24
VrydagNuus 7 MAART 2014 www.kaapkerk.co.za Teken In II Teken Uit WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF Eenheidsideaal vir kommunikasie in Kaapkerk Met die ontstaan van die Sentrum vir Kommunikasie in 2000, was die ideaal dat dit die eenheid tussen die NGK en VGK sou dien. Vandaar ook die domein-naam van @kaapkerk.co.za en nie @ngkerk, of so iets nie. Ons het tans 'n stewige databasis van VGK-adresse. Alle kollegas uit die NG Kerkfamilie is welkom om in te teken op die weeklikse VrydagNuus – stuur asseblief jou naam en van, kontaknommer en e- posadres na [email protected] . SINODALE NUUS Communitas: Kursus vir Lidmaatpredikers Gemeentelid, kerkraadslid, kleingroepleier: as jy nie teologies opgelei is nie, maar jy word toenemend gebruik (of jy voel die roeping daartoe) om mense te bedien met God se Woord deur prediking of verkondiging, is hierdie kursus (23-24 Mei in Brackenfell) vir jou bedoel. Dit is 'n amptelike Communitas-kursus, aangebied deur Guillaume Smit en Brian Handel. Lees hier meer. ALGEMENE NUUS EN INLIGTING Met simpatie... Ons betoon graag ons opregte simpatie met dr Kobus Gerber van die Algemene Sinode. Sy moeder, me Eunice Gerber, is op 2 Maart in die ouderdom van 89 jaar oorlede. 'n Dankdiens, gelei deur Kobus en met 2 Kor 4:16–2 Kor 5:10 as Skriflesing, het op Woensdag 5 Maart vanuit

Web viewStephan van der Watt laat weet dat 'n nuwe organisasie “Mission Africa” in Junie vanjaar op die been gebring word om te ... mobiele toilette, OTM

  • Upload
    lamdien

  • View
    255

  • Download
    5

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Web viewStephan van der Watt laat weet dat 'n nuwe organisasie “Mission Africa” in Junie vanjaar op die been gebring word om te ... mobiele toilette, OTM

VrydagNuus7 MAART 2014www.kaapkerk.co.za

Teken In II Teken Uit

WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF

Eenheidsideaal vir kommunikasie in KaapkerkMet die ontstaan van die Sentrum vir Kommunikasie in 2000, was die ideaal dat dit die eenheid tussen die NGK en VGK sou dien. Vandaar ook die domein-naam van @kaapkerk.co.za en nie @ngkerk, of so iets nie. Ons het tans 'n stewige databasis van VGK-adresse. Alle kollegas uit die NG Kerkfamilie is welkom om in te teken op die weeklikse VrydagNuus – stuur asseblief jou naam en van, kontaknommer en e-posadres na [email protected].

SINODALE NUUSCommunitas: Kursus vir LidmaatpredikersGemeentelid, kerkraadslid, kleingroepleier: as jy nie teologies opgelei is nie, maar jy word toenemend gebruik (of jy voel die roeping daartoe) om mense te bedien met God se Woord deur prediking of verkondiging, is hierdie kursus (23-24 Mei in Brackenfell) vir jou bedoel. Dit is 'n amptelike Communitas-kursus, aangebied deur Guillaume Smit en Brian Handel. Lees hier meer.

ALGEMENE NUUS EN INLIGTINGMet simpatie...Ons betoon graag ons opregte simpatie met dr Kobus Gerber van die Algemene Sinode. Sy moeder, me Eunice Gerber, is op 2 Maart in die ouderdom van 89 jaar oorlede. 'n Dankdiens, gelei deur Kobus en met 2 Kor 4:16–2 Kor 5:10 as Skriflesing, het op Woensdag 5 Maart vanuit die NG Gemeente Harmonie in Sunnyside, Pretoria, plaasgevind. Mag spesiale herinneringe u familie vertroos in u groot verlies – Red.

1. US Teologie: Konferensie oor GrondhervormingDie US Fakulteit Teologie bied op 25 en 26 Maart 'n konferensie oor Grondhervorming aan. Die konferensie vind van 08:30-18:00 in die Hofmeyr-lesingsaal by die fakulteit plaas. Registrasiefooie beloop R50. Kontak Estelle

Page 2: Web viewStephan van der Watt laat weet dat 'n nuwe organisasie “Mission Africa” in Junie vanjaar op die been gebring word om te ... mobiele toilette, OTM

Muller by [email protected] of 021 808 3626 voor 20 Maart om te registreer. Die program is by NUUT op www.kaapkerk.co.za beskikbaar.

2. Stories van #imagineVan die VGK Kraaifontein skryf ds Mike Maatjan: “In ons gemeenskap is tans 11 uiters dankbare tieners wat binnekort die #imagine Jeugfees (21-23 Maart) bywoon. Hulle is opgewonde om nuwe maats vanuit ander kulture en agtergronde te ontmoet, nuwe waardes aan te leer en die Here te loof en prys saam met duisende ander jongmense. Hulle groot dankbaarheid is teenoor die NG Gemeente Stellenberg, wat almal ten volle borg. Die outjies glo dat Stellenberg waarlik uitreik oor alle grense. Alle eer aan die Heer!” Sien www.imaginemovement.co.za vir meer inligting – en word deel van die droom!

3. Verkiesingsdag (7 Mei) is Openbare Vakansiedag'n Herinnering: Woensdag 7 Mei 2014, die dag van die algemene verkiesing, is deur pres Jacob Zuma tot openbare vakansiedag verklaar. Die Staatskoerant (no 13/2014) het soos volg hieroor berig: “In terms of section 2A of the Public Holidays Act, 1994 (Act No 36 of 1994), I hereby declare the seventh day of May 2014 as a public holiday throughout the Republic.” Hou dit ingedagte in julle beplanning, asseblief.

GEMEENTES BIED AAN1. Wêreldbiddag vir Vroue Verskeie gemeentes bied byeenkomste en bidure rondom die Wêreldbiddag vir Vroue aan. Ons herinner aan die tema Strome in die Woestyn, soos opgestel deur die vroue van Egipte. Dit is 'n ekumeniese geleentheid waaraan vroue uit ongeveer 160 lande jaarliks deelneem. Meer oor die Wêreldbiddag is by www.wwdp.co.za. 1.1 NG Gemeente ToringkerkToringkerk se biduur is om 13:00 op Vrydag 7 Maart in die Toringkerk, Hoofstraat, Paarl. Dit word gelei deur Jeanne Cillié, die voormalige voorsitter van die Vrouediens van die Wes-en-Suid-Kaapse NG Sinode.

1.2 NG Moedergemeente George'n Wêreldbiddag vir Vroue-byeenkoms vind op Vrydag 7 Maart om 13:00 in die kerkgebou plaas. Die spreker by die geleentheid is Roselle Crafford en 'n deurkollekte ten bate van Wêreldbiddag vir Vroue sal opgeneem word.

2. Kerk en Geregtigheid by Groote Kerk, KaapstadDie Groote Kerk nooi alle kollegas en vriende uit om saam met hulle te droom oor hoe 'n wêreld lyk waar God se Koninkryksbeginsels prakties uitgeleef word. Die Kerk en Geregtigheid-konferensie vind van 14-16 Maart plaas. Hulle wil verhale van hoop deel en mekaar aanmoedig om kreatief soekend na die Koninkryk van God in gemeenskappe te leef. Dié konferensie is nou ook vir VBO-punte geakkrediteer. Aangeheg is meer. Sien ook NUUT by www.kaapkerk.co.za.

Page 3: Web viewStephan van der Watt laat weet dat 'n nuwe organisasie “Mission Africa” in Junie vanjaar op die been gebring word om te ... mobiele toilette, OTM

KEN JOU AFKORTINGSHier is weer enkele afkortings wat gereeld in die kerklike omgewing gebruik word en dalk nie oral ewe bekend is nie. Stuur gerus voorstelle van afkortings waaroor jy meen ons behoort te berig, na [email protected].

1. STDHierdie afkorting verwys na die Sinodale Taakspan Diensverhoudinge. Hulle vorm deel van die Diensgroep Ondersteuningsdienste en Leon Venter is die voorsitter. Lees meer.

2. VBOVBO is die afkorting vir Voortgesette Bedieningsontwikkeling, vir predikante aangebied deur die drie VBO-instansies (Communitas/Ekklesia, Shepherd en Excelsus). VBO gaan oor 'n dieper verstaan van die evangelie, predikante se ingesteldheid teenoor hul roeping en oor die slyping van bedieningsvaardighede. Lees onderaan meer hieroor én hou die jongste Kruisgewys dop!

3. GHBMDie hoofdoel van die Goeie Hoop Behuisingsmaatskappy (GHBM) (tans deel van die Diensgroep Armoede en Sorg) is om wonings, woonstelle en inrigtings vir bejaardes; tuistes en enige ander soort woon- of verblyfplekke in stede, dorpe of op die platteland te verkry, op te rig, te verskaf en in stand te hou. Dit sluit verblyf vir sorgbehoewendes soos siekes, verswaktes en persone met gebreke in. Kontak Marius Wethmar by 021 957 7170 vir meer inligting oor hulle werksaamhede.

PREDIKANTENUUSKobus Cilliers van Suider-Strand Emeriteer (Nie)Kobus Cilliers (Opdrag Projek Goeie Hoop) se datum van aftrede was 28 Februarie 2014. Hy is op 3 Maart 1984 in die VGK (ou NGSK) Kenhardt bevestig – 'n volle 30 jaar gelede. In Januarie 2003 is hy vir die uitreik na Moslems in die Helderberg-kom bevestig. Die bediening is toe voortgesit onder die naam Projek Goeie Hoop. Vir Kobus is daar min sprake van aftree – hy is nog altyd passievol betrokke by die bediening onder Moslems, word wyd aangewend vir toerusting en uitreike, en woon steeds in die Strand. Kontak hom by [email protected].

* Tree jy, of 'n kollega in ons sinode, binnekort af? Laat weet ons asseblief daarvan by [email protected]. So kan ons kontak hou en VrydagNuus se lesers oor kollegas se doen en late ingelig hou.

EKOLOGIENG Die Strand is Eko-vriendelik!

Page 4: Web viewStephan van der Watt laat weet dat 'n nuwe organisasie “Mission Africa” in Junie vanjaar op die been gebring word om te ... mobiele toilette, OTM

Een van die eerste NG-gemeentes wat as SAFCEI eko-gemeente geregistreer is, was Die Strand. Hulle het 'n merkwaardige herwinningsprogram begin en die man wat voor vat en ken van moue oprol, is dr Dirk Willem van der Zel, of soos hy onder die gemeentelede bekend staan, Dokdiek. Lees gerus verder. (Met dank oorgeneem uit SAFCEI se nuusbrief van Maart 2014). Sien ook SAFCEI-nuus by Vakatures ondertoe.

NUUSBRIEWE EN PAMFLETTE1. Missie Japan: Getuienis-vennootskap brei uitStephan van der Watt laat weet dat 'n nuwe organisasie “Mission Africa” in Junie vanjaar op die been gebring word om te help in die getuienis-vennootskap van die NG Kerkfamilie en die Reformed Church in Japan (RCJ) met die stuur van sendelinge vanuit Japan om in SA te werk. Hierdie inisiatief het dienswerk en getuienis as spesiale fokus. Stephan-hulle besoek SA in Julie-September om meer te vertel. Klik hier.

2. Lees in Kerkbode van 7 Maart...In hierdie uitgawe skryf dr Jerry Pillay, president van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke, oor sy rol as mediator in die herenigingsproses van die NG Kerkfamilie. Daar word ook nagedink oor die krag van klein gemeentes. (in die gees van die Nasionale Kleingemeente Konferensie op 24-26 Maart by die Gariepdam).Lees ook:

Sterwe om te kan lewe Nobuntu het baie om oor te sing Ebert oor kanker en die doel daarvan

3. Bybel-Media NuusHierdie week laat weet Hans Steyn vanuit Drakensville by die KZN-predikantekonferensie: die fokus in BM se nuusbrief is op die jongste Kerkbode met die Nuwe Hart-bylaag en die eerste uitgawe van Kruisgewys 2014. Belangstellendes kan hier klik.

4. Shepherd’s Square NuusbriefGerhard Botha skryf in die jongste nuusbrief van Shepherd (die Universiteit van die Vrystaat se sentrum vir die begeleiding van geestelike leiers) oor vyf eienskappe van “groot dominees in klein gemeentes”. Lees gerus hieroor by NUUT op www.kaapkerk.co.za.

FUNKSIES EN FEESTELIKHEDE1. NG Gemeente Velddrif: BasaarVelddrif hou op Saterdag 15 Maart basaar in hul kerksaal. Ontbyt, pannekoek en poeding reeds van vroeg af beskikbaar; vanaf 09:30 kan almal heerlik kuier. Allerlei basaar lekkernye, wat selfs melkkos, 'n afvalpotjie, seekostafel en

Page 5: Web viewStephan van der Watt laat weet dat 'n nuwe organisasie “Mission Africa” in Junie vanjaar op die been gebring word om te ... mobiele toilette, OTM

mosbolletjies insluit; 'n marktafel met interessantste items; breigoed; groete en vrugte; 'n kindertafel; vars vleis; braaivleis vir middagete; 'n veiling... Almal welkom! Navrae: Linda 022 783 0005 of 082 738 3454.

2. NG Gemeente Stellenberg: BasaarStellenberg hou basaar op Vrydag 7 Maart om 16:00. Dit sluit 'n potjiekoskompetisie met lekker baie afval (en ander potjies) om van te eet / hoender en slaai / hamburgers / boereworsrolle / jaffels / pannekoeke en meer in. Prettige kindervermaak. Kom kuier saam met ons, nooi hulle.

3. NG Gemeente Franschhoek: FeesmarkFranschhoek hou 'n allerheerlike Feesmark op Vrydag 7 en Saterdag 8 Maart. Vrydagaand kuier hulle vanaf 18:00 gesellig onder die bome met geure en kleure na elkeen se smaak. Saterdagoggend begin hulle om 09:00 met die plaaslike mark waar uitstallers handgemaakte produkte verkoop. Die gemeente voorsien weer al die eetgoed en lekker kindervermaak. Lees hier meer...

4. NG Gemeente Suider-Paarl hou Familiefees!Uit die Paarl ontvang ons nuus oor 'n gróót Familiefees wat van 08:00 – 23:00 op 14 en 15 Maart by De Poort, Suider-Paarl, plaasvind. Met 'n

enorme groot tent, verskeie kunstenaars en uitstallings van veteraan- en ander motors, stalletjies, die allerlekkerste eetgoed, connoisseur koffie,

hope kindervermaak en meer! Onderaan is meer hieroor.

5. NG Gemeente Merweville: DankfeesMerweville nooi almal nou reeds uit na hulle Dankfees gedurende die naweek van 2-4 Mei. Hierdie gemeente bestaan slegs uit 145 lidmate; hulle woel en werk dus behoorlik om 'n dankfees van so 'n formaat geslaagd aan te bied. Die hele week voor die Dankfees is skoolvakansie; des te meer rede om die Koup se gasvryheid vir 'n dag of drie te gaan geniet! Vleisbestellings moet voor 25 April afgehandel wees. Sien al die interessante inligting by NUUT op www.kaapkerk.co.za en skakel Esther by 023 501 4061 / 084 962 2727.

VAKATURESVakatures op Kerkbode se webbladHeelwat vakante poste oor die land heen is tans beskikbaar. Die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante is by www.kerkbode.co.za. Klik by Amptelik – Vakatures.

1. NG Kerk in SA: PSD Armoede en Sorg 'n Herinnering: die Sinode van die NG Kerk in Suid-Afrika (Wes-en-Suid-Kaapland) maak die vakature vir ’n PSD in die Diensgroep vir Armoede en Sorg bekend en nooi alle belangstellendes wat daartoe geroepe voel om hulle vir hierdie pos beskikbaar te stel. Aansoeke word ingewag voor 20 Maart. Klik hier vir meer inligting.

Page 6: Web viewStephan van der Watt laat weet dat 'n nuwe organisasie “Mission Africa” in Junie vanjaar op die been gebring word om te ... mobiele toilette, OTM

2. SAFCEI: Bestuurder vir Eko-gemeentes in Suider-AfrikaDie Southern African Faith Communities’ Environment Institute (SAFCEI) is 'n nie-regeringsorganisasie van verskillende geloofsgemeenskappe, saamgebind deur hulle besorgdheid oor omgewingsake. SAFCEI het tans 'n vakature vir die posisie van Regional Eco-congregations Manager, gebaseer in die nasionale kantoor in Westlake, Kaapstad. Meer oor hierdie opwindende geleentheid, met 'n sluitingsdatum van 10 Maart, is aangeheg.

3. NG Gemeente La Rochelle: MusiekleierLa Rochelle Gemeente is 'n makrogemeente in Bellville. Die gemeente se oggenddiens het 'n meer klassieke spiritualiteit/aanbiddingstyl en die aanddiens 'n meer kontemporêre spiritualiteit/aanbiddingstyl. Hulle het tans 'n vakature vir 'n musiekleier. Doen aansoek voor 15 Maart 2014 en lees onderaan meer.

WÊRELDNUUSNamibië teen Geslagsgebaseerde Geweld Donderdag 6 Maart 2014 is 'n nasionale dag van gebed teen geslagsgebaseerde geweld in Namibië. Gebedsgeleenthede word landswyd gehou, geen drank is te koop nie en kerke is gevra om hulle kerkklokke teen 13:00 vir 'n minuut lank as simboliese gebaar te lui. Belangstellendes kan onderaan meer hieroor lees. (Dankie, Feldmuis.)

Ten SlotteTerwyl ons Dinsdagaand by die drie-dag Conventus van Reformatoriese Kerke in die kerkgebou van die Calvynse Protestantse Kerk in Athlone sit, skiet hulle 'n 16-jarige seun buite die kerkgebou dood. Enigste kind van 'n enkel-ma. Die vyfde soortgelyke sterfgeval die afgelope vier weke in die omgewing van die prominente kerkgebou. Die plaaslike dominees, pastore en imams gaan staan tussen die ontstelde mense: luister na hulle woede; hoor hulle weeklaag; praat met die polisie, met die leiers; raadop met 'n troostelose ma – en hoor hulle: ons kan nie meer nie! Julle kerke moet nou iets doen.

Vanaand, terwyl ek hier skryf, is die godsdiensgemeenskap in die groot kerkgebou byeen, brand kerse, sing, huil en bid saam tot God om hulp...

Ken ons mekaar se smart – die konteks van vrees waarin baie van ons broers en susters en hulle kinders woon?

Ben du ToitMarieta Visagie

Sentrum vir Kommunikasie Privaatsak X8, Bellville, 7535 Tel: 021 957 7195

Page 7: Web viewStephan van der Watt laat weet dat 'n nuwe organisasie “Mission Africa” in Junie vanjaar op die been gebring word om te ... mobiele toilette, OTM

Faks: 021 957 7197 [email protected]

-------------------------------------------------------------

COMMUNITASLIDMAATPREDIKERKURSUS

As jy nie teologies opgelei is nie, maar jy word toenemend gebruik (of jy voel die roeping daartoe) om groepe mense te bedien met God se Woord deur prediking of verkondiging, is hierdie kursus vir jou bedoel. Enige gemeentelid, kerkraadslid, kleingroepleier of enigiemand wat betrokke is by die bediening van sy/haar gemeente is welkom om hierdie kursus by te woon.

Tydens die kursus word jy geleer wat geloofskommunikasie is, hoe om die Skrif uit te lê met die oog op prediking, en hoe om 'n preek saam te stel. Ons gebruik 'n preekmodel wat deur Andy Stanley ontwikkel is as uitgangspunt. Die kursus word aangebied deur dr Guillaume Smit en ds Brian Handel.

Hierdie kursus is 'n amptelike Communitas-kursus en kursuslede ontvang 'n geakkrediteerde sertifikaat na afloop van die kursus.

WANNEER: 23-24 Mei 2014 vir die eerste kontaksessie; daarna 'n sesmaande tuiswerk proses.WAAR: NG Gemeente Brackenfell-WesKOSTE: R250.00 (kursusgangers moet asb self reël vir verblyf)BESPREKING: Divine Robertson ([email protected] of 021 808 3265)NAVRAE: Guillaume Smit ([email protected] of 083 306 1561)

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------

VBO-KURSUSSE & KONFERENSIESDie NGK het ʼn sterk besluit oor VBO: alle leraars moet ten minste 50 uur voortgesette leer per jaar doen. Vir meeste leraars behels dit dat hulle jaarliks kyk watter kursusse beskikbaar is en dan een of twee kies.

Hierdie keuse word dikwels op ʼn baie pragmatiese manier gedoen – agv persoonlike belangstelling, sentimente oor aanbieders, tye wat inpas en logistiek wat nie te onmoontlik is nie.

VBO bied daarom ʼn aantal driedag-kursusse of werkswinkels en enkele tweedag-kursusse aan wat handel oor ʼn verskeidenheid van onderwerpe. In die meeste van hierdie werkswinkels sal daar ʼn aanbieding van nuwe inhoude of

Page 8: Web viewStephan van der Watt laat weet dat 'n nuwe organisasie “Mission Africa” in Junie vanjaar op die been gebring word om te ... mobiele toilette, OTM

perspektiewe wees, maar ook tyd vir vrae en gesprekke oor toepassing en implementering.

Die program vir 2014 bevat: • ’n aantal bestaande driedag-kursusse wat op versoek herhaal word; • ’n hele paar nuwe driedag-kursusse (waaroor ons baie opgewonde is!) – o.a. drie kursusse wat aangebied word deur bekende leraars van buite ons streek (Nelus Niemandt, Dirkie van der Spuy en Gerhard Botha) en die pas-afgelope een oor Geloof en Wetenskap wat 'n baie goeie evaluasie gekry het;• die Winterskool wat vanaf 10–12 Junie saam met Ekklesia en die Fakulteit aangebied sal word. Die tema vir 2014 is: Christus die Hoop vir Afrika/Christ, the Hope for Africa.• Dan is dit met groot vreugde dat ons van die kant van die drie VBO-instansies (Communitas/Ekklesia, Shepherd en Excelsus) die instelling van ’n gevorderde sertifikaat in Bedieningsvernuwing aankondig. Die bedoeling met die sertifikaat is om aan leraars wat behoefte daaraan het ’n meer inklusiewe en omvattende reeks kursusse aan te bied wat hulle op ’n veel breër front gaan heroriënteer t.o.v. van ons bedieningseise vandag.

Die kursus bestaan uit nege samehangende blokke wat oor ’n periode van drie jaar gedoen word – drie blokke per jaar – en ons op die belangrikste fasette van die bediening heroriënteer. Die gedagte is dat ons volgende jaar met die eerste drie blokke begin.

Ons bied die program aan met die gebed dat dit leraars van die kerk mag motiveer, sterk en bekwaam maak vir die wonderlike roeping wat die Here “uit onverdiende goedheid aan ons toevertrou het”.

VBO gaan oor die verdieping van ons verstaan van die evangelie, ons ingesteldheid teenoor ons roeping en oor die slyping van ons bedieningsvaardighede.

Dit gaan veral ook oor konstante leerbaarheid: oor die moed om in nuwe situasies in te gaan met die vertroue dat die Here ons kan leer en ’n weg kan wys wat ons nie nou helder sien nie.

Kontak Wilma le Roux by 021 808 3624 of [email protected] vir meer inligting of om in te skryf.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

GROOTE KERKKERK EN GEREGTIGHEID

Page 9: Web viewStephan van der Watt laat weet dat 'n nuwe organisasie “Mission Africa” in Junie vanjaar op die been gebring word om te ... mobiele toilette, OTM

14-16 Maart 2014

10 VBO punte vir leraars.

Ons wil u, u kollegas, vriende en u gemeente uitnooi om saam met ons te kom droom oor hoe 'n wêreld en gemeenskappe lyk waar God se Koninkryksbeginsels prakties uitgeleef word. Ons wil verhale van hoop deel en mekaar aanmoedig om kreatief soekend na die Koninkryk van God in ons strate, gemeenskappe, dorpe en stede te leef.

Ons bied 'n konferensie oor Kerk en Geregtigheid aan die naweek van 14-16 Maart 2014 (sien meer by www.grootekerk.org.za en by NUUT op www.kaapkerk.co.za), sowel as op Twitter by @Church4Justice.

Ons sal dit waardeer indien u dit binne u gemeente, gemeenteblaadjie, gemeentenuus, Facebook of ander platforms kan bemark.

Ons het vir Shane Claiborne, die bekende Amerikaanse Christen Aktivis, genooi om sy stories te kom deel. Shane is 'n inspirerende en uitdagende spreker.

Kortliks oor Shane: hy is deel van 'n beweging The Simple Way wat in 'n buurt (waar die grootste armoede en misdaad is) in Philadelphia VSA ingetrek het en bloot die evangelie begin uitleef het in die omgewing en die waardes van die vroeë kerk gaan opsoek het. Sy boek The Irresistible Revolution 'n groot impak op my lewe gehad. (Daar is ook meer inligting oor Shane aangeheg).

Die konferensie sal gepaardgaan met aanbiddingsessies.

Ons het ook ander organisasies genooi om deel te neem, soos bv.

1. Echo Youth Development 2. Straatwerk3. Zoe Trust4. Centre for Christian Spirituality5. Kairos Southern Africa6. Institute for Justice and Reconciliation7. Alan Storey – Church & Economics8. The Warehouse9. NGK Ministry for Poverty & Care10. Word 4 Word

Riaan de VilliersGroote Kerk, Kaapstad

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

Page 10: Web viewStephan van der Watt laat weet dat 'n nuwe organisasie “Mission Africa” in Junie vanjaar op die been gebring word om te ... mobiele toilette, OTM

JAPAN STUUR KORT-TERMYN SENDELINGE NA SADie Reformed Church of Japan (RCJ) het onlangs sy eerste span kort-termyn sendelinge na Suid-Afrika uitgestuur. Hieroor berig die Christian Reformed Church se CRC News in hulle uitgawe van 19 Februarie.

Lees die volledige berig hier.

Stephan van der Watt van Missie Japan reageer soos volg op bg berig: Inderdaad is dit dieselfde groep (vanuit die amptelike susterskerk van die NGK familie, saam met wie ons hier werk, die Reformed Church in Japan, oftewel RCJ) wat verlede jaar via Missie Japan in SA uitgereik het, waaroor berig word. Ek het ook op Missie Japan se blog hieroor geskryf destyds: http://www.missiejapan.co.za/bedieningsfokus/rcj-group-outreach-to-south-africa-august-2013/

Ons is baie opgewonde oor die uitbreiding van die NGK familie en RCJ se Getuienis-vennootskap op hierdie manier. Dit gebeur vanuit die diepgewortelde vertrouensverhoudinge wat oor jare se samewerking opgebou is tussen kerkleiers en sendelinge, asook plaaslike lidmate. Ons vertrou dat veral hierdie aspekte van dienswerk (diakonaat) en getuienis (deur uitreike soos hierdie) in die jare wat kom van krag tot krag sal groei … en dit is ook sentraal deel van ons werk as sendelinge om dit uit te bou.

In Junie vanjaar word 'n spesiale nuwe organisasie genaamd “Mission Africa” ook DV hier in Japan (deur die RCJ) op die been gebring, o.a. spesifiek hiervoor. Ek sien uit om in persoon meer hieroor te kom vertel in gemeentes wanneer ons vir 3 maande (Julie-Sept) in SA sal wees vir terugvoer en verdere bekendstelling van Missie Japan se werk.

Vrede en seën daar.

Stephan van der Wattwww.missiejapan.co.za

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

BYBEL-MEDIAJOU BEDIENINGSVENNOOT IN 2014

Nuusbrief 4/2014

Lees in die Kerkbode van 7 Maart 2014 …

Page 11: Web viewStephan van der Watt laat weet dat 'n nuwe organisasie “Mission Africa” in Junie vanjaar op die been gebring word om te ... mobiele toilette, OTM

Sterwe om te kan lewe.

Dit is ’n paradoksale maar sleutelbegrip in die Christelike geloof. Lees hoe presies dít gebeur het in Alberton, waar ’n ou bediening doodgeloop het, maar nuwe bedieninge met ’n beter vermoë om mense te bereik daaruit opgestaan het. Dit is die storie van Ligstad en van Kruispad, ’n storie van hoop. Nobuntu Motholeni is ’n swart vrou in ’n bruin gemeenskap as deel van ’n oorwegend wit gemeente se uitreikspan. Annalise Wiid vertel haar storie. Lees ook: • Jerry Pillay oor eenheid in die NG Kerkfamilie. • Hettie Brittz oor ouerskap • Ebert oor sy kanker en die doel daarvan. • 10 vrae aan Wentzel van Huyssteen

Onthou:• Kerkbode kan nou ook digitaal gelees word op jou tablet, rekenaar of slimfoon. Teken in by www.mysubs.co.za/Kerkbode • Of besoek www.kerkbode.co.za om Kerkbode-aanlyn (beperkte weergawe) te lees

Lees die Nuwe Hart-bylaag …

In aansluiting by die Seisoen van menswaardigheid fokus die Nuwe Hart-stigting vandeesmaand op dié saak. In hul bylae is daar verskeie perspektiewe op mens-waardigheid.

Die Nuwe Hart-stigting vra gemeentes om op Sondag 16 Maart tydens eredienste met lidmate oor hierdie belangrike saak te gesels. Die Nuwe Hart-publikasie dien as ’n handige hulpmiddel in die voorbereiding van boodskappe en besprekings.

Die drie ander fokus-Sondae vanjaar is 8 Junie, 7 September en 16 November.

Kruisgewys

As die Here Jesus Christus dit dus goedgedink het om leraars spesifiek met ’n boodskap vir hulle konteks te bedien, kan die kerk min beter dinge doen as om Hom daarin na te volg. Kruisgewys fokus daarom in hierdie uitgawe op die Verdere Bedieningsontwikkeling (VBO) van leraars in die onderskeie kerklike kontekste van ons lesers.

Hierdie uitgawe is ’n handige hulpmiddel vir leraars om hulle eie verdere bedienings-ontwikkeling te beplan. Die inligting uit diverse kontekste en van verskeie van ons vennote, verseker dat daar ’n verskeidenheid van aanbiedings is waaruit jy kan kies – selfs al is dit in ’n ander gebied as jou eie kerklike konteks of sinode.

Page 12: Web viewStephan van der Watt laat weet dat 'n nuwe organisasie “Mission Africa” in Junie vanjaar op die been gebring word om te ... mobiele toilette, OTM

Inligting, navrae en diensverskaffing:

• Skakel 0860 26 33 42 óf 021 873 0822• Of stuur jou bestelling per e-pos na: [email protected] • Of koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za

Groete vanaf Drakensville – by KZN-predikantekonferensie.

Hans SteynDepartement FondswerwingE-pos: [email protected] Tel: 021 864 8223

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE FRANSCHHOEKFEESMARK

Die NG Gemeente Franschhoek hou 'n allerheerlike Feesmark op Vrydag 7 en Saterdag 8 Maart.

Vrydagaand kuier hulle vanaf 18:00 gesellig onder die bome met geure en kleure na elkeen se smaak. Wyne uit die vallei, bier, gemmerbier en koeldrank te drink; tradisionele disse om aan te smul. Potjiekos, hoendersosaties, hoenderpasteie, tuisgebakte brode, olywe, kase, mosselpot, bobotie en pampoenkoekies, boereworsrolletjies, skyfies, prego-rolletjies, pitabrode, pannekoek, koeke, terte, kleinkoekies en nagereg vir lekkerbekke.

Peter van die Paarl maak vir ons lekker kitaarmusiek en dan is daar ook 'n veiling met opwindende pryse. Vir die kinders is daar Vrydag se fliekaand met springmielies en koeldrank.

Saterdagoggend begin hulle om 09:00 met die plaaslike mark waar uitstallers hulle handgemaakte produkte kom verkoop. Die gemeente voorsien weer al die eetgoed en kraakvars groente en vrugte, 'n heerlike teetuin en ontbytrolletjies. Vir die kinders is daar baie pret met gesigverf, 'n vuurpyl, verfbal teikenskiet en 'n water glybaan.

Daar is iets vir almal; gaan geniet gerus die naweek in die mooi Franschhoek-vallei.

Page 13: Web viewStephan van der Watt laat weet dat 'n nuwe organisasie “Mission Africa” in Junie vanjaar op die been gebring word om te ... mobiele toilette, OTM

Navrae: kontak Joanine by 021 876 2431 of 082 662 0717 of Janita by 072 337 6789.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

PAARL FAMILIEFEESVrydag 14 en Saterdag 15 MaartDe Poort, Suider-Paarl08:00 tot 23:00 elke dagToegang: (Slegs kontant, nie kaarte!)R50 pp en R10 per kind o/18R20 per motor indien u binne parkeer (slegs plek vir 200)(Toegang sluit al die kunstenaars se konserte ook in)

Daar is:• wyn- en bierstalletjies met grootskerm vir die rugby• 'n Restaurant met heerlike ontbyte, spitbraai-etes, vaal- en kerrie-afval• 'n Enorme groot tent, met:1. Verskeie kunstenaars (gratis toegang): Kaapse Affodille, Spoegwolf, Christo en Kobus, Viljoen Retief, Burger le Roux en ander!2. Laerskoolleerders entrepreneur-stalletjies 3. Ongeveer 50 ander stalletjies met 'n verskeidenheid items te koop 4. Bok Radio saai Saterdag lewendig uit!• Ook 'n basaartent met boere-orkes, jaffels, pannekoek, poeding, spookasem, springmielies, steak- en worsbroodjie-etes, koffie en tee, ens.• 'n Teetuin met “upper class” soetgebak en “connoisseur” koffie

Buite te sien:• Veteraanmotors• Oorlogstuig uit die Tweede Wêreldoorlog• Amper alle nuwe fabrikaat motors (almal op een terrein – dis 'n eerste vir die Paarl!)• 'n Veiling / vendusie Saterdagoggend om 10:00• Die WP Bloeddiens, mobiele toilette, OTM-masjiene, brandweer, verkeer, ambulans, polisie en sekuriteit• Vrugte-en-groentemark• Koeldrank, roomys, water, sappies en pizzastalletjie(s)• Koeltrok met Karoovleis (Heel en halwe skape)• Koeltrok met vark

VIR DIE KINDERS:• Putt-putt, speelpark, toringklim, bonskussings, waterglybaan, slangvertoning, skyfskiet en “paintball”.

Page 14: Web viewStephan van der Watt laat weet dat 'n nuwe organisasie “Mission Africa” in Junie vanjaar op die been gebring word om te ... mobiele toilette, OTM

Kontak Suider-Paarl se kerkkantoor by 021 863 2700.

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

NG KERK IN SAPSD: ARMOEDE EN SORG

(BELLVILLE)

Die Sinode van die NG Kerk in Suid-Afrika (Wes-en-Suid-Kaapland) maak die vakature vir ’n PSD in die Diensgroep vir Armoede en Sorg bekend en nooi alle belangstellendes wat daartoe geroepe voel om hulle vir hierdie pos beskikbaar te stel.

Die PSD vir Armoede en Sorg is onder andere verantwoordelik vir die volgende:• Die energering en ontwikkeling van gemeentes en die kerkverband se missionêre diakonaat.• Die ontwikkeling van strategieë, insluitend netwerke, ten opsigte van barmhartigheid.• Die bevordering van Badisa se werksaamhede in gemeentes.• Die bevordering van dienslewering op plaaslike vlak deur die benutting van NRO’s en regeringshulp.• Die ontwikkeling van nuwe barmhartigheidsprojekte en Badisa-programme.

Die ideale kandidaat is ’n gelegitimeerde Bedienaar van die Woord wat aan die volgende vereistes voldoen:• Bewese ervaring en insig met betrekking tot die uitdagings op die terrein van barmhartigheid.• Duidelike roeping hê om gemeentes in hulle dienswerk te ondersteun en uit te bou.• Netwerke en verhoudings kan bou. • Oor bewese organisatoriese -, bestuurs- en administratiewe vaardigheid beskik.• ’n Passie en visie hê vir die verligting en opheffing van armoede.

Vergoedingspakket: Volgens sinodale riglyne.

Rig ’n volledige CV voor 20 Maart 2014 aan:Die Bestuurder: Menslike Hulpbronne (Kenny Raats), NG Kerk in SA, Privaatsak X8, Bellville, 7535E-pos: [email protected] / 021 957 7104

Page 15: Web viewStephan van der Watt laat weet dat 'n nuwe organisasie “Mission Africa” in Junie vanjaar op die been gebring word om te ... mobiele toilette, OTM

Heg ook ’n bondige voorlegging van maksimum twee bladsye aan waarin u uiteensit hoe u beoog om aandag te skenk aan die energering en ontwikkeling van gemeentes en kerkverband se missionêre diakonaat.

Persoonlike navrae kan gerig word aanDs Dawid de Wet (Voorsitter van SDAS, die Sinodale Diensgroep Armoede en Sorg)Sel 082 372 7734 Tel 044 695 0907

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

SAFCEIREGIONAL ECO-CONGREGATIONS MANAGER

Opportunity closing date:Monday 10 March 2014

Opportunity type:Employment

The Southern African Faith Communities’ Environment Institute (SAFCEI) is a multi-faith organisation committed to increasing awareness, understanding and action-taking on eco-justice, sustainable living and climate change, by faith leaders and their communities throughout Southern Africa. Our vision is for faith communities to cherish the living earth. Our mission states that we, as an Institute of people of many faiths, are united in our diversity through our common commitment to earth keeping.

SAFCEI is now recruiting for the position of Regional Eco-congregations Manager, based in the national office in Westlake, Cape Town.

Job Purpose:To promote the development of Eco-congregations and appropriate eco-justice action at grassroots level throughout SADC.

Responsibilities: • Help to envision and plan strategically to grow effective Eco-congregations that take contextually & culturally appropriate environmental & eco-justice action;• Establish and maintain a strong network of contacts, including local faith leaders from all the major faiths, local eco-justice specialists, enthusiasts & activists, and relevant local decision-makers and stakeholders;

Page 16: Web viewStephan van der Watt laat weet dat 'n nuwe organisasie “Mission Africa” in Junie vanjaar op die been gebring word om te ... mobiele toilette, OTM

• Promote the concept of Eco-congregations, facilitating the development, registration and ongoing involvement of all faith groups;• Establish and maintain up-to-date records of contacts, the registration progress of Eco-congregations, costs incurred, etc.;• Help to empower local faith communities for eco-justice, advocacy and action by means of workshops, shared story-telling, discussion forums, and the distribution of resources, including leaflets, posters, liturgical material, videos, etc.;• Support the Communications Coordinator in generating stories for publications, newsletter and website, and by collecting photographs;• Liaise with other staff around the development of new resources for Eco-congregations;• Encourage the adoption of energy efficiency interventions and installation of renewable energy amongst faith communities;• Supervise the facilitation of water and energy audits and analysis of results for future action planning;• Encourage, facilitate and publicize the celebration of milestones by individual Eco-congregations;• Raise awareness, understanding and concern, and encourage action-taking by people of all faiths, regarding the environment, climate change and eco-justice;• Report as required on progress re Eco-congregations’ work throughout SADC, submitting quarterly staff reports to the Operations Director;• Support SAFCEI Eco-congregation programme staff in the implementation of their duties;• Ensure that the programme is running according to plans and budget.Requirements: • Commitment to the vision and mission of SAFCEI (person of faith who is prepared to work with people of all faiths, with a passion for environmental issues);• Relevant university degree or equivalent (in environmental science / social science / humanities / development / education / etc.);• Minimum of 4 years of relevant project management experience in the NGO sector;• Computer literate, including Microsoft Office;• Willingness to work flexible hours and weekends;• Willingness to travel within the Southern African region (SADC);• Valid driver’s licence and own vehicle;• Drive, organisational awareness and analytical thinking;• Strong organisational and management skills;• Excellent interpersonal communication skills;• Ability to influence and motivate a diverse group of individuals and organisations (change facilitation);• Ability to liaise and network with a wide range of stakeholders e.g. faith leaders, community leaders, media representatives, etc.;• Ability to work independently and as part of a team;• Sense of humor;• Excellent report-writing and presentation skills.

Page 17: Web viewStephan van der Watt laat weet dat 'n nuwe organisasie “Mission Africa” in Junie vanjaar op die been gebring word om te ... mobiele toilette, OTM

Administrative process:Please submit a CV (listing 3 references) and a letter of motivation to [email protected] or hand deliver to: Operations Director, SAFCEI, The Green Building, Bell Crescent, Westlake Office Park, Westlake, South Africa, 7945.For more about SAFCEI, visit www.safcei.org

The closing date for application submission is Monday 10 March 2014. Please note that if you do not receive a response from us within 3 weeks of the closing date, you should consider your application unsuccessful.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE LA ROCHELLEPOSBESKRYWING: MUSIEKLEIER

La Rochelle Gemeente is 'n makrogemeente in Bellville. Die gemeente se oggenddiens het meer klassieke spiritualiteit/aanbiddingstyl en die aanddiens 'n meer kontemporêre spiritualiteit/aanbiddingstyl. Dit is vir die Erediensbediening en Kerkraad belangrik dat beide aanbiddingstyle gerespekteer en uitgebou word.

Die volgende sake sal in die aanstelling van 'n Musiekleier vir La Rochelle Gemeente in aanmerking geneem word:1. Die aansoeker moet 'n persoonlike verhouding met Jesus Christus hê.2. Die aansoeker moet 'n opgeleide musikant wees, oor goeie musikale vermoëns beskik en in staat wees om verskillende musiekstyle korrek te vertolk, sodat die verskillende orkeste tydens die eredienste met eenheid, balans en musikaliteit kan speel en die gemeente kan begelei tot lofprysing en aanbidding. 3. Die aansoeker moet gemaklik met beide spiritualiteite/aanbiddingstyle van La Rochelle Gemeente wees.4. Die aansoeker moet kennis dra van die volledige liedereskat van die NG Kerk naamlik, Liedboek, FLAM, Vonkk, en ander geestelike liedere wat deur gemeentelede gesing word en waarvan die woorde en teologiese onderbou aanvaarbaar is. 5. Die aansoeker sal met passie en entoesiasme verantwoordelikheid neem vir die vestiging en uitbouing van die musiekbediening en orkeste van beide eredienste in samewerking met die Erediensbediening.6. Die aansoeker het ervaring in die leiding van 'n musiekbediening van 'n gemeente.7. Die aansoeker beskik oor goeie menseverhoudings en moet in spanverband kan funksioneer.8. Die aansoeker beskik oor die vermoë om vrywilligers te mobiliseer en nuwe musiek vir orkeslede en/of voorsangers aan te leer.

Page 18: Web viewStephan van der Watt laat weet dat 'n nuwe organisasie “Mission Africa” in Junie vanjaar op die been gebring word om te ... mobiele toilette, OTM

Salaris:Die salarispakket is op aanvraag by die Gemeentebestuurder, Charles Crafford, by telefoonnommer 021 919 9253 gedurende kantoorure beskikbaar.

Rig aansoeke voor Saterdag 15 Maart aan: Die Voorsitter, Diensverhoudinge NG Gemeente La RochellePosbus 4001Old Oak 7537 of per e-pos [email protected].

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NUUS UIT NAMIBIË5 Maart 2014

More (Donderdag) is Nasionale biddag...President Pohamba en sy kabinet het Donderdag 6 Maart verklaar as ’n nasionale dag van gebed vir geslagsgebaseerde geweld.

Naas die groot saamtrek op die Sam Nujoma-stadion in Windhoek, word die publiek gevra om gebedsgeleenthede in al 14 die streke by te woon. NG-gemeentes is verlede weeks reeds gevra om inisiatief te neem en gebedsgeleenthede in hulle omgewing te organiseer.

Die kabinet het besluit dat daar geen drank in die land verkoop mag word op Donderdag 6 Maart nie.

Voorts word alle kerke dwarsdeur die land gevra om hulle kerkklokke om 13:00 te laat beier. Dit sal saamval met die minuut van stilte wat dan by die hoof saamtrek in Windhoek gehandhaaf sal word. Werkgewers is gevra om dit vir werknemers moontlik te maak om die biddag by te woon.

In Feldmuis, Namibië se eweknie van VrydagNuus, skryf Clem Marais soos volg:

Laat die klokke lui...Feldmuis herinner graag gemeentes aan pres Pohamba se oproep dat kerkklokke more, Donderdag 6 Maart 2014, om 13:00 vir ’n minuut lank sal lui.

Kom ons verenig môre só, enersyds in ons protes teen geslagsgebaseerde geweld en andersyds in ons verootmoediging voor die Here.

Page 19: Web viewStephan van der Watt laat weet dat 'n nuwe organisasie “Mission Africa” in Junie vanjaar op die been gebring word om te ... mobiele toilette, OTM

Die NG- en VG-predikante het in hulle verklaring verlede week reeds bely dat ons dalk bygedra het tot hierdie geweld-siekte, omdat ons nie duidelik genoeg Christus se blye boodskap van hoop en bevryding in Namibië uitgedra het nie.

Deelname aan die biddag môre kan simbolies wees van ons verbintenis aan die waardes van aanvaarding, respek, versoening, begrip, deernis, vergiffenis en liefde. Dit is die voorbeeld wat Christus Jesus self geleef, geleer en sy volgelinge opgeroep het om na te volg.

Met dank oorgeneem uit Feldmuis 8/2014.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------