 jaar oop, die trek deur die woestyn,

waarin hy nie geloofshelde beskryf nie of as getuienis gebruik nie.

5 Israel, wat Kanaän binnegetrek het. Heb 11:30

Die Hebreërskrywer verhaal nou van Israel se geloof, dit is diegene wat jonger as 20 jaar oud

was wat uit Egipte getrek het en diegene wat tydens die woestyntog gebore is.

Hulle het hulle geloof behou en olv Josua Kanaän binngetrek en ons lees eerstens van Jerigo.

Page 19: Bybelskool 2014 hebreers

19

Wat was so belangrik van Jerigo?

Jerigo was strategies geleë aan die oostekant van Israel.

Die volk se geloof is getoets toe hulle Jerigo moes gaan oorwin.

Omdat die Israeliete geglo het, het die mure van Jerigo ingeval.

6 Ragab se geloof. Heb 11:31

6.1 Ragab het van die God van Israel gehoor.

Ragab het gehoor van God se magtige dade.

Ragab het geglo en God het haar geseën om gehoorsaam te wees.

Die Bybel bring vir Ragab en die Messias in een lyn. Mat 1:5.

6.2 Waaroor dit eintlik gaan, is oor Ragab se geloof! Heb 11:6

Ons kan tussen ‘n opregte en valse geloof onderskei!

Die gelykenis van die saaier. Mat 13:1-9; 18-23

Wat is ‘n ware geloof volgens Heid. Kat. Son. 7 vr en antw 21?

6.3 ‘n Beskrywing van Ragab se daad geloof.

Ragab het haar volle geloof in God gestel. Heb 11:31 Jak 2:25

Ragab het in God geglo nog voordat die verspieders opgedaag het. 1Tes 1:9; 2 Kon 17:33

Daar is sekerlik nog ‘n belangrike vraag:

Hoekom het God ‘n prosituut gekies om in sy koninkryk te werk en dan nog deel van die

geslagslyn van Jesus Christus te wees? Die antwoord: 1 Kor 1:27-29 Luk 7:34

7 Bekende en onbenoemde gelowiges waarvan Hebreërs praat. Heb 11:32-38

7.1 Bekende en onbekende gelowiges wat getriomfeer/oorwin het. Heb 11:32-35a

7.1.1 Inleiding van die lys bekende en onbekende name.

Die lys van die individuele wolk van gelowiges kom nou tot ‘n einde.

Dit is nie omdat daar nie meer was nie, maar die skrywer sê dat hy nie meer tyd het om

verder of langer te “preek” of te skryf nie.

Hy gebruik nou die eerste keer die woord ek en my, die eerste persoon enkelvoud. Heb 11:32

Ons lees hier dat die skrywer sê:

Hy noem net ‘n klompie name vanaf die periode van die Rigters en Konings.

7.1.2 Gideon Rig 6-8

7.1.3 Barak Rig 4-5

7.1.4 Simson Rig 13-16; Rig 16:30

7.1.4 Jefta Rig 11-12; Rig 11:39-40

7.1.5 Dawid 1 Sam 16-31; 2 Sam 1 Kon 1-2:12

7.1.6 Samuel 1 Sam 1-16

Page 20: Bybelskool 2014 hebreers

20

7.1.7 Ongenoemde geloofshelde wat oorwin het Heb 11:33-38

Alhoewel die Hebreërskrywer nie meer name noem nie, veronderstel hy tog dat die hoorders

van die preek of die lesers die name sal ken of invul. Daar is ‘n klein variasie, daar staan nie

meer omdat hulle geglo het nie, maar deur hulle geloof.

7.1.7.1 Deur die geloof het hulle koninkryke verower. v33a

Josua het koninkryke in Kanaän oorwin met die inname van die land.

Dawid het koninkryke verower in die geloof

7.1.7.2 Deur die geloof het hulle die reg van God gehandhaaf v33b

As ons dink aan die regters van die volk, dan kom Moses se naam op wat oor die

regsprake gehandel het.

Samuel kom tweedens na vore. 1 Sam 12:2-5

Die konings van Israel en Juda het die reg van God gehandhaaf.

- Dawid 2 Sam 8:15; Salomo 1 Kon 3:28; Josafat koning van Juda 2 Kron 19:6-7

7.1.7.3 Deur die geloof het hulle verkry wat God belowe het v33c

In die grieks staan daar die meervoud, wat die beloftes verkry het.

Dit dui dan moontlik volgens ‘n kommentator (Kistemaker 1984:352) op verskeie

beloftes wat waar geword het.

o Abraham het vir Isak gekry.

o Josua het aan die einde van sy lewe aan die leiers gesê in Jos 23:14

Daar is ‘n feitlik onnoembare hoeveelheid beloftes wat God gemaak het en wat

Hy vervul het.

Die grootste belofte is natuurlik Jesus Christus wat as Verlosser na die aarde toe

gekom het sodat ons die grootste belofte kan verkry en dit is die ewige lewe.

7.1.7.4 Deur die geloof het hulle leeus se bekke toegestop. v33d

Simson. Rig 14:6; Dawid het die leeu en die beer doodgemaak. 1 Sam 17:34-37

Daniël het nie die leeus oorwin nie, maar God het hulle bekke gesluit sodat Daniël

veilig was. Dan 6:21-22

Paulus het geskryf, eeue later, simbolies, in 2 Tim 4:17

7.1.7.5 Gloeiende vuur geblus v34a Dan 3:25

Sadrag, Sedrag en Abednego, saam met ‘n engel het in die brandende vuuroond.

7.1.7.6 Wat die swaard ontkom het. v34b

Dawid het baie keer die swaard ontkom toe hy vir Saul gevlug het.

Elia het van Isebel af weggevlug na die berg Horeb. 1 Kon 19:8-10

Elisa het gehoor die koning wou hom doodmaak. 2 Kon 6:31

7.1.7.7 Sommige het in swakheid krag ontvang. v34b

Simson, Tempel van Dagon. Rig 16:29-30

Hiskia het gebid vir genade en God het nog 15 jaar by sy lewe gevoeg. Jes 38:1-8

7.1.7.8 Sommige het vreemde leërs op die vlug laat slaan. v34b

Dawid het met ‘n slingervel, vir Goliat laat sneuwel. 1 Sam 17:50

Josafat koning van Juda moes teen ‘n groot weermag van Edom veg. 2 Kron 20:1-30

Hiskia het gebid en in een nag, het God, 185 000 Assiriese soldate gedood. 2 Kon 19:35

Page 21: Bybelskool 2014 hebreers

21

7.1.7.9 Vrouens het hulle dooies teruggekry. v35a

Die weduwee van Sarfat 1 Kon 17:24

Elisa en die Sunemitiese vrou. 2 Kon 4

Die weduwee van Nain in die NT en Jesus het die seun lewend gemaak. Luk 7:11-15

Maria en Martha se broer Lasarus wat Jesus opgewek het. Joh 11:1-44

Die weduwees van Joppe het Dorkas terug verwelkom Hand 9:36-41

7.2 Diegene wat gely het agv hulle geloof. Heb 11:35b-38

In die volgende paar verse word van ‘n paar geloofshelde vertel wat letterlike, fisies gely het

vir hulle geloof.

Hulle was martelare vir God se eer.

Deur die geloof het hulle oorwin al het hulle hulle lewens verloor.

7.3 Ander het bespotting en lyfstraf verduur selfs boeie en gevangeskap v36)

Jesus Christus is bespot deur Fariseërs en soldate

Jesus Christus het lyfstraf verduur

Die apostels het baie in die tronk, in boeie deurgebring.

Paulus het baie gely. 2 Kor 11:23

NB Die Hebreërskrywer het ook aan die gehoor self vertel dat hulle gely het. Heb 10:33,34

7.4 Drie spesifieke soort van martelings word genoem. Heb 11:37

7.4.1a Gelowiges is met klippe doodgegooi

7.4.1b In die 1953 vertaling staan daar ook versoek.

7.4.2 Gelowiges is in stukke gesaag

Ons lees nie in die Skrif van mense wat in twee gesaag is nie behalwe in buite-

Bybelse bronne dat Jesaja moontlik in twee gesaag is.

7.4.3 Deur die swaard vermoor.

Ons lees ‘n paar maal van mense wat deur die swaard gedood is.1 Kon 19:10

Koning Jojakim ..die profeet Uria met ‘n swaard doodgemaak. Jer 26:20-23

Johannes die Doper is gedood deur koning Herodus se laksman, omdat Johannes hom

vermaan het oor die huwelik met sy broer se vrou. Mark 6:14-29

7.4.5 Hulle het rondgeswerf in skaapvelle en bokvelle Heb 11:37b

7.4.5.1 Hulle het gebrek gely

Elia het in armoede geleef. 2 Kon 1:8

Elisa het sy mantel geërf.

Johannes die doper met klere van kameelhaar en ‘n leergordel rondgeloop. Mark 1:6

7.4.5.2 Hulle is verdruk en mishandel

Die profete van die ou dae was die verdruktes. Hulle is dikwels kos en water geweier.

Elia moes deur die kraaie gevoer word 1 Kon 17:2-6

Obadja, wat in diens was van die koning se paleis het honderd van die Here se profete

in twee grotte versteek en hulle van kos en water voorsien. 1 Kon 18:13

Dawid het telkemale in grotte weggekruip 1 Sam 24:1-13

Page 22: Bybelskool 2014 hebreers

22

Die gelowige is altyd omring deur die ongelowige wêreld.

Die gelowige is dikwels eensaam maar nooit alleen nie.

Jesus is ons getroue Hoof van die Kerk en altyd by ons.

8 Lofbetuiging Heb 11:39-40

8.1 Inleiding

Die Hebreërskrywer eindig sy preek oor die wolk van geloofsgetuienis met ‘n vertroosting,

wat ewig-geldend is.

Die geloof is die goue draad wat deur die hele hoofstuk gaan.

Die geloof karakteriseer al die geloofsgetuies in die hoofstuk.

Hy sluit die hoofstuk af deur al die geloofsgetuies se geloof en hulle geloofsdade

aan te beveel en as voorbeeld aan ons voor te hou EN hy sluit ons vandag in.

8.2 Die skrywer sluit af deur ‘n positiewe en negatiewe element te beklemtoon.

8.2.1 Die positiewe verwagting Heb 11:39a

Vers 39a sluit direk aan by Heb 11:1,2

Dit is vanweë hulle geloof dat daar oor die mense getuig word.

God vergeet nooit een van sy kinders nie. Joh 17:12 Heb 8:10

8.2.2 Die negatiewe verwagting Heb 11:39b

Alhoewel die gelowiges van die Ou Testament hulle verwagting in God gestel het en baie

woorde van bemoediging ontvang het en baie beloftes van God waar geword het en vervul is

in hulle leeftyd, het hulle nog nie die grootste belofte volkome ontvang nie.

Die belofte van die koms van die Messias het in hulle tyd nie waar geword nie.

Die belofte van die ewige Kanaän het nie waar geword nie. Heb 11:

8.3 Die gelowiges van die Ou Testament en ons word op een lyn gestel. Heb 11:40

Hier leer die Hebreërskrywer aan ons die eenheid en die kontinuïteit van die geloof in sowel

die Ou as die Nuwe Testamentiese tyd en in ons tyd vandag en tot in die toekoms toe met die

wederkoms.

“...omdat God vir ons iets BETERS beoog...” Heb 11:40a dui op Jesus Christus se koms.

Jesus Christus is die Begin en die Voleinder van die geloof. Heb 12:2

9 Hoe ons staande kan en sal bly in hierdie wêreld. Heb 12:1-3

Die oog moet gevestig wees op Jesus Christus.

Kyk na die wolk van geloofsgetuies rondom ons. Heb 12:1a

Kyk na jouself! Heb 12:1b

Kyk na Jesus Christus! Heb 12:2-3

Werk elke dag aan jou geloof, deur jou kennis te vermeerder deur die Woord

deur in vertroue, biddend voor God te lewe deur Jesus Christus

se verlossende werk en die Heilige Gees wat in jou werk.