16
2019 Voorgraadse- programinligting www.up.ac.za

2019 - UP Brochures 2015 201… · 3 Voorgraadseprograminligting 2019 Lees asseblief deur al die stappe hieronder om vas te stel watter van die stappe relevant is vir jou aansoek

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 2019 - UP Brochures 2015 201… · 3 Voorgraadseprograminligting 2019 Lees asseblief deur al die stappe hieronder om vas te stel watter van die stappe relevant is vir jou aansoek

2019Voorgraadse-programinligting

www.up.ac.za

Page 2: 2019 - UP Brochures 2015 201… · 3 Voorgraadseprograminligting 2019 Lees asseblief deur al die stappe hieronder om vas te stel watter van die stappe relevant is vir jou aansoek

Universiteit van Pretoria kontakinligtingLigging Posadres Studendienssentrum

Universiteit van Pretoriahv Lynnwoodweg en RoperstraatHatfieldSuid-Afrika

Universiteit van PretoriaPrivaatsak X20Hatfield 0028Suid-Afrika

Tel +27 (0)12 420 3111E-pos [email protected] www.up.ac.za

Universiteit van Pretoria bankbesonderhedeUniversiteit bankrekeninge Aansoekfooi vir studie

Rekeninghouer Universiteit van Pretoria Universiteit van Pretoria

Bank ABSA Standard Bank

Tak Hatfield (Takkode: 632005)

Hatfield (Takkode: 011545)

Swift-kode ABSAZAJJCPT SBZAZAJJ

Rekeningnommer 2140 000 038 012 602 604

Deposito verwysing Voorletters en van Voorletters en van

Uitgegee deur die Departement Toelating en Studenteadministasie in Desember 2017. Kommentaar en navrae kan gerig word aan [email protected] of tel +27 (0)12 420 3111.

Vrywaring: Hierdie publikasie bevat inligting oor reëls, beleide, onderriggelde, kurrikula en programme van die Universiteit van Pretoria soos van toepassing ten tye van die druk daarvan. Wysigings aan of bywerking van die inligting in hierdie publikasie mag van tyd tot tyd sonder vooraf kennisgewing geskied. Die akkuraatheid, betroubaarheid of geldigheid van die inligting vervat in hierdie publikasie word derhalwe nie deur die Universiteit op enige gegewe tydstip gewaarborg nie en is onderhewig aan verifiëring. Die gebruiker word versoek om deurgaans die korrektheid van die gepubliseerde inligting met die Universiteit te bevestig. Versuim om dit te doen, sal nie aanleiding gee tot enige eis of aksie van enige aard teen die Universiteit deur enige party hoegenaamd nie.

Word ‘n trotse Tuks-student

Voorgraadse programme

Aanlynaansoekproses vir studie in 2019

Universiteit van Pretoria kontakinligting ............................................... 1Universiteit van Pretoria bankbesonderhede ....................................... 1Minimum toelatingsvereistes................................................................... 2Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-sewepuntgraderingskaal ............. 2Nie-Suid-Afrikaanse burgers .................................................................... 2Spesiale pakketaanbod aan nuweling-eerstejaar akademiese presteerders ................................................................................................ 2

Aanlynaansoekproses inligtingsdiagram ............................................... 3

Fakulteit Gesondheidswetenskappe .......................................................................................................................................................................................... 5Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe ..................................................................................................................................................................... 6Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie ......................................................................................................................................... 7Fakulteit Geesteswetenskappe ................................................................................................................................................................................................... 9Fakuteit Veeaartsenykunde ...................................................................................................................................................................................................... 10Fakulteit Opvoedkunde .............................................................................................................................................................................................................. 11Fakulteit Regsgeleerdheid ......................................................................................................................................................................................................... 11Fakulteit Teologie en Religie ...................................................................................................................................................................................................... 11Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe ........................................................................................................................................................................... 12

Die Universiteit van Pretoria (UP) is ‘n diverse en dinamiese universiteitsgemeenskap wat bestaan uit studente van oor die hele wêreld.

Die universiteit het nege fakulteite (Opvoedkunde; Geesteswetenskappe; Ekonomiese en Bestuurswetenskappe; Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie; Regsgeleerdheid; Natuur- en Landbouwetenskappe; Teologie en Religie; Veeartsenykunde en Gesondheidswetenskappe), en die Gordon Institute of Business Science (GIBS).

Die Universiteit van Pretoria se grade word internasionaal erken en die struktuur daarvan is soortgelyk aan dié van die wêreld se beste universiteite. ‘n Aantal ondersteuningsdepartemente by die Universiteit help om te sorg dat al die aktiwiteite van personeel en studente wat oor ses kampusse versprei is, met die nodige gehalte, toepaslikheid, diversiteit en volhoubaarheid uitgevoer word.

Inhoud

1 Voorgraadseprograminligting 2019

Page 3: 2019 - UP Brochures 2015 201… · 3 Voorgraadseprograminligting 2019 Lees asseblief deur al die stappe hieronder om vas te stel watter van die stappe relevant is vir jou aansoek

Universiteit van Pretoria 2

1. Word ‘n trotse Tuks-student

Minimum toelatingsvereistesTen einde te kan registreer moet Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)/IEB*/Cambridge-kandidate aan die minimum vereistes vir graadstudie, sowel as aan die minimum vereistes vir die betrokke program, voldoen. Die berekening van ‘n Toelatingspunttelling (TPT) is gebaseer op ‘n kandidaat se prestasie in enige SES erkende NSS-20-kredietvakke (insluitende vakke op die nie-aangewese vaklys, bv RTT, Toerisme, Gasvryheidstudies en Siviele, Elektriese & Meganiese Tegnologie, ens.), deur gebruik te maak van die NSS-sewepuntgraderingskaal. Lewensoriëntering is ‘n 10-kredietvak, en mag nie vir die berekening van die TPT gebruik word nie. Lewensoriëntering is ook nie ‘n fakulteitspesifieke vakvereiste nie.

*Independent Examination Board (IEB)

Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-sewepuntgraderingskaal

Prestasievlak Beskrywing Persentasie

7 Uitstaande prestasie 80–100%

6 Verdienstelike prestasie 70–79%

5 Wesenlike prestasie 60–69%

4 Voldoende prestasie 50–59%

3 Middelmatige prestasie 40–49%

2 Elementêre prestasie 30–39%

1 Nie behaal nie 0–29%

Nie-Suid-Afrikaanse burgersNie-Suid-Afrikaanse burgers sal bewys van wetlike status in Suid-Afrika, sowel as bewys van voldoende mediesefondsdekking by die International Cooperation Division moet indien voordat hulle sal kan registreer.

KontakinligtingTel +27 (0)12 420 3111E-pos [email protected] www.up.ac.za/international- cooperation-divisionLigging Nagraadse Sentrum, Hatfieldkampus

Universities South Africa‘n Volle of buitelandse voorwaardelike vrystellingsertifikaat is ‘n voorvereiste en toepaslik op alle nie-Suid-Afrikaanse burgers en op studente wat nie ‘n Suid-Afrikaanse Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) of Onafhanklike Eksamenraad (IEB)-kwalifikasie het nie en wat vir voorgraadse studie aan die Universiteit van Pretoria wil inskryf. Hierdie sertifikaat kan slegs bekom word van Universities South Africa.

KontakinligtingTel +27 (0)12 591 4401/2E-pos [email protected] www.universitiessa.ac.za

Spesiale pakketaanbod aan nuweling-eerstejaar akademiese presteerders(Toekenningswaardes is vir 2018 en sal aangepas word vir 2019)

TOELATING(gebaseer op die eksamenuitslae waarmee

jy aansoek doen)

PRESTASIETOEKENNINGS(gebaseer op die finale skooljaar

eksamenuitslae)

KOSHUISPLASING(gebaseer op die eksamenuitslae waarmee

jy aansoek doen)

Kwalifiserendeakademiese gemiddelde persentasie

Toelating virstudie

Kwalifiserendeakademiese gemiddelde persentasie

FAKULTEITE

Kwalifiserendeakademiese gemiddelde persentasie

Koshuisplasing

Natuur- enLandbou-

wetenskappeEN

Ingenieurswese, Bou-omgewing

en Inligting-tegnologie

Gesondheids-wetenskappe

EN Veeartseny-

kunde

Anderfakulteite

75%-100% Gewaarborgde toelating tot jou eerste- of tweedekeuse nie-keuringsprogram (nie van toepassing op keuringsprogramme nie) indien jou aansoek nie later as 1 Mei van die jaar wat jou studie voorafgaan, ontvang word.

75%-79.99% R6 400 - - 85%-100% Gewaarborgde plasing in ‘n UP-koshuis indien jou aansoek nie later as 1 Mei van die jaar wat jou studie voorafgaan ontvang word en indien jy voorwaardelik toegelaat is tot ‘n program.

80%-84.99% R16 000 R6 400 R16 000

85%-89.99% R25 000 R13 000 R25 000

90%-100% R40 000 R20 000 R40 000

DUX-LEERDER-TOEKENNING(gebaseer op die finale skooljaar eksamenuitslae)

Dux-leerder-toekenning ter waarde van R7 500 aan die top- akademiese presteerder in Graad 12 van ‘n spesifieke skool (een leerder per skool)

LET WEL: Die Universiteit van Pretoria behou die reg voor om, sonder vooraf kennisgewing, toekenningswaardes te wysig.

Voorwaardes � Voorgraadse prestasietoekennings word gebaseer op

die gemiddelde persentasie behaal (nie op die getal onderskeidings nie).

� Die gemiddelde persentasie word nie afgerond nie. � Voorgraadse prestasietoekennings word outomaties

aan nuutgeregistreerde voorgraadse studente gemaak wat aan die toekenningsvoorwaardes voldoen. Studente doen nie aansoek vir hierdie toekennings nie.

� Eerstejaarstudente wat vir studie aan UP direk na Graad 12 registreer (hul finale skooljaar), of wat ‘n gapingsjaar/-jare na hul finale skooljaar geneem het, en wat aan die toekenningsvoorwaardes voldoen, sal oorweeg word.

� Studente wat voorheen aan ‘n tersiêre onderwysinstelling geregistreer was, voordat hulle aan UP geregistreer het, sal nie in aanmerking kom vir ‘n prestasietoekenning nie. Studente wat aan UP in voorafgaande jare geregistreer was, sal ook nie in aanmerking geneem word nie.

� Kwalifiserende studente moet Suid-Afrikaanse burgers of permanente inwoners in Suid-Afrika, of inwoners van ‘n SAOG-land wees.

� Die gemiddelde persentasie vir toekenningsdoeleindes is die gemiddeld van die werklike persentasies behaal vir alle erkende NSS-/IEB-/Cambridge-vakke geneem in hul finale skooljaareindeksamen, gebaseer op die berekeninge gemaak deur die Universiteit van Pretoria.

� Sekere vakke word uitgesluit uit die berekening van gemiddelde persentasies:– Lewensoriëntering– Wiskunde Vraestel 3– Addisionele Wiskunde/Alpha Wiskunde– Praktiese Musiek graad 4 en 5 (Let wel: Praktiese

Musiek graad 6, 7 en 8 word oorweeg vir insluiting in die berekening van die gemiddelde persentasie. Indien jou musiekrapport nie deel vorm van jou NSS-rapport nie, moet jy asseblief jou amptelike musiekrapport aan jou fakulteit se studenteadministrasiekantoor voor einde Januarie vir oorweging stuur.)

� Die toekennings word gefinaliseer op grond van die finale punte wat die universiteit van die Departement van Basiese Onderwys vir die finale skooljaar ontvang. Uitslae vir vraestelle wat hermerk is, word nie in aanmerking geneem vir toekenningsdoeleindes nie.

� Toekennings is ten volle terugbetaalbaar indien studente hul studie staak/beëindig in die relevante program vir watter rede ook al gedurende die jaar waarin die toekenning gemaak word.

� Indien studente hul programme verander gedurende die jaar waarin die toekenning gemaak word, sal die waarde van die toekenning wat geallokeer of toegeken is, nie gekanselleer of opwaarts/afwaarts aangepas word om dit in ooreenstemming te bring met die daaropvolgende programme waarvoor ingeskryf is nie.

Sorg dat jy alles lees oor die verskillende befondsings-geleenthede by www.up.ac.za/fees-and-funding.

Page 4: 2019 - UP Brochures 2015 201… · 3 Voorgraadseprograminligting 2019 Lees asseblief deur al die stappe hieronder om vas te stel watter van die stappe relevant is vir jou aansoek

3 Voorgraadseprograminligting 2019

Lees asseblief deur al die stappe hieronder om vas te stel watter van die stappe relevant is vir jou aansoek om aan die Universiteit van Pretoria in 2019 te studeer. Nie-Suid-Afrikaanse burgers moet ook kennis neem van die stappe hieronder, en word spesifiek verwys na die belangrike inligting op bladsy 1.

Kies ‘n programLees die inligting oor al die voorgraadse programme wat UP aanbied op bladsy 5 en verder in hierdie brosjure.

Klas- en koshuisgeldeVir meer inligting oor klas- en koshuisgelde, gaan na www.up.ac.za/fees-and-funding.

Doen aansoek om by Tuks te studeerDoen AANLYN aansoek by www.up.ac.za/apply, vanaf 1 Maart in die jaar wat jou studie voorafgaan.

Doen aansoek om koshuisplasingDie Aanlynaansoek het ‘n gedeelte wat voltooi moet word indien jy belang stel in koshuisplasing.

Doen aansoek om beurse en leningsBesoek die toepaslike webwerf vir sluitingsdatums.

� Dit is belangrik om sowel jou eerste as die tweede programkeuse op die Aanlynaansoek aan te dui. Die aansoek maak slegs voorsiening vir twee studiekeuses. Indien jy ‘n derde keuse wil byvoeg of jou studiekeuse wil verander nadat jy alreeds jou Aanlynaansoek ingedien het, moet jy jou versoek rig aan [email protected].

� Jou tweede programkeuse sal outomaties oorweeg word indien jou aansoek vir jou eerste programkeuse nie suksesvol is nie of indien jou eerste keuse ‘n keuringsprogram is.

� Jy moet sorg dat jou eerste en tweede programkeuse aan die minimum toelatingsvereistes asook die fakulteit se keuringsriglyne voldoen.

� Let wel dat sekere programme nie as jou tweede programkeuse oorweeg sal word nie. Verwys na die fakulteitstabelle vanaf bladsy 5.

� Vir enige raad oor studies, maak ‘n afspraak met ‘n studenteadviseur via Me Carol Bosch by +27 (0)12 420 5144 of [email protected].

Meer inligting is beskikbaar by www.up.ac.za > Studeer by UP > Wat om te studeer

� Fooie kwotasie: Gaan asseblief na http://www.up.ac.za/en/fees-and-funding/article/2582340/quotations om ‘n beraming te kry van wat die program/me waarin jy belangstel, sal kos.

� Gesinsafslag: Wanneer twee of meer afhanklike kinders van dieselfde gesin tegelykertyd registreer aan die Universiteit van Pretoria, mag julle aansoek doen om ‘n afslag op klasgelde.

� Die 2.5%-afslag: Indien die studenterekening ten volle vereffen is (maw 100%) teen 30 April, geld ‘n afslag van 2.5%.

� Aanvanklike betaling: Hierdie betaling is nie addisioneel nie, dit vorm deel van die klasgelde en is ‘n eerste betaling ten opsigte van die klasgelde.

� Koshuisreserveringsfooi: Hierdie fooi is betaalbaar binne 30 dae nadat

jy plek in ‘n UP-koshuis gekry het. Vir koshuiskamerfooie, gaan na www.up.ac.za/accommodation.

� Geld wat deur beurse betaal word: Studente moet skriftelike bewyse deur die borg van die beurs wat aan hulle toegeken is, voor registrasie indien, anders is hulle verantwoordelik vir die aanvanklike betaling. Die finale besluit oor die aanvaarding van ‘n beursbrief, lê by die Universiteit.

� Hoe en waar om te betaal: Kassiere is op al ons kampusse beskikbaar vanaf Maandae tot Vrydae, vanaf 08:00 tot 16:00. Laat asseblief ten minste vyf werksdae toe vir betalings deur middel van EFO en kredietkaarte om op jou studenterekening te wys.

� UP-bankbesonderhede: Sien bladsy 1.

� Voordat jy die Aanlynaansoek voltooi, moet jy asseblief kyk na die video, “How to complete the online application” by https://youtu.be/kGRmciWG9Eg.

� Maak seker dat die e-posadres wat jy op jou Aanlynaansoek aandui korrek is, want jou tydelike wagwoord en T-nommer word na hierdie e-posadres gestuur.

� Maak seker dat jy voor die sluitingsdatums aansoek doen vir jou eerste en tweede programkeuse. Die sluitingsdatums verskyn op die fakulteitstabelle; sien bladsy 5 in hierdie brosjure of gaan na www.up.ac.za/closingdates.

� Sekere programme sal nie as jou tweede programkeuse oorweeg word nie.

� Jy sal jou studentenommer ontvang binne 10 werksdae nadat jou aansoek aanlyn ingedien is.

� By ontvangs van jou studentenommer kan jy jou aansoekstatus op die UP-studenteportaal volg. Verwys na Stap 7 vir instruksies oor hoe om toegang te verkry tot jou Studenteportaal.

� Koshuisplasing is gebaseer op akademiese meriete en die aansoekdatum.

� Die vraag na verblyf oorskry die beskikbare plekke – doen dus so gou as moontlik na 1 Maart aansoek.

� Voorkeur word gegee aan studente met ‘n akademiese gemiddeld van 75% en hoër.

� Ten einde vir gewaarborgde plasing in een van UP se koshuise te kwalifiseer, moet die voornemende student:- voor 1 Mei van die jaar wat studie voorafgaan, aansoek doen;- ‘n minimum gemiddeld van 85% behaal in die eksamen waarmee die

student aansoek doen om by UP te registreer; en - die student moet reeds voorwaardelik tot ‘n program toegelaat wees.

Meer inligting is beskikbaar by www.up.ac.za/accommodation.

UP-beurse en lenings� Aansoeke moet deur middel van die UP-studenteportaal of

www.up.ac.za/fees-and-funding ingedien word. Geen laat aansoeke sal aanvaar word nie.

� UP-sportbeurse: www.up.ac.za/sport

Die National Student Financial Aid Scheme (NSFAS)� Vir aansoeke en omvattende inligting, besoek www.nsfas.org.za.

Fundi (voorheen bekend as Eduloan)As ‘n geregistreerde kredietverskaffer, dek Fundi ‘n wye verskeidenheid studentverwante benodigdhede soos boeke, toebehore, skootrekenaars, universiteits- en privaat akkommodasie, asook klasgeld teen ‘n vasgestelde maandelikse paaiement. Enigiemand kan vir ‘n lening aansoek doen (studente, ouers of voogde), op voorwaarde dat die aansoeker voltyds werksaam is, of ‘n geregistreerde besigheid het. Vir meer inligting besoek www.fundi.co.za.

Ander opsies vir beurse� Beurse volgens studierigting: www.gostudy.mobi� The Bursary Register: Kontak [email protected] of +27 (0)11 672 6559

2. Aanlynaansoekproses vir studie in 2019

Page 5: 2019 - UP Brochures 2015 201… · 3 Voorgraadseprograminligting 2019 Lees asseblief deur al die stappe hieronder om vas te stel watter van die stappe relevant is vir jou aansoek

Universiteit van Pretoria 4

Hoe om toegang tot die UP-studenteportaal te kryGaan na www.up.ac.za en klik op “MyTUKS Login”.

Fakulteit Gesondheidswetenskappe Toegevoegdewaarde-vraelysFakulteit Veaartsenykunde Toegevoegdewaarde-vorm

UP-studentekontrakVoordat ‘n student kan registreer, moet ‘n kontrak tussen die student en die Universiteit van Pretoria gesluit word.

Oriëntering vir nuweling-eerstejaarstudente

Spesiale pakketaanbod aan akademiese presteerdersDie spesiale pakketaanbod aan nuweling-eerstejaarstudente is gebaseer op die akademiese gemiddelde persentasie wat in die finale skooleindeksamen behaal is. (Sien bladsy 1 vir meer inligting).

Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT)Die Nasionale Normtoets is nie verpligtend vir alle programme nie.

LET WEL: ‘n T-nommer is ‘n tydelike nommer en is NIE ‘n studentenommer nie. Hierdie T-nommer word uitgereik aan die begin van die aanlyn-aasoekproses. ‘n Aansoeker sal ‘n UP-studentenommer binne 10 werksdae kry nadat sy/haar aansoek suksesvol ingedien is. Aansoekers sal slegs toegang tot die UP-studenteportaal kry nadat hulle ‘n UP-studentenommer ontvang het, bv u18123456.

Klik op die skakel “New user” nadat jy aangeteken het. � Tik jou gebruikersnaam (“u” gevolg deur jou studentenommer) en jou

nasionale ID- of paspoortnommer in. � Klik op “Proceed”. � Tik jou nuwe wagwoord in en bevestig dit in die tweede blokkie.

Klik op “Proceed”.

� ‘n Boodskap verskyn wat jou in kennis stel dat die wagwoord aanvaar is. Klik op “OK”.

� ‘n Lys uitdaagvrae verskyn; jy mag enige drie hiervan kies om te beantwoord.

� Kies enige drie uitdaagvrae en klik dan “Submit”. � Tik jou antwoord op elkeen van die uitdaagvrae in. Klik op “Save”. � ‘n Boodskap sal verskyn dat jou uitdaagvrae opgestel is. Klik op “OK”. � Jy is nou gereed om die UP-studenteportaal te gebruik. � Teken weer aan met jou gebruikersnaam en wagwoord.

� Die Oriënteringsprogram sal beskikbaar wees by www.up.ac.za/orientation aan die einde van Desember 2018.

� Die datums vir aanlyn registrasie van eerstejaarstudente sal teen die einde van Desember 2018 gekommunikeer word.

� Registreer om die NBT te skryf by www.nbt.ac.za.� Die NBT-uitslag ondersteun, maar vervang of dupliseer nie die uitslae

van die finale skooleksamen nie.� Daar word in die fakulteitstabelle, wat op bladsy 5 begin, by betrokke

programme aangedui of die NBT vereis word of nie.� Die toetse is vertroulik.� Geen vorige toetsvraestelle is beskikbaar nie.

� Die NBT bestaan uit twee komponente: (1) AQL (in Engels Academic & Quantitative Literacy): Akademiese

en Kwantitatiewe Geletterdheid (gekombineer). Kwantitatiewe Geletterdheid is soortgelyk aan Wiskundige Geletterdheid. Die AQL-toets is ook in Braille vertaal.

(2) MAT: Wiskunde.� ‘n Lys van al die toetssentrums is beskikbaar op die NBT-webwerf

by www.nbt.ac.za.

� Studente kan die kontrak aanlyn bekom via die UP-studenteportaal by www.up.ac.za > “MyTUKS Login.”

� Die kontrak moet aanlyn ingevul word, dan uitgedruk en geteken word.� Die voltooide en getekende oorspronklike kontrak moet by die

Studentedienssentrum ingehandig word, of dit kan gepos word aan

die Studentedienssentrum, Universiteit van Pretoria, Privaatsak x20, Hatfield, 0028. Die Universiteit van Pretoria aanvaar nie kontrakte wat gefaks, geskandeer of per e-pos gestuur word nie.

� Kyk na die video oor “Hoe om die UP-studentekontrak te voltooi” by https://youtu.be/OOaHDREGcRg

� Hierdie dokumente is op die UP-studenteportaal beskikbaar, slegs vir voornemende studente in die bogenoemde fakulteite wat aan die minimum toelatingsvereistes voldoen. Besoek jou studenteportaal gereeld vir kennisgewings in hierdie verband.

� Sorg dat jy die toepaslike dokumente voltooi en voor die sperdatum indien. Die fakulteit sal die sperdatum aan studente bekend maak op die UP-studenteportaal onder “Communications”.

Navrae kan gerig word aan [email protected].

Die spesiale pakketaanbod sluit die volgende in:� Gewaarborgde prestasietoekennings aan studente wat daarvoor

kwalifiseer. � Gewaarborgde toelating tot eerste- of tweedekeuse nie-keurings-

programme vir voornemende studente met ‘n akademiese gemiddelde persentasie van tussen 75% en 100%, indien die aansoek nie later nie as 1 Mei ontvang word in die jaar wat die studie voorafgaan.

� Gewaarborgde plasing in ‘n UP-koshuis aan voornemende studente met ‘n akademiese gemiddelde persentasie van tussen 85% en 100%, indien: - jou aansoek ontvang word nie later nie as 1 Mei van die jaar wat jou

studie voorafgaan; en- indien jy reeds voorwaardelik tot ‘n program toegelaat is.

Meer inligting is beskikbaar by www.up.ac.za/fees-and-funding.

2. Aanlynaansoekproses vir studie in 2019

Page 6: 2019 - UP Brochures 2015 201… · 3 Voorgraadseprograminligting 2019 Lees asseblief deur al die stappe hieronder om vas te stel watter van die stappe relevant is vir jou aansoek

5 Voorgraadseprograminligting 2019

In die fakulteitstabelle in die volgende bladsye word tweedekeuseprogramme aanbeveel en hierdie programme word aangedui direk onder die naam van die betrokke progamme waar ‘n tweedekeuseprogam/me van toepassing mag wees.

� Die Aanlynaansoek maak voorsiening vir twee studiekeuses.� Die aanvraag vir toelating tot programme by die Universiteit van Pretoria is veel

meer as die beskikbare studieplekke. Dit is daarom verstandig om ‘n tweede studiekeuse op die Aanlynaansoek aan te dui.

� Voornemende studente se voorkeurprogramme moet aangedui word as hulle eerste studiekeuse.

� Aansoekers wie se aansoeke vir hulle eerste studiekeuses onsuksesvol is, sal outomaties oorweeg word vir toelating in hulle tweede studiekeuse program.

� Vir voorgestelde tweedekeuseprogramme wat in die eerste studiejaar ‘n kans vir heroorweging na die aansoeker se eerste studiekeuse kan bied, verwys na die fakulteitstabelle.

� Die tweedekeuses is bloot voorstelle en moet nie as verpligte tweedekeuses beskou word nie.

� Onthou dat toelating tot jou tweedekeuse program nie latere toelating tot jou eerstekeuse program waarborg nie.

Sluitingsdatums word aangedui deur middel van ‘n rooi voetnotanommer wat langs die naam van die program verskyn. Verwys na die datums onderaan die tabelle op elke bladsy.

3. Voorgraadse programme

Sluitingsdatums: SA – 31 Mei • Nie-SA – 31 Mei SA – 30 Junie • Nie-SA – 30 Junie SA – 30 September • Nie-SA – 31 Augustus 1 2 3

* Cambridge A-level-kandidate wat ten minste ‘n D in die vereiste vakke behaal het, sal oorweeg word vir toelating. International Baccalaureate (IB) HL-kandidate wat ten minste ‘n 4 in die vereiste vakke behaal het, sal oorweeg word vir toelating.

Fakulteit Gesondheidswetenskappe

Belangrike inligting met betrekking tot voorgraadse programme vir 2019

� Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat in besit is van ‘n sertifikaat wat deur die Universiteit beskou word as ekwivalent aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met universiteitsvrystelling, ‘n kandidaat wat aan ‘n ander tersiêre instelling gegradueer het of aan wie die status van ‘n gegradueerde van sodanige instelling toegeken is, ‘n kandidaat wat aan ‘n ander fakulteit aan die Universiteit van Pretoria gegradueer het en ‘n kandidaat wat tans op universiteit is.

� Toelating tot Gesondheidswetenskappeprogramme is onderhewig aan ‘n keuringsproses.

� Graad 11 se finale eksamenuitslae, die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) se uitslae en ‘n Toegevoegdewaarde-vraelys sal vir die voorlopige toelating van voornemende studente gebruik word.

� Die som van die uitslae van ses vakke, waaronder Engels, Wiskunde en Fisiese Wetenskap, word vir keuringsdoeleindes bereken.

� Lewensoriëntering word van die Toelatingspunttelling (TPT)-berekening uitgesluit.� Aansoeke van internasionale kandidate wat van lande kom met mediese

opleidingskole sal nie oorweeg word vir plasing in die MBChB-program nie, behalwe waar interregeringsooreenkomste in plek is.

� Kandidate, neem asseblief kennis dat jou TPT nie met meer as twee punte mag daal in die uitslae van jou finale skooleksamen nie ten einde jou voorlopige toelating te behou.

� LET DAAROP dat voldoening aan die minimum toelatingsvereistes nie noodwendig toelating tot enige program in hierdie Fakulteit waarborg nie.

� Navrae oor keuring kan gerig word aan [email protected].

Universiteit van Pretoria-webwerf www.up.ac.za/healthNasionale Normtoets (National Benchmark Test)-webwerf www.nbt.ac.za

Programme

Minimum vereistes vir 2019

Prestasievlak*

TPTEngels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde Fisiese Wetenskap

NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level

Skool vir Tandheelkunde

BChD – Baccalaureus Chirurgiae Dentium 1[5 jaar]

5 C 5 C 5 C 35

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BChD is BSc (Biologiese Wetenskappe).

Keuring is gebaseer op Graad 11-uitslae, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys.Beroepe: Tandartse, spesialiste, akademici en navorsers

BMH – Baccalaureus in Mondhigiëne 1[3 jaar]

4 D 4 D 4 D 25

Vir advies oor ‘n tweedekeuseprogram, raadpleeg asseblief ‘n Studente-adviseur by +27 (0)12 420 5144.

Keuring is gebaseer op Graad 11-uitslae en die NBT.Beroep: Mondhigiëniste

Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe

BDieetkunde – Baccalaureus in Dieetkunde 1[4 jaar]

4 D 4 D 4 D 25

Vir advies oor ‘n tweedekeuseprogram, raadpleeg asseblief ‘n Studente-adviseur by +27 (0)12 420 5144.

Keuring is gebaseer op Graad 11-uitslae, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys.Beroep: Dieetkundiges

BVerpl – Baccalaureus in Verpleegkunde 1[4 jaar]

4 D - - 28

Vir advies oor ‘n tweedekeuseprogram, raadpleeg asseblief ‘n Studente-adviseur by +27 (0)12 420 5144.

Keuring is gebaseer op Graad 11-uitslae, die NBT, die Toegevoegdewaarde-vraelys en ‘n onderhoud.Wiskunde, Fisiese Wetenskap en Lewenswetenskappe is nie verpligte vakke nie, maar sal ‘n voordeel wees vir keuringsdoeleindes. Beroepe: Algemene verpleegkunde, psigiatriese verpleegkunde, verloskunde (vroedvroue) en gemeenskaps-verpleegkunde

Programme

Minimum vereistes vir 2019

Prestasievlak*

TPTEngels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde Fisiese Wetenskap

NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level

BArb – Baccalaureus in Arbeidsterapie 1[4 jaar]

4 D 4 D 4 D 30

Vir advies oor ‘n tweedekeuseprogram, raadpleeg asseblief ‘n Studente-adviseur by +27 (0)12 420 5144.

Keuring is gebaseer op Graad 11-uitslae, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys.Beroepe: Arbeidsterapeute, akademici en navorsers

BFisio – Baccalaureus in Fisioterapie 1[4 jaar]

4 D 4 D 4 D 30

Vir advies oor ‘n tweedekeuseprogram, raadpleeg asseblief ‘n Studente-adviseur by +27 (0)12 420 5144.

Keuring is gebaseer op Graad 11-uitslae, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys.Beroepe: Fisioterapeute, akademici en navorsers

BRad – Baccalaureus in Radiografie 1[3 jaar]

4 D 4 D 4 D 25

Vir advies oor ‘n tweedekeuseprogram, raadpleeg asseblief ‘n Studente-adviseur by +27 (0)12 420 5144.

Keuring is gebaseer op Graad 11-uitslae, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Daar word aanbeveel dat voornemende studente vir BRad Lewenswetenskappe neem, maar hierdie vak is nie verpligtend nie.Beroepe: Radiografiste, akademici en navorsers

Skool vir Geneeskunde

BKMP – Baccalaureus in Kliniese Mediese Praktyk 1[3 jaar]

4 D 4 D - 25

Vir advies oor ‘n tweedekeuseprogram, raadpleeg asseblief ‘n Studente-adviseur by +27 (0)12 420 5144.

Keuring is gebaseer op Graad 11-uitslae en die Biografiese-inligtingsvorm. Fisiese Wetenskap en Lewens-wetenskappe is nie verpligte vakke nie, maar sal tot voordeel van kandidate strek vir keuringsdoeleindes.Beroepe: Kliniese mediese praktisyns, akademici en navorsers

MBChB – Baccalaureus in Geneeskunde en Snykunde 1[6 jaar]

5 C 5 C 5 C 35

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir MBChB is BSc (Biologiese Wetenskappe). ‘n Beperkte aantal plekke is beskikbaar vir keuring na die eerste semester.

Keuring is gebaseer op Graad 11-uitslae, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys.Beroepe: Algemene mediese praktisyns, spesialiste (na nagraadse opleiding)

BSportSci – Baccalaureus in Sportwetenskap 1[3 jaar]

5 C 5 C

of Lewenswetenskappe 30

5 C

Vir advies oor ‘n tweedekeuseprogram, raadpleeg asseblief ‘n Studente-adviseur by +27 (0)12 420 5144.

Keuring is gebaseer op Graad-11 resultate, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys.Beroepe: Dit berei studente voor om met bekwaamheid te werk in die gesondheids-, sport- en fiksheidsbedryf. Dit is ‘n voorvereiste om aansoek te kan doen vir die BSc-Honneursprogramme in Sportwetenskap of Biokinetika.

Page 7: 2019 - UP Brochures 2015 201… · 3 Voorgraadseprograminligting 2019 Lees asseblief deur al die stappe hieronder om vas te stel watter van die stappe relevant is vir jou aansoek

Universiteit van Pretoria 6

Sluitingsdatums: SA – 31 Mei • Nie-SA – 31 Mei SA – 30 Junie • Nie-SA – 30 Junie SA – 30 September • Nie-SA – 31 Augustus 1 2 3

* Cambridge A-level-kandidate wat ten minste ‘n D in die vereiste vakke behaal het, sal oorweeg word vir toelating. International Baccalaureate (IB) HL-kandidate wat ten minste ‘n 4 in die vereiste vakke behaal het, sal oorweeg word vir toelating.

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Belangrike inligting met betrekking tot voorgraadse programme vir 2019

� Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.

� Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.

Universiteit van Pretoria-webwerf www.up.ac.za/ebwNasionale Normtoets (National Benchmark Test)-webwerf www.nbt.ac.za

Programme

Minimum vereistes vir 2019

Prestasievlak*

TPTEngels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level

BCom (Rekeningkundige Wetenskappe) 3[3 jaar] 5 C 6 B 34

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BCom (Rekeningkundige Wetenskappe) is BCom en BCom (Finansiële Wetenskappe).

Beroepe: Eerste stap tot kwalifisering as geoktrooieerde rekenmeesters, eksterne ouditeurs, belastingpraktisyns en -adviseurs, en finansiële direkteurs of bestuurders

BCom (Beleggingsbestuur) 3[3 jaar] 5 C 6 B 34

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BCom (Beleggingsbestuur) is BCom, BCom (Finansiële Wetenskappe) en BCom (Ekonomie).

Beroepe: Fondsbestuurders, beleggingsadviseurs, finansiële adviseurs, bestuurskonsultante, aandelemakelaars, beleggingsanaliste en beleggingsbankiers

BCom (Finansiële Wetenskappe) 3[3 jaar] 5 C 5 C 32

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BCom (Finansiële Wetenskappe) is BCom.

Beroepe gefokus op:Finansiële rekeningkunde: Finansiële boekhouers, kredietkontroleurs, SAIPA (Suid-Afrikaanse Instituut vir Professionele Rekenmeesters) en ACCA (Vereniging vir Geoktrooieerde Gesertifiseerde Rekenmeesters)Finansiële bestuur: Bestuursrekenmeesters, bestuurskonsultante, finansiële adviseurs, kosterekenmeesters en finansiële bestuurdersBelasting: Belastingadviseurs, belastingouditeurs in openbare praktyk, belastingbeleidsontwerpers, belastingpraktisyns, belastingnakomingsbestuurders, SARS-ouditeurs en belastingrisikobestuurdersInterne ouditkunde: Interne ouditeurs, risikobeamptes, forensiese ouditeurs, rekenaarouditeurs, prestasieouditeurs, omgewingsouditeurs, nakomingsbeamptes, staatsouditeurs en korporatiewebeheerouditeurs

BCom (Ekonometrie) 3[3 jaar] 5 C 6 B 32

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BCom (Ekonometrie) is BCom, BCom (Statistiek) en BCom (Ekonomie).

Beroepe: Ekonometrici word plaaslik en internasionaal in diens geneem deur die regering, die sentrale bank, privaat en kommersiële banke, leidinggewende aandelemakelaars en konsultante. Posisies sluit analiste, konsultante, navorsers, handelaars of makelaars en akademici in. Die werk behels meestal statistiese ontleding (vooruitskatting, strukturele en beleidsanalise) van ekonomiese en finansiële markte en interverwantskappe.

BCom (Ekonomie) 3[3 jaar] 5 C 5 C 32

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BCom (Ekonomie) is BCom en BCom (Statistiek).

Beroepe: Ekonome kan spesialiseer in bankwese, owerheidsekonomie, internasionale handel en investering of ekonomiese ontwikkeling. Ekonome word plaaslik en internasionaal aangestel deur die regering, die sentrale bank, privaat en kommersiële banke, aandelemarkfirmas en konsultasiemaatskappye. Posisies sluit analiste, konsultante, navorsers, makelaars en akademici in.

BCom (Regte) 3[3 jaar] 5 C 5 C 32

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BCom (Regte) is BA (Regte) en LLB.

Beroepe: Eerste stap tot prokureurs, regsadviseurs, advokate, aanklaers, voorsittende beamptes (landdroste of regters) en regsakademici

BCom (Statistiek) 3[3 jaar] 5 C 5 C 32

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BCom (Statistiek) is BCom.

Beroepe: Datawetenskaplikes, statistiese analiste in verskeie bedryfsektore, navorsers, konsultante en dosente

BCom (Informatika) 3Fokusarea: Inligtingstelsels[3 jaar]

5 C 4 D 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BCom (Informatika) is BCom.

Beroepe: Bestuurders in die inligtingtegnologie-omgewing, sagteware- of hardeware-ondersteuners, IT-stelselanaliste, finansiële-inligtingstelselanaliste, besigheidsontleders, inligtingfasiliteerders, IT-opleidingsbeamptes, stelselontwikkelaars en besigheidstelselanaliste

BCom (Agribesigheidsbestuur) 3[3 jaar] 5 C 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BCom (Agribesigheidsbestuur) is BCom.

Beroepe: Landbou-ekonome en agribesgiheidbestuurders by handelsbanke, agribesighede en ander landbou- en voedselondernemings, kommoditeitshandelaars op termynmarkte op afgeleide instrumente, verskaffingsorganisasies, konsultante, waardeerders, navorsers en beleidsmakers. As bestuurders en projekleiers by bostaande ondernemings

Programme

Minimum vereistes vir 2019

Prestasievlak*

TPTEngels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level

BCom 3[3 jaar] 5 C 4 D 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BCom is enige ander BCom-graad asook die BCom – Verlengde program wat deur die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aangebied word.

Beroepe: Hierdie graad lei nie na ‘n spesifieke beroepsuitkoms nie. Studente word egter in staat gestel om hulle eie kurrikulum saam te stel met die oog op beroepsgeleenthede in alle sektore. Die graad bied dus geleenthede om, binne perke, ‘n eie beroepsuitkoms te bepaal.

BCom (Ondernemingsbestuur) 3[3 jaar] 5 C 4 D 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BCom (Ondernemingsbestuur) is BCom en BCom (Voorsieningskettingbestuur).

Let wel: Die leergang is onderworpe aan verandering.Beroepe: ‘n Verskeidenheid geleenthede in administrasie, finansies, bemarking en menslikehulpbronbestuur. Dit sluit onderwysers, dosente, algemene bestuurders en bestuurskonsultante in.

BCom (Voorsieningskettingbestuur) 3[3 jaar] 5 C 4 D 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BCom (Voorsieningskettingbestuur) is BCom en BCom (Ondernemingsbestuur).

Beroepe: Die doel van hierdie program is om studente in voorsieningskettingbestuur toe te rus met die vermoë om deel te neem aan funksionele bestuur binne die konteks van ‘n geïntegreerde voorsieningsketting. Dit sluit die dissiplines van voorsienings-, produksie- en operasionele bestuur, pakhuis- en vervoerbestuur en voorsieningskettingstrategie in.

BCom (Bemarkingsbestuur) 3[3 jaar] 5 C 4 D 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BCom (Bemarkingsbestuur) is BCom en BCom (Ondernemingsbestuur).

Beroepe: Produkbestuur, kliëntediensbestuur, kliënteverhoudingbestuur, strategiese bemarkingsverkoopsbestuur, handelsnaambestuur, advertensiebestuur, mediabeplanning, bestuur van bemarkingsnavorsing en promosiebestuur

BCom (Menslikehulpbronbestuur) 3[3 jaar] 5 C 4 D 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BCom (Menslikehulpbronbestuur) is BCom en BCom (Ondernemingsbestuur).

Beroepe: Menslikehulpbronpraktisyns, menslikehulpbronkonsultante, mediators, arbeidsverhoudingspesialiste, menslikehulpbronbestuurders, personeelbestuurders, opleidingsbeamptes, onderhandelingsbeamptes, psigometriste en bedryfsielkundiges. In hul hoedanigheid as menslikehulpbronpraktisyns, sal gegradueerdes verantwoordelik wees vir onder meer die ontwikkeling van strategieë en beleid oor menslikehulpbronbestuur, beplanning vir menslike hulpbronne, werwing en keuring van werknemers, opleiding en ontwikkeling van personeellede, arbeidsverhoudinge en personeeladministrasie.

BCom – Verlengde program 3[4 jaar] 4 D 3 E 26

Vir advies oor ‘n tweedekeuseprogram, raadpleeg asseblief ‘n Studente-adviseur by +27 (0)12 420 5144.

Let wel: Die eerste studiejaar word op die Mamelodi-kampus aangebied. Toelating is onderworpe aan keuring. Beroepe: Beroepsgeleenthede word bepaal deur die student se keuse van studierigting in die tweede studiejaar.

BAdmin (Openbare Bestuur en Internasionale Verhoudings) 3[3 jaar]

5 C

Wis

kund

e 3

of

Wis

kund

ige

Gel

ette

rdhe

id 4

D 28

Vir advies oor ‘n tweedekeuseprogram, raadpleeg asseblief ‘n Studente-adviseur by +27 (0)12 420 5144.

Beroepe: Diplomate, staatsamptenare en politieke analiste, bestuurders in die openbare sektor, plaaslike regering en die privaatsektor, nie-regeringsorganisasies, internasionale organisasies en ambassades. Gegradueerdes word dikwels in menslikehulpbronafdelings, beplanningsafdelings of algemene administratiewe afdelings aangestel.

LET WEL: Rekeningkunde is nie ‘n vakvereiste vir enige van die BCom en BAdmin-programme nie.

Page 8: 2019 - UP Brochures 2015 201… · 3 Voorgraadseprograminligting 2019 Lees asseblief deur al die stappe hieronder om vas te stel watter van die stappe relevant is vir jou aansoek

7 Voorgraadseprograminligting 2019

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Belangrike inligting met betrekking tot voorgraadse programme vir 2019

� Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.

� Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.� Graad 11-uitslae word gebruik vir die voorwaardelike toelating van voornemende

studente.� ‘n Geldige kwalifikasie met toelating vir graadstudies word vereis.� Minimum vak- en prestasievereistes, soos hieronder uiteengesit, word vereis. � Voorwaardelike toelating tot die vierjaarprogram in die Skool vir Ingenieurswese is

alleenlik gewaarborg indien voornemende studente aan AL die vereistes hieronder voldoen. Let wel: Kandidate wat nie aan die minimum vereistes soos hierbo uiteengesit voldoen nie, maar ‘n minimum TPT van 30, ‘n prestasievlak van 5 vir Engels, 6 vir Wiskunde en 5 vir Fisiese Wetenskap behaal het, sal oorweeg word vir voorwaardelike toelating tot óf die vierjaarprogram óf die ENGAGE-program op grond van die uitslae van die verpligte NBT.

� Toelating tot ENGAGE in die Skool vir Ingenieurswese sal bepaal word deur die uitslae van die NBT, die NSS en ‘n prestasievlak van 5 in Wiskunde en 4 in Fisiese Wetenskap, asook ‘n prestasievlak van 4 in Engels, tesame met ‘n TPT van 25.

� Studente mag direk aansoek doen om oorweeg te word vir die ENGAGE-program.� In 2019 sal die taalmedium vir onderrig slegs Engels wees.

Universiteit van Pretoria-webwerf www.up.ac.za/ebitNasionale Normtoets (National Benchmark Test)-webwerf www.nbt.ac.za

ProgrammeMinimum vereistes vir 2019

Prestasievlak*

TPTSKOOL VIR INGENIEURSWESE

Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde Fisiese Wetenskap

NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level

BIng (Bedryfsingenieurs-wese) 3[4 jaar]

5 C 6 B 6 B 35

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BIng (Bedryfsingenieurswese) is BSc (Chemie), BSc (Wiskunde) en BSc (Fisika).

Beroepe: Bedryfsingenieurs ontwerp, toets, implementeer en bestuur mens-/masjiensisteme vir produksie- en diensstelsels van uiteenlopende aard. Die wye verskeidenheid organisasieprosesse wat geoptimeer moet word, sluit onder andere die vestiging en uitleg van fasiliteite, vervaardiging, voorraadhouding, materiaalhantering, logistieke steun, gehaltebestuur, kosteberekening, finansiële dienste, instandhouding, betroubaarheid, rekenaarsimulasie, inligtingstelsels, menslike hulpbronne en besigheidsreg in.

BIng (Chemiese Ingenieurswese) 3[4 jaar]

5 C 6 B 6 B 35

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BIng (Chemiese Ingenieurswese) is BSc (Chemie), BSc (Wiskunde) en BSc (Fisika).

Beroepe: Chemiese ingenieurs is betrokke by nywerheidsprosesse wat rou grondstowwe omskakel in produkte met ‘n hoër geldwaarde. Dit word gedoen deur middel van fisiese, chemiese, termiese, biochemiese en meganiese veranderings en prosesse. Chemiese ingenieurs wend hul gespesialiseerde kennis aan in die petroleum-, voedsel-, mineraalverwerkings-, kragopwekkings- en die papier- en pulpbedryf, water- en uitvloeiselbehandeling asook omgewingsingenieurswese-aktiwiteite, waaronder lugbesoedelingbeheer. Soos die geval met ander ingenieurswese-dissiplines, is chemiese ingenieurs gemoeid met navorsing en ontwikkeling, tegno-ekonomiese evaluering, toerusting- en aanlegontwerp, prosesbeheer en -optimering, konstruksie, aanlegbedryf en -bestuur, asook die bemarking en verspreiding van die finale produk.

BIng (Elektriese Ingenieurswese) 3[4 jaar]

5 C 6 B 6 B 35

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BIng (Elektriese Ingenieurswese) is BSc (Chemie), BSc (Wiskunde) en BSc (Fisika).

Beroepe: Elektriese ingenieurs werk met die opwekking, berging, transmissie, benutting en verspreiding van elektriese energie. Daar is ‘n puik toekoms vir ingenieurs in hernubare energie. Elektriese ingenieurs ontwerp, hou toesig oor die optimale werking en verseker die tydige instandhouding van alle elektriese installerings vir munisipaliteite, woongebiede, kommersiële geboue, fabrieke, myne en ander bedryfsektore. Spoorvervoer, waterpompstelsels, elektrisiteitsnetwerke, telekommunikasie, energiebestuur en ‘slim’- beligting is almal toepassingsgebiede vir elektriese ingenieurs.

ProgrammeMinimum vereistes vir 2019

Prestasievlak*

TPTSKOOL VIR INGENIEURSWESE

Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde Fisiese Wetenskap

NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level

BIng (Elektroniese Ingenieurswese) 3[4 jaar]

5 C 6 B 6 B 35

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BIng (Elektroniese Ingenieurswese) is BSc (Chemie), BSc (Wiskunde) en BSc (Fisika).

Beroepe: Elektroniese ingenieurs is aktief betrokke op alle gebiede, soos telekommunikasie (vaste netwerke, draadlose, satelliete-, televisie-, radar en radiofrekwensienetwerke), vermaaklikheid en medies (magnetiese resonansiebeelding, X-strale, kardiopulmonêre resussitasie, infrarooi-tomografie, elektroënkefalogram, elekrokardiogram (EKG), rehabilitasie-ingenieurswese en biokinetika), geïntegreerde stelselontwerp, bio-ingenieurswese, militêr (voertuigelektronika, slimbomme, nagvisie, laserstelsels), vervoer (e-skyfies), spoedmeting, spoorwegsinjalering, globale posisioneringstelsel (GPS) en kartering), veiligheids- en sekuriteitstelsels (gesig- en spraakherkenning), “smart dust”, banke (OTM), handel, robotika, onderwys, omgewingsbestuur, toerisme en vele meer.

BIng (Meganiese Ingenieurswese) 3[4 jaar]

5 C 6 B 6 B 35

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BIng (Meganiese Ingenieurswese) is BSc (Chemie), BSc (Wiskunde) en BSc (Fisika).

Beroepe: Meganiese en lugvaartkundige ingenieurs se werk het gewoonlik te doen met kragopwekkingstelsels of met voertuie, skepe, lugversorgers, korrelbedkernreaktors, vliegtuie, enjins en turbines, robotte en biomediese stelsels. Spesialiseringsrigtings sluit die volgende in: produkontwerp en produkvervaardiging (byvoorbeeld ontwerp, toetsing en verbetering van meganiese, elektriese, pneumatiese en hidroliese stelsels), mariene-ingenieurswese en skeepsargitektuur, lugvaartstelsels en vliegtuig-/missielingenieurswese, voertuigingenieurswese, biomediese ingenieurswese, lugreëlings- en verkoelingsingenieurswese, instandhoudingsingenieurswese en energiebestuur (byvoorbeeld gas- en stoomturbines, kernkragreaktors, petrolenjins, koeltorings en hernubare energiestelsels).

BIng (Metallurgiese Ingenieurswese) 3[4 jaar]

5 C 6 B 6 B 35

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BIng (Metallurgiese Ingenieurswese) is BSc (Chemie), BSc (Wiskunde) en BSc (Fisika).

Beroepe: Metallurgiese ingenieurs ontgin die rykdom van afsettings van metaalertse, steenkool en diamante en optimeer die vervaardiging van metaalonderdele. Hulle werk in aanlegte waar waardevolle minerale uit erts herwin word, waar metaal uit die minerale vervaardig word en waar die metale in nuttige materiale, soos staal of aluminium, omskep word. Beroepe sluit produksie-ingenieurs, aanlegbestuurders, konsultante en navorsers in.

BIng (Mynbou-ingenieurswese) 3[4 jaar]

5 C 6 B 6 B 35

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BIng (Mynbou-ingenieurswese) is BSc (Chemie), BSc (Wiskunde) en BSc (Fisika).

Beroepe: ‘n Groot verskeidenheid geleenthede is beskikbaar vir mynbou-ingenieurs, byvoorbeeld mynbou (mynbestuur, tegniese bestuur van ventilasie, rotsmeganika, rotsbrekery en minerale hulpbronne), finansiële evaluering en bestuur (mynontwerp, finansiële evaluerings by myne, mynbou-uitvoerbaarheidstudies, omgewingimpakevaluerings by myne), mynbou- en boorkontrakwerk (mynbou, tonnelbou, skagsinking, mynontwikkeling, ertsevaluering), mynbounavorsing, mynbou-toerustingontwerp en -vervaardiging, mynboubemarking en mynbouadministrasie op nasionale, provinsiale of internasionale vlak.

BIng (Rekenaar-ingenieurswese) 3[4 jaar]

5 C 6 B 6 B 35

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BIng (Rekenaaringenieurswese) is BSc (Chemie), BSc (Wiskunde) en BSc (Fisika).

Beroepe: Rekenaaringenieurs werk op alle vakgebiede van die inligtingsnelweg (“information superhighway”) en die wêreld van inligting- en kommunikasietegnologie (IKT). Dit omvat rekenaarstelsels, sagteware-ingenieurswese, rekenaar- en kommunikasienetwerke, draadlose sensornetwerke, ingeboude programmatuur, elektronika, slim beheerstelsels en outomatisering, datasekuriteit, e-handel, patroonherkenning (gesig- en spraakherkenning), en kunsmatige intelligensie. Hulle spesialiseer in die kombinering van hardeware, sagteware en kommunikasietegnologieë om stelselwerkverrigting te optimeer.

BIng (Siviele Ingenieurswese) 3[4 jaar]

5 C 6 B 6 B 35

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BIng (Siviele Ingenieurswese) is BSc (Chemie), BSc (Wiskunde) en BSc (Fisika).

Beroepe: Siviele ingenieursontwerp, bou en onderhou konstruksies soos toringblokke en wolkekrabbers, damme, kanale en pypleidings, paaie, brûe, tonnels, spoorlyne en lughawens, kragstasies en televisietorings, waterwerke en uitloopwerke. Hulle is betrokke by finansiële modellering, uitvoerbaarheidstudies van projekte en die bestuur en rehabilitasie van groot bateportefeuljes.

Aanvullende Graadprogram in Ingenieurswese (Engineering Augmented Degree Programme – ENGAGE) 3[5 jaar]

4 D 5 C 4 D 25

Vir advies oor ‘n tweedekeuseprogram, raadpleeg asseblief ‘n Studente-adviseur by +27 (0)12 420 5144.

Kandidate wat nie aan die minimum vereistes soos bo genoem voldoen nie, maar aan hierdie vereistes voldoen, moet die NBT skryf.

* Cambridge A-level-kandidate wat ten minste ‘n D in die vereiste vakke behaal het, sal oorweeg word vir toelating. International Baccalaureate (IB) HL-kandidate wat ten minste ‘n 4 in die vereiste vakke behaal het, sal oorweeg word vir toelating.

Sluitingsdatums: SA – 31 Mei • Nie-SA – 31 Mei SA – 30 Junie • Nie-SA – 30 Junie SA – 30 September • Nie-SA – 31 Augustus 1 2 3

Page 9: 2019 - UP Brochures 2015 201… · 3 Voorgraadseprograminligting 2019 Lees asseblief deur al die stappe hieronder om vas te stel watter van die stappe relevant is vir jou aansoek

Universiteit van Pretoria 8

* Cambridge A-level-kandidate wat ten minste ‘n D in die vereiste vakke behaal het, sal oorweeg word vir toelating. International Baccalaureate (IB) HL-kandidate wat ten minste ‘n 4 in die vereiste vakke behaal het, sal oorweeg word vir toelating.

ProgrammeMinimum vereistes vir 2019

Prestasievlak*

TPTSKOOL VIR DIE BOU-OMGEWING

Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde Fisiese Wetenskap

NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level

BSc (Argitektuur) 1[3 jaar] 5 C 4 D 4 D 27

Vir advies oor ‘n tweedekeuseprogram, raadpleeg asseblief ‘n Studente-adviseur by +27 (0)12 420 5144.

Sal slegs oorweeg word as eerste studiekeuseKeuringsprogram: Keuring sluit ‘n onderhoud in.Beroepe: Die BSc (Argitektuur)-graadprogram stel gegradueerdes in staat om as kandidaat-argitekstegnoloë by die Suid-Afrikaanse Raad vir die Argitektuurprofessie (SACAP) te registreer. Hierdie kwalifikasie is die eerste stap tot toekomstige registrasie as kandidaat- senior argitekstegnoloë of kandidaat-argitekte.

BSc (Binne-argitektuur) 1[3 jaar] 5 C 4 D 4 D 27

Vir advies oor ‘n tweedekeuseprogram, raadpleeg asseblief ‘n Studente-adviseur by +27 (0)12 420 5144.

Sal slegs oorweeg word as eerste studiekeuse. Keuringsprogram: Keuring sluit ‘n onderhoud in.Beroepe: Die BSc (Binne-argitektuur)-graadprogram stel gegradueerdes in staat om as kandidaat-binne-ontwerper by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Binne-ontwerpberoepe (IID) te registreer. Hierdie kwalifikasie is die eerste stap tot toekomstige registrasie as kandidaat- senior binne-ontwerper of kandidaat-binne-argitek.

BSc (Landskap-argitektuur) 1[3 jaar]

5 C 4 D

of Geografie of Lewenswetenskappe 27

4 D

Vir advies oor ‘n tweedekeuseprogram, raadpleeg asseblief ‘n Studente-adviseur by +27 (0)12 420 5144.

Keuringsprogram: Keuring sluit ‘n onderhoud in.Beroepe: Die BSc (Landskapargitektuur)-graadprogram stel gegradueerdes in staat om as kandidaat-landskapargitekstegnoloë by die Suid-Afrikaanse Raad vir die Landskap-argitektuurprofessie (SACLAP) te registreer. Hierdie kwalifikasie is die eerste stap tot toekomstige registrasie as kandidaat-landskapargitekte.

BSc (Konstruksie-bestuur) 2[3 jaar]

5 C 5 Cof Rekeningkunde

304 D

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BSc (Konstruksiebestuur) is BSc (Eiendomswese).

Keuringsprogram Beroepe: Na voltooiing van die drie jaar lange voorgraadse program, kan gegradueerdes toetree tot konstruksieterreinbestuur en subkontrakteurswerk. Na voltooiing van die daaropvolgende honneursprogram van een jaar, is gegradueerdes in staat om as professionele konstruksiebestuurders te registreer met heelwat meer geleenthede in projekbestuur, eiendomsontwikkeling, portefeuljebestuur, kommersiële bemarking en bestuursposte in die korporatiewe omgewing.

BSc (Eiendomswese) 2[3 jaar] 5 C 5 C

of Rekeningkunde30

4 D

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BSc (Eiendomswese) is BCom (Beleggingsbestuur).

KeuringsprogramBeroepe: Benewens ‘n toekoms in rigtings soos eiendomsbelegging, eiendomsfinansiering of fasiliteits- en eiendomsbestuur, kan verdere studie vir ‘n honneursgraad in eiendomswese ook lei tot registrasie as professionele eiendomswaardeerder. Loopbaangeleenthede strek oor die totale spektrum van die eiendomsbedryf, hetsy as entrepreneurs in die privaat sektor of as werknemers in die privaat, staat-, of semi-staatsektore.

BSc (Bourekenkunde) 2[3 jaar] 5 C 5 C

of Rekeningkunde30

4 D

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BSc (Bourekenkunde) is BSc (Konstruksiebestuur) en BSc (Eiendomswese).

Keuringsprogram Beroepe: Bourekenkunde is die wetenskap wat gespesialiseerde finansiële en kontraktuele dienste en advies aan kliënte in die bou- of konstruksiebedryf en ander verwante bedryfsektore beskikbaar stel. Die driejaarlange voorgraadse program is die eerste stap tot registrasie as bourekenaars. Die daaropvolgende honneursprogram van een jaar lei tot registrasie as kandidaat- professionele bourekenaars. Benewens loopbaangeleenthede in die privaat, staat- of semi-staatsektore, bied die eiendoms-, mynbou-, bank- en vervaardigingsbedryfsektore ook geleenthede.

BS&S – Baccalaureus in Stads- en Streekbeplanning 3[4 jaar]

5 C 4 D - 27

Vir advies oor ‘n tweedekeuseprogram, raadpleeg asseblief ‘n Studente-adviseur by +27 (0)12 420 5144.

Keuringsprogram Beroepe: Stads- en Streekbeplanners, ontwikkelingspraktisyns, stedelike bestuurders, eiendomsanaliste en navorsers. Terwyl die meeste Stads- en Streekbeplanners as privaat konsultante vir die openbare en privaat sektore optree, word hulle ook deur al drie vlakke van die regering, navorsingsinstellings soos die Wetenskap- en Nywerheidsnavorsingraad (WNNR) en die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN), nie-regeringsorganisasies, gemeenskapsgebaseerde organisasies, groot finansiële instellings en eiendomsontwikkelingsgroepe in diens geneem. Die kwalifikasie sal gegradueerdes in staat stel om as professionele Stads- en Streekbeplanners by die Suid-Afrikaanse Raad vir Beplanners te registreer.

ProgrammeMinimum vereistes vir 2019

Prestasievlak*

TPTSKOOL VIR INLIGTINGTEGNOLOGIE

Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level

BIT – Baccalaureus in Inligtingtegnologie 3[4 jaar]

5 C 5 C

30(26–29

toelating gebaseer op die NBT)

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir die BIT – Baccalaureus in Inligtingtegnologie is BSc (Rekenaarwetenskap), BIS (Multimedia) en BCom (Informatika).

Indien ‘n kandidaat ‘n TPT van 26 tot 29 behaal, sal toelating oorweeg word op grond van die uitslae van die NBT, mits die kwotas vir studentegetalle nog nie bereik is nie. Beroepe: Inligtingtegnoloë, programmeerders, stelselanaliste, rekenaarkonsultante en aankopers van hardeware en sagteware. Die program verskaf kennis en begrip van die teorie en praktyk van programmering en sagteware-ingenieurswese; die teorie en praktyk van die goedkeuring en gebruik van inligtingstelsels in sake-ondernemings; aspekte van die inwinning, herwinning, organisasie, bestuur en gebruik van inligting; filosofie, taal en wiskunde.

BSc (Rekenaarwetenskap) 3[3 jaar] 5 C 5 C

30(26–29

toelating gebaseer op die NBT)

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BSc (Rekenaarwetenskap) is BSc (Inligting- en Kennisstelsels) en BCom (Informatika).

Indien ‘n kandidaat ‘n TPT van 26 tot 29 behaal, sal toelating oorweeg word op grond van die uitslae van die NBT, mits die kwotas vir studentegetalle nog nie bereik is nie.Beroepe: Programmeerders, stelselanaliste, stelselargitekte, konsultante, databasisadministreerders, netwerkanaliste en navorsers.

BIS (Multimedia) 3[3 jaar] 4 D 5 C

30(26–29

toelating gebaseer op die NBT)

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BIS (Multimedia) is BIS (Inligtingkunde), BIS (Uitgewerswese), BSc (Inligting- en Kennisstelsels) en BCom (Informatika).

Indien ‘n kandidaat ‘n TPT van 26 tot 29 behaal, sal toelating oorweeg word op grond van die uitslae van die NBT, mits die kwotas vir studentegetalle nog nie bereik is nie.Beroepe: Programmeerders, webwerfontwerpers, animasiespesialiste, video-redigeerders, elektroniese kunstenaars. Die program berei kandidate voor om by enige van die volgende inhoudverskaffers te werk: gedrukte publikasies, televisie, radio, foontegnologieë en die web. Gegradueerdes kan programmeerders word en vir programmeringsmaatskappye gaan werk. Hulle kan vaardighede in hul besondere belangstellingsvelde verwerf, byvoorbeeld digitale musiek of video, programmering, grafiese ontwikkeling, die ontwikkeling van speletjies, of webontwikkeling.

BSc (Inligting- en Kennisstelsels) 3[3 jaar] 4 D 5 C

30(26–29

toelating gebaseer op die NBT)

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BSc (Inligting- en Kennisstelsels) is BSc (Rekenaarwetenskap).

Indien ‘n kandidaat ‘n TPT van 26 tot 29 behaal, sal toelating oorweeg word op grond van die uitslae van die NBT, mits die kwotas vir studentegetalle nog nie bereik is nie.Beroepe: Gegradueerdes sal hulself onderskei in ‘n enkele toepassingsomgewing deur een van die volgende opsies te kies: Datawetenskap, Genetika, Geografiese Inligtingstelsels, IT en Organisasies, IT en Regsgeleerdheid, IT en Musiek of Programmatuurontwikkeling.

BIS (Inligtingkunde) 3[3 jaar] 4 D -

28(25–27

toelating gebaseer op die NBT)

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BSc (Inligtingkunde) is BIS (Uitgewerswese), BCom (Informatika) en BA.

Indien ‘n kandidaat ‘n TPT van 25 tot 27 behaal, sal toelating oorweeg word op grond van die uitslae van die NBT, mits die kwotas vir studentegetalle nog nie bereik is nie. ‘n Prestasievlak van 5 word vereis vir Wiskunde indien informatika gekies word as ‘n keusemodule op eerstejaarsvlak.Beroepe: Inligting- en kennisbestuurders (bestuur inligting- en kennisbronne), inligting- of e-handelspesialiste (organiseer inligting, spoor dit op en voeg waarde daaraan toe), inligtingkonsultante (verskaf advies oor inligtingsdienste en -stelsels), inligtingmakelaars (tree as infopreneurs op en koop en verkoop inligtingsprodukte en -dienste), stelselspesialiste, -ontleders of -tegnoloë (ontwikkel inligtingstelsels).

BIS (Uitgewerswese) 3[3 jaar] 5 C -

28(25–27

toelating gebaseer op die NBT)

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BIS (Uitgewerswese) is BIS (Inligtingkunde), BA (Tale) en BA.

Indien ‘n kandidaat ‘n TPT van 25 tot 27 behaal, sal toelating oorweeg word op grond van die uitslae van die NBT, mits die kwotas vir studentegetalle nog nie bereik is nie.Beroepe: Onder die intreevlak-beroepsgeleenthede is ondersteunende diens aan spesifieke rolspelers in die publiseringswaardeketting (byvoorbeeld die hoofde van uitgewerye, werwingsredakteurs, redakteurs, en produksie- of bemarkingsbestuurders), mark- of illustrasienavorsing, kopieregonderhandeling, redigering en proeflees, bemarking en promosies, verspreiding en aflewering.

BCom (Informatika) 3[3 jaar] 5 C 4 D 30

Hierdie program word deur die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe geadministreer.

Sluitingsdatums: SA – 31 Mei • Nie-SA – 31 Mei SA – 30 Junie • Nie-SA – 30 Junie SA – 30 September • Nie-SA – 31 Augustus 1 2 3

Page 10: 2019 - UP Brochures 2015 201… · 3 Voorgraadseprograminligting 2019 Lees asseblief deur al die stappe hieronder om vas te stel watter van die stappe relevant is vir jou aansoek

9 Voorgraadseprograminligting 2019

Fakulteit Geesteswetenskappe

Belangrike inligting met betrekking tot voorgraadse programme vir 2019

� Kandidate word aangeraai om vroeg aansoek te doen as gevolg van beperkte beskikbaarheid in alle programme. Sodra ‘n program sy volle kapasiteit bereik, sal aansoeke van die spesifieke program voor die amptelike sluitingsdatum sluit.

� Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: 1. ‘n Kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande

aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met universiteitstoelatingsendossement is; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander erkende tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit aan die Universiteit van Pretoria is

2. Kandidate wat die Nasionale Senior Sertifikaat voltooi het met toelating tot graadstudie of ‘n sertifikaat van voorwaardelike vrystelling op grond van ‘n kandidaat se nie-Suid-Afrikaanse (‘buitelandse’) kwalifikasies, die sogenaamde ‘Immigrante’ of ‘Buitelandse Voorwaardelike Vrystelling’. Die enigste voorwaarde vir die ‘Buitelandse Voorwaardelike Vrystelling’ wat aanvaar word, is ‘voltooiing van die graadkursus’. Die sertifikaat van vrystelling is verkrygbaar by ‘Universities South Africa’ (USAf). Volledige besonderhede is beskikbaar op die webwerf by mb.usaf.ac.za.

� Kandidate wat voldoen aan die minimum vakvereistes en prestasievlakke asook die TPT-vereistes van hierdie programme sal in die programme geplaas word, onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke. Bogenoemde is nie van toepassing op keuringsprogramme nie.

� Om toelating te behou, sal van leerders verwag word om ‘n TPT van minstens 28 in Graad 12 te behaal, behalwe BA (Spraak-Taalpatologie), BA (Oudiologie) en BSocSci (Filosofie, Politiek en Ekonomie). Die vereiste TPT vir hierdie drie programme is 32 ten einde toelating te behou. Voornemende studente aan wie reeds voorlopige toelating tot hierdie programme verleen is, maar ‘n TPT van 26 of 27 in Graad 12 behaal het, sal deur die Toelatingskomitee oorweeg word indien plekke beskikbaar is. Die Toelatingskomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe sal hierdie studente oorweeg sodra die uitslae van die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) beskikbaar is en afhangende van die beskikbaarheid van plekke. Die NBT is nie van toepassing op keuringsprogramme nie. Dit word van kandidate wat aansoek vir keuringsprogramme of BA (Regte) doen, verwag om aan die minimum toelatingsvereistes te voldoen.

� Aansoekers wat aan die minimum TPT vereiste voldoen, maar wat nie aan die vakvereistes voldoen nie, moet die NBT skryf.

� Die Fakulteit sal bevredigende prestasie in die NBT evalueer in die lig van sy verbintenis om te verseker dat ‘n toepaslike gedeelte van die aansoekers uit die benadeelde kategorie van die bevolking kom.

� Lewensoriëntering word uitgesluit in die berekening van die TPT.� Nie-NSS-kandidate wat reeds die ekwivalent van Graad 12 voltooi het, word

aangeraai om hul vrystellingsertifikate wat van USAf (www.usaf.ac.za) verkry is, saam met hul aansoeke in te dien.

� Nie-NSS-kandidate wat nie Engels as taal in Graad 12 het nie, word aangeraai om die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) te skryf of hul SAT-uitslae in te dien. Let asseblief daarop dat Engelse letterkunde nie as ‘n plaasvervanger vir Engelse taal beskou word nie.

Universiteit van Pretoria-webwerf www.up.ac.za/faculty-of-humanitiesNasionale Normtoets (National Benchmark Test)-webwerf www.nbt.ac.za

Program

Minimum vereistes vir 2019

Prestasievlak*

TPTEngels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

NSS/IEB AS-Level

BA – BACCALAUREUS ARTIUM

BA – Baccalaureus Artium 3[3 jaar] 5 C 30

Vir advies oor ‘n tweedekeuseprogram, raadpleeg asseblief ‘n Studente-adviseur by +27 (0)12 420 5144.

Daar word van kandidate verwag om ‘n TPT van minstens 28 in Graad 12 te behaal om toelating te behou. Beroepe: Studente wat die BA-program voltooi, het toegang tot ’n wye verskeidenheid beroepe. Baie van die beroepe wat onder ander programme aangedui is, kan ook aanbeveel word vir studente wat die BA-program kies, aangesien dit in baie gevalle moontlik is om dieselfde vakke as hoofvakke en keusemodules in hierdie program te kies as in die meer gestruktureerde programme. Studente moet by akademici van die Fakulteit aanklop vir raad hieroor.

LET WEL: Studente wat ’n beroep as sielkundige wil volg, moet die BA-program met sielkunde as hoofvak, asook die BSocSciHons (Sielkunde) en die MA (Kliniese- of Voorligtingsielkunde) suksesvol voltooi. Beroepe: Kliniese, voorligting- (sport en gemeenskap) en navorsingsielkundige, geregistreerde voorligter of geregistreerde psigometris.

Programme

Minimum vereistes vir 2019

Prestasievlak*

TPTWiskundeEngels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level

PROFESSIONELE PROGRAMME

SPRAAK-TAALPATOLOGIE EN OUDIOLOGIE

BA (Spraak-Taalpatologie) 2[4 jaar] 4 D 5 C 32

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BA (Spraak-Taalpatologie) is BA.

Departementele keuring is gebaseer op akademiese prestasie. Om toelating te behou, word daar van kandidate verwag om ’n TPT van minstens 32 in Graad 12 te behaal. Slegs 50 studente word toegelaat. Die voorlopige keuringsproses begin in Julie van die jaar wat die eerste studiejaar voorafgaan. Meer inligting kan van die programkoördineerder verkry word. Die eerste studiejaar vir Oudiologie en Spraak-Taalpatologie is dieselfde. Die keuse van Lewenswetenskappe word sterk aanbeveel. Die NBT is nie van toepassing op hierdie progam nie. LET WEL: Slegs studente wat hierdie program as hulle eerste keuse op die Aanlynaansoek aandui, sal oorweeg word.Beroepe as ʼn spraak-taalterapeut: Werk in die onderwys en buitengewone onderwys, hospitale, klinieke, plattelandse gemeenskappe, in privaat praktyke, die staat, millitêre- en akademiese instellings (onderrig en navorsing)

BA (Oudiologie) 2[4 jaar] 4 D 5 C 32

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BA (Oudiologie) is BA.

Departementele keuring is gebaseer op akademiese prestasie. Om toelating te behou, word daar van kandidate verwag om ’n TPT van minstens 32 in Graad 12 te behaal. Slegs 50 studente word toegelaat. Die voorlopige keuringsproses begin in Julie van die jaar wat die eerste studiejaar voorafgaan. Meer inligting kan van die programkoördineerder verkry word. Die eerste studiejaar vir Oudiologie en Spraak-Taalpatologie is dieselfde. Die keuse van Lewenswetenskappe word sterk aanbeveel. Die NBT is nie van toepassing op hierdie progam nie.LET WEL: Slegs studente wat hierdie program as hulle eerste keuse op die Aanlynaansoek aandui, sal oorweeg word.Beroepe as ʼn oudioloog: Diagnostiese en rehabilitasie-oudiologie, oudiometrie en gehoorterapie, werk in die onderwys, buitengewone onderwys, hospitale, klinieke, privaat praktyk, die staat, militêre- en akademiese instellings (onderrig en navorsing ) en industrieë

MAATSKAPLIKE WERK

BMW – Baccalaureus in Maatskaplike Werk 3[4 jaar] 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BMW – Baccalaureus in Maatskaplike Werk is BA.

Daar word van kandidate verwag om ‘n TPT van minstens 28 in Graad 12 te behaal om toelating te behou. Departementele keuring vind plaas aan die einde van die eerste jaar en is gebaseer op akademiese prestasie, aanlegtoets en ’n onderhoud.Beroep: Maatskaplike werker

REGTE

BA (Regte) 3[3 jaar] 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BA (Regte) is LLB, BCom (Regte) en BA.

Daar word van kandidate verwag om ‘n TPT van minstens 28 in Graad 12 te behaal om toelating te behou. Die NBT is nie van toepassing op hierdie program nie.Beroep: Prokureur (BA (Regte)-graad plus die LLB-graad word vereis)

GESPESIALISEERDE PROGRAMME

TALE

BA (Tale) 3[3 jaar] 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BA (Tale) is BA.

Daar word van kandidate verwag om ‘n TPT van minstens 28 in Graad 12 te behaal om toelating te behou.Beroepe: Reklamewese, mediawerk en kommunikasie, kopieskryf, kreatiewe skryfkuns, teks- en dokumentontwerp, redigering, taalbeplanning, taalonderrig en -opleiding, leksikografie (saamstel van woordeboeke), tegniese skryfwerk, skakelwese, teksontwerp, vertaling, uitgewerswese, diplomatieke sektor, toerisme. Daar word aanbeveel dat studente hul studies voortsit met die BAHons (Toegepaste Taalstudie) na voltooiing van die BA (Tale) ten einde bogenoemde beroepsrigtings (as taalpraktisyns) te volg en in hierdie studierigtings te spesialiseer. Studente kan ook toegerus word om tot die onderwysberoep toe te tree deur hul studies voort te sit by wyse van ’n Nagraadse Sertifikaat in Onderwys.

BEDRYFSOSIOLOGIE EN ARBEIDSTUDIES, ERFENIS- EN KULTUURTOERISME

BSocSci (Bedryfsosiologie en Arbeidstudies) 3[3 jaar] 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BSocSci (Bedrysosiologie en Arbeidstudies) is BA.

Daar word van kandidate verwag om ‘n TPT van minstens 28 in Graad 12 te behaal om toelating te behou.Beroepe: Arbeidsverhoudingepraktyk, arbitrasie, konflikbestuur en -oplossing, arbeidsadministrasie en -navorsing, genderkwessies en afdankings, werk vir staatsinstellings, semistaatsinstellings, die privaatsektor en vakbondorganisasies

BSocSci (Erfenis- en Kultuurtoerisme) 3[3 jaar] 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BSocSci (Erfenis- en Kultuurtoerisme) is BA.

Beroepe: Argivarisse, konsultante, museumkundiges (kurators, bestuurders), navorsers, onderwysers, toerleiers, toeroperateurs, toerentrepreneurs en erfenishulpbronbestuurders

FILOSOFIE, POLITIEK EN EKONOMIE [PPE]

BSocSci (Filosofie, Politiek en Ekonomie) [PPE] 3[3 jaar]

5 C 5 C 32

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BsocSci (Filosofie, Politiek en Ekonomie) is BPolSci (Internasionale Studies) en BPolSci (Politieke Studies).

Daar word van kandidate verwag om ‘n TPT van minstens 32 in Graad 12 te behaal om toelating te behou. Die NBT is nie van toepassing op hierdie program nie.Beroepe: Verleen aan studente toegang tot ‘n verskeidenheid beroepe verwant aan ekonomiese of politieke beleidsformulering, van joernalistiek tot beroepe in die diplomatieke diens

* Cambridge A-level-kandidate wat ten minste ‘n D in die vereiste vakke behaal het, sal oorweeg word vir toelating. International Baccalaureate (IB) HL-kandidate wat ten minste ‘n 4 in die vereiste vakke behaal het, sal oorweeg word vir toelating.

Sluitingsdatums: SA – 31 Mei • Nie-SA – 31 Mei SA – 30 Junie • Nie-SA – 30 Junie SA – 30 September • Nie-SA – 31 Augustus 1 2 3

Page 11: 2019 - UP Brochures 2015 201… · 3 Voorgraadseprograminligting 2019 Lees asseblief deur al die stappe hieronder om vas te stel watter van die stappe relevant is vir jou aansoek

Universiteit van Pretoria 10

Programme

Minimum vereistes vir 2019

Prestasievlak*

TPTEngels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

NSS/IEB AS-Level

GESPESIALISEERDE PROGRAMME (vervolg)

POLITIEKE WETENSKAPPE

BPolSci (Internasionale Studies) 3[3 jaar] 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BPolSci (Internasionale Studies) is BPolSci (Politieke Studies) en BA.

Daar word van kandidate verwag om ‘n TPT van minstens 28 in Graad 12 te behaal om toelating te behou.Beroepe: Internasionale betrekkinge, diplomatieke diens, politieke konsultasie, konflikoplossing, beleidsanalise, strategiese intelligensie, regeerkunde, internasionale politieke ekonomie, risikoanalise

BPolSci (Politieke Studies) 3[3 jaar] 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BPolSci (Politieke Studies) is BPolSci (Internasionale Studies) en BA.

Daar word van kandidate verwag om ‘n TPT van minstens 28 in Graad 12 te behaal om toelating te behou.Beroepe: Beleidsanalise en konsultasie, politieke analise en kommunikasie, regeerkunde, konflikoplossing, strategiese intelligensie, politieke ontwikkeling en mobilisasie, risikoanalise

BEELDENDE KUNSTE, INLIGTINGSONTWERP EN VISUELE STUDIES

BA (Beeldende Kunste) 2[4 jaar] 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BA (Beeldende Kunste) is BA (Visuele Studies).

Departementele keuring vir hierdie program bestaan uit ’n merietekeuringsproses en ’n finale keuringsproses, sowel as die indiening van ‘n vraelys en ‘n portefeulje van ten minste 20 werke wat jy onlangs gemaak het, wat teen 30 Junie by die Departement Visuele Kunste ingedien moet word. Jy moet ook teen 30 Junie ‘n datum vir die finale keuringsproses bespreek. Die finale keuringsproses bestaan uit ‘n onderhoud en keuringstoetse. As jy nie aan die voorleggingsvereistes voldoen nie, sal jy minstens een week voor die geskeduleerde finale keuringsdatum in kennis gestel word. As jy egter vir die finale keuringsrondte kwalifiseer, word jou bespreking outomaties bevestig. Die finale keuringsproses vind tydens Julie/Augustus plaas. Jy sal teen middel Augustus ingelig word oor die uitslae van die finale keuringsproses. Ongeveer 100 aansoekers sal genooi word om deel te neem aan die finale keuringsproses. Indien jy suksesvol is, sal daar van jou verwag word om ‘n TPT van minstens 28 in Graad 12 te behaal om toelating te behou. Die NBT is nie van toepassing op hierdie program nie.Beroepe: Galerybestuurders, kunsfasiliteerders, kunskonsultante/-adviseurs, kunsopvoedkundiges, kunstenaars in beeldende kunste, kunstenaars in nuwe media, kunstenaars in toegepaste kunste

BA (Inligtingsontwerp) 2[4 jaar] 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BA (Inligtingsontwerp) is BA (Visuele Studies).

Departementele keuring vir hierdie program bestaan uit ’n merietekeuringsproses en ’n finale keuringsproses, sowel as die indiening van ‘n vraelys en ‘n portefeulje van ten minste 20 werke wat jy onlangs gemaak het, wat teen 30 Junie by die Departement Visuele Kunste ingedien moet word. Jy moet ook teen 30 Junie ‘n datum vir die finale keuringsproses bespreek. Die finale keuringsproses bestaan uit ‘n onderhoud en keuringstoetse. As jy nie aan die voorleggingsvereistes voldoen nie, sal jy minstens een week voor die geskeduleerde finale keuringsdatum in kennis gestel word. As jy egter vir die finale keuringsrondte kwalifiseer, word jou bespreking outomaties bevestig. Die finale keuringsproses vind tydens Julie/Augustus plaas. Jy sal teen middel Augustus ingelig word oor die uitslae van die finale keuringsproses. Ongeveer 100 aansoekers sal genooi word om deel te neem aan die finale keuringsproses. Indien jy suksesvol is, sal daar van jou verwag word om ‘n TPT van minstens 28 in Graad 12 te behaal om toelating te behou. Die NBT is nie van toepassing op hierdie program nie.Beroepe: Animeerders, grafiese ontwerpers, illustreerders, interaktiewe ontwerpers, kommunikasie-ontwerpers, kunsdirekteure, mediaproduksiebestuurders, ontwerpbestuurders, ontwerpers van animasie- en bewegingsgrafika, ontwerpopvoedkundiges, reklame-ontwerpers, tipograwe vir reklame- en handelsmerkagentskappe, uitgewersindustrie, webontwerpmaatskappye, uitsaai- en animasie-ateljees, in-huis ontwerp vir groot maatskappye, die staat en semi-staatsinstellings, navorsing en opvoedkundige instellings, openbare betrekkinge en bemarkingsmaatskappye, ontwerpkonsultante, drukkers en produksiehuise; eienaars van privaat ateljees, of as vryskut ontwerpers

BA (Visuele Studies) 3[3 jaar] 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BA (Visuele Studies) is BA.

Daar word van kandidate verwag om ‘n TPT van minstens 28 in Graad 12 te behaal om toelating te behou.Beroepe: Kuns- en filmkritici, spesialiste in visuele kultuur, kuns- en kultuuropvoedkundiges, akademici, kunshistorici, kurators, visuele ontleders, visuele konsultante, media en kommunikasie-analiste, sosiale media koördineerders, galerybestuurders

MUSIEK EN DRAMA

BMus 2[4 jaar] 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BMus is BA.

Departementele keuring vind plaas aan die hand van ’n praktiese sang- of instrumentuitvoering van 15 minute lank, asook ’n teoretiese toets. Vereiste vakke: Musiek met minstens ʼn 4 (50-59%) as Graad 12-vak of Graad VII Prakties en Graad V Teorie (Unisa/Royal Schools/Trinity), asook kennis van musieknotasie. Studente wat voorlopig vir BMus gekeur is, moet ’n verdere praktiese keuringstoets aflê. Die datum vir dié keuring word in oorleg met die programkoördineerder bepaal. Indien jy gekeur word, sal daar van jou verwag word om ‘n TPT van minstens 28 in Graad 12 te behaal om toelating te behou. Die NBT is nie van toepassing op hierdie program nie.Beroepe: Musiekonderwysers, musiektegnoloë, solo- en/of kamermusiekkunstenaars en orkesmusici

BDram – Baccalaureus in Drama 2[3 jaar] 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BDram is BA.

Departementele keuring is gebaseer op ’n oudisie in Augustus van die jaar wat studente se eerste studiejaar voorafgaan. Indien jy gekeur word, sal daar van jou verwag word om ‘n TPT van minstens 28 in Graad 12 te behaal om toelating te behou. Die NBT is nie van toepassing op hierdie program nie.Beroepe: Akteurs (teater, film, televisie en radio), bewegingsteaterkunstenaars, teaterkritici, radio- en televisie-aanbieders, regisseurs, opvoedkundige teaterpraktisyns en -opvoeders, gemeenskapsteaterkunstenaars en -opvoeders, beligting- en klankoperateurs, stemkunstenaars, verhoog- en produksie-bestuurders, programfasiliteerders en -bestuurders, uitvoerende kunste-administrateurs, kamera-operateurs, dokumentêre filmvervaardigers, digitale en nuwe mediaverwerkers, dramaturge, draaiboekskrywers, toneelskeppers, film- en teaternavorsers

Fakulteit Veeartsenykunde

Belangrike inligting met betrekking tot voorgraadse programme vir 2019

� Die Fakulteit bied die volgende voorgraadse programme aan– Baccalaureus in Veeartsenykunde (BVSc)– Baccalaureus in Veterinêre Verpleging (BVetNurs)

� Beide voorgraadse programme in hierdie Fakulteit is onderworpe aan keuringsprosedures wat op akademiese meriete gebaseer is.

� Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: – Kandidate wat tans in Graad 12 is en wat aansoek doen met hulle finale

Graad 11-uitslae;– Kandidate wat Graad 12 voltooi het, maar nog nie met verdere studie begin

het nie;– ‘n Kandidaat wat in besit is van ‘n sertifikaat wat deur die Universiteit

van Pretoria erken word as gelykstaande aan ‘n Graad 12-sertifikaat met universiteitsvrystelling, gesertifiseer deur Universities South Africa (USAf);

– Kandidate wat tans met tersiêre opleiding besig is;– ‘n Kandidaat wat ‘n graduant is van ‘n ander tersiêre instelling of wat beskik oor

die status van ‘n graduant aan so ‘n instansie; en– ‘n Kandidaat wat ‘n graduant is van ‘n ander fakulteit aan die Universiteit van

Pretoria.� Om voorwaardelike toelating te behou moet kandidate voldoen aan die minimum

vakvereistes gebaseer op hulle finale skooljaar eksamenuitslae. � Lewensoriëntering word uitgesluit wanneer die TPT bereken word.

Let wel: Voldoening aan die minimum toelatingsvereistes waarborg nie toelating tot die BVSc- of BVetNurs-programme by die Universiteit van Pretoria nie.

Universiteit van Pretoria-webwerf www.veterinary.up.ac.zaNavrae [email protected]

Programme

Minimum vereistes vir 2019

Prestasievlak*

TPTEngels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde Fisiese Wetenskap

NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level

Baccalaureus in Veeartsenykunde (BVSc) 1[6 jaar]

5 C 5 C 5 C 32

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BVSc is BSc (Biologiese Wetenskappe), BSc (Dierkunde) en BScAgric (Veekunde)

Beroepe: Veeartse in ‘n privaat praktyk, navorsing, akademie of staatsveeartsenydienste. Veeartse kan ook op die volgende terreine werk: diagnostiese laboratoriums, veterinêre openbare gesondheid (melk- en vleishigiëne, beheer van die oordrag van siektes),tegniese dienste, navorsing en produkontwikkeling in farmaseutiese en voedselbedrywe, konsultasie, laboratoriumdierbestuur, natuurlewebestuur, pluimvee- en varkproduksie en dierewelsyn.

Baccalaureus in Veterinêre Verpleging (BVetNurs) 1[3 jaar]

4 D 4 D 4 D 28

Vir advies oor ‘n tweedekeuseprogram, raadpleeg asseblief ‘n Studente-adviseur by +27 (0)12 420 5144.

Beroepe: Veterinêre verpleegsters kan deur die volgende instellings in diens geneem word: privaat veterinêre praktyke, veterinêre akademiese hospitale, die farmaseutiese bedryf, die dierevoedselbedryf, dierewelsyn-verenigings, dieretuine, wildtuine, laboratoriumdiereenhede, rehabilitasiesentrums, navorsingsentrums, akkommodasie vir diere, georganiseerde landbou, melkerye en plaasbedrywighede

* Cambridge A-level-kandidate wat ten minste ‘n D in die vereiste vakke behaal het, sal oorweeg word vir toelating. International Baccalaureate (IB) HL-kandidate wat ten minste ‘n 4 in die vereiste vakke behaal het, sal oorweeg word vir toelating.

Sluitingsdatums: SA – 31 Mei • Nie-SA – 31 Mei SA – 30 Junie • Nie-SA – 30 Junie SA – 30 September • Nie-SA – 31 Augustus 1 2 3

Page 12: 2019 - UP Brochures 2015 201… · 3 Voorgraadseprograminligting 2019 Lees asseblief deur al die stappe hieronder om vas te stel watter van die stappe relevant is vir jou aansoek

11 Voorgraadseprograminligting 2019

Sluitingsdatums: SA – 31 Mei • Nie-SA – 31 Mei SA – 30 Junie • Nie-SA – 30 Junie SA – 30 September • Nie-SA – 31 Augustus 1 2 3

Fakulteit Teologie en Religie

Belangrike inligting met betrekking tot voorgraadse programme vir 2019

� Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.

� Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.

Universiteit van Pretoria-webwerf www.up.ac.za/teologieNasionale Normtoets (National Benchmark Test)-webwerf www.nbt.ac.za

Fakulteit Opvoedkunde

Belangrike inligting met betrekking tot voorgraadse programme vir 2019

� Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ’n kandidaat wat oor ’n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ’n kandidaat wat ’n gegradueerde van ’n ander tersiêre instelling is of die status van ’n gegradueerde van so ’n instelling geniet; en ’n kandidaat wat ’n gegradueerde van ’n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.

� Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT. � Voornemende studente met ’n TPT van 26-27 moet die Nasionale Normtoets

(National Benchmark Test – NBT) aflê. Finale toelating sal deur die Toelatingskomitee van die Fakulteit bepaal word, afhangende van die uitslag van die NBT.

� Sodra kandidate tot die BEd-graad toegelaat is, sal hulle in kennis gestel word dat hulle in Januarie van die volgende jaar by die Universiteit moet registreer. Dit is in ’n voornemende student se eie belang om so spoedig moontlik aansoek te doen, veral met betrekking tot finansiële bystand en/of koshuisverblyf.

Universiteit van Pretoria-webwerf www.up.ac.za/educationNasionale Normtoets (National Benchmark Test)-webwerf www.nbt.ac.za

Programme

Minimum vereistes vir 2019

Prestasievlak*

TPTEngels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

NSS/IEB AS-Level

BEd (Grondslagfase-onderwys) – Voorskool tot Graad 3 3[4 jaar] 4 D

28(26–27 toelating op grond van die NBT)

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BEd (Grondslagfase-onderwys) – Voorskool tot Graad 3 is enige ander BEd-program.

Beroepe: Onderwysers en opleidingsbeamptes in preprimêre of primêre skole

BEd (Intermediêrefase-onderwys) – Graad 4 tot 6 3[4 jaar] 4 D

28(26–27 toelating op grond van die NBT)

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BEd (Intermediêrefase-onderwys) – Voorskool Graad 4 tot 6 is enige ander BEd-program.

Beroepe: Onderwysers en opleidingsbeamptes in primêre skole

BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys) – Graad 7 tot 12 3[4 jaar]

‘n Addisionele vakvereiste vir keusemodules in ekonomiese en bestuurswetenskappe is Wiskunde, geslaag met ‘n prestasievlak van 4 (50%–59%) in Graad 12.

Addisionele vakvereistes vir keusemodules in natuurwetenskappe is Fisiese Wetenskap, geslaag met ‘n prestasievlak van 5 (60%–69%), en Wiskunde geslaag met ‘n prestasievlak van 5 (60%–69%) in Graad 12.

4 D28

(26–27 toelating op grond van die NBT)

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys) – Graad 7 tot 12 is enige ander BEd-program.

Beroepe: Onderwysers en opleidingsbeamptes in primêre of sekondêre skole

Hoër Sertifikaat in Sportwetenskaponderwys 3[1 jaar] 4 D 20

Vir advies oor ʼn tweedekeuseprogram, raadpleeg asseblief ʼn Studente-adviseur by +27 (0)12 420 5144.

Beroepe: Sportafrigting en die sport- en fiksheidsbedryf

Programme

Minimum vereistes vir 2019Prestasievlak*

TPTEngels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

NSS/IEB AS-LevelBDiv – Baccalaureus Divinitatis 3(vir toelating tot MDiv-studie)[4 jaar]

4 D25 (23–24

toelating op grond van die NBT)

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BDiv – Baccalaureus Divinitatis is BTh – Baccalaureus Theologiae en DipTh – Diploma in Teologie.Beroepe: Predikante, pastore, priesters, predikers in sekere denominasies, sendelinge en jeugwerkers. Ander moontlikhede sluit in etiekkonsultante in die sakewêreld. Teologiese studies kan verrykend wees vir mense in verskeie ander beroepe. Voornemende studente wat gelegitimeer of georden wil word, moet dit ook met hulle kerkleiers bespreek.

BTh – Baccalaureus Theologiae 3[3 jaar] 4 D

25 (23–24 toelating op grond

van die NBT)Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BTh – Baccalaureus Theologiae is DipTh – Diploma in Teologie.Beroepe: Predikante, pastore, priesters, predikers in sekere denominasies, sendelinge en jeugwerkers. Ander moontlikhede sluit in etiekkonsultante in die sakewêreld. Teologiese studies kan verrykend wees vir mense in verskeie ander beroepe. Voornemende studente wat gelegitimeer of georden wil word, moet dit ook met hulle kerkleiers bespreek.

DipTh – Diploma in Teologie 3[3 jaar] 3 E

22 (20–21 toelating op grond

van die NBT)Vir advies oor ‘n tweedekeuseprogram, raadpleeg asseblief ‘n Studente-adviseur by +27 (0)12 420 5144.Beroepe: Predikante, pastore, priesters, lekepredikers in sekere denominasies, sendelinge en jeugwerkers. Kandidate kan hulle kerkleiers raadpleeg oor die mees geskikte opsie. Die Diploma in Teologie is bedoel vir kandidate wat Graad 12 (of ekwivalent) voltooi het, maar sonder die universiteitstoelating wat normaalweg vereis word.

Fakulteit Regsgeleerdheid

Belangrike inligting met betrekking tot voorgraadse programme vir 2019

� Ten einde te kan registreer vir die graadprogramme moet NSS/IEB/Cambridge-kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir graadstudie asook die minimum vereistes van die betrokke program.

� Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die Toelatingspunttelling (TPT).

� Die volgende persone kan ook vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.

� Kandidate wat ‘n BA (Regte)- of BCom (Regte)-graad aan UP behaal het binne die minimum tydperk van drie jaar, sal nie aan ‘n keuringsproses onderwerp word nie en sal toegelaat word om outomaties vir die LLB-graad te registreer.

� Internasionale aansoekers met internasionale kwalifikasies– Aansoekers moet by die Matrikulasieraad van ‘Universities South Africa’

(www.universitiessa.ac.za/matriculation-board) vir ‘n sertifikaat van onvoorwaardelike vrystelling aansoek doen. Sodanige vrystelling moet aansoekvorms vergesel.

– Voorwaardelike vrystelling is nie genoegsaam vir toegang tot LLB-studies nie.– ‘n Minimum prestasievlak van 5 vir Engelse Grammatika en ‘n minimum TPT van

32 word vereis.– Aansoekers moet die resultate van ‘n SAT1 en/of TOEFL-toets indien sou die

Dekaan dit versoek.� Die LLB is ‘n voltydse vierjaarprogram. Studente word nie toegelaat om voltyds te

werk terwyl hulle geregistreer is vir LLB nie. � Slegs aansoekers wat voldoen aan al die toelatingsvereistes sal oorweeg word vir

toelating.

Universiteit van Pretoria-webwerf www.up.ac.za/regte

Programme

Minimum vereistes vir 2019

Prestasievlak*

TPTEngels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

NSS/IEB AS-Level

LLB 3[4 jaar] 5 C 32**

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir LLB is BA (Regte) en Bcom (Regte)

**Kandidate met ʼn TPT van 32 of hoër sal by ontvangs van hul aansoeke op ʼn deurlopende basis tot 30 September aanvaar word, of totdat alle beskikbare plekke opgeneem is. Kandidate met ʼn TPT van 38 of hoër, sal deurlopend aanvaar word tot en met registrasie in Januarie van die volgende akademiese jaar, ongeag die getal kandidate wat reeds aanvaar is.

Beroepe: Advocates, lawyers, prosecutors, magistrates, legal advisors and academics

Navrae ten opsigte van LLB-aansoeke:

Me Helen van Tonder(Fakulteit Regsgeleerdheid)

Tel +27 (0)12 420 4265E-pos [email protected]

BA (Regte) 3[3 jaar]

Navrae ten opsigte van BA (Regte)-aansoeke:Me Ntsiki Dhlamini (Fakulteit Geesteswetenskappe)Tel +27 (0)12 420 5039E-pos [email protected]

BCom (Regte) 3[3 jaar]

Navrae ten opsigte van BCom (Regte)-aansoeke:Mnr Johannes Ngobeni(Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)Tel +27 (0)12 420 5394E-pos [email protected]

* Cambridge A-level-kandidate wat ten minste ‘n D in die vereiste vakke behaal het, sal oorweeg word vir toelating. International Baccalaureate (IB) HL-kandidate wat ten minste ‘n 4 in die vereiste vakke behaal het, sal oorweeg word vir toelating.

Page 13: 2019 - UP Brochures 2015 201… · 3 Voorgraadseprograminligting 2019 Lees asseblief deur al die stappe hieronder om vas te stel watter van die stappe relevant is vir jou aansoek

Universiteit van Pretoria 12

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Belangrike inligting met betrekking tot voorgraadse programme vir 2019

� Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.

� Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die Toelatingspunttelling (TPT).

� Graad 11-uitslae word gebruik vir die voorwaardelike toelating van voornemende studente. Finale toelating word gebaseer op Graad 12-uitslae.

Universiteit van Pretoria-webwerf www.up.ac.za/nasNasionale Normtoets (National Benchmark Test)-webwerf www.nbt.ac.za

ProgrammeMinimum vereistes vir 2019

Prestasievlak*

TPTBIOLOGIESE WETENSKAPPE

Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde Fisiese Wetenskap

NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level

BSc (Biochemie) 3[3 jaar] 5 C 5 C 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BSc (Biochemie) is BSc (Biologiese Wetenskappe) en BSc (Chemie).

Beroepe: Biochemie bied baie geleenthede vir opwindende en uitdagende loopbane in die voedsel-, farmaseutiese, fyn chemikalieë en afvalverwerkingsbedrywe. Loopbaangeleenthede is moontlik by navorsingsrade, soos die Mediese Navorsingsraad (MNR), die Landbounavorsingsraad (LNR), die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) en die Waternavorsingskommissie (WNK), sowel as akademiese instellings, soos die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR), en forensiese en patologielaboratoriums. Verder is beroepe soos navorser, onderwyser, dosent en mediese verteenwoordiger ook opsies. Gegradueerdes is gemaklik in werksomgewings soos universiteite, navorsingsinstitute, farmaseutiese maatskappye, biotegnologiese maatskappye en verwante bedryfsektore.

BSc (Biologiese Wetenskappe) 3 5 C 5 C 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BSc (Biologiese Wetenskappe) is BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys) – Graad 7 tot 12 (met keusemodules in natuurwetenskappe).

Hierdie is ‘n generiese eerstejaarsprogram in Biologiese Wetenskappe. Studente wat onseker is oor watter spesialiseringsgraadprogram om te kies, kan vir hierdie program aansoek doen. Studente wat aansoek wil doen om toelating tot een van die MBChB- of BChD-plekke wat in die tweede semester beskikbaar word, mag registreer vir BSc (Biologiese Wetenskappe) in die eerste semester en mag vir die modules Wêreldbeelde (FIL 155), Mense en hul Omgewing (MGW 112) en Mediese Terminologie (MTL 180) in die plek van Wiskunde (WTW 134) registreer, op voorwaarde dat hierdie studente, indien hulle nie gekeur word nie en met een van die Biologiese Wetenskappe-programme wil voortgaan, Wiskunde (WTW 134) in die tweede semester van die eerste jaar moet voltooi. Let wel: Die toelatingsvereistes vir MGW 112 is ‘n TPT van 34 en ‘n minimum van 70% vir Graad 12-Wiskunde.

BSc (Biotegnologie) 3[3 jaar] 5 C 5 C 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BSc (Biotegnologie) is BSc (Biologiese Wetenskappe).

Beroepe: Gegradueerdes bekom werk as laboratoriumgebaseerde navorsers of bio-entrepreneurs wat gebruik maak van mediese, dierkundige, plant- of mikro-gebaseerde tegnologieë om produkte en dienste te ontwikkel. Indien studente biotegnologie kombineer met addisionele kwalifikasies soos regte, sal hulle toegerus wees vir sukses in beroepe soos patentereg, farmaseutiese verkope en bemarking, projekbestuur, rekenaarprogrammering (natuurlike verwerking) en wetenskapsjoernalistiek. Neem asseblief kennis dat die vlak van opleiding en kwalifikasie ‘n belangrike rol speel in die bepaling van die tipe werk waarby ‘n gekwalifiseerde biotegnikus betrokke kan raak.

BSc (Ekologie) 3[3 jaar] 5 C 5 C 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BSc (Ekologie) is BSc (Biologiese Wetenskappe) en BSc (Dierkunde).

Beroepe: Gegradueerdes bekom werk by omgewingsgebaseerde statutêre en private bewaringsorganisasies, organisasies wat betrokke is by die direkte of indirekte benutting van natuurlike hulpbronne, en akademiese en opleidingsinstansies.

ProgrammeMinimum vereistes vir 2019

Prestasievlak*

TPTBIOLOGIESE WETENSKAPPE

Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde Fisiese Wetenskap

NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level

BSc (Dierkunde) 3[3 jaar] 5 C 5 C 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BSc (Dierkunde) is BSc (Biologiese Wetenskappe) en BSc (Ekologie).

Beroepe: Gegradueerdes kan na ‘n verskeidenheid opwindende beroepsgeleenthede uitsien. Hulle word by natuurbewaringsinstansies, omgewingskonsultasiefirmas, bewaringsbeplanningsagentskappe, mediese en veeartsenykundige navorsingsinstansies, in die biochemiese en biotegnologiese bedryf, by opvoedkundige instellings, in rekenaarverwante sektore en in die sakesektor aangestel. Beroepsgeleenthede sluit al die potensiële aktiwiteite in wat deel uitmaak van moderne navorsing, ontwikkeling en opleiding. Dit kan van heeltydse deelname in die veld of laboratorium tot heeltydse opleidingsaktiwiteite wissel en sluit gewoonlik ‘n stimulerende kombinasie van analitiese werk en veldwerk in, asook werk wat met menslike hulpbronne te doen het.

BSc (Entomologie) 3[3 jaar] 5 C 5 C 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BSc (Entomologie) is BSc (Biologiese Wetenskappe) en BSc (Dierkunde).

Beroepe: Gegradueerdes kan by natuurreservate, omgewingskonsultasiefirmas, bewaringsbeplannings-agentskappe, mediese en veeartsenykundige navorsingsinstansies, museums en opvoedkundige instellings, plaagbeheer, kwarantyn- en inspeksiedienste, in biochemiese en biotegnologiese nywerhede, in IT-verwante gebiede en in die korporatiewe sektor in diens geneem word. Gegradueerdes met kundigheid in entomologie is besonder gesog in die landbousektor as insekbeheerkundiges of -navorsers.

BSc (Genetika) 3BSc (Mensgenetika) 3[3 jaar]

5 C 5 C 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BSc (Genetika) en BSc (Mensgenetika) is BSc (Biologiese Wetenskappe).

Beroepe: Gegradueerdes word dikwels molekulêre bioloë, mediese of kliniese genetici, sitogenetici, biotegnoloë, landbouwetenskaplikes, molekulêre ekoloë, forensiese wetenskaplikes, genetiese raadgewers, bio-informatici en berekeningsontleders, veeartsenykundige wetenskaplikes, onderwysers en dosente by verskeie instellings en in biowetenskapverwante bedrywe. Indien hulle genetika kombineer met addisionele kwalifikasies soos regte, sal hulle toegerus word vir suksesvolle loopbane in patentereg, farmaseutiese verkope en bemarking, projekbestuur, rekenaarprogrammering (natuurlike verwerking) en wetenskapsjoernalistiek. Neem kennis dat die vlak van opleiding en kwalifikasie ‘n baie belangrike rol speel in die bepaling van die tipe werk waarby ‘n gekwalifiseerde genetikus betrokke kan raak.

BSc (Mensfisiologie) 3BSc (Mensfisiologie, Genetika en Sielkunde) 3[3 jaar]

5 C 5 C 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BSc (Mensfisiologie) is BSc (Biologiese Wetenskappe) en vir BSc (Mensfisiologie, Genetika en Sielkunde) is BSc (Biologiese Wetenskappe) en BSc (Genetika).

Beroepe: Navorsing word gedoen in samewerking met mediese spanne in privaat- en regeringsnavorsingslaboratoriums (soos die WNNR en die MNR), die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS), farmaseutiese firmas, universiteite, veeartsenykundige en industriële instansies, en staatsdepartemente (byvoorbeeld die Departement Gesondheid). Fisioloë word ook aangetref op verskeie ander gebiede soos die onderwys (onderwysers, dosente en instrukteurs), sportfisiologie, biostatistiek, bio-ingenieurswese, industriële higiëne, joernalistiek, mediese tegnologie en in die bedryf as verteenwoordigers van farmaseutiese firmas. Gegradueerdes met genetika en sielkunde as vakke het ook toegang tot die nagraadse programme wat deur die Departement Genetika en die Departement Sielkunde (in die Fakulteit Geesteswetenskappe) aangebied word.

BSc (Mediese Wetenskappe) 3[3 jaar]

5 C 5 C 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BSc (Mediese Wetenskappe) is BSc (Biologiese Wetenskappe).

Beroepe: Nagraadse studies word sterk aanbeveel en honneurs-, meesters- en doktorsgrade kan verwerf word in enige van die subdissiplines van anatomie: neuroanatomie, kliniese anatomie, selbiologie, fisiese en forensiese antropologie, histologie en embriologie. Studente met hierdie graad kan ook nagraadse studies doen in Fisiologie, Genetika en Farmakologie. Loopbaanmoontlikhede sluit navorsing in enige van die subdissiplines van anatomie, in die akademie, in forensiese wetenskap en in die gesondheidswetenskapbedryf in. Ander loopbane wat oorweeg kan word, is in sportwetenskappe, virologie, chemiese patologie, immunologie, gesondheidsadministrasie of ergonomie. Tegniese loopbane, byvoorbeeld in universiteite se anatomie- of fisiologiedepartemente, is ook moontlik. Slegs 72 plekke is beskikbaar in die eerste studiejaar van die BSc (Mediese Wetenskappe). Studente wat voor 30 September aansoek doen vir die BSc (Mediese Wetenskappe)-graad as hulle eerste keuse en aan die minimum toelatingsvereistes voldoen, sal toegelaat word totdat al die plekke gevul is.

BSc (Mikrobiologie) 3[3 jaar] 5 C 5 C 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BSc (Mikrobiologie) is BSc (Biologiese Wetenskappe).

Beroepe: Mikrobioloë kan ‘n wye verskeidenheid beroepe, van basiese navorsing tot praktiese toepassings volg. Daar is loopbaangeleenthede in die voedsel-, suiwel-, bierbrou-, wynmaak- en bakkersgisbedrywe, in die fermentasiebedryf, by myne met betrekking tot korrosiebeheer, as mediese of veeartsenykundige mikrobioloë, as navorsers by instansies soos die WNNR, LNR of MNR, of as dosente en navorsers by verskeie akademiese instellings.

BSc (Plantkunde) 3[3 jaar] 5 C 5 C 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BSc (Plantkunde) is BSc (Biologiese Wetenskappe), BSc (Ekologie), BScAgric (Plantpatologie) en BScAgric (Toegepaste Plant- en Grondkunde).

Beroepe: Beroepe wissel van laboratoriumnavorsing tot die bestudering van plante in hul natuurlike omgewing. Daar is werksgeleenthede by biotegnologiese en farmaseutiese firmas, by Suid-Afrikaanse Nasionale Parke, private ekologiese maatskappye, en navorsingsinstellings soos die WNNR, LNR en die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI).

Kandidate wat nie aan die minimum toelatingsvereistes van die bogenoemde Biologiese Wetenskappe-programme voldoen nie, mag oorweeg word vir toelating tot die BSc – Verlengde program vir die Biologiese en Landbouwetenskappe. Dit neem ‘n jaar langer as die normale programme om te voltooi.

BSc – Verlengde program vir die Biologiese en Landbouwetenskappe

4 D 4 D 4 D 24

* Cambridge A-level-kandidate wat ten minste ‘n D in die vereiste vakke behaal het, sal oorweeg word vir toelating. International Baccalaureate (IB) HL-kandidate wat ten minste ‘n 4 in die vereiste vakke behaal het, sal oorweeg word vir toelating.

Sluitingsdatums: SA – 31 Mei • Nie-SA – 31 Mei SA – 30 Junie • Nie-SA – 30 Junie SA – 30 September • Nie-SA – 31 Augustus 1 2 3

Page 14: 2019 - UP Brochures 2015 201… · 3 Voorgraadseprograminligting 2019 Lees asseblief deur al die stappe hieronder om vas te stel watter van die stappe relevant is vir jou aansoek

13 Voorgraadseprograminligting 2019

ProgrammeMinimum vereistes vir 2019

Prestasievlak*

TPTLANDBOU- EN VOEDSEL-WETENSKAPPE

Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde Fisiese Wetenskap

NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level

BSc (Kulinêre Wetenskap)* 3[4 jaar]*Vervang BSc (Voedsel-bestuur) vanaf 2017

5 C 5 C 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BSc (Kulinêre Wetenskap) is BVerbrwet (Gasvryheidsbestuur) en BSc (Biologiese Wetenskappe).

Beroepe: Gegradueerdes kan as kulinêre wetenskaplikes, kulinoloë, sintuiglike analiste, voedselnavorsers, voedselprodukontwikkelaars, voedselveiligheid- en kwaliteitsversekeringbestuurders, en voedseldiens-bestuurders aangestel word.

BSc (Voedsel- wetenskap) 3[3 jaar]

5 C 5 C 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BSc (Voedselwetenskap) is BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys) – Graad 7 tot 12 (met keusemodules in natuurwetenskappe) en BSc (Biologiese Wetenskappe).

Beroepe: Voedselwetenskaplikes met hoogs bemarkbare opleiding en professionele vaardighede werk as voedselrisikobepalers, kwaliteit- en veiligheidsversekering-bestuurders, voedselchemici, voedselmikrobioloë of -biotegnoloë, verpakking en raklewespesialiste, veiligheidsouditeurs, produk- en prosesontwikkelingsbestuurders, tegniese verkope- en bemarkingsadviseurs, sintuiglike wetenskaplikes, voedselbiowetenskaplikes (byvoorbeeld broumeesters of geurontwikkelingspesialiste) in die voedsel-, agroprosessering en verwante bedrywe. Die werksomgewing van voedselwetenskaplikes sluit laboratoriums, voedselproduksieaanlegte, besigheidspersele, opleidingslokale, die klein- en groothandel, staatsinstellings en navorsingsorganisasies in. Voedselwetenskaplikes is ook werksaam in nywerhede en maatskappye wat materiale (byvoorbeeld verpakking en voedselbyvoegings, soos kleur- en geurmiddels) vir die voedselbedryf vervaardig of sekondêr by voedselproduksie en -verkope betrokke is.

BSc (Voeding) 3[4 jaar] 5 C 5 C 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BSc (Voeding) is BSc (Biologiese Wetenskappe).

BSc (Voeding) is ‘n interfakulteitsgraad wat gesamentlik deur Voedselwetenskap (Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe) en Menslike Voeding (Fakulteit Gesondheidswetenskappe) aangebied word.Beroepe: Die behoefte aan gegradueerdes met opleiding in voeding word gedryf deur die wêreldwye erkenning dat voedsel nie net aan ons basiese voedingsvereistes voldoen nie, maar dat dit ook ‘n belangrike rol speel in die bevordering en handhawing van ons langtermyngesondheid. Loopbaangeleenthede sluit werksgeleenthede in die voedsel en verwante bedryfsektore (soos farmaseutiese maatskappye), regeringsdepartemente, internasionale organisasies (soos die Verenigde Nasies se Voedsel en Landbou-organisasie [FAO] en die Wêreldgesondheidsorganisasie [WHO]) of navorsingsinstellings in, en as rekeningbestuurders en adviseurs in die voedsel, gesondheid en verbruikersektore.

BScAgric (Landbou-ekonomie en Agribesigheidsbestuur) 3[4 jaar]

5 C 5 C 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BScAgric (Landbou-ekonomie en Agribesigheidsbestuur) is BCom (Agribesigheidsbestuur).

Beroepe: Landbou-ekonome is betrokke by baie verskillende sektore van die ekonomie. Party is betrokke by die ontleding en begrip van verbruikers se gedrag ten opsigte van hulle behoeftes en bereidwilligheid om vir voedsel en klere te betaal. Ander is weer betrokke by omgewingsbestuur en hulpverlening aan die regering en besighede om die volhoubare gebruik van skaars hulpbronne soos water en bewerkbare grond te verseker. Sommige landbou-ekonome dryf handel op wêreldwye finansiële markte en werk by die Johannesburgse Effektebeurs in Sandton of by Wall Street in New York. Ander werk vir banke en in finansies, by voedselverwerkers soos bakkers en brouerye, of as adviseurs vir boere en verskeie ander landboubesighede. Sommige landbou-ekonome werk vir die regering en adviseer die regering oor hoe om te verseker dat daar genoeg kos is vir al die mense in die land, en sommiges werk by handelsbanke waar hulle kliënte en bestuurders adviseer oor hoe om finansiële, risiko- en kommoditeitsmarkte te bestuur. Verder speel landbou-ekonome ‘n noodsaaklike rol in navorsing en ontwikkeling in die landbousektor. Hulle reis baie en ontmoet interessante mense. Hulle reis gereeld plaaslik en na ander dele van die wêreld, soos Afrika, Australië, China, Europa, Suid-Amerika en die VSA. ‘n Landbou-ekonoom is dus iemand wat belangstel in mense en hul kulture, in die natuur en in besigheid en bestuur. Hy of sy moet goeie interaksie met mense kan hê, maar moet ook statistiek en wiskunde gebruik om die interaksie tussen mense, die natuur en die ekonomie te verstaan.

BScAgric (Veekunde) 3[4 jaar] 5 C 5 C 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BScAgric (Veekunde) is BSc (Biologiese Wetenskappe).

Beroepe: Veekunde is ‘n loopbaan wat ‘n belangrike bydrae tot die landboubedryf in Suid-Afrika maak. Hierdie loopbaan fokus op die toepassing van die wetenskaplike aspekte van diereproduksie en die gehaltebeheer van produkte ten einde verbruikerstevredenheid te verseker. Dit is ‘n wetenskaplike gebied, en is onderworpe aan die mees onlangse navorsing. Dit is ook gemik op die bevrediging van die behoeftes van sowel diere as die mens, omdat dit op die hele dier- en natuurlewe-produksiewaardeketting, van konsep tot verbruik, fokus. Daar is verskeie loopbaangeleenthede vir vee- en natuurlewekundiges in navorsing, kommersiële boerdery en die openbare sektor, sowel as vir professionele persone in die veekundebedryf. Veekundiges kan op verskillende vlakke in hierdie sektore werk, van navorsers, dierevoedings- of veeteeltkonsultante, tegniese verteenwoordigers, bestuurders van intensiewe en uitgebreide veeproduksie-stelsels, tot natuurlewebestuurders en beleidmakers. Die BScAgric (Veekunde)-graad word kragtens Wet 106 van 1993 deur die SARNAP erken as ‘n professionele kwalifikasie, en word ook internasionaal erken. Dit beteken dat gegradueerdes as professionele veekundiges kan registreer.

BScAgric (Plantpatologie) 3[4 jaar]

5 C 5 C 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BScAgric (Plantpatologie) is BSc (Biologiese Wetenskappe) en BSc (Plantkunde).

Beroepe: Gegradueerdes kan as saadkwekers, boere, navorsers, dosente en konsultante aangestel word.

ProgrammeMinimum vereistes vir 2019

Prestasievlak*

TPTLANDBOU- EN VOEDSEL-WETENSKAPPE

Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde Fisiese Wetenskap

NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level

BScAgric (Toegepaste Plant- en Grondwetenskappe) 3[4 jaar]

5 C 5 C 5 C 30

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BScAgric (Toegepaste Plant- en Grondwetenskappe) is BSc (Biologiese Wetenskappe), BScAgric (Plantpatologie) en BSc (Plantkunde).

Beroepe: Gegradueerdes kan as onderwysers en dosente by skole en akademiese instellings aangestel word. Hulle kan ook as navorsers en bestuurders by verskeie openbare en privaat instellings werk:� Openbare sektor: Die LNR, Departement Waterwese en Sanitasie, Departement Omgewingsake,

Departement Toerisme, Departement Landbou, Bosbou en Visserye, Departement Minerale Hulpbronne, Departement Energie, die WNNR, provinsiale landbou- en natuurbewaringsafdelings, SANBI, stadsrade, Suid-Afrikaanse Nasionale Parke, nasionale landbou- en voedselprosesseringsagentskappe.

� Privaat sektor: Maatskappye betrokke by saad-, kunsmis- en plantbeskermingsnavorsing en -ontwikkeling, omgewingsbestuur en -beplanning, kwekerye, groente-, vrugte-, sierplant- en snyblomprodusente en besproeiing.

� Voorligtingsdienste vir kennisoordrag: Natuurbewaring, nasionale en provinsiale landbou- en omgewingsdepartemente, omgewingsbestuur en -rehabilitasie, kwekerye, gewasse, turfgras- en onkruidbestuur, en privaat maatskappye vir dienslewering in veldgewas-, groente-, medisinale en aromatiese plant-, vrugte-, sierplant- en snyblomproduksie.

� Entrepreneurs: Konsultante in gewasse-, weidings-, groente-, medisinale en aromatiese plant-, sierplant- en snyblomproduksiestelsels en landskapsontwerpondernemings, die bedryf van eie plase en kwekerye vir uitgebreide (veld) of intensiewe (tonnel/kweekhuis) produksie van verskeie gewasse en die bestuur van maatskappye wat spesialiseer in besproeiing en grondherwinning en -bewaring.

Kandidate wat nie aan die minimum toelatingsvereistes van die bogenoemde Landbou- en Voedselwetenskappe-programme voldoen nie, mag oorweeg word vir toelating tot die BSc – Verlengde program vir die Biologiese en Landbouwetenskappe. Dit neem ‘n jaar langer as die normale programme om te voltooi.

BSc – Verlengde program vir die Biologiese en Landbouwetenskappe

4 D 4 D 4 D 24

ProgrammeMinimum vereistes vir 2019

Prestasievlak*

TPTVERBRUIKERSWETENSKAP

Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level

BVerbrwet (Kledingkleinhandelbestuur) 3[4 jaar] 5 C 4 D 28

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BVerbrwet (Kledingkleinhandelbestuur) is BVerbrwet (Voedselkleinhandelbestuur).

Beroepe: Gegradueerdes kan in kleinhandelbestuur as handelsmerkbestuurders, kledingaankopers- en beplanners, modeontwerpers, modebemarkers, modeprodukontwikkelaars, kwaliteitsbeheer- en versekeringbestuurders, winkelbestuurders, voorkomskonsultante, tekstieltegnoloë, visuelehandelswarebeplanners, patroontegnoloë en entrepreneurs aangestel word.

BVerbrwet (Voedselkleinhandelbestuur) 3[4 jaar] 5 C 4 D 28

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BVerbrwet (Voedselkleinhandelbestuur) is BVerbrwet (Gasvryheidsbestuur).

Beroepe: Gegradueerdes kan as handelsmerkbestuurders, verkoopsbestuurders of winkelbestuurders, voedsel- en drankaankopers en -beplanners, voedselstiliste, voedseljoernaliste, voedselprodukbemarkers, visuele handelswarebeplanners, verbruikerskonsultante en entrepreneurs aangestel word.

BVerbrwet (Gasvryheidsbestuur) 3[4 jaar] 5 C 4 D 28

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BVerbrwet (Gasvryheidsbestuur) is BVerbrwet (Voedselkleinhandelbestuur).

Beroepe: Gegradueerdes kan as voedsel- en drankbestuurders, voedseldiensbestuurders, kulinêre spesialiste, funksiekoördineerders, entrepreneurs, voedselproduk- en spyskaartontwikkelaars, voedseljoernaliste, voedselveiligheids- en kwaliteitsverskeringbestuurders, en voedselstiliste aangestel word.

ProgrammeMinimum vereistes vir 2019

Prestasievlak*

TPTFISIESE WETENSKAPPE

Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde Fisiese Wetenskap

NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level

BSc (Chemie) 3[3 jaar] 5 C 5 C 5 C 32

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BSc (Chemie) is BSc (Biochemie) en BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys) – Graad 7 tot 12 (met keusemodules in natuurwetenskappe).

Beroepe: Gegradueerdes word deur ‘n groot aantal tegnologiegebaseerde instansies in diens geneem en werk in ‘n laboratoriumomgewing as deel van ‘n industriële-, navorsings- of akademiese instelling. ‘n Chemikus moet in staat wees om in ‘n span te werk in ‘n multidissiplinêre milieu in ‘n verskeidenheid ondernemings in sowel die privaat as die openbare sektor. Dit is belangrik om daarop te let dat die aard van die werk wat vir ‘n gegradueerde in chemie beskikbaar is, afhang van die vlak van die kwalifikasie wat behaal is. Gevorderde kwalifikasies lei uiteindelik tot aanstellings in navorsings- en/of produksiebestuur en vereis bestuursvaardighede en finansiële beplanningsvaardighede. Daar is talle beroepsgeleenthede in die onderwys, navorsing, joernalistiek, omgewingsbeskerming, voedsel en drank, energie, water, gesondheid, sport, die farmaseutiese en kosmetiese bedryf, geologie, mynbou en wetstoepassing. Dit behels onder meer die bekende beroepe van sintetiese chemikus, materiaalwetenskaplike, chemiese patoloog, forensiese chemikus, analitiese chemikus, medikasieanalis, patenteprokureur, omgewingschemikus, geochemikus, voedselchemikus, polimeerchemikus en grondchemikus.

* Cambridge A-level-kandidate wat ten minste ‘n D in die vereiste vakke behaal het, sal oorweeg word vir toelating. International Baccalaureate (IB) HL-kandidate wat ten minste ‘n 4 in die vereiste vakke behaal het, sal oorweeg word vir toelating.

Sluitingsdatums: SA – 31 Mei • Nie-SA – 31 Mei SA – 30 Junie • Nie-SA – 30 Junie SA – 30 September • Nie-SA – 31 Augustus 1 2 3

Page 15: 2019 - UP Brochures 2015 201… · 3 Voorgraadseprograminligting 2019 Lees asseblief deur al die stappe hieronder om vas te stel watter van die stappe relevant is vir jou aansoek

Universiteit van Pretoria 14

ProgrammeMinimum vereistes vir 2019

Prestasievlak*

TPTFISIESE WETENSKAPPE

Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde Fisiese Wetenskap

NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level

BSc (Fisika) 3[3 jaar] 5 C 5 C 5 C 32

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BSc (Fisika) is BSc (Wiskunde) en BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys) – Graad 7 tot 12 (met keusemodules in natuurwetenskappe).

Beroepe: Gegradueerdes kan aangestel word as akademici by universiteite, wie se pligte klasgee, navorsing en studieleiding aan nagraadse studente insluit, navorsers by nasionale laboratoriums soos die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie, die Suid-Afrikaanse Sterrewag en iThemba LABS (Laboratorium vir Versnellergebaseerde Wetenskappe), navorsers in die bedryf soos by die WNNR of Element Six, wetenskaplike raadgewers vir nie-regeringsorganisasies, die bedryf of die regering, stralingsfisici, mediese wetenskaplikes en biofisici, atmosferiese wetenskaplikes en klimatoloë, ontwikkelaars van hernubare energiebronne, geofisici, innoveerders, entrepreneurs en berekeningswetenskaplikes. Samewerking met internasionale deskundiges vind ook plaas.

BSc (Geografie) 3[3 jaar] 5 C 5 C 5 C 32

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BSc (Geografie) is BSc (Omgewingswetenskappe) en BSc (Meteorologie).

Beroepe: Daar is hoofsaaklik drie loopbaanrigtings vir geograwe: onderwys, navorsing en die toepassing van geografiese kennis en vaardighede in die praktyk. Geograwe kan fokus op omgewingsbestuur, stedelike aangeleenthede soos plakkery, streeks- en landelike ontwikkeling, of omgewingsake, waaronder besoedeling en die vernietiging van ekosisteme deur aktiwiteite soos mynbou, landbou en toerisme. Geograwe in die privaat sektor staan meestal in diens van eiendoms-, beplannings-, argitektuur- en ingenieursfirmas, die bankwese, toerisme-organisasies, omgewingsbewaringsorganisasies en die bedryf. Staatsdepartemente wat verantwoordelik is vir bosbou-, water- en grondsake, die omgewing, toerisme en onderwys neem ook geograwe in diens. Semistaatsorganisasies soos die SABS en die WNNR bied ook loopbaangeleenthede in gespesialiseerde vakgebiede verwant aan aard- en omgewingswetenskappe. Baie geograwe bedryf hul eie besighede en is betrokke by bemarking, beplanning, ontwikkeling, toerisme, kartografie, geografiese inligtingstelsels (GIS), afstandswaarneming, omgewingsevaluering en omgewingsouditering. Gegradueerdes kan ook akademiese loopbane volg.

BSc (Geoinformatika) 3[3 jaar] 5 C 5 C 5 C 32

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BSc (Geoinformatika) is BSc (Geografie).

Beroepe: Gegradueerdes word onder andere aangestel in landbou, mineraaleksplorasie, ingenieurswese, bosbou, waterhulpbronbestuur, weervoorspelling, omgewingsimpakstudies (EIA), grondgebruiksbeplanning, grondontwikkeling, landelike gemeenskapontwikkeling, vervoerbeplanning, toerisme, marknavorsing, misdaadvoorkoming, voertuigopsporing en kartografie, GIS-tegnologie, omgewingsbeplanning en -analise, en ramp- en omgewingsbestuur. Gegradueerdes kan aansoek doen om professionele registrasie as GIS-tegnoloë by die Suid-Afrikaanse Geomatikaraad (SAGR).

BSc (Geologie) 3[3 jaar] 5 C 5 C 5 C 32

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BSc (Geologie) is BSc (Ingenieurs- en Omgewingsgeologie), BSc (Fisika) en BScAgric (Toegepaste Plant- en Grondwetenskappe).

Beroepe: Groot internasionale mynmaatskappye is belangrike werkverskaffers vir geoloë en ander aardwetenskaplikes in navorsing, eksplorasie en mynbouprojekte. Kleiner entrepreneursfirmas (‘juniors’) verskaf egter al hoe meer werk vir persone in hierdie beroepe. Die Raad vir Geowetenskappe, die WNNR, die Raad vir Mineraaltegnologie (MINTEK), die Departement Waterwese en Sanitasie, museums, ingenieursfirmas en raadgewende maatskappye bied interessante loopbaanmoontlikhede. Gegradueerdes kan ook hul eie firmas stig en konsultasiewerk doen. Laboratoriumspesialiste, soos mineraloë, identifiseer en ondersoek minerale met behulp van gesofistikeerde instrumente en analitiese toerusting. Omgewings- en ingenieursgeoloë bestudeer die wisselwerking tussen menslike aktiwiteite en die geologiese omgewing, soos die besoedeling van grond en grondwater. Hulle bestudeer die geologiese struktuur en grondeienskappe, asook rotseienskappe by konstruksieterreine, byvoorbeeld, damme, tonnels en myne, om sodoende waardevolle inligting beskikbaar te stel voordat konstruksie ‘n aanvang neem. Hulle soek en evalueer ook geskikte konstruksiemateriale. Hidrogeoloë is betrokke by die opsporing, ontginning en bewaring van grondwater.

BSc (Meteorologie) 3[3 jaar] 5 C 5 C 5 C 32

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BSc (Meteorologie) is BSc (Geografie).

Beroepe: Meteoroloë word aangestel by instansies wat betrokke is by die studie, interpretasie en voorspelling van weerstoestande en klimaatverwante verskynsels. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD), die WNNR, sekere universiteite, landbou-instellings en algemene bedryfsektore stel meteoroloë aan wat hoofsaaklik op die volgende gebiede spesialiseer:� Navorsers: Hulle bestudeer alle aspekte van die weer en klimaat om atmosferiese verskynsels beter te

kan verstaan. Atmosferiese modelleerders gebruik gespesialiseerde rekenaartegnologie om ingewikkelde vloeidinamikaberekenings met betrekking tot die atmosfeer op te los. Die monitering van luggehalte en die modellering van die impak van lugbesoedeling op die gemeenskap is twee belangrike aspekte wat aandag moet ontvang. Navorsing oor klimaatsverandering word al meer beklemtoon.

� Weervoorspellers: Dit is die weervoorspeller se verantwoordelikheid om data te ontleed en die weer te voorspel met behulp van modelle op superrekenaars. Weervoorspellings word in verskeie tydskale gedoen, van korttermynvoorspellings tot langtermynvoorspellings wat vir maande vooruit geldig is, sowel as seisoenale voorspellings. Daar is wel poste in die privaat sektor, soos die aanbied van die weervoorspelling op televisie.

� Klimatoloë: Hulle bestuur belangrike datastelle wat groot volumes inligting bevat wat deur die SAWD en ander organisasies ingesamel word.

� Konsultante: Hulle kan in die privaat sektor werk en kan waardevolle gespesialiseerde dienste en navorsingsinsette by universiteite lewer.

� Dosente: Enkele akademiese poste vir meteoroloë en klimatoloë bestaan by Suid-Afrikaanse universiteite. Hierdie dosente verseker dat meteoroloë se opleiding aan internasionale standaarde voldoen.

BSc (Omgewings-wetenskappe) 3[3 jaar]

5 C 5 C 5 C 32

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BSc (Omgewingswetenskappe) is BSc (Geografie).

Beroepe: Gegradueerdes kan as omgewingskonsultante, luggehaltespesialiste, omgewingsimpakanaliste, omgewingsbewaringsagente, spesialiste op die gebied van skadelike afvalmateriaal, openbaregesondheidsvoorligters, navorsers, watergehalte-spesialiste, natuurlikehulpbronbestuurders, risikobestuurders, omgewingsopvoedkundiges, vleilandwetenskaplikes, wildbewaarders, omgewingsbeplanners en -analiste, watersuiweringspesialiste, program- en projekbestuurders, natuurlike hulpbronspesialiste en navorsers aangestel word.

ProgrammeMinimum vereistes vir 2019

Prestasievlak*

TPTFISIESE WETENSKAPPE

Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde Fisiese Wetenskap

NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level

BSc (Ingenieurs- en Omgewingsgeologie) 3[3 jaar]

5 C 5 C 5 C 32

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BSc (Ingenieurs- en Omgewingsgeologie) is BSc (Geologie).

Beroepe: Gegradueerdes kan as geoloë, mineraloë, ekstraksiemetallurge, ekonomiese geoloë, geochemici, omgewings- en ingenieursgeoloë, geohidroloë, laboratoriumspesialiste en konsultante aangestel word.

Kandidate wat nie aan die minimum toelatingsvereistes van die bogenoemde Fisiese Wetenskappe-programme voldoen nie, mag oorweeg word vir toelating tot die BSc – Verlengde program vir die Fisiese Wetenskappe. Dit neem ‘n jaar langer as die normale programme om te voltooi.

BSc – Verlengde program vir die Fisiese Wetenskappe

4 D 4 D 4 D 26

ProgrammeMinimum vereistes vir 2019

Prestasievlak*

TPTWISKUNDIGE WETENSKAPPE

Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

NSS/IEB AS-Level NSS/IEB AS-Level

BSc (Aktuariële en Finansiële Wiskunde) 3[3 jaar] 5 C 7 A 34

Die voorgestelde tweedekeuseprogram vir BSc (Aktuariële en Finansiële Wiskunde) is BSc (Wiskundige Statistiek).

Beroepe: Aktuariële en finansiële wiskunde is ‘n gewilde dissipline, met loopbaanmoontlikhede in die besigheidsmark en by beleggingsinstellings soos banke en versekeringsmaatskappye. Wiskundiges se vaardighede is noodsaaklik in portefeuljebestuur en die modellering van finansiële risiko. Die program berei die student voor vir ‘n professionele loopbaan as ‘n aktuaris of ‘n finansiële ingenieur. ‘n Aktuaris of aktuariële tegnikus se aktiwiteite behels onder meer langtermynkapitaalprojekte, die ontwerp van mediese skemas se voordele, die bestuur van pensioenfondse, die vasstelling van bydraes en die finansiële bestuur daarvan op ‘n stabiele langtermyngrondslag, die evaluering van beleggings in aandele, eiendom en ander transaksies en die vasstelling van premies en reserwes vir uitstaande eise van versekeraars. Finansiële ingenieurs word in diens geneem deur banke en finansiële instellings, makelaarsfirmas en beleggingsinstansies. Hul wiskundige vaardighede is noodsaaklik in portefeulje- en risikobestuur. Aktiwiteite sluit die volgende in: batebestuur (handel in effekte, termynkontrakte en afgeleide instrumente, soos opsies), die ontwerp van nuwe finansiële produkte en die ontwikkeling van strategieë om kredietrisiko te beheer.

BSc (Wiskunde) 3BSc (Toegepaste Wiskunde) 3[3 jaar]

5 C 6 B 32

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BSc (Wiskunde) is BSc (Fisika) en vir BSc (Toegepaste Wiskunde) is BSc (Wiskunde) en BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Onderwys en Opleiding-onderwys) – Graad 7 tot 12 (met keusemodules in natuurwetenskappe).

Beroepe: Gegradueerdes in wiskunde en toegepaste wiskunde word in diens geneem deur navorsingsinstansies, opvoedkundige instellings (universiteite en skole), die openbare sektor (staatsdiens en mediese instellings) en die privaat sektor (ingenieursfirmas, finansiële instellings en die rekenaarbedryf). Gegradueerdes se opleiding in abstrakte, analitiese en berekeningskundige denkwyses gee hulle die agtergrond om maklik aan te pas by veranderende omstandighede in die beroepsomgewing en om wiskundige modelle van natuurlike, tegnologiese en finansiële verskynsels te konstrueer. Wiskundiges en toegepaste wiskundiges pas bestaande probleemoplossingstegnieke toe, evalueer en pas hulle aan of ontwikkel nuwe tegnieke om probleme op te los.

BSc (Wiskundige Statistiek) 3[3 jaar] 5 C 6 B 32

Die voorgestelde tweedekeuseprogramme vir BSc (Wiskundige Statistiek) is BSc (Fisika) en die BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys) – Graad 7 tot 12 (met keusemodules in natuurwetenskappe).

Beroepe: Statistici word in baie professionele beroepe, soos aktuarisse, ekonome, bioloë, ingenieurs en bemarkingbestuursbeamptes, benodig. ‘n Paar van die beroepsmoontlikhede is:� Die analitiese komponent van Google gebruik statistiek om internetgebruikers te volg en leidrade vir hulle

aanbevole soekenjins op te stel.� Bewegingsinligting wat deur selfone vasgelê word, word deur statistiese voorspellende modelle gebruik om

verkeersopeenhoping te voorspel en vinniger roetes voor te stel. � Statistici gebruik statistiese metodes om bedrog op te spoor, hulp te verleen met kredietverwante

portefeuljes en ook finansiële ekonomiese tendense te voorspel. � Kleinhandelmaatskappye bestudeer die tevredenheidsvlakke en ervaring van hulle klante deur van

statistiese metodes gebruik te maak.� Ruimtelike statistiek kan nuttige inligting oor klimaatsverandering, misdaadgevaarpunte en vir geografiese

kaarte van renosterstropery verskaf. � Statistici adviseer dierewetenskaplikes oor faktore wat dierevoeding en genetiese voortplantingspatrone

beïnvloed.� Die regering neem statistici in diens om beter te verstaan hoe bevolkingsdemografie, gesondheidsrisiko’s en

ander faktore volhoubare ontwikkelingsprogramme beïnvloed.

Kandidate wat nie aan die minimum toelatingsvereistes van die bogenoemde Wiskundige Wetenskappe-programme voldoen nie, mag oorweeg word vir toelating tot die BSc – Verlengde program vir die Wiskundige Wetenskappe. Dit neem ‘n jaar langer as die normale programme om te voltooi.

BSc – Verlengde program vir die Wiskundige Wetenskappe 4 D 5 C 26

BSc (Aktuariële en Finansiële Wiskunde)Oorskakelings vanaf die BSc – Verlengde program na die BSc (Aktuariële en Finansiële Wiskunde)-program sal slegs oorweeg word indien die studente al hul eerstejaarmodules slaag met ‘n gemiddelde persentasie van ten minste 60% en ook ‘n minimum persentasie van 60% behaal vir WTW 143 en WTW 153.

* Cambridge A-level-kandidate wat ten minste ‘n D in die vereiste vakke behaal het, sal oorweeg word vir toelating. International Baccalaureate (IB) HL-kandidate wat ten minste ‘n 4 in die vereiste vakke behaal het, sal oorweeg word vir toelating.

Sluitingsdatums: SA – 31 Mei • Nie-SA – 31 Mei SA – 30 Junie • Nie-SA – 30 Junie SA – 30 September • Nie-SA – 31 Augustus 1 2 3

Page 16: 2019 - UP Brochures 2015 201… · 3 Voorgraadseprograminligting 2019 Lees asseblief deur al die stappe hieronder om vas te stel watter van die stappe relevant is vir jou aansoek

Laat vandag tel

www.up.ac.za

University of Pretoria | Universiteit van Pretoria | Yunibesithi ya PretoriaPrivate Bag/Privaatsak/Mokotla wa Poso X20Hatfield 0028, South Africa/Suid-Afrika/Afrika BorwaTel +27 (0)12 420 4111, Fax/Faks/Fekse +27 (0)12 420 4555

Laai die JT APP af: Gaan na die ‘Apple App store’ of

‘Google Play Store’ en soek ‘juniortukkie’; of Skandeer die QR-kode.

Doen aansoek vir JT-lidmaatskap via die JT App: Op die JT App, kies ‘JuniorTukkie’, dan ‘Apply for JT membership’

JT tel +27 (0)12 420 6606/5102 JT e-pos [email protected] webblad www.up.ac.za/juniortukkie JT App www.up.ac.za/juniortukkie > ‘JT APP’