Upload
others
View
4
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Verjaarsdag
Baie dankie aan elke leerder en ouer wat my verjaarsdag spesiaal gemaak het. Ek het weereens
verstom gestaan oor die opregte liefde en omgee van ons kinders. Elke boodskap, drukkie en ge-
skenk word opreg waardeer.
Top 8
Baie geluk aan die volgende leerders wat aan die einde van kwartaal 3 op die skool se Top 8 is. Ek is
werklik trots op julle.
Skoolfonds/Begroting
Alle leerders se skoolfonds vir 2019 moet aan die einde van die maand afgehandel wees. Baie
dankie aan die ouers wat klaar betaal het. Ek herinner u ook aan die begrotingsvergadering wat sal
plaasvind op Donderdag, 17 Oktober 2019 om 18:30 in die skoolsaal. Die skoolfonds vir 2020 sal
tydens die geleentheid vasgestel word.
Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7
1 Yusrah Anter Erin Baatjies Luke Wolhuter Meke Messina
2 Amarie King Raylee Mars Marian de Wet Zayden Jacobs
3 Luke Nardus Leigh Vaughan Jacobs Amy Julius Chinika Neethling
4 Ciara Maarman Conlinn Coetzee Tylor Wilson Kieran de Villiers
5 Caydee Fortuin Gareth Truter Curtley Abrahams Joshua Hartley
6 Henleigh Lawrence Zethan Frankfort Inge du Plessis Ellen Jurgens
7 Mia Walters Zoë Jansen Alicia Bosch Eli Basson
8 Ciara Padayachiey Mischa Williams Tyrique Adonis Zoë September
SKOOLHOOF: Mnr J Brand
KANTOOR: Mev E van der Westhuizen
Tel: 021-872 4975
Faks: 021 872 4114
Epos: [email protected]
Web: www.laerskooldrakenstein.co.za
NASORG: Hannepie Smit - 021 872 9290
11 OKTOBER 2019
BANKBESONDERHEDE
Nedbank: 1470052504
Takkode: 147005
Naam van Rekening: Laerskool Drakenstein
Kind se naam en van as verwysing asseblief
WAARDES Waarde: Regverdigheid
Tema: Regverdigheid vs Gelykheid
Wanneer twee mense in (op die oog af) dieselfde omstandighede verskillend behandel word, is ’n mens se eerste reaksie meestal om te dink dat dat nie regverdig is nie. Almal moet mos dieselfde behandel word.
Kom ons neem ’n eenvoudige voorbeeld: Spoedbeperking op ons paaie.
Daar word van ons almal verwag om nie vinniger as 60km/h in dorpsgebiede en 120k/h op snelweë te ry nie. Oortree jy hierdie reël, is die kans goed dat jy ’n boete sal kry.
Maar waarom mag ambulanse dan hierdie reëls buig? Almal word dan mos nie op dieselfde manier of gelyk behan-del nie?
Die rede is tog voor die handliggend: hulle moet mense wat beseer is of in nood verkeer, so vinnig as moontlik by die hospitaal kry. Dit is tog net regverdig.
Mense se behoeftes en omstandighede verskil. Om almal presies gelyk te behandel is nie in alle omstandighede regverdig nie.
Ons moet probeer om ons kinders hiervan bewus te maak en hulle te leer om dieper te kyk. Wanneer ’n juffrou dalk die dag nie so streng is met ’n kind wat reëls oortree nie, is dit dalk omdat sy besef dat daardie kind op daardie oomblik eerder ’n sagte aanslag nodig het as om streng volgens die reëls behandel te word.
Dit is daardie grys areas waar empatie, omgee en mee-lewing inkom. Wat vir een persoon reg is, is nie nood-wendig vir die volgende een reg nie en dit is regverdigheid.
INTERSENFASE
Die tweede week is al weer verby. Dit was weereens ’n besige week. Dankie vir al die onderwysers en
leerders se harde werk. Ons doen ’n beroep op ons ouers om toe te sien dat leerders betyds na wed-
stryde en oefeninge afgehaal word. Daar is soms tye wat onderwysers bitter lank moet wag omdat
kinders nie kom haal word nie en dit is onaanvaarbaar. Dit plaas ook u kind in ’n moeilike situasie. Ons
vra ook mooi dat ouers sal omsien na hul kinders se kleredrag. Daar is leerders wat nie reg aangetrek is nie of selfs stukkende klere dra. — Mnr N Rossouw
Gedrag
Die volgende leerders het in kwartaal 3 geen oortreding op hulle kaarte gehad nie. Baie geluk!
Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7
Yusrah Anter Owen Abrahams Aicia Bosch Meke Messina
Achim Ehrenreich Annuska de Wet Zoey Cloete
Lee-Anne Elias Leigh-Vaughan Jacobs Marian de Wet
Caydee Fortuin Zoë Jansen
Ashlin Klein Caitlin Koopman
Larissa Kriel Raylee Mars
Mia Walters Xavier Ockhuis
Gareth Truter
Mischa Williams
Thymia Leigh Witbooi
SPORT
Mini-krieket
Dinsdag, 8 Oktober het die 0/8B span mini-krieketwedstryde gespeel by Boland Park. Ons
span het goed gedoen en mooi gewen.
Eerskomende Saterdag bied ons skool ‘n mini-krieketsportdag tuis aan. Die 0/7 A en B,
0/8 A en B en die 0/9 spannetjie neem deel aan die dag. Elke span speel 2 wedstryde.
Baie sterkte aan ons mini-krieketspelers. Geniet die dag.
Dinsdag, 15 Oktober vind ons ligawedstryde tuis plaas. Ons skool speel teen Primêre
Seunskool. Almal wat briefies gekry het, neem deel. 0/7B en 0/8B speel ook wedstryde
teen Amstelhof daardie dag.
Ons mini-krieketspannetjies het ‘n vol program. Geniet elke oomblik!
SWEM
Ons het gister by Gim se 1-2-3-gala geswem. Dit was slegs Gim, Noord-Eind, Courtrai en
Boys en Girls High wat daar was. Drakenstein het nou wel nie medaljes gewen nie, maar
ons baan was vol en ons kinders het hul eerste gala ervaar. Elkeen van hulle wat verskil-
lende slae geswem het, het dit by Drakenstein geleer (binne 2 weke se oefening). Geeneen
van hulle swem by ‘n klub nie, daarom is ek vandag ‘n trotse swemjuffrou.— Juf. Melanie
KRIEKET
Ons kolfblad is uitendelik gereed vir speel. Dankie aan Meneer Rian en die terreinpersoneel wat so hard gewerk het.
Ons seuns speel volgende week die volgende wedstryd:
0/13 - Ebenezer (Weg) en 0/11 vs Paarl Hub (tuis)
ATLETIEK
Ons wil graag ons atlete aanmoedig om soggens om 07:00 by die skool aan te meld vir 25 minute se fiksheid. Dit is vanaf Maandae - Donderdae. Dit kan 'n deurslaggewende rol speel in die sukses van ons kleure-atletiek.
Ons kleure-atletiek vind plaas op die volgende dae:
17 Oktober - Velditems
18 Oktober - Baanitems
Beide van hierdie dae se verrigtinge vind plaas tydens skooltyd.
TENNIS
Die 0/13 en 0/11 seuns het gister onderskeidelik teen Laerskool Gimnasium en PPS gespeel. Die spelers het almal pragtig gespeel. Baie dankie vir julle goeie gees. - Juf. Soekie
Ma 14 Okt GF Netheidskontrole
Gr R Uitstappie Butterfly World
Krieket 0/11 vs PaarlHub
Di 15 Okt Mini-Krieket vs PSS Tuis
Wo 16 Okt Krieket 0/13 vs Ebenezer WEG
Do 17 Okt Tennis 0/11 vs Courtrai TUIS
Begrotingsvergadering
Vr 18 Okt Snoepie
Drakie Kleureatletiek
Tuisnaweek
Sa 19 Okt Jukskei Wellington
Verjaarsdag Baie geluk aan die volgende leerders wat
verjaar.
14 Okt Amy Carstens
16 Okt Lynique Minnaar
18 Okt Brooklyn Martin, Zion Joseph
19 Okt Meghan Titus
Grondslagfase Dit het baie goed gegaan met ons Gr. 3 klas wat die week Sistemiese toetse geskryf het. Ons is
baie trots op ons leerlinge se akademie. Hulle werk hard in die klasse.
Al die grade is besig met assesserings. Doen getrou huiswerk by die huis en dit sal net goed gaan
met ons leerlinge.
Die skool het vandag verjaar. Almal het lekker verjaarsdag gehou. Ons klaskamers se deure was
baie mooi kleurvol opgemaak. Dankie vir almal se samewerking om ons skool so mooi op te vrolik.
Donderdagaand, 17 Oktober, is dit die begrotingsvergadering van die skool. Ons vra dat so veel
moontlik ouers die vergadering sal bywoon asb.
Vrydag, 18 Oktober is dit ons Kleure atletiekbyeenkoms. Al ons grondslagfase leerlinge neem
deel aan die dag - Juf Eldri
Kultuur Sirkus DVD en foto's
Maandag, 14 Oktober 2019 is die laaste dag vir konsert DVD en fotobestellings. Geen
bestellings sal daarna aanvaar word nie.
DVD’s van die konsert kan teen R130 elk bestel word en ’n CD met fotos van die konsert teen
R30 per CD. Stuur asseblief die geld na jou klasonderwyser.
SPORTFOTO’S Sportfoto’s is vanaf Maandag, 7 Oktober te koop. Bestellings met die korrekte geld word in die koevert
(wat by die kantoor beskikbaar is) geplaas. Geen kleingeld word gegee nie, aangesien die bestellings direk na
Prestige gestuur word. Alle inligting is op die koevert. Kostes — A5 (R50) en A4 (R70).
Sluitingsdatum is 18 Oktober 2019 - Juf. Julia Joubert