Upload
others
View
2
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
AGRO-EKOLOGIE
BOU ‘N BEWEGING VAN WEERSTAND
VIR VOEDSELSOEWEREINTEIT
AGRO - EKOLOGIE AS WEERSTAND
Saamgestel deur Bérenger Frehaut en Seema Rupani
Vir die Surplus People ProjectKaapstad
Bérenger Frehaut was deel van ’n internskap program by SPPterwyl hy besig was om sy graad te voltooi as Projek Ingenieurin Internasionale Solidariteit by die Universiteit van Bordeaux,Frankryk. Huidiglik is hy ’n lid van die “Reclaim the Fields”Beweging in Frankryk.
Seema Rupani het vrywillige werk by SPP gedoen en is tansbesig om haar graad in Omgewingstudies en Globale Armoedete voltooi by die Universiteit van Kalifornia, Berkeley.
Alfonso Wabo was verantwoordelik vir die grafiese illustrasiesin hierdie publikasie.
Ricado Jacobs (Navorsing en informasie bestuurder) het dieredegering van die publikasie gedoen.
Die publikasie was voorberei deur die Surplus People Project inKaapstad. Geen gedeeltes van die publikasie mag reproduseerword sonder die skriftelike toestemming van SPP nie.
© Surplus People Project – Oktober 2010
Posbus 468, Athlone, 7760, Suid AfrikaTel: +27 21 4485605Faks: +27 21 4480105Epos: [email protected]: www.spp.org.za
ERKENNING
Die Surplus People Project wens graag erkenning te gee aanBjörn Viberg en Mateus Costa Santos wat gewerk het aan diepublikasie (veral met die eerste rondte van redegering). Hullewas ook deel van die interskap program van SPP.
SPP wens ook verder ons dank te betoon aan die BroederlijkeDelen (BD) en EED vir die befondsing van hierdie publikasie.
WOORDELYS
Agro ekosisteem – is ’n ekosisteem onder landboubestuur watverbind is tot ander ekosisteme. Dit sluit in onbewerkte grond,dreineringsnetwerke, landelike gemeenskappe, diere en plantewêreld, en natuurlike faktore soos reënval, grond en klimaat.
Ekosisteem – is ’n kompleks reeks van verhoudinge of interaksiestussen lewendige bronne, habitatte, en mense van ’n area. Dit sluitin diere, vis, voëls, mikro organismes, water, grond en mense. Alleswat lewe in die ekosisteem is afhanklik van mekaar.(http://forest.mtu.edu/kidscorner/ecosystem/definition.html.)
Voedselstelsel / voedselregering – die voedselsisteem kan gesienword as ’n voedselregering. ’n Voedselstelsel of regering is ’n sisteemvan reëls, verhoudinge en praktyke wat produksie en verbruik vankos op ’n wêreldskaal regeer. Die voedselstelsel of regering wordgekenmerk deur monopolie (alleenhandel); markmag en grootwinste. Die meerderheid van die wêreld se voedselsisteem is verbindtot die korporatiewe of besigheidsvoedselstelsel / regering. Dievoedselstelsel / regering word beheer deur ’n klein aantalmultinasionale maatskappye soos Monsanto, Cargill, Walmart enander.(Food First backgrounder. Food Security, Food Justice or FoodSovereignty? Winter 2010. Volume 16. Number 4.)
Genetiese Manipuleerde Gewasse – word ontwikkel deur genevan een organisme soos bakterieë te neem en dit in die sel van ’nander onverwante organisme soos mielies, soja in te plaas sodatdie oorspronklike organisme nuwe verlangde eienskappe kanontwikkel.
Industriële Landbou – is ’n vorm van moderne kapitalistieseboerdery wat gebruik maak van industriële produksie vanlewendehawe, pluimvee, vis en gewasse. Die metode van produksieis baie chemies intensief wat gebruik maak van gifstowwe,onkruiddoders en agro-chemikalieë in die boerderypraktyke. Diemodel van boedery het ’n vernietigende impak op die omgewing,mense en landelike gebiede.(http://en.wikipedia.org/wiki/industrial_agriculture)
1
2
AGRO-EKOLOGIE VIR VOLHOUBARE ONTWIKKELING
• PRODUKTIEWE EN VOLHOUBARE LANDBOU• DIVERSITEIT EN STABILITEIT
• PLAASLIKE VOEDSELSISTEEM ERVARINGE
• BEWARING VAN HULPBRONNE (WATER, GROND EN NUTRIENTE)
• HOLISTIESEBENADERING TOT
LANDBOU• POPULASIE DINAMIKA
EN INTERAKSIES
• VERMINDER GIFSTOWWE
• SKAKEL IN METTRADISIONELE KENNIS
• WAARDE HEG AANGESONDHEID EN
KULTUUR
AGRO EKOLOGIE AS WEERSTAND
Suid-Afrika se landbousisteem lei onder ‘n nalatenskap van rassistiese landbou beleid, sowel as die na–apartheidse
aanvaarding van die neo-liberale industriële model. Die apartheidsregering het grond en landbouhulpbronne gekonsentreer
en in die hande van ‘n klein minderheid van wit kommersiële boere gelaat en terselfdertyd sistematies die toegang
van die swart meerderheid tot hierde bronne vernietig. Die chemiese industriële model vandag is nie instaat om in
die voedingsbehoeftes van die armes te voorsien nie, wat bronne soos grond, water, sade en weelde in die hande van
paar boere en besighede konsentreer. Die eindresultaat is verhoogde hongerte en armoede, asook die vernietiging
van die omgewing waar winste bo die behoeftes van mense geplaas word. Die Suid-Afikaanse regering het hulle
ingeskakel by die besigheids gedrewe model van landbou deur onder andere twee omstrede tegnologieë naamlik
genetiese gemanipuleerde (GM) gewasse en agro-brandstof te aanvaar. Die land is die agste grootste produseerder
van genetiese gemanipuleerde (GM) gewasse, wat beteken dat die regering se volgehoue kommersiële, produktivistiese
denkrigting die oorhand kry.
Die Surplus People Project (SPP), met boere, het agro-ekologiese
horisontale leerterreine geloods om ons kollektiewe praktyke
van agro-ekologie te versprei en te verdiep. Dit is ook ’n plek
van weerstand, solidariteit en kollektiewe aksie. Dit is ons hoop
dat deur inisiatiewe soos hierdie boere kan begin om hul eie
voedselsisteme te definieer en bewegings te bou wat weerstand
kan bied teen die neo-liberale kapitalistiese model van landbou.
3
4
KOMMERSIËLEINDUSTRIËLELANDBOU
AGRO-EKOLOGIESEBOERDERY
WAT IS AGRO-EKOLOGIE?
Agro-ekologie het as ‘n alternatief tot industriële landbou ontstaan. Dit is die
wetenskap om agro-ekologiese beginsels toe te pas in die ontwerp van voedsel
sisteme. Deur die beginsels van ekologie in die beplanning van voedselsisteme toe
te pas, word die idee dat ‘n landbousisteem gesien moet word as ‘n ekosisteem,
teruggewen. Agro-ekosisteme moet bestuur word deur tradisionele kennis, volhoubare
landbou en plaaslike voedselsisteme ervaringe met mekaar te verbind. Beginsels van
agro-ekologie sluit in diversifisering, die gebruik van vernuwende hulpbronne,
vermindering van gifstowwe, bestuur van ekologiese verhoudings, die waardering
van gesondheid en kultuur, die bewaring van bronne soos grond, water, energie en
kapitaal en ‘n algehele holistiese benadering tot landbou. Dit behels die beter gebruik
van natuurlike bronne (grond, water en biodiversiteit) en tegnologie. Die kombinasie
van natuurlike, gemeenskaps en menslike kapitaal, met gepaste tegnologie en insette
wat skade aan die omgewing uitwis. In wese gebruik agro-ekologie die kennis en
kundighede van boere, dus skep dit die ruimte om probleme op te los deur saam te
werk.
5
6
ONKRUIDDODER
GIF
PARAFAN
GMOSAAD
CHEMIKALIEE
HOEKOM AGRO-EKOLOGIE?
Agro-ekologie is ‘n teenstrydige beweging tot die neoliberale voedselregering. Die
huidige globale voedselsisteem is afhanklik van kommersiele industriële landbou,
wat skadelik is vir die omgewing, nadelig is vir menslike gesondheid en kleinboere
regoor die wêreld uit besigheid sit. Deur te probeer om voedsel goedkoop en
doeltreffend te produseer, vernietig die industriële landbou in werklikheid die
lewensondersteuningssisteem waarop mense vertrou. Ons aarde kan nie meer die
mensgemaakte omgewingskade hanteer nie. ‘n Agro-ekologiese benadering tot
voedselproduksie in kontrastering, beklemtoon diversiteit. Agro-ekologie integreer
wetenskaplike kennis op omgewingsgesinde boerdery paktyke met tradisionele
kennis. Dit bevorder die bewaring van biodiversiteit terwyl dit terselfdertyd die
kleinboere bemagtig om hulle eie voedselsisteme te beplan. Deur die sosio ekonomiese
en ekologiese oorwegings in die beplanning van voedselsisteme te kombineer,
bevorder agro-ekologie as ‘n benadering ons vermoë om in ons voedsel behoeftes
te voorsien, sonder om die vermoë van toekomstige generasies om in hulle behoeftes
te voorsien in te perk en te kompromeer.
7
8
KOMPOS
LEWENDE HAWE
BOERE SE PRAKTYKE
MOTIVEERDE BOERE
WAT IS VERKEERD MET INDUSTRIËLE LANDBOU?
Industriële kommersiële landbou word gekenmerk deur praktyke met hoë sosiale en omgewingskoste. Die gebruik van
chemiese insette maak plante meer bestand oor ‘n tydperk wat lei tot die toepassing van meer en meer entstowwe,
swamdoders en kunsmatige bemestingstowwe. Die besproeiing van chemiese stowwe vernieting ook die natuurlike habitatte,
verweer bogrond, besmet vars water voorsiening en vermors water en energie gedurende die produksieproses. Die gesondheid
van boere, inwoners en verbruikers is, of loop die gevaar deur konstante blootstelling aan gevaarlike chemikalieë. Die gebruik
van Genetiese Gemanipuleerde Organismes(GMOs) het effekte op mense wat onvoorspelbaar is. Dit plaas ook kleinboere
op nadelige voet deur hulle te forseer om op duur insette van buite staat te maak. Enkelgewasse of monokultuur, ‘n metode
wat beteken dat dieselfde gewasse op dieselfde grond jaar na jaar geplant word, lei tot die uitputting van voedingstowwe
in die grond, wat veroorsaak dat die grond meer vatbaar is vir siektes van peste omdat die gewasse geneties dieselfde is.
Verder, die intensiewe aanteling van vee hou diere in toestande
wat siektes soos Aviankoors, Malkoeisiekte produseer wat
gesondheidsrisikos inhou. Die Verenigde Nasies het verklaar
dat die veesektor meer bydra tot aardsverwarming en klimaats-
verandering as alle vervoer byeengetel. Dit lei ook tot grootlikse
ondoeltreffende gebruik van graan, water en voedselbronne
wat gebruik kon word vir miljoene honger mae. Die model
ondermyn ook boere se reg tot grond, saad, water en om hul
eie voedselsisteem te bepaal.
9
10
BEHOU BIODIVERSITEIT HANDHAAF GESONDE EKOSISTEME GEBRUIK PLAASLIKE KENNIS
DIE VOORDELE VAN
AGRO-EKOLOGIESE
BOERDERY...
WAT IS AGRO-EKOLOGIESE PRAKTYKE?
Agro-ekologiese praktyke soos dekgewasse en agro-bosbou behou plantaardige
bedekking om water, grond en voedingstowwe te bewaar. Om veelsoortige
gewasspesies naby mekaar te plant en gereeld te roteer bied dit die diversiteit
wat benodig word om siektes, peste en onkruid te weerstaan en help om
oeste te vergroot. Die integrasie van veeboerdery met gewasse word op so
‘n manier gedoen dat dit ‘n hoë biomassa opbring en organiese materiaal
tot die grond en kompos voeg. Agro-ekologiese boerdery bevorder
plaagregulering deur die bekendstelling of bewaring van natuurlike vyande
eerder as harde chemikalieë. Algeheel word plaaslike bronne soos grond,
water en sade gebruik en voedingsherbenutting gepraktiseer om die gebruik
van eksterne nie-hernubare insette te verminder. In opsomming maak agro
ekologiese praktyke gebruik van bron bewaringstegnologie soos geintegreerde
pesbestuur, geintegreerde voedingstof bestuur, bewaring grondbewerking,
dekgewasse, agro-bosbou, saadbewaring, akwa-kultuur, wateroes en
lewendehawe integrering.
11
12
NEE VIR KORPORATIEWEBEHEER VAN LANDBOU
SE NEE VIR GMO’S AGRO-EKOLOGIEDIE MENSE SEALTERNATIEF
WAT IS DIE VOORDELE VAN AGRO-EKOLOGIESE BOERDERY?
In ontwikkelende lande soos Suid-Afrika, kan agro-ekologiese praktyke
grootliks produktiwiteit vermeerder en die ongunstige gevolge van die
aanslag op die omgewing verminder. In ontwikkelende lande produseer
organiese sisteme 80% meer as konvensionele boere (Lim Li Ching, 2009,
Is organic agriculture productive?). Agro-ekologiese boerdery praktyke
bewaar biodiversiteit en behou gesonde ekosisteme, gebruik plaaslike kennis,
laat boere toe om hul eie voedselsisteme te definieer en het bewys dat dit
produktief en ekonomies vatbaar is. Dus het agro-ekologie die potensiaal
om aan voedselsekuriteitsbehoeftes te voorsien en die huidige globale
mensebevolking te onderhou sonder om meer grond vir boerdery in produksie
te sit en sonder die negatiewe omgewingsgevolge van konvensionele
landbou.
13
14
AGRO-EKOLOGIE AS WEERSTAND
Oor die wêreld heen word agro-ekologie gesien as meer as net boerdery.
Agro-ekologie is ‘n simbool van weerstand, omdat dit dien as ‘n alternatief
tot die dominante neo-liberale industriële boerdery model. Dit het bygedra
tot die verskuiwing van groter politieke raamwerke en het nuwe maniere
voorgestel oor hoe om na globale stelsels te kyk. Agro-ekologie het gelei
tot veldtogte, soos die Reg tot Landbouhervorming en Voedselsoewereiniteit,
wat die regte van kleinboere en grondloses om deel te neem in die
ontwikkeling van landboubeleid wat voedselsoewereiniteit beklemtoon,
bevorder. In hierdie gees het die Voedselsoewereiniteit Veldtog die
gemeenskap in Matzikama munisipale area gemobiliseer om kapsie te maak
en weerstand te bied teen ’n aansoek van Monsanto om Geneties
Manipuleerde (GM) mielies wat droogte weerstaan te toets in die area. Die
Voedselsoewereiniteit Veldtog het ’n protes aksie gelei na die plaas waar
Monsanto en die Landbou Navorsingsraad toetsproewe loods, om uit te
wys dat terwyl die kleinskaalse boere grondloos bly, groot maatskappye
toegang tot grond gegee word wat eksperimente uitoefen waar die kleinboere
of die gemeenskap geensins baat by vind nie. Die aksie het duidelik getoon
dat die regering ’n regsraamwerk skep vir groot maatskappye soos Monsanto
wat sistematies ons saad en voedselsoewereiniteit vernietig. Die stryd vir
agro ekologie moet uit noodsaaklikheid teen die neo-liberale kapitalistiese
landbou wees.
15
16
AGRO – EKOLOGIE VIR VOEDSELSOEWEREINITEIT
Via Campesina, ‘n internasionale kleinboere organisasie het die
konsep van “Voedselsoewereiniteit” in 1996 voorgestel.
Voedselsoewereiniteit is die reg van mense om hulle eie
voedselsisteme te definieer in plaas daarvan dat hul voedselsisteme
deur multinasionale korporasies en regerings bepaal en besluit
word. In meeste gevalle ondersteun en tree regerings op namens
hierdie korporasies. Deur voedselsoewereintiteit as ‘n reg te beskou,
word mense se toegang tot grond, water, sade en plaaslike
hulpbronne, beklemtoon. Dit word dus moontlik gemaak vir mense
om kultureel toelaatbare en omgewingsgesinde benaderings tot
voedselproduksie te beoefen, wat deur die mense in ‘n spesifieke
streek besluit is. Dit demonstreer ook die potensiaal van agro-
ekologie om verandering op beide streeks sowel as globale vlak
teweeg te bring. Die vernieting van die industriële model van
landbou en die herbou van plaaslike voedselsisteme moet gebaseer
wees op die bou van agro-ekologiese alternatiewe gebaseer op
die behoeftes van kleinboere en armes wat weerstand bied teen
die besigheidsbeheer oor produksie en verbruik van voedsel.
SURPLUSP E O P L EPROJECT
Vir meer inligting kontak:
Surplus People Project
www.spp.org.za
Tel: 021 448 5605
Epos: [email protected]