23
Johannes 20:19-31 – Tweede Sondag van Paastyd – 23 April 2017 1 Oorsig..........................................................1 1.1 Ander tekste................................................1 1.2 Fokusteks: Johannes 20:19-31................................4 1.3 Eksegetiese opmerkings......................................4 1.4 Ekstra stof.................................................4 2 Erediens........................................................6 2.1 Tema........................................................6 2.2 PowerPoint agtergrond.......................................6 2.3 Liturgie....................................................6 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus.............................7 3.1 Rus.........................................................7 3.2 Liedere.....................................................8 4 God praat met ons en ons luister...............................12 4.1 Familie-oomblik............................................12 4.2 Preekriglyn................................................13 5 God stuur ons om te leef.......................................17 6 Volgende erediens..............................................18 1 Oorsig Vandag se tekste fokus op 'n kernaspek van Pase, naamlik dat Jesus opgestaan het uit die dood. Hy het die dood finaal die nekslag toegedien. Ook die psalmteks skryf dat gelowiges veilig is by die Here te midde van die dood. Beproewings kry nuwe bene om mee te loop en gelowiges 'n skoon, nuwe lewenswegspringplek, want die dood kon Jesus nie onderkry nie. 1

preekriglyne.co.za€¦  · Web viewNou het ons ’n lewende hoop 4op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Johannes 20:19-31 – Tweede Sondag van Paastyd – 23 April 2017

11Oorsig

11.1Ander tekste

41.2Fokusteks: Johannes 20:19-31

41.3Eksegetiese opmerkings

41.4Ekstra stof

62Erediens

62.1Tema

62.2PowerPoint agtergrond

62.3Liturgie

73God nooi ons uit en ons kom tot rus

73.1Rus

83.2Liedere

124God praat met ons en ons luister

124.1Familie-oomblik

134.2Preekriglyn

175God stuur ons om te leef

186Volgende erediens

1 Oorsig

Vandag se tekste fokus op 'n kernaspek van Pase, naamlik dat Jesus opgestaan het uit die dood. Hy het die dood finaal die nekslag toegedien. Ook die psalmteks skryf dat gelowiges veilig is by die Here te midde van die dood. Beproewings kry nuwe bene om mee te loop en gelowiges 'n skoon, nuwe lewenswegspringplek, want die dood kon Jesus nie onderkry nie.

1.1 Ander tekste

Handelinge 2:14a, 22-32

Petrus se toespraak op die pinksterdag

14Toe staan Petrus saam met die elf ander apostels op en onder leiding van die Heilige Gees spreek hy die mense toe: “Jode en julle almal wat in Jerusalem woon, ek moet vir julle verduidelik wat gebeur het. Luister na wat ek gaan sê:

22“Israeliete, luister na hierdie woorde! God het Jesus van Nasaret aan julle bekend gestel deur die kragtige dade, die wonders en die tekens wat God Hom by julle laat doen het. Daarvan weet julle self. 23God het besluit en dit vooruit bepaal om Hom aan julle uit te lewer, en julle het Hom deur heidene aan die kruis laat spyker en Hom doodgemaak. 24Maar God het Hom van die smarte van die dood verlos en Hom uit die dood laat opstaan. Dit was immers vir die dood onmoontlik om Hom gevange te hou. 25Van Hom sê Dawid:

Ek het die Here altyd voor oë.

Hy is aan my regterhand;

ek sal nie wankel nie.

26Daarom is my hart bly

en my tong jubel,

ja meer, ek het die verwagting

dat my liggaam sal lewe,

27want U sal my nie

aan die doderyk oorlaat nie;

U sal nie toelaat dat u troue dienaar

vergaan nie.

28U het my die paaie van die lewe

geleer;

u teenwoordigheid sal my

met vreugde vul. d

29“Broers, wat ons voorvader Dawid betref, moet ek dit vir julle duidelik stel: Hy het gesterwe en is begrawe, en sy graf is nou nog hier by ons. 30Maar hy was ’n profeet en hy het geweet dat God met ’n eed aan hom belowe het dat een van sy nakomelinge op sy troon sou sit. 31Daarom het hy die opstanding van die Christus vooruit gesien en gesê:

Hy is nie aan die doderyk

oorgelaat nie,

en sy liggaam het nie

vergaan nie. e

Psalm 16

Niks goeds nie behalwe by God

16 ’n Gedig van Dawid.

Neem my in beskerming, o God;

ek soek skuiling by U.

2Ek het vir die Here gesê:

“Ek behoort aan U,

daar is vir my niks goeds nie

behalwe by U.

3Die afgode in die land,

so aantreklik vir baie-

met hulle wil ek niks te doen hê nie.

4Mag elkeen wat ’n ander god vereer,

baie smart beleef.

Vir afgode sal ek nie bloedoffers

uitgiet nie,

hulle name sal ek nie

op my lippe neem nie.”

5Here, U is my lewe, U sorg vir my.

Wat ek ontvang, kom alles van U af.

6’n Pragtige deel is vir my afgemeet,

ja, wat ek ontvang het,

is vir my mooi.

7Ek sal die Here loof wat my

tot die regte insig gebring het;

selfs in die nag bly ek bewus

van wat Hy my leer.

8Ek het die Here altyd by my:

omdat Hy by my is,

sal ek nie struikel nie.

9Daarom is ek bly en juig ek

en voel ek my veilig.

10U gee my nie oor aan die dood nie.

U laat u troue dienaar

nie in die graf kom nie.

11U leer my hoe om te lewe.

By U is daar oorvloedige blydskap.

Uit u hand kom net wat mooi is.

1 Petrus 1:3-9

Die lewende hoop en die egte geloof

3Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons ’n lewende hoop 4op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. 5En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word. 6Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ’n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings 7sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus. 8–9Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met ’n onuitspreeklike en heerlike blydskap.

1.2 Fokusteks: Johannes 20:19-31

Jesus verskyn aan sy dissipels

(Matt 28:16–20; Mark 16:14–18; Luk 24:36–49) 

19Daardie Sondagaand was die dissipels bymekaar. Alhoewel die deure gesluit was omdat hulle bang was vir die Jode, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: "Vrede vir julle!"

20Nadat Hy dit gesê het, wys Hy sy hande en sy sy vir hulle. Die dissipels was baie bly toe hulle die Here sien.

21"Vrede vir julle!" sê Hy weer vir hulle. "Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook."

22Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: "Ontvang die Heilige Gees! 23As julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe; as julle dit nie vergewe nie, word dit nie deur God vergewe nie."

24Tomas, wat ook Didimus genoem is, een van die twaalf, was nie by die dissipels toe Jesus gekom het nie. 25Die ander dissipels sê toe vir hom: "Ons het die Here gesien!"

Maar hy sê vir hulle: "As ek nie die merke van die spykers in sy hande sien en my vinger in die merke van die spykers steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie."

Jesus en Tomas

26Ag dae later was Jesus se dissipels weer bymekaar, en Tomas was by julle. Hoewel die deure gesluit was, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en gesê: "Vrede vir julle!"

27Daarna sê Hy vir Tomas: "Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig."

28En Tomas sê vir Hom: "My Here en my God!"

29Toe sê Jesus vir hom: "Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo."

30Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. 31Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê.

1.3 Eksegetiese opmerkings

Bybel-Media se Woord en Fees bevat volledige eksegetiese inligting oor die teks. Bestel by www.bmedia.co.za.

1.4 Ekstra stof

Johannes 20:1–31 – Jesus staan op as die teenwoordige Here

Johannes vertel ons in hoofstuk 20-21 van vier verskynings van Jesus na die opstanding. Hy verskyn eerste aan Maria Magdalena, tweede aan die dissipels, derde aan Tomas wat nie by was met Jesus se tweede verskyning nie en laastens (hfst 21) aan die dissipels by die meer, waar Jesus spesifiek vir Petrus intrek en heraanstel in sy rol as herderleier (laat my skape wei).

Let op dat Johannes niks vertel van die opstandingsgebeure self nie, net van die leë graf en van Jesus se verskynings daarna aan hulle. Nie een van die ander evangelies sê vir ons meer oor die opstandingsgebeure as sodanig nie. Daar is 'n bietjie meer getuienis oor die aardbewing wat die klip weg laat rol het, van die engele wat betrokke was, maar niks oor die opwekking as sodanig nie. Dit is 'n daad van God wat wel duidelik is uit die feit dat hulle Jesus se verskynings hierna kan waarneem, maar deel van die misterie van die opstanding sal bly tot aan die einde van die tyd.

Die leë graf met die opgerolde grafdoeke is natuurlik belangrik omdat dit die werklikheid en historisiteit van die feit van die opstanding aandui. Maar dit is veral Jesus se verskynings na sy dood wat belangrik is, omdat dit die belofte en betekenis van die opstanding vir ons beklemtoon. Uit Johannes se beskrywing van die opgestane Jesus kan 'n mens agterkom dat Jesus herkenbaar is, steeds kommunikeer soos ons dit doen, en 'n fisiese/werklike (by gebrek aan 'n beter woord) liggaam het, want 'n mens kan aan hom vat, en hy gee vir hulle kos om te eet. Maar hy is ook anders, omdat hy kan verskyn en verdwyn soos Hy wil. Hy is dus nie aan ruimte gebonde soos die dissipels nie. En telkens verander Hy die lewe van dié aan wie Hy verskyn het.

Daarmee lewer Johannes getuienis af van die werklikheid van Jesus se opstanding uit die dode en van die wyse waarop Jesus se opstanding alles verander.

Hy troos bv. vir Maria Magdalena en verseker haar dat God daar is vir haar. Haar eerste gedagte toe sy die leë graf sien, was dat iemand Jesus se liggaam weggevat het. Dit is ook wat sy vir Petrus en Johannes gaan sê het en waarna hulle kom kyk het. Die leë graf kon ook net soveel sê, daarom sê Johannes dat hulle haar geglo het, maar nog nie verstaan het dat Hy opgestaan het nie.

Dit is egter eers wanneer Jesus aan Maria verskyn in die tuin en met haar praat en sy die werklikheid van sy teenwoordigheid ervaar, dat sy Hom kan herken en as Here kan vereer. Let op hoe dít is hoe sy Jesus aan die dissipels hierna gaan bekendstel: "Ek het die Here gesien!"

En dit is dieselfde vir die dissipels. Dit is eers wanneer Hy self aan hulle verskyn, dat die dissipels rus en vrede ervaar, en hulle vrees in blydskap kan verander. Netso Tomas. Jesus openbaar Homself aan Tomas sodat sy twyfel in geloof kan verander en Hy met oortuiging deel kan wees van die groeiende getuienis van sy opstanding.

En let op dat Jesus nie net vir hulle troos en versterk in hulle geloof nie. Nee, Hy stuur hulle ook, waarmee Hy hulle roeping bevestig om die wêreld met die boodskap van vergifnis in te gaan. En later doen Hy dieselfde met Petrus en gee Hom 'n soortgelyke opdrag as wat Jesus self gehad het, om vir die skape weiding te gee. (Joh 10).

Daarmee bereik Johannes se evangelie dan ook sy hoogtepunt, want Hy skryf juis hierdie klompie verhale van Jesus se wondertekens, sy gesprekke, en sy verskynings om ons te oortuig dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat ons deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê (Joh 20:31). Jesus staan op om as die teenwoordige Here ons lewens betekenis te gee.

Ons praat te veel oor die historisiteit en werklikheid van die opstanding, en hopeloos te min oor die teenwoordigheid van die Here Jesus. Die leë graf fassineer ons miskien te veel. Dit is immers die teenwoordige Jesus wat ons lewens verander en wat ons fokus moet wees. Jy kan natuurlik nie die teenwoordige Jesus hê sonder 'n leë graf nie – die graf was immers leeg. Maar jy kan die teenwoordige Jesus mis as jy te veel klem lê op die dogma van die leë graf.

2 Erediens

2.1 Tema

2.2 PowerPoint agtergrond

Abstract light, die eiendom van Sebastian Dooris. Foto is geneem op 25 November 2010 met ‘n Olympus E-3. Kopiereg nie ter sprake- publieke domein. Dit is beskikbaar by

https://www.flickr.com/photos/sebastiandooris/5217053223/in/photolist-8X1Lav-ok8ZwQ-ePy3XJ-ra2h5i-awiq7d-qZEqzj-dYj4LP-8X1L82-FqLz-8X4NJ7-J7yKcD-9cdEB6-bUEKFg-PyX5Q-3SHSbc-6ck16B-oGfWdm-qE4C25-gyc5Jb-pTdxr8-bipAJP-nPnUDi-bjmKWF-nN5tdW-kiFaU1-qUDVpt-b5cvdT-r7nbWu-Sc2sqt-9RLbg6-7xvCYy-umiTcx-8eqMih-4eRtog-buRcxg-ooMxCG-bEbzAw-8keMd-SnqApc-RB1yMW-SnqDre-auxi8o-um7emt-9WErAz-Rexupg-sLejKx-ckpByL-4J4Ynh-3SHS2X-7uktiS

Opsie 2: Titel: “hand”, die eiendom van spazbot29. Foto is geneem op 26 Mei 2009. Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing sowel as redigering toe. Dit is beskikbaar by

https://www.flickr.com/photos/30567890@N08/3791465896/in/photolist-6M3fHE-9FgsT-p6vfpY-bTCJR4-61g9T7-9HucbW-fen47H-c5pV9s-62kpeq-7ua2D-4kXFMq-2PVFPG-9K64s8-87eLkT-2YuspC-4kJCAZ-4kiXSY-oDxecs-QupBFB-AaCL-5Z48iD-wsht-4RgxuR-6167KR-c28CX9-hMdY-aUqHK2-6nnwat-8ebef7-5cAwWj-6CpgEF-4c9U6Q-af6UWv-af9GpE-9K64wa-v5Rjc-2Eyjzi-af9Fqh-4kMocj-75vWgU-2DP8xr-EiByA-518hwP-7tQBYr-7XgbDB-bjKzmV-6eG2PG-feFcAx-94gyEf-6AvK84

2.3 Liturgie

RUS

Toetrede F230 of Psalm 16

Votum Psalm 16:1, 5ev

Seëngroet (nav Joh 20)

Lofsang F358 of Lied 421

Toe-eiening 1 Petrus 1:3-9

Geloofsbelydenis (uit Joh 20:27, 28).

Lied 499 Die Heer is God, en niemand meer

HOOR

Gebed Lied 178 Dona nobid pacem

Skriflesing Johannes 20:19-31

Familie-oomblik

Preek

LEEF

Gebed

Dankoffer

Slotsang F190 of VONKK 146 of VONKK 73 of Lied 514 E

Seën (nav Johannes 20)

Respons VONKK 144 of VONKK 73 of Lied 533

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus

3.1 Rus

Toetrede

F230. Ek het vir die Heer gesê (Here U Is My Lewe) [Psalm 16] http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f230/ of

Psalm 16 (Krog Beryming)

Votum

Psalm 16

1 Neem my in beskerming, o God;

ek soek skuiling by U.

5Here, U is my lewe, U sorg vir my.

Wat ek ontvang, kom alles van U af.

6’n Pragtige deel is vir my afgemeet,

ja, wat ek ontvang het,

is vir my mooi.

7Ek sal die Here loof wat my

tot die regte insig gebring het;

selfs in die nag bly ek bewus

van wat Hy my leer.

8Ek het die Here altyd by my:

omdat Hy by my is,

sal ek nie struikel nie.

9Daarom is ek bly en juig ek

en voel ek my veilig.

10U gee my nie oor aan die dood nie.

U laat u troue dienaar

nie in die graf kom nie.

11U leer my hoe om te lewe.

By U is daar oorvloedige blydskap.

Uit u hand kom net wat mooi is.

Seëngroet

Die Here groet julle vanoggend soos Jesus sy dissipels kort na sy opstanding gegroet het: “Vrede vir julle!”

Lofsang

F358. Koning van die Konings (Niemand Soos Hy) http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f358/ of

Lied 421 Die Here Jesus lewe

Toe-eiening

3Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons ’n lewende hoop 4op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. 5En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word. 6Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ’n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings 7sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus. 8–9Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met ’n onuitspreeklike en heerlike blydskap.

Geloofsbelydenis

Voorganger: Jesus sê aan ons soos vir Tomas: Bring jou vinger hier en kyk na my hande, en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar gelowig.

Gemeente:My Here en my God! Kom ons twyfel tegemoet soos vir Thomas (uit Joh 20:27, 28).

(Uit Bybelmedia se Woord en Fees 2016-2017)

Lied 499 Die Heer is God, en niemand meer

3.2 Liedere

F230. Ek het vir die Heer gesê (Here U Is My Lewe)

(RUBRIEK: Kruisfuur – Verwondering / Geloofsbelydenis) Teks en musiek: Neil Büchner

© 2007 Urial Publishing (Ps 16)

1.Ek het vir die Heer gesê:

U is my Here,

U is my Rots,

daar is geen ander god

wat my lof verdien nie

vir wie ek wil besing.

Refrein:

Here, U is my lewe,

U sorg vir my.

En wat ek ontvang kom alles van U af,

’n pragtige deel is vir my afgemeet,

wat ek by U erf, is mooi vir my.

2.U Heer, lei my deur u Gees

en ek slaap rustig.

U is by my

elke oomblik van die dag

is U in my gedagtes

En my hart is juigend, bly.

Refrein:

Brug 1:

Heer, U red my siel uit die dood

en in blydskap, leer U my leef.

Brug 2:

Lieflikheid kom uit U hand,

juig vir alle ewigheid!

F358. Koning van die Konings (Niemand Soos Hy)

(RUBRIEK: Kruisfuur – ) Teks en musiek: Hannes van der Walt

Kopiereg: 2010 Urial Publishing (Opgeneem op Die Berge Sal Uitroep)

Koning van die konings,

Vader en ons Heer,

alles vir my, alles vir my.

Skepper van die heelal –

Hy skep met net een woord

blaas sy Gees, bring lewe.

Bring Hom eer,

maak oop die deur

want Hy is in beheer.

Want daar is, niemand soos Hy.

Kom bely nou saam,

Hy is die een wat ons red,

Hy hoor ons gebed.

Ons rig ons oë op Hom

en laat sy lig oor ons kom.

Niemand soos Hy, ons Heer.

F190. Onbeskaamd

(RUBRIEK: Kruisfuur – Diens en Getuienis) Teks en musiek: Stass van Veuren © 2008 MAR Gospel Music Publishers

1.Wie sal Hy stuur,

wie is gevul met sy Heilige vuur

wie kan Hy vertrou

wie sal sy Naam hoog hou?

Stuur my, stuur my, stuur my, stuur my.

Refrein:

Onbeskaamd sal ek staan

onbeskaamd vir sy Naam.

Ek sal my nie skaam vir Jesus nie.

Onbeskaamd sal ek gaan

onbeskaamd sal ek sing.

Kom reinig my hart en my mond

dat my woorde lewe spreek.

Kom reinig my gedagtes

dat wat ek doen dit.

My onbeskaamd laat staan voor U

my onbeskaamd laat staan voor U.

2.Hy wil ons vul met sy heilige vuur

hy wil ons vertrou.

Ons sal sy naam hooghou.

Stuur ons, stuur ons, stuur ons, stuur ons.

VONKK 146 My Gees, My Siel, My Liggaam

Teks: My spirit, soul and body – Mary Dagworthy James 1885; Halleluja 1951; gewysig Jacques Louw 2010 ©

Musiek: Phoebe Palmer Knapp (1839-1908) © Teks: 2010 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)

© Musiek: Openbare besit RUBRIEK: Klassiek – Pinkster / Liefde, Dankbaarheid en Diens

1. My gees, my siel, my liggaam

wy ek aan U, o Heer.

Ek lê myself as offer

gewillig voor U neer.

Refrein:

My hart is op die altaar,

en wagtend op u vuur;

wagtend, wagtend, wagtend,

ja, wagtend op u vuur.

2. My diepste wens is, Here,

– gehoorsaam aan u Gees –

dat ek met al my gawes

vir U mag diensbaar wees.

Refrein:

My hart is op die altaar,

en wagtend op u vuur;

wagtend, wagtend, wagtend,

ja, wagtend op u vuur.

3. U liefde vir die wêreld

het U na ons gebring.

Mag ek na ander uitreik

deur liefde wat my dring.

Refrein:

My hart is op die altaar,

en wagtend op u vuur;

wagtend, wagtend, wagtend,

ja, wagtend op u vuur.

4. U stuur my na die wêreld

om dáár vir U te werk,

my gees en siel en liggaam

te wy ook aan u kerk.

Refrein:

My hart is op die altaar,

en wagtend op u vuur;

wagtend, wagtend, wagtend,

ja, wagtend op u vuur.

VONKK 73 Soos Die Vader U Gestuur Het (Uitsendingslied)*

Nav Johannes 20:12 en Matteus 5:14 Teks: Jacques Louw 2006 ©

Melodie: KARIEN – Karien Pretorius 2006 ©, gewysig en ritmies aangepas VONKK Werkgroep 2009

© 2009 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media) RUBRIEK: Kontemporêr – Uitsending

Keervers:

Soos die Vader U gestuur het,

stuur U ons ook na die wêreld.

1. Maak ons Heer, getuies van u Naam

wat u Woord aan ander sal uitdra.

Keervers:

Soos die Vader U gestuur het,

stuur U ons ook na die wêreld.

2. Laat ons, Heer, u liefde sigbaar maak

deur te dien soos U ons geleer het.

Keervers:

Soos die Vader U gestuur het,

stuur U ons ook na die wêreld.

3. Gee vir ons ‘n hart vol deernis, Heer,

vir die nood en hartseer van ander.

Keervers:

Soos die Vader U gestuur het,

stuur U ons ook na die wêreld.

4. Laat ons, Heer, soos helder ligte skyn,

soos ‘n stad wat bo-op ‘n berg lê.

Amen. Amen. Amen.**

* Die lied hoef nie noodwendig in geheel by Uitsending gesing te word nie.

** Die Amen-gedeelte kan ook as ‘n afsonderlike respons gesing word.

VONKK 144 Vrede Van God

Johannes 14 : 25-27; 20: 20-23 Teks: Johan Bronsveld (1951-); Afrikaanse weergawe: Jacques Louw 2010 ©

Musiek: BRONSVELD – Johan Bronsveld (1951-) © Afrikaanse teks: 2011 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)

© Musiek: Unisong Music Publishers (admin BMG Music Publishing Africa). Met toestemming gebruik.

RUBRIEK: Meditatief – Uitsending / Drie-eenheidsondag

1. Vrede van God, die vrede van God,

die vrede van God is met jou.

Vrede van God, vrede van Hom,

die vrede van God is met jou.

2. In Jesus Naam, in Jesus Naam,

in Jesus se Naam gee ek jou:

Vrede van God, vrede van Hom,

die vrede van God is met jou.

3. Heilige Gees, die Heilige Gees,

die Heilige Gees is met jou.

Vrede van God, vrede van Hom,

die vrede van God is met jou.

4 God praat met ons en ons luister

Gebed

Lied 178 Dona nobid pacem

Skriflesing

Johannes 20:19-31

Familie-oomblik

Preek

4.1 Familie-oomblik

Onthou, dis nie altyd nodig om ‘n “lessie” uit ‘n teks te haal nie. Kinders moet gewoon die Bybel leer ken! ‘n Paar lesers wat vandag se teks as verskillende karakters lees, kan goed werk.

Carolyn Brown sê: The story of Thomas is important to children who already ask lots of questions about everything and to those who will ask deep questions as they get older. If we want to encourage children to ask their questions, we must not label Thomas a doubter. No amount of explaining can make doubter into a positive adjective – especially in this story. So describe Thomas as a curious person who wanted to see for himself what others had already seen. Recall what it is like when everyone is talking about an exciting event that you were not at. Insist that Jesus welcomed Thomas’ questions and ours. There is no honest question God/Jesus cannot handle.

Sy stel dan voor dat jy vandag vraag-Sondag maak. Nooi mense om vrae te vra – verbaal of op papiertjies. Lees die vrae. Brei uit deur nog verwante vrae by te voeg. Vier die vrae. Moenie vrae antwoord nie – selfs al kan jy. Beloof eerder om dit in die volgende weke te hanteer.

Hier is heerlike aktiwiteit-bladsye, inkleurprente ens, wat jy kan uitdeel vir kinders om tydens die preek in te vul.

4.2 Preekriglyn

Hoe is dit moontlik dat ons vandag in die opgestane Here Jesus kan glo? Johannes vertel in ons teks daar is twee maniere waarop mense kan glo: eerstens deur Jesus direk en persoonlik te ontmoet, te sien en selfs aan Hom te raak. Dit is die manier waarop Maria, Petrus, Johannes en ook die twyfelende Thomas leer glo het.

Sedertdien is daar miljoene mense wat nie die voorreg het om in die binnekamer saam met pas opgestane Jesus te wees nie, op "daardie Sondagaand", die aand van die eerste dag waarop Hy opgestaan het, waarvan ons in ons teks lees nie.

Hoe kom mense soos ons dan tot geloof? Johannes skryf in verse 30-31: "Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê" (20:30, 31).

Ons teks bestaan uit twee episodes: eers die ontmoeting tussen Jesus en sy dissipels op die Sondagaand van sy opstanding uit die dood. Die tweede episode is 'n week later wanneer Thomas Jesus ontmoet. By albei hierdie geleenthede kom mense tot geloof in Jesus.

Jesus sluit ons teks af met 'n saligspreking: Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.(29). Hy praat oor ons. En oor hoe ons tot geloof kom.

Eerste episode: die bovertrek

Die eerste Sondagaand na die opstanding is die dissipels bymekaar. Die deure is gesluit, want hulle is bang vir vervolging deur die Jode. Vrees vul die lug.

Daar is ook ongeloof in die lug, want hulle het nie geweet wat om te maak met berigte dat Jesus vroeër die dag uit die dood opgestaan het nie. Dis nie net die deure wat toe is nie. Die dissipels se harte en hulle geloofsoë is ook toe, dig gesluit. Hulle is verward en vol vertwyfeling.

In hierdie geslote, vreesagtige ruimte verskyn Jesus plotseling. Hy het nie die deure nodig om binne te kom nie. Sy teenwoordigheid oorskry alle menslike beperkinge, vrees, pogings om weg te kruip en jouself van die omgewing af te sluit en te beskerm.

Te midde van hierdie angs bring Jesus vrede. Twee keer sê Hy: "Vrede vir julle!" Vrede, shalom, was die gewone manier waarop Jode mekaar gegroet het. Hier is vrede veel meer as net 'n gewone groet. Jesus sê nie net "goeienaand" nie, maar deel werklik die diepste vrede van God met hulle.

Dit is 'n roerende toneel. Die dissipels is verward en deurmekaar. Maria het vir hulle gesê sy het die Here gesien (18), en hulle weet nie wat om daarvan te maak nie. Dalk is hulle bang dat Jesus hoegenaamd aan hulle sal verskyn. Hulle het Jesus kort tevore verloën, gevlug toe Hy gevange geneem is, hulle moed het hulle totaal begewe en hulle wou net wegkruip tot dinge oorgewaai het. Hulle was bang vir die Jode, maar dalk amper net so bang vir Jesus.

Skielik staan Jesus daar tussen hulle. Hulle hou asem op, die spanning is tasbaar. Die dissipels wonder wat kom volgende. Is dit nou die oomblik van afrekening? Dan sê Jesus: "Vrede vir julle!" Daar is geen teken van verwyt of sarkasme nie. Verrassend! Dalk was die enigste geluid die dissipels wat 'n gemeenskaplike sug van verligting slaak.

Twyfel en versekering

Net soos in Matteus 28:17 is hier ook ongeloof aanwesig in die blye weersiens. Is dit regtig Jesus? Soos in ander vertellinge oor Jesus se verskyning na sy dood, bly twyfel aanwesig. Blote sien is nie genoeg nie.

Sensitief vir die dissipels se behoefte aan versekering, wys Jesus vir hulle sy hande en die wond in sy sy. Dit word nou duidelik Jesus is nie 'n gees, 'n verbeeldingsvlug of 'n hallusinasie nie. Dit is die Gekruisigde wat nou liggaamlik hier voor hulle staan. Hy dra steeds die wonde van sy dood met Hom saam, maar Hy lewe nou! Die opgestane Jesus is steeds die gewonde Jesus, al lewe Hy nou weer omdat God Hom lewend gemaak het. Daar is 'n verband tussen sy wonde en sy nuwe lewe.

Dit hou diep troos in vir ons wat ook worstel met wonde en liggaamlike gebrokenheid. Die opgestane Jesus weet wat dit beteken, en dra ons wonde waarvoor Hy vir ons deur sy wonde genesing gebring het met Hom saam. Jesus se wonde verbind sy dood en opstanding tot een tema. Hy, die Lewende anderkant die dood, is die een wat gesterf het. Selfs in sy opstandingsgloed is die kruis steeds sigbaar. Kruis, leë graf en opstanding lê mekaar uit, en is die bron van diepe vrede vir diegene wat Jesus as Koning volg.

Vreugde

Wanneer die dissipels Jesus werklik eien, is hulle baie bly. Die somber toon word deur blydskap vervang. Nooit weer in die Nuwe Testament lees ons dat gelowiges se vreugde geblus kan word nie, selfs nie al gaan dit hoe swaar nie. Die dissipels ervaar wat miljoene sedertdien beleef: selfs al gaan dit hoe swaar, met spanning, onsekerheid en dinge in 'n warboel, bring die teenwoordigheid van Jesus vreugde en vrede.

Gestuurdheid

Met sy tweede "Vrede vir julle!" gee Jesus die groot opdrag vir die dissipels: "Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook." Om gestuur te wees, is 'n sentrale tema in Johannes. Gestuurdheid behoort tot die wese, identiteit en karakter van God. Die stuur van die dissipels het sy oorsprong in die missionale aard van God. Die Vader stuur die Seun, en Vader en Seun stuur die Gees. Die dissipels ontvang die Heilige Gees as deel van hulle gestuurdheid na die wêreld. Die rol van die Heilige Gees in ons lewe is missionaal.

Let op dat die dissipels gestuur word "soos" die Vader die Seun gestuur het. Hulle word in dieselfde lyn as die Seun gestuur. Dit beteken ons gestuurdheid vind in dieselfde toonaard as Jesus se sending plaas. Om gestuur te wees, is die hart van Christelike dissipelskap.

Die asem van God

Jesus blaas oor die dissipels en gee vir hulle die Heilige Gees. Dit herinner ons aan Genesis 2 waar God lewensasem in dooie materie geblaas het om 'n lewende mens te skep. Die asem van God deel die Gees mee. Die Gees bring nuwe lewe en 'n nuwe begin, ook vir die vreesagtige dissipels.

Dit is die skenk van die Heilige Gees wat die onmoontlike roeping tot gestuurdheid moontlik maak. Die dissipels moet soos Jesus vir die wêreld gaan wees, hulle moet die vrede van Jesus gaan meedeel. Dit is onmoontlik sonder die bemagtiging van die Heilige Gees.

Gesag en verantwoordelikheid

Die gawe van die Heilige Gees word deur Jesus ten nouste verbind met vergifnis en oordeel:

"As julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe; as julle dit nie vergewe nie, word dit nie deur God vergewe nie." (23)

Die Heilige Gees bring nie net vreugde en vrede nie, maar ook verantwoordelikheid om uit te gaan en God se sending te gaan volvoer. Die dissipels word ook met verantwoordelikheid en gesag beklee. Hulle moet God se vergifnis uitdra.

Jesus se woorde beteken nie die dissipels kan nou selfs, op die ingewing van die oomblik, gaan besluit wie word vergewe en wie nie. Die beweging van vergifnis en oordeel vloei natuurlik voort uit die gestuurheid van die dissipels, vol van die Heilige Gees, na die hele wêreld.

Regdeur Johannes se evangelie ontmoet mense Jesus. Hoe hierdie mense dan op Jesus reageer, lei óf tot vergifnis óf tot oordeel (hulle sonde word nie vergewe nie). As hulle in Jesus glo en Hom ontvang, word hulle vergewe. As hulle Hom verwerp, oordeel hulle hulself deur die daad van verwerping.

Op dieselfde manier voltrek vergifnis of oordeel sigself wanneer mense Jesus se Geesvervulde dissipels ontmoet. Wanneer mense positief op die dissipels se boodskap van vergifnis reageer, ontvang hulle God se vergifnis. Wanneer hulle die boodskap van genade verwerp, ontvang hulle nie vergifnis nie.

Let daarop dat die dissipels gestuur word met die boodskap van vergifnis slegs oomblikke nadat hulle self deur Jesus vergewe is. Hulle is vergewe, en nie veroordeel nie, sodat hulle die boodskap van vergifnis kan dra. Diegene wat deur Jesus vergewe is, word gestuur om daardie selfde vergifnis aan ander te gaan verkondig. Die dissipels moet Jesus se voorbeeld gaan uitleef.

Tweede episode: Thomas se ongeloof

Die ongelowige Thomas word nou 'n voorbeeld van hoe die boodskap van Jesus uitkring en geloof by mense wek.

Thomas het homself losgemaak van die dissipelkring op daardie eerste Sondagaand. Aangesien hy nie by was nie, deel hy nie in hulle nuutgevonde geloof in Jesus nie. Hy is 'n man met voorwaardes. Hy behou hom die reg voor om te bly twyfel, tensy hy die merktekens van Jesus se lyding aan die opgestane Jesus sien.

In die tweede episode illustreer Jesus weer sy dienende en neerbuigende liefde. Hy kom die dissipels 'n tweede keer besoek, sodat ook Thomas kan glo.

Wanneer Thomas die lewende Here ontmoet, wanneer Hy Jesus se uitnodiging hoor om sy twyfel te laat staan, kom hy tot geloof. Jesus, die lewegewende Woord, raak sy hart aan. Thomas reageer met 'n belydenis: "My Here en my God!"

'n Saligspreking

Thomas twyfel, en kom tot geloof wanneer hy Jesus sien. Waar laat dit ons, ons wat Jesus nie fisies sien nie?

Jesus reageer op Thomas se belydenis deur 'n saligspreking:

Toe sê Jesus vir hom: "Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo." (29)

Ons is diegene wat nie gesien het nie, en tog glo. Dit illustreer dat geloof nie deur fisiese sien kom nie, maar deur die aanraking van die Here se Woord in ons harte. Hierdie aanraking word deur die Heilige Gees bemiddel. Ons wat Jesus nie fisies sien nie, is nie agter by Thomas en die ander dissipels nie. Aangesien Jesus self teenwoordig is in die getuienis oor Hom, is dit sy aanraking, deur die Gees, wat geloof in ons wek.

Dis wat Johannes bedoel as hy in verse 30-31 skryf:

Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê (20:30, 31).

Ons soek te veel na bewyse vir God se bestaan, na buitengewone dinge sodat ons makliker kan glo. Ons moet eerder sê: "My Here en My God. U is die opstanding en die lewe . . . wie in U glo, sal lewe, al het hy ook gesterwe."

Deur geloof ontvang ons die lewe – die ewige lewe! Thomas bereken nie meer nie, tel nie meer die wonde nie, maar glo die Paasevangelie.

Progressie

Daar is 'n duidelike progressie, 'n beweging vorentoe, by Jesus se dissipels in die Paasgebeure te bespeur. Eers is hulle vol vrees, twyfel hulle, vlug en kruip hulle weg. Dan ontmoet hulle Jesus. Hulle glo eers solank en omdat hulle kan sien. Tog word hulle met vreugde gevul. Dan word hulle voorwaardelike geloof ongekwalifiseerde aanvaarding van Jesus as opgestane Here. En dan word hulle gestuurdes wat die boodskap van Jesus en die vergifnis van Jesus na ander neem.

Dit gaan dikwels ook so met ons. Soos Thomas moet ons gryp na die belydenis van Jesus as Verlosser en Here. En vanuit hierdie belydenis die genade bly bedien aan die wêreld daarbuite. Word ons gestuurdes wat deelneem aan 'n uitkringende golf van geloof, vergifnis en gestuurdheid.

5 God stuur ons om te leef

Dankoffer

Slotsang

F190. Onbeskaamd http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f190/ of

VONKK 146 My Gees, My Siel, My Liggaam [ou Halleluja lied] http://vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0146 of

VONKK 73 Soos Die Vader U Gestuur Het http://vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0073 of

Lied 514 Ek weet vir seker

Seën

(nav Johannes 20)

Vrede vir julle!

Soos die Vader die Seun gestuur het, word julle ook gestuur met die krag van die Heilige Gees.

Vrede vir julle!

Respons

VONKK 144 Vrede Van God http://vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0144 of

VONKK 73 Soos Die Vader U Gestuur Het http://vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0073 of

Lied 533 Stuur ons, Here

6 Volgende erediens

Lukas 24:13-35

Familie-oomblik en Liturgie: Rethie van Niekerk

Powerpoint:

Wicus Wait

Preekriglyn:

Danie Mouton

Proses en ekstra stof:

Chris van Wyk

1