125
2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

2016 GEÏNTEGREERDE

JAARVERSLAG

Page 2: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

SKEP VANAANDEELHOUERS- WAARDE SEDERT 1948

2016 FINANSIËLE JAARSTATE

2016 VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

VERDERE INLIGTINGHierdie geïntegreerde jaarverslag is gepubliseer as deel van ’n stel verslae rakende die finansiële jaar geëindig

30 Junie 2016, wat almal op die maatskappy se webwerf www.remgro.com beskikbaar is.

2016 VOLHOUBARE

ONTWIKKELINGS- VERSLAG

2016 FINANSIËLE JAARSTATE

Page 3: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

Kruisverwysing na toepaslike gedeeltes in hierdie verslag

Besigtig meer inligting op ons webwerf: www.remgro.com

Aflaai van ons webwerf: www.remgro.com

BESIGHEIDSOORSIG

REMGRO SE BENADERING TOT VERSLAGDOENINGOmvang en grense van verslag, eksterne oudit en gerusstelling en betekenisvolle gebeure

2

FINANSIËLE HOOFTREKKE 3

GROEPPROFIELOpsomming van die maatskappy se besigheid, groepstruktuur, geskiedenis, ons besigheidsmodel, eienaarskapstruktuur, begrip vir die besigheid van ’n beleggingshouermaatskappy, en kerndoelwitte en vernaamste geïntegreerde risiko’s

4

SESJAAR-OORSIG EN AANDELESTATISTIEK 12

DIREKSIE EN LEDE VAN KOMITEES 14

UITVOERENDE BESTUURSTRUKTUUR 16

AANDEELHOUERSDAGBOEK EN MAATSKAPPY-INLIGTING 17

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

VOORSITTER SE VERSLAG 18

HOOFUITVOERENDE BEAMPTE SE VERSLAG 20

HOOF FINANSIËLE BEAMPTE SE VERSLAG 25

BELEGGINGSOORSIG 32

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG 58

RISIKOBESTUURSVERSLAG 65

MAATSKAPLIKE-EN-ETIESEKOMITEEVERSLAG 71

VERKORTE VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG 73

VERGOEDINGSVERSLAG 82

FINANSIËLE VERSLAG

VERKORTE FINANSIËLE STATE 91

KENNISGEWING AAN AANDEELHOUERS 115

VERDUIDELIKENDE NOTAS BY DIE KENNISGEWING AAN AANDEELHOUERS

121

AKSIE VAN AANDEELHOUERS VEREIS

VOLMAGVORM AANGEHEG

INHOUD

BELEGGERSINSTRUMENTE

Page 4: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

2

WWW.REMGRO.COM

BESIGHEIDSOORSIG

Die 2016 geïntegreerde jaarverslag verskaf ’n holistiese oorsig van Remgro se besigheidsmodel en oor hoe die maatskappy, asook beleggings, bestuur word. In hierdie opsig is die hoof-fokus om ’n volledige ontleding van ons besigheid te gee ten einde die inligtingsbehoefte te bevredig van sleutel-belanghebbendes wat die geïntegreerde jaarverslag gebruik. Om seker te maak dat alle wesentlike kwessies hanteer word wat ons, ons aandeelhouers en ander belanghebbendes raak, word ook oor die volgende sake gerapporteer:

• Ons sakemodel;

• Ons belangrikste besigheidsrisiko’s, soos deur  die geïnte-greerde risikobestuursproses ge ïden tifiseer; en

• Bestuursprosesse.

Die inligting wat aldus verskaf word, het ten doel om aandeel-houers ’n goeie begrip te gee van die groep se impak op fi nansiële, maatskaplike, omgewings- en ekonomiese gebied en hulle in staat te stel om Remgro se vermoë te beoordeel om waarde vir belanghebbendes te skep en dit te behou.

Hierdie geïntegreerde jaarverslag is opgestel ooreen komstig Internasionale Finansiële Rapporteringstandaarde, die noteringsvereistes van die JSE Beperk, sowel as die Maatskappywet (Nr. 71 van 2008), soos gewysig, waar van toepassing. Verslagdoening oor volhoubaarheid is gebaseer op die beginsels en aanbevelings aangaande geïntegreerde volhoubaarheidsrapportering soos vervat in die King-verslag oor Bestuur vir Suid-Afrika 2009 (King III). Die aanbevelings vervat in die internasionale geïntegreerde rapporteringsraam werk is ook kennis van geneem en, waar moontlik, toegepas.

Die geïntegreerde jaarverslag sluit slegs ’n verkorte weer-gawe van die volhoubare ontwikkelingsverslag, asook verkorte fi nansiële state, in. Die volledige volhoubare ont wikkelings verslag en fi nansiële jaarstate ten opsigte van die jaar onder oorsig, is op die maatskappy se webwerf by www.remgro.com beskikbaar.

Remgro het die meerderheid van die beginsels vervat in King III toegepas – ’n opsomming van alle beginsels van King III wat nie toegepas is nie, word op bladsy 58 in die Korporatiewe Bestuursverslag aangebied. ’n Inhoudsopgawe oor die toe-passing van alle King III-beginsels is op die maatskappy se webwerf by www.remgro.com gepubliseer.

OMVANG EN GRENSE VAN ONS VERSLAG Remgro is ’n beleggingshouermaatskappy en daarom dui alle verwysings na “die groep“ in hierdie konteks op die maatskappy en sy fi liale. Openbaarmaking is gevolglik beperk tot daardie ondernemings waar die groep beheer uitoefen oor fi nansiële en bedryfsbeleid, behalwe waar sodanige ondernemings die relevante inligting in hul eie jaarverslae publiseer.

Remgro het slegs twee hoofbedryfsfi liale, naamlik RCL Foods Beperk (RCL Foods) en Wispeco Holdings Eiendoms Beperk (Wispeco). Aangesien RCL Foods (’n 77%-fi liaal) op die JSE genoteer is, is volledige inligting oor sy fi nansiële, volhoubare en maatskaplike vertoning op die webwerf www.rclfoods.com beskikbaar.

Wispeco is ’n ongenoteerde volfi liaal wat op ’n gedesentrali-seerde grondslag as ’n onafhanklike onderneming bedryf en bestuur word en oor ’n outonome direksie be skik. Gegrond op bogenoemde, en ook die feit dat Wispeco slegs 0.7% van Remgro se instrinsieke netto batewaarde verteenwoordig, word net ’n verkorte “nie-fi nansiële” open baarmaking gedoen ten opsigte van Wispeco se maatskap like en omgewingsvertoning. Dit is in ooreenstemming met Remgro se verslagdoening oor die fi nansiële vertoning van maatskappye waarin hy belê het.

In navolging van die fi losofi e hierbo, bestuur Remgro alle maatskappye waarin belê word op dieselfde gedesentraliseerde grondslag, ongeag of dit fi liale, geassosieerdes of gesamentlike ondernemings is. Daarom word inligting wat verband hou met die maatskaplike en omgewingsvertoning van fi liale, geassosieerdes en gesamentlike ondernemings, waar Remgro nie bedryfsbeheer uitoefen nie, nie volledig deur hierdie verslag gedek nie. Inligting word egter wel verskaf in gevalle waar wesentlike volhoubare ontwikkelingskwessies ter sprake is.

Tensy anders aangedui, hou alle openbaarmaking met betrek king tot maatskaplike en omgewingsvertoning slegs verband met Remgro se werksaamhede by sy hoofkantoor op Stellenbosch.

EKSTERNE OUDIT EN GERUSSTELLINGDie gekonsolideerde fi nansiële jaarstate is deur die onafhank like eksterne ouditeure, PricewaterhouseCoopers Geïnk., in ooreenstemming met Internasionale Ouditstandaarde, geoudit. Die verslag van die eksterne ouditeure met betrekking tot die verkorte gekonsolideerde fi nansiële jaarstate is op bladsy 101 van die geïntegreerde jaarverslag ingesluit.

Verskeie ander vrywillige eksterne akkrediterings-, sertifi serings- en gerusstellingsinisiatiewe word in die groep gevolg. Hierdie inisiatiewe is aanvullend tot die gekombineerde gerusstellings-model soos in die geïntegreerde jaarverslag uiteengesit. Ons glo dat dit bydra tot die gehalte en betroubaarheid van die inligting wat verskaf word. Verwys na die verkorte volhoubare ontwikkelingsverslag op bladsy 73 vir verdere inligting.

BETEKENISVOLLE GEBEURE GEDURENDE EN NA DIE EINDE VAN DIE VERSLAGTYDPERKDie mees belangrike beleggings in die jaar onder oorsig was die afhandeling van Remgro se fasilitering van die verkryging van Spire Healthcare Group plc deur Mediclinic International Beperk (Mediclinic) en die daaropvolgende deelname aan Mediclinic se regte-uitgifte, asook Remgro se inskrywing vir aandele in Al Noor Hospitals Group plc (Al Noor) as deel van die samevoeging van Mediclinic en Al Noor. Om hierdie transaksies te fi nansier, het Remgro oorbruggingsfi nansiering bekom waarvan die meeste vervang is met die uitreiking van vastekoers-kumulatiewe afl osbare voorkeuraandele en vastekoers-omruilbare skuldbriewe.

Verwys na die verslae van die hoofuitvoerende beampte en die hoof fi nansiële beampte onderskeidelik op bladsy 20 en 25 vir ’n kort opsomming van hierdie transaksies en die eksterne befondsing wat bekom is. Benewens bogenoemde transaksies, was daar geen ander gebeure gedurende die verslagtydperk of na die einde van die verslagtydperk wat ’n wesentlike uitwerking op die grootte, struktuur of eienaarskap van die groep mag hê nie.

REMGRO SE BENADERING TOT VERSLAGDOENING

Page 5: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

Remgro_IAR_AFR_2016_10068_FINAL_13Oct_ES

FINANSIËLE HOOFTREKKE

3

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

FINANSIEEL

Jaar geëindig30 Junie

2016

Jaar geëindig30 Junie

2015%

verandering

Wesensverdienste (miljoen) R5 887 R7 996 (26.4)– per aandeel (sent) 1 143.9 1 555.0 (26.4)

Wesensverdienste, uitgesluit eenmalige koste en opsie hermeting (miljoen) R7 405 R7 996 (7.4)– per aandeel (sent) 1 438.9 1 555.0 (7.5)

Dividende per aandeelGewoon (sent) 460.00 428.00 7.5– Tussen (sent) 185.00 169.00 9.5– Finaal (sent) 275.00 259.00 6.2

Intrinsieke netto batewaarde per aandeel R306.44 R288.89 6.1

Remgro-aandeelprys op 30 Junie R254.66 R255.94 (0.5)

Persentasie diskonto teenoor intrinsieke netto batewaarde (%) 16.9 11.4 48.2

NIE-FINANSIEEL

Jaar geëindig30 Junie

2016

Jaar geëindig30 Junie

2015

Korporatiewe maatskaplike besteding (KMB) (R miljoen)– By die kern 24 18– Deel van KMB van maatskappye waarin belê is 102 91

BBSEB-telkaart – bydraervlak

(Verwys na bladsy 77 vir die wysiging van die kodesisteem gedurende

die jaar onder oorsig)

8 5

Volgehoue deelname aan koolstofopenbaarmakingsprojek Ja Ja

Insluiting in FTSE/JSE Verantwoordelike Beleggingsindeks

(2015: JSE SRI-indeks) Ja Ja

BESIGHEIDSOORSIG

GEWONE

DIVIDEND

PER AANDEEL

+7.5%

WESENSVERDIENSTE

PER

AANDEEL

-26.4%

INTRINSIEKE NETTO

BATEWAARDE

PER AANDEEL

+6.1%

WESENSVERDIENSTE PER

AANDEEL, UITGESLUIT EENMALIGE

KOSTE EN OPSIE HERMETING

-7.5%

Page 6: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

4

WWW.REMGRO.COM

BESIGHEIDSOORSIG

ONS BESIGHEIDRemgro, wat oorspronklik in die 1940’s deur wyle dr Anton Rupert

as ’n tabakvervaardiger tot stand gebring is, se beleggings porte -

feulje het aansienlik uitgebrei en bestaan tans uit meer as

30 maat skappye waarin belê is. Die maatskappy is op die

Johannesburgse Effektebeurs (JSE), wat in Suid-Afrika deur

die JSE Beperk bedryf word, onder die “Nywerhede – Algemene

Nywerhede“-sektor genoteer, met die aandelekode “REM“.

GROEPPROFIEL

REMGRO* IS ’N BELEGGINGS-HOUERMAATSKAPPY* of die maatskappy

Ons belange bestaan hoofsaaklik uit beleggings in die volgende industrieë:

VOEDSEL, DRANK EN HUISHOUDELIKE SORG

Bladsy 34

BANKWESE Bladsy 37

GESONDHEIDSORG Bladsy 39

VERSEKERING Bladsy 41

NYWERHEID Bladsy 42

INFRASTRUKTUUR Bladsy 47

MEDIA EN SPORT Bladsy 51

Page 7: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

5

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

BESIGHEIDSOORSIG

REMGRO BEPERK (BELANGRIKSTE BELEGGINGS – EKWITEITSBELANG GEHOU)

Persentasies verteenwoordig die effektiewe belange gehou. Bylae A en B in die finansiële verslag gee meer besonderhede van

filiaalmaatskappye en beleggings.

TESOURIE- EN BESTUURSDIENSTE

Millennia Jersey – Jersey

Remgro Finansieringskorporasie

Remgro Healthcare Holdings

Remgro International – Jersey

Remgro Jersey GBP – Jersey

Remgro Bestuursdienste

OP 30 JUNIE 2016GROEPSTRUKTUUR

VOEDSEL, DRANK EN HUISHOUDELIKE SORG

Unilever

Distell

RCL Foods

25.8%

30.9%

77.3%

GESONDHEIDSORG

Mediclinic44.6%

VERSEKERING

RMI Holdings30.3%

NYWERHEID

Air Products

Kagiso Tiso Holdings

Total

PGSI

Wispeco

50.0%

34.9%

24.9%

37.7%

100%

INFRASTRUKTUUR

Grindrod

CIV groep

SEACOM

23.1%

50.9%

30.0%

ANDER BELEGGINGS

Business Partners42.8%

100%

100%

100%

MEDIA EN SPORT

eMedia

Premier Team Holdings (Saracens)

Blue Bulls

Western Province Rugby

Stellenbosch Academy of Sport

32.3%

50.0%

24.9%

100%

50.0%

BANKWESE

RMBH

FirstRand

28.2%

3.9%

100%

100%

100%

Page 8: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

6

WWW.REMGRO.COM

BESIGHEIDSOORSIG

MAATSKAPPYGESKIEDENIS

1940’s Remgro se ontstaangeskiedenis dateer uit die veertigerjare van die vorige eeu toe die groepstigter, dr Anton Rupert, die tabakmaatskappy Voorbrand in Johannesburg, Suid-Afrika, tot stand gebring het. Dit was die voorloper van Rembrandt Groep Beperk (Rembrandt). Rembrandt is in 1948 geïnkorporeer.

Rembrandt het die Suid-Afrikaanse sigaret- en tabak bedryf in 1948 betree en in die vyftigerjare na die buiteland uitgebrei en verskeie internasionale vennootskappe gevestig.

Rembrandt se belange in die wyn- en spiritualieë-bedryf dateer ook uit die 1940’s toe dr Rupert en mnr D W R Hertzog Distillers Korporasie gestig het.

1950’s Rembrandt is in 1956 op die Johannesburgse Effektebeurs genoteer.

1970’s Rembrandt se oorsese tabakbelange is in 1972 gekonsolideer in Rothmans International, wat op die Londense Aandelebeurs genoteer was.

Sedert die jare sewentig het Rembrandt sy belange buite tabak en drank uitgebrei deur beleggings te maak in verskeie ander ekonomiese sektore in Suid-Afrika, waaronder bankwese en finansiële dienste, mynbou, drukwerk en verpakking, mediese dienste, ingenieurswese en voedselbelange.

1980’s ’n Skeiding tussen die binne- en buitelandse belange van Rembrandt is in 1988 bewerkstellig deur die totstand-koming van Compagnie Financière Richemont AG (Richemont) – ’n Swit serse genoteerde luuksegoedere-groep wat handelsmerke soos Cartier, Dunhill en Mont Blanc ingesluit het en toe ook ’n aandeel in Rothmans International bekom het.

1990’s Gedurende 1993 was Rembrandt ’n medestigter in Suid-Afrika se eerste selfoonmaatskappy Vodacom, wat uiteindelik in 2006 deur VenFin Beperk (VenFin) verkoop is. In 1995 het Rembrandt en Richemont hul tabakbelange saamgevoeg in Rothmans International, in daardie stadium die vierde grootste sigaretvervaardiger in die wêreld. Dit is toe gedenoteer en in 1999 is hierdie belange met dié van British American Tobacco plc (BAT), die wêreld se naasgrootste sigaretvervaardiger, saamgesmelt. Sedertdien was die belegging in BAT gehou deur ’n gesamentlike houermaatskappy waarin Rembrandt (nou Remgro) en Richemont onderskeidelik ’n belang van 33¹/³% en 66²/³% gehou het. Na hierdie herstrukturering het Rembrandt uitsluitlik ’n beleggingshouermaatskappy geword.

2000 Die herstrukturering van Rembrandt is in September 2000 verder gevoer toe die Suid-Afrikaanse beheerstruktuur, bestaande uit vier genoteerde maatskappye, plek gemaak het vir slegs twee genoteerde maatskappye, naamlik Remgro en VenFin. Na die herstrukturering het Remgro Rembrandt se gevestigde belange in tabak, finansiële dienste, mynwese en nywerheid verteenwoordig, terwyl die telekommunikasie- en tegnologiese belange in VenFin gehuisves was.

2008 Gedurende November 2008 het Remgro sy belegging in BAT aan aandeelhouers ontbondel by wyse van ’n tussendividend in specie ten bedrae van ’n totale bedrag van R55.2 miljard. Ná die BAT-ontbondeling het die groep se oorblywende belange hoofsaaklik bestaan uit beleggings in bankwese en finansiële dienste, drukwerk en verpakking, motorkomponente, glasprodukte, mediese dienste, mynwese, petro leumprodukte, voedsel, wyn en spiritualieë en verskeie ander handels merkprodukte.

Op 30 Junie 2016 het die waarde van die ontbondelde BAT-aandele tot R190.7 miljard toegeneem.

2009 Gedurende November 2009 het Remgro en VenFin weer saamgesmelt, wat media- en tegnologiebelange by die groep se beleggings gevoeg het.

68 jaar van sake doen

Page 9: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

7

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

BESIGHEIDSOORSIG

EIENAARSKAPSTRUKTUURRemgro se uitgereikte aandelekapitaal bestaan uit die volgende twee klasse aandele:

ONS BESIGHEIDSMODEL

GEWONE AANDELE SONDER PARIWAARDE B-GEWONE AANDELE SONDER PARIWAARDE

GENOTEER OP DIE JSE ONGENOTEER

481 106 370 gewone aandele sonder pariwaardeElke gewone aandeel het een stem

35 506 352 B-gewone aandele sonder pariwaardeElke B-gewone aandeel het tien stemme

Alle ongenoteerde B-gewone aandele word deur Rupert Beleggings Eiendoms Beperk (voorheen Rembrandt Trust Eiendoms Beperk) gehou, ’n maat skappy wat in Suid-Afrika geïnkorpo reer is en as voertuig vir die Rupert-gesinsbelange in Remgro dien. Op 30 Junie 2016 was die ongenoteerde B-gewone aandele geregtig op 42.55% (2015: 42.57%) van die totale aantal stemme van aandeel houers van die maatskappy.

’n Ontleding van die grootste aandeelhouers verskyn op bladsy 112 en 113.

HOE BELEGGINGS BESTUUR WORDRemgro het ’n paar bedryfsfiliale waarvan RCL Foods (genoteer)

en Wispeco (ongenoteer) die mees wesentlike is. Vanweë sy

filosofie van gedesentraliseerde bestuur het beide hierdie

maatskappye selfstandige direksies en bestuurstrukture en

oefen Remgro slegs sy invloed uit deur nie-uitvoerende verteen-

woordiging in die direksies van hierdie maatskappye.

Remgro se ander beleggings bestaan uit beide genoteerde en

ongenoteerde maatskappye wat nie deur Remgro beheer word

nie en wat meesal geassosieerde maat skappye en gesamentlike

ondernemings is vanweë die aansienlike invloed of gesament -

like beheer wat Remgro deur sy direksie verteenwoordiging

uitoefen. Waar Remgro nie direksieverteenwoordiging het nie,

word beleggings as portefeuljebeleggings hanteer.

Remgro bestuur sy beleggings op ’n gedesentraliseerde

grond slag en sy betrokkenheid is hoofsaaklik gefokus op

steunverlening, eerder as inmenging in die dag-tot-dag-bestuur

van sake-eenhede. Die direksie van Remgro Beperk beskou dit in

die beste belang van alle betrokkenes om die gedesentraliseerde

besigheidsmodel te respekteer, asook die feit dat hierdie

besighede aparte wetlike entiteite verteenwoordig. Die  steun

wat aan beleggingsmaatskappye verleen word, kan in die vorm

van strategiese, finansiële en bestuursdienste wees, of die skep

van ’n omgewing vir korporatiewe transaksies.

Daar moet beklemtoon word dat bogenoemde bestuurs filosofie

vir alle beleggingsmaatskappye geld, ongeag die vlak van

invloed wat uitgeoefen kan word.

Aandeelhouersooreenkomste bestaan vir Remgro  se geas-

sosieerdes en gesamentlike ondernemings waar daar ook

ander groot aandeelhouers betrokke is. Hierdie oor eenkomste

beskerm die maatskappy se regte as aandeel houer en bestuur

risiko’s. Ingevolge hierdie ooreenkomste het Remgro ’n

besluitnemingsbetrokkenheid by ’n duidelik omskrewe lys

kernaangeleenthede wat hierdie ondernemings raak, soos die

aanstelling of verwydering van direkteure, kapitaalstruktuur,

besigheid strategie, groot kapitale uitgawes, asook

samesmeltings, verkrygings en vervreemdings.

As ’n aandeelhouer van die maatskappye  waarin belê word,

oefen Remgro ook sy aandeelhouersregte uit om sover moont-

lik te verseker dat die betrokke ondernemings aan sy vereistes

voldoen ten opsigte van sake soos bestuur, interne beheer,

finansiële bestuur, risikobestuur, wetlike nakoming, veiligheid,

gesondheids- en omgewingsbestuur, interne oudit, etiese

bestuur, inligtingsbestuur, verhoudinge met belanghebbendes,

opvolgbeplanning en volhoubaarheid.

Page 10: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

8

WWW.REMGRO.COM

BESIGHEIDSOORSIG / ONS BESIGHEIDSMODEL

BELEGGINGSFILOSOFIERemgro belê in besighede wat voortreflike verdienste, kontantvloeigenerering en dividendgroei oor die lang termyn kan lewer.

Dit behels die verkryging van betekenisvolle belange in maatskappye om ’n beduidende invloed te kan uitoefen. Goeie bestuur

is ’n belangrike beleggingsmaatstaf. Remgro fokus op die Suider-Afrikaanse mark, maar internasionale geleenthede, saam met

gerespekteerde vennote sal oorweeg word. Remgro gaan strategiese verbintenisse op ’n vennootskapsgrondslag aan en beywer hom

om, waar moontlik, waarde toe te voeg. Die doel is om voortreflike opbrengste by wyse van volhoubare dividend- en kapitaalgroei

aan aandeelhouers te verseker.

Remgro se beleggingstrategie

• Klem op beleggings wat ’n betekenisvolle bydrae tot Remgro se

verdienste gaan maak

• Beduidende invloed en direksie verteenwoordiging is geïntegreer

• Voorkeur vir ongenoteerde beleggings

• Beleggings in genoteerde ondernemings waar Remgro waarde oor die

lang termyn kan identifiseer

• Fokus op Suid-Afrikaanse beleggings en ander Afrika-lande deur

maatskappye waarin geïnvesteer is

• Oorweeg beleggings in ander lande op ’n oppor tunis tiese grondslag

• Toekomstige sektorfokus:

– Finansiële dienste

– Voedsel, drank en huishoudelike sorg

– Gesondheidsorg

– Infrastruktuur

Beleggingsmaatstawwe (onder andere)

• Bestaande kultuur en etiek van die direksie en bestuurspan

• Verwagte beleggingsopbrengste groter as Remgro se Geweegde

Gemiddelde Koste van Kapitaal

• Ekologiese voetspoor van die onderneming

• Lewensvatbaarheid van produkte en dienste en die lewensiklus daarvan

• Maatskaplike verantwoordelikheidsin van die onderneming

• Toegangshindernisse

Page 11: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

9

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

BESIGHEIDSOORSIG

BEGRIP VIR DIE BESIGHEID VAN ’N BELEGGINGSHOUERMAATSKAPPY

ALGEMEENDie besigheid van ’n beleggingshouermaatskappy verskil aan-sienlik van dié van ’n bedryfsmaatskappy. In laasgenoemde geval word produkte en/of dienste teen ’n sekere bruto winsmarge verkoop, waardeur inkomste en kontantinvloei vir die betrokke onderneming verkry word. Sterk kontantvloei en aandeelhouerswaarde word gevolglik geskep deur inkomste te verhoog, uitgawes te verlaag en bedryfs doeltreffendhede te optimaliseer. Dit verhoog die netto wins waaruit dividende aan aandeelhouers betaal kan word.

In die geval van ’n beleggingshouermaatskappy word geen produkte en/of dienste verkoop nie. Dit, saam met die spesifieke rekeningkundige hanter ing wat vir verskillende klasse beleggings vereis word ingevolge Internasionale Finansiële Rapporteringstandaarde, het die effek dat die netto wins van ’n beleggingshouermaatskappy nie altyd ’n billike weerspieëling van sy onderliggende kontantvloei en finansiële welstand is nie. Net so sal die verskil in netto wins tussen verslagtydperke nie altyd ’n goeie aanduiding wees van die tendens in dividendbetalings aan aandeelhouers nie. Die waarde en vertoning van die onderliggende beleg gings, eerder as die bedrywighede op houermaatskappyvlak, sal in ’n groot mate die waarde bepaal wat deur beleggings houermaatskappye vir aandeelhouers geskep word, hoewel die aangaan van transaksies op beheermaatskappyvlak aansienlike waarde kan toevoeg.

In die afdeling hieronder word meer inligting oor die volgende verskaf:

• Hoe ons ons geld maak; en

• Uitkerings aan aandeelhouers.

HOE ONS ONS GELD MAAKTen einde te weet hoe Remgro sy geld maak, moet sy gerap-porteerde resultate eerstens verstaan word.

Remgro se statutêre gerapporteerde netto wins bestaan hoofsaaklik uit die volgende:

• Gekonsolideerde resulate van sy bedryfsfiliale, naamlik RCL Foods en Wispeco;

• Ekwiteitsverantwoorde resultate van sy beleg gings in ge-assosieerdes en gesamentlike ondernemings, bv. FirstRand, RMBH, RMI en Mediclinic, die vier grootste bydraers tot netto wins;

• Wins gerealiseer met die verkoop/distribusie van beleggings;

• Dividende ontvang van maatskappye waarin belê is en wat nie as filiale, geassosieerdes en gesamentlike ondernemings geklassifiseer is nie, bv. die Milestone China Funds en die Pembani Remgro Infrastruktuurfonds;

• Rente ontvang;

• Rente betaal;

• Netto korporatiewe koste, insluitende vergoeding en ander voordele betaal aan werknemers; en

• Belasting.

Soos uit bogenoemde blyk, word dividende ontvang van bedryfsfiliale, geassosieerdes en gesamentlike onder nemings nie in Remgro se gerapporteerde netto wins ingesluit nie. Daarby word enige gerealiseerde wins op die verkoop/distribu sie van beleggings ook by die gerapporteerde wesensverdienste uitgesluit.

As beleggingshouermaatskappy, en in teenstelling met die hantering van resultate ingevolge rekeningkundige standaarde, bestaan die beste beraming van Remgro se wins op houer-maatskappyvlak (“by die kern“), na ons mening, uit die volgende:

• Dividende ontvang van maatskappye waarin belê is;

• Rente ontvang;

• Wins/verlies ontvang by die realisering van beleg gings;

• Netto korporatiewe koste, insluitende die ver goeding en ander voordele betaal aan werknemers;

• Rente betaal;

• Belasting betaal; en

• Wisselkoersveranderinge.

Die netto resultaat van bogenoemde benader die kontant gegenereer wat by die kern beskikbaar is om nuwe beleggings te maak en/of dividende aan aandeel houers te betaal.

Gegewe die aard daarvan as ’n beleggingshouermaatskappy, en die aansienlike kontant wat beskikbaar is en hanteer word, word kontantbestuur en die beheer van tesourierisiko’s as baie belangrik beskou. Dit sluit die bestuur van bewegings in buitelandse wisselkoerse in, wat in meer besonderhede in die hoof finansiële beampte se verslag op bladsy 25 behandel word. Verwys  ook na bladsy 28 vir ’n gedetailleerde ontleding van “kontantbewegings by die kern“ vir die jaar onder oorsig.

Remgro beoordeel sy vertoning verder aan die hand van die toename in sy intrinsieke netto batewaarde. Dit meet die groei in die onderliggende waarde van die onderskeie maatskappye waarin belê is. Verwys na die hoofuitvoerende beampte se verslag op bladsy 20 vir ’n meer gedetailleerde ontleding van

Remgro se intrinsieke netto batewaarde.

UITKERINGS AAN AANDEELHOUERSDividende aan aandeelhouers word befonds uit dividend-

inkomste en rente ontvang by die kern.

Ten opsigte van normale dividende aan aandeelhouers, is

dit die doel van die maatskappy om aandeelhouers te voorsien

van ’n konstante jaarlikse dividendvloei, wat hulle ten minste

teen inflasie beskerm, deur die ekonomiese siklusse.

Soos in die verlede, in spesiale omstandighede, sal die maat-

skappy ander uitkerings in die vorm van spesiale dividende of

die ontbondeling van beleggings aan aandeelhouers oorweeg.

Page 12: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

10

WWW.REMGRO.COM

BESIGHEIDSOORSIG

REMGRO SE KERNDOELWITTE

KERNDOELWITTE EN VERNAAMSTE GEÏNTEGREERDE RISIKO’S

Hierdie doelwit word ondersteun deur Remgro se beleggingsfilosofie en strategie, asook sy begrip van al die risiko’s en geleenthede verbonde aan die groep se beleggingsportefeulje.

Leierskap gegrond op ’n etiese fondasie lei tot ’n kultuur van etiese en morele gedrag en die nakoming van wette, reëls, kodes en standaarde.

Hierdie risiko’s en geleenthede word deurlopend opgeweeg teen die risiko-aptyt en risikodraende vermoë, soos deur die direksie bepaal.

Daardeur die onderneming as ’n voorkeurbeleggings vennoot te posisioneer.

Ons fokus op die skepping van aandeelhouers waarde en volhoubare groei deur in onder nemings te belê wat voortreflike groei in verdienste en dividende oor die lang termyn kan voorsien.

Deur altyd die impak van die maatskappy se strategie op die kommersiële volhoubaar heid daarvan, die indirekte impak op die gemeenskap waarin hy sake bedryf en die omgewing in aanmerking te neem en sodoende as ’n verantwoordelike korporatiewe burger en belegger op te tree.

1

1

2

2

3

3

Bestuur met die doel om waardeskepping en volhoubare groei te maksimeer

Om eties sake te doen

Page 13: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

11

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

Remgro se drie vernaamste risiko’s word hieronder saamgevat. ’n Meer omvattende ontleding van ons risikobestuursproses word in

die Risikobestuursverslag gegee, terwyl die belangrikste finansiële risiko’s, insluitende dié wat verband hou met die wêreld ekonomie

en wisselkoerse, in die verslag van die hoof finansiële beampte behandel word.

VERNAAMSTE GEÏNTEGREERDE RISIKO’S

’n Gesonde staat van finansiële stand stel Remgro in staat om nuwe beleggings te maak of om sy belang te verhoog in beleggings wat goed presteer of om groeigeleenthede te befonds deur middel van aandeelhouerlenings.

Die vermoë om waarde toe te voeg tot maatskappye waarin belê word deur middel van bekwame en ervare bestuurders.

Remgro se grootte en invloed stel hom in staat om beduidende belange te bekom in ondernemings wat groot genoeg is om ’n wesentlike uitwerking op Remgro se resultate te hê.

1 2 3

Die volgende aspekte word as fundamenteel vir volhoubare groei en welvaartskepping beskou:

VERNAAMSTE GEÏNTEGREERDE VOLHOUBAARHEIDSDRYWERS

RISIKO KONTEKS

1 Die vernietiging van waarde deur die swak bestuur van bestaande beleggings, insluitende die bestuur van die maatskappye waarin belê is.

Die suksesvolle bestuur van beleggings is afhanklik van goeie insig in die besigheid van die maatskappye waarin belê word en ook in die identifisering van die mees geskikte Remgro-bestuurders om die maatskappy in die direksies van hierdie ondernemings te verteenwoordig.

2 Die onvermoë van direksies van maatskappye waarin belê is om ontwrigtende tegnologierisiko’s, of soortgelyke ontwikkelings in hul markte, betyds te identifiseer.

Die volhoubaarheid van maatskappye waarin belê is, is afhanklik van hul vermoë om markneigings en ontwrigtende tegnologie te identifiseer wat hul besighede wesentlik kan raak.

3 Verhoogde landrisiko weens maatskaplike onrus, lae ekonomiese groei, die stygende lopende rekening- en begrotingstekort en gevolglike gevaar van laer staatskredietgraderings.

Die direksies van beleggingsmaatskappye fokus in ’n toenemende mate op die oplossing van dringende aangeleenthede, soos buitelandse valutarisiko, maatskaplike onrus, kragvoorsieningsrisiko, waterskaarste, wetgewing en regulatoriese aangeleenthede en toename in misdaad, deur strategiese en/of beheerprosesse.

KERNDOELWITTE EN VERNAAMSTE GEÏNTEGREERDE RISIKO’S / BESIGHEIDSOORSIG

Page 14: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

SESJAAR-OORSIG EN AANDELESTATISTIEK

GEKONSOLIDEERDE INKOMSTESTATE

R miljoen

Jaargeëindig30 Junie

2016

Jaargeëindig30 Junie

2015

Jaargeëindig30 Junie

2014Her-

saamgestel

Jaargeëindig30 Junie

2013

Jaargeëindig30 Junie

2012

Vyftienmaande

geëindig30 Junie

2011

Wins/(verlies) voor inagname van die onderstaande (696) 1 680 (18) 520 1 169 989Nie-herhalende en kapitale items en waardedalings (105) 408 73 (112) 4 126 2 327Gekonsolideerde wins/(verlies) voor belasting (801) 2 088 55 408 5 295 3 316Belasting 4 (395) (57) (261) (462) (480)Gekonsolideerde wins/(verlies) na belasting (797) 1 693 (2) 147 4 833 2 836Belang in na-belaste wins van geëkwiteerde beleggings 6 250 7 228 6 853 4 035 4 532 8 112Netto wins na belasting 5 453 8 921 6 851 4 182 9 365 10 948Nie-beherende belang (67) (206) 66 (3) (81) (107)Toeskryfbare netto wins vir die tydperk 5 386 8 715 6 917 4 179 9 284 10 841

Wesensverdienste 5 887 7 996 6 635 4 196 5 113 5 555Wesensverdienste per aandeel (sent) 1 143.9 1 555.0 1 292.4 817.1 994.6 1 082.4Verdienste per aandeel (sent) 1 046.6 1 694.9 1 347.3 813.8 1 805.9 2 112.4Dividende per aandeel (sent)– Gewoon 460 428 389 346 314 314

GEKONSOLIDEERDE STATE VAN FINANSIËLE STAND

R miljoen30 Junie

201630 Junie

2015

30 Junie2014Her-

saamgestel30 Junie

201330 Junie

201230 Junie

2011

Eiendom, aanleg en toerusting, biologiese landboubates en beleggingseiendomme 7 024 6 317 6 157 5 839 3 621 3 270

Beleggings – Geëkwiteer 78 565 57 831 52 169 45 408 38 321 34 920Ander nie-bedryfsbates 9 486 9 418 9 306 8 684 2 358 6 933Bedryfsbates 14 086 21 126 11 876 12 575 13 727 10 864Totale bates 109 161 94 692 79 508 72 506 58 027 55 987Totale ekwiteit 81 701 75 917 68 634 60 645 54 253 52 330Nie-bedryfslaste 20 838 5 404 2 199 7 827 981 1 481Bedryfslaste 6 622 13 371 8 675 4 034 2 793 2 176Totale ekwiteit en laste 109 161 94 692 79 508 72 506 58 027 55 987Netto batewaarde per aandeel (Rand)(toeskryfbaar aan ekwiteithouers)– teen boekwaarde 153.17 142.12 128.56 114.25 103.93 100.37– teen intrinsieke waarde 306.44 288.89 245.96 204.83 152.61 135.97

BESIGHEIDSOORSIG

12

WWW.REMGRO.COM

Page 15: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

GEKONSOLIDEERDE STATE VAN KONTANTVLOEI

R miljoen

Jaargeëindig30 Junie

2016

Jaargeëindig30 Junie

2015

Jaargeëindig30 Junie

2014Her-

saamgestel

Jaargeëindig30 Junie

2013

Jaargeëindig30 Junie

2012

Vyftienmaande

geëindig30 Junie

2011

Kontant voortgebring uit bedrywighede 4 365 5 226 3 006 3 147 3 372 2 733Belasting betaal (328) (397) (135) (236) (431) (407)Kontant beskikbaar uit bedryfsaktiwiteite 4 037 4 829 4 245 4 319 4 254 2 378Dividende betaal (2 358) (2 136) (1 834) (1 745) (1 819) (1 220)Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite 1 679 2 693 2 411 2 574 2 435 1 158Netto beleggingsaktiwiteite (18 745) (1 151) (2 121) (4 635) (495) (671)Netto finansieringsaktiwiteite 16 365 (1 349) (818) (170) 139 87Netto toename/(afname) in kontant

en kontantekwivalente (701) 193 (528) (2 231) 2 079 574

AANDELESTATISTIEK

Jaargeëindig30 Junie

2016

Jaargeëindig30 Junie

2015

Jaargeëindig30 Junie

2014

Jaargeëindig30 Junie

2013

Jaargeëindig30 Junie

2012

Vyftienmaande

geëindig31 Junie

2011

Geweegde aantal ongenoteerde B-gewone aandele (’000) 35 506 35 506 35 506 35 506 35 506 35 506JSE BeperkGeweegde aantal Remgro gewone aandele uitgereik – ongenoteerde B-gewone aandele uitgesluit (’000) 479 128 478 695 477 898 478 020 478 584 477 703Markkapitalisasie teen einde van tydperk (R miljoen) – alleenlik gewone aandele 122 519 123 134 110 654 91 386 63 261 53 691Prys (sent per aandeel)– Laaste dag van tydperk– Hoogste– Laagste

25 46628 10621 455

25 594 28 190 21 850

23 00023 00018 000

18 99520 10713 168

13 14913 64910 050

11 160 11 5399 100

Aantal aandele verhandel (’000) 281 917 235 156 202 660 254 250 231 837 311 457Waarde van aandele verhandel (R miljoen) 70 671 58 994 39 935 41 975 28 131 32 652Aandele verhandel/geweegde aantal gewone aandele (%) 59.0 49.1 42.4 53.2 48.4 65.2Aantal transaksies 859 300 780 733 501 423 436 606 351 209 431 614

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

13

SESJAAR-OORSIG EN AANDELESTATISTIEK / BESIGHEIDSOORSIG

Page 16: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

BESIGHEIDSOORSIG

WWW.REMGRO.COM

14

DIREKSIE EN LEDE VAN KOMITEES

NIE-UITVOERENDE DIREKTEURE

J P RUPERT (66)

AANGESTEL: 18 Augustus 2000

VOORSITTER

Direkteurskappe: Mnr Rupert is die voorsitter van Compagnie Financière Richemont SA en die voorsitter van Reinet Investments Manager SA, die bestuursmaatskappy van Reinet Investments S.C.A. Hy het ekonomie en maatskappyreg aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en het ’n uitgebreide loopbaan in inter nasionale sake, bankwese en finansies. Nadat hy vir Chase Manhattan Bank en Lazard Frères in New York gewerk het, het hy Rand Aksepbank Beperk in 1979 gestig. In 1985 het hy by die Rembrandt Groep aangesluit. Hy is die ontvanger van ere doktorsgrade in die regte, ekonomie en handel, is kanselier van die Universiteit van Stellenbosch en voorsitter van die Vredesparkestigting.

E DE LA H HERTZOG (66)

AANGESTEL: 18 Augustus 2000

ONDERVOORSITTER

Direkteurskappe: Nie-uitvoerende voorsitter van Mediclinic International plc. Hy het ’n meestersgraad in medi syne, ’n genootskap van die Fakulteit van Anestesiologie en ’n PhD (honoris causa) verwerf. Hy is ’n voormalige voorsitter van die raad van die Universiteit van Stellenbosch en dien sedert Junie 2005 as nie-uitvoerende ondervoorsitter van Remgro.

J MALHERBE (60)

AANGESTEL: 11 Oktober 2006

ONDERVOORSITTER

Direkteurskappe: Compagnie Financière Riche mont SA en Reinet Investments Manager SA. Hy het as geok trooieerde rekenmeester gekwalifiseer en vir die voorgangerfirma van PricewaterhouseCoopers gewerk voordat hy in 1985 by Rand Aksepbank Beperk aangesluit het. Hy sluit in 1990 by die Rembrandt Groep aan en is aangestel as nie-uitvoerende mede-ondervoorsitter van Remgro in November 2014.

ONAFHANKLIKE NIE-UITVOERENDE DIREKTEURE

S E N DE BRUYN SEBOTSA (44)

AANGESTEL: 16 Maart 2015

Direkteurskappe: Medestigter van Identity Capital Partners Eiendoms Beperk in 2008. Sy het 13 jaar ondervinding as ’n direkteur van maatskappye wat dien op die direksies van FirstRand Beperk, Anglo American Platinum Beperk, Mr Price Group Beperk, en Dimension Data (Suid-Afrika) Eiendoms Beperk. Sy is tans ’n nie-uitvoerende direkteur van RMB Holdings Beperk, RMI Holdings Beperk en Discovery Beperk. Sy was voorheen ’n trustee van die Nasionale Bemagtigingsfonds en ’n lid van die presidensiële werkgroep oor SEB. Sonja het bygedra tot die debat oor die bemagtiging van vroue, SEB, transformasie, privatisering en die ekonomie deur publikasies, artikels en onderhoude.

G T FERREIRA (68)

AANGESTEL: 4 November 2009

HOOF ONAFHANKLIKE DIREKTEUR

Direkteurskappe: Tans voorsitter van RMB Holdings Beperk en RMI Holdings Beperk. Hy was betrokke in die finansiëledienste-sektor sedert hy besigheidsgrade aan die Uni versiteit van Stellenbosch verwerf het. Vorige voorsitterskappe sluit in: AIG (SA) Eiendoms Beperk, FirstRand Beperk, FirstRand Bank Beperk, Rand Aksepbank Beperk en die Aksep Bankiersvereniging van Suid-Afrika. Vorige direkteurskappe sluit in: Anglo American Korporasie Beperk, FirstRand Beperk, Eerste Nasionale Bank Beperk, GlenRand MIB Beperk, die Nywerheid-Ontwikkelings-korporasie, Lenco Beperk, Malbak Beperk en Momentum Lewens Beperk. Hy is ’n lid van die beleggingskomitee en die vergoedings-en-nominasiekomitee.

P K HARRIS (66)

AANGESTEL: 28 November 2001

Direkteurskappe: Nie-uitvoerende direkteur van FirstRand Beperk, FirstRand Bank Beperk en RMB Holdings Beperk. Mnr Harris is lid van die vergoedings-en-nominasiekomitee en die beleggingskomitee. Hy het aan die Universiteit van Stellenbosch gegradueer met ’n MComm in ekonomie en finansies. Hy is ’n medestigter van Rand Consolidated Investments wat in 1985 saamgesmelt het met Rand Aksepbank Beperk. Hy was ook ’n stigterdirekteur van FirstRand na die samevoeging van die finansiëledienste-belange van Anglo American Corporation of South Africa en RMB Holdings Beperk en hoofuitvoerende beampte tot sy aftrede in 2009.

N P MAGEZA (61)

AANGESTEL: 4 November 2009

Direkteurskappe: Voorheen die hoof bedryfsbeampte van die Absa Groep. Hy is ’n geoktrooieerde gesertifiseerde rekenmeester en ’n genoot van die Vereniging van Geok trooieerde Gesertifiseerde Rekenmeesters (VGGR) VK, sowel as ’n direkteur van verskeie maat skappye, insluitende Anglo American Platinum Beperk, Eqstra Holdings Beperk, MTN Groep Beperk, RCL Foods Beperk en Sappi Beperk. Hy het wye ervaring opgedoen in talle uitvoerende poste in die oudit-, finansiëledienste- en die vervoer- en logistiekesektore. Hy is ’n lid van die oudit-en-risikokomitee.

Page 17: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

15

DIREKSIE EN LEDE VAN KOMITEES / BESIGHEIDSOORSIG

LEDE VANKOMITEESOUDIT-EN-RISIKOKOMITEE

H Wessels (voorsitter);S E N De Bruyn Sebotsa;N P Mageza;P J Moleketi;F Robertson

BELEGGINGSKOMITEE

J P Rupert (voorsitter); J J Durand; G T Ferreira; P K Harris; J Malherbe; N J Willliams

BESTUURSRAAD

J J Durand (voorsitter); W E Bührmann; P R Louw;P J Uys; N J Williams

VERGOEDINGS-EN-NOMINASIEKOMITEE

J P Rupert (voorsitter); G T Ferreira; P K Harris; F Robertson

MAATSKAPLIKE-EN-ETIESEKOMITEE

H Wessels (voorsitter); P R Louw; P J Uys

UITVOERENDE DIREKTEURE

J J DURAND (49)

HOOFUITVOERENDE BEAMPTE

BRek (Hons), MPhil (Oxon), GR(SA) Diensjare by die groep: 20

Direkteurskappe: Distell Groep Beperk, FirstRand Beperk, Grindrod Beperk, Mediclinic International plc, RCL Foods Beperk en RMI Holdings Beperk.

W E BÜHRMANN (61)

BELEGGINGS

BComm, STR, GR(SA)Diensjare by die groep: 29

Direkteurskappe: Voorsitter van Invenfin Eien doms Beperk, sowel as ’n direkteur van Pembani Remgro Infrastructure Managers Eiendoms Beperk en Unilever South Africa Holdings Eiendoms Beperk.

N J WILLIAMS (51)

HOOF FINANSIËLE BEAMPTE

BComm (Hons), GR(SA)Diensjare by die groep: 22

Direkteurskappe: Business Partners Beperk, eMedia Investments Eiendoms Beperk, Total South Africa Eiendoms Beperk en Western Province Rugby Eiendoms Beperk.

P J MOLEKETI (59)

AANGESTEL: 4 November 2009

Direkteurskappe: ’n Voormalige adjunkminister van finansies van die Republiek van Suid-Afrika en LUK vir finansiële en ekonomiese sake in die Gauteng-provinsie, asook direkteur van verskeie maatskappye, waaronder Brait South Africa, die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika, Harith Fondsbestuurders, MMI Holdings Beperk en Vodacom Groep Beperk. Hy beskik oor nagraadse kwalifikasies in ekonomie en bestuur van die Universiteit van Londen en die Harvard Besigheidskool en het wye internasionale ervaring, strategiese leierskapkwaliteite en diepgaande korporatiewe bestuurservaring in beide die openbare en privaatsektor. Hy is ’n lid van die oudit-en-risikokomitee.

M MOROBE (59)

AANGESTEL: 18 Junie 2007

Direkteurskappe: In 2013, na ’n sewejaar-termyn as hoofuitvoerende beampte van Kagiso Media Beperk, aanvaar mnr Morobe die rol as voorsitter en nasionale direkteur van die Programme to Improve Learner Outcomes (PILO). PILO is tans ’n vooraanstaande diensverskaffer vir die National Education Colla boration Trust. ’n Toegewyde aktivis vir maatskaplike ontwikkeling, mnr Morobe het sedert sy vrylating van Robbeneiland in 1982, voortgegaan om homself te betrek – afgesien van vorige rolle in die staatsdiens, die voorsitter van die Finansiële en Fiskale Kommissie (1994-2004) en private sektor – by verskeie maatskaplike aksies, hoofsaaklik met betrekking tot jeug ontwikkeling, omgewing en bewaring. Hy dien ook tans in die direksies van WWF-SA, en tot 2015 in die direksies van The Steve Biko Foundation, City Year South Africa en as voorsitter van Food and Trees for Africa. Mnr Morobe is ook aangestel op die direksie van RMB Holdings Beperk in 2014.

F ROBERTSON (61)

AANGESTEL: 28 Maart 2001

Direkteurskappe: Uitvoerende voorsitter van Brimstone Investment Corporation Beperk. Mnr Robertson en sy sakevennoot het Brimstone Investments Corpo ration Beperk tot ’n JSE-genoteerde maatskappy ontwikkel. Hy is ook voorsitter van Commlife Holdings Eiendoms Beperk, Lion of Africa Insurance Company Beperk, Lion of Africa Life Assurance Company Beperk, House of Monatic en Sea Harvest Corporation Eiendoms Beperk. Hy dien as nie-uitvoerende direkteur in die direksies van Aon Re Africa Eiendoms Beperk, Old Mutual Emerging Markets Beperk, Novus Holdings Beperk en Swiss Re Life and Health Africa Beperk. Hy dien ook as voorsitter van die raad van trustees van die Universiteit van Wes-Kaap Foundation. Hy is ’n lid van die oudit-en-risikokomitee en die vergoedings-en-nominasiekomitee. Fred is die ontvanger van ’n ere doktorsgraad in filosofie van die Universiteit van Wes-Kaap.

H WESSELS (71)

AANGESTEL: 22 Augustus 2008

Direkteurskappe: Mnr Wessels is ’n direkteur van Keeromstraat 30 Beleggings Beperk, Naspers Beleggings Beperk, Trencor Beperk, Vredesparkestigting, Swiss Re Life and Health Africa Beperk en WWF-SA. As ’n gewese vennoot van PricewaterhouseCoopers en ’n voormalige voorsitter van die bestuursraad van die Suid-Afrikaanse praktyk gebruik mnr Wessels sy wye ervaring en kennis in sy optrede as finansiële konsultant. Hy beskik oor ’n BComm (US), STR (Unisa) en GR(SA), is voorsitter van die oudit-en-risikokomitee en woon verskeie ander komiteevergaderings op uitnodiging by.

Page 18: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

16

WWW.REMGRO.COM

BESIGHEIDSOORSIG

HOE REMGRO BESTUUR WORDRemgro Beperk se direksie lei en beheer die groep in alle sake

van wesentlike of strategiese aard wat ’n uitwerking op die

reputasie en prestasie van die groep kan hê. Die bestuursraad is

’n subkomitee van die direksie wat hoofsaaklik verantwoordelik

is vir die vasstelling van beleid, die monitering en bestuur van

bestaande beleggings, die identifisering en aanbeveling van

nuwe beleggingsgeleenthede en die uitvoering van die direksie

se besluite en strategie. Ander sake, soos opgedra deur die

direksie, word op senior bestuursvlak hanteer, soos toegelaat

ingevolge ’n formele delegering van gesag wat die perke bepaal

van delegerings- en goedkeuringsmandate.

Die bestuursraad, saam met senior bestuur, streef daarna

om ’n kultuur van nakoming en goeie bestuur oral in die Remgro

groep te vestig. Op 30 Junie 2016 het die bestuursraad uit

vyf lede bestaan, van wie al drie uitvoeren de direkteure, asook

mnre Pieter Louw en Pieter Uys.

Die skematiese voorstelling hieronder in figuur 2 ver skaf

meer be sonderhede oor die dag-tot-dag-verantwoordelik-

hede en die gedelegeerde magte van die individuele lede

van die bestuursraad.

UITVOERENDE BESTUURSTRUKTUUR

REMGRO-DIREKSIE

BELEGGINGSKOMITEE BESTUURSRAAD

RISIKO-EN-IT-BESTUURSKOMITEE

VEILIGHEID, GESONDHEID EN OMGEWINGSKOMITEE

VERGOEDINGS-EN-NOMINASIEKOMITEE

MAATSKAPLIKE-EN-ETIESEKOMITEE

Figuur 1

OUDIT-EN-RISIKOKOMITEE

BELEGGINGS LYNBESTUUR

DIREKSIE HOOFUITVOERENDE BEAMPTEJ J Durand

HOOF FINANSIËLE BEAMPTEN J Williams

BELEGGINGS

NUWE BELEGGINGS EN WAAGKAPITAALW E Bührmann

TESOURIE FINANSIESMENSLIKE

HULP-BRONNE

KORPORATIEWE FINANSIESP R LouwGR(SA)

Diensjare by die groep: 15

STRATEGIESE BELEGGINGSP J Uys

MIng (Elektries), MBADiensjare by die groep: 3

BESTUURSRAAD

SEKRETARIEELM Lubbe

BADiensjare by die groep: 22

M LUBBE

P R LOUW

P J UYS

Figuur 2

Page 19: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

17

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

BESIGHEIDSOORSIG

AANDEELHOUERSDAGBOEK EN MAATSKAPPY-INLIGTING

DATUMS VAN BELANG VIR AANDEELHOUERSFinansiële jaareinde 30 Junie

Algemene jaarvergadering Donderdag, 1 Desember 2016

Finansiële verslae

Aankondiging van tussenresultate Maart

Tussenverslag Maart

Aankondiging van jaarresultate September

Finansiële jaarstate Oktober

Dividende

Tussendividend

– verklaar Maart

– betaal April

Finale dividend

– verklaar September

– betaal November

Finale dividend Nr. 32

Gewone dividend per aandeel 275 sent

Laaste dag van verhandeling ten einde vir die dividend te kwalifiseer Dinsdag, 15 November 2016

Aandele verhandel ex dividend Woensdag, 16 November 2016

Rekorddatum Vrydag, 18 November 2016

Betaaldatum Maandag, 21 November 2016

MAATSKAPPY-INLIGTINGMaatskappysekretarisM Lubbe

Sake-adres en geregistreerde kantoorMillenniaparkStellentialaan 16Stellenbosch7600

Posbus 456Stellenbosch7599

OordragsekretarisComputershare Investor Services Eiendoms BeperkMarshallstraat 70Johannesburg2001

Posbus 61051Marshalltown2107

OuditeurePricewaterhouseCoopers Geïnk.Stellenbosch

NoteringJSE BeperkSektor: Nywerhede – Algemene Nywerhede

BorgRand Aksepbank (’n Afdeling van FirstRand Bank Beperk)

Webwerfwww.remgro.com

Page 20: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

18

WWW.REMGRO.COM

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

EKONOMIESE OORSIGDie Suid-Afrikaanse ekonomie het ’n swakker as verwagte begin in 2016 gehad, met die BBP wat verder in die eerste kwartaal van 2016 verswak het. Seisoensaangepaste BBP het met 0.6% op ’n jaargrondslag verswak. Aangesien die ekonomie in die eerste kwartaal van 2015 nog met 2.3% op ’n jaargrondslag gegroei het, was die verlies aan groeimomentum heel uitsonderlik. As na die produksiekant gekyk word, was die swakheid veral sigbaar in die primêre sektore (mynbou en landbou), terwyl die groei in vervaardigingsuitsette ook ’n geruime tyd reeds ondergemiddeld was. Bestedingsdata wys dat die groei in reële vaste investering aan die begin van die jaar skerp gedaal het. Dit is in ’n mindere mate ook die geval met groei in verbruikersbesteding.

BBP-groei het op ’n jaargrondslag tot 0.7% in die tweede kwartaal herstel, maar dit beteken steeds geen groei in die eerste helfte van 2016 nie. As vorentoe gekyk word, toon beide globale en plaaslike dinamika dat BBP-groei vir die res van 2016 swak gaan bly. Op die wêreldfront sal die voortslepende verlangsaming van die Chinese ekonomie, asook die onsekerhede wat Brittanje se besluit om die Europese Unie te verlaat (Brexit) veroorsaak het, meebring dat Suid-Afrika min groei-ondersteuning uit die res van die wêreld kan verwag. Hierdie omgewing is nie bevorderlik vir sterk uitvoergroei nie. Uitvoere is egter aangehelp deur die verhoogde verskepings van edelmetale en voertuie in die tweede kwartaal. Voertuiguitvoere sal na verwagting sterk bly gedurende die res van 2016. Plaaslik sal ’n verwagte versnelling in inflasie in die tweede helfte van 2016, swak indiensnemingsgroei en lae verbruikersvertroue verseker dat verbruiksbesteding onder druk bly. Op ’n meer positiewe noot het verbruikers in Augustus ’n effense blaaskans gekry toe die petrolprys met byna R1/liter gedaal het, met nog ’n matige daling in September. Swak sakevertroue in die derde kwartaal van 2016 gee ’n aanduiding dat private vaste investering onwaarskynlik oor die kort termyn sal herstel.

Hierdie faktore wil te kenne gee dat die BBP waarskynlik futloos sal bly en selfs ’n algehele daling in 2016 mag toon. Die beter as verwagte BBP-data in die tweede kwartaal skep ’n matige opwaartse risiko ten opsigte van BBP-vooruitsigte. In die besonder het die moontlikheid van ’n tegniese resessie (twee agtereenvolgende kwartale van BBP-daling) in die tweede helfte van die jaar verminder. Benewens ander gevolge het die swakker BBP-vooruitsigte ook fiskale implikasies, waaronder ’n groter geprojekteerde begrotingstekort as wat die tesourie in Februarie in die vooruitsig gestel het.

Ondanks die negatiewe groei-omgewing en die Brexit-skok was die randwisselkoers aanvanklik veerkragtig in die derde kwartaal (Julie en Augustus) omdat verwag is dat die VSA se Federale Reserwebank enige verdere rentekoersstygings sal uitstel. Die rand was ook gemiddeld sterker as wat verwag is teenoor die

VOORSITTER SE VERSLAG

JOHANN RUPERT

VOORSITTER

Remgro bestuur sy besigheid op ’n volhoubare wyse en streef die hoogste standaarde van etiek en korporatiewe bestuurspraktyke na

Page 21: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

19

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

VSA-dollar in die tweede kwartaal van 2016. Dit kan deels daaraan toegeskryf word dat al die belangrikste kredietgraderingsagentskappe besluit het om Suid-Afrika se graderings onveranderd te hou. Fitch het ’n herskikking van kredietgraderings aangekondig wat daartoe gelei het dat Suid-Afrika se plaaslike geldeenheidgradering – die gradering vir skuld uitgereik in die plaaslike geldeenheid – tot BBB- gesny is. Soos met die buitelandse valutagradering, beteken dit dat die gradering slegs een kerf bokant die spekulatiewe graad is. Die plaaslike geldeenheidgradering is belangrik omdat dit grootliks bepaal of Suid-Afrikaanse effekte deel bly van globale sleutelmaatstawwe, waaronder die World Government Bond Index (WGBI). Ondanks hierdie aankondiging het die rand vroeg in Augustus verder tot die vlak van R13/VSA-dollar versterk. Teen die einde van Augustus het hernude onsekerheid oor die toekoms van die Minister van Finansies die vroeëre winste van die rand uitgewis.

Die inflasievooruitsigte het ietwat verbeter vanweë beter as verwagte voedselpryse en algehele VPI-tendense wat na verwagting sal help om die moontlike hoër internasionale olieprys in 2017 teen te werk. Na raming sal wesens-VPI gemiddeld 6.4% in 2016 wees en tot 6% in 2017 verlangsaam.

Die verwagting van matige inflasie in 2017, asook die gedempte groeivooruitsigte, sal waarskynlik meebring dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) in die afsienbare toekoms die repokoers op die huidige vlak van 7% sal handhaaf. Die Julie-verklaring van die Monetêre Beleidskomitee (MPC) het dit egter duidelik gestel dat die SARB nog nie oortuig is daarvan dat die einde van rentekoersverhogings bereik is nie. Die MPC is van mening dat die besluit in Julie om die rentekoers onveranderd te hou as ’n verposing in die verdere versterking van monetêre beleid gesien moet eerder as ’n einde van koersverhogings.

KORPORATIEWE BESTUUR EN VOLHOUBAARHEIDRemgro is ten volle daartoe verbind om sy besigheid op ’n volhoubare wyse te bestuur en die hoogste standaarde van etiek en korporatiewe bestuurspraktyke na te streef. Die direksie is uiteindelik aanspreeklik vir die vertoning van die maat-skappy, met begrip daarvoor dat strategie, risiko, prestasie en volhoubaarheid onafskeidbaar is.

Ons bestuursraamwerk is op die beginsels van King III gegrond en ons is tevrede dat die maatskappy die meeste van die beginsels gedurende die jaar onder oorsig nagekom het. Ons glo ook dat die huidige lede van die raad gesamentlik oor genoegsame vaardighede, ervaring en diversiteit beskik om hul verantwoordelikhede na te kom, die groep se doelwitte te bereik en aandeelhouerswaarde oor die langtermyn te skep.

FINANSIËLE VERTONING EN BELEGGINGSBEDRYWIGHEDERemgro se intrinsieke netto batewaarde per aandeel het met 6.1%, van R288.89 op 30 Junie 2015 tot R306.44 op 30 Junie 2016, toegeneem. Die grootste bydraer tot die toename was Mediclinic, wie se aandeel van intrinsieke netto batewaarde (voor enige moontlike KWB) op ’n jaargrondslag met 89.9%, van

R36.7 miljard tot R69.7 miljard, toegeneem het. Op 30 Junie 2016 het ongenoteerde beleggings 17% van Remgro se intrinsieke netto batewaarde verteenwoordig (2015: 18%).

Die mees wesentlike beleggings in die jaar onder oorsig was die afhandeling van Remgro se fasilitering van die verkryging van Spire Healthcare Group plc (Spire) deur Mediclinic International Beperk (Mediclinic) en die daaropvolgende deelname aan Mediclinic se regte-uitgifte, asook Remgro se inskrywing vir aandele in Al Noor Hospitals Group plc (Al Noor) as deel van die samevoeging van Mediclinic en Al Noor. Om hierdie transaksies te finansier, het Remgro oorbruggingsfinansiering ten bedrae van R7.8 miljard in Suid-Afrika en £400.0 miljoen oorsee bekom. Die meerderheid van die oorbruggingsfinansiering is later vervang met die uitreiking van vastekoers-kumulatiewe aflosbare voorkeuraandele ten bedrae van R7.9 miljard, asook die uitreiking van omruilbare skuldbriewe ten bedrae van £350.0 miljoen. Die skuldbriewe is omruilbaar vir Mediclinic International plc-aandele en/of kontant.

Vir die jaar tot 30 Junie 2016 het wesensverdienste en wesensverdienste per aandeel onderskeidelik met 26.4% van R7 996 miljoen tot R5 887 miljoen en vanaf 1 555.0 sent tot 1 143.9 sent afgeneem. Dit is hoofsaaklik te wyte aan die eenmalige transaksiekoste wat aangegaan is met Mediclinic se regte-uitgifte en die transaksie met Al Noor ten bedrae van R788 miljoen, sowel as ’n billike waarde aanpassing van R730 miljoen wat verband hou met die toename in waarde van die omruilopsie (verantwoord as ’n afgeleide verpligting) van die omruilbare skuldbriewe. Met uitsluiting van hierdie items, het wesensverdienste met 7.4%, van R7 996 miljoen tot R7 405 miljoen afgeneem, terwyl wesensverdienste per aandeel met 7.5% van 1 555.0 sent tot 1 438.9 sent, gedaal het.

DIREKSIEMnr Neville Williams is as hoof finansiële beampte op 1 April 2016 aangestel in die plek van mnr Leon Crouse wat op 31 Maart 2016 afgetree het.

Die direksie verwelkom mnr Williams as ’n direkteur van die maatskappy.

ERKENNINGOns spreek ons opregte waardering uit teenoor almal wat die afgelope jaar tot die groep se vertoning bygedra het: die aandeelhouers vir hul volgehoue vertroue; die uitvoerende direkteure en alle kollegas in die onderskeie groepmaatskappye vir hul samewerking en ondersteuning; alle ander direkteure, beamptes en werknemers vir hul toewyding; en alle betrokke partye vir dienste gelewer.

Johann Rupert Voorsitter

Stellenbosch20 September 2016

VOORSITTER SE VERSLAG / VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

Page 22: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

20

WWW.REMGRO.COM

INLEIDINGRemgro se intrinsieke netto batewaarde is die

beste aanwyser van die waarde wat vir ons

aandeelhouers toegevoeg word. In die jaar onder

oorsig het die intrinsieke netto batewaarde per

aandeel met 6.1% van R288.89 op 30 Junie  2015 tot

R306.44 op 30 Junie 2016 toegeneem. Oor dieselfde

tydperk het die alle aandele-indeks van die JSE met

0.8% toegeneem, terwyl Remgro se aandeelprys met

0.5% gedaal het. U word verwys na die tabelle op

bladsy 22 waar die relatiewe vertonings in meer

besonderhede uiteengesit word.

Hierdie verslag poog om aan aandeelhouers ’n beter

begrip te gee van die metodes wat gebruik word om

die intrinsieke netto batewaarde te bereken, veral met

betrekking tot die waardasie van ons ongenoteerde

beleggings. ’n Opsomming van ons beleggingsbedrywig-

hede gedurende die jaar onder oorsig word ook verskaf.

INTRINSIEKE NETTO BATEWAARDEDie intrinsieke netto batewaarde van die groep sluit

waar dasies in van alle beleggings, insluitende filiaal-

en geassosieerde maatskappye en gesamentlike

ondernemings, teen óf geno teerde markwaarde óf,

soos in die geval van ongenoteerde beleggings, teen

die direkteurs waardasie. Die netto bates van ander

volfiliaalmaatskappye bestaan hoofsaaklik uit monetêre

items (ingesluit teen boekwaarde) en eiendom (ingesluit

teen billike waarde).

Die volgende faktore word in ag geneem ten einde

die direkteurswaardasie van ongenoteerde beleggings

te bepaal:

• Markwaarde en verdienste-opbrengste van soortgelyke

genoteerde aandele, met inagneming van die feit dat

die ongenoteerde beleggings se bemarkbaarheid

beperk is en, in sommige gevalle, ook die verhandel-

baarheid daarvan

• Groeipotensiaal en risiko

• Onderliggende netto batewaarde

• Winsgeskiedenis

• Kontantvloeivooruitskattings

HOOFUITVOERENDE BEAMPTE SE VERSLAG

JANNIE DURAND

HOOFUITVOERENDE BEAMPTE

Remgro se intrinsieke netto batewaarde per aandeel neem toe met 6.1%

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

Page 23: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

21

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

Dit is Remgro se beleid om geen beheerpremie te plaas op

die waardasie van beleggings waar ’n meerder heids belang

gehou word nie. In gevalle waar Remgro ’n minderheids -

belang hou, word ’n 10%-verhandelbaarheidsdiskonto toegepas.

Remgro se ongenoteerde beleggings is soos volg waardeer:

AIR PRODUCTS

Die verdiskonteerde kontantvloei-metode is gebruik om

hierdie belegging te waardeer. Geen verhandelbaarheids-

diskonto word op die waardasie toegepas nie as gevolg van

die 50%-aandeelhouding.

BUSINESS PARTNERS

Die netto batewaarde is gebruik.

CIV GROEP

Die verdiskonteerde kontantvloei-metode is gebruik.

KAGISO TISO HOLDINGS

Die jaarlikse eksterne waardasie is gebruik.

PGSI

Die verdiskonteerde kontantvloei-metode is gebruik.

PRIF

Die jaarlikse eksterne waardasie is gebruik.

eMEDIA

’n Vergelykbare markprys is gebruik.

SEACOM

Die verdiskonteerde kontantvloei-metode is gebruik.

TOTAL

Die verdiskonteerde kontantvloei-metode is gebruik.

UNILEVER

Die verdiskonteerde kontantvloei-metode is gebruik.

WISPECO

Die verdiskonteerde kontantvloei-metode is gebruik.

Verwys na die tabel op bladsy 24 vir ’n gedetailleerde ont leding

van Remgro se intrinsieke netto batewaarde.

HOOFUITVOERENDE BEAMPTE SE VERSLAG / VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

INTRINSIEKE NETTO BATEWAARDE PER AANDEEL

+6.1%

JSE ALLEAANDELE-INDEKS

+0.8%

REMGRO- AANDEELPRYS

-0.5%

REMGRO-AANDEELPRYSRand per aandeel

253.

82

249.

75

247.

86 271.

95

242.

04

233.

14

240.

45

249.

20

254.

67

242.

91

246.

92266.

42

300

260

220

180

140

100

Jul2015

Aug2015

Sep2015

Okt2015

Nov2015

Des2015

Jan2016

Feb2016

Mrt2016

Apr2016

Mei2016

Jun2016

Hoogste/laagste sluitingsprys Geweegde gemiddelde prys

Page 24: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

22

WWW.REMGRO.COM

RELATIEWE VERTONING VAN INTRINSIEKE NETTO BATEWAARDE EN REMGRO INTERNE OPBRENGSKOERS (IOK)Die onderstaande tabelle vergelyk die relatiewe vertoning van Remgro se intrinsieke netto batewaarde per aandeel met

sekere gekose JSE-indekse. Dividende wat deur Remgro betaal is, is nie in aanmerking geneem nie.

30 Junie2016

30 Junie2015

30 Junie2014

30 Junie2013

30 Junie2012

30 Junie2011

31 Maart2010

Intrinsieke netto batewaarde – Rand per aandeel 306.44 288.89 245.96 204.83 152.61 135.97 121.64JSE – Alle aandele-indeks 52 218 51 807 50 945 39 578 33 708 31 865 28 748 – Fin & Ind 30-indeks 73 134 71 344 63 467 48 801 35 943 30 834 26 592 – Finansiële 15-indeks 14 715 16 498 14 501 11 176 9 618 8 128 8 061 – Hulpbronne 10-indeks 30 302 39 130 56 968 42 428 47 234 53 933 51 854Remgro-aandeelprys (Rand) 254.66 255.94 230.00 189.95 131.49 111.60 98.00

Relatiewe vertoning

Jaar 30 Junie 2016

(% jaar tot jaar)

Tydperk vanaf 28 Oktober 2008 tot 30 Junie 2016

(% saamgestel per jaar)

Intrinsieke netto batewaarde 6.1 18.3JSE – Alle aandele-indeks 0.8 14.4 – Fin & Ind 30-indeks 2.5 19.5 – Finansiële 15-indeks (10.8) 13.6 – Hulpbronne 10-indeks (22.5) (0.1)Remgro-aandeelprys (0.5) 20.5

Die onderstaande tabel vergelyk Remgro se IOK met sekere gekose JSE-indekse. Vir hierdie doel word daar aanvaar dat dividende

óf in Remgro-aandele óf in die betrokke indeks herbelê word, na gelang van die spesifieke berekening.

IOK vanaf 28 Oktober 2008 tot 30 Junie 2016 (% saamgestel per jaar)

JSE – Alle aandele-indeks 17.8 – Fin & Ind 30-indeks 22.9 – Finansiële 15-indeks 18.3 – Hulpbronne 10-indeks 2.8Remgro-aandeel 23.5

Die onderstaande tabel vergelyk die waarde op 30 Junie 2016 van R100 belê op 28 Oktober 2008 in óf die relevante indeks óf ’n Remgro-

aandeel. Vir hierdie doel word daar aanvaar dat dividende óf in Remgro-aandele óf in die betrokke indeks herbelê word, na gelang van

die spesifieke berekening.

R100 belê op 28 Oktober 2008 tot 30 Junie 2016 (Rand)

JSE – Alle aandele-indeks 351 – Fin & Ind 30-indeks 488 – Finansiële 15-indeks 362 – Hulpbronne 20-indeks 123Remgro-aandeel 507

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS / HOOFUITVOERENDE BEAMPTE SE VERSLAG

Page 25: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

23

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

BELEGGINGSAKTIWITEITEIn Junie 2015 het Remgro ’n belang van 29.9% in Spire Healthcare Group plc (Spire) bekom vir ’n koopsom van £431.7 miljoen. Die transaksie is vroeg in Julie 2015 afgehandel en Remgro het dit finansier deur ’n kombinasie van eie kontant en eksterne befondsing. Terselfdertyd het Remgro en Mediclinic International Beperk (Mediclinic) ’n ooreenkoms aangegaan waarvolgens Mediclinic Remgro se belang in Spire sou bekom, onderhewig daaraan dat Mediclinic genoegsame fondse werf om die transaksie af te handel. In Augustus 2015 het Mediclinic R10.0 miljard deur ’n regte-uitgifte gewerf ingevolge waarvan 111.1 miljoen nuwe Mediclinic-aandele teen ’n prys van R90.00 per aandeel uitgereik is. Deur sy regte te volg en die balans van die regte-uitgifte te onderskryf, het Remgro op ’n bykomende 51.3 miljoen Mediclinic-aandele ten bedrae van R4.6 miljard ingeskryf. Na die suksesvolle afhandeling van die regte-uitgifte het Mediclinic in Augustus 2015 Remgro se aandeelhouding in Spire verkry teen ’n bedrag van R8.6 miljard, gelykstaande aan die aankoopprys, asook transaksie- en finansieringskoste.

Op 15 Februarie 2016 het Mediclinic en Al Noor Hospitals Group plc (Al Noor) hul onderskeie besighede saamgevoeg waarna Al Noor 100% van die uitgereikte aandelekapitaal van Mediclinic bekom het. Gegewe die relatiewe grootte van Mediclinic en Al Noor is die samevoeging egter geklassifiseer as ’n omgekeerde oorname van Al Noor. Die gekombineerde groep is hernoem Mediclinic International plc (Mediclinic plc) en het sy primêre notering op die hoofmark van die Londense effektebeurs (LSE) behou. Mediclinic plc het ook ’n inwaartse sekondêre notering op die hoofmark van die Johannesburgse effektebeurs (JSE) verkry. Mediclinic se aandeelhouers het 0.625 Al Noor-aandele ontvang vir elke Mediclinic-aandeel gehou, gegrond op die vyf dae volume geweegde gemiddelde prys tot en met 1 Oktober 2015 van die Mediclinic-aandele op die JSE en die Al Noor-aandele op die LSE (wat onderskeidelik £5.20 en £8.32 bedra het). Buiten die Al Noor-aandele wat Remgro ontvang het, het Remgro ook, as ’n onderliggende komponent van die samevoeging, ingeskryf vir ’n bykomende 72.1 miljoen aandele in Al Noor, teen ’n subskripsieprys van £8.32 per aandeel, vir ’n totale bedrag van £600.0 miljoen.

In die jaar onder oorsig het Remgro ’n bykomende R150.0 miljoen vir die Pembani Remgro Infrastruktuurfonds (PRIF) bewillig, wat sy totale verpligting tot R650.0 miljoen verhoog het. As gevolg van die bykomende verpligting en PRIF se suksesvolle tweede en derde sluitings, het Remgro ’n verdere netto bedrag van R28.6 miljoen in PRIF belê en sodoende die kumulatiewe belegging tot R211.9 miljoen verhoog.

Sover dit die buiteland betref, is nog $14 miljoen in die Milestone Capital-fondse belê, wat Remgro se totale beleg-ging in China tot $202 miljoen verhoog het. Ondanks die huidige probleme in die Chinese ekonomie, glo Remgro dat

sy vennootskap met die Milestone-fondse oor die lang termyn waarde sal lewer.

Die onderstaande tabel toon die kontanteffek van Remgro se beleggingsbedrywighede vir die jaar tot 30 Junie 2016. Hierdie bedrywighede sluit die beleggings-bedrywighede van Remgro se bedryfsfiliale, RCL Foods Beperk en Wispeco Holdings Beperk, uit.

Beleggings verkry en lenings toegestaan R miljoen

Bestaande maatskappye waarin belê isMediclinic (Al Noor) 12 891Mediclinic (regte-uitgifte) 4 621Milestone Capital-fondse (buiteland) 194Invenfin 99PRIF 56Premier Team Holdings 47Ander 6

17 914

Beleggings en lenings gerealiseer R miljoen

Britehouse 84Kagiso Infrastructure Empowerment Fund 31PRIF 27Ander 15

157

Die verkryging en vervreemding van Spire aan Mediclinic is uitgesluit van bostaande tabelle aangesien dit kontant-neutraal was.

BELEGGINGSVERPLIGTINGEDie onderstaande tabel som die beleggingsverpligtinge van Remgro soos op 30 Junie 2016 op.

Beleggingsverpligtinge R miljoen

PRIF 438CIV groep 428Milestone Capital-fondse (buiteland) 133Invenfin 130Ander 11

1 140

Jannie Durand Hoofuitvoerende beampte

Stellenbosch

20 September 2016

HOOFUITVOERENDE BEAMPTE SE VERSLAG / VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

Page 26: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

24

WWW.REMGRO.COM

INTRINSIEKE NETTO BATEWAARDE30 Junie 2016 30 Junie 2015

R miljoenBoek-

waarde Intrinsieke

waardeBoek-

waarde Intrinsieke

waarde

Voedsel, drank en huishoudelike sorgUnilever 3 589 10 650 3 384 8 688Distell(1) 3 500 10 723 3 157 11 098RCL Foods 7 294 9 278 7 346 11 514

BankweseRMBH 13 132 22 356 12 267 26 409FirstRand 4 652 9 857 4 300 11 720

GesondheidsorgMediclinic 33 629 69 691 13 227 36 727

VersekeringRMI Holdings 7 157 18 526 6 717 19 096

NywerheidAir Products 933 4 241 882 4 164KTH 1 631 2 723 1 876 2 696Total 1 575 1 879 1 428 1 785PGSI 734 734 672 672Wispeco 702 1 055 603 920

InfrastruktuurGrindrod 1 986 1 986 4 016 2 329CIV groep 1 871 3 166 1 795 2 797SEACOM 655 1 043 566 1 001Ander infrastruktuurbelange 540 540 480 480

Media en sporteMedia 1 116 1 342 1 126 2 094Ander media- en sportbelange 328 328 374 382

Ander beleggings 3 737 3 717 3 047 3 266

Sentrale tesourieKontant by die kern(2) 3 778 3 778 4 019 4 019Skuld by die kern (16 452) (16 452)

Ander netto korporatiewe bates 2 779 3 149 1 832 2 224Netto batewaarde (NBW) 78 866 164 310 73 114 154 081Potensiële KWB-aanspreeklikheid(3) (6 526) (5 466)NBW na belasting 78 866 157 784 73 114 148 615

Uitgereikte aandele na aftrekking van aandele teruggekoop (miljoen) 514.9 514.9 514.4 514.4

NBW na belasting per aandeel (Rand) 153.17 306.44 142.12 288.89Remgro-aandeelprys (Rand) 254.66 255.94Persentasie diskonto teenoor NBW 16.9 11.4

(1) Sluit die belegging in Capevin Holdings Beperk in.(2) Kontant by die kern sluit uit kontant gehou deur fi liale wat afsonderlik hierbo waardeer is (hoofsaaklik RCL Foods en Wispeco).(3) Die potensiële kapitaalwinsbelasting (KWB)-aanspreeklikheid is bereken op die spesifi eke-identifi kasiemetode deur gebruik te maak van die voordeligste

berekening vir beleggings wat voor 1 Oktober 2001 verkry is en die korporatiewe vrystellingsbepalings word ook in ag geneem. Die toename in die potensiële KWB-aanspreeklikheid is hoofsaaklik die gevolg van die verhoogde KWB-insluitingskoers. Uitgestelde KWB op beleggings “beskikbaar vir verkoop“ is onder “ander netto korporatiewe bates“ hierbo ingesluit.

(4) Vir doeleindes van berekening van die intrinsieke netto batewaarde word ongenoteerde beleggings teen direkteurswaardasies aangetoon en genoteerde beleggings teen beurspryse.

(5) Intrinsieke netto batewaardes is ongeouditeer.

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS / HOOFUITVOERENDE BEAMPTE SE VERSLAG

Page 27: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

25

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

INLEIDINGVanweë die feit dat Remgro ’n beleggingshouer-maatskappy is, is tradisionele prestasiemetings, soos verkope of bruto wins, nie betekenisvolle maatstawwe om die groep se vertoning te beoordeel nie. Bestuur gebruik “wesensverdienste”, “intrinsieke netto bate-waarde” en “kontant by die kern” om die groep se vertoning op ’n deurlopende grondslag te evalueer en daarom word hierdie konsepte deurgaans in die geïntegreerde jaarverslag gebruik om aandeelhouers ’n beter begrip van ons resultate te gee.

RESULTATE

WESENSVERDIENSTEVir die jaar tot 30 Junie 2016 het wesensverdienste en wesensverdienste per aandeel onderskeidelik met 26.4% van R7 996 miljoen tot R5 887 miljoen en vanaf 1 555.0 sent tot 1 143.9 sent afgeneem, soos in die tabel op bladsy 26 aangetoon.

Ingesluit in die wesensverdienste vir die jaar onder oorsig is eenmalige transaksiekoste wat aangegaan is met Mediclinic se regte-uitgifte en die Al Noor Hospitals Group plc (Al Noor)-transaksie ten bedrae van R788 miljoen, waarvan R402 miljoen Remgro se eie koste en R386 miljoen Remgro se gedeelte van Mediclinic se transaksiekoste is (“eenmalige koste”), sowel as ’n billike waarde aanpassing van R730 miljoen wat verband hou met die toename in waarde van die skuldbriefhouers se omruilopsie (verantwoord as ’n afgeleide verpligting) van die skuldbriewe (“opsie hermeting”) wat in Maart 2016 uitgereik is om die buitelandse oorbruggingsfi nansiering gedeeltelik te herfi nansier wat met die Al Noor-transaksie bekom is. Die skuldbriewe is omruilbaar vir Mediclinic plc-aandele en/of kontant en billike waarde aanpassings op die opsie (wat inter alia bewegings in die onderliggende aandeleprys van Mediclinic plc weerspieël) kan moontlik gedurende die vyfjaar-termyn onbestendigheid in wesensverdienste veroorsaak. Met uitsluiting van hierdie items, het wesensverdienste met 7.4%, van R7 996 miljoen tot R7 405 miljoen afgeneem, terwyl wesensverdienste per aandeel met 7.5% van 1 555.0 sent tot 1 438.9 sent, gedaal het.

Daar moet op gelet word dat wesensverdienste ander eenmalige items insluit wat die vergelykbaarheid van resultate bemoeilik. Die volgende het betrekking:

• Bykomende finansieringskoste van R245 miljoen wat met Mediclinic se regte-uitgifte en die Al Noor-transaksie aangegaan en verantwoord is vir die drie maande tot 30 Junie 2016, terwyl die geëkwiteerde verdienste van Mediclinic net vir die tydperk tot 31 Maart 2016 erken is aangesien die groep se verslagperiode drie maande na dié van Mediclinic is;

• Fasiliterings- en onderskrywingsfooie van R99 miljoen wat van Mediclinic ontvang is in die 2015-finansiële jaar;

• Transaksie- en finansieringskoste ten bedrae van R115 miljoen (2015: R38 miljoen) verbonde aan die Spire Healthcare Group plc (Spire)-transaksie, terwyl die verhaling van R153 miljoen by die wins met die verkoop van Spire aan Mediclinic ingesluit is, buite wesensverdienste;

• Positiewe impak met die vrystelling van ’n R163 miljoen voorsiening vir onsekere belastingsdispute op RCL Foods se resultate, sowel as ’n wins van R119 miljoen met die uitoefening van die Zam Chick- en Zamhatch-verkoopsopsies (Remgro se gedeelte bedra R218 miljoen);

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

HOOF FINANSIËLE BEAMPTE SE VERSLAG

Remgro se wesensverdienste het op ’n vergelykbare basis met 2.6% toegeneem

NEVILLE WILLIAMS

HOOF FINANSIËLE BEAMPTE

Page 28: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

26

WWW.REMGRO.COM

FINANSIËLE HOOFTREKKEJaar

geëindig30 Junie

2016

Jaargeëindig30 Junie

2015 %

verandering

Wesensverdienste (R miljoen) 5 887 7 996 (26.4)– per aandeel (sent) 1 143.9 1 555.0 (26.4)Wesensverdienste, uitgesluit eenmalige koste en opsie hermeting (R miljoen) 7 405 7 996 (7.4)– per aandeel (sent) 1 438.9 1 555.0 (7.5)Verdienste (R miljoen) 5 386 8 715 (38.2)– per aandeel (sent) 1 046.6 1 694.9 (38.3)Dividende per aandeel (sent)Gewoon 460.00 428.00 7.5– Tussen 185.00 169.00 9.5– Finaal 275.00 259.00 6.2

Intrinsieke netto batewaarde per aandeel (Rand) 306.44 288.89 6.1

BYDRAE TOT WESENSVERDIENSTE DEUR RAPPORTERINGSKATEGORIEË

R miljoen

Jaargeëindig30 Junie

2016%

verandering

Jaargeëindig30 Junie

2015

Voedsel, drank en huishoudelike sorg 1 618 5.7 1 531Bankwese 2 989 5.1 2 845Gesondheidsorg 1 566 (9.7) 1 734Versekering 888 (9.9) 986Nywerheid 517 35.7 381Infrastruktuur 6 (98.5) 392Media en sport (36) (125.0) (16)Ander beleggings 67 (20.2) 84Sentrale tesourie– Finansieringsinkomste 125 12.6 111– Finansieringskoste (1 602) – –Ander netto korporatiewe koste (251) (382.7) (52)Wesensverdienste 5 887 (26.4) 7 996Eenmalige koste 788 – –Opsie hermeting 730 – –Wesensverdienste, uitgesluit eenmalige koste en opsie hermeting 7 405 (7.4) 7 996

Verwys na die samestelling van wesensverdienste op bladsy 31 vir verdere inligting.

• Positiewe impak van ’n Switserse vorige jaar belasting-aanpassing op Mediclinic se resultate in die vergelykende tydperk ten bedrae van R712 miljoen (Remgro se gedeelte bedra R300 milljoen);

• Positiewe impak op RMI se wins in die vergelykende jaar met die vrystelling van ’n verkoopsopsie-verpligting by Discovery ten bedrae van R415 miljoen (Remgro se gedeelte bedra R126 miljoen) en

• PRIF se uitkerings van R170 miljoen in die vergelykende jaar vanweë die eerste sluiting teenoor R18 miljoen in die jaar onder oorsig as gevolg van die tweede en derde sluitings.

Uitsluitend bogenoemde items, het Remgro se vergelykbare wesensverdienste met 2.6% van R7 339 miljoen tot R7 529 miljoen toegeneem, hoofsaaklik danksy beter bedryfsvertonings deur die bank-, versekerings-, gesondheidsorg- en nywerheidskategorieë, wat gedeeltelik teengewerk is deur laer verdienste deur RCL Foods, asook Grindrod.

KOMMENTAAR OP RAPPORTERINGSKATEGORIEË SE VERTONING

VOEDSEL, DRANK EN HUISHOUDELIKE SORGDie bydrae van voedsel, drank en huishoudelike sorg tot Remgro se wesensverdienste het R1 618 miljoen (2015: R1 531 miljoen)

bedra, wat ’n toename van 5.7% is. RCL Foods se bydrae tot Remgro se wesensverdienste het met 12.8% tot R658 miljoen (2015: R755 miljoen) afgeneem. In die jaar onder oorsig is RCL Foods se resultate positief beïnvloed deur die vrystelling van R163 miljoen wat vir onsekere belastingdispute as deel van die Foodcorp-verkryging voorsien is, sowel as ’n wins van R119 miljoen met die uitoefening van die Zam Chick en Zamhatch verkoopsopsies. Met uitsluiting van hierdie hermetings, sou RCL Foods se bydrae tot Remgro se wesensverdienste met 41.7% tot R440 miljoen afgeneem het. Hierdie afname is hoofsaaklik te wyte aan laer bydraes deur die suiker- en hoenderbesighede. Die hoenderbesigheid is negatief geraak deur ’n massiewe ooraanbod in die plaaslike mark, veroorsaak deur plaaslike produksie en storting, terwyl die suikerbesigheid weens die ernstige droogte onder druk gebly het. Unilever se bydrae tot Remgro se wesensverdienste het met 39.3% tot R461 miljoen (2015: R331 miljoen) toegeneem, hoofsaaklik vanweë omsetgroei en verbeterde marges. Distell se bydrae tot wesensverdienste, wat die belegging in Capevin Holdings insluit, het R499 miljoen (2015: R445 miljoen) bedra. Hierdie toename is hoofsaaklik die gevolg van omsetgroei en doeltreffendheidsverbeteringe regdeur die besigheid. Distell het sterk groei ervaar in alle produkkategorieë en is ook bevoordeel deur ’n swakker rand teenoor die vernaamste geldeenhede waarin handel gedryf word.

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS / HOOF FINANSIËLE BEAMPTE SE VERSLAG

Page 29: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

27

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

BANKWESEDie wesensverdienstebydrae van die bankafdeling het R2 989 miljoen (2015: R2 845 miljoen) bedra, wat ’n toename van 5.1% is. FirstRand en RMBH het wesensverdienstegroei van onderskeidelik 5.9% en 4.5% gerapporteer. Op ’n genormaliseerde basis was FirstRand en RMBH se verdienstegroei onderskeidelik 7.4% en 7.0%, hoofsaaklik as gevolg van groei in beide rente- en nie-rente-inkomste vanaf FNB, RMB en WesBank, gedeeltelik teengewerk deur ’n toename in kredietwaardedalingskoste wat die verswakkende makro-ekonomiese omgewing weerspieël.

GESONDHEIDSORGMediclinic se bydrae tot Remgro se wesensverdienste het R1 566 miljoen (2015: R1 734 miljoen) bedra. Daar moet op gelet word dat Mediclinic se resultate vir die jaar onder oorsig eenmalige transaksiekoste insluit van R891 miljoen wat verband hou met die Al Noor-transaksie, terwyl die vergelykende tydperk ’n voordelige Switserse vorige jaar belastingaanpasssing van R712 miljoen ingesluit het. As hierdie eenmalige items buite rekening gelaat word, sou Mediclinic se bydrae tot Remgro se wesensverdienste met 36.1%, van R1 434 miljoen tot R1 952 miljoen, toegeneem het. Hierdie toename is hoofsaaklik te danke aan stewige vertonings deur al drie bedryfsplatforms, sowel as die positiewe effek van die swakker rand.

VERSEKERINGRMI Holdings se bydrae tot wesensverdienste het met 9.9% tot R888 miljoen (2015: R986 miljoen) afgeneem. Dit was hoofsaaklik weens ’n eenmalige wins in die vergelykende tydperk met die afl osssing van ’n verkoopsopsie-verpligting by Discovery, wat by

RMI Holdings se genormaliseerde verdienste uitgesluit is. Op ’n genormaliseerde basis het RMI Holdings verdienstegroei van 5.9% gerapporteer, met Discovery en OUTsurance wat goed vertoon het met verdienstegroei van 6.6% en 42.7% onderskeidelik, gedeeltelik teengewerk deur laer verdienste van MMI Holdings (laer met 15.8%). OUTsurance se groei kan toegeskryf word aan die wesentlike verbetering in die Youi-groep se bydrae. Die vergelykende jaar se resultate is negatief beïnvloed deur verskeie weerverwante rampe in Australië. MMI Holdings se afname is hoofsaaklik te wyte aan laer onderskrywingswinste, sowel as laer bategebaseerde fooie.

NYWERHEIDTotal se bydrae tot Remgro se wesensverdienste het R291 miljoen (2015: R133 miljoen) bedra. Ingesluit by die bydrae tot wesensverdienste is ongunstige voorraadherwaardasies ten bedrae van R88 miljoen (2015: R286 miljoen). Hierdie herwaardasies is die gevolg van onbestendigheid in die Brent-ruolieprys en die randwisselkoers. Uitgesluit dié herwaardasie, het die bydrae met 9.5%, van R419 miljoen tot R379 miljoen afgeneem, hoofsaaklik vanweë ’n uitstekende bedryfsvertoning deur NATREF in die vergelykende tydperk, wat die raffi nadery nie in die huidige verslagtydperk kon herhaal nie. Remgro se deel van KTH se resultate het ’n verlies van R229 miljoen (2015: verlies van R108 miljoen) bedra. KTH se resultate is negatief beïnvloed deur ongunstige billike waarde aanpassings wat verband hou met sy beleggings in Exxaro Resources Beperk en MMI Holdings Beperk se voorkeuraandele. Air Products en Wispeco se bydrae tot wesensverdienste het onderskeidelik R275 miljoen en R144 miljoen bedra (2015: R222 miljoen en R104 miljoen), terwyl PGSI se bydra tot Remgro se wesensverdienste R36 miljoen (2015: R30 miljoen) bedra het.

HOOF FINANSIËLE BEAMPTE SE VERSLAG / VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

DIVIDENDDEKKING

Sent Keer

1 000

1 200

1 400

1 600

1 800

800

600

400

200

0 1.5

2.0

2.5

3.0

3.5

4.0

20132011 20142012 2015

WPA Dividenddekking

WPA:Wesensverdienste per aandeel

1 0

82

99

5

1 0

73

*

1 2

92

1 5

55

3.6

3.3

3.23.2

3.4

* WPA, uitgesluit Mediclinic herfi nansieringskoste (hersaamgestel)** WPA, uitgesluit eenmalige koste en opsie hermeting

2016

3.1

1 4

39

**

Page 30: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

28

WWW.REMGRO.COM

INFRASTRUKTUURGrindrod se bydrae tot Remgro se wesensverdienste het ’n verlies van R45 miljoen (2015: ’n wins van R135 miljoen) bedra. Dié verlies is hoofsaaklik te wyte aan swak kommoditeitsmarkte en wesentlike laer droëvrag-verskepingstariewe. In die jaar onder oorsig het die CIV-groep R64 miljoen (2015: R51 miljoen) tot wesensverdienste bygedra. SEACOM het ’n wesensverlies van R113 miljoen (2015: wesensverdienste van R96 miljoen) vir die jaar onder oorsig gerapporteer. Remgro se deel van die verlies het R33 miljoen (2015: ’n wins van R24 miljoen) bedra. Die afname is hoofsaaklik te wyte aan hoër waardeverminderingskoste op sekere kabelbates, wat verband hou met ’n verandering in die verwagte bruikbare leeftyd daarvan. In die jaar onder oorsig het die Pembani Remgro Infrastruktuurfonds (PRIF) ’n tweede en derde sluiting gehad wat tot gevolg gehad het dat Remgro ’n inkomste-uitkering van R18 miljoen (2015: R170 miljoen ten opsigte van die eerste sluiting) ontvang het, hoofsaaklik vanweë buitelandse valutawinste gerealiseer in die PRIF-struktuur.

MEDIA EN SPORTMedia en sport bestaan uit die belange in eMedia en verskeie sportbelange, waaronder rugby-franchises, asook die Stellenbosch Academy of Sport. eMedia se bydrae tot Remgro se wesensverdienste het met 59.4% tot R28 miljoen (2015: R69 miljoen) afgeneem, hoofsaaklik te wyte aan volgehoue druk op advertensie-inkomste weens ’n skerp daling in markaandeel gedurende die vorige fi nansiële jaar, wat tot ’n aansienlike belegging in plaaslike programme gelei het om markaandeel te herwin, asook voortgesette belegging in die multikanaal-besigheid. Die sportbelange se bydrae tot wensverdienste het ’n verlies van R64 miljoen (2015: verlies van R85 miljoen) bedra.

ANDER BELEGGINGSDie bydrae van ander beleggings tot wesensverdienste het R67 miljoen (2015: R84 miljoen) bedra, waarvan Business Partners se bydrae R48 miljoen (2015: R47 miljoen) was.

SENTRALE TESOURIE EN ANDER NETTO KORPORATIEWE KOSTEFinansieringsinkomste het R125 miljoen (2015: R111 miljoen) bedra. Die toename was hoofsaaklik die gevolg van hoër gemiddelde kontantbalanse en hoër rentekoerse as in die vergelykende tydperk. Finansieringskoste bestaan hoofsaaklik uit rente ten bedrae van R466 miljoen en eenmalige transaksiekoste van R402 miljoen, wat verband hou met Mediclinic se regte-uitgifte en die Al Noor-transaksie, asook ’n billike waarde aanpassing van R730 miljoen ten opsigte van die styging in die waarde van die opsie van die omruilbare skuldbriewe. Ander netto korporatiewe koste het R251 miljoen (2015: R52 miljoen) bedra. Die jaar onder oorsig het transaksie- en fi nansieringskoste ten bedrae van R115 miljoen (2015: R38 miljoen) ingesluit met betrekking tot Remgro se verkryging van Spire. Remgro het hierdie bedrag van Mediclinic verhaal as deel van die Spire-verkoopsom, wat ’n wins met die verkoop van ’n belegging van R153 miljoen buite wesensverdienste tot gevolg gehad het. Die vergelykende tydperk het ook ’n netto na-belaste fasiliterings- en onderskrywingsfooi van R99 miljoen ingesluit wat ingevolge die Spire-transaksie en gevolglike regte-uitgifte van Mediclinic ontvang is.

VERDIENSTEVerdienste het met 38.2% tot R5 386 miljoen (2015: R8 715 million) afgeneem. Die afname is hoofsaaklik te wyte aan die eenmalige

transaksiekoste wat aangegaan is met Mediclinic se regte-uitgifte en die Al Noor-transaksie (R788 miljoen), die billike waarde aanpassing wat verband hou met die toename in waarde van die omruilopsie van die omruilbare skuldbriewe (R730 miljoen), die waardedaling van die belegging in Grindrod (R1 861 miljoen) en Remgro se gedeelte van die waardedalings van Grindrod se spoor- en skeepsafdelings (R577 miljoen), asook Remgro se gedeelte van ’n waardedaling by RCL Foods se meulbesigheid (R439 miljoen). Die afname is gedeeltelik teengewerk deur ’n wins van R2 262 miljoen wat met die verwatering van Remgro se belang in Mediclinic as deel van die Al Noor-transaksie gerealiseer is (2015: wins van R958 miljoen as gevolg van ’n boekbou-oefening).

KONTANT BY DIE KERN EN BUITELANDSE WISSELKOERSEOp 30 Junie 2016 het Remgro se kontant by die kern R3 778 miljoen (2015: R4 019 miljoen) bedra, waarvan 55% in die buiteland belê is (2015: 36%). Die kontant word in verskillende geldeenhede gehou, waarvan ongeveer 46% gehou word in SA-rand, 40% in VSA-dollar en 14% in Britse pond.

Remgro se buitelandse kontant word in VSA-dollar en Britse pond gehou. Gedurende die jaar is £238 miljoen vanaf die plaaslike kontant na die buitelandse kontantstruktuur oorgeplaas teen ’n SA-rand/GBP-wisselkoers van R21.59. Gedurende die jaar onder oorsig is buitelandse valutawinste ten bedrae van R213 miljoen (2015: R120 miljoen) verantwoord, hoofsaaklik weens die verswakking van die SA-rand teenoor die VSA-dollar vanaf R12.14 = $1.00 op 30 Junie 2015 tot R14.70 = $1.00 op 30 Junie 2016. Vir die rekeningkundige tydperk word hierdie wisselkoersveranderinge direk in ekwiteit verantwoord.

Op 30 Junie 2016 was die meerderheid van Remgro se oorblywende buitelandse kontant reeds geoormerk vir die uitbreiding van bestaande buitelandse beleggings (VSA-dollar) en om buitelandse skuld te delg (Britse pond).

EKSTERNE BEFONDSINGAs deel van die Spire-verkryging het Remgro oorbruggings-fi nansiering ten bedrae van R7.5 miljard van Rand Aksepbank bekom om die transaksie deels te fi nansier. Die termyn van die fasiliteit was ses maande en die volle bedrag van die fasiliteit is op 13 Julie 2015 getrek toe betaling vir die Spire-belegging gemaak moes word. Die oorbruggings-fi nansiering het ’n rente teen drie-maande Jibar, plus ’n marge van 90 basispunte, gedra. Op 26 Augustus 2015 het Remgro R4.0 miljard van die oorbruggingsfasiliteit terugbetaal nadat Mediclinic sy regte-uitgifte suksesvol afgehandel en Remgro se belang in Spire vir ’n bedrag van R8.6 miljard, gelyk aan die aankoopprys, asook transaksie- en fi nasieringskoste, verkry het. Op 13 Januarie 2016 het Remgro (deur sy volfi liaal, Remgro Healthcare Holdings Eiendoms Beperk (Remgro Healthcare)) die oorbruggings-fasiliteit vervang deur die uitreiking van vastekoers-kumulatiewe afl osbare voorkeuraandele. Hierdie voorkeuraandele het ’n termyn van vier jaar met ’n vaste dividendkoers van 7.7%, halfjaarliks betaalbaar.

Om die Al Noor-transaksie te befonds, het Remgro plaaslik oorbruggingsfi nansiering ten bedrae van £200.0 miljoen (of R4.3 miljard) van Rand Aksepbank, asook oorsese oorbruggingsfi nansiering ten bedrae van £400.0 miljoen van Morgan Stanley (£300.0 miljoen) en Rand Aksepbank (£100.0 miljoen), bekom. Die termyn van die fasiliteite is 18 maande en die volle bedrag is op 22 Februarie 2016 getrek toe die betaling vir die Al Noor-belegging gemaak moes word.

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS / HOOF FINANSIËLE BEAMPTE SE VERSLAG

Page 31: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

29

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

30 Junie 2016Valuta-waardemiljoen

Wissel-koers R miljoen

30 Junie 2015

R miljoen

VSA-dollar 102.7 14.6994 1 509 1 407Britse pond 26.9 19.5756 528 –Switserse frank 0.3 15.0750 4 4SA-rand 1 737 2 608

3 778 4 019

Sluitingswisselkoerse30 Junie

201630 Junie

2015Beweging

%

USD/ZAR 14.6994 12.1431 (21.1)EUR/ZAR 16.3107 13.5242 (20.6)GBP/ZAR 19.5756 19.0563 (2.7)CHF/ZAR 15.0750 12.9895 (16.1)

Gemiddelde wisselkoerse

Jaar geëindig30 Junie

2016

Jaar geëindig 30 Junie

2015Beweging

%

USD/ZAR 14.4940 11.4436 (26.7)EUR/ZAR 16.0853 13.7119 (17.3)GBP/ZAR 21.4340 17.9959 (19.1)CHF/ZAR 14.7804 12.1326 (21.8)

HOOF FINANSIËLE BEAMPTE SE VERSLAG / VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

(2 2

85

)

R miljoen

13 080

15 310

17 540

19 770

22 000

10 850

8 620

6 390

1 930

0

Dividendeontvang

Vergoedingbetaal

Beleggings en lenings

gerealiseer

Dividendebetaal

AnderWisselkoers-hermeting van

buitelandse kontant

Beleggingsverkry

en leningstoegestaan(1)

Netto kontant-beweging

KONTANT-BEWEGING BYDIE HOUER-MAATSKAPPY (kontant by die kern)

4 160

Skuld(1) Finansieringskoste(insluitende

transaksiekoste)

3 9

10

16

45

6

21

3

15

7

(17

91

4)

(64

5)

(12

6)

(7)

(24

1)

(300)

(1) Die verkryging en vervreemding van Spire aan Mediclinic is uitgesluit van die grafi ek aangesien dit kontantneutraal was.

Page 32: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

30

WWW.REMGRO.COM

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS / HOOF FINANSIËLE BEAMPTE SE VERSLAG

Die plaaslike oorbruggingsfasiliteit dra rente teen drie-maande Jibar plus ’n marge van 140 basispunte, en die oorsese oorbruggingsfasiliteit dra rente teen drie-maande Libor (onderhewig aan ’n minimumkoers van 1.0%) plus ’n marge van 140 basispunte. Die rentekoers vir beide die plaaslike en oorsese oorbruggingsfasiliteite verhoog met 25 basispunte na ses maande en ’n verdere 50 basispunte na nog ses maande. Op 16 Maart 2016 het Remgro (deur sy volfi liaal, Remgro Healthcare) die plaaslike oorbruggingsfi nasiering vervang deur die uitreiking van nuwe vastekoers-kumulatiewe afl osbare voorkeuraandele ten bedrae van R4.4 miljard. Die voorkeur-aandele het ’n termyn van vyf jaar en ’n vaste dividendkoers van 8.3%, halfjaarliks betaalbaar. Op 22 Maart 2016 het Remgro (deur sy volfi liaal, Remgro Jersey GBP Beperk) £350.0 miljoen van die oorsese oorbruggingsfasiliteit vervang deur die uitreiking van omruilbare skuldbriewe met ’n termyn van vyf jaar en ’n vaste koers van 2.625%, halfjaarliks betaalbaar. Die omruilbare skuldbriewe is omruilbaar vir nagenoeg 30.9 miljoen Mediclinic International plc (Mediclinic plc)-aandele en/of kontant, en die omruilprys vir die skuldbriewe is £11.3086 per Mediclinic plc-aandeel, wat ’n premie van 30% verteenwoordig bo die geweegde gemiddelde prys op die Londense Effektebeurs (LSE) tussen die loodsing en die prysvasstelling van die skuldbriefaanbod. By die omruiling of afl ossing van die skuldbriewe sal Remgro die diskresionêre reg hê om ’n bedrag in kontant of aandele, of ’n kombinasie van kontant en aandele, te lewer. Die skuldbriewe is op 23 Maart 2016 vir verhandeling in die opemark afdeling (Freiverkehr) van Frankfurt se Effektebeurs ingesluit.

DIVIDENDEDie fi nale dividend per aandeel is op 275 sent (2015: 259 sent) vasgestel. Totale gewone dividende per aandeel ten opsigte van die jaar tot 30  Junie  2016 bedra gevolglik 460 sent (2015: 428 sent).

Die dividend is 2.5 keer deur wesensverdienste gedek teenoor 3.6 keer die vorige jaar.

INTRINSIEKE NETTO BATEWAARDERemgro se intrinsieke netto batewaarde per aandeel op 30 Junie 2016 was R306.44 teenoor R288.89 op 30 Junie 2015. U word verwys na die hoofuitvoerende beampte se verslag op bladsy 20 vir ’n volledige bespreking van Remgro se intrinsieke netto batewaarde en hoe dit vergelyk met sekere gekose JSE-indekse.

REKENINGKUNDIGE BELEIDDie fi nansiële jaarstate word ooreenkomstig Internasionale Finansiële Rapporteringstandaarde (IFRS) opgestel. Die rekeningkundige beleid is konsekwent toegepas in beide jare.

RISIKOBESTUURDie maatskappy het ’n omvattende risikobestuursbeleid geïmplementeer wat op die beginsels en raamwerk van die internasionale COSO (Komitee van Borgorganisasies van die Treadway-kommissie) Ondernemingsrisikobestuur – Geïntegreerde Raamwerk geskoei is en aan die aanbevelings van King  III voldoen. ’n Omvattende risikobestuurstruktuur verseker verder effektiewe en doelmatige risikobestuur in die groep.

’n Opsomming van Remgro se risikobestuursproses verskyn in die Risikobestuursverslag op bladsy 65, asook in aan tekening 31 van die omvattende fi nansiële jaarstate op bladsy 70, wat op die maatskappy se webwerf by www.remgro.com beskikbaar is.

Neville WilliamsHoof finansiële beampte

Stellenbosch20 September 2016

ZAR

20

15

10

5

25

2015

/06/

30

2015

/11/

30

2015

/07/

31

2015

/12/

31

2015

/09/

30

2016

/02/

29

2016

/05/

31

2015

/08/

31

2016

/01/

31

2015

/10/

28

2016

/03/

31

2016

/06/

30

2016

/04/

30

1 VSA-DOLLAR 1 SWITSERSE FRANK 1 BRITSE POND

ZAR VS BUITELANDSE GELDEENHEDEDEUR REMGRO GEHOU

Page 33: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

31

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

SAMESTELLING VAN WESENSVERDIENSTE

R miljoen

Jaargeëindig30 Junie

2016 %

verandering

Jaargeëindig30 Junie

2015

Voedsel, drank en huishoudelike sorgUnilever 461 39.3 331Distell(1) 499 12.1 445RCL Foods 658 (12.8) 755

BankweseRMBH 2 112 5.3 2 005FirstRand 877 4.4 840

GesondheidsorgMediclinic 1 566 (9.7) 1 734

VersekeringRMI Holdings 888 (9.9) 986

NywerheidAir Products 275 23.9 222KTH (229) (112.0) (108)Total 291 118.8 133PGSI 36 20.0 30Wispeco 144 38.5 104

InfrastruktuurGrindrod (45) (133.3) 135CIV-groep 64 25.5 51SEACOM (33) (237.5) 24Ander infrastruktuurbelange 20 (89.0) 182

Media en sporteMedia 28 (59.4) 69Ander media- en sportbelange (64) 24.7 (85)

Ander beleggings 67 (20.2) 84

Sentrale tesourieFinansieringsinkomste 125 12.6 111Finansieringskoste(2) (1 602) – –

Ander netto korporatiewe koste (251) (382.7) (52)Wesensverdienste 5 887 (26.4) 7 996

Geweegde aantal aandele (miljoen) 514.6 0.1 514.2

Wesensverdienste per aandeel (sent) 1 143.9 (26.4) 1 555.0

(1) Sluit die belegging in Capevin Holdings Beperk in.(2) Finansieringskoste sluit die eenmalige koste (R402 miljoen) en die opsie hermeting (R730 miljoen) in.

HOOF FINANSIËLE BEAMPTE SE VERSLAG / VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

Page 34: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

BELEGGINGSOORSIG

CIV HOLDINGS

Page 35: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

BELEGGINGSOORSIG / VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

BELÊ IN INDUSTRIEË MET ’N STEWIGE

VERTONINGS-REKORD

Page 36: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

34

WWW.REMGRO.COM

VOEDSEL, DRANK EN HUISHOUDELIKE SORG

BYDRAE TOT WESENSVERDIENSTE

30 Junie2016

R miljoen

30 Junie2015

R miljoen

Unilever 461 331Distell 499 445RCL Foods 658 755

1 618 1 531

KORPORATIEWE INLIGTING FINANSIËLE HOOGTEPUNTE VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE

Ekwiteitswaardasie op 30 Junie 2016R41 358 miljoen

Ongenoteer

Hoofuitvoerende beampte P Cowan

Remgro genomineerde direkteure W E Bührmann, J J du Toit

Webwerfwww.unilever.co.za

Unilever is ’n privaat maatskappy en sy finansiële inligting word nie in detail geopenbaar nie as gevolg van beperkinge op openbaarmaking soos onder aandeelhouers ooreengekom.

KMB/OpleidingspanderingR14.64 miljoen

Aantal werknemers3 313

BBSEB-statusNie-nakomend

OmgewingsaspekVlak 1- en 2-uitlatingsvan 147 000 ton CO2e

UNILEVER SOUTH AFRICA HOLDINGS EIENDOMS BEPERK (UNILEVER)Unilever het ’n 31 Desember-jaareinde, maar die maatskappy se resultate vir die 12 maande geëindig 30 Junie 2016 is geëkwiteer in Remgro se resultate vir die jaar onder oorsig. Unilever se bydrae tot Remgro se wesensverdienste vir die jaar onder oorsig het tot R461 miljoen (2015: R331 miljoen) toegeneem.

Unilever se herstruktureringskoste vir die 12 maande onder oorsig het R83 miljoen (2015: R288 miljoen) bedra en is gedryf deur die belegging in die Food Solutions-fabriek, wat gelei het tot ’n rasionalisering van bedrywighede en verbeterde kostedoeltreffendhede.

Unilever se netto wins het in die 12 maande tot 30 Junie 2016 tot R1 780 miljoen (2015: R1 246 miljoen) toegeneem.

PROFIEL

Unilever vervaardig en bemark ’n uitgebreide reeks voedsel- en huishoudelike en persoonlike produkte en geniet markleierskap in die meeste van sy hoofkategorieë. Bekende handelsmerke sluit die volgende in: Robertsons, Rama, Flora, Lipton, Joko, Sunlight, Omo, Surf, Vaseline en Lux.

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS / BELEGGINGSOORSIG

HOOF GEOGRAFIESE VERTEENWOORDIGINGAFRIKA: Suid-Afrika, Lesotho, Swaziland, Botswana, Namibië

25.8%effektiewe belang

Page 37: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

35

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

KORPORATIEWE INLIGTING FINANSIËLE HOOGTEPUNTE VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE

Markkapitalisasie op 30 Junie 2016R35 468 miljoen

Genoteer op die JSE Beperk

Hoofuitvoerende beampteR M Rushton

Remgro genomineerde direkteurJ J Durand

Webwerfwww.distell.co.za

Jaar geëindig30 Junie 2016

KMB/OpleidingspanderingR17.3 miljoen

Aantal werknemers5 476

BBSEB-statusVlak 8

OmgewingsaspekVlak 1- en 2-uitlatings van 160 573 ton CO2e

R miljoen %

Omset 21 470 +10Bedryfswins 2 352 +10Wesensverdienste 1 611 +12

DISTELL GROEP BEPERK (DISTELL)

Distell het ’n Junie-jaareinde en gevolglik is die maatskappy se resultate vir die 12 maande geëindig 30 Junie 2016 in Remgro se resultate vir die jaar onder oorsig ingesluit. Distell se bydrae tot Remgro se wesensverdienste vir die jaar onder oorsig, wat Remgro se indirekte belang in Distell deur Capevin Holdings Beperk insluit, het met 12% tot R499 miljoen (2015: R445 miljoen) toegeneem.

Distell se gerapporteerde omset vir die jaar geëindig 30 Junie 2016 het met 9.6% tot R21 470 miljoen (2015: R19 589 miljoen) toegeneem. Verkoopsvolumes in die Suid-Afrikaanse mark het met 8.8% gestyg, terwyl omset met 12.1% gestyg het ondanks die verlangsaming in reële verbruiksbestedingsgroei. Markte in sub-Sahara Afrika, met uitsondering van Suid-Afrika, het

gemengde resultate getoon en omset het met 3.2% afgeneem volgende op ’n daling van 14.3% in verkoopsvolumes, hoofsaaklik as gevolg van uitdagende makro-ekonomiese omstandighede in Angola. Die streek se bydrae tot buitelandse omset het 46.7% bedra. Omset uit internasionale markte buite Afrika het met 13.1% toegeneem vanweë die swakker rand en ’n verbeterde verkoopsmengsel. Volumes het met 12.5% afgeneem weens voortgesette moeilike handelsomstandighede in baie van die markte waarin Distell besigheid doen.

Distell se gerapporteerde wesensverdienste vir die jaar geëindig 30 Junie 2016 het met 12.3% tot R1 611 miljoen (2015: R1 435 miljoen) toegeneem danksy omsetgroei, verbeterde doeltreffendhede regoor die besigheid, asook ’n swakker rand.

PROFIEL

Distell produseer en bemark gehaltewyne, spiritualieë en gegeurde alkoholiese drank in Suid-Afrika en internasionaal.

BELEGGINGSOORSIG / VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

HOOF GEOGRAFIESE VERTEENWOORDIGINGAFRIKA: Suid-Afrika, Angola, Kenia, Ghana, Nigerië, Mosambiek, ZambiëANDER: VK/Europa, Taiwan, China, Brasilië

30.9%effektiewe belang

Page 38: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

36

WWW.REMGRO.COM

RCL FOODS BEPERK (RCL FOODS)Vir die jaar tot 30 Junie 2016 het RCL Foods wesensverdienste vanuit voortgesette bedrywighede van R849.7 miljoen (2015: R972.2 miljoen) gerapporteer. Gedurende die fi nansiële jaar is die resultate van RCL Foods wesentlik deur die volgende gebeure beïnvloed:

• ’n Waardedalingsverlies van R642.8 miljoen wat verband hou met die meulbedrywighede in die suiker- en meulafdeling as gevolg van ’n baie mededingende handelsomgewing en ’n styging in verdiskonteringskoerse;

• Die vrystelling van ’n voorsiening vir onsekere belastingsdispute van R163.3 miljoen wat met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gefinaliseer is;

• Erkenning van ’n na-belaste wins van R67.7 miljoen (wesensverdienste-impak van R118.9 miljoen) met die uitoefening van verkoopsopsies wat verband hou met Zam Chick en Zamhatch; en

• ’n Verlies van R80.6 miljoen (2015: R106.2 miljoen wins) weens die effek van die versterking van die rand op langtermyn-wisselkoersposisies wat aangegaan is ingevolge die groep se hulpbronverkrygingstrategie.

Remgro se gedeelte van die wesensverdienste van RCL Foods het R658 miljoen (2015: R755 miljoen) in die jaar onder oorsig bedra.

Die voortgesette droogte het feitlik alle fasette van RCL Foods se besighede geraak en het ’n beduidende uitwerking op sy resultate gehad. Die styging in kommoditeitspryse is vererger deur die aansienlike verswakking in die rand sedert die begin van die fi nansiële jaar, terwyl voedselinfl asie verdere druk op ’n reeds

verswakte verbruiksomgewing geplaas het. Die negatiewe gevolge van hierdie faktore is doeltreffend beperk deur strategiese inisiatiewe wat RCL Foods die afgelope drie jaar geïmplementeer het. Hierdie inisiatiewe het die besigheid ook geposisioneer vir volgehoue toekomstige groei.

RCL Foods se totale omset vir die jaar onder oorsig het met 6.8% tot R25.0 miljard (2015: R23.4 miljard) toegeneem.

Die verbruikerafdeling se omset het met 10.1% tot R13.3 miljard (2015: R12.1 miljard) toegeneem. Die hoenderbesigheid se bedryfswins voor inagneming van rente, belasting, waardevermindering en amortisasie (EBITDA) het met 62.0% tot R158.1 miljoen gedaal en die vertoning van kruideniersware (EBITDA-styging van 19.9% tot R543.6 miljoen) geneutraliseer.

Omset van die suiker- en meulafdeling het met 5.6% tot R14.9 miljard (2015: R14.1 miljard) toegeneem, terwyl EBITDA met 20.7% tot R830.1 miljoen gedaal het. Die suikerbesigheid is deur die droogte geaffekteer en die suikerrietoes het met 1 175 352 ton gedaal, wat daartoe gelei het dat 152 980 ton minder suiker geproduseer is. Betekenisvolle sinergieë het gevolg op die samevoeging van Epol en Molatek in een voerbesigheid, waaronder ’n vergroting van die verkoopsvoetspoor en produk-aanbod, asook die benutting van Millbake-byprodukte (soos semels). Bedryfuitdagings en ’n mededingende handelsomgewing het meegebring dat EBITDA van die meulafdeling tot R272.3 miljoen (2015: R303.8 miljoen) afgeneem het.

Omset uit die logistieke afdeling het met 5.5% tot R1 987 miljoen (2015: R1 884 miljoen) toegeneem, terwyl EBITDA tot R260.7 miljoen (2015: R206.2 miljoen) gestyg het.

PROFIEL

RCL Foods is ’n houermaatskappy met gediversifi seerde belange wat op drie kategorieë fokus: verbruiker (hoender, kruideniersware, pasteie, drank en voedseloplossings), suiker & meulbedryf (suiker, dierevoedsel en Millbake-besigheidseenhede) en logistiek.

KORPORATIEWE INLIGTING FINANSIËLE HOOGTEPUNTE VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE

Markkapitalisasie op 30 Junie 2016R12 005 miljoen

Genoteer op die JSE Beperk

Hoofuitvoerende beampteM Dally

Remgro genomineerde direkteureH J Carse, J J Durand, P R Louw

Webwerfwww.rclfoods.com

Jaar geëindig30 Junie 2016

KMB/OpleidingspanderingR10 miljoen

Aantal werknemers21 072

BBSEB-statusVlak 4

OmgewingsaspekVlak 1- en 2-uitlatings van 1 074 529 ton CO2e

R miljoen %

Omset 25 025 +7Bedryfswins 378 -74Wesensverdienste 850 -12.6

HOOF GEOGRAFIESE VERTEENWOORDIGINGAFRIKA: Suid-Afrika, Swaziland, Namibië, Botswana, Zambië

77.3%effektiewe belang

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS / BELEGGINGSOORSIG

Page 39: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

37

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

RMB HOLDINGS BEPERK (RMBH)

Die hoofbate van RMBH is ’n ten volle verwaterde belang van 34.1% in FirstRand Beperk en sy vertoning is gevolglik direk verwant aan dié van FirstRand Beperk. In Julie 2016 het RMBH sy eerste verkryging gedoen deur ’n belang van 27.5% in Atterbury Property Holdings Eiendoms Beperk (Atterbury) te bekom. RMBH is tans ook in die proses om die verkryging van ’n belang van 34% in Propertuity, ’n stedelike hernuwings-besigheid, te fi naliseer.

Die bydrae van RMBH tot Remgro se wesensverdienste in die jaar onder oorsig het tot R2 112 miljoen (2015: R2 005 miljoen) toegeneem danksy goeie bedryfsvertonings deur al drie hoofhandelsmerke van FirstRand (FNB, RMB en WesBank).

PROFIEL

RMBH is ’n gefokusde belegggingsmaatskappy met ’n 34.1%-belang in FirstRand, Suider-Afrika se voortreflike bankgroep. In 2016 het RMBH aangekondig dat hy sy beleggingstrategie gaan uitbrei om ’n eiendomsbeleggingsbesigheid in te sluit.

KORPORATIEWE INLIGTING FINANSIËLE HOOGTEPUNTE VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE

Markkapitalisasie op 30 Junie 2016R79 408 miljoen

Genoteer op die JSE Beperk

Hoofuitvoerende beampteH L Bosman

Remgro genomineerde direkteurF Knoetze

Webwerfwww.rmh-online.co.za

Jaar geëindig30 Junie 2016

Verwys na FirstRand aangesien RMBH slegs ’n beleggingshouermaatskappy is.

R miljoen %

Wesensverdienste 7 503 +5Genormaliseerde

wesensverdienste 7 659 +7

BANKWESEBYDRAE TOT WESENSVERDIENSTE

30 Junie2016

R miljoen

30 Junie2015

R miljoen

RMBH 2 112 2 005FirstRand 877 840

2 989 2 845

HOOF GEOGRAFIESE VERTEENWOORDIGINGAFRIKA: Suid-Afrika (direk)Verwys na FirstRand vir indirekte blootstelling

28.2%effektiewe belang

BELEGGINGSOORSIG / VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

Page 40: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

38

WWW.REMGRO.COM

FIRSTRAND BEPERK (FIRSTRAND)

FirstRand se bydrae tot Remgro se wesensverdienste verteenwoordig Remgro se direkte belang van 3.9% in FirstRand en sluit nie die indirekte bydrae van FirstRand, deur Remgro se belang van 28.2% in RMBH, in nie. Die bydrae van FirstRand tot Remgro se wesensverdienste vir die jaar onder oorsig het tot R877 miljoen (2015: R840 miljoen) toegeneem.

FirstRand se wesensverdienste vir die jaar geëindig 30 Junie 2016 het met 6% tot R22 387 miljoen (2015: R21 141 miljoen) toegeneem danksy goeie bedryfsvertonings vanaf ’n hoë basis deur al drie franchises. Die groep se netto rente-inkomste en nie-rente-inkomste het onderskeidelik met 13% en 7% op ’n jaargrondslag gegroei, terwyl bedryfskoste met 11% gestyg het vanweë die groep se verbintenis om in toekomstige groeistrategieë te belê, insluitende die uitbreiding van sy versekering- en batebestuursfranchise, asook die bedryfsvoetspoor in die res van Afrika.

Die groep glo dat genormaliseerde verdienste ’n meer akkurate weergawe van die bedryfsvertoning weergee en daarom

word wesensverdienste vir nie-bedryfsitems en rekenkundige afwykings aangepas.

FirstRand se genormaliseerde verdienste vir die jaar onder oorsig het met 7% tot R22 855 miljoen (2015: R21 286 miljoen) toegeneem. FNB se bydrae tot genormaliseerde verdienste het met 8% tot R12 282 miljoen (2015: R11 385 miljoen) gestyg. Die toename is gedryf deur die voortgesette strategie om kerntransaksierekeninge uit te brei en te behou, om kliëntverhoudinge en data-analise te gebruik om kruis- en opwaartse verkope binne die kliëntebasis te bewerkstellig, terwyl gedissiplineerde, oorspronklike, strategieë toegepas en innoverende transaksie- en besparende produkte verskaf word. RMB het R6 287 miljoen (2015: R5 758 miljoen) tot FirstRand se genormaliseerde verdienste bygedra, wat 8% meer is as die vorige jaar. Hierdie vertoning is in ’n uitdagende makro-ekonomiese omgewing behaal en beklemtoon die veerkragtigheid en diversifi kasie van RMB se sakeportefeulje. WesBank se bydrae tot genormaliseerde verdienste het met 22% tot R3 941 miljoen (2015: R3 221 miljoen) gestyg namate groei in nuwe besigheids-volumes regoor alle portefeuljes voortgesit is.

HOOF GEOGRAFIESE VERTEENWOORDIGINGAFRIKA: Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië, Mosambiek, BLNS-lande, NigeriëANDER: China, Verenigde Koninkryk, Indië

PROFIEL

FirstRand verskaf bank- en versekeringsprodukte en -dienste aan kliënte in die kleinhandel-, kommersiële, korporatiewe en openbare sektor in Suid-Afrika, asook in verskeie Afrika-lande. Die groep word deur sy eienaarbestuurskultuur gekenmerk en voer sy strategie uit deur ’n leidende franchise-portefeulje, waaronder Rand Aksepbank (RMB), First National Bank (FNB), WesBank en Ashburton Investments.

KORPORATIEWE INLIGTING FINANSIËLE HOOGTEPUNTE VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE

Markkapitalisasie op 30 Junie 2016 R251 529 miljoen

Genoteer op die JSE Beperk

Hoofuitvoerende beampteJ P Burger

Remgro genomineerde direkteureJ J Durand, F Knoetze

Webwerfwww.firstrand.co.za

Jaar geëindig30 Junie 2016

KMB/OpleidingspanderingR171 miljoen

Aantal werknemers45 100

BBSEB-statusVlak 2

OmgewingsaspekTotale uitlatings van 280 998 ton CO2e

R miljoen %

Bedryfsinkomste 71 816 +6Bedryfswins 30 159 +3Wesensverdienste 22 387 +6Genormaliseerde

wesensverdienste 22 855 +7

3.9%effektiewe

direkte belang(totale effektiewe belang: 13.5%)

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS / BELEGGINGSOORSIG

Page 41: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

39

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

HOOF GEOGRAFIESE VERTEENWOORDIGINGAFRIKA: Suid-AfrikaANDER: Switserland, Verenigde Arabiese Emirate, Verenigde Koninkryk

KORPORATIEWE INLIGTING FINANSIËLE HOOGTEPUNTE VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE

Markkapitalisasie op 30 Junie 2016£8 068 miljoen/R155 864 miljoen

Primêre notering: Londense aandelebeurs

Sekondêre notering: JSE Beperk

Hoofuitvoerende beampteD P Meintjes

Remgro genomineerde direkteure J J Durand, P J Uys

Webwerfwww.mediclinic.com

Jaar geëindig31 Maart 2016

KMB/Opleidingspandering£2.4 miljoen

Aantal werknemers32 884

BBSEB-statusVlak 4

OmgewingsaspekVlak 1- en 2-uitlatings van 197 362 ton CO2e

£ miljoen %

Omset 2 107 +7Bedryfswins 288 -16Onderliggende

verdienste 219 +13

GESONDHEID-SORG

BYDRAE TOT WESENSVERDIENSTE

30 Junie2016

R miljoen

30 Junie2015

R miljoen

Mediclinic 1 566 1 734

MEDICLINIC INTERNATIONAL PLC (MEDICLINIC)

Mediclinic het ’n Maart-jaareinde en gevolglik is die groep se resultate vir die 12 maande geëindig 31 Maart 2016 in Remgro se resultate vir die jaar onder oorsig geëkwiteer. Mediclinic se bydrae tot Remgro se wesensverdienste vir die jaar onder oorsig het R1 566 miljoen (2015: R1 734 miljoen) bedra. Die maatskappy het ’n stewige bedryfsvertoning gehad en die swakker rand het sy resultate positief beïnvloed. Met uitsluiting van eenmalige items en transaksiekoste in beide jare, het Mediclinic se bydrae tot Remgro se wesensverdienste met 36.1% van R1 434 miljoen tot R1 952 miljoen toegeneem.

In die jaar onder oorsig het Mediclinic twee korporatiewe aksies suksesvol uitgevoer: die verkryging van ’n 29%-belang in Spire Healthcare Group plc (Spire), en die omgekeerde oorname van Al Noor Hospital Group plc (Al Noor). Die Al Noor-transaksie het

Mediclinic teenwoordigheid op ’n internasionale skaal gegee, die grootte van sy besigheid in die Verenigde Arabiese Emirate verdubbel en sy notering as ’n FTSE 100-maatskappy op die Londense Effektebeurs verseker. Die belegging in Spire het ook ’n stewige voetspoor in die dinamiese VK-gesondheidsorgmarkte gevestig.

Mediclinic se omset in die fi nansiële jaar geëindig 31 Maart 2016 het met 7% tot £2 107 miljoen (2015: £1 977 miljoen) toegeneem, met stewige vertonings deur al drie bedryfskategorieë. Die groep glo dat onderliggende verdienste ’n meer akkurate weerspieëling van die bedryfsvertoning is en daarom word wesensverdienste aangepas om nie-bedryfs- en eenmalige items in aanmerking te neem. Die groep se onderliggende verdienste het met 13% van £193 miljoen tot £219 miljoen toegeneem. Die groei is behaal danksy goeie vertonings deur alle sake-eenhede, gedryf deur hoër pasiëntgetalle.

PROFIEL

Mediclinic se besigheid behels die verskaffi ng van omvattende, hoëgehalte hospitaaldienste op ’n kostedoeltreffende grondslag in Suider-Afrika, die Verenigde Arabiese Emirate, Switserland en die Verenigde Koninkryk.

44.6%effektiewe belang

BELEGGINGSOORSIG / VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

Page 42: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

40

WWW.REMGRO.COM

Mediclinic het ’n belang van 100% in Hirslanden, die houermaatskappy van die grootste privaathospitaalgroep in Switserland. Hirslanden se omset in die jaar onder oorsig het met 6% tot CHF 1 657 miljoen (2015: CHF 1 563 miljoen) toegeneem en die onderliggende EBITDA was 7% hoër op CHF 325 miljoen (2015: CHF 303 miljoen). In pondterme het omset met 8% tot £1 130 miljoen (2015: £1 044 miljoen) toegeneem en die onderliggende EBITDA met 9% tot £221 miljoen (2015: £203 miljoen). Hierdie stygings is hoofsaaklik teweeg gebring deur verhoogde pasiëntgetalle en kostebesparende maatreëls wat gedurende die vorige jaar geïmplementeer is.

Mediclinic Suider-Afrika se omset het met 9% tot R13 450 miljoen (2015: R12 323 miljoen) toegeneem in die jaar onder oorsig, hoofsaaklik vanweë ’n 2.9%-styging in beddae verkoop en ’n 6.3%-styging in die gemiddelde inkomste per beddag. Onderliggende bedryfsinkomste voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie (EBITDA) het met 10% tot R2 877 miljoen (2015: R2 625 miljoen) gestyg en die Suider-Afrikaanse bedrywighede het R1 305 miljoen

(2015: R1 118 miljoen) tot Mediclinic se onderliggende verdienste bygedra. In pondterme het inkomste met 6% tot £649 miljoen (2015: £691 miljoen) en onderliggende EBITDA met 5% tot £139 miljoen (2015: £147 miljoen) afgeneem.

Mediclinic Midde-Ooste besit en bedryf die Welcare- en die City-hospitaal in Dubai, sowel as die Al Noor-hospitaalgroep wat op 15 Februarie 2016 verkry is. Kommentaar sluit Al Noor se resultate uit. Omset van Mediclinic Midde-Ooste het in die jaar onder oorsig met 8% tot AED 1 544 miljoen (2015: AED 1 430 miljoen) toegeneem, terwyl onderliggende EBITDA met 11% tot AED 345 miljoen (2015: AED 312 mijoen) toegeneem het. In pondterme het omset met 15% tot £279 miljoen (2015: £242 miljoen) en onderliggende EBITDA met 17% tot £62 miljoen (2015: £53 miljoen) toegeneem.

Die groep is goed geplaas regoor vier diverse internasionale bedryfsplatforms en gaan voort om in hierdie platforms vir groei te belê.

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS / BELEGGINGSOORSIG

Page 43: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

41

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

KORPORATIEWE INLIGTING FINANSIËLE HOOGTEPUNTE VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE

Markkapitalisasie op 30 Junie 2016 R61 210 miljoen

Genoteer op die JSE Beperk

Hoofuitvoerende beampteH L Bosman

Remgro genomineerde direkteur J J Durand

Webwerfwww.rminsurance.co.za

Jaar geëindig30 Junie 2016

Verwys na webwerwe van groot onderliggende beleggings aangesien RMI slegs ’n beleggings-houermaatskappy is.

www.discovery.co.za

www.mmiholdings.com

www.outsurance.co.za

R miljoen %

Inkomste 14 078 +20Wesensverdienste 2 934 -10Genormaliseerde

wesensverdienste 3 348 +6

VERSEKERING

BYDRAE TOT WESENSVERDIENSTE

30 Junie2016

R miljoen

30 Junie2015

R miljoen

RMI Holdings 888 986

RMI HOLDINGS BEPERK (RMI)RMI se bydrae tot Remgro se wesensverdienste vir die jaar onder oorsig het tot R888 miljoen (2015: R986 miljoen) afgeneem.

Die onderliggende beleggings van RMI (met persentasiebelange in hakies) sluit in Discovery Holdings Beperk (25%), MMI Holdings Beperk (26%), OUTsurance Holdings Beperk (85%) en RMB Structured Insurance Beperk (76%), asook nuwe beleggings in RMI Investment Managers (100%) en Merchant Capital (25.1%). Op 23 Augustus 2016 het RMI die verkoop van RMB Structured Insurance, onderhewig aan regulatoriese goedkeuring, aangekondig.

Discovery bedien die gesondheidsorgbefondsings- en verse-keringsmarkte in Suid-Afrika, die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State van Amerika, China, Australië en Singapoer. MMI is gevorm deur die samevoeging van Metropolitan en Momentum en fokus op langtermyn- en korttermynversekering, bate-bestuur, gesondheidsorgadministrasie en werknemervoordele. OUTsurance is ’n direktelyn persoonlike en kleinbesigheid-korttermynversekeraar en het onlangs na Nieu-Seeland, onder die Youi-handelsmerk, uitgebrei. RMI Investment Managers bou steeds sy portefeulje van geaffi lieerde batebestuurders uit in die strewe om wêreldklas batebestuurders te identifseer, te ontwikkel en in vennootskap met hulle te tree, terwyl Merchant Capital nuwe produkte loods en vennootskappe aangaan om homself beter in die klein en middelgrootte besigheidsegment te vestig.

RMI se gerapporteerde wesensverdienste vir die jaar geëindig 30 Junie 2016 het met 10% tot R2 934 miljoen (2015: R3 258 miljoen)

afgeneem. OUTsurance, Discovery en MMI het onderskeidelik R1 674 miljoen (2015: R1 171 miljoen), R925 miljoen (2015: R1 362 miljoen) en R534 miljoen (2015: R699 miljoen) bygedra.

RMI glo egter dat genormaliseerde verdienste ’n meer akkurate weerspieëling van die bedryfsvertoning is en daarom word wesensverdienste aangepas om nie-herhalende items en rekeningkundige afwykings in aanmerking te neem. RMI se genormaliseerde verdienste vir die jaar onder oorsig het met 6% tot R3 348 miljoen (2015: R3 160 miljoen) toegeneem.

Discovery se bydrae tot genormaliseerde verdienste het met 7% tot R1 079 miljoen (2015: R1 012 miljoen) toegeneem. Die toename is gedryf deur die vertoning van die drie gevestigde Suid-Afrikaanse besighede, sowel as VitalityLife in die Verenigde Koninkryk. Algehele verdienstegroei is beperk deur die belegging van 13% van gegenereerde verdienste in nuwe inisiatiewe. MMI se bydrae tot genormaliseerde verdienste het met 16% tot R805 miljoen (2015: R956 miljoen) afgeneem weens laer onderskrywingswinste, gedempte ekwiteitsbeleggingsgroei en bedryfuitdagings in sommige nie-lewensbesighede. Die bydrae van OUTsurance tot genormaliseerde verdienste het met 43% tot R1 664 miljoen (2015: R1 166 miljoen) toegeneem danksy ’n wesentlike verbetering in die bydrae deur die Youi-groep en goeie resultate van die Suid-Afrikaanse bedrywighede. Youi se resultate in die vorige jaar is negatief beïnvloed deur weerverwante rampe in Australië. Bruto geskrewe premies het met 18% tot R14.8 miljard toegeneem, terwyl die eiseverhouding van 55.5% tot 54.4% en die koste-tot-inkomste-verhouding van 28.2% tot 26.2% afgeneem het.

PROFIELRand Merchant Investment Holdings Beperk (RMI) (voorheen Rand Merchant Insurance Holdings Beperk) is ’n beleggingshouermaatskappy, met ’n beleggingspan bestaande uit ervare, alternatiefdenkende fi nansiële dienstespesialiste. Bykomend tot sy aktiewe betrokkenheid in bestaande beleggings, beoog RMI om sy beleggingsportefeulje uit te brei, te diversifi seer en te moderniseer deur geleenthede te benut wat oor ’n wye spektrum van die skaal en lewensiklusse van fi nansiële dienstebesighede bestaan.

HOOF GEOGRAFIESE VERTEENWOORDIGINGAFRIKA: Suid-Afrika, BLNS-landeANDER: China, Verenigde Koninkryk, Australië, Nieu-Seeland, Singapoer

30.3%effektiewe belang

BELEGGINGSOORSIG / VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

Page 44: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

42

WWW.REMGRO.COM

KORPORATIEWE INLIGTING FINANSIËLE HOOGTEPUNTE VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE

Ekwiteitswaardasie op 30 Junie 2016R8 481 miljoen

Ongenoteer

Hoofuitvoerende beampteM Hellyar, (opgevolg deur R Richardson sedert 30 Junie 2016)

Remgro genomineerde direkteureH J Carse, J J du Toit

Webwerfwww.airproductsafrica.co.za

Jaar geëindig30 September 2015

KMB/OpleidingspanderingR4.4 miljoen

Aantal werknemers574

BBSEB-statusVlak 3

R miljoen %

Omset 2 489 +27Bedryfswins 772 +25Wesensverdienste 513 +21

PROFIELAir Products produseer suurstof, stikstof, argon, waterstof en koolstofdioksied vir verkoop in gasvorm deur middel van pyplyne, ingevolge langtermynkontrakte aan groot industriële gebruikers. Air Products versprei ook industriële gasse en chemikalieë, saam met die toepaslike toerusting, aan die handelsmark. Die ander 50% van die gewone aandele word deur Air Products and Chemicals Incorporated, ’n VSA-maatskappy, gehou.

NYWERHEIDBYDRAE TOT WESENSVERDIENSTE

30 Junie2016

R miljoen

30 Junie2015

R miljoen

Air Products 275 222KTH (229) (108)Total 291 133PGSI 36 30Wispeco 144 104

517 381

AIR PRODUCTS SOUTH AFRICA EIENDOMS BEPERK (AIR PRODUCTS)Air Products het ’n September-jaareinde en gevolglik is die maatskappy se resultate vir die 12 maande geëindig 31 Maart 2016 by Remgro se resultate vir die tydperk onder oorsig ingesluit. Air Products se bydrae tot Remgro se wesensverdienste vir die tydperk onder oorsig het met 23.9% tot R275 miljoen (2015: R222 miljoen) toegeneem.

Vir die 12 maande geëindig 31 Maart 2016 het Air Products se omset met 20.4% tot R2 612 miljoen (2015: R2 170 miljoen) toegeneem, terwyl die maatskappy se bedryfwins vir dieselfde tydperk met 22.5 % tot R817 miljoen (2015: R667 miljoen) toegeneem het. Die vraag na grootmaatgasvolumes in die staal- en mynbedryf het onder druk gebly. Verhoogde vraag in die olieraffi nering- en petrochemiese sektor het in die tydperk onder oorsig nuwe besigheidsvoordele meegebring.

Air Products is die grootste vervaardiger van industriële gasse in Suider-Afrika. Die maatskappy is ook ’n invoerder en verspreider van ’n verskeidenheid spesialiteitsgasse en chemiese produkte wat aan ’n wye reeks nywerhede verskaf word, waaronder staal, chemikalieë, olieraffi nering, hulpbronminerale, glas, pulp en papier, voedselverpakking, asook algemene vervaardiging, fabriekswese en sweiswerke.

Grootmaatgasvolumes was onder verwagting en is negatief beïnvloed deur laer vlakke van aktiwiteit in mynbou- en metaalontginningsprosesse. Die vraag na verpakte gasse bly onder aansienlike druk weens gedempte vervaardigingsbedrywighede en laer afvalstaalherwinning, terwyl daar ’n effense toename in vraag in die voedselverwerking- en lasersnysektor was.

HOOF GEOGRAFIESE VERTEENWOORDIGINGAFRIKA: Suid-Afrika, Zambië

50%effektiewe belang

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS / BELEGGINGSOORSIG

Page 45: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

43

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

KORPORATIEWE INLIGTING FINANSIËLE HOOGTEPUNTE VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE

Ekwiteitswaardasie op 30 Junie 2016 R7 780 miljoen

Ongenoteer

Hoofuitvoerende beampteV Nkonyeni

Remgro genomineerde direkteureJ J du Toit, P J Uys

Webwerfwww.kagiso.com

Jaar geëindig30 Junie 2016

KMB/OpleidingspanderingR3.1 miljoen

Aantal werknemers47

BBSEB-statusVlak 8

R miljoen %

Inkomste 1 525 -7Bedryfswins 257 +102Wesensverdienste (655) NbNb = Nie betekenisvol

KAGISO TISO HOLDINGS EIENDOMS BEPERK (KTH)

KTH is ’n vooraanstaande swart beheerde beleggingsmaatskappy met ’n sterk en gediversifi seerde beleggingsportefeulje wat die hulpbronne-, industriële, media-, fi nansiële dienste-, gesondheidsorg-, eiendoms- en inligtingstegnologiesektore dek.

KTH se bydrae tot Remgro se wesensverdienste vir die jaar onder oorsig het ’n verlies van R229 miljoen (2015: R108 miljoen) bedra. Die groter verlies was grootliks te wyte aan KTH se netto toeskryfbare deel van negatiewe billike waarde aanpassings op ekwiteitsbeleggings in MMI Holdings Beperk se omskepbare voorkeuraandele (R285 miljoen), Exxaro Resources Beperk (R167 miljoen) en AECI Beperk (R99 miljoen).

Inkomste uit geëkwiteerde beleggings het tot R347 miljoen (2015: R545 miljoen) gedaal, met hoofbydraes deur die beleggings in MMI Holdings Beperk, Fidelity Bank (Ghana) Beperk, Servest Group Eiendoms Beperk, Idwala Industrial Holdings Eiendoms Beperk en Mototolo. Netto fi nansieringskoste het tot R409 miljoen (2015: R374 miljoen) toegeneem, hoofsaaklik weens die rentekoste wat verband hou met die genoteerde skuldbriewe ten bedrae van R800 miljoen wat KTH gedurende die jaar uitgereik het.

PROFIEL

KTH is ’n gevestigde swart ekonomies beheerde maatskappy, met ’n fokus op beleggingsbankdienste, media- en strategiese beleggings. KTH se hoofbeleggings sluit Kagiso Media Beperk, MMI Holdings Beperk en Servest Group Eiendoms Beperk in.

HOOF GEOGRAFIESE VERTEENWOORDIGINGAFRIKA: Suid-Afrika, Ghana, Nigerië

34.9%effektiewe belang

BELEGGINGSOORSIG / VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

Page 46: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

44

WWW.REMGRO.COM

PROFIEL

Filiaal van Total (Frankryk). Total se besigheid behels die raffi nering en bemarking van petroleum en petroleumprodukte in Suid-Afrika, asook die verspreiding daarvan in buurstate. Die maatskappy het ’n belang van 36% in National Petroleum Refi ners of South Africa Eiendoms Beperk (Natref).

KORPORATIEWE INLIGTING FINANSIËLE HOOGTEPUNTE VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE

Ekwiteitswaardasie op 30 Junie 2016R7 545 miljoen

Ongenoteer

Hoofuitvoerende beampte C M R J des Closières (opgevolg deur P Y Sachet sedert 30 Junie 2016)

Remgro genomineerde direkteureR Ndlovu, N J Williams

Webwerfwww.total.co.za

Jaar geëindig31 Desember 2015

KMB/OpleidingspanderingR61.0 miljoen

Aantal werknemers814

BBSEB-statusVlak 4

Omgewingsaspek*Vlak 1- en 2-uitlatings van 14 392 ton CO2e

R miljoen %

Omset 52 216 +12Bedryfswins 1 512 NbWesensverdienste 1 205 NbNb = Nie betekenisvol

* Sluit uitlatings deur Natref uit.

HOOF GEOGRAFIESE VERTEENWOORDIGINGAFRIKA: Suid-Afrika, BLNS-lande

24.9%effektiewe belang

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS / BELEGGINGSOORSIG

TOTAL SOUTH AFRICA EIENDOMS BEPERK (TOTAL)

Total het ’n Desember-jaareinde, maar die maatskappy se resultate vir die 12 maande geëindig 30 Junie 2016 is in Remgro se resultate vir die jaar onder oorsig ingesluit. Total se bydrae tot Remgro se wesensverdienste vir die jaar onder oorsig het R291 miljoen (2015: R133 miljoen) bedra.

Die resultate is beïnvloed deur ongunstige voorraad-herwaardasies van R491 miljoen (2015: R1 597 miljoen) weens die beduidende daling in internasionale oliepryse vanaf VSA$61 per vat op 30 Junie 2015 tot VSA$48 per vat op 30 Junie 2016.

Total se omset vir die 12 maande geëindig 30 Junie 2016 het met 4% tot R48 940 miljoen (2015: R51 168 miljoen) afgeneem. Die afname in omset was hoofsaaklik die gevolg van volumeverlies in die mynbou- en kommersiële sektor.

Die maatskappy het sy vlak van kapitaalbesteding ten opsigte van gesondheids-, veiligheids-, omgewings- en kwaliteitsaspekte vergroot in ooreenstemming met strenger wetgewing en groepvereistes sover dit sy depots, mynboupersele en diensstasies betref. Die belangrikste fokusareas is omgewingsnakoming, asook nakoming ten opsigte van vervoer en konstruksiekontrakteurs. Aan die logistieke kant word groot klem geplaas op tegnologiese risiko en die vereiste veiligheidstoerusting om bedryfsvoortrefl ikheid te verseker. Ten einde aan die toenemende vereistes te voldoen is die bestuurspan verantwoordelik vir gesondheid, veiligheid, die omgewing en gehalte met 50% oor die laaste 12 maande vergroot.

Natref (waarin Total ’n belang van 36.4% het) het in die tydperk onder oorsig bestendige raffi neringsmarges ervaar en kon ’n bestendige bedryfsvertoning lewer. Dit het ook gunstige wisselkoersbewegings ervaar wat die goeie VSA- dollargebaseerde raffi neringsmarges ’n hupstoot gegee het.

Page 47: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

45

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

KORPORATIEWE INLIGTING FINANSIËLE HOOGTEPUNTE VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE

Ekwiteitswaardasie op 30 Junie 2016 R1 944 miljoen

Ongenoteer

Hoofuitvoerende beampteC Bromley

Remgro genomineerde direkteureS J de Villiers, J J du Toit

Webwerfwww.pggroup.co.za

Jaar geëindig31 Desember 2015

KMB/OpleidingspanderingR30.4 miljoen

Aantal werknemers4 061

BBSEB-statusVlak 8

OmgewingsaspekTotale GHG-uitlatings van 196 832 ton CO2e

R miljoen %

Omset 3 802 +1Bedryfswins 124 -30Wesensverdienste 58 -38

PGSI BEPERK (PGSI)PGSI het ’n Desember-jaareinde, maar sy resultate vir die 12 maande geëindig 30 Junie 2016 is ingesluit in Remgro se resultate vir die jaar onder oorsig. PGSI se bydrae tot Remgro se wesensverdienste vir die jaar onder oorsig het R36 miljoen (2015: R30 miljoen) bedra.

PGSI se omset vir die tydperk onder oorsig het met 6% tot R3 958 miljoen (2015: R3 733 miljoen) toegeneem. Die groep se genormaliseerde bedryfswins, wat die impak van batewaardedalings uitsluit, het van R210 miljoen tot R223 miljoen toegeneem.

Die groep se hoofbedryfsfi liaal in Suid-Afrika, PG Group, vervaardig en versprei glas vir die bou- en motorbedryf. Die bouglasbesighede het positiewe omsetgroei gerapporteer, wat gedryf is deur verhoogde plaaslike verkope, ondanks mededingende marktoestande, asook sterk groei in Afrika. Die swakker rand het die groep se mededingende posisie in die plaaslike mark ondersteun en uitvoerwinsgewendheid verbeter. Daarby het groter doeltreffendhede en vaartbelynde verskaffi ngskettings tot die groep se beter vertoning in hierdie sektor bygedra.

Marktoestande in die motorbesighede is steeds moeilik. Plaaslike motorverkope het afgeneem weens die swak ekonomiese klimaat, laer verbruikersvertroue, hoër huishoudelike skuldvlakke en verwagtinge van toekomstige

rentekoersverhogings. Hoewel daar positiewe groei in uitvoerverkope van motors was danksy die swakker rand, is die marges onder druk as gevolg van oorspronklike toerustingvervaardigers (OE) se maatstafvergelyking van pryse met dié van globale mededingers wat beduidende groter skaalvoordele het. Die laer verkope in die plaaslike motor na-verkopemark is verder negatief beïnvloed deur die laer aantal eise van die versekeringsbedryf. Die groep het hierop gereageer met ’n reeks bekostigbare oplossings wat op die onversekerde en versekerde mark gemik is ten einde ’n beter markaandeel te bekom. Die vervaardigingsbedrywe het verbeterings in opbrengs en kostebesparings getoon en verbeterde doeltreffendhede word deur die motorverskaffi ngsketting behaal.

Die resultate vir die jaar is positief deur ’n vermindering in fi nansieringskoste van R20 miljoen beïnvloed namate positiewe kontantvloei skuld verminder het.

Terwyl die ekonomiese klimaat uitdagend bly, het die groep goeie vordering gemaak ten opsigte van kostevermindering en vervaardigingsgehalte en -doeltreffendhede. Dit het ’n stewige strategiese grondslag vir toekomstige groei gelê. Inisiatiewe om die groep se struktuur ten opsigte van verminderde koste en beter diens aan klante te hersien, maak goeie vordering en toon positiewe resultate. Die strategiese insette en tegniese bystand wat deur Saint Gobain gelewer word, help om die groep se kapasiteit vir volhoubare groei te verhoog.

PROFIEL

PGSI hou ’n belang van 90% in PG Group. Laasgenoemde is Suid-Afrika se leier in die geïntegreerde plaatglasbedryf sover dit die vervaardiging, verspreiding en installering van hoëgehalte motor- en konstruksieglasprodukte betref.

HOOF GEOGRAFIESE VERTEENWOORDIGINGAFRIKA: Suid-Afrika, BLNS-lande, Mosambiek, Angola, DRK, ZambiëANDER: Uitvoere na Indië en Europa

37.7%effektiewe belang

BELEGGINGSOORSIG / VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

Page 48: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

46

WWW.REMGRO.COM

WISPECO HOLDINGS EIENDOMS BEPERK (WISPECO)

Wispeco se omset vir die jaar geëindig 30 Junie 2016 het met 28% tot R2 105 miljoen (2015: R1 649 miljoen) toegeneem. Hierdie groei was die gevolg van volumegroei in verkope, asook hoër verkooppryse vanweë die styging in grondstofkoste. Die verkryging van PDC (Pressure Die Castings) het R200 miljoen tot die omset gevoeg, terwyl die res deur organiese groei behaal is. Wesensverdienste vir die jaar onder oorsig het met 38.5% tot R144 miljoen (2015: R104 miljoen) toegeneem. Prysmededinging met invoerders en plaaslike mededingers bly fel.

’n Aantal opwindende projekte het die afgelope jaar gerealiseer: die negende uitpersmasjien is geïnstalleer en in gebruik geneem en hierdie bykomende kapasiteit gee aan Wispeco die buigsaamheid om aan vinnig veranderende markeise te voldoen. Die fi losofi e om ’n mate van surplus vervaardingingsvermoë te hê, gekoppel aan ’n buigsame skofstelsel, stel Wispeco in staat om vinnig by veranderinge in vraagpatrone aan te pas sonder dat klante se bestellings negatief deur lang wagtye beïnvloed word. ’n Ander ontwikkeling was die installering en ingebruikstelling van die eerste vertikale poeierbedekkings-aanleg in Afrika. Die aanleg se kapasiteit en vinnige kleurveranderingstegnologie ondersteun Wispeco se strategie van snelverkope, waardeur wagtye tot ’n minimum beperk word.

Wispeco is ’n markleier op die gebied van produkontwikkeling en sagteware-ondersteuning vir sy produkreeks. Die Crealco-handelsmerk is aanduidend van nuwigheid en gehalte en is toenemend gewild by spesifi seerders en vervaardigers. Crealco se sagteware-oplossings het ’n wye toepassing en is al hoe meer gesog. Veral die FPD (Fenestration Performance Declaration)-webwerf word gereeld besoek namate nakomingsgerusstelling teen die nuwe bouregulasies in aanvraag is. U-Solve se sagteware, wat algemeen gebruik word, is Agrément-gesertifi seer en bied sertifi seerbare termiese prestasiewaardes ten opsigte van Crealco se aluminiumvensters en -deure.

Die Crealco-produkreeks word goed ondersteun en deur baie amptelike verspreiders in Suider-Afrika versprei. Die uitbreiding van die leweransier (verspreider)-netwerk bly ’n groeifokus, met sommige oorgrensmoontlikhede wat ondersoek word. Die verkryging van PDC (met ingang van 1 Julie 2015) het positiewe resultate gelewer en lei die groep op ’n pad van ontdekking en implementering van hoëvlak-outomatiseringstegnologie in vervaardiging.

PROFIEL

Wispeco se hoofbesigheid is die vervaardiging en verspreiding van uitgeperste aluminiumprofi ele vir gebruik in die bou-, ingenieurs- en duursamegoederesektor.

KORPORATIEWE INLIGTING FINANSIËLE HOOGTEPUNTE VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE

Ekwiteitswaardasie op 30 Junie 2016R1 055 miljoen

Ongenoteer

Hoofuitvoerende beampteH Rolfes

Remgro genomineerde direkteureS J de Villiers, J J du Toit

Webwerfwww.wispeco.co.za

Jaar geëindig30 Junie 2016

KMB/OpleidingspanderingR13.3 miljoen

Aantal werknemers1 361

BBSEB-statusVlak 4

OmgewingsaspekVlak 1- en 2-uitlatings van 49 460 ton CO2e

R miljoen %

Omset 2 105 +28Bedryfswins 213 +42Wesensverdienste 144 +38

HOOF GEOGRAFIESE VERTEENWOORDIGING

AFRIKA: Suid-Afrika

100%effektiewe belang

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS / BELEGGINGSOORSIG

Page 49: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

47

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

BELEGGINGSOORSIG / VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

KORPORATIEWE INLIGTING FINANSIËLE HOOGTEPUNTE VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE

Markkapitalisasie op 30 Junie 2016 R8 610 miljoen

Genoteer op die JSE Beperk

Hoofuitvoerende beampteA Olivier

Remgro genomineerde direkteureR Ndlovu, P J Uys

Webwerfwww.grindrod.co.za

Jaar geëindig31 Desember 2015

KMB/OpleidingspanderingR7.3 miljoen

Aantal werknemers7 044

BBSEB-statusVlak 2

OmgewingsaspekVlak 1- en 2-uitlatings van 461 961 ton CO2e

R miljoen %

Omset 10 192 -27Bedryfswins 423 -32Wesensverdienste 559 -23

PROFIELGrindrod is ’n geïntegreerde vraglogistieke en verskepingsdiensverskaffer en sy besigheid behels die vervoer van vrag per pad, spoor, see en lug deur die gebruik van spesialisbates en infrastruktuur, waaronder voertuie, lokomotiewe, skepe, hawens, terminale, pakhuise en depots.

GRINDROD BEPERK (GRINDROD)Grindrod het ’n Desember-jaareinde, maar sy resultate vir die 12 maande tot 30 Junie 2016 is ingesluit in Remgro se resultate vir die jaar onder oorsig. Die maatskappy se bydrae tot Remgro se wesensverdienste vir die jaar onder oorsig behels ’n verlies van R45 miljoen (2015: wesensverdienste van R135 miljoen). Die verlies is hoofsaaklik te wyte aan ’n afname in verskepingsvolumes en -tariewe.

Weens die voortgesette onderdrukte toestand van die mark was dit nodig om ’n waardedaling van R675 miljoen in die spoorbesighede te hef. Met insluiting van hierdie waardedaling

het Grindrod se gerapporteerde netto verlies vir die ses maande tot 30 Junie 2016 R1 120 miljoen (2015: R303 miljoen wins) bedra.

Wesensverdienste, wat onder andere die impak van die voorgenoemde waardedaling uitsluit, het egter met 216% tot ’n verlies van R381 miljoen (2015: R328 miljoen wesensverdienste) gedaal weens die voortgesette swak droëvrag-verskepingsmark, asook swak kommoditeitspryse.

Kapitaalbesteding vir die ses maande tot 30 Junie 2016 het R812 miljoen bedra, waarvan 90% ten opsigte van uitbreidings was en die res vir onderhoud en vervangingsprojekte.

INFRASTRUKTUURBYDRAE TOT WESENSVERDIENSTE

30 Junie2016

R miljoen

30 Junie2015

R miljoen

Grindrod (45) 135CIV groep 64 51SEACOM (33) 24Ander 20 182

6 392

HOOF GEOGRAFIESE VERTEENWOORDIGINGAFRIKA: Suid-Afrika, MosambiekANDER: Asië

23.1%effektiewe belang

Page 50: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

48

WWW.REMGRO.COM

KORPORATIEWE INLIGTING FINANSIËLE HOOGTEPUNTE* VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE*

Ekwiteitswaardasie op 30 Junie 2016 R5 605 miljoen

Hoofuitvoerende beampte van DFAG Smit

Remgro genomineerde direkteureR Ndlovu, P J Uys

Webwerfwww.dfafrica.co.za

Jaar geëindig31 Maart 2016

KMB/OpleidingspanderingR1.6 miljoen

Aantal werknemers446

BBSEB-statusVlak 2

OmgewingsaspekVlak 1- en 2-uitlatings van 1 252.5 ton CO2e

R miljoen %

Omset 1 188 +14Bedryfswins 439 +10Wesensverdienste 68 –

* Inligting hou slegs verband met DFA, die hoofbedryfsfi liaal.

PROFIEL

CIV Holdings is ’n beleggingshouermaatskappy waarvan die hoofbate (100%) Dark Fibre Africa (DFA) is. DFA bou, besit, onderhou en monitor infrastruktuur wat geskik is om dienste oor te dra, soos optiesevesel-netwerke.

COMMUNITY INVESTMENT VENTURES HOLDINGS EIENDOMS BEPERK (CIV GROEP)

Remgro het ’n effektiewe belang van 50.9% in die CIV-groep, wat in die telekommunikasie- en inligtingstegnologiesektor bedrywig is. Die belangrikste bedryfsmaatskappy van die groep is DFA, wat optiesevesel-netwerke bou en besit.

Die CIV-groep het ’n Maart-jaareinde en gevolglik is sy resultate vir die 12 maande geëindig 31 Maart 2016 ingesluit in Remgro se resultate vir die jaar onder oorsig. Die CIV-groep se bydrae tot Remgro se wesensverdienste vir die jaar onder oorsig het R64 miljoen (2015: R51 miljoen) bedra.

DFA se omset vir die fi nansiële jaar geëindig 31 Maart 2016 het met 14% op ’n jaargrondslag tot R1 188 miljoen (2015: R1 047 miljoen) toegeneem, danksy stewige groei van 21% in annuïteitsinkomste. DFA se verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie het in die tydperk onder oorsig met 13% tot R861 miljoen toegeneem. Die huidige boekwaarde van die optiesevesel-netwerk is meer as R6 miljard. DFA kon sover ’n

gesonde annuïteitsinkomste van meer as R87.5 miljoen per maand verseker, waarvan die meeste uit langtermynkontrakte met klante afkomstig is.

DFA besit optiesevesel-netwerke in Johannesburg, Kaapstad, Durban (wat uitbrei na Pietermaritzburg), Midrand, Centurion en Pretoria. Die netwerk is ook na 21 kleiner metropole, waaronder Oos-Londen, Polokwane, Tlokwe, Emalahleni en George, uitgebrei, om slegs ’n paar te noem. Op 31 Maart 2016 was ’n totale afstand van 9 144 km (Maart 2015: 8 353 km) optiese veselnetwerk in die belangrikste stedelike gebiede en op langafstandroetes voltooi. Die netwerk se bedryfstyd in die jaar onder oorsig was ’n uitstekende 99.994%.

DFA se inkomstemodel is buigsaam om by klante se behoeftes aan te pas en die maatskappy verkoop of ’n onvervreembare gebruiksregooreenkoms, wat ’n eenmalige voorafbetaling vereis, of betaling op ’n jaarlikse grondslag vir multijaar-kontrakte van tot 15 jaar. Die toekomstige waarde van huidige annuïteitskontrakte beloop meer as R10 miljard.

CIV HOLDINGS

HOOF GEOGRAFIESE VERTEENWOORDIGING

AFRIKA: Suid-Afrika

50.9%effektiewe belang

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS / BELEGGINGSOORSIG

Page 51: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

49

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

BELEGGINGSOORSIG / VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

PROFIEL

SEACOM verskaf hoëkapasiteit plaaslike en internasionale optiesevesel-verbindings, asook internet- en “cloud”-dienste aan die groothandels- en ondernemingsmarkte in Suider- en Oos-Afrika.

SEACOM CAPITAL BEPERK (SEACOM)

Remgro het ’n effektiewe belang van 30% in SEACOM, wat ’n internasionale en plaaslike optiesevesel-netwerk bedryf om Suider- en Oos-Afrika met Europa en Asië te verbind.

SEACOM het ’n Desember-jaareinde, maar sy resultate vir die 12 maande tot 30 Junie 2016 is ingesluit in Remgro se resultate vir die jaar onder oorsig. SEACOM se bydrae tot Remgro se wesensverdienste vir die jaar onder oorsig was ’n verlies van R33 miljoen (2015: wesensverdienste van R24 miljoen). Die afname in verdienste is toeskryfbaar aan ’n verandering in die bepaling van waardevermindering, asook die swakker rand in vergeleke met die vorige periode.

SEACOM verskaf hoëkapasiteit internasionale en plaaslike bandwydtedienste aan klante in die vorm van internasionale privaat lyne, IP-transitodienste, internettoegang en “cloud”-dienste. Hierdie dienste word verkoop as 12 tot 36-maand verhuringskontrakte en as 15 tot 20-jaar onvervreembare gebruiksregte (IRU), waarby jaarlikse onderhoudskoste ingesluit

is. Vooruitontvangde inkomste uit IRU-ooreenkomste word oor die volle termyn van 15 tot 20 jaar verantwoord.

SEACOM handhaaf ’n proaktiewe benadering om wins-gewendheid te verseker deur die uitbreiding van sy netwerk en produkte om in markaanvraag te voorsien, asook deur die aanbod van ’n meer gediversifi seerde produkreeks wat hom in staat stel om, danksy ’n beter waarde-aanbod, markaandeel te vergroot.

Die maatskappy het ook die ondernemingsmark betree, waar metro- en laaste myl-veseloplossings aan besigheidsklante verskaf word om hulle in staat te stel om internet-, metro-ethernet en “cloud”-dienste te verskaf.

Verhoogde vraag na data- en “cloud”-dienste dra by tot bo verwagte groei in vraag. SEACOM se vermoë om by ’n snelveranderende datamark aan te pas, en om te reageer op die stygende vraag na vinniger, betroubare datadienste, is kritiek in die behoud van sy mededingende posisie.

KORPORATIEWE INLIGTING FINANSIËLE HOOGTEPUNTE VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE

Ekwiteitswaardasie op 30 Junie 2016 R3 477 miljoen

Ongenoteer

Hoofuitvoerende beampteB Clatterbuck

Remgro genomineerde direkteureH J Carse, P J Uys

Webwerfwww.seacom.mu

SEACOM is ’n privaat maatskappy en sy finansiële inligting word nie in detail geopenbaar nie as gevolg van beperkinge op openbaarmaking soos onder aandeelhouers ooreengekom.

KMB/OpleidingspanderingR3.3 miljoen

Aantal werknemers163

HOOF GEOGRAFIESE VERTEENWOORDIGINGAFRIKA: Suid-Afrika, Mauritius, Mosambiek, Tanzanië, Kenia, Uganda

30%effektiewe belang

Page 52: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

50

WWW.REMGRO.COM

ANDER INFRASTRUKTUURBELANGE

PROFIEL

KIEF is ’n fonds wat daarna streef om in infrastruktuurprojekte, waaronder paaie, lughawens, krag- en telekommunikasie-installasies, spoorwegstelsels, hawens, water- en maatskaplike infrastruktuur, te belê.

Webwerf: www.kagiso.com

PROFIEL

Pembani Remgro Infrastructure Managers Eiendoms Beperk (PRIMCO) is die adviseur van Pembani Remgro Infrastructure Fund I (PRIF), ’n fonds wat toegespits is op privaatsektorbeleggings in infrastruktuur oral op die Afrika-vasteland.

Webwerf: www.pembani-remgro.com

45.4%effektiewe belang

25% (PRIMCO) & 17.8% (PRIF)

effektiewe belang

KAGISO INFRASTRUCTURE EMPOWERMENT FUND (KIEF)

PRIMCO AND PRIF

PEMBANI REMGRO INFRASTRUCTURE FUND I

PEMBANI • REMGRO

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS / BELEGGINGSOORSIG

Page 53: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

51

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

KORPORATIEWE INLIGTING FINANSIËLE HOOGTEPUNTE VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE

Ekwiteitswaardasie op 30 Junie 2016 R3 669 miljoen

Ongenoteer

Waarnemende hoofuitvoerende beampteT G Govender

Remgro genomineerde direkteureH J Carse, N J Williams

Webwerfwww.etv.co.za

Jaar geëindig31 Maart 2016

KMB/OpleidingspanderingR4.9 miljoen

Aantal werknemers2 078

BBSEB-statusVlak 2

OmgewingsaspekVlak 1- en 2-uitlatings van 7 804 ton CO2e

R miljoen %

Omset 2 431 +1Bedryfswins 295 -34Wesensverdienste 86 -52

PROFIEL

eMedia beskik oor ’n reeks mediabelange waar e.tv. die belangrikste is. e.tv is die enigste onafhanklike gratis televisie-uitsaaier in Suid-Afrika.

MEDIA EN SPORT BYDRAE TOT WESENSVERDIENSTE

30 Junie2016

R miljoen

30 Junie2015

R miljoen

eMedia 28 69Ander (64) (85)

(36) (16)

eMEDIA INVESTMENTS EIENDOMS BEPERK (eMEDIA)

Remgro het ’n effektiewe belang van 32.3% in eMedia wat ’n reeks mediabelange besit, waaronder e.tv, Suid-Afrika se enigste onafhanklike gratis televisiekanaal, sy nuusdienssuster, die eNews Africa-kanaal (eNCA), Platco Digital, ’n gratis satellietplatform, Yfm, ’n radiostasie gesetel in Gauteng, en verskeie ander ateljeefasiliteite en produksiebesighede.

eMedia het ’n Maart-jaareinde en gevolglik is sy resultate vir die 12 maande tot 31 Maart 2016 ingesluit in Remgro se resultate vir die jaar onder oorsig. eMedia se bydrae tot Remgro se wesensverdienste vir die jaar onder oorsig het R28 miljoen (2015: R69 miljoen) bedra.

Ondanks die feit dat e.tv se advertensie-inkomste onder voortgesette druk verkeer het weens die skerp daling in markaandeel die vorige fi nansiële jaar, het eMedia se omset van R2 390 miljoen tot R2 431 miljoen gestyg. Bestuur het die programskedules van e.tv hersien en veranderinge in die tweede helfte van 2015 en die eerste helfte van die huidige fi nansiële jaar aangebring om die daling in markaandeel om te keer. Die skeduleveranderinge het tot ’n herstel in e.tv se markaandeel gelei en e.tv het andermaal die gewildste Engelse kanaal in Suid-Afrika geword. Die skeduleveranderinge het ’n aansienlike belegging in plaaslike programinhoud genoodsaak en dit het ’n styging in koste van verkope tot R1 091 miljoen (2015: R983 miljoen) meegebring. Met ’n meer stabiele markaandeel in die laaste gedeelte van die fi nansiële jaar, behoort advertensie-inkomste ’n beter aanduiding van e.tv se markposisie te gee.

HOOF GEOGRAFIESE VERTEENWOORDIGINGAFRIKA: Suid-Afrika

32.3%effektiewe belang

BELEGGINGSOORSIG / VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

Page 54: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

52

WWW.REMGRO.COM

eMedia het sy belegging in die multikanaalbesigheid voortgesit aangesien e.tv gesukkel het om as ’n enkelkanaal die mas op te kom in ’n omgewing waar verbruikers voorkeur gee aan multikanaalopsies. eMedia het R262 miljoen (2015: R245 miljoen) belê in sy multikanaalplatform, OpenView HD (OVHD), om kanale vir die multikanaalomgewing te produseer. Hierdie belegging is genoodsaak deur die stadige loodsing van digitale terrestriële televisie (DTT). Aan die einde van die fi nansiële jaar kon OVHD sien dat die aantal aktiverings met 245% van 112 715 tot 388 812 toegeneem het. Bestuur glo dat die belegging in gehaltekanale tot eMedia se voordeel sal wees wanneer die loodsing van DTT versnel word.

eSat.tv doen steeds goed en die eNCA-kanaal bly een van die gewildste nuuskanale op DStv, met ’n aandeel van meer as 50% van die kykersgetalle van nuuskanale. Die langtermynkontrak met DStv is in Mei 2016 beëindig. eMedia onderhandel tans ’n nuwe kontrak met DStv en die uitkoms daarvan mag die toekomstige fi nansiële vertoning van eNCA raak.

Sasani Studios, Silverline 360 en Yfm het almal stewige vertonings gelewer in die jaar onder oorsig. Die bestuur het besluit om van sommige nie-kern en nie-winsgewende beleggings ontslae te raak. Die verlies van beëindigde bedrywighede het R145 miljoen bedra. eMedia sal in die afsienbare toekoms hom toespits op sy kern Suid-Afrikaanse bates wat toenemende mededinging van nie-lineêre uitsaaiplatforms kry. Die huidige jaar se resultate sluit ook die waardedaling van ’n ontvangbaarlening ten bedrae van R48 miljoen in wat ontstaan het met die verkoop van The Africa Channel (UK) en die koper wat in gebreke gebly het om sy verpligting na te kom.

Hierdie eenmalige faktore, saam met die druk op inkomste, het ’n negatiewe uitwerking op eMedia se resultate gehad. Bestuur glo egter dat met die stabilisering van e.tv se markaandeel, die voortgesette belegging in die multikanaalbesigheid en die volgehoue behoefte aan inhoud, eMedia in ’n goeie posisie verkeer om vorentoe beter resultate te behaal.

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS / BELEGGINGSOORSIG

Page 55: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

53

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

ANDER MEDIA- EN SPORTBELANGE

PROFIEL

Blue Bulls bestuur die Blue Bulls professionele rugby-unie, Loftus Versfeld en sekere amateur- en bestuursaksies en bedrywighede van die Blue Bulls rugby-unie.

Website: www.thebulls.co.za

PROFIEL

PTH is ’n sport- en ontspanningsgroep wat in die Verenigde Koninkryk gesetel is.

Saracens Copthall besit ’n sportstadion in die noordwestelike deel van Londen.

Website: www.mbnpromotions.co.uk

PROFIEL

Stellenbosch Academy of Sport verskaf aan plaaslike en internasionale sportspanne en atlete afrigting van wêreldgehalte, asook ’n omgewing vir voorbereiding.

Website: www.sastraining.co.za

50%effektiewe belang

50%effektiewe belang

100%effektiewe belang

DIE BLUE BULLS COMPANY EIENDOMS BEPERK (BLUE BULLS)

PREMIER TEAM HOLDINGS LIMITED (PTH) EN SARACENS COPTHALL LLP

STELLENBOSCH ACADEMY OF SPORT

BELEGGINGSOORSIG / VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

PROFILE

WP Rugby bestuur professionele rugby in die Wes-Kaapstreek onder die WP- en Stormers-handelmerk.

Website: www.wprugby.com

24.9%effektiewe belang

WESTERN PROVINCE RUGBY EIENDOMS BEPERK (WP RUGBY)

Page 56: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

54

WWW.REMGRO.COM

BUSINESS PARTNERS BEPERK (BUSINESS PARTNERS)

Business Partners het ’n Maart-jaareinde en gevolglik is sy resultate vir die 12 maande tot 31 Maart 2016 geëkwiteer in Remgro se resultate vir die tydperk onder oorsig. Wesensverdienste toeskryfbaar aan Remgro vir die jaar onder oorsig het R48 miljoen (2015: R47 miljoen) bedra.

Business Partners se wesensverdienste vir die 12 maande geëindig 31 Maart 2016 het R113 miljoen (2015: R111 miljoen) bedra, ’n styging van 2%. Die toename was die gevolg van hoër

rente-inkomste en inkomste uit eiendom, wat grootliks deur laer beleggingsinkomste, asook hoër fi nansieringskoste en uitgestelde belasting teengewerk is.

In die jaar onder oorsig is befondsing ten bedrae van R966 miljoen (2015: R713 miljoen) aan 307 (2015: 278) beleggingsprojekte verskaf, terwyl die risiko in die beleggingsportefeulje weens die styging in nie-presterende lenings, vanaf 10.9% van die portefeulje op 31 Maart 2015 tot 13.3% op 31 Maart 2016, toegeneem het.

PROFIEL

Business Partners is ’n gespesialiseerde beleggingsmaatskappy wat doelgemaakte en geïntegreerde beleggings, mentorskap en eiendomsbestuursdienste aan klein en mediumgrootte ondernemings hoofsaaklik in Suid-Afrika beskikbaar stel.

KORPORATIEWE INLIGTING FINANSIËLE HOOGTEPUNTE VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE

Ekwiteitswaardasie op 30 Junie 2016 R2 711 miljoen

Ongenoteer

Hoofuitvoerende beampteB Bierman

Remgro genomineerde direkteureF Knoetze, R Ndlovu, N J Williams

Webwerfwww.businesspartners.co.za

Jaar geëindig31 Maart 2016

KMB/OpleidingspanderingR9.3 miljoen

Aantal werknemers270

BBSEB-statusVlak 3

OmgewingsaspekVlak 1- en 2-uitlatings van 2 267 ton CO2e

R miljoen %

Omset 548 +7Bedryfswins 260 +9Wesensverdienste 113 +2

ANDER BELEGGINGS BYDRAE TOT WESENSVERDIENSTE

30 Junie2016

R miljoen

30 Junie2015

R miljoen

Business Partners 48 47Ander 19 37

67 84

HOOF GEOGRAFIESE VERTEENWOORDIGINGAFRIKA: Suid-Afrika, Kenia, Namibië, Zambië, Malawi, Rwanda

42.8%effektiewe belang

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS / BELEGGINGSOORSIG

Page 57: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

55

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

BELEGGINGSOORSIG / VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

PROFIEL

GEMS, wat in Hongkong gesetel is, is ’n privaatekwiteitsfondsbestuursgroep wat beleggings in die Asië-Stille Oseaanstreek maak.

Website: www.gems.com.hk

PROFIEL

Invenfi n fokus op kleiner vroeëfase-beleggings.

Website: www.invenfin.com

PROFIEL

Caxton is een van die grootste uitgewers en drukkers van boeke, tydskrifte, koerante en kommersiële drukwerk in Suid-Afrika.

Website: www.caxton.co.za

6%effektiewe belang

GEMS II EN III (GEMS)

INVENFIN EIENDOMS BEPERK (INVENFIN)

CAXTON CTP BEPERK (CAXTON) (Indirek gehou deur FundCo en BidCo struktuur)

5.1% & 8.2%effektiewe belang

100%effektiewe belang

Page 58: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

56

WWW.REMGRO.COM

PROFIEL

VisionChina bedryf ’n buitenshuise advertensienetwerk deur middel van televisie-uitsendings op massavervoerstelsels, waaronder busse en moltreine, in China.

Website: www.visionchina.cn

PROFIEL

Milestone Capital, gesetel in Hongkong, is ’n privaatekwiteitsbeleggingsfi rma, met China as fokus.

Website: www.mcmchina.com

PROFIEL

Veritas is Israel se oudste waagkapitaalfonds en belê hoofsaaklik in tegnologiemaatskappye in ’n vroeë ontwikkelingstadium.

Website: www.veritasvc.com

8.1%, 28.1%, 7.5% & 36.1%effektiewe belang

3.7%effektiewe belang

3.9%effektiewe belang

VISIONCHINA MEDIA INCORPORATED (VISIONCHINA)

MILESTONE CAPITAL II, III, MILESTONE CAPITAL INVESTMENTS HOLDINGS EN

MILESTONE CAPITAL STRATEGIC HOLDINGS

VERITAS

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS / BELEGGINGSOORSIG

Page 59: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

57

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

BELEGGINGSOORSIG / VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

Finansieringsinkomste het R125 miljoen (2015: R111 miljoen)

bedra. Die toename was hoofsaaklik die gevolg van hoër

gemiddelde kontantbalanse en hoër rentekoerse as in die

vergelykende tydperk. Finansieringskoste bestaan hoofsaaklik

uit rente ten bedrae van R466 miljoen en eenmalige

transaksiekoste van R402 miljoen, wat verband hou met

Mediclinic se regte-uitgifte en die Al Noor-transaksie, asook

’n billike waarde aanpassing van R730 miljoen ten opsigte van

die styging in die waarde van die opsie van die

omruilbare skuldbriewe. Ander netto korporatiewe koste het

R251 miljoen (2015: R52 miljoen) bedra. Die jaar onder

oorsig het transaksie- en fi nansieringskoste ten bedrae van

R115 miljoen (2015: R38 miljoen) ingesluit met betrekking tot

Remgro se verkryging van Spire Healthcare Group plc (Spire).

Remgro het hierdie bedrag van Mediclinic verhaal as deel van

die Spire-verkoopsom, wat ’n wins met die verkoop van ’n

belegging van R153 miljoen buite wesensverdienste tot gevolg

gehad het. Die vergelykende tydperk het ook ’n netto na-belaste

fasiliterings- en onderskrywingsfooi van R99 miljoen ingesluit

wat ingevolge die Spire-transaksie en gevolglike regte-uitgifte

van Mediclinic ontvang is.

PROFIEL

Verantwoordelik vir Remgro se sentrale tesouriefunksie, sowel as bestuurs- en ondersteuningsdienste.

Ongenoteerde maatskappye

100%effektiewe belang

MILLENNIA JERSEY BEPERK – JERSEY, REMGRO FINANSIERINGSKORPORASIE EIENDOMS BEPERK, REMGRO HEALTHCARE HOLDINGS EIENDOMS BEPERK, REMGRO INTERNATIONAL LIMITED – JERSEY, REMGRO JERSEY GBP BEPERK – JERSEY EN REMGRO BESTUURSDIENSTE BEPERK

KORPORATIEWE FINANSIES BYDRAE TOT WESENSVERDIENSTE

30 Junie2016

R miljoen

30 Junie2015

R miljoen

Sentrale tesourie– Finansieringsinkomste 125 111– Finansieringskoste (1 602) –Netto korporatiewe koste (251) (52)

(1 728) 59

Page 60: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

58

WWW.REMGRO.COM

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG

BESTUURSRAAMWERKRemgro is verbind tot die hoogste vlak van korporatiewe

bestuur, integriteit en etiek. Die raad van direkteure (die

direksie) is in die finale instansie daarvoor verantwoordelik

dat bestuurstandaarde gestel en gehandhaaf word en word

hierin ondersteun deur senior bestuur, wat daarna streef

om ’n kultuur van nakoming en goeie bestuur in die Remgro

groep te vestig. Dit word ondersteun deur gesonde en sigbare

leierskap, wat gekenmerk word deur die etiese waardes

van verantwoordelikheid, aanspreeklikheid, billikheid en

deursigtigheid. Goeie korporatiewe bestuurstrukture en

-prosesse bestaan en word deur die direksie as deurslag-

gewend beskou om volhoubare groei in belang van alle

belanghebbendes te lewer.

As ’n verantwoordelike belegger, is die direksie ’n voorstander

van goeie korporatiewe bestuur by al die ondernemings waarin

Remgro belê en die maatskappy gebruik sy beduidende

invloed om te verseker dat alle genoteerde filiale, gesamentlike

ondernemings en geassosieerde maatskappye die begin-

sels vervat in die King-verslag oor Bestuur in Suid-Afrika 2009

(King  III) onderskryf. Doeltreffende bestuur vorm deel van

Remgro se beleggingsbeoordeling-maatstawwe en word

verder  op ’n deurlopende grondslag gemonitor deur nie-

uitvoerende direksieverteenwoordiging by maatskappye waarin

belê is. Vir hierdie doel mag die Remgro-beleid as maatstaf

gebruik word.

Remgro is ’n beleggingshouermaatskappy en daarom beteken

enige verwysings na “die groep” in hierdie konteks die

maatskappy en sy volfiliale. Wispeco is Remgro se vernaamste

volbedryfsfiliaal. Wispeco word as ’n onafhanklike entiteit bedryf

en bestuur, met ’n outonome direksie, hoewel die samestelling

van die direksie, vanweë die grootte van die besigheid, nie aan

die onafhanklikheidsvereistes van King III voldoen nie. Remgro se

verteenwoordigers in die direksie van daardie maatskappy verseker

egter dat Wispeco, deur die aanvaarding en implementering

van Remgro se beleide, prosesse en prosedures, gesonde

korporatiewe bestuurs- en volhoubaarheidspraktyke toepas.

Remgro se ander volfiliale, met uitsluiting van Wispeco waarna

hierbo verwys is, is nie bedryfsmaatskappye nie en word deur

Remgro Bestuursdienste Beperk (RBD) geadministreer. Die lede

van Remgro se bestuursraad is ook die direkteure van RBD.

RBD verskaf bestuurs- en ondersteunende dienste aan Remgro

en sommige van sy filiale, gesamentlike ondernemings en

geassosieerdes en verhaal sy kostes gedeeltelik deur fooie wat

vir hierdie dienste gehef word. Die netto koste van RBD vorm

deel van die korporatiewe koste van Remgro.

Die direksie is tevrede dat Remgro die meeste van die beginsels

van King III in die jaar onder oorsig nagekom het. Waar nie aan

’n beginsel van King  III voldoen is soos gespesifiseer nie, word

dit, waar toepaslik, verduidelik. Vir maklike verwysing word ’n

opsomming van al die King III-beginsels wat nie toegepas is,

hieronder gegee.

• Die voorsitter van die direksie, mnr Johann Rupert, is nie

’n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur nie, maar gegewe

sy kennis van die besigheid en sy sakeondervinding ag die

direksie hierdie reëling nie net as wenslik nie, maar ook as

noodsaaklik om die sakedoelwitte van Remgro te bereik.

• Die voorsitter van die direksie tree as ex officio-voorsitter van

die vergoedings-en-nominasiekomitee op. Hoewel hy nie

onafhanklik is nie, ondersteun die direksie sy voorsitter-

skap van die vergoedings-en-nominasiekomitee vanweë die

noodsaaklikheid om die maatskappy se vergoedingsbenade-

ring in ooreenstemming met die korporatiewe strategie te

bring. Die voorsitter ontvang geen vergoeding of fooie van

Remgro nie.

• Die direksie en subkomitees word jaarliks geëvalueer, maar het

besluit om nie ’n oorsig van die evalueringsproses, resultate

en aksieplanne in die geïntegreerde verslag bekend te maak

nie vanweë die potensiële sensitiewe aard daarvan.

• Ingevolge die direksie se jaarlikse evalueringsproses word

direkteure nie individueel beoordeel nie. Onaf hanklike nie-

uitvoerende direkteure word egter individueel be oordeel

ten opsigte van hul onafhanklikheid, en veral die onafhanklik-

heid van direkteure wat reeds meer as nege jaar op die

direk sie dien.

• Volgens King III moet die geïntegreerde verslag die mandate

van direksiekomitees openbaar. Die geïnte greerde verslag

bevat egter net ’n opsomming van die mandate. Volledige

besonderhede is op die maatskappy se webwerf by

www.remgro.com beskikbaar.

• Die direksie glo nie daaraan dat direkteure, bykomend tot

’n basisfooi, bywoningsfooie moet verdien nie. Baie van die

direkteure voeg aansienlike waarde tot die groep toe buite

formele direksie- en komiteevergaderings, soms selfs meer as

wat hulle binne formele vergaderings sou kon doen.

• Die direksie is nie van voornemens om aandeelhouers vir

nie-bindende goedkeuring van Remgro se vergoedings-

beleid te vra nie. Die beredenering en grondslag vir die

groep se uitvoerende vergoedingsbeleid word deeglik deur

die vergoedings-en-nominasiekomitee oorweeg en in die

geïntegreerde jaarverslag geopenbaar.

• Die direksie is nie van voorneme om ’n amptelike geskil-

beslegtingsproses in te stel nie, omdat hulle van mening is

dat die bestaande prosesse in die groep suksesvol

funksioneer en nie ’n meer formele en aparte meganisme

benodig nie. Die Maatskappywet bied genoegsame

regsmiddele aan aandeelhouers.

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

Page 61: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

59

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG / BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

• Die King  III-verslag beveel aan dat die maatskappy se volhoubare ontwikkelingsverslag deur ’n onafhanklike, eksterne spesialis geouditeer word. Remgro se volhoubare ontwikkelingsverslag is nie geouditeer nie, maar verifiëring is verkry van die kernvolhoubaarheids-aanwysers deur ooreengekome prosedures wat deur interne oudit en onafhanklike diensverskaffers uitgevoer is.

’n Indeks van die maatskappy se toepassing van elke King III-

beginsel verskyn op die webwerf by www.remgro.com.

Die direksie is voorts tevrede dat die maatskappy aan al die vereistes van die Maatskappywet (Nr. 71 van 2008), soos gewysig (Maatskappywet), en die noteringsvereistes van die JSE Beperk voldoen het. Nakoming van alle toepaslike wette, regulasies, aanvaarde standaarde en kodes vorm ’n integrale deel van die groep se risikobestuursproses en word op ’n deurlopende grondslag gemonitor. Soos in vorige jare was daar geen wesentlike nie-nakoming deur, of boetes teen, of vervolging van die groep in die jaar onder oorsig nie.

Sedert die loodsing van die JSE se Maatskaplike Verantwoordelikheidsindeks (SRI) meet Remgro die doeltreffendheid van sy bestuurproses deur volgehoue suksesvolle deelname aan die SRI-indeks. In Junie 2015 het die JSE ’n vennootskap met FTSE Russell aangegaan en op 12 Oktober 2015 die FTSE/JSE Verantwoordelike Beleggingsindeks (RII) geloods. Remgro is ingesluit in hierdie indeks en die bestuurspraktyke van RCL Foods Beperk, Remgro se grootste en enigste genoteerde filiaal, sowel as dié van Wispeco, is geïnkorporeer.

DIREKSIE

DIREKSIEHANDVES EN -VERANTWOORDELIKHEDE

Die direksie het ’n formele handves om:

• die verantwoordelikhede, funksies en samestelling van die

direksie te identifiseer, te omskryf en aan te teken; en

• as verwysing vir nuwe direkteure te dien.

Alle direkteure van Remgro onderskryf die handves, waar van ’n kopie op Remgro se webwerf beskikbaar is.

Sleutelverantwoordelikhede ingevolge die handves sluit die volgende in:

• verseker dat die direksie se samestelling voorsiening maak vir die nodige vaardighede en ervaring;

• aanstelling van nuwe direkteure;

• die jaarlikse aanstelling en evaluering van die hoof uitvoerende beampte en die hoof finansiële beampte;

• die aanspreek van alle aspekte wat van strategiese of wesent-like aard is of wat die aansien van Remgro kan benadeel;

• gee rigting aan die etiese standaarde, strategie en werksaamhede van die groep om ’n volhoubare besig heid te bou, met inagneming van die kort- en lang termyn impak van die groep se strategie op die ekonomie, gemeenskap en die omgewing;

• monitor nakoming van wette, regulasies en kodes van beste sakepraktyke;

• verseker dat relevante en akkurate inligting betyds aan belanghebbendes gekommunikeer word;

• finale verantwoordelikheid vir die strategiese rigting, risiko-aptyt, prestasie en sake van Remgro;

• goedkeuring van nuwe beleggings of die uitbreiding van bestaande beleggings van meer as R500  miljoen, sowel as die vervreemding van bestaande beleggings vir bedrae meer as R500 miljoen;

• monitor die bedryfs- en beleggingsprestasie van Remgro;

• bemagtiging van uitvoerende bestuur om bedryfs- en beleggingsplanne en -strategieë te implementeer volgens gedelegeerde mandate;

• risikobestuur en IT-bestuur;

• verseker dat volhoubaarheidsrapportering by finansiële rapportering geïntegreer is;

• die bevordering van goeie bestuur by filiale, insluitende die implementering van Remgro se beleide, prosesse en prosedures by filiale;

• verseker dat die vergoeding van direkteure en senior bestuur volgens die vergoedingsbeleid geskied;

• oorweeg, minstens twee keer per jaar, die lopendesaak-status van Remgro.

Die direksie is tevrede dat hulle gedurende die afge lope finansiële jaar hulle verpligtinge en verantwoordelikhede, soos in die handves beskryf, behoorlik nagekom het. Slegs geringe wysigings is in die jaar onder oorsig aan die direksiehandves aangebring.

Remgro het ’n ten volle funksionele direksie wat die groep lei en beheer. Alle kwessies van ’n wesentlike of strategiese aard of wat ’n uitwerking op die reputasie van die groep kan hê, word na die direksie verwys. Ander sake word deur die bestuursraad en/of beleggingskomitee of deur senior bestuur hanteer, soos toegelaat ingevolge ’n formele delegering van gesag. Die direksie vergader minstens vyf keer per jaar en volg ’n jaarlikse werkplan om te verseker dat alle relevante sake aandag geniet. Lede van die direksie en subkomitees ontvang ’n agenda, saam met onder steunende stukke, minstens ’n week voor elke vergadering ten einde hulle behoorlik voor te berei. Alle direkteure het onbeperkte toegang tot die dienste van die maat skappysekretaris en senior bestuur, sowel as tot maatskappyrekords.

Page 62: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

60

WWW.REMGRO.COM

SAMESTELLING VAN DIE DIREKSIE

Besonderhede van die direkteure van die maatskappy verskyn op bladsy 14 tot 15 van die geïntegreerde jaarverslag.

Die samestelling van die direksie weerspieël ’n ewewig van uitvoerende en nie-uitvoerende direkteure, van wie die meeste onafhanklik is, ten einde te verseker dat daar ’n duidelike balans van gesag is sodat geen individu on beperkte besluitnemingsmagte het nie. Op jaareinde het die direksie uit drie uitvoerende en elf nie-uitvoerende direkteure, van wie agt onafhanklik was, bestaan. Nie-uitvoerende direkteure word in die direksie verkies op grond van hul wyere kennis en ervaring en van hulle word verwag om effektief tot besluitneming en die formulering van beleid by te dra. Die onafhanklikheid van onafhanklike nie-uitvoerende direkteure word jaarliks hersien en die onafhanklikheid van nie-uitvoerende direkteure wat vir meer as nege jaar in die direksie gedien het, word aan ’n strawwe oorsig onderwerp.

Uitvoerende direkteure dra hul insig tot die dag-tot-dag-bedrywighede by, waardeur die direksie in staat gestel word om doelwitte te identifiseer, rigting te verskaf en die uitvoer-baarheid en volhoubaarheid van voorgestelde strategieë te bepaal. Hierdie direkteure is oor die alge meen verantwoordelik vir die implementering van alle bedryfsbesluite.

Die direksie sal nie uit minder as ses of meer as 19 direkteure bestaan nie, of enige ander getal, soos van tyd tot tyd deur die direksie bepaal mag word. Die direksie is tevrede dat sy huidige lede gesamentlik oor die nodige vaardighede en ondervinding beskik om sy verantwoordelikhede na te kom, die groep se doelwitte te bereik en waarde vir aandeelhouers oor die lang termyn te skep. Volgens die akte van oprigting van die maatskappy moet ’n derde van die direkteure jaarliks op ’n rotasiegrondslag aftree. Hulle mag hulself egter vir ’n verdere termyn herkiesbaar stel. Die direkteure wat moet uittree, is dié wat die langste in diens was sedert hul laaste verkiesing. ’n Direkteur wat reeds die amp beklee het vir drie jaar sedert sy laaste verkiesing, sal by sodanige ver gadering uittree.

Die rolle en verant woorde likhede van die voorsitter van die direksie en die hoofuitvoerende beampte word geskei. Die voorsitter, die ondervoorsitters, die hoofuitvoerende beampte en die hoof finansiële beampte word almal op ’n jaarlikse grondslag verkies en/of aangestel.

Soos voorheen genoem, is die voorsitter van die direksie nie ’n onafhanklike direkteur nie. Die direksie neem kennis van die beginsel in die King-verslag dat ’n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur as voorsitter aangestel word. Gegewe die verantwoordelikheid van die direksie om op prestasie te fokus en rigting aan die kommersiële en ekonomiese voorspoed van Remgro te gee, word die huidige reëling nie alleen as toepaslik nie maar as noodsaaklik beskou. In nakoming van King III en die JSE se noteringsvereistes het die direksie mnr G T Ferreira as hoof onafhanklike direkteur aangestel. Sonder om afbreuk te

doen aan die gesag van die voorsitter is die hooffunksie van die

hoof onafhanklike direkteur onder andere om leierskap en advies

aan die direksie te verskaf wanneer die voorsitter ’n botsing van

belange het. Die hoof onafhanklike direkteur word op ’n jaarlikse

grondslag deur die direksie aangestel.

Die hoofuitvoerende beampte, mnr Jannie Durand, is

verantwoordelik vir die dag-tot-dag-bestuur van die maat-

skappy en hy word in hierdie opsig bygestaan deur

mnr Neville Williams (hoof finansiële beampte). Tussen die twee

van hulle het hul 42  jaar diens by Remgro en Remgro-verwante

besighede.

EVALUERING VAN DIE DIREKSIE, SUBKOMITEES EN INDIVIDUELE DIREKTEURE

Die direksie en subkomitees word jaarliks deur hul lede

geëvalueer. Die uitslag van hierdie evaluerings word nie in

die geïntegreerde jaarverslag bekend gemaak nie, maar die

benoeming van direkteure vir heraanstelling word nie gedoen

alvorens die vertoning van die direksie geëvalueer is nie. Die

direksie bepaal sy funksies, verpligtinge en prestasiemaat -

stawwe, asook dié van subkomitees, om as norm vir prestasie-

beoordelings te dien.

Die direksie is tevrede met die onafhanklikheid van onaf -

hank like nie-uitvoerende direkteure, insluitende dié van

mnre Fred Robertson en Paul Harris, wat reeds vir 16 jaar op

die direksie dien. Gegrond op die evaluering is daar geen

bewys van enige omstandighede en/of verwantskap wat hul

oordeel in gedrang bring nie. Hul onafhanklikheid word ook

op geen wyse deur die lengte van hul diens beïnvloed nie.

INDUKSIE VAN NUWE DIREKTEURE

Pas aangestelde direkteure word amptelik deur die maat-

skappysekretaris van hul fidusiêre pligte in kennis gestel. By hul

aanstelling ontvang die direkteure intreestukke, bestaande uit

onder andere agendas en notules van die twee mees onlangse

direksie- en subkomiteevergaderings (indien van toe passing), die

jongste finansiële jaar- en geïntegreerde verslag, die maatskappy

se gedrags kode ten opsigte van binnekennisinligting-

transaksies, die groep struktuur, direksiehandves en subkomitee-

mandate, ens. om hulle in te lig oor bestaande kwessies en

risiko’s wat aandag geniet en ook om aan hulle ’n algemene

begrip van die groep te gee. Nuwe direkteure word ook genooi

om oriënteringsvergaderings saam met uitvoerende direkteure

en senior bestuur by te woon. Hierbenewens ontvang nuwe

direkteure ook inligting oor die JSE se noteringsvereistes en

die verpligtinge van direkteure daarin vervat.

Lede van die direksie, subkomitees en individuele direk teure

is geregtig daarop om onafhanklike professionele advies oor

die sake van die groep te bekom op koste van die maatskappy,

met vooraf kennisgewing aan die hoofuitvoerende beampte of

maatskappysekretaris.

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID / KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG

Page 63: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

61

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG / BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

MAATSKAPPYSEKRETARIS SE ROL EN VERANTWOORDELIKHEDE

Alle direkteure het onbeperkte toegang tot die dienste van die maatskappysekretaris, mev Mariza Lubbe, wat aan die direksie verantwoordelik is om te verseker dat behoorlike korporatiewe bestuursbeginsels nagekom en dat direksie-oriëntering en -opleiding, wanneer nodig, verskaf word.

Die maatskappysekretaris is verder verantwoordelik vir die behoorlike administrasie van verrigtinge en sake wat verband hou met die direksie, die maatskappy en die aandeelhouers van Remgro in ooreenstemming met toepaslike wetgewing en prosedures.

Die direksie evalueer jaarliks die bevoegdheid en effekti-witeit van die maatskappysekretaris soos vereis deur die JSE Noteringsvereistes. Die evalueringsproses sluit ’n beoordeling deur elke raadslid van die maat skappysekretaris se paslikheid, vaardighede, kennis en pligsuitvoering in. Die direksie het dit oorweeg en is tevrede dat die maatskappysekretaris bevoeg is en oor die nodige ondervinding beskik om haar pligte doeltreffend uit te voer. ’n Kort curriculum vitae van die maatskappysekretaris is by die geïntegreerde jaarverslag op bladsy 16 ingesluit.

Die direksie bevestig dat die maatskappysekretaris ’n genoeg-same afstandsverhouding met die raad en die direkteure handhaaf, met inagneming daarvan dat die maatskappy-sekretaris nie ’n direkteur van die maatskappy is en nie aan enige van die direkteure verwant is nie.

DIREKSIEKOMITEESDie direksie het subkomitees saamgestel om hulle met die nakoming van pligte en verantwoordelikhede by te staan. Elke komitee het sy eie mandaat wat die magte en pligte daarvan beskryf. Kopieë van hierdie mandate, wat op ’n jaarlikse grondslag hersien word, is op Remgro se webwerf beskikbaar.

Die notules van komiteevergaderings word in die agendas van daaropvolgende direksievergaderings ingesluit en sake wat die direksie se aandag of ’n direksiebesluit verg, word uitgelig en as aparte agenda punte opgeneem. Ondanks die delegering van funksies na direksiekomitees, bly die direksie uiteindelik verantwoordelik vir die behoorlike uit voering van hierdie funksies, met uitsondering van die funksies van die oudit-en-risikokomitee wat verband hou met die aanstelling, fooie en aanstellingsvoorwaardes van die eksterne ouditeur.

VERGOEDINGS-EN-NOMINASIEKOMITEE

Die komitee bestaan uit vier nie-uitvoerende direkteure, van wie drie onafhanklik is. Die maatskappyvoorsitter, mnr Johann Rupert, is ook die voorsitter van hierdie komitee, terwyl die hoof van die menslike hulpbronne-afdeling as sekretaris optree. Die hoofuitvoerende beampte woon alle

vergaderings op uitnodiging by. Die samestelling en bywoning van komiteevergaderings word op bladsy 64 uiteengesit.

Vergaderings van die komitee word periodiek gehou (maar minstens een keer per jaar) om die direksie te adviseer oor sake soos die vergoedingsbeginsels en diens voorwaardes van alle direkteure en bestuurs raadslede, die direksiestruktuur en -samestelling, direk teure se ver goeding en langtermyn-aansporings kemas, asook opvolg planne vir die direksie, hoof-uitvoerende beampte en ander bestuursraadaanstellings.

Remgro se vergoedingsbeginsels word in die vergoe dings-verslag op bladsy 82 tot 89 van die geïntegreerde jaarverslag uiteengesit. Soos voorheen genoem, beoog die direksie nie om aandeelhouers vir ’n nie-bindende adviesstem oor die maatskappy se vergoedingsbeleid te vra tydens die volgende algemene jaarvergadering op 1 Desember 2016 nie.

OUDIT-EN-RISIKOKOMITEE

Die komitee word bestuur deur ’n mandaat wat die aanbevelings van King  III en die vereistes van die Maat skappywet insluit. Die komitee bestaan uit vyf onafhanklike nie-uitvoerende direkteure, wat deur Remgro-aandeelhouers, op aanbeveling van die direksie, gekies word. Die komitee staan onder voor-sitterskap van mnr Herman Wessels en vergader minstens vier keer per jaar. Die hoofuitvoerende beampte, hoof finansiële beampte en hoof van interne oudit woon alle vergaderings ex officio by. Die samestelling en bywoning van komitee-vergaderings word op bladsy 64 uiteengesit.

Die hooffunksie van die komitee is om die direksie by te staan in die nakoming van sy verantwoordelikhede ten opsigte van die volgende:

• risikobestuur;

• interne beheer;

• interne finansiële beheer, rekeningkundige stelsels en inligting;

• die doeltreffendheid van die hoof finansiële beampte en finansiële funksie;

• rekeningkundige beleid;

• interne en eksterne oudit;

• inligtingstegnologiestelsels;

• beskerming van bates;

• openbare rapportering; en

• om die nakoming van wette, reëls, gedragskodes en

standaarde te monitor.

Die jaarlikse aanstelling van die eksterne ouditeur, die goed-

keuring van sy aanstellingsvoorwaardes en ouditbenadering,

sowel as die goedkeuring van fooie wat verband hou met

oudit- en nie-ouditdienste word ook deur die komitee

gedoen. Hierdie verantwoordelikhede is van toepassing op

Page 64: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

62

WWW.REMGRO.COM

Remgro en sy filiale wat deur RBD geadministreer word. Die

oudit-en-risikokomitee van Remgro se enigste oorblywende

volbedryfsfiliaal, Wispeco, rapporteer aan die groep se oudit-

en-risiko komitee deur by elke vergadering die notules van

vergaderings wat gehou is, in die agenda in te sluit.

Die oudit-en-risikokomitee vergader minstens een keer per jaar

met die eksterne en interne ouditeure en uitvoerende bestuur

om te verseker dat hul pogings ten opsigte van risikobestuur en

interne beheer behoorlik gekoördineer is.

Daarby evalueer die komitee die doeltreffendheid van sy

subkomitee, die risiko-en-IT-bestuurskomitee. Dié komitee se

mandaat sluit in: die instandhouding van die risikobestuurs beleid

en -plan, die daarstelling en handhawing van ’n bedryfsrisiko-

register, inligtingstegnologie-risikobestuur, wetlike nakoming en

beroepsgesondheid en -veiligheid. ’n Finansiële state-komitee,

wat nie ’n amptelike subkomitee van die oudit-en-risikokomitee

is nie, is ook daargestel. Die pligte daarvan sluit ’n hersiening

van Remgro se geïntegreerde jaarverslag (met inbegrip van die

finansiële jaarstate) in voordat dit aan die oudit-en-risikokomitee

voorgelê word. Beide hierdie komitees staan onder die

voorsitterskap van Remgro se hoof finansiële beampte en die

voorsitter van die oudit-en-risikokomitee woon die vergaderings

op uitnodiging by.

Die komitee is ook daarvoor verantwoordelik dat die

gekombineerde gerusstellingsmodel deur King  III bekend

gestel, toegepas word om ’n gekoördineerde benadering tot

alle gerusstellingsbedrywighede te verseker. In die besonder sal

die komitee:

• verseker dat die gekombineerde gerusstelling wat ontvang

word, voldoende is om alle beduidende risiko’s waaraan die

maatskappy blootgestel is, die hoof te bied; en

• die verhouding tussen die eksterne diensverskaffers en die

maatskappy monitor.

Die komitee se verslag, wat beskryf hoe hy sy statutêre

verpligtinge, ingevolge die Maatskappywet, en die by-

komende pligte deur die direksie daaraan toegewys ten

opsigte van die finansiële jaar geëindig 30  Junie  2016

nagekom het, is ingesluit in die geïntegreerde jaarverslag

op bladsy 94 tot 95.

BELEGGINGSKOMITEE

Die beleggingskomitee bestaan uit vier nie-uitvoerende direkteure, van wie twee onafhanklik is, sowel as die hoof-uitvoerende beampte en die hoof finansiële beampte. Die

komitee staan onder die voorsitterskap van mnr Johann Rupert en vergader wanneer nodig vir wesentlike beleggings besluite. Die samestelling en bywoning van komiteevergaderings word op bladsy 64 uiteengesit.

Die pligte en verantwoordelikhede van die komitee is:

• om te oorweeg en, indien toepaslik, goedkeuring te verleen vir:

– nuwe beleggings tot ’n bedrag van nie meer as R500 miljoen nie;

– die uitbreiding van bestaande beleggings vir bedrae tussen R100 miljoen en R500 miljoen;

– die vervreemding van bestaande beleggings tot ’n bedrag van nie meer as R500 miljoen nie; en

• om beleggingsbesluite vir bedrae meer as R500  miljoen te oorweeg en aanbevelings aan die direksie te maak.

Gedurende die jaar onder oorsig was daar twee fisiese beleggingskomiteevergaderings. Die ander besluite is goed-

gekeur deur geskrewe besluit.

BESTUURSRAAD

Die bestuursraad bestaan uit al drie uitvoerende direkteure, sowel as twee lede van die senior bestuur, mnre Pieter Louw en Pieter Uys. Die komitee vergader maandeliks en die pligte en verantwoordelikhede van komiteelede is bykomend tot hul pligte en verantwoordelikhede as lede van die raad (in die geval van lede wat direkteure is) en/of hul ander pligte as bestuurders. Die samestelling en bywoning van komitee-vergaderings word op bladsy 64 uiteengesit.

Die sleutelpligte en -verantwoordelikhede van die komitee is:

• die ontwikkeling van bedryfs- en beleggingsplanne en -strategieë vir Remgro en voorlegging aan die direksie en die implementering daarvan wanneer dit goed-gekeur is;

• die evaluering en monitering van bestaande groep-beleggings;

• die uitbreiding van bestaande beleggings tot ’n bedrag van nie meer as R100 miljoen nie;

• die aanbeveling van alle nuwe beleggings en die uitbreiding van bestaande beleggings van meer as R100  miljoen aan

die beleggingskomitee en die direksie vir goedkeuring;

• toepaslike rapportering oor bestaande beleggings aan die direksie;

• die benoeming, vir goedkeuring deur die direksie, van verteenwoordigers van Remgro om as direkteure te dien in die direksies van maatskappye waarin belê is.

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID / KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG

Page 65: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

63

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG / BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

MAATSKAPLIKE-EN-ETIESEKOMITEE

Die komitee se verantwoordelik hede word bepaal deur

’n formele mandaat wat deur die direksie goedgekeur is en

die hoofdoelwitte is:

• om die direksie te help om die groep se vertoning as ’n goeie

en verantwoordelike korporatiewe burger na te speur deur sy

volhoubare ontwikkelingspraktyke te monitor; en

• om, ingevolge die Maatskappywet, die statutêre verplig tinge

van ’n maatskaplike-en-etiesekomitee na te kom en ander

funksies te verrig, soos deur die direksie daaraan toegeken.

Die samestelling en bywoning van komiteevergaderings word

op bladsy 64 uiteengesit.

Die komitee se verslag, wat beskryf hoe dit sy statutêre

verpligtinge ingevolge die Maatskappywet nagekom het,

asook ten opsigte van die bykomende funksies wat deur

die direksie daaraan toegeken is vir die jaar geëindig

30 Junie 2016, is ingesluit in die geïntegreerde jaarverslag

op bladsy 71 tot 72.

VERHANDELING IN SEKURITEITE

Ingevolge die noteringsvereistes van die JSE het die maatskappy

’n gedragskode met betrekking tot binne handel aanvaar.

Gedurende pryssensitiewe of geslote tydperke word direkteure

en aangewese werknemers verbied om in Remgro se aandele

handel te dryf. Volgens groepsbeleid strek geslote tydperke van

die einde van die finansiële verslagtydperk tot die publikasie

van finansiële resultate vir daardie tydperk. ’n Geslote tydperk

geld ook wanneer die maatskappy ’n omsigtigheidsaan kondiging

aan aandeel houers gemaak het.

Direkteure en aangewese werknemers mag buite die geslote

tydperke slegs met goedkeuring van die voorsitter of

hoofuitvoerende beampte in Remgro-aandele handel dryf.

Daarby mag direkteure en aangewese werknemers nie in die

aandele van genoteerde maatskappye waarin belê is, handel

dryf nie tensy goedkeuring van die voorsitter of hoofuitvoerende

beampte verkry is.

BOTSING VAN BELANGE

Meganismes bestaan om enige werklike, potensiële of

vermeende botsings van belange te erken, daarop te reageer

en dit te bestuur. Daar word van direkteure verwag om hul

persoonlike finansiële belange, en dié van persone verwant aan

hulle, in kontrakte en ander sake waarin Remgro ’n wesentlike

belang het of wat deur die direksie oorweeg word, te verklaar.

Waar ’n potensiële botsing van belange bestaan, word van

direkteure verwag om hulle aan relevante besprekings en

besluite te onttrek.

Alle inligting wat direkteure in die uitvoering van hul pligte

bekom wat nie openbaar gemaak is nie, word as vertroulik

beskou. Direkteure mag nie sulke inligting gebruik, of skyn

te gebruik, vir persoonlike gewin of tot voordeel van derde

partye nie.

Van alle direkteure van die maatskappy word verwag om die

Remgro Etiese Kode, die bepalings van die Wet op Finansiële

Markte, 2012, en die vereistes van die JSE Beperk insake

binnekennis, aandeletransaksies en die openbaarmaking van

sodanige verhandelinge na te kom.

Die werksaamhede en gedrag van uitvoerende direkteure en

senior bestuur wat in ’n nie-uitvoerende hoedanigheid optree

in die direksies van maatskappye waarin belê word, word

bestuur aan die hand van formele riglyne wat deur die direksie

goedgekeur is.

RISIKOBESTUUR EN INTERNE BEHEERDie direksie het ’n omvattende risikobestuurstelsel wat

voorsiening maak vir deurlopende risikobeoordeling, evaluering

en die vaslegging van interne beheermaatreëls. Die groep

se rapportering oor die risikobestuursproses en interne

beheerstelsels is ingesluit in die risikobestuursverslag op

bladsy 65 van die geïntegreerde jaarverslag.

EKSTERNE OUDITVolgens die JSE se noteringsvereistes moet die eksterne

ouditeur van alle genoteerde maatskappye en hul belangrikste

filiale by die JSE geakkrediteer wees. Remgro se eksterne

ouditeur, PricewaterhouseCoopers Geïnk., is as sodanig by die

JSE geakkrediteer. Die eksterne ouditeur woon alle vergaderings

van die oudit-en-risikokomitee by en het direkte toegang

tot die voorsitter van hierdie komitee, asook die voorsitter van

die groep.

Nie-ouditdienste deur die eksterne ouditeur verskaf, word deur

die oudit-en-risikokomitee goedgekeur en hou hoofsaaklik

verband met belastingaangeleenthede. Hierdie dienste word

deur ’n afdeling wat onafhanklik van die ouditvennote is, gelewer.

BELEGGERSVERHOUDINGE EN AANDEELHOUERSKOMMUNIKASIEDie direksie erken die belangrikheid daarvan om aandeelhouers

en die beleggersgemeenskap oor ontwikkelinge in Remgro

se besigheid in te lig. Kommunikasie met aandeelhouers is

gegrond op die beginsels van tydige, ewewigtige, duidelike en

Page 66: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

64

WWW.REMGRO.COM

BYWONING VAN VERGADERINGS

Direksie

Oudit-en-risiko-

komitee

Vergoedings- en-nominasie-

komitee

Maatskaplike-en-etiese-

komitee BestuursraadBeleggings-

komitee

Aantal vergaderings gehou 5 4 1 2 10 2

Bywoning deur direkteureNie-uitvoerende direkteureJ P Rupert 5 – 1 – – 1E de la H Hertzog 5 – – – – –J Malherbe 5 – – – – 2

Onafhanklike nie-uitvoerende direkteure

G T Ferreira 4 – 1 – – 2P K Harris 5 – 1 – – 2N P Mageza 4 4 – – – –P J Moleketi 5 4 – – – –M Morobe 5 – – – – –F Robertson 5 4 1 – – –S E N De Bruyn Sebotsa(1) 5 3 – – – –H Wessels 5 4 – 2 – –

Uitvoerende direkteure en bestuursraad

J J Durand 5 – – – 10 2W E Bührmann 5 – – – 10 –L Crouse(2) 4 – – – 7 1P J Uys – – – 2 10 –N J Williams(3) 1 – – 2 10 1P R Louw(4) – – – – 2 –

(1) Me S E N De Bruyn Sebotsa is met effek vanaf 23 November 2015 aangestel as ’n lid van die oudit-en-risikokomitee en het sedertdien al die vergaderings bygewoon.

(2) Mnr L Crouse het as direkteur op 31 Maart 2016 afgetree.(3) Mnr N J Williams is met effek vanaf 1 April 2016 aangestel as direkteur en ’n lid van die beleggingskomitee. Hy het sedertdien al die vergaderings bygewoon.(4) Mnr P R Louw is met effek vanaf 1 April 2016 aangestel as ’n lid van die bestuursraad en die maatskaplike-en-etiesekomitee.

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID / KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG

deursigtige inligting. Beide positiewe en negatiewe aspekte

van finansiële en nie-finansiële inligting word verskaf. Interaksie

met institusionele beleggers vind twee keer per jaar tydens die

inbel-aanbieding van tussen- en finale resultate plaas wanneer

vrae aan die hoofuitvoerende beampte en hoof finansiële

beampte gestel kan word. Die mees onlangse, asook historiese,

finansiële en ander inligting word ook op die maatskappy

se webwerf gepubliseer. Meer inligting oor Remgro se kom-

munikasie-inisiatiewe ten opsigte van alle belanghebbendes

word in die volhoubare ontwikkelings verslag verskaf.

BESIGHEIDSREDDINGSTAPPE’n Interne besigheidsreddingsbeleid is opgestel en deur die

direksie goedgekeur. Gegewe die aard van Remgro as ’n be-

leggingshouermaatskappy, vorm die oorweging van besigheids -

reddingsprosedures deel van die wetlike nakomingsbeleid wat

deur die direksie goedgekeur is.

Besigheidsreddingsprosedures by maatskappye waarin belê

is, is die verantwoordelikheid van die direksies van daardie

ondernemings, soos vereis deur die Maatskappywet. Remgro

het, as deel van sy risikobestuursraamwerk, prosesse in plek

om beleggings wat onderpresteer betyds te identifiseer en

aandag daaraan te gee.

Page 67: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

65

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

RISIKOBESTUURSVERSLAG

INLEIDINGDie direksie is in die finale instansie verantwoordelik vir

die risikobestuursproses en die interne beheerstelsel van

Remgro. Die direksie het die omvattende risiko bestuursbeleid

en -plan wat deur die bestuur geïmplementeer is, nagegaan.

Dit behels voortdurende risiko-identifisering en assessering,

asook die vaslegging van interne beheermaatreëls sowel as

risikovermindering en versekeringstrategieë.

Die oudit-en-risikokomitee het ’n mandaat ontvang om die

doeltreffendheid van die risikobestuursproses en interne

beheerstelsels te monitor en in hierdie verband word hy onder-

steun deur sy subkomitee, die risiko-en-IT-bestuurskomitee. Die

groep se interne en eksterne ouditeure, saam met bestuur en

sekere eksterne konsultante, het die taak om gekombineerde

gerusstellingsverslae aan die oudit-en-risikokomitee te lewer.

Etiese leierskap en menslike kapitaal vorm die hoekstene

van Remgro se risikobestuursfilosofie omdat dit ondernemers-

vernuf, ’n goeie korporatiewe reputasie en doeltreffende

bestuur verseker.

Remgro se risikobestuursproses behels die ordening van

hulpbronne om die bereiking van strategiese en besigheids-

planne te verseker, insluitende die benutting van beskikbare

geleenthede wat voldoen aan die risiko-aptytmaatstawwe deur

die direksie daargestel. Risikoprofiele inherent in bestaande

bedrywighede en beleggings word binne die goedgekeurde

risiko-toleransievlakke gehandhaaf, waardeur die risiko-

opbrengsparameters geoptimali seer word vir die skep van

volhoubare groei en waarde vir aandeelhouers en ander

belanghebbendes.

Strategiese risikobeoordeling sluit in die oorweging van moontlike

toekomsscenario’s, met inagneming van, onder andere, politieke,

omgewings-, sosiale, tegnologiese, ekonomiese en wetgewende

ontwikkelinge, beide in die Remgro-omgewing, asook in die

markte waarin belê word.

VERSLAGPARAMETERSVanweë die aard en omvang van Remgro se beleggings-

portefeulje, fokus hierdie verslag op die bedrywighede van

die maatskappy en sy filiale, behalwe waar sulke entiteite

JSE-genoteerde entiteite is en die relevante inligting geredelik

beskikbaar is vir belanghebbendes of die wesent likheid van

sodanige inligting onvoldoende geag word om volledige

openbaarmaking te regverdig. Derhalwe bevat hierdie ver-

slag risikobestuursinligting van die maat skappy, Remgro

Bestuursdienste Beperk (Remgro se dienste maatskappy) en

V&R Management Services AG*.

* ’n Volfi liaal, geregistreer en bestuur in Switserland, wat boekhouding- en tesouriedienste aan Remgro se buitelandse fi liale en derde partye verskaf.

RISIKOBESTUURSPROSESDie risikobestuursbeleid is op die beginsels en raamwerk

van die internasionale Komitee van Borgorganisasies

(COSO – Treadway-kommissie) Ondernemingsrisikobestuur –

Geïntegreerde Raamwerk gegrond en voldoen aan

die aanbevelings van King  III. Hierdie beleid beskryf

die doel, metodiek, proses en verantwoordelikhede van die

onderskeie rolspelers in die maatskappy se risikobestuur. Die

risikobestuursbeleid is onderworpe aan jaarlikse hersiening

en enige voorgestelde wysigings word aan die oudit-en-

risikokomitee vir oorweging en aanbeveling aan die direksie vir

goedkeuring, voorgelê.

Remgro is ’n beleggingshouermaatskappy en as sodanig neem

die risikobestuursproses die risiko’s en geleenthede binne die

maatskappy, sowel as die risiko’s en geleenthede inherent in sy

beleggings porte feulje in ag.

Page 68: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

66

WWW.REMGRO.COM

Die onderstaande tabel gee ’n opsomming van die belangrikste beheerdoelwitte wat in Remgro se risikoregister opgeneem is:

SLEUTELBEHEERDOELWITTE SLEUTELBEHEERMAATREËLS

Die aanstelling en behoud van direkteure en beamptes wat oor geskikte vaardighede en ondervinding beskik, asook die vereiste waardes en dryfkrag.

Doeltreffende funksionering van die vergoedings-en-nominasiekomitee.

Prestasiebeoordelings en komitee-evaluerings.

Sterk etiese leierskap.

Etiese en sigbare leierskap via bestuurstrukture en verwante prosesse.

Vasgelegde etiese en waardesisteem en die hand hawing daarvan deur sigbare leierskap.

Formele etiese beleid en gedragskodes.

Korporatiewe kultuur wat op voortrefl ike uitvoering, billike handeling en deursigtigheid in verslagdoening fokus.

Omvattende korporatiewe bestuurstrukture en -stelsels wat aan King III voldoen.

Aanvaarding en implementering van ’n toepaslike lang-termynstrategie binne die aanvaarde risiko-aptyt wat goed aan bestuur gekommunikeer en gedelegeer is.

Doeltreffende bestuursraad wat deur uitvoerende bestuur en ’n ervare beleggingsafdeling ondersteun word.

Handhawing van die belangrikheid van Remgro se korporatiewe teen woordigheid in die beleggings omgewing aangesien dit hom in staat stel om ’n betekenisvolle aandeel in uitgesoekte beleggings geleenthede te bekom.

’n Konserwatiewe sakebenadering, met langtermynbeleg-gings maatstawwe, wat op groei, volhoubaarheid en likiditeit gefokus is.

Korporatiewe bedrywighede is in ooreenstemming met die langtermynstrategie en verantwoordelike beleggings-maatstawwe.

Verseker dat geleentheidsrisiko’s bestuur word om ’n verlies te voorkom van geleenthede wat aan Remgro se streng beleggingsmaatstawwe voldoen.

Goeie korporatiewe statuur en reputasie as voor keur-belegger.

Bekwame en ervare beleggingsafdeling, met effektiewe bedryfsprosesse en -beheer.

Doeltreffende ondersteuningstrukture en onderhandelings-prosesse, gerugsteun deur bewese omsigtigheids prosesse.

Beskikbare likiditeit om nuwe beleggings te fi nansier en suksesvolles verder te ondersteun.

Konserwatiewe kontantadministrasie en ’n goed be stuurde en veilige tesourie-omgewing.

Leenfasiliteite wat gereed is.

Doeltreffende groepstruktuur om bestaande en nuwe beleggings te huisves.

Toepaslike beheerstrukture, ondersteun deur bevoegde en ervare regs- en korporatiewe belasting spesialiste.

Doeltreffende bestuur van onderliggende beleggings en versekering dat Remgro se beleggingsmaatstawwe gehand-haaf en die groep se regte beskerm word.*

Omvattende aandeelhouersooreenkomste word ten tye van belegging aangegaan. Dit vergemaklik doeltreffende beheer of beduidende invloed oor die uitvoerende bestuurspanne van maatskappye waarin belê word en verseker dat strategieë, doelwitte en afl eweringsteikens nagekom word en dat ooglopende risiko’s behoorlik bestuur word.

Strukture vir volledige verslagdoening, hersiening en bestuur word geïmplementeer om te verseker dat tydige, akkurate en betroubare inligting in besluitnemings prosesse gebruik word.

Die vroeë identifi sering van buitengewone beleggings-risikoprofi ele deur middel van interne prosesse.

* Soos in die “Groepprofiel“-gedeelte van hierdie verslag genoem, is Remgro nie by die dag-tot-dag-bestuur betrokke van maatskappye waarin belê is nie, maar het hy wel, deur aandeelhouersooreenkomste, nie-uitvoerende verteenwoordiging in hierdie outonome direksies wat op daardie vlakke vir risikobestuur verantwoordelik is.

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID / RISIKOBESTUURSVERSLAG

Page 69: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

67

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

RISIKOBESTUURSVERSLAG / BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

SLEUTELBEHEERDOELWITTE SLEUTELBEHEERMAATREËLS

Doeltreffende interne bedrywighede, waaronder sekretariële, fi nansiële en menslike hulpbrondienste en alle ander afdelings funksies van die dienstemaatskappy en volfi liale onder beheer van die bestuur van die dienstemaatskappy.

Kundige en ervare bestuurders hersien gereeld beleide en praktyke wat rigting gee aan interne beheermaatreëls wat daarop gemik is om te verseker dat toepaslike doelwitte konsekwent bereik word.

Gegewe die belangrikheid van tesourie is die volgende doel -witte in die mandaat van die tesourie komitee (’n  bestuurs-komitee, onder voorsitterskap van die hoof fi nansiële beampte, bestaande uit die hoofuitvoerende beampte en ander senior bestuurders) geïntegreer:

• Formele likiditeitsvereistes en risiko-aptyt word opgestel en gekoppel aan gerealiseerde opbrengste op tesouriefondse

• Handelsvoorwaardes met banke word hersien om voldoen-de risikodeling te verseker

• Betaalstelsels word beveilig• Inligting word beveilig• FAIS (Wet op Finansiële Raadgewende Intermediêre Dienste,

2002) en FICA (Wet op die Finansiële Intelligensiesentrum, 2001) word nagekom

• Die volgende tesourierisiko’s word spesifiek bestuur: – Likiditeitsrisiko – Instrumentrisiko (afgeleide instrumente) – Beleggingskredietrisiko (kredietperke en verspreiding

van kontant tussen goedgekeurde instellings) – Buitelandse valutarisiko (verspreiding en same stel ling

van goedgekeurde wisselkoersblootstelling) – Rentekoersrisiko

’n Formele tesouriebeleid word deur die tesourie komitee in stand gehou en wysigings word aan die direksie vir goedkeuring voorgelê.

Bekwame personeel word in die tesourie-afdeling in diens geneem en omvattende interne beheermaatreëls word ingestel en aan voldoen.

Die tesourie-afdeling is onderhewig aan kwartaallikse FAIS- en FICA-oorsigte van die RFD (Raad op Finansiële Dienste)-gekeurde eksterne nakomingsbeampte. Daarby word die tesourie-afdeling (administratiewe en verhandelingskantoor) aan gereelde interne oudit onderwerp, asook ’n jaareinde-oorsig deur die eksterne ouditeure.

Akkurate, deursigtige en betroubare rapportering aan, en interaksie met, belanghebbendes.

Formele beleid ten opsigte van kommunikasie met belang-hebbendes.

Doeltreffende interne fi nansiële beheermaatreëls.

Omvattende gesamentlike versekeringsplanne en -prosesse.

Gestruktureerde en oorwoë geïntegreerde rapportering.

Voldoening aan belasting- en ander relevante wetgewing en nywerheidspraktyke.

Die gebruik van belastingkundiges en raadpleging met on-afhanklike belasting- en regsberoepslui.

Wetlike nakomingsbeleid gekoppel aan deskundige regsadvies.

Betroubare en veilige inligtingstelsels om sakedoelwitte en -vereistes te ondersteun.

Doeltreffende uitkontrakteringsooreenkoms met ’n geloof-waardige diensverskaffer en diensvlakke wat koste-effektiewe, veilige en beskikbare stelsels en netwerke ondersteun.

IT-bestuursbeleid ondersteun deur prosedures rakende sleutel -aktiwiteite, soos sakevoortsetting, inligtingsekuriteit, behoud van dokumente en aanvaarbare gebruiksbeleid.

Behoorlike oorweging van, en steun aan, volhoubaarheids-kwessies, soos BBSEB, omgewingsbestuur en maatskaplike korporatiewe ondersteuning.

Formele beleid en prosesse vir maatskaplike onder steuning.

Doeltreffende maatskaplike-en-etiesekomitee.

BBSEB-beleid en -mandate.

Veiligheids-, gesondheids- en omgewingsbestuur, binne die raamwerk van die risiko-en-IT-bestuurskomitee, met formele beleide.

Suksesvolle deelname aan die koolstofopenbaarmakings-projek (CDP) en insluiting in FTSE/JSE Verantwoordelike Beleggingsindeks.

Wesentlike eksterne risiko’s sluit onsekerheid in oor die regering se vermoë om uitvoering aan sy mandaat te gee en die volgehoue wêreldwye ekonomiese daalfase wat ’n uitwerking het op markvertroue, asook globale, streeks- en plaaslike stabiliteit.

Deur bogenoemde prosesse verseker Remgro, as ’n verantwoordelike belegger, dat behoorlike korporatiewe bestuur ingestel en gehandhaaf word in alle ondernemings waarin belê word.

Page 70: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

68

WWW.REMGRO.COM

RISIKOBESTUURSTRUKTUURDie volgende struktuur is deur die maatskappy ingestel om die

doelmatige en effektiewe bestuur van risiko in die maatskappy

te verseker.

In die struktuur hieronder word die funksie van die hoof

risikobeampte tussen die volgende individue verdeel:

• Die hoofuitvoerende beampte rapporteer op ’n deur lopende

grondslag direk aan die direksie oor risiko’s wat ’n uitwerking

op die doelmatige en effektiewe uitvoering van sy strategie

mag hê.

• Die hoof finansiële beampte, as voorsitter van die risiko-

en-IT-bestuurskomitee, is verantwoordelik vir die inbring

van risikobestuur in die daaglikse bedrywighede van die

maatskappy, wat die opstel, hersiening en handhawing van

die risikoregister en risikobestuursbeleid en -plan insluit.

• Die hoof van interne oudit woon vergaderings van die

risiko-en-IT-bestuurskomitee by en verleen onafhanklike

gerusstelling oor die doeltreffendheid van die komitee se

werksaamhede asook die sisteem van interne beheer.

RISIKO-TOLERANSIEVLAKKEDie Remgro-direksie het die risiko-toleransievlakke opgestel en goedgekeur om die raad se risiko-aptyt te definieer en te verseker dat alle risiko’s in die groep binne hierdie perke bestuur word.

Vanweë die aard van sy kernbedrywighede, gebruik Remgro toegewysde en pasmaakmetodes om toleransievlakke in die volgende drie risikokategorieë te hanteer:

BELEGGINGS

Risiko-toleransievlakke word bepaal in ooreenstemming met die koste om die belegging te finansier (GGKK), soos aangepas met risikogewig (Beta), om volhoubaarheid en ’n positiewe risiko-opbrengsomgewing te verseker.

TESOURIE

Gegewe die likiditeitsvereistes om bestaande beleggings te ondersteun en nuwe beleggingsgeleenthede te benut, word die risiko-toleransievlakke en gekoppelde opbrengste vir kontant wat in Suid-Afrika en internasionaal gehou word, gemeet ingevolge

die uitleenkoerse wat die belangrikste banke in die geldmark bepaal, met insluiting van, maar nie beperk nie tot, STeFI (korttermyn-vastekoste-indeks) of LIBOR, sowel as nakoming van minimum kredietgraderings wat vir goedgekeurde teenpartye vasgelê is. Dit word deurlopend gemonitor en herevalueer gegewe heersende markvolatiliteit, risiko en, by tye, negatiewe opbrengste op kontant in sekere internasionale geldmarkte.

Buitelandse valutarisiko’s en kapitaalbewaringsrisiko’s, tydens ’n ongunstige ekonomiese klimaat, word deur ’n konserwatiewe beleid ten opsigte van dekkingstrategieë en teenpartykeuring verminder.

Tesouriefondse word belê ingevolge ’n direksiegoedgekeurde tesouriebeleid wat kyk na teenparty- (krediet)risiko, likiditeits-risiko, rentekoersrisiko, wissel koers risiko, instrumentrisiko, kommersiële risiko (handelsvoorwaardes), asook die beleid wat opgestel is om kontant en likiede bates te beveilig.

Die tesouriekomitee se taak is verder om, met inagneming van geïdentifiseerde beleggingsgeleenthede, likiditeitsbehoeftes te beoordeel en befondsingsinstrumente aan die direksie te maak,

waar nodig.

INTERNE OUDIT EKSTERNE OUDIT

KONSULTANTE

REMGRO-DIREKSIE

BELEGGINGSKOMITEE

BESTUURSRAAD

LYNBESTUUR

VERSEKERINGSDEKKING

BELEGGINGS

OUDIT-EN-RISIKOKOMITEE

RISIKO-EN-IT-BESTUURSKOMITEE

VEILIGHEIDS-, GESONDHEIDS- EN OMGEWINGSKOMITEE

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID / RISIKOBESTUURSVERSLAG

Page 71: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

69

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

RISIKOBESTUURSVERSLAG / BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

ANDER

Hierdie kategorie sluit risiko’s in wat verband hou met

onbeplande bateverliese en blootstelling aan laste, waar borge,

sakeonderbreking en ander bedryfsrisiko’s.

In sulke gevalle het die direksie, bykomend tot streng

interne beheermaatreëls, ’n konserwatiewe bena dering

aanvaar om deur voldoende versekeringsdekking die verwagte

maksimum verlies te verminder sou die risiko’s in hierdie

kategorieë ’n werklikheid word.

RISIKO-APTYT Risiko-aptyt word as die risiko beskryf wat die maatskappy bereid

is om te aanvaar sonder dat verdere risiko-verminderende aksies

oorweeg word, of die mate en aard van risiko wat die maatskappy

bereid is om te aanvaar in die soeke na doelwitte. Dit word

ook as die risikogeneigdheid van die direksie in die strewe na

volhoubare welvaartskepping beskryf.

Die volgende kwalitatiewe en kwantitatiewe faktore word deur

die direksie oorweeg wanneer die risiko-aptyt bepaal word:

• risiko- en opbrengsprofiel van die bestaande beleggings-

portefeulje;

• beskikbaarheid van kontantbronne en ander likiede bates

(beskikbaar vir verkoop);

• beskikbare befondsingsgeleenthede;

• risiko-opbrengsprofiel van voorgenome geleent hede;

• finansiële verhoudings van toepassing in die meting van

prestasie, insluitende:

– intrinsieke netto batewaarde (IBW);

– opbrengs op IBW relatief tot vergelykende risikobeleggings;

– dividendbeleid;

• internasionale en plaaslike ekonomiese siklusse en tendense;

• buitelandse valutakoerse en tendense; en

• wesentlikheid van risiko’s met verwysing na die IBW van

die groep.

RISIKODRAENDE VERMOËRisikodraende vermoë word as ’n geldwaarde gede finieer wat

as maatstaf gebruik word om die maksimum verlies te bepaal

wat die maatskappy kan ly sonder om dit aan ’n situasie bloot

te stel waar die voortbestaan en lopendesaak-status daarvan

bedreig word.

Gegewe die aard en samestelling van Remgro se intrinsieke

netto batewaarde, te wete ekwiteitsbeleggings, netto oorskot

kontant en die grootte van skuld by houermaatskappy-vlak, is

daar tans geen bekende blootstellings wat die lopendesaak-

status van die groep in gedrang kan bring nie.

ONVERWAGTE OF ONGEWONE RISIKO-ERVARINGSDie risikobestuursproses is daarby ook ingestel op die eksterne

omgewing om te verseker dat nuwe risiko’s tydig geïdentifiseer

en die doeltreffendheid van reaksie daarop geëvalueer word.

IT-BESTUURDie maatskappy hersien jaarliks sy IT-bestuursbeleid wat in

ooreenstemming is met die beperkte tegnologiese behoeftes

van ’n beleggingshouermaatskappy. Die beleid word verder

met bestuursgebaseerde beleid, soos die aanvaarbare

IT-gebruiksbeleid en inligtingvertroulikheids beleid, aangevul.

Die hoof van IT rapporteer aan die groep finansiële bestuurder

en IT-verwante sake word in die IT-loodskomitee, bestaande

uit senior bestuur, hanteer. Die IT-risikoregister word deur

die risiko-en-IT-bestuurskomitee oorweeg en die vordering

met  IT- en beheerverwante projekte word via die risiko-en-IT-

bestuurskomitee deur die oudit-en-risikokomitee gemonitor.

Die maatskappy het sy IT-bedrywighede, via ’n omvattende

diensvlakooreenkoms, aan ’n betroubare diensverskaffer

uitgekontrakteer. Die diensvlakooreenkoms van die

operateur wat, onder andere, sleutelaflewerings, soos

stelsel- en gebruikersondersteuning, stelselbeskikbaarheid,

kuberrisikobestuur, virusbeskerming, asook telefoon- en ander

beheer maatreëls dek, word jaarliks hersien en nakoming

gemonitor.

Die IT-risikobestuursproses is in die gekombineerde gerus-

stellingsproses van die maat skappy ingesluit. ’n Besigheids -

kontinuïteits plan is saamgestel en suksesvolle toetse is gedoen

op die rugsteun- en rampherwinningsproses.

WETLIKE NAKOMINGAs deel van die raad se verbintenis tot etiese leierskap, is

’n wetlike nakomingsbeleid goed gekeur en is daar bevestig dat

voldoende bestuurskapasiteit en kontroles in plek is ten einde

te verseker dat daar aan alle toepaslike wette en besondere

industriepraktyke voldoen word.

Page 72: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

70

WWW.REMGRO.COM

Die administrasie van die wetlike nakomingsisteem is by

’n amptenaar gesetel wat oor die toepaslike regskwalifikasie

beskik. Die maatskappy se senior bestuurslede word op

’n gereelde basis van alle nuwe wetgewing of wysigings ingelig.

Die nakomingskontroles berus by senior bestuur van wie dit

ook verwag word om op ’n gereelde grondslag aan die risiko-

en-IT-bestuurskomitee verslag te doen rakende hulle nakoming

deur gebruik te maak van ’n kontrole-selfevaluasiemetodologie.

Hierdie proses is ingesluit in die jaarlikse gesamentlike

gerusstellingsplan.

INTERNE BEHEER EN INTERNE OUDIT’n Omvattende interne beheerstelsel wat deur die groep

geïmplementeer en in stand gehou word, is daarop gemik

om risiko’s in die onderneming te verminder en te verseker

dat die groep se doelwitte deurlopend bereik word. Interne

beheermaatreëls is op die beginsel geskoei dat aanvaarbare

risiko inherent is in die ontwerp en implementering van

’n koste-effektiewe interne beheerstelsel. Die stelsel sluit

monitormeganismes en temperingsprosesse in om leemtes

aan te vul waar dit bespeur word. Die stelsel gebruik die

COSO (die internasionale Komitee van Borgorganisasies –

Treadway-kommissie) interne beheer – geïntegreerde raamwerk

as maatstaf.

Die interne ouditfunksie staan onder die bestuur van Remgro

Bestuursdienste Beperk, en die hoof van interne oudit,

mnr Deon Annandale, rapporteer aan die voorsitter van die

oudit-en-risikokomitee en funksioneel aan die hoof finansiële

beampte. Die afdeling voldoen aan die vereistes van King  III

en die internasionale standaarde vir die beroepspraktyk van

interne oudit. Die afdeling handhaaf ’n drievlakprogram vir

gehalteversekering en -verbetering, soos voorgeskryf deur die

Instituut van Interne Ouditeure. Dit bevat ’n selfevaluerings -

proses met onafhanklike eksterne bevestiging deur ’n inter-

nasionale eksterne ouditeursfirma, buiten die groep se eksterne

ouditeure, oor ’n driejaar roteringsiklus.

Die interne ouditplanne, soos deur die oudit-en-risikokomitee

goedgekeur, word op ’n risikogebaseerde gerusstellings-

benadering opgestel, met die klem daarop om waarde tot

die beheeromgewing toe te voeg terwyl onafhanklike gerus -

stelling aan die oudit-en-risikokomitee en die direksie verleen

word rakende die doeltreffendheid van interne finansiële

beheermaatreëls en interne beheer oor bedryfs- en nakomings-

aangeleenthede, insluitende die “geluide van bo“; die doel -

treffendheid van die gesamentlike gerusstellings- en risiko-

bestuursproses.

Die interne ouditafdeling verskaf ook onafhanklike interne

oudit- en risikobestuursdienste aan sommige groep maat skappye

wat verkies om die funksie uit te kontrakteer. In sulke gevalle word

toegewysde prosesse gehandhaaf om die onafhanklike werking

van die afdeling te verseker, insluitende sy fidusiêre verpligting

ten opsigte van groepsmaatskappye en die beveiliging van hul

besigheidsinligting.

Indien nodig, word deskundige vaardighede van buite bekom

om met inligtingstegnologie en forensiese dienste behulpsaam

te wees.

DOELTREFFENDHEID VAN RISIKOBESTUURSPROSES EN INTERNE BEHEERSTELSELDie direksie, via die oudit-en-risikokomitee, het die gedoku -

menteerde beleid, prosedures en onafhanklike gerusstellings-

verslae oorweeg en is tevrede dat die interne beheerproses en

risikobestuursproses wat in die  groep ingestel is, doeltreffend

funksioneer.

Die direksie is nie bewus van enige blootstelling of posisie wat

daartoe kan lei dat die oorblywende risikoprofiel van die groep

die perke oorskry van die risikodraende vermoë wat deur die

direksie bepaal is nie.

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID / RISIKOBESTUURSVERSLAG

Page 73: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

71

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

MAATSKAPLIKE-EN-ETIESEKOMITEE- VERSLAGDie maatskaplike-en-etiesekomitee (die komitee) help die

direksie om Remgro se vertoning as ’n goeie en verant woordelike

burger te monitor. Hierdie verslag van die komitee is voorberei

in ooreenstemming met die vereistes van die Maatskappywet

(Nr. 71 van 2008), soos gewysig (Maatskappywet), en beskryf

hoe die komitee in die jaar geëindig 30 Junie 2016 sy statutêre

verpligtinge ingevolge die Maatskappywet, asook ten opsigte

van die bykomende pligte deur die direksie daaraan toegeken,

nagekom het.

KOMITEELEDE EN BYWONING VAN VERGADERINGSDie komitee bestaan uit drie lede, soos uiteengesit in die

onderstaande tabel, wat oor die nodige vaardighede en

ondervinding beskik en deur die direksie aangestel is. Die voor-

sitter van die komitee is mnr Herman Wessels, ’n onafhanklike

nie-uitvoerende direkteur. Ingevolge die komitee se mandaat

moet minstens twee vergaderings per jaar gehou word.

SAMESTELLING VAN DIE KOMITEE

Komiteelid*

Aantal vergaderings

gehou

Aantal vergaderings

bygewoon

H Wessels (voorsitter) 2 2P R Louw** 2 –P J Uys 2 2N J Williams 2 2

* ’n Verkorte curriculum vitae van alle direkteure van die maatskappy word op bladsy 14 tot 15 van die geïntegreerde jaarverslag verskaf, terwyl die kwalifi kasies van mnre P R Louw en P J Uys (wat lede van die bestuursraad, asook voorgeskrewe beamptes ingevolge die Maatskappywet is) op bladsy 16 verskyn.

** Mnr Louw is aangestel as ’n lid van die maatskaplike-en-etiesekomitee met ingang van 1 April 2016 in die plek van mnr Williams wat bedank het op 31 Maart 2016. Geen vergaderings is sedert sy aanstelling gehou nie.

ROL EN VERANTWOORDELIKHEDEDie komitee se rol en verantwoordelikhede word bepaal deur

’n formele mandaat, soos deur die direksie goedgekeur. Die

mandaat is onderhewig aan ’n jaarlikse her siening deur

die direksie.

Die hoofdoel van die komitee is om die direksie by te staan

in die beoordeling van die groep se vertoning as ’n goeie en

verantwoordelike burger. Dit word gedoen deur die volhoubare

ontwikkelingspraktyke van die groep, soos hieronder uiteen-

gesit, te monitor. Sodoende word die direksie gehelp om aan

een van sy waardes te voldoen, naamlik om besigheid op ’n

etiese wyse te doen.

Wispeco is nou Remgro se vernaamste volbedryfsfiliaal.

Wispeco het sy eie maatskaplike-en-etiesekomitee daar gestel,

wat onafhanklik van hierdie komitee funksioneer. Remgro se

verteenwoordigers op die direksie van Wispeco het ook ’n

staande uitnodiging om vergaderings van daardie komitee

ampshalwe by te woon. Die notules van hierdie vergaderings,

sowel as dié van die maatskaplike-en-etiesekomitee van

RCL Foods, word as ’n vaste besprekingspunt in die agenda

van hierdie komitee ingesluit.

Die komitee is tevrede dat hy al sy verpligtinge in die jaar

onder oorsig behoorlik nagekom het, soos verder hieronder

uiteengesit.

BELEIDSOORSIG

Die komitee is verantwoordelik vir die ontwikkeling en hersiening

van die groep se beleide rakende die verbintenis tot, asook

die bestuur en rapportering van, die groep se volhoubare

ontwikkelingsprestasie en om aanbevelings aan bestuur en/of

die direksie te maak in dié verband. Gedurende die jaar het

die komitee sy mandaat, sowel as die maatskappy se Etiese

Kode, geskenkebeleid, sosiale mediabeleid en MIV/vigs-beleid

hersien. Daar was geen veranderinge aan die komitee se mandaat

gedurende die jaar onder oorsig nie.

MONITERING VAN VOLHOUBARE

ONTWIKKELINGSPRAKTYKE

In die uitvoering van sy pligte het die komitee die volhoubare

ontwikkelingspraktyke van die groep hersien, met spesiale

verwysing na:

• etiek en nakoming;

• korporatiewe maatskaplike besteding;

• verhoudinge met belanghebbendes;

• breë-basis swart ekonomiese bemagtiging;

• gesondheid en openbare veiligheid;

• arbeidsverhoudinge en werksomstandighede;

• opleiding en vaardigheidsontwikkeling; en

• bestuur van die groep se omgewingsimpak.

Die komitee se oorsigrol sluit ook die monitering in van enige

toepaslike wetgewing, ander wetlike vereistes of bestaande

kodes van beste praktyke, spesifiek ten opsigte van sake wat

verband hou met maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling,

goeie korporatiewe burgerskap, die omgewing, gesondheid en

openbare veiligheid, verbruikersverhoudinge, sowel as arbeid en

indiensneming. Die verslag oor die toepassing van die King III-

beginsels, soos op die maatskappy se webwerf gepubliseer, is

ook deur die komitee hersien en goedgekeur.

Die komitee kyk ook na Remgro se deelname aan eksterne

opnames rakende volhoubaarheidsaspekte wat betrekking

het op die groep, en die resultate wat daarin behaal is. In dié

Page 74: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

72

WWW.REMGRO.COM

verband het die komitee kennis geneem van eksterne erkenning

en prestasies deur die groep, soos weergegee op bladsy 73 van

die geïntegreerde jaarverslag.

OPENBARE VERSLAGDOENING EN GERUSSTELLING

Die komitee, saam met die oudit-en-risikokomitee, is

verantwoordelik vir die hersiening en goedkeuring van die

volhoubaarheidsinhoud wat in die geïntegreerde jaarverslag

ingesluit en op die maatskappy se webwerf gepubliseer

is, asook om die behoefte vir eksterne gerus stelling van

die groep se openbare verslagdoening oor sy volhoubare

ontwikkelingsvertoning te bepaal en aanbevelings daaroor te

maak. Die komitee het die inhoud van die verkorte volhoubare

ontwikkelingsverslag, wat in die geïntegreerde jaarverslag

ingesluit is, en die volledige volhoubare ontwikkelings -

verslag wat op die maatskappy se webblad gepubliseer is,

nagegaan en dit aanbeveel vir goedkeuring deur die direksie.

Van die komitee word ook vereis om deur een van sy lede

aan die maatskappy se aandeelhouers verslag te doen oor

sake binne sy mandaat op die algemene jaarvergadering

wat op 1 Desember 2016 plaasvind. In die kennisgewing van

die algemene jaarvergadering, wat by die geïntegreerde

jaarverslag op bladsy 115 ingesluit is, word aandeelhouers

verwys na die komitee se verslag wat saam met die volledige

volhoubare ontwikkelingsverslag wat op die maatskappy se

webblad gepubliseer is, gelees moet word. Enige spesifieke

vrae aan die komitee moet voor die vergadering na die

maatskappysekretaris gestuur word.

Herman Wessels

Voorsitter van die maatskaplike-en-etiesekomitee

Stellenbosch

20 September 2016

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID / MAATSKAPLIKE-EN-ETIESEKOMITEEVERSLAG

Page 75: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

73

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

VERKORTE VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

INLEIDINGRemgro se huidige waardesisteem sluit die riglyne in wat sy

stigter, dr Rupert, byna 60 jaar gelede vir die suksesvolle bedryf

van sake neergelê het. Hierdie riglyne sluit die volgende in:

• Eerlikheid – want dit duur die langste

• Korrektheid – want dit skep vertroue by vriende en

opponente

• Hoflikheid – wat waardigheid sonder hovaardigheid en vrien-

delikheid sonder dienstigheid beteken

• Diens – in elke opsig: aan jou klant, jou medemens en jou land

• Onderlinge steun – sodat jy ander teen die leer van sukses

kan opdruk terwyl jy self klim, want as jy ander aftrek, sal jy

self val

• Vertroue – die geloof dat alles ten goede meewerk as elkeen

sy plig doen

Remgro glo dat hierdie waardes die gees beliggaam waarin

gestreef word om ’n goeie korporatiewe burger te wees.

Uit bogenoemde is dit duidelik dat die drie pilare van

volhoubare ontwikkeling, naamlik ekonomiese, maat skaplike

en omgewingsvolhoubare praktyke, nog altyd deel van Remgro

se kernwaardes was.

Remgro is ten volle daartoe verbind om sy besigheid op

’n volhoubare wyse te bestuur en die hoogste standaarde

van etiek en korporatiewe bestuurspraktyke te handhaaf.

Terwyl korporatiewe bestuur, risikobestuur en IT-bestuur in

die korporatiewe en risiko-bestuursverslae behandel word,

verskaf die volhoubare ontwikkelingsverslag ’n beter begrip

van Remgro se pogings op maatskaplike en omgewingsgebied

om sy kerndoelwitte van maksimum waardeskepping oor die

kort, medium en lang termyn te bereik deur op etiese wyse

sake te doen. Verwys na die onderstaande tabel vir eksterne

erkenning en prestasies in hierdie verband gedurende die

tydperk onder oorsig.

Volledige verslag aanlyn beskikbaar by www.remgro.com

“ Die wêreld is vinnig besig om kleiner te word en dit is duidelik dat niemand voorspoedig kan wees as dit nie ook goed met sy bure gaan nie.”

(Dr Anton Rupert)

Volgehoue deelname aan die openbaar-makingsprojek vir koolstofuitlating (CDP)

Voortgesette lidmaatskap van die Etiekinstituut van Suid-Afrika

Verkryging van vlak 8-bydraerstatus ingevolge die BBSEB-telkaart

Suksesvolle deelname aan die JSE SRI-Indeks sedert die ontstaan daarvan in 2004 en insluiting in die FTSE/JSE se Verantwoordelike Beleggingsindeks

1 2 3 4Volhoubaarheidshoogtepunte

Page 76: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

74

WWW.REMGRO.COM

EKSTERNE GERUSSTELLINGOns erken die toenemende vereistes van beleggers en regulatoriese, asook ander riglyne, soos King III en die geïntegreerde verslagdoeningsriglyne, vir eksterne gerus-stelling oor gekose nie-finansiële inligting. Ons erken verder ons aanspreeklikheid teenoor ons aandeelhouers om inligting te verskaf wat relevant, akkuraat en betroubaar is. In hierdie verband moet daarop gelet word dat Remgro ’n gekombineerde gerusstellingsmodel volg wat bestuur, interne oudit, en eksterne gerusstelling (bv.  verifikasie van BBSEB-telkaart en koolstofopenbaar makingsprojek (CDP)), soos in die tabel hierbo uiteengesit, insluit. Ons glo dat hierdie metodes die nodige gerusstelling gee oor die gehalte en betroubaarheid van die inligting wat verskaf word. Die verskillende opsies en vlakke van eksterne gerusstelling wat beskikbaar is, word voortdurend herwaardeer om die pad vorentoe te bepaal sover dit eksterne gerusstelling betref.

BESTUURSBENADERING TOT VOLHOUBAARHEIDRemgro se direksie is in die finale instansie aanspreeklik vir die vertoning van die maatskappy, met inagneming daarvan dat strategie, risiko, prestasie en volhoubaarheid onafskeidelik is. In hierdie opsig het die direksie die algemene oorsig en rapportering oor volhoubaarheid aan die oudit-en-risikokomitee, ondersteun deur die maatskaplike-en-etiesekomitee, gedele-geer. Die rol en funksie van hierdie komitee word in meer besonderhede hanteer in die korporatiewe bestuursverslag en die verslag van die maatskaplike-en-etiesekomitee onder-skeidelik op bladsy 58 en 71.

ETIEK EN NAKOMING

ETIEK

Die direksie glo dat etiese gedrag uit die toepaslike waarde-sisteme van die mense in diens van die maatskappy spruit, asook uit die sigbare etiese leierskap en waardegedrewe korporatiewe kultuur wat dit rig en ondersteun. Leierskap wat op etiese beginsels gegrond is, lei tot ’n kultuur van etiese en morele gedrag en die nakoming van wette, reëls, kodes en standaarde.

Die direksie beskou dit dus as sy verantwoordelikheid om ’n kultuur van eerlikheid, deursigtigheid, billikheid, verant-woordelikheid en aanspreeklikheid daar te stel en te handhaaf ten einde die maatskappy as ’n voorkeur beleggings vennoot te posisioneer. Dit word gerugsteun deur etiese leierskap, aangesien etiek nie gereguleer kan word nie, maar uit persoon-like oortuiging spruit.

In hierdie verband het die maatskappy ’n Etiese Kode (die kode) aanvaar wat die raamwerk vir etiese praktyke en sakegedrag verskaf wat op alle direkteure en werknemers van toepassing is. Die kode is aan alle werknemers op Remgro se intranet beskikbaar en afskrifte daarvan word aan alle nuwe werknemers gegee. Die kode, sowel as ’n formele geskenkbeleid, verskaf duidelike riglyne oor geskenke, uitnodigings of gunste wat van enige verskaffer of ander party ontvang word. Die aanbied van gunste om onregmatige kommersiële voordele te bekom, is ook streng verbode.

Die oudit-en-risikokomitee hou toesig oor die nakoming van die kode en hanteer gevalle van bedrog of onreëlmatighede. Gedurende die rapporteringstydperk was daar geen voor valle van bedrog of onreëlmatigheid nie.

Die maatskappy het ’n Etiese lyn ingestel wat enige werknemer of belanghebbende in staat stel om inligting oor waargenome of vermeende onreëlmatige of onetiese gedrag in ’n vertroulike en beheerde omgewing te rappor teer. Die Etiese lyn word deur ’n onafhanklike derde party bestuur en is op ’n 24-uurgrondslag beskik baar. In die jaar onder oorsig het die Etiese lyn geen oproepe ontvang wat verband gehou het met beweerde bestuur skendings of etiese ongerymdhede by Remgro nie. Wanneer oproepe ontvang word wat verband hou met be -weerde onreëlmatighede by maatskappye waarin belê is, word sulke oproepe deur Remgro se verteenwoordigers in die direksies van daardie maatskappye na die toepaslike bestuur-strukture verwys.

Remgro Etiese Blitslyn 0800 86 4726

of e-pos [email protected]

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID / VERKORTE VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

GESAMENTLIKE GERUSSTELLING

Verskaffing van gerusstelling Sakeprosesse geraak deur gerusstelling Verskaffer

Onafhanklike eksterne ouditeursverslag Finansiële rapportering PricewaterhouseCoopers Geïnk.Interne ouditverslae Risikogebaseerde keuse van

ouditgebiedeRemgro se risikobestuur en interne oudit

Interne risikobestuur Alle sleutelsakerisikogebiede Interne bestuursoorsigte, bygestaan deur Remgro se risikobestuur en interne oudit

BBSEB-bydraerverifikasie Breë-basis swart ekonomiese bemagtiging

Empowerdex

Eksterne berekening van koolstofvoetspoor

Koolstofvoetspoorberekening Carbon Calculated, bygestaan deur ’n onafhanklike konsultant

Page 77: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

75

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

VERKORTE VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG / BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

MEDEDINGING

Die groep ondersteun, en hou hom by, relevante mede dingings-

en anti-trustreëls, soos dit van toepassing is in die onderskeie

regsgebiede waar hy sake bedryf. Gedurende die jaar is geen

navrae ontvang rakende onmededingende, antitrust- of soort-

gelyke gedrag wat daartoe gelei het dat boetes gehef is nie.

NAKOMING

In die jaar onder oorsig was daar geen voorvalle van wesent-

like nie-nakoming van enige wette, regulasies, aanvaarbare

standaarde of kodes nie en geen noemenswaardige boetes

is ook gehef nie.

VERHOUDINGE MET BELANGHEBBENDESOns verhouding met alle belanghebbendes is gegrond op die

volgende waardes wat in Remgro se etiese kode verskans en

daardeur ondersteun word:

• Verantwoordelikheid vir die bates en bedrywighede van die

maatskappy

• Aanspreeklikheid om sy besluite en bedrywighede teenoor

aandeelhouers en ander belanghebbendes te regverdig

• Billikheid in die beoordeling van belang hebbendes se

regmatige belange

• Deursigtigheid in die verskaffing van inligting op ’n wyse wat

belanghebbendes in staat stel om ingeligte besluite oor die

maatskappy se vertoning en volhoubaarheid te maak.

Remgro se direksie is die uiteindelike bewaarder van sy

korporatiewe reputasie en verhoudinge met belanghebbendes.

In hierdie verband spel ’n formele beleid Remgro se benadering

en strategie ten opsigte van verhoudinge met belanghebbendes

uit om te verseker dat ’n inklusiewe benadering tot korporatiewe

bestuur gevolg word.

Remgro gebruik ’n wye verskeidenheid kommunikasiemetodes

om te verseker dat sy kommunikasie met belanghebbendes

duidelik en verstaanbaar, sowel as deursigtig, ewewigtig en

geloofwaardig is en alle relevante feite, hetsy positief of nega -

tief, uiteensit. Sorg word gedra dat skakeling met belang-

hebbendes, waar moontlik, nie slegs eenrigtingkommunikasie

behels nie, maar opbouende vennootskapsgegronde betrok-

kenheid verteenwoordig. Dit verseker dat die regmatige verwag-

tinge van alle belanghebbendes, sover moontlik, geïdentifiseer

en hanteer word.

Remgro, soos ander organisasies, het op verskeie maniere

’n ekonomiese impak op belangegroepe, onder andere deur

die voortbring en verspreiding van waarde, die skep van

werk geleenthede, billike en mededingende vergoeding aan

werknemers, asook korporatiewe maatskaplike besteding.

Ons bestuur hierdie prosesse deurlopend en kommunikeer

met belangegroepe oor kwessies wat hulle raak, soos elders

in hierdie verslag berig word.

Verantwoordelikheid

Aanspreeklikheid

Billikheid

Deursigtigheid

Aandeelhouers en

die beleggers-

gemeenskapWerknemers

Maatskappye

waarin belê

word en ander

aandeelhouers

van hierdie

maatskappye

Gemeenskap

Diensverskaffers

Suid-

Afrikaanse regering

en beheer-

liggame

Page 78: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

76

WWW.REMGRO.COM

AANDEELHOUERS EN DIE BELEGGERSGEMEENSKAP

Remgro se hoofdoelwit is om waardeskepping en volhoubare

groei te maksimeer en in hierdie verband word besondere

moeite gedoen om te verseker dat alle aandeelhouers of

aandeelhouersklasse regverdig behandel word. Spesiale sorg

word gedra om minderheidsaandeelhouers teen optrede deur,

of in die belang van, die hoofaandeelhouer te beskerm wat tot hul

nadeel mag wees. In hierdie verband tree die hoof onafhanklike

direkteur op as voorsitter van vergaderings in omstandighede

waar die onafhanklikheid van die bestaande voorsitter potensieel

teenstrydig mag wees.

Kommunikasie met beleggers is op die beginsels van tydige,

ewewigtige, duidelike en deursigtige inligting gegrond. In

hierdie opsig het die beleggersgemeenskap toegang tot

dieselfde inligting waaroor Remgro se aandeelhouers beskik.

Duidelike protokolle bestaan wat die aard, omvang en frekwensie

van kommunikasie met beleggers reël. Aandeel houers en die

beleggersgemeenskap word aangemoedig om Remgro se

algemene vergaderings by te woon, waar aktuele sake openlik

bespreek word. Verdere interaksie met institusionele beleggers

vind twee keer per jaar by die inbel-aanbieding van tussen-

en finale resultate plaas, waar vrae aan die hoofuitvoerende

beampte en hoof finansiële beampte gestel kan word. Die

beleggersgemeenskap is ook welkom om direk met senior

bestuur te skakel.

Die mees onlangse, asook historiese, finansiële en

ander inligting word op die maatskappy se webwerf by

www.remgro.com gepubliseer.

WERKNEMERS

Vir Remgro om sy hoofdoelwitte te bereik, is dit noodsaaklik om

werknemers van gehalte te werf en te behou. Ons werknemers

word billik behandel en mededingend vergoed en Remgro

streef daarna om aan alle werknemers die geleentheid te bied

om hul potensiaal te verwesenlik. Tydens korporatiewe aksies

word spesiaal daarna omgesien dat werknemers wat aan die

Remgro Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema deel-

neem, nie gunstiger as gewone aandeelhouers behandel

word nie.

Omdat Remgro ’n beleggingshouermaatskappy met ’n klein

personeel op hoofkantoorvlak is, geskied kommunikasie

met werknemers informeel by wyse van onder andere

e-posboodskappe, die interne intranet, Remgro se webwerf,

inligtingsessies en kennisgewingborde. Daar word seker

gemaak dat alle kommunikasie met aandeel houers ook aan

werknemers oorgedra word.

MAATSKAPPYE WAARIN BELÊ WORD EN ANDER AANDEELHOUERS VAN HIERDIE MAATSKAPPYE

Remgro se prestasie is direk gekoppel aan die vertonings van

die onderliggende maatskappye waarin belê word en daarom

word kommunikasie met hierdie ondernemings en mede-

aandeelhouers as baie belangrik beskou. Verhoudinge met

maatskappye waarin belê is, word hoofsaaklik deur direksie-

verteenwoor diging bestuur, met direkteure of senior bestuur

van Remgro wat as nie-uitvoerende direkteure in die direksies

van hierdie maatskappye dien. Hierdie verteenwoordigers

het tydens direksievergaderings interaksie met die direkteure

en senior bestuur van die maatskappye waarin belê word en,

indien nodig, word verteenwoordigers van hierdie maatskappye

aangemoedig om Remgro se senior bestuur te ontmoet vir

besprekings oor hul besighede. Alle transaksies met mede-

aandeelhouers in maatskappye waarin belê is, word op ’n billike

wyse hanteer en in ooreenstemming met die onderliggende

aandeelhouersooreenkomste. Remgro streef daarna om waarde

tot hierdie beleggings toe te voeg.

GEMEENSKAP

Korporatiewe burgerskap, die verbintenis van ’n onderneming

om tot volhoubare ekonomiese ontwik keling by te dra,

onderskryf die beginsel dat geen besigheid in isolasie bestaan

nie, maar onmiskenbaar deel is van die omgewing waarin sake

gedoen word.

In sy verhouding met die gemeenskap streef Remgro daarna

om ’n waardevennoot te wees en daarom val die klem van

sy gemeenskapsbetrokkenheid op armoedebekamping en

investering in jongmense uit benadeelde gemeenskappe in

die geloof dat sulke beleggings tot ver in die toekoms goeie

dividende sal lewer. Remgro se korporatiewe maatskaplike

beleggingsinisiatiewe en donasies word in meer besonderhede

in die volledige volhoubare ontwikkelingsverslag wat op die

maatskappy se webwerf by www.remgro.com beskikbaar is,

bespreek.

LEWERANSIERS EN DIENSVERSKAFFERS

Remgro glo daaraan om langtermyn-vennootskappe met

diensverskaffers aan te gaan wat op onderlinge vertroue en

respek gegrond is. Verskeie maatstawwe speel ’n rol in die

keuse van geskikte diensverskaffers, waaronder voldoening aan

gehaltestandaarde (indien van toepassing), bestendigheid en ’n

bewese rekord van die organisasie en sy ondersteuningsnetwerk.

Aangesien Remgro ’n beleggingshouermaatskappy is, word sy

kostestruktuur deurgaans met dié van effektetrusts vergelyk om

te verseker dat aandeelhouers nie benadeel word nie. As deel

van die proses om korporatiewe koste te bestuur, word goeie

verhoudinge met diensverskaffers gehandhaaf.

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID / VERKORTE VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

Page 79: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

77

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

VERKORTE VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG / BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

SUID-AFRIKAANSE REGERING EN BEHEERLIGGAME

’n Oop en eerlike verhouding word met die regering en

relevante beheerliggame gehandhaaf. In hierdie verband

geskied kommunikasie op ’n ad hoc-grondslag soos die

behoefte ontstaan en dit vind gewoonlik in die vorm van

formele vergaderings plaas. Beheerliggame, soos die Nasionale

Tesourie, die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) en die

JSE Beperk, word op hoogte gehou van korporatiewe aksies

in ooreenstemming met  alle toepaslike wette en regulasies.

Vergaderings met die SARB vind jaarliks plaas om hulle in te lig

oor Remgro se buitelandse bedrywighede.

BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING (BBSEB)

INLEIDING

Die direksie glo dat BBSEB ’n maatskaplike, politieke en

ekonomiese noodsaaklikheid is en daarom word die inisiatiewe

van die maatskappy se filiale, geassosieerdes en gesamentlike

ondernemings in hierdie verband ondersteun en aangemoedig.

In die mate waarin Remgro se filiale, gesamentlike onder-

nemings en geassosieerdes BBSEB implementeer, het Remgro

se aandeelhouers in effek deel aan hierdie BBSEB-inisiatiewe

en die koste en voordele daaraan verbonde.

Remgro meet sy BBSEB-status teen die generiese telkaart-

maatstawwe van die Departement van Handel en Nywerheid.

Volgens die jongste beoordeling van Remgro se BBSEB-

status, wat in Julie 2016 gedoen is, het Remgro ’n telling

van 55.11 behaal en daardeur sy vlak 8-bydraer status verkry.

Die besonderhede van die beoordeling word volledig in

Figuur 1 uiteengesit en sluit die BBSEB-inisiatiewe van

Remgro se vernaamste onafhanklike bedryfsfiliale, RCL Foods

en Wispeco, in.

Daar moet gelet word daarop dat die kodesisteem (BBSEB-

punte) deur die Departement van Handel en Nywerheid gewysig

is – die wysigings, wat op 11 Oktober 2014 in werking getree het,

verander aansienlik die wyse waarop ’n firma se BBSEB-status (of

vlak) bepaal word, aangesien die aantal BBSEB-punte wat vereis

word om ’n sekere BBSEB-vlak te behaal, verhoog is. Hierdie

wysigings het Remgro se BBSEB-status en beoordeling in die

2016-verslagjaar wesentlik beïnvloed. As Remgro teen dieselfde

telbord as die vorige jaar gemeet sou word, sou die 55.11 punte

’n vlak 5 wees, wat dieselfde is as wat in 2015 behaal is.

EKWITEITSEIENAARSKAP

Die verifiëring van BBSEB-eienaarskap word gereël deur die

praktykkodes met betrekking tot BBSEB (die kode), wat op

9 Februarie 2007 ingevolge Artikel 9(1) van die Wet op Breë-

Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging (Nr. 53 van 2003) gepro-

klameer is. Die metode wat vir die verifiëring en sertifisering

van Remgro se bydraes tot BBSEB-eienaarskap gebruik word,

is ingevolge die bepalings van Kodereeks 100, Standpunt 102 –

erkenning van die verkoop van bates, ontleen.

Daar moet gelet word daarop dat, bykomend tot boge noemde,

swart eienaarskap ook ingesluit is in die aandeelhoudings wat

institusionele beleggers in Remgro hou (verwys na bladsy 112

van die geïntegreerde jaarverslag waar Remgro se belangrikste

aandeelhouers aangedui word). Aangesien besonderhede oor

die uiteindelike begunstigdes van hierdie aandeelhoudings

nie geredelik volgens ras en geslag beskikbaar is nie, is dit nie

gekwantifiseer nie.

Hoewel Remgro se BBSEB-telkaart die inisiatiewe van

RCL Foods en Wispeco insluit, verwys die bespreking hieronder

oor die ander elemente van die generiese telkaartmaatstawwe

slegs na die bedrywighede by Remgro se hoofkantoor op

Stellenbosch. Vir meer besonderhede oor die BBSEB-inisiatiewe

Figuur 1

BBSEB-TELKAART

Element Aanwyser Gewig Telling

Ekwiteitseienaarskap Persentasie-aandeel in ekonomiese voordele 25 11.79Bestuur en kontrole Persentasie swart persone in uitvoerende bestuur en/of

uitvoerende direksiekomitees 19 5.27Vaardigheids ontwikkeling Vaardigheidsontwikkelingspandering in verhouding tot die

totale betaalstaat 20 10.57Onderneming- en

verskafferontwikkelingAankope van bemagtigde ondernemings in swart besit as

’n gedeelte van totale bates, sowel as die gemiddelde waarde van bydraes ten opsigte van verskaffer- en ondernemingsontwikkeling as ’n persentasie van na-belaste wins 40 22.48

Sosio-ekonomiese ontwikkeling

Korporatiewe maatskaplike belegging tot voordeel van swart persone 5 5.00

Totale telling 109 55.11

Page 80: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

78

WWW.REMGRO.COM

by maatskappye waarin belê is, verwys na die afdeling ”BBSEB by

maatskappye waarin belê is“ hieronder.

BESTUURSBEHEER

Remgro se direksie is saamgestel op ’n wyse wat verseker dat die gesamentlike vaardighede en ervaring van direkteure ge-skik is om sy verantwoordelikhede na te kom en die groep se doelwitte te bereik. Die direksie het die afgelope jare aansienlik getransformeer, met vyf van die 11 nie-uitvoerende direkteure (45%) wat tans swart is. Op bestuursraadvlak is een uit die vyf lede swart.

GELYKE INDIENSNEMING

Gelyke indiensneming is Remgro se grootste transformasie-uitdaging. ’n Jaarlikse arbeidsplan waarin Remgro se trans-formasie doelwitte uiteengesit word, word aan die Departement van Arbeid voorgelê. Hoewel pogings aangewend word om die maatskappy se swart verteenwoordiging op bestuursvlak te verbeter, bly die lae personeelomset en geringe organiese groei, beperkende faktore. Meer besonderhede oor gelyke indiensneming word op bladsy 79 aangebied.

Remgro se opgesomde gelyke indiensnemingsverslag, soos op 31 Augustus 2016, word in Figuur 2 aangebied en sit die verspreiding van heeltydse werknemers volgens ras en per beroepsvlak uiteen.

VAARDIGHEIDSONTWIKKELING

Remgro voldoen aan die vereistes van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling ingevolge waarvan ’n vaste per-sentasie van die betaalstaat as ’n opleidingsheffing aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens betaal word. ’n Jaarlikse verslag

van alle opleiding wat in die maat skappy plaas gevind het, word ook aan die relevante SETA voorgelê.

VOORKEURVERKRYGING

Aangesien Remgro nie ’n bedryfsmaatskappy is nie, is die verkrygingsfunksie baie klein en word die verkrygingsprofiel deur ’n hoë dienskomponent geken merk eerder as deur materiaalaankope. Remgro koop meer as die helfte van sy goedere en dienste ` BBSEB-geakkrediteerde handelaars. ’n Verbetering van die voorkeurverkrygingstelling bly ’n fokus-gebied vir Remgro.

ONDERNEMINGS- EN SOSIO-EKONOMIESE ONTWIKKELING

’n Aansienlike hoeveelheid tyd en hulpbronne word intern gespandeer aan besigheidsontwikkeling en korporatiewe maat-skaplike beleggingsinisiatiewe. Meer besonderhede oor die maatskappy se korporatiewe maatskaplike inisiatiewe word op bladsy 80 verskaf.

BBSEB BY MAATSKAPPYE WAARIN BELÊ IS

Remgro monitor en dra by tot die BBSEB-vertoning van die maat skap pye waarin belê is deur sy direksie verteenwoordiging en deelname en fasilitering van korporatiewe aksies by hierdie maatskappye. Die BBSEB-status van Remgro se maatskappye waarin belê is, word in meer besonderhede behandel in die “beleggingsoorsig”-afdeling op bladsy 32.

Verdere inligting rakende die BBSEB-status van Remgro se bedryfsfi liale word behandel in die afdeling wat handel oor “volhoubaarheid by bedryfsfi liale” in die volledige volhoubare ontwikkelingsverslag wat op die maatskappy se webwerf by www.remgro.com beskikbaar is.

Figuur 2

OPGESOMDE GELYKE INDIENSNEMINGSVERSLAG (soos op 31 Augustus 2016)

Beroepsvlakke

Mans VroueBuite-

landers

S B I W S B I W Mans Vroue Totaal

Topbestuur 0 1 0 4 0 0 0 0 0 0 5

Senior bestuur 1 2 0 13 0 0 0 4 0 0 20Professioneel gekwalifiseerde en ervare spesialiste,

asook middelvlakbestuur 0 0 2 18 1 1 0 8 0 0 30Opgeleide tegniese en akademies gekwalifiseerde

werkers, junior bestuur, toesighouers, voormanne en superintendente 3 8 1 11 0 8 1 28 0 0 60

Halfgeskoold, met diskresionêre besluitneming 18 22 0 1 7 9 0 0 0 0 57

Ongeskoold, met gespesifiseerde besluitneming 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0

Totaal heeltyds 22 33 3 47 8 18 1 40 0 0 172

Deeltydse werknemers 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0

Groottotaal 22 33 3 47 8 18 1 40 0 0 172S = Swart B = Bruin I = Indiër W = Wit

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID / VERKORTE VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

Page 81: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

79

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

VERKORTE VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG / BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

ONS MENSE

WERKNEMERSAMESTELLING

Remgro glo dat die gehalte van sy personeel ’n belangrike

volhoubare voordeel bied. As ’n beleggings houermaatskappy

het hy ’n klein personeelkorps, wat op 30 Junie 2016 uit

170 werknemers (2015: 174 werknemers) bestaan het. Verwys na

Figuur 3 waar meer besonderhede oor die samestelling van ons

personeel, volgens ras, geslag en ouderdom, aangebied word.

In die jaar onder oorsig was Remgro se personeelomset 5.3%

teenoor 6.4% in die vergelykende jaar tot 30 Junie 2015. Die

omsetsyfers is bereken deur die totale aantal werknemers op

jaareinde te gebruik. Deur slegs bedankings (dus vermybare

werknemeromset) in aanmerking te neem, verminder bo-

genoemde syfers na 1.2% vir 2016 en 2.9% vir 2015.

WERWING- EN KEURINGBELEID

Om te verseker dat Remgro ’n voorkeurbeleggingsvennoot

bly, is dit belangrik dat werknemers van die hoogste gehalte

gewerf, gekies en behou word. In hierdie verband sal die

maatskappy te alle tye probeer om die beste kandidaat in

’n pos aan te stel. Remgro glo dat alle persone op gelyke

indiensnemingsgeleenthede geregtig is en daarom word

geen diskriminasie teenoor werknemers of aansoekers op

grond van geslag, ras, geloof of ander redes toegelaat nie.

GELYKE INDIENSNEMING

Remgro onderskryf die beginsels van die Wet op Gelyke

Indiensneming en in hierdie verband streef hy deur sy gelyke

indiensnemingsbeleid daarna om gelyke geleenthede aan alle

werknemers te bied en om geskikte individue te identifiseer, te

ontwikkel en te vergoed in ooreenstemming met hul prestasie,

toewyding en lojaliteit. Spesiale aandag word aan groepe gegee

wat vanweë historiese redes hulself in ’n minder bevoorregte

posisie mag bevind.

WERKNEMERSVERGOEDING

Ons doelwit is om werknemers billik, mededingend en

volgens hul vermoë, vaardighede, verantwoordelikhede en

prestasievlakke te vergoed. Die vlak van salarisse wat betaal

word, is een van verskeie aspekte van ons strategie om mense

van gehalte te behou, te motiveer en, waar nodig, te werf.

Daarby bied Remgro ook aan sy personeel ’n stimulerende

werkomgewing. Remgro het ’n formele vergoedingsbeleid wat

die vergoedingsbenadering met betrekking tot direkteure en

bestuursraadslede uiteensit. Verwys na die vergoedingsverslag

op bladsy 82 waar Remgro se vergoedingsbenadering volledig

bespreek word.

Remgro bied aan sy werknemers aftreevoordele in die vorm

van ’n omskrewevoordeelfonds (geslote) en omskrewebydrae-

fonds wat onafhanklik van die maatskappy se finansies

geadministreer word. Daarby word ook mediese versekering

en studiehulp aan werknemers gebied.

OPLEIDING EN VAARDIGHEIDSONTWIKKELING

Die hoofdoel van opleiding is om werknemers sodanig

toe te rus dat hulle hul volle potensiaal kan verwesenlik

tot voordeel van die maatskappy en hulself. Aangesien

Remgro, as beleggingshouermaatskappy, oor ’n hoogs ge-

spesialiseerde arbeidsmag beskik, word geen voorgeskrewe

opleidingsprogramme aanbeveel nie. Individue word egter

Figuur 3

SAMESTELLING VAN WERKNEMERS (SOOS OP 30 JUNIE 2016)

Vroue

38%

Mans

62%

41 – 50 jaar oud

32%

Wit

50%

Swart, Bruin, Indiër

50%31 – 40 jaar oud

30%

GESLAG RAS OUDERDOM

51 jaar en ouer

34%30 jaar en jonger

4%

Page 82: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

80

WWW.REMGRO.COM

aangemoedig om opleidingskursusse by te woon wat hulle

beter kan toerus om hul werk te doen. Die afgelope paar jaar

is verskeie werkwinkels en opleidingsessies oor King  III, die

Maatskappywet en die Kompetisiewet gehou om te verseker

dat direkteure en bestuur toegerus is om gesonde korpora tiewe

bestuurspraktyke te implementeer en toe te pas op alle vlakke

waar hulle betrokke is.

GESONDHEID EN VEILIGHEID

Die maatskappy het ’n gesondheids-en-veiligheidskomitee

wat saamgestel is ingevolge die Wet op Beroepsgesondheid

en Veiligheid. Die komitee is ’n subkomitee van die risiko-en-

IT-bestuurskomitee en verseker dat die maatskappy ’n veilige,

gesonde en risikovrye omgewing vir sy personeel en besoekers

bied en sien toe dat beheermaatreëls om risiko’s te beperk

doeltreffend is en toegepas word.

MIV/VIGS

Uit ’n beleggingshouermaatskappy se perspektief bestaan die

risiko verbonde aan MIV/vigs uit twee elemente, naamlik:

GROEPRISIKO

Gegewe die potensiële uitwerking van MIV/vigs op markte,

menslike kapitaal, die koste van indiensneming en die

bedryfsprosesse van ondernemings waarin belê is, word

hierdie risiko bestuur binne die strukture van die onderskeie

maatskappye waarin belê word. Die vordering van hierdie beleid

en strategieë word aan die hand van bestepraktykstandaarde

gemonitor. Meer inligting rakende die bestuur van MIV/vigs

by Remgro se bedryfsfiliale word verskaf in die afdeling wat

handel oor “volhoubaarheid by bedryfs filiale” in die volledige

volhoubare ontwikkelingsverslag wat op die maatskappy se

webwerf by www.remgro.com beskikbaar is.

MAATSKAPPYRISIKO

Remgro het ’n formele MIV/vigs-beleid en is verbind tot

daadwerklike stappe om die pandemie, en die besigheids-

risiko’s daaraan verbonde, te bestuur. Die beleid maak onder

andere vir die volgende voorsiening:

• Dat alle wetlike verpligtinge met betrekking tot MIV/vigs

nagekom word

• Dat daar op geen wyse teen werknemers of potensiële

werknemers gediskrimineer word op grond van hul MIV-

status nie

• Dat inligting oor die MIV-status van werknemers streng

vertroulik gehanteer word

• Dat algemene maatreëls ingestel en bestuur word om

toevallige besmetting te voorkom

Die Remedi Mediese Hulpskema, waaraan die meeste Remgro-

personeel behoort, beskik oor ’n bestuursplan vir MIV/vigs

waaraan werknemers volgens hul keuse deelneem.

BELEGGING IN DIE GEMEENSKAPRemgro se korporatiewe maatskaplike bestedingsinisiatiewe en skenkingsprogram dek ’n breë spektrum van die gemeenskap en kan in die volgende kategorieë opgesom word:

• Gemeenskapsontwikkeling

• Kulturele ontwikkeling

• Entrepreneurskap, opleiding en opvoeding

• Omgewing

• Gesondheidsorg

• Sportontwikkeling

Remgro probeer om ’n korporatiewe maatskaplike besteding van 2.5% van sy jaarlikse netto oorskot kontantvloei te handhaaf. In hierdie opsig is daar ’n amptelike donasiekomitee wat gereeld vergader om verdienstelike instansies te oorweeg en skenkings goed te keur. Skenkings aan kwalifiserende instansies word op ’n jaarlikse grondslag vir ’n spesifieke tydperk gemaak en hoewel bydraes oor ’n taamlik breë spektrum strek, is daar twee ooglopende uitsonderings: politieke partye en godsdienstige instellings. Hoewel die maatskappy sy werknemers se reg respekteer om volgens keuse by hierdie instansies betrokke te raak, oefen hyself nie ’n keuse uit nie.

Gedurende die jaar onder oorsig het Remgro se korporatiewe maatskaplike besteding R24 miljoen bedra (2015: R18 miljoen), soos in die onderstaande tabel uiteengesit.

Opsomming van korporatiewe maatskaplike besteding

Jaar30 Junie

2016R miljoen

Jaar30 Junie

2015R miljoen

Gemeenskaps ontwikkeling 6 6Kulturele ontwikkeling 3 2Entrepreneurskap, opleiding

en opvoeding 10 6Omgewing 2 1Gesondheidsorg 2 1Sportontwikkeling 1 2

24 18

Meer inligting rakende Remgro se korporatiewe maat skaplike

besteding kan gevind word in die volledige volhoubare

ontwikkelingsverslag wat op die maatskappy se webwerf by

www.remgro.com beskikbaar is.

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID / VERKORTE VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

Page 83: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

81

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

VERKORTE VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG / BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

VOLHOUBAARHEID VAN BEDRYFSFILIALERemgro se twee vernaamste bedryfsfiliale, naamlik RCL

Foods en Wispeco, word op ’n gedesentraliseerde grond-

slag as onafhanklike entiteite, met outonome direksies, bedryf

en bestuur.

Verwys asseblief na die volledige volhoubare ontwikkelings-

verslag wat op die maatskappy se webwerf by www.remgro.com

beskikbaar is vir verdere inligting rakende die maatskaplike en

omgewingsprestasies van hierdie filiale.

OMGEWINGRemgro erken dat die bedrywighede van sy onderskeie

filiale ’n impak op die omgewing het. Terselfdertyd is hierdie

bedrywighede afhanklik van kritieke omgewingshulpbronne,

soos drinkwater, vrugbare grond en skoon lug. Daar word ook

toegegee dat klimaatsverandering en die agteruitgang van die

omgewing ’n risiko inhou in gebiede waar Remgro bedrywig

is, terwyl ’n groter bewussyn by verbruikers, en ’n verandering

in die vraag na goedere wat ’n lae omgewingsimpak het,

geleenthede bied om nuwe markte te ontgin. Dis hoekom

Remgro voortdurend bedag is op sy impak op die omgewing,

sy reaksie ten opsigte van veranderende omgewingswerk -

likhede en die ontginning van nuwe geleenthede wat uit

verantwoordelike omgewingsbestuur mag voortspruit. ’n Priori-

teit is die fokus by filiale op kwessies wat verband hou met

koolstofuitlatings, energie, water en die bestuur van afvalstowwe.

Ten einde sy impak op die omgewing te bestuur het Remgro

’n omgewingsbestuursbeleid (die beleid) geïmplementeer wat

Remgro Bestuursdienste Beperk (RBD – sy dienstemaatskappy),

RCL Foods en Wispeco insluit. Die Remgro-direksie is in die

finale instansie verantwoordelik vir die implementering van die

beleid, maar het hierdie verantwoordelikheid aan die risiko-

en-IT-bestuurskomitee gedelegeer, wat moet toesien dat die

omgewingsprosedures wat RBD implementeer en handhaaf,

hersien en vir goedkeuring aanbeveel word. Sover dit RCL Foods

en Wispeco betref, is dit die verantwoordelik heid van Remgro

se verteenwoordigers in daardie direksies om die nodige

gerusstelling ten opsigte van die doel treffendheid van die

onderskeie maatskappye se om gewings prosesse te verkry.

Meer inligting rakende Remgro se inisiatiewe om sy impak op

die omgewing te minimaliseer, word in die volledige volhoubare

ontwikkelingsverslag verskaf, wat op die maatskappy se webwerf

by www.remgro.com beskikbaar is.

TERUGVOEROns verwelkom enige terugvoer oor Remgro se volhoubare

ontwikkelingspraktyke, asook oor hierdie verslag. Skakel

asseblief in dié verband:

Die maatskappysekretaris

Mariza Lubbe

Tel: +27 (0)21 888 3311, Faks: +27 (0)86 581 0061

E-pos: [email protected]

Posadres: Posbus 456, Stellenbosch 7599

Page 84: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

82

WWW.REMGRO.COM

VERGOEDINGSVERSLAG

INLEIDINGDie vergoedingsverslag verskaf ’n oorsig en begrip van Remgro

se vergoedingsbeginsels, -beleid en -praktyke, met spesifieke

verwysing na uitvoerende en nie-uitvoerende direkteure en

lede van die bestuursraad. Die inligting wat in hierdie

verslag voorkom, is op aanbeveling van die vergoedings-

en-nominasiekomitee deur die direksie goedgekeur.

VERGOEDINGS-EN-NOMINASIEKOMITEE Die funksie van hierdie direksiekomitee is goed gevestig

binne Remgro se bedryfsomgewing. In wese is die rol van

die komitee om te verseker dat direkteure en bestuur billik

en verantwoordelik vergoed word en dat die openbaar-

making van direkteure se vergoeding akkuraat, volledig en

deursigtig geskied.

Die komitee word bestuur met ’n mandaat wat die aanbevelings

van King III insluit en dien om lede van die komitee te help met

die uitvoering van hul rol en verantwoordelikhede.

Die lede van die komitee vir die jaar onder oorsig was:

• Mnr J P Rupert (voorsitter)

• Mnr P K Harris

• Mnr G T Ferreira

• Mnr F Robertson

Die direksie erken die beginsel in King  III dat die voor sitter

van die direksie nie die voorsitter van die vergoedings-en-

nominasiekomitee behoort te wees nie. Vanweë die noodsaak

om die maatskappy se vergoedingsbenadering in ooreen-

stemming met korporatiewe strategie te bring word hierdie

reëling egter as toepaslik beskou.

Die komitee het twee keer gedurende die jaar vergader en

besonderhede oor die bywoning van die vergaderings word in

die korporatiewe bestuursverslag op bladsy 64 uiteengesit.

Die opdrag van die komitee, soos vervat in die mandaat, sluit

die volgende in:

Ten opsigte van die nominasiefunksie –

• Help die direksie met die proses om geskikte kandidate te

vind om as direkteure aan te stel

• Verseker die daarstelling van ’n formele en deursigtige proses

vir die aanstel van direkteure

• Hou toesig oor die ontwikkeling van ’n formele induksie-

program vir nuwe direkteure

• Verseker dat formele opvolgplanne vir die direksie, hoof-

uitvoerende beampte en ander bestuurs raadslede ontwikkel

en geïmplementeer word

Ten opsigte van die vergoedingsfunksie –

• Hou toesig oor die daarstelling en administrasie van ver-

goeding van alle direkteure, bestuursraadslede en ander

werknemers

• Hou toesig oor die daarstelling van ’n vergoedings beleid

• Gee raad oor die vergoeding van nie-uitvoerende direkteure

• Verseker dat die vergoeding in kontant, aandelegroeiregte

(SARs) en ander vorme voldoen aan Remgro se behoeftes en

strategiese doelwitte

• Hou toesig oor die voorbereiding, en aanbeveling aan die

direksie, van die vergoedingsverslag wat in die geïntegreerde

jaarverslag ingesluit moet word

Die komitee is tevrede dat hy sy verantwoordelikhede vir

die jaar in ooreenstemming met sy mandaat uitgevoer het.

VERGOEDINGSBENADERINGRemgro het ’n vergoedingsbeleid vir direkteure en lede van

die bestuursraad. Die vergoedingsbeleid is in ooreenstemming

met die maatskappy se benadering om direkteure en senior

bestuur billik en mededingend te vergoed volgens hul ver-

moëns, vaardighede, verantwoordelikhede en vlak van prestasie.

Remgro streef daarna om die volgende vergoedingsbeginsels

van die maatskappy te ondersteun:

• Behoud van die dienste van bestaande direkteure en

senior bestuur

• Werwing van potensiële direkteure en senior bestuurders

• Verskaffing van vergoeding wat billik en regverdig is aan

direkteure en senior bestuur

• Versekering dat geen diskriminasie plaasvind nie

• Erkenning en aanmoediging van prestasie wat buitengewoon

is en waarde toevoeg

• Versekering dat vergoedingstrukture in ooreen stemming met

die maatskappy se lang termyn behoeftes is

• Beskerming van die maatskappy se regte deur middel van

standaard indiensnemingskontrakte

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

Page 85: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

83

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

VERGOEDINGSVERSLAG / BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

Daar moet gelet word daarop dat, soos in die verlede,

die direksie nie by die alge mene jaarvergadering op

1 Desember 2016 die aandee lhouers om ’n nie-bindende

goedkeuring van die maatskappy se vergoedingsbeleid

sal vra nie.

UITVOERENDE DIREKTEURE EN LEDE VAN DIE BESTUURSRAADHierdie werknemers word volgens ’n tweevlak-benadering

tot Remgro se vergoedingstrukture vergoed, wat die volgende

behels:

VASTE BETALING

Hierdie element, waarna verwys word as die totale gewaar-

borgde pakket, bestaan uit komponente soos salaris, kontant- of

motortoelae en die maatskappy se bydrae tot aftreebefondsing

en die mediesehulpskema.

As deel van die jaarlikse hersieningsproses deur die vergoe-

dings-en-nominasiekomitee (die komitee) word gewaarborgde

pakkette gemeet aan die boonste kwartiel van die mark vir

vergelykende maatskappye, soos deur onafhanklike opnames

bepaal. Die dienste van ’n onafhanklike ver goedingskonsultant

word vir dié doel gekontrakteer.

Die jaarlikse oorsig word gegrond op die bestuurder se

verantwoordelikheidsvlak, sy/haar algehele prestasie en

die bereiking van spesifieke ooreengekome doelwitte. Die

hoofuitvoerende beampte, wat alle komiteevergaderings op

uitnodiging bywoon, kan tydens sulke oorsigvergaderings

verhogings in gewaar borgde pakkette voorstel, met uitsluiting

van sy eie.

Gedurende die jaar onder oorsig het die uitvoerende direkteure

en lede van die bestuursraad ’n gemiddelde salarisverhoging

van 7.3% (2015: 11.7%) ontvang, vergeleke met die gemiddelde

salarisverhoging van 7.0% (2015: 7.1%) wat aan gewone personeel

betaal is. Die hoofrede vir die hoër gemiddelde verhoging wat

gedurende die vorige jaar aan uitvoerende direkteure en lede van

die bestuursraad toegeken is, het betrekking op die eenmalige

verandering in die gewaarborgde pakket van mnr Jannie Durand

om sy pakket na ’n meer markverwante vlak aan te pas.

VERANDERLIKE BETALING

Dit is belangrik om daarop te let dat, vanweë die aard van

die maatskappy se bedrywighede as ’n beleggings-

houermaatskappy en om die belange van bestuur in

ooreenstemming met dié van aandeelhouers te bring, geen

korttermyn-aansporings aan bestuur betaal word nie.

Remgro het tans ’n langtermyn-aansporingsplan, naamlik die

Remgro Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema (die SAR-

skema). Die SAR-skema is ’n ekwiteitsvereffende skema wat ten

doel het om die dienste van uitvoerende amptenare te behou

deur aan hulle ’n aansporing, gegrond op die langtermyngroei

in die markkapitalisasie van die maatskappy, te bied. Hierdie

benadering verseker dat persoonlike welvaartskepping in

ooreenstemming met korporatiewe strategie is. Alle heeltydse

werknemers van die maatskappy neem aan die SAR-skema deel.

Deelnemers aan die SAR-skema word vergoed met Remgro-

aandele ter waarde van die groei van hulle regte op ’n spesifieke

aantal Remgro gewone aandele en dit moet uitgeoefen word

binne sewe jaar na die toekenningsdatum. Die vroegste inter-

valle waarbinne die aandelegroeiregte (SARs) uitgeoefen kan

word, is soos volg:

• Een-derde na drie jaar na die toekenningsdatum

• ’n Addisionele derde vier jaar na die toekenningsdatum

• Die oorblywende gedeelte na vyf jaar na die toe kennings-

datum

Geen spesifieke prestasiekriteria is vasgestel nie. Toekennings

ingevolge die SAR-skema word van tyd tot tyd deur die komitee

aan bestuur gemaak en sulke toekennings word gewoonlik op

’n veelvoud van die gewaarborgde pakket gegrond.

Geen toekenning sal aan ’n enkele deelnemer gemaak word

nie indien, ten tye van of as gevolg van sodanige toeken-

ning, die totale aantal Remgro gewone aandele ten opsigte

waarvan enige onuitgeoefende SARs deur die deelnemer

uitgeoefen mag word, 2 197 399 Remgro gewone aandele

sal oorskry.

Net so sal geen toekenning gemaak word nie indien, ten tye

van sodanige toekenning of as gevolg daarvan, die totale

aantal Remgro gewone aandele ten opsigte waarvan enige

onuitgeoefende SARs uitgeoefen mag word, 21 000 000

Remgro gewone aandele sal oorskry.

Vir besonderhede van die huidige status van toe kennings wat

ingevolge die SAR-skema aan uitvoerende direkteure en lede

van die bestuursraad gemaak is, verwys na bladsy 87 tot 89.

Indien dit aanvaar word dat al die deelnemers aan die SAR-skema

al hul opsies, wat op 1 Julie 2016 aan hul aangebied is, uitoefen,

sal Remgro 1.1 miljoen aandele moet lewer om sy verpligtinge

te vereffen. Hierdie berekening is gebaseer op Remgro se

sluitingsprys op 30 Junie 2016 van R254.66. ’n 10%-toename of

-afname in die Remgro-aandeelprys sal vereis dat die aantal

aandele wat gelewer moet word, onderskeidelik 1.2  miljoen

aandele en 0.9 miljoen aandele sal wees.

Page 86: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

84

WWW.REMGRO.COM

Die onderskeie komponente van die vergoeding betaalbaar, soos hierbo beskryf, word in die onderstaande tabel opgesom.

Element Doel

Prestasietydperk

en metings Werking en lewering

Totale gewaarborgde pakket

Weerspieël markwaarde van rol en individuele prestasie

Hersien jaarliks op grond van prestasie en markopnames

Meet aan die boonste kwartiel van die mark vir vergelykbare maatskappye

Langtermyn-veranderlike In ooreenstemming met aandeelhouersbelange

Jaarliks met ’n 3 – 5-jaar vestigingstydperk

Soos bepaal deur die komitee

Op 30 Junie 2016 het Remgro genoeg tesourie-aandele gehou om sy verpligting te delg om aandele aan die deelnemers van die SAR-skema te lewer.

INDIENSNEMINGSKONTRAKTE

Uitvoerende direkteure en lede van die bestuursraad het nie vastetermyn-kontrakte nie, maar word ingevolge die maatskappy se standaard indiensnemingskontrak in diens geneem. Die kennistydperk vir diensbeëindiging is een kalendermaand en die normale aftreeouderdom is 63. Uitvoerende direkteure en lede van die bestuursraad het ook nie buitengewone voordele wat geassosieer word met hul diensbeëindiging nie.

NIE-UITVOERENDE DIREKTEURE SE VERGOEDING

ONAFHANKLIKE NIE-UITVOERENDE DIREKTEURE

Onafhanklike nie-uitvoerende direkteure het nie werknemer-kontrakte nie en ontvang nie enige voordele wat verband hou met permanente indiensneming nie. Hulle neem ook nie deel aan die maatskappy se langtermyn-aansporingsplan nie.

Die raad, op aanbeveling van die vergoedings-en-nominasie-komitee, het besluit dat onafhanklike nie-uitvoerende direkteure nie vergoed moet word deur ’n basisfooi en ’n bywoningsfooi ten opsigte van hul direksie- en komiteeverpligtinge nie. Die fooi betaalbaar aan nie-uitvoerende direkteure sal dus, soos in die verlede, ’n vaste jaarlikse fooi wees. Die fooistruktuur word

jaarliks op 1 Julie hersien, onderhewig aan voorafgoedkeuring

deur aandeelhouers op die maatskappy se algemene jaar-

vergadering. Die fooie is markverwant en neem die aard van

Remgro se bedrywighede in aanmerking. Remgro betaal ook vir

alle reis- en verblyfuitgawes wat op billike en behoorlike wyse

aan gegaan word om vergaderings by te woon.

Die jaarlikse fooie betaalbaar aan onafhanklike nie-uitvoerende

direkteure vir die tydperk wat op 1 Julie 2015 begin het, is op

23 November 2015 deur aandeelhouers goedgekeur.

NIE-ONAFHANKLIKE NIE-UITVOERENDE DIREKTEURE

Mnr J P Rupert, dr E de la H Hertzog en mnr J Malherbe word as

nie-onafhanklike nie-uitvoerende direkteure beskou.

Mnr Rupert ontvang geen vergoeding vanaf Remgro nie, terwyl

dr Hertzog en mnr Malherbe ook die goedgekeurende jaarlikse

direkteurs- en komiteefooie, wat betaal word aan onafhanklike

nie-uitvoerende direkteure, ontvang.

Soos in die geval van onafhanklike, nie-uitvoerende direkteure,

neem hierdie direkteure nie aan die maatskappy se langtermyn-

aansporingsplan deel nie. Daar moet egter gelet word daarop

dat na die ver kryging van VenFin Beperk in November 2009,

Remgro SARs aan mnr J Malherbe toe geken is om hom vir die

kansel lering van die VenFin-aandelegroeiregskema te vergoed.

Mnr Malherbe kwalifiseer nie vir enige verdere toekenning

van SARs nie.

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID / VERGOEDINGSVERSLAG

Page 87: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

85

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

VERGOEDINGSVERSLAG / BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

Besonderhede van die fooistruktuur betaalbaar aan nie-uitvoerende direkteure vir die jare geëindig 30 Junie 2016 en 30 Junie 2015

word in die onderstaande tabel verskaf.

Tipe fooi (R)

Fooi vir diejaar geëindig

30 Junie 2016

Fooi vir diejaar geëindig

30 Junie 2015

Raadslid 300 000 245 000Voorsitter van die oudit-en-risikokomitee 200 000 165 000Lid van die oudit-en-risikokomitee 100 000 83 000Lid van die vergoedings-en-nominasiekomitee 50 000 41 000Voorsitter van die maatskaplike-en-etiesekomitee 50 000 41 000

Die voorgestelde fooistruktuur, betaalbaar aan nie-uitvoerende direkteure vir die jaar eindigende 30 Junie 2017, word in die

onderstaande tabel verskaf.

Tipe fooi (R)

Voorgestelde fooi virdie jaar eindigende

30 Junie 2017

Raadslid 321 000Voorsitter van die oudit-en-risikokomitee 214 000Lid van die oudit-en-risikokomitee 107 000Lid van die vergoedings-en-nominasiekomitee 53 500Voorsitter van die maatskaplike-en-etiesekomitee 53 500

Besonderhede van die vergoeding betaal aan uit voerende

direkteure en die fooie betaal aan nie-uitvoerende direkteure

vir die jaar onder oorsig, word op die volgende bladsy

uiteengesit. Die huidige status van alle aanbiedinge wat aan

bogenoemde groepe ingevolge die SAR-skema gemaak is, word

ook aangebied.

Die inligting van mnre P R Louw en P J Uys, sowel as van

mnr N J Williams tot sy aanstelling as hoof finansiële beampte,

wat lede is van die bestuursraad en ook voorgeskrewe beamptes

ingevolge die Maatskappy wet, word afsonderlik aangebied.

Page 88: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

86

WWW.REMGRO.COM

DIREKTEURSVERGOEDING(Die inligting op bladsy 86 tot 89 is geouditeer)

Vaste betaling

30 Junie 2016 30 Junie 2015Aftree- Ander Aftree- Ander

R’000 Fooie Salarisse fonds voordele(7) Totaal Fooie Salarisse fonds voordele(7) Totaal

UitvoerendW E Bührmann 300 2 800 615 297 4 012 245 2 649 574 280 3 748L Crouse(1) 225 5 540 1 035 236 7 036 245 6 254 1 289 297 8 085J J Durand 300 9 815 2 006 322 12 443 245 9 204 1 874 302 11 625N J Williams(2) 75 650 173 80 978 – – – – –Subtotaal 900 18 805 3 829 935 24 469 735 18 107 3 737 879 23 458

Nie-uitvoerend (onafhanklik)G T Ferreira 350 – – – 350 286 – – – 286P K Harris 350 – – – 350 286 – – – 286N P Mageza(3) 400 – – – 400 328 – – – 328P J Moleketi 400 – – – 400 328 – – – 328M Morobe 300 – – – 300 245 – – – 245F Robertson 450 – – – 450 369 – – – 369S E N De Bruyn Sebotsa(4) 350 – – – 350 61 – – – 61H Wessels(5) 684 – – – 684 556 – – – 556Subtotaal 3 284 – – – 3 284 2 459 – – – 2 459

Nie-uitvoerend (nie-onafhanklik)E de la H Hertzog 300 – – – 300 245 – – – 245J Malherbe 300 – – – 300 245 – – – 245J P Rupert(6) – – – – – – – – – –Subtotaal 600 – – – 600 490 – – – 490Totaal 4 784 18 805 3 829 935 28 353 3 684 18 107 3 737 879 26 407

(1) Mnr L Crouse het met ingang van 31 Maart 2016 as hoof fi nansiële beampte uitgetree.(2) Mnr N J Williams is met ingang van 1 April 2016 as hoof fi nansiële beampte aangestel.(3) Gedurende die jaar onder oorsig het mnr N P Mageza ook R502 000 (2015: R455 000) as direkteursfooie vanaf RCL Foods Beperk, ’n fi liaal maatskappy

van Remgro Beperk, ontvang.(4) Me S E N De Bruyn Sebotsa is met ingang van 16 Maart 2015 as onafhanklike nie-uitvoerende direkteur aangestel.(5) Bykomend tot sy direkteursfooi en vergoeding as voorsitter van die oudit-en-risikokomitee en voorsitter van die maatskaplike-en-etiesekomitee is

’n bedrag van R134 400 (2015: R105 000) in die jaar onder oorsig aan mnr H Wessels betaal vir sy bywoning van die vergaderings van die subkomitees van die oudit-en-risikokomitee.

(6) Mnr J P Rupert ontvang geen vergoeding nie.(7) Voordele sluit mediesefondsbydraes en motorvoordele in.

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID / VERGOEDINGSVERSLAG

Page 89: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

87

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

VERGOEDINGSVERSLAG / BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

Remgro Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema– Aandelegroeiregte (SARs)

Balans Billike Balansvan SARs waarde van SARs

aanvaar SARs van SARs SARs Aandeel- aanvaar op aanvaar op aanbod- oorgedra Aanbod- Aantal Datum prys op Waarde- op

30 Junie gedurende datum gedurende prys SARs van SARs datum van toename(4) 30 Junie

Deelnemer 2015 die jaar(1) (R’000) die jaar(3) (Rand) uitgeoefen uitgeoefen uitoefening (R’000) 2016

UitvoerendW E Bührmann 23 548 97.55 23 548

98 817 147.25 98 81725 485 191.70 25 485

8 958 253.53 8 95826 470 2 142 272.00 26 470

L Crouse(2) 51 865 97.55 (51 865) 22/03/2016 259.66 8 408 –94 652 147.25 (94 652) 22/03/2016 259.66 10 640 –

189 300 147.25 (189 300) 04/04/2016 250.94 19 629 –79 144 191.70 (79 144) 04/04/2016 250.94 4 688 –23 587 253.53 23 587

J J Durand 157 262 97.55 157 262271 258 147.25 271 258

93 128 191.70 93 128108 468 253.53 108 468

192 676 15 591 272.00 192 676N J Williams(3) 18 076 78.30 18 076

19 768 97.55 19 76881 901 147.25 81 90122 221 191.70 22 22116 430 253.53 16 43027 492 272.00 27 492

Subtotaal 1 225 472 219 146 17 733 185 888 (414 961) 43 365 1 215 545

Nie-uitvoerendJ Malherbe 50 506 78.30 50 506

6 949 75.38 (6 949) 03/11/2015 279.00 1 415 –Subtotaal 57 455 – – – (6 949) 1 415 50 506Totaal 1 282 927 219 146 17 733 185 888 (421 910) 44 780 1 266 051

(1) SARs is aangebied op 24 November 2015.(2) Mnr L Crouse het met ingang van 31 Maart 2016 as hoof fi nansiële beampte uitgetree. Ingevolge die reëls van die SAR-skema kan deelnemers wat aftree al

die SARs wat aan hulle toegeken is uitoefen op enige tydstip binne 12 maande na die datum van aftrede, of voor die vervaldatum van die SAR-tydperk (sewe jaar na die toekenningsdatum) wat ook al die vroegste is.

(3) Mnr N J Williams is met ingang van 1 April 2016 as hoof fi nansiële beampte aangestel. SARs oorgedra verwys na die balans van SARs toegeken en deur hom aanvaar voor 1 April 2016.

(4) Dit verwys na die toename in die waarde van SAR-skema-aandele van die aangeduide deelnemers sedert die datum van aanbod tot en met betaling en lewering daarvan.

Page 90: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

88

WWW.REMGRO.COM

Remgro Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema– Aandelegroeiregte (SARs)

Balans Billike Balans

van SARs waarde van SARs

aanvaar SARs van SARs Aandeel- aanvaar

op aanvaar op aanbod- Aanbod- Aantal Datum prys op Waarde- op

30 Junie gedurende datum prys SARs van SARs datum van toename(3) 30 Junie

Deelnemer 2014 die jaar(1) (R’000) (Rand) uitgeoefen uitgeoefen uitoefening (R’000) 2015

UitvoerendW E Bührmann 124 771 65.50 (124 771) 13/10/2014 225.04 19 906 –

23 548 97.55 23 54898 817 147.25 98 81725 485 191.70 25 485

8 958 615 253.53 8 958L Crouse 418 108 65.50 (418 108) 07/10/2014 238.60 72 374 –

51 865 97.55 51 865283 952 147.25 283 952

79 144 191.70 79 14423 587 1 618 253.53 23 587

J J Durand 108 236 78.30 (108 236) 03/11/2014 252.98 18 907 –7 572 75.38 (7 572) 03/11/2014 252.98 1 345 –

235 895 97.55 (78 633) 03/11/2014 252.98 12 222 157 262271 258 147.25 271 258

93 128 191.70 93 128108 468 7 442 253.53 108 468

J W Dreyer(2) 90 090 65.50 (90 090) 01/07/2014 230.00 14 820 –Subtotaal 1 911 869 141 013 9 675 (827 410) 139 574 1 225 472

Nie-uitvoerendJ Malherbe 50 506 78.30 50 506

6 949 75.38 6 949Subtotaal 57 455 – – – – 57 455Totaal 1 969 324 141 013 9 675 (827 410) 139 574 1 282 927

(1) SARs is aangebied op 26 November 2014.(2) Mnr J W Dreyer het met ingang van 31 Desember 2013 as uitvoerende direkteur uitgetree. Ingevolge die reëls van die SAR-skema kan deelnemers wat aftree

al die SARs wat aan hulle toegeken is uitoefen op enige tydstip binne 12 maande na die datum van aftrede, of voor die vervaldatum van die SAR-tydperk (sewe jaar na die toekenningsdatum) wat ook al die vroegste is.

(3) Dit verwys na die toename in die waarde van SAR-skema-aandele van die aangeduide deelnemers sedert die datum van aanbod tot en met betaling en lewering daarvan.

VOORGESKREWE BEAMPTES

Vaste betaling

R’000

30 Junie 2016 30 Junie 2015

SalarisseAftree-

fondsAnder

voordele (1) Totaal SalarisseAftree-

fondsAnder

voordele (1) Totaal

P R Louw(2) 455 111 80 646 – – – –P J Uys 4 694 931 319 5 944 4 383 869 299 5 551N J Williams(3) 1 997 385 239 2 621 2 345 465 299 3 109Totaal 7 146 1 427 638 9 211 6 728 1 334 598 8 660

(1) Voordele sluit mediesefondsbydraes en motorvoordele in.(2) Mnr P R Louw is op 1 April 2016 aangestel.(3) Mnr N J Williams is met ingang van 1 April 2016 as hoof fi nansiële beampte aangestel.(4) Beide mnre P R Louw en P J Uys is lede van die bestuursraad en maatskaplike-en-etiesekomitee.

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID / VERGOEDINGSVERSLAG

Page 91: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

89

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

VERGOEDINGSVERSLAG / BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

Veranderlike betaling – langtermyn aansporingsplan

Remgro Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema– Aandelegroeiregte (SARs)

Balans Billike Balans

van SARs waarde van SARs

aanvaar SARs van SARs SARs Aandeel- aanvaar

op aanvaar op aanbod- oorgedra Aanbod- Aantal Datum prys op Waarde- op

30 Junie gedurende datum gedurende prys SARs van SARs datum van toename (3) 30 Junie

Deelnemer 2015 die jaar(1) (R’000) die jaar(2) (Rand) uitgeoefen uitgeoefen uitoefening (R’000) 2016

P R Louw(2) 27 432 97.55 27 43222 646 147.25 22 64612 944 191.70 12 9445 952 253.53 5 9529 497 272.00 9 497

P J Uys 218 400 183.15 218 4003 325 191.70 3 325

14 774 253.53 14 77411 533 933 272.00 11 533

N J Williams(2) 18 076 (18 076) 78.30 –25 768 (19 768) 97.55 (6 000) 26/10/2015 278.58 1 086 –81 901 (81 901) 147.25 –22 221 (22 221) 191.70 –16 430 (16 430) 253.53 –

27 492 2 225 (27 492) 272.00 –Totaal 400 895 39 025 3 158 (107 417) (6 000) 1 086 326 503

(1) SARs is aangebied op 24 November 2015.(2) Met ingang van 1 April 2016 is mnr N J Williams as hoof finansiële beampte en mnr P R Louw as lid van die bestuursraad aangestel. SARs oorgedra verwys

na die balans van SARs toegeken en deur hulle aanvaar voor 1 April 2016.(3) Dit verwys na die toename in die waarde van SAR-skema-aandele van die aangeduide deelnemers sedert die datum van aanbod tot en met die datum van

betaling en lewering daarvan.

Balans Billike Balans

van SARs waarde van SARs

aanvaar SARs van SARs Aandeel- aanvaar

op aanvaar op aanbod- Aanbod- Aantal Datum prys op Waarde- op

30 Junie gedurende datum prys SARs van SARs datum van toename(2) 30 Junie

Deelnemer 2014 die jaar(1) (R’000) (Rand) uitgeoefen uitgeoefen uitoefening (R’000) 2015

P J Uys 218 400 183.15 218 4003 325 191.70 3 325

14 774 1 014 253.53 14 774N J Williams 18 076 78.30 18 076

38 652 97.55 (12 884) 06/11/2014 255.75 2 038 25 76881 901 147.25 81 90122 221 191.70 22 221

16 430 1 127 253.53 16 430Totaal 382 575 31 204 2 141 (12 884) 2 038 400 895

(1) SARs is aangebied op 26 November 2014.(2) Dit verwys na die toename in die waarde van SAR-skema-aandele van die aangeduide deelnemers sedert die datum van aanbod tot en met die datum van

betaling en lewering daarvan.

Page 92: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

2016 VERKORTE

FINANSIËLE STATE

Page 93: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

FINANSIËLE VERSLAG

VERSLAG VAN DIE OUDIT-EN-RISIKOKOMITEE 94

VERSLAG VAN DIE RAAD VAN DIREKTEURE 96

VERSLAG VAN DIE ONAFHANKLIKE OUDITEUR 101

STAAT VAN FINANSIËLE STAND 102

INKOMSTESTAAT 103

STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE 103

STAAT VAN VERANDERINGE IN EKWITEIT 104

STAAT VAN KONTANTVLOEI 104

AANTEKENINGE BY DIE FINANSIËLE JAARSTATE 105

BYLAAG A Belangrikste filiaalmaatskappye

110

BYLAAG B Belangrikste beleggings

111

AANDEELHOUERSINLIGTING 112

KENNISGEWING AAN AANDEELHOUERS 115

VERDUIDELIKENDE NOTAS BY DIE KENNISGEWING AAN AANDEELHOUERS

121

AKSIE VAN AANDEELHOUERS VEREIS

VOLMAGVORM AANGEHEG

INHOUD

Page 94: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

94

WWW.REMGRO.COM

FINANSIËLE VERSLAG

VERSLAG VAN DIE OUDIT-EN-RISIKOKOMITEE

Hierdie verslag deur die oudit-en-risikokomitee (die komitee),

soos aangestel deur die aandeelhouers ten opsigte van

die jaar onder oorsig, is voorberei in ooreenstemming met

die aanbevelings van King  III en die vereistes van die

Maatskappywet (Nr. 71 van 2008), soos gewysig (Maatskappy-

wet), en beskryf hoe die komitee sy statutêre verpligtinge

ingevolge die Maatskappywet, asook die bykomende funksies

deur die direksie daaraan toegeken ten opsigte van die

finansiële jaar geëindig 30 Junie 2016, nagekom het.

KOMITEELEDE EN BYWONING VAN VERGADERINGSDie komitee bestaan uit vyf onafhanklike nie-uitvoeren de

direkteure (soos uiteengesit in die onder staande tabel) onder

die voorsitterskap van mnr Herman Wessels, ’n geoktrooieerde

rekenmeester. Alle komiteelede beskik oor die nodige vaardig-

hede en ondervinding. Ingevolge die komitee se mandaat moet

minstens vier vergaderings per jaar gehou word.

SAMESTELLING VAN DIE KOMITEE

Komiteelid*

Aantal vergaderings

gehou

Aantalvergaderings

bygewoon

H Wessels (voorsitter) 4 4S E N De Bruyn Sebotsa** 4 3N P Mageza 4 4P J Moleketi 4 4F Robertson 4 4

* Verkorte curriculum vitae van alle direkteure van die maatskappy word op bladsy 14 en 15 van die geïntegreerde jaarverslag verskaf.

** Me S E N De Bruyn Sebotsa is met effek vanaf 23 November 2015 aangestel as ’n lid van die oudit-en-risikokomitee en het sedertdien al die vergaderings bygewoon.

Die hoofuitvoerende beampte, hoof finansiële beampte,

hoof van interne oudit en verteenwoordigers van die eksterne

ouditeure woon komiteevergaderings op uitnodiging by.

Komitee-agendas maak voorsiening vir vertroulike vergaderings

tussen komiteelede en die interne en eksterne ouditeure,

asook bestuur.

ROL EN VERANTWOORDELIKHEDEDie komitee se rol en verantwoordelikhede sluit sy statutêre verpligtinge ingevolge die Maatskappywet in, sowel as die verantwoordelikhede deur die direksie daaraan toegeken.

Die komitee is tevrede dat hy alle verpligtinge in die finansiële jaar onder oorsig nagekom het, soos in meer besonderhede hieronder aangedui word.

Wispeco is Remgro se vernaamste vol bedryfsfiliaal. Wispeco se oudit-en-risikokomitee funksioneer as ’n subkomitee van die komitee en rapporteer deur die notules van vergaderings wat gehou is by elke vergadering in die agenda van hierdie

komitee in te sluit. Die komitee het homself ook vergewis dat daar doeltreffende ouditkomitees is wat binne die maatskappy se nie-volfiliale, geassosieerdes en gesamentlike ondernemings funksioneer, waarvan die notules van vergaderings ook in die komitee se agenda opgeneem word.

Meer inligting oor die werking van die komitee en die sake wat in hierdie verslag hanteer word, is beskik baar in die korporatiewe bestuursverslag en die risikobestuursverslag.

STATUTÊRE PLIGTE

In die uitvoering van sy pligte het die komitee die volgende statutêre verpligtinge nagekom:

• Benoem PricewaterhouseCoopers Geïnk. en mnr Hein Döman, wat na die mening van die komitee onafhanklik van die maatskappy is, om deur die aandeelhouers aan gestel te word as eksterne ouditeur vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2016

• Bepaal die fooie betaalbaar aan die eksterne ouditeur en die aanstellingsvoorwaardes

• Verseker dat die aanstelling van die eksterne ouditeur voldoen aan die vereistes van die Maatskappywet en enige ander wetgewing wat met die aanstelling van ouditeure verband hou

• Bepaal die aard en omvang van enige nie-oudit dienste wat die eksterne ouditeur aan die maatskappy en sy volfiliale, geadministreer deur Remgro Bestuursdienste Beperk (RBD), asook aan Wispeco, mag verskaf

• Voorafgoedkeuring vir enige voorgestelde oor een koms met die eksterne ouditeur vir die verskaffing van nie-ouditdienste aan die maatskappy en sy volfiliale, geadministreer deur RBD, sowel as aan Wispeco.

EKSTERNE OUDIT

Die komitee is tevrede dat die maatskappy se eksterne ouditeur, PricewaterhouseCoopers Geïnk., onafhanklik van die maatskappy is en dus geskik is om sy oudit funksies sonder beïnvloeding te verrig.

’n Formele beleid bestuur die proses waarvolgens die eksterne ouditeur van die maatskappy vir nie-ouditdienste oorweeg word. Ingevolge die beleid is die komitee verantwoordelik om die aard en omvang te bepaal van enige nie-ouditdienste wat die eksterne ouditeur mag ver skaf, asook vir voorafgoedkeuring van enige voorgestelde kontrak met die eksterne ouditeur vir die verskaffing van nie-ouditdienste.

INTERNE FINANSIËLE BEHEER EN REKENINGKUNDIGE STELSELS

Die komitee is verantwoordelik vir die beoordeling van die in-terne finansiële beheer- en rekeningkundige stelsels van die maatskappy en sy volfiliale. In hierdie verband het die komitee verslae oor die doeltreffendheid van die interne finansiële

AAN DIE AANDEELHOUERS VAN REMGRO BEPERK

Page 95: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

95

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

beheerstelsels wat deur die interne ouditfunksie opgestel is, beoordeel, inligting oorweeg wat deur bestuur verskaf is en samesprekings met die eksterne ouditeur gevoer oor die resultate van die oudit. Die komitee is van mening dat die interne finansiële beheerstelsels effektief is en die grondslag vir die voorbereiding van betroubare finansiële state vorm. Ter ondersteuning van die voorafgaande het die komitee ook verslae van die interne ouditfunksie ontvang rakende die doeltreffendheid van die gesamentlike gerusstellingsproses en bedrogvoor koming, asook die maatreëls wat daarvoor in plek is.

Die lede van Remgro se bestuur wat in die direksies dien van maatskappye waarin belê is (RCL Foods en geassosieerdes en gesamentlike ondernemings), is verantwoordelik vir die uitoefening van die maatskappy se beduidende invloed om te verseker dat effektiewe interne beheermaatreëls

geïmplementeer en daaraan voldoen word.

KUNDIGHEID EN ONDERVINDING VAN DIE HOOF FINANSIËLE BEAMPTE EN DIE FINANSIËLE FUNKSIE

Die komitee het die kundigheid en ondervinding van die hoof

finansiële beampte, mnr Neville Williams, oorweeg en dit

toepaslik en bevredigend gevind. Laasgenoemde se curriculum

vitae verskyn op bladsy 15 van die geïntegreerde jaarverslag.

Daarbenewens het die komitee die toepaslike onder vinding

en die geskiktheid van die hulpbronne van die maatskappy

se finansiële funksie, en die ervaring van senior bestuurslede

verantwoordelik vir die finansiële funksie, beoordeel en dit

bevredigend gevind.

FINANSIËLE STATE EN LOPENDE SAAK

Die komitee het die alleenstaande en gekonsolideerde finansiële

state van die maatskappy nagegaan en is tevrede  dat dit aan

Internasionale Finansiële Rapportering standaarde en die

Maatskappywet voldoen en dat die rekeningkundige beleid wat

gebruik word, toepaslik is.

Die komitee het ook ’n gedokumenteerde evaluasie van bestuur

oor die lopendesaak-status van die maatskappy oorweeg voordat

’n aanbeveling aan die direksie gemaak is dat die maatskappy in

die afsienbare toekoms ’n lopende saak sal wees.

RISIKOBESTUUR

Die komitee het die oorsig van die risikobestuursfunksie aan

die risiko-en-IT-bestuurskomitee oorgedra, wat ’n subkomitee

van die komitee is. Die mandaat van hier die komitee sluit in:

die handhawing van die risikobestuursbeleid en -plan, die

daarstelling van ’n bedryfsrisikoregister, inligtingsrisikobestuur,

wetlike nakoming en bedryfsgesondheid en -veiligheid. Die hoof

finansiële beampte is die voorsitter van die risiko-en-IT-bestuurs-

komitee en die ander vyftien lede is almal senior bestuurders van die maatskappy. Die voorsitter van die komitee woon die vergaderings van die risiko-en-IT-bestuurskomitee as ’n ex officio-lid by om te verseker dat hierdie komitee doeltreffend funksioneer en toepaslike risiko-inligting met die komitee deel.

INTERNE OUDIT

Die maatskappy se interne ouditafdeling is ’n effektiewe, onaf-hanklike beoordelingsfunksie en vorm ’n integrale deel van die ondernemingwye risikobestuurstelsel, wat versekering oor die doeltreffendheid van die maatskappy se interne beheer-stelsel verskaf. Die interne ouditafdeling van die maatskappy bestaan uit bekwame en ervare personeel wat diens verskaf aan al Remgro se volfiliale, geadministreer deur RBD, sowel as aan Wispeco. Daarby verrig die interne ouditafdeling ook onaf-hanklike interne ouditfunksies vir ander maatskappye waarin belê word, soos Dark Fibre Africa, Mediclinic, RMB Holdings, RMI Holdings, SEACOM en Business Partners.

In die jaar onder oorsig, het die komitee die interne oudithandves oorweeg en vir goedkeuring deur die direksie aanbeveel. Die komitee het ook die interne oudit-kwaliteitsgerusstellingsplan beoordeel, asook die nakoming van die interne ouditfunksie. Meer besonderhede oor die groep se interne oudit funksies verskyn in die risikobestuursverslag.

NAKOMING

Die komitee is verantwoordelik vir die nagaan van enige belangrike skending van relevante wetlike en regulerende vereistes. Die komitee is tevrede dat daar geen wesentlike nie-nakoming van wette en regulasies was nie.

Die komitee is ook tevrede dat dit in die jaar onder oorsig alle wetlike, regulerende en ander verantwoordelikhede nagekom het.

AANBEVELING AAN DIE DIREKSIE

Die komitee het die geïntegreerde jaarverslag, insluitende die omvattende finansiële jaarstate en volhoubare ont-wikkelingsverslag wat op die maatskappy se webwerf by www.remgro.com beskikbaar is, hersien en oorweeg en het dit aanbeveel vir goedkeuring deur die direksie.

Herman WesselsVoorsitter van die oudit-en-risikokomitee

Stellenbosch20 September 2016

VERSLAG VAN DIE OUDIT-EN-RISIKOKOMITEE / FINANSIËLE VERSLAG

Page 96: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

96

WWW.REMGRO.COM

FINANSIËLE VERSLAG

VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 JUNIE 2016VERSLAG VAN DIE RAAD VAN DIREKTEURE

Geagte Aandeelhouer

Die raad doen met genoeë verslag oor die bedrywighede en finansiële resultate vir die jaar onder oorsig.

AARD VAN BEDRYWIGHEDEDie maatskappy is ’n beleggingshouermaatskappy. Kontant-inkomste bestaan hoofsaaklik uit dividende en rente. Die gekonsolideerde finansiële jaarstate van die maatskappy en sy filiale inkorporeer ook die geëkwiteerde toeskryfbare inkomste van geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings.

Die groep se belange bestaan hoofsaaklik uit beleggings in voedsel, drank en huishoudelike sorg; bankwese; gesondheid-sorg; versekering; nywerheid; infrastruktuur asook media en sport.

RESULTATE

Jaar geëindig

30 Junie

2016

30 Junie

2015

Wesensverdienste (R miljoen) 5 887 7 996– per aandeel (sent) 1 143.9 1 555.0– verwater (sent) 1 139.2 1 541.8

Wesensverdienste, uitgesluit eenmalige koste en opsie hermeting (R miljoen) 7 405 7 996

– per aandeel (sent) 1 438.9 1 555.0– verwater (sent) 1 434.1 1 541.8

Verdienste – netto wins vir die jaar (R miljoen) 5 386 8 715

– per aandeel (sent) 1 046.6 1 694.9– verwater (sent) 1 042.5 1 680.9

Dividende (R miljoen) 2 376 2 211– gewoon – per aandeel (sent) 460.00 428.00

’n Finale dividend van 275 sent (2015: 259 sent) per aandeel is verklaar na jaareinde en is gevolglik nie in die fi nansiële jaarstate voorsien nie. Die fi nale dividend is onderhewig aan dividendbelasting.

BELEGGINGSAKTIWITEITE

Die belangrikste beleggingsaktiwiteite gedurende die jaar onder oorsig was soos volg:

MEDICLINIC INTERNATIONAL BEPERK (MEDICLINIC)

FASILITERING VAN MEDICLINIC SE VERKRYGING VAN SPIRE

In Junie 2015 het Remgro ’n ooreenkoms aangegaan met fondse wat deur Cinven bestuur word om 119 923 335 Spire Healthcare Group plc (Spire)-aandele (gelykstaande aan ’n belang van 29.9% in Spire) te bekom teen ’n prys van £3.60 per aandeel vir ’n totale koopsom van £431.7 miljoen (transaksiekoste uitgesluit). Die transaksie is vroeg in Julie 2015 afgehandel en Remgro het dit deur ’n kombinasie van eie kontant, asook eksterne finansiering, befonds.

Hiermee saam het Remgro en Mediclinic ’n ooreenkoms aangegaan waarvolgens laasgenoemde Remgro se belang in Spire sou bekom onderhewig daaraan dat Mediclinic die nodige fondse vind om sodanige transaksie te voltrek. In Augustus 2015 het Mediclinic R10.0 miljard gewerf deur ’n regte-uitgifte, ingevolge waarvan 111 111 111 nuwe Mediclinic-aandele teen ’n prys van R90.00 per aandeel uitgereik is. Deur sy regte te volg en die balans van die regte-uitgifte te onderskryf, het Remgro op ’n bykomende 51 342 886 Mediclinic-aandele ten bedrae van R4.6 miljard ingeskryf. Na die suksesvolle afhandeling van die regte-uitgifte het Mediclinic in Augustus 2015 Remgro se belang in Spire vir ’n bedrag van R8.6 miljard, gelykstaande aan die aankoopprys, transaksie- en finansieringskoste, verkry. Remgro het dus net die verkryging van Spire deur Mediclinic gefasiliteer.

Ten einde aan bogenoemde regte-uitgifte deel te neem, het Remgro oorbruggingsfinansiering ten bedrae van R3.5 miljard bekom. Op 13 Januarie 2016 het Remgro, (deur sy volfiliaal, Remgro Healthcare Holdings Eiendoms Beperk (Remgro Healthcare)), die oorbruggingsfinansiering herfinansier deur die uitreiking van vastekoers-kumulatiewe aflosbare voorkeuraandele. Hierdie voorkeuraandele het ’n termyn van vier jaar, met ’n vaste dividendkoers van 7.7%, halfjaarliks betaalbaar.

Na bogenoemde transaksies was Remgro se effektiewe belang in Mediclinic 42.5% (30 Junie 2015: 42.0%).

SAMEVOEGING VAN MEDICLINIC EN AL NOOR HOSPITALS GROUP PLC (AL NOOR)

Op 14 Oktober 2015 het Mediclinic en Al Noor oor die voorwaardes vir die samevoeging van hul onderskeie besighede (die “Samevoeging”) ooreengekom ingevolge waarvan Al Noor aangebied het om 100% van die uitgereikte aandelekapitaal van Mediclinic te verkry. Die transaksie is op 15 Februarie 2016 afgehandel en gegewe die relatiewe grootte van Mediclinic en Al Noor is die Samevoeging as ’n omgekeerde oorname van Al Noor geklassifiseer. Die gekombineerde groep staan as Mediclinic International plc (Mediclinic plc) bekend en het sy primêre notering op die hoofmark van die Londense Effektebeurs behou. Mediclinic plc het ook ’n inwaartse sekondêre notering op die hoofmark van die Johannesburgse Effektebeurs verkry en is tot die FTSE 100-indeks van die LSE toegelaat. Mediclinic-aandeelhouers het 0.625 Al Noor-aandele ontvang vir elke Mediclinic-aandeel gehou, gegrond op die vyf dae volume geweegde gemiddelde prys tot en met 1 Oktober 2015 van die Mediclinic-aandele op die JSE en die Al Noor-aandele op die LSE (wat onderskeidelik £5.20 en £8.32 was). As gevolg van die omgekeerde oorname, het Remgro ’n wins op die verwatering van sy belang in Mediclinic ten bedrae van R2 262 miljoen gerealiseer.

Bykomend tot die Al Noor-aandele wat Remgro ontvang het, en as ’n onderliggende komponent van die Samevoeging, het laasgenoemde ook in Februarie 2016 op ’n ekstra 72 115 384 aandele in Al Noor ingeskryf teen ’n inskrywingsprys

Page 97: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

97

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

van £8.32 per aandeel vir ’n totale bedrag van £600 miljoen (die “Remgro Inskrywing”). Ten einde die Remgro Inskrywing te befonds, het Remgro oorbruggingsfinansiering verkry waarvan £400 miljoen in die buiteland geleen is, terwyl £200 miljoen (of R4.3 miljard) in Suid-Afrika bekom is.

Op 16 Maart 2016 het Remgro (deur sy volfiliaal, Remgro Healthcare) die plaaslike oorbruggingsfinansiering deur die uitreiking van nuwe vastekoers-kumulatiewe aflosbare voorkeuraandele ten bedrae van R4.4 miljard herfinansier. Die voorkeuraandele het ’n termyn van vyf jaar en ’n vaste dividendkoers van 8.3%, halfjaarliks betaalbaar.

Op 22 Maart 2016 het Remgro (deur sy volfiliaal, Remgro Jersey GBP Limited) £350.0 miljoen van die buitelandse oorbruggingsfinansiering herfinansier deur die uitreiking van omruilbare skuldbriewe, met ’n termyn van vyf jaar en ’n vaste koers van 2.625%, halfjaarliks betaalbaar. Die omruilbare skuldbriewe is omruilbaar in nagenoeg 30.9 miljoen Mediclinic plc gewone aandele en die omruilprys vir die skuldbriewe is £11.3086 per Mediclinic plc-aandeel, wat ’n premie van 30% verteenwoordig bo die geweegde gemiddelde prys op die LSE tussen die loodsing en prysvasstelling van die skuldbriefaanbod. By die omruiling of aflossing van die skuldbriewe sal Remgro die diskresionêre reg hê om ’n bedrag in kontant of aandele, of ’n kombinasie van kontant en aandele, te lewer. Die skuldbriewe is op 23 Maart 2016 ingesluit vir verhandeling in die opemarkafdeling (Freiverkehr) van Frankfurt se effektebeurs.

Op 30 Junie 2016 was Remgro se effektiewe belang in Mediclinic 44.6%.

BRITEHOUSE HOLDINGS EIENDOMS BEPERK (BRITEHOUSE)

Gedurende September 2015 het Remgro sy belegging in Britehouse verkoop vir ’n totale koopsom van R159.6 miljoen. ’n Wins van R93.7 miljoen is met hierdie transaksie gerealiseer, wat van wesensverdienste uitgesluit is.

MILESTONE CHINA-FONDSE

In die jaar onder oorsig het Remgro die oorblywende leningsverpligting van $6.9 miljoen aan Milestone Capital Strategic Holdings voorgeskiet. Remgro het ook ’n bykomende $6.7 miljoen in Milestone China Opportunities Fund III (Milestone III) belê en daardeur sy kumulatiewe belegging in Milestone III tot $93.2 miljoen verhoog. Op 30 Junie 2016 het die oorblywende verpligting ten opsigte van Milestone III $6.8 miljoen bedra.

PEMBANI REMGRO INFRASTRUKTUURFONDS (PRIF)

In die jaar onder oorsig het Remgro ’n bykomende R150.0 miljoen vir PRIF bewillig, wat die totale verpligting op R650.0 miljoen te staan gebring het. As gevolg van die bykomende verpligting, en PRIF se suksesvolle tweede en derde sluiting, het Remgro ’n verdere netto bedrag van R28.6 miljoen in PRIF belê en sodoende sy kumulatiewe belegging tot R211.9 miljoen verhoog. Op 30 Junie 2016 het die oorblywende verpligting ten opsigte van PRIF R438.1 miljoen bedra.

ANDER

Ander kleiner beleggings het R152 miljoen bedra.

GEBEURE NA JAAREINDE

INVENFIN EIENDOMS BEPERK (INVENFIN)

Op 27 Julie 2016 het Remgro (deur sy volfiliaal Invenfin) ’n belang van 30%, ten bedrae van R80.0 miljoen, in Dynamic Commodities Eiendoms Beperk (Dynamic Commodities) verkry. Dynamic Commodities is ’n uitvoergefokusde maatskappy wat bevrore nageregte, versnapperings en waardetoegevoegde “vars bevrore” vrugte van hoë gehalte vervaardig. Gedurende Augustus 2016 het Invenfin ook ’n belang van 30% in Joya Brands Eiendoms Beperk, ’n lekkergoedvervaardiger, vir R50.2 miljoen verkry.

Buiten bogenoemde transaksies was daar geen ander wesentlike transaksies sedert 30 Junie 2016 nie.

KONTANTBRONNE BY DIE KERNDie maatskappy se kontantbronne op 30 Junie 2016 was soos volg:

30 Junie 2016 30 Junie

R miljoen Plaaslik Buiteland Totaal 2015

Per gekonsolideerde staat van finansiële stand 2 001 1 568 3 569 4 050Belegging in geldmarkfondse 500 550 1 050 986Min: Kontant van bedryfsfiliale (795) (46) (841) (1 017)Kontant by die kern 1 706 2 072 3 778 4 019

Op 30 Junie 2016 was ongeveer 28% (R1 050 miljoen) van die beskikbare kontant by die kern in geldmarkfondse, wat nie as kontant en kontantekwivalente op die staat van finansiële

stand geklassifiseer is nie, belê. Vir verdere inligting verwys na aantekening 14 van die finansiële jaarstate wat op die maat-skappy se webwerf by www.remgro.com beskikbaar is.

VERSLAG VAN DIE RAAD VAN DIREKTEURE / FINANSIËLE VERSLAG

Page 98: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

98

WWW.REMGRO.COM

FINANSIËLE VERSLAG / VERSLAG VAN DIE RAAD VAN DIREKTEURE

GROEP FINANSIËLE OORSIG

STAAT VAN FINANSIËLE STAND

Die ontleding van ”Ekwiteit aangewend” en ”Bron van wesens verdienste” hieronder dui die sektore aan waarin die groep se beleggings ingedeel is. Geen aansuiwering is gemaak vir gevalle waar ’n belegging hoofsaaklik in een sektor bedrywig is maar ook belange in ’n ander sektor het nie.

INKOMSTESTAAT

30 Junie 2016 30 Junie 2015R miljoen % R miljoen %

Bron van wesensverdiensteVoedsel, drank en huishoudelike sorg 1 618 27 1 531 19Bankwese 2 989 51 2 845 36Gesondheidsorg 1 566 26 1 734 22Versekering 888 15 986 12Nywerheid 517 9 381 5Infrastruktuur 6 – 392 5Media en sport (36) – (16) –Ander beleggings 67 1 84 1Sentrale tesourie– Finansieringsinkomste 125 2 111 1– Finansieringskoste (1 602) (27) – –Ander netto korporatiewe koste (251) (4) (52) (1)

5 887 100 7 996 100

R miljoen

30 Junie

2016

30 Junie

2015

Samestelling van wesensverdiensteFiliaalmaatskappye (981) 996 Winste 820 1 107 Verliese (1 801) (111)Geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings 6 868 7 000 Winste 7 252 7 183 Verliese (384) (183)

5 887 7 996

30 Junie 2016 30 Junie 2015R miljoen R per aandeel R miljoen R per aandeel

Ekwiteit aangewendToeskryfbaar aan ekwiteithouers 78 866 153.17 73 114 142.12Aanwending van ekwiteitVoedsel, drank en huishoudelike sorg 14 383 27.93 13 887 26.99Bankwese 17 784 34.54 16 567 32.20Gesondheidsorg 33 629 65.31 13 227 25.71Versekering 7 157 13.90 6 717 13.06Nywerheid 5 575 10.83 5 461 10.62Infrastruktuur 5 052 9.81 6 857 13.33Media en sport 1 444 2.80 1 500 2.92Ander beleggings 3 737 7.26 3 047 5.92Sentrale tesourie– Kontant by die kern 3 778 7.34 4 019 7.81– Skuld by die kern (16 452) (31.95) – –Ander netto korporatiewe bates 2 779 5.40 1 832 3.56

78 866 153.17 73 114 142.12

Page 99: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

99

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

VERSLAG VAN DIE RAAD VAN DIREKTEURE / FINANSIËLE VERSLAG

AANDELEAANSPORINGSKEMARemgro het tans een langtermynaansporings plan, naamlik die Remgro Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema (die SAR-skema). Ingevolge die SAR-skema word Remgro gewone aandele ter waarde van die groei van hul reg tot ’n toegekende aantal Remgro gewone aandele aan deelnemers aangebied wat binne verskillende intervalle, maar voor die verstryking van sewe jaar na die regte toegeken is, uitgeoefen kan word.

Die vroegste intervalle waarbinne aandelegroeiregte uit -geoefen kan word, is soos volg:

• Een-derde na drie jaar na die toekenningsdatum

• ’n Addisionele derde vier jaar na die toekenningsdatum

• Die res na vyf jaar na die toekenningsdatum

Verwys na aantekening 25 by die finansiële jaarstate wat op die maatskappy se webwerf by www.remgro.com beskikbaar is, vir volledige besonderhede.

TESOURIE-AANDELEOp 30 Junie 2015 is 2 169 558 Remgro gewone aandele (0.5%) as tesourie-aandele deur ’n volfiliaalmaatskappy van Remgro gehou. Soos voorheen gerapporteer is hierdie aandele aangekoop ten einde Remgro se aandele-aansporingskema te verskans.

Gedurende die jaar onder oorsig is geen Remgro gewone aandele aangekoop nie, terwyl 444 165 Remgro gewone aan-dele aangewend is ten einde Remgro se verpligting teenoor aandeleskemadeelnemers, wat die regte wat aan hulle toegeken is uitgeoefen het, te vereffen.

Op 30 Junie 2016 is 1 725 393 Remgro gewone aandele (0.4%) as tesourie-aandele gehou.

AANDELEKAPITAALDie algemene aandeelhouersvergadering van 16 Augustus 2016 het goedkeuring verleen dat gemagtigde gewone aandele met geen pariwaarde met 487 506 350 tot 1 000 000 000 gewone aandele met geen pariwaarde en die gemagtigde B-gewone aandele met geen pariwaarde met 59 493 648 tot 100 000 000 B-gewone aandele met geen pariwaarde verhoog word. Daar is ook besluit om 100 000 000 gewone aandele met geen pariwaarde en 10 000 000 B-gewone aandele met geen pariwaarde onder beheer van die Remgro-direksie te plaas met oog daarop om bykomende ekwiteitskapitaal by wyse van ’n regte-uitgifte te werf. Die magtiging sal geld tot en met die volgende algemene jaarvergadering, tensy dit hernu word by die genoemde vergadering.

HOOFAANDEELHOUERRupert Beleggings Eiendoms Beperk (Rupert Beleggings) (voorheen Rembrandt Trust Eiendoms Beperk) hou al die uitgereikte ongenoteerde B-gewone aandele van die maatskappy en is geregtig op 42.55% (2015: 42.57%) van die totale stemreg.

’n Ontleding van die aandeelhouers verskyn op bladsy 112 en 113.

FILIAALMAATSKAPPYE EN BELEGGINGSBesonderhede van filiaalmaatskappye, geëkwiteerde beleg gings en ander beleggings word in bylaag A en B uiteengesit.

DIREKTEUREDie name van die direkteure verskyn op bladsy 14 en 15 van die geïntegreerde jaarverslag.

Mnr N J Williams is met ingang van 1 April 2016 as hoof finansiële beampte van Remgro aangestel, welke direkteursaanstelling ingevolge die akte van oprigting van die maatskappy deur die aandeelhouers by die volgende algemene jaarvergadering bekragtig sal word.

Die direksie verwelkom mnr Williams as hoof finansiële beampte van die maatskappy.

Kragtens die bepalings van die akte van oprigting tree mnre J J Durand, P K Harris, Dr E de la H Hertzog, J Malherbe en M Morobe volgens rooster as direkteure af. Hierdie direkteure is en stel hulself herkiesbaar.

BELANGE VAN DIREKTEUREDie direkte en indirekte belange van direkteure en hul ver -wantes in die uitgereikte gewone aandelekapitaal van die maat skappy, het in totaal op 30 Junie 2016, 2.55% (2015: 2.57%) bedra.

Mnr J P Rupert is ’n direkteur van Rupert Beleggings wat die houer is van al die uitgereikte ongenoteerde B-gewone aandele.

’n Ontleding van die belange van direkteure in die uitgereikte kapitaal van die maatskappy verskyn op bladsy 114.

Page 100: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

100

WWW.REMGRO.COM

FINANSIËLE VERSLAG / VERSLAG VAN DIE RAAD VAN DIREKTEURE

DIREKTEURSVERGOEDINGDie totale direkteursvergoeding betaalbaar vir dienste as direk-

teure die afgelope finansiële jaar gelewer, het R4.8 miljoen

(2015: R3.7 miljoen) beloop.

AANKOOP VAN AANDELE VAN DIE MAATSKAPPYDaar word aanbeveel dat ’n algemene magtiging aan die raad

toegestaan word om, indien omstandighede dit regverdig, die

maatskappy se eie aandele te verkry en om goedkeuring aan

enige filiaalmaatskappy van die maatskappy te gee om aandele

in die maatskappy te verkry, onderhewig aan die bepalings

van die Maatskappywet (Nr. 71 van 2008), soos gewysig, en die

noteringsvereistes van die JSE Beperk.

’n Spesiale besluit om hierdie algemene magtiging aan die raad

te verleen is ingesluit in die kennisgewing van die algemene

jaarvergadering wat op bladsy 115 van die geïntegreerde

jaarverslag verskyn.

VERKLARING VAN KONTANTDIVIDEND

VERKLARING VAN KONTANTDIVIDEND NR. 32

Hiermee word kennis gegee dat ’n finale bruto dividend van

275 sent (2015: 259 sent) per aandeel uit inkomstereserwes verklaar

is ten opsigte van beide die gewone aandele sonder pariwaarde

en die onge noteerde B-gewone aandele sonder pari waarde, vir

die jaar geëindig 30 Junie 2016.

Dividendterughoubelasting van 15% of 41.25 sent per aan-

deel sal van toepassing wees, wat tot gevolg het dat die

netto dividend 233.75 sent per aandeel is, tensy die betrokke

aandeelhouer vrygestel is van dividendterughoubelasting of in

aanmerking kom vir ’n verlaagde koers ingevolge ’n toepaslike

dubbelbelastingooreenkoms.

Die totale bruto dividend per aandeel vir die jaar geëindig

30 Junie 2016 bedra dus 460 sent teenoor 428 sent vir die

vergelykende jaar geëindig 30 Junie 2015.

Die uitgereikte aandelekapitaal op die verklarings datum

is 481  106  370 gewone aandele en 35  506  352 B-gewone

aandele. Die inkomstebelastingnommer van die maatskappy

is 9500-124-71-5.

BETALING

Die finale dividend is op Maandag, 21 November 2016,

betaal baar aan aandeelhouers van die maat skappy wat op

Vrydag, 18 November 2016, geregistreer is.

Aandeelsertifikate mag nie tussen Woensdag, 16 November 2016,

en Vrydag, 18 November 2016, albei dae ingesluit,

gedematerialiseer of rematerialiseer word nie.

Ingevolge die bepalings van die maatskappy se akte van

oprigting sal dividende slegs elektronies oorgeplaas word

in die bankrekeninge van aandeelhouers, terwyl dividendtjeks

nie meer uitgereik word nie. Indien aandeelhouers nie die

oordragsekretaris van hulle bankbesonderhede voorsien nie,

sal die dividend nie verbeur word nie, maar in die aandele-

register as “onopgeëis” gemerk word totdat die aandeelhouer

die bankbesonderhede vir die uitbetaling daarvan aan die

oordragsekretaris voorsien het.

SEKRETARISDie naam en adres van die maatskappysekretaris verskyn op

bladsy 17 van die geïntegreerde jaarverslag.

GOEDKEURINGDie omvattende finansiële jaarstate wat op die maatskappy

se webwerf by www.remgro.com beskikbaar is, asook die

verkorte finansiële jaarstate op bladsy 102 tot 114 uiteengesit,

is deur die raad goedgekeur.

Geteken namens die raad van direkteure.

Johann Rupert Jannie DurandVoorsitter Hoofuitvoerende beampte

Stellenbosch

20 September 2016

Page 101: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

101

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

Die verkorte gekonsolideerde finansiële state van Remgro

Beperk, soos uiteengesit op bladsye 102 tot 114 van die

Geïntegreerde Jaarverslag, wat bestaan uit die verkorte

gekonsolideerde staat van finansiële stand soos op

30 Junie 2016, en die verkorte gekonsolideerde inkomste-

staat, en gekonsolideerde state van omvattende inkomste,

veranderings in ekwiteit en kontantvloeie vir die jaar wat op

daardie datum geëindig het, en verwante aantekeninge, is

afgelei vanaf die geouditeerde gekonsolideerde finansiële

state van Remgro Beperk vir die jaar geëindig 30 Junie 2016.

Ons het ’n ongemodifiseerde ouditmening uitgespreek oor

die gekonsolideerde finansiële state in ons verslag gedateer

20 September 2016. Ons ouditverslag oor die geouditeerde

gekonsolideerde finansiële state het ’n “Ander Aangeleentheid”-

paragraaf: “Ander Verslae wat deur die Maat skappywet vereis

word” bevat (verwys hieronder).

Die verkorte gekonsolideerde finansiële state bevat nie al die

openbaarmaking soos vereis deur Internasionale Finansiële

Rapporteringstandaarde en die vereistes van die Maatskappy-

wet van Suid-Afrika, soos toepaslik, op finansiële jaarstate nie.

Die lees van die verkorte gekonsolideerde finansiële state is

gevolglik nie ’n plaasvervanger vir die lees van die geouditeerde

gekonsolideerde finansiële state van Remgro Beperk nie.

DIREKTEURE SE VERANTWOORDELIKHEID VIR DIE

VERKORTE GEKONSOLIDEERDE FINANSIËLE STATE

Die direkteure is verantwoordelik vir die voorbereiding van ’n

opsomming van die geouditeerde gekonsolideerde finansiële

state ooreenkomstig die vereistes van die JSE Beperk (JSE) vir

verkorte finansiële state, soos uiteengesit in aantekening 1 tot

die verkorte gekonsolideerde finansiële state, en die vereistes

van die Maatskappywet van Suid-Afrika soos van toepassing

op verkorte finansiële state, en vir sodanige interne beheer

as wat die direkteure nodig ag om die opstel van verkorte

gekonsolideerde finansiële state, wat vry is van wesentlike

wanvoorstelling, hetsy weens bedrog of foute, in staat te stel.

OUDITEUR SE VERANTWOORDELIKHEID

Dit is ons verantwoordelikheid om ’n mening oor hierdie ver-

korte gekonsolideerde finansiële state uit te spreek gebaseer

op ons prosedures, wat ooreenkomstig “International Standard

on Auditing (ISA) 810, Engagements to Report on Summary

Financial Statements”, uitgevoer was.

MENING

Na ons mening is die verkorte gekonsolideerde finansiële state

wat afgelei is vanaf die geouditeerde gekonsolideerde finansiële

state van Remgro Beperk vir die jaar geëindig 30 Junie 2016, in

alle wesentlike opsigte, konsekwent met die gekonsolideerde

finansiële state, ooreenkomstig met die vereistes van die JSE vir

verkorte finansiële state, soos uiteengesit in aantekening 1 tot

die verkorte gekonsolideerde finansiële state, en die vereistes

van die Maatskappywet van Suid-Afrika soos van toepassing op

verkorte finansiële state.

ANDER VERSLAE WAT DEUR DIE MAATSKAPPYWET

VEREIS WORD

Die “Ander Verslae wat deur die Maatskappywet vereis word” –

paragraaf in ons ouditverslag gedateer 20 September 2016

dui aan dat ons as deel van ons oudit van die gekonsolideerde

finansiële state vir die jaar geëindig 30 Junie 2016 die

Direkteursverslag, die Verslag van die Ouditkomitee en die

Sertifikaat van die Maatskappysekretaris gelees het ten einde

wesentlike teenstrydighede tussen hierdie verslae en die

geouditeerde gekonsolideerde finansiële state te identifiseer.

Hierdie verslae is die verantwoordelikheid van die onderskeie

opstellers daarvan. Die paragraaf dui ook aan dat ons nie

wesentlike teenstrydighede tussen hierdie verslae en die

geouditeerde gekonsolideerde finansiële state gebaseer

op die lees van hierdie verslae geïdentifiseer het nie. Die

paragraaf dui verder aan dat ons hierdie verslae nie geoudit

het nie en dienooreenkomstig nie ’n mening oor hierdie verslae

uitspreek nie. Die paragraaf het geen uitwerking op die verkorte

gekonsolideerde finansiële state of ons mening daaroor nie.

PricewaterhouseCoopers Geïnk.

Direkteur: N H Döman

Geregistreerde ouditeur

Stellenbosch

20 September 2016

VERSLAG VAN DIE ONAFHANKLIKE OUDITEUROOR DIE VERKORTE FINANSIËLE STATE AAN DIE AANDEELHOUERS VAN REMGRO BEPERK

FINANSIËLE VERSLAG

101

Page 102: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

102

WWW.REMGRO.COM

102

FINANSIËLE VERSLAG

R miljoen Aantekeninge30 Junie 

2016 30 Junie 

2015 

BATESNie-bedryfsbatesEiendom, aanleg en toerusting 6 292 5 716Biologiese landboubates 625 550Beleggingseiendomme 107 51Ontasbare bates 4 993 5 710Beleggings – Geëkwiteer 4 78 565 57 831 – Ander 3 408 2 493Aftreevoordele 163 220Lenings 880 977Uitgestelde belasting 42 18

95 075 73 566Bedryfsbates 14 086 21 126Voorraad 3 274 3 118Biologiese landboubates 612 549Debiteure en korttermynlenings 5 503 3 837Belegging in geldmarkfondse 1 050 986Kontant en kontantekwivalente 3 569 4 050Ander bedryfsbates 49 52

14 057 12 592Bates gehou vir verkoop 5 29 8 534

Totale bates 109 161 94 692

EKWITEIT EN LASTEVerklaarde kapitaal 3 605 3 605Reserwes 75 478 69 781Tesourie-aandele (217) (272)Aandeelhouersekwiteit 78 866 73 114Nie-beherende belang 2 835 2 803Totale ekwiteit 81 701 75 917Nie-bedryfslaste 20 838 5 404Aftreevoordele 202 227Langtermynlenings 6 17 799 3 547Uitgestelde belasting 1 640 1 630Afgeleide instrumente 1 197 –Bedryfslaste 6 622 13 371Handels- en ander krediteure 4 833 4 469Korttermynlenings 1 660 366Ander bedryfslaste 129 69

6 622 4 904Laste gehou vir verkoop 5 – 8 467

Totale ekwiteit en laste 109 161 94 692

STAAT VAN FINANSIËLE STANDOP 30 JUNIE 2016

Page 103: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

103

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

INKOMSTESTAAT

R miljoen Aantekeninge30 Junie 

2016 30 Junie 

2015 

Verkope 27 697 25 590Voorraaduitgawes (16 959) (15 267)Personeelkoste (4 578) (4 276)Waardevermindering (670) (607)Ander netto bedryfsuitgawes (5 647) (3 878)Handelswins/(-verlies) (157) 1 562Dividendinkomste 77 213Rente ontvang 287 276Finansieringskoste (903) (371)Netto waardedaling van beleggings, lenings, bates en klandisiewaarde (2 556) (288)Wins met die verkoop en verwatering van beleggings 2 451 696Gekonsolideerde wins/(verlies) voor belasting (801) 2 088Belasting 4 (395)Gekonsolideerde wins/(verlies) na belasting (797) 1 693Belang in na-belaste wins van geëkwiteerde beleggings 12 6 250 7 228Netto wins vir die jaar 5 453 8 921

Toeskryfbaar aan:Ekwiteithouers 5 386 8 715Nie-beherende belang 67 206

5 453 8 921

R miljoen30 Junie 

2016 30 Junie 

2015 

Netto wins vir die jaar 5 453 8 921Ander omvattende inkomste, netto van belasting 2 579 335Items wat later na die inkomstestaat herklassifi seer kan word:

Wisselkoersaanpassings 1 745 267Billike waarde aanpassings vir die jaar 534 (156)Uitgestelde belasting op billike waarde aanpassings (112) (34)Herklassifi kasie van ander omvattende inkomste na die inkomstestaat (951) 45Ander omvattende inkomste van geëkwiteerde beleggings 1 652 929

Items wat nie na die inkomstestaat herklassifi seer kan word nie:Hermeting van na-aftrede voordeelverpligtinge 19 5Uitgestelde belasting op hermeting van na-aftrede voordeelverpligtinge (6) (2)Veranderinge in reserwes van geëkwiteerde beleggings (302) (699)

Totale omvattende inkomste vir die jaar 8 032 9 276

Totale omvattende inkomste toeskryfbaar aan:Ekwiteithouers 7 965 9 066Nie-beherende belang 67 210

8 032 9 276

STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE

VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 JUNIE 2016

FINANSIËLE VERSLAG

VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 JUNIE 2016

Page 104: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

104

WWW.REMGRO.COM

FINANSIËLE VERSLAG

STAAT VAN VERANDERINGE IN EKWITEIT

R miljoen30 Junie 

2016  30 Junie 

2015 

Saldo op 1 Julie 75 917 68 634Totale omvattende inkomste vir die jaar 8 032 9 276Dividende betaal (2 358) (2 136)Kapitaal deur minderhede geïnvesteer 31 37Ander bewegings 15 25Langtermyn aandele-aansporingskemareserwe 64 81Saldo aan die einde van die jaar 81 701 75 917

R miljoen30 Junie 

2016  30 Junie 

2015 

Kontant uit bedrywighede voortgebring 1 391 2 267Belasting betaal (328) (397)Dividende ontvang 3 547 3 215Finansieringskoste (795) (372)Kontant beskikbaar uit bedryfsaktiwiteite 3 815 4 713Dividende betaal (2 358) (2 136)Netto kontantinvloei uit bedryfsaktiwiteite 1 457 2 577Beleggingsaktiwiteite (18 745) (1 151)Finansieringsaktiwiteite 16 365 (1 349)Netto toename/(afname) in kontant en kontantekwivalente (923) 77Wisselkoerswins op buitelandse kontant 222 116Kontant en kontantekwivalente aan die begin van die jaar 3 829 3 636Kontant en kontantekwivalente aan die einde van die jaar 3 128 3 829

Kontant en kontantekwivalente – per staat van fi nansiële stand 3 569 4 050Oortrokke bankrekening (441) (221)

STAAT VAN KONTANTVLOEI

VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 JUNIE 2016

VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 JUNIE 2016

Page 105: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

105

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

FINANSIËLE VERSLAG

1. VOORBEREIDINGSGRONDSLAGDie verkorte gekonsolideerde finansiële state is ooreenkomstig die vereistes van die JSE Beperk (JSE) vir verkorte finansiële state, en die vereistes van die Maatskappywet wat van toepassing is op verkorte finansiële state opgestel. Die JSE vereis dat verkorte finansiële state ooreenkomstig die raamwerkkonsepte en die metings- en erkenningvereistes van Internasionale Finansiële Rapporteringstandaarde (IFRS) en die SAICA Riglyne soos uitgereik deur die Komitee vir Rekeningkundige Praktyke en Finansiële Uitsprake soos uitgereik deur die Finansiële Verslagdoeningstandaarde Raad opgestel word, en ook om, as ’n minimum, die inligting soos vereis deur IAS 34: Tussentydse Finansiële Verslagdoening te bevat.

Die rekeningkundige beleid wat toegepas is in die opstel van die gekonsolideerde finansiële state, waaruit die verkorte gekonsolideerde finansiële state afgelei is, is ooreenkomstig IFRS en in ooreenstemming met die rekeningkundige beleid wat toegepas is in die opstel van die vorige gekonsolideerde finansiële state. Die finansiële state is onder die toesig van die hoof finansiële beampte, Neville Williams GR(SA), opgestel.

Die verkorte gekonsolideerde finansiële state bevat nie al die inligting en openbaarmakings wat in die gekonsolideerde finansiële state vereis word nie. Die verkorte gekonsolideerde finansiële state is onttrek uit die geouditeerde gekon-solideerde finansiële state, waarvoor PricewaterhouseCoopers Geïnk. ’n ongekwalifiseerde verslag uitgebring het. Die geouditeerde gekonsolideerde finansiële state en die ongekwalifiseerde ouditverslag is by die geregistreerde kantoor van die maatskappy vir inspeksie beskikbaar.

2. WESENSVERDIENSTE REKONSILIASIE

R miljoen30 Junie 

2016  30 Junie 

2015 

Netto wins vir die jaar toeskryfbaar aan ekwiteithouers (verdienste) 5 386 8 715Plus/(minus):– Netto waardedaling van geëkwiteerde beleggings(1) 1 862 99– Waardedaling van ander beleggings – 79– Netto waardedaling van eiendom, aanleg en toerusting 37 94– Waardedaling van ontasbare bates(1) 644 –– Waardedaling van bates gehou vir verkoop 7 16– Wins met die verkoop en verwatering van geëkwiteerde beleggings(2) (2 349) (984)– (Wins)/verlies met die verkoop van ander beleggings (153) 288– Realisasie van buitelandse valuta-omskakelingsreserwes 51 –– Netto wins met verkoop van eiendom, aanleg en toerusting (7) (5)– Verlies met die verkoop van biologiese landboubates 9 –– Nie-wesensverdienste items ingesluit by geëkwiteerde verdienste

van geëkwiteerde beleggings 633 (231)– Netto wins met verkoop van eiendom, aanleg en toerusting (27) (111)– Wins met die verkoop van beleggings (216) (271)– Netto waardedaling van beleggings, bates en klandisiewaarde 809 213– Ander nie-herhalende en kapitale items 67 (62)

– Belastinguitwerking van aansuiwerings (87) (50)– Nie-beherende belang (146) (25)Wesensverdienste 5 887 7 996Eenmalige koste 788 –Opsie hermeting 730 –Wesensverdienste, uitgesluit eenmalige koste en opsie hermeting(3) 7 405 7 996

(1) “Netto waardedaling van geëkwiteerde beleggings” en “Waardedaling van ontasbare bates” sluit hoofsaaklik die waardedaling van die belegging in Grindrod van R1 861 miljoen en ’n waardedaling in RCL Foods se meulbesigheid ten bedrae van R643 miljoen onderskeidelik in. Die drawaarde van Grindrod het sy markwaarde vir ’n langdurige tydperk oorskry, gevolglik is die belegging op 30 Junie 2016 na die markwaarde van R1 986 miljoen verminder.

(2) Vir die jaar onder oorsig bestaan “Wins met die verkoop en verwatering van geëkwiteerde beleggings” hoofsaaklik uit ’n wins gerealiseer met die verwatering van Remgro se belang in Mediclinic van R2 262 miljoen as deel van die Al Noor-transaksie. Die vergelykende jaar sluit ’n wins van R958 miljoen in wat gerealiseer is met die verwatering van Remgro se belang in Mediclinic weens ’n boekbou-oefening.

(3) Ingesluit in die wesensverdienste vir die jaar onder oorsig is eenmalige transaksiekoste wat aangegaan is met Mediclinic se regte-uitgifte en die Al Noor Hospitals Group plc (Al Noor)-transaksie ten bedrae van R788 miljoen, waarvan R402 miljoen Remgro se eie koste en R386 miljoen Remgro se gedeelte van Mediclinic se transaksiekoste is (“eenmalige koste”), sowel as ’n billike waarde aanpassing van R730 miljoen wat verband hou met die toename in waarde van die skuldbriefhouers se omruilopsie (verantwoord as ’n afgeleide verpligting) van die skuldbriewe (“opsie hermeting”) wat in Maart 2016 uitgereik is om die buitelandse oorbruggingsfi nansiering gedeeltelik te herfi nansier wat met die Al Noor-transaksie bekom is. Die skuldbriewe is omruilbaar vir Mediclinic plc-aandele en/of kontant en billike waarde aanpassings op die opsie (wat inter alia bewegings in die onderliggende aandeleprys van Mediclinic plc weerspieël) kan moontlik gedurende die vyfjaar-termyn onbestendigheid in wesensverdienste veroorsaak.

AANTEKENINGE BY DIE FINANSIËLE JAARSTATEVIR DIE JAAR GEËINDIG 30 JUNIE 2016

Page 106: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

106

WWW.REMGRO.COM

FINANSIËLE VERSLAG / AANTEKENINGE BY DIE FINANSIËLE JAARSTATE

3. VERDIENSTE EN DIVIDENDE

Sent30 Junie 

2016  30 Junie 

2015 

Wesensverdienste per aandeel– Basies 1 143.9 1 555.0– Verwater 1 139.2 1 541.8

Wesensverdienste per aandeel, uitgesluit eenmalige koste en opsie hermeting– Basies 1 438.9 1 555.0– Verwater 1 434.1 1 541.8

Verdienste per aandeel– Basies 1 046.6 1 694.9– Verwater 1 042.5 1 680.9

Dividende per aandeelGewoon 460.00 428.00– Tussen 185.00 169.00– Finaal 275.00 259.00

4. BELEGGINGS(Verwys na bylaag A en B)

R miljoen

Geëkwiteerde beleggingsGeassosieerde maatskappye 73 418 52 869Gesamentlike ondernemings 5 147 4 962

78 565 57 831

GEËKWITEERDE BELEGGINGSREKONSILIASIEDrawaarde aan die begin van die jaar 57 831 52 169Belang in netto toeskryfbare wins 6 250 7 228Dividende ontvang (3 900) (3 077)Belegging in Mediclinic 18 246 –Verwateringsuitwerkings 1 886 772Wisselkoersverskille (1 274) 93Grindrod-waardedaling (1 861) –Ander bewegings 1 387 646Drawaarde aan die einde van die jaar 78 565 57 831

5. BATES EN LASTE GEHOU VIR VERKOOPGedurende die huidige fi nansiële jaar het Remgro sy 29.9%-belang in Spire aan Mediclinic verkoop, onderhewig aan Mediclinic se suksesvolle regte-uitgifte.Totale bates en laste is – (175)

Belegging – 8 275Handels- en ander krediteure – (8 276)Afgeleide instrumente – (174)

Verskeie ander bates en laste geklassifi seer as gehou vir verkoop 29 242Bates 29 259Laste – (17)

29 67

6. LANGTERMYNLENINGS20 000 Klas A 7.7% kumulatiewe afl osbare voorkeuraandele 3 512 –10 000 Klas B 8.3% kumulatiewe afl osbare voorkeuraandele 4 382 –Omruilbare skuldbriewe, met ’n effektiewe rentekoers van 4.5% 6 380 –Verskeie ander lenings 3 672 3 687

17 946 3 687Korttermyngedeelte van langtermynlenings (147) (140)

17 799 3 547

Page 107: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

107

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

AANTEKENINGE BY DIE FINANSIËLE JAARSTATE / FINANSIËLE VERSLAG

R miljoen30 Junie 

2016  30 Junie 

2015 

7. TOEVOEGINGS TOT EN VERVANGING VAN EIENDOM, AANLEG EN TOERUSTING 1 273 853

8. KAPITAAL- EN BELEGGINGSVERPLIGTINGE 1 999 5 847Mediclinic regte-uitgifte – 4 135 Verskeie ander verpligtinge 1 999 1 712 (Ingesluit bedrae gemagtig maar nog nie gekontrakteer nie)

9. WAARBORGE EN VOORWAARDELIKE AANSPREEKLIKHEDE 241 316

10. DIVIDENDE ONTVANG VANAF GEËKWITEERDE BELEGGINGSTEEN BELEGGINGS VERREKEN 3 900 3 077

11. DIVIDENDE ONTVANG VANAF GEASSOSIEERDE GEKLASSIFISEER AS BATE GEHOU VIR VERKOOP

149 –

12. GEËKWITEERDE BELEGGINGSBelang in na-belaste wins van geëkwiteerde beleggings Wins voor inagneming van waardedalings, nie-herhalende en kapitale items 8 875 8 332Netto waardedaling van beleggings, bates en klandisiewaarde (809) (213)Wins met die verkoop van beleggings 216 271Ander nie-herhalende en kapitale items (67) 62Wins voor belasting en nie-beherende belang 8 215 8 452Belasting (1 709) (1 129)Nie-beherende belang (256) (95)

6 250 7 228

13. BILLIKE WAARDE HERMETINGSDie volgende metodes en aannames word gebruik om die billike waarde van elke klas van finansiële instrumente te bepaal:

• Finansiële instrumente beskikbaar vir verkoop en belegging in geldmarkfondse: Billike waarde is gebaseer op gekwoteerde markpryse of, in die geval van ongenoteerde instrumente, toepaslike waardasiemetodologieë. Laas genoemde sluit die verdiskonteerde kontantvloeimetode, likwidasiewaarde of werklike netto batewaarde van die beleggings in.

• Afgeleide instrumente: Die billike waarde van afgeleide instrumente word bepaal met verwysing na die toepaslike waardasiemetodologieë en die mark waarin daar met die instrumente handel gedryf word.

Finansiële instrumente wat teen billike waarde gemeet word, word geopenbaar in een van die volgende vlakke van billike waarde hiërargie:

Vlak 1 – Genoteerde pryse (onaangepas) in aktiewe markte vir soortgelyke bates of laste;Vlak 2 – Insette (anders as genoteerde pryse binne vlak 1) wat waarneembaar is vir die bate of las, direk (as pryse) of indirek

(afgelei vanaf pryse); enVlak 3 – Insette vir die bate of las wat nie op waarneembare markinligting gebaseer is nie (nie-waarneembare insette).

Die volgende tabelle toon, volgens hiërargievlak, die billike waardes van finansiële bates en laste wat teen billike waarde gemeet word:

R miljoen Vlak 1 Vlak 2 Vlak 3 Totaal

30 Junie 2016BatesBeskikbaar vir verkoop 1 260 – 2 148 3 408Afgeleide instrumente – 8 – 8Belegging in geldmarkfondse 1 050 – – 1 050

2 310 8 2 148 4 466LasteLangtermyn afgeleide instrumente – 1 197 – 1 197Korttermyn afgeleide instrumente – 63 54 117

– 1 260 54 1 314

30 Junie 2015 BatesBeskikbaar vir verkoop 902 – 1 591 2 493Afgeleide instrumente – 10 – 10Belegging in geldmarkfondse 986 – – 986

1 888 10 1 591 3 489LasteKorttermyn afgeleide instrumente – 190 – 190

Page 108: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

108

WWW.REMGRO.COM

Daar was geen oordragte tussen die verskillende vlakke nie.

Vlak 3 finansiële bates bestaan hoofsaaklik uit beleggings in die Milestone China entiteite (Milestone), die Kagiso Infrastructure Empowerment Fund (KIEF) en die Pembani Remgro Infrastruktuurfonds (PRIF) ten bedrae van R1 534 miljoen, R306 miljoen en R228 miljoen, onderskeidelik. Hierdie beleggings word almal waardeer gegrond op die billike waarde van elke belegging se onderliggende bates, wat op ’n verskeidenheid waardasiemetodes bepaal word. Genoteerde entiteite word waardeer teen die laaste gekwoteerde aandeelprys op die verslagdoeningsdatum, terwyl ongenoteerde entiteite se metodes verdiskonteerde kontantvloei waardasies en toepaslike verdienste- en omsetveelvoude insluit.

Milestone se billike waarde bestaan uit genoteerde beleggings (32%), kontant en kontantekwivalente (7%) en ongenoteerde beleggings (61%). 86% van die ongenoteerde beleggings word teen kosprys waardeer aangesien Milestone se bestuur die transaksieprys as die billike waarde van die belegging beskou. Die oorblywende 14% is teen ongeveer R121 miljoen waardeer. KIEF se beleggings is waardeer deur van die verdiskonteerde kontantvloeimetode gebruik te maak. PRIF se hoofbate is die belegging in ETG Groep en dit is gewaardeer deur van toepaslike verdienste- en omsetveelvoude, wat gebaseer is op soortgelyke maatskappye, gebruik te maak ten einde ’n prys-tot-boekwaardasie te bepaal.

Veranderinge in die waardasie-aannames van bogenoemde ongenoteerde beleggings sal nie ’n beduidende invloed op Remgro se finansiële state hê nie.

14. VERWANTE PARTY TRANSAKSIESMEDICLINIC INTERNATIONAL BEPERK (MEDICLINIC)Fasilitering van Mediclinic se verkryging van Spire

In Junie 2015 het Remgro ’n ooreenkoms aangegaan met fondse wat deur Cinven bestuur word om 119 923 335 Spire-aandele (gelykstaande aan ’n belang van 29.9% in Spire) te bekom teen ’n prys van £3.60 per aandeel vir ’n totale koopsom van £431.7 miljoen (transaksiekoste uitgesluit). Die transaksie is vroeg in Julie 2015 afgehandel en Remgro het dit deur ’n kombinasie van eie kontant, asook eksterne finansiering, befonds.

Hiermee saam het Remgro en Mediclinic ’n ooreenkoms aangegaan waarvolgens laasgenoemde Remgro se belang in Spire sou bekom onderhewig daaraan dat Mediclinic die nodige fondse vind om sodanige transaksie te voltrek. In Augustus 2015 het Mediclinic R10.0 miljard gewerf deur ’n regte-uitgifte, ingevolge waarvan 111 111 111 nuwe Mediclinic-aandele teen ’n prys van R90.00 per aandeel uitgereik is. Deur sy regte te volg en die balans van die regte-uitgifte te onderskryf, het Remgro op ’n bykomende 51 342 886 Mediclinic-aandele ten bedrae van R4.6 miljard ingeskryf. Na die suksesvolle afhandeling van die regte-uitgifte het Mediclinic in Augustus 2015 Remgro se belang in Spire vir ’n bedrag van R8.6 miljard, gelykstaande aan die aankoopprys, transaksie- en finansieringskoste, verkry. Remgro het dus net die verkryging van Spire deur Mediclinic gefasiliteer.

FINANSIËLE VERSLAG / AANTEKENINGE BY DIE FINANSIËLE JAARSTATE

13. BILLIKE WAARDE HERMETINGS (vervolg)Die volgende tabelle toon die rekonsiliasie van die drawaarde van vlak 3-bates en -laste vanaf die begin tot die einde van die jaar:

30 Junie 30 JunieR miljoen 2016 2015

Bates: Beskikbaar vir verkoopSaldo’s aan die begin van die jaar 1 591 1 762Toevoegings 174 375

Vervreemdings (53) (484)Wisselkoersaanpassings 236 148Billike waarde aanpassings deur omvattende inkomste 200 (210)Saldo’s aan die einde van die jaar 2 148 1 591

R miljoen30 Junie 30 Junie

2016 2015

Laste: Afgeleide instrumenteSaldo’s aan die begin van die jaar – –Toevoegings 54 –Saldo’s aan die einde van die jaar 54 –

Page 109: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

109

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

AANTEKENINGE BY DIE FINANSIËLE JAARSTATE / FINANSIËLE VERSLAG

14. VERWANTE PARTY TRANSAKSIES (vervolg)MEDICLINIC INTERNATIONAL BEPERK (MEDICLINIC) (vervolg)Samevoeging van Mediclinic en Al Noor Hospitals Group plc (Al Noor)

Op 14 Oktober 2015 het Mediclinic en Al Noor oor die voorwaardes vir die samevoeging van hul onderskeie besighede (die “Samevoeging”) ooreengekom ingevolge waarvan Al Noor aangebied het om 100% van die uitgereikte aandelekapitaal van Mediclinic te verkry. Die transaksie is op 15 Februarie 2016 afgehandel en gegewe die relatiewe grootte van Mediclinic en Al Noor is die Samevoeging as ’n omgekeerde oorname van Al Noor geklassifiseer. Die gekombineerde groep staan as Mediclinic International plc (Mediclinic plc) bekend en het sy primêre notering op die hoofmark van die LSE behou. Mediclinic plc het ook ’n inwaartse sekondêre notering op die hoofmark van die JSE verkry en is tot die FTSE 100-indeks van die LSE toegelaat. Mediclinic-aandeelhouers het 0.625 Al Noor-aandele ontvang vir elke Mediclinic-aandeel gehou, gegrond op die vyf dae volume geweegde gemiddelde prys tot en met 1 Oktober 2015 van die Mediclinic-aandele op die JSE en die Al Noor-aandele op die LSE (wat onderskeidelik £5.20 en £8.32 was). As gevolg van die omgekeerde oorname, het Remgro ’n wins op die verwatering van sy belang in Mediclinic ten bedrae van R2 262 miljoen gerealiseer.

Bykomend tot die Al Noor-aandele wat Remgro ontvang het, en as ’n onderliggende komponent van die Samevoeging, het laasgenoemde ook in Februarie 2016 op ’n ekstra 72 115 384 aandele in Al Noor ingeskryf teen ’n toekenningsprys van £8.32 per aandeel vir ’n totale bedrag van £600 miljoen (die “Remgro Subskripsie”).

RAND AKSEPBANK (RMB)Remgro het oorbruggingsfinansiering van RMB bekom om bogenoemde transaksies gedeeltelik te befonds. Die oorbruggingsfinansiering is deels vervang met langtermynskuld, waarvan vastekoers kumulatiewe aflosbare voorkeuraandele ten bedrae van R3 500 miljoen aan RMB uitgereik is.

15. GEBEURE NA JAAREINDEINVENFIN EIENDOMS BEPERK (INVENFIN)Op 27 Julie 2016 het Remgro (deur sy volfiliaal Invenfin) ’n belang van 30%, ten bedrae van R80 miljoen, in Dynamic Commodities Eiendoms Beperk (Dynamic Commodities) verkry. Dynamic Commodities is ’n uitvoergefokusde maatskappy wat bevrore nageregte, versnapperings en waardetoegevoegde “vars bevrore” vrugte van hoë gehalte vervaardig. Gedurende Augustus 2016 het Invenfin ook ’n belang van 30% in Joya Brands Eiendoms Beperk, ’n lekkergoedvervaardiger, vir R50 miljoen verkry.

Buiten bogenoemde transaksies was daar geen ander wesentlike transaksies sedert 30 Junie 2016 nie.

Page 110: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

BYLAAG ABELANGRIKSTE FILIAALMAATSKAPPYE OP 30 JUNIE 2016

NAAM VAN MAATSKAPPY

Effektiewe belang

30 Junie 30 JunieIn Suid-Afrika geïnkorporeer Aandelekapitaal 2016 2015tensy anders vermeld R (tensy anders vermeld) % %

Eikenlust Eiendoms Beperk 100 100.0 100.0

Entek Beleggings Eiendoms Beperk 16 029 279 100.0 100.0

Financial Securities Eiendoms Beperk 250 000 100.0 100.0

Historiese Huise van Suid-Afrika Beperk 555 000 60.6 58.7

Industrial Electronic Investments Eiendoms Beperk 1 000 100.0 100.0

Industrial Partnership Investments Eiendoms Beperk 125 000 100.0 100.0

Invenfi n Eiendoms Beperk 100 100.0 100.0

IPI (Overseas) Limited – Jersey 918 530 004 100.0 100.0

IPROP Holdings Limited – British Virgin Islands (USD) 4 882 892 100.0 100.0

Metkor Groep Eiendoms Beperk 82 978 237 100.0 100.0

Millennia Jersey Limited – Jersey (GBP) 238 000 000 100.0 –

Partnership in Mining Eiendoms Beperk 100 100.0 100.0

RCL Foods Beperk * 10 023 803 736 77.3 77.5

Remgro Finansieringskorporasie Eiendoms Beperk 958 430 100.0 100.0

Remgro Health Limited – Jersey (GBP) 100 000 000 100.0 –

Remgro Healthcare Holdings Eiendoms Beperk (voorheen Friedshelf 1670 Eiendoms Beperk) 36 543 642 592 100.0 100.0

Remgro International Holdings Eiendoms Beperk 2 100.0 100.0

Remgro International Limited – Jersey 2 412 355 000 100.0 100.0

Remgro Investment Corporation Eiendoms Beperk 100 100.0 100.0

Remgro Jersey GBP Limited – Jersey (GBP) 100 000 000 100.0 –

Remgro Leningskorporasie Eiendoms Beperk 700 100.0 100.0

Remgro Bestuursdienste Beperk 100 100.0 100.0

Remgro Suid-Afrika Eiendoms Beperk 48 614 100.0 100.0

Remgro Sport Investments Eiendoms Beperk 100 100.0 100.0

Remgro USA Limited – Jersey (USD) 2 100.0 100.0

Remont Eiendoms Beperk 100 100.0 100.0

Robertsons Holdings Eiendoms Beperk 1 000 100.0 100.0

RPII Holdings Eiendoms Beperk 8 600 000 100.0 100.0

SEACOM SA SPV Eiendoms Beperk 100 100.0 100.0

Stellenbosch Academy of Sport Properties Eiendoms Beperk 2 100.0 100.0

TSB Sugar Holdings Eiendoms Beperk 7 532 040 746 100.0 100.0

TTR Holdings Eiendoms Beperk 7 100.0 100.0

VenFin Holdings Limited – Jersey (USD) 88 578 773 100.0 100.0

VenFin Eiendoms Beperk 2 849 304 076 100.0 100.0

VenFin Media Investments Eiendoms Beperk 2 100.0 100.0

Wispeco Holdings Eiendoms Beperk 11 641 000 100.0 100.0

(GBP) pond(USD) VSA-dollar* Genoteerde maatskappy

’n Volledige register van fi liaalmaatskappye is vir insae beskikbaar by die geregisteerde kantoor van die maatskappy.

WWW.REMGRO.COM

FINANSIËLE VERSLAG

110

Page 111: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

111

FINANSIËLE VERSLAG

BYLAAG BBELANGRIKSTE BELEGGINGS OP 30 JUNIE 2016

NAAM VAN MAATSKAPPY

Genoteer Ongenoteer

30 Junie 2016 30 Junie 2015 30 Junie 2016 30 Junie 2015

Effektiewe Effektiewe Effektiewe EffektieweIn Suid-Afrika geïnkorporeer Aandele belang Andele belang Aandele belang Aandele belangtensy anders vermeld gehou % gehou % gehou % gehou %

Voedsel, drank en huishoudelike sorgUnilever South Africa Holdings

Eiendoms Beperk 5 348 135 25.8 5 348 135 25.8Capevin Holdings Beperk(1) 136 978 200 15.6 136 978 200 15.6– indirek gehou deur Capevin

Holdings Beperk deur Remgro-Capevin Investments Eiendoms Beperk:– Distell Groep Beperk (15%) 4.2 4.2

Remgro-Capevin Investments Eiendoms Beperk 50 50.0 50 50.0– gehou deur Remgro-Capevin

Investments Eiendoms Beperk: 26.8 26.8– Distell Groep Beperk (54%)

BankweseRMB Holdings Beperk 397 447 747 28.2 397 421 450 28.2– gehou deur RMB Holdings

Beperk:

– FirstRand Beperk (34%) 9.6 9.6FirstRand Beperk(1) 219 828 140 3.9 219 805 470 3.9

GesondheidsorgMediclinic International plc – VK 328 497 888 44.6 358 869 121 42.0

VersekeringRMI Holdings Beperk 449 665 168 30.3 449 638 871 30.3

NywerheidAir Products South Africa

Eiendoms Beperk 4 500 000 50.0 4 500 000 50.0Kagiso Tiso Holdings Eiendoms

Beperk (RF) 325 892 34.9 325 892 34.9Total South Africa Eiendoms

Beperk 12 872 450 24.9 12 872 450 24.9PGSI Limited – BVI 26 297 697 37.7 26 297 697 37.7

InfrastruktuurGrindrod Beperk 173 183 235 23.1 173 183 235 23.0Community Investment Ventures

Holdings Eiendoms Beperk 150 148 50.9 150 148 50.9SEACOM Capital Limited –

Mauritius(2) 1 000 30.0 1 000 25.0

Media en sporteMedia Investments Eiendoms

Beperk 17 730 595 32.3 17 730 595 32.4

Ander beleggingsBusiness Partners Beperk 74 011 714 42.8 73 794 623 42.7

Al hierdie beleggings is volgens die ekwiteitsmetode verantwoord.(1) Remgro het die aanname dat beduidende invloed nie op hierdie beleggings uitgeoefen word nie, weerlê.(2) In vorige fi nansiële jare het Remgro SEACOM Capital Limited (SEACOM) se resultate teen 25% geëkwiteer in ooreenstemming met sy stemreg. Dividende van

SEACOM sal egter 30% van die totale dividende verteenwoordig totdat ’n saamgestelde jaarlikse opbrengs van 15% op Remgro se oorspronklike belegging ontvang is. Dit is onwaarskynlik dat sodanige opbrengs bereik sal word en daarom word SEACOM se resultate vanaf 1 Julie 2015 teen 30% geëkwiteer.

BVI – British Virgin IslandsVK – Verenigde Koningryk

Besonderhede van beleggings wat nie wesentlik is vir die beoordeling van die groep nie, word nie aangetoon nie.

Page 112: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

112

WWW.REMGRO.COM

FINANSIËLE VERSLAG

AANDEELHOUERSINLIGTING

30 Junie 2016 30 Junie 2015

%

Aantal

aandele %

Aantal

aandele

VERNAAMSTE VOORDELIGE AANDEELHOUERSGewone aandelePublic Investment Corporation 16.22 78 014 765 16.76 80 621 000 Ander 83.78 403 091 605 83.24 400 485 370

100.00 481 106 370 100.00 481 106 370 B-gewone aandeleRupert Beleggings Eiendoms Beperk 100.00 35 506 352 100.00 35 506 352 Totaal 516 612 722 516 612 722

Geen ander aandeelhouer het op 30 Junie 2016 ’n voordelige belang van meer as 5% in die gewone aandele van die maatskappy gehou nie.

30 Junie

2016

30 Junie

2015

30 Junie

2014

30 Junie

2013

VERSPREIDING VAN AANDEELHOUERS

Gewone aandelePublieke aandeelhouers 60 890 59 141 53 874 49 487 Persentasie van aandeelhouers 99.85 99.86 99.83 99.85 Aantal aandele 465 687 383 465 119 986 464 263 605 464 305 068 Persentasie van aandele uitgereik 96.80 96.68 96.50 96.51Nie-publieke aandeelhouers Direkteure en hulle verwantes/Aandeletrust/Tesourie-aandele 90 84 91 73 Persentasie van aandeelhouers 0.15 0.14 0.17 0.15 Aantal aandele 15 418 987 15 986 384 16 842 765 16 801 302 Persentasie van aandele uitgereik 3.20 3.32 3.50 3.49

Aantal aandeelhouers 60 980 59 225 53 965 49 560

30 Junie

2016

30 Junie

2015

30 Junie

2014

30 Junie

2013

AANTAL AANDELE UITGEREIK– Gewone aandele sonder pariwaarde Uitgereik aan die begin van die jaar 481 106 370 481 106 370 481 106 370 481 106 370– Ongenoteerde B-gewone aandele sonder pariwaarde 35 506 352 35 506 352 35 506 352 35 506 352Totale aantal aandele uitgereik 516 612 722 516 612 722 516 612 722 516 612 722Aantal aandele in tesourie gehouGewone aandele teruggekoop en in tesourie gehou (1 725 393) (2 169 558) (2 960 766) (3 433 101)

514 887 329 514 443 164 513 651 956 513 179 621

Geweegde aantal aandele 514 634 062 514 200 979 513 404 676 513 526 699

STATISTIEK OP 30 JUNIE 2016

Page 113: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

113

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

AANDEELHOUERSINLIGTING / FINANSIËLE VERSLAG

ADDISIONELE INLIGTING

Institusionele en privaat aandeelhoudings in Remgro Beperk gewone aandele

Buitelandse en plaaslike aandeelhoudings in Remgro Beperk gewone aandele

Institusioneel

85%

2015

Privaat

14%

Institusioneel

86%

2016

Suid-Afrika

67%

Buiteland

33%

2015

Buiteland

33%

Suid-Afrika

67%

2016

Privaat

15%

Page 114: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

114

WWW.REMGRO.COM

FINANSIËLE VERSLAG / AANDEELHOUERSINLIGTING

BELANGE VAN DIREKTEURE IN DIE UITGEREIKTE KAPITAAL VAN DIE MAATSKAPPY

GEWONE AANDELE

DirekteureDirek

voordeligIndirek

voordelig Verwantes Totaal

30 Junie 2016

W E Bührmann – 264 000 – 264 000 J J Durand – 742 524 7 500 750 024 G T Ferreira 158 625 – 560 000 718 625 P K Harris – 169 118 – 169 118 E de la H Hertzog 261 892 1 931 814 129 984 2 323 690 J Malherbe 26 826 – 1 053 301 1 080 127 P J Moleketi 1 130 – 9 925 11 055 M Morobe – 575 – 575 F Robertson – 5 000 – 5 000 J P Rupert – – 6 867 150 6 867 150 S E N De Bruyn Sebotsa 450 – – 450 H Wessels – – 4 500 4 500 N J Williams 10 000 – 60 000 70 000

458 923 3 113 031 8 692 360 12 264 314

Op 31 Maart 2016, toe mnr L Crouse afgetree het, was sy direk voordelige aandeelhouding in Remgro Beperk 178 039 gewone aandele.

DirekteureDirek

voordeligIndirek

voordelig Verwantes Totaal

30 Junie 2015

W E Bührmann 264 000 – – 264 000 L Crouse 178 039 – – 178 039 J J Durand – 742 524 7 500 750 024 G T Ferreira 158 625 – 560 000 718 625 P K Harris – 169 118 – 169 118 E de la H Hertzog 261 892 1 931 814 129 984 2 323 690 J Malherbe 26 826 – 1 053 301 1 080 127 P J Moleketi 1 130 1 445 1 180 3 755 M Morobe – 575 – 575 F Robertson – 5 000 – 5 000 J P Rupert – – 6 867 150 6 867 150 S E N De Bruyn Sebotsa 450 – – 450 H Wessels – – 4 500 4 500

890 962 2 850 476 8 623 615 12 365 053

B-GEWONE AANDELEMnr J P Rupert is ’n direkteur van Rupert Beleggings Eiendoms Beperk (voorheen Rembrandt Trust Eiendoms Beperk) wat die houer is van al die uitgereikte ongenoteerde B-gewone aandele.

Sedert die einde van die finansiële jaar tot datum van hierdie verslag het die belange van die direkteure onveranderd gebly.

Page 115: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

115

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

FINANSIËLE VERSLAG

KENNISGEWING AAN AANDEELHOUERS

Die 2016 algemene jaarvergadering van Remgro Beperk (die maatskappy) sal op Donderdag, 1 Desember 2016, om 10:30 in die konferensiesentrum, Erinvale Estate Hotel & Spa, Lourensfordweg, Somerset-Wes, 7130, gehou word om, indien goedgevind, die volgende gewone en spesiale besluite met of sonder wysiging aan te neem:

1. GOEDKEURING VAN DIE FINANSIËLE JAARSTATE

GEWONE BESLUIT NOMMER 1

Besluit dat die geouditeerde fi nansiële jaarstate van die maatskappy en die groep, insluitende die verslag van die raad van direkteure, die onafhanklike ouditeursverslag en die verslag van die oudit-en-risikokomitee, vir die fi nansiële jaar geëindig 30 Junie 2016 aanvaar en goedgekeur word.

2. HERAANSTELLING VAN OUDITEUR

GEWONE BESLUIT NOMMER 2

Besluit dat die heraanstelling van PricewaterhouseCoopers Geïnk., wat onafhanklik is van die maatskappy, as die maatskappy se ouditeur, soos deur die maatskappy se oudit-en-risikokomitee benoem, goedgekeur word en om kennis te neem dat mnr N H Döman die individuele geregistreerde ouditeur is wat die oudit gedurende die fi nansiële jaar eindigende 30 Junie 2017 sal onderneem.

3. VERKIESING VAN DIREKTEUR

GEWONE BESLUIT NOMMER 3

Besluit dat mnr J J Durand wat kragtens klousule 27.4.3.1 van die akte van oprigting van die maatskappy (akte van oprigting) as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word.

4. VERKIESING VAN DIREKTEUR

GEWONE BESLUIT NOMMER 4

Besluit dat mnr P K Harris wat kragtens klousule 27.4.3.1 van die akte van oprigting as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word.

5. VERKIESING VAN DIREKTEUR

GEWONE BESLUIT NOMMER 5

Besluit dat dr E de la H Hertzog wat kragtens klousule 27.4.3.1 van die akte van oprigting as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word.

6. VERKIESING VAN DIREKTEUR

GEWONE BESLUIT NOMMER 6

Besluit dat mnr J Malherbe wat kragtens klousule 27.4.3.1 van die akte van oprigting as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word.

7. VERKIESING VAN DIREKTEUR

GEWONE BESLUIT NOMMER 7

Besluit dat mnr M Morobe wat kragtens klousule 27.4.3.1 van die akte van oprigting as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word.

8. VERKIESING VAN DIREKTEUR

GEWONE BESLUIT NOMMER 8

Besluit dat die aanstelling van mnr N J Williams as direkteur van die maatskappy kragtens klousule 27.3.7 van die akte van oprigting goedgekeur word.

Biografi ese inligting van al die direkteure van die maatskappy verskyn op bladsy 14 en 15 van die geïntegreerde jaarverslag.

9. AANSTELLING VAN LID VAN DIE OUDIT-EN-RISIKOKOMITEE

GEWONE BESLUIT NOMMER 9

Besluit dat mnr N P Mageza, wat verkiesbaar is en homself herkiesbaar gestel het, as lid van die oudit-en-risikokomitee aangestel word vir die fi nansiële jaar eindigende 30 Junie 2017.

Page 116: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

116

WWW.REMGRO.COM

116

FINANSIËLE VERSLAG / KENNISGEWING AAN AANDEELHOUERS

10. AANSTELLING VAN LID VAN DIE OUDIT-EN-RISIKOKOMITEE

GEWONE BESLUIT NOMMER 10

Besluit dat mnr P J Moleketi, wat verkiesbaar is en homself herkiesbaar gestel het, as lid van die oudit-en-risikokomitee aangestel word vir die fi nansiële jaar eindigende 30 Junie 2017.

11. AANSTELLING VAN LID VAN DIE OUDIT-EN-RISIKOKOMITEE

GEWONE BESLUIT NOMMER 11

Besluit dat mnr F Robertson, wat verkiesbaar is en homself herkiesbaar gestel het, as lid van die oudit-en-risikokomitee aangestel word vir die fi nansiële jaar eindigende 30 Junie 2017.

12. AANSTELLING VAN LID VAN DIE OUDIT-EN-RISIKOKOMITEE

GEWONE BESLUIT NOMMER 12

Besluit dat me S E N De Bruyn Sebotsa, wat verkiesbaar is en haarself verkiesbaar gestel het, as lid van die oudit-en-risikokomitee aangestel word vir die fi nansiële jaar eindigende 30 Junie 2017.

13. GOEDKEURING VAN DIREKTEURE SE VERGOEDING

SPESIALE BESLUIT NOMMER 1

Besluit dat direkteursvergoeding vir dienste gelewer as direkteure vir die fi nansiële jaar eindigende 30 Junie 2017 as volg vasgestel word:

Voorgestelde fooi vir Fooi vir diedie jaar eindigende jaar geëindig

Tipe fooi (R) 30 Junie 2017 30 Junie 2016

Direksielid 321 000 300 000Voorsitter van die oudit-en-risikokomitee 214 000 200 000Lid van die oudit-en-risikokomitee 107 000 100 000Lid van die vergoedings-en-nominasiekomitee 53 500 50 000Lid van die maatskaplike-en-etiesekomitee 53 500 50 000

VERDERE INLIGTING TEN OPSIGTE VAN SPESIALE BESLUIT NOMMER 1

Die rede vir en die effek van Spesiale Besluit Nommer 1 is om die vergoeding betaalbaar deur die maatskappy aan sy direkteure vir hulle dienste as direkteure van die maatskappy vir die fi nansiële jaar eindigende 30 Junie 2017 goed te keur.

14. ALGEMENE MAGTIGING VIR DIE TERUGKOOP VAN AANDELE

SPESIALE BESLUIT NOMMER 2

Besluit dat die direksie van die maatskappy hiermee gemagtig word, by wyse van ’n hernubare algemene magtiging ingevolge die bepalings van die noteringsvereistes en soos toegelaat ingevolge die akte van oprigting, om die koop van sy eie gewone aandele deur die maatskappy, of om die koop van gewone aandele in die maatskappy deur enige fi liaal van die maatskappy, goed te keur op die terme en voorwaardes soos die direksie van die maatskappy van tyd tot tyd mag bepaal, met dien verstande dat:

• hierdie algemene magtiging geldig sal wees tot en met die volgende algemene jaarvergadering van die maatskappy of vir 15 maande vanaf die datum van aanname van hierdie besluit, welke tydperk ook al die kortste is;

• die gewone aandele deur die bestelboek van die JSE verhandelingsisteem gekoop word sonder enige voorafgaande verstandhouding of ooreenkoms tussen die maatskappy en/of die betrokke filiaal en die teenparty;

• die maatskappy ooreenkomstig paragraaf 11.27 van die noteringsvereistes ’n aankondiging publiseer (i) wanneer die maatskappy en/of sy filiale kumulatief 3% van die uitgereikte gewone aandele soos op die datum wat die algemene magtiging verleen is (“die aanvanklike getal“) teruggekoop het, en (ii) vir elke 3% in totaal van die aanvanklike getal gewone aandele wat daarna deur die maatskappy en/of sy filiale teruggekoop word;

Page 117: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

117

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

KENNISGEWING AAN AANDEELHOUERS / FINANSIËLE VERSLAG

• die terugkoop deur die maatskappy van sy eie gewone aandele in enige enkele finansiële jaar in totaal nie 10% van die maatskappy se uitgereikte gewone aandelekapitaal soos aan die begin van die finansiële jaar mag oorskry nie, met dien verstande dat die verkryging van gewone aandele deur ’n filiaal van die maatskappy as tesourie-aandele, nie uitgevoer sal word nie indien in totaal meer as 10% van die totale getal uitgereikte gewone aandele van die maatskappy op die betrokke tydstip reeds gesamentlik deur of tot voordeel van die filiale van die maatskappy gehou word;

• terugkope nie gedoen mag word teen ’n prys wat meer as 10% bo die geweegde gemiddelde markwaarde van die gewone aandele vir die vyf besigheidsdae onmiddellik voor die datum waarop die transaksie uitgevoer word, is nie;

• die maatskappy te eniger tyd net een verteenwoordiger mag aanwys om namens die maatskappy, of namens enige filiaal van die maatskappy, die terugkoop uit te voer;

• onderhewig aan die uitsonderings vervat in die noteringsvereistes, die maatskappy en die groep nie gedurende ’n verbode tydperk (soos omskryf in die noteringsvereistes) gewone aandele sal terugkoop nie, tensy hulle ’n terugkoopprogram in plek het ingevolge waarvan die datums en aantal aandele waarmee gehandel word tydens die betrokke tydperk vas is (nie onderhewig is aan enige verandering nie) en volle besonderhede van die program aan die JSE openbaar gemaak is voor die aanvang van die verbode tydperk;

• voor die terugkoop, die direksie van die maatskappy ’n besluit aangeneem het waarin hul bevestig dat die direksie die terugkoop gemagtig het, dat die maatskappy en sy filiale voldoen aan die solvensie-en-likiditeitstoets soos beoog in die Maatskappywet, en dat sedert die toets toegepas is daar geen wesentlike verandering in die finansiële toestand van die groep was nie; en

• sodanige terugkope onderhewig sal wees aan die toepaslike bepalings van die Maatskappywet, die akte van oprigting, die noteringsvereistes en die Valutabeheerregulasies, 1961.

Dit is die voorneme van die direksie om hierdie algemene magtiging te gebruik indien heersende omstandighede (insluitende die belastingbedeling en marktoestande) dit na hulle mening regverdig.

Die direkteure van die maatskappy onderneem dat hulle nie enige sodanige terugkope sal implementeer terwyl hierdie algemene magtiging geldig is nie, tensy –

• die maatskappy en die groep in staat sal wees om, in die gewone loop van besigheid, hul skulde vir ’n tydperk van 12 maande na die datum van die algemene terugkoop, te betaal;

• die bates van die maatskappy en die groep hul laste vir ’n tydperk van 12 maande na die datum van die algemene terugkoop sal oorskry. Vir hierdie doel sal die bates en die laste erken en waardeer word in ooreenstemming met die rekeningkundige beleid wat toegepas is in die voorbereiding van die maatskappy se mees onlangse geouditeerde groep finansiële jaarstate;

• die maatskappy en die groep voldoende aandelekapitaal en reserwes vir gewone besigheidsdoeleindes sal hê vir ’n tydperk van 12 maande na die datum van die algemene terugkoop; en

• die bedryfskapitaal van die maatskappy en die groep voldoende sal wees vir gewone besigheidsdoeleindes vir ’n tydperk van 12 maande na die datum van die algemene terugkoop.

VERDERE INLIGTING TEN OPSIGTE VAN SPESIALE BESLUIT NOMMER 2

Die rede vir en die effek van Spesiale Besluit Nommer 2 is om aan die direksie van die maatskappy ’n algemene magtiging te verleen om die terugkoop van sy eie gewone aandele goed te keur en om ’n fi liaal van die maatskappy toe te laat om gewone aandele in die maatskappy te koop.

Vir doeleindes van die oorweging van Spesiale Besluit Nommer 2, en ter voldoening aan paragraaf 11.26 van die noteringsvereistes, is die inligting hieronder ingesluit in die geïntegreerde jaarverslag, waarin hierdie kennisgewing van die algemene jaarvergadering vervat is, op die plekke soos aangedui:

• Wesentlike aandeelhouers (bladsy 112);

• Aandelekapitaal van die maatskappy (bladsy 51 van finansiële jaarstate en 112 van die geïntegreerde jaarverslag).

Die direkteure wie se name vermeld word op bladsy 14 en 15 van die geïntegreerde jaarverslag aanvaar gesamentlik en afsonderlik volle verantwoordelikheid vir die korrektheid van die inligting vervat in hierdie Spesiale Besluit Nommer 2 en sertifi seer dat, na die beste van hulle kennis en wete, daar geen ander feite nagelaat is wat enige verklaring vals of misleidend mag maak nie, en dat hulle alle redelike navrae in hierdie verband gedoen het en dat hierdie besluit alle inligting wat regtens en deur die noteringsvereistes vereis word, vervat.

Daar was geen wesentlike verandering in die fi nansiële of handelsposisie van die maatskappy of die groep wat plaasgevind het sedert die einde van die fi nansiële tydperk waarvoor daar óf geouditeerde fi nansiële jaarstate óf ongeouditeerde tussenverslae gepubliseer is nie.

Page 118: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

118

WWW.REMGRO.COM

FINANSIËLE VERSLAG / KENNISGEWING AAN AANDEELHOUERS

15. ALGEMENE MAGTIGING VIR VERLENING VAN FINANSIËLE BYSTAND VIR DIE INSKRYWING EN/OF AANKOOP VAN SEKURITEITE IN DIE MAATSKAPPY OF IN VERWANTE OF ONDERLING VERWANTE MAATSKAPPYE

SPESIALE BESLUIT NOMMER 3 Besluit dat die direksie van die maatskappy hiermee gemagtig word ingevolge artikel 44(3)(a)(ii) van die Maatskappywet as

’n algemene magtiging (welke magtiging in plek sal wees vir ’n tydperk van twee jaar vanaf die datum van aanname van hierdie Spesiale Besluit Nommer 3), om die maatskappy te magtig om fi nansiële bystand te verleen deur ’n lening, waarborg, die verskaffi ng van sekuriteit of andersins aan enige verwante en/of onderling verwante maatskappy van die maatskappy (“verwante“ en “onderling verwante“ het hierin die betekenisse daaraan toegeskryf in artikel 2 van die Maatskappywet) en/of aan enige fi nansierder van die maatskappy of enige van sy verwante of onderling verwante maatskappye vir die doeleindes van, of in verband met, die inskrywing vir enige opsie, of enige sekuriteite, wat deur die maatskappy of ’n verwante of onderling verwante maatskappy van die maatskappy uitgereik is of gaan word, of vir die aankoop van enige sekuriteite van die maatskappy of ’n verwante of onderling verwante maatskappy van die maatskappy, op die terme en voorwaardes en vir die bedrae soos wat die direksie mag bepaal.

Die direksie onderneem dat hy nie ’n besluit sal aanneem om sodanige fi nansiële bystand te verleen nie, tensy die direksie tevrede is dat –

• onmiddellik na die verlening van die finansiële bystand, die maatskappy sal voldoen aan die solvensie-en-likiditeitstoets soos beoog in die Maatskappywet; en

• die voorgestelde terme waarvolgens die finansiële bystand verleen sal word billik en redelik teenoor die maatskappy is.

Die hoofdoel van hierdie magtiging is om aan die direksie van die maatskappy die magtiging te verleen om die maatskappy te magtig om fi nansiële bystand te verleen aan die fi nansierders van die groep vir die doeleindes van die inskrywing en/of aankoop van sekuriteite in fi liale van die maatskappy, ten einde die aktiwiteite van die groep te fi nansier.

VERDERE INLIGTING TEN OPSIGTE VAN SPESIALE BESLUIT NOMMER 3 Die rede vir en die effek van Spesiale Besluit Nommer 3 is om aan die direksie van die maatskappy ’n algemene magtiging te

verleen vir die maatskappy om fi nansiële bystand te verleen aan sy verwante en onderling verwante maatskappye en/of fi nansierders van die groep vir die doeleindes van die inskrywing vir opsies en/of sekuriteite wat deur die maatskappy of sy verwante of onderling verwante maatskappye uitgereik is of gaan word, of vir die aankoop van sekuriteite van die maatskappy of sy verwante of onderling verwante maatskappye, ten einde die aktiwiteite van die groep te fi nansier.

16. ALGEMENE MAGTIGING VIR VERLENING VAN FINANSIËLE BYSTAND AAN VERWANTE EN ONDERLING VERWANTE MAATSKAPPYE EN KORPORASIES

SPESIALE BESLUIT NOMMER 4

Besluit dat die direksie van die maatskappy hiermee gemagtig word ingevolge artikel 45(3)(a)(ii) van die Maatskappywet, as ’n algemene magtiging (welke magtiging in plek sal wees vir ’n tydperk van twee jaar vanaf die datum van aanname van hierdie Spesiale Besluit Nommer 4), om die maatskappy te magtig om enige direkte of indirekte fi nansiële bystand (“fi nansiële bystand“ het hierin die betekenis daaraan toegeskryf in artikel 45(1) van die Maatskappywet) te verleen as wat die direksie mag goeddink aan enige verwante of onderling verwante maatskappy of korporasie van die maatskappy (“verwante“ en “onderling verwante“ het hierin die betekenisse daaraan toegeskryf in artikel 2 van die Maatskappywet), op die terme en voorwaardes en vir die bedrae soos wat die direksie mag bepaal.

Die hoofdoel van hierdie magtiging is om aan die direksie van die maatskappy die magtiging te verleen om die maatskappy te magtig om intergroeplenings en ander fi nansiële bystand te verleen ten einde die aktiwiteite van die groep te fi nansier. Die direksie onderneem dat –

• hy nie ’n besluit sal aanneem om sodanige finansiële bystand te verleen nie, tensy die direksie tevrede is dat –

– onmiddellik na die verlening van die finansiële bystand, die maatskappy sal voldoen aan die solvensie-en-likiditeitstoets soos beoog in die Maatskappywet; en

– die voorgestelde terme waarvolgens die finansiële bystand verleen sal word billik en redelik teenoor die maatskappy; en

• geskrewe kennisgewing van enige sodanige besluit deur die direksie aan alle aandeelhouers van die maatskappy en enige vakbond wat die maatskappy se werknemers verteenwoordig gegee sal word –

– binne 10 besigheidsdae na die direksie die besluit aangeneem het, indien die totale waarde van die finansiële bystand beoog in daardie besluit, tesame met enige vorige sodanige besluit gedurende die finansiële jaar, 0.1% van die maatskappy se netto waarde oorskry; of

– binne 30 besigheidsdae na die einde van die finansiële jaar, in enige ander geval.

Page 119: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

119

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

KENNISGEWING AAN AANDEELHOUERS / FINANSIËLE VERSLAG

VERDERE INLIGTING TEN OPSIGTE VAN SPESIALE BESLUIT NOMMER 4

Die rede vir en die effek van Spesiale Besluit Nommer 4 is om aan die direksie van die maatskappy ’n algemene magtiging te verleen vir die maatskappy om direkte of indirekte fi nansiële bystand te verleen aan enige maatskappy of korporasie wat deel vorm van die groep, insluitende in die vorm van lenings of die waarborg van hulle skulde.

KENNISGEWING AAN AANDEELHOUERS VAN DIE MAATSKAPPY INGEVOLGE ARTIKEL 45(5) VAN DIE MAAT SKAPPYWET VAN ’N BESLUIT AANGENEEM DEUR DIE DIREKSIE WAT DIE MAATSKAPPY MAGTIG OM DIREKTE OF INDIREKTE FINANSIËLE BYSTAND TE VERLEEN AAN VERWANTE EN ONDERLING VERWANTE MAATSKAPPYE EN KORPORASIES

• Teen die tyd dat hierdie kennisgewing van die algemene jaarvergadering aan aandeelhouers gelewer is, het die direksie reeds ’n besluit aangeneem (Artikel 45 Direksiebesluit) wat die maatskappy magtig om, ter enige tyd en van tyd tot tyd, gedurende die tydperk vanaf die datum waarop Spesiale Besluit Nommer 4 aangeneem is tot die datum van die volgende algemene jaarvergadering van die maatskappy, enige direkte of indirekte finansiële bystand soos beoog in artikel 45 van die Maatskappywet aan enige een of meer verwante of onderling verwante maatskappye of korporasies van die maatskappy te verleen. Die finansiële bystand sal bestaan uit lenings en ander finansiële bystand aan filiale van die maatskappy (synde verwante of onderlinge verwante maatskappye van die maatskappy) vir doeleindes van die befondsing van die aktiwiteite van die groep.

• Die Artikel 45 Direksiebesluit sal van krag wees slegs indien en tot die mate wat Spesiale Besluit Nommer 4 deur die aandeelhouers aangeneem is en die bepalings van enige sodanige finansiële bystand deur die maatskappy, kragtens sodanige besluit, is altyd onderhewig daaraan dat die direksie tevrede is dat (1) onmiddellik na die verlening van die finansiële bystand, die maatskappy sal voldoen aan die solvensie-en-likiditeitstoets soos beoog in artikel 45(3)(b)(i) van die Maatskappywet; en dat (2) die terme waarvolgens die finansiële bystand verleen sal word billik en redelik teenoor die maatskappy is soos beoog in artikel 45(3)(b)(ii) van die Maatskappywet.

• Tot die mate wat die Artikel 45 Direksiebesluit beoog dat sodanige finansiële bystand, in totaal, 0.1% van die maatskappy se netto waarde soos op die datum van aanname van sodanige besluit, sal oorskry, gee die maatskappy hiermee kennis van die Artikel 45 Direksiebesluit aan aandeelhouers. Die maatskappy het geen werknemers wat deur ’n vakbond verteenwoordig word nie.

17. WYSIGING VAN DIE AKTE VAN OPRIGTING SPESIALE BESLUIT NOMMER 5 Besluit dat, die akte van oprigting hiermee gewysig word deur die bestaande opskrif van klousule 7 in geheel te skrap en dit te

vervang met die volgende opskrif “CONSOLIDATION, SUBDIVISION, REDUCTION OF CAPITAL AND FRACTIONAL ENTITLEMENT” en die skraping van die bestaande klousule 7.3 in geheel en die vervanging daarvan met die volgende nuwe klousule 7.3: “If a fraction of a Share comes into being as a result of any action contemplated in clause 7.1 or any other corporate action, the Board shall deal with such fraction in the manner as prescribed by the Listings Requirements from time to time, or in the absence of any such prescription, the Board shall deal with such fraction in a manner as determined by the Board in its reasonable discretion.”

VERDERE INLIGTING TEN OPSIGTE VAN SPESIALE BESLUIT NOMMER 5 Die rede en effek van die Spesiale Besluit Nommer 5 is om die wysiging aan die akte van oprigting van die maatskappy goed

te keur om enige konfl ik tussen die akte van oprigting en die noteringsvereistes (soos vroeër in 2016 gewysig) te verwyder met betrekking tot die wyse waarop breukdele van aandele wat uit ’n korporatiewe aksie voortspruit, hanteer moet word.

18. VERSLAG VAN MAATSKAPLIKE-EN-ETIESEKOMITEE Die verslag van die maatskaplike-en-etiesekomitee van die maatskappy, wat by die geïntegreerde jaarverslag ingesluit is op

bladsy 71 daarvan, saamgelees met die gedetailleerde volhoubare ontwikkelingsverslag wat op die maatskappy se webblad by www.remgro.com gepubliseer is, dien as die maatskaplike-en-etiesekomitee se verslag aan die maatskappy se aandeelhouers by die algemene jaarvergadering ten opsigte van die sake wat binne die mandaat van die komitee val. Enige spesifi eke vrae aan die komitee kan voor die algemene jaarvergadering aan die maatskappysekretaris gestuur word.

En om enige ander besigheid te verrig wat op ’n algemene jaarvergadering verrig mag word.

Addisionele inligting en verduidelikende notas ten opsigte van Gewone Besluite Nommers 1 tot 12 en Spesiale Besluite Nommers 1 tot 5 word uiteengesit in die verduidelikende notas by hierdie kennisgewing van algemene jaarvergadering wat hierby aangeheg is.

Page 120: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

120

WWW.REMGRO.COM

FINANSIËLE VERSLAG / KENNISGEWING AAN AANDEELHOUERS

REKORDDATUMSDie rekorddatum ingevolge artikel 59 van die Maatskappywet vir aandeelhouers om geregistreer te wees in die sekuriteiteregister van die maatskappy ten einde hierdie kennisgewing van die algemene jaarvergadering te ontvang is Vrydag, 14 Oktober 2016.

Die rekorddatum ingevolge artikel 59 van die Maatskappywet vir aandeelhouers om geregistreer te wees in die sekuriteiteregister van die maatskappy ten einde die algemene jaarvergadering by te woon, daaraan deel te neem en te stem, is Vrydag, 25 November 2016, en die laaste dag om te handel in die maatskappy se aandele ten einde geregistreer te wees in die sekuriteiteregister van die maatskappy om die algemene jaarvergadering by te woon, daaraan deel te neem en te stem, is Dinsdag, 22 November 2016.

GOEDKEURINGS VEREIS VIR BESLUITEGewone Besluite Nommers 1 tot 12 vervat in hierdie kennisgewing van algemene jaarvergadering vereis die goedkeuring deur meer as 50% van die stemme uitgebring ten opsigte van die besluite deur aandeelhouers wat teenwoordig is of by volmag op die algemene jaarvergadering verteenwoordig is, onderworpe aan die bepalings van die Maatskappywet, die akte van oprigting en die noteringsvereistes.

Spesiale Besluite Nommers 1 tot 5 vervat in hierdie kennisgewing van algemene jaarvergadering vereis die goedkeuring deur ten minste 75% van die stemme uitgebring ten opsigte van die besluite deur aandeelhouers wat teenwoordig is of by volmag op die algemene jaarvergadering verteenwoordig is, onderworpe aan die bepalings van die Maatskappywet, die akte van oprigting en die noteringsvereistes.

Ekwiteitsekuriteite wat deur ’n aandeletrust of -skema van die maatskappy gehou word se stemme sal nie in berekening gebring word vir die doeleindes van besluite aangeneem ingevolge die noteringsvereistes nie. Aandele gehou as tesourie-aandele mag ook nie stem nie.

BYWONING EN STEMMING DEUR AANDEELHOUERS OF GEVOLMAGTIGDESAandeelhouers wat nie hul aandele gedematerialiseer het nie, of wat hul aandele gedematerialiseer het en dit in hul “eie naam“ geregistreer het, is geregtig om die algemene jaarvergadering by te woon en te stem en het die reg om ’n gevolmagtigde of gevolmagtigdes te benoem (vir welke doeleindes ’n volmagvorm hierby aangeheg word) om die vergadering namens hulle by te woon, daarop te praat en te stem. So ’n gevolmagtigde hoef nie ’n aandeelhouer van die maatskappy te wees nie. Volmagvorms moet ingelewer word by die maatskappy se oordragsekretaris, Computershare Investor Services Eiendoms Beperk, Marshallstraat 70, Johannesburg, 2001, Suid-Afrika, of kan gepos word aan die oordragsekretaris by Posbus 61051, Marshalltown, 2107, Suid-Afrika, om hulle te bereik nie later as Dinsdag, 29 November 2016, om 10:30 (Suid-Afrikaanse tyd) nie, met dien verstande dat enige volmagvorm wat nie teen hierdie tyd deur die oordragsekretaris ontvang is nie mag enige tyd voor die aangestelde volmaghouer enige van die aandeelhouersregte op die algemene jaarvergadering uitoefen aan die voorsitter van die algemene jaarvergadering oorhandig word.

Volmagvorms moet slegs deur aandeelhouers voltooi word wat nie hul aandele gedematerialiseer het nie of wat hul aandele gedematerialiseer het en dit in hul “eie naam“ geregistreer het.

By stemming by wyse van ’n opsteek van hande, is elke persoon wat teenwoordig is en geregtig is om stemregte uit te oefen, geregtig op een stem, ongeag die aantal stemme wat daardie persoon andersins geregtig sou wees om uit te oefen. By stemming per stembrief, is elke houer van gewone aandele geregtig op een stem per gewone aandeel gehou en elke houer van B-gewone aandele is geregtig op 10 stemme per B-gewone aandeel gehou.

Aandeelhouers wat hulle aandele gedematerialiseer het en nie in “eie naam“ geregistreer is as aandeelhouers van die maatskappy nie, moet hulle sentralesekuriteitebewaarplek-deelnemer (CSDP) of makelaar kontak op die wyse en binne die tyd bepaal in hulle ooreenkoms, om:

• hulle CSDP of makelaar van hul stemopdragte te voorsien; of

• die nodige toestemming te verkry, sou hulle die vergadering self wou bywoon.

BEWYS VAN IDENTIFIKASIE VEREISIngevolge die Maatskappywet, moet enige aandeelhouer of sy gevolmagtigde wat van voorneme is om die algemene jaarvergadering by te woon en daaraan deel te neem in staat wees om redelike voldoende identifi kasie by die vergadering voor te lê vir sodanige aandeelhouer of gevolmagtigde om die algemene jaarvergadering by te woon en daaraan deel te neem. ’n Groen identiteitsdokument of ’n identiteitsdokument slimkaart uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Departement van Binnelandse Sake, ’n bestuurderslisensie of ’n geldige paspoort sal by die algemene jaarvergadering aanvaar word as voldoende identifi kasie.

In opdrag van die direksie.

M Lubbe Maatskappysekretaris

Stellenbosch20 September 2016

Page 121: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

121

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

121

FINANSIËLE VERSLAG

VERDUIDELIKENDE NOTAS BY DIE KENNISGEWING AAN AANDEELHOUERSGEWONE BESLUITE

GEWONE BESLUIT NOMMER 1

GOEDKEURING VAN FINANSIËLE JAARSTATE

Ingevolge die bepalings van artikel 30(3)(d) van die Maatskappywet (Nr. 71 van 2008), soos gewysig (Maatskappywet), moet die maatskappy se fi nansiële jaarstate en die groep se fi nansiële jaarstate by die algemene jaarvergadering aan aandeelhouers vir oorweging voorgelê word.

Die volledige geouditeerde fi nansiële jaarstate, insluitende die verslag van die raad van direkteure, die onafhanklike ouditeursverslag en die verslag van die oudit-en-risikokomitee, van die maatskappy en die groep, vir die fi nansiële jaar geëindig 30 Junie 2016 is gepubliseer op die maatskappy se webblad by www.remgro.com. Die verslag van die raad van direkteure, die verslag van die onafhanklike ouditeur, die verslag van die oudit-en-risikokomitee en die verkorte fi nansiële jaarstate is ingesluit in die geïntegreerde jaarverslag, onderskeidelik op bladsy 96, 101, 94 en 102 tot 114.

GEWONE BESLUIT NOMMER 2

HERAANSTELLING VAN OUDITEUR

Ingevolge die bepalings van artikel 90(1) van die Maatskappywet, moet ’n publieke maatskappy by elke algemene jaarvergadering ’n ouditeur of ouditeure aanstel om sodanige amp te beklee vanaf die einde van daardie vergadering tot die einde van die volgende algemene jaarvergadering van die maatskappy.

GEWONE BESLUITE NOMMERS 3 – 7

VERKIESING VAN DIREKTEURE

Ingevolge die bepalings van klousule 27.4.3 van die akte van oprigting van die maatskappy (akte van oprigting) tree een-derde van die direkteure of, indien hulle getal nie drie of ’n veelvoud van drie is nie, die getal naaste aan ’n derde, maar nie minder nie as ’n derde, jaarliks by die algemene jaarvergadering af. Direkteure mag hulself vir ’n verdere termyn herkiesbaar stel. Biografi ese inligting van die direkteure van die maatskappy verskyn op bladsy14 en 15 van die geïntegreerde jaarverslag.

GEWONE BESLUIT NOMMER 8

VERKIESING VAN DIREKTEURE

Ingevolge die bepalings van artikel 27.3.7 van die akte van oprigting, mag die raad ’n persoon as direkteur aanstel, op voorwaarde dat sodanige aanstelling deur die aandeelhouers by die volgende algemene jaarvergadering van die maatskappy bekragtig word.

GEWONE BESLUITE NOMMERS 9 – 12

AANSTELLING VAN LEDE VAN DIE OUDIT-EN-RISIKOKOMITEE

Ingevolge die bepalings van artikel 94(2) van die Maatskappywet, moet ’n publieke maatskappy by elke algemene jaarvergadering ’n ouditkomitee aanstel wat uit ten minste drie lede bestaan. ’n Kort curriculum vitae van elk van die onafhanklike nie-uitvoerende direkteure wat voorgestel word vir aanstelling tot die oudit-en-risikokomitee verskyn op bladsy 14 en 15 van die geïntegreerde jaarverslag. Soos blyk uit die curricula vitae van hierdie direkteure, het hulle almal akademiese kwalifi kasies of ondervinding in een of meer van die volgende gebiede, naamlik ekonomie, regte, korporatiewe bestuur, fi nansies, rekeningkunde, handel, nywerheid, openbare betrekkinge of menslike hulpbronne.

Page 122: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

122

WWW.REMGRO.COM

FINANSIËLE VERSLAG / VERDUIDELIKENDE NOTAS BY DIE KENNISGEWING AAN AANDEELHOUERS

SPESIALE BESLUITE

SPESIALE BESLUIT NOMMER 1

GOEDKEURING VAN DIREKTEURE SE VERGOEDING

Ingevolge die bepalings van artikel 66(9) van die Maatskappywet mag vergoeding slegs betaal word aan direkteure vir hulle dienste as direkteure ooreenkomstig ’n spesiale besluit aanvaar deur die aandeelhouers binne die voorafgaande twee jaar.

SPESIALE BESLUIT NOMMER 2

ALGEMENE MAGTIGING VIR DIE TERUGKOOP VAN AANDELE

Die jaarlikse hernuwing van dié magtiging word ingevolge die bepalings van die noteringsvereistes van die beurs bedryf deur die JSE Beperk vereis. Die bestaande goedkeuring aan die direkteure verval by die eerskomende algemene jaarvergadering, tensy dit hernu word.

SPESIALE BESLUIT NOMMER 3

ALGEMENE MAGTIGING VIR VERLENING VAN FINANSIËLE BYSTAND VIR DIE INSKRYWING EN/OF AANKOOP VAN SEKURITEITE IN DIE MAATSKAPPY OF IN VERWANTE OF ONDERLING VERWANTE MAATSKAPPYE

Die algemene magtiging word aan die direkteure verleen ten einde hulle in staat te stel om, onderhewig aan die bepalings van artikel 44 van die Maatskappywet, die maatskappy te magtig om fi nansiële bystand te verleen vir die doeleindes van of in verband met die inskrywing vir enige sekuriteite wat deur die maatskappy of verwante of onderling verwante maatskappye van die maatskappy uitgereik is of gaan word, of vir die aankoop van sekuriteite van die maatskappy of verwante of onderling verwante maatskappye van die maatskappy.

SPESIALE BESLUIT NOMMER 4

ALGEMENE MAGTIGING VIR VERLENING VAN FINANSIËLE BYSTAND AAN VERWANTE EN ONDERLING VERWANTE MAATSKAPPYE EN KORPORASIES

Die algemene magtiging word aan die direkteure verleen ten einde hulle in staat te stel om, onderhewig aan die bepalings van artikel 45 van die Maatskappywet, die maatskappy te magtig om fi nansiële bystand te verleen aan verwante en onderling verwante maatskappye en korporasies van die maatskappy.

SPESIALE BESLUIT NOMMER 5

WYSIGING VAN DIE AKTE VAN OPRIGTING

Die Maatskappywet en akte van oprigting vereis dat aandeelhouers enige wysigings tot die akte van oprigting goedkeur. Die opskrif van klousule 7 en klousule 7.3 sal in geheel vervang word ten einde enige konfl ik tussen die akte van oprigting en onlangse wysigings aan die noteringsvereistes met betrekking tot die wyse waarop breukdele van aandele wat uit ’n korporatiewe aksie voortspruit hanteer moet word, te verwyder.

Page 123: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

VOLMAGVORM

(Geïnkorporeer in die Republiek van Suid-Afrika)

(Registrasienommer 1968/006415/06)

(Aandelekode: REM ISIN: ZAE000026480)

(die maatskappy)

HIERDIE VOLMAGVORM IS SLEGS VIR GEBRUIK DEUR:

1. GEREGISTREERDE AANDEELHOUERS WAT NOG NIE HULLE REMGRO BEPERK GEWONE AANDELE GEDEMATERIALISEER HET NIE; EN

2. GEREGISTREERDE AANDEELHOUERS WAT REEDS HULLE REMGRO BEPERK GEWONE AANDELE GEDEMATERIALISEER HET EN IN “EIE NAAM“ GEREGISTREER IS IN DIE MAATSKAPPY SE ONGESERTIFISEERDE SEKURITEITEREGISTER.*

* Sien verduidelikende aantekening 3 op die keersy hiervan.

Vir voltooiing deur bogenoemde geregistreerde aandeelhouers wat gewone aandele van die maatskappy hou (aandeelhouer) en welke aandeelhouers nie die 2016 algemene jaarvergadering van die maatskappy wat op Donderdag, 1 Desember 2016, om 10:30 in die konferensiesentrum, Erinvale Estate Hotel & Spa, Lourensfordweg, Somerset-Wes, 7130, gehou word (die algemene jaarvergadering) kan bywoon nie.

Ek/Ons ________________________________________________________________________________________________________________

die houer(s) van ___________________________ gewone aandele in die maatskappy, stel hiermee (verwys na aanwysing 1 op die keersy)

1. ______________________________________________________________________________________ of, by ontstentenis van hom/haar,

2. ______________________________________________________________________________________ of, by ontstentenis van hom/haar,

3. die voorsitter van die algemene jaarvergadering, as my/ons gevolmagtigde aan om namens my/ons die algemene jaarvergadering van die maatskappy by te woon en daar, of by enige verdaging daarvan, namens en ten behoewe van my/ons te praat, te stem, of buite stemming te bly soos volg (verwys na aantekening 2 en aanwysing 2 op die keersy):

Dui aan met ’n “X“ of vul aantal stemme in(een stem per gewone aandeel)

Gewone besluite Ten gunste van Teen Buite stemming1. Goedkeuring van finansiële jaarstate2. Heraanstelling van ouditeur3. Verkiesing van direkteur – mnr J J Durand4. Verkiesing van direkteur – mnr P K Harris5. Verkiesing van direkteur – dr E de la H Hertzog6. Verkiesing van direkteur – mnr J Malherbe7. Verkiesing van direkteur – mnr M Morobe8. Verkiesing van direkteur – mnr N J Williams9. Aanstelling van lid van die oudit-en-risikokomitee –

mnr N P Mageza10. Aanstelling van lid van die oudit-en-risikokomitee –

mnr P J Moleketi11. Aanstelling van lid van die oudit-en-risikokomitee –

mnr F Robertson12. Aanstelling van lid van die oudit-en-risikokomitee –

me S E N De Bruyn SebotsaSpesiale besluite1. Goedkeuring van direkteure se vergoeding2. Algemene magtiging vir die terugkoop van aandele3. Algemene magtiging vir verlening van finansiële bystand

vir die inskrywing en/of aankoop van sekuriteite in die maatskappy of in verwante of onderling verwante maatskappye

4. Algemene magtiging vir verlening van finansiële bystand aan verwante en onderling verwante maatskappye en korporasies

5. Wysiging van die akte van oprigting

Geteken te _________________________________________________ op __________________________________________________ 2016

Handtekening(e) ________________________________________________________________________________________________________

Bygestaan deur _________________________________________________________________________________________________________(waar van toepassing)

Lees asseblief die aantekeninge en aanwysings op die keersy hiervan.

Page 124: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

AANTEKENINGE1. ’n Aandeelhouer wat geregtig is om die algemene jaarvergadering by te woon en daarop te stem is geregtig om een of meer

gevolmagtigdes te benoem om die algemene jaarvergadering in sy/haar plek by te woon en te praat en te stem. ’n Gevolmagtigde hoef nie ’n geregistreerde aandeelhouer van die maatskappy te wees nie.

2. By stemming by wyse van ’n opsteek van hande, is elke persoon wat teenwoordig is en geregtig is om stemregte uit te oefen, geregtig op een stem, ongeag die aantal stemme wat daardie persoon andersins geregtig sou wees om uit te oefen. By stemming per stembrief, is elke houer van gewone aandele geregtig op een stem per gewone aandeel gehou en elke houer van B-gewone aandele is geregtig op 10 stemme per B-gewone aandeel gehou.

3. Eie naam geregistreerde aandeelhouers is aandeelhouers wat gekies het om nie aan die Uitreiker-geborgde Genomineerde Program deel te neem nie en vir Computershare Beperk aangestel het as hul Sentralesekuriteitebewaarplek-deelnemer (CSDP) met die uitdruklike instruksie dat hul ongesertifiseerde aandele in hulle eie naam in die elektroniese ongesertifiseerde sekuriteiteregister geregistreer moet word.

AANWYSINGS VIR DIE ONDERTEKENING EN INLEWERING VAN DIE VOLMAGVORM1. ’n Aandeelhouer mag die naam van ’n gevolmagtigde of die name van twee alternatiewe gevolmagtigdes van die aandeelhouer

se keuse invul in die spasie(s) voorsien op die keersy met of sonder die deurhaling van “die voorsitter van die algemene jaarvergadering“, maar enige sodanige deurhaling moet deur die aandeelhouer geparafeer word. Indien hierdie spasie(s)oopgelaat word, sal die volmag uitgeoefen word deur die voorsitter van die algemene jaarvergadering. Die persoon wie se naam eerste op die volmagvorm verskyn en wat aanwesig is by die algemene jaarvergadering is geregtig om as gevolmagtigde op te tree met uitsluiting van die persone wie se name daarna volg.

2. ’n Aandeelhouer moet sy/haar stemopdragte aan die gevolmagtigde aandui deur ’n “X“, of die aantal stemme wat die aandeelhouer wil uitoefen, in die toepaslike spasies op die keersy in te vul. By gebrek hieraan sal dit geag word dat die gevolmagtigde by die algemene jaarvergadering mag stem of buite stemming bly soos hy/sy goeddink ten opsigte van al die stemme waarop die aandeelhouer geregtig is. ’n Aandeelhouer of sy/haar gevolmagtigde is nie verplig om al sy/haar stemme te gebruik nie, maar die totaal van stemme wat uitgeoefen word, of dié ten opsigte waarvan daar buite stemming gebly word, mag nie die totale aantal stemme oorskry waarop die aandeelhouer of sy/haar gevolmagtigde geregtig is nie.

3. ’n Minderjarige moet bygestaan word deur sy/haar ouer of voog tensy dokumente, wat sy/haar regsbevoegdheid staaf, gelewer word of reeds by die oordragsekretaris aangeteken is.

4. Ten einde geldig te wees moet voltooide volmagvorms ingelewer word by die maatskappy se oordragsekretaris, Computershare Investor Services Eiendoms Beperk, Marshallstraat 70, Johannesburg, 2001, Suid-Afrika, of kan gepos word aan die oordragsekretaris by Posbus 61051, Marshalltown, 2107, Suid-Afrika, om hulle te bereik nie later as Dinsdag, 29 November 2016, om 10:30 (Suid-Afrikaanse tyd) nie, met dien verstande dat enige volmagvorms wat nie teen hierdie tyd deur die oordragsekretaris ontvang is nie enige tyd voor die aangestelde volmaghouer enige van die aandeelhouersregte op die algemene jaarvergadering uitoefen aan die voorsitter van die algemene jaarvergadering oorhandig mag word.

5. Persone wat die volmagvorm in ’n verteenwoordigende hoedanigheid onderteken, moet dokumentêre bewys van sodanige magtiging aan die volmagvorm heg, tensy dit reeds by die oordragsekretaris aangeteken is, of die voorsitter van die algemene jaarvergadering daarvan afstand gedoen het.

6. Die voltooiing en inlewering van hierdie volmagvorm sal nie die betrokke aandeelhouer belet om, indien hy/sy so sou verkies, die algemene jaarvergadering by te woon en self daar te praat en te stem in die plek van die gevolmagtigde wat deur hom/haar aangewys is nie.

7. Die aanstelling van ’n gevolmagtigde ingevolge hierdie volmagvorm is herroepbaar ingevolge die bepalings van artikel 58(4)(c) saamgelees met artikel 58(5) van die Maatskappywet (No. 71 van 2008) soos gewysig, en ’n aandeelhouer mag gevolglik hierdie volmagaanstelling herroep deur dit skriftelik te kanselleer, of deur ’n latere teenstrydige aanstelling van ’n gevolmagtigde te maak, en die lewering van ’n afskrif van die herroepingsinstrument aan die gevolmagtigde en die maatskappy.

8. Geen parawe is nodig wanneer blanko spasies op hierdie volmagvorm voltooi word nie. Enige wysigings of veranderings wat aan hierdie volmagvorm aangebring word, moet deur die ondertekenaar(s) geparafeer word.

9. Die voorsitter van die algemene jaarvergadering mag enige volmagvorm wat nie in ooreenstemming met hierdie aantekeninge voltooi is nie, aanvaar indien hy tevrede is rakende die wyse waarop die aandeelhouer wens te stem.

Page 125: 2016 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG · REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016 FINANSIEEL Jaar geëindig 30 Junie 2016 Jaar geëindig 30 Junie 2015 % verandering Wesensverdienste

126 126

REMGRO BEPERK | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2016

www.remgro.com