41
@agri Jou no.1 aanlyn tydskrif Noord-Kaap Suid-Vrystaat Uitgawe 8 • Oktober 2012 Ontmoet Ontmoet Attie Scholtz: Attie Scholtz: NK Jongboer NK Jongboer van die Jaar van die Jaar Ontmoet Attie Scholtz: NK Jongboer van die Jaar Landbou is steeds Landbou is steeds voorkeursektor vir investering voorkeursektor vir investering Landbou is steeds voorkeursektor vir investering Landbou is steeds Landbou is steeds voorkeursektor vir investering voorkeursektor vir investering Landbou is steeds voorkeursektor vir investering Hoofberig: Ontginning Hoofberig: Ontginning van skaliegas ontlok van skaliegas ontlok baie reaksie baie reaksie Hoofberig: Ontginning van skaliegas ontlok baie reaksie Hoofberig: Ontginning Hoofberig: Ontginning van skaliegas ontlok van skaliegas ontlok baie reaksie baie reaksie Hoofberig: Ontginning van skaliegas ontlok baie reaksie Voeding en Voeding en reproduksie reproduksie hou verband in hou verband in skaapboerdery skaapboerdery Voeding en reproduksie hou verband in skaapboerdery Voeding en Voeding en reproduksie reproduksie hou verband in hou verband in skaapboerdery skaapboerdery Voeding en reproduksie hou verband in skaapboerdery

@agri Oktober 2012

Embed Size (px)

DESCRIPTION

@agri Oktober 2012

Citation preview

Page 1: @agri Oktober 2012

@ a g r iJou no.1 aanlyn tydskrif

Noord-KaapSuid-Vrystaat

Uitgawe 8 • Oktober 2012

OntmoetOntmoetAttie Scholtz:Attie Scholtz:NK JongboerNK Jongboervan die Jaarvan die Jaar

OntmoetAttie Scholtz:NK Jongboervan die Jaar

Landbou is steedsLandbou is steedsvoorkeursektor vir investeringvoorkeursektor vir investeringLandbou is steedsvoorkeursektor vir investeringLandbou is steedsLandbou is steedsvoorkeursektor vir investeringvoorkeursektor vir investeringLandbou is steedsvoorkeursektor vir investering

Hoofberig: OntginningHoofberig: Ontginningvan skaliegas ontlokvan skaliegas ontlok

baie reaksiebaie reaksie

Hoofberig: Ontginningvan skaliegas ontlok

baie reaksie

Hoofberig: OntginningHoofberig: Ontginningvan skaliegas ontlokvan skaliegas ontlok

baie reaksiebaie reaksie

Hoofberig: Ontginningvan skaliegas ontlok

baie reaksie

Voeding enVoeding enreproduksiereproduksie

hou verband inhou verband in skaapboerdery skaapboerdery

Voeding enreproduksie

hou verband in skaapboerdery

Voeding enVoeding enreproduksiereproduksie

hou verband inhou verband in skaapboerdery skaapboerdery

Voeding enreproduksie

hou verband in skaapboerdery

Page 2: @agri Oktober 2012

Tupperware en Avan-produkte. Skakel Tania Wiid vir 'n katologus by 082 457 2708. Voorraad is ook

beskikbaar by Die Pershuis in Jacobsdal.

Wil jy graag jou dienste of produk adverteer? Advertensies soos hierde in die“Dit-en-dat”-afdeling kos R60.

Stuur u inligting na [email protected].

Wil jy graag van iets ontslae raak of is jy opsoek na ‘n winskopie? Advertensies soos

hierde in die “Koop-en-Verkoop”-afdeling kos R100 (foto ingesluit) en verskyn ook

op @agri se webwerf. Stuur u inligting na [email protected].

Wil u graag hier adverteer?

Skakel Clivé by 053 591 0761 /083 708 3974 of stuur e-pos aan

[email protected].

DES GNSSPM

G R A P H I C | W E B D E S I G N

DES GNSSPM

Stephan Vorster 082 655 3278 • [email protected] • www.spmdesigns.co.za

• brochures• flyers • posters

• banners • stickers• web page design• e-mail stationery

• business cards• letterheads

• logo’s

Page 3: @agri Oktober 2012

Uitgawe 8: Oktober 2012

@agriClivé Burger ‐ Redakteur 083 708 3974 [email protected]

Stephan Vorster ‐ Grafiese [email protected]

12 BAYER Promosie

2 Redaksie

Oktober 2012 1

Foto: Clivé Burger

3 @agri Dagboek

4 Alfa & Omega

4 Uit my Inbox

6 Skaliegas‐ontwikkeling lokwyd negatiewe reaksie

8 Katoensaadkwaliteit vanMonsanto is van wêreldgehalte

10 NK se Jongboer is 'nboorling van Douglas

17 Simbiotiese verhouding inlandbou word benodig

19 Mynbou in NK hou grootbedreiging vir waterbronne in

21 Veilings

24Hoe hoër die voedingspeilvan lakterende ooie, hoehoër die reproduksietempo

26 Cellphone's biggestenemy – water damage

33 Laerskool houParalimpiese Spele

35 Wat is in ‘n naam?

Die lente het aangebreek hoewel daar nog hier en daar koeler dae is.

28 Arbor Week celebrated in Kimberley

30 Landelike beveiliging is glo'n prioriteit vir polisie

34 De Villiers tree bylandbouskool op

15 Alternatiewe energiebronne in NKkan ander probleem veroorsaak

Page 4: @agri Oktober 2012

Die opinies wat deur persone in hierdie publikasie geopper word, is persoonlik en weerspieël nie noodwendig dié van die redaksie of medewerkers nie.

2 Oktober 2012

s mens terugdink oor hoe boerderye 20 jaar gelede Adaar uitgesien het teenoor nou, is dit wraggies 'n globale verskil – en dan bedoel ek “globaal”. Ons

boere boer nie net meer nie. Nee dit is groot ondernemings wat bestuur word op die dieselfde basis as wat groot maatskappye doen. Dit is universieel. Die wêreld word nou gebring tot in jou huis – hetsy deur 'n rekenaar, iPad, selfoon of ander tegnologiese “slimding”.

Dinge het verander, en die hartseer hiervan was/is... as jy nie aangepas en bygehou het nie, het jy agter geraak. En die gaping raak al hoe vinniger groter. Só dat dit dikwels moeilik is om in te haal en talle boere langs die pad hande in die lug die graaf vir die laaste keer in die grond moes steek.

Alles het groter en beter geword. Trekkers en implemente lyk net nie meer dieselfde nie. En verseker ja, die prysverskil is ook enorm. Maar beter en groter beteken darem ook groter winste en beter bestuur. Beter uitkomste.

As ek sien hoe tegnies boerderypraktyke bestuur word, dan besef ek die dae wat ons oupa en pa's geboer het, was alles baie prakties ingestel. Die ram wat nie “perform” het nie, is eenvoudig geslag. Ja dit is vandag nog so, maar die pad loop met meer draaie. Boekhouding en meestal deur middel van gevorderde rekenaarprogramme, maak eintlik 'n moeilike storie baie maklik. En so is die resultate op die ou end baie beter. Ingeligte besluite kan geneem word en die boerdery kan duidelike parallelle trek tussen inkomstes en uitgawes. Moets en moenies.

Ook so met die besproeiing. In die verlede is die saad gekoop, lande is voorberei, daar is geplant, natgemaak en gestroop. En dan het jy gehoop op 'n goeie oes en nog beter verdienste. Vandag is dinge darem baie anders. Vryemarkstelsels en bemarkingskanale waarmee boere self tred mee moet hou. Iets soos presisieboerdery, waaruit baie boere groot voordeel trek, wys presies vir jou waar die foute lê en waar aanpassings gemaak moet word. Of dit nou oor water gaan of oor mikro‐elemente. Die boer kan duidelik sien waar die swak plekke is wat moet aandag kry. G'n wonder dat boere al die tonne afhaal wat hulle deesdae doen nie.

Maar iewers sal dinge nog verder moet verbeter, want volgens die kundiges gaan ons wêreldbevolking oor 'n dekade of drie by die 9 biljoen mense trek. En waar gaan almal kos kry? Dit lê natuurlik in die hande van ons boere. Wêreldwyd. Wie anders? 'n Maatskappy soos Monsanto se visie om die tonne wat boere tans afhaal te verdubbel, word met mening nagejaag.

En daarom is dit so belangrik dat ons regering dit sal insien en seker maak dat ons land se kommersiële boere nie meer langer aan die agterspeen suig nie. Dit is tyd dat die regering hul rol in die landbou en veral in die ekonomie erken en bevorder. En dan praat ons nie eens van beginnnerboere nie. Ook hulle het 'n reuse rol te speel, maar die rol van die regering om juis dit 'n sukses te maak, is so veel groter. Hoe vinniger hulle dit besef en beginnerboere bystaan deur die hele proses, hoe beter. Dit is nie net vir grond gee, en dan terugsit en kyk hoe die geld inrol nie. Allermins.

Goeie nuus is dat Suid‐Afrika se jongboere die voortou neem op baie gebiede! Hulle bedryf boerdery‐eenhede suksesvol en wanneer daar na hul stories geluister word, is daar lig in die tonnel. Hulle is dinamies, hardwerkend, dink vooruit, maak aanpassings, neem die voortou. Lees gerus meer oor Attie Scholtz van Douglas wat vanjaar as Agri NK se Jongboer van die Jaar aangewys is. Hy neem binnekort aan die nasionale kompetisie deel en ons wens hom sterkte toe.

Dr. Jasper Coetzee het weer 'n interessante artikel vandeesmaand oor die verhouding tussen voeding en reproduksie.

Ons doen ook weer eens 'n beroep op ons lesers, veral in die platteland, om vir ons nuus oor hul dorpe en mense te stuur. Enige nuus. Ons plaas dit graag. Stuur sommer foto's ook. Ons wil graag die tydskrif leservriendelik maak deur ons gemeenskappe betrokke te kry.

Lekker lees. Tot volgende keer.

Groete

Clivé

Page 5: @agri Oktober 2012

@agri

Sluitingsdatum vir die September 2012-uitgawe van @agri vir kopie, foto's en advertensiemateriaal: 25 Oktober 2012.

Dorpe in die Noord-Kaap en Suid-Vrystaat word versoek om asseblief alle belangrike datums aan @agri deur te gee vir plasing. Stuur die inligting na

[email protected].

Oktober 2012 3

September27 SeptemberLoxton. Wiese Besigheidstrust se 21ste produksieveiling van Kasteel Witdorpers en Biesiespoort Dorpers.Skakel Dries Wiese by 082 809 2949of Karike Scheepers by 082 382 7054.

Oktober9 OktoberDouglas. VLV. 'n Vrolike gebeurtenis.NG Kerksaal. 15:00. Navrae: Linzetta Smit by053 298 1203 of 082 338 7326.

10 OktoberDe Aar. De Aar Country Club – Gretha Wiid lewer praatjie oor “10 000 wenke vir 'n 10/10 verhouding”. R100 p/p. Kontak Hannemie Smith by 082 952 8444.

18 OktoberKimberley. GWK Agri Securitas Gholfdag. 4 bal. Borgskappe welkom. Kimberley Gholfbaan. Vir navrae skakel Juanita da Matta by 084 514 5180.

23 Oktober Griekwastad. VLV. Miniskou – blommeskou.Oppersaal, NG Kerkgebou.

November7 November Griekwastad. Griekwastad-Grootrivier boereverenigingafsluiting. 15:00Navrae: Joe Scholtz by 082 324 9600.

7 NovemberGriekwastad. Agri Hay landbou-unie se afsluiting. 14:30. Navrae: Joe Scholtz by 082 324 9600.

10 November Griekwastad. NG Kerk se gemeenskapsafsluiting.

13 NovemberDouglas. VLV. Opvoeding en kultuur, openbare sake, landbou en leefstyl. NG Kerksaal. 15:00. Navrae: Linzetta Smit by 053 298 1203 of 082 338 7326.

Desember2 Desember Griekwastad. Kerssangdiens 19:00 in NG Kerkgebou.

Page 6: @agri Oktober 2012

Diens en hoop

4 Oktober 2012

“...sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!” – Rom 15:1-6, 13.

Sorgvuldig word die toebroodjies gemaak. Dik kaas, baie konfyt. 'n Paar Weense worsies. Warm koffie. “Hoeveel suiker, Meneer? Dié behoort darem jou ergste honger oor te maak. Moet nou net nie dié geld vir iets anders...”

“Nooit nie! Trust Mevrou my dan nie?” Maar as jy 'n halfuur later by jou voorhek uitry, lê die hele kospakkie, nog onoopgemaak, daar weggegooi. In jou verbeelding sien jy hoe die treinkaartjiegeld by die drankwinkel gedeponeer word. Nie vir die eerste keer nie.

Geen wonder nie dat mense by die punt kom waar hulle wonder of al hul goedbedoelde aandag aan die naaste hoegenaamd die moeite werd is. Wanneer daar so min reaksie op jou liefde is en jy geen konkrete gevolge sien van die dinge wat jy probeer doen nie, word 'n mens bitter moeg van probeer om mense te help.

Juis daarom is die Christelike hoop so belangrik. God se beloftes in sy Woord help 'n mens om nie heeltemal moed op te gee nie. Die God van hoop rig ons oë op groter dinge as die konkrete resultate wat ons voor ons sien. Deur die krag van die Heilige Gees sien ons weer wie God is, hoe groot sy liefde en trou is, en dat dit onkeerbaar op pad is na 'n heerlike einde. Ons hoop is dus meer gerig op God as op die sukses van ons diens aan Hom. Die hoop stel ons gerus dat ons die resultate van ons naastediens maar rustig in sy hande kan laat.

God sál sy beloftes waar maak. Ons hoop sál oorgaan in aanskoue. Ons is op pad na 'n nuwe toekoms. Daarom kan ons vandag mense van aksie wees wat aanhou om ons tyd en energie te gee om die nood van die wêreld te verander. Maar gelyktydig hou ons ook aan om in die gebed op God te wag wat uiteindelik alles volmaak en finaal sal kom verander.

Terwyl ons die man en vrou by ons deure van nóg 'n kospakkie voorsien, hou ons nie ons oë op die ontnugtering wat dalk wag nie, maar op Hom wat sál kom en alles sál nuut maak.

Vader, maak deur die Gees die hoop in my sterk, sodat ek kan aanhou leef vir ander ten spyte van teleurstellings.

Gelukkig is God nie soos ons nie; en maak Hy nie met ons soos ons met Hom en met ander mense maak nie.

Ons raak ontrou; Hy bly getrou. Uit die aard van sy wese kán Hy nie anders nie.

– CW Burger

(Uit: God Maak Sin – Annes Nel, redaksie)

When you know which one it is, you will know what to do for that person...

When someone is in your life for a REASON, it is usually to meet a need you have expressed.

They have come to assist you through a difficulty, to provide you with guidance and support,

To aid you physically, emotionally or spiritually.

They may seem like a godsend and they are.

They are there for the reason you need them to be.

Then, without any wrongdoing on your part or at an inconvenient time,

This person will say or do something to bring the relationship to an end.

Sometimes they die. Sometimes they walk away.

Sometimes they act up and force you to take a stand.

What we must realize is that our need has been met, our desire fulfilled, their work is done.

The prayer you sent up has been answered and now it is time to move on.

Some people come into your life for a SEASON, because your turn has come to share, grow or learn.

They bring you an experience of peace or make you laugh.

They may teach you something you have never done.

They usually give you an unbelievable amount of joy...

Believe it, it is real. But only for a season.

LIFETIME relationships teach you lifetime lessons;

things you must build upon in order to have a solid emotionalfoundation...

Your job is to accept the lesson,

love the person and put what you have learned to use in all other relationships and areas of your life.

It is said that love is blind but friendship is clairvoyant.

People come into your lifefor a reason, a season

or a lifetime.

(Ingestuur deur: Dr. Begbie Hunter)

Page 7: @agri Oktober 2012

R30

@ a g r i Noord-KaapSuid-Vrystaat

www.leesagri.spmdesigns.co.za

G A S T E H U I S EAdverteer jou gastehuis!Veenwouden Gastehuis, Jacobsdal: Egte, plattelandse atmosfeer en vriendelikheid. Skakel Miranda van der Walt by 083 7090 688 of 053 591 0757 (ná 15:00)

Veenwouden Gastehuis, JacobsdalEgte, plattelandse atmosfeer en vriendelikheid. Skakel Miranda van der Walt by 083 7090 688of 053 591 0757 (ná 15:00). Ervaar die platteland, sonder enige pretensies, net soos dit is.

R60

R15001/8ste blad advertensie+ link na volbladpdf-advertensie in beide tydskrif en op@agri se webwerf.

Vir enige navrae kontak Clivé Burger by053 591 0761, 083 708 3974, stuur ‘n faks na

086 502 3941 of e-pos na [email protected].

R2500

Het jou gastehuisal sy eie webwerf?In vandag se tyd kan jy dit niebekostig om nie een te hê nie!

Stephan VorsterGraphic / Web Designstephan spmdesigns@ .co.za

spmdesignswww. .co.za

DES GNSSPM

DES GNSSPM

082 655 3278

Page 8: @agri Oktober 2012

6 Oktober 2012

Clivé Burger, redakteur

Skaliegas-ontwikkeling lokwyd negatiewe reaksie

gri SA voel dat die verslag oor skaliegas-Aeksplorasie eers vir insae en kommentaar beskikbaar gestel moes word, voordat die

kabinet 'n besluit daaroor geneem het. Die moratorium op eksplorasie is middel September opgehef.

Johannes Möller, president van Agri SA, het gesê hulle het nie insae in die werking of bevindinge van die taakgroep gehad nie. Die organisasie het verlede jaar 'n versoek aan die minister gerig om 'n moratorium op skaliegas-ontwikkeling te plaas. Redes wat aangevoer is hou verband met kommer oor die moontlikheid van grondwaterbesoedeling as moontlike uitvloeisel van dié ontginningsproses. Agri SA het ook versoek dat die resultate van internasionale navorsing hieromtrent afgewag en in ag geneem moet word. Volgens Agri SA se inligting is hierdie werk nog nie afgehandel nie.

Volgens Möller verstaan Agri SA die land se behoeftes vir die ontwikkeling van alternatiewe energiehulpbronne, maar met die voorbehoud dat die moontlike implikasies wat skaliegas-ontwikkeling vir die landbou en die omgewing inhou, deeglik verreken moet word.

Agri SA sal aan die minister van minerale hulpbronne, Susan Shabangu, se voorgestelde openbare konsultasieprosesse deelneem en hom beywer vir die toepassing van beste internasionale praktyk, ook rakende omgewingswetgewing. Verder sal Agri SA hom laat lei deur sy lede ten opsigte van moontlike ooreenkomste met Shell en ander ontwikkelaars betrokke by die skaliegasproses, het Möller bygevoeg.

Vroeër is berig dat Shabangu beloof het sy sal eers debatvoering toelaat en haar taakspan se bevindings voorlê voordat sy die moratorium op hidrobreking sou laat ophef. Dit is toe nie gedoen nie.

Groot kommer en ontevredenheid is ná die opheffing van die moratorium uit verskeie oorde uitgespreek. 'n Aksiegroep, Treasure the Karoo

Action Group (TKAG), het reeds aangedui dat hulle hulle tot die Grondwethof sal wend om te keer dat hidrobreking in die Karoo plaasvind. Sommiges voel dat die regering sonkrag moet gebruik om werk te skep, energie op te wek en Suid-Afrika se koolstofuitlaatgasse te verminder.

Shell was egter verheug oor die kabinetsbesluit.

Daar bestaan ook kommer oor wat die eksplorasie se uitwerking op Suid-Afrikaanse waterbronne gaan wees. Carin Bosman, waterspesialis en kundige op die gebied van hidrobreking, het voorgestel dat Suid-Afrikaners daarop moet aandring dat die verslag wat die regeringstaakspan opgestel het, deur internasionale kundiges bestudeer word. Groot hoeveelhede water sal benodig word en dit is onseker hoe dit in die Karoo gaan kom.

Daar is reeds in koerante berig dat die konsultasieproses met gemeenskappe oor die ontginning van skaliegas in die Karoo waarskynlik binne die volgende 6 tot 12 maande gaan begin. Terselfdertyd gaan lisensies uitgereik word aan maatskappye wat daar vir skaliegas wil prospekteer.

Shabangu het egter gesê dat indien dit duidelik word hidrobreking gaan die waterbronne in die Karoo en die SKA-projek benadeel, kan die proses onmiddellik gestop word. 'n Moniteringskomitee sal aangestel word wat toesig sal hou oor die maatskappye wat prospekteerlisensies gekry het.

Sy het gesê sy is bekommerd oor die impak wat hidrobreking op die landbou gaan hê, maar sy het verneem die Karooboere is baie opgewonde oor die vooruitsig dat gas in hul omgewing ontgin gaan word. “Ek het by kollegas verneem hulle is opgewonde daaroor omdat dit hul kragrekening drasties gaan laat daal.”

Die prospekteerproses gaan boorwerk insluit, maar nie hidrobreking nie.

(Bron: Volksblad)

Page 9: @agri Oktober 2012

5 tot 7 Oktober 2012

Page 10: @agri Oktober 2012

8 Oktober 2012

Katoensaadkwaliteit vanMonsanto is van wêreldgehalte

Hans Lombard, Hans Lombard Skakeldienste, Pretoria

Katoenprodusente- en saadverspreiders uit die Noord-Kaap wat die Deltapine-katoenaanleg by Groblersdal besoek het, is van links Maryke Stanton, katoenverkopebestuurder van

Monsanto, Alfons Visser, produsent van Hartswater, Marius Kruger, produsent van Groblershoop, Louis Olivier, besturende direkteur van Vaalharts Katoen en produsent, Van der Spuy Botes, produsent van Douglas, en Lester Hugo, saadverspreider van BayAgro in Upington. Voor is van links Pieter van der Walt, saadverspreider van BayAgro in Vaalharts, Hilton Megaw en Michael Jacobs, albei produsente van Douglas, Bennie Nortjé, produsent

van Groblershoop, en Willie Luttig, produsent van Upington.

Foto: Hans Lombard

Page 11: @agri Oktober 2012

ie kwaliteit van die gesertifi-Dseerde katoensaad van Monsanto wat by die maat-

skappy se katoenaanleg op Grob-lersdal geproduseer word, is van wêreldgehalte.

Dit getuig van die feit dat telersaad al uitgevoer is na Brasilië, Colum-bië en Burkina Faso.

Saadkwekers word in verskillende dele van die land gekontrakteer om saad te produseer, afhangende van die aanvraag. “Ons voorsien net gesertifiseerde saad streng vol-gens die spesifikasies van die Internasionale Saadtoetsing Asso-siasie (ISTA) met 'n ontkiemings-persentasie van minimum 80%,” sê Marcus Botha, katoensaad-kwaliteit- en produksiebestuurder: Afrika, Monsanto.

Hy het op 'n katoensaadinligtings-dag by Groblersdal aan 'n aantal katoenprodusente en saadver-spreiders van die Noord-Kaap die verskillende prosedures verdui-delik wat streng nagekom word om die kwaliteit en kiemkragtigheid van katoensaad te verseker voor-dat die boer dit op sy plaas ont-vang.

Van die verskillende toetse waar-aan die saad blootgestel word is:

· Olietoets van die saad. As dit galsterig voorkom, sal dit nie ontkiem nie.

· GMO suiwerheidstoets om seker te maak die RR- en Bt-eienskappe is teenwoordig.

· Standaard ISTA ontkiemingstoets. “Ons mik na 'n ontkiemingspersentasie van

80%, terwyl die SA sertifiseringsvereiste 75% is,” sê Botha.

· Texas Cool Toets om die kiemkragtigheid te bepaal on-

oder koue toestande by 18 C. Saad in die laboratorium moet binne sewe dae 38mm groei.

· Suurontveselingsaanleg om fyn wolletjies van saad te verwy-der. Saad word gesif en behan-del met kalsiumkarbonaat om suur te neutraliseer. Swamdoders word bygevoeg.

· Saadsuiwerheidstoets om te verseker dat geen verbode sade en vreemde materiaal teenwoordig is nie, waarna die resultate by Sansor ingedien word om by die departement van landbou, bosbou en visse-rye aansoek te doen vir die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO) se sertifiserings-sertifikaat.

In die aanleg sorg Ben Reynolds, produksiebestuurder van die ka-toenaanleg, dat al die prosesse van saadskoonmaak, suiwering en verpakking, 25kg sakkies vir kom-mersiële boere en 5kg vir opko-mende boere, klopdisselboom verloop. Die 5kg vir opkomende boere is voldoende vir 1ha droë-land. Dit sluit ook die vereiste saad vir die toevlugsarea in.

Swak pryse kan 'n geleentheid wees

Swak katoenpryse moet nie as 'n bedreiging vir die bedryf gesien word nie. Produsente moet dit eerder as 'n geleentheid sien om die bedryf te betree om die vol-

gende piek wat volg, te benut, het Alfons Visser, katoenprodusent van Vaalharts, gesê.

Visser, wat in 2009 Landbou-skrywers SA se Nasionale Boer van die Jaar was, was die afge-lope seisoen die grootste katoen-produsent in Suid-Afrika. Hy het 850ha van Monsanto se DP210 BRF onder spilpunt geplant.

Hy was een van die katoenprodu-sente uit die Noord-Kaap wat 'n Deltapine katoenkwaliteitsinlig-tingsdag by Monsanto se katoen-aanleg bygewoon het.

Die doel was om produsente en saadverspreiders te vergewis van die streng gehalteprosedures wat by die aanleg en laboratorium ge-volg word om te verseker dat net katoensaad van die hoogste kwali-teit vir produsente beskikbaar gestel word. “Die prosedures om kwaliteit te verseker, was baie indrukwek-kend. Dié soort samewerking tussen Monsanto en produsente is van uiterste belang. Ons het gedagtes gewissel hoe om die risiko van swak ontkieming weens klimaatsomstandighede aan te spreek.

"Dit is belangrik dat sulke same-sprekings meer dikwels in die toekoms plaasvind veral wanneer nuwe variëteite ontwikkel word om die aanplanting van katoen te verhoog. Produsente moet ook strategies en produktief beplan om saam met die siklusse van die bedryf te beweeg”, het Visser gesê.

Oktober 2012 9

Page 12: @agri Oktober 2012

10 Oktober 2012

NK se Jongboer is 'nboorling van DouglasAttie Scholtz, besproei-

ingsboer van Vaallus by Douglas , i s van jaar

aangewys as Agri Noord-Kaap se Jongboer van die Jaar.

Attie, 'n boorling van Douglas, is die afgelope sowat ses jaar op die plaas nadat sy pa in 2006 aan kanker oorlede is.

Ná matriek het hy B.Comm Ondernemingsbestuur aan die Vrystaatse Universiteit studeer en in 2001 sy honneursgraad verwerf. In 2004 het hy vir 'n tydjie lank in Amerika gewerk. Voordat hy plaas toe is, het hy as aankoop- en logistiekbe-stuurder by 'n vervoermaat-skappy in Vryheid gewerk.

Hy verbou mielies, koring, gars en lusern op 285ha onder spil-punt. Hy het ook 'n beesboer-d e r y w a t b e s t a a n u i t 8 0 beeste. Buiten die boerdery doen Attie ook vervoer- en landboukontrakteurwerk.

Hy vertel hy het aanvanklik 170ha bespoeiingsgrond by sy pa oorgeneem en net mielies en koring geplant. Die be-sproeiinggedeelte is na 400ha uitgebrei en hy het ook 600ha veegrond gekoop. Sy planne is om die wildbedryf te betree.

Elke plaas het 'n suksesresep, maar dit is dikwels 'n boer se verhouding met die werkers wat dit bepaal. “Ek het goeie oop verhoudinge met my werknemers en poog om te alle tye hulle 'n gevoel van eienaar-skap te gee deur bonusse en “incentives”

aan diegene wat uitsondere werk verrig”, sê hy.

Vloede die afgelope twee jaar het 'n groot impak op sy boerdery gehad. Hoewel vloede na beraming voorkom een keer in 14 jaar, het dit vir die eerste keer in die geskiedenis in beide 2010 en 2011 voorge-kom. “Dit was 'n groot uitdaging om ná die

Attie en sy vrou, Cecile.

Page 13: @agri Oktober 2012

vloede weer te herstel en met die genade van Bo kon ons dit oorleef en aangaan.”

Op 'n vraag oor hoe hy ris iko's in die boerdery hanteer en watter stelsels in plek is om dit te verminder, sê hy hy probeer sy insette self te finansier en indien daar iets soos 'n vloed kom, kan hy terugval op 'n produksielening. “My beeste sien ek as 'n spaarbussie en poog om dit op te bou sodat dit kan instaan vir 'n seisoen se produksie-koste indien nodig.”

Attie is lid van georganiseerde landbou en is 'n bestuurslid van die Vaallus Landbou-vereniging, lid van Graan SA asook lid van die Jongboerforum van Douglas. Hy dien ook op die Douglas lusernpoel en garsprys-bedingingskomitee van GWK.

Maar afgesien van die boerdery waarin baie van sy tyd gaan, is hulle 'n lekker vol gesinnetjie wat graag aftye saam spandeer.

Hy en Cecile het 3 dogtertjies, Celine (6), Dané (4) en Annelike (6 maande). “Cecile vorm 'n groot deel van my sukses in die boerdery en is verantwoordelik vir al die administratiewe takies wat baie tyd in beslag kan neem en my los maak daarvan om die boerderyaktiwiteite vlot te kan bestuur.”

“Somers langs die Vaal is lekker en ons hou daarvan om langs die rivier te kuier, te swem, ski en sommer net boot te ry. Dit is ons gesinstyd en elkeen in die gesin het ietsie wat hul daar doen en geniet.”

Attie is 'n groot aanhanger van radiobe-heerde vliegtuie, 'n stokperdjie wat sorg vir baie ontspanning. Hulle probeer ook om een keer per jaar vir 'n week weg te gaan. Elke jaar op 'n ander plek – gewoonlik kinder-vriendelike plekke.

Attie neem later vanjaar deel aan Agri SA se Nasionale Jongboer van die Jaar.

Oktober 2012 11

Die Scholtz-gesin. Van links is, agter: Dané (4) en Celine (6). Voor by Attie en Cecile is Annelike (6 maande).

Page 14: @agri Oktober 2012

Die optimalisering van bemarkbaregewasse met wurmbeheer

BELT® (aktiewe bestanddeel: Flubendiamied 480SC) is onlangs deur Bayer CropScience teen Ruitrugmot, Landmeterwurm, Amerikaanse Bolwurm en Aartap‐pelmot onderskeidelik op tamaties, kool en aartap‐pels geregistreer (Registrasie no. 8860 Wet 36 van 1947).

Dit bied groenteprodusente die geleentheid om Lepidoptera‐plae te beheer deur die vreetskade op groente te beperk of onmiddellik te stop.

Die lae dosis van aktief per hektaar, en die teikenspesifieke spektrum maak die produk uiters

gunstig teenoor die omgewing en voordeligeinsekte.

Stop vreetskade onmiddellikBELT® veroorsaak spiersametrekkings in die teiken‐insek wat lei tot vinnige staking van voeding, gevolg deur verlamming en uiteindelike dood van die larwe kort daarna.

Dit is belangrik om daarop te let dat die skade aan die bemarkbare gewas drasties verminder word deurdat die voeding vinnig gestop word. 'n Groter gedeelte van die oes kan sodoende bemark word.

Met BELT® behandel Onbehandeld

Met BELT® behandel / Onbehandeld

BELT® ‐behandeling (links) in vergelyking met onbehandelde plante (regs) op tamaties bied meer bemarkbare vrugte.

BAYER PROMOSIE

12 Oktober 2012

Page 15: @agri Oktober 2012
Page 16: @agri Oktober 2012

Minimale impak op voordelige insekteBELT® is spesifiek ontwerp vir die beheer van Lepidoptera insekspesies. Dit beteken dat die impak op ander voordelige organismes dus minimaal is en insekte soos rooi spinmyt se getalle beperk word.

Kort onthoudingsperiodeDie voordelige toksologiese profiel vanBELT® gee 'n verdere voordeel van kort onthoudingsperiodes soos hieronder gelys.

ReënvasIn nat toestande kleefBELT® aan die plant binne 1‐2 ure ná toediening en bied uitstekende translaminêre beheer.

Die kombinasie van reënvastheid, die minimale effek op voordelige organismes en die vinnige staking van vreetskade bied aan groenteprodusente ʼn ideale middel om meer bemarkbare groentes te bemark.

Die voordeel van BELT® word hieronder ïllustreer waar 'n proef gedoen is met BELT® in 'n spuitprogram op tamaties.

BELT® gebruiksaanwysings:

Ton/ha

Klas 2

Standaard BELT® 480 SC @ 15 ml/100l water

Klas 1

Klas 2

Klas 1

• Tamaties 1 Dag • Kool 3 Dae • Aartappels 14 Dae

BAYER PROMOSIE

14 Oktober 2012

Page 17: @agri Oktober 2012

Alternatiewe energiebronne in NKkan ander probleem veroorsaak

Clivé Burger, redakteur

ie vestiging van alternatiewe energiebronne Dsoos windenergieplase sal ongekende druk op bestaande infrastruktuur van die Noord-

Kaap plaas en dit moet in berekening gebring word by die beplanning van sodanige projekte.

Dit is die gevoel van die Calvinia Landbou-unie wat vanjaar op Agri Noord-Kaap se jaarkongres in Kimberley bespreek is. Marcellene van Rooyen, sekretaris van die landbou-unie, het gesê almal

weet dat daar druk op energiebronne is en hoe noodsaaklik dit is om volhoubare alternatiewe bronne te ontwikkel, maar gewaarsku dat hierin ook 'n uitdaging is en dit is om te verseker dat die beplanning en toewysing van befondsing en middele vir sulke projekte deeglik ondersoek moet word.

“Georganiseerde landbou het hier 'n groot rol te speel en boereverenigings en landbou-unies moet

Vanjaar was die 33ste landboukongres wat deur Agri NK aangebied is. Van links is Johannes Möller, boer van die Kenhardt en president van Agri SA, Henk van Wyk van Calvinia, president van Agri NK, Nicol Jansen van Hopetown, visepresident van Agri NK, en Johan van Rensburg van Kimberley, hoofbestuurder van Agri NK.

Oktober 2012 15

Page 18: @agri Oktober 2012

deeglik kennis neem van hierdie projekte in hul areas. Hulle moet deelneem aan die openbare deelnameprosesse om te verseker daar is deeglike beplanning en voorsiening vir infrastruktuur vir instandhouding.”

Van Rooyen het verder gewaarsku dat plaaslike landbou moet seker maak dat hy sy regverdige deel ontvang van die sosiale bestedingskomponent wat hierdie projekte het.

Sy het gesê hoewel die ontwikkeling van son- en windplase ontwikkelinsgpotensiaal na die provinsie sal bring asook talle werksgeleenthede sal skep, is dit net die positiewe kant waarna gekyk word. Daar skuil egter 'n negatiewe kant wat 'n groot effek op die infrastruktuur van die Noord-Kaap het.

Volgens berekeninge kan die huurinkomste uit wind- of sonplase sowat drie tot vier keer meer wees as wat uit landboubedrywighede ontvang word. “Die Regering is daartoe verbind om alternatiewe energiebronne te ontwikkel. Tans word alternatiewe energie-

ontwikkelingskonsessies aan privaat ontwikkelaars toegeken.”

Volgens Van Rooyen word die toekennings in “rondtes” gedoen. In die eerste ronde in Desember is 'n totaal van 1,415 MW toegeken waarvan 612 MW vir projekte in Noord-Kaap was. Landwyd was 55% van die toegekende MW vir sonenergie waarvan 70% vir die provinsie was. Net een windplaas is toegeken – Noblesfontein by Victoria-Wes wat aan die rugbylegende Mannetjies Roux behoort.

In die tweede ronde het Noord-Kaap weer die grootste aandeel van sonprojekte gekry toe 1,042 MW toegeken is. Geen windprojekte is toegeken nie. Dit beteken verseker groot kapitale inspuitings vir die Noord-Kaap en word verwag dat sowat R12,4 miljard in die provinsie spandeer sal word.

Sy het genoem dat die derde ronde van die voorkeurtoekennings eersdaags afgehandel behoort te wees en sal die Noord-Kaap vir meer windplase aansoek doen. Impakstudies word reeds in die omgewing van Loeriesfontein, Sutherland en Victoria-Wes gedoen.

“Maar daar is altyd 'n prys om te betaal.” 'n Tipiese windsplaas wat tussen 70 en 80 MW groot is, sal beteken dat tussen 30 en 40 windturbines opgerig sal moet word. Die turbines se vlerkspan is sowat 100m wyd en die skroef se drie lemme is elk sowat 50m lank. Die toring staan tussen 80 en 100m hoog en word aangebring op 'n konkreetbasis van sowat 900 kubieke meter. Indien somme gemaak word om hierdie turbines op te rig, sal dit sowat 3 000 vragte vir 'n gemiddelde windplaas beteken.

Hyskrane sal gebruik moet word om die torings en lemme te help oprig – alles per abnormale vrag. Volgens berekeninge sale en toring tussen 5 en 8 abnormale vragte vereis – dit is tussen 200 en 320 abnormale vragte per gemiddelde windplaas. Die konstruksiefase sal sowat 2 jaar duur. Dit beteken 3 500 vragte oor 500 werksdae; dus sewe vragte per dag vir twee jaar lank.

“Daar is nie 'n pad in die Noord-Kaap wat hierdie verkeer sal kan hanteer sonder langdurige skade nie en ja, dit is juis hier waar die uitdaging vir die landbou lê”, het van Rooyen haar kommer uitgespreek.

Vanjaar se twee deelnemers aan Agri NK se Jongboer van die Jaar was Johann Bekker (links)

van Noenieput en Attie Scholtz van Douglas. Attie is vanjaar as die wenner aangewys.

16 Oktober 2012

Page 19: @agri Oktober 2012

Simbiotiese verhouding inlandbou word benodig

Clivé Burger, redakteur

Voedselsekerheid is besig om wêreldwyd af te neem. Tot 14% mense het daagliks nie genoeg kos nie. Daar is geen

reserwes in Suid-Afrika ook oor nie. Daar word gespekuleer dat indien Suid-Afrikaanse boere sou ophou produseer, daar net genoeg kos nog vir sewe dae sou wees.

Altesaam 60% van die wêreld se kos word deur kleinboere geproduseer. In Suid-Afrika word tussen 90 en 95% van voedsel deur kommersiële boere geproduseer. Die vraag kan gevra word: hoekom misluk kleinboere by ons? Daar is moontlik 'n paar redes, waarvan twee: a. gebrek aan opleiding en b. gebrek aan sekuriteit.

Só het Johannes Möller, president van Agri SA en boer van die Noord-Kaap, op Agri Noord-Kaap se 33ste jaarkongres in Kimberley gesê. Wêreldwyd word nuwe boere deur hul regerings ondersteun, maar in Suid-Afrika word hierdie prosesse dikwels verwaarloos.

“Die oorhoofse uitdaging vir boere in Suid-Afrika is om voedselsekerheid te handhaaf in terme van produksie op 'n volhoubare, bekostigbare vlak wat veilige voedsel betref. Hierdie prosesse gaan al strenger word.

“Aan die anderkant het kommersiële landbouers welvarende verbruikers nodig. Insette lê altyd op invoerpariteit en daarom is voedsel duur. 'n Interessante uitdaging is hoe

landbouproduksie sal moet verander om tussen 7 en 9 miljard mense te kan kos gee. Voedselproduksie sal konstant moet groei.”

Möller het verder gesê daar sal internasionaal beplan moet word hoe produksie by gaan hou en terselfdetyd hoe die koolstofspoor verminder kan word. “Ons het geweldige internasionale beplanning nodig. Nasionaal beteken dit dat investering in die landbou aangemoedig sal moet word.”

Die hoeveelheid mense wat gaan bykom wat aanwas betref, is so veel soos twee lande so groot soos Suid-Afrika. Dit sal 'n uitdaging wees om kos bekostigbaar te kan hou.

Dr. Wolfgang Liebe (middel) van Kaapstad het as motiveringspreker opgetree tydens die kongres. Hy het ook die aandgeselligheid opgekikker

met sy humoristiese aanslag en kulkunsies. Hier by hom is Corine van Rensburg (links), bestuurder van die NKRPO in Kimberley, en Marian van

der Westhuizen, bestuurder: finansies en administrasie van Agri NK.

Oktober 2012 17

Page 20: @agri Oktober 2012

Indien pryse laer gaan, sal investering ook daal, het hy gesê.

Werkskepping sal van georganiseerde landbou se kant af gedruk moet word en daar sal toegesien moet word dat verbruikers landbouers se kos sal kan bekostig.

Die infrastruktuur sal verder moet ontwikkel en opleiding sal moet verbeter. Om al hierdie uitdagings te handhaaf, sal die landbou tussen 4 en 4,8% jaarliks moet groei. Die projeksie vir die volgende vyf jaar is maar 'n skrale 2,5%.

“Iewers gaan ons agter raak, aldus Möller. Versnelde investering is die antwoord. Dit moet 'n oproep vir die regering wees: bring meer sekerheid oor grond in Suid-Afrika. Hier lê vir ons groot probleme voor as ons nie produksie gaan regkry nie. Die boodskap aan die regering moet wees dat indien hy met landbou eksperimenteer, hy eintlik met revolusie in die land eksperimenteer. Dit is die boodskap wat ons voortdurend aan die regering moet oordra.”

Möller het benadruk dat daar geen boer in die land is wat nie landbou-ontwikkeling wil hê nie, maar dat dit op 'n verantwoordelike wyse moet geskied. “Ons kan nie die Zimbabwe-pad loop nie.” Vir Gugile Nkwinti, minister van grondhervorming, het hy 'n boodskap gehad: kyk mooi na die waardeketting in die landbou en die tragiese gevolge wat dit in Zimbabwe vir almal gehad het.

“Ons almal in hierdie land sal moet saamwerk soos nog nooit tevore nie. Agri SA probeer die beleidsrigting beïnvloed en al is ons apolities, beteken dit nie dat ons nie die ekonomiese beleid moet probeer verander nie. 'n Simbiotiese verhouding tussen kommersiële landbou en kleinboere is eger nodig om te verseker dat hulle die nodige finansiering en sekuriteit kry. Die beskerming van grond is ononderhandelbaar. Agri SA is ten gunste van grondhervorming en ondersteun geen destruk-tiewe prosesse nie. Ons sê egter nee vir grondbesettings en nasionalisering, armoede en korrupsie. Die einddoel is vergrote welvaart vir almal in die landbou”, het hy gesê.

Gereelde gesigte by Agri NK se jaarkongres. Van links is Marcellene van Rooyen, sekretaris van Calvinia Landbou-unie, Jannie Visagie, lid van Calvinia Landbou-unie, Koos du Toit, voorsitter van Agri De Aar, en

Nicola van der Merwe van De Aar, bestuurslid van die Nasionale Wolkwekersvereniging.

18 Oktober 2012

Page 21: @agri Oktober 2012

Mynbou in NK hou grootbedreiging vir waterbronne in

Clivé Burger, redakteur

Die Hoër Landbouskool Jacobsdal het vanjaar die beker gewen vir die beste junior

landbouspreker op die kongres. Hier is Andrea Snyman van Barkly-Wes (gr. 10) en Hanri van der

Merwe van Niekerkshoop (gr.11).

Ontwikkeling in die Noord-Kaap, veral in 'n bedryf soos mynbou, kan skaars hulp-bronne soos water baie negatief beïn-

vloed. Die Ghaap Landbou-unie (LU) het Agri Noord-Kaap en sy bestuur versoek om toe te sien dat voorsorgmaatreëls voortydig in plek is om te verseker dat die volhoubare benutting van bronne plaasvind.

“Landbou is ingestel daarop om sy belangrikste bron te bewaar vir die toekoms aangesien onoordeelkundige gebruik daarvan en oorbe-nutting nie deur ons reënval aangevul kan word tot op die vlak voor oorbenutting nie”, het Cokkie York van Ghaap LU gesê.

Ongelukkig gebruik mynbou op grootskaal water en het die pomp daarvan 'n geweldige invloed op omringende grondgebied. Boere by Kathu ondervind reeds ernstige probleem met watertafels wat tot só mate gesak het dat water vir vee- en huishoudelike gebruik nie meer onttrek kan word nie. “Die verlaagde watertafel lei nie net tot probeem om bogronds water te voorsien nie, maar dit veroorsaak ook radikale verswakking van weiveld.” Dit blyk dat selfs kameeldoringbome wat gehard en met min water kan klaarkom, op plekke vrek omdat hul wortels nie water kry nie.

Mynbou in die provinsie het reeds tot gevolg gehad dat groot ontwikkeling by dorpe soos Kathu en Postmasburg plaasgevind het. Dit plaas verder druk op die infrastruktuur soos paaie. Dit beteken ook dat meer mense na hierdie dorpe stroom wat verder druk plaas op waterbronne. Inwoners gaan ontevrede wees met plaaslike owerhede oor die voorsiening van water en dan gaan landbou die skuld kry en nie die myne en aandeelhouers wat miljarde rande gemaak het terwyl hulle die waterbronne uitgeput het nie.

York het gesê Sedibeng Water het al konsultante aangestel om die moontlikheid te ondersoek om van grondwater gebruik te maak om in die groter vraag te voorsien. Dit maak landbouers kriewel-rig. Die pyplyn wat die water moet vervoer het 'n beperkte leeftyd oor. 'n Nuwe lyn sal meer as R7 miljard kos.

By Kathu toe water vir omliggende boere opgeraak het, het die myn die grond gekoop, maar dit was nie meer in produksie nie. Volgens kundiges sal watervlakke wat een maal tot kritieke vlakke gedaal het, nie in vyftig jaar kan herstel tot die oorspronklike vlak nie. Gaan daar eers oor vyftien jaar opgetree word wanneer dit heeltemal te laat is, wou sy weet.

“Gaan die klomp sonplase wat al langs die pyplyn gebou gaan word en waarvoor Sedibeng Water waarborg gegee het dat hulle genoegsaam water tot hul beskikking daarvoor het, geen effek op watervoorsiening verder aan op die lyn hê nie?”

'n Verdere kommer van die boere in die Ghaap-gebied is dat die Olienboomwoud bedreig word. Dit word gereken as die grootste populasie van olienbome (grootste natuurlike woud) in die

Oktober 2012 19

Page 22: @agri Oktober 2012

Agri Namakwaland is weer vanjaar as die

beste streeklandbou-unie in die Noord-

Kaap aangewys. Die wenners was van

links Hannes Sieberhagen namens

Agri Fraserburg (derde), Jannie

Visagie van Calvinia Landbou-unie

(tweede) en Manie Dixon van Agri Namakwaland

(eerste). Heel regs is Jean de Villiers van

Standard Bank agribesigheid wat

die kompetisie geborg het.

Landbouverenigings wat as die top drie uit die provinsie aangewys is, was Rooidam naby Hopetown (derde), Noord-Roggeveld (tweede) en Suid-

Roggeveld (eerste), albei by Calvinia. Van links is Parie Bothma

en Henk van Wyk, albei van Calvinia, Engela

Nieschen van Hopetown, en Jean de Villiers, bestuurder: agribesighede van

Standard Bank, wat die kompetisie geborg het.

suidelike halfrond. “Dit is nie net 'n mooi gesig nie om na te kyk nie, maar dit verhoog ook die drakrag van ons veld. Skape, bokke, beeste en wild kry dwarsdeur die jaar iets van die olienboom om te benut”, aldus Kobus Gous, ook van Ghaap LU.

Hierdie bome het 'n vlak wortelstelsel en daarom sal hierdie bome vrek as die watervlak (soos voorspel word) met net 4m daal.

Gous het gesê hulle besef alles is nog in 'n ondersoekfase, maar dit wat reeds aan die gebeur is, bekommer hulle. Die opsie om grondwater in die pyplyn te pomp, is moontlik die goedkoopste, maar is dit die volhoubaarste. “Gaan die gevolge wat rondom Kathu gebeur, misgekyk word ter wille van 'n snelgroeiende ekonomie en aanvraag wat gediens moet word, of gaan die volhou-baarheid van die landbou en erfenis ook punte tel”, wou hy weet.

20 Oktober 2012

Page 23: @agri Oktober 2012

Hier onder is 'n paar uitslae van veilings gehou deur

Vleissentraal Bloemfontein.

Dier Hoeveelheid Gemiddeld (R) Hoogste (R)

BULLEANGUS

BRANGUS

LIMOUSINE

SIMMENTALER

RAMMEMERINO

SA VLEISMERINO

DORMER

102

1

1

6

418

33

3

20 10022 000

25 000

15 000

14 505

5 1374 700

5 318

4 500

30 00022 000

25 000

15 000

30 000

8 0008 000

6 750

4 750

Boertjiefeesveil ing, Bultfontein

Dier Prys (R) Koper

BULLE – ANGUS

BULLE – BRANGUS

BULLE – LIMOUSINE

BULLE – SIMMENTALER

MERINO

RAMME – SA VLEISMERINO

DORMER

22 000

25 000

15 000

30 000

8 000

6 750

4 750

Panplaas Boerdery, A de Necker, Hoopstad

PA Becker, Kimberley

Eddie Helm Bdy Trust, Hoopstad

Dekeduan Bk, Wesselsbron

CJP Otto, Bultfontein

EP Blignaut, Bultfontein

MC van Straten, Boshof

JR Ferreira, Bultfontein

Hoogste prys behaal

Totale omset: R411 650

Dier Hoeveelheid Gemiddeld (R) Hoogste (R)

SP-bul le

Kommers ië le koeie + ka lwers

Kommers ië le koeie 3 in 1

Kommers ië le dragt ige verse

Kommers ië le oop verse

32

33 + 34

4 + 4

4

58

34 312

12 295

14 500

9 500

4 856

75 000

13 000

14 500

9 500

5 250

17de produksieveil ing van Nosa Bonsmaras, Hoopstad

Dier Prys (R) Koper

SP-bul le

Kommers ië le koeie + ka lwers

Kommers ië le koeie 3 in 1

Kommers ië le dragt ige verse

Kommers ië le oop verse

75 000

13 000

14 500

9 500

5 250

Zelpy 2648 Pty Ltd, W van Zyl, Barkly-Wes

AG Otto, Bultfontein

Bez Boerdery, GJ Bezuidenhout, Bultfontein

AG Otto, Bultfontein

Bez Boerdery, GJ Bezuidenhout, Bultfontein

ND Rissik, Derby

Hoogste prys behaal

Totale omset: R1 887 950

Oktober 2012 21

Page 24: @agri Oktober 2012

Dier Hoeveelheid Gemiddeld (R) Hoogste (R)

SP-bul le

Kommers ië le oop koeie

Kommers ië le dragt ige koeie

Kommers ië le koeie + ka lwers

Kommers ië le dragt ige verse

37

2

26 + 1

24 + 20

12

38 621

6 500

10 125

10 791

8 250

90 000

6 500

14 250

12 750

8 500

15de produksieveil ing van Johan Myburgh,Kings Heath Bonsmaras, Petrusburg

Dier Prys (R) Koper

SP-bul le

Kommers ië le oop koeie

Kommers ië le dragt ige koeie

Kommers ië le koeie + ka lwers

Kommers ië le dragt ige verse

90 000

6 500

14 250

12 750

8 500

DN Strik & Son, Grahamstad

FJH Schreuder, Koffiefontein

Oudag Boerdery, HC Human, Bloemfontein

Westdene Besigheidstrust, JJD Havenga, Bloemfontein

FJH Schreuder, Koffiefontein

Hoogste prys behaal

Totale omset: R2 063 250

Dier Hoeveelheid Gemiddeld (R) Hoogste (R)

SP bul le

SP koeie + ka lwers

SP dragt ige koeie

SP oop koeie

Sp dragt ige verse

Kommers ië le koeie + ka lwers

Kommers ië le oop verse

30

20 + 20

8

1

2

2 + 2

18

30 933

11 425

9 125

7 500

20 000

8 000

7 455

60 000

26 000

21 000

7 500

21 000

8 000

8 000

15de produksieveil ing van 6+Drakensbergers, Bultfontein

Dier Prys (R) Koper

SP bul le

SP koeie + ka lwers

SP dragt ige koeie

SP oop koeie

SP dragt ige verse

Kommers ië le koeie + ka lwers

Kommers ië le oop verse

60 000

26 000

21 000

7 500

21 000

8 000

8 000

SG Maritz, Aroab, Namibie

Fourbou Boerdery, SP Fourie, Hartbeesfontein

SG Maritz, Aroab, Namibie

PRA Radley, Senekal

SG Maritz, Aroab, Namibie

JGH Bester, Wesselsbron

Xander Boerdery CC, AJ Human, Virginia

Hoogste prys behaal

Totale omset: R1 429 200

22 Oktober 2012

Page 25: @agri Oktober 2012
Page 26: @agri Oktober 2012

Hoe hoër die voedingspeilvan lakterende ooie, hoe

hoër die reproduksietempo

Dr. Jasper Coetzee, professionele veekundige, skaapvoeding- en bestuurspesialiskonsultant

Het voeding 'n invloed op die reproduksietempo van ooie?Meer as 70% van 'n ooikudde se reproduksieprestasie word deur voeding bepaal (Rowe, 2005). Onvoldoende voeding van lakterende ooie gedurende die eerste twee maande ná lam, wat meer as 10% liggaamsmassaverlies tot gevolg het, is waarskynlik een van die belangrikste redes vir 'n lae lampersentasie in Suid-Afrikaanse skaapkuddes. Volgens Curnow (1987) begin 'n ooi se hittesiklus die volgende teelseisoen al hoe later hoe meer massa sy ná lam, veral die eerste ses weke van laktasie, verloor. Dit blyk dat goeie voeding gedurende laktasie 'n oordrageffek het wat die daaropvolgende lampersentasie verhoog (Jefferies, 1984).

Wat is die invloed van die voedingspeil gedurende vroeë laktasie op die daaropvolgende lampersentasie?Ben Brynard van Klawervlei in die Calvinia-distrik het twee groepe pasgelamde ooie in aparte kampe op gras-lusernweidings geplaas. Die een groep ooie het daagliks 1kg deurvloeigebaseerde lammerooikorrels/ooi vir twee maande ontvang terwyl die ander groep geen byvoeding ontvang het nie. Die daaropvolgende lampersentasie van die gevoerde ooie was 172% teenoor die 121% van dié wat geen byvoeding ontvang het nie. Hy het hierdie proef weer herhaal en dieselfde (169 vs. 119%) respons met die byvoeding gekry.

In die droogte van 2003 tot 2005 het Brynard sowat eenderde van sy ooie verkoop en die inkomste gebruik om die res van die lammerooie gedurende laktasie op 'n hoë voedingspeil te voer. Hierdie ooie se daaropvolgende lampersentasie was 174% teenoor die 20 tot 40% van die medeprodusente wat hulle lammerooie net vir oorlewing of onderhoud gevoer het.

Weens die hoë voedingspeil waarop die Slabbert Broers van Malmesbury se lakterende ooie is, het hulle Dohnemerino-ooie 'n lampersentasie van 197% in 2005 gehad. Hierdie lakterende ooie was in 'n uitstekende kondisie met die speen van hulle lammers op 100 dae. Lakterende ooie wat op 'n lae voedingspeil (suurgrasveld) was se daaropvolgende lampersentasie was 74,3% teenoor dié 98,9% van die ooie wat op 'n beter voedingspeil (groen hawerweiding) was (Nowers, 1994).

Ooie wat in vroeë laktasie ondervoed is, het met die daaropvolgende paarseisoen 'n lae besetting (64%) gehad in vergelyking met die hoër besetting (86%) van die ooie wat nie ondervoed is nie asook 'n laer lampersentasie (100 vs. 113%) (Poultney et al., 1977). Lakterende ooie onder goeie voedingstoestande se daaropvolgende lampersentasie (117%) was baie hoër as dié (61%) van ooie onder swak voedingstoestande tydens laktasie (Furnival & Corbett, 1976). Ooie wat koringstoppellande gedurende laatdragtigheid en vroeë laktasie bewei het en 'n hoë deurvloeiproteïenlek ontvang het, se lampersentasie die daaropvolgende lamseisoen was hoër (138% vs. 110%) as dié wat geen lek ontvang het nie (Brand, 2000).

In dieselfde verband rapporteer Jan Hoon en medewerkers (2000) van Grootfontein Landboukollege dat ooie wat die vorige jaar op

goeie Karooveld 'n hoë deurvloeiproteïenlek gedurende laatdragtigheid en laktasie ontvang het se lampersentasie die volgende jaar 95,1% was teenoor dié 83,3 % van die ooie wat geen lek ontvang het nie. Lammerooie wat met hulle lammers weimielies bewei en met speen van hulle lammers in 'n uitstekende kondisie is, lam tot 68% tweelinge in die volgende lamseisoen (Van Pletzen, 2005).

Hoekom gee onvoldoende voeding gedurende laktasie aanleiding tot 'n laer reproduksietempo?Dit neem sowat vyf tot ses maande vandat 'n follikel (eisel) in die eierstokke (ovaria) begin groei en ontwikkel totdat dit gereed is vir ovulasie en bevrugting deur die ram se spermsel (Cahill & Mauleon, 1980; Cahill et al., 1984). Indien 'n ooi dus op 'n lae voedingspeil is wanneer die follikels begin ontwikkel (180 dae voor paring, m.a.w. die eerste twee maande ná lam), kan dit die ovulasietempo en gevolglik die lampersentasie in die daaropvolgende lamseisoen negatief beïnvloed.

Lakterende ooie wat meer as 6kg massa in die periode ses maande voor paring verloor het, het 10% minder tweelingovulasies, en dus minder tweelinge, gehad (S.A.F.G., 1982). Is heel dikwels die rede hoekom ooie 'n swak besetting het en minder tweelinge kry alhoewel hulle in 'n uitstekende kondisie met paring was (Fletcher, 1974).

Wat is die doelwit met die voeding van die lakterende ooi?Sogende lammers moet teen hulle maksimum genetiese groeipotensiaal (> 300 – 400g/dag) groei sodat hulle vroeër bemark kan word en daarom moet lakterende ooie melk soos melkkoeie produseer (Farquharson, 1999). 'n Beperking van voerinname kan melkproduksie van ooie met tot 50% verlaag. Die groei van tweelinglammers word nadelig beïnvloed indien lakterende ooie vir langer as 10 dae 'n voedingsbeperking ervaar.

Is hoë gehalte groenweiding voldoende vir maksimum biesproduksie?Sowat 30% van ooie met tweelinge en 10% ooie met enkelinge produseer nie voldoende bies op groen hawerweiding nie, terwyl 5% van die ooie geen melk een uur ná geboorte gehad het nie (Mellor & Murray, 1986).

Sowat 33% van die ooie met tweelinge het gedurende koue en nat toestande nie genoeg bies op grasklawerweiding geproduseer nie (Murphy et al., 1996). Plaaslike navorsing toon dat die meeste groenweiding 'n primêre energie- en 'n sekondêre deurvloeiproteïentekort vir lakterende ooie het (Brand & Coetzee, 1996) omdat sowat 70 tot 85% van die proteïen in groenweiding in die grootpens van die skaap afgebreek word (Corbett, 1987; Waghorn & Barry, 1987).

Groenweiding alleen is dus nie voldoende om aan die lakterende ooi se hoë voedingsbehoefte te voorsien nie en indien byvoeding nie voorsien word nie, sal hulle te veel massa verloor (MLC, 1988) wat die daaropvolgende lampersentasie nadelig sal beïnvloed.

24 Oktober 2012

Page 27: @agri Oktober 2012

Ooie wat in Australië net hawerpitte as byvoeding ontvang het, se biesproduksie met lam en die eerste ses uur daarna was laer of dieselfde as ooie wat geen byvoeding ontvang het nie weens 'n deurvloeiproteïentekort.

Die groeitempo van 'n sogende lam gedurende die eerste drie weke ná lam word deur die ooi se melkproduksie bepaal (McNeal, 1997). 'n Sogende enkelinglam wat teen 400g/dag groei, benodig daagliks sowat 2kg melk en 'n tweeling wat teen 350g/dag groei, benodig gesamentlik sowat 3,5kg melk (MLC, 1988). Ooie op groenweiding sal nie alleen sukkel om hierdie hoeveelheid melk per dag te produseer nie, maar dit is bykans onmoontlik om op hierdie vlak vir die volle laktasie te produseer. Kruipvoeding is daarom ononderhandelbaar indien die maksimum groeipotensiaal van die lammers ontsluit wil word. Tweelinglammers se melkinname is sowat 70% van dié van enkelinge (MLC, 1988) en hulle moet daarom kruipvoeding ontvang om hul groeitempo op dieselfde vlak as dié van enkelinge te kry.

Watter byvoeding gee die beste biologiese en ekonomiese respons?Om 'n hoë speenmassa te verseker asook 'n hoë lampersentasie met die daaropvolgende lamseisoen, moet 'n deurvloeiproteïengebaseerde lekmengsel aan lakterende ooie gevoer word. Indien voldoende hoë gehalte groenweiding nie beskikbaar is nie, moet in plaas van 'n lek 'n volledige lammerooirantsoen gevoer word. 'n Volledige lammerooirantsoen moet onderskeidelik teen sowat 3% en 4% van liggaamsmassa vir ooie wat een- en tweelinglammers soog, gevoer word.

Lakterende ooie op weimielies of mielie-oesreste met baie pitte, moet 'n spesiale lekmengsel teen 250 tot 350g/ooi/dag gevoer

word. Weens die uiters doeltreffende voeromsetting van die jong lam, moet alles moontlik gedoen word om te verseker dat die lam volgens sy maksimum genetiese groeipotensiaal groei. In hierdie verband is die voorsiening van 'n kruipvoer aan sogende lammers ononderhandelbaar vir winsgewende skaapproduksie. 'n Gemaalde kruipvoermengsel of kruippille kan vanaf 10 dae ouderdom tot sowat twee weke ná speen ad lib. gevoer word.

Lakterende ooie moet droë ruvoer op sappige groenweiding gevoer word of hulle moet 'n aangrensende kamp met droë veld bewei om voldoende inname van effektiewe vesel te verseker. Dit verhoog die bottervetproduksie wat weer lamgroei bevorder (tot 126g/lam/dag hoër groei) en meehelp om maagwerk op hierdie sappige weidings te beperk.

Wenke Ooie wat tweelinge soog, moet in aparte kampe aangehou word

en teen hoër peile gevoer word omdat hulle 20 tot 40% meer melk produseer as dié wat enkelinge soog.

Om te verseker dat teelooie oor die genetiese vermoë vir meerlingovulasies beskik, moet net teelramme gebruik word wie se moeders minstens 1,5, maar verkieslik 2 maal meer lammers gespeen het as kere wat sy gelam het.

Nie eens volop goeie gehalte graslusernweiding is voldoende vir lakterende ooie om volgens hulle volle genetiese potensiaal te produseer en te reproduseer nie. Hulle moet dus altyd byvoeding ontvang. Lakterende ooie wat vir minstens die eerste twee maande ná lam op 'n

hoë voedingspeil is, se daaropvolgende lampersentasie kan tot 50 persentasie-eenhede hoër wees as dié ooie op 'n lae voedingspeil.

Vir enige navrae, skakel gerusdr. Jasper Coetzee by 076 846 8800 of

stuur 'n e-pos na [email protected].

Oktober 2012 25

Page 28: @agri Oktober 2012

Cellphone's biggestenemy – water damage

Euodia de Bruyn, Manager: Nashua Mobile GWK, Douglas

How many of us have been in that terrible situation seeing your cellphone fall into water – whether it is the toilet, your son putting it gently (but quick!) into a glass of soda or just someone spilling liquid and your cellphone gets the raw deal? There are other ways that can cause damage as well. In this introductory article water damage and the causes of water damage are explained. Next month we learn what we can do

in such a situation – maybe it is worth the try!

What Is Water Damage?Water and your cellular phone don't mix. If your phone is exposed to water, you might find that it won't work properly or that it quits completely.

Water damage is a common cause of problems, but the repair of damage caused by water is not covered under your warranty. And don't make the mistake of thinking that it takes a total soaking for your phone to suffer water damage. That's not the case at all. Major problems with your phone's functioning can be caused by far less exposure to moisture.

Why Should You Care?If your phone is exposed to water, you could find yourself with annoying performance issues. Your cell phone could suddenly suffer from poor reception, making it difficult to make a call or carry on a conversation while on the move.

You could also find yourself experiencing poor battery life, which can be extremely frustrating. Suddenly, you'll find you have to charge your battery far too often. And when you need your phone the most, it's

dead. The reason for your short battery life may not be the battery itself, but may be connected with water damage to your phone.

With water exposure, your phone can also lose functionality. Some or all of your features may stop working, depending on how much water your phone was exposed to.

And be warned: water damage will void your warranty faster than you can say “void warranty”. If your warranty is voided, you will either be stuck paying the phone repair bill yourself or you'll find yourself having to buy a new phone. And both options can be expensive!

And here's the kicker! A diagnosis of water damage can void your entire warranty, so if you have a repair issue that is not related to water damage and you phone has signs of water damage in most cases you're out of luck.

How Does Water Damage Occur?Most of us make the mistake of thinking that water damage occurs only when the phone is totally submerged in water.

26 Oktober 2012

Page 29: @agri Oktober 2012

While that's certainly one way to damage your phone, there are other causes of water damage that most of us aren't aware of.

Let's have a look at the obvious and not‐so‐obvious causes of water damage.

The Most Common Causes of Water DamageThe most common causes of water damage are, indeed, the result of an accidental “drowning” in the sink, the toilet, the swimming pool, or a snow bank, or an accidental trip through the washing machine. Of course, there are other similar causes ‐ but you get the idea.

Little‐Known Causes of Water DamageLess frequently, in hot weather, the excess humidity in the air can cause moisture to build up in your phone and damage it.

Most Overlooked Causes of Water DamageSpeaking of excess humidity, a steamy bathroom is one of the most overlooked causes of moisture damage to a cell phone. If your phone is regularly sitting on the bathroom counter top while you are taking a shower, you are exposing it to moisture that, over time, can result in damage. If your bathroom mirror is foggy from your shower, it's a reminder that your phone should be removed to a dry location.

How You Can Tell If Your Phone Has Water DamageMost cell phones have a “moisture indicator” sticker. It's normally found beneath your battery. Most stickers are round, but occasionally they are square. The moisture sticker indicates your

phone's level of exposure to moisture.

If the sticker is white, it means there is no water damage to your phone. If the sticker is pink or red, however, it means your cell phone has been exposed to moisture and should be checked for damage.

Occasionally, your phone can actually suffer moisture damage without the moisture indicator changing colour. In these cases, water damage can only be confirmed once the phone is opened and the main board is inspected.

Take Ordinary PrecautionsWhen you think about how to make sure your phone doesn't get wet, don't forget that exposure to moisture can be just as a big a problem for your phone as submerging it in water. In fact, exposure to moisture can actually become a bigger problem because the damage often goes unnoticed until the phone quits working and you can't figure out why.

If your phone has been exposed to moisture, you could be in for problems. Problems with signal reception and short battery life are just two examples of the various troubles your water‐damaged phone may experience.

Although it's impossible to avoid all moisture, it's also important to take ordinary precautions, such as not leaving your phone on the bathroom counter while you are showering.

Remember: while you might not have control over the accidental submerging of your phone, you can take steps to minimize other sources of exposure.

Oktober 2012 27

Page 30: @agri Oktober 2012

Arbor Week celebrated in Kimberleyouth Africa celebrated Arbor Week in Sthe first week of September to raise awareness about the importance and

value of trees in our lives. The theme for this year's campaign is “Our Forests - Our Future”.

This year, the campaign will take place in line with International Year of the Forests as declared by the United Nations Forum on Forests (UNFF).

During National Arbor Week the Government recognises the importance of trees in communities and encourages awareness of the need to protect indigenous trees. “By planting trees in communities we are also

helping to mitigate the effects of global warming and climate change. Trees can beautify the community and promote biodiversity by providing diverse habitats. They also promote sustainable living by providing food, shade and oxygen. To this end, Nat ional Arbor Week supports Government's priority to protect and enhance our environmental assets and natural resources”, states a press release by the department of agriculture, forestry and fisheries.

The Arbor Week celebrations were launched in Kimberley. The event involve the establishment of 200 food gardens in Platfontein and the planting of over 1 000 indigenous and fruit trees in the area.

Hundreds of trees were planted at Platfontein and at the Galeshewe Stadium in Kimberley at the launch of National Arbor Week.

28 Oktober 2012

Page 31: @agri Oktober 2012

In addition, about 20 trees were planted at the Galeshewe Stadium, the venue for the main event, as part of the remembrance campaign. These trees will be planted to commemorate all people who dedicated their lives to the liberation, nation building and community upliftment in the Northern Cape.

The trees that were planted can be categorized into two groups: indigenous and fruit. When the fruit trees are integrated with other programmes such as vegetable gardens they address household food security. On the other hand, indigenous trees are preferred because they are adapted to our local and natural conditions in the country. They are indigenous to South Africa and can withstand the prevailing climatic conditions. Even during time of hardship, when we have droughts, their chances of survival are greater than those of exotic species. The planting of indigenous trees promotes biodiversity. In addition, South Africa is a water-scarce country, and indigenous trees use less water compared to the exotic species, spokes-person of the department concluded.

Soft,flowing,

layered clothing.

14 Angel Str, The Cottage, Kimberley.

078 580 8511

[email protected]

We are stockists of Ana Luisa shoes, Caio Bella natural hand-made Bath and Body products, Earth Angel Clothing, Lisa King shoes.

CBlivé

FOTOGRAFIEurgerCB

livéFOTOGRAFIEurger

053 591 0761 • 083 708 3974

Laat my toe omjou mooiste dag

se herinneringe met'n kamera vas te lê.

Page 32: @agri Oktober 2012

Landelike beveiliging is glo'n prioriteit vir polisie

‘n Afvaardiging van Agri SA, onder leiding van André Botha, voorsitter van die landelike beveiligingskomitee, het onlangs hoëvlak samesprekings met toplui in die polisie gehad oor die stadige vordering wat gemaak word met onder meer die afhandeling van die reservistebeleid, die uitrol van die landelike beveiligingstrategie asook sekere veediefstalaangeleenthede. Agri SA het die polisie se bevestiging dat landelike misdaad 'n prioriteit vir die regering en die polisie is, verwelkom.Die polisie is egter daarop gewys dat daar nie langer gesloer kan word met die afhandeling en bekendmaking van die reservistebeleid nie.

Luidens Agri SA se e-nuusbrief het die vertraging in die bekendmaking van die beleid 'n negatiewe impak op boerelede se gesindheid om deel te neem aan die stelsel. Reserviste is ook 'n belangrike element vir die suksesvolle implementering van die landelike beveiligingstrategie wat ook deelname uit die gemeenskap vereis. 'n Beroep is op die polisie gedoen om die beleid so spoedig moontlik te implementeer. Die teenwoordige polisielid het onderneem om die dringendheid hiervan met die

nasionale kommissaris te bespreek sodat dit ook onder die minister se aandag gebring kan word. Agri SA het ook onderneem om weer eens die minister van polisie te nader om die beleid vry te stel.

Die spoedige uitrol van die landelike beveiligingstrategie as 'n voorvereiste om landelike misdaad te bekamp, is onder die aandag van die polisie gebring. Hulle het bevestig dat die implementering van die strategie by die eerste 40 prioriteit-polisiestasies gedurende die huidige finansiële jaar afgehandel moet word. Die oorblywende landelike stasies sal in die volgende finansiële jaar afgehandel word. Saam met die implementering van die strategie sal 'n landelike beveiligingskapasiteit by die stasies geplaas word wat hoofsaaklik gemoeid sal wees met landelike beveiliging en ook veediefstalbekamping.

'n Opleidingsprogram op provinsiale vlak het reeds afgeskop om lede van die polisie en ander rolspelers van die nodige opleiding te voorsien om die strategie te implementeer. Agri SA het weer eens gewys op die belangrikheid daarvan om genoegsame hulpbronne aan die polisie beskikbaar te stel

om die strategie suksesvol te implementeer.

Die negatiewe effek wat veediefstal op winsgewende veeproduksie het, is ook onder die aandag van die polisie gebring. Daar is ook gewys op die negatiewe effek van groot hoeveelhede vee wat onwettig op Suid-Afrikaanse grondgebied wei. Sodra boere optree, word hulle geviktimiseer en kan dit self lei tot plaasmisdaad.

'n Beroep is ook op die polisie gedoen om addisionele veediefstaleenhede te vestig om die werkslading van huidige eenhede te verlig. Die polisie het kennis geneem van die probleem en onderneem om die oorgrensprobleem met die departement van buitelandse sake op te neem en te bepaal of die “Integrated Liaison Committee”, wat tussen Suid-Afrika en Lesotho bestaan, gebruik kan word om die probleem van onwettige beweiding aan die Lesotho-grens te hanteer.

Die spoedige afhandeling van die konsepwet op die beweging van diere en diereprodukte is ook onder die polisie se aandag gebring met die versoek dat dit so spoedig moontlik gefinaliseer word.

(Bron: Agri SA e‐nuusbrief September)

30 Oktober 2012

Page 33: @agri Oktober 2012
Page 34: @agri Oktober 2012

‘n Uil, wat die simbool van wysheid verteenwoordig, eet daagliks twee rotte. Daardie twee rotte eet 40g mielies per dag - dus die 14kg saad per jaar wat nodig is om 7ha te beplant.

Uile eet 730 rotte per jaar wat dus5 392kg mieliepitte per jaar sou gevreet het. Die saad benodig vir2 696ha. Merkwaardig!

Die uil se dieet van 730 rotte het die geboorte van 3 650 jong rotte voorkom wat 'n verdere 26 645kg pitte per jaar

sou gevreet het - saad vir 'n verdere13 322ha.

Hieruit word bereken dat ons uilpopulasie jaarliks voorkom dat 500 miljoen rotte ons saailande invaar - om nagenoeg 4 miljoen ton mielies te verorber - 50% van ons totale produksie in een jaar!

Laat jou dink hoe belangrik dit is om ook hierdie roofvoëls te bewaar. Baie bietjies kan 'n magtige stroom raak.

– Dr. Peet van der Walt, omgewingskundige.

Het jy geweet?

32 Oktober 2012

Page 35: @agri Oktober 2012

Laerskool houParalimpiese Spele

Die Laerskool Jacobsdal het op Loslitdag 'n Paralimpiese Spele by

die skool aangebied. Leerders het die geleentheid gekry om as

“gestremdes” aan 'n atletiekbyeenkoms deel te neem.

Hier is, agter: Phoebe Corbett (links), inklusiewe onderrig-onderwyseres, en Pieter Tait,

skoolhoof. Voor is Brian Jarvis (links) van Koffiefontein, Springbok-rolbalspeler, en Tineke Hattingh van Bloemfontein, Vrystaatse karateka, wat die dag as gaste bygewoon het.

Twee leerders in rystoele durf die atletiekbaan aan. “Dowe” leerders help “gesiggestremdes” aan naellope deelneem.

Oktober 2012 33

Page 36: @agri Oktober 2012

De Villiers tree bylandbouskool op

Voormalige Springbokafrigter, Peter de Villiers, was onlangs die gasspreker by die Hoër Landbouskool Jacobsdal se

sportborgegeselligheid. Die skool se eerste rugby-, netbal- en hokkiespanne het dit ook bygewoon. Hier van links is Stephan Meades, afrigter van die tweede rugbyspan, Stephan Meades (jnr.), wat aangewys is as beste agterspeler, De Villiers, Nico Wilke, wat die beker ontvang het vir beste vordering getoon,

en sy pa, Charl Wilke, 'n borg.

34 Oktober 2012

Page 37: @agri Oktober 2012

Wat is in n naam?anmiddag probeer ek op die Vwoorde van die deuntjie kom wat in my kop draai. Ek maak 'n paar

oproepe om uit te vind wie dit kan onthou. Dit dateer uit ons kinderdae en ons het dit in die sangklas gesing, onthou ek.

Ek neurie dit later vir my ma oor die telefoon (hier na die einde toe begin ek so half die wysie “vergeet”). “Onthou jy ma?”, probeer ek hoopvol. Ja, maar vir 'n oomblik was ek te vinnig op haar. Sy sal bietjie dink daaroor. (Later sou ek hoor hoe die mense haar in die klerewinkel vreemd aangekyk het terwyl sy met oorgawe oor die selfoon sing!)

'n Paar minute later bel 'n vriendin van haar. (Hulle is saam iewers!). Cecile sing die liedjie asof sy dit gister nog weer gesing het. Uit volle bors. En sy onthou al die woorde.

Daar onder in die vlei stap 'n mannetjie;hy is so klein en so skraal.Hy swaai 'n ou klein koffiekannetjieen stap na sy werk vir die honderdste maal.Langs die bome en blink watervoresing hy so ver as hy gaan,want gister is 'n baba gebore,en hy is die vader daarvan.Sy naam is Bart Kasper de Kompaan;hy dink aan 'n naam vir sy seun.Freek Jasper en Sarel kan dalk gaan,maar Gotliep Antonie staan hom beter aan. Ongelukkig verwag sy ou vaderdat die kind na sy oupa moet heet:Jan Donderdag van Gorrelberg van Staden en daarby Kasparus Bart Keet.

Kyk hierdie “mannetjie” het 'n gewigtige saak gehad. Nie dat een regtig baie mooi was nie, maar aan die ander kant, hy self kan nie spog met die mooiste en maklikste name nie.

Vir 'n oomblik is ek terug in die sangklas op die bruin stoele, juffrou voor die klavier, besig om ons kindertjies ywerig al die Afrikaanse liedjies te leer... vir in geval niemand anders dit doen nie en 'n gedeelte van ons taal en kultuur daarmee afsterf.

Dit bring my eintlik by waarom ek die deuntjie in my kop gehad het. Omdat die mannetjie gestap het na die werk en gedink het watter naam hy sy seun sou gee. Daar was so baie opsies, so baie mense om tevrede te hou.

Wat is in 'n naam?

Voorwaar 'n hele lewe!

'n Naam vertel die hele storie. Party name is uitgedink omdat dit mooi is, by iets pas, by iemand anders se naam pas, deel is van iemand se naam, omdat dit ‘n familienaam is wat moet voortbestaan verseker, omdat dit iets beteken, omdat iemand van iemand gehou het. Of sommer net.

Net gister vertel iemand vir my van die oorsprong van haar twee seuntjies se name. Brink(ie) en Luther. Ja hy is Brink gebore, maar dit klink te groot vir 'n 6-jarige seuntjie. So toe word hy Brinkie... en dit sal hy moontlik bly. En ja, hy is vernoem na André P. Brink, die skrywer. Omdat sy ma van hom hou en hou van dit wat hy sê en hoe hy dit sê.

En die jonger boetie? Hy is Luther, vernoem na Martin Luther, 'n Duitse priester en professor, 'n Protestant.

Party van ons is gelukkig om net een naam te hê. Ander dra swaar. Jan Hen-drik Gous van Zyl. Of Willem Petrus Jacobus Louw Steenkamp. Maar met trots. Met reg.

Clivé Burger, redakteur

Oktober 2012 35

Page 38: @agri Oktober 2012

Jy kry snaakse name ook.

Ander weer is name wat afgelei is van die pa en die ma se name. Wat my dwars in die krop steek is hoe 'n kind 'n Engelse naam kan hê terwyl sy ouers eg Afrikaanse name soos Danie en Monja is. Saamgesteld dan Damon. Soos in Engels. Vreemd. Volksvreemd.

Mense wat geseënd is om 'n tweeling te verwag, is soms geneig om die twee kinders name te gee wat baie dieselfde klink. Soos Johanna en Anna. Of Mariet en Magriet. Karen en Karien. Genugtig. Is daar dan geen inisiatief nie?

Baie van ons sal eerder 'n kopstand maak as om te erken ons het name soos Christina, Elizabeth, Aletta, Johanna, Anna of een of ander naam wat uit die Anglo Boere-oorlog uit dateer. Dit is name wat met trots gedra moet word.

Maar so van oorlog gepraat. Daar is vrouens wat sit met name soos Ossewania, Kakebenia, liewe aarde... wat het hul ouers besiel?

Sommige vrouens het mansname en party mans het vrouename. Soos André vir 'n vrou, René vir 'n man. Maar tog op die ou end dra elkeen sy naam met trots.

En wie kan nou trotser wees as 'n ouma of oupa wat 'n kleinding in die kerk inbring wat na hom/haar vernoem gaan word.

Ons het lank gewik en geweeg. My man langer as ek, maar ek het besluit, een kort naam sal dit wees. Niemand sal vernoem word nie, en niemand sal sleg voel of kwaad wees nie. Want tog wil elkeen 'n mens en identiteit op sy eie wees.

Ekself loop swaar met 'n naam wat al dekades lank verduideliking verg. Baie keer was ek al in situasies wat mense hul met my geslag misgis het. Net nou

die dag moes ek 'n ou oom probeer oortuig dat die persoon met wie hy wil praat eintlik ek is, maar dat hy dit net verkeerd uitspreek. “Dit is Clivé oom, nie Clive nie.” Foneties gespel: Kliwy.

Maar so het my naam my ook al baie terugbesorg. Die kere wat ek iets verloor het en my naam daarop geskryf was. Van 'n armbandjie tot 'n naweeksak met al my besittings – te danke aan my naam wat bietjie anders klink en maklik herken word.

En ek dra met trots my naam. Want dit kom van my pa af. Hy was Clive... en ek het hom nooit geken nie. Hy is dood terwyl my ma my verwag het. So ja, ek het iets spesiaals van hom. Sy naam.

Wat is in 'n naam. Voorwaar 'n hele lewe. En as jy bietjie rondkrap en gaan lees wat jou naam beteken en wat dit van jou persoonlikheid vertel, is dit soms gevaarlik na aan die waarheid.

Toe ons seuntjie op 33 weke gebore is en 1,5kg weeg, het ons onmiddellik besef die naam wat ons vir hom gekies het, was heeltemal te swaar en grof vir só klein lyfie. En die tweede een se naam, wat lig beteken, sal altyd vir ons 'n lig wees waarna ons soek, maar wat ook die donkerste dae in lig omtower.

En dan is hier weer een oppad. Weer tyd vir besluite. Miskien moet ons eers kyk hoe lyk hy. En dan besluit.

Want waarlik, ons elkeen se name sê eintlik so baie van onsself.

Selfs Jan, Piet, Koos en Gert!

· Daar is verskeie webwerwe waar mens kan gaan nalees oor name, maar die een wat ek interessant gevind het, was www.kabalarians.com.

36 Oktober 2012

Page 39: @agri Oktober 2012

Metode:Dreineer die pynappel en vul die gedreineerde sap met water aan tot 250ml.

Verhit dit tot kookpunt en los die jelliepoeier daarin op.

Laat dit afkoel totdat dit dik is, maar nie styf gestol nie.

Klits die dik jellie tot romerig.

Klits suiker bietjie‐bietjie by.

Meng die fyn pynappel en wortels en vou dit liggies in die jellie in.

Klits die room tot styf en vou liggies in wortelmengsel in.

Spoel 'n nat slaaivorm met koue water uit.

Gooi mengsel in sonder om vorm af te droog.

Plaas oornag in yskas om te stol.

Om te ontvorm: druk die rande van die slaai versigtig los van die vorm.

Plaas 'n slaaibord oor die vorm en keer dit dan om sodat slaai op die bord uitgly.

1 blik (410g)fyngemaakte pynappel

1 pakkie (80g) suurlemoenjelliepoeier

100g (125ml) wit suiker

1ml sout

200g (500 ml)fyn gerasperde geskilde wortels

125ml (half koppie)room

Die somer lê voor ons deur en ai wat is dan lekkerder as 'n lekker slaai. Veral hierdie een van Mariëtte

Swanepoel van Dasram Boerdery, Jacobsdal. Dit laat jou keer op keer terug gaan vir nog.

Page 40: @agri Oktober 2012

Horisontale Banner(19 x 5,4cm)

1 maand: R575 elk3 maande: R525 elk

Tariewe vir advertensies

Volblad(21 x 29,7cm)

1 maand: R1 950 elk3 maande: R1 800 elk

BTW nie betaalbaar.

Ontwerpkoste is ingesluit by prys.

Advertensiekostes op @agri webblad

www.leesagri.spmdesigns.co.za

“Static” bannersKlein (260x100 px) R50 p/mGroot (260x200 px) R100 p/m

“Animated” banners (3 frames)Klein (260x100 px) R80 p/mGroot (260x200 px) R160 p/m

NUUT!!!Mini webblad op @agri webtuiste‘n Kliek op u advertensie neem besoeker

na u eie persoonlike blad op @agri

R750 vir opstel (een blad)Daarna R50 p/m

Page 41: @agri Oktober 2012

Volblad (21 x 29,7cm)

Smalls (9 x 2,0cm)

1/4 Blad(9 x 13,4cm)

1 maand: R595 elk3 maande: R550 elk

1/8 Blad(9 x 6,3cm)

1 maand: R425 elk3 maande: R400 elk

R60 vir 5 reëls

SMALLSvanaf R60

1 maand: R995 elk3 maande: R900 elk

Smalls + 1 foto: R100