Upload
meliscl
View
606
Download
10
Embed Size (px)
Citation preview
“ Maak gereed die Koning kom!”
DEEL 2
‘n Geestelike reis van Egipte na Kanaan
Die mense wat saam met ons in Egipte (die verlore wereld) woon is mense wat nie noodwendig ‘n keuse vir of teen die God van Israel gemaak het nie . . .
Die inwoners van Gosen (Joodse gebied) glo nie almal in dieselfde God nie, want baie van die volk het so deur die jare die gode van Egipte begin aanbid. . .
Sommige van hierdie ‘afgodbeeld aanbidders’ woon in ons huise, omdat hul met Israeliete getroud is. . .
Net soos wat daar vandag in elke gesin mense van verskillende geloofsoortuigings ‘n lewe onder een dak maak . . .
Almal werk elke dag hard saam daaraan om stene vir Farao te maak!
Hierdie mans en vroue word saam met ons teen die sprinkane & steekvliee beskerm wat Egipteland tref, net omdat hulle met mense getroud is wat die Almagtige dien en aanbid
net soos wat ons elke dag hard werk en swaar kry onder die aanslae van die satan
Op dieselfde wyse laat God vandag nog die son skyn oor hulle wat Hom dien sowel as die mense wat doelbewustelik teen Hom in opstand kom
Alle mense kan die verlore wereld van Egipte verlaat , maar elkeen wat begeer om vrygemaak te word van slawerny & afgodediens moet God se voorskrifte noukeurig nakom . . .
Jy sal nooit op jou eie uit die hand van Farao (satan) vrykom nie!
“ Ek is die HERE, Ek sal jou onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en jou red uit slawerny, Ek sal jou verlos deur ’n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte . . . “
GOD HET DUIDELIKE VOORSKRIFTE WAT JY MOET VOLG OM GERED TE WORD
Die God van Abraham, Isak & Jacob gee ‘n duidelike opdrag aan Moses & Aaron dat elke gesin ‘n Lam moet uithou wat sonder gebrek is. . .
Die Alomteenwoordige is baie spesifiek in Sy opdrag dat die vleis met bitterkruie gegeur en oor die kole gebraai moet word
1. ‘n Lam moet sterwe
Bitter kruie herinner aan die dwangarbeid in Egipte, die vernedering en magteloosheid om in geestelike en fisiese slawerny vasgekeer te wees . . .
Dit herinner ook aan die sonde van ‘n volk wat eens op ‘n tyd die God van Israel gedien het, maar nou agter die gode van Egipte aan hoereer
2. Geur die Lam met bitter kruie
Verder verwys die bitter kruie na die smart & pyn wat Jeshua moes ly om so die straf te dra vir sondes
Suurdeeg herinner aan sondes in ons lewens wat die potensiaal het om te groei, groter sondes te word en uit te rys in ons lewens soos gis in deeg!
“ Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees soos julle inderdaad ongesuurd is – want ook ons Paas Lam is vir ons geslag, naamlik Jeshus die Christus . . .
“Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug & boosheid nie; maar met die ongesuurde brode van reinheid & waarheid . ..
As jy verlossing wil he, ondersoek jouself vir alle ongeregtighede & verwyder alle sondes & ongeregtighede uit jou midde . . .
Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet; al reeds op die eerste dag moet die suurdeeg uit jou huis verwyder word - Exodus 15:7
3. Geen gis mag in die deeg gemeng word nie
Die bloed sal vir jou ‘n teken wees aan die huis waarin jy is: “ As Ek die bloed sien, se God, sal Ek by jou verby gaan!
Op die aand van die veertiende moet die lam geslag word . . . Die bloed daarvan moet aan die deurposte van die huise gesmeer word waar die offer vleis geeet gaan word . . .
4. Slag die Lam en smeer die Bloed
En daar sal geen verderflike plaag onder jou wees wanneer Ek Egipteland tref nie.” Exodus 12:13
As jy gered wil word van die dood en swaar hand van satan:
1. Geur die Lam met bitter kruie
2. Geen gis in die deeg gemeng
3. Slag die Lam en smeer die Bloed
Identifiseer die sonde wat Jeshua aan die Kruis vasgenaal het, erken dat jy verkeerd was, bely dit voor God om vergifnis te kry
Verwyder hierdie sondes en ongeregtigheid uit jou lewe deur op te hou om dit te doen
Neem Jeshua die Christus as jou Verlosser aan en word gered uit ‘n lewe van sonde en swaarkry onder die satan
1
2
3
Hierdie voorskrifte van God moet vandag nog gevolg word wanneer jy Hom aanroep om jou van die ewige dood te red
in die offers is daar jaar na jaar ‘n herinnering aan die sondes; want die bloedvan stiere & bokke kan onmoontlik die sonde wegneem - Hebreers 10:3-4
Diere moes instaan vir die sondes van die mens, maar . . .
Brandoffers & sondoffers het U nie behaag nie. . . Toe het Ek gese: Kyk, Ek kom – in die boekrol is dit van My geskrywe – “ Kyk, Ek kom om U wil te doen, o God. Ek neem die eerste weg om die tweede te stel”. . . Hebreers 10: 5 ens.
Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus. Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word - Hebreers 10:14
Jeshua die Christus kom na die aarde om eenmaal te sterwe sodat dit nooit weer nodig sou wees om diere te offer, maar ons sondes vir ewig op Hom te neem sodat ons vir altyd met God versoen kon word
WORD VERVOLG . . .