Voltydse leraars: Charles James, Francois Lamprecht en Rikus Hattingh Jeugwerker: Charné Mathewson
Kantoorure: 08:00 - 12:30 Tel: 051- 4224 917 / 4224 010 Faks: 051- 4225 738 / 086 605 0459 Epos: [email protected]
Bankbesonderhede: ABSA - Brandwagtak Tjekrekening: 1570 580 384 Takkode: 334 334 ZAPPER QR-KODE
Baie geluk aan die jongmense wat vandag Belydenis van Geloof aflê by die Jong Erediens om 18:30
Lizelle Beyleveld Chandré Erasmus Ryan Booth Edric Page Henco Boshoff Arno Rossouw Michelle Cloete Ruhandré Coetzee Clarise de Jager Wian Duvenhage Theuno Engelbrecht
Rose-Aksie Ons besoek op 21 Februarie die
Afrikaanse Letterkundige Museum in die stad. Parkering is beskikbaar.
Saamry geleentheid is beskikbaar vanaf die kerk. Ons vetrek stiptelik om 09:30.
Indien jy wil saam gaan, bevestig asb. met Ina Serfontein by 083 451 2398 voor Maandag
18 Februarie sodat verversings gereël kan word.
08:15 & 10:00 Danie van Tonder
Deurkollekte: Kol. Familiefees
18:30 Jong Erediens
SONDAG 17 Februarie 2019
08:15 & 10:00 Rikus Hattingh Afskop van Fokus oor DOOP
Tema: In/Aan Christus
Deurkollekte: Sin. Kol. Studente Ondersteunings-fonds
08:15 & 10:00 Kleur Kabouters: 4 - 6 jaar in die kleuterkamer by die kerkkantoor
08:15 & 10:00 -KFC: Graad 1 - 4 & by Pres. Brand Skool
-Fxit: Graad 5 en 6 in die kapel
10:00 Pienkvoetjies: 0 - 3 jaar in die keldersaal
17:15 -opPad: Graad 7 en 8 in die ouditorium
-JonkSaam: Graad 9 tot 11
18:30 Jong Erediens Belydenis aflegging vir jongmense
Tema: In/Aan
SONDAG 24 Februarie 2019 NAGMAAL by alle dienste
Gemeentelede en besoekers word uitgenooi na die
WIP geleenthede van Woensdae 27 Februarie en
6 Maart om 18:30 by die kerk.
Gasspreker: Madelein Steenkamp
Temas: 27 Februarie: Konflikhantering en kommunikasie 6 Maart: Seks
Huweliksverryking
ONTHOU asb. ons Koeldrankprojek van 17 & 24 Februarie.
By hierdie geleentheid word lidmate versoek om elkeen ‘n blikkie koeldrank van jou keuse of ‘n
botteltjie water saam te bring na die erediens en in ons houer van die Familiefees te plaas.
Sondag 24 Februarie se word vir die Familiefees ingesamel.
Kom kuier saam na eredienste Kom geniet ‘n gratis koppie tee/koffie of koeldrank by die ontvangs-area na die eredienste saam met
Koos van Rensburg se omgeegroep.
Daar is ook heerlike cappuccino en koek te koop @ R5 elk.
DVD van EREDIENSTE Bestel jou DVD van die eredienste / doop by
die ontvangs-area in die voorportaal of alternatiewelik SMS/ WhatsApp jou naam,
kontaknommer en die erediens-datum na Basie Botha by 082 777 2211. DVD’s word die daaropvolgende
Sondag afgehaal.
Hospitaalbesoeke
Mense wat graag wil betrokke raak by die Siekebediening kan gerus vir Rossouw Botes kontak.
Besoeke geskied op grond van AANMELDING!
Ons wil jou graag besoek, maar ons kan dit slegs doen as ons van jou weet! Indien jy besoek wil word, of weet
van iemand wat besoek wil/moet word skakel asb. vir Sandra by die kerkkantoor OF SMS/WHATSAPP
Rossouw Botes by 083 653 2287 OF meld asb. by die ONTVANGS-AREA in die voorportaal aan.
“En onthou: Ek is by julle tot die einde van die wêreld.”
Matteus 28:20
Gebedsversoeke vir die week
1. Prys die Here vir die reën wat ons ontvang het. Bid vir nog reën oor die gebiede waar die droogte nog nie gebreek is nie.
2. Bid vir almal wat trauma beleef het tydens verspoelings.
3. Bid vir die duisende werkers wat a.g.v. die ekonomie afgelê word en finansiële druk ervaar.
KAN ONS VIR JOU BID?
Indien jy ‘n behoefte het aan voorbidding sal daar ‘n persoon / persone in die voorportaal wees met ’n groen knoop op hul klere. Jy kan ook jou gebedsversoek in die houtposbus in die voorportaal plaas. Gebedsversoeke kan anoniem hanteer word as jy dit so verkies. Kontak Sammy Holliday by 082 554 7264.
Kom bid elke eerste Sondag van ‘n maand saam tussen die twee eredienste in die moederskamer. Almal is welkom!
DOOP - Doopgeleenthede vind
elke eerste Sondag van ’n maand plaas.
Indien jy graag jou baba wil laat doop op Sondag, 7 April word jy
versoek om die doopregistrasievorm te voltooi en nie later
as Maandag, 4 Maart by die kerkkantoor in te handig nie.
Doopgesprek met ouers Maandag, 11 Maart om
18:00 by kerkkantoor.
Belydenisaflegging vir Jongmense Datum van Belydenisaflegging 10 Maart om 18:30
Belydenis-oriëntasie 1 Maart om 14:30 by die kapel
Belydenis-ete 17 Maart om 18:30 in die kapel.
Handig jou vorm by jou mentor in, hy/sy moet vir jou ‘n getuigskrif skryf.
Maak asb. seker by jou mentor of jou vorm by die kerkkantoor ingehandig is. Sluitingsdatum: 25 Februarie.
Die vorm is in die voorportaal of by die deure asook kerkkantoor besikbaar.
Ons kom elke Saterdagoggend om 06:00 by die kerk
bymekaar om saam te gesels, te bid en mekaar te
ondersteun. Vir verdere inligting, skakel Piet de Wet by
082 453 8419.
BAIE BELANGRIK! Tot verdere kennisgewing neem ons GEEN herwinnings produkte by die kerk nie.
Herwinnings produkte kan elke tweede Saterdag en laaste Saterdag van ‘n maand om 09:00 tot 11:00 na Fichardtpark Biblioteek se parkeer-area geneem word.
Volgende geleenthede: 23 Februarie; 9 en 30 Maart; 13 en 27 April.
15-16 Maart 2019 - by Hugenoot Gemeente
Jonk Vrystaat se Jongres 2019 is waar Vrystaatse jong gelowiges hulle sê in die kerk kry. Kom praat, worship en droom saam met God se huisgesin. Kom deel jou hart in ons gesprekke en help die dak lig met worship!
Hierdie jaar se Jongres gaan oor ons seksualiteit! Hoe help die kerk ons daarmee? Hoe praat ons daaroor? Wat sê die Bybel regtig oor verhoudings, seks en die uitleef van ons seksualiteit. Ons gaan saam lag (BAIE!) en saam huil. Meer nog…ons gaan saam droom oor hoe ons beter kan doen as kerk om jongmense regtig te help en te lei om God se hart ook vir ons seksualiteit te hoor.
Bywoning is gratis vir hoërskool leerders! Studente betaal R150 en volwassenes R250. Dit sluit etes vir Vrydagaand en Saterdagmiddag in!
Registrasie is noodsaaklik vir almal! As jy nie registreer nie, kan jy nie kom nie!
Registreer aanlyn by JONKKERK.CO.ZA (https://jonkkerk.co.za)
Inskrywings sluit Vrydag 8 Maart.
Plek is beperk so bespreek so gou as moontlik joune!
Registrasie is Vrydag 15:00 en ons sluit af Saterdag 17:00.
Wanneer: Vrydag 22 Februarie om 18:00 - 20:00 & Saterdag 23 Februarie om 08:00 -12:00 Waar: By die kerk Koste: R50 per kind Sluitingsdatum: 18 Februarie Inskrywingsvorms beskikbaar Sondae by Pres. Brand skool en in die kapel tydens die kinderbediening byeenkomste of by die kerkkantoor. Vir meer inligting, kontak Charné Matthewson 083 294 6640 / [email protected] Kursus word herhaal op : 26 en 27 Oktober
19 TOT 21 APRIL
Ons benodig hulp op Vrydag 19 April met die uitbeelding en bemanning
van stalletjies. Kontak André Viviers by 082 200 4461.
PROGRAM 18 April: 18:30 Nagmaal 19 April: 07:00 tot 12:00 Stil Nagmaal 20 April: 18:00 Diens vir almal wat verliese gehad het. 21 April: Opstandingsdiens
Ooshoek Gemeente
Benodig:
Polistiren bakkies of kerrie & rys bakkies vir die inskep
van kos vir behoeftiges.
Skakel: Frikkie van Wyk by 0834413907.
Die kerkkantoor beskik tans oor ‘n LANG lys van gemeentelede wat werkloos is.
BESIGHEDE EN LIDMATE WAT BEWUS IS OF OOR WERKSGELEENTHEDE BESKIK,
KONTAK ASB VIR SANDRA BY DIE KERKKANTOOR SODAT ONS HIERDIE
LIDMATE KAN HELP.
Lidmate wat graag hul name op die werksoekers-lys wil plaas, kontak asb. ook
vir Sandra by 051 4224 917 of e-pos na [email protected]
********
Opstel van CV's Persone wat op soek is na werk en hulp benodig met die opstel van ‘n cv kan vir
Maritha Bosch kontak by [email protected] /
083 9600 244.
NUWE LIDMATE EN BESOEKERS Indien jy meer wil weet oor ons gemeente,
of as lidmaat of by ‘n omgeegroep wil inskakel, kan jy gerus na die eredienste die INLIGTINGS-TOONBANK in die voorportaal
besoek. Alternatiewelik kan jy gedurende die week
die kerkkantoor skakel of besoek.
Baie welkom aan die volgende lidmate:
Mossie, Nita, Michelle en Michaela Mostert
Besemboslaan 6, Pellissier
Martin, Ursula, Abby en Markus Snyman Willie du Plessis straat 42, Fichardtpark
Nicolene Stevens Goosenstraat 20, Fichardtpark