4
11 HerFS 2018 | TaalgenooT Wegsteek én wys DIE KUNSTENAAR LEANNE OLIVIER GEBRUIK ASSTOF OM HAAR MODELLE SE LYF MEE TE BEDEK EN SODOENDE NUWE BETEKENIS TE SKEP ... GEDIERTES I, 2016, OLIE OP HOUT (40 X 30 CM), DEEL VAN GEDAANTEVERWISSELING IN DIE RUST-EN-VREDE-GALERY IN 2016.

Wegsteek én wys - art...buiteland, Michaël Borremans en Gottfried Helnwein. DEUR: JOHAN MYBURG FOTO’S: CHRISTO NIEMANDT ASH AND SALT (DETAIL), 2017, OLIE OP DOEK, …

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Wegsteek én wys - art...buiteland, Michaël Borremans en Gottfried Helnwein. DEUR: JOHAN MYBURG FOTO’S: CHRISTO NIEMANDT ASH AND SALT (DETAIL), 2017, OLIE OP DOEK, …

11 HerFS 2018 | TaalgenooT

Wegsteek én wysDIE KUNSTENAAR LEANNE OLIVIER GEBRUIK ASSTOF OM HAAR MODELLE SE LYF

MEE TE BEDEK EN SODOENDE NUWE BETEKENIS TE SKEP ...

GEDIERTES I, 2016, OLIE OP HOUT (40 X 30 CM), DEEL VAN GEDAANTEVERWISSELING IN DIE RUST-EN-VREDE-GALERY IN 2016.

Page 2: Wegsteek én wys - art...buiteland, Michaël Borremans en Gottfried Helnwein. DEUR: JOHAN MYBURG FOTO’S: CHRISTO NIEMANDT ASH AND SALT (DETAIL), 2017, OLIE OP DOEK, …

12 TaalgenooT | HerFS 2018

OPPIRAK

D ie gedaantes wat Leanne Olivier in olieverf en ander media op doek vasvang, kan, sodra jy jou rug draai, ’n ander vorm begin aanneem. Só

voel dit, in elk geval. Of hulle verroer dalk ongemerk ’n spier – en maak ’n mens bewus van die oomblikke vóór en nadat die beeld in verf verewig is.

Dit is nie om dowe neute dat haar eerste solo-uitstalling, in 2016 in die Rust-en-Vrede-galery, Gedaanteverwisseling, geheet het nie. Leanne bevraagteken geykte idees van vastigheid en dogmatiese waarhede. Sy stel dit as ’t ware op losse skroewe om nuwe begripsmoontlikhede te skep.

Verlede jaar het sy met twee portrette, Theia en Ash and Salt, die beoordelaars van die Sanlam-portretkompetisie beïndruk en ’n tweede solo-uitstalling, Extrinsic/Intrinsic, in die Jan Royce-galery in Kaapstad aangebied. In dié uitstalling het sy maskers vindingryk gebruik om “die spel van bedekking en ontbloting” te verken.

Op vanjaar se Woordfees in Stellenbosch het sy dié konsep verder in haar solo-uitstalling m(AS)kers geneem.Taalgenoot het met haar oor dié uitstalling, haar werk in die algemeen en die skeppende proses gesels.

Wat kan ’n mens van m(AS)kers verwag? Maskers, met die idee van verberging, openbaring en rolspel, is ’n konsep wat my onophoudelik fassineer en wat ek verder wil verken. Intrinsic/Extrinsic se fokus was op portrette van modelle met kopstukke van beendere en ander organiese materiaal, sowel as kleislip (’n mengsel van klei en water). Vir Woordfees 2018 het ek klem op as as organiese materiaal gelê. Ek is geïnteresseerd in die rituele aspek wat geassosieer word met as: die dood, afsluiting, suiwering en vernuwing. Ek het in verskeie vorms met as gespeel en dit aan my modelle aangewend – as poeier, gemeng met water, houtskool in poeiervorm en gemeng met olie. Boonop het ek die as in die skilderproses geïnkorporeer.

Jy verkies om in olie te werk. Watter dimensie, ten opsigte van materialiteit, bring die klei/as na ’n portret?Die basis van olieverf verleen hom tot vloeibaarheid, verlengde tyd van droog word en spel. Dit voel of die kleislip- en asmengsels die olie kompleteer – visueel, sowel as in konteks van die tema of storie: die vloei van die liggaam; dié van slipping in and out of roles. Vir die Woordfees-uitstalling het ek aspoeier in die olieverf gemeng om dit deel van die hele proses, van model en foto tot skilderdoek, te maak.

Bring jy die asmengsel op die modelle aan of smeer hulle dit self aan? Ek vra, want jy laat modelle byvoorbeeld toe om te dans.

As bied verskeie gevoelswaardes. Ek is aangetrokke tot die onvoorspelbaarheid van die medium – die estetiese “mooi” kom vanself namate die asmengsel verander, as dit droog of krakerig raak, afval of net plek-plek vat op die vel. Ek en die model is betrokke by die aanwending van die as of asmengsel. Dit is ’n organiese proses en ek verkies dit só, want ek dink as die kunstenaar te styf aan haar idees oor die eindproduk vashou, is dit maklik om moontlike beter, of magiese, oomblikke mis te kyk. Elke mens se liggaamsbewegings is uniek en dit is elke keer vir my, sowel as vir die model, ’n ontdekkingsproses.

Watter uitdagings bied portretkuns deesdae? Daar is verskeie internasionale kunspryse spesifiek vir portretkuns. Verg dit ’n “nuwe” benadering en is dit enigsins moontlik?Die getal internasionale kunskompetisies vir portretkuns is ’n goeie aanduiding dat dié kunsvorm ná eeue steeds relevant en gesog is onder kunsliefhebbers. ’n “Nuwe” benadering? Ja en nee. Tegnologie verbeter en dit kan ’n proses beïnvloed, maar is daar selfs in postmoderne kuns enigiets nuuts onder die son? Vir my is dit juis om terug te kyk na die kunsmeesters van vorige eeue met die wete dat ek nog so baie het om te leer. Om eers al die reëls te leer soos ’n pro sodat ek dit dan kan verbreek, soos Picasso voorgestel het. Elke kunstenaar druk haar stempel of haar manier van doen in haar spesialiteitsveld af. Dit is moontlik nuut of anders. Ek dink die finale opinie, of interpretasie, berus by die persoon wat die werk besigtig.

Van die werk in Gedaanteverwisseling, wat ’n spel is

LEANNE OLIVIER BY SEHNSUCHT, 2018, OLIE EN AS OP DOEK (130 X 100 CM).

Page 3: Wegsteek én wys - art...buiteland, Michaël Borremans en Gottfried Helnwein. DEUR: JOHAN MYBURG FOTO’S: CHRISTO NIEMANDT ASH AND SALT (DETAIL), 2017, OLIE OP DOEK, …

13 SOMER 2018 | TaalgEnOOT

“EK IS GEÏNTERESSEERD IN DIE RITUELE ASPEK WAT GEASSOSIEER WORD MET AS: DIE DOOD, AFSLUITING, SUIWERING EN VERNUWING.”

THEIA, 2017, OLIE OP DOEK (130 X 100 CM).

Page 4: Wegsteek én wys - art...buiteland, Michaël Borremans en Gottfried Helnwein. DEUR: JOHAN MYBURG FOTO’S: CHRISTO NIEMANDT ASH AND SALT (DETAIL), 2017, OLIE OP DOEK, …

OPPIRAK

14 TaalgenooT | HerFS 201814

tussen die konsepte van mens, gedierte en gedrog, herinner aan Goya se werk. Mik jy na ’n “omgekeerde” van Goya waarin diere met menslike eienskappe gebruik word om die spot met sosiale instellings te dryf? Ek bevraagteken enige instelling, sosiale konstruksie of denkwyse – my eie inkluis – wat as normaal aanvaar word. Die mensdom begaan ’n fout om hom af te sonder van die “intelligensie” van die natuur. Ek is geïnteresseerd in idees oor die ooreenkomste tussen diere en mense. Dit is ’n delikate wisselwerking en dinamiek – die dier in die mens; die mens in die dier.

Skaamte oor naaktheid is nie ’n gegewe nie, maar ’n sosiaal gekonstrueerde beperking wat mense (geredelik) aanvaar. Watter rol speel klei/as in die ontmaskering van dié konstruksies? Die klei-asmengsel dien as ’n “tweede” of “kunsmatige” vel wanneer ek met ’n model in ’n fotosessie werk. Hul naaktheid word toegesmeer of bedek met die medium, maar tog steek dit steeds niks weg nie. Wat wel gebeur, en wat vir my genot in my kunsproses bring, is dat ek kan sien hoe my model ontspan en hoe hulle die juk van sosiale konstruksie afgooi. Aanvanklik gee ek leiding oor die beweging van die liggaam en plaas groot klem op diep en beheerde asemhaling. Dit is ’n proses van bewuswording van die liggaam; nie ’n bewustheid beïnvloed deur aangeleerde sosiale idees nie. Dit is eerder

’n totale bewustheid van die oomblik – om 100% teenwoordig te wees in jou liggaam. Van my modelle het al opgemerk dat dit terselfdertyd ’n buite-liggaamlike belewenis is. Daar is ’n interessante dinamiek wanneer gegewe konstruksies vergeet en die liggaam en menswees herontdek word.

Jy het in ’n onderhoud verwys na die invloed wat jou pa op veral jou denke het. Het hy jou dinge leer bevraagteken?My pa het ’n groot liefde vir lees en musiek. Ek het grootgeword met die musiek van Rodriguez en as jong meisietjie kon ek ure deurbring en na sy musiek luister en die lirieke bestudeer. Op ons boekrak was daar onder meer die onkonvensionele stories geskryf deur John Irving, sowel as Graham Hancock se boeke. Dit is ook Hancock se Supernatural wat vir my ’n wêreld oopgemaak het en my kuns steeds in ’n groot mate beïnvloed. Ek het vroeg geleer om sosiale konvensies uit te daag en te bevraagteken. Frustrasie is ongelukkig deel van alle bevraagtekening. Daarop het my pa nog altyd gesê: “It’s all the same; the bitter and the sweet.”

Wou jy nog altyd kuns gaan studeer het? Ek was van kleins af altyd op ’n missie met verskeie kreatiewe projekte en het myself in verbeeldingryke wêrelde uitgeleef. Direk ná skool het ek die korporatiewe wêreld betree, maar baie vinnig besef dit is nie vir my nie. Dit het my wel belangrike sakebeginsels geleer.

Jy het aan die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) gestudeer. Wie was jou dosente?As daar een persoon is wat ’n ongelooflike impak op my kuns gehad het, is dit die kunstenaar en dosent Jan van der Merwe. Sy wyshede en manier van dink laat ’n permanente indruk: Om stil te word en die poëtiese oomblikke te sien en te skep; dat alle kunswerke eintlik ’n selfportret is. TUT se dosente – in die tyd toe ek daar was – was uitstekend in hul veldgebied en meer as enigiets leer hulle studente om vir hulself te dink. Die buitelandse kunswêreld is deesdae veel toegankliker. Beplan jy om dit verder te ondersoek?Beslis, en dit is wonderlik! Ek het nooit gedink dat my skilderye hul tuiste in Switserland, die VSA, Australië en Brittanje sal vind nie! Ek sal graag in die nabye toekoms ’n solo-uitstalling oorsee wil doen. Watter kunstenaars hou jy dop of is vir jou ’n bron van inspirasie?Dit is moeilik. As ek my top topkunstenaars moet noem na wie ek voortdurend terugkeer: die Suid-Afrikaners Frikkie Eksteen, Rina Stutzer en Angus Taylor en, in die buiteland, Michaël Borremans en Gottfried Helnwein.

DEUR: JOHAN MYBURGFOTO’S: CHRISTO NIEMANDT

ASH AND SALT (DETAIL), 2017, OLIE OP DOEK, (130 X 100 CM).