1. Algemeen NWDK Klubsake
Nampo ................................................................. 3 Keuringstoer in Maart ......................................... 3 Keurdersopknappingskursus ............................... 4 Borgskappe .......................................................... 4 Keuringstoer ........................................................ 5 Klubveiling en Bemarking .................................... 5 Kontakbesonderhede .......................................... 6 Klublede ............................................................... 7 Drakensbergers in Gordonia ................................ 8
2. Tegniese Inligting Strategiese aanvulling by eerste kalf verse verhoog vleisbees winsgewendheid .................. 10
3. Veiling Klubveiling 2012 ................................................. 13 Nasionale Veiling 2012 ....................................... 13 ..................................................................................
NWDK LEDEBLACK FOX 082 772 7716 AUSHALTEN 056 343 3636 BONHEIM 083 629 4540RODORA 072 539 9704 FOURBOU 082 745 4906 LANGPAD 082 414 6640BLOUBOSPUT 082 902 3645 BLACK HILLS 083 257 8511 Jaco vd Merwe 082 893 4083Hannes van Wyk 083 266 7752 CUMIN 082 453 8444 MARICO VALLEI 082 854 5332Kommersieel: Scalla van Schalkwyk 083 310 8303 Philip van Staden 083 406 9723 Frans du Toit 071 333 3473 Daan Grobler 079 871 9886
SAAM BEREIK ONS MEER
NUUSBRIEF 1 2012NWDK ‐ KLUB
2 NWDK Nuusbrief 1 van 2012
ALGEMEEN NWDK KLUBSAKE
Beste mede Drakensberger boer
a ‘n opwindende 2011, beloof 2012
om ‘n jaar te wees wat groot
potensiaal inhou, veral vir ons as
Drakensberger boere. Die skrywe
is bedoel om almal op hoogte te bring van
wat die jaar beoog word slegs met betrekking
tot die betrokkenheid van die Noord-Wes
Drakensberger Klub (NWDK).
By verlede jaar se algemene Drakensberger
jaarvergadering is een van ons lede, dr.
Johann Fourie (Black Fox) verkies tot
President van die Drakensberger
genootskap.
Tydens die jaarvergadering is nog een van
ons lede, Willie Landman (Black Hills), ook tot
die raad verkies. Willie se portefuelje sluit
onder andere in die bemarking van die
Drakensbergerras.
Baie geluk Johann en Willie en baie sterkte
met ‘n propvol jaar wat voorlê. Wees verseker
van ons as klub se ondersteuning en hulp
soos nodig.
In terme van die jaar se klub bemarking en
beplanning is die volgende datums al
vasgemaak:
31 Maart: NWDK beplanningsver-gadering
by die Bonheim landgoed – Bring vleis,
drinkgoed en ‘n stoel saam, want ons gaan
defnitief braai saam met al die beplanning.
Laat weet asb. Vir Jean van der Merwe
(Black Hills) wie belangstel om dit by te woon
dat ons net ‘n aanduiding van getalle het. Die
beplanning is om 11:00 te begin, te vergader
en dan na ‘n paar Fase D veld toets bulle te
kyk in die kraal voor ons gaan braai.
27 April: Nasionale Drakensberger Veiling -
Die klub lede bied so 6 bulle en 2 bulle se
strooitjies by die Nasionale Drakensberger
veiling aan. Die veiling vind oor 'n lang
naweek plaas by die Afri Dome in Parys en
behoort 'n hoogtepunt op die kalender te
wees. Bespreek dus solank plek en bring die
familie saam.
15-18 Mei: By Nampo doen die klub
oudergewoonte weer diens en bemark ons
ons geliefde ras. Kom besoek ons gerus of
laat weet as jy die stalletjie ‘n wyle wil kom
beman en ervaar eerstehands wat ons mede
stoet en kommersiele lede te sê het. Datum
sal bekend gemaak word: Inligtings dag by
Johann Fourie op die Black Fox landgoed te
Jakkalsfontein. Die plan is om ‘n praktiese
dag te hou waar ons ‘n bul en koei se bou
vorm bespreek. Laat weet asb. as jy
belangstel om deel uit te maak van die dag.
‘n Volledige agenda van die dag sal nog deur
gegee word.
Gedurende die tweede helfte van die jaar gaan ons ‘n toer doen.
N
3 NWDK Nuusbrief 1 van 2012
Die Drakensberger Algemene Jaar-
vergadering word die jaar gehou 28 en 29
September en gaan ‘n bosberaad insluit. Al
die Drakensberger genootskap klubs kan
aansoek doen om die algemene
jaarvergadering aan te bied en ons klub gaan
ook aansoek doen om die algemene
jaarvergadering aan te bied.
Enige iemand met idees of wat bereid is om
deel uit te maak van die beplanningspan
moet asb. vir Jean van der Merwe kontak.
Die aansoek om die aanbieding van die
jaarvergadering moet ingedien word voor 3
April 2012.
NAMPO 15 – 18 Mei 2012
By Nampo die jaar het die volgende lede al
aangedui dat hulle by die nuwe
Drakensberger stalletjie gaan wees:
15 Mei Dinsdag: Johan van Staden
(Bonheim)
16 Mei Woensdag: SP Fourie (Fourbou)
17 Mei Donderdag: Jean van der Merwe
(Black Hills)
18 Mei Vrydag: Johan van Tonder (Rodora)
Daar sal oudergewoonte diere binne en buite
vertoon word. Die NWDK is verantwoordelik
vir die diere buite. Johann Fourie is reeds
besig om ‘n REUS van ‘n Os vet te voer met
TAU voere en die bielie behoort ‘n trekpleister
te wees by die jaar se Nampo uitstalling.
Keuringstoere in Maart
Die Drakensberger genootskap het ‘n Leerder
Keurder kursus aangebied gedurende
Januarie te Volksrust deur Piet De Villiers. Hy
is bygestaan deur Johan Uys, Willie
Watermeyer en Petrus Taljard. Die kursus het
oor twee dae gestrek. Die kursus is deur 16
belangstellendes bywgewoon onder wie ook
Oom Koos Louwrens (President van die
Santa Gertrudis raad) om te evalueer wat die
standaard van die kursus is in vergelyking
met ander rasse. Die eerste dag is ‘n
deeglike teoretiese opleiding aangebied
waarna ‘n praktiese demonstrasie op die
Plaas Gryshoek gedoen is. Dag twee het uit
‘n teoretiese eksamen, en praktiese plasing
van 5 verse en 5 bulle, punting van ‘n bul en
‘n vers en keuring van 10 verse en 10
bulletjies bestaan.
Alhoewel die slaagsyfer 80% is, was die
inligting wat oorgedra is sodanig gedoen dat
enigiemand sal voordeel trek uit die kursus.
Oom Koos Louwrens was baie beindruk met
die standaard van die teorie wat aangebied is
en was oor die algemeen baie beindruk.
Vanuit die NDWK omgewing het Hennie
Botes, Daan Grobler, Jan Crous en Jean van
der Merwe die Keuringskursus bygewoon.
Baie geluk aan Hennie Botes, Jan Crous en
Jean van der Merwe wat die keuringskursus
geslaag het en die opkomende keuringstoere
gaan meemaak as Leerder Keurders.
4 NWDK Nuusbrief 1 van 2012
Keurdersopknappingskursus
Die Drakenskberger Beestelersgenoot-skap
het op 1 Februarie hulle jaarlikse
keurdersopknappingskursus op Volksrust
gehou. Vyf en twintig keurders van oor die
hele land het die kursus bygewoon. Die
opknapping kursus word jaarliks aangebied
voordat die keurders op die keuringstoere
vertrek. Die dag het bestaan uit ‘n teoretiese
sessie wat by die genootskap se kantoor
aangebied is waarna almal na Gryshoek
vertrek het vir ‘n praktiese sessie waartydens
die keurders deur ‘n paneel van senior
keurders ge-evalueer is op beide die punting
en plasing van ‘n groep manlike en vroulike
diere. Gedurende die keuringstoere word elke
stoetteler wat diere aanbied vir keuring
besoek deur twee keurders, vergesel deur ‘n
leering keurder. Sou enige kommersiele teler
belangstel om deur die keurders in sy
omgewing besoek te word kan hy gerus die
Drakenberger kantoor skakel by 017 735
5056/8 of stuur ‘n epos aan
Borgskappe Borgskappe vir ons veiling word die jaar behartig en bestuur deur ons uitgetrede NWDK voorsitter, SP Fourie. Kontak hom asb. met idees en borgskappe asb. en help hom waar nodig. Borgskappe maak dit vir ons almal makliker om te adverteer en ‘n bobaas klubveiling te hou.
Baie dankie byvoorbaat aan 2012 se hoofborge:
En ons ander borge vir hulle bydrae:
5 NWDK Nuusbrief 1 van 2012
Keuringstoer 2012
Die toer skedule lyk as volg:
Kaap/ Karoo
Brandfort/ NKaap
Noord-Wes Gauteng Mpumalanga Volksrust
KwaZuluNatal Sentraal Vrystaat
25- 30 Maart 14- 16 Maart 12- 13 Maart 5- 7 Maart 12 - 14 Maart 12 - 14 Maart
John Roos Reinier van
Rensburg
Fanie van
Dyk
Carel Nel Jannie Jacobsz Johan Uys
Jan Dhooge Petrus
Taljaard
Johann
Fourie Willie Watermeyer Piet de Villiers Kobus Davel
Liesel Forster
Carel
Watermeyer Johan Buys Hennie Botes Jan Crous Udo Beneke Jean van der
Merwe
Klubveiling en bemarkings-materiaal
Die Noord Wes Drakensberger Klub veiling het die afgelope paar jare net van krag tot krag gegaan
soos gesien kan word uit die statistieke:
2009 2010 2011
Omset R 407 900.00 R 747 000.00 R 964 000.00
Beste Bul R 28 000.00 R 30 000.00 R 35 000.00
Bul gemiddeld R 18 888.89 R 20 222.22 R 23 785.00
Koeie gemiddeld R 8 747.37 R 8 266.67 R 8 480.00
Koei en kalf gem R 8 250.00 R 8 900.00 -
Vers gemiddeld R 6 450.00 R 7 178.95 R 9 175.00
6 NWDK Nuusbrief 1 van 2012
Verlede jaar het die NWDK veiling heeltemal uitverkoop en indien daar nog vroulike diere was sou hulle ook verkoop het. Die duurste bul op die 5 de veiling van die Noord Wes Drakensberger Klub (2011) is teen R35 000 verkoop op ‘n bitter koue Hartbeesfontein. BF 08 116 uit die Black Fox stoet van Dr. Johann Fourie, is aan Mnr. Fanie van Dyk van die Brakenjan stoet verkoop. Altesame 30 kopers het geregistreer en die totale aanbod van 14 bulle en 64 vroulike diere is verkoop. Die bulle het verkoop teen gemiddeld R 23 785 stuk. Die duurste drie bulle is verkoop teen gemiddeld R33 000. Stoetkoeie het gemiddeld R8 480 stuk. Die duurste stoet koei is verkoop vir R10 000 aan mnr. J.H.G. van Wyk van Greenhills. Kommersiele Drakensberger koeie is verkoop teen gemiddeld R8 250 stuk en kommersiele verse teen gemiddeld R9 175 stuk. Die duurste dragtige kommersiele verse is verkoop teen R10 250 aan BLT Farming van Mafikeng. Die veiling is aangebied deur Andre Kock en seun en die afslaer was Theuns Visser. Die veiling is aangebied onder die beskerming van die Drakensberger telers genootskap. Voorlopige getalle dui daarop dat ons hierdie jaar (2012) 20 bulle en 100 vroulike diere gaan aanbied. Indien enige klublede nog diere wil aanbied op ons veiling, kontak ons asb. so gou as moontlik dat ons die bemarkingsmateriaal dienooreenkomstig kan aanpas.
Bemarking vir ons veiling sluit die volgende in: a) Klub advertensie by die Nasionale
Drakensberger veiling. b) Klub advertensie by Nampo c) Inligtingsdag by Johann Fourie d) Landbouweekblad advertensies e) SMS’e voor die veiling aan almal op ons
klub se kontaklys Klublede kontakbesonderhede Klublede: Alle lede se kontak-besonderhede sal op ons bemarkingsmateriaal verskyn wat uitgedeel sal word tydens die Nasionale Drakensberger veiling, Nampo skou, ens. Help ons die klub uitbou en van krag tot krag gaan deur te voorsien aan die vraag na Drakensbergers wat heel duidelik heers (Sien klub se veiling rekord!) Die NWDK bied almal betrokke die geleentheid om deel te word van ‘n hegte familie wat mekaar kan ondersteun en help luister en voorsien aan die vraag.
7 NWDK Nuusbrief 1 van 2012
Huidige NWDK lede
Voorsitter Jean van der Merwe Black Hills
082 719 7521
[email protected] Stoet lede
Dr. Johann Fourie Black Fox 082 772 7716 [email protected] CF Lourens Langpad 082 414 6640 Francois Weideman Bloubosput 082 948 2161 [email protected] Johan van Staden Bonheim 083 629 4540 [email protected] Kobus Weideman Bloubosput 082 902 3645 [email protected] Willie Meintjies MARICO VALLEI 082 854 5332
Kommersiele lede
Schalla van Schalkwyk 083 310 8303 [email protected]
Frans du Toit 071 333 3473 [email protected]
Penningmeester Johan van Tonder Rodora
072 539 9704
[email protected] SP Fourie Fourbou 082 745 4903 [email protected] Willie Landman Black Hills 083 257 8511 [email protected] Ruan en Hannes van Wyk 083 266 7752 [email protected] Jaco van der Merwe JMF Boerdery 082 327 7804 [email protected] Byron Cumin Cumin 082 453 8444 [email protected] Philip van Staden 083 406 9723 Daan Grobler 079 871 9886 [email protected]
BONHEIM
8 NWDK Nuusbrief 1 van 2012
Drakensbergers in
Gordonia
ie volksliedjie ver in die ou Kalahari besing die prag en praal van die ou Kalahari tot bo in die Molopo. Maar verder wes nog, wes van
Postmasburg, ongeveer 300km wes van Kimberley. Wes van die Langberg lê Gordonia. Die meeste van ons sien op TV die wrede temperature wat bykans daagliks vir daardie deel van die wêreld voorspel word. In die somer is temperature van 46°C algemeen – natuurlik volgens voorskrif in die koelte gemeet.
Die keersy van die warm somer temperature is winter temperature snags ver benede vriespunt en dikwels kom snerpende koue met winter reën saam as die koue fronte oor die Suide van Namibie inwig Gevriesde waterkrippe tot na 11 soggens is daarom nie vreemd. Vir boorlinge van Mpumalanga, Vrystaat,Gauteng en Noordwes is ‘n besoek in die somer aan hierdie gebied ‘n ontnugtering want dikwels roer hier nie ‘n windjie nie en is die nag- en dag temperature
dikwels nie ver van mekaar . Jy hou dus nie eers snags op sweet nie. In hierdie dorre wêreld met oeroue sand wat tot 1000 meter diep is, is die vermoë om water uit die grond te haal dikwels die bepalende faktor wat veeboerdery se sukses bepaal. Die gemiddelde reënval hier is sowat 240mm/jaar en dit begin dikwels eers in Februarie maand reën. Hier is geen Eskom krag en selfoon ontvangs is dikwels totaal afwesig. Die wêreld is ongerep en insekte soos die bytende vlieë is hard soos ook die plante en mense wat hier aangetref word. Bosluise kom glad nie hier voor en beeste word nie meer as 2x per jaar gekraal, dikwels in mobiele krale waar die laaibank tot op die hoofpad opgeslaan word om te voorkom dat trokke in die sand vassit.
In hierdie deel van die wêreld moet mens “easy care cattle” hê. Beeste wat kan stap om
D
9 NWDK Nuusbrief 1 van 2012
hul pense vol te kry. Vir elke koei het jy 18ha weiding nodig. Beeste wat die klipperige Langberg kan klim sonder om kruppel te raak. Klein kalfies by geboorte is noodsaaklik want natuurlike seleksie duld nie distokia hier.
Beeste hier moet hitte en son kan trotseer want groot koelte bome kom nie hier voor nie.
Die grootste kudde Drakensbergers in hierdie deel van die land loop op die plase van Philip van Staden, ‘n kommersiele lid van die NWDK.
Philip is ‘n speenkalf produsent wat se kalwers in aanvraag is by kommersiele voerkrale. Philip het meer as dekade gelede begin deur Drakensbergers op die kruisras Afrikaner, Bonsmara, Brahman koeie te gebruik. Philip het met Drakensbergers grootgeword by Bonheim Drakensbergers en was oortuig dat beeste met beter temperament ‘n noodsaaklikeheid was in hierdie onherbergsame wêreld waar beeste nie gepamperlang word en afstand en hanteringsgeriewe dikwels reeds die tempo bepaal waarteen kalwers vir speen en bemarking van koeitroppe verwyder kan word. Daar loop vier troppe koeie en die verse van elke trop word jaarliks aangeskuif na die volgende trop terwyl die bulle deurgaans in die trop bly waar hulle afgelaai word nadat hulle aangekoop is.
10 NWDK Nuusbrief 1 van 2012
TEGNIESE INLIGTING
Strategiese aanvulling by eerste kalf verse verhoog vleisbees winsgewendheid
eesboere is alom bekend met die
feit dat reproduksie tempo in die
vleibeeskudde nie net grootliks
bydra tot die tempo van genetiese
vordering nie maar ook 5 keer belangriker is
as enige ander eienskap in terme van
winsgewendheid van ‘n vleisbees
onderneming.
In die praktyk kan hierdie beginsel soos in
tabel 1 geïllustreer word.
TABEL 1
Invloed van speenprestasie en speenmassa
op inkomste per 100 koeie. (Speenkalfprys
R22/kg)
Speen-
massa
Speenpersentasie
60 70 90
160 R 211 200 R 264 000 R 316 800
200 R 264 000 R 330 000 R 396 000
240 R 316 800 R 396 000 R 475 200
Wat beteken hierdie tabel?
Gestel Boer A speen sy kalwers op
gemiddeld 160kg dan het hy ‘n inkomste van
R211 200 as sy speenpersentasie 60% is.
Indien sy speenpersentasie 90% was met
steeds dieselfde 160kg speenmassa sou sy
inkomste R316 800 wees. Om hierdie selfde
inkomste met swaarder kalwers te bereik sou
Boer A sy 60 % kalwers teen 240kg moes
speen wat in sy omgewings toestande en
kudde waarskynlik onmoontlik sou wees.
‘n Interessante beginsel hier betrokke is dat
hoe hoër die speenkalf prys hoe groter
voordeel kry die boer uit verhoogde speen %
→ wat impliseer by hoër speenkalf pryse
maak byvoeding aan eerste kalf verse al hoe
meer sin!! Om nie eers te praat van die groot
voordeel vir stoettelers wat kort interkalf
periodes moet verseker.
Die herbesetting van eerste kalf verse is
dikwels ‘n probleem vir die vleisbees
produsent. Hierdie groep diere maak dan ook
dikwels die grootste bydrae tot laer reproduksie syfers a.g.v. swak herbesetting .
Die vers wat die eerste keer kalf se behoefte
is hoër as die volwasse koeie met kalwers
aangesien die vers ook self nog groei. Indien
sy dieselfde behandeling as volwasse koeie
B
11 NWDK Nuusbrief 1 van 2012
ontvang kan dit maklik gebeur dat sy in die
daaropvolgende dektyd glad nie bevrug raak
nie.
Die NRC (National Research Council) stel die
behoefte van eerste kalf koeie teenoor
volwasse koeie as volg (1984) (Tabel 2).
Tabel 2
Tota
le d
aagl
ikse
in
nam
e
TVV
(Kg)
TVV
%
Pro
teïe
n gr
am
Pro
teïe
n %
400kg
lakterende
vers 5 liter
melk/dag
8,5kg 5,4 63,3 916 10,7
500kg
lakterende
koei 5 liter
melk/dag
10kg 5,6 56 957 9,7
Uit tabel 2 is dit duidelik dat die 400kg
vers(onthou sy moet self nog groei) se totale
behoefte deurgaans bykans 10-15% hoër is
as die van ‘n 500kg volwasse koei en haar
totale daaglikse inname is deurgaans
ongeveer 15% laer as die volwasse koei as
gevolg van haar kleiner kapasiteit en laer
lewende massa
Plaas nou nog die verse in dieselfde kamp as
die volwasse koeie waar sy in die rangorde
met koeie kompeteer en die tafel is gedek vir
lae konsepsies op die eerste kalf verse.
Die oplossing!! Bestuur lste kalf verse na
kalwing apart in hul eie kamp weg van
volwasse koeie. Vul kwaliteit lek aan volgens
seisoen, in die somer kan SOMER PRODUKSIE LEKKE aangevul word wat
verkieslik n lae oplosbare proteïen inhoud en
hoë natuurlike proteïen komponent met
genoegsame verbyvloei proteien moet hê.
Jong diere presteer uitstekend hierop.
Genoegsame energie word ook daarmee
aangevul. Verse lek ongeveer 0.4 tot 0,5%
van liggaamsmassa per dag. Dieselfde lek
kan ook as “backgrounding” lek op
groenweiding vir kalwers gevoer word of vir
Fase D veldgroei toets in somer
maande.Verskillende veevoer vervaardigers
het verskillende produkte om aan hierdie
verhoogde behoefte te voorsien
Aanbeveling: Eerste kalf verse moet
addisionele aanvulling kry wat sal verskil
tussen winter en somer kalwers soos
seisoenale verskil in voedingswaarde van
weidings voorkom. Bly weg van roumateriale
wat onder verdenking is a.g.v. hul chemiese
samestelling wat effek op vrugbaarheid mag
hê.
Gevolgtrekking: In die voortdurende strewe
na optimale prestasie in die kudde kan
strategiese aanvulling soos hierdie bepalend
wees vir volgehoue winsgewendheid.
12 NWDK Nuusbrief 1 van 2012
Voeding is die belangrikste faktor wat
vrugbaarheid in die koei kudde beinvloed. Die
voeding status is grootliks verantwoordelik vir
liggaams kondisie met die aanvang en
gedurende die teel seisoen. n Goeie
barometer van hoe goed ‘n boer daarin slaag
om in sy koeie se voedings behoefte te
voorsien is om die her-konsepsie van eerste
kalf verse as barometer te gebruik—Laer as
65% dui onmiddelik op ondervoeding
Johan van Staden
Voedingkundige
Pri Sci Nat
O83 629 4540
13 NWDK Nuusbrief 1 van 2012
VEILINGS
Klubveiling 7 Junie 2012
Voorlopige getalle dui daarop dat ons hierdie jaar (2012) 20 bulle en meer as 100 vroulike diere gaan aanbied.
Nasionale Veiling Vrydag 27 April 2012. Aanbieding uit NWD klub op Nasionale Veiling.
BONHEIM DRAKENSBERGER STOET
Strooitjies van hierdie twee bulle word op die Nasionale veiling aangebied B 06 0042 (0063712251) ‘n Goue meriete bul, sy pa die bekende Kok van Carel Nel die eerste bul in die Vrystaat met VOV onder 5:1. Oupa = Bakker (was nasionale kampioen) Moederskant uit Hennie Alhers, Drakensoeto Elite koei lyne. ‘n Kampioen uit Kampioene
EMB 05 0002 (0061446928) (Lamont) July seun met uitstekende vel (21 mm dik). Bosluise byt nie aan hierdie bul. Beweeg baie gemaklik en teel gladde kalwers met pa se bouvorm maar beter koppe. Word gebruik om Bonheim verse oop te maak. Kleiber, eienskap voorloper.
14 NWDK Nuusbrief 1 van 2012
RODORA DRAKENSBERGER STOET
ROD 090316 (DIPPIES)
Gebore: 19 Augustus 2009 Jaar en 18 maande gewig: Beter as ras gemiddeld. Kleiber: 970 Geboortegewig verhouding: 9.62 Speengewig verhouding: 46.3 Speengewig: 227 Fase D GDT: 1821
Vader: RJ 040010
Kleiber: 1602 GDT: 2119
Moeder: CL 040050
Gemiddelde TKP : 370 oor 4 Kalwings.
15 NWDK Nuusbrief 1 van 2012
ROD 090318 (BEN)
Gebore: 21 Augustus 2009 Uitstekende gewigstoenames op 12 en 18 maande. Kleiber: 930 Geboortegewig verhouding: 8.62 Speengewig verhouding: 48.7 Speengewig: 220 Fase D GDT: 1881
Vader : RJ 040010
Kleiber : 1602 GDT : 2119
Moeder : OD 020065 Gemiddelde TKP : 361 oor 6 Kalwings. Albei bulle is baie geskik vir die teël van swaar speenkalwers. Die bulle, (halfbroers van mekaar), het ‘n besondere hoë Kleiber (aard na hul vader) wat ‘n uitstekende groei op natuurlike veldweiding tot gevolg sal hê.
16 NWDK Nuusbrief 1 van 2012
BLACK FOX DRAKENSBERGER STOET
BF 070049 Bul is in geteel uit n top stoetbul en in Black Fox Stoet gebruik vir 2 seisoene. Bul het besondere lengte, breedte en is veld aangepas. Eienskap voorloper in VOV. Moeder het TKP van 390 oor 4 kallers. Speen direkte BLUP waarde van 10.6.
BF 08001 Op Tosca geteel en een van die top bulle tydens die Fase D, pragtige kop, besondere
lengte, goeie konstitusie en veld aangepas. Bul is in Stoet gebruik, Besondere lengte en
17 NWDK Nuusbrief 1 van 2012
gehard. Eienskapvoorloper in speen direk en kleiber. Moeder het TKP van 377 oor 5
kallers.
L 060053
Bul in Black Fox Stoet gebruik vir 4 jaar. Eienskapvoorloper in Speen direk. uitstekende
bul met goeie syfers. Goed gebalanseerd en handhaaf homself deur alle seisoene, Goeie
konstitusie. Speen direkte BLUP waarde van 10.6.