Upload
others
View
0
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Natuur-wetenskappe
3de JaarKwartaal 2
Mengsels
Oplossings & Oplosbaarheid Die Water-siklus
Naam en Van: ________________________________________Jaargroep: ____________________MENGSELS EN MATERIALE
SLEUTELWOORDE
1.mengsels twee of meer stowwe wat saam gemeng is
Vrugteslaai
2. Skei om die mengsel weer op te breek in die stowwe wat aanvanklik is
=
3. fisies om jou hande of gereedskap te gebruik om die mengsel te skei
4.sif om ‘n stuk gereedskap met gaatjies te gebruik wat stukkies van ‘n seker grootte sal
deurlaat
5, filtreer om ‘n vloeistof en ‘n vastestof te skei deur dit deru ‘n materiaal soos filtreerpapier
of ‘n maas te gooi
6. sorteer om mengsel van vastestowwe met die hand te skei
7. afsakking om ‘n vastestof wat met ‘n vloeistof gemeng is, toe te laat om op die bodem te
gaan lê
8. dekanteer om die houer versigtig skuins te hou en die boonste laag van die mengsel af te
gooi.
Inleiding: MengselsDatum:___________________
2
Die eerste vraag wat ons moet beantwoord voor ons voortgaan is sekerlik, wat is ‘n
mengsel? ‘n Mengsel is twee of meer verskillende materiale wat saamgevoeg is.
Mengsels is orals waar jy kyk. Meeste dinge in die natuur is ook mengsels. Kyk na
rotse, die oseaan, of selfs die atmosfeer. In sommige mengsels is die verskillende
materiale duidelik sigbaar na vermenging. ‘n Mengsel van grondbone en rosyne is ‘n
voorbeeld van so ‘n mengsel. Hoe kan ons die grondbone en rosyne skei? Wel, ons
kan eenvoudig die rosyne tussen die grondbone uithaal!
‘n Mengsel van grondbone en rosyne.
Kan jy dink aan ander mengsels waarin die verskillende materiale duidelik sigbaar is
na vermenging? Kyk na die prente hieronder vir ‘n paar idees.
‘n Mengsel van verskillende kleure jellieboontjies. ‘n Mengsel van verskillende vrugte in ‘n vrugteslaai.
3
‘n Mengsel van swane en eende op ‘n meer. ‘n Mengsel van rooi-, groen- en geel-soetrissies.
‘n Mengsel van verskillende blomme. ‘n Mengsel van verskillende skulpe op die strand.
In ander mengsels is die materiale so goed vermeng dat dit lyk asof die een
materiaal in die ander materiaal ‘verdwyn’ het. Sulke mengsels word oplossings
genoem. Ons sal binnekort meer oor oplossings leer.
Kom ons kyk eers na die volgende konsepte:
MengselOns het reeds gesien dat mengsels orals rondom ons is. In kort, dit is iets wat
geskei kan word in twee of meer stowwe.
Oplossing‘n Oplossing is wanneer twee of meer stowwe oplos (verdwyn) in mekaar. Die stof
wat oplos word die opgeloste stof genoem. Die stof wat nie oplos nie word die
oplosmiddel genoem. Bv. soutwater = water (oplosmiddel) + sout (opgeloste stof)
VastestofVastestowwe is voorwerpe wat stewig en stabiel is. Hulle behou hul vorm en kan
hard, sag, groot of klein wees. Bv. ‘n jellieboontjie.
Vloeistowwe
Vloeistowwe kan vloei en neem die vorm van die houer waarin dit is aan. Daarom
kan ons sê dat dit nie ‘n vaste vorm het nie. Bv. water.
4
OplosbaarDit beteken dat ‘n stof die vermoë het om op te los in ‘n oplosmiddel. Bv. suiker is
oplosbaar, omdat dit in water kan oplos (verdwyn).
Nie-oplosbaarDit beteken dat ‘n stof nie die vermoë het om in ‘n oplosmiddel op te los nie.
Bv. suiker is nie-oplosbaar in olie nie.
Suiwer-stowwe‘n Suiwer-stof bestaan uit een enkele soort molekules. Dit is ‘n stof wat nie geskei
kan word deur fisiese-metodes soos filtrasie, verdamping of distillasie nie. Bv. yster,
hout, koper, water, goud, suurstof, suiker ens.
Aktiwiteit 1Beantwoord die volgende vrae.
1. Wat presies is ‘n ‘mengsel’?
______________________________________________________________
______________________________________________________________
2. Wat noem ons ‘n mengsel wat lyk of dit inmekaar verdwyn?
___________________________
3. ‘n Stof wat oplos noem ons die _____________________________.
4. ‘n Stof wat nie oplos nie noem ons die _________________________.
5. In ‘n oplossing van water en sout, sal water die ________________________
wees en sout die ___________________________.
6. Teken ‘n skets van enige mengsel waaraan jy kan dink. (Wenk: Kyk na die
voorbeelde op bl.2&3 vir leiding en gebruik kleur.)
5
Skeiding van mengselsDatum:___________________
In die volgende afdeling gaan ons die verskillende maniere om mengsels te skei,
bestudeer. Dit is moontlik om materiale te meng in baie verskillende kombinasies.
Die material in ‘n mengsel wat vermeng is sal nie verander nie. Hulle behou hul
individuele eienskappe (voorkoms). Soms is dit moontlik om ‘n mengsel te skei in
die oorspronklike individuele materiale waarmee jy begin het
Kom ons kyk na ‘n paar metodes wat gebruik word suiwer-stowwe te vorm deur
mengsels te skei.
‘n Magneet‘n Magneet word gebruik om metale van nie-metale te skei. Bv. dit kan gebruik word
om yster van sand te skei.
Filtrasie
6
Filtrasie is ‘n metode wat gebruik word om vastestowwe van vloeistowwe te skei.
Die vloeistowwe beweeg deur die gaatjies van die filtreerpapier. Die vastestof-
deeltjies is te groot en haak vas, wat beteken dat dit agterbly.
‘n Mengsel van vastestowwe en. vloeistowwe
VerdampingVerdamping word gebruik om ‘n opgeloste stof van ‘n oplossing te skei.
Wanneer ons soutwater verhit, sal die water verdamp, wat soutkristalle
agterlaat.
Sifting‘n Sif is ‘n instrument met baie gaatjies, wat gebruik word om kleiner deeltjies van
groter dele, of vloeistof van vastestowwe te skei. ‘n Eenvoudige vergiettes wat jou
ma in die kombuis gebruik is ‘n goeie voorbeeld. Wanneer sy die spaghetti en water
mengsel deur die vergiettes gooi, word die water van die gekookte spaghetti gesif.
Spaghetti in ‘n vergiettes.
Handsortering
Wanneer daar fisiese verskille tussen materiale is wat jy van mekaar kan skei, is dit
maklik om hulle te identifiseer en die materiale met die hand te sorteer. Bv. sortering
van smarties en jelly tots.
Distillasie
7
Hierdie is ‘n gekompliseerde metode. Dit vind plaas wanneer ‘n vloeistof gesuiwer
word deur dit te kook, en die dampe (gas) kondenseer. Bv. souwater kan in
varswater verander word deur distillasie. Verskeie vorme van brandstof, soos petrol,
word geskei van ruolie deur distillasie. Alkoholiese drankies word ook gemaak deur
distillasie; die alkohol word afgekook vanaf die res van die mengsel en versamel in ‘n
gekonsentreerde
(verwyder water) vorm.
Die Distillasie-proses.
Aktiwiteit 2Kyk na die tabel hieronder. Dit bevat prente van mengsels.
1. Vir elke mengsel in die tabel, skryf uit watter materiale dit bestaan, in die
middelste kolom .
2. In die laaste kolom, skryf hoe jy die mengsel sou skei.
Prent van mengsel Materiale in die mengsel Hoe sou jy dit skei?
8
OplossingsDatum:___________________
Het jy al ooit goed gemeng in die kombuis, net om te sien wat jy kon maak? Miskien
het jy kaneel of sout in ‘n koppie water gestrooi, of ‘n spatsel asyn of olie bygevoeg.
Miskien het jy dit jou ‘geheime doepa’ genoem! Het jy geweet dat jy ‘n
oplossing gemaak het?!
9
Ons het reeds gesien dat ‘n oplossing twee of meer stowwe is wat inmekaar oplos.
Wanneer jy byvoorbeeld suiker en water meng, kan jy ‘n oplossing maak. As jy
steeds wonder wat wat die verskil tussen ‘n mengsel en ‘n oplossing is, is die
antwoord eenvoudig; ‘n mengsel kan nie heeltemal meng nie, dit kan maklik geskei
word. Dink aan ‘n mengsel van sand en water, die sand sal na die bodem van die
glas water sink. En ‘n oplossing los heeltemal inmekaar in op.
Onthou jy nog?
Die stof wat lyk asof dit verdwyn het, word die opgeloste stof genoem, bv.
sout, suiker ens.
Die stof wat ons steeds kan sien, word die oplosmiddel genoem, bv. water.
Die oplosmiddel en opgeloste stof word saam die oplossing genoem.
Kyk na die volgende eksperiment. (Jou onderwyser kan demonstreer in die klas.)
Eksperiment: Oplossing van suiker in verskillende temperature
Soos jy meer suikerblokkies by verskillende temperature water voeg, sal jy meer leer
van oplossings. Hierdie maklike eksperiment wys vir jou dat jy net ‘n sekere
hoeveelheid kan oplos, en dit verander soos die water verhit word.
Wat jy benodig:
Suikerblokkies
Koue water in ‘n deursigtige glas
Warm water in ‘n deursigtige glas (wees versigtig met warm water)
Lepel om mee te roer
Instruksies:
1. Maak seker die glase het dieselfde hoeveelheid water in.
2. Plaas ‘n suikerblokkie in die koue water en roer dit met die lepel, totdat die suiker verdwyn.
Herhaal die proses (onthou tel die hoeveelheid suikerblokkies wat jy byvoeg) totdat die suiker
nie meer oplos nie, op die stadium begin die suiker op die bodem van die glas versamel
eerder as om op te los.
3. Skryf neer hoeveel suikerblokkies jy kon oplos in die koue water.
10
4. Herhaal dieselfde proses vir die warm water; vergelyk die getal suikerblokkies wat in elke
vloeistof opgelos het, watter een het die meeste laat oplos?
Wat het gebeur?Die koue water kan nie soveel suiker laat oplos soos die warm water nie, maar hoekom? ‘n Ander
naam vir die vloeistowwe binne-in die koppies is ‘n ‘oplossing’, wanneer die oplossing nie meer suiker
kan laat oplos nie word dit ‘n ‘versadigde oplossing’ genoem; dit beteken dat suiker aan die bodem
van die koppie versamel.
Die rede waarom die warm water meer laat oplos, is omdat die molekules vinniger beweeg, wat
verder versprei is as die molekules van die koue water. Met die groter gapings tussen die molekules
van die warm water, kan meer suiker-molekules tussenin pas.
Aktiwiteit 3In hierdie aktiwiteit gaan ons stowwe meng met water om te sien watter maak
oplossings.
Hoe dink jy sal ons weet wanneer ‘n stof ‘n oplossing gemaak het met water?
___________________________________________________________________
___________________________________________________________________
MATERIALE:
Klein hoeveelhede van die volgende stowwe:
- Suiker
- Sout
- Sand
- Olie
- Asyn
- Meel
Kraanwater
Deursigtige houers
Plastiek lepels vir skep.
INSTRUKSIES:
1. Vul die houers halfpad met water.
2. Skep een klein lepeltjie suiker in en roer dit goed.
3. Kyk na die mengsel en bespreek hoe dit lyk.
4. Voltooi die tabel op die volgende bladsy. Wat het jy gesien gebeur? Maak ‘n kruisie in die
korrekte kolom.
5. Nadat jy jou observasie neergeskryf het, maak die houer leeg.
11
6. Herhaal stappe 1 – 4 totdat jy al die stowwe op die lys getoets het.
Stof Dit lyk asof niks van die stof
verdwyn het nie.
Dit lyk asof alles of meeste van die stof verdwyn het.
Suiker
Sout
Sand
Olie
Asyn
Meel
Watter van die stowwe het gelyk of dit opgelos het toe dit met water gemeng is?
___________________________________________________________________
Watter van die stowwe het NIE ‘n oplossing gevorm met die water nie? (Wenk:
watter stowwe het gelyk of dit nie ‘verdwyn’ het in die water nie?)
___________________________________________________________________
OplosbaarheidDatum:___________________
Wat beteken dit as ons sê dat ‘n stof opgelos het in ‘n ander stof? Die antwoord is
eenvoudig, dink so daaraan, wanneer ‘n opgeloste stof (sout) verdwyn in ‘n
oplosmiddel (water), sê ons dat dit opgelos het.
Die vraag op almal se lippe is sekerlik: “Is smelting en oplossing dieselfde?” Die
antwoord op daardie vraag is NEE, want vir ‘n vastestof om te smelt kort dit hitte of
energie en vir ‘n stof om op te los kort dit net water.
12
“Tom, dink jy dat alle stowwe in water kan oplos?”
“Goeie vraag, Kim! Maar ek dink nie so nie, vat byvoorbeeld olie en
water of selfs sand en water.”
Voorbeelde van oplosbare stowwe:
Koppie koffie
Koppie tee
‘Cup of soup’ (kits-mengsel)
Koppie warmsjokolade
Soutwater
Suikerwater
Water en vloeibare seep (handewas)
Melk en melkskommel poeier
_______________________________
_______________________________
_______________________________
Kan jy aan nog ander stowwe dink wat sal kan oplos? Voeg hulle by die lys hierbo.
Aktiwiteit 4Beantwoord die volgende vrae. Jy mag dalk deur die vorige lesse lees om die
antwoorde te vind.
1. Wat is die verskil tussen ‘n ‘mengsel’ en ‘n ‘oplossing’?
Mengsel -______________________________________________________
______________________________________________________________
Oplossing -_____________________________________________________
______________________________________________________________
2. Noem een voorbeeld van ‘n mengsel.
_______________________________________
3. Noem een voorbeeld van ‘n oplossing.
_______________________________________
13
4. Noem een voorbeeld van ‘n opgeloste stof.
_________________________
5. Noem een voorbeeld van ‘n oplosmiddel.
_________________________
6. Wat beteken dit as ons sê dat ‘n stof opgelos het in ‘n ander stof?
______________________________________________________________
7. Smelt is nie dieselfde as oplos nie. Hoe verskil hulle van mekaar?
______________________________________________________________
______________________________________________________________
Die Tempo van OplossingDatum:___________________
Ons het gesels oor stowwe wat kan oplos, maar volgende gaan ons konsentreer op
die ‘tempo van oplossing’. Dit beteken dat ons gaan vasstel hoe vining of stadig ‘n
opgeloste stof, bv. suiker gaan neem om op te los in ‘n oplosmiddel, bv. water.
Faktore om die tempo van oplossing te ondersoek:
Temperatuur
Agitasie
Oppervlakte
Grootte van korrels
TemperatuurDie temperatuur sê vir ons hoe warm of koud ‘n oplossing is. Temperatuur word met
‘n termometer gemeet. Hoe warmer die oplosmiddel (water), hoe vinniger sal die
tempo van oplossing plaasvind.
Agitasie
14
Wanneer ‘n oplossing geskud of geroer word sal dit die tempo van oplossing versnel.
Oppervlakte (Kwantiteit)In hierdie konteks verwys die oppervlakte na die oplosmiddel (water) area. Die
kwantiteit (hoeveelheid) van die opgeloste stof (suiker) sal ‘n invloed hê op die
tempo van oplossing. Bv. hoe meer suiker ‘n persoon by die oplosmiddel (water)
voeg, hoe langer sal dit neem om op te los.
Grootte van die korrelsDie grootte van die deeltjies wat die opgeloste stof vorm, sal die tempo van
oplossing beïnvloed. Hoe groter die opgeloste stof (suiker), hoe stadiger sal die
tempo van oplossing wees. Bv. suiker-deeltjies is groter as poeier-deeltjies, wat
beteken dat suiker langer sal neem om op te los as poeier.
Kom ons kyk na die volgende paar eksperimente:
In die eksperiment hierbo het ons drie deursigtige houers. Elk met 100ml water
gevul. Die temperatuur van die water verskil. Die eerste houer is gevul met warm
water, die tweede houer met kraanwater en die derde houer is gevul met yswater.
15
“Tom hou van soet koffie, met 3 teelepels suiker. Vir die koffie om soet te proe, moet die suiker eers
oplos.”
“Inderdaad Kim, ek doen!”
Elke houer ontvang dan een teelepel sout. Nadat die sout by die oplossing gevoeg
is, word die oplossing geroer deur ‘n teelepel voorentoe en agtertoe te beweeg deur
die water. (Neem kennis dat die drie oplossings op dieselfde tyd moet geroer moet
word, sodat vergelykings gemaak kan word, vra dalk vriende om te help.) Die
hoofdoel van hierdie eksperiment is om vas te stel of sout vinniger in warm water,
water teen kamertemperatuur of koue water sal oplos. Die hoeveelheid water wat
gebruik word bly dieselfde in aldrie die houers, asook die hoeveelheid sout wat
bygevoeg is en die tyd wat spandeer word om te roer. Die enigste verskil in die drie
situasies was die temperatuur van die water. Ons het nie net die temperatuur van
die water gemeet nie, maar ook hoe lank dit geneem het vir die sout om op te los.
Natuurlik het die sout vinniger in die warm water opgelos, omdat energie (hitte)
bygevoeg is tot die oplosmiddel (water).
Tweede eksperiment:
In die eksperiment hierbo het ons twee deursigtige houers. Elk met 100ml kraan-
water gevul. Twee teelepels sout is by beide gevoeg. Die oplossing in die tweede
houer is geroer, maar NIE die eerste houer nie. Die hoofdoel van hierdie
eksperiment is om vas te stel of sout vinniger sal oplos in ‘n oplossing wat geroer is
of ‘n oplossing wat NIE geroer is nie. In beide houers het die hoeveelheid water wat
gebruik is dieselfde gebly, asook die hoeveelheid sout wat bygevoeg is en die
temperatuur van die water. Die enigste verskil tussen die twee oplossings was dat
die een oplossing geroer is en die ander oplossing onaangeraak gelaat is. Natuurlik
16
het die sout in die geroerde houer vinniger opgelos as die houer wat onaangeraak
gelaat is, omdat deeltjies vinniger oplos as dit geroer word.
Derde eksperiment:
In die eksperiment hierbo het ons twee deursigtige houers. Elk met 100ml kraan-
water gevul. In die eerste houer is slegs een teelepel sout bygevoeg en in die
tweede houer is agt teelepels sout bygevoeg. Beide die oplossings is met dieselfde
intensiteit geroer. Die hoofdoel van hierdie eksperiment is om vas te stel of die
kwantiteit sout die tempo van oplossing sal beïnvloed. Die hoeveelheid water wat
gebruik is, is dieselfde in beide die houers, asook die temperatuur; en beide
oplossings is geroer. Die enigste verskil tussen die twee oplossings is dat die een
oplossing slegs een teelepel sout bevat en die ander oplossing agt teelepels sout
bevat. Natuurlik sal die sout in die houer wat slegs een teelepel sout bevat vinniger
oplos as die een met die agt teelepels sout, omdat die deeltjies wat moet oplos
minder is.
Vierde en finale eksperiment:
17
In die eksperiment hierbo het ons twee deursigtige houers. Elk met 100ml kraan-
water gevul. In die eerste houer is fyn tafelsout bygevoeg en in die tweede houer is
growwe rotssout bygevoeg. Beide die oplossings is geroer met dieselfde intensiteit.
Die hoofdoel van hierdie eksperiment is om vas te stel of die fyn tafelsout vinniger
sal oplos in water as die growwe rotssout. Die hoeveelheid water wat in beide
houers gebruik is, het dieselfde gebly, asook die temperatuur; en beide oplossings is
geroer. Die enigste verskil tussen die twee oplossings is dat die een oplossing fyn
tafelsout bevat het en die ander oplossing growwe rotssout. Natuurlik het die
oplossing met die fyn tafelsout vinniger as die oplossing met die growwe rotssout
opgelos, omdat die deeltjies baie kleiner is.
Aktiwiteit 5
1. Wat beteken die ‘tempo van oplossing’?
_____________________________________________________________
2. Lys vier faktore wat die tempo van oplossing beïnvloed.
____________________________
____________________________
____________________________
____________________________
3. Watter instrument word gebruik om temperatuur mee te meet?
____________________________
4. Wat beteken die woord ‘agitasie’?
_____________________________________________________________
5. Wat gebeur met suiker en koffiepoeier wanneer dit in warm water gegooi
word?
______________________________________________________________
6. Watter smaak gee suiker aan koffie, tee of warmsjokolade?
18
__________________________
7. a. Benoem die volgende skets.
________________ _________________ ________________
b. Wat is die hoofdoel van hierdie eksperiment?
____________________________________________________________
____________________________________________________________
c. Lys drie dinge wat dieselfde gebly het in hierdie drie situasies.
______________________________
______________________________
______________________________
d. Wat het nie dieselfde gebly in hierdie drie situasies nie?
______________________________
e. In watter oplossing het die sout vinniger opgelos? Waarom?
____________________________________________________________
____________________________________________________________
*(Leerders moet aandag skenk aan vraag sewe; soortgelyke vrae kan gevra word
oor enige van die oorblywende drie eksperimente.)
19
Die Water-siklusDatum:___________________
Gaan kry gou ‘n glas vol water en sit dit neer op die tafel langsaan jou.
Kyk gou na die glas water wat voor jou staan. Kan jy raai hoe oud die
water binne-in die glas is? Die water in die glas kon laas week uit die lug
neergeval het as reën, maar die inhoud self, is al so lank in die omtrek as
wat die Aarde bestaan. Met ander woorde die water op die Aarde is ‘n
konstante; dit beteken dié water wat nou hier op die Aarde is, is dieselfde water wat
hier was toe dit geskep is. Die Aarde het ‘n beperkte hoeveelheid water wat van
damme, riviere, die oseaan, swembaddens, wolke ens. beweeg. Maar hoe beweeg
die water rond? Die antwoord lê in die natuur se grootste herwinnings-poging – die
water-siklus. Dit is die water-siklus wat verseker dat ons voordurende skoon, vars-
water het. Voordat ons die water-siklus kan bespreek is daar eers ‘n paar terme wat
ons moet verstaan.
Verdamping:Verdamping vind plaas wanneer die son die water in riviere, damme of die oseane
verhit en dit dan verander in waterdamp of stoom. Die waterdamp of stoom verlaat
die rivier, dam of oseane en styg in die lug in op.
Transpirasie:Transpirasie is die proses waar plante water verloor deur hul blare. Transpirasie gee
verdamping ‘n helpende hand om die waterdamp in die lug op te laat styg. (Soos
byvoorbeeld as ‘n mens sweet).
Kondensasie:Waterdamp in die lug word koud en verander dan weer in vloeistof, wat wolke vorm.
Dit staan bekend as kondensasie. Jy kan dieselfde by die huis waarneem… Skink
20
‘n glas koue water op ‘n baie warm dag en kyk wat gebeur. Water vorm aan die
buitekant van die glas. Die water het nie op een of ander manier deur die glas gelek
nie! Dit is eintlik afkomstig uit die lug. In die warm lug, verander waterdamp weer in
vloeistof sodra dit die koue glas raak.
Neerslag:Neerslag vind plaas wanneer so baie water kondenseer dat die lug of die wolke dit
nie meer kan hou nie. Die wolke word swaar en die water val terug op die aarde in
die vorm van reën, hael, ysreën en sneeu.
Versameling:Wanneer water terug op die aarde val as gevolg van neerslag, kan dit in die oseane,
damme of riviere val. Dit kan ook op die land val. Wanneer dit op die land val, sal
dit in die aarde in week en deel vorm van ‘grondwater’ wat plante en diere gebruik.
Dit kan ook oor die grond spoel en versamel in die oseane, damme en riviere waar
die water-siklus weer van vooraf begin.
Onthou jy nog dat ons van fases van materie geleer het gedurende jou tweedejaar?
Lui die woorde vastestof, vloeistof of gas ‘n klokkie? Gedurende die water-siklus
proses verander water van fase. Gedurende die verdamping- en transpirasie-
stadium verander die water in ‘n dam, rivier, oseaan ens. van ‘n vloeistof na ‘n gas
(waterdamp). Gedurende die kondensasie-stadium word die waterdamp koud en
verander dit in ‘n vloeistof wat wolke vorm in die lug wat jy kan sien. Gedurende die
neerslag-stadium val die vloeistof terug op die grond in die vorm van reën (vloeistof)
of sneeu, ysreën of hael (vastestowwe). Wanneer versameling plaasvind verander
die die sneeu, hael of ysreën (vastestowwe) weer terug na ‘n vloeistof en eindig in
damme, riviere, die oseaan, swembaddens ens. op.
21
Sneeu is ‘n vastestof. Hael is ‘n vastestof. Ysreën is ‘n vastestof.
Reën is ‘n vloeistof. Riviere is vloeistowwe. Die oseaan is ‘n vloeistof.
Stoom is ‘n gas.
Aktiwiteit 6Pas kolom A by kolom B. Skryf slegs die korrekte letter langs die toepaslike
vraagnommer neer. Bv. 1.1 B
Kolom A Antwoorde Kolom B
1.1 Verdamping
1.2 Transpirasie
1.3 Kondensasie
1.4 Neerslag
________
________
________
________
A. Waterdamp word koud in die lug en
verander weer in vloeistof.
B. Water val terug op die Aarde in
riviere, damme en oseane.
C. Waterdamp verlaat die riviere, damme
en oseane en styg op.
D. Te veel water het gekondenseer en
die wolke of die lug kan dit nie meer
22
1.5 Versameling
________ hou nie.
E. Plante verloor water deur hul blare.
Die Water-siklus (vervolg)Datum: __________________
Wanneer water deur die son verhit word, verdamp dit of verander in waterdamp,
terwyl enige onsuiwerhede agterbly. Hierdie verhitte waterdamp styg op. Dit word
vergesel deur waterdamp van plant-transpirasie of water wat onttrek word uit die
grond. Hierdie waterdamp kan honderde kilometers of meer deur winde aangedryf
word. Wanneer die waterdamp afkoel, kondenseer dit of keer terug as klein
waterdruppeltjies, wat gewoonlik om stof- of soutdeeltjies in die lug vorm. Hierdie
klein druppeltjies kan saamsmelt om groter druppels te vorm, wat dan as neerslag
neerval. Afhangende van die temperatuur en ander faktore, kan die neerslag die
vorm van reën, hael, ysreën of sneeu aanneem.
Wanneer dit reën en die druppels weer in die water land, of op die blaar van ‘n boom
kan dit weer verdamp of dit kan deur die grond opgeneem word. Hierdie
ondergrondse water sal deur die spasies in die klippe beweeg, wat bekend staan as
23
waterdraers. In die plekke waar oppervlakwater nie altyd beskikbaar is nie, kan
putte en boorgate geboor word deur die waterdraers en dan kan water uitgepomp
word. Sommige ondergrondse water sal ‘n afdraend pad binne-in die waterdraers hê
voordat hul dit ooit weer uit die grond sal maak.
Die water kan by afloop van nog water van die land se oppervlak aansluit, en
uitspoel in ‘n rivier, dam of oseaan. Die son verhit hierdie water en die siklus begin
weer van vooraf.
Aktiwiteit 7Teken die water-siklus in die blok wat voorsien is. Gee byskrifte van die prosesse
wat betrokke is.
*****
24