Click here to load reader
Upload
truongkhuong
View
212
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
RSG Kunstefees 2016
P R O G R A M
Hierdie program is onderhewig aan verandering.
Sondag 13 November 2016
15:00 State of the Heart met Amanda Strydom (KABARET) [REGSTREEKS vanuit die M1-ouditorium, Johannesburg]
Die veelbekroonde State of the Heart is vanjaar 23 oud. Dit is die eerste kabaret uit Strydom se pen en is met die Dalro- en Showtime-pryse vir beste kabaret en kabaret van die jaar bekroon. Hierdie tydlose liefdesverhaal steek op ‘n teer wyse die draak met ou Afrikaner-tradisies van die jare 20 tot 70. Midde die wreedheid van die oorlog is dit tog die liefde wat uiteindelik seëvier. Begelei deur Coenraad Rall op klavier sing Strydom in ses tale – Afrikaans, Engels, Frans, Duits, Nederlands en Zoeloe.
16:05 Woorde lok woorde deur Johan Myburg DEBUUT
'n Spesiale versprogram waarin gedigte oor landskappe, taal en verganklikheid gehoor kan word. Die verse kom uit Johan Myburg se nuwe, nog ongepubliseerde bundel, Uittogboek, wat volgende jaar by Protea verskyn. Myburg het in 1984 met Vlugskrif gedebuteer en dit met Kontrafak opgevolg. Kontrafak het in 1995 die Eugène Marais-prys ontvang. Die bundel Kamermusiek – beskryf as 'n “moet-hê vir enige fynproewer se rak” – het in 2008 gevolg.
Voorleser: Louis van Niekerk
Regie: Ina Strydom
16:30 Nuus
16:35 Gewone programme tot en met 18:00
18:00 Engel met ‘n hamer deur Joey van Niekerk (DRAMA) DEBUUT
Moontlik gemaak deur Cordis Trust
Hierdie opdragwerk handel oor die lewe van Beyers Naudé, wat in 1993 vir die Nobelprys vir vrede benoem is. Naudé het 14 eredoktorsgrade in sy leeftyd ontvang, asook onder meer die Franklin D. Roosevelt Four Freedoms Award in die VSA.
Engel met ‘n hamer is ‘n geskiedkundige drama oor die lewe van die dominee, teoloog en anti-apartheidsaktivis Beyers Naudé, ook bekend as oom Bey. Dit is die storie van iemand wat die moed gehad het om te sê: “Tot hiertoe en nie verder nie. Ek mag nie langer stilbly en niks doen nie.” Tussendeur die onstuimige gebeure vertel die bekroonde radiodramaturg Joey van Niekerk ‘n aangrypende liefdesverhaal. Bowenal is dit ‘n drama oor geloof en hoop.
Met André Weideman, Cintaine Schutte, Juanita Swanepoel, Johann Nel, Susanne Beyers, Deon Lotz, Johann Stassen, Ronél Geldenhuys en Pieter Cillié
Regie: Eben Cruywagen
19:35 Nuus
19:40 Michelle Breedt in konsert (KLASSIEKE MUSIEK) DEBUUT
Met Elna van der Merwe (klavier)
Die Suid-Afrikaans gebore internasionale mezzosopraan Michelle Breedt tree spesiaal vir RSG Kunstefees op in ‘n program wat aan ‘n wye spektrum van smake sal voldoen: Afrikaanse liedere met ’n humoristiese inslag, bekende melodieë op Shakespeare-tekste, die mooiste liedere van Brahms en ten slotte arias uit gewilde operettes. Sy woon al 25 jaar in Europa en het reeds met die wêreld se voorste dirigente gewerk en hoofrolle gesing tenoor Plácido Domingo, Thomas Hampson, Piotr Beczala, Diana Damrau en Renée Fleming, om net enkeles te noem.
21:00 Nuus en temperature
21:10 Sulamiet deur Lina Spies (POëSIE) DEBUUT
Sulamiet is die digter en letterkundige Lina Spies se tiende digbundel en word eksklusief tydens die RSG Kunstefees 2016 bekend gestel. Die titel Sulamiet verwys na die vroulike spreker in die Bybelboek Hooglied waarin die verlore tuin van Eden na die sondeval deur die liefde herskep word. Die verse handel oor die liefde in vele vorme, die belewenis van die religieuse, die skoonheid van die natuur asook die kunste waaraan daar altyd ‘n tekort is weens menslike ontoereikenheid.
Voorleser: Margot Luyt
Programleier: Daniel Hugo
21:40 Fees sluit
Maandag 14 November
OGGEND
09:00 Nuus 09:15 Nee wat, die koek is droog – ‘n nuwe verhaal deur Frederick J. Botha DEBUUT
‘n Groep kortverhaalskrywers het in opdrag van RSG Kunstefees 2016 ‘n storie geskryf rondom die opdrag – “Nee wat, die koek is droog...” Die uiteenlopende verhale is kostelik, speels, humoristies en oorspronklik.
Voorleser: Frieda van den Heever
09:35 Opera-sangklas met Carla Pohl 09:50 Hartebreker deur Leon van Nierop 10:00 Nuus
10:10 Kunste-Profiel: Marius Titus – die digter, ter viering van sy 70ste verjaardag
Die Stellenbosse digter en dramaturg Marius Titus is veral bekend om sy tydlose gedig, “Skryfwerk”. Sy verse is al in onder andere die Groot Verseboek, Poskaarte, Nuwe verset en As die son kom oogknip opgeneem, maar hy publiseer ook verskeie bundels self, soos Oop gemoed. “My bydrae lê op die vlak van menswees, waar ek alledaagse mense, in hul daaglikse lief en leed, hopelik sal vind,” het Titus reeds in 1988 geskryf. Met gedigte soos “Koffiedrink” spreek Titus nou – dekades later – steeds op ‘n diep dog vermaaklike vlak tot ‘n ieder en elk.
10:40 Die onsigbares: Wandelende weduwees – ‘n Klankstorie met Nic de Jager, geskryf deur Krisjan Fourie, musiek deur Paul Riekert (van Battery 9-faam) DEBUUT
Verken die wêreld van ‘n aantal raaiselagtige gebeure in Suid-Afrika se geskiedenis. Die Westdene-busramp, Helderberg-lugramp, die mynramp by Coalbrook en die doodspronge vanuit die Ponte-gebou in Johannesburg word verbeeldingryk oorvertel, terwyl ‘n paar onsigbare waarhede aan die lig kom.
10:50 Boekvoorlesing: Amraal deur Marinda van Zyl 11:00 Nuus 11:10 Kunstenaar vir die dag: Marieke Prinsloo (sement)
11:30 Ditto en do: Jan Spies-drama DEBUUT
Boereverneukery deur die Jood in sy winkel waar kontant gerek moet word om al die nodige aan te skaf. Maar geen vrou wat haar sout werd is, sal sulke skelmstreke toelaat nie. Of sien die Jood dit dalk net uit ‘n ander oogpunt?
Die bobaas-storieverteller Jan Spies sou vanjaar sy 80ste verjaardag gevier het. Hy is twee dekades gelede oorlede, maar sy aardse humor en kosbare stories bekoor steeds ‘n nuwe geslag lesers. In opdrag van RSG het André Kotzé drie van Jan Spies se verhale vir die radio verwerk en vir die heel eerste keer sal Spies se werk as drama op radio gehoor kan word.
Met Richard van der Westhuizen, Rina Nienaber & Lochner de Kock
12:00 Nuus
AAND
19:00 Die Dingusse deur Kobus Ras DEBUUT
Met Johny Klein en Renske Jacobs
Die Dingusse is ‘n hele gesin rare, snaakse “goeters” wat saamwoon en besonder geheg is aan mekaar. Al probleem is dat nie een hierdie vreemde goetertjies ooit die ander sal kan verlaat nie... Kom beleef ‘n rits avonture saam met die Dingusse!
Kobus Ras het 36 jaar gelede Die Dingusse vir sy driejarige seun, Kobus jnr., geskryf. Die stories het meer as drie dekades in ‘n laai gesluimer en debuteer nou tydens vanjaar se radiokunstefees
Regie: Renske Jacobs
19:15 Boegoe vannie liefde (WOORDKUNS / MUSIEK) DEBUUT
Teks en lirieke: Hans du Plessis
Musiek, sang en agtergrondsang: Lize Beekman
Kitare: Lize Beekman & Henry Steel
Baskitaar, trekklavier, perkussie & groepsang: Babette Viljoen
Klavier, perkussie, trekklavier & groepsang: Olga Leonard
Die sangeres-liedjieskrywer Lize Beekman sing aangrypende toonsettings van Hans du Plessis se transponerings van Hooglied. ‘n Program van woord en musiek oor liefde tussen die duine in ‘n Afrikaans wat van toeka af al in die sand onder die kameeldoring lê.
Met Daneel van der Walt as die verteller asook die stemme van Leandé Valentyn (van Mina Afrika-faam) & Marvin-Lee Beukes
Regie: Johan Rademan
20:00 Die onsigbares: Wandelende weduwees (WOORDKUNS/MUSIEK) DEBUUT
‘n Klankstorie geskryf deur Krisjan Fourie, met Nic de Jager as die voordragkunstenaar en musiek deur Paul Riekert (van Battery 9-faam).
20:15 Twaalfde Nag deur William Shakespeare (KLASSIEKE DRAMA) DEBUUT
Uys Krige se vertaling van William Shakespeare se komedie, Twaalfde nag, is ‘n viering van dié tydlose dramaturg se heengaan 400 jaar gelede. Die stuk is vanjaar 415 jaar oud en stel hoë eise aan die spelers wat meer as een rol moet vertolk. Die regisseur Bettie Kemp het die stuk spesiaal vir die radio verwerk.
Twaalfde nag was die heel eerste vollengte- Shakespeare-drama wat op die BBC-radiostasie uitgesaai is. Die fraaie Viola vermom haarself as ‘n jong man en op die verhoog kan die gehoor dit sien. Vir die radio moet daar nuwe planne beraam word om dié belangrike intrige te laat slaag!
Met Simon Bruinders, Eloise Cupido, Ducan Johnson, Denver Vraagom, Mari Molefe van Heerden, Esmeralda Bihl, Mortimer Williams, Johny Klein & Bradley Olivier
Regie: Bettie Kemp
21:30 Nuus en temperature
21:40 Dawid en Jonatan – mini-drama deur Jan Spies (KOMEDIE) DEBUUT
Kan ‘n leeu en ‘n vark ooit boesemvriende word, soos Dawid en Jonathan van ouds? Of bly ‘n leeu maar ‘n wilde dier?Die bobaas-storieverteller Jan Spies sou vanjaar sy 80ste verjaardag gevier het. Hy is twee dekades gelede oorlede, maar sy aardse humor en kosbare stories bekoor steeds ‘n nuwe geslag lesers. In opdrag van RSG het André Kotzé drie van Jan Spies se verhale vir die radio verwerk en vir die heel eerste keer sal Spies se werk as drama op radio gehoor kan word.
Met Richard van der Westhuizen, Rina Nienaber, Johny Klein, Christo Compion en Lochner de Kock
Regie: Mari Snyman
22:10 Fees sluit
Dinsdag 15 NovemberOGGEND
09:00 Nuus
09:15 Nee wat, die koek is droog – ‘n nuwe verhaal deur Zain Eckleton DEBUUT
‘n Groep kortverhaalskrywers het in opdrag van RSG Kunstefees 2016 ‘n storie geskryf rondom die opdrag – “Nee wat, die koek is droog...” Die uiteenlopende verhale is kostelik, speels, humoristies en oorspronklik.
Voorleser: Marlo Minnaar
09:30 Voorlesing deur Lerina Erasmus uit haar nuwe roman, Die Lelie-moordenaar DEBUUT
09:50 Hartebreker deur Leon van Nierop 10:00 Nuus 10:10 Kunste-Profiel: Lerina Erasmus – aktrise en skrywer
10:30 Voorlesing deur Lerina Erasmus uit haar nuwe roman, Die Lelie-moordenaar DEBUUT
10:40 Die onsigbares: Bushalte - ‘n Klankstorie met Nic de Jager, geskryf deur Krisjan Fourie, musiek deur Paul Riekert (van Battery 9-faam) DEBUUT
Verken die wêreld van ‘n aantal raaiselagtige gebeure in Suid-Afrika se geskiedenis. Die Westdene-busramp, Helderberg-lugramp, die mynramp by Coalbrook en die doodspronge vanuit die Ponte-gebou in Johannesburg word verbeeldingryk oorvertel, terwyl ‘n paar onsigbare waarhede aan die lig kom.
10:50 Boekvoorlesing: Amraal deur Marinda van Zyl 11:00 Nuus 11:10 Kunstenaar vir die dag: Charles Badenhorst (animasie)
11:35 Marius Titus-versprogram. Met Dean Balie & Zenobia Kloppers DEBUUTDie Stellenbosse digter en dramaturg Marius Titus is veral bekend om sy tydlose gedig, “Skryfwerk”. Sy verse is al in onder andere die Groot Verseboek, Poskaarte, Nuwe verset en As die son kom oogknip opgeneem, maar hy publiseer ook verskeie bundels self, soos Oop gemoed. In ‘n reeks versprogramme kan sy werk van die afgelope sowat drie dekades gehoor word. Met gedigte soos “Koffiedrink” spreek Titus nou – dekades later – steeds op ‘n diep dog vermaaklike vlak tot ‘n ieder en elk.
AAND
19:00 Die Dingusse deur Kobus Ras DEBUUT
19:15 Sappho-inleiding: onderhoud met Riana Scheepers DEBUUT
19:25 Die liefde, bittersoet: Die lewe van Sappho in woord en lied (WOORDKUNS / MUSIEK / KABARET) DEBUUT
Vertaal en verwerk deur Riana Scheepers met Marlise Scheepers, Mariëtte Galjaard en Jude Harpstar (harp).
Sappho van die eiland Lesbos was een van die eerste vroulike digters van die antieke tyd. Sy is in die jaar 625 v.C. in die Griekse hawestad Mytilene gebore. Tydens haar leeftyd, maar veral ná haar dood, was Sappho ‘n omstrede figuur. Plato het haar as “die tiende muse” beskryf. Sy was ‘n kulturele ikoon, mentor en onderwyser, moeder en minnares – maar bowenal ‘n digter.
Die letterkundige en skrywer Riana Scheepers het haar verse in Afrikaans vertaal en verwerk. Sappho het haar gedigte geskryf om gesing te word en nou het die sangeres-liedjieskrywer Marlise Scheepers en die musikant Mariëtte Galjaard die lirieke getoonset.
Hierdie produksie bied die luisteraar ‘n blik op dié formidabele en komplekse vrou se fassinerende lewe.
Regie: Tharien Oosthuizen
20:00 ‘n Oulap se rooi (DRAMA) DEBUUT
Met Woutrine Theron
Saamgestel uit die werk van Audrey Blignault deur Woutrine Theron
Audrey Blignault van Bredasdorp was vir ‘n paar geslagte een van Afrikaans se bekendste, gewildste en mees geliefde rubriekskrywers, maar ook ‘n radio-omroeper en redakteur van Die Huisvrou. Ter viering van haar 100ste verjaardag vanjaar, het die aktrise Woutrine Theron ‘n Oulap se rooi uit haar werke saamgestel. Eben Cruywagen het die teks vir die radio verwerk. Kom reis saam met die skrywer (vertolk deur Theron) deur die strate van haar hartsplek, staan stil by kosbare herinneringe en onthou – saam met ons – hierdie merkwaardige skrywer.
Ander stemme sluit in Jannes de Beer, Henry Jacobs, Nina Marais, Martin Headger, Casper Lourens, Hendrik Havenga, Sarien Taylor, Marnus Haasbroek, Christelle van Tonder, Alta Engelbrecht, Suné Senekal, Willem Engelbrecht, Hanno Labuschagne en Jayson Jacobs.
Regie: Christelle Webb-Joubert
21:10 Nuus en temperature
21:20 Vier seisoene deur Antonio Vivaldi uitgevoer deur Petrus de Beer (viool), Stanislav Angelov (trekklavier) en Schalk Joubert (baskitaar). (MUSIEK/WOORDKUNS) DEBUUT
Uitgevoer deur Petrus de Beer (viool), Stanislav Angelov (trekklavier) en Schalk Joubert (baskitaar en voordrag).
Vivaldi het sy Vier seisoene in 1723 vir ‘n strykorkes gekomponeer. Dié tydlose meesterstuk is saam met vier gedigte gepubliseer en daar word vermoed dat Vivaldi self die verse geskryf het. Nou het hierdie driestuks musikante die Vivaldi-werk op ‘n unieke manier verwerk, sonder die bystand van ‘n orkes.
Die sonnette is spesiaal deur dr. Dawid de Villiers uit Italiaans in Afrikaans vertaal, word deur Joubert voorgedra en bind die vier musikale seisoene saam. Kom reis deur die jaargetye met woord en musiek.
Musikale leiding: Marek Pinski
22:20 Fees sluit
Woensdag 16 NovemberOGGEND
09:00 Nuus 09:15 Nee wat, die koek is droog – ‘n nuwe kortkortverhaal deur Bettina Wyngaard DEBUUT
‘n Groep kortverhaalskrywers het in opdrag van RSG Kunstefees 2016 ‘n storie geskryf rondom die opdrag – “Nee wat, die koek is droog...” Die uiteenlopende verhale is kostelik, speels, humoristies en oorspronklik.
Voorleser: Ivan Abrahams
09:30 ‘n Poort deur die koue (KOMEDIE) DEBUUT
Soms het die dienaar van die gereg hulp nodig wanneer hy te perd in die ysige koue haastig van Keimoes na Kenhardt moet reis om ‘n moordsaak te gaan ondersoek. ‘n Dominee ook, wanneer hy die vermoorde se begrafnis moet waarneem. Veral in Namakwaland waar dinge soms anders verloop as in die res van die land...
Die bobaas-storieverteller Jan Spies sou vanjaar sy 80ste verjaardag gevier het. Hy is twee dekades gelede oorlede, maar sy aardse humor en kosbare stories bekoor steeds ‘n nuwe geslag lesers. In opdrag van RSG het André Kotzé drie van Jan Spies se verhale vir die radio verwerk en vir die heel eerste keer sal Spies se werk as drama op radio gehoor kan word.
Met Johny Klein & Richard van der Westhuizen
Regie: Mari Snyman
09:50 Hartebreker deur Leon van Nierop 10:00 Nuus 10:10 Chriskras met Paul Eilers
10:20 Kunste-Profiel: Conrad Theys – skilder, vanjaar 75
10:40 Die onsigbares: Mot en roet – ‘n Klankstorie met Nic de Jager, geskryf deur Krisjan Fourie, musiek deur Paul Riekert (van Battery 9-faam) DEBUUT
Verken die wêreld van ‘n aantal raaiselagtige gebeure in Suid-Afrika se geskiedenis. Die Westdene-busramp, Helderberg-lugramp, die mynramp by Coalbrook en die doodspronge vanuit die Ponte-gebou in Johannesburg word verbeeldingryk oorvertel, terwyl ‘n paar onsigbare waarhede aan die lig kom.
10:50 Boekvoorlesing: Amraal deur Marinda van Zyl 11:00 Nuus 11:10 Kunstenaar vir die dag: Collen Maswanganyi (hout/beeldhouwerke)
11:35 Marius Titus-versprogram. Met Dean Balie & Zenobia Kloppers DEBUUT
AAND
19:00 Die Dingusse deur Kobus Ras DEBUUT
19:15 Sarah deur Karien Polley (DRAMA / DOKUMENTêR / POëSIE) DEBUUT
Opdragwerk vir RSG Kunstefees 2016
Met June van Merch & Marcel van Heerden
In die vroeë negentiende eeu is Sarah Baartman van die Gamtoos in die Oos-Kaap in Europa as ‘n frats geparadeer. Nou, vir die eerste keer en presies 200 jaar sedert haar dood, word die grense van radiodrama, versprogram en dokumentêr oorgesteek om die ware verhaal van Sarah te vertel, terwyl sy en die man langs die vuur mekaar in die oë kyk... Sarah tree in gesprek met Geskiedenis én die Afrikaanse letterkunde en verse van wyle Jaco Botha, Antjie Krog asook Diana Ferrus kan gehoor word.
Regie: Johan Rademan
20:30 ‘n Grammy vir Afrika – Wouter Kellerman & lede van die Soweto Gospel Choir (MUSIEK) DEBUUT
Met Wouter Kellerman & lede van die Soweto Gospel Choir
Suid-Afrika se twee Grammy-wenners deel die verhoog vir ‘n konsert waarin Afrika- en Afrikaanse klanke met melodieë van regoor die wêreld vermeng word. Die fluitspeler Wouter Kellerman is ‘n boerseun in murg en been en gaan saam met die dubbel-Grammy-bekroonde Soweto Gospel Choir gunstelinge soos Al lê die berge nog so blou en Ek verlang na jou vars vertolk. Daar is ook ‘n spesiale klankeksperiment met water wat hierdie samekoms-vertoning ‘n onvergeetlike ervaring maak.
21:45 Nuus en temperature
21:55 ‘n Poort deur die koue (KOMEDIE) DEBUUT
Soms het die dienaar van die gereg hulp nodig wanneer hy te perd in die ysige koue haastig van Keimoes na Kenhardt moet reis om ‘n moordsaak te gaan ondersoek. ‘n Dominee ook, wanneer hy die vermoorde se begrafnis moet waarneem. Veral in Namakwaland waar dinge soms anders verloop as in die res van die land...
Die bobaas-storieverteller Jan Spies sou vanjaar sy 80ste verjaardag gevier het. Hy is twee dekades gelede oorlede, maar sy aardse humor en kosbare stories
bekoor steeds ‘n nuwe geslag lesers. In opdrag van RSG het André Kotzé drie van Jan Spies se verhale vir die radio verwerk en vir die heel eerste keer sal Spies se werk as drama op radio gehoor kan word.
Met Johny Klein & Richard van der Westhuizen
Regie: Mari Snyman
22:15 Fees sluit
Donderdag 17 November
OGGEND
09:00 Nuus 09:15 Nee wat, die koek is droog – ‘n nuwe kortkortverhaal deur Theunis Engelbrecht DEBUUT
‘n Groep kortverhaalskrywers het in opdrag van RSG Kunstefees 2016 ‘n storie geskryf rondom die opdrag – “Nee wat, die koek is droog...” Die uiteenlopende verhale is kostelik, speels, humoristies en oorspronklik.
Voorleser: Marlo Minnaar
09:30 Ritmeklas – Riaan van Rensburg 09:50 Hartebreker deur Leon van Nierop 10:00 Nuus
10:10 Oom Goltros vertel met Elias P. Nel 10:20 Kunste-Profiel: Jana Cilliers
10:40 Die onsigbares: Vloer 44 – ‘n Klankstorie met Nic de Jager, geskryf deur Krisjan Fourie, musiek deur Paul Riekert (van Battery 9-faam) DEBUUT
Verken die wêreld van ‘n aantal raaiselagtige gebeure in Suid-Afrika se geskiedenis. Die Westdene-busramp, Helderberg-lugramp, die mynramp by Coalbrook en die doodspronge vanuit die Ponte-gebou in Johannesburg word verbeeldingryk oorvertel, terwyl ‘n paar onsigbare waarhede aan die lig kom.
10:50 Boekvoorlesing: Amraal deur Marinda van Zyl 11:00 Nuus 11:10 Kunstenaar vir die dag: Willie Bester
11:35 Marius Titus-versprogram. Met Dean Balie & Zenobia Kloppers DEBUUT
AAND
19:00 Die Dingusse deur Kobus Ras DEBUUT
19:15 Lief-lief deur Afrikaans: Johann Nel & Joanie Combrink (WOORDKUNS/DRAMA)
Met Johann Nel & Joanie Combrink
Saamgestel deur Juanita Swanepoel
In Lief-lief deur Afrikaans neem Nel en Combrink die luisteraar op ‘n soomlose liefdesreis: van die heel oudste – en stoutste! – liefdesverse in Afrikaans deur die hele spektrum van die liefde tot reg in die sitkamer van die spreekwoordelike Huis Herfsblaar. Daar is interessante afdraaipaadjies langs die pad waar die twee voordragkunstenaars gaan inloer. Met die werk van sowat 28 digters wat Pulvermacher en ou, anonieme digters insluit, is daar verbode liefde, verlore liefde, intellektuele liefde en die sensuele liefde (dink maar net aan wat ‘n tango in jou losmaak).
Hierdie bekroonde woordkunsproduksie is op Litnet as volg beskryf: “Deur (Nel en Combrink) se woordedans word die hartstog, passie en patos van die liefde skitterend blootgelê.”
Regie: Eben Cruywagen
20:15 Pous Johanna II deur Esther Vilar (DRAMA)
Vertaal deur Saartjie BothaMet Jana Cilliers & Sulette Thompson
Dit is die jaar 2033 en ‘n Amerikaner – die dogter van ‘n prostituut wat in ‘n krotbuurt in Los Angeles gewoon het – word as pous verkies. Egskeiding, geboortebeperking en homoseksualiteit is toelaatbaar en Katolieke priesters mag trou. Daar is geen dogma, doodsondes of gebede nie. Al die Katolieke kerk se geld is onder die armes verdeel... En nou lewer Pous Johanna II haar inhuldigingstoespraak op televisie, al word sy kort-kort deur advertensies onderbreek. Die aktrise Jana Cilliers lewer ‘n kragtoer in hierdie omstrede solostuk oor geloof en godsdiens in die moderne wêreld.
Regie: Eben Cruywagen
21:30 Nuus en temperature
21:40 Dito en do (KOMEDIE) DEBUUT
Boereverneukery deur die Jood in sy winkel waar kontant gerek moet word om al die nodige aan te skaf. Maar geen vrou wat haar sout werd is, sal sulke skelmstreke toelaat nie. Of sien die Jood dit dalk net uit ‘n ander oogpunt?
Die bobaas-storieverteller Jan Spies sou vanjaar sy 80ste verjaardag gevier het. Hy is twee dekades gelede oorlede, maar sy aardse humor en kosbare stories bekoor steeds ‘n nuwe geslag lesers. In opdrag van RSG het André Kotzé drie van Jan Spies se verhale vir die radio verwerk en vir die heel eerste keer sal Spies se werk as drama op radio gehoor kan word.
Met Richard van der Westhuizen, Rina Nienaber & Lochner de Kock
Regie: Mari Snyman
22:00 Fees sluit
Vrydag 18 November
OGGEND
09:00 Nuus 09:15 Nee wat, die koek is droog – ‘n nuwe kortkortverhaal HERHALING
‘n Groep kortverhaalskrywers het in opdrag van RSG Kunstefees 2016 ‘n storie geskryf rondom die opdrag – “Nee wat, die koek is droog...” Die uiteenlopende verhale is kostelik, speels, humoristies en oorspronklik.
09:30 Woorde lok woorde deur Johan Myburg, gelees deur Louis van Niekerk DEBUUT ‘n Spesiale program met bonus-voorlesings uit Johan Myburg se ongepubliseerde bundel, Uittogboek, wat in 2017 deur Protea gepubliseer word.
09:50 Hartebreker deur Leon van Nierop 10:00 Nuus 10:10 Kunste-Profiel: Luxurama [onderhoude met Alistair Izobell, Terry Fortune, Terry Hector, Loukmaan Adams, Niesha Abrahams, Leslie Kleinsmith, Giempie Vardien, Nur Abrahams and Kashiefa Blaauw]
10:40 Die onsigbares: Vlug 295 – ‘n Klankstorie met Nic de Jager, geskryf deur Krisjan Fourie, musiek deur Paul Riekert (van Battery 9-faam) DEBUUT
Verken die wêreld van ‘n aantal raaiselagtige gebeure in Suid-Afrika se geskiedenis. Die Westdene-busramp, Helderberg-lugramp, die mynramp by Coalbrook en die doodspronge vanuit die Ponte-gebou in Johannesburg word verbeeldingryk oorvertel, terwyl ‘n paar onsigbare waarhede aan die lig kom.
10:50 Boekvoorlesing: Amraal deur Marinda van Zyl 11:00 Nuus 11:10 Kunstenaar vir die dag: Zyma Amien
11:35 Marius Titus-versprogram. Met Dean Balie & Zenobia Kloppers DEBUUT
AAND
19:00 Die Dingusse deur Kobus Ras DEBUUT
19:15 Ag, die aarde (klankeksperiment) – Geo Höhn (KLANKLANDSKAP) DEBUUT
Die komponis en operasanger Geo Höhn se klankbane word as “epies” bestempel. In hierdie RSG-opdragwerk verken hy “grond” en wat dit vir mense beteken.
19:40 vryLAG met Emo Adams, Schalk Bezuidenhout & Lindie Stander (KOMEDIE) DEBUUT
Met Emo Adams, Schalk Bezuidenhout & Lindie Stander
Hierdie gedugte driemanskap, onder leiding van die bekkige Johan Rademan, sit die lag in Vrydag. Dit is komedie sonder grense en ‘n nuwe konsep om ‘n stortvloed van lagbuie te verseker. Sal die mikrofone en die luisteraars se ore hierdie komiese klets kan hanteer.
Programleier: Johan Rademan (met Erns Grundling as die “skeidsregter”)
20:40 Nuus en weer
20:50 Danzer – Anton Goosen (MUSIEK) DEBUUT
‘n Konsert met Anton Goosen en sy Bushrockband, Zolani Mahola van Freshlyground, David Kramer, Frazer Barry van Tribal Echo, Sima Mashazi, Erica Lundi en Churchil Naudé. Die musikante sluit in Albert Frost, Schalk Joubert, Ramon Alexander en Kevin Gibson.
Anton Goosen het vanjaar sy 70ste verjaardag gevier. Sy grensverskuiwende album, Danzer, vier binnekort sy 25ste verjaardag. Saam met sy Bushrockband en ‘n verhoog vol top-musikante sit hierdie geliefde liedjieskrywer en sanger weer die vuur in Danzer. Die konsert sluit in treffers soos Silver de Lange, Moya, Jantjie, Potjiekos, Gansbaailapa, Vis in die bos en Kalbassies.
Vervaardiger: Schalk Joubert
22:10 Fees sluit
---ooo0ooo---