7
Uitgawe 86 2 Desember 2016 Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms Beleg van Kimberley Deur Gert Theart. Voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog was Kimberley die dorp met die tweede grootste inwonertal in die Kaapkolonie en die middelpunt van die diamantmyn bedrywighede; asook die verskaffer van 90% van die wêreld se diamante. Die dorp het ‘n inwonertal van 40, 000 inwoners gehad, waarvan 25,000 blanke was. Cecil John Rhodes, die stigter van De Beers, het sy intrek in Kimberley geneem kort voor die verstryking van die Boere Republieke se ultimatum. Baie inwoners het gevrees vir die stap, as gevolg van die rol wat Rhodes gespeel in die verbrkkeling van die verhouding met die Boere-Republieke, wat die oorlog vooraf gegaan het. Die burgermeester en verskeie prominente inwoners van Kimberley het hom probeer ontmoedig om tot die stap oor te gaan. Rhodes het hulle advies geignoreer en steeds na Kimberley gereis. Met die verstryking van die ultimatum om 5 nm op 11 Oktober was Rhodes nog op pad na Kimberley en is byna gevang deur die Boeremagte wat die daarop volgende dae begin het om Kimberley te beleër en alle spoor en telegraafverbindings te vernietig. Die militêr het die volgende siening van Rhodes se intrek in Kimberley gehad. “Rhodes had come into his own Kimberley and for the first time he was not master in it. He found himself a sterilized dictator acting in an atmosphere too tenuous to support his vitality but sufficient to preserve it from extinction. He was subject to the authority of the military commandant, a galling position for a distinguished statesman who had not a high opinion of the professional capacity of the British officer.” Die ironie van die siening was, dat die militêr nie sonder die hulp van Rhodes ‘n verdedigingsplan vir Kimberley kon daarstel nie. (My beskeie mening is dat Kimberley in die hande van die Boere sou geval het.) Veral inagnome die klein garnisoen wat bestaan het uit die 1st Battalion, Loyal Regiment (North Lancashire) onder bevel an Luitenant Kolonel Kekewich en net meer as 500 Cape Mounted Police onder leiding van Lt Scott-Turner, van omliggende polisiedepots wat in Kimberley saamgetrek was. Was dit nie vir die Amerikaanse myningenieur, George Labram, wat besef het dat die bees aan die buitewyke van Kimberley in die hande van die boere gaan val indien daar nie daadwerklik ‘n plan gemaak gaan word nie. (Terloops Labram het toe alreeds ‘n werk aanvaar by een die Johannesburgmyne kort voor die oorlog uitgebreek het, maar was nog in Kimberley om die laaste paar take af te handel voor hy sy nuwe pos bekleë.) Labram het ‘n indistriële verkoelingsaanlegging laat oprig om die vleis te stoor. Die boere het ook die watervoorsiening na Kimberley by Riverton afgesny, wat water meer kosbaar gemaak het in Kimberley as diamante. Om die druk op Kimberley te verlig het die owerhede besluit om die swartmynwerkers te voet terug te stuur na hulle tuistes buite Kimberley, maar die boere het hulle terug gedryf na Kimberley toe. Volgens die boere sou dit help om die druk op Kimberley se voedsel- en waterbronne te verhoog wat tot ‘n spoedige oorgawing sou lei. Die boere het die taktiek in verskeie swart oorloë suksesvol gebruik. Hoewel die voedsel deur die militêre owerheid gerantsoneer en bestuur is was daar ‘n skaarste aan vleis en daar is oorgegaan na ‘n drastiese stap om perde te slag om die probleem aan te spreek. Omdat dit nie moontlik was om met die tekort aan water groente te kweek het, het die vrees by die dokters ontstaan dat die mense skeurbuik kan opdoen en is aanbeveel dat hul alwynblare eet. Om die situasie te bestuur is ‘n sopkombuis in Kimberley opgerig met die hulp van Rhodes. Daar bestaan verskeie foto’s wat wys hoe mense in rye staan op die markplein vir sop. Orals in Kimberley is later suurlemoenbome aangeplant en is vandag nog in kenmerkend op die sypaadjies van Kimberley vir almal om te gebruik. Of die voedsel en water tekort nie genoeg was vir die inwoners van Kimberley nie, het hulle ook gewoond geraak aan die voortdurende bombardament deur die boere se artillerie op Kimberley. Meeste van die projektiele het skadeloos in die dorp geval, maar met die koms van die Long Tom was dit ‘n ander saak. ‘n Projektiel het die Grand Hotel getref wat Labram gedood het. ‘n Ander het voor die Kimberley Klub ontplof en ‘n vrou wat in die straat geloop het is onthoof. Die Klub is by geleentheid getref en splinters het die klubbestuurder getref. Verskeie persone het noue ontkomings gehad. Die teater, fotograafstudio en John Orr’s(vandag Edgars) is ook erg beskadig. Verskeie wonings is ook deur die Long Tom se projektiele beskadig. Gelukkig vir die inwoners het die Long Tom met swartkruit geskiet wat rook gemaak het wat vanaf die Cunning Tower sigbaar was. Die wagpos Cunning Tower kon die inwoners gewaarsku as ‘n projektiel oppad was. Die inwoners het dan soms tot 17 sekondes gehad om skuiling te soek of te ontruim. Die beleg het 124 dae geduur voordat Major-Generaal French Kimberley kon ontset met een van die mees indrukwekkend kavallerie optredes.. Links Bo: ‘n Koepon om sop te kry. (Foto: Africana Library KBY (ALK)) Middel Bo: ‘n Gesin by ‘n bomskuiling met ‘n Long Tom projektiel as aandenking (Foto: McGregor Museum(MMK)) Middel: Koerantknipsel van ‘n melkkennisgewing. (Foto: ALK) Regs: Beskadigde muur van die Noord Kaap teater. Dit herstelde plek is vandag nog sigbaar (Foto: ALK) Heel Regs bo: Permit vir die koop van brood (Foto’s: ALK) Heel Regs onder: Long Tom projektiel bars deur die muur van FA Hancox se studio, gelukkig sonder om te ontplof. (Foto: De Beers Argief)

Beleg van Kimberley - kalaharisnippets.co.zakalaharisnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · Beleg van Kimberley diamantmyn bedrywighede; asook die verskaffer van 90% van

  • Upload
    others

  • View
    15

  • Download
    1

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Beleg van Kimberley - kalaharisnippets.co.zakalaharisnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · Beleg van Kimberley diamantmyn bedrywighede; asook die verskaffer van 90% van

Uitgawe 86 2 Desember 2016

Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms

Beleg van Kimberley Deur Gert Theart.

Voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog was Kimberley die dorp met die tweede grootste inwonertal in die Kaapkolonie en die middelpunt van die diamantmyn bedrywighede; asook die verskaffer van 90% van die wêreld se diamante. Die dorp het ‘n inwonertal van 40, 000 inwoners gehad, waarvan 25,000 blanke was. Cecil John Rhodes, die stigter van De Beers, het sy intrek in Kimberley geneem kort voor die verstryking van die Boere Republieke se ultimatum.

Baie inwoners het gevrees vir die stap, as gevolg van die rol wat Rhodes gespeel in die verbrkkeling van die verhouding met die Boere-Republieke, wat die oorlog vooraf gegaan het. Die burgermeester en verskeie prominente inwoners van Kimberley het hom probeer ontmoedig om tot die stap oor te gaan. Rhodes het hulle advies geignoreer en steeds na Kimberley gereis. Met die verstryking van die ultimatum om 5 nm op 11 Oktober was Rhodes nog op pad na Kimberley en is byna gevang deur die Boeremagte wat die daarop volgende dae begin het om Kimberley te beleër en alle spoor en telegraafverbindings te vernietig.

Die militêr het die volgende siening van Rhodes se intrek in Kimberley gehad.

“Rhodes had come into his own Kimberley and for the first time he was not master in it. He found himself a sterilized dictator acting in an atmosphere too tenuous to support his vitality but sufficient to preserve it from extinction. He was subject to the authority of the military commandant, a galling position for a distinguished statesman who had not a high opinion of the professional capacity of the British officer.”

Die ironie van die siening was, dat die militêr nie sonder die hulp van Rhodes ‘n verdedigingsplan vir Kimberley kon daarstel nie. (My beskeie mening is dat Kimberley in die hande van die Boere sou geval het.) Veral inagnome die klein garnisoen wat bestaan het uit die 1st Battalion, Loyal Regiment (North Lancashire) onder bevel an Luitenant Kolonel Kekewich en net meer as 500 Cape Mounted Police onder leiding van Lt Scott-Turner, van omliggende polisiedepots wat in Kimberley saamgetrek was. Was dit nie vir die Amerikaanse myningenieur, George Labram, wat besef het dat die bees aan die buitewyke van Kimberley in die hande van die boere gaan val indien daar nie daadwerklik ‘n plan gemaak gaan word nie. (Terloops Labram het toe alreeds ‘n werk aanvaar by een die Johannesburgmyne kort voor die oorlog uitgebreek het, maar was nog in Kimberley om die laaste paar take af te handel voor hy sy nuwe pos bekleë.) Labram het ‘n indistriële verkoelingsaanlegging laat oprig om die vleis te stoor.

Die boere het ook die watervoorsiening na Kimberley by Riverton afgesny, wat water meer kosbaar gemaak het in Kimberley as diamante. Om die druk op Kimberley te verlig het die owerhede besluit om die swartmynwerkers te voet terug te stuur na hulle tuistes buite Kimberley, maar die boere het hulle terug gedryf na Kimberley toe. Volgens die boere sou dit help om die druk op Kimberley se voedsel- en waterbronne te verhoog wat tot ‘n spoedige oorgawing sou lei. Die boere het die taktiek in verskeie swart oorloë suksesvol gebruik.

Hoewel die voedsel deur die militêre owerheid gerantsoneer en bestuur is was daar ‘n skaarste aan vleis en daar is oorgegaan na ‘n drastiese stap om perde te slag om die probleem aan te spreek. Omdat dit nie moontlik was om met die tekort aan water groente te kweek het, het die vrees by die dokters ontstaan dat die mense skeurbuik kan opdoen en is aanbeveel dat hul alwynblare eet. Om die situasie te bestuur is ‘n sopkombuis in Kimberley opgerig met die hulp van Rhodes. Daar bestaan verskeie foto’s wat wys hoe mense in rye staan op die markplein vir sop. Orals in Kimberley is later suurlemoenbome aangeplant en is vandag nog in kenmerkend op die sypaadjies van Kimberley vir almal om te gebruik.

Of die voedsel en water tekort nie genoeg was vir die inwoners van Kimberley nie, het hulle ook gewoond geraak aan die voortdurende bombardament deur die boere se artillerie op Kimberley. Meeste van die projektiele het skadeloos in die dorp geval, maar met die koms van die Long Tom was dit ‘n ander saak. ‘n Projektiel het die Grand Hotel getref wat Labram gedood het. ‘n Ander het voor die Kimberley Klub ontplof en ‘n vrou wat in die straat geloop het is onthoof. Die Klub is by geleentheid getref en splinters het die klubbestuurder getref. Verskeie persone het noue ontkomings gehad. Die teater, fotograafstudio en John Orr’s(vandag Edgars) is ook erg beskadig. Verskeie wonings is ook deur die Long Tom se projektiele beskadig. Gelukkig vir die inwoners het die Long Tom met swartkruit geskiet wat rook gemaak het wat vanaf die Cunning Tower sigbaar was. Die wagpos Cunning Tower kon die inwoners gewaarsku as ‘n projektiel oppad was. Die inwoners het dan soms tot 17 sekondes gehad om skuiling te soek of te ontruim. Die beleg het 124 dae geduur voordat Major-Generaal French Kimberley kon ontset met een van die mees indrukwekkend kavallerie optredes..

Links Bo: ‘n Koepon om sop te kry. (Foto: Africana Library KBY (ALK))

Middel Bo: ‘n Gesin by ‘n bomskuiling met ‘n Long Tom projektiel as

aandenking (Foto: McGregor Museum(MMK))

Middel: Koerantknipsel van ‘n melkkennisgewing. (Foto: ALK)

Regs: Beskadigde muur van die Noord Kaap teater. Dit herstelde plek is

vandag nog sigbaar (Foto: ALK)

Heel Regs bo: Permit vir die koop van brood (Foto’s: ALK)

Heel Regs onder: Long Tom projektiel bars deur die muur van FA Hancox

se studio, gelukkig sonder om te ontplof. (Foto: De Beers Argief)

Page 2: Beleg van Kimberley - kalaharisnippets.co.zakalaharisnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · Beleg van Kimberley diamantmyn bedrywighede; asook die verskaffer van 90% van

Veilings

Desember 6 Griekwastad 7 Olifantshoek 8 Kuruman 13 Vanzylsrus 14 Winton 15 Postmasburg 16 NKLH Kantore sluit

053 712 3564

[email protected]

Susan 083 794 0375 [email protected] www.winton.co.za

Akkommodasie, Wittebrood Suite, Aantrekkamers, Koӧrdinering,

Décor

Fotografie deur: Detoi Photography

Page 3: Beleg van Kimberley - kalaharisnippets.co.zakalaharisnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · Beleg van Kimberley diamantmyn bedrywighede; asook die verskaffer van 90% van

8 Mile Club 2016 Ek het u hulp nodig om die mikpunt van R10 000.00 te kan

bereik ten bate van CHOC (kinders met kanker), om sodoende‘n verskil in ‘n kind se lewe te maak.

Die 8 Mile Club is ‘n eksklusiewe groep van 120 swemmers wat

deelneem aan al 8 items by die aQuellé Midmar Mile. Die fondse wat ingesamel word, word aan organisasies geskenk wat

geen regeringshulp ontvang nie.

Vanjaar sal dit die vyfde jaar wees wat Esmari Theart

deelneem en die uitdaging gaan aanpak ten bate van CHOC

(kinders met kanker). Die 8 Mile Charity Challenge vind saam met die aQuellé Midmar Mile op 11 en 12 Februarie 2017

plaas. Hierdie is die grootste Ope Water swembyeenkoms in

die wêreld.

Persone of besighede wat Esmari wil borg kan dit doen deur hier te kliek <BORG LINK> of kontak haar by 0820678523

AFRIKAANSE Uitdrukkings geld AS TEMA

Tyd is geld. Vir geen geld ter wêreld nie. Vir kwaadgeld rondloop. Geld groei nie aan bome nie. Geld in die water gooi. Geld wat stom is maak reg wat krom is. ‘n Stuiwer in die armbeurs gooi. Ryk gesaai bankrot ge-oes. Dit is te dik vir ‘n Daalder. So arm soos ‘n kerkmuis. Agter geld soos die duiwel agter ‘n siel aan. Die geld brand in sy sak.

Afrikaans op sy

Beste

Die Geranium

Die geranium gaan terug na die Grieks geranos wat “kraanvoël” beteken vanweë die snawelvormige uitsteeksels van die blom. Dit word ook, volgens sommige woordeboeke; die malva of wildemalva genoem. Maar die kraanvoël wat in geranos steek, pas beter by die kraanvoëlblom, die strelitzia, wat vernoem is na Charlotte Sophia, gravin van Mecklenburg-Strelitz. Die strelitzia het ‘n sinoniem, die paradysblom, wat in Engels bekend staan as die bird-of-paradise. Daar is dus nie uitsluitsel oor die naam – wat ‘n mens nie verbaas nie as jy dink dat daar meer as 200 soorte geraniums is.

Page 4: Beleg van Kimberley - kalaharisnippets.co.zakalaharisnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · Beleg van Kimberley diamantmyn bedrywighede; asook die verskaffer van 90% van

Die sport word beoeffen met luggewer of pistole in sale,

klaskamers ens. Daar is reeds 11 skole wat

kompeterend deelneem in die Noord-Kaap.

Vir enige navrae in hierdie lekker sport kontak vir Gerrie Coetzee Cell.

0833080937

Vriende van die Nasionale Vrouemonument

Doel:

Die doel van die vriende van die Nasionale Vrouemonument is om ‘n ondersteuningsbasis

te kry van vriende wat hul assosieer met die monument en ook om ‘n finansieel bydrae tot

die onderhoud van die monument te maak.

Basis van Finansiële bydrae:

Daar sal verskillende vorme van bydrae wees om as vriend te kwalifiseer:

1. Erelid (Instansie of individu) Eenmalig minstens R 5 000 - 00 2. Lewenslange vriend Eenmalige bydrae van R 1 000; 3. Algemene lede Debietorder per maand van ‘n minimum van R 30 per maand wees; 4. Pensioenarisse (bo 65 jaar) Bydrae van R 100 per jaar.

Wat ontvang die vriend vir hul bydrae:

1. ‘n Lapelwapen word gepos na die vriend; 2. Die vriend word genooi na alles funksies en projekte wat deur die Nasionale Vrouemonumentkommissie aangebied

word; 3. Die vriend het die wete dat hy/sy finansieel bydra tot die onderhoud van ‘n Afrikanerbaken. 4. ‘n Sertifikaat van erkenning word gestuur op die briefhoof om die Vriende van die Vrouemonument te erken.

Aansoek wyse

1. Die aansoeker doen aansoek op die voorgeskrewe vorm en stuur dit aan die sekretaresse van die Nasionale

Vrouemonumentkommissie;

2. Die sekretaresse van die Nasionale Vrouemonumentkommissie hou die databasis by en pos die nodige

lapelwapen en sertifikaat aan die voorgenome vriend.

Kontak Willie Engelbrecht by [email protected] vir die nodige dokumente.

Page 5: Beleg van Kimberley - kalaharisnippets.co.zakalaharisnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · Beleg van Kimberley diamantmyn bedrywighede; asook die verskaffer van 90% van

Gemeenskaps – Dagboek

Wil u graag u kerk se

funksies aan die groot

klok hang - GRATIS.

Stuur u inligting na

[email protected]

BESIGHEIDS ADVERTENSIE

Wil u graag u besigheid aan die groot klok hang @ ‘n minimale koste.

Geen kooperatiewe maatskappy om @

te kompeteer vir spasie nie.

Stuur u navraag na [email protected]

Verspreidingsgebied

KURUMAN, DANIELSKUIL, POSTMASBURG, KATHU, OLIFANTSHOEK, DEBEN, VANZYLSRUS, BLACK ROCK EN

HOTAZEL

Kalahari Snippets groei weekliks in lesertal. Onseker hoe om te adverteer stuur ‘n epos na [email protected]

Dagboek

Bied u vereniging of organisasie ‘n ope geleentheid

aan, waarna u die almal uitnooi.

Stuur u inligting na [email protected]

Sport- Dagboek

Soos kommende padwedlope, fietswedrenne en

golftoernooie ----

Stuur u inligting na [email protected]

Page 6: Beleg van Kimberley - kalaharisnippets.co.zakalaharisnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · Beleg van Kimberley diamantmyn bedrywighede; asook die verskaffer van 90% van

Baie welkom by UNIKUM BROKKIES – hierdie week deel ek die verhaal van Pinkenolsie.....

Die Wemmels - Hierdie is ‘n storie van Max Lucado, maar dis ‘n storie met ‘n verhaal. ‘n Lewensverhaal wat in elkeen van ons lewens

aan die gang is.

Die Wemmels is ‘n klomp hout mensies en hulle bly in ‘n dorpie. Sommige het ‘n paar krakies en is maar droog. In die dorpie is daar van

hierdie Wemmels wat rondloop met boksies. In die boksies is daar kolle en sterre. So kom die Wemmels bymekaar en plak hulle kolle of sterre

op mekaar (goed of sleg). Pinkenolsie het ‘n paar krakies in sy mondering gehad. Elke keer wanneer iemand by hom kom, het hulle maar net

nog ‘n kol op hom geplak. Soveel so dat hy later aan minderwaardigheid gelei het en bang was om uit sy huis te gaan. Eendag sien hy dat

daar ‘n Wemmel verbystap wat nie ‘n kol of ‘n ster op haar het nie. Hy vra haar toe hoekom sy nie ‘n kol of ‘n ster het nie. Pinkenolsie wou

weet wat is haar geheim? Sy sê: Sien jy daardie huis op die bultjie, gaan kuier ‘n bietjie daar dan sal jy die antwoord kry.

Pinkenolsie kry sy moed bymekaar en stap na die huisie. Toe hy daar kom sien hy dat alles in die huis anders en groter lyk. Sy moed wil hom

begewe, maar net toe hy omdraai hoor hy ‘n stem wat sê: Hallo Pinkenolsie, waar was jy al die tyd? Hy draai om en hier sit ‘n man wat sê:

Kom, stap nader. Pinkenolsie kom nader gestap en sê vir hom dat hy nie dink hy’s waardig om daar te wees nie. Die man sê: Natuurlik is jy

waardig om hier te wees, want ek het jou gemaak, en ek maak nie gemors nie. Jy is waardig om hier by my te wees. Jy is baie spesiaalvir my.

Pinkenolsie sit nog met die minderwaardigheid en sê: Ja, maar kyk hoe lyk ek, kyk hoe vol kolle en krake is ek. Sy maker sê: Hou op om die

kolle wat mense op jou plak te vat. Begin glo wat ek van jou sê. Ek sê jy’s‚spesiaal‛ en waardig. Pinkenolsie dink by homself: Miskien moet

ek hom glo dat ek ‚spesiaal‛ is. Raai wat? Toe val die eerste kol af.

Na aanleiding van hierdie storie besef ek dat dit ‘n storie is wat in elkeen van ons se lewens ‘n waarheid en werklikheid is. Almal van ons loop

rond met letsels van die lewe (kolle en krake). Dink eers mooi voor jy kolle op iemand plak! Moenie die kolle wat ander deur jaloesie, haat,

vyandskap, tweedrag, kritiek, ‚control freak‛, en werke van die vlees op jou plak aanvaar nie. Jou Skepper sê jy is SPESIAAL vir HOM. Glo

dit en leef dit elke dag.

UNIKUM Berading / Counselling

Never too old ~ too bad ~ too broken ~ too late to make a new beginning

Jannine Bester ~ BA(Hons) Geregistreer CCSA (CO 2044)

Van Soelenstraat 19, Fichardtpark, Bloemfontein, Tel 0829023556, Epos [email protected]

Gemeenskaps – Dagboek

Wil u graag u skool se fondsinsamelingsprojek aan die groot

klok hang.

Stuur u inligting na [email protected]

YOU are one of a kind

a kind

Page 7: Beleg van Kimberley - kalaharisnippets.co.zakalaharisnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · Beleg van Kimberley diamantmyn bedrywighede; asook die verskaffer van 90% van

‘n plekkie in ons prag land – Darling

Wanneer ‘n mens aan Darling dink, kom die naam Evita Bezuidenhout onmiddellik in ‘n mens se gedagte op. Soos baie ander platelandse dorpe het ‘n kunstenaar of die kunste weer lewe in die dorp geblaas. Darling is geleë binne ‘n boerderygebied in die Weskusomgewing van die Weskaap, ongeveer 75km vanaf Kaapstad. Op die roete R315 tussen Malmesbury(in die Swartland) en Yzerfonterfontein (teen die Weskus).

Die dorp is in 1853 saam met die’n nuwe gemeente van die NG Kerk op die plaas Langefontein gestig, in die ‘n gebied wat as Groene Kloof bekend was. Die dorp is vernoem na Sir Charles Henry Darling wat vir ‘n kort tydjie in 1854 die luitenant-goewerneur van die Kaapkolonie was. Die Groen Kloof gebied is ontdek deur Oloff Bergh (na wie ‘n bekende brandewyn vernoem is) in 1682.

Van die vroegste tye af, is daar geskrife wat verwys na die oorweldigende ryk blommeprag wat die velde om Darling in die lente verfraai. James Backhouse skryf in 1840: ”There is no Wild Flowers like those at Darling”. Dit is dan nie snaaks om te lees dat in 1915 Mev Suzanne Mala, predikantsvrou en mnr Frederick Duckitt van Waylands die Darling Wildflower Society gestig het en dat daar sedert 1917 omtrent elke jaar die Darling Wildflower show gehou is. Die skou word jaarliks die derde naweek in September gehou by die Darling Sports Club. Die saal is ‘n landskap van Darling se wildeblomme, van die fynste en skaarste soorte tot dié meer algemene soorte. Daar is ook die Darling Renosterveld Reservaat, Groenkloof Renosterveld Reservaat, Waylands Flower Reservaat, en die Tienie Versfeld Wildflower Reserve wat toeriste kan besoek.

Darling is nie net bekend vir wilde veldblomme nie, maar die plaas Oudepost net buite Darling is die grootste orgideekwekery in die land waar miljoene blomme aan plaaslike- en uitvoermarkte gelewer word.

Toe Pieter-Dirk Uys die bekende Evita’s Perron-teater op die ou Darlingstasie geskep het, kon hy nie droom dat die Voorkamerfest daaruit sou voortspruit en vanjaar sy 10de verjaarsdag vier nie. Die fees word gewoonlik die eeste naweek in September gehou. Die fees bevat 21 vertonings wat in die voorkamer(sitkamer) van inwoners se huise gehou word. Die vertonings bevat genres van die uitvoerende kunste soos, dans, komedie, drama en musiek. Kaartjies word nie per vertoning verkoop nie, maar per roete. Elke roete bevat 3 vertonings waarna die roete afsluit by Evita Perron. Plaaslike taxivervoer vervoer die feesgangers op die onderskeie roetes tussen die voorkamers. So die kaartjiehouer is onbewus na watter vertoning hy gaan bywoon en so is ook die gasheer van die voorkamer onbewus van wie in sy voorkamer gaan optree tot ‘n paar uur voor die optrede. ‘n Baie unieke konsep.

Darling het ook ‘n baie ryke geskiedenis en ‘n skatkis wat ontdek moet word deur die reisiger. ‘n Besoek aan die museum is ‘n moet. ‘n Ballon met twee foto’s van ‘n Australiese kontingent wat aan die Jameson-inval in 1896 deelgeneem het. Min mense is bewus daarvan dat die kontingent deel was van Betsaunaland Polisie en dat hulle nie uniforms aangehad het nie. Hulle uniforms was laat. Die twee foto’s geneem deur Bennet bevestig dit.

Binne die museum is ook ‘n prag uitstalling van hoe die beroemde Darling-botter in die begin gemaak is. Ek weet ons wil dit nie graag hoor nie maar daar is ook ‘n uitstalling van ou skoolbanke. Gaan kyk as julle my nie glo nie. Voor die museumgebou staan ‘n ou voorlaaierkanon wat aanvanklik in 1734 op Klipberg staan gemaak is en afgevuur is om die gemeenskap te waarsku teen gevaar aook om die aankoms van skepe in die Tafelbaai aan te kondig.

Begraafplase is vir sommige mense spokerig of hulle bly daarvan weg ek gaan nie daar nie, maar in Darling se geval is dit nogal iets om te besoek. Dit is een van dié begraafplase wat die beste instandgehou word in Suid-Afrika volgens. Maar waaroor ek eintlik liries raak is die replika blokhuis van ongeveer 2.5m hoog wat as monument opgerig is vir alle persone van Darling, wat gesneuwel het tydens verskeie oorloë, soos die Anglo-Boereoorlog, die Eerste en Tweede Wêreldoorloë, die Suidwes Grensoorlog of Bosoorlog.

Ongeveer 6km noord van Darling is ‘n obelisk in eensaamheid op die plaas Kraalbosdam ter ere aan veldkornet CP Hildebrand van Lichtenburg, Noordwes, wat op 21 November 1901 gesneuwel het tydens een van die mees suidelike strooptogte wat die Boerekommando’s onder bevel van gel Manie Maritz uitgeoer het. Die naald is ongeveer ‘n derde die hoogte van die Vrouemonument.

Darling is ‘n juweel wat die moeite werd is om te besoek.

Links: Ou Stadsaal nou museum met voorlaaier kanon op die een hoek. (Foto: Eie versameling)

Regs: Replika van ‘n blokhuis in die begraafplaas wat as monument dien. ( Foto: Eie versameling)

Links onder: Vk Hildebrand 3de van regs staande. (Foto: Darling Museum) Middelonder: Lt-Governeur Darling.

Regs onder: Monument ter ere aan veld-kornet Hildebrand. ( Foto: Eie versameling)