40
Beloftes Maak Skuld …as ons Boere dit maar kon besef….

Beloftes Maak Skuld

  • Upload
    auryon

  • View
    87

  • Download
    11

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Beloftes Maak Skuld. …as ons Boere dit maar kon besef…. Belofte – Gelofte – Verbond ….ooreenkoms….kontrak…. Belofte – belofte van mens tot mens, belofte van JHWH tot mens, bindend Gelofte – belofte van mens aan JHWH, bindend Verbond – wedersydse belofte, bindend. - PowerPoint PPT Presentation

Citation preview

Page 1: Beloftes Maak Skuld

Beloftes Maak Skuld

…as ons Boere dit maar kon besef….

Page 2: Beloftes Maak Skuld

Belofte – Gelofte – Verbond….ooreenkoms….kontrak….

Belofte – belofte van mens tot mens, belofte van JHWH tot mens, bindend

Gelofte – belofte van mens aan JHWH, bindend

Verbond – wedersydse belofte, bindend

Page 3: Beloftes Maak Skuld

Eienskappe van ooreenkomste• Behels ten minste twee partye• Prestasie / Teenprestasie duidelik uiteengesit• Maatreëls in geval van afwesigheid van prestasie• Voorwaardes tot opskorting / terminering• Duur van ooreenkoms – tydsverloop tot

terminering• Bekragtiging van ooreenkoms behels instemming

of lewering van prestasie• Eensydige bod nie gereken as ooreenkoms

Page 4: Beloftes Maak Skuld

Voorbeelde uit Skrif

H1262�רה בbarahbaw-raw'A primitive root; to select; also (as denominative from H1250) to feed; also (as equivalent to H1305) to render clear (Pred_3:18): - choose, (cause to) eat, manifest, (give) meat.

Gen 6:18 Maar met jou sal Ek my verbond oprig; jy moet in die ark gaan, jy en jou seuns en jou vrou en die vroue van jou seuns saam met jou.

Met Noag

H1285�רית בberı8ythber-eeth'From H1262 (in the sense of cutting (like H1254)); a compHand (because made by passing between pieces of flesh): - confederacy, [con-]feder[-ate], covenant, league.

Page 5: Beloftes Maak Skuld

Noag en die ArkPartye JHWH & Noag / gesin

Prestasie Bewaring teen vloed

Teenprestasie Bou ‘n ark, gehoorsaamheid

Periode Tydperk van vloed

Maatreëls by versuim Geen tweede kans - NVT

Voorwaardes tot terminering

Ongehoorsaamheid, suiwerheid, regverdigheid

Bekragtiging Noag begin die bouwerk ten spyte van bespotting

Page 6: Beloftes Maak Skuld

Gen 15:18 Op dié dag het die JHWH met Abram 'n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:

Voorbeelde uit SkrifMet Abraham

Gen 17:2 En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en jou buitengewoon vermeerder. Gen 17:3 Toe val Abram op sy aangesig, en God het met hom gespreek en gesê: Gen 17:4 Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van 'n menigte van nasies word. Gen 17:5 Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou 'n vader van 'n menigte van nasies. Gen 17:6 En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom. Gen 17:7 En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as 'n ewige verbond, om vir jou 'n God te wees en vir jou nageslag ná jou. Gen 17:8 En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as 'n ewige besitting; en Ek sal vir hulle 'n God wees. Gen 17:9 Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag. Gen 17:10 Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word--

Page 7: Beloftes Maak Skuld

AbrahamPartye JHWH & Abraham + geslag

Prestasie Groot nageslag, erfgenaam van die wêreld, ewige erfenis, seën vir die wêreld.

Teenprestasie Geloof en vertroue in JHWH, besnydenis

Periode Ewig

Maatreëls by versuim Geen

Voorwaardes tot terminering

Geen

Bekragtiging Trek weg, besny alle mans, offer Isak

Page 8: Beloftes Maak Skuld

Voorbeelde uit SkrifMet Israel

Exo 2:24 En God het hulle gekerm gehoor, en God het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob. Exo 2:25 En God het die kinders van Israel aangesien, en God het hulle geken.

Exo 6:2 (6:1) Verder het God met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is JHWH. Exo 6:3 (6:2) En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam JHWH het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie. Exo 6:4 (6:3) Ook het Ek my verbond met hulle opgerig om hulle die land Kanaän te gee, die land van hulle vreemdelingskap waarin hulle vertoef het; Exo 6:5 (6:4) en Ék het ook gehoor die gekerm van die kinders van Israel wat deur die Egiptenaars in slawerny gehou word, en Ek het aan my verbond gedink. Exo 6:6 (6:5) Daarom, sê aan die kinders van Israel: Ek is die JHWH, en Ek sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal julle verlos deur 'n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte; Exo 6:7 (6:6) en Ek sal julle as my volk aanneem en vir julle 'n God wees. En julle sal erken dat Ek die JHWH julle God is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit. Exo 6:8 (6:7) En Ek sal julle bring in die land waaromtrent Ek my hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as 'n besitting gee, Ek, JHWH.

Page 9: Beloftes Maak Skuld

Voorbeelde uit SkrifMet Israel

Exo 19:5 As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne. Exo 19:6 En júlle sal vir My 'n koninkryk van priesters en 'n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel. Exo 24:7 En hy het die boek van die verbond geneem en dit voor

die ore van die volk gelees. En hulle het gesê: Alles wat die JHWH gespreek het, sal ons doen en daarna luister.

Exo 34:27 Verder het die JHWH vir Moses gesê: Skrywe vir jou hierdie woorde op, want volgens hierdie woorde het Ek 'n verbond gesluit met jou en met Israel. Exo 34:28 En hy was daar by die JHWH veertig dae en veertig nagte; hy het geen brood geëet en geen water gedrink nie. En Hy het op die tafels die woorde van die verbond, die tien woorde, geskrywe.

Lev 26:44 Maar ook dan, as hulle in die land van hul vyande is, verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek 'n einde aan hulle sou maak en my verbond met hulle sou verbreek nie; want Ek is die JHWH hulle God

Page 10: Beloftes Maak Skuld

IsraelPartye JHWH & Israel (12 stamme)

Prestasie Verlos uit Egipte, land in besit neem, ewige erfenis, seën (Deut 28), huwelik (bruid) van JHWH

Teenprestasie Onderhou gebooie

Periode Ewig

Maatreëls by versuim Vloek (Deut 28), doodstraf, offer van vee

Voorwaardes tot terminering

Hoereerdery (afgode) – terminering deur skeibrief

Bekragtiging By berg Horeb – Exo 24:7

Page 11: Beloftes Maak Skuld

Voorbeelde uit SkrifHuis van Dawid

1Kon 8:25 Hou nou ook, JHWH, God van Israel, die belofte wat U aan u kneg, my vader Dawid, gedoen het, naamlik: Daar sal vir jou nooit 'n man voor my aangesig ontbreek wat op die troon van Israel sal sit nie as jou seuns net hulle weg in ag neem deur te wandel voor my aangesig soos jy voor my aangesig gewandel het. 2Kon 8:18 En hy het gewandel in die weg van die konings van Israel, soos die huis van Agab gedoen het; want hy het die dogter van Agab as vrou gehad en het gedoen wat verkeerd was in die oë van die JHWH. 2Kon 8:19 Maar die JHWH wou Juda nie vernietig nie ter wille van Dawid, sy kneg, volgens sy belofte aan hom dat Hy hom altyd 'n lamp vir sy seuns sou gee.

Hand 13:23 Uit die nageslag van hierdie man het God vir Israel, volgens die belofte, Jahshua as Verlosser verwek,

Page 12: Beloftes Maak Skuld

Huis van DawidPartye JHWH & Huis van Dawid

Prestasie Hy en sy nageslag sal op troon van Israel sit, sal nie in Doderyk bly nie, Verlosser van Israel kom uit sy geslag

Teenprestasie Onderhou gebooie, gehoorsaamheid

Periode Ewig

Maatreëls by versuim Verdeelde koningkryk (2 stamme & 10 stamme)

Voorwaardes tot terminering

Nie bly voor aangesig van JHWH nie

Bekragtiging JHWH by monde van Natan

Page 13: Beloftes Maak Skuld

Voorbeelde uit SkrifNuwe Verbond – met wie?

Hierdie is ‘n interresante een – u almal verwag dat die nuwe verbond in die eerste plek met ons, Israel, of die gelowiges opgestel is.

Ter wille van wie, is daar ‘n Nuwe Verbond? Die antwoord hierop, is bekend – Antw: ter wille vanons, Israel, en die beloftes aan ons vaders.

Hoe verkry ons die Nuwe Verbond se prestasie (ewige lewe)? – Antw: deur erfreg, erfgename.

Wie was dan die besitter wat gesterf het, sodat ons kan erf? – Antw: Jahshua

Van wie het Hy dit gekry (wie het Hom opgewek)? – Antw: Die Vader

Hoe dan is ons erfgename, hoe kom ons name in die testament van Jahshua? – Antw: Wie skryf jou testament – jy self, wie skryf Jahshua se testament – Hy self bely ons name in sy testament.

Wanneer bely Hy ons in sy testament – Antw: Wanneer ons Sy woorde glo, en doen wat Hy ons beveel het.

Page 14: Beloftes Maak Skuld

Voorbeelde uit Skrif

JHWH

Jahshua

Israel

Besitreg van Adam se geslag Opwekking uit die dood

Troon van DawidAlle mag op aarde

Erfgename

Page 15: Beloftes Maak Skuld

Voorbeelde uit SkrifMet Jahshua

Luk 1:32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, Luk 1:33 en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.

Joh 10:27 My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My. Joh 10:28 En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. Joh 10:29 My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie. Heb 12:2 die oog gevestig op Jahshua, die Leidsman en

Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

Gal 3:15 Broeders, ek spreek menslikerwys: selfs 'n mens se testament wat bekragtig is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie. Heb 9:16 Want waar 'n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word; Heb 9:17 want 'n testament is geldig by sterfgevalle, aangesien dit nooit van krag is so lank as die testamentmaker nog leef nie.

Page 16: Beloftes Maak Skuld

Voorbeelde uit SkrifMet Jahshua

Joh 17:7 Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom. Joh 17:8 Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het. Joh 17:9 Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort.

Joh 17:1 Dit het Jahshua gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik-- Joh 17:2 soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee. Joh 17:3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jahshua Christus wat U gestuur het. Joh 17:4 Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring.

Page 17: Beloftes Maak Skuld

Voorbeelde uit SkrifMet Jahshua

Ef 1:11 in Hom in wie ons ook 'n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil, Ef 1:12 sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het, Ef 1:13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, Ef 1:14 wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.

Mat 19:29 En elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van my Naam verlaat het, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe.

Joh 5:24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.

Page 18: Beloftes Maak Skuld

Voorbeelde uit SkrifMet Jahshua

Joh 6:37 Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie. Joh 6:38 Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. Joh 6:39 En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag. Joh 6:40 En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

Rom 5:18 Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe. Rom 5:19 Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.

Hand 2:32 Hierdie Jahshua het God opgewek, waarvan ons almal getuies is. Hand 2:33 Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor.

Page 19: Beloftes Maak Skuld

Voorbeelde uit SkrifMet Jahshua

Rom 8:11 En as die Gees van Hom wat Jahshua uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

Page 20: Beloftes Maak Skuld

Met JahshuaPartye JHWH & Jahshua

Prestasie Besitreg van die geslag van Adam, Opwekking uit die dood, alle mag op aarde, troon van Dawid

Teenprestasie Gehoorsaamheid tot die dood

Periode Ewig

Maatreëls by versuim ???

Voorwaardes tot terminering

Ongehoorsaamheid

Bekragtiging “Dit is volbring”

Page 21: Beloftes Maak Skuld

Voorbeelde uit SkrifMet ons ?

In Jahshua alleen staan ons in die Nuwe Verbond – ons het geen verdienste om op te roem nie, net dankbare gehoorsaamheid en geloof.

1Jo 2:25 En dit is die belofte wat Hy ons beloof het, naamlik die ewige lewe.

Page 22: Beloftes Maak Skuld

Vrae, Antwoorde….Insig

• Ons sê dat Deut: 28 – die seën & vloek – van toepassing is op ons hier in Suid Afrika omrede ons afgewyk het van JHWH se gebooie. Hoekom is dieselfde nie waar vir Israel in verstrooiing in Europa, Amerika, Australië ens, waar blanke volke in welvaart en vrede lewe, terwyl hul van JHWH se gebooie niks weet, of wil weet nie, en Hom nie erken as heilig bo enige ander wêreldse afgod nie?

Vraag 1

Page 23: Beloftes Maak Skuld

Vrae, Antwoorde….Insig

• Hoe kan ons verwys na die Ou Verbond en die seën en vloek daaraan gekoppel, as ons almal belei dat ons in die Nuwe Verbond, tot Saligheid staan? Die onderhouding van al die Ou Verbond se talle wette is tog immers nie meer van toepassing nie, en tog sê ons dat die Vloek van Deut 28 ons deel is – iets wat net kan wees as ons nog onder verpligting staan mbt die insettinge en verordeninge waarna in Deut verwys word. Die Nuwe Verbond het te doen met die persoonlike saligheid van elke individu van Israel wat hom bekeer en laat doop, en dit behels nie die letter van die wet soos in die Ou Verbond neergelê nie. Baie voorbeelde bestaan waar groot gelowiges (Paulus, Petrus, Johannes ens) onderwerp was aan geweld, ontberinge ens, en dit het nie noodwendig beteken dat hul in die Vloek van Deur 28 gestaan het nie. Sulke ontberings vir die gelowige, is tot loutering, en werk tengoede mee vir sy geloof.

Vraag 2

Page 24: Beloftes Maak Skuld

Vrae, Antwoorde….Insig

• Ons verwys so maklik na ons hier in Suid Afrika (Boere) as iets spesiaal, en hoop in die stilte dat daar nog uitkoms vir ons Boerevolk sal kom. Ons vertolking van die Profete dui egter slegs op die verlossing vir Israel wat aan die einde van die tye kom. Moet ons dus aanvaar dat ons as Boerevolk van nou tot die dag van JHWH onder hierdie omstandighede gaan verkeer en dat die vierkleur as simbool van vrye Boerevolk nie weer sal wapper in amptelike hoedanigheid in hierdie wêreld nie? Is persoonlike Saligheid en bekering van ons broers tot die Evangelie die volle getal van ons hoop in diè land, in die wêreld?

Vraag 3

Page 25: Beloftes Maak Skuld

My dag tot dag bestaan…my streweVir ‘n Boer, met wortels in die geskiedenis en hoop van sy voorgeslagte, is die antwoorde op hierdie vrae bepalend in so vêr as wat dit sy dag tot dag bestaan behels.

Want as daar niks te verander is aan ons Boerevolk se lot nie, en dit die wil van JHWH is soos bekend gemaak deur die Profete, dat ons, soos die res van Israel in verstrooiing, onder die juk van die wêreldmag (Babilon) staan tot Sy koms, dan baat die hoop op uitkoms vir die Boerevolk ons niks, en is berusting mbt die Nuwe SA vir ons beter, in afwagting op die belofte van die Ewige Lewe in Jahshua, en die koms van Sy Koningkryk op aarde.

In teendeel, nog beter, sou waarskynlik wees om te vertrek na ‘n ander land, waar Israel in verstrooing, dit so bietjie makliker het as ons, wat in dag tot dag vervolging na liggaam staan (vir die wat kan bekostig).

Ons fokus op persoonlike saligheid en smeekbede om bewaring van dag tot dag is dan ons enigste strewe en verwagting, soos vertolk in die Nuwe Verbond met die funksionering van die liggaam van Jahshua (gemeentes) die volle omvang van ons Nasionale strewe tot die wederkoms aanbreek, en Israel herstel word.

Page 26: Beloftes Maak Skuld

Vergrootglas op Vraag 1&2 geplaasSubvraag – Is die Seën & Vloek van Deut 28 nog net so van toepassing op Israel in verstrooing vandag?

Hierdie vraag het drie moontlike veranderlikes naamlik –

1. Is dit van toepassing op die 2 stamme steeds onder die Wet van die Ou Verbond?

2. Is dit van toepassing op die 10 stamme wat ‘n skeibrief ontvang het?

3. Is dit van toepassing op die van uit die 2 en 10 stamme, wat onder die Nuwe Verbond in Jahshua verenig is?

Page 27: Beloftes Maak Skuld

Vergrootglas op Vraag 1&2 geplaasIs die Seën & Vloek van Deut 28 nog net so van toepassing

op die 2 stamme wat onder die Wet gebly het?

Antwoord - Ja

Gal 3:10 Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie. Gal 3:11 En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe.

Page 28: Beloftes Maak Skuld

Vergrootglas op Vraag 1&2 geplaasIs die Seën & Vloek van Deut 28 nog net so van toepassing

op die 10 stamme wat die skeibrief ontvang het?

Met terminering van ooreenkoms, verval alle prestasie en teenprestasie – geen meer Seën en Vloek – verwyderd van die voorsienende Hand, en uitgelewer aan die eb en vloei van omstandighede, net soos die nasies om hulle. As dit droog is, het hul geen hoop op reëns op sy tyd nie, en wanneer daar oorvloed is, eet hul ook. Hul bepaal hul eie heil, en beheer hul eie lot.

Die antwoord is dus nee – so is dit ook met Israel vandag in die wêreld.

Jer 3:8 En Ek het gesien toe Ek uit oorsaak van die owerspel van die afkerige, Israel, haar verstoot en haar haar skeibrief gegee het, dat die ontroue, haar suster Juda, nie bevrees was nie, maar gegaan en ook self gehoereer het.

Page 29: Beloftes Maak Skuld

Vergrootglas op Vraag 1&2 geplaasIs die Seën & Vloek van Deut 28 nog net so van toepassing

op die 12 stamme wat onder die Nuwe Verbond in Jahshua verenig?

1Co 4:11 Tot op hierdie uur ly ons honger en dors, is ons naak en word geslaan, en swerwe ons rond, 1Co 4:12 en swoeg ons deur met ons eie hande te werk. Word ons uitgeskel, ons seën; word ons vervolg, ons verdra dit; 1Co 4:13 word ons belaster, ons troos; soos uitvaagsels van die wêreld het ons geword, die afskraapsel van almal tot nou toe.

2Ti 3:12 En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jahshua, sal vervolg word.

Mat 6:20 maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;

Dit is duidelik dat die gelowige onder die Nuwe Verbond, nie op grond van sy fisiese ervaring moet oordeel of hy in die wil van JHWH staan nie, maar hom moet rig daarop om deur die Heilige Gees te wandel, en so die wil van JHWH te volbring. Verdrukking en vervolging, moet nie as Vloek misverstaan word nie.

Die antwoord is dus nee, want die Nuwe Verbond is nie gerig op die liggaam (vlees) nie, maar het die geestelike saligheid ten doel.

Page 30: Beloftes Maak Skuld

Antwoord op Vraag 1

Uit voorafgaande kan ons sê dat die Westerse wêreld vandag nie meer onder die Seën & Vloek van Deut: staan nie. Hul is verstoot van die wet van die Man, en grotendeels onverskildig teenoor Jahshua en die Nuwe Verbond.

Hul lot is opgeneem in die lot van die nasies om hulle, en hul probeer hul eie seën skep, en beheer – hul eie reën maak, siektes genees, dooies opwek en oorwinnings behaal.

Hoewel die Vloek van Deut 28 nie meer daar is om hul na JHWH terug te dryf nie, en welvaart hul deel is, is die ewige dood net om die draai, en geen hoop op Ewige Lewe buiten deur Jahshua, vir hul beskore nie.

Ons hier in Suid Afrika, ervaar egter ‘n vreemde ooreenkoms met die Vloek van Deut 28, en aangesien dit nie ons deel is vanuit die Nuwe Verbond nie, bly die vraag – wat mis ons?

Page 31: Beloftes Maak Skuld

Antwoord op Vraag 2

Wel ons kan nie die oorsprong van ons “Vloek”, vanuit die Ou Verbond, of die Nuwe Verbond deurtrek nie.

Van die Ou Verbond is ons oor na die Nuwe, en vry van die wet van die Man as weduwees of deur die skeibrief (afhangend of ons 2 stamme of 10 as oorsprong het).

Die gebondenheid aan die Seën & Vloek van Deut 28, blyk spesifiek aan Suid Afrika (die Boere) te wees, want geen ander Israel volk in ons tyd staan so direk in korrelasie met die beskrywing van Deut 28 nie.

Wat anders is hier aan die gang?

Page 32: Beloftes Maak Skuld

Ons eie Gelofte

Page 33: Beloftes Maak Skuld

GelofteDeu 23:21 As jy aan die JHWH jou God 'n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die JHWH jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word. Deu 23:22 Maar as jy nalaat om te belowe, sal dit geen sonde in jou wees nie. Deu 23:23 Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan die JHWH jou God vrywillig beloof het--wat jy met jou mond gespreek het.

Pred 5:4 (5:3) As jy 'n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe. Pred 5:5 (5:4) Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie. Pred 5:6 (5:5) Laat jou mond nie toe om op jou liggaam 'n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was 'n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes?

Page 34: Beloftes Maak Skuld

GelofteHand 18:18 En nadat Paulus nog verskeie dae daar gebly het, het hy van die broeders afskeid geneem en na Sírië uitgeseil, en saam met hom Priscílla en Aquila. En in Kenchréë het hy sy hoof geskeer, want hy het 'n gelofte gedoen.

Page 35: Beloftes Maak Skuld

BoerePartye JHWH & Boere (uit Israel)

Prestasie Vyand in hand gee, lewe spaar

Teenprestasie U eer, dag soos Sabat heilig, nageslag leer van U weldade, vir U ‘n Huis oprig.

Periode Ewig

Maatreëls by versuim Vloek (Deut 28), Joshua 24

Voorwaardes tot terminering

Ander gode dien, afwyk van belofte (teenprestasie)

Bekragtiging Uitslag van Slag van Bloedrivier

Page 36: Beloftes Maak Skuld

Was dit ‘n bevestigende wonderwerk ?

Slag Isandlwana Bloedrivier

Wie Britte / Zulu’s Boere / Zulu’s

Jaar 1879 1838

Verhouding 1:10 1:32

Wapens Slot gewere (25 skote / minuut) meer as 400 meter reik teenoor, masjiengewere (pom-poms), ‘n paar ligte kanonne -Assegaaie ens

Voorlaaiers (4 tot 5 skote per minuut) 50 tot 150 meter reik, drie voorlaaier kanonne – Assegaaie ens

Verliese Britte - Bykans almal - 1750 man / 2000 tot 3000 Zulu’s

1:1 tot 1:1.7

Geen Boere/ 3500 tot 5500 Zulu’s

Nota Verdeelde Zulu reik, verswak na neerlaag by Bloedrivier

Zulu reik op sterkste na Shaka hul opgebou het

Page 37: Beloftes Maak Skuld

1949 Onderneming – duidelik voor oë gestel

Jos 24:22 Daarop sê Josua aan die volk: Julle is getuies teen julleself dat julle vir julleself die JHWH gekies het om Hom te dien. En hulle sê: Ons is getuies. Jos 24:23 Verwyder dan nou die vreemde gode wat onder julle is, en neig julle hart tot die JHWH, die God van Israel. Jos 24:24 Daarop sê die volk aan Josua: Ons sal die JHWH onse God dien en na sy stem luister. Jos 24:25 En op dié dag het Josua met die volk 'n verbond gesluit en vir hulle 'n insetting en 'n reg vasgestel in Sigem. Jos 24:26 En Josua het hierdie woorde in die wetboek van God geskrywe en'n groot klip geneem en dié daar opgerig onder die eikeboom wat by die heilige plek van die JHWH is. Jos 24:27 Toe sê Josua aan die hele volk: Kyk, hierdie klip sal 'n getuie teen ons wees, want hy het al die woorde van die JHWH gehoor wat Hy met ons gespreek het; en hy sal 'n getuie teen julle wees, sodat julle jul God nie verloën nie. Jos 24:28 Toe het Josua die volk laat gaan, elkeen na sy erfdeel toe.

Page 38: Beloftes Maak Skuld

Die Res van die Gelofte

Page 39: Beloftes Maak Skuld

‘n Huis tot sy Eer?

Hand 7:49 Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Watter soort huis sal julle vir My bou, sê die Here, of hoedanig is die plek van my rus?

e 2:4 Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is; 1Pe 2:5 en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jahshua Christus.

Page 40: Beloftes Maak Skuld

Ons uitstaande skuldOm Geloftedag as Sabbat te heilig, om die geskiedenis aan die kinders te leer, dit is die maklike deel van ons belofte.

Maar om ‘n Huis vir Hom opterig, binne die bedeling van die Nuwe Verbond, vereis dat ons ‘n heilige lewe handhaaf, in alle godsvrug, en ook ons kinders so opvoed dat hul ‘n offer aan hom is.

Ons is die enigste moderne volk, wat nie net Jahshua behoort te dien tot ons geestelike saligheid nie, maar wat in werklikheid ‘n belofte daartoe gemaak het as volk, en meer nog, JHWH het die ooreenkoms bekragtig deur Sy hand. Daaraan het Hy, deur die spreker in 1949, in genade, ook vir ons die Seën (dat dit met ons goed gaan) gekoppel – ‘n voorreg wat niemad anders het nie. Maar onafwendbaar, is die Vloek daarteenoor, indien ons in versuim staan.

Tans aanskou ons die terugdraai van tyd – die gevolge van ons oorwinning by Bloedrivier, word letterlik teruggedraai. Hy kan dit doen, kan die tyd terugdraai tot in 1838, en die oorwinning ons daar ontneem. Oor nog 50 jaar, sal dit wees asof ons nooit hier was nie, daar nooit ‘n enkel Voortrekker die Groot Trek oorleef het nie – indien ons in versuim bly om die Huis op te rig, tot eer van sy Naam.