Upload
others
View
8
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
WELKOM TERUG!
BAIE STERKTE VIR 2017!
Uit die hoof se kantoor
GARSIES VLIEG ‘ALTYD HOëR’
Welkom klein GARSIES
DIE GRAAD 7’s VLIEG HOOG Die datum, 23 Januarie 2017, sal voortaan in die 35-jarige geskiedenis van Laerskool
Garsfontein, uitstaan as die begin van ‘n nuwe era. Die Hoof, Mnr. Neels Snyman, sê dat een van die slegste dae in sy loopbaan was toe ‘n Graad 7 van Garsies se “Klas van 2016” vir hom gesê het dat sy Graad 7-jaar die sleg-
ste jaar ooit op skool was. Mnr. Snyman het daar en dan besluit dat dit kan nie en mag nie en daarom het hy besluit dat vanaf 2017 moet en sal elke Graad 7-Garsie sy
of haar Graad 7-jaar as die beste jaar ooit op skool onthou. Deel van Mnr. Snyman se plan was dan ook om die mooiste Graad 7-das te laat ont-werp en toe het hy boonop ook gereël dat elke Graad 7 van “Klas van 2017” op 23 Ja-
nuarie 2017 ‘n das ontvang in ‘n das-seremonie tydens die saal-byeenkoms. Nadat elke Graad 7-leerder persoonlik ‘n das by Mnr. Snyman ontvang het, het elke klas se
voog-onderwyser ook vir elke leerder ‘n “Graad 7-Belofte” oorhandig. Die juniors sal voortaan elke Maandag kan sien hoe spoggerig lyk die Graad 7’s met hulle dasse en skoolskoene en –kouse. Die leiers is ook baie opgewonde dat hulle op
Maandae saam met hulle klasmaats die mooi das kan dra. Dit gaan sommer ‘n heer-like eenheid onder “Klas van 2017” skep en soos die Graad 7’s beloof het, gaan dit voortaan regtig ‘n voorreg wees om ‘n Graad 7-Garsie te wees.
Die Graad 7’s beloof dat hulle gaan hoog vlieg in 2017 en so seker maak dat Mnr. Neels en die Garsies van die toekoms altyd hoër sal vlieg.
Die digter en skrywer CJ Langenhoven het gesê: “Deur twee dinge is my lewe leefbaar ge-maak, die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het.” As tema vir 2017 het die Skoolleiers die woord “Liefde” gekies. Liefde word omskryf as die hoogste vorm van omgee. Liefde gaan dus oor omgee. Omgee vir almal wat by die skool betrokke is – die onderwysers, werkers en maats; omgee vir ons gesinne en almal wie vir ons lief is; omgee vir ons akademie, sport, kul-tuur en Godsdiens. Tydens die leierskamp in Oktober 2016 het die leiers ook die volgende woorde gekies as deel van die waardes waarop daar in 2017 gekonsentreer sal word: • Eerlikheid; • Integriteit; • Geloof; • Respek; en • Sukses. Die Skotse atleet en rugbyspeler, wie ook ’n sen-deling was, Eric Liddell, het gesê: “Ons is almal sendelinge. Waar ons ook al gaan, bring ons mense of nader aan Christus of ons vervreem hulle van hom.” Mag elkeen van ons in 2017 ie-mand wees wat deur ons gedrag en optrede lief-de sal uitstraal en mense nader aan Christus bring.—Deon
Leiers TEMA 2017
Juffrou Ena is een van die onderwysers
wat meeste leerders vir die eerste keer
regtig eers in Graad 7 ontmoet. Dan
besef ons dat ons eintlik min weet van
haar. Vertel vir ons wie is juffrou Ena
Wylie? Ek is een van die Gr 7-onnies by die Be-
ste Laerskool in Pretoria. Ek is nie meer
so baie jonk nie, maar sien nog kans vir
baie dinge in die lewe!!! Ek hou baie van
uitdagings en pak elke dag met nuwe
geesdrif aan en soek telkemale nuwe ge-
leenthede om myself te verryk en my ken-
nis en vaardighede tot voordeel van my
gemeenskap en my medemens aan te
wend. Ek dink jy gaan gou agterkom dat
my huis, my skool en my land hoog op
my prioriteitslys is.
Hulle sê altyd ‘n mens word nie ‘n on-
derwyser nie, maar dat die onderwys
mens eerder roep. Voel Juffrou ook so
oor die onderwys, want ons bronne sê
dat Juffrou amper gekies het om iets
anders te gaan doen het?
Aanvanklik het ek die onderwysopleiding
gedoen omdat my Pa gedink het dis die
werk vir sy dogter. Met die eerste weg-
komkans het ek ‘n ander werk gekies,
maar na ongeveer 12 jaar in die verseke-
ringsbedryf het ek besef dat daar iets skort
met my werk en na selfondersoek ontdek
dat dit die onderwysomgewing is. Die
werk het my dus gekies en ek moes maar
volg. Dit is presies waarom ek nou nog is
waar ek is – in die ONDERWYS!!!
Juffrou was tot redelik onlangs toe nog
‘n kranige student gewees. Wat het Juf-
frou studeer en waarom studeer mens
as jou kinders reeds uit die skool is –
het mens nie teen dan al genoeg geleer
nie? Ek het aan UNISA die Nasionale Diploma
vir Entrepreneurskap verwerf. As jou kin-
ders uit die skool is en die leë nes-
sindroom jou wil-wil beetpak, moet jy
maar iets doen om te voel dat jy nie agter-
bly nie. Ek wou graag my ervaringsveld
en aanwending in die onderwys verbreed
en het gedink dat ek net eenvoudig te min
weet van die ekonomie en die bydrae wat
ek kan lewer om my land te help om op
hierdie gebied ook sukses te behaal. Daar
sal nooit in my lewe ‘n tydstip kom wat
ek ALLES weet en nie meer iets kan leer
by iemand of van iets nie!!!
Ons onthou dat Juffrou so jaar of drie
gelede aan die stuur van netbal was toe
ons eerstespan die SA kampioene was.
Nou hoor ons Juffrou is vanjaar ywe-
rig betrokke by redenaars. So is dit
nou sport of kultuur of net ‘n goeie
balans in die lewe? As kind is ek deur my ouers geleer dat
‘n gesonde liggaam ‘n gesonde gees
huisves. Ek het dus van kleins af ruim
aan sport en kultuur deelgeneem en dan
het die akademie ook nie agtergebly
nie. As volwassene het ek dus baie ver-
skillende hoede wat ek kan dra en is ek
gelukkig om hulle af te wissel sodat my
gees gesond en positief kan bly.
Balans of nie, ons weet akademie bly
vir Juffrou No 1. Gee nou so bietjie
vir ons ‘n wenk – wat maak ‘n wen
NW-Ekspo?
HARDE WERK!!! Jy kan nie in een
dag of selfs in een week hierdie taak
saamflans nie. Hoe meer tyd jy afstaan
en hoe deegliker jy die taak uitvoer, hoe
beter sal die punte wees. Geen geheim –
jy SAL NET baie tyd en aandag hieraan
moet wy. “GEEN LUISE NIE!”
Vertel ons bietjie van die Wylie gesin.
Wie is wie en wat doen julle om in
Juffrou se besige skoolprogram da-
rem tyd vir mekaar te maak? En sê
bietjie iets vir ons van “ouma”
Ena??? My twee seuns is albei al getroud met
pragtige vrouens. Ek het dus eintlik
vier kinders en nie net twee nie!!! My
oudste seun is Nasionale Bestuurder by
ER24 en sy vroutjie (want sy is baie
petite) is ‘n spesialis in Trauma. Hulle
woon in die Kaap en het net twee honde
-kinders. My ander seun (dis nou die
baba) is getroud en bly in Pretoria. Hy
was gaaf genoeg om my Ouma te maak
op 1 Desember verlede jaar. Sy pragtige
dogtertjie, Joané het ons lewens kom
verander. Ons is baie lief vir ons kin-
ders. O ja, die ander man in my lewe,
is die Baas van die Plaas!! My man, wat
ek op Onderwyskollege ontmoet het,
het die SANDF getrotseer vir ‘n leef-
tyd, maar is nou voltyds die een wat
die pot aan die kook hou by die huis
terwyl ek by die skool is. Ons probeer
om elke dag vir mekaar ‘n tydjie in te
ruim en ons deel graag dinge wat met
ons gebeur. Ons plaas ‘n groot premie
op kommunikasie en belangstelling in
mekaar se doen en late – of dit suksesse
of struikelblokke is – ons deel daarin.
Juffrou is al ‘n tydjie in die onderwys
en dinge het in die onlangse tye baie
verander. As Juffrou vir eendag
skoolhoof kan wees, wat sal Juffrou
doen? Ek sal nie rêrig hierdie werk wil hê nie,
selfs nie net vir een dag nie, maar as ek
moet sê, sal ek net sê : “Wees jouself en
doen aan ander wat jy graag aan jou-
self gedoen wil hê” , want elke wese
in ons samelewing is deur God geska-
pe en het goeie kwaliteite waarvoor
ons nie blind moet wees nie. God ska-
pe elke wese uniek en jy moet die oë
wat Hy vir jou gegee het, gebruik om
die goeie in ander raak te sien en nie
om fout te vind of te kritiseer nie. So-
doende kan jy mense (kinders of
grootmense) aanspoor tot samewer-
king en sal sukses lei tot groter suk-
sesse.
Gepraat van ‘n tydjie in die onder-
wys. Wat staan na al die jare vir
Juffrou uit in Juffrou se loopbaan? Dis altyd lekker om GOUD te ver-
werf, maar daar was baie geleenthede
wat die goue randjie om die donker
wolke van mislukking baie meer bete-
ken het as die medalje op die podium.
‘n Paar gunstelinge- * Kosgereg – VIS of enigiets uit die
see
* Tydverdryf – Naaldwerk of eerder
borduurwerk en moenie die popspeel
met my kleindogter vergeet nie want
dit verg baie tyd.
* Kleur – Groen (olyf)
* Vakansieplek – By die see !!!!!!
* Persoon – Einstein!!!
Daar is al klomp Garsies onder
Juffrou se hand deur en as
ons so na die getalle kyk gaan
daar nog ‘n hordetjie of twee volg.
Met watter boodskap wil Juffrou
elke Garsie die toekoms instuur?
Moenie vir enige uitdaging terug-
staan nie!! As jy die geleentheid aan-
gryp, sal die toekoms blink wees.
-------WICUS
Juffrou Wetenskap—Juf. Ena
MY KRIEKET SPAN Eerste is Zandré Nel Hy was my eerste pel. Stefan is tweede Hy kolf altyd eerste.
Ruan slaan altyd die mee-ste En sy enkels was die seerste Otto is die slimste in die span Hy sê vir ons: "Ons kan!"
Joshua het die bal gedraai En Uli laat die bal swaai En nou is dit ek wie julle ken En ek glo saam kan ons DIE WÊRELD BEKER WEN
Liam Swart
Sjoe, maar ons menere lyk netjies met hulle strikdasse!!
Ons Tromp-poppies is in die nuus!
Die senior revue is opsoek na 'n nuwe naam. 'n Naam wat vir jare kan bly staan. 'n Naam wat dit wat ons doen en ons spangees saamvat. Kom gooi jou idee vir 'n naam by juffrou Ioanita in 'n boks.
Stephan de Jongh en Ewald Vorster is druk be-sig om woode op te soek in die Afrikaanse De-partement se spik-splinternuwe woordeboeke.
Jy kan wen!! Revue-kompetisie
Eerste daggie in die grootSkool
Op Dinsdag, 10 Januarie 2017, het ons nuwe Graad 1 Leerders hulle eerste daggie by die “grootskool” deurgebring. Die rooi tapyt was uitgerol voor die saal en die al die Leiers het bont gestaan om ouers en leerders na die regte registerklasse te neem waar die ouers ook die nuwe Juffrou kon ont-moet. Die Garsman het voor die saal se deure gewag en baie kinders wou saam met hom afgeneem word. Een klein seuntjie het almal laat skater van die lag toe hy opgewonde vir sy pa geskree het: “Daddy, daddy I want a picture with the alien!” Die Garsman het deur die loop van die og-gend by elke klas besoek afgelê vir ‘n klasfoto. Hy het ook vir elke leerder ‘n botteltjie wat soos ‘n gloeilamp lyk en wat vol lekkers was, uitgedeel in lyn met die Leier tema van Liefde – “ Garsies straal Liefde uit” . Die ouers is nadat hulle in die klasse was in die Saal deur Mnr. Snyman verwelkom en na die saalfunksie is daar heerlike koffie en tee bedien. ‘n Paar van die Leiers het in baie goeie kelners uitgedraai en selfs van die seuns het hulle skottelgoedwas-talent in die kombuis uitgestal. Duisende dankies aan almal wat gehelp het om op hierdie dag vir die nuwe ouers te wys dat Laerskool Garsfontein nie verniet die beste Afrikaanse Laerskool is nie.—Deon
Boodskap van die GARSIEMAN
Sjoe, dit is lekker om die Garsieman te wees. Dit was nog lekkerder om al die nu-we maats te verwelkom. Somtyds skrik hulle vir my, maar ek weet hulle is eintlik lief vir my. Die lekkerste van Garsieman wees is de-finitief al die lekker drukkies wat ek kry. Ek voel ook nogal belangrik dat so baie mense foto’s saam met my wil neem. Ek hou nie baie daarvan as maatjies hulle hande in my mond wil druk nie, want ek kry skaam. Ek kan nie onthou of ek elke oggend my tande geborsel het nie… Maar, Garsfontein se Garsieman is die lekkerste werk op aarde.
Die skooljaar het skaars begin of man en muis in Garsie-land het op Vrydag, 13 Januarie, op die atletiekbaan vergader om te wys hul laat in 2017 geen gras onder hul voete groei nie. Ten spyte van die hitte, was die gees op die pawiljoen aansteeklik, met al die graadgroepe wie mekaar lekker aangespoor het. Almal vanaf graad 2 tot graad 7 het deelgeneem en die spanne se kleure het pragtig gelyk op die baan. Die bane is omtrent aan die brand gehardloop, wat groot dinge be-lowe vir die atletiekseisoen van die jaar. Janique
Netbal en Rugby—ons word fiks Die vakansie is verby en om die jaar goed af te skop het die netbal en rugby fiksheid alreeds begin in die 1ste week. Al die vakansie se lekkernye en niks doen word afgeskud om hulle reg te maak vir die besige sport-seisoen wat voorlê!! Daar is ʼn groot verwagting hierdie jaar dat die netbal en rugby spe-lers baie goed gaan presteer. Enige kinders wat nog wil inskakel by die rugby of netbal volg die tye op die Garsie-Kommunikeerder. Eerste proewe begin reeds 13-17 Februarie en almal is welkom om deel te neem.
Laerskool Garsfontein wens die afrigters en spelers baie sterkte toe
vir die seisoen en wedstryde. –Nina
Die atletiekseisoen begin
S W E M
Ons swemmers oefen sommer lekker vroeg in die og-gend om gereed te maak vir die seisoen wat voorlê
SKAAKMAT! Skaak is 'n wonderlike sport wat lekker is om te speel en jou baie help met jou konsentrasie. 'n Ware oorlogspel wat al 1500 jaar gele-de gespeel is. Dit word deur twee spelers gespeel wat probeer om mekaar ooruit te lê deur gebruik te maak van taktiek en strategie. Die Graad 4- tot 7-leerders word afgerig deur Mnr. Justin Wilken el-ke Woensdag vanaf 13:45-15:30 in die Mediasentrum. Die Graad 1- tot 3-leerders word deur Juffrou Rose elke Maandag vanaf 13:15-14:00 in die Mediasentrum af-gerig. Mnr. Justin sê altyd dat skaak is nie 'n sport is nie maar 'n leefstyl. Die lewe is 'n skaakspel wat ons almal moet speel. Dit is net soveel makliker as mens die reëls leer en goeie afrigting kry. -Leané
TENNIS Seuns Jan-Hendrik Jordaan, Liam Swart (k) Jacques Janse van Rensburg en Koot van der Merwe. Meisies: Lize-Marie Rheeder, Jana Davel (k), Zelise Theron en Francé Swanepoel.