17
1 AFDELING A: LEES- EN KYKBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL Lees die onderstaande tydskrifartikel en beantwoord die vrae wat daarop volg. ONS JEUG GEE OM Hulle dra dalk nog draadjies, maar hul doen reeds hul deel om die wêreld ʼn beter plek te maak. Toebroodjie vir toebroodjie, baksteen vir baksteen. 1 Jenna Lowe was ernstig siek, maar het steeds duisende lewens met haar “Get Me To 21”-veldtog (om meer orgaanskenkers te werf) gered. Sy was net 17 toe sy met pulmonêre hipertensie, ʼn seldsame longsiekte, gediagnoseer is. Sy was geskok dat Suid-Afrika, waar van die eerste hartoorplanting gedoen is, so min geregistreerde orgaanskenkers het. Jenna het ʼn dubbele longoorplanting gekry, maar is weens komplikasies oorlede. Haar gesin sit nou haar veldtog voort. (www.getmeto21.com ) As jy Jenna as klein-klein meisietjie gevra het wat sy eendag wil doen, het sy geantwoord: “ ʼn Verskil maak.” Op agt het sy ʼn kinderboek geskryf en ʼn groot persentasie van die wins vir rolstoele vir kinders geskenk. 2 Dis die generasie met groot harte – die sogenaamde generasie Z wat van die middel-negentigs tot nou gebore is. Hulle spring in en doen self iets om die wêreld ʼn beter plek te maak.

bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/.../9/7/12975822/oefentaalvraestel_gr._12.d…  · Web viewDit beteken dat vroue vier en ʼn half maande van die jaar (5.1.5

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/.../9/7/12975822/oefentaalvraestel_gr._12.d…  · Web viewDit beteken dat vroue vier en ʼn half maande van die jaar (5.1.5

1

AFDELING A: LEES- EN KYKBEGRIP

VRAAG 1

TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

Lees die onderstaande tydskrifartikel en beantwoord die vrae wat daarop volg.

ONS JEUG GEE OM

Hulle dra dalk nog draadjies, maar hul doen reeds hul deel om die wêreld ʼn beter plek te maak. Toebroodjie vir toebroodjie, baksteen vir baksteen.

1 Jenna Lowe was ernstig siek, maar het steeds duisende lewens met haar “Get Me To

21”-veldtog (om meer orgaanskenkers te werf) gered. Sy was net 17 toe sy met pulmonêre hipertensie, ʼn seldsame longsiekte, gediagnoseer is. Sy was geskok dat Suid-Afrika, waar van die eerste hartoorplanting gedoen is, so min geregistreerde orgaanskenkers het. Jenna het ʼn dubbele longoorplanting gekry, maar is weens komplikasies oorlede. Haar gesin sit nou haar veldtog voort. (www.getmeto21.com) As jy Jenna as klein-klein meisietjie gevra het wat sy eendag wil doen, het sy geantwoord: “ ʼn Verskil maak.” Op agt het sy ʼn kinderboek geskryf en ʼn groot persentasie van die wins vir rolstoele vir kinders geskenk.

2 Dis die generasie met groot harte – die sogenaamde generasie Z wat van die middel-negentigs tot nou gebore is. Hulle spring in en doen self iets om die wêreld ʼn beter plek te maak.

3 Soos Malala Yousafzai, die Pakistanse aktivis wat verlede jaar op 17 die jongste wenner nog van die Nobelprys vir Vrede geword het. Sy het reeds as 11-jarige geveg vir meisies in haar geboorteland se reg om skool toe te gaan.

4 Jou vermoë om ʼn verskil te maak word nie bepaal deur jou ouderdom of hoeveel geld jy het nie, maar eerder deur jou wil om te help, meen Karli Coetzee (18). Sy is vanjaar hoofmeisie by die privaatskool Maragon. As 15-jarige het Karli ʼn Facebook-groep, Hands from Heaven, gestig. Hierdie Facebook-groep is gebruik om alles, van boumateriaal tot kos, bymekaar te maak sodat ʼn crèche/sopkombuis vir arm mense in

Page 2: bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/.../9/7/12975822/oefentaalvraestel_gr._12.d…  · Web viewDit beteken dat vroue vier en ʼn half maande van die jaar (5.1.5

2

Krugersdorp gebou kon word. Karli ondersteun steeds die crèche met donasies van oral oor die wêreld. In Januarie was sy Lead SA se “hero of the month” en sy het ook die Presidentstoekenning (goud) voltooi. (Lees meer by www.presidentsaward.co.za .)

5 Daar word nie verniet na generasie Z as die “ons-generasie” verwys nie. Teenoor die “ek, ek, ek”-selfgesentreerdheid van die millennials, die generasie wat hulle s’n voorafgaan. Generasie Z is meer bewus van sosiale probleme, asook die omgewing en hoe hulle keuses ʼn impak op die wêreld het.

6 Vroeër was jongmense net passiewe toeskouers wat gewag het om grootmense te word. Dit het verander. Hulle is nou vol selfvertroue dat hulle die wêreld kan verander. Dis danksy die tegnologie. Dis vir generasie Z natuurlik om in kontak met mekaar en die res van die wêreld te wees. Die internet en sosiale media help om lands-, taal- en kultuurgrense weg te neem. Generasie Z hou ook nie van onregverdighede nie en wil self iets daaraan doen. Aktiviste is met behulp van tegnologie in kontak met mekaar: hulle ruil idees uit, werk saam en bemoedig mekaar. Die sosiale netwerke maak hullle bewus dat jy nie geld, borge en sterk infrastrukture nodig het om ʼn verskil te maak nie. Kreatiewe denke en ʼn hart wat omgee, is meer werd as ʼn groot droom waaraan jy nooit iets doen nie.

7 Baie jeugprogramme (soos die presidentstoekenning), leierskapskursusse en selfs toelatingvereistes vir sekere universiteitskursusse vereis van jongmense om gemeenskapswerk te doen. So ervaar generasie Z eerstehands wat dit beteken om uit te reik. Dis doodgewoon om by minstens een liefdadigheidsprojek betrokke te wees.

8 Hier volg ʼn paar wêreldwye programme:

Giving Tuesday, moedig elke Desember ʼn “wêrelddag vir gee” aan en het ʼn “Guide to Giving” om kinders te leer hoe om geld in te samel. (www.givingtuesday.org/guide-to-giving-3/)

DoSomething.org, ʼn organisasie vir jongmense met sowat 4 miljoen lede, takel van armoede tot geweld wêreldwyd.

Al hoe meer jongmense gaan oorsee, maar nie om vakansie te hou en besienswaardighede te sien nie. Hulle werk in weeshuise, bou skole en leer die mense om Engels te praat. Dit word voluntourism genoem. (Besoek voluntourism vir verdere inligting).

Verwerk uit: Sarie, Desember 2015

VRAE1.1 Haal EEN woord uit die opskrif aan wat dieselfde beteken as “jongmense”. (1)

1.2 Kyk na die prent onder die opskrif.

1.2.1 Al die figure staan saam in ʼn kring. Watter boodskap word hiermee oorgedra? (1)

1.2.2 Die figure het verskillende kleure. Watter boodskap word hiermee oorgedra? (1)

Page 3: bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/.../9/7/12975822/oefentaalvraestel_gr._12.d…  · Web viewDit beteken dat vroue vier en ʼn half maande van die jaar (5.1.5

3

1.3 Wat is die doel van die “Get Me To 21”-veldtog? (Paragraaf 1) (1)

1.4 Watter woord in paragraaf 1 dui aan dat pulmonêre hipertensie nie dikwels voorkom nie? (1)

1.5 Waarom is ons land se situasie met orgaanskenkers ironies? (Paragraaf 1) (2)

1.6 Jenna Lowe het van jongs af vir ander mense omgegee.

Gee TWEE bewyse vir hierdie stelling uit paragraaf 1. (2)1.7 “Dis die generasie met groot harte.” (Paragraaf 2)

1.7.1 Is hierdie stelling denotatief of konnotatief gebruik? (1)

1.7.2 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 1.7.1. (1)

1.8 Voltooi die sin deur ʼn GETAL in te vul: Die lede van generasie Z is nou in 2016 tussen 0 en ... jaar oud. (1)

1.9 Noem EEN saak waarvoor Malala Yousafzai alreeds ʼn aktivis was. (Paragraaf 3) (1)

1.10 Wat het ʼn mens volgens Karli Coetzee nodig om ʼn verskil te maak? (1)

1.11 Karli Coetzee toon goeie leierskap.

Gee EEN bewys vir hierdie stelling. (1)

1.12 Hoe verskil generasie Z van die millennials? (Paragraaf 4-6) (2)

1.13 Is dit vir generasie Z-lede belangrik om groen te lewe? Verduidelik jou antwoord. (1)

1.14 Voltooi die sin deur EEN WOORD in te vul: Jongmense het pro-aktief geword as gevolg van _____. (Paragraaf 6) (1)

1.15 Noem TWEE voordele wat tegnologie aan aktiviste met hul aktiwiteite bied. (Paragraaf 6) (2)

1.16 Bewyse van gemeenskapswerk is ʼn vereiste vir sekere universiteitskursusse. Om watter ANDER rede, dink jy, is dit goed om dit op jou CV te hê? (1)

1.17 In die artikel word webtuistes van liefdadigheidsprojekte gegee. Wat dink jy is die rede hiervoor? (1)

1.18 “Toebroodjie vir toebroodjie, baksteen vir baksteen.” (subtitel)

Met watter paragraaf in die teks skakel hierdie woorde die meeste? Skryf slegs die paragraafnommer neer. (1)

1.19 Dink jy jy is self ʼn tipiese lid van generasie Z? Verduidelik jou antwoord. (1)

TEKS B: GRAFIEK: 2003 SE GRAAD 2’S WAT MATRIEK SLAAG

Page 4: bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/.../9/7/12975822/oefentaalvraestel_gr._12.d…  · Web viewDit beteken dat vroue vier en ʼn half maande van die jaar (5.1.5

4

Bestudeer die grafiek en beantwoord dan die vrae. Die grafiek handel oor kinders wat in 2003

in graad 2 was en in 2013 matriek moes geslaag het.

VRAE:

1.20 Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi. Skryf slegs die vraagnommer (1.20) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 1.20 E.

Die provinsie wat in 2003 die minste graad 2-leerders gehad het, was ...

A Limpopo. B Oos-Kaap.C Noord-Kaap.D Noordwes. (1)

1.21 Watter provinsie het die meeste sukses behaal om hul 2003 graad 2-leerders in 2013 matriek te laat slaag? (1)

1.22 Watter persentasie van 2003 graad 2-leerders in die Wes-Kaap het in 2013 matriek geslaag? (1)

1.23 Die grafieke wys dat minder as die helfte van die 2003 graad 2-leerders in Suid-Afrika in 2013 matriek geslaag het (toe hulle dit moes slaag).

Wat is jou emosionele reaksie hierop? (1)

1.24 Waarom, dink jy, voltooi so min skoliere hulle skoolloopbaan? Gee EEN moontlike rede. (1)

TOTAAL AFDELING A: 30

AFDELING B: OPSOMMING

Page 5: bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/.../9/7/12975822/oefentaalvraestel_gr._12.d…  · Web viewDit beteken dat vroue vier en ʼn half maande van die jaar (5.1.5

5

VRAAG 2

Instruksies:

Lees die volgende artikel met wenke oor hoe om loopbaankeuses te benader. Som dan die sewe belangrikste wenke op. Skryf jou lys wenke in jou eie volsinne neer en nommer jou wenke van 1-7. Jou lys met wenke mag nie langer as 70 woorde wees nie. Laat ’n reël tussen jou sinne oop. Moenie meer as een sin oor elke wenk skryf nie. Jy mag nie sinne direk aanhaal nie. Skryf die getal woorde aan die einde van jou opsomming neer.

TEKS C

SÓ KAN JY OOR JOU LOOPBAAN BESLUIT

Loopbane verander en ontwikkel deesdae so vinnig dat matrikulante se besluite oor hul toekomstige werk al hoe moeiliker raak. Hier is ʼn paar wenke om jou te help.

Jou besluit oor jou loopbaan begin reeds met jou vakkeuse in graad 9. Dis belangrik om hierdie vakkeuse wyd te hou sodat jy nie al klaar “deure vir jouself toemaak” nie.

Jy moet eenvoudig alles uitvind oor loopbane waarin jy belangstel en daarom moet jy navorsing oor hierdie loopbane doen. Universiteite se ope dae en loopbaanten-toonstellings kan jou baie hiermee help.

Jy moenie net die loopbaanmark ken nie, maar ook belangrike dinge van jouself, soos jou akademiese vermoë en belangstellings. Jou waardes oor jou werk speel ook ʼn groot rol: Is geld, status, intellektuele stimulasie of onafhanklikheid vir jou die belangrikste?

As jy onseker is en op ʼn oorbruggingsjaar besluit, moet jy eenvoudig daardie jaar gebruik om blootstelling te kry aan beroepe waarin jy belangstel.

Mense glo dikwels verkeerdelik dat jy ʼn universiteitsgraad moet hê as jy werk wil hê. Daar is egter dikwels ʼn tekort aan mense in praktiese rigtings waarin jy tegniese vaardighede moet hê. Dis belangrik om ook hierdie beroepe te oorweeg.Vandag is dit absoluut noodsaaklik dat jy altyd nuwe vaardighede, soos rekenaar-vaardighede, byleer. Jy sal dus bereid moet wees om ʼn lewenslange leerder te wees. Die internet bly ʼn bron van inligting en daar is verskeie webtuistes waar jy sommer baie inligting oor studiemoontlikhede en loopbane kan kry. Gebruik dus ook jou rekenaar om oor jou toekoms te besluit!

Voorspoed met al die besluite oor jou loopbaan! Verwerk uit: Huisgenoot, 13 Maart 2016

TOTAAL AFDELING B: 10

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN TAALKONVENSIES

Page 6: bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/.../9/7/12975822/oefentaalvraestel_gr._12.d…  · Web viewDit beteken dat vroue vier en ʼn half maande van die jaar (5.1.5

6

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Bestudeer die advertensie op die volgende bladsy. Die taalvrae wat hieronder volg, is op die advertensie gebaseer.

3.1 Watter produk word in hierdie advertensie geadverteer? (1)

3.2.1 Wie is die teikenmark vir hierdie advertensie? (1)

3.2.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.2.1. (1)

3.3 Haal EEN voorbeeld van oorredende taalgebruik uit die advertensie aan. (1)

3.4 Met watter woord word die leser direk by die advertensie betrek? Haal slegs EEN woord as antwoord aan. (1)

3.5 “Met die mees prettige kinderprogramme ...’

In hierdie frase is die oortreffende trap van die byvoeglike naamwoord verkeerd.Skryf die KORREKTE vorm van die oortreffende trap neer. (1)

3.6 Gee die INTENSIEWE VORM van die byvoeglike naamwoord tussen hakies.

Die advertensie impliseer dat kinders (baie soet) kan wees. (1)

3.7 Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.

De kinders kan (in die middae) na die kinderprogramme kyk. (1)

3.8 Kies die KORREKTE woord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die vraag-nommer (3.8) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 3.8 E.

Die uitdrukking “ʼn blaaskans neem” beteken om te ...

A vat.B rus.C raai. D gesels. (1)

3.9 Dink jy dis ʼn geslaagde advertensie? Verduidelik jou antwoord. (1) [10]

TEKS D

Page 7: bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/.../9/7/12975822/oefentaalvraestel_gr._12.d…  · Web viewDit beteken dat vroue vier en ʼn half maande van die jaar (5.1.5

7

Uit: Huisgenoot, 31/3/2016

Page 8: bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/.../9/7/12975822/oefentaalvraestel_gr._12.d…  · Web viewDit beteken dat vroue vier en ʼn half maande van die jaar (5.1.5

8

VRAAG 4: STROKIESPRENT

Die vrae wat volg, is op die onderstaande strokiesprent gebaseer.

TEKS E: GROEIPYNE

Raampie 1 Raampie 2 Raampie 3

Uit: Die Burger, 9/2/2016

4.1 Skryf die sin oor met die nodige LEESTEKENS.

Die pa het gesê Jy kan in ʼn kasteel trou as jy wil (2)

4.2 Hoe wys die ma se gesigsuitdrukking in raampie 1 dat sy verbaas is? (1)

4.3 Skryf die sin in die INDIREKTE REDE. Begin so: Die ma sê dat …

“Dit klink nie soos jou pa nie,” sê die ma. (2)

4.4 Skryf die GETAL in hakies as ʼn woord neer.

Ek wil (12) strooimeisies hê. (1)

4.5 Skryf die sin in die TOEKOMENDE TYD.

Die begroting is R500. (1)

4.6 Verduidelik die humor in hierdie strokie. (1)

4.7 Gee die TEENOORGESTELDE GESLAG van die onderstreepte woord.

Ek wil soos ʼn koning in ʼn kasteel wees. (1)

4.8 Verbind die sinne met ʼn BETREKLIKE VOORNAAMWOORD.

Die begroting is net R500. Die pa stel die begroting voor. (1) [10]

Page 9: bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/.../9/7/12975822/oefentaalvraestel_gr._12.d…  · Web viewDit beteken dat vroue vier en ʼn half maande van die jaar (5.1.5

9

VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

Die taalvrae wat volg, is op die artikel hieronder gebaseer. Opsetlike taalfoute kom voor. Voer die instruksies by elke vraag uit.

TEKS F

Mans steeds die salaris-konings

Vroue verdien minder vir dieselfde werk

(5.1.1) Vroue verdien alreeds dieselfde salaris as mans. (5.1.2) Mense het probeer om die gaping tussen mans en vroue se salarisse kleiner te maak. Dit het nie gewerk nie. Die gaping tussen mans en vroue se salaris het (5.1.3 kleiner) geword.

(5.1.4) Hulle betaal vroue deesdae 38% minder as mans. Dit beteken dat vroue vier en ʼn half maande van die jaar (5.1.5 gratis) werk terwyl mans vir ʼn volle jaar betaal word.

Die gaping tussen mans en vroue se salaris het in die mid-2000’s kleiner geword, maar dit het (5.1.6 as gevolg van) die resessie weer begin vergroot.

(5.1.7) Daar is tog baie positiewe ontwikkelinge in Suid Afrika. (5.1.8) Die persentasie vroue in senior poste het die afgelope dekade met 7,5% toegeneem. Daar is egter steeds ʼn tekort (5.1.9 …) vroue in senior rolle. Vroue kry steeds nie genoeg (5.1.10 geleentheid) nie.

Vroue met gesinne raak na die geboorte van elke (5.1.11 baba) agter by mans. (5.1.12) Werkgewers moet werksure vir ma’s aanpas. Op die oomblik is daar steeds vooroordeel en (5.1.13 diskrimineer) teenoor vroue. (5.1.14) Kry vroue dieselfde resultate as mans? Maar dan word hul steeds swakker betaal. Verwerk uit: Rapport. 7 Junie 2015

5.1.1 Skryf die sin in die ONTKENNENDE VORM.

Vroue verdien alreeds dieselfde salaris as mans. (1)

5.1.2 Verbind die sinne met die VOEGWOORD tussen hakies. Begin so: Alhoewel …

Mense het probeer om die gaping tussen mans en vroue se salarisse kleiner te maak. Dit het nie gewerk nie. (alhoewel) (1)

5.1.3 Gee die ANTONIEM van die woord tussen hakies.

Die gaping tussen mans en vroue se salaris het (kleiner) geword. (1)

Page 10: bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/.../9/7/12975822/oefentaalvraestel_gr._12.d…  · Web viewDit beteken dat vroue vier en ʼn half maande van die jaar (5.1.5

10

5.1.4 Skryf die sin oor in die LYDENDE VORM.

Hulle betaal vroue deesdae 38% minder as mans. (1)

5.1.5 Gee ʼn SINONIEM vir die woord tussen hakies.

Dit beteken dat vroue vier en ʼn half maande van die jaar (gratis) werk … (1)

5.1.6 Gee die AFKORTING vir die woorde tussen hakies.

… dit het (as gevolg van) die resessie weer begin vergroot. (1)

5.1.7 Verbeter die SPELFOUT in die sin. Skryf slegs die korrekte woord neer.

Daar is tog baie positiewe ontwikkelinge in Suid Afrika. (1)

5.1.8 Skryf die sin in die TEENWOORDIGE TYD

Die persentasie vroue in senior poste het die afgelope dekade met 7,5% toegeneem. (1)

5.1.9 Vul die ontbrekende VOORSETSEL in.

Daar is egter steeds ʼn tekort (…) vroue in senior rolle. (1)

5.1.10 Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.

Vroue kry steeds nie genoeg (5.1.10 geleentheid) nie. (1)

5.1.11 Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies.

Vroue met gesinne raak na die geboorte van elke (baba) agter by mans. (1)

5.1.12 Skryf die sin oor in die INFINITIEF. Begin so: Werkgewers behoort …

Werkgewers moet werksure vir ma’s aanpas. (1)

5.1.13 Vorm ʼn SELFSTANDIGE NAAMWOORD van die werkwoord tussen hakies.

Op die oomblik is daar steeds vooroordeel en (diskrimineer) teenoor vroue. (1)

5.1.14 Verander die vraagsin na ʼn STELSIN.

Kry vroue dieselfde resultate as mans? (1)

Page 11: bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/.../9/7/12975822/oefentaalvraestel_gr._12.d…  · Web viewDit beteken dat vroue vier en ʼn half maande van die jaar (5.1.5

11

5.2 PRENT Die taalvrae wat volg, is op die prent en dialoog gebaseer. Opsetlike taalfoute kom in die dialoog voor.

TEKS G

Uit: www.google.com

Alet: O, Sandra, (5.2.1) ek is in die wolke!

Sandra: Hoekom?

Alet: Johan het my na die matriekafskeid gevra! Kan jy dit (5.2.2 glo/belowe)?

Sandra: Rêrig? Wanneer?

Alet: Gisteraand. My (5.2.3 lewe+droom) het waar geword!

Sandra: Sjoe, jy klink regtig (5.2.4 opgewonde/opwindend)!

Alet: Ek is! (5.2.5 Ek kan nie wag om my rok te kry.)

Sandra: Ek’s bly Johan het uiteindelik die (5.2.6 moed/moet) gehad om jou te vra…

5.2.1 Kies die KORREKTE woord om de sin mee te voltooi. Skryf slegs die vraag-nommer (5.2.1) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 5.2.1 E.

Die idioom “in die wolke wees” beteken om baie…. te wees.

A bly B verligC sorgvry D vriendelik (1)

Page 12: bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/.../9/7/12975822/oefentaalvraestel_gr._12.d…  · Web viewDit beteken dat vroue vier en ʼn half maande van die jaar (5.1.5

12

5.2.2 Kies die korrekte WERKWOORD tussen hakies.

Kan jy dit (glo/belowe)? (1)

5.2.3 Vorm ʼn SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.

My (lewe+droom) het waar geword! (1)

5.2.4 Kies die korrekte BYVOEGLIKE NAAMWOORD tussen hakies.

Sjoe, jy klink regtig (opgewonde/opwindend)! (1)

5.2.5 Verbeter die sin.

Ek kan nie wag om my rok te kry. (1)

5.2.6 Kies die korrekte HOMOFOON tussen hakies.

Ek’s bly Johan het uiteindelik die (moed/moet) gehad om jou te vra … (1) [20]

TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 80