24
TREK WEG UIT DIE HUIS VAN SONDE

Trek weg uit die huis van sonde

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Psalm 23

Citation preview

Page 1: Trek weg uit die huis van sonde

TREK WEG UIT DIE HUIS VAN SONDE

Page 2: Trek weg uit die huis van sonde

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die

hemel en die aarde.

GOD DIE VADER

Page 3: Trek weg uit die huis van sonde

Ek glo in Jesus Christus, God se eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en neergedaal het na die hel; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dood; opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, waarvandaan Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel.

GOD DIE SEUN

Page 4: Trek weg uit die huis van sonde

Ek glo in die Heilige Gees wat ons oortuig van sonde, wat mense wederbaar en vervul!

GOD DIE HEILIGE GEES

Page 5: Trek weg uit die huis van sonde

Ek glo aan 'n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeen-skap van die heiliges;

GOD SE KINDERS

Page 6: Trek weg uit die huis van sonde

Ek glo aan die vergewing van sondes; Ek glo aan die opstanding van die liggaam en ek glo aan 'n ewige lewe.

VERGEWING EN WARE LEWE

Page 7: Trek weg uit die huis van sonde

Ek is geroep om 'n dissipel te weesEk is geroep om dissipels te maakEk is geroep om Hemel op Aarde te versekerEk is geroep om al hierdie dinge in onvoorwaardelike liefde te doen

ROEPING

Page 8: Trek weg uit die huis van sonde

Jesus Christus is Koning! Jesus Christus is Koning!Laat Sy wil geskiet, Sy Koninkryk kom, Sy wil, deur my aan ander bekend gemaak word.Alle eer en mag en heelikheid behoort aan die Koning van alle koningsEk behoort aan Hom en Hy aan my

VERHEERLIKING

Page 9: Trek weg uit die huis van sonde

En ek sal die boodskap van die lewende God met trots aan almal rondom my verkondig.Ek verklaar dit met trots in die wonderlike naam van Jesus, my Verlosser.

AMEN.

VERKLARING

Page 10: Trek weg uit die huis van sonde

Die pad wat Hy met ons loop is ‘n ongelyk pad

‘n op en ‘n af pad…

tye wanner ons Hom naby ervaar en tye waar ons Hom ver beleef..

Tye waarin ons Sy hand diep in ons lewens sien en tye waar ons wonder waar Hy is.

Page 11: Trek weg uit die huis van sonde

1. ’n PSALM van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie

2. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.

3. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om Sy Naam ontwil.

4. Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.

5. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.

6. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.

Psalm 23

Page 12: Trek weg uit die huis van sonde

Hebreërs 11:1-12

1 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

2 Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig is.

3 Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is: die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie.

4 Omdat Abel geglo het, het hy 'n beter offer aan God gebring as Kain. Vanweë Abel se geloof het hy van God bevestiging ontvang dat hy 'n opregte man is, want God het sy offers aangeneem; en deur dieselfde geloof spreek hy nou nog, al is hy reeds dood.

5 Omdat Henog geglo het, is hy weggeneem sonder dat hy gesterf het, en hy was nêrens te vind nie, omdat God hom weggeneem het. Van hom word getuig dat hy, voordat hy weggeneem is, geleef het soos God dit wou.

6 As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.

Page 13: Trek weg uit die huis van sonde

7 Omdat Noag geglo het, het hy God eerbiedig gehoorsaam toe hy gewaarsku is oor dinge wat nog nie gesien kon word nie. Daarom het hy die ark gebou om sy huisgesin te red. Sy geloof was 'n veroordeling van die wêreld, maar dit het hom erfgenaam gemaak van die vryspraak wat deur die geloof kom.

8 Omdat Abraham geglo het, het hy gehoor gegee toe God hom geroep het om weg te trek na die plek toe wat hy as erfdeel sou ontvang. Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou uitkom.

9 Omdat hy geglo het, het hy in die beloofde land gaan woon, 'n vreemdeling in 'n vreemde land. In tente het hy daar gewoon, en so ook Isak en Jakob wat saam met hom erfgename van dieselfde belofte was,

10 want hy het uitgesien na die stad wat vaste fondamente het en waarvan God self die ontwerper en bouer is.

11 Omdat Abraham geglo het, het hy, hoewel Sara onvrugbaar was en hy al te oud, krag ontvang om 'n kind te verwek, omdat hy God wat dit beloof het, getrou geag het.

12 Die gevolg was dat daar van een man, 'n man wat nie meer 'n kind kon verwek nie, kinders afgestam het so talryk soos die sterre van die hemelruim en so baie soos die sand van die see.

Page 14: Trek weg uit die huis van sonde

1 'n Gedig van Dawid. Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word.

2 Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar geen valsheid is nie.

3 Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het.

4 U hand het dag en nag swaar op my gedruk, my krag het opgedroog soos water in somerhitte.

5 Toe het ek my sonde bely, my oortreding nie weggesteek nie. Ek het gesê: “Voor die Here bely ek my opstandigheid;” en U het my skuld vergewe

Psalm 32:1-5

Page 15: Trek weg uit die huis van sonde

DIE HERE IS MY HERDER; NIKS SAL MY ONTBREEK NIE

Om te verhuis, is om sonder 'n geskiedenis, 'n verlede te word.

Ook Abraham moes wegtrek van sy eie familiekring, sy eie dorp, wat meer is, sy eie land

Hebreërs 11 verwys onder andere na Abraham se verhuising as 'n geloofsdaad

'n mens se geskiedenis saam met God is nie iets wat maar net verbygaan nie.

As jy agter kom dat jy ‘n herder in jou lewe nodig het en dat jy nie op jou eie die pad kan stap nie dan neem jy vir Jesus Christus aan as jou saligmaker en jou verlosser en jy vra vir die Heilige Gees om beheer van jou lewe oor te neem en jou vol te maak van wie God is

Page 16: Trek weg uit die huis van sonde

HY LAAT MY NEERLÊ IN GROEN WEIVELDE; NA WATERS WAAR RUS IS, LEI HY MY HEEN.

Hy sorg vir jou .. Hy het jou hand kom vat.. Hy vat jou na waters waar daar rus is – Dis so lekker, die gras is so groen, Jy begin jou bybel lees –Het jy daardie fase in jou lewe beleef?

Page 17: Trek weg uit die huis van sonde

HY VERKWIK MY SIEL; HY LEI MY IN DIE SPORE VAN GEREGTIGHEID, OM SY NAAM ONTWIL

Ek en jy is geneig om in ons wandel met die Here te dink dat ons lewe daaroor gaan dat ons ‘n klomp goed vir Hom moet doen

Die heel belangrikste deel van jou lewe in jou wandel met Jesus is daardie innige verhouding met jou herder en wat jy word onder Sy hand.

Nou lei Hy jou op die pad van geregtigheid tot die eer van Sy naam. Jy kom agter jou lewe is nie wat dit moet wees nie.. ek loop nog nie die pad van geregtigheid nie.. tot die eer van Sy naam nie..

Dit het toe nou nie net daaroor gegaan dat net ek moet bly wees nie.. En opgewonde moet wees oor my redding en my verlossing nie..

Page 18: Trek weg uit die huis van sonde

Dit gaan toe oor ‘n bietjie meer..

Ek moet leer om deur dit wat ek doen en nalaat die eer van Sy naam bekend te maak..

Hiervoor gee Hy jou die krag.

En dan kom jy op ‘n dag wat jy een van die pragtige liedere in die kerk sing of saam met iemand ‘n teks lees en jy sê Here ek leef nie meer nie, U leef nou deur my.

Here hierdie lewe wat ek op hierdie aarde leef wil ek nie meer vir my leef nie – ek wil nou vir U leef – of jy bid ‘n gebed waar jy sê, Here ek gee myself vir U prys..

Neem my lewe en doen met my net soos u wil.. en daar neem Hy jou op jou woord.. en Hy glo dat jy dit bedoel het.. want jy het, toe jy dit gevra het..

Page 19: Trek weg uit die huis van sonde

AL GAAN EK OOK IN ’N DAL VAN DOOD-SKADUWEE, EK SAL GEEN ONHEIL VREES NIE; WANT U IS MET MY: U STOK EN U STAF DIÉ VERTROOS MY

En nou vat Hy jou deur ‘n dal wat lyk soos die skaduwee van die dood..

En nou kom jy agter terwyl jy deur hierdie skaduwee dal loop wat lyk of die dood oor jou val..

terwyl jy besig is om te sterf aan jouself..en aan die dinge wat vir jou belangrik is .. Dat jy nie bang hoef te wees nie..

Jy was toe al die tyd nooit alleen nie.. Want U Here is naby my..

Terwyl ek die dinge prysgee is U stok en U Staf my beskerming.. en my ondersteuning..

Page 20: Trek weg uit die huis van sonde

U BEREI DIE TAFEL VOOR MY AANGESIG TEENOOR MY TEËSTANDERS; U MAAK MY HOOF VET MET OLIE; MY BEKER LOOP OOR

In hierdie tyd terwyl jy alleen voel ....

Is Hy besig om vir jou ‘n feesmaal voor te berei..

Daar is ‘n feesmaal waar Hy vir jou wil laat deel in die vervulling van Sy beloftes…

Maar nou in hierdie sterwe het jy agter gekom dit is nie jy nie, maar Hy..

Dis nie jou krag nie dit is Syne..

En jy onthou weer dit gaan alles net oor die eer van Sy naam..

Page 21: Trek weg uit die huis van sonde

NET GOEDHEID EN GUNS SAL MY VOLG AL DIE DAE VAN MY LEWE; EN EK SAL IN DIE HUIS VAN DIE HERE BLY IN LENGTE VAN DAE

Dan kom jy by die plek waar jy agterkom Sy seen rus op jou..

Sy goedheid en Sy trou vergesel jou al die dae van jou lewe..

En nou bly jy in die huis vandie Here.. Jy het Sy tempel geword..

Die volheid van Sy teenwoordigheid leef in jou.. daar is geen plek waar die Here nie in Sy volheid teenwoordig is nie.. self in die tye wat Hy vir jou ver voel.. is Hy besig om jou in te trek in ‘n groter verstaan van Hom self.

Page 22: Trek weg uit die huis van sonde

HOOGLIED 61. WAAR het u beminde heengegaan, o skoonste onder die

vroue? Waarheen het u beminde hom gewend, dat ons hom saam met u kan soek?

2. My beminde het afgeloop na sy tuin, na die balsembeddings om hom te vermaak in die tuine en om lelies te versamel.

3. Ek is my beminde s’n, en my beminde is myne — hy wat herder is onder die lelies

4. Mooi is u, my vriendin, soos Tirsa, lieflik soos Jerusalem, verskriklik soos slagordes met vaandels

5. Draai u oë van my af weg, want hulle verskrik my; u hare is soos ’n kudde bokke wat van Gílead afgolf

6. U tande is soos ’n kudde skaapooie wat van die drinkplek af opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie.

7. U slape is soos ’n granaatskyf deur u sluier heen

Page 23: Trek weg uit die huis van sonde

Ons Vader groot en magtig,Beskikker van ons deel en lotdankie vir nog ‘n dag so lieflik en vol vreugde,‘n dag waarin U ons U liefde openbaarwaarin ons U kon dien en eer,dankie dat U, ons so trou bewaar hetdat u nooit nooit sluimer of slaap nie,Neem hierdie mense en maak hulle u bemindesSodat hulle hul lewens as U gesante sal leef

Page 24: Trek weg uit die huis van sonde

Amen