JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 5 12 - 19 Februarie 2016OUERS:VERWELKOMING:Ons verwelkom mej Mary Jingose wat vir Suid-Sotho onderrig by ons skool aangestel is.
INTERSKOLE GALA / PANNAR BOEREDAG:‘n Baie groot dankie aan ons ouers wat as beamptes by die Interskole Gala opgetree het en ouers wat behulpsaam was met die PANNAR Boeredag. Ons Ouerleierkomitee en hulle helpers het baie hard gewerk om heerlike verversings te verskaf. Ons weet julle het baie warm gekry! Wees verseker dat ons groot waardering vir julle opoffering het.
FONDSINSAMELINGSPROJEKTE:Ons wil ‘n beroep doen op ons ouers (veral ons “jong/nuwe ouers”, gr 1 – 3 ma’s en pa’s) om aktief betrokke te raak by fondsinsamelingsprojekte indien dit vir u moontlik is. Ongelukkig moet ons projekte loods om ons skool “tops” te hou! Ouers moet besef om net skoolgeld te betaal, is ongelukkig nie genoeg nie. Ons sal almal ons hande moet uitsteek om die voortbestaan van ons skool te verseker. (Vra gerus die ouers wat skole in hulle tuisdorpe verloor het) Al die ouers in ons skool kan ‘n bydrae lewer, hoe klein ook al, al is dit net ‘n uur of twee van u tyd. Dankie aan al ons ou staatmakers wat elke keer bereid is om te help, en ouers wat op ‘n gereelde grondslag produkte skenk soos ons dit vra. Julle is vir ons kosbaar!
GESONDHEIDSVRAELYS:Elke leerder het ‘n Gesondheidsvraelys ontvang wat deur al ons ouers ingevul moet word. Verskeie dienste word deur die Departement van Gesondheid geloods en ons benodig u toestemming voordat u kind hierdie diens mag ontvang. Vul asseblief die vorm volledig in en stuur op Maandag, 15 Februarie terug na die klasonderwysers.
GRAAD 7 SOKKIE:Die graad 7-klas bied op Donderdag, 18 Februarie om 18:00 ‘n lekker sokkie vir graad 1 – 7 leerders in die skoolsaal aan. Toegang beloop R5 en verversings sal te koop aangebied word.
JEUGSKOU:Leerders kan vanaf Maandag, 15 Februarie by hulle klasonderwysers vir die Jeugskou begin inskryf. R5 per afdeling. Sien nuusbrief 4.
KLEREWINKEL:WINTERSKLEREBESTELLING: [BESTELVORM]Daar word slegs een bestelling vir 2016 geplaas. Ouers het tot Vrydag, 26 Februarie kans om windjakkers en sweetpakke vir hulle kinders te bestel.
Kostes is as volg:ITEM: NR: BEDRAG: NR: BEDRAG:
1Skoolbaadjie:(Opgestopte Windjakker)
22 - 32 R400,00 34 - 44 R450,00
2 Sweetpakbaadjie: 22 - 32 R280,00 34 - 44 R320,003 Sweetpakbroek: 22 - 32 R170,00 34 - 44 R200,00
Voorbeelde van elke nommer is in die Klerewinkel beskikbaar. Bestel asseblief die klere met die bestelvorm wat by die nuusbrief ingesluit is.
KOSHUIS:Daar is steeds koshuisouers wat nog nie hulle kinders se 2L roomysbakke met basiese medisyne by die koshuis ingehandig het nie. Ons doen ‘n beroep op u om dit op Maandag, 15 Februarie by die koshuismoeder in te handig.
LEERDERDEELNAME:MOTHEO/XHARIEP ATLETIEKBYEENKOMS:Baie sterkte aan ons atlete wat op Saterdag, 13 Februarie aan die Motheo/Xhariep Atletiekbyeenkoms in Bloemfontein gaan deelneem.
FICHARDTPARK ATLETIEKBYEENKOMS:Baie geluk aan ons atlete wat goed presteer het met die Fichardtpark byeenkoms. Uitslae word by die nuusbrief ingesluit.
VRYSTAAT SWEMKAMPIOENSKAPPE: Sterkte aan ons swemspan wat op Dinsdag, 16 en Woensdag, 17 Februarie aan die Vrystaat Swemkampioenskappe gaan deelneem. Geen Klubswem op daardie twee dae.
RUGBY:Al die rugbyspanne oefen vanaf Dinsdag, 16 Februarie voluit in spanverband. Tye op die buitemuurse rooster.
TWEEKAMP: Ouers word daaraan herinner aan die SV Tweekampproewe wat op Dinsdag, 23 Februarie plaasvind. Inskrywings sluit op Maandag, 15 Februarie.
NAUTILUS:Graad 4 – 7 leerders wat aan die eerste Nautiluskompetisie op Saterdag,27 Februarie wil deelneem kan hulle inskrywingsgeld van R150 by die klasonderwysers inbetaal. Sluitingsdatum: Vrydag, 19 Februarie
SKAAK:Geluk aan Rian Steenkamp wat 3 uit 5 en Johandre vd Berg wat 4 uit 5 van hulle wedstryde met die afgelope Skaaktoernooi in Bloemfontein gewen het.
TENNISAFRIGTINGSKLINIEK: [AFSKEURSTROKIE]Ruan Venter bied op Saterdag, 27 Februarie ‘n tennisafrigtingskliniek op ons bane aan. Kostes: R200 per speler. Spelers wat belangstel kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 15 Februarie by die klasonderwysers inhandig. Ruan is ook op ‘n Dinsdagaand vanaf 18:45 beskikbaar vir privaatlesse (onder spreiligte).
…………………. PW TaitSKOOLHOOF
GEBEDSLYS:
Maryka van Straaten en gesin (Pa oorlede)
Rina van Zyl Jaun Pretorius (pa – kanker)
B & H DIESELMODDERRIVIER
50pp Diesel: Pompprys @ R10.18500pp Diesel: Pompprys @ R10.01
~~~~~
Dieselkarre beskikbaar om te leenvir selflaai, 500L en meer:@ R9.99 vir 50pp diesel
@ R9.87 vir 500pp diesel
Kontantprys vir aflewering:R9.99 vir 50pp en R9.87 vir 500pp
Kontak:
Hanli: 083 2744 494Maryna: 053 5817015
Voorbeelde van elke nommer is by die Klerewinkel beskikbaar en leerders kan dit aanpas as die Klerewinkel
oop is.Gebruik die bestelvormpie om klere te bestel.
Navrae: Suzaan Wessels 0843120715ALLE SKOOL- EN SPORTKLERE MOET GEMERK WEES.
BESTELVORM: WINDJAKKERS EN SWEETPAKKE
Naam van leerder:
GR: ___
Naam van leerder:
GR: ___
Nommer van Windjakker:(Opgestopte warm baadjie)
Bedrag: RNommer van Sweetpakbaadjie:
Bedrag: RNommer van Sweetpakbroek:
Bedrag: RTotale bedrag ingesluit:
R
Handtekening ouer: _________________________
Datum: _______________
SOEK JY NA IETS WAT HEEL ANDERS IS AS DIE GEWONE!?Moredou Padstal bied ‘n verrassingsboksie aan vir twee geliefdes,
ideale vir ‘n piekniek of sommer saam met vriende.Beskikbaar met Sjampanje of Vonkeldruiwesap,
jou boksie jou keuse!Kostes: R150.00 per boksie,
en het alles en nog meer vir twee mense!Bestel asb by Moredou Padstal voor of op 12 Februarie 2015
Kontak Odrie: 073 231 4757.Boksies word op 13 Februarie 2016,
enige tyd tussen 10:00 – 13:00 opgetel.
VALENTYNSDAG IS HIER!!
VERBLYF DRINGEND BENODIG:In of buite Jacobsdal.
Benodig diere-vriendelike woonplek Kontak Gerhard Maritz
Faktotum: Jacobsdal Primêre Skool0766959113
KATJIES BESKIKBAAR3 Pragtige klein katjies, 2 swart en 1
swart/witGratis!
Kontak Gerhard Maritz0766959113
AFSKEURSTROKIE: TENNISAFRIGTINGKLINIEK – 27 FEBRUARIE
OUER: ________________________________________
SPELER/S: ______________________________________________
STEL BELANG OM IN TE SKRYF VIR DIE TENNISAFRIGTINGKLINIEKOP SATERDAG, 27 FEBRUARIE.
HANDTEKENING: ________________________
KONTAKNOMMER: _________________________
Heerlik BURGER-AANDE word te Moredou Padstal aangebied, elke Maandagaand!
Koop 1 Burger kry 1 Burger GRATIS!GEEN eie drank word toegelaat nie, en geen vergunnigs sal gemaak
word!Moredou Padstal, het sy eie lisensie en drankies sal te koop wees te
Moredou Padstal vir die aangeleentheid.GEEN wegneemetes word op burger-aande toegelaat nie!
Kontak persoon: Odrie 073 231 4757HOOP ONS SIEN JOU DAAR!!
MOREDOU PADSTAL HOU BURGER-AANDE
TYD: VANAF 18:00 IN DIE MIDDAEPLEK: MOREDOU PADSTAL
‘n Heerlik “buffet” word aangebied op 28 Februarie 2016 te Moredou Padstal.
Ons bied aan:x1 Voorgereg, x2 Vleise, x1 Soet groete, x1 Sout groente,
x2 Stysels, Slaai, x1 Warm poeding, x1 Koue Poeding.
Koste: R 130.00 per persoonR 70.00 per kind, 10 jaar en jonger.GEEN eie drank word toegelaat nie,
en geen vergunnigs sal gemaak word op die dag nie!Moredou Padstal het sy eie lisensie en drankies sal te koop wees te Moredou Padstal
vir die aangeleentheid.Besprekings vir aansit sowel as wegneemetes moet asb geplaas word
voor of op 24 Februarie 2016.Kontakpersoon: Odrie 073 231 4757
HOOP ONS SIEN JOU DAAR!!
MOREDOU PADSTAL HOU ETE!DATUM: 28 FEBRUARIE 2016TYD: 12:00PLEK: MOREDOU PADSTAL