1
333
3
ROOIKERK-EREDIENSTE Tema: Diens
Vandag: 1ste Sondag in Lydenstyd
09:00 Carel (Sakramentefees - kindernagmaal en doop)
Teks: Filippense 2 en Efesiërs 1
Tema: Dienskneg uit die hemel.
Deurkollekte: Teologiese Studente Ondersteuningsfonds.
Baba-, Peuter- en Kinderkerk skakel in by die erediens.
10:15 Juniorjeug-Omgeegroep
16:45 Seniorjeug-Omgeegroep
18:00 Thania
Teks: Jesaja 58:1-8
Tema: Om te vas...
Sondag 12 Maart 2017
09:00 Thania
18:00 Carel
Die
Kan
del
aar –
5 M
aart
20
17
NG Gem Universitas-Wes
Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119
Kantoorure: Maandag, Dinsdag, Donderdag en Vrydag: 08:00 tot 13:00
Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00
Sondae: Net ná die erediens tot 10.30 of tot die laaste persoon gehelp is
Bankbesonderhede: NG Gemeente Universitas-Wes,
Absa Bank, Reknr: 470580909, Bankkode: 334134
E-pos: [email protected].
WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes
NUWE LIDMATE BAIE WELKOM!
Besoekers en nuwe lidmate, kom ontmoet die
Nuwelidmatespan ná die erediens by die
Inligtingsentrum.
Tanya Griesel, het oorgekom vanaf NG Gem Petronella
en
Karen van Heerden, nou Griesel, het oorgekom vanaf NG Gem
Cradock.
2
SIEKES
Kom ons bid vir ons siek mense in die gemeente, vir dié op die lys asook vir die wat nie hier gelys is nie.
Alet Hanekom word tuis versorg..
Martin Scholtz 083 656 3065 is weer in die hospitaal opgeneem.
Xander de Reuck weer tuis nadat hy in hospitaal was
Martelize van Niekerk, 079 965 3287 is in die hospitaal
Ria Nel, 084 512 7250, is met kanker gediagnoseer en sterk tuis aan.
Braam van Wyk, is een van ons kankerkpasiente wat tuis versorg word.
Ferdi Vergotini, 081 509 8889, het sy enkel gebreek tydens ʼn rugbywedstryd. Hy was in die hospitaal, maar sterk tuis aan
MEDELYE
Marelize Tarr. Van Gassstraat 3, 083 825 9911, se pa is die week oorlede.
Verjaardae
Ons wens die volgende persone baie geluk met hul verjaardae:
5 Mrt Nadine Bossert 0823508826 Madaleen J v Rensburg0828230250 7 Mrt Johan Henning 0827435212 8 Mrt Carin Coetzee 0828165904 Wihan de Jonge Willem Killian 0515228445 Carika Naude 0515252271 9 Mrt Riekie Combrinck 0845109320 Charl Hunlun 0514920480 Adna Nel 0833880036 10 Mrt Danielle Brand 0826710484 Terence De Wit 0823787495 10 Mrt Jacobus Gryzenhout Danell Reblin 0768432337 Haraldene vd Merwe Toraplace 28 Stern Visagie 0823944726 11 Mrt Elinda Schmidt 0515222177
NEEM ASB. KENNIS
Die debietorderopdragte verhoog
vanaf 1 April 2017 met 10%.
Kontak Cherie by die Kerkkantoor 051 522 8119, indien dit NIE VERHOOG MOET WORD NIE.
Ons doop vanoggend vir:
Jamie-Lee, dogtertjie van James en Magdalena Lubbe.
Baie geluk en baie seën op
julle grootmaakwerk
24-25 Maart
Huweliksverrykingsseminaar.
Kontak Carel vir meer inligting.
3
Rooikerk-Dagboek Maart 5 Maart Leiersbyeenkoms om 19:15
9 Maart 1-Dag-Stilwees-retraite
11 Maart TEN-Kursus
10 -11 Maart Leiersretraite – Tydens hierdie geleentheid word die pad vir 2017
bespreek. Alle leiers asook die Jeugleiers word versoek om die geleentheid by te woon.
17-19 Maart Huishulpekamp
24-25 Maart Huweliksverrykingseminaar. Kontak Carel vir meer inligting.
26 Maart Leiersbevestiging
31 Maart Skole sluit
Rooikerk-Dagboek April 9 April Palmsondag
9-15 April GROOT LYDENSWEEK (SONDAG TOT VRYDAG – OM 18:00 - Lydenstyd meditasiediens. Saterdag is dit Stil Saterdag.
16 April PAASFEES
Onthou dat alle Luisterspan-vergaderings skuif na die Woensdag van elke week soos aangedui op Kalender. Die vergaderings begin om 18:00.
Die spesiale insameling gaan Januarie en Februarie vir die Ondersteuningsdiensgroep.
Gebruik die ekstra koevertjie by die deur, benewens jou normale dankoffer.
Diensgroep vir Finansies
Die Rooikerkpreke
is nou beskikbaar op die webtuiste.
Gaan na www.rooikerk.co.za - aan die regterkant is ʼn afdeling 'Rooikerk Podcasts'.
Die 2016 se 40-dae preekreeks is reeds gelaai, sowel as die Kerssangdiens, Mias se afskeidspreek ens.
Al die preke wat sover van 2017 opgeneem is, is reeds beskikbaar.
Nuwe preke sal teen Dinsdae op die webtuiste beskikbaar wees.
4
Lidmaatondersteuning
Daar word dringend na die volgende items gesoek. As jy dalk kan help, bring
dit asb. na die Kerkkantoor. Vir verdere inligting, skakel Linda gerus by: 084
628 4042
Nr. 11-mansskoene
ʼn Motorstoeltjie ʼn Strykyster
ʼn Fiets vir ʼn volwasse man.
Alles kan ingegee word by die Kerkkantoor gedurende kantoorure.
Ons is opsoek na enige oorskietwol, verkieslik nie baie dik nie asook hekelgaring vir ʼn persoon wat haar inkomste wil aanvul. Dit kan by die Kerkkantoor afgegee word.
Daar is ʼn persoon wat kan sweis- en enige ander
handewerk doen wat werk soek vir ʼn ekstra inkomste. Kontak Carel
indien jy kan help
Hulp word benodig om een maal per week die kennisgewingbord op die hoek van Van Schalkwyk- en De Bruynstraat op te dateer.
Kontak Bettie 0727400533 indien jy kan help
ʼn Nuwe omgeegroep kom tot stand in die Noordelike deel van die stad. Kontak vir Ronel van der Walt 0828208408 indien jy wou deel word.
Lees hier – moontlik kan jy help!
5
TEGNIESE DIENSGROEP
Neem asb kennis van die volgende belangrike inligting:
1. Alle skyfies en/of inligting wat tydens of voor dienste op die skerm gespeel moet word, moet asb vooraf met Carel uit geklaar word. Soms is die dienste baie vol en dan kan addisionele skyfies nie getoon word nie. Carel sal dit vooraf kan uitwys en dan alternatiewe reëlings kan tref.
2. Sou dit reg wees dat 'n skyfie gewys word, moet dit asb die Tegniese Diensspan bereik teen die Donderdag voor die diens. Skyfies kan gestuur word na [email protected]. Dui asb baie duidelik aan in die epos tydens watter diens(te) die skyfie gewys moet word asook watter tyd van die diens (voor die tyd, tydens kollekte, ens). Noem asb ook of iemand gaan praat wanneer die skyfie gewys word.
3. As die skyfie vir meer as een Sondag gespeel moet word, moet die reëlings asb weekliks getref word. Dit bly die verantwoordelikheid van die persoon wat die skyfie gespeel wil hê, om die reëlings te tref. Sou ons nie die skyfie teen die Donderdag ontvang het met die nodige inligting en reëlings nie, sal dit nie die Sondag gespeel word nie.
4. Stuur asb 'n PowerPoint-skyfie wat gereed is om gewys te word. Ons het nie die nodige sagteware vir 'n “Prezi presentation” nie en ons het ook nie die tyd of mannekrag om rou inligting in ‘n skyfie te omskep nie. Maak asb self seker dat die inligting maklik gelees kan word. Ons gaan dit doodeenvoudig wys soos wat dit aan ons gestuur is.
Van die dienste is baie vol en ons hande is maar min. Ons stel hierdie reëlings in plek om seker te maak dat alles glad en georden verloop.
Ons kort ook dringend nuwe mense vir die Tegniese Diensgroep. Sou jy belangstel om deel te word van die span, of weet van iemand wat dit sal oorweeg, kontak ons asseblief. Geen ondervinding of kennis is nodig nie. Ons sal jou alles leer wat jy nodig het.
Sou daar enige vrae wees of as iemand enige verdere inligting benodig, is julle welkom om vir my (0829741550) of vir Conrad (0834438173) te kontak.
Vriendelike groete,
Lizelle de Reuck (Namens die Tegniese Diensgroep)
6
‘LAAT DAAR LIG WEES’ (Cordis Trust Publikasies)
Prof GJ Pistorius, Bloemfontein
Vir meer inligting verwys ek jou na die Kandelaar van
12 Februarie 2017. Oop op die webtuiste beskikbaar.
7
NG KERK UNIVERSITAS-WES/ROOIKERK
benodig die dienste van ʼn Kassiere/Boekhouer wat so gou as moontlik diens kan aanvaar.
Dit is ʼn halfdag pos met die volgende werksure: Maandae tot Vrydae 8:00 tot 13:00 en u is elke tweede Sondag direk na die erediens, aan diens.
Kandidate wat belangstel moet ʼn goeie kennis en vaardigheid hê om die boeke van die gemeente te doen tot en met finale proefbalans vlak asook goeie kennis van die opstel en bestuur van begrotings.
Potensiële kandidate moet baie goeie ondervinding hê met die volgende rekenaarprogramme: Pastel; Microsoft Excel en Word.
Ondervinding op Winkerk sal u aansoek versterk.
Voornemende kandidaat moet oor die volgende eienskappe beskik: Sterk verhoudingsvaardighede; Bestuurvaardighede; Georganiseerd; Betroubaar en moet onafhanklik kan funksioneer.
Die salarispakket is baie mededingend en sal met elke kandidaat onderhandel word nagelang van bevoegdheid en ondervinding.
Faks CV’s na 051-5222547 of e-pos na [email protected] voor of op Vrydag 17 Maart 2017 om 12:00.
Aansoekers wat die kortlys haal sal vir onderhoude gekontak word.
Die Leiersraad behou hulle die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie.
8
9
Ons eredienste Sondag 12 Maart: Roelf Lindeque
Sondag 19 Maart: Ds Kobie Oosthuizen
Sondag 26 Maart: Roelf Lindeque
Ons verjaarsdae
Ons vra groot verskoning vir Gerty Steyn wie se verjaarsdag nie op die lys voorkom
nie. Gerty was op 28 Februarie 92 jaar oud! Baie geluk!!
Sondag 5 Maart: Hester Theron van Huis 16
Sondag 5 Maart: Madelein Coetzee van Huis 72
Sondag 5 Maart: Rheta Steyn van Huis 98
Woensdag 8 Maart: Annatjie Boshoff van NW 26
Woensdag 8 Maart: Annatjie Strauss van Huis 93
Vrydag 10 Maart: Florrie Olivier van NW 32
Saterdag 11 Maart: Louie Vorster van Huis 169
Vandag is Eerste Lydensondag op die Christelike Kerk se kalender.
Ons verwelkom die Soli Deo Gloria Kamerkoor onder leiding van Chris Crouse in ons erediens.
Ons Skrifgedeelte vir die oggend is Jesaja 53:4. Tema: God se plan: Genesing deur sý wonde.
10
Saalbybelstudie
Ons fokus hierdie week (Dinsdag 7 Maart) op Nikodemus van wie ons lees in Johannes 3:1-21. Ons tema is: God
antwoord met wedergeboorte.
Ons voorbidding
Frans [VE] en Ria Laubscher [H144] . Frans is al ʼn hele lang ruk siek. Ons bid dat die Here hom en Ria sal dra.
Piet van der Vyver van AV 3 vorder goed met die kankerbehandeling.
Dina Malan van Huis 12.
Medelye
Oom Christo Groenewald van Huis 151 is verlede Dinsdag oorlede. Gienie, ons bid vir julle.
Tienie Heymans (VE / Huis 133) is verlede Woensdag oorlede. Hettie, ons bid vir julle.
Wyksbyeenkomste
Ons volgende wyksbyeenkoms is Dinsdagmiddag om 15:00 aan huis van Hermaans Smith (Huis 55).
Ons fokus op die onmisbare saambindende krag van liefde. Lees asseblief Kolossense 2: 1-2.