30
20 Louise Viljoen “Die kleur van mens”: Antjie Krog se Kleur kom nooit alleen nie (2000) en die rekonstruksie van identiteit in post-apartheid Suid-Afrika Abstract This article discusses the way in which Antjie Krog reconstructs her personal as well as collective identity in the volume of poetry Kleur kom nooit alleen nie (2000) by considering the role of landscape, language and race in the construction of identity. The discussion firstly focuses on the poet’s use of other voices than her own in the text in order to establish a dialogue (in the Bakhtinian sense) with other inhabitants of South Africa as well as the African continent, something which can be seen as a prerequisite for transformation and the reconstruction of identity in post-apartheid South Africa. The article then goes on to consider the poet’s criticism of the trade taking place at the “new barcounter of identities” in the poem “ai tog!”, as well as the importance of landscapes and a language that can be defined in terms of a common humanity and vulnerability in the poet’s sense of being South African. This is followed by a discussion of the deconstruction of race as a basis for African identity in the poems discussing skin, colour and race. The final section of the article discusses the poet’s use of the metaphor of the Niger river with its many mouths to describe the diversity of African identity, as well as refers to her sense of homecoming in Africa. 1. Krog en die rekonstruksie van identiteit Dit word algemeen aanvaar dat identiteite konstruksies is wat op dialogiese wyse geproduseer word in die sin dat individuele identiteit in interaksie staan met groepsidentiteit (Taylor in Stokes, 1997:7-8). Die kompleksiteit van hierdie dia- loog tussen persoonlike en kollektiewe identiteit, tussen individue en groepe, word duidelik wanneer ’n mens in ag neem dat kollektiewe identiteit omskryf kan word as ’n “cultural product that embodies all that has been recorded as history, institution, fiction, work of art and knowledge” (Zavalloni, soos aangehaal in Schipper, 1999:23). Castells (1997:6-8) definieer identiteite as “sources of mean-

Die kleur van mens: Antjie Krog se Kleur kom nooit alleen nie en die rekonstruksie van identiteit in post-apartheid Suid-Afrika

  • Upload
    sun

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

20

Louise Viljoen

“Die kleur van mens”: AntjieKrog se Kleur kom nooit alleennie (2000) en die rekonstruksievan identiteit in post-apartheid

Suid-AfrikaAbstractThis article discusses the way in which Antjie Krog reconstructs her personal as well ascollective identity in the volume of poetry Kleur kom nooit alleen nie (2000) by consideringthe role of landscape, language and race in the construction of identity. The discussionfirstly focuses on the poet’s use of other voices than her own in the text in order to establisha dialogue (in the Bakhtinian sense) with other inhabitants of South Africa as well as theAfrican continent, something which can be seen as a prerequisite for transformation andthe reconstruction of identity in post-apartheid South Africa. The article then goes on toconsider the poet’s criticism of the trade taking place at the “new barcounter of identities”in the poem “ai tog!”, as well as the importance of landscapes and a language that can bedefined in terms of a common humanity and vulnerability in the poet’s sense of beingSouth African. This is followed by a discussion of the deconstruction of race as a basis forAfrican identity in the poems discussing skin, colour and race. The final section of thearticle discusses the poet’s use of the metaphor of the Niger river with its many mouths todescribe the diversity of African identity, as well as refers to her sense of homecoming inAfrica.

1. Krog en die rekonstruksie van identiteitDit word algemeen aanvaar dat identiteite konstruksies is wat op dialogiese wysegeproduseer word in die sin dat individuele identiteit in interaksie staan metgroepsidentiteit (Taylor in Stokes, 1997:7-8). Die kompleksiteit van hierdie dia-loog tussen persoonlike en kollektiewe identiteit, tussen individue en groepe,word duidelik wanneer ’n mens in ag neem dat kollektiewe identiteit omskryf kanword as ’n “cultural product that embodies all that has been recorded as history,institution, fiction, work of art and knowledge” (Zavalloni, soos aangehaal inSchipper, 1999:23). Castells (1997:6-8) definieer identiteite as “sources of mean-

21

ing”, wat gekonstrueer word met behulp van materiaal uit die geskiedenis, geo-grafie, biologie, produktiewe en reproduktiewe instellings, die kollektiewe ge-heue en persoonlike fantasieë, deur magsapparate en godsdienstige openbarings.Alhoewel geslag, klas, ras en seksualiteit beskou word as die mees algemene pa-rameters waarbinne identiteit gekonstrueer word, is die faktore wat die konstruk-sie van identiteit beïnvloed, geweldig gevarieerd. Nasionaliteit, etnisiteit, gods-dienstige agtergrond, professie, sosiale groep, politieke oortuigings, groepsdruk,familie-omstandighede en ruimtelike faktore is almal faktore wat ter sprake komby die konstruksie van identiteit. Daarby is daar ook nog ’n mate van versinsel be-trokke by die konstruksie van identiteit. In sy argument teen ’n rasgebaseerde op-vatting van Afrika-identiteit wys Appiah (1992:174) op die feit dat die versinningvan geskiedenisse, biologiese en kulturele affiniteite deel is van elke menslikeidentiteit en dat menslike identiteit bestaan uit ’n “share of false presuppositions,of the errors and inaccuracies that courtesy calls ‘myth’, religion ‘heresy’, andscience ‘magic’”.

Die politiek van identiteit het verder te doen met die afdwing van kollektie-we representasies van identiteit en die manier waarop dit aanvaar of verwerpword deur individue en groepe. Daar word gepraat van ’n “identity trap” (DuPreez, soos aangehaal in Stokes, 1997:7) wanneer ’n dominante groep die iden-titeit van ’n ander (dikwels onderdrukte) groep definieer op maniere wat negatiefof onaanvaarbaar is vir laasgenoemde, in so ’n mate dat dit die impetus word vir’n politieke stryd om erkenning en legitimiteit. Daar is al geargumenteer dat sis-teme van onderdrukking soos byvoorbeeld die apartheidspolitiek van Suid-Afrika eksplisiet die onderhandeling van wit en swart identiteit verbied het enveral die onderdrukte groepe beperk het tot ’n eng omskrewe reeks van optredes,sosiale en ekonomiese aktiwiteite en politieke opsies (Stokes, 1997:7). Behalwedie dringendheid wat die onderhandeling en rekonstruksie van identiteit het intoestande van politieke onderdrukking en stryd, word dit ook van besonderebelang in omstandighede soos dié van post-apartheid Suid-Afrika waarin veran-derde omstandighede en die druk van globalisering dit as’t ware van mense eisom opnuut hulle persoonlike en groepsidentiteite te onderhandel. Teen die agter-grond van veranderende omstandighede soos hierdie word daar dikwels oproepeom ’n post-essensialistiese rekonsepsie van identiteit gehoor en word daar be-toog dat dit die mees effektiewe en gepaste strategie sou wees om die konstruk-sie van identiteit, veral met betrekking tot etnisiteit en ras, binne ’n postmoder-nistiese raamwerk te bedink. Sonder om te verval in wat hy die “‘vulgar postmo-dernism’ of multiple selves” noem, argumenteer Rattansi (1999:279) vir die de-

“Die kleur van mens”: Antjie Krog se Kleur kom nooit alleen nie

STILET – Jg. XIV:1 – Maart 2002

22

essensialisering van ras en etnisiteit. Volgens hom lei dit tot ’n veel vrugbaarderbemoeienis met en beter begrip van die verskillende veranderlikes (“processes offlux, contextual transformation and dislocation, and the complex overlappingand cross-cutting of boundaries”, 1999:258) wat die konstruksie van identiteitbeïnvloed.

Dit is teen hierdie agtergrond wat ek die rekonstruksie van identiteit in AntjieKrog se digbundel Kleur kom nooit alleen nie (2000) wil bespreek. Sedert sy in1970 gedebuteer het met die bundel Dogter van Jefta, het Krog haarself gevestigas een van die belangrikste digters wat op die oomblik in Afrikaans skryf. Haareerste bundel is gepubliseer toe sy in haar laaste jaar op skool was en het grootopspraak verwek vanweë die seksuele openhartigheid en politieke sentimentedaarin vervat. Alhoewel Krog afkomstig is uit ’n Afrikaner-agtergrond waaridentiteit stewig gewortel was in ras, klas, taal, godsdiens en plek, toon selfs ’noorsigtelike lesing van Krog se poësie dat sy herhaaldelik vraagtekens geplaashet oor die identititeit wat haar Afrikaner-agtergrond aan haar opgedwing het.Dat sy van vroeg reeds vraagtekens geplaas het oor die rasse-basis waarop dieAfrikanernasionalisme gebou was, blyk byvoorbeeld uit die eerste reëls van diegedig “my beautiful land”, geskryf toe sy maar sewentien jaar oud was: “look, Ibuild myself a land/ where skin colour doesn’t count/ only the inner brand ofself” (Engelse vertaling deur Krog, 2000b:11). ’n Verdere lesing van Krog seoeuvre toon dat sy van haar vroegste werk af reeds besig was om haar eie iden-titeit (as vrou, as wit Afrikaner, as Suid-Afrikaner) te bevraagteken in haarpoësie. Die dringendheid van hierdie projek het in die loop van die tagtigerjaretoegeneem met elke nuwe bundel wat uit haar pen verskyn het. Die onderhande-ling van gender en geslagtelike identiteit was veral prominent in die bundelsOtters in bronslaai (1981), Lady Anne (1989) en Gedigte 1989-1995 (1995).Naas die fokus op geslag het die bundels Jerusalemgangers (1985) en Lady Anne(1989), beide geskryf onder druk van die politieke noodtoestand in die tagtiger-jare, veral ook die nadruk gelê op kwessies wat verband hou met ras. Die prosa-teks Relaas van ’n moord (1995) en die digbundel Gedigte 1989-1995 (1995) hetop hulle beurt die politieke verandering van die vroeë negentigerjare gereflekteerin die wyse waarop kwessies in verband met ras en geslag daarin gehanteer is.

Dit wil voorkom asof Krog se blootstelling aan die verhore van dieWaarheids- en Versoeningskommissie (WVK) as joernalis in die jare 1996-1998haar verder bewus gemaak het daarvan dat dit vir haar as wit Afrikanervrounoodsaaklik is om haar identiteit te heroorweeg, op persoonlike sowel as kollek-tiewe vlak. Uit haar betrokkenheid by die WVK het Country of my Skull, die eer-

23

ste teks wat Krog in Engels gepubliseer het, gegroei. Enersyds was Country ofmy Skull ’n joernalistieke verslag van die verhore van die WVK; andersyds wasdit ook ’n hoogs persoonlike weergawe van die outeur se reaksie op die Kom-missie se werk. Country of my Skull se kombinasie van feite met fiksionele ele-mente het daartoe gelei dat die teks hoogs kontroversieel was: dit het groot lofontvang, maar is ook hewig gekritiseer deur diegene aan die linker- sowel as dieregterkant van die politieke spektrum in Suid-Afrika (vgl. Maree 1998, Braude1998). In haar daaropvolgende digbundel Kleur kom nooit alleen nie keer Krogterug na haar moedertaal, Afrikaans, maar sit talle van die temas uit Country ofmy Skull voort. In hierdie digbundel werk sy bepaalde kwessies rondom die re-konstruksie van identiteit uit in poësie, ’n genre wat sy beskou as haar ware‘medium’ as skrywer. (Vergelyk haar opmerkings hieroor in Country of my Skull,1998:36.) Hierdie terugkeer na Afrikaans en die medium van die poësie sugge-reer dat taal een van die bepalende elemente is in die konstruksie van individueleidentiteit in interaksie met kollektiewe identiteit. Feitlik gelyktydig met Kleurkom nooit alleen nie het daar daar ook ’n versameling van Krog se Afrikaansegedigte in Engelse vertaling (deur die digter en ander) verskyn onder die titelDown to my Last Skin (2000).

Die fokus van hierdie artikel val op Kleur kom nooit alleen nie, ’n bundelwaarin Krog nie alleen konsentreer op persoonlike identiteit nie, maar ook pro-beer om haar identiteit as Afrikaans-sprekende Suid-Afrikaner (haar rol in dieontwikkelende Suid-Afrikaanse nasie) en as Afrikaan (haar rol as inwoner vanAfrika) te verken. Krog se poging tot die dekonstruksie van ras as identiteitsmer-ker, gekombineer met haar begeerte om tuis te kom in Afrika en “boorling”(2000a:85) van die kontinent te word, herinner ’n mens aan Appiah (1992:176)se opvatting dat ’n biologies-gebaseerde opvatting van ras nie ’n sterk basis is virdie konstruksie van ’n Afrika-identiteit nie. Kleur kom nooit alleen nie demon-streer verder hoe sterk Krog se opvatting van identiteit gewortel is in kwessieswat verband hou met ruimte: haar sterk aanvoeling vir die skoonheid van die(Suid-)Afrikaanse landskap, haar betrokkenheid by ekologiese aangeleenthedeen die idee van ’n nasionale identiteit wat gewortel is in die ruimtelike nosie van’n land. Haar sterk aanvoeling vir plek kan ook in verband gebring word met diefeit dat ruimtelike kwessies ’n belangrike rol gespeel het in tradisionele kon-struksies van Afrikaner-identiteit sowel as in die Afrikaanse literêre tradisiewaarbinne Krog as digter funksioneer. Die Afrikaanse letterkunde se bemoeienismet ruimte kan waarskynlik toegeskryf word aan die feit dat dit ontwikkel hetteen die agtergrond van ’n geskiedenis van kolonisasie en dekolonisasie. Hierdie

“Die kleur van mens”: Antjie Krog se Kleur kom nooit alleen nie

STILET – Jg. XIV:1 – Maart 2002

24

geskiedenis het ingesluit die besetting van grond deur Europese setlaars en ko-loniseerders, die konflik met inheemse bevolkings as gevolg van hierdie beset-ting van grond, die toesegging van verskillende ruimtes op grond van ras, klasen geslag in die loop van die Suid-Afrikaanse geskiedenis sowel as die spanningwat voortgevloei het uit daardie toeseggings. Hierdie artikel sal veral fokus opdie manier waarop Krog in Kleur kom nooit alleen nie haar persoonlike en kol-lektiewe identiteit verken deur die oorweging van die rol van landskap, taal enras in die konstruksie van identiteit.

2. Om jou eie woord te kies: stemme in die teksAlhoewel daar ooglopende verskille is tussen die Engelse joernalistieke verslagCountry of my Skull en die Afrikaanse digbundel Kleur kom nooit alleen nie, isdaar ook veelseggende ooreenkomste en kontinuïteite tussen die twee tekste. Diedigbundel neem talle van die temas op wat reeds in Country of my Skull aange-voor word en dupliseer selfs sommige van die materiaal uit laasgenoemde. Dietemas van skuld oor die verlede, die bemoeienis met ruimtelike kwessies en diestryd met die rekonstruksie van ’n nuwe persoonlike en kollektiewe identiteit isnet so belangrik in die digbundel as in die joernalistieke verslag. Country of mySkull lê die nadruk op kwessies van persoonlike en nasionale identiteit terwylKrog haar ervarings as WVK-joernalis verwerk. Kleur kom nooit alleen nie fo-kus eweneens op individuele en kollektiewe identiteit, maar neem die kwessievan kollektiewe identiteit selfs verder om die idee van ’n Afrika-identiteit te on-dersoek. ’n Verdere ooreenkoms tussen die twee tekste is die insluiting van an-der stemme en ander narratiewe as net dié van die outeur. Country of my Skullbevat ’n ruim aantal representasies van die getuienis wat voor die WVK aange-hoor is: sommige van hierdie getuienisse word indirek in die teks gerapporteerterwyl ander verbatim gesiteer word. In Kleur kom nooit alleen nie sluit die dig-ter1 ook ’n hele spektrum van stemme buiten haar eie in. Inwoners van die afge-leë bergwoestyn genaamd die Richtersveld vertel in die gedigsiklus “ses narra-tiewe uit die Richtersveld” self hulle stories. Die siklus “dagboeke uit die beginvan die twintigste eeu” bestaan uit die oorvertelde ervarings en dagboeke vanvroue gevange gehou in konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog(Krog, 2000c). Die daaropvolgende siklus, “dagboeke uit die laaste deel van dietwintigste eeu”, is weer gebaseer op die getuienis aangehoor voor die WVK. Diefinale afdeling van die bundel sluit ’n narratief uit Wes-Afrika in. Die insluitingvan verskillende stemme in ’n digbundel is nie ’n nuwe tegniek in Krog se oeu-vre nie: sy het reeds uitvoerig daarvan gebruik gemaak in vorige bundels, soos

25

byvoorbeeld Lady Anne (1989) waar ander stemme (dikwels in die vorm van si-tate) die digter se stem aangevul én weerspreek het.

In ’n onderhoud oor Kleur kom nooit alleen nie, het Krog die volgende veel-seggende stelling gemaak oor die prosedure om ander stemme in haar poësie in tesluit: “Ek het nog altyd ander stemme in my gedigte gebruik, wat ek opgesoek hetas gidse of kritiek of konteksgewers. Toe ek in die Richtersveld was, het ek besefek is bevry daarvan en kan mense laat praat vir wat hulle is. Elkeen kan nou syeie woord kies.” (Wasserman, 2000) Hierdie stelling suggereer dat haar vroeërgebruik van hierdie tegniek om ander stemme te gebruik as “gidse of kritiek ofkonteksgewers” op een of ander manier die onderwerping van hierdie stemme aanhaar poëtiese wil geïmpliseer het. Dit suggereer dat Krog se gebruik van diestemme ’n positiewe ontwikkeling ondergaan het van die manier waarop sy hullein vorige digbundels gebruik het deurdat sy hulle nou toelaat om “te praat vir wathulle is”, eerder as wat sy hulle gebruik om haar eie behoeftes te pas. Daar is algeargumenteer dat die insluiting van die stemme van diegene oor wie daar verslaggedoen word, deel was van ’n spesiale ‘metodologie’ wat Krog by die skryf vanCountry of my Skull aangewend het. (Vergelyk Viljoen, 2000:43-45.) Die gevaarvan die objektivering van diegene oor wie daar geskryf word, is volgens daardieargument teengewerk deur Krog se gewilligheid om analitiese aandag te wy aandie narratiewe van die gerapporteerdes. In plaas daarvan dat sy oor hulle gepraathet, het Krog dus betrokke geraak by ’n dialoog waarin sy met diegerapporteerdes praat eerder as net oor hulle. Sodoende het sy aangedui dat syook gewillig was om die transformasie van haar eie identiteit deur die proses vandie WVK te oorweeg. In watter mate elkeen wel toegelaat word “om sy eie woordte kies”, bly egter ’n problematiese kwessie met betrekking tot sowel Country ofmy Skull en Kleur kom nooit alleen nie. Die stemme van ander wat ‘praat’ in beidehierdie tekste ondergaan ’n komplekse proses van vertaling en transkulturasievoordat hulle uiteindelik geformaliseer en geëstetiseer is tot die taal van Krog setekste. In die geval van Country of my Skull is die woordelikse verslae van diegetuienis tydens die WVK-verhore uit die tale waarin hulle oorspronklikaangebied is, vertaal in Engels, vandaar na die Afrikaans van die oorspronklikemanuskrip van Country of my Skull en toe in die Engels van die gepubliseerdeteks (deur Krog voorberei met die hulp van haar redakteur, Ivan Vladislavic).Hierdie getuienis het ’n nog verdere proses van transformasie ondergaan toe hulle‘vertaal’ is in die formaat van die gedigte opgeneem in die gedigsiklus “dagboekeuit die laaste deel van die twintigste eeu” in Kleur kom nooit alleen nie. Dieselfdeproses vind plaas in die gedig in Kleur kom nooit alleen nie wat gebaseer is op ’n

“Die kleur van mens”: Antjie Krog se Kleur kom nooit alleen nie

STILET – Jg. XIV:1 – Maart 2002

26

narratief van Samba Diam Werdi wat langs die Niger-rivier in Wes-Afrikaopgeteken is (2000a:91-92) en vanuit die Wes-Afrikaanse konteks ‘vertaal’ is na’n Afrikaanse literêre konteks. Iets minder gekompliseerd is die geval van diemondelinge verhale en dagboeke in Afrikaans wat die basis vorm vir diegedigsiklus “dagboeke uit die eerste deel van die twintigste eeu” asook dieverhale van die inheemse inwoners van die Richtersveld in “ses narratiewe uit dieRichtersveld” (alhoewel hierdie siklus van gedigte ook in Engels vertaal is as deelvan die fotograaf Paul Weinberg se medewerking met verskillende skrywers aandie publikasie Once We Were Hunters. A Journey with Africa’s IndigenousPeople). Sekere vrae doen hulleself voor wanneer die leser die gebruik van diestemme van ander in tekste soos hierdie oorweeg. Is dit ’n geval van dietoeëiening van die stemme van ander deur iemand wat – as gepubliseerdejoernalis, skrywer en digter – in ’n magsposisie is; en word die etiese implikasiesvan hierdie praktyk ooit oorweeg? Gee die skrywer genoeg erkenning aan die an-dersheid en onafhanklikheid van die stemme wat sy in haar eie tekste integreer?Kan dit gesien word as ’n poging om ’n Bakhtiniaanse dialoog te aktiveer of worddie stemme van ander doodgewoon ingedwing in ’n monoloog deur hulle teomvorm tot die taal en formaat van die outeur se diskoers? Word daar ooit inKleur kom nooit alleen nie bewustelik besin oor die poëtiese praktyk om anderstemme as dié van die digter in die teks te integreer?

Wanneer ’n mens sommige van hierdie vrae probeer beantwoord met betrek-king tot Kleur kom nooit alleen nie, kan daar gesê word dat die kontras tussen diestem van die digter en die ander stemme op so ’n manier beklemtoon word dat dieander stemme wel ’n sekere mate van onafhanklikheid kry – in só ’n mate dat hulledie mag het om die digter te weerspreek of bepaalde beperkinge van die digter uitte wys, soos in “ses narratiewe uit die Richtersveld”. Waar hierdie stemme op hulleeie praat en slegs geraam word deur die feit dat die digter die titel en die konteksvan haar digbundel verskaf soos in die twee “dagboek”-siklusse, mag ’n mensargumenteer dat hulle objets trouvées verteenwoordig wat deur die digter gebruikword om haar eie interpretasies van die Suid-Afrikaanse situasie te ondersteun. Dieantwoord op die vraag of die vertellers wat Krog in haar digbundel insluit werklik“hulle eie woorde kan kies”, bly ten slotte egter ambivalent. Aan die een kant kandit gesien word as die toeëiening van ander se stemme en uitings vir haar eiedigterlike gebruik; aan die ander kant mag ’n mens argumenteer dat die digterprobeer om ’n dialoog met hierdie stemme (of vertellers) te bewerkstellig. Sy geein die meeste gevalle erkenning aan die vertellers deur hulle by die naam te noem,sy praat met hulle eerder as oor hulle, sy besin oor haar praktyk, sy bevoorgrond

27

die kontras tussen haar eie stem en dié van die vertellers wat sy aanhaal en sy laattoe dat hulle haar weerspreek. In hierdie sin sou ’n mens dus kon argumenteer datdaar sprake is van die drang om ’n dialoog (in die Bakhtiniaanse sin) met anderSuid-Afrikaners en Afrikane te vestig, iets wat ’n belangrike voorwaarde is virtransformasie en die rekonstruksie van identiteit.

3. ’n Kritiese perspektief op die kwessie van identiteitEnige bespreking van die rekonstruksie van identiteit in Kleur kom nooit alleennie moet kennis neem van Krog se kritiese instelling teenoor die, volgens haar,buitensporige klem wat daar in die Suid-Afrikaanse konteks gelê word op iden-titeit. In ’n onderhoud oor die bundel het sy haar irritasie met pogings om haarte kategoriseer en te klassifiseer in terme van ’n bepaalde identiteit op die vol-gende manier uitgespreek: “Die bundel fokus op die gemeenskaplike weefsel enraak verward as daar ’n identiteitstempel afgedruk moet word. Sodra ek my voetuit die land sit, het niemand ’n probleem met wie en wat ek is nie, (’n jaar geledehet ek lid geword van die African Women Writers Association en niemand hetgewonder of ek mag en hoe ek mag nie), maar sodra jy terug is oor die Limpopodan word alles bevraagteken.” (Coetzee, 2001a:81)

Dit is waarskynlik om hierdie rede dat Krog ’n gedig wat besonder kritiesstaan teenoor die kwessie van identiteit in post-apartheid Suid-Afrika, insluit indie bundel. Die gedig “ai tog!” (47) spreek van soveel minagting vir “die manne/wat werk by die nuwe barcounter van identities” dat die leser mag dink dat ditgeld vir die hele kwessie van identiteit in post-apartheid Suid-Afrika:

ek is moegvan dié wat so hewig tuiskom teen die Afrikanerborsdie ou prostrate met die gekroonde tande en die bifocalsdie male vanity wat die laaste woord spreek

oor die voorwaardes van by hulle hoortek is moegvir hul onbetaamlike haas om te brandmerk, in te stoet en op te pisalmal sit helaas met ’n spul stinkende identiteite in die skoot(en ’n taal gestroop van die grammatika

van menslikheid en berou)mens sê maar gereeldmens is niemand se Afrikaner niemens praat niemand se taal niemens is nie ’n moer iemand se meriete nie

“Die kleur van mens”: Antjie Krog se Kleur kom nooit alleen nie

STILET – Jg. XIV:1 – Maart 2002

28

mens is drolwit en pisswartmens skyt graag op die manne

wat werk by die nuwe barcounter van identitiesmens hoort by haar wat daagliks woordeloos

nuwe wolle by die mat vleg

Wanneer ’n mens egter die gedig lees, word jy bewus daarvan die digter ver-wys na ’n gedateerde en eksklusiwistiewe opvatting van identiteit. Sy bring dit ver-al in verband met bejaarde Afrikanermans (vergelyk die verwysing na “tuiskomteen die Afrikanerbors” en “die ou prostate met die gekroonde tande en die bi-focals”). Sy gebruik verder ’n metafoor uit die hoofsaaklik manlike domein vanstoetboerdery om te beklemtoon dat hierdie opvatting van identiteit gerig is op dieuitsluiting van diegene wat nie voldoen aan die kriteria gestel deur hierdie Afri-kanermans nie. Sy verwys na “hulle onbetaamlike haas om te brandmerk, in testoet en op te pis” en benadruk dat hulle “male vanity” die oorsaak is van hulledringende behoefte om die finale seggenskap te hê “oor die voorwaardes van byhulle hoort”. Hulle idee van ’n suiwer identiteit word weerspreek deur haar gevoeldat hulle almal met “’n spul stinkende identiteite in die skoot” sit. Die feit dat daarook gesê word dat hulle hulleself bedien van “’n taal gestroop van die grammatika/van menslikheid en berou”, verwys daarna dat sommige van hierdie Afri-kanermans hulle eie aandeel in die menseregte-skendings van die apartheidseraontken (iets waaroor sy haar in Country of my Skull baie skerp uitgespreek het).Met die hartstog en woede so kenmerkend van haar poësie maak Krog dit duidelikdat sy hierdie soort opvatting van (Afrikaner-)identiteit verwerp, dat sy “niemandse Afrikaner” is nie, dat sy “niemand se taal” praat nie en dat sy graag “skyt (...)op die manne/ wat werk by die nuwe barcounter van identities”. Diegene watkrities staan teenoor Krog se politiek en werk sien hierin ’n verwerping van haaretniese en linguistiese identiteit as ’n Afrikaner en ’n oorgawe aan die “amptelikeassimilasie-ideologie” van die Suid-Afrikaanse regering (Roodt, 2001).

Sy gaan voort om te sê dat sy haarself veel eerder assosieer met ’n aktiwiteitwat plaasvind in ’n tradisioneel vroulike domein: “mens behoort by haar watdaagliks woordeloos/ nuwe wolle by die mat vleg”. Die metafoor van die vrouwat weef en wat haar onopvallend besig hou met haar bedryf, terwyl sy voortdu-rend besig is om nuwe elemente in haar werk te integreer, is een wat verskeie in-tertekstuele verbande oproep (vanaf die wewende Penelope in Die Odusseia vanHomeros tot by die feministiese herwaardering van die kunsvlyt tradisioneel be-oefen deur vroue). Volgens hierdie gedig vereenselwig Krog haar met dié soortopvatting van identiteit wat verbeeld kan word as die nederige aktiwiteit van

29

vroue wat steeds nuwe elemente integreer. Hierteenoor distansieer sy haar vandié soort opvatting wat in verband gebring kan word met die metafoor van stoet-boerdery wat die suiwerheid van die veestapel probeer handhaaf deur vreemdeelemente uit te sluit.

4. Landskap en taal in die konstruksie van identiteitAlhoewel die gedig “ai tog!” vyandig staan teenoor die handel wat daar na 1994in Suid-Afrika gedryf word by die “nuwe barcounter van identities” en ook teen-oor huidige diskoerse rondom identiteit, toon ’n noukeurige lesing van die bun-del tog ’n deurlopende gemoeidheid met die rekonstruksie van identiteit. Inuitsprake oor die bundel lê Krog veral klem op landskap en taal by die rekon-struksie van identiteit, alhoewel die bundel toon dat faktore soos ras, geslag enseksualiteit ook ’n belangrike rol speel in hierdie verband. In antwoord op ’n on-derhoudvoerder se vraag oor die “fokus op ruimte” in Kleur kom nooit alleen nie,het sy geantwoord: “Net ná die 1994-verkiesing het ek gelees hoe swart mensesê dat hulle vir die eerste keer gereis het deur die land en hoe mooi dit vir hulleis. Toe wonder ek: kan jy net die landskap liefhê as jy dit besit, of onttrek jy jouas dit nie joune is nie? Nou besef ek landskap en taal gee jou die plek waar jybehoort. ’n Minder manipulerende en outoritêre band met die landskap is noumoontlik.” (Wasserman, 2000)

Krog se opvatting dat “landskap en taal” jou ’n gevoel van tuishoort (of iden-titeit) gee, word duidelik gedemonstreer in die bundel se inleidende gedigsiklus,“ses narratiewe uit die Richtersveld”. Hierdie gedigsiklus het sy oorsprong gehadin ’n reis wat die digter saam met die fotograaf Paul Weinberg onderneem het nadie Richtersveld om met hom saam te werk aan sy boek Once We Were Hunters.A Journey with Indigenous People (2000). Na aanleiding van hierdie reis het Krogdie teks by Weinberg se foto’s oor die inwoners van die Richtersveld, ’n afgeleëwoestyngebied op die grens tussen Suid-Afrika en Namibië, geskryf. Haar bydraehet bestaan uit ’n kort artikel, getiteld “It takes a lot of God to survive here”, endie gedigsiklus “six narratives from the Richtersveld” waarvan die Afrikaanseweergawe in Kleur kom nooit alleen nie opgeneem is. Die onderwerp van dieeerste gedig in die siklus is die Gariep (13-14), die rivier wat die Richtersveldbegrens en waarvan daar op die voorblad van die digbundel ’n foto verskyn. Dieverwysing na die Garieprivier lui op subtiele manier die vraagstukke rondom na-sionale identiteit in post-apartheid Suid-Afrika in. Hierdie rivier is deur Europesesetlaars die Oranjerivier genoem en het dié naam gedra tot na die eerstedemokratiese verkiesing in Suid-Afrika in 1994. Daarna is dit amptelik verander

“Die kleur van mens”: Antjie Krog se Kleur kom nooit alleen nie

STILET – Jg. XIV:1 – Maart 2002

30

na die Gariep (wat beteken “rivier van die wildernis of woestyn”; Nienaber,1971:224) om aan te sluit by die naam wat die inheemse bevolking daaraan gegeehet. Die linguis en toenmalige voorsitter van die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad,Neville Alexander, het in die gesprekke wat kort na 1994 gevoer is rondomnasionale identiteit, voorgestel dat die Gariep (eerder as die meer populêrereënboog) gebruik moet word as ’n metafoor vir die nuwe Suid-Afrikaanse nasiewaarin elf verskillende taalgroepe en ’n menige sub-identiteite verenig is(Coetzee, 1996). Die Garieprivier word besondere prominensie gegee in Krog sedigbundel deur die plasing daarvan in die eerste gedig in die bundel en kandaarom gelees word as simbolies van die ontluikende Suid-Afrikaanse identiteitwaarmee Krog haarself vereenselwig. Die gedig beskryf die “geboorte” van dierivier op presies daardie moment in prehistoriese tye toe die landmassa genaamdGondwana haarself “saggies” as kontinent losgewikkel het van die ander en hullesien wegdryf het “as horisonne” (13). Die feit dat die geboorte van die Gariep-rivier geassosieer word met daardie moment waarop die Afrika-kontinent haarselflosgemaak het van die ander kontinente, beklemtoon die rivier se Afrika-karakter,iets wat besonder belangrik word in die bundel wanneer die idee van ’n nasionaleidentiteit uitgebrei word in die rigting van idees oor ’n Afrika-identiteit.

Die ses gedigte in hierdie siklus konfronteer die leser met ’n kombinasie vandie digter se stem met die stemme van verskillende inwoners van die Richters-veld, waaronder nomadiese boere, werkers in die streek se diamantmyne en ’ngeoloog. Die narratiewe van die Richtersveld-inwoners is ingebed in die poëtiesestruktuur wat die digter geskep het en gee verskillende perspektiewe op die ver-houding tussen landskap en individuele identiteit. Die narratief van Dawid Linksin die eerste gedig van die siklus demonstreer hoeseer die landskap deur middelvan byvoorbeeld die mite van die waterslang gelaai word met kulturele betekenis(13-14). Die tweede gedig, “narratief van ou nomadiese trekpatrone”, lys dietrekboere se seisoenale migrasies van die een plek na die ander (15). Die uitge-breide gebruik van beskrywende plekname in hierdie gedig toon hoedat die barrelandskap van die Richtersveld deur die inwoners geapproprieer is deur die han-deling van naamgewing. Eienaarskap van die grond is ook ’n belangrike kwessiein hierdie gedigte: die inheemse inwoners van die streek vertel van hulle konflikmet die mynmaatskappye en die Nasionale Parkeraad oor die eienaarskap vandie grond en oor mineraleregte in die streek. Ander stemme vertel weer van diesosiale strukture geskep deur die apartheidsregering wat hulle uit ander strekeverdryf het na hierdie barre omgewing en na ander Kleurling-reservate (16),maar ook van hulle intense liefde vir die onherbergsame streek en vir die noma-

31

diese leefstyl (“narratief buite die park”, 16-17).

Die feit dat hierdie narratiewe ingebed is in die poëtiese struktuur wat diedigter skep, benadruk herhaaldelik die kontras tussen die narratiewe van dieRichtersveld-inwoners en die digter se eie pogings om die landskap op estetieseen poëtiese wyse te artikuleer. Sy skryf binne ’n selfbewuste en selfrefleksiewepoëtiese tradisie wat aansienlik verskil van hulle orale vertellings en probeer omdie landskap vir estetiese en ander doelwitte te approprieer. In ’n studie oor die‘ontdekking’ van Australië argumenteer Simon Ryan (1996:85 en 60) dat die toe-passing van estetiese tradisies soos dié van die pittoreske en die sublieme op dieAustraliese landskap pogings was om die angswekkendheid van die vreemdegrondgebied te neutraliseer deur dit op te neem in die sisteem van die Europeseestetika. Ryan (1996:71) argumenteer ook dat die poging om aan die landskap ’nestetiese waarde te gee, verknoop is met die proses waardeur mag verkry en diegrond se ekonomiese waarde geëksploiteer is. Volgens hom kan hierdie estetiesetradisies nie losgemaak word van die “colonial moment” nie (1996:71). Krog on-dermyn die estetiese tradisie waarbinne sy self werk deur die kunsmatigheid vanhaar eie stem te kontrasteer met die onpretensieuse narratiewe van die inheemseinwoners van die Richtersveld. Sy toon ook hoedat die Richtersveld ’n byna on-oorkomelike uitdaging stel aan haar representasievermoë as digter. Ryan(1996:83) skryf in sy studie dat die vreemde landskappe wat setlaars en koloni-seerders teëgekom het die beperkinge van hulle taalgebruik en estetiese tradisiesuitgewys het; volgens hom was dié landskappe “a threat to language, revealinglinguistic limitations by its novelty and strangeness”. In die gedig, “narratief vanklip” (19-21), probeer Krog om die barre en klipperige landskap van die Rich-tersveld stem te gee: “klip het ’n enkele identiteit/ gee my taal vir klip pleit ek/na ’n dag roepend in die Richtersveld bergwoestyn”. Sy besef uiteindelik dat diewoedende, uittartende en obsene taal wat sy aan die klipperige landskap toe-skryf, nie geloofwaardig is nie en dat dit toegeskryf kan word aan haar onvermoëom die skoonheid van die landskap raak te sien. Die een wat haar sensiteer virhierdie skoonheid is ’n geoloog wat die landskap aan haar verduidelik deur haarte wys op die geologiese formasies, hulle te benoem en hulle besonderhede uitte wys. Hy lei haar verby die “fasade van klipretoriek” wat sy gekonstrueer hettoe sy probeer het om die landskap te laat praat. Die Richtersveld konfronteerhaar dus met die limiete van haar poëtiese vermoëns en ondermyn enige gevoeldat die landskap bemeester of besit kan word. Dit verteenwoordig duidelik ’n af-wyking van wat J.M. Coetzee (1992:377) uitgewys het as die uitgediende Afri-kaner-opvatting dat gevoelens van hartstogtelike intimiteit met die Suid-Afri-

“Die kleur van mens”: Antjie Krog se Kleur kom nooit alleen nie

STILET – Jg. XIV:1 – Maart 2002

32

kaanse landskap ten beste in Afrikaans uitgedruk kan word en dus eintlik netdeur die Afrikaner ervaar kan word. Volgens hom is hierdie gevoel dat daar ’nuitsonderlike nabyheid (“closeness of fit”) bestaan tussen die Suid-Afrikaanselandskap en die Afrikaanse taal, misbruik as ’n bewys van die Afrikaner se“natural ownership of the land”.

Die laaste momente in hierdie siklus van gedigte fokus baie sterk op die dig-ter se indrukke van die Richtersveldse landskap en keer ook op sikliese wyse te-rug na die Garieprivier wat in die eerste gedig genoem is. Die digter sien dielandskap as ’n verwonde liggaam wanneer sy die rivier beskryf as ’n sny in dielandskap: “weerloos lê die river/ oop aar in die hitte /die landskap ondenkbaarsonder die bruingroen sny”. Die idee van ’n wond word nog meer eksplisiet ge-maak wanneer sy skryf: “ek slaap op die wal van Die Rivier/ die hele nag vloeidit stil en breed by my verby soos bloed/ uit ’n wond”. Die beeld van die land-skap as ’n gewonde liggaam pas binne die groter konteks van die bundel met symotto uit ’n mediese handboek: “Wondherstel is die herstel van die integriteitvan beseerde weefsel.” Die beeld van ’n gewonde en bloeiende landskap worddeel van ’n uitgebreide web van betekenisse wat gegroepeer word om die ideevan verwonding en wat verband hou met die bundel se fokus op die rekonstruk-sie van identiteit ná trauma. In die tweede afdeling van die bundel word die beeldvan die landskap as gewonde liggaam oorgedra op die idee van die land en dieSuid-Afrikaanse nasie deurdat daar veral gefokus word op traumatiese momentein die Suid-Afrikaanse geskiedenis soos die Anglo-Boereoorlog, die skendingvan menseregte tydens Apartheid, Afrikaner-reaksies op nuwe politieke ontwik-kelinge en grondbesettings in Zimbabwe.

Die siklus van tien gedigte, “land van genade en verdriet” (37-44), kan direkverbind word met Krog se Country of my Skull in dié sin dat dit van die materiaal,metafore en selfs gedigte uit daardie teks bevat en ook die temas van vernietiging,skuld, belydenis en versoening hanteer. Die siklus ondersoek die beeld van die landof nasie as ’n gewonde liggaam selfs verder en bevestig die “interrelations betweenthe topographical, the national and corporeal” waarvan Spearey (2000:65) gewagmaak in haar artikel oor Country of my Skull. Wat die digter verstaan onder diebegrip “land” (wat volgens woordeboeke kan verwys na ’n politieke staat of nasieen ook na die land van ’n mens se geboorte, verblyf of burgerskap) kan afgeleiword uit die metafore wat sy daarvoor gebruik. Die titel van die gedigsiklus maakdie leser reeds bewus van die digter se opvatting dat die land ’n geskiedenis vanpyn en verdriet het, alhoewel die verwysing na “genade” tog ’n positiewe instel-ling verraai. Die metafoor van die land as ’n gewonde liggaam kom na vore in die

33

eerste gedig se verwysing na “dié land so bloeiende tussen ons” (37) en die tweedegedig se verwysing na die land as ’n vroulike wese met ’n “sagte weerlose skedel”waarin ’n “medemenslike taal” besig is om op te wel (38). Hierdie beeld wordweer in die agste gedig van die siklus opgeneem met die verwysing na die land watasemhaal, “gekalmeer na die litteken/ aan haar wonderbaarlike keel” (42). In dieEngelse weergawe van hierdie gedig, waarmee Krog se Country of my Skullafgesluit (vergelyk Krog, 1998: 278-279), is daar geen aanduiding gegee wat diegeslag van die land is nie en kon dit gelees word as ’n verwysing na ’n pasgeborebaba of ’n kind, terwyl dit in hierdie gedig duidelik gestel word dat die land vroulikis. In stede van die sterk, triomfantelike vrou wat dikwels gebruik word as diesimbool van ’n nasie (Nash, 1994:229), gebruik Krog hier die lydende vroulike lig-gaam as simbool van die “land” (en by implikasie die Suid-Afrikaanse nasie). OokSpivak (1995:147) het al by geleentheid verwys na identiteit as “a wound, exposedby the historically hegemonic languages, for those who have learned the double-binding ‘practice of [their] writing’”. In dieselfde konteks skryf sy dat vroue diepotensiaal het om nie nasionaliste te wees nie en dat hulle vanweë hulle besondereomstandighede die kwesbaarheid van nosies soos nasie en identiteit kan herken:“Women can be ventriloquists, but they have an immense historical potential ofnot being (allowed to remain) nationalists: of knowing, in their gendering, thatnation and identity are commodities in the strictest sense: something made forexchange. And that they are the medium of that exchange.” (180) Deur haargebruik van die beeld van die verwonde vroulike liggaam vir die land en/of nasie,vestig Krog die aandag op vroue se investering in die geskiedenis van lyding inSuid-Afrika en erken sy dat hulle al in die verlede die ‘ruilmedium’was in die stryden diskoers rondom identiteit. (Vergelyk die siklusse “dagboeke uit die begin vandie twintigste eeu” en “dagboeke uit die laaste helfte van die twintigste eeu” sefokus op die lyding van vroue.) Krog identifiseer haar met ’n soort nasionaleidentiteit wat nie hierdie gegewe sal vergeet of ignoreer nie.

Te oordeel aan die getuienis wat hierdie gedigte bied, speel die liggaam ’n be-sonder belangrike rol in Krog se konseptualisering van identiteit. Sodoende her-inner sy ’n mens aan Castells (1997:359) se uitspraak dat “identity politics startwith our bodies”. Die fisiese landskap van die Richtersveld word voorgestel as ’nbloeiende liggaam en verskaf sodoende die basis vir ’n skakel met die konsep vandie land of nasie as ’n liggaam wat veel gely het en besig is om stadig te herstel natrauma. Die liggaam figureer ook sterk in die gedigte waarin Krog besin oor haarpoëtiese ambag (onder meer ”digter wordende”, 65) sowel as die erotiese poësie indie afdeling “Sgraffito”. ’n Akute bewussyn van die liggaam is ook merkbaar in

“Die kleur van mens”: Antjie Krog se Kleur kom nooit alleen nie

STILET – Jg. XIV:1 – Maart 2002

34

die skatologiese elemente in die bundel, soos byvoorbeeld in die verwysings nakak in die gedig “verskrikking” (93-96). ’n Mens sou kon argumenteer dat haarsiening van die liggaam as kwesbaar en oopgestel na buite verwant is aan Bakhtinse siening van die groteske liggaam as een van die maniere waarop onderdrukken-de monoloë oorskry kan word in Rabelais and his World (1984).

Die belangrikheid wat Krog toeskryf aan taal in die siklus “land van genade enverdriet”, neem die leser terug na die klem wat sy plaas op “landskap en taal” indie konstruksie van identiteit (Wasserman, 2000). ’n Belangrike aspek van die“land” soos voorgestel in hierdie gedigsiklus is die assosiasie daarvan met ’n “me-demenslike taal” (38), met die opwel van stemme en verhale (38), met die “broseoopvou van ’n nuwe, enkele medewoord” (41), met ’n “woordeskat nuut in sag,intieme keelklanke” (42) en met woorde wat “bibberend van die kleur van mens”is (43). Dit word gekontrasteer met die “geluidlose ruimte” (38) en die “taal sondergenade” (39) van die verlede. Die land en die nuwe nasie word dus nie netvoorgestel as ’n lydende vroulike liggaam nie, maar ook in terme van die op-welling van ’n verskeidenheid stemme en die ontstaan van ’n nuwe woordeskat in’n medemenslike taal. Te oordeel hieraan sien Krog dus die konsep van ’n mede-menslike taal (wat die vermoë het om te kommunikeer, simpatiseer, skuld te belyen vergifnis te vra) eerder as enige spesifieke taal, as die basis vir ’n nuwe nasie ofkollektiewe identiteit in post-apartheid Suid-Afrika. Taal-aktiviste soos Roodt(2001) sien hierin ’n verwerping van haar eie linguistiese identiteit as ’n Afrikaans-sprekende, selfs ’n anglofiele sensibiliteit. Sy beskuldigings moet egter opgeweegword teen Krog se keuse om aan te hou om poësie te skryf in Afrikaans en haaraandrang daarop dat die nuwe nasie ’n verskeidenheid stemme akkommodeer.Volgens Krog het die vreugde wat sy in hierdie stadium put uit die skryf inAfrikaans iets te doen met haar gevoel dat die taal “weerloos” geword het in post-apartheid Suid-Afrika (Coetzee, 2001a:80). Dit is opmerklik dat die beelde wat sygebruik wanneer sy verwys na Afrikaans dieselfde liggaamlike eienskappe het aswat sy toeskryf aan die land of nasie: “Dit is die afgelope paar jaar ’n taal wat sowondbaar, so kloppend asemhaal, wat vir die eerste keer in ’n lang tyd ‘hoor’ ennie noodwendig net beveel of pantser nie.” (Coetzee, 2001a:80) Vanweë die feitdat Afrikaans nie meer primêr geassosieer word met die politieke mag van dieapartheidsregering nie en sy status as een van slegs twee amptelike tale in Suid-Afrika verloor het, word daar nou op dieselfde manier aan die taal gedink as aandie ontluikende Suid-Afrikaanse nasie. Daarom is dit ’n taal waarmee die digterhaarself kan assosieer en wat sy kan erken as deel van haar identiteit.

35

5. Kleur/ Vel/ RasDie bundel se titel inisieer ’n uitgebreide spel met die woord “kleur” wat eersverbind word met die Suid-Afrikaanse landskap, dan met vel en vandaar met vel-kleur en ras. Alhoewel ’n resensent soos Ampie Coetzee (2001b:81) die verwy-sing na kleur in die bundel interpreteer as ’n verwysing na ras as “die groot klas-sifiseerder, die groot identiteitskepper” in die geskiedenis van Suid-Afrika, pro-beer Krog se poësie juis die vanselfsprekende skakels tussen kleur, vel en ras be-vraagteken en ondermyn. Die eerste verwysing na kleur ná die bundeltitel komvoor in die gedigsiklus “ses narratiewe uit die Richtersveld”, waar dit skynbaarverwys na die bykans eindelose verskeidenheid van kleurnuanses in die landskap(26). Krog het in ’n onderhoud aangedui dat die titel van die bundel aan haar‘gegee’ is deur die kunstenaar Heleen Weinberg. Vanweë haar eie neiging as dig-ter om in woorde te dink wanneer sy na die landskap kyk, het Krog vir Weinberggevra of sy as kunstenaar in kleure dink wanneer sy na ’n landskap kyk, waaropWeinberg geantwoord het: “Kleur kom nooit alleen nie.” (Vergelyk Nieuwoudt,2001.) Wanneer hierdie stelling gelees word as ’n verwysing na die kleure vandie landskap sowel as na velkleur of ras, impliseer Weinberg se uitspraak datkleur saam met ’n verskeidenheid ander faktore in die konstruksie van identiteitfunksioneer. (Kyk ook Odendaal, 2000.)

Die verband tussen die verwysings na die kleur van die landskap (voorgestelas ’n gewonde liggaam) en die kleur van vel word verwesenlik in die gedig“roofsonnet” (31). Hierdie gedig gebruik die diskoers van ’n mediese handboekom die genesing van wonde te beskryf en ’n verband te bewerkstellig tussenkleur, vel en verwonding deur te verwys na die feit dat wondweefsel die vel ver-kleur, soos wat afgelei kan word uit die volgende reël: “daarom bring letsels al-tyd kleur”. Die gedig benadruk verder die ooreenkomste tussen mense ten spytevan die feit dat hulle velkleur mag verskil: “as skelet bly ons die langste mens/daar waar ons dieselfde is, gaan ons die moeilikste tot niet”. In haar onderhoudmet Ampie Coetzee beklemtoon Krog ook dat die poësie in hierdie bundel fokusop die ooreenkomste eerder as die verskille tussen mense. Sy verwys na haar ge-bruik van die metafoor van “weefsel” in sommige van die afdelingtitels (“Mond-weefsel”, “Wondweefsel” en “Bindweefsel”) wanneer sy beweer: “Die bundelfokus op die gemeenskaplike weefsel en raak verward as daar ’n identiteitstem-pel afgedruk moet word.” (Vergelyk Coetzee, 2001a:81.)

Aan die ander kant is daar ook die gevoel dat velkleur wel ’n belangrike rolspeel in die voortdurende evoluerende begrip van identiteit wat in die bundelvoorgestel word. Nel (2001:24) beweer in ’n artikel oor die bundel dat vel “dié

“Die kleur van mens”: Antjie Krog se Kleur kom nooit alleen nie

STILET – Jg. XIV:1 – Maart 2002

36

metafoor van apartheid wat mense skei, hetsy op grond van velkleur of op grondvan geslag” is. Nel se bespreking fokus op die derde afdeling in die bundel sesiklus van erotiese gedigte, “skilderysonnette e.a.” (51-62) in die bundel se derdeafdeling “Sgraffito”. Ses van die nege gedigte in die siklus is gebaseer op skil-derye van die Suid-Afrikaans gebore Nederlandse skilder Marlene Dumas. Nelargumenteer dat die werk van beide die digter Krog en die skilder Dumas geken-merk word deur ’n intense bemoeienis met die problematiek van velkleur en wysop die talryke verwysings na vel en velkleur in die politieke sowel as die erotiesegedigte in die bundel. Die eerste gedig in die siklus, “The Loneliness of Skin”(51) is gebaseer op ’n Dumas-skildery met die titel “The Loneliness of One’sOne Hand” (kyk Nel, 2001:910) en verwys na die manier waarop erotiese be-geerte kan lei tot die oorskryding van die grense wat vel daarstel wanneer diedigter beskryf hoedat haar skelet “bars verby die wit versperring van vel”. Diemanier waarop liefde en erotiek die grens van vel tussen twee mense kan deur-breek, kan ook gelees word as ’n metafoor vir die manier waarop mense die ver-skille van ras en geslag tussen hulle kan oorkom.

Die kleure wit, swart of blou word in hierdie erotiese gedigte op so ’n ma-nier gebruik in verband met mense dat hulle voortdurend inwerk teen ’n pogingom die kleure te lees as ’n merker van ras. Behalwe vir die feit dat hulle so ter-gend gebruik word dat dit bykans onmoontlik is om te sê of hierdie gedigte ver-wys na ’n verhouding tussen mense van verskillende rasse of nie, kan die gebruikvan dié besondere kleure dikwels herlei word na die skilderye waarop die gedig-te gebaseer is. Ten spyte van die feit dat die gedigte gebruik maak vanverwysings wat suggestief is van (rasse)verskil soos “nat swart oë” teenoor “witvel” (51) en reëls soos “ek pluk jou donker kop tussen my borste in/ om die kleurvan jou vel te vlek teen been” (54), is die gebruik van kleur sodanig dat dit mak-like assosiasies tussen kleur en ras teenwerk. ’n Mens sou kon sê dat sy onderdie vel inbeweeg tot by dit wat gemeenskaplik is aan alle mense (die metaforevan die skelet en menselike weefsel word onder andere gebruik om dit te be-werkstellig). Die titel van die bundel waarin Engelse vertalings van Krog se poë-sie byeengebring is, Down to my last skin (2001), sit hierdie tema voort. Dit is’n titel wat suggereer dat die boonste lae van die vel (en ook die kleurverskil watop die oog af rasseverskil merk) verweer is deur haar ervaring van die trauma-tiese gebeure in Suid-Afrika.

Nog ’n voorbeeld van hierdie spel met kleur en velkleur in die siklus “skil-derysonette e.a.” kom voor in die gedig “The Image as Burden” (53), gebaseerop die gelyknamige skildery van Marlene Dumas (Nel, 2001:30-1). Daar is ’n

37

duidelike spel met kleurverskille (wat nie noodwendig na velkleur verwys nie,maar wel so geïnterpreteer kan word) in die beskrywing van die erotiese spel vandie minnaars: “niemand mag sien hoe elegant ons verskil nie/ weerloos geworpeis die verraad van vel/ reeds vel en been om swart op wit te vermy/ sit ek die ligaf”. Die gedig eindig met ’n verwysing na die manier waarop die skeiding be-werkstellig deur vel deurbreek word deur die erotiese spel van wat ’n ongeoor-loofde verhouding mag wees (vergelyk die verwysing na ’n deur wat sorgvuldiggesluit word): “nagdeur rus ons van velloos gehê wees uit”. Die leser se suspisiedat hierdie gedig mag verwys na minnaars van verskillende velkleure of rasse,word ondermyn wanneer ’n mens besef dat die gedig verwys na ’n swart-en-witskildery deur Dumas gebaseer op ’n swart-en-wit beeld uit die 1937-filmCamille. Die kleure swart en wit word dus ’n rasse-konnotasie gegee deur die so-siale konteks waarin die gedigte geskryf en gepubliseer is, maar terselfdertydonthef van daardie konnotasie deur die verwysing na die swart-en-wit filmbeeldwaarop dit gebaseer is. Dit wil dus voorkom asof Krog probeer aantoon dat ditgevaarlik is om identiteit te vestig op die fiksies rondom iets wat so vlugtig issoos die velkleur wat in hierdie gedigte beskryf word.

Die kwessie van ras word die direkste gekonfronteer in die tweede afdelingvan die bundel, getiteld “Wondweefsel”. Soos vroeër aangedui, verwys die gedig-te in hierdie afdeling na bepaalde traumas in die Suider-Afrikaanse geskiedenissoos die Anglo-Boereoorlog, die skending van menseregte tydens die apartheids-regime, Afrikaner-reaksies op nuwe politieke ontwikkelinge en die grondbe-settings in Zimbabwe. Aan die een kant lyk dit asof hierdie afdeling ’n verken-ning is van die bekende wit-swart opposisie gebaseer op ras soos wat dit gemani-festeer het in die Suid-Afrikaanse geskiedenis; aan die ander kant probeer hierdiegedigte juis die essensie van daardie binêre opposisie bevraagteken. Die eerstesiklus, “dagboeke uit die begin van die twintigste eeu” (29-30), is gebaseer op dienarratiewe en dagboeke van wit Afrikanervroue wat gedurende die Anglo-Boere-oorlog in die konsentrasiekampe was (volgens Krog, 1999a en Krog, 2000c). ’nTweede, komplementêre siklus van gedigte in hierdie afdeling, “dagboeke uit dielaaste deel van die twintigste eeu” (32-36), is weer gebaseer op die getuienis vanslagoffers voor die WVK. (Elke gedig in hierdie siklus kan herlei word na diegetuienis wat Krog in Country of my Skull gerapporteer het.) Alhoewel diestemme in hierdie afdeling ook dié van ’n wit man insluit (vergelyk die twaalfdegedig in die siklus; kyk ook Krog, 1998:141), is die slagoffers van menseregte-skendings wat in hierdie gedigte praat meestal swart. Waar hierdie twee ge-digsiklusse gelees kan word in terme van die bekende Suid-Afrikaanse opposisie

“Die kleur van mens”: Antjie Krog se Kleur kom nooit alleen nie

STILET – Jg. XIV:1 – Maart 2002

38

van wit teenoor swart, met die een siklus wat fokus op wit lyding en die anderhoofsaaklik op swart lyding, probeer die derde siklus in hierdie afdeling diebelangrikheid van velkleur en ras dekonstrueer. Die siklus “land van genade enverdriet” is reeds vroeër bespreek met verwysing na die manier waarop dit diehuiwerige ontstaan van ’n taal wat “die kleur van mens” is, beskryf (43). Soosreeds beweer, kan hierdie siklus direk geskakel word met Country of my Skull,deur die manier waarop dit kwessies van geweld, vernietiging, skuld, belydenisen versoening aanspreek in ’n reeks van tien gedigte. Die siklus beweeg deur ge-voelens van wanhoop, skuld, skaamte, berou, verdriet en ’n begeerte na vergifnistot by die eerste roeringe van versoening en die gevoel van ’n nuwe begin. Wan-neer dit gelees word teen die agtergrond van Country of my Skull, word dit duide-lik dat die stem van die digter in hierdie gedigsiklus grootliks dieselfde is as diévan die verteller in Country of my Skull en dus geïdentifiseer kan word as dié vanKrog wat praat vanuit die perspektief van ’n wit Suid-Afrikaner wat haar rig tot’n swart Suid-Afrikaner. Die eerste gedig in die siklus (37) weeklaag oor die ver-skil tussen spreker en aangesprokene en daar word gewonder hoe lank dit sal duurom die afstand te oorkom:

jou stem slingerin woedelangs die kil snerpende sweep van my verledehoe lank duur dit?hoe lank vir ’n stemom ’n ander te bereikin dié land so bloeiende tussen ons

Alhoewel rasse-verskille en rasse-konflik in Suid-Afrika die intertekstueleagtergrond van hierdie gedigsiklus is, probeer die digter dit vermy om die narra-tief van skuld, belydenis en vergifnis binne die parameters van die swart-wit op-posisie te plaas. Die kleure swart en wit word slegs enkele kere in die siklusgenoem: die vyfde gedig gebruik die metafoor van “’n lang wit skaduwee” (40),wat sou kon verwys na die nalatenskap van wit oorheersing, en die vyfde gedigverwys na ’n “hart wat net kan bars uit hierdie swart aarde” (41), wat mag sin-speel op die Afrika-landskap. Die negende gedig (43) hanteer die kwessie vangenesing nadat die “verhale van verwondes” (42) gehoor is en stel voor dat daar’n streep getrek moet word, wat dui op ’n radikale verandering: “’n punt/ ’n lynwat sê: van hier af/ gaan dit anders klink/ want al ons woorde lê naas mekaar opdie tafel/ bibberend van die kleur van mens”. Hierdie gedig verwys na ’n nuwekleur, naamlik die “kleur van mens”, wat die rasse-klassifikasies van die apart-

39

heidsera sal oorstyg. Dit is belangrik om daarop te let dat ook die moment vanversoening ’n sterk liggaamlike kwaliteit het. Volgens die gedig sal diegene watvantevore van mekaar geskei was, nou begin deel in ’n gemeenskaplike kennisvan die intiemste liggaamlike besonderhede wat onder die vel(kleur) lê:

ons weet nou mekaarmekaar se kopvel en reuk mekaars bloedons weet die diepste geluide wat mekaarse niere maak in die nagons is stadig mekaaropnuutnuuten hiér begin dit.

Die finale gedig in die siklus (44) waarsku dat die ou regime sy skuld moet be-ly sodat die nuwe bestraf kan word as dit die foute van die verlede herhaal. Indiennie, sal die foute van die verlede “slegs anders ingekleur word” deurdat die nuweregime swart is in plaas van wit. In die poging om versoening te bewerkstellig tussenmense wat apart gehou is deur apartheidswette, probeer hierdie siklus wegbeweegvan die swart-wit opposisie en eerder die “kleur van mens” daarstel as die gemenedeler van alle Suid-Afrikaners. Die mees dinamiese moment in die (re-) konstruksievan identiteit vind dus plaas buite die parameters van eenvoudige opposisies, of ditnou die opposisie tussen swart en wit, man en vrou is.

In die twee gedigte onder die titel “na grond-invasions in Zimbabwe” (5-46)bevraagteken die digter haar eie idealisme oor die konstruksie van ’n Suid-Afri-kaanse of Afrika-identiteit waarin die “kleur van mens” die kategorie van ras salvervang. Die gedigte reageer op die besetting van wit boere se plase deur vete-rane van die vryheidstryd in Zimbabwe. Beide gedigte bestaan feitlik geheel enal uit retoriese vrae. (Dit is ’n frappante ironie dat hierdie gedigte wat besin oortoestande in postkoloniale Suid-Afrika beide Shakespeariaanse sonnette is.) Indie eerste gedig vra die digter of die besettings van wit boere se plase gesienmoet word as ’n bewys dat haar pogings om rasse-verskille te oorkom, futiel is.Sy vra of rasse-verskille alle waardes, gevoelens van gedeelde menslikheid entuishoort in Afrika oorskry:

sal ’n swart man op ’n dag in my gesig gilVoetsek! Fokof! en my huis oorvaten my President bly stil en sy Kabineten die oorblywende wit comrades

“Die kleur van mens”: Antjie Krog se Kleur kom nooit alleen nie

STILET – Jg. XIV:1 – Maart 2002

40

sal ek op ’n dag forseer word om te besefswart en wit het niks gemeen nienie waardes nie nie medemenslikheid nieselfs en veral nie geslag nieis kleur die allesbepalende faktor ek kan hoeliefhê hoe hoort wit-wit wit-wit klop my hart?

Die implikasies van hierdie vrae word in die tweede gedig ondersoek wan-neer die digter haarself afvra of haar identiteit verband hou met die besit van ’nwit vel en of “besitting van ’n wit vel/ dié uiteindelik ergste oortreding” is. Diegedig eindig met ’n reeks stellings waarin dit duidelik blyk dat die digter weierom te aanvaar dat haar velkleur of ras die belangrikste merker van haar identiteitis en dat sy diegene sal verafsku wat haar forseer om haar “te skaar by ander wit-tes omdat hulle wit is”. Die bitter en sarkastiese stelling waarmee sy afsluit,maak dit duidelik dat medemenslikheid vir haar die belangrikste merker is vanhaar identiteit en gevoel dat sy ’n Afrikaan is: “want wie dink mense herken me-kaar in medemenslikheid/ is blykbaar ’n dwaas en verdien nie die lewe van ’nAfrican nie”. Uit hierdie gedig blyk dit dat bepaalde gebeure die digter dwing omhaar eie opvatting dat velkleur of ras vervang kan word met die “kleur van mens”by die rekonstruksie van haar identiteit as Suid-Afrikaner en Afrikaan te be-vraagteken. Dit is betekenisvol dat hierdie bevraagtekening juis veroorsaak worddeur gebeure wat skynbaar die beginsels van grondeienaarskap (al is dit in ’nland met ’n koloniale geskiedenis) en die gesag van die reg verontagsaam het.Dit impliseer dat die digter respek vir waardes soos grondeienaarskap insluit inhaar idee van ’n “medemenslikheid” en Afrikaan-wees, iets wat sy voel deur diegebeure in Zimbabwe ontken word. As ’n mens in gedagte hou dat om aanspraakte maak op individuele of groepsidentiteit onder andere beteken om diegene teidentifiseer met wie ’n mens bepaalde waardes, ervarings en oortuigings deel,maar ook die van wie jy verskil (Calhoun, soos aangehaal in Stokes, 1997:5), isdit duidelik dat Krog se sin vir ’n Afrika-identiteit gebaseer is op dit wat sy sienas die gedeelde waardes van respek vir grondeienaarskap en medemenslikheideerder as ras of selfs geskiedenis. Weer eens lyk dit asof sy deel in Appiah(1992:176) se opvatting oor (veral) ’n Afrika-identiteit: “A biologically rootedconception of race is both dangerous in practice and misleading in theory: Afri-can unity, African identity, need securer foundations than race.”

41

6. Op weg na ’n Afrika-identiteitDie vraagstuk van ’n Afrika-identiteit kom ook na vore in die laaste afdeling van diebundel, getiteld “Bindweefsel”, waarin dit duidelik word dat die digter streef na ’n‘tuiskoms’ in Afrika. Die verskillende gedigte en gedigsiklusse in hierdie afdelingkonsentreer op die digter se ervaring van Afrika as uiters diverse ruimte. Die eerstegedig in die afdeling, “klaaglied” (77-78), fokus op die menseslagting in Ruanda,waarteenoor die daaropvolgende gedigsiklus bestaan uit vyf delikate wiegeliedjies vir’n baba met die naam Ntombizana Atoo (79-83). By wyse van ’n kontras met diegeweld wat uitgebeeld word in die gedig oor Ruanda, spreek die derde van diewiegeliedjies vir Ntombizana Atoo (81) die wens uit dat sy sal groot word om dieAfrika-kontinent anders te sien as in terme van die vernietiging en geweld waarmeedit dikwels geassosieer word. Die digter verwys na Afrika as die “vasteland wat soos’n groot swart hart op die aardbol dryf” en ’n “groot aggressiewe hart waarophonderde daagliks geruisloos sterf”. Weer is daar die neiging om die liggaam as uit-gangspunt te gebruik in die verwoording van verskillende entiteite: die Gariep wordgesien as ’n oop aar, die water van die Gariep as bloed wat uit ’n wond vloei, diegetraumatiseerde Suid-Afrika as ’n verwonde vroueliggaam en Afrika as ’n groot hart.Die digter wil hê die kind wat sy aanspreek moet op ’n konkreet-liggaamlike manier,as ’n trilling tussen haar ribbes, voel dat dinge anders moet wees: “dat wat ín ons asAfrikane is iets so medeménslik is/ so grondwetlik grondiglik groot is/ dat dit vreemdeverstand te bowe gaan”. Sy sluit die Afrika-beginsel van ubuntu in by haar wens virdie kind en vir haarself: “ons is wat ons is oor ons van mekaar is/ hoe bly ons dan soverkeerd wees?”. In die vierde gedig (82) maak sy die stelling dat sy onherroepelik“wit” is (“ek wat al-wat-wit-is is/ wat bliksemwit en onlosmaaklik altyd net myselfis”), maar dat sy wens dat die klein swart kind die kontinent haar eie sal maak deur ditin haar hande te hou en te wieg. Die prysgawe van haar eie reg om die kontinent tebesit aan die swart kind (op wie se teerheid sy staatmaak), mag paradoksaal genoegdaarop uitloop dat die kontinent aan al sy of haar inwoners behoort:

ek wat al-wat-wit-is iswat bliksemwit en onlosmaaklik altyd net myself iswil dat jy dié kontinent joue maakhou in jou hande die stugge mompelende hartwieg dit dat dit uitklep oopklep en in volle seil die aarde bevaardit joune myne ons sinne word

Dit is egter veral in die gedigsiklus “van litteken tot rivier” dat die digter dieduidelikste demonstreer dat sy wil hê dat Afrika haar ‘plek’ moet wees. Hierdie

“Die kleur van mens”: Antjie Krog se Kleur kom nooit alleen nie

STILET – Jg. XIV:1 – Maart 2002

42

afdeling word voorafgegaan deur ’n motto wat verwys na ’n definisie van iden-titeit wat die voorbeeld van riviere gebruik om te verduidelik hoe die kriteria viridentiteit funksioneer (84). Die motto verskaf aan die leser die leidraad dat hier-die siklus van gedigte waarin die Niger-rivier so sterk figureer, iets te sê sal hêoor die kwessie van identiteit, meer spesifiek van Afrika-identiteit. Die siklus isgebaseer op Krog se deelname aan ’n reis wat ’n groep digters onderneem hetvanaf Goree-eiland in Senegal langs ’n ou handelsroete tot by Timboektoe, waarhulle deelgeneem het aan ’n poësiefees (volgens Krog, 1999b). In die eerste vandie siklus se tien gedigte, “stad” (85), vra die digter die stad Timboektoe wat dieeindpunt van die reis sal wees: “hoe word ek/ boorling”, ’n vraag wat wys op dieintense begeerte om ’n inheemse inwoner van die Afrika-kontinent te wees. Diebegeerte om tuis te voel in Afrika is een wat gelees moet word teen die agter-grond van die feit dat die afstammelinge van wit setlaars in Afrika dikwels in dieverlede verkies het om hulleself te sien as Europeërs eerder as Afrikane. Hierdieverhouding tussen wit (Suid-)Afrikaners en Afrika was al dikwels in die verlede’n besprekingspunt in die Afrikaanse letterkunde en die Afrikaanse literêre kri-tiek. Met haar uitgesproke begeerte om “boorling” van Afrika te wees, beweegKrog dus bewustelik weg van die Eurosentrisme wat dikwels aan die wit Suid-Afrikaanse en ook die Afrikaanse letterkunde toegeskryf word.

Dit is egter in die beskrywings van die reis op die Niger-rivier in die sewen-de en agste gedigte van die siklus, “rivier” en “boot”, waar ’n nuwe metafoor viridentiteit ontwikkel word. Die gebruik van die rivier as ’n metafoor vir die digterse opvatting van haar identiteit as Afrikaan bring die bundel siklies tot ’n afslui-ting. Dit begin met die Suid-Afrikaanse rivier Gariep wat op die voorblad vandie bundel afgebeeld word en in die eerste gedig van die bundel beskryf word.Dit eindig dan met ’n beskrywing van die Niger-rivier in Wes-Afrika, waarvan’n foto op die agterblad van die bundel verskyn. Soos wat die geval was met dieGariep, word die Niger metafoor van die soort identiteit waarheen die digterbesig is om te ontwikkel. Soos elders in haar oeuvre, inspireer die landskap indie geval van hierdie twee gedigte gevoelens van byna religieuse inlewing. In diegedig “rivier” (97-98) word die reis op die Niger voorgestel as ’n ekstatiese enbyna mistieke ervaring, poëties gerepresenteer in die spel van lig op die staalag-tige, kwiksilwer kleure van die rivier. Die digter beklemtoon sekere eienskappevan die rivier om die potensiaal daarvan as metafoor vir ’n bepaalde soort kol-lektiewe identiteit te verhoog:

die Niger verwoes wie ’n enkele mond probeer vindwant die Niger het vele monde

43

die Niger gee asemdie Niger smelt die grense aan sy flanke

wat voortdreun as ondergrondse geheue as spleet van beloftenie van wees niemaar van word

Die rivier met sy “vele monde”, wat grense “smelt” en funksioneer as ’n be-lofte “nie van wees nie/ maar van word”, is ’n gepaste metafoor vir die soortidentiteit wat sigself visualiseer in terme van diversiteit, die oplos van bestaandegrense en van ’n durende proses eerder as ’n vaste punt.

Dit word selfs meer opvallend in die daaropvolgende gedig, “boot” (99),waarin die digter verwys na ’n vorm van syn wat moontlik gemaak word deur dierivier. Weer word die konkrete landskap ’n metafoor vir die inklusiewe en altyd-wordende identiteit waarna sy skynbaar streef. Die oënskynlik einderlose rivier(die poësie beklemtoon hierdie illusie wat geskep word deur die hitte, loomheiden glansende lig) word ’n gepaste metafoor vir die soort identiteit wat nie as vasen essensialisties gekonsipieer word nie, maar as divers en altyd in die proses vanwording:

die rivier ken geen grens niedie rivier raak altyd alle kantedie rivier maak meer as een weesmoontlikin hierdie breë skittering van water en ligmaling en loomkom al die rowe in my losiets - nie van wees niemaar van wordmy tong stoot teen geen taal nielê los en lig in speekselmy ore veer van vrede en hitte

’n Mens herinner jou weer die voorstel van Neville Alexander dat die Gariep-rivier met sy talle systrome ’n gepaste metafoor sou wees vir die diversiteit vandie ontwikkelende Suid-Afrikaanse nasie. In hierdie gedigsiklus lyk dit asof Krogselfs ’n meer vloeibare en uitdyende metafoor wil gebruik vir haar opvatting van’n Afrika-identiteit. Soos wat dikwels die geval is in Krog se werk, word die be-geerte na ’n gevoel van tuishoort in ’n bepaalde landskap en die behoefte om dit

“Die kleur van mens”: Antjie Krog se Kleur kom nooit alleen nie

STILET – Jg. XIV:1 – Maart 2002

44

vas te vang in ’n essensie, dus ondermyn deur die glibberigheid van haar metafo-re. (Kyk ook Olivier, 2000.) In hierdie geval word die begeerte om ’n Afrika-iden-titeit vas te vang weerspreek deur die metafoor van die rivier as vloeibaar, diversen altyd wordend.

Die laaste gedig in hierdie siklus, “aankoms” (101-103), beskryf ’n poësie-le-sing in die woestyn op die laaste aand van die poësie-karavaan se reis. In hierdiegedig word daar teruggekeer na die belangrike rol wat taal en landskap speel indie gevoel van “boorling” (85) wees. In ’n vorige gedigsiklus is daar verwys nadie taal van medemenslikheid, skuldbelydenis en vergifnis as “bibberend diekleur van mens” (43); in die geval van hierdie gedig is dit die poësie wat die eien-skap het dat dit altyd in “die kleur van mens” kom. Dit verwys onder meer daarnadat die stemme van verskillende ander Afrika-digters in die gedig opgeneem word(vergelyk strofes 7-11; ook Krog, 1999b) en geïntegreer word met dié van die dig-ter. Verder is dit duidelik dat die landskap in ’n groot mate gekonstrueer of geskepword deur die poëtiese woord:

met die litteken van tongskryf ons die grond onder ons voeteskryf ons die ruimte waarin ons asemhaalin jou woord ruik jy mens proe jy Afrikaanom te skryf

is om te hoortmet jou

my stem is vir die eerste keer vryons groetalmal is uitgelateek weet waarheen ek op pad istot hiertoe en verder huis

Die laaste woorde van hierdie gedig suggereer dat om Afrikaan te wees ver-staan kan word as ’n voortdurende reis eerder as die aankoms by ’n vaste punt,’n beeld wat ooreenstem met die vry-swewende en altyd-evoluerende identiteitopgeroep deur die beeld van die rivier. Die titel van die gedig “aankoms” impli-seer dat die digter tuisgekom het in Afrika; die tuiskoms moet egter eerder gesienword as ’n gevoel vir die rigting waarin die reis haar neem. Die konseptualise-ring van identiteit as ’n reis kom ook voor in die derde gedig van die siklus,“reis” (87-88). Hierdie gedig gebruik die beeld van die nomade (ook gebruikdeur die digter Breyten Breytenbach, die ander Afrikaanse digter wat al uitge-breid geskryf het oor sy verhouding met Afrika - kyk Sienaert, 2001; ook

45

Viljoen, 2001) en stel die idee van vermenging en hibriditeit as ’n essensiële be-standdeel van tuishoort in Afrika: “hoe meer kere jy vermeng/ hoe meer word jyhier” (88), skryf Krog in hierdie gedig.

Interessant genoeg is die gedig “aankoms”, wat handel oor die gevoel vanaankoms of tuiskom in Afrika, slegs die voorlaaste gedig in die bundel. Dit wordgevolg deur die laaste gedig waarin daar teruggekeer word na die Suid-Afrikaansebodem, na die woorde van ’n Afrikaans-sprekende en ’n intertekstuele verwysingna die Afrikaanse literêre tradisie. In hierdie slotgedig, “niks by te voeg” (104),word die Suid-Afrikaanse landskap aanwesig gemaak deur die enumerasie vanplekname soos Baadjiesvlei, Biedousrivier, Krakadou, Vaalheuningberg enWupperthal. Die enumerasie word voortgesit wanneer die stem van ’n Afrikaans-spreker met ’n eie aksent en intonasie in die gedig opgeneem word: JakoobsZimmerie wat onder andere die plekname Stapelklip, Opmekaagklip, Skeugklip,Swamklip en Vgottandjiesklip opnoem. In die laaste instansie is die gedig ook ’nsubtiele herdigting van een van die bekendste voorbeelde van ’n soort orale ofpraatpoësie in Afrikaans, naamlik Boerneef se gedig “Die berggans het ’n veerlaat val” (Boerneef, 1998:116). Die Krog-gedig eggo die beginreëls van Boerneefse gedig (“Die berggans het ’n veer laat val/ van die hoogste krans by Woeper-dal”) met die woorde:

niks by te voegniks toe te voegoor hoe diep dit lê as

klanke soos vere val in Baadjiesvlei en Biedousrivierso soos ’n asemveeg so lig.

In die laaste instansie vervang dit ook die slotwoorde van die Boerneef-gedig(“mits dese wil ek vir jou sê/ hoe diep my liefde vir jou lê”) met dié van JakoobsZimmerie: “‘mits deze... waarg mense is/ is altyd mos ongemakke”. Dit klinkasof Krog hiermee te kenne wil gee dat sy as digter weinig kan toevoeg tot diepoësie wat reeds teenwoordig is in die praatpoësie van Afrikaans sowel as in diespraak van mense soos Zimri. Die beweging in die rigting van ’n groter, meer in-klusiewe Afrika-identiteit word dus gegrond in ’n terugkeer na ’n meer gelokali-seerde Afrikaanse (eerder as Afrikaner-) identiteit. Ten slotte word ’n mens dusbewus gemaak van die feit dat die droom van ’n Afrika-identiteit (oftewelAfrikaan-wees) nie noodwendig in stryd is met ’n identiteit wat put uit lokale be-sonderhede nie. Appiah (1992:180) het dit as volg gestel in sy reaksie op die Pan-afrikanisme van Césaire en Senghor: “To accept that Africa can be in these ways

“Die kleur van mens”: Antjie Krog se Kleur kom nooit alleen nie

STILET – Jg. XIV:1 – Maart 2002

46

a usable identity is not to forget that all of us belong to multifarious communitieswith their local customs; it is not to dream of a single African state and to forgetthe complexly different trajectories of the continent’s so many languages andcultures.”

7. KonklusieUit die manier waarop Krog oor landskap, taal, kleur, vel en ras skryf in hierdiebundel, blyk dit duidelik dat landskap en taal vir haar belangrike koördinate is bydie konstruksie van identiteit, maar dat sy verkies om nie haar identiteit te baseerop die biologiese definisie van ras nie. Alhoewel sy krities is oor die manier waar-op die opvatting van identiteit in Suid-Afrika hanteer word, wys die poësie inhierdie bundel dat Krog ten volle betrokke is by die rekonstruksie van haar per-soonlike identiteit binne die groter konteks van haar geboorteland Suid-Afrika endie kontinent Afrika. In haar geval is dit ’n proses wat teenstrydige, maar ookkomplementerende neigings vertoon. Aan die een kant is daar die begeerte om dieessensie van Suid-Afrikaner- en Afrikaan-wees te vind; aan die ander kant is daardie gevoel dat identiteit slegs verstaan kan word as ’n nimmer-voltooide prosesvan wording, ’n voortdurende reis. As gewetensvolle Afrikaanse skrywer toon symet hierdie bundel haar volgehoue betrokkenheid by die prosesse van transforma-sie in Suid-Afrika, waardeur die trauma van die verlede verwerk moet word.

Universiteit van Stellenbosch

AANTEKENINGE1. Vanweë die ooreenkoms tussen die outobiografiese gegewens van Krog se lewe en die

sprekende subjek in die gedigte, veroorloof ek myself die vryheid om na die spreker

te verwys as “die digter”.

VERWYSINGSAPPIAH, KWAME ANTHONY

1992. In my father’s house. Africa inthe philosophy of culture. New York/Oxford: Oxford University Press.

BAKHTIN, MIKHAIL

1984. Rabelais and his world(translated by Helene Iswolsky).Bloomington: Indiana UniversityPress.

47

BOERNEEF

1998. Die berggans het ’n veerlaat val. Kaapstad: Tafelberg.

BRAUDE, CLAUDIA

1998. Elusive Truths. Mail &Guardian, 12-18 Junie.

CASTELLS, MANUEL

1997. The Information Age. Eco-nomy, society and culture VolumeII. The power of identity. Malden,Massachusetts & Oxford: BasilBlackwell.

COETZEE, AMPIE

2001a. Wondbaar en kloppend. DeKat, Maart:80-81.

2001b. Resensie: Kleur kom nooitalleen nie. De Kat, Maart:81.

COETZEE, H.1996. Tyd verkeerd, maan Pansatvoorsitter. Die Burger, 2 Desember.

COETZEE, J.M.1992. Doubling the point. Essaysand interviews. (Edited by DavidAttwell). Cambridge, Massachu-setts & London: Harvard Univer-sity Press.

KROG, ANTJIE

1970. Dogter van Jefta. Kaapstad:Human & Rousseau.

1981. Otters in bronslaai. Kaap-stad: Human & Rousseau.

1985. Jerusalemgangers. Kaap-stad: Human & Rousseau.

1989. Lady Anne. Bramley: Taurus.

1995a. Gedigte 1989-1995.Groenkloof: Hond.

1995b. Relaas van ’n moord.Kaapstad: Human & Rousseau.

1998. Country of my skull. Johan-nesburg: Random House.

1999a. A hundred years of attitude.Mail & Guardian, 8 Oktober.

1999b. Exerpts (sic) from a diaryto Timbuktu. Mail & Guardian,31 Desember.

2000a. Kleur kom nooit alleen nie.Kaapstad: Kwêla Boeke.

2000b. Down to my last skin. Jo-hannesburg: Random Poets.

2000c. The mothers of new nations.Mail & Guardian, 4 Augustus.

MAREE, JACKO

1998. Quest for truth bringingmore pain and division thanhealing. Sunday Times, 16 April.

NASH, CATHERINE

1994. Remapping the Body/Land:New Cartographies of Identity,Gender, and Landscape in Ireland.In: Blunt, Alison & Rose, Gillian(reds.). Writing women and space. Colo-nial and postcolonial geographies. NewYork/London: The Guilford Press. 227-250.

NEL, ADELE

2001. Die kleur van vers en verf:Antjie Krog in gesprek met MarleneDumas. Literator 22(3):21-38.

“Die kleur van mens”: Antjie Krog se Kleur kom nooit alleen nie

STILET – Jg. XIV:1 – Maart 2002

48

NIENABER, P.J.1971. Suid-Afrikaanse pleknaamwoor-deboek. Deel 1. Kaapstad: Tafelberg.

NIEUWOUDT, STEPHANIE

2001. Afrika uitgebeeld met foto’sen vloeiende prosa. Beeld, 26Februarie.

ODENDAAL, BERNARD

2000. Krog se kragtige digterstemontroer intens. Volksblad, 27November.

OLIVIER, FANIE

2000. Antjie verwoord Afrika inskitterende stukke vers. Beeld, 27November.

RATTANSI, ALI

1999 (1995). Just framing: ethnicitiesand racisms in a “postmodern”framework. In: Nicholson, Linda &Seidman, Steven (reds.). SocialPostmodernism. Beyond IdentityPolitics. Cambridge: CambridgeUniversity Press. 250-286.

ROODT, DAN

2001. ’n Datjsa vir mev Samuel.http://mweb.co.za/litnet/gras/06antjie.asp., 6 Januarie.

RYAN, SIMON

1996. The cartographic eye. Howexplorers saw Australia. Cam-bridge/ New York/ Melbourne:Cambridge University Press.

SCHIPPER, MINEKE

1999. Imagining insiders: Africaand the question of belonging.London & New York: Cassell.

SIENAERT, MARILET

2001. The I of the beholder. Identityformation in the art and writing ofBreyten Breytenbach. Cape Town:Kwela Books/ Maroelana: SouthAfrican History Online.

SPEAREY, SUSAN

2000. Displacement, dispossessionand conciliation. The politics andpoetics of homecoming in AntjieKrog’s Country of my skull. Scrutiny.Issues in English studies in SouthAfrica 5(1):64-77.

SPIVAK, GAYATRI CHAKRAVORTY

1995. Acting bits/ Identity talk. In:Appiah, Kwame Anthony & Gates,Henry Louis, Jr. Identities. Chicago& London: The University ofChicago Press.

STOKES, GEOFFREY

1997. Introduction. In: Stokes,Geoffrey (red.). The Politics ofidentity in Australia. Cambridge:Cambridge University Press. 1-22.

VILJOEN, LOUISE

2000. On space and identity inAntjie Krog’s Country of my skull.In: De Geest, Dirk e.a. Under con-struction. Links for the site of lite-rary theory. Essays in honour ofHendrik van Gorp. Leuven: Leu-ven University Press. 39-61.

2001. “A white fly on a sombre win-dow pane”: The construction of Afri-ca and identity in Breyten Breyten-bach’s poetry. Literator 22(2):1-19.

49

WASSERMAN, HERMAN

2000. Afrikaans vibreer van gena-de - Krog. Die Burger, 24 Oktober.

WEINBERG, PAUL

2000. Once we were hunters. Ajourney with Africa’s indigenouspeople. Amsterdam: Mets & Schilt/Cape Town. David Philip.

“Die kleur van mens”: Antjie Krog se Kleur kom nooit alleen nie