20
Redakteur: Anja Viljoen November 2018 Ons groet ons Matrieks Wat beteken hardloop vir Kyla Vakansie oefenprogram Why would you run to finish where you Started Nuwe balkies & toervereistes Verskonings om sjokolade te eet

Wat beteken hardloop vir Kyla - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/2018-NOVEMBERv4.pdf · Daniel is ook bekend as die BOE-BOE koning. Die afgelope 30 jaar

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Wat beteken hardloop vir Kyla - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/2018-NOVEMBERv4.pdf · Daniel is ook bekend as die BOE-BOE koning. Die afgelope 30 jaar

Redakteur: Anja Viljoen

November 2018

Ons groet ons Matrieks

Wat beteken hardloop vir Kyla

Vakansie oefenprogram

Why would you run

to finish where you

Started

Nuwe balkies

& toervereistes

Verskonings om sjokolade te eet

Page 2: Wat beteken hardloop vir Kyla - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/2018-NOVEMBERv4.pdf · Daniel is ook bekend as die BOE-BOE koning. Die afgelope 30 jaar
Page 3: Wat beteken hardloop vir Kyla - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/2018-NOVEMBERv4.pdf · Daniel is ook bekend as die BOE-BOE koning. Die afgelope 30 jaar

ONS GROET…..deur Mnr Geyer

BRIAN GREEN

Vol lewensvreugde daag hierdie “shorty” by die

oefeninge op. Brian is in graad 8 en dit lyk asof hierdie

kleine bondel glo dat hy die wêreld gaan tem. Ons eie

“Braveheart”. In die s.lte van my kantoor wonder ek

hoe het dit gebeur het dat Brian hier by my beland. Uit

vorige ervaringe het ek al geleer om nie iemand op

sigwaarde te probeer lees nie. Daar moet ʼn leeu in

daardie kleine liggaam wees. Hy het my nooit teleurgestel nie.

Vol lewensvreugde en blydskap daag Brian oefening na oefening op en pak self die

landloop ligas aan. Ek is tog dankbaar want sonder Brian het ek nie seuns atlete nie, wel

dit is nou Maurice uitgesluit. Wanneer ons aantree vir ʼn 400m staan die korte Brian

langs die lange Maurice. Daar is nie eens vrees by Brian te bespeur nie. Maurice het al

aangetree vir sy volgende 400m dan voltooi Brian sy 400m met trots. Welgedaan Brian,

min het die durf gehad wat jy het. Die seuns oefengroep het net uit 3 atlete bestaan,

d.w.s as almal opdaag.

En toe verdwyn Brian soos mis voor die son. Brian was een van die mees betrokke

leerders wat ek geken het. Altyd vol vreugde en geen taak was vir hom te groot nie. Al

was Brian later van tyd nie meer deel van die oefengroep nie was hy ondersteunend.

Dankie Brian. Sonder jou sou ek nie altyd die dag deurgesien het nie.

Dis donderweer en blitse, haelstorms en sneeu. Ek word hoekom? Uit die bloute daag

die “Braveheart” weer 2018 by ons op. ʼn jong man, gereed vir enige geveg en kyk vir

Maurice vierkan.g in die oë. Selfs Maurice het vir ʼn oomblik gesidder.

Hierdie oomblik was vir my kosbaar, die verlore “Braveheart” is weer terug en die

seunspan is volledig. Geen oefening was vir hierdie jong man ʼn struikelblok nie, 600m

na 600m pak hy die sessie aan sonder om op te gee. Brian hardloop selfs van die “ou”

manne moeg want van opgee weet hy nie. En toe word die gevegsuitrus.ng aangevul

met ʼn hardloophorlosie. Ek besef toe dat hierdie man erns.g is. Baie erns.g.

Brian dankie vir elke tydjie wat jy afgestaan het om by ons te wees. Dit was voorwaar ʼn

voorreg om jou deel van die groep te kon afrig. Jy sal altyd in my oë die “Braveheart”

van die span wees.

Ek groet jou

Page 4: Wat beteken hardloop vir Kyla - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/2018-NOVEMBERv4.pdf · Daniel is ook bekend as die BOE-BOE koning. Die afgelope 30 jaar

ONS GROET…..deur Mnr Geyer

HEINRICK HEINE

Doer in die tydelike klasse ontmoet ek ʼn paar nuwe gr8

gesigte. In daardie klas is ʼn tweeling en ja, selfs ʼn drieling. Die

besigste onder hulle in die klas was iemand met die naam

Heinrick. Hierdie tweeling daag uit vrees op by die atle.ek en

tree aan vir die 800m en die 1500m. En binne ʼn paar

oefensessies word die een hervorm tot ʼn landloopatleet. Die

oefening bywoning was nie altyd na wense nie maar Heinrick het volhard.

Gedurende 2015 pak ons landloop atlete hul eerste toer na Ballito toe aan. Deel van

hierdie toergroep was Heinrick. Dit is hier waar ek hom leer ken het. As junior was hy op

sy plek maar tog vol streke. My hande was vol.

Heinrick was altyd baie besig en somtyds het dit van die meisies teen die mure

opgedryf. Ek het hom verstaan want ek was ook soms so op skool. Ek het sy potensiaal

raak gesien en vele gesprekke met hom gevoer.

Dit was opmerklik hoe Heinrick oefening na oefening probeer het om my tevrede te stel.

Somtyds het hy met ʼn traan in die oog van die landloopbaan in die bussie geklim. Ander

kere kon ek hom nie s.l kry na ʼn wedloop nie, so opgewonde was hy.

Oor die afgelope 5 jaar het ons mekaar leer ken. Die respek en menswaardigheid

waarmee hy my genader het was opmerklik. Met tye kon ek net sy naam met drif sê en

Heinrick het presies geweet wat ek van hom verwag. Daar was dae wat ek gewonder

het wat van Heinrick geword het en dan met tye was ek bly dit was vakansie om net so

bietjie van Mnr Heine te kan rus. Die Gr12 jaar het aangebreek en die toewyding en

deurse?ng wat Heinrick getoon het was ongekend. Van ophou was daar nie sprake nie.

Hierdie besige jong seuntjie het ontwikkel tot ʼn aangename jong man met durf en

volharding. Die moeilike tye het hom nie ondergekry nie.

Heinrick, ek het elke oefening geniet as jy daar was. Ek waardeer dit as ek jou hulp

nodige gehad het en jy sonder twyfel my dadelik gehelp het. Geen taak was vir jou te

groot nie. Tot en met die laaste liga kon ek op jou staatmaak. Dit was vir my voorwaar ʼn

voorreg om jou te ken. Jy het my nooit teleurgestel nie en kan met trots die toekoms

ingaan. Dankie vir jou besonderse bydrae tot ʼn suksesvolle landloopgroep. Dankie vir

vriendelikheid en ondersteuning. 2018 was vir my ʼn besonderse jaar en jy het ʼn groot

aandeel daaraan gehad. Ek waardeer jou.

Groetnis

Page 5: Wat beteken hardloop vir Kyla - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/2018-NOVEMBERv4.pdf · Daniel is ook bekend as die BOE-BOE koning. Die afgelope 30 jaar

ONS GROET…..deur Mnr Geyer

STEFANI ODENDAAL

Dit is 2014.

Met ‘n mate van onsekerheid sluit Stefani by die skool se

oefengroep aan. Stefani het elders geoefen en het eintlik

onder protes by my aangesluit. Sy was baie onseker en

ook maar nie lus vir hierdie “nuwe” afrigter nie. Ek en

Stefani moes mekaar eers vind en dit was vir beide van

ons maar moeilik.

Dit was gou duidelik dat Stefani oor ‘n paar besonderse eienskappe beskik het, onder

andere haar sterk wil. Party sou dit as hardkoppig beskryf. Sy was baie lojaal en oor ‘n

ongelooflike baie goeie uithou vermoeἔ beskik.

Met die verloop van tyd het Stefani deel van my lewe geword. ‘n Hoogs begaafde

persoon en wat ‘n geweldige groot hart vir ander het. Veral as dit ‘n kleinding was. Sy

sal alles los en besorg omsien na ander om haar.

Alles was nie altyd maanskyn en rose nie maar ten spyte van vele beserings en en

ander skoolverplig.nge soos netbal het Stefani altyd tyd gemaak om by die oefeninge

uit te kom. Sy het my altyd mooi laat verstaan dat netbal haar eerste keuse was en dit

was reg so. Ons 8km padwerk was besklis nie een Stefani se voorkeur ak.witeite nie.

Tog het sy dit nie gemis nie. Stefani wou natuurlik niks weet van die 1500m nie. Tog

was sy een van die min atlete wat ‘n 400m na 400m die perfekte passkat kon doen.

Na ‘n Saterdag se padwerk was die strate sonder rommel en kon ons ‘n blomruiker

maak van al die blomme wat gepuk was. Dit was opvallende hoe Stefani omgee vir die

natuur, papiere optel soos wat ons hardloop en blomme in die omgewing se tuine pluk

om dit weer met al die maats te deel.

Dit as vir my reg.g ‘n voorreg om Stefanie te kon leer ken as mens en te sien hoe sy tot

‘n jong dame ontwikkel.

Stefanie, jy sal altyd ‘n spesiale plekkie in my hart hê en ek sal jou nooit vergeet nie.

Dankie vir die respekvolle wyse hoe jy my altyd hanteer het al het ek jou teen die mure

opgedryf. Dankie vir die mooi woorde wat jy altyd vir my gereed gehad het. Ek sal dit

altyd koester. Ek gaan jou mis.

Dankie dat Jy JY was

Groetnis

Page 6: Wat beteken hardloop vir Kyla - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/2018-NOVEMBERv4.pdf · Daniel is ook bekend as die BOE-BOE koning. Die afgelope 30 jaar

ONS GROET…..deur Mnr Geyer

DANIἔL VAN DER VYVER

Dit is ʼn gr8 seun en hy sit reg voor in my klas. Ek wonder of

hy ooit ʼn stem het. Is dit omdat hy langs ʼn meisie sit? Wie is

hierdie bleek skraal s.l seun sonder woorde ? En wraggies,

hy daag by die landloopoefeninge op. Weet hy wat vir hom

wag? Hoe lank gaan hy vasbyt? Hy gaan dit nie maak nie. By

die oefeninge is hy so s.l selfs ʼn wolk maak meer geraas as hy. Maar nie vir lank nie.

Dit het later gevoel asof Daniἔl al sy woorde spaar vir die landloopoefeninge. Met tye

kon ek nie eens ʼn woord inkry nie en ek moet bid vir pouse sodat ek iets kan sê. Hierdie

s.l, skraal jong besadigde seuntjie was besig om in ʼn gevreesde jong man en atleet te

ontwikkel. Vele ander atlete het later met vrees langs hom aangetree want hierdie

atleet was genadeloos. 21 x 200m in ʼn middag was vir hom soos nagereg om dan die

volgende dag weer aan te tree vir nog 7 x 600m’s. Vreesloos, gefokus en weet wat van

hom verwag word. So het hy ook sy wedlope aangepak. Ek kon nie wag vir sy volgende

wedloop nie want dit was ʼn belewenis om sy wedlope te sien. 10 x 400m net voor ʼn

wedloop was ook niks vir hom nie. Ek kroon jou ook as die katjagter van die eeu. Min

atlete kon hulself deur die muur dryf, jy het dit reggekry.

Hierdie vreeslose jong man het een swakpunt gehad. Vroeg opstaan was vir Daniἔl

dodelik en dan nie te praat van slaaptyd nie. 19:00 het sy oë al in ʼn slaap module

gegaan en sy liggaam het oorgeskakel na “auto pilot” toe. Daniel is ook bekend as die

BOE-BOE koning. Die afgelope 30 jaar het nog niemand hom oortref nie. Al Daniἔl se

flaters het ons vermaak.

Daniἔl se toewyding en lojaliteit was ongekend. Sonder twyfel kon ek op hom

staatmaak, dit het nie saakgemaak of dit goeie of slegte weer was nie. Daniἔl was daar.

ʼn omgee mens. ʼn regte Landloop buddy in murg en been. Daniel was ook nie bang om

leiding in die oefengroep te neem nie en ons het almal hom met eerbied hom gevolg.

Saam het jy die video “ Daniἔl se droom” met ons geniet. Opgedra aan hierdie jong man

Daniἔl van der Vyver. Ons gaan jou mis. Jou sin vir humor was vir my besonders.

Wanneer ek gevoel het ek kan nie meer nie het jy my laat lag. Jy het my gehelp om weer

die vreugde van die dag te beleef.

Dankie Daniἔl, ek salueer jou. Jy het my as afrigter goed laat lyk. Ons groet jou met ʼn

traan van vreugde. Jy was die rede om elke dag af te rig. Dankie!

Groetnis

Page 7: Wat beteken hardloop vir Kyla - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/2018-NOVEMBERv4.pdf · Daniel is ook bekend as die BOE-BOE koning. Die afgelope 30 jaar
Page 8: Wat beteken hardloop vir Kyla - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/2018-NOVEMBERv4.pdf · Daniel is ook bekend as die BOE-BOE koning. Die afgelope 30 jaar

“It’s very hard to understand in the beginning that the whole idea is not to beat the

other runners. Eventually you learn that the competition is against the little voice

inside you that wants to quit.” ~ George Sheehan

Hierdie ‘quote’ het my as atleet en afrigter ‘n hele ruk gevat om te verstaan, hoekom

sal sommige van julle vra? Wel meeste van ons doen sport vir die rede om op die ou

einde van die dag te wen, ons as afrigters wil ook dié doelwit bereik, maar is dit tog

waaroor alles gaan?

Op skool het ek ook die voorreg gehad om by mnr Geyer te oefen, en soos sommiges

van julle weet, is ek baie kompeterend en hou niks van verloor nie. Maar deur die loop

van my skoolloopbaan het my oë oopgegaan en besef ek dat daarso ‘n grooter prentjie

agter alles is. Julle sien, wanneer jy eendag, op jou ou dag, saam met jou man/vrou op

die stoep sit gaan jy nie die stories vertel van hoeveel keer jy eerste gekom het of

hoeveel keer jy in die top 10 was nie, maar wel van die dae wat jy die meeste pret

gehad het.

Jy as skolier is ‘n geleentheid gegee deur die Here om te hardloop, waar soveel ander

net kon wens om te loop. Jy is ‘n geleentheid gegee om saam met ander skoliere van

alle ouderdomme en geslagte elke middag te spandeer, ‘n geleentheid om ‘n nuwe

vriend of vriendin te maak en sodoende ander mense beter te leer ken. Jy is die

geleentheid gegee om die talente wat die Here vir jou gegee het uit die emmer te haal

en te ontwikkel, dus die beste weergawe van jouself te wees. Enige sport gaan

daaroor om dit te geniet, want hoekom anders het jy met dit begin? Wees positief oor

die lewe, jouself, oefening, die mense wat saam met jou oefen en selfs die afrigters.

Want al hierdie dinge kan binne ‘n oogwink weggevat word.

Deur jou skoolloopbaan gaan daarso mense wees waarvan jy nie hou nie, maar sien dit

as ‘n geleentheid om te leer en jouself as individu te verbeter. Want op die ou einde

van die dag laat die Here mense oor ons pad kom vir ‘n spesifieke doel. En ons moet

elke mens sien as ‘n kans om iets te leer van hulle en ons self en om altyd respekvol

en vriendlik teenoor ander op te tree, ongeag of ons van hulle hou of nie. So gaan die

gedagte gepaard met byeenkomste, wens die ander skole se atlete sterkte toe

voor die wedloop en wens hulle geluk na die wedloop, ongeag jou of hulle posisie.

Vir almal, die skool, afrigters en atlete wil ek dankie sê vir die jaar 2018. Die jaar het ek

net soveel meer van myself en almal van julle geleer. Julle het my laat besef hoe

kosbaar ons skool se landloop groep werklik is, die verkil wat almal in almal se lewens

maak en die feit dat julle altyd ‘n glimlag op my gesit kon sit. Hierdie jaar sal altyd ‘n

kosbare plekkie hê in my hart en dit is alles te danke aan julle.

Mag 2019 ‘n asemrowende jaar wees vir elkeen van julle, mag al julle wildste drome breik word en die belangrikste mag julle elke oomblik geniet.

Kyla de Waal

During a run

Brain: why are you going so slow?

Lungs: I currently hate you.

Feet: I’m going to 10 pound weights now.

Muscles: I’m going to hurt in random places, okay?

Page 9: Wat beteken hardloop vir Kyla - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/2018-NOVEMBERv4.pdf · Daniel is ook bekend as die BOE-BOE koning. Die afgelope 30 jaar

Why Would You Run TO Finish Where You Start?

Why would you run to finish where you start?

If you think about it that way, we don’t seem very smart.

Why would you train for an hour each day?

When you could use that time to chill and play.

To answer these questions there’s something you need to realise

We’re not just an ordinary group of girls and guys.

We’re a family of athletes, passionate to the bone.

And come hail, snow or sunshine, we’ll never train alone

Yes, it’s true we finish at the same place that we start,

But if you only knew the things happening at heart

You reach that point in the race where everything goes numb

When you no longer care in what position you come

You dig so deep to find that last big of strength

To push every muscle in your body to a new length

Yes, it’s true we finish at the beginning,

But the purpose of the race was never winning

We run each race to find the champion within

And when we run like this, to us every race counts as a win

• Milize Swanepoel

Page 10: Wat beteken hardloop vir Kyla - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/2018-NOVEMBERv4.pdf · Daniel is ook bekend as die BOE-BOE koning. Die afgelope 30 jaar
Page 11: Wat beteken hardloop vir Kyla - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/2018-NOVEMBERv4.pdf · Daniel is ook bekend as die BOE-BOE koning. Die afgelope 30 jaar

Die beste manier om na ‘n oefening te herstel.

Ons almal wens daar was ‘n tower boMeltjie vol Oros wat ons na elke oefening

kan drink sodat ons nie styf is die volgende dag nie, maar ongelukkig is daar

nie. Daar is wel ‘n paar goed wat jy kan doen om die styNeid te beveg.

AOoel-draffies is noodsaaklik vir goeie herstel. Al is jy hoe moeg moet jy ten

minste 1km draf na elke oefening.

Niemand hou hiervan nie, maar mnr. Geyer is reg… nadat ons geoefen het

moet ons ‘n baadjie aantrek. Dit help ons om nie siek te word nie en dit help

deur ons liggaam ‘n breek te gee om ons liggaamstemperatuur te reguleer en

daardie energie kan gebruik word om van die melksuur in ons liggaam on-

tslae te raak.

Drink water! Nie net een of twee slukkies nie, ‘n hele waterkan se hoeveel-

heid! Jy is gedehidreer na die oefening en as jy nie water drink nie, het jou lig-

gaam nie die regte voedingstowwe om te herstel nie. Jy moet deur die dag 30-

35ml per kg van jou gewig drink en ‘n ekstra 500-1000ml na ‘n uur se oefening.

Page 12: Wat beteken hardloop vir Kyla - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/2018-NOVEMBERv4.pdf · Daniel is ook bekend as die BOE-BOE koning. Die afgelope 30 jaar

Om te strek is een van die beste maniere om te herstel. ‘n Algemene

misverstand wanneer jy strek, is dat dit veronderstel is om seer te wees, maar

dit is verkeerd. Wanneer jy strek na oefening moet jy net op die punt kom

waar dit semi-ongemaklik is, as dit begin seer word kan dit beserings veroor-

saak.

Nou dit waarvoor almal gewag het… Sodra jy by die huis gekom het drink ‘n

Steri Stumpie. Ja, jy het reg gelees ‘n Steri Stumpie. Sjokolade verkieslik maar

enige een werk.

As jy dit reg.g deeglik wil doen mag jy ook ‘n blokkie sjokolade eet (verkieslik

ook donker sjokolade). Kakao bevat an.oksidante sowel as 'n voedingsstof

genaamd epicatechin, wat help om bloedvate te verwyd en bloedvloei te ver-

hoog, 'n belangrike aspek van herstel.

Nadat jy jou Steri Stumpie gedrink het en sjokolade geëet het, kom uit jou

oefenklere uit en trek droë klere aan. Vat ‘n koue stort. Dit verbeter sirkulasie

wat veroorsaak dat die are meer effek.ef bloed pomp en dit verbeter algehele

hart gesondheid.

Die volgende stap in die herstel proses is om ‘n uiltjie te knip vir ‘n halfuur.

Slaap help met herstel en om spiere te bou (dis ‘n goeie ding vir al julle seuns

wat meisies wil beïndruk.) Tydens eksamens is dit moeilik om jou ouers te oor-

reed om jou ‘n halfuur af te gee om te slaap, maar slaap is nie net goed vir her-

stel nie dit hou ook groot voordele in vir jou brein en geheue, so as jou ouers

jou enige probleme gee sê net vir hulle dis alles om jou punte te verbeter.

Die laaste stap is om iets te eet na jou slapie. ‘n Ete wat bestaan uit ‘n 3-1 ver-

houding koolhidrate tot proteïene word gesê is die beste herstel ete voor

aandete.

Ek hoop hierdie ar.kel help julle om van die styNeid na ‘n oefening ontslae te

raak. As julle nog oor enige iets wonder kom vra vir my en ek sal meer daaroor

uitvind.

Page 13: Wat beteken hardloop vir Kyla - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/2018-NOVEMBERv4.pdf · Daniel is ook bekend as die BOE-BOE koning. Die afgelope 30 jaar
Page 14: Wat beteken hardloop vir Kyla - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/2018-NOVEMBERv4.pdf · Daniel is ook bekend as die BOE-BOE koning. Die afgelope 30 jaar

Nuwe Balkies en toervereistes vir 2019! LANDLOOPBALKIES :

• Algemene riglyne :

• 60% Oefenbywoning

• 90% Deelname aan al die skoleliga’s

o 1 Jaar : Hout

o 2 Jaar : Brons

o 3 Jaar : Siwer

o 4 Jaar : Goud

o 5 Jaar : Spesiale balkie

TOER INLIGTING 2019

• DATUM : 15 – 20 Junie 2019

• PLEK : Durban Noord

• KOSTE : R 2 200 Alles ingesluit

• BANKBESONDERHEDE :

• Hoërskool Overkruin, ABSA Bank

• Rek. Nr : 5260 140 371

• Verwysing : 9750 & Naam/Van van leerder

Gelde kan maandeliks vooruit betaal word. Indien daar geldige redes vir ontrekking is en of ‘n leerder nie kwalifiseer nie, sal die gelde terug betaal word MINIMUM TOERVEREISTES : (25 Februarie tot 1 Junie 2019)

• 6 x LSD Oefensessies

o Gemd. pas van 5:30 - 5:45 min/km pas

• 6 x Geskeduleerde 4km tydtoetse

o Minstens ‘n wit tydtoetsbalkie & nie stadiger as 55sek. van jou

2018 se beste tydtoets tyd nie.

o Dus : Seuns 17:30, Dogters 20:00

• 4 x AGN liga’s

• 60% Oefening bywoning wat ligas sal insluit

Page 15: Wat beteken hardloop vir Kyla - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/2018-NOVEMBERv4.pdf · Daniel is ook bekend as die BOE-BOE koning. Die afgelope 30 jaar
Page 16: Wat beteken hardloop vir Kyla - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/2018-NOVEMBERv4.pdf · Daniel is ook bekend as die BOE-BOE koning. Die afgelope 30 jaar
Page 17: Wat beteken hardloop vir Kyla - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/2018-NOVEMBERv4.pdf · Daniel is ook bekend as die BOE-BOE koning. Die afgelope 30 jaar

Geskryf deur :

JEAN-MARI COETZER

Page 18: Wat beteken hardloop vir Kyla - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/2018-NOVEMBERv4.pdf · Daniel is ook bekend as die BOE-BOE koning. Die afgelope 30 jaar

OEFEN DATUMS EN TYE Formele oefensessies by die skool

• 29 Oktober - 23 November 2018

• Maandae tot Vrydae 12:30 - 13:10

• Vrydae Gym ons om 12:30 - 13:30 Volg asb die datums soos dit op die APP vertoon

• 27 November - 13 Desember 2018 Maandag - Saterdag 08:00 - 09:00 (Volg vakansieprogram)

• 15 Desember 2018 - 01 Januarie 2019 - GEEN OEFENINGE BY DIE SKOOL NIE

• 02 - 05 Januarie 2019 - 08:00 - 09:00

• Vanaf 07 Januarie 2019 - 15:00 - 16:00

VAKANSIE OEFENPROGRAM (Vanaf SATERDAG 24 NOVEMBER 2018) Begin met dag 1 en behou volgorde tot dag 17. Begin dan weer met dag 1, Probeer om die program twee

keer voor die 07 de Januarie 2019 herhaal

1. Snr seuns 10 km, res 8 km, alles rustig, onder 60min, mag nie stap nie [L/S 4 Km rustig]

2. 5 x 1000m - 1000m Voluit, rus 6 min na elke 1000m [Laerskool 3 x]

3. STEIL Bulte 7 x 50 sek, 7 x 40 sek, 7 x 30 sek. dryf hard op, drafpas vir 2 min na elke bult af. Draf 2 km

opwarm en 2 km af warm [Laerskool 4 x]

4. 7 x 600m @ tyd- Rus 2min na elke 600m,rus 7min na 4 x voltooi [L/S 4 x, rus na 2 x]

5. Snr seuns 6 km, res 4 km @ tyd [Laerskool 3 Km]

6. Snr Seuns 6 x 400m, Res 4 x 400 @ tyd, rus goed na elke 400m [Laerskole 3 x ]

7. Snr seuns 10 km, res 8 km, alles rustig, onder 60min, mag nie stap nie [L/S 4 Km rustig]

8. Spoed oefeninge – Sien bylaag

9. 1 x 2000m + 3 x 400m - Alles is voluit, rus goed na elke lopie [L/S 1 x 1000m + 3 x 300m]

10. Geleidelike Bulte - 7 x 60sek, 7 x 50sek, 7 x 40sek drafpas 3min na elke bult terug, Draf 2 km opwarm

en 2km af warm [Laerskole 4 x ]

11. 7 x 200m, 3 keer, Elke een is voluit, rus 30 sek na elke een, rus 7 min na elke stel [Laerskole 4 x]

12. KRAG : trappe / lossand

13. Snr seuns 10 km, res 8 km, alles rustig, onder 60min, mag nie stap nie [L/S 4 Km rustig]

14. Snr seuns 8 x 300m , res 6 x 300m, elke 300m voluit, rus 2min na elke 300m, Rus 10 min halfpad

[Laerskole 4 x]

15. Spoed oefeninge – Sien bylaag

16. Lamppale Piramide 1 x Lamppaal - 8 x lamppale voluit, 8 x Lamppale – 1 x lamppaal voluit

Snr seuns 7 km, res 5 km. [Laerskole slegs 1 – 5 Lamppale]

17. Afdraandes - Snr seuns 10 x 200m , res 7 x 200m, drafpas terug na beginpunt, [L/Se 5 x]

· Draf 4 km elke middag rustig bykomend, warm elke dag goed OP en AF Voor oefeninge

· Doen ook Maag oefeninge en Opstote elke dag na afloop van die oefeninge.

· MAAG OPSITTE + “CRUNCHES” - 10 sek oefen ,10 sek rus - doen vir 3 min. lank,

· OPSTOTE 3 x 15

Page 19: Wat beteken hardloop vir Kyla - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/2018-NOVEMBERv4.pdf · Daniel is ook bekend as die BOE-BOE koning. Die afgelope 30 jaar

SPOEDOEFENINGE : · Doen gewone strek en opwarming oefeninge

· Doen die volgende oefeninge elk 3 keer met ‘n drafrus na elke een.

· Na die derde een moet jy terug stap voor die volgende oefeninge begin

· Deel die oefen gebied op in 3 x 25m gebiede

· Doen nou die volgende :

1 Boude skop 75m - Kniee wys afwaarts, hakke moet boude raak, herhalings baie vinning

2 Lae ritme 25m, hoe ritme 25m, Lae ritme 25m. Behou ritme regdeur, wissel ritme spoed

3 Wisselpas 75m - Hou bolyf stil. Probeer op ‘n reguit lyn hardloop

4 Agteruit hardloop - lig hakke so hoog as moontlik, voltooi so vinning as moontlik

5 Draf 25m, Voluit 25m, Draf 25m

6 Voluit 25m, Draf 25m, Voluit 25m

7 Spoed opbou 50m, 25m voluit

8 Spoed opbou 25m, 50m voluit

9 150m voluit, jy mag nou STAPRUS na elke 150m

• · Neem kennis - Indien jy hierdie oefeninge reg doen gaan jy baie moeg wees.

• · Indien jy elke oefening korrek en voluit doen SAL dit jou spoed oor 100m verbeter.

• · Sterkte - Oefen asof die afrigters langs die veld staan.

• · Indien jy om een of ander rede ‘n dag mis MOET jy nog steeds die volgorde behou

• · Elke dag wat jy oefen is geld in die bank - Jy sal die rente verdien

· HOEKOM DAN SPOEDOEFENINGE ?

Volgens McMillian Running is daar hoofsaaklik 3 redes hoekom spoedwerk deel van jou nomale oef-

eninge moet uit maak :

1. Dit verbeter jou ekonomiese energie verbruik tydens die hardloopaksie. Jou liggaam leer om energie

meer ekonomies te gebruik soos wat jy verder en vinniger hardloop.

2. Dit help om verveling te voorkom. Afstand atlete hardloop gereeld oor langer afstande . Hierdie korter

afstande het die moontlikheid om jou te help om meer pret te ervaar tydens die oefeninge veral

omdat jy weet dat jy eindelik vinniger tye oor die langer afstande gaan hardloop.

3. Kort vinnige afstande leer jou liggaam: om meer en vinniger tree te gee terwyl jy hardloop. Dit lei tot

‘n verbetering in jou wedlooppas aangesien die korter afstande baie vinniger is as die pas wat jy

oor die langer afstande handhaaf.

Page 20: Wat beteken hardloop vir Kyla - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/2018-NOVEMBERv4.pdf · Daniel is ook bekend as die BOE-BOE koning. Die afgelope 30 jaar

Geseënde Kersfees

Namens die Bestuur wens ons julle het ‘n wonderlike

vakansie toe saam met julle vriende en familie.

Ons kan nie wag om julle volgende jaar weer te sien nie.

2019 gaan ‘n besondere lekker jaar wees.