Upload
ng-verwoerdpark-gemeente
View
277
Download
2
Embed Size (px)
DESCRIPTION
25 Jaar Gedenkboek
Citation preview
NEDERDUITSE GEREFORMEERDE
KERK VERWOERDPARK
25 GEDENKBOEK
25 JUNIE 1978 - 25 JUNIE 2003
Aan Hom wat deur sy krag wat in ons
werk, magtig is om oneindig meer te doen as
wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe.
(EFESIËRS 3:20)
Aan Hom word hierdie Gedenkblad opgedra.
Aan Hom wat op die troon sit, en aan
die Lam behoort die lof en die eer, die
heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid.
(OPENBARING 5:13)
BOODSKAP VAN ds. DANIE DE BEER
Ons onthou nog die aand toe Willie Badenhorst ons op Rundu geskakel het om te sê dat dis Kerkraad van die NG Kerk Verwoerdpark ons na die gemeente beroep het. Dit was die laasteSondag van Oktober 1984, enkele dae voordat ons amptelik beroepbaar was. En in ons eenvoud het ons 'n teken gevra duidelik, onmisbaar. " 'n Swembad by die pastorie, asseblief, Here!"
Die komende weke was 'n warboel van gebeure, 'n brief van Willie af wat bevestig die nuutgekoopte
pastorie hét 'n swembad! My
eerste besoek in die middel van
November het bevestig dit is
werklik 'n besondere gemeente
(ek onthou nog prof Pieter Bolink
het by die geleentheid oor die drie
duiweltjies gepreek en net van
twee onthou!). 'n Hartlikheid
kenmerk die eredienste, die
leraar-kerkraadverhouding en die
kerkraad se byeenkomste in die
konsistorie. En die gemeente sing
op 'n besondere orrel dat jy kan glo
elkeen glo!
Die jare saam met Willie en
Marietjie was 'n fees heerlik om
leermeesters te hê wat jou ruimte
gun. En met 'n sagte hand jou reg
lei en inlyf in die gemeente,
jeugwerk en die Vrouediens. Dit
was jare van heerlik kamp met die
SKJA in Klein-Kariba, Rob
Ferreira (in die vloedjaar, toe ons
see-kamp uitgereën het!),
Sybrand van Niekerk-oord saam
met die Brinks, Bosmans,
Labuschagnes, Schwarzendahls,
oom Joon, oom Alwyn, Cas en
Jenny, Piet en Stephnie. Feesjare
en leerjare in die eerste gemeente
waar ons kon werk ... totdat Willie
na Alberton-Wes beroep is.
Die de Kocks se koms na die gemeente het 'n nuwe tydvak ingelei. Evert is vir die jeug beroep, en ons het
in dié tyd talle veranderings beleef. Kategese saans, meer ervarings-gerigte kategese, 'n Jeugfees vir
Alberton op die Alberton-stadion. Omgeegroepe en wyksbyeenkomste is aangepak en het so plek-plek
vir 'n kort tydjie sukses gehad. En nog onstuimiger jare vir die gemeente, en baie hartseer vir ons as
gesin het dié tydperk afgesluit.
Ek vermoed dat Jacques die storie van hier af sal opneem, 'n jonger kollega, met wie ek 'n hartlike
kollegiale verhouding het.
Ons het die gemeente sien groei, in 'n sekere sin het ons lewe in die gemeente gegroei. Nie meer twee
honde waarmee ons hier aangeland het nie, maar ses. En iewers in die proses het ons vir Lourens gekry
(1989) en later vir Danielle (1993). Ons het baie vriende gemaak mense wat as mede-gelowiges jou
lewe verander met hulle omgee en sorg. Ons het volwasse geword.
Ons het saam met baie mense gelag en gehuil; ons het begrawe en saam getreur; was saam bly oor
babas wat gebore is en hartseer oor kinders wat weggegaan het; was emosioneel geraak by die doop en
opgewonde oor suksesse van ons gemeentekinders; was dankbaar as hulle in die openbaar hulle geloof
bely het; het feesgevier op huweliksbevestigings. Vriende het gekom en gegaan, waardeur ons geraak
is. Ons het geleer dat 'n dominee, sy vrou en kinders ook brose mense is wat ook geestelike en
emosionele versorging deur kerkraadslede, ouderlinge en diakens nodig het en dit kry. Ons het geleer
dat vriende mense is wat alles van jou weet en (genadig) nog steeds van jou hou en dat jy hulle
broodnodig het, méér as hulle vir jou.
Deurgaans was daar altyd oop deure en oop harte. Ons is jammer vir elke lidmaat wat om ons (lees MY)
ontwil en ons toedoen die kerk verlaat het, of seergekry het en seer gebly het. Ons is dankbaar vir elke
mede-gelowige wat ons verdra het, steeds verdra en saam met ons werk en soek en leef en groei en
doen.
Ons wil aan ons liewe Here al die eer vir besondere mense, vir besondere geleenthede, vir 'n besondere
roeping, vir 'n besondere gemeente, vir geestelike groei, gee. Mag Hy altyd al die eer ontvang.
Danie en Annette de Beer
DIE GEDENKBLAD
Hierdie gedenkblad is nie 'n geskiedenisboek, dik van feite en vol
akademiese kwessies nie.
Dit is eerder 'n versameling van oomblikke, sketse uit die mond en
glimlaggies uit die verlede.
BOODSKAP VAN ds. JACQUES GREYLING
Ons leef elke dag met soveel wonderlike voorregte en vooruitsigte dat jy mettertyd alles maar as vanselfsprekend aanvaar en jou lewe daarvolgens begin inrig. Dit was my ervaring toe ek moes gaan sit om iets te skryf vir ons gemeente se gedenkboek vir die 25-jarige feesviering.
As 'n mens begin terugdink oor goed en dit as't ware weer ervaar en meemaak, dan oorval die genade en
die dankbaarheid jou - soveel so dat jy sommer weer met nuwe oë na die dag van môre kan kyk. Ek
onthou met hoeveel opgewondenheid ons byna agt jaar gelede die groot pastorie in Wendylaan betrek
het. Dit was op 23 September 1996, net ek en Corlia en ons meubels wat hopeloos te min was vir al die
vertrekke in die huis. Twee dae
later, op 25 September, het ons
uitgevind dat Corlia swanger is en
ons ekstase het geen einde geken
nie. Eers die nuwe gemeente en nou
'n nuwe baba om alles te kroon.
Intussen het agt jaar verbygegaan
en die nuwe baba se naam is toe
Heinrich en Reinhardt, ek dink dis
ook toe dat ek so grys begin word
het. So amper vyf jaar later is
Quené gebore tot ons almal se
verbasing maar groot plesier. So het
ons gesin vorm aangeneem saam
met ons werk en bediening in
Verwoerdpark gemeente.
Ek dink dit is een van die groot
redes waarom hierdie gemeente
altyd baie naby aan ons harte sal lê.
As ek terugdink aan al die mense
wat uit die bloute net daar was om
te help en raad te gee en te
ondersteun wanneer dit regtig
nodig was. Dit is 'n groot voorreg
om te weet dat ons dalk net
vreemdelinge in hierdie wêreld sou
wees, maar God het ons hier geroep
om deel van mekaar se lewens te
wees.
Miskien is dit ook makliker gesê as gedaan. Mense beleef mekaar mos maar anders en verskillend oor
dinge. Mense se menings en smake en uitkyk op dinge verskil. Wat vir een mens werk, werk nie altyd vir
'n ander nie. Maar dit is juis in hierdie proses waar die dinamiek van gemeentewees na vore kom.
Wanneer 'n groot klomp mense met verskillende idees en menings saam iets van God se genade ontdek.
Dat Hy ons elkeen geskape het om anders te wees en te dink, juis om mekaar aan te vul en die totale
prentjie in te kleur.
In Verwoerdpark het ons afgekom op "genuine" mense. Informele, maar tog verantwoordelike mense
wat ernstig is oor die gemeente. Danie en Annette was altyd daar met ondersteuning en 'n helpende
hand - 'n verhouding en kollegaskap wat oor die jare vir ons al baie beteken het. Ek was nog maar 'n
groentjie in die bediening toe ons hier aangeland het. Maar danksy die mense was dit maklik en lekker
om deel te word van 'n ryk tradisie en geskiedenis. Ons koms was midde in 'n tyd waarin baie mense
weer ernstig gaan dink het oor gemeentewees, dat 'n gemeente ook bestaan uit mense wat nie perfek is
nie. Baie het gekies om elders te gaan gemeente wees, wat ook goed was, want om vorentoe te gaan,
moet jy laat los wat agter lê.
Ons is in 'n groot mate gevorm deur die mense hier om ons. 'n Mens deel mos baie emosies met mekaar.
Ons het saam gedoop, saam begrafnis gehou , saam huweliksfeeste gevier. Ons deel en leef elke dag ons
ervarings met en ons geloof in die lewende Here met mekaar.
Ons vier ook saam die gemeente se fees van 25 goue jare. Dit gaan maar altyd oor mense. Daarom wil
ons dankie sê vir soveel verryking en groei saam met 'n besonderse gemeente. Ons wil jammer sê vir
mense wat op die pad seergekry het omdat ek/ons nie altyd daar was of op die regte manier daar was
nie.
Dankie dat ons ten spyte van baie dinge nog in mekaar se lewens kan deel. Dankie aan Johann Pretorius
vir hierdie onthou geleentheid saam met die gemeente. Dat 'n mens net weer kon stilsit en dink en
onthou en weer ervaar. Dankie dat Ps 66:1-2 - die teks van my intreepreek lank gelede - weer vir my, vir
ons as gesin en vir ons as gemeente kan leef wanneer ons "Juig tot eer van God, almal op aarde! Sing tot
roem van Sy Naam, gee Hom die eer wat Hom toekom"!
Jacques en Corlia Greyling
DIE GEDENKBLAD
Neem hieruit dit wat goed is, dit wat jou aanmoedig, dit wat jou
inspireer.
Doen dit weer uit liefde vir ander, maar hoofsaaklik uit liefdevolle
dankbaarheid vir God!
BOODSKAP VAN ds. WILLIE BADENHORST
Ek het van die begin af (1978) daar geen geheim van gemaak nie, en ek sê dit steeds (25 jaar later): Verwoerdpark is 'n mooi gemeente. Om verskeie redes. Ja, natuurlik is Verwoerdpark 'n gemeente van die Here. Dis immers dié rede waarom enige gemeente mooi is. Maar die ander redes vir sy mooiheid mag nie misgekyk word nie: Verwoerdpark is geseënd met mooi
mense. Mense wat iets verstaan van God se genade. Genade wat weerklank vind in diensbaarheid,
onderlinge liefde, verdraagsaamheid, aanvaarding en geduld…
Dit was my en Marietjie en ons
gesin se voorreg om dit vir
amper 13 jaar te ervaar in
Verwoerdpark. Sonder twyfel
was dit die wonderlikste jare in
ons bediening. Pure genot om
deel te kon wees van
gemeentebou en kerkbou.
Letterlik saam gesweet in die
daarstelling van 'n plek waar die
Here God aanbid word. En
vanuit hierdie ontmoeting met
Hom, mense mekaar ook vind.
Soos in enige gemeente, het
daar ook in Verwoerdpark
mense op die pad seergekry.
Sommige van u moontlik deur
ons toedoen. Die vraag is egter
nie of ons as kerkmense perfek is
of nie; die vraag is of ons genoeg
verstaan van God se genade. En
dis my en Marietjie se hartewens
aan 'n gemeente vir wie ons baie
lief geword het, dat die kerk in
Verwoerdpark al hoe meer 'n
helende gemeenskap sal wees;
'n plek waar die gesindheid van
Jesus Christus beleef word; Hy
wat gekom het om stukkende
lewens heel te maak.
Mag Christus lewe in u
gemeente, kerkraad en
pastorieë, in u harte en lewens,
in wat u sê en dink en doen. Jou
beste in alles en alles tot eer van God!
Willie en Marietjie Badenhorst (Alberton-Wes)
BOODSKAP VAN ds. EVERT DE KOCK
Ek dink met heimweë terug aan Verwoerdpark gemeente! Ek hoop dit is nog die stadsgemeente met die warm plattelandse atmosfeer. Ek onthou nog die onderlinge liefde, die omgee vir mekaar en die hartlikheid.
Saam met u bring ek al die eer aan die Here vir 25 jaar van genade. My gebed is dat Verwoerdpark
gemeente steeds sal groei in liefde, eensgesindheid en geestelike diepte. En dat Verwoerdpark bekend
sal staan as die gemeente wat "die heerlikheid van God" het! (Open 21:11). Ja, mag die heerlikheid van
God uit u straal sodat u 'n kanaal kan wees van God se seëninge.
Mag elke lidmaat steeds getuig van 'n lewende verhouding met die Here Jesus Christus en mag hierdie
verhouding elke dag uitloop in 'n lewe vol blydskap, vrede en liefde.
Onthou egter dat, "Al wat van belang is, is geloof
wat deur die liefde tot dade oorgaan" (Gal 5:6).
Geloof wat nie uitgeleef word as dade van liefde
nie is nutteloos. Geloof moet aangevuur word
deur liefde, dan eers kan ons godsdiens gesien
en gehoor word en daardeur kan ander mense
aangeraak en vernuwe word.
Ons opdrag is immers om God te dien deur ons
naaste met liefde te bedien met ons Godgegewe
gawes en individuele talente, op welke terrein
ookal. Daar sal baie probleme op ons pad kom,
en daar sal baie verskonings wees. Die gejaag
van die moderne lewe en die maklike verskoning
wat dit bied, maak die probleme groter as wat
dit regtig is. Maar onthou dat God groter is as
enige probleem. Deur sy Gees wil hy ons lam
knieë genees en ons verskonings in geleenthede
verander.
"In alles word ons verdruk, maar ons is nie
terneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar
nie deur God verlaat nie, op die grond
neergegooi, maar nie vernietig nie" (2 Kor 4:8-
9). Só is die Verwoerdpark gemeente wat ek ken.
Daarom is dit vir my maklik om julle weer te
verseker dat die Here Verwoerdpark gemeente
baie lief het en elke lidmaat opnuut weer wil
aanraak en bekragtig om uit sy eie gebroke situasie op te staan en as oorwinnaar die lewenspad aan te
durf.
Mag Verwoerdpark in die volgende jare 'n kragtige instrument wees waardeur God se koninkryk
opgebou en uitgebou sal word deur dankbare en gehoorsame lidmate.
Groetnis uit Jeffreysbaai
Evert en Lettie de Kock.
BOODSKAP VANAF DIE RING VAN ALBERTON
Die Ring van Alberton het tot 1989 bestaan uit agt gemeentes met Alberton Moedergemeente wat die oudste is en reeds uit 1916 dateer. Die ander gemeentes volg mekaar so op: Wes (1947), Oos (1950), Suid (1966), Noord (1968), Brackenhurst (1973), Randpark (1980) en Brackendal (1983). Verwoerdpark (1978) is ouer as Randpark en Brackendal, maar is, omdat Verwoerdpark tot 1989 deel was van die Ring van Germiston, eintlik die baba in die Ring van Alberton. Hoewel 'n baba, is Verwoerdpark in terme van getalle en rol wat die gemeente speel, een van die groter gemeentes in die Ring. Verwoerdpark is dus nie net hoog teen die bult nie, maar ook hoog in belangrikheid in die bydrae wat vir die Here gelewer word in Alberton.
Die toring van die gemeentesentrum is
nie net 'n baken vir gemeentelede nie,
maar ook sigbaar vir al die verkeer op
die besige N3. Hoewel sommige die
toring nie raaksien nie, bly
Verwoerdpark ook op hierdie manier 'n
teken van God se genade in hierdie
deurmekaar wêreld. Dit bevestig die
boodskap, vir die gemeente en ook vir
almal wat dit sien, dat hierdie God se
wêreld is, dat God hier en oral in beheer
is en ook beskik oor ons nietige lewens.
Mag julle in Verwoerdpark gemeente
die genade ontvang om werklik 'n lig te
wees van Jesus in hierdie donker
wêreld. Mag julle die wysheid van die
Here ontvang om, soos julle kerktoring
dit regkry, vir ons 'n sigbare teken te
wees van God se liefde vir Alberton en
hierdie gemeenskap in wie julle wortels
diep geanker is.
Namens die Ring wil ons die gemeente
gelukwens met julle eerste 25 jaar. Ons
wil ook die bede uitspreek dat die Here
in die volgende 25 jaar die genade sal
gee dat julle nog tot meer seën sal kan
wees vir Sy koninkryk in julle
besondere deel van Alberton.
Met die beste wense van die Ringskommissie en al die ander gemeentes in die Ring.
Dr. Theo Swart, Voorsitter van die Ringskommissie.
BOODSKAP VANAF BEN VAN HUYSSTEEN
Soos deur die Allerhoogste gewil is en nie uit eie krag of vermoë nie, is dit 'n voorreg vir my om in die feesjaar die voorsitter van die ouderlinge van ons gemeente te wees. Dit is heerlik om met 'n span gewillige ouderlinge te werk wat onder die besef van hulle menslikheid, ook weet dat die Here hulle vir diens in die besondere amp van ouderling geroep het. Dan wil ek terstond erkenning gee aan al my voorgangers in wie se voetspore ek kan loop. Aan almal van hulle vanaf wyle oom Piet de Wet tot by Jan Nortjé wat almal diep spore in die gemeente getrap het, wil ek graag hulde bring.
Dis ook waar dat die nuwe eeu nuwe eise aan elke ampsdraer stel - juis omdat ons as gelowiges in 'n
veranderende wêreld ons ampswerk moet en wil verrig. Dit geld seker veral ook ten opsigte van die amp
van voorsitter van die ouderlinge wat deesdae al hoe meer, vanweë veranderende omstandighede, ook
ampshalwe die "gemeentebestuurder" is. 'n
Bekleër van hierdie amp tree op as
werkgewer in onderhandeling met die
personeel, wat ons geagte leraars en hulle
gades insluit, en verteenwoordig die
kerkraad in die dag-tot-dag toesig en
versorging van die werknemers. Hy dien as
sulks as die kommunikasiekanaal tussen
die kerkraad en personeel en is ook
verantwoordelik vir die gladde
funksionering van die ouderlingeraad.
Dit is in dié omstandighede dat die
ondersteuning en voorbidding van elke
kerkraadslid noodsaaklik is. As ek
terugkyk, wil ek aan die Here van die Kerk,
wat ons geroep het, voorberei het om te
dien en ons vir ons taak toegerus het, die
eer bring vir Sy getrouheid die afgelope 25
jaar.
My wens vir die gemeente is dat ons in
hierdie veranderende wêreld God steeds
eerste sal plaas in ons lewens. Dat ons God
sal vereer met ons tyd, ons talente, ons
besittings en ons planne. Hy het aan ons sy
kosbaarste, sy beste gegee - sy Seun. Sal Hy
ons dan nie ook dié dinge gee wat ons op
ons lewensreis nodig het nie: genade vir
elke beproewing, krag vir elke kruis,
voedsel vir elke dag?
Ek wil saam met die leraars, elke kerkraadslid en elke gemeentelid met hoop, geloof en afwagting
vorentoe kyk want die Here het genadiglik en getrou aan elkeen van ons ten minste een gawe gegee.
Saam moet ons biddend opkyk en sê:
"Here, ons wil aan U getrou bly. Ons wil elke dag U dienaars in U gemeente wees".
Ben van Huyssteen
Groete Boodskap - Leier-diaken
Dit is met bewondering en groot dankbaarheid dat ons kan terug kyk na wat vermag is in die 25
jarige bestaan van ons gemeente. Vir ons as Diakonie is dit
opregte aanmoediging in die voortdurende uitdagings wat op
ons wag om tred te hou met vandag se eise en leefwyse.
Die rol wat die diakens in die kerk gespeel het, van die
tradisionele tot die huidige, het tot gevolg dat ons nie net die
kerk en sy gemeente bedien met fondsinsameling en
dankoffers nie, maar dat ons onsself ook moet toerus om in
die wyer gemeenskap diens te verrig waar ons kan.
Ons bedank ons getroue lidmate vir hul openhartigheid, die
kerkraad en leraars vir hul leiding en voorbeeld en God vir
Sy liefde. Laat ons hande vat en vorentoe gaan in die geloof
dat God ons handewerk sal seën en dat ons een kan wees in
die navolging van God se opdrag hier in sy gemeente in
Verwoerdpark.
Christo Saaiman
So iets oor Kristo Serfontein – Saakgelastigde
Sedert afstigting is daar reeds 190 kerkraadsvergaderings gehou. Die notules van dié vergaderings
beslaan 1870 handgeskrewe bladsye. Kristo het oor die volle 25 jaar nie 'n enkele vergadering misgeloop
nie en het alles geskryf. Soos elders in hierdie blad geskryf, dien Kristo vanaf afstigting
op die kerkraad en het nog steeds sy vinger op die pols. Kristo Serfontein en kerkkantoor is sinoniem in
Verwoerdpark.
Dit is so dat Kristo maar eintlik self hierdie blad
geskryf het, of dan ten minste al die inligting verskaf
het. Hy het dit werklik maklik gemaak om die
inligting op hierdie blaaie te kry en al die dank kom
hom toe! Natuurlik, die tikfoute, verkeerde stukkies
inligting ensovoorts, is maar drukfoute want enige
iemand wat vir Kristo ken, weet dat hy nie foute
maak nie!
Vir hierdie rede dien hy dan ook op die
Ringsargiefkommissie van Alberton en was
voorheen Voorsitter van die Ringsargiefkommissie
van Germiston. Hy is 'n seëlversamelaar en maak
graag tuin. Sy grasperk is net soos sy werk, netjies,
kortgeknip en op sy plek. Nou is hy besig om Bonsai
boompies te kweek. Dit is hoekom Kristo so 'n rustige
mens is, ons ken nou sy geheim! Hy is 'n bestuurslid
van die nuutgestigte Bonsai Vereniging in Alberton.
Herkoms
O p Woensdag 31 Mei 1978 verskyn die volgende berig in Die Kerkbode
"OPROEP STIGTING NUWE GEMEENTE - Die gemeente Elandsfontein word opgeroep na 'n afstigtingsvergadering op 25 Junie 1978 om 14:30 in die kerk van Elandsfontein. Die voorgestelde grense is soos volg: Vanaf die punt waar die grootpad tussen Heidelberg en Alberton die N3-snelweg kruis; van daar in die rigting van Alberton met hierdie grootpad tot waar dit oor die Natalspruit gaan; van daar met die Natalspruit op tot by die sloot en met die sloot noordwaarts tot by die dam, genoem die Kafferdam; van daar in 'n noordoostelike rigting tot en met die kruin van Albemarle Uitbreiding nommer 2, van daar in 'n oostelike rigting met die kruin langs tot waar hierdie denkbeeldige lyn die N3-snelweg sou kruis, van daar met die N3- snelweg suidwaarts tot by die beginpunt hierbo genoem. (J.A.J. Loots, Ringskriba)"
Maar kom ons begin by die begin:
Ons kom oorspronklik van: 1. DIE MOEDERGEMEENTE GERMISTON
As vertrekpunt neem ons Dinsdag 28 Februarie
1899, die datum waarop die Nederduits
Hervormde of Gereformeerde gemeente Germiston
afgestig is van die gemeente Boksburg tydens die
bediening van ds. JM Louw, die latere skriba van
die Transvaalse Sinode.
In die beginjare het die gemeente Germiston
binne die Ring van Potchefstroom ressorteer,
met die eerste predikant, ds. PR McLachlan
(1900 - 1909).
2. DIE MOEDERGEMEENTE ALBERTON
Op 16 Augustus 1916 word Alberton as
selfstandige gemeente afgestig van die
Moedergemeente Germiston, met as eerste
predikant, ds. SJ Stander (1917 - 1920).
Tydens die kerkraadsvergadering van 27
Augustus 1948 word Elandsfontein, wat tot nog
toe (1948) slegs een wyk was, in vier wyke verdeel.
Terloops, Verwoerdpark was oorspronklik deel van
die plaas Elandsfontein van mnr. George Meyer,
(Hy het een ossewa daarvoor betaal!), wat in 1887
as stadsgebied uitgemeet is: daar het die stad
Germiston begin - destyds slegs 'n mynkamp.
3. DIE MOEDERGEMEENTE ALBERTON-OOS
Die Moedergemeente Alberton se tweede
dogtergemeente, Alberton-Oos, kom in sig op
14 Maart 1950 toe aandag gegee is aan die
afstigting van 'n selfstandige gemeente uit
Florentia - Parklands en Elandsfontein.
Die eerste leraar van die nuwe gemeente
Alberton-Oos (afgestig 26/4/1950) waarvan
Elandsfontein deel was, was ds. WDR van der
Merwe wat gedurende 1951 - 1957 in dié
gemeente gearbei het. Hy is opgevolg deur ds.
JG Griesel (1957 - 1962).
Op 13 Desember 1957 besluit die kerkraad dat
eredienste vanaf Januarie 1958 op elke tweede
en vierde Sondag van die maand om 09:00 in
Elandsfontein gehou sal word.
4 . D I E M O E D E R G E M E E N T E
ELANDSFONTEIN
Die aansoek om afstigting van Elandsfontein as
selfstandige gemeente het op 19 Mei 1959 voor
die Ring van Germiston gedien. Die aansoek is
sonder teenstem aanvaar en op Dinsdagaand,
23 Junie 1959, om 19:30, is die Nederduitse
Gereformeerde Kerk Elandsfontein (Germiston)
onder voorsitterskap van ds. HA
S a n d e n b e r g h , V o o r s i t t e r v a n d i e
Ringskommissie van Germiston, afgestig van
Alberton-Oos gemeente.
Op 24 September 1973 is die kerkraad ingelig
dat die Ring van Germiston die gemeentes
Elandsfontein en Alberton-Oos aangespreek
het oor hulle onderskeie groottes. Albei
gemeentes onderneem om kommissies te
benoem om oor die grense te besin.
Die wyk Verwoerdpark in die gemeente Elandsfontein, is op 18 Maart 1974 in drie verdeel en met die snelle uitbreiding van die gebied, is daar by die vergadering van 20 Mei 1974 besluit om te kyk watter gedeelte van Elandsfontein geskik sal wees vir afstigting. Daar is besluit om nie enige ander gemeente by die afstigting te betrek nie, en dat erwe vir die kerkgebou en pastorie dadelik bekom moet word.
By die Ringsitting gehou gedurende September
1975 is die Ring van Alberton afgestig van
Germiston en daar is besluit dat indien 'n
gemeente uit een van die Ringsgemeentes sou
afstig, so 'n gemeente dan onder dieselfde Ring
sal sorteer. Die Ring van Germiston het destyds
bestaan uit die gemeentes van: Germiston,
Germiston-Suid, Elsburg, Elsburg-Suid, Lambton
en Elandsfontein.
Tydens die kerkraadsvergadering van 22 Maart
1977 word die tender van PD De Wet (Edms)
Bpk. aanvaar vir die bou van die tweede
pastorie vir die gemeente Elandsfontein in die
voorstad Verwoerdpark.
By 'n vergadering gehou op 27 Junie 1977 besluit
die kerkraad van Elandsfontein dat 'n medeleraar
beroep moet word onder wie se leiding gewerk sal
word vir afstigting, en dat die saal van die
Laerskool President Steyn verkry moet word vir die
hou van oggenddienste, wat op 21 Augustus 1977
'n aanvang sal neem.
Op 18 Oktober 1977 besluit die kerkraad van
Elandsfontein dat indien die derde beroep nie
slaag nie, daar nie weer beroep sal word nie, maar
dat voortgegaan sal word met die afstigting van 'n
gemeente aan die westekant van die N3 snelweg.
Die destydse ds. MC Fourie, sou dan vanaf
Januarie 1978 tot Junie 1978 saamwerk met die
ouderlinge wat Verwoerdpark bedien het, om die
gemeenskap tot afstigting te lei.
Die pastorie te Verwoerdpark is op 22 November
1977 voltooi, en by die kerkraads- vergadering van
Elandsfontein op 16 Mei 1978 word besluit dat
daar op 25 Junie 1978 afgestig sal word. Op
Saterdag 24 Junie 1978 het die gemeente
Elandsfontein dan ook afskeid geneem van
Verwoerdpark/Albemarle
Uitbreiding 2 se lidmate by wyse van 'n
braaivleis.
5. UITEINDELIK ONS EIE GEMEENTE
VERWOERDPARK Die aansoek om afstigting van Verwoerdpark as
selfstandige gemeente het op 20 Junie 1977
voor die Ring van Germiston gedien. Die
aansoek is goedgekeur sonder teenstem en op
Sondag 25 Junie 1978, om 14:30 is die
N e d e r d u i t s e G e r e f o r m e e r d e K e r k
Verwoerdpark onder voorsitterskap van ds. RR
van Wyk, voorsitter van die Ringskommissie
van Germiston afgestig van die Nederduitse
Gereformeerde Kerk Elandsfontein.
Op hierdie tydstip verskyn bovermelde berig in
die Kerkbode en daar lê werk voor. Baie werk!
Die eerste kerkraadsvergadering, onder die
voorsitterskap van die konsulent, ds. MC Fourie
van Elandsfontein is op 25 Junie 1978 na afloop
van die aanddiens gehou. Tydens dié aanddiens
is die kerkraadslede, wat die middag tydens die
stigtingsvergadering gekies is, in hulle ampte
bevestig. Die eerste kerkraad van Verwoerdpark
was:
OUDERLINGE:
I Zaaijman, GM Smith, DP Vorster, JC
Langeveldt, FD Coetzer, RD Combrink, JAP
Pretorius, GJ Janse van Rensburg, JN Swart,
PJC Munnik, KJH Serfontein, PJL Rossouw, J
Herbst, WC van Schalkwyk, JJ du Plessis, WJ
Odendal, JJ du Plessis, CJ Oberholzer en PD de
Wet.
DIAKENS:
JF v.d. M Roos, CH Potgieter, MG de Lange, WA
Cruywagen, H Janse van Rensburg, AB Burger,
JA Kriel, GS Botha, CP Barnard, PJ Venter, NJ
Nel, NJ Grobler, WI Havenga, JJ Gertenbach,
SC Trollip, GSB Odendal, DCH Digue en DA
Frouws.
Ouderlinge KJH Serfontein en PD de Wet is, respektiewelik, verkies tot eerste skriba en
kassier van die gemeente, terwyl oudl. JAP
Pretorius tot eerste koster benoem is.
Tegelykertyd is die susters versoek om 'n
Vrouediens in die gemeente te organiseer.
Die kerkraad keur dit goed dat derdejaar
teologiese student, Jasper Louw die eredienste sal
waarneem vanaf Sondag 2 Julie 1978. Hy sal ook
behulpsaam wees met die kategetiese onderrig
asook met huis- en siekebesoek. Op 22 Augustus
1978 rapporteer die kassier dat vanaf Maart tot
Junie 1978, d.w.s. voor afstigting, die bedrag van
R13,426.86 deur die gemeente ingesamel is,
waarvan R10,428.86 na die kerk se rekening
oorgeplaas is.
By dieselfde vergadering word 'n derde beroep
uitgebring, nadat die vorige twee beroepe nie
suksesvol was nie. Na 'n derde stemming word
ds. WT Badenhorst vanaf Harmonie, Pretoria met
'n volstrekte meerderheid verkies tot herder en
leraar van die gemeente. Op 10 September 1978
word dit dan aan die gemeente bekend gemaak
dat hy die beroep aanvaar het.
Hervormingsondag, 29 Oktober 1978 breek aan
en die nuwe Psalm- en Gesangeboek word ook in
ons gemeente in gebruik geneem. Die tweede
Nagmaal in die gemeente word gevier op Sondag
12 November 1978 en met groot dank word
kennis geneem dat 'n aantal gemeentelede die
Nagmaal- servies geskenk het waarmee die
Nagmaal gevier is.
Op 22 November 1978 neem ds. en mev. WT
Badenhorst hul intrek in die pastorie. Tydens die
aanddiens van 26 November 1978 word afskeid
geneem van ds. en mev. MC Fourie en teologiese
student Louw. By daardie geleentheid het die
susters gereed gestaan met tee, koffie en ver-
snaperings. Sodoende is hul eetgerei ook toe
ingewy!
Die heuglike dag, 30 November 1978 breek aan
en die gemeente ontvang sy eerste leraarspaar
alhier. Die bevestiging en onthaal vind plaas in
die kerk en saal van die Moedergemeente
Elandsfontein. Ds. NJ Hanekom (van
Harmonie, Pretoria) lewer die bevestigingsrede
na aanleiding van 1 Kor. 3:1 - 17 met vers 9 as
teks. Op 3 Desember 1978 lewer ds. WT
Badenhorst sy intreepreek in die skoolsaal. Sy
boodskap kom uit Exodus 17:1 - 7, en as teksvers,
vers 6: "Kyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb staan". Op 15 Februarie 1979 besluit die kerkraad om
'n Kerkboufonds te stig, met 'n bord by die
skoolsaal om die groei van fondse aan te dui. 'n
Klein kommissie word ook benoem om 'n
vooruitprojeksie te maak met die oog op kerkbou.
By die kerkraadsvergadering van 21 Junie 1979
besluit die kerkraad dat sketsplanne vir 'n
kerksentrum opgetrek moet word met 'n beraming
van die koste. Verder word 'n vaste boukommissie
saamgestel bestaande uit ds. WT Badenhorst en
oudle. PD de Wet, KJH Serfontein en CJ Langeveldt.
Op daardie stadium was die boufonds R29,303 sterk.
Die gemeente brei nog steeds uit en 'n voorstel dat
nog vyf wyke geskep moet word, word goedgekeur.
By 'n kerkraadsvergadering op 20 September
1979 word die aanbevelings van die
boukommissie aanvaar, naamlik, om 'n hele
g e m e e n t e s e n t r u m ( k e r k , s a a l e n
kategeselokale) te bou. Die ontwerp sal gedoen
word deur die aanbevole argitekte, mnre. H
Taljaard, Carter en Vennote Ingelyf van Randburg.
Indien alles vlot verloop kan die kerkinwyding oor
ongeveer twee jaar plaasvind! Op hierdie stadium
staan die boufonds op R40,000.
Op 'n buitengewone kerkraadsvergadering
gehou op 6 Maart 1980 word 'n skaalmodel van
die kerksentrum voorgelê. Die beraamde koste
is R418,500. Op aanbeveling van die Finansiële
Kommissie gee die kerkraad opdrag dat 'n
boulening van R350,000 bekom moet word en
dat die boukommissie voort moet gaan met die
optrek van planne.
Op aanbevelings, besluit die kerkraad op 17
April 1980 om mnr. EA Davey, lektor in orrel- en
kerkmusiek aan die Universiteit van Potchefstroom,
aan te stel as orreladviseur.
NOU IS DAAR GEEN KEER MEER NIE!.....
Teen die einde Junie 1980 word die bouplanne by die Stadsraad van Alberton ingedien en op 21 Augustus 1980 vra die boukommissie tenders wat gedurende Oktober 1980 sal sluit met die oog op kontraksluiting in November 1980. Om die koors te verhoog, word 'n bestelling geplaas vir sierstene vir aflewering gedurende Januarie 1981. Die boufonds staan ook reeds op 'n total van R96,260.
DIE LENING...... Saambou Nasionale Bouvereniging het op 18
September 1980 bekendgemaak dat 'n lening
van R350,000 aan die kerkraad toegeken is. By
dieselfde geleentheid word dit ook
bekendgemaak dat die Stadsraad van Alberton
bereid is om parkerf 1067 aan die kerkraad te
verkoop vir parkeerdoeleindes.
DIE TENDERS......
By 'n buitengewone kerkraadsvergadering
gehou op 5 November 1980 is bekendgemaak
dat drie tenders ontvang is. Dit is op 30 Oktober
1980 in die teenwoordigheid van die Voorsitter
van die kerkraad, ds. WT Badenhorst in die
kantore van die argitekte oopgemaak. Die
volgende tenders is ontvang:
PD de Wet (Edms) Bpk. R436,465.64
R Kirby Green Construction R610,370.00
Ferro Bros. Konstruksie R767,000.00
Op aanbeveling van die argitekte word die
kontrak eenparig toegeken aan PD de Wet
(Edms) Bpk.
Die sooispitfunksie is feestelik afgehandel op
Saterdag 29 November 1980 om 15:00. Op
hierdie stadium het die boufonds fluks gegroei
tot R104,000.
DIE HOEKSTEENLEGGING...... Dit was 'n koue namiddag toe die verrigtinge
om 18:00 op Donderdag, 25 Junie 1981
plaasgevind het. 'n Groot aantal gemeentelede
en besoekers het hulle eie sitgoed saamgebring.
Die terrein was helder verlig deur tydelike
elektriese lampe. Nogtans het daar 'n gewyde
atmosfeer geheers en het almal die verrigtinge
met groot aandag gevolg.
Hier spit Ds. Willie Badenhorst op die plek waar die kansel eendag sal staan.
'n Mens sou met reg kon vra hoekom 'n Donderdag
in die middel van die winter? Ja, dit was presies op
dié dag en datum, drie jaar na afstigting van
Elandsfontein.
Die amptelike hoeksteenlegging is waargeneem
deur ds. WT Badenhorst en op die koue winteraand
was daar hartlik saamgesing uit Ps. 146:1. Die
skriflesing was uit Matt. 16:13 - 19. Ds. Badenhorst
het hieruit verwys na die aanslag teen ons land en die
vertroue uitgespreek dat hierdie kerkgebou 'n vesting
van God en Sy kerk sal wees teen die aanslae van die
duiwel.
Iets wat in die aanduur opgeval het tydens die
slotsang (Ges 5:1), was die talle geopende
gordyne by huise in die omgewing - dit alleen
het die kerksentrum as 'n huis van aanbidding
bevestig.
Oom Piet de Wet (Bouers) en Ds. Willie saam met die argitek (versteek) by die hoeksteenlegging.
VOLTOOIING......
By die sooispitfunksie word ook gemeld dat die verwagte voltooiingsdatum van die
kerksentrum Mei 1982 is, 'n dag waarna 'n ieder en
elk in die gemeente uitsien!
Die hoekie waar die orrel eendag sal staan.
DIE ORREL...... Op die kerkraad se gewone vergadering van 13
November 1980 is die orreladviseur
teenwoordig. Nadat die kerkraad breedvoerig
ingelig is oor die bespeling en bou van orrels,
besluit die kerkraad om die kwotasie van mnre.
Fehrle en Roeleveld vir die bou van 'n orrel
teen 'n bedrag van R46,400 te aanvaar.
Hier staan die kansel amper voltooi maar alreeds imposant.
By die kerkraadsvergadering van 21 Januarie
1982 word die inwyding van die kerksentrum
bepaal vir die naweek van 8 - 9 Mei 1982.
‘
n Derde van die kloktoring alreeds gebou voor die hoofingang van die Kerk.
Rondom die inwydingsdatum het die gemeente
só daar uitgesien: 372 besoekpunte; 730
belydende- en 523 dooplidmate. Die getalle aan
die einde van Mei 2003 is soos volg: 475
besoekpunte; 1053 belydende- en 363
dooplidmate.
Die gebou neem al vorm aan en begin al status afdwing op verbygaande verkeer.
RINGSAKE......
Sedert afstigting was ons deel van die Ring van
Germiston. Omdat die gemeenskap rondom die
kerk geografies en sosiaal hoofsaaklik inskakel
by Alberton, is daar op versoek van die kerkraad
tydens 'n ringsvergadering van Junie 1988
besluit dat die gemeente vanaf 1 April 1989 by
die Ring van Alberton sal inskakel, waar ons
vandag nog is.
‘N NUWE KERK, ‘N STUKKIE GESKIEDENIS.......
Stilte, dit is al! Stilte in die gewerskaf oor die afgelope bykans drie-en-half jaar. Stilte en bewondering in die gemoedere van mense oor die nuwe kerk en ons God wat dit alles moontlik maak! Nee, geen antiklimaks of sug van verligting nie, geen slordige uitbundigheid en raserige feesviering nie. 'n Heilige gematigtheid en swellende trots omring deur dankbaarheid teenoor mekaar as gemeente en teenoor God vir Sy genade en Sy Gees vir leiding.
Dit was niks sê die manne en vroue wat gespit en gegrawe het en die sooie aangery of weggeneem het!
Dit was niks sê hulle wat op die vergaderings gedien het en die fondse gaan haal het wat so mildelik deur
die gemeente gegee was. Dit was niks sê die gemeente, nie een van ons is daardeur verarm om te gee nie.
"Ag nee broers, dis sommer niks", sê oom Piet de Wet wat die kerk gebou het, die kerkraad gelei het en
die gemeente aangemoedig het deur sy gryse leierskap en 'n staalgryse wil.
"Die gevoel van heiligheid is hier teenwoordig", sê ds. Willie Badenhorst, "hier is plek vir baie, en as jy
die saaldeure oopskuif is daar plek vir nog"! Hy kyk na die kansel wat helder belig word deur die
natuurlike lig daarbuite en die goddelike skyn van binne en is lus om te preek, want in hierdie gebou van
stene, gevul met dankbare siele, is daar altyd nog werk om te doen. God se werk! Al is die gebou modern,
lyk dit nog steeds soos 'n kerk en amper asof dit werklik gebeur, sien jy hoe ds. Willie Badenhorst sy
moue oprol!
"Dis maar net die begin broers......".
NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK VERWOERDPARK
INWYDINGSEREMONIE: SATERDAG 8 MEI 1982 OM 18H00
BUITE: 1. Bouaannemer oorhandig sleutel aan argitek
2. Argitek oorhandig sleutel aan leraarsvrou
3. Oopsluit van deur: Mev. M. Badenhorst
SITPLEKKE WORD INGENEEM
BINNE: 1. Sang: Ps.100:1-4
2. Gebed, ds. M.C. Fourie (eerste konsulent)
3. Verwelkoming, ds. W.T. Badenhorst (plaaslike leraar)
4. Oorhandigingswoord namens Bouaannemers P.D. De Wet (Edms) Bpk
5. Oorhandigingswoord namens Argitekte H.Taljaard, Carter en vennote
6. Dankbetuiging namens Kerkraad, oudl. K.J.H. Serfontein (skriba)
7. Gelukwensing namens Moedergemeente en Ring, ds. S.S.L. De Wit
(Elandsfontein)
8. Simboliese afsondering van kerkgebou vir:
Lofsprysing: Koorsang: Slotkoraal
Gemeente: Ges. 225:4
Viering van Sakramente: Plasing van nagmaalsimbole op tafel,
Leierdiaken M. Van Rensburg
Verkondiging van die Woord: Oorhandiging van die Kanselbybel
aan leraar, Leierouderling P.D. De Wet
9. Erediens en Belydenisaflegging
10.Verversings en besigtiging van kerksentrum
ONS ORREL
Soos dit was in die ou dae.... om te kon sit tussen die grootmense in die voorhuis en om te kon luister
na die musiekspel van almal wat kon en wou. Soos dit was..... toe ons in stilte ons kon verlustig in die
mooiste sang en boonop daaraan kon deelneem, soms uit vrye wil maar meestal omdat mamma so gesê
het! Soos dit was..... toe ons moes verval in doodse stilte toe die eerste note val uit 'n klassikale
meesterstuk van weleer.......
So was dit die naweek van 11 - 12 Februarie 1984. Ons het opgekom na 'n nuwe musiekaand om
saamgebind deur musiek, te luister en te sing en in ons harte vrolik te wees. Soos 'n groot gesin het ons
gekom deur orrelklank byeengebring. Daar het ons met ontsag en eerbied kom luister na die nuwe klanke
in ons kerk, 'n groot geskenk van God!
Die outydse gemeentes, wat saggies moes sing om die traporreltjies te kon hoor, sou seker met groot
agting gepraat het van die nuwe orrel in die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Verwoerdpark! Die
groot leermeester mnr. EA Davey van Potchefstroom Universiteit het gesê hoe die orrel gebou moes
word. Die begaafde orrelbouer, J Roeleveld het dit gebou, 'n meesterstuk sowaar! Uit die hande van 'n
skrynwerker, die mooiste klanke.
Toe hulle hom speel en ons as gemeente dit die eerste keer hoor, het ons byna vergeet om asem te haal.
Ja, deels uit eerbied en deels uit respek om stil te bly en te luister. Net hulle wat die orrelinwyding
bygewoon het, sal weet, dit was 'n aand, nee twee aande, soos min.
ORREL SPESIFIKASIE
Meganiese Speel- en Registeraksie
Swart lang Klawers en Wit kort Klawers
Drie Manuale: Manuaal I Borswerk
Manuaal II Hoofwerk
Manuaal I II Koppelmanuaal
Verstelbare Orrelbank
Stemmingsmeganisme vir Registers
4, 5, 13 en 19
PEDAALWERK: 1. Subbas 16' 32 pype 11. Prinsipaal 2' 61 pype
2. Gedek 8' 12 pype 12. Mikstuur III en IV 11/3 212 pype
3. Oktaaf 8' 32 pype 13. Trompet 8' 61 pype
4. Fagot 16' 32 pype 14. BW/HW
5. Skalmer 4' 32 pype
6. HW/Ped. BORSWERK: 15. Koppelfluit 8' 61 pype
7. BW/Ped. 16. Roerfluit 4' 61 pype
17. Gemshoring 61 pype
HOOFWERK: 8. Prestaut 8' 49 pype 18. Sesquialter II 98 pype
9. Holpyp 8' 61 pype 19. Dulciaan 8' 61 pype
10. Oktaaf 4' 61 pype 20. Tremulant
TERUGBLIK RONDOM DIE KERKRAAD
PREDIKANTE, PROPONENTE, STUDENTE EN HULP
Jul 1978 . . . . Nov 1978:
Nov 1978. . . . Aug 1991:
Mei 1983 . . . . Des 1984
Jan 1985 . . . .
Jan 1992 . . . . Jul 1996
Jan 1994 . . . . Feb 1995
Okt 1996 . . . .
JJ Louw
ds. WT Badenhorst
prop. MF Scholly
ds. DJ de Beer
ds. EP de Kock
prop. M Barnard
ds. J Greyling
Teologiese Student
Predikant
Hulp
Predikant
Predikant
Jeug hulp
Predikant
(5 Maande)
(12 Jaar 9 Maande)
(1 Jaar 7 Maande)
(18 Jaar 6 Maande)
(4 Jaar 7 Maande)
(1 Jaar 1 Maand)
(6 Jaar 8 Maande)
SKRIBAS / KASSIERE
Jun 1978 . . . .
Jun 1978 . . . . Jun 1983
Jul 1983 . . . .
KJH Serfontein
PD de Wet
KJH Serfontein
Skriba
Kassier
Saakgelastigde
(25 Jaar)
(5 Jaar)
(19 Jaar 11 Maande)
KOSTERS
Jul 1978 . . . . Mei 1983
Jun 1983 . . . . Feb 1985
Mrt 1985 . . . . Sep 2002
Nov 2002. . . .
JAP Pretorius
WC van Schalkwyk
JJ Naudé
W I Havenga
Koster
Koster
Koster
Koster
(4 Jaar 10 Maande)
(1 Jaar 8 Maande)
(17 Jaar 6 Maande)
(7 Maande)
ORRELISTE
Jan 1979 . . . . Feb 1982
Mrt 1982 . . . . Feb 1984
Apr 1984 . . . .
mev HDJ Wait
mev A Meerkotter
PJ Jacobs
Orrelis
Orrelis
Orrelis
(3 Jaar 1maand)
(2 Jaar)
(19 Jaar 2 Maande)
LEIEROUDERLINGE:
PD de Wet GJ Janse van Rensburg
OV Bekker
J de W le Roux
JJ Nortjé
GB van Huyssteen
LEIERDIAKENS:
CP Barnard
SC Trollip
M van Rensburg
P van Niekerk
MP Viljoen
LM Keeve
C Olivier
CJJ Saaiman
KATEGESE HOOFDE: (Plus hulle eggenotes wat hulle getrou bystaan)
JJ du Plessis
JC Tredoux
LV Pfister
J Breedt
NV de Wet
EFC Fleischmann
AJ Botha
Dien tans in die ampte
ALGEMENE WERKERS
Maria
Sidney
Joseph
Ben
Feb 1983....
Feb 1983.... Feb 1984
Mrt 1984.... Jun 1984
Jul 1984....
(20 Jr 4 Mnde)
(1 Jr 1Mnd)
(3 Mnde)
(19 Jr 11 Mnde)
KERKRAADLEDE OORLEDE DIE AFGELOPE 25 JAAR
OUDERLINGE:
GJ Janse van Rensburg
JN Swart
PJC Munnik
CJ Oberholzer
PD de Wet
PJ Venter
JJ Naudé
E du Plessis
PS Pretorius
JG Knoetze
JF Havenga
CW Myburgh
CJ Bosman
RA Castle
IG van der Mescht
H Stoltz
JA Viviers
JJ Zaayman
FJP Smith
DJ du Plessis
DIAKENS:
AE König
RC du Plessis
MG de Lange
PJ Pienaar
IG Dalgleish
Dit verseker Ek julle: As ‘n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy ‘n groot oes.
Joh 12:24
ONTHOU U NOG?
Die eerste dopelinge in ons gemeente: Louisa Tarina Roets, Maria Magdalena Odendal, Lillian Bentley en Hendrik
Jacobus Bezuidenhout. Doopdiens waargeneem deur ds. MC Fourie op 9 Julie 1978.
Die eerste sterfgeval in ons gemeente: Mev. L Steyn, in lewe van Rubensteinstraat 23, oorlede op 25 Julie 1978.
10 September 1978: Ds. WT Badenhorst maak bekend dat hy die beroep as eerste herder en leraar van die gemeente
aanvaar het.
30 November 1978: Ds. WT Badenhorst word bevestig as herder en leraar van die gemeente en hy en sy gesin word
gesellig ontvang.
22 Junie 1979: Die susters van die gemeente reël 'n optrede van die A'Capella koor, met die gemeente se 1ste verjaardag
in die Burgersentrum ten bate van die gemeente se boufonds.
24 Junie 1979: Na die aanddiens verkeer die gemeente gesellig saam om die 1ste verjaardag te vier. Daar was selfs 'n
versierde koek met een kersie!
26 April 1980: Die Osbraai-funksie ten bate van die boufonds - R3,800 wins word behaal!
15 Junie 1980: Tydens die erediens reik die verkeerspolisie kaartjies uit aan diegene wat op die sypaadjies geparkeer het!
5 November 1980: 'n Buitengewone kerkraadsvergadering word gehou waartydens die Boukontrakteur aangestel word
vir die bou van die kerksentrum. Koste R436,465.64.
29 November 1980: Die Sooispitfunksie vind plaas om 15:00 met 'n vleisbraai om 17:30.
25 Junie 1981: Presies op dag en datum, drie jaar na afstigting word die hoeksteen van die kerksentrum deur ds. Willie
Badenhorst gelê.
2 Mei 1982: Afskeidsdiens in die Laerskool President Steyn, diens gelei deur ds. JA Hough (binne wie se
gemeentegrense ons eredienste gehou het.)
8 Mei 1982: Inwydingseremonie om 18:00 by die nuwe kerksentrum, waartydens ook belydenis van geloof afgelê is deur
22 katkisante.
9 Mei 1982: Feesdiens om 09:00 waargeneem deur dr. DCG Fourie, Moderator van die Sinode van Suid-Transvaal.
14 Mei 1982: Koffiehuis/Sangkonsert in die kerksaal - uit ons mense, vir ons mense.
22 Augustus 1983: Die Kinderkrans (nou JKJA) hou 'n kunskompetisie ter herdenking van "Die Bybel in Afrikaans".
11 - 12 Februarie 1984: Die nuwe orrel word feestelik in gebruik geneem.
22 Desember 1984: Prop. MF Scholly (wat bykans 2 jaar as hulpkrag in ons gemeente werksaam was) trou met een van
ons gemeentedogters.
8 Julie 1985: Die SKJA en BKJA neem ook deel aan die fakkelloop wat gehou is ter ere van die
Jeugjaar.
25 Desember 1986: 'n Nuwe Kanselbybel (Nuwe Afrikaanse Vertaling) word aan die gemeente
oorhandig en in gebruik geneem.
21 Februarie 1987: Die Sinodale Kommissie vir Erediens bied 'n byeenkoms aan getitel:
"Liturgie en Kerksang". Tydens die geleentheid tree ons kerkkoor op. (Die koor spog reeds met
etlike sertifikate vir hulle sang o.l.v. Pieter Jacobs).
ONS KANSELKLEED.... ('n bydrae deur Elmien Botha)
Die huidige kanselkleed is in Januarie 1999 in gebruik geneem en is die resultaat van 'n Godgegewe
oomblik van besieling en kreatiwiteit.
In die middel is goud, silwer en koper gebruik as simbool van God
se heerlikheid - die vorm van 'n ster dui op die Bethlehemster, die
Môrester of die "Kruisfiguur". Hierdie ster kan ook die vorm aanneem
van 'n Septer wat as God se Heersersepter oor dood en sonde gesien
kan word.
Daar is die vorm van 'n wit duif, 'n simbool van die Heilge Gees wat
ons skakel met God is. Die wit kleur dui ook op reiniging van sonde.
In die vorm van die duif in die boonste deel van die kleed, is daar 'n
figuur met opgehefde hande - dit dui op afhanklike aanbidding van
die Opperheer. Agter die duifvorm, kom die twee kliptafels met die
Wet voor, ons riglyn vir 'n dankbaarheidslewe en die opdrag tot
liefde vir God en ons naaste.
Aan weerskante van die sentrale figure is daar drie olyfblare - groen
simboliseer groei in geloof en diensbaarheid. Die olyf simboliseer,
sedert Ou Testamentiese tye, oorvloed en groei. Olyfolie is gebruik
om priesters en konings in hulle amp te salf. Dit simboliseer God se
beloftes wat waar word, daarom bring die duif 'n olyfblaar terug na
Noag ná die sondvloed.
Die syfer drie kom herhaaldelik voor as 'n simbool van God Drie-
Enig: drie kleure in die septer/kruis, (Jesus het na drie dae uit die
dood opgestaan). Drie olyfblare, drie tossels, drie kleure in die
koord wat die kleed omsoom. Die tossels dui ook op die Ou
Testament, waar die Israeliete tossels aan die hoeke van die bokleed
gedra het om hulle voortdurend aan die voorskrifte van die Here te
herinner en om hulle te waarsku teen afgodery.
In die geheel kan daar ook die vorm van 'n krip met die Baba daarin
opgemerk word, wat dui op Jesus Christus, ons Verlosser.
Die doek oor die tafel met die Nagmaalsimbole, sluit aan by die tema van die kanselkleed, met die duif
wat die Heilige Gees simboliseer.
Het u geweet?
Mev Henriëtte Stander was die eerste vroulike diaken verkies op 17 Maart 1993.
Mev Rina Schwarzendahl was die eerste vroulike ouderling verkies op 27 Aug 1997.
Mev Martie Serfontein het al die tikwerk vir die kerkraad gedoen vanaf afstigting tot en
met die koms van die rekenaar in die laat tagtigs. 'n Woord van hartelike dank word aan
Martie gerig vir haar offervaardigheid. In dieselfde tydperk het sy ook die tikwerk gedoen
van die volgende Ringskribas: di. WT Badenhorst, B van Zijl, SM Lubbe en GZE Erlank.
Cecile en Ben van Huyssteen asook Kristo Serfontein het die proeflesing van hierdie
bundel behartig. Hulle het my keer op keer teruggejaag tikmasjien toe! Aan hulle skuld ek
my grootste dank en waardering - Red.
Naas teologie, gee ek aan musiek die
hoogste ereplek. Musiek is die kunsvorm van profete. Dit is die enigste kunsvorm wat die wroeging in die siel kan laat bedaar; dit is een van die wonderlikste en heerlikste geskenke wat God aan ons gegee het.
MARTIN LUTHER
Pieter Jacobs by die Kerkorrel
Ons amptenare agter die skerms.....
Willie Havenga hier links is onlangs aangestel as koster maar is,
saam met Kristo Serfontein, die enigste twee amptenare wat
sedert afstigting steeds betrokke is by die kerkraad. Willie was
oorspronklik gekies as diaken maar vanaf Februarie 1986 is hy
bevestig as ouderling.
Ben Barens hier regs is sedert Julie
1984 in diens as algemene werker,
skoonmaker, tuinier, verwer en
grassnyerdiens, noem maar op!
Maria Tshabalala is sedert Februarie 1983, kort na die
inwyding van die kerksentrum, reeds in ons diens en met haar
beskeie glimlag sê sy dat sy hier wil werk tot diep in die nuwe
eeu in.
Ja, maar Ma.......! (’n bydrae deur ons Jeug)
Daar is ouers wat seker die horries sal kry as hulle moes weet wat die kinders aangevang het tydens die
tradisionele Oktobermaand kampe. Maar die kinders is nou self grootmense en het vyf-en-twintig jaar
later al seker ook hul eie kinders. Hulle het motors gewas op die kerkterrein, KJA leiers ontvoer en
loskoopgeld geëis. Hulle het pannekoek en vetkoek gebak, afgelewer en gekom vir nog. Hulle het
spaargeld gebring, blikke rondgestuur, lootjies gereël en geld gebedel, maar saamgaan kamp toe was
nie 'n miskien nie!
Busse wat breek, deur die nagte op die pad, al die spaargeld opgebel om vir ma en pa te sê waar hulle is,
gesing tot hulle kleintongetjies gebrand het en seker mekaar skelmpies 'n haakhou gegee het wanneer
die geduld opgeraak het om by die kamp aan te kom.
Ds. Willie Badenhorst (gewoonlik die drywer van die haak-en steekbus), roep ons almal bymekaar want
vandag op hierdie einste Sondag hou ons kerk en bid ons in die Tsitsikammawoud! Ja, tussen die bome
in die natuur ten aanskoue van 'n duisend skoenlappers, kewers, voëltjies en nuuskierige apies. In die
skoot van God se Skepping.
Die tente lek as dit reën maar pla geen mens, die beskuit al opgesmul die eerste dag en oom Joon Herbst
al besig met ontbyt. "'n Hele blik konfyt?", vra die tannie, "is julle dan nog honger?", vra sy voor ons
ontbyt kry. "Julle moet wyd staan!", skreeu oom Dries Burger, "vanaand val hierdie ding nog om!", sê hy
van die badjie vol kookolie op die drie pompstofies. Vanaand eet ons "tjips" hier in die bos!
"Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed" JOH 10:10
Maar dit gaan nie net oor kamp nie, ons kinderaksies, Kategese, JKJA, SKJA en BKJA was oor die volle
vyf-en twintig jaar besig om die Here te dien op talle ander terreine. Blommetjies vir die oues van dae en
siekes, die kindersang by die ouetehuise, die lees van boeke vir dié wat blind is en geselskap vir dié wat
alleen is. Die jeugjaar en jeugsportdag, die jeugsangkompetisie, die klaskamers waar ons lesse moes
leer en die aflegging van ons geloof. Die fotos, die glimlag van ouma en oupa op hierdie groot dag, alles
deel van jonk wees.
"Dit sal 'n geleentheid wees om van My te getuig" LUKAS 21:13
En vandag en môre, gaan ons aan, miskien op 'n ander manier omdat die omstandighede waarin ons
kinders leef soveel anders is. Dit het ook meegebring dat daar wêreldwyd nuwe tendense oor kinder- en
jeugbediening ontstaan het.
Dit is en bly 'n uitdaging om die kerk en gemeente ook aktueel en lewendig vir ons kinders te maak.
Soms voel jy of jou hare rys vir die dinge wat die kinders weer noop om te sê "die kerk was vandag
'genuine cool'". So moet oud en jonk mekaar mos vind in die kerk soos ook in ons ouerhuise waar ma en
pa saam met hulle kinders 'n leefruimte moet deel wat, as dit by idees en die uitkyk op die lewe kom,
hemelsbreed van mekaar verskil.
Ons kinders is en bly 'n kosbare bron van energie en lewenskrag in die gemeente. Ja, die klem het dalk
verskuif van alles wat tradisioneel was na die hipermoderne, maar kinders sal altyd kinders bly. Kinders
wat opdaag by die honderde om 'n nag te kom wakkerbly by die kerk, of dalk net te kom kyk of die "ou"
mense dit ook kan maak wat hulle moet oppas. Of kinders wat uitsien en kom vra na elke kinderdiens
omdat dit anders aangebied word en jy nie vir 'n driekwartier of 'n uur moet stilsit en niks mag sê nie.
Kinders wat nog veilig voel in 'n omgewing waar getroue kategete en klasmaats net die plek is om meer
te leer oor dié God wat hulle ook toevou in Sy liefde en sorg - al verstaan jy nie ALTYD ALLES nie.
Kinders wat met 'n passie kan deelneem aan dinge soos 'n kersspel net om te voel maar ek is ook
belangrik en die gemeente het my ook nodig. Kinders wat lief word vir die tannies wat met baie sorg en
moeite ook vir hulle kom vertel van Jesus se wonderwerke.
In die ou dae kon 'n mens nog waaghalsig wees en skelm op die kerk se dak rondklouter of tot al die ou
omies se ontsteltenis die kerkklok lui. Jy was te bang om naby, wat nog van bo-op die kansel te kom.
Miskien het daar nie soveel verander nie, miskien het alles nie regtig so anders geword nie. Die gesigte
verander gereeld, die idees word "gerecycle", partykeer is daar meer - en ander kere minder - energie,
maar ons is nog altyd besig om in alles die Here te dien.
Ons is mos maar almal kinders, ja, die Here se kinders.
Tweekamp-Springbok uit ons jeug
Chris Serfontein (29) het hier in ons gemeente sy voete gevind en daarmee begin hardloop en
hardloop. Soveel so dat hy sy land verteenwoordig het in die tweekamp wêreldkampioenskappe in
Weyer, Oostenryk op 18 Augustus 2002. Hy het daardeur sy Springbokkleure verwerf. Hy sê dat sy
fisieke en geestelike opvoeding tydens sy jeug, met spesiale erkenning aan die jeugaksies in
Verwoerdpark gemeente en in egte verootmoediging voor God, daartoe bygedra het dat hy sy kleure
kon verwerf. Harde werk en deursetting het ook bygedra tot sy trotse deelname.
Chris het 'n ander internasionale prestasie verower deur deel te wees van 'n span duikers wat die
oervis, genaamd selekant, by Sodwana op 'n diepte van 105 meter ontdek het en die vis in sy
natuurlike habitat vir die eerste keer onderwater verfilm het. 'n Pragtige prestasie!
Aflegging van belydenis van geloof tydens ons feesnaweek
Van links na regs:
Rina Schwarzendahl, Jaco van Biljon, Landie Bedser, Kevin Pieterse, Tanya Burger, Eric Abrams,
Michelle du Plessis, Tilana Smith, Riaan Morrison, Elmin Strydom, Barend Ferreira, Ilze Jansen van Rensburg,
Pieter Louwrens, Tanja Castlemaine, Mauritz Swanepoel, ds. Danie de Beer.
SEUN UIT ONS GEMEENTE WAT PREDIKANT GEWORD HET:
DEON SERFONTEIN
Deon is op 27 April 1966 in Vereeeniging gebore. Hy het sy skoolloopbaan op Alberton
voltooi en het
op die leerlingraad van Hoërskool Alberton gedien. Hy was ook voorsitter van die SKJA in
Verwoerdpark gemeente. Hy slaag sy matriek in 1984. Gedurende 1985/86 verrig hy sy militêre
diensplig op Ladysmith, Oudtshoorn en Rundu.
Hy begin sy teologiese studies
in 1987 aan die Universiteit
van Pretoria. In 1989 verwerf
hy die graad B.A. met lof en in
1992 die graad B.D. Hy was
ook lid van Ta a i b o s -
koshuiskomitee. Deon doen
sy prakties in die gemeente
van Verwoerdpark gedurende
November 1990.
In 1997 verwerf hy die graad
M.Div. aan UP. In 2001
verwerf hy 'n MBA-graad aan
d i e U n i v e r s i t e i t v a n
Potchefstroom. Hy is tans
besig met sy doktorale
studies.
In 1993 aanvaar hy 'n beroep
na Viljoensdrif. In 2000 smelt
dié gemeente en Vaalpark
saam en is hy tans leraar,
saam met twee ander
predikante, in Vaalpark
gemeente, Sasolburg.
Hy is getroud met Mariana
Kloppers en uit die huwelik is
'n dogter - Eunice (12) en 'n
seun Christiaan (8) gebore.
Mariana het onlangs haar honneursgraad in sielkunde ontvang. Sy is tans werksaam as
maatskaplike werker by die Departement van Korrektiewe Dienste.
‘n Bord Kos...... (’n bydrae deur ons Vrouediens)
Jy kan maar vra; niemand is juis honger nie. Wie dink aan honger wanneer jy in jou diepste nood is of vasgevang is in 'n selfvernietigende kommer oor jou kinders, jou werk, die dreigende omstandighede daarbuite? Wie dink aan kos op dié dag wanneer jy 'n kind verloor het, of aan 'n bord kos op dié dag wanneer jou moeder of lewensmaat begrawe word? Daar is maar min mense wat nie intense droefheid, teleurstelling en pyn ken nie en in ons gemeente is
en was dit nie anders nie. Jy is meestal magteloos om dit te verhoed, en die oomblik as dit jou tref is jy
deurmekaar, verward en verskriklik alleen. 'n Gegewe situasie kan vir een mens 'n nagmerrie wees,
maar vir 'n ander 'n Godgegewe geleentheid. Dit is hierdie geleentheid wat ons as vroue in die gemeente
graag aangryp, vir vyf-en-twintig jaar al!
Dit is ook nie net fisieke nood waarin die mens kan verkeer nie, emosionele en sielenood is net so
vernietigend want dit bring 'n selfopgelegde vonnis van afsondering en geestelike hongersnood.
Gewone honger, koue en 'n tekort aan 'n ordentlike kledingstuk is ook deel van ons gemeenskap en soms
opsetlik misgekyk deur ons. Die uitgestrekte hande vir 'n stukkie brood wat vra: "Ek is honger...", en die
groot uitgerekte albaster oë vra die smeekvraag:, "Waar is my ma.....?", sekerlik God se manier om ons
aan te moedig om lief te hê. Ja, meer as net 'n honger, 'n hongersnood na liefde en omgee, 'n drukkie
teen die bors!
Om nie eens te praat van die verslete gordyne, matte en ander versiering- en gebruiksitems in die
kerksentrum nie. Wat nog beantwoording van die telefoon, opdatering van die rekenaar, maak van
afskrifte, skryf van briewe, aankondigings en uitnodigings. Op 'n manier ook 'n hongersnood na
moedershande.
Ons by die Vrouediens, wat bestaan uit alle vroue in die gemeente wat hul gawes wil skenk, is dankbaar
dat ons kan vergader, beplan, spaar en werk om die "Bord kos" te voorsien en op soveel terreine die
honger te kan stil. Die vreugde wat ons daaruit put, die liefde en seën wat ons daardeur ontvang, is vir
ons niks anders as aanmoediging om dit te beantwoord met eie dade en liefde nie.
Ons is egter bewus daarvan dat selfs wanneer barmhartigheidsdiens die plek inneem van aanbidding
wat God toekom, ons maklik kontak kan verloor met die ware Bron van aanmoediging en krag. Ons
gebed is dat God ons voortdurend en opnuut sal vul met sy Gees. Ons bid dit ook vir elke vrou, hetsy
moeder, grootmoeder of jong dame in ons gemeente.
Daar is ook 'n honger na kennis en insig, want as jy God nie ken nie, sal jy nooit God se doel met jou
ontdek nie. Bybelstudie word aangebied om die verlange na God te vervul, kennis oor te dra, knelvrae
te bespreek en te soek na die Waarheid in sy Woord. Word 'n heerlike bord kos voor jou neergesit en jy
daaraan begin eet, kom jy agter dat jy honger was, baie honger. So is dit op baie terreine in die lewe. "Is
daar werk vir my?", vra jy.
"Kom laat ons opskep, susters, daar is baie borde kos nog nodig........! Hier is 'n Liefdesplig wat op ons
wag. Die werk is baie en die hande het min geword"!
'n Uitnodiging tot liefde, met liefde.
Annette de Beer en Corlia Greyling
"Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan". GAL 5:6
Grootouers se oë, pêrels wat skyn...... (’n bydrae deur ons Silwerjare)
Jeug duur langer as wat jongmense dink....... - die woorde van GRAVIN DIANE, Max de la Vie. Kyk maar in die oë, let op die helderheid daarvan, soos sterretjies se vonkel, soos kersies op diekoek. Kraletjies van liefde, spieëltjies van gister, blink geskuur deur jare, glad gevryf deur pyn.
Ouma se oë het altyd 'n geheimsinnigheid gehad, so skerp, en kon deur enigiets sien. Soms 'n traantjie in
die hoek wat vinnig weggevryf kon word maar was meestal toegevou en weggevoer in die sagte velletjies
van satyn. Die diep grys-blou het al effens silwer geword, maar is pragtig omring deur 'n sagte pienk.
Terg hulle of treur hulle, of albei? 'n Lewe opgesluit in 'n glinsterende pêrel wat nog kaal en
sonder bril die Woord kan lees en kan sien, ja tot diep in my siel.........
Hulle weet want hulle was daar nog voor afstigting van Elandsfontein en Alberton-Oos. Oom Hannes
Odendal (geb. 5 Junie 1916) het destyds op albei hierdie gemeentes se kerkrade gedien. Oom Hannes
was ook onder die eerste kerkraadslede wat op 25 Junie 1978 tydens die stigtingsvergadering gekies en
dieselfde aand bevestig is as ouderling en sy seun as diaken. Sit maar 'n bietjie en gesels met oom
Hannes en jy kom vinnig agter dat jeug langer duur as wat ons
jongmense dink. Hy vertel van die waenhuise van Jan Ellis
oorkant die Hoërskool Alberton in Du Preezstraat, hier sê oom
Hannes het hulle in die einste waenhuise kerk gehou nog voordat
Alberton-Oos se kerk gebou was.
Hy en tannie Anna se huis moes gesloop word toe hulle die pad
kom bou het Durban toe en het hom toe daarna gevestig in
Verwoerdpark. Hy het al in 1944 met tannie Anna getrou in die
Eeufees Kerk (Alberton Moedergemeente en op daardie stadium
'n sinkdakgebou) nadat hy soos hy dit stel, vir drie jaar gevry het
na haar. Vandag is oom Hannes ons oudste lidmaat op 87 jaar.
Neem maar gerus die tyd af om met oom Hannes te sit en gesels
in die Aftreeoord, Protea 34. Julle sal nie spyt wees nie!
Net so met tannie Lottie Jordaan (geb. 15 Julie 1918), sy is
ons oudste vrouelidmaat op 85 jaar. Sy het ook kerk toe gegaan
in Alberton-Oos met dié verskil dat sy kerk toe gestap het op
Sondae. Sy het toe gewoon in Ericastraat in Verwoerdpark. Sy sê
dit was maklik want sy was maar net 60 jaar jonk destyds! Sy het
ook toe later gestap na die "Skoolkerk" (President Steyn laer-
skoolsaal) en toe ook later gestap na die "Nuwe Kerk" in
Verwoerdpark. Sy het maar aanhou stap, sê sy, totdat haar buurman
hom eendag oor haar "ontferm" het en toe ry sy maar saam in die
"mouterkar".
Iemand het op 'n slag vir haar gesê dat dit 'n prestasie was maar sy
sien dit nie só nie, sy sê haar "myle" het dan nog nie eers
"oorgeslaan" nie!
Dis nog niks! Tannie Lottie brei vir ses-en-half jaar al truie vir die Abraham Kriel Kinderhuis. Tot op
hede het sy al 316 truie gebrei! Dit is 'n wonderlike prestasie vir iemand wie se "myle" nog nie
"oorgeslaan" het nie. Gesels maar gerus ook met haar in die Aftreeoord, blok I, no. 11.(I vir Ina)
Donateurs van buite wat bygedra het tot die Boufonds
Mnr. H Strydom
Mnr. A Pretorius & ouers
Mev. M van Heerden
Mnr. H Davel
Verwoerdpark Diensstasie
Verwoerdpark Supermark
Mnr. HV Coetzer
Mnr. PJ Badenhorst
Progress Paints & Chemicals (Edms) Bpk.
Mnr. CJ Ligthelm (Destyds L.V. Alberton)
Mnr. VE Harms
Mnr. André Dreyer
Mnr. J Grobler (Lawnmower Services)
Mnr. JH Coetzee (Auto Tyre Co)
Mnre. Ernest Pienaar & Vennote
Mnr. HJ Bruwer
Naskoolsentrum (Ons eie)
Donateurs vir die eerste Klankstelsel
Mnr. en Mev. PJ Smith
Mnr. en Mev. GP Potgieter
Robust Group SA. C.C.
Lidmate uit die gemeente
Ander Donateurs
SASKO
Mnr. en Mev. BJJ Cronjé
Mev. J van Vuuren
Mev. E Botha
Mev. C Cronjé
AVBOB, Alberton
Skenkings aan die Kerk
Foto van ds. WT Badenhorst: . . . . . . . . .
Hoeksteen: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
Troffels tydens Hoeksteenlegging: . . . . .
Gassilinders: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
Bome op Kerkterrein: . . . . . . . . . . . . . . .
Uitleg van Parkeerterrein:. . . . . . . . . . . .
Grond en Kunsmis: . . . . . . . . . . . . . . . . .
Beplanning van Tuine: . . . . . . . . . . . . . .
Grassnyer:. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
Donasies vir Inwydingsbrosjures: . . . . . .
Lessenaar:. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
Gras en Aanplanting: . . . . . . . . . . . . . . .
Waterglase:. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
Elektriese Tikmasjien:. . . . . . . . . . . . . . .
Stoof: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
Banke in Klaskamers: . . . . . . . . . . . . . . .
Braaiers by die Kerk:. . . . . . . . . . . . . . . .
Horlosie in die Konsistorie:. . . . . . . . . . .
Eerste Kanselkleed:. . . . . . . . . . . . . . . . .
Huidige Kanselkleed: . . . . . . . . . . . . . . .
Betonomheining van die terrein: . . . . . .
Kanselbybel: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
Tuingereedskap: . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
1ste Doopvont: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
Tapisseriewerk:. . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
Blomstaander: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
Nagmaalsimbole: . . . . . . . . . . . . . . . . . .
Kantsnyer: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
Saalstoele: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
Mnr. EC Dicker
Mnr. F. Kloppers, Streekbestuurder Berrange & Seuns
Mnre. Taljaard, Carter en Vennote
Mnr. H Orchardson, Shell SA (Edms) Bpk.
Mnr. CJ Oberholzer (skenk 20) ,Mnr. Kristo Serfontein (skenk 5)
Mnr. Chris Bothma
Mnr. Jannie Knoetze
Mnr. PT Engelbrecht, Stadsraad van Alberton
Mnr. J Grobler en Mnr. J Pienaar
Mev. M van Schalkwyk, H Friedman, P Pypers
Mnr. Okkie Kersop
Mnr. Hennie Basson van Vlakplaas
Mnr. Armand van Niekerk, Consol Glass
Mnr. Johann Lubbe
Mnr. en Mev. A van Wyk
Mnr. en Mev. BW Alderson
Mnr. Jannie Knoetze
Mnr. AG Brits
Ds. en Mev. WT Badenhorst
Mev. Elmien Botha
Mnre. Jan Coetzee en Hennie Bruwer
Kristo en Martie Serfontein
Mnre. J Herbst en NJ Nel
Mnr. JAP Pretorius
Mev. A Lehmkull
Mev. I Richter
Mnr. en Mev. TD Cairncross
Mnr. en Mev. AS Venter
Mnr. en Mev. J Honiball, Mnr. J v.d. Ben, Mnr.JG Knoetze
Skenkings aan die kerk (vervolg)
Verf: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
Kollektebordjies: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
Sekuriteitshek by Pastorie (Annilplek): . . . . . .
Verwarmers in die klaskamers:. . . . . . . . . . . . .
! Gordyne in die konsistorie: . . . . . . . .
! Gordyne in die kerkkantoor: . . . . . . .
! Gordyne in die toilette en kombuis: . .
Mikrogolfoond: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
Bome:. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
Hoëtroustel en voedselverwerker: . . . . . . . . . .
Inligtingsborde (op die terrein):. . . . . . . . . . . .
Fotokopieërmasjien:. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
Diefwering in die konsistorie en kerkkantoor: .
Boorgat, opgaartenks, besproeiingspype, ens: .
Orrel aan die gemeente geleen: . . . . . . . . . . . .
Programme met ds. de Beer se ontvangs:. . . . .
Hekke by pastorie (Wendylaan): . . . . . . . . . . .
Motorhuisdeure by pastorie (Wendylaan): . . .
Psalm- en Gesang kennisgewingborde: . . . . . .
Vele geskenke van allerei aard, o.a. . . . . . . . . .
! Verfraaiing van die voorportaal: . . .
! Aanbring van waaiers in die kerk: . .
! Vloedligte buite: . . . . . . . . . . . . . . .
! Mat in moederskamer: . . . . . . . . . .
! Opgradering van gordyne, Kombuis:
! Opgradering van gordyne, Toilette:.
Televisie en Videomasjien: . . . . . . . . . . . . . . . .
Baie rieme fotostaat papier: . . . . . . . . . . . . . . .
Faksmasjien:. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
Verfraaiing van toilette: . . . . . . . . . . . . . . . . . .
Paint & Chemicals (Edms) Bpk.
Mnr. en Mev. JJ du Plessis
Johann en Poppie Pretorius
)
Mnr. en Mev. LV Pfister
)
)
Johann en Poppie Pretorius
Parkeraad van Alberton
Mnr. en Mev. J Honiball
Mnr. JH Coetzee
Mnr. J van der Ben
Mnr. HP Welman
Johann en Poppie Pretorius
Mnr. en Mev. SC Trollip
Mnr. RE Brooks
Mnr. HP Welman
Mnr. JH Cromhout
Mnr. en Mev. JF de Beer
Susters van die Gemeente (Vrouediens)
onder leiding van bekwame leidsters
Vrouediens (Donasie ontvang van Crown Technoturn)
PJ Vermeulen
DJ van den Heever
JKJA (René Fleischmann)
Afgesien van bogenoemde is daar 'n ontelbare aantal mense, binne en buite ons gemeente wat naamloos gegee het.
Daar is gemeentelede wat spesifiek bygedra het tot sulke groot skenkings soos
byvoorbeeld die rooiletterbord bokant die kansel, mense wat sommer 'n bak wors of vleis aandra, of 'n
liter melk sodat koffie en tee bedien kan word, of broodjies tydens begrafnisse en ander geleenthede. En
die instandhoudingswerk; klim op die balke om te verf en ligte te vervang, verf van die geboue by die
kerksentrum en pastorieë. Goeters wat breek, goeters wat lek en goeters wat aan die lewe gehou word!
Die toerusting in die koffiekroeg is moontlik gemaak deur skenkings van Arnold en Ria Venter (CRD),
Etienne en Marcelle Thomas, Tommie en Elmarie Knoetze en ander lidmate in ons gemeente.
Dan is daar sekerlik mense wat geskenk het maar wie se name nie voorkom op die bogenoemde lyste
nie. Ons vra eerlik om verskoning daarvoor en wil graag van u weet sodat ons ons inligting kan regstel.
Soos dit maar gaan met baie van hierdie dinge, staan die kerkraad altyd pa vir aanvulling waar ons
kortkom op projekte. Dit is maar eintlik fondse bewillig deur Gewer van alle rykdom via die breë
gemeente met lewendige belangstelling in ons skatkis.
"En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy
wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus."
FIL 4:19
REDAKSIONEEL
As daar maar net nog plek en geld was, kon ons 'n duisend-en-een stories vertel en foto's plaas.
Helaas, dit is nie moontlik nie. Daar is egter gebeurtenisse soos die dag toe bykans ons hele groep JKJA kinders
(seker stuk of wat 30 van hulle) teen die berghange van die Drakensberge vasgenael was in digte mis! Kyk, jy kon
slegs 'n meter of twee sien in die mis teen die afgrond af en kon slegs die kinders se stemme hoor waar hulle teen die
toue hang en met alles wat kon gryp teen die berg af klim! Dit was op hierdie senutergende oomblik toe prop. Johan
Scholly, broer van prop. Mike Scholly hier langs my hardop sê, "Vandag bid ons nog hierdie kinders teen die
berghange af"!
So was dit seker net so 'n vreeslike krans vir die groep kerkraadslede wat na afstigting moes planne maak om 'n kerk
en 'n gemeente te bou. Vir hulle was die afgrond seker net so vol onsigbaarheid en vrees. Sou ons, die huidige
lidmate en kerkraad dieselfde kon doen? Wat was hulle geheim?
Geloof! "As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil" (HEB 11:6). "Geloof is die waagmoed van die hart om verder te gaan as wat die oog kan sien". (Solly Ozrovech).
En as ons bang is om verder te gaan as wat die oog kan sien, het ons die aanmoediging van God self,
"Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan" (JOS 1:9).
Ons predikante, leierouderlinge, leierdiakens, vrouediensleidsters, jeugleiers, silwerjariges, leiers en
leidsters van verskeie diensgroepe en vele ander, te veel om hier te noem, het help skryf aan hierdie
bundel. Die mense uit die verlede;- die helde, die mense uit die hede;- die staatmakers en die mense in
die toekoms;- ons hoop, dra steeds by tot die bladsye van ons groter bundel.
Dit kan ook nie anders as om vir ds. Willie Badenhorst, ds. Danie de Beer, ds. Evert de Kock en ds.
Jacques Greyling uit te sonder as dié mense, wat meer as net 'n baksteengebou, hier kom bou het. Hier
in Verwoerdpark is daar sterk fondamente deur hulle gelê en veel meer as net een hoeksteen deur hulle
ingemessel in die gemeente.
Natuurlik staan daar agter elkeen van die kerkraadslede, predikante, proponente en hulpvaardiges 'n
pragtige en lewenslustige lewensmaat. Hulle wat in stilte, sonder basuin elke dag aanpak met 'n
onuitputbare bron van energie en offervaardigheid, is die nederige krag agter menige prestasie.
So is dit dan ook waar dat 'n kerkraad sonder 'n vrouediens of sustersvereniging, soos 'n trein is sonder
wiele. Kom kyk maar rond, daar is geen steen in ons gemeente wat onaangeraak is deur die vroue nie.
Aan hulle, die grootmoeders, die moeders en die jong dames van Verwoerdpark, 'n hartlike dank vir die
hulp en steun in bykans elke faset van kerkwees.
Ten slotte kan ons dit maar vir mekaar sê; God beplan vir ons net die goeie. Dit blyk duidelik uit die
afgelope 25 jaar in ons gemeente. Maar wat is God se doel nou met ons as gemeente?
Wil Hy hê dat ons vrede moet bring waar onmin is? Moet ons sy krag openbaar aan dié wat swak is?
Moet ons begrip toon waar misverstand is? Moet ons ons trou aan Hom openbaar waar almal ontrou is?
Ons moet God opreg vra of ons op dié plek is waar Hy ons nodig het. Hy het sy metodes om aan ons Sy
wil te openbaar. Intussen ontvang ons die volgende opdrag in JES 43:18-19:
"Moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie.
Kyk, Ek gaan iets nuuts doen".