3
Dalk dink julle almal – ongeag taal, kultuur of denominasie – is welkom in julle gemeente, maar hoe tuis voel mense met gestremdhede werklik in jul midde? Is die kerkgebou toeganklik vir rolstoelgebruikers en is die badkamerfasiliteite ingerig om hulle behoeftes te akkommodeer? 1. Hoe word daar met persone met gestremdhede gekommunikeer? Word die persoon voor sy gestremdheid geplaas of andersom? 2. Vorm persone met gestremdheid deel van die leierskap of aktiwiteite van jul erediens? Hier volg ʼn paar praktiese wenke vanuit die pamflet “Are people with disabilities at home in the church?, om ʼn gestremd-vriendelike gemeente te wees. Nog ʼn pamflet “Gestremd maar nie nutteloos” is ook beskikbaar om ʼn persoon met gestremdheid hoop te gee. Slegs 5 % van die 4 tot 5 miljoen Suid-Afrikaners wat met gestremdheid leef, word deur die kerk bereik. Wat gaan julle gemeente doen om die oorblywende 95 % te bereik? Voel mense met gestremdheid welkom in julle gemeente?

sinoos.co.zasinoos.co.za/wordpress/.../20161115-Gestremdheid.docx  · Web viewSlegs 5 % van die 4 tot 5 miljoen Suid-Afrikaners wat met gestremdheid leef, word deur die kerk bereik

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: sinoos.co.zasinoos.co.za/wordpress/.../20161115-Gestremdheid.docx  · Web viewSlegs 5 % van die 4 tot 5 miljoen Suid-Afrikaners wat met gestremdheid leef, word deur die kerk bereik

Dalk dink julle almal – ongeag taal, kultuur of denominasie – is welkom in julle gemeente, maar hoe tuis voel mense met gestremdhede werklik in jul midde? Is die kerkgebou toeganklik vir rolstoelgebruikers en is die badkamerfasiliteite ingerig om hulle behoeftes te akkommodeer?

1. Hoe word daar met persone met gestremdhede gekommunikeer? Word die persoon voor sy gestremdheid geplaas of andersom?

2. Vorm persone met gestremdheid deel van die leierskap of aktiwiteite van jul erediens?

Hier volg ʼn paar praktiese wenke vanuit die pamflet “Are people with disabilities at home in the church?, om ʼn gestremd-vriendelike gemeente te wees. Nog ʼn pamflet “Gestremd maar nie nutteloos” is ook beskikbaar om ʼn persoon met gestremdheid hoop te gee.

Slegs 5 % van die 4 tot 5 miljoen Suid-Afrikaners wat met gestremdheid leef, word deur die kerk bereik. Wat gaan julle gemeente doen om die oorblywende 95 % te bereik?

3 November – 3 Desember 2016 val die klem op die regte van persone met gestremdhede – benut hierdie geleentheid om jou gemeente se hart teenoor gestremde persone te verander.

Bestel van die genoemde pamflette en bemagtig gemeentelede om met ander oë na persone met gestremdhede te kyk.

Voel mense met gestremdheid welkom in julle gemeente?

Page 2: sinoos.co.zasinoos.co.za/wordpress/.../20161115-Gestremdheid.docx  · Web viewSlegs 5 % van die 4 tot 5 miljoen Suid-Afrikaners wat met gestremdheid leef, word deur die kerk bereik

Daar word vandag baie makliker oor MIV/vigs gepraat, maar tog bly die stigma kleef. God verwag van ons om die mens agter die siekte raak te sien en nie uit ons eie perspektief te oordeel nie. In ons kontak met MIV/vigslyers moet die vraag nie wees: “Op watter manier het jy MIV/vigs gekry?” nie, maar “Hoe kan ek jou bystaan en wat het jy nodig?”

Wees pro-aktief en bestel voor 1 Desember van Christelike Lektuurfonds se gratis pamflette met die volgende titels en help veral jongmense om gesonde lewensbesluite te neem, maar ook om diegene wat saam met hierdie siekte te moet leef, te bemoedig.

ʼn Lewe vry van vigs Play it Safe Kies die lewe True love waits Kry weer hoop Is daar troos in my siekte? Ntombi MIV positief – wat nou?

Vir meer inligting of navrae, skakel 021 873 6964, e-pos [email protected] of besoek ons webtuiste by www.clf.co.za

1 DESEMBER - VIGSDAG